Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21657

Die Zelenski-besoek aan Suid-Afrika

$
0
0

Wolodimir Zelenski van Oekraïne (Foto: Україна via WikiMedia, in die openbare domein)

Die besoek van president Wolodimir Zelenski van Oekraïne aan Suid-Afrika is ’n positiewe stap, maar terselfdertyd ook in baie opsigte swak tydsberekening wat negatiewe gevolge kan hê. Die besoek sal as staatsbesoek plaasvind, met al die simboliese erkenning en diplomatieke seremonies, maar agter geslote deure sal daar ’n ander atmosfeer heers. Die besoek volg op ’n besoek wat president Ramaphosa in Junie 2023 aan Oekraïne en Rusland gebring het tydens ’n Afrika-vredesinisiatief. Daardie besoek het baie min globale stukrag of traksie geniet, omdat die konflik in Oekraïne ontaard het in ’n magspel tussen groot moondhede. Oekraïne het deurlopende, enorme humanitêre trauma ervaar met gemeenskapsontwrigtings, emigrasie en wydverspreide lugaanvalle op stede en elektriese infrastruktuur.

Die Zelenski-besoek vind plaas in ’n periode waarin Donald Trump die gang van wêreldgebeure daagliks bepaal. Die TV-straatgeveg tussen Zelenski en Trump het ook die verhouding tussen die twee baie laat afkoel, en Suid-Afrika is ook nie op ’n goeie voet met die Trump-administrasie nie. Ramaphosa het reeds laat blyk dat daar kommunikasie tussen hom en president Poetin was, wat die indruk laat dat die besoek van Zelenksi beslis binne ’n diplomatieke drukgang sal plaasvind. Om die situasie verder te kompliseer, het die vredesgesprekke tussen Rusland en Oekraïne die afgelope week baie min vordering gemaak en is die huidige Europese vredesinisiatief afgeskaal tot tegniese gesprekke agter geslote deure. Trump het ’n vinnige vrede gesoek, maar wat hy tans het, is ’n sloerende, uitmergelende en onstabiele vredesproses.

Dit is ook nie vergesog dat dié betrokke vier leiers, Trump, Poetin, Zelenski en Ramaphosa, mekaar weer Saterdag 26 April in Rome sal sien by die begrafnis van pous Franciskus nie. Die vraag ontstaan of ’n gesprek met Zelenski in Pretoria op 24 April meer toegang gaan bied aan Suid-Afrika tot die Withuis as die suggestie dat dit net op die rug van een of ander Afrikaner-afvaardiging na die VSA sal gebeur. Die teenargument is dat Suid-Afrika baie min ervaring het in die oplos van globale geopolitieke vraagstukke en dat dit verdere irritasie by die Trump-administrasie kan skep. Suid-Afrika se saak teen Israel in die Internasionale Geregshof het presies dié soort irritasie by die Amerikaners geskep. Die rol van Wladimir Poetin in hierdie komplekse verhouding is natuurlik baie betekenisvol, want dit is duidelik dat Poetin Rusland nie vinnig in ’n vredesooreenkoms gaan verbind sonder toegewings nie. Drie daarvan staan uit, naamlik die opheffing van sanksies teen Rusland, inkorporering van die Donbasstreek in Rusland, en erkenning van Russiese beheer oor die Krimskiereiland.

Binne die huidige konteks kan Suid-Afrika ’n rol speel om die president van Oekraïne terug te bring na die onderhandelingstafel en vredesvoorstelle ernstig te laat bekyk, op soek na buigsame opsies. Ramaphosa is uitstekend in dié rol en sal dit waarskynlik kan doen met goedkeuring van die Europese Unie. Suid-Afrika wil ook sy rol as G20-gasheer herbevestig, en ook sy inisiatiewe om die struktuur van die VN aan te pas. Ramaphosa kan ook ’n rol speel om Poetin se standpunte te beïnvloed, maar in die proses sal Suid-Afrika baie sensitief moet wees om nie die glans van ’n Trump-vredesinisiatief te verdof nie. Die risiko’s van die voor- en nadele van die Zelenski-besoek vir Suid-Afrika is op ’n  mespunt gebalanseer.

The post Die Zelenski-besoek aan Suid-Afrika first appeared on LitNet.

The post Die Zelenski-besoek aan Suid-Afrika appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21657

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>