SA se hele tersiêre opleidingsmoontlikhede is skeef (skewed) ingestel. Die oorgrote meerderheid grade geneem is in die BA-, BCom-kategorie. Na graduering is daar werksgeleenthede vir net ’n minuskule persentasie van hulle, ten gevolge dat die land met tienduisende werklose graduandi sit. In die samelewing waar daar tekorte en leemtes is vir ingenieurs, dokters, ens is, is daar ’n ontoereikende aantal graduandi in die BSc-kategorie.
Weens die feit dat die toelatingsvereistes vir BSc voornemende studente baie hoog is, sal daar altyd ’n minderheid wees wat daarin sal gradueer.
Verhoog eerder die tariewe vir BA- en BCom-studente (met uitsondering, sien hieronder) om sodoende studentesyfers in hierdie (merendeels nuttelose kategorie) te kan inkort en gee eerder gratis opleiding vir BSc-studente om ook die slimstes onder die armstes te lok, om sodoende die land se tekorte in sodanige beroepe aan te vul.
Sekere BA en BCom gespesialiseerde aanbiedings kan ook gratis, liefs teen ’n minimale fooi aangebied word waar sodanige kursusse in belang van die samelewing dien, soos bv verpleging, polisie, onderwys, sosiale werkers ens. Algemene graad-aanbiedings in geskiedenis, aardrykskunde, godsdiens, sielkunde, tale, ens kan ten duurste aangeslaan word, aangesien daar min behoefte vir die breër gemeenskap daarvoor is.
The post Gratis universiteitsfooie appeared first on LitNet.