Een van die bekendste woordspeletjies op slimfoon en tablet is Wordfeud. Ek dink daar is heelwat Afrikaanssprekendes wat dit baie graag in Afrikaans sou wil speel. Ongelukkig is Wordfeud beperk tot 'n handvol tale en Afrikaans is nie een van hulle nie.
Onlangs het 'n nuwe variant van hierdie spel sy intrede gedoen: WordCrex. Dit is beskikbaar vir beide Android en IOS en kan in so 40 verskillende tale gespeel word, waaronder Afrikaans!
Die belangrikste (en interessante) verskil met Wordfeud is dat in WordCrex kry elke speler in elke beurt presies dieselfde sewe letters om 'n woord mee te maak. Hiermee word die geluksfaktor uitgeskakel, "slegte letters" is nie meer 'n verskoning nie! Verder is dit ook moontlik om 'n potjie WordCrex met meer as twee spelers te speel.
Probeer dit gerus en geniet dit!
NS: Ek het geen verbintenis met die uitgewer van WordCrex nie. Ek het wel vrywillig die handleiding en spelreëls in Afrikaans vertaal, wat deur die uitgewer dankbaar aanvaar is.
Gert Koning
The post Wordfeud in Afrikaans? appeared first on LitNet.