Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Sy klink soos lente is bloot lekker

$
0
0

syklinksooslente280Sy klink soos lente is 50% rom-kom en 50% buddy movie. Dit verskuif geen grense nie, maar doen omtrent als reg.

’n Paar mense se wenkbroue gaan lig oor die gevloekery in hierdie rolprent. Ek dink wel Stiaan Smith se draaiboek is eg Joburg en bliksems vars. Die dialoog vloei en dit meng Afrikaans en Engels en lekker vloekwoorde op ’n manier wat nie steur nie.

Die energie tussen die hoofakteurs, en tussen Stiaan en sy mechanic buddies, is die gom wat die film aanmekaar bind. Die regte akteurs is gekies en hulle het goeie leiding by Corné van Rooyen ontvang. Elize Cawood en Wilson Dunster se kamees steel egter die kollig. Ek sal enige tyd na ’n spin-off kyk met dié twee in die hoofrolle.

Die stilering en kamerawerk is uit die boonste rakke. (Dis koue kos, skat kon by so ’n benadering gebaat het.) Daar was nie een toneel wat oortollig gevoel het nie.

Die hoogtepunt vir my was Wilson Dunster se monoloog oor vrouens. Ben (Stiaan Smith) steek die feit dat hy ’n mechanic is, weg vir die meisie op wie hy verlief is. Hy voel nutteloos. Hy voel hy moet na haar kan kyk. Wilson se antwoord? Vrouens kan na hulleself kyk. Amen.

Sy lyk soos lente sal jou laat hardop lag en verlang na goeie vriende.

The post Sy klink soos lente is bloot lekker appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>