Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Tuin van Digters: Fees skop af met ’n Bohm

$
0
0

simposium650

Tuin van Digters, die gewilde literêre fees in Wellington, is dié jaar langer en lekkerder. Die fees begin al reeds op Vrydag, 16 September met ’n Simposium wat in samewerking met die Universiteit Stellenbosch se Departement Afrikaans en Nederlands aangebied word.

Dit klink na ’n mondvol en baie akademies. “Dit is juis nie,” verduidelik Theo Kemp, Uitvoerende Bestuurder van die Breytenbach Sentrum.

Die doel is juis om op ’n toeganklike manier sonder handskoene oor die digkuns te gesels op ’n manier wat nog nooit vantevore gedoen is nie. Mense soos Willem Anker, Andries Visagie, Danie Marais, Marlene van Niekerk,  Diana Ferrus, Daniel Hugo en nog vele meer neem aan die dag deel. Kemp verduidelik: “Die doel van die simposium is om op ’n diepgaande en onderhoudende manier oor die digkuns te gesels, sónder dat dit eksklusief is.

“Die Afrikaanse digkuns is ’n weerlose kunsvorm, en baie sal redeneer ook ’n kwynende vorm. Ons wil dit help bewaar deur regtig die digkuns te vier – in al sy verskillende fasette – van voorlesings, diepgaande gesprekke tot rymklets, musiek en die visuele kunste.”

Die Simposium bestaan uit vier gesprekke deur die dag, verduidelik Willem Anker. “Ek hoop dat die gesprekke, gedigte en musiek ’n ruimte sal bied vir deelnemers en gehore om in tente pleks van torings te besin oor die bestaansreg, plek, uitdagings en veral moontlikhede van poësie in al haar tale, buie, gesigte en vorme.”

Andries Visagie is een van die gespreksleiers en hoop dat hulle ’n gespreksruimte skep wat aan aktuele ontwikkelinge binne die poësie sal aandag skenk. “Die onderwerpe sluit juis aan by opvallende kwessies wat binne (Afrikaanse) poësie tans baie aandag geniet, van poësievertalings tot omgewingsbewuste digkuns.  Ons hoop om ’n wyer gehoor van poësieliefhebbers (insluitende onsself) op die hoogte te stel van die jongste ontwikkelinge en sodoende ook ’n lewendige belangstelling in die poësie aan te wakker.”

Anker weet self nie wat om te verwag nie. “Ek is baie nuuskierig oor die Bohm-dialoog wat die aand sal plaasvind: ’n Groep digters praat en swyg in ’n byeenkoms  met geen agenda, geen debat, slegs mededelings, vrae, betuigings, opmerkings in enige vorm of toonaard. Ek het nog nie so iets bygewoon nie, en veral met die toestande van kuns, politiek en menswees in die Suid-Afrika van 2016, is ek baie geïnteresseerd oor wat daar gaan uitkom.”

’n Mens wonder wat die verwagte uitkoms van so ’n ongewone dag is? “As die dag mense laat praat oor gedigte is dit goed, as dit mense laat gedigte lees, is dit beter, en as dit mense dryf om gedigte te skryf, is dit wonderlik,” mymer Anker.

 

* Tuin van Digters: 16 tot 18 September by die Breytenbach Sentrum in Wellington. Vir inligting stuur e-pos na besprekings@breytenbachsentrum.co.za of skakel 021-8732786. Besoek www.breytenbachsentrum.co.za vir die volledige program.

tuinvandigters650

The post Tuin van Digters: Fees skop af met ’n Bohm appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!