Alles kry weer lewe,
Bloeisel blom met vrug.
Diere ontwaak uit hul slaap,
Die voëltjies weer terug.
Oggend dou het weggeloop,
Dit byt nie meer die gras.
Blommeprag versier,
Soos dit natuur met kleur verras.
Donker wolke gee die lug,
Sy blou kleur weer terug.
Die son se helder goue gesig,
Gaan die dag weer vroeg belig.
Winter is in die greep,
Van Lente vasgevang.
Orals waar jy kyk,
Sien jy vrugte aan bome hang.
Lente gevul met blomme,
Met verskillende kleur en geur.
Mense, dier en natuur,
Hou van jou, lieflike lenteweer!