Ek kry gewoonlik verbaasde uitdrukkings van mense wat meer as ek kla en kerm en meer as ek veralgemeen.
Die algemene gonswoorde in die land is die agteruitgang en verval van verskeie strukture en instellings. Ek het nie rede om met hulle te verskil nie, maar een ding waaroor ek hul wenkbroue laat lig is die ekonomie van die land.
Hoeveel keer het die land nie al voor die punt van totale ineenstorting gestaan net om weer uit die dieptes gans verlore op te staan nie. Hier is aan die land en sy mense nie salf te smeer nie. Hoeveel storms, aanslae en rampe het die land nie al getref nie maar om net weer uit die ashoop uit op te staan, af te stof en aan te gaan. Ons is soos stofdonkies. Dit is gewoonlik op die beste wanneer een of ander krisis of gatslag die land tref, is daar altyd 'n plan B.
In die huidige ekonomiese situasie slaan dit my nie plat toe ek vandag hoor die Rand het verstewig nie. Ek glo nog steeds ons heer en meesters sal nie die land tot totale rommelstatus laat verval nie. Ons hier aan die suidpunt van Afrika is strategies te belangrik om totaal tot niet te gaan.
So elke nu en dan word daar 'n lewensboeitjie vir ons landjie uitgegooi en siedaar daar gaat ons weer. Punt innie wind.
Was nou die aand saam met 'n pel van my. Ons het wragtagwaar die hele dag nie een keer oor die situasie in die land gekla nie. Ons het besluit ons drink die plek onder die ander uit. En die land brand maar ons braai en kuier. Gaan alles probeer opsuip voorlat die kinders dit kry. Die grootse probleem in die land is onverdraagsaamheid en almal is in die gatte oor ras geknyp.
Laat hy val waar hy wil. Hier gaan ek bly; dit gaan nog moer lekkerder word.
Reusedwerg
The post Ekonomiese graderings appeared first on LitNet.