Die wind was moeg gewaai,
Toe dit gaan lê.
Dit staan weer op,
Sonder om te sê.
Dit kom wanneer dit wil,
Uit een of ander rigting.
Dit veroorsaak soms,
Onplesierige ontwrigting.
Dit huil om die draai,
Soos dit onsigbaar aankom.
Sy natuurlike krag,
Kan mense verstom.
Die wind waai,
Enige plek.
Dit kom nie deur,
’n Deur of hek.
Respekteer die wind,
As natuur se kind.
Dit kom soms in vrede,
En soms om te verslind.