Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Vir wie gat djy vote? Dis ie net jou biesigheid ie!?

$
0
0

Olivia M Coetzee (foto verskaf)

“Miskien as die ‘ou’ gawwement nog hie gewiesit?” Die dinge wat mense sê op Facebook. O’s sal eeder die past wil trug hê, sodat o’s in ‘n illusion kan liewe, as om te deal met ie gemos waarin o’s nou is. Ek doen dit nog elke dag – imagine, bedoel ek. Ek is moeg, but op ie selle tyd imagine ek, daa moet iets bieter wies. Imagine net ‘n Suid-Afrika waa elke een wek wat kan wek, of ‘n sterk selfbeeld het om iets uit niks te create. Imagine hoe daai Suid-Afrika sal lyk. Imagine die Suid-Afrika sonder crime en poverty, sonder mense wat op die straat rond lê, of staan, en bedel, wan daa is huise wat vol liefde is en nie armoede nie. Imagine ‘n Suid-Afrika waa djy nie elke keer oor jou skoue hoef te kyk ie, of waa djy nie hoef te worry oor die “bruin of swart man” wat jou of jou gesin sal seer maak ie. Because die media het besluit om bieter stories oor amal te vetel en amal gloe daai bieter stories oo hulleself. Dink net, dit is darem ‘n pragtige sight, nuh?! Die strate is skoon. Niks vullis en gemors wat rond lê of rond loep ie, wan alles word gerecycle vir ‘n groener en bieter Suid-Afrika.

Imagine die townships en ghetto’s het die selle spark soes die “gentrified neighbourhoods” van Woodstock of soes Camps Bay! Dink net, daai ou spark, wat kom van “illegal” elektriese drade, of bullets wat vlieg, of rampvure gecause deur cardboard huise en wit kerse, is iets van ie velede. Wan amal het iets bieter om te doen. Imagine as die banke actually mense se liewes vebieter en nie net steel van ie armes af ie. Miskien is daar hoep met Capitec, ek sê maa net. Ek dink dit moes sieke die nuwe Suid-Afrika was wat Mandela van gedroem et. Wat die “pre-ninety-four” visionaries gesien het. Amal is free en elkeen het sy deel, elkeen verdien sy loon, en nie Bybels of “Karl Marx”-gesproke nie.

Nou wat djy klaa geimagine en gedroem it, probeer om te dink oor die oplossings. Die dinge of stappe wat die huidige Suid-Afrika kan vat om daa uit te kom, wan dit is mos bieter om te doen as net te dink of te praat?

Werkloosheid, haweloosheid, hoё getalle van drug abuse, die illegal and legal soort, moord, rape, ‘n koerap gawwement (van gister en vedag), swak selfbeeld, lae moraal en die ander social ills wat ons Suid-Afrikaanse nasie suppress.

Dis maa net ‘n paar van die issues wat ons elke dag moet mee deal. But waa begin o’s om die gemors op te vieë?

So ‘n paar maande geliede was my Facebook-muur toegegooi met ‘n hoax oor die grant wat sou verskaf word aan unemployed mense in Suid-Afrika tussen die ouderdom van 19 en 59. Baie min mense was teen die idee en baie unemployed mense was natuurlik vir it, because “why not?”. En of course as ‘n mens oppervlaktig daa oo dink, sal dit bieter wies. Mense sal at least ‘n bietjie geld kan inbring as om op hulle agterstewe te sit en niks doen nie, of laat ek eerder sê dat mense sal at least ‘n bietjie geld inbring terwyl hulle op hulle agterstewe sit en niks doen nie. Reg!? Minder crime, minder poverty, meer mense kan iet (of daai is ie idea, but ...), meer skuld kan gemaak word, meer drug abuse, meer alchohol abuse, meer seks, meer laities, meer social grants om ie laaities te onnerhou, meer ... meer ... meer ... en soe gan die circle of dependency aan.

Amal praat oor “job creation” soos dit rocket science is. Suid-Afrika gaan oor die next drie jaar meer as 450 billion rand bestee op social grants. Is daai hoe djy die moraal van mense oplig? Die geld wat die gawwement bestee op social grants is tog die regte ding om te doen? But is daa nie miskien ‘n anner way van geld uitdeel terwyl o’s die worthiness van mense oplig ie?

Okay, ek dink ek stop gou daa om te erken dat miskien is ek te optimisties, of miskien is ek te veel van ‘n dreamer. Wan o’s nuwe land is mos dan nou eeste 22 jaar oud. En Rome was mos ie oornag gebou nie, but o’s is ie Romans ie, o’s is South Africans en anything is possible as djy jou mind reg tjune. Hoeveel mense regoor ie land, differently abled of te not, kry nie die oppertunity nie, van hulle word ie raak gesien ie. Never mind die fact dat o’s nou meer oppertunities het as wat o’s ouers gehad het. Even wanne daa plekke soes NYDA is, watse change bring hulle rêrig en vi wie se benefit? Soe dit lyk of dit up to us is om dinge te change, en swiftly oek. Wan ie liewe raak duurder, en o’s raak armer.

Dit is waar dat baie mense gie vir Zuma, die heidige gawwement of die velede skuld vi waa o’s land nou is. But daa is daai mense, ek ingesluit, wat vestaan dat die skuld nie net daa lê nie. Zuma is biesag om o’s amal vir ‘n ride te vat, en die gawwement is koerap, en ja, o’s loep nog steeds hand in hand met die spoeke van ie velede. O’s vestaan dat baie meer moet gebeer as net om social grants uit te deel, en nou oek “somme vi’ die unemployed”. Daar is vesieke anne ways vir ie gawwement om te deal met unemployment. Ek wil net clarify, ek wiet dat daa social grants is vi o’se elderlies, en dan oek vi jonge kinnes wat ie agte hulle self kan kyk ie en die war veterans, differently-abled en die ander. En dat baie mense wat die grants kry nie sal kan “werk” vi daai bietjie geld ie omdat hulle bodies dit nie toelaat nie. But dan is daa daai wat sal kan werk vi daai geld, ek gloe oek daa is daai wat sal wil werk vi daai geld.

Baie ouer mense wat nou op pension is het skills, hulle kan daai skills oo dra aan die jonger generation wat oek op social grants is, of aan die unemployed youth. Dis ‘n win-win, wan wie’t gese die mense wat ouer is wil ie werk ie, en wie’t gese hulle kan nie werk ie. O’s het onse elderlies nodig, hulle het ‘n purpose in ie land. Hoekom is dit nie compulsory dat mense, diée wat kan, en wat social grants kry by die gawwement, deel raak van die workforce wat die dorp skoon hou nie of iets anners doen wat die moraal van daai dorp oplig ie? Waar is sulke programme en hoekom dink o’s nog steeds “in the box”? Ek mean o’s is mos nou in the age waa computer screens soes ‘n wolk in ie lig hang en elke tweede mens loep in ie ronte met ‘n phone wat hulle command met ie swipe van ‘n vinge.

Hoe kom ‘n mens veby daai “victim mentality”? Ek het in ‘n anner article, “Verskoon my taalgebruik”, geskryf oo hoe o’s as Kallids ver van o’s self af is. Wat ‘n difference it sal maak as o’s bieter vestaan waa o’s vandaan kom, as o’s meer pride het in o’s self. Nou dink jouself in hoe ‘n difference sal it maak as o’s amal ‘n kans kry om te heal, mee pride in o’s self en in o’s land te het. Dit gat meer vat as Zuma wat ie gelt moet trug gie en hulle wat ie land moet trug gie. O’s moet die moraal van o’s self as Suid-Afrikanes opbou, en daai bou gaan mee mense benodig dan net die gawwement. En dit gat mee vat as net “money hand-outs” en land trug kry. It doesn’t matter hoe o’s dit probee justify nie. Die healing gan werk vat, en nie net spiritual en mental of emotional werk nie, but physical oek.

As kind was ek nooit gelee om reg met geld te werk ie. Daar was nooit genoeg geld vi ‘n “how to manipulate money ...” lesson ie. My lesson was as ie geld in kom dan is daa gatjies waar djy it moet in prop. Soms, actually meeste van ie tyd, was daar mee gatjies as geld. But my ma, die miracle worker, het die geld laat strek, lank genoeg net na die eeste wiek van pay dag. Dis oek hoe ek gefail het as ‘n high school entrepreneur, wan ie nuwe stock se geld was gevat om brood vir ie huis te koep. Daai was my liewe en ek het complain, maar het gelee dat complain bring niks anners as die belt ie – wan hoe stiek djy as Ma jou embarresment weg van jou kinnes af – die outyd se way van “deal”.

Die mense het daai tyd gepraat van hoe Mandela vi o’s gat yskaste en huise gie wanne hy uit kom. Djy moet net bruin of swart wies dan kry djy ‘n huis, en ‘n yskas, kos en al die lekke goet wat djy soe struggle om te kry. Dit het nooit soe gebee nie, but Mandela en wat hy voo staan het o’s laat wiet dat o’s entitled is vir ‘n biete liewe. Reg genoeg o’s entitled vir ‘n bietere liewe, but die fight wat nou biesag is om te broei is ‘n anner fight. Dit gat oo mee as net die feit dat meeste van o’s in poverty liewe. Miskien in ie “djy raak nou ouer” nuwe Suid-Afrika moet o’s sommer amal lee van hoe om die dinge te doen wat o’s ie wiet hoe om te doen nie. As mens mos wiet hoe om ‘n ding te gebruik, dan het djy mos meer keuses hoe om daai ding te gebruik, of hoe?

We have so much to learn, daar is soe baie wat o’s moet vestaan oo o’s self. Soms voel it o’s wiet ie hoe om die freedom wat o’s nou het te negotiate ie wan o’s wiet ie hoe nie. O’s het mos nog net altyd geken om in chains te wies. Soe o’s gaan maa net veder aan soes mense wat nog steeds in chains is. Die een dag op pad na ‘n lecture toe dink ek, soes ek deur Bellville-Suid se strate loep, but die culture wat o’s nou in liewe is mos ie o’s sinne nie. Nou hoe gaan o’s dan wiet om met die “ding” te bewerk as o’s nog net gelee was om die bediende of die tuin boytjie te wies. Drie wieke terug het ek daai antwoord gekry.

Ek was by ‘n permaculture organisasie in Rocklands, Mitchell’s Plain. Dis waa hulle mense lee hoe om sustainable groete tuine te bou en te maintain. Ek het ‘n paartjie ontmoet wat deel is van die permaculture program. Hulle het my genooi om hulle tuin te visit, om te sien hoe hulle dinge omgedraai et. As djy familie of vriende het op ie Cape Flats of as djy daa bly dan wiet djy hoe klein daai agtejaart is. Die twee mense was biesag om kos, vi hulle en familie, te groei op daai klein stukkie land. Die hele gedagte was fasinating vi my, nie net oor die feit dat hulle living proof is dat waar djy bly nie voo skryf wat soort liewe djy mag lei nie, maar dat hulle alles wat hulle kon gebruik, gebruik het om hulle tuin te laat werk. Bottels en emmers rienwate wat innie ronte staan, leё eenrand chips pakkies wat gebruik word om die plante te beskerm, ou CD’s wat gebruik word om die voёls van die wortels af te hou en oek om hulle te remind dat “hie lê wortels”. Die amount van creativity het ek nog nooit soe gesien nie. Proof dat as djy jou kop op ‘n ding sit, dan kan djy dit doen. Hulle het die oppertunity gevat om wee te lee. Dis harde wek, but it’s all possible.

Hoe gat o’s daai gesindheid in o’s land se mense in kry? Hoe kry o’s die veil politicians uit en bring in mense wat se harte reg is om die liewe te change vi Suid-Afrika se mense. Hoe maak o’s mekaa vestaan dat die duiwels en gieste nie moet iets van ie velede bly nie, maar vi o’s motivate om dinge te vibieter vi o’s self, wan o’s kan. Stadig maar sieke moet o’s dit doen, dit gaan ie net oo Zuma soveel geld gesteel het uit die land se koffers uit ie (en hy moet verantwoordelik gehou word), of dat die land wat o’s voorouers sinne was, nie in die kleinkinnes se hanne is ie. Dit gaan oek oo waa, ek en djy, o’s self sien in die bigge picture wat se naam Suid-Afrika is. As o’s alles kan gebruik wat o’s het, dan kan o’s die situation change. As o’s saam staan as Suid-Afrikanes, sodat o’s deur die velede kan saam werk, en saam die dinge lee wat o’s nog ie ken ie, dan kan it werk. Dit gaan ie net oo die gawwement se slegtigeit ie, o’s het ‘n role om te speel. Soe speel djy jou rol?

Op die oudedom van 16 was ‘n Goodhope fm DJ by o’s skool. Hy het met ‘n mic in ie ronte geloep om kinnes te vra wie hulle is en waa vandaan hulle kom. O’s almal het op ie netbalbane se sementblad gesit. Hy’t voo my kô staan, en hy’t my gevra. “So who are you and where you from?” Heelwat op sy nerves. Ek it hom boe oo my brille gekyk en stadig gese, “Ek is Livy. Vannie Rive.”

Bly te kenne!

 

 

The post Vir wie gat djy vote? Dis ie net jou biesigheid ie!? appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>