Dis die biografie wat nie ’n biografie is nie. Daar is geen geraamtes uit kaste of skandes oor seks, dwelms en/of ruk-en-rol nie; geen verhoudingsintriges nie; vergeet ook van enige sensasionele openbarings. Niks waarin Kwêla of Pasella sou belangstel nie. Skinderstories was daar volop, en skinderbekke het altyd baie te sê gehad oor Franz Marx. Sê Franz self: “Daar was soveel stories oor my, maar oor wie is daar nie? As dit ’n gay ou is, het ek stories daaroor gehoor. As dit vrouens is, het ek gehoor ek het hulle bygekom in my kantoor. Dit het my nooit gepla nie; as jy jouself vir ’n toffie uitgee, gaan die mense aan jou suig. Dít het ek altyd geweet, maar hulle het nooit die waarheid geweet nie. Hulle het nooit geweet ek het twee kinders grootgemaak nie, nooit geweet ek was getroud nie, nie geweet wie is my vriende nie, nie geweet met wie ek sosialiseer nie. Hulle het nooit geweet van my private lewe nie.”
Hierdie “biografie” – uit die perspektief van ’n onwaarskynlike vertroueling – is ’n verwerking van gesprekke met Franz (persoonlik en professioneel) deur die bekroonde akteur, skrywer en regisseur Chris Vorster. Dis ’n vermaaklike ontdekkingsreis met ’n leeftyd se wyshede en “leuens”.
Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.
The post Nuut by Protea: <i>Franz Marx: Uit die perd se bek</i> deur Chris Vorster appeared first on LitNet.