Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 21565

Nuut by Litera Publikasies: Wieg deur Joan Kruger

$
0
0

Dié is ’n biografie in konteks en lees soos ’n roman.

Die jaar is 1700, die plek Amsterdam. Die bruid is 21 jaar oud en inderhaas getroud met ’n wewenaar wat oud genoeg is om haar pa te wees. Wie is die Franse vrou wat kans sien vir ’n pionierslewe op ’n verre voorpos? Marie Buisset is ’n vlugteling, ’n weeskind uit Sedan, Frankryk, gebore tydens die felste Hugenootvervolging. Sy word die stammoeder van die families Du Plessis en Smith in Suid-Afrika. As vroedvrou – later op die loonlys van die VOC – word Marie (later genoem Maria) die hulp van die kwesbares: ’n verkragte meisietjie, ’n tiener wat geboorte gee en verskeie vroue wat deur hul eienaars, minnaars of eggenote verniel is.

Die leser ontmoet talle bekende name in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dis ’n verhaal van politieke stryd, ontbering, politiek en liefde. Dis ’n storie oor mense en die uitdagings wat hulle aanpak.

Uit skrapse oorblyfsels soos hofverslae, mediese rekeninge, veilings en testamente onthul Joan Kruger ’n ryk en boeiende verhaal, vol humor en patos. Wieg: Die verhaal van Maria du Plessis, née Buisset (1679–1751), Hugenoot en vroedvrou is ’n vonds vir historici en lesers wat nuwe lig werp op ’n gedeelde verlede. ’n Kragtoer.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Litera Publikasies: <i>Wieg</i> deur Joan Kruger appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 21565

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>