Dit is die tweede boek in die Zeus van Wyngaardt-reeks. Die eerste boek, Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag, is besonder goed ontvang:
Volgens Emile Joubert (Rapport, 24 Oktober 2021) kan ’n mens die roman in een woord opsom en dit is bef*k: “Die ware Zeus was die opperste van alle Griekse gode, maar nie eens die uiterstes van sy bomenslike kragte sou die ontknoping van hierdie vernuftige plesierrit van ’n speurverhaal kon voorspel nie.” Hy wys verder daarop dat die “skryfstyl vernuftig” en die “plot behendig saamgestel” is.
Thys Human (Netwerk24, 15 November 2021) beskryf Agrella se debuut as “’n onderhoudende roman wat baie lesers verdien”: “Een van die verkwiklike aspekte van Agrella se roman is dat dit net so min in ’n netjiese boksie pas as die eiesoortige titelkarakter, Zeus (Zet) van Wyngaardt.” En: “Agrella […] kán skryf en weet hoe om met maksimum effek ’n fyn balans tussen humor en erns te handhaaf.”
In Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin word Zeus se buurman, Atif Dinali, se tienerdogter Tahina vermis. Zeus vermoed dat mensehandel en prostitusieringe iets met haar verdwyning te doen het. Sy ondersoek lei hom na die verleidelike Wildene du Bois, ’n courtisane wat eens op ’n tyd betrokke was by ’n mensehandelsindikaat. Zeus besef egter gou dat hierdie saak maar net een tentakel van ’n groter monster is.
Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.
The post Nuut by Protea Boekhuis: <i>Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin</i> deur Julio Agrella appeared first on LitNet.