Hierdie verhaal is goed geskryf, die tempo is vinnig en die uitbeelding van die atmosfeer van geweld en vrees en mag in die tronk is oortuigend gedoen. Enkele taalfoute en leestekenfoutjies is in geel gemerk op die manuskrip.
Ek dink wel daar kan minder karakters wees, of dat die sentrale karakters ’n bietjie duideliker onderskei kan word. Dit is asof die verhaal met ’n eerste lees ‘n bietjie “vol” is en dit word verwarrend vir ’n leser.
Ek dink ook dat die tydsverloop duideliker gemaak kan word. Dit beteken die hoofmomente van die verloop van die gebeure kan sterker beklemtoon word. Dit is asof alles op dieselfde vlak van belangrikheid lê.
Die suggestie is dat die gevangenes ’n eie soort reg beoefen, maar as dit nie duideliker uitgebeeld word, kan dit ook wees dat hulle optrede gewoon om geweldlus gaan, dat die oortreding van die slagoffer ’n verskoning is vir geweldpleging op sigself. As jy dus sterk voel oor die motivering vir die moord, moet dit dalk iewers wel duideliker gemaak word. Maar ek sou ook begryp as jy dit juis wil ooplaat, wat dan die verwording van mense in die tronk sal beklemtoon.
Lees gerus Alexander Strachan se verhaal “Kontak” (5-23 in Om te skryf). Dit is wel ’n verhaal met veel minder dialoog, maar die atmosfeerskepping is baie goed. Flannery O’Connor se essay oor kortverhale (10-41) sal ook vir jou insiggewend en interessant wees.
*
(Nota aan die leser: Du Plooy het ook aan elke skrywer ’n gemerkte weergawe van hulle verhaal gelewer. Dit is die weergawe wat nie geproeflees is nie. Loer oor haar skouer en laai die gemerkte weergawe hier af.)
Terug na die invalsblad van die LitNet-slypskool Om te skryf. >>
Lees ook:
The post Geld kan nie als koop nie, verslag een deur Heilna du Plooy appeared first on LitNet.