“Die delivery man” val binne die genre van rowwe, “straatlewestories”, vertel deur ’n kragtige, idiomatiese stem.
Die openingsin, kort en evokatief, betrek die leser onmiddellik.
Daar is heelwat taal- en grammatikale foute en die skrywer kan met stiplees hierdie storie verder afwerk. Heelwat sinne en paragrawe kan verdig word sodat die vinnige pas – reeds teenwoordig – behou kan word. Raymond Carver-styl: yl en geknip. Opeenvolgende sinne, wisselend van kort tot langer, kan dikwels sonder die persoonlike voornaamwoord gevorm word. Onthou: die leser is reeds gewoond aan die vertellerstem. Kyk na my track changes.
Die taalgebruik is streetwise en oortuigend, maar kan verder afgerond word sonder prysgawe van die betrokke stem/me. Direkte rede is effektief en die skrywer kan gerus meer, maar nie te veel nie, hiervan invoeg. Let ook op ritme in elke paragraaf.
Die laaste paragraaf, waar die storie op die spits gedryf word, kan hersien word sodat die geweld en emosie van die verteller dramaties opgebou word tot en met die slotsin. Die slotsinne kan suggereer eerder as om die reeds gesketse toneel in die keel van die leser af te druk.
*
(Nota aan die leser: Venter het ook aan elke skrywer ’n opgemerkte weergawe van hulle verhaal gestuur. Ons kon om tegniese redes dit nie openbaar maak nie, maar tydens ’n volgende ronde sal ’n ander werkwyse gebruik word om ’n meer openbare rekord te hê.)
Terug na die invalsblad van die LitNet-slypskool Om te skryf. >>
Lees ook:
The post Die delivery man, verslag een deur Eben Venter appeared first on LitNet.