Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20670

25 trappe na benede, ’n onderhoud met Madelein Rust

$
0
0

Madelein Rust (2018)

...
Die kanker wat ek het, is ook nie geneeslik nie en dit het onlangs van my heup en bekken na my rugwerwels versprei. Ek praat dus deesdae nie meer so baie van Osama nie – ek verwys nou tong-in-die-kies na die Taliban.
...

Titel: 25 trappe na benede
Skrywer: Madelein Rust
ISBN: 9780639607627
Uitgewer: LAPA

Madelein, in 25 trappe na benede is die speurder ’n bysaak. Jou byna terloopse ondersoekende figuur, Renée, is die mens wat in die trappe van ander se bewussyn gaan rondkrap. Dis ’n interessante afwyking van jou normale boeke. Vertel asseblief hoe dit gebeur het?

Ek het gevoel dit is tyd om die grense ’n bietjie te verskuif en te kyk of my lesers daarvan hou. Die media is deesdae propvol stories oor gesinsgeweld en dit het my laat besluit om domestic noir aan te durf. Dit is interessant dat hierdie subgenre van die krimi deesdae al hoe meer gewild word – juis in die tyd waarin fisieke en emosionele geweld en selfs moord binne die gesin ’n byna alledaagse verskynsel geword het. ’n Magdom lesers het my al gekontak om te sê 25 trappe is my beste werk, so ek is baie bly dat die eksperiment my lesers tevrede gehou het.

Die fisiese trappe is belangrik, maar ons gaan nie daardie deel van die storie verklap nie. Van groter belang is dat die “ondersoeker” moet afdaal in haar eie onbewuste. Is ek reg dat die trappe ook metafories bedoel word?

Jy is in die kol, Izak. Die hoofkarakter se binnewêreld is ’n moeras van herinneringe wat deur die jare fyn gemanipuleer is en soos sy deur dié vals herinneringe worstel om by die waarheid uit te kom, klim sy psigies af na die plek daar ver onder waar die boosheid skuil.

Renée is nie ’n sielkundige nie, maar haar alter ego lees mense baie fyn ... Wil jy ’n sluier lig (opsetlike woordkeuse!)?

Om haar karige trustfondsinkomste aan te vul gee Renée voor om ’n waarsêer te wees. Sonder dat sy bewus is daarvan, span sy in wat sy desnoods deur die jare moes aanleer om haar emosionele en fisieke welstand te verseker – ’n vermoë om mense se liggaamstaal sowel as mikro- en makrogesigsuitdrukkings te interpreteer. Mense wat vir lank aan fisieke en emosionele geweld onderwerp word, word dikwels meesters van interpretasie.

En dan is daar die vertrouenswendelaar – die lesers moet maar self uitvind wie en hoe. So ’n persoon lees ook eintlik maar mense se behoeftes en buit hulle uit, nie waar nie?

Absoluut, ja. Vertrouenswendelaars is meesterlike identifiseerders van kwesbares, byna soos die roofdier wat deurentyd op soek is na die swakste een in die trop. Dit is asof hulle ’n ingeboude soort radar het wat hulle lei tot by die een wat die ontvanklikste sal wees vir manipulasie.

Ek verklap niks deur te sê Renée se ma manipuleer vir Renée nie. Sy is ’n boelie. Hoe gebeur dit dat mense só optree teen ander?

Die boelie word ook maar gevorm deur ’n kombinasie van gene en omgewing. Boelies het meermale ’n swak selfbeeld en hulle boelie ander in ’n poging om in beheer van hul omgewing te voel en hul selfbeeld te versterk. Hulle het ’n allesoorheersende drang om ander te beheer en te domineer. Renée se ma is die oortreffende trap van die boelie, een van dié wat by dit alles ly aan ’n goeie skeppie narsisme en ’n soplepelvol sosiopatie.

Die teenpool van Renée se ma is die mans wat soortgelyke goed aan hulle vroue doen – juis ook in hierdie boek. Hoe bly vroue so vasgevang?

’n Mens moet onthou dat mans wat geweld teen vroue pleeg, ook meesters van manipulasie is. Behalwe die feit dat hy dikwels die vrou vervreem van vriende en familie (haar ondersteuningsnetwerk), breek hy die vrou se selfbeeld sodanig af dat die vrou later oortuig is daarvan dat sy nie op haar eie sal kan oorleef nie. Voeg daarby die man se beloftes dat hy gaan verander, en die bykanse hofmaakproses ná ’n episode van geweld, en jy het die ideale resep vir ’n vrou wat hulpeloos vashou aan die bietjie stabiliteit wat sy in die verhouding of huwelik het.

Renée spreek ’n sielkundige en dan later nog ’n sielkundige om dieper te gaan in haar eie reis met haarself. Jou akademiese agtergrond sluit ook sielkunde in. Is dit pret om eie kennis so in die fiksie te vervleg?

Dit is vir my heerlik om dit te kan doen, ja. Die sielkunde as vakgebied verander egter deurentyd soos wat nuwe teorieë oor die psige ontstaan. Ek doen ontsaglik baie navorsing terwyl ek aan ’n boek werk. Vir 25 trappe het ek byvoorbeeld na geweldig baie hofsake oor kindermishandeling op die internet gekyk – daar waar die verskynsel op sy brutaalste ten toon gestel word.

Madelein Rust (2015) met een van haar pruike

Een van die sielkundiges in die teks het kanker en is sterwend. Hy praat van sy gewas as “Osama”. Dit is woorde wat ek al uit jou mond gehoor het. Jy betrek dus, bewustelik, jou eie ervaringe in sy lewe. Wil jy meer vertel?

My gewas, my Osama, het nou al so ’n deel van my lewe geword dat ek hom ’n bietjie lugtyd in die boek gegee het. Die sielkundige in die boek praat woorde wat in my kop is. Die kanker wat ek het, is ook nie geneeslik nie en dit het onlangs van my heup en bekken na my rugwerwels versprei. Ek praat dus deesdae nie meer so baie van Osama nie – ek verwys nou tong-in-die-kies na die Taliban. 😊

Dankie, Madelein. Vir alles.

 

  • Foto's: Izak de Vries
Lees ook:

Kanker en sosiale media

Kanker Schmanker deur Madelein Rust: ’n resensie

Doodsengel: ’n onderhoud met Madelein Rust

Resensie: Doodsengel deur Madelein Rust

Moordhuis deur Madelein Rust: ’n resensie

Boekresensie: Monstersaad deur Madeleine Rust

Fiksie in die navorsingsomgewing – ’n onderhoud met Madelein Rust

Boekresensie: Bloedlyn deur Madelein Rust

Lam ter slagting deur Madelein Rust: ’n resensie

Die 13de kaart deur Madelein Rust

Onderhoud: Madeleine Rust oor Die 13de Kaart en Monstersaad

The post <em>25 trappe na benede</em>, ’n onderhoud met Madelein Rust appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20670

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!