“Die implementering van die taalbeleidsraamwerk van Blade Nzimande, minister van hoër onderwys en opleiding, moet gestaak en hersien word,” sê Danie van Wyk, uitvoerende voorsitter, DAK Netwerk.
Suid-Afrika ervaar die afgelope aantal jare ’n ernstige onderwyskrisis. Daar is verskeie faktore wat genoem kan word wat tot hierdie krisis gelei het. Dit word aan swak besluite toegeskryf in die departemente van basiese en hoër onderwys en opleiding. Dis ondeurdagte besluite wat geneem word deur ministers en amptenare wat onderwys nie ter harte het nie, en nie die kompleksiteit van onderwys verstaan nie. In die proses word hul politieke sienswyses op die onderwyssektor afgeforseer en dra nie by tot die daarstelling van ’n onderwysbeleid wat die land uit hierdie krisis kan lei nie. Die implementering van die taalbeleidsraamwerk van die Departement van Hoër Onderwys en opleiding is ’n tipiese voorbeeld hiervan, en gaan Afrikaans as ’n akademiese taal ’n gevoelige slag toedien. Dit hou langtermyngevolge vir die taal in waarvan dit nie spoedig gaan herstel nie.
.........
Dis ondeurdagte besluite wat geneem word deur ministers en amptenare wat onderwys nie ter harte het nie, en nie die kompleksiteit van onderwys verstaan nie. In die proses word hul politieke sienswyses op die onderwyssektor afgeforseer en dra nie by tot die daarstelling van ’n onderwysbeleid wat die land uit hierdie krisis kan lei nie. Die implementering van die taalbeleidsraamwerk van die Departement van Hoër Onderwys en opleiding is ’n tipiese voorbeeld hiervan, en gaan Afrikaans as ’n akademiese taal ’n gevoelige slag toedien. Dit hou langtermyngevolge vir die taal in waarvan dit nie spoedig gaan herstel nie.
.........
Die jongste gebeure, insluitend dié aan die Universiteit Stellenbosch en in die Departement van Hoër Onderwys, kan toegeskryf word aan besluite wat polities korrek moet wees. Nie soseer in die geval van die US nie, maar wel by die Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovasie. Deur die aanvaarding van hul nuwe taalbeleid van die US is daar ruimte gelaat vir onderrig in Afrikaans, al is dit ook binne ’n beperkte ruimte, maar ten minste word erkenning gegee aan Afrikaans as taal van kommunikasie, onderrig en leer. Dit is wel nie die taalbeleid wat ons voorsien het nie, maar DAK Netwerk sal dit monitor en van tyd tot tyd daaroor kommentaar lewer. Vir nou is dit egter gedane sake en moet ons sover moontlik ons samewerking en ondersteuning gee, veral wat die posisie van Afrikaanse studente betref.
DAK Netwerk het op 9 April 2021 ’n petisie met eise daarin vervat aan die universiteitsowerhede oorhandig na ’n protesoptog deur die strate van Stellenbosch. Een van daardie eise was dat Afrikaans as ’n inheemse taal deur die US erken moet word. Daarna het verskeie gesprekke met die universiteitsbestuur gevolg waar ons openlik met mekaar gepraat het.
Die universiteit het meer fokus geplaas op taaldiversiteit en meertaligheid. Daarmee kan ek nie fout vind nie. Wat egter wel genoem moet word, is dat daarteen gewaak moet word dat Afrikaans nie op ’n sylyn gerangeer word en nie deel van die hoofstroom gaan bly op die kampus nie. Ook stem ek saam dat Suid-Afrika ’n diverse land is, en dat ons daarby sal moet aanpas. DAK Netwerk vra nie dat die US weer slegs ’n Afrikaanse universiteit moet wees nie, maar dat die realiteite sover dit Afrikaans aangaan, in gedagte gehou moet word. Die universiteit bevind hom binne ’n provinsie waar die oorgrote meerderheid inwoners Afrikaanssprekend is. Hulle verteenwoordig ’n breë spektrum van die Afrikaanse spraakgemeenskap, van die armstes tot die rykstes, van die minderbevoorregtes tot die erg bevoorregtes. Die werker se kind het net soveel reg op tersiêre onderrig as die werkgewer s’n, en dit is die realiteit.
........
Die universiteit bevind hom binne ’n provinsie waar die oorgrote meerderheid inwoners Afrikaanssprekend is. Hulle verteenwoordig ’n breë spektrum van die Afrikaanse spraakgemeenskap, van die armstes tot die rykstes, van die minderbevoorregtes tot die erg bevoorregtes. Die werker se kind het net soveel reg op tersiêre onderrig as die werkgewer s’n, en dit is die realiteit.
........
Dit is hierdie realiteite wat oorweeg moet word wanneer daar oor ’n taalbeleidsraamwerk of ’n taalbeleid besluit moet word. Die US se nuwe taalbeleid tree vroeg volgende jaar in werking. Wat genoem moet word, is dat universiteit wel ’n reeks konsultasies van stapel gestuur het voor die bekendmaking van die nou aanvaarde beleid. DAK was deel van hierdie proses en het op verskeie wyses ons misnoeë of ons ondersteuning teenoor die visekanselier en sy bestuurspan uitgespreek. Ons het nie oor alles saamgestem nie, maar het begrip vir die rol wat die universiteit as ’n nasionale bate te speel het in die samelewing.
Ons is egter erg gekant teen die wyse waarop die Minister van Hoër Onderwys die implementering van die taalbeleidsraamwerk bekend gemaak het. Dit is niks anders as ’n edik wat uitgevaardig was sonder inagneming van die gevoel of standpunte van die Afrikaanse spraakgemeenskap nie. Hierdie implementering gaan langtermyngevolge vir Afrikaans as ’n wetenskaps- en akademiese taal inhou. Die nie-erkenning van Afrikaans as ’n inheemse taal reduseer Afrikaans tot ’n weggooitaal wat geen waarde sal kan toevoeg tot die ontwikkeling van die land nie. Dit is duidelik dat die Minister geen begrip het daarvan dat taal ’n bemagtigingsinstrument is nie. Blade Nzimande is ’n aartskommunis wat ’n uitgediende kommunistiese beleid dien en nastreef wat oral in die wêreld misluk het. Alles wat onderwys betref, word ideologies bedryf en gedryf.
.........
Hierdie implementering gaan langtermyngevolge vir Afrikaans as ’n wetenskaps- en akademiese taal inhou. Die nie-erkenning van Afrikaans as ’n inheemse taal reduseer Afrikaans tot ’n weggooitaal wat geen waarde sal kan toevoeg tot die ontwikkeling van die land nie.
.........
Deur die uitvaardiging en die implementering van hierdie taalbeleidsraamwerk het die Minister dit verder duidelik gemaak dat hy vyandiggesind teenoor Afrikaans is en die taal steeds as die taal van die verdrukker sien. Dit is egter ’n etiket wat lank nie meer binne ’n groter Afrikaanse spraakgemeenskap ter sprake is nie. Afrikaans word gesien as ’n bevrydingstaal en het daardie status aanvaar.
DAK het ’n volledige, goednagevorste dokument aan Nzimande gestuur waarin ons duidelik gemaak het waarom Afrikaans ’n inheemse taal is. (Hierdie dokument is op LitNet beskikbaar.) Dit is duidelik dat hy dit nie onder oë gehad het nie, vandaar hierdie arrogante houding en uitsprake van hom. DAK beskou dit as beledigend en sien dit as erge diskriminasie teenoor alle Afrikaanssprekendes. Die Minister slaag daarin om ons te vervreem en sien ons nie as deel van ’n groter Suid-Afrika nie. Hy beledig Afrikaanssprekers dat ons ’n “konserwatiewe wit agenda” dryf. DAK was nog nooit deel van so ’n agenda nie. Wat ons doen en sê, is om die fokus te plaas op die lot van agtergestelde Afrikaanse gemeenskappe – en dit sluit verontagsaming van ons taalregte in.
Weer eens word ons nie as belangrik geag nie, maar word in die proses ernstig benadeel. Dit gaan hier oor die skending van ons basiese menseregte: die toegang tot jou taal.
DAK Netwerk sal graag wil weet hoe die Minister en sy raadgewers tot die besluit gekom het dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie. Watter formule is gebruik? Iemand kan nie op ’n oggend wakker word en bevind dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie.
..........
DAK Netwerk sal graag wil weet hoe die Minister en sy raadgewers tot die besluit gekom het dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie. Watter formule is gebruik? Iemand kan nie op ’n oggend wakker word en bevind dat Afrikaans nie ’n inheemse taal is nie.
..........
DAK Netwerk doen ’n beroep op president Ramaphosa om in te gryp en duidelikheid oor hierdie aangeleentheid te gee.
DAK Netwerk doen ’n beroep op die President om Blade Nzimande as minister van hoër onderwys te vervang, want hy is ’n verleentheid.
Daar moet met groter begrip omgegaan word oor sensitiewe onderwerpe soos taal en die onderwys. Taal is deel van ons kultuur. Om my dit te ontsê, tas my kultuur aan en maak my minder as.
Taal vorm ons identiteit. Deur my die gebruik van my taal te ontsê, stroop jy my van my identiteit.
Net soos ek minister Nzimande se Zoeloe-kultuur en taal erken, net so verwag ek van hom om my Afrikaanse taal, kultuur en identiteit te erken en te aanvaar.
..........
Net soos ek minister Nzimande se Zoeloe-kultuur en taal erken, net so verwag ek van hom om my Afrikaanse taal, kultuur en identiteit te erken en te aanvaar.
............
Ons roem in Suid-Afrika op ons “Eenheid in verskeidenheid”-slagspreuk. Suid-Afrika is ’n samelewing in oorgang. Ons sal moet aanvaar dat daar verskille gaan wees, maar die tyd het aangebreek dat ons moet fokus op dit wat ons gemeen het, en nie op dit ten opsigte waarvan ons verskil nie.
Die Afrikaanse taal het ’n bydrae te lewer tot die vooruitgang van Suid-Afrika, minister Nzimande. Hersien jou beleid en gee almal ’n geleentheid om verdere insette te lewer. Ons wil graag tot hulp wees.
Danie van Wyk, Uitvoerende voorsitter: DAK Netwerk
Lees ook:
Mediavrystelling: Afrikaanse Taalraad oorhandig ope brief aan Ramaphosa
University seminar: Language of instruction – how do we respond responsibly?
A comment on Peter Kallaway’s book titled The changing face of colonial education in Africa
DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education
BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia
Die US se tweede konseptaalbeleid van 2021: Maskerspele, of groeiende paleisrevolusie?
Stellenbosch language debate: Speech by David Jantjies at the DAK meeting with the SAHRC
US-taaldebat 2021: Die taalkwessie aan die Universiteit Stellenbosch
The post Hersien jou gedagtes oor Afrikaans, minister Nzimande appeared first on LitNet.