Die ou koning van die eilandkoninkryk het gesterf en Theodorus, die seun van ’n jonger broer van die koning, het ná ’n jare lange burgeroorlog die troon gegryp. Estrella, die wettige troonopvolger, en haar seun, Edrik, het gevlug. Hoewel die oorlog verby is, regeer die nuwe koning deur middel van die swaard. Oral is soldate en padblokkades waar tolgeld betaal moet word. Die godsdiens van die Moederheer word verbied en alle kloosters is gesluit. Die helfte van boere se oeste word opgeëis. Terwyl die volk in die maerte in belas word, is die koning en sy gunstelinge spekvet ...
Die troebadoer word in ’n siekeboeg wakker. Sy een oog en ’n paar vingers aan sy regterhand makeer. So ook sy geheue. Hy word versorg deur ’n sproetgesignon van die Moederheer se kaalvoetorde. Toe hy sterker is, stop sy hom ’n luit in die hand en raai hom aan om in die pad te val, want as hy teen koning Theodorus geveg het, is sy lewe min werd. Hy besef dat hy die luit selfs met sy ontbrekende vingers uitstekend kan bespeel en probeer as rondreisende troebadoer ’n dagloon verdien. Dan sluit ’n gehawende hond by hom aan en op sy pad na die ooste van die eiland word die geselskap algaande groter. Maar wat lewer die troebadoer se terugkerende geheue op en wat vind hulle op pad? En wat is die noodlot waarheen hulle almal reis?
Dis nie soseer fantasie nie, eerder allegorie. Universeel en tydloos, menslike hartstogte is herkenbaar, vergrype oorbekend en die karakters kry lewe. Hier is by uitstek ’n storieverteller aan die woord. – Deborah Steinmair
Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.
The post Nuut by Protea: <i>Die troebadoer</i> deur Marié Heese appeared first on LitNet.