Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Jaco Jacobs oor "Die meisie met uitroeptekens in haar oë"

$
0
0

Foto van Jaco Jacobs: verskaf

Die meisie met uitroeptekens in haar oë
Skrywers: Verskeie

Pan Macmillan South Africa
ISBN: 9781776250387

Die meisie met uitroeptekens in haar oë is ’n lekkerleesboek vir tieners.

Onderwysers vir graad 7, graad 8 en graad 9 kan ook die stories met vrug in die klas aanwend as hulle op soek is na voorbereide leesstukke of begripstoetse.

’n Paar van die skrywers vertel vir Naomi Meyer van hul kortverhale in die bundel.

Jaco Jacobs praat met Naomi Meyer oor sy storie “Die meisie met uitroeptekens in haar oë” wat onlangs in die bundel met die gelyknamige titel verskyn het.

Op ’n dag skrik jou hoofkarakter wakker. Vertel my van hom. En vertel my van die meisie met die uitroeptekens in haar oë?

Kieran werk naweke in ’n koffiewinkel, vir ’n aaklige baas, om geld bymekaar te maak sodat hy ná skool BRek kan gaan swot. Sy ma maak hom alleen groot nadat sy onbetroubare pa jare gelede reeds die pad gevat het toe sy swanger was. Kieran is ’n regte pliggie – maar met ’n goeie rede. Een oggend douvoordag, terwyl hy die koffiewinkel se vullis uitvat, sien hy ’n meisie met ’n hoodie, besig om ’n reuse-uitroepteken teen een van die koffiewinkel se mure te verf. Ondanks die feit dat hy haar op heterdaad betrap, is sy uitdagend – en sy laat hom met nuwe oë na homself en die wêreld om hom kyk.

Wat was die inspirasie vir jou storie?

.......

Op my drafpaaie sien ek so nou en dan nuwe graffiti. Dit fassineer my altyd, hoe geheimsinnig die proses is om snags rond te sluip om dinge teen mure en geboue te verf. Ek wonder dikwels wat die kunstenaars daarmee wil regkry, wat hulle vir my wil sê, en met dié storie het ek vir myself ’n antwoord daarop probeer uitwerk.

.......

Ek staan die meeste oggende halfvier reeds op om te gaan draf. Op my drafpaaie sien ek so nou en dan nuwe graffiti. Dit fassineer my altyd, hoe geheimsinnig die proses is om snags rond te sluip om dinge teen mure en geboue te verf. Ek wonder dikwels wat die kunstenaars daarmee wil regkry, wat hulle vir my wil sê, en met dié storie het ek vir myself ’n antwoord daarop probeer uitwerk.

Vertel my in jou eie woorde waaroor jou storie gaan, in een of twee sinne, asseblief.

.......

Dit gaan oor Kieran wat op ’n dag ’n jong graffitikunstenaar met rooi sneakers ontmoet wat hom met nuwe oë na sy baie geordende, deeglik-beplande lewe laat kyk. Dit gaan daaroor om nie bang te wees om met uitroeptekens te lewe nie.

........

Dit gaan oor Kieran wat op ’n dag ’n jong graffitikunstenaar met rooi sneakers ontmoet wat hom met nuwe oë na sy baie geordende, deeglik-beplande lewe laat kyk. Dit gaan daaroor om nie bang te wees om met uitroeptekens te lewe nie.

Lees ook:

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Chase Rhys se Kaapse kortverhaal oor buitengewone mense

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Annelie Ferreira oor "Betyds"

The post <em>Die meisie met uitroeptekens in haar oë</em> vir tieners: Jaco Jacobs oor "Die meisie met uitroeptekens in haar oë" appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20660

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>