Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20663

PJ Philander-huldiging, Tuin van Digters 2021: ’n Oorsig

$
0
0

Steward van Wyk (foto: Izak de Vries)

Die digter PJ Philander se 100ste verjaardag word op 25 November 2021 gevier. ’n Gesprek rondom sy lewe en skryfwerk het op Saterdagmiddag 23 Oktober 2021 by die Tuin van Digters plaasgevind. Naomi Meyer en Steward van Wyk het enkele gedagtes oor die geleentheid bymekaargevoeg, en Van Wyk het die video van Philander se seuns en kleinseuns wat by die geleentheid vertoon is, aan LitNet verskaf.

In die paneelbespreking wat plaasgevind het tussen die letterkundige Steward van Wyk, die digter Daniel Hugo en die skrywer en joernalis Heindrich Wyngaard is gevra of Philander op sy dag as digter en as mens in sy eie land gereken gevoel het.

Heindrich Wyngaard (foto: Izak de Vries)

In ’n artikel op LitNet, geskryf deur Philander self, kan van Philander se grootwordjare en sy letterkundige en persoonlike pad gelees word. Hier is ’n skakel na die artikel: https://www.litnet.co.za/n-soetsuurlemoen-n-memoir-deur-pj-philander.

PJ Philander het in 1969 om politieke en persoonlike redes na die VSA verhuis en sy seuns en nabye familie woon steeds daar. Die gespreksgeleentheid by die Tuin van Digters is geopen deur die vertoning van ’n video waartydens sy seuns en kleinkinders wat steeds in die VSA woon, oor hul pa en oupa praat.

Hier is die video.

Daniel Hugo, wat die keur uit die gedigte van Philander saamgestel het en ook ’n hoorbeeld vir RSG oor hom gedoen het, het by die geleentheid vertel hoe sy pad met dié van Philander gekruis het op dorpe soos Greyton en Genadendal. Hy het ook verwys na Philander se statuur as digter wat blyk uit die feit dat ses van sy gedigte in die eerste Groot verseboek opgeneem is. Dit is ’n aanduiding dat DJ Opperman jare gelede al sy talent raakgesien het. Van Wyk het aangedui dat Philander baie bedrewe met rym was, soos blyk uit die kwatryne waarin hy die geskiedenis van vroeë Kaapse versetstryders soos Jonker en Jager Afrikaner en Hendrik Witbooi omdig. Hy het ook gevatte en spitsvondige verse geskryf, en sy eie stem gehad waarmee hy jare gelede “afgereken het met die Opperman-invloed” wat kritici voor sy deur gelê het.

........

Van Wyk het aangedui dat Philander baie bedrewe met rym was, soos blyk uit die kwatryne waarin hy die geskiedenis van vroeë Kaapse versetstryders soos Jonker en Jager Afrikaner en Hendrik Witbooi omdig. Hy het ook gevatte en spitsvondige verse geskryf, en sy eie stem gehad waarmee hy jare gelede “afgereken het met die Opperman-invloed” wat kritici voor sy deur gelê het.

.........

Daniel Hugo (foto: Izak de Vries)

Van Wyk het ook vertel watter belangrike rol Afrikaans in Philander se lewe gespeel het. Sy HAT het langs hom geslaap waar sy vrou altyd gelê het, toe sy nie meer leef nie. Met haar kon hy nog Afrikaans praat, en toe sy sterf, was die afwesigheid van ’n Afrikaanse gespreksgenoot vir hom nóg ’n oneindige verlies ten opsigte van die taal waarna hy in die VSA so verlang het.

........

Van Wyk het ook vertel watter belangrike rol Afrikaans in Philander se lewe gespeel het. Sy HAT het langs hom geslaap waar sy vrou altyd gelê het, toe sy nie meer leef nie.

........

Heindrich Wyngaard het vertel hoe hy as kind verbaas was om te ontdek dat nie net groot rugbyspelers soos Errol Tobias van sy tuisdorpomgewing, Caledon, afkomstig was nie, maar dat ook die digter PJ Philander daarvandaan gekom het. Hy het vertel van sy persoonlike ontmoetings met Philander en hoe dit hom geïnspireer het om aan te hou skryf.

Foto's van Steward van Wyk, Daniel Hugo en Heindrich Wyngaard: Izak de Vries. Foto van PJ Philander verskaf deur Steward van Wyk en gebruik by die artikel, 'n "Soetsuurlemoen": https://www.litnet.co.za/n-soetsuurlemoen-n-memoir-deur-pj-philander/

Philander was ’n groot gees. Nou, jare later, word sy werk herontdek en kom ’n mens weer onder die indruk van watter juwele daar in sy ses digbundels en kortverhale is. Sy oudste seun, George, ’n professor aan Princeton Universiteit in die VSA en internasionaal bekend vir sy navorsing oor El Niño, noem in die video dat mense tans min geloof en vertroue in wetenskap het, soos blyk uit die debakels rondom COVID-19 en aardverwarming. Hy verwys na sy pa se poësie en wys hoe relevant dit vandag is omdat dit vir die moderne mens wys hoe om in ons beroerde tye te leef. Sy slotsom is: “Science has limitations. The solution is in poetry.”

........

Sy oudste seun, George, ’n professor aan Princeton Universiteit in die VSA en internasionaal bekend vir sy navorsing oor El Niño, noem in die video dat mense tans min geloof en vertroue in wetenskap het, soos blyk uit die debakels rondom COVID-19 en aardverwarming. Hy verwys na sy pa se poësie en wys hoe relevant dit vandag is omdat dit vir die moderne mens wys hoe om in ons beroerde tye te leef. Sy slotsom is: “Science has limitations. The solution is in poetry.”

.........

Lees ook:

Persverklaring: Volledige program | Tiende Tuin van Digters op 22 en 23 Oktober in Wellington

Persverklaring: Wenner van die Ingrid Jonker-prys vir Afrikaanse poësie vir 2021

Huldigingsrede | Alfred Schaffer (Tuin van Digters-feesdigter 2021)

Die tiende Tuin van Digters, ’n visuele oorsig

 

 

The post PJ Philander-huldiging, Tuin van Digters 2021: ’n Oorsig appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20663

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>