Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20663

Toyota US Woordfees | Die Krismis van Map Jacobs, Adam Small het geskryf om ons te laat dink

$
0
0

Foto: Nardus Engelbrecht

...
Woordfees TV 21, Op DStv Catchup tot 31 Oktober.
...

Die hartseerste deel van Die Krismis van Map Jacobs? Dat die storie van die Kaapse Vlakte ná dekades nog so somber is. Dat weinig kan loskom van die los sand wat hulle so vas messel in matchbox houses, op mekaar lewe, en min kans vir die siel om asem te haal.

Diegene wat hul pad daar oopkap, doen dit met amper bonatuurlike dissipline, soms met ’n lucky break. Soms omdat hulle uit die pad van die gangs se lemme en guns en fatal attraction gebly het.

So moenie verbaas wees dat Die Krismis van Map Jacobs nie ’n happy go lucky affêre is nie. Dit is ’n yskoue emmer water in die gesig van hoe die lewe mense kan vasdraai op een plek, maak nie saak hoe hard jy probeer om die kettings los te torring nie.

Die Covid-19-pandemie hat vanjaar se Toyota US Woordfees ook ingehaal, maar gehore was bevoorreg om na verskeie produksies op ’n spesiale DSTV opwipkanaal te kon kyk, onder meer Die Krismis van Map Jacobs.

...
Wat ’n mens verloor het van die intimiteit van ’n saal, verhoog en akteurs enkele meters van jou af, word ruim teruggegee deur uitstekende kinematografie.
...

Wat ’n mens verloor het van die intimiteit van ’n saal, verhoog en akteurs enkele meters van jou af, word ruim teruggegee deur uitstekende kinematografie. Elke nuanse, slim beligting en skerp redigering – die produksie op die klein skerm staan nog groot danksy fyn filmwerk en puik akteurs.

Om dit sonder ’n gehoor te kyk, voeg toe ook ’n ander dimensie by – om intiem met die storie om te gaan en te fokus op die stories wat ontvou, om tonele wat jou diep raak oor en oor te kyk…

Dit is inderdaad ’n tydlose, netjies verknoopte verhaal uit die pen van Adam Small. Die Krismis van Maps Jacobs herinner ook aan een van die skrywer se ander, bekende uitdrukkings: “Die dice het verkeerd geval.”

Dit het verkeerd geval vir Mister Cavernelis (Elton Landrew), darling, en sy tweede vrou Maudie (Ilse Klink), onder die derduisende mense wat uit hul grootwordplekke gestoot is tot op die Kaapse Vlakte sonder siel. En vir sy dogter Blanchie. Daar sit die drie, met ’n dak oor hulle hoof waarvoor ’n mens dankbaar moet wees, maar met vier dun mure wat hulle vasdruk en elke stukkie happiness uit hulle bestaan wring.

Dit het verkeerd geval vir Map ‘Johnny’ Jacobs (DJ Mouton) en sy gangster-vrinne, maar hulle het dit nog erger verkeerd laat val vir Antie Grootmeisie (June van Merch), Map se Ma, omdat hulle een donker aand, sonder om te sien wie dit is, haar en haar dogter wreed aangeval het.

Dit is die aand toe Map ’n man doodsteek, weer en weer steek, totdat sy misdaad-maters hom wegpluk. Maar die trauma van daai aand, en die dood van haar meisiekind, het Antie Grootmeisie se woorde ook weggeruk en haar met stomheid geslaan.

Foto: Nardus Engelbrecht

Map – so genoem oor al die tattoos oor sy lyf wat die pad van sy lewe vertel – word uitstekend deur Small ingespan om te sny deur die baie sosiale kwessies wat tekenend geword het van arm, afgeskeepte gebiede, en dit is wyer as die Kaapse Vlakte. Misdaad, lae vlakke van geletterdheid, werkloosheid, eeindelose frustrasie. En die bling-bling belofte wat misdaad inhou, met gangsters as die poster boys en girls.

Ná sewe jaar kom Map uit op parool vir die moord, maar hy vind dinge het verander, maar tog ook nie. Dit is nie net oor sy tronk-verlede dat hy nie kan werk kry nie. Selfs die doodgoeie Mister Cavernelis smous nog steeds na ’n lang dag se geswoeg in die polony factory, met sy sak vol soft goodspanties en bras. Alles om ’n harde lewe te ontsnap.

Almal krap nog steeds in almal se sake. Die mure is te dun en die huise te op mekaar om enigiets weg te steek.

Die Cavernelisse sukkel met iets wat vandag nog relevant is – moenie waag om na iets beter te streef nie, want dan dink mense jy hou jou beter as hulle. So dit is nie net die system van apartheid wat gekeer het dat Mister Cavernelis se bicycle verder as die townshop vorder nie. Dit was ook die leeglêers, die wat heel tevrede was met hul lot – of dalk net afgunstig? – wat hom bly vashou het.

Daar is niks wat jou so kan bind soos iemand wat vir jou drome lag nie. Dit vat ongelooflik baie moed om aan te hou probeer om hulle verkeerd te bewys.

Foto: Nardus Engelbrecht

Ja, Adam Small het hierdie storie in die 1970’s geskryf toe gedwonge verskuiwings nog ’n oop wond was – maar is dit nou beter? Vir baie mense, nee.

Small het baie geskryf oor mense se soeke na identiteit, na aanvaarding, na ’n holte vir hul moeë siele. Ek dink dit is hoekom sy stories en gedigte ná al die jare steeds aanklank vind.

Jy kan sy karakters – elke liewe een – vandag nog net so staanmaak en hulle dieselfde woorde van die 1970’s laat sê – en dit sal steeds raakpunte hê.

...
Met Die Krismis van Map Jacobs hoef ons nie eens die spieël op te hou nie – die waarheid slat jou tussen die oë. Dit laat ’n mens met die vraag – al is die verhaal tydloos – wil ek regtig oor twintig jaar hê ons nageslag moet steeds dieselfde woorde en omstandighede eggo?
...

Met Die Krismis van Map Jacobs hoef ons nie eens die spieël op te hou nie – die waarheid slat jou tussen die oë. Dit laat ’n mens met die vraag – al is die verhaal tydloos – wil ek regtig oor twintig jaar hê ons nageslag moet steeds dieselfde woorde en omstandighede eggo?

Indien nie, wat moet ek nou doen om te help om dit te verander?

Adam Small het nie geskyf om ons te entertain nie. Hy het geskryf om ons te laat dink – en te laat doen. Ek het nog nie die antwoord nie, maar die hoop beskaam nooit.

The post Toyota US Woordfees | <em>Die Krismis van Map Jacobs</em>, Adam Small het geskryf om ons te laat dink appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20663

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>