Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20663

Baldwin is tog aanspreeklik vir Hutchins se dood

$
0
0

Bettina Wyngaard (foto: Izak de Vries)

Daar is nog baie vrae oor hoe Halyna Hutchins gesterf het, en presies wat op 21 Oktober op die Rust-filmstel gebeur het.

Wat ons wel weet, is dat die akteur Alec Baldwin besig was om ’n skiettoneel te oefen toe ’n skoot afgegaan het. Hutchins, die kinematograaf wat besig was om haar kameras vir die toneel in te stel, is getref. Die projektiel het deur haar liggaam gegaan en die regisseur, Joe Souza, getref. Hy het langs haar gestaan.

.......

Ek gebruik my taal hier versigtig, alhoewel daar tog sekere afleidings gemaak kan word. ’n Skoot het afgegaan. Dis nie seker of Baldwin die sneller getrek het, en of die vuurwapen gevuur het toe dit uit die holster getrek is nie. Tweedens gebruik ek die woord “projektiel”, want daar is nog geen amptelike bevinding daaroor of dit skerppuntammunisie was of ’n sg blank wat algemeen in aksietonele gebruik word nie.

........

Ek gebruik my taal hier versigtig, alhoewel daar tog sekere afleidings gemaak kan word. ’n Skoot het afgegaan. Dis nie seker of Baldwin die sneller getrek het, en of die vuurwapen gevuur het toe dit uit die holster getrek is nie. Tweedens gebruik ek die woord “projektiel”, want daar is nog geen amptelike bevinding daaroor of dit skerppuntammunisie was of ’n sg blank wat algemeen in aksietonele gebruik word nie.

Ek is van mening dit was wel skerppuntammunisie, want geen blank se projektiel trek met soveel spoed of krag dat dit dwarsdeur een persoon gaan en ’n tweede persoon tref nie.

Volgens die eerste berigte wat uitgekom het, het die assistentregisseur die vuurwapen aan Baldwin gegee met die woorde “cold gun”. Dit word algemeen aanvaar dat dit beteken die vuurwapen was nie gelaai nie, en dus nie gevaarlik was nie. Baldwin kon dus nie weet hy is ’n gelaaide vuurwapen gegee nie.

Maar ook hier moet ek stilstaan. Van filmskiet weet ek niks en van aksietonele nog minder. Daarom het ek op Twitter twee gesprekke gevolg. Die een is van SL Huang, ‘n ervare wapenbewaarder (armourer) op verskeie filmstelle. Die ander is van Claudia Black, ‘n bekende aktrise. Albei gee insiggewende inligting oor wat agter die skerms op filmstelle gebeur.

Uit hul albei se weergawes was die assistentregisseur nooit veronderstel om die vuurwapen te hanteer nie. Op ’n stel waar veiligheidsprotokolle gehandhaaf word, hanteer slegs die wapenbewaarder die wapen en gee dit direk aan die akteur wat dit gaan gebruik, en hou dit elke oomblik in die oog. Hy of sy bly ook op die stel om seker te maak die akteur gebruik die vuurwapen veilig, en is veronderstel om daar te wees terwyl die toneel geoefen word.

’n Ervare akteur soos Baldwin moes op die stadium toe die vuurwapen deur die assistentregisseur aan hom oorhandig is, alreeds hokaai geroep het, want waar was Hannah Reed, die wapenbewaarder?

Huang dui ook aan dat sy altyd op stel voor elke toneel die wapen wat gebruik gaan word, in die teenwoordigheid van die akteur en regisseur nagaan en seker maak daar is nie enige projektiele wat gevaar kan skep in die magasyn of die loop van die vuurwapen nie. Dit het duidelik nie op Rust se stel gebeur nie.

Verder is daar op ’n stel waar daar direk in die rigting van die kamera gevuur word, gewoonlik ’n ballistiese skerm wat die regisseur en die kinematograaf beskerm teen enige projektiele wat gevuur word. Dit was afwesig op hierdie stel, waarskynlik omdat dit duur was en daar besluit was om geld te bespaar.

Dit blyk dat daar alreeds twee verwante voorvalle op Rust se stel was waar vuurwapens onveilig hanteer is. Vroeër dieselfde dag van Hutchins se dood het ’n aantal werkers in protes die stel verlaat omdat werksomstandighede onveilig was.

Na die eerste voorval moes daar ’n veiligheidsvergadering gehou word. Daar moes versekering aan almal op die stel gegee word dat daar sisteme in posisie is om ’n herhaling te vermy. Veiligheidsprotokolle moes opgeskerp word.

Dit is nie gedoen nie.

Ook nie na die tweede voorval nie.

En toe sterf Hutchins.

Een van die moontlike faktore wat bygedra het tot onveilige werksomstandighede is dat die span nie vakbondwerkers was nie. Dit beteken dat die vervaardigers van die film hulle langer ure teen minder geld kon laat werk. En natuurlik is onervare werkers goedkoper, insluitend die persoon wat die vuurwapens hanteer.

Die werkers was skynbaar almal aan lang ure onderwerp. Boonop moes hulle omtrent twee ure reis van waar hulle bly tot by die stel, want daar was nie voorsiening gemaak vir verblyf vir hulle nie. Almal was dus moeg, en gefrustreerd.

Moeë mense maak foute. Gefrustreerde mense gee nie om om die beste-gehalte-werk te lewer waartoe hulle in staat is nie.

Hou in gedagte dat hierdie gebeure afspeel teen die agtergrond van ’n staking oor werksomstandighede in die flimbedryf in die algemeen wat die afgelope ongeveer twee weke al aan die gang is.

........

Maar hoekom Baldwin verantwoordelik hou vir die skietvoorval? Dis tog nie die akteur se plig om seker te maak dat die vuurwapen veilig is nie?

Inderdaad nie, en ek glo dat Baldwin nie geweet het die vuurwapen was gelaai nie.

Maar Baldwin was nie net ’n akteur op die stel nie. Hy was ook die uitvoerende vervaardiger, en in daardie hoedanigheid het hy seggenskap oor elke aspek van die film.

.........

Maar hoekom Baldwin verantwoordelik hou vir die skietvoorval? Dis tog nie die akteur se plig om seker te maak dat die vuurwapen veilig is nie?

Inderdaad nie, en ek glo dat Baldwin nie geweet het die vuurwapen was gelaai nie.

Maar Baldwin was nie net ’n akteur op die stel nie. Hy was ook die uitvoerende vervaardiger, en in daardie hoedanigheid het hy seggenskap oor elke aspek van die film. Hy teken af op die werkers wat gehuur word, die ure wat hulle werk, die vergoeding wat hulle ontvang, die veiligheidsmaatreëls op die stel, selfs of hulle regte vuurwapens of rubberweergawes gebruik.

Hy kon daarop aangedring het dat daar ’n veiligheidsvergadering gehou word. Hy het nie. Hy kon begroot het vir beter toerusting wat die span sou beskerm. Hy het nie. Hy kon die film gestop het toe korrekte veiligheidsprosedure nie gevolg is nie. Hy het nie.

Maar meer as dit, uiteindelike verantwoordelikheid vir elke werker rus op hom as uitvoerende vervaardiger, of hy nou op die stel is of nie. Hy het sy plig versuim, en dit het Halyna Hutchins se dood veroorsaak, so seker asof hy self daardie koeël gelaai en doelbewus op haar geskiet het.

Die wapenbewaarder dra deel van die blaam, maar so ook die uitvoerende vervaardiger.

Wat hierdie sterfte so tragies maak, is dat dit heeltemal voorkombaar was.

The post Baldwin is tog aanspreeklik vir Hutchins se dood appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20663

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!