Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

My Vader

$
0
0

My Vader
wat vermoedelik in die hemel is,
laat u name geheilig word,
laat u koninkryk gou-gou kom,
laat u wil stukkend skiet
soos op die Kaapse Vlakte
net so ook op aanvraag enige ander plek.

Gee ons vandag
ons daaglikse glutenvrye brood
en donderstorm.
Vergewe ons ons wraakgedagtes
al probeer ons tevergeefs dié vergewe
wat hulle veroorsaak.

Vergewe my my opregte trane
oor woorde soos “ek is lief vir jou”,
en my onvermoë om dit terug te sê,
net soos u dié vergewe
wat daagliks met trane manupileer.
Vergewe my my aggressie
oor ongevraagde depressie
terwyl sewejariges veg teen terminale kanker,
die ure wat ek voor die tv mors
boeke onoopgemaak op die rak.
Net soos U die moordenaar langs U aan die kruis
vergewe het
en lei ons nie in die versoeking nie
want in versoeking ly ons
en die gees is gewillig
maar die werklikheid stel teleur.

En verlos ons van die bose
en die bose se kinders
en hulle kinders
tot U wil geskied
en tog net asseblief nie tot in alle ewigheid nie.
Amen

The post My Vader appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>