Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Einstein-kompetisie: Eerste 50 inskrywings

$
0
0

einsteinlogo300Waaroor doen jong Afrikaanssprekendes by universiteite navorsing? Watter idees word tans deur hulle uitgedink en ontwikkel?

Die Einstein-kompetisie is ’n nuwe kompetisie – die eerste in sy soort in Suid-Afrika – wat nagraadse studente en dosente by universiteite uitdaag om hul navorsingsprojekte (byvoorbeeld ’n meestersverhandeling) in 130 karakters of minder op te som.

Nuuskierig? Alle kompetisie-besonderhede is hier beskikbaar.

Lees hier onder die eerste 50 opsommings en klik op navorsers se name vir verdere inligting. Kompetisie-inskrywings is per studierigting gegroepeer.

Kan jy ook jou navorsing só opsom dat die man en vrou op straat dit kan verstaan? Een sin kan jou R10 000 in die sak bring! Klik hier om aan die kompetisie deel te neem.


Afrikaans en algemene literatuurwetenskap
• 
Is landskap die wêreld waarin ons woon of ’n toneel in die verte beskou in Breytenbach en Lucebert se latere poësie?
#EinstKomp – Alwyn Roux

Afrikaans en Nederlands

• Hoe word die Afrikaner se identiteit uitgebeeld in die Afrikaanse prosa wat ná 1994 verskyn het? – Frederick J Botha
• Kan ‘n mens, deur hulle tekste uitmekaar te torring, bepaal of Dana Snyman en André le Roux onbewustelik vingerafdrukke los? – Anneen Church
• Van kontinente, lande en stede gepraat – die digter as reisiger: Die reisvers as ontvlugting van verlies. – Dewald Koen
• Die studie van die uiteenlopende visies op diere in Marlene van Niekerk se bundel Kaar (2013). – Anelda Marx
• Die gebruik van Afrikaanse musiek vir die aanleer van woordeskat en uitspraak by taalverwerwingstudente. – Jaydey Sass
• ʼn man het ʼn pampoen gekoop vir sy verjaardag die suffelste september.50 jaar later,daai tyd klop sy vingers steeds teen die holte. – Charles Tait
• Ondersoek die manier waarop Noord-Kaapse Afrikaans in kortverhale uitgebeeld word. – Suné van Rooyen

Algemene taalwetenskap

• Sukkel tweedetaalstudente om met gesag akademies te skryf? ‘n Blik op hoe eerstejaars hulle stemme dik maak op papier. – Risha Lötter
• Verstaan hulle werklik? (Nie)verbale terugvoer van pasiënte tydens pretoets-MIV-berading in landelike Wes-Kaapse dagklinieke. – Janina Theron

Bedryfsingenieurswese
• 
Rekenaarsimulasie van 'n mot wat suikerriet infesteer om te help met beter ontwerp en toetsing van beheermaatreëls vir die praktyk. – Brian van Vuuren

Bedryfsielkunde
• Ek wonder of dominees geweet het wat op hulle wag toe hulle besluit het om dominees te word, en wat is die nagevolg? – Du Toit Orton
• Die gehalte van basiese onderwys in Suid-Afrika is ʼn tameletjie: rus alle onderwysers toe om die bul by die horings te pak. – Nicola van der Westhuizen
• Die ontwikkeling van ’n psigometriese konstruk vir die identifisering van leerpotensiaal in regstellendeaksieprogramme. – Braam Venter

Bewaringsekologie en entomologie
• Matthee: Die Bos is 'n lewende entiteit; ons moet dit respekteer en bewaar. Kan insekte ons help om haar uitdaging te verstaan? – Rudi Swart
• Ons bepaal die ekologiese dienste wat myte lewer aan proteas met betrekking tot bestuiwing en fungusverspreiding. – Natalie Theron-De Bruin
• Kan ons die verspreiding van vlooie wat dien as vektore van oordraagbare siektes voorspel met behulp van historiese klimaatdata? – Luther van der Mescht

Eenheid vir bedryfswiskunde en informatika
• Kredietgraderings op provinsiale vlak: voorstelle hoe om Suid-Afrika se Departemente van Onderwys en Gesondheid te meet. – Erika Fourie

Filosofie
• Die multiversiteit ('n universiteit sonder 'n sentrale besielende gedagte) word maklik die slagoffer van verskeie ideologieë. – Victor Correia

Genetika

• Angstig oor angstigheid? Angs en stressteurings in ‘n Suid-Afrikaanse konteks #EinstKomp – Nathaniel McGregor

Geskiedenis
• Die 1964-Cillié-kommissie: Regter Cillié se ondersoek oor hoe die SA Weermag bewapen is deur beweerde onreëlmatige prosedures. – Emile Coetzee
• Hoe en hoekom het populêre Suid-Afrikaanse rugbyboeke van 1948 tot 1995 verander? – Wouter de Wet
• Suid-Afrika se Antarktiese geskiedenis: louwarm politiek op 'n witwarm kontinent. – Lize-Mariè van der Watt

Gesondheidstudies
• 
Die ervarings van families van brandwondslagoffers. – André van der Westhuizen

Gesondheidswetenskappe
• 
Die ondersoek van kledingkwaliteitpersepsie van bejaarde vrouens om klere spesifiek vir hul te verbeter en welstand te bevorder. – Danielle Coelho

Grond-, gewas- en klimaatwetenskappe
• Teken goeiekwaliteit-grondkaarte, maar grawe minder gate. – George van Zijl

Informasiekunde
• 
Dis lekker om te lees terwyl mens lag! 'n Ondersoek na wat klein lyfies laat lag in die Afrikaanse kinderboeke van Jaco Jacobs. – Nandi Lessing-Venter

Ingenieurswese
• Papierafval tot bruikbare sellulose so groot soos miljoenstes van 'n millimeter – verterende ensieme in aksie! – Lia Bester
• Die gebruik van sonkrag in suikermeulens om vervaardiging meer effektief te maak en om surpluselektrisiteit op te wek. – Willem Krog
• 'n Alternatiewe metode vir die waardering van mineraalreserwes wat dagsoom in megasteenkoolneerslae in Suid-Afrika. – Barend Hendrik Steyn  
• Die ontwikkeling van 'n voorwerpvermyding-algoritme vir ‘n hommeltuig om onafhanklike vlugte te kan ondergaan. – Ruan van Breda 

Kriminologie
• 
Die Indiese Oseaan as voertuig vir misdaad: hoe kan seerowery ons help om dwelm- en ivoorhandel om Oos-Afrika se kuslyn te bekamp? – Carina Bruwer

Landbou
• 
Die hipotese bestaan dat die siekte besmetlike misgeboorte by honde nie endemies is in ons land nie; ek wil dit toets. – Werner Gouws

Logistiek
• 
75% van SA skole onderpresteer terwyl 25% oorpresteer. Hoe hef ons die 75% op deur meer as net geld beskikbaar te stel? #EinstKomp – Lieschen Venter

Maatskaplike werk
• 
Vrystaat-regspersoneel se verwagtinge en vereistes van waaruit 'n goeie maatskaplikewerk-hofverslag se inhoud bestaan. #EinstKomp – Mariëtte Joubert

Nuwe Testament

• Lied, liedere of een lied met twee name in Op. 15? Twee liedere: die lied van Moses (Eks 15) en die lied van die Lam (Op 15). – Rudolph Scharneck

Plantpatologie
• 
Navorsing om koppe te skuif na meer effektiewe en veiliger toediening van plantbeskermingsprodukte in sitrusproduksie. – Johannes Gideon

Plantwetenskappe
• 
Is die vyand van die mangobedryf besig om ons geliefde inheemse kareebome te teiken? Of wie is die alternatiewe skuldige? – Juan Swanepoel

Politieke wetenskap
• 
Vandag ontvang 16 miljoen Suid-Afrikaners in armoede ‘n maandelikse welsynstoelaag. Dié praktyk is veel ouer as wat jy dalk dink. – Leon Schreiber

Privaatreg
• 
Jy onderneem om in die toekoms 'n kontrak met 'n ander persoon te sluit. Wanneer is jou onderneming bindend en afdwingbaar? – Louis Taljard

Regte
• 
Mag boewe stem? Beperking van stemreg van gevangenes in demokratiese samelewings: Vergelykende studie van RSA, VSA & VK #EinstKomp – Werner Pretorius

Rekenaarwetenskap en sagteware-ingenieurswese
• Implementering van ‘n virtuele immuunsisteem ten einde rekenaar-, netwerk- en inligtingsbeskerming te verbeter in ‘n organisasie. – Jan van Niekerk

Sentrum vir waterwetenskappe en -bestuur
• 
Die ontwikkeling van ‘n oppervlakwatermodel om die effek van suurmynwaterbronne op omliggende riviere te bepaal en te bestuur. – AJ van Schalkwyk

Sielkunde
• Die era van die afwesige vader: Maak pappas saak? Kwaliteit-pa-seun-verhoudings as 'n faktor in geweldsmisdaadbekamping. – Zibeth Hansen

Statistiek
• 
Die ontwikkeling van waarskynlikheidsverdelings om komplekse data van seine meer akkuraat te modelleer. – Johan Ferreira

Taalpraktyk
• Suid-Afrikaanse Gebaretaal is nie dood nie, dit is 'n taal uit eie reg. Hoe verskil ons gebaretaaltolke en ons gesproketaaltolke? – Simoné Hendriks

Taalpraktyk en linguistiek
• Wie skryf wat op die muur en waarom? ’n Gevallestudie van die bepalende faktore by geskrewe taalkeuses in die openbare ruimte. – Chrismi-Rinda Loth
• Jou skoolrapport wys jy is ’n uitblinker in tale. Hoekom sukkel jy dan so met formele opstelle skryf op universiteit? – Jo-Mari Myburgh

Vertaal- en tolkstudie
• 
Tolkopleiding vir die toekoms: hoe rekenaars kan bydra tot meertaligheid. – Vonette Smit

Wiskunde en toegepaste wiskunde
• 
Wiskunde en kieme: Is die voorspelling van siekteverspreiding onder mense moontlik wanneer die omgewing oorweeg word? – Andrea Scholtz

Geniet jy die Einstein-kompetisie? Nuwe kompetisie-inskrywings sal tot op die sluitingsdatum, 29 Junie 2016, voortdurend op LitNet verskyn.

 

The post Einstein-kompetisie: Eerste 50 inskrywings appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20659

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>