Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Munisipale verkiesing 2016

$
0
0

Sonder enige twyfel funksioneer die opposisiepartye met welslae in die parlement, en hou hulle die ANC regering op hulle tone.  Dit sluit onder andere die meerderheid opposisie partye hoofsaaklik onder DA sambreel leierskap in, met die uitsondering van die EFF wat sy eie agenda voer, ook terloops met besonderse sukses.  Die enigste teleurstellende opposisieparty na my mening is die IFP onder Mangosuthu Buthelezi wat ’n soortgelyke steriele non-aggressiewe rol wil speel soos die van die ou VP van Div Graaf in die vorige eeu.

Daar gelaat.  Waar dit kom by opposisie-politiek in die metro-gebiede, is daar in werklikheid geen politieke aksie van enige noemenswaardigheid nie.  Raadslede is vir die publiek onbekend, asook enige nuuswaardigheid in die nasionale en plaaslike koerante, so te sê tjoepstil. 

In die Nelson Mandele Baai Metro staan die DA ’n goeie kans om hierdie metro van die ANC af te vat, asook die moontlikheid van beide Pretoria en Johannesburg op Aug 16.  Pleks van die opposisie wat die nuus oor plaaslike gebeurtenisse steel, is dit veel eerder AfriForum wat die munisipaliteite dwarsdeur SA op hulle tone hou.  Pleks van die DA-opposisie, was dit AfriForum in vennootskap met die plaaslike belastingbetalersvereniging wat die Nelson Mandela Baai Metro aangevat het en hof toe geneem oor R6mil gelde onreëlmatig bestee:

“The Tax Payers Association and AfriForum PE jointly brought this application after the former exposed large-scale corruption with the help of AfriForum that took place on the highest level. A separate court application will be brought shortly with regards to shocking facts in which senior ANC members are implicated,” said Kobus Gerber, Vice-chairperson of AfriForum’s Port Elizabeth branch.”

http://www.rnews.co.za/article/1460/afriforum-and-nelson-mandela-bay-ratepayers-association-hand-over-report-of-large-scale-fraud-to-public-protector     asook

http://politicsweb.co.za/politics/nelson-mandela-metro-taken-to-court--afriforum

Die DA-opposisie was ten tye tjoepstil, en wil nou die regering van Nelson Mandela Baai van die ANC oorvat, op sterkte waarvan?  Hulle enigste verweer is dat hulle ANC beleid beter as die ANC sal uitvoer.

Die DA-manifesto het dit dat hulle die bendemag en drugs in die Wes-Kaap gaan kniehalter.  Bietjie laat om daaroor wakker te skrik, aangesien hulle ’n geruime tyd reeds die Wes-Kaap regeer.  “The Western Cape is the gang and drug hub of the country,”  http://westcapenews.com/?p=4428

Volgens AfriForum is die DA beheer oor vuilis in die Wes-Kaap bedenklik met net drie uit nege munisipaliteite wat aan wetlike vereistes voldoen, volgens navorsing deur hulle afgehandel.

https://www.afriforum.co.za/audits-landfill-sites-western-cape-shocking-surprising/

Die EFF se manifes lyk pragtig, maar ooglopend finansieel nie haalbaar nie.  Dit sal goed wees indien hulle een of twee munisipaliteite inpalm, want dan sal hulle volgelinge gou kan agterkom dat hulle vermoëns volgens hulle eie manifes maar net ’n pypdroom is.

Na my mening behoort party-politiek nie deel van munisipale verkiesings te wees nie, aangesien sodanige raadslede volgens die party se pype moet dans wat nie noodwendig tot voordeel van die plaaslike inwoners is nie. Raadslede met sterk persoonlikhede ongeag hulle politieke affiliasie, wat vir hulle kiesafdeling werk, sal outomaties in die plaaslike gemeenskap roem verwerf vir toekomstige herverkiesing.

Vir my om ANC of DA te stem in die munisipale verkiesing is om‘t ewe aangesien daar min verskil in politieke siening tussen die twee is.  Die DA wil daarop roem dat hulle ANC-politiek meer suksesvol sal bedryf.  Die VF in blanke-setels is ’n mors van tyd, waar te wyte aan hulle deelname, die DA die setel vir die ANC kan verloor.

 

The post Munisipale verkiesing 2016 appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>