Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Suidoosterfees 2016: Hoogtepunte op die feesprogram

$
0
0

Die Suidoosterfees 2016 vind plaas van 27 April tot 2 Mei 2016.

Hier is die volledige program.

Hieronder is 'n paar feeshoogtepunte:

JAKES GERWEL-GESPREKKE

District 6 Museum Homecoming Centre

Ondersteun deur Phoebe Gerwel & RSG

Prys Gratis (ligte verversings ingesluit)

Saterdag 30 April 18:00 – 19:00

Besprekings: 021 406 2900

TEMA: REMINISCING DISTRICT 6 / ONTHOU JY DISTRIK 6

Saterdag 30 April 18:00-19:00

Aanbieder: Professor Shaun Viljoen

Paneel: Fatima Dike (digter/dramaturg), Cloete Breytenbach (fotograaf/dokumenteerder), Fred Robertson (gewese D6-inwoner/sakeleier) en Tina Smith (Hoof: Uitstallings, Distrik Ses Museum)

Shaun Viljoen is ‘n navorser, dosent, skrywer en redakteur wat uitgebreide kennis van die Engelse taal en letterkunde het.

Fatima Dike is ‘n storieverteller, dramaturg, verhoogbestuurder en aktrise.

Cloete Breytenbach is ‘n internasionale fotograaf en dokumenteerder.

Fred Robertson is medestigter van Brimstone Investment Corporation Limited en is tans ondervoorsitter van Brimstone. Hy is ‘n onafhanklike nie-uitvoerende direkteur van Remgro Beperk en Sea Harvest Beperk en dien ook as voorsitter van die Commlife Holdings (Edms) Beperk en House of Monatic.

Tina Smith is ‘n kurator, kunsopvoeder en fasiliteerder by die Distrik Ses Museum.

Viljoen sal met sy gespreksgenote gesels oor die lief, leed en herinneringe van ‘n vervloeë era. Die gesprek sal poog om die gehoor te betrek en ‘n waardevolle diskoers uit te lok.

 

VIVA D6 Queens

VIVA D6 Queens is 'n verhaal van ontdekking en herontdekking.

Teen die agtergrond van al die huidige ontwikkeling en gentrification in Sout Rivier en Woodstock, is dit 'n refleksie op hoe ver ons al gekom het, en of ons die belangrike lesse geleer het, sedert die afgelope 50 jaar …

Rashid is 'n jong, suksesvolle corporate cowboy wat by een of ander groot bank werk. Hy word deur 'n eiensdomsbestuurder benader om 'n winkel wat sy familie vir dekades besit het te koop. Geslag na geslag, was die gebou in die hoofstraat van Woodstock as 'n salon, of haarkapper gebruik.

Die Majestic was uitsonderlik beroemd, en mense het van oral die District, Soutrivier en Woodstock gekom, om hulle hare te laat doen!

Maar teen die tyd dat Rashid se ouers oorlede is, was die Majestic nie meer so gewild nie, en iewat verlep. Voordat Rashid toegang tot die Majestic kan kry moet hy die ou man Achmat, ook as Barbie bekend, in die hande kry.

Barbie het die Majestic bestuur, en hy het nog die sleutels. Die uitspattige Barbie was beroemd - nie net omdat sy handig was met 'n tang wat hare glad kan stryk nie, maar ook vir sy optredes, in die salon en op die verhoog. Hy kan hare van kajangs tot genuines omskep. Hy kon ook homself tot die skitterende Barbie laat omskep! Sy was Majestic!

Kom saam met The Pedestrians, soos hulle musiek gebruik om ons op 'n reis deur tyd te vat, om die Majestic te explore.

Vervaardiger: FP Productions

Regie: Quanita Adams

Donderdag 28 April: 15:00-16:00

Vrydag 29 April: 22:00-23:00

Saterdag 30 April: 15:00-16:00

Sondag 1 Mei: 15:00-16:00

Prys: R110

 

KRISTALVLAKTE

Fugard Teater

Teks: Amy Jephta

Regie: Marí Borstlap

Met Ilse Klink, Brendon Daniels, Roysten Stoffels, Bianca Flanders, Tarryn Wyngaard, Dean Smith, Gantane Kusch, Daniel Richards, Ruben Engel, Riaan Visman en Antonio Fischer

Vrydag 29 April 20:00-21:30

Saterdag 30 April 20:00-21:30

Sondag 1 Mei 15:00-16:30

Dinsdag 3 Mei 20:00-21:30

Woensdag 4 Mei 20:00-21:30

Donderdag 5 Mei 20:00-21:30

Vrydag 6 Mei 20:00-21:30

Saterdag 7 Mei 20:00-21:30

Prys R60, R90, R110

Uit die flenters van die dwelmoorlog smous Priscilla vir haar en haar gesin ’n lewe aanmekaar. Die gemeenskap bloei weens die snypunt van politieke ordes, bendebase en godsdiensleiers. Soms is daar eilandjies van vrede, soos in enige goeie oorlog. Maar oorlog is nes die liefde - dit sal altyd ‘n uitweg vind. En solank die bloeddruk klop, sal Priscilla se smokkelhandel oorleef in die agterstraatjies van die geskiedenis.

Amy Jephta se epiese teaterstuk het ‘n sterbelaaide rolverdeling: Ilse Klink, Brendon Daniels, Roysten Stoffels, Bianca Flanders, Tarryn Wyngaard, Dean Smith, Gantane Kusch, Daniel Richards, Dean Balie, Riaan Visman en Antonio Fischer. Dit vertel die storie van ‘n gemeenskap, veel groter as die van individuele karakters.

Hierdie verwerking van Bertolt Brecht se Mutter Courage und ihre Kinder bied geen eenvoudige antwoorde nie, maar vlek sosiale werklikheid oop tot op die been.

Foto's verskaf

The post Suidoosterfees 2016: Hoogtepunte op die feesprogram appeared first on LitNet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 20654

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>