Aankondiging van die 2017 Sanlamprys vir Jeuglektuur tesame met die "250 Woorde per dag"-veldtog
Inskrywings vir die 2017 Sanlamprys vir Jeuglektuur is nou oop!
Om 'n boek te skryf kan egter intimiderend wees . . . "As Welvaartmeesters, verstaan en respekteer ons wat dit verg om die 26 letters van die alfabet te omskep in iets wat jou laat huil, bang maak of jou laat lief hê. Dit is 'n proses wat spreek van toewyding en vasberadenheid, maar haalbaar is vir enige persoon met 'n liefde vir woorde. Ons wil hê dat die kompetisie nie net toeganklik vir gevestigde skrywers moet wees nie, maar ook vir jong, nuwelingskrywers," sê Elena Meyer (senior borgskapsbestuurder by Sanlam).
Deur by die "250 Woorde per dag"- veldtog op Facebook aan te sluit het deelnemers toegang tot 'n span ervare en gepubliseerde skrywers wat as mentors sal optree. Voornemende skrywers word aangemoedig om elke dag minstens 250 woorde neer te pen. Sodoende sal hulle teen einde September 'n manuskrip gereed hê om in te skryf. Nie net sal raad, inspirasie en handige skryfwenke verskaf word nie, maar die span gesoute skrywers sal selfs insette op deelnemers se skryfwerk lewer. Mentors sluit onder andere Fanie Viljoen, Paige Nick, Cat Hellisen, Redi Tlhabi en Kagiso Lesego in. Volgens Michelle Cooper (uitgewer van kinder- en jeugboeke by Tafelberg) is die Sanlamprys vir Jeuglektuur belangrik in die soeke na vars stemme en die ontwikkeling van nuwe talent om leesstof van hoogstaande gehalte vir 12- tot 18-jariges te skep. "Ons is baie opgewonde oor die ‘250 Woorde per dag’- veldtog en sien daarna uit om nuwe skryftalent te ontdek!"
Die Sanlamprys vir Jeuglektuur is in 1980 bekend gestel en word tweejaarliks toegeken. Dit is oop vir inskrywings in al 11 amptelike tale. 'n Goue en silwerprys word in kategorieë vir Afrikaans, Engels en Afrika tale (Tshivenda, Xitsonga en Nguni- en Sotho-tale) uitgereik.
'n Paneel lesers stel 'n kortlys van 18 manuskripte saam wat deur verteenwoordigers uit die onderwys en algemene boekhandel, biblioteke en akademici beoordeel word. Manuskripte word anoniem beoordeel ten einde nuwelinge die geleentheid te gee om met gepubliseerde skrywers mee te ding. Deur die jare is 78 romans wat met die Sanlam Prys vir Jeuglektuur vereer is, voorgeskryf in skole en party is selfs in films omskep, soos Lien se lankstaanskoene deur Derick van der Walt en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom geskryf deur Marita van der Vyver.
Die totale prysgeld beloop R54 000: R12 000 vir die wenner (goud) en R6 000 vir die naaswenner (silwer) in elke kategorie.
Die wenboeke sal in boekwinkels en as e-boeke te koop wees. Inskrywings sluit op 7 Oktober 2016.
Sluit by die "250 Woorde per dag"- veldtog aan deur hierdie skakel te besoek: http://bit.ly/SanlamYouth
Vind die inskrywingsvorm aangeheg, of laai dit af by: http://www.nb.co.za/Sanlam
Sanlam Prize for Youth Literature 2017 launched with an exciting new component
Sanlam Prize for Youth Literature 2017 launched alongside "250 Words a Day" campaign
Entries for the 2017 Sanlam Prize for Youth Literature are now open!
However, writing a whole book can be daunting . . . "As Wealthsmiths, we have a deep understanding and respect for what it takes to turn 26 alphabetic letters into something that can make you cry, scared or make you love. A process that talks to commitment and determination, yet achievable for any person that has a love for the word. It is from this understanding that our campaign of "250 Words a Day" was born. We want this competition to be accessible to not only established authors, but also to young and upcoming writers," says Elena Meyer (Senior Sponsorships Manager at Sanlam).
By joining the "250 Words a Day" campaign on Facebook, entrants will have access to a panel of renowned and established authors who will act as writing mentors. Would-be authors are encouraged to write 250 words every day. If they commit to this, they should have a manuscript ready to submit by the closing date. Not only will advice, inspiration and helpful writing tips be offered, but mentors will also read segments of manuscripts and respond to writers with useful feedback. Mentors include amongst others Paige Nick, Cat Hellisen, Fanie Viljoen, Redi Tlhabi and Kagiso Lesego.
According to Michelle Cooper (publisher of children and young adult fiction at Tafelberg) the Sanlam Prize for Youth Literature is vital in finding and developing new talent and to create literature of high quality for readers between 12 and 18 years of age. "We are excited about the 250 Words a Day campaign and are looking forward to discovering talented new writing voices!"
The Sanlam Prize for Youth Literature was launched in 1980 and is awarded every second year. It is open to entries in all 11 official languages. A gold and silver prize is awarded in the categories for African languages (Tshivenda, Xitsonga and Nguni & Sotho languages), Afrikaans and English.
A panel of readers will compile a shortlist of 18 manuscripts which will then be judged by representatives from the educational and trade book sector, librarians and academics. Manuscripts are judged anonymously so that debut writers are able to compete with established authors.
Over the years around 78 novels that were awarded the Sanlam Prize for Youth Literature have been prescribed as set work books in schools, while some have even been made into films — Lien se lankstaanskoene by Derick van der Walt and Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom written by Marita van der Vyver.
The total prize money amounts to R54 000: R12 000 for the winner (gold) and R6 000 for the runner-up (silver) in each category.
The prize-winning books will be available in bookshops and in e-book format. The closing date for entries is 7 October 2016.
To join the "250 Words a Day" campaign, visit http://bit.ly/SanlamYouth
See entry form attached, or download at http://www.nb.co.za/Sanlam
The post Sanlamprys vir Jeuglektuur 2017|Sanlam Prize for Youth Literature 2017 appeared first on LitNet.