Yves T’Sjoen schrijft op Facebook:







The post Elders gesien: Wie ontvangt straks, een jaar na de Tanzaniaanse schrijver Abdulrazak Gurnag, de Nobelprijs 2022 Literatuur? appeared first on LitNet.
Yves T’Sjoen schrijft op Facebook:
The post Elders gesien: Wie ontvangt straks, een jaar na de Tanzaniaanse schrijver Abdulrazak Gurnag, de Nobelprijs 2022 Literatuur? appeared first on LitNet.
Die verkeerde vrou
Irma Venter
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624093213
“[D]ie beeld wat mens na buite uitstraal as jy bekend is, is amper nooit die regte een nie. Dis ’n fasade, saamgestel uit selektiewe waarhede wat as ’n somtotaal aangebied word. Dis nie noodwendig ’n leuen nie, dit ignoreer net die meer ongemaklike waarhede …” (27)
Liela Oloffson is beeldskoon, beroemd en word alom bewonder as aktrise en filantroop. Sy is ook vermis. Na ’n argument met haar verloofde het sy in haar motor geklim en by ’n winkel stilgehou, waar sy kleinighede gekoop, net voor sy in die niet verdwyn het. Vrou-alleen op ’n Vrydagaand in Johannesburg laat misdaadklokke lui, maar die bloed aan haar nek ten tye van haar laaste sien in die winkel krap dié andersins aanvaarbare verklaring deurmekaar en wys veroordelende vingers na haar verloofde.
Ami Prinsloo is ’n misdaadjoernalis. Maar sy is ook die produk van haar verlede. Sy was eenmaal ’n legendariese Olimpiese swemmer. Die donker tyd wat haar loopbaan beëindig het, is ook nie haar enigste Achilles-hiel nie; die moord op haar jonger suster, Leen, jare gelede gooi steeds ’n skaduwee oor haar lewe. Veral omdat die moordenaar se hofsaak eersdaags begin. Sy benodig fokus, iets wat haar aandag sal behou en terselfdertyd haar loopbaan sal bevorder, en daarom aanvaar sy die aanbod vir ’n simbiotiese verhouding met die SAP-ondersoeker na Liela se verdwyning: In ruil vir inligting publiseer sy aanlyn berigte wat hopelik van hulp met die soektog kan wees.
Ami se weersin in passiwiteit en haar joernalistieke nuuskierigheid weerhou haar egter van onbetrokkenheid. Met haar 1,8 meter lange lyf, nommer 9-stewels en haar geliefde Triumph-motorfiets betrek sy die leser by ’n mallemeulerit deur Johannesburg: van gesprekke met getuies en familielede, die oopkrap van die verlede, nog ’n vermiste persoon, drie lyke en CCTV tot ’n verlate huis, die stille bewaker van ’n gruwelike geheim.
Die joernalis as ondersoeker in misdaad- en spanningsfiksie is nie ’n ongewone verskynsel nie en het die internasionale mark met mening getref tydens die destydse verskyning van Stieg Larsson se Millennium-trilogie. Mikael Blomkvist se vaardighede as ondersoekende joernalis het aan hom kultusstatus as fiksieheld verskaf. Die eienskappe wat sinoniem is met ’n waardige joernalis – inherente nuuskierigheid; die gawe om inligting uit onwillige bronne te trek; toegang tot anonieme informante; en die bevraagtekening van beweerde feite – dra by tot die geloofwaardigheid en motivering van die protagonis. Ook in modern Afrikaanse fiksie is dit nie ’n seldsame tegniek nie – Venter se eerste romans het ’n joernalis, Alex Derksen, as hoofkarakter en die onlangse Buit deur Dibi Breytenbach (Kwela 2022) het Phoebe Maritz.
Ami is ’n volronde karakter wat beurtelings bewondering, empatie en ongeloof by die leser ontlok. As selferkende adrenalienverslaafde waag sy kanse wat die gemiddelde mens nie eers sal oorweeg nie en reageer dikwels impulsief, sonder behoorlike oorweging van die moontlike gevolge, soos om die uitdaging vir ’n motorfietsjaagtog deur spitsverkeer te aanvaar; oor mure te klouter en alleen in ’n onbewoonde huis rond te snuffel. Sy is egter ook beredeneerd – parkeer doelbewus agter ’n polisiemotor om ’n verskoning te hê om na bewysstukke te loer wanneer sy, onafwendbaar, gevra word om haar motorfiets te verskuif – en is ’n uiters fyn waarnemer met ’n oog vir besonderhede wat oplet dat iemand se hare “onlangs kort geskeer (is) en (dat) songebrande rooi ore verklap dat sy vel nog nie gewoond is aan die verandering nie” (89); wat “fyn plooitjies” om ’n mond raaksien as getuienis van ’n “jarelange rookgewoonte” (54–5)”; en wat ’n getuie kan beskryf as ’n “middeljarige man met ’n teleurgestelde mond en ’n dun, bleek, geplooide nek” (113).
Haar verhoudings met medekarakters, veral haar susters, die georganiseerde Beth en die kunstige Ginny, en Geo, die “swembadman”, dra by tot die skepping van ’n realistiese en oortuigende karakter. Relevante en eietydse situasies wat subtiel by die teks ingesluit word – soos die etiese dilemma aangaande vergoeding in ruil vir inligting; om iemand se spore deur sosiale media te volg; die tragiese waarheid dat alle menselewens nie gelykwaardige sosiale gewig dra nie; die publiek se antagonisme en agterdog teenoor joernaliste; en selfs die verdwyning van die gewilde Chocolate Log- sjokolade, verleen addisionele tekstuur en outensiteit aan die roman.
Ami se betrokkenheid by die ondersoek na haar suster se moordenaar, en haar eie lewensverhaal, wat deur middel van terugflitse geopenbaar word, word volledig in Venter se vorige roman, Minder as niks (Tafelberg 2021) weergegee, maar die lees van laasgenoemde is geensins ’n voorvereiste hier nie. Haar ondersoek na die “balletmoordenaar” was wel meer persoonlik as haar soektog na Liela, maar dit is nietemin eweneens die verhaal van diep betrokkenheid: “Stories oor mense wat verdwyn, is anders as om ’n rooftog of huisbraak te dek. Daardie misdade gebeur en is verby. Vermiste mense trek jou in en maak van jou ’n deelnemer, of jy dit wil hê of nie” (255).
’n Bonus is die insluiting van die enigmatiese kuberkraker Sarah Fourie, die rooikop wat reeds diep in Venter se lesers se harte gekruip het. Sy is so aweregs en ondiplomaties, maar ook so briljant en vermaaklik soos Larsson se Lisbeth Salander, en voeg ongetwyfeld volume tot Ami se klankbaan by.
Die roman is verdeel is nege dele wat elkeen ’n spesifieke dag, ’n letterlike 24-uur-siklus, verteenwoordig. Die opening is die Maandag na Liela se verdwyning, gevolg deur die daaropvolgende dae tot die Sondag. Die uiteindelike afloop is vervat in kort hoofstukke, naamlik die daaropvolgende Dinsdag en Saterdag. Die afgebakende tydsverloop verhoog die spanningslyn in ooreenstemming met die aanskuif van die horlosie se wysters; die karakters se toenemende spanning en vermoeienis word sodoende lineêr aan die leser oorgedra.
Die slottonele en ontknoping het my soos ’n fratsgolf getref. Dit bekruip jou ongemerk, slaan jou voete onder jou uit en spoeg jou, snakkend na jou asem, op die spreekwoordelike strand uit. Die gepastheid van die titel en die relevantheid van die woorde op bladsy 175 kom ook dan tot hulle volle reg: “En ek weet wat trauma aan ’n mens kan doen. Dat dit jou heeltemal verander. Dis asof dit in jou DNS inklim en alles rondskuif, totdat jy jouself kwalik kan herken.”
Die verkeerde vrou is ’n aanwins vir die spanningsgenre in Afrikaans en messel die naam van Ami Prinsloo stewig in die annale vas.
The post <i>Die verkeerde vrou</i> deur Irma Venter: ’n resensie appeared first on LitNet.
Kodachrome
Tom Dreyer
Protea Boekhuis
SKU: 9781485313373
Tom Dreyer ontmoet Naomi Meyer vir koffie en praat oor Kodachrome, 90 flitse.
Tom, die agterblad verklap dat jy op ’n unieke manier na die wêreld kyk. Wil jy iets oor jou taalgebruik in die bundel sê? En oor Afrikaans?
Wat blik aanbetref, bekyk ek die wêreld oudergewoonte met ’n filmiese oog, en probeer dit dan op so ’n wyse in taal omskakel dat die leser die gebeure as ’t ware voor hom of haar sien afspeel. Wat taalgebruik betref, probeer ek in ’n middelregister werk, iets wat myns insiens nogal moeilik kan wees in Afrikaans. In sekere buie voel dit vir my daar is akademiese Afrikaans aan die een kant, en gemoedelike geselstaal aan die ander kant, maar in die middelgebied gaan dit soms maar broekskeur.
Iets wat in Engels gewoon neutraal sou wees, kan maklik in Afrikaans pynlik of hoogdrawend oorkom, of vreemd op die oor val. My een broertjie is dood aan hoogdrawende Afrikaans, my ander broertjie aan “hei gabba fokken”- Afrikaans. Ek soek taal wat verruk sonder om op onbedoelde en ongelukkige wyse aandag op sigself te vestig. Ek soek ’n reikwydte van gedagtes sonder dat dit klink asof ek met ’n woordeboek onder die arm skryf. In hierdie bundel sluip ek daarom bewustelik óm die skaduwees van akademiese verhandeling en plattelandse volksvertelling, en probeer ’n Afrikaans uittoor wat gemaklik tussen hede en verlede rondbeweeg, tussen uiteenlopende feitestelle uit die wetenskap en die geskiedenis, en tog ook liries kan raak – en dit sonder om in afstandelikheid te verval of – andersyds - hand om die blaas met die leser te staan.
Vertel my van die titel Kodachrome.
Die bundel is aanvanklik voorgelê met die titel Randverskynsels (die titel van my oorspronklike rubriekreeks in Die Burger). Ek spandeer nie my dae in die rooi lig van donkerkamers nie, maar ek het nog altyd ’n sagte plek vir kameras gehad, en mikroskope en teleskope, eintlik enige optiese apparaat. My vorige bundel se titel was Polaroid, en die teoretiese komponent van my MA-verhandeling het gehandel oor die grammatika van film, met verwysing na my roman Stinkafrikaners. Die skrywer is, soos die fotograaf of regisseur, deurgaans gemoeid met komposisie, met die spanning tussen voorgrond en agtergrond en – veral - met dit wat binne en buite die raam lê.
Die skrywer kan sy of haar lens vinnig of stadig oor die wêreld laat gly, die lens ooptrek vir ’n bestekopname of inbeweeg vir ’n nabyskoot. Glo my vry: die beeld van twee mossies op ’n stopteken is altyd meer as net twee mossies op ’n stopteken.
Die aanhaling op die agterblad val op: "Hier vries watervalle oordag ... In ’n Arktiese donker tob ek oor vroeg en laat, bo en onder, en oor waar Suid-Afrika en Alaska onderskeidelik aan die wand van die aardbol klou. Sou jy, as jy een uitdop soos ’n handskoen, die ander een kry?" Ek lees dit en dink: oplaas is skryf nie foto’s neem nie. Die skrywer neem die leser verder. Die verbeelding het geen grense nie. En daar is iets anders aan taal.
Dit is waar. My verhale is byna sonder uitsondering sterk in ’n konkrete werklikheid geanker – in Sitka, Alaska, soos hierbo, tussen die riete van ’n strandmeer in Southbroom, of in ’n supermark met ’n enkele badeendjie voor my op die vloer. Maar telkens is hierdie werklikheid eintlik maar net die wegspringplek vir ’n uitkringende reis wat ook ander plekke en tye betrek, ander geskiedenisse, ander verhale. Dit is hier waar taal tot sy reg kom. Soos koeverte binne in koeverte, of verskillende seepbelle wat op verrassende wyse met mekaar versmelt, kan verskillende werelde sáám bestaan, op ’n wyse wat haas onmoontlik is om op film vas te vang.
In die badeend-verhaal, byvoorbeeld, bevat die eerste seepbel die hier en nou waar ek in ’n supermark op ’n badeend afkom. ’n Tweede bevat my vriend Dirk en sy meisie wat kla dat sy moeg is vir “dobber”. ’n Derde bevat die geskiedenis van die 20 000 badeende wat van ’n vragskip afgespoel het en deur die loop van die jare elke oseaan deurkruis het. Dit is in die interaksies en spanninge tussen hierdie verhaallyne waar die eintlike storie lê.
Die titel suggereer vir my dat die flitse uit ’n vroeëre tyd dateer, maar ek wonder oor die proses van foto-ontwikkeling. Ek bly by die kitsflits van die kamera-oog wat iets vasvang. Die Kodachrome dui op die tydsamer proses van die verlede en foto-ontwikkeling. Die flits is wel so kortstondig en haastig. Wat vang jou kamera vas? En die pen in die hand van die skrywer?
Ek dink jy lê hier jou vinger op die dubbele beweging wat in meeste van hierdie stories aanwesig is. Ja, die oog kan, soos ’n kamera, iets in ’n flits vasvang, vandaar dan ook die subtitel van die boek. Maar daardie foto moet dan ontwikkel word, en net so moet ’n flits van inspirasie vasgelê word in ’n verhaal.
Kodachrome-film verleen met verdrag sy eie kleure aan ’n beeld van ’n familie op ’n strand, of in ’n Volkswagen Variant, of uitgekamp by ’n sementtafeltjie langs die grootpad, en net so word die flits van inspirasie wat aanleiding gegee het tot ’n verhaal, gefilter deur die skrywer se uitgangspunt, se psige, se hebbelikhede. Jammer dat ek vir Wordsworth hier insleep, maar hy het mos gesê dat digkuns ontspring vanweë “emotion recollected in tranquility”. Dieselfde voel vir my waar van die verhaalkuns, en ek dink dat hierdie proses na aan die oppervlakte lê in Kodachrome. Ek sien of hoor of ervaar telkens iets wat ’n emosionele beroep op my maak, en die storie ontstaan wanneer ek daardie impuls deurdink en dit in verband bring met ander belewenisse, ander geskiedenisse, ander leefwêrelde. Hierdie stories is daarom beide onmiddellik én losstaande van die tyd.
Hoe het jy geweet watter flitse om byeen te bring en in watter volgorde, toe jy die foto-album saamgestel het?
Soos genoem, het heelwat van die stories in Kodachrome deur die jare as rubrieke in Die Burger verskyn, maar daar was ook stories in Insig, Weg, Taalgenoot en ander, en heelparty is kort voor publikasie geskryf. Ek het nie uit die staanspoor ’n oorhoofse plan gehad nie, maar daar was altyd ’n gevoel dat ek eendag iets met hierdie verhale sou doen. Tydens die Covid-inperking het ek besluit daardie dag het aangebreek, en toe ek eers begin, was ek gou opgewonde, want die stories het tesame meer resonansie gekry as wat ek verwag het. Kerneels Breytenbach noem die bundel ’n “lewe-verheerlikende outobiografie” en ofskoon ek die bundel nie oorspronklik as outobiografie voorsien het nie, gaan ek beslis nie met hom stry nie.
Wat die volgorde van die verhale aanbetref: die openingsverhaal was relatief voor die hand liggend, want dit is ’n soort sleutel vir die res van die bundel. Maar merendeels was die bepaling van die volgorde maar ’n instinktiewe proses. Meer nog, onplanmatigheid wás gedeeltelik weliswaar die plan, want hierdie uiteenlopende reeks verhale is uiteindelik ’n soort “cabinet of curiosities”, soos die vertoonkabinet van ’n dubiese tante. En die lekkerte van so ’n kabinet is juis die lukraakheid van die objekte waarop jou oë val: die blaasoppies, die porseleinfiguurtjie, die steenbokkieskedel met een verdraaide horinkie.
Hoekom skryf jy?
Hoekom doen ’n mens enigiets? Waarom sing jy in die stort? Waarom trommel jy jou vingers op die stuurwiel terwyl jy ry? Daar is ten diepste iets ondeurgrondelik aan ons motiverings, en dis nie asof ’n skrywer uniek toegang het tot wat hom of haar dryf nie.
Maar, met hierdie klein voorbehoud, kan ek wel noem hoe sake vir my vóél. Dit voel asof elke dag se onophoudelike stroom, elke dag se duisend dinge, op ’n manier sal wegraak as ek nie iets daarmee doen nie. Skryf is ’n manier om reg te laat geskied aan die stroom van die lewe waarbinne ons staan, ’n soort “salvage action”. Die lewe woed en gooi ons rond, maar uiteindelik kan jy jou hand oopmaak, en daar is: iets. Daar is ’n aanhaling van Virginia Woolf wat vir my iets hiervan saamvat. Sy skryf oor minnaars, maar dit voel vir my net so relevant vir skrywers.
There might be lovers whose gift it was to choose out the elements of things and place them together and so, giving them a wholeness not theirs in life, make of some scene or meeting of people (all now gone and separate), one of those globed compacted things over which thought lingers, and love plays.
Hoe mooi is dit nie. ’n “Globed compacted thing”. Die objekte van die wêreld kom nie met kentekens en etikette na ons toe nie, en ek glo nie ons is groot interpretasies en groot waarhede beskore nie. Stories is verdikkings in die stroom van die tyd, tydelike eilande van betekenis, en dis dalk die beste waarop ons kan hoop.
Lees ook:
The post Toyota US Woordfees 2022: ’n gesprek met Tom Dreyer oor <em>Kodachrome</em>, optiese instrumente en die filmiese oog appeared first on LitNet.
Foto van Sydney Kentridge: https://woordfees.co.za/program/book-club-sydney-kentridge-colossus-of-the-legal-world/; foto van boekomslag: https://www.jonathanball.co.za/component/virtuemart/the-mandela-brief?Itemid=491
Oudregter Johann Kriegler is gespreksleier by die Woordfees-leeskameraanbieding rondom Sydney Kentridge. Hy praat met Naomi Meyer oor hierdie belangrike gespreksgeleentheid by vanjaar se Toyota US Woordfees.
Johann, die Suid-Afrikaanse regstelsel voel vir my so voortdurend aan die ontwikkel en aan die uitsprei soos die sonnestelsel. Daar was ’n regsgeleerde wat heelwat van dié ontwikkelings meegemaak het (soos jy self ook): Sydney Kentridge. Binnekort vind daar by die Woordfees ’n boekklubbespreking van sy werk en lewe plaas. Ek het op Netwerk 24 gelees wat jy oor die boek geskryf het. Sal jy asseblief kortliks vertel wat vir jou van die mees opvallende aspekte van Kentridge se regsloopbaan is?
Die opvallendste aspek van Kentridge se loopbaan is die lengte daarvan – eintlik die hoë ouderdom waarop hy nog in die heel boonste rakke gespeel het – op sy negentigste verjaarsdag het hy in die Britte se hoogste hof as advokaat opgetree. Die tweede mees opvallende aspek was die breedte daarvan. In die laat sewentigerjare was Kentridge die top advokaat in Suid-Afrika. Tien jaar later het hy daardie einste onderskeiding in Londen bereik, en daar tree hy in ’n wye verskeidenheid jurisdiksies op. Die professioneel belangrikste is dat hy oor die volle wapentuig van ’n advokaat se wapentuig beskik het.
Kentridge het na my mening die meeste bekendheid verwerf vir sy opstaan vir menseregte, ten spyte van die apartheidsregering se teenstand.
Ek wil tog verskil, en wel om twee redes. Eerstens is Kentridge se roem gebaseer op baie meer as sy betrokkenheid by politieke sake; en ten tweede was daar g’n sprake dat die owerheid Kentridge of enige ander advokaat sou teengaan nie.
Een van sy bekendste kliënte was Nelson Mandela. En hy was ook ‘n hoofrolspeler in die Steve Biko-saak. Later was hy natuurlik waarnemende regter van die Konstitusionele Hof. In jou bespreking van die boek wys jy ook op baie belangrike sake en ander regsaspekte waarby hy betrokke was. Die vraag is: Wat is die relevansie daarvan om vandag, in ’n gans ander Suid-Afrika, Kentridge se lewe te bepeins en te bespreek? Waarom is dit steeds ’n belangrike gesprek?
Die regbank is kragtens die Grondwet die eindbeskermer van ons vryhede. Die kwaliteit van die regbank se regspraak is regstreeks afhanklik van die kwaliteit van die advokatuur. Die voorbeeld en tradisie van die Kentridges van weleer is van onskatbare waarde in die behoud van die advokatuur se bevoegdhede.
Wie is almal op die paneel van die Woordfees-gesprek, en wat kan Woordfeesgangers verwag om tydens die gesprek te hoor?
Die gespreksgenote is die skrywer Tom Grant, Dikgang Moseneke, Jeremy Gauntlett en Geoff Budlender, met my as gespreksleier.
Die gesprek by die Woordfees, en jou betrokkenheid daarby, voltooi as ’t ware ’n sirkel; daar is immers ook aan jou as regsgeleerde hulde gebring deur juis die Sydney en Felicia Kentrigde-toekenning. Is daar dalk ’n persoonlike interaksie met Kentridge wat jy met ons lesers kan deel?
Ek was ’n bewonderaar van Kentridge die uitmuntende advokaat en ’n vriend van Sydney en Felicia, ’n heel besonderse egpaar.
Die gesprek oor die Suid-Afrikaanse regstelsel is nie afgehandel nie. Mens kyk altyd terug, na die wortels en wortelvertakkings waaruit die Suid-Afrikaanse regstelsel ontspring het. ’n Stelsel gebore in Afrika, met Romeins-Hollandse en Britse oorsprong. ’n Stelsel wat gegroei en ontwikkel het tot hier. En telkens weer bevraagteken word. Daar is baie dinge wat ek jou van die toekoms van die Suid-Afrikaanse regstelsel kan vra, maar kom ek volstaan hierby: As Kentridge se lewe ’n baken van hoop in die verlede was, van iemand wat opgestaan het vir dinge wat nie reg was nie, wat beteken dit vir mense vandag? Hoe staan ’n doodgewone Jan Alleman op binne die Suid-Afrikaanse regstelsel en strewe na wat reg is? Want is dit nie die doel van sulke soort gesprekke nie, te midde van siniese tye? Dat daar mense is wat sien as iets skort en dit blootlê sodat dit kan verander?
Naomi, jy vra vrae wat in ’n week lange gesprek bekyk maar nie besleg kan word nie. En dis ’n diepsinnige gesprek wat oor verskeie terreine heen sal moet sweef. Uiteindelik sal dit gaan om die essensie van mens wees – die mens as denkende, morele wese. Min van ons sal ooit die hoogtes van ’n Kentridge bereik, maar iedereen het op haar of sy weg daagliks keuses om te maak.
Die kwaliteit van ons regstelsel, eintlik van ons hele staatsbestel, hang uiteindelik af van die kwaliteit van die burgery. Miskien het Jan Brand dit reg opgesom: Alles sal regkom – as elkeen sy plig doen.
Lees ook:
The post Toyota US Woordfees 2022: ’n onderhoud met Johann Kriegler oor Sydney Kentridge appeared first on LitNet.
Prente by ’n uitstalling deur die Russiese komponis Moessorgski is ’n meesterlike werk wat die oorkoepelende idee van ’n kunsuitstalling verbeel, en oorspronklik vir ’n reeks kunswerke van ’n goeie vriend geskep is. Die skrywer-musikant Wilken Calitz herverbeel hierdie werk as ’n pa-en-dogter-uitstappie na ’n uitstalling, en hy belaag die teks subtiel met lewenslesse en kwinkslae. Hy vertel aan Izak de Vries hoe hy hierdie projek aangepak het.
Wilken. Die stuk is baie bekend. Nou plaas jy ’n pa en dogter in die vertellersrolle. Hulle gaan saam op ’n uitstappie. Wat probeer jy daarmee regkry wat ander nog nie gedoen het nie?
Niël het my in April 2021 gevra om ’n bindingsteks te skryf vir Prente by ’n uitstalling. Sy idee is geskoei op Saint-Saens se Karnaval van die diere, wat meestal uitgevoer word met ’n verteller wat die volgende beweging van die orkessuite inlei.
Moessorgski se komposisies is gebaseer op twaalf kunswerke van sy kunstenaarsvriend Anton Hartman. Die oorspronklike skilderye is weg of vernietig – niemand weet nie. Daar bestaan wel sketse en beskrywings wat leidrade gee oor hoe dit moontlik gelyk het.
My dogter is nou ses jaar oud en ek moes op ’n dag vir haar verduidelik wat gebeur wanneer ’n mens doodgaan – na aanleiding van ’n vriendin se sterfte. Kinders is visueel ingestel. Sulke komplekse konsepte is makliker om te verduidelik aan die hand van iets wat binne hul verwysingsraamwerk val. Met Prente by ’n uitstalling gebruik ek juis die beelde sodat die pa vir sy dogter kan verduidelik wat binnekort met hom gaan gebeur. Mens sou kon sê dit is ’n paar lewenswyshede uit ’n ouer se perspektief.
Niël Rademan (as pa) is goed bekend aan teatergangers, maar Luca Human (die dogter) is ’n vars briesie. Lig die sluier so ’n bietjie, asseblief?
Luca is Margit Meyer-Rodenbeck se geweldig talentvolle dogter wat by al wat ’n eisteddfod is, uitblink. Dit is haar tweede verskyning op die professionele verhoog. Die eerste maal was in ’n Liewe Heksie-produksie as Matewis die Kat. Maar hierdie keer word sy met meer literêre skryfkuns en voordrag gekonfronteer. Met sulke talent en goeie "breeding" is dit nie ’n probleem vir haar nie.
Gaan die hok op hoenderpote nie vir my en vir Luca nagmerries gee nie?
Dit is waar die ou heks bly. Sy maak mense bang wanneer hulle slaap. Sy saai twyfel, sy saai twis en sy sal jou vermorsel met die lang nael aan haar groottoon. Wees op jou hoede, wees soet, eet al jou groente en moet nooit jok nie ... dan kan daai ou heks niks met jou maak nie.
Jy is ’n goeie musikant, Nina Schumann is ’n uitstaande pianis. Het julle geskaaf aan Moessorgski se musiek om alles in te pas vir ’n Woordfeesproduksie?
Nina is so briljant dat ons eintlik min tyd saam spandeer het om die teks te laat werk. Die musiek bestaan uit semilosstaande dele en die verteller praat tussen al die "stiltes".
Dit is wonderlik om haar te sien speel. Dit is asof die voorleser van haar emosionele energie af werk. Mens kan eintlik net vir Nina kyk. Die teks is ’n gawe bonus, maar dit is die klanke wat eerstens betower.
Met: Wilken Calitz (skrywer), Niël Rademan (verteller), Luca Human (verteller), Nina Schumann (pianis).
The post Toyota US Woordfees: Wilken Calitz oor sy verwerking van <i>Prente by ’n uitstalling</i> appeared first on LitNet.
Hooffoto: Unsplash; bykomende grafika: Pixabay
Pandemie laat tasbare voetspore wêreldwyd
Die pandemie het op vele terreine en wêreldwyd ’n amperse tasbare voetspoor gelaat. Onlangse navorsing toon COVID-19 het ook ’n hernude fokus op van die jongklomp se liggaamsontwikkeling geplaas.
Volgens globale beriggewing het vroeë puberteit, wat hoofsaaklik meisies onder die ouderdom van agt jaar raak, tydens Covid in etlike wêrelddele toegeneem.
Dokters berig hoër vlakke van vervroegde puberteit
Luidens ’n verslag wat saam met The Washington Post en The Fuller Project gepubliseer is, berig dokters hoër vlakke van dié verskynsel – ’n werklikheid wat ook nou die fokus op kindergesondheid plaas.
Uit Europa, die VSA, Indië en die Midde-Ooste word berig dat meisies so jonk as ses jaar tydens die pandemie reeds fisiek begin ontwikkel het. Gedokumenteerde gevalle bevestig dat meisies selfs al op vyf begin het om borste te ontwikkel.
In Italië het ’n studie bevind dat meer as 300 meisies tussen Maart en September 2020 na vyf pediatriese endokrinologiesentrums verwys is, in teenstelling met 140 verwysings gedurende dieselfde tydgleuf in 2019.
COVID-19 skep bodem vir vervroegde puberteit
Kundiges beklemtoon die moontlikheid dat Covid ’n bodem kon geskep het by sommige meisies om vroeë puberteit binne te gaan.
Verskynsels soos stres, depressie, slegte eetgewoontes en onaktiwiteit wat uit die pandemie gespruit het, word as van die snellers uitgewys en aan die groot klok gehang.
Ankia Coetzee, ’n endokrinoloog, aan die woord
’n Stof wat in ontsmettingsmiddels en sommige soorte seep voorkom, Triclosan, wat as ’n endokrien-ontwrigtende chemikalie erken word, kon ook vroeë puberteit gestimuleer het, sê dr Coetzee van die Universiteit Stellenbosch.
“Daar is al hoe meer studies wat dui op die nadelige uitwerking van sekere chemikalieë wat inmeng met die normale hormonale balans. Alle fenols, waarvan Triclosan een is, is al met vroeë puberteit in dogters geassosieer,” sê sy.
Vroeë puberteit en moeilike kinderjare
Volgens navorsing deur die Perelman Skool vir Geneeskunde aan die Universiteit van Pennsylvania en die Kinderhospitaal van Philadelphia (CHOP) in 2019 is daar duidelike lyne tussen vroeë puberteit en moeilike kinderjare.
Die span het bevind dat trauma van veral kinders uit arm gemeenskappe waarskynlik gekoppel kan word aan versnelde puberteit, abnormale breinontwikkeling en groter geestesgesondheidsversteurings.
“Vroeë puberteit gebeur dikwels met meisies wat moeilike kinderjare ervaar. Met die aanvang van Covid regoor die wêreld het mense finansieel swaargekry en huishoudelike spanning het toegeneem. Trauma wat jong kinders ervaar, kan lewenslange gevolge hê,” sê Ruben C Gur, die studie se senior navorser en professor in psigiatrie, radiologie en neurologie.
Coetzee sê die endokriensisteem is baie sensitief vir omgewingsveranderinge, beide biologies en psigologies. Die interaksie tussen genetika en omgewing speel ook ’n groot rol met die aanvang van puberteit.
“Daar is wel lande, soos Italië en Brasilië, wat vroeër puberteit ná COVID-19 aangemeld het. Dit word aangevoer dat vervroegde puberteit in hierdie studies gepaard gegaan het met gewigstoename weens fisiese onaktiwiteit, elektroniese-toestel-gebruik en slegter eetgewoontes tydens die pandemie. Meer vetweefsel gaan gepaard met hoër estrogeenvlakke, wat lei tot vroeë borsontwikkeling,” sê sy.
Vervroegde puberteit nie nuutgebore verskynsel
Vervroegde puberteit is nie ’n nuutgebore verskynsel nie en word reeds geruime tyd in etlike lande waargeneem. In 2013 het die destydse Suid-Afrikaanse minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, in ’n onderhoud gesê: “Die vroeë aanvang van puberteit is ’n wêreldwye kwessie. Baie Suid-Afrikaanse meisies begin op die ouderdom van nege menstrueer – en hierdie vroeë aanvang van puberteit kan gekoppel word aan groeihormone en ander chemikalieë in voedsel. Dit is ook gekoppel aan dieet en hormone wat ingespuit word in voedsel wat ons in die modern tyd eet.
“Maar dit is iets waarvan die mense by die Wêreldgesondheidsorganisasie en die Voedsel- en Landbou-organisasie baie bewus is. Dit is een van die moderne tyd se ingewikkelde kwessies,” het hy gesê.
Opvoedkundige sielkundige oor moontlike snellers en suiker
Anel Annandale, ’n opvoedkundige sielkundige in privaatpraktyk in Kaapstad, sê hoewel wetenskaplikes nog nie die presiese oorsake van die tendens kon vaspen nie, kan ’n ongesonde dieet ook die proses aanhelp.
“Wetenskaplikes het nog nie sekerheid oor wat presies vervroegde puberteit veroorsaak nie. In sekere gevalle is dit eenvoudig geneties en in ander is daar ’n onderliggende mediese probleem. Daar is ook studies gedoen wat vervroegde puberteit aan ’n ongesonde, hoë-suiker-dieet koppel. Laasgenoemde veral die tipe suiker wat in gaskoeldranke en versoete vrugtesappe voorkom,” sê sy.
Johan van Rooyen, ’n kliniese sielkundige, berig
Luidens ’n artikel in Rapport sê Johan van Rooyen, ’n kliniese sielkundige van Brackenfell wat gereeld met kinders en tieners werk, die aantal gevalle van vroeë puberteit waarmee hy te doen kry, het beslis die afgelope vyf jaar toegeneem.
“Die meeste van hierdie kinders word afgeknou. Hulle besef eers as tieners, wanneer die res van hul vriende ingehaal het, dat dit waardeur hulle gegaan het, normaal was. Ongelukkig is die skade op emosionele vlak dan reeds gedoen.”
Berader Julia Starck beklemtoon toename
Julia Starck, ’n berader by The Parent Centre in Kaapstad, sê vroeë navorsing beklemtoon die toename in vervroegde puberteit in sommige wêrelddele: “’n Literatuuroorsig deur Eckert-Lind ea het aangedui dat wêreldwyd, vanaf 1977 tot 2013, die gemiddelde ouderdom van puberteit met ’n gemiddeld van byna drie maande per dekade gedaal het. Die navorsers sê dus dat die voorkoms van vervroegde puberteit ten minste in die VSA, China, Denemarke en Kenia toegeneem het.”
Wat gebeur tydens vervroegde puberteit by kinders?
Vervroegde puberteit is die verskynsel waar ’n kind se liggaam op ’n te vroeë ouderdom in ’n volwasse liggaam begin verander. Dit kan met meisies sowel as seuns gebeur, maar dit is 10 keer meer waarskynlik dat meisies aan vervroegde puberteit sal ly as seuns, sê Annandale.
“Met normale aanvang van puberteit vind veranderinge in biologiese, psigiese en sosiale terreine min of meer gelyktydig plaas, maar met vervroegde puberteit is die tydreëling van die veranderinge totaal omvergegooi – die kind se liggaam begin regmaak vir die grootmenslewe terwyl die jongeling se psige beslis nog nie reg is daarvoor nie.”
Die uitvloeisels van vervroegde puberteit
Vroeër puberteit beteken ook vroeër fisieke ontwikkeling as by tydgenote, hormonale buierigheid, selfbewustheid en moontlike ongewenste seksuele aandag voor die kind emosioneel of verstandelik reg is daarvoor.
Meisies met vervroegde puberteit is meer geneig tot depressie en om op ’n jonger ouderdom seksueel aktief te raak en alkohol en dwelms te misbruik.
Starck sê volgens haar navorsing staar vroeë fisieke ontwikkelaars meer uitdagings in die gesig in vergelyking met dié van hul eweknieë.
“Wanneer hulle die vroeë stadiums van adolessensie betree, beskik hulle nog nie oor die volwassenheid op ander gebiede om dié druk te hanteer nie. Die grootste aanslag is op ’n selfbeeld en die ontwikkeling van ’n gesonde selfkonsep,” sê sy.
“Meisies wat vroeg ontwikkel, beskou dikwels dié vroeë volwassenheid negatief. Hulle beskik nog nie oor die intellektuele, emosionele en sosiale vaardigheid om byvoorbeeld die druk te hanteer wat gepaard gaan met vroeë aandag van die (dikwels ouer) teenoorgestelde geslag nie.”
Vroeë seksuele aktiwiteit en dwelms
Volgens Starck kan hulle wel ’n behoefte voel om selfbeeldbehoeftes aan te vul deur by vroeë seksuele aktiwiteit betrokke te raak. Daar is ’n groter geneigdheid om dwelms te gebruik, hetsy om gevoelens van onwaardigheid te verdoof of om gewildheid te verkry (Marceder-yus 2018).
Volwassenes se onrealistiese verwagtinge kan die adolessent ook belaai met verantwoordelikhede wat sy nog nie kan hanteer nie, sê Starck.
Kort- en langtermyn-gesondheidsrisiko’s
Die verskynsel word volgens kundiges ook aan omvangryke langtermyn-gesondheidsrisiko’s gekoppel. Hoër risiko’s van bors- en eierstokkanker is gedokumenteer, asook vetsug, hoë bloeddruk en hartsiektes.
“Behalwe om net ’n meisie se fisiese kinderjare kort te knip, is vroeë puberteit gekoppel aan gevolge wat deur haar lewe kan weerklink. Dit word verbind aan groter risiko vir borskanker, tienerswangerskap, hartsiektes en diabetes, sê Louise Greenspan, ’n pediatriese endokrinoloog van die VSA en medeskrywer van die boek The new puberty: how to navigate early development in today’s girls.
Annandale sê dié kinders is dikwels korter as ander kinders in hul ouderdomsgroep omdat hul groeifase vroeër ophou wanneer die liggaam deur puberteit gaan.
Kry mediese ondersteuning – daar is lig in die tonnel
Vanweë die erns van die verskynsel wat ons hier beskryf, is kundiges dit eens dat ouers dié vervroegde ontwikkeling by hul spruite medies moet aanspreek.
“Moet dit nie net los nie – neem jou kind dokter toe. Dit is ’n baie moeilike ding vir jong kinders om mee saam te leef en dit moet nooit net eenvoudig as ’n natuurlike proses aanvaar word nie,” sê Annandale.
“Vervroegde puberteit kan verskeie mediese oorsake hê wat dalk so gou moontlik behandel moet. Dit maak ook ’n kind se kans om sekere siektes te ontwikkel groter,” sê sy.
Volgens die Britse nasionale gesondheidsdiens is die gemiddelde ouderdom vir meisies om puberteit te begin 11 jaar, en enigiets tussen agt en 13 jaar word as normaal beskou. Enige ontwikkeling van seksuele kenmerke soos borsknoppies voor agt jaar of pubiese of onderarmhare word as vroeë puberteit beskou.
Bronne
https://www.washingtonpost.com/lifestyle/2022/03/28/early-puberty-pandemic-girls
https://www.iol.co.za/lifestyle/family/parenting/girls-reaching-puberty-at-age-of-9-1600751
https://www.netwerk24.com/netwerk24/as-n-kind-vroeg-begin-ontwikkel-20180428
http://edition.cnn.com/2010/HEALTH/08/09/girls.starting.puberty.early/index.html
https://www.theatlantic.com/health/archive/2016/06/the-long-term-risks-of-early-puberty/488834
The post Mamma, wat nou? Die impak van Covid en inperkings op puberteit appeared first on LitNet.
Weet net dít – dit is ’n vreemde vorm van hel om elke Sondagoggend die Rapport oop te slaan en daar eenkant waar die boekresensies skuil niks te vind waaroor ek ’n paar bons mots met julle kan deel nie. Dan, ’n dag later, blaai ek na Beeld se boekebladsy, en ek raak skoon miopies van die groot boekomslag en al die wyshede wat ek lees oor Engelse boeke en digbundels en die beste nuwe krimi van alle tye.
Have a heart, julle kan nie verwag dat ’n vrou se geduld soos ’n underwire vir ’n skraal lyf sal wees en vir ewig hou nie.
Die éminence gris van die resensiekunde trek ’n Boetman. Non-binary, nuh? Ek gaan die fawk weet nie myself Susvrou noem nie. Kan julle julle indink hoe ek moet voel? Moeg gewag vir die paar uitdagende resensies of die sesmaandelikse gepleng van Joan Hambidge. My brein voel soos ’n Hotpoint-wasmasjien wat ’n ekstra siklus loop om skoon en rein gedagtes met julle te deel. Dis nie gesond nie. Ek was laas as Drawwertjie skoon en rein. Ek kan nie aanhou voorgee dat Crito nooit moer trek of selde besef dat sommige resensente nooit die vreugde van die kats sal verstaan nie.
Ek kan nie meer nie, korporaal. Die boekeblaaie is boring.
Gedagtend aan literatore se wydse belangstellings en skunnige behoefte aan venting het ek besluit dat Crito se visie terstond meer katoliek word. Kroonwild, pappie. Ek hou my swepies byderhand vir die resensies. Wat ek nog sal lees. Dis onvermydelik. Ek is só gerat.
En die moratorium op Huppelkind is opgehef.
Maar dis nou so uniek warm hier in Pretoria dat selfs die skadu van Loftus ’n contradictio in terminis is. Môre, as dit gereën het, voel ek dalk anders, maar ek sal nie op my woord teruggaan nie.
So aanvaar dit nou maar. En as ek op jul tone trap, het ek net een vraag: Wat soek die goed dáár?
Sake wat die aandag trek. Vir eers die Literêre Kommissie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns. Mense wat al diep spore getrap het in die geskiedenis van catering. Jaarliks die Aula só volgepak oom Flip Smith se hare het spontaan weer begin groei van vreugde. En ou uitasem dr. Geldenhuys! ’n Regte groover.
Hulle het nou ’n nuwe kommissie aangestel, in die nadraai van prof. Hennie van Coller se bedanking. Kom ons bêre daai stukkie geskiedenis nou maar. Hy was altyd vir my só ’n flambojante mensch, dit moes maar vir hom moeilik gewees het daar in Bloemfontein.
Die nuwe voorsitter is prof. Willie Botha. Ek wens ek kon hom vashou en troos, maar nou is ek ’n getroude ene en wil nie nou al ontmasker word nie.
Hy word bygestaan deur dr. Marni Bonthuys, prof. Marius Crous, prof. Thys Human, me. Valda Jansen, dr. Amanda Marais, prof. Hein Viljoen, prof. Andries Visagie en me. Bettina Wyngaard.
Kyk mooi na daai lys. Ek het al oor meeste van hulle geskryf deur die jare en jy kan maar praat van “vormende invloed”. A la Joanie Frequent Flyer en funky Jacques D. Die versoeking is groot om, in die trant van Spike Milligan, ’n boek te skryf met die titel Die Lit.Kom. en my aandeel in hul sukses. Ek kan dink dat hulle baie hard gaan werk om veral die Hertzogprys sy verlore aansien te laat herwin. Net solank die prysaand-catering op dieselfde hoë standaard bly.
Ek’s veral bly dat Bettina Wyngaard, my gunsteling sosiale kommentator, in hul geledere is. As jy haar skrywes en laaste boek gelees het, sal jy weet sy sê haar sê baie reguit en gereeld. In die Kaap, hoor ek, is daar mense wat dink die toekoms van die Lit.Kom. is met haar in die geledere nou gestabiliseer en veilig. Willie se waarskynlike opvolger oor drie jaar. Sê hulle.
Ek hoop net Bettina hou so baie van Angie Oeh se songs as die jong geslag potensiële lesers. Daai sal nou vir jou ’n Hertzogpprys wees!
Gelukkig is Willie baie skrander vir ’n man. Daarom is dit verblydend dat die kommissie se reglement hersien is om die stagnasie-tendens die hok te slaan. Stagnasie is hul forté tot nog toe. Toe, wees nou eerlik, die kykNET-Rapportpryse het lankal by die SAAvW&K se skrywerspryse verbygegaan. Stof in die gesig. Willie sê volgens Netwerk24 dat boeke wat al bekroon is, wel die moeite werd is om te lees.
O nè? Wanneer laas het jy Henriette Grové se Die kêrel van die Pêrel in ’n boekwinkel gesien? En dis maar net een van baie Hertzogpryswenners wat jy nêrens meer in die hande kan kry nie.
Sure, dis nie die Literêre Kommissie se skuld dat boeke uit druk raak nie. Dis Karma se skuld. Tannie Grové is so cool soos skyfskiet by die Time Square Casino. Die groot horlosie het aangestap en die kultuurskat waarvoor die SAAvW&K deur die jare so hard gewerk het, is so flou soos Willie le Roux se laaste pass na enige speler langs hom.
Miskien moet die Lit.Kom. sommer om mee te begin ’n bumper edition van die Hertzogprys vir 2023 beplan. Soos in bekroon almal wat weens politiek en persoonlike vetes in die verlede die prys misgeloop het, sommer one shot saam.
Daarna het julle ’n skoon lei. Luister maar na Angie Oeh, en as dit sokkel, probeer vir Les Javan, of, nog beter, die middel-generasie se eie Lina Spies, die minsame Karen Zoid. Maar iets gaan julle moet doen om die kinders van hul selfone te laat opkyk.
Terwyl ek aan street cred dink - Breyten Breytenbach het baie jare gelede heelwat daarvan gekry met sy Mondmusiek-CD. En ek hoor Lina Spies kan baie mooi sing. As mens haar hoor, sou jy sweer dis Anneli van Rooyen. Wat van ’n CD, iets soos Lina sing Spies? Haar talryke uitgewers moet koppe bymekaar sit en iets gedoen kry voor sy die woorde vergeet.
Ook in die nuus is Etienne van Heerden se Veldsoirée op Cradock. ’n Kaapse vriend stuur vir my ’n artikel wat Christi van der Westhuizen in Die Burger daaroor geskryf het. Dis ’n skande is dat hulle my nie genooi het nie, want ek is só mét alles wat sy vertel. Simpatico.
Sy roer verskeie sake aan, maar die een wat my onmiddellik aan die dink gesit is, handel oor die onderwerp wat die afgelope klompie jaar telkens in gesprekke oor die wêreldletterunde na vore gekom het: appropriation.
Om dit op sy heel eenvoudigste te verduidelik: ’n Skrywer durf hom nie aanmatig om die lewens te verbeel en voor te stel van mense buite sy sosiale, nasionale of kulturele plasing nie.
Nou okay, hokaai. Gaan lees maar wat Van der Westhuizen daaroor sê, en hoe sy Damon Galgut weeg en ietwat lig vind. Dis ’n skitterende artikel.
Maar tussen ons moet ons eerlik wees oor die volslae waansin wat sy ontmasker. As mens val vir die anti-anneksasie foefie, sê jy ja vir twee nagmerries. Die eerste is dat skrywers nie meer hul verbeeldings mag gebruik soos selfs Salomo dit al geleer doen het nie.
Die ander is dat jy rassisme en genderisme voorstaan. Wit skryf oor wit, swart oor swart; man ma net die manlike ervaring as uitgangspunt gebruik, vruens weer net hul eie ervarings. Wit mag nie dink hoe dit moes wees om ’n swart lewe te hê nie, mans kan nie die vrouelewe annekseer en hom verbeel hoe dit is nie. En andersom.
Dit is uiterste konsekwensies, maar ons is nie vreemd daaraan nie, nuh? Ons grootste vrees is nie meer dat ons in die hel gaan beland nie, maar dat iemand sal aanstoot neem aan ons normatiewe misbruik van die hel. Aanstoot is die laaste ding wat ons wil gee.
Dit is dan ook hoekom ek opgewonde is oor die Jacob Zuma-gang se voorneme om ’n rolprent oor sy lewe te maak. Ek het vir hulle ’n voorstel. Spaar julself baie moeite en harde werk. Kry vir Leon van Nierop om die draaiboek te skryf en die regie waar te neem.
Van Nierop sal, heeltemal teen die tendense in sy eie ouevre in, die biopic ’n effens homo-erotiese inslag kan gee, maar sal dit kan teenwerk en alle beskuldigings oor appropriation kan afweer deur Hannon in die rol van Duduzane Zuma te cast, en Carl Niehaus alle ander rolle te laat speel.
Dit sal ’n tour de force afgee - maar is dit nie hoe ons Niehaus ken nie? ’n Kragtoer in murg en gebeente.
Ten laaste is daar die allerwonderlike nuus dat Steve Stofsuier, bekend as Neil Diamond se grootste aanhanger onder diegene wat gelukkig genoeg is om hom waarlik te ken, aanstaande jaar in April sy liefde vir Diamond se musiek ten volle gaan uitleef met ’n konsert in die amfiteater by die Voortrekkermonument. Begelei deur ’n simfonie-orkes.
Ek weet dat daar baie mense is wat heeltemal verkeerdelik nie van Steve hou nie. Maar in my boekies is hy okay. Want ek weet dat Neil Diamond sy tweede grotste liefde is. Ons taal, Afrikaans, dít is sy eerste liefde.
Hy dig in Afrikaans, hy skryf in Afrikaans, hy veg vir Afrikaans se taalregte, en ek is seker hy is ook ’n minnaar in Afrikaans.
Daarom glo ek, in my hart van harte, dat hy ons op 29 April 2023 gaan verras deur Neil Diamond se liedjies op Afrikaans te sing. Dit gaan ’n aand der aande wees.
Sekerlik is dit ’n reuse-uitdaging om goeters soos “Porcupine Pie” en “Gitchy Goomy” ’n Afrikaanse metrum te laat vind, maar aan die ander kant is dit voor die hand liggend dat “Canta Libre” gemaklik op ons ore sal val as “Moemfies in balans”.
Ek is nou maar eenmaal ’n Steve Stofsuier-chic.
The post Blik na buite appeared first on LitNet.
Paula Fourie en Athol Fugard
Op die vooraand van die Toyota US Woordfees (10 tot 16 Oktober 2022 op Stellenbosch) gesels Melt Myburgh met Paula Fourie oor die bekendstelling van haar boek Mr Entertainment – the story of Taliep Petersen, en haar en Athol Fugard se drama Concerning the life of Babyboy Kleintjies.
Paula, is jy gereed vir ’n baie besige Woordfees wat vir jou voorlê? Een van die grootste hoogtepunte in die fees se bestaan was toe jou man, Athol Fugard, in 2013 ’n eregas in sy 81ste jaar by die fees was. Ek onthou met groot plesier dat jy ook teenwoordig was. Sedertdien het Stellenbosch jul tuiste geraak. En jy het onlangs ma geword! Jy moet seker op ’n manier verlig voel dat die boek en die nuwe drama nou in die mark inbeweeg?
Ja, jong, ek moet bieg ek is geweldig verlig. Albei hierdie projekte is al jare lank in die pyplyn. Ek het in 2011 Taliep se lewe begin navors, en Athol het reeds in 2017 Concerning the life of Babyboy Kleintjies begin skryf. Terloops, ons het ook ’n outobiografiese roman, Dry remains, wat vroeg volgende jaar in die VK verskyn, geskryf – ook dáárdie boek kom al meer as tien jaar saam met ons. Al hierdie projekte neem al lank spasie op in my brein – ek sien nou daarna uit om ruimte te maak vir nuwe werk.
Soos jy tereg opmerk, is ek ook ’n splinternuwe ma. Om te sê dit gaan op die oomblik wild is nie ’n oordrywing nie. Ek sit en beantwoord jou vrae met ’n slapende sewe week oue Halle Fugard Fourie op my bors.
In die Woordfeesprogram word genoem dat dié drama die uitvloeisel is van ’n plegtige belofte wat Athol meer as 60 jaar gelede gemaak het. Vertel asseblief van dié belofte en hoe die drama dit uiteindelik gestand doen.
Die eintlike oorsprong van hierdie stuk lê 60 of so jaar in die verlede toe Barney Simon vir Athol gevra het om ’n openbare lesing van ’n gedig van Bertolt Brecht te doen. Die gedig se titel is “Concerning the infanticide, Marie Farrar” en gaan oor ’n jong, arm, werkende vrou wat swanger word en haar baba uiteindelik vermoor omdat die vereistes van haar werk as skoonmaker dit onmoontlik maak om ook nog na ’n baba te kyk. Barney het in die sestigerjare instinktief geweet dat die gedig die potensiaal het om tot die realiteite van talle swart en bruin Suid-Afrikaanse vrouens te spreek. Athol sê altyd: “I completely botched the reading, but that poem has stayed with me ever since.”
Die belofte is een wat Athol eintlik aan homself gemaak het. Hierdie toneelstuk is sy poging om reg te laat skied aan Barney se instink soveel jaar gelede om die Brecht-gedig in ’n Suid-Afrikaanse spasie te laat resoneer. Om die konneksie met hedendaagse Suid-Afrika te maak is nie moeilik nie – Athol word keer op keer aan die gedig herinner as hy ’n koerant optel en ’n opskrif oor ’n weggooibaba raaklees. Meer wil ek op hierdie stadium nie verklap nie.
Babyboy Kleintjies speel af onder ’n brug oor die Eersterivier in Stellenbosch. Vertel van die proses hoe die drama tot wasdom gekom het.
’n Ander inspirasie vir die stuk lê in ons agtertuin en die voetpad wat langs die Eersterivier verbyloop. Sedert ons in 2016 hierheen getrek het, beteken hierdie wêreld baie vir ons. Dis ’n voetpad wat lewe, waarlangs talle werkers, haweloses en deesdae ook meer en meer drawwers en hondestappers dag vir dag op en af beweeg. As sulks is dit een van die min plekke in die dorp wat deur ál sy inwoners gebruik word.
Daar is ook verskeie plekke langs die rivier, veral onder die brûe, waar Stellenbosch se hawelose bevolking skuiling vind. Daar word onder die formele inwoners van die woonbuurte wat teenaan die rivier grens, gereeld gepraat oor hoe die informele inwoners verskuif moet word, maar daar word baie min gepraat oor presies waarhéén daar van hulle verwag word om heen te gaan. Hul tuiste is juis die oewer van die Eersterivier, ’n plek waar mense sekerlik al vanaf die vroegste tye woon, lank voor eiendomsbesit uitgedink is.
Min mense weet ook dat die gebied wat vandag Die Boord genoem word, eens ’n bruin woonbuurt ingesluit het met die naam Roesdorp voordat die Groepsgebiedewet ingetree het en die inwoners verskuif is. Huise in Roesdorp se Krige Cottages en Rhodes Cottages in Aan de Wagenweg, en “Die Bos” teenaan die rivier van Roesdorp is so laat as 1971–1972 ontruim. As sulks is versoeke aan die munisipaliteit om mense onder die brûe te verwyder ’n ongemaklike herhaling van die geskiedenis.
Die informele inwoners van die Eersterivier het ’n moeilike bestaan, met koue en hongerte en behoeftigheid daaglikse realiteite. Maar hul lewens is hul eie, en hulle staan ongeërg teenoor die “white gaze”. People are living there, soos Athol dit eenkeer gestel het. Hierdie toneelstuk is ’n poging om hierdie realiteite te verken. Maar maak geen fout nie – hier wys ons die vinger natuurlik ook na onsself – ons sit juis in daardie gemaklike huise wat op die fondamente van Roesdorp staan.
Voor die Babyboy Kleintjies-verhoog: Patrick Curtis (stelontwerp), Athol Fugard (dramaturg en regisseur) en Mannie Manim (beligtingsontwerp)
Hoe gebeur die skryfwerk wanneer jy en Athol saamwerk? Wie skryf wat?
Athol het die toneelstuk aanvanklik in 2017 begin, maar het iewers vasgehaak. Ek onthou hy het altyd gesê hy kan nie vir Marie duidelik gesien kry nie. Sy is die hoofkarakter, en so het die toneelstuk in Athol se middel-80’s byna vergete in ’n laai beland. Skryf raak natuurlik op hierdie ouderdom ook moeiliker. Athol het einde 2016 ’n beroerte gehad wat die linkerkant van sy lyf aangetas het. Vandag kan mens dit skaars agterkom. Maar rekenaartik het vir hom moeiliker geword, en so ook die fasiliteit – vir etlike jare vanselfsprekend geneem – om ’n hele drama se verloop vlot en lewend in sy kop te hou.
Ek, wat sy liefde en arbeid elke dag dopgehou het, kon nie daarmee saamlewe dat die toneelstuk, wat toe nog die naam The beggars gehad het, nooit voltooi sou word nie. So het ek in 2019 besluit ek gaan die stuk opdiep en hom as amenuensis bystaan. Ek het al die verskillende weergawes daarvan bymekaar gemaak en in sy notaboeke gaan krap vir verdere fragmente en toe die beste daarvan in een dokument aanmekaar gelas.
Dis tóé dat Athol my gevra het om die toneelstuk te neem en klaar te skryf. En so het ek die karakter Marie en ook Vink geskep, en die drama begin voltooi. Ek het uiteraard vir hom begin voorlees wat ek geskryf het, en mettertyd het ons samewerking meer verweefd geword, waar ons gedeeltes van die stuk saans voor die kaggel saam geskryf het.
Ons proses deesdae is baie organies – ons lees die stuk vir mekaar voor, en as een van ons ’n idee kry, bespreek ons dit en ek gaan dan weg om dit te skryf. As ek reg is om my werk te deel, kom ons dan weer bymekaar en lees en lees en lees weer.
Ek dink enige mens in die wêreld wil weet, terwyl hulle die gevaar loop om un-PC te klink: Hoe voel dit om mededramaturg saam met een van die wêreld se heel grootste teater-ikone te wees – ’n man wat al deur Time die “grootste lewende dramaturg” in die Engelssprekende wêreld genoem is, en van wie daar in ’n stadium meer dramas regoor die wêreld as van Shakespeare opgevoer is. Toe Stephanie Nieuwoudt in 2013 in haar LitNet-blog vir Athol daaraan herinner, het Athol uit sy maag gelag. Vandag, op 90, steur Athol hom seker nóg minder aan sulke akkolades?
Ja-nee, hy is eintlik allergies vir enige so iets. Hy was nog altyd ’n beskeie man; trouens, ek dink hy sou heeltemal opgedroog het as skrywer as hy sulke akkolades ooit werklik ernstig opgeneem het. Maar in sy negentigerjare het hy al hoe minder tyd vir ’n gehamer op sy reputasie en herinneringe aan alles wat hy in die verlede vermag het.
Maar ek verstaan jou vraag – hoe voel dit om saam met hom te werk, gegewe sy agtergrond en die resepsie wat sy werk geniet? Daar is baie maniere om jou vraag te beantwoord. Hier is een van hulle: Ek en Athol is al meer as tien jaar saam en al meer as ses jaar getroud. Uiteindelik is hy maar ook ’n mens met sy vreugdes, vrese, vaardighede en gebreke. Ons woon as lovers en kunstenaars saam, en deel alles met mekaar, of dit nou pyn, planne, drome en nagmerries is, of dit wat ons vandag in ons notaboeke geskryf het.
Natuurlik leer ek by hom. In die eerste plek oor dramaskryf, want my forté is eintlik prosa. Die belangrikste is seker dat Athol oor die jare heen my oor en oog vir klank en teks, en eintlik ook vir die beauty wat in beide die lig en die donkerte van die wêreld lê, geweldig verskerp het.
Maar hy leer ook iets by my. Jy sal hom moet vra wat dit is. Maar die punt wat ek wil maak, is dit: As die admirasie en awe net een kant toe gevloei het, as ons mekaar nie kon aanvul as mense en as skrywers nie, sou ons verhouding darem maar baie lopsided en ongesond (en kort van duur) gewees het. Ek is dankbaar om te kan sê dat dit geensins die geval is nie.
Jason Jacobs
Vertel van julle samewerking met die akteurs in Babyboy Kleintjies: Carlo Daniels, Elton Landrew, Loren Loubser en Marlon Swarts.
Ons geniet ’n besonderse tyd met ons akteurs en ons mederegisseur, Jason Jacobs. Elkeen van ons akteurs is sterk spelers en ook mense wat hard dink oor hul werk. Saam met hulle en met Jason het ons baie ryk gesprekke – oor haweloosheid, oor Stellenbosch se geskiedenis, oor armoede, oor basiese menslike waardigheid.
Ons samewerking met die akteurs het veral gehelp om ons teks te verfyn – vir ons is ’n toneelstuk onvoltooid totdat dit getoets is in die lywe en monde van die mense wat lewe moet skenk aan die karakters wat ons op papier probeer skets het. Ons het, soos wat maar gebeur, ’n familie geword. Elke dag kom ons dogtertjie Halle saam met ons repetisies toe, en daar is baie hande om haar vas te hou. Eendag sal ek haar vertel dat sy werklik in die teater gebore is.
Marlon Swartz , Elton Landrew, Carlo Daniels en Loren Loubser op die repetisieverhoog van Concerning the life of Babyboy Kleintjies
Paula, Mr Entertainment is die uitvloeisel van jou doktorale navorsing aan die Universiteit Stellenbosch meer as ’n dekade gelede. Jy kom dus nou al jare en jare aan met hierdie belangrike materiaal. Herinner ons lesers aan hoe jy op die onderwerp van Taliep Petersen se lewe en werk as jou navorsingsfokus gekom het.
Ek het ’n kooragtergrond, en het as jong doktorale student in die begin van 2011 belang gestel om oor die Maleierkore van die Kaap te werk. Een van die boeke wat ek besig was om te lees was Charles van Onselen se The seed is mine: the life of Kas Maine, a South African sharecropper 1894–1985. Dit het ’n reuse-indruk op my gemaak, hoe mens die lewenstorie van ’n individu kon vertel deur geduldige speurwerk, en selfs belangriker, wat so ’n storie kon vertel oor die breër tyd en plek waarin so ’n mens beweeg het.
Eendag het iemand tydens ’n Maleierkoorkompetisie in die Good Hope Sentrum na ’n leë stoel iewers agter my gewys en gesê: “Taliep Petersen het altyd daar gesit.” Daardie leë stoel het hard gepraat in die vol saal. Dit was ’n terloopse opmerking, maar een oggend kort daarna het ek wakker geword met “Taliep Petersen” klokhelder in my kop – ’n naam wat soos ’n seepbel na die oppervlak van my onderbewussyn gedryf het. Met alles wat ek geleer het by Van Onselen en by Kas Maine in my agterkop, het ek dadelik die rigting van my studie verander en my aandag toegespits op ’n biografie van Taliep. Meer as tien jaar later het dit in ’n boek neerslag gevind.
Eerstens is dit ’n enorme uitdaging om akademiese navorsing te omskep in ’n “meer verteerbare” narratief wat in boekformaat gaan verskyn. Vertel van jou benadering om hierdie genreskuif in die aanbieding van die materiaal te laat gebeur.
My proses is baie organies en nie verskriklik formeel georganiseerd nie – dit moet dit sekerlik wees, want soos ek hier sit, kan ek skaars onthou hoe dit gebeur het. Ek moet darem begin deur te sê dat ek nog altyd ’n boek aan die einde van my PhD gesien het. Trouens, my redes om die graad in die eerste plek na te streef, het meer te doen gehad met die gretigheid om ’n teks te skep en minder met ’n behoefte aan die kwalifikasie self.
’n Biografie is maar altyd ’n storie – akademiese skryf hoef ook nie nie vervelige skryf te wees nie. As ’n mens gaan kyk na my tesis, is groot stukke daarvan dus eintlik nie so ver weg van wat die boek nou is nie. Tog, as ek nou terugkyk, besef ek daar was etlike jare se herskryf en nuutskryf.
My tesis was amper uitsluitlik gefokus op Taliep se ontwikkeling as komponis en performer, op sy kulturele legacy, en op dit wat sy lewe kon vertel oor die Suid-Afrikas waardeur hy beweeg het. Dit was ook gemoeid met die konstruksie van lewenstories en herinneringe, met ’n ondersoek na hoekom en hoe mense bepaalde stories oor hulself en die verlede vertel. Dit alles is steeds in die teks teenwoordig, en ek glo dit word op so ’n manier aangebied dat dit nie-akademiese lesers sal boei en aanmoedig om oor hierdie kwessies na te dink. Dit is beslis ’n boek wat die leser nie onderskat nie.
Van die belangrikste aspekte wat bygekom het met die boek is dat ek met Taliep se kinders gepraat het en sy familielewe meer en meer ingebring het in die teks.
As die teks ’n “meer verteerbare narratief”, soos jy dit stel, geword het, het dit ook iets te doen met my ontwikkeling as skrywer oor die afgelope tien jaar. Ek is ook ’n digter, en dit wat ek leer oor poësie vind neerslag in my skryf; só ook dít wat ek leer as skrywer van dramas. Laasgenoemde is sekerlik deels daarvoor verantwoordelik dat dialoog in die vorm van mondelinge geskiedenis al hoe belangriker geword in die boek – ek glo hierdie aspek en my hantering daarvan dra by tot die genot wat lesers uit Mr Entertainment sal kan put.
Medewerkers David Kramer en Taliep Petersen in 1998 tydens die openingsaand van Kat and the Kings op Londen se West End. (Foto uit Paula Fourie se LitNet Akademies-artikel, gebruik met toestemming van David en Renaye Kramer)
Was dit ’n uitdaging om as wit Afrikaanse vrou die lewe van ’n bruin/swart man en ’n gemeenskap se musiekgeskiedenis as navorser en skrywer te verreken?
Uiteraard.
’n Aanvanklike beweegrede om Taliep se lewe en werk na te vors, was om hierdie materiaal in ’n historiese wit Afrikaanse universiteit in te bring en spesifiek in ’n musiekdepartement wat geweldig toegespits was op Westerse kunsmusiek en dit bo alle ander musiek geskat het. Ek wou wys dat Taliep se werk net soveel akademiese aandag kon en móés geniet as Bach se verlore Markuspassie, wat terloops die onderwerp van my meestersgraad was.
Kwessies van kulturele appropriasie en die etiek van navorsing, van wie toegelaat word en die vermoë besit om ’n storie te vertel en hoekom, was in daardie jare minder prominent. Sedertdien het dit natuurlik al hoe meer op die voorgrond getree, en dit is kwessies waaroor ek al baie lank hard moes dink.
Hierdie uitdaging is juis een van die redes hoekom dit my meer as tien jaar gevat het om die boek te skryf. Dis ’n geweldige verantwoordelikheid om die storie van iemand se lewe te vertel (hoe kan ’n boek ooit reg daaraan laat geskied?), never mind die storie van iemand wat onderduk en gemarginaliseer is deur wit Afrikanerdom, juis dít waar jy vandaan kom. As dit gedoen kán word, kan dit net ná bloed sweet en baie hard dink oor die kwessies gebeur. En so het ek telkens gevoel ek het nog te min navorsing gedoen. Soms het ek gedink ek is amper klaar, en dan net besef dat ek eintlik eers deur nóg dokumente moet werk, nóg meer boeke moet lees, na méér musiek moet luister, en met méér mense moet praat.
Een strategie was om die illusie van enkele outeurskap te destabiliseer deur juis die stemme van my interviewees op die voorgrond te plaas. Hulle is die medeskeppers van die teks, en verantwoordelik vir die rykheid en die polifoniese aard daarvan – in hierdie bladsye word Taliep as’ t ware kollektief geskep deur ’n koor van unieke stemme. Ek het ook, voordat LAPA in die prentjie ingekom het, oor en oor ander belangstellende uitgewers se versoeke om my interviewees se Afrikaans in die teks te vertaal of te “standardiseer”, van die hand gewys.
Iets wat my ook moed gegee het vir die taak, is dat Taliep vir die grootste gedeelte van sy lewe aktief probeer het om kleurgrense te oorskry en af te breek – ek glo hy sou nie wou gehad het ek moet terugstaan voor die uitdaging omdat ek wit en Afrikaans is nie. Ek het ook ag geslaan op die woorde van Kwame Anthony Appiah waar hy hom uitlaat oor die reg om oor die ervarings van ander te skryf: “Writing [...] will be justified if what you write has value.”*
In 1999 is die Fleur du Cap-medalje aan Taliep Petersen oorhandig, maar tydens ’n seremonie jare later vervang nadat die oorspronklike medalje gesteel is. Lees die berig in LitNet se argief.
Jy geniet die ondersteuning en samewerking van Taliep se gesin en familie. Sy dogter is ook op die Woordfees-verhoog wanneer die boek bekendgestel word. Taliep se pa het voor sy dood saamgewerk tydens jou navorsing. Vertel van jou ervaring met Taliep se familie.
Ek het aanvanklik kontak gemaak met Taliep se pa deur ’n brief te stuur na sy huis in Manenberg. Daarna is ek deur Taliep se broer, Igsaan, genooi om met hom en met Taliep se familie te kom praat. Teenwoordig was ook sy susters en sy kinders. Jy sal vir hulle moet vra wat hulle van my gedink het, maar ek vermoed hulle was bang dat ek nóg iemand was wat ’n sensasionele storie oor Taliep wou vertel, wat op sy dood en op sy tweede huwelik wou fokus.
Ek dink dis toe hulle besef het dat ek ’n storie wil vertel oor Taliep se lewe en oor sy werk dat hulle my ingelaat het in sy wêreld. Igsaan het vir my afsprake gemaak met mense wat hy gedink het ek mee moet praat en het my ook toegelaat om deur Taliep se papiere te werk, dokumente wat vandag die Taliep Petersen-versameling uitmaak by die Dokumentasiesentrum vir Musiek (DOMUS) by Stellenbosch-universiteit se Musiekbiblioteek.
Deur die jare het ek natuurlik elkeen van Taliep se familielede beter leer ken, en hulle ook vir my. Toe ek vanjaar die nuus met hulle kon deel dat my projek uiteindelik in boekvorm gaan uitkom, was hulle, soos ek, verheug. Nie dat ek dink dat dit vir enige van hulle maklik is om deur die teks te lees nie – dit sal tyd vat om hul geliefde pa en broer se lewe so te verken, en ek hoop van harte dat dit ’n teks is waarop hulle trots sal wees.
Taliep se voortydige dood, en die tragiese omstandighede waarin dit gebeur het, moes sekerlik ook uitdagings meegebring het?
Ek het tydens die skryf van my proefskrif die kwessie van Taliep se dood eintlik doelbewus op die agtergrond gedruk. Daar is reeds soveel daaroor geskryf en ek wou juis fokus op dit wat hy in sy lewe vermag het. Ek was as gevolg daarvan nie geweldig bewus van enige uitdagings wat hierdie aspek meegebring het nie.
As ek nou terugdink … sekerlik het dit beteken ek moes my interviewees met medelye en sensitiwiteit benader, maar énige navorsingsonderwerp verlang tog dieselfde. Moontlik het dit mense aanvanklik huiwerig gemaak om met my te praat, maar soos ek hier bo uitgebrei het: Ek dink sodra hulle besef het wat die fokus van my werk was, hulle gespring het om my te help om Taliep se lewe in geskrewe teks te eer en te vier.
Een van die uitdagings wat ek tans ervaar, is dat publisiteit vir die boek en die uittreksels wat oor die afgelope maand in Suid-Afrikaanse tydskrifte en koerante verskyn het, oorwegend fokus op die tien persent van die boek wat gaan oor Taliep se tweede huwelik en oor sy dood. Ek vind dit frustrerend. Ek kan net hoop dat dit ten minste help om die boek in mense se hande te kry en hulle dan kan lees oor alles wat dit voorafgegaan het, materiaal wat baie meer interessant is.
* Kwame Anthony Appiah, “I witnessed a murder. Is it wrong to write about it?”, New York Times, 24 Mei 2022. https://www.nytimes.com/2022/05/24/magazine/true-crime-ethics.html.
Meer oor Athol Fugard op LitNet:
Athol Fugard is 90: A portrait of the artist as a man who jumped at opportunities
Happy birthday, Athol Fugard | Verjaardagwense aan Athol met sy 90ste
Herinnering op die verhoog: performatiwiteit in David Kramer en Taliep Petersen se Kat and the Kings
The post ’n Bedrywige Woordfees vir Paula Fourie met <i>Taliep</i>, <i>Babyboy Kleintjies</i> en Athol appeared first on LitNet.
In 2005, Fred van der Vyver, a young actuary and the son of a wealthy Eastern Cape farming family, was charged with murdering his girlfriend, Inge Lotz, allegedly bludgeoning her to death with a hammer as she lay on a couch in her lounge. The case against Van der Vyver seemed overwhelming. His behaviour at the time of the murder appeared suspicious and the forensic evidence seemed to prove his guilt.
And yet, in one of the most sensational and controversial murder trials in South African legal history, Van der Vyver’s lawyers sought to turn the table on the police, accusing them of fabricating evidence and lying to the judge.
Now updated with the tale of the remarkable events that followed the judge’s verdict, prize-winning author Antony Altbeker takes you into the heart of the epic courtroom battle. His eye-witness account of the trial presents the reader with all the evidence and testimony while also placing it in the context of a society and justice system that are being stretched to breaking point.
Click here for more information about this publication.
The post New from Jonathan Ball: <i>Fruit of a poisoned tree</i> by Antony Altbeker appeared first on LitNet.
Koos Bekker has amassed one of the largest fortunes ever by a South African. Just how did he do it?
Under Bekker, Naspers made several bad investments, a few mediocre ones, a few good ones … and one that shot the lights out. A modest bet on Chinese technology start-up Tencent changed Bekker’s destiny. Was this genius, strategy or just plain old good luck?
In Koos Bekker’s billions, TJ Strydom delves into Bekker’s life, career and business decisions. He identifies 15 winning strategies, each calculated and effective, that catapulted a Heidelberg boerseun into unfathomable wealth. This is a fascinating look into the life of a very private billionaire.
Click here for more information about this publication.
The post New from Penguin: <i>Koos Bekker’s billions</i> by TJ Strydom appeared first on LitNet.
When Charlene Wittstock married Prince Albert of Monaco in a star-studded wedding watched by millions across the world in 2011, rumours of her getting cold feet and her unhappiness about his love children swirled around the couple.
Ever since then, the statuesque Olympic swimmer has been in the eye of the paparazzi and the centre of endless tabloid speculation and malicious rumour-mongering. Is the bubbly, down-to-earth South African lonely in glamorous Monaco? Is it a marriage of convenience? What is the truth behind her health issues? These are just some of the questions that roil so publicly around her.
Journalist Arlene Prinsloo separates fact from fiction in this revealing unauthorised biography of Her Serene Highness Princess Charlene. Prinsloo traces her life from humble beginnings in Zimbabwe, Johannesburg and Durban to the Olympic Games, her jet-set romance with the bachelor prince, a ‘fairy-tale’ wedding and becoming a mother to twins. At its heart, it’s the story of a woman in search of happiness for herself and her family – and also of the beginning of Charlene defining her own space amid the royal protocol.
Click here for more information about this publication.
The post New from Jonathan Ball: <i>Charlene: In search of a princess</i> by Arlene Prinsloo appeared first on LitNet.
Terwyl ons stap haal Assad ’n broodjie uit sy kosblik. Ek sien ’n stukkie van wat hy wegsteek. Sou dit nie lekker wees as ons niks hoef weg te steek nie?
“Wat as ons vir mense alles van onsself wys?” wonder ek skielik. “Soos die mense wat video’s maak vir TikTok en klomp foto’s sit op Instagram en ...”
“Jy dink enigeen wys alles van hulleself op TikTok?” sê Assad. “Of op Instagram?”
Hy is seker reg.
“Nee,” sug ek.
Vier tieners dra elkeen swaar aan ’n geheim. Tot die noodlot hulle op ’n vreemde pad saamgooi en hulle mekaar se lewens op magiese wyse aanraak.
Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.
The post Nuut by LAPA: <i>Dit het alles begin by ’n hond</i> deur Annelie Ferreira appeared first on LitNet.
Vertaal deur Fanie Olivier
Jef Geeraerts (1930–2015) is in Antwerpen gebore en is een van die belangrikste Vlaamse skrywers uit die tweede helfte van die vorige eeu. Hy het as romanskrywer, vertaler en essayis ’n beduidende bydrae gelewer en het met sy dood ’n omvangryke oeuvre nagelaat, wat sowel literêre as populêre romans ingesluit het.
Sy belangrike bekroonde vroeë werk, wat veral spruit uit sy dienstydperk in die destydse Belgiese-Kongo (vandag die DRK), word hoog aangeslaan as as gevolg van die literêre verskuiwings daarin. Die eksplisiete seksuele beskrywings daarin is in die konserwatiewe Vlaamse gemeenskap as pornografie bestempel. Met die verandering rondom sienings oor kolonialisme, word sy Gangreen-vierluik mettertyd minder aanvaarbaar en is hy selfs by tye as rassis gebrandmerk.
Hy begin in die 1980’s misdaadromans of krimi’s skryf, bemeester gou ’n totaal ander skryfstyl, en behaal groot sukses. De zaak Alzheimer, waarvan Mister Angelo Alzheimer die vertaling is, is een van ’n lang reeks krimi’s waardeur die polisie-duo Vincke en Verstuyft volksbesit geword het, soos wat in Afrikaans byvoorbeeld die geval is met Deon Meyer se Bennie Griessel. Uit hierdie reeks is De zaak Alzheimer, asook Dossier K, verfilm en het lokettreffers geword, terwyl Diamant tot ’n gewilde TV-reeks verwerk is.
Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.
The post Nuut by Naledi: <i>Mister Angelo Alzheimer</i> deur Jef Geeraerts appeared first on LitNet.
Koch’s A history of South African literature: Afrikaans literature, part 2 is an extensive and thorough study of the development of Afrikaans literature during the first three decades of the 20th century. It follows Part 1, in which the earlier origins of Afrikaans and Afrikaans literature as well as the local Dutch writing tradition were discussed. Koch uses the metaphor of mapping to describe the work of the historiographer, and it becomes clear that his study analyses the literary texts within the context of space and time. Accordingly, it includes information on the authors’ lives and times as well as the developments in Afrikaans literature, criticism and literary historiography.
The exposition starts with the origin and development of the Afrikaans language during the so-called Second Language Movement. Koch also describes the polemics between historians emphasising the “spontaneous development” of Afrikaans from Dutch and those regarding it as a creole language; his balanced conclusion is that neither of the two groups can lay absolute claim to the truth.
The interest of the book is heightened by the inclusion of texts written in Dutch, as Koch discussed in Part 1, and also works which are not “literary” in the strict sense of the word, like war diaries. These are discussed not primarily for their literary value but for the insights they provide into the effect of the Anglo-Boer War on the formation of Afrikaner identity. It confirms that this literary history does not isolate the development of Afrikaans literature from the development of Afrikaner ideology and identity.
This is followed by the two main parts of the study: a discussion of the literary works of the “first generation” (Celliers, Totius and Leipoldt) and those of the “writers of the twenties” (Toon van den Heever, AG Visser, CJ Langenhoven and Eugène Marais).
Jerzy Koch is a professor in the Department of Dutch and South African Studies, Faculty of English, at the Adam Mickiewicz University in Poznań, Poland, research fellow at the Free State University, Bloemfontein, and extraordinary professor at Stellenbosch University. He is an acclaimed translator of Dutch and Afrikaans literature into Polish and has published widely on Dutch and post-colonial literature.
Click here for more information about this publication.
The post New from Van Schaik: <i>A history of South African literature: Afrikaans literature, part two</i> by Jerzy Koch appeared first on LitNet.
Die kind kies dood
Foto: Canva
Ek breek
maar nie soos ’n mooi nuwe dag nie;
eerder ’n droë tak wat se lewe deur vrugte en blare en nuwe lote getap is
dor gelaat is / verloorder verlaat is
My gedagtes word gewaai deur winde
maar nie winde van verandering nie;
dit is stofwolke en tolbosse wat ’n toe deur nie eers kan keer nie
laag op laag vuil
My kind. Mý kind.
Wie het jou siel gesteel toe ek weggekyk het
en waar kan ek begin soek na die stukke wat jy wegsteek
ek het reeds gekyk in jou dooie lyf maar al wat daar was, was windstilte en bloednat;
met spore van oorlog op jou bobene uitgekerf
dit was ’n skildery van seer en soebat en verwyt en al wat ek kon gee is my huil
Is dit stil, einde laas stil?
soos verligting
maar nie soos vrede nie
The post Die kind kies dood appeared first on LitNet.
Skilder met laaste lig
Foto: Canva
skilder met laaste lig se ragfyn kwashale
gelaagde wolke in skakering van geel pigment
wat onvermydelik oor blou berge wegdryf
skipbreuk ly op die komende nag se rotsagtige kus
meng geduldig op ’n watergepokte palet
’n allegaartjie van vele verskillende kleure
wat stil binnelandskappe vergestaltend drooglê
verrysend uit die wit water van ’n geëselde doek
The post Skilder met laaste lig appeared first on LitNet.
Stilswye
Foto: Canva
Granaatrooi geheime
dwaal blosend
deur die spasies
van die gat in my siel
waar hulle aanhoudend
(soos ou krane)
bloep-bloep drup
en deur die krake
afsyfer
na die krater in my hart
waar hulle pateties
en stom rebelleer
teen my wil
en spraakverbod.
Foto: Canva
Solank ons bedroeid
aan die skimmels
van demokrasie wurg,
diskrimineer en parasiteer
vetgevrete lummels
– o n b e s k a a f d –
buite beheer
lieg en bedrieg
hulle nonchalant
om hulle Judasstreke
toe te smeer
terwyl hulle
ons vooruitgang
doelgerig saboteer
en stééds hoog en laag
hul onskuld tot walgens toe besweer.
The post Kiesers sonder keuse appeared first on LitNet.
Klik hier om die feesprogram in PDF-formaat vir Pretoria af te laai.
Klik hier om die feesprogram in PDF-formaat vir Linden af te laai.
Klik hier om die feesprogram in PDF-formaat vir Potchefstroom af te laai.
Die Aardklop-kunstefees vind van 6 tot 9 Oktober 2022 plaas.
Lees ook:
The post Persverklaring: Momentum Beleggings Aardklop-program om af te laai (Pretoria, Linden en Potchefstroom) appeared first on LitNet.
Antjie Krog (bo) is op Vrydag 7 Oktober 2022 by die Tuin van Digters op Wellington gehuldig. Frieda van den Heever het die huldigingsrede geskryf en Johan Myburg (onder) het dit voorgelees.
Ek is deeglik bewus daarvan dat hierdie skrywe van my in iemand se mond gaan lê wat woorde veel beter kan inspan as ek self. Ek weet ook dat die ore waarop dit gaan val, gewoond is aan literêre gesprekke en groot idees wat dikwels in akademiese terme verhaal word. Ook, en veral: dat die vrou oor wie en vir wie ek skryf, meer hulde verdien as wat ek ooit in woorde kan probeer omskryf. Steeds skryf ek, maar ek gaan skiet uit die heup, uit my hart, en nie hoofsaaklik uit my harsings nie.
Ek kan net skryf uit wat ek weet, of ten minste ken. Ek is ’n vrou, het ’n gesin, is ’n ma wat twee seuns alleen probeer grootmaak en liefhê, kind van die vlaktes wat hier onder die berg leef, iemand wat ’n lewe maak uit woorde, klank en stories, nêrens anders wil bly as in hierdie land van genade en verdriet nie, en elke dag leer om dieper en meer innig te leef met verlies saam. Antjie Krog het my hand kom vat in al hierdie fasette van my lewe sonder dat ons hande al ooit aan mekaar geraak het. Sy leer my om my lewe – hierdie een, wilde, kosbare lewe wat myne is – daagliks beter te bewoon.
Ek het vir ’n paar jaar die voorreg gehad om byna weekliks ook as deel van my werk by RSG op Vers en klank haar gedigte te kon lees en toe te laat dat haar gedigte my lees. Soos ek hier skryf, sit ek by die Voortrekkermonument ’n uur voor Antoinette Kellermann en The Ancient Voices die oerkluts kwyt gaan open by Aardklop. Die ironie ontgaan niemand nie. Ek het hierdie jaar die voorreg gehad om hierdie teks te kon saamstel uit Antjie se omvattende oeuvre en die regie van die produksie te behartig. En niet is ek opgekrog. Ek vind elke keer weer iets anders, iets meer wat met my praat. Wat my beter laat praat. Wat meer waar word. Deur gewaarwording. En die enigste waarheid staan gevel in klank.
Ek kan my nie my lewe as vrou, lover, ma, kunstenaar, meelewer – mens – indink sonder Krog-bundels as handboeke nie. Sy het die rare vermoë om die onvermoë van menswees uit te druk, om die goed wat anderkant sê lê, te uiter, om die eggo’s van die onweetlike te laat hoor en in ’n sagte mede-wete te laat land.
Toko-pa Turner skryf so in Belonging: Remembering ourselves home:
There is a wild woman under our skin who wants nothing more than to dance until her feet are sore, sing her beautiful grief into the rafters, and offer the bottomless cup of her creativity as a way of life.
And if you are able to sing from the very wound that you’ve worked so hard to hide, not only will it give meaning to your own story, but it becomes a corroborative voice for others with a similar wounding.
Die wilde vrou onder Antjie Krog se vel het my en vele ander al menigmaal deur haar woorde aangespoor om die lewe bloots te ry en dat daar dinge is wat eenvoudig nie met handskoene aangepak kan word nie, doekies wat nie omgedraai behoort te word nie.
The Vernon Spring het ’n song met die naam “Waves know shores”, en die hoofsaaklik instrumentele lied eindig met die woorde: “I suggest you love like love's no loss.” Die somtotaal van die lirieke. Antjie Krog se gedigte, artikels, toesprake en boeke, bo en behalwe die feit dat dit my geleer dink het, het aan my dié voorstel gerig: om lief te hê asof liefhê nie verlies is nie. Uit die longe uit. Asof my lewe daarvan afhang. Omdat dit inderdáád daarvan afhang. My bestaan, my besittings en my beleggings is geheel en al verbonde aan joune. Ek is omdat ons is.
Dis baie maklik om vandag op ’n afstand te bly van mense, standpunte, debatte, gebeure, selfs kuns. Om bloot waar te neem sonder om ingetrek te word. Om onderdompel te word … die Here behoed ons. Ek leef, as waarnemer, ook dikwels so. Ek hou daarvan as my hele huis vol mense is en ek nie ’n woord hoef te sê nie, net kan luister en inneem. Antjie Krog se werk hou egter nie daardie “luukse” aan my voor nie. Ek word opgeneem daarin, ek kan daar nie los van kom nie – ’n gesprek begin en die werk kry gestalte binne-in my. My meegevoelers word uitgesteek of ek nou daarvoor gevra het of nie. En so word ek keer op keer herinner: My naam is Saam (soos ons sê waar ek vandaan kom as jy inwillig om iets mee te doen).
Antjie Krog, ek eer elke tree wat jy moes gee tot vandag. Al die elke keer wat jy in jouself moes tuiskom om jouself ook te buite te kon gaan, vir ons onthalwe. Vir my onthalwe. In elke fase van my lewe. Ek sê dankie dat van die mees hartroerende woorde in Afrikaans vloei uit die rou materiaal van die lewe: vuil doeke droogmaak, etes voorberei, saam om ’n tafel sit, my seun groet … dat jy poësie maak uit die dinge rondom jou, die enigste 24 uur wat jy daagliks tot jou beskikking het.
I am not interested in what Bourdieu, or Kristeva, has to say about grief. I don’t want a grid, I want arms. I don’t want a theory; I want the poem inside me. I want the poem to unfurl like a thousand monks chanting inside me. I want the poem to skewer me, to catapult me into the clouds. I want to sink into the rhythm of your weeping, I want to say, my grief is turning and I have no way to remain still. (Sina Queyras, "Water, water everywhere")
Ek draai na jou as ek keelvol is van teorie en tellings. Ek is, soos Sina Queyras, nie geïnteresseerd in om te voel “by proxy” nie; en jy bring my keer op keer terug na myself. My diep, ongepoetste self van waar ek ander ook werklik kan ont-moet. Waar gees gees gewaar. Mens met mekaar.
Hartbevlek en opwaarts.
Tot hiertoe en verder huis, Antjie.
The post Huldigingsrede: Antjie Krog, 7 Oktober 2022 appeared first on LitNet.