Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21689 articles
Browse latest View live

"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie

$
0
0

“Raak getref én tog onaangetas gelaat.” Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie

Alene Holder en Winfried Lüdemann, Departement Musiek, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 19(2)
ISSN 1995-5928
doi.10.17159/1995-5928/2022/j19n2b5

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In sy toonsetting van D.J. Opperman se “Met apologie” maak Roelof Temmingh van verskeie tegnieke gebruik om die reeks parodiërende gedigte musikaal te vertolk. Hierdie artikel ondersoek die verhouding tussen teks en musiek in Met apologie deur die siklus aan die hand van stilistiese kenmerke en musikale intertekstuele verwysings te bestudeer. Temmingh se vermoë om in uiteenlopende style te komponeer is ’n belangrike faktor in hierdie bespreking. Hy verwys byvoorbeeld na die musiek van Claude Debussy, Anton Webern, Paul Hindemith en Dmitri Sjostakowitsj, asook na kabaretstyl om die stemming en parodiërende (of selfs satiriese) kommentaar van Opperman se teks te verklank. Temmingh se toonsetting vertolk egter nie net die strekking van Opperman se teks nie, maar resoneer ook met wyer aspekte van die oeuvres van digters wat nageboots word. Die liedsiklus bied verskeie vertolkings van die sentrale karakter: die weduwee Viljee. Sy word soms as tragies, soms as komies, soms as eroties en soms as kranksinnig uitgebeeld.

Trefwoorde: Afrikaanse kunslied; D.J. Opperman; Met apologie; parodie; Roelof Temmingh; Suid-Afrikaanse kunsmusiek

 

Abstract

Raak getref én tog onaangetas gelaat.” Musical setting of parodic texts in Roelof Temmingh’s Met apologie

Roelof Temmingh’s song cycle Met apologie for mezzo soprano and piano (1992) represents one of the most outstanding contributions to the already extensive genre of the Afrikaans art song. It sets to music a series of poems by the same title, published by the Afrikaans poet D.J. Opperman in 1964. In his poems Opperman presents nine parodies in the style of Afrikaans poets from the generation known as the “Dertigers”, based on a common subject, about a widow taking her dog for a Sunday afternoon walk on the beach. The poets parodied in the cycle are C.M. van den Heever, I.D. du Plessis, W.E.G. Louw, N.P. Van Wyk Louw, Uys Krige, Ernst van Heerden, Elisabeth Eybers and S.J. Pretorius. Opperman’s procedure is reminiscent of the musical genre theme and variations, to the extent that the “theme” is to be read out prior to rendering the “variations”. “Raak getref én tog onaangetas gelaat” (“Aptly struck, yet left unscathed”) are the words by which the critic Rob Antonissen describes the manner in which Opperman depicts the targets of his parodies.

In his music Temmingh echoes this procedure by setting each poem to the style of a different composer or genre from the 20th century, including Debussy, Webern, Hindemith and Shostakovich. This article places Opperman’s poems in their wider literary context and then turns to a critical contextualisation and analysis of Temmingh’s songs. Stylistic characteristics of the songs are examined in relation to the composers whom they imitate, in some cases even pointing to specific works that could have served as models. As in the case of its literary model the music has a humorous rather than a satirical intent. It does not resort to distortion of its stylistic model and as such represents a unique kind of parody. At the same time the songs are shown to present particularly apt and evocative musical interpretations of their subject matter. The various guises in which the widow is depicted in the poems, ranging from the tragic to the comical, from the erotic to the obsessive and deranged, are found to be echoed in the respective songs by means of particularly striking musical characterisation. The final song in Met apologie also serves as a case study as to how a musical setting of a poem may add a layer of interpretation or characterisation that was not necessarily present in the written text on its own.

Several observations are made about the challenges a singer faces when endeavouring to perform the songs. With its nine examples of starkly different styles and idioms, Met apologie is a tour de force of compositional variety. Although this cycle demonstrates Temmingh’s ability to compose in various idioms and to imitate other composers very accurately, the songs also exhibit the composer’s own unique voice in an unmistakable way. In that sense Temmingh’s Met apologie must be regarded as a highly significant contribution to South African music at large, worthy of taking its place in the standard repertoire of performers of the voice type for which it was written.

Keywords: Afrikaans art song; D.J. Opperman; Met apologie; parody; Roelof Temmingh; South African art music

 

1. Inleiding

1.1 Die Afrikaanse kunslied

1.1.1 Musikale en kulturele agtergrond

In enige oorsig van Suid-Afrikaanse musiek van die afgelope 100 jaar, en veral van Suid-Afrikaanse kunsmusiek, sal die Afrikaanse lied vir solostem en klavierbegeleiding nie misgekyk kan word nie. Hierdie liedgenre – ook bekend as die Afrikaanse kunslied – het ’n aantal noemenswaardige werke opgelewer in ’n tyd toe dit in baie ander lande en tale sy aktualiteit verloor het. Die Afrikaanse kunslied het ’n drievoudige oorsprong. Die eerste bydraes het in die suigstroom van die opbloeiende Afrikaanse digkuns ontstaan. Sonder hierdie ontwikkeling op literêre gebied, ’n ontwikkeling wat veral in die eerste helfte van die 20ste eeu ’n magdom tekste opgelewer het wat vir toonsetting geskik is, sou geen Afrikaanse liedkuns ontstaan het nie. Die tweede invloedstroom was die populêre Europese salonlied, wat as voorbeeld vir die musikale inkleding van sulke gedigte gedien het. Derdens is die spore van die Duitse kunslied in die werk van sommige komponiste duidelik herkenbaar.

’n Omvattende oorsig oor die Afrikaanse sololied met klavierbegeleiding, ’n oorsig wat nie net die ideologiese en sosiokulturele konteks van die lied se eerste dekades in aanmerking neem nie maar ook die grondverskuiwing van die drie dekades sedert 1994 – en reeds krities oor laasgenoemde besin – bestaan tans nie. Johann Potgieter se doktorale proefskrif getitel “’n Analitiese oorsig van die Afrikaanse kunslied, met klem op die werke van Nepgen, Gerstman, Van Wyk en Du Plessis” (1967) is die omvangrykste studie oor die onderwerp tot op datum, maar dit is reeds 50 jaar oud. Ewe belangrik is Izak Grové se ’n Eeu van Afrikaanse liedkuns (2010), wat 27 klankopnames van verteenwoordigende liedere uit hierdie tradisie op een CD bymekaarbring. Intussen lok die onderwerp ondersoek van kleiner omvang uit. Een van die uitstaande werke in Grové se versameling is Roelof Temmingh se Met apologie (1992). Dit is ’n liedsiklus wat beslis verdien om van nader bekyk te word, ’n taak wat die skrywers van hierdie artikel vir hulself gestel het.

1.1.2 Met apologie as Afrikaanse kunslied

Die liedsiklus Met apologie is nie die eerste werk waarin Roelof Temmingh (1946–2012)1 hom kreatief met D.J. Opperman se digkuns bemoei nie. Reeds in 1970 het hy Opperman se “Ballade van die Grysland” as onderwerp vir ’n komposisie gebruik, gevolg deur ’n grootskaalse elektroniese werk (1989) gebaseer op die digter se Joernaal van Jorik (1949). Eweneens is Met apologie slegs een van talle bydraes tot die (Suid-) Afrikaanse kunslied uit Temmingh se pen. Ander digters wie se tekste hy as kunsliedere getoonset het, sluit in Boerneef, Totius, N.P. Van Wyk Louw, Elisabeth Eybers en Roy Campbell, afgesien van die feit dat hy ook meer as een keer eie tekste verklank het. Maar Met apologie kan waarskynlik as Temmingh se belangrikste bydrae op dié gebied beskou word.

Temmingh se liedsiklus verteenwoordig ’n besonder oorspronklike benadering tot die toonsetting van parodiërende poësie. Opperman se skerpsinnige teks bestaan uit ’n reeks van nege gedigte wat die skryfstyl van gesiene Afrikaanse digters uit die 1930’s en 1940’s naboots. Dit het vir Temmingh as aanleiding gedien om in sy toonsetting op sý beurt die style van ’n verskeidenheid 20ste-eeuse komponiste na te boots, ’n waarlik geïnspireerde ingewing. Terloops, stilistiese verskeidenheid is juis een van die kenmerke van Temmingh se vroeë skeppingsperiode. Sy vermoë om in verskillende style te komponeer het hom in Met apologie baie goed te pas gekom (sien Lüdemann 1996). Tog is Met apologie nie bloot ’n versameling van slaafse nabootsings van ander komponiste of style nie. Temmingh se eiesoortige klank is deurgaans teenwoordig. Die komponiste wat nageboots word, sluit in Claude Debussy, Anton Webern, Paul Hindemith en Dmitri Sjostakowitsj. Hierdie intertekstuele verwysings na ander komponiste maak verskeie interessante vertolkings van Opperman se gedigte moontlik.

Die werk is in opdrag van die Stigting vir Skeppende Kunste geskryf en is bedink vir mezzosopraan en klavier. Dit is aan Hanneli Rupert opgedra.2 Sy het die werk egter nooit uitgevoer nie.3 Die vroegste uitvoering waarvan ons weet, het tydens die US Woordfees op 31 Maart 2001 plaasgevind. Minette du Toit (-Pearce) het die liedsiklus tydens ʼn namiddagkonsert in die Fismersaal van die Konservatorium, Stellenbosch gesing. Ongelukkig word die begeleier in die Woordfees se program nie by name genoem nie.

Hierdie artikel poog om Temmingh se liedsiklus in ’n breër konteks te plaas, dit stilisties te ontleed en dan veral aandag te gee aan die wyse waarop dit die element van parodie, wat Opperman se teks bepaal, musikaal interpreteer, veral uit die perspektief van die weduwee as sentrale figuur van die siklus.

Die bespreking van elke lied word voorafgegaan deur ’n oorsig van die digter wat in die gegewe teks ter sprake is. Hier skenk ons veral aandag aan Opperman se siening van die betrokke digters se werk, aangesien sy parodiërende skrywe deur sy eie, soms subjektiewe, perspektief ingegee is. Die bespreking van die musiek self maak nie aanspraak op volledigheid nie, maar fokus slegs op dié stylkenmerke wat vanuit die perspektief van die betrokke gedigte van belang is.

1.2 D.J. Opperman as literêre kritikus én parodieskrywer

Opperman beklee ’n belangrike posisie in die ontwikkeling van sowel die Afrikaanse digkuns as die Afrikaanse literêre kritiek. In sy doktorale proefskrif, wat later as die boek Digters van Dertig (1953) gepubliseer is, bestudeer hy die digterlike ontwikkeling van I.D. du Plessis, C.M. van den Heever, N.P. Van Wyk Louw, Uys Krige, W.E.G. Louw en Elisabeth Eybers. Hy verwys na hulle as “die vernaamste Dertigers” (Opperman 1962:15). Dit val op dat hy al hierdie digters, met die byvoeging van S.J. Pretorius, in “Met apologie” insluit. Dit laat die gevolgtrekking toe dat sy nabootsing van hierdie digters nie poog om hulle te kritiseer nie, maar eerder om erkenning te gee aan hulle prominente posisies in die Afrikaanse digkuns.

1.3 Die teks

Die volgende reëls verskyn voor Opperman se reeks parodiërende gedigte:

Op ’n Sondagmiddag loop die weduwee Viljee
                    in swart geklee
                    met twee kolliehonde langs die see. (Opperman 1964:21)

Volgens Temmingh se instruksies in die manuskrip moet ’n uitvoering van Met apologie voorafgegaan word deur die voordra van hierdie reëls deur die sangeres. Die nege parodiërende gedigte is elk ’n variasie op hierdie tema. Die sangeres of pianis moet ook die naam van die digter aankondig wat in elke lied nageboots word. Die volgende digters is ter sprake:

  1. C.M. van den Heever
  2. I.D. du Plessis
  3. W.E.G. Louw
  4. N.P. Van Wyk Louw I
  5. N.P. Van Wyk Louw II
  6. Uys Krige
  7. Elisabeth Eybers
  8. Ernst van Heerden
  9. S.J. Pretorius

Agt van die betrokke gedigte is vir die eerste keer in Standpunte van Augustus 1948 gepubliseer. ’n Tweede gedig in die styl van N.P. Van Wyk Louw is later bygevoeg. Die hersiene weergawe verskyn in 1964 in Opperman se bundel Kuns-mis.

In sy bespreking van Kuns-mis meen Rob Antonissen4 dat die sukses van effektiewe satiriese poësie nie van die akkuraatheid van die satire mag afhang nie. Terselfdertyd mag die poësie ook nie te veel aandag op sy eie “heerlikheid” vestig en so die effek van die satire ondermyn nie (Antonissen 1974:177). Volgens Antonissen tref hierdie reeks gedigte in Kuns-mis die vereiste balans, en hy bestempel hulle as die beste voorbeelde van satiriese poësie:

Agt digters word raak getref én tog onaangetas gelaat, en van die ander kant gesien staan die nege gediggies daar as ’n wonderlik-beweeglike suite van tema-variasies waaroor die geparodieerde digwyses geen oordeel hoegenaamd te vel het nie. (Antonissen 1974:178)

Alhoewel Antonissen beide terme parodie en satire in sy bespreking gebruik, sal hierdie ondersoek Met apologie aan die hand van parodie bestudeer. Satiriese werke kritiseer en verkleineer, dikwels met die doel om verandering teweeg te bring. Dit doen die teks en musiek van Met apologie nié. Om Antonissen se woorde te herhaal, die digters word “raak getref én tog onaangetas geraak”. Dieselfde geld vir die komponiste wat Temmingh in sy toonsetting naboots.

 

2. Die liedsiklus Met apologie

2.1 C.M. van den Heever

O skemervloeiing van die najaarsee!
Jou Sondagende branders plooi en val
en langs twee meeue dwaal ek geweduwee
maar ewig ruis om my die Al. (Opperman 1964:22)

In die inleiding tot Senior verseboek beskryf Opperman (1986:20) C.M. van den Heever (1902–1957) as “die romantikus wat weemoedig gestem word oor die verganklikheid en die aardse, en dan verlang […] na die skone en ewige”. Sy voorkeur vir romantiese temas soos verganklikheid, die dood, eensaamheid en verlange gee ’n ernstige toon aan Van den Heever se werk wat kritici soos J.C. Kannemeyer, E.A. van der Elst en Ernst van Heerden as swaarmoedig, selfs pessimisties beskou (Du Plooy 2003:3).

In “Met apologie” word die kontras tussen die betreuring van die verganklike en die verlange na die ewige voorgestel deur die kontras tussen die weduwee wat oor haar man treur en die skynbaar onverganklike branders van die see. In die reël “maar ewig ruis om my die Al” verskuif die spreker haar aandag van die verganklike na die ewige, wat ’n algemene verskynsel in Van den Heever se gedigte is. Hierdie reël herinner aan “en in die dreuning van die see verloor, / verruis dit ritmies soos ’n ewigheid” uit Van den Heever se “Afrika” (Van den Heever in Opperman 1986:135), wat soortgelyke temas bevat.

Opperman verduidelik dat Van den Heever gereeld met nuwe beelde, “altyd wasig en skemerig”, vorendag kom om uitdrukking aan die verlange na die “skone en ewige” te gee (Opperman 1986:20). In “Met apologie” boots Opperman vir Van den Heever na deur beelde te skep en nuwe woorde te versin wat die digter se styl weerspieël. Die woorde “skemervloeiing”, “najaarsee”, “Sondagende branders”, en “geweduwee” is almal nuutskeppings. Die eerste reël van die gedig kan vaagweg met “die sonbrand sterf in skemervreemde see” (Van den Heever in Opperman 1986:135) uit “Afrika” vergelyk word, waar Opperman se “skemervloeiing” moontlik na Van den Heever se “skemervreemde” verwys. Alhoewel die letterlike betekenis van hierdie nuutskeppings soms onduidelik is, gee hulle ’n epiese, selfs dramatiese stemming aan die toneel.

Verder verleen die gedig ’n geestelike karakter aan die see. Volgens Opperman (1986:20) is die vergeesteliking van natuurlike elemente ’n algemene tendens in Van den Heever se poësie. Die eerste reël spreek die vloei van die see direk aan, wat dit sodoende personifieer. Die laaste reël verwys weer na die see as “die Al”, wat, soos die Duitse das All, waarskynlik “die heelal” beteken.

Temmingh se toonsetting van hierdie gedig komplementeer Opperman se teks op treffende wyse. Die ritme en kontoer van die stemparty dra by tot die beeld van branders wat styg en daal. Die vier reëls van die gedig word in stygende en dalende melodiese lyne aangebied wat ten opsigte van intervalkonstruksie aan mekaar verwant is. Die intervalle volg mekaar telkens in afwisselende heel- en halftone op, met halftone effens in die meerderheid, sodat minstens gedeeltelik die indruk van ʼn oktatoniese toonleer ontstaan. Die eerste en derde frases bevat dieselfde toonvoorraad, terwyl die tweede frase ’n effens gewysigde weergawe daarvan in ’n dalende volgorde bevat. (’n Meer diepgaande bespreking van hierdie soort melodiekonstruksie kan in Lüdemann 1987:171 gevind word.) Hierdie stygende en dalende lyne kan sekerlik met die “plooi en val” van die branders in verband gebring word. Sien as voorbeeld die eerste frase (Figuur 1).

Figuur 1. “C.M. van den Heever”, maat 11–145

In maat 18 (Figuur 2) word die kwartnote en halfnote tot agstenote verkort, wat ’n gevoel van beweging skep. Dit is ook die enigste vokale frase in die lied wat ’n dalende kontoer volg. In maat 19 word die oorgebinde B-mol deur agstenote gevolg wat melismaties daal tot by F op die woord “val”. Hierdie frase is ’n treffende uitbeelding van ’n sakkende brander.

Figuur 2. “C.M. van den Heever”, maat 18–20

Temmingh benut die verskillende registers van die mezzosopraanstem om die oorkoepelende betekenis van die gedig uit te beeld. Die eerste drie frases, waarin die verganklikheid van die mens betreur word, word in die middelregister gesing. Die laaste frase, waarin die spreker haar aandag op die heelal, “die Al”, vestig, word in die laer register gesing. Die kontrasterende toonkleure wat met die verskillende stemregisters gepaard gaan, komplementeer die kontras tussen die twee hoofgedagtes in die gedig. So vertolk Temmingh se toonsetting nie net die gegewe teks nie, maar beklemtoon dit ook hoe Opperman algemene aspekte van Van den Heever se styl parodieer.

Die begeleiding eggo die somber, onheilspellende stemming van die teks. Die dramatiese karakter van die klavier se inleidende mate (1–10) toon dalk, soos in die geval van die stemparty, ooreenkomste met die deinende branders van die see, maar dit kan sekerlik ook in verband gebring word met die gedig se beeld van die see as simbool vir die ewigruisende en ongenaakbare heelal waarvan die weduwee tydens haar uitstappie op die strand bewus word.

Figuur 3. “C.M. van den Heever”, maat 1–4

Die stem- en klavierpartye beweeg meestal onafhanklik van mekaar. Wanneer die klavierparty ’n vokale frase begelei, is dit staties en bestaan dit uit aangehoue akkoorde. Hierdie kenmerk herinner aan die tegniek van recitativo secco, wat ’n gepaste begeleidingstyl vir die lied se deklamatoriese toonsetting is. Dit laat die sangeres toe om natuurlike spraakinfleksies toe te pas sonder om deur die ritme en metrum van die begeleiding ingeperk te word. Die aangehoue akkoorde is in beide gevalle drieklanke op C mineur in eerste omkering, wat telkens deur drieklanke op E mineur voorafgegaan word en dus ’n sterk tonale kontras met die dominante sonoriteit op F elders in die begeleiding vorm. Die plasing van tonale akkoorde direk langs mekaar sonder dat hulle met mekaar verwant is, is ’n styltegniek wat Temmingh in sy latere werke graag aanwend. In die laaste frase verdubbel die klavier egter die stemparty in parallelle vergrote vierdes (Figuur 4).

Terwyl die baslyn, met sy kragtig herhalende pedaalpunt, F as sentrale sonoriteit van die lied in sy geheel vestig, dui die verrassende wending na B-mol majeur aan die einde van die lied dalk op ’n gevoel van aanvaarding en berusting in haar lot aan die kant van die weduwee (sien Figuur 4). Die onverwagsheid van hierdie tonale wending verteenwoordig ook ’n tikkie humor, in ooreenstemming met die parodiërende aard van die gedigte, net om aan te toon dat die beskrywing van die weduwee en haar omstandighede ’n bietjie tong-in-die-kies gedoen word.

Figuur 4. “C.M. van den Heever”, maat 25–32

2.2 I.D. du Plessis

My twee windhonde draf
soos fezze langs die see;
ek vra Ali en Allah af
waar is meneer Viljee? (Opperman 1964:23)

Opperman (1986:19) wys ’n tweespalt in Du Plessis se oeuvre uit. Hy identifiseer sekere gedigte as deel van Du Plessis se vroeëre balladefase en ander as deel van sy latere biegfase. Hierdie tweespalt sluit aan by Du Plessis se posisie as oorgangsfiguur in die Afrikaanse digkuns. Opperman (1986:19) verduidelik dat die werke uit sy balladefase met die ouer generasie van digters vereenselwig kan word. Die gedigte is onpersoonlik, blymoedig, op beskrywings van uiterlike verskynsels gerig en neem dikwels die vorm van ’n epiese ballade aan. Die beskrywings is soms eksoties of selfs “eksotisties”6 waar dit ’n geromantiseerde, tog eensydige uitbeelding van vreemde kulture gee (Sheppard 2016). Daar is byvoorbeeld reisindrukke van verafgeleë bestemmings, soos gesien in die “Kwatryne” (in Opperman 1986:127–8), asook eksotiese uitbeeldings van Oosterse, Maleise en Kleurlingkulture7 (in Opperman 1986:19). Die bundels Lied van Ali en ander gedigte (1931) en Die vlammende fez (1943) bevat byvoorbeeld deurlopende verwysings na die Maleise kultuur en Islam.

Die eksotistiese uitbeeldings wat in Du Plessis se vroeëre werk voorkom, is dikwels van ’n humoristiese of volkse aard. Die gedig “Karnaval” is ’n goeie voorbeeld. Dit beeld ’n toneel uit van ’n Maleise man genaamd Madjiet wat tydens die Nuwejaarkarnaval in Kaapstad na sy beminde, Galima, soek om haar te vra om met hom te trou. Die gedig se refrein herinner aan die lirieke van ’n volksliedjie, veral uit die Moppies- en Ghoema-tradisie:

Vanmôre gee Galima my die jawoord;
Vanmôre swaai Galima deur die straat.
Vanmôre gee Galima my die jawoord;
Vanmôre gee die lewe my ’n maat. (Du Plessis in Opperman 1986:128)

Opperman se Du Plessis-styl-gedig roep aspekte van die Islamgeloof op deur die beeld van die fes, asook die name Ali en Allah. Alhoewel die inleidende teks vasgestel het dat die weduwee se honde kollies is, word hulle hier met die meer atletiese windhonde vervang. Die honde se beweging word met die eksotiese beeld van ’n fes vergelyk, wat moontlik na Du Plessis se digbundel Die vlammende fez (1943) verwys. In hierdie bundel beskryf die titelgedig die onderdrukking wat die Maleise mense onder slawerny deurgemaak het en voorspel dat hulle ’n beter toekoms sal hê. In die volgende reëls uit die gedig, “Die vlammende fez”, word die fes as majestueus en heldhaftig uitgebeeld:

Gloei ’n ster die toekoms in,
Bloedrooi, ryk, beloftevol,
Streep dit soos ’n vurige koeèl
Wat die donderwolke kwes:
Die vlammende fez. (Du Plessis 1943:58)

As die konteks rondom die fes in Du Plessis se werk in ag geneem word, is dit moontlik om Opperman se gebruik van hierdie beeld met die majestueuse aard van sommige van Du Plessis se balladestylgedigte te vergelyk. Veral die gedigte met eksotiese onderwerpe word hier opgeroep.

Temmingh se musikale uitbeelding van die windhonde resoneer met die humor van Du Plessis se vroeëre werk. Die oempapa-begeleidingsfiguur, tipies van die Weense wals, saam met die wisselende halftone in mate 3–4 (Figuur 5), 11–14 en 19–22, skep ’n gepaste musikale agtergrond waarteen die toneel van twee windhonde en ’n kennelik verwarde weduwee langs die see hom afspeel.

Figuur 5. “I.D. du Plessis”, maat 1–4

Figuur 6. “I.D. du Plessis”, maat 7–10

Die oempapabegeleidingsfiguur het ’n duidelike humoristiese toon. Die figuur is in 6/8-tydmaat en die basnoot wissel tussen E-mol en B-mol, wat ’n herhalende I–V-baslyn suggereer, terwyl die akkoorde in die regterhandparty as ’n vergrote drieklank daarby pas (of dalk ook as politonale akkoordsamestelling ontleed kan word). Dit veroorsaak dat die eenvoudige walsbegeleidingsfiguur op humoristiese wyse verwring word.

Die begeleiding by die eerste frase van die stemparty het ’n soortgelyke koloristiese, en dalk eksotiese, effek. Dit bestaan uit drieklanke in tweede omkering wat nie volgens enige tonale beginsels op mekaar volg nie, byvoorbeeld D mineur – D majeur – E-mol mineur in maat 7–8, of F mineur – F majeur – F-kruis mineur – G-kruis mineur in maat 8–9 (Figuur 7).

Figuur 7. “I.D. du Plessis”, maat 7–10

Alhoewel Temmingh se “I.D. du Plessis” geen verwysings na Kaaps-Maleise musiek bevat nie, kom dit voor asof die konnotasies rondom die bogenoemde oempapabegeleidingsfiguur, asook die koloristiese effek van die harmonie, wel ook met die Kaaps-Maleise kultuur vereenselwig word. Dit sou kon lei tot die vermoede dat die lied die “ander”, die Maleier, met die stereotiepe idees van ’n eenvoudige, ongekultiveerde volksbestaan verbind, soos in sommige gedigte uit Du Plessis se balladefase gevind word. Die humoristiese toon van die begeleidingsfiguur herinner ook aan Du Plessis se gedigte soos “Karnaval”, wat die Kaapse Maleier-kultuur uitbeeld.

Die einde van “I.D. du Plessis” is op tekstuele en musikale vlak ironies. In vergelyking met die ander tekste in Met apologie is hierdie gedig se verwysing na die dood vaag. Die weduwee is nie dramaties ontsteld soos in “W.E.G. Louw”, waansinnig soos in “N.P. Van Wyk Louw I” of nonchalant soos in “N.P. Van Wyk Louw II” nie. Die dood word eerder op ’n stemmige wyse aangespreek deur die vraag: “Waar is Meneer Viljee?” Tog lê daar ’n skertsende toon in die allitererende “Ali en Allah”, asook in die ironie van die gedagte dat mevrou Viljee glo vir Allah sou aanspreek. In maat 19 en 20 word die vergrote drieklanke van die oempapa-ritme met meer dissonante sameklanke vervang: F – A-mol – B en E-mol – E – G (Figuur 8), wat die skertsende toon benadruk. Die laaste maat bestaan uit ’n dominant sewende, wat die lied ’n ambivalente, onopgeloste einde gee.

Figuur 8. “I.D. du Plessis”, maat 15–20

2.3 W.E.G. Louw

                    Droef kyk my oë
                    deur die trane heen,
                    soos amandelbloeisels
                    deur die eerste reën;
                    ek rou oor die duine,
                    my bleek hande waai,
en ’n hond byt sy stert, soos hy draai, soos hy draai … (Opperman 1964:24)

Opperman (1986:24) voer aan dat W.E.G. Louw se bundel Die ryke dwaas (1934) ’n belangrike keerpunt in die ontwikkeling van die Afrikaanse letterkunde ná 1930 was. Baie van Louw se gedigte handel oor temas soos eensaamheid en sy wroeging met liefde en geloof (Opperman 1986:24, Verster 2020:313). Die sensitiwiteit waarmee Louw klanke en beelde in hierdie bundel aangewend het, was destyds ’n nuwe ontwikkeling in die Afrikaanse digkuns (Opperman 1986:24).

Opperman se nabootsing van Louw in “Met apologie” bevat duidelike verwysings na “Vaalvalk”, wat in Die ryke dwaas verskyn:

              Wit is die wêreld
              van outydse wee,
              en ’n treurige wals
              is die vroeëmoresee;
              dou oor die duine, geen windjie wat waai,
net ’n vaalvalk wat sing soos hy draai, soos hy draai … (Louw in Opperman 1986:167)

Die laaste reëls van “W.E.G. Louw” stem sterk met “Vaalvalk” ooreen: “[E]k rou oor die duine / my bleek hande waai” is duidelik gebaseer op “dou oor die duine, geen windjie wat waai”. Net so is “en ’n hond byt sy stert soos hy draai, soos hy draai” gebaseer op “net ’n vaalvalk wat sing soos hy draai, soos hy draai …” In die laasgenoemde voorbeeld is die kenmerkende herhaling van “soos hy draai” waarskynlik Opperman se sterkste gebaar van parodie in die gedig.

Die gewildste kunsliedtoonsettings van “Vaalvalk” is vermoedelik dié van Blanche Gerstman en Arnold van Wyk. Temmingh se toonsetting van “W.E.G. Louw” toon geen ooreenkomste met Gerstman se “Vaalvalk” nie. Dit toon wel ’n paar ooreenkomste met Van Wyk se toonsetting. Die klavierparty van “W.E.G. Louw” bevat ’n konstante pedaalpunt van herhalende sestiendenote in die regterhand. Die begeleiding van Van Wyk se “Vaalvalk” bevat weer ’n aangehoue G-kruis in ’n gesinkopeerde ritme. Temmingh se herhalende sestiendenote en Van Wyk se gesinkopeerde pedaalpunt dra by tot die subtiele gevoel van onrustigheid wat in beide “Vaalvalk” en “W.E.G. Louw” teenwoordig is. Temmingh en Van Wyk se benaderings tot die onderskeie gedigte stem ook tot ’n mate ooreen. Van Wyk het die woorde “soos hy draai” volgens ’n trapsgewys stygende melodie getoonset en die woord “draai” is deur ’n aangehoue noot vergesel. Temmingh se toonsetting van “soos hy draai” (Figuur 9) beeld die hond se beweging as ’n melisma op ’n reeks wisseltone uit. Hier word die herhaling van “soos hy draai” op dieselfde toonhoogtes as die eerste weergawe van hierdie frase getoonset, maar met ritmiese wysiging.

Figuur 9. “W.E.G. Louw”, maat 23–29

Alhoewel op hierdie ooreenkomste tussen Van Wyk en Temmingh se liedere gewys kan word, en hoewel met sekerheid aanvaar kan word dat Temmingh die ouer komponis se “Vaalvalk” geken het, is die raakpunte nie van veel belang nie. Ooreenstemmende tekste sal waarskynlik ooreenstemmende benaderings tot metrum en vertolking in verskillende komponiste uitlok. In die ander gedigtoonsettings in Met apologie is Temmingh se verwysings na ander komponiste duidelik en ondubbelsinnig. Daarom kan hierdie paar raakpunte met Van Wyk as toevallig aanvaar word en nie as intertekstuele kommentaar of parodie nie.

Naas die verbeeldingryke einde is daar twee verdere aspekte van die lied wat vermelding verdien. Die een is dat die konstante pedaalpunt van herhalende sestiendenote in die regterhand, waarna hier bo verwys is, geharmoniseer word deur ’n baslyn met konsonante intervalle wat nie deur ’n tonale verwantskap met mekaar verbind word nie (Figuur 10). Dit herinner aan die akkoordprogressies wat in die eerste lied, “C.M. van den Heever”, uitgewys is. ’n Soortgelyke tegniek word in die eerste beweging van Temmingh se Vioolsonate (1993) aangewend, terwyl ’n pedaalpunt in ’n middelregister met vinnig herhalende note ook in Radar (1982) voorkom. Die tweede aspek waarop gewys kan word, is dat die melodiekonstruksie verskeie kere deur ’n snit uit die oktatoniese toonleer bepaal word: In mate 4–6 (Figuur 10) verskyn die note A – G-kruis – F-kruis – F; in mate 6–9 is dit E – F – F-kruis – G-kruis; en in maat 18 is dit E-mol – D – E-mol – C – B. In laasgenoemde geval stem die toonhoogtes ooreen met die Sjostakowitsj-motief, ’n motief wat Temmingh dikwels aanhaal en wat in verband met die agtste lied, “Ernst van Heerden” in meer besonderhede beskryf word. In mate 20–21 verskyn ’n soortgelyke konstellasie van intervalle by die melodie op die woorde “my bleek hande waai”. Saam met die harmoniek van die begeleiding dra hierdie intervalreeks bepalend tot die stemming van die lied by.

Figuur 10. “W.E.G. Louw”, maat 1–7

2.4 N.P. Van Wyk Louw I

In vergelyking met die werk van sy broer, W.E.G. Louw, is N.P. Van Wyk Louw se poësie van ’n meer direkte, hoogdrawende en selfs gewelddadige aard. Opperman (1986:21) meen dat sy poësie nie net oor die skone en die goeie handel nie, maar ook oor die onaangename, bose, barbaarse en edele. Sy gedigte getuig van die raaiselagtigheid en dubbelsinnigheid van die lewe en daar is ’n konstante spanning tussen uiterstes in sy werk teenwoordig.

“Met apologie” bevat twee kontrasterende gedigte wat albei die styl van Van Wyk Louw naboots. Die bogenoemde eienskappe van die digter se oeuvre is hoofsaaklik in die eerste parodiërende teks teenwoordig.

O God! làngs u skriklike water
stap die weduwee Viljee
met dié weet: die waan en die waansin word later
twee honde wat dráf waar sy trèe. (Opperman 1964:25)

Hierdie gedig beeld die weduwee-protagonis as versteurd en histeries uit. Sekere vergelykings kan tussen hierdie teks en Van Wyk Louw se “Die hond van God” getrek word. Die tekste toon ooreenkomste in taalgebruik, beeldskepping, tematiek en stemming. Let op die uitroep “O, God” en die gebruik van die woorde “waan” én “waansin” in die volgende uittreksel:

O, God, hier kom die Bose weer, die Vrees!
Die waansin praat in my; red, red my nou!
die duister waan wat hierdie klou kan wees. (Louw in Opperman 1986:144)

Soos die Opperman-teks, het hierdie uittreksel ’n verskrikte, amper histeriese stemming. In Digters van Dertig voer Opperman (1962:54) aan dat baie van Van Wyk Louw se gedigte betwyfeling en angs rondom die tema van geloof uitbeeld. Die res van “Die hond van God” beeld ook groot, vreesaanjaende watermassas uit. Die frase “’n val van ewige waters oor ’n afgrond grondeloos” (Van Wyk Louw in Opperman 1986:147) herinner byvoorbeeld aan “langs u skriklike waters”.

Temmingh maak in sy toonsetting van ’n vrye atonale idioom gebruik wat aan die liedere van Anton Webern herinner. Soos Webern, gebruik Temmingh hier groot intervalspronge wat dikwels dissonant is en ’n skielike oorgang tussen die mezzosopraan se stemregisters teweegbring. Sien byvoorbeeld Webern se Drei Lieder Op. 18, waarin die stemparty heelwat majeur sewende-intervalle bevat. ’n Verdere ooreenkoms is die ritmiese en melodiese onafhanklikheid tussen die stem en begeleiding. In “N.P. Van Wyk Louw I” bestaan die begeleiding hoofsaaklik uit kort onafhanklike frases wat soms deur enkele staccato- of geaksentueerde akkoorde afgewissel word. Die begeleiding van Webern se liedere toon dikwels soortgelyke eienskappe. Sien byvoorbeeld Vier Lieder Op. 12, veral die lied “Gleich und gleich”.

Die onafhanklike stemme en groot intervalspronge in Temmingh se toonsetting, wat sterk by Webern se pointillistiese styl aansluit, kom ook soms in Temmingh se vroeë werke voor, toe hy nog sterk aansluiting by komponiste van die avant-garde gevind het. Sy Nude for flute and piano (1973) is ’n treffende voorbeeld hiervan. Alhoewel vrye atonaliteit hoofsaaklik met instrumentale musiek vereenselwig word, is dit interessant om te sien hoe Temmingh dit in die geval van “N.P. Van Wyk Louw I” in ’n vokale konteks aanwend sonder om tot volledige dodekafonie oor te gaan.

Die woordbehandeling en skandering in hierdie lied neem nie die natuurlike infleksies van Afrikaans in ag nie. Woordbehandeling en skandering is juis aspekte waaraan kunsliedontleders soos J.H. Potgieter (1967) baie aandag skenk. In sy doktorale proefskrif slaan Potgieter dié liedere hoog aan waar die toonsetting die natuurlike infleksies van die teks komplementeer. Hy identifiseer ook die oomblikke waar die musiek die teks se infleksies verontagsaam as skanderingsfoute. In “N.P. Van Wyk Louw I” oorbeklemtoon die hoë toonhoogte en lang nootwaarde op die woord “langs” in maat 2 hierdie voorsetsel. Tweedens maak die onderverdeling van die frases in mate 4 en 8 nie semanties sin nie. Die agtsterus tussen “die weduwee” en “Viljee” (Figuur 11) is in teenstryd met natuurlike spraakpatrone.

Figuur 11. “N.P. Van Wyk Louw I”, maat 1–13

Dieselfde effek word geskep deur die lang nootwaarde op “waan” (maat 9) en “twee” (maat 11). Hierdie lang nootwaardes onderbreek die vloei van die sin en maak die oorkoepelende struktuur en betekenis minder voorspelbaar. Die groot melodiese intervalle is nie eie aan Afrikaanse spraakinfleksie nie en dra ook nie tot die liriese skoonheid van die lied by nie. Alhoewel hierdie soort toonsetting waarskynlik kritiek by kunsliedontleders soos Potgieter sou uitlok, het dit in die geval van “N.P. Van Wyk Louw I” ’n skerpsinnige en geslaagde teksvertolking tot gevolg. Die oorskryding van konvensionele struktuurbeginsels in vrye atonaliteit komplementeer die irrasionaliteit wat met die tema van waansin gepaard gaan. Die stemparty boots ook die chaotiese spraakpatrone na wat soms in skisofreniese pasiënte waargeneem word. Gesamentlik is hierdie stylkenmerke tipies van die Duitse Ekspressionisme van Arnold Schönberg, Anton Webern en Alban Berg, en Temmingh se aansluiting by hierdie styl is by uitstek gepas vir die toonsetting van Opperman se gedig.

Hierdie lied nooi die sangeres uit om Sprechgesang toe te pas. Sprechgesang kan omskryf word as ’n sangtegniek wat elemente van spraak en sang kombineer (White 2011). Schönberg se Pierrot lunaire (1912) is ’n voorbeeld van ’n bekende werk wat Sprechgesang benut. In hierdie werk dui die komponis aan dat die sanger die presiese toonhoogte van die gegewe noot moet sing, maar dan onmiddellik daarvan moet afwyk deur effens te styg of te daal (White 2011). Komponiste noteer Sprechgesang deur die nootkop met ’n “x” te vervang (White 2011).

In “N.P. Van Wyk Louw I” is die eerste lettergreep in “en die waansin” met ’n “x” op G5 genoteer, gevolg deur ’n groot afwaartse sprong. Die Sprechgesang-tegniek is duidelik hoorbaar in Minette du Toit-Pearce se uitvoering van hierdie frase op die CD ’n Eeu van Afrikaanse liedkuns (2010). Sy laat die toonhoogte toe om uit die stem te ontsnap eerder as om dit netjies en beheerst te sing. Die onmiddellike afwaartse glissando vanaf die aanvangstoonhoogte is opvallend. Alhoewel dit nie so genoteer is nie, suggereer die G#3 in maat 11 (Figuur 11) dat ’n Sprechgesang-benadering ook daar gevolg kan word. Die lae toonhoogte plaas dit in die mezzosopraan se borsregister en lok daarom ’n toonkleur uit wat baie soos dié van spraak klink.

Die wisselvallige intervalspronge en registeroorgange, asook die gebruik van vrye atonaliteit en Sprechgesang-tegnieke in hierdie toonsetting, beeld die weduwee as ’n versteurde en histeriese karakter uit. Die tema van waansin is juis ’n gewilde onderwerp in die Duitse Ekspressionisme van Schönberg en Webern. Die weduwee word hier uit ’n invalshoek uitgebeeld wat nog nie deur die voorafgaande drie liedere gebruik is nie. Sy kan vergelyk word met die “madwoman trope” wat in werke soos Schönberg se monodrama Erwartung (1909), asook 19de- en 20ste-eeuse opera gevind word. Erwartung beeld ’n vrou uit wat ná die dood van haar geliefde geleidelik aan waansinnigheid oorgelewer word, net soos die weduwee in “N.P. Van Wyk Louw I”.

2.5 N.P. Van Wyk Louw II

Op ’n Sabbatmiddag
(die dag is goed)
lê la veuve de Villiers
die heilige snol
bo die boulevard
(a) aars-e-lende om te kies
effens be-swaard
tussen twee kol-lies(te) (Opperman 1964:26)

Opperman parodieer nie net die somber, diepsinnige kant van N.P. Van Wyk Louw se oeuvre nie, maar ook die lighartige kant. Hierdie lighartigheid, wat dikwels deur akademici misgekyk word, behels onder andere speelsheid, ironie, dubbelsinnigheid, soepelheid van taalgebruik en temahantering, sinrykheid en ’n positiewe uitsig aan die einde van ’n werk (Van Rensburg 2006:26). Sommige van hierdie tegnieke vind neerslag in Opperman se tweede N.P. Van Wyk Louw-parodie.

Sowel die teks as die musiek van “N.P. Van Wyk Louw II” verskil sterk van dié van die voorafgaande lied. Die gedig skilder ’n luukse, erotiese, dog ietwat komiese beeld van “la veuve de Villiers” wat op ’n Sondagmiddag in die son lê. Sy het ’n minagtende houding teenoor die samelewing se verwagtinge van haar rol as weduwee. Hierdie weduwee is miskien ’n bietjie skynheilig. Sy mag dalk vroom en konvensioneel op ’n Sondagoggend in die kerk optree, maar Sondagmiddag is heeltemal ’n ander saak. Opperman se keuse van “Sabbatmiddag” het sterker gelowige konnotasies as “Sondagmiddag”, wat hy in die ander gedigte in die siklus gebruik. Die sinnetjie “die dag is goed” wat in parentese verskyn, verklap ’n minagtende houding teenoor hierdie gelowige konnotasies. Ook “heilige snol” impliseer ’n skynheilige houding, aangesien hierdie twee woorde mekaar weerspreek. Laastens bevestig die woordspeling in “aars-e-lende” en “kol-lies(te)” die weduwee se erotiese belangstellings wat vroeër in die gedig slegs gesuggereer was.

Dit is interessant hoe klank tot die erotiese implikasies van hierdie gedig bydra. Opperman se gebruik van koppeltekens buit nie net die dubbelsinnige betekenisse van die onderskeie woorddele of lettergrepe uit nie, maar lei ook tot klanknabootsing. Die manier waarop mens “aars-e-lende” uitspreek, is byvoorbeeld ’n nabootsing van ’n twyfelagtige, huiwerende manier van praat. Die voorafgaande “(a)” dra weer nie tot die betekenis van die reël by nie, maar die herhalende klinker roep ’n klank met erotiese konnotasies op. Sulke klanke kom ook elders in Temmingh se werk voor, byvoorbeeld in Radar (1982).

Met die dubbelsinnige betekenisse en erotiese verwysings van “N.P. Van Wyk Louw II” in ag geneem, is die kabaretstyl waarin Temmingh hierdie gedig toonset, ’n gepaste keuse. Die klavierinleiding roep onmiddellik jazz op, ’n genre wat ná die Tweede Wêreldoorlog ’n groot invloed op kabaret gehad het (Wachsmann en O’Connor 2001). Beskou byvoorbeeld die gesinkopeerde intredes van die linkerhandmelodie en die swing-effek van die agstenoot-kwartnoot- of kwartnoot-agstenoot-patrone onder triole.

The Oxford companion to music beskryf ’n kabaretlied as “a strophic ballad in which the text – usually satirical, erotic, or sentimental – is as important as its musical content and is frequently delivered in a style poised between speech and song” (Ashley 2011). Alhoewel “N.P. Van Wyk Louw II” te kort is om as strofies of balladeagtig geklassifiseer te word, is dit beslis narratief, soos die meeste kabaretliedere. In ooreenstemming met hierdie genre is “N.P. Van Wyk Louw II” se erotiese inhoud meestal in die vorm van innuendo of dubbelsinnigheid aangebied, soos blyk uit die woordspelings wat vroeër genoem is. Aangesien hierdie lied vermoedelik ’n effens minagtende houding teenoor gelowige instansies en die sosiale verwagtinge rondom weduweeskap vertoon, kan dit ook as ’n satiriese lied beskou word wat krities teenoor die samelewing staan.

Die “style poised between speech and song” (Ashley 2011) van kabaretliedere maak dikwels van Sprechgesang gebruik (Wachsmann en O’Connor 2001). In teenstelling met Schönberg se meer voorskriftelike gebruik van hierdie tegniek in Pierrot lunaire word daar van die kabaretsanger verwag om sy/haar interpretasie van die stemming van die woorde af te lei (Wachsmann en O’Connor 2001). Temmingh gebruik die kabaretstyl om die gedig se satiriese en erotiese implikasies te beklemtoon. Die glissandi op “aars-e-lende” en “beswaard” (Figuur 12) dra tot die vertolking van die woorde by en verleen sensualiteit aan die stemparty. Die frase “(die dag is goed)” is met x’e op die nootstele genoteer om aan te dui dat die woorde meer gepraat as gesing moet word. Dit staan daarom uit teen die omliggende frases, wat hierdie frase se funksie as ’n tussenwerpsel beklemtoon. Die gebruik van spraak impliseer dat die luisteraar die woorde as sarkasties moet verstaan. Die frase bied aan die sangeres die geleentheid om meer “vocal fry” – ’n growwe, borrelende toonkleur wat as gevolg van ’n uiters ontspanne stembandsluiting op lae frekwensies plaasvind (McKinney 2005:94) – aan te wend as wat oor die algemeen vir vroulike sangers in die Westerse klassieke sangtradisie aanneemlik is.

Figuur 12. “N.P. Van Wyk Louw II” maat 12–16

Die begeleiding lewer eweneens bewys van hoe treffend Temmingh die kabaretstyl wat hy in die vokale party oproep, sy eie maak. ’n Dissonante akkoord (E – A – B-mol – D), wat soos ’n wisselnoot ’n heeltoon na onder en dan weer terug na bo verskuif word, verskaf die harmoniese agtergrond vir die lied, terwyl die basfiguur soos ’n lui lopende bas (“walking bass”) die swoel atmosfeer van die toneel weergee (Figuur 13). Dit is interessant om daarop te let dat die toonhoogtes van hierdie figuur grootliks aan die oktatoniese toonleer ontleen word, ’n tendens wat dikwels in Temmingh se melodiekonstruksie voorkom.

Figuur 13. “N.P. Van Wyk Louw II” maat 1–8

2.6 Uys Krige

O wee,
o wee,
in swart geklee
op ’n Sondagmiddag
loop die we-
duwee
Viljee
met twee,
net twee
kolliehonde langs die see,
die see,
die see … (Opperman 1964:27)

Opperman (1986:22) beskryf Uys Krige se poësie soos volg: “Opsommenderwys gee hy ’n reeks fyn waarnemings wat hy deur die ‘pelgrimsfiguur’ verbind en één bepaalde stemming wat hy met sterk klankmiddele vertolk.” Die pelgrimsfiguur kan die gedaante van ’n matroos, soldaat, kranksinnige, of enige ander eensame figuur aanneem. Hierdie figure word gebruik om bitter of melancholiese ruimtes op te roep. “[I]n hierdie ruimtes,” skryf Opperman (1986:22), “laat hy die aarde, dikwels die aardse en kleinlike, verbygaan as ’n eindelose see, ’n troostelose woestyn, ’n ver vallei.” ’n Goeie voorbeeld is die eensame ruiter teen ’n bergagtige landskap in Krige (1973:62) se gedig “Verre blik”.

Ook “Uys Krige” toon ’n eensame figuur in ’n ruim, oop landskap. Die gedig vestig eerstens die leser se aandag op die weduwee in haar swart gewaad. Die openingsreëls “O wee, O wee” is ’n duidelike aanduiding dat sy ontsteld is. Daarna sluit die gedig se beeldskepping die see in. Opperman skep humor in hierdie droewige toneel deur hoe hy na die honde verwys: “met twee, net twee, kolliehonde”. Die oortollige “net twee” dra nie tot die betekenis van die gedig by nie, maar is ’n nabootsing van hoe Krige se poësie gereeld herhaling bevat. Die “net twee” impliseer dat die weduwee iets wat heel normaal is – om twee honde te hê – as iets pynlik ervaar. Deur hierdie redenering verder te voer kan mens spekuleer dat ook die weduwee se getreur oor haar oorlede man oordrewe is, wat dan tot die oordrewe toon van die gedig bydra.

Die uitroep “O wee, o wee” dra ook sterk tot hierdie toon by. Die uitroep is stereotiep en argaïes. Opperman het vermoedelik hierdie uitdrukking in “Met apologie” gebruik om te verwys na hoe Krige gereeld die uitroep “O” aan die begin van ’n reël gebruik. In Krige se “Tram-ode” is dit amper oorbodig: “O Aldarín! O Verre Ooste! / O staalgrys skip wat deur die deining dring!” (Krige in Opperman 1986:155).

Krige maak dikwels op klankmiddele staat om atmosfeer in sy gedigte te skep. Opperman (1986:22) meen dat hierdie sensitiwiteit teenoor klank reeds in die poësie van J.F.E. Celliers, A.G. Visser en I.D. du Plessis teenwoordig was, maar dat hulle dit in stereotiepe versvorme aangewend het. Krige benut egter die potensiaal van klank in vrye vers en sy benadering is meer speels en soepel as dié van sy voorgangers (Opperman 1986:22). Beskou die volgende uittreksel uit “Tram-ode”:

O wakker mars van name deur my gees
van stede, dorpe, plase – plekke waar ek eens gewees het,
waar ek verlang het om nog eendag te wees
toe ek as seun, verruk, onder die lamplig saans van hulle gelees het.
(Krige in Opperman 1986:156).

Opperman (1986:22) kritiseer soms Krige se gebruik van klank: “Die gevare is ’n verwaarlosing van die vorm, ’n teveel van klank, ’n wydlopigheid; m.a.w. sy drif bring soms ’n gebrek aan vormtug mee.” Hierdie kritiek is van toepassing op bostaande uittreksel uit “Tram-ode”. Die gedig se metrum en samehangende vorm word opgeoffer om die frases “gewees het” en “gelees het” in te sluit. Mens kry ook die indruk dat Krige doelbewus woorde met die “ee”-klank gekies het, alhoewel hierdie woorde middelmatig is en ander woordkeuses meer treffend en beskrywend kon gewees het.

In “Uys Krige” is die assonansie van die “ee” ’n belangrike klankmiddel. Die herhalings “O wee, o wee”, “met twee, net twee” en “die see, die see, die see” lig hierdie klankmiddel sterk uit. Dit verleen ’n skerper, dalk selfs kritiese trant aan Opperman se parodie van Krige. Aangesien Opperman (1986:22) soms Krige se gebruik van klankmiddele kritiseer, is dit te verwagte dat hy ’n skertsende verwysing daarna in “Met apologie” sou maak. In teenstelling met “Tram-ode” ontwrig Opperman se gebruik van die “ee” nie die metrum of vorm van die gedig nie. Die oorbodige herhaling beklemtoon eerder die rol van klank bo dié van betekenis in hierdie gedig.

Wanneer komponiste gedigte toonset, sal hulle dikwels die akoestiese eienskappe van die teks vir musikale doeleindes benut. Kofi Agawu onderskei tussen die fonologiese en semantiese funksies van woorde in vokale musiek. Hy (2016:121) beskryf die eersgenoemde as die “play element” wat met “experimentation, and the lighter aspects of musical expression” gepaard gaan. Agawu (2016:121) voer ook aan: “To play in music is to invest in repetition, and to embrace repetition is to emphasize sound over meaning, the phonological over the semantic.”

In “Uys Krige” benut Temmingh die fonologiese funksie van die teks. Die speelsheid daarvan word deur die komponis beantwoord deurdat hy die woorde wat die “ee”-klank bevat – “wee”, “geklee”, “weduwee”, “Viljee”, “twee” en “see” – almal met behulp van ’n dalende of stygende halftoon verklank, so asof hierdie musikale “rym” parallel tot die rym van die woorde gehoor moet word. Die onverbiddelike “melancholiese ruimtes” waarna verder bo verwys word en wat ook in hierdie gedig aanwesig is, vind gepaste verklanking in die streng komposisiestyl van die fuga.

“Uys Krige” is in die styl van neoklassieke lineêre polifonie geskryf en herinner veral aan die musiek van Paul Hindemith, meer spesifiek soos dit in sy Ludus tonalis voorkom (sien Figuur 14).

Figuur 14. “Uys Krige”, maat 1–3

Hoewel die toonsetting van “Uys Krige” in fugale styl is, is dit nie ’n volledig uitgewerkte fuga nie. Die driestemmige werk begin wel met ’n konvensionele eksposisie met ’n antwoord op die tema in die kwint, gevolg deur ’n derde intrede ’n oktaaf hoër as die oorspronklike tema. Die intredes van die tema word deur vloeiende kontrapunt begelei sonder dat daar ’n kontratema tot stand kom. Die interessante kenmerk van hierdie eksposisie is dat die derde intrede deur die stemparty verdubbel word en dat die stem dus nie op sy eie teen die klavier sing nie. Nadat die eksposisie afgehandel is, volg daar ’n intrede van die tema ’n kwart hoër as die oorspronklike intrede, wat gebruik word om die volgende deel van die teks voor te stel (“loop die weduwee Viljee …”). Die ongemaklike skandering op die woorde “loop” en “twee” kan as tong-in-die-kies vertolk word, in ooreenstemming met die algemeen humoristiese ondertoon van die werk in sy geheel. In teenstelling met die fugas in Hindemith se Ludus tonalis eindig “Uys Krige” nie op dieselfde toonsentrum as waarop dit begin het nie, maar met ’n mineur drieklank op C-kruis.

Temmingh se fugatema is ’n noukeurige toonsetting van Opperman se teks. Beskou die volgende skandering van die eerste reëls:

x /   x /   x /   x /
O wee | o wee | in Swart | ge- klee

 

Die tweede lettergreep van elke versvoet dra aansienlik meer klem as die eerste lettergreep. Die herhaling van die “ee” lig hierdie klem selfs meer uit. Die reël het daarom ’n duidelike ritmiese eienskap wat oor al die versvoete konstant bly. Temmingh se fugatema komplementeer hierdie ritme op verskeie maniere. Die sterk polse stem deurgaans met die beklemtoonde lettergrepe ooreen. Die teks se metrum word verder beklemtoon deurdat elke versvoet volgens ’n stygende of dalende halftoonmotief getoonset word.

In die laaste paar mate lig die dalende halftoonmotief Opperman se herhaling van “die see” uit. Anders as in die res van die lied word die motief hier nie omgekeer of as ’n sekwens aangebied nie. Temmingh besluit eerder om dieselfde toonhoogtes drie keer in die stemparty te herhaal terwyl die begeleiding gevarieer word. So beklemtoon die laaste mate die oorbodige herhaling van “die see”. Temmingh se toonsetting is daarom noukeurig bewus van die parodie en humor van Opperman se teks.

2.7 Elisabeth Eybers

Sy staar na die blou are op haar hand
terwyl sy in die Sondagmiddag wat
neerskyn op die rustelose strand,
geduldig sit of loop en peins: Nou dat

die vreemde bloeisel van herinnering
– skaars liefde, skaars geluk – nog vir haar bly
sal sy uit hierdie aardse wisseling
en haar verlies tog weer die sterkte kry.

So het sy klaarheid in haar gees gevind
en so geweet die middag langs die see
sy sal aan die twee kinders wat haar bind
haar hele lewe wy as weduwee;
en word sy later weer deur een gevra
wat sal sy vir hom antwoord: Nee of Ja? (Opperman 1964:28)

Die subjektiewe vroulike ervaring is ’n belangrike tema in Eybers se poësie. Opperman (1986:25) skryf: “Die sentrale tema van Elisabeth Eybers se werk is die vroulike hart met al sy stemmings van vreugde en verdriet, met sy herinneringe, sy mymeringe oor geboorte, pyn en dood” (vgl. ook Spies 2006). Hierdie tema is prominent in Opperman se “Elisabeth Eybers”. Die gedig toon verskeie ooreenkomste met “Verhaal” uit Eybers se bundel Die ander dors (1946). Albei gedigte beeld ’n vrou uit wat geduldig oor haar eensaamheid nadink en uiteindelik tot ’n belangrike insig kom of karakterontwikkeling toon. Die gedigte besing hoe vroue soms hul pyn en ontsteltenis op ’n stil, teruggetrokke wyse kan verduur.

In “Elisabeth Eybers” vind die weduwee vertroosting deur haarself te herinner aan “die twee kinders wat haar bind” en die moontlikheid dat sy dalk weer in die toekoms “deur een gevra” sal word. Aangesien die twee kolliehonde nie in hierdie gedig verskyn nie, kan mens aflei dat hulle deur twee kinders vervang is, of dat die weduwee haar honde as haar kinders beskou. In “C.M. van den Heever” word die weduwee getroos deur haar aandag op die ewige in plaas van die tydelike te vestig en in “N.P. Van Wyk Louw II” geniet sy die persoonlike en seksuele vryheid wat deur weduweeskap moontlik gemaak word. In “Elisabeth Eybers” vind sy egter haar vertroosting in die gedagte aan kinders en ’n nuwe huwelik.

Die woordbehandeling in Temmingh se toonsetting, wat die impressionistiese styl van Debussy oproep, komplementeer die nuanses van die gedig. Beskou die toonsetting van “vreemde” in maat 16 (Figuur 15). Die opwaartse sprong na D en die gepunteerde ritme laat die woord teen die ander rustige klanke en beelde uitstaan. Op “wisseling” in maat 21 (Figuur 16) stel die kort nootwaardes ’n vinnige beweging voor en vertolk dit die woord deur klanknabootsing. Die skielike G-kruis beklemtoon ook die onvoorspelbaarheid van die frase. In maat 22 dra die mineurintervalle tot die hartseer affek van die woord “verlies” by. Die majeur derde en rein vierde by “tog weer die sterkte kry” kontrasteer met die voorafgaande intervalle en stel emosionele veerkragtigheid voor.

Figuur 15. “Elisabeth Eybers”, maat 16–18

Figuur 16. “Elisabeth Eybers”, maat 20–24

Soos voorgestel deur Opperman se subtitel “Portret van ’n weduwee”, “skilder” Eybers se gedigte dikwels ’n beeld van ’n vroulike figuur. “Eerste liefde” (Eybers in Opperman 1986:171) personifieer byvoorbeeld die gevoelens van die spreker se eerste romantiese verhouding in die gestalte van ’n jong vrou wie se voorkoms noukeurig beskryf word. “Maria” beskryf ook ’n gedetailleerde prentjie van die Maagd Maria in die reëls: “Toe jy soms met ’n glimlag langs / jou liggaam stryk” (Eybers 2021:9). Opperman se parodiërende teks beeld ook ’n eensame vroulike figuur in fyn visuele besonderhede uit. Die gedig begin met die weduwee wat na die blou are op haar hand staar.

Opperman se gedig én Temmingh se toonsetting vertoon ’n sterk visuele komponent. Dit is welbekend dat impressionistiese musiek hierdie eienskap bevat en Temmingh se nabootsing van hierdie styl lok dienooreenkomstige beelde in die verbeelding uit. Sommige van Eybers se gedigte, met titels soos “Herinnering” of “Verhaal”, poog om die visuele indruk van ’n persoon of ervaring op ’n spesifieke tydstip vas te vang. In Digters van Dertig wys Opperman (1962:49) die opbloei van “impressies en impressionisme” onder die Dertigers uit, wat beslis op Eybers se werk van toepassing is.

Soos Eybers se gedigte, vang impressionistiese skilderkuns ook subjektiewe en oombliklike indrukke van hul onderwerpe vas. Die impressionistiese styl van Debussy, ’n komponis wat aansienlik deur visuele kuns beïnvloed was, is daarom ’n gepaste keuse vir die toonsetting van Opperman se Eybers-styl-gedig. In sy biografie oor Debussy skryf Louis Laloy dat dit digters en visuele kunstenaars was by wie die komponis sy waardevolste lesse geleer het, en nie by musici nie (Lesure en Howat 2001). Debussy het glo in 1911 aan Edgard Varèse gesê: “I love pictures almost as much as I love music” (Lesure en Howat 2001), en hy het gereeld die terminologie van die visuele kunste gebruik wanneer hy musiek bespreek.

Die subtitel van die lied vorm dus ’n interessante raakpunt met die impressionistiese idioom waarin Temmingh die gedig getoonset het. “Elisabeth Eybers” toon sterk ooreenkomste met Claude Debussy se Voiles. Die lied se eerste paar mate (Figuur 17) stem ooreen met die ritmes en melodiese kontoere wat gereeld in Voiles voorkom. Eweneens herinner die vergrote akkoorde, parallelle majeur derdes en die onderliggende heeltoonstruktuur van ’n groot deel van die werk aan Debussy. Veral noemenswaardig is die wyse waarop vergrote akkoorde aangewend word. Die eerste akkoord in onderstaande voorbeeld bestaan uit twee vergrote drieklanke waarvan die grondtone ’n heeltoon van mekaar verwyder is. Die ses toonhoogtes wat sodoende gehoor word, dek die volledige heeltoontoonleer. Dieselfde geld ook vir die verhouding van die toonhoogtes in die tweede akkoord van maat 3 (sien Figuur 17). Hierdie akkoordkonstellasie kom verskeie kere voor, weliswaar op verskillende toonhoogtes: In maat 9 is dit C – E – G in die linkerhand en D – G-mol – B-mol in die regterhand; in maat 23 is dit E – G-kruis – C in die linkerhand en D – F-kruis – A-kruis in die regterhand. Die “Ja” op die vraag of die weduwee weer sal trou as die geleentheid hom voordoen, word op verrassende wyse verklank – met ’n reeks majeur drieklanke waarvan die grondtone in ’n snit van die oktatoniese toonleer met mekaar in verband gebring word. Sodoende kry die “Ja” ’n groter waarskynlikheid as die “Nee”, wat by die luisteraar onwillekeurig ’n glimlag ontlok.

Figuur 17. “Elisabeth Eybers”, maat 1–3

2.8 Ernst van Heerden

In lanferwimpels tree,
haar wandelstok ’n swaard,
die weduwee Viljee
in grandiose vaart

verby die sinderende kaai.
Waarheen die bruingepeesde spiere,
die slink en wulpse draai
van haar kaniene diere? (Opperman 1964:29).

Die protagoniste van Ernst van Heerden se gedigte is soms hipermanlike figure soos atlete, boksers en soldate. Hierdie protagoniste bied geleenthede om die skoonheid van die manlike liggaam te besing, soos in “Die bokser” en “Die gewigopteller”. Opperman se frase “bruingepeesde spiere” roep dieselfde beeld op as “die ruie vlegsel van die spier” in “Die gewigopteller” (Van Heerden 1986:200).

In sy bundel Weerlose uur (1942) gebruik Van Heerden soms indrukwekkende, oordrewe beskrywings wat P. du P. Grobler (1947:76–8) toeskryf aan ’n neiging tot dandyïsme en die begeerte om “nie gewoon te wees nie”. Grobler noem ook dat Van Heerden ’n voorliefde vir die Latyns-Griekse woord het, byvoorbeeld “somnambulisties”, “sentrifugaal”, en “matematies”. Opperman lig beide hierdie eienskappe in “Ernst van Heerden” uit. Sy nuutskepping “lanferwimpels”, asook die vergelyking van die weduwee se kierie met ’n swaard, verander die alledaagse beeld van ’n vrou wat met haar honde langs die see stap in ’n epiese, heldhaftige toneel. “Sinderende” en “kaniene” het ook ’n Latyns-Griekse klank, wat tot die oordrewe toon van die gedig bydra. Opperman se “lanferwimpels” verwys waarskynlik na die “wapperende wimpels” wat, soos Grobler (1947:78) dit stel, “so ylend deur Weerlose uur gewaai het”.

Vir sy toonsetting van “Ernst van Heerden” kies Temmingh ’n rustelose, voortstuwende idioom wat sterk aan die klavierwerke van Dmitri Sjostakowitsj herinner. Die duidelikste verwysing na hierdie komponis is die D – E-mol – C – B-patroon (Figuur 18), ook bekend as die Sjostakowitsj-motief, wat Temmingh se verbeelding jare lank aangegryp het en menige keer direk aangehaal of in gevarieerde vorm in sy musiek aangebied word. Die dalende halftoon-heeltoon-halftoon-patroon wat dikwels in Temmingh se komposisies voorkom, is ’n permutasie van hierdie motief. In “Ernst van Heerden” bestaan die melodiese materiaal van die stemparty tot by maat 27 amper uitsluitlik uit die Sjostakowitsj-motief. In die eerste mate van die begeleiding (Figuur 19) verwys die frases in parallelle drie-oktaaf-intervalle ook na Sjostakowitsj. Die eerste beweging van sy Klavierkonsert No. 2 bevat presies dieselfde passasie, alhoewel die metrum en frasering effens verskil. In maat 30–35 (Figuur 20) herinner die herhalende derdes ook aan Sjostakowitsj se pianistiese komposisiestyl. Die grandiose uitbeeldings in “Ernst van Heerden” kan vereenselwig word met die voortstuwende energie en militaristiese assosiasies wat in baie van Sjostakowitsj se musiek voorkom, veral in die eerste beweging van sy Klavierkonsert No. 2.

Figuur 18. “Ernst van Heerden”, maat 11–15

Figuur 19. “Ernst van Heerden”, maat 1–2

Figuur 20. “Ernst van Heerden”, maat 30–36

Alhoewel die teks in twee strofes van vier reëls elk opgedeel is, verander die tema in die sesde reël, wanneer die aandag vanaf die weduwee na haar honde verskuif. Die struktuur van Temmingh se toonsetting weerspieël hierdie aandagverskuiwing deur die klaviertussenspel wat tussen die vyfde en sesde reëls geplaas is. Die laaste drie frases van die stemparty is onbegeleid (Figuur 21) behalwe dat die klavier die eindes van die frases met kort staccato-kadense beklemtoon. Die kragdadigheid van die dinamiek en artikulasie van hierdie kadense dra by tot die humor van die oordadige teks.

Figuur 21. “Ernst van Heerden”, maat 37–47

Die laaste reëls bevat erotiese implikasies. Beskou die sensuele verskuiwing van D-mol na D-herstel en weer terug na D-mol onder die frase “bruingepeesde spiere” en in “die slink en wulpse draai / van haar kaniene diere”. Die dierlike eienskappe van “kaniene diere” kan daarom in ’n erotiese sin verstaan word. Met die geïmpliseerde aangetrokkenheid tot haar honde is hierdie uitbeelding van die weduwee selfs meer kontroversieel as in “N.P. Van Wyk Louw II”. Die laaste pp-akkoord in die klavierparty nooi die luisteraars uit om, weer eens, hul eie afleidings te maak.

2.9 S.J. Pretorius

O Here! ek word so opgewonne
as ek die arme honne
so kaalpoot sien draf,
maar wat kan ek, we-
duwee Viljee,
doen met my pullover en staf? (Opperman 1964:30)

Opperman (1986:28) meen dat daar eenvoud en meegevoel, veral vir lede van die werkersklas en arm gemeenskappe, in die gedigte van S.J. Pretorius waargeneem kan word. A.P. Grové (in Van Coller en Odendal 2005:4) verwys na die woordeskat wat Pretorius soms benut as “gewone onmooie” taal. Die eenvoudige taal in “S.J. Pretorius” kontrasteer met die meeste gedigte in “Met apologie”. Die woorde “opgewonne” en “honne” word byvoorbeeld volgens die informele uitspraak geskryf in plaas van volgens die standaardspelling.

Die musiek van “S.J. Pretorius” is nie tonaal gekonsipieer nie, hoewel die noot B in die eerste en laaste maat taamlik prominent voorkom. Drie soorte intervalkonstellasie, wat onderling verwant is, bepaal die struktuur van die musiek. Die een bestaan uit dalende halftoonbeweging (sien die eerste maat van Figuur 22), wat elders tot ’n dalende chromatiese toonleer uitgebrei word (sien die stemparty vanaf maat 6, Figuur 23). Die ander interval wat strukturele belang verkry, is die mineur derde (soms ook die majeur derde) wat aan die begin van die lied nie net die verhouding tussen die twee stemme in die klavierparty bepaal nie (sien Figuur 22, maat 1), maar ook die wyse waarop die akkoorde in mate 1–3 mekaar opvolg. Hierdie akkoorde kan almal ontleed word as mineur (of majeur) drieklanke in tweede omkering wat nie tonaal aan mekaar verwant is nie. Hierdie progressie kom meermalig in die klavierparty voor (sien ook mate 4–5 en maat 8). Sodanige akkoordprogressie is reeds in sommige van die ander liedere opgemerk. Die derde konstellasie van intervalle is die oktatoniese toonleer wat die struktuur van die laaste deel van die stemparty bepaal (sien Figuur 23, mate 17–19). Die laaste drie mate sluit die lied af met ’n vae verwysing na die dalende halftoonbeweging wat aan die begin gehoor is. In die regterhand is dit D – C-kruis – (B) – C – B (mate 22–24).

Figuur 22. “S.J. Pretorius”, maat 1–2

Soos “N.P. Van Wyk Louw I”, vereis hierdie lied se stemparty ’n Sprechgesang-benadering. Die eerste lettergreep van “opgewonne” in maat 8 (Figuur 23) is genoteer as ’n pyl wat boontoe wys, wat aandui dat dit op ’n onbepaalde hoë toonhoogte gesing moet word. Die portamento op “arme”, asook die gereelde chromatiese passasies en skielike registerveranderinge moedig ook Sprechgesang aan. Soos in die vorige voorbeeld van Schönberg se Pierrot lunaire, word Sprechgesang dikwels met waansin vereenselwig. Hierdie tegniek, veral wanneer dit met vrye atonaliteit gekombineer word, impliseer dat die weduwee ylhoofdig is. Waar die teks in “N.P. Van Wyk Louw I” uitdruklik na waansin verwys, beskryf die teks van “S.J. Pretorius” nie die weduwee as waansinnig nie. Hierdie konnotasies is slegs in die musiek. Temmingh se toonsetting vereenselwig daarom ook “S.J. Pretorius” met die stereotiepe musikale uitbeeldings van die “mal vrou”.

Figuur 23. “S.J. Pretorius”, maat 6–19

Benewens die implikasies van waansin, beeld die gebruik van Sprechgesang ook die weduwee as ’n apologetiese, beskimmelde en oorvriendelike karakter uit. In maat 9–11 span Temmingh Sprechgesang op ’n skerpsinnige wyse in om die weduwee se beheptheid met haar honde uit te beeld. Hier boots die stemparty die infleksies van motherese of baby talk na: ’n vereenvoudigde, sangerige spraakstyl op ’n hoë toonhoogte wat gebruik word om met babas of klein kindertjies te praat (Oxford English dictionary online 2020). Die afwaartse portamento oor die interval van ’n 13de, gevolg deur ’n chromaties dalende passasie in die laer register, herinner veral aan die liltende kontoere van babataal. Dat die weduwee babataal met haar honde praat, is ’n skerpsinnige musikale voorstelling van haar beheptheid met hulle.

Hierdie beheptheid dra by tot die patetiese, hulpelose beeld wat die lied van haar skep. Die laaste reëls, “maar wat kan ek, weduwee / Viljee / doen met my pullover en staf?”, impliseer dat sy haarself as ’n onbevoegde persoon met min beheer oor haar eie lewe beskou. Sy beklemtoon haar status as weduwee asof sy dit as verskoning vir haar hulpeloosheid wil voorhou. Haar verwysing na haar kleredrag is amper apologeties. In die laaste reëls boots die kwartnoot rustekens wat die frase onderbreek, ’n weifelende spraakwyse na.

Die weduwee roep die stereotiepe beeld op van ’n patetiese, dog dierbare middeljarige vrou wie se lewe om haar huislike rol wentel. Omdat sy nie die selfvertroue het om enige omstandigheid buite die huislike sfeer aan te durf nie, kaats sy enige aandag wat op haar gevestig word, eerder na haar eggenoot of kinders. In hierdie lied is die weduwee se man nie meer daar om haar teen hierdie gevoel van ondergeskiktheid te beskut nie. Daarom vestig sy alle aandag op haar honde. “S.J. Pretorius” beeld daarom die weduwee uit op ’n wyse wat nog nie in die voorafgaande liedere gevind is nie. Waar “N.P. Van Wyk Louw I” waansin in sowel die teks as die musiek uitbeeld, lê die implikasies van waansin in “S.J. Pretorius” slegs in die musiek, soos reeds genoem. Hierdie verwantskappe word dan gekombineer met tekstuele en musikale elemente wat die weduwee as ’n beskimmelde, selfafkeurende vrou voorstel.

 

3. Ten slotte

Die voorgaande bespreking toon hoe, in die geval van Temmingh se kunsliedsiklus Met apologie, die toonsetting van ’n gedig die teks nie net musikaal inklee nie, maar ’n addisionele dimensie of interpretasievlak aan die gedig toevoeg. Buitendien skep die stilistiese diversiteit deur middel van intertekstuele verwysings ’n wyer raamwerk waarbinne die toonsetting en die parodiërende teks verstaan kan word.

Dit is duidelik dat Rob Antonissen se kommentaar in verband met Opperman se gedigte, “raak getref én tog onaangetas gelaat”, eweneens op Temmingh se toonsetting van toepassing gemaak kan word (vandaar die aanhaling van dié stelling in die titel van hierdie artikel). Gevolglik verskil Temmingh se liedsiklus van ander voorbeelde van musikale parodie soos dit deur byvoorbeeld Denisov (2015) bespreek word. Volgens hom verskaf sulke musiek dikwels ʼn satiriese en groteske weergawe van die model wat dit parodieer, met die uitdruklike doel om dit te kritiseer, die spot daarmee te dryf of dit belaglik te maak. “Deformation”, “agglutination” en “hyperbole” is van die tegnieke wat volgens Denisov gebruik word om hierdie effek te bereik (2015:57 en 63). Tilmouth (2001:147), daarenteen laat nie na om veral ook die humoristiese aspek van parodie te beklemtoon nie. Von Dadelsen (1997:1394) staan egter ook baie ruimte af aan die ernstige en herskeppende kenmerke van parodie in veral vroeë musiek, terwyl hy manifestasies daarvan in latere musiek selfs as “sekondêr” bestempel. Temmingh se toonsetting (en Opperman se gedigte) lê iewers tussen hierdie uiteenlopende tiperings, met die element van humor wat as die sterkste kenmerk na vore tree.

 

Bibliografie

Agawu, V.K. 2016. The African imagination in music. New York: Oxford University Press.

Antonissen, R. 1974. Bespreking. In Grové (red.) 1974.

Ashley, T. 2011. Cabaret. The Oxford companion to music. https://www-oxfordreference-com.ez.sun.ac.za/view/10.1093/acref/9780199579037.001.0001/acref-9780199579037-e-1066 (3 Desember 2020 geraadpleeg).

Denisov, A.V. 2015. The parody principle in musical art. International Review of the Aesthetics and Sociology of Music, 46(1):55–72.

Du Plessis, I.D. 1931. Lied van Ali en ander gedigte. Kaapstad: Nasionale Pers.

—. 1943. Die vlammende fez. Kaapstad: Unie-Volkspers Beperk.

Du Plooy, H. 2003. Spore in die sand – ’n herbeskouing van die oeuvre van C.M. van den Heever. Literator, 24(1):1–18.

Eybers, E. 1946. Die ander dors. Johannesburg: Constantia.

―. 2021. Immigrant. Kaapstad: Human & Rousseau.

Finscher, L. (red.). 1997. Die Musik in Geschichte und Gegenwart. Sachteil, vol. 7. Kassel, Basel, Londen, New York, Praag: Bärenreiter / Stuttgart, Weimar: Metzler.

Franke, V. 2011. Roelof Temmingh, exponent of South African art music: a tribute and work-list. Musicus, 39(2):10–27.

—. 2012. South African orchestral music: Five exponents. Acta Musicologia, 84(1):87–125.

Grobler, P. du. P. 1947. Die digter Ernst van Heerden. Theoria: A Journal of Social and Political Theory, 1(1):76–81.

Grové, A.P. (red.). 1974. D.J. Opperman – dolosgooier van die woord. Kaapstad: Tafelberg.

Grové, I.J. 2010. ’n Eeu van Afrikaanse liedkuns [CD]. Minette du Toit-Pearce, André Howard, Vanessa Tait-Jones, Elna van der Merwe. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch.

Klatzow, P. (red.). 1987. Composers in South Africa today. Kaapstad: Oxford University Press.

Krige, U. 1973. ’n Keur uit sy gedigte. Pretoria: Van Schaik.

Lesure, F. en R. Howat. 2001. Debussy, (Achille-) Claude. Grove Music Online. https://doi-org.ez.sun.ac.za/10.1093/gmo/9781561592630.article.07353 (2 Desember 2020 geraadpleeg).

Louw, W.E.G. 1934. Die ryke dwaas. Kaapstad: Nasionale Pers.

Lüdemann, W.A. 1987. Roelof Temmingh. In Klatzow (red.) 1987.

—. 1996. Is the Chameleon showing its true colour? Roelof Temmingh at fifty. South African Journal of Musicology, 16(1):59–62.

—. 2017. Roelof Temmingh’s music for organ. Vir die Musiekleier, 37(1):68–99.

―. 2020. Windows on South African Art Music in the European tradition. Doktorale proefskrif, Universiteit Stellenbosch: SUNScholar. http://hdl.handle.net/10019.1/109124.

—. 2021. Roelof Temmingh’s Kantorium. To the Director of Music / Vir die Musiekleier, 41(1):29–57.

McKinney, J.C. 2005. The diagnosis and correction of vocal faults: a manual for teachers of singing and for choir directors. Long Grove: Waveland Press.

Opperman, D.J. 1949. Joernaal van Jorik. Kaapstad: Nasionale Pers.

—. 1962. Digters van Dertig. Kaapstad: Nasionale Boeke Bpk.

—. 1964. Kuns-mis (1947–64). Kaapstad: Human & Rousseau.

Opperman, D.J. (red.). 1986. Senior verseboek. Kaapstad: Tafelberg.

Oxford English dictionary online. 2020. S.v. “Motherese”. https://www-oed-com.ez.sun.ac.za/view/Entry/246311?redirectedFrom=Motherese (30 November 2020 geraadpleeg).

Potgieter, J.H. 1967. ’n Analitiese oorsig van die Afrikaanse kunslied, met klem op die werke van Nepgen, Gerstman, Van Wyk en Du Plessis. Doktorale proefskrif, Universiteit van Pretoria.

Sadie, S. (red.). 2001. The new Grove dictionary of music and musicians. 2de uitgawe, Vol. 8. Londen: Macmillan.

Said, E. 1977. Orientalism. The Georgia Review, 31(1):162–206.

Scheepers, G.S.C. 2019. The life and work of Roelof Temmingh (1946–2012): A conductor’s guide to selected choral works. Doktorale proefskrif, Universiteit van Washington.

Segalen, V. 2002. Essay on exoticism: An aesthetics of diversity. Durham en Londen: Duke University Press.

Sheppard, W.A. 2016. Exoticism. Oxford Bibliographies. https://www.oxfordbibliographies.com/view/document/obo-9780199757824/obo-9780199757824-0123.xml (13 Junie 2022 geraadpleeg).

Spies, L. 2006. Die poësie van Elisabeth Eybers: ’n Digterskap van sewentig jaar. Tydskrif vir Letterkunde, 43(2):57–78.

Temmingh, R. 1992. Met apologie. (Ongepubliseerde manuskrip).

Tilmouth, M. 2001. Parody (ii). In Sadie (red.) 2001.

Van Coller, H.P. en B.J. Odendal. 2005. S.J. Pretorius: ’n miskende digterskap? Stilet, 17(1):1–36.

Van Heerden, E. 1942. Weerlose uur. Kaapstad: Nasionale Pers.

Van Rensburg, F.I.J. 2006. Van Wyk Louw in ligter luim. Tydskrif vir Letterkunde, 43(1):26–41.

Verster, P. 2020. ’n Ondersoek na Christelike digkuns in Afrikaans na aanleiding van die bloemlesing Die mooiste Afrikaanse Christelike gedigte (2017). LitNet Akademies, 17(2):300–19. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2020/09/LitNet_Akademies_17-2_Verster_300-319.pdf

Von Dadelsen, G. 1997. Parodie und Kontrafaktur. In Finscher (red.) 1997.

Wachsmann, K. en P. O’Connor. 2001. Cabaret. Grove Music Online. https://doi-org.ez.sun.ac.za/10.1093/gmo/9781561592630.article.04505 (3 Desember 2020 geraadpleeg).

White, B. 2011. Sprechgesang. The Oxford companion to music. https://www-oxfordreference-com.ez.sun.ac.za/view/10.1093/acref/9780199579037.001.0001/acref-9780199579037-e-6408 (3 Desember 2020 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 In hierdie artikel word van biografiese besonderhede omtrent die komponis afgesien. Voldoende dergelike inligting is beskikbaar by Lüdemann (1987, 2017, 2020 en 2021), Franke (2011 en 2012) en Scheepers (2019).

2 Hierdie gegewens verskyn op die eerste bladsy van die outograaf.

3 Korrespondensie van Dorette van der Byl van die Rupert Musiekstigting namens Hanneli Rupert-Koegelenberg aan die artikelskrywers, 28 Januarie 2022.

4 D.J. Opperman – Dolosgooier van die woord (1974) bevat twee besprekings van Kuns-mis: Rob Antonissen se bespreking wat hier bo aangehaal word, en ’n bespreking deur A.P. Grové, die boek se redakteur. Dit is na ons wete die mees onlangse kommentaar wat oor “Met apologie” gepubliseer is.

5 Toestemming vir die gebruik van Temmingh se liedsiklus is by die kopiereghouer, dr. Liezl-Maret Jacobs, verkry. Die figure is self geskep.

6 Hierdie term is ’n nuutskepping na aanleiding van die Engelse exoticism/exoticist. Sien ook Said (1977:162–206) en Segalen (2002).

7 Hier gebruik ons Opperman se bewoording en erken die kontroversie rondom die gegewe term.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post "Raak getref én tog onaangetas gelaat." Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se <i>Met apologie</i> appeared first on LitNet.


"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Musical setting of parodic texts in Roelof Temmingh’s Met apologie

$
0
0

Abstract

Roelof Temmingh’s song cycle Met apologie for mezzo soprano and piano (1992) represents one of the most outstanding contributions to the already extensive genre of the Afrikaans art song. It sets to music a series of poems by the same title, published by the Afrikaans poet D.J. Opperman in 1964. In his poems Opperman presents nine parodies in the style of Afrikaans poets from the generation known as the “Dertigers”, based on a common subject, about a widow taking her dog for a Sunday afternoon walk on the beach. The poets parodied in the cycle are C.M. van den Heever, I.D. du Plessis, W.E.G. Louw, N.P. Van Wyk Louw, Uys Krige, Ernst van Heerden, Elisabeth Eybers and S.J. Pretorius. Opperman’s procedure is reminiscent of the musical genre theme and variations, to the extent that the “theme” is to be read out prior to rendering the “variations”. “Raak getref én tog onaangetas gelaat” (“Aptly struck, yet left unscathed”) are the words by which the critic Rob Antonissen describes the manner in which Opperman depicts the targets of his parodies.

In his music Temmingh echoes this procedure by setting each poem to the style of a different composer or genre from the 20th century, including Debussy, Webern, Hindemith and Shostakovich. This article places Opperman’s poems in their wider literary context and then turns to a critical contextualisation and analysis of Temmingh’s songs. Stylistic characteristics of the songs are examined in relation to the composers whom they imitate, in some cases even pointing to specific works that could have served as models. As in the case of its literary model the music has a humorous rather than a satirical intent. It does not resort to distortion of its stylistic model and as such represents a unique kind of parody. At the same time the songs are shown to present particularly apt and evocative musical interpretations of their subject matter. The various guises in which the widow is depicted in the poems, ranging from the tragic to the comical, from the erotic to the obsessive and deranged, are found to be echoed in the respective songs by means of particularly striking musical characterisation. The final song in Met apologie also serves as a case study as to how a musical setting of a poem may add a layer of interpretation or characterisation that was not necessarily present in the written text on its own.

Several observations are made about the challenges a singer faces when endeavouring to perform the songs. With its nine examples of starkly different styles and idioms, Met apologie is a tour de force of compositional variety. Although this cycle demonstrates Temmingh’s ability to compose in various idioms and to imitate other composers very accurately, the songs also exhibit the composer’s own unique voice in an unmistakable way. In that sense Temmingh’s Met apologie must be regarded as a highly significant contribution to South African music at large, worthy of taking its place in the standard repertoire of performers of the voice type for which it was written.

Keywords: Afrikaans art song; D.J. Opperman; Met apologie; parody; Roelof Temmingh; South African art music

 

• The featured image by Dani Cress of this article is available on Pixabay.

Lees die volledige artikel in Afrikaans

"Raak getref én tog onaangetas gelaat." Parodiërende toonsetting in Roelof Temmingh se Met apologie

The post <i>"Raak getref én tog onaangetas gelaat."</i> Musical setting of parodic texts in Roelof Temmingh’s <i>Met apologie</i> appeared first on LitNet.

Gesprek van Estelle Kruger met Fanie Viljoen en Daniël Hugo oor hulle grafiese roman Laaste Lewe (2020)

$
0
0

“Hierdie epiese grafiese roman is gebaseer op Fanie Viljoen se roman [...] wat deur Ransom Publishing gepubliseer is. Die Swart Kraai het Sam se pa doodgemaak, en nou het hy Sam doodgemaak. Sam is egter nie dood nie. Die dood was die sesde van sy sewe lewens, en nou het hy nog een oorblywende lewe - om terug te kom en Die Swart Kraai dood te maak. Die meesterlik kreatiewe Daniël Hugo het hierdie boek geïllustreer en lesers met ’n voorliefde vir die kuns van grafiese romans en strokiesprente sal weggeblaas word deur die besondere details van die illustrasies op elke bladsy.”[1]

Welkom Fanie en Daniël – ek sien hierdie grafiese roman van julle is gebaseer op die Engelse weergawe van Fanie se novelle The last time I died wat in 2016 verskyn het. Natuurlik is ek baie bly dat dit in Afrikaans vertaal is – hoe het julle by hierdie besluit uitgekom?

Fanie: Ek het destyds die novelle in Afrikaans vertaal, maar ek en die uitgewer het besluit dat dit dalk nie vir die Afrikaanse mark sal werk nie. Jare later, met nuwe uitgewers by LAPA, het ons egter besluit om eerder die novelle as ’n grafiese roman te publiseer.

Daniël: Ek is self bly dat die grafiese roman in Afrikaans vertaal is - ek dink daar is beslis ’n Afrikaanse lesersmark wat belangstel in grafiese storievertelling. Dit was egter heeltemal Fanie en die uitgewer se besluit en ek het eers later betrokke geraak.

Vertel asseblief vir ons hoe verloop die proses om ’n grafiese roman te skep? Wat is eerste, die storie of die prentjies? Ek vra dit omdat ek weet jy, Fanie, skryf en skilder...

Fanie: Die storie was eerste daar - in die vorm van die novelle. Met die herskryf moes ek egter in prentjies begin dink. Dit was uitdagend, maar ook pret.

Daniël: Altyd eers die storie! Die uitgewer het vir my Fanie se teks gestuur en dit was duidelik dat Fanie verstaan hoe ’n comic moet lees (slegs een aksie per raampie en om eerder dinge te wys as om dit te beskryf). Van daar het ek deur die teks gegaan en die raampies op so ’n manier gegroepeer dat daar ’n goeie bladsyritme kon wees en dat sekere onthullings op die volgende bladsy aan die leser openbaar sou word. (Ongelukkig het die ontwerper nie die nota gekry nie en het die storie nie op die regterhandse bladsy begin nie.

Dit het gemaak dat die storie nie so mooi lees soos ek graag sou wou hê nie.) Vandaar het ek begin om die karakters te ontwerp en om verwysingsprente te versamel om te help met die visualisering. Ná almal gelukkig was met die karakterontwerpe het ek begin om die bladsye uit te lê en te potlood voor die finale ink.

Ek kan sien in jou skilderye, Daniël,[2] dat jy lankal besig is met die verkenning en eksperimentering van verskillende style. Hoe het julle twee mekaar ontmoet en besluit om saam te werk?

Fanie: My uitgewer, Nandi du Plessis, het die geleentheid vir samewerking gesien en vir my ’n paar van Daniël se vorige illustrasies gestuur.

Daniël: Ons het nooit ontmoet voor die grafiese roman se produksie nie (en het ongelukkig nog nooit in lewende lywe ontmoet nie). Die uitgewer het my in die hande gekry en vertel van die roman en ek was heel gelukkig om aan so ’n verhaal te werk met die donker, fantastiese elemente in Afrikaans.

Dit lyk vir my die bekendste (vertaalde) strokiesprente en -verhale in Afrikaans is dié van die Kuifie-reeks[3] en die Asterix-reeks.[4] Dan was daar ook die Afrikaanse reeks van Agent Snoet[5] deur François Bloemhof en Alistair Ackermann. Watter invloed het hierdie verhale op julle gehad?

Ek het met (soetsappige) fotoverhale grootgeword en my boeties het comics gelees, maar ons moes dit alles onder ons matrasse weggesteek het, want dit was “uit die bose” in ’n baie godsdienstige ouerhuis. Dit bly steeds vir my duister hoekom dit ’n “verbode” lees-en-kyklekkerte was, maar ons durf nie “hoekom” of verduidelikings vra nie... Dit is soos dit is, en basta!

Met watter strokiesprente het julle elkeen grootgeword - wat was die invloed daarvan op julle ontwikkeling op hierdie terrein?

Fanie: Ek het die Kuifie-boeke verslind, maar op hoërskool het ek die Asterix-boeke ontdek. Dit was so slim geskryf met wonderlike humor en woordspeling. Dit was onweerstaanbaar. My kunsonderwyseres het ons ook destyds na ’n uitstalling van TO Honiball se illustrasies by die Sand du Plessis-teater in Bloemfontein geneem. Ek het nog twee van die poskaarte wat ek daardie dag gekoop het. Dit het ’n geweldige indruk op my gemaak.

Daniël: Ek was baie gelukkig om in ’n ouerhuis groot te word waar my ouers vir my Superman en ander goedkoop Amerikaanse comics by die plaaslike kafees gekoop het, nog voor ek kon lees. Ek was mal oor die kleure en die prentjies en het vroeg reeds my eie klein storietjies gemaak. Later het ek vir Oom Kaspaas en Adoons-hulle ontdek en ook Kuifie en Asterix. Alhoewel ek van die fotoverhale bewus was, het ek nooit regtig daarmee te make gekry nie. Op hoërskool het ek vir 2000 AD (’n taamlike gewelddadige Britse wetenskapfiksie-versameling strokiesprente) ontdek. Dit het my idees oor hoe comics kon wees heeltemal op sy kop gedraai en my belangstelling in meer volwasse stories geprikkel. Later het ek ook vir Heavy Metal ontdek, en dié staan uit as van die opwindendste kunstenaars en stories, byvoorbeeld Moebius, Enki Bilal, Milo Manara, ens.

 As dosent by Zoeloesprekende onderwysstudente in Pietermaritzburg het ek besef watter trefkrag die humor van TO Honiball se Adoons-hulle gehad het met studente in tweedetaal-onderrig se belangstelling in die taal- en kultuur van die Afrikaanssprekende.

Toe ek by die US klas gegee het, het ek met die onderwysstudente Bluster & Tikolo, sowel as Arcadia behandel – wat onderskeidelik in Huisgenoot, Drum en You verskyn het – sodat hulle en hulle leerders se visuele geletterdheid en leesvaardighede kan ontwikkel. Dan was daar ook Die avonture van Pol en Jan van Riebeeck deur Liz de Groote en Helena van Schalkwyk (wat ongelukkig nie meer beskikbaar is nie). Ek en die studente het dit baie geniet. Is julle bewus van ander strokiesprente vir kinders in Afrikaans?

Dink julle dat strokiesprente leerders se leesbelangstelling kan prikkel en ontwikkel?

Fanie: Beslis. Strokiesprente kombineer die visuele en geskrewe wêreld op ’n unieke manier. As bonus is dit vermaaklik. Ek is bewus van Hendrik Leerdam se strokiesprente Seereis na die Kaap en Kaap van Storms wat dalk ook interessant is in hierdie verband.

Daniël: Ek dink beslis so! Dis vir my jammer dat die plaaslike uitgewers nie regtig daarop ingestel is om die plaaslike comic scene te ontwikkel en om meer sulke leesstof te publiseer nie. My gunsteling-aanhaling in verband met comics is: “Comics are a gateway drug to literacy.”

Dit is interessant hoe die sogenaamde manga-tekenstyl[6] (vir my) kenmerkend van julle grafiese roman is. Is ek korrek in hierdie aanname? Indien wel, hoe het julle belangstelling en vaardigheid in hierdie rigting ontwikkel?

Fanie: Daniël sal dalk hier kan antwoord.

Daniël: Ek sou nie regtig die tekenstyl as “manga” beskryf nie. Vir my is manga ’n baie spesifieke styl wat in Japan ontstaan het en waar daar sekere konvensies, soos groot oë en klein neusies en monde is. Nieteenstaande, is daar sekere invloede wat tog deurkom, soos om die karakters so te ontwerp dat hulle maklik vir die leser herkenbaar is. Ek wou dit ook graag op so ’n manier teken dat dit deurlopend konsekwent sou wees.

Ek het nou op Google op verskeie bronne afgekom wat verduidelik hoe om manga-tekeninge te maak, ook op akademiese artikels van Kinko Ito. Dit is duidelik dat die illustreerder die anatomie van die menslike liggaam goed onder die knie moet hê. Op watter manier het julle hierdie manga-vaardighede aangeleer?

Fanie: Daniël se aanslag was vir my verstommend. Ek weet hoe moeilik dit is om soveel beweging, verkorte aansigte en meer in illustrasies te verkry. Daniël is meesterlik!

Daniël: Ek werk meestal as ’n storyboard-kunstenaar vir advertensie- en filmmaatskappye en dus moes ek nog altyd vertroud wees met anatomie en perspektief. Ek het ook iets in my wat my dryf om goed te wees in wat ek doen en teken gereeld modelle in life drawing. Verder is daar sekere comickonvensies wat ’n mens maar optel deur die loop van tyd en deur baie comics te lees.

Ek het onderwysstudente by die US blootgestel aan strokiesprentkonvensies nadat ek op ’n verhandeling van A Badenhorst[7] afgekom, wat handel oor die konvensies en waarin dit toegepas is op ’n Madam & Eve-strokiesprent in Afrikaans.

Geplaas met die medewete en skriftelike vergunning van Rico

Ek merk op dat daar baie ooreenkomste is tussen julle werk en die strokieskonvensies wat Badenhorst in sy verhandeling bespreek, maar daar is duidelik ook verskille in die manga-genre – kan julle laasgenoemde genre (soos wat julle dit gebruik) kortliks vir ons lesers in terme van die volgende kenmerke opsom...

Ruimtebeelding – geïnspireer deur die TV-reeks Game of Thrones met ’n gotiese atmosfeer (Fanie). Dis belangrik om die leser ’n idee van waar die toneel afspeel te gee, reg aan die begin. Verder moet jy vertroud wees met perspektief sodat die leser die konteks waarin die aksie gebeur, kan verstaan (Daniël).

Aksiestrepe – dui beweging aan (Fanie).

Siende dat mens met ’n statiese medium werk, is dit belangrik om aksies met lyne aan te dui en die gevoel van spoed en rigting oor te dra (Daniël).

Tempo – die verhaal word teen ’n vinnige pas vertel. Die illustrasies dra hiertoe by (Fanie).

Om tempo aan te dui is bietjie moeiliker, met geen vaste reëls nie en dit gaan meer oor “gevoel” en leesbaarheid. Dit hang ook baie af van die aksie en die spasie wat beskikbaar is (Daniël).

Tyd – Die verhaal speel in ’n verbeelde verlede af (Fanie).

Die verloop van tyd kan visueel gedoen word, byvoorbeeld die son se beweging deur die lug of met captions, byvoorbeeld “Later…” (Daniël).

Praatborrels – Net die nodigste dialoog word gebruik. Soms oorvleuel praatborrels met raampies (Fanie).

Dis belangrik om die praatborrels konsekwent te hou met die stertjies (verbindingstrepe) wat dieselfde dikte is, ens. Voorts moet die raampie op so ’n manier uitgelê word dat die persoon wat eerste praat aan die linkerkant is, en om nooit die stertjies te oorkruis nie (Daniël).

Klanknabootsing – Word gebruik om die klank van ’n aksie uit te beeld (Fanie).

Dit help om aksie aan te dui. Ek gaan gewoonlik vir iets wat taamlik foneties is om klank of geraas aan te dui (Daniël).

Stereotipering van karakters – Daar word eerder van argetipes gebruik gemaak (Fanie).

Dit help vir leesbaarheid en om nie die leser te verwar met die karakters nie (Daniël).

Woordteks – Word spaarsamig en kreatief gebruik (Fanie).

Dit help weereens vir leesbaarheid en om die leser deur die storie te lei, en dit help ook om dinge aan te dui wat miskien moeilik geteken kan word of onduidelik mag wees (Daniël).

Wisseling in grootte van raampies – Bring afwisseling vir die oog, laat die verhaal lewendig word op papier, dra by tot aksie (Fanie).

Dit help om die leser se aandag op belangrike tonele of aksies te fokus. Voorts kan dit help met die storievertelling (Daniël).

Afstandskote – Gee ’n filmiese effek (Fanie).

Dit help om die leser ’n duidelike idee te gee van waar ’n betrokke toneel afspeel en om onnodige detail in opvolgende panele te vermy (Daniël).

Verhaalstruktuur – Die verhaal volg ’n eenvoudige, klassieke struktuur: ’n Karakter wil iets hê, kan dit nie kry nie, hy probeer om dit te kry en uiteindelik slaag hy in sy doel (Fanie).

Dis grootliks afhanklik van die skrywer en daarna die interpretasie daarvan deur die kunstenaar (Daniël).

Ek het ’n ander grafiese roman in Afrikaans ontdek – deur twee dames geskryf en geïllustreer[8] ­– ’n verhaal tussen tieners van uiteenlopende kulture, met allerlei kinkels en kabels rondom liefdesverhoudings.

Julle roman het ook jong mense, maar met subtiele romanse – daar is ook baie meer beweging, gevaar en aksie. Sou dit wees omdat julle manlik is? Of het ek hier ’n stereotipe beet?

Fanie: Die meisie, Claire, is nogal ’n sterk karakter. Ek wou haar nie te stereotiep maak nie, daarom is sy ’n grafgrawer met ’n bitsige tong. Sy laat nie ouens oor haar loop nie.

Daniël: Mag miskien wees 🙂 Maar ek dink tog dat meisies ook aksie en gevaar geniet.

Dit lyk vir my dat daar selfs in Engels (in Suid-Afrika) nie baie manga-grafiese romans is nie.  Is ek verkeerd of hoe dink julle daaroor? Is julle bewus van ander Afrikaanse grafiese romans?

Fanie: My suster Cecilia Steyn se boek ’n Hart is net atome het ook ’n manga-tekenstyl. Dit is blykbaar nou vir ’n internasionale manga-kompetisie ingeskryf. André Trantraal, Nathan Trantraal en Ashley Marais se boek Drome kom altyd andersom uit[9] het ook manga-elemente.

Daniël: Dit is so. Soos vroeër gesê, die plaaslike uitgewers is nie baie gefokus daarop om plaaslike grafiese romans te druk nie. Myns insiens is dit ’n groot fout, aangesien daar soveel Afrikaanse stories is wat verwerk kan word in grafiese romans en beslis kan lei tot meer geletterdheid en ’n belangstelling in storievertelling kan kweek. Die meeste plaaslike comics word onafhanklik geskep en gedruk en omdat daar geen verspreiding is nie, word dit net deur ’n klein groepie entoesiaste gesien en gelees in die groot metro’s. Daar is werklik baie talentvolle skrywers en kunstenaars wat totaal onder die hoofstroomradar werk in Suid-Afrika.

In ’n interessante artikel[10] oor Hemel op aarde wat oor Vincent van Gogh handel (deur T Horn en A Findlay 1997), word daar vermeld dat dit die eerste Afrikaanse grafiese roman is – stem julle saam?

Fanie: Ek ken ongelukkig nie die boek nie. Was Adoons-hulle nie egter vroeër as hierdie boek gepubliseer nie?

Daniël: Ek’s nie doodseker nie. Was ongelukkig nie eers hiervan bewus nie.

Nou wil ek ’n vraag vra oor ’n (vir my) taai toffie – hoe verskil julle grafiese roman van dié van die Bitterkomix-reeks in terme van die volgende...?

Temas – Bitterkomix takel onderwerpe soos rassisme, godsdiens, seks. Laaste Lewe se temas is vriendskap, eer, geregtigheid, en meer (Fanie).

Bitterkomix is uitsluitlik gefokus op sosiale kommentaar en sosio-politiese kwessies, spesifiek in die wit Afrikaanse gemeenskap. Dis ook baie meer volwasse in terme van illustrasies en taalgebruik. Ons grafiese roman is vir ontspanning en gefokus op ’n jong lesersmark (Daniël).

Storielyn – Bitterkomix se storielyne is kort en op die man af om by die formaat te pas. Daar is ook meer as een storie in ’n boek. Laaste Lewe het net een deurlopende storielyn (Fanie).

Ons boek is een storie wat vertel word oor ’n klomp bladsye en het vele fantasie-elemente. Bitterkomix is verskeie korter stories waar die skeppers met verskillende kwessies worstel en is ook in baie opsigte meer outobiografies van aard (Daniël).

Teikenmark – Laaste Lewe se teikenmark is veel jonger – so van 11 en ouer (Fanie).

Bitterkomix is beslis gefokus op ’n volwasse leser wat nie omgee om dinge te bevraagteken en soms selfs met aanstootlike inhoud gekonfronteer te word nie. Ons boek is op tieners gefokus wat hou van fantasie en soek vir ontvlugting en verbeelding (Daniël).

Tekenstyl – Bitterkomix se tekenstyl is soms baie eenvoudig, amper ook grotesk. Laaste Lewe se styl is meer natuurlik (Fanie).

Die tekenstyl van Bitterkomix word grootliks deur die ondergrondse comix kunstenaar, R Crumb, geïnspireer en is gevolglik redelik kru. Dit gaan gepaard met die kontroversiële aard van die onderwerpe wat hulle aanvat. Met ons boek word die ouderdom van die leser eerste geag en gaan die kuns meer om die storie so leesbaar moontlik te maak. Daar is ’n meer estetiese aanslag wat die kuns betref (Daniël).

Willem de Vries noem die opskrif van sy gesprek (op LitNet se “Die mond is nie geheim nie”) met die skrywer en illustreerder van Bitterkomix “Die bitter here” – wat sou julle julself wil noem? Watter “menere” is julle twee saam?  Watter opskrif sou ek kon gebruik vir hierdie gesprek om die kern van julle twee uit te beeld?

Fanie: Die pen-en-ink avonturiers

Daniël: Gits! Ek het nie ’n idee nie 🙂 Sal daai maar oorlaat aan Fanie se gedagte…

In bogenoemde gesprek van De Vries met Anton Kannemeyer en Conrad Botes meld hulle dat Maus van Art Spiegelman hulle geïnspireer het in die skep van Bitterkomix.

Spiegelman se grafiese roman/memoires/biografie/geskiedenis handel oor sy vader se ervaringe in die Holocaust van die Tweede Wêreldoorlog - dit het postmodernistiese tekentegnieke en diere as karakters.

Watter strokiesprente en -illustreerders het julle geïnspireer?

Fanie: Ek het Maus gelees nadat Laaste Lewe verskyn het. Dis fantasties! Laaste Lewe is egter meer deur die TV-reeks Game of Thrones geïnspireer.

Daniël: Omtrent alle comics wat ek al gelees het, het my op een of ander manier geïnspireer - vanaf superheldcomics tot meer volwasse comics soos V for Vendetta, Maus, Barefoot Gen, ens. Kunstenaars is legio! My gunstelinge is Moebius, Enki Bilal, Frank Quitely, Simon Bisley, Milo Manara, R Crumb, ensovoorts. Te veel om op te noem!

Dit is nou reeds ’n paar jaar gelede dat julle boek(e) - 2016 (in Engels) en 2020 (in Afrikaans) - gepubliseer is. Hoe lyk dit, kry dit aftrek by jong mense? Hoe lyk die profiel van julle lesers en kopers waarvan julle bewus is?

Fanie: Die jong lesers is mal daaroor. Ek praat dikwels by skole en terwyl kinders vooraf in die saal inloop, wys ek soms vir ’n paar van hulle die boeke. Hulle kan nie glo wat hulle sien nie. Hulle raak sommer daar en dan opgewonde oor die boeke.

Daniël: Ek dink die jong lesers geniet dit, maar ek het nie regtig ’n idee nie. Ek was

nog nie in ’n omgewing waar ek met die lesers kon gesels nie.

Wat het die skep en ontwikkeling van hierdie grafiese roman vir julle elkeen beteken?

Fanie: Dis ’n droom wat waar geword het. Ek besef hoeveel ure, bloed en sweet in so ’n grafiese roman ingaan, daarom is ek trots op die eindresultaat. Daniël se illustrasies is wêreldklas.

Daniël: Ek het dit geniet om aan ’n storie te help skep waar ek baie vryheid gehad het wat betref die uitleg en karakter-ontwerp, asook dat ek in ’n meer swart-ink styl moes werk as waaraan ek gewoond is - dus, met baie skaduwees, ensovoorts. Dit was ook lekker dat die storie in Afrikaans is en hopelik lei dit tot nog sulke projekte in die toekoms en ’n groter plaaslike grafiese roman-lesersmark.

Is daar enige nuwe samewerkingsmoontlikhede tussen julle twee in die toekoms?

Fanie: Daar is nie nou iets in die pyplyn nie, maar ek sal beslis nie nee sê vir nog ’n boek nie.

Daniël: Ek is beslis oop vir die idee 🙂

Eindnotas as verwysingsbronne

[1] https://lapa.co.za/laaste-lewe-1

[2] https://za.pinterest.com/pin/68679963056699874/

[3] https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-kuifie-praat-weer-afrikaans/

[4] https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/die-kuns-van-asterix-in-afrikaans/

[5] https://lapa.co.za/agent-snoet-5-in-1-eboek

[6] https://www.adobe.com/africa/creativecloud/illustration/discover/how-to-draw-manga.html

[7] Badenhorst, A. 1997. Die benutting van die strokiesprent in die onderrig van Afrikaanse stelwerk en letterkunde op sekondêre skoolvlak. MEd-verhandeling, Universiteit Stellenbosch

[8] Steyn, C. en D. Albertyn. 2021. ’n Hart is net atome. Midrand: LAPA Uitgewers.

[9] https://blogs.litnet.co.za/izak/2009/02/14/drome-kom-altyd-andersom-uit/

[10] Van Rensburg, J. 1998. Van Gogh was really a punk: The first Afrikaans graphic novel. Alternation,  5(2):301–9. https://journals.co.za/doi/pdf/10.10520/AJA10231757_26

Meer hulpbronne

Webtuiste van Fanie Viljoen.

Daniël Hugo op Escape Gallery.

Gesprek met Daniël Hugo op TechSmart.

Lees ook:

Laaste lewe: ’n Zoom-gesprek met Fanie Viljoen

Praktiese wenke om lees te bevorder

Fanie Viljoen (1970–)

Uit deur Fanie Viljoen

Donker web deur Fanie Viljoen: ’n resensie

LitNet Akademies-resensie-essay: Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen 

The post Gesprek van Estelle Kruger met Fanie Viljoen en Daniël Hugo oor hulle grafiese roman <i>Laaste Lewe</i> (2020) appeared first on LitNet.

First sip: Bricks for chicks by Tanya Haffern

$
0
0

Like a good beverage, a good book holds promise from the first sip. This extract is used with the permission of Penguin Publishers.


About the author

Photo: Penguin

Tanya Haffern is an award-winning speaker and author, and a well-respected figure in property investing, business and education circles. Tanya’s passion for financial freedom through property investing encourages people to think differently about their potential, their income and their future. She has been investing in property in South Africa since 2003 and in the UK since 2015. Tanya trained for Robert Kiyosaki’s brand, Rich Dad Education, and travelled extensively across South Africa teaching property investing to large crowds over two-day seminars. She blogs about property investing on a weekly basis, has featured in magazine and newspaper articles, and has appeared on Business Day TV. She is a regular guest speaker at property and mindset/inspirational events. Visit her at tanyahaffern.co.za


About the book

Title: Bricks for chicks, property investment for women who kick ass!
Author: Tanya Haffern
ISBN: 978 1 77639 041 0
Publisher: Penguin

Property investing for women. So you can take control of your financial destiny. Because a love affair with knowledge will never end in heartache.

What if you:

  • knew how to invest in property that puts cash in your pocket?
  • felt in control of your finances?
  • had more disposable income at the end of every month?

If you want to start investing in property but feel overwhelmed by the terminology, the expense and the inherent risk, this book is going to change your life, starting today.

In Bricks for Chicks, seasoned and savvy property investor Tanya Haffern introduces budding investors to property investment, demystifies industry lingo and outlines the basic strategies investors can employ to maximise returns. With this step-by-step, practical – and fun! – guide, Tanya aims to inspire and encourage women (and men … yes, they too can benefit from this book) to start and grow their own property portfolio, and increase their financial skill set to acquire the confidence to become financially independent.

If you are looking for invaluable insights from a battle-sharpened, clued-up, kick-ass chick who doesn’t pull any punches and, at the same time, will inspire you to succeed in property investment, then you’re in luck! Bricks for Chicks was written for you.

Just bricks, no bullshit.


First Sip

There are five main skills worth cultivating to become, and remain, a successful property investor.

  1. Develop a STRATEGY. What are you trying to achieve? The happiest, most accomplished people are not only visionaries, but also great strategists. They have bold dreams that inspire them, but they’re also very good at creating reliable strategies to reach them.
  2. Understand how to SOURCE properties that match your strategy, and not just any old property – seek out the opportunity that most will miss.
  3. Know how to raise the MONEY, either privately or from financial institutions, and understand what structures (personal, company or trust – see Chapter 9: Business and tax) to put the properties into.
  4. Learn how to attract people smarter than you to form your ‘Power TEAM’ that will guide and support you as you build your portfolio.
  5. Know how to MANAGE and protect your portfolio and its cash flow. Sounds easy enough, right? Let’s take a closer look at each of the five skills.

 

  1. Strategising

There are two main strategies that can be applied to property investing, namely capital and cash flow. For sure, there are more. In fact, creative new strategies are springing up all the time, faster than Jack can climb that beanstalk.

But as this is an introduction to property investing, we’re focusing on the basics. If you fall in love with the idea of becoming an investor, first try out the basics as outlined in this book. Once you have achieved a level of success, by all means dive head first into the property-investing sea. Splash around and soak up other strategies, such as rent-to-rent, student accommodation, auctions, back-to-back, lease options, and so on.

But heed my warning: Don’t go chasing the shiny new strategies until you have the basic foundations in place. The reality is that everything else is just one of the basics with glitter and sparkles and a few cool Ninja moves.

Here are three questions to help you determine your strategy:

  • Do you like to earn big chunks of money on an irregular basis? (Capital)
  • Do you long for the security of a regular monthly income? (Cash flow)
  • Or does a combination of both sound pretty amazing? (Greed :))

Now, if you’re anything like me, you went for the third option! Who doesn’t like a nice steady flow of income combined with the odd lump sum to top up the bank account? A capital strategy involves FLIPPING. Here, you buy a distressed property, fix it up and sell it for a tidy profit (with any luck).

A cash-flow strategy is all about BUY-TO-LET. You buy a property, fix it up and rent it to a tenant who pays you timeously and takes good care of your property. Yes, those kinds of tenants do exist. You will need to leverage your letting agent to find the right tenant to make this strategy work.

The greed strategy? You guessed it – you do both of the above. Unsurprisingly, these strategies require slightly different skill sets. If you are starting out on your investing journey, determine your initial strategy, then focus on building that skill set. Once you have mastered it, move on to the next skill set. Look for local networking events in your area so that you can ask other property investors about their main strategy and why they chose it. Do they have any tips or tricks to share with you? Don’t be afraid to leverage the power of a network to fast-track your progress.

It might all sound very exciting, and you might want to chase both skill sets at once, but remember that scattered focus yields scattered results.

 

  1. Sourcing

Now that you have chosen your primary strategy, it’s time to look for properties. You can monitor the demand for properties by watching the following five key property-market indicators:

  1. Demographics

Who is moving into the area? Young couples with children or older professionals? Have students made it their stomping ground? What is the average household income?

  1. Pricing

Are property prices rising or falling in the area? If rising, chances are that you’re too late to the party. If falling, find out why. Is the area in a state of decline? Were properties overpriced and they are now stabilising?

  1. Developments and improvements

Are new coffee shops, restaurants or shopping malls springing up in the area? Are homes being renovated? All these subtle signs of life will tell you that people are moving into the area and investing in it, believing it is the new place to be.

  1. Infrastructure

What kind of public transport, if any, is available in the area? Accessibility drives demand, so the easier it is to get to, the better. Are there any new recreational projects on the go, such as new parks or playgrounds?

  1. Check out the neighbours

No, really. Imagine you just missed out on buying in a hot new suburb. Look at the neighbouring suburbs, because demand is likely to spill over into areas nearby. Detective skills are key to this part of the journey. Embrace your inner Sherlock Holmes and learn to read the market.

 

  1. Raising money

There are endless ways to structure financing. When you start out, you’ll likely rely on a variety of sources for financing your property deals. Options include banks, property owners, hard money lenders and investors. Sources can be delineated into three broad categories:

  1. Institutional: these are the traditional banks and financial institutions to whom you apply for financing.
  2. Private: here you’re leveraging off your wealthy family. If dollar bills aren’t exactly falling from your family tree, cast your net wider. Is there anyone in your network or extended network who has too much money and not enough time to invest it?
  3. OPM (Other People’s Money): this is slightly different from friends and family in that you are unlikely to know the person. No matter what source you tap, keep it formal and above board.

This is not a hobby, it’s a business. There are many more creative ideas that we will touch on later; this is just to get you thinking out the bank box!

 

  1. Team building

Your Power Team should include a property-specialist tax accountant, a bond originator and attorneys to handle the legal aspects of your property transactions. Of course, you don’t need to assemble the whole team before you begin. And the team members will differ depending on your strategy. For buy-to-let, you will need a letting agent; for flipping, an estate agent, and so on. For more info on forming your Power Team, refer to Chapter 12: Putting on the roof.

 

  1. Managing

Managing and protecting your portfolio and its cash flow are crucial. Refer to Chapter 11: Buy-to-let for more information.

The post First sip: <i>Bricks for chicks</i> by Tanya Haffern appeared first on LitNet.

Die enigste noemenswaardige verhaal

$
0
0

Foto van Jaco Fouché: verskaf

In die skrywe hier onder, besin Jaco Fouché oor die mees basiese storie-idee.


Plotgedrewenheid kelder partykeer storieboeke. Dit gebeur op spoed. Dit gebeur nie wanneer boeke meer situasie as vaart is nie, hoewel ’n mens kan dink dat hulle om ander redes mag misluk: styl, filosofie, edelheid van bedoeling.

...............
Daar is die soort boek wat nie soseer uit storie nie as uit karakter en agtergrond en situasie bestaan. Die rykgeskakeerde en fassinerende omgewing, die benarde en hopelose situasie van die karakter wat hom in die een of ander halfwêreld bevind – dit is iets besonders en behoef nie ’n einde, ’n ontknoping, nie.
...............

Daar is die soort boek wat nie soseer uit storie nie as uit karakter en agtergrond en situasie bestaan. Die rykgeskakeerde en fassinerende omgewing, die benarde en hopelose situasie van die karakter wat hom in die een of ander halfwêreld bevind – dit is iets besonders en behoef nie ’n einde, ’n ontknoping, nie. Jy kan die boek weer en weer oopmaak sonder dat jy voel jy verloor na die eerste lees iets wat jy nooit weer sal kry nie. Jy kry dit wel weer, en weer. Dis nie 'n boek wat gesteur word deur iets so banaal soos resolusie nie. Dit is nie daardie ding waaroor stories dit so graag het, die journey of redemption met volop aksie in die laaste deel nie. Die skrywer van hierdie boek voel geen druk om resolusie te bied nie. Die konsep redemption is vir hom of haar kinderlik, nie iets vir daardie grootse donker natuurwêreld waarin sy of haar karakters dwaal en waarvan die bot, smorende rykheid hulle sig versper sodat hulle eie motiewe nie te onderskei is van dié van die anonieme magte wat op hulle inwerk nie.

Die vaart van vertelling speel af teen die stasis van bepeinsing. 'n Goeie boek is soos 'n welige tuin waar jy op die gras onder die bloureën kan gaan sit en deur die maanhek kyk na die paadjie tussen die roosbeddings, en verderaan die veld en dan die berge. Dit is egter ook so dat jy soms vir bye en perdebye en selfs slange moet koes, want hulle hou in tuine wat hulle naam waardig is. En watter tuin is daar waar 'n beeldskone, gewonde, honger, wrede roofdier nog nie skuiling gesoek het nie? Die “natuur in simpatie”, hoor ons soms wanneer dit reën terwyl iemand op die doek swaarkry: Die landskap staan in diens van die karakter se krisis.

..........
Die “natuur in simpatie”, hoor ons soms wanneer dit reën terwyl iemand op die doek swaarkry: Die landskap staan in diens van die karakter se krisis.
............

Lyding is kommoditeit, dit is produk. Nie in die werklike lewe nie, nee. In kuns. In vermaak. En kuns is tog sekerlik vermaak al pes ’n mens die verminderende idee. 'n Boek wat iets beteken, wat iets besonders is, iets wat jy kan maak en agterlaat terwyl jy daarvan wegloop en kleiner en ouer word en uiteindelik verdwyn – dit is iets om van te droom: 'n monument in die wildernis waardeur die een lewe sy weg gebaan het, langs 'n mens se voetspore soos 'n mylpaal met graffiti.

En dan onthou ek wat 'n Engelse persoon vir my gesê het, dat die passiewe Afrikaanse Taalmonument geen monument is nie, maar die aktiewe Rooikruis-Kinderhospitaal in Rondebosch wel. Maar dit vind ek nie so 'n edele formulering nie, nie net omdat my lojaliteite vereis dat die Taalmonument staan waar hy staan nie, maar ook omdat die ding van lyding weer insluip, by die hospitaalgedagte. Lyding as kommoditeit, as produk. Natuurlik skryf ek nou in die konteks van ’n stuk skryfwerk; ek wil nie hospitale gering ag nie.

Het so ’n werk, ’n vertelling, dadelik gravitas omdat dit lyding bevat? Is dit regtig so? Dis tog asof ons gemaak is vir oorgangsrites. Jy moet swaarkry en daarna die verligting ken en dit as nuwe insig sien. En noodwendig beskryf jy die proses aan ander, jou reis. Dit lyk of daar meriete aan grootpraat is – dit gaan oor die verspreiding van inligting, oor instruksie aan oningewydes.

Sien ek die saak bloot as skrywer en nie as ’n heel mens nie? Dis tog so dat 'n kunstenaarspersona maar 'n onderafdeling is van die heel mens, wat anders na dinge moet kyk en met die werklikheid in sy geheel oor die weg moet kom.

Dis moontlik als 'n blufspel. Mickey Rourke het gesê dat die tough guys in Hollywood nie regtig tough guys is nie. Hulle is bloot akteurs. Die eintlike tough guys, sê hy, sit waarskynlik in die tronk. Iets soortgelyk geld vir fiksieskrywers wat fantasie aanbied. Jy skep 'n situasie met patos of tragedie of lyding, voorsien dit van ’n klinkende titel, en dink jy vertoon hiermee insig wat net jy het. Of jy gee voor dat net jy dit het. Jy bied figure uit 'n sekere stratum aan, ’n buurt in jou kop, en jy ken hulle. Jy weet waarvan jy praat.

Maar wat weet jy? Miskien iets oor 'n ongesteldheid; jy dra 'n bietjie kennis van iets fisieks, 'n kwaal, 'n skeet, ’n aspek van lyding. Dalk is iets van jou verwyder: 'n orgaan, of 'n deel van jou gesonde verstand. Dan kan jy tog met gesag praat. Maar kan jy? As jy van jou varkies verloor, sal mense jou nog verduur? Nee. Sal mens regtig 'n halfmal mens ernstig opneem? Sal jy naby hom wil kom? Miskien sal sekere geroepenes: evangeliste, genesers, sjamane. Ons ander is nie so gemaak nie en dit besef selfs die siekes wat so verguis word. Die instink om jou weg te keer van diegene wat ongesteld is, is so sterk dat die sieke wat vermy word dit self verstaan en sy eensame lot aanvaar, of dan verduur. Terselfdertyd is die skepsel natuurlik erg onder die druk van ’n front voorhou. Doen hy dit nie, word hy in die nag uit die gehuggie of stad gejaag. Wie het gesê die moeilikste deel van mal wees is om voor te gee dat jy nie is nie? Jy moet jou inhou. Grin and bear it. Om deel van hierdie samelewing te bly, kners jy jou tande tot stompies.

In die 1990’s het ek dikwels trein gery tussen Bellville en die stad, gewoonlik buite spitstye. Een middag tussen halfvyf en halfses op die Kaapse stasie gaan ek egter 'n wa binne wat stampvol is, afgesien van so drie oop banke aan die punt van die wa. Op die laaste bank het 'n man gesit, verweer, ongeskeer, sy hare lank en deurmekaar, sy klere vuil. Ek kon hom meters ver ruik. En mense wou nie by hom gaan sit nie. Ek ook nie. Ek wou nie met hom kennis maak nie. Dit was laag en gemeen, ja, dat ek so kieskeurig kon wees, en miskien is dit nog laakbaarder dat ek dit hier erken. Maar dit was my sterkste gevoel, dat ek in my relatiewe sindelikheid en versorgdheid nie gesteur wou wees nie. Ek het in 'n ander wa gaan sit.

............
Ek het sy oog gevang voor ek omgedraai het om te loop. En hy het na my gekyk met iets soos kennis, 'n verskriklike kennis oor homself. Hy het verstaan waarom ek loop. Dit het ek geglo, dat hy die eensame lot aanvaar het waarvan ek hierbo praat. Die meeste mense wat as randfigure en buitestanders beskryf word, is dit nie werklik nie. Daardie man was. Hy was buite die samelewing.
...........

Ek het sy oog gevang voor ek omgedraai het om te loop. En hy het na my gekyk met iets soos kennis, 'n verskriklike kennis oor homself. Hy het verstaan waarom ek loop. Dit het ek geglo, dat hy die eensame lot aanvaar het waarvan ek hierbo praat. Die meeste mense wat as randfigure en buitestanders beskryf word, is dit nie werklik nie. Daardie man was. Hy was buite die samelewing. En tog – hy het immers van die treinvervoer gebruik gemaak soos vele ander. Hy het daar gesit in 'n wa met werkende, belastingbetalende, poliskopende, huisbesittende, selfs soms bedagsame en simpatieke mense. Dalk het hy vir sy treinkaartjie betaal. Natuurlik het hy dieselfde lug as die res van ons ingeasem. Dan is hy mos deel van die samelewing. Dan is daar geen buitestanders nie? Is dit so? Of is dit so dat ons almal, elke enkelte een van ons, buitestanders is?

Jy sit in hierdie kokon vleis en dink jy is beskut, maar in werklikheid is jy geïsoleer. En reik jy uit na die ander vleiskokonne, kom jy te naby, gril hulle vir jou vleis, vir jou reuk. Jy vrees daardie gegril meer as enigiets anders. Sê nou iemand sien jou vir ’n vuil man in ’n treinwa aan, op die punt om daardie iemand vir ’n paar rand lastig te val? Dus handhaaf jy ’n beskeie afstand en versigtige, terloopse verhoudinge. Jy sorg dat jy jou lyf was en min of meer presentabel lyk. Wanneer iemand vir jou kyk, knik jy en lig jou wenkbroue. Miskien glimlag jy selfs. Jy sorg ook dat jy so min moontlik sê wat kan aanstoot gee. Jy dra die parfuum van politieke korrektheid. Jy sweer saam met die heersende meningbasuiners dat die drang tot konflik ’n kulturele produk eerder as iets uit ons natuurlike aard is. Kategoriseer volgens die voorkeure van die mense onmiddellik langs jou. Wantrou diegene oorkant die rivier. Plak etikette soos “die meerderheid regeer”. Volg ’n ghoeroe wat sy naels laat poleer. Verhef reaksionêres onbedag tot leiers. Skep eenvoudige, klinkende slagspreuke en herhaal hulle oor en oor, as die litanie van die getroue volgeling wat jy is, terwyl jy versigtig is om niemand per ongeluk in die ribbes te pomp nie. Eerder ’n beskeie afstand as die groot een wat volg wanneer mense jou verag. Jy hou jou op jou plek, al verlang jy so na mense.

Boeke bied situasies en filosofieë aan. Boeke wys op die families, groepe, kategorieë en hiërargieë van die lewe. Boeke verhelder aspekte van ons bestaan en verskaf instruksie. Boeke rig ook ’n versoek, dié van ’n man agterin in ’n treinwa wat oogkontak maak, al weet hy wat sy lot en plek is en al ken hy die omvang van sy lyding. Hoe lank die verhaal ook al, hoe gekompliseerd die storie mag raak – die kernintrige van ons bestaan, en die enigste noemenswaardige verhaal, betrek die behoefte van iemand om aanvaar te word.

...........
Hoe lank die verhaal ook al, hoe gekompliseerd die storie mag raak – die kernintrige van ons bestaan, en die enigste noemenswaardige verhaal, betrek die behoefte van iemand om aanvaar te word.
.............

Lees ook:

Aanspreeklikheid: ’n onderhoud met Jaco Fouché

Simoelégri: stad van onrus – ’n onderhoud met Jaco Fouché

 

The post Die enigste noemenswaardige verhaal appeared first on LitNet.

Promosie vir 4 Augustus: 20% afslag op Kosbaar deur Elmarie Berry

$
0
0

Afrikaanse blitsverkoping!
4 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 4 Augustus is:

Titel: Kosbaar
Skrywer: Elmarie Berry
ISBN: 9781432311360
Uitgewer: Penguin

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

The post Promosie vir 4 Augustus: 20% afslag op <i>Kosbaar</i> deur Elmarie Berry appeared first on LitNet.

New from Tafelberg: The enemy within by Mpumelelo Mkhabela

$
0
0

At a watershed meeting in 2000, the ANC committed itself to “the new cadre” project – a project to develop ANC members who are dedicated, selfless people with integrity. Yet 20 years later the ANC is consumed by corrupt cadres with the party losing the battle against corruption. What happened? Mkhabela tells a fascinating story starting with Mandela, the Scorpions and Tony Yengeni all the way to Zuma and the Guptas to explain how we got here.

Click here for more information about this publication.

The post New from Tafelberg: <i>The enemy within</i> by Mpumelelo Mkhabela appeared first on LitNet.

Nuut by Naledi: Madame Pylinska en die geheim van Chopin deur Eric-Emmanuel Schmitt

$
0
0

Vertaal deur Naòmi Morgan

Eric-Emmanuel Schmitt is die geliefde skrywer van Oskar en die pienk tannie en Monsieur Ibrahim en die blomme van die Koran. In Madame Pylinska en die geheim van Chopin vertel Schmitt die vermaaklike en dikwels roerende verhaal van sy lesse by ’n Poolse klavieronderwyseres, Madame Pylinska. Sy “Saterdae saam met Madame Pylinska” sluit ook lesse in oor die geskiedenis van Pole en komponiste wat vir die klavier geskryf het, veral Chopin en Liszt.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Naledi: <i>Madame Pylinska en die geheim van Chopin</i> deur Eric-Emmanuel Schmitt appeared first on LitNet.


Nuut by Tafelberg: Vyf sekondes voor Vrydag deur Ihette Senekal

$
0
0

Jana, ’n aspirantfilmmaker, raak verlief op Alex, die nuwe matriekleerling wat langs hulle intrek. Die verhaal sentreer rondom Jana se coming out. Nes Jana is Alex ook versot op films en lid van die skool se filmklub. By ’n partytjie ontmoet Jana, Mia se matrieksuster, ’n universiteitstudent. Jana se passie vir filmmaak help haar om haar ware gevoelens teenoor Alex te wys, en ook om Mia uit ’n moeilike situasie te help.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Tafelberg: <i>Vyf sekondes voor Vrydag</i> deur Ihette Senekal appeared first on LitNet.

New from Penguin Random House: The errors of Dr Browne by Mark Winkler

$
0
0

When Doctor Thomas Browne accepts the role of both inquisitor and witness in one of England’s last witch trials, he embarks on what his biographer later calls “the most culpable and stupid action of his life”.

In Bury St Edmonds, 1662, two widows are charged with acts of witchcraft. Doctor Browne is known as a philosopher, natural scientist, logician and medical doctor, yet despite his best efforts, the trial hinges on the admissibility of “spectral evidence”: the accused women are deemed to have the ability to exploit their victims through dreams. This will set a legal precedent for the infamous Salem witch trials in Massachusetts thirty years later.

Conflicted by his deeply held religious beliefs and his confidence in the validity of emerging scientific methods, Browne is left to ponder the true nature of culpability – and whether the most insidious evil is, in fact, that which we carry within.

Mark Winkler’s novel is a wry and insightful glimpse into the limits of reason, the patriarchal need to control every aspect of womanhood, and our ongoing preoccupation with reputation.

Click here for more information about this publication.

The post New from Penguin Random House: <i>The errors of Dr Browne</i> by Mark Winkler appeared first on LitNet.

Nuut by LexisNexis: Rautenbach-Malherbe Staatsreg deur IM Rautenbach

$
0
0

Enigiets wat oor staatsreg en menseregte te sê is, kan soos in enige ander taal en op enige vlak in Afrikaans gesê word. Hierdie uitgawe is bygewerk en gepubliseer om toegang tot die Suid-Afrikaanse Grondwet en Handves van Menseregte in Afrikaans te gee. Vir praktiese doeleindes is die Konstitusionele Hof se vertolking en toepassing van die Grondwet van groot belang. Verwysings is ingesluit na uitsprake wat tot 8 Mei 2022 gelewer is.

Beskikbaar by akademiese boekhandelaars en sales@lexisnexis.co.za; orders@lexisnexis.co.za; takealot.com; loot.co.za

The post Nuut by LexisNexis: <i>Rautenbach-Malherbe Staatsreg</i> deur IM Rautenbach appeared first on LitNet.

New from Penguin Random House: Deur Comrade President by André Odendaal

$
0
0

In his annual presidential address on 8 January 1986, ANC president Oliver Tambo called on South Africans to make apartheid ungovernable through militant action. But unknown to the world, the soft-spoken mathematics teacher and aspiring priest turned reluctant revolutionary had also on that very day set up a secret think tank in Lusaka, which he named the Constitution Committee, giving it an “ad hoc unique exercise” that had “no precedent in the history of the movement”.

Knowing that all wars end at a negotiating table, and judging the balance of forces to be moving in favour of the liberation movement, he wanted the ANC to be prepared and to be holding the initiative after the political collapse of apartheid. Guided by a brilliant analysis by Pallo Jordan, Tambo instructed his new think tank to prepare a constitutional framework for a liberated, non-racial, democratic South Africa. Their task was to formulate the principles and draft the outlines of a constitution that could unite South Africa when the time came to talk in the fledgling days of freedom and democracy.

The seven-member team, including Albie Sachs, Kader Asmal and Zola Skweyiya, started deliberating and reporting to Tambo. In correspondence, they typically addressed him as “Dear Comrade President”.

Drawing on the personal archives of participants, Dear Comrade President explains how this process, which fundamentally influenced the history of contemporary South Africa, unfolded. Why and how did it happen? What were the first written words? When and where were they put on paper? By whom? What values did they espouse? And how did the committee’s work fit into the broader struggle? This book answers these questions in ways that have not been done before and provides paradigm-changing insights into the purposeful first steps taken in the making of South Africa’s Constitution.

Click here for more information about this publication.

The post New from Penguin Random House: <i>Deur Comrade President</i> by André Odendaal appeared first on LitNet.

Nuut by Sunbird Publishers: VELD – Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids

$
0
0

Deur Burger Cillié, Niel Cillié, Phil Penlington, Trevor Hardaker en Karin Wiesler

VELD – Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids bring die heel nuutste foto’s, navorsing en verspreidingsdata oor alle voëlspesies wat tot op hede in Suider-Afrika aangeteken is, byeen. Hierdie omvattende veldgids bevat nagenoeg 2 000 pragtige kleurfoto’s, asook:

  • die jongste inligting oor die 991 voëlspesies in Suider-Afrika
  • bondige inskrywings wat fokus op identifikasie, moontlike verwarring, gedrag en habitat, asook verskille in geslag, ouderdom, kleurvariasies en subspesies
  • opsommende inligting oor elke voëlspesie se grootte, kos, status en sosialiteit
  • bygewerkte, kleurgekodeerde verspreidingskaarte wat elke voël se status en digtheid aandui
  • ’n volledige en verkorte register
  • ’n toepassing (“app”) met voëlroepe en addisionele foto’s van kleurvariasies.

Of jy buite in die veld of op die rusbank in jou huis is, is hierdie gids ’n onontbeerlike metgesel.

Klik hier vir nog inligting oor dié publikasie.

The post Nuut by Sunbird Publishers: <i>VELD – Voëls van Suider-Afrika: Die volledige fotogids</i> appeared first on LitNet.

Wydlopende kommentaar deur akademici op Van Coller-debat

$
0
0
LitNet-artikels hou jou op hoogte van belangrike gesprekke oor allerlei kwessies waaroor die wêreld gons. Maar is jy bewus van dikwels ewe belangrike kommentare deur gesaghebbende rolspelers onderaan die bydraes op LitNet? Onthou om, wanneer jy artikels lees, af te rol om te sien wie lewer kommentaar, anders loop jy belangrike verwikkelinge mis. Klik op hierdie balkie vir al LitNet se kommentare op een plek bymekaar:

*

Nadat Hennie van Coller as voorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se Letterkundekommissie bedank het, het prominente persone in die akademie op LitNet kommentaar gelewer oor die debat wat ontstaan het. Van Coller se bedanking volg op ongelukkigheid wat ontstaan het ná die verskyning van sy omstrede rubriek op Netwerk24 vroeër vanjaar. Lees hier wat die akademici sê.

Heilna du Plooy het kommentaar gelewer op Jean Meiring se analise van Van Coller se ope brief aan SJ Naudé nadat Naudé in sy ontvangstoespraak van die Hertzogprys Van Coller se rubriek gekritiseer het.

Dit sou inderdaad skokkend wees: ’n analise van Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé

Om in dispute betrokke te raak, is nie iets waarvan ek hou nie, maar daar is tog enkele opmerkings wat ek wil maak oor hierdie debat rondom ’n rubriek en ’n toespraak.

Waaraan ek dadelik gedink het, by die lees van die rubriek en die latere reaksies daarop, is dat die gesprek oor die tematiek van kinder- en jeugliteratuur ’n baie ou en baie wye gesprek is. Self het ek dit meermale by kongresse en skrywersgesprekke in Nederland en Amerika meegemaak, sekerlik vanaf meer as 20 jaar gelede. Die navorsing daaroor sal boekdele en -rakke kan vul. Daar is ook altyd sterk opponerende standpunte daaroor, altyd. Darryl David verwys ook na onlangse koerantberigte daaroor in die buiteland. Hierdie gesprekke sluit verder aan by die navorsing oor die Europese en Afrika-sprokies en die Griekse mitologie, want in hierdie ou verhale word die hele spektrum van menslike belewenis vir kinders weergegee, weliswaar in verskuilde vorms sodat die kind as ’t ware onbewustelik leer dat daar allerlei dinge oor sy of haar pad mag kom. Maar hierdie gesprekke is nie nuut nie en ook nie eie aan Afrikaans nie. En debatte oor moeilike kwessies en opvattings in die samelewing kom ook op ander terreine voor as in die letterkunde. Daarom is dit werklik nie nodig om die dood van Afrikaans te sien in menings en redenasies en meningsverskille rondom die tematiek van jeugboeke nie.

Dit is ook seker ’n kwessie van aanvoeling of styl of smaak, maar om die geleentheid wat jy kry om te antwoord op ’n baie groot en prestigieuse toekenning, te gebruik om ’n ander byltjie te slyp, maak my ongemaklik. Daar is ’n groot gehoor, jy staan verskans op die verhoog en die gehoor is in hierdie omstandighede absoluut hoflik (ongeag watter onaanvaarbare ideologiese breuke daar in hulle verborge samestelling mag wees). Soos dit hoort sal die spreker dus aangehoor word en is dit sy prerogatief om te praat hoe en waaroor hy wil.

In die reaksies op die rubriek (’n rubriek, nie ’n verklaring of selfs ’n artikel of studiestuk nie) sien ’n mens hoe die lesers vergrootglase rig en analitiese skalpels gebruik. Eintlik dekonstruktief lees: daar is ’n breuk of kraak in die teks (soos in enige teks) en die leser plaas die dun punt van die wig daarteen, wig in en beur totdat hy ’n koevoet kan inskuif en die teks oopbreek. Dan bevind die leser sigself in die ruimtes agter en om die woorde van die teks en kan ’n vrye kreatiewe interpretasie maak. Dis ’n wonderlike vrye ruimte waarin daar op ’n skerpsinnige manier dinge raakgesien kan word wat die teks self moontlik mag verberg, maar dis ook ’n gevaarliker ruimte van bespiegeling en persoonlike klemplasings. Die leser kan volgens sy eie aanvoeling verbande lê en maak dan afleidings, wat honderd persent reg kan wees, maar wat op sigself ook weer bevraagteken kan word omdat niemand die skrywer se ware intensies absoluut presies kan vaspen nie. Die rubriek waaroor dit hier gaan, het natuurlik breuke en die humor help nie (hoewel ek moet toegee dat ’n rubriek dikwels humor gebruik om die onderwerp sagter of vermaakliker te maak), maar as gans verderflik kan dit werklik nie beskou word nie, want dan moet al hierdie gesprekke internasionaal verbied word. En die oop gesprek daaroor dan?

Die hewigheid van reaksies op die rubriek hang saam met gevoelighede waaroor dit onder meer gaan, maar die debat self kan ook ’n probleem word, veral oor die sensitiewe onderwerp van homofilie, wat in die rubriek sydelings ter sprake gekom het. Om te protesteer teen werklike of vermeende onverdraagsaamheid op ’n besonder onverdraagsame en selfs venynige of vergeldingsgesinde manier (soos in reaksies in opvolgende rubrieke) doen die saak self geen goed nie.

Ek weier om te dink dat ’n rubriek oor kinder- en jeugliteratuur Afrikaans finaal ten gronde sal rig. Alle oneffenhede wat in Suid-Afrika voorkom, kan nie die Afrikaanse taal en sy sprekers ten laste gelê word nie en dit is blykbaar nou die algemene opvatting om dit so te sien. Vir my, iemand vir wie die Afrikaanse letterkunde een van die wêrelde is waarin ek leef, is hierdie soort redenasies en gevolgtrekkings gewoon pynlik en dikwels gans onnodig.

Ek gaan dus nou ver langs die strand stap met eindelose oop lug en water en ’n stewige wind as metgesel om te kyk of ek so die onverkwiklikheid uit my sisteem kan kry.

Karen de Wet van die Universiteit van Johannesburg het in ’n gesprek met Darryl David betrokke geraak nadat David se mening oor die Van Coller-sage op LitNet verskyn het.

Hennie van Coller’s politicisation of children’s literature polemic

Dear Darryl, thank you for taking the time to share your perspective. I prefer not to refer to any of our colleagues teaching Afrikaans in terms of any orientation, whether it be race, gender, mother tongue or age. You declare your involvement and experience in the Afrikaans academic landscape. This resonates with me, having been involved in community projects in support of secondary school teachers who teach Afrikaans poetry – home language and first additional language. I have taught and am teaching Afrikaans literature, methodology of Afrikaans, and Afrikaans First Additional Language at secondary and tertiary level – including modules on poetry for children and young adult fiction. Furthermore, I am sure I am not alone in expressing gratitude to you for the extensive work you have done and are still doing in organising book festivals, including the one for South African children’s literature.
As far as the unfortunate turn of events on the debacle sparked by an article that you have chosen to comment on: The responses to Prof Van Coller’s article on 7 May and the subsequent perspectives offered by the author Fanie Naudé, Jean Meiring, SASNEV, USAN, and PEN Afrikaans renders any further contribution from me on this matter unnecessary.

Regarding your call to the Chief Executive Officer of the Akademie, I wish to follow you in quoting prof Jansen: “Here’s the thing ...”

For decades, membership of the Akademie was granted by invitation only. After decades of functioning in the margins, with many others, I have been a member of the Akademie since 2020; unfortunately, I would state, at that stage still per invitation. Recently, however (and it came about during Prof Beukes’ term), academics, scientists and professionals are able to apply for membership. This moves me to say that we, as academics and professionals working in Afrikaans, should ask ourselves why whiter shades of pale are currently prevailing in the Akademie and its Letterkundekommissie and what we ourselves are doing to achieve inclusivity.

I have not served on the Akademie’s Letterkundekommissie, but I believe that esteemed academics such as Prof Steward van Wyk and Dr Anastasia de Vries of UWC have been involved, inter alia. Your call to, once again, address the composition of the current and also all future literary commissions is timeous and relevant – thank you. I unequivocally support that. The composition of prize committees judging a diversity of Afrikaans literary prizes speaks volumes in this regard.

We are fortunate to have a wonderfully energetic and internationally relevant core of young Afrikaans literary scholars. Initiatives like academic conferences and seminars like the Ontlagering conferences, the Sitkamer project, and the annual USAN young researchers conference, are relevant and changemaker examples. We should assure these young academics that they are much needed and that their opinions and contributions are vital. Instead of waiting for them to apply, should we not urge them to be involved in a broader academic environment than only the various institutions where they are formally teaching? From CPUT to Rhodes, from Fort Hare to NWU, from UCT to UJ, to UNISA, to UP, to … As the former chair of the Taalkommissie, Prof Gerhard van Huyssteen, pointed out: People can speak for themselves. The fact remains: We have the potential. We have excellent scholars in Afrikaans. Who can also serve as members in the SAAWK. And they most definitely are not, if I may then borrow the term you chose, offering a “Snow White storyline”. I hope you will apply, dear Darryl, as soon as possible.

Darryl David se reaksie op Karen de Wet se kommentaar:

Dear Karen, I thank you for your letter. I realise your heart is in the right place. However, when I hear things like membership used to be “per invitation”, it makes my blood boil. Looks like this SA Akademie was nothing less than the Broederbond from where I sit.

Wederwoord deur Karen de Wet:

Dear Darryl, I think we are in agreement that everybody, including the Akademie, can and should speak up for themselves. Still, it seems relevant to consider that the “per invitation” (as per the above) refers to an approach inherent to committees or academies, inter alia, where membership intends to support the aim and raison d’être of such committee or academy. In this case, one would expect academic and/or professional and/or research profile and involvement. The SAAWK is a community of researchers, academics and professionals working and networking in their respective fields of scientific interest. One hopes that the intent of “per invitation” was not to support or facilitate exclusion, but to support the core focus of the members of the group. If this has contributed in the past to disadvantage and irrelevant and unfair, suppressive exclusion, as unfortunately the impression has been left, I am even more grateful that the process has been changed. Now everyone working in the field can consider how they would like to contribute. The last word from my side goes to Bettina Wyngaard: Ons leef “(i)n die konteks van ’n bedreigde taal wat elke liewe bietjie goodwill nodig het waarop hulle kan reken” en moet genereer. Groete.

Wannie Carstens het hom soos volg oor Bettina Wyngaard se LitNet-rubriek uitgelaat.

Van Coller – storm in ’n espressokoppietjie

Bettina, ek dink jy slaan die spyker op die kop.

“Van Coller se artikel, op die oog af oor literatuur, het eintlik onbedoeld ’n belangrike ander gesprek oopgemaak, een oor wie gehoor word en wie mag kritiseer. Dis ook ’n belangrike les in hoe kritiek hanteer word.”

Laat ons almal uit hierdie ongelukkige gebeure leer: hoe om te formuleer om duidelik te wees oor wat jy wil sê, maar ook oor hoe kritiek hanteer word.

Tom McLachlan

Tom McLachlan, eertydse voorsitter van die Taalkommissie, het op twee persverklarings rondom die Van Coller-sage kritiek gelewer.

Persverklaring: Hennie van Coller bedank as voorsitter van die SA Akademie se Letterkundekommissie

As Naudé so ernstig aanstoot geneem het teen wat Van Coller geskryf het, sou die eerlike en morele stap gewees het om die prys van die hand te wys. Dit was immers die Letterkundekommissie onder voorsitterskap van Van Coller wat Naudé vir die Hertzogprys by die Akademieraad aanbeveel het. Die prys is in die verlede al om politieke redes deur benoemdes van die hand gewys, maar dit was nou seker te lekker om in die glorie van ’n Hertzogprys te baai.

Wat Naudé gedoen het, was om met die een hand die prys en die eerbetoon te aanvaar en met die ander hand ’n obsene gebaar in die rigting van die gewer van die prys te maak. Is dit werklik integriteit?

Anne-Marie Beukes, HUB van die Akademie, beklemtoon namens die Akademie “dat oop gesprek en debat aan die wese van intellektuele diskoers lê en dat ons, in die gees en letter van konstruktiewe intellektuele interaksie, altyd daadwerklik dit nastreef”. Ja, reg, terwyl sy die Akademie dadelik van Van Coller distansieer. Oop gesprek is ook net aanvaarbaar indien dié polities korrek is.

Dit is verstommend verwaand van die US se Departement Afrikaans en Nederlands om vir die Akademie te wil voorskryf wat om met sy lede en ampsdraers te doen. Môre, oormôre is dit een uit sy geledere wat ’n amp in die Akademie beklee en ’n politieke inkorrektheid pleeg. Gaan hulle dan ook so ’n brief aan die Akademie rig? Mense wat in glashuise woon, moet versigtig met klippe werk.

US se Afrikaans en Nederlands-departement rig ope brief aan Akademie: Onthef Van Coller van sy pligte

Die verwaandheid van die US se Departement Afrikaans en Nederlands om aan ’n ander liggaam, die Akademie, te wil voorskryf wat hy moet doen en dit bowendien aan ’n dreigement te koppel, gaan die verstand te bowe. ’n Senior lid van die Departement is ook ondervoorsitter van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Indien die tradisie van die SA Akademie voortgesit word, sal daardie persoon die Akademie se volgende voorsitter word. Sy staan dus met een voet wel deeglik in die Akademie en met die ander in die departement wat aan die Akademie wil voorskryf en hom dreig met boikotstappe as hy nie die dreigement gehoor gee nie.

Wie moet ’n mens nou glo? Daardie professor wat die Akademie, waarvan sy ondervoorsitter is, dreig, of daardie selfde persoon wat waarskynlik juis daardie gedreigde Akademie as voorsitter gaan dien?

En wie moet ’n mens nou glo: Die departement wat dreig dat “dit vir ons moeilik [sal] wees om beurse van die Akademie aan ons studente as opsie voor te hou, en ook om hulle aan te moedig om byvoorbeeld aan die jaarlikse studentesimposium deel te neem” of daardie selfde departement wat eis “dat Prof Van Coller onvoorwaardelik en openbaar om verskoning vra vir die dreigemente wat volgens mediaberigte aan kollegas gerig is of, indien hy weier om dit te doen, dat die Akademie as oorhoofse liggaam dit namens hom doen”?

Hoekom is een dreigement meer aanvaarbaar as vermeende ander dreigemente?

Die personeel van daardie departement bestaan uit mense wat hulle op die een of ander wyse met Afrikaans besig hou. Daarom is die benepe manier waarop hulle Van Coller se artikel lees en die haas histeriese reaksie daarop nogal verbasend. As Van Coller in die gewraakte sin byvoorbeeld “kwessies” of “aangeleenthede” gebruik het ipv “probleme”, sou hulle ewe sterk gereageer het?

Bedoelde senior dosent en Akademie-ondervoorsitter sal moet fyn trap op die spandraad van die toekoms sodat haar departement nie straks eendag eis dat sy ook van haar pligte onthef word nie.

Onthou glashuise en blinde swepies ...

 

Volg LitNet se kommentare hier en sê gerus ook jou sê.

  • Al die foto’s in hierdie artikel is aan LitNet verskaf.

The post Wydlopende kommentaar deur akademici op Van Coller-debat appeared first on LitNet.

LitNet Akademies Weerdink: ’n Perspektief op die Kairos Netwerk-NG Kerk-kontroversie

$
0
0

Prent: https://pixabay.com/photos/light-sunrise-little-church-2963953/

Die LitNet Akademies Weerdink-artikels spruit voort uit LitNet Akademies-artikels wat rondom gegewe temas gepubliseer is.

Die volgende LitNet Akademies (Godsdienswetenskappe)-artikels het oor ’n tydperk in dié akademiese joernaal verskyn:

  1. Homoseksualiteit en sewe klassieke Bybelse tekste: Antigay of misverstaan?
  2. Homoseksuele predikante: ’n Regs- en morele dilemma
  3. Sentralisering en verbode seks

Fanie Snyman gee hier onder ’n perspektief op die Kairos Netwerk-NG Kerk-kontroversie.


  1. Inleiding

Die kontroversie tussen Kairos Netwerk en die NG Kerk bly – ten minste binne kerklike kringe – ’n belangrike diskoers. Verskillende streeksinodes van die NG Kerk oorweeg dit om uit die verband van die Algemene Sinode van die NG Kerk te tree juis as gevolg van kwessies wat binne Kairos Netwerk bespreek word. ’n Beduidende aantal gemeentes in die NG Kerk het hulleself as dolerende gemeentes geïdentifiseer om daarmee hulle ontevredenheid met besluite van die NG Kerk en daarmee saam hulle vereenselwiging met Kairos Netwerk ondubbelsinnig te demonstreer.

Volgens onlangse berigte in Netwerk 24 (16 Julie; 21 Julie; 22 Julie, 23 Julie) het die sogenaamde Kairos Netwerk ’n byeenkoms gehou. Uit die berigte oor die byeenkoms word die groepering verenig in dit waarteen hulle beswaar maak. Hulle het dit teen besluite van die NG Kerk rakende selfdegeslagverhoudings en veral die Skrifbeskouing wat ten grondslag van die besluite lê. Die groep stem dus saam met dit waaroor hulle verskil.

  1. Terminologiese opheldering

Die gesprek kan aangehelp word as daar ’n terminologiese opheldering van begrippe kan kom. Wat presies word bedoel met terme soos liberaal en liberale teologie?

My indruk is dat liberaal en liberale teologie kodewoorde is vir ’n teologiese standpunt waarmee daar verskil word: ’n Teologiese standpunt of oortuiging waarmee ek nie saamstem nie, word geëtiketteer as “liberale teologie”.

Luidens die berigte in Netwerk 24 word daar veel gewag gemaak van wat genoem word ’n “klassieke” teologiese opleiding. Ook hier is terminologiese opheldering nodig. Wat word daarmee bedoel? Die verdere vraag is: Waar stol jy “klassieke” teologie? Daar is verskillende moontlikhede: Heyns, Jonker, Berkouwer, Barth, Bavinck, Kuyper, Calvyn, Augustinus. Hoe verskil “klassieke” teologiese opleiding van die opleiding wat tans aan teologiese fakulteite aangebied word? 

...........
Teologie met al sy verskillende dissiplines is ’n wetenskap. Die tipiese van wetenskap is dat insigte verander, verruim, verdiep. In wetenskap groei en ontwikkel kennis. Kennis is nie staties nie.
............

Teologie met al sy verskillende dissiplines is ’n wetenskap. Die tipiese van wetenskap is dat insigte verander, verruim, verdiep. In wetenskap groei en ontwikkel kennis. Kennis is nie staties nie. Dat dit die geval is met die beoefening van teologie as wetenskap word geïllustreer in die nimmereindigende wetenskaplike tydskrifartikels, monografieë, kommentare, teologieë en handboeke wat gepubliseer word. Omdat die wetenskap van teologie verander, verruim en verdiep, word dogmatiese oortuigings anders verwoord as wat Bavinck dit destyds gedoen het en verstaan ons die teologie van die Ou Testament anders as wat Von Rad dit verstaan het. Die aard van die wetenskap verhoed dat ons teologie stol in die publikasies van ’n bepaalde teoloog of beperk tot ’n bepaalde tyd of era. Dit is juis die waarde van teologiese opleiding aan fakulteite van ’n universiteit. Teologiese opleiding dra nie net ’n bepaalde korpus van gestolde kennis oor aan ’n volgende geslag studente nie, dit skep ook nuwe kennis wat in die openbare domein gepubliseer en aan studente gedoseer word.

Teologiese opleiding moet verskaf word met die oog op die toekoms en nie die verlede nie. Dit is ’n formidabele uitdaging, want dosente weet nie hoe die toekoms gaan lyk teen die tyd wanneer studente afstudeer nie.  

  1. Oor die uitleg van die Bybel

Skrifgetrouheid is ’n ander term wat dikwels gebruik word in die debat. Eksegese is die vakgebied wat hom besig hou met die uitleg en verstaan van die Bybelse teks. Eksegese word noodsaaklik wanneer daar gewerk word met baie ou tekste soos die Bybel en ’n onmiddellike verstaan nie meer moontlik is nie. Die historiese afstand, kulturele gebruike, die tale waarin die Bybel geskryf is, is faktore wat eksegese ’n noodsaaklikheid maak.

Eksegetiese modelle of metodes gee gewoonlik aandag aan twee fasette: die literêre en die historiese fasette van tekste. Literêre aspekte van ’n teks wat aandag kry, is die aard van die literatuur (byvoorbeeld: Is dit prosa of poësie; profesie of apokaliptiek?); tipiese taalkundige konvensies; die opbou of struktuur van die teks; die woordeskat wat gebruik word, ens. Historiese aspekte wat aandag kry, is die tyd waarin die teks afspeel en die tyd wanneer die teks geskryf is (die boeke Samuel en Konings vertel byvoorbeeld die verhaal van opeenvolgende konings van Israel en Juda, maar het waarskynlik as gevolg van die Babiloniese ballingskap tot stand gekom).

Om een van die twee fasette te onderskat of te onderspeel het ’n invloed op die uiteindelike bepaling van die betekenis van die teks. Om byvoorbeeld net aandag aan die historiese dimensie van tekste te gee, kan beteken dat die betekenis van die teks in die geskiedenis vasgevang word. Om net aandag aan die literêre dimensie van tekste te gee, kan lei tot ’n botydelike, ahistoriese betekenis van die teks, wat kan lei tot ’n fundamentalistiese verstaan van die teks waar tekste gewoon op die klank af toegepas word op die huidige situasie.  

  1. ’n Alternatief vir die teologiese opleiding vir voornemende NG Kerk-predikante?

’n Alternatief vir die teologiese opleiding van voornemende predikante van die NG Kerk word gereeld gehoor en oorweeg. Met name is die opleiding wat aan die NWU en die APK gebied word, as moontlike alternatiewe genoem.

............
Kan die NG Kerk egter ooit gemaklik wees daarmee om teologiese opleiding van voornemende predikante aan ander teologiese instansies oor te gee?
...............

Kan die NG Kerk egter ooit gemaklik wees daarmee om teologiese opleiding van voornemende predikante aan ander teologiese instansies oor te gee? Sou die NG Kerk gemaklik wees daarmee om voornemende predikante op te lei aan ’n instansie wat beheer word deur ’n kerk wat teologies oortuig is daarvan dat vroue nie predikante mag word nie omdat dit teen God se wil is? Sou die NG Kerk gemaklik wees daarmee om voornemende predikante op te lei aan ’n instansie soos die APK wat ’n afsplitsing is van die NG Kerk op ’n stadium toe die NG Kerk formeel deur besluite van ’n sinode weggestap het van ’n teologiese regverdiging van apartheid?

Die argument dat die klein getalle studente wat hulle aanmeld vir teologiese opleiding met die oog daarop om predikante in die NG Kerk te word, gewyt kan word aan die “liberale” teologie wat aan universiteite doseer word, is misleidend. Dit sal interessant wees om te verneem of dit anders gesteld is by teologiese fakulteite wat ’n “klassieke” teologiese opleiding bied.  

  1. Is daar ander nieteologiese faktore ook in spel?

Is daar nie ook ander faktore buite die teologiese kwessies wat ook – onbewus miskien – ’n rol speel by die ongelukkigheid in Kairos Netwerk nie? Ons leef in ’n tydsgees van intense onsekerheid – ekonomiese, maatskaplike, nasionale en internasionale onsekerheid is kenmerke van ons tyd. Dit is op sigself moeilik om met onsekerheid op soveel terreine saam te leef. Wanneer die bastions van sekerheid soos die kerk, die Bybel en God ook by die lysie van onsekerhede gevoeg word, word dit net te veel om te hanteer.

Is daar nie ’n ongemaklikheid rondom die saak van seksualiteit nie? Waarom is die fokus so fel op besluite wat geneem is rakende seksualiteit en die seksuele oriëntering van mense terwyl ander sake nie naastenby dieselfde intensiteit van oortuigings ontlok nie?

  1. ’n Moontlike uitweg
...........
In plaas daarvan om op ’n afstand oor mekaar te praat en persepsies te versterk is dit ’n beter opsie om die moeiliker weg van gesprek met mekaar te kies.
.............

In plaas daarvan om op ’n afstand oor mekaar te praat en persepsies te versterk is dit ’n beter opsie om die moeiliker weg van gesprek met mekaar te kies. Wat teologiese opleiding betref, is die onderskeie kuratoria van die NG Kerk aan die universiteite van Stellenbosch, Pretoria en die Vrystaat die toesighoudende liggame wat genader kan word. Ek is ook oortuig daarvan dat dosente wat lidmate van die NG Kerk is, meer as bereid sou wees vir gesprek.

Ek is dankbaar dat dit by herhaling in Kairos Netwerk gesê word dat skeuring nie ’n opsie is wat tans oorweeg word nie. Die alternatief is dan noodwendigerwys gesprek. Gesprek is gesprek – dit wil ’n groter begrip bring vir verskillende standpunte sonder om mekaar noodwendig te oortuig dat die een reg is en ander een verkeerd is. Miskien ontdek ons op dié manier dat ons tog nie so ver van mekaar af is as wat persepsies van mekaar wil voorgee nie.  

  • Fanie Snyman, Navorsingsgenoot, Fakulteit Teologie en Religie, Universiteit van die Vrystaat

Lees ook:

Ankerkaroo, groen lusern en klein liberale vrysinnige kerkies

 

The post <em>LitNet Akademies</em> Weerdink: ’n Perspektief op die Kairos Netwerk-NG Kerk-kontroversie appeared first on LitNet.


Ankerkaroo, groen lusern en klein liberale vrysinnige kerkies

$
0
0

Prent: https://pixabay.com/photos/sheep-dorper-ewes-farming-4297216/

Onlangs haal die skrywer van ’n meningstuk in ’n Afrikaanse weekblad iemand aan oor die rede waarom sommige Nederlanders die ouer hoofstroomkerke verlaat en by nuwer konserwatiewe kerke aansluit. Die kommentaar kom van ’n leier in ’n charismatiese kerklike organisasie en lui soos volg: “Die vrysinnige en liberale kerke hier word al hoe kleiner. Soos iemand gesê het, die skape weet waar die goeie kos is …”

............
Dit klink inderdaad mooi, hierdie pastorale beeld met die skyn dat dit reg uit die Johannes-evangelie kom, en wat skape se dieetkundige intellek en onderskeidingsvermoë nogal hoog aanslaan. Gegewe die konteks van Nederland sou beeste as voorbeeld veel eerder sy argument gedien het.
...........

Dit klink inderdaad mooi, hierdie pastorale beeld met die skyn dat dit reg uit die Johannes-evangelie kom, en wat skape se dieetkundige intellek en onderskeidingsvermoë nogal hoog aanslaan. Gegewe die konteks van Nederland sou beeste as voorbeeld veel eerder sy argument gedien het. Sou hy hierdie beeld in ’n preek in die Hantam in Calvinia of Garies of selfs verderaan in die Kamdeboo of Bo-Karoo gebruik het, vermoed ek, sou daar ’n hele paar fronse op boere se voorkoppe gevorm het.

..........
My pa het met sybokke in die Groot Karoo geboer, maar het altyd ook ’n troppie Dorperskape gehad. En ’n lusernkampie. In die Groot Karoo val ’n morg of drie lusern ongetwyfeld in die kategorie van “goeie kos” vir skape. En tog, wag vir die dag wat iemand die hek wat na die lusernkamp lei, oop vergeet.
...........

My pa het met sybokke in die Groot Karoo geboer, maar het altyd ook ’n troppie Dorperskape gehad. En ’n lusernkampie. In die Groot Karoo val ’n morg of drie lusern ongetwyfeld in die kategorie van “goeie kos” vir skape. En tog, wag vir die dag wat iemand die hek wat na die lusernkamp lei, oop vergeet. Dit neem enkele ure voordat die hele trop skape knuppeldik opgeblaas op hulle sye lê ... weens die goeie kos wat hulle gevind het. Dit is dan wanneer jy in die bakkie spring en ’n gat in die skape se mae steek om die opgeboude gas vry te laat met die hoop dat jy die diere kan red. Sukses is nie gewaarborg nie. Ja, toegegee, die eerste paar minute in die kampie moes vir die skape hemel op aarde gewees het.

Daar is inderdaad heelwat wat die ouer en sogenaamde vrysinnige liberale (in die genoemde artikel is die byvoeglike naamwoorde bewustelik op beledigende wyse gebruik) kerke by ander kerke kan leer, ongetwyfeld. Om egter so stellig en onnadenkend beweegredes van lidmate met die konsep “goeie kos” te verklaar, vra vir nuansering, aangesien dit ’n uiters beledigende keersy impliseer, naamlik dat waar die skape vandaan kom, die kos swak is. Indien ek vir ’n oomblik nog by die beeld van lusern bly, sal dit in ons wêreld karoobossies soos doringkaroo, doringkapok en ankerkaroo behels. Die valerige karoobossies is dan die geïmpliseerde swak kos, omrede skape weet waar die goeie kos is en hulle eie keuse altyd die beste keuse behels wanneer hulle tussen ankerkaroo en iets met ’n dieper groen kleur moet kies. Uit dieselfde skrywer se pen lees ek onlangs hoedat kerke met groter getalle in ons land floreer en ’n merkbare verskil maak. Is seker waar, maar die opmerking verklap ook ’n spesifieke soort denke oor kerkwees wat eerder neig na kwantitatiewe ekonomiese as kwalitatiewe teologiese denke.

Nee wat, stadig oor die biltongklippe, skalie en doleriet tussen ons karoobossies hier in Suid-Afrika wanneer daar na ouer kerke en kleiner gemeentes verwys word. Dis in riviere van lewende water, sommige van hulle alleen maar klein spruite, beke as jy wil, wat ook deur ou kerke (sommige ietwat kleiner en dalk selfs ’n raps vrysinnig) in ons mooi land gevloei het, dat heelwat lidmate soos rivierklippe in die woorde van DJ Opperman “ronder omgerol” is en steeds omgerol word. Dapper kerke en gemeentes wat inderdaad fouteer, maar met vryheid vir debatvoering, waar harde gesprekke wél gevoer word, al sou dit veel makliker gewees het om die veelkantigheid van die waarheid te ontduik deur na die lusernkampie te hardloop.

Ek het my vriend en kollega wat, nes ek, teologie in Amsterdam doseer, gevra wat hy dink van die opmerking wat oor hom en sy kollegas se kerke se swak kos teenoor die goeie kos gevel is. Ek vra hom juis omrede ek al na heelwat van sy preke in die Oude Kerk in Amsterdam geluister het, en dit uiters voedsaam gevind het. Marcel Barnard antwoord soos volg: “De schapen kiezen voor fast food: hapklare brokken van bewerkte voedingsmiddelen die makkelijk naar binnen glijden door de vette reli-sauzen die eroverheen worden gegoten. Maar het voedsel is te vet, de schapen worden er obees van, het zit vol slechte cholesterol en maakt ze uiteindelijk ziek. Bij de counter van de Mac en KFC is het drukker dan aan de tafels in het restaurant waar rijk en gevarieerd voedsel wordt opgediend.”

.............
Sommige skape mag terugkyk deur die oop hekkie na die veld waarvandaan hulle kom en dit in vergelyking met die groen en pers lusernland onaantreklik vind. My pa se lusernkampie bestaan lankal nie meer nie.
................

Sommige skape mag terugkyk deur die oop hekkie na die veld waarvandaan hulle kom en dit in vergelyking met die groen en pers lusernland onaantreklik vind. My pa se lusernkampie bestaan lankal nie meer nie. Na die laaste droogte is daar amper net sand en boetebosse oor, en die groen bossies met pers blommetjies wat nou daar staan, mag soos lusern lyk, maar dit is oneetbaar en het ’n naam wat ek nie hier gaan noem nie. Oorkant die grondpad in die veld is die kerkhoffie waar my voorgeslagte lê wat selfs na die droogte steeds omring is deur ankerkaroo en waar daar saam met die sybokke ook ’n troppie dorpers wei.

Lees ook:

LitNet Akademies Weerdink: ’n Perspektief op die Kairos Netwerk-NG Kerk-kontroversie

The post Ankerkaroo, groen lusern en klein liberale vrysinnige kerkies appeared first on LitNet.

Die vrou in die hek

$
0
0

Prent: https://pixabay.com/photos/candle-wick-water-wax-candle-mood-1042087/

...........
Die biometriese stelsel by ons hek werk net af en toe. Tússen beurtkrag, natuurlik.
............

Die biometriese stelsel by ons hek werk net af en toe. Tússen beurtkrag, natuurlik. Nie dat die sisteem baie doeltreffend was om mee te begin nie – wanneer ek my wysvinger, soos versoek, oor die Morpho-glasie gerol het, het dit die meeste van die tyd bloot nie my identiteit gelees nie. Dit het die vermoede dat ek dalk alien is, versterk. Daarom, toe die stelsel uiteindelik twee weke gelede met ’n upgrade gespog het, was die inwoners van die De Goede Estate in hulle noppies. Nou was alles funksioneel en gesofistikeerd en ’n splinternuwe androïedstem het na ’n gebiep vriendelik gesê: “Ac-cess-gran-ted-Ni-ni-Ben-nett.” Die probleem is net dat die biometriese sisteem met elke nuwe sarsie beurtkrag van voor af sy gat sien. Die voetgangers wat gou oor die straat wil draf na die klein shopping mall, moet dan aantou by ’n weggesteekte syhekkie waar ’n sekuriteitswag een-vir-een-een vra: “Bly jy in De Goede?” (Nee, ek dwaal maar sommer op eie houtjie hier rond. Vir die pret, sien. Nee, eintlik beplan ek ’n rooftog in een van die luukse eenhede. Néé, ek is die local spook, die een wat jy elke dag sien.) Dan byt ek maar my sarkasme terug en beantwoord vriendelik ook vraag nommer twee – “In watter eenheid bly jy?” – met “232”, en ná ’n lang, suspisieuse kyk laat sy my deur. Elke dag gaan ons deur dieselfde ritueel en dieselfde kruisverhoor, en elke dag lees ek dieselfde moedswil in die wag se oë. “Loooooadshedding!” sou sy soms ongevraagd uitroep – die selfverduidelikende towerwoord wat alle potensiële vrae voortydig in die kiem smoor. Die volgende stap is om na die eiland vol Delicious Monsters te hardloop tot die inkomende (en uitgaande) stroom van karre bedaar alvorens jy veilig oor die voetoorgang kan glip. En só het dit vir weke aangehou met die sekuriteit wat clueless, maar baie vernaam, ons inwoners ondervra.

Met die voorlaaste beurtkragepisode het die spook in die masjien, die deus ex machina, heel surrealisties sy opwagting gemaak. Toe ek my vinger oor die glasie rol, het “access”, gevolg deur my naam, in Chinees op die skermpie verskyn. Die androïedstem: “Hô njang ku we Nini Bennett.” Die sagtewareprogram was op die koffie. Die enigste troos was dat die sisteem nog gewerk het ... al was dit dan ook babels. Die volgende dag was dit Georgies. Ek het my verkyk aan die Arkadiese en blommerige letters, amper soos katspoortjies (die Georgiese alfabet is besonder mooi), voor die hek geskree en oopgegaan het. Die androïedstem was nou baie meer aggressief en het ’n oktaaf hoër gepraat, soos iemand wat helium gesnuif het. ’n Cartoonstem. Op die derde dag was die stem weg, en het die skerm my naam in Cyrillies (jirre, bestaan die taal nog?) uitgegooi; en op dag vier het die glasskerm botweg geweier om enige vingerafdruk te lees, nevermaaind nog iemand deurgang te gee. Die draaiwielhekkie was dood. En van draaiwielhekkies gepraat: Dis die storie wat ek eintlik wil vertel.

Hannatjie Loots is my buurvrou. Sy is ’n skaam, verskrikte mens wat loop met ’n swik in die een knieg en ’n linkeroog wat onbedaarlik begin spring wanneer jy haar groet. Hannatjie is lewensku en bring haar dae deur met Bybel-Scrabble en deur haar te beywer vir die voortbestaan van die ietermagog. Sy stuur petisies aan al wat leef en beef. Maar sy is ’n skadelose siel, dié Hannatjie, en sal die spreekwoordelike vlieg geen skade berokken nie. Gistermiddag was dit dan ook Hannatjie, van alle mense, wat vasgeval het in die hek. Want sien, die spognuwe biometriese stelsel het klopdisselboom gewerk. Hannatjie het haar vinger oor die glasie gestryk en deur die draaiwiel beweeg. En nét daar trip die krag, Hannatjie se linkerarm nog teatraal in die één afskorting en haar regterarm teen haar heup in die vólgende afskorting, soos ’n verbete aflosatleet. Gestol soos ’n hotnotsgot in barnsteen met haar linkeroog wat nou vir ’n vale fladder.

“Hannatjie,” het ek gesê. “Pssst.” Dis toe dat ek agterkom ek fluister.

Geen reaksie.

“Hánnatjie!” Dié keer onnodig hard.

Die vrou in die hek het verstar. Dis eers toe die oog ophou knipper dat ek begin worry het. Dit was donners koud – 8 °C – en ek was bevrees dat my buurvrou sou verkluim tydens haar twee en ’n half uur lange skof daar in die hek. En om alles te kroon het die Kaapse winterreën van voor af neergesif. Ek het ongemerk saam met ’n motor onderdeur ’n slagboom geglip – en tien minute later was ek terug van Pick n Pay met ’n polistireenbekertjie dun groentesop. Ek het Buurvrou slukkie vir slukkie met ’n strooitjie déúr die hek se tralies gevoer. Die hekkie het soos ’n psigedeliese winkeltrollie gelyk, die staal van dieselle fatsoen. Na die voersessie het ek huis toe gedraf en teruggekeer met ’n brandweerrooi braaisambreel wat ek tussen die tralies in manoeuvre het, sodat Hannatjie darem beter beskut was teen die elemente.

Dis tóé dat ek haar talent as mimiekkunstenaar raakgesien het. Sy het nie ’n ooglid verroer nie, maar die hele beurtkragonderbreking deurgewag. Waardig. Of katatonies. Of mistiek. Ek weet nie presies watter byvoeglike naamwoorde om hier te gebruik nie, want só ’n verskynsel het ek nog nooit voorheen aanskou nie. En toe die krag eindelik juigend aangaan, het sy bloot soos ’n time traveller in ’n sci-fi movie vorentoe beweeg, deur die hek en oor die straat, asof daar absoluut niks gebeur het nie.

***

Ek het ’n probleem met die woord beurtkrag. Dit het so ’n gemoedelike ubuntu-klankie. Ons, as liefdevolle Suid-Afrikaners, deel ons krag met mekaar. Nee! Die woord is ’n semantiese wanvoorstelling. Loadshedding se vertaling, ladingstorting, gaan ook nie werk nie; dit klink soos iets uit ’n pornografiese grufilm.

.........
Ek het ’n probleem met die woord beurtkrag. Dit het so ’n gemoedelike ubuntu-klankie. Ons, as liefdevolle Suid-Afrikaners, deel ons krag met mekaar. Nee! Die woord is ’n semantiese wanvoorstelling. Loadshedding se vertaling, ladingstorting, gaan ook nie werk nie; dit klink soos iets uit ’n pornografiese grufilm.
...........

Nee; miljoene mense swets en vloek as beurtkrag toeslaan. Want dis ons onvervreembare demokratiese reg om te moan en te bitch oor Eskom, net soos dit hulle onvervreembare demokratiese reg is om ’n klaaglike en korrupte mislukking te wees. Daar bestaan ook nie akkurate beurtkragroosters nie: google jy vir inligting, word jy beswaar met die tegniese detail oor hoeveel MWh nou kwansuis geshed word. Dis nie wat die gewone verbruikers wil hoor nie – hulle wil weet wanneer, en vir hoe lank, hulle kragteloos gaan wees. Nie al hierdie obskure Babiloniese maankalenders nie.

Ja, en daar is mense wat nou beurtkrag begin verromantiseer. Die wit utopie van plaasopstalle uit vergange se dae, kompleet met die reuk van uitgebrande kerse, kragopwekkers en oorvol spense vol ingelegde vrugte wat nooit opraak nie. Landelike Afrikaner-idilles van dekades gelede, heeltemal uit wans met die ekonomie van die hede.

Ek sit graag saans op ’n bankie buite iewers in die landgoed en kyk hoe die krag afgaan. Een vir een doof die ligte in die geboue se eenhede, soos ’n blokkiesraaisel wat homself delete. Skielik die skoon klank van stilte; sereen en sonder enige white noise. En o, daardie elektrogasme – die oomblik wat die krag weer aangaan! Mens hoor dit van ver af aankom met so ’n fyn fluitgeluid. Dan swaai my geliefde sy hand teatraal soos ’n dirigent: een, twee drie ... Maar wag, laat ek my nie skuldig maak aan beurtkrag-blues nie. En gepraat hiervan: Daar doen ’n conspiracy theory die rondte dat ons almal kwansuis aan Stockholm-sindroom ly. Ons word gyselaar gehou deur Eskom en ontwikkel mettertyd ’n liefde-haat-verhouding met die kragreus. (Dankie dat die beurtkrag dié keer net een en ’n half uur lank was. Dankie, liewe Eskom, dat julle omgee.)

...........
Helaas, nuus oor die Eskom-staking is skaars. Ek weet nie of beurtkrag met ons gaan wees teen die tyd wat dié stuk op LitNet verskyn nie. Maar dit maak nie saak nie. Beurtkrag is reeds ’n ingeburgerde kultuur onder Suid-Afrikaners.
..............

Helaas, nuus oor die Eskom-staking is skaars. Ek weet nie of beurtkrag met ons gaan wees teen die tyd wat dié stuk op LitNet verskyn nie. Maar dit maak nie saak nie. Beurtkrag is reeds ’n ingeburgerde kultuur onder Suid-Afrikaners. En google jy die jongste nuus oor ons kragvoorsiener, dan loop jy jou vas in ’n argief van ou nuusberigte. Die jongste nuus, soos ek hier sit en skryf, was 4 dae gelede en met die vermaning: Ons kan dankbaar wees as ons fase 8 of 10 vryspring. As Eskom nie heeltemal in duie stort nie. Wat my daaraan herinner: In distopiese films brand die ligte tot in die heel laaste scene, die Groot Apokalips, die Grand Finale. Dan eers is dit die einde. En skielik pak die angsgedagte my: Het ons die Rubicon reeds oorgesteek? Wie sê ons het nie? Het ons?

 

The post Die vrou in die hek appeared first on LitNet.

Persverklaring: Taalmuseum vier Taaldag met gesprek wat prikkel

$
0
0

Die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) se gewilde Taaldagviering fokus vanjaar via ’n gratis paneelgesprek op Vrydag 12 Augustus op die beroemde skrywer CJ Langenhoven se berugte bewering dat Afrikaans die enigste “witmenstaal” is wat buite Europa sou ontstaan het.

Ter ere van Vrouemaand is al die deelnemers van dié geleentheid, in samewerking met die Historium Trust en Langenhoven Gedenkfonds, vroue wat deskundiges op uiteenlopende taalgebiede is. Een is boonop ’n agterkleinkind van Langenhoven, wat 90 jaar gelede die tydelike met die ewige verwissel het. Die ATM-raadsvoorsitter en literatuurkenner Jean Meiring sal as fasiliteerder dien vir die gesprek tussen Willemien Brümmer, Anastasia de Vries, Jo-Mari Anne Nel en Eureka Barnard wat die vergrootglas op Afrikaans se wortels en die afgelope eeu se taalverwikkelinge en -politiek sal rig. Gaste sal daarna vrae aan die paneellede kan stel.

Brümmer is ’n bekroonde skrywer en joernalis wat ook al heelwat navorsing oor haar oupagrootjie gedoen het. De Vries is ’n bekende joernalis, rubriekskrywer en lektor wat gereeld oor die versweë geskiedenisse van Afrikaans skryf. Nel is ’n parlementêre taalpraktisyn wie se kortverhaalbundel, Stof, vanjaar gepubliseer is. Barnard is ’n museum- en taalkenner, en die direkteur van die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere (SASNEV).

Hoewel Afrikaans nie ’n spesifiek geboortedag of -plek het nie, word die stigting van die Genootskap van Regte Afrikaners op 14 Augustus 1875 (in wat nou die Taalmuseum in die Paarl is) as Taaldag gevier omdat hierdie gebeurtenis uiteindelik tot die erkenning van Afrikaans as ’n amptelike taal gelei het.

Die geleentheid begin om 18:00 vir 18:30 in die Historiumgebou, Pastorielaan 11, Paarl, en verversings sal bedien word. Bywoning is gratis, maar besprekings via bemarking2@taalmuseum.co.za of (021) 863 0543 teen 11 Augustus is noodsaaklik. Die hele gesprek sal opgeneem en later aanlyn beskikbaar gestel word, terwyl Nel se boek ook by die geleentheid te koop aangebied sal word. ’n Interessante agtergrondartikel oor die onderwerp kan hier gelees word:

Afrikaans: Waarheid en versoening onder een DAK

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die ATM Koffiehuis bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte.

The post Persverklaring: Taalmuseum vier Taaldag met gesprek wat prikkel appeared first on LitNet.

Pasverskyn: Om te skryf (tweede uitgawe)

$
0
0

Om te skryf (tweede uitgawe)
Uitgewer: Van Schaik
ISBN: 9780627039508

Hou jy van skryf in Afrikaans en wil jy boonop jou woordkuns in die digitale era verbeter? Sorg dan dat jy die tweede uitgawe van Om te skryf in die hande kry. Dit het ’n splinternuwe afdeling oor hoe jy jou boodskap so treffend moontlik vir digitale media kan verpak.

Wat dié boek besonders maak, is dat dit eerder wys as om vir jou te vertel hoe om te skryf. Jy loer as ’t ware oor mense se skouers en kyk hoe hulle met woorde werk.

Die 90 hoofstukke is besaai met meesterstukke oorspronklike teks, gevolg deur vrae wat jy kan beantwoord en voorstelle oor hoe jy self dié tegnieke kan bemeester.

Die grondslag van die boek was Kane en Peters se klassieke Writing prose. Van die beste tekste is daaruit vertaal, terwyl ander vervang is deur Afrikaanse voorbeelde met dieselfde strekking. Vars temas, soos digitale skryfwerk, is ook bygewerk.

Gevolglik bevat die boek tekste van befaamde woordsmede soos Plato, Ernest Hemingway, TE Lawrence, Dylan Thomas en EM Forster, om net enkeles te noem. Maar dan ook Afrikaanse name soos NP Van Wyk Louw, Etienne Leroux, Etienne van Heerden, Jeanne Goosen, Rachelle Greeff en Audrey Blignaut.

Skryfstukke van meningsvormers, rubriekskrywers en joernaliste word kwistig gebruik – van Thabo Mbeki en Emily Hobhouse tot Max du Preez en Johann Maarman, van Hanlie Retief, Anastasia de Vries en Haidee Muller tot Dana Snyman en Nataniël.

In die nuwe afdeling “Skryf in die media” deel Henriëtte Loubser, hoofredakteur van Netwerk24, en Hanlie Stadler, bedrewe digitale joernalis en sakeredakteur van Netwerk24, die kuns van digitale skryfwerk en “verpakking”.

Bun Booyens, gewese redakteur van Die Burger en Weg!, het sy hoofstuk “Om ’n berig te skryf” (wat reeds in die eerste uitgawe van Om te skryf verskyn het) bygewerk met digitale wenke.

Die res van die afdelings dek steeds ’n wye spektrum van skryfwerk – van skryf oor jouself, ander mense, gebeure, plekke en dinge, idees en oortuigings tot skryf om te definieer of te oorreed.

Daar is ’n afdeling oor hoe om jou skryfwerk te begin en te eindig en een wat die verskillende styl-nuanses van naderby bekyk.

Of jy nou ’n joernalis, student, leerling of lid van ’n leeskring is of net hou van skryf – hier is ’n boek met wonderlike leesstof asook praktiese skryfwenke.

Beskikbaar by Loot en Graffiti, en jou gunsteling-boekwinkel kan dit vir jou bestel. 

The post Pasverskyn: <i>Om te skryf</i> (tweede uitgawe) appeared first on LitNet.

Nederlandse boeke soek ’n nuwe tuiste

$
0
0

Ek het omtrent ’n dosyn Nederlandse boeke, wat woordeboeke en ensiklopedieë insluit. Die meeste is in ’n goeie toestand, maar daar is wel een of twee waarvan die rugbindings aandag nodig het. Ons het dit gered van ’n instansie wat dit wou verbrand het. 

Ek sluit ’n paar foto’s van die boeke in. Ek hoop regtig dat dit iewers ’n tuiste kan kry. Dit sou jammer wees om dit te verloor.

The post Nederlandse boeke soek ’n nuwe tuiste appeared first on LitNet.

Viewing all 21689 articles
Browse latest View live