Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21693 articles
Browse latest View live

Persverklaring: Khoekhoen-Afrikaans tussen boom en rots

$
0
0

Vir meer inligting oor al die ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument en Taalmuseum, skakel 021 872 3441/863 0543, besoek www.taalmonument.co.za of volg hulle op Facebook. Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is voorts heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte. Jaarpermitte kos slegs R120 vir individue of R220 per gesin, wat toegang tot alle Volmaanpieknieks insluit. Die ATM Koffiehuis bied daagliks heerlike kos en pragtige vergesigte.

The post Persverklaring: Khoekhoen-Afrikaans tussen boom en rots appeared first on LitNet.


Kinderboeke wat verheug, vermaak en verruim

$
0
0
..........
Wat is dit wat ’n kinderboek suksesvol maak? Soos in enige boek, of dit nou vir grootmense of vir kinders is, gaan dit oor aangrypende karakters. Die lys kan eintlik maar daar eindig. Maar daar is wel veel meer.
...........

Ek het grootgeword as deel van die Wielie Walie-generasie. Smiddags het ek en my maats graag voor die TV aangesit en saam met Sarel Seemonster opgewonde gebulder “Stories is my leeeuuuwwwe!” Vandag, as mens mooi daaroor terugdink, is dit eintlik ongelooflik dat daar ’n TV-program kon wees wat vir kinders stories uit regte boeke voorgelees het en hul jong gehoor se aandag so kon vasvang. Ek onthou hoe opgewonde ek was wanneer ek dan daarna ’n storie wat op Wielie Walie voorgelees is, in die plaaslike biblioteek raakloop.

Ek het in ’n wêreld van stories, boeke en woorde grootgeword – en dit is steeds waaruit my lewe bestaan. Daarom was ek ’n klompie jaar gelede, as nuwe ma, vas van plan om hierdie wêreld met my seun te deel. Soos enige ouer seker ook goed weet, behoort voornemens en realiteite egter nie tot dieselfde kategorie nie.

Daar word vir nuwe ouers vertel om sommer van dag 1 af baie met hul babas te praat, en sommer dadelik al aan hulle te begin voorlees. Navorsing wys hoe meer woorde ’n kind voor die ouderdom van vyf hoor, hoe groter is hul voorsprong op skool en later in die lewe. Ek sien dikwels foto’s van voorbeeldige jong ma’s wat reeds boeke aan hul pap babas wys en voorlees.

Wat my betref, het ek vir minstens die eerste vier tot ses maande ná my seun se geboorte aan bomskok gely. Die feit dat ek een van daardie babas gehad het wat nie aan slaap geglo het nie, het dit nog erger gemaak. Wanneer jy moeg is, is jou woorde weg.

Tot ek op ’n dag van ’n paar van Philip de Vos se rympies onthou het wat ek destyds as skoolkind gememoriseer het. Wanneer ek my seuntjie se doek geruil het, het ek die rympies begin opsê. Dadelik het my knieserige, koliekerige baba stil geraak en met groot oë aandagtig geluister.

Teen ses maande, toe die ergste waas begin lig het, het ek met hom op die mat gesit en saam het ons aan kartonboekies met teksture gevat en gevoel. Daar was nie veel om te lees aan hierdie boekies nie – ons het eerder gesels. “Kyk, daar is ’n bal. Sien jy? Dit is ’n rooi bal. Die bal is rond, en mens skop ’n bal.” En deurentyd, daardie gefassineerde klein gesiggie wat, soos sy ma, sy rustigheid in woorde gevind het.

Daarvoor kan ek net dankie sê. Dit is nog ’n les wat mens bitter vinnig as ouer leer. As jou kind goed slaap, sê dankie. As jou kind goed eet, sê dankie. As jou kind hou van stories, sê dankie.

Toe ons die oorgang begin maak het van die vat-en-voel kartonboekies na boekies wat mens kan lees, het ek dadelik gevind dat rymboeke loshande die beste werk – die ritme van die taal spreek tot ’n kind, net soos daardie rympies in die middel van die nag.

Rymboeke het later tot eenvoudige prenteboeke gelei. Prenteboeke het op hul beurt gelei tot langer voorleesboeke, en boeke met hoofstukke – dit is die fase waar ons ons tans bevind.

Wanneer ek kinderboeke koop, volg ek dieselfde patrone wat ek as kind gevolg het. As ons eers van ’n skrywer hou, maak ek soveel as moontlik van daardie skrywer se boeke bymekaar. As ons ’n band vorm met ’n karakter in ’n reeks, maak ons soveel as moontlik van daardie reeks bymekaar. Ons het natuurlik baie boeke wat nie tot reekse behoort nie, maar reekse is altyd ’n goeie wegspringplek.

Wat is dit wat ’n kinderboek suksesvol maak? Soos in enige boek, of dit nou vir grootmense of vir kinders is, gaan dit oor aangrypende karakters. Die lys kan eintlik maar daar eindig. Maar daar is wel veel meer. Illustrasies speel ’n kritieke rol, en in daardie opsig is moderne kinderboeke werklik ’n visuele fees en ’n inspirasie. Illustreerders is uiters slim, en dit is soms vir die ouer groot pret om die verborge kulturele verwysings in die illustrasies raak te sien.

’n Ander eienskap: ’n Goeie boek word deur die oë van ’n kind geskryf – insluitend die ouer se innerlike kind. As die skrywer wil hê ’n ouer moet vir ’n kind voorlees, moet die boek albei vermaak. Ons is deur ’n paar sieldodende boeke, wat ek later weggesteek het.

...........
’n Ander eienskap: ’n Goeie boek word deur die oë van ’n kind geskryf – insluitend die ouer se innerlike kind. As die skrywer wil hê ’n ouer moet vir ’n kind voorlees, moet die boek albei vermaak.
..............

Humor is altyd ’n wenner, en dit is heerlik wanneer die skrywer sommer lekker oordryf – en hoe grilleriger, hoe beter. Hoe meer die ouers die wenkbroue lig, hoe meer geniet die kinders dit. Ek moes al neus toeknyp vir die potjiehumor, maar om te sien hoe dit my seuntjie laat skater, het my maar laat deurdruk.

Tog is dit nie alles net grappies nie. Ek het gesien hoe sensitiewe, empatiese boeke my kind kan aangryp, en hulle moes ons ook weer en weer lees. Wanneer daar ’n les in ’n boek is waaroor ouers en kinders kan gesels, is dit wonderlik, maar die les moet subtiel ingeweef word, eerder as om gepreek te word – kinders weet wanneer daar vir hulle gepreek word, en sulke stories is boonop vervelig.

As ouer is ek dankbaar dat kinderboeke soms vir my help wanneer my eie woorde ontbreek. Wanneer mens oor moeilike onderwerpe moet gesels, gee kinderboeke leiding, want ons kan praat oor ’n karakter se optrede en gevoelens, en dit op ons eie belewenisse van toepassing maak. Daar vind ons dikwels ’n balans tussen karakters met wie daar maklik geïdentifiseer kan word omdat hul belewenis ons eie weerspieël, en karakters wie se uiteenlopende belewenisse ons gesprek kan verruim. Elkeen het sy rol.

Wat hier volg, is ons persoonlike lys van staatmakers. Hulle is ’n mengelmoes van vertaalde werke (want vertalings het ook ’n belangrike plek in ons literêre landskap) en boeke deur plaaslike skrywers. Hulle is ook suiwer op ons leesgenot geskoei. Daar is natuurlik soveel meer gunstelinge wat ek sou wou deel, maar ek kan die leser dít verseker: Al die boeke op hierdie lys het die “oor en oor”-toets geslaag – dit wil sê, ek moes hulle oor en oor en oor en vir die soveelste maal weer lees. Verder het ek my bes gedoen om boeke in te sluit wat redelik maklik verkrygbaar is, hetsy in ’n boekwinkel of aanlyn, wat beteken dat vele ouer gunstelinge ongelukkig weggelaat moes word.

Omslae van Vos se sokkies en Motors, trokke en alles wat ry: Protea Boekhuis. Omslag vanStories vir pikkies en peuters: NB-Uitgewers

Sewe gunstelingrymboeke, voorleesreekse en prenteboeke vir die kleintjies

  1. Julia Donaldson se Eikewoud-reeks, vertaal deur Philip de Vos, uitgegee deur Protea

Loshande ons gunsteling-beginboekies is Phillip de Vos se vertaling van die Britse skrywer Julia Donaldson se Eikewoud-reeks, wat uit vier boekies bestaan. Die boekies is op karton gedruk, wat dit goed maak vir die heel kleintjies, met flappies wat kan lig. Die rym is ritmies, eenvoudig en baie vermaaklik. Ons het ons stel voos gelees. Ek en my man kon die rymverhale later in ons slaap opsê: “Ou Vos voel goor – hy’t sy sokkies verloor!”     

  • Vos se sokkies, Julia Donaldson en Axel Scheffler (illustreerder – ook hieronder) (Protea, 2016)
  • Posman Beer, Julia Donaldson en Axel Scheffler (Protea, 2016)
  • Soek vir Henna Hen, Julia Donaldson en Axel Scheffler (Protea, 2016)
  • Hasie soek slaapplek, Julia Donaldson en Axel Scheffler (Protea, 2016).
  1. William Bee se Stoffel-reeks, vertaal deur Kobus Geldenhuys, uitgegee deur Human & Rousseau

My seuntjie is versot op enige iets wat met wiele, masjiene of konstruksie uit te waai het. Daarom was die Stoffel-reeks ’n groot wenner, want Stoffel, die flukse en hulpvaardige hamster, maak sy maats se motors reg, help hulle om huis te bou, ry met sy trekker op sy plaas rond – en hou dan sommer ook nog skool. Hierdie reeks van vier boeke was ons eerste papierboeke, weg van die kartonboekies af, en ons het hulle derduisende kere oorgelees. Hierdie boekies is bedrieglik in hul eenvoud, want hulle is eintlik baie slim. Die illustrasies is pragtig, en die eenvoudige sinne bevat ’n ryk woordeskat.

  • Stoffel die bouer (Human & Rousseau, 2018)
  • Stoffel die boer (Human & Rousseau, 2018)
  • Stoffel se garage (Human & Rousseau, 2018)
  • Stoffel se skool (Human & Rousseau, 2018).
  1. Laura Wall se Gans-reeks, vertaal deur Alida Viljoen, uitgegee deur Fantasi

Soos die Stoffel-reeks, is Laura Wall se Gans-boeke bedrieglik eenvoudig, maar baie slim en visueel pragtig. Annie is ’n eensame dogtertjie, tot sy op ’n dag in die parkie ’n gans onmoet. Die twee word beste maats, waarna Gans haar help om mense-maats te maak. My seuntjie skater vir Gans se lawwe manewales, en dan kom daar die hoogtepunt, die laaste sin waarmee iedere boekie afgesluit word: “‘Honk!’ snater Gans.” Waarop daar dan kliphard saam gehonk word.

  • Gans (Fantasi, 2017)
  • Gans doen inkopies (Fantasi, 2017)
  • Gans gaan skool toe (Fantasi, 2017)
  • Gans gaan strand toe (Fantasi, 2017).
  1. Stories vir Pikkies en Peuters, Gertie Smit (Tafelberg, 2018)

My seuntjie moes om gesondheidsredes eers ‘n bietjie wag voor hy kon kleuterskool toe gaan. Daarom was ek dankbaar dat ek die leemte deels kon vul met hierdie boek, wat aansluit by die voorskoolse kurrikulum. Die stories dra basiese konsepte oor; hulle is eenvoudig en toeganklik vir ’n baie jong kind, en die illustrasies, wat deur vier verskillende illustreerders aangepak is, is pragtig. My seuntjie het die stories baie geniet, en die voosheid van ons eksemplaar getuig van baie gebruik. Binne ses maande nadat hy begin praat het, het hy die stories in hierdie boek vir ons begin opsê.

  1. Mag ek in jou doek loer?, Guido van Genechten, vertaal deur Philip de Vos (Tafelberg, 2019)

Hierdie oulike boek met flappies is daarop gemik om kleintjies te help om die oorgang van doeke na die potjie te maak. Maar die potjiehumor in die boek is só goed dat die boek lank ná die doekfase steeds ’n wenner bly. ’n Nuuskierige klein muisie wil in al sy maats se doeke loer – en daar sien hy ’n wye verskeidenheid uitwerpsels. Tot die maats in sý doek wil loer, en sien dan dit is leeg. Want hy gebruik ’n “piepsie-poepsie-pot”. As iemand wat nie baie gemaklik is om oor liggaamsvloeistowwe te praat nie, was hierdie boek vir my ’n uitdaging, maar ek moes maar neus toeknyp en my seuntjie toelaat om saam met die muis die perdevye te bewonder.

  1. Motors, trokke en alles wat ry, Richard Scarry, vertaal deur Alta Diederichs (Protea, 2017)

Ek sal enige van Richard Scarry se boeke ten sterkste aanbeveel. Hierdie is natuurlik my wiel-obsessiewe seuntjie se gunsteling. Wat ons baie geniet het, is die eenvoudige dog humoristiese storielyn, die soektog na die goudgogga wat op elke bladsy wegkruip, die jaagtog tussen sersant Flossie en Dingo Hond wat vir ’n spanningslyn sorg, en dan die feit dat daar só ’n swetterjoel prentjies is dat ons elke keer iets nuuts kon raaksien. Dit is bitter moeilik om met Richard Scarry se boeke verveeld te raak.

  1. Vandag is ek ’n windlawaai, Philip de Vos en Piet Grobler (Protea, 2018)

Hierdie lieflike boek behoort nie eintlik tot enige ouderdomskategorie nie. Dit is aan my seuntjie as geskenk gegee toe hy twee jaar oud geword het, en hy was dadelik versot daarop. Daar is iets aan die sagte ritme van die rym wat hom meegesleur het en rustig laat voel het. Piet Grobler se illustrasies skep ’n onvergeetlike droomwêreld. Dit is seker die mooiste en mees gekoesterde rympieboek op ons rak.

 

Omslag: Protea Boekhuis

Sewe gunstelingprenteboeke en -reekse vir kleuters

  1. Die groot poefwedstryd, Guido van Genechten, vertaal deur Daniel Hugo (Protea, 2013)

As jy ’n jong kind het, moet jy maar vrede maak met die feit dat hul humor by die potjie begin. Ek sal nie name noem nie, maar hierdie boek is vir my aanbeveel deur niemand anders nie as ’n kindersielkundige, wat ook ’n gesiene dominee se vrou is. Want, het sy aan my beklemtoon, ons moet na die wêreld deur die oë van ’n kind kan kyk. Ek wou eers neus optrek, maar toe het ek maar liewer neus toegeknyp en begin lees (die boek kom wel met die waarskuwing: “Nie vir sensitiewe neuse nie”). Koning Kuttel die Eerste kondig die jaarlikse poefwedstryd aan, en al die diere word genooi om hul akkies so kunstig as moontlik te kom aanbied. Al wat ek kan sê, is dat die ouers proes vir die woordspel, terwyl die kinders uitbundig skater. Koop hom. Jy gaan dalk spyt wees, maar jou kind nie.

  1. Zok en Zok en die vlieënde dokters, Julia Donaldson, vertaal deur Philip de Vos (Protea, 2014 en 2017)

’n Mens kan met geeneen van Julia Donaldson se ‘n fout maak nie. Ons is byvoorbeeld versot op Die goorgomgaai en ook Die rowerrot. Ek gee graag Zok en Zok en die vlieënde dokters gesamentlik as ’n verjaarsdaggeskenk. Die rymvertaling is uitstekend en die storie is vermaaklik en baie, baie slim. Elke kind wat ek nog teëgekom het, is versot op Zok. Dit keer die klassieke verhaal van die prinses, die ridder en die draak op sy kop. Want hoe gemaak as die draak eintlik maar so ‘n bietjie van ’n ongeluksvoël is, die ridder so bietjie moeg vir baklei, en die slim prinses eerder ’n dokter wil word? Hulle word ’n wenspan, natuurlik!

  1. Willem die Wreedaard, John Ferdell, vertaal deur Shané Kleyn (Protea, 2016)

Om te sê dat ons versot is op Willem die Wreedaard is om dit heeltemal te sagkens te stel. Die boek is iets besonders wat betref sy strokiesprent-illustrasies, en die storie sorg vir groot vermaak. Willem die Wreedaard is geweldig wreed. Hy ontvoer beroemde uitvinders, wat dan vir hom allerhande kontrepsies moet bou sodat hy rooftogte daarmee kan uitvoer. Dan is hy nog boonop ook gemeen teenoor sy handlangers. Maar wat gebeur wanneer Willem die dag verkoue kry en daar niemand is wat hom wil dokter nie?

  1. Sarel die Supervark, Daniel Napp, vertaal deur Carmen Hansen-Kruger (Protea, 2011)

Nog ’n groot gunsteling in ons huis, en nog ’n boek met uitstekende strokiesprent-illustrasies. Vaatjie was eenmaal ’n doodgewone varkie, tot hy die dag in ’n drom superkunsmis val en soveel as moontlik moes opdrink om nie te verdrink nie. Dit maak toe van hom Sarel die Supervark wat tot sy medeplaasdiere se redding kom. Dan breek die dag aan toe die twee ooievaars die bejaarde hen, Ouma Breinaald, se trui steel. Die storie is uiters vermaaklik, en ek geniet dit om te sien hoe daar met die superheldgenre die draak gesteek word.

  1. Die stormwalvis en Die stormwalvis in die winter, Benji Davies, vertaal deur Rentia Bartlett-Möhl (Protea, 2017 en 2018)

Hierdie sensitiewe, empatiese boeke het my verstom. Ons lees graag humoristiese boeke, maar my seuntjie het met die sagtheid van hierdie boeke geïdentifiseer, en ek moes hulle oor en oor lees. ’n Babawalvis spoel na ’n groot storm op die strand uit, waar ’n eensame klein seuntjie op hom afkom en hom red. Die stories is eenvoudig, maar grawe ‘n bietjie dieper, en dan ontdek ’n mens pragtige temas oor die verhouding tussen pa en seun, en getroue vriende. Daarmee saam is die illustrasies ook iets besonders.

  1. Moenie die melk vergeet nie, Jaco Jacobs (Pan Macmillan, 2020)

Dit is daardie alewige dilemma: Mens gaan winkel toe om melk te koop, en kom dan met sakke vol inkopies terug – maar geen melk nie. In hierdie storie word Mila en haar pa se doodgewone uitstappie na die winkel omskep in ’n verbeeldingsvlug van formaat. Hulle maak ’n draai in die ruimte, verander in Superhelde, ry op ’n eenhoring en kry ’n troeteldraak. Maar wat van die melk? ’n Storie wat enige vervelige kruideniersuitstappie sal opkikker.

  1. Die baie, baie snaakse boek, Jaco Jacobs en Theodore Key (Pan Macmillan, 2021)

As mens ooit gewonder het of jy kan geld maak uit flou grappies, vra vir Jaco Jacobs. My seun sal egter ten sterkste met my verskil, want Jaco Jacobs se grappies het hom laat rol van die lag. Juffrou Seekoei vererg haar vir Hiëna wat haar les onderbreek met sy aanhoudende gelag. Tot sy agterkom hy lag vir ’n grapboek – en almal saam begin lag. Hierdie skreeusnaakse rymverhaal, met ’n grapboek binne-in ’n boek, is ’n groot wenner. En ons moes maar saam lag vir hierdie een: “Wat is net so groot soos ’n buffel, maar weeg niks? ’n Buffel se skaduwee!”

 

Storieman en Liewe Heksie: NB-Uitgewers; Professor Fungus: PRH LAPA Uitgewers

Sewe gunsteling-boekreekse vir saamlees en selflees

  1. Jaco Jacobs se Zackie Mostert-reeks (LAPA)

Van Zackie Mostert kan ons nie genoeg kry nie. Zackie is ’n ondeunde blondekop, en altyd vol planne. Maar hy en sy beste maat, Vincent, loop hulle kort-kort vas. Daar is die kwaai Mevrou Langenhoven wat telkens oor die muur loer en met hulle raas, en dan is daar die boelie Anton wat ander kinders seer maak en nie kan ophou spog nie. Anton kry egter keer op keer sy verdiende loon – of dit nou is dat Zackie en Vincent hom flous om ’n lewende wurm te eet, of omdat hy ’n bottel “sap” by hulle gryp en begin sluk, en dan agterkom dat die bottel vol slakke is. Wanneer Anton sy moses so teëkom, verskaf dit eindelose genoegdoening. Daar is twee reekse: die Z is vir Zackie-reeks, met kleurillustrasies en eenvoudige taal vir jonger lesers, en dan die meer gevorderde Zackie Mostert-reeks vir selfstandige lesers. Ouers sal die illustrasies in die Z is vir Zackie-reeks, wat fyn die spot dryf met Suid-Afrikaanse stereotipes, baie geniet.

  1. Jaco Jacobs se Professor Fungus-reeks (LAPA)

Op die diploma bo professor Fungus se lessenaar staan daar: Professor Fungustus Plutonius Salmonella Langerhans Bunzen van Dyk BSc MSc PhD BTW LOL. Professor Fungus laat ons dan ook telkens “LOL” Buiten die eksentrieke professor Fungus met sy groen hare is daar Argon, sy blaffende konyn (’n proefkonyn wat professor Fungus uit ’n laboratorium gered het), en Edison, die pratende, maar grammaties gestremde robot. En dan die tweeling, Bennie en Jenny, wat graag by professor Fungus gaan kuier, en telkens saam met hom in ’n penarie beland. Dit is dan gewoonlik Bennie en Jenny se flinkdinkery wat almal uit die penarie red. Die boeke het dieselfde gevoel as die Back to the Future-filmreeks. Die karakters, die humor, die vreemde situasies en die lewendige illustrasies maak van hierdie boeke ’n wenner.

  1. Jaco Jacobs se Bastian Blom-reeks (LAPA)

Bastian Blom woon saam met sy pa op die boonste verdieping van ’n ou huis. Die onderste verdieping is Bastian se pa se antiekwinkel, Optelgoed. Snags, wanneer sy pa slaap, gebeur daar allerhande vreemde goed in die antiekwinkel – maar Bastian is glad nie bang nie, want hy is al lankal gewoond daaraan. So kry hy met ’n verliefde geraamte te make, ’n opgesmukte pratende portret, ’n weerwolf en ’n weerwolfjagter, en ’n moerasmonster wat in ’n ou film vasgevang is. Die stories is humoristies en het ’n uitstekende spanningslyn wat ’n kind laat asem ophou maar nooit vir ’n oomblik laat bang voel nie, terwyl die ontknopings vir hope pret sorg. Boonop is die illustrasies ’n fees. Ná Bastian Blom het my seun amptelik aangekondig dat spookstories sy gunsteling is.

  1. Fanie Viljoen se Slym-reeks (LAPA)

Wie sal nou nie hou van ’n wurm wat ’n stink bol slym kan uitskiet wanneer hy in die moeilikheid is nie? Slym die wurm word deur ’n voël gevang, wat met hom wegvlieg. Maar voor die voël hom kan insluk, gebruik hy sy geheime wapen, sy stink bol slym, om te ontsnap. Die voël laat los, en Slym beland voor die deur van ’n paddaskool. Die paddas neem hom aan, en saam met sy beste maat, Paddavoet, beleef Slym avonture wat baie dapperheid en, natuurlik, stink bolle slym vereis. Fanie Viljoen het aangrypende karakters geskep waarmee ’n kind baie sterk kan identifiseer. My outjie het deurgaans met ’n speelgoedwurm, wat summier Slym gedoop is, op sy skoot gesit terwyl ons die boeke lees. Hierdie reeks is in 2019 in ’n enkele omnibus onder die titel Slym se stories deur LAPA uitgegee.

  1. Alex T Smith se Claude-reeks (vertaal deur Jaco Jacobs)

Claude is nie jou gewone hond nie. Hy is ’n hond met styl, want hy dra ’n stylvolle rooi trui, en daarmee saam ’n deftige rooi baret. Wanneer sy eienaars, meneer en mevrou Skitterskoene, werk toe gaan, is dit tyd vir Claude en sy beste vriend, Meneer Bobbelkous, om hul avontuur vir die dag aan te pak. Meneer Bobbelkous se naam sorg vir eindelose plesier – dit spring so lekker oor mens se lippe. Ek weet egter nie wat Meneer Bobbelkous daarvan sou dink nie, want al kan hy nie praat nie, is hy ’n bietjie opgesmuk. Die stories is humoristies en byderwets, die taal is ’n fees, en die karakters sorg vir groot vermaak. Daar is verhoogkunstenaars, akrobate, atlete, haaie, seerowers en kunsdiewe – en keer op keer is dit Claude en Meneer Bobbelkous wat tot almal se redding kom. Die illustrasies is net soveel van ’n fees, en hulle dra al die “styl” uitstekend oor.

  • Claude hou vakansie (Struik Kinders, 2019)
  • Claude in die stad (Struik Kinders, 2019)
  • Claude gaan vir goud (Struik Kinders, 2019)
  • Claude in die kollig (Struik Kinders, 2019).
  1. Verna Vels se Liewe Heksie-reeks (Human & Rousseau)

Liewe Heksie is weer in druk, vir voorlees en selflees, met pragtige nuwe illustrasies. Sy bly tydloos en immergroen, wat dit vir my as ouer heerlik maak om haar met my kind te deel. Noudat ek Liewe Heksie weer as grootmens lees, het ek opnuut bewondering vir die wêreld wat Verna Vels geskep het. Ons geniet dit om al dieselfde redes wat al jare lank van Liewe Heksie ’n geliefde karakter maak. Daar word geskater van die lag wanneer sy Koning Rosekrans se naam sê, en ook wanneer sy sukkel met groot woorde, en praat van “dikkefrelletjies” en “muisvlêrre”. Ons is versot op Griet die perd, en raak vreeslik opgewonde wanneer die stoute Gifappeltjies op die toneel verskyn. Ek sien ook hoe Heksie my seuntjie se empatie aanwakker. Hy kry haar baie jammer as almal so lelik met haar maak, en hy het al onderneem om haar te leer tel. Dit was vir ons onlangs ’n hoogtepunt om Margit Meyer-Rödenbeck se opvoering van Liewe Heksie by te woon. ’n Hele teater vol gillende kinders, wat alles geweet het van ’n “bikikini” en die Geel Heks uit volle bors uitgejou het.

  1. Die Storieman-omnibusse (Human & Rousseau)

Storieman is weer in druk, en ons het al ses omnibusse aangeskaf. Die reeks bevat ’n uitstekende keur van sprokies – die oorspronklike weergawes, nie die versuikerde Disneyagtige weergawes nie. Daar is ook klassieke verhale, soos Heidi en Pinocchio, en vele aangrypende karakters, soos Besie, Gobbolino die heksekat, en Timmertak. Daarmee saam is daar talle klassieke Afrikaanse verhale, soos dié oor Antjie Somers, Wolraad Woltemade en Racheltjie de Beer. Ons gunstelinge is loshande Brolloks en Bittergal, en Jakkals en Wolf. Die CD-opnames wat die omnibusse vergesel, is uitstekend, en ons luister graag na die voorlesings. Dit is heerlik om die Afrikaanse kultuurerfenis so te kan oordra.

 

Plons: LAPA Uitgewers; Die mooiste sprokies van Grimm: NB-Uitgewers

Sewe gunstelingboeke wat geskik is vir selflees en saamlees

  1. Die mooiste sprokies van Grimm, Marita van der Vyver en Piet Grobler (Human & Rousseau, 2021)

Mede-ouers moet maar hul harte vashou – Marita van der Vyver se vertellings van die Grimm-sprokies is getrou aan die oorspronklike verhale. Daarom is hulle ook 'n duisend keer meer aangrypend, verbeeldingryk en verruimend. Ek wil 'n sterk pleidooi vir sprokies in hul oorspronklike gedaante lewer. Sprokies vertel van goed en sleg, van reg en verkeerd, van wreedheid en empatie en van al die uithoeke van die menslike natuur. Ons luister in die motor na die opname wat op Audible beskikbaar is. Toe my seuntjie die eerste keer die boek self sien, en na Piet Grobler se pragtige illustrasies kyk, het sy gesiggie so opgehelder dat ek gewens het ek kon op daardie oomblik 'n foto neem. 

  1. Die Groot Jaco Jacobs-Storieboek, Jaco Jacobs (LAPA, 2020)

Hierdie samestelling van vyf Jaco Jacobs-stories is ’n groot gunsteling in ons huis. Daar is ’n bababoetie wat, doek en al, eintlik ’n superheld is; ’n meermin wat ’n besoedelende visfabriek ’n ding of twee wys; feetjies wat twee seuntjies ’n les leer nadat dié ’n stinkbom in hul woning gegooi het; en probleme met dinosourusse. Ons gunsteling is die storie van twee maats wat ’n ooreenkoms aangaan: As die een belowe om vir 'n week lank nie sy tande te borsel nie, sal sy maat elke dag vir hom 'n heerlike toebroodjie skool toe bring. Maar hoe dan gemaak as daardie toebroodjies vol knoffel, uie en bloukaas gepak word? 'n Grillerige storie oor ’n stink asem wat selfs ’n gorilla kan laat omkap. Maar as daar een ding is wat ek tot dusver geleer het: hoe grilleriger die storie, hoe groter die kindergenot.

  1. Die fantastiese avonture van Theo die Kat, Wendy Hartman en David Theron (LAPA, 2017)

Hierdie boekie moes ek oor en oor lees, tot groot vermaak. Ek wens daar was nog. Dit is ’n samevatting van drie stories, met vrolike illustrasies. Theo die kat woon langs ’n biblioteek en peper sy ma met oneindige vrae. Hoe spel jy katjiepiering? Waarom is melk wit? Waarheen gaan die sterre bedags, en slaap haaie snags? Sy ma sug dan en stuur hom biblioteek toe om self te gaan oplees. Van al die lees word Theo baie slim – só slim dat hy al die dorp se katte uit hul penaries kan red, soos kattediewe wat hulle probeer ontvoer, ’n kwaai ou tante wat hulle gevange neem om haar lyf warm te hou, en ’n kammasirkus wat hulle probeer verkoop.

  1. Wie skrik vir Wortel Wolf?, Leon-Ben Lamprecht en Nicolene Louw (Tafelberg, 2021)

Hierdie slim boekie het vir groot vermaak gesorg, en is ’n uitstekende eerste kennismaking met satire. Die skrywer neem drie klassieke wolfsprokies (“Die drie varkies”, “Rooikappie” en “Die seun wat wolf geroep het”) en gee hulle 'n lekker hedendaagse Suid-Afrikaanse geur, kompleet met rooibostee, soetkoekies en Namakwalandse blomme. Dan draai hy hulle op hul kop. Die skurke is nie meer wie jy dink hulle is nie, en nou is die wolf 'n vegetariër.

  1. Prinses Klara en die krokodil, Laura Amy Schlitz en Brian Floca, vertaal deur Jaco Jacobs (LAPA, 2017)

Hierdie lieflike storie het ons verbaas en verras. Prinses Klara se ouers besef sy gaan eendag koningin word, en neem hul opvoedingstaak baie ernstig op. Só ernstig dat daar geen tyd vir speel of net lekker stories lees is nie. Prinses Klara moet drie keer 'n dag bad (want prinsesse is altyd silwerskoon), sy moet vervelige boeke oor staatsleer en rekeningkunde bestudeer, en die heeltyd formele oefeninge doen. Tot haar towertante vir haar 'n troetelkrokodil stuur, en die krokodil vir 'n dag met haar plekke ruil. ’n Sensitiewe, maar ook ’n humoristiese storie wat ’n kind aangryp en wys hoe ’n netelige situasie op ’n mooi en taktvolle manier aangespreek kan word.

  1. Plons, Fanie Viljoen en Arnelle Woker (LAPA, 2016)

Ons was versot op hierdie storie – ek moes dit oor en oor lees. Hein is veronderstel om hul swembad skoon te hou, maar hy doen dit nie. Nou is die swembad "groener as 'n Mars-man se snollies" – en met daardie grillerige sin is my outjie se dag gemaak. Daar daag 'n pragtige meisie op wat aanbied om die swembad skoon te maak. Natuurlik stem Hein in, maar toe hy weer sien, het hy 'n plakkerprobleem op hande, want die meisie en haar gesin neem hul intrek in die swembad. Sy is toe al die tyd ’n meermin (so min of meer). Die gesin bring selfs hul meerhond, vuurvreterouma en troetelseeperdjies saam. Want besoedeling het die see so vuil gemaak dat die meermense nie meer daar kan woon nie.

  1. Monsterpizza, Jaco Jacobs en Yolandi Prins (LAPA, 2019)

Hierdie is nog ’n prettige, lekkerleesstorie in die monstergenre wat so gewild is in ons huis. Zia soebat om saam met haar pa na sy werk te gaan, want hy het die beste werk in die wêreld: Hy lewer pizzas af. Uiteindelik stem hy een aand in dat sy hom mag vergesel. Dit is egter ’n volmaan-aand, en Zia en haar pa kom gou agter: Wanneer dit volmaan is, loop die monsters rond. En monsters hou baie van pizzas ...

  • Lindie Koorts is ’n historikus verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat. Koorts junior het egter nie veel van ’n saak daarmee nie.

Lees ook:

Oupa Zombie deur Jaco Jacobs: ’n resensie

Tien vrae: Jaco Jacobs oor die Professor Fungus-reeks

Die Groot Jaco Jacobs-storieboek deur Jaco Jacobs: ’n resensie

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur NB-Uitgewers

Afrikaanse jeugboeke vandag: ’n perspektief deur PRH/LAPA Uitgewers

Dié kabouter deurstaan die toets van die tyd saam met (Human &) Rousseau

 

The post Kinderboeke wat verheug, vermaak en verruim appeared first on LitNet.

Vroueskrywers en -karakters

$
0
0

Vrouemaand (Augustus) is om die draai.

Koos Kombuis gesels oor onder andere kinderliteratuur, chicklit, biblioteekboeke, bittersoet verhale en boeke wat jou in trane laat uitbars.

The post Vroueskrywers en -karakters appeared first on LitNet.

Promosie: Afrikaanse blitsverkoping by Bargain Books gedurende Augustus

$
0
0

A is vir Augustus en Afrikaans.
B is vir Bargain Books!

In Augustus vier Bargain Books die werk van ’n groot aantal van ons beste Afrikaanse skrywers deur daagliks afslag te gee op ’n bepaalde titel.

Elke dag, ja, letterlik elke dag, van hierdie maand bied ons 20% afslag op ’n Afrikaanse boek. Die lekker ding is: Ons gee elke dag afslag op ’n ánder boek. So, elke dag wanneer jy ’n winkel van Bargain Books besoek, kry jy die geleentheid om ’n verskillende boek op afslag te koop. Is dit nie redelik vervelig as dieselfde boeke die hele maand op ’n spesiale aanbieding is nie?

So, net om seker te maak: Elke dag word ’n verskillende boek deur ’n verskillende skrywer teen afslag te koop aangebied.

As dit nie vir jou lus maak om elke dag ’n nuwe blaadjie om te slaan en ’n nuwe boek op te raap nie, dan, wel, hou ons maar dop!

Hier is ’n skelm kykie na die eerste week se boeke:

Die boeke wat ons gekies het, sluit in: rillers, romanses, kinderfiksie en niefiksie vir volwassenes – waaronder kookboeke en geskiedenis!

So, volg ons op die sosiale media of kom kuier sommer elke dag in een van ons winkels om te sien watter een van jou geliefde skrywers volgende op afslag sal wees!

The post Promosie: Afrikaanse blitsverkoping by Bargain Books gedurende Augustus appeared first on LitNet.

Promosie vir 1 Augustus: 20% afslag op Stella se dogters deur Helene de Kock

$
0
0

Afrikaanse blitsverkoping!
1 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 1 Augustus is:

Titel: Stella se dogters
Skrywer: Helene de Kock
ISBN: 9781776352654
Uitgewer: Penguin

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

Promosie: Afrikaanse blitsverkoping by Bargain Books gedurende Augustus

 

The post Promosie vir 1 Augustus: 20% afslag op <i>Stella se dogters</i> deur Helene de Kock appeared first on LitNet.

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – op reis na akademiese uitmuntendheid en innovasie

$
0
0

Bogenoemde opskrif is ’n opsomming van die Universiteit Stellenbosch se karakter en as ek nou hierna kyk, kan ek met tevredenheid en dankbaarheid meld dat ek deel daarvan geword het en my plek volwaardig vol gestaan het. Daarvan getuig die rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch se toekenning vir voortreflike onderrig wat ek ontvang het in 2006, sowel as positiewe studente-terugvoer en al die artikels wat ek by akademiese tydskrifte gepubliseer kon kry. Om alles te kroon, het ek – sonder dat ek dit eers gesien het – ’n staande applous by die 2006-gradeplegtigheid van die hele Fakulteit Opvoedkunde se studente gekry toe ek op die podium stap om my graad te ontvang van die rektor. Een van my senior kollegas in die Fakulteit Opvoedkunde het dit waarderend vir my vertel – hy het nie geweet dat ek genoeg teëslae hier en vroeër in my lewe gehad het om my nederig te hou nie en dat ek telkens vorentoe moes kyk, opnuut moes asemhaal en aangaan om betekenis te soek en te skep.

Borsbeeld in die tuin oorkant my woning in Stellenbosch

Toe ek in 2001 ’n pos as lektor by die Opvoedkunde-fakulteit in die onderrig van Afrikaans aan die Universiteit Stellenbosch aanvaar het, waar ek onderwysstudente prakties moes leer hoe om Afrikaans te onderrig en verduidelik wat die teoretiese redes vir my metodiek is, kon ek my ervaring integreer met die uitkomsgebaseerde onderwysbeleid van hierdie spesifieke tydsbestek. Wat ek as onderrigstrategieë gebruik het, het presies in die kategorieë van die kritieke en spesifieke taalleeruitkomste en die nuwe kurrikulum se beginsels van kulturele sensitiwiteit en leerdergesentreerdheid gepas, naamlik onder andere die ontwikkeling van leerders se kreatiewe denke, aanlyn leer en Afrikaanse jeugletterkunde.

Waar ek in my vorige afdelings van my herinneringe geskryf het oor die onderrig in Afrikaans (HT en EAT) by hoërskole, sowel as die afdraaipad na interkulturele onderwys, integreer ek in hierdie aflewering van my herinneringe hoe die vernuwing wat ek bewerkstellig het by die universiteit, gelei het tot akademiese uitmuntendheid. Wat verder volg, is nie noodwendig chronologies nie, want heelwat van die inisiatiewe en vernuwende aktiwiteite het tegelykertyd plaasgevind in ’n relatief lang tyd. Ek organiseer dus van hier af die inhoud volgens konsepte, ervarings en aktiwiteite. Aanvullend verskaf ek hiperskakels sodat my storielyn nie verstrik raak in detail, of die leser nie verstik in die “Akademikaans” nie. ’n Belangstellende/nuuskierige leser – of iemand wat hieroor navorsing wil doen – kan hierdeur dalk meer inligting en bruikbare bronne bekom. Aan die einde sluit ek af met my refleksie as opvoedkundige.

 

1. Geïllustreerde prenteboeke

As aanloop tot ’n waarneming en begrip van visuele geletterdheid het ek vir ’n paar jaar die kommunikasie in Afrikaanse prenteboeke ontleed aan die hand van die soorte kunsuitings, en aan ’n groep BEd III Grondslagfase-onderwysstudente die waarde daarvan – en dat dit op sigself ’n kunsvorm is[1], [2] – onderrig. Hier het ek baie geleer uit die werk van en gesprekke met kinderboekillustreerder Piet Grobler wat op daardie stadium in Stellenbosch gewoon, gewerk, uitnemende uitstallings gehad het en menige toekennings ontvang het.

Die literatuur wat ek oor visuele geletterdheid versamel het, het my verder toegerus om in my onderrig van bogenoemde groepe onderwysstudente die onderwerp wyer te ondersoek en hulle het kosbare onderrigprogramme aan die hand van Afrikaanse geïllustreerde prenteboeke geskryf. Dit was veral met bogenoemde studente waar ek die geleentheid gekry het om na te gaan hoe humor in kinder- en prenteboeke gebruik word. Ek kon met hierdie inligting oor die humor en kreatiwiteit in Afrikaanse prenteboeke in 2004 ’n referaat by die IBBY-kongres in Kaapstad oor Hinkel en Pinkel: Die muise wat die verkeerde tande gevat het[3] aanbied en ek het dit later op Wikipedia gelaai.

Ek het in 2003 ’n BEd Hons-student vanuit Nederland (Natascha Verberne) begelei om prenteboeke te versamel, te ontleed en sy het ’n uitstekende navorsingsprogram by sewe laerskole in Stellenbosch uitgevoer wat sy in ’n mini-navorsingsartikel oor die kommunikasie en kuns in Afrikaanse geïllustreerde kinderboeke opgeteken het. As afskeidsgeskenk om haar dankbaarheid te betoon, het sy vir my die kostelike prenteboek Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het[4] geskenk.

 

2. Strokiesprente en advertensies

Omdat ek vroeër in my onderwysloopbaan in Pietermaritzburg kennis gemaak het met die waarde van strokiesprente vir die ontwikkeling van leesvaardighede, het ek nou kans gekry om meer inligting daaroor te versamel. Ek kon my hande sit op ’n interessante verhandeling van André Badenhorst (1997)[5] waarin die konvensies van strokiesverhale uiteengesit is. Dit was veral die prettige Bluster en Tikolo-strokiesprente in Huisgenoot waarmee ons in klasse pret gehad het en waaroor studente onderrigprogramme uitgewerk het.

Buiten strokiesprente wat goed te pas kom in die onderrig van Afrikaans as addisionele taal, het ek die studente begelei met die ABBA-akroniem vir kommunikasie in advertensies. Ook het studente hul eie onderrigprogramme oor die advertensies van Highgate, Spur en Shoprite uitgewerk. Dit kon ek laai op die webtuiste wat ek geskep het vir stories, kreatiewe skryf en innoverende onderrigprogramme.

In 2004 het ek ’n gespreksgroep geïnisieer waartydens my twee BA Hons-studente (Natasha Verberne en Barnie Mans) kon gesels oor humor, prenteboeke en strokiesprente met dr François Verster (kenner van TO Honiball se strokies- en spotprente), Philip de Vos en Piet Grobler (skrywer en illustreerder van Kat se blad), asook Anton Kannemeyer (hy is saam met Conrad Botes skepper en illustreerder van die strokiesprent Bitterkomix). Laasgenoemde word beskou as Suid-Afrika se mees kontroversiële satiriese strokiesprent wat spot met die Afrikaanse kultuur en die wêreld van die dag en nie bedoel is vir jong lesers nie. Wat voortgespruit het uit hierdie gesprek, is die antwoord van Barnie Mans in ’n oopboek-eksamen oor die humor in Kat se blad.

 

3. Integrasie van humormateriaal in onderrigprogramme

3.1 TO Honiball se strokiesprente

My belangstelling in die strokiesprente van TO Honiball wat reeds ontstaan het terwyl ek Afrikaans as addisionele taal in Pietermaritzburg onderrig het, het my gelei om hierdie onderwerp verder te bestudeer.

Ek het vir twee groepe anderstaliges referate oor Honiball se pikturale humor aangebied. Hierdie groepe was eerstens Europese studente en akademici wat die taal, letterkunde en kultuur van Afrikaans bestudeer – die aanbieders was Afrikaanssprekende akademici vanuit Suid-Afrika – by ’n Afrikaans-seminaar by die Limburgse Universitêre Sentrum in Julie 2002 in Diepenbeek (België) onder leiding van prof Luc Renders. Hier het ek besef dat daar enkele (Afrikaanssprekende) letterkundiges is wat meen dat my rekenaarondersteunde taalonderrigprogram vir addisioneletaal-leerders die stereotipe van die Afrikaanssprekende voortsit.

Die tweede groep anderstaliges was akademici wat Afrikatale en folklore bestudeer, en hulle het die konferensie van die Southern African Folklore Society (SAFOS) in September 2002 in Polokwane bygewoon. Hierdie groep was heel geïnteresseerd in die humor en ander kulturele manifestasies van die Afrikaanse letterkunde en het entoesiasties met my gedeel watter ooreenkomste dit met hul eie kulture toon.

Nadat ek ’n referaat oor die gebruik van pikturale humor in TO Honiball se strokies by die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Algemene Literatuurwetenskap- (SAVAL-) konferensie op Potchefstroom gelewer het, het ek agtergekom dat daar wel baie belangstelling in die onderwerp bestaan.

My blootstelling aan navorsingsliteratuur oor pikturale humor is verryk deur my hulp met die taalversorging van François Verster[6] se PhD-proefskrif in hierdie verband. Ook het ek bewus geword van Janie van Niekerk (2001)[7] se humormodel met elemente van woord- en situasiehumor, en dit het my van ’n bruikbare instrument in my onderrig aan onderwysstudente voorsien.

3.2 Honiball se Adoons-hulle in rekenaarondersteunde taalonderrigprogram

In 2002 het ek ’n rekenaarondersteunde taalonderrigprogram (ROTO) ontwerp – waarin spesifiek gekonsentreer is op TO Honiball se Adoons-hulle – saam met kundiges (Lucille Müller en Francois Tredoux) by die universiteit se rekenaarsentrum vir studente (Humarga) en aanvanklik gedink dat ek my PhD-navorsing hieroor sou doen. Ek het egter mettertyd agtergekom dat ek nie met pikturale humor alleen wou werk nie, aangesien dit binne my onderrigkonteks te beperkend sou wees en die program meer op sekondêre skoolleerders gerig is. Dit was wel vir my duidelik dat ek hierdie program by my navorsingsprogram sou kon insluit om te kyk hoe onderwysstudente die gebruik van humormateriaal in huistaal, sowel as addisioneletaal-onderrig sou kon integreer.

By die ontwerp van die ROTO moes ek aandag skenk aan tekentradisies en strokiesprente as visuele tekste en hoe sulke humoristiese tekste kan bydra tot die ontwikkeling van kulturele geletterdheid in die omgewing van die Afrikaanse taalklaskamer – iets wat ek reeds in 2001 ontdek het. Die klem moes spesifiek val op leerders se ontvangs van Afrikaans as ’n addisionele taal waartydens sekere fasette en ’n paar verrassende taalgebruiksmoontlikhede onderrig kon word.

Eers het ek dit in die klaskamerkonteks ontdek en later ingebou in die ROTO sodat nie net die kulturele nie, maar ook visuele geletterdheid lesers intellektueel en emosioneel kan bemagtig in die ontvangs van die taalaanbod, alvorens hulle op ’n ekspressiewe manier uitdrukking hoef te gee aan hul aanvanklike onvermoë in die teikentaal. Dit is waarom ek dit belangrik geag het om onderwysstudente en leerders te leer hoe om visuele boodskappe te interpreteer. Die opvoeder kan leerders van addisionele tale help om hul visuele vaardighede te ontwikkel deur gebruik te maak van die bestaande verwysingsraamwerk van strokiesprentkonvensies. Mettertyd kan hierdie vaardighede die leerders se genieting van strokiesprente vermeerder en daardeur hul belangstelling in lees en hul leesvaardighede verhoog.

Omdat visuele geletterdheid in ’n groot mate van die kyker se verwysingsraamwerk afhang, is dit ook nodig om kulturele agtergrondkennis met betrekking tot die teikentaal wat aangeleer word, op te doen. Ek het ontdek dat kulturele geletterdheid[8] beskryf kan word as die totale agtergrondkennis wat mense in staat stel om grappies, verwysings, assosiasies, metafore, ensovoorts te verstaan.

3.3 Studente skryf parodieë

Terwyl ek besig was om voor te berei vir ’n referaat wat ek oor die parodie as hibridiese teks in 2006 by ’n konferensie van Literator op Potchefstroom sou lewer, en in die literatuur na te lees oor die parodie as ’n vorm van satire, het ek afgekom op twee geskrifte wat bevestig dat my idee om studente op ’n kreatiewe manier met hul samelewing te laat spot, in die kol was. Eerstens was daar Alexander Pope se geskrif wat in 1713 verskyn het, waarin hy spot met die kwasidigters van sy tyd, ”Receipt to make an Epick Poem”:

For the Fable.

Take out of any old Poem, History-books, Romance, or Legend … those Parts of Story which afford most Scope for long Descriptions: Put these Pieces together, and throw all the Adventures you fancy into one Tale. Then take a Hero, whom you may chuse [sic] for the Sound of his Name, and put him into the midst of these Adventures: There let him work for twelve Books; at the end of which you may take him out, ready prepared to conquer or to marry; it being necessary that the Conclusion of an Epick Poem be fortunate.

Die tweede geskrif is dié van Jules Laforgue, wat amper ’n half-eeu later, in 1886, vir een van sy vriende vertel hoe hy in sy versameling stories, die Moralités légendaires, spot met die dekadente samelewing van sy tyd met parodieë waarin hy sê:[9]

[F]reely modernize major stories of literary history, giving them new meaning according to the spirit, tastes, and characteristics of contemporary life. They take as their model a specific work, myth, legend, or group of works, and refashion it in accordance with the preoccupations of the time […]

In die onderrigprogram het ek dus onbewustelik ’n eeue-oue (satiries-literêre) teiken in die oog gehad en die uitkoms was dat die studente parodieë uit bekende sprokies geskep het wat ten nouste verweef is met hul eietydse massa- en studentekultuur. Die skryf van parodietekste kon lei tot studente se heroorweging van ideologiese en gender-magskwessies wat in die tradisionele sprokie geënkodeer is.

Ten tye van die verslaggewing van hierdie navorsingsprogram – meer spesifiek tydens die ontleding van die onderwysstudente se parodieë – het ek Koos Kombuis se Raka die roman (2005)[10] gelees. Kombuis se parodie wemel van karakters en gebeure wat Generasie X/Y/Z en die dekadensie van wit mense in Suid-Afrika aan die begin van die 21ste eeu uitbeeld. Kombuis self maak in sy bespreking van sy parodie, waarin die tieners as ’n verlore en emosioneel-verwaarloosde generasie uitgebeeld word, die volgende opmerking: ”If Generation X is not the last generation on earth, Generation Y or Z may well be the swansong of the human race.”

Die lees van Kombuis se parodie het my ook deeglik bewus gemaak van dekadensie en die laat-kapitalistiese gebruikersmentaliteit wat ’n kenmerk van die huidige Suid-Afrikaanse samelewing is. Daarmee saam het ek vermoed dat die studente se parodieë waarskynlik kulturele temas sou toon en dat ek in die ontleding van die tekste na hierdie temas sou kon soek. My gesprekke met portuurlesers en analisering van die data het die vermoede bevestig dat no 5 van die parodieë die “beste” en “uitstekend” – hoewel ook kras – is. Die skryf van parodieë het baie bygedra tot die ontwikkeling van kreatiewe skryfonderrig in my programme.

Ek het wel besef dat my opdrag aan die studente om parodieë te skryf en kreatiewe uitdrukking te gee aan hul waarneming van die samelewing waarin hulle woon, ’n tydige opdrag was – veral ook omdat hulle, sowel as die leerders wat hulle gaan onderrig, waarskynlik sterk eienskappe van millenniërleerders (Generasie X/Y/Z) sou toon en dat die integrasie van humortekste gepaste onderrigstrategieë sou kon wees by die onderrig van Afrikaans HT.

’n Aspek van humor waaraan ek nie baie aandag kon gee nie, omdat my navorsingsprogram net een manlike deelnemer ingesluit het, is die frekwensie van manlike en vroulike humor. Dit sou wel interessant wees om hierdie manlike deelnemer se humor in sy parodie te vergelyk met Koos Kombuis se humor in Raka die roman.

Tydens my navorsingsprogram was dit vir my belangrik om te definieer en te bespreek wat my epistomologie aangaande onderrig is. Eers moes ek nogal worstel om agter te kom wat epistomologie beteken en ook wat konstruktivisme dan is. Een van die uitkomste van my PhD-navorsing was dat ek besef het ek kan veralgemeen en betoog dat die integrasie van humormateriaal in taalonderrig goed binne die konstruktivistiese paradigma pas.

Sedert die voltooiing van my doktorsgraad in 2006 wat gehandel het oor die gebruik van humormateriaal in die onderwys van Afrikaans, was daar nuwe uitdagings en geleenthede waarin die ontdekkingsreis en ontwikkeling van kreatiwiteit in my loopbaan tot uitdrukking gekom het – sommige direk en ander indirek.

 

4. Ontwikkeling van kreatiewe skryf

Die program waarin studente parodieë geskryf het, het bygedra tot programme waarmee ek die ontwikkeling van kreatiewe skryf in ander groepe studente kon inspireer en stimuleer. Ook het dit my selfvertroue gegee om verskeie ander onderrigstrategieë en -materiaal te ontwikkel en te implementeer.

Een van die hoogtepunte in my loopbaan was in 2009 toe ek ’n MEd-student (Anmar le Roux) begelei het as studieleier om haar navorsing oor kreatiewe skryfonderrig te doen en haar verhandeling te skryf.

4.1 Metaforiese narratiewe

Die taalonderwysstudente in my klasse vanaf 2006 kon as deel van hul professionele opleidingskurrikulum ’n begrip ontwikkel van die waarde van hul eie professionele groei en werk deur die skryf van persoonlike ervaringsnarratiewe. Die gebruik van metaforiese narratiewe is aangemoedig in ’n lesreeks waar hulle elkeen ’n metafoor moes kies wat vir hulle betekenis het en nadat hulle reflektief daarmee (of ’n prent daarvan) in die labirint van die Jan Marais-park in Stellenbosch gestap het.

Ek het getuienis in navorsing gevind dat die proses van stap in ’n labirint lei tot ’n aktualisering van die self[11] en dit kan lei tot ’n diepgaande transformasie - soos wat een student dit wel verwoord het in haar refleksie oor hierdie aktiwiteit. Daarna het elkeen hulle eie narratiewe geskryf.

Enkele van die studente het verkies om outobiografiese narratiewe te skryf. ’n Ontleding van hierdie data het aangetoon dat die meeste studente se metaforiese narratiewe elemente van kunssprokies[12] bevat – soortgelyk aan literêre sprokies wat onder andere Hans Christian Andersen, Oscar Wilde, Hermann Hesse en Belcampo geskryf het, waarin hulle outobiografiese gegewens van hul eie lewens verweef het.

In ’n referaat by die Universiteit Stellenbosch se kongres van die Sentrum vir Leer en Onderrig het ek in 2007 verslag gelewer van die onderrigprogram, sowel as temas wat in die studente se narratiewe voorgekom het. Met hierdie navorsingsgetuienis wou ek ’n bydrae gemaak het om in die konteks van navorsing oor taalonderrig motivering vir narratiewe verslaggewing te vind.

4.2 Sandspel en kreatiewe skryfsels met miniatuur-items

’n Werksessie waarmee ek en ’n vriendin (Martie Rottier) sedert 2004 geëksperimenteer het, is die gebruik van miniatuur-items wat deelnemers kies in ’n sandbak en daarna elkeen hul eie kreatiewe skryfsel (gedig/dialoog/storie) skep aan die hand van dit wat in die bak gebeur/is. Martie het haar MA in Maatskaplike Werk gedoen oor sandspel met adolessente leerders in Stellenbosch.[13]

Ons twee het saam in Julie 2011 ’n 14-dae sandspel-kursus in Switserland bygewoon en ek het baie bewus geword van die werk van die sielkundige Carl Gustav Jung. Al het ek ’n referaat oor hom uitgewerk gedurende my Hons Psigologie-studiejaar in 1973, het ek nou by hierdie kursus eers prakties agtergekom wat die waarde van sy werk vir my sou beteken. Die aanbieders het ons deur middel van aksieleer bewus gemaak van die kreatiwiteit wat so ’n sandbak kan stimuleer.

Ons het hierdie program ook behandel met ’n groep onderwysstudente vir wie ons gevra het om as waarnemers vir Martie se navorsingsondersoek in te staan en ons het hulle deur ervaringsleer toegerus vir hierdie taak sodat hulle sensitief en oplettend kan wees vir die dinamika wanneer die leerders daaraan blootgestel is. Menige kosbare stories van die studente het hieruit ontstaan. Hierdie ervaring en gebruik van stimulerende media het gelei daartoe dat ek aan my BEd-onderwysstudente soortgelyke skryfervarings gebied het in die pragtige botaniese tuine in Stellenbosch.

Hierdie werksessie wat ons “Sandstories” noem en vir sosiale werkers, digters en skrywers, ook volwasse vriende en belangstellendes aangebied het, kom in 2013 tot ’n hoogtepunt as ons dit vier keer in Stellenbosch aanbied en ’n totaal van 36 volwassenes (manlik en vroulik) dit bywoon – nie meer as 10 per sessie nie, sodat dit persoonlik en interaktief kon wees.

In ons sessies wat ons saam aangebied het, was my fokus op die kreatiwiteit van mense wat ontwikkel tydens die sessies met die skryf van haikoes, dialoë en kort stories, wat ek graag as stimulus en instrument gebruik vir persoonlike verryking en kreatiewe skryf. Martie het spesifiek belanggestel in die proses van innerlike bewuswording en die ontwikkeling van emosionele welstand.

 

5. Aanlyn leeromgewings

5.1 ’n Harry Potter-rolspeldebat in ’n kuberkletskamer

In my navorsingsprogram met onderwysstudente in 2006 het ek stereotipes geskep om humor en letterkunde met mekaar te integreer in ’n virtuele klaskamer. Die onderwysstudente moes aan die hand van stereotipe-personas in die onderrigprogram die wenslikheid (al dan nie) daarvan om die Harry Potter-tekste as voorgeskrewe tekste met T1 te integreer, in ’n webgebaseerde rolspeldebat bespreek.

Hierdie virtuele rolspeldebat het ek herhaal met ’n groep studente in 2007 en in die studente se refleksie daaroor is dit duidelik dat dit by baie van hulle humor ontlok het, veral omdat die stereotipering van die rolle en anonimiteit (persona) motoriese momente van die gesprek was. Dit was vir my duidelik dat hulle nog nooit so ’n soort les gehad het nie en dat dit soms vir hulle chaoties en verwarrend was. In hul terugvoer meld die studente hoe baie hulle gelag het en hoe die debat hul kritiese en kreatiewe denke ontwikkel het, omdat hulle in ’n sekere rol moes standpunt inneem en tog ook ander perspektiewe moes aanhoor en integreer met hul eie redenering.

5.2 Storybook Weaver en prentestories

’n Paar groepe studente wat opgelei is om Afrikaans vir Grondslagfase-leerders te onderrig, is aan Storybook Weaver blootgestel in Humarga, waar dit gelaai is op die intranet en tot die studente se beskikking is. Dit was aanvanklik ’n CD-ROM-program (deesdae is dit aanlyn beskikbaar) waar die gebruiker ’n toneel as agtergrond kies en dan karakters en dinge intrek by elke skyfie, waarna hulle woorde vir ’n storie byvoeg. Daar het heelwat prettige stories, rympies en raaisels na vore gekom.

5.3 Onderrig van Afrikaanse jeugliteratuur in Boekwurm

’n Vorige kollega van my in Pretoria (Danielle Heyns), op daardie stadium werksaam by die Onderwyskollege Pretoria (OKP), het my geïnspireer om Afrikaanse jeugletterkunde kreatief aan te bied met haar benadering wat sy “Lekkerkunde” genoem het. So ook het ek baie idees gevind in Theunie van der Merwe se gids oor kreatiewe letterkunde.[14]

’n Waarneming wat ek telkens gemaak het ná onderwysstudente se praktiese onderwys by skole tydens die derde kwartaal van die jaar, is dat hulle telkens terugkom en ek intuïtief aangevoel het dat hulle ’n verveelde houding het van “wat kan julle nog vir ons leer - ons was nou in die skole en weet wat om te doen...”

In 2010 het ek ’n plan gemaak om bogenoemde verveeldheid te omskep in nuuskierigheid en belangstelling. My rekenaarvaardighede het sedertdien verder ontwikkel en ek het ’n blog geskep om ’n interaktiewe kuberruimte (Boekwurm) te voorsien, waar die studente in ’n virtuele kletskamer kan leer oor Afrikaanse jeugletterkunde. Om hierdie aanlyn leeromgewing te skep, het ek baie gesteun op Maryke Mihai se navorsing oor aanlyn joernale.[15] Gelukkig het ek leeslusmakers van vorige jare se studente geberg en kon dit by elke soort jeugletterkunde laai.

Die studente se terugvoer aan die einde van die module het duidelik laat blyk dat hierdie soort klaskamer vir hulle (meestal) aanvanklik ’n nuwe ervaring was – en vir sommiges ’n uitdaging – wat uiteindelik vir hulle nuwe horisonne oopgemaak het oor hoe die rekenaar in die taalklaskamer gebruik kan word.

5.4 KLASKENADES in die virtuele ruimte

In 2016 het ek die voorreg gehad om deur die Opvoedkunde Fakulteit van die Universiteit Stellenbosch uitgenooi te word om my kreatiewe skryfonderrigprogram (KLASKENADES) aan te bied vir die BEd Hons-studente wat die Kreatiewe Skryf-module gekies het en aanlyn daaraan moes deelneem. Een van die studente het saam met my ’n gesprek gevoer hieroor op LitNet waar sy wenke gee vir onderwysers. Deel van die BEd Hons-module in kreatiewe skryf in 2016 was dat studente moes reflekteer oor hulle ervaring van die aanlyn leeromgewing. As deel van haar refleksie skryf sy:

“Voor ek met hierdie module begin het, was ek heel blog-ongeletterd. Ek het geweet dat dit baie populêr in onderrigkringe word, maar ek het nie gedink dat dit werklik vir my eie situasie relevant was nie. Jy het ons baie slim geforseer om blog-geletterd te raak, Estelle, deurdat jy ons gedwing het om na elke les ons eie kreatiewe pogings op die blog te laai en ons is op die blog blootgestel aan wat ’n vulkaan van idees was.

“Myns insiens was dit [refleksie] onontbeerlik vir hierdie kursus. Ek het kinderlik trots gevoel as my pogings op die blog gelaai is en was werklik totaal emosioneel betrokke by my joernaal. Daar is ’n besitterskap en trots wat mens het, wat jy nie het as jy net take inhandig om hulle eers weer te sien nadat die onderwyser met rooi pen oor alles geskryf het en wat jy daarna net êrens neersmyt nie. Die feit dat daar na elke les ’n produk was, was ook uiters bevredigend. Mens kon week na week monitor hoe die kreatiewe proses vinniger en beter word.”

 

6. Gemeenskapsinteraksie

In 2007 bied ek kreatiwiteitsessies aan vir vriende en ander belangstellendes – hierdie sessies het ek later geïntegreer in ’n memoires-skryfkursus vir ’n groep van 10 belangstellendes en dit het gevoel asof my eie kreatiwiteit nuwe vlerke kry.

Skielik kom daar in 2012 ’n nuwe wending in my loopbaan. ’n Vakadviseur (Maryna de Lange) vir die onderrig van Afrikaans in ’n laerskool in die Weskus-distrik van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement woon ’n werkswinkel by vir kreatiewe skryf, aangebied deur my en ’n vriend (André Müller) tydens die Cultivaria-fees in Paarl en sy kon nie anders as om vir ’n hele naweek daarna op haar eie te wil en kan gedigte skryf nie. ’n Jaar later word dit deel van die onderwysbeleid om vir onderwysers van huistaal (graad 4-7) op te lei om vir leerders in daardie fase te laat gedigte skryf. Maryna het besef dat daar nou ’n dringende aanvraag is en sy weet wie dit kan aanbied.

In 2012-13 bied ek verskeie KLASKENADES-kursusse vir ongeveer 600 onderwysers van graad 4-7 aan – in groot groepe van 150, opgedeel in kleiner groepe van 15, onder die leiding van fasiliteerders wat ek vooraf opgelei het – in drie distrikte van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement, met groot sukses (drie in Afrikaans en een in Engels). Hierin leer ek die onderwysers wat kreatiwiteit is en hoe om met behulp van multisensoriese media (musiek, items en versteekte woorde in die sand, lekkergoed om die smaaksintuig te stimuleer, groot en kleurvolle prente) die eerste fase van die skryfproses te aktualiseer. Sodoende word hulle bemagtig om leerders te inspireer en die pre-skryffase te kan aanbied en eenvoudige gedigte te skryf (haikoe, tanka, renga, diamante, limeriek en pantoen). Ook het ek ’n handige instrument vir portuurassessering ontwerp, waarmee onderwysers/leerders mekaar se gedigte anoniem kan assesseer. Aan die einde van die sessie het elke deelnemer ’n CD ontvang waarop al die musiek en media gelaai is, sowel as ’n uitdeelstuk waarin die program uiteengesit word.

Hierdie kursus het ek opgesom en aangebied by verskeie onderwysverrykingsessies dwarsoor die land.

In 2015 nooi National Professional Teachers' Organisation of South Africa (NAPTOSA) in Kaapstad my om ’n kursus vir onderwysers van Afrikaans as addisionele taal aan te bied. Hiervoor het ek ’n spesiale webtuiste geskep en vir elke onderwyser ’n uitdeelstuk gegee van al die werk wat ek en twee oudstudente (Renera Ferreira en Jean Vermeulen) interaktief met hulle behandel het.

Nog ’n nuwe projek het in 2015 gerealiseer. Saam met ’n oud-kollega wat ’n vriend geword het (Richard Stanley), wat in 2007 ’n ongeluk gehad het waarin sy linkerbrein beseer is, het ons sy projek oor heelbreingebaseerde leerprojek ontwikkel om in 2015 saam met kundiges aan te bied by ’n hoërskool in Mitchellsplein vir leerders van graad 10. Dit lyk of almal wat betrokke was by die projek, opgewonde was hieroor en die geweldige potensiaal daarvan raakgesien het.

Telkens, terwyl ek besig was om die programme te ontwerp vir hierdie twee kursusse, en die media daarvoor voorberei het, weet ek dat dít toe die onbekende doelwit[16] is waarop ek my lewe lank voorberei is, dit is waarvoor ek gemaak is, hoekom ek ervaar het wat ek deur die proses van my (formele en nie-formele) loopbaan geleer het.

 

7. Refleksie as opvoedkundige

Dit was eers tydens die skryf van die proefskrif en toe ek met nuwe groepe studente die stimulering van die verbeelding in kreatiewe skryf opnuut verken het, dat ek die implisiete doel gevind het waarheen ek op pad was – ’n doelwit of bestemming wat ek nie vooraf kon identifiseer nie. Die spanning en vraag wat my deur die jare van my eie onderrig gedryf het, is ’n werkopdrag wat ek in 1981 vir my HOD (nagraads) by UNISA in Algemene Didaktiek moes uitwerk. Ek het nie besef die antwoord sal 25 jaar neem om gestalte te vind nie. Die vraag was naamlik: "Hoe kan leerders gemotiveer word om te leer?"

Die gebruik van humormateriaal en die studente se skryf van parodieë was die kulminasie van hierdie soektog en gelyktydig die voorloper van wat ek hierna eintlik die graagste in die toekoms sal wil doen: om mense se kreatiwiteit te stimuleer, en om as navigator vir onderwysers te wys hoe hulle dit met taalonderrig kan integreer. Op verskeie maniere het ek in my onderrigprogramme soortgelyke kreatiewe ervarings in en buite die klaskamer geskep wat tot estetiese betekenisskepping in narratiewe konseptualisering van elke student se eie kennisleer aangaande taalonderrig gelei het.

’n Waarneming wat ek gemaak het by die Universiteit Stellenbosch tydens die eerste paar jaar wat ek daar werksaam was, was dat daar nie eintlik in taalonderrigprogramme aandag gegee word aan addisioneletaalonderrig nie – waarskynlik omdat daar nog nie baie anderstaliges was wat Afrikaans geneem het nie en dat die meeste leerders Afrikaanssprekend was (meestal bruin en wit). Toe ek in 1996 my MA-studie by die Universiteit van KwaZulu-Natal gedoen het, was addisioneletaalonderrig wel ’n baie noodsaaklike aspek daarvan, omdat daar so baie Zoeloe-sprekende leerders is wat Afrikaans (moes) leer. Hierdie situasie het intussen wel verander en dit het meer dringend in die Wes-Kaap geword om Afrikaans as addisionele taal te onderrig, veral omdat daar deesdae meer integrasie by skole is en leerders dikwels vanuit ander taalgroepe kom.

My onderrigervaring en betrokkenheid by ander verskillende soorte kursusse en samelewingsverbande het tot ’n verdieping in my insig en onderrigvaardighede gelei. Die probleme en tekortkominge wat ek raakgesien en ervaar het, het my behoefte aan verandering, groei en vernuwing in rigtings gestuur waarvan ek nie noodwendig die uitkomste kon voorsien nie.

Uiteindelik meen ek dat daar ’n duidelike verband bestaan tussen my keuse om humormateriaal in my PhD-navorsingsprogram te gebruik en my leerdergesentreerde onderrigstrategieë. Ek is ook oortuig daarvan dat ek hiermee ’n bydrae kon lewer tot taalonderrig en onderwyseropleiding en daar geleenthede gevind het om betekenis te skep.

Die kennis aangaande affektiewe en humanistiese onderwys[17] wat betrekking het op die emosionele geletterdheid en leerdergesentreerde onderrig, kreatiwiteit en MI, en humor as deel van kulturele en visuele geletterdheid, was dus die teorieë en navorsingsresultate waaruit ek sou kon afleidings maak om spesifiek binne die teorie van ervaringsleer akademies te verkeer. Dit was vir my duidelik dat daar nie net een enkele teorie is wat ek nagevolg het nie, maar dat dit ’n mosaïek van teoretiese beginsels is wat ek op ’n unieke wyse gemotiveerd kon saamvoeg in my proefskrif en in artikels wat daaruit of uit my ander navorsingsprojekte[18] gevloei het.

My verhouding met die leerders en studente het vir my toenemend belangrik geword. Ek het omgegee vir hul persoonlike ontwikkeling, die ontdekking en realisering van hul potensiaal en hul ervaring van gebrokenheid in hul wêreld, tesame met die soeke na kreatiewe oplossingsmoontlikhede binne hul bereik. Die leerders en studente se ervaring in hul lewens en kultuur was dus volgens my ’n belangrike skakel met die nuwe ”kennis” wat ek wou oordra. Ek wou hê dat hulle in interaksie moes tree met die kennis, met my en met mekaar. Mettertyd sou ek agterkom dat die konteks waarbinne hierdie interaksie plaasvind, ’n bepalende invloed op die karakter van onderrig en die kwaliteit van leer het.

My ervaring in my eie hoërskooljare en my onderrigpraktyk (moontlik juis as gevolg van ’n spanning in myself oor die hantering van dissiplineprobleme, leerders se gebrek aan motivering en belangstelling in die klaskamer, en politieke onrus op die kampusse waar ek gewerk het), het my egter gaandeweg krities bewus gemaak daarvan dat mense hul ”kennis” (kan) gebruik as mag om ander te oorheers en uit te sluit – in die skoolkonteks sowel as in die samelewing – en ook dat daar ’n verskeidenheid moontlikhede, perspektiewe en oplossings is.

Dit is veral my ervaring van en blootstelling aan ander kulture (Venda- en Zoeloesprekende studente) en Generasie X/Y/Z (hoërskoolleerders in die koshuis in Pietermaritzburg) wat die ontwikkeling in en sensitiwiteit vir my kontekstuele betrokkenheid versnel het.

My slotsom is dat kennis opgedoen word deur betekenisvolle onderrig, die skep van konstruktiewe ervarings, pret, goeie inhoude, leerdergesentreerdheid en ’n entoesiastiese onderwyser/dosent.

’n Kosbare herinnering is die geleentheid waar die eertydse rektor en visekanselier van die Universiteit Stellenbosch (prof Chris Brink) vir my in 2006 gelukgewens het met die woorde: “Jy het ’n lang pad gestap, doktor Kruger.” Die volgende dag ontvang ek toe ook uit sy hand sy Toekenning vir Voortreflike Onderrig.

Ek sluit my herinneringe af met ’n gedig wat ek onlangs geskryf en uitgebrei het:

In my vorige lewe
was ek ’n swerwer
van nêrens na êrens
op soek na betekenis.

Dalk het ek
my innerlike kompas gekry
toe ek voel my reis as pelgrim
in die onderwys
is amper verby.       

Nou is ek ’n wandelaar
van hier na daar
wat die skatte uitdeel
wat ek gevind het op my reis.

 

Epiloog

Onlangs het ek vir ’n nuwe aanlyngebaseerde hoërskool wat hier in Sedgefield oopgemaak het, vier data CD’s gestuur om die onderwyser vir Afrikaans (EAT) te bemagtig met allerlei innoverende idees, aanlyn leeromgewings, en interessante onderrigprogramme en -materiaal wat ek en my onderwysstudente geskep het. Ek salueer hierdie studente en het storiehuis@maties gebou om hulle slim skeppings en onderrigprogramme daarop te laai. Indien daar lesers is wat graag ook hierdie CD’s wil ontvang, kan hulle my kontak en dan maak ons ’n plan. 

 

[1] Grobler, P. 2004. ’n Ondersoek na die betekenis in prenteboeke vanuit ’n vertaalteoretiese perspektief - met spesiale verwysing na illustrasies vir die werk van Annie M.G. Schmidt en ander herskrywings tussen Afrikaans en Nederlands. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

[2] Rood, C.F. 1995. Die kinderboekillustreerder as kunstenaar: ’n evalueringstudie aan die hand van enkele Suid-Afrikaanse kinderboekillustreerders. MBibl-verhandeling, Potchefstroom: PU vir CHO.

[3] Van Straten, C. en J. Pritchard. 1982. Hinkel en Pinkel: Die muise wat die verkeerde tande gevat het. Pretoria: Juventus.

[4] Holzwarth, W. 2002. Die storie van die molletjie wat wou weet wie op sy kop gedinges het. Illustrasies deur Wolf Erlbruch en vertaal in Afrikaans deur Linda Rhode. Kaapstad: Human & Rousseau.

[5] Badenhorst, A. 1997. Die benutting van die strokiesprent in die onderrig van Afrikaanse stelwerk en letterkunde op sekondêre skoolvlak. MEd-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

[6] Verster, F. 2003. ’n Kultuurhistoriese ontleding van pikturale humor, met besondere verwysing na die werk van T.O. Honiball. D.Phil.-proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

[7] Van Niekerk, J.E. 2001. Humor in kinderverhale: ’n vergelyking tussen geselekteerde Afrikaanse en Nederlandse tekste. MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

[8] Combrink, L. 1996. Kulturele geletterdheid en multikulturele onderwys. Tydskrif vir Taalonderrig, 30(1):1–16.

[9] Hannoosh, M. 1989. Parody and decadence: Laforgue's Moralités legéndaires. Columbus: Ohio State University Press.

[10] Kombuis, K. 2005. Raka die roman. Kaapstad: Human & Rousseau.

[11] Ullyatt, T. 2011. “Gestures of approach”: aspects of liminality and labyrinths. Literator, 32(2):103–34.

[12] Potgieter, M.K.E. 2003. Die verrekening van ’n tydgees in die vertaling van die sprokies van Hermann Hesse. MA-verhandeling, Johannesburg Universiteit.

[13] Rottier, M.F. 2008. Benutting van sandspel in die eksplorering van die leefwêreld van adolessente volgens die Gestaltbenadering in Maatskaplike Werk. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

[14] Van der Merwe, T. 1991. Kreatiewe letterkunde-onderrig. Pietermaritzburg: Shuter & Shooter.

[15] Mihai, M.A. 2007. Aanlynjoernale in Afrikaansonderrig: leerders se hantering van frustrasie. MEd-verhandeling, Universiteit Pretoria.

[16] Conle, C. 2000. Thesis as narrative or "What is the inquiry in narrative inquiry?" Curriculum Inquiry, 30(2):189–214.

[17] Kruger, E. en L. Rutgers. 2008. Die integrasie van humoristiese tekste by taalonderwys om studente se emosionele geletterdheid te ontwikkel: ’n gevallestudie. Koers, 73(3):549–88.

[18] Kruger, E. en M. Poser. 2007. Taakgerigte aktiwiteite om die kommunikasievaardighede van addisioneletaal-leerders in Afrikaans te ontwikkel. Tydskrif vir Taalonderrig, 41(1):1–12.

 

Lees ook:

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – ’n afdraaipad na interkulturele onderwys

Herinneringe aan my onderwysloopbaan – en my pad met die onderrig van Afrikaans

Gesprek: Multimodale reflektiewe leerdersportefeuljes (MRL) en selfgerigte lees

LitNet se blokraaisels nou op een plek

The post Herinneringe aan my onderwysloopbaan – op reis na akademiese uitmuntendheid en innovasie appeared first on LitNet.

Met ’n ysterkaak en ’n onverbiddelike kyk: ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten, ’n resensie

$
0
0

Titel: ’n Kwessie van tyd
Skrywer: Doc Marten
ISBN: 9781776352258
Uitgewer: LAPA

Tydens ’n stormagtige nag word ’n naamlose jong vrou koelbloedig in ’n afgeleë Engelse herehuis vermoor. Die moordenaar is eweneens ongeïdentifiseer, maar leidrade word wel verskaf – dis ’n manlike persoon wat onlangs plastiese chirurgie ondergaan het en vooraf deeglik beplan het om sy ware identiteit te laat verdwyn deur finansieel daarvoor voorsiening te maak in geheime buitelandse bankrekenings. ’n Tydsprong van twintig jaar en ’n ruimtesprong na Parys, Frankryk, vind dan plaas en die toneel verskuif na ’n gesogte perdewedren waar ’n karakter, Henry Clarke, voorgestel word. ’n Skokkende waarneming deur hom lei daartoe dat hy in Suid-Afrika die hulp van ’n privaatspeurder inroep, maar laasgenoemde word vermoor en sy semi-bevrore lyk val letterlik op Henry se voorstoep.

Die toneel is nou gereed vir die hoofkarakter van die roman om sy verskyning te maak. Jan Brand word uitgebeeld as die tradisionele hardkoppige, bruingebrande held: ’n hartebreker wat sonder inspanning vroulike aandag trek, met ’n ysterkaak en ’n onverbiddelike kyk in die oë. Hy is ’n gewese rugbyheld wat in ’n administratiewe hoedanigheid by die polisie gewerk het (alhoewel hy een keer inderdaad per ongeluk ’n rower gearresteer het), maar het vroeg (hy is 29 jaar oud) afgetree en speel nou rond op sy plaas, wat hy in ’n weddenskap gewen het, naby die Botswana-grens. Henry se broer, Nigel, is sy buurman. ’n Formele ete-uitnodiging, ’n vyfster-affêre kompleet met ’n butler en silwer eetgerei, het sy betrokkenheid by Henry se probleme tot gevolg en, wat hy gehoop het hom ’n vinnige paar rand in die sak kan bring, blyk lewensgevaarlik te wees wanneer hy op die speelplekke van die super rykes begin krap en onwelkome aandag trek.

“Doc” Marten van der Merwe is ’n afgetrede mediese dokter en hierdie roman is sy debuutwerk. Die beoordeling van enige roman, maar ’n debuutwerk in die besonder, is ’n uitdagende taak wat ’n fyn balans tussen opbouende kritiek en ’n eerlike waardebepaling vereis. In soverre dit die sinopsis en die kernverhaal betref, is hierdie roman ’n welkome bydrae tot die spanningsverhaal-genre in Afrikaans. Die agtergrond van perdewedrenne is deeglik nagevors en word oortuigend genoeg aangebied om ’n bekeerde dobbelaar in die versoeking te lei. Daar is ongelukkig etlike probleme met die skryfstyl en karakterontwikkeling wat uitgewys kan word.

Die taalgebruik is van meet af aan oormatig beskrywend en word gekenmerk deur die oorgebruik van byvoeglike naamwoorde en taalfossiele. Die openingstoneel verskaf verskeie voorbeelde: “Opeens skeur weerlig deur die lug…”; “[s]y tuur deur die ruit…”, en “’n [k]ontrasterende kalmte heers kortstondig…” (9). Ook: “Die ongereëlde flikkering van weerlig verlig die bekende trappe”; “[h]ierdie verskriklike vrees in haar maag is werklik”, en “[i]nstinktief probeer sy wegbreek deur blindelings sywaarts te tree en die sambreel woes te swaai” (11).  Die formele taalgebruik word boonop nie konsekwent toegepas nie; op bladsy 16 word byvoorbeeld na vragmotors as “groot lorries” verwys.

Inversie en die aanwending van die passiewe eerder as die aktiewe stem lei dikwels tot ’n ontoeganklike en moeilik-vloeiende teks, byvoorbeeld: “Vreemd lyk hy bekend” (34); “[r]eeds herken hy Pete van sy rugbydae…” (51), en “[b]elangrik is om Pete ontvanklik te kry…” (52).

Tegnieke om tydsverloop aan te dui is aanvanklik veral lomp en kunsmatig. Die voorbeelde hiervan is legio: “Gou is hy so verdiep in wat hy doen…” (106); “[s]o kruip Jan langs haar in die bed…” (140); “[l]ater klim Jan in die Camaro…” (144); “[l]ateraan het sy geen beswaar…” (147); “[d]ie volgende oggend gaan soek Jan…” (149), ensovoorts. Reduksie van sinne waarin onnodige invoegsels wat geen doel dien nie, herhalend voorkom, sou ongetwyfeld ook tot die kwaliteit van die teks bygedra het. ’n Voorbeeld hiervan is die woorde “dan ook” wat gebruik word op bladsy 130: “Beide slaap dan ook laat…”; op bladsy 133: “[V]oor die paviljoen is daar dan ook…” en op bladsy 150: “Oomblikke later het Pete dan ook…”

Jan as hoofkarakter slaag nie wat oortuiging betref nie. Teenstrydighede en onwaarskynlikhede kelder sy geloofwaardigheid. Aanvanklik word hy as ’n “ladies man” uitgebeeld wat geen steen onaangeraak laat om dames se aandag te trek nie – tydens ’n vlug Kaap toe verkry hy twee selfoonnommers en ’n afspraak vir ete op dieselfde aand (40), maar dan ontpop hy meteens in ’n galante heer wat dames se stoele vir hulle uittrek en begaan is oor ’n jong weduwee se reputasie. Op bladsy 144 het hy ’n gewelddadige woede-uitbarsting en is daar ’n vae verwysing na “sielkundige behandeling wat hy destyds vir sy humeur ontvang het”, wat in skrille kontras met sy beeld as onskadelike pasifis is. Die verwysing na die behandeling word ook nie verder geneem nie.

Verdere teenstrydighede kom voor wanneer Jan wil voorgee dat hy dood is. In die gepubliseerde koerantfoto is hy “kwalik herkenbaar” en in die artikel word daar na hom verwys as ’n “onbekende man” (125), maar dis op ’n onverklaarbare wyse voldoende inligting vir die bank om sy rekening te sluit (128). Ook ten opsigte van sy fisiese voorkoms krap die volgende: op bladsy 183 is hy gewoon “langerig”, maar op bladsy 184 laat “sy addisionele hoogte [hom] bo die meeste gaste uitstaan”.

Ten spyte van die vermelde voorbehoude is die idee agter die roman – die raaisel wat Jan moet oplos – vars en oorspronklik. Daar is verskeie humoristiese tonele, veral die ontmoeting en dialoog tussen Jan en die butler Richard: “Sit gerus… Ek kan nie, Meneer… Die stoel is… vol stof, Meneer” (27); die geveg tussen Jan en twee skarminkels waar ’n hooivurk toevallig tot sy redding kom: “Hy skop hom so hard as hy kan waar geen man geskop wil word nie, reg in die ratkas” (177), en sy middernagtelike vlug op ’n skaatsplank: “In die straat gaan hurk hy daarop, nie seker of hy andersins sy balans sal kan behou nie… Dan kies hy koers straat af met ’n paar skoppe op die teer – en tel vinnig momentum op. Te vinnig” (194). Sy desperate byt aan ’n skurk se been (274) is ook hoogs vermaaklik en sommige slottonele, veral Jan se ontmoeting met Sissy (hoofstuk 33) en die sterk epiloog (bladsye 307–10), getuig van bogemiddelde skryfwerk. Die hoop beskaam dus nie dat hierdie debuutskrywer tot hoër hoogtes in staat is en dit inderdaad ook in die toekoms kan bereik nie.

Die roman is uitgegee deur LAPA Uitgewers en is in sagteband (ISBN 9781776352258) en elektroniese formaat (ISBN 9781776352265) beskikbaar.

The post Met ’n ysterkaak en ’n onverbiddelike kyk: <i>’n Kwessie van tyd</i> deur Doc Marten, ’n resensie appeared first on LitNet.

Promosie vir 2 Augustus: 20% afslag op Monster deur Rudie van Rensburg

$
0
0

Afrikaanse blitsverkoping!
2 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 2 Augustus is:

Titel: Monster
Skrywer: Rudie van Rensburg
ISBN: 9780795802485
Uitgewer: Queillerie

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

The post Promosie vir 2 Augustus: 20% afslag op <i>Monster</i> deur Rudie van Rensburg appeared first on LitNet.


Persverklaring: “Goddank vir klank” saam met Innibos by RSG-radiodramaslypskool

$
0
0

Indien jy nog altyd ’n radiodrama wou skryf of dalk drama as “klank in die klaskamer” inspan, is die ’n slypskool deur Kobus Burger, waarnemende programbestuurder van RSG, net die plek waar jy meer daarvan te wete kan kom.

Dit is die eerste keer wat hierdie slypskool in die Laeveld aangebied word. Dit is op Donderdag en Vrydag, 18 & 19 Augustus, op Kaapsche Hoop en word moontlik gemaak deur die ondersteuning van NATi (Nasionale Afrikaanse Toneel-inisiatief).

Kobus gaan kursusgangers onder meer leer oor hoe ’n klankdrama geskryf word, wat ’n suksesvolle storiestruktuur behels, watter tegnieke ingespan kan word om ’n luisteraar te boei en hoe byklanke en perpsektief benut kan word.

Leer ook sommer meer oor die storievertelkuns en waarom dit nie net terapie is vir die luisteraar nie, maar ook vir die verteller. Lenora Zietsman is ’n plaaslike meester-storieverteller en sal die slypskool Vrydagmiddag afsluit.

Koste: R1 000-00 (per persoon, albei dae, sluit ligte etes in). Akkommodasie op Kaapsche Hoop is vir elke deelnemer se eie rekening. Daar is verskeie gastehuise en selfsorggeriewe beskikbaar op Kaapsche Hoop.

Stuur e-pos na annemarie@innibos.co.za om te bespreek.

The post Persverklaring: “Goddank vir klank” saam met Innibos by RSG-radiodramaslypskool appeared first on LitNet.

My winter word gemmer

$
0
0

Foto’s van gemmerkat en van gemmerkoekies: Karen Hart

............
Ek het my eerste gemmerkat by my buurman in Loaderstraat gekry. Ek en my tweede man, Anton, het kort voor ons troue daar ingetrek. (Dit was lank voordat dié ou straatjie deur die glansgatte en groot geld oorgeneem is.) Ons het gou kennis gemaak met die sagmoedige reus van ’n man wat hier skuins onder ons slaapkamervenster sy altviool gespeel het. Dit was troosklanke in moeilike tye. So ook sy vriendskap.
.............

Ek het my eerste gemmerkat by my buurman in Loaderstraat gekry. Ek en my tweede man, Anton, het kort voor ons troue daar ingetrek. (Dit was lank voordat dié ou straatjie deur die glansgatte en groot geld oorgeneem is.) Ons het gou kennis gemaak met die sagmoedige reus van ’n man wat hier skuins onder ons slaapkamervenster sy altviool gespeel het. Dit was troosklanke in moeilike tye. So ook sy vriendskap.

Greg is van St Cloud in Minnesota en het die wêreld leer ken deur in orkeste te speel. Dis hoe hy in Kaapstad en langs ons in Loaderstraat beland het. Hy het gou deel geword van ons vriendekring en ons van syne. En Saterdagoggende, wanneer Anton ’n bietjie ruimte gesoek het vir sy eie belangstellings, het ek en Greg met Strandstraat afgestap stad toe om iewers te gaan ontbyt eet en sommer net deur die strate te drentel.

Greg het vir ons kaartjies vir opera en ballet, vir elke orkesuitvoering laat kry, en wanneer my man nie kans gesien het om saam met my na ’n werksfunksie te gaan nie, het ons buurman saamgepiekel.

Ek het in daardie tyd by Huisgenoot gewerk en moes ’n swetterjoel openingsaande en voorskoue bywoon. Anton het aan die begin nog halfhartig probeer belangstelling toon, maar was baie verlig toe Greg die gewillige slagoffer geword het. Ons drie het dikwels daaroor gelag en grappenderwys na Greg as my “walker” verwys.

Dit was ná een so ’n openingsaand dat ek my hart op ’n gemmerkat verloor het en dit was alles Greg se skuld. Ons was by ’n kabaretvertoning van Nataniël. Dit was in die begindae van sy loopbaan toe hy meer bekend was vir sy rys-en-lensie-dieet as vir die ongelooflik talentvolle kunstenaar wat hy is.

Agterna het ons saam met Nataniël en ’n groep vriende gaan eet – ek en hy is immers albei van Kuilsrivier se mense en was saam op hoërskool. Ek was heelwat ouer, in matriek, en hy het pas met hoërskool begin. Jare later het hy het ook die kerkorrel in ons gemeente gespeel. ’n Baie ongewone en kleurvolle kerkorrelis, maar dis ’n storie vir annerdag ...

Toe ek en Greg ons in die vroeë oggendure wegskeur van die vrolike gekuier en huis toe gaan, vertel hy my van die katjie wat hy die oggend daar op die sirkel van Adderleystraat opgetel het. Hy kan die katjie nie hou nie, want sy twee spanjoele, Basil en Sophie, is al klaar ’n handvol en hulle is nie katte gewoond nie. Ek weet toe waarheen hy mik en keer gou. Ek het onlangs ’n kat verloor en het nie kans gesien om weer deur daardie hartseer te gaan nie.

Toe ons by die voordeur kom, dring hy egter aan om eers vir my die katjie te wys. Ek het die klein dingetjie opgetel en teen my vasgedruk en die hele lyfie het soos ’n trekker gevibreer soos hy gespin het. Dis hoe Thomas (eers Thomasina genoem) in my lewe gekom het.

Ek het hom sy naam gegee na die wonderlike storie van Paul Gallico. Dit was voor ek uitgevind het hierdie Thomasina van my is eintlik n seuntjiekat. Toe word hy Thomas en vir die volgende neëntien jaar het hierdie gemmerkat die winters van my lewe saam met my getrotseer en dit draagliker gemaak.

Dit was die moeilikste besluit van my lewe toe ek hom daardie dag vir die laaste keer veearts toe geneem het. Sy het ’n skaapvelletjie oor my skouer gedrapeer en ek het Thomas styf teen my hart vasgedruk terwyl sy hom met daardie laaste inspuiting uit sy lyding verlos het.

Teen daardie tyd was Loaderstraat net ’n vae herinnering. Greg is lankal terug Amerika toe en ek het ná ’n derde egskeiding eindelik besef die huwelik is nie vir my nie. “Sussie,” het my pa gesê, “laat ons nou maar eerlik wees – jy is nie goeie troumateriaal nie.”

Jare later het ek weer vir Greg gesien. Hy en sy lewensmaat, Beth, en hul wonderlike skaaphond, Robbie, het vir my in die Kaap kom kuier nadat Robbie aan ’n internasionale kompetisie hier in ons land kom deelneem het.

Dit was in my huis in Woodstock. Dit was ook daar waar my tweede gemmerkat, Bliksem, my kom uitsoek het. Hy het van die straat af na my toe gekom, ’n klein indringer wat maande lank gesukkel het om my te oorreed om hom by my in te neem. Ek was bang die kat hét ’n huis en dat sy mense hom sou kom opeis wanneer ek my hart aan hom gegee het.

Maar toe ek oor die maande sien hoe verwaarloos hy word en hoe hy agteruitgaan, het ek hom in ’n mandjie geprop en veearts toe geneem. Die jong tienerkat wat daardie eerste dag by my opgedaag het, het ’n ontnugterde ou man geword. Die veearts, een van die bestes wat ek ken, het hom vyf jaar oud geskat. Toe wys ek hom die foto wat ek geneem het toe hy die eerste dag daar by my opgedaag het, en volgens die sommetjies wat hy toe maak, kom ons min of meer uitwerk die kat is skaars ’n jaar oud.

Ek wil nie eens weet waardeur hy gegaan het nie. Hy is skrikkerig vir hoogtes, dié het ek nou al agtergekom. En waar ander katte nie ’n kartondoos kan weerstaan nie, ignoreer hy dit heeltemal; Sy manier om liefde te wys is om te byt. Vandaar die naam Bliksem. Ook omdat hy so koppig volhard het om my te oorreed om hom deel van my lewe te maak. En, natuurlik, oor die klein spierwit bliksemstraaltjie aan die een kant van sy gemmerneusie.

.............
Maar ek wonder baie keer wie het nou eintlik vir wie gered. Wanneer ek sy gemmerlyf (hy is ’n bielie van ’n kat) teen my vasdruk, vergeet ek van grendeltyd en my ma se demensie, van al die ellende daar buite. En van die verskriklike siekte wat ’n sagmoedige reus van ’n man nou stadigaan laat wegkrimp.
..............

Maar ek wonder baie keer wie het nou eintlik vir wie gered. Wanneer ek sy gemmerlyf (hy is ’n bielie van ’n kat) teen my vasdruk, vergeet ek van grendeltyd en my ma se demensie, van al die ellende daar buite. En van die verskriklike siekte wat ’n sagmoedige reus van ’n man nou stadigaan laat wegkrimp.

Met ’n koppie rooibostee en ’n gemmerkoekie vir troos, kyk ek diep in Bliksem se goue oë, knipoog vir hom en sê uit my hart uit vir my buurman dankie vir die gemmer in my lewe. Terwyl ek nog kan ...

Karen se gemmerkoekies

Lewer ongeveer 24–30 gemmerkoekies, afhangende van die grootte.

3 koppies koekmeel
1½ koppies suiker
2 eetlepels fyn gemmer
½ teelepel sout
250 g sagte botter
2 teelepels koeksoda
½ koppie warm water
4 eetlepels gouestroop

Sif die koekmeel, suiker, gemmer en sout saam in ’n groterige mengbak. Vryf die botter met jou vingertoppe in die meelmengsel totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Los die koeksoda in die warm water op en voeg dit saam met die gouestroop by die meelmengsel. Meng dit goed totdat dit ’n sagte deeg vorm. Bedek die deeg en laat dit vir ’n paar uur staan. Rol die deeg in balletjies en plaas ’n hele entjie van mekaar af op ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Bak in ’n voorverhitte oond van 180 ºC vir 12–15 minute of tot mooi bruin. Laat staan die koekies op die bakplate om effens af te koel voordat jy dit op draadrakke uitpak om heeltemal af te koel.

Wenk: Ek draai my bakplate in die helfte van die baktyd om sodat die koekies mooi egalig bruin kan bak. Die baktyd sal ook afhang van jou oond – dit verskil van oond tot oond. Die geheim van ’n lekker gemmerkoekie is om dit lekker bros te bak.

The post My winter word gemmer appeared first on LitNet.

Press release: Marianne de Jager tribute concert

USAN 2022 – ’n onderhoud met Marishan Hendricks

$
0
0

Foto van Marishan Hendricks: verskaf

Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch het van 19 tot 21 Januarie 2022 ’n tweejaarlikse kongres vir nagraadse studente en jong navorsers aangebied. Die kongres is ’n geleentheid vir jong navorsers om hulle navorsing, gebaseer op hulle nagraadse studie, met akademiese eweknieë te deel. Naomi Meyer het ’n aantal bydraers met vrae genader.

Hier is Marischan Hendricks se antwoorde.

Hallo! Die USAN-kongres wat by die US se Departement Afrikaans en Nederlands plaasgevind het, voel al soos maande gelede. En dit wás maande gelede. Tog is dit die moeite werd om hieroor te gesels. Veral in ’n geskiedkundige eeufeesjaar van hierdie departement. Wat kan jy onthou van die USAN-kongres – wat was jou persoonlike indrukke?

Wat my altyd van die kongres sal bybly, is die ongelooflike ondersteuning en belangstelling van die jong navorsers. Die ondersteuning en belangstelling in mekaar se werk.

.........
Wat my altyd van die kongres sal bybly, is die ongelooflike ondersteuning en belangstelling van die jong navorsers. Die ondersteuning en belangstelling in mekaar se werk.
...........

Ek het dit geniet om te sien waaraan ander jong navorsers gewerk het en tans mee besig is en ook wat hulle bevindinge was. 

Vanjaar, 2022, was ’n gans-ander soort jaar as toe die kongres vir die heel eerste keer in 2014 aangebied is. Die wêreld is nou ’n ander plek. Het die omgewing waarbinne jy navorsing doen, ook jou navorsing beïnvloed? Indien wel, op watter maniere?

Die tyd waarin ek my navorsing moes doen, was in 2020. My data-insameling het tydens die nasionale inperking plaasgevind. Leer het toe aanlyn plaasgevind en my data-insameling ook. Ek is dankbaar dat ek met my navorsing kon voortgaan.

Wat beteken dit vir jou om ’n jong navorser genoem te word? Wat behels dit, in ’n praktiese opsig, vir jou?

Dit is nog nie iets waaraan ek gewoond is nie. Ek geniet dit om nuwe goed te leer.

Waaroor handel jou navorsing? Dalk kan jy in ’n paragraaf daaroor uitwei.

My navorsing handel oor die taalgesindheid van studente teenoor Afrikaans as taal en vak. Ek het ondersoek gaan instel na die taalgesindheid van Afrikaanse Taalverwerwing- (ATV-) studente teenoor Afrikaans. ATV is ’n module wat deur die US aangebied word aan niemoedertaalsprekers van Afrikaans en studente wat Afrikaans as EAT op skool geneem het. Die slotsom van my navorsing is dat studente se gesindheid ’n belangrike rol speel in suksesvolle taalverwerwing, maar emosies en motivering ook. Studente wat met positiewe emosies na lesings kom en wat die ekstra myl stap deur moeite te doen wanneer dit kom by die uitvoer van take, staan ’n groter kans op suksesvolle taalverwerwing.

...........
Die slotsom van my navorsing is dat studente se gesindheid ’n belangrike rol speel in suksesvolle taalverwerwing, maar emosies en motivering ook. Studente wat met positiewe emosies na lesings kom en wat die ekstra myl stap deur moeite te doen wanneer dit kom by die uitvoer van take, staan ’n groter kans op suksesvolle taalverwerwing.
.............

Wanneer studente se motivering laag is en hulle gesindheid teenoor die taal negatief is, is hulle kanse op sukses laer. In my navorsing impliseer die term gesindheid “bagasie”, en beteken dit dat die student reeds ’n vooropgestelde gevoel teenoor ’n bepaalde saak het. Die term houding kon nie die hele gevoel oordra nie. Ek redeneer ook in my navorsing dat die dosent of taalaanbieder ook ’n groot rol in die student se sukses het, maar dat hierdie verantwoordelikheid nie alleenlik op die dosent of taalaanbieder berus nie. 

Wat het jou geïnspireer om die navorsing te doen wat jy doen? Wat was jou aanvanklike inspirasie? Hoekom doen jy wat jy doen?

Ek sal eerder sê wie my inspireer het, was my studieleier. Ek was altyd geïnteresseerd in taalgesindheid, maar my studieleier het my gehelp om die veld taalgesindheid met taalverwerwing te skakel.

Wat het jy van die ander navorsers – sommige fisies teenwoordig en sommige hibried – se navorsing gedink? Was daar enige tematiese raakpunte wat jy kon raaksien?

Die ander navorsers by die kongres het uitstekende werk gelewer. 

As mens navorsing oor ’n sekere vakgebied doen, kan dit mens begeester. Dit kan mens ook sinies maak. Dit kan mens jou vakgebied laat problematiseer en laat ondersoek. Wat is jou ervaring: jou pad met Afrikaans en jou studies op hierdie stadium? Kom ons praat oor die vakgebied – en aan wie Afrikaans behoort. Wie se eiendom dit is, waar het dit begin, wie mag dit toe-eien. Was daar sulke gesprekke? Wat broei in jou kop hieromtrent?

...........
Afrikaans behoort aan enige persoon wat die taal magtig is. Ek dink nie Afrikaans is ’n eiendom wat aan een spesifieke groep behoort nie, en ek glo nie daar moet na Afrikaans op so ’n manier verwys word nie. Afrikaans is ’n kommunikasiemiddel, soos enige ander taal, maar ryker in sekere opsigte as gevolg van die taal se geskiedenis. 
.............

Afrikaans behoort aan enige persoon wat die taal magtig is. Ek dink nie Afrikaans is ’n eiendom wat aan een spesifieke groep behoort nie, en ek glo nie daar moet na Afrikaans op so ’n manier verwys word nie. Afrikaans is ’n kommunikasiemiddel, soos enige ander taal, maar ryker in sekere opsigte as gevolg van die taal se geskiedenis. 

Ek het jou gevra om terug te kyk. Nou vra ek jou om vorentoe te kyk. Wat sien jy op jou toekomspad, selfs korttermyn, ten opsigte van jou navorsing in die vakgebied Afrikaans?

Ek sien myself as navorser in die veld taalverwerwing. Ek sal graag my PhD daarin wil doen. Die toekoms van Afrikaans en Afrikaanse navorsing lyk blink.

Lees ook:

USAN 2022 – ’n onderhoud met Samantha Miller

USAN 2022 – ’n onderhoud met Danie Stander

USAN 2022 – ’n onderhoud met Marthie de Waal

USAN 2022 – ’n onderhoud met Ancheri Götze

USAN 2022 – ’n onderhoud met Lobke Minter

USAN 2022 – ’n gesprek met Carmi Britz

USAN 2022 – ’n terugblik met Aletta Simpson

The post USAN 2022 – ’n onderhoud met Marishan Hendricks appeared first on LitNet.

Press release: Join us for he launch of The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap

$
0
0

Book launch: Friday, August 12

Bridget Krone will be in conversation with Kim Ward.

Join us in celebrating the launch of the award-winning Hilton author’s new novel The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap.

  • Time: 17:30 for 18:00
  • Place: La Popote Café, 1 Knoll Drive, Hilton
  • Light drinks & snacks provided
  • Soup, bread & coffee available to purchase

Top Class Books will be selling copies at the venue kids welcome & encouraged

RSVP with Ian Macfarlane at 082 933 3354 or sales@topreads.co.za.

The post Press release: Join us for he launch of <i>The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap</i> appeared first on LitNet.

Country duty

$
0
0

Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, written by established and upcoming playwrights, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV.

In Mike van Graan’s ‘Country duty’, a whistleblower delivers the keynote address at an awards ceremony for investigative journalists. Motlatji Mjamba performs the monologue, directed by Chuma Sopotela.

In this video, Motlatji Mjamba and director Chuma Sopotela discuss their approach to the performance.

Country duty

Thank you for inviting me to do this evening’s keynote address.

To be honest, I struggled with whether to accept or not. Every time I’ve raised my head, I’ve been shot at from all directions. So far, only metaphorically. Which is why I’m not on social media.

This is my first public event in nearly four years. I used to do it all the time. I was the blue-eyed brown girl. Whenever the company needed a public face, I would be it. I loved it. Meeting people. The flirting. Sometimes being patronised, but mostly being affirmed. The cocktail circuit lifestyle.

Till I began to ask questions. Why are we invoicing for work that we have not done? Is it right that we should be designing requests for proposals – government tenders – for which we ourselves will pitch? So, we’re coaching the new CEO of a state-owned enterprise before the job is even advertised?

I went from the IT girl to the OUT girl. From being the head of my unit, I had to report to someone who used to be my junior.

When I asked why, I was told that I was just not good enough. They mess with your head. There’s the man-woman thing. The age difference. And, of course, I was black. The youngest black and only woman in a mostly male management team, half of them white. Always having to prove herself. And excelling. For which I got paid huge bonuses. And then, after I ask questions, they tell me I’m not good enough.

You know it’s not true, but you start to think that they have a point. To believe that something is wrong with you. You lose confidence. You second-guess yourself. Maybe I was wrong. This is a feasible way to correct apartheid’s wrongs, surely? Perhaps this is how business works?

You guys don’t know how lucky you are. As journalists, you have a community of people to support you. It’s your job to expose wrong. You get trained for this. And you are recognised with awards. Like tonight.

Being a whistleblower isn’t a job. In fact, it often means losing your job. There’s no training for this. No manual. And no support.

They say, “Bad things persist when good people do nothing.” I don’t want to sound like a “poor-me victim”, but in my experience, even when good people do something, bad things persist. And it is the good people who suffer.

It is difficult not to be angry.

I’ve learned to channel my anger through poetry. I’d like to end with a poem, The winter we still endure, to honour some good people. They lost their lives, serving their country.

Another meaningless monument rises to
Heroes past
Who squirm in their restless graves
As erstwhile comrades
Vomit
Hollow
Words of regret
For a modern martyr
Riddled with hired bullets
Enablers of treason
Accomplices to plunder
Their own hands dripping complicit blood
Now vow
No stone unturned
The full might of the law
Everything in their power

When history mocks their two-faced tongues

Spineless men
Skeleton women
Preside over our winter
While desperate praise-singers
Search for swallows
To beg us believe their spring

The fiction of a new dawn
A rising sun
A better life for all
Lies buried in faction wars
Of scorched-earth rogues
Who put first the party
Path to elite enrichment
Betraying a country
Its hopes
Its dreams
To the voracious gods of greed

Traitors triumph
Robbers swagger
Killers strut
With brazen impunity beyond the law

While true people’s servants
Have track records trashed
Careers curtailed
Their very hearts
Crushed

Which road will be named for Moss Phakoe
What building for Andile Matshaya
Who will build a monument for Babita Deokaran

As we weep for them
We weep for ourselves

For the winter we still endure

Would I take a public stand against corruption again? Would I “Thuma mina”?

Absolutely not.

The costs are too great.

 

Stemme | Voices | Amazwi is supported by the National Arts Council.

Stemme | Voices | Amazwi is a New Writing project of LitNet and is supported by the LW Hiemstra Trust.

All the monologues are available here:

Stemme | Voices | Amazwi

The post Country duty appeared first on LitNet.

Kom ôs praat sake vannie hart, Uncle Cyril

$
0
0

Erkenning aan oorspronklike foto van Cyril Ramaphosa: Palácio do Planalto, CC BY 2.0 <https://creativecommons.org/licenses/by/2.0>, via Wikimedia Commons

Mornings Uncle

Ek wens rêrag dit gan goed met Uncle. Ek worry oor Uncle se bloeddruk. Het dit darem al afgekom na daai lelike storie vannie geld innie matras? Sorry, ek mien innie sofa. Mens is al soe gewoon lat ammel hulle geld onnerie matras sit lat mens vegiet Uncle is meer sturvy as daai.

Maa ek het anne goete wat op my hart druk, Uncle. Met die policy conference loep my gedagtes somme weer ver paaie. Ek sien Thabo het somme gou weer getry om ’n paar goals tien Uncle te score. Maar net tussen ôs twie, hy moet maa sy mbheki hou na daai misgeboorte van ’n quiet diplomacy. Soe quiet lat ôs nou noggie wiet wat hy gefix hettie. Al wat hy gemanage het, was om Zuma se biene stêk te maak. Nou kô hy die slaap yt sy oë uitvee en wil hy vir Uncle annie kant kô maak.

............
Ek sien Thabo het somme gou weer getry om ’n paar goals tien Uncle te score. Maar net tussen ôs twie, hy moet maa sy mbheki hou na daai misgeboorte van ’n quiet diplomacy. Soe quiet lat ôs nou noggie wiet wat hy gefix hettie. Al wat hy gemanage het, was om Zuma se biene stêk te maak. Nou kô hy die slaap yt sy oë uitvee en wil hy vir Uncle annie kant kô maak.
.............

Maa eintlik wil ek ie daaroo praat ie. Ek sien mos nou lat daai gerequire wôd lat nuwe members vannie ANC nie enage criminal convictions en goete mag hê nie. Is baie mooi, Uncle, maa moet ek assume it wassie allie pad soe nie? Is daai dan nie ampe ’n natural law wat ie norag is om geskrywe te wôd ie? Of was it maa soes die step-aside rule, soe ’n wink-wink, nudge-nudge en niemand vat it ernstag oppie? Want ek het noggie gesien enageen step aside nie. Behalwe arme Dudu, maa shame sy was anyway nog ’n learner innie corruption trade. Ammel wiet tog ’n LV case hou glad ie soe baie geld ie. Vi haar sake hoep ek net it wassie nog ’n fake sak oek nie. No honour amongst thieves en al daai jazz, mos. Gedink sy liewe nou die high life, meantime is it pocket change vi die high rollers.

En ôse Vader Jacob se corruption case is wee gepostpone tot in Oktober. My hare was nog pikswart toe daai saak begin het. Ek sien tien ie tyd lat hy sy dag innie hof kry het ek al shares in Botox en hair dye. Ek sien hulle het deesdae tot Botox virrie hare oek. Maa sy gesondheid sal sieke twie dae voor ie trial wee ’n dip vang. Soes arme siek Shaik.

...........
En ôse Vader Jacob se corruption case is wee gepostpone tot in Oktober. My hare was nog pikswart toe daai saak begin het. Ek sien tien ie tyd lat hy sy dag innie hof kry het ek al shares in Botox en hair dye. Ek sien hulle het deesdae tot Botox virrie hare oek. Maa sy gesondheid sal sieke twie dae voor ie trial wee ’n dip vang. Soes arme siek Shaik.
............

Ek wonne nou net, Uncle, met ammel wat kamma-like gan step aside en wattie kan nuwe members raak ie, wie bly oor? Hoe gan ie ANC survive sonne al ie corrupt members? Luthuli House gan mos soes ’n spookdorp wies. Ampe soes Carl Niehaus wat sy one-man-band protest gehou het. Jislaaik, Uncle, hoe bad moet dinge wies as ’n ou nie eens uit professional protesters ’n toi-toi kan saamflans ie?

Pity net lat niemand soever nog geprotest het oor allie violence tien ôs vroue en kinnes ie. Is mos August. Miskien gan ôs minister vir vroue en kinnes en disabled mense nou wee vir ’n change gesig wys en komberse en hampers uitdeel.

Wat is ie storie met daai gang rape in Krugersdorp, Uncle? Bietjie convenient lat it net foreigner mans is wat gearrest is, of hoe, Uncle?  Daa slaap ’n groot vet haas, Uncle. Maa ôs hoef sieke nie te worry nie, Uncle Bheki is mos oppie case. Iemand sal gevang wôd. Kô ôs hoep maa net daai iemand is actually skuldig.

.............
Wat is ie storie met daai gang rape in Krugersdorp, Uncle? Bietjie convenient lat it net foreigner mans is wat gearrest is, of hoe, Uncle?  Daa slaap ’n groot vet haas, Uncle. Maa ôs hoef sieke nie te worry nie, Uncle Bheki is mos oppie case. Iemand sal gevang wôd. Kô ôs hoep maa net daai iemand is actually skuldig.
.............

Ek wil nog met Uncle gepraat het oo ôs public protector, maa as ek aan daai vrou dink, kry ek alty hoofpyn. Soe ek sal maa eeste met ’n asynlappie op my kop loep lê. Maybe tien ie tyd lat ek opstaan is sy gefire.

Maa ek wiet oek ie of ek tot ie volgene election kan slaap ie.

Later alligator.

The post Kom ôs praat sake vannie hart, Uncle Cyril appeared first on LitNet.


Onderwys in die skaduwee van die Antroposeen. Kritiese posthumanistiese eksperimentering

$
0
0

Onderwys in die skaduwee van die Antroposeen. Kritiese posthumanistiese eksperimentering

Dirk Postma, Kollege van Opvoedkunde, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 19(2)
ISSN 1995-5928
doi.10.17159/1995-5928/2022/j19n2d4

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hierdie artikel het ten doel om ’n kritiese posthumanistiese konsep van die onderwys te ontwikkel wat ’n antwoord kan bied op die bedreigings van die Antroposeen deur te eksperimenteer met maniere van wording-met-ander. Die Antroposeen is moontlik gemaak deur opvattings en praktyke wat spruit uit die humanistiese aanvaarding van die uniekheid en meerderwaardigheid van die mens. Die manier waarop mense en die natuur uitgebuit word tot voordeel van diegene wat die markte beheer, lei tot die Antroposeen. Die geloof dat die mens in beheer is, het onvermydelik gelei tot die krisistoestand van die Antroposeen waar sy eie voortbestaan bedreig word. In teenstelling met hierdie humanistiese opvattings aanvaar posthumanisme die verweefdheid en interafhanklikheid van die mens met die vele ander lewendes en nielewendes. Kritiese posthumanisme toon aan hoe die gesentreerde mens ’n heersersposisie ingeneem het deur mag van die vele andere te versamel. Kritiek is ’n performatiewe aksie waardeur ’n ander manier van wording verwerklik word. Dit is belangrik om die opvoedkundige implikasies van posthumanisme te ondersoek, aangesien die onderwys nog steeds ’n sentrale deel uitmaak van die humanistiese projek. Die fokus op die onderwys is ook belangrik, omdat dit ’n bydrae lewer tot die ontwikkeling van ’n posthumane subjektiwiteit. Die betekenis van hierdie subjektiwiteit word vervolgens deur middel van relevante studies ondersoek. Een van die studies spoor die netwerke na wat ’n alledaagse handeling moontlik maak. Deur hierdie nasporing ervaar die studente in hierdie studie hulle verbintenis met en erkentlikheid teenoor vele lewende en nielewende andere. In ’n ander studie word gekyk hoe vroeë-onderwys-kinders met hulle eie liggame, lig en kostuums eksperimenteer. Hieruit kon gesien word hoe vloeibaar menslike wording is en wat die waarde van eksperimentering vir alle vlakke van die onderwys kan wees.

Trefwoorde: Antroposeen; eksperimentering; gekontroleerde samelewing; kritiese posthumanisme; onderwys

 

Abstract

Education in the shadow of the Anthropocene: Critical posthumanist experimentation

This article develops a critical posthumanist conception of education as a response to the Capitalocene and the Anthropocene. Both the Capitalocene and Anthropocene (Haraway 2016) are made possible by the “society of control” as described by Deleuze (1992). The control refers to the dominant position the human has assumed by oppressing and exploiting the various others such as the “lesser” humans, the non-human living and the multitudes of non-living beings. While the effects of this power are devastating to all, it rests on the humanistic denial of the human’s dependence on, and entanglement with, all the others. The dominance of human powers would not have been possible if it were not for the “resources” extracted from the others, such as human capital, natural resources and the power of technologies. The devastating nature of powers is due to the humanist isolation of the human from all the others. Human exceptionalism is made possible when the “human” has become the result of processes of purification and hierarchisation (Latour 1993). The hierarchy, which entails the superiority of reason, does not apply only to the other living and the non-living, but also to those regarded as “lesser” humans (the non-Western, women, colonised, working class, black). For Adorno and Horkheimer (2016) the “dialect of reason” entails the ways the belief in the power of the autonomous reason led to oppression and the deprivation of freedom. The Anthropocene refers to the domination of the planet Earth which results in environmental devastation due to human actions. The Capitalocene is a related concept which refers to the exploitation of all the others for the sake of capital accumulation by the few.

Humanistic beliefs have been shaping education to such an extent that it is called an “anthropological machine” by Snaza et al. (2014). While education has played a central role in entrenching notions of human exceptionalism and of hierarchical relations towards the others, it became caught up in the process of surveillance and standardisation, leading to predefined outcomes mainly to serve market needs.

Critical posthumanism attempts to provide a response to the devastating effect of humanism. According to Haraway (1991) posthumanism has overcome three boundaries: those between humans and animals, between humans and machines, and between the physical and the non-physical. While posthumanism is a broad movement that explores how the entanglement with technologies could lead to new modes of becoming, critical posthumanism queries the devastating effects when technologies are instrumental to humanist enhancement. Critical posthumanism goes further than the acknowledgement of entanglement to a sensibility of equality, mutuality and co-dependence. It realises that such a sensibility is the condition for the continued existence of humans and the others. Critical posthumanism queries the humanistic beliefs underlying the dominant position claimed by humans.

Critical posthumanist education recognises the ways students are already entangled with the many others. It aims to create a sense of equality, mutual dependence, becoming with the others, accountability and responsibility. The article explores four examples of pedagogical strategies aiming at such a sensibility: tracing of networks, becoming with others, embodied resistance and learning with animals.

The first example reports the experiences of a student tracing how subjectivity is embedded in networks. Angus, Cook and Evans et al. (2001) provide an account of how a student in a course called “Geographies of material culture” traced the networks associated with a mug of coffee. The tracing starts with immediate experiences of items such as milk, a kettle, water, electricity, coffee and a stainless steel spoon. It further traces the networks that make each of these items present, such as an electricity network, coffee plantations, international trade and working conditions. In the process the student experiences his dependence on, and responsibility towards, the multiple others that make his becoming possible.

The second example deals with the becoming of preschoolers when opening themselves up to being affected by others when they experiment with their bodies, movement and light. Olsson (2009) reports on the way the initial interest of preschools shifts when they start using an overhead projector (OHP) to project their favourite cars on a screen. While rearranging the cars and other objects on the OHP they discover how different patterns of light and shadow could be produced. Although the teachers were not always certain of the particular trajectory of the children’s quest, they took care to keep it alive through the provision of material and spaces. From this example it became clear that we cannot assume to know what children’s bodies can do or how they could become. “Following the child” in the preschool gains new meaning when children’s becoming is seen as an open-ended process.

The third example deals with the way the body participates in a pedagogy of resistance as a response to the way it is either eliminated or treated as a passive recipient of images in the digital era. Garoian and Gaudelius (2001) show how the single focus on digital reproduction is critiqued by the way the embodied subject creates new images and ideas. They use the work of performing artists to illustrate a pedagogy of resistance. They discuss how one of the artists, Stelarc, collects data when images from the internet are projected on the body while the latter responds to electronic impulses. The data which blend the images and the bodily reactions are uploaded on a website. The active role of the body which blends with software code in feedback loops constitutes resistance to the way digital space is disembodied.

The fourth example deals with the relationship with animals. Dinker and Pedersen (2016) develop a “species-inclusive intersectional pedagogy” which relates the oppression of animals to that of “lesser” humans and to environmental degradation. They argue that children should not simply learn from animals, but with them through an ethical, non-instrumental relationship. The pedagogical processes should include the perspectives and feelings of animals when, for example, they are hunted, slaughtered and held in captivity. They propose activities such as a visit to slaughter houses or farms where animals are kept in order to counter the romantic views that are usually presented. The article concludes by emphasising the importance of the critique of humanist assumptions about human superiority underlying both humanism and some posthumanisms and indicates that a new relationship is necessary for sustainable living with all the others.

Keywords: Anthropocene; controlled society; critical posthumanism; education; experimentation

 

1. Inleiding

Die gebruik van die term en begrip Antroposeen (die era van die mens) (Crutzen 2002) om menslike mag te vier is beide misleidend en onvanpas. Die viering is onvanpas, want die mens wat in die middel geplaas word, is die individualistiese, selfsugtige, kompeterende verbruiker wat sigself definieer in terme van binêre onderskeid tussen mens/dier, man/vrou, wit/swart, kultuur/natuur. Die viering is misleidend, aangesien die mag van die antropos rus op die uitbuiting van menige andere soos die “mindere” mense, diere, tegnologie en natuurkragte en -bronne. Die gedagte dat die mens in die sentrum is, is ook misleidend, aangesien die mens nog altyd verweef was met die menige andere en nog nooit onafhanklik en onverbonde was nie. Dit is juis die onvermoë om die verweefdheid met die menige andere te erken en om erkentlik te wees teenoor magte wat van hulle afkomstig is wat die individualistiese verbruiker tot gevolg het. Die “era van die mens” is eerder ’n distopie, ’n “sesde uitwissing” (Ripple, Wolf, Newsome, Galetti, Alamgir, Crist, Mahmoud en Laurance 2017) waartydens die voortbestaan van baie lewende wesens bedreig word.

’n Volhoubare saambestaan is moontlik slegs wanneer ’n oorgang gemaak word van die Antroposeen na iets soos Gaia of die Chthuluseen. Chthulucene, wat ’n samestelling is van die Griekse chthonios (dit wat onder die aarde of see is) en kainos (wat nuut is), verwys vir Haraway (2015) na die vervlegtheid en interafhanklikheid van al die lewendes en nielewendes. Gaia is die Griekse godin van die aarde en die moeder van alle lewe en Lovelock (2000) se “gaiahipotese” behels die wedersydse effek tussen alle organismes en hulle anorganiese omgewing waardeur die voorwaarde vir lewe geskep en in stand gehou word.

Kritiese posthumanisme is ’n poging om ’n saambestaan te realiseer wat die mensgesentreerdheid van die Antroposeen agterlaat. In hierdie poging speel die onderwys ’n belangrike rol, aangesien die toekoms van die planeet aarde veral vir die jeug van primêre belang is.

Hierdie artikel het ten doel om deur die bespreking van ’n aantal voorbeelde aan te toon hoe ’n krities posthumanistiese onderwys daar kan uitsien. Terwyl posthumanisme ’n groeiende intellektuele en praktykgerigte interdissiplinêre en transdissiplinêre beweging is (Badmington 2004), kan die belang daarvan vir die onderwys nie onderskat word nie. Dit gaan in hierdie onderwys om die ontwikkeling van ’n kreatiewe, kritiese posthumaan1 wat gerig is op ’n volhoubare saambestaan met die vele andere.

In die volgende deel word die Antroposeen beskryf as die effek van menslike mag wat rus op die uitbuiting van andere, ingeslote die tegnologie, en wat die “gekontroleerde samelewing” tot gevolg het. Daar word aangetoon dat hierdie mag sy eie grense teëgekom het deur die toenemende vernietiging van die planeet. Vervolgens word aangetoon hoe kritiese posthumanisme die mens kan terugbring na ’n saambestaan met die vele andere. Laastens dui die fokus op voorbeelde vanuit die onderwyspraktyk op die materieel-diskursiewe aard van die posthumanistiese kritiek. Dit beteken dat kritiek nie beperk is tot teoretisering nie, maar dat dit in die praktyk gerealiseer word.

 

2. Die gekontroleerde samelewing

Antroposeen verwys na die mag wat die “antropos” bekom het oor (ander) mense, lewende niemense en die vele nielewende andere. Hierdie mag lei vir Deleuze (1992) tot die “gekontroleerde samelewing” wat nie soseer uitgeoefen word deur eksterne dissipline nie, maar deur meganismes van beheer in die denke, liggaam en begeertes.

Die problematiek van die Antroposeen kan teruggevoer word na die humanistiese tradisie waarvolgens die mens in die sentrum geplaas word met die opdrag om te (oor)heers. Die oorsprong van hierdie tradisie kan reeds gesien word in die uitspraak van Protagoras (Bonazzi 2020) dat die mens die maatstaf is vir alles. Dit vind ook weerklank in Descartes (2006:73) se ontologiese sentraalstelling van die menslike rede: “Ek dink, daarom bestaan ek.” Die geloof in die mens se unieke rasionele vermoëns is die basis van die onderskeid tussen die mens en die res van die heelal en plaas die mens in ’n intellektuele en morele voorrangposisie wat die oorheersing van die andere beide regverdig en noodsaak. Die Cartesiese dualisme van liggaam en siel lê ten grondslag van die menslike oorheersing van die “natuur” in die mens self asook van die “natuur” buite die mens. Om te kan oorheers moet daar ’n skeiding gemaak word tussen mens (kultuur) en natuur. Hierdie onderskeid behels ook ’n hiërargiese verhouding waar die “minder” mens oorheers word deur diegene wat “meer” mens is. Die “minder” mense sluit in vrouens, “nieblankes”, armes – almal wat nie voldoen aan die model van wit, manlik, heteroseksueel, heersersklas nie. Die sentrering van die mens is verder bevestig in die era van die Verligting waartydens die rede vooruitgang moontlik maak deur sigself te bevry van “idols” (Klein 2020). Vanaf die koloniale era is die konsep mens gebaseer op ’n Europese model in kontras met die gekoloniseerde “mindere mense” (Mignolo 2009). Belangrik om kennis te neem daarvan dat die begrip mens rus op ’n teenstelling met minder mens en met niemens. Die hiërargiese verhouding met ander mense is parallel aan die hiërargiese verhouding met die natuur. Die uitbuiting van ander mense loop hand aan hand met die uitbuiting van die natuur.

Die humanistiese motief van oorheersing kom na vore in die konsep Antroposeen, wat volgens Crutzen (2002)verwys na die huidige era waar die vrystelling van koolstofdioksied as gevolg van die mens se lewenstyl en ekonomiese aktiwiteite ’n negatiewe en moontlik onomkeerbare effek op die planeet het vanweë klimaatsverandering. Met behulp van tegnologie oefen die mens invloed uit op die fisiese, chemiese en biologiese prosesse waarvan almal afhanklik is. Dit lei op ongekende skaal tot aardverwarming, die verhoogde suurvlakke in die oseane en die vernietiging van habitat en biodiversiteit. Die mens is nou in staat om die toekoms van die planeet te bepaal. Die vernietigende impak van die Antroposeen spruit uit nalatigheid om erns te maak met die skadukant van die rede, ’n ongekwalifiseerde geloof in vooruitgang en die mag van die tegnologie. Adorno en Horkheimer het in Dialectic of Enlightenment (2016) die dubbelsinnigheid van die menslike rede en mag aangedui. Die outeurs beklemtoon die noodsaak van rasionele refleksie om ’n teenvoeter te bied vir die vernietigende aspekte van vooruitgang. Hulle argumenteer dat indien rasionaliteit beperk bly tot ’n blinde pragmatisme, die verhouding met waarheid verloor word. Hulle gaan voort:

In the enigmatic readiness of the technologically educated masses to fall under the sway of any despotism, in its self-destructive affinity to popular paranoia, and in all uncomprehended absurdity, the weakness of the modern theoretical faculty is apparent. (Adorno en Horkheimer 2016:15)

’n Nuwe en meer intensiewe vorm van menslike oorheersing word moontlik gemaak deur die onnadenkende manier waarop tegnologieë bydra tot die vernietiging kenmerkend van die Antroposeen. Om hierdie rede beskryf Haraway (2016) die Antroposeen nie as ’n tydperk nie, maar as ’n grenstoestand waardeur die voorwaardes van bestaan self bedreig word. Sy meen dat die benaming Kapitaloseen (Capitalocene) ’n beter aanduiding gee van hoe die onbeperkte akkumulasie van kapitaal (en mag) in die hande van ’n klein minderheid gebaseer is op die uitbuiting en vernietiging van die mens en die wêreld.

Krake in hierdie humanistiese sentralisering van die mens is afkomstig van poststrukturalistiese denkers. Die bevraagtekening vind reeds plaas in Heidegger se “Letter on Humanism” (Heidegger 1993) waarin die bestaan van ’n menslike essensie ontken word. Dit is versterk deur Foucault (2006) se siening van die “afsterwe van die mens” wat die uniekheid en sentralisering van die mens bevraagteken. ’n Besef van die verweefdheid van die mens met die menige andere het mettertyd momentum gekry deur intellektuele bewegings soos die feminisme, nuwe materialisme, akteur-netwerk-teorie (ANT) (“actor-network theory”), ekokritiek, dierestudies en inheemse kennistradisies. Hierdie “andere” sluit in die lewende niemense, soos diere en mikro-organismes, asook die nielewende menige andere.

Die siening van die mag van die mens wat deur die konsep Antroposeen aangedui word, rus op die ontkenning van die manier waarop die vele andere as hulpbronne gebruik word. Die huidige era word veral moontlik gemaak deur die tegnologie wat soos Archimedes se hefboom die aarde kan beweeg (Latour 1993:109). Die sentrale rol van tegnologie vind neerslag in die beskrywing “tegnokapitalisme” (Suarez-Villa 2009), waar nie net mense uitgebuit word nie, maar ook die res van die ekostelsel deur die toenemende sentralisering van kapitaal en mag. Hierdie “society of control” (Deleuze 1992) of “matrix of power” (Mignolo 2009:2) bestaan in die konsentrering van mag wat moontlik gemaak word deur ’n bepaalde kollektief (“assemblage”) van mens/tegnologie/“natuurlike hulpbronne”. Die grenstoestand Antroposeen, of Kapitaloseen, kom tot stand deur die ongekende akkumulasie van mag wat voortvloei uit die verweefdheid tussen die mens en die menige andere.

Die Antroposeen word gekenmerk deur die ongekende beheer wat uitgeoefen word oor die aarde. In die gekontroleerde samelewing gaan dit oor die beheer van die spasies en prosesse van mag. Die Kapitaloseen is ’n samelewing van beheer gerig op die versameling en sentralisering van kapitaal wat deur Waters (2020) as tegnologiese feudalisme en deur Suarez-Villa (2009) as tegnokapitalisme beskryf word. Dié vorm van kapitalisme word moontlik gemaak deur digitale tegnologieë soos databasisse, bewaking (“surveillance”), algoritmes en kunsmatige intelligensie. Die beheer bestaan nie in die eksterne afdwinging van mag nie, maar in subtiele en indringende vorme van manipulasie en oorreding waardeur leefspasies ingeneem word. Die massiewe hoeveelheid data wat versamel word, word gebruik om menslike gedrag te beïnvloed tot voordeel van diegene wat die platforms en algoritmes besit. Digitale beheer het beide meer onsigbaar en meer indringend geword deur die algoritmes wat in alle elektroniese toerusting en sagteware ingebou is. Hierdie beheer het die effek dat menslike kreatiwiteit geoes en getem word.

Die platform-ekonomie (Srnicek 2017) is ’n toonbeeld van die vorm en omvang van beheer. Platforms soos Google, Uber en Amazon is die mediums waardeur informasie, ekonomiese transaksies, dienste en sosiale interaksie gekanaliseer word. Deur die algoritmes word groot invloed uitgeoefen op die seleksie van inligting, wat weer gedragspatrone en denke beïnvloed. Die oormaat van inligting het ’n verwarrende mosaïek tot gevolg wat georden word deur heersende kategorieë van verbruik en beheer. In die proses word subjektiwiteite gevorm en onderwerp aan die bepalende invloed van die oormaat inligting gerig op bemarking en verbruik.

Die onderwys spring hierdie invloede nie vry nie, aangesien die gebruik van elektroniese toerusting soos rekenaars, tablette en slimfone studente intrek in die web van sosiale media, kommersiële onderrigplatforms en massiewe oop aanlyn kursusse (“Massive Open Online Courses” oftewel MOOCs). Carrigan en Jordan (2021) wys hoe platforms soos Facebook, Moodle, Google Scholar en ResearchGate deelnemers in ’n digitale raamwerk vasvang. Hayes (2019) toon aan hoe die agentskap van onderwysers en leerders verplaas word na dié van sosiale aanlyn platforms, sagteware en beleid. Dit is byvoorbeeld nie meer die onderwysers wat kwaliteitonderrig verskaf nie, maar die onderrigprogramme en die onderwysbeleid. Tegnologieë dra ook by tot die standaardisering van leerinhoude en toetsing en tot die intensivering van bewaking.

Die effek van die gekontroleerde samelewing is die sentralisering van mag in die hande van ’n klein minderheid en die ondermyning van die agentskap van al die andere. Die gekontroleerde samelewing is egter nie totalitêr nie, aangesien die uitvoering van mag altyd met weerstand gepaard gaan, volgens Foucault (1978). Geen hegemoniese mag kan volkome wees nie, aangesien geleenthede vir teenhegemoniese denke en dade altyd geskep kan word. Die basiese waardes onderliggend aan die totstandkoming van die internet, soos die vrywillige uitruil van inligting en samewerking, is steeds aanwesig ten spyte van die maniere waarop kreatiwiteit ingepalm word. Menslike kreatiwiteit wat gebaseer is op onderliggende vibrerende materie (Bennett 2010) is oorvloedig en onbeheerbaar.

 

3. Kritiese posthumanisme

Kritiese posthumanisme verteenwoordig ’n bepaalde antwoord op die humanistiese sentralisering en misbruik van mag. Dit gee erkenning aan die kritiese tradisie van die Frankfurt Skool waardeur die problematiek van die instrumentele rede uitgewys is. Erkenning word ook gegee aan die posthumanistiese tradisie waar die mens gedesentraliseer word. Kritiese posthumanisme neem ’n posisie in tussen die humanisme se optimistiese sentralisering van die mens en die antihumanistiese wanhoop waar die bestaan van die mens as toksies vir die aarde gesien word. Die belang van die refleksiewe rede word erken deur dit in verband te bring met ’n breër rasionaliteit waar die affekte verreken word wat afkomstig is van die verwantskappe met die liggaam, die materiële, die vele ander niemenslike lewendes en die menigvuldige organiese en anorganiese andere. Dit behels ’n herwaardering en herposisionering van humanistiese waardes soos gelykheid, vryheid, regverdigheid en empatie. Daar word besef dat hierdie waardes nie tot hulle reg kan kom binne die hiërargiese verhoudings van die mens tot die vele andere nie. Hiermee kom die politieke aard van die stryd na vore om die aarde ’n bestaanbare plek te maak.

Die transformering van die werklikheid is ’n politieke stryd wat ook in die onderwys voortgesit word. ’n Demokratiese posthumanistiese politiek gee net soveel gewig aan die stem van die uitgeslote mense as aan dié van die vele andere wat die kosmos met mense deel, soos (om ’n enkele voorbeeld te noem) die amfibieë wat op die punt van uitsterwe staan (Bishop, Mainguy, Angulo, Lewis, Moore, Rabb en Moreno 2012). Die literatuur oor die sogenaamde sesde uitwissing (Ripple e.a. 2017) bevat talle voorbeelde van die maniere waarop hierdie andere bedreig word. Die politiek is daarop gerig om ’n huis (oikos) te skep waarin sommige nie floreer ten koste van ander nie. Dis ’n ekologie waar die slagspreuk van die Industriële Werkers van die Wêreld, “An injury to one is an injury to all” nie net op mense van toepassing is nie.

Die posthumane (postmenslike) toestand is kenmerkend van die huidige tydperk waarin die vervlegtheid van die mens met die menige andere, veral tegnologie, onomkeerbaar geword het. Indien die binêre taal van lewende/nielewende, mens/dier en mens/omgewing gebruik word, verwys hierdie menige andere na al die niemenslike lewende diere, plante en organismes, asook die nielewende (anorganiese) menigtes. Hierdie vervlegtheid is egter nie nuut nie. Volgens Latour (1993) was ons nog nooit “modern” gewees nie en volgens Haraway (2006) was ons nog nooit “mens” gewees nie. Latour bedoel dat die modernistiese skikking waarin die mens teenoor die res van die wêreld geplaas word, foutief is aangesien ons (mense) nog altyd vervleg was met die menige andere. Haraway het iets soortgelyk in gedagte wanneer sy aantoon dat die humanistiese konsep mens die uitkoms is van prosesse van suiwering. Beide kritiseer dus die humanistiese geloof in die suiwerheid en uniekheid van die mens. In “A cyborg manifesto” toon Haraway (1991:151 e.v.) aan hoe die posthumanisme drie grense oorskry: dié tussen mens en dier, tussen mens en masjien, en tussen die fisiese en die niefisiese. Die implikasie is dat agentskap, subjektiwiteit en rasionaliteit nie unieke menslike eienskappe is nie, maar die effek van hibriede versamelings.

Die spesifieke manier waarop met humanisme omgegaan word, onderskei kritiese posthumanisme van neohumanisme (of transhumanisme). Alhoewel die rol van die vele andere erken word, gaan dit vir die transhumaan (sien eindnota 1) steeds om die humanistiese belangstelling in die diensbaarstelling van die andere, die sentralisering van mag en die versterking en “verbetering” van die mens. Hierdie motiewe kom na vore in die beelde van ’n supermens, die superheld of die soldaat omring deur tegnologiese prosteses. Hierdeur word die humanistiese meerderwaardigheid en uniekheid van die mens bevestig. Die transhumaan is sentraal in die gekontroleerde samelewing.

Kritiese posthumanisme hou vas aan die humanistiese waardes van gelykheid, vryheid en empatie, maar ondersoek die implikasies daarvan as die mens nie meer in die sentrum is nie. Die sentrale politieke vraag gaan vir Hayles (1999) oor die soort posthumaan wat ons kan word. Hayles kritiseer die manier waarop humanisme nog steeds die botoon voer en vra na ’n alternatiewe manier van meer-as-mens word:

The best possible time to contest for what the posthuman means is now, before the trains of thought it embodies have become laid down so firmly that it would take dynamite to change them. Although some current versions of the posthuman point toward the antihuman and the apocalyptic, we can craft others that will be conducive to the long-range survival of humans and of the other life-forms, biological and artificial, with whom we share the planet and ourselves. (Hayles 1999:291)

Die soort posthumaan waarna Hayles verwys, vermy antihumanisme wat geassosieer word met die “dood van die mens”, sowel as ’n apokaliptiese en utopiese neohumanisme of transhumanisme. Ten spyte van die gevreesde en afskuwelike vorme van sommige neohumanismes, glo Hayles dat daar steeds tyd is om te besluit watter soort posthumaan ons wil wees – een wat bewus is van haar afhanklikheid van en verantwoordelikheid teenoor die menige andere.

Hayles se beskrywing van posthumanistiese subjektiwiteit beweeg weg van die humanistiese essensiële mens met ’n vaste identiteit:

The chaotic, unpredictable nature of complex dynamics implies that subjectivity is emergent rather than given, distributed rather than located solely in consciousness, emerging from and integrated into a chaotic world rather than occupying a position of mastery and control removed from it. (Hayles 1999:291)

Aangesien posthumanisme die hiërargiese sentralisering van die mens (wit, manlik, Westers) bevraagteken, het dit ’n nabye verwantskap met ander kritiese tradisies soos neomaterialisme, feminisme en dekolonialisme. Saam met hierdie bewegings word wegbeweeg van die humanistiese aannames en praktyke in Westerse filosofieë en wetenskap. Die mens neem nie ’n posisie van uniekheid in nie; kommunikasie vind nie net tussen mense plaas nie; agentskap is nie ’n uitsluitlik menslike kenmerk nie.

Ten spyte daarvan dat “ons” nog altyd met die andere verweef is en nie agente op ons eie is nie, dui die effek van ons betrokkenheid op die andere op ’n verantwoordelikheid. ’n Posthumanistiese siening van verantwoordelikheid is nie gebaseer op die aanname van menslike ontologiese, etiese en intellektuele meerderwaardigheid nie. Dit bestaan eerder in ’n antwoord wat gebied word aan die insig van die “minder” mense en die “niemense”. Net soos die meerdere insig van die ondergeskikte (“subaltern”) gekoloniseerde aanvaar moet word, moet ook, byvoorbeeld, geluister word na die stem van die bedreigde insekte (Wagner, Grames, Forister, Berenbaum en Stopak 2021) of amfibieë. Hierdie verantwoordelikheid is gebaseer op ’n beginsel van wederkerigheid waar erkenning gegee word aan die manier waarop mense gevorm word deur die vele andere en waar mense teruggee ter wille van ’n heilsame ekologiese saambestaan.

Indien afstand geneem word van humanisme, moet kritiek ook anders werk. In die humanistiese tradisie rus kritiek op die binêre onderskeidinge tussen die ingeligte/oningeligte, rasionele/irrasionele en waarheid/ideologie. Die ingeligte persoon beskik oor die kennis van die ware toedrag van sake terwyl die oningeligte persoon onder ’n vals bewussyn ly. Posthumanistiese kritiek is nie gebaseer op kognitiewe en morele voorrang en op die aanname van ’n absolute skeiding met dit wat gekritiseer word nie. ’n Kritiese benadering kan nie meer rus op die toe-eiening van epistemiese en etiese meerderwaardigheid nie. Om te kritiseer is nie ’n blote kognitiewe aktiwiteit wat rus op ’n sterk onderskeid tussen subjek en objek nie, aangesien ons altyd deel is van wat ons kritiseer.

Hiermee wil posthumanisme nie afstand doen van die noodsaak van kritiek nie, aangesien ’n ander wêreld dringend verbeel en verwerklik moet word. Kritiek is deel van die kompleksiteit van die bestaande en eksperimenteer met ’n ander manier van wording. Die eksperimentering is ’n performatiewe aksie wat ’n ander werklikheid teweegbring. Dis ’n manier van wording waardeur ’n werklikheid tot stand kan kom wat meer regverdig en inklusief is, aangesien dit verbind is aan die waardes van gelykheid, verbondenheid en vryheid.

Die performatiewe aard van eksperimentering word deur Barad (2007) in terme van “agential realism” (realistiese agentskap) beskryf. Werklikheid word tot stand gebring (“performed”) deur die prosesse van intra-aksie. Anders as interaksie, wat dui op die verhouding tussen voorafbestaande entiteite, skep Barad die term intra-aksie om na die prosesse te verwys waardeur die entiteite tot stand kom. Realistiese agentskap verwys na die dinamiese manier waarop werklikheid deur diskursief-materiële intra-aksies geskep word.

Die kritiese performatief funksioneer op dieselfde manier as dié waarop die Antroposeen tot stand kom. Beide rus op ’n sosiomateriële netwerk waardeur gemobiliseer word om ’n werklikheid tot stand te bring. Net soos die Antroposeen tot stand kom deur die sosiomateriële aksies van die matriks van mag funksioneer kritiek deur die assosiasies met die menige andere. Hierdie vorm van kritiek neem Foucault (1980) se konsep van mag ernstig op: Dit is nie iets wat buite die subjek bestaan nie, maar die subjek is ’n effek van die vloei van mag. Bemagtiging vind plaas wanneer die subjek oop is vir die effek van die andere en daarmee ook die andere affekteer (Deleuze en Guattari 1987:261).

Verder verskaf kritiese posthumanisme die diskursiewe strategieë waarmee die konsentrasie van mag ontleed kan word, asook die maniere waarop mag anders uitgeoefen kan word. Hierdie strategieë, wat bestaan uit pedagogiese prosesse soos nasporing, affektiewe openheid, liggaamlike weerstand en assosiasie met diere, word in die voorbeelde hier onder ondersoek. Insig in verweefdheid het ’n kritieke effek op die sentralisering van mag en kapitaal.

 

4. Onderwys

Enige poging om posthumanisties in die onderwys te werk moet rekening hou met die gesetelheid daarvan in die humanistiese tradisie. Die onderwys fokus tradisioneel op die vorming (Bildung) van die mens. Dit rus op ’n onderskeid tussen kultuur en natuur en hou die mens voor as die rentmeester van die wêreld. Volgens Snaza, Appelbaum, Bayne, Carlson, Morris, Rotas, Sandlin, Wallin en Weaver (2014) is die skool ’n antropologiese masjien wat daarop gerig is om menslike uitsonderlikheid te bevestig. Die humanistiese onderwysideaal wat gerig was op die vorming van ’n holistiese mens, is mettertyd vervang met ’n neoliberale subjektiwiteit van kompeterende individualiteit. Studente word gevorm as gedissiplineerde subjekte onderworpe aan gestandaardiseerde toetsing en word binne ’n verbruikerswêreld gesosialiseer. Die Verligtingsideaal van emansipasie het plek gemaak vir ’n nuwe vorm van verslawing. Die inskiklikheid (compliance) in ’n gekontroleerde samelewing word bereik deur voortdurende assessering, voorafbepaalde leeruitkomste en lewenslange leer. Weinig ruimte bestaan vir kritiese denke, kreatiwiteit en eksperimentering met ander maniere van wording.

Deur die toenemende rol van informasietegnologieë in kennisvorming, skoolsisteme en skoolbestuur het die onderwys deel geword van die digitale era. Ten spyte van hierdie verweefdheid bly transhumanistiese denkers steeds glo dat hulle in beheer is van tegnologieë wat help om bestaande onderwysdoelwitte te bereik deur die aflewering van die kurrikulum en die bestuur van leerderprogressie of -vordering. So kritiseer Weaver (2010) byvoorbeeld ’n skoolkultuur wat rus op die chemiese beheer of chirurgiese modifikasie van studente. Hierdie transhumanistiese motiewe kom byvoorbeeld tot uitdrukking in die ontwerp en aflewering van die massiewe oop aanlyn kursusse (MOOCs). Knox (2016) wys op die humanistiese veronderstellings van die rasionele en selfgerigte individu in hierdie programme. Uiteindelik verteenwoordig dit ’n transhumanistiese posisie wat gaan om die versterking van die posisie en instellings van (sommige) mense, in dié geval van die sogenaamde ivy league universiteite wat hulle leidingsposisie in globale hoër onderwys wil behou. Onder die vaandel van openheid en toeganklikheid word die marginale egter ingetrek in ’n netwerk van afhanklikheid. Hierdeur word die teenstrydigheid in humanistiese onderwys blootgelê: Ten spyte van die humanistiese waardes van gelykheid, vryheid en menswaardigheid word ander mense en die vele andere aan nuwe vorme van onderdrukking, marginalisering en uitbuiting blootgestel.

In teenstelling hiermee argumenteer MacCormack (2013) vir ’n “pedagogy that unthinks the human”. Kritiese posthumanisme toon aan dat die humanistiese geloof in die universele en geïsoleerde individu waarop ’n bepaalde interpretasie van die waardes van gelykheid en vryheid rus, nie houdbaar is nie. Daar moet ag geslaan word op die rol van die menige andere, volgens Taylor (2016:17):

Think, for example, of the chains of techno-chemical processing which have already transformed the “food” in children’s school dinners before it enters their mouths; or the millions of other-than-human microbes, bacteria and parasites that circulate among school populations each day as young people touch computer keyboards, share iPads or books, and sit or play together; or the pervasive use of social media within schools, the peer cultures that require belonging through particular items of clothing and objects; as well as the ways in which schooling practices are integrated with technological apparatuses such as interactive whiteboards; and the surveillance regimes that deploy nonhuman actors including computerized registers, webcam security systems, and classroom video observatories.

Snaza e.a. (2014) brei uit op die waarde van kritiese posthumanisme in die onderwys. Volgens hulle word ons eerstens gedwing om te besef tot watter mate alle opvoedkundige filosofieë en navorsing op humanistiese aannames gebaseer is. Hulle vervolg:

Second, it allows us to reframe education to focus on how we are always already related to animals, machines, and things within life in schools at the K-12 and university levels. Third, building on and incorporating these first two insights, it enables us to begin exploring new, posthumanist directions in research, curriculum design, and pedagogical practice. (Snaza e.a. 2014:40)

Die vraag van Hayles (1999:291) na die soort posthumaan wat ons kan word, vind weerklank in Gough (2004:255)se opmerking oor die kurrikulum: “The kinds of cyborg that we (and our children) are becoming are shaped and reshaped by the stories we mutually construct.”

Die vraag na die soort posthumaan het ook implikasies vir die pedagogiese verhouding wat nie meer beperk kan word tot die onderwyser en die student nie. Beide is deel van ’n onbeperkte aantal verhoudings wat die prosesse van kenniswording beïnvloed.

In die res van hierdie artikel word voorbeelde van kritiese posthumanistiese onderwys bespreek. Deur hierdie voorbeelde word aangetoon hoe die praktisering en teoretisering van kritiese posthumanisme in die onderwys materiële en diskursiewe ruimtes skep binne die hegemoniese konteks van informasie- en tegnokapitalisme. Daar word aangetoon hoe ’n volhoubare verhouding met die menige andere deur die onderwys bevorder kan word.

4.1 Naspoor van assosiasies

Kritiese posthumanistiese onderwys bied ’n teenvoeter vir liberale individualisme deur die menigvuldige assosiasies van interafhanklikheid na te speur. Angus, Cook en Evans e.a. (2001)2 beskryf ’n Geografieprojek waarin van studente vereis word om die ANT- metode van nasporing (“tracing”) te gebruik om hulself as kuborg te verbeel. Die kuborg word deur Haraway (1991:149) gedefinieer as “a hybrid of machine and organism, a creature of social reality as well as a creature of fiction”. Deur hulself as sodanige kuborg te ervaar kan hulle ’n aanvoeling ontwikkel van die effek van menigvuldige verbintenisse met die vele andere. Die outeurs toon aan hoe hierdie verbintenisse nagespoor word deur die menigte assosiasies wat ’n alledaagse handeling moontlik maak.

In die kursus Geografieë van Materiële Kultuur het studente, in plaas van formele onderrig, die opdrag gekry om die netwerke waarvan hulle ’n node is, na te gaan om vas te stel hoe hulle bestaan moontlik gemaak word. Die outeurs beskryf die manier waarop Geoff, ’n student, die netwerk naspoor waarin hy hom bevind. Die nasporing van die netwerk het begin met die alledaagse koppie koffie. Hy het begin met die materiële entiteite in die netwerke waarvan hy deel word terwyl die koffie deel word van hom. Die student spoor die netwerk na wat bestaan uit koffiepoeier, ’n ketel, elektrisiteit, ’n vlekvryestaallepel met ’n blou plastiekhandvatsel, die formica-kombuiskassie, water, ’n plastiekhouer met melk en suiker. Die nasporing wat plaasvind deur die verbintenisse te deurdink, daaroor op te lees en dit in die klas te bespreek, vind neerslag in ’n joernaal. Deur die nasporing word die kuborg-student bewus van ’n menigte verdere verbintenisse, soos markte waar pryse vasgestel word, infrastruktuur soos water- en elektrisiteitsnetwerke, produksie- en vervoerstelsels. Die koffie word byvoorbeeld deur iemand op ’n sekere plek in ’n bepaalde soort grond en klimaat geplant, en met bemesting, water en sonlig gevoed. Dit word geoes, verwerk, verpak en vervoer. Elkeen van hierdie prosesse is weer deel van ander netwerke en praktyke, waarvan sommige ekologiese en menslike kostes dra.

Deur hierdie nasporing word ’n bewustheid verkry van hoe die kuborg ingebed en geïmpliseerd is in etiese, ekonomiese en politieke ontologieë. Die kuborg word bewus van sy/haar afhanklikheid van hierdie menige verbintenisse waaraan erkentlikheid gegee moet word. Hy/sy word ook bewus van sy/haar verantwoordelikheid teenoor elke entiteit in die netwerk. Hierdeur word nie net ’n morele appèl gemaak nie, maar ’n sterker eties-ontologiese een: Die vele andere is deel van die wording van die kuborg. Die kennis wat in die proses bekom word, is nie universeel nie, maar situasiespesifiek.

Die kursus het ’n blywende impak op die student gehad:

Even if in his more honest moments, Geoff knows he cannot live without most of the products he uses, and is often happy to be kept in ignorance about some of the networks he is part of, he says it will be one of the few courses he remembers anything of for more than five minutes after it has ended. Indeed this course is not really over at all, because now Geoff is a messy cyborg, still figuring things out, loving and hating it all at once.(Angus, Cook en Evans e.a. 2001:200)

Alhoewel Gough (2004) die kritiese moontlikhede van hierdie metode van nasporing bevraagteken, wys die eksplisiet maak van interafhanklikhede op die manier waarop elkeen alreeds gekompromitteer is en daarom verantwoordelik is vir die menige andere wat deel is van die netwerke. Die verbruiker drink nie net ’n beker koffie nie, maar is verbind aan menige netwerke wat moontlik negatiewe effekte op menslike en natuurlike “hulpbronne” mag hê. Die nasporing lei nie altyd tot klinkklare antwoorde oor reg en verkeerd nie, aangesien die keuse vir “fair trade” koffie tot nadeel mag wees vir werkers op kommersiële koffieplantasies. Daar kan egter wel verwag word dat dit tot ’n groter sin vir verantwoordelikheid sal lei en ’n bewustheid van die onto-etiese implikasies.

In sommige gevalle kan duideliker antwoorde deur nasporing bekom word. Dit is die geval wanneer Abrahamsson, Bertoni, Mol en Martín (2015) aantoon hoe die Omega-C-dieetaanvulling in Skandinawiese lande tot voedseltekorte en wanvoeding in Wes-Afrika lei. Hulle toon aan hoe die uitputting in die streek van sekere vissoorte wat gebruik word om die Omega-C-aanvullings te vervaardig verband hou met die wanvoeding van mense wat uit die see lewe. Die naspoor van verbintenisse dui nie net op interafhanklikheid nie, maar ook op die effek van die verbintenisse op die vele andere. Anders as die outonome en selfbepalende antropos word die subjektiwiteit van die kuborg deur hierdie menige verbintenisse bepaal.

4.2 Wording deur affektiewe openheid

Waar die humanistiese subjek gekenmerk word deur abstrakte individualisme wat in ’n instrumentele verhouding met andere staan, wys posthumanisme op die dinamiese aard van subjektiwiteit wat ’n openheid openbaar om deur ander geaffekteer te kan word. Posthumanistiese subjektiwiteit word verstaan deur middel van metaforiese konsepte soos nomade (Braidotti 2002) en risoom (Deleuze en Guattari 1987). Hiervolgens kan die posthumanistiese subjek nie as ’n geïsoleerde finale entiteit verstaan word nie, maar as een wat aktief is in ’n voortdurende proses van wording. Die nomade het nie ’n essensiële identiteit nie, maar word deur die vele toevallige ontmoetings gevorm. Anders as wortels versprei ’n risoom in alle rigtings om nuwe plante te vorm. Murris (2017) toon aan hoe die posthumanistiese kind nie volgens vooropgestelde fases ontwikkel nie, maar ’n openheid teenoor die vele andere openbaar, insluitend die liggaam en ander materiële entiteite. Hierdie openheid maak dit moontlik vir die kind om op onvoorspelbare maniere geaffekteer te word.

Die effek van openheid vir die menige andere word deur Olsson (2009) in ’n vroeë-kinder-ontwikkeling-konteks geïllustreer. Sy maak gebruik van Deleuze en Guattari om alternatiewe te bied vir die heersende diskoers wat konsepte soos identiteit, maatstawwe, uitkomste en uitnemendheid bevat. Vir Olsson moet die kind verstaan word as iemand in ’n oop proses van wording deur eksperimentering met die nuwe en die onbekende. Haar spesifieke fokus is op die maniere waarop kinders deur beweging met nuwe subjektiwiteite eksperimenteer. Sy toon aan hoe met die begeertes van kinders gewerk word om nuwe werklikhede te skep.

In die klaskamer word kinders se aanvanklike belangstelling uitgebrei deur hulle met hul gunstelingkarre en met foto’s van karre op ’n oorhoofse projektor te laat speel. Hulle belangstelling verskuif egter as hulle mettertyd meer geïnteresseerd raak in die effek van lig en skaduwee op die skerm as hulle die karre op verskillende maniere rangskik. In een van die kinders se aksiereekse soos deur Olsson (2009) beskryf, word kinders net deur mekaar raakgesien indien hulle ’n bepaalde kostuum aan het. Iemand sonder ’n kostuum kan nie gesien word nie en kan ook by tye uitgesluit voel.

Deur hierdie aktiwiteite eksperimenteer hulle met wat objekte en liggame kan doen en wat ’n mens kan word. Die kinders ondersoek aan- en afwesighede, sigbaarheid en onsigbaarheid asook die maniere waarop uitsluiting ontmagtigend kan wees. ’n Objek soos ’n oorhoofse projektor is nie meer die instrument in die hande van die onderwyser om kennis oor te dra nie, maar dit word ’n agent saam met kinders se eksperimentering waardeur die effekte van die intra-aksies tussen die lewende wesens en nielewende objekte ontdek word.

Hierdie ondersoek beaam die siening van Deleuze en Guattari (volgens Olsson 2009:76) dat ons nie weet wat die liggaam kan doen nie. Mens-word is ’n risoomagtige of nomadiese proses wat in voortdurende intra-aksie is met die andere. Die aanmoediging in hierdie klaskamer van sodanige wordinge is noodsaaklik as teenvoeter van die matriks van dominasie wat deur ’n voorgeskrewe kurrikulum en ’n hiërargiese pedagogie bemiddel word. Die subjektiwiteit van die kinders sprei risoomagtig uit op maniere wat nie voorspel kan word nie. Dit is ook van belang dat die eksperimentering met menswees op ’n vroeë stadium in kinderontwikkeling kan begin.

4.3 Die weerstandige liggaam

Die onvoorspelbaarheid van wording bied alreeds ’n teenvoeter vir die eenvormigheid wat eie is aan die subjektiwiteit in die Kapitaloseen. Die naspoor van assosiasies dui ook aan dat subjektiwiteit anders kan wees aangesien alle assosiasies kontingent is, selfs dié wat ingemessel is in ’n matriks van mag. Verder word identiteit as inligting voorgehou sodat subjektiwiteit afgelaai kan word na die internet en die liggaam nagelaat kan word. Die mag van die Kapitaloseen word veral op die liggaam ingeëts wat na vore kom in ’n liggaamshouding en -vorm, kleredrag en dieet.

Die openinge wat in enige hibriede samestelling van mense en die andere bestaan, skep egter geleenthede vir weerstand waardeur ’n ander samestelling moontlik gemaak word. Alhoewel algoritmiese kodering en digitale platforms ’n digte net span waarbinne liggame en subjektiwiteite geskep word, is daar altyd ruimte vir weerstand. Die kreatiewe en onbeheerbare liggaam bied weerstand teen die materiële aard van die afgedwonge inskripsies. Hierdie fokus op liggaamlikheid bied ’n teenvoeter vir die transhumanistiese opvatting dat liggaamlike beperkings oorkom kan word wanneer die bewussyn in ’n virtuele werklikheid voortbestaan (Hayles 1999:1).

In hulle beskrywing van ’n kuborgpedagogie van weerstand maak Garoian en Gaudelius (2001) onder andere gebruik van die posthumanisme van Hayles (1999) en Deleuze (1987). Die konsep kuborg word gebruik om nuwe idees, beelde en mites oor die self te skep. Hulle dekonstrueer die inligtingsoorlading in die metanarratiewe van tegno-, en feodale kapitalisme. Die skrywers toon aan hoe ’n pedagogie van weerstand binne die konteks van inligtingoorlading moontlik is deur hul bespreking van die werk van verskeie uitvoerende kunstenaars.

Een van hierdie kunstenaars, Stelarc, gebruik die liggaam as ’n node in ’n netwerk wat in ’n simbiotiese verhouding staan met die digitale inligting van die internet. Hy glo dat aangesien ons nog altyd kuborgs was, ons tegnologie moet internaliseer eerder as om dit as iets vreemds en as ekstern tot die liggaam te sien. Die liggaam en tegnologie ondersteun mekaar. In sy vertoning Parasite word beelde van die internet op die liggaam afgebeeld. Die liggaam is egter nie ’n bloot passiewe skerm wat die beelde weerspieël nie, maar reageer wanneer die spiere gestimuleer word. Hierdeur word die liggaam ’n aktiewe deel van ’n virtuele senuweestelsel. Die beelde en die liggaam se reaksies word verwerk en teruggekaats op die liggaam in ’n sikliese proses. Alhoewel die stimulering van die spiere onwillekeurige reaksies tot gevolg het, neem die liggaam as dinamiese materiële organisme aktief deel aan die veranderde patrone. In die proses word die internet, wat dikwels in terme van ’n ontliggaamde intelligensie gesien word, met die fisieke liggaam gekombineer.

Deur die projektering van beelde en informasie van die internet op die liggaam vervaag die onderskeid tussen die materiële en virtuele. Garoian en Gaudelius (2002:341) som die effek soos volg op:

Within the metaphorical space of cyborg identity, Stelarc creates an ongoing dialectic between the node of technology/intelligence and the physicality/materiality of the body. His performance of this dialectic serves to resist the unthinking inscription of codes from one to the other, instead calling into question the interdependent relationship between the two.

Deur hierdie eksperimentering word aangetoon dat die menslike liggaam nie deur tegnologie bepaal of geïgnoreer kan word nie, maar dat daar wederkerigheid bestaan tussen die liggaam en informasie. Garoian en Gaudlius toon die vitaliteit van die liggaam aan wat ’n agent is en nie bloot ’n passiewe objek van tegnologiese inskripsie nie. Hierdie wederkerige verbintenis tussen die liggaam en inligting is ’n belangrike teenvoeter vir die manier waarop die werklikheid van materiële omstandighede in die Kapitaloseen geïgnoreer word. Hiermee beweeg ’n posthumane pedagogie weg van die humanistiese gees/liggaam-dualisme deur erkenning te gee aan die materiële vitaliteit van die liggaam.

4.4 Verby spesie-isme: leer met diere

Behalwe die belang van die liggaam, bestaan die neiging ook om die posthumaan slegs in terme van die verhouding tussen mens en tegnologie te verstaan. Om erkenning te gee aan die rol van die liggaamlike moet die verhouding met die niemenslike lewende andere ook verreken word. Een van die grense wat die posthumaan oorskry, is, volgens Haraway (1991:151 e.v.), dié tussen mens en dier. Daarom word die humanistiese aanvaarding van menslike uitsonderlikheid in posthumanistiese kritiese dierestudies bevraagteken. Daar word verby spesie-isme beweeg wat gebaseer is op die siening van die meerderwaardigheid van die mens teenoor alle ander lewende wesens en waarvolgens die andere in diens van die mens gestel moet word.

In die tradisie van kritiese dierestudies stel Dinker en Pedersen (2016) ’n “spesie-inklusiewe interseksionele onderwys” voor. Hulle trek ’n verband tussen die onderdrukking van diere, die onderdrukking van bepaalde kategorieë van mense en ekologiese degradering. Hiermee toon hulle aan dat die posthumaan alle verbintenisse met gelyke erns bejeën en dat ’n etiese, nie-instrumentele verhouding met diere gekoester moet word. Dit hou in dat die perspektief van die dier in ag geneem moet word in al die vorme van interaksie tussen mens en dier. Daar moet ook ’n bewussyn geskep word van die maniere waarop diere uitgebuit, mishandel en onderdruk word deur inperking, manipulasie, ontneming, afskeiding, verminking en verbruik. Hulle stel onder andere die volgende voor:

Reflecting on and sharing ethological insights about animals’ own feelings towards species kin, their environments, as well as towards humans they encounter … How does an animal experience being hunted, slaughtered, separated from her mother, forcibly inseminated, castrated, held in captivity, being a pet, forced to perform or participate in competitions, or being experimented upon? What does an animal need to enjoy life? Is an animal’s life enhanced or impedimented by human interference? (Dinker en Pedersen 2016:419)

Dinker en Pedersen argumenteer nie dat diere uit die onderwys verwyder moet word nie, maar dat die asimmetriese verhoudings tussen mens en dier eerder bevraagteken moet word. Hulle (2016:419) stel onder andere die volgende elemente voor vir ’n spesies-sensitiewe onderwys:

  • ’n Ondersoek na diere se gevoelens teenoor hulle eie spesie, die omgewing en mense. Dit sluit in diere se ervaring daarvan om gejag, geslag, van ’n ma geskei, geforseerd geïnsemineer, gekastreer en gevang te word. Daar moet ook na hulle gevoelens gekyk word wanneer hulle as ’n troeteldier behandel word, of aan vertonings en kompetisies moet deelneem, of as op hulle geëksperimenteer word.
  • ’n Kritiese diskoersanalise van dierverwante onderwysmateriaal om vas te stel watter emosionele reaksies by kinders geproduseer word. Dit sluit in ’n kritiese ondersoek na die romantiese manier waarop die plaaslewe dikwels aan kinders voorgehou word in kinderstories en waar die realiteite van ’n dierelewe verskuil word.
  • Plaasbesoeke om boere se indrukke te bekom oor die maniere waarop diere behandel word.
  • Die sigbaarmaking van vleisbewerking deur ’n besoek aan die slagpale of aan hoenderbatterye.

Dinker en Pedersen argumenteer nie soseer om alle diereprodukte te vermy nie, maar om diere op ’n respekvolle manier deel te maak van ’n ekologiese saambestaan. ’n Spesiessensitiewe opvoeding gaan nie net om die verhouding met diere nie, maar ook oor die wording van die posthumaan in die onderwys. Hierdeur word ’n bewustheid geskep van die effek van spesie-isme op diere. ’n Verskuiwing moet plaasvind vanaf instrumentele nuuskierigheid en die wil om oor diere te leer, na leer met, van en vir hulle. Die “spesie-inklusiewe interseksionele onderwys” verbind ook die verhouding met diere met dié van die “minder” mense en met die omgewing.

 

5. Ten slotte: van die Antroposeen na Gaia 

Die paar voorbeelde wat bespreek is, dui aan hoe ’n krities posthumanistiese onderwys ’n ander soort subjektiwiteit moontlik maak – een wat nie gebaseer is op die uitsonderlikheid en uniekheid van die mens nie. Dit is eerder ’n subjektiwiteit wat in ’n proses van wording is met die menige andere. Hierdie andere kan nagespoor word en sluit die liggaam, ander lewende wesens en die nielewende andere in. Daar is egter ook ’n groter prentjie wat in gedagte gehou moet word.

Die klimaatsveranderingsberade bly mensgesentreerd in soverre as wat dit bestaan uit konflikte tussen die belange van regerings, internasionale korporasies, wetenskaplikes, ’n nuwe geslag en gemarginaliseerde gemeenskappe. Die oorverdowende stilte van die menige andere lewende niemense en die nielewendes word tot ons eie nadeel geïgnoreer. Soos met die gebrek aan reaksie op Nietzsche (2001, para. 125) se aankondiging oor die “afsterwe van God” het die besef van die verwante “afsterwe van die mens” (Foucault 2006:341) nog nie deurgedring nie. Ons bly vashou aan die illusie dat alles kan voortgaan asof ons (mense) in beheer is van die toekoms van die aarde. Kritiese posthumanisme wys op die noodsaak daarvan om radikaal anders te bestaan ter wille van die ekologiese houdbaarheid van Gaia. Waar die Antroposeen menslike mag en oorheersing vier, bring Gaia ons (mense) terug Moeder Aarde toe deur ’n teregwysing van hoe ons afhanklik is van al die andere. Krities posthumanistiese onderwys verteenwoordig een poging om wederkerige en respekvolle verhoudings te herstel.

 

Bibliografie

Abrahamsson, S., F. Bertoni, A. Mol en R.I. Martín. 2015. Living with Omega-3: New materialism and enduring concerns. Environment and Planning D: Society and Space, 33(1):4–19.

Adorno, T.W. en M. Horkheimer. 2016. Dialectic of Enlightenment. Vertaal deur J. Cumming. Londen: Verso.

Angus, T., I. Cook en J. Evans e.a. 2001. A manifesto for cyborg pedagogy? International Research in Geographical and Environmental Education, 10(2):195–201.

Badmington, N. 2004. Mapping posthumanism: An exchange. Environment and Planning A: Economy and Space36(8):1341–63. https://doi.org/10.1068/a37127.

Barad, K. 2003. Posthumanist performativity: Toward an understanding of how matter comes to matter. Signs, 28(3):801–31.

—. 2007. Meeting the universe halfway. Quantum physics and the entanglement of matter and meaning. Durham, NC: Duke University Press.

Bennett, J. 2010. Vibrant matter: The political ecology of things. Durham, NC: Duke University Press.

Bishop, P., J.G. Mainguy, A. Angulo, J.P. Lewis, R.D. Moore, G.B. Rabb en J.G. Moreno. 2012. The amphibian extinction crisis – what will it take to put the action into the amphibian conservation action plan? S.A.P.I.E.N.S., 5(2):16.

Bonazzi, M. 2020. Protagoras. In Edward (red.) 2020.

Braidotti, R. 2002. Metamorphoses: Towards a materialist theory of becoming. Cambridge: Polity Press.

Carrigan, M. en K. Jordan. 2021. Platforms and institutions in the Post-Pandemic University: A case study of social media and the Impact Agenda. Postdigital Science and Education, November. https://doi.org/10.1007/s42438-021-00269-x.

Crutzen, P.J. 2002. Geology of mankind. The Anthropocene. Nature, 415:23.

Deleuze, G. 1992. Postscript on the societies of control. October, 59:3–7.

Deleuze, G. en F. Guattari. 1987. A thousand plateaus. Capitalism and schizophrenia. Vertaal deur B. Massumi. Minneapolis: University of Minnesota Press.

Dinker, G.K. en H. Pedersen. 2016. Critical animal pedagogies: Re-learning our relations with animal others. In Lees en Noddings (reds.) 2016.

Edward, E.N. (red.). 2020. The Stanford encyclopedia of philosophy (Herfs 2020-uitgawe). https://plato.stanford.edu/archives/fall2020 (9 November 2021 geraadpleeg).

Foucault, M. 1978. The History of sexuality. Vol. 1: An introduction. Vertaal deur R. Hurley. New York: Pantheon Books.

—. 2006. The order of things. An archaeology of the human sciences. Londen: Routledge.

Garoian, C.R. en Y.M. Gaudelius. 2001. Cyborg pedagogy: Performing resistance in the digital age. Studies in Art Education. A Journal of Issues and Research, 42(4):333–47.

Gough, N. 2004. RhizomANTically becoming-cyborg: Performing posthuman pedagogies. Educational Philosophy and Theory, 36(3):253–65.

Haraway. D.J. (red.). 1991. Simians, cyborgs and women: The reinvention of nature. New York: Routledge.

—. 1991. A cyborg manifesto: Science, technology, and socialist-feminism in the late twentieth century. In Haraway (red.) 1991.

—. 2006. When we have never been human, what is to be done? Theory, Culture & Society, 23(7–8):135–58.

—. 2015. Anthropocene, Capitalocene, Plantationocene, Chthulucene: Making kin. Environmental Humanities, 6:159–65.

—. 2016. Staying with the trouble. Anthropocene, capitalocene, chthulucene. In Moore (red.) 2016.

Hayes, S. 2019. “Employable posthumans”: Developing HE policies that strengthen human technological collaboration not separation. In Peters, Jandrić en Means (reds.) 2019.

Hayles, N.K. 1999. How we became posthuman. Virtual bodies in cybernetics, literature and informatics. Chicago: University of Chicago Press.

Heidegger, M. 1993. Letter on humanism. In Krell (red.) 1993.

Klein, J. en G. Giglioni. 2020. Francis Bacon. In Edward (red.) 2020.

Knox, J. 2016. Posthumanism and the massive open online course: Contaminating the subject of global education. New York: Routledge.

Krell, D.F. (red.). 1993. Martin Heidegger. Basic Writings. San Francisco: Harper.

Latour, B. 1993. We have never been modern. New York: Harvester Wheatsheaf.

Lees, H.E. en N. Noddings (reds.). 2016. The Palgrave international handbook of alternative education. Londen: Palgrave Macmillan.

MacCormack, P. 2013. Gracious pedagogy. Journal of Curriculum and Pedagogy 10(1):13–17. https://www.tandfonline.com/doi/abs/10.1080/15505170.2013.789994.

Mignolo, W.D. 2009. Epistemic disobedience, independent thought and de-colonial freedom. Theory Culture & Society, 26(7–8):1–23.

Moore, J.W. (red.). 2016. Anthropocene or capitalocene? Nature, history, and the crisis of capitalism. Oakland: PM Press.

Murris, K. 2016. The posthuman child. Educational transformation through philosophy with picturebooks. Contesting early childhood. Londen: Routledge Taylor & Francis.

Nietzsche, F. 2001. The gay science. Cambridge: Cambridge University Press.

Olsson, L.M. 2009. Movement and experimentation in young children’s learning. Deleuze and Guattari in early childhood education. Londen: Routledge.

Peters, M.A., J. Jandrić en A. J. Means (reds.). 2019. Education and technological unemployment. Singapoer: Springer.

Ripple, W.J., C. Wolf, T.M. Newsome, M. Galetti, M. Alamgir, E. Crist, M. I. Mahmoud en W. F. Laurance, en 15 364 handtekeninge van wetenskaplikes van 184 lande. 2017. World scientists’ warning to humanity: A second notice. BioScience 67(12):1026–8. https://doi.org/10.1093/biosci/bix125.

Snaza, N.J. 1995. Manifesting cyborgs in curriculum inquiry. Critical Studies in Education, 36(1):71–83.

Snaza, N.J., P. Appelbaum, S. Bayne, D. Carlson, M. Morris, N. Rotas, J. Sandlin, J. Wallin en J. Weaver. 2014. Toward a posthumanist education. Journal of Curriculum Theorizing, 30(2):39–55.

Srnicek, N. 2017. Platform capitalism. Cambridge: Polity Press.

Suarez-Villa, L. 2009. Technocapitalism: A critical perspective on technological innovation and corporatism. Philadelphia: Temple University Press.

Taylor, C.A. 2016. Edu-crafting a cacophonous ecology: Posthumanist research practices for education. In Taylor en Hughes (reds.) 2016.

Taylor, C.A. en C. Hughes (reds.). 2016. Posthuman research practices in education. New York: Palgrave Macmillan.

Wagner, D.L., E.M. Grames, M.L. Forister, M.R. Berenbaum en D. Stopak. 2021. Insect decline in the Anthropocene: Death by a thousand cuts. Proceedings of the National Academy of Sciences, 118(2). https://doi.org/10.1073/pnas.2023989118.

Wallin, J. 2010. A Deleuzian approach to curriculum. Essays on pedagogical life. New York: Palgrave Macmillan.

Waters, A. 2020. Will neoliberal capitalism survive the Coronavirus crash or is this the beginning of techno-feudalism? Journal of Australian Political Economy, 86:406–31.

Weaver, J. 2010. Educating the posthuman: Biosciences, fiction, and curriculum studies. Rotterdam: Sense Publishers.

 

Eindnotas

1 Postmens sou as sinoniem vir die begrip posthumaan gebruik kon word, hoewel dit nie in die literatuur so gebruik word nie.

2 Ek gebruik “e.a.” hier aangesien dit na die niemenslike “outeurs” van die artikel verwys.

 

• Die fokusprent deur Nguyen Dang Hoang Nhu by hierdie artikel is geneem van Unsplash.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Onderwys in die skaduwee van die Antroposeen. Kritiese posthumanistiese eksperimentering appeared first on LitNet.

Education in the shadow of the Anthropocene: Critical posthumanist experimentation

$
0
0

Abstract

This article develops a critical posthumanist conception of education as a response to the Capitalocene and the Anthropocene. Both the Capitalocene and Anthropocene (Haraway 2016) are made possible by the “society of control” as described by Deleuze (1992). The control refers to the dominant position the human has assumed by oppressing and exploiting the various others such as the “lesser” humans, the non-human living and the multitudes of non-living beings. While the effects of this power are devastating to all, it rests on the humanistic denial of the human’s dependence on, and entanglement with, all the others. The dominance of human powers would not have been possible if it were not for the “resources” extracted from the others, such as human capital, natural resources and the power of technologies. The devastating nature of powers is due to the humanist isolation of the human from all the others. Human exceptionalism is made possible when the “human” has become the result of processes of purification and hierarchisation (Latour 1993). The hierarchy, which entails the superiority of reason, does not apply only to the other living and the non-living, but also to those regarded as “lesser” humans (the non-Western, women, colonised, working class, black). For Adorno and Horkheimer (2016) the “dialect of reason” entails the ways the belief in the power of the autonomous reason led to oppression and the deprivation of freedom. The Anthropocene refers to the domination of the planet Earth which results in environmental devastation due to human actions. The Capitalocene is a related concept which refers to the exploitation of all the others for the sake of capital accumulation by the few.

Humanistic beliefs have been shaping education to such an extent that it is called an “anthropological machine” by Snaza et al. (2014). While education has played a central role in entrenching notions of human exceptionalism and of hierarchical relations towards the others, it became caught up in the process of surveillance and standardisation, leading to predefined outcomes mainly to serve market needs.

Critical posthumanism attempts to provide a response to the devastating effect of humanism. According to Haraway (1991) posthumanism has overcome three boundaries: those between humans and animals, between humans and machines, and between the physical and the non-physical. While posthumanism is a broad movement that explores how the entanglement with technologies could lead to new modes of becoming, critical posthumanism queries the devastating effects when technologies are instrumental to humanist enhancement. Critical posthumanism goes further than the acknowledgement of entanglement to a sensibility of equality, mutuality and co-dependence. It realises that such a sensibility is the condition for the continued existence of humans and the others. Critical posthumanism queries the humanistic beliefs underlying the dominant position claimed by humans.

Critical posthumanist education recognises the ways students are already entangled with the many others. It aims to create a sense of equality, mutual dependence, becoming with the others, accountability and responsibility. The article explores four examples of pedagogical strategies aiming at such a sensibility: tracing of networks, becoming with others, embodied resistance and learning with animals.

The first example reports the experiences of a student tracing how subjectivity is embedded in networks. Angus, Cook and Evans et al. (2001) provide an account of how a student in a course called “Geographies of material culture” traced the networks associated with a mug of coffee. The tracing starts with immediate experiences of items such as milk, a kettle, water, electricity, coffee and a stainless steel spoon. It further traces the networks that make each of these items present, such as an electricity network, coffee plantations, international trade and working conditions. In the process the student experiences his dependence on, and responsibility towards, the multiple others that make his becoming possible.

The second example deals with the becoming of preschoolers when opening themselves up to being affected by others when they experiment with their bodies, movement and light. Olsson (2009) reports on the way the initial interest of preschools shifts when they start using an overhead projector (OHP) to project their favourite cars on a screen. While rearranging the cars and other objects on the OHP they discover how different patterns of light and shadow could be produced. Although the teachers were not always certain of the particular trajectory of the children’s quest, they took care to keep it alive through the provision of material and spaces. From this example it became clear that we cannot assume to know what children’s bodies can do or how they could become. “Following the child” in the preschool gains new meaning when children’s becoming is seen as an open-ended process.

The third example deals with the way the body participates in a pedagogy of resistance as a response to the way it is either eliminated or treated as a passive recipient of images in the digital era. Garoian and Gaudelius (2001) show how the single focus on digital reproduction is critiqued by the way the embodied subject creates new images and ideas. They use the work of performing artists to illustrate a pedagogy of resistance. They discuss how one of the artists, Stelarc, collects data when images from the internet are projected on the body while the latter responds to electronic impulses. The data which blend the images and the bodily reactions are uploaded on a website. The active role of the body which blends with software code in feedback loops constitutes resistance to the way digital space is disembodied.

The fourth example deals with the relationship with animals. Dinker and Pedersen (2016) develop a “species-inclusive intersectional pedagogy” which relates the oppression of animals to that of “lesser” humans and to environmental degradation. They argue that children should not simply learn from animals, but with them through an ethical, non-instrumental relationship. The pedagogical processes should include the perspectives and feelings of animals when, for example, they are hunted, slaughtered and held in captivity. They propose activities such as a visit to slaughter houses or farms where animals are kept in order to counter the romantic views that are usually presented. The article concludes by emphasising the importance of the critique of humanist assumptions about human superiority underlying both humanism and some posthumanisms and indicates that a new relationship is necessary for sustainable living with all the others.

Keywords: Anthropocene; controlled society; critical posthumanism; education; experimentation

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Onderwys in die skaduwee van die Antroposeen. Kritiese posthumanistiese eksperimentering

The post Education in the shadow of the Anthropocene: Critical posthumanist experimentation appeared first on LitNet.

Stemme | Voices | Amazwi: My ouma – die bakker, die bokser: ’n onderhoud met Dean Balie

$
0
0

Foto van Stemme-ontwerp: https://www.litnet.co.za/category/stemme-voices-amazwi/; foto van Dean Balie: verskaf

LitNet se Stemme | Voices | Amazwi is ’n reeks kort, kragtige monoloë, aangebied in samewerking met die Suidoosterfees, NATi en die ATKV. Elton Landrew vertolk die hoofrol van Dean Balie se My ouma – die bakker, die bokser wat deel van hierdie reeks vorm. Kyk hier na My ouma – die bakker, die bokser op LitNet. Sommige van die Stemme | Voices | Amazwi-video’s is ook van 15 tot 28 Julie 2022 op Woordfees TV (DStv, kanaal 150) uitgesaai

Dean Balie praat met Naomi Meyer oor My ouma – die bakker, die bokser se teks.

Dean, ek het jou monoloog My ouma – die bakker, die bokser op LitNet gekyk. Jou monoloog kom uit die hart. Hierdie storie handel nie net oor twee karakters (die seun en sy ouma) nie. Dit handel oor baie seuns, baie oumas, ’n hele skare mense. My heel eerste vraag aan jou is of jy ’n spesiale ouma in jou lewe het. Wil jy van haar vertel?

My ouma (van my ma se kant af) is Katrina Phillips, of soos hulle maar op die dorp sê, Ouma Ounooi. Sy het agt dogters en een seun grootgemaak. Ek is haar oudste kleinkind en het altyd gespot dat ek eintlik haar tiende kind is! Ek was vyf jaar oud toe besluit my ouers dat hulle beide sal moet gaan werk om my ’n kans te gee om te kan gaan studeer, en toe is die besluit gemaak dat ek by Ouma en Oupa, op Steinkopf, sal gaan bly. My voorouers vorm dus n groot deel van my menswees en ook die grootste voorbeeld vir my van mense wat die waarde van kultuur en stories verstaan. Oupa is in 2011 oorlede en dit het my met nuwe oë aan die dood laat dink. As kind was dit my ouma en oupa wat my aangemoedig het om te lees, om musiek te maak en dat dit belangrik is om jouself kreatief te kan uitleef. Ouma bly vandag nog op Steinkopf. Sy is hierdie jaar 80 jaar oud, maar sy ken net vyfde gear! Sy is baie spesiaal en ek dink deel van die rede is ook die kultuur van die mense daar.

...........
Dit is nie ongewoon dat baie stout laaities so lief is vir hul ouma nie, en die stilste sit as sy gepraat het. Dit is hoekom baie Namakwalanders aanklank gevind het by hierdie monoloog, want hulle wás daardie kind en dra daardie ouma nog diep in hul hart.
............

Dit is nie ongewoon dat baie stout laaities so lief is vir hul ouma nie, en die stilste sit as sy gepraat het. Dit is hoekom baie Namakwalanders aanklank gevind het by hierdie monoloog, want hulle wás daardie kind en dra daardie ouma nog diep in hul hart.

Om ’n brood te bak en te laat uitrys is harde werk. Dis ’n geveg! Wil jy iets van die proses hiervan vertel? Van bak, van boks?

Brood bak is ’n ritueel diep gewortel in die oumas van Namakwaland. Net soos in die storie was ek regtig in vervoering met die toorkrag in haar hande. Ja! Ek het verskriklik baie bakbrood geëet! Tog is die metafoor soveel dieper. Dit was wat sy weer geleer het van haar ouma en ma.

..........
Ek wou vertel van hoe sterk die vroue in my lewe is. Dat ek eers toe ek ouer is besef het wat my ouma alles vir my opgeoffer het. Belangriker as dit wou ek vertel dat ek nie vergeet het waar ek vandaan kom nie. Ja, soms val mens bietjie van die pad af, en vergeet jy dat jy nie alleen die suksesse in die lewe behaal het nie. Soms, vir baie mense, is dit ook te laat.
...............

Ek wou vertel van hoe sterk die vroue in my lewe is. Dat ek eers toe ek ouer is besef het wat my ouma alles vir my opgeoffer het. Belangriker as dit wou ek vertel dat ek nie vergeet het waar ek vandaan kom nie. Ja, soms val mens bietjie van die pad af, en vergeet jy dat jy nie alleen die suksesse in die lewe behaal het nie. Soms, vir baie mense, is dit ook te laat. So ek wou sê my ouma het my geknie in die vorm wat mense vandag sien. Ek is ’n produk van haar hande, haar lesse, haar lewe en haar liefde.

Oumas is baie kere onsigbaar. Met hierdie Stemme-produksie kry hierdie ouma ’n stem. Hoekom dink jy behoort sy gehoor te word?

Ek dink deel van die rede vir my is vrees. Ek vrees die dag wanneer sy nie meer daar gaan wees nie, so ek wil haar nou sê hoe ek oor haar voel. Ek wil hê sy moet nou weet dat alles nie tevergeefs was nie.

............
Ek dink deel van die rede vir my is vrees. Ek vrees die dag wanneer sy nie meer daar gaan wees nie, so ek wil haar nou sê hoe ek oor haar voel. Ek wil hê sy moet nou weet dat alles nie tevergeefs was nie.
...............

Dat hoe oud en swak sy nou ook mag voel, dat sy gehoor word, selfs al sien ons nie meer so baie mekaar nie. Elke mens wat sy of haar ouma geken het, is geseënd, want oumas is bakkers, boksers, beskermers, en dit mag ons nie vergeet  nie.

Lees ook:

Country duty

Siwagawula siwarhuqa

Stemme | Voices | Amazwi

Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman

My ouma – die bakker, die bokser

The post Stemme | Voices | Amazwi: <em>My ouma – die bakker, die bokser</em>: ’n onderhoud met Dean Balie appeared first on LitNet.

Kennisgewing: Brahms-sonatas vir viool en klavier

Promosie vir 3 Augustus: 20% afslag op So lyk ’n vrou deur Ilse Verster.

$
0
0

Afrikaanse blitsverkoping!
3 Augustus 2022

Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.

Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!

Die boek vir 3 Augustus is:

Titel: So lyk ’n vrou
Skrywer: Ilse Verster
ISBN: 9781776354863
Uitgewer: LAPA

Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!

Lees ook:

The post Promosie vir 3 Augustus: 20% afslag op <i>So lyk ’n vrou</i> deur Ilse Verster. appeared first on LitNet.

Viewing all 21693 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>