Klik hier om hierdie nuusbrief aanlyn te lees. | Click here to view this newsletter online.
The post LitNet: Om te skryf appeared first on LitNet.
Klik hier om hierdie nuusbrief aanlyn te lees. | Click here to view this newsletter online.
The post LitNet: Om te skryf appeared first on LitNet.
Titel: Mixtape van die liefde
Samesteller: Antjie Krog
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9781776353590
Nes tieners soms blitsvinnig ’n liedjie afskiet wat nie oortuigend verband hou met hul leefwêreld nie, kan die verkeerde gedigte in die klaskamer vinnig tieners se vooroordele versterk: Dis glo outyds of vervelig en bied nie ’n aanknopingspunt wat tieners kan boei nie.
Antjie Krog (Foto: Menán van Heerden)
Dis wat my opgewonde maak oor die splinternuwe bloemlesing Mixtape van die liefde (saamgestel deur Antjie Krog, 2022, LAPA). Soos YouTube met sy legio moontlikhede of verskillende boeke in ‘n boekwinkel, bied hierdie versameling gedigte waarlik ’n mix: Dis soos ’n hele bos sleutels wat tieners se uiteenlopende leefwêrelde en belangstellings op verskillende maniere kan verteenwoordig. Daarom kan dit die vreugde en troos van letterkunde vir selfs die mees skeptiese tiener help oopsluit.
Reeds die titel verlei en doen sy naam gestand in heelwat opsigte.
Ronelda Kamfer (Foto verskaf)
Die “mixtape” bied ’n tikkie nostalgie omdat dit herinner aan destydse kassetopnames, maar dis ook byderwets en verwoord die wêreld van tieners wat – steeds – graag ontvlug in musiek. Soortgelyk kombineer die bloemlesing onlangse gedigte (en jong digters) met meer klassieke gedigte wat rotsvas deur dekades bly resoneer. Daar is ’n lang lys ou staatmakers wat weer met bekende gedigte pryk – van so vroeg as Totius. Terselfdertyd klink heelwat nuwer digters se stemme op. Ronelda S Kamfer, wat internasionaal ál meer gewildheid geniet, spog met die grootste bydrae – ses titels.
Shirmoney Rhode (Foto: Verskaf)
Nog jong digters illustreer hoe gedigte in voeling kan wees met hedendaagse situasies: Onder andere ondersoek Ryan Pedro se gedigte oor jong liefde teen die agtergrond van ’n wêreld vol armoede, vrees en misdaad (vgl “mixtapes vir wendy #2, bl 29). Nathan Trantraal se “Lentegeur” (62) handel oor ’n hedendaagse verlore seun: Die spreker verwoord die pyn wat sy broer se dwelmverslawing en rehabilitasiereis vir die gesin beteken het. In “buite die eg” (Shirmoney Rhode, 57) word ’n gemeenskap waarin afwesige pa’s pandemies is, deur die oë van ’n spreker wat self nie sy/haar pa ken nie, beskou.
'n Bibi-selfie
Drie gedigte van Bibi Slippers is geneem uit haar debuutbundel Fotostaatmasjien (2015, Tafelberg). Soos die titel van haar bundel laat deurskemer, vind die konsep van opnames en kopiëring weerklank in haar gedigte – wat mooi aansluit by die idee van ’n kassetopname (“mixtape”). Die gedig “Moon” (116) sluit goed aan by tieners se sosialemedia-deurspekte bestaan: “ek geniet die oomblik van on- / sekerheid wanneer ek na ‘n foto / op Instagram kyk en nie weet of / dit Ruby Rose of Bieber is / wat pose nie.” Aktuele kwessies soos identiteit en gender word aangespreek.
Ryan Pedro (Foto: Izak de Vries)
Die musiek wat geïmpliseer word met die woord “mixtape”, word hoorbaar in dié bloemlesing en kan ook tieners se belangstelling prikkel. Die woord “mixtape” in die titel is geïnspireer deur Ryan Pedro se gedigte, oa “mixtapes vir wendy #2” (29) en “mixtapes vir wendy #3” (80). Dié gedigte kan maklik lewe kry in ’n klasbespreking, veral omdat dit met ’n “Track list” onderaan gepaard gaan: ’n lysie musiek wat die gedig aan tieners se bestaan anker en die betekenis intertekstueel kan verryk. Ook “Ronelda” (23) deur Nathan Trantraal begin met ’n aanhaling uit The National se lirieke. Gedigte wat ekstra roem verwerf het as toonsettings en sodoende musiek kan laat opklink, is ook ingesluit: “Bantom hom so en flennie die snare” (13, Boerneef), “Beautiful in Beaufort-Wes” (67, Gert Vlok Nel) en “Bitterbessie dagbreek” (77, Ingrid Jonker).
Nes enige literatuur wat sy sout werd is, is dié bloemlesing beslis verleidelik, om meer redes as die variasie wat dit bied en die musiekkomponent. Die pragtige illustrasies op die voorblad en tussen afdelings maak dit nie net mooi nie, maar maak van die bundel ’n ronde kunservaring.
Mixtape van die liefde is egter meer as net verleidelik, soos “Jesse” wat “gewys [het] tot waar sy beenhare skeer / agter in die skoolbus” (15, “Skoolseunblues” deur Johan van Wyk). Soos die geval telkens met goeie letterkunde is, het ons hier te make met ’n meedoënlose Delila wat innooi met skoonheid en vermaak, maar lesers ook kan uitoorlê: om hul destruktiewe driehoeke van nougesette idees te verander in prismas waaruit ’n hele reënboog van perspektiewe straal.
Dié Delila kan elke Afrikaansonderwyser in die VOO-klaskamer se beste vriendin wees, want sy kan tieners boei én hul nooit weer met dieselfde oë laat kyk nie. Hier word dit byvoorbeeld sigbaar dat die mooiste liefdesgedigte in Afrikaans nie kan lyk soos ’n plaat oënskynlik eenderse tulpe nie. Ons stemme is eerder soos fynbos wat saam uit ons harde, klipperige aarde groei en op verskillende maniere blom. Die kosbaarheid lê juis daarin dat ons so divers klink en saam soveel eerlike skoonheid bring.
Tieners sal ook sien dat vernuwing meer kan beteken as Miley Cyrus wat Hannah Montana se pruik afpluk en poedelnakend mure omstoot terwyl sy op ’n wrecking ball rondswaai. Antjie Krog – as samesteller – is hier die vrou (steeds op háár befaamde rots) wat die grense van liefde en taal platslaan en daarmee haar lesers uitdaag om nuut te kyk.
Krog versplinter bestaande idees oor wat ’n versameling liefdesgedigte in Afrikaans beteken. Die strekkinge van wat as liefdesverse geld, word hier breër beskou as in voorgangers soos Die heel mooiste Afrikaanse liefdesgedigte (saamgestel deur Fanie Olivier, 1992, Human & Rousseau) en Die mooiste liefde is verby (saamgestel deur Etienne van Heerden, 1999, Tafelberg). Daar is ses afdelings, waarvan slegs die eerste twee, en ‘n paar gedigte uit die derde afdeling, te make het met verliefdheid en romantiese liefde wat volstaan, vorm of verlore gaan. Meer as die helfte van die gedigte het niks met romantiese liefde te make nie. Hierdie inklusiewe beskouing van liefdesverse maak dat lesers besef: Gedigte oor aspekte van die lewe soos gesinsverhoudings en die uitdagings en pyn wat dit veroorsaak, bewondering vir die natuur, gemengde gevoelens oor liefde vir jou land, geloof en genade en liefde (of passie) vir Afrikaans is ook liefdesgedigte. Die teenpool van liefde word ook ingesluit: ’n Gedig soos die klassieke “Wiskunde” deur Antjie Krog is in die afdeling “Liefde en woede” en verwoord juis die spreker se renons in hierdie vak.
Lynthia Julies (Foto: Izak de Vries)
In die derde afdeling, “Liefde in gesinsverband”, handel heelwat gedigte oor sprekers se verhoudings met hul ma’s en pa’s. Gebrekkige verhoudings met pa’s kom in meer as een gedig onder die loep; in “Luna” (45) skryf Lynthia Julies byvoorbeeld: “skyn met jou vol pram oor die man / wat ek Daddy noem vanaand / dalk raak jy hom soos ek nooit kon / wees sag en teer soos hy nooit was met my / en vergewe hom dit wat ek nie kan nie.” In Jolyn Phillips se “heil die leser” (40) word die vissermanspa se liefde vir leer pragtig verwoord: “ek onthou sy gliserien-oë / my pa die letter-boemelaar / hy soek sy storie / hy tel hulle op / hy stryk hulle plat / sy oë smeul soos ’n gebakte patat.”
Ma’s word nie sonder tekortkominge geskets nie, maar word wel oorwegend in ’n beter lig gestel. Menslikheid, deernis en eerlikheid staan sentraal in heelwat van dié verse. In die gedig “hammie” (46, Nathan Trantraal) vereer die spreker sy ma. Haar rol in die spreker én gemeenskap se lewens skemer deur: “My ma groet gangsters en kêkmense dieselle / wan sytie kêkmense geken / voor hulle gangsters geraak et / ennie gangsters voo hulle / hulle harte virrie Here gegie het.”
Twee gedigte voer ’n pleidooi vir Afrikaans en daag lesers uit om nuut oor die taal en hul rol as sprekers te dink. In Breyten Breytenbach se “liefling, taal” (115) is Afrikaans die apostroof – voorgestel as ’n jong vrou wat by implikasie eintlik vrugbaar moet wees, maar hier in ’n graf lê – sterwend omdat haar sprekers haar nie oppas nie en te “skaam” is vir haar. Wanneer die spreker “’n laaste keer” “ons liefde” (sy verhouding met Afrikaans) wil “besing”, sê hy: “ek skaam my dat ek my nou daarvoor moet skaam” – wat die Afrikaanssprekendes uitdaag tot introspeksie, omdat min bereid is om vir hul taal te baklei. Die spreker in Churchil Naudé se “Praat saam my” (113) voer ’n vrolike, dog uitdagende betoog vir Afrikaans as ’n soepel taal wat nie aan bande moet gelê moet word met voorskriftelikheid nie. Hy noem dat “die uitverkorenes” hom wil “kruisig” vir sy spontane taalverbuigings, maar nooi nogtans ander om ook hul taalvariante te gebruik: “kom sprei my taal soes ’n boem met klom’ takke / laat val dit soes rieen op ienageen se dakke / van daa’ annekan’ tot Namakwaland / van Mitchells Plain tot binne-in Pretoria / ô’s celebrate my taal nou hoor hoe sing’ie kooria”. Leerders word dus aangemoedig om nie hul taal of taalvariant as minderwaardig te ag nie, maar dit te sien as ’n bemagtigingsmiddel wat hulle moet beskerm en gebruik.
Lesers se oë gaan inderdaad oop vir die hele kaleidoskoop van taalvariante wat Afrikaans bied. Soos reeds in haar oeuvre te siene is, verbreed Krog ook die grense van perspektiewe in die Afrikaanse letterkunde deur Afrikaanse vertalings van andertalige gedigte in te sluit. Sodoende kry Afrikaanse lesers ’n venster op die letterkunde van Zoeloe, Setswana, Xam, San en Spaans. Op dié manier word “Mandela se brief aan Nomzamo” (74, geskryf deur Mazisi Kunene en uit Zoeloe vertaal deur Nkosinathi Sithole en Antjie Krog), oopgesluit vir Afrikaanssprekendes en kan ons ’n blik kry op Mandela se tronkjare en die mooi manier waarop hy Nomzamo bedank vir haar bemoedigende woorde. ’n Kort en eenvoudige gediggie deur Lucebert (“sonnet”, 18) verskyn in Nederlands en bied blootstelling aan dié taal vir jong lesers.
Binne al die verskeidenheid wat bymekaarkom in dié bloemlesing, is die woord “liefde” – selfs in sy breë beskouing – in baie opsigte die gemene deler wat ons herinner aan dit wat ons almal eintlik dieselfde maak. Dit gooi die teikengroep van dié bloemlesing as’t ware wyd oop, want enigiemand vir wie die teerheid van liefde of die afwesigheid daarvan in enige hoedanigheid al iets laat voel het, sal hierby kan aanklank vind.
Dit vertel ook die universele storie van menslikheid en dat respek en liefde baie dinge kan oorbrug. Die klassieke “Vergewe en vergeet” (98) deur Totius dateer wel uit die nadraai van die Suid-Afrikaanse Oorlog, maar vir lesers sal die tema – dat vergifnis dalk ’n belangrike onderdeel van liefde en medemenslikheid is – vandag net so relevant wees soos jare gelede.
In Ronelda S Kamfer se “To all the boys I loved before” (11) dink die spreker terug aan “Damian / wat [haar] geleer het om met ’n bottermes / by ’n kar in te breek en die radio te steel”. Mixtape van die liefde kan die Delila wees wat graad 10- tot 12-leerders boei met die skoonheid wat gedigte bied, maar ook die Damian wat hulle nuwe soorte sleutels gee om hul gedagtes oop te sluit vir die vreugde en insig wat Afrikaanse letterkunde bied.
’n Steam punk-keilhoed vol pluimpies vir Die 17de veer as hoërskoolroman
The post <i>Mixtape van die liefde</i> kan die vreugde van gedigte vir tieners oopsluit appeared first on LitNet.
Book covers: https://www.modjajibooks.co.za/; top author - Futhi Ntshingila (picture provided); Khadija Heeger (picture provided)
A 15th anniversary is a milestone for any publisher, particularly a small independent one dedicated to publishing the work of women writers. Modjaji Books has reached that remarkable milestone under the administration of Colleen Higgs. Modjaji started off as a one-woman enterprise and has grown since its early days.
Janet van Eeden asked Colleen a few questions about the exhibition that is on from 4 to 13 August at the Spin Street Gallery in Cape Town, Uncovering Modjaji Books, a celebration of the beautiful covers which have come out of Modjaji’s imprint.
Colleen, can you tell me a bit about the early days of Modjaji? Am I right in thinking it was just you who started this enterprise? How has it grown since then? Do you have more people who are part of the Modjaji operations?
Modjaji started when I was still at the Centre for the Book. I thought I would do some publishing as an extra thing, and I had two poetry collections that I planned to publish – Fourth child by Megan Hall and Life in translation by Azila Reisenberger. And then Ron Irwin sent me Tracey Farren’s Whiplash! I knew I couldn’t have a full-time day job and do justice to Whiplash. Also, my daughter was about to start primary school, and I wanted to be present for her. So, I decided to commit myself to making Modjaji Books work as my full-time occupation.
In 2007, we published only one title, Fourth child, and then three in 2008. Now, we publish between 10 and 15 titles a year. And we’ve published more than 150 titles in the past 15 years. A number of our published writers have won awards, including Megan Hall with Fourth child, our very first book, which won the Ingrid Jonker Prize in 2008. Many have been shortlisted for awards, received critical acclaim and turned the writers into well-known authors. Some of our titles have been studied at universities here and abroad. Whiplash was made into an award-winning movie, Tess. A number of other titles have been optioned for movies. And we’ve had success with a number of titles being translated and/or published in other countries. Most notably, Futhi Ntshingila’s Do not go gentle is the title for which we have sold most international rights. One of Wame Molefhe’s stories from Go tell the sun was turned into a short opera.
We haven’t really grown, but the number of people involved with Modjaji has grown, in the sense that each year we have had one or two interns and/or volunteers. This means that there are more than 20 young women who still have a soft spot for Modjaji. There is a large team of editors, cover artists, book designers and printers that we work with closely. We also worked with Helen Holyoake for a number of years for PR; Aimee-Claire Smith, who first interned here in 2017, started the Modjaji Instagram account, and still manages it for us. We have a Facebook group called Modjaji Matrons, where I sometimes ask for support, guidance or ideas.
My friend Colleen Crawford Cousins has been a supporter from the start; she’s listened to all my ups and downs, seen the struggles and the triumphs and given advice – and done work for free at times. My daughter, Kate, has also done plenty of different bits of work, such as helping with packaging books for the courier, selling books at events, proofreading, designing e-invitations, reading manuscripts and many other things.
Emily Buchanan worked with me for two years as a business partner, which was wonderful for me, having someone as interested as I was in the nitty-gritty of Modjaji. I think she decided in the end that she wanted a more peaceful life than is possible when dealing with a small independent press. She still does some editing for us; most recently, she worked on Go away birds by Michelle Edwards.
Modjaji has shareholders who have invested in the business: Colleen Crawford Cousins, Emily Buchanan, Fiona Ghosh, Bontle Senne and Fiona Snyckers. I’m grateful to them for their support.
Of course, there are also all the wonderful writers we’ve published since 2007, who are in some way or another still part of the Modjaji family, even if their rights have reverted to them.
Who came up with the idea of celebrating 15 years of beautiful covers from Modjaji?
Leanne Johansson volunteered to work with me at Modjaji this year; she wanted to learn more about publishing. In the course of our work together, I told her about this idea I had which was to create an exhibition of book covers. I’d discussed it over the years with anyone who would listen, and most recently with Carla Kreuser, one of the artists who has designed quite a number of our covers. And then Leanne volunteered to organise the exhibition and was able to source funding from an anonymous donor to make the dream come true!
Exhibiting the covers is a way of celebrating the work that goes into making a book, but from a different angle. It’s been one of my special pleasures to collaborate with artists and the writers to achieve covers that honour the writing and stand for the books, as their outward face. I never get tired of seeing the printed book with the cover on it. It’s turning a dream into something you can hold in your hand.
Book covers: https://www.modjajibooks.co.za/https://www.modjajibooks.co.za/
Can you tell me more about the opening event on 6 August? Do you hope to attract new readers? Or is it just a celebration of the good years behind Modjaji?
The opening event is a celebration pure and simple, a chance to take stock and to celebrate the good. Publishing keeps one so busy on a day-to-day basis, with many little crises and dramas for good measure. It is wonderful to have a chance to step back and to look at it all with some objectivity.
Of course we would like to attract new readers – always! We will be selling books at all three of the events we are hosting during the exhibition period.
In addition to the opening event, we are launching Khadija Heeger’s new collection of poems, Thicker than sorrow, on 9 August at 10:00 am. Khadija is an extraordinarily powerful performer, so that will be a treat and she will be there to sign copies.
On the last day of the exhibition, we are hosting a panel event, Under the Covers, where three artists – Jesse Breytenbach, Carla Kreuser and Danielle Clough – will talk about their processes in making book covers and show us some examples of how they work; and, of course, you will be able to go and look at their artworks with a new eye after the event. You can book tickets via webtickets.
Tell me about the challenges that face a publisher, especially an independent publisher, these days.
How much time do you have? Seriously, the challenges are huge; I guess the biggest challenge is money/cash flow, capacity, our precarious survival. In South Africa: our economy and the fact that the state hasn’t, up to now, made books and reading a priority.
If, for example, there were a concerted effort to buy local books in numbers for all the public libraries in the country, that would make all the difference in the world to us and the writers we publish. Imagine if, as a small publisher, we knew we would sell say 500 copies of each title that is approved (I’d like to think that all of our titles would meet the approval of the library selection committee), think of how that would change how we work – we would become sustainable. Some titles that we publish sell in very small numbers, like 300 copies only. Thank goodness for digital printing and short print runs.
Another challenge is that often, once authors have achieved some measure of success and have won awards, they go on to bigger publishers who offer them advances and so on. Or they decide to self-publish. Of course, I understand that authors want to make money from their books. So, Modjaji has been a place where a number of authors have made their name, which obviously makes us proud for the authors and feel bittersweet when they move on.
In this world of Kindle and so on, do you think there is still an appetite for hard copy books?
The short answer is a definite yes. I don’t see it as either-or. Most of our titles are available as e-books. Most people I know prefer reading paper books; it is a durable technology, one that has lasted several centuries. I like reading e-books because of my eyesight; I like reading in bed, and I find that wearing reading glasses isn’t comfortable when lying on my side reading a book. But all things being equal, I prefer paper books, too. I like being able to share books easily with friends.
What is the one thing that Modjaji offers as a publisher that larger publishers don’t offer?
Having someone who is personally invested in your book project-manage the whole process of publishing from start to finish, is different. And we continue to promote and take an interest in books long after the first six months to two years of publication.
We also publish books that other publishers aren’t prepared to take on, like Whiplash. We publish debut collections of short stories. And where the voice or perspective of the manuscript is particularly strong or interesting, but needs development work, we do take the writer on if we can. This is where access to funding or the sure knowledge of significant library purchases would make a huge difference to us.
What is your dream for the future of Modjaji?
I would love to see Modjaji Books achieve sustainability and to live on beyond me, continuing to publish southern African women writers.
Find out more about the Uncovering Modjaji Books celebration here.
The post Uncovering Modjaji Books – celebrating 15 years of beautiful book covers: Janet van Eeden in conversation with Colleen Higgs appeared first on LitNet.
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 7 Augustus is:
Titel: 25 Trappe na benede
Skrywer: Madelein Rust
ISBN: 9780639607627
Uitgewer: LAPA
Wanneer Renée Verster-Roux haar swart gewaad, donker grimering en skarlaken lipstif aansit, klim sy trap vir trap af na die wêreld van haar alterego. As Lisbé is sy nie meer die swartskaapdogter van die ryk Versters nie, maar ’n bedrewe knoeier wat haar voordoen as ’n waarsêer om haar trust fonds aan te vul. Vir haar is Janine Oosterhuis, ’n doktersvrou wat oortuig is haar man wil haar vermoor, presies die tipe kliënt wat sy soek: skatryk en paranoïes. Maar die dag toe dié vrou met die groot diamante en bang oë haar huis binnestap, het alles verander.
Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!
The post Promosie vir 7 Augustus: 20% afslag op <i>25 Trappe na benede</i> deur Madelein Rust appeared first on LitNet.
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 8 Augustus is:
Titel: Lira
Skrywer: Chanette Paul
ISBN: 9780799394474
Uitgewer: LAPA
Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed. Veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ’n ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is egter die een upcycling-projek waarin sy jammerlik misluk het. Sy beland op Vywerbaai waar sy ’n winkeltjie vir haar upcycle-produkte wil oopmaak. Die finansiële risiko’s wat sy neem is enorm en teenspoed bly nie uit nie maar sy bly vasberade – upcycle gaan sy haar lewe upcycle. Lira wen die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ’n vierde, maar verloor haar hart aan die verkeerdste man denkbaar – een met ’n sterwende vrou en ’n kind wat Lira haat.
The post Promosie vir 8 Augustus: 20% afslag op <i>Lira</i> deur Chanette Paul appeared first on LitNet.
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 9 Augustus is:
Titel: Herontdek jou selfvertroue
Skrywer: Rolene Strauss
ISBN: 9780624091813
Uitgewer: Tafelberg
Is jy ’n perfeksionis en voel jy nooit goed genoeg nie? Verhinder jou swak selfbeeld jou om jou doelwitte te bereik? Jy is nie alleen nie.
Rolene Strauss deel hoe ook sy met selfvertroue gesukkel het, selfs terwyl sy die Mej Wêreld-kroon gedra het, en hoe sy ware selfvertroue gevind het.
Dié boek is ’n onmisbare gids vir elke vrou wat soms aan haarself twyfel. Rolene se sewe beproefde stappe vir vroue op soek na die moed om hul drome vreesloos na te jaag, kan ook jou lewe verander.
Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!
The post Promosie vir 9 Augustus: 20% afslag op <i>Herontdek jou selfvertroue</i> deur Rolene Strauss appeared first on LitNet.
Konklusie of gevolgtrekking? Kontradiksie of teenstrydigheid?
LitNet Akademies wil navorsers graag help om meer gespierde Afrikaans te skryf.
Links is woorde wat dikwels in voorleggings voorkom. Regs is ander voorstelle.
Help ons om hierdie lys uit te brei deur voorstelle te e-pos aan akademies@litnet.co.za. Ons sal sinvolle voorstelle plaas.
LitNet onderskryf nie noodwendig alle Gespierde Afrikaans-voorstelle wat van ons lesers ontvang word nie, maar moedig samewerking aan sodat daar versigtiger nagedink kan word oor taalgebruik in veral geakkrediteerde akademiese navorsing in Afrikaans. Stuur gerus jou voorstelle!
Alfabetiese lys van voorstelle
A – B – C – D – E – F – G – H – I – J – K – L
M – N – O – P – Q – R – S – T – U – V – W – Y – Z
The post Gespierde Afrikaans appeared first on LitNet.
LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.
Meer as jou seerkry – groei as jy stukkend is
Johannes de Villiers
Tafelberg Uitgewers
ISBN: 9780624093428
Boekblurb
Hoe gaan jy aan as jy beroof is van die lewe wat vir jou kosbaar was? Die insig wat Johannes de Villiers verwerf het toe sy eie lewe uitmekaar geval het, is die inspirasie vir hierdie boek. Johannes gaan steek kers op by deskundiges en terapeute, maar ook veral by gewone mense wat deur die lewe platgevee is. Groei, vind hy, is nie om veerkragtig terug te bons na wie jy was voor dinge verkeerd geloop het nie. Maar jy kán dit oorleef - en selfs sterker wees.
Foto van Johannes de Villiers: verskaf
Inligting oor die skrywer
Johannes de Villiers is ’n skrywer en meditasie-instrukteur. Hy bedryf ’n jogaskool in Bloemfontein. Hy lei landwyd slypskole en naweekkursusse oor meditasie en mindfulness. Johannes was jare lank joernalis by Huisgenoot, Rapport en Die Burger, en ook voorheen dosent in joernalistiek aan die Universiteit van Stellenbosch.
Eerste slukkie-uittreksel
In die 1970’s het William Sledge, ’n psigiatrieprofessor, navorsing gedoen oor Amerikaanse vegvlieëniers wat in Viëtnam deur hul vyand, die Viëtkong, gevange geneem en oor jare heen in haglike omstandighede gemartel is.
Mens weet seker nie hoe akkuraat Hollywood-flieks aldag is nie, maar as rolprente soos The Deer Hunter en The Hanoi Hilton hoegenaamd die werklikheid weerspieël, was dit jare van fisieke en emosionele foltering, vuil kos en elke denkbare vernedering. Die mans is uitgehonger en gereeld geslaan. Toe ’n aantal van dié gevange soldate ná jare in Viëtnamese tronke terugkeer, het die Amerikaanse owerhede hul families gewaarsku hulle sal só erg deur hul ervarings geskaad wees dat hulle nooit weer normaal sal kan funksioneer nie.
Die stories wat Sledge egter by die veterane gehoor het, was só onverwags dat hy by tye gevoel het asof hy watte in sy ore het en verkeerd hoor.
“Dit was ’n baie intense ervaring, ek het heelwat daaruit geleer,” was ’n tipiese respons van die mans. Hoewel 4% van die oudgevangenes simptome van posttraumatiese stresversteuring getoon het, het selfs meer van hulle vertel hulle is nou sterker mense as voor hul ontbering.
Talle het gefloreer. Een van dié mans, John McCain, sou in later jare ’n pre-sidentskandidaat in die Amerikaanse verkiesing word, en ’n ander, James Stockdale, ’n visepresidentskandidaat. In ’n kliniese studie het Sledge die mans wat in Viëtnamese tronke aangehou is, vergelyk met ’n groep soldate wat ook in Viëtnam geveg het, maar wat nooit gevang is nie.
Van die tweede groep het 30% berig hulle het tydens hul diensplig in Viëtnam geestelik en emosioneel gegroei, maar onder die voormalige krygs- gevangenes was die syfer dubbel so veel – 61% van hulle het hul tyd in die tronk as ’n groei-ervaring beskryf. Bid jou dit aan: 61% van die gevangenes het hul aanhouding as ’n groei-ervaring beskryf, teenoor 4% wat met posttraumatiese stresversteuring teruggekeer het.
Was daardie 4% die enkeles wat die ergste gemartel is? wonder mens. Nee. Sledge het bevind hoe langer ’n soldaat gevange gehou is en hoe erger hy gemartel is, hoe groter was die kans hy sou berig hy het danksy die ervaring gegroei.
’n Paar jaar later het twee ander Amerikaanse navorsers op iets soortgelyks afgekom. Richard Tedeschi en Lawrence Calhoun was twee sielkundiges wat ingesit het by steungroepe van ouers wat hul kinders aan die dood afgestaan het.
Ook hulle was verstom. Daar was geen tekort aan seerkry en hartseer nie, maar die ouers het vertel dat hul verhoudings met ander mense sedert hul kinders se afsterwe verdiep het en dat hulle opnuut begin voel het daar is ’n doel aan hul lewe.
Talle het nuwe projekte aangepak, soos om basketbal in arm buurte af te rig ter ere van hul gestorwe kind wat dié sportsoort liefgehad het. Uiteraard het almal gesê die groei kan nooit vir die verlies van hul kind vergoed nie, maar hulle kon ook nie ontken dat hulle in die proses wysheid en innerlike krag aangeleer het nie.
Dié navorsingsresultate was só ongewoon dat niemand dit aanvanklik wou glo nie. Tedeschi en Calhoun het hul navorsing onder ander getraumatiseerde groepe herhaal. Hulle het met oorlogsveterane, kankeroorlewendes en oudgevangenes gesels. Waar hulle posttraumatiese stresversteuring verwag het, het hulle keer op keer groei aangetref. In 1996 het hulle hul “posttraumatic growth inventory” gepubliseer, ’n databasis van bevindings wat só omvattend was dat niemand dit meer kon ignoreer nie.
Hul bevinding was dat minstens 50% van mense wat ’n traumatiese ervaring beleef, jare later vertel hulle het daarna gegroei. Dié groei gebeur selde dadelik ná die terugslag; mense moet eers lank rou en met die seerkry worstel.
The post Eerste slukkie: <em>Meer as jou seerkry</em> deur Johannes de Villiers appeared first on LitNet.
Foto van Kanja van der Merwe: verskaf
Die Departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit Stellenbosch het van 19 tot 21 Januarie 2022 ’n tweejaarlikse kongres vir nagraadse studente en jong navorsers aangebied. Die kongres is ’n geleentheid vir jong navorsers om hulle navorsing, gebaseer op hulle nagraadse studie, met akademiese eweknieë te deel. Naomi Meyer het ’n aantal bydraers met vrae genader.
Hier is Kanja van der Merwe se antwoorde.
Hallo! Die USAN-kongres wat by die US se Departement Afrikaans en Nederlands plaasgevind het, voel al soos maande gelede. En dit wás maande gelede. Tog is dit die moeite werd om hieroor te gesels. Veral in ’n geskiedkundige eeufeesjaar van hierdie departement. Wat kan jy onthou van die USAN-kongres – wat was jou persoonlike indrukke?
Ek het dit werklik so baie geniet. Dit was vir my lekker om ander jong navorsers se referate by te woon en tussendeur oor ’n heerlike koppie koffie te netwerk. Dit is verrassend om te sien dat verskeie ander nagraadse studente ook hul tesisse by die Departement Afrikaans en Nederlands aanpak. Omdat ons nie klasse het nie, is daar nie veel geleenthede om mekaar te ontmoet nie. Dus was die USAN-kongres vir my waardevol, nie net vir navorsingsdoeleindes nie, maar ook vir netwerkgeleenthede.
Vanjaar, 2022, was ’n gans-ander soort jaar as toe die kongres vir die heel eerste keer in 2014 aangebied is. Die wêreld is nou ’n ander plek. Het die omgewing waarbinne jy navorsing doen, ook jou navorsing beïnvloed? Indien wel, op watter maniere?
Ek was in 2014 nog op skool, maar ek kan my indink dat die omgewing drasties verander het. Die pandemie was beslis die grootste faktor wat my omgewing en veral die empiriese komponent van my navorsing beïnvloed het. Ek het pedagogiese tolking (tolking as taalonderrigtegniek) ondersoek en moes een van my aktiwiteite, pedagogiese telefoontjietolking, afskaf weens die sosialeafstandsmaatreëls. Dit is my beskeie mening dat my deelnemers ’n baie lekker aktiwiteit ontsê is! Ten spyte van dié struikelblok is ek dankbaar dat ek wel my studie kon uitvoer, want dit was nie vir almal beskore nie.
Wat beteken dit vir jou om ’n jong navorser genoem te word? Wat behels dit, in ’n praktiese opsig, vir jou?
Om ’n jong navorser te wees beteken om op te kyk na al die gesoute navorsers en mentors om jou en om nederig te bly, want ’n mens kan soms so in jou eie klein wêreldjie vasgevang word dat jy vergeet daar is derduisende mense net soos jy.
Dit beteken daar is nog baie om te leer – navorsing is immers ’n lewenslange leerproses – maar daar is op hierdie stadium eindelose moontlikhede om jouself in die navorser te omskep wat jy graag wil wees, op die gebied(e) waarin jy wil spesialiseer.
Waaroor handel jou navorsing? Dalk kan jy in ’n paragraaf daaroor uitwei.
Ek ondersoek die verband tussen tolking en taalverwerwing. In my honneursnavorsingswerkstuk het ek die term pedagogiese tolking geskep en die velde van tolking en taalverwerwing versoen om te motiveer waarom tolking ’n effektiewe onderrigtegniek in die interaksiebenadering van tweedetaalverwerwing sal wees. In my meestersverhandeling het ek my nuutgevonde teoretiese raamwerk, pedagogiese tolking as interaksie, gebruik om vir Afrikaanstweedetaalstudente aan die Universiteit Stellenbosch geleenthede vir Afrikaanse interaksie binne ’n taakgebaseerde benadering te bied.
My PhD-onderwerp, waaraan ek tans werk, is die omgekeerde van my vorige navorsing. Waar ek voorheen die veld van taalverwerwing met behulp van pedagogiese tolking wou verryk, fokus ek tans op die potensiaal van taalaanleerstrategieë om die veld van tolkopleiding te verryk deur ’n model van tolkaanleerstrategieë te skep. Ek mik dus daarop om uiteindelik in die velde van tolking en taalverwerwing te spesialiseer.
Wat het jou geïnspireer om die navorsing te doen wat jy doen? Wat was jou aanvanklike inspirasie? Hoekom doen jy wat jy doen?
In my vertalinghonneursjaar was ek van die begin af gefassineerd deur tolking. Dit was vir my verstommend dat mense opgelei word om in die oomblik gesproke vertaling te doen, onder tydsdruk met groot steun op korttermyngeheue. Ek het natuurlik tolking as vak gekies om myself met hierdie taak uit te daag. As taalstudent en tutor vir Afrikaanse taalverwerwing vanaf my skooldae en later by die Universiteit Stellenbosch het ek ook nog altyd belangstelling in taalaanleer getoon. Dit was onafwendbaar dat die twee passies uiteindelik in die middel sou ontmoet om iets vernuwend te skep, en so het pedagogiese tolking vir Afrikaanstweedetaalverwerwing in my honneurs- en meestersnavorsing ontstaan.
My PhD-onderwerp spruit uit my eerste ervaring as tolk by die openbare verhore oor die Wysingswetsontwerp op Kinders in Desember 2021. Na afloop van die tolkproses het ek besef dat tolkstudente nie in tolkopleiding uitdruklik aan tolkaanleerstrategieë blootgestel word nie, hoewel dit kan bydra tot die vergemakliking en optimalisering van die tolkaanleerproses, sowel as die tolkproses self. Daarom my huidige navorsing om die veld van prosesgerigte tolkopleiding met taalaanleerstrategieë te kombineer in ’n poging om tolkstudente, tolkopleiers en praktiserende tolke by te staan.
Wat het jy van die ander navorsers – sommige fisies teenwoordig en sommige hibried – se navorsing gedink? Was daar enige tematiese raakpunte wat jy kon raaksien?
Dit is altyd interessant om te sien dat ’n mens se eie navorsingsonderwerp wêrelde van ander navorsers s’n kan verskil. Hoewel dit baie verskillend was, was die tematiese raakpunte na my mening beslis Afrikaans, ons gedeelde en geliefde moedertaal. Die referate is natuurlik in Afrikaans aangebied, maar verskeie referate het ook op een of ander manier oor Afrikaans gehandel, byvoorbeeld Afrikaanstaalverwerwing en Afrikaanse literatuur. Ek was beïndruk met al die referate wat ek bygewoon het. Ons jongklomp probeer net elkeen ons onderskeie navorsingsvelde binnedring, en ek dink my mede- jong navorsers by USAN doen uitstekende werk om hul regmatige plekke by die tafel in te neem.
As mens navorsing oor ’n sekere vakgebied doen, kan dit mens begeester. Dit kan mens ook sinies maak. Dit kan mens jou vakgebied laat problematiseer en laat ondersoek. Wat is jou ervaring: jou pad met Afrikaans en jou studies op hierdie stadium?
Ek was bevoorreg om ’n magisterbeurs uit die Ton en Anet Vosloo-Leerstoel in Afrikaanse Taalpraktyk te ontvang om my meestersverhandeling in Afrikaans te skryf. Sedertdien word ek herinner aan hoe natuurlik ek my in my moedertaal uitdruk. Ek is hoopvol dat ek my moedertaal bevorder en met nuwe akademiese terme aanvul. Enigeen wat hul navorsing in Afrikaans neerpen, is deel van die oplossing. Wat my sinies maak, is sommige instellings en diegene se negatiewe houding teenoor Afrikaans: dié wat glo die bereik van inklusiwiteit lê by die afskaffing van Afrikaans. Dit is ’n heeltemal verwronge beeld van wat inklusiwiteit is. In ’n diverse land soos Suid-Afrika moet veeltaligheid nagestreef word, en dit behels ongetwyfeld die behoud van Afrikaans.
Kom ons praat oor die vakgebied – en aan wie Afrikaans behoort. Wie se eiendom dit is, waar het dit begin, wie mag dit toe-eien. Was daar sulke gesprekke? Wat broei in jou kop hieromtrent?
Dit moet nie oordink word nie: Afrikaans behoort aan enigeen wat dit gebruik. As hoof- operasionele beampte van StudentePlein Metakampus is ek in ’n posisie waar ek daagliks met studente werk wat akademiese, loopbaan-, sosiale en/of kulturele bystand in Afrikaans benodig en ook wil aangryp. Afrikaanse studente moet die waarde van hulle moedertaal in elke sfeer ten volle kan benut – en StudentePlein help hulle om in die pylvak te kom. Ek vertrou dat ek in die hoedanigheid van my studies sowel as my posisie by StudentePlein ’n bydrae tot die bevordering van Afrikaans lewer.
Mense kyk te veel vas in Afrikaans se plaaslikheid en dink die taal sal hul daarvan weerhou om hul drome te bereik. Ek kon onlangs die plaaslike én internasionale waarde van die vakgebied Afrikaans geniet. Ek het aansoek gedoen om ’n referaat by ’n oorsese kongres te lewer, en het prysgeld ontvang om die geleentheid as ’n Afrika-navorser suid van die Sahara by te woon. Die twee keurders het spesifiek klem op my Afrikaanse navorsing in hul terugvoer gelê: “I am really happy to see research for Afrikaans” en “It is nice to see a focus on a language like Afrikaans, which is underrepresented in the literature.” Hierdie ervaring getuig van die waarde van ons moedertaal, wie se naam ek in Augustus 2022 in Oostenryk by die 9de Internasionale Kongres vir Taakgebaseerde Taalonderrig gaan hoog hou. Afrikaans het ’n plek in navorsing, nie net in ons land nie, maar wêreldwyd.
Ek het jou gevra om terug te kyk. Nou vra ek jou om vorentoe te kyk. Wat sien jy op jou toekomspad, selfs korttermyn, ten opsigte van jou navorsing in die vakgebied Afrikaans?
Afrikaans word deur sy sprekers onderhou en opgebou. Solank daar jong navorsers soos by USAN 2022 is, is Afrikaans hier om te bly. Afrikaans is ’n nuutskeppende, kreatiewe, bruikbare en wetenskaplik ontwikkelde taal, en so moet dit en sal dit voortleef.
Lees ook:
https://www.litnet.co.za/usan-2022-n-terugblik-
The post USAN 2022: ’n onderhoud met Kanja van der Merwe appeared first on LitNet.
Elke jaa op 9 Augustus celebrate ôs Women’s Day. A day for women, by women and because of women. Yt allie herdenkingsdae is Vrouedag vi my die een wattie meeste saak maak. Die riede hievoo issie lifechanging nie, maa simply net omdat daarso issie ’n Mannedag nie en daai is vi my ’n turn-on. Ek hou van ’n constant reminder vannie krag wat vroue naturally exude, en fok, ek isse performer en ek love die spotlight. Soe om te wiet ôs as vroue wôd ytgesonder en staan allien in ’n class van ôs eie is vi my belangerik. Dis oek belangrik virrie res vannie artikel, maa voo ek daa ytkô moet ek protocol volg.
In 1956 het min of meer 20 000 vroue gemarch narie Uniegebou in Pretoria om te protest tien die dra van dompasse. Die Urban Areas Act van 1950. Hulle het gemarch in opstand tien die wetgewing wattie apartheid government se hold oppie movement van swart vroue innie urban areas sterker maak. Dit was ’n protest in active resistance against die idee dat vroue at the mercy of men moet wies.
Soes ienage anne commemorative day issit ’n dag virrie political clowns om yt hulle sirkus yt te kô en ’n show op te sit virrie public. Met alle disrespek, dissie ’n dag waa ek wil hoo vanaf politicians en hulle puppets nie. Ek kan met alle eerlikheid sê dat daa nie nodig is om te sê “We remember” nie. Die Here hoor my, ’n vrou onthou. ’n Vrou wiet, want ’n vrou is al een wat doen, wat sak, wat ploeg.
Dis begin deerie likes van Charlotte Maxeke wat in 1913 die ANC Women’s League gehelp stig het en vroue encourage het om op te staan tien onreg, en Cissy, Amina en Jaynab Gool was vannie leaders vannie National Liberation League ennie Non-European United Front innie 1930’s. In my Vrouedag-artiel op Klyntji laas jaar het ek mense remind dat ôs oppie skoues van greats staan. “Suid-Afrika het actually ’n impressive lys van vroue wat bors aan bors staan mettie patriarchal powers innie parliament en in ôs society. As ôs ammel noem vanaf Gadija Christopher, Elizabeth Abrahams, Elizabeth Mafekeng, Winnie Madikizela, Miriam Makeba, Gcina Mhlophe, Brenda Fassie tot Lucinda Evans, Zulaikha Patel, Melene Rossouw, en jy en jou ma en jou auntie en suster(s) en selfs jou biesage neighbour (trust my, ammel het soe ’n bietjie van ’n resistance spirit in hulle), sit ek en jy heeldag hieso.”
Mettie onlangse Krugersdorp gang rapes het Vrouemaand soema afgeskop met ’n bitter smaak in mens se mond. En dis nie net omdat dit so pas gebeur het op soe ’n groot en traumatiese skaal nie, maa dit laat jou dan dink annie res vannie vekragtings en moorde wat op-pile met victims wat sieke nooit justice sal kry nie. Dit laat mens hartseer voel nie net oo wat plaasgevind het nie, maa oorie feit dat ammel teen nou al wiet skelms, vekragters en moordenaars het vetroue dattie system nie equipped is om hulle te vangie. Soes nou al vi jare gesê en ge-echo is, is vroue moeg.
Vroue se stryd het gegaan vanaf die system fight en fight vi gelykheid, na ’n fight vi beskerming. ’n Fight om gehoo te wôd, nie net wannee dit die media en government officials en parliament members pas nie, maa elke dag – want die Here wiet, elke dag in dié land as ’n vrou is ’n uphill battle. Ôs sit met ’n minister of police wat gesê het dat ’n 19-jarige slagoffer van gender-based violence kan “lucky” wies sy was vekrag dee een man en nie tien soes anne victims nie. Ek stem nie aldag saam mettie views vannie DA nie, maa ek stem met hulle saam dat dit tyd is dattie ministering van police nie dee ’n “clueless en irresponsible mysoginist” hantee moet wiesie. Ian Cameron van Action Society, wat vroeër die jaa vi Cele op sy plek gesit het, het onlangs op TikTok gesels oor hoe die DNA backlog oo ’n 180 000 cases is. Dis ’n groot indication en confirmation dattie realiteit wattie land face, die realiteit wat vroue en kinnes innie land face, dat die groot probleem wat gender-based violence is, nie ’n priority issie. En ek gannie vi jou liegie, meeste vannie dae voel ek woedend oorie nonchalantness vannie system.
Met alles dit gesê en despite Cele se distasteful comments, ôs is nou byrie punt te kô van my article.
Alhoewel ek wiet ôs kan oo honderde dinge kla innie land, wil ek focus op jou en my ennie positiewe. Vroue sal orraait wies. Ek het jou hie boe gesê vroue staan hulle man en is in ’n class van hulle eie. Vanaf toeka se tyd fight vrouens die fight, en al sien hulle geen of min vordering, hulle wiet dat dit ’n groot effect het op hulle immediate surroundings. Vroue ken van ways maak waa nie ’n way issie. Dieselle way soes jou ma die lekkeste kos maak voorie einde vannie maand met net ’n paa goedjies en ienage spice wat sy in haa kassie kan vind. Vroue ken van man staan, soes die enkelma met drie jobs net om heel byrie volgenne maand yt te kô. Vroue ken van die boempie buig tewyl dit jonk is soes die ma wat haa dogters leer dat hulle waardevol is, nie moet wag virre man nie en op hulle eie twie voete moet staan. Soes die ma wat haa seuns leer om vroue te respekteer, op te staan wannee hy sien iets is vekeed en om altyd, altyd sieke te maak hy is ’n extension van haa wannee hy die strate invaar. Vroue ken van angaan wannee daa nie notice gevat wôd van hulle nie, dieselle way soes ek en jy nou al vi jare klaakô sonne die government se hulp of recognition. ’n Vrou is ’n magical being wat dinge optoor en rise, despite die kak wattie liewe vi haa geserve het. Vroue sal orraait wies. ’n Vrou wiet van survive. ’n Vrou ken die waarde van ’n gebed wat drie generasies van nou af bless. ’n Vrou ken van allien wies, maa bang is sy nie, cause sy is ou gewoond dinge vi haaself doen.
Mag jy jou Vrouedag geniet en somewhat, somewhere tyd maak om jou voete te voel en asem yt te blaas. Mag jy reminded wôd vannie krag wat dee jou are vloei ennie feit dat jy die ienagste giver of life is. Jy is enig in jou soort, jy deserve all praise. En ek is hie om jou blomme vi jou elke dag te gie.
The post Allien, maa niks bangie appeared first on LitNet.
“Beauty is truth’s smile when she beholds her own face in a perfect mirror.”
(Rabindranath Tagore)
Mooi Annie[1] – die spieël in my raaisel[2]
-o0o-
Liewe Ma
’n Mens kan al meer van jou ouers in jouself herken soos jy ouer word.[3] Ek is besig om al hoe meer myself te word soos ek myself in jou herken, my Ma.
Snaaks dat my kinders vir my ’n hele paar verskillende aanspreekvorme het:
Marthie en Ian
Vir my was Ma egter altyd net Ma. Ek het nooit vir Ma “u” gesê nie, en nou dat Ma nie meer saam met ons hier in die ondermaanse is nie, het ek maar begin om te “jy” en “jou”. Ek hoop dis vir Ma OK.
Die laaste tyd het ek nogal baie herinneringe aan Ma, miskien omdat dit onlangs jou verjaarsdag sou wees. Op Madiba se verjaarsdag onthou ek hoe jy ná 1994 vriendelik gespot en gesê het dat jy en hy van dieselfde werpsel in die Oos-Kaap afkomstig is (1918 gebore) – dalk saam in die hospitaal was, dalk selfs saam geslaap het!
Annie Sadie
Verlede naweek het dit hier in Stellenbosch so stil en aanhoudend gereën en ek het daaraan gedink dat Ma altyd – toe ek ’n klein dogtertjie in Johannesburg was – wanneer dit so sag reën sonder ophou, verlangend by die venster uitgekyk het en gesê het dis “geelperskereën”. Eers later, toe ek groter raak en meer besef kry van oorsaak en gevolg, het ek begin verstaan dat dít die tyd in die somer was wanneer ’n mens op die winkelrakke begin uitkyk vir die geel rondebolperskes waaraan ‘n mens so lánk eet omdat jy bang is die soet, geurige smaak gaan opraak. Ek kan my indink dat die plaasmeisie in jou verlang het na ryp vrugteboorde en oorvloed in ’n vorige lewe.
Nou, ná tien jaar in die Kaap, weet ek nog nie altyd waarna om te verlang as dit so sag en aanhoudend reën nie – dalk die blitse en donderslae van Johannesburg waar ons grootgeword het, ’n kaggelvuur met sjerrie en sop. Die volgende dae se wolke-uitspansel wat deur iemand met ’n verfkwas en wit verf sierlik opgetooi is in ragfyn cirruswolke, was toe my verrassing. Ek verlang na pannekoek wat jy vir ons gebak het op sulke reëndae, ’n tradisie wat ek weer vir my kinders voortgesit het. Maar nou het ek niemand vir wie ek kan pannekoek bak nie en ’n mens doen dit nie net vir jouself as jy alleen is nie.
Ma Annie Sadie met Estelle, Erna en Fanie
Wat ek van jou leer ken en moes leer waardeer het, Moeder, was jou sin vir humor. Eers kon ek dit nie verdra nie want jy en my sus het altyd grappies gedeel waarvan ek uitgesluit gevoel het – humor met seksuele ondertone wat my geïrriteer het, selfs met ’n gevoel van afsku gelaat het. Sou dit te make gehad het met die ooms wat by ons geloseer het, of was dit skaamte oor my eie vroulikheid en ’n ontluikende skuldgevoel oor ons kinders se wilde eskapades?
Op ’n keer het ek saam met jou gekuier by jou ouer sus Tannie Martie, wat vir ons eiers met die trein gestuur het toe ons kinders was, seker om te help toe jy dit maar swaar gehad het met ’n geskeide man wat nie onderhoud betaal nie, en vier kinders met loopneuse en honger magies. Eintlik wou ek hier skryf oor jou en Tannie Martie se kwinkslae wat ons almal aan die lag gehad het met trane in ons oë.
In die laaste jare toe jy in die ouetehuis gewoon het, het ek op ’n dag vir iemand (in jou teenwoordigheid) vertel hoe besig jy is – hierdie tannie se biblioteekboek wat jy gaan omruil, daardie oom se vleis wat jy sny aan etenstafel, nog ’n tannie vir wie jy vrugte gaan koop. En jy het skalks gevra: “En wat van die oom wie se rug ek was?”
Hierdie gebeurtenisse het my laat verstaan waar Ian se droë en skerp humor vandaan kom. Ek het wel jou lag-gene oorgedra na hom. Ironies genoeg word “die gebruik van humor-materiaal in die onderrig van Afrikaans” toe die onderwerp van my doktorsgraad se tesis – iets wat ek beslis nie vroeër sou kon voorspel het nie.
’n Deel van my verwerping van jou humor was dat ek die slagoffer daarvan gevoel het toe ek nog baie klein was, dalk so vyf jaar oud. Ek het op my arms aan die slaap geraak by die tafel en jou woorde was: “Is my ou nursie nou moeg?” Ek het nie jou vertedering gesnap nie. Vir my was dit ’n vernedering dat jy nie dankbaar was dat ek jou so help om jou twee kleiner kinders groot te maak nie.
Ek moes dikwels alleen die twee kleintjies oppas – seker wanneer Ma vir ons Ouboet gaan kuier het in die hospitaal. Een keer het ons per ongeluk uitgesluit geraak (dit was seker my fout) en dit het erg begin reën. Die drie ou menshoendertjies het gestaan en bibber op die stoep terwyl hulle al natter geword het. Gelukkig het ’n buurvrou ons kom haal en by haar verwarmer (of dalk ’n kaggel?) laat droog word.
Jy het my dikwels jou staatmaker genoem, dalk om jou waardering uit te druk. Jou ster! Woorde wat ek geleer het om te haat omdat dit my te veel belaai het met verwagting in plaas van agting. Woorde wat my nie gehelp het toe ek emosioneel ineengestort het in my eensaamheid van uitbranding nie...
’n Ystervrou knak
skarniere roes, kort olie,
voete steeds van klei
Verskietende ster
’n veiligheidsrisiko
vir kykers: wens, hoop
(estelleke)
Dit was die tyd dat ek geleer het dat my eie behoeftes nie baie aandag kan kry nie, want daar was drie ander kinders wie se behoeftes meer ernstig was: Eerstens was daar ons ouer boetie wat vir twee jaar in die hospitaal was as gevolg van ‘n verbrokkeling van sy heupe, en gereeld deur Ma besoek moes word, meestal per trein en bus want ons het nooit self ’n kar besit nie. Tweedens was daar my sussie wat vir ewig (so het dit vir my gevoel, dalk ook vir haar) in gips aan haar linkervoet was en altyd soos ’n eekhorinkie agter my aan gehobbel het – ’n regte stertjie. En dan was daar ons kleinboet wat as koliek-baba sommer so vir niks en vir alles met ’n geblêr aan die huil kon gaan.
Regverdig en as grootmens gesien – wat nou met ander oë kan kyk en myself in ander skoene kan indink – wonder ek of Ouboet dalk op sy beurt weer op my afgunstig was omdat ek tuis en vry kan wees terwyl hy in traksie moet lê. Dalk het my jonger sussie weer gewens sy kon meer mobiel wees soos ek en rondhardloop en klouter saam met die seuns. En wie kan ’n sensitiewe baba sy trane verwyt, wie se ma haar dae om gehuil het toe hy nog in die baarmoeder was, terwyl die pa sy vaderskap ontken het?
Nog iets wat ek dikwels aan dink, is alhoewel jy van my verwag het om jou te help om die twee jonger kinders op te pas, het jy (onbewustelik) al drie my kinders versorg toe hulle klein was. Dit het my in staat gestel om ’n loopbaan te hê, selfs ook in Louis Trichardt by ons huis met die groen dak, groen vensterrame en ’n erkervenster.
Ek is jammer, Mamma, dat ek jou kwalik geneem het vir my kleintyd en ek is bly dat jy my drie kinders kon leer ken. Hulle, vir wie ek alleen moes grootmaak in hulle tienerjare sonder onderhoud van hulle pa, toe ek genoop was om in die hoërskoolkoshuis te woon om genoeg geld te hê om te oorleef – ook hier het ek in jou voetspore geloop...
Marijke, Ian en Anika
-o0o-
Toe trou jy met jou neef, ons stiefpa – ’n goeie en godvresende man wat vir jou lief was en jou en die kinders finansieel versorg het, want ons bloedpa het nie sy deel gedoen om ons te onderhou nie.
Ongelukkig het hy dit moeilik gevind om hierdie (vir hom) vreemde kinders te dissiplineer. Al waarvan hy geweet het, is lyfstraf met sy belt. Een keer het hy my – toe ek al ’n tienermeisie was en waarskynlik nie meer met die belt kon gedissiplineer word nie – met sy vuiste geslaan. My Ouboet het vir my opgestaan en gedreig dat hy sý vuiste sal gebruik om my te beskerm. Om twee redes was hierdie situasie vir my betekenisvol – dat ek verneder is; ook dat dit in my lewe die enigste persoon is wat vir my opgestaan het.
Ouboet en Estelle
Snelsonnet: 1952
Het jy gewens toe jy langs Ouboet sit
dat hy sy arms lank nog om jou hou,
kaptein word en met elke avontuur
jou lei om te ontdek en leef met vuur
so veilig in omhelsing van ’n man?
Het jy kon droom van wat jý alles kan?
Dit was vir my, amper-tiener, moeilik om te verstaan hoe jy – wat so sag van geaardheid was – hierdie man se woede en geweld kon hanteer, want jy het nooit vir ons ingetree nie. Selfs nie wanneer ek as meisie dieselfde pakslae met sy belt as die seuns gekry het nie. Dalk wou jy uit respek en onderdanigheid terugtree. Noudat ek self ’n ouer is, weet ek dat ’n mens as ma dikwels in die middel moet staan en nie kant kan kies wanneer dit onmoontlik is om te bemiddel nie. Ek besef ook dat dit vir ons stiefpa ’n uitdaging moes wees om vier kinders wat nie uit sy lendene gekom het nie, te help grootmaak...
Ons stiefpa was baie fundamentalisties in die uitvoering van sy pligte as ouderling en het – wanneer hy moes gaan huisbesoek doen – altyd op sy knieë gebid voor julle bed toe gegaan het. Ek vermoed sy gebede was vir die ontmoeting van die mense in sy wyk. Tog het ek gewonder of hy ooit vir ons ook gebid het, behalwe sy rigiede gebede tydens Boekevat saans ná ete.
Hy het net Psalms op sy viool gespeel en hy het dit nie toegelaat dat ek op Sondae iets anders op die klavier speel as Psalms nie. Hy was bitter ontsteld toe ek en my liewe jeugvriendin Una – wat oorkant ons gewoon het – lustig saam geoefen het om by hulle plaaslike NG Kerk op ’n Sondag ’n duet van Beethoven se Minuet in G op die klavier te speel vir ’n sosiale geleentheid aldaar.
Estelle en Una
Tog het ek soms gehoor dat hy, waarskynlik onbewus daarvan, wysies van my klavierstukke wat ek geoefen en gespeel het, geloop en neurie het. Dit was seker ’n riem onder jou hart om te sien hoe – toe ek gaan studeer het in Potchefstroom en ’n grootmens geword het – ons verhouding werklik radikaal-positief verander het. Dit het vir my gevoel of hy my as mens aanvaar en ek kon hom vergewe vir ons twee se verlede.
Nog ’n herinnering van ons stiefpa met dankbaarheid in my hart, was die feit dat sy werk by die Suid-Afrikaanse Spoorweë ons toegelaat het om gratis met die trein te ry op langafstande. In samewerking met die ATKV was daar geleenthede vir kinders om in hulle standerd 5-jaar na Hartenbos te gaan. Ek en Ouboet het onderskeidelik hierdie kans gehad om die see vir die eerste keer te sien en ’n kamp aldaar te belewe. Dit moes jou hart bly gemaak het, want andersins was dit te duur.
Ons stiefpa het homself geleer hekel terwyl hy dikwels gesit het waar jou en sy ander niggies saans gesit en gesels het terwyl die kleinneefs en -niggies in die strate speel. Hy het dit as ongemanierd beskou om te lees in gesprekke (want dit het hy graag gedoen) en toe leer hy homself om te hekel. Later het hy my ook leer hekel en ek kon al sy boeke met hekelpatrone en -naalde erf. Hierdie hele kosbare situasie het my hart skoongemaak en dit was ’n voorreg vir my dat hy my as my pa (Pa Sarel) die kerk ingebring het toe ek getrou het – ’n kosbare herinnering.
Ek wou myself stukkend huil toe ek hoor dat hy oorlede is. Ons het aan die einde van sy lewe baie aangename gesprekke gehad, soos vriende...
Sarel en Annie Venter en die vier Sadie-kinders
Nou die dag luister ek na die musiek op ’n kasset wat ek vir jou gemaak het toe jy in die ouetehuis gebly het – opnames deur beroemde pianiste van klavierstukke wat ek vroeër vir jou gespeel en nou nie meer kon nie, want jy bly in ’n kamertjie en ek het opgehou klavier speel omdat ek nie meer ’n gehoor gehad het vandat ek jou huis verlaat het nie. Ook ander musiek en liedere waarvan ons albei gehou het, meestal klassieke musiek. Spesifiek was daar die laaste liedjie wat ek sommer gelaai het om die band vol te maak – een van Foster en Allen s’n, naamlik “Gentle Annie”. Toe is daar nie genoeg plek vir die hele lied nie en ek het dit so geleidelik laat sagter word en wegraak. Behalwe dat jy hierdie hele kasset baie geniet het, was jou reaksie dat jy eendag graag so stil sou wou wegraak. Hierdie wens van jou het waar geword teen die einde. Stil is jy in jou slaap weg. Ek hoop my wens oor my dood word ook waar.
Ek begin dink dat jou luister na my uitvoerings op klavier in jou sitkamer vir my ’n aptyt gegee het om ’n gehoor te hê, wat ek in my toekomstige lewe nie gevind het nie. Dit is wat my studente uiteindelik vir my was terwyl ek figuurlik simfonieë, sonates en rapsodieë geskep het met my vernuwende onderrig- en leergeleenthede met hulle. Vandag ken almal my vir my kreatiwiteit. Ook dit kom van jou af en ek het ook by Ouboet geleer om te doen en te maak. Ek kan as volwassene goed onthou hoe jy altyd planne moes beraam om van die min wat jy gehad het, iets te maak sodat ons almal kon oorleef.
Ek wonder dikwels hoe jy gevoel het toe ek in my standerd 7-jaar kontak met my eie pa gemaak het, want jy het geen emosie daaroor gewys nie. Ek wou by hom raad kry oor watter van my musiekstukke – “Maanlig” Sonate van Beethoven of Minuet in G van Paderewski – ek kan speel in ’n konsert vir die Organisasie vir Blindes (soos dit destyds bekend gestaan het) in ons omgewing. Sy aanbeveling was laasgenoemde omdat dit lewendig is, terwyl Beethoven se stuk te rustig sou wees vir ’n konsert. In dieselfde getikte brief wat hy vir my as respons gestuur het, het hy ’n treinkaartjie gestuur om by hom en sy nuwe vrou en hulle gesin te gaan kuier in Despatch. Wat ek wel weet van hoe jy gevoel het, was toe my pa aandring daarop dat ek by hulle gaan woon omdat hy ongemaklik daarmee voel dat ek hom “Pa” noem, terwyl die mense in sy omgewing nie wis dat hy ’n ander gesin gehad het nie... Jy was nie geneë daarmee nie omdat dit jy was wat my grootgemaak en versorg het, en ek moes dit vir hom vertel toe ek daar gekuier het. Vir my was dit ’n moeilike besluit wat my hartseer gemaak het. Ons kontak is vir ’n ruk lank verbreek, soos ook my tienerhart gebreek gevoel het, want hier was dit my beurt om in die middel te staan. Dit was iets wat ek nie kon doen nie – om te kies tussen die twee mense wat my in die wêreld gestuur het. Later kon ek wel weer die kontak hernu toe ek getrou het.
Frans Sadie
ek: ’n geraamte
in jou kas van bitterheid;
jy: ’n vreemdeling
ek deel jou gene,
jy bruis briljant deur my bloed
wens ek kon jou ken
(estelleke)
Ek het pas ’n werksessie vir onderwysers in Worcester aangebied, my pa se dorp waar hy grootgeword het in die Skool vir Blindes (vorige benaming). Die dorp waarvoor ek al hoe liewer word, die dorp in die Wynland met sy berge en ongewoon-mooi sonsondergange oor die pieke – iets wat my pa seker nooit self kon sien nie. Toe ek bedank word vir my aanbieding het die organiseerder ’n opmerking gemaak dat ek altyd so op ’n “gentle” manier praat en nuwe idees bring. Het ek ook dit alles by jou geërf, Gentle Annie?
Jy het so baie opgeoffer sodat ek kon leer om klavier te speel en in kore kon sing. Al het dit nie vir my ’n loopbaan of kreatiewe uiting geword nie, het dit my tog toegerus om hierdie musikale gene by my Anika-kind te laat ontwikkel. Ek het onlangs met jou oorlewende jonger sus Tannie Petro gesels en by haar gehoor dat jy die een is wat haar met jou karige salaris laat klavierles neem het nog voordat jy getrou het.
Anika
Ook het jy vir Anika geleer hoe om te harmonieer, want dit kon jy goed doen. Behalwe hierdie talent het jy jouself ook geleer om op gehoor klavier te speel en jy het ons as gesin soms op die klavier begelei as ons saans met Boekevat Psalms gesing het. As ek aan Anika se musiektalent dink, weet ek dat ek tot dusver altyd vermoed het dit kom van haar oupa af, maar soos wat ek nou vir jou skryf, besef ek ’n hele lot het ook van jou kant af gekom.
Dalk het jy met trots (en met verlange na die eerste man van jou hart) toegesien hoe ek deel was van die stadskoor wat Händel se “Halleluja”-koor in die stadsaal uitgevoer het. Ook toe TRUK by ons skool kom soek vir standerd 6-kinders om te sing in hul opvoering van “La Bohème” en ek saam met enkele ander leerders gekies is om deel daarvan te wees, nadat daar uitgebreide oudisies was. Aand na aand en naweek vir naweek het ons stad toe gegaan om te oefen. Hoe het jy dit bekostig dat ek daar kon kom? Ek kan net onthou van een middag wat die skoolhoof ons met sy bussie by ons huise afgelaai het. Andersins moes jy seker maar weer jou beursie rek. En ons het nooit ’n motor gehad nie. Dankie, Moeder.
Dit laat my ook verstaan hoe jy op my pa met al sy musikaliteit, sy wonderlike sangstem en musiekkennis kon verlief raak. En jy het gehelp dat ek ’n liefde vir klassieke musiek ontwikkel, iets wat my blinde pa seker vir jou as plaasmeisie geleer geniet het soos wat julle mekaar beter leer ken het.
Marijke en Rolf by Mooi Annie en Estelle
Kort voordat ons jou vir die laaste keer gesien het, wou my Marijke eendag by jou weet – net voor haar troudag – wat die gelukkigste oomblik in jou lewe was. Jou antwoord het sonder aarseling gekom: “Toe ek en jou oupa verlief was en piekniek gehou het in die veld, en hy met sy kop op my skoot gelê het terwyl ek met my vingers deur sy digte bos hare kon speel.” Ek kan nie help nie om jou te beny en te wens dat ek met my kop op iemand wat my aanbid of bewonder se skoot kan lê, wat met my digte bos grys hare speel, of andersom.
Frans en Annie Sadie
Vergewe my, Mams, ek het nie geweet wat ek doen toe ek geoordeel het en vir jou gesê het jy het hom nie regtig liefgehad nie en dat jy bloot jammer vir hom was omdat hy blind was. Vergewe my hierdie stompsinnigheid en beterweterigheid.
Jy was ’n boerenooi uit die Oos-Kaap en ek kon nooit agterkom dat jy – soos baie van jou tydgenote – steeds aangehou het om die Anglo-Boereoorlog te veg en die Engelse te haat nie. Daarom sal jy my seker verskoon as ek ’n Engelse aanhaling gebruik om met jou te praat oor hoe jy deur jou voorbeeld my diensbaarheid ontwikkel het. George Bernard Shaw het geskryf:
“The only service a friend [lees: mother] can really render is to keep your courage by holding up to you a mirror in which you can see a noble image of yourself.”
Mooi Annie
-o0o-
Jy het altyd vir ander mense in die gemeenskap gesorg ten spyte van jou karige bestaan. Ek onthou hoe ons altyd kos moes neem namens jou vir die Buys-gesin. En week vir week het ons koeksisters gebak om geld in te samel vir die gemeente waaraan ons behoort het. Hierdie mededeelsaamheid en barmhartigheid het jy (onwetend, en deur my) aan my Marijke-kind oorgedra. Sy woon nou in Switserland en help oral waar sy kan. Dit het my ook voorberei daarop om op die uitkyk te wees vir ander se behoeftes, om deel te neem aan vrywilligerswerk in die verskillende samelewings waarvan ek deel was – eers was dit die kerk se jeugvereniging, toe die studentelewe, daarna die sustersverenigings by die verskillende gemeentes waar ek predikantsvrou en “gewone” lidmaat was. Later ook berading by Lifeline in Pietermaritzburg en groepsfasilitering by uitreikgeleenthede vir die jeug, soos L’Abri, Bridge Building Encounters van Africa Enterprise en die Christelike Maatskaplike Raad se opleiding van jeugleiers. Hierdie sosiale gewete wat ek so te sê saam met moedersmelk ingekry het, het gemaak dat ek oral enige vrywilligersorganisasie se droom geword het – (soos jy) intens-betrokke en altyd vol idees, met besondere energie en toewyding.
Ek dink jy het hierdeur gehelp om my dapper te maak. Saam hiermee, en so sonder jou medewete het ook die leuse van ons laerskool “Geduld en moed” beslis boustene gelê vir my volwasse lewe. Nou, terwyl ek self oud word, Moeder, het ek moed nodig om aan te gaan, om dapper te wees. Die spreekwoord sê ’n mens kan nie dapper wees as jy nie weet jy is bang nie. En ek is bang, omdat ek nie meer weet waarmee om myself besig te hou terwyl die dae so lank en leeg is nie. Ek het my brood uitgewerp op die water en kan net hoop dat ek die vertroue sal kry om te glo dat dit ná baie dae se verby wees, weer na my toe sal terugkom.
In my akademiese loopbaan was ek baie bewus daarvan dat ek my pa se briljante gene uitgeleef het. In my eie verbrokkelende huwelik het ek ook vroeg agtergekom dat sy befoeterde temperament hier kop uitgesteek het. Maar wat ek van jou geërf het, kon ek nie toe weet nie.
Toe ek onlangs van die meeste van my besittings moes ontslae raak, het ek afgekom op briewe wat ek vir jou geskryf het vandat ek by die universiteit gewerk het. En ek sien dat ek jou as “Moeder” aangespreek het, maar ek het nie gedink jy verstaan iets van my werk nie. Ek het vir die soveelste maal gewonder of jy ooit trots was op my, die hoofmeisie, my goeie punte in die laerskool en my suksesvolle loopbaan? Toe ek dit eenkeer vir jou gevra het, was jou antwoord: “Natuurlik is ek trots op jou, ek wou net keer dat jou kop groot word.” En nou het ek ’n groot kop, Ma, en ek wens jy kon my hiermee help – nou dat ek afgetree het en nie meer die bewondering van my studente het nie.
Toe ek afgetree het en self in ’n kamertjie gewoon het wat net sowel ‘n karavaan kon wees, leer ek om jou eenvoud te waardeer. Toe het ek genadebrood geëet soos jy in jou laaste dae, en ek wens dat Kahlil Gibran se woorde vir my kan betekenis hê:
“A man’s true wealth is the good he does in the world. Beauty is eternity gazing at itself in a mirror. But you are eternity and you are the mirror.”
Een van my kosbaarste herinneringe is van die dag toe ons jou kamer opgeruim het nadat jy hemel toe is – ons vier kinders en ons dierbare skoonsussies. En ons het so heerlik geskaterlag omdat ons in elke laai Cherrols en ’n pakkie vuurhoutjies gevind het – ons kon wel raai wat die rede hiervoor was. Een skoonsus wou later benoud weet: “Wat sou Ma nou dink as sy ons so sien lag?” Dadelik het een van ons geantwoord: “Sy sal saam lag.”
En deesdae lag ek dikwels sommer baie lekker, uit-my-maag-uit-lekker, en ander kere kan ek ook nogal giggel soos ’n tiener. Dit voel vir my ek word uiteindelik groot.
Gedagtes wat in my kop maal, is die herinnering aan die laaste lied wat ek aan jou opgedra het toe ons jou graf toe dra – ’n verwerking deur Hans du Plessis in sy bundel oor Griekwapsalms en ander gedigte (LAPA 2001). Ek het geweet jy sou dit geniet, want Psalm 84 was jou gunstelinglied in die Psalmboek en ek het hiermee hulde gebring aan jou humor.
Jirre, hoe lieflik is U se heilige hys,
ek wil vi U nou net da gat prys.
Ek wil self nou seintoe gaan
en voor U se deer loop staan.
Ek raak in my hart in bang,
Jirre, vir hierie groot velang.
(Innie skylte vannie Jirre, bl 23)
Mooi Annie met haar vier kinders
Jy het ons fisies verlaat, Moeder, maar jy is altyd hier in my drome, herinneringe en gene. Ons as kinders herdenk elke jaar jou verjaarsdag – dit was die laaste dag dat ons almal bymekaar was. En ek is so bly dat jy op jou oudag vir dierbare Oom Pietman ontmoet het wat vir jou baie liefde gegee het totdat jy stil weggegaan het.
In die spieël van jou skoonheid sien ek myself. Ek glimlag skeef en onseker, trots daarop dat jy my ma is, Mooi Annie.
’n wit angelier
na woedende weer en wind
fier, regop: vaarwel
’n Pryslied (op die wysie van ’n pantoen) vir my ma (23 Junie 1918–2001)
’n Boerenooi uit die Oos-Kaap: Mooi Annie
Met haar kreatiwiteit kry sy dit reg om te leef met min
Haar sin vir humor dra haar deur die pyn van menswees
Drie mans wat sy liefhet en met wie sy haar lewe deel
Met haar kreatiwiteit kry sy dit reg om te leef met min
Blinde Frans, haar eerste liefde, leer haar om klassieke musiek lief te hê
Drie mans wat sy liefhet en met wie sy haar lewe deel
’n Groot en warm hart wat altyd kan omgee vir haar medemens
Blinde Frans, haar eerste liefde, leer haar om klassieke musiek lief te hê
Pa Sarel versorg en help haar om haar vier kinders groot te maak
’n Groot en warm hart wat altyd kan omgee vir haar medemens
Sagsinnige Pietman deel met haar diep gesels en boeke in haar laaste dae
Pa Sarel versorg en help haar om haar vier kinders groot te maak
Haar sin vir humor dra haar deur die pyn van menswees
Sagsinnige Pietman deel met haar diep gesels en boeke in haar laaste dae
’n Boerenooi uit die Oos-Kaap: Mooi Annie
© Estelle Kruger, 2022
[1] Die bynaam wat Ma gekry het in die laaste vyftien jaar van jou lewe toe jy in die ouetehuis in Johannesburg gewoon het.
[2] Verwysing na 1 Korinthiërs 13:11–12. Om nie meer soos ’n kind te praat, dink en redeneer nie. Om dinge te sien soos dit werklik is en nie meer net in ’n spieël te kyk nie.
[3] Etienne van Heerden, bladsy 293 in Kikoejoe. Kaapstad: Tafelberg.
The post Mooi Annie – die spieël in my raaisel appeared first on LitNet.
Titel: Die Bewonderaar
Skrywer: Erla-Mari Diedericks
ISBN: 978-1-7763-5508-2
Uitgewer: Wenkbrou
Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer daarvan aan LitNet gestuur.
Daar is ’n fyn lyn tussen marteling en BDSM. Maar wat gebeur as die lyn uitgevee word? vra Erla-Mari Diedericks in haar sewende boek, Die Bewonderaar.
Die boek is in vele opsigte anders as sy voorganger, Dominique. Waar laasgenoemde ’n erotiese riller was, is Die Bewonderaar ’n waardige sielkundige riller. Fyn uitgewerk en deeglik nagevors. Dink aan Silence of the lambs in Afrikaans, net beter.
Met die klemverskuiwing van ’n erotiese na ’n sielkundige riller is die intieme handelinge meer subtiel verwoord terwyl die sadistiese tonele vermenigvuldig het. Lesers word dus met goeie rede op die voorblad gewaarsku dat die roman nie vir sensitiewe lesers bedoel is nie.
In Dominique glo die kunstenaar, Dominique du Randt, sy word bekruip. Sy klop om hulp by die sielkundige, dr Martin du Plessis, ’n kenner op die gebied van bekruipers, aan. Hulle probeer die booswig se identiteit vasstel.
In Die Bewonderaar hang die halfnaakte liggaam van ’n vrou in ’n boom; grotesk in ’n garter belt en visnetkouse. Haar gesig is soos dié van ’n straatvrou gegrimeer. Oral op haar lyf is briewe – wat Dominique van haar bekruiper ontvang het – vasgespeld. Briewe. Op elke brief is Martin du Plessis se naam in bloed geskryf.
Die vermoorde vrou is Dominique se aanneemma, Ma Tess.
Dominique, ook bekend as Courtesan, ’n sekswerker, word van die brutale moord aangekla. En vir waarneming in Molenberg Psigiatriese Hospitaal opgeneem. Soos ’n gevangene van alles gestroop: gordel, skoenveters, skeermes, naelknipper, hoofpyn- en depressiepille, asook haar vryheid. Die hospitaal was immers in die vroëe 1920’s die tuiste van gevaarlike misdadigers.
Nadat Dominique as ontoerekeningsvatbaar gesertifiseer is, hamer die vrae: Is sy dalk onskuldig? Bestaan die bekruiper genaamd Die Bewonderaar werklik? Wat is die Ophelia-klub? Die Voyeur, die Gentleman – wie is die derde persoon in die driemanskap?
Terwyl Martin en kaptein Shahied Abrahams die legkaartblokkies, wat onderstebo versprei lê, probeer inpas, word Phillip, ’n privaat speurder en voormalige kliënt van Dominique, in Martin se teenwoordigheid doodgeskiet. En Dominique se regsverteenwoordiger, Sharon Forbes, pleeg selfmoord.
Molenberg Psigiatriese Hospitaal bied egter geen beskerming nie. Nie aan Dominique nie, want sy kry in haar kamer notas van Die Bewonderaar. Nog minder aan die ander vroue, want George, die nagverpleër, gebruik hulle vir sy persoonlike plesier. En elke Donderdagaand, stiptelik om nege-uur, kom haal die Gentleman ’n vrou. Soms kom hulle terug.
Die Bewonderaar begin in Augustus 2019 en eindig in Julie 2022. Die hoofstukke spring tussen Martin, die Molenberg Psigiatriese Hospitaal en die Ophelia-klub. Lesers word met datums en lokale bo-aan elke hoofstuk op hoogte gehou.
Die spanningslyn is deurentyd naaldskerp en neem naby die klimaks dramaties toe.
Alhoewel die skrywer agter in die bedankings waardering uitspreek vir twee uiters interessante karakters, is Die Bewonderaar deurweek met aanskoulike karakters en galgehumor. Die karakterontwikkeling van Mandy, ’n medepasiënt, en Ann, die psigiater, laat my lank na die lees van die boek steeds glimlag.
Mandy is skreeusnaaks en raak ook kinderlik opgewonde oor haar pantoffels met dieregesiggies. Lesers wat van Mike Nicol se bergiekarakter Janet gehou het, gaan haar liefhê. Ann met haar swart jogabroek, trampolienspring en ju-jitsu-praatjies is eksentriek.
Diedericks se agtergrond as joernalis, resensent en manuskripontwikkelaar help haar om uit te staan as skrywer. Sy pas al die reëls toe om spanning te skep: vreesaanjaende booswigte, klemmende atmosfeer (die gewese tronk wat nou as psigiatriese hospitaal dien en die akwarium), barbaarse geweld, kort hoofstukke, kort sinne – soms net enkele woorde – en waar nodig kru taal.
Haar teks is knap geredigeer, maar dit is nie waar dit ophou nie. Daar is groot moeite met die omslag gedoen. Die betekenis agter die treffende voorblad word op bladsy 79 verduidelik. Die skilderye in die klub is deur verskeie kunstenaars geskilder, maar almal is van Ophelia, wat op William Shakespeare se toneelstuk The tragedy of Hamlet gebaseer is. “Elke skildery is van ’n kaal vrou. Onder water. Besig om te verdrink. Vroue met oop monde en meestal geslote oë. Soms is hul oë wel oop, glasig of starend. Skrikwekkend starend. Vroue met kaal borste, na benede getrek deur die water se koue liefdeshand. Ander weer in deurskynende rokke, hul doodsbleek vel bedek met besitlike varings en slykerige waterplante.”
Die Bewonderaar gaan beslis as een van die groot rillers van die dekade onthou word. Lees dit!
Erla Diedericks oor die rol van die moderne courtesan in vyfsterhotelle
The post Fyn nagevors: ’n lesersindruk van <i>Die Bewonderaar</i> deur Erla-Mari Diedericks appeared first on LitNet.
On October 27, 2022, the Hurston/Wright Foundation will announce, during their annual Legacy Awards celebration, the winners of the juried awards for books by black authors published in 2021 in the categories of debut fiction, fiction, nonfiction, and poetry. The 2022 Hurston/Wright Legacy Awards continue the foundation’s tradition of recognizing literary excellence by black writers from the United States and around the world.
More than 200 books were submitted by publishers and self-published authors. The judges – all Legacy Award honourees in previous years – worked independently of the foundation to evaluate the books for artistic excellence and contribution to the literary canon.
The foundation invites you to join the event virtually for a festive evening celebrating Black literary excellence, culture, and community.
And The Nominees for the 2022 Hurston/Wright Legacy Awards are:
The Zora Neale Hurston/Richard Wright Foundation’s Annual Legacy Awards Ceremony honors the best in Black literature in the United States and around the globe. Introduced in 2001, the Legacy Award was the first national award presented to Black writers by a national organization of Black writers. Since then, we have recognized nearly 400 works by Black writers in the categories of debut fiction, fiction, nonfiction and poetry, and honoured 97 students with College Writing Awards.
Lauren Arnold and Sabrina Ticer-Wurr, the 2022 Winners of the Hurston/Wright Award for College Writers, and Valerie Twyman White, the winner of the 2022 Crossover Award, will be honoured during the event. The Hurston/Wright Award for College Writers is presented under the sponsorship of Harper Collins Publishers and the Hurston/Wright Crossover Award is presented in partnership with ESPN's Andscape. This year's virtual awards will feature musical performances, an ancestral libation segment honouring the members of our community we have lost this past year and an array of literary luminaries.
The Zora Neale Hurston/Richard Wright Foundation was founded in 1990 in Washington, D.C., and is dedicated to discovering, mentoring and honouring Black writers. Through workshops, master classes and readings, the organization preserves the voices of Black writers in the world literary canon, serves as a community for writers, and continues a tradition of literary excellence in storytelling established by its namesakes. The Hurston/Wright Foundation is a 501(c)(3) nonprofit. Learn more at www.hurstonwright.org.
***
Sifiso Mzobe is a writer, content editor and translator. He was born and bred in Umlazi Township, south of Durban, South Africa, where he obtained his primary schooling and where he currently resides. After attending St. Francis College, he studied Journalism at the Damelin Business Campus in Durban.
His debut novel, Young Blood, charts the life of a teenager who drops out of school and joins a car hijacking syndicate. So raw was Mzobe’s rendition of the story that Young Blood went on to win the Sunday Times Fiction Prize, the Herman Charles Bosman Prize for Best English Fiction, the SALA First Time Published Author Award and the Wole Soyinka Prize for Literature in Africa. Mzobe also made it into the “Africa 39 List,” a UNESCO initiative which names 39 of the most promising authors under the age of 40 from Sub-Saharan Africa and the diaspora.
His second book, a collection of short stories titled, Searching for Simphiwe was published by Kwela Books in April 2020. His is currently working on his second novel titled, Durban December.
Title: Young blood
Author: Sifiso Mzobe
ISBN: 9781946395481
Publication date: April 2021
Publisher: Catalyst Press
Cars, money, girls: this is what you need to get ahead in Umlazi
Sipho, a seventeen-year-old from Umlazi, a township on the outskirts of Durban, South Africa. drops out of high school and joins a carjacking syndicate to make a name for himself and escape his family’s low-income life. Along with hijacking partners Musa and Vusi, Sipho learns the tricks of the dangerous trade and pushes deeper into the underbelly of Umlazi under the guidance of gang leader Sibani, while partying heavily and chasing women nightly despite loving his longtime girl-friend Nana.
Candid and unapologetic, Young Blood is the story of the intricate balance of circumstance and choice, swift gain and incredible loss, as Sipho finds out how far he can push his luck before the damage is irrevocable—and the consequences deadly. Both a red-hot crime novel of car heists, sex, and rival gangs and a coming-of-age story of a teenager navigating the costs of the fast life, Young Blood reveals the devastating violence and raw beauty of life in South Africa’s townships.
The post Press release: Major nomination for Sifiso Mzobe appeared first on LitNet.
Stemme | Voices | Amazwi is LitNet’s series of 15 short, powerful monologues, written by established and upcoming playwrights, presented in collaboration with Suidoosterfees, NATi and ATKV.
In Jerry Mofokeng wa Makhetha’s Matlakala, a young woman tells about her continuous struggle with voices in her head. Tshegofatso Mabutla performs the monologue, directed by Mahlatsi Mokgonyana. Watch the performance with English subtitles here:
In this video, Tshegofatso Mabutla and director Mahlatsi Mokgonyana discuss their approach to the performance.
The original monologue in Sesotho:
Lebitso la ka ke Matlakala. Ke tsoa Verkeerdevlei, hona mona Foreistata. Verkeerdevlei ke torotsoana e nnyane haholo, moo bohle ba tsebanang ebile ba tsebelanang.
Ke tsoa lapeng le lerato, le nang le tlhokomelo. Empa haesale ke sena botsitso maikutlong a ka. Ke ne ke na le kgalefo ena eo nkekeng ka e hlalosa. Ke ikutlwa eka kea hlanya! Maikutlo ana a nyoloha, ke ferekana, ebe eka nka hlatsa, ke utlwe eka ha ke kgone le ho hema. Ntloheleng nna. Tsamayang.
Batsoali ba ka ba ne ba batla hore ke fole. Ka tsatsi le leng tichere ya ka ya Kereiti 8, Mofumahatsana Clarkson, o ile a bitsa batsoadi ba ka mme a etsa tlhahiso ya hore ba nthomelle ho ya hlahlojwa kelello le maikutlo. Setsebi se ile sa hlalosa hore ke na le Bipolar. Lefu lena la Bipolar le bolela hore maikutlo a ka a dula a nyolosa a ya hodiiiiiimo kwana, ha a qeta ebe a theosa ka tsela e sehloho.
Lemong tsena tsa ka mona yunevesithi … ke nahana hore ke ne ke tsitsitse. Ho ne ho sena mathata, ho se bohlanya. Nthwane ya di-roller coaster niks, leletho. Tjhe – Ho fihlela haufinyane tjena – hona lemong sena ke qadile …
Nna ke kgathetse hle moth’wa Modimo.
Hana ne ntse ke reng? Yunivesithi ke tulo e fapaneng le kwana hae. Nna ke ile ka ipolella hore ha ke sa hloka meriana hohang le ha batsoali ba ka ba ile ba mpolella hore ke be hlokolosi, ke nke meriana yaka. “O itlhokomele Mosadi. O se ke oa nwa kapa wa ja letho le phoso kapa le kgahlanong le meriana ena ya hao.” Eish, Batswadi? ... Nna ha ke hlanye nna! Ha ke battle batho ba nahane hore ke mental case.
Lemo tsena kaofela ha tsona ke ne ke iphelela hantle sa pere ya Motlotlehi. O kil’a e bona ha e terepela? Le nna ke ne ke batla ho ba feela jwalo ka batho ba bang ba phetseng hantle. Ke ne ke batla ho ikutlwa ke le motho – eseng lehlanya.
Ke ile ka khaotsa ho noa meriana yaka eaba … hanyaanenyana feela ke qala ho thella. Botjha ka nako e nngwe – atjhe! Hanyane-hanyane matshwao a hore ke se ke qalelletse ho ferekana a ne bonahala, empa ka ipolella hore ke nthonyana tse nyane, tse tla feta. Athe …
Ke’ng jwale? Ho na le lentsoe lena le ka hloohong ea ka. Ha a rate ha ke buwa ka yena. O ipatla a dutse ka bolokolohi ka mona ka hloohong ena yaka. Utlwa na o reng, “Ha rea lokela ho thinya ketsong tsa rona. Bona! Bona! O seke wa thinya ka mothating wane. Ka mane ka kgutlong sane ho lefifi la bonkantjane. Ema! Ema mona moo o leng teng. Ke mathata feela ka mane ka kgotjheletsaneng.”
Ke enwa! Wa mmona? O qadile hape wa ntshebela. Kea tseba hore ke entse phoso ka ho tlohela meriana ya ka; empa nna ha ke lekgoba la hao. Nurse! Nthuseng hle. Ha ke kgutlele hae kwana ke kopakopane tjena. Nna ke batla ho ya ngola di-exam tsa ka. Ke batlang moo?
Mme! Mme! Ke nna Moradi wa hao … Matlakala Mme … Letsetsa Mofumahatsana Clarkson tu … Ha ho na taba hore ha a sa ruta, nna ke morutwana wa hae. Mmolelle hore ke …
An English translation of the monologue:
My name is Matlakala. I’m from Verkeerdevlei, here in the Free State. Verkeerdevlei is a very small town, where everybody knows everybody, and everyone knows about each other’s affairs.
I come from a family that is full of love and care. But I have never had peace of mind. I have had this inner rage that I cannot explain. I would feel like I was going crazy. My emotions would rise high, in great confusion – feeling like I’d throw up, feeling as if my breath were choking. Leave me alone, people. Just go away.
My parents wanted me to heal. One day, my grade eight teacher, Mrs Clarkson, called my parents, suggesting to them that they send me for a mental status examination. A psychiatrist said I had bipolar disorder. With this bipolar disease, my feelings keep escalating to a very high sensation and then drop down drastically.
During all these years here at varsity, I thought I was stable. I had no problems, no insanity. No roller coaster problems, nothing at all. No – until recently – it started this year.
I am now tired …
What was I saying? Life at varsity differs from the one back home. I told myself that I no longer needed medication at all, even though my parents had warned me to be careful and adhere to my medication routine. “Be cautious, woman. Don’t eat or drink anything wrong that’s against your regular medication.” Eish, parents? I am not crazy, me! I don’t want people to take me for a mental case.
All these years, I was living so well, like a king’s horse. Have you seen it canter? I also wanted to be like all other people who are healthy. I wanted to feel like a normal human – not a lunatic.
I stopped taking my regular medication, and gradually began to slide. Consequences of being young sometimes – ouch! Bit by bit, the signs that I was beginning to lose it were slowly showing, but I told myself that they were just minor things that would just pass.
There is this voice in my head. “We don’t have to turn back against our cause. Look! Look! Don’t take a turn at that corner; there is so much deep darkness in that gorge. Stop! Stop right here where you are. There is so much trouble in that dark chasm ahead.”
Here she is! Do you see her? Get out! Go away! Leave me alone!!! I know I made a big mistake by stopping my medication, but I am not your slave. Nurse! I need help, please. I cannot go back home in this jumbled state. I want to go and write my exams. What am I doing here?
Mom! Mom! It’s me, your daughter, Matlakala. Please call Mrs Clarkson – please. It doesn’t matter even if she is no longer teaching; I am still her student. Tell her that.
Stemme | Voices | Amazwi is supported by the National Arts Council.
Stemme | Voices | Amazwi is a New Writing project of LitNet and is supported by the LW Hiemstra Trust.
All the monologues are available here:
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 10 Augustus is:
Titel: Die Goorgomgaai
Skrywer: Julia Donaldson
ISBN: 9781485311379
Uitgewer: Protea Boekhuis
“’n Muis gaan stap deur die donker bos. ’n Vos sien die muis en hy dink aan kos."
Loop verder saam met die vindingryke muis deur die donker bos en ontdek wat gebeur wanneer hy ’n vos, ’n uil en ’n honger goorgomgaai raakloop...
Philip de Vos is verantwoordelik vir die heerlike Afrikaanse vertaling.
Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!
The post Promosie vir 10 Augustus: 20% afslag op <i>Die Goorgomgaai</i> deur Julia Donaldson appeared first on LitNet.
Izak de Vries chats to Bridget Krone about The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap, published by Catalyst Press.
***
Can a dream be born in Cedarville, a place of grinding poverty?
When Boipelo Seku decides to improve his life, reality hits him in the face. Hard. Very hard.
The young boy, a keen reader, wanted to emulate a Canadian man who used the internet to improve his life. There is only one problem: Boi has no internet.
The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap is a story of harsh realities and of dreams that can come true when one dares to work hard.
Sometimes one needs to ask, and someone will hear your voice.
In this video a young boy challenges Roger Federer to a game of tennis. He may have forgotten that moment, but a large pasta company did not.
Boi Seku from Cedarville did not have a major pasta company behind him, but Cedarville does have some magic, even if one has to work extremely hard to make magic happen!
Title: The Cedarville Shop and the wheelbarrow swap
Author: Bridget Krone
ISBN: 9781946395665
Publisher: Catalyst Press
Sketches: Karen Vermeulen
The post True magic in amongst grinding poverty, no fairies: Bridget Krone on her latest book appeared first on LitNet.
![]() Geplaas met vriendelike vergunning van NALN |
Sêgoed van PJ Bosman In 1993: “Baie skrywers met die moontlikhede van ’n Breytenbach, Jonker en Krog gaan in die dop verkluim omdat daar nie geld is om debuutbundels te publiseer nie.” (Volksblad, 26 April 1993) “Ek wonder steeds waar kom die buitemuurs in buitemuurse studie vandaan, want al die lesingsale had mure en was onderdak.” (Inligtingstuk vir Tafelberg Uitgewers) “As gevolg van talle skoolvakansies op familieplase en my huwelik met ’n plaasmeisie, skryf ek die graagste oor boere en plattelandse mense en hulle dinge.” (Inligtingstuk vir Tafelberg Uitgewers) Oor die liefde: “In die ‘hoge’ literatuur is volgehoue romantiek byna verbode. Die groot meesters sluk nie die mite van happily ever after nie. Om durend lief te hê, verg ’n wilsbesluit en harde werk (én humorsin!). Dié wat slaag, pluk die vrugte van vertroue, gemeensaamheid en, dalk bo alles, verknogtheid.” |
Gebore en getoë
Paul Johannes Bosman is op 12 Augustus 1933 op Bothaville in die Vrystaat gebore. Sy pa, dr ID Bosman, was op daardie stadium skoolhoof van die plaaslike hoërskool. Paul is die egpaar se tweede seun. Sy een broer, Wim, is die bekende strokiesprentskrywer van veral Louis die Laeveldleeu. DB Bosman, die woordeboekmaker, is Paul se oom. Wim beskryf in later jare vir Paul as die maltrap onder die kinders. Paul gebruik die skrywersnaam PJ Bosman.
In 1935 verhuis die gesin na Pretoria, waar Paul se pa aangestel is as professor in Geskiedenis aan die Universiteit van Pretoria en later dekaan van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte geword het. Hy was ook voorsitter van die Konvokasie van die Universiteit van Pretoria, asook huisvader van Sonopkoshuis (1939–1947). Paul se pa is in 1947 op vyftigjarige ouderdom oorlede, waarna sy ma met die drie jongste seuns na Bethlehem in die Oos-Vrystaat verhuis het.
Paul beskou homself as gelukkig dat hy ten spyte van die ekonomiese depressie en droogte van die dertigerjare in ’n baie stabiele en liefdevolle huishouding kon grootword, vertel hy in ’n inligtingstuk van Tafelberg Uitgewers. “Daarom ly ek nie aan depressie nie en kan nie daarop aanspraak maak dat ek ‘groot skrywers stukkende mense’ is nie. Oor die ‘groot’ kan gedebatteer word.”
Hy was op hoërskool bekend daarvoor dat hy goeie opstelle kon skryf en het gereeld bydraes tot die skool se jaarblad gelewer. Hy het gedigte verslind en kon DJ Opperman se Joernaal van Jorik uit sy kop opsê. Ook was hy altyd lief vir gedigte skryf en iewers in die sestigerjare is ’n gediggie, “Mummie”, in Huisgenoot gepubliseer, vertel hy in ’n biografiese skets aan NALN.
In 1951 matrikuleer Paul aan die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, waar sy Afrikaans-onderwyser, mnr Chris Theron, een van die belangrikste persone was wat by Paul ’n liefde vir die Afrikaanse digkuns en literatuur gewek het.
Verdere studie en werk
Na skool gaan Paul terug na Pretoria, waar hy in die staatsdiens werk en vir agtien jaar as navorser by die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN). In 1993 tree hy af as onderwyskundige by die hoofkantoor van die Departement van Onderwys en Opleiding in Pretoria.
Deur buitemuurse studie aan die Universiteit van Pretoria verwerf hy die grade BA met Afrikaans III en BA Honneurs in Sielkunde, asook die Hoër Onderwysdiploma. Hy behaal sy MA-graad in Voorligtingsielkunde aan Unisa. Nog iemand wat Paul se liefde vir die Afrikaanse digkuns en letterkunde aangewakker het, is prof Merwe Scholtz, wat destyds dosent in Afrikaans aan die Universiteit van Pretoria was.
In 1958 is Paul getroud met Kotie van Wyk, ’n plaasnooi van Wolmaransstad. Hulle het twee dogters en ’n seun, maar die seun is op 19-jarige ouderdom in ’n motorongeluk oorlede. Hulle woon in Pretoria.
Sy stokperdjie is handgemaakte modelmotortjies.
Tussen sy studie en werk deur begin Paul gedigte skryf, hoofsaaklik oor sy ervarings van sy plaasvakansies in die Frankfort-distrik in die Oos-Vrystaat. In 1984 stuur hy die gedigte aan Tafelberg Uitgewers, waar dit baie positiewe kommentaar van Petra Müller ontlok het. Dit is egter teruggestuur met die uitspraak dat hierdie soort verse nie “nou” aanvaarbaar is nie, dit wil sê nie in die mode is nie.
In 1991 lê Paul weer die verse aan ’n uitgewer voor – hierdie keer aan HAUM-Literêr. Hulle aanvaar dit vir publikasie met die voorbehoud dat ’n borgskap gevind word. Prof Louis van Biljon, ’n jare lange vriend van Paul, voorsien die borgskap en einde 1992 verskyn die gedigte onder die titel Ryp geel kring. Op 24 April 1993 word dit met die Ingrid Jonker-prys bekroon. Dit was ook op die kortlys vir die CNA-prys.
Prof Louis Venter, een van die beoordelaars, van die Universiteit van die Vrystaat het gesê Bosman se poësie is onbeskaamd, dit is Afrikaanse boerepoësie. “Hiervan getuig die portret en die opdrag aan die begin van die bundel onomwese. Die bundel is ‘opgedra aan die gedagtenis van al my ooms en tantes uit die adellike boergeslag’. In hierdie tyd van oorgevoeligheid en selfs skaamte oor Afrikaans en die boereverlede van die volk is dit ’n dapper en broodnodige digterlike eerbetoon.” (Beeld, 26 April 1993)
Vir Paul Bosman was dit ’n groot eer toe die Ingrid Jonker-prys aan hom toegeken is: “Sy is my gunstelingdigter. Sy het my bekoor met haar werk. Ek dink ‘Bitterbessie dagbreek’ is een van die seerste gedigte in Afrikaans.” (Beeld, 26 April 1993)
Daniel Hugo, een van die beoordelaars, skryf dat die bundel ’n bewuste poging is om die ongereptheid van ’n gelukkige en ongekompliseerde jeug getrou op te roep – om die “ryp geel kring” van die jeug na te trek. “Die bundeltitel is ontleen aan ’n gedig van Sheila Cussons. Hierdie bundel behoort baie lesers vir die Afrikaanse poësie terug te wen. Dit is verse sonder intertekstuele speletjies of intellektuele vernaamdoenery. En tog onderskat dit nie die leser se intelligensie of taalgevoeligheid nie. Bosman bewys hier klinkklaar goeie poësie hoef nie modieus te wees nie.” (Die Burger, 16 Maart 1993)
Joan Hambidge (Beeld, 18 Januarie 1993) skryf: “Soos die meeste ek-onthou-gedigte is die toonaard liries en word daar telkens aangetoon dat dié wêreld waaroor geskryf word, nie meer bestaan nie. Hier word telkens verwys na ’n agrariese, idilliese bestaan. Dit is dan inderdaad ’n beleë poësie-siklus met eg ontroerende verse. […]
“In die nagkwatryne bevestig die digter sy vermoë om ’n meer gestruktureerde gedig te skryf met rymbindinge. In die geheel gesien is dit verse wat losser gestruktureer is: hulle werk assosiatief, klankmatig en is dikwels in ’n mineurtoon geskryf. Vir my was dit ’n lieflike bundel, nie ’n groot een nie, maar ontroerend-mooi en ’n netjies afgewerkte debuut.”
In Volksblad (5 April 1993) is Hennie van Coller die resensent en is hy van mening dat die publikasie van Ryp geel kring van PJ Bosman in etlike opsigte merkwaardig is: “[D]it word gepubliseer met die hulp van ’n private donateur, dit is die debuut van ’n vrywel onbekende skrywer op die vooraand van sy 60ste verjaardag en dit wyk skerp af van die heersende tendens in die Afrikaanse poësie wat as intellektueel, en soms selfs intellektualisties, bestempel sou kon word.
“Bosman se verse lyk op die eerste oogopslag inderdaad na die poëtiese ekwivalent van wat na my gevoel geringskattend genoem word ‘middelmoot prosa’. Die verstaanbaarheid en oopheid van die verse kan ’n mens maklik verlei om dit te sien as ongekompliseerde herinneringe. Hoewel daar insinkings is in afsonderlike gedigte wat bly vassteek in die besondere en ‘lokale’, tref ons in veel meer verse ’n essensiële peiling aan van kernaspekte van die menslike bestaan.
“Die bundel het ’n sterk outobiografiese aanbod – beklemtoon deur die familiefoto voorin. Dit staan ook heel duidelik in ’n bekende tradisie van ‘onthou’ wat in die Afrikaanse literatuur nie net neerslag vind in nie-fiktiewe werke nie, maar ook juis in die fiksie van ’n Alexander Strachan en ’n Koos Prinsloo om maar enkele skrywers by name te noem. Vanselfsprekend bestaan daar ook ooreenkomste tussen hierdie bundel met sy agrariese inslag, en die bekende tradisie van die plaasroman. […]
“Ryp geel kring is ’n toeganklike en bekoorlike bundel wat leesbare én genietbare poësie bied teen ’n uiters billike prys.”
Hierna skakel Paul oor na die skryf van kortverhale, en in 1998 word sy eerste kortverhaalbundel, Soms mis die hart ’n slag, deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer.
“Hierdie agtien kortverhale omspan feitlik die hele twintigste eeu: daar is stories uit die ou Afrikaner-lewensfeer van plaasskole, smouse en huisgodsdiens, ’n liefdesverhaal uit die tyd van die Groot Griep, ’n storie oor ’n Duitse duikboot wat tydens die Tweede Wêreldoorlog ’n Suid-Afrikaanse kusdorpie aandoen, vertellings uit die vyftiger-sestigerjare en dan ook verhale wat hedendaagse werklikhede raak verwoord,” skryf Marion Hattingh. (Insig, Augustus 1998) “Die wye kultuurhistoriese verskeidenheid en vernuftige vertelwyse het my beïndruk. So ook die ongewone afloop van gebeure aan die einde van elke vertelling wat in sommige gevalle so wonderbaarlik is dat dit na die oorvertelling van tipiese plattelandse of stadslegendes klink.
“Op ’n berekend toeganklike wyse stel die verteller in die verskillende verhale die leser binne enkele sinne aan ’n situasie bekend en boei hy onmiddellik deur die karakters se verskillende reaksies op hul omstandighede.
“Die hoofkarakter(s) se selfvertroue en sekerhede word teen die einde van die vertellings altyd weens een of ander gebeurtenis of onthulling gekonfronteer met die insig dat dit wat voor die hand liggend lyk, deur onvoorsiene interpretasiemoontlikhede ondermyn kan word. Sekere inligting word strategies weerhou sodat die leser se hart teen die einde, nes dié van die karakters telkens ‘’n slag mis’, soos die bundeltitel byvoorbaat aandui.”
Louise Viljoen (Rapport, 16 Augustus 1998) se mening oor Soms mis die hart ’n slag lui as volg: “Hierdie bundel bevestig dat Bosman inderdaad ’n storieverteller is wat die kuns ken om ’n storie te maak met ’n duidelik herkenbare begin, middel en einde soos ons dit geken het voor die koms van die postmodernisme. Hy weet naamlik waar om sy storie op te tel, hoe om dit met nodige balans te ontwikkel en sekuur af te skryf op ’n onthullende slot. [...]
“Die eerste verhale speel af in die tydperk net ná die Anglo-Boereoorlog, die griepepidemie van 1918 en die Tweede Wêreldoorlog. In toon en inkleding herinner hulle ’n mens aan dié van Leipoldt en Marais. […]
“Die sjarme van die verhale uit die vroeër tyd is daarin geleë dat hulle met fyn aanvoeling fisieke en kulturele landskappe beskryf wat dalk besig is om uit die Suid-Afrikaanse geheue te verdwyn. Die vertel van ’n boeiende verhaal bly egter hoofsaak en die ‘lokale kleur’ meng nooit in met die ontvouing van gebeure en emosies wat sentraal staan in die verhale. […]
“Bosman se bundel bevat dus verhale met ’n ouwêreldse sjarme sowel as ’n hedendaagse byt. Daar is iets vir die smaak van elke leser, tot die kieskeurigste, in hierdie bundel.”
Joan Hambidge (Die Burger, 8 Julie 1998) beskryf Bosman as die “meester van die subteks oftewel dit wat ónder die gesprekke of situasies in die verhale plaasvind”.
Op Radio Sonder Grense se Skrywers & Boeke (13 September 1998) het JP Smuts as volg geskryf: “Bosman se digbundel skep die verwagting dat ’n mens in Soms mis die hart ’n slag verhale sal kry waarin die taal sensitief en sekuur gehanteer word, en dit vind jy in ’n baie groot mate in die bundel. Die stukke wys terselfdertyd uit dat Bosman ook in staat is om ’n verhaal goed te struktureer. Die strukturering mag wel konvensioneel wees, maar dan konvensioneel in die goeie sin van die woord. Die meeste verhale is lynvertellings waarin die slot ’n verhelderende oomblik bring, maar ’n mens moet dadelik sê dat dit momente is wat nie net verras nie, maar ook die vertellings verdiep.”
Paul se tweede bundel kortverhale, Vergissing, word in 2003 deur Protea Boekhuis uitgegee. “In ’n sekere mate stem dit ooreen met Soms mis die hart ’n slag deurdat die tydperke waarin die verhale afspeel weer oor die hele twintigste eeu afspeel – vanaf 1900 tot vandag met sy e-posse en kletskamers,” skryf Philip John in Die Burger van 2 Junie 2003.
“Die meeste van die karakters in die verhale is gewone mense, en ’n verskeidenheid verteltegnieke word aangewend om die wêrelde en lotgevalle van hierdie karakters vir die leser lewend te maak. […] Die trefkrag van die verhale word verhoog deur die fyn, gedetailleerde historiese informasie wat in die verhale ingevleg is. […]
“Die meeste trefkrag word egter elke keer gereserveer vir die karakteristieke angel aan die einde van die verhale. Hier help dit om na die titel van die bundel te kyk. Terwyl die titel van die eerste bundel, Soms mis die hart ’n slag, die klem plaas op die emosionele sy van die menslike bestaan, verskuif die titel Vergissing die klem so dat dit val op die verstandelike. Dié klein verskuiwing is voordelig omdat dit die aard van Bosman se vertelkuns duideliker uitdruk.
“Dit maak duidelik dat die ‘gemiste hartslag’ wat die leser met die lees van die verhale ervaar, te make het met ’n (onoorbrugbare) kloof tussen aan die een kant konseptuele voorstellings (van die self en van die wêreld) en aan die ander kant ’n werklik onkenbare wêreld waarin daar altyd nog ’n kinkel is waarvan ons (oftewel, die karakters in die verhale) nie bewus was nie. Dit is verhale wat werk met die siening dat daar altyd iets onvoorsiens is wat enige ‘plan’ kelder, maak nie saak hoe sorgvuldig die plan gemaak is nie. […]
“Die verhale in Vergissing styg uit bo die kleinmenslike na iets meer universeel, aangrypend en ontstellend, soos in die werk van een van die meesters van die kortkuns, Jorge Luis Borges.”
Vir Abraham H de Vries (Rapport, 15 Junie 2003) ontwikkel die verhale in Vergissing byna almal tot sterk, goed-vertelde verhale “met daardie onverwagte kinkel in die slot wat jou laat regop sit”.
In Sarie (Julie 2003) beskryf Elize Parker die bundel as “wondermooi met ’n agtien stuks suiwer en bittersoet kortverhale waarin Bosman bewys dat hy meester is van subtiele buigings van woord en struktuur. […]
“Bosman gebruik sy verhale se dikwels onthullende knalslotte om die verhaal en karakters te ontluister. Daar is gewoonlik ook ’n skerpioenstekie of twee in die laaste paragraaf. Hy weet hoe om vir sy lesers sleutels te gee om die verhale se subteks oop te sluit met ’n tweede of derde herlees. Die komiese bly nie agterweë in die bundel nie, hoewel daar ook hierin ’n effense byt is. ’n Moet vir kortverhaalslawe.”
In 2007 wend Paul hom tot ’n nuwe genre met die publikasie van sy eerste roman, Uitsig op Perdekop. Die roman was in 2008 een van die finaliste vir die ATKV se Woordveertjie in die kategorie vir liefdesromans.
“Hierdie nogal lywige roman (meer as 350 bladsye) skop af met ’n nostalgiese en idilliese uitbeelding van die plaaslewe soos waargeneem deur ’n kind, Alwyn Brink. Alwyn, die hoofkarakter, het as kind gereeld saam met sy ma en pa op sy oom se plaas, Rietkuil, gaan kuier. Maar toe sterf sy pa onverwags en word hy deur sy oom en tante aangeneem,” sit Jaybee Roux (Die Burger, 17 September 2007) die storie uiteen. “Dié gedeelte is ietwat uitgerek, maar is so vlot en liries geskryf dat dit die meeste lesers nie sal steur nie.”
Dan raak Alwyn en sy niggie, Bella, verlief op mekaar en dit mag nie, want dit is bloedskande en hulle kan ook nie sommer net wegloop nie.
Roux skryf verder: “Hierdie problematiek – die amper oorweldigende liefde tussen neef en niggie – sou sterk genoeg kon wees om lesers meer as 300 bladsye lank te boei. Maar vir die grootste deel van die verhaal is Alwyn en Bella se liefde nie ter sprake nie. Uitsig op Perdekop word helaas niks meer nie as ’n langdradige, meestal gemoedelike relaas oor Alwyn se grootword en ouer word, en die vroue wat in die een of ander mate ’n rol in sy lewe speel. Daar is eenvoudig nie genoeg spanning en intrige nie.
“Uitsig op Perdekop herinner sterk aan die klassieke Oupa Landman se viool, maar Bosman se boek kan, wat struktuur en intrige betref, nie met Oupa Landman saamgesels nie. Daar is ’n gaping in die mark vir lywige ontspanningsverhale met ’n goeie dosis romantiek, maar ongelukkig het die uitgewer se oordeel hom hierdie keer in die steek gelaat. As groot ondersteuner van hierdie genre breek dit my hart om te moet sê Uitsig op Perdekop sou slegs ná indringende herskrywing geskik wees vir publikasie. Of dalk glad nie.”
Volgens Vincent Pienaar (Beeld, 4 Junie 2007) is al die bestanddele daar om van Uitsig op Perdekop ’n romantiese liefdesverhaal te maak, maar dit lyk vir Pienaar of dit bedoel is as ’n “markoefening”, hoewel die gedeeltes aan die begin wat die plaaslewe beskryf, besonder knap geskryf is.
Publikasies:
Publikasie |
Ryp geel kring |
Publikasiedatum |
1992 |
ISBN |
0798633387 (sb) |
Uitgewer |
Pretoria: HAUM-Literêr |
Literêre vorm |
Poësie |
Pryse toegeken |
Ingrid Jonker-prys 1993 |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Soms mis die hart ’n slag |
Publikasiedatum |
1998 |
ISBN |
0624036634 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Tafelberg |
Literêre vorm |
Kortverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Vergissing |
Publikasiedatum |
2003 |
ISBN |
1869190130 (sb) |
Uitgewer |
Pretoria: Protea Boekhuis |
Literêre vorm |
Kortverhale |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Publikasie |
Uitsig op Perdekop |
Publikasiedatum |
2007 |
ISBN |
97870798147934 (sb) |
Uitgewer |
Kaapstad: Human & Rousseau |
Literêre vorm |
Roman |
Pryse toegeken |
Geen |
Vertalings |
Geen |
Resensies en besprekings |
|
Artikels oor PJ Bosman beskikbaar op die internet:
PJ Bosman se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2009-09-09 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.
• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.
The post PJ Bosman (1933–) appeared first on LitNet.
Elke dag, vir 31 dae, gee ons 20% afslag op ’n nuwe Afrikaanse titel.
Elke dag sal ons een dag te vore aankondig watter titel ons volgende afslagboek sal wees. Dit sal jou die geleentheid gee om by Bargain Books in te loer om jou kopie te koop!
Die boek vir 11 Augustus is:
Titel: Dingeth
Skrywer: David Walliams
ISBN: 9781485311829
Uitgewer: Protea Boekhuis
Klara Klein het alles wat sy moontlik kan begeer. Maar alles is nie genoeg nie. Sy wil nog en nog en nóg goed hê! Op ’n dag besluit Klara sy wil ’n DINGETH hê, maar daar is net een probleem. Wat is ’n DINGETH?
Mnr. en mev. Klein sal enigiets doen om hul dierbare doggie gelukkig te hou, selfs al beteken dit hulle moet by die kelder onder die biblioteek ingaan om ’n antwoord in die geheimsinnige Monsterklopedie te kry. Hul desperate soektog lei na die donker dieptes van die oerwoudagtigste oerwoud waar die vreemdste vreemde dierasies lewe.
Kom kry môre jou kopie by jou naaste Bargain Books!
The post Promosie vir 11 Augustus: 20% afslag op <i>Dingeth</i> deur David Walliams appeared first on LitNet.
Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Julie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:
4 Julie
Resensie: ’n ‘Oorlewingsboek’ wat meesleur, skok
Joan Hambidge resenseer Hoerkind deur Herman Lategan
Resensie: Boek wat bokspring tussen die genres
Sonja van der Westhuizen resenseer Grand Hotel Europa deur Ilja Leonard Pfeijffer
Resensie: ‘Vreemde vis’ se pêrels moet nog goed gepoleer word
Kerneels Breytenbach resenseer Vreemde vis deur Milton Schorr (Vertaal deur Toast Coetzer)
Resensie: Een Alfa, twee seuns en hope aksie
Ilza Roggeband resenseer Die Alfa van Alfaville deur Theresa van Baalen
6 Julie
Boeke: ‘Hoerkind’ is witblits op ys, maar veral ’n bevryding uit die seer, sê vriendin
Amanda Botha skryf oor Herman Lategan se memoires.
11 Julie
Resensie: ‘Branderjaer’ se opvolg verg weer kophou
Jonathan Amid resenseer Vuurvreter deur Joha van Dyk
Resensie: Seldsame karakters kry lewe
Trisa Hugo resenseer Dwars deur Daniël Lötter
Resensie: Die brug waar verse oortuigend betower
Charl-Pierre Naudé resenseer Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk
Resensie: Vir onverskrokke oopkoppe
Sonja van der Westhuizen resenseer Life Ceremony deur Sayaka Murata
12 Julie
Boeke: Menlyn-boekwinkel sluit
16 Julie
Profiel: Die toekoms is amper hier in Smith se ‘Bot’
Laetitia Pople in gesprek met Carien Smith
Boekenuus: Kortlys vir Ingrid Jonker-prys bekend
Profiel: ‘Bottelneek breek bek’ soos ’n klomp klein spieëltjies waarin leser kan kyk
Rafiek Mammon in gesprek met Dianne Du Toit Albertze oor haar debuutroman
17 Julie
Boekenuus: KYK | Skrywer skeur boek op
18 Julie
Resensie: ’n Eerste Wilbur Smith postuum
Riaan Grobler resenseer Storm Tide deur Wilbur Smith
Resensie: Dominique se storie kom uit die verf los
Valda Jansen resenseer Die bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks
Resensie: Skrywer verweef ’n teer verhaal
Louise van der Merwe resenseer Hoeveel tande het ’n engel? deur Jan Vermeulen
Resensie: ’n Belangrike, beeldskone roman sonder veel vertoon
Joan Hambidge resenseer The Chosen deur Elizabeth Lowry
18 Julie
Sterteberig: Digter en anti-apartheidsaktivis Don Mattera sterf
19 Julie
Nuus: Dan Sleigh vertel hoe pokke na die Kaap gekom het
Nuus: Coetzee ontvang debuutpoësieprys ‘semi-samehangend’
Jacques Coetzee is aangewys as die wenner van die gesogte Ingrid Jonker-prys
20 Julie
Huldiging: Sagmoedige reus Don Mattera kon pragtig met woorde omgaan
21 Julie
Boeke: SJ Naudé kap na Van Coller, vra vir ruimheid in Hertzogprys-toespraak
22 Julie
Boeke: ‘Liefdeloosheid kan Afrikaans laat leegloop’
Lees SJ Naudé se toespraak by aanvaarding van die Hertzogprys hier.
Boeke: Hennie van Coller se ope brief aan SJ Naudé
Boeke: 2 bedank by Akademie ná Van Coller se uitlatings
25 Julie
Resensie: ’n Oorrompelende debuut
Jonathan Amid resenseer Vyf sekondes voor Vrydag deur Ihette Senekal
Boekevat: ’n Huldeblyk aan al die verworpe woorde
’n Rubriek deur PP Fourie
Resensie: Storie wat mens diep raak
Elsabé Brits resenseer Tien voor een deur Adele Vorster
Resensie: Digter-dokter verpak ‘spraakkamer’ treffend
Neil Cochrane resenseer Skeletaal deur Franco Colin
Boeke: Van Coller bedank as voorsitter van Letterkundekommissie
26 Julie
Boeke: Geordende anargie is nie ’n slegte dinge nie – Carien Smith
Resensie: ‘Al om Antjie’ lei jou terug na die verse
27 Julie
Boeke: Booker-prys kondig sy langlys aan
30 Julie
Boeke: SJ Naudé vereer vir sy eie vertaling van bundel
Boeke: Seldsame boeke op Africana-verkoping
Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Julie op LitNet verskyn:
Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk, lesersindruk
Verweefde emosies in ’n brandspoor: ’n Lesersindruk van Vlam deur Sidney Gilroy
Dwars – rare karakters onder ons deur Daniël Lötter: ’n resensie
Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk
Lesbies? Gewoon eietyds? ’n Lesersindruk van Kleur en karamel deur Analize Viljoen
Omvattend en deeglik: ’n lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond
Wedervaringe van ’n boeregesin deur Victor Pohl: ’n resensie
Skryf Afrikaans van A tot Z, ’n onderhoud met Sebastian Pistor
Sproetebessies en die hart van die swart roos: ’n onderhoud met Troula Goosen
China in Afrika: Die era van sekuriteit deur Fanie Herman: ’n onderhoud met die skrywer
Die vertreksaal ook op Woordfees TV: ’n onderhoud met Dana Snyman
Dan Sleigh skryf VOC se retoervlootstelsel en die oorsprong van verwoestende pokke aan die Kaap oop
Krummels is mos die lekkerste deel: ’n gesprek oor boeke, kos en die lewe
Die volgende resensies het gedurende Julie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:
3 Julie
Uittreksel: Herman Lategan se outobiografie, Hoerkind: Die memoires van ’n randeier
Resensie: The Second Verse deur Onke Mazibuko, geresenseer deur Jonathan Amid
Nuut op die rak: “Leesgoed teen die gal”
10 Julie
Resensie: Stefaans Coetzee resenseer Rooigety deur Bets Smith
17 Julie
Onderhoud: Adele Vorster gesels met Johan van Zyl oor haar debuutroman, Tien voor een
24 Julie
Resensie: Louise Viljoen resenseer Tom Dreyer se flitsverhalebundel Kodachrome
Uittreksel: Die verhaal “Roentgenizdat” uit Tom Dreyer se Kodachrome
31 Julie
Resensie: Herman Lategan resenseer Bottelnek breek bek deur Dianne Du Toit Albertze
Resensie: Adele Vorster resenseer Dwars: Rare karakters onder ons deur Daniël Lötter
Die volgende resensies het gedurende Julie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:
5 Julie
’n Fantasieryke reeks oor drake
Hierdie wonderlike avontuur- en fantasieryke reeks deur Andy Shepherd sal menige kinderhart opgewonde laat klop en hulle heerlik laat skaterlag.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
13 Julie
Blinde mol of wyse uil?
Christene moet nie net lief wees vir die Here se waarheid nie; hulle moet die waarheid praat en leef.
Lees die resensie deur Louise Viljoen (Jeffreysbaai).
Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.
30 Julie
Profiel: Weet jy wie is Emma Crebolder?
Elodi Troskie skryf oor, en tree in gesprek met, die Nederlandse digter Emma Crebolder
Die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam bied in samewerking met die Taalunie ’n reeks aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.
Daar is nie in Julie ’n episode vrygestel nie.
Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat/?_sf_s=Skrywers%20en%20Boeke
Woensdag 6 Julie
Kaptein Ben Booysen, die man wat die Electus Per Deus-moordbende aangekeer het, wat Krugersdorp sedert 2012 geterroriseer het, gesels met Ilse Salzwedel oor sy boek Op die duiwel se spoor (geskryf in samewerking met Nicki Gules). In sy internasionale insetsel bring Johan Myburg hulde aan die Australiese skrywer Frank Moorhouse, wat onlangs oorlede is. Jy kan ook hoor wat die Britse skrywer Philip Pullman te sê het oor die Sheffield Hallam-universiteit in Brittanje se besluit om letterkunde as graadkursus te skrap. Jy kan ook luister na ’n insetsel waarin die bekroonde skrywer Hilary Mantel oor haar werk gesels. Ina Strydom gesels ook kortliks oor RSG se radiodramaskryfkompetisie, waarvan die sperdatum op 1 Augustus is, en sy vertel meer oor Rudie van Rensburg se Hans breek die bioborrel, RSG se nuwe oggendboekvoorlesing.
Woensdag 13 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Helena Gunther oor haar bundel, Die hart het sy redes. Johan Myburg vertel meer oor die Nederlandse digter en skrywer Remco Campert, wat onlangs oorlede is, en die Duitse vertaling van die skrywer Cristina Morales se boek Easy Reading wat pas met ’n internasionale letterkundeprys bekroon is. Hy gesels ook oor ’n heruitgawe van die Antiguaans-Amerikaanse skrywer Jamaica Kincaid se roman, Annie John. Jy sal ook kan luister na ’n uittreksel waarin Kincaid vertel hoe sy as driejarige reeds leer lees het. Gewilde skrywers soos Irma Joubert, Rudie van Rensburg, Chris Karsten, Helene de Kock en Sophia Kapp praat oor ’n verskynsel wat ’n groot invloed op die Suid-Afrikaanse boekbedryf het – die onwettige verspreiding van e-boeke.
Woensdag 20 Julie
Ilse Salzwedel gesels met Ilse Verster, ’n slagoffer van mishandeling, oor haar inspirerende boek, So lyk ’n vrou: my 40 jaar saam met ’n narsis. Marie Lotz gesels oor haar nuwe spanningsroman, Polsslag. In sy internasionale bydrae het Johan Myburg nuus oor John Galsworthy, skrywer van The Forsyte Saga, wat tans op TV te sien is. Johan gesels ook oor nuwe internasionale vrystellings vir jou boekrak, en ’n nuwe boek deur Karen Armstrong oor die mens se band met die natuur, getiteld Sacred Nature: How We Can Recover Our Bond With The Natural World. Jy kan ook luister na ’n kort uittreksel uit ’n toespraak waarin Armstrong oor haar boek praat.
Woensdag 27 Julie
Brian Fredericks praat met Suzette Kotze-Myburgh oor sy roman Hou jou oë oop. Troula Goosen, ‘n jeugromanskrywer, gesels oor haar skryfwerk en gratis kreatiewe skryfkursus wat sy vir skole beskikbaar stel. Johan Myburg bespreek Claire Keegan se Small Things Like These en ander wenners van die Britse Orwell-pryse; en Bodies of Light, Jennifer Down se roman wat met die Australiese Miles Franklin-prys bekroon is. Johan bring ook op ’n treffende manier hulde aan die digter Don Matera, wat verlede week oorlede is. Jy kan o.a. luister na ’n pragtige klankproduksie waarin Don Matera een van sy gedigte voorlees terwyl die ikoniese Pops Mohamed vir agtergrondmusiek sorg.
Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Julie op RSG uitgesaai is, kan geluister word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-resultaat?_sft_category=vers-en-klank-potgooi
Dinsdag 5 Julie
Die afgelope naweek het 2022 sy halfpadmerk verbygesteek. Ses maande is al weer in ’n oogwink verby, en ’n mens kan nie help om te wonder nie: Waar loop die tyd met ons heen? Ons luister na gedigte oor die tyd – die verloop daarvan, die vrees daarvoor, hoe ons maar gereeld bestekopname doen om te kyk of ons nog byhou, en ook darem “van tyd tot tyd” dit regkry om in die kosbaarste van alle tye – die hede – teenwoordig te wees. Die voorleser is Susanne Beyers.
Dinsdag 12 Julie
Die grootwordjare is nie maklik nie, en vir elke onskuldige kind lê daar iewers langs die pad ’n stadium van ontnugtering voor. Luister na gedigte oor dié moeilike lewensfase se warboel emosies en soeke na begrip. Jy kan uitsien na treffende verse deur Lynthia Julius, André Trantraal, Corné Coezee en Hannes Visser. Die voorleser is Kay Smith.
Dinsdag 19 Julie
Nelson Mandela is op 18 Julie, ’n 104 jaar gelede, in die Oos-Kaapse dorpie Mvezo gebore. Ons luister na gedigte oor dié geliefde leier. Heelwat daarvan kom uit die pen van Antjie Krog, tesame met werke van Marius Titus, André Boezak, Clinton V. du Plessis en Vincent Oliphant.
Dinsdag 26 Julie
Die joernalis, manuskripkeurder, skrywer en digter Petra Müller wat in 2021 oorlede is, sou vandeesweek 87 jaar oud geword het. Ons luister na Joanie Combrink se voorlesings uit verskeie van Müller se digbundels, en na argiefopnames met die digter waarin sy van haar eie werk voordra. Dit is die eerste deel van twee programme oor Petra Müller.
Boekkeuse, Fine Music Radio
Elke maand gesels Amanda Botha in hierdie boekeprogram met ’n skrywer of twee oor hul nuutste publikasie. Die besprekings word gekombineer met korter boekresensies wat strek oor ’n wye verskeidenheid van genres in die Afrikaanse letterkunde.
Die fokus is hierdie keer op Herman Lategan se treffer-memoire, Hoerkind, memoires van ‘n randeier, en twee debute – Celesté Fritze se digbundel, Verdeelde stand, en Carien Smith se prosadebuut, Bot. Marie Spruyt se roman, Droomboom, word ook bespreek, asook Ben Viljoen se Die vloek van Levitikus en Emile Joubert se Krummels in my koffer. Vind ook uit oor Haas Das se ma, Louise Smit, se nuwe skepping, Felina Kat: geheime agent.
’n Potgooi van die program is hier beskikbaar: https://www.fmr.co.za/podcasts/boekkeuse/
Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/
In Julie het sy die volgende resensie vir Fine Music Radio gelewer: Die verleiding van Eva de Winter deur Louis Krüger
Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.
6 Julie
Resensie: Nini Bennett resenseer Verdeelde stand / Divided Stance deur Celesté Fritze
28 Julie
Resensie: Joanette van der Merwe resenseer Geleende seisoene deur Carla Botha
SARIE / sarie.com
Die volgende resensies en skrywersonderhoude het in Julie verskyn op sarie.com, die aanlyn tuiste van SARIE-tydskrif, en in die tydskrifuitgawe – onder redaksie van boekeredakteur Phyllis Green:
Onderhoud: Phyllis Green in gesprek met Marida Fitzpatrick oor Mara
Onderhoud: Marzanne Schoeman gesels met Hannes Barnard oor Die Wet van Gauteng
Onderhoud deur Phyllis Green met Sally Andrew oor The Milk Tart Murders
Onderhoud: Phyllis Green praat met prof. Sean Davison oor The Price of Mercy
Onderhoud: Phyllis Green in gesprek met Herman Lategan oor Hoerkind
Onderhoud: Phyllis Green praat met Johan Jooste en Tony Park oor Rhino War
Resensie: Susan Puren bespreek Polsslag deur Marie Lotz
Boekuittreksel: Meer as net ’n ma deur Lente Swift, Suzanne Smit en Juanli Theron
The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Julie 2022 appeared first on LitNet.
Paulet Huis in Somerset-Oos | Foto: verskaf
Inleiding
Na ’n onderbreking van twee jaar weens die COVID-19-pandemie is die Jake Gerwel Stigting en Brussels-gebaseerde International House of Literature Passa Porta se Dialoogprogram vir Skrywers van die Lae Lande en Suid-Afrika weer onderweg.
Die samewerking tussen die Jakes Gerwel Stigting en Passa Porta is in 2019 bevestig met die eerste skrywersresidensie vir twee Suid-Afrikaners, Chase Rhys en Denver Breda, en twee Belgiese skrywers, Miriam Van hee en Rachida Lamrabet, by die Stigting se Paulet Huis in Somerset-Oos, Oos-Kaap.
Twee Vlaamse skrywers word elke jaar gekies om die residensie met twee Suid-Afrikaanse skrywers te deel. Op hierdie manier moedig die vennote kruisbestuiwing tussen die skryfwerk van skrywers van verskillende agtergronde aan en streef daarna om die versameling literatuur van hier en oorsee te verryk.
Meer oor die vennote
Hierdie samewerking spruit uit professor Jakes Gerwel se beduidende nalatenskap deurdat hy sy doktorsgraad in Literatuur en Filosofie (magna cum laude) in 1979 aan die Vrije Universiteit in Brussel behaal het. Sy tesis is in 1983 gepubliseer onder die titel Literatuur en apartheid: Konsepsies van “gekleurdes” in die Afrikaanse roman tot 1948. Dit was ’n studie wat ’n geweldige groot impak op die Afrikaanse literêre kritiek gehad het.
Die Stigting se mikpunt vandag is om Suid-Afrikaanse literatuur in die algemeen, maar spesifiek Afrikaanse literatuur wat professor Gerwel se spesialisgebied was, te bevorder en uit te brei.
Die Stigting fokus op:
Die Stigting is egter oop vir veeltaligheid soortgelyk aan ons vennoot Passa Porta wat ’n veeltalige bymekaarkomplek is in Brussel, ’n stad waar 180 nasionaliteite saam bestaan. Passa Porta beklee ’n plek in die hartjie van al hierdie tale en bied ’n paspoort vir lesers om hul gunstelingskrywers van die huis en elders te ontmoet en nuwe skryfwerk te ontdek.
Dit is bowenal ’n plek waar skrywers, kunstenaars en vertalers hul pas stadiger kan maak en ’n platform kan hê waar hulle idees, tekste en stories kan uitruil. Elke tweede jaar sak honderde skrywers en kunstenaars op Brussel toe om aan die Passa Porta-fees wat Brussel as ’n literatuurstad eer, deel te neem.
Residensie-inligting
Die voluitbetaalde Dialoogprogram vir Skrywers van die Lae Lande en Suid-Afrika vind plaas by Paulet Huis in Somerset-Oos van 7 tot 21 November 2022. As jy wil deel wees van hierdie opwindende samewerking, stuur asseblief jou voorlegging aan die uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, Theo Kemp, by theo@jgf.org.za teen 5 September 2022.
Residensie-vereistes:
Meer oor die Belgiese skrywers
Yousra Benfquih
Afgesien van die feit dat sy ’n internasionale menseregtejuris is, is Yousra Benfquih ook ’n skrywer, rubriekskrywer, digter en gesprokewoordkunstenaar. Sy het die txt-on-stage-kompetisie Naft voor Woord in 2017 gewen. Haar rubrieke verskyn gereeld in publikasies soos De Standaard, De Morgen, VRT NWS, rekto:verso, SamPol en Knack, terwyl die klankopname van haar brief aan De Held van de Week elke maand op die Vlaamse Radio 1 gehoor kan word. Haar digkuns, waarin sy daarna streef om humor en erns asook ongemak en patos te balanseer, het reeds op vele platforms verskyn.
Yousra behaal in 2020 haar PhD aan die Universiteit van Antwerpen en ontvang in 2021 die Max van der Stoel-menseregtetoekenning 2021 vir haar PhD-verhandeling in die veld van internasionale menseregte. Haar verhandeling is getiteld “Reasonable Accommodation in Education: An Integrated Human Rights Approach on the Basis of the Right to Equality, Inclusive Education and Freedom of Religion”.
Fleur Pierets
Fleur is ’n bekroonde Belgiese kunstenaar en skrywer asook ’n LGBTQ+-aktivis. Sy kombineer verskillende media soos fotografie en uitvoerende kunste met skryf. Haar werk word gekenmerk deur positiewe aktivisme wat fokus op wat ons saambind eerder as wat ons skei. Fleur se boek Julian, waarin sy skryf oor die verlies van haar vrou en hul werk saam, het in 2019 verskyn. Haar kinderboek Love Around the World (2019) is in New York gepubliseer. Fleur bied lesings regoor die wêreld aan.
Vir meer inligting, sien:
The post Persverklaring: Dialoogprogram vir Skrywers van die Lae Lande en Suid-Afrika appeared first on LitNet.