Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Nuut by Human & Rousseau: Felina Kat, geheime agent deur Louise Smit, geïllustreer deur Zinelda McDonald

$
0
0

Timo wonder wie die geheimsinnige inwoner op die boonste verdieping van hulle woonstelblok is. Wanneer hy gaan ondersoek instel, verander sy vervelige skoolvakansie skielik in ’n groot avontuur! Hy maak kennis met Felina Kat, maar sy is geen gewone kat nie ... Sy is ’n GEHEIME AGENT. Speurder Skote Petoors het ’n probleem. ’n Kosbare blou diamantring is gesteel en daar is nog geen leidraad nie. Die geheime agent moet kom help. Sal Felina, Skote en Timo saam die skurke kan vastrek? 

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books.

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post Nuut by Human & Rousseau: <i>Felina Kat, geheime agent</i> deur Louise Smit, geïllustreer deur Zinelda McDonald appeared first on LitNet.


Nuut by Tafelberg: Spikkelsterre op Mtwana deur Christien Neser

$
0
0

Mieke se pad kruis met Sasha Dyssel, Miss Eco Warrior Limpopo-finalis, wat die skool en Mtwana se gas is. Fen en al die graad 7-seuns verloor hul harte op die mooie Sasha. Maar dis Mieke wat die dieper kant van die meisie leer ken, en uitvind waarom sy en Smiley, die outjie wat gedurig ’n nuwe blouoog het, soveel gemeen het. Die ontknoping is die finaal van Miss Eco Warrior, met afskeid en oorgang vir beide Mieke en Fen wat deur die storie verweef is.

Klik hier vir meer inligting oor dié publikasie.

Hier is jou naaste tak van Bargain Books.

As jy nie die boek sien nie, vra gerus die personeel om dit te bestel.

The post Nuut by Tafelberg: <i>Spikkelsterre op Mtwana</i> deur Christien Neser appeared first on LitNet.

New from Best Books: Fun with English First Additional Language in grade 1 – Workbook by Mart Meij and Glaudina Rossouw

$
0
0

This workbook has been written along with the Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) guidelines. It follows the CAPS-prescribed progression of topics, and the prescribed progression of phonics and reading skills to be acquired. The book indicates in which week each worksheet, practice page and vocabulary game must be used and reflects the step-by-step progression of acquiring new skills.

The workbook has been developed to support parents and educators in helping children master English as quickly as possible and in a fun way.

It includes:

  • worksheets, fun games and practice pages to inculcate and instil the written oral vocabulary and phonics activities
  • full colour topical picture cards to practise vocabulary and enhance auditory and visual phonics skills
  • full colour sound cards to practise the discrimination of sounds and word building
  • weekly lists of sight and spelling words
  • guidelines and hints, as well as picture vocabulary for the educator or parent on how to teach the activities.

Click here for more information about this publication.

Find a Bargains Books store near you.

If you do not see the book, please ask the staff to order it.

The post New from Best Books: <i>Fun with English First Additional Language in grade 1 – Workbook</i> by Mart Meij and Glaudina Rossouw appeared first on LitNet.

Pasverskyn: Eugene deur Kirby van der Merwe

$
0
0

Eugene
Kirby van der Merwe

Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798182645

Eugene ken van skollies, gangsters en crooks. Hy is streetwise, al lyk hy nou soos iemand uit die upper middle class. Hy kom immers uit die ghetto se killing fields van die 60’s, 70’s en 80’s. Maar nou is dit baie jare later. En die ou alliances met sy kindervriende Alan, Huey en Jenny ná alles destyds in Hillbrow tussen hulle skeefgeloop het, bestaan nie meer nie, en Eugene word aangekla van moord. 

’n Aangrypende roman oor vriendskap en verraad.

The post Pasverskyn: <i>Eugene</i> deur Kirby van der Merwe appeared first on LitNet.

Metafore vir bepaalde psigologiese verskynsels

$
0
0

Fotobron: https://pixabay.com/photos/rocks-cairn-balance-rock-balancing-15712/

Inleiding

Volgens die Collins English Dictionary is ’n metafoor “an imaginative way of describing something by referring to something else which is the same in a particular way”, oftewel ’n manier van praat oor ’n ding asof dit iets anders is.

Die gebruik van metafore is van besondere belang in die sielkundige onderhoud.

Die individuele menslike ervaring is nooit simplisties nie.

Die aard van die menslike subjektiewe ervaring word gewoonlik oorgedra as ’n verweefde entiteit van hoofsaaklik affektiewe (emosionele) en kognitiewe (Intellektuele) elemente binne ’n temporele agtergrond.

Die uitruil van inligting tussen individue is selde formeel gestruktureer of vooraf beplan. Laasgenoemde is nie natuurlik nie, aangesien menslike kommunikasie eerder die vorm aanneem van ’n stroom van bewussynsinhoude waartydens die sender daarvan ervarings of inhoude soos subjektiewe indrukke, gevoelens of persepsies beklemtoon en hierop uitbrei. Dit gee aan menslike kommunikasie sy ryk, besonderse en unieke karakter.

Die sielkundige se doelwit is dikwels om ’n holistiese beeld van die pasiënt se situasie te kry.

Sodra ’n metafoor teruggespieël word aan ’n pasiënt/kliënt en deur laasgenoemde bevestig word, word dit terapeuties betekenisvol.

Die waarde van metafore in die besonder; die psigologie

Omdat die beeld wat deel uitmaak van die metafoor ongekompliseerd is, kan dit maklik onthou en gebruik word as ’n voorstelling of verwysing wanneer ook al nodig. Hoe minder ingewikkeld ’n metafoor, hoe makliker kan dit bydra tot begrip van die kern van ’n gegewe situasie. Laasgenoemde maak dit baie makliker om

  • die presiese dinamika van die situasie akkuraat te peil
  • te help met die oplossing van ’n probleem buite die situasie waarin dit plaasgevind het (byvoorbeeld weerkaatsing van iets wat vroeër met die pasiënt gebeur het)
  • te help met soortgelyke situasies waarin die pasiënt/kliënt hom/haar later mag bevind (narsistiese misbruik, boeliegedrag, huweliksdisfunksie).

Hierdie punte kan geïllustreer word deur die werking van ’n eenvoudige elektriese stroombaan:

Wanneer ’n mens (i) die negatiewe pool van ’n battery aan ’n skakelaar (’n toestel wat ’n elektriese stroom breek of laat deurvloei) koppel, (ii) die positiewe pool van dieselfde battery aan ’n gloeilamp koppel, en (iii) die tweede punt van die gloeilamp aan die tweede punt van die skakelaar koppel, skep jy ’n eenvoudige elektriese stroombaan. Skakel jy die skakelaar aan, brand die gloeilamp. Skakel jy dit af, breek jy die vloei van energie wat uit die battery na die gloeilamp beweeg en doof dit uit.

Prent: verskaf

(Die duimspyker en papierknippie verteenwoordig eintlik ’n skakelaar en dit verbind die battery en die gloeilampie, wat sal brand.)

’n Begrip van die werking van so ’n stelsel help veral met foutspeuring. Die werking van ’n eenvoudige baan soos hierdie kan help om ’n mens ’n goeie insig te gee in die grondliggende funksionering van ’n elektriese stroom. Dit stel jou in staat om die werking daarvan beter te verstaan​, te ontleed, en die toestel te herstel of te gebruik.

So byvoorbeeld, wanneer ’n individu deel uitmaak van ’n groter sisteem (bv die werksituasie) en hy of sy by geleentheid voel dat hy of sy nie meer so gemotiveerd is as voorheen nie, kan dit toegeskryf word aan verskeie faktore, byvoorbeeld: Die individu se salaris is ontoereikend. (Allegorie: Die battery gee te min krag of die drade binne die isolering is verbrokkel.)

 Indien jy meer dikwels van die werk verlof neem, kan dit wees vanweë uitbranding. (Allegorie: Die kragtoevoer was in ’n stadium té hoog en het die lampie laat uitbrand.) Of jou salaris word nie gereeld of betyds inbetaal nie, of daar is moeilikheid met die inbetaling daarvan. (Allegorie: Die skakelaar is ondoeltreffend of stukkend.)

  • Metafore bied dus ’n sekere mate van beheer aan die individu. Op sy beurt kan beheer lei tot ’n vermindering van angs en hierbenewens selfvertroue verbeter of versterk.
  • Metafore kan ook gebruik word as ’n metode van realiteitstoetsing. Sou die individu skielik oorweldig of verswelg word deur ’n stortvloed probleme, kan hy/sy kennis neem van die belangrikheid daarvan om ’n hoofdoel in die lewe te hê.

(Allegorie: ’n Individu wat in ’n vreemde stad reis, identifiseer ’n radio-uitsaaitoring as ’n verwysingsbaken. Alhoewel hy/sy soms die verkeerde afdraaipad neem of deur die verkeer gedwing word om in die teenoorgestelde rigting van die beplande bestemming te beweeg, kan hy/sy die toring voortdurend in die oog hou (ook met behulp van die truspieël) en suksesvol sy/haar bestemming bereik.

Die toring help dus om die regte rigting te handhaaf. Daarom, al kry die reisiger teëspoed onderweg na sy/haar bestemming, bereik hy/sy haar doel veilig vanweë ’n standvastige en duidelike rigtingbaken.

  • Metafore kan dien as ’n universeel verstaanbare stawing van ’n individu se ellende of lyding.
  • Omdat metafore deur die meeste mense verstaan ​​en waardeer kan word, verhoog dit hul waarde as ’n terapeutiese hulpmiddel.
  • Metafore kan van waarde wees wanneer die pasiënt/kliënt se dilemma aan ’n geliefde/betrokkene oorgedra moet word.
  • Metafore kan die ontwikkeling van verskillende beskouinge oor ’n besondere inhoud in die hand werk. Dit is merendeels vanweë die holistiese beeld wat metafore bewerkstellig. (Allegorie: Die mens wat verstrengel of vasgevang is in die hindernisse van ’n situasie, sien soms moeilik die geleenthede om dit te oorkom.)

Hierdie proses kan vergelyk word met die waarde van ’n weersatelliet soos dit deur seevaarders gebruik word: Ten spyte daarvan dat sterk winde en reënstorms ’n seilskip heen en weer slinger, kan ’n weersatelliet ver bo die aarde help om windrigtings en storms per radiosein te gee. Dit kan die seevaarder help om te sien waar storms in sy omgewing ontstaan en woed en hoe om sy jag se seile te span om hieruit te beweeg.

Taferele

Die rol van die sielkundige in die pasiënt/kliënt-verhouding

Verskillende vorme van menslike problematiek vereis dikwels verskillende psigoterapeutiese benaderings. Daar bestaan baie verskillende psigologies-terapeutiese tegnieke. Die wye verskeidenheid tegnieke maak dit moeilik om ’n eenvoudige fundamentele beskrywing van psigologiese terapie aan die nieprofessionele persoon te bied.

Hoe teenstrydig dit ook al mag klink, kan psigoterapie nie beskryf word as ’n presiese/eksakte wetenskap nie, maar eerder as ’n abstrakte kunsvorm wat gegrond is op wetenskaplike beginsels, logika en empatie.

Dit is belangrik om te weet dat die meeste psigoterapeutiese verhoudings dieselfde fundamentele gemeenskaplikhede gemeen het, naamlik:

  • Die sielkundige kan nie altyd teenwoordig wees om ’n pasiënt/kliënt in elke moontlike situasie te help nie.
  • Die pasiënt moet gelei word om alle middele tot sy/haar beskikking optimaal te gebruik om by lewenseise aan te pas.
  • Die pasiënt moet dus so ver as moontlik onafhanklik funksioneer.

Om bostaande te illustreer, word die volgende metafoor aangebied: Die sielkundige kan gesien word as ’n seevaartingenieur en die pasiënt ’n seiljagvaarder. Wanneer die seiljagvaarder probleme op see ondervind, kan hy na die hawe terugkeer en die ingenieur raadpleeg. Met sy aankoms kan die ingenieur óf die vaarder se hele boot nagaan óf nét daardie deel waarmee die vaarder probleme ondervind. Dit kan byvoorbeeld die roermeganisme, die ankermeganisme, kompas, ’n kabel, of enige ander deel wees wat probleme gee. Die ingenieur is in staat om die probleem te ontleed in terme van oorsaak en gevolg en dit aan die vaarder verduidelik. Die ingenieur hou altyd in gedagte dat die vaarder in ’n stadium alleen op see kan wees wanneer probleme ontstaan. Hy hou ook in gedagte dat die vaarder slegs sekere gereedskap byderhand kan hou (dáárdie waarmee bote normaalweg toegerus is) en sal die vaarder leer hoe om dit met die beste moontlike resultate te gebruik. Die vaarder is dan toegerus met meer kennis en vertroue en kan sy/haar volgende reis begin.

ʼn Metafoor vir die funksionele dinamika van abreaksie (katarsis)

Die begrip katarsis (vrystelling) behels ’n kragtige emosionele komponent waarin sterk emosies ervaar en uitgedruk word, sowel as ’n kognitiewe komponent waarin die individu nuwe insigte kry. Die doel van katarsis is volgens dr Kendra Cherry “om ’n vorm van positiewe verandering in die individu se lewe teweeg te bring”. Sy meen katarsis “behels beide ’n kragtige emosionele komponent waarin sterk emosies gevoel en uitgedruk word, en ’n kognitiewe komponent waarin die individu nuwe insigte kry. Die doel van katarsis is om ’n vorm van positiewe verandering in die individu se lewe teweeg te bring” (https://www.verywellmind.com/what-is-catharsis-2794968).

As gevolg van die fundamentele dinamika van “abreaksie” kan aanvaar word dat dit oor "ontladingseienskappe” beskik. As gevolg van die intense aard van die proses gaan dit baie keer gepaard met onmiddellike sielkundige ongemak van ʼn redelik intense aard.

Die psigodinamika van ’n abreaksie kan vergelyk word met ’n "fisieke wond wat versorg en gedreineer word. Dreinering van ’n wond is nodig om ontslae te raak van kwaadaardige stowwe wat die genesing en die toegroei daarvan inhibeer, asook om pyn te verminder. Hierdie proses is dikwels ’n ongemaklike een, maar lei uiteindelik daartoe dat daardie besondere deel van die liggaam genees en weer gebruik kan word wanneer ook al dit nodig is – vrylik, konstruktief en sonder negatiewe afwagting of vrees."

’n Metafoor vir die instandhouding van ’n verhouding

Die sukses van ’n persoonlike verhouding hang grootliks af van die vermoë om elke probleem wat tussen die lede van ’n paartjie mag ontstaan, aan te spreek en deur te werk.

Indien sulke probleme geïgnoreer word, kan dit op die lange duur nadelige gevolge vir die verhouding inhou.

Konflikte wat nie dadelik aangespreek word nie, kan met verloop van tyd na die onbewuste beweeg waar dit geleidelik ophoop en tot gevoelens van vyandigheid by beide lede kan lei.

In tye van konflik kan spanning en emosies lei tot ’n blokkasie van die vermoë om materiaal uit die onbewuste op te roep. Die gevolg is dat kwessies wat nooit aangespreek is in die verlede nie, in die onbewuste bly en spanning hier laat opbou.

Belangrike oorsaaklike probleme bly op dié manier versluier en onduidelik en kan dikwels nie sonder die hulp van ’n professionele sielkundige geïdentifiseer, aangespreek of herstel word nie. Onderliggende probleme kan skielik en onverwags na die bewuste dring en as ’n uitbarsting manifesteer.

Dit gebeur maklik wanneer mense wat besige lewens lei, min tyd het om elke krisis aan te spreek en op te los, veral die kleineres. Die uiteindelike effek van sulke verwaarlosing kan skadelik wees en tot die verbrokkeling van ’n verhouding lei.

Hierdie verskynsel kan as volg geïllustreer word: ’n Lang staalbrug of -struktuur kan mettertyd soms roes op plekke ontwikkel. Dit mag plekke wees wat nie noodwendig baie gewig of baie beweging steun nie, maar wel tot ’n ineenstorting van die hele struktuur kan lei as dit geroes is.

Sodra ’n geroeste deel geïdentifiseer is, moet onmiddellik hieraan aandag gegee word. So ’n plek behoort dadelik deeglik skoongemaak (of selfs weggeslyp en vervang), of gelas en beskerm te word deur die toediening van ’n teenroesmiddel.

Hierdie soort deurlopende instandhouding verseker sterkte en weerstand teen vernietigende interne én eksterne kragte. Indien nodig kan die struktuur van die konstruksie gereeld en noukeurig ondersoek word vir moontlike verswakkings of skade.

ʼn Metafoor vir die herstellende effek van slaap op die geheue

.........
Slaap moet beskou word as ’n herstellende proses waartydens optimale sielkundige funksionering teweeggebring word.
..........

Slaap moet beskou word as ’n herstellende proses waartydens optimale sielkundige funksionering teweeggebring word. Slaap word algemeen beskou as ’n tyd waarin probleemoplossing plaasvind en beduidende Gestalten voltooi word. Die feit dat dit ’n invloed op konsentrasie het, impliseer dat dit kan help met die logiese rangskikking en berging van kognitiewe en affektiewe materiaal wat gedurende die wakende ure gebruik word, asook om nuwe materiaal te klassifiseer, te assimileer en te stoor. Die onderbewussyn moet dus nuwe sowel as bestaande materiaal verwerk en dit stoor vir vinnige herwinning en vir die volgende geleentheid se gebruik. Met ander woorde, slaap stel die individu in staat om sy/haar sielkundige potensiaal te optimaliseer.

Die stoorfunksie van slaap kan vergelyk word met die aktiwiteite van ’n besige kantoor gedurende die dag wanneer baie lêers uit die argiewe getrek word. Die inhoud van elke lêer word verwerk en nuwe materiaal kan bygevoeg word. Die inhoud van sommige kan afgehandel word en die inhoud van ander word weggegooi.

Om die volgende dag getrek en gebruik te word, moet die lêers op ’n logiese manier in die argiewe teruggeplaas word. As daar nie tyd is om die lêers wat elke dag gebruik word, te sorteer en te stoor nie, sal dit in die kantoor bly en oral rondlê, en dit sal meer moeite en energie verg om die volgende dag se sake te doen.

Nodeloos om te sê, so ʼn situasie sal waarskynlik druk, spanning en selfs konflik binne die stelsel tot gevolg hê. Sou daar nóg ’n dag verbygaan sonder dat die lêers afgehandel, gesorteer en gestoor is, kan probleme net eskaleer, en waarskynlik sal emosionaliteit toeneem en uiteindelik lei tot paniek. Indien die situasie voortduur, mag selfs nog meer energie nodig wees om die lêers onmiddellik te vind. Die gepaardgaande stres en konflik kan die stelsel se hulpbronne verder dreineer totdat dit nie meer kan funksioneer nie en die stelsel inmekaar stort.

’n Metafoor vir die dinamika van sommige aspekte van verbale interaksie

Menslike verhoudings word grootliks beïnvloed deur beide verbale en nieverbale interaksie. Kommunikasie is verreweg die belangrikste dimensie van die mens se bestaan. Gedurende jou lewe het jy veel meer verbale as fisiese kontak met ander. Op die oog af beleef mens fisiese interaksie as die mees prominente. Fisiese eienskappe en verbale vermoëns is dáárdie media wat jou in staat stel om as ʼn persoon tussen ander te bestaan. Dit is die fisiese dimensie van die mens. Verbale interaksie is onsigbaar, maar kan ’n blywende invloed hê op menslike gedrag, motiverings, intellektuele funksionering en die welsyn van mense met wie jy in aanraking kom. Dit kan dus aanvaar word dat verbale aktiwiteit ʼn vername en omvangryke dimensie van die menslike bestaan uitmaak.

Beide fisiese en verbale vermoëns is besondere talente wat aan die mens gegee is – die vermoë om begrip te hê vir die gevolge van sy/haar dade en woorde en die vryheid van keuse om oor die gebruik hiervan te besluit. In die reël is gereedskap gewoonlik baie doeltreffend. Dieselfde gereedskap kan vir verskillende doeleindes gebruik word. Dit kan gebruik word om iets te skep of te herstel, of dit kan ook gebruik word om iets te breek. ’n Mes kan byvoorbeeld gebruik word om voedsel voor te berei of te deel. Dit kan ook gebruik word om ’n roof te pleeg of om ’n lewe te beëindig. Die keuse behoort aan die persoon wat dit besit.

Die “gereedskap” (woorde) wat jy gebruik, kan veroorsaak dat mense óf weg van jou af beweeg, óf na jou toe. Verbale aggressie soos dit manifesteer in byvoorbeeld sarkasme, vyandigheid of venynige opmerkings, weerspieël dikwels ’n spesifieke houding, onderliggende woede of gemoedstemming en kan ʼn afstand tussen jou en ander tot gevolg hê.

Al is iemand byvoorbeeld lief vir ʼn kat, maar deur die kat gekrap word elke keer wanneer die persoon dit probeer streel, sal die individu se motivering om die aktiwiteit te herhaal, afneem, ten spyte daarvan dat die persoon baie lief is vir die dier.

Die aanvanklike reaksie van die meeste mense is dat sulke interaksie noodwendig vir hulle “sleg” is, en hul instinktiewe reaksie is om die verhouding te verlaat of dit te beëindig. Dit kan lei tot selfs ’n groter verlies as wins vir die betrokkenes. Alhoewel verbale konflik of wrywing ’n negatiewe invloed op persoonlike verhoudings kan hê, kan die toepassing van positiewe aanvaarding positiewe gedrag tot gevolg te hê, en kan dit geleentheid bied vir persoonlike groei en psigiese nabyheid.

’n Metafoor vir tuiskoms na ’n besige dag

..........
Die invloed van ’n mens se werk en eksterne stressors op die funksionering van ’n huishouding word dikwels onderskat.
Selfs onder normale omstandighede verg die handhawing van psigiese harmonie in ’n huishouding baie meer inspanning, dissipline en geduld as wat dit op die oog af mag lyk.
............

Die invloed van ’n mens se werk en eksterne stressors op die funksionering van ’n huishouding word dikwels onderskat.

Selfs onder normale omstandighede verg die handhawing van psigiese harmonie in ’n huishouding baie meer inspanning, dissipline en geduld as wat dit op die oog af mag lyk.

Afgesien van interne stressors in ’n huishouding, kan eksterne stressors ernstige ontwrigtende invloede op die vrede binne ’n gesinsopset hê. Gesinslede wat werk of skool bywoon, word daagliks gekonfronteer met frustrasies, druk, wrywing, stres, probleme en soms konflik in hul eie individuele interaksie met ander. Baie hiervan kan nie aangespreek of opgelos word sodra dit voorkom nie, wat lei tot voortgesette pogings om dit gedurende die dag en soms selfs aan die einde van die dag te verwerk. Sulke psigiese aktiwiteit kan ’n negatiewe invloed op jou gemoedstoestand hê, wat weer ’n negatiewe invloed op jou nabye gesinslede meebring.

Indien mens die negatiewe invloede van die werksomgewing volkome en altyd van dié van die huis sou kon skei, sou dit ’n aansienlike vermindering van spanning tot gevolg hê. Hierdie soort skeiding is egter nie altyd prakties moontlik nie. Al is mens met tuiskoms nog besig om werksprobleme te prosesseer, moet jy dikwels help met dié van die huishouding.

Dit beteken dat die tydperk ná tuiskoms ’n hoër strespotensiaal het vir die werkende of studerende gesinslid.

Sodra jy by die huis aankom, en skielik gekonfronteer word met probleme, beteken dit dat jy nog nie ’n kans gehad het om die dag se stres en probleme te verwerk, dit opsy te skuif of af te handel nie. Eers nadat jy hieraan (die “aflaai, uitpak en bêre” van jou werkbagasie) aandag gee, kan jy jou sielkundige ewewig vind en meer ontvanklik wees vir die hantering van daardie probleemoplossing/ondersteuning wat jou aandag vereis.

Hierdie situasie kan vergelyk word met dié van die vlieëniers van ’n passasiersvliegtuig wat pas hul vliegtuig geland het. Die feit dat die vliegtuig aan die einde van die aanloopbaan gestop het, beteken nie dat die vlug voltooi is nie. Die vliegtuig moet na die aangewese gebied geloods word. Dit in sigself is moeilik, aangesien daar baie aktiwiteite op die ruimte van die parkeerarea is.

Nadat die vliegtuig geparkeer is, moet allerlei nasienpligte uitgevoer word, passasiers moet afklim en bagasie moet afgelaai word. Die vlieëniers het dus nog prosedures om te volg en kontrolelyste om in te vul. Hulle moet byvoorbeeld die vliegtuig inspekteer om seker te maak dat dit geen skade gekry het tydens die vlug nie en of die vliegtuig gediens moet word en wanneer. Met ander woorde, wanneer die vliegtuig tot stilstand gekom het, is daar nog verskeie pligte wat die loodse moet nakom. Hulle kan nie summier hul baadjies aantrek en die vliegtuig verlaat nie.

So ook met die gesinshoofde en -lede wat pas tuisgekom het. Dit is raadsaam dat hulle gereeld die geleentheid kry vir “psigies take” wat afgehandel moet word voordat hulle by die gesinsinteraksie aansluit. 

’n Metafoor vir die gevolge van angs wat tot paniek lei

Die mediese nuusbrief van die webwerf MedicalNews Today beskryf “anticipatory anxiety” (afwagtingsangs) as volg: “Terwyl die meeste mense geneig is om in ’n mate te wonder of te stres oor gebeure of situasies in die toekoms, kan intense vlakke van afwagtingsangs ’n negatiewe invloed hê op ’n mens se alledaagse lewe en funksionering” https://www.medicalnewstoday.com/articles/anticipatory-anxiety

Antisiperende angs of afwagtingsangs is ’n term wat in die psigologie gebruik word om angs te beskryf wat gekoppel is aan obsessiewe gedagtes betreffende kommer oor dinge wat in die toekoms kan verkeerd loop en waaroor mens nie beheer kan behou nie. Dit kan baie ontstellend wees.

Antisiperende angs is nie ’n siekte nie, maar kan erge persoonlike ongemak tot gevolg hê. Dit sluit rampspoedige (katastrofiese) gedagtes in. In sy artikel getiteld “Catastrophic thinking” definieer dr Ron Breazeale katastrofiese denke as volg: “herhalende gedagtes wat voortdurend wentel rondom irrasionele en afgryslike gevolge” (https://www.psychologytoday.com/us/blog/in-the-face-adversity/201103/catastrophic-thinking).

Angs kan toeneem en soms opbruis tot paniek wat ’n mens emosioneel en kognitief kan inperk. Die individu is dan nie in staat om die vermoëns te gebruik wat hy/sy onder normale omstandighede sou kon toepas nie, wat tot nog meer wanhoop en uiterse ongemak lei. Die psigiese energie van obsessiwiteit vermeerder drasties en raak vernietigend.

Breazeale gaan as volg voort: “Nodeloos om te sê, dit kan angs laat toeneem en verhoed dat mense die regte stappe doen wanneer dit vereis word. Dit kan veral van toepassing wees in ’n krisissituasie” (https://www.psychologytoday.com/us/blog/in-the-face-adversity/201103/catastrophic-thinking).

Ordening van ’n mens se lewensituasie kan sekere voordele hê. Orde kan beskou word as ’n lamp wat lig verskaf vir die duisternis van die subiete toekoms. Orde kan dus help om angs te verminder. Dit bied ’n dimensie van eksistensiële voorspelbaarheid. Omdat dit oënskynlike voorspelbaarheid verskaf, kan dit help om angs te verminder.

Katastrofiese angs kan geïllustreer word deur ’n mens se psige te vergelyk met ’n groot reservoir wat water (psigiese energie) aan ’n tuin (jou lewensdoelwitte) voorsien: As jy aan die voet van die reservoir beddings voorberei en saailinge daarin geplant het, kan jy die plante en sade (jou lewensdoelwitte) op ’n beheerste en sistematiese wyse voed. Kry die plante (jou doelstellings) die regte hoeveelheid water, sal jy later die vrugte hiervan kon pluk. Indien jy egter toelaat dat ʼn gebeurtenis die water onbeheerst uit die reservoir laat vloei, kan dit jou beddings uitstroom en die saailinge wegspoel. Jy moet dus met al jou krag beheer oor die kraan/sluis uitoefen.

’n Metafoor vir dit wat die beste in ons na vore bring

Waar mense ook al in interaksie betrokke is, is daar dikwels wrywing en konflik. Die oorsake hiervan is veelvuldig en kan aan verskillende faktore toegeskryf word.

Mense is van mekaar afhanklik, maar ten spyte hiervan is herhaaldelike konflik besonder algemeen.

.........
Waar mense ook al in interaksie betrokke is, is daar dikwels wrywing en konflik. Die oorsake hiervan is veelvuldig en kan aan verskillende faktore toegeskryf word.
Mense is van mekaar afhanklik, maar ten spyte hiervan is herhaaldelike konflik besonder algemeen.
..........

Kontak tussen individue is merendeels verbaal. Hierdie funksionele sfeer is moontlik die mees opvallende asook die mees sensitiewe een van die menslike bestaan.

Wanneer verbale konfrontasie lei tot insig tussen mense en dit konstruktief eerder as skadelik is, kan dit van waarde wees. In die afwesigheid van liefde en aanvaarding kan verbale konflik en wrywing katastrofies vernietigend wees.

Die rol wat liefde en aanvaarding in menslike interaksie speel, kan deur die volgende metafoor geïllustreer word.

Ongeslypte edelgesteentes en halfedelstene se uiterlike voorkoms kan dikwels baie misleidend wees. Die ongeoefende versamelaar sou maklik gesteentes soos agate weggooi vanweë hul kleurlose voorkoms. Agate het gewoonlik ’n saai, aardse bruin of grys kleur. Hulle het soms kristalle in die middel en kan aan die een kant skurf lyk. Hierdie uiterlike voorkoms gee gewoonlik geen aanduiding van die unieke kleure en patrone van die klip nie.

Sodra dit egter geslyp en gepoets is, kan ’n agaat besondere konsentriese lyne van verskillende skakerings rondom saamgeperste, deursigtige en halfdeursigtige kristalle vorm. Wanneer dit gepoets is, skep dié kristalle die beeld van blommetjies wat teen ’n helder deurskynende glasblad gehou word.

Die prag van gekleurde stene soos ametis en rooskwarts en opaal kan deur voortgesette slyping en verglansing na vore gebring word.

Verglansing kan op verskillende maniere gedoen word, en ’n gewilde tegniek waarmee stene gepoleer word, word tuimel genoem. Dit behels dat klippe in ’n langwerpige ronde houer saam met ’n poleermiddel en water daarin verseël word. Die houer word op twee rollers geplaas wat stadig draai, sodat die klippe voortdurend teen mekaar skuur. Gedurende hierdie proses (wat in ongeveer drie sogenaamde lopies gedoen word), word ruwe kante en lae van elke steen verwyder. Gedurende die tweede en derde lopie word die klippe wéér saam met water en ’n fyner skuurmiddel in die houers gegooi. Na etlike dae vertoon die stene ’n diepe glans. Die voortdurende beweging en kontak met mekaar bring hul werklike kleurrykheid en diepe skakerings na vore.

Water is (soos liefde en aanvaarding in persoonlike verhoudings) absoluut noodsaaklik vir die doeltreffende werking van hierdie proses. As daar geen water in die houer is nie, kan die ware voorkoms van die klippe nooit openbaar word nie. Sonder water sou verwag kon word dat die vorm van die klippe wel verander, maar dat hulle onaantreklik sou bly en mekaar uiteindelik net verpoeier. Hulle ware skoonheid sou nooit blootgestel word in teenstelling met dié wat in ʼn watermengsel getuimel is nie. Water het tot gevolg dat hulle skitter as voorwerpe van skoonheid, versiering en prag.

’n Metafoor vir die werking van antidepressiewe medikasie

Die psigiatriese wetenskap het baie ontwikkel, veral met betrekking tot die ontwikkeling van psigotrope middels. Selfs tot redelik onlangs nog het sekere toestande onbehandeld by baie mense gebly. Die belangrikste hiervan is sekerlik depressie. Die gebruik van medikasie vir depressie is baie belangrik en werk uiters doeltreffend, wat mense se lewenskwaliteit ingrypend verbeter.

Die gebruik hiervan onder toesig is egter baie belangrik. Kennis oor die werking van die middels is ewe belangrik. So byvoorbeeld kan mens nie verwag dat jy net na die eerste dosis antidepressiewe medikasie al sal beter voel nie. Die middel moet eers die regte vlak in die bloedstroom bereik, wat soms tot ’n maand of langer kan neem. Wanneer die middel effektief werk, voel mense dikwels dat hulle nie meer nodig het om hul medikasie te neem nie en staak hulle gebruik daarvan. Die gevolg is dat hulle na skielike staking soms slegter voel.

’n Metafoor wat die werking van medikasie kan illustreer is dié van ’n motorbattery. Die binnekant van ’n battery bevat metaal plate, soutsuur en water. Die plate binne die battery raak glad nie aan mekaar nie, baie soos die sinapse (“geleidingsdrade”) binne-in die mens se brein. Die balans van suur en water in die battery moet altyd korrek wees vir die battery om reg te laai en te funksioneer. So is dit ook met die oordragstowwe in die brein. ʼn Optimale balans tussen die breinvloeistof se samestelling en dié van die antidepressant moet geskep word vir die middel om doeltreffend te funksioneer en verligting te onderhou.

Metafore vir sommige uitmergelende eienskappe van ernstige depressie

Ernstige depressiewe versteuring gaan oor meer as net om hartseer te voel. Om met MDV (major depressiewe versteuring) gediagnoseer te word, moet jy ’n depressiewe gemoedstoestand ervaar en belangstelling verloor in dinge wat vir minstens twee weke vir jou aangenaam was / plesier verskaf het. Hierbenewens moet onder meer vier van die volgende simptome byna elke dag gedurende dieselfde tydperk van twee weke teenwoordig wees:

  • te min of te veel eet
  • gevoelens van óf afmatting óf merkbare rusteloosheid
  • gevoelens van waardeloosheid of ontoepaslike skuld
  • afname in energie
  • herhalende gedagtes van dood of selfmoord
  • te veel of te min slaap
  • besluiteloosheid
  • probleme met redenering of konsentrasie.

Besluiteloosheid kan ʼn uiters ontwrigtende ervaring gedurende ʼn depressiewe episode wees. Volgens Natasha Tracy van die webwerf HealthyPlace “is dit vir baie mense nie moeilik om besluite te neem nie, en neem die meeste mense besluite sonder om selfs daaraan te dink, maar ’n persoon met depressie kan sukkel om selfs die kleinste besluite te neem. Besluite is soms vir mense met depressie só moeilik dat hulle dikwels op ’n punt kom waar hulle glad nie in staat is om ’n besluit te neem nie. Dit kan ’n persoon buite werking stel en mense vasvang in ’n toestand waar hulle nie eens uit die bed kom nie, uit vrees daarvoor om die verkeerde keuses te maak” (“Depression and indecision: trouble making decisions”,   https://www.healthyplace.com/depression/symptoms/depression-and-indecision-trouble-making-decisions).

Vir die depressielyer om ʼn begrip te vorm van die invloed van besluiteloosheid in sy/haar lewe kan die volgende metafoor deur die sielkundige praktisyn oorweeg word:

Obsessiewe twyfel kan vergelyk word met ’n motor met ’n foutiewe koppelaar. Ten spyte daarvan dat die enjin, die raamwerk, elektriese stelsel en bande (die res van die motor) in ’n uitstekende toestand is, kan die motor nie op sy eie beweeg nie, aangesien die koppelaar nie die enjin en dryfas aaneenskakel nie. Dit lei tot onbeweeglikheid. Die punt van die reis waar dit gebeur, bepaal grootliks die bestuurder se vlak van stres. Daar moet in gedagte gehou word dat dit net één deel van die motor is wat nie werk nie – iets wat normaalweg reggestel kan word deur ’n moontlik eenvoudige proses deur spesialiste met die regte kennis en gereedskap.

’n Metafoor vir slaapprobleme

Slaapprobleme is een van die vier kernsimptome van depressie. ’n Gesonde slaappatroon is om verskeie redes belangrik. In haar artikel getiteld “Depression and sleep disorder” skryf dr Debra Fulghum Bruce die volgende: “Normale slaap is ’n herstellende proses. Wanneer slaap egter ontwrig word of onvoldoende is, kan dit lei tot verhoogde spanning, waaksaamheid en prikkelbaarheid. Fisieke of emosionele trauma en metaboliese of ander mediese probleme kan slaapstoornisse veroorsaak. Swak slaap kan tot moegheid lei. Moegheid lei tot ’n afname in ’n mens se fiksheidsvlak. Uiteindelik kan jy jou bevind in ’n bose kringloop van onaktiwiteit en versteurde slaap, wat beide fisieke en gemoedsverwante simptome tot gevolg het ...” (https://www.webmd.com/depression/guide/depression-sleep-disorder).

Die dinamika van slegte slaap en die negatiewe effek hiervan kan vergelyk word met ’n reisiger wat snags langs die pad stop om te rus en nie die motorradio afskakel nie. Later, wanneer hy wakker word en sy reis wil voortsit, probeer hy die motor aansit, maar vind dan dat die battery pap is en nie die enjin nie kan aansit nie.

Herhalende gedagtes

Dit is belangrik om die begrip obsessief-kompulsiwiteit in oënskou te neem wanneer herhalende gedagtes ter sprake is.

Soos die term aandui, word twee begrippe geïmpliseer. Obsessies verwys na gedagtes en kompulsies verwys na gedrag. ʼn Obsessie is ’n gedagte of idee wat gereeld in die bewussyn herhaal word, gevolg deur ’n drang of ’n behoefte om sekere handelinge uit te voer.

Obsessief-kompulsiewe gedrag word dikwels verwar met perfeksionisme, hoofsaaklik vanweë die feit dat die perfeksionis ʼn sterk sin vir orde het en dikwels en herhaaldelik seker maak of iets reg gedoen is.

Volgens Etienne Benson van die APA Monitor is dit belangrik om te weet dat obsessiwiteit met depressie kan verband hou: “Obsessionele gedagtes kom meer algemeen voor by mense wat perfeksionistiese persoonlikheidseienskappe het, en by sommige kan dit sterker wees as by ander: In sommige soorte perfeksionisme is die skakel duidelik. Sosiaal voorgeskrewe perfeksionisme – die oortuiging dat ander jou net waardeer indien jy perfek is - word gekoppel aan depressie en ander probleme, insluitend selfmoord”

(https://www.apa.org/monitor/nov03/manyfaces, APA Monitor Staff, November 2003, 34(10)).

Dr Owen Kelly beskryf in sy artikel getiteld “The link between OCD and Major Depressive Disorder die skakel tussen OKA (Obsessief-kompulsiewe-afwyking) en Major depressiewe afwyking (MDA) as volg: “Trouens, navorsing dui daarop dat soveel as twee derdes van mense wat met OKA leef, iewers gedurende die loop van hul siekte ’n ernstige depressiewe episode sal ervaar. Die oorsake kan wissel, van reaktiewe stres tot obsessiewe of kompulsiewe gedrag tot biochemiese veranderinge in die brein wat gemoedstemming en gedrag kan verander” (https://www.verywellmind.com/ocd-and-depression-2510591unnoticed).

Dr Kelly meen verder: Wetenskaplikes glo ook dat daar biochemiese faktore kan wees wat tot depressie bydra. Ons weet byvoorbeeld dat OKV en MDA albei gekenmerk word aan veranderinge in die produksie en aktiwiteit van serotonien, ’n chemiese stof wat help om elektriese pulse tussen senuweeselle te verwissel (https://www.verywellmind.com/ocd-and-depression-2510591unnoticed).

Lees ook:

COVID-19 pluk stigma-angel uit geestesongesteldheid

 

The post Metafore vir bepaalde psigologiese verskynsels appeared first on LitNet.

Steward van Wyk bespreek Ampie Coetzee se werk

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gerrit Olivier

$
0
0

Is Poetin ’n vaal, betekenislose man? Is wat ons vandag beleef, Poetinisme, die uiteinde van ’n lang en doelbewuste antidemokratiese veldtog deur Poetin?

Gerrit Olivier, die man wat diplomatieke betrekkinge tussen Rusland en Suid-Afrika bewerkstellig het, sê daar is groot ooreenkomste tussen die Russiese bevolking en die Suid-Afrikaanse bevolking. Wladimir Poetin is egter nie Rusland nie. Hoe het hy dan so ’n magtige houvas op die land?

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Gerrit Olivier appeared first on LitNet.

Moer: ’n onderhoud met Michèle Meyer

$
0
0

Moer
Michèle Meyer
Protea Boekhuis
ISBN: 978-1-4853-1328-1

Michèle Meyer praat met Naomi Meyer oor Michèle se boek, Moer, wat onlangs by Protea verskyn het.

Michèle, die titel van jou boek, weet mens sommer dadelik, verwys nie na die koffie se droesem nie. Binne die eerste paragraaf word die titel verklaar: Hierdie storie handel oor ’n ma, en ’n ma wie se kind met ’n gestremdheid gebore word (of so word dit aanvanklik geïmpliseer). Is hierdie titel van die verhaal dalk ’n woord wat die karakter wil sê toe sy die nuus verneem? Later is daar ’n kinkel, wat ek nie gaan verklap nie. En aan die einde van die storie is daar nog ’n kinkel – dit was net die eerste storie. Die boek is vol van verskillende verhale met ’n oorkoepelende tema. Verskoon die woordspel, maar hoe is hierdie stories in jou kop gebore? Wat was die eerste een?

Op bladsy 9, in die 9de reël van onder, sê dokter De Bruyn vir Kylie dat die amniosintese wys dat die babatjie normaal is; die down-sifting se uitslag was dus negatief. Die titel is wel meerduidig. Dit beteken “ma”, “baarmoeder”, “dit waarin ’n skroef vasdraai”, en is mos maar ’n lekker skelwoord. Ma’s is dikwels in hul moer in, om verskeie redes. Al is hul kinders pragtig en “normaal” en slim en oulik. En dis normaal en oukei om in te konk. Dit het my jare geneem om te verstaan dis aanvaarbaar om (veral as ma) in jou moer te wees, en rede tot werklike viering wanneer jy weer van daar kan opstaan. Ek moes dit deel. Ander ma’s, ander mense, kinders, maatskappye, die samelewing moet dit weet en dit respekteer en empaties benader. Die eerste van die stories is seker in my kop gebore toe ek baie jonk was, in terugskoue, by wyse van herinneringe aan my eie kinderdae.

.......
Die eerste van die stories is seker in my kop gebore toe ek baie jonk was, in terugskoue, by wyse van herinneringe aan my eie kinderdae.
.........

Die eerste van die flitse van Kylie-as-ma het waarskynlik soos ’n embrio genestel iewers in my grysstof waar dit gevoed is deur ervarings, waarnemings en ander ma’s se belewenisse, oor ’n baie langsame ontwikkelingsfase van by die 29 jaar.

En toe is daar Maria. Maria wat kwaad is vir die engel, wat hierdie nuus oor die vreemde kind kom vertel. Jou verhale is vol van interessante, verskillende hoofkarakters. Uit ’n wye verskeidenheid kulturele agtergronde. Ken jy hulle? Het jy sommige van hulle ontmoet? Is sommige van hulle ook jy?

Ek dink ek ken die karakters omdat hulle by my kom aanmeld. Dan leer ek hulle ken omdat hulle geken wil wees. Van hulle het ek ontmoet in die fisiese lewe, ander bly veilig in die sfeer van storie, soos Maria. Maria het my van kleindag af gefassineer, want wie sê sy het regtig uitverkore gevoel, en nie gefnuik deur dit wat met haar gebeur het nie? Daar is ongetwyfeld karakters wat aandring daarop om iets van myself te reflekteer. Soms laat ek hulle begaan, soms handhaaf ek ’n veilige afstand van hulle.

Noemname uit die huis. Name wat jou ouers jou noem. Daar’s verhale wat so snaaks is. Die bagasie waarmee ouers – die ma! – die kind opsaal as sy ’n naam gee. Ek moet jou ook iets anders sê: Jy saal lesers daarmee op dat hulle moet nadink oor die samelewingsidee van moederskap. Die gedagte: Dis ’n snoesige kamer, of ’n veilige oase. Jou verhale wys dikwels op die teendeel. Wil jy iets oor moederskap sê? As dit moontlik is om iets te sê, gegewe die vooraf verklap van my kant af: Moederskap is toe al die tyd ’n veeldimensionele ervaring.

.........
Name is so kragtig. Dis ’n lewenslange drag wat op die draer van die naam se skouers rus. Name help koers gee, of dwarsboom die benoemde. Mens kan hoofstukke skryf oor name. Ek is bly dat jy sê die lesers word opgesaal met nadink oor die voorafbepaalde prentjie rondom moederskap wat ons samelewing daarstel. Dis presies wat ek graag wou regkry. Wat van almal en alles wat buite daardie persepsie, boksie, prentjie val?
...........

Name is so kragtig. Dis ’n lewenslange drag wat op die draer van die naam se skouers rus. Name help koers gee, of dwarsboom die benoemde. Mens kan hoofstukke skryf oor name. Ek is bly dat jy sê die lesers word opgesaal met nadink oor die voorafbepaalde prentjie rondom moederskap wat ons samelewing daarstel. Dis presies wat ek graag wou regkry. Wat van almal en alles wat buite daardie persepsie, boksie, prentjie val? Hoe moet twee merkwaardig dapper gay pa’s wat ’n biologiese kind het en grootmaak, voel oor die feit dat beide hulle en hul kind gedurig nie pas in die samelewing se persepsie nie? Of ’n ma wat swanger gemaak is deur haar verkragter? Of ’n ma in ’n oënskynlik gesonde gesin wat voel hoe haar hande die bande laat los wat die perfekte prentjie in posisie moet hou? Moederskap is nie ’n dromerige Sarah Moon-plakkaat nie. Jy stel dit goed – dis veeldimensioneel. En bloot logies dat dit nie ’n idille is nie. Wat nié die norm is nie, is die perfekte advertensiegesinnetjie met ’n onbaatsugtige, sportiewe pa wat jagertjie speel met twee laggende kinders op ’n gemanikuurde grasperk. Die silwerskoon, goedgemanierde hond blaf vrolik saam en die sjiek, versorgde ma staan glimlaggend en Butro smeer op snye brood. Daai is so seventies.

’n Kind wat wegraak uit die hospitaal. ’n Stiefma. ’n Ma wat sterf. ’n Ma wat wegloop. Ma’s doen baie dinge in jou verhale. Toe jy besig was met die skryf van hierdie stories, het jou oë oopgegaan vir al die ma’s om jou en het jy oor hulle begin nadink? Of het jy net self dieper in jouself gegrawe om meer aspekte van ma-wees te ontdek?

Moontlik het my oë eers oopgegaan vir al die baie dinge wat met ma’s en hul kindertjies gebeur en het dit aanhou hinder tot ek van die goed begin joernaal het. My waarnemings het toe, soos dit maar met dié soort ervaring die geval is, toegeneem, momentum opgetel. Die stories het later soos ’n ding wat goed spoed optel en wirrr, al meer en vinniger begin uitskiet. In die proses het ek ongetwyfeld baie diep in my eie onderbewuste gedelf. Daarvoor het drome, terugflitse en herinneringe hul bydraes kom lewer. My eie ma was formidabel, en van kleins af het ek geweet ek wil probeer om ’n tiende van haar vrouhaftigheid in my wese te dra eendag. Dan sou ek slaag in die lewe.

Mamma wat so mooi beskryf word. Soms is daar soveel teerheid en beskrywings van voorkoms en reuke en alles wat met ’n mamma uit die kleintyd geassosieer word. Is dit nie skrikwekkend om ma te wees en eendag te besef jy is deur jou kind waargeneem nie?

..........
Dis genoeg om mens verlam van vrees te laat. Ek onthou hoe ek daardie grootse besef probeer verwerk het. Iemand uit my, van my, nou buite my, neem die lewe waar deur hoe ek dit voorhou.
.........

Dis genoeg om mens verlam van vrees te laat. Ek onthou hoe ek daardie grootse besef probeer verwerk het. Iemand uit my, van my, nou buite my, neem die lewe waar deur hoe ek dit voorhou. Ek het baie dikwels verskoning gevra , snags, langs die bababed en bedags, wanneer ek in daardie onbevlekte gelate gekyk het. Sekere goed kan mens verstaan slegs wanneer jy self ’n ouer is. Dit gee mens hoop vir jou eie tekortkominge.       

’n Paar keer: die jy-hoofkarakter. Is daar ’n afstand? Is dit nader?

Deborah Steinmair se briljante insig het my baie daarmee gehelp. Ek wou ten alle koste my afstand vanaf die gegewens kalibreer, soos Pieter P Fourie my eenkeer met werklike wysheid raad gegee het. Die jy-hoofkarakter skep ’n veilige ruimte om in te skryf. Dis wel soms amper nader, omdat jy haar kyk bly bekyk, soos in ’n film. Jy kan meer sien as wat jy sou kon indien jy self daardie karakter was.

Jou stories handel oor moederlike nalatenskap en vrese en vooroordele. Die storie met die glasskerf, die amper-moorde. Moeë, alleen ma’s wat gaste moet verwelkom. Hoe het jy dit geskryf – prakties? Het ’n storie jou getref en dan het jy tyd gemaak en dit dadelik gaan neerskryf?

Ek hou joernaal. Soms sien of hoor ek iets raak en stip twee of drie woorde of ’n sin neer. Ek probeer kategorieë soos drome en lukrake gedagtes en vaste herinneringe hou sodat ek later kan vind wat my in die middel van die nag bygeval  het, wat ek soos ’n slaapwandelaar geen vaspen het in my boekie. Die storie word eers wanneer dit die tyd is daarvoor geskryf. Die proses is nogal organies. Maar as dit moet, dan kan ek hulle druk om uit te kom. Dis net baie meer genotvol wanneer hulle uit vrye wil kom en sê: Raait, hier’s ek. Skryf!

........
Die storie word eers wanneer dit die tyd is daarvoor geskryf. Die proses is nogal organies. Maar as dit moet, dan kan ek hulle druk om uit te kom. Dis net baie meer genotvol wanneer hulle uit vrye wil kom en sê: Raait, hier’s ek. Skryf!
..........

Jy is bekend vir jou verhale wat gereeld in die Woordfeesbundel opgeneem word en ook al die Woordfeeskortverhaalkompetisie gewen het. Skryf jy nog altyd kortverhale?

Kortverhale maak my eindeloos opgewonde – dit bly uitdaag. Die skryf daarvan voel altyd na ’n reisies teen myself. Die skryfvorm lê my baie na aan die hart. As jongmens het ek Hennie Aucamp, Jeanne Goosen, Pirow Bekker en Boerneef se kortkuns leer liefkry. Ek was verlig dat daar mense is wat wonderlike stories skryf in ’n vorm wat vir my rég voel.

Dis ’n tema: Daar is heeltyd ’n ma se storie – daar moet dus ’n kind wees, of dalk ook ’n man, of die kind se pa, maar dis ’n enkeling se verhaal. Die melankolie, die alleen-waarnemings. Aksentueer ouerskap eensaamheid?

Hierdie vraag raak aan filosofie – vra liewer vir Anton van Niekerk! Dit hang baie sterk saam met die omstandighede en ervaring, maar ook persoonlikheidstipe van die ouer, dink ek. Sommige mense deel makliker met ander dat hulle besig is om agter te raak. Ander is skigtig om te erken dat iets skort. Daar is die gevalle waar die ouer met die jong kind saam geïsoleer is – die baba het geen keuse as om met daardie ouer in die omstandighede klaar te kom nie. Die ouer is nie alleen nie, die baba is nie alleen nie, maar hulle beleef saam isolement. Ek glo dat baie babas hul versorger se emosies aanvoel, daarom juis die skuldlas van ’n versorger wat aan major depressie ly: Sy stel by implikasie daardie baba daaraan bloot, die kind kry dit in met moedersmelk saam. Daar is terselfdertyd derduisende ouers wat die grootse deel van die nuwe ervaring as absoluut vervullend beleef, en daarvoor is mens dankbaar.

........
Daar is die gevalle waar die ouer met die jong kind saam geïsoleer is – die baba het geen keuse as om met daardie ouer in die omstandighede klaar te kom nie. Die ouer is nie alleen nie, die baba is nie alleen nie, maar hulle beleef saam isolement. Ek glo dat baie babas hul versorger se emosies aanvoel, daarom juis die skuldlas van ’n versorger wat aan major depressie ly: Sy stel by implikasie daardie baba daaraan bloot, die kind kry dit in met moedersmelk saam.
..........

Dis ’n boek vol kortverhale, met een tema wat die verhale met mekaar verbind. Moer is gelyk aan moederskap, negatiewe kiekies daarvan, in woedende of hartseer swart-en-wit. Hoe lank het jy hieraan geskryf? Watter verhaal moes eerste wees? En watter een laaste?

Die verhale is oor jare geskryf en in leggers gestoor. Sommige was bloot ’n paar sinne. Die hoofstuk getiteld “Plat” se geboorte was in 2001. Die begin, getiteld “Moer”, het in een sitting in November 2020 gebeur. “Waar’s Michaela Hunter” was ’n joernaalgeskriffie van twee sinne, gedateer 1994. Toe ek die hoeveelste ma se verhaal van verlies, verlating, verskeuring, vernedering deur ’n eks, of die hof, of familie hoor, het ek geweet Moer moet gebeur. Van daai besluit, tot my skryfvriende my vriendelik verplig het om die dokumente aan te stuur na Deborah Steinmair vir ’n opinie, was so vyf maande. Maar die materiaal het in sommige gevalle jare lê en stowe. Wat die kronologie betref, moes “Moer” eenvoudig eerste wees. Deborah se onbegrenste wysheid het die res korrek laat opeenvolg tot by “Die Kloof, 2002”.

Ten slotte. Michèle, jy is al vantevore beskryf as "Roelf Meyer se vrou" in plaas daarvan om bloot te sê "Michèle Meyer". Hoe laat hierdie beskrywing jou voel? Sedert die publikasie van Moer, ondervind jy dat mense jou dalk nou duideliker raaksien – vir jou as mens, en nie net as ’n prominente man se vrou nie? (Dan moet ek natuurlik op ’n syspoor vra: wil ’n mens wel ’n boek skryf sodat mens vir jou, as die mens-skrywer agter die boek, raaksien? Of wil mens inderwaarheid ’n gesiglose skrywer bly, met die woorde wat eintlik maar die verhale vertel?)

Willemien Brümmer het in ons gesprek vir Netwerk24 iets genoem wat my diep laat dink het. Die kennis dat ek getroud is met ’n man wie se loopbaan prominent was, en dalk steeds is, is in die openbare domein. Dis nie nuwe nuus nie, dis wel ’n bestaande feit. Daarvan kan ek nie, en hoef ek ook nie, wegskram nie.

Toe ek Moer geskryf het, het die gedagte aan die aandag van die gegewens aan my twee kinders, en my huwelik met hierdie man, dikwels by my gespook. Ek kan egter heelhartig getuig van onvoorwaardelike ondersteuning en aanmoediging van al drie van hierdie nabymense van my. Al drie het geweet iets is aan die kom, het die strekking daarvan geraai, maar het my vertrou met wat ek met daardie inhoud sou doen. Nie een van hulle het op enige stadium gevra wat presies ek besig is om aan te vang nie. 

In 2016 was Roelf die persoon wat my aangespreek het om op te hou broei en aan die skryf te kom toe "Langsaan" in my kop geloei het. Die aand met die kortverhaalbundelaankondiging by Woordfees 2017, was hy in trane. Tot my stomme verbasing. Ek het nie besef hoe belangrik die vervulling van my persoonlike droom om te skryf vir hom was nie.

Ek hoop wel opreg dat Moer ’n eindelike wegbeweeg sal meebring van die vrou wat met RM getroud is na die vrou wat Moer geskryf het. My menswees is los van syne, soos syne losstaande is van myne. Ek is opreg en innig dankbaar vir sy voltydse ondersteuning en aanmoediging. Niemand het my nog ooit so aanhou oplig na dit waarvoor ek hard gewerk het nie as wat hy vir my doen nie. Ek is selfs meer dankbaar vir die ruimte wat hy my gun om mens/professionele persoon in my eie reg te wees. Niemand het nog ooit vir hom gevra hoe dit voel om met MM getroud te wees nie. Hoekom moet ek met daardie vraag gekonfronteer word bloot omdat ek die vrou is?

Ons is op 27 April deser 20 jaar getroud. Enige iemand wat dit steeds as nuuswaardig beskou, het ’n Rip van Winkel-kompleks. Regtig? Kan ons vorentoe beweeg na twee dekades?

My huwelikslewe het soveel te make met my klein loopbaan as skrywer as wat Roelf se loopbaan as politikus of bemiddelaar/raadgewer in politieke konflikte, te make het met die feit dat hy toevallig met ’n taamlike gek vrou wat hou van boomklim, klippe en woorde, getroud is.

The post <em>Moer</em>: ’n onderhoud met Michèle Meyer appeared first on LitNet.


Graad 12: Afrikaans Eerste Addisionele Taal – vraestel en memo

Silwerskermfees 2022-kortfilms

$
0
0

...
Genres met hulle sementreëls en onbuigbare strukture (dink aan film noir, Westerns en romantiese komedies) laat skrywers soms te min vryheid of inisiatief toe, alhoewel daar briljante uitsonderings is. En hier word gerebelleer! ’n Groepie talentvolle filmsoldate het die meeste reëls met die drein afgespoel en  stories op hulle manier probeer vertel.
...

So leer vele skryfghoeroes en handleidings ons dat daar omtrent net sewe soorte stories is, waarvan Romeo en Juliet en Aspoestertjie die prototipes is.

Maar tydens die 10de verjaarsdag van die kykNET Silwerskermfees, wat einde Maart 2022 in Kampsbaai geëindig het, het ’n warboel filmmakers daardie roereiers deurmekaargekrap sodat dit genres se reëls moerland toe stuur. Roereiers is nie meer vervelige roereiers as jy iets anders as eiers gebruik nie.

Juis daarom dat rolprentteaters sukkel, want Hollywood is te bang om te waag, sodat selfs die gemaksoners gaap.  

Genres, het buitelandse resensente al erken, is, soos graderings, lastig en dikwels onnodig. En die 17 kortfilms wat gehore se stoele laat brand het (wel, die meeste van hulle), het dit bevestig.

Genres met hulle sementreëls en onbuigbare strukture (dink aan film noir, Westerns en romantiese komedies) laat skrywers soms te min vryheid of inisiatief toe, alhoewel daar briljante uitsonderings is. En hier word gerebelleer! ’n Groepie talentvolle filmsoldate het die meeste reëls met die drein afgespoel en  stories op hulle manier probeer vertel. Wat jy as kyker daarmee maak, is jou saak. Hier word nie voorgeskryf nie.

Onthou, hulle is vir twee jaar deur Covid in ballingskap geplaas. Boonop val hul land uitmekaar, terwyl die spookasem-Oscars (met die uitsondering van daardie klap) ook voorskryf watter soort films pryse wen. Dit lei ongelukkig tot ’n oormaat nabootsings.

Nie hier nie! Silwerskerm-kortfilms word rigtingaanwysers wat nie by padpredikante stop nie. Uitgesproke en wispelturige eksperimente prikkel jou tot reaksie.

Waar hierdie veerpyltjies die boerpot tref, is onder andere in natuurlike, praatbare dialoog waarin mense soos mense kommunikeer met temas wat die kyker eers op ’n gemaksonepaadjie lei en daarna kaalvoet op warm kole plaas. Temas soos misdaad op die Kaapse Vlakte of huwelike wat verbrokkel word aangespreek, maar so parmantig dat die meeste films uitklophoue gee. Natuurlik moet ’n rolprent steeds professioneel  gemaak word, maar die monde waaruit die stories kom, basuin hul boodskappe luidkeels uit, al maak hulle soms vingeroefeningfoute.

Die woord “hoogtepunte” word hier vermy, want ’n oorgrote meerderheid kortfilms was “hoogtepunte” of sou die voosgeryde cliché “grensverskuiwend” akkommodeer. Hier is ’n groep dapper filmmakers wat waag én wen, al moet die leisels soms ingetrek word.

Morné Strydom se Twintig tone in ’n hangkas met Pietie Beyers, Emma van Heyn en Eden Classens skeur nie alleen die Valentyn uit jou reëlboekie nie, maar vlieg oor romkomclichés. Hierdie tone pas nie in enige skoen nie.

Twee verlore siele ontmoet mekaar, hul tone raak aanvanklik verlief op mekaar en ’n wapenbeneukte perfeksionis wil hulle straf. Lanklaas het die ontstaan van ’n verhouding met ’n tandeborsel ’n fees só verryk. Dit was ’n spontane romanse wat vir ’n hangkas vlerke gegee het.

Die bekroonde Baber deur Jerome Overmeyer met onder andere Monique Rockman het ’n klap van Tim Burton weg, maar daar eindig die ooreenkomste. Bendegeweld, anargie en vergelding trek ’n nuwe baadjie aan en vra op ’n byna surrealistiese manier: Watse doel dien wraak?

Nog ’n klap deur ’n moesiemondjie was Katvis, waarin die bekroonde Erica Wessels en Stiaan Smith ’n argument rondom kinderloosheid voer. Wanneer verkul jy? Maar wanneer heilig die doel die middel? En dan die kinkel in die kabel wat die kortfilm laat ontplof. Die regisseurs Anton Scholtz en Michael Minnie het rondomtalie-argumente rigting gegee saam met die draaiboekskrywer Igna Botha. Die eeue oue tema van kinderloosheid baar hier briljante storievrugte.

Leemtes & leegheid was deerniswekkend en wen die prys as beste kortfilm. Dit wys twee van Suid-Afrika se grootste akteurs, die immerbriljante Lida Botha en Johan Botha, aan die einde van ’n doodlooppaadjie wat ons almal vrees. Kan liefde die afskuwelikheid van die dood oorwin? Die regisseur, Jordy Sank, en skrywer Terence Makapan (saam met Sank) het die eensaamheid van oudword in ontroerende perspektief geplaas.

Mila Guy lewer met Skyn kommentaar op swangerskap en die gevolge van een nag se pret. Dit maak ’n winkelhaak-omkeer wanneer skrynende dialoog ’n smagting na swangerskap wreed beklemtoon. Carla Smith en Wilhelm van der Walt se spel pas soos die laaste legkaartstukkie in hierdie storie oor kinderloosheid.

Daar is nog vele kortfilms wat met lourierkranse kan wegstap. Chanél Muller se rondomtalie-middelvinger-gee vir ’n swak pa, Sporadies nomadies, wanneer ’n spermsaaier (Laudo Liebenberg) en sy vervreemde dogter, Celeste Loots, in ’n motor vasgekeer raak en ’n lang dagreis na die nag uitvoer, het in die maag getref.

Verveling wat tot lewensgevaarlike obsessies lei, Chadlee Striker se Verstikking, bewys dat nie alle avonture met seksuele ondertone verklaar kan word nie. Bibi Slippers se onder-in-my-whiskeyglas Die horries oor alkoholisme slaan ’n kishou, en die kriewelrige donker komedie Bittersoet deur Zandré Coetzer gooi Alzheimers in trurat.

Die parmantige My beskermer deur die bekroonde DW Smith onderstreep dat jy nie miljoene rande benodig om ’n koel zombiefliek  te maak nie. David Franciscus het die draaiboek help skryf.

Nie heeltemal so suksesvol nie, maar steeds noemenswaardig (foute maak is deel van die leerproses), is ’n kortfilm oor ’n nuwe Suid-Afrikaanse held, Nagvoël, wat bendegeweld aandurf. Die onskuld tref. Asook die vampierplesier Net ons deur Nadine Angel Cloete. ’n Bietjie snoeiwerk is nodig, maar tog vra dit om van geweet te word.

Stories  kry hier ’n fynbosgeurtjie en draai Kaapstad en die res van die land op sy rug om die pens en pootjies te kielie. Dan is daar Jurg Slabbert, draaiboek deur Ernst van Wyk, se Aan/af. Ons vrees hierna almal die dag laat wanneer jou gedagtes en herinneringe op Stickits beland. Marlo Minnaar word aangewys as beste akteur.

Bergie deur Dian Weys lewer in agt minute kommentaar op ’n bergie wat sterf terwyl die publiek apaties reageer. Tekkies vertrap sy enigste oorblywende waardigheid terwyl ’n sekuriteitsbeampte, ’n puik Oscar Petersen, probeer respek betoon.

Nie al die kortfilms werk nie, soos Vrywater deur Liesel Harris Krüger. Welkom eksperimenteel ja, maar wat was die punt?

Een feit staan uit: Die Covid-inperking het aan draaiboekskrywers die geleentheid gegee om meer deeglik te besin oor hoe ’n storie nuut vertel kan word in plaas daarvan om die gemaklike tjoklits-en-tjips-paadjie te volg. En bykomend: Die luukse dat die loket vir eens nie saak maak nie!

The post Silwerskermfees 2022-kortfilms appeared first on LitNet.

Will Smith vs Chris Rock, die soeke na waarheid, en kunsmatige intelligensie

$
0
0

1. Inleiding

Tydens die Oscar-seremonie op 27 Maart 2022 het Will Smith die seremoniemeester, Chris Rock, geklap en uitgejou nadat Rock ’n onsensitiewe grap oor Smith se vrou, Jada Pinkett Smith, gemaak het. Rock het voorgestel dat Smith se vrou in GI Jane 2 kan speel, ’n duidelike verwysing na haar afgeskeerde hare (in GI Jane het Demi Moore ’n Navy Seal gespeel wat haar hare afgeskeer het). Smith se vrou ly egter aan ’n siekte, alopesie, wat veroorsaak dat haar hare uitval. Smith was blykbaar in die gesig gevat oor die bespotting van sy vrou se siekte en het haar eer probeer verdedig.

Daar was onmiddellik spekulasie dat die klap toneelspel was. Mense het daarop gelet dat Rock nie probeer het om homself te verdedig nie, dat hy geglimlag het, en dat hy nie werklik teruggesteier het nie. Boonop het Will Smith kort daarna die toekenning vir die beste akteur ontvang – as veteraan van vele aksiefilms is dit moontlik om te dink dat hy oortuigend sal kan voorkom as iemand wat sy humeur verloor en ’n ander man klap.

Hierdie beweerde toneelspel was glo om meer kykers na die Oscars te trek en dalk selfs om die aandag op Smith en Rock te vestig (Gilbert 2022; Rusk 2022; Ting 2022). Aantygings is ook gemaak dat die klap bedoel was om aandag af te trek van ander beweerde gebeurtenisse, byvoorbeeld beweerde menseregteskendings in die oorlog in Oekraïne (Dellinger 2022). ’n Ander voorstel is dat een van die borge van die Oscars, Pfizer, die gebeurtenis geskep het om mense bewus te maak van ’n middel wat Pfizer teen alopesie ontwikkel het (Silbert 2022). Daar is ook ’n gerug dat Rock ’n kussing op sy wang gedra het om die impak te verminder (Bilderbeck 2022). Daar is selfs een persoon wat beweer dat Will Smith self ’n namaaksel is en dat die regte Will Smith oorlede is (Fletcher 2022; Gilbert 2022), wat die vraag laat ontstaan of diepvervalsing (deepfake) nie ook in ag geneem behoort te word nie. Dellinger (2022) skryf oor verskeie samesweringsteorieë en verwys na die “Slap Truthers” – mense wat “weet” wat “werklik” gebeur het en ander wil “inlig”.

Volgens ’n kenner van liggaamsgedrag, Darren Stanton, was dit nie toneelspel nie (Hardiman 2022). Stanton glo Rock se houding suggereer dat hy nie ’n klap verwag het nie, omdat hy moontlik gedink het Smith kom maak ’n grap (Hardiman 2022). Toe Smith weer gaan sit het, het hy ook sy ken uitgestoot en lank oogkontak met Rock behou, wat tipiese aggressiewe gedrag is (Hardiman 2022). Smith het later baie emosioneel om verskoning gevra.

Die bevraagtekening van die egtheid van die klap vind nie in ’n vakuum plaas nie. In onlangse jare is die elites al hoe meer bevraagteken, met samesweringsteorieë rondom COVID-19 en die inenting daarteen, die WhatsApp-privaatheidsinstellingsdebakel, en die bevraagtekening van die eerlikheid van die Westerse media se uitbeelding van die oorlog in Oekraïne wat as enkele voorbeelde kan dien. Een gebruiker op TikTok argumenteer selfs dat die Romeinse Ryk nooit bestaan het nie (Mahan 2021). Ons leef in ’n tydsgewrig waar fopnuus alombekend geword het, en die bevraagtekening van die hoofstroom media se uitbeelding van gebeure het ’n welbekende faset van ons samelewing geword. Robert Thompson van Syracuse Universiteit se Bleier-sentrum vir televisie en populêre kultuur sê: “Believing everything you see – especially in the technology era – is naive. But not believing anything ever, no matter how much evidence comes out – that’s equally unhealthy and debilitating” (Anthony 2022). Mense sukkel egter om ’n balans te handhaaf.

Was die klap eg of toneelspel? Dit is ’n goeie geleentheid hierdie om ondersoek in te stel na hoe tegnologie die vraag sou kon beantwoord, indien enigsins.

2. Teksherkenning

Heelwat navorsing is reeds gedoen om aggressiewe gedrag op aanlyn platforms rekenaarmatig te identifiseer. Sulke studies ondersoek aggressie en afknouery in teks, met ander woorde dit gebruik kunsmatige intelligensie (KI) in die vorm van masjien- en diepleer vir die identifisering van aggressiewe taalgebruik (Rasel, Sultana, Akhter en Meesad 2018; Nikiforos, Tzanavaris en Kermanidis 2020; Gao, Yada, Wakamiya en Aramaki 2021; Nayak en Baek 2022). Martinez, Somandepalli, Singla, Ramakrishna, Uhls en Narayanan (2019) het ook gewys dat die vlak van geweld in ’n filmdraaiboek op grond van die taalgebruik met behulp van KI bepaal kan word.

Die vraag is of masjienleer in Will Smith se geval die onderskeid sal kan tref tussen werklike aggressiewe taalgebruik en toneelspel. Toe Smith weer gaan sit het en vir Rock geskree het: “Keep my wife’s name out of your f****** mouth!”, het dit eg voorgekom. Aangesien hy hierdie jaar die toekenning vir die beste akteur ontvang het, twyfel ek of masjienleer so ’n onderskeid sou kon tref.

3. Beeldherkenning

Daar is ook heelwat ontwikkeling op die gebied van video-ontleding vir die identifisering van geweld. Narynov, Zhumanov, Gumar, Khassanova en Omarov (2021) het byvoorbeeld KI gebruik om aggressiewe gedrag met behulp van videomateriaal te identifiseer, en bereik 97% akkuraatheid hiermee, terwyl Srividya, Anala en Tayal (2021) 89% akkuraatheid met ’n ander tegniek behaal het. Nadeem, Jalal en Kim (2020) het ook ’n masjienleermodel opgelei om liggaamsgedrag te herken wat gebruik sou kon word om aggressiewe gedrag te identifiseer, terwyl Soni en Singh (2018) klank en videomateriaal gebruik om kuberbullebakkery te identifiseer. Vele ander outeurs het ook reeds vordering op hierdie gebied gemaak (Das, Sarker en Mahmud 2019; Nova, Ferreira en Cortez 2019; Peixoto, Lavi, Pereira Martin, Avila, Dias en Rocha 2019; Ullah, Ullah, Muhammad, Haq en Baik 2019; Eitta, Barghash, Nafea en Gomaa 2021).

Geweldherkenning met behulp van videomateriaal is reeds kommersieel beskikbaar, byvoorbeeld deur Abto Software of iCetana, maar hierdie platforms is gemik op groter instellings eerder as die individuele gebruiker. Anders as voertuig- en mensherkenning, wat deesdae in die meeste slimhuiskameras ingebed is, is hierdie tegnologie nog nie wydverspreid nie.

In die geval van beeldherkenning is dit betwyfelbaar of masjienleer die onderskeid tussen ’n werklike klap en (goeie) toneelspel sal kan tref. Will Smith het Chris Rock werklik geklap – op die video kan duidelik gesien word dat Smith se hand kontak gemaak het met Rock se wang. Tegnologie sal hierdie feit bloot kan bevestig.

4. Liggaamsgedrag

Tchuente, Baddour en Lemaire (2020) toon dat gewelddadige gedrag deur slimhorlosies (byvoorbeeld die Apple Watch) en KI geïdentifiseer kan word. Wat veral interessant is van hierdie studie, is dat hulle ’n onderskeid getref het tussen hande klap (nie aggressief nie) en ’n klap (aggressief), wat in Will Smith se geval ’n aanduiding sou kon gee of die klap aggressief was of slegs toneelspel. Hierdie tegnologie is egter nog eksperimenteel en sal in elk geval verg dat Smith ’n slimhorlosie moet dra en ons toegang tot die data gee.

5. Emosies

KI kan ook gebruik word om mense se emosies te identifiseer (Devi, KarthikaRenuka en Soundarya 2018; Lu, Wang, Wu, Han, Zhang en Chen 2020; Salido Ortega, Rodríguez en Gutierrez-Garcia 2020; Yee Chung, Fuk So, Tak Choi, Man Yan en Shing Wong 2021). Op hierdie terrein is daar reeds verskeie slimfoontoepassings wat algemeen beskikbaar is, byvoorbeeld 3DiVi Face Recognition, ScamFace en Insights Develop. Al hierdie toepassings werk egter met gesigsuitdrukkings, en ander tegnieke soos hartklopherkenning is nie tans in hierdie toepassings beskikbaar nie. Toepassings wat hartklop monitor, soos Inner Balance, bestaan wel, maar dit verg ’n sensor op die persoon se lyf om die data te versamel.

Ek het bogenoemde drie gesigherkenningstoepassings getoets om te kyk watter een, indien enige, iets sinvols oor die insident kan verskaf. Ek het die beste resultate met ScamFace gekry, soos in Figuur 1 gesien kan word. Hier is Will Smith se gesig net na hy “Keep my wife’s name out of your f****** mouth!” geskree het. Alhoewel die toepassing nie sy aggressie herken het nie, is ander relevante emosies duidelik.

Figuur 1. Will Smith se gesig net na hy “Keep my wife’s name out of your f****** mouth!” geskree het. Gesigsontleding deur die toepassing ScamFace.

Om emosies met behulp van gesigsuitdrukkings te identifiseer het waarde, maar in die geval van ’n ervare akteur soos Will Smith kan so ’n toepassing alleenlik sê dat hy óf werklik ontsteld was óf oortuigend voorgegee het dat hy ontsteld was. Indien Smith se hartklop beskikbaar was, sou daar met groter sekerheid bepaal kon word of sy uitbarsting eg of toneelspel was, maar die data is nie beskikbaar nie.

6. Diepvervalsing

Veronderstel die egtheid van die klap berus nie by Will Smith en Chris Rock se vermoë om toneel te speel nie, maar eerder by die videoredigeerder se vermoë om videomateriaal na te maak. Die tegnologie bestaan reeds hiervoor en sogenaamde diepvervalsing skep ’n groot uitdaging daarmee om videomateriaal te vertrou. Diepvervalsing behels die gebruik van KI om gesigte te verruil (face-swapping) en beteken dat ’n bekende persoon se gesig op iemand anders se lyf geplaas kan word wat iets binne ’n ander konteks doen (Maras en Alexandrou 2018). Gesigsverruiling kan byvoorbeeld met behulp van die toepassing Reface gedoen word.

Die gevaar met diepvervalsing is voor die hand liggend: Beskuldigings kan gemaak word met behulp van foto- en videomateriaal dat politici dinge gesê en gedoen het wat hulle nie het nie; mense se reputasie kan geskend word wanneer “hulle” in pornografiese kontekste uitgebeeld word, ens. Omdat hierdie tegnologie so ’n groot bedreiging is, is heelwat navorsing reeds daaraan gewy om diepvervalsing met behulp van KI te identifiseer (Guera en Delp 2018; Pantserev 2020; Godulla, Hoffmann en Seibert 2021; Sebyakin, Soloviev en Zolotaryuk 2021).

Die groot aantal reaksies van ander akteurs tydens die Oscars maak dit onmoontlik dat die insident die gevolg van diepvervalsing kan wees. Will Smith lewe en het Chris Rock geklap – daar kan nie twyfel hieroor bestaan nie. Tot dusver wil dit darem voorkom of die samesweringsteorie wat voorhou dat Will Smith oorlede is, tot ’n baie klein minderheid beperk is.

7. Slot

Hierdie artikel het ’n kort oorsig gegee oor invalshoeke wat met KI geneem sou kon word om te bepaal of dit werklik ’n aggressiewe klap was. Hartklopherkenning sou die oortuigendste antwoord bied, maar hiervoor word data benodig wat nie beskikbaar is nie. KI is nog in ’n ontwikkelingstadium en verbeter daagliks, beide ten opsigte van akkuraatheid en in die ontwikkeling van nuwe vaardighede. Dit bly egter ’n oop vraag of mense die antwoorde wat KI in die toekoms sal kan verskaf, sal aanvaar. Daar is immers mense wat volhou dat die aarde plat is.

Verwysings

Anthony, T. 2022. Why so many people thought the Oscars slap was staged. https://www.king5.com/article/entertainment/events/oscars/why-people-thought-the-oscars-slap-was-fake/507-237ff4f3-e4e7-43f9-8441-4ed1cab38a30 (29 Maart 2022 geraadpleeg).

Bilderbeck, P. 2022. Conspiracy theorists are claiming that Chris Rock wore a cheek pad before Will Smith slapped him. https://www.ladbible.com/entertainment/conspiracy-theorists-are-claiming-that-chris-rock-wore-a-cheek-pad-20220329 (30 Maart 2022 geraadpleeg).

Das, S, A Sarker en T Mahmud. 2019. Violence detection from videos using HOG Features, in 2019 4th International Conference on Electrical Information and Communication Technology (EICT), IEEE:1–5. doi: 10.1109/EICT48899.2019.9068754.

Dellinger, AJ. 2022. The Will Smith slap was a deep state conspiracy, apparently. https://www.mic.com/impact/will-smith-chris-rock-deep-state-qanon (30 Maart 2022 geraadpleeg).

Devi, CA, D KarthikaRenuka en S Soundarya. 2018. A survey based on human emotion identification using machine learning and deep learning, Journal of Computational and Theoretical Nanoscience, 15(5):1662–5. doi: 10.1166/jctn.2018.7358.

Eitta, AA, T Barghash, Y Nafea en W Gomaa. 2021. Automatic detection of violence in video scenes, in 2021 International Joint Conference on Neural Networks (IJCNN), IEEE:1–8. doi: 10.1109/IJCNN52387.2021.9533669.

Fletcher, H. 2022. QAnon think the Will Smith slap was faked because he is actually “dead”. https://www.indy100.com/viral/qanon-will-smith-dead-conspiracy (30 Maart  2022 geraadpleeg).

Gao, Z, S Yada, S Wakamiya en E Aramaki. 2021. A preliminary analysis of offensive language detection transferability from social media to video live streaming platforms, in Yada, Katagami, Takama, Ito, Abe, Sato-Shimokawara, Mori, Matsumura en Kashima (reds), Advances in Artificial Intelligence: Selected Papers from the Annual Conference of Japanese Society of Artificial Intelligence (JSAI 2020). Cham: Springer International Publishing (Advances in intelligent systems and computing):121–32. doi: 10.1007/978-3-030-73113-7_11.

Gilbert, D. 2022. Will Smith slapped Chris Rock and QAnon is starting conspiracies about it. https://www.vice.com/en/article/g5qnw7/will-smith-slap-qanon (30 Maart 2022 geraadpleeg).

Godulla, A, CP Hoffmann en D Seibert. 2021. Dealing with deepfakes – an interdisciplinary examination of the state of research and implications for communication studies. Studies in Communication and Media, 10(1):72–96. doi: 10.5771/2192-4007-2021-1-72.

Guera, D en EJ Delp. 2018. Deepfake video detection using recurrent neural networks, in 2018 15th IEEE International Conference on Advanced Video and Signal Based Surveillance (AVSS), IEEE:1–6. doi: 10.1109/AVSS.2018.8639163.

Hardiman, J. 2022. Body language expert explains whether Will Smith slap was real or fake. https://www.ladbible.com/entertainment/body-language-expert-explains-whether-will-smith-slap-was-real-or-fake-20220328 (30 Maart 2022 geraadpleeg).

Lu, Y, M Wang, W Wu, Y Han, Q Zhang en S Chen. 2020. Dynamic entropy-based pattern learning to identify emotions from EEG signals across individuals, Measurement, 150, bl 107003. doi: 10.1016/j.measurement.2019.107003.

Mahan, L. 2021. The Internet’s newest conspiracy theory is that Ancient Rome never existed. https://www.insidehook.com/daily_brief/internet/roman-empire-never-existed-tiktok (30 Maart 2022 geraadpleeg).

Maras, M-H en A Alexandrou. 2018. Determining authenticity of video evidence in the age of artificial intelligence and in the wake of Deepfake videos, The International Journal of Evidence & Proof, 136571271880722. doi: 10.1177/1365712718807226.

Martinez, VR, K Somandepalli, K Singla, A Ramakrishna, YT Uhls en S Narayanan. 2019. Violence rating prediction from movie scripts, Proceedings of the AAAI Conference on Artificial Intelligence, 33:671–678. doi: 10.1609/aaai.v33i01.3301671.

Nadeem, A, A Jalal en K Kim. 2020. Human actions tracking and recognition based on body parts detection via artificial neural network, in 2020 3rd International Conference on Advancements in Computational Sciences (ICACS), IEEE:1–6. doi: 10.1109/ICACS47775.2020.9055951.

Narynov, S, Z Zhumanov, A Gumar, M Khassanova en B Omarov. 2021. Detecting school violence using artificial intelligence to interpret surveillance video sequences, in Wojtkiewicz, Treur, Pimenidis en Maleszka (reds), Advances in computational collective intelligence: 13th international conference, ICCCI 2021. Cham: Springer International Publishing (Communications in computer and information science):401–12. doi: 10.1007/978-3-030-88113-9_32.

Nayak, R en HS Baek. 2022. Machine learning for identifying abusive content in text data, in Virvou, Tsihrintzis en Jain (reds), Advances in selected artificial intelligence areas: world outstanding women in artificial intelligence. Cham: Springer International Publishing (Learning and analytics in intelligent systems), ble 209–29. doi: 10.1007/978-3-030-93052-3_9.

Nikiforos, S, S Tzanavaris en K-L Kermanidis. 2020. Virtual learning communities (VLCs) rethinking: influence on behavior modification—bullying detection through machine learning and natural language processing, Journal of Computers in Education, 7(4):531–551. doi: 10.1007/s40692-020-00166-5.

Nova, D, A Ferreira en P Cortez. 2019. A machine learning approach to detect violent behaviour from video, in Cortez, Magalhães, Branco, Portela en Adão (reds), Intelligent Technologies for Interactive Entertainment: 10th EAI International Conference, INTETAIN 2018, Guimarães, Portugal, November 21–23, 2018, Proceedings. Cham: Springer International Publishing (Lecture notes of the institute for computer sciences, social informatics and telecommunications engineering), ble 85–94. doi: 10.1007/978-3-030-16447-8_9.

Pantserev, KA. 2020. The malicious use of AI-based deepfake technology as the new threat to psychological security and political stability, in Jahankhani, Kendzierskyj, Chelvachandran en Ibarra (reds), Cyber defence in the age of AI, smart societies and augmented humanity. Cham: Springer International Publishing (Advanced sciences and technologies for security applications), ble 37–55. doi: 10.1007/978-3-030-35746-7_3.

Peixoto, B, B Lavi, JP Pereira Martin, SAvila, Z Dias en A Rocha. 2019. Toward subjective violence detection in videos, in ICASSP 2019 – 2019 IEEE International Conference on Acoustics, Speech and Signal Processing (ICASSP), IEEE:8276–8280. doi: 10.1109/ICASSP.2019.8682833.

Rasel, RI, N Sultana, S Akhter en P Meesad. 2018. Detection of cyber-aggressive comments on social media networks: a machine learning and text mining approach, in Proceedings of the 2nd International Conference on Natural Language Processing and Information Retrieval – NLPIR 2018: ACM Press, ble 37–41. doi: 10.1145/3278293.3278303.

Rusk, C. 2022. Will Smith’s Chris Rock Oscars smack sends viewers wild with conspiracy theories. https://www.mirror.co.uk/3am/celebrity-news/smiths-chris-rock-oscars-smack-26571487 (30 Maart 2022 geraadpleeg).

Salido Ortega, MG, L-F Rodríguez en JO Gutierrez-Garcia. 2020. Towards emotion recognition from contextual information using machine learning, Journal of Ambient Intelligence and Humanized Computing, 11(8):3187–3207. doi: 10.1007/s12652-019-01485-x.

Sebyakin, A, V Soloviev en A Zolotaryuk. 2021. Spatio-temporal deepfake detection with deep neural networks, in Toeppe, Yan en Chu (reds), Diversity, Divergence, Dialogue: 16th International Conference, iConference 2021, Beijing, China, March 17–31, 2021, Proceedings, Part I. Cham: Springer International Publishing (Lecture notes in computer science), ble 78–94. doi: 10.1007/978-3-030-71292-1_8.

Silbert, J. 2022. No, Will Smith’s Oscars slap was not a big pharma conspiracy. https://www.highsnobiety.com/p/will-smith-oscars-2022-slap-alopecia-pfizer (30 Maart 2022 geraadpleeg).

Soni, D en VK Singh. 2018. See no evil, hear no evil, Proceedings of the ACM on Human-Computer Interaction, 2(CSCW), ble 1–26. doi: 10.1145/3274433.

Srividya, MS, MR Anala en C Tayal. 2021. Deep learning techniques for physical abuse detection, IAES International Journal of Artificial Intelligence (IJ-AI), 10(4):971. doi: 10.11591/ijai.v10.i4, ble 971–81.

Tchuente, F, N Baddour en ED Lemaire. 2020. Classification of aggressive movements using smartwatches, Sensors, 20(21). doi: 10.3390/s20216377.

Ting, E. 2022. The elites are lying to you about the Will Smith-Chris Rock slap at the Oscars. https://www.sfgate.com/streaming/article/truth-about-Will-Smith-Oscars-slap-17033792.php (30 Maart 2022 geraadpleeg).

Ullah, FUM, A Ullah, K Muhammad, IU Haq en SW Baik. 2019. Violence detection using spatiotemporal features with 3D Convolutional Neural Network, Sensors, 19(11). doi: 10.3390/s19112472.

Yee Chung, JW, HC Fuk So, MM Tak Choi, VC Man Yan en TK Shing Wong. 2021. Artificial Intelligence in education: Using heart rate variability (HRV) as a biomarker to assess emotions objectively, in Computers and Education: Artificial Intelligence, 2:100011. doi: 10.1016/j.caeai.2021.100011.

The post Will Smith vs Chris Rock, die soeke na waarheid, en kunsmatige intelligensie appeared first on LitNet.

LitNet: KKNK 2022

Indeks: notas, toetse en vraestelle

$
0
0

Hierdie inhoud mag nie verkoop of elders gepubliseer word nie.

Klik op die onderstaande blokkies om na die betrokke afdeling te spring./
Click on the blocks below to jump to the relevant section.

Bygewerk op 1 April 2022

Wiskunde met LitNet: Priemgetalle- en bekendstellingsvideo

Wiskunde

 

Wiskunde

 

graad-3b

Algemeen

Wiskunde

 

graad-4b

Wiskunde

Afrikaans Huistaal

 

graad-5b

Afrikaans Huistaal

Natuurwetenskappe en Tegnologie

Wiskunde

 

 

graad-6b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Wiskunde

 

 

graad-7b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Wiskunde

Sosiale Wetenskappe

Tegnologie

 

 

graad-8b

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskappe

 

 

graad-9b

Algemeen

  • Departementele vraestelle: November 2016
    Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho, Skeppende Kunste, Lewensoriëntering, Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Sosiale Wetenskappe, Wiskunde

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskappe

 

graad-10b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Wiskunde Geletterdheid

Fisiese Wetenskappe

Besigheidstudies

 

graad-11b

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Fisiese Wetenskappe

Rekeningkunde

Besigheidstudies

 

graad-12b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Engels Huistaal

Engels Eerste Addisionele Taal

IsiXhosa Huistaal

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Rekeningkunde

Inligtingstegnologie

Fisiese Wetenskappe 

Lewenswetenskappe

Geskiedenis

Geografie

Visuele kunste

Verbruikerstudie

Ekonomie

Besigheidstudies

Inginieursgrafika

Siviele Tegnologie

Musiek

Drama

Landboutegnologie

Landboubestuurspraktyke

 

 

ander-materiaalb

Blokraaie

Vir leerders

Vir ouers

Vir onderwysers

Vir verryking: Wiskunde-artikels deur Pieta van Deventer

The post Indeks: notas, toetse en vraestelle appeared first on LitNet.

Middelstraat in die “Gem of the Karoo”

$
0
0

Een van Elise Bishop se stukke wat lank terug op Facebook verskyn het (Graaff-Reinet History Group):

As jy van die brug se kant af kom, turn jy right by Taffie van der Merwe se butchery en het aangehou verby Manie Strydom se huis op links and die Congregational Kerk (dińk ek – but not sure van die regte geloof) tot by Murraystraat. On the left corner was die Germishuizens se besigheidswinkel en die doodskiste ommie draai. Marthinus en Jannie.

Oorkant die straat was Huis Werda nog, ’n hostel vannie College. Ou Donald Foster was koshuisvader en “caretaker” daar vir die ondeunde manstudente… Hulle kon dam party hou in daai common room van hulle! Raas! Uit ’n boks uit!

Maar ewentewil, as jy na regs gedraai het, het mens Mr Hector se plaaswinkel so ’n entjie verderaan gekry. On the righthand. Ant Suzan van die wasgoed was annerkant.

Daar by Mr Hector was altyd fresh vegetables galore te kies en te keur. Groceries ôk, but mostly vegetables. Sommer quick stix was jou basket vol gelaai. Daai tyd was appels en tamaties nog in hout plank-kassies verkoop solaat dit niks kneus nie.

Daar was gewoonlik oorskot groente van privaat tuine innie dorp, want ou Fred Basson vannie market het meesal big deliveries van die boere gekry om te verkoop. Vannie dorpsmense ôk, maar meesal van boere. Banana House het ôk gekry, maar dis in daai tyd wat die nuwe Citrus Board ’n fixed price vir lemoene gemaak het. Mense wou nie meer privately verkoop nie. Als moes Sunlands toe.  Oom Andrew was só kwaad virrie Board hy’t nie eers Banana House meer supply nie en al sy boorde tot niet uitgekap. Hy’t gesê mens maak g’n dooie duit nie. G’n nikse profyt…

Maar anyhow, mens kon altyd alles kry by Mr Hector op small scale – van radyse tot outsize boerpampoene… Ons het hom ôk supply van die yslike tuin van “Ordonantie Huis” in Pastoriestraat waar ons gebly het. Daar was g’n voortuin nie, maar ’n baie groot agtertuin. Ou Vaaltijn en Fransie het gehelp akkers omspit en kap met die pik en het van oom Andrew se vars beesmis inwerk. Enige uintjies en suring moes uit. As die akkers vars gehark was, met hard gestampte paadjies om te skei, they sow the seeds. Jong, sommer alles: van slaaiblare, stringbeans, ertjies, aartappelmoere, rooi patats, tomatoes en wortels. En pampoene! Hubbard squash, gemsquash, boerpampoene – ag alles galore. En boonop moes hul die vrugtebome almal met gif spuit vir insekte en muisvoëls… maar dié kon ons met ’n kêttie skiet ôk. Met appelkoospitte…

Anyhow, terug by Middelstraat…  ons is reeds past Manie Strydom se huis. Maar ietsie nog... Hy’t die nagwa gehad destyds. I wonder, maar daar is surely darem in vandag se tyd nie nog so iets meer op Graaffernet nie? Or am I wrong? Hy moes meesal láát saans met sy pype die longdrops laat leegpomp. Mens het dit most times geweet voor jy even die engines gehoor het… Mens het mos ’n neus gehad. Hy’t onse by Ordonantie Huis ôk kom doen.

Ewentewil verby Germishuizens nou óor Murraystraat on the way to the dip through the river. Sundays River. Op pad syntoe moes mens past die tronk ry.

Die tronk het ’n groot erf gehad, omhein. Met ogiesdraad. But die platdak-building wasn’t so  very big. Weerskante vannie voorste entrance was klein venstertjies hoog teen die dak met iron bars. Misdadigers was daar opgesluit; Mammie het gesê die baie stoutes even vir baie járe…  Die ander wat ook stout was, maar nie so baie stout was nie, het korter agter die tralies gebly. Mens was maar bietjie bang vir dié witgekalkte platdak-affêringte wat ’n tronk was.

Partmaals het mens gesien van dié short term “hard labour”, of bandiete soos mens vir hulle gesê het, gardening doen in die tuin. Daai wat nie vir baie erge dade tronk toe was nie, het, ôk onder supervision van ’n sipier, in gelid, double file, geloop na die government se buildings om skoon te vee, vensters te was en die rooi stoepe blink te polish. Die poskantoor, magistrate’s court en die polieste se charge office is als gedoen. Ek het nooit gesien of hulle die houtvloere Sunbeam polish smeer nie. Partmaals latrines ôk skoongemaak, maar dis te difficult gewees vir die sipier om dop te hou heeltyd dat hul nie weghardloop nie, so dit was later van tyd gestop. Ek weet nou nie wie het toe dit skoongemaak het nie.

Hulle was almal in short kakie kadoesbroeke en hemde, tronk-issue skoene en ’n kakie slaprand hoed gedress. Die mense met groot agtertuine het partymaals sulke bandiete by die tronk gehuur ôk om in hul groot groentetuine te werk. Maar ek wetie wat gecharge was nie. Hulle moes net altyd lunchtyd samp kry met gravy in ’n enamelbord en ’n enamelbeker swart koffie. Nooit porselein borde nie, want hul kon dit stukkend slaat en mens se keel afsny met die skêrwe. Oe, ek was bang vir daai bandiete. You walked wide circles around them…

Doerie tyd was Graaffernet ôk nog vol stofstrate en die municipality se waterkar moes die strate natspuit om die stof minder te maak. Dan het die onkruid so partymaals opslag gegroei teen die kante van die pad. Ek het altyd vir Ouma sydissels gepluk vir Twinky die canary.

As mens by die tronk verby was, het mens anderkant die drif van die Sundays River die showgrounds gekry, op regs, voor jy oor die treinspoor is op pad begraafplase en Kroonvale toe.

Daai einste showgrounds het mens once ’n year besig gehou. Stoetdiere was uitgestal, vendusie gehou, Gem Implements se plaasgereedskap en John Deere tractors (net soms Massey Ferguson) was uitgestal, alle soorte gebak het gekompeteer, paintings, flower arrangements, oe ai, en nog perde ôk, ál om die sirkel omring deur pawiljoene – gallop, trippel, canter en snaakse woorde nog. En mens kon spookasem koop! Wendy Nel en die Wolfaardts het meestal die perdekompetisies gewen. Én daar was gymkhana ôk. Maar dit het my bang gemaak want perde moes baie vinnig hôl en die riders met lang spiese moes goed raak steek oppie grond. Ek was altyd bang die pêre stop nie gou genog nie en hardloop in ons in. Hulle het mos ysters aan hul hoewe gehad! Dit kan mens mos lelik seermaak.

Maar eerste, links, duskant van die showgrounds, was die go-karts track. Daar was reisies gejaag met sulke plat, oop karretjies wat met petrol ry en s-bends en haarnaald-bends kon vat. Op ’n stofpad. Kent Dyson wassie seunskind van Jimmy en Joan Dyson van die garage oppad Baai toe. Hy’t meeste van die tyd die reisies gewen, want hy was ’n champion gewees. Innie Baai en anner plekke ôk. Hy’t even Springbok colours gekry in 1977!

En mens kon dan aanhou tot jy by die spooroorgang kom oppad begraafplaas toe.

En so het Graaffernet dan ál met die jare saam gegroei en gegroei met sy eie mense wat hy saamgevat het, tot laat dit latertyd genoem was ons eie “Gem of the Karoo”. Karoobossies en doringbome en al, of te not! We were on the map – and in the hearts of so very many.

The post Middelstraat in die “Gem of the Karoo” appeared first on LitNet.

Al is hulle nie soos die Bybel hulle wou hê nie

$
0
0

Heino du Plessis skryf op Facebook:

Ek het lank gewonder of ek dié storie moet vertel. Dis nie ’n lekker storie nie en ’n mens wil ook nie die storie vertel nét oor jy sentimenteel voel nie. Die Heelal het daarop aangedring, ná al die Uberdrywers staak en ek noodgedwonge bus moes vat. Toe staan ek, ná soveel jare, weer op die einste plek waar die storie homself moes afspeel, en my hart kon nie meer nie. Ek móét net.

Ek was vyf toe Ma my die eerste dag daar by die Hasieklas gaan aflaai het vir graad 1. Sy was bekommerd dat ek nog nie reg is vir die storie nie. Daar verstaan ek toe mos nou nie waarom al die kinders so huil nie, want ek sien al so lank uit om soos Ouboet, Sus en Ousus ook in die skool te wees. Ek was soos ’n Jack Russel wat bal gesien het. Ma het stilweg verdwyn en ek het myself vergaap aan al die vrees wat ek om my waarneem. Waarom sou kinders tog so bang wees? Miskien oor ek nooit die voorreg van ’n kleuterskooljuffrou beleef het nie. Die vrees sou my wel later die jaar pak toe Juffrou haar glimlag in die laai bêre.

Voor ek skool toe is, is ek deur getroue Liesbet by die huis versorg. Soms sou ek saam met Ma na haar werk toe gaan. Sy het by Van Aswegen's in die middestad as ’n debiteureklerk gewerk. Ek het agter haar tafel onder ’n groot kas weggekruip en daar inkleurboeke bekrap asof my lewe daarvan afhang. Ek het altyd geglo dat ek wegkruip vir die grootbaas, want as hy my sou vang, dan sou ma in die moeilikheid wees. En tog het hy, elke keer as ek daar is, vir ma nog ’n Ladybird-boekie gebring wat ek kan “lees”, al kon ek nog nie so goed die letters in sinne versamel nie.

Dit was op een só ’n dag wat ek en Ma van die werk af op pad huis toe is. Ons het met die bus gery, want dit was daardie tyd maar wat die vroue gedoen het as hul mans hul ego in die sak kon steek en vroulief mag werk. Die bus was altyd ’n gekekkel en gelag met breinaalde, hekelnaalde en tolle wol. Soms sou ’n tannie sit en lees, maar die gesels was ’n ritueel en almal in die bus was begeesterd om in die nuutste skinner te deel.

Op pad na die busstop sou Ma my hand vasklem dat ek skoon lam word onder my tong. Haar vrees dat ek dalk gesteel kon word, het begin na ons eendag in Sunnyside (toe dit nog die voorstad van sonskyn was) geflooimark het dat ons skoon vergeet wat ons van is. Daar het ma gedink ousus hou my dop, ousus dog dis ma se werk en die res het almal net geglo iemand hou die kleinste vas. Ek het soos ’n poedel twee keer my draai gedraai en toe is almal weg. Ek het eers besef ek was eensaam en verlaat toe die hele gesin uit alle rigtings met verligting op my gil. Toe stroom die trane.

Ma kon nie meer vinnig loop nie, maar sy kón loop. Die noodlot wou ook nie daardie dag vir ons glimlag nie. Toe ek weer sien, lê Ma op die sypaadjie. Ek was vyf, ek kon haar nie keer nie. Dit was die begin van Ma se valsiekte. Ek het gevoel hoe my siel uit my lyf geruk word en in ’n oogwink weer soos ’n vuishou terug in my lyf skiet. Ma het die gillende kind met haar een hand beetgekry en styf teen haar lyf gedruk. Nie om die kind te troos nie, maar ’n oorlogtaktiek om te verseker dat niemand die kind kan gryp en hardloop nie.

Ma het ook gehuil. Sy kon nie self opstaan nie. Op 35 jaar het haar bene net besluit dat dit nie meer wil saamwerk nie. Selfone was daar nie. Ma het haarself laat sit teen die haarkapper se winkelvenster en die snikkende kind op haar skoot getrek.

“Ek dink sy is dronk,” het die een tannie gesê wat neus in die lug klak-klak op haar skoene.

“Sies!” sê die een wat saam met haar loop. “En dan het sy nog só ’n kleintjie by haar.”

“Skaam jy jou nie?” Het ’n ander een weer gesê.

Ma kon nie gepraat kry deur die trane en die skaamte wat vrou na vrou oor haar kom spoeg nie. Dit het gevoel soos ’n ewigheid tot ma se busvriendinne opdaag en haar probeer optrek. Van die straatwerkers het kom help om die mies op te tel. Dit terwyl Ma nie een oomblik my hand uit hare laat glip het nie.

Ons is huis toe. Pa was kwaad. Nie vir ma nie. Vir die wêreld, vir die Heelal, en elke liewe stukkie snobisme wat ’n onderrok en haakskoene gedra het. Ma was dokters toe en het uit die hele gedoente net haar kierie gekry. Elke keer as ek ma gesien het val, het ek onthou van die dag toe Ma nooit dronk was nie.

Miskien is dít waarom ek steeds ’n donker spies in my dra vir enige mens wat dink hy is beter as ’n ander. Dalk is dít waar ek besluit het dat die geseëndes in die lewe nie die mense met geld is nie, maar dié wat ’n ander uit liefde kan ophelp. Ek is van gedagte dat daardie die plek is wat my laat glo het dat selfs die Bybel my nie sal dwing om oor ander my oordeel te spoeg nie. En toe leer ek lees; en ek lees die Bybel anders.

Vandag staan ek op die einste busstop en dink: Ek is seker die enigste drommel wat nog aan daardie dag dink, is net ek. Daardie mense het toentertyd al van die vallende vrou en haar kleintjie vergeet. “Let it go,” dink ek met die melodie in my kop. Maar nee! As ek dit vergeet, vergeet ek dalk hoe elkeen met wie ek al in my lewe ’n stukkie gedeel het, waarde vir die Heelal dra – al is hulle nie soos die Bybel hulle wou hê nie.

Groete

Heino

The post Al is hulle nie soos die Bybel hulle wou hê nie appeared first on LitNet.


Tronke bedreig ons dogters: ’n resensie van Anthony Molyneaux se Last blue ride

$
0
0

...
Deur anders na misdadigers te kyk, verontmenslik ons hulle.
...

Last blue ride: The Hannah Cornelius story
’n Dokumentêre film deur Anthony Molyneaux
Genre: Ware misdaad
Die film bekyk die verkragting van en moord op Hannah Cornelius, die poging tot moord op haar vriend Cheslin Marsh, en die nommersbendes se houvas op misdadigers.
Te sien op Showmax vanaf 1 April 2022, kyk die voorprent.

...
Foucault wys daarop dat te min personeel in tronke gemaak het dat ons gevonniste misdadigers nou dophou met gesofistikeerde apparaat en geboue, in plaas daarvan om hulle te rehabiliteer. In Suid-Afrikaanse tronke is die oorlading só enorm dat gesofistikeerde dophoustelsels gewoon nie bestaan nie. In die plek daarvan word ons tronke deur bendes bestuur.
...

Die titel van Anthony Molyneaux se film is ontleen aan die blou Citi Golf waarin Hannah Cornelius en haar vriend Cheslin Marsh gesit het toe hulle aangeval en in die einste motor ontvoer is.

Die motor het aan Hannah se ouma behoort, en sy het telkens die skurke gevra om haar geld en selfoon te neem, maar om asseblief haar ouma se motor aan haar terug te gee.

Dit sou egter haar laaste rit wees; sy was ‘n gevangene in die blou motor tot sy vermoor is.

Molyneaux neem die kyker op Hannah se laaste rit deur ’n soortgelyke blou motor met ’n hommel te volg terwyl dit die presiese roete ry wat sy gery het; ook word die motor gevolg op die spore van haar aanvallers nadat hulle beheer van die blou Golf geneem het.

Telkens word die hommel se beeld onderbreek met beeldmateriaal van kringtelevisie wat die aanvallers op verskillende plekke in en om Stellenbosch waargeneem het.

Dit skep ’n nabyheid, ’n onmiddellikheid wat die angsrit nie bloot beskryf nie, maar angswekkend werklik maak.

Die kyker sien hoe Hannah haar vriend na sy huis neem; ons sien hoe die mans nader loop, hoe hulle die deur oopruk ...

Later sien ons hoe van die beskuldigdes kitsbanke besoek om geld te trek.

Ons sien hoe Marsh eers aangeval en agtergelaat word – die aanvallers het gedink hy is dood.

Ons sien hoe die aanvallers Hannah na ’n afgeleë plek neem waar hulle haar om die beurt sou verkrag – hierdie besonderhede word die kyker gelukkig gespaar.

Van daar sien ons hoe sy vir oulaas in die blou motor aankom op die plek waar sy uiteindelik vermoor sou word.

Ons beleef inderdaad haar laaste baie blou rit.

Van daar sou die moordenaars nog ’n vrou beroof voor ’n baie opmerksame speurder die Golf sou sien en agternasit.

Sy briljante optrede sou maak dat die daders binne ure ná Hannah Cornelius se moord agter tralies was.

Tronke is die begin, nie die einde nie

As ’n mens fiksie lees, is die oomblik wanneer die skuldige in hegtenis geneem word, dikwels die einde. Almal is gelukkig. Die skuldiges is vas.

In die werklikheid is sake egter veel anders.

Ten eerste moet die daders verhoor word en die hof moet bevind dat die staat bo redelike twyfel sou kon bewys dat hulle skuldig is.

Dan moet hulle gevonnis word.

En dan?

Wat gebeur dan met hulle in die tronk?

Molyneaux fokus die kamera op hierdie vraag in die tweede deel van die film. Dit is waarom ek Last blue ride sonder meer aanbeveel. Had hy by die inhegtenisname gestop, sou dit sensasiesoekery wees – al is die kamerawerk hoe goed en die regie hoe slim.

Gelukkig is Molyneaux bereid om die baie moeilike, en ongewilde, vrae te vra oor hoekom die skuldiges dit gedoen het en, meer nog, wat nou met hulle in die tronk gaan gebeur.

Baie dekades gelede het ek ’n stuk navorsing oor die tronkstelsel gedoen en ek sal nie sommer vergeet wat een van Nicro (National Institute for Crime Prevention and the Reintegration of Offenders) se werkers gesê het nie. Hy het beweer tronke is universiteite vir misdaad. Jy gaan in vir winkeldiefstal, leer daar hoe om huisbraak te doen; gaan sit vir huisbraak en kom uit as vragmotorkaper; sit vir vragmotorkaping, kom uit en pleeg moord.

Nicro doen baie, ontsettend baie, maar die oormag in Suid-Afrikaanse tronke is geweldig.

In die tronk word ’n misdadiger basies gedwing om by een van die nommers aan te sluit. Jou pad deur die range word deur misdaad gekoop.

’n Tronk is veronderstel om ’n plek van rehabilitasie te wees, maar in alle eerlikheid is dit die teenoorgestelde. ’n Enorme aantal misdadigers beland uiteindelik weer in die tronk – dikwels vir misdade wat erger is as dit waarvoor hulle die vorige keer gesit het.

Last blue ride ondersoek die rekord van die misdadigers wat Cornelius vermoor het. Hulle was in die tronk en weer uit; in en uit; een van hulle was reeds ’n generaal in die 28’s toe hy betrokke was by Hannah Cornelius se laaste blou rit.

Verskeie onderhoude met voormalige bendelede, kriminoloë en joernaliste help die kyker om te verstaan hoe daardie rit in die Golf eintlik ook ’n laaste rit was vir die misdadigers – dit was die kulminasie van hulle opleiding in die land se tronke.

Drie van hulle gaan lewenslank sit – en hulle gaan nou weer die “professore” word wat jong misdadigers kan oplei ...

Dink net.

Carla van der Spuy se boeke Mens of monster en Bloed op haar hande wys hoe gereeld mense wat as jongelinge in die tronk beland het, later verlig is wanneer hulle weer in die tronk aanland – daar voel hulle veilig, daar word hulle gereken vir hulle status as misdadigers.

...
Hierdie bendes bied ’n heenkome aan jongmense, maar maak van hulle beter misdadigers, nie beter mense vir die lewe buite die tronk nie.
...
Die gesin van die slagoffer

Molyneaux gaan nog verder. Hy ondersoek die nadraai van die misdaad vir die gesin van die slagoffer.

Dit is ook aangrypend. Die veteraanjoernalis Julian Jansen, met wie ’n onderhoud gevoer word in Last blue ride, sê dat die toespraak wat Cornelius se pa voor vonnisoplegging, gemaak het, hom baie diep getref het. Dele daarvan kan in die film gehoor word.

Cornelius se gesin het ’n fonds begin om misdadigers te ondersteun, juis om die siklus van geweld te breek.

Sou daar ’n beter vangnet wees wat jong misdadigers kan rehabiliteer en terugplaas in die samelewing as volwaardige mense, sou Hannah Cornelius vandag waarskynlik geleef het.

Foucault en die ontstaan van tronke

Michel Foucault het in 1975 ’n besonder interessante boek geskryf met die titel Surveiller et punir : Naissance de la prison, wat in Engels vertaal is as Discipline and punish: The birth of the prison.

Die tronk is ’n redelik onlangse verskynsel in die menslike bestaan. Vir baie jare is kriminele (hetsy met of sonder deeglike verhore) gewoon doodgemaak of ernstig aangerand.

Die geweld wat teen mense gepleeg is, sou sagkens beskryf kon word as onmenslik. Daardie geweld was dikwels erger as wat die moordenaars van Hannah Cornelius aan haar gedoen het – veel erger. Hierdie geweld is boonop in die naam van die staat, en heel dikwels ook godsdienstige instellings, gepleeg.

Die tronk moes as alternatief dien. Aan die een kant moes dit ’n plek van straf wees – iemand wat skuldig bevind word aan ’n misdaad, moet immers ’n vorm van boetedoening doen; maar daarbenewens moet tronke ook plekke wees waar mense gerehabiliteer kan word.

Laasgenoemde gebeur nie. Beslis nie in Suid-Afrika nie.

Ek het opsetlik die Franse titel van Foucault se teks naas die Engels geplaas, want daar is ’n verskil.

Surveiller et punir sou direk vertaal kon word as Om dop te hou en te straf. Dit is ’n beter titel vir die boek.

Foucault wys daarop dat te min personeel in tronke gemaak het dat ons gevonniste misdadigers nou dophou met gesofistikeerde apparaat en geboue, in plaas daarvan om hulle te rehabiliteer. In Suid-Afrikaanse tronke is die oorlading só enorm dat gesofistikeerde dophoustelsels gewoon nie bestaan nie. In die plek daarvan word ons tronke deur bendes bestuur.

Hierdie bendes bied ’n heenkome aan jongmense, maar maak van hulle beter misdadigers, nie beter mense vir die lewe buite die tronk nie.

Tog beklemtoon Anthony Molyneaux se Last blue ride ook ’n ander belangrike punt oor observasie: Wanneer ’n bekende misdadiger, iemand wat reeds tyd in die tronk deurgebring het, uitkom, sien “ons” “hulle” anders. Die polisie sal bekende oortreders makliker deursoek; die gemiddelde werkgewer sal huiwerig wees om ’n persoon aan te stel wat reeds in die tronk was.

Deur anders na misdadigers te kyk, verontmenslik ons hulle.

Om anders te dink oor geweld

Hannah Cornelius, die beeldskone blondekop met ’n omgeehart, is dood omdat ons tronke plekke van verwaarlosing is.

Haar gesin het ná haar tragiese dood moeite gedoen om nie haar moordenaars te verontmenslik nie. In die plek daarvan spandeer hulle geld op die rehabilitasie van jong misdadigers om te keer dat ander mense se dogters verkrag en vermoor word deur jongmense wat geen hoop op ’n beter toekoms het nie.

Last blue ride word aanbeveel. Deels omdat dit so slim die misdaadtoneel herskep, maar veel meer nog, omdat die makers daarvan moeite gedoen het om te verstaan hoe drie jongmense so ’n afgryslike daad kon pleeg.

The post Tronke bedreig ons dogters: ’n resensie van Anthony Molyneaux se <em>Last blue ride</em> appeared first on LitNet.

Reusagtig soos Zelenski, Oekraïne op my TV-skerm: Lag. En húil.

$
0
0

...
Net soos sy alter ego in die film beroep Zelenski hom op sy kennis van die geskiedenis. Hy betig die Europese en Amerikaanse leiers met wapens uit die geskiedenis: wat met hulle gebeur het, wat hul leiers destyds self gesê het. Hy ontwapen hulle met sy kennis van húlle verlede.
...
Wladimir skiet op burgerlikes, hospitale, woonbuurte. Sagte teikens. Wladimir beroep hom op fopnuus om homself te verontskuldig. Wladimir verbied sy mense toegang tot die internet.
...

Ek sit die laaste weke pal met die afstandbeheerder in my hand en spring tussen die verskillende internasionale nuuskanale deur: BBC, CNN, RT (voor hulle gemuilband is), Deutsche Welle, Aljazeera, en ander.

Die oorlog speel voor ons oë af. In real time, feitlik soos dit gebeur.

Die omvang van alles is skrikwekkend. Die omvang van vernietiging. Die omvang van mense se angs. Die omvang van een mens se arrogansie. Die getalle neem eksponensieel toe en raak daagliks al meer onvoorspelbaar en onvoorstelbaar. 

En toe kom gooi Netflix ook ’n speek in die wiel met die uitsending van die komediereeks waarin Wolodimir Zelenski die rol van president van Oekraïne gespeel het. Servant of the people word dit in Engels vertaal. Ek kyk dit in die oorspronklike Russies/Oekraïens met Engelse onderskrifte.

Hy is klein van gestalte. Hy is ’n geskiedenisonderwyser by ’n hoërskool in Kiëf. Hy is kundig en toegewyd en ervare. Maar sy kollegas sien neer op sy vak en kom haal sy leerders uit die klaskamer om te help met die voorbereiding van die verkiesing. Hoekom nie die ander klas nie? Want hulle is besig met wiskunde, ’n vak wat glo belangriker as geskiedenis is. Die geskiedenisonderwyser verloor sy humeur. Sy woede oor die verkiesing en korrupsie in die land beland op sosiale media. Die kiesers stem oorweldigend saam met sy standpunte en sy leerders por hom aan en samel geld in sodat hy hom verkiesbaar kan stel. En hy word president van die land.

Die naam van die akteur? Wolodimir Zelenski. Wat in die regte lewe president van Oekraïne geword het.

Die openingstonele van Servant of the people wys hoe mooi die hoofstad is. Daar is talle historiese geboue, die breë rivier wat deur die stad vloei, die sjiek geklede inwoners. Alles skep die indruk van ’n stokou, moderne Europese stad. 

En daar is die onortodokse nuwe president wat self afstand gedoen het van sy lang slap swart motor en entourage wat met loeiende sirenes deur die stad jaag. Die beelde wys hoe die nuwe president op sy fiets ry. Werk toe. 

Hy speel die rol van iemand wat nog in goedheid glo, wat sy bes probeer om betroubare mense in belangrike posisies aan te stel. Maar die kyker sien die korrupsie wat hoogty vier en hoe die mense wat die naaste aan hom is, agter sy rug ook hul pond vleis eis. Al is dit ook ten koste van die burgers van die land. 

Die kyker sien Kiëf uit die oogpunt van die president, die een wat die mense voorop stel, die een wat ’n wesenlike verskil wil maak. 

Deur middel van die nuuskanale verneem die kyker van die impak van die oorlog uit verskillende bronne. En les bes ook uit die mond van ’n betrokke, onverskrokke president wie se stem al bekender klink.

Daagliks spreek hy wêreldleiers toe, spreek hy hulle aan, stel hy die voorbeeld. Hy maan Rusland en vermaan Europa en sy bondgenote. 

Die waarheid is vreemder as fiksie. 

Dit voel onwerklik, byna makaber om die twee gebeurtenisse, die TV-reeks en die TV-nuus, met die druk van ’n knoppie teen mekaar af te speel.

Daar is bykans dieselfde woorde soos in die TV-reeks, dieselfde gesig en gesigsuitdrukking. Soortgelyke beelde van die hoofstad Kiëf. Maar nou pryk dit ook – daagliks – in die nuus.

Daar is die beeld van die middestad van Kiëf, verskaf deur ’n webcam, daardie kameras wat 24/7 ’n ogie gooi oor ’n deel van ’n stad of ’n straat. Ek het die beeld reeds leer ken deur die talle nuusberigte op televisie, sedert die eerste inval in Februarie. Die Maidan-plein met ’n vroulike figuur op ’n hoë obelisk.

Dan kliek ek op Netflix op die komediereeks. Wanneer die (nou bekende) beeld van Maidan-plein voor my opdoem, is ek ’n paar sekondes lank uit die veld geslaan. Want teen dié tyd, waar die oorlog weke aan die gang is, kén ek as kyker reeds hierdie toneel.

Net soos sy alter ego in die film beroep Zelenski hom op sy kennis van die geskiedenis. Hy betig die Europese en Amerikaanse leiers met wapens uit die geskiedenis: wat met hulle gebeur het, wat hul leiers destyds self gesê het. Hy ontwapen hulle met sy kennis van húlle verlede.

Ek klik soms verward tussen die kanale en moet myself soms pertinent vermaan. Onthou hierdie is die pretensie, die komedie, die satire. 

En dié is die waarheid. Dié is die oorlog wat nou voor die oë afspeel. 

Soos die oorlog verdiep, nou al langer as ’n maand, word Zelenski se baard weliger. Die buitelandse joernaliste is gepantser en gekamoefleer en hul versinnebeeld al meer die idee van ingebedde oorlogskorrespondente. Soms praat hulle in fluisterstemme met die kamera.

Die vreedsame beeld van die Maidan-plein in Servant of the people verkry op die nuus ’n onheilspellende dimensie met die hoë klanke van ’n sirene: ’n waarskuwing van dreigende gevaar, ’n oproep om weg te kruip.

Zelenski se oproepe en toesprake neem toe, sy woorde raak dringender.

Dit is asof sy spel in Servant of the people hom op ’n manier voorberei het, ’n proeflopie was vir die “rol” wat hy nou speel. As akteur het hy die rol van ’n geskiedenisonderwyser gespeel.

In die TV-reeks, telkens wanneer hy voor ’n groot probleem te staan kom, verskyn ’n historiese figuur wat net hy kan sien. Dié figure gee hom raad, uit hulle eie ondervinding. So word hy byvoorbeeld deur Lodewyk XVI aangeraai om mense se koppe af te kap. Moenie jou tyd mors nie, niemand waardeer dit nie, aldus Lodewyk. En toe die “president” hom agternaroep: “Monsieur, wat moet ek doen?” is daar net een antwoord.

“Vlug!” gil die spook van Lodewyk XVI.

Raad wat die regte Zelenski reeds van die begin van die oorlog af ten sterkste afkeur. As akteur speel hy die rol van ’n president wat sy mense moed inpraat: “We are Ukrainians. We are brave. Strong. Free. We shall endure it.”

En in die regte lewe doen hy ook hierdie belofte gestand.

Die stryd tussen Wladimir en Wolodimir

Die groot fokus op die oorlog lei ook daartoe dat  ons algemene kennis oor Oekraïne, Rusland, Navo, ook eksponensieel uitbrei.

Ek stel ’n lesing saam oor die transliterasie van name en kan met vrug van Oekraïense en Russiese voorbeelde gebruik maak. Want dit is aktueel, dis nóú in die nuus, al die studente het toegang daartoe.

Mense praat vurig oor hierdie stryd tussen Wolodimir en Wladimir.

Wladimir skiet op burgerlikes, hospitale, woonbuurte. Sagte teikens. Wladimir beroep hom op fopnuus om homself te verontskuldig. Wladimir verbied sy mense toegang tot die internet.

Wolodimir benut die internet as sy luidspreker. As ervare, en suksesvolle, akteur ken hy die taal van die internet, verstaan hy die impak van die visuele beeld en van kragtige woorde. Hy is klein van gestalte, maar hy weet hoe om sy woorde in te span dat dit tréf waar dit moet.

Ek moet ook ’n module oor poësie vir die tweedejaars saamstel. Dit doen  ek graag, want ek hóú van gedigte ontleed. Die tema is wyd oop, ek kan kies. Maar dis asof daar net één tema voor my kom staan, net één digbundel: Oolog !

Vir my eie sieleheil in die alledaagse lewe lees ek graag wyd. En nou, met die oë van die wêreld volledig op Oos-Europa, is daar ’n vloedgolf van inligting op verskeie platforms.

Pen International hou gereelde gesprekke met skrywers en kunstenaars van Oekraïne. Ek maak aantekeninge van name, boeke en aanhalings om later verder te lees.

Saam met die nuuskanale kom ook die ontledings, soos die gespreksprogramme op Deutsche Welle. Markus Lanz is ’n gunsteling, weens die groot verskeidenheid gaste wat hy betrek. Politici word veral uitgevra oor Duitsland se rol in hierdie oorlog. Daar word veral  ook oor Poetin gepraat, dat dit vir hom nou gaan oor alles of niks; hy is nie toerekenbaar nie en die wêreld moet homself daarop voorberei.

Daar is indrukke van mense soos Natalie Klitschko, die vrou van Vitali Klitschko, eksbokser en nou burgemeester van Kiëf.

Die navorser Florence Gaub is van mening dat dit nie die bom is wat die wapen is nie. Die angs vir die bom is die wapen, sê sy. Dit is die spel met hierdie angs, wat so berekend gedoen word, wat gevaarlik is.

Die Russiese fliek Abteil Nummer 6 word nou geboikot, aldus die program Kulturzeit op DW.

Op Hard talk praat die BBC met Ilja Ponomarev, wat die stelling maak: Oorlogmisdadigers moet geëlimineer word.

’n Verdere, onvoorsiene, rol wat die TV-reeks in hierdie omstandighede speel: Vir die wêreld wat grootoog die oorlog op televisie volg, wys dit nie meer net ’n politieke satire nie, maar ook heel konkreet: ’n pragtige land met gewone mense wat net hul gang gegaan het, hul gewone lewens gelei het. Daar is dalk  ook ’n versugting om die land as toeris te kan besoek.

Dan klik jy weg van die TV-reeks na die nuuskanale en sien dieselfde land soos dit vandag daar uitsien: lieflike geboue vernietig; infrastruktuur, woongebiede, hospitale, skole, inkopiesentrums alles flenters geskiet. En die geweld neem elke dag toe.

Die werklikheid is inderdaad erger as fiksie. Die kyker sit met dié versugting: Was hierdie twee scenario’s maar eerder omgeruil!

In die TV-reeks uitoorlê die president sy teenstanders en seëvier uiteindelik. Die goeie oorwin die bose. Maar wat sal die regte Zelenski se uiteindelike lot wees? Ons sal maar moet wag en kyk.

Lees ook:

Oorlog en Vrede

Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer

Wat Hobhouse ons van Oekraïne kan leer

Humor in die oorlogsone: Eben Viktor gesels uit Oekraïne (21 Maart 2022 om 15:00)

Oekraïne: Berigte te velde

The post Reusagtig soos Zelenski, Oekraïne op my TV-skerm: Lag. En húil. appeared first on LitNet.

Uitnodiging: FilosofieKafee – Waarom die aandrif tot filosofie?

$
0
0

Dis herfs hier in die Boland, en dit is seker waarom ’n nuwe seisoen van nadink wakker word. In Maart het die FilosofieKafee® in Wellington ’n onvergeetlike gesprek ingelei met Breyten Breytenbach en Johann Rossouw, waarvan sommige aanhalings as Terugberig beskikbaar is op die blog.

Hiérdie maand is ons bevoorreg om saam met Willie van der Merwe ondersoek in te stel oor die wese van die filosofie. En dit hier in die hart van Stellenbosch!

Het ons nog die begeerte na Wysheid? En waarom dan? Kom neem deel aan dié oop gesprek!

Plek: La Sala, Reyneveldstraat 44, Stellenbosch
Datum: 8 April 2022 om 18:00
Koste: R190 pp (sluit ’n antipastabord en ’n glasie wyn in)
RSVP: oopgesprek@filosofiekafee.co.za of stuur ’n boodskap na 082 895 1139
Betaal asb by hierdie portaal: http://pay.yoco.com/filosofiekafee

"Waar kom die aandrif tot filosofie vandaan? Kies ’n mens daarvoor om bewustelik filosofie te beoefen, jou tyd en energie te wy aan die begeerte na wysheid, of is dit iets wat jou as’t ware oorval en oorrompel? Is die aandrif tot filosofie nie eerder iets wat in ’n mens wakkergemaak word nie, iets wat by jou opgeroep word, ’n roeping waaraan jy gehoor móét gee, selfs al sou jy nie wou nie? Waarom sou jy, as soveel mense – gewone individue en groot denkers – vóór jou en náás jou daarvan getuig dat die beoefening van filosofie ’n mens nie juis gelukkiger maak nie? Inteendeel! Soos die bekende Duitse filosoof Odo Marquard ’n keer half-sinies en met selfironie opgemerk het, is die keuse van ’n jongmens vir filosofie immers meesal nie die begin van ’n suksesvolle loopbaan nie, maar eerder van ’n persoonlike tragedie. Waarom dan die aandrif tot filosofie? En waarom daaraan gehoor gee?" – Willie van der Merwe

The post Uitnodiging: FilosofieKafee – Waarom die aandrif tot filosofie? appeared first on LitNet.

Interessante vertelling van ’n kortstondige huwelik met lewendige musiek

$
0
0

...
Dis nie ’n reusemusiekspel met glans, blinkers en baie akteurs wat hoogskop terwyl die stel draai nie, maar dis ’n aanbieding met werklike musikante en goeie akteurs, en dis wonderlik om weer jou voet te voel saamtik of jou hand liggies op jou knie te voel, soos dit ritme hou met die viool- of klaviermusiek.
...

Die musiekspel The last five years is geskryf deur Jason Robert Brown, het sy première in 2001 by die Chicago Northlight Teater gehad, en is in 2002 in Off-Broadway opgevoer. Dis geïnspireer deur Brown se mislukkende huwelik met Theresa O'Neill.

Dit het die Drama Desk-toekenning ingepalm en is as een van TIME se top 10 beste vertonings vir 2001 aangewys.

Dit vertel die storie van die vyfjaarverhouding tussen Jamie Wellerstein, ’n jong opkomende skrywer, en Catherine (Cathy) Hiatt, ’n sukkelende aktrise. Nie net Jamie se sukses is gou ’n doring in die vlees nie, maar ook sy wandelende oog, en die krakies begin gou wys.

Wat die aanbieding interessant maak, is die manier waarop dié liefdesverhaal vertel word. Die twee karakters ontmoet mekaar net een maal op die verhoog, op hul troudag. Die res van die tyd speel elkeen solo en vertel dieselfde storie, maar van twee kante af: Jamie vanaf hul ontmoeting tot die verbrokkeling en Cathy van die verbrokkeling af terug.

Tally Ho! Productions is by Theatre on the Bay verantwoordelik vir die produksie. Die span moes die produksie se speelvak vanweë die inperkings met twee jaar uitstel.

Die rol van Jamie word gespeel deur die Fleur du Cap-benoemde Anthony Downing, wat Brad Majors in die 2019-produksie van Rocky Horror deur Pieter Toerien Produksies gespeel het. Cathy word gespeel deur die Fleur du Cap-benoemde Zoë McLaughlin, wat onlangs in die 2021 Abrahamse & Meyer-produksie, The blue piano|The blue guitar, opgetree het wat vir drie weke by The Vineyard Hotel aangebied is.

Die verhoog is in drie dele verdeel: Agter sit ses musikante agter ’n vensteragtige afskorting; in die middel is die fluweelbank waarop Cathy meestal speel; en voor is Jamie se tikmasjien en lessenaar waar hy baie tyd deurbring.

Wanneer die ligte doof en Cathy op die fluweelbank lê en wegtrek met die liedjie “Still hurting”, weet jy hier kom groot hartseer. Maar voor jy te lank oor haar hartseer kan tob, kom Jamie op die verhoog en skop af met sy blydskap dat hy ’n meisie buite sy Joodse bloedlyn die hof kan maak en hoe opgewonde hy is om die res van sy lewe met haar deur te bring.

Alte gou is die woede daar omdat Jamie haar nie kom ondersteun met ’n vertoning waarin sy speel nie en boonop op haar verjaardag moet terugkeer New York toe om oor sy boek te vergader. Slim kostuumveranderinge maak dit maklik vir die gehoor om by te bly met die tydlyn.

Dis duidelik dat Cathy alles wil probeer om hul huwelik te red, terwyl Jamie die lewe van ’n bekende skrywer, die middelpunt van almal se aandag, te veel geniet. Hul loopbane slaan presies die teenoorgestelde rigtings in: Hy styg uit, sy faal. Die Ohio waarvan sy weggehardloop het om beter te vaar as bloot trou en kinders kry, blyk haar voorland te wees. Maar selfs daar faal sy, want haar huweliksbootjie sink vinnig.

Jamie blameer haar dat sy nie ondersteunend genoeg vir sy loopbaan is nie, hoewel hy haar aanvanklik die wêreld beloof het.

’n Groen deur waardeur hulle albei gedurende die vertoning gaan, word die ontmoeting en groet van ’n baie kortstondige huwelik.

Ek lees oor Tally Ho! Productions se die volgende: “Ons streef daarna om ’n diverse portefeulje  werk aan te bied, wat uit die kaleidoskoop van Suid-Afrikaanse kulture inspirasie put, sonder om die individuele artistieke integriteit van enige vertoning prys te gee. Deur ’n gevarieerde portefeulje, beoog ons om nuwe gehore te bou, wat ons waardes van insluiting en waardering van alle Suid-Afrikaners deel en vier.

“Ons glo in die narratiewe en kuns van storie-vertel. Die doel van teater lê in sy vermoë om perspektiewe te skuif; empatie te kweek en ons almal te inspireer om volgens ’n meer deernisvolle standaard te leef. Vir hierdie doel verseker ons dat ons produksies ’n holistiese ervaring van die hoogste gehalte is.

“Ons vertel ons stories vanaf die oomblik dat die gehoorlid in die teater-voorportaal aankom, tot wanneer hulle die ouditorium verlaat, of dit nou musiekteater, intieme drama, musiekkonsert, of ’n viering van sang en dans is.”

Inderdaad. Die oop teaterverhoog toe ons instap, het daardie ervaring lekker vroeg laat begin.

Ons sit steeds wyd uitmekaar om nie die 50%-kapasiteit vir Covid-regulasies te oorskry nie, maar die fluite en handeklap en staande ovasie vir die span op die verhoog het geen beperkinge gehad nie. Ons is reg vir goeie vermaak en hierdie opvoering is beslis een van die eerste treë in daardie rigting!

Dis nie ’n reusemusiekspel met glans, blinkers en baie akteurs wat hoogskop terwyl die stel draai nie, maar dis ’n aanbieding met werklike musikante en goeie akteurs, en dis wonderlik om weer jou voet te voel saamtik of jou hand liggies op jou knie te voel, soos dit ritme hou met die viool- of klaviermusiek.

En ’n liefdesverhaal wat gegrond is op ware mense, maak dit nog meer geloofwaardig.

The last five years
Met: Anthony Downing en Zoë McLaughlin
Musikante: Rayelle Goodman (viool), Dane Coetzee (tjello), Rina Schutte (tjello), Jaco Griessel (klavier), Graeme Lees (akoestiese kitaar) en CJ Duckitt (baskitaar).
Regie: Paul Griffiths
Stelontwerp: Jaco Griessel en Zoë McLaughlin
Musikale regisseur en klankontwerp: Jaco Griessel
Beligtingsontwerp: Jaco Griessel
Vervaardig deur Tally Ho! Productions
Theatre on the Bay, Kampsbaai
Tot 9 April 2022
Besprekings deur Computicket of die teater by (021) 438-3300
Kaartjies word in pare verkoop.

  • Foto’s: Tally Ho! Productions

The post Interessante vertelling van ’n kortstondige huwelik met lewendige musiek appeared first on LitNet.

Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks “werf” in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog

$
0
0

Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks “werf” in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog

Susan Smith, Departement Afrikaans, Universiteit van Fort Hare

LitNet Akademies Jaargang 19(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die eerste deel van hierdie artikel werp ’n blik op die stand van die hoofstroom- literêre ekokritiese diskoers en hoe internasionale uitgangspunte van mekaar verskil. ’n Aantal vrae word gestel: Wat is die stand van ekokritiek internasionaal? Hoe verskil onderskeie plekke se ekokritiese uitgangspunte van mekaar? En uiteindelik ook: Hoe sou ’n Afrikaanse ekokritiek daar uitsien?

Ek wil in hierdie artikel betoog dat plek sentraal staan in hoe ’n Afrikaanse ekokritiek gesien word; dat plek, plekgehegtheid en plekverbintenis onlosmaaklik verbonde is aan ’n ekokritiese perspektief op Afrikaanse literatuur, en dat dit aan die basis van sosiopolitieke denke lê. Voorts stel ek ’n Afrikaanse ekokritiek voor wat ’n multifokale perspektief as uitgangspunt het: Dit is ’n ekokritiek wat nie net fokus op ’n essensialistiese Westerse ekokritiek wat ekofeminisme, plekgesentreerdheid en die agentskap van plek insluit nie, of op ’n postkoloniale denke wat grootliks op die mens fokus en dus inherent antroposentries is nie, maar ’n postkoloniale ekokritiese Afrikaanse raamwerk wat met ’n ruim blik na plek en omgewing en die niemenslike en nielewende kyk binne ’n groter konteks van plekverbintenis, plekverbondenheid en verplasing, wat ruimte vir ’n versnyding van die Westerse en die postkoloniale ekokritiese perspektiewe laat. Gegewe die stand van internasionale ekokritiek en die groter klem op grensoorgang en insluiting, is dit krities belangrik dat die stem van so ’n eiesoortige ekokritiek internasionaal hoorbaar word, en dat dit verwoord word deur mense van en in hierdie Suid-Afrikaanse geografiese landskap.

Die artikel oorweeg in wese die Afrikaanse ekokritiek, wat een van die sisteme binne die groter Suid-Afrikaanse en Afrika- ekokritiese sisteme is. By nadere bestudering van ’n Suid-Afrikaanse Engelse ekokritiek sal daar waarskynlik raakpunte gevind word, maar ook wesenlike verskille, wat die gelykstelling van die twee sisteme aanvegbaar maak.1 Ekokritiese ondersoek na die kleiner, dog steeds belangrike sisteme van die ander landstale mag moontlik kollektief kragtige gewig dra weens die feit dat dit verteenwoordigend is van ’n veel groter aantal mense in hierdie plek as wat die geval met die Engelse en Afrikaanse sisteme mag wees.2 Uiteraard kan daar nie in die omvang van ’n enkele artikel genoegsaam aandag aan die groter kontekste gegee word nie, daarom dus die fokus op die Afrikaanse ekokritiek.

Daar moet uit die staanspoor duidelik gemaak word dat hoewel daar van ’n artikel soos hierdie verwag sou word om nie net na die “waarheen” en “wat” van ’n Afrikaanse ekokritiek te kyk nie, maar om ook ’n blik te werp op die bestaande navorsing, dit nie die fokus van die artikel is nie. Hierdie artikel staan op die skouers van bestaande navorsing, maar wil veral wys op die eiesoortige aard van die Afrikaanse ekokritiek deur die sentrale verbintenis daarvan tot ’n eiesoortige geografiese plek.

In die tweede deel van die artikel gebruik ek die aangeduide ekokritiese uitgangspunte as metodologie aan die hand waarvan die gedigreeks “werf” uit die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog ondersoek word en aangetoon word hoe ’n moontlike Afrikaanse ekokritiek daarop toegepas kan word.

Trefwoorde: Afrikaanse ekokritiek; ekokritiek; Antjie Krog; postkoloniale ekokritiek

 

Abstract

Towards a distinctive Afrikaans ecocriticism: Analysing the poem series “werf” (“yard”) in the poetry volume Mede-wete (2014) by Antjie Krog

The first part of this article focuses on the state of mainstream literary ecocritical discourse, and how international perspectives differ. Several questions are posed: Where is South Africa on the ecocritical radar? As part of this Global South, how far have we come in establishing a South African or African ecocriticism? How does our local ecocriticism compare with international ecocriticism in terms of literary theory formation and international discourses? Most importantly: What would an Afrikaans ecocriticism look like?

I argue that place is central to how an Afrikaans ecocriticism is seen or conceptualised; that place, place attachment and place commitment are inextricably linked to an ecocritical perspective on Afrikaans literature, and that they underlie socio-political thinking. Furthermore, I propose an Afrikaans ecocriticism that has a multifocal perspective as its point of departure: It is an ecocriticism which does not only focus on an essentialist Western ecocriticism that includes ecofeminism, place-centredness and the agency of place, or on a postcolonial thinking which focuses largely on man and is therefore inherently anthropocentric. It is a postcolonial ecocritical Afrikaans framework with a broad view of place and environment and the non-human and non-living, looking at a larger context of place connection and displacement, which allows for a blending of Western perspectives and postcolonial ecocritical perspectives. Given the state of international ecocriticism and the greater emphasis on border crossing and inclusion, it is critically important that the voice of such a distinctive ecocriticism should be heard internationally, and that it should be articulated by people from and in this South African geographical landscape.

The article essentially considers Afrikaans ecocriticism, which is one of the systems within the larger South African and African ecocritical systems. On closer study of a South African English ecocriticism, connections and agreement would probably be found, but also significant differences, which make regarding the two systems as equal or equivalent, debatable. Ecocritical research into the smaller, yet still important systems of the other national languages may possibly carry collectively powerful weight due to the fact that they are representative of a much larger number of people in this place than may be the case with the English and Afrikaans systems. The scope or focus of this article is, however, on Afrikaans ecocriticism.

It must be made clear from the outset that although an article like this would be expected not only to look at the “where” and “what” of an Afrikaans ecocriticism, but also to take a look at existing research, this is not the focus of the article. This article stands on the shoulders of existing research, but aims to point out in particular the distinctive nature of Afrikaans ecocriticism through its central commitment to a distinctive geographical location.

Since the nature of ecocriticism is inherently transnational, multicultural, transdisciplinary and multifaceted, it confirms precisely that within an Afrikaans ecocriticism we cannot necessarily detach ourselves from international trends. The most critical statement of our time is Tally’s statement that spatial studies are inevitable in any contemporary study of literature (Tally 2013:4). In an era of globalisation, literary space studies are certainly not accidental – globalisation, multi- and transnationalism, the growing interest in literature of the Global South and other forms of cultural border crossing confirm the role that place and place transition play. The central position that place has in these studies indicates that place now more than ever before must be seen in the same way as markers such as race and gender.

A South African ecocriticism will inevitably have to account for the relationship that people of this country have with the place where they live, and continue to investigate how the place has been used and abused in the past as a tool of power and politics. It should look at how people are currently living and dealing with place and the transgressions of the present, where we as people of this country are heading in our relationship with this piece of earth on which we live, how we live on it and how we share and protect it. Postcolonial investigations over the past two or three decades have done much to address our awareness of injustices of the past. An ecocritical approach will assist to broaden the strong connection between identity and place, and serve to enrich the postcolonial investigations into South African literature.

Postcolonial ecocriticism should be seen as more than just a greening or expansion of postcolonialism. In addition to the obvious contradictions between anthropocentric and ecocentric perspectives, the point of contact between postcolonialism and environmental studies is precisely the paradoxical fact that the landscape was influenced by man and that colonialism was always about land and influenced by people and country. Deliberate displacement of people over years, one of the core actions of colonialism, did not occur in isolation. Similarly, the placement and displacement of plant and animal species from the Global South to the North and throughout the European imperial empire took place – a large-scale global diaspora of humans, plants and animals, and of non-living natural resources such as gold, diamonds, coal and oil, which, according to Huggan and Tiffin (2015:6), makes cultural and environmental restitution almost impossible. Postcolonial ecocriticism has the role of advocacy to fulfil, both in relationship to the real world and in the fictional spaces that are created in which reflection is done on how the real world can be transformed.

During the past few years new role players, among others Susan Meyer, Susan Smith, Andries Visagie, Franci Greyling, Erika Lemmer and Louise Viljoen, have entered ecocritical research. The specific topics include place and place specificity, urban ecocriticism, animal studies, new materialism, object-oriented ontology, geocriticism, ecocriticism and philosophy, African ecocriticism, ecology and identity, nature and identity, postcolonial ecocriticism, dystopian ecology, and new animism. From the above topics of ecocritical inquiry it appears that we mostly include the same overarching trends as our international counterparts. The question can be asked whether there are any differences between an Afrikaans and a Western ecocriticism. I argue here that an Afrikaans ecocriticism predominantly situates place as central, and secondly, that we are predominantly dealing with a postcolonial ecocriticism. A comprehensive definition of an Afrikaans ecocriticism will entail a necessary blending of existing ecocritical attitudes or even ecocriticisms, mainly mainstream ecocriticism and postcolonial ecocriticism. The uniqueness is therefore not located in the theoretical framework as such, but in the research material, and in the material, social and geographical specificities and place-bonds.

A definition of a specific Afrikaans postcolonial ecocriticism might be: a) It is an eco-centred ecocriticism of place as a material and geographical space of agency in which there is a unique and interactive connection between man and the non-human and non-living in this space; b): in coherence and interaction with the above, a postcolonial ecocriticism of place as personal space, as origin and identity, taking into account the politically charged context of place, the history of place and man; and c) the manner in which these two aspects are expressed in cultural products such as literary texts, specifically Afrikaans texts on the South African geographical landscape.

In the second part of the article I use the above ecocritical points of departure as a methodology on the basis of which a series of poems, “werf” (“yard”) from the volume Mede-wete (2014) by Antjie Krog is investigated and demonstrates how a possible Afrikaans ecocriticism can be applied. The interaction and connection of Antjie Krog as a writer and poet with space and place are remarkable. Her long-standing discourse with the landscape and specific places is present throughout her oeuvre. As one of the most prominent poets and writers in Afrikaans literature, Krog is nationally and internationally viewed with respect, not only as a writer and poet, but also as a public figure who comments on the South African language and society in multiple ways. What makes Krog exceptional as a writer is her transcendence of a single angle or focus. Her texts call for a transdisciplinary approach, and with each new text that appears she increasingly challenges the boundaries of literary theory and an unambiguous view. From the vast array of theoretical frameworks already used in the past to look at Krog’s work, the transdisciplinary framework of postcolonial ecocriticism is particularly apt to engage with Krog’s most recent volume of poetry, Mede-wete (literally “co-knowledge”) (2014).

The multi-voiced nature of the series of poems succeeds in making all the voices of the people who live on the “site” resonate; the earth itself also adds its voice. Guilt and injustice, love, longing, displacement, alienation, but also hope are expressed in an intertwining of relationships between what is on and what is of the earth.

In conclusion, to take a look at the Afrikaans postcolonial ecocriticism does not mean to make a binary distinction between ecocriticism on the one hand and postcolonialism on the other hand. I advocate for a comprehensive, inclusive perspective of an ecocriticism that creates space for all connections.

Ecocriticism as a literary theory of place is the one theory that enables us to read this interconnectivity of all things. The matrix as found in Krog’s poetry is the matrix of the universe – of all living and non-living and human and non-human things, the relationships of these things to one another and the “mede-wete” that whatever we think and do on this place at the southern tip of Africa is intertwined with all things and all people.

Keywords: Afrikaans ecocriticism; ecocriticism; Antjie Krog; postcolonial ecocriticism

 

1. Inleiding

Ekokritiek, ’n wye heterogene beweging, het vanaf ’n randstandige posisie wat selfs nog so onlangs soos die eerste dekade van die 21ste eeu van krag was, toenemend na die sentrum van literêre diskoers beweeg. Die toename in gesofistikeerde en weldeurdagte teoretiese konseptualisering oor omgewingsfaktore kan gesien word as ’n regstelling van die voorafgaande randstandigheid, terwyl die transdissiplinêre aard van teoretisering bydra tot die verruiming van perspektief, beide vir die literêre dissipline en vir al die verwante dissiplines.

Hoewel ekokritiek reeds sedert die 1970’s internasionaal begin ontwikkel het, is dit in die afgelope 10 jaar dat ons hierdie raamwerk standhoudend in Afrikaanse letterkunde toepas. Drie dekades van internasionale ekokritiese diskoers en ’n gedefinieerde omgewingsbewussyn laat geen twyfel dat ekokritiek as teoretiese raamwerk nie net ’n groot impak laat op hoe ons na die kultuurprodukte van ons samelewing kyk nie, maar veral ook op die wyse waarop ons na die wêreld om ons en na ons plek en rol in hierdie wêreld kyk. In die lig van dramatiese grensverskuiwings en ontwikkeling op die terrein van ekokritiek bestempel Slovic, Rangarajan en Sarveswaran (2015:2) ekokritiek as een van die vinnigs groeiende en sosiaal dringendste vertakkinge van menswetenskappe.

Teoretici wat die golfmetafoor gebruik, identifiseer internasionaal vier golwe om die ontwikkeling oor die afgelope drie dekades te karteer. Slovic, Rangarajan en Sarveswaran (reds.) (2015:vii e.v.) bied ’n bruikbare opsomming wat kortliks hier onder saamgevat word.

Die eerste golf gedurende die middel-1990’s se fokus was op wildernis, Anglo-Amerikaanse niefiksie en diskursiewe ekofeminisme; die tweede golf was die meer internasionaal inklusiewe golf, met ’n swaai na die stedelike ervaring en erkenning van omgewingsreg en aardreg. Die tweede golf sluit ook die postkoloniale bewussyn in oor ’n breë spektrum van genres. Die derde golf word gekenmerk deur vergelykende en selfkritiese en tendense. Die meer onlangse duidelik onderskeibare vierde golf fokus op ’n indringende toepassing van die nuwe materialisme se woordeskat en denkwyse oor omgewingsestetika, en ’n dringender toewyding tot die skep van menslike omgewingswetenskappe wat bydra tot die mensdom se ondersoek na die uitdagings van volhoubaarheid in ’n wêreld wat aan die verwarm is.

Tans val die klem internasionaal op die groeiende behoefte aan ondersoeke na materialiteit, na die oorsteek van nasionale grense deur meer vergelykend te werk te gaan en selfs ekokritiese toepassing in nienatuurlike kontekste uit te voer. Die mees onlangse navorsing dra by tot die begrippe nuwe materialisme, objekgeoriënteerde ontologie, agentskap, stedelike ekologie, kultuurekologie, posthumanisme, omgewingskommunikasie, die Antroposeen, terraformasie en die apokalips. Ook die geokritiek ontvang toenemende aandag, ’n studieterrein waarin geografiese begrippe op literêr-teoretiese wyse op literêre tekste van toepassing gemaak word om ’n uitgebreide begrip van plek tot stand te bring. Die vrae wat gevra word, strek selfs verder as die natuur, en probeer om ekokritiese toepassings in nienatuurlike kontekste te vind.

Hoewel die sogenaamde golwe van ekokritiek ’n nuttige hulpmiddel is om die verloop van die ekokritiese beweging internasionaal te karteer, is die grense nie klinkklaar nie en wil hierdie artikel eerder fokus op die uitdagings in terme van die formulering van ’n Afrikaanse ekokritiek. Hier te lande blyk dit dat die Afrikaanse ekokritiek, moontlik weens die later toetrede tot die debat, nie vervat kan word in spesifieke golwe of bewegings nie, maar vrylik oor die grense van hierdie sogenaamde bewegings en fokusareas beweeg.

Omdat die aard van ekokritiek inherent transnasionaal, multikultureel, transdissiplinêr en veelvormig is, bevestig dit juis dat ons onsself nie noodwendig kan losmaak van internasionale tendense nie. Schliephake (2015:195) wys daarop dat wat begin het as ’n herbesinning oor die rol van letterkunde en kultuur in ons interaksie met die niemenslike omgewing, ontwikkel het in ’n nuwe dissipline met verskeie subvertakkinge wat verreikende epistemologiese en ontologiese impak het binne ’n toenemend transdissiplinêre raamwerk, ’n raamwerk wat geskiedenis, wetenskap, geografie, sosiologie, sielkunde, filosofie en vele meer insluit. Duidelike parallelle met postkoloniale denke word bespeur wat toenemend op die voorgrond tree en van belang is vir ’n genuanseerde blik op ’n eie ekokritiek. Ekokritiek maak dus voorsiening vir die studie van die skakeling nie net tussen letterkunde en omgewing nie, maar ook tussen al hierdie transdissiplinêre perspektiewe wat die mens in staat stel om die interkonnektiwiteit van kennis, verskynsels, mense en representasie te ontleed en te begryp. Die studie van plek, sowel natuurlike as vervaardigde plek, omvat die mens se betekenismakende prosesse van sowel lewende niemenslike as nielewende vorme in ’n geïntegreerde sisteem van verhoudings – verhoudings wat in literêre tekste ontleed kan word.

In haar artikel “Greening the library: The fundamentals and future of ecocriticism” meen Johnson (2009:10) dat dit juis hierdie transdissiplinêre aard van ekokritiek is wat bes moontlik daartoe kan bydra dat die term ekokritiek met verloop van tyd in onbruik kan raak en vervang word deur of verfyn word met ’n korpus terme wat oor die hele spektrum interdissiplinêr na die mens se verhouding met die niemenslike en nielewende verwys. Die argument van Johnson oortuig nie heeltemal nie, en ek voorsien dat soos alle ander groot teoretiese bewegings, die term en definisie die toets van die tyd sal deurstaan hoewel groter diversiteit en verruiming voorsien kan word. Johnson (2009:10) beweer wel dat bykans geen ander teoretisering oor literatuur nie op een of ander manier ook ’n bewussyn van plekverbondenheid insluit nie, al word dit nie noodwendig ekokritiek genoem nie, en hiermee stem ek saam. Ruimtelike studies, wat bykans alle vorme en permutasies van eko- en geokritiek insluit, word al meer as sambreelterm gebruik, en word verkies deur teoretici soos Tally (2013:4). Die sentrale posisie wat plek in hierdie studies inneem, dui daarop dat plek nou meer as ooit tevore op dieselfde wyse gesien moet word as merkers soos ras en geslag, soos ek vroeg reeds beklemtoon het (Smith 2012b).

Die ikoniese stelling van Michel Foucault in 1967, “We are in the epoch […] of space” (in Foucault en Miskoviec 1986:22) is volgens Robert Tally jr. nóú selfs meer van toepassing as tóé (in Darici 2015:29). Tally sê dat ons omring is deur “profound spatiality” op die gebiede van postmoderne kuns, argitektuur, letterkunde en filosofie (Darici 2015:29), wat uiting vind in die kartering van plek as die enkele belangrikste aksie tans in ruimtelike studies (Tally 2013:4). Die mees kritieke stelling van ons tyd is Tally se uitspraak dat ruimtelike studies onvermydelik is in enige eietydse studie van literatuur (Tally 2013:4). In ’n era van globalisering is studies oor literêre ruimte, of dan literêreruimtestudies, beslis nie toevallig nie; globalisering, multi- en transnasionalisme, die toenemende belangstelling in literatuur van die Globale Suide en ander vorme van kulturele grensoorgang bevestig die rol wat plek en plekoorgang speel.

Hoewel verbintenisse nie altyd sigbaar is nie, het die fokus op globalisering daartoe gelei dat die wyse waarop uiteenlopende en selfs teenstrydige plekke met mekaar verbind is, uitgelig word. Meer nog: Die transformerende effek van moderne tegnologie wat daartoe bydra dat ons sin vir ruimte en verbintenis verandering ondergaan het, lewer terselfdertyd ook ’n bydrae tot ons sin van reële plek deurdat ons nuwe verbintenisse en plekgehegthede deur tegnologie kan opbou.

In die ondersoek na die verteenwoordiging van plek in literêre tekste, die verhouding tussen literatuur, geografie en kartografiese praktyke, en die rol van plek en ruimte in kritiese teorie, is dit duidelik dat inter- en transdissiplinêre benaderings produktiewe verbintenisse met verskeie dissiplines tot gevolg het. Tally en Battista (2016:xi) dui op die belangrike rol wat ruimte- en plekgeoriënteerde literêre studies speel om die eietydse literêre kritiek onder die vaandels van literêre geografie, literêre kartografie, geofilosofie, geopoësie, geokritiek, ekokritiek en ruimtelike menswetenskappe in die algemeen te transformeer deur die aandag op die dinamiese verhoudings tussen plek, ruimte en literatuur te vestig.

Hierdie artikel wil voortbou op vorige navorsing (Smith 2012a, 2012b, 2015, 2016 en 2021) wat plek sentraal stel in ’n blik op hoe ’n Afrikaanse ekokritiek daar uitsien. Dit wil wys op die multifokale perspektief wat deurlopend as uitgangspunt gebruik word waardeur ’n blik op ekokritiek ook ’n postkoloniale ekokritiese blik insluit waardeur beide die menslike en niemenslike kontekste ontgin word. Deur multifokalies en multidissiplinêr te werk te gaan, word die tot dusver meestal Europese, Amerikaanse en Kanadese fokus en die gepaardgaande golwe van ondersoek ingesluit en aangevul deur ’n groter begrip van die komplekse verhouding tussen mens, plek en histories-sosiale kontekste. Die artikel werp lig op die Afrikaanse ekokritiese sisteem, wat een van die sisteme binne die groter Suid-Afrikaanse en Afrika-ekokritieksisteme is, en wat ook sy plek op die internasionale terrein van ekokritiek wil inneem. Die beperkinge van die artikel is ooglopend, en die artikel wil nie namens die groter Suid-Afrikaanse ekokritiek praat nie, hoewel ooreenkomste baie waarskynlik is. Uiteraard sal die artikel verwys na ’n Suid-Afrikaanse ekokritiek weens die verweefde aard van die sisteme. So ’n ondersoek waardeur nie net die Engelse Suid-Afrikaanse literatuursisteem nie, maar ook die kleiner maar beduidende en belangrike sisteme van die ander landstale ondersoek word, sal baie daartoe bydra om ’n oorkoepelende Suid-Afrikaanse ekokritiek daar te stel.

 

2. Ekokritiek en internasionale perseptuele verskille

Om na die plaaslike te kyk, moet ons ook die globale in ag neem, wat belangrike vrae laat opduik. Hoe word die begrip ekokritiek oor verskillende kontinente en tale heen verstaan? En daarmee samehangend: Word sleutelterme en -begrippe soos natuur, pastoraal, wildernis, tuin, land en grond dieselfde geïnterpreteer? Watter uitdagings bied die vertaling van terme en begrippe in die verskillende tale en kulture?

In ’n paneelbespreking (Flys 2010) met deelnemers hoofsaaklik uit Europese lande word interessante lig gewerp op sommige van hierdie vrae. Hoewel reeds ’n dekade later, bly heelwat argumente geldig en ’n aantal interessante feite kom na vore, veral ten opsigte van die onderskeid tussen Amerikaanse en Europese ekokritiek.

Wat uit die bespreking blyk, is onder andere dat Wes-Europese ekokritiek meer deur teorie gedryf word as Amerikaanse ekokritiek; dat weens die grootliks verkultuurde en menslik bewerkte omgewing in Europa, wildernis minder belangrik blyk te wees in Europese ekokritiek as die pastorale (Axel Goodbody in Flys 2010); dat Amerikaanse ekokritiek se assosiasie met die natuur dikwels verwant is aan nasionale identiteit; en die teendeel: dat as gevolg van die Nazi-ideologie van Bloed en Aarde, Duitse ekokritiek juis min nasionale identiteit openbaar of insluit. Goodbody (in Flys 2010) voer verder aan dat daar nie ’n vertaling vir “sense of place” in Duits is nie, en dat bemoeienis met plek, plekverbondenheid, identifisering met en toewyding tot die natuur en omgewing in Duitsland uiting vind in dialoog oor “Heimat”, wat Goodbody in die paneelbespreking (Flys 2010) met “homeland” vertaal. Met Goodbody se vertaling van Heimat as homeland en ons eie gelykklinkende term tuisland plaas dit ons onmiddellik binne die problematiese politieke en historiese konteks eie aan Suid-Afrika en Afrikaans en die besef van die plaaslike politieke en koloniale geladenheid van die woord vanweë die voormalige Nasionale Party se tuislandbeleid.

Nog ’n voorbeeld van ’n begrip/term met historiese en kulturele verskille is landskap, wat in verskillende tale en geografiese gebiede uiteenlopend gedefinieer word. Volgens Oscarson (2010:18) verwys landscape in Engels uitsluitlik na kulturele produksie, dus ’n mensgemaakte, herskepte of veranderde landskap. Die woord word in Engels aangetref sedert ongeveer die 15de eeu, en hoewel dit binne die genoemde konteks wat Oscarson voorhou, gebruik word, het die woord nie beperk gebly tot hierdie enkele betekenis nie en het die verspreiding van Engels, veral deur kolonisasie, daartoe bygedra dat betekenisverruiming plaasgevind het. Verwant aan die Engelse landscape is die Nederlandse landschap, van waar die Afrikaanse woord sy oorsprong het. Hierdie landschap, skryf Schama (1995:10), “signified a unit of human occupation, indeed a jurisdiction” en het oorspronklik betrekking op die Nederlandse drooggelegde land wat deur menslike ingenieurspraktyke tot stand gebring is (Smith 2012b:908). In ander tale, soos Sweeds en ook Afrikaans (Smith 2012b:908), verwys landskap na beide die natuurlike (menslik onaangeraakte) landskap en die herskepte landskap.

Die invloed van ’n Westerse koloniale siening van landskap is veelvoudig. Reeds in 1988 lewer J.M. Coetzee in sy studie White writing (1988:40) kommentaar op hoe vroeë koloniale kunstenaars soos William Burchell gepleit het vir die estetiese waarde van die Suid-Afrikaanse landskap ten spyte daarvan dat dit nie aan die sogenaamde norm van Europese estetiek voldoen het nie, waarvolgens daar “distant mountains, a lake in the middle distance, and a foreground of rocks, woods, broken ground, cascades or ruins” verwag is. Coetzee is van mening dat ten spyte van die soeke na “African beauty”, Burchell se estetika “but a modified European picturesque” (Coetzee 1988:41) aanbied. Sy siening kom dus daarop neer dat hy landskapverteenwoordiging sien as ’n proses van die koloniale wat sigself in die Suid-Afrikaanse konteks inplaas deur landskap steeds as ’n Europese estetika te beskou, en wat dan alte maklik terugval in die patrone van die bewondering van die pastorale en wildernis. Veranderinge in persepsies sien literatuur wat binne die raamwerk van die pastorale val, toenemend as ’n vorm van epistemiese kolonialisme en aanspraakmaking (Huggan en Tiffan 2015:123), waardeur die “ander” stilgemaak en tot die voordeel van die self aangewend word.

Ook die begrip wildernis het met verloop van tyd bepaalde betekenisveranderinge ondergaan, nogeens ’n voorbeeld van politieke en kulturele geladenheid en globale verskille in persepsies. Die begrip wildernis word enersyds as chaos gesien: ’n terra incognita, ’n terrein wat onversteurd deur permanente inwoners is, ongerep, onaangeraak en verafgeleë, die ander, die teenoorgestelde van kultuur, die gevreesde, en plek van uitgeworpenheid – allerweë ’n verromantiseerde blik, meestal vanuit die Britse koloniale kultuur. Die daaropvolgende blik op wildernis fokus op wildernis as plek van rus, plek om nader aan die natuur te kom, natuurlik, en waar ’n outentieke lewenstyl gehandhaaf kan word (meestal ’n Amerikaanse blik). Tans word wildernis juis al meer gesien in samehang met die mens as deel van wildernis waar wisselwerking geskied. So ’n siening verhoed dat wildernis se plekspesifieke eienskappe nie juis die struikelblokke word wat uitgedaag word nie, en tot groter verantwoordelikheid lei.

Uit talle vergelykende en teenstellende persepsies wat in die afgelope tyd gevorm word, is dit duidelik dat daar in elke uithoek van die aarde waar mense woon of waardeur hulle reis, ’n unieke en belangrike visie van die verhouding tussen die menslike kultuur en die natuurlike wêreld bestaan, en dat dit drasties van plek tot plek kan verskil. Selfs hoe plek benoem en gedefinieer word, toon verskille en ondergaan veranderinge, wat op die uniekheid van elke plek dui. Verskille in perseptuele betekenisgewing van terme soos hier bo uitgelig is steeds belangrik, want dit vorm deel van die koloniale en postkoloniale geskiedenis en die gesprek wat steeds voortduur, omdat talle van hierdie persepsies ook steeds onderliggend van krag is. Ekokritiese perspektiewe in spesifieke streke is dikwels die gevolg van koloniale, postkoloniale en selfs neokoloniale toestande, terwyl inheemse kulturele praktyke en uitdrukkingswyses eweneens die metodologieë en doelstellings van spesifieke streke rig (Slovic, Rangarajan en Sarveswaran (reds.) 2015:vii), maar ook steeds deur hoofstroom navorsing bevraagteken word. Dit is duidelik dat debatte oor ekokritiek internasionaal gevorm en ingegee word deur verskillende geografiese, dikwels plaaslike, toestande, historiese en huidige kollektiewe gebeure en kulturele tradisies eie aan ’n bepaalde plek.

 

3. “Going South”: ekokritiek en die Globale Suide

Hoe die wêreld gesien en verdeel word, is ’n belangrike bepaler vir die konteks van waar Suid-Afrika sigself binne die ekokritiek bevind. In North-South: A program for survival (Brandt 1980:19–20) wat deur die destydse Duitse kanselier Willy Brandt opgestel is, verwys hy na wat uiteindelik die Brandt-lyn genoem sou word: die onderskeid tussen die Eerste Wêreld- en Derde Wêreld-lande en tussen ryk en arm nasies. Die verslag is veral bekend daarvoor dat dit vir die eerste keer op dringende wyse ekonomiese ongelykhede regoor die planeet uitwys, met die waarskuwing van “a scorched planet of advancing deserts, impoverished landscapes and ailing environments” wat ons nageslag sal erf indien ons nie genoegsame aandag gee aan die omgewingsverval en die komplekse verhoudings tussen die verskillende gemeenskappe en die ruimtes wat ons bewoon nie (Slovic e.a. 2015:2). Die term Globale Suide is ’n geopolitieke term wat ná die val van die Sowjetunie grootliks die term Derde Wêreld vervang het. Binne die trans-Atlantiese konteks simboliseer “going south” nie net om na die diasporiese gemeenskappe van die Suidelike Halfrond op soek te gaan nie, maar ook suidwaarts na bioregionale plekke wat geaffekteer is deur die geweld van geskiedenis (Handley 2007:91).

In hulle inleiding tot Ecocriticism of the Global South wys Slovic e.a. (2015:1) tereg daarop dat die hoofstroom omgewingsdiskoers, in die besonder ekokritiek, tot onlangs institusioneel en epistemologies in Brittanje, Kanada en die VSA gesentreer was. Met die ontwikkeling van postkoloniale ekokritiek sedert 2005 word die sosiale bewussyn van omgewingsreg en ruimtelike studie uitgebrei tot postkoloniale kontekste wat ten doel het om mense en omgewings globaal in te sluit. Slovic e.a. wys egter daarop dat die skryf en redigeer van navorsing oor ekokritiek grootliks uit Eerste Wêreld-perspektief deur Eerste Wêreld-akademici uitgevoer word wat namens die “subalternized human communities and degraded landscape” (Slovic e.a. 2015:2) praat, en dit is duidelik dat ’n ekokritiese epistemologie en etos wat vanuit die Globale Suide-perspektief aangebied word, nog grootliks onderverteenwoordig of niebestaande is. Ons staan tans aan die begin van ’n beweging wat bestempel kan word as “going South”, die terug skryf van die Globale Suide, in dieselfde gees as “the empire writes back” soos Bill Ashcroft, Gareth Griffiths en Helen Tiffin dit bewoord het in hul klassieke teks oor postkolonialisme in 1989 (Ashcroft e.a. 1989). Derhalwe is agentskap aan die ongehoorde stemme noodsaaklik, iets wat Slovic e.a. probeer regstel deur die insluiting van skrywers vanuit of oor plekke in Asië, Suid- en Sentraal-Amerika, Oos-Europa, die Persiese Golf en Afrika, en subkulture uit Nieu-Seeland. In hierdie versameling word Anthony Vital ingesluit as ’n Suid-Afrikaanse stem met sy hoofstuk “Ecocriticism, globalized cities, and African narrative, with a focus on K. Sello Duiker’s Thirteen cents”, wat ’n ontleding bied van K. Sello Duiker se Thirteen cents (2000), Zakes Mda se The heart of redness (2000), Ngũgĩ wa Thiong’o se Devil on the cross (1980) en Doreen Baingana se Tropical fish (2005). Slovic e.a. (2015:2) voer aan dat hulle hierdeur stem gee aan akademici wat in die Globale Suide woon, wat hiervandaan kom of wat op ander wyses sterk betrokke is by en bekend is met die streke. Volgens hulle (2015:3) vra die komplekse verhouding tussen literêre tekste vanuit ontwikkelende streke van die wêreld en die bedreigde omgewings waar die tekste ontstaan, dat nuwe praktyke van lees van beide die tekste en die plek van mense binne hierdie omgewings aangewend sal word. Dit sal daartoe lei dat die ongelyke patrone van neoliberale ontwikkeling in die Globale Suide wat die lewens van miljoene wat op die natuurlike hulpbronne staatmaak vir oorlewing, uitgewys word.

In die epog van die Antroposeen het dit krities belangrik geword dat die menslike geskiedenis in die geskiedskrywing van die aarde ingevoeg moet word, en omgekeerd. Sosiopolitieke geskiedenis, sosiale bewegings oor landgrense en kontinente, objekte en gebeurtenisse speel ’n onontkombare rol. Dit is duidelik uit die ondervindings en geskiedenisse van kolonisasie dat verplasing en onteiening in die Globale Suide demonstreer dat menslike en natuurlike geskiedenisse nie wedersyds uitsluitend behoort te wees nie. Ekologiese waarheid is die dryfkrag agter historiese waarheid en die twee is onlosmaaklik verbind.

Huggan en Tiffin (2015:29) wys tereg daarop dat dit een van die sentrale take van die postkoloniale ekokritiek as ontwikkelende veld is om nie net die bestaande definisies uit te daag nie maar ook ’n lewensvatbare alternatief vir die Westerse ideologieë daar te stel. Hierdie ideologieë, wat hoofsaaklik politieke en ekonomiese belange in die oog het wat tot die Weste se voordeel is, word gesien as niks meer nie as verbloemde neokolonialisme, gevoed deur ’n koloniale mentaliteit van oorwaardering van industriële samelewings en devaluasie van bestaansgebaseerde gemeenskappe en samelewings waarin die harmonie tussen mens en omgewing ’n groter rol speel as materiële welvaart (Huggan en Tiffin 2015:33).

Dit is teen hierdie agtergrond dat ons ons dus die vraag afvra: Waar is Suid-Afrika op die ekokritiese radar? As deel van hierdie Globale Suide, hoe ver het ons gevorder om ’n Suid-Afrikaanse of Afrikaanse ekokritiek daar te stel? Wat het ons tot dusver bereik? Hoe vergelyk ons plaaslike ekokritiek met die internasionale in terme van literêre teorievorming en internasionale diskoerse? Wat is die ideologiese grondslag van ons ekokritiek? Watter rol speel plek in die Suid-Afrikaanse milieu?

 

4. ’n Afrika- en Suid-Afrikaanse ekokritiek

Suid-Afrika word dikwels gesien as die toegang tot Afrika – geografies, antropologies, histories en kultureel. Dink maar aan die tersaaklikheid van Maropeng se Wieg van die Mensdom, die Sterkfonteingrotte, die Vredefortkoepel, die Mapungubwe-kultuurlandskap, die Richtersveld, die St. Lucia-vleilande, die beskermde Kaapse Fynbos-areas en die Barberton Makhonjwa-bergland binne die konteks van natuurgebiede van uitstaande belang. Die ironie is egter dat Afrika tans internasionaal die “stil” kontinent is waar dit ekokritiek aangaan – daar word min oor Afrika as geografiese ruimte geskryf, en indien daar wel geskryf word, is dit meestal deur akademici buite die kontinent.

’n Diepgaande verbintenis tot grond, die plaaslandskap en uiteindelike verstedeliking is literêre temas wat in die verlede deeglik ondersoek is, hoewel nie spesifiek binne die raamwerk van die ekokritiese terminologie nie. Dink maar aan die ryk erfenis van plaasromans, vanaf die aanvangsjare tot nou toe, en ’n groot skat natuur- en landskappoësie wat gesien kan word as ’n register van plekke, niemenslike lewende en nielewende dinge eie en uniek aan ons land. Historiese tydgleuwe in die land se geskiedenis wat ’n bewussyn van apartheid, postapartheid en postkolonialisme insluit, het kwessies van grond en plek as mag na vore gebring. Nooit meer as juis nóú in die geskiedenis van Suid-Afrika, met die Onteieningswet steeds op almal se lippe, oproepe tot dekolonisering oraloor en die voortdurende diskoers oor pleknaamveranderings, is die wete van wat plek vir elke mens beteken, meer ter sake nie.

’n Suid-Afrikaanse ekokritiek sal dus noodwendig ook rekenskap moet gee van die verhouding wat mense van hierdie land het met die plek waar hulle woon. ’n Suid-Afrikaanse ekokritiek sal voorts ondersoek instel na hoe die plek in die verlede gebruik en misbruik is as mags- en politieke instrument. Daar behoort gekyk te word na hoe daar tans geleef en omgegaan word met plek en die vergrype van die hede, waarheen ons as mense van hierdie land op pad is in ons verhouding met hierdie stukkie aarde waarop ons woon, hoe ons daarop leef en hoe ons dit deel en beskerm. Postkoloniale ondersoeke van die afgelope twee of drie dekades het heelwat gedoen om ons bewussyn van onregte van die verlede aan te spreek. ’n Ekokritiese invalshoek sal daartoe bydra om die sterk verbintenis tussen identiteit en plek te verruim en ter verryking dien van die postkoloniale ondersoeke in Suid-Afrikaanse literatuur.

In ’n onlangse artikel werp Viljoen (2021) ’n blik op die breër Suid-Afrikaanse ekokritiek deur twee tekste, Henrietta Rose-Innes se Green lion (2015) en Alettie van den Heever se Stof (2018), vergelykend te ondersoek. Sy plaas klem op “die impak wat Suid-Afrika se koloniale geskiedenis gehad het, die verstrengeling van omgewingsake met sosiale kwessies en die land se talige en kulturele diversiteit” (Viljoen 2021:20). Sy merk tereg op dat daar waarskynlik nog heelwat samewerkende en vergelykende studie nodig is om ’n blik op ’n inklusiewe Suid-Afrikaanse ekokritiek te kan kry. In aansluiting hierby is dit egter belangrik om ook op die problematiese aard van die toepassing van ’n postkoloniale invalshoek tot ekokritiek te wys. Vital, wat bestempel kan word as een van die belangrikste bydraers tot die internasionale gesprek van ’n Afrika-ekokritiek, wys daarop dat ’n Afrika-ekokritiek sigself sal differensieer van ’n ekokritiek in die Noorde “which either [did not feel] compelled to engage with the consequences of European colonialism or found the available forms of postcolonial criticism to be inconsistent with ecological goals and strategies” (Vital 2008:88). Hy wys dus hierdeur nie net op die belangrikheid van die postkoloniale blik nie, maar ook op die feit dat sommige postkoloniale perspektiewe nie verenigbaar is met ekologiese doelwitte en strategieë nie: postkoloniale ekokritiek fokus veral op verplasing en ontworteling, terwyl die tradisionele, meestal Noordelike ekokritiek veral aandag skenk aan die etiek van plek (Vital 2008:88). Vital se siening is eweneens van toepassing op die Afrikaanse ekokritiek.

Voorts maak Stanley en Phillips (2018:3) in hul ondersoek na ’n Suid-Afrikaanse ekokritiek ’n belangrike stelling, naamlik dat ons nie uit die oog moet verloor dat postkoloniale teorie grootliks die produk van die Globale Noorde is nie:

It follows that the local engagement with postcolonial critiques on the part of academics working in the Global South cannot be a simple matter of boxing the compass and adding a dash of local color to familiar theoretical formulas generated elsewhere; they must instead be thoroughly recursive.

Gegewe die komplekse samestelling van die Suid-Afrikaanse landskap van sosio-ekonomiese, politieke en maatskaplike verskeidenheid, die erfenis van kolonialisme en apartheid, voortslepende geweld en korrupsie wat bydra tot swak bestuur, en die onvermoë tot ’n oortuigende politieke bestel, is dit duidelik dat ’n Afrikaanse ekokritiek, binne die raamwerk van ’n groter Suid-Afrikaanse sisteem, anders daar sal uitsien as ’n Europese, Kanadese of Amerikaanse ekokritiek. Eweneens is die natuurlike landskap veel anders, wat ’n deurslaggewende rol speel in hoe ’n eie ekokritiek daar sal uitsien.

Afrikaanse ekokritici kan dus ’n unieke bydrae tot die globale intellektuele insigte lewer deur op die spesifisiteite van die Suid-Afrikaanse landskap te fokus. Die unieke aard daarvan is nie geleë in ’n afsonderlike of ánder ekokritiek nie, maar in die feit dat die landskap en mense verskillend van die Westerse ekokritiek is, dat die samestelling van mens en plek en kultuur verskillend is en unieke element daardeur aangespreek sal word in ’n ekokritiek vanuit die Globale Suide.

Stanley en Phillips (2018:4) identifiseer twee strome waarop Suid-Afrikaanse ekokritiek reeds so ’n bydrae lewer, naamlik dierestudies en landskapekokritiek wat in gesprek met grondgebruik en die uitbuiting van natuurlike hulpbronne tree. Die beroep wat hulle (2018:9) doen, is op almal: “All of us, North and South, must interrogate ecocriticism’s foundational concepts by embracing a multidirectional ecocriticism, rather than asking black Africa to ‘respond’ to yet another white and/or Northern imposition.”

Ek wil in hierdie artikel voorstel dat een stroom van ekokritiek (’n hoofsaaklik Westerse ekokritiek) dus nie tot uitsluiting van die postkoloniale ekokritiek is nie; dat daar ’n gelyktydige fokus op al die uiteenlopende aspekte van ekokritiek kan wees, die breë saambestaan en naas mekaar bestaan van ’n Afrikaanse ekokritiek wat beide ekogesentreerd en postkoloniaal belangrik is. Net so ook dat die golwe nie deur ’n historiese bril gesien moet word as lineêr opeenvolgend in tyd nie, maar ’n naas mekaar bestaan van aspekte wat steeds tersaaklik bly na gelang van die tekste wat ontleed word.

Postkoloniale ekokritiek, wat in die afgelope jare uit eie reg as dissipline ontwikkel het, moet gesien word as meer as net ’n vergroening of uitbreiding van postkolonialisme. Benewens die ooglopende teenstrydighede tussen antroposentriese en ekosentriese perspektiewe, is die raakpunt tussen postkolonialisme en omgewingstudies juis die paradoksale feit dat die landskap deur die mens beïnvloed is en dat kolonialisme altyd oor grond gegaan het en mense én grond(gebied) beïnvloed het. Dit is veral die werk van Huggan en Tiffin (2015) wat ’n groot bydrae lewer tot die postkoloniale ekokritiekdiskoers. Hulle beklemtoon hierdie feit: “The easy assertion [...] that the postcolonial field is inherently anthropocentric (human-centred) overlooks a long history of ecological concern in postcolonial criticism” (2015:3). Doelbewuste ontheemding en verskuiwing van mense oor jare heen, een van die kernaksies van kolonialisme, het nie in isolasie geskied nie. Net so ook het die ontheemding en verskuiwing van plant- en dierspesies vanaf Globale Suide na die Noorde en regdeur die Europese imperiale ryk plaasgevind – ’n grootskaalse globale diaspora van mense, plante en diere, en van nielewende natuurbronne soos goud, diamante, steenkool en olie, wat volgens Huggan en Tiffin (2015:6) kulturele en omgewingsrestitusie bykans onmoontlik maak; en ironies genoeg is dit neokoloniale vergrype wat deurlopend nog gebeur. Dit gaan voorts ook oor meer as net die fisiese verskuiwing van mense en diere en nielewende dinge; dit gaan oor die geleidelike vaslegging van Westerse denkpatrone en ideologieë wat inheemse wyses van dink en doen vervang het. Wat in essensie nodig is, is wat Ngũgĩ wa Thiong’o “the decolonisation of the mind” noem, deur ’n epistemiese aanpak.

Ten spyte van die groot veld van navorsing in ekokritiek, omgewingstudies en selfs postkolonialisme, meen Huggan en Tiffin dat Engelse, en veral postkoloniale studies, die wisselwerking tussen natuur en kultuur en tussen dier en mens moet ondersoek:

After all, postcolonialism’s concerns with conquest, colonisation, racism and sexism, along with its investments in theories of indigeneity and diaspora and the relations beween native and invader societies and cultures, are also the central concerns of animal environmental studies. (Huggan en Tiffin 2015:6)

Hierdeur word die meer tradisionele Westerse en meer essensialistiese ekokritiese uitgangspunte van plek genoegsaam geproblematiseer. Dit is ’n uitgangspunt wat begrip toon vir die komplekse sosiale, omgewings- en kulturele dinamika wat menslike persepsie en ondervinding van hul omgewing kleur, maar verbind sigself met die materialiteit en agentskap van die niemenslike en nielewende omgewing. Voorts sal so ’n uitgangspunt daartoe bydra om vorme van ingeplaastheid en plekspesifisiteit na te gaan binne raamwerke wat kritiek lewer op verskynsels soos verplasing, ontheemding en onteiening. ’n Afrikaanse ekokritiek sal dus onteenseglik ’n inklusiewe postkoloniaal ekokritiese raamwerk wees wat verskillende benaderings, beide ekogesentreerd en postkoloniaal, tot omgewing akkommodeer en voorsiening maak vir die ondersoek na omgewingspolitiek wat spruit uit kontak, konneksie en verskille van die gemeenskappe wat die omgewing bewoon.

Postkoloniale ekokritiek word dus gedefinieer as ’n benadering waardeur daar in die literêre teks rekenskap gegee word van hoe die omgewing en die mens interkonnektief verbind is, hoe raamwerke van menslike tyd en politieke belange ’n rol speel en die gevolge van koloniale en neokoloniale mag sigbaar gemaak word met betrekking tot die omgewing (Huggan en Tiffin 2015). Volgens DeLoughrey en Handley (2013:25) reflekteer so ’n teorie as “a complex epistemology that recuperates the alterity of both history and nature, without reducing either to the other”. Postkoloniale ekokritiek het die rol van voorspraak om te vervul, beide in die verhouding met die werklike wêreld en in die fiktiewe ruimtes wat geskep word waarin daar nagedink word oor hoe die werklike wêreld getransformeer kan word.

 

5. ’n Afrikaanse ekokritiese raamwerk

Gedurende die afgelope aantal jare, ná die eerste ekokritiese artikel in Afrikaans deur Meintjes (1995), het daar toenemend nuwe rolspelers tot ekokritiese navorsing toegetree. Andries Visagie (2013) voorspel in 2013 dat meer Afrikaanse literêre kritici hulself by Meyer en Smith se stemme sal voeg, en Meyer (2021) identifiseer die volgende rolspelers (in datumvolgorde) wat Afrikaanse tekste ekokrities ondersoek: Meyer (2006a, 2006b, 2008, 2010, 2012, 2014, 2015, 2019), Steenkamp (2011), Smith (2012a, 2012b, 2014), Van Heerden en Visagie (2013), Woodward en Lemmer (2014), Barendse (2016), Crous (2016), Fourie (2018), Burger (2019), Viljoen (2019 en 2021) en Marais (2020).

In haar oorsigartikel identifiseer Meyer (2022:87–8) vervolgens vyf ekokritiese navorsingstemas wat tot op hede in narratiewe literatuur ondersoek word. Die vyf temas handel opsommend oor menslike interaksie met die natuur, die natuur as persoonlike plek van identiteit, etiese kwessies rondom die mens se magsposisie oor die natuur, die positiewe rol van die natuur in menslike welsyn, en laastens die ondersoek na hoe historiese ontwikkeling deel vorm van die betekenis van landskap. Dit is dus duidelik dat daar reeds uitgebreid besin is oor die ekokritiek as raamwerk vir die ontleding van Afrikaanse tekste. Hoewel dit ’n handjievol artikels verteenwoordig in die breër literêrteoretiese landskap, is dit duidelik dat bepaalde tendense wel reeds sigbaar raak en spesifieke elemente meer prominent vertoon.

Spesifieke onderwerpe wat in die afgelope jare betrek word, is plek en plekspesifisiteit (Smith 2012a, 2012b, 2016, 2021 en Greyling 2015, 2017), stedelike ekokritiek (Coetzee 2015), dierestudies (Woodward 2008, Woodward en Lemmer 2008, Visagie 2013, Barendse 2016, Crous 2016, Viljoen 2019, Burger 2019), nuwe materialisme (Smith 2012, 2014a, 2014b, Neil van Heerden 2021), objekgeoriënteerde ontologie (Smith 2014a, 2014b, Burger 2019), geokritiek (Barendse 2013 en Smith 2021), ekokritiek en filosofie (Smith 2018), Afrika-ekokritiek (Vital 2008, 2015), ekologie en identiteit (Steenkamp 2011), natuur en identiteit (Meyer 2008, 2014), mens-natuur-verhoudinge (Meyer 2012, Smith 2016), postkoloniale ekokritiek (Visagie 2013), distopiese ekologie (Viljoen 2012), ruimtestudies (Smith 2021) en nuwe animisme (Van Heerden 2021).

Uit die opgawe van bogenoemde onderwerpe van ekokritiese ondersoek blyk dit dus dat ons meestal dieselfde oorkoepelende tendense as ons internasionale eweknieë in ons navorsing insluit. Die vraag kan gevra word of daar enigsins verskille is tussen ’n Afrikaanse en ’n Westerse ekokritiek. Ek wil hier argumenteer dat ’n Afrikaanse ekokritiek oorwegend plek sentraal stel, en daarmee saam dat ons oorwegend met ’n postkoloniale ekokritiek te doen het. ’n Herevaluasie van vorige navorsing wat met postkolonialisme as teoretiese uitgangspunt gewerk het, sal verdere raakpunte met postkoloniale ekokritiek aantoon. ’n Afrikaanse ekokritiek sou dus nooit slegs op die oorwegend Westers geïdentifiseerde kenmerke van ekokritiek kan fokus sonder om die bewussyn van koloniale kragte, politieke bewegings, historiese konteks en menslike invloed op plek in ag te neem nie. Ons kan die Afrikaanse ekokritiek ’n postkoloniale ekokritiek van plek noem, waarin plek insluitend van die sosiale en politieke kragte gesien word.

’n Afrikaanse ekokritiese raamwerk sal die hier onder gelyste kenmerke insluit, soos meestal reeds gevestig in bestaande navorsing waarna vroeër verwys is. Verwante aspekte wat nog nie ontgin is nie, word ook hier ingesluit en met hierdie lys word daar nie aanspraak gemaak daarop dat dit die enigste kenmerke is nie, maar juis dat dit ’n organiese en steeds ontwikkelende en interkonnektiewe netwerk van eienskappe is, voortdurend aan die ontwikkel. Weens die verweefdheid van kenmerke word dit nie in ’n spesifieke volgorde aangebied nie, maar as ’n geheel van idees.

  1. ’n Bewussyn en ontleding van plek as spesifieke persoonlike ruimte, as herkoms en identiteit.
  2. ’n Ontleding van die unieke verbintenis tussen mens en plek.
  3. ’n Bewussyn en ontleding van die politiese geladenheid van plek, soos ook weerspieël in byvoorbeeld plekname en die verandering wat plekname ondergaan, spesifiek binne die Suid-Afrikaanse landskap.
  4. ’n Klem op die postkoloniale ekokritiese ontleding van plek en neokoloniale kragte wat op plek in sy verbintenis tot mense inwerk.
  5. Menslike geskiedenis soos deur natuurlike geskiedenis geïmpliseer.
  6. ’n Ondersoek na landskap en kollektiewe geheue.
  7. Plek, ontheemding, vreemdelingskap en buitestanderskap.
  8. Plek en bewoning van plek.
  9. ’n Ondersoek na kultuur as ’n ekosistemies georganiseerde produk.
  10. Die agentskap van plek.
  11. Ingeplaastheid, plekverbondenheid en plekspesifisiteit.
  12. Die sublieme en die nuwe sublieme.
  13. Plek, interkonnektiwiteit en transnasionaliteit.
  14. ’n Ondersoek na die geografiese landskap, die unieke kenmerke van hierdie landskap ten opsigte van die inheemse, en die wyse waarop die landskap self as stem of karakter in literêre tekste optree.
  15. ’n Fokus op wildernisgebiede.
  16. ’n Ondersoek na die unieke lewende niemenslike en nielewende waardeur ons omring is en die verhalende aard van hierdie dinge.
  17. Geokritiese en plekspesifieke ondersoeke wat die unieke aard van die Suid-Afrikaanse geografiese landskap in ag neem en benoem en vergelykende tekste oor dieselfde plekke ondersoek.
  18. ’n Ekokritiese denke van diversiteit en veelvuldigheid.
  19. Met so ’n uitgestrekte kuslyn behoort daar ook aandag gegee te word aan see-etiek.
  20. Geografie en ekokritiek as kulturele brug tussen mense van uiteenlopende plekke en agtergrond, ook as internasionale brugbouer tussen kontinente.
  21. ’n Bewussyn en ekokritiese ontleding van water in ’n waterskaars land.
  22. ’n Groter klem op bioregionale ekokritiek, in die lig van die bioverskeidenheid van die land.

’n Omvattende definisie van ’n Afrikaanse ekokritiek sal ’n noodsaaklike versnyding meebring van bestaande ekokritiese ingesteldhede of selfs ekokritieke, hoofsaaklik hoofstroom ekokritiek en postkoloniale ekokritiek. Die uniekheid is dus nie geleë in die teoretiese raamwerk as sulks nie, maar in die ondersoekmateriaal, die materiële, sosiale en geografiese spesifisiteite en plekgebondenhede.

So ’n definisie kan wees: a) ’n Omgewingsgesentreerde ekokritiek van plek as ’n materiële en geografiese ruimte van agentskap waarin daar ’n unieke en wisselwerkende verbintenis tussen die mens en die niemenslikes en nielewendes in hierdie ruimte bestaan; b) in samehang en interaksie met bogenoemde, ’n postkoloniale ekokritiek van plek as persoonlike ruimte, as herkoms en identiteit, met inagneming van die politieke geladenheid van plek, die geskiedenis van plek en mens; en c) die wyse waarop hierdie genoemde aspekte tot uitdrukking kom in kultuurprodukte soos literêre tekste, spesifiek Afrikaanse tekste oor die Suid-Afrikaanse geografiese landskap.

Aan die hand van die bostaande inklusiewe teoretiese raamwerk word ’n ontleding van die gekose gedigreeks van Krog gedoen.

 

6. Ontleding van Krog-gedigreeks aan die hand van ’n Afrikaanse postkoloniale ekokritiek

Die omgang en verbintenis van Antjie Krog as skrywer en digter met ruimte en plek is merkwaardig. Haar jare lange diskoers met die landskap en spesifieke plekke soos Tafelberg, om maar een voorbeeld te noem, is deurlopend in haar oeuvre teenwoordig. Die belangrikheid van Tafelberg as geografiese en literêre plek is belangrik, gesien teen die agtergrond van die internasionale sigbaarheid van hierdie uiters herkenbare baken wat ook in 2012 die internasionale status as een van die nuwe sewe wonders van die natuur ontvang het. Vanaf “Lady Anne op Tafelberg” (in Lady Anne), “rondeau in vier dele” en “Vier seisoenale waarnemings van Tafelberg” (in Verweerskrif) tot “tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid” in Mede-wete, waar “die berg […] die kleur van gestoofde pienkgeprikte kwepers [strik]”, tree Krog nie net met die berg in gesprek nie, maar met die hele Suider-Afrikaanse geografiese landskap, postkoloniaal en ruimtelik. Nog ’n plekspesifieke ruimte wat Krog herhaaldelik besoek, is die Vrystaatse landskap van haar herkoms, die ruimte wat in die gekose gedigreeks ter sprake is.

As een van die mees vooraanstaande digters en skrywers in die Afrikaanse letterkunde word daar nasionaal en internasionaal met ontsag en bewondering na Krog gekyk, wat nie net as skrywer en digter nie, maar ook as openbare figuur op veelvuldige wyse kommentaar lewer op die Suid-Afrikaanse bestaan. Wat Krog as skrywer buitengewoon maak, is juis haar transendering van ’n enkele invalshoek of fokus. Haar tekste vra om ’n transdissiplinêre benadering, en met elke nuwe teks wat verskyn, daag sy toenemend die grense van literêre teorie en ’n eenduidige blik uit. Uit die groot verskeidenheid teoretiese raamwerke wat reeds in die verlede gebruik is om na Krog se werk te kyk, is die transdissiplinêre raamwerk van postkoloniale ekokritiek besonder geskik om met haar mees onlangse bundel, Mede-wete (2014), in gesprek te tree. In Smith (2016) is die ekokritiek as invalshoek gebruik om die slotgedig, “tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid” (118), in Mede-wete te ontleed. Die gesprek met die aarde, as deel van die mede-wete van alle dinge, en die vervlegting van mens en grond en klip en boom is ’n sentrale tema in die bundel, soos reeds op die buiteblad (agter en voor, as ’n eenheid) gesuggereer, waar twee koplose manlike figure oor stukke aarde toutrek.

Eienskappe van ’n Afrikaanse ekokritiek, soos in die voorafgaande bespreking weergegee, is deurlopend teenwoordig in die bundel, en ook in die gekose gedig. Daar word nie gepoog om die lys van eienskappe punt vir punt na te volg in die Krog-ontleding nie, maar eerder om te wys op die vervlegting en interkonneksie, nie net van die eienskappe nie, maar van die geheel van ’n Afrikaanse postkoloniale ekokritiek, soos dit by uitstek in hierdie teks blyk.

Die openingsgedigreeks in Mede-wete, “werf”, wat uit 13 gedigte bestaan, word in hierdie artikel ondersoek, gekies vanweë die gelaagde en multifokale blik op plek as troop. Die digter neem die leser op ’n landskapreis vanaf die eerste gedig in die reeks, “‘ek wil ’n graf hê om van om te draai’” tot die laaste gedig in die reeks, “Ouwerf”, ’n veelfasettige en veelstemmige kragtoer wat plek as sentrale merker in ’n eie Suid-Afrikaanse konteks ontgin. Een van die eerste uitgangspunte van ’n eiesoortige Suid-Afrikaanse ekokritiek, naamlik ’n ondersoek na die rol van plek, en hier spesifiek grond, word dus hier gevolg. Daar is ’n duidelike bewussyn van plek as spesifieke en persoonlike ruimte, en ook as herkoms en identiteit, soos uit voorafgaande bespreking blyk. Plek as verbintenis tussen mense, die mense se verbintenis met plek, eienaarskap, mag, identiteit en die agentskap van plek word sentraal gestel.

Alreeds met die titel van die gedig, “die werf”, word die leser midde-in die leksikale verwysingsraamwerke van die woord geplaas: werf as aarde, as grond, as erfgrond, as plaas, as afgekampte stukkie eiendom, as persoonlike besitting – dus ’n postkoloniale ekokritiese invalshoek. Die aanvang van die uitgebreide motto tot die gedig gee pertinent die leksikale uitleg van die term werf:

werf s.nw.

1. Grond of terrein om ’n huis. 2. Oop plek waar aan skepe gewerk word. Uit Ndl. werf (al Mnl. in bet. 1, voor 1598 in bet. 2). Ndl. werf is ’n afleiding van die ww. werven, oorspr. in die bet. “draai”, en vandaar “beweging maak waardeur iets ingesluit of omhein word”, soos in die geval van ’n werf. (Bl. 9)

Leksikale verklaring as deel van die motto dra daartoe by dat die leser bewus word van aanvanklike afstand en intellektuele beredenering wat deur die ek-spreker in die gedig onderneem word, wat algaande tot ’n intiem-persoonlike verbintenis ontwikkel. Die selfstandige naamwoord erf as sinoniem vir werf word implisiet by die leser geaktiveer, wat die kwessie van erfenis en erfgrond by die konteks betrek.

Deur aanhalings uit gedigte van ’n vroeë anonieme digter, en uit Jan F.E. Celliers, Eugène Marais en N.P. Van Wyk Louw, kontekstualiseer Krog die term werf as besitting, as persoonlike ruimte, en die mens of man, meer eksplisiet, as heerser. Dit is veral die skokkende en ironiese vers “fragmente” van Anoniem (9) wat die toonaard vir die hele gedigreeks inlui:

As ek ’n man is,
dan moet ek ook ’n plaas hê;

As ek dan ’n plaas het,
dan moet ek ook ’n vrou hê;

As ek dan ’n vrou het,
dan moet ek ook ’n kind hê;

As ek dan ’n kind het,
dan moet ek ook ’n meid hê;

Die direkte analogie vanaf die besitterskap van grond tot geslags- en rassediskriminasie is duidelik in hierdie gedig – ’n driedubbele onderwerping van geslag, ras en plek. Die gebruik van die raspejoratief meid druk nie net ’n gebruikstaal uit wat tekenend is van die tyd (vroeë 19de eeu) waarin die gedig geskryf is nie, maar weerspieël ook ’n sosiopolitieke ideologie wat tot laat in die 20ste eeu van krag was in die Suid-Afrikaanse bestel – die menslike geskiedenis van geografiese afbakening en besitterskap soos deur natuurlike geskiedenis geïmpliseer.

Hierdie aanhaling, ingebed in die gedigreeks, ondersoek derhalwe ook die kollektiewe geheue van verskillende mense, wit en swart – die oorgeërfde geskiedenis van onderdrukking en magsvergrype en kolonisering van mense en plekke deur wit mense, implisiet gestel teenoor ervaring van onmag en oorheersing van die swart mense. Met die aanhaling slaag die digter daarin om met enkele kwashale die hele polarisasie en vergrype van die verlede oop te kerf, daar, vir almal om te lees. Die aanhaling is beide aanklag en klaaglied van skuld en erkenning vir die wit leser, terwyl die swart leser hiermee identifiseer as klaaglied van sy eie gekoloniseerde, ontheemde en oorheerste verlede.

In die eerste gedig, “‘ek wil ’n graf hê om van om te draai’”, word die dood van die vaderfiguur as tema gebruik om die sinonieme aard van vaderskap, grondbesitter en identiteit deur te trek, wat ironiserend is teen die agtergrond van die kras “Anoniem”-mottogedig. Verwysings na “hoort” en “nie hoort nie” staan sentraal: Die digter sien haarself as een met die vader, “’n deel van wat ek is hoe ek hoort”, wat saam met die vader terugkeer na die grond toe. Vader en grond word sinoniem, die plek van behoort. Hoort en nie hoort nie sny egter dieper – dit dui eweneens op die selfgeregtigheid van wit bewoners van hierdie plek in die verlede, die toe-eiening van en heerskappy oor plek en mense van die plek, terwyl ’n nuwe vorm van vervreemding en ontheemding intree wat deel van die huidige politieke bestel uitdruk. Die “gehawendheid”, “ontroosbaarheid” en “onmededeelsaam[heid]” van die groep begrafnisgangers is tekenend van ontheemding, vervreemding en van nie hoort nie, ’n nuwe vorm van buitestanderskap, wat toenemend deel van die ervaringswêreld word van die voorheen bevoorregtes, en deel van ’n postapartheid werklikheid:

[...] sy verwarde

nageslag staan waar ons voel ons nie hoort nie
verduur deur geboortegrond waaraan ons vir geslagte
bloei        plek kon niemand vir ons bestendig nie [...] (10)

Die beskrywing “verwarde” met betrekking tot “nageslag” dui moontlik op die dilemma waarin die Afrikaner hom deesdae bevind – sy geïmpliseerde skuld aan die verlede en aan die dade van sy voorvaders, die verwarring oor sy plek en “reg” op hier wees in die huidige Suid-Afrikaanse landskap, gebrek aan leierskap in die land en die in duie stort van bestaande strukture, wat bydraend is tot die aftakeling van bestaande plekspesifieke hulpbronne soos water en grond, wat op sigself ’n enorme impak op die voedselvoorsieningvermoë van die land het – alles dinge wat tot ontheemding en vervreemding en verwarde identiteit kan lei. Voorts verwys “verwarde nageslag” ook na die gekompliseerdheid van die Suid-Afrikaanse gemeenskappe, wisselwerkinge tussen kultuurgroepe, kultuurverskille, maar ook kultuurooreenkomste. Want in al die kulture word grond en plek as ’n sentrale bate beskou, as ’n magsposisie, en die verbintenis tussen kultuur en plek dui op die feit dat kultuur ook ekosistemies georganiseer is.

In die gedig is dit duidelik dat die “geboortegrond” verlore is, nie bestendig kon word nie; die grond het die familie wat daarvoor gebloei het, maar net “verduur” – ’n antropomorfiese eienskap wat aan die grond toegedig word, en bevestiging daarvan is dat die aarde aan niemand kan behoort nie, ’n refrein wat in meer as een latere gedig weerklink, byvoorbeeld in “(probeerslag 5: grond”):

hoe duidelik praat die grond nie met
 ons nie: dit behoort nie aan ons nie,
  ons behoort aan die grond soos lug
     behoort grond aan niemand nie. (100)

Met die intree van die antropomorfisme in die gedig wys die digter op die wyse waarop daar stem en agentskap gegee word aan die plek self as verhalende en aktiewe deelnemer aan die diskoers.

Die verlies van die vader is ook die verlies van die samebindende faktor van plaas en geboortegrond: “hy’s weg en hoe los dryf ons nie reeds” (11). Die verlies strek dieper – dit is ook die verlies van die “Afrikanergewete”, die “taalheid” en “witheid”.

In teenstelling met die geïmpliseerde baasskap van die vader en die onhandigheid van die swaers, skoonseuns, kleinseuns en neefs wat “nie een tuis is met ’n graaf nie”, en by implikasie nie dieselfde verbintenis met die grond het as die vader nie, is die stem en teenwoordigheid van Hendrik Nakedi wat oorneem met die toegooi met “grond in sy eeltgewerkte hand” (11), ’n verteller wat in die vyfde gedig, “’n verhaal”, sterker op die voorgrond tree. Die jare lange verbintenis tussen Matjama (die vader Willem) en Hendrik, wat saam met hom grootgeword het en ’n leeftyd lank saam met hom gewerk het, word ontgin. Ironies natuurlik ook, hoe die veelvuldige betekenislae van die woord “tuis”, hier ingespan word.

Hendrik en die vader, Willem, se “ewe grootword” (met “ewe” ’n weerklank van die woorddeel “mede-” in die bundeltitel), en “gelyk-gelyk” wees, en hul gesamentlike verbintenis tot die grond kom tot ’n skielike einde met die dood van Willem. Die verhouding van die twee mans met die grond word direk beïnvloed en gekompliseer deur die verhouding van baasskap en eiendomsreg. Ten spyte van die liefdevolle broederskap tussen die twee mans is die skreiende slotstrofe waarin Hendrik sy begeerte na grond uitspreek, tekenend van die “mede-wete” van onreg en skuld wat die kinders en kindskinders moet dra:

grond sal ek wil hê      klein     ek wil kan weet: mýne    hier bly ek
hier bou ek     sit ek op my plek [...] (17)

Ironies is die woorde “sit ek op my plek” (17), wat nie net op die begeerde besitterskap van grond wys nie, maar ook sinspeel op die idiomatiese uitdrukking iemand op sy plek sit, dikwels vanuit ’n magsposisie gesê aan ’n kind, onderdanige of mindere.

Eendersheid, mede-mens wees en gelyk wees word ’n ironiese sinspeling op andersheid en buitestanderskap. Ook in “dis hy!” (22) word die “aandadigheid” “onverduurbaar”, want “vas/geheg bly ons hede aan die verlede sterf”: die hede kan nie van die verlede ontkom nie en bepaal die leefbaarheid van die hede. Die ondertoon is dié van magteloosheid, verlies en hartseer oor die onontkombaarheid van die verlede.

Waar “’n verhaal” met die konkrete werklikheid werk, is die daaropvolgende gedig in die reeks, “leef die mite” (18), meer abstrak en universeel van aard. Die gevoel van plekgesentreerdheid, plekspesifisiteit, plekverbondenheid en ingeplaastheid word in oorrompelende, voortstuwende taal en beelde aangebied. Nie net slaag Krog daarin om ’n ingeplaaste leeservaring by die leser te bewerkstellig deurdat die leser voel of sy dáár is nie (implisiet die Vrystaatlandskap van “bloekom- wilger- populier”-bome) – maar ook meegevoer word deur die jubelende ode aan die “sublieme” skoonheid van die aarde. Alles berus egter uiteindelik op die “mite” wat ons leef, “die grond-as-ons-s’n”, dat die verruklike plek waarmee ons identifiseer, aan ons behoort. Hieruit spruit voort ’n gevoel van verlies aan die sublieme en herkenning van ’n nuwe, hersiene sublieme, waarin skoonheid en verwoesting paradoksaal saam bestaan. ’n Interpretasie van die hersiene sublieme sien nou die landskap as slagoffer van die geskiedenis en van menslike aksies (Smith 2012a:511).

Die verbintenis tussen plek en geboorte word eweneens in die gedig herhaal, die lewensdraad wat plekverbondenheid bewerkstellig, met die implisiete betekenis dat ons van die aarde is, “nog altyd van stof is” (19), soos die daaropvolgende gedig dit uitdruk. In die slotreël word die mite wreed verbreek: “totdat ’n vlammestriem ons verlange tot stoppels seng” (18). Die “vlammestriem” herinner eweneens aan die onvermydelike oordeel van aardverwarming wat op die aarde wag.

Die besitterskap van die mens oor die aarde word ook in die lieflike pantoen “versteende boomstam” (23) ondersoek:

die aarde behoort aan niemand en is gesmolte ewigheid.

Ewigheid, ekologiese tyd, transnasionaliteit (“hier op jou lessenaar in Kanadese mika lig”) en relatiwiteit van die menslike bestaan op aarde is temas wat in hierdie gedig aangesny word. Agentskap en die aarde as handelende agent tree op die voorgrond wanneer die aarde sing, maar ook die mens aanspreek. Met die woorde “die aarde is een en spreek jou vry van vaderlandsbesit” word die leser gedwing tot die besef dat grondbesit en die besit van ’n vaderland relatief is. Dit is ’n ontgogelende gewaarwording teen die agtergrond van die land se politieke klimaat, maar terselfdertyd bevrydend. Die “argeloos” opgetelde klippie in die Vredefortkrater blink nou in “Kanadese mika lig” – oor vaderlandsgrense en “vaderlandsbesit” heen; die skoonheid transendeer een bepaalde plek en word deel van ’n universaliteit, ’n sang “in gigabyte”. Die pantoen as versvorm is hier uiters geskik om die onderlinge verbondenheid van alle dinge deur herhaling en skakeling uit te druk.

Die skoonheid van die plek word in “om soos vroeër” (21) aan eie lyf ervaar, om “nader aan die afdraai te hoor hoe rits my gewrigte los / hoe sidder my vel [...]”, “[...] liedswermend soos / ek eens geloop het as julle kind [...]”. Maar die skoonheid is aangetas deur die “werf van leuens”. Die “wit batende kind”, wie se lewe eens “in stand gehou” is deur haar ouers en deur “volkoringheilsaamheid” en onvernietigbaarheid, dra nou die skuld van haar bevoorregting, waarvan sy self “sorgloos dieploos bloosloos” deel was en sién die “heerskare” wat “onder ons hak” verbrysel is: “ek dra met julle saam dit wat nou so / skeur uit ’n haag van bloed en bitter wraakgebroei.” Hier word by uitstek multidimensioneel na die stukkie gekose aarde gekyk – dit sluit in die ontnugterende besef van skuld en die diep skeur wat veroorsaak is nie net in die aarde nie (vergelyk die voorbladkunswerk), maar ook tussen “ons” en “julle”. Die verwysing na “onder ons hak ’n gehaksel wat bloei” gaan so ver as om die Bybelse konnotasie (Gen. 3:15) van verbryseling van die vyand (die slang as simbool van boosheid) te aktiveer – iets wat die diepgewortelde haat van die verlede versinnebeeld, en die skuld waaraan die digter-verteller nou saamdra.

In die twaalfde gedig (24) word van opstapelingstegnieke gebruik gemaak om die toenemende verval van die plaas uit te druk, waardeur die kwessies van grondbesit en grondbestuur geproblematiseer word. ’n Politieke bestel wat misluk in sy pogings tot grondhervorming word implisiet hierby betrek. Die skoonheid bly egter onderliggend teenwoordig as iemand nog soggens uitstap op die werf en “haar hande [lig] soos goue granate” (24).

Dieselfde plek, dieselfde plaas, met die botsende gehegthede van verskillende mense, veronderstel ’n netwerk van verhoudings wat die gekompliseerde werklikheid van die Suid-Afrikaanse landskap en plek uitdruk, hul plekgehegthede en -verbintenisse. Eweneens word die nieverbondenheid van die grond en grond se onafhanklike agentskap uitgebeeld. Deur gebruik te maak van die voorgestelde inklusiewe raamwerk van ’n eie Afrikaanse ekokritiek wat beide ekosentries en postkoloniaal na plek en omgewing kyk, word plek uitgedruk wat kontekstueel as deel van ’n netwerk gesien kan word, ’n uitgebreide en interaktiewe raamwerk van verhoudings wat wedersydse insluiting behels. Die betekenisse wat deur die mens aan plek gekoppel word, weerspieël die unieke eienskappe van nie net die landskap nie, maar die kollektiewe, kulturele en historiese geheue van die spesifieke plek, terwyl die rol wat plek speel, op aktiewe agentskap dui.

 

7. Ten slotte

Krog slaag in hierdie gedigreeks daarin om die leser voor dié één waarheid tot stilstand te bring: dat “[grond] – tussen hakies onvertaalbaar” is, soos gedig 4 (14–5) getitel is. Die gedigreeks se veelstemmige aard slaag daarin om al die stemme van die mense wat op die “werf” woon, te laat opklink; en die aarde self praat mee. Skuld en onreg, liefde, verlange, ontheemding, vervreemding, maar ook hoop word weergegee in ’n vervlegting van verhoudings en verwantskappe tussen wat óp en wat ván die aarde is.

John Muir, natuurskrywer en biograaf van Walt Whitman, maak meer as ’n eeu gelede die volgende stelling oor die poësie van Whitman, woorde wat eweneens vandag waar is van Krog se poësie en skrywerskap: “When we try to pick out anything by itself, we find it hitched to everything else in the universe” (Muir 2019:110).

Om ’n blik op die Afrikaanse postkoloniale ekokritiek te werp, beteken nie om op ’n binêre wyse skeiding te maak tussen ekokritiek aan die een kant, wat hoofsaaklik oor omgewing en natuur gaan, en postkolonialisme aan die ander kant, wat oor mense gaan nie. Dit sou neerkom op ’n uiters eng blik wat nie die ingewikkelde konneksies tussen al hierdie sake in ag neem nie. Ek staan dus ’n omvattende, inklusiewe perspektief voor van ’n ekokritiek wat leefruimte en plék skep vir al die onderlinge verbintenisse.

Ekokritiek as literêre teorie van plek is die een teorie – as’t ware ook ’n teorie van alles – wat ons in staat stel om hierdie interkonnektiwiteit van alle dinge raak te lees. Die matriks soos in Krog se poësie gevind, is die matriks van die heelal – van alle lewende en nielewende en menslike en niemenslike dinge, die verhoudings van hierdie dinge tot mekaar en die “mede-wete” dat wat ons ook al op hierdie plek aan die suidpunt van Afrika dink en doen, uitkring en alle dinge en alle mense raak.

Die vinnig veranderende en ontwikkelende landskap van ekokritiek internasionaal dui op toenemende betrokkenheid wêreldwyd by ’n literêre teorie van kritieke belang. In die Suid-Afrikaanse konteks het daar in die afgelope tien jaar ’n versnelling in belangstelling plaasgevind en lewer die Afrikaanse literêre sisteem tans op ’n deurlopende basis waardevolle ekokritiese navorsing. In ooreenstemming met internasionale klemverskuiwings na bioregionale studies, transnasionalisme en veral ook die Globale Suide en sy rol van weerstand en terugskryf, het Afrikaanse navorsers ’n belangrike bydrae om te lewer oor eie plek en eie letterkunde. Ons mag nie toelaat dat daar namens ons letterkunde en ons plek gepraat word nie. Nêrens anders in die wêreld is daar ’n plek presies soos hier nie; niemand anders kan oor hierdie plek skryf en teoretiseer soos juis ons wat van hier is en wat hierdie unieke plekverbintenis daagliks ervaar en die genuanseerde en dikwels problematiese konteks beleef nie. Ons, as die stiplesers van die Afrikaanse letterkunde, moet rentmeesterskap neem van die plek en van die teorie oor die plek en oor die lewende en nielewende dinge wat ons omring.

 

Bibliografie

Ashcroft, B., G. Griffiths en H. Tiffin. 1989. The empire writes back: Theory and practice in post-colonial literature. Londen en New York: Routledge.

Attwell, D. en D. Attridge (reds.). 2012. The Cambridge history of South African literature. Cambridge: Cambridge University Press.

Barendse, J.M. 2013. Distopiese romans in Afrikaans na 1999. Doktorale proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

—. 2016. Die “grense van menswees” en insekwording in Willem Anker se toneelstuk Samsa-masjien. LitNet Akademies, 13(3):1–25. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2016/12/LitNet_Akademies_13-3_Barendse_1-25.pdf.

Brandt, W. 1980. North-South: A program for survival (The Brandt report). Cambridge en Massachusetts: MIT Press.

Buell, L. 1995. The environmental imagination: Thoreau, nature writing, and the formation of American culture. Cambridge, MA en Londen: Harvard University Press.

Burger, B. 2019. “Al half dier”: Objekgeoriënteerde ontologieë, gestremdheidstudies en Siegfried (Willem Anker). Tydskrif vir Letterkunde, 56(2):28–37.

Coetzee, C. 2015. Huisies aan die Rand: Ekokritiek en in die besonder stedelike ekokritiek as lens vir die lees van sewe gedigte met Johannesburg as agtergrond. LitNet Akademies, 12(3). https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/12/LitNet_Akademies_12-3_CorneCoetzee_1-50.pdf.

Coetzee, J.M. 1988. White writing: On the culture of letters in South Africa. New Haven en Londen: Yale University Press.

Crous, M. 2016a. Die hadeda as liminale dier in Kaar van Marlene van Niekerk. LitNet Akademies, 13(1):209–31. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2016/05/LitNet_Akademies_13-1_Crous_209-231.pdf.

—. 2016b. ’n Diergerigte lesing van “Beeld van ’n jeug: duif en perd”. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans, 23(1):32–47.

Darici, K. 2015. “To draw a map is to tell a story”. Interview with Dr Robert T. Tally Jr. on geocriticism. Revista Forma, 11:27–36.

DeLoughrey, E. en G. Handley. 2013. Postcolonial ecologies: Literature of the environment. Caribbean Studies, 41(2):300–4.

Flys, C. 2010. The state of ecocriticism in Europe – panel discussion. Ecozon@, 1(1):108–22.

Foucault, M. en J. Miskowiec. 1986. “Of other spaces.” Diacritics, 16(1):22–7. https://www.jstor.org/stable/464648?seq=1#metadata_info_tab_contents (10 Januarie 2022 geraadpleeg).

Fourie, R. 2018. Duiwelsadvokate en die ekokritiek. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(4–2):1010–4.

Galloway, F. (red.). 2019. Breyten Breytenbach: woordenaar, woordnar. Pretoria: Protea Boekhuis.

Greyling, F. 2015. Sin van plek, ingeplaastheid en bioregionaliteit in ’n kunstenaarsboek-installasie, Mooirivier: weerspieëling en weerklank. LitNet Akademies, 12(3):308–57. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/12/LitNet_Akademies_12-3_FranciGreyling_308-357.pdf.

—. 2017. Plekspesifieke digitale literatuur: Samespel en wisselwerking in nuwe kontekste. LitNet Akademies, 14(2):147–89. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2017/10/LitNet_Akademies_14-2_Greyling_147-189.pdf.

Handley, G. 2007. Down under: New world literatures and ecocriticism. The Global South, 1(1):91–7.

Huggan, G. en H. Tiffin. 2015. Postcolonial ecocriticism. Literature, animals, environment. 2de uitgawe. New York: Routledge.

Johnson, L. 2009. Greening the library: The fundamentals and future of ecocriticism. Choice, 7–13. http://www.asle.org/wp-content/uploads/ASLE_Primer_GreeningLibrary.pdf (10 Januarie 2022 geraadpleeg).

Krog, A. 2014. Mede-wete. Kaapstad: Human & Rousseau.

Kuhn, T. 1970 [1962]. The structure of scientific revolutions. 2de uitgawe. Chicago: University of Chicago Press.

Marais, J.L. 2020. N.P. Van Wyk Louw se diere en gestaltes herbesoek: ’n Ekokritiese lesing. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 60(2):435–47.

Meintjes, G. 1995. Die ekologie as (vernuwende) leesstrategie. Stilet, VII(2):22–85.

Meyer, S. 2006a. Riviere as identiteitskonstrueerders. Literator, 27(3):51–78.

—. 2006b. Wildernis en woestyn: Omgewingskragte teen die mens s’n in Boendoe (Chris Barnard) en Toewaaisand (Christoffel Coetzee). Literator, 27(1):57–78.

—. 2008. Die Kalaharimense in Willem D. Kotzé se Kalahari-kind en Kalaharijoernaal: ’n Outo-etnografiese verkenning met aandag aan identiteitsbeïnvloeding deur die natuur. Stilet, 20(1):192–214.

—. 2010. Natuur en (skrywende) mens: Petra Müller se verhaalkuns binne die raamwerk van letterkunde as kulturele ekologie. Tydskrif vir Letterkunde, 47(1):41–53.

—. 2012. Stemme van agter die plaas se hek: Die mens-natuur-“gesprek” in Dwaalpoort van Alexander Strachan. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 52(2):290–306.

—. 2014. “Ons ís mense. My kinders hét gesigte.” Die natuurlike omgewing en die konseptualisering van die self in Karretjiemense (Carol Campbell). Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 54(3):675–92.

—. 2015. ’n Alternatiewe beskouing van die natuur se andersheid in E. Kotze se kortverhaal “Halfkrone vir die Nagmaal”. Tydskrif vir Letterkunde, 52(2):102–16.

—. 2017. Mens-plant-verbintenisse in Die sideboard (2014) van Simon Bruinders. LitNet Akademies, 14(1):1–26. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2017/06/LitNet_Akademies_14-1_Meyer_1-26.pdf.

—. 2019. Wildernis van menslike belewenis in Die troebel tyd van Ingrid Winterbach. LitNet Akademies, 16(3):103–27. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2019/12/LitNet_Akademies_16-3_MeyerS_103-127.pdf.

—. 2021. Ecocritical concerns in select Afrikaans narrative works: Critical perspectives. Journal of Literary Studies, 37(4):84–105.

Muir, J. 2019. My first summer in the Sierra. Boston: Houghton Mifflin.

Opperman, S., U. Özdağ, N. Özkan en S. Slovic (reds.). 2011. The future of ecocriticism: New horizons. Newcastle upon Tyne: Cambridge Scholars Publishing.

Oppermann, S. (red.). 2015. New international voices in ecocriticism. New York en Londen: Lexington Books.

Oscarson, C. 2010. Where the ground responds to the foot: Kerstin Elkman, ecology, and the sense of place in a globalized world. Ecozon@, 1(2):8–21.

Schama, S. 1995. Landscape and memory. New York: Random House.

—. 2015. Foreword. In Oppermann (red.). 2015:vii–viii.

Schliephake, C. 2015. Review essay. Re-mapping ecocriticism: New directions in literary and urban ecology. Ecozon@, 6(1):195–207.

Slovic, S., S. Rangarajan en V. Sarveswaran. 2015. Introduction. In Slovic e.a. (reds.) 2015:1–10.

Slovic, S., S. Rangarajan en V. Sarveswaran (reds.). 2015. Ecocriticism of the global south. Londen: Lexington Books.

Smith, C. 2018. ’n Ekokrities-filosofiese perspektief op die kortverhaal “Katvoet” (Riana Scheepers): Die mens en die natuur. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(2):310–29.

Smith, S. 2012a. Die aard van ekopoësie teen die agtergrond van die ekokritiese teorie met verwysing na enkele gedigte van Martjie Bosman. LitNet Akademies, 9(2):500–23. https://www.litnet.co.za/assets/pdf/8GWSmith.pdf.

—. 2012b. Plek en ingeplaaste skryf. ’n Teoretiese ondersoek na ingeplaaste skryf as ekopoëtiese skryfpraktyk. LitNet Akademies, 9(3):887–928. https://www.litnet.co.za/assets/pdf/Smith_9_3_GW17.pdf.

—. 2014a. Die tasbaarheid en die on(aan)tasbaarheid van literatuurteorie: Ekokritiek en die nuwe materialisme. https://www.litnet.co.za/poolshoogte-die-tasbaarheid-en-die-onaantasbaarheid-van-literatuurteorie-ekokritiek (10 Januarie 2022 geraadpleeg).

—. 2014b. Ekokritiek en die nuwe materialisme: ’n Ondersoek na die nuwe materialisme in enkele gedigte van Johann Lodewyk Marais uit die bundel In die bloute (2012). LitNet Akademies, 11(2):749–74. https://www.litnet.co.za/assets//pdf/joernaaluitgawe_11_2/11_2_Smith.pdf.

—. 2015. Plek as liggaam en liggaam as plek. Tendense van die nuwe materialisme en interaksie tussen mens en plek in enkele tekste uit Verweerskrif (2006) van Antjie Krog. LitNet Akademies, 12(2):1–24. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/11/LitNet_Akademies_12-2_Smith_1-24.pdf.

—. 2016. “Landskapverinniging” as sentrale motief in die gedig “tesis in gestapelde sillabeversteuring oor ingebedheid” in die bundel Mede-wete (2014) van Antjie Krog. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(4):1213–26.

—. 2021. Literêre kartering van plek: ’n Geokritiese ondersoek na materiële verbeelding en ingeplaaste skryf in twee “Tuinverse”. LitNet Akademies, 18(2):347–76. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/08/LitNet_Akademies_18-2_Smith_347-376.pdf.

Stanley, B. en W.D. Phillips. 2018. South African ecocriticism: Landscapes, animals, and environmental justice. In Oxford handbooks online. Oxford: Oxford University Press. https://www.oxfordhandbooks.com/view/10.1093/oxfordhb/9780199935338.001.0001/oxfordhb-9780199935338-e-154 (10 Januarie 2022 geraadpleeg).

Steenkamp, E.L. 2011. Identity, belonging and ecological crisis in South African speculative fiction. Doktorale proefskrif, Universiteit Rhodes.

Tally, R.T. jr. 2013. Spatiality. New York: Routledge.

Tally, R.T. jr. en C. Battista (reds.). 2016. Ecocriticism and geocriticism: Overlapping territories in environmental and literary studies. Basingstoke: Palgrave Macmillan.

Thiong’o, N. 1986. Decolonising the mind: The politics of language in African literature. Londen: J. Currey.

Van Heerden, N. 2021. Toekomstaal, saadstories en ekokritiek in Alettie van den Heever se Stof. LitNet Akademies, 18(1):87–132. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2021/04/LitNet_Akademies_18-1_vanHeerden_87-132.pdf.

Viljoen, L. 2019. “Hand my hond”: ’n Dierestudies-perspektief op verskyningsvorme van die hond in die digter se latere poësie. In Galloway (red.) 2019:121–51.

—. 2021. Dystopian ecologies: Thinking about South African ecocriticism through a comparative reading of Henrietta Rose-Innes’s Green Lion and Alettie van den Heever’s Stof (Dust). Journal of Literary Studies, 37(1):20–35.

Visagie, A. 2013. Pasmaatspesies, niemenslike diere en die omgewing: Gedagtes oor die postkoloniale ekokritiek in Suid-Afrika. https://www.litnet.co.za/pasmaatspesies-niemenslike-diere-en-die-omgewing-gedagtes-oor-die-postkoloniale-ekokritiek (20 Januarie 2022 geraadpleeg).

Vital, A. 2008. Toward an African ecocriticism: Postcolonialism, ecology and Life & Times of Michael K. Research in African Literatures, 39(1):87–106.

—. 2015. Ecocriticism, globalized cities, and African narrative, with a focus on K. Sello Duiker’s Thirteen cents. In Slovic e.a. (reds.) 2015:213–32.

Voss, T. 2012. Refracted modernisms: Roy Campbell, Herbert Dhlomo, N.P. Van Wyk Louw. In Attwell en Attridge (reds.) 2012:339–59.

Woodward, W. 2008. The animal gaze. Animal subjectivities in Southern African narratives. Johannesburg: Wits University Press.

Woodward, W. en E. Lemmer. 2014. Figuring the animal in post-apartheid South Africa. Journal of Literary Studies, 30(3):1–5.

 

Eindnotas

1 Keurdersinsig – met dank.

2 Keurdersinsig – met dank.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Op weg na ’n eiesoortige Afrikaanse ekokritiek: ’n Ontleding van die gedigreeks “werf” in die bundel <i>Mede-wete</i> (2014) van Antjie Krog appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live