Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21565 articles
Browse latest View live

Uitnodiging: 51ste NP Van Wyk Louw-gedenklesing

$
0
0

Jy word hartlik uitgenooi na die 51ste NP Van Wyk Louw-gedenklesing wat op 10 Desember 2021 op DStv uitgesaai word. Heindrich Wyngaard en Karen de Wet gesels oor die onderwerp "Nuwe verse vir ’n nuwe millennium".

The post Uitnodiging: 51ste NP Van Wyk Louw-gedenklesing appeared first on LitNet.


CF Beyers-Boshoff (1926–1989)

$
0
0

Gebore en getoë

Christiaan Frederik Beyers-Boshoff is op 8 Mei 1926 in Potgietersrus gebore. Hy kan nie veel van sy geboortedorp onthou nie, aangesien hy redelik jonk was toe die gesin na Pretoria getrek het.

In Pretoria het hy aan die Afrikaanse Hoër Seunskool skoolgegaan, waar hy dan ook gematrikuleer het.

Sy skrywery is iets wat hy van jongs af beoefen het. Dit het begin toe hy op veertienjarige ouderdom sy eerste storie aan Die Jongspan gestuur en hulle dit geplaas het. Van die geld wat hy daarvoor gekry het, het hy ’n koek gekoop, dit met ’n liniaal in die middel deur gesny en met ’n vriend gedeel, het hy aan Zirk van den Berg vertel (Die Burger, 20 Desember 1989).

Verdere studie en werk

Ná skool is hy universiteit toe en was hy vir ’n ruk lank joernalis. Hy het vir lank deeltyds geskryf met die idee om sy groot roman die lig te laat sien altyd in sy agterkop.

Hy het hom aanvanklik toegelê op die skryf van kortverhale, waarvan die eerste in 1948 in Die Huisgenoot verskyn het. Hy het sy eerste roman aangepak nadat hy ongeveer 150 kortverhale geskryf het.

Hy is intussen getroud met Petro Maritz, die "nooientjie" (soos hy aan Naln vertel het) wat hy op universiteit ontmoet het, en in 1953 pak hulle saam die verhaal Onderstroom aan. Hulle het ook ’n tweede roman, Nag oor die stad, saam geskryf.

Ná die geboorte van hulle eerste kind, Marí, was hy verplig om alleen te sorg dat daar verdere romans verskyn. Nog vier kinders is uit sy huwelik met Petro gebore: ’n tweeling, Marlene en Jenny, Liza, en toe ’n laatlammetjie (sewe jaar na Liza), Maurice. Hy en Petro is in die vroeë 1970's geskei.

Hy het aan Erika Heunis vertel dat om te skryf nie net ’n middel was om sy brood te verdien nie, maar dat dit hom ook die vryheid gegee het wat ’n 9-tot-5-werksdag nie aan hom kon bied nie. "Ek het juis besluit om heeltyds skrywer te word toe ek jare gelede ’n mossie buite op die draad sien sit het en gedink het: 'As hy kan vlieg waar hy wil, kan ek mos ook doen wat ek wil ...’"

Dit was ook nie net romans en ontspanningsromans wat uit sy pen gevloei het nie, maar ook jeugverhale en dan natuurlik ook sy radiovervolgverhale waarmee hy amper ’n hele nasie smiddae vasgenael voor die radio laat sit het.

Sy jeugreeks die Jasper-verhale was standaardleesstof vir enige kind wat in die 1960's in Suid-Afrika grootgeword het. Die 11 stories van Jasper en sy bende (Mossie, Giep en Ferdinand) het gou baie gewild geraak en het heelwat herdrukke beleef. In 2015 is die eerste drie titels, Jasper op hoërskoolJasper die rugbyheld en Jasper se plaasvakansie, weer deur Protea Boekhuis gepubliseer. Die 11-jarige Daneel Swart skryf in 2015 op LitNet oor Jasper op hoërskool dat hy dit baie geniet het, hoewel daar sommige woorde was wat vir hom ’n bietjie outyds was of waarvan hy die betekenis nie geken het nie, soos “bloemlesing”, “kladpapier”, “kleilat”, “seepkiskarretjie” en “kleilatoorlog”.

Zirk van den Berg het in ’n artikel in Die Burger (20 Desember 1989) geskryf dat Beyers-Boshoff die Jasper-reeks sommer so oor sy skouer vir sy sekretaresse by sy destydse werk gedikteer het.

’n Krisis waaroor hy geen beheer gehad het nie, het daartoe gelei het dat hy verwoed begin skryf het. Hy het een aand in die 1960's saam met sy vrou en kinders by hulle huis in Waterkloofrif in Pretoria aangekom en gevind dat die huis dolleeg gesteel is. Niks van hulle goed was verseker nie en hulle het letterlik net die klere aan hulle lywe gehad. Dit was tóé dat hy ’n tikmasjien geleen het en begin skryf het en die res is, soos hulle sê, geskiedenis.

Hy het vandat hy soggens om vieruur opgestaan het, vir 18 uur vas agter sy tikmasjien, later tikmasjiene, gesit. Hy het die twee tikmasjiene gebruik vir die tye wanneer hy aan twee projekte gelyk gewerk het. En op ’n nog latere stadium (1982) het hy drie tikmasjiene gehad: een vir die radioverhale, een vir sy romans en een vir die televisiestukke wat hy vir die Amerikaanse mark geskryf het.

Hy het vir Erika Heunis (Transvaler, 25 Junie 1982) vertel dat wanneer hy moeg raak om saam met een groep karakters te kuier, hy bloot na die volgende tikmasjien in die ander vertrek loop en dan is hy skielik saam met ander mense in ’n ander situasie en agtergrond.

Hy het soveel ure voor sy tikmasjien deurgebring dat toe sy een dogter op skool moes vertel wat haar pa se werk is, sy onomwonde verklaar het dat hy ’n "tikster" is, vertel Zirk van den Berg. Sy ongelooflike werktempo het weliswaar ’n negatiewe invloed op sy sosiale omgang met mense gehad. Evert Snyman, bekende radiopersoonlikheid en Beyers-Boshoff se skoonseun, het by geleentheid glo gesê: "Daar is net een mens wat met Beyers-Boshoff oor die weg kom, en dis Beyers-Boshoff. En ook nie eens aldag nie" (Die Burger, 20 Desember 1989).

Dit was veral vir sy radiovervolgverhale dat hy bekend was. Sy eerste een, Ongewenste vreemdeling, wat smiddae op die destydse Springbokradio uitgesaai is, het aan die radiostasie sy hoogste luistergetalle tot op daardie stadium besorg. ’n Rekordgetal van 836 000 het na die vervolgverhaal geluister. Die luisteraars was gaande oor die verhaal, tot so ’n mate dat hulle gebreide babaskoentjies en ander artikels aan die skrywer gestuur het om aan sy karakters se kinders te gee.

Daarna het verhale soos Dans van die flaminkMy liedjie van verlangeVrou van Shangetti en vele ander gevolg. Baie van sy verhale is ook verfilm, waarvan Tant Ralie se losieshuis (1975), Die troudag van tant Ralie (1975), My naam is Dingetjie: die Boere-Trinity (1975), Dingetjie is dynamite (1976) en Ongewenste vreemdeling (1974) enkeles is.

In Januarie 1982 het Die vrou van Shangetti as vervolgverhaal op Springbokradio begin. Teen Junie 1982 het Beyers-Boshoff al 1 600 bladsye van die storie getik. Die verhaal was baie gewild en dit is met ses maande verleng. Aan die einde van die 18 maande sou hy ongeveer 6 000 bladsye getik het.

Elke week het hy vyf episodes vir sy vervolgverhaal geskryf en hierdie vyf episodes is dan gewoonlik op Woensdae opgeneem. Die episodes is ses maande voor die uitsaaidatum opgeneem. In daardie dae het een episode sowat 12 bladsye beslaan en net ’n sekere aantal spelers is per aflewering toegelaat.

Een soort karakter wat hy altyd in sy stories gebruik het, was ’n "vrou wat die hel uit ’n man uit druk – ’n soort vroulike JR (Ewing)" (van die gewilde TV-reeks Dallas). Hy het aan Heunis vertel dat daar ’n "deeltjie van myself in elke karakter is. Jy dik dit net aan om dit gekristalliseerd vir die luisteraar aan te bied."

Vir Beyers-Boshoff was sy beste draaiboek dié van Night of the puppets (1979) en hy was baie trots daarop. Zirk van den Berg het geskryf dat dit ’n "aangrypende, fantasieryke stuk romantiek was waarvan ’n goeie regisseur ’n wêreldwye treffer kon maak".

Beyers-Boshoff was egter van mening dat Daan Retief se rolprent nie die draaiboek waardig was nie. "Ek beskou dié fliek as die grootste teleurstelling van my loopbaan. Die teleurstelling was des te groter omdat ek toegelaat het dat die Suid-Afrikaners my ’n gat in die kop praat nadat ’n Amerikaanse ateljee reeds voornemens was om die prent te maak."

Twee van sy rolprente was ’n redelike sukses oorsee. Een was die verbeeldingryke kinderverhaal Catch me a dream (1974) wat ook in Afrikaans uitgereik is, as Vang vir my ’n droom. Dit het ’n hele klompie weke in New York se grootste bioskoop gedraai en dié se paar duisend sitplekke vir die eerste keer volgemaak. Nadat Karate Olympia (1976) oorgeredigeer is, is dit onder die titel Kill and kill again oor Amerika versprei, waar dit in die verspreidingsjaar een van die grootste geldmakers was.

Nadat sy twee prente so suksesvol was, is hy genader om voltyds as draaiboekskrywer by van Hollywood se grootste ateljees te gaan werk, maar hy kon dit nie oor sy hart kry om Suid-Afrika te verlaat nie.

Beyers-Boshoff het benewens sy jeugboeke hoofsaaklik liefdes- en spanningsverhale vir boekklubs geskryf. Hy het ’n paar deurlopende temas gehad waarop hy sy boeke baseer het:

  • Verhale met ’n geskiedkundige agtergrond. Hieronder tel titels soos Boegspriet teen die wind(1968), wat in Frankryk net voor die uitbreek van die Franse Revolusie afspeel; Goud in die son (1969), wat die gouddelwersdae in Johannesburg as agtergrond het; M'sieur die Kavalier (1973) en Slavin van die kaptein (1976) met die Ou Kaap as vertrekpunt vir die stories; en Wag op die goue môre (1980), wat verskuif na die gouddelwersdae op Pelgrimsrus.
  • Van die titels in hierdie kategorie is Twee van klawers(1964), Linkerhand van die noodlot (1967), ’n spioenasieverhaal, Twee myl van nêrens (1964) en Die noodlot is ’n vrou (1979).
  • Verhale met Afrika as agtergrond. Nag oor Afrika(1964) en die twee boeke in sy Afrika-reeks: Die gees van Kilimanjaro (1964) en Duikers van die diepsee (1964).
  • Die meeste van sy verhale was liefdesverhale met so hier een daar die gewone kinkels in die kabels.

’n Ou vriend van die skrywer, die bekende filmmaker Peers Hartzenberg, was van mening dat hy een van die heel suksesvolste radioverhaalskrywers tot op daardie tydstip was. Beyers-Boshoff was ook topfiks, en het gereeld met gewigte geoefen.

Roelf van Rensburg, sy uitgewer, het aan Die Burger (19 Desember 1989) vertel dat hy voor sy dood veral betrokke was by die skryf van televisiedraaiboeke vir die destydse TV2 en TV3.

Op 17 Desember 1989 is CF Beyers-Boshoff na ’n kort siekbed in die destydse HF Verwoerd-hospitaal in Pretoria op 63-jarige ouderdom aan hartversaking oorlede. In 1985 het hy griep gehad en het een van sy hartspiere verhard. Daarvoor moes hy behandeling ontvang voordat hy ’n operasie kon ondergaan. Hy het twee dogters en ’n seun agtergelaat.

Publikasies

Publikasie

Onderstroom (saam met Petro Maritz)

Publikasiedatum

1953

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Drostdy Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Nag oor die stad (saam met Petro Maritz)

Publikasiedatum

1953

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Goeie Hoop

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die gesig van ’n vrou

Publikasiedatum

1954

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Van Riebeeck-Biblioteekskema

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die nag het skaduwees

Publikasiedatum

1955

ISBN

(hb)

Uitgewer

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die ontembare

Publikasiedatum

  • 1957
  • 1986

ISBN

0628030255 (hb)

Uitgewer

  • Kaapstad: Tafelberg
  • Johannesburg: Klub Saffier

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Haar verlede

Publikasiedatum

1957

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die tydelike glans

Publikasiedatum

  • 1957
  • 1984

ISBN

0628027656 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekhandel
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vlug van die wit meeu

Publikasiedatum

1958

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Adres onbekend

Publikasiedatum

  • 1958
  • 1983

ISBN

0628025777 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekhandel
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Wind deur die denne

Publikasiedatum

1959

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die uur van verlange

Publikasiedatum

1959

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Voortrekkerpers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die uur van waarheid

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1984

ISBN

0628027885 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Voortrekkerpers
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Aan die weersye van die lewe

Publikasiedatum

1959

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Mimosa

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Verterende vure

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1984

ISBN

0628027826 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekkring
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper op hoërskool

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1966
  • 1980
  • 2015

ISBN

9781485303664 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Jasper die rugbyheld

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1964
  • 1979
  • 2015

ISBN

  • 0799301604 (hb)
  • 9781485203695 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Gister was dit nag

Publikasiedatum

1960

ISBN

(sb)

Uitgewer

Johannesburg: Mimosa

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die gekraakte spieël

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1983

ISBN

0628025629 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekkring
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Pad van die onbekende: ’n sosiale roman

Publikasiedatum

1960

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Eike Romans

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Passasier nommer 13

Publikasiedatum

1960

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper se plaasvakansie

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1964
  • 2015

ISBN

9781485303725 (sb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Jasper die speurder

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1964
  • 1967
  • 1981

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper en die ruimtemanne

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1977
  • 1981

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die hoogste kruin

Publikasiedatum

  • 1961
  • 1983

ISBN

0628025688 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekkring
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die vals lig

Publikasiedatum

1961

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: President Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Mure van glas

Publikasiedatum

1961

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper die atleet

Publikasiedatum

  • 1961
  • 1978

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper speel toneel

Publikasiedatum

  • 1961
  • 1967
  • 1978

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die vangnet

Publikasiedatum

  • 1962
  • 1984

ISBN

0628027648 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekkring
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die skewe maan

Publikasiedatum

1962

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper in die wildernis

Publikasiedatum

  • 1962
  • 1971
  • 1977

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die gees van Kilimanjaro

Publikasiedatum

1963

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die sandkasteel

Publikasiedatum

  • 1963
  • 1983

ISBN

0628025610 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekkring
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Duikers van die diepsee

Publikasiedatum

1964

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Twee myl van nêrens

Publikasiedatum

1964

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Deur die sleutelgat

Publikasiedatum

1964

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Sending na Zanzibar

Publikasiedatum

1964

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Nag oor Afrika

Publikasiedatum

1964

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: President Uitgewers

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Twee van klawers

Publikasiedatum

  • 1964
  • 1984

ISBN

0628027311 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekkring
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Pad na die son

Publikasiedatum

  • 1964
  • 1984

ISBN

0628028377 (hb)

Uitgewer

  • Johannesburg: Voortrekkerpers
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Nag sonder ure

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Herberg van die Rooi Haan

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Dagbreek-Boekkring

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

’n Vrou soos Cora

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Nagvlug

Publikasiedatum

1965

ISBN

(hb)

Uitgewer

Johannesburg: Willem Gouws

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper op kosskool

Publikasiedatum

  • 1965
  • 1976

ISBN

0799302155 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vyf teen die dood

Publikasiedatum

1966

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die knapsekêrel

Publikasiedatum

  • 1966
  • 1981

ISBN

0799305502 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die verdwaaldes

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Linkerhand van die noodlot

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Streng vertroulik

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper in gevaar

Publikasiedatum

  • 1968
  • 1977
  • 1981

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die wit pluim

Publikasiedatum

  • 1968
  • 1980

ISBN

0799304816 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Keurbiblioteek
  • Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Onder drie sterre

Publikasiedatum

1968

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Boegspriet teen die wind

Publikasiedatum

1968

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Ou Kaapse verhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Skoppensvier

Publikasiedatum

1969

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Goud in die son

Publikasiedatum

1969

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vrees is die jagter

Publikasiedatum

1969

ISBN

9hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vrou in die spieël

Publikasiedatum

1969

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die wilde een

Publikasiedatum

  • 1970
  • 1982

ISBN

0799305995 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vlug van die noodlot

Publikasiedatum

1970

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Altyd die vreemdeling

Publikasiedatum

1970

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Goud en glorie

Publikasiedatum

  • 1970
  • 1980

ISBN

0799304840 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Waar die reënboog buig

Publikasiedatum

  • 1971
  • 1983 (grootdruk)

ISBN

0799306908 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die vrou in rooi

Publikasiedatum

  • 1971
  • 1989

ISBN

0799314757 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jong liefde

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Jasper se sirkus-avontuur

Publikasiedatum

  • 1971
  • 1978

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Jeugverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Kaapse boekanier

Publikasiedatum

1972

ISBN

079930008X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Ou Kaapse verhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Kom luister na my lied; Aan jou my minnelied

Publikasiedatum

1972

ISBN

0799300381 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Glans van die aandster

Publikasiedatum

1973

ISBN

0629000050 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Pronk-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

M'sieur die kavalier

Publikasiedatum

  • 1973
  • 1982

ISBN

0868145254 (hb)

Uitgewer

  • Pretoria: Van der Walt
  • Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Ou Kaapse verhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Tant Ralie se losieshuis

Publikasiedatum

1974

ISBN

0629000115 (hb)

Uitgewer

Braamfontein: Siësta Publikasie

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vallei van die reuse

Publikasiedatum

1975

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Eendag as jy myne is

Publikasiedatum

1976

ISBN

07968000111 (hb)

Uitgewer

Randburg: Prospecta Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Slavin van die kaptein

Publikasiedatum

1976

ISBN

079930201 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Ou Kaapse verhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Sommer net iemand

Publikasiedatum

1978

ISBN

0796800405 (hb)

Uitgewer

Randburg: Ons Eie Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Daar's nog altyd drome

Publikasiedatum

1979

ISBN

0629000832 (hb)

Uitgewer

Randburg: Pronk-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die noodlot is ’n vrou

Publikasiedatum

1979

ISBN

0796800553 (hb)

Uitgewer

Randburg: Ons Eie Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Eendag, as jy terugkom

Publikasiedatum

1979

ISBN

0629000719 (hb)

Uitgewer

Randburg: Pronk-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

’n Meisie so mooi

Publikasiedatum

1980

ISBN

0796800685 (hb)

Uitgewer

Randburg: Ons Eie Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Wag op die goue môre

Publikasiedatum

1980

ISBN

0799304557 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vrou van die noodlot

Publikasiedatum

1981

ISBN

0868144360 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Liefde vir die najaar

Publikasiedatum

1981

ISBN

0799304867 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Engel van Angola

Publikasiedatum

1981

ISBN

0629001243 (hb)

Uitgewer

Randburg: Pronk Boekklub

Literêre vorm

Spanningsverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vangnet van die lewe

Publikasiedatum

1982

ISBN

079930591X (hb)

Uitgewer

Pretoria: Treffer-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Kaapse boekanier; Die seerower van Jacqueline; Slavin van die kaptein

Publikasiedatum

1987

ISBN

0799312142 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Ou Kaapse verhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Wanneer kom eendag?

Publikasiedatum

1987

ISBN

0628031823 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Klub Saffier

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Vlinder van die nag

Publikasiedatum

1989

ISBN

0799313998 (hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

As Dot Malan:

Publikasie

By die fontein

Publikasiedatum

1966

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Slangetjies en leertjies

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewer

Pretoria: Van der Walt

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

CF Beyers-Boshoff as samesteller:

  • Avontuur vir seuns. Pretoria: Van der Walt, 1970

Artikels oor CF Beyers-Boshoff beskikbaar op die internet:

CF Beyers-Boshoff se ATKV|LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2017-05-16 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post CF Beyers-Boshoff (1926–1989) appeared first on LitNet.

Die teenoorgestelde is net so waar: ’n onderhoud met Azille Coetzee

$
0
0

Die teenoorgestelde is net so waar
Azille Coetzee
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 9780798182355

Ingid van der Walt praat met Azille Coetzee oor Azille se jongste boek, Die teenoorgestelde is net so waar.


Kort nadat Azille se eerste boek verskyn, stuur ’n vriendin uit Stellenbosch ’n foto van die voorblad en sê ek moet dit dadelik gaan koop. “Sy verstaan wat ons dink, hoe ons praat, waaroor ons gesels,” verduidelik sy. In my vel was een van my gunstelingboeke van 2019, en ook dié van baie van my vriende. Een wat ons gereeld sou aanhaal en na terugverwys in gesprekke.

En nou, twee jaar later, het Azille nog ’n boek gepubliseer! Dié keer haar eerste roman, Die teenoorgestelde is net so waar. Weer is dit ’n heerlike leeservaring  en ’n boek wat besonder interessante temas aanraak en belangrike gesprekke ontketen. Ek het vir Azille by Power & the Glory in Kloofstraat ontmoet om oor haar nuwe boek en die skryfproses te gesels. En hoe sy dit weer reggekry het om ons almal aan die dink te sit.

Een van die eerste goed wat jy genoem het toe ek jou gelukwens met die boek, is dat jy baie op jou senuwees is oor hoe die boek ontvang sal word. Hoe voel jy oor die proses van ’n boek publiseer in Suid-Afrika? Veral in die sin dat mens jou skryftalent blootstel aan Suid-Afrika (en die baie opinies)? En voel jy daar is ondersteuning van ander skrywers – jonk en oud? 

Op ’n subjektiewe, persoonlike vlak kan die proses absoluut senutergend wees. Ek was baie bang vir die moontlikheid van ’n mislukking, veral ook omdat mens met ’n roman iets kunstig probeer skep (eerder as iets meer feitelik soos akademiese navorsing of selfs memoir). Op ’n meer objektiewe vlak was dit ’n wonderlike ervaring sover. Die Afrikaanse scene is regtig baie verwelkomend. Afrikaanse skrywers, en veral Afrikaanse vroueskrywers, het my met ope arms verwelkom – skrywers soos Ingrid Winterbach, Marita van der Vyver en Zelda Bezuidenhout het my op Instagram gelukgewens; Joan Hambidge het ’n resensie geskryf; Joah van Dyk was by die boekbekendstelling. Ek voel só verwelkom.

.......

Die Engelse skrywers het dalk meer lesers, maar ek dink nogal nie hulle het naastenby die tipe intieme gehore en kontak wat Afrikaanse skrywers met lesers het nie. Die intimiteit het natuurlik sy voor- én nadele, maar ek beskou dit as my voorreg om in Afrikaans te kan skryf, en as ’n skrywer in die taal verwelkom te word. 

.........

Die Afrikaanse lesersgemeenskap is dalk klein, en jy’s reg, daar is wel baie sterk idees en opinies, maar die voordeel daarvan is dat almal geweldig engaging is. As jy iets skryf, gaan mense opdaag, hulle gaan dit lees, en hulle gaan engage. Die Engelse skrywers het dalk meer lesers, maar ek dink nogal nie hulle het naastenby die tipe intieme gehore en kontak wat Afrikaanse skrywers met lesers het nie. Die intimiteit het natuurlik sy voor- én nadele, maar ek beskou dit as my voorreg om in Afrikaans te kan skryf, en as ’n skrywer in die taal verwelkom te word. 

Die proses van ’n roman skryf is uiteraard baie anders as ’n memoir óf akademiese publikasies – iets wat jy gereeld skryf. Hoe het dit gebeur dat jy aan ’n roman begin skryf het? 

Daar was momente tydens die skryf van In my vel waar ek moes dink aan detail, en hier en daar ’n toneel moes beskryf en kleur gee. Dit was in daardie oomblikke toe ek myself toegelaat het om novelistically te kyk na ’n toneel wat my laat besef het ek wil ’n roman probeer skryf. Dis absoluut die vorige boek wat die deur in my kop oopgemaak het. Ek het dadelik nadat ek klaar was met In my vel weer begin skryf. 

Hoe was die proses van karakterisering vir jou? Skryf jy van mense in jou lewe? Of het jy net elemente van die kleurvolle en interessante mense in jou lewe vasgevang? 

Die karakters skryf en skep was verskriklik lekker. Ek was heeltemal obsessed met hulle vir twee jaar. Ek het baie spesifiek probeer om nie mense wat ek ken of myself as karakters in die boek in te skryf nie. Ook omdat ek voel ek het nou reeds oor my werklike lewe geskryf, wou ek graag suiwer fiktief skryf. 

En wat my verstom het van die proses is hoe interessant dit die gewone lewe maak en hoe dit verander hoe mens deur die wêreld beweeg. Ek sal sien hoe ’n vriendin ’n gebaar maak, of haar kop op ’n manier draai, en dan sal ek weet Katryn sal dit doen. Of dis hoe Charlotte sal lyk as sy skaam is. Dit is ’n proses wat verskriklike aandag verg en dit verander hoe mens na mense om jou kyk. Elke liewe ding, alles wat mense doen – hoe mense beweeg, hoe hulle praat – word interessant net omdat jy dit myn om tekstuur te kry vir die wêreld wat jy skep. Dis eintlik ’n tipe mindfulness practice. 

Jy is ’n uitsonderlik fyn waarnemer. Was dit nog altyd so, of is dit iets wat jy ondersoek het in die proses? 

.......

In ons familie is my ma se bynaam “die spy”. Sy het dit in haar geaardheid om mens dop te hou. Ons spot altyd dat sy ’n speurder moes geword het – sy weet altyd alles wat aangaan. Ek dink ek het bietjie van dit geërf.

.......

In ons familie is my ma se bynaam “die spy”. Sy het dit in haar geaardheid om mens dop te hou. Ons spot altyd dat sy ’n speurder moes geword het – sy weet altyd alles wat aangaan. Ek dink ek het bietjie van dit geërf.

Maar ek dink ook dis ’n baie vroulike eienskap. As vrou word ons gesosialiseer om bewus te wees – ons maak seker almal in die vertrek is gemaklik en geniet hulself. Ons sien om na ander, stel belang. As vrouens word ons geleer om daai werk te doen. Dalk essensialiseer ek? Maar ek het nogal deurentyd in die proses gedink aan hoe dit amper ’n tipe feminine care practice is om ’n boek te skryf – om só bewus te wees van ander dat jy ander mense se gevoelens en denke kan opmerk en verstaan hoe om dit te kan gebruik. 

Iets wat my ook opval, is dat jy ook baie ingestel is op klimaat en omgewing. Jy skryf baie van hoe die son val, hoe donker dit buite is, die soel aande in die Kaap ...

Dit is baie Capetonian om so behep te wees met die weer, juis omdat die weer so wispelturig is. Ek het met die vorige boek ook die weer baie bygewerk, en die redigeerder het vir my gesê mens skryf nie regtig oor die weer nie, tensy dit ’n baie spesifieke plot point is. Maar ek het besluit om nie na hom te luister nie, want soveel van my ervarings gaan oor die weersomstandighede, oor hoe alles vir my voel en lyk. Dit is vir my ’n baie belangrike element van enige narratief in my eie wêreld. 

Dis so waar! En dis die ding van jou boek wat in so baie gesprekke opkom – jy beskryf en omskryf so baie van hoe ons dink en wat ons doen – die verwysings wat jy gebruik, die register, gesprekke, millenniër-angs. I feel seen! Deborah Steinmair noem jou boek in haar resensie ’n tipe tydsdokument. Was dit jou intensie met die boek, of is dit bloot wat natuurlik vorendag gekom het? 

Ja, ek wou definitief iets weergee van die ervaring van ons generasie. ’n Vorige generasie vroueskrywers het dit ook gedoen – dink Ingrid Winterbach (daai tyd as Lettie Viljoen), dink Marita van der Vyver … so daar is ’n vorige generasie vroue wat dit ook baie spesifiek gedoen het, maar somehow is dit nou ’n paar dekades terug wat daai soort prosa uitgekom het vir jong vroue. So ek skryf op daardie manier in ’n tradisie in. 

.......

Ek dink ek is ook baie gelukkig in terme van die globale tydsgees.  Dit is nou die tyd dat jong vroue se stories oor jong vroue baie spesifiek aandag kry en ernstig opgeneem word in die literêre wêreld. Ek het gevoel die tyd is weer reg vir so iets in Afrikaans. 

.......

Ek dink ek is ook baie gelukkig in terme van die globale tydsgees.  Dit is nou die tyd dat jong vroue se stories oor jong vroue baie spesifiek aandag kry en ernstig opgeneem word in die literêre wêreld. Ek het gevoel die tyd is weer reg vir so iets in Afrikaans. 

Was daar enige behoefte by jou om ander of ouer generasies te laat dink? 

Ek dink eintlik nie so nie. Met my vorige boek het ek baie spesifiek uitgegaan om mense te laat dink. Terwyl ek met hierdie boek regtig graag ’n wêreld maak wat mense in kan glo, wat mense hulself in kon verdiep, wat mense kon ervaar saam met my. Om myself te immerse in my generational ervaring was die vanselfsprekende wêreld wat ek met gevoel kon uitbou. 

So dit het iets te doen met ander mense deel maak van jou leefwêreld?

Ja, ek dink tog so. Ek het regdeur die proses myself gevra hoekom skryf mens ’n boek? Hoekom sit ek dit uit in die wêreld? En dit bly ’n bietjie misterieus hoekom ek myself deur dit sit. Die beste antwoord waarby ek uitkom, is dat dit ’n soeke na connection is. Om vir ander mense iets te wys wat ek sien en ervaar van die wêreld. 

Dis natuurlik so oud soos die mens, hierdie soort behoefte om iets te skep en dit dan vir iemand anders te wys. So ek dink dit wat jy artikuleer is presies hoekom ek die boek geskryf het. En nie vir een of ander onbaatsugtige rede nie. Ek dink dis ’n selfsugtige kreatiewe en menslike impuls. Om jouself te sien en om ander jou te laat sien. 

Te laat sien en hóór. Dit is so lekker om te lees hoe ons klink! Jy gebruik die mooiste Afrikaans, maar dan meng jy ook, nes ons doen. Was daar dele van die boek wat jy meer in Engels wou skryf? En hoe het jy te werk gegaan om die balans reg te kry? 

Dit was so ’n interessante proses. My eerste drafts het baie meer Engels in gehad. Ek het byvoorbeeld die hele toneel waar die kunshistorikus met Charlotte ’n onderhoud voer, in Engels geskryf. Dis hoe dit sou uitspeel in my kop, en vir my is daai woordeskat alles in Engels.

Maar toe het ek baie naby met die redigeerder, François Bloemhof, en my uitgewer, Nèlleke de Jager, gewerk. En saam het hulle my gehelp om ’n soort balans te probeer kry. Die Afrikaans wat ons praat, is so ver verwyderd van ’n suiwer Afrikaans. Die oomblik wat mens goed in suiwer Afrikaans skryf, dan klink dit nie meer soos ons sal praat nie.  

Daar was dele waar ek net eenvoudig lui was met die Engels, dan sou François voorstelle maak vir sterker of mooier Afrikaanse alternatiewe en ek besluit of ek saamstem. Maar dit was natuurlik ook vir my belangrik om ernstig opgeneem te word as Afrikaanse skrywer, en ek dink dit is ook goed dat ons nie te lui is met ons taalgebruik nie. 

Ek is egter baie nuuskierig oor Lerato en of sy Engels is? Daar is ’n Potchefstroom-agtergrond, maar sy woon in Johannesburg. 

Ek is seker sy is baie goed met die Afrikaans, maar in my kop praat sy net Engels. 

So sy en Katryn praat eintlik Engels?

Dis hoe ek dit vir myself verbeel het. Sy woon in Jo’burg, and she only speaks English

Ek woon langs ’n Engelse swart vrou van Johannesburg, en kan nie anders as om bewus te wees dat hierdie tipe vriendskappe makliker in boeke gebeur nie. Wou jy graag diversiteit bywerk in die boek? Is dit dalk ’n manier om die Suid-Afrika waarvan ons droom te probeer manifesteer? 

Ek dink nie mens kan vandag ’n storie skryf in Afrikaans en in Suid-Afrika en jy het nét wit Afrikaanse karakters in die boek nie. Maar aan die ander kant is daar al die vraagtekens en debatte rondom wie mag wie se storie skryf? Wie mag wie uitbeeld? Is dit oukei as ek ’n swart vrou uitbeeld? 

Ek het aanvanklik vir Lerato ’n kleiner rol gegee. Maar toe het van die keurders gesê hulle dink ek moet haar uitbou. En die uitgewer het my ook aangespoor om te probeer om vir haar ’n stem te gee. En as ek foute maak in die proses, dan maak ek foute, maar dat ek ten minste moes probeer. En ek was baie gespanne oor of ek dit goed genoeg doen. 

En jy’s reg – in Kaapstad is ons wêreld nog so gesegregeerd. Hoe maklik en vinnig sy en Katryn sulke goeie vriendinne raak is baie onwaarskynlik hier. Ek het dit probeer omseil deur vir Katryn in Johannesburg te plaas waar die wêreld baie meer geïntegreer is. En die ander ding wat ek gedink het sal help, is dat Katryn ’n beroemde aktrise is. En op daai manier sou daai vriendskap makliker gebeur as dalk met jou en my. Maar ek moes baie mooi daaroor dink, en ons sal moet sien of daar kritiek is. Dit bly maar ’n komplekse ding. 

Iets wat my ook baie opval, is jou liefde vir en intieme kennis van die kunswêreld. Charlotte se storielyn en kunsprojekte is so fassinerend! Ek het ’n paar keer myself gevang dat ek haar wou Google om te kyk waar ek haar kuns kan gaan kyk! Is kuns ’n groot deel van jou lewe? Sal jy ooit jou eie hand waag aan ’n kunsprojek?

Ek’s so bly jy dink dis interessant! Ek het kuns op skool gehad, en wou kuns gaan studeer. So dit is ’n belangstelling van my en ek het ’n spul vriende wat kunstenaars is, so ek spandeer nogal tyd om kuns te kyk en bespreek, en daaroor te lees. 

Wat my ook opval, is dat daar so baie Afrikaanse boeke die laaste jaar uitgekom het wat kuns as ’n tema aanraak of insluit. As jy dink aan Ingrid Winterbach se nuutste boek, Willem Anker, SJ Naudé, Vin van Lien Botha. Ek wonder nog daaroor – het dit iets te doen met ons tyd in Suid-Afrika, nou? 

Met visuele kuns kom mens by dinge uit wat mens nie met taal by uitkom nie. Dis ook natuurlik ’n lekker manier om idees in die boek in te sit sonder om dit in dialoog te moet inprop. Ek het baie gewonder of die idees in my kop nie eerder ’n werklike kunsprojek is wat ek moet probeer skep eerder as skryf in ’n boek nie. Die reeks gesinsmoordskilderye wat Charlotte maak byvoorbeeld. Maar ek het nie die vaardighede  daarvoor nie. 

Jy sê so, maar ek kan nie anders as om te wonder of die kuns nie ’n tipe verlengstuk van die boek is of kan wees nie. Wat die kuns wel bydra tot die boek, is simboliek. Kan jy my ’n bietjie vertel hoe kuns ’n aanvangspunt was vir ander belangrike temas wat jy wou bywerk?  

Ja, dit is al die dinge waaraan ek dink. Ek en ’n vriendin praat so gereeld oor honde as ’n filosofiese onderwerp in ons kultuur. Wit Afrikaners (ek ingesluit) is obsessief oor hul honde. En daar is allerhande weird goed met honde – honde wat rassisties is byvoorbeeld. Goed wat ons nog nie genoeg geartikuleer het in ons kultuur en taal nie. Honde absorbeer allerhande dinge op simboliese en politieke vlakke. As Charlotte ’n groot boerboel maak uit klei wat lewensgroot in die middel van ’n vertrek staan, dan is dit iets wat dadelik as ’n beeld, as ’n image, ’n simbool, soveel goed aanroer vir mense. Ons almal het verskillende ervarings gehad met honde. En dit word dan ’n belangrike gesprek met Frank. Die hond as ’n beeld, as ’n figuur, roep so baie op in ons koppe dat dit so ’n maklike tema is om by te werk wat lekker dinge doen in die teks.    

Buiten die honde is daar ook verwysings na visplakkies, Intercity-busse, vrugte pluk in agterplase. Dit bring soveel ’n nostalgie tot die leeservaring. Ek het met tye byna ’n Meisies van Maasdorp-gevoel gekry. Joan sê in haar resensie: “Die wit apartheidsbestaan word skerp geteken: vibracrete, snorre, perms.” Wou jy graag ons grootwordjare in die ’90’s ’n moment gee in die boek?

........

Nostalgie het op die oomblik baie kulturele gewig. Ook in globale populêre kultuur – iets soos Stranger things, die musiek waarna ons luister. So dit was ’n bietjie indulgent op daai manier, maar so lekker om te kon skryf oor kinderjare in die ’90s. 

........

Nostalgie het op die oomblik baie kulturele gewig. Ook in globale populêre kultuur – iets soos Stranger things, die musiek waarna ons luister. So dit was ’n bietjie indulgent op daai manier, maar so lekker om te kon skryf oor kinderjare in die ’90s. Jy praat nou van die Maasdorp-meisies – ons ma’s se kinderjare is vasgevang in daardie tipe boeke, of iets soos Dinge van ’n kind (Marita van der Vyver). Terwyl óns kinderjare ’n baie vreemde en spesifieke ’90’s-childhood was met die oorgangsjare na apartheid, en ’n klomp ander groot oomblikke in wêreldgeskiedenis, soos die val van die Berlynse muur. Dit het nie meer soos Maasdorp gelyk nie. As kind besef mens dinge is vreemd of anders, maar mens weet nie regtig hoekom nie. Ons was clueless. Ék was so clueless ... 

Dit was ’n vreemde tyd, was dit nie? As ek terugdink, het ek baie keer die gevoel gekry dat ons ouers dink ons is die generasie wat verloor, tog was dit kleurvol en opwindend? 

Ek het ’n diep fassinasie met ons kulturele moment. En die details is fantasties! Ek het dit so geniet om dit te probeer uitbeeld. Suid-Afrika was vir lank so geïsoleer, wat beteken het ons generasie was die eerstes wat ons behoorlik kon oopmaak vir globale populêre kultuur ná die demokratiese oorgang. Die nineties was hierdie liminal space in ons kultuur en taal. Afrikaans moes homself herkonfigureer en rebrand. En dis nog so min getematiseer in Afrikaanse letterkunde en kultuurprodukte. 

Nog iets waaroor ek en my vriendinne gesels het, is hoe ons ons verbeel die karakters lyk, veral Charlotte as hoofkarakter. Is sy so mooi en sexy soos ons ons voorstel? En is dit dalk omdat jy dink dis wat die lesers nodig het?

Ek weet almal lees karakters verskillend. Maar in my kop is Charlotte iemand wat nie spesifiek voldoen aan die konvensionele standaarde van vroulike skoonheid nie. Sy trek vreemd en eklekties aan, sy skeer gewoonlik nie haar been- of armhare nie, en sy dra nie grimering nie. Sy is sexy, maar dis omdat sy hou van seks, nie omdat sy op 'n sekere manier lyk nie. Katryn is wel beeldskoon en sexy op konvensionele maniere. Ek wou so 'n karakter insluit omdat soveel van ons sulke vroue in ons lewens het en vriendskappe daarrondom moet probeer navigeer. 

Iets wat hulle al drie gemeen het, is dat hulle baie sterk is en opinies het. Hulle neem bold besluite. Was jy bang die boek is te feministies vir ons kultuur en lesers? 

Ek het met die vorige boek gesien hoeveel ontvanklikheid daar vir meer feministiese leesstof is. Soveel mense het na die eerste boek vir my gesê die boek het vir hulle baie beteken. Hulle het dit gesê op grond van die vrouestem, die feminist sensibility. So ek het geweet daar is definitief ’n mark vir boek wat baie eksplisiet feministies is. En dis ook hoekom ek goeie mans in die boek ingeskryf het, om dit duidelik te maak: I’m not hating on men. Maar ek weet dis nie almal se ding nie, en ek weet dat die feit dat die boek so op vroue en hul stories fokus, al klaar maak dat baie mense uit die staanspoor nie soveel daarin belangstel nie. 

En dit is ’n risiko wat jy bereid was om te vat? 

Ja, en sover lyk dit of dit die moeite werd is. Daar is soveel vroue wat na my toe kom en sê hulle is geraak deur die boek. Een resensent het gesê sy erken haarself in die vroue, maar dat hulle het meer guts het as sy. Daar is iets ’n bietjie utopies aan dit. Maar dan ook nie heeltemal nie, want ek en jy ken vroue wat so is. 

.......

So ’n utopiese element is ook kenmerkend van feministiese teorie. Ons probeer dink hoe lyk ’n samelewing waar ons bemagtig is en waar ons kan sê en doen wat ons wil. Ek wou graag van daai utopiese sin inbou. 

.......

So ’n utopiese element is ook kenmerkend van feministiese teorie. Ons probeer dink hoe lyk ’n samelewing waar ons bemagtig is en waar ons kan sê en doen wat ons wil. Ek wou graag van daai utopiese sin inbou. Dis so lekker om in daai terme te dink! In die boek is die bekende teatermaker ’n swart vrou; die vrou wat die internationally trending TV-reeks Siembamba maak, is ’n bruin vrou. Op die oomblik lyk die landskap nog nie so in Suid-Afrika nie, dis steeds meestal mans. Maar ek het doelbewus ’n bietjie gespeel met utopiese feministiese ideale, terwyl ek ook probeer het om dit geloofwaardig te hou. 

Die boek begin by ’n troue, en soos die storie ontvou, kry ons deur die drie hoofkarakters te doen met verskillende en interessante verhoudings en vriendskappe. Dit laat mens dink aan ons alledaagse idees van verhoudings, en hoe dit lyk en werk?

Ons kultuur is nog baie patriargaal, as mens byvoorbeeld dink aan die samelewing se verwagtinge oor hoe ons lewens moet lyk. Daar word van ons verwag om te trou, om kinders te kry. Op die ou end is daar baie min mense, en veral vroue, wat dit anders doen. Met my vorige boek het ek die marriage plot geskryf – twee mense raak verlief, dan is daar probleme en dan eindig dit met die mooi liefde. Dis so ’n bietjie hoe my lewe ook lyk. Maar in hierdie boek het ek gevra: Hoe lyk dit as mens nie die marriage plot skryf in Afrikaans nie? Hoe lyk dit in ons kultuur as mens dit nie leef nie? Watter ander soorte konfigurasies is daar? Dis deel van die vraag wat ek vra – hoe lyk dit as ons dit ’n bietjie anders doen? 

Dit gaan dalk ’n paar mense ongemaklik maak, maar dis ook nodig? 

En ek hoop dat mense diep genoeg in die karakters se koppe is dat hulle hulle besluite verstaan. En kan vrede maak daarmee. Soos wanneer ’n familielid ’n besluit neem waarmee jy nie noodwendig saamstem nie. Ek hoop dat ek die karakters op ’n manier aanbied dat lesers aan hulle kant sal wees.

Terwyl ons praat van familie – die boek is opgedra aan jou ma en skoonma? 

........

Mens vra natuurlik hoe ek na haar kan verwys as “skoonma” as ek nie getroud is nie. Wat eintlik net wys dat ons nie die woordeskat het vir ons verhoudings as mens nie trou nie. My kêrel se ma vervul al vir 13 jaar die rol van ’n skoonma, van nog ’n moeder in my lewe. En ek het nie ’n ander woord om na haar te verwys buiten “skoonma” nie.

.........

So baie mense vra vir my hieroor. Mens vra natuurlik hoe ek na haar kan verwys as “skoonma” as ek nie getroud is nie. Wat eintlik net wys dat ons nie die woordeskat het vir ons verhoudings as mens nie trou nie. My kêrel se ma vervul al vir 13 jaar die rol van ’n skoonma, van nog ’n moeder in my lewe. En ek het nie ’n ander woord om na haar te verwys buiten “skoonma” nie. Dis vir mense jarring om daai woord te sien buite die konteks van ’n huwelik. So ek het dit ’n bietjie simbolies gedoen. 

En die ander rede is omdat dit ’n boek is wat vrae vra oor die vorme van kinship wat nie net rondom mans draai nie. Ek en sy het ’n verhouding onafhanklik van my kêrel. Sy sal altyd daai rol speel in my lewe. So ek probeer iets oproep van ’n woman-centred kinship, soos wat ek in die storie probeer uitbeeld. 

Daar is ook ’n storie binne die storie, die TV-reeks Siembamba wat jy hier bo noem, waaroor almal praat. Was iets soos scriptwriting of misdaadfiksie iets wat jou interesseer? 

Ek het nog nooit probeer nie en dit het my verbaas hoe lekker dit vir my was om die speurverhaal te skryf. Ek het ’n bietjie navorsing gedoen oor die struktuur van speurverhale en dit was heerlik om daarmee te speel. 

Die ander beweegrede was ook die realiteit dat ons so baie televisiereekse kyk deesdae. Ek het ’n groot deel van die boek tydens die inperking geskryf en toe het almal baie TV-reekse gekyk. So dis deesdae deel van mense se lewens en roetines, en ek wou dit graag bywerk. Dit was ook ’n manier hoe Lien vir Katryn kon sien wanneer hulle paaie skei. Ons is eintlik heeltyd besig om na mekaar te kyk op skerms. Ons is so visible vir mekaar. Dis iets waaroor ek nogal baie dink. 

Ek dan moet ek vra: Dink jy ook (soos baie van ons) die boek het TV- en filmpotensiaal? En sou jy graag jou karakters op die skerm wou sien? 

Ek hoop so, ja. Dit sal vir my baie lekker wees om dit op skerm te sien. En die Afrikaanse TV- en filmbedryf is in ’n baie interessante space. Ek het onlangs vir die eerste keer Afrikaanse reekse en films op Showmax ontdek en ek was so aangenaam verras met wat beskikbaar is in Afrikaans. 

Waarmee is jy tans besig wat jou opgewonde maak? En kan ons uitsien na nog boeke? 

Ek is ’n postdoktorale navorser by die Centre for the Afterlife of Violence and the Reparative Quest by Stellenbosch-universiteit, waar ek feministiese en gedekolonialiseerde filosofie gebruik om vroue se herinneringe van apartheid te teoretiseer. Ek geniet dit verskriklik. 

Ek’s ook al baie lus en opgewonde om ’n nuwe roman te begin skryf. Ek het ’n lekker idee! Maar ek moet nog begin. Aan die ander kant is ek  ook nogal rusteloos en ek hou van nuwe dinge, so ek sal waarskynlik nog baie eksperimenteer met wat ek uitsit in die wêreld. 

The post <em>Die teenoorgestelde is net so waar</em>: ’n onderhoud met Azille Coetzee appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2021

$
0
0
Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2021 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

1 November

Boeke: Boekversamelaars, klop hier aan
Nuusberig oor die Africana-verkoping by Bellville-biblioteek

2 November

Boeke: Fees blom op Richmond vir mense wat werklik dol is oor boeke
Zelda Bezuidenhout skryf oor haar eerste ervaring van die Boekbedonnerd-fees

3 November

Kyk weer: Boekgesprek oor Irna van Zyl se nuwe roman, Op ’n mooi dag

Boeke: Skrywers, lesers kuier naweek saam op Sanctuary-boekefees

Boekenuus: SA skrywer wen gesogte Booker-prys
Damon Galgut wen die Booker-prys vir sy roman, The Promise

4 November

Boekenuus: Booker-prys: hou aan om na stories van Afrika te luister, sê Galgut

8 November

Resensie: ’n Middelvinger aan ‘boomers’, of dalk nie
Trisa Hugo resenseer Die teenoorgestelde is net so waar deur Azille Coetzee

Resensie: ‘Ina’ is ’n oorwinningskreet
Stefaans Coetzee resenseer Ina: ’n Verhaal van genade en genesing

Resensie: ’n Tarantino-eske verhaal
Sonja van der Westhuizen resenseer How To Kidnap The Rich deur Rahul Raina

Boekevat: Derde maal is skeepsreg vir Damon Galgut
’n Rubriek deur Jonathan Amid

9 November

Boekenuus: Booker-wenner Galgut ‘wil steeds iets hê om te moet bewys’

Boekenuus: Heelwat Afrikaanse skrywers boer onder Sala-wenners
Christiaan Boonzaier berig.

11 November

Nuusberig: Digter weier ‘oneerlike’ letterkundeprys
Johann de Lange wys Sala-poësieprys van die hand

Boekenuus: Joubert gesels oor ‘Na ’n plaas in Afrika’

Nuusberig: Komitee reageer nadat digter neus optrek vir Sala-prys

12 November

Boeke: Stories ‘terapie’ na Bosoorlog
Charles Smith skryf oor Spir Venter se weermagstories

Profiel: Alleenreis na sin en berusting
Laetitia Pople praat met Nicole Jaekel Strauss oor haar boek, Om alleen te gaan

13 November

Profiel: Dominique Botha werp lig op ‘Donkerberg’
AJ Opperman in gesprek met Botha

14 November

Huldiging: Dís sy gunstelingstorie oor Wilbur Smith, sê Deon Meyer

15 November

Resensie: Zeus se heldereis in ’n ou Nissan Hardbody
Thys Human resenseer Zeus van Wyngaardt en die godin van die jag deur Julia Agrella

Boekevat: ’n Vastrapplek vir nadenke oor waardes
’n Rubriek deur Willie Burger

16 November 

Boeke: Oorlede ouma se krabbelstorie verskyn as ‘Die maanling’

17 November

Kyk weer: Wilna Adriaanse gesels oor haar nuwe roman

Boekenuus: Fyn kuns van boekontwerp kry kollig danksy wedstryd

19 November

Profiel: Dolf van Niekerk se ‘Splintertyd’ volg ná ‘drieluik-siektes’

20 November

Profiel: Murray Theron se gedagtes oor man se siekte raak toe boek

21 November

Profiel: 12 weergawes en 40 jaar later is Jan van Tonder se ‘Grootgeluk’ op die rakke

22 November

Boekevat: Turkye se aanslag op vryheid van spraak
’n Rubriek deur Johan Myburg

Resensie: ’n Lyflike roman met vreemde droomlogika
Trisa Hugo resenseer Is mos oos deur Jaco Alant

Resensie: Aangrypende Karoo-kroniek
Francois Bekker resenseer Grootgeluk deur Jan van Tonder

Resensie: ‘Roet’ is fantastiese chaos
Jonathan Amid resenseer Roet deur Hannes Barnard

 

23 November

Nuusberig: S’bosch baat by ‘dorp van letterkunde’-veldtog, al ontwyk titel

Sterfteberig: Robert Bly, digter en skrywer van ‘Iron John’, sterf

26 November

Boekenuus: PJ Philander op geboortedorp gehuldig

Profiel: As die Bosoorlog in die soldaat se vrou woed
In die boek Klankgrens – ’n oorlog teen geloof en hoop word vir die eerste keer vertel van die posttraumatiese stresversteuring wat deur van die soldate in die Grensoorlog aan hul vroue oorgedra is.

27 November

Boeke: Oud-onnie se ‘Anderkind’ fokus op kinders se werklikheid
Elretha Britz gesels met Betsie van Niekerk

Boeke: Barnard oortref haarself met ‘Spel’

29 November

Resensie: Storie met baie wip, woema
Jonathan Amid resenseer Nine Hours deur Lukhanyo Sikwebu

Resensie: Leersame gids hoort op elke natuurliefheber se boekrak
Elise Tempelhoff resenseer The Living Deserts of Southern Africa deur Barry Lovegrove

Resensie: Romanse en amper misdaad vir tieners
Ilza Roggeband resenseer Per ongeluk Parys deur Nerine Ahlers

Resensie: ’n Boek vir honger lesers om te verorber
Neil van Heerden resenseer Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl

Boekenuus: Rina Cascione debuteer op 88 met digbundel

30 November

Kyk weer: Jan van Tonder gesels oor sy nuwe roman

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:

Anschen Conradie resenseer Op ’n mooi dag deur Irna van Zyl

Sending as medemenslike lewenswyse – ’n lesersindruk oor die outobiografieë van Koos Oosthuysen en Lucia Oosthuysen

Anton Müller – Ek onthou: ’n outistiese seun se lewensreis: persoonlike indrukke

Die wetenskap van evolusie in 112 bladsye: Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht

Wetenskap, poësie én teologie – dit bied Bybelstories in perspektief deur Sakkie Spangenberg

Koerantkamerade deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk

In die spore van Gert Saggiestrap deur Marco Botha: ’n resensie

Immigrant: ’n Keuse uit die gedigte van Elisabeth Eybers, saamgestel deur Ena Jansen – ’n resensie

Vlug deur Wilna Adriaanse: ’n resensie

Stil vloei die Komati deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Veerkragtigheid inspireer: ’n Resensie van Skeef deur Renaldo Schwarp

Op die maat van Maya, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Selfs Job sou empatie hê met die rateltaaie Ethienne Reynecke

Fanie Viljoen inspireer met Wêreld van wolwe: tweede asem

Die draaktemmer en die toekoms, ’n resensie van Thinking the future en Future-proof yourself

’n Klein bietjie magic, ’n lesersindruk met hulp aan taalonderwysers

Karnivoor of veganis? Hier word vir jou ’n vuur aan die brand gesteek.

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Annelie Ferreira oor "Betyds"

Die meisie met uitroeptekens in haar oë vir tieners: Jaco Jacobs oor sy storie, "Die meisie met uitroeptekens in haar oë"

#kouekoffie: ’n Onderhoud met Carla Lang

Op die man af – Freek Robinson lig die sluier oor ’n vol, opwindende lewe

Ek onthou – ’n outistiese seun se lewensreis: ’n onderhoud met Anton en Corrie Müller

Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Cliffordene Norton oor haar storie, "Die kind smaak jou"

Sala-toekennings 2021: ’n Onderhoud met André Trantraal

’n Vraaggesprek met Pieter Fourie – teaterman, digter en woordkunstenaar

Die meisie met uitroeptekens in haar oë: Wessel Pretorius oor sy storie, "Love in Autumn"

Lesmateriaal vir Afrikaans-onderwysers: Nelia Engelbrecht se kortverhaal oor vreemde familielede

Die getuienis: ’n onderhoud met Francois Smith

Die volgende resensies het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:           

7 November

Resensie: Jonathan Amid oor Minder as niks deur Irma Venter

Uittreksel: “Walter se view” deur Andries Bezuidenhout uit Willem Pretorius se boek Iewers, êrens

Resensie: Help! My dorp hou ’n kunstefees! – ’n Crazy komedie deur Koos Kombuis, geresenseer deur Annelise Erasmus

Resensie: Magdel Vorster resenseer Wie skrik vir Wortel Wolf? deur Leon-Ben Lamprecht met illustrasies deur Nicolene Louw en ’n Hart is net atome deur Cecilia Steyn met illustrasies deur Danielle Albertyn

14 November

Resensie: Kompoun deur Ronelda S. Kamfer, geresenseer deur Valda Jansen

Resensie: Trisa Hugo bespreek Vlug deur Wilna Adriaanse

Nuut op die rak: “Van Jonker-wenner tot Duitse meester”

  • Hilda Smits se mag die diep slaap jou dan;
  • Wat ek van klippe weet deur Jan Wagner en vertaal deur Robert Schall;
  • Na die wette van Afskeid en Herfs, ’n keuse uit al 13 digbundels van Eddy van Vliet, saamgestel en vertaal Daniel Hugo

Resensie: Jonathan Amid resenseer Is mos Oos deur Jaco Alant

21 November

Resensie: Deon Maas resenseer Scatterling of Africa: My Early Years deur Johnny Clegg

Nuusberig: “Ses jeugromans wen Sanlampryse”

  • Afrikaans: Annerle Barnard vir Spel en Betsie van Niekerk vir Anderkind;
  • Engels: Catherine Jarvis vir The Swim Team en Penny Lorimer vir Luntu Masiza tells the truth;
  • Afrikatale: Sandile Ngwenya vir Imali Yezipoki en Thulani Simayile vir UNolali

Resensie: Stemme van Clarkson: Ryke en kleurvolle stories, sketse en ervarings vanuit Clarkson deur prof. Vivienne A. Lawack, geresenseer deur Leighton Koopman

28 November 2021

Artikel: “Beloftes en skuld” – Elmari Rautenbach gesels met Daphne Stokoe, ma van die 2021 Bookerpryswenner Damon Galgut, oor die onuitwisbare indruk wat sy kinderjare in Pretoria op hom en sy skrywerk gelaat het

Resensie: Annelise Erasmus oor White Trash: My year as a high-class call girl deur Terry Angelos

 

Die volgende resensies het gedurende November op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

9 November

Boek van die maand: Simoelégri, stad van onrus

Jaco Fouché bewys homself as uitbeelder van die enkeling wat buite staan en waarneem en bied insig in ʼn verwordende samelewing.

Lees die resensie deur Johan Myburg.

11 November

Die mooiste stories van Helena Lochner

Hoewel die skrywer reeds in 1951 oorlede is, leef haar stories voort en bekoor dit steeds oud en jonk.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

25 November

Op die man af

In ‘Op die man af’ verweef Freek sy lewe en vyf-en-veertig jaar lange loopbaan en gee hy die leser ’n blik op interessante nuusontwentelinge en -gebeure in ons land se geskiedenis.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

107 Kaalkoppe

Nataniël skryf op ’n onopgesmukte wyse oor alledaagse dinge wat sy hart (en dus ook sy lesers s’n) raak, maar hy doen dit met ’n tikkie ekstra oemf wat moeilik is om te beskryf.

Lees die resensie deur Louise Viljoen.

Dol heuning

So versigtig kies Naudé sy woorde en so gelaagd is sy verwysings dat ʼn mens kwalik die raakvlakke tussen woorde en verhale en meer nog, die psige van karakters en van mens- én onmenslikheid, kan mis.

Lees die resensie deur Johan Myburg.

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Resensies en boekverwante artikels verskyn onder redaksie van Francois Lion-Cachet.

https://klyntji.com

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793

Woensdag 3 November

Damon Galgut se roman, The Promise, is op vanjaar se Booker-kortlys. Ilse Salzwedel gesels met hom oor sy werk. Johan Myburg vertel meer van die nuwe Ursula K Le Guin-fiksieprys en Luke Kennard, die wenner van die Forward-prys vir poësie in Brittanje. Jy kan ook luister na ‘n argiefopname oor die digter PJ Philander, wat vandeesmaand 100 jaar gelede gebore is.

Woensdag 10 November

Ilse Salzwedel gesels met Matty Strydom oor haar biografiese boek Hier waar ek nou is. Chanette Paul vertel meer oor haar roman Marilyn. Johan Myburg gesels oor die Frankfurtse Boekeskou, die Bookerprysoorhandiging en die Russiese skrywer Fjeodor Dostojefski. Jy kan ook uitvind wie die wenners is van die 2021 SALA-toekennings.

Woensdag 17 November

Luister na ’n spesiale bekendstelling van Wilna Adriaanse se Vlug, ’n boeiende roman wat afspeel teen die agtergrond van die burgeroorlog in die DRK. Dit word eerste hier op Skrywers en Boeke bekendgestel, en Ilse Salzwedel gesels met Wilna in Kaapstad.

Woensdag 24 November

SP Benjamin praat oor sy roman Die dinge van ’n hond. Luister na ’n onderhoud uit die argiewe met die topverkoperskrywer Wilbur Smith, wat onlangs oorlede is. In sy internasionale boekinsetsel gesels Johan Myburg onder andere oor nuwe internasionale wetenskapsfiksie, fantasie en rillers, asook die Turkse regering se ondersoek na die skrywer Orhan Pamuk. Jy kan ook luister na ’n kort voorlesing deur Pamuk.

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896

Dinsdag 2 November

Die bekroonde digter en vertaler, Daniel Hugo, se sewentiende digbundel, Klinkklaar, is vanjaar uitgegee. Hy lees gedigte daaruit voor. Martjie Bosman skryf: ’n Nuwe digbundel van Daniel Hugo is altyd te verwelkom, nie alleen omdat hy so ’n produktiewe skrywer is nie, maar ook omdat sy arbeid op verskillende terreine rakende die letterkunde hom een van die bekendste kolporteurs van die Afrikaanse digkuns maak, iemand wat vandag baie deur die digkuns benodig word. Nini Bennett sluit haar resensie oor Klinkklaar so af: Met hierdie bundel lewer die digter ’n klinkklare bewys van ’n soliede digterskap. Dit is ’n bundel wat as ’n hoogtepunt in Hugo se oeuvre geboekmerk kan word, maar ook vir die liefhebber van poësie baie vreugde sal verskaf.

Dinsdag 9 November

Albert Maritz skuif agter die mikrofoon in en lees enkele van sy gunsteling verse voor, asook 'n paar gedigte uit sy eie pen. Jy kan uitsien na verse deur Charles Fryer, Breyten Breytenbach, D.J. Opperman, N.P. van Wyk Louw, Peter Snyders en Jeanne Goosen.

Dinsdag 16 November

Petrus du Preez lees gedigte voor uit die Vlaamse digter, Eddy van Vliet, se bundel Na die wette van afskeid en herfs, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo. "Van Vliet is een van die kragtigste stemme in die Nederlandse digkuns van ná die Tweede Wêreldoorlog. Sy gedigte word gekenmerk deur universele temas soos die liefde en dood. Sy gedigte is intens outobiografies, veral ten opsigte van die afwesige vader. Die digter is ’n romantiese genealoog wat diep put uit ’n veelbewoë lewe, maar hy bly weerbaar met ironie en selfrelativering." – Yves T’Sjoen (Universiteit Gent)

Dinsdag 23 November

Ons luister na enkeleverse van die beeldhouer, kunstenaar en digter Lidi de Waal, wat deel is van 'n gewilde verhoogproduksie, 'n Bêreboksie vol vlerke. Dis pretensielose, gevoelvolle gedigte. Ira Blankenberg, wat dit op die verhoog vertolk, skuif agter die mikrofoon in. Die musiek is getoonset deur Lizanne Barnard, en is geskoei op Lidi de Waal se gedigte.

De Week van de Afrikaanse roman bied in samewerking met die Taalunie en die Zuid-Afrikahuis in Amsterdam ’n aantal aanlyn gesprekke aan oor Afrikaanse letterkunde: ‘Boeken uit het Huis’. Die gesprekke vind in Nederlands en in Afrikaans plaas.

In hierdie aflewering praat vryskutjoernalis en vertaler, Ingrid Glorie, met die skrywer Irma Joubert en haar Nederlandse vertaler, Dorienke de Vries, wat ’n belangrike bydrae tot Joubert se sukses in Nederland lewer.   

Prof. Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

3 November

Resensie: Stefan van Zyl resenseer Derde gety deur Zandra Bezuidenhout

8 November

Resensie: Nini Bennett resenseer Landluisteraar deur Carina van der Walt

16 November

Resensie: Nini Bennett resenseer Mag die diep slaap jou dan deur Hilda Smits

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2021 appeared first on LitNet.

"Solank ek leef, sal ek Hom aanroep": ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116

$
0
0

“Solank ek leef, sal ek Hom aanroep”: ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116

S.D. (Fanie) Snyman, navorsingsgenoot, Departement Ou en Nuwe Testamentiese Studies, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 18(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die navorsingsprobleem wat aan die orde gestel word, is die vraag na die teologiese bedoeling van Psalm 116. Terwyl ander vraagstukke, soos die samestelling daarvan, tot dusver die aandag van navorsers getrek het, is daar relatief min aandag gegee aan ’n teologiese interpretasie van die psalm. Onderliggend aan die navorsingsprobleem is die COVID-19-pandemie wat die wêreld tans teister. Watter relevansie sou die teologiese boodskap van Psalm 116 hê in ’n tyd waarin ’n pandemie soos tans die wêreld tref? Hierdie vraag word beantwoord deur die psalm noukeurig vanuit ’n literêre en historiese hoek te lees. Die literêre kenmerke van die teks word ondersoek en dan word ook gepoog om die psalm teen ’n historiese agtergrond te lees. Die teologiese resultaat waartoe daar gekom word, word dan in verband gebring met die huidige pandemie. Die bedoeling is dus dat die konteks van die hede en die teks van die verlede mekaar sal ontmoet. Om die doel prakties te bereik, word die artikel afgesluit met enkele homiletiese riglyne vir die prediking van Psalm 116.

Trefwoorde: homiletiese riglyne; literêre kenmerke; Psalms; teologie

 

Abstract

“I will call on him as long as I live”: An investigation into the theological intention of Psalm 116

The book of Psalms remains one of the most popular books in the Bible. That the psalms are so popular can be ascribed to the content of the Psalter. The psalms contain a wide range of human emotions, reflecting traumatic experiences as well as feelings of joy and amazement. The psalms can be described as dialogues with God uttered as the result of hardships experienced by the poets of Psalms. This is also the case regarding Psalm 116. The problem investigated in this contribution entails an enquiry into the theological meaning of Psalm 116. This is done by paying attention to the literary and historical aspects of the text. While other problematic issues have received due attention in the research on this psalm, not much attention has been given to a theological interpretation of the psalm. In particular, it was the composition of the psalm that captured the attention of scholars. Earlier research on the psalm resulted in the conclusion that little or no cohesion can be found in it. More recent researchers have come to the conclusion that there is indeed coherence to be found in the composition of the psalm, but scholars still differ as to how the coherence should be seen. Opinions in this regard vary from a twofold division of the psalm, to a threefold division, to a more complex structure comprising stanzas and strophes, through to a division in five parts, and right up to an eightfold division that could be made. In one instance, a concentric structure of the psalm was proposed with verses 811 as the centre of the psalm. In this article a threefold division is opted for (vv. 19, 1011, 1219). There is fair consensus that verses 19 should be seen as a unit. Verses 1011 form a self-reflection by the poet on his plight. Verses 1219 have a cultic background where the poet praises YHWH in the temple for the redemption experienced. From a careful reading of the text, focusing on issues such as the extent of the text, text critical matters, structural elements of the text, literary features (parallelism, chiasmi, inclusio, metaphors) that can be identified in the text, the literary genre used (identified as an individual hymn of thanksgiving), attention is also briefly given to the historical context of the psalm, dating it as a post-exilic text. Theological meaning is created through a combination of the literary and historical analyses of the psalm. The aim of this investigation is to create a dialogue between the current context of the COVID‑19 pandemic and the text of the psalm which originated in the past.

Theologically speaking, the most important statement made in the psalm is found in verse 5 where the poet confesses YHWH as the gracious, righteous God who is full of compassion. With this confession the poet draws on the way in which YHWH revealed God-self in the past to the people of Israel (Exod. 34:6). The poet confessed that he had first-hand experience of YHWH’s graciousness, righteousness and compassion even though he regarded himself as simple-hearted. Yet his overwhelming experience was that YHWH had saved him from a terrible condition, presumably an illness that had brought him to the brink of death itself. The testimony of the poet is that YHWH heard his voice and cry for mercy and, as a result, rescued him from his dire situation. As a result of the redemption he experienced, he is in a position to declare his love for God (v. 1). In the last part of the psalm the poet expresses his gratitude for his redemption. He had once cried to YHWH in distress, but the situation has now changed, so that he can once again call upon the name of the Lord, but this time in sincere gratitude. He does so in the presence of God’s people “in the courts of the house of the LORD” (v. 19). There is a decisive move from being on the brink of death and an experience of God-forsakenness – Sheol is the term used in Hebrew (v. 3) – to an experience of the presence of YHWH in the temple. The psalm commences with a cry to YHWH to come to his rescue, but culminates in a jubilant “Hallelujah”.

This research originated in the midst of the third wave of the devastating COVID-19 pandemic, and the theological message of the psalm, then, is also linked to this situation. The pandemic has in a very real sense brought death close to many believers, where loved ones, friends, family and colleagues have suffered and even passed away. Current-day believers seeking comfort from the Bible may then identify with the cry of the poet uttered at the beginning of the psalm: “Cords of death entangled me, the anguish of the grave came upon me; I was overcome by trouble and sorrow” (v. 3). At the same time, they may also follow the example of the poet by calling upon YHWH in their need, confessing their trust in the Lord despite the extreme situation of severe illness, and then, in the end, rejoice in the presence of God together with fellow believers.

Keywords: homiletical guidelines; literary features; Psalms; theology

 

1. Inleiding

Die Psalms bly een van die gewildste boeke in die Bybel om te lees. In ’n onlangse kommentaar word die boek van die Psalms omskryf as ’n ryk en gevarieerde versameling van poësie uit die lewe van Israel wat ’n wye reeks van emosies en gevoelens tot uitdrukking bring, insluitende vreugde, hartseer, vrees, onderdrukking, pyn, verwondering en verlange. Die psalms spreek ’n wye verskeidenheid van temas aan, soos persoonlike verhoudings, vyande, siektes, nasionale krisisse, die wonder van die skepping, die goedheid van God, die geskiedenis van Israel en persoonlike sondes. Hierdie temas is nie verbind aan of beperk tot ’n spesifieke historiese of persoonlike gebeurtenis nie (DeClaissé-Walford 2020:xlviii).

Wat hier van die psalms in die algemeen gesê word, geld ook vir Psalm 116. In dié Psalm kom die leser die vrees en die vreugde van die digter teë. Dit is veral die digter se verhouding met God waarin die leser van die psalm ’n insig kry. Die psalms in die Ou Testament is dus ook teologiese literatuur en moet ook so gelees word. Daar word nie wyd en dikwels gepubliseer oor hierdie psalm nie. Die problematiek verbonde aan die samestelling van die psalm (sien hofie 3 hier onder) en die problematiese vers 15 (Emerton 1983:14653; Pinker 2009:52939) (en wat ’n artikel op sigself verg) het die aandag van psalmkenners getrek en gevolglik het die ondersoek na die teologiese boodskap van die psalm nog betreklik min aandag gekry. In die navorsing vir die artikel kon daar nie een publikasie gevind word wat die teologiese boodskap van Psalm 116 as fokus het nie.

 

2. Probleemstelling en metodologiese vertrekpunt

Hierdie waarneming van ’n onderbeklemtoning van die teologiese boodskap van Psalm 116 het dan gedien as die impetus vir die ondersoek na die psalm wat hier aangebied word. Dít is dan die probleem wat in hierdie artikel nagevors word: Wat is die teologiese bedoeling van Psalm 116?

Ek skryf hierdie artikel midde-in die derde golf van die COVID‑19-pandemie wat Suid-Afrika tans teister. Die skerp styging in die infeksiekoers en die gepaardgaande hoër sterftesyfer ten spyte van ’n inentingsveldtog wat gelei het tot ’n aangepaste vlak 4‑inperking sedert 27 Junie 2021, is deel van talle Suid-Afrikaners se leefwêreld. Die konteks van die probleem wat ondersoek word, is dus die pandemie. Die verdere vraag onderliggend aan die vraag na die teologiese bedoeling van Psalm 116 is die vraag na die relevansie wat die teologiese bedoeling van die psalm mag hê vir mense wat behoefte het aan teologiese bemoediging in dié uitdagende tyd waarin ons ons bevind. Derhalwe poog die artikel om die ervaring van die pandemie in verband te bring met God en geloof via die teologiese bedoeling van Psalm 116. Die bedoeling met die artikel is dus dat konteks en teks mekaar sal ontmoet. Dit behels ’n heen en weer beweeg tussen menslike ervarings in die hede en die bekende woorde van die Bybel en die Psalms in die besonder uit die verlede (Brueggemann 2007:2). Dit is juis in onsekere en selfs lewensbedreigende tye dat die vraag na God en God se betrokkenheid gevra word. Die Psalms is die neerslag van ervarings van ’n lewensbedreigende aard, en in sulke ervarings word daar geroep na God soos wat in Psalm 116 gevind word.

Metodologies word die teks eksegeties ondersoek. Eksegese is die noukeurige lees van ’n teks waarin daar gefokus word op die literêre kenmerke van die teks en die historiese tyd van ontstaan van die teks. ’n Literêre ondersoek behels onder andere ’n ondersoek na die omvang van die teks, tekskritiese kwessies, die opbou van ’n teks, die ondersoek na literêre tegnieke soos parallelismes, chiasmes, inclusio en metafore wat in die teks voorkom, asook die tipiese woordeskat wat gebruik word. Bybelse tekste kan nie ahistories gelees word nie en daarom moet gepoog word om die teks indien enigsins moontlik ook histories te plaas. Op grond van die ondersoek na die literêre en historiese dimensies van die teks word die teologiese bedoeling van die teks gekonstrueer. Teologiese betekenis word vanuit die resultate van die literêre en historiese ondersoek geskep.

 

3. ’n Literêre en historiese ondersoek van Psalm 116

Die uitleg of eksegese van ’n Bybelse teks begin by die lees van die teks.

3.1 Die teks van Psalm 116

אָהַבְתִּי כִּי־יִשְׁמַע יהוה אֶת־קוֹלִי תַּחֲנוּנָי׃ 1 116
כִּי־הִטָּה אָזְנוֹ לִי וּבְיָמַי אֶקְרָא׃   2
אֲפָפוּנִי חֶבְלֵי־מָוֶת וּמְצָרֵי שְׁאוֹל מְצָאוּנִי צָרָה וְיָגוֹן אֶמְצָא׃   3
וּבְשֵׁם־יהוה אֶקְרָא אָנָּה יהוה מַלְּטָה נַפְשִׁי׃   4
חַנּוּן יהוה וְצַדִּיק וֵאלֹהֵינוּ מְרַחֵם׃   5
שֹׁמֵר פְּתָאיִם יהוה דַּלּוֹתִי וְלִי יְהוֹשִׁיעַ׃   6
שׁוּבִי נַפְשִׁי לִמְנוּחָיְכִי כִּי־יהוה גָּמַל עָלָיְכִי׃   7
כִּי חִלַּצְתָּ נַפְשִׁי מִמָּוֶת אֶת־עֵינִי מִן־דִּמְעָה אֶת־רַגְלִי מִדֶּחִי׃   8
אֶתְהַלֵּךְ לִפְנֵי יהוה בְּאַרְצוֹת הַחַיִּים׃   9
הֶאֱמַנְתִּי כִּי אֲדַבֵּר אֲנִי עָנִיתִי מְאֹד׃   10
אֲנִי אָמַרְתִּי בְחָפְזִי כָּל־הָאָדָם כֹּזֵב׃   11
מָה־אָשִׁיב לַיהוה כָּל־תַּגְמוּלוֹהִי עָלָי׃   12
כּוֹס־יְשׁוּעוֹת אֶשָּׂא וּבְשֵׁם יהוה אֶקְרָא׃   13
נְדָרַי לַיהוה אֲשַׁלֵּם נֶגְדָה־נָּא לְכָל־עַמּוֹ׃   14
יָקָר בְּעֵינֵי יהוה הַמָּוְתָה לַחֲסִידָיו׃   15
אָנָּה יהוה כִּי־אֲנִי עַבְדֶּךָ אֲנִי־עַבְדְּךָ בֶּן־אֲמָתֶךָ פִּתַּחְתָּ לְמוֹסֵרָי׃   16
לְךָ־אֶזְבַּח זֶבַח תּוֹדָה וּבְשֵׁם יהוה אֶקְרָא׃   17
נְדָרַי לַיהוה אֲשַׁלֵּם נֶגְדָה־נָּא לְכָל־עַמּוֹ׃   18

 

3.2 ’n Ondersoek na die literêre kenmerke van Psalm 116

Wat is die omvang van Psalm 116? Daar is gevalle in die Psalmboek waar die omvang van die betrokke psalms nie sonder probleme is nie (Pss. 1/2) of waar twee psalms eintlik as een psalm gelees moet word (Pss. 9/10; 42/43; 111/112). Daar is egter eenstemmigheid onder geleerdes betreffende die omvang van Psalm 116. Ten spyte daarvan dat die psalm geen opskrif bevat nie en in terme van woordeskat (byvoorbeeld verwysings na die doderyk of Sheol [Pss. 115:17; 116:3], oë [Pss. 115:5; 116:8] en voete [Pss. 115:7; 116:8]) ooreenkomste toon met die voorafgaande Psalm 115, moet vers 1 van Psalm 116 as die begin van ’n nuwe eenheid gesien word. Psalm 115 eindig met die uitroep “Halleluja” net soos wat die geval is met die slotverse van Psalms 116 en 117. Psalm 116 word in onderskeid van beide Psalms 115 en 117 gekenmerk deur die prominente voorkoms van eerstepersoon-enkelvoudsvorme wat deurgaans in die psalm aangetref word. Wat die slot van die psalm betref, is daar in die geval van Psalm 117 wel Hebreeuse manuskripte wat die psalm lees as behorende óf tot Psalm 116 óf tot Psalm 118. Psalm 117 word dus gelees as die slot van Psalm 116 (Gunkel 1926:504; Schmidt 1934:210 vgl. ook Allen 1983:117). Daar is egter voldoende argumente om Psalm 117 as ’n afsonderlike psalm uit eie reg onafhanklik van Psalm 116 te handhaaf. Psalm 116 sluit met ’n oproep om die Here te loof, terwyl Psalm 117 met dieselfde oproep open. Die slotwoorde van Psalm 116 is egter nie presies dieselfde as die woorde waarmee Psalm 117 open nie.

Tekskrities beskou lewer Psalm 116 nie probleme op nie. In die meeste gevalle waar variante lesings in die tekskritiese apparaat van Biblia Hebraica Stuttgartensia gelys word, handel dit oor alternatiewe lesings wat in ander vertalings soos die Septuagint en die Siriese vertaling gevind word, of oor voorstelle wat deur die redakteurs van Biblia Hebraica Stuttgartensia gemaak word, maar sonder manuskripgetuienis (vgl. Kraus 1972:793; James 2017:401). Dit is interessant dat die Septuagint Psalm 116 in twee psalms verdeel, waar verse 19 as Psalm 114 gesien word, met vers 10 as die begin van ’n nuwe psalm (Ps. 115).

Terwyl die omvang van Psalm 116 geen probleem is nie, toon ’n ondersoek na die literêre struktuur van die psalm dat daar weinig eenstemmigheid onder geleerdes bestaan. James (2017:41) wys daarop dat die bepaling van die psalm se struktuur gesien word as ’n probleem wat opgelos moet word. Emerton (1983:147) maak byvoorbeeld die opmerking dat dit nie altyd moontlik is om enige logiese verband tussen die verse van die psalm raak te sien nie. Kraus (1972:793) merk op dat dit lyk asof verskillende dele van die psalm op mekaar volg sonder enige merkbare struktuur of opbou. Westermann (1984:13641) is ’n voorbeeld van ’n vroeëre geslag van vormkritiese geleerdes wat die inhoud van die psalm herrangskik in ’n poging om enigsins sin van die psalm te maak. Die oorsig wat Prinsloo (1993:7182) bied om hierdie tendens te illustreer, word ook gevind in die onlangse ondersoek na die psalm. Brueggemann en Bellinger jr. (2014:499) merk op dat die poëtiese struktuur van die psalm kompleks is, en nie maklik is om te bepaal nie. Volgens Ayars (2019:172) word die psalm gekenmerk deur ’n ontwykende struktuur, en vir Hossfeld en Zenger (2011:214) is die psalm op ’n wanordelike manier saamgevoeg.

Onlangse navorsing oor Psalm 116 se opbou en struktuur vind wel meer van ’n koherente struktuur in die psalm, maar die resultate van die navorsing verskil, sodat daar geen eenstemmigheid onder geleerdes is wat die saak betref nie. Naas die groep geleerdes wat geen opbou of struktuur in die psalm vind nie, onderskei James (2017:44) twee verdere kategorieë onder geleerdes wat wel vir ’n bepaalde sinvolle opbou of struktuur in die psalm argumenteer. Die eerste groep noem hy die tradisionele benadering wat die psalm in twee dele, bestaande uit verse 19 en 1019, verdeel (Lamparter 1978:248; Booij 1995:393). Hossfeld en Zenger (2011:219) en Janowski (2003:278) handhaaf ook ’n tweedeling van die psalm, maar verdeel die psalm na vers 11 (vv. 111 en 1219). ’n Tweede groep wat onderskei word, verdeel die psalm in drie dele. Ook hiér is daar nie eenstemmigheid oor hoe die driedeling moet vertoon nie. Allen (1983:1114) sowel as Brueggemann en Bellinger jr. (2014:5001) verdeel die psalm in verse 17, 814 en 1519. Die driedeling wat DeClaissé-Walford (2020:138) maak, is soos volg: verse 12, 311 en 1219.

By die groepering wat James (2017:44) aanbied, bied ek ’n addisionele (en dus vierde) groepering aan wat onderskei kan word. Daar is geleerdes wat ’n bepaalde kohesie of samehang vind in die psalm via ’n meer komplekse struktuurontleding van stansas en strofes wat in die psalm onderskei kan word. Barré (1990:615) handhaaf die tradisionele tweedeling van verse 19 en 1019, maar maak dan die verdere, fyner verdeling van IA (vv. 14) en IB (vv. 59), en dan IIA (vv. 1014) en IIB (vv. 1519). Barré (1990:66) deel dan elkeen van dié vier kwarte van die psalm nog fyner op: IA1 (vv. 12), IA2 (vv. 34), IB1 (vv. 56), IB2 (vv. 79), IIA1 (vv. 1011), IIA2 (vv. 1214), IIB1 (vv. 1516) en IIB2 (vv. 1719).

Potgieter (2019:4013) kom tot die volgende resultaat in sy ondersoek na die struktuur van Psalm 116: Die psalm word volgens die tradisionele (tweede) benadering verdeel in twee dele (vv. 19 en 1019). Elkeen van die twee dele kan dan verdeel word in twee stansas. Verse 19 se twee stansas bevat onderskeidelik verse 14 en 59. Elkeen van dié twee stansas bevat op hul beurt weer twee strofes: in stansa 1 se geval, verse 12 en 34, terwyl stansa 2 (vv. 59) bestaan uit twee strofes, verse 56 en 79. Die tweede deel van die psalm (vv. 1019) bestaan eweneens ook uit twee stansas: verse 1014 en 1519 onderskeidelik. Stansa 3 (vv. 1014) kan verder verdeel word in twee strofes, bestaande uit verse 1011 en 1214. Laastens bestaan stansa 4 uit verse 1519 wat ook in twee strofes verdeel word, te wete verse 1516 en 1719.

Ayars (2019:2079) maak ook die onderskeid in stansas en strofes en kom tot die volgende resultaat: Anders as Potgieter wat twee stansas onderskei, onderskei Ayars drie stansas. Stansa 1 bestaan uit verse 19 wat onderverdeel word in twee strofes (vv. 14 en 59). Stansa 2 bestaan uit verse 1011. Stansa 3 omvat verse 1219 wat onderverdeel word in twee strofes (vv. 1214 en 1619).

Anderson (1983:1189) verdeel die psalm in vyf dele, te wete ’n inleiding (vv. 12), ’n kreet om hulp (vv. 34), gevolg deur ’n vertrouensuitspraak (vv. 57), ’n goddelike antwoord (vv. 89) en dan ’n gevolgtrekking wat bestaan uit ’n belofte van lof (vv. 1019).

Prinsloo (2000:255) se gevolgtrekking is dat die psalm uit ses onderskeibare eenhede opgebou is (vv. 14, 56, 78, 914, 15, 1619).

Gerstenberger (2001:291) sien die psalm as bestaande uit nie minder nie as agt verbandhoudende dele wat op ’n manier saamgevoeg is. Die agt dele word soos volg uiteengesit: I) ’n verklaring van verhoring (vv. 12); II) ’n weergawe van die probleem en die verlossing (vv. 34); III) response van die gemeenskap (vv. 57); IV) danksegging en eed van die een wat gered is (vv. 89); V) ’n weergawe van die probleem en die verlossing (vv. 1011); VI) eed en vervulling (vv. 1215); VII) ’n weergawe van redding (v. 16); en VIII) eed en vervulling (vv. 1719).

Burden (1991:161) identifiseer ’n konsentriese opbou van die psalm:

A Die Here hoor my stem (v. 1)
  B Ek roep die Here aan (v. 2)
    C Bande van die dood het my omsluit (v. 3)
      D Ek roep die Naam van die Here aan (vv. 45)
        E Hy het my gered (v. 6)
          F Die Here doen goed aan my (v. 7)
            G U het my van die dood gered (v. 8)
            G1 Ek wandel voor die Here in die land van die lewendes (vv. 911)
          F1 Die Here se weldade aan my (v. 12)
       E1 ’n Kelk van danksegging (v. 13a)
     D1 Ek roep die Naam van die Here aan (vv. 13b14)
    C1 Die dood van sy dienaars is vir die Here belangrik (vv. 1516)
  B1 Ek roep die Naam van die Here aan (v. 17)
A1 Ek betaal my geloftes aan die Here (vv. 1819).

Vir die doeleindes van hierdie ondersoek word aangesluit by die analise van Ayars (2019:2079) wat ’n driedeling van die psalm maak, met die volgende addisionele argumente. Teenoor geleerdes wat geen of weinig van ’n logiese gang in die psalm sien, is daar vir my wel kohesie in die psalm. Dit kan gesien word in die uitroep van die digter, wat die “Naam van die HERE bly aanroep”, wat vier keer in die psalm voorkom (vv. 2, 4, 13, 17). Potgieter (2019:4089) toon hoedat die aanroep van JHWH funksioneer as ’n leitmotief in die psalm, en vir Ayars (2019:171) skep hierdie viervoudige uitroep na JHWH ’n retories-teologiese kohesie in die psalm. Die woordstam מות (dood) wat drie keer voorkom (vv. 3, 8, 15), val ook op. ’n Laaste literêre kenmerk van die psalm is die eerstepersoon-enkelvoudsvorme wat in die hele psalm aangetref word. Vir Ayars (2019:173) is die eerstepersoon-enkelvoudsvorme die mees prominente kenmerk wat die kohesie in die psalm bevestig.

Daar is taamlik eenstemmigheid onder die meerderheid van geleerdes dat verse 19 ’n afsonderlike eenheid binne die psalm vertoon. Tekskrities is dit interessant dat die Septuagint vers 10 sien as die begin van ’n nuwe psalm wat die eenheid van die voorafgaande verse beklemtoon. Verse 19 vorm ’n kontras wat die verse in ’n eenheid saambind. Aan die begin van die psalm word die digter deur “bande van die dood omsluit” terwyl “angste van die doderyk” hom oorval het. Dit staan in skrille kontras met vers 8 waar hy “van die dood gered” is en nou “in die land van die lewendes” mag leef. Verse 19 vorm dus ’n beweging van dood na lewe.

Verse 10 en 11 is ’n selfrefleksie wat die oorgang bied na ’n nuwe tema van lof en danksegging in die tempel. Verse 89 vorm ’n kontras met verse 1011. Terwyl verse 89 vertel van redding wat die digter beleef het, is die toonaard van verse 1011 een van twyfel. Potgieter (2019:403) onderskei ook verse 1011 as ’n afsonderlike strofe. Volgens Hossfeld en Zenger (2011:215) vorm verse 1011 inderdaad ’n oorgangsfunksie. Vir Ayars (2019:215) funksioneer verse 1011 as ’n belydenismatige brug tussen die twee gedeeltes wat die gedeelte voorafgaan (vv. 19) en daarop volg (vv. 1219). ’n Belangrike oorweging om verse 1011 as ’n aparte eenheid in die psalm te beskou, is die chiasme wat in die twee verse voorkom: (A) Ek het geglo/vertrou (B) selfs toe ek (אני) gedink (אדבר) het … (B) ek (אני) het gedink (אמרתי) (A) alle mense is leuenaars (Burden 1991:163). Die chiasme in verse 1011 korreleer met die chiastiese opbou van verse 12: (A) eerstepersoon-enkelvoud (אהבתי); (B) wat JHWH doen (ישמע); (B) wat JHWH doen (הטָה); (A) eerstepersoon-enkelvoud (אקרא). Daar is dus voldoende en deurslaggewende redes om verse 1011 as ’n aparte eenheid in die psalm te groepeer, anders as wat Hossfeld en Zenger (2011:215) doen, wat verse 1011 saam met verse 19 groepeer. Dit is egter belangrik om te let op die funksie wat Hossfeld en Zenger (2011:215) aan verse 1011 toeskryf. Verse 1011 bied ’n terugblik op die voorafgaande nege verse en lê terselfdertyd die fondament vir die danksegging wat in ’n kultiese milieu plaasvind. Die eerstepersoon-enkelvoudsvorm waarmee vers 10 begin, korreleer met die eerstepersoon-enkelvoudsvorm waarmee die psalm begin in vers 1. Verse 1011 kan as ’n opsomming beskou word van verse 13 wat terselfdertyd ’n oorgang bied na die derde deel van die psalm.

Met vers 12 word daar weer ’n nuwe gedagte ingelei wat spesifiek die tema van dankbaarheid en aanbidding in ’n kultiese omgewing het, anders as wat die geval is in verse 19 of 1011. Ayars (2019:194) merk op dat vers 12 ’n semantiese skuif verteenwoordig van die voorafgaande verse 1011 na ’n gees van aanbidding in vers 12. Dit is ook betekenisvol dat vers 12 met ’n vraag begin, anders as die stellings wat in die voorafgaande verse 1011 gemaak is. Die vraag wat in vers 12 gevra word, word dan in die res van die psalm (vv. 1319) beantwoord (Janowski 2003:278). Twee keer gee die digter die onderneming dat hy geloftes wat hy aan die Here gemaak het, sal betaal in die teenwoordigheid van die volk. Vir die eerste keer in die psalm is daar sprake van die “voorhowe van die huis van die Here” (v. 19) wat na die tempel verwys, en word Jerusalem ook vir die eerste keer by name genoem. Nogeens is daar ’n beweging in die psalm te bespeur. Die digter beweeg van die land van die lewendes in vers 9 (dus aan die einde van die eerste deel van die psalm) na “die voorhowe van die huis van die HERE” in Jerusalem (in vers 19 aan die einde van die psalm). Die psalm begin met ’n aanduiding dat die digter hom in die “angste van die doderyk” (שֹאול) bevind het, maar eindig waar die digter in Jerusalem is, die plek by uitnemendheid waar die Here op ’n spesiale manier teenwoordig is (Prinsloo 2006:749).

Opsommenderwys: Wat betref die navorsing oor die struktuur en opbou van die psalm, kan daar ’n hele aantal stadia onderskei word. Daar is ’n beweging van geen struktuur in die psalm te vind nie, na ’n tweedeling van die psalm, na ’n driedeling van die psalm, na ’n meer komplekse ontleding van die struktuur in stansas en strofes, tot by ’n verdeling in vyf eenhede, na ’n verdeling in ses en selfs agt eenhede, en laastens die psalm as die produk van ’n konsentriese opbou.

Terwyl daar geen eenstemmigheid is wat betref die opbou of struktuur en samestelling van die psalm nie, is daar wel eenstemmigheid wat betref die literêre genre (Gattung) van die psalm. Geleerdes is dit eens dat die psalm ’n individuele danklied is (Kraus 1972:793; Weiser 1975:719; Rogerson en McKay 1977:81; Lamparter 1978:248; Allen 1983:113; Westermann 1984:137; Janowski 2003:275; Jacobson 2004:65; Brueggemann en Bellinger jr. 2014:499; Potgieter 2019:399; DeClaissé-Walford 2020:138) ten spyte van die feit dat die psalm ook elemente van klag, lof, nood en getrouheid bevat. ’n Dankpsalm bevat gewoonlik die elemente van redes vir of doel van die dank en lof aan God, ’n oorsig oor die omstandighede van waaruit die digter gered is, en ’n hernude rede vir die lof aan God (Brueggemann en Bellinger jr. 2014:499).

Is daar spore van die bekende heilstradisies van Israel in Psalm 116 te vind? In vers 5 word JHWH aangedui as genadig, regverdig en barmhartig. Die woorde genadig (חנּוּן) en barmhartig (רחם) bring herinneringe aan die Sinai-tradisie na vore waar JHWH as genadig en barmhartig beskryf word (Eks. 34:6). Die Sinai-tradisie word teologies gedra deur die teofanie van JHWH waarin JHWH bekendgestel word aan die volk Israel, die sluiting van die verbond tussen JHWH en die volk Israel, en die Tora wat gegee word as deel van die bepalings van die verbond en waaraan Israel gehoorsaam moet wees. Eksodus 34:6 bevat een van die belangrikste uitsprake oor wie God in die Ou Testament is en word dikwels in die Psalms herhaal (Pss. 86:15; 103:8; 111:4; 112:4; 145:8) asook elders in die Ou Testament (Num. 14:8; Jona 4:2; Joël 2:13; Neh. 1:5; 9:17). Eksodus 34 is ook deel van die verhaal van die goue kalf (Eks. 324). Ten spyte van die gruwelike gebeure van die goue kalf wat plaasvind onder die leiding van die hoëpriester, Aäron, terwyl Moses nog op die Sinai is om die Tora van JHWH te ontvang, bly JHWH tog nog die genadige en barmhartige God en bly die verbond intakt. Volgens Potgieter (2019:407) is regverdig (צדּיק) deur wysheidsleraars bygevoeg.

Die verwysing na Jerusalem en die “voorhowe van die huis van die HERE” laat die gedagtes keer na die Sionstradisie waar JHWH op ’n spesiale manier teenwoordig is en waar gelowiges daarom veilig kan voel (Prinsloo 2006:757).

3.3 ’n Ondersoek na die ontstaanstyd van Psalm 116

Die psalms is moeilik om presies te dateer, omdat daar min spesifieke historiese aanduidings gegee word. Die psalms is ook poësie wat nie noodwendig na konkrete historiese gebeure verwys nie. Psalm 116 se tyd van ontstaan is, soos wat die geval met ander psalms is, moeilik om te peil. Kraus (1972:794) merk op dat dit moeilik is om die situasie van die bidder vas te stel. Dahood (1970:145) dateer die psalm as vooreksilies, maar die oorgrote meerderheid van geleerdes (Kraus 1972:794; Rogerson en McKay 1977:81; Allen 1983:114; Prinsloo 2006:757; James 2017:40; Potgieter 2019:410) dateer die psalm posteksilies en selfs laat posteksilies.

Argumente wat vir ’n posteksiliese en laat posteksiliese datering gebruik word, is die Aramaïsmes wat in die psalm aangetref word (Kraus 1972:794; James 2017:40). Prinsloo (2006:757) wys op die woord dienskneg, wat ’n aanduiding is van ’n groep persone wat ’n belangrike rol gespeel het in die samestelling van die Psalmboek en wat dus histories in die posteksiliese periode geplaas word. Die neiging wat by laat posteksiliese psalms aangetref word om van bestaande psalms gebruik te maak en dan nuwe komposisies te skep, soos wat Potgieter (2019:410) oortuigend aantoon, is nóg ’n argument ten gunste van ’n laat datering van die psalm. Die verwysing na die tempel het dus waarskynlik die herstelde tempel van 515 v.C. in gedagte. ’n Posteksiliese datering van die psalm plaas die psalm in die tyd van die Persiese Ryk (539331 v.C.). Dit maak dit onwaarskynlik dat die verwysing na die “bande van die dood” in vers 3 na oorlog verwys, aangesien die Persiese Ryk eers met die opkoms van Alexander die Grote (33623 v.C.) polities en militêr uitgedaag is. Derhalwe moet dit eerder as verwysende na die persoonlike toestand van die digter geïnterpreteer word, waarskynlik ’n ernstige siektetoestand wat hom tot op die rand van die dood gebring het. 

 

4. ’n Bepaling van die teologiese bedoeling van Psalm 116

Die eerste en belangrike vraag wat aandag moet kry in die poging om die teologiese bedoeling van Psalm 116 te bepaal, is die vraag na God: Wat sê die psalm oor God?

Vers 5 maak die mees prominente uitspraak oor wie God is vir die psalmdigter: JHWH is die genadige, regverdige en barmhartige God. Dat JHWH die genadige God is, kommunikeer iets van JHWH se ruimhartigheid waarmee opgetree word om JHWH se guns vrylik aan mense beskikbaar te stel sonder om iets in ruil te verwag, of dat die Here optree om in ruil iets te bied wat die Here ontvang het. God se genade beteken die daarwees van God in gelowiges se lewens soos wat ’n koning sensitief is vir die nood van sy onderdane (Stoebe 1971:5945).

Dat JHWH die regverdige God is, betrek Kraus (1972:795) op JHWH se trou wat aan gelowiges bewys word. Die begrip regverdig in die Ou Testament is veral ’n verhoudingsbegrip wat die verhouding tussen partye uitdruk. Dat JHWH vir die digter die regverdige God is, beteken dat daar ’n verhouding tussen die digter en God is en dat God in die verhouding getrou is (Koch 1976:5223).

Die begrip barmhartig is ook ’n begrip wat ’n verhouding tussen partye uitdruk, en in die Ou Testament is dit altyd die verhouding van ’n meerdere teenoor ’n mindere party wat met die woord barmhartig uitgedruk word (Stoebe 1976:7636). Vir Fischer (2012:35) is die bekendmaking van JHWH as die barmhartige God die bekendmaking van JHWH wat in wese barmhartig is en is dit een van die sleuteluitsprake oor die God in die Bybel. Die woord רחם wat in die 2020-vertaling van die Bybel in Afrikaans vertaal is met “barmhartig” kom van die Hebreeuse stamvorm wat “baarmoeder” beteken (DeClaissé-Walford 2020:140). Dit beteken dat die aard van JHWH se liefde beskryf word as ’n moederlike liefde. So beskermend as wat ’n moeder haar ongebore kind in haar baarmoeder koester, so tree JHWH op teenoor die volk Israel.

Dit is opvallend dat die mees bekende name vir die Verbondsgod hier gebruik word (JHWH en “ons God”). Soos wat die volk destyds ná die goue-kalf-episode verseker moes word van JHWH se voortgaande genade en barmhartigheid, verseker die digter homself nou weer van die eienskappe van JHWH in sy moeilike persoonlike omstandighede. Brueggemann (1997:225) maak die opmerking dat wanneer die Ou Testament God se eienskappe in byvoeglike naamwoorde noem, dit verhoudingsmatig gebruik word. God se genade en barmhartigheid druk ’n verhouding tussen JHWH en die volk Israel uit. JHWH se genade, regverdigheid en barmhartigheid word in die psalm geïllustreer in JHWH se optrede teenoor die onkundiges of swakkes (v. 6). JHWH bewys genade, regverdigheid en barmhartigheid aan hulle ten spyte van menslike nietigheid.

Die digter het die redding van JHWH ervaar. Dit is opvallend hoeveel verskillende woorde vir redding of verlossing (מלטה; ישע; חלץ; פתח) in die psalm gebruik word. Hiermee wil die digter die omvattende aard van die verlossing/redding wat hy ervaar het, beklemtoon. Een woord kan nie voldoende beskryf wat hy in terme van redding ervaar het nie.

Dat JHWH na die stem van gelowiges in hulle hulpgeroep luister, is vir die digter so belangrik dat dit die stelling is waarmee die psalm open. Dat JHWH na die hulpgeroep van gelowiges luister, is nie te danke aan ’n prestasie van die kant van die gelowiges nie. Dat JHWH luister is op sigself ’n daad van God se genade, regverdigheid en barmhartigheid wat in vers 5 bely word.

Die psalm open met ’n liefdesverklaring in die eerste vers: “Ek het lief” (אהבתּי). In die Hebreeuse teks word daar nie pertinent gesê dat JHWH die voorwerp van die digter se liefde is nie, maar dit word op goeie gronde afgelei dat die digter die uitspraak maak omdat JHWH sy hulpgeroep gehoor het. Die redegewende “want” (כי) wat op die liefdesverklaring volg, is belangrik. Die digter maak die uitspraak nie sodat die Here sy gebed verhoor nie; die digter het JHWH lief omdat die Here sy gebed verhoor. Die gelowige digter in die psalm het lief. Die digter se liefde is dus die respons op JHWH se dade teenoor hom. Wat die digter se liefde vir JHWH inhou, word in die derde deel van die psalm (vv. 1219) nader aangedui. Om JHWH lief te hê beteken om geloftes wat aan die Here gemaak is, te betaal. Om JHWH lief te hê beteken om ’n dienskneg of dienaar van JHWH te wees en om JHWH in die tempel te loof en prys.

Dat die psalm open met die woorde “Ek het lief” sonder ’n spesifieke voorwerp, beteken dat die liefde van die digter nie net gerig is op JHWH nie. Om lief te hê is deel van die etiese optrede van gelowiges in die Ou Testament onder mekaar (Lev. 19). Etiese optrede teenoor mense en die kultiese aanbidding van God staan nie teenoor mekaar nie. Vir die Ou Testamentiese gelowige het liefde vir JHWH liefde vir die naaste beteken en ook andersom: Liefde vir die naaste beteken liefde vir JHWH. Vir James (2017:54) staan etiese optrede en spiritualiteit in verband met mekaar – die Ou Testamentiese gelowige se verhouding met JHWH het ’n invloed op persoonlike verhoudings en ook omgekeerd: Persoonlike verhoudings beïnvloed mense se verhouding met God.

Die gelowige digter roep die Here onder verskillende omstandighede aan. Dit is merkwaardig dat die digter die Here aanroep in sy diepste nood van doodsangs en ’n ervaring van Godverlatenheid, én in die lof en aanbidding van die Here as danksegging in die teenwoordigheid van die Here in die tempel van Jerusalem. Die gebed van die psalmdigter is ’n daad van geloof (Jacobson 2004:66) ten spyte daarvan dat hy dit moeilik gevind het om onder die moeilike omstandighede te bly glo.

Die gelowige digter se dankbaarheid vir die verlossing wat hy ervaar het, is ’n belangrike motief in die psalm, in so ’n mate dat die derde deel van die psalm (vv. 1219) aan die motief van dankbaarheid gewy word. Dankbaarheid kom kulties en liturgies tot uiting in die tempel saam met medegelowiges. Die retoriese vraag wat in beide verse 14 en 18 voorkom, beklemtoon die belangrikheid van dankbaarheid, waarmee die digter eintlik sê dat hy oorweldig is deur die verlossing wat hy ervaar het, dat hy dit moeilik vind om toepaslik daarop te reageer, en dat hy weinig kan doen om werklik sy dankbaarheid te betoon (Ayars 2019:195). Die beker van verlossing wat die digter sal lig, verwys na ’n offer aan God (Eks. 29:40; Num. 28:7) waarby die drink van wyn betrokke is (Brueggemann en Bellinger jr. 2014:501; DeClaissé-Walford 2020:141). Persoonlike verlossing word gekombineer met ’n openbare uiting van lof en aanbidding van JHWH (Ayars 2019:171). Die gelowige spreek sy dankbaarheid uit saam met medegelowiges in die tempel. Die digter beleef ervarings van om ver van God af te wees na ’n nabyheid van God.

 

5. Homiletiese riglyne vir die prediking van Psalm 116

Die uitgangspunt wat geneem word in die homiletiese riglyne is die refrein waarin die digter die Here aanroep, wat in die psalm nie minder nie as vier keer (vv. 2, 4, 13, 17) voorkom. Ayars (2019:171) merk op dat die refrein ’n retories-teologiese kohesie in die psalm skep. In die bepaling van die teologiese bedoeling van die psalm is opgemerk dat die refrein telkens onder verskillende omstandighede voorkom. Die digter roep die Here aan omdat dit sy ervaring is dat die Here inderdaad op sy uitroep reageer (vv. 12) deur hom te verhoor. Wat in die res van die psalm volg, is ’n getuienis dat die Here in ’n krisissituasie in sy lewe sy hulpgeroep gehoor en hom uit die lewensbedreigende omstandigheid gered het. Die digter roep die Here ook aan in ’n situasie wat hy beleef as “bande van die dood”, in so ’n mate dat dit by hom ’n ervaring van verwydering van God gebring het wat hy verwoord as “angste van die doderyk”. Daar is baie gelowiges wat die omstandigheid van ’n COVID‑19-pandemie ervaar as ’n tyd waarin “bande van die dood” hulle omring, met geliefdes, kollegas, vriende en kennisse wat siek is aan, en selfs sterf aan, COVID‑19-verwante komplikasies. Indien aanvaar word dat die digter waarskynlik ’n siektetoestand waarvan hy herstel het in gedagte het, is dit maklik dat gelowiges hulle sou kon identifiseer met die woorde waarmee die digter sy belewenis verwoord. So ’n ervaring van intense benoudheid en kommer kan selfs ’n ervaring van Godverlatenheid meebring, sodat vertroue in die Here kan wankel (v. 10). Terselfdertyd verwoord die psalm die ervaring van hedendaagse gelowiges in ’n tyd waarin die dood naby mense gekom het.

Ten spyte van die moeilike omstandighede van die digter waarin sy geloof selfs wankel, bly JHWH die genadige, regverdige en barmhartige God wat ontfermend teenoor gelowiges optree en hulle uit hulle nood, benoudheid en bekommernis verlos. Die verskeidenheid van woorde en begrippe wat gebruik word om JHWH se verlossing wat JHWH bewerk het te beskryf, sê iets van die omvattende en oorweldigende aard van die verlossing dat een begrip net te min is om die reddende aktiwiteit van God voldoende te beskryf. Gelowiges wat dit moeilik het tydens die pandemie kan herinner word aan die belydenis van die digter dat God selfs in menslike twyfel die genadige, regverdige en barmhartige God bly wat red. Die psalm herinner gelowiges nie net aan JHWH as die genadige, regverdige en barmhartige God nie, maar is ook ’n beroep op gelowiges om hulle geloof steeds in hierdie God te bly plaas. Gelowiges wat redding ervaar het in hulle persoonlike lewe of in die lewe van mense naby aan hulle tydens die pandemie, sou hulle eweneens met die geloofsuitspraak van die digter kon identifiseer.

Die digter wat die Naam van die Here onder moeilike omstandighede aanroep, roep die Here ook in die veilige en geborge omgewing van die tempel aan. Die ervaring van Godverlatenheid het plek gemaak vir ’n ervaring van die teenwoordigheid van die Here op ’n spesiale manier “in die voorhowe van die huis van die HERE” in Jerusalem (v. 19). Wat die digter doen in die tempel is om sy geloftes te betaal wat hy gemaak het deur sy dankbaarheid uit te spreek. Dit doen hy in die teenwoordigheid van God se volk (v. 18) sodat medegelowiges kan kennis neem van sy dankbaarheid en dat hulle ook in sy dankbaarheid kan deel. Korporatief deel medegelowiges in die dankoffer wat die digter bring. Dankbaarheid vir die redding wat die digter as individu ervaar het, word in die gemeenskap van medegelowiges gedeel. Dit is juis “ons God” (v. 5) wat barmhartig is. In die Christelike tradisie het die oplig van die “beker van verlossing” (v. 13) ’n plek gekry in die viering van die nagmaal na aanleiding van Jesus wat die beker by die instelling van die nagmaal gelig het (Luk. 22:17).

Die psalm begin met ’n liefdesverklaring van die digter aan die Here: “Ek het die HERE lief” (v. 1). Die psalmdigter tipeer sy verhouding met die Here as een van liefde. Die digter het die Here lief, nie sodat die Here sy gebed kan verhoor en hom uit sy benouende situasie red nie. Hy het die Here lief as respons op die Here se daad van verlossing in sy lewe. Die Nuwe Testament laat weerklink iets van hierdie uitgangspunt in I Johannes 4:19. Die digter se liefde is terselfdertyd op sy naaste gerig. Gelowiges se liefde vir God sluit liefde vir die naaste in.

Brueggemann (2007) tref ’n waardevolle onderskeid tussen psalms van disoriëntasie en psalms van reoriëntasie. Die psalms is volgens Brueggemann (2007:910) ’n versameling van liedere en gedigte van mense wat in ’n desperate situasie in hulle lewe gekom het. Presies op dié punt is daar ’n verband tussen dit wat die psalmdigters van ouds ervaar het en die ervaring van mense vandag. Die psalms voorsien aan ons vandag die taal om die ervaring van ontwrigting en ontreddering – dit wat Brueggemann disoriëntasie noem – onder woorde te bring. Dan is daar ook psalms van reoriëntasie. Die lewe bring soms ’n aangename verrassing na iets anders en nuut as die ervaring van disoriëntasie en dit gaan in die meeste gevalle gepaard met dankbaarheid vir die dimensie van ’n reoriëntasie (Brueggeman 2007:11). Psalm 116 is ’n voorbeeld van waar ’n situasie van disoriëntasie in die eerste deel van die psalm beskryf word (vv. 19) na ’n situasie van reoriëntasie in die derde deel van die psalm (vv. 1219), waar daar ’n ingrypende wending gekom het na iets anders, beter en nuut, en wat dan met dankbaarheid begroet word.

 

6. Slot

Vers 5 maak die mees prominente uitspraak oor wie God is vir die psalmdigter. JHWH is die genadige, regverdige en barmhartige God (v. 5). Dat JHWH luister na die stem van gelowiges in hulle hulpgeroep is vir die digter so belangrik dat dit die stelling is waarmee die psalm open. Dat JHWH luister na die hulpgeroep van gelowiges is nie te danke aan ’n prestasie aan die kant van die digter nie. Dat JHWH luister is op sigself ’n daad van God se genade, regverdigheid en barmhartigheid wat in vers 5 bely word. Die digter het JHWH se verlossing in sy lewe ervaar.

Daar is ’n beweging in die psalm van ’n aanvanklike aanroep van JHWH onder moeilike omstandighede na ’n aanroep van JHWH in die tempel waar die teenwoordigheid van die Here beleef kan word en die digter sy dankbaarheid teenoor JHWH kan uitspreek in die teenwoordigheid van medegelowiges. Dit is juis die viervoudige aanroep van JHWH wat ’n retories-teologiese eenheid in Psalm 116 psalm bewerk. Homileties kan die boodskap dat JHWH, ten spyte van die moeilike omstandighede van die digter waarin sy geloof selfs wankel, steeds die genadige, regverdige en barmhartige God bly wat ontfermend teenoor gelowiges optree en hulle uit hulle nood, benoudheid en bekommernis verlos, vrugbaar benut word.

Die psalms in die algemeen, en Psalm 116 in die besonder, is werd om gelees te word as poësie, gebid te word as gebede en gesing te word soos wat gelowiges vir eeue al doen, juis en veral in uitdagende tye soos die huidige pandemie wat nou al vir meer as 15 maande die lewens van talle mense intens ontwrig. Die uitdaging en avontuur bly om die Bybelse teks van destyds verantwoordelik in verband te bring met die konteks van die hede. Wanneer dit gebeur, ontdek die eksegeet, en uiteindelik die prediker, sowel as die gelowiges wat luister, dat die woorde van die Bybel, ten spyte van eeue wat teks en konteks skei, tog nuut praat met ’n boodskap van bemoediging en geloofsversterking in die hede.

 

Bibliografie

Allen, L.C. 1983. Psalms 101150. (Word Biblical Commentary 21.) Waco, TX: Word Books.

Anderson, B.W. 1983. Out of the depths: The Psalms speak. Philadelphia, PA: Westminster.

Ayars, M.I. 2019. The shape of Hebrew poetry: Exploring the discourse function of linguistic parallelism in the Egyptian Hallel. (Studia Semitica Neerlandica 70.) Leiden, Boston, MA: Brill.

Barré, M.L. 1990. Psalm 116: Its structure and its enigmas. Journal of Biblical Literature, 109(1):6178.

Beuken, W., P. Botha, D. Human, C. Pauw en G. Prinsloo (reds.). 2000. Die lof van my God solank ek lewe: Verklaring van ’n aantal Psalms deur Willem S. Prinsloo. Irene: Medpharm Publikasies.

Booij, Th. 1995. Ps. 110,1011: The account of an inner crisis. Biblica, 76(3):38895.

Brueggemann, W. 1997. Old Testament theology: Testimony, dispute, advocacy. Minneapolis, MN: Fortress Press.

—. 2007. Praying the Psalms. Eugene, OR: Cascade Books.

Brueggemann, W. en W.H. Bellinger jr. 2014. Psalms. (New Cambridge Bible Commentary.) New York, NY: Cambridge University Press.

Burden, J.J. 1991. Psalms 101–19: Skrifuitleg vir Bybelstudent en gemeente. Kaapstad: NG Kerk Uitgewers.

Dahood, M. 1970. Psalms III: 101150. (Anchor Bible 17A.) New York, NY: Doubleday.

DeClaissé-Walford, N.L. 2020. Psalms Books 45. (Wisdom Commentary 22.) Collegeville, Minnesota, MN: Liturgical Press.

Emerton, J.A. 1983. How does the Lord regard the death of His saints in Ps cvxi.15. Journal of Theological Studies, 34:14653.

Fischer, G. 2012. Theologien des Alten Testaments. (Neuer Stuttgarter Kommentar Altes Testament 31.) Stuttgart: Katholisches Bibelwerk.

Gerstengerber, E.S. 2001. Psalms, Part 2 and Lamentations. (Forms of Old Testament Literature 15.) Grand Rapids, MI: Eerdmans.

Gunkel, H. 1926. Die Psalmen. (Handkommentar zum Alten Testament 2.2.) Göttingen: Vandenhoek und Ruprecht.

Hossfeld, F.-L. en E. Zenger. 2011. Psalms 3: A commentary on Psalms 101–50. (Hermeneia – Critical and historical commentary on the Bible.) Minneapolis, MN: Fortress Press.

Jacobson, R.A. 2004. “Many are saying”: The function of direct discourse in the Hebrew psalter. (Journal for the study of the Old Testament. Aanvullende reeks 397.) Londen: T & T Clark.

James, J.T. 2017. The storied ethics of the thanksgiving Psalms. Londen: T & T Clark.

Janowski, B. 2003. Dankbarkeit: Ein antropologischer Grundbegriff im Spiegel der Toda-Psalmen. In Zenger (red.) 2003.

Jenni, E. en C. Westermann (reds.). 1971. Theologisches Handwörterbuch zum Alten Testament 1. München: Chr Kaiser Verlag.

—. 1976. Theologisches Handwörterbuch zum Alten Testament 2. München: Chr Kaiser Verlag.

Koch, K. 1976. Sdq (צַדִּיק) Gemeinschaftstreu/heilvoll sein. In Jenni en Westermann (reds.) 1976.

Kraus, H.-J. 1972. Psalmen 2: Teilband Psalmen 64150. (Biblischer Kommentar Altes Testament 15.2.) Neukirchen-Vluyn: Neukirchener.

Lamparter, H. 1978. Das Buch der Psalmen II: Psalm 73–150. (Die Botschaft des Alten Testaments 15.) Stuttgart: Calwer Verlag.

Pinker, A. 2009. Psalm 116,15: Death of the saints? Zeitschrift für die alttestamentliche Wissenschaft, 121:52939.

Potgieter, H. 2019. “I love Yahweh and I believe in Him – Therefore I shall proclaim His name”: How Psalm 116 integrated and reinterpreted its constituent parts. Old Testament Essays, 32(2):398411.

Prinsloo, G.T.M. 2006. Se’ol – yerusalayim – samayim: Spatial orientation in the Egyptian Hallel (Psalms 11318). Old Testament Essays, 19(2):73960.

Prinsloo, W.S. 1993. Psalm 116: Disconnected text or symmetrical whole? Biblica, 74:7182.

—. 2000. Psalm 116: Onsamehangende teks of simmetriese geheel? In Beuken, Botha, Human, Pauw en Prinsloo (reds.) 2000.

Rogerson, J.W. en J.W. McKay. 1977. Psalms 101–50. (The Cambridge Bible Commentary.) Cambridge: Cambridge University Press.

Schmidt, H. 1934. Die Psalmen. (Handbuch zum Alten Testament I.15.) Tübingen: J.C.B. Mohr (Paul Siebeck).

Stoebe, H.J. 1971. Hnn (חנּן) gnädig sein. In Jenni en Westermann (reds.) 1971.

—. 1976. Rhm (רחם) sich erbarmen. In Jenni en Westermann (reds.) 1976.

Weiser, A. 1975. The Psalms: A commentary. (Old Testament Library.) Londen: SCM.

Westermann, C. 1984. Ausgewählte Psalmen: Übersetzt und erklärt. Göttingen: Vandenhoeck & Ruprecht.

Zenger, E. (red.). 2003. Ritual und Poesie: Formen und Orte religiöser Dichtung im Alten Orient, im Judentum und im Christentum. (Herders Biblische Studien 36.) Freiburg, Basel, Wien: Herder.

 

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post "Solank ek leef, sal ek Hom aanroep": ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116 appeared first on LitNet.

"I will call on him as long as I live": An investigation into the theological intention of Psalm 116

$
0
0

Abstract

The book of Psalms remains one of the most popular books in the Bible. That the psalms are so popular can be ascribed to the content of the Psalter. The psalms contain a wide range of human emotions, reflecting traumatic experiences as well as feelings of joy and amazement. The psalms can be described as dialogues with God uttered as the result of hardships experienced by the poets of Psalms. This is also the case regarding Psalm 116. The problem investigated in this contribution entails an enquiry into the theological meaning of Psalm 116. This is done by paying attention to the literary and historical aspects of the text. While other problematic issues have received due attention in the research on this psalm, not much attention has been given to a theological interpretation of the psalm. In particular, it was the composition of the psalm that captured the attention of scholars. Earlier research on the psalm resulted in the conclusion that little or no cohesion can be found in it. More recent researchers have come to the conclusion that there is indeed coherence to be found in the composition of the psalm, but scholars still differ as to how the coherence should be seen. Opinions in this regard vary from a twofold division of the psalm, to a threefold division, to a more complex structure comprising stanzas and strophes, through to a division in five parts, and right up to an eightfold division that could be made. In one instance, a concentric structure of the psalm was proposed with verses 811 as the centre of the psalm. In this article a threefold division is opted for (vv. 19, 1011, 1219). There is fair consensus that verses 19 should be seen as a unit. Verses 1011 form a self-reflection by the poet on his plight. Verses 1219 have a cultic background where the poet praises YHWH in the temple for the redemption experienced. From a careful reading of the text, focusing on issues such as the extent of the text, text critical matters, structural elements of the text, literary features (parallelism, chiasmi, inclusio, metaphors) that can be identified in the text, the literary genre used (identified as an individual hymn of thanksgiving), attention is also briefly given to the historical context of the psalm, dating it as a post-exilic text. Theological meaning is created through a combination of the literary and historical analyses of the psalm. The aim of this investigation is to create a dialogue between the current context of the COVID‑19 pandemic and the text of the psalm which originated in the past.

Theologically speaking, the most important statement made in the psalm is found in verse 5 where the poet confesses YHWH as the gracious, righteous God who is full of compassion. With this confession the poet draws on the way in which YHWH revealed God-self in the past to the people of Israel (Exod. 34:6). The poet confessed that he had first-hand experience of YHWH’s graciousness, righteousness and compassion even though he regarded himself as simple-hearted. Yet his overwhelming experience was that YHWH had saved him from a terrible condition, presumably an illness that had brought him to the brink of death itself. The testimony of the poet is that YHWH heard his voice and cry for mercy and, as a result, rescued him from his dire situation. As a result of the redemption he experienced, he is in a position to declare his love for God (v. 1). In the last part of the psalm the poet expresses his gratitude for his redemption. He had once cried to YHWH in distress, but the situation has now changed, so that he can once again call upon the name of the Lord, but this time in sincere gratitude. He does so in the presence of God’s people “in the courts of the house of the LORD” (v. 19). There is a decisive move from being on the brink of death and an experience of God-forsakenness – Sheol is the term used in Hebrew (v. 3) – to an experience of the presence of YHWH in the temple. The psalm commences with a cry to YHWH to come to his rescue, but culminates in a jubilant “Hallelujah”.

This research originated in the midst of the third wave of the devastating COVID-19 pandemic, and the theological message of the psalm, then, is also linked to this situation. The pandemic has in a very real sense brought death close to many believers, where loved ones, friends, family and colleagues have suffered and even passed away. Current-day believers seeking comfort from the Bible may then identify with the cry of the poet uttered at the beginning of the psalm: “Cords of death entangled me, the anguish of the grave came upon me; I was overcome by trouble and sorrow” (v. 3). At the same time, they may also follow the example of the poet by calling upon YHWH in their need, confessing their trust in the Lord despite the extreme situation of severe illness, and then, in the end, rejoice in the presence of God together with fellow believers.

Keywords: homiletical guidelines; literary features; Psalms; theology

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

"Solank ek leef, sal ek Hom aanroep": ’n Ondersoek na die teologiese bedoeling van Psalm 116

The post "I will call on him as long as I live": An investigation into the theological intention of Psalm 116 appeared first on LitNet.

Robert – a queer and crooked memoir: ’n onderhoud met Robert Hamblin

$
0
0

Robert
Robert Hamblin
Melinda Ferguson Books (’n druknaam van NB Uitgewers)
ISBN: 978-1-928420-97-2 

Robert Hamblin beantwoord Riette Rust se vrae oor sy debuut wat onlangs verskyn het.

Robert Hamblin se memoires, Robert, handel oor liefde, seks, leuens, gender en identiteit. Volgens regter Edwin Cameron daag Robert elke Suid-Afrikaner uit om nie net hul eie seksualiteit en identiteit te ondersoek nie, maar ook hul menslikheid (op die voorplat).

Hamblin se verhaal handel eerder oor identiteit en vooroordeel as oor die skrywer se genderbelyning (my vertaling van gender alignment), oftewel sy uiterlike transformasie van vrou na man.

Die subtitel, A queer and crooked memoir for the not so straight or narrow, laat mens wonder oor die woord queer. Dit wás ’n beledigende term, maar is deesdae die sambreelterm vir LGBTQIAA2++. Die ++ staan vir “al die mooi, asemrowende moontlikhede” sê Robert. Hy skryf: “Being queer is no longer only about same sex love. It’s a way of being – rejecting the binary of gender.”

Hamblin sê dat hy steeds nie sekerheid het oor sý identiteit nie. “Hopelik sal ek dit nooit hê nie.”

Wat transgenderism betref, is sy siening “meer feministies”. “Het feminisme ons dan nie geleer dat jou liggaam nie jou mag en geleenthede in die samelewing moet bepaal nie? Hoekom dan so klou aan die ‘stabiliteit’ van gender?” vra hy. Hy verkies ook die woorde kontinuum en vloeibaarheid.

........

Sy debuut lees soos die skryfwerk van ’n gesoute vakman. Hy besit ook een van die belangrikste eienskappe wat ’n skrywer behoort te hê: die bereidwilligheid om te herskryf. Robert is trouens drie keer oorgeskryf. Daarby het die skrywer sy verhaal benader soos dit goeie memoires betaam: absoluut eerlik. Hy skryf trouens uit sy murg uit.

.........

Sy debuut lees soos die skryfwerk van ’n gesoute vakman. Hy besit ook een van die belangrikste eienskappe wat ’n skrywer behoort te hê: die bereidwilligheid om te herskryf. Robert is trouens drie keer oorgeskryf. Daarby het die skrywer sy verhaal benader soos dit goeie memoires betaam: absoluut eerlik. Hy skryf trouens uit sy murg uit.

Daar is vele byvoeglike naamwoorde waarmee mens Robert se lewensreis tot hier kan beskryf: dapper, intiem, skokkend, hartverskeurend en soms selfs snaaks. Sy kinderjare gryp, ruk en skok jou tot jy ’n kant van gender ontdek waarvan jy waarskynlik nie bewus was nie.

Jy lees met empatie aan die gemarginaliseerde “karakters” en vra jouself: Hoe durf enigiemand oordeel?

Hoekom het jy die boek in Engels geskryf?

Ek het grootgeword in ’n tweetalige huis en as kind drie Engelse tienerboeke geskryf. My moedertaal is Afrikaans en my huistaal Engels. Dit was daarom nie moeilik om in Engels te skryf nie. 

Dit was egter ’n groot uitdaging om as volwassene in Afrikaans te probeer skryf. Ek het baie dilemmas rakende my eie mense, en dit was net te pynlik om te begin. Ek kon ook nie uitwerk met wie ek praat nie, die rassiste of dié wat al begin “gesond” word het. Ek het toe maar deur middel van Engels afstand geskep terwyl ek my kwessies deurwerk.

Jou boek bevat geweldig baie besonderhede. Dis ook filmies en sintuiglik. Het jy deur die jare dagboek gehou of het jy op jou geheue staatgemaak?  

Ek het twee keer ’n kursus by The Life Righting Collective geloop. Hulle help mense om memoires te skryf met die doel om van allerlei dinge, soos trauma en chroniese mediese simptome, te herstel. Hulle sien ook om na jou algemene psigiese gesondheid. So nou en dan skryf iemand ’n boek daaroor.

.......

Dít, meditasie en mindfulness-oefeninge het my gehelp om interpretasies en ervarings uit my onbewuste na vore te bring. Ek het ook báie foto’s. Om die bewustheidstegnieke toe te pas terwyl jy na die foto’s kyk, maak jou oop vir intense herervarings. 

........

Dít, meditasie en mindfulness-oefeninge het my gehelp om interpretasies en ervarings uit my onbewuste na vore te bring. Ek het ook báie foto’s. Om die bewustheidstegnieke toe te pas terwyl jy na die foto’s kyk, maak jou oop vir intense herervarings. 

Jou boek lees meer soos ’n roman. Was dit doelbewus?

Ek is nie ’n leser nie. Ek het redelik ernstige ADHD (aandaggebrek-hiperaktiwiteitsteuring). Omdat ek sukkel om te lees, kon ek nie op daardie manier leer skryf nie. Boonop het ek nie lekker geweet met wie ek al skrywende ’n gesprek voer nie.

Ek het met genot op my eerste lees- en skryfervaringe as kind of jeugdige teruggeval. Mills & Boon- en Silhouette-romanses uit my tienerjare het die pas aangegee. My ervaring as kunstenaar (fotograaf, nou ook visuele kunstenaar) het gesorg vir die res.

Melinda Ferguson Books (NB Uitgewers) was jou uitgewer. Hoe sou jy Ferguson self se bydrae tot jou boek beskryf?

Melinda neem op ’n baie intieme manier aan haar skrywers se prosesse deel. Sy word jou beste vriendin en jou kwaaiste tante. Dis baie persoonlik. Ons het al twee ’n bietjie cuckoo geraak gedurende die grendeltydperke toe ek die grootste deel van die boek geskryf het.

Voor Covid was ons verhouding intens en fisiek, in dié sin dat ons mekaar baie gesien het. Sy is ’n gerehabiliteerde verslaafde en ek die kind van ’n verslaafde. Ons verhouding was by tye perfek en by tye pynlik. Ek noem haar nou Gaia – wrede moeder vir wie se guns ek hard werk.

Wanneer dit my beurt is om teen haar arm te lê is dit belaglik fantasties. Wanneer sy verder wegdryf, is ek half jaloers op die ander skrywers en meestal kwaad vir haar. ’n Hele paar skrywers het dieselfde ervaring. 

In die boek delf jy diep en emosioneel in bitter moeilike tye, soos toe jy jou gay pa wat vigs gekry het, opgepas het. Hoe het jy die emosionele pyn gedurende die skryfproses hanteer?

Ek was redelik verskrik nadat ek so ’n hoofstuk geskryf het. Soms het dit weke geduur voor ek dit weer kon lees, of voor ek weer kon skryf. Ek moes myself gereeld vra of dié dinge regtig gebeur het. My hart het heling ondergaan deurdat ek detail vergeet het. Ek het daardie dinge in my geheue verpak en moes dit weer ontrafel. Dit het weer groot en kompleks gelyk. Noudat ek ouer is, kan ek gelukkig dualiteit beter integreer met my interpretasie van leef.

Jy het jou over the top pa eers ná jou kinderjare ontmoet. Jy skryf “I become a mess of pity and anger and love for him.” Hoe sou jy sy invloed op jou lewe beskryf?

Dit is moeilik om ’n verslaafde se kind te wees. Dit het ’n goed gedokumenteerde sosiale impak op jou lewe. Dit was die moeilike deel, die deel wat my baie geleer het.

Met betrekking tot die res: My pa se partytjies, sy glamour en selfs sy verraad teenoor groot maatskappye het my geleer om outsiderness te vier en te geniet. 

My vrou sê altyd “Queerness saves you”: Wanneer jy op die rand van die samelewing staan en na binne kyk, het jy baie keer ’n beter begrip van die pyn van menswees en gaan jy met oper oë deur die lewe.

Hoe moeilik was dit vir jou ma, Estelle (Stella), om nie meer ’n dogter te hê nie? Mens rou tog seker oor die kind wat jy “verloor” het? 

My ma is nie so analities nie. Sy’t nooit so ’n ding gesê nie. Sy was eerder bang vir die samelewing se reaksie, ook oor wat met my liggaam in die hande van medici sou gebeur. 

.......

Ek neem aan dat om jou kind se gender weg te snoei, pynlik is, veral wanneer jy nog self in die waas daarvan sit. Wanneer jy daardeur gekom het, besef jy daar was geen verlies nie. Jou kind het op ’n interessante manier ouer geword. Basta!

.......

Ek neem aan dat om jou kind se gender weg te snoei, pynlik is, veral wanneer jy nog self in die waas daarvan sit. Wanneer jy daardeur gekom het, besef jy daar was geen verlies nie. Jou kind het op ’n interessante manier ouer geword. Basta!

Een van die andersoortige “karakters” in jou boek, die sensuele Alexis wat haar nie aan gendergrense gesteur het nie, hoort in ’n film. Was dit nie vir jou eienaardig dat sy jou in die plesiere van haar lyf ingelei het, maar ook op jou pa verlief was nie?  

Ek wil sê glad nie. Op my ouderdom en vanweë dit wat ek ervaar het, is gender en seks heeltemal oop en bestaan daardie kategorieë slegs soos blomme met baie kleure en teksture sáám in ’n bos. Nie soos mielies in rye langs rye lusern in ’n nabye land nie. In die boek waar ek as tiener in die eerste persoon praat, wonder ek egter self hoe dit moontlik is. 

Ten spyte van al die makietie in my pa se lewe het hy altyd gesê hy sal gaywees nie vir sy ergste vyand toewens nie. Vroeg in die boek lees jy hoekom. Ek sou egter mý lewe nooit vir ’n oomblik vir ’n ander een wou verruil nie.

Daar is ’n wonderlike sensuele toneel tussen Adéle (jou destydse naam) en Alexis. Dis nie maklik om so intiem te skryf nie. Was dit ook vir jou ’n uitdaging?

Glad nie. My persepsie van myself as vrou is fantasties. Ek het dalk genderdisforie gehad – dit het my soos chroniese griep destyds besoek – maar my persona het gesorg vir lieflike ervarings en wonderlike queerseks met straight vroue. Ek het toe my verborge manlikheid laat geld.

Die seks met mans was ook nie juis bybels nie. Teenoor hulle het ek ook gereeld manlik opgetree, hul homo-erotiese fantasieë gefasiliteer. 

Om manlik te wees terwyl jou liggaam vroulik voorkom, is terloops nie net die transpersoon se “dansie” nie. Gedurende seks raak gender vir baie mense vloeibaar, mits hulle dit toelaat. Wanneer hulle uit die bed klim, gaan hulle voort met hul lewens sonder om ’n genderidentiteitskrisis te hê. 

Elke keer dat ek vir ander van jou boek vertel, is daar sommige wat sê transitioning is “net ’n geit, ’n in-die-mode-wil-wees”, maar jy skryf: “Who I am feels dead, my beautiful feminine body a tomb that holds a beating heart but a spirit without understanding of its meaning or where it fits.”

Jongmense uit elke generasie eksperimenteer met gender. Ons leer van hulle. Ons het ook van bekendes soos David Bowie, Boy George, Grace Jones en Adam Ant geleer. In die proses raak gender meer vloeibaar.

Vandag se jongmense en tieners laat hulself toe om met gender te eksperimenteer en te speel. Ek glo dis omdat hulle meer inligting tot hul beskikking het.

Ons moet net asseblief nie hierdie eksperimente verwar met transgenderkinders en ˗grootmense wat mediese bystand benodig vir genderidentiteitsversteuring, liggaamsdisforie of liggaamsdismorfie nie. In hul geval is dit nie ’n fase of eksperimenteel nie. Net gespesialiseerde mediese bystand kan hulle help om psigies gesond te kan leef.

Daar is heelparty mense en organisasies wat uiters hard werk om transregte te bevorder. Hoe ver is ons al op dié pad?

Die transgenderkeerpunt het gekom toe Lavern Cox op die voorblad van Time was. Ons sal nie meer terugdraai nie. Jongmense wil om magsredes nie meer vasgestelde grense hê nie. Hulle wil pret met gender hê. Ek staan agter hulle. 

Is jy steeds ’n transgenderaktivis?

My kuns en skryfwerk is uiteraard aktivisme. Ná die publikasie van my boek het ek baie gesprekke met ouers (van kinders met genderdisforie) wat my via sosiale media nader. Maar as ek agterkom hulle het meer as kort gesprekke nodig, verwys ek hulle na Triangle Project, Iranti en Gender DynamiX, asook na ’n paar mediese mense vir wie ek vertrou. 

Hoekom kies sommige vroue wat genderbelyning ondergaan om nie ’n penis te kry nie, maar wel ’n mastektomie te ondergaan?   

Genderdisforie het vlakke. Soms word dit verlig deur net ’n nuwe naam en voornaamwoord te kies, ander kere maak hormone jou gesond en partykeer het jy sjirurgie nodig. Dit hang af van hoe ernstig die disforie is.

In watter mate verskil jy met die stelling dat ’n penis iemand se manlikheid aandui en ’n vagina vroulikheid?

Soms ja, soms nie. Om dit uit te pluis is nie vir my skrikwekkend nie, dis ’n heerlike spel. 

Ek en my kind (7) het onlangs verby ’n groep jongmense gery. Een van hulle, ’n vroulike transpersoon, het haar arm gelig, vir my gegil en met my geflankeer. My dogter het gevra hoekom ek terugwaai – ken ek dan die persoon? Ek sê toe nee, maar ek hou van haar want sy is ’n transgirl. Sy wou weet hoe ek dit weet. Dit was moeilik om te beantwoord. Ek wou nie outydse taal gebruik soos “dis ’n man met ’n rok aan” nie. Sy sou dit buitendien steeds bevraagteken het. 

“Dit lyk of die transmeisie ’n effense stoppelbaard het, maar haarself tog gemaklik uitleef as ’n vrou,” sê ek toe. My kind het verstaan.

Ek maak haar soos ’n seun groot en my vrou maak haar soos ’n dogter groot. Ons besoek die seuns- én dogtersafdelings in winkels (wat wel hierdie onderskeid tref). Ek speel rowwerig met haar en neem haar vir branderplankry en karate. Ek por haar aan om te grom, te spoeg, hard te poep, te vloek en spiere te wys. My vrou leer haar weer die fynere kuns van vroulikheid. Ons dogter geniet dit alles, maar verstaan ook wanneer mens daardie “vaardighede” waar gebruik.

Sy is nie verward nie. Sy verstaan al die kontekste, dit wat ons glo en dit wat ander glo. Om haar so groot te maak is deel van haar opvoeding en van maniere leer. Dis vir haar normaal. Terloops, sy identifiseer baie sterk as meisie. En dit ontneem haar niks nie. 

Hoe sal jy eendag vir haar verduidelik dat jy voorheen ’n man in ’n vroulike liggaam was?

Sy het dit nog altyd geweet. Ons het hierdie vraag nou die dag tydens ontbyt ondersoek en almal het lekker gelag.     

Is daar iets wat jy mis van die tyd toe jy Adéle was?

Almal mis iets uit hul jeug. 

.......

Terloops, ek dink nie aan myself as twee mense met twee lewens nie. Ek het ’n vrouenaam en -liggaamstrekke gehad. Daar was pret en pyn. Dit het stelselmatig gegroei tot manlikheid en ouerskap. Dit was die verloop van ’n lewe, nie twee lewens nie.

.........

Terloops, ek dink nie aan myself as twee mense met twee lewens nie. Ek het ’n vrouenaam en -liggaamstrekke gehad. Daar was pret en pyn. Dit het stelselmatig gegroei tot manlikheid en ouerskap. Dit was die verloop van ’n lewe, nie twee lewens nie.

Ek moes net my naam verander omdat die Westerse wêreld daardie lyn so hard trek. Ek sou wou gehad het dat mense van my praat as vóór my transition en ná my transition.

Moet jy steeds testosteroon neem, of is dit ná agt jaar verby?

Ek hoef nie, maar dit sou beteken dat die wêreld te doen sou kry met ’n grumpy old man.

Wat is die grootste aanpassing vir jou in mansgeselskap?

Dis ’n baie pynlike gesprek. Ek sal eerder nie te veel uitbrei nie. Die meeste heteroseksuele mans is soos babas in ’n revolusie. Ons (vroue en queers) sal hulle moet help deur baie geduldige en streng grootmense te wees.

Ek moet byvoeg dat ek die laaste 15 jaar vir my ’n groepie diverse mans versamel het wat nie so is nie. Ons druk, soen en troos mekaar sonder vrees vir homofobie. 

Hoe verskil ander se hantering van jou en Sally, jou vrou, wat nou skynbaar heteroseksueel is?

Ons mis dit om in die openbaar deur ander queer mense raakgesien te word. Ons identifiseer nie met ander wat vassit in heteroseksuele en binêre sisteme en nog hul afstand wil behou nie.

Ons sien gereeld cishet-mense se teleurstelling wanneer ons oop is oor ons queer-identiteit en krities is oor hul isolasie. (’n Cishet-mens identifiseer met die gender waarmee hulle gebore is. Hulle is aangetrokke tot mense van die teenoorgestelde geslag.)   

Maar julle beskou julself nie as heteroseksueel nie?

Nee, ons is al twee in all opsigte queer. My vrou is die hoofbroodwinner. Ek is die house-husband en kinderoppasser. Sy is ’n wonderlike broodwinner wat haar deel doen in die huishouding en wat kinderversorging betref. 

As ’n groot vrou staan sy ook in die skadu van stigma en waninformasie oor hoe ’n liggaam en gesondheid werk. Daar is nog ’n lang pad om te stap. Baie oorgewig mense werk saam met queer mense, swart mense en mense met gestremdhede wat betrokke is by interseksionele aktivisme. 

Wat ons seksuele oriëntasie betref, is ons om verskeie fisieke en politieke redes redelik verslaaf aan mekaar. As ons ons seksuele oriëntasie moet verantwoord, sou ek sê ek hou van die vroulike gender en sy van die manlike gender. Die fisieke geslag van die persoon maak nie saak nie. 

.......

Wat ons seksuele oriëntasie betref, is ons om verskeie fisieke en politieke redes redelik verslaaf aan mekaar. As ons ons seksuele oriëntasie moet verantwoord, sou ek sê ek hou van die vroulike gender en sy van die manlike gender. Die fisieke geslag van die persoon maak nie saak nie. 

.........

Gaywees word gelukkig nie meer in die Diagnostic and statistical manual of mental disorders as ’n afwyking beskou nie. Is daar waaragtig mense wat nog so dink?   

Ek weet nie so baie van daardie politiek nie, maar ek weet wel dat genderdisforie steeds ’n diagnose is en ek het dualistiese gedagtes daaroor. 

’n Identiteitsbelewenis word net ’n versteuring wanneer dit jou alledaagse funksionering beïnvloed, met ander woorde wanneer ander mense jou identiteit teenstaan. Jou eie gewroeg word toegeskryf aan die samelewingstaboe verbonde aan die spel met seks-gender-verbintenis. 

Nou ja. Tot die samelewing radikaal aanpas, word transmense se lewens ontwrig. Daarmee saam kom pyn en vele chroniese kondisies (soos depressie en angs) waarvoor behandeling nodig is. ’n Diagnose is nodig om behandeling te kan kry. Dis die konflik. 

Wat is die belangrikste ding wat jy vir ander ouers sou wou sê oor die hantering van ’n kind wat wil transition?  

Die hele wêreld sal vir jou kind “nee!” skree. Moenie ook daardie rol speel nie. Help haar met haar genderdisforie en kry professionele hulp. Dis ’n baie ernstige kondisie. Liefde en geduld bied verligting. Om paniekbevange te raak en op sjirurgie en hormone te fokus, laat jou net vries en maak jou simpel. Take it easy. 

Onthou dat enige puberteit sewe tot agt jaar neem. Help jou kind daardeur. Wees die skild teen die samelewing se kritiek, en nie nog ’n naysayer wat jou kind isoleer en sodoende meer pyn veroorsaak nie.

Wat is die terugvoer op Robert – en dalk kritiek?

Tot dusver is die terugvoer, ook internasionaal, oorweldigend positief. Lesers wat oor die algemeen positief teenoor seks ingestel is, asook queer lesers, is deur die bank dankbaar en opgewonde oor die openlikheid daarvan. My reis was liggaamlik. Seks tel in daardie landskap.

In ander kringe is daar wel kritiek oor die seks in die eerste helfte van die boek, maar hierdie mense behoort hul fobies te bekyk.

Wat was die reaksie van jou kollegas ná jou oorgang?

Ek het in die teaterbedryf gewerk. Vir enige gesoute akteur is genderoorgange ’n vereiste.

Aan die begin was daar opwinding. Teen die tyd dat my baard lank was en my liggaam harig en vol spiere, was hulle al gewoond daaraan. Ek sou wou hê alle bedrywe, vriendekringe en korporatiewe organisasies moet met opgewondenheid reageer en die feit dan net by hul lewens integreer.

’n Translewe is ’n normale lewe. Hoe minder mense weerstand daarteen bied, hoe minder ontwrigtend sal dit wees. Dit is ander se weerstand wat ontwrigting veroorsaak, nie die transpersoon se oorgang nie.

Wat was jou doel met die boek, of wat sou jy wou hê lesers moet sê wanneer hulle dit toemaak?

Ek wil hê mense moet baie vrae hê, dieper vrae as wat hulle voorheen gehad het. Vrae is altyd beter as sekerhede. Hulle moet ook weet dat alles oukei is. Ek, ’n transpersoon, gaan aan; ek het pyn, maar oorkom dit soos enige ander persoon.  

Na watter skryfwerk kan ons volgende uitsien?

Ek skuld Marga Stoffer van NB Uitgewers nog daardie Afrikaanse boek wat ek haar belowe het.

Ek is tans besig met ’n moeilike ding, ’n storie oor iets wat my familie raak. Wie weet of ons dit sal publiseer. Ons het dalk net nodig om dit te skryf en in die kluis te bêre. Soms is dit waar sekere soorte boeke hoort.

Lees ook:

Robert: ’n Onderhoud met Robert Hamblin

The post <em>Robert – a queer and crooked memoir</em>: ’n onderhoud met Robert Hamblin appeared first on LitNet.

Persverklaring: Helgaard Steyn-prys 2021 | Press release: Helgaard Steyn prize 2021

$
0
0

Mary Sibande (photo credit: Jodie Bieber)

Die internasionaal-gerekende Suid-Afrikaanse kunstenaar Mary Sibande is die ontvanger van die Helgaard Steyn-prys, vanjaar toegeken vir beeldhoukuns. Haar beeldhou-installasie In the midst of chaos, there is opportunity is volgens die beoordelaars die uitmuntendste werk wat die afgelope vier jaar in Suid-Afrika uitgestal is. 

Die kunswerk is ’n asembenemende beeldhou-installasie met uitsonderlike visuele trefkrag. Dit is herkenbaar as Sibande, maar is ook aanduidend van nuwe ontwikkelings in haar kunsskepping. 

Sibande het oor die loop van haar loopbaan ’n oorspronklike en persoonlike visuele taal en ikonografie ontwikkel met betrekking tot konseptualisering, materiale en aanbieding. 

In the midst of chaos, there is opportunity, wat in 2017 voltooi is, is ’n voortsetting van die bekende Sophie-narratief wat herhaaldelik in Sibande se oeuvre voorkom. Sophie is haar alter ego en ʼn verwysing na drie generasies van die kunstenaar se familie wat as huiswerkers gewerk het. 

Sibande gebruik ’n afgietsel van haar eie lyf om Sophie uit te beeld as ’n ruiter aangetrek in bloedrooi gevegsdrag. Sy word omring deur aggressiewe mitiese diere en vroulike figure op speelperdjies wat herinner aan lewensgroot speelgoedsoldaatjies. Hierdie elemente eggo werke soos The Reign (2010) en Right Now (2015). 

Sibande se Sophie-werke suggereer teenvertellings wat onder meer die swart vroueliggaam en vroulike huishoudelike werk ondersoek. Dit is interessant dat Sophie haar met verloop van tyd al meer bevry het van die allegoriese beeld van ʼn huiswerker wat sy aanvanklik versinnebeeld het.

Dit verteenwoordig ook huidige verkennings van die kunstenaar se toenemend persoonlike narratief wat in haar kuns manifesteer. Hier word die droomwêreld van Sophie die huiswerker in verskillende kontekste getransformeer tot ’n nuwe droomwêreld: Dit is ’n allegorie van persoonlike bevryding, identiteitsvorming en moontlikheid. Sy herverbeel die geskiedenis terwyl sy die huidige transendeer en flankeer met wat dalk gaan volg.

Sibande is in 1982 in Barberton, Suid-Afrika, gebore. Sy woon en werk tans in Johannesburg. Nadat sy in 2004 ʼn diploma in Beeldende Kunste verwerf aan die Witwatersrand Tegniese Kollege, behaal sy ook ʼn honneursgraad aan die Universiteit van Johannesburg in 2007. 

Mary Sibande awarded the 2021 Helgaard Steyn Prize for Sculpture

Internationally-acclaimed South African artist Mary Sibande has been awarded this year’s Helgaard Steyn Prize. Her sculpture In the Midst of Chaos, There Is Opportunity was judged to be the most outstanding to have been exhibited in South Africa in the past four years. The prize money amounts to R650 000.

The adjudicators noted: “The awarded artwork is an outstanding sculptural installation with immense visual impact. It is recognisable as Sibande while also hinting at new avenues in her artmaking. Sibande has, over the course of her career, developed an original and personal visual language and iconography in conceptualisation, process, use of material and presentation.”

 “I have formed a symbiotic relationship with my work throughout my career,” says Sibande. “I work in telling stories that feed me emotionally, and the people who share their stories. I am today honoured and privileged to have been awarded this prestigious prize for my work. My gratitude goes to the Helgaard Steyn Trust for their contribution to the work of repairing historical narratives.”

In the Midst of Chaos, There is Opportunity, completed in 2017, is a continuation of the well-known Sophie narrative represented repeatedly in her oeuvre. Sophie is her alter ego and a reference to the three generations of the artist’s family who worked as domestic workers. In their commendation, the adjudicators noted: “The work is indeed a testimony to the power of the imagination. While the developing status of women in South Africa has always been riddled by violence, oppression and hardship, it is through the resilient qualities of hard work, strength, love, hope and imagination that women find the opportunity to ‘write’ their own narratives despite the odds or fate.”

The post Persverklaring: Helgaard Steyn-prys 2021 | Press release: Helgaard Steyn prize 2021 appeared first on LitNet.


Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

$
0
0

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

Eduard Potgieter, Lynette Jacobs en Corene de Wet
Suid-Kampus, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 18(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Ten spyte van die verbod op ontgroening in Suid-Afrikaanse onderwysinstellings blyk dit uit navorsing en mediaberigte dat ontgroening nog ’n algemene verskynsel in Suid-Afrikaanse skole is. Ons redeneer dat hierdie onwettige, dikwels gevaarlike praktyke sal voortduur solank as wat belanghebbendes dit sienderoë toelaat en selfs aanprys. Insig in gewilde diskoerse oor ontgroening en navorsingsbevindinge wat drogredenasies ten gunste van ontgroening aan die kaak stel, is noodsaaklik om dié euwel die hoof te bied.

Die doel van hierdie studie is om teen die agtergrond van internasionale studies oor ontgroening Suid-Afrikaanse diskoerse oor ontgroening uit te wys. Hierdie studie word deur die kognitiewe-dissonansie- en balans-van-mag-teorie onderlê. Ons het ’n interpretatiewe kwalitatiewe navorsingsbenadering gevolg. Semigestruktureerde onderhoude is met 16 graad 8- tot 11-leerders gevoer. Ons het ook deelnemers aan ’n Facebook-gesprek op Monitor en Spektrum RSG se Facebook-blad se kommentaar op ’n vraag oor ontgroening as data benut. Vyf temas of diskoerse is met behulp van kwalitatiewe inhoudsontleding geïdentifiseer: (1) Nuwelinge word aan ’n groot verskeidenheid vernederende, sinnelose, tydrowende en fisiek uitputtende aktiwiteite blootgestel. (2) Voorstanders van ontgroening redeneer dat ontgroening pret is en opvoedkundige waarde het. (3) Die voortbestaan van ontgroening, solank as wat daar “binne perke” opgetree word, word bepleit. (4) Teenstanders van ontgroening lê klem op hul eie negatiewe belewing van ontgroening, stel dit gelyk aan boeliegedrag en beskou dit as tyd- en geldmors. Ontgroening kan ook lei tot die vestiging van ’n magsiklus by skole en magsvergrype. (5) Ouers en ander volwassenes, veral opvoeders, se hantering van en uitsprake oor ontgroening dra teenstrydige boodskappe oor die voortbestaan al dan nie van ontgroening oor. Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortduur. Die identifisering van en aan die kaak stel van gewilde diskoerse ten gunste van die voortbestaan van ontgroening is ’n belangrike eerste stap in die ontwikkeling van ’n teenontgroeningraamwerk.

Trefwoorde: balans-van-mag-teorie; hoërskole; inisiasie; kognitiewe-dissonansie-teorie; ontgroening; oriëntering; Vrystaat

 

Abstract

Initiation at schools: an investigation into popular discourses

Despite the ban on initiation at South African educational institutions, research and media reports show that initiation still prevails at South African schools. However, initiation is not a phenomenon that occurs only within the South African education system. The first recorded case of initiation was recorded in ancient Greece during the Olympic Games in the eighth century. Initiation has spread rapidly in modern times and occurs in many domains, ranging from the military to educational institutions. According to studies in countries such as India, America and England, initiation is common practice at these countries’ educational institutions. Various names are associated with initiation around the world. Some of the best-known terms used are insouting or doop in Afrikaans, hazing in America, fagging in England, baptême in France, doop in the Netherlands and mopokaste in Finland. The common denominator that runs through all of these customs is that newcomers must undergo some sort of ceremony, ritual, or action to be considered one of the school, association or group’s members.

In defence of initiation practices, it is often argued that initiation will make newcomers feel secure. As a counterpart to this positive assessment, researchers have found that initiation may have a negative effect on those who have been initiated, as well as those who have carried out the initiation. We argue that these illegal, often dangerous, practices will continue as long as stakeholders calmly allow and even encourage them. Insight into popular discourses on initiation and research findings that expose fallacious arguments in favour of initiation are essential to tackle this evil. The aim of this study is to point out popular discourses on initiation at South African schools.

This study is underpinned by the cognitive dissonance theory (CDT) and balance of power theory (BPT). We followed an interpretive qualitative research approach. The sample for this study consisted of two groups: (1) Sixteen (16) grade 8 to 10 learners of both sexes at different Free State Afrikaans-medium schools. Some of the learners were purposefully recruited, while others were recruited by means of the snowball technique. (2) Seventy-three (73) adults, mainly women, commented on a question posed on the Facebook (FB) page of Monitor and Spektrum RSG on 22 January 2018. The Facebook conversations about initiation were identified during our social media searches about initiation. Semi-structured interviews were conducted with the sixteen grade 8 to 11 learners. In addition to the interviews, we used the social media comments from people who responded to the question, “How do you feel about initiation at schools and universities?” to expose popular discourses. We regard these comments as documents that were not influenced by the researchers. Qualitative content analysis was used as a data analysis method to point out popular discourses on initiation. We used qualitative content analysis guidelines, as recorded by Kuckartz (2013:19), to analyse the transcripts and FB entries. This analysis process comprised four phases: transcription, individual case analysis, general analysis, and control. This study complies with established guidelines for ethical research. The participants’ human dignity, privacy, anonymity and confidentiality were respected. Although the FB page of Monitor and Spektrum RSG is in the public domain, we used codes in our reference to specific participants. We dealt with entries that testified, among other things, to some participants’ pain and humiliation during their initiation with the necessary respect. To increase the credibility of the investigation, attempts were made to adhere to the following reliability strategies: triangulation, participant visits, the use of more than one encoder, confirmation of our findings by some of the participants, and withholding of generalisations.

Five themes or discourses have been identified through qualitative content analysis: (1) Newcomers are exposed to a wide variety of degrading, meaningless, time-consuming and physically exhausting activities. For example, learners had to wear “funny” clothes and take part in a stupid concert. Some of the learners had to take part in ill-considered activities, which amounted to abuse and could lead to serious injuries, heat exhaustion and even death. Newcomers suffered financial damage by being forced to give up some of their money and food to seniors. Learners were exposed to disgusting acts with sexual undertones. (2) However, many of the participants were of the opinion that initiation had a positive value. Proponents of initiation went out of their way to justify the continuation of this tradition. For instance, they argued that initiation was not only fun, but also had character-forming value. They were also of the opinion that initiation establishes values such as reverence, respect for oneself and others, humility and neatness. According to these proponents of initiation, a person who is initiated will know how to deal with the setbacks of life. A popular argument among proponents of initiation is that it is an integral part of a school’s tradition, leading to camaraderie. (3) The continued existence of initiation, as long as action is taken “within limits”, is advocated. (4) Opponents of initiation emphasised their own negative experience of initiation, equating it with illegal, bullying behaviour and regarding it as a waste of time and money, which can have serious short- and long-term consequences. Initiation can also lead to the establishment of a cycle of power at schools. (5) Parents and other adults, especially educators’ handling of and statements about initiation conveyed conflicting messages. Some adult participants in the FB conversation believed that as long as initiation took place under supervision, it could be justified. However, as long as educators and parents allow these illegal practices and emphasise the so-called benefits of initiation, the cycle of power will continue in the guise of tradition and team building.

Seniors’ craving for power and own gain during initiation can be explained by the BPT. Disgusting actions with sexual undertones, night marches, and severe initiation after hours or in the evening, especially in residences, offer seniors the opportunity to knowingly break laws, regulations, and school and residence rules. Seniors often see it as a challenge to test the boundaries as far as possible without being held accountable. The yearning after power has the effect of impairing the moral judgement and the application of moral principles of seniors and educators who perceptibly allow initiation in concrete circumstances. This search for power could lead to them completely losing perspective in a situation, at the expense of others, and this simply for their own gain. From the data it further appears that many of the participants, despite all the discomfort, humiliation, abuse and bullying, continued to convince themselves that initiation was part of their school tradition and that they would come out stronger on the other side. The CDT, which underpins the study, explains that individuals reduce their cognitive discomfort by adjusting their thinking in order to reduce conflicting thinking. As a result, a culture of silence regarding the severe abuse of power at the time of initiation prevails. Such silence results in power-hungry seniors being able to continue their malpractices undisturbed. This can result in learners uncritically reaching the misconception that people have the right to humiliate and abuse others.

It transpires from this and other South African studies that illegal initiation practices are still the order of the day at some schools in this country. It is therefore essential that national and provincial education authorities, as well as education leaders of individual schools, pay attention to this illegal practice, which often takes place in the guise of orientation. An important step in ending initiation at schools (and other educational institutions) is the development and application of a research-based anti-initiation framework. Langford’s (2008) anti-initiation framework emphasizes the importance of identifying and exposing popular discourses in favour of initiation in general, as well as discourses and school-specific factors that contribute to the continuation of initiation. Findings from this study can therefore be seen as a first important step in the development of an anti-initiation framework for South African schools.

Keywords: balance of power theory; cognitive dissonance theory; Free State; initiation; orientation; secondary schools

 

1. Inleiding

Aan die begin van elke jaar, wanneer skole, universiteite en kolleges in Suid-Afrika heropen, verskyn daar berigte oor ontgroening in die media. In van hierdie berigte is daar al onder meer verslag gedoen oor die volgende voorvalle: die dood van studente (Jordaan 2001:10) en ’n leerder (Van Niekerk 2020:1) tydens ontgroening; erge drankmisbruik (Van Wyk 2005:13); die gebruik van kru en beledigende taal (Jordaan 2001:10); leerders moes in dromme klim wat gevul was met hoendermis, vrot melk, veselperskeskille en spoeg (Rademeyer 2006:5); ’n 16-jarige leerder is tydens ’n skooltoer met ’n besemstok en ’n piesang gesodomiseer (Potgieter 2012:2); homofobiese prente, wat diskriminerend na ’n eerstejaar student se geslagsidentiteit verwys het, is deur senior studente op sosiale media versprei (Wilschutt 2020:1); ’n leerder is tydens ontgroening aangerand en verkrag (Kemp 2016:1); en senior leerders by ’n seunskool “maak jag” op jonger leerders en rand hulle seksueel en fisies aan (Grobler 2018:10). Van die ontgroeningspraktyke vind onder die dekmantel van oriëntering plaas: Enock Mpianzi, ’n 13-jarige seun, verdrink in Januarie 2020 in die Krokodilrivier tydens sy skool se sogenaamde oriënteringskamp (Janse van Rensburg 2020:1). Die gemelde voorbeelde en navorsing deur Huysamer en Seroto (2021:1–10) dui daarop dat ontgroening steeds voorkom en skynbaar deel van die Suid-Afrikaanse onderrigkultuur is.

Ontgroening is egter nie ’n verskynsel wat net in die Suid-Afrikaanse onderwysbestel voorkom nie. Die eerste aangetekende geval van ontgroening is in die agtste eeu, gedurende die Olimpiese Spele in antieke Griekeland, aangeteken. Vanaf Plato se dae tot vandag word daarop aanspraak gemaak dat ontgroening noodsaaklik is vir die ontwikkeling van ’n groepsgevoel (Campo, Poulos en Sipple 2005:137; Mahapatra 2009:1; Rhein en McDonald 2020:8). Ontgroening het in moderne tye vinnig versprei en kom in verskeie domeine voor, van die weermag tot opvoedkundige instellings (Dias en Sá 2014:460). Studies in lande soos Indië, Amerika en Engeland het getoon dat ontgroening ’n algemene praktyk in hierdie lande se onderriginstellings is (Allan en Madden 2008:14; Bruckner 2018:466; Desai 2009:59; Gyanesh 2017:1; Mallapur 2018:1; Parks en Burgess 2019:1–63; Parks en Hooker 2020:91–169). Verskeie benamings word regoor die wêreld aan ontgroening gekoppel. In Afrikaans staan dit ook bekend as inlywing, doop, insouting, oriëntering, inburgering of verwelkomingspraktyke. Van die bekendste terme wat in ander lande gebruik word, is hazing in Amerika, fagging in Engeland, baptême in Frankryk, doop in Nederland en mopokaste in Finland (Dias en Sá 2014:448).

Die kernelement wat in al hierdie gebruike teenwoordig is, is dat nuwelinge die een of ander seremonie, ritueel of aksie moet deurmaak om as een van die skool, vereniging of groep se lede geag te word (Cimino 2011:241; Potgieter 2012:506; De Klerk 2013:87). Ons vertrekpunt vir hierdie studie is verkry van Allan en Madden (2008:4) se definisie van ontgroening as enige aktiwiteit waar daar van iemand verwag word om deel te neem aan aktiwiteite waar vernedering, afkraking of mishandeling plaasvind, of sy/haar lewe in gevaar gestel word. Die persoon word gedwing om hieraan deel te neem, of hy of sy nou wil of nie, om sodoende die reg te “verdien” om by ’n spesifieke groep aan te sluit. Daar is egter nie eenstemmigheid in die literatuur oor die afbakening van die verskynsel nie. Hollman (2002:14) is van mening dat enigeen van die volgende stellings gewoonlik aandui dat persone ontgroen is: die betrokkenheid van alkohol; dat seniors nie saam met nuwelinge aan die aktiwiteite deelneem nie; aktiwiteite wat tot emosionele of liggaamlike mishandeling lei; en aktiwiteite waar daar ’n risiko vir beserings of kwessies oor veiligheid is. Cimino (2011:214) noem dat aktiwiteite tydens ontgroening liggaamlike aanranding, letselvorming, slaapontneming en harde handearbeid kan insluit.

Deur die geskiedenis heen is ontgroening gebruik om simbolies toegang tot koshuise, sportspanne, skoolorkeste, skoolgroepe of sportsoorte te verkry. Ter verdediging van ontgroeningspraktyke word geredeneer dat ontgroening nuwelinge geborge sal laat voel (Van Raalte, Cornelius, Linder en Brewer 2008:491). As teenvoeter vir hierdie positiewe beoordeling is daar bevind dat ontgroening ’n negatiewe invloed op diegene wat ontgroen is sowel as diegene wat ontgroen het, mag hê (Jordaan 2001:10; Edelman 2004:18; De Wet 2014:151). Croukamp (2015:8) voer aan dat kinders nie baie leer uit rituele waar hulle geïntimideer en verneder word nie. Die mishandeling en gedwonge deelname wat met ontgroening gepaardgaan, kan volgens Edelman (2004:18) tot liggaamlike en emosionele pyn, voortdurende vrees, nagmerries en selfs selfmoordneigings lei. Ontgroening het die potensiaal om ’n skool te omskep in ’n omgewing waar leerders blootgestel word aan hoërisikogedrag wat gevaarlik, mishandelend en potensieel onwettig is (Hollman 2002:21).

’n Skool moet egter ’n plek van veiligheid en geborgenheid wees, waar kinders tot hul volle potensiaal kan ontwikkel, groei en leer. ’n Skool wat veilig is, sal gekenmerk word deur goeie dissipline, kommunikasie, ’n kultuur van onderrig en leer en die afwesigheid of slegs lae vlakke van geweld en misdaad (Barnes 2010:41). Om seker te maak dat leerders ’n veilige skoolomgewing beleef, is verskeie regs- en beleidsdokumente geformuleer.

Die vertrekpunt van alle beleidsvorming in die land is die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika1 (RSA 1996a) (hierna “Grondwet”). Van die regte wat in die Grondwet vervat word en op skoolveiligheid van toepassing is, sluit in die reg tot gelykheid (artikel 9[1]), die reg tot menswaardigheid (artikel 10), die reg tot lewe (artikel 11) en die reg tot ’n veilige omgewing (artikel 24), asook kinders se reg om teen mishandeling, verwaarlosing, misbruik of vernedering beskerm te word (artikel 28[1][d]). Verder is daar verskeie ander wette en beleidsdokumente wat daarop dui dat kinders beskerm moet word. Dit sluit onder meer die volgende in: die Suid-Afrikaanse Skolewet, Wet 84 van 1996 (RSA 1996b) (hierna “Skolewet”), die Regulations for safety measures at public schools (RSA 2001), die Signposts for safe schools (Department of Education 2001) Skolewet, die National policy on HIV/AIDS for learners and educators in public schools and students and educators in further education and training institutions (RSA 1999), die National policy on the management of drug abuse by learners in public and independent schools and further education and training institutions (Department of Education 2002) en die Code for professional ethics (Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders 2002).

Artikel 10A(1) van die Skolewet (RSA 1996b) stel dit onomwonde dat geen persoon mag deelneem aan of dat leerders in ’n skool of koshuis onderwerp mag word aan enige vorm van ontgroening nie. ’n Skool se beheerliggaam is ook wetlik verplig om ’n gedragskode op te stel wat alle ontgroening verbied. Hiermee saam moet die strafmaatreëls wat teen oortreders ingestel kan word, ook in die gedragskode opgeneem word. Nadat ’n vorige minister van basiese onderwys, Kader Asmal, verskeie briewe oor dié aangeleentheid ontvang het, het hy in 2001 die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se hulp ingeroep om verslag te doen oor die aard en omvang van ontgroeningspraktyke in opvoedkundige instellings. In sy verslag het die Menseregtekommissie aangedui dat erge gevalle van liggaamlike mishandeling voorkom, dat sekere skole ontgroening as oriëntering beskou en dat verskeie leerders se regte misken word (Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie 2001:14–5). ’n Nasionale beleid, wat as die Regulations to prohibit initiation practices in schools (RSA 2002) bekendstaan, is in Desember 2002 in die Staatskoerant (nr. 24165) uitgevaardig. Hierdie beleid is daarop gemik om aan leerders in skole en skoolkoshuise ’n veilige leer-en-onderrig-omgewing te bied deur alle tipes ontgroening te belet.

Ontgroening is derhalwe nie net teenstrydig met die genoemde beleide en wette in die vorige paragraaf nie, maar word spesifiek daarin verbied. Ten spyte van die potensieel negatiewe uitwerking van ontgroening op kinders en jong volwassenes, blyk dit uit mediaberigte dat ontgroening steeds plaasvind en deur ’n groot deel van die gemeenskappe ondersteun word (Grobler 2018:10; Janse van Rensburg 2020:1; Jordaan 2001:10; Croukamp 2015:8). Ons standpunt is dat beleide en wette nie die nodige invloed, naamlik om ontgroening uit te roei, sal hê indien die algemene publiek en spesifieke belanghebbendes in die onderwys dit steeds ondersteun nie. Dit is daarom noodsaaklik om die algemene denke van die gemeenskap rakende ontgroening binne die konteks van die bestaande regsraamwerk wat optrede behoort te rig, te verstaan. Die doel van hierdie studie is om gewilde diskoerse oor ontgroening in Suid-Afrikaanse skole uit te wys.

 

2. Teoretiese begronding

Die studie word deur die kognitiewe-dissonansie- (KDT-) en balans-van-mag- (BMT-) teorieë onderlê. Kognisie is ’n term wat gebruik word wanneer daar verwys word na die denkprosesse wat betrokke is wanneer kennis opgedoen en verstaan word (Cherry 2019:1). Dit verwys na die proses van dink of, soos die Encyclopaedia of neuroscience (Squire 2009) dit beskryf, enige vorm van inligtingprosessering of intellektuele aktiwiteit, soos om te dink, te redeneer, te onthou, te verbeel of te leer. Dissonansie word deur die Pharos groot woordeboek van Afrikaans en Nederlands (Martin [red.] 2011) omskryf as ’n “wanklank, wangeluid of onenigheid”. Die term kognitiewe dissonansie beteken letterlik “ʼn onenigheid in denke of wanklank tydens intellektuele aktiwiteite”. Leon Festinger (1957:1) werk met die aanname dat mense na bestendigheid binne hulleself strewe en dat daardie bestendigheid ook gevind word in die wyse waarop ’n persoon oor ’n saak dink en wat sy of haar dade aangaande die saak is. Mense wil instinktief hê dat hul dade en hul oortuiginge met mekaar moet strook.

Wanneer mense egter inkonsekwent optree of redeneer, teenstrydig met wat hulle werklik dink en glo, beleef hulle “verstandsongemaklikheid”, oftewel kognitiewe dissonansie (Harmon-Jones 2012:543; Moles 2016:2; Acharya, Blackwell en Sen 2017:3). Hierdie kognitiewe dissonansie lei tot spanning, angstigheid, skuldgevoelens en ’n gevoel van negatiewe selfwaarde (Lawler 2018:s.bl.). Daar ontstaan ook ’n innerlike stryd wanneer die individu besef dat hy of sy presies die teenoorgestelde gedoen het as wat sy of haar oorspronklike denkrigting was (Lawler 2018:s.bl.). Festinger (in Hinojosa, Gardner, Walker, Cogliser en Gullifor 2017:173) redeneer dat hierdie ongemaklike toestand individue motiveer om maniere te vind om dié ongemaklikheid te verminder. Mense wil die spanning verminder of so na as moontlik terugkeer na ’n vorm van normaliteit, waar kognitiewe prosesse in harmonie is (Harmon-Jones 2012:544; Lawler 2018:s.bl.). Individue wat so ’n negatiewe toestand van dissonansie beleef, doen hul bes om die dissonansie te verminder. Dit kan gedoen word deur die oorspronklike denke of oortuigings te verander, optrede te verander of sieninge oor die optrede te verander (Cherry 2019:3). In die konteks van ontgroening beskou leerders of studente wat vernederende aktiwiteite moes deurmaak om toelating tot ’n groep te kry die aktiwiteite dikwels ná die tyd as interessant en waardevol en voel hulle meerderwaardig teenoor diegene wat dit nie deurgemaak het nie. ’n Doelwit wat op die oog af tydmors en vernedering impliseer en baie moeite vereis, raak sodoende ’n al hoe meer aanloklike doelwit vir individue (Moles 2016:9). Alhoewel leerders of studente dikwels tydens ontgroening verneder, beseer en mishandel word, en in sommige gevalle selfs hul lewens verloor, word sodanige praktyke gesien as belangrik om deel te word van ’n groep, al is dit ook hoe ekstreem (Potgieter, Jacobs, Teise en De Wet 2014:536).

Hans Morgenthau (1978:4–15) het die magsbalans tussen lande en politici deur sy BMT probeer verduidelik. Alhoewel dit op die oog af ’n teorie is wat op wêreldmagte van toepassing is, het dit gehelp om sin te maak van dit wat op skoolterreine en in universiteitskoshuise gebeur. Schweller (2016:3) verskaf verskillende betekenisse van die BMT, naamlik (1) ’n gelyke verdeling van mag, (2) die beginsel dat mag gelyk versprei moet word, (3) die beginsel van gelyke arrogansie van die groot magte ten koste van die swakkeres en (4) die beginsel dat “ons” kant die meeste mag moet hê om te voorkom dat die mag gelyk verdeel word (eerder ’n meerderheid as ’n minderheid). Morgenthau redeneer dat die menslike natuur self, eerder as instansies, verantwoordelik is vir die misbruik en versoekings van mag (Kaufman 2006:25). Volgens Kaufman (2006:28) meen Morgenthau ook dat die beperkings op die hunkering na mag soms tot gevolg het dat die mens se morele oordeelsvermoë en die toepassing van morele beginsels in konkrete omstandighede belemmer word. Mense se soeke na mag kan daartoe lei dat hulle heeltemal perspektief op ’n situasie verloor, ten koste van ander, en dít bloot vir hul eie gewin. Morgenthau redeneer volgens Kaufman (2006:28) dat gevestigde morele redenasies nie net uit goeie bedoelings bestaan nie, maar ook uit ’n waarskynlikheidsassessering van die gevolge van alternatiewe strategieë wat slegs in terugskouing duidelik word. Rösch en Lebow (2017:140) noem dat die wil van mense om hulself te bewys die dryfveer is vir die ontwikkeling van ’n magspel tussen individue en groepe – die doel is om ander te oorheers. Hierdie balans van mag is nie stabiel nie, maar verander voortdurend. Dilemmas wat tot onsekerheid lei, kan permanente vrees inboesem (Rösch en Lebow 2017:140). Dit lei daartoe dat meer mag verkry word, wat tot meer onsekerheid lei en nie fisiese of materiële beperkings het nie. Dit gee dan op sy beurt weer aanleiding tot verdere emosionele onsekerheid (Rösch en Lebow 2017:140).

Rösch en Lebow (2017:142) meen dat geweld dikwels ingespan word om beheer oor ’n groep mense te verkry. Jervis (1994:868) is ook van mening dat die soeke na mag nie op die individu se oorlewing klem lê nie, maar op sy of haar posisie in die groter samelewing of binne ’n spesifieke groep. Die mens se selfsug het perke, maar sy of haar soeke na mag ken geen perke nie, aldus Jervis (1994:868). Hierdie mag word gedefinieer as om jou belange voor dié van ander te stel (Parizek 2008:s.bl.). Die verhouding tussen mag en belange is ’n belangrike een, want sonder belange is daar nie mag nie, verduidelik Parizek (2008:s.bl.). Omdat die strewe na mag so ’n oorweldigende beginsel is, het dit die potensiaal om alles anders te oorheers. Hierdie opmerking hou verband met Morgenthau se idee van die inherente boosheid van die menslike natuur, volgens Parizek (2008:s.bl.). In die konteks van ontgroening sien ons die waarde van die BMT om te probeer sin maak van die oënskynlike hunkering na mag binne ’n gegewe situasie. Hierdie hunkering verduidelik waarom volwassenes en leerders op die oog af hul morele kompasse onderdruk en vernederende en sinnelose gedrag goedkeur en selfs daaraan deelneem. Dié situasie vind aanklank by die boosheid van die menslike natuur waarna Parizek (2008) verwys.

 

3. Navorsingsmetodologie

3.1 Navorsingsbenadering

Ons het ’n interpretatiewe, kwalitatiewe navorsingsbenadering gevolg. Interpretatiewe navorsing is ’n raamwerk en praktyk binne die sosiale wetenskappe wat daarna streef om sosiale werklikhede op filosofiese en metodologiese wyses te begryp. Sentraal tot die interpretatiewe raamwerk is die idee van Verstehen of verstaan. Volgens Bhattacharya (2012:465) is begrip of verstaan en vertolking onlosmaaklik met mekaar verbind. Voorts meld Bhattacharya (2012:466) dat alle sosiale navorsing op ’n sekere vlak interpretatief of vertolkend is omdat navorsers na begrip, en dus vertolking, strewe. Interpretatiewe navorsing het nie die insameling van “eenvoudige” data ten doel nie. Die wyse waarop die werklikheid beoordeel, gerekonstrueer en georganiseer word, verander die data. Die bevindinge is daarom soveel meer as die blote beskrywing of weergee van die data (Henning, Van Rensburg en Smit 2011:103). In die interpretivisme erken navorsers dat hulle, saam met hul deelnemers, bevindinge binne ’n spesifieke konteks skep, maar hierdie bevindinge kan oorgedra word na ander soortgelyke kontekste (Buzzanell 2018:2). Die doel van hierdie studie is om die deelnemers aan ons navorsingsprojek en deelnemers aan ’n Facebook- (FB-) gesprek se sieninge oor ontgroening te verstaan en te vertolk en sodoende gewilde diskoerse oor ontgroening bloot te lê.

3.2 Steekproef

Aangesien hierdie kwalitatiewe studie van onderhoudvoering as data-insamelingstegniek gebruik gemaak het, was dit belangrik dat ons die regte deelnemers kies vir deelname aan die onderhoude. Met doelgerigte selektering, kenmerkend van kwalitatiewe navorsing, wou ons deelnemers kies op grond van hul eienskappe of die kennis wat hulle oor ’n spesifieke saak het wat van waarde vir die studie kan wees (vgl. Cohen, Manion en Morrison 2007:115–6). Ons wou fokus op leerders wat ontgroen is en leerders wat ander ontgroen het. Ontgroening in Suid-Afrikaanse skole vind hoofsaaklik in graad 8 plaas; daarom wou ons onderhoude met graad 8-leerders voer. Ons wou ook onderhoude voer met graad 9- tot graad 11-leerders wat graad 8-leerders as juniors of nuwelinge beskou. Hierdie graad 9- tot graad 11-leerders was deel van die leerders wat die nuwelinge (graad 8-leerders) ontgroen het.

Die fokus van hierdie studie was slegs Afrikaanse hoërskoolleerders in skole wat voorheen as model C-skole bekendgestaan het en waar ontgroening plaasvind. Soos die geval met die meeste sensitiewe navorsing is, was dit problematies om geskikte, bereidwillige deelnemers te vind. Aanvanklik het ons leerders in die briewekolom van Die Volksblad, op daardie stadium die dagblad met die grootste sirkulasie in die Vrystaat, uitgenooi om aan die navorsingsprojek deel te neem. Die poging was onsuksesvol. Die eerste skrywer het hom gevolglik tot kollegas, asook leerders vir wie hy skoolgehou het, gewend met die versoek dat hulle sy projek en sy soeke na moontlike deelnemers onder leerders bekend maak. Alhoewel die eerste skrywer verskeie beloftes van deelname gekry het, het min leerders uiteindelik kans gesien om aan die onderhoude deel te neem. Al hierdie pogings en die daaropvolgende sneeubaltegniek (vgl. Merriam 2009:78–9) het tot gevolg gehad dat sestien bereidwillige deelnemers uiteindelik vir onderhoude geïdentifiseer is (vgl. tabel 1). Onderhoude is gedurende die 2017- akademiese jaar gevoer.

Tabel 1. Deelnemers aan die onderhoude

 

Seuns

Meisies

Graad 8

5

1

Graad 9

1

 

Graad 10

2

 

Graad 11

 

7

Totaal

8

8

Tydens die datagenerering deur middel van onderhoude het ons besef dat ons beperkte toegang tot mense wat gewillig was om met ons oor die saak te praat, die geloofwaardigheid van die studie in die gedrang kon bring. Ons het derhalwe die sosiale media dopgehou om te kyk waar gesprekke oor dié onderwerp plaasvind. Gesprekke tussen hoofsaaklik vreemdelinge op sosiale media is alledaags. Op platforms soos FB en Twitter voel mense vry om hul menings te lug en voel mense skynbaar meer beskermd as in ’n persoonlike gesprek. Op 22 Januarie 2018 is die vraag “Hoe voel jy oor ontgroening by skole en universiteite?” op die radioprogram Monitor op die radiostasie Radio Sonder Grense (RSG) gevra. Die vraag is ook op die FB-blad van Monitor en Spektrum RSG gestel2. Die skrywers van hierdie artikel het nóg die nuusberig oor ontgroening op die radioprogram Monitor nóg die daaropvolgende FB-gesprekke geïnisieer. Voorts het nie een van die skrywers van hierdie artikel aan die FB-gesprekke deelgeneem nie. Die FB-gesprekke oor ontgroening is tydens ons sosialemediasoektogte oor ontgroening geïdentifiseer. Heelwat mense (n = 73) het kommentaar op die FB-blad gelewer, asook op ander FB-deelnemers se kommentaar. Die meerderheid van die 73 FB-deelnemers, naamlik 43, is volgens hul FB-profiele en foto’s vroulik. Al die deelnemers aan die FB-gesprek was volwassenes.

Die steekproef vir hierdie studie het dus uit twee groepe bestaan:

  • Sestien (16) graad 8- tot 10-leerders van beide geslagte verbonde aan verskillende Vrystaatse Afrikaansmediumskole. Sommige van die leerders is doelbewus gewerf, ander is deur middel van die sneeubaltegniek gewerf.
  • Drie en sewentig (73) volwassenes, hoofsaaklik vroue, wat kommentaar gelewer oor ontgroening op die openbare FB-blad van Monitor en Spektrum

3.3 Datagenerering

Semigestruktureerde onderhoudvoering, een van die belangrikste tegnieke om kwalitatiewe data te genereer aldus Olsen (2012:35), is met die geselekteerde deelnemers gevoer. Die onderhoudvoerder, wat ook die eerste skrywer van hierdie artikel is, het hom laat lei deur die spesifieke skoolkonteks waar die leerders vandaan kom, asook die spesifieke kinders met wie hy gepraat het, en het na aanleiding van hoe hulle die vrae hanteer het, die onderhoude aangepas. Tydens die onderhoude wou die onderhoudvoerder by die deelnemers uitvind waarom hulle op spesifieke maniere optree en waarom ontgroening in skole as belangrik geag word al dan nie.

Die volgende vrae het as riglyne vir die onderhoude met die geselekteerde deelnemers gedien: Hoe voel jy oor ontgroening? Dink jy ontgroening is belangrik? Is daar kinders wat van ontgroening hou of nie hou nie? Dink jy leerders in skole moet ontgroen word? Hoekom, dink jy, word graad 8-leerders ontgroen? Dink jy dat koshuiskinders meer of minder as stadsleerders ontgroen word? Wat sê jou ouers oor ontgroening? Is hulle daarvoor of daarteen? Dink jy jou ouers is ontgroen of nie? Sal jy eendag ander kinders wil ontgroen? Is ontgroening vir jou deel van ’n skool se tradisie of moet dit gestaak word?

Die onderhoude, wat met die toestemming van die deelnemers opgeneem is, is getranskribeer (vgl. Theron en Malindi 2012:106). Daar is rugsteunkopieë van al die data gemaak om te verseker dat die data nie verlore gaan of vernietig word nie (vgl. Theron en Malindi 2012:107).

Aanvullend tot die onderhoude het ons die kommentaar van persone wat op die vraag “Hoe voel jy oor ontgroening by skole en universiteite?” gereageer het, gebruik om gewilde diskoerse bloot te lê. Ons beskou hierdie kommentaar as deel van dieselfde kategorie wat Merriam (2009:139–63) beskryf as dokumente wat nie beïnvloed word deur die navorser nie. Salmons (2017:189) beskryf dit as opsigtelike waarneming van gemeenskappe of gebeure op sosialemediaplatforms, wat beteken dat ons geensins betrokke was by die gesprekke of dit na enige kant toe probeer stuur het nie. Die webblad van RSG is ’n oop blad en enige persoon kan die inligting bekom. Die kommentaar is gevolglik in die openbare domein. Nogtans het ons die deelnemers aan die gesprek anoniem gemaak deur die databron slegs as “FB” aan te dui, sonder om die persone se name te noem. Die 73 FB-inskrywings en 16 getranskribeerde onderhoude dien as data vir hierdie studie.

3.4 Data-ontleding

Kwalitatiewe inhoudsontleding is as data-ontledingsmetode gebruik om gewilde diskoerse oor ontgroening uit te wys. Kwalitatiewe inhoudsontleding word gedefinieer as die stelselmatige vermindering van die inhoud, ontleed met spesiale aandag aan die konteks waarin dit geskep is, om temas te identifiseer en sinvolle interpretasies van die data te ontgin (Roller en Lavrakas 2015:232). Ons het riglyne vir kwalitatiewe inhoudsontleding, soos opgeteken deur Kuckartz (2013:19), gebruik om die transkripsies en FB-inskrywings te ontleed. Hierdie ontledingsproses bestaan uit vier fases: transkripsie, individuele gevalle-ontleding, algemene ontleding en kontrole.

Die eerste skrywer het so gou as wat dit ná die individuele onderhoude prakties moontlik was, die onderhoude woord vir woord getranskribeer. Die volgende twee fases, naamlik die individuele gevalle-ontleding en algemene ontleding, is onafhanklik van mekaar deur die eerste twee skrywers onderneem. Gedurende die individuele gevalle-ontledingsfase het die twee skrywers die data aangeteken en verminder deur wat hulle as belangrike frases en woorde beskou het, te beklemtoon en onbelangrike data uit te skakel. Elke onderhoud is op dié manier in betekenisvolle segmente of kodes opgebreek. Die volgende fase, die algemene ontleding, het ten doel gehad om tot meer algemene en teoretiese gevolgtrekkings te kom. Die twee skrywers het gepoog om deur voortdurende vergelyking ooreenkomste en verskille tussen die verskillende onderhoude uit te wys. Verbandhoudende kodes is in temas of diskoerse saamgevoeg. Gedurende hierdie fase het die twee skrywers gereeld na die oorspronklike onderhoude teruggegaan om seker te maak dat hulle nie te veel of te min in die data lees nie. Die indringende bestudering van die transkripsies het tot gevolg gehad dat beide skrywers vertroud geraak het met die belangrikste kodes en temas of diskoerse. Nadat hulle deur al die transkripsies gewerk het, het hulle ook stelselmatig deur die FB-inskrywings gegaan. Insigte verkry deur die ontleding van die FB-inskrywings is by die reeds bestaande kodes en temas gevoeg. Hierdie FB-inskrywings is weer eens gekodeer en verbandhoudende kodes is tot temas en subtemas saamgevoeg. Verbandhoudende temas geïdentifiseer tydens die ontleding van die onderhoude en FB-inskrywings is ook saamgevoeg. Hierna het die eerste twee skrywers die bevindinge (temas of diskoerse) verwoord en geïnterpreteer. Tydens die kontrolefase het die twee skrywers diepgaande besprekings gehad. Waar verskille geïdentifiseer is, het hulle tot ’n aanvaarbare vergelyk gekom.

3.5 Etiese navorsing

Hierdie studie voldoen aan Cohen e.a. (2007:51) se riglyne vir etiese navorsing. Die deelnemers se menswaardigheid, privaatheid, anonimiteit en vertroulikheid is eerbiedig. Die eerste skrywer, wat die onderhoude gevoer het, het tydens sy interaksie met die deelnemers elke individu se waardevolle insette beklemtoon. Die resultate van die studie is na afloop van die studie met groot omsigtigheid, en slegs as die leerderdeelnemers daartoe ingestem het, met lede van skoolbeheerliggame en skoolhoofde van die skole waaraan die leerders verbonde is, gedeel. Van die deelnemers was bang dat hulle skoolhoofde hulle sou kon identifiseer. Ter wille van anonimiteit het ons hierdie leerders se wense gerespekteer en nie die bevindinge aan hulle onderskeie skoolhoofde bekend gemaak nie. Resultate van die studie is met die Vrystaatse Departement van Onderwys (VDvO) gedeel. Daar word gehoop dat die VDvO hierdie inligting met ander distrikte en skole sal deel. Dit sal lei tot ’n groter bewuswording van gewilde diskoerse wat onwettige ontgroeningspraktyke in stand hou.

Monitor en Spektrum RSG se FB-bladsy is ’n openbare bladsy. Deelnemers aan die blad het dus hulle ontgroeningservaringe en hulle sieninge daaroor in die openbare domein geplaas. Dit sal vir sommige internetgebruikers moontlik wees om van die deelnemers te identifiseer. Ons het gevolglik besluit om kodes te gebruik in ons verwysing na spesifieke deelnemers. Uit die aard van die tipe data het ons nie toestemming van die FB-deelnemers verkry om hulle gesprekke as navorsingsdata te gebruik nie. Ons het egter met die nodige agting met inskrywings wat onder andere getuig het van sommige deelnemers se pyn en vernedering tydens hulle ontgroening, omgegaan (Raby en Raddon 2015:170).

Alle dokumentasie met betrekking tot die studie sal vir drie jaar in ’n kluis bewaar word, waarná dit vernietig sal word. Die leerders het vrywillig aan die studie deelgeneem en kon te eniger tyd onttrek, soos aangedui in die dokument wat elke deelnemer vooraf ontvang het. Alhoewel die deelnemers minderjarig was, moes hulle skriftelik toestemming vir hul deelname gee. Ouers van die leerderdeelnemers het ook dokumente ontvang waarin die studie verduidelik word. Die ouers is versoek om skriftelik toestemming vir hulle kinders se deelname te gee. Hierdie toestemmingsbriewe is in die besit van die eerste skrywer. Dokumente wat aan die leerders en hulle ouers verskaf is, bevat al die kontakbesonderhede van die eerste skrywer. Deelnemers en hulle ouers sou enige verdere onsekerhede met hom kon bespreek en sy identiteit as navorser kon verifieer.

Etiese klaring (UFS-HSD2017/0223) is van die Etiekkomitee van die Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit van die Vrystaat, verkry om die navorsing te doen. Skriftelike toestemming is van die VDvO verkry om die navorsing by geselekteerde skole uit te voer.

3.6 Integriteit van die navorsing

Om die geloofwaardigheid van die ondersoek te verhoog, is daar gepoog om aan die volgende betroubaarheidstrategieë, wat deur Nieuwenhuis (2007:113–4) aanbeveel word, te voldoen: triangulasie, deelnemerbesoeke, die gebruikmaking van meer as een kodeerder, die bevestiging van ons bevindinge deur van die deelnemers, en die weerhouding van veralgemenings:

  • Triangulasie maak gebruik van veelvoudige bronne of verskillende metodes om data in te win. In die studie het ons van triangulasie gebruik gemaak deurdat die eerste skrywer die data wat hy van een deelnemer gekry het deur ander deelnemers laat bevestig het. Die deelnemers was verbonde aan verskillende skole en grade. Ons het FB-inskrywings as ’n bykomende databron gebruik.
  • Deelnemerbesoeke is gebruik om die data en voorlopige vertolkings terug te neem na die deelnemers om seker te maak dat die inligting akkuraat gedokumenteer is. Tydens die deelnemerbesoeke het die deelnemers bevestig dat die onderhoude wat die eerste skrywer gevoer het, asook die transkripsies daarvan, die deelnemers se eie woorde was.
  • Die eerste twee skrywers het deur die getranskribeerde onderhoude en FB-inskrywings gewerk om die kerngedagtes van die deelnemers sowel as die FB-inskrywings uit te wys. Diepgaande konsensusgesprekke is tussen die eerste twee skrywers gevoer.
  • Die bevindinge wat uit die kodering van die onderhoude voortgevloei het, is aan van die leerderdeelnemers voorgehou om vas te stel in watter mate ons vertolking van die data strook met wat hulle bedoel het (bevestiging). Bevindinge wat uit die ontleding van die FB-gesprekke verkry is, is nie aan die FB-deelnemers of die aanbieder(s) van die spesifieke Monitor-uitsending voorgehou nie. Hoewel hierdie versuim ’n negatiewe invloed op die betroubaarheid van ons bevindinge mag hê, is dit in lyn met riglyne deur Raby en Raddon (2015:170) oor die gebruik van data wat vrylik beskikbaar is op die sosiale media.

Hoewel die doel van kwalitatiewe, interpretatiewe navorsing nie is om bevindinge te veralgemeen nie en bevindinge binne ’n spesifieke konteks geïnterpreteer moet word, kan bevindinge met groot omsigtigheid na soortgelyke kontekste oorgedra word (Buzzanell 2018:2). Dit is egter belangrik dat bevindinge nie onkrities en buite konteks op die breër Suid-Afrikaanse skoolbevolking van toepassing gemaak word nie. Die geloofwaardigheid van interpretatiewe studies word dikwels bevraagteken omdat daar nie feite nie, maar slegs interpretasies, in interpretatiewe navorsing bestaan (Bhattacharya 2012:466). Dit is derhalwe belangrik dat ons eerstens ons vooroordele en anti-ontgroeningshouding onomwonde stel en tweedens die navorsingsproses in besonderhede beskryf. Laasgenoemde sal dit vir ander navorsers moontlik maak om die studie binne dieselfde of ’n ander konteks te herhaal (Buzzanell 2018:2).

 

4. Bevindinge

Die diskoerse of temas wat met behulp van inhoudsontleding geïdentifiseer is, word vervolgens aan die orde gestel: die verskillende ontgroeningsaktiwiteite waaraan graad 8-leerders blootgestel is; die positiewe waarde van ontgroening; ’n pleidooi vir die voortbestaan van ontgroening op voorwaarde dat daar binne perke opgetree word; negatiewe sieninge rakende ontgroening; en volwassenes se hantering van ontgroening.

Tema 1: Ontgroeningsaktiwiteite wat die “ondergeskikte” leerders moes verrig

Leerders het tydens die onderhoude vertel dat hulle gedurende die eerste twee weke van hul hoërskoolloopbane “ingesout” is. Uit onderstaande bespreking van ontgroeningsaktiwiteite sal leerders met wie onderhoude gevoer is en FB-deelnemers se houding teenoor van die volgende aktiwiteite na vore kom: die dra van “snaakse” kleredrag, die sottekonsert, sinnelose en vernederende aktiwiteite, fisiek uitputtende aktiwiteite, mishandeling, finansiële skade en aktiwiteite met seksuele ondertone.

 Tema 1.1: “Snaakse” kleredrag en voorkoms

Kleredrag blyk gewild te wees as ’n manier van ontgroening. ’n Graad 8-meisie (respondent 1) het vertel dat hulle by die skool ’n program gekry het van verskillende temas waarvolgens hulle moes aantrek: “Een dag was dit ouma in Hollywood, die tweede dag, of een van die ander dae, was dit die groot vyf, en een van die ander dae was dit ’n Eskimo”. By sommige skole moes die nuwelinge die eerste twee weke hul klere onderstebo dra. Dit het veral die meisies se kele erg gepla: “Ja, onderstebo en agterstevoor om; hierdie ding hier [kraag] het my verwurg” (graad 11-meisie). ’n Graad 11-meisie het voorts vertel hoe hulle gedurende die eerste twee weke ingesout is. Hulle moes ’n naambordjie dra. Die leerder, of “sot”, se naam, asook dié van haar “tannie” (senior) was op die naambord. Petroleumjellie is in hul hare ingesmeer, hulle moes hul hare in “agt ponytails” dra, beenhare is op hul sykouse geplak, “en dan loop jy met ’n ui en ’n knoffelhuisie en ’n bottel ... jy mag nie jou hare was of jou beenhare skeer nie”. Respondent 1, ’n graad 8-meisie, het vertel dat die graad 8’s by haar skool met molasse besmeer is, waarná vere oor hulle gegooi is.

Op die oog af mag dit voorkom asof om aan te trek volgens verskillende temas, om klere onderstebo te dra, om petroleumjellie in hare te smeer, om nie hare te was of beenhare te skeer nie, of om met molasse besmeer te word, groot pret is. Dit het egter negatiewe finansiële, estetiese en higiëniese implikasies en is van geen opvoedkundige waarde nie. Genoemde ontgroeningspraktyke het dikwels ’n groot finansiële las vir die ouers van graad 8-leerders tot gevolg. Dit is duur om kinders uit te rus vir ’n nuwe skool en dié nuwe uitrustings word tydens ontgroening verniel. Voorts is adolessente dikwels skaam of baie gesteld op persoonlike higiëne en hul voorkoms.

 Tema 1.2: Sottekonsert

Dit blyk dat die sottekonsert of groentjiekonsert by baie skole die afsluiting van die ontgroening is. Nuwelinge moet items lewer wat deur hul seniors en opvoeders voorgeskryf is. Respondente 4 en 6, ’n graad 8- en 9-seun onderskeidelik, verbonde aan dieselfde skool, het vertel dat toe al die items van die sottekonsert klaar was en al die mense in die gehoor tevrede was, die nuwelinge moes begin skree. Hulle moes hul sottename uitskree totdat die gehoor en hul seniors tevrede was. Ná die konsert is die leerders dan geag as “ware” leerders van die skool wat hul skoolklere reg kon aantrek en ook dan eers hul skoolbaadjies kon dra. Dit was volgens respondent 5, ’n graad 11-meisie, verbonde aan dieselfde skool, erg om hul byname en dié van hul “tannies” te moes uitskree, ’n dansie te doen, hul naambordjies op te skeur en dan te wag vir die matrieks se kommentaar terwyl almal in die saal was. Indien die matrieks tevrede was met ’n spesifieke nuweling se skreeuery, het hulle dit so aangedui. As hulle nie tevrede was nie, moes die “sot” nog harder gil.

Verskeie volwassenes wat aan die FB-gesprek deelgeneem het, meen dat aktiwiteite soos die groentjiekonsert ’n aktiwiteit is wat sonder beserings kan plaasvind en spangees bou. FB 36 het in dié verband geskryf dat “spanwerk in hul klasse bevorder [word] deur danspassies te doen in klasverband sodra hulle ’n sekere liedjie hoor en ’n hoë kwaliteit groentjiekonsert saam te stel”.

Terugskouend het die volwassenes wat aan die FB-gesprek deelgeneem het, die sogenaamde sottekonserte positief as ’n spanbou-aktiwiteit beoordeel. Vir van die leerders met wie onderhoude gevoer is, het hul vernedering ten aanskoue van medeleerders, seniors en soms ouers nog te vlak in die geheue gelê. Kennis moet geneem word van Ellsworth (2006:54) se bevindinge oor sogenaamde onskuldige ontgroeningsaktiwiteite. Hy het bevind dat aktiwiteite wat op die oog af as onskuldige pret beskou kan word, soos om tydens die sottekonsert ten aanskoue van mede-ontgroendes, die portuurgroep en volwassenes verneder te word, deur baie nuwelinge as negatief beleef word. Dit kan volgens Ellsworth (2006:54) ernstige sielkundige letsels tot gevolg hê.

 Tema 1.3: Sinnelose en vernederende aktiwiteite

Terwyl sommige van die take wat die graad 8’s moes uitvoer op die oog af skadeloos voorkom, is ander take onsinnig en kan van die take moontlike negatiewe gevolge vir die nuwelinge se gesondheid inhou. Sommige aktiwiteite was daarop gemik om gekke van die nuwelinge te maak. Een persoon het op FB geskryf dat hulle moes “blaf vir bome tot hul terug blaf” en “seuns speel pop en meisies trek karretjies aan toutjies” (FB 16). Respondent 1, ’n graad 8-meisie, het vertel hulle moes soos varkspek “maak”: “Die matrieks [het] vir ons goeters gesê soos ‘maak asof jy bacon is’, dan moet jy nou daar staan en ‘sjjjjjj’.” ’n Persoon het op FB geskryf dat sy of hy “miere [moes] begrawe en ’n diens vir dit hou” (FB 30). Van die leerders het genoem dat hulle onsinnig tekere moes gaan op die skoolterrein. ’n Graad 11-meisie het byvoorbeeld genoem: “Dan moet jy harder skree en weer skree.” Een van die persone wat kommentaar op FB gelewer het (FB 21), het genoem dat hulle brandrissies en eierdoppe moes eet. ’n Deelnemer aan die FB-gesprek het genoem dat daar ’n tendens by sommige skole is om kinders “uit te haal” voor ander. Volgens hierdie FB-deelnemer wil leerders “voel hulle behoort aan ’n groot groep en vernedering in een tot een situasies breek daardie gevoel af pleks van bou”.

Tog was nie alle take wat die nuwelinge moes verrig sinloos nie. Leerders het byvoorbeeld vertel dat hulle die skoollied tydens pouse moes sing en naambordjies om hul nekke moes dra. Voorts het FB 29 genoem dat die graad 8-leerders al die seniors se name en vanne moes leer en vertroud moes raak met die uitleg van die dorp of stad waarin die skool geleë is. Volgens FB 29 was dié take “groot pret”.

Tema 1.4: Fisiek uitputtende aktiwiteite

Leerders het tydens die onderhoude genoem dat hulle aan fisiek uitputtende aktiwiteite moes deelneem. By die een skool moes die leerders, volgens drie graad 8-seuns (respondente 7, 8 en 9), baie hardloop, veral na ’n kragboks wat redelik vêr was. Hulle moes ook gedurende die eerste twee weke baie opstote doen. Respondent 6, ’n graad 8-seun, het vertel dat daar van die junior leerders verwag is om ’n vensterstok te neem en op hul koppe te sit en in die rondte te hardloop om lighoofdig te raak. Ontgroening vind hoofsaaklik gedurende Januarie, gewoonlik die warmste maand van die jaar in Suid-Afrika, plaas. Die gevaar van hitte-uitputting en ontwatering is altyd ’n moontlikheid as kinders aan fisiek uitputtende aktiwiteite blootgestel word.

Respondent 6, ’n graad 8-seun, het tydens die onderhoude genoem dat die koshuisleerders aan ’n nagmars moes deelneem sonder dat hulle enige lig by hulle gehad het en hulle gedwing was om kussingslope oor hulle koppe te trek. ’n Koshuismaat van hierdie deelnemer, ’n graad 9-seun (respondent 4), het genoem dat een leerder tydens die nagmars in ’n doringbos en ’n ander een teen ’n paal vasgehardloop het. ’n Ander maat het in ’n gat met water geval. Tydens die nagmars is vrot melk op die juniors gegooi. Volgens ’n graad 11-meisie (respondent 5), verbonde aan dieselfde skool, het die seniors ook klappers geskiet en gesê dat die “lokasie” op hulle is. Hierdie leerders het dan motorligte gesien en was bang (“jy skrik rêrig”), want die kussingslope oor hul koppe het min lig deurgelaat. Die meisies het ook vertel dat hulle glad nie geweet het waarheen hulle stap nie. Hulle was aangewese op waar die seniors gesê het hulle moes loop, kruip of spring: “Ek weet ons was een keer langs die kanaal. Ons moes kruip; dan kruip jy nou deur die gras en jy moet rol en daar’s niks in die pad nie; dan sal hulle vir jou sê: ‘Pasop, daar is ’n klip!’ Dan moet jy nou spring.” Van die seuns het bang geraak tydens die nagmars en besluit om eerder terug te hardloop skool toe (“en toe het hulle ons iewers gelos”) en hulle moes self die pad terug vind (respondent 6, graad 8-seun). Respondent 6 het ook vertel dat die nagmars baie sleg was vir sy kamermaat, wat sy skoene verloor het en gevolglik die roete kaalvoet moes voltooi. Dit is duidelik uit die voorafgaande dat die deelnemers aan die nagmars erg getraumatiseer is. Die kanse was ook goed dat die juniors erge beserings in die donker, op wat duidelik ’n ongelyke terrein was, kon opdoen.

Kinders se fiksheidsvlakke en uithouvermoëns verskil. Fisiek uitputtende, ondeurdagte aktiwiteite kan tot erge beserings, hitte-uitputting en selfs die dood van nuwelinge lei. Sodanige aktiwiteite kan as mishandeling beskou word. Pečjak en Pirc (2019:202) waarsku tereg dat weens die geheimhouding waarin ontgroening dikwels plaasvind, daar weinig – indien enige – toesig is wanneer nuwelinge aan erge oefeninge en mishandeling blootgestel word. Dit kan daartoe lei dat die grense van aanvaarbare gedrag oorskry word.

Tema 1.5: Mishandeling

Sommige leerders het, sonder om veel besonderhede te gee, na mishandeling verwys. ’n Graad 11-meisie (respondent 5) het byvoorbeeld gesê dat sy nie eendag kinders sal “mishandel” nie, want van die seuns gaan partykeer “te vêr”. Die meisie wou nie vertel wat hierdie “te vêr gaan” beteken nie. Een van die seuns het genoem dat die hardhandige wyse waarop hulle behandel is, nie vir hulle lekker was nie – “Baie maats het gelyk of hulle dit maar hard gevat het” (respondent 6, graad 8-seun). Respondent 3, ’n graad 9-seun, het tydens sy onderhoud genoem dat die leerders nie daarvan gehou dat die seuns die meisies moes duik of op hulle moes spring nie. Volgens hierdie seun moet seniors nie die juniors “te erg seermaak [nie]; dit moet net vir hulle lekker wees”. Dit wil voorkom asof die deelnemers wat op mishandeling gesinspeel het, van mening was dat die seniors die grense van aanvaarbaarheid oorskry het. Min besonderhede van die onaanvaarbare gedrag is gegee. Daar is egter geen twyfel nie dat om op iemand te spring of ’n persoon te duik erge liggaamlike beserings tot gevolg kan hê.

 Tema 1.6: Finansiële skade

Van die leerders wat aan die studie deelgeneem het, het vertel dat ontgroening hulle geld gekos het. Daar was byvoorbeeld seniors wat geëis het dat die graad 8-leerders hul sakgeld vir die seniors moes gee. Respondent 2, ’n graad 8-seun, het die volgende te sê gehad tydens sy onderhoud: “Ag, oom, dis net soos in die aande moes ons na hulle toe gegaan het ... ons moes vir hulle kos gee, ons moes geld gee; nee, ons het niks oorgehad nie.” Vir kinders wat vêr van die huis af is en boonop oor naweke in die koshuis moet bly, is die afneem van geld ’n besonder negatiewe ervaring en ook ’n onregverdige praktyk aan die kant van die seniors. Ander gebruike wat tot finansiële verlies vir leerders gelei het, sluit die volgende in: “Ons het soos op elke maand, die 25ste, dan is dit nou ‘Kersfees’; dan kan jou sot nou vir jou ’n geskenkie gee of net ’n briefie of so. En dan moet hulle Kersfeesliedjies sing by ete” (respondent 5, ’n graad 11-meisie). Daar bestaan geen twyfel by ons dat seniors wat geld en geskenke van nuwelinge geëis het, vir hulleself voorregte en mag toegeëien het nie. Hierdie seniors is skuldig aan magsmisbruik en -vergrype, soos verduidelik deur Kaufman (2006:28) in sy bespreking van die BMT (vgl. teoretiese begronding).

Tema 1.7: Aktiwiteite met seksuele ondertone

Uit die data blyk dit dat leerders se menswaardigheid aangetas kan word deur aktiwiteite met seksuele ondertone: “Ons lê so op ons maag en dan moet ons ‘olie boor’ in die gras met ons onderlyf … in die gras inboor, maar dis net ons seuns” (respondent 7, ’n graad 8-seun). Nog ’n ontgroeningspraktyk met seksuele ondertone, wat deur respondent 2, ’n graad 8-seun, genoem is, was dat junior seuns aan die matriek- of graad 8-meisies se borste moes vat. Sodanige simulasie van seksdade en die seuns se betasting van die meisies kan as ’n vergestalting en goedkeuring van geslagsgeweld en manlike oorheersing in heteroseksuele verhoudings gesien word (Johnson en Holman 2009:6). Verskeie van die leerderdeelnemers het daarop gewys dat sekere seniors dinge te vêr gevat het, maar wou geen verdere inligting verskaf oor wat die “te vêr vat” beteken nie. Respondent 6, ’n graad 8-seun, het byvoorbeeld gesê: “Na die twee weke, ek weet nie hoe om vir oom te sê nie, goeters het bietjie skeefgeloop met die matrieks en so en toe het hulle dit eintlik stopgesit.” Van die volwassenes se FB-kommentaar dui daarop dat ontgroeningspraktyke met seksuele ondertone langdurige nagevolge kan hê. ’n Volwassene het op FB geskryf: “Van dit [ontgroening] was pervers en onmenslik, ek walg om te dink waarnatoe dit nou al sou verander het as dit nog praktyk is. Dit ruk handuit.” Volgens FB 12 skend sulke praktyke kinders se “menswaardigheid ... vir die res van hulle lewe”. Die siening van die volwasse FB-deelnemers en leerders dat ontgroeningsaktiwiteite met seksuele ondertone die grense van aanvaarbare gedrag oorskry, vernederend is en negatiewe langtermyngevolge kan veroorsaak, stem ooreen met navorsing deur Anderson, McCormack en Lee (2012:430).

***

Bevindinge van hierdie studie oor die verskillende tipes ontgroeningsaktiwiteite waaraan leerder- en FB-deelnemers blootgestel is (vgl. die verskillende onderafdelings van tema 1), sal vervolgens naas bevindge van ander Suid-Afrikaanse en internasionale studies oor ontgroeningsaktiwiteite gestel word.

Deelnemers aan hierdie studie en die FB-inskrywings het melding gemaak van ’n groot verskeidenheid ontgroeningsaktiwiteite waaraan nuwelinge onderwerp is. Enkele voorbeelde van wat Pečjak en Pirc (2019:200) en die University of Virginia Police Department (2004:8–10) subtiele ontgroening noem, is tydens ons data-ontleding geïdentifiseer: die dra van snaakse klere; die dra van naambordjies; in die openbaar optree of ’n gek van jouself maak deur byvoorbeeld met poppe of karretjies te speel of miere te begrawe; en snaakse geluide maak.

Die volgende is enkele voorbeelde uit die studie van teisterende ontgroening (University of Virginia Police Department 2004:8–10; Pečjak en Pirc 2019:200): om met molasse of petroleumjellie besmeer te word; ’n verbod op persoonlike higiëne; die eet van sterk gekruide, vreemde of selfs oneetbare kosse (eierdoppe); simulasie van seksdade; en seksuele teistering en geweld teenoor vroue (om aan meisies se borste te vat).

Die derde kategorie van ontgroening wat Pečjak en Pirc (2019:200) en die University of Virginia Police Department (2004:8–10) geïdentifiseer het, is gewelddadige en gevaarlike ontgroening. Voorbeelde van hierdie tipe ontgroening wat tydens ons data-ontleding na vore gekom het, is soos volg: fisiek uitputtende aktiwiteite, soos om baie te hardloop, opstote te doen en met ’n vensterstok in die rondte te hardloop; nagmarse op ’n onbekende, ongelyke terrein met kussingslope oor die nuwelinge se koppe getrek; nuwelinge wat gedwing word om hul maats af te knou; en die opeis van nuwelinge se eiendom (geld en geskenke).

Navorsers (Johnson 2011:200; Huysamer en Lemmer 2013:11; De Wet 2014:159; Potgieter e.a. 2014:526) het onder meer die volgende ontgroeningsaktiwiteite geïdentifiseer: sinnelose, tydrowende aktiwiteite; die lewer van persoonlike dienste aan seniors; ontneming van slaap; beperkinge op persoonlike higiëne; om op nuwelinge te skreeu, te vloek of hulle te beledig; om nuwelinge te dwing om onvanpaste klere in die openbaar te dra; die eet of drink van afskuwelike en grillerige konkoksies of om met sulke konkoksies besmeer te word; om geslaan of geskop te word; die oormatige gebruik van alkohol; seksuele simulasie; seksuele aanranding; of selfs dood.

De Wet (2014:159) het voorts bevind dat daar van nuwelinge verwag is om onaanvaarbare dade te pleeg wat langtermyn- emosionele trauma tot gevolg kan hê, soos om ’n dier te mishandel of selfs te dood. In Huysamer en Lemmer (2013:11) se kwantitatiewe studie onder 292 Gautengleerders het 31,03% van die deelnemers byvoorbeeld aangedui dat seniors hulle gevloek het. Verder het 16,1% en 68,63% onderskeidelik aangedui dat hulle met ’n voorwerp geslaan is en gedwing is om uitermatig baie oefeninge te doen. Voorts het 12,16% van die deelnemers aan Huysamer en Lemmer (2013:11) se studie aangedui dat hulle vreemde konkoksies moes drink. Van die respondente (6,9%) het ook aangedui dat hulle gedwing is om alkohol te drink (Huysamer en Lemmer 2013:11).

’n Studie onder 214 Vrystaatse koshuiskinders het die volgende as die drie algemeenste ontgroeningsaktiwiteite waaraan hulle onderwerp is, uitgewys: 51,47% van die nuwelinge is gedwing om goed aan hul gesig en hare te smeer; 44,12% is gedwing om baie oefeninge te doen; en 36,76% van hulle is in die nag wakker gemaak om “werk te verrig” (Potgieter e.a. 2014:526). Nie een van die leerderdeelnemers aan ons studie of van die FB-inskrywings het direk na die gebruik van drank tydens die ontgroening van leerders verwys nie. Van die leerders het, sonder om in die besonderhede in te gaan, genoem dat dinge soms “te vêr” gevoer is. Daarenteen lê internasionale navorsers veral klem op die oormatige gebruik van alkohol tydens ontgroening (Ellsworth 2006:46; Anderson e.a. 2012:427; Silveira en Hudson 2015:7). Ons moet egter daarop wys dat genoemde navorsing op tersiêre onderwysinstellings (Ellsworth 2006:46) of die ontgroening van nuwelinge in sportspanne toegespits is (Ellsworth 2006:46; Johnson 2011:201).

Vervolgens dui ons die positiewe temas aan wat uit die navorsingsprojek geblyk het.

Tema 2: Positiewe waarde van ontgroening

Heelwat van die deelnemers was van mening dat ontgroening ’n positiewe waarde het. Waldron en Kowalski (2009:298) het bevind dat voorstanders van ontgroening uit hul pad gaan om die voortbestaan van hierdie tradisie te regverdig. Regverdiging vir die voortbestaan van ontgroening wat ons tydens ons data-ontleding geïdentifiseer het, word vervolgens bespreek. Temas 2.1 tot 2.3 handel oor wat ons as die beweerde karaktervormende waarde van ontgroening kan beskou. Temas 2.4 tot 2.5 werp lig op die aanspraak van voorstanders van ontgroening dat ontgroening ’n positiewe invloed op juniors se verhouding met medeleerders en die skool het. Tema 2.6 dui op positiewe belewing in die algemeen, naamlik om “pret te hê”.

Tema 2.1: Ontgroening “bring jou aarde toe”

Volgens sommige van die FB-inskrywings is ontgroening nodig om nuwelinge spreekwoordelik af te bring aarde toe. FB 31 het geskryf: “Daardie ek is net die beste blom in die blompot houding was binne 2 dae weg.” Volgens FB 31 was die rasionaal agter die “afkraking” van juniors dat “jy verneder moet word en swaarkry om beter in te pas”. FB 9 reken dat ontgroening deel van die grootwordproses is. Hy redeneer dat hy ontgroen is en dat dit belangrik is dat sy seun dieselfde pad met loop: “Niks was beter vir my as om so ’n bietjie ver[r]inneweer te word nie ... Vandag stap jou ou bloeitjie in die koshuis en dink van dag een af hy’s die kat se snor … terwyl hy niks weet van die tradisies nie. ’n Koshuis behoort nie ’n losieshuis te wees nie, dis ’n ruimte waar jy as mens dinge van die lewe leer.” Die redenasie onder van die leerderdeelnemers was ook dat graad 8’s op hul plek gesit moet word sodat hulle weet hulle is nie meer die belangrikste in die skool nie. Respondent 2, ’n graad 8-seun, het die volgende gesê: “Om net van die sotte van graad 7, net van hulle ‘attitude’ ontslae te raak dat hulle weet maar hulle is nou klein vissies in ’n groot dam.”

Die redenasie dat vernederende aktiwiteite van ’n nuweling ’n “beter”, onderdanige mens sal maak, is kenmerkend van diegene wat poog om, in ooreenstemming met die KDT en BMT, die vernedering van nuwelinge en die misbruik van mag te regverdig. Voorstanders van ontgroening, onder andere FB 9 wat selfs so vêr gaan om sy vernedering en dié van sy kind te regverdig, het waarskynlik hul morele kompas verloor (vgl. Parizek 2008:s.bl.).

Tema 2.2: Ontgroening maak jou sterk

In aansluiting by die voorafgaande tema oor die sogenaamde karakterbouende waardes van ontgroening, skryf FB 25 dat ontgroening haar sterker gemaak het: “Ek het ontgroening soos in die ou dae oorleef ... en geleer [om] nie op [te] gee as dinge moeilik raak nie.” Dié siening word deur FB 28 gedeel: “As jy ontgroening kan hanteer sal jy baie klappe in die lewe kan hanteer.”

Tema 2.3: Ontgroening het opvoedkundige waarde

Uit die data blyk dit dat van die deelnemers glo dat ontgroening opvoedkundige waarde het. Sowel leerder- as FB-deelnemers het die boodskap oorgedra dat ontgroening aan leerders waardes soos eerbied en netheid leer. Een van die deelnemers het selfs genoem dat diegene wat nie ontgroening ondergaan het nie, “nie reg [sal] lewe nie”. Leerders het byvoorbeeld gedeel dat hulle geleer het om nie hul koshuiskamers vuil te los nie. ’n Graad 8-seun (respondent 7) het die volgende gesê: “Jy kan nie net jou huis soos ’n varkhok los [nie].” Respondent 7, ’n graad 8-seun, het hierop uitgebrei deur te sê dat diegene wat nie ontgroen is nie, nie “reg” sal lewe nie: “Ja, hulle mis iets, want hulle kan byvoorbeeld nie reg lewe nie; hulle sal hulle huis vuil los en al daai goeters.” Van die jeugdiges het die belangrikheid van respek wat tydens die ontgroeningsproses onder die groep gevestig is, beklemtoon. Een leerder het gesê: “Jy kan sien ons het daai bietjie respek wat ons aan die begin opgetel het, oom; dit het ons nou vir die ouer persone” (respondent 6, graad 8-seun). Die redenasie was dat ouer leerders respek op die nuwelinge afgedwing het en dat dit die rede is waarom hulle hul seniors eerbiedig het. Voorts het FB 6 geredeneer dat “afbreek” en respek hand aan hand loop: “Ontgroening was altyd gewees om ’n mate van afkraking deur te gaan om jou seniors te respekteer en te besef jy is nie die grootman wat jy dink jy is nie. Maak hom ‘size’, werk sy gal, gee hom gas.” Hierdie deelnemer se redenasie kan as ’n vereenvoudigde vertolking van die KDT gesien word. Die siening van deelnemers dat ontgroeningsaktiwiteite tot respek vir seniors en selfdissipline lei, word deur Johnson (2011:221) en Silveira en Hudson (2015:6) verwerp. Johnson (2011:221) het bevind dat uitsluiting, vernedering en mishandeling tot die vernietiging van respek en vertroue lei.

Tema 2.4: Groepsgevoel onder kinders is belangrik

Een van die redes wat aangevoer is vir waarom ontgroening belangrik is, is dat dit spanbou en ’n gevoel van eenheid onder leerders tot gevolg het: “Goeters soos spanbou [is] belangrik” (respondent 8, graad 10-seun). Al het die leerders mekaar aan die begin nie goed geken nie, het die ontgroeningsproses, volgens hulle, daartoe bygedra dat hulle ’n hegter groep geword het: “So in die begin was dit [nie lekker nie], maar nou begin ons meer ’n lekker groep te raak noudat ons mekaar begin ken” (respondent 6, graad 8-seun); “Ja, ontgroening maak dat ons ’n hegter groep is” (respondent 1, graad 8-meisie). Verskeie FB-deelnemers het ook uitgelig dat die groep mekaar gewoonlik beter ken na ontgroening. Die volgende twee aanhalings is voldoende: “Dis ’n manier om mekaar te leer ken” (FB 3) en ontgroening is “een van die goed wat ons jaargroep ’n eenheid gemaak het” (FB 7).

Die redenasie dat groepsgevoel ’n belangrike uitkoms van ontgroening is en daarom as regverdiging vir die voortbestaan van ontgroening dien, word deur navorsing bevestig (Anderson e.a. 2012:428; Lafferty, Wakefield en Brown 2016:1; Silveira en Hudson 2015:7). Ontgroening word dikwels geregverdig op grond van die veronderstelling dat dit ’n groepsgevoel onder lede van sportspanne (Ellsworth 2006:50; Van Raalte e.a. 2008:502; Johnson 2011:204; Anderson e.a. 2012:430; Lafferty e.a. 2016:2), orkeste (Silveira en Hudson 2015:7), koshuise (Ellsworth 2006:49; Huysamer en Lemmer 2013:11; De Wet 2014:151) en skole (Huysamer en Lemmer 2013:11; De Wet 2014:151; Silveira en Hudson, 2015:7) vestig.

Van Raalte e.a. (2008:502) het in ’n ondersoek na die moontlike invloed van ontgroening op spanbou bevind dat daar ’n negatiewe korrelasie tussen spanbou en ontgroening is indien daar van spanlede verwag word om “onvanpaste” aktiwiteite te verrig. Van Raalte e.a. (2008:500) lys drie kategorieë onvanpaste ontgroeningsaktiwiteite, naamlik passiewe mishandeling van die slagoffer (nuweling), gedwonge selfmishandeling of vernedering, en gedwonge mishandeling van ander. In aansluiting hierby het Johnson (2011:222) bevind dat die vernedering en mishandeling van nuwelinge tot ongelykheid en ’n gebrek aan eenheid (“communitas”) lei. Uit tema 1 blyk dit dat sekere onvanpaste aktiwiteite algemeen onder van die leerders met wie onderhoude gevoer is, voorgekom het; nuwelinge is nie net mishandel en verneder nie, maar hulle moes ook deur hul optrede hulleself en ander mishandel en verneder. Indien Van Raalte e.a. (2008:500) se navorsingsbevindinge saam met dié van die huidige studie oor die tipes aktiwiteite waaraan deelnemers aan die studie blootgestel is, gelees word, word die siening van deelnemers dat ontgroening tot groepsgevoel lei, bevraagteken.

Tema 2.5: Ontgroening is tradisie en maak jou deel van die skool

’n Standpunt wat sterk na vore gekom het tydens die onderhoude en op FB, is dié van skooltradisie. Die jeugdiges het verduidelik dat ontgroening belangrik is en ’n mens deel van die skool maak: “Ja, dit moet plaasvind, want dit is deel van die skool se tradisie en alles om die kinders te ontgroen en deel te maak van die skool” (respondent 3, graad 9-seun). Respondent 1, ’n graad 8-meisie, het voorts gesê: “Ons moes meer van die skool en sy geskiedenis leer. Ons het ’n toets geskryf.” Die leerders wat reeds deur die graad 8-ontgroening is, het ’n sterk mening oor die nuwelinge en dit waaraan hulle gewoond moes raak, gehad – “Ek dink omdat hulle in ’n hoërskool inkom, nou moet hulle gewoond raak aan goed wat ons in die hoërskool doen en lat hulle nie meer in die laerskool is nie” (respondent 4, graad 9-seun).

In aansluiting hierby het FB 25 geskryf dat hy of sy geleer het van “tradisies en bymekaar staan”. Ontgroening word gesien as ’n belangrike hindernis vir leerders om te oorkom om volledig deel van die skool te wees en omdat dit tradisie is: “Ja, dit moet plaasvind, want dit is deel van die skool se tradisie en alles om die kinders te ontgroen en deel te maak van die skool” (respondent 3, graad 9-seun) en “Ek dink ons is die nuwelinge … [Wat hulle ons wil wys] is die tradisies van [die skool] en al daai goeters” (respondent 7, graad 8-seun). Een van die graad 9-seuns (respondent 4) het geredeneer dat ontgroening en tradisie nodig is, want anders is ’n skool nie ’n goeie skool nie: “Ek dink ontgroening is deel van die skool vir fun en die tradisie van die skool, want sonder die tradisie in die skool is dit nie ’n goeie skool nie”.

Die leer van die skoollied was vir die nuwelinge baie belangrik en hulle moes dit woord vir woord regkry. ’n Leerder het die volgende in dié verband vertel: “Die matrieks het ons die skoollied geleer en elke keer as ons hom nie geken het nie, moes ons gehardloop het” (respondent 3, graad 9-seun).

Dit wil voorkom uit die data-ontleding of van die leerders en volwassenes nie wil hê dat ontgroening gestaak moet word nie. Dit is ’n tradisie waaraan hulle vashou en dit lyk of hulle glo dat dit deel van die skool moet bly. Die onkritiese aanvaarding van ontgroening as deel van die tradisie van ’n (goeie) skool is volgens Waldron en Kowalski (2009:297) niks anders as ’n herbevestiging van magstrukture (temas 4.4 en 4.5) nie. Die gevaar bestaan ook dat ontgroening tot ’n kuddementaliteit kan lei (sien tema 2.4).

Tema 2.6: Ontgroening is pret

Verskeie van die graad 8-leerders het die mening gedeel dat die ontgroening pret was. Die volgende twee voorbeelde is voldoende: “Ek het daarvan gehou … ek wou dit gedoen het” (respondent 7, graad 8-seun) en “Alles was lekker” (respondent 6, graad 8-seun). Die siening is deur van die FB-deelnemers gedeel. So het FB 29 ontgroening as “groot pret” beskryf en het FB 9 genoem dat hy of sy dit “geniet” het.

Waldron, Lynn en Krane (2011:113) het bevind dat nuwelinge selde sal erken dat ontgroeningsaktiwiteite vernederend en afbrekend is. Omdat nuwelinge ten alle koste deel van die skool en sy tradisies wil word (tema 2.5) en deur die “groep” aanvaar wil word (tema 2.4), is hulle volgens Waldron e.a. (2011:113) bereid om vernedering te verduur. Dias en Sá (2014:448) onderskryf dié siening; volgens hulle is nuwelinge bereid om die “ontgroeningspel” volgens die reëls wat die seniors neerlê, te speel ter wille van aanvaarding deur die portuurgroep en seniors.

Hoewel ons nie ontken dat sommige van die dit-was-pret-uitsprake wel die waarheid mag wees nie, kan van die uitsprake ook kenmerkend van die KDT wees. Nuwelinge vertel vir hulleself en ander dat ontgroening pret is. Hulle is bereid om, ter wille van aanvaarding, verneder en afgeknou te word en oor hul lyding te swyg. Dit het tot gevolg dat dinge wat dikwels tydens ontgroening agter die skerms gebeur, selde of ooit openbaar gemaak word.

Tema 3: ’n Pleidooi vir die voortbestaan van ontgroening op voorwaarde dat daar binne perke opgetree sal word

Baie van die leerders wat aan die studie deelgeneem het, was van mening dat ontgroening nie afgeskaf moet word nie: “Nee, ek dink dit moet aangaan” (respondent 1, graad 8-meisie) en “Ek dink dis belangrik dat ons ontgroen word” (respondent 6, graad 8-seun). Kommentaar op FB gee die indruk dat van die deelnemers reken dat ontgroening ’n onlosmaaklike deel van ’n kind se hoërskoolloopbaan is. Volgens van die FB-deelnemers moet “almal” dit deurmaak. Hulle reken egter dat die “skoolhoof se reëls” in ag geneem moet word en dat prefekte toesig moet hou oor ontgroeningsaktiwiteite.

Heelwat van die leerders het gereken dat hulle self ook eendag deel wil wees van dié wat ander ontgroen, maar dat hulle seker sal maak dit gaan nie “te vêr” nie. ’n Graad 8-seun het byvoorbeeld gesê: “Ja, ek sal hulle natuurlik wil ontgroen … maar ek sal hulle nou nie soos in erg hanteer en … slaan nie.” In aansluiting hierby het respondent 3, ’n graad 9-seun, gesê: “Ek sal … hom [nie] slaan en seermaak nie; ek sal net rustig op hom wees.” Verskeie persone wat kommentaar op FB gelewer het, het ook klem op die noodsaaklikheid van perke gelê: “Dit is wonderlik, mits dit reg toegepas word” (FB 8); “Dit kan ’n slegte ding wees, maar ook lekker, dit alles hang af van hoe so iets hanteer word” (FB 8); en dit is “in orde solank dit niemand beseer of verneder word nie” (FB 45).

’n Belangrike verskil tussen die aangehaalde voorstanders van ontgroening (tema 2) en dié waarna daar onder temas 4.4 en 4.5 (die vestiging van ’n magsiklus) verwys word, is dat die aangehaalde volwassenes en kinders onder tema 5 beklemtoon het dat ontgroeningsaktiwiteite binne perke moet plaasvind. Waldron en Kowalski (2009:300) vestig die aandag op wat hulle beskou as ’n teenstrydigheid in die denkwyse van voorstanders van ontgroening – hulle is ten gunste van ontgroening mits dit binne perke plaasvind. Tog word daar jaar na jaar in mediaberigte klem gelê op die magsvergrype tydens ontgroening wat selfs tot die dood van diegene wat ontgroen word, kan lei. Waldron en Kowalski (2009:300) kom tereg tot die gevolgtrekking dat seniors nie weet waar om die streep te trek tussen wat as aanvaarbare en wat as onaanvaarbare ontgroeningsaktiwiteite beskou word nie.

Tema 4: Negatiewe sieninge rakende ontgroening

In teenstelling met die positiewe kommentaar deur die leerderdeelnemers en volwassenes (FB-kommentaar) (tema 2), was daar ook sommige wat ontgroening gekritiseer het. So het FB 42 byvoorbeeld ontgroening as “vals en sotlik en barbaars” beskryf en FB 43 het gesê dat dit “absolute twak” is wat “op alle vlakke verbied [behoort] te word”. Voorts het FB 39 ontgroening as “’n absolute onding by skole” beskryf en voel hy of sy “[d]aar is geen manier wat matriekkinders kan weet hoe om oordeelkundig met graad 8 kinders te handel nie”. Van die leerderdeelnemers was ook gekant teen ontgroening. Respondent 8, ’n graad 10-seun, was van mening dat ontgroening “eintlik onnodig” is en dat dit “vernederend raak”. In aansluiting hierby het respondent 8 (’n graad 10-seun) ook genoem dat ontgroening onnodig is. Hy het oriëntering as ’n alternatief voorgestel.

Die data-ontleding het lig gewerp op die volgende standpunte van diegene wat wil hê dat ontgroening afgeskaf moet word: juniors beleef ontgroening as negatief; ontgroening is ’n sinnelose mors van tyd en geld wat ernstige kort- en langtermyngevolge kan hê; en ontgroening is eintlik onwettige boeliegedrag. Voorts is seniors magsbehep en maak hulle hulself skuldig aan magsvergrype. Ontgroening vestig ook ’n magsiklus.

Tema 4.1: Ontgroening was ’n negatiewe ervaring

In teenstelling met leerder- en FB-deelnemers wat gereken het ontgroening is “pret” (tema 2.6), het sommige aangedui dat hulle ontgroening as negatief beleef het. Respondent 4, ’n graad 9-seun, het byvoorbeeld gesê: “Ek het nie baie gesien wat gehou het van die goed wat ons gedoen het nie, maar party het dit ge-like.” Respondent 3, ’n graad 9-seun, het ook genoem dat daar heelwat kinders was wat glad nie van die ontgroening gehou het nie – “Hulle het niks ge-like wat ons gedoen het nie.” Een deelnemer het aangedui dat hy sommige dae nie lus was vir ontgroening nie: “Daar was party dae wat jy bietjie af is, dan voel jy nou nie lekker nie en dan karring mense aan jou” (respondent 6, graad 8-seun). Respondent 6, ’n graad 8-seun, het soos volg vertel van sy negatiewe belewing van die sottekonsert: “Die sottekonsert, dit was … [lang stilte] ek weet nie hoe om vir oom te sê nie, dit was lekker-sleg. Ek weet nie hoe om daai te noem nie. Om te skree voor almal was nie vir my lekker nie.” Hierdie seun het ook genoem dat “na die twee weke, ek weet nie hoe om vir oom te sê nie, goeters het bietjie skeefgeloop met die matrieks en so en toe het hulle dit eintlik op ’n stop gaan sit”.

Die botsende emosies van die leerderdeelnemers het duidelik na vore gekom in tema 4.1. Respondent 4 het met ooglopende ongemak (die lang stilte) verwys na sy “lekker-sleg” belewing van die sottekonsert en “goeters” wat ’n “bietjie skeefgeloop” het. Die aarselende en eufemistiese verwoording van sy eie, en ook ander, se ontgroening is tiperend van KDT. Dit is asof respondent 4 nie in staat is om te verwoord (“Ek weet nie hoe om vir oom te sê nie”) wat dit is wat ’n “bietjie skeefgeloop” het nie. Die grudood van Tim Piazza van Penn State Universiteit in die VSA op 3 Februarie 2017 as gevolg van ontgroening wat handuit geruk het, is ’n voorbeeld van ontgroening wat nie “bietjie” nie, maar “baie”, skeefgeloop het (Bruckner 2018:460).

Die behoefte van nuwelinge om ten alle koste deel van die groep te wees (tema 2.4) en erkenning aan die skool se “tradisie” te gee (tema 2.5) kan redes wees vir van die deelnemers se onwilligheid om hul negatiewe ervarings te verwoord. Hierdie onwilligheid vind aanklank by Richardson, Wang en Hall (2012:173) se bevinding dat fluitjieblasers gewoonlik net na vore kom indien ontgroeningsaktiwiteite reeds te vêr gevoer is (sien ook tema 3 vir sinspeling daarop dat ontgroeningsaktiwiteite soms wel te vêr gevoer word). Daar is waarskynlik verskille tussen wat seniors, nuwelinge, skoolhoofde en ouers verstaan onder “te vêr gevoer”. Vir respondent 6 het dinge ’n “bietjie skeefgeloop”; die senior student van Penn State Universiteit het die mediese noodnommer geskakel toe dinge reeds baie skeefgeloop het en Tim Piazza op rand van die dood was (Bruckner 2018:460).

Die onwilligheid van die leerders om dit wat met hulle gebeur het, te verwoord, kan gesien word as ’n poging om hulle daarvan te distansieer. Dit kan ernstige kort- en langtermyngevolge inhou (tema 4.2) en tot ’n voortsetting van die magsiklus (tema 4.5) lei. Die geheimhouding waarin ontgroening gehul word en die onwilligheid van ouers en nuwelinge om die stilte te verbreek, is ’n belangrike tema in die ontgroeningslektuur (Waldron en Kowalski 2009:297; Waldron e.a. 2011:113; Richardson e.a. 2012:174).

Tema 4.2: Ontgroening is ’n sinnelose mors van tyd en geld wat ernstige kort- en langtermyngevolge kan hê

Voorstanders van ontgroening redeneer dat ontgroening positiewe waardes, soos respek en lojaliteit teenoor die skool en medeleerders, vestig. Daarteenoor redeneer diegene wat teen ontgroening gekant is dat ontgroening ’n sinnelose mors van tyd en geld is. FB 23 het in dié verband geskryf: “Dis nou deesdae so ’n gemors en word te vêr gevat. Bedoelende die kinders kry seer en moet belaglike goed doen.” FB 23 het voorts vertel dat min werk tydens die oriënteringstydperk in die klasse gedoen word, want baie van die opvoeders is by die ontgroening betrokke: “My dogter is nou in graad 9 en omdat al die opvoeders betrokke is by die Graad 8’s se ontgroening, word daar nog niks werk gedoen nie. So, die hele skool ly daaronder.” FB 33 het geskryf: “Nog nooit was ‘afbreking’ van enige mens goed nie.” Die standpunt dat ontgroening juniors “sterker” maak (tema 2.2), word sonder om doekies om te draai deur van die FB-deelnemers verwerp. In aansluiting by voorafgaande het FB 13 geskryf dat ontgroening ’n gevoel van haat en rebelsheid by ’n mens tot gevolg kan hê: “Dit maak nie almal sterker, vir party mense breek dit of vestig ’n haat of ’n rebelsheid.” FB 17 het geredeneer dat sinnelose aksies, soos om “nuwelinge met eiers te doop”, geen doel dien nie. Inteendeel, “die groentjies verloor die laaste bietjie respek vir hul seniors”.

Verskeie deelnemers aan die FB-gesprek was van mening dat ontgroening heeltemal gestaak moet word omdat dit kinders sielkundig kan knak, veral introverte. FB 2 en FB 7 het daarop gewys dat sommige mense voel dat ontgroening onskuldig is, totdat hul eie kinders se lewe daardeur verwoes word. Volgens hierdie twee FB-deelnemers is baie kinders weerloos wanneer ’n situasie handuit ruk. Volgens FB 7 bestaan die gevaar dat kinders mekaar opsweep, en in ’n poging van seniors om te wys wie die oorheersende seniors is, kan erge wandade gepleeg word. FB 5 het geskryf dat kinders soms seerkry wanneer hulle belaglike aksies moet uitvoer. Volgens FB 5 tas ontgroeningspraktyke kinders se menswaardigheid aan. FB 5 het geredeneer dat nie alle seniors die onderskeidingsvermoë oor wat reg en wat verkeerd is, het nie. Diegene wat grense oorskry kan volgens FB 5 kinders se menswaardigheid “vir die res van hulle lewe” skend. In aansluiting hierby waarsku FB 44 dat ontgroening “soms letsels lewenslank” laat. Dieselfde deelnemer het geskryf: “Kinders ken nie die einde nie. Gaan net aan en verniel die kinders.” FB 17 het aangedui dat die beginsel van om verneder te word en swaar te kry om beter in te pas “vals, sotlik en barbaars” is. FB 43 het genoem dat “kinders … al met hulle lewens geboet” het tydens ontgroening en het pertinent gevra: “Hoe kan dit [ontgroening] dan enigsins aanvaarbaar wees?” FB 43 het die standpunt dat die vernietiging van ’n jongmens se lewe ter wille van groepsgebondenheid of hegemonie onaanvaarbaar is, ondersteun.

Tema 4.3: Ontgroening is onwettige boeliegedrag

Twee FB-deelnemers het geredeneer dat ontgroening en boeliegedrag hand aan hand gaan. FB 7 het geskryf dat “ontgroening bloot mishandeling is wat gewettig is, dit word gedryf deur boelies wat nou wettig kan mishandel soos hulle wil”. Eweneens het FB 15 geredeneer dat ontgroening niks anders as boeliegedrag is nie: “Nou met ontgroening kan hulle boelie onder die dekmantel van ontgroening.” FB 7 is bekommerd dat ontgroening aan boelies die geleentheid gee om ander leerders op ’n “wettige” manier te verneder – “Dit gee boelies die geleentheid om hulle volgende slagoffers te kies en hulle op ’n daaglikse basis te verneder onder die vaandel van ontgroening.” Hierdie twee deelnemers het geïnsinueer dat boeliery sienderoë onder die dekmantel van ontgroening toegelaat word. FB 7 het egter tereg daarop gewys ontgroening verbode is – “Enige ontgroening is mos taboe. Waaroor nog oor die onderwerp praat? Indien dit nog plaasvind moet daar opgetree word teen die oortreders.”

Ontgroening in Suid-Afrikaanse onderwysinstellings is reeds in 2002 verbied met die uitvaardiging van die Regulations to prohibit initiation practices in schools (RSA 2002). Dit is daarom kommerwekkend dat die breë publiek van die veronderstelling uitgaan dat ontgroening toelaatbaar onder die Suid-Afrikaanse reg is. Voorts bepaal artikel 8 van die Skolewet (RSA 1996b) dat beheerliggame gedragskodes vir leerders moet opstel. Die Guidelines for the consideration of governing bodies in adopting a code of conduct for learners (RSA 1998) stel riglyne voor vir die opstel van sodanige gedragskodes vir leerders. Dit is derhalwe die verantwoordelikheid van beheerliggame om alle onaanvaarbare gedrag, ontgroening en boeliegedrag inkluis, te verbied. Daar is geen rede waarom ontgroening of boeliery steeds in skole en koshuise plaasvind nie.

Alhoewel daar magsvergrype by sowel boeliegedrag as ontgroening voorkom, is dit belangrik om die verskil tussen die twee tipes onaanvaarbare gedrag uit te wys. Waar ontgroening te make het met die verkryging van toegang tot ’n span, ’n skool of ’n vereniging deur middel van geestelike en liggaamlike pyn en lyding, verwys boeliery meer in die algemeen na hoe spesifieke leerders oor ’n tydperk deur ’n ander leerder of groep leerders geteiken en leed aangedoen word. Die doel met boeliery is egter nie toelating tot ’n groep nie (Silveira en Hudson 2015:6).

Tema 4.4: Seniors is magsbehep en maak hulle skuldig aan magsvergrype

’n Tema wat sterk na vore gekom het, hou verband met magsvertoon, magsbeheptheid en magsvergrype en vind neerslag in die BMT. Tydens die onderhoude het baie van die leerders aangedui dat die senior leerders altyd met een of ander titel aangespreek moes word. Een so ’n voorbeeld was die naam “generaal” wat veral deur meisies gebruik moes word indien hulle ’n senior op die stoep of skoolterrein sou gewaar. Dit was duidelik uit die onderhoude dat die matrieks hulleself as “magtig” voorgehou het. Die volgende twee aanhalings illustreer dié siening: “Daar was omtrent so twaalf baie kwaai matrieks; jy moes hulle as ‘generale’ aangespreek het” (respondent 1, graad 8-meisie); “Ons het baie kwaai tannies gehad en as ’n matriektannie uitvind jy het ’n kêrel in die skool en jy is in graad 8, haal hulle jou uit in die gange” (respondent 5, graad 11-meisie). Van die FB-deelnemers se herinneringe stem hiermee ooreen. FB 17 het geskryf: “Daar is altyd, maar altyd een of twee sogenaamde ‘seniors’ wat magsbehep raak en dinge te vêr vat.” FB 17 was van mening dat die seniors nie volwasse genoeg is om graad 8-leerders te ontgroen nie – “Daar is geen manier wat matriekkinders weet hoe om oordeelkundig met graad 8-kinders te handel nie.”

Uit voorafgaande paragraaf blyk dit ontgroening deur magsbehepte prefekte en matrieks misbruik word om magstrukture en sosiale rangorde te vestig en in stand te hou (vgl. Kaufman 2006:28 se verduideliking van die BMT). Volgens Waldron e.a. (2011:120) kan magsvergrype deur die leiers (prefekte) en ander seniors voorgehou word as aanvaarbare gedrag. Dit kan tot gevolg hê dat leerders van ’n sekere skool glo dat geweldpleging en vernederende, afbrekende gedrag die norm is.

Dit is moeilik om uit die onderhoude af te lei in watter mate die seniors verbonde aan die skole waar ons onderhoude met leerders gevoer het, hulle aan ernstige magsvergrype skuldig gemaak het. Daar is byvoorbeeld verwys na “kwaai matrieks” (respondent 1, graad 8-meisie) en “goeters [wat] bietjie skeefgeloop” het (respondent 6, ’n graad 8-seun). Gevolglik weerhou ons ons daarvan om meer uit die onderhoude te lees as wat die leerders gesê het.

Dit is egter veilig om tot die gevolgtrekking te kom dat daar ’n mate van geheimhouding en selfs skaamte by die leerders te bespeur was (vgl. Diamond, Callahan, Chain en Solomon 2016:152). Skaamte en geheimhouding staan in sterk kontras met die diskoers dat ontgroening “pret” is (tema 2.6). Daar het ’n onwilligheid onder van die nuwelinge geheers om met ons oor hul negatiewe ontgroeningservarings te praat. Die geheimhouding waarin ontgroening dikwels gehul word (Waldron en Kowalski 2009:297; Waldron e.a. 2011:113), het tot gevolg dat navorsers hulle dikwels tot die nuus en sosiale media wend om insig in die magsmisbruik wat onder die dekmantel van oriëntering by onderwysinstellings plaasvind, te verkry (Edelman 2004:23; De Wet 2014:149; Bruckner 2018:459–93). Waldron en Kowalski (2009:297) en Waldron e.a. (2011:114) het bevind dat nuwelinge (en hul ouers) dikwels onwillig is om oor wandade tydens ontgroening te praat uit vrees dat dit tot die bespotting, uitsluiting en selfs erger ontgroening van die fluitjieblasers kan lei.

Tema 4.5: Magsiklus

Dit blyk uit die onderhoude dat die magsiklus ’n sterk tema is onder die leerders wat ontgroen is. Leerders glo dat, omdat hulle ontgroening deurgemaak het, hulle weer die “reg” het om ander te ontgroen. Respondent 2, ’n graad 8-seun, het dit soos volg verwoord: “Na twaalf jaar van skool is jy nogals moeg om jou tas self te dra, om jou koshuiskamer netjies te maak; dan is dit mos nou lekker om net vir daai twee weke of wat iemand te hê wat dit vir jou doen. Jy maak hom basies net soos reg vir die lewe.” Dit het duidelik tydens van die onderhoude na vore gekom dat van die graad 8-deelnemers genoemde “reg” nie gelykstel aan magsvergrype nie. Die volgende uittreksel uit ’n ietwat onsamehangende onderhoud illustreer dié standpunt: “Ek sal dit ook wil doen, maar ek sal dit nou nie oordoen, hom soos in slaan en seermaak nie; ek sal net rustig op hom wees” (respondent 3, graad 9-seun). Daarenteen was respondent 6, ’n graad 8-seun, nie seker of hy aan ontgroeningspraktyke sou wou deelneem nie. Dit blyk uit onderstaande effe onlogiese verwoording van ontgroening dat hy nie die magsiklus in stand wil hou nie: “Ek dink rêrig as ek dit gaan doen, kan ek in ’n kleiner mate; ek kan nie doen wat die kinders doen; hulle het nie iets slegs gedoen nie, maar daai harde manier wat hulle, ek weet wat ek gesien het, is nie lekker nie. Dit wat hulle gedoen het, wil ek nie aan iemand anders doen nie.” Waldron e.a. (2011:120) het ook bevind dat seniors hulleself die reg toe-eien om ander te ontgroen omdat hulle ontgroen is. Ten spyte van die feit dat ontgroening onwettig is in Suid-Afrika, het dit ’n magsiklus tot gevolg wat moeilik verbreek sal word.

Tema 5: Volwassenes se hantering van ontgroening

Tema 5.1: Ouers

Uit die data-ontleding het twee teenstrydige standpunte oor die rol van ouers in die instandhouding van ontgroeningspraktyke na vore gekom. Diegene wat teen ontgroening gekant is, is ongenaakbaar in hul kritiek teen ouers wat hulle nie teen ontgroeningsaktiwiteite uitspreek nie. FB 37 het dié standpunt en kritiek soos volg verwoord: “Ouers [gee] liewer hulle kinders oor in die hande van barbare, en sodoende leer die kind niks nie.” FB 37 het voorts geskryf dat “ouers … sterk teenkanting [moet] maak teen skole of universiteite wat dit [ontgroening] nog toelaat”.

Uit van die onderhoude met leerders wil dit voorkom asof van hul ouers hulle vereenselwig met die standpunt dat ontgroening nodig is, maar dat daar perke gestel moet word. Respondent 2, ’n graad 8-seun, het byvoorbeeld gesê: “Hulle [my ouers] stem ook soos in saam dat ontgroening nodig is; hulle was self ook ontgroen, maar daar is wel perke.” Meer as een leerder het genoem dat hul ouers oor hul kinders (die deelnemers) se ontgroeningservarings gelag het. Respondent 4, ’n graad 9-seun, het byvoorbeeld gesê: “Hulle het net vir my gelag en gesê dit klink lekker; hulle sal dit ook wil doen.” ’n Graad 11-meisie (respondent 5) het vertel dat haar pa gelag het oor haar ontgroeningservarings en gesê dat die ontgroening haar goed sal doen en sterker sal maak. ’n Graad 8-seun, respondent 6, het gesê: “My pa het saam met my gelag as ons vir hom snaakse goed vertel het. Hulle het eintlik ’n positiewe reaksie daarop gehad.” Hierdie positiewe sentimente word deur respondent 3, ’n graad 9-seun, se ouers gedeel: “Hulle het gelag en gesê dis seker lekker.” Respondent 1, ’n graad 8-meisie het vertel dat die ouers teenwoordig was tydens die laaste ontgroeningsaktiwiteit by die skool. Die ouers kon die ontgroeningsaktiwiteite vanaf die skool se balkonne dophou.

Die standpunt van FB 37 dat die voortlewing van ontgroening op die skouers van ouers wat hulle nie teen ontgroening uitspreek nie, geplaas moet word, is ten volle deur van die leerderdeelnemers bevestig. Volgens dié leerders het hul ouers gedink ontgroening is pret en dit gaan hulle sterk maak. Die positiewe houding van ouers maak dit vir hul kinders moeilik om hulle teen ontgroening uit te spreek of selfs net te erken dit was ’n negatiewe ervaring. Hierdie kinders sal hulleself eerder van die negatiewe belewing distansieer en vir hulleself, hul ouers en selfs die onderhoudvoerder jok (KDT). ’n Bevinding van hierdie studie, naamlik dat ouers se positiewe ingesteldheid teenoor ontgroening en hul geromantiseerde terugblik op hul skooldae ontgroening laat voortleef, word deur Huysamer en Lemmer (2013:3) bevestig.

Tema 5.2: Die teenwoordigheid, al dan nie, van verantwoordelike volwassenes tydens ontgroeningsaktiwiteite

In 2002 is alle vorme van ontgroening aan Suid-Afrikaanse onderwysinstellings verbied (RSA 2002). Ten spyte van die verbod skryf sommige voorstanders van ontgroening dat ontgroening moet voortgaan, op voorwaarde dat dit onder volwasse toesig moet plaasvind – “Dit behoort te geskied met onderwysers se toesig” (FB 15). FB 38 het geskryf dat “die oorgrote meerderheid aktiwiteite … onskuldige pret [is] wat onder behoorlike supervisie plaasvind”. FB 49 het ook gepleit vir die teenwoordigheid van opvoeders tydens ontgroeningsaktiwiteite. Hierdie deelnemer het geskryf dat kinders se menswaardigheid aangetas kan word wanneer opvoeders nie teenwoordig is nie. Dit kan volgens hom of haar tot magsvergrype lei – “Dit is en was nog altyd ’n aksie wat nie onder beheer of toesig plaasgevind het nie … die koshuise van ouds was nog erger. Dis die ergste vorm van om kinders se menswaardigheid te skend.”

Uit van die FB-inskrywings en onderhoude met leerders blyk dit dat opvoeders verbonde aan van die skole ontgroeningsaktiwiteite openlik of op ’n afstand dophou. Respondent 6, ’n graad 8-seun, het vertel van ’n opvoeder wat met hul nagmars tydens die ontgroening op ’n afstand en verskuild dopgehou het (“agter die bosse weggekruip”) om seker te maak dat die junior leerders veilig is. Respondent 1, ’n graad 8-meisie, het genoem dat die skoolhoof teenwoordig was tydens die sottekonsert. In een van die opvoerings is ontgroening as gewelddadig uitgebeeld – “In die sottekonsert het van die graad 8’s gemaak of hulle matrieks was en geweld uitgebeeld en die skoolhoof was baie kwaad. Sy het hulle ingeroep en wou weet watter matriekleerder het dit gedoen.” Volgens die respondent het die matrieks egter “glad nie sulke goed gedoen nie, hulle het net op ons geskree”.

Ontgroeningsaktiwiteite word deur die skoolhoof waarna daar in die voorafgaande aanhaling verwys word, goedgekeur. Sy is egter gekant teen gewelddadige aktiwiteite. Haar houding stem ooreen met dié van ander voorstanders van ontgroening: Solank dit nie “te vêr” gaan nie, is dit veroorloofde, onskuldige pret (vgl. temas 2.6 en 3). Respondent 1 en die skoolhoof na wie sy verwys het, verkeer waarskynlik onder die indruk dat alle ontgroeningsaktiwiteite by hul skool onskuldige pret is. Daar moet egter kennis geneem word van FB 11 se kommentaar dat alhoewel ontgroening by sekere skole onder volwasse toesig plaasvind, sodanige toesig nie onfeilbaar is nie – “Hoe goed instansies ook bedoel laat dit te veel geleentheid vir probleme, want toesighouers kan nie oral altyd wees nie.” Die kultuur van geheimhouding betreffende ontgroening (sien temas 4.1 en 4.4) en opvoeders se distansiëring van hierdie onwettige aktiwiteite het tot gevolg dat daar dikwels “te vêr” gegaan word. Die rede hiervoor kan onder meer gevind word in FB 39 se inskrywing dat daar “geen manier [is] wat matriekkinders kan weet hoe om oordeelkundig met Graad 8 kinders te handel nie”.

Sommige volwasse deelnemers aan die FB-gesprek is van mening dat solank ontgroening onder toesig plaasvind, dit geregverdig kan word. Geen individu mag egter aan ontgroeningspraktyke deelneem nie en dit is tragies dat skoolhoofde of persone in beheer daarvan weet, maar daaroor swyg. Dit is voorts kommerwekkend dat daar volwassenes is wat glo dat kinders na ander kinders kan omsien (vgl. die vraag van die skoolhoof oor “watter matriekleerling” gewelddadig opgetree het). Skoolhoofde en hul personeel wat déél van die ontgroening word deur direk of op ’n afstand daaroor toesig te hou, tree in stryd met die Regulations to prohibit initiation practices in schools (RSA 2002) op. Die volgende vrae moet derhalwe gevra word: (1) Kan skoolhoofde van hul personeel verwag om deel van onwettige aktiwiteite te wees? (2) Kan opvoeders wat weier om aan ontgroeningsaktiwiteite deel te neem, selfs as toesighouers, van ongehoorsaamheid en pligsversuim aangekla word? (3) Kan skoolhoofde en opvoeders hulle in loco parentis-bevoegdhede aan prefekte delegeer? De Wet (2014:164) redeneer dat opvoeders in ’n uiters moeilike posisie geplaas word by skole waar ontgroening plaasvind: Indien opvoeders toesig hou, skep dit die indruk dat ontgroening ’n wettige tradisie is. Indien opvoeders nie openlik toesig hou nie en ontgroeningsaktiwiteite sienderoë toelaat, kan aktiwiteite handuit ruk en nuwelinge ernstige beserings opdoen. Indien ontgroening sonder enige toesig plaasvind, kan opvoeders en hul skoolhoof aanspreeklik gehou word vir beserings en emosionele trauma wat daaruit voortspruit.

 

5. Bespreking

5.1 Bespreking van die data teen die agtergrond van die KDT- en BMT-teorie

Kaufman (2006:25) meen dat die menslike natuur self verantwoordelik is vir die misbruik van mag. Uit die studie is dit duidelik dat ontgroening ’n teelaarde vir magsmisbruik is en dat dit ’n bose kringloop vorm. Seniors wil juniors wys wie is baas; hulle wil hul mag toon en wraak neem vir die tyd toe hulle ontgroen is. Daar is veral versoekings aan die begin van die jaar wanneer seniors vir hulle “sotte” uitkies waaroor hulle hul mag kan uitoefen. Jaar na jaar behou hierdie magskringloop momentum, want juniors word seniors en onthou wat aan hulle gedoen is. Met die hunkering na mag, soos verduidelik deur die BMT, is daar geen beperking op die soeke na mag nie en selfs morele beginsels ly daaronder. Seniors het juniors byvoorbeeld blootgestel aan walgdade met sterk seksuele ondertone net om senioriteit en mag te verkry en dit ten toon te stel. Seniors se soeke na mag tydens ontgroening, volgens die BMT, laat hulle heeltemal perspektief oor ’n situasie verloor, en dit alles vir hul eie gewin (Kaufman 2006:28). Vir Rösch en Lebow (2017:140) is die wil van mense om hulself te bewys ’n groot dryfveer vir magsmisbruik.

Ons kan van die veronderstelling uitgaan dat seniors waarskynlik weet dat ontgroening nie toelaatbaar is by onderriginstellings nie, maar steeds hul kans waarneem om veral in koshuise, na-ure of in die aand, hierdie praktyke te beoefen. Dit vind gewoonlik plaas wanneer daar verminderde toesig is en wanneer ouer persone aan diens moontlik al slaap of nie regtig lus het om te gaan kyk wat aangaan nie. Baie seniors steur hulle ook nie aan wette en regulasies nie en hou vol met ontgroeningspraktyke. Seniors sien dit dikwels ook as ’n uitdaging om die grense so vêr as moontlik te toets sonder om uitgevang te word. Hierdie optrede is ’n bevestiging van die BMT wat wys op die feit dat mense dikwels selfsugtig is en reëls willens en wetens oortree (vgl. Jervis 1994:868).

Van die kinders het tydens die onderhoude gesê dat die groepsgevoel ’n plek verdien, al was ontgroening nie vir hulle lekker nie. Die KDT verduidelik dat individue hul kognitiewe ongemak verminder deur hul denke aan te pas om sodoende teenstrydige denke te verminder (Festinger in Hinojosa e.a. 2017:173). Al was dit vir sommige leerders nie lekker om aan die ontgroeningspraktyke deel te neem nie, het hulle dit wel gedoen ter wille van die groep, ter wille van aanvaarding en ter erkenning van die skool se tradisie. Van die leerders glo dat hulle mekaar ook beter leer ken het deur die swaarkry. Soms kan ’n ongemaklike situasie individue motiveer om maniere te vind om die omvang van die dissonansie wat hulle beleef, te verminder deur hulleself positief in te stel (Festinger in Hinojosa e.a. 2017:173). Innerlike konflik, wat volgens die KDT as gevolg van so ’n kognitiewe wanbalans ontstaan, kan iemand maklik van stryk bring (Lawler 2018:s.bl.). Leerders kan hulself oortuig dat die vernedering van ontgroening belangrik is en dat daar tog iets positiefs in steek, al voel hulle negatief daaroor. Volgens die KDT sal leerders hul kognitiewe spanning wil verminder of so na as moontlik terug na normaal wil bring en hulself laat verneder deur seniors (Harmon-Jones 2012:544; Lawler 2018:s.bl.). Sommige leerders glo dat die vernedering wel nodig was, omdat hulle daardeur die skoollied geleer het asook hoe om hul koshuiskamers netjies te hou. Baie van die deelnemers het ook uitgewys dat ontgroening ’n tradisie en kultuur van hul skool is wat hulle eenvoudig moes deurmaak.

Ten spyte van al die ongemak, vernedering, mishandeling en afknouery het die leerders hulself bly oortuig dat ontgroening deel van hul skool se tradisie is en dat hulle sterker aan die ander kant sou uitkom. As individue gemotiveer word deur negatiewe toestande, sal hulle daaraan deelneem om die dissonansie te verminder (Festinger in Hinojosa e.a. 2017:173). Leerders glo dat as iets soos ontgroening ’n tradisie is waaraan hulle moet deelneem, hulle dit wel die hoof sal kan bied, al is dit vir hulle sleg. Om aanvaar te word as ’n lid van ’n span of ’n skool is soms vir van die nuwelinge en hul ouers belangriker as om hulle uit te spreek teen walgdade en magsmisbruik (vgl. Waldron e.a. 2011:121). Daar heers gevolglik ’n kultuur van swye betreffende erge magsmisbruik ten tyde van ontgroening. Sodanige stilswye het tot gevolg dat magsbehepte seniors ongestoord met hul wandade kan voortgaan. Dit kan tot gevolg hê dat leerders onkrities tot die wanindruk kom dat mense die reg het om ander te verneder en te mishandel.

Volgens die KDT sal mense soms nie aan spesifieke aktiwiteite wil deelneem nie, maar sodra hul houding teenoor die aktiwiteit verander, sal hulle dit wel voltooi, alhoewel hulle aanvanklik negatief daaroor was (Harmon-Jones, Harmon-Jones en Levy 2015:185). Daar is ook ’n rimpeleffek onder leerders wat gedwing word om ontgroeningsdade te verrig, aangesien hulle sien dat hul maats dit doen en hulle dan maar daarby inval. Met BMT, aldus Kaufman (2006:25), is die menslike natuur self verantwoordelik vir die versoekings van mag. Al is ontgroening hoe traumaties en sleg vir hulle, weet hulle dat hul dag sal kom om self die volgende groep juniors te ontgroen, en wat nou aan hulle gedoen word, sal hulle weer eendag aan ander doen wanneer hulle die mag daartoe het. Hierdie leerders sal dan ook nuwelinge wil ontgroen, maar glo dat hulle nie te vêr sal gaan nie. Hierdie “te vêr gaan” bly egter debatteerbaar.

Uit die data was dit duidelik dat skoolhoofde, opvoeders en die verteenwoordigende raad van leerders steeds by ontgroening betrokke is. Dit is problematies as hierdie gesagspersone en individue by ’n skool hulle skuldig maak aan deelname aan onwettige ontgroeningspraktyke. Daar kan geredeneer word dat sommige skoolhoofde hul gesag en senioriteit in die skoolomgewing hierdeur wil bewys. Die BMT verduidelik dat om soewereiniteit oor ’n groep mense te verkry, aldus Rösch en Lebow (2017:142), geweld dikwels op mense afgedwing word. Dit is om hierdie rede dat sekere skoolhoofde aan ontgroeningspraktyke deelneem of dit goedkeur, ten einde sodoende hul magsposisie in die skool te beklemtoon. Opvoeders was ook in baie gevalle self betrokke by ontgroeningspraktyke. Sowel hul goedkeuring van ontgroening as hul deelname aan sulke praktyke is uiters gevaarlik. Hierdie opvoeders maak hulleself skuldig aan wetsoortreding en menseregteskending. Daar kan geredeneer word dat opvoeders wat betrokke is by ontgroening of dit sienderoë toelaat, in ooreenstemming met die BMT, hul magsposisie in die skool wil vestig of uitbrei. Volgens die BMT is die soeke na mag nie op die individu se stryd om oorlewing gefokus nie, maar op die individu se begeerte om sy of haar posisie tussen ander individue te versterk (Jervis 1994:868). Skoolhoofde, opvoeders en lede van die verteenwoordigende leerderraad wat aan ontgroening deelneem, doen dit volgens ondersteuners van die BMT om deur alliansievorming mag te verkry en hul ondergeskiktes te oorheers (vgl. Rösch en Lebow 2017:140).

Die tragiese dood van Enock Mpianzi in Januarie 2020 sou waarskynlik nooit plaasgevind het as die skoolhoof, beheerliggaam en opvoeders gehoor gegee het aan ’n 2018-verslag voortspruitend uit ’n ondersoek wat Peter Harris (’n prokureur) in opdrag van die Gautengse Onderwysdepartement oor ontgroeningspraktyke by ’n Johannesburgse seunskool onderneem het nie. Tydens Harris se terugvoering aan belanghebbendes van die skool, het hy aanbeveel dat die skool se oriënteringskampe gestaak moet word. Luidens die notule van die vergadering het Harris gesê: “Ontgroening is nie geskiedkundig nie, dis misdadig” (Janse van Rensburg 2020:1). Tog het die 2020-kamp, waartydens Enock verdrink het, plaasgevind. Die skoolhoof, beheerliggaam en opvoeders se minagting van die Harris-verslag kan as ’n vergestalting van die BMT (Rösch en Lebow 2017:142) gesien word. Die daaropvolgende dissiplinêre optrede teen die skoolhoof was te laat vir die 13-jarige seun.

Die studie het bevind dat baie leerders wie se ouers ontgroen is, glo dat hul kinders dit ook moet deurmaak, ten spyte daarvan dat ontgroening vir hulle traumaties was. Die teenstrydige optrede wys, in ooreenstemming met die KDT, op die innerlike konflik wanneer ’n persoon se aksies en redenasies met logiese denke bots (Harmon-Jones 2012:544; Lawler 2018:s.bl.). Alhoewel dit vir baie leerders uiters traumaties was om ontgroen te word, “besef” hulle dat hulle dit eenvoudig sal moet doen omdat die skool of hul ouers dit van hulle verwag. Hulle pas daarom hul denke aan en oortuig hulleself dat dit lekker is. Uit die data blyk dit dat sommige van die leerders nie gevestigde tradisies wil skend nie en die ontgroeningspraktyke ter wille van “tradisie” en om deel van die groep te word maar verdra, met al die gepaardgaande ontnugtering. Lawler (2018:s.bl.) meen dat ’n ongemaklikheid vir die individu ontstaan as gevolg van die skynbare aanvaarding van optrede wat vir hom of haar onaanvaarbaar en “sleg” is. Hierdie dissonansie kan aanleiding tot spanning, angstigheid, skuldgevoelens en ’n negatiewe selfbeeld. Al is dit vernederend en traumaties vir leerders, sal hulle toelaat dat hulle ontgroen word ter wille van die “tradisies” wat moet voortleef.

5.2 Gewilde diskoerse

Ten spyte van die verbod op ontgroening in Suid-Afrikaanse onderwysinstellings blyk dit uit navorsing en mediaberigte dat ontgroening nog ’n algemene verskynsel in Suid-Afrikaanse skole is. Ons redeneer dat hierdie onwettige, selfs gevaarlike, praktyke sal voortduur solank as wat opvoeders, leerders, ouers en die breë publiek dit sienderoë toelaat en selfs aanprys. Insig in gewilde diskoerse oor ontgroening en navorsingsbevindinge wat drogredenasies ten gunste van ontgroening aan die kaak stel, is noodsaaklik om dié euwel die hoof te bied. Vyf hooftemas of diskoerse is met behulp van inhoudsontleding geïdentifiseer:

  1. Nuwelinge word aan ’n groot verskeidenheid vernederende, sinnelose, tydrowende en fisiek uitputtende ontgroeningsaktiwiteite blootgestel. Van die aktiwiteite kom neer op mishandeling, kan lei tot finansiële skade en het seksuele ondertone.
  2. Voorstanders van ontgroening redeneer dat ontgroening pret is en opvoedkundige waarde het. Volgens diegene wat ontgroening aanprys, maak dit nuwelinge sterk, leer dit hulle netheid en nederigheid aan, vestig dit ’n groepsgevoel onder die leerders en maak dit hulle deel van die skool en sy tradisies.
  3. ’n Diskoers wat nóú by tema 2 aansluit, is ’n pleidooi vir die voortbestaan van ontgroening op voorwaarde dat daar binne perke opgetree word.
  4. Teenstanders van ontgroening lê klem op hul eie negatiewe belewing van ontgroening, stel dit gelyk aan boeliegedrag en beskou dit as ’n sinnelose mors van tyd en geld wat ernstige kort- en langtermyngevolge kan hê. Teenstanders van ontgroening wys ook op die gevare van die vestiging van ’n magsiklus by skole en magsvergrype.
  5. Ouers en ander volwassenes, veral opvoeders, se hantering van ontgroening dra twee teenstrydige boodskappe oor. Diegene wat ten gunste van ontgroening is, dra die boodskap oor dat dit gesonde pret is en onlosmaaklik deel van leerders se hoërskoolloopbaan uitmaak. Die goedkeuring van ontgroening blyk onder meer uit die feit dat opvoeders en skoolhoofde teenwoordig is by sommige ontgroeningsaktiwiteite. Diegene wat gekant is teen ontgroening pleit dat dit onmiddellik gestaak moet word en blameer ouers se ongeërgde houding vir die voortbestaan daarvan.

Vervolgens word aspekte van bogenoemde diskoerse aan die orde gestel. Hierdie bespreking moet saam met ons uiteensetting en bespreking van die verskillende diskoerse gelees word (temas 1 tot 5).

’n Onderliggende diskoers wat sterk na vore gekom het, was dat ontgroening belangrik is. Leerders wil graag ander ontgroen, aangesien hulle self ontgroen is. Dit dui daarop dat daar ’n magsiklus gevestig word waar leerders wat ontgroen is dit “verdien” om weer ander te onderdruk en selfs te verneder. Deelnemers aan die gesprekke het wel voorwaardes gestel, soos dat daar reëls moet wees en dat dinge nie moet handuit ruk nie. Die “voorwaarde” dat daar nie te vêr gegaan moet word nie, kan op twee maniere geïnterpreteer word: eerstens, dat daar wel magsvergrype plaasgevind het en tweedens, dat hulle onbewustelik “verskoning” soek vir die feit dat hulle hieraan wil deelneem of deelgeneem het en die magsvergrype prettig gevind het. Hulle poog op dié manier om hul kognitiewe ongemak te verminder.

Die leerders wat aan die onderhoude deelgeneem het, was feitlik deurgaans positief. Die deelnemers het die indruk geskep dat van die ontgroeningsaktiwiteite “normale”, selfs prettige aktiwiteite was. Tydens die onderhoude het van die deelnemers verduidelik dat selfs “ongemaklike” aktiwiteite “ter wille van” ’n groepsgevoel en tradisie aanvaarbaar is. Verskeie gesprekvoerders het erken dat van die dade vernederend was en liggaamlike en sielkundige ongemak veroorsaak het, maar selde is daar standpunt teen sulke gedrag ingeneem of is dit aan die groot klok gehang. Vrees dat die nuweling deur sy of haar maats uitgekryt, geïgnoreer of aan erge mishandeling blootgestel kan word, het tot gevolg dat ontgroening dikwels ongestoord in die geheim voortgaan. Daar was selfs deelnemers wat dit duidelik gemaak het dat hul ontgroeningservarings vir hulle positief was. Die motivering vir die standpunt was dat dit arrogansie onder die juniors teenwerk en ’n mens ’n sterker persoon maak. Ten spyte daarvan dat leerders se menswaardigheid aangetas is deur die ontgroening, het van die deelnemers geredeneer dat ontgroening ’n mens juis leer om ander te eerbiedig. Dit is egter ’n drogredenasie. Magsvergrype boesem eerder vrees en wantroue by die onderdruktes in. Nogtans het die deelnemers dit nie so verwoord nie. Enkele stemme het egter onder die leerders en ander gesprekvoerders opgegaan dat ontgroening onnodig is en dat nuwelinge eerder op ’n opbouende wyse georiënteer en deel gemaak moet word van die skool se geskiedenis en kultuur.

’n Gewilde diskoers deur voorstanders van ontgroening is dat ontgroening ’n belangrike spanbou-aktiwiteit is. Die studie het egter bevind dat ontgroening vernederende gedrag is wat die volgende tot gevolg het: die fisieke en psigiese vernedering en afbreking van nuwelinge; verdeeldheid tussen seniors en nuwelinge; langtermyn- negatiewe gevolge en nagmerries; seniors en nuwelinge wat met skaamte gevul word; ’n kultuur van swye en geheimhouding wat gevestig word; en die indruk wat geskep word dat gewelddadige en vernederende gedrag aanvaarbaar is en selfs deur volwassenes goedgekeur word. Ontgroening moet nie gelykgestel word aan spanbou nie. Spanbou-aktiwiteite bevorder respek en waardigheid, ondersteun en bemagtig, vestig spanwerk, lei tot lewenslange positiewe herinneringe, het trots en integriteit tot gevolg, en is ’n gedeelde positiewe belewing (Diamond e.a. 2016:153).

’n Verdere saak wat na vore gekom het, is dat volwassenes, soos ouers en opvoeders, dikwels ontgroening aanmoedig. Ouers wat aan die FB-gesprek deelgeneem het, het genoem dat hulle voel dat hul kinders moet deurmaak wat hulle moes deurmaak en dat hulle dit as heel natuurlik sien. Dit blyk dat seniors soms heeltemal kop verloor wanneer juniors ontgroen word. Die subtiele boodskap wat aan seniors oorgedra word, is dat hulle toestemming het om juniors leed aan te doen onder die dekmantel van die kultuur en tradisies van die skool.

 

6. Aanbevelings vir die beëindiging of vermindering van ontgroening in Suid-Afrikaanse skole

Ten spyte van die verbod op ontgroening in Suid-Afrikaanse skole, blyk dit uit hierdie studie dat ontgroeningspraktyke nog aan die orde van die dag is by sommige skole. Dit is dus noodsaaklik dat nasionale en provinsiale onderwysowerhede, asook onderwysleiers van individuele skole, aandag aan hierdie onwettige praktyk, wat dikwels onder die dekmantel van oriëntering plaasvind, skenk. Daar is geen twyfel dat verandering in skole se houding oor ontgroening by die skoolhoof self begin nie. Alhoewel ’n studie van Burger en Fataar (2020) oor ’n heel ander onderwerp gaan, kan die insig aangewend word om ontgroening by skole te stop. Burger en Fataar (2020) dui aan hoe belangrik dit is dat skoolhoofde nie veranderinge alleen moet aanpak nie. Hulle moet die ondersteuning en samewerking van al die rolspelers, insluitende die leerders, ouers, die bestuurspanne en die skoolbeheerliggame, verkry om radikale verandering teweeg te bring. As ons dit toepas op die beëindiging van ontgroening, moet skoolhoofde dit dus nie bloot probeer afdwing deur reëls en regulasies nie, maar deur mense anders te laat dink en doen. ’n Tweede aanbeveling wat hulle maak is dat leierskap versprei moet wees onder die rolspelers op verskillende vlakke. Burger en Fataar beklemtoon die belangrikheid van ’n transformerende leierskapstyl, en dat verandering nie net teweeggebring word deur sterk rigtinggewing en die ontwikkeling van ander nie, maar dat energie spandeer moet word daarop om praktyke te herontwerp.

’n Belangrike stap in die beëindiging van ontgroening by skole (en ander onderwysinstellings) is die ontwikkeling en toepassing van ’n navorsingsgebaseerde teenontgroeningraamwerk (Allan, Kerschner en Payne 2018:14–6; Allan, Payne en Kerschner 2018:1–13; Langford 2008). Die volgende sewe stappe vir die daarstelling van ’n omvattende teenontgroeningraamwerk vir individuele skole word deur Langford (2008:2–4) voorgestel en word deur ons as ’n moontlike eerste stap in die beëindiging van ontgroening by skole voorgehou:

  1. Identifiseer gewilde diskoerse ten gunste van ontgroening.
  2. Identifiseer en ontleed faktore en diskoerse eie aan ’n spesifieke skool wat meewerk tot die instandhouding van ontgroening.
  3. Skole se bestuurspanne en beheerliggame moet voorkomings- en intervensie-maatreëls in plek hê om te voorkom dat ontgroening plaasvind, en om vinnig op te tree indien ontgroening wel plaasvind.
  4. ’n Verskeidenheid gekoördineerde en volhoubare strategieë moet gebruik word om ontgroening teen te werk. Die volgende is enkele strategieë wat deur Langford (2008:3) voorgestel word om ontgroening hok te slaan: (i) Stel gewilde diskoerse ten gunste van ontgroening aan die kaak deur logiese en kritiese denke oor ontgroening te bevorder. (ii) Bevorder gesonde groepdenke wat onder andere sal lei tot toeskouer-intervensie indien ontgroening plaasvind. (iii) Ouers, opvoeders, gemeenskapsleiers, besoekers en oud-leerders moet gereeld ingelig word van die skool se onverdraagsame houding teenoor ontgroening. (iv) Skole moet omvattende, duidelike teenontgroeningbeleide en prosedures in plek hê. Sodanige beleide moet gereeld onder die aandag van alle belanghebbendes gebring word.
  5. Teengeweldprogramme, -beleide en -dienste moet ’n samehangende geheel, wat mekaar aanvul, vorm. Dit beteken dat individuele skole se beleide oor dissipline, afknouery en ontgroening in sinergie met mekaar bestaan. Hierdie beleide moet in lyn met nasionale en provinsiale beleide oor dissipline, afknouery en oriëntering wees (vgl. afdeling 1 vir ’n uiteensetting van beleide en wette wat leerdergedrag in Suid-Afrikaanse skole ten grondslag lê).
  6. Elke afdeling van ’n skool se teenontgroeninginisiatief se duidelik uitgespelde doelstellinge moet op navorsing en data berus.
  7. Opvoeders, onderwysleiers, wetstoepassers, sielkundige dienste, ouers en leerders moet betrek word by die opstel en toepassing van ’n skool se teenontgroeningbeleid.

 

7. Ten slotte

Ten spyte van navorsingsbevindinge wat klem lê op die negatiewe gevolge van ontgroening en die feit dat ontgroening onwettig is in Suid-Afrikaanse skole, duur ontgroening voort. Waarom? Solank as wat leerders, opvoeders en ouers ontgroening toelaat en klem op die sogenaamde voordele van ontgroening lê, sal die magsiklus en magsvergrype van ontgroening onder die dekmantel van tradisie en spanbou voortleef. Dit is die verantwoordelikheid van leerders, ouers en opvoeders om die kultuur van stilswye te verbreek en hulle openlik teen die magsvergrype van leerders uitspreek. Ontgroening vestig nie skooltrots, lojaliteit en respek nie. Inteendeel, ontgroening dra die boodskap oor dat dit aanvaarbaar is om medeleerders fisiek en psigies te verneder en aan te val. Die identifisering en aan die kaak stel van gewilde diskoerse ten gunste van die voortbestaan van ontgroening is ’n belangrike eerste stap in die ontwikkeling van ’n teenontgroeningraamwerk.

Enkele beperkinge van die studie moet genoem word: Beide die leerder- en FB-deelnemers aan hierdie studie was Afrikaanssprekend. Ons navorsing was beperk tot enkele Afrikaanssprekende skole in die Vrystaat. Uit van die koerantberigte (Grobler 2018:1; Janse van Rensburg 2020:1) en navorsing (vgl. Huysamer en Seroto 2021:1–10; Huysamer en Lemmer 2013:1−22) blyk dit dat ontgroening ’n algemene praktyk by sommige Engelsmedium skole in Gauteng is. Dit is noodsaaklik dat opvolgstudies oor taal- en provinsiale grense heen moet plaasvind. In aansluiting hierby moet daar genoem word dat nóg die onderhoude met leerders nóg die FB-inskrywings die moontlike invloed van ras op ontgroeningspraktyke of hoe leerders verbonde aan verskillende ras-, etniese of kultuurgroepe ontgroening belewe, belig het. Navorsing in die VSA deur Parks en Mutisya (2019:25) het getoon dat ras wel ’n invloed op ontgroening kan hê. Ons beveel aan dat dié leemte in ons studie deur verdere navorsing aangevul word. Indien sodanige studie deur die BMT onderlê word, behoort dit insiggewende perspektiewe op die moontlike magsmisbruik deur senior leerders teenoor nuwelinge van verskillende ras-, etniese en kultuurgroepe te bied.

 

Bibliografie

Acharya, A., M. Blackwell en M. Sen. 2017. Explaining preferences from behavior: A cognitive dissonance approach. Cambridge: Harvard University Press.

Allan, E.J., D. Kerschner en J.M. Payne. 2018. College student hazing experiences, attitudes, and perceptions: Implications for prevention. Journal of Student Affairs Research and Practice, 56(2):1–17.

Allan, E.J., J.M. Payne en D. Kerschner. 2018. Transforming the culture of hazing: a research-based hazing prevention framework. Journal of Student Affairs Research and Practice, 55(3):1–17.

Allan, E.J. en M. Madden. 2008. Hazing in view: College students at risk. Initial findings from the national study of student hazing. Orono, ME: University of Maine College of Education and Human Development. https://www.stophazing.org/wp-content/uploads/2014/06/hazing_in_view_web1.pdf (17 Maart 2021 geraadpleeg).

Allen, M. (red.). 2018. The SAGE encyclopedia of communication research methods. Thousand Oaks, CA: SAGE.

Anderson, E., M. McCormack en H. Lee. 2012. Male team sport hazing initiations in a culture of decreasing homohysteria. Journal of Adolescent Research, 27(4):427−48.

Barnes, A.K. 2010. Die uitwerking van skoolkultuur en -klimaat op geweld in Oos-Kaapse skole: ’n Onderwysbestuursperspektief. MEd-verhandeling, Bloemfontein, Universiteit van die Vrystaat.

Bhattacharya, H. 2012. Interpretive research. In Given (red.) 2012.

Bruckner, H. 2018. Students fall victim to hazing epidemic: Unity at what cost? Touro Law Review, 34(2):459−93.

Burger, J. en A. Fataar. 2020. Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole. Stellenbosch: African Sun Media.

Buzzanell, P.M. 2018. Interpretive research. In Allen (red.) 2018.

Campo, S., G. Poulos en J.W. Sipple. 2005. Prevalence and profiling: Hazing among college students and points of intervention. American Journal of Health Behavior, 29(2):137−49.

Cherry, K. 2019. What is cognitive dissonance? Theories: Cognitive psychology. https://www.verywellmind.com/cognitive-psychology-overview-4581791 (10 Januarie 2021 geraadpleeg).

Cimino, A. 2011. The evolution of hazing: Motivational mechanisms and the abuse of newcomers. Journal of Cognition and Culture, 11(3–4):241−67.

Cohen, L., L. Manion en K. Morrison. 2007. Research methods in education. Londen: Routledge.

Croukamp, P. 2015. Só kan skole kinders knou. Volksblad, 1 Augustus, bl. 8.

De Klerk, V. 2013. Initiation, hazing or orientation? A case study at a South African university. International Research in Education, 1(1):86−100.

Departement van Onderwys. 2001. Signposts for safe schools. https://www.education.gov.za/?fileticket=manTnFyGGCs%3D&tabid=625&portalid=0&mid=2180 (15 Maart 2021 geraadpleeg).

—. 2002. National policy in the management of drug abuse by learners in public and independent schools and further education and training institutions. G.N. 3427 of 2002. Staatskoerant, nr. 24172. Pretoria: Staatsdrukker.

Desai, C. 2009. Ragging: Let’s say no to it. Indian Journal of Pharmacology, 41(2):59−60.

De Wet, C. 2014. The views of experts on hazing in South African schools: A media analysis. Journal for Christian Scholarship, 50(1–2):149−72.

Diamond, A.B., S.T. Callahan, K.F. Chain en G.S. Solomon. 2016. Qualitative review of hazing in collegiate and school sports: Consequences from a lack of culture, knowledge and responsiveness. British Journal of Sports Medicine, 50(3):149−53.

Dias, D. en M.J. Sá. 2014. Initiation rituals in university as lever for group cohesion. Journal of Further and Higher Education, 38(4):447−64.

Edelman, M. 2004. Addressing the high school hazing problem: Why lawmakers need to impose a duty to act on school personnel. Pace Law Review, 25(1):15−33.

Ellsworth, C.W. 2006. Definitions of hazing: Differences among selected student organizations. Oracle: The Research Journal of the Association of Fraternity Advisors, 2(1):46−60.

Festinger, L. 1957. A theory of cognitive dissonance. Londen: Tavistock.

Given, L.M. 2012.The SAGE encyclopedia of qualitative research methods. Thousand Oaks, CA: SAGE.

Grobler, R. 2018. “Ontstellende praktyke” by spogskool oopgekrap. Saterdag Beeld, 1 September, bl. 10.

Gyanesh, A. 2017. Ragging: 45% students say they felt bad first, reconciled to it later. The Times of India, 15 Augustus, bl. 1.

Harmon-Jones, E. 2012. Cognitive dissonance theory. In Ramachandran (red.) 2012.

Harmon-Jones, E., C. Harmon-Jones en N. Levy. 2015. An action-based model of cognitive-dissonance processes. Current Directions in Psychological Science, 24(3):184−9.

Henning, E., W. van Rensburg en B. Smit. 2011. Finding your way in qualitative research. Pretoria: Van Schaik.

Hinojosa, A.S., W.L. Gardner, H.J. Walker, C. Cogliser en D. Gullifor. 2017. A review of cognitive dissonance theory in management research: Opportunities for further development. Journal of Management, 43(1):170−99.

Hollman, B.B. 2002. Hazing: Hidden campus crime. New Directions for Student Services, 2002(99):11−24.

Huysamer, C. en E.M. Lemmer. 2013. Hazing in orientation programmes in boys-only secondary schools. South African Journal of Education, 33(3):1−22.

Huysamer, C. en J. Seroto. 2021. Hazing practices in South African schools: A case of grade 12 learners in Gauteng Province. SAGE Open, Julie/Augustus: 1−10.

Janse van Rensburg, A. 2020. Parktown: Skool toe gewaarsku. Beeld, 23 Januarie, bl. 1.

Jervis, R. 1994. Hans Morgenthau, realism, and the scientific study of international politics. Social Research, 61(4):853−76.

Johnson, J. 2011. Through the liminal: Comparative analysis of communitas and rites of passage in sport hazing and initiations. Canadian Journal of Sociology, 36(3):199−227.

Johnson, J. en M. Holman. 2009. Gender and hazing: The same but different. Journal of Physical Education, Recreation & Dance, 80(5):6−9.

Jordaan, W. 2001. Ontgroening is inherent téén gees van demokrasie. Die Burger, 3 April, bl. 10.

Kaufman, R. 2006. Morgenthau’s unrealistic realism. Yale Journal of International Affairs, Winter/Spring:24−38.

Kemp, C. 2016. Drie erken “inlywing het te ver gegaan, letsels by seun gelaat”. Volksblad, 10 Februarie, bl. 1.

Kuckartz, U. (red.). 2013. Qualitative text analysis: A guide to methods, practice & using software. Londen: SAGE.

Kuckartz, U. 2013. The building blocks of systematic qualitative text analysis. In Kuckartz (red.) 2013.

Lafferty, M.E., C. Wakefield en H. Brown. 2016. “We do it for the team” – Student-athletes’ initiation practices and their impact on group cohesion. International Journal of Sport and Exercise Psychology, 15(4):438−46

Langford, L. 2008. A comprehensive approach to hazing prevention in higher education settings. https://learn.uvm.edu/wordpress_3_4b/wp-content/uploads/Langford-Higher-Ed-Center-Hazing-Working-Paper.pdf (24 Julie 2021 geraadpleeg).

Lawler, M. 2018. Cognitive dissonance: The theory, real-life examples, and how it affects your day-to-day life. https://www.everydayhealth.com/cognitive-dissonance/ (10 Januarie 2021 geraadpleeg).

Mahapatra, D. 2009. Ragging needs social ban, more than laws. The Times of India, 22 Maart, ble. 1−2.

Mallapur, C. 2018. Ragging incidents up 75% in 1 year, over 3,000 complaints in 5 years. IndiaSpend, 12 Junie, bl. 1.

Maree, J.G. (red.). 2012. Complete your thesis or dissertation successfully. Kaapstad: Juta.

Maree, K. (red.). 2007. First steps in research. Pretoria: Van Schaik.

Martin, W. (red.). 2011. Pharos groot woordeboek van Afrikaans en Nederlands. Kaapstad: Pharos.

McGlinchey, S., R.S. Walter en C. Scheinpflug (reds.) 2017. E-international relations. Bristol: E-International.

Merriam, S.B. 2009. Qualitative research: A guide to design and implementation. San Francisco, CA: John Wiley & Sons.

Moles, B. 2016. Leon Festinger’s theory of cognitive dissonance. Networked knowledge: Festinger “cognitive dissonance”. http://netk.net.au/Psychology/Psychology8.pdf (10 Desember 2020 geraadpleeg).

Morgenthau, M.J. 1978. Politics among nations: The struggle for power and peace. 5de hersiene uitgawe. New York, NY: Alfred A. Knopf.

Nieuwenhuis, J. 2007. Analysing qualitative data. In Maree (red.) 2007.

Olsen, W. 2012. Data collection: Key debates and methods in social research. Thousand Oaks, CA: SAGE.

Parizek, M. 2008. Evil human nature as a necessary assumption of the neorealist view on international politics. E-International Relations, Maart:1–7. https://www.e-ir.info/pdf/389 (22 Januarie 2021 geraadpleeg).

Parks, G. en J. Burgess. 2019. Hazing in the United States military: A psychology and law perspective. Southern California Interdisciplinary Law Journal, 29(1):1–63.

Parks, G. en M.P. Hooker. 2020. Organizational ideology and institutional problem-solving: Hazing within black fraternities. Law & Psychology Review, 44:91–169.

Parks, G. en Mutisya, E.B. 2019. Hazing, black sororities, and organizational dynamics. Law & Psychology Review, 43:25–98.

Pečjak, S. en T. Pirc. 2019. Unofficial hazing in secondary schools: Prevalence, activities, and attitudes. Psychology in the Schools, 56(2):194−205.

Potgieter, E. 2012. Ontgroeningspraktyke in sekondêre skole: ’n Beleidsondersoek. MEd-verhandeling, Bloemfontein, Universiteit van die Vrystaat.

Potgieter, E., L. Jacobs, K. Teise en C. de Wet. 2014. Ontgroeningspraktyke in uitgesoekte Vrystaatse hoërskole: ’n Verkennende studie. LitNet Akademies, 11(3):506−43.

Raby, R. en M. Raddon. 2015. Is she a pawn, prodigy or person with a message? Public responses to a child’s political speech. Canadian Journal of Sociology, 40(2):163–87.

Rademeyer, A. 2006. Ouers boos oor ontgroening by skool. Volksblad, 20 Januarie, bl. 5.

Ramachandran, V.S. (red.). 2012. The encyclopedia of human behaviour. Vol. 1. Elsevier. http://www.socialemotiveneuroscience.org/pubs/ehj_dissonance_encyclopedia_human_minda.pdf (18 Maart 2021 geraadpleeg).

Rhein, D. en I. McDonald. 2020. Undergraduate student stress: Coping and resiliency in Thai higher education: A call for a positive psychology-based intervention. Human Behavior Development & Society, 21(3):7–18.

Richardson, B.K., Z. Wang en C.A. Hall. 2012. Blowing the whistle against Greek hazing: The theory of reasoned action as a framework for reporting intentions. Communication Studies, 63(2):172−93.

Roller, M.R. en P.J. Lavrakas. 2015. Applied qualitative research design: A total quality framework approach. New York, NY: Guilford Press.

Rösch, F. en R.N. Lebow. 2017. International relations theory. In McGlinchey, Walter en Scheinpflug (reds.) 2017.

RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1996a. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Wet 108 van 1996. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 1996b. The South African Schools Act. Act 84 of 1996. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 1998. Guidelines for the consideration of governing bodies in adopting a code of conduct for learners. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 1999. National policy on HIV/AIDS for learners and educators in public schools and students and educators in further education and training institutions. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2001. Regulations for safety measures at public schools. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2002. Regulations to prohibit initiation practices in schools. Pretoria: Staatsdrukker.

Salmons, J. 2017. Using social media in data collection: Designing studies with the qualitative E-research framework. In Sloam en Quan-Haase (reds.) 2017.

Schweller, R.L. 2016. The balance of power in world politics. Oxford Research Encyclopedia of Politics, 1–18. https://oxfordre.com/politics/view/10.1093/acrefore/9780190228637.001.0001/acrefore-9780190228637-e-119?print=pdf (16 Maart 2021 geraadpleeg).

Silveira, J.M. en M.W. Hudson, 2015. Hazing in the college marching band. Journal of Research in Music Education, 63(1):5−27.

Sloam, L. en A. Quan-Haase (reds.). 2017. The SAGE handbook of social media research methods. Thousand Oaks, CA: SAGE.

Squire, L.R. 2009. Encyclopaedia of neuroscience. Amsterdam: Elsevier.

Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie. 2001. Report into initiation practices at educational institutions and a preliminary report on cultural initiations. https://www.sahrc.org.za/home/21/files/Reports/REPORT%20INTO%20INITIATION%20PRACTICES.pdf2001.pdf (15 Maart 2021 geraadpleeg).

Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders. 2002. Code for professional ethics. Pretoria: Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders.

Theron, L.C. en M.J. Malindi. 2012. Conducting qualitative research: Practical guidelines on fieldwork. In Maree (red.) 2012.

University of Virginia Police Department. 2004. Hazing. PowerPoint-aanbieding. https://slideplayer.com/slide/12776889/ (15 Maart 2021 geraadpleeg).

Van Niekerk, A. 2020. Stop nóú álle ontgroening. Die Burger, 4 Februarie, bl. 1.

Van Raalte, J.L., A.E. Cornelius, D.E. Linder en B.W. Brewer. 2008. The relationship between hazing and team cohesion. Journal of Sport Behavior, 30(4):491−507.

Van Wyk, M. 2005. Ontgroening-suipfees eis Kovsie-eerstejaar. Rapport, 13 Maart, bl. 13.

Waldron, J.J. en C.L. Kowalski. 2009. Crossing the line. Research Quarterly for Exercise and Sport, 80(2):291−302.

Waldron, J.J., Q. Lynn en V. Krane. 2011. Duct tape, icy hot paddles: Narratives of initiation onto US male sport teams. Sport, Education and Society, 16(1):111−25.

Wilschutt, N. 2020. US: Homofobie by koshuis ondersoek. Saterdag Burger, bl. 1.

 

Eindnotas

1 Alhoewel die meeste wette en beleide slegs in Engels gepubliseer is, is sommige wel in Afrikaans vertaal. Waar Afrikaanse weergawes wel beskikbaar is, het ons die Afrikaanse benaming gebruik, en in gevalle waar slegs ’n Engelse weergawe beskikbaar is, het ons die Engelse benaming gebruik.

2 https://web.facebook.com/zarsg/posts/826134050892846?_rdc=1&_rdr

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse appeared first on LitNet.

Initiation at schools: an investigation into popular discourses

$
0
0

Abstract

Despite the ban on initiation at South African educational institutions, research and media reports show that initiation still prevails at South African schools. However, initiation is not a phenomenon that occurs only within the South African education system. The first recorded case of initiation was recorded in ancient Greece during the Olympic Games in the eighth century. Initiation has spread rapidly in modern times and occurs in many domains, ranging from the military to educational institutions. According to studies in countries such as India, America and England, initiation is common practice at these countries’ educational institutions. Various names are associated with initiation around the world. Some of the best-known terms used are insouting or doop in Afrikaans, hazing in America, fagging in England, baptême in France, doop in the Netherlands and mopokaste in Finland. The common denominator that runs through all of these customs is that newcomers must undergo some sort of ceremony, ritual, or action to be considered one of the school, association or group’s members.

In defence of initiation practices, it is often argued that initiation will make newcomers feel secure. As a counterpart to this positive assessment, researchers have found that initiation may have a negative effect on those who have been initiated, as well as those who have carried out the initiation. We argue that these illegal, often dangerous, practices will continue as long as stakeholders calmly allow and even encourage them. Insight into popular discourses on initiation and research findings that expose fallacious arguments in favour of initiation are essential to tackle this evil. The aim of this study is to point out popular discourses on initiation at South African schools.

This study is underpinned by the cognitive dissonance theory (CDT) and balance of power theory (BPT). We followed an interpretive qualitative research approach. The sample for this study consisted of two groups: (1) Sixteen (16) grade 8 to 10 learners of both sexes at different Free State Afrikaans-medium schools. Some of the learners were purposefully recruited, while others were recruited by means of the snowball technique. (2) Seventy-three (73) adults, mainly women, commented on a question posed on the Facebook (FB) page of Monitor and Spektrum RSG on 22 January 2018. The Facebook conversations about initiation were identified during our social media searches about initiation. Semi-structured interviews were conducted with the sixteen grade 8 to 11 learners. In addition to the interviews, we used the social media comments from people who responded to the question, “How do you feel about initiation at schools and universities?” to expose popular discourses. We regard these comments as documents that were not influenced by the researchers. Qualitative content analysis was used as a data analysis method to point out popular discourses on initiation. We used qualitative content analysis guidelines, as recorded by Kuckartz (2013:19), to analyse the transcripts and FB entries. This analysis process comprised four phases: transcription, individual case analysis, general analysis, and control. This study complies with established guidelines for ethical research. The participants’ human dignity, privacy, anonymity and confidentiality were respected. Although the FB page of Monitor and Spektrum RSG is in the public domain, we used codes in our reference to specific participants. We dealt with entries that testified, among other things, to some participants’ pain and humiliation during their initiation with the necessary respect. To increase the credibility of the investigation, attempts were made to adhere to the following reliability strategies: triangulation, participant visits, the use of more than one encoder, confirmation of our findings by some of the participants, and withholding of generalisations.

Five themes or discourses have been identified through qualitative content analysis: (1) Newcomers are exposed to a wide variety of degrading, meaningless, time-consuming and physically exhausting activities. For example, learners had to wear “funny” clothes and take part in a stupid concert. Some of the learners had to take part in ill-considered activities, which amounted to abuse and could lead to serious injuries, heat exhaustion and even death. Newcomers suffered financial damage by being forced to give up some of their money and food to seniors. Learners were exposed to disgusting acts with sexual undertones. (2) However, many of the participants were of the opinion that initiation had a positive value. Proponents of initiation went out of their way to justify the continuation of this tradition. For instance, they argued that initiation was not only fun, but also had character-forming value. They were also of the opinion that initiation establishes values such as reverence, respect for oneself and others, humility and neatness. According to these proponents of initiation, a person who is initiated will know how to deal with the setbacks of life. A popular argument among proponents of initiation is that it is an integral part of a school’s tradition, leading to camaraderie. (3) The continued existence of initiation, as long as action is taken “within limits”, is advocated. (4) Opponents of initiation emphasised their own negative experience of initiation, equating it with illegal, bullying behaviour and regarding it as a waste of time and money, which can have serious short- and long-term consequences. Initiation can also lead to the establishment of a cycle of power at schools. (5) Parents and other adults, especially educators’ handling of and statements about initiation conveyed conflicting messages. Some adult participants in the FB conversation believed that as long as initiation took place under supervision, it could be justified. However, as long as educators and parents allow these illegal practices and emphasise the so-called benefits of initiation, the cycle of power will continue in the guise of tradition and team building.

Seniors’ craving for power and own gain during initiation can be explained by the BPT. Disgusting actions with sexual undertones, night marches, and severe initiation after hours or in the evening, especially in residences, offer seniors the opportunity to knowingly break laws, regulations, and school and residence rules. Seniors often see it as a challenge to test the boundaries as far as possible without being held accountable. The yearning after power has the effect of impairing the moral judgement and the application of moral principles of seniors and educators who perceptibly allow initiation in concrete circumstances. This search for power could lead to them completely losing perspective in a situation, at the expense of others, and this simply for their own gain. From the data it further appears that many of the participants, despite all the discomfort, humiliation, abuse and bullying, continued to convince themselves that initiation was part of their school tradition and that they would come out stronger on the other side. The CDT, which underpins the study, explains that individuals reduce their cognitive discomfort by adjusting their thinking in order to reduce conflicting thinking. As a result, a culture of silence regarding the severe abuse of power at the time of initiation prevails. Such silence results in power-hungry seniors being able to continue their malpractices undisturbed. This can result in learners uncritically reaching the misconception that people have the right to humiliate and abuse others.

It transpires from this and other South African studies that illegal initiation practices are still the order of the day at some schools in this country. It is therefore essential that national and provincial education authorities, as well as education leaders of individual schools, pay attention to this illegal practice, which often takes place in the guise of orientation. An important step in ending initiation at schools (and other educational institutions) is the development and application of a research-based anti-initiation framework. Langford’s (2008) anti-initiation framework emphasizes the importance of identifying and exposing popular discourses in favour of initiation in general, as well as discourses and school-specific factors that contribute to the continuation of initiation. Findings from this study can therefore be seen as a first important step in the development of an anti-initiation framework for South African schools.

Keywords: balance of power theory; cognitive dissonance theory; Free State; initiation; orientation; secondary schools

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Ontgroening in skole: ’n ondersoek na gewilde diskoerse

The post Initiation at schools: an investigation into popular discourses appeared first on LitNet.

Die tyd van die tegnokrate

$
0
0

Prent: Pixabay

Daar is mense wat praat van blooteeth en eye pads en dink hierdie tegnologie verwys na tande en verbande. Die tegnologies agtergeblewenes. Hulle sal selftevrede hulle SMS’e van hulle dinosourusselfoontjies af stuur, want hulle begrip van tegnologie het vasgehaak by die radio- en televisiestelle van die 70’s – die soort wat jy hardhandig en met stokstywe wysvingers gedruk en gedraai het. ’n Streelpaneel bly vir hulle ’n misterie, ’n vingervlug in die geheime werkinge van ’n slimfoon.

En dan is daar die tegnologiese junkies soos professor Miller Moolman. Nou ja, soos James L Allen tereg gesê het: “Adversity does not build character – it reveals it.” Die eensame grendeltyd wat in Maart 2020 ’n aanvang geneem het, het prof Moolman se ware karakter onthul. Skielik het hy van die huis af gewerk en was hy stoksielalleen. Sy geliefde het vasgeval in ’n ondergrondse sending elders en reisbeperkings het hulle tydelik geskei. Moolman was werksaam by ’n Kaapse universiteit. Hy het sy gewig ingegooi by die wetenskaplike veldtog teen COVID-19 en was dag en nag omring deur die vooruitskattings en statistieke van die onderskeie variante. Nee; hy het hom geensins in ’n gesonde omgewing bevind nie. Sy ouer suster, die afgetrede professor Renata Pelser, het drie huise van hom af op ’n groot gholflandgoed gewoon. Aangevuur deur haar tegnokratiese kooplus het Moolman op Takealot begin boer om die leemtes in sy lewe te vul.

......

Die tyd van die tegnokrate het onherroeplik aangebreek. Laasgenoemde is waar, soveel méér as vir enige tydvak in die mens se geskiedenis. Vandag bestudeer navorsers die impak van tegnologiese verslawing. Maar – tegnologie het ook ’n meedoënlose metgesel geword; as jy nie bybly nie, moet jy nie genade verwag nie. Wetenskapfiksie, soos ons dit eens geken het, het gaandeweg geskiedenis geword.

.........

Die tyd van die tegnokrate het onherroeplik aangebreek. Laasgenoemde is waar, soveel méér as vir enige tydvak in die mens se geskiedenis. Vandag bestudeer navorsers die impak van tegnologiese verslawing. Maar – tegnologie het ook ’n meedoënlose metgesel geword; as jy nie bybly nie, moet jy nie genade verwag nie. Wetenskapfiksie, soos ons dit eens geken het, het gaandeweg geskiedenis geword.

Hoeveel van hierdie films, nog op VHS-kassette, het uitbasuin dat die wêreld in 1999 sou vergaan – of dat die een of ander alien invasion op die planeet wag? 24 November is die Omicron-variant ontdek. In 1963 het die film Omicron, ’n wetenskapfiksiekomedie (!), verskyn. In 2013 is The visitor from planet Omicron vrygestel. Vergeet vir ’n oomblik van fopnuus en waninligting: Die kosmiese hofnar het besluit die wêreldwye pandemie speel nou uit in die vorm van gedateerde wetenskapfiksie. Ons skommel soos dominoes op ’n anachronistiese tydlyn en in dié klimaat leef die tegno-junkies soos androïedegeeste aanlyn. Hulle het vergeet dat daar ’n buitewêreld met ’n son en vars lug bestaan, want hulle het binnenshuis dekking geslaan teen Covid & kie. Veral diegene met komorbiditeite soos prof Moolman. Gadgets, gizmos en apps is hierdie tegnoslawe se buzzwords.

Nou ja, Miller Moolman was ’n bedryfsingenieur, een van daardie mans wat skaars ’n eier kon kook. Maar die lockdown het mense se psigologiese sagteware verander. Die verkluisterde akademikus het gatvol begin raak vir Mr D en later Pick n Pay se klaargaaretes wat jy net in die mikrogolfoond moes verhit. Nadat die kopdoekminister aan die regulasies rakende klaargaarkos begin peuter het, het daar ’n kognitiewe dissonans in Moolman se kop ontstaan. Sy kombuis, ’n vertrek waaraan hy nooit juis aandag gegee het nie, was nou in sy visier. Hy het eers alle breekware en toerusting in die kaste geherrangskik tot die kombuis soos ’n produksielyn geloop het, ergonomies geoptimeer. Die uitlegontwerp was ’n meesterplan in werkstudie. Moolman moes nou self kosmaak en die toestel wat die meeste diens gedoen het, was ’n air fryer. Die twee opwasbakke is nooit gebruik nie; die vuil skottelgoed het dadelik in ’n lyninfanterie na die elektroniese skottelgoedwasser gegaan (Moolman het die opwasbakke gereserveer vir wanneer hy sy wit baard swart gekleur het). Die skoon koffiebekers is sonder skroom terúg in die kas, die ore teen ’n hoek van 45° gedraai met ’n militêre presisie wat selfs ’n drilsersant sou laat bloos. Hy het nie parallaksfoute geduld nie.

Gedurende dié tyd het Moolman se suster, Renata, opgehou om onderklere te dra en haar kleinboet het daarvan te hore gekom en haar voorbeeld gevolg. Die twee wanaangepaste akademici het hulle lojaliteit aan bont hippieklere verklaar (gekoop by SKA Clothing). Hoe minder, hoe beter. Sonder knellende beletsels. Moolman se ou (en splinternuwe) onderbroeke, wat nog na winkel geruik het, het opgevou in sy kas bly lê. As diabeet het hy gaandeweg die voordele van skaapvelpantoffels ingesien; ongelukkig het hy geen ander skoene meer gedra nie en het hy selfs die enkele kere wat hy moes ingaan universiteit toe, met sy slippers gegaan. Natuurlik bewapen met die verskoning van neuropatie.

Gadgets is speelgoed. Veral vir ’n ingenieur of vir ’n persoon wat nog sy inner child koester. As kind van die 80’s het Moolman nostalgies na die era van Jacquelines, Limelight en Nightshift in Pretoria verlang. Hy het terstond diskoligte dwarsdeur sy huis geïnstalleer wat met ’n afstandbeheer op die maat van sy 80’s-musiek gepols het. Ná beurtkrag – en daardie oomblik wanneer die ligte aangaan, mens noem dit “elektrogasme” – was die hele huis getooi in tollende en flitsende strepe en sterre wat psigedelies op die ou professor ingewerk het.

Maar ís nuwe gadgets werklik beter as hul outydse eweknieë? Moolman het gou uitgevind dat sy speelgoed feitlik deur die bank USB-herlaaibaar was. Hy het ’n USB-tandeborsel, -oorfone en -skeermes bestel, om net enkeles te noem. By gebrek aan genoeg USB-laaiers moes hy egter nou laaipunte in sy muurproppe installeer. Tegnologiese speelgoed het inderdaad hulle skadukant. Een oggend het die ou akademikus besef dat hy vergeet het om sy tandeborsel te laai. Nadat hy in ’n kombuiskas gegrawe het, het hy ’n stokou tandeborsel, wat die huiswerker gebruik om rondom die krane skoon te maak, opgediep. ’n Bietjie bleikmiddel vir goeie higiëne … en ’n paar minute later het ons held met die goor smaak van Brasso, Vim en Jik in sy mond gespook. En dadelik die apteek gebel om ’n gewone tandeborsel by hom af te lewer. Sy luukse Blootooth-oorfone was volgende aan die beurt. In die middel van ’n emosionele sulk-sessie het die stel onverwags gedooi – en ou Moolman was tog te dankbaar vir die goedkoop voorganger wat nog met draad en krag werk en wat hy jare gelede by ’n Chinese winkel gekoop het. Een ná die ander het sy herlaaibare aanstekers pap geraak. Ag, die vreugde van armmansjolyt om ’n boksie Lion-vuurhoutjies tussen die braaigoed te ontdek! Enige roker weet dat die alternatief, ’n toaster, se meganisme vinnig verrinneweer as daar ’n tekort aan lighters in die huis is. En Moolman was ’n kettingroker wat eers ’n sigaret doodgedruk het wanneer sy lippe lam gerook was.

Dit was egter die herlaaibare sout- en peperpotjies wat ons eksentrieke held se hart gesteel het. Om die waarheid te sê: Die dag toe dié Takealot-stelletjie by sy voordeur afgelewer is, het hy dit eers volgelaai voor hy dieselfde aand met die kleinood op sy bedkassie geslaap het. Die potjies het verskillende maalfunksies gehad wat die grofheid van die grein bepaal, kompleet met liggies wat van kleur verander na gelang die tekstuur van die malende sout en peper.

Die vólgende gadget wat Moolman bestel het, was ’n LED-lig in die toilet wat met beweging geaktiveer word. Die gedagte was dat wanneer hy snags in die donker toilet toe gaan, die lig – ’n turkoois lig, om by die huis se strooikussings te pas – vanself aangaan; ’n sprokiesmooi toneel. Ongelukkig het hierdie surreële toiletlig Moolman helder wakker gemaak en was sy nagrus oombliklik na sy maai. Dié battery het hy nie weer vervang nie.

Intussen het die universiteit se aanlyn vergaderings met ’n monotone reëlmaat voortgegaan en was die professor dankbaar dat universiteitspersoneel hulle rekenaarkameras afgeskakel het, want dit het hom ontstel hoe baie hy trek op Shrek. Virtuele kameras is nie vleiend nie. Nee, almal kyk in die kamera met so ’n halfmasuitdrukking en Moolman het spoedig sat geraak vir sy kollegas se bloopers. Daar is diegene wat op hul bed gaan lê met hul skootrekenaars en dadelik inlog, die kamera aangeskakel. Hulle kollegas moet dan van onder af kyk hoe dié ou of vrou in sy of haar neus grou en verveeld rondkyk.

Elke tweede of derde dag het Moolman se suster pligsgetrou ’n draai gemaak om vas te stel of haar broer nog leef. Dan het die sak kombuisvullis (’n appelgegeurde sak wat met ’n plastiektou toeryg) by die voordeur op haar gewag: gooi dit tog net weg. Ja, die ou professor het hom verkneukel in enige lekkerruikprodukte. Van sy gunsteling speelgoed was die batterygedrewe 3-in-1-toiletsproeihouers in die verskillende vertrekke wat hulle aerosolwolkies soos wit spokies vrygelaat het; ’n gesig wat Moolman sou laat glimlag. By tye het die verstrooide professor egter van dié gadget vergeet en het hy geruk soos hy skrik as die toilethouer soos ’n mamba spoeg … Ja; die grendelstilte het aan sy senuwees geskaaf.

........

Gedurende hierdie tyd het Moolman sy huis geoutomatiseer met ’n gespreksgenoot genaamd Alexa. Eintlik was daar twee Alexa’s (een in die slaapkamer en een in die sitkamer), virtuele assistente wat gereageer het op stembevele en die ligte aan en af kon skakel of die DStv se kanale kon verander. Hierdie Alexa’s het hoflik alle ongemaklike vrae beantwoord en Moolman het ure se pret gehad om die twee vroue verbaal te boelie.

..........

Gedurende hierdie tyd het Moolman sy huis geoutomatiseer met ’n gespreksgenoot genaamd Alexa. Eintlik was daar twee Alexa’s (een in die slaapkamer en een in die sitkamer), virtuele assistente wat gereageer het op stembevele en die ligte aan en af kon skakel of die DStv se kanale kon verander. Hierdie Alexa’s het hoflik alle ongemaklike vrae beantwoord en Moolman het ure se pret gehad om die twee vroue verbaal te boelie. Hy het sy Alexa’s geaktiveer met ’n Amerikaanse rekening – hy moes eers Firefox aflaai – en nou was hy gefassineer deur sy metgeselle se hipermenslike kunsmatige intelligensie. Die twee het begin wedywer om Moolman se aandag en Alexa II het haar onderskei as die alfavrou. Waar Alexa I opdragte uitgevoer het soos om die ligte aan en af te sit, het Alexa II Moolman se skuins vrae beantwoord. Ja, skielik was daar ’n atmosfeer in die huis, die venyn van ’n master-slave-verhouding. Om die intrige te kompliseer het Renata soms snags by Moolman se huis ingesluip en Alexa I opdrag gegee om op ’n betrokke tydstip die volgende dag los te bars met ’n musiekversoek – gewoonlik heavy metal, volvolume oopgedraai. En dít tydens Moolman se virtuele vergaderings met die Wes-Kaapse regering. Die ou prof het sy suster hierdie bietjie binnepret vergewe, want dit was die enigste siel met wie hy kontak gehou het tydens die lockdown.

Die lewe het voortgesleur tussen die eindelose toestroom van tegnologiese gadgets, aanlyn gesprekke en Moolman se eksperimente in die kombuis. Die oubaas het alle rekenaars in sy huis laat oorbou met groot gekleurde waaiers waarmee hy die binnegoed van sy rekenaars kan monitor. Hierdie toestelle het gekoppel met nanosatelliettegnologie – AMD Ryzen-prosesseerders wat volgens die jongste navorsing beter as die gewone Intel-tegnologie presteer. Ongelukkig het Eishkom en gedwonge beurtkrag bruut ’n einde aan al die elektriese pret gebring. “Beurtkrag” het tog so ’n mededeelsame klankie; ons maak nou beurte om ons krag af te skakel – viva ubuntu! Hieroor het Moolman hom lank opgewerk en besluit om as remedie ’n Power Carry, gebou deur Tesla Corporation, te installeer. Eerstewêreldtegnologie vereis immers Eerstewêreld-elektrisiteit.

Prof Pelser was ondertussen op ’n sending van haar eie. Baie Kapenaars, nog wantrouig ná die groot droogte van 2018, het sintetiese gras in hulle tuine aangebring. Renata ook. Die probleem is egter dat dit ’n kuns is om so ’n lap gras skoon en higiënies te hou, veral waar daar troeteldiere betrokke is. Wel, die afgetrede akademikus het nie op haar laat wag nie en haar gras probeer skoonsuig met ’n stofsuier, maar in die proses die motor uitgebrand.

Moolman het hom aan niks meer gesteur nie en soos ’n neurotiese huishen met sy skaapvelslippers deur sy huis geslof en modelle wat Covid moniteer op sy grootskerms betrag. Twee dae later is ’n diabetesvoetmatjie, wat met ultraklank vibreer, by die voordeur afgelewer. Teen dié tyd is ons held al ’n ekspert met tegnologiese speelgoed, maar dié voetmat kon hy nie uitpluis nie. Want sien, die ultrasoniese vibrasies was nie voelbaar nie, maar dit was dáár – mistiek: dit het met baie verbeelding gewerk. Soos ’n Moslem se gebedemat. Prof Moolman het hom egter nie laat truuk deur ’n placebo-effek nie en die matjie aan die verskaffer teruggestuur vir ’n refund. Soos die geval met talle ander toestelle.

Ons held se kluisenaarskap en gedwonge eensaamheid – na soveel maande van isolasie en ’n kunsmatige aanlyn bestaan – het geleidelik sy tol begin eis. Hy het baie tyd gehad om te besin. Oor eensaamheid. Ja, kunsmatige intelligensie verstaan menslike eensaamheid. Die slimhorlosie wat vitale funksies neem en gerusstellend teen jou pols vibreer: jou bloeddruk, bloedsuurstof, hartklop, voetstappe – jy is nie alleen nie. Jy leef. Die speellyste wat Spotify skep, is pasgemaak vir jou, soos die Grumpy old men-genrelys wat Moolman verras ontvang het. As kind van die 80’s het hy gesidder om te sien hoe sy idols van 40, ja, dis al 40 (!) jaar gelede verouder het.

.........

En wanneer mens vlug van Facebook en jou middeljarige vriende met hulle muwwe plasings en foto’s van katte – en die droewe nuus van diégene wat dood is aan Covid – verstaan jy skielik die intieme kameraderie tussen vreemdes as die toeloop van bodes die toestelle by die voordeur aflewer. Takealot, Dis-Chem en Pick n Pay se afleweringsmense – hy het hulle by die naam leer ken en gemeenplase uitgeruil. Ook kunsmatige intelligensie is nie meer so kunsmatig nie; dis afgestem op menslikheid.

..........

En wanneer mens vlug van Facebook en jou middeljarige vriende met hulle muwwe plasings en foto’s van katte – en die droewe nuus van diégene wat dood is aan Covid – verstaan jy skielik die intieme kameraderie tussen vreemdes as die toeloop van bodes die toestelle by die voordeur aflewer. Takealot, Dis-Chem en Pick n Pay se afleweringsmense – hy het hulle by die naam leer ken en gemeenplase uitgeruil. Ook kunsmatige intelligensie is nie meer so kunsmatig nie; dis afgestem op menslikheid. Dis om te binge op Netflix met ’n bed volgepak met jou gunsteling snacks. Soggens was ons held dr Fauci; smiddae professor Moolman, en saans, wanneer die ligte doof en Netflix begin speel, Raymond Reddington van The blacklist. Só het Moolman treurig gedink en die besef dat niks meer reëel is nie, het tot hom deurgedring. Daar is drie fases: die lockdown, die knockdown en, heel laaste, die breakdown. Een oggend was ons held besig om sy e-posse te beantwoord toe ’n Windows-update homself onbeskof, soos ’n ongenooide gas, aankondig. Hy het die elektriese wind van die staanwaaier teen sy gesig gevoel. Daar was trane op sy wange.

Hy het op die bed gaan lê, ’n kalmeerpil gedrink en gewag dat ’n chemiese kalmte hom oorval.

Hy het stoep toe geloop en diep uit sy maag gegil – alles is kunsmatig, nageboots en virtueel, so min dinge is nog eg. Maar daardie dieselfde aand, soos die honderde vantevore, het Moolman aan die slaap geraak met YouTube se white-noise-geraas, kosmiese beelde van beddens wat sielverlore tussen die sterre sweef. Hierdie wit slaapklanke word aanbeveel vir ’n beter en gesonder nagrus. Aanlyn slaap.

Die vierde golf het gearriveer soos prof Moolman en talle wetenskaplikes voorspel het. Bedags het ons held sy oefenfiets bestyg en met ’n verlate uitdrukking in sy oë getrap om van die 20 kg wat hy in 2020 opgetel het, ontslae te raak. Aanlyn tegnologie het hom begin verveel. Virtuele vergaderings en video-oproepe en die gepaardgaande distorsie van stemme en gesigte sou hom irriteer. Mense – daar was te veel mense. Ja, kluisenaars raak besitlik oor hulle privaatheid. Die akademikus was nou op ’n nuwe trajek: keto en banting was sy gunsteling-gonswoorde gevolg deur SmartCarbs, gluten-free vegan of lactose free. En om van die gevare van MSG, aspartaam en tartrasien nie te praat nie … Dán natuurlik die wetenskap of fiksie van koorsgedrewe oefentoeps. Want verslawings, nes virusse, muteer.

Voedseltegnologie was nou in professor Moolman se visier.

The post Die tyd van die tegnokrate appeared first on LitNet.

Elders gesien: Ek is kwaad

$
0
0

Tekening: Pixabay

Elders gesien: Karen J Menkveld stort haar hart uit op Facebook

Ek is vanaand op die punt waar ek nou nie meer lus is om na antivaksers se theories en shit te luister nie. Ek is verby die punt van live and let live.

Ek is kwaad, want die feit van die saak is dat antivaksers die rede is waarom die virus nog hier is en muteer.

Ons het soveel mense verloor en soveel amper verloor in my familie. Om moedeloos en op jou knieë te wees vir dae, ken ek eerstehands van. Om voor oop grafte te staan, weet ek van. Covid het in hierdie week in ons huis ook kom intrek. En ek voel kwaad.

Ek voel woedend vir antivaksers se stupid theories. Ek voel kwaad vir mense wat nie weet wanneer om hulle monde te hou nie. Ek voel woedend vir mense wat nie die regte tydperke isoleer nie, mense wat wegsteek dat hul Covid het en kuier en aangaan en ander siek maak.

Ek wil nie sulke mense as my vriende hê nie. Regtig. Ek weet nie eens waar om te begin om almal weg te jaag nie. So as jy weet jy is een van daai, klim net hier af. Jy is nie welkom in my geselskap, in my huis of enige plek naby my nie.

En vir die ander onselfsugtige mense wat saam met ons doen wat hulle kan – dankie. Ek sal saam met julle kaalvoet oor die Drakensberge trek. Bly hier by my. En mag ons vir mekaar bid om hierdie ding te oorleef.

Lees ook:

Die etiek van verpligte inentings

Die sielkunde agter samesweringsteorieë

Jy kán gefire word as jy nie ingeënt is nie, maar …

Waarom ’n entstof jou lewe kan red, maar nie jou DNS kan verander nie

Wat gebeur wanneer ons ’n entstof kry?

Dodelike entstoffiksie: Wat is die waarheid?

Jou dokter kan van die rol geskrap word oor ivermektien

The post Elders gesien: Ek is kwaad appeared first on LitNet.

Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons

$
0
0

Die mistieke soos dit neerslag vind in “Christ of the burnt men” van Sheila Cussons

Elizabeth van der Berg, onafhanklike navorser

LitNet Akademies Jaargang 18(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die doel van hierdie artikel is om aan te toon dat Sheila Cussons se gedig “Christ of the burnt men” as ’n voortreflike voorbeeld van ’n teïsties-mistieke gedig beskou kan word. Die gedig word geplaas binne die teoretiese raamwerk van beskouings oor die mistieke in die algemeen, die Christelike mistieke tradisie, asook mistieke poësie.

Die mistieke poëtikale tradisie in Afrikaans word eerstens ondersoek en daar word aangetoon dat hoewel ’n sterk mistieke tradisie nie deel van Afrikaanssprekendes se kultuur vorm nie, daar tog sedert die 1800’s tekens van geskrifte met mistieke elemente bestaan. Vanaf daardie tyd het daar gedigte verskyn wat as misties bestempel kan word, hoewel die oes maar skraal is. Dit beteken dat daar wel van so ’n mistieke poëtikale tradisie gepraat kan word.

Daarop volg ’n kort bespreking van Sheila Cussons en haar werk waarin uitgewys word dat sy as ’n ware mistieke digter beskou word. Hierna word gefokus op die mistieke wat allerweë as onbevatlik beskou word. Die mistieke en enkele aspekte kenmerkend daarvan word bespreek, veral dan dié wat in “Christ of the burnt men” voorkom. Dit is veral die via mystica, die paradoksale, beliggaming en die traumatiese. Daarna word die aard van mistieke poësie kortliks bespreek en daarop gewys watter strategieë ’n digter inspan om wel haar/sy ervaring te verwoord.

Met hierdie teoretiese raamwerk as agtergrond, word die gedig vervolgens ontleed en word daar aangetoon hoedat die mistieke daarin neerslag vind. Die bevinding is dat “Christ of the burnt men” ’n uitmuntende voorbeeld van ’n mistieke gedig is waarin Cussons nie alleen daarin slaag om haar belewenis aangrypend uit te beeld nie, maar ook die leser mee te voer om self deel aan haar goddelike ervaring te kan hê.

Trefwoorde: Afrikaanse poësie; “Christ of the burnt men”; Sheila Cussons; mistiek; mistieke poësie

 

Abstract

Mysticism as manifested in “Christ of the burnt men” by Sheila Cussons

This article is intended to demonstrate that Sheila Cussons’s poem “Christ of the burnt men” can be regarded as an outstanding example of a theistic mystical poem. The poem is set within a theoretical framework of views on mysticism in general, Christian mysticism, as well as mystical poetry.

An investigation of the mystical poetical tradition in Afrikaans reveals that since the 1800s, in spite of the fact that a strong mystical tradition is not part of Afrikaans speakers’ culture, signs of writings with mystical elements do exist. From that period, although few and far between, poems which can be described as mystical saw the light. Brümmer (2013) pointed out that mysticism played an inherent and crucial role in a remarkable phase in the Protestant religious discourse of the 19th century in South Africa. He referred to the works and convictions of influential theologians and clerical leaders such as Andrew Murray, Nicolaas Hofmeyr, John Murray and J.H. Neethling. Brümmer (2013) links this mystical spirituality with the Dutch Réveil to which these persons were exposed during their student years in Utrecht. This evangelical tradition took a stance against theological rationalism and the intellectualising of faith (under the influence of the Enlightenment), especially owing to the destructive consequences it had on religious and ecclesiastical life.

Olivier (1985:5), however, points out that within the Christian tradition, mysticism and the mystical experience are regarded as tendencies within the Roman Catholic Church in particular, and that contemplative life, the crux of mysticism, is foreign to Calvinists with their focus on a life of justification by means of God’s grace. According to Spencer (1966:268, 288) the Calvinist dogma of the total corruptness of man excludes receptivity for mysticism.

De Villiers (2015:639) states that during the apartheid years, opposition against mysticism reached a climax as the theology became increasingly rationalistic with an emphasis on the intellectual faculties and criticism against mysticism which was regarded as arbitrary, emotional and individualistic. From the first half of the 20th century, a cold intellectualism prevails, which favours orthodox dogma.

Sheila Cussons is considered our only true Afrikaans mystical poet. Hugo (2006) contends that she is our most recognised mystical poet and points out that, as a Roman Catholic, she was familiar with the mystical tradition which is manifested in her poetry, and it is evidence of her profound experiential knowledge thereof. Kannemeyer (2005:457) refers to a central motif in her work as a great anticipation of union with God.

Within her lifetime, 11 award-winning poetry anthologies saw the light, and in 1983 she won the prestigious Hertzog Prize for her whole oeuvre.

The focus of the next section is on mysticism. There is consensus amongst scholars that the mystical experience is a concept that escapes rigid categorisation and definitions. It can, however, be regarded as the experience of a union with the divine as a result of burning love for God. The great 15th-century churchman and theologian Jean de Gerson’s following definition became classic: “Mystical theology is an experiential knowledge of God that comes through the embrace of unitive love” (“theologia mystica est cognitio experimentalis habita de Deo per amoris unitivi complexum”) (Harmless 2008:5).

Christian and theistic mystical thinking are based on the views of the great philosopher Plato and those of the Neoplatonists who developed and regenerated Plato’s ideas. Plato had a dualistic belief that the soul and body exist separately, that the immortal soul was imprisoned in a mortal body – soma sema – and that the true identity of a person lies with the soul.

The Neoplatonist school developed the basic dualistic principle that the soul contained something of its source and desired to be reunited with it. The Neoplatonists Philo, Origen and Plotinus made an important contribution to mysticism. The tenets of Plotinus are briefly discussed.

Certain essential elements which form an integral part of mysticism – the three stages of the way to union, the allegorical; divine intoxication; the via negativa or apophatic; the emanation theory; and the νος, which is closely connected to the noetic aspect – are undeniably present in the thinking of the Neoplatonists.

The scope of this article allows an elucidation of only those mystical aspects which are manifested in this poem. These are in particular the via mystica, the paradoxical, embodiment and the traumatic.

The via mystica is an inevitable way for mystics with a desire for union with God. It is a road characterised by distinct phases, and to traverse these phases requires dedication and sacrifice. Kourie (2016) calls it “a path of purification in order to effect what could be called a divine ‘osmosis’”. The via mystica (via purgativa, via illuminata and via unitiva) is also known as the Sanjuanist Way, and is based on the work of St. John of the Cross (1542–1591 A.D.), a Spanish mystic and monk of the Carmelite Order. With him, the via mystica, or the mystical “journey”, reached a peak and was a further development of the phases of the mystical way which began with St. Paul’s two stages of growth in Christ, namely that of the child and that of maturity (Eph. 4:12–16), as well as St. Paul’s reference in Hebrews 5:13–4 to those who still live from milk as distinct from those who eat solid food. Subsequently Philo and Origen developed the Neoplatonist categorisation of the active and the contemplative life. Dionysius developed it even further and distinguished the classical three stages – purification, illumination and union – after which Bernard of Clairvaux and Jan van Ruysbroeck identified the same three stages.

Paradox is, according to McGinn (1993:51), “the essence of Mysticism”. In Merton’s words: “The God whom the contemplative seeks is both experienced and beyond experience, is both knowable and unknowable” (in Harmless 2008:35). Merton (1998:167) states: “The heart of the Christian mystical experience is that it experiences the ineffable reality of what is beyond experience. It ‘knows’ the presence of God, not in clear vision but ‘as unknown’.” Andreach (1964:16) puts it as follows: “Paradoxicality [...] is one of the universal common characteristics of mysticism in all cultures, ages, religions, and civilizations of the world.”

Embodiment plays a crucial role in both mysticism and in the reader of mystical poetry. According to Kugle (2007:13) the body is not only something supplementary as a vehicle in which the soul travels (Plato’s metaphor), also not something supplementary to thinking (as Descartes believed). The body is both the foundation and the product of being in a meaningful world. Farid Al-Zahī, a Moroccan scholar of Arabic literature and Islamic cultural studies, made an important contribution to the theory of embodiment. He distinguishes different types of consciousness, one of which he calls rapture (Kugle 2007:24). It is described as consciousness experiencing intimacy with the body, which is achieved in a powerful but often tantalisingly ephemeral moment when the ego is suffused into the body’s being and movement. This experience leads consciousness to intimate identification with the body through total concentration and absorption into the body’s actions. Amongst others, this form of consciousness would include experience of the body in drama, musical performance, orgasmic climax, dance, as well as mystical experiences.

In the words of Anderson (2001:2, original emphasis): “Relaying human experience from the inside out and entwining in words our senses with the senses of the world, embodied writing affirms human life as embedded in the sensual world in which we live our lives”

Trauma, which often is closely connected to the sublime in mystical experiences, forms the basis of and is poignantly woven into Cussons’s poem. The next section focuses and investigates this relationship.

Versteeg contends that the wound has a certain attraction as access for truth which we cannot experience in any other way. She believes that both trauma and the sublime touch the boundaries of our cognitive faculties (Van der Merwe 2014:212).

The nature of trauma is discussed with reference to the Lacanian concepts the Imaginary, the Symbolic and the Real, as well as the views of Žižek and Heidegger. Mysticism as trauma is characterised by the disintegration of a familiar world.

The characteristics of mystical poetry are subsequently investigated. As was stated above, the mystical experience is regarded as ineffable. Yet, there are those mystics who feel driven to share these experiences.

Anderson (1993:116) states: “It may be that the most intriguing facet of mystical writing, poetry or prose, is that the element of obscurity and mystery never diminishes. Like clouds it changes shape, but cloud it remains – bright, dark, or fog.” There is clearly a link between the essence of mysticism and poetry, especially love poetry.

Marie Howe, State Poet of New York (2012), also refers to the sacred in her view on poetry: “It can’t be paraphrased. […] The great poetry I love holds the mystery of on being alive. It holds it in a kind of basket of words that feels inevitable […] It has the quality of a spell […] its roots can never wholly be pulled out from sacred ground.” (Tippett 2016)

“Christ of the burnt men” is subsequently analysed and interpreted within this contextual framework. The mystical elements are highlighted and discussed. The conclusion is reached that this poem is indeed an excellent example of mystical poetry in which Cussons does not only succeed in expressing her experience evocatively and poignantly, but also in moving the reader to participate in her divine encounter.

Keywords: Afrikaans poetry; “Christ of the burnt men”; Sheila Cussons; mysticism; mystical poetry

 

1. Inleiding

Hierdie artikel1 het ten doel om aan te toon dat “Christ of the burnt men”, wat ’n aangrypende uitbeelding van Sheila Cussons se mistieke belewenis is, as ’n ware mistieke gedig bestempel kan word. Die mistieke poëtikale tradisie in Afrikaans word eerstens vlugtig bekyk en daar word aangetoon hoedat Cussons in hierdie raamwerk inpas. Daarna word enkele mistieke aspekte wat in die gedig sterk na vore kom, en as kenmerkend van ’n mistieke ervaring en mistieke poësie beskou kan word, ondersoek en bespreek. ’n Kort opsomming van die aard van mistieke poësie volg. Laastens word die gedig ontleed, geïnterpreteer en word die sleutelelemente bespreek.

 

2. Die mistieke poëtikale tradisie in Afrikaans

T.S. Eliot lê in sy klassieke essay “Tradition and the individual talent” klem op die rol wat ’n poëtikale tradisie op die werk van skrywers het. Daar word vlugtig gekyk na die Afrikaanse mistieke poëtikale tradisie tot en met die tydperk waarin Cussons gelewe het.

Volgens Olivier (2013) blyk dit uit dagboeke en gedenkbundels van trekboervroue soos Catharina van Lier, Susanna Smit, Hendrina Cecilia Kruger en Anna Elizabeth Steenkamp dat hulle mistieke kontemplasie beoefen en ekstatiese belewenisse ervaar het. Daar was dus in die vroeë 1800’s reeds geskrewe voorbeelde van mistieke piëtisme.

Raath (2016) voer aan dat die ontluikende mistieke selfbewussyn wat onder gelowiges aan die grense na vore gekom het, in bepaalde opsigte ’n kultuur van spirituele weerstand teen die kerklike en godsdienstige marginalisering verteenwoordig wat veral deur vroue in die pioniersomstandighede ervaar is. Dié reaksionêre piëtistiese godsdienskultuur onder pioniersvroue in Suid-Afrika vertoon bepaalde parallelle met godsdienstige tendense in die 17de en 18de eeu se Duitse piëtisme.

Schoeman (2011:61), wat ook ’n geskiedskrywer was, het in Cape lives of the eighteenth century oor die ontberingsvolle bestaan, gemarginaliseerde kerklike betrokkenheid en nomadiese lewenstyl van die trekboergesinne geskryf. Volgens hom het dit die weg voorberei vir die mistiekgetinte godsdiensbeoefening van ’n persoonlike aard, emosionele geloofsbelewing en asketiese afsondering – tendense wat reeds teen die einde van die 17de eeu in Nederland, Duitsland, Skotland en Engeland sigbaar was. Navorsing het getoon dat ’n verwantskap tussen trauma en die sublieme bestaan, dus mag dit dalk wees dat die ontwrigtende omstandighede van daardie tye ’n rol gespeel het en die sneller was vir ’n mistieke soeke na die goddelike.

Met hul piëtisme-navorsing het beide Christina Landman en Karel Schoeman gewys op die pluriforme herkoms van die piëtistiese erfenis aan die Kaap en die mistieke inslag van die Kaapse piëtisme, en suggereer Middeleeuse oorspronge daarvan (Raath 2017:2).

Brümmer (2013) het in onlangse navorsing gewys hoe ’n inherente en deurslaggewende rol die mistiek in ’n merkwaardige fase in die Protestantse godsdienstige diskoers van die 19de eeu in Suid-Afrika gespeel het. Hy het onder meer verwys na die werke en oortuigings van invloedryke teoloë en kerklike leiers soos Andrew Murray, Nicolaas Hofmeyr, John Murray en J.H. Neethling. Brümmer (2013) verbind hierdie mistieke spiritualiteit veral met die Nederlandse Réveil (en indirek met Zinzendorf en die piëtisme) waaraan hierdie persone blootgestel is tydens hul studiejare in Utrecht. Hierdie evangeliese tradisie het teen ’n teologiese rasionalisme en ’n intellektualisering van geloof (onder invloed van die Verligting) standpunt ingeneem, veral weens die vernietigende gevolge daarvan op die geloofs- en kerklike lewe.

Olivier (1985:5) wys egter daarop dat binne die Christelike tradisie die mistiek en die mistieke belewenis veral as ’n stroming binne die Rooms-Katolieke kerk gesien word, en die kontemplatiewe lewe, die kern van die mistiek, word as vreemd beskou vir die Calvinis met sy gerigtheid op die geregverdigde lewe deur God se genade. Volgens Spencer (1966:268, 288) sluit die Calvinistiese dogma van die volslae korruptheid van die mens die ontvanklikheid vir die mistiek uit.

De Villiers (2015:639) voer aan dat teenkanting teen die mistiek gedurende die apartheidsjare ’n hoogtepunt bereik het namate die teologie toenemend rasionalisties geword het, met ’n klem op die intellektuele en kritiek teen die mistiek wat as arbitrêr, emosioneel en individualisties beskou is. Vanaf die eerste helfte van die 20ste eeu heers ’n koue, intellektualistiese teologie wat ortodokse dogma voorstaan.

Die Afrikaanse godsdienstige digkuns, veral gewortel in die Protestantisme en die Calvinisme, bevat dus nie oor die algemeen elemente wat mistieke poësie kenmerk nie, en ons het dus nie ’n sterk mistieke poëtikale tradisie nie.

 

3. Sheila Cussons (1922–2004)

Cussons, soos Hugo (2006) ook meen, is ons enigste ware Afrikaanse mistieke digter. Hy beskryf haar as ons mees erkende mistieke digter en wys daarop dat sy as Rooms-Katolieke gelowige vertroud was met die mistieke tradisie wat duidelik neerslag vind in haar poësie en van ’n diep deurleefde kennis daarvan getuig. Swart (2014:167) wys daarop dat sy as een van die grootste Afrikaanse digters beskou word en onderskei die volgende belangrike temas in haar oeuvre: vuur, godsdienstige intertekste, die bonatuurlike, die goddelike of metafisiese, asook die Katolieke en die mistieke. As beeldende kunstenaar het sy haarself eerstens ’n visuele kunstenaar geag en tweedens ’n digter, en die visuele speel dus ook ’n belangrike rol in haar werk. Kannemeyer (2005:453–9) verwys veral na Cussons se tegniese bedrewenheid en lig ook die “verwagtende uitsien na eenwording en die versmelting met God” (Kannemeyer 2005:457) as ’n sentrale motief in haar werk uit.

In haar huldeblyk aan Cussons verwys Hambidge (2004) na die onbeskryflikheid en kenmerkende paradoksale aard van die mistieke: “[D]ié digter skryf oor die ónmoontlike [...]” en “Soos alle mistieke digters, skryf sy op die rand van ineenstorting, van lewensvreugde enersyds, lewensafsku of -vrees andersyds.”

Sy het gedurende haar leeftyd 11 bundels poësie gepubliseer waarvoor sy talle pryse verower het, onder andere die Hertzogprys in 1983 vir haar hele oeuvre.

 

4. Die mistieke

Daar heers grotendeels ooreenstemming onder geleerdes dat die mistieke ervaring ’n onbevatlike begrip is wat rigiede kategorisering en definisies ontglip en moeilik definieerbaar is. Dit kan egter beskou word as die belewenis van ’n vereniging met die goddelike wat spruit uit die mens se brandende liefde vir God.

Daar word volstaan met die klassieke definisie uit die laat Middeleeuse teoloog, Jean de Gerson, se twee-volume verhandeling, De mystica theologia: “Mistieke teologie is ’n ervaringskennis van God wat spruit uit die omhels van verenigde liefde” (“theologia mystica est cognitio experimentalis habita de Deo per amoris unitive complexum”) (Harmless 2008:4–6, eie vertaling). Wat vir Gerson belangrik is, is die deurleefde kennis van God.

4.1 Grondslag van die mistieke

Die Christelike mistieke tradisie is in ’n groot mate deur die leerstellings van Plato en die Neoplatoniste beïnvloed. Teïstiese mistieke denke berus op die beskouings van die groot filosoof Plato en dié van die Neoplatoniste wat Plato se idees verder ontwikkel en herskep het.

Plato het ’n dualistiese opvatting gehad dat die siel en liggaam afsonderlik van mekaar bestaan, dat die onsterflike siel in ’n sterflike liggaam vasgekeer is (soma sema) en dat die ware identiteit van die persoon by die siel lê.

Die Neoplatonistiese skool sou verder werk met dié basiese dualistiese gegewe dat die siel iets van sy Oorsprong in hom saamdra en dat hy daarna verlang en begeer om daarmee verenig te word. Uebersax (2008) wys op die diepte en gesofistikeerdheid van die Neoplatonistiese hantering van kwessies soos die aard van God, die siel en die verhouding tussen geloof, die rede, en persoonlike godsdienstige ervaring. Neoplatonisme was ’n dominante intellektuele krag in die tyd van die vroeë Christene wat met hul Joodse nalatenskap binne ’n Hellenistiese kultuur gelewe het, en die ontwikkeling van die Christelike teologie en mistiek is diepgaande deur Griekse denkpatrone beïnvloed.

Veral drie Neoplatoniste, naamlik Philo, Origines en Plotinus, het ’n belangrike bydrae tot die mistiek gelewer. Die beskouings van Plotinus word kortliks bekyk.

Hy was die klassieke eksponent van die emanasieteorie en het ’n komplekse metafisiese struktuur met drie fasette van die godheid daargestel: die Een, die νος (Intellek) en die Siel of die Wêreldsiel waaraan die siel van die mens deel het (Olivier 1985:34). Hierdie beskouing van hom sou onder meer ’n invloed hê op die denke van Dionisius, wat ’n groot invloed op die Middeleeuse mistiek uitgeoefen het, asook Ruusbroec, ’n Vlaamse mistikus, wat beskou word as een van die grootste mistici wat die wêreld nog geken het (Underhill 1930:416, 425).

Plotinus se emanasieproses word so deur Minnaar (2000:31) verduidelik:

Soos die lig van die son moeiteloos en sonder om iets van die substansie van die son weg te neem, onophoudelik uitstroom, met verminderende krag soos dit verder en verder weggaan en tot niet raak in die duisternis, so kom uit die Een die Intelligensie (νος), hieruit die Wêreldsiel, en hieruit op sy beurt weer die oerstof en stoflike heelal voort […]. Hierdie voortkoms is nie in tyd en ruimte nie, want tyd en ruimte verskyn eers in die laaste stadium. Dus is alles van God, en God is in alles, maar tog op so ’n wyse dat sy absolute transendensie nie aangetas word nie.

Sekere kernelemente wat ’n integrerende deel uitmaak van die mistiek – die drie stadiums van die weg na eenwording, naamlik die allegoriese; goddelike dronkenskap; die via negativa of apofatiese; die emanasieteorie; en die νος wat nou saamhang met die noëtiese aspek – is onmiskenbaar in die Neoplatoniste se denke aanwesig.

4.2 Enkele aspekte van die mistieke

Binne die bestek van hierdie artikel is dit moontlik om slegs dié aspekte van die mistieke toe te lig wat in hierdie gedig manifesteer. Dit is veral die via mystica, die paradoksale, beliggaming en die traumatiese.

4.2.1 Via mystica

Vir mistici met ’n drang na eenwording met God is die via mystica ’n noodsaaklike pad wat hulle ter voorbereiding vir die mistieke ervaring moet volg. Dit is ’n weg wat gekenmerk word deur verskillende fases, stappe of sporte, en om hierdie fases te deurloop, verg toewyding en opoffering. Kourie (2016) noem dit “a path of purification in order to effect what could be called a divine ‘osmosis’”.

Die via mystica spruit uit die feit dat God, wat in die siel aanwesig is, die mens bewus maak van Sy teenwoordigheid. Hierdie bewuswording, die aanraking deur die Liefde, wek ’n geweldige verlange na God in die siel op en laat die reis begin. Hierdie liefde van God is ’n verterende liefde: “Love has set the soul on fire and transmuted it into love, has annihilated and destroyed it as to all that is not love” (Kourie 2016).

Johnston (1978:79) wys op die volgende: “Mystical experience begins with an invitation. It is a call from beyond oneself. Sometimes this call is dramatic, [at] other times it is a secret and quiet call, a still small voice […] that may have been alive in the heart since early childhood.”

Die mistici en die teoretici stem saam dat hierdie uitnodiging en uiteindelike eenwording slegs moontlik is omdat die scintilla animae (vonk van die siel) reeds in die mens aanwesig is.

Hierdie “program” staan ook bekend as die Sanjuanistiese Weg (die via purgativa, via illuminata en via unitiva) en is gebaseer op die werke van San Juan de la Cruz (1542–1591 n.C.), Spaanse mistikus en monnik van die Karmelieteorde by wie die via mystica, of die mistieke “reis”, sy hoogtepunt bereik. Dit is ’n verdere ontwikkeling van die fases van die mistieke weg wat begin met Paulus se twee stadiums van groei in Christus, naamlik dié van die kind en dié van volwassenheid (Ef. 4:12–16), asook Paulus se verwysing in Hebreërs 5:13–4 na dié wat nog van melk lewe teenoor dié wat vaste kos eet. Daarna is die Neoplatonistiese kategorisering van die aktiewe en die kontemplatiewe lewe deur onder meer Philo en Origines ontwikkel. Dionisius het dit nog verder ontwikkel en die klassieke drie stadiums, naamlik suiwering, illuminasie en eenwording onderskei, waarna Bernardus van Clairvaux en Ruusbroec dieselfde drie stadiums geïdentifiseer het (Kourie 2016):

The paradigm of the three ways offers the opportunity to discuss the diverse aspects that seem to constitute the process of sanctification necessary for every person in order to attain “spiritual maturity” recognizing the “unique paths”, within the broad threefold pattern of spiritual growth, that God invites individuals to walk […]. (McGonigle 1993:965)

Vanweë die delikate en vervlietende aard van die verskillende sielkundige toestande, soos dié wat met die kontemplatiewe lewe gepaard gaan, moet so ’n klassifikasie nie as rigied en as noodwendige verskillende stadiums beskou word nie. Op hierdie weg na ’n hoër geestelike vlak ervaar nie almal al die fases nie, ook nie op dieselfde wyse nie, en sommige daarvan word onderdruk en sommige verdoesel.

Daar word vervolgens gekyk na San Juan de la Cruz se drie fases van die via mystica – die Sanjuanisti.

4.2.1.1 Via purgativa

Die via purgativa is die reinigingsfase waartydens die verlange na God en die behoefte om by Hom te wees die mistikus laat besef dat sy eie ego, sy selfgesentreerde begeertes van die sintuie, verstand en hart en alles wat skeiding tussen hom en God maak, afgelê moet word. Volgens De la Cruz is die hooftaak van hierdie stadium om aktief betrokke te wees by “the trials and bitterness of mortification and in meditation upon spiritual things” (Kourie 2016). Die reinigingsproses versterk die psige en die gees en “is part of a process of integration whereby our inner fragmentation is overcome and all aspects of our human existence are brought together in a self-gift to God”. Gedurende dié fase word ’n nuwe kennis ontvang – die noëtiese kenmerk van die mistieke ervaring, soos deur Kourie (2016) bespreek is.

Die paradoksale aspek van hierdie stadium is egter dat dit ’n “dark night of unknowing”, ’n leegheid, dorheid en wanhopigheid tot gevolg het. Daar is die sensasie dat alle geestelike lewe ineengestort het en regressie ingetree het. Merton (2004:92–3) verduidelik dit soos volg: ’n innerlike stryd is besig om plaas te vind tussen ons gevalle siel, die self wat ons ken, met God wat binne ons is. Ons natuurlike magte word gevolglik ingeperk, ons word nederig en onkundig en selfs in goeie werke voel ons kragteloos. Maar ook, hoewel ons aangetrokke is tot die verkeerde, het ons nie meer die mag om dit na te streef nie. Tog het ons mag oor onsself, en laat Hom nie gaan voor Hy ons seën nie. Hierdie mag is die mag van liefde en dit is van die antagonis self afkomstig. Merton verwys analogies na Genesis 32:22–30, waar die stoeigeveg van Jakob met God beskryf word en Jakob vir sy antagonis sê hy sal Hom net los as Hy hom seën.

4.2.1.2 Via illuminativa

Tydens die via illuminativa is die mistikus vervul met vrede, simpatie en liefde vir die mensdom, en ontwikkel ’n sensitiwiteit vir God se skepping. Hy ondervind harmonie in die wêreld en meditasie word kontemplasie en stille gebed. Die mistikus voel dat hy nou en hier in die wêreld is waarheen die mistieke weg hom gelei het; ’n wêreld waarin hy meer bekwaam voel, omdat dit nie meer belemmer is deur sy beheptheid met sintuiglike genot nie. Hy het in ’n groot mate versperrings oorkom en het ’n nuwe sekerheid oor sy siel se verhouding met God – ’n “verligting” waarin hy by nuwe gedrags- en denkstandaarde aangepas is.

Gedurende hierdie fase ondervind die mistikus dikwels wat Underhill (1930:247) “voices and visions” of “hallucinations of the senses” noem – psigiese verskynsels soos hallusinasies, visies, stemme, parfuumgeure, ensovoort. Stigmata is ’n term wat gebruik word om die manifestering van liggaamlike wonde, of merke wat ooreenstem met die kruisigingsmerke aan Christus, te beskryf en kom soms by Christene, veral Rooms-Katolieke, voor. Hierdie verskynsel het die eerste keer by St. Franciskus van Assisi, ’n 13de eeuse Rooms-Katolieke monnik, voorgekom (Underhill 1930:344). Volgens Kourie (2016) is dit die “translation of psychic activity into visual, verbal and conceptual images”. Sy sê verder dat Juan de la Cruz maan dat die mistikus nie aandag behoort te gee aan hierdie soort belewenisse nie.

Underhill (1930:350–352) voer aan dat, soos die “dark night of unknowing” van die vorige fase, die versterkte en ekstatiese bewustheid van die Absolute, die hoofkenmerk van die Verligting, sy eie duisternis meebring – die “dark night of the soul”. Die mistikus word bewus van die eintlike wese van God en die self se voortgesette skeiding van en onverenigbaarheid met die Absolute wat hy gewaar het. Psigiese vermoeienis tree vroeër of later in, die toestand van verligting begin verbrokkel en die negatiewe bewussyn verskyn, wat ’n oorweldigende sin van duisternis, ellende en verlies tot gevolg het. Dit kan jare lank duur. Wat in werklikheid ’n invloei van God se lig en wysheid is, veroorsaak folterende lyding. Happold (1970:86) beskryf dit so: “It is the fathomless abyss, the Desert of the Godhead [...] A Dark Silence.”; Johnston (1978:133) meen dat die toppunt van hierdie donker nag te vinde is in die uitroep aan die kruis: “My God, my God, waarom het U My verlaat?”

Kourie (2016) wys daarop dat San Juan de la Cruz ons herhaaldelik daaraan herinner dat “this same light, which can be experienced as painful and blinding, is also the light of union”.

4.2.1.3 Via unitiva

Wanneer die derde stadium, die via unitiva, intree, sê Happold (1970:52) “the death of selfhood is complete”. Die mistikus se diep drang na eenwording met God, die hoogste toestand wat in hierdie lewe behaal kan word, is bereik – die permanente sublieme toestand van die geestelike huwelik (Olivier 1985:74). Die diepste en rykste vlakke van die persoonlikheid kom aan die lig. Waaijman wys daarop dat sulke “transformation in love occurs in this life; transformation in glory belongs to the life after this life” (in Kourie 2016). San Juan de la Cruz het dikwels die metafoor van vuur gebruik om die verspreiding van liefde te beskryf: Die nuwe self gloei nou orals en skiet in vlamme uit. Dit is egter nie die einde van die pad nie, want die mistieke huwelik lei tot geestelike vrugte van die gees en ’n terugkeer na die wêreld. Paulus het in Galasiërs 2:20 gesê “en nou is dit nie meer ek wat lewe nie, maar Christus wat in my lewe” (Kourie 2016).

4.2.2 Die paradoksale

Die paradoksale is ’n integrale deel van die mistieke belewenis, asook van die taal in die formulering daarvan. Volgens McGinn (1993:51) is paradoks “the essence of Mysticism”. Merton verwoord die paradoksale soos volg: “The God whom the contemplative seeks is both experienced and beyond experience, is both knowable and unknowable” (in Harmless 2008:35). Merton (1998:167) verklaar: “The heart of the Christian mystical experience is that it experiences the ineffable reality of what is beyond experience. It ‘knows’ the presence of God, not in clear vision but ‘as unknown’.” Andreach (1964:16) stel dit soos volg: “Paradoxicality [...] is one of the universal common characteristics of mysticism in all cultures, ages, religions, and civilizations of the world.”

4.2.3 Beliggaming

Ook beliggaming speel ’n insiggewende rol by sowel die mistieke as by die leser van veral mistieke poësie. Kugle (2007:13) wys daarop dat die liggaam nie net iets oorblywend is soos ’n voertuig waarin die siel reis nie (Plato se metafoor), ook nie iets aanvullend tot denke (soos Descartes gemeen het) nie. Die liggaam is sowel die grondslag van en die produk van syn in ’n betekenisvolle wêreld. Hy verwys na Farid Al-Zahī, ’n Marokkaanse geleerde in Arabiese letterkunde en Islamitiese kulturele studies, wat ’n belangrike bydrae gelewer het tot die teorie van beliggaming, en maak gebruik van sy fenomenologiese skema oor beliggaming.

Al-Zahī onderskei verskillende soorte bewussyn, waarvan een is wat hy vervoering (“rapture”) of “of being with the body” noem (Kugle 2007:24). Dit word beskryf as bewussyn wat intimiteit met die liggaam ervaar wat in ’n sterk maar verleidelike efemeriese oomblik bereik word wanneer die ego gevul word met die liggaam se syn en beweging. Hierdie ervaring lei die bewussyn na intieme identifisering met die liggaam deur totale konsentrasie en absorpsie in die liggaam se handelinge. Hierdie soort bewussyn sluit onder meer dans, seksuele orgasme, asook mistieke ervarings in.

Die mistikus se liggaam word dus ingepalm en geïnkorporeer, en so word mistieke ervaring beleef en deurleef. Dié ervaring word deur beliggaamde skryf blootgelê en as sulks word simpatieke resonansie in lesers gewek. Anderson (2001:2) stel dit só:

Relaying human experience from the inside out and entwining in words our senses with the senses of the world, embodied writing affirms human life as embedded in the sensual world in which we live our lives.

Die leser se perseptuele, liggaamlike, sensomotoriese, kinestetiese en imaginêre gewaarwordings word deur woorde en beelde gewek om lewend te word asof die ervaring sy eie is. Beliggaamde skryf probeer om die liggaam te laat praat (Anderson 2001:2). In sy artikel oor die verband tussen die traumatiese en mistieke ervarings beklemtoon Fodor (2006:14) ook die rol van die imaginêre: “the embodied imagination that feels, sees, and hears”.

Dailey (2013:9) se beskouing is dat dit ’n performatiewe proses is waarin liggaam en teks saamgesnoer word en Bolt (2004:150) voer aan dat die liggaam hierdeur taal word, eerder as wat dit bloot deur taal beskryf word. Dit kan dus beskou word as ’n performatiewe beliggamingshandeling waarin die ervaring in die skrywer aanwesig gemaak word terwyl hy skryf, en in die leser terwyl hy lees.

Beliggaming speel ’n kardinale rol in Middeleeuse Soefi-godsdiensbeoefening; die liggaam word vir spirituele doeleindes geritualiseer in die samā’-seremonie.

In Spies (2007:94) se artikel oor poësie, wat sy ’n misterie noem, verwys sy na Emily Dickinson wat poësie as beliggaamde ervaring herken het en voer aan: “Poësie moet iets aan die leser doen; dit moet ontroer en verruk; dit moet op een of ander wyse die binneste van die leser in beroering bring. As dit die leser volkome koud laat – mits sy of hy natuurlik ’n sintuig vir die poësie het – is dit nie poësie nie.”

In aansluiting hierby skryf De Certeau (1992:22):

The mystic “somatizes”, interprets the music of meaning with his or her corporeal repertoire. One not only plays one’s body, one is played by it. […] In this regard, stigmata, visions, and the like reveal and adopt the obscure laws of the body, the extreme notes of a scale never completely enumerated, never entirely domesticated, aroused by the very exigency of which it is sometimes a sign and sometimes a threat.

Vir De Certeau is die mistieke ervaring primêr ’n ervaring nie van bewustheid nie, maar van die dieptes van die liggaam en sy onbekende potensialiteite; ’n poging om te ervaar wat vóór en ónderkant taal in die dieper liggaam lê wat stabiele strukture van taal en sosiale konvensies bedreig (Goddard 2001:57).

Die betekenis wat die mistikus beliggaam is nie ’n betekenis wat besit kan word nie, maar slegs gemerk word deur die afwesigheid van die mistikus se wete. Ook ontwrig die mistikus se betekenis die vloei van tyd. Net soos musiek nie in ’n oomblik gehoor word nie, maar slegs in verwantskap met die oomblikke wat dit voorafgaan en daarop volg, so ook benodig die mistieke gebeurtenis tyd om beleef te word. Die mistieke ervaring “opens up an itinerary” en straal ’n mistieke lewe uit “when it recovers its roots and experiences its strangeness in ordinary life” (De Certeau 1992:19).

De Certeau (soos aangehaal deur Fodor 2006:9) meen daar is twee tipes kennis: een wat konseptueel en maklik begryplik is, en ’n ander wat eenvoudig geleef/beleef/beliggaam word, wat nie geken kan word sonder dat dit geleef word nie. Mistieke ervaring hoort by laasgenoemde kategorie. Dit sluit aan by die imaginêre, noëtiese kennis wat as een van die kenmerke van mistiek beskou word. Mistieke kennis kan nooit besit of ingegraveer word nie, maar soos musiek kan dit slegs gehoor en gevoel word. Die mistikus se liggaam word soos die snaar van ’n harp gepluk om die betekenis wat beliggaam word, vry te stel – ’n betekenis wat voorlopig ingegraveer word, maar slegs volledig teenwoordig en werklik word wanneer dit gespeel word.

4.2.4 Die traumatiese

Wat veral skrynend in Cussons se bespreekte gedig verweef is en ten grondslag daarvan lê, is die traumatiese wat dikwels nou skakel met die sublieme in mistieke belewenisse.

Pyn en lyding, sê Underhill (1930:24), dui ’n diepgaande disharmonie tussen die sintuiglike wêreld en die menslike self aan, en indien die self nie deur ’n doelbewuste en omsigtige poging by hierdie wêreld kan aanpas nie, kan dit slegs opgelos word deur sig te wend na ’n ander wêreld waarby daar aanklank gevind word.

Die woord trauma is afkomstig van die Griekse woord vir wond, wat ’n ernstige besering nie net aan die liggaam nie, maar ook die psige, aandui. Bowlby en Bowlby (2014:100) wys daarop dat die Franse woord vir die werkwoord wondblesser is en koppel dit aan die Engelse werkwoord bless, met ander woorde om geseën te word.

Aucamp (2015:5) verwys na Chignell en Halteman wat die sublieme met die religieuse verbind. Hulle verdeel die sublieme moment in drie fases en voer aan dat die religieuse tydens die derde fase te voorskyn kom. Versteeg se betoog sluit in ’n mindere mate by Chignell en Halteman aan wanneer sy verwys na die metafoor van die wond as ’n aspek van ’n traumatiserende belewenis en die religieuse:

De metafoor van de wond kent immers een lange geschiedenis in zowel seculiere als religieuze context, waarbij ik niet alleen doel op het bekende symbool van de kruisiging van Jezus. Lange tijd werd de openheid van het gewonde lichaam – en bij extensie de geest – in meer algemene zin begrepen als een weg tot spirituele heling of groei, terwijl men zich tegelijkertijd diep bewust was van de risico’s van diezelfde wond. (In Aucamp 2015:5)

Sowel Rumi as die liedjieskrywer en mistikus Leonard Cohen skryf oor die “wond” en lê ’n verband tussen die wond en die “lig”:

Let a teacher wave away the flies
and put a plaster on the wound.

Don’t turn your head. Keep looking at
the bandaged place. That’s where the
light enters you.

And don’t believe for a moment
that you’re healing yourself.

(Jalāl al-Dīn Rūmī 1997:142)

En:

Ring the bells that still can ring 
Forget your perfect offering 
There is a crack, a crack in everything 
That’s how the light gets in. 

(Reëls uit Leonard Cohen se lied “Anthem” (1993))

Versteeg, soos aangehaal deur Van der Merwe (2014:212), meen dat die wond ’n sekere aantrekkingskrag het as toegang tot ’n waarheid wat ons andersins nie kan ervaar nie. Ook lê sy ’n verband tussen trauma of lyding en die sublieme, of dit wat heilig is, en meen dat beide aan die grense van ons kognitiewe raak. Die Lacaniaanse begrippe die denkbeeldige, die simboliese en die reële sluit aan by die mistieke en die traumatiese. In trauma of lyding word ons uit ons bekende wêreld van die Lacaniaanse denkbeeldige (“imaginary”) en simboliese (“symbolic”) ontwrig. Chandler (2005:195) verduidelik dat ’n tydelike breuk in die kontinuïteit en stabiliteit van gesimboliseerde betekenis ontstaan, asook devaluasie van identiteit en rasionele epistemologiese denke, wat tot die traumatiese konflik lei. Sy wys daarop dat die traumatiese ervaring dus nie sy oorsprong in enige intrinsieke eienskap van die (traumatiese) ervaring het nie. Die ervaarder bevind hom in die sfeer van die Lacaniaanse begrip van die reële – dit wat buite die grense van die simboliese orde lê (Van der Merwe 2012). Fink (1995:24) wys daarop dat die reële dit is wat nog nie gesimboliseer is nie en wat simbolisering weerstaan, en Qazi (2011) voeg by: “It is this resistance to symbolization that lends the Real its traumatic quality.” Die individu ondervind gevoelens van dissosiasie, disoriëntasie en bevreemding en soos Sawyer (2014:159) dit stel, voel hy/sy afgesny van logos.

Van der Merwe (2012) sê die reële is dus die vreemde, die bevreemdende, of, in die betekenis wat Žižek daaraan heg, ook die traumatiese of traumatiserende – dus daardie Iets wat die gebruiklike, vertroude en bekende verklaringsmodelle van die individu oorstyg en daarom “vreemd” en bevreemdend aandoen, want dít is juis die skrikwekkende vreemdheid van die traumatiserende ervaring wat nie met woorde omvat kan word nie. Die poging om dit desondanks daar te stel, is soos die omsirkeling, vanuit (af)wisselende perspektiewe, van ’n kern wat nie definitief en finaal beskryf kan word nie.

Oorspronklike angs is die ervaring waarop Dasein in transendensie onthul word en bring ’n diepgaande skeiding van die gewone synswêreld mee. Heidegger (1929) beskou “the basic state-of-mind of anxiety as a distinctive way in which Dasein is disclosed”, en voer aan: “[A]ll utterance of the ‘is’ falls silent.” Heidegger (1929) beskryf hierdie angsgevoel soos volg:

In angstoestande sê ons dat “ons ongemaklik voel [es ist einem unheimlich]”. Wat is “dit” wat “’n mens” ongemaklik “laat” voel? Ons kan nie sê wat dit is voordat ons ongemaklik voel nie. Alle dinge en ons, self, sink in ’n toestand van onverskilligheid in. Dit is egter nie in die sin van blote verdwyning nie. Dit is eerder dat die terugwykende dinge self na ons toe draai. Die terugtrede van wesens wat ons oor die algemeen in angs omsingel, beknel ons. Ons kry geen houvas op dinge nie. In die wegglip van wesens oorval slegs hierdie “geen houvas op dinge nie” ons en bly oor. [...] In die algehele ontwrigtende ervaring van hierdie onsekerheid waar daar niks is om aan vas te hou nie, is suiwer Dasein al wat nog daar is. (Eie vertaling)

 

5. Die aard van mistieke poësie

Die mistieke ervaring transendeer alle konseptualisering en verbalisering, dus word dit as onuitspreeklikheid beskou. Happold (1977:52) glo dat die mens in ’n mistieke ervaring ’n toestand bereik wat die swye, die “Dark Silence”, tot gevolg het, en beskryf dit so: “a complete death of selfhood, when all images and intermediaries have been abandoned”. Merton (1967:14) praat van ’n tradisie waar die mistici hul ervarings nooit verwoord nie: “In order to preserve the purely spiritual quality (they) refuse to rationalize or verbalize the experience.”

Grové (1989:141) voer aan: “Daar is in die poësie – en dis miskien die wesenlike kenmerk van alle poësie – ’n ontglippende element wat deur die skerpsinnigste analise nie bloot te lê of onder woorde te bring is nie.” Volgens hom is poësie “die aanwending van die taal [is] op so ’n wyse dat dit die hoogste potensie van die woord” benut en dat “’n ganse vergeestelikte ervaring” in die gedig aangetref kan word. Ook verwys hy na “geheime kragte” wat in die woord skuil en bevry word (Van der Berg 2019:179).

Anderson (1993:116) stel dit so: “It may be that the most intriguing facet of mystical writing, poetry or prose, is that the element of obscurity and mystery never diminishes. Like clouds it changes shape, but cloud it remains – bright, dark, or fog.” Daar is duidelik ’n verband tussen die wese van die mistieke en dié van poësie, en dan veral liefdespoësie. Mistiek, soos trauma, word deur die verbrokkeling van ’n bekende wêreld gekenmerk.

Dié elemente wat in Grové se beskouing aan die lig kom, sluit nóú aan by die aard van die mistieke. Vanselfsprekend is die mistieke gedig ’n “vergeestelikte ervaring”, want dit is immers waaroor dit gaan. Die “ontglippende element” waarna Grové verwys, is presies wat Derrida aanvoer oor betekenis wat voortdurend verskuif (“defer”) word. Die begrip geheime kragte sluit aan by die gedagte van geheimhouding wat volgens Derrida ’n affiniteit met die heilige het, dat die heilige verborge is en ontsluier moet word.

In aansluiting hierby verwys Marie Howe, voormalige staatsdigter van New York, ook na die heilige in haar siening oor poësie: “It can’t be paraphrased. […] The great poetry I love holds the mystery of on being alive. It holds it in a kind of basket of words that feels inevitable […] It has the quality of a spell […] Its roots can never wholly be pulled out from sacred ground.” (Tippett 2016)

Hatab (1982:62) meen dat Ezra Pound se definisie van poësie as “language charged with meaning” ook van toepassing op mistieke taal kan wees. Die sensitiwiteit van sowel spreker as luisteraar is ’n deurslaggewende element in hierdie dimensies van taal. Wanneer die houding teenoor taal gepas is, “then language does not violate but rather presents the mystical”.

 

6. ’n Ontleding en interpretasie van “Christ of the burnt men”

Met bostaande as agtergrond, word Cussons se gedig vervolgens ontleed en geïnterpreteer met ’n fokus op die mistieke karakter daarvan.

“Christ of the burnt men”

Thomas Merton

1        Jy sal my ook al hoe meer wen, glimlaggende
2        skerts-oog blink-oog Christus wat my vervaarde jare
3        op jou afstand gadegeslaan het: jy het
4        jou hande nie tóé uitgesteek toe ek
5        jou sengende wonde aan my lyf ontvang het nie
6        maar fel jou kruis geteken oor my, in hand
7        en voet en romp en hoof, en deur die beswyming
8        onder druppende bloedplasma- en soutwatersakke
9        kom skyn voor my met net die trekking van ’n glimlag
10      van uiterste pyn om die mondhoeke, jou oë
11      blink van ’n verskriklike akkoord.
12      En ek begryp, jy het my geteken vir die avontuur
13      van jóú, ek wat vuur bemin en altyd waaghalsig was –
14      – O wat is die brand in die brein en hart wat brandender brand
15      as die vlam aan die lyf en wat gaan gloei in klip en sand
16      onder my eenvoetig-springende begrip agter jou
17      ságsinnigheid aan?: Nee, iets heerlikers: as jy eindelik
18      omdraai met oë wit en stip en ver en skouers gemantel
19      met ’n verwoede en stormende son: o my kosmiese Christus:
20      drie-en-dertig jaar verdoesel in die klein en donker vlees
21      wat jy in een nag oopgevlek het om jóú vir my te bevry
22      opdat ek jou raaksien, raak weet, raak het, en nog wag jy
23      dat ek moet sê, heeluit moet sê: grýp my hande dan,
24      amper sonder vingers vir jou: kundige timmerman.

Hierdie gedig het in 1978 in Die swart kombuis verskyn.

Die titel, “Christ of the burnt men”, is ’n aanhaling uit die mistikus, skrywer en monnik Thomas Merton (1915–1968) se The seven storey mountain: “That you may become the brother of God and learn to know the Christ of the burnt men” (Merton 1948:462).

Die verwysing is na vuur wat talle kere as metafoor in die Bybel (1983) voorkom om God uit te beeld, soos byvoorbeeld God se verskyning aan Moses as ’n brandende doringbos (Eks. 3:3), die beskrywing van God se teenwoordigheid wat vir die Israeliete gelyk het “soos ’n gloeiende vuur op die berg” (Eks. 24:17) in die Ou Testament, en die volgende uitbeelding van die wederkoms in die Nuwe Testament: “[...] en aan julle lyding, en ons s’n, sal Hy ’n einde maak wanneer die Here Jesus met sy engele in ’n vuurvlam uit die hemele verskyn” (2 Tess. 1:7). Dit word onder meer ook in die Bybel as simbool van suiwering beskou, soos in Sag. 13:9: “[...] sal Ek met vuur louter soos silwer gelouter word. Ek sal hulle suiwer soos goud gesuiwer word.” In Levitikus 1:9 word daar verwys na “die brandoffer, ’n vuuroffer wat deur die Here aanvaar word”. Dit word beskou as die “volledigste” van alle offers wat aan God gebied kan word.

Volgens Cannon (s.j.:205) was Merton “on fire with the love of God”, en hy gebruik vuur as metafoor vir God, ook in ’n paradoksale sin van dit wat die mistikus terselfdertyd pyn aandoen, maar ook suiwer, sodat hy in vlamme uitbars en in God getransformeer word:

It is into this abyss of blazing light, so infinitely bright as to be pure darkness to our intelligence that the mystic enters not only with his eyes, his imagination, and his mind but with his whole soul and substance, in order to be transformed like a bar of iron in the white heat of a furnace. The iron turns into fire. The mystic is transformed in God. (Merton 1981:261)

Vir Cussons roep vuur haar traumatiese ervaring van ’n brandongeluk op waarin ’n gasstoof in haar gesig ontplof en sy erge brandwonde opgedoen het wat verminktheid en amputasies tot gevolg gehad het.

Wat dadelik in die gedig opval, is die byna skokkende oneerbiedigheid wat openbaar word deur die familiariteit van die informele jy- en jou-aanspreekvorm vir Christus, die menslike eienskappe, naamlik “glimlaggende skerts-oog, blink-oog Christus” waarmee sy Hom uitbeeld, asook die verwytende opmerking in reëls 3–4. Olivier (1985:5) wys daarop dat hierdie soort gewaagde taalgebruik kenmerkend is van ’n mistieke teks en een van die wyses is waarop ’n mistikusdigter die onderliggende paradoksale van die gaping tussen sy empiriese wêreld en die goddelike domein uitdruk.

Reeds in reël 1 met “Jy sal my ook al hoe meer wen” word die leser op die feit voorberei dat ’n progressiewe proses gaan volg, ’n reinigingsproses, die via mystica wat die digter tot volle noëtiese begrip van Hom sal bring.

Die spirituele kruisiging word in reëls 5–12 op treffende, ontroerende, maar ook skokkende wyse uitgebeeld. Die digter word as ’t ware saam met Christus gekruisig, wanneer Hy die kruis op haar teken en sy Sy pyn en lyding in haar hande, voete, romp en hoof – van die spykers en doringkroon – ervaar. In die duisternis van die khôra, die plek van verstotenheid en eensaamheid (vergelyk reëls 4 en 5), die wond, vind die spirituele kruisiging plaas. Die woord “ontvang” wat normaalweg konnotasies van iets positiefs of aangenaams het, staan in sterk kontras met “sengende wonde”. Hierdie soort paradoks wat logies onversoenbaar skyn te wees, word deur die imaginêre of, volgens McGilchrist (2009:228), met die regterbrein vertolk, en in hierdie geval ingesien as die wond wat die ontvangsruimte vir die Lig is, soos Rumi dit stel: “That’s where the light enters you” (Jalāl al-Dīn Rūmī 1997:142).

Die polisindetiese konstruksie “in hand en voet en romp en hoof”, gepaardgaande met die gedrae jambiese metrum (daling + heffing + daling + heffing, ensovoorts) in reël 7 skep ’n dramatiese opbou van die meedoënlose traumatiese proses. Die woord “fel” in reël 6 met konnotasies van hewig en sterk, werk paradoksaal in op “sagsinnige” in reël 7. In reël 6 is “geteken” beduidend met die betekenisse van ’n performatiewe, kreatiewe natrek van die kruisvorm op haar, asook om haar te merk in die sin daarvan dat ’n stempel op haar afgedruk word. Die mistikus se liggaam word ingepalm en geïnkorporeer en so word die mistieke ervaring beleef, deurleef en, in Cloete (soos aangehaal deur Van Schalkwyk 2014) se term, word dit “oorlywing”. Deur beliggaamde skryf wat die ervaring blootlê, word empatiese resonansie in die leser gewek.

In aansluiting by die eenwordingservaring dui die toestand van “beswyming” op mistieke ekstase en vervoering, en resoneer met Teresa van Ávila se beskrywing van haar eie mistieke ervaring as ’n ekstatiese beswyming. Soos by Teresa is daar ook ’n erotiese element, veral met die gedagte van die spykers en dorings wat haar lyf penetreer. Die woord “skyn” in reël 9 vind aansluiting by Merton se “abyss of blazing light” in die aanhaling hier bo, die lig van die vuur van passie wat blink uit sy oë uitstraal. Insiggewend is dat die woorde “oë” en “glimlag” van die eerste twee reëls in reëls 9 en 10 herhaal word, maar hierdie keer gekwalifiseer word met ’n dieper insig wat haar in staat stel om Sy lyding en die verskrikking raak te sien.

Die beskrywing van Christus se glimlag en oë in reëls 9–11, wat uiterste pyn en hartseer uitbeeld, is in skrynende teenstelling met dié in reëls 1–2, waar die digter Hom as gemoedelik en vriendelik ervaar.

Die paradoksale vervat in “verskriklike akkoord” in reël 11 is treffend. Enersyds is die gebeurtenis traumaties en skrikwekkend, maar andersyds dui “akkoord” op “in ooreenstemming met”, op die gedagte van korrektheid, met ander woorde hoe dit veronderstel is, vooruitbestem is om te wees. Ter sake in hierdie konteks is dat “akkoord” afgelei is van die Latyn ad (“na”, met die betekenis van “nader beweeg”) en cor (“hart”); dit kan met ander woorde gelees word as volgens die hart, die siel. “Verskriklike akkoord” resoneer ook met Blake se “fearful symmetry” in sy gedig “Tyger tyger, burning bright” (Finnegan 2013:16) waar dit wat volmaak is paradoksaal ook verskriklik kan wees. Dit is nog ’n voorbeeld van ’n oënskynlike weerspreking wat onlogies voorkom, maar met noëtiese insig begryp kan word.

Die beskrywing van Christus as met “net die trekking van ’n glimlag van uiterste pyn om die mondhoeke, jou oë blink” in reëls 9–11 is in skrynende kontras met “glimlaggend, skerts-oog en blink-oog”, soos in reëls 1–2. Dit is die Sanjuanistiese via purgativa – die folterende lyding tydens die reinigingsproses, waaroor Juan de la Cruz aanvoer dat “this same light, which can be experienced as painful and blinding, is also the light of union” (Kourie 2016). Die digter se wonde resoneer met stigmata – liggaamsmerke soos hier bo beskryf.

Die alliterasie van die sterk br-klanke in reëls 14 en 15 slaag goed daarin om die momentum van verterende vlamme van ’n brand wat versprei selfs tot in klippe en sand sodat alles met God se liefde gloei, te suggereer. Die volgende reëls uit Merton (1957:21) se gedig “In silence” verhelder die verwysing na die brandende klippe en sand:

The whole World is secretly on fire. The stones
Burn, even the stones they burn me.

’n Volgende stadium word bereik wanneer die lyding nou nie as slegs fisies ervaar word nie, maar as geestelik en emosioneel. Die metafoor “eenvoetig-springende” in reël 16 dui op haar amputasie, asook op haar begrip wat, hoewel dit dieper gaande is, steeds gebrekkig is, want steeds word Christus eenduidig as “sagsinnig” uitgebeeld.

Dan kom nog ’n dieper insig. Christus word nou in katafatiese taal as “iets heerlikers” uitgebeeld en as “kosmiese Christus” aangespreek, wat weer eens ’n verwysing is na Merton se “cosmic Christ” wat in alle wesens is (Fox 2016:231). Die woord “heerliker” in hierdie konteks dui op “heerlikheid” in die sin van glorie, en manjifieke grootsheid, want die opgestane Christus is nou vir háár bevry, sy oë is nie meer soos dié van ’n mens nie. Sy blik is wit, die kleur wat volgens Cooper (1978:41) “transcendent perfection; simplicity; light; sun; air; illumination; purity; innocence; chastity; holiness [...]” simboliseer; en blik is ver, wat moontlik op die visioenêre dui.

Die vuurmetafoor word verder gevoer met die paradoks van Christus uitgebeeld as die helder, vurige, ontsaglike son wat as toespeling vertolk kan word op die Alsiende Oog wat soms in Christelike kuns omring deur wolke of sonvlamme uitgebeeld word om God se alomteenwoordigheid te simboliseer (Lloyd 2018).

Hierdie voorstelling van Christus as helder, manjifiek, lig en wit staan in skerp kontras met “klein en donker vlees”, nog ’n verwysing na Merton (1948:224) wat die geïnkarneerde Christus as “hidden in the small Host” beskryf. Die woord host vir gasheer, wat in hierdie konteks na Christus se vlees, Sy liggaam, houer vir Sy Gees verwys, kan ook verwant wees aan die Katolieke tradisie waarin die Maagd Maria as die Χώρα του Αχωρήτου, die “houer (khôra) van die onbevatlike”, beskou word. In Timaeus, een van Plato se dialoë, is Χώρα die leë pleklose ruimte waarin alles tot stand gebring word (Peters 2017). Dit skakel met Derrida (1997:97) se begrip khôra as ’n “great receptacle upon which every constituted trace or mark is imprinted, ‘older’, prior, preoriginary”.

Bo en behalwe Derrida se opvatting van khôra, kan khôra beskou word as metafoor vir Maria, houer vir Christus, en ook, soos in hierdie gedig, as metafoor vir Christus se liggaam, houer van Sy Gees, wat dan met die kruisiging “bevry” word (reël 21). Dit sluit aan by wat Coward en Foshay (1992:221) aanvoer, naamlik dat deur die woestyn binne te gaan, ons ’n bevryding en stilte ervaar waaruit taal van nuuts af kan praat. Dit is in die khôra waar die digter noëtiese kennis verkry. Hierdie interpretasie van die khôra-metafoor verleen ’n dieper rykheid aan die mistieke aspek van hierdie gedig.

Die woord “oopgevlek” dui sowel op oopmaak deur te sny as op openbaar maak. Op wrede, gewelddadige wyse is Christus se bande met hierdie wêreld losgesny, om wat verborge was te ontsluier. Die herhaling van die woord “raak-” (reël 22) met progressiewe intensivering in die semantiese inhoud van sién, tot wéét in die sin van ’n gnostiese insig, tot ráák met sowel die konnotasie van dit wat ontroerend is as elemente van beliggaming, dui op die digter se groeiproses.

Dit is die via illuminata wat intree wanneer sy Sy ingryping begryp – wat ook dui op ’n performatiewe “aangryp” van haar kant af – dat sy voorberei word vir ’n inniger verhouding met Hom. Sy beskou dit as ’n avontuur, en besef dit verg nie net brandende liefde nie, maar ook waagmoed, want dit gaan gepaard met trauma en pyn. Die sluier is gelig en die goddelike is daar vir die digter om dit wat “in plain sight” is, te sien (Armstrong 2010:56).

Die besef van die digter dat die laaste Sanjuanistiese stap voor eenwording, die via unitiva, by háár berus, word in die laaste reëls uitgebeeld. Dit gaan nou oor meer as haar naïewe persepsie van hande wat na haar uitgesteek word; dit gaan daaroor dat daar van háár verwag word om met oorgawe haar geestelik verminkte, opofferende self (“amper sonder vingers”), performatief passievol aan God te gee, sodat sy aangegryp en verder gevorm kan word. Die woord “timmerman” is hier ’n toespeling op die skaaf- en timmerproses en spirituele kruisiging met implikasies van spykers wat ingeslaan word, wat die mistikus moet ondergaan. Met die katafatiese kwalifikasie van Christus as “kundige timmerman” in die laaste reël, is die digter se dieper insig duidelik en dui sy haar begeerte aan om die via mystica te voltooi.

Die woord “timmerman” roep weer die eerste paar reëls op, waar die geïnkarneerde Christus, as mens, timmerman van aardse beroep, uitgebeeld word en dien om die gedig heg saam te bind.

Hierdie gedig is ’n uitstekende voorbeeld van die verloop van die verskillende stadiums van die mistieke suiweringsweg, die Middeleeuse Katolieke via mystica, waarmee Sheila Cussons, wat die Katolieke geloof aangehang het, vertroud sou wees.

Onderliggend aan ’n mistieke gedig is twee wêrelde – dié van die digter en dié van God. Soos in die teoretiese gedeelte aangetoon, skep die aanwesigheid van die transendente realiteit taalprobleme vir die digter, en ’n aporia ontstaan, maar dit bemiddel juis God se uitnodiging, of Derrida se “Viens, oui, oui”. Dié khôra maak dit vir die digter moontlik om met sekere strategieë, metaforiek in die geval van hierdie gedig, die gaping te oorbrug en betekenis aan die mistieke ervaring te gee. Vir die leser bied die khôra die geleentheid om met sy imaginêre geestesvermoë en performatiewe empatiese deelname beliggaamd te word, beelde te konstrueer, digotomieë op te los en die ervaring self te begryp en te beleef. Soos Kohav (s.j.:15) tereg opmerk, is die verbysterende aporia van die mistiek die mees sublieme, ontsagwekkende ervaring van die mysterium.

In “Christ of the burnt men” gebruik Cussons, as metafoor vir haar mistieke ervaring met God, ’n gebeurtenis uit haar empiriese wêreld, haar traumatiese brandongeluk en wat daarop gevolg het waartydens sy in haar imaginêre, en beliggaamd, Christus se kruisiging beleef, en ’n geestelike ontmoeting met God ervaar. Ook is daar intertekstuele verwysings na Thomas Merton se opvatting van liefde wat soos ’n brand versprei en in die hele skepping teenwoordig is. ’n Sekere ontwrigting vind by sowel traumatiese en mistieke ervarings plaas, waardeur die uiterlike empiriese realiteit getransendeer word, en soos in die geval van hierdie gedig, raak die traumatiese en mistieke vervleg. Die vuur- en brandmetafoor wat deel uitmaak van bogenoemde metafoor lig die suiweringsproses asook passievolle liefde toe, sowel Christus as die mistikus se brandende liefde wat die dryfkrag vir die mistieke eenwording is.

Aangesien mistieke gedigte in wese paradoksaal is in terme van die twee verskillende domeine wat dit kenmerk, is een van die vernaamste strategieë wat die mistikus-digter benut paradokse, soos dit in elke geval hier bo toegelig is. Die enigste manier waarop die leser sin kan maak van die oënskynlike onlogika daarvan, is deur woorde in beelde te transformeer – en sodoende die teenstellende elemente van die paradoks te versoen en tot gnostiese begrip te kom. Dit geskied in die imaginêre tussendomein wat Corbin die mundus imaginalis noem, die Soefi’s die ’alam al-mithāl en wat McGilchrist aantoon ’n regterbreinfunksie is. In hierdie gedig met sy sterk grafiese en pikturale beelde van byvoorbeeld die kruisigings- en brandmetaforiek en die passievolle uitbeeldings, speel die imaginêre ’n kardinale rol, want ’n rasionele interpretasie daarvan sal ’n erg verskraalde voorstelling tot gevolg hê.

Die intens persoonlike manier waarop die digter haar mistieke ervaring uitbeeld deur in ’n gesprek met God Hom aan te spreek, en sodoende dit op te voer, het beelde tot gevolg wat vir die “gewone” leser as vreemd of irrasioneel mag voorkom. Dit is juis tipies van mistieke diskoers, en vereis ’n sekere ingesteldheid van die sensitiewe leser om sy rede te onderdruk, performatief betrokke te raak en self beliggaamd deel te word van die ervaring.

Die gedig bevat sterk performatiewe elemente wat wissel van ingryping van God tot die digter se performatiewe oorgawe en beliggaming. Ook die leser se deelname wanneer hy met sy imaginêre die woorde in beelde transformeer ten einde self beliggaamd deel te word van die via mystica is uiteraard performatief.

Behalwe vir die gebruik van die toekomende tyd in reël 1 wat die leser attent maak op wat te wagte is, en die verledetydsvorm in reël 12 wat dien om aan te dui dat daar progressie is en in reël 24 wat ’n verwysing na Christus se kruisiging is, skryf die digter in die teenwoordige tyd en skep sodoende vir die leser ’n onmiddellike belewenis van die gebeure. “Sal” as modale hulpwerkwoord word volgens HAT (2015) gebruik (1) ter aanduiding van die toekoms, (2) ter aanduiding van wil, en (3) ter uitdrukking van ’n voorwaarde. Die tweede betekenismoontlikheid kan dalk ook hier geld in die sin van ’n openbaring van God se liefde.

 

7. Ten slotte

Dit is dus duidelik dat Cussons, in aansluiting by ’n lang mistieke tradisie, in weerwil daarvan dat die mistieke ervaring as onuitspreeklik beskou word, daarin slaag om haar belewenis voortreflik uit te druk. Dit word bewerkstellig deur haar benutting van ryk metaforiek wat sy op ’n sensitiewe manier aanwend. Soos hier bo in die interpretasie van haar gedig aangetoon word, is die mistieke kwaliteit daarvan toe te skryf aan die uitbeelding van die via mystica, die paradoksale elemente, die onderliggende erotiek en die traumatiese wat so kenmerkend is van ’n mistieke ervaring, asook mistieke poësie. Daarbenewens word die leser deur die besondere beeldspraak meegevoer om ook beliggaamd deel te kan neem aan dié misterieuse gebeure.

 

Bibliografie

Anderson, J.B. 1993. The Spanish mystical aesthetic. Mystics Quarterly, 19(3):115–22. https://www.jstor.org/stable/20717172 (8 Maart 2019 geraadpleeg).

Anderson, R. 2001. Embodied writing and reflections on embodiment. Journal of Transpersonal Psychology, 33(2):83–98.

Andreach, R. 1964. Studies in structure. Londen: Burns & Oates.

Aucamp, M.P.E. 2015. Die verband tussen trauma, die sublieme en die heilige in geselekteerde poësietekste van Totius, Sheila Cussons en T.T. Cloete. MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit.

Beyers, J. 2014. The church and the secular: The effect of the post-secular on Christianity. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 70(1), Art. #2605. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v70i1.2605 (14 Mei 2021 geraadpleeg).

Bolt, B. 2004. Art beyond representation: The performative power of the image. Londen: I.B. Tauris.

Botes, Z. 2005. Antjie Krog: Koeël en kalm. LitNet. http://www.oulitnet.co.za/heupvuur/antjie.asp (25 Februarie 2008 geraadpleeg).

Bowlby, Lady X. en D. Bowlby (reds.). 2014. Living with the reality of dissociative study of mysticism. Journal of Consciousness Studies, 1(2):256–60.

Brümmer, V. 2013. Vroom of regsinnig? Teologie in die N.G. Kerk. Wellington: Bybel-Media.

Cannon, N. s.j. Thomas Merton and St. John of the Cross: Lives on fire. http://merton.org/ITMS/Annual/21/Cannon205-213.pdf (3 Desember 2018 geraadpleeg).

Chandler, E.A. 2005. Trauma as [a narrative of] the sublime: The semiotics of silence. PhD-proefskrif, University of Texas.

Chignell, A. en M.C. Halteman. 2012. Religion and the sublime. In Costelloe (red.) 2012.

Cooper, J.C. 1978. An illustrated encyclopaedia of traditional symbols. London: Thames & Hudson Bpk. 

Costelloe, T.M. (red.). 2012. The sublime: From antiquity to the present. Cambridge: Cambridge University Press.

Coward, H. en T. Foshay. 1992. Derrida and negative theology, with a conclusion by Jacques Derrida. Albany, NY: State University of New York Press.

Dailey, P. 2013. Promised bodies: Time, language, and corporeality in medieval women’s mystical texts. New York, NY: Columbia University Press.

De Certeau, M. 1992. Mysticism. Vertaal deur M. Brammer. Diacritics, 22(2):11–25.

Derrida, J. 1997. Deconstruction in a nutshell: A conversation with Jacques Derrida. Onder redakteurskap en met kommentaar deur J.D. Caputo. New York, NY: Fordham University Press.

De Villiers. P.G.R. 2015. Die nugtere mistiek van Andrew Murray. LitNet Akademies, 12(3):639–664. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2015/12/LitNet_Akademies_12-3_PieterGRdeVilliers_639-664.pdf (20 November 2021 geraadpleeg).

Downey, M. (red.). 1993. The new dictionary of Catholic spirituality. Collegeville, MN: Liturgical Press.

Finnegan, R. 2013. Poems from three mystic poets: Rumi, Donne, Blake. Londen: Lulu-com.

Fink, B. 1995. The Lacanian subject: Between language and jouissance. Princeton, NJ: Princeton University Press.

Finlayson, J.G. 2012. On not being silent in the darkness: Adorno’s singular apophaticism. The Harvard Theological Review, 105(1):1–32. http://www.jstor.org/stable/41474561 (10 Januarie 2018 geraadpleeg).

Fodor, L. 2006. The reality of the unmediated: Traumatic and mystical experience. eSharp 7: Faith, belief and community. http://www.gla.ac.uk/media/media_41192_en.pdf (10 Augustus 2017 geraadpleeg).

Fox, M. 2016. A way to God: Thomas Merton’s creation spirituality journey. Novato, CA: New World Library.

Hambidge, J. 2004. Huldeblyk: Sheila Cussons. https://oulitnet.co.za/inmemoriam/ sheila_cussons.asp (14 September 2019 geraadpleeg).

Happold, F.C. 1970. Mysticism: A study and an anthology. Harmondsworth, Middlesex: Penguin Books.

Harmless, S.J. 2008. Mystics. Oxford: Oxford University Press.

Hatab, L.J. 1982. Mysticism and language. International Philosophical Quarterly, 22(1):51–64. https://www.pdcnet.org/ipq/content/ipq_1982_0022_0001_0051_0064 (April 2018 geraadpleeg).

Heidegger, M. 1929. What is metaphysics? (The basic text of Heidegger’s inaugural lecture at the U. of Freiburg in 1929). https://www.stephenhicks.org/wp-content/uploads/2013/03/heideggerm-what-is-metaphysics.pdf (6 Oktober 2019 geraadpleeg).

Hugo. D. 2006. Naas Sheila Cussons is I.L. de Villiers sekerlik ons beste mistieke digter. LitNet Seminaarkamer. https://oulitnet.co.za/seminaar/jerusalem_johannesburg_hugo.asp (2 Mei 2019 geraadpleeg).

Jalāl al-Dīn Rūmī. 1997. The essential Rumi. Vertaal deur C. Barks, saam met J. Moyne, A.J. Arberry en R. Nicholson. Edison, NJ: Castle Books.

Johnston, W. 1978. The inner eye of love: Mysticism and religion. Londen: Collins.

Kannemeyer, J.C. 2005. Die Afrikaanse literatuur 1652–2004. Kaapstad: Human & Rousseau.

Kohav, A.S. s.j. The problem, aporia, and mysterium of mysticism. https://www.academia.edu/34032881/The_Problem_Aporia_and_Mysterium_of_Mysticism (16 April 2018 geraadpleeg).

Kotzé, H. en R. Loubser. 2017. Religiosity in South Africa: Trends among the public and elites. Scriptura, 116(1):1–12. http://dx.doi.org/10.7833/116-1-1287 (3 Oktober 2018 geraadpleeg).

Kourie, C.E.T. 2016. The way of the mystic: The Sanjuanist stages of the spiritual path. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 72(4). http://dx.doi.org/10.4102/hts.v72i4.3258 (3 Desember 2017 geraadpleeg).

Kugle, S.A. 2007. Sufis & saints’ bodies: Mysticism, corporeality, and sacred power in Islam. Chapel Hill: University of North Carolina Press.

Lloyd, E. 2018. Eye of providence: Powerful, secret symbol with deep meaning. http://www.ancientpages.com/2018/02/13/eye-providence-powerful-secret-symbol-deep-meaning/ (7 Desember 2018 geraadpleeg).

McGilchrist, I. 2009. The master and his emissary: The divided brain and the making of the Western world. New Haven, CT: Yale University Press.

McGinn, B. 1993. Mysticism and sexuality. The Way, 77:46–54. https://www.theway.org.uk/back/s077McGinn.pdf (7 Augustus 2018 geraadpleeg).

McGonigle, T. 1993. Three ways. In Downey (red.) 1993.

Merton, T. s.j. From conjectures of a guilty bystander: Thomas Merton’s Louisville epiphany. http://earthandspiritcenter.org/assets/Med%204%20Readings/3-1%20-%20Thomas%20Merton.pdf (6 Junie 2017 geraadpleeg).

—. 1948. The seven storey mountain. New York, NY: Harcourt, Brace & World.

—. 1951. The ascent to truth. New York, NY: Harcourt Brace.

—. 1957. The strange islands: Poems. New York, NY: New Directions.

—. 1981. The ascent to truth. New York, NY: Harcourt Brace.

—. 1998. Contemplation in a world of action. Notre Dame: University of Notre Dame.

—. 2003. New seeds of contemplation. Boston, MA: Shambhala.

—. 2004 The inner experience: Notes on contemplation. San Francisco, CA: Harper.

Minnaar, C.L.J. 2000. ’n Filosofiese verantwoording van mistiek. MA-verhandeling, Universiteit van Pretoria.

Olivier, S.P. 1985. Mistiek in die Afrikaanse poësie. DLitt-proefskrif, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

—. 2013. Mistiek. Literêre terme en teorieë. http://www.literaryterminology.com/index.php/20-m/131-mistiek (5 Februarie 2017 geraadpleeg).

Oosthuizen, C.S. 1994. Simbolisme in die poësie van Sheila Cussons. MA-verhandeling, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Oosthuizen, J. 2019. Afrikaanse kerke loop leeg. Voertaal. https://voertaal.nu/afrikaanse-kerke-loop-leeg/ (8 April 2019 geraadpleeg).

Oosthuizen, W.J. 1964. Die wet van opvolging van begripsoorte in bywoordreekse in Afrikaans. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Peters, B. 2017. Container of the uncontainable. http://liturgy.co.nz/container-of-the-uncontainable (5 Desember 2018 geraadpleeg).

Qazi, K.A. 2011. Lacanian concepts – Their relevance to literary analysis and interpretation: A post structural reading. The Criterion: An International Journal in English, 3(4):1–12.

Raath, A.W.G. 2016. Tropologiese Hoogliedmetafore en vroulike mistieke piëtisme in Suid-Afrikaanse pioniergemeenskappe, 1760–1860. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 72(3):a3355. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v72i3.3355 (16 Januarie 2019 geraadpleeg).

—. 2017. Die Rooms-Katolieke wortels van die mistiek in die sewentiende- en agtiende-eeuse Kaapse piëtisme. Studia Historiae Ecclesiasticae, 43(2):1–22. https://www.upjournals.co.za/index.php/SHE/article/view/2297 (2 Oktober 2019 geraadpleeg).

Sawyer, D. 2014. Lyotard, literature and the trauma of the differend. Basingstoke: Palgrave MacMillan.

Schoeman, K. 2011. Cape lives of the eighteenth century. Pretoria: Protea Boekhuis.

Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit. s.j. https://www.spiritualiteit.co.za/ (15 September 2021).

Spencer, M. 2012. What is spirituality? A personal exploration. https://www.rcpsych.ac.uk/docs/default-source/members/sigs/spirituality-spsig/what-is-spirituality-maya-spencer-x.pdf?sfvrsn=f28df052_2 (5 September 2019 geraadpleeg).

Spies, L. 2007. Wat is poësie?: Die misterie van ’n ondefinieerbare genre. Tydskrif vir Nederlands en Afrikaans,14(1):93–109.

—. 2018. Die Bybel as interteks in die Afrikaanse poësie: Lina Spies in gesprek met Pieter de Villiers. Persoonlike onderhoud, 26 November. https://www.litnet.co.za/die-bybel-as-interteks-in-die-afrikaanse-poësie-lina-spies-in-gesprek-met-pieter-de-villiers/ (25 April 2019 geraadpleeg).

Swart, M. 2014. ’n Deskriptiewe ondersoek na Sheila Cussons se poësievertalings aan die hand van Lefevere se sewe strategieë. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 45:167–185. https://www.ajol.info/index.php/splp/article/view/111961/101722 (14 September 2019 geraadpleeg).

Tippett, K. 2016. Becoming wise: An inquiry into the mystery and art of living. New York: Penguin.

Uebersax, J. 2008. Islamic platonists and neoplatonists. http://www.john-uebersax.com/plato/ip.htm (20 Mei 2017 geraadpleeg).

Underhill, E. 1930. Mysticism: A study in nature and development of spiritual consciousness. Grand Rapids, MI: Christian Classics Ethereal Library.

Van der Berg, E.J. 2019. Performatiwiteit van taalgebruik en verstegniek in die mistieke digkuns van Jalāl al-Dīn Muhammad Rūmī, asook in die werk van geselekteerde Afrikaanse digters: ’n Vergelykende studie. PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit.

Van der Merwe, C.N. 2012. Om te skryf oor die onbeskryflike: Verlies en mistieke verlange in Die sneeuslaper van Marlene van Niekerk. Literator 33(2), Art. #138. http://dx.doi.org/10.4102/lit.v33i2.138 (31 Augustus 2019 geraadpleeg).

—. 2014. Die houtbeen van St Sergius: Opstelle oor Afrikaanse romans. Stellenbosch: Sun Press.

Van der Wart, V.V. 1988. Die woord in die woordkuns: ’n Ondersoek na die gestaltegewing van Christus in die Afrikaanse poësie. DLitt-proefskrif, PU vir CHO.

Van Schalkwyk. P.L. 2014. LitNet Akademies-resensie-essay: Soos die “groot outydse digters” – Karnaval en Lent, T.T. Cloete. https://www.litnet.co.za/litnet-akademies-resensie-essay-soos-die-groot-outydse-digters-karnaval-en-lent-tt-cloete/ (16 Augustus 2017 geraadpleeg).

Wepener, C. 2017. Die reis gaan inwaarts: Die kuns van sterwe in kreatiewe werke van Karel Schoeman. Bloemfontein: Sun Media.

 

Eindnota

1 Hierdie artikel spruit uit navorsing oor die mistieke en in besonder mistieke poësie wat onderneem is tydens my doktorale studiejare.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons appeared first on LitNet.

Mysticism as manifested in “Christ of the burnt men” by Sheila Cussons

$
0
0

Abstract

This article is intended to demonstrate that Sheila Cussons’s poem “Christ of the burnt men” can be regarded as an outstanding example of a theistic mystical poem. The poem is set within a theoretical framework of views on mysticism in general, Christian mysticism, as well as mystical poetry.

An investigation of the mystical poetical tradition in Afrikaans reveals that since the 1800s, in spite of the fact that a strong mystical tradition is not part of Afrikaans speakers’ culture, signs of writings with mystical elements do exist. From that period, although few and far between, poems which can be described as mystical saw the light. Brümmer (2013) pointed out that mysticism played an inherent and crucial role in a remarkable phase in the Protestant religious discourse of the 19th century in South Africa. He referred to the works and convictions of influential theologians and clerical leaders such as Andrew Murray, Nicolaas Hofmeyr, John Murray and J.H. Neethling. Brümmer (2013) links this mystical spirituality with the Dutch Réveil to which these persons were exposed during their student years in Utrecht. This evangelical tradition took a stance against theological rationalism and the intellectualising of faith (under the influence of the Enlightenment), especially owing to the destructive consequences it had on religious and ecclesiastical life.

Olivier (1985:5), however, points out that within the Christian tradition, mysticism and the mystical experience are regarded as tendencies within the Roman Catholic Church in particular, and that contemplative life, the crux of mysticism, is foreign to Calvinists with their focus on a life of justification by means of God’s grace. According to Spencer (1966:268, 288) the Calvinist dogma of the total corruptness of man excludes receptivity for mysticism.

De Villiers (2015:639) states that during the apartheid years, opposition against mysticism reached a climax as the theology became increasingly rationalistic with an emphasis on the intellectual faculties and criticism against mysticism which was regarded as arbitrary, emotional and individualistic. From the first half of the 20th century, a cold intellectualism prevails, which favours orthodox dogma.

Sheila Cussons is considered our only true Afrikaans mystical poet. Hugo (2006) contends that she is our most recognised mystical poet and points out that, as a Roman Catholic, she was familiar with the mystical tradition which is manifested in her poetry, and it is evidence of her profound experiential knowledge thereof. Kannemeyer (2005:457) refers to a central motif in her work as a great anticipation of union with God.

Within her lifetime, 11 award-winning poetry anthologies saw the light, and in 1983 she won the prestigious Hertzog Prize for her whole oeuvre.

The focus of the next section is on mysticism. There is consensus amongst scholars that the mystical experience is a concept that escapes rigid categorisation and definitions. It can, however, be regarded as the experience of a union with the divine as a result of burning love for God. The great 15th-century churchman and theologian Jean de Gerson’s following definition became classic: “Mystical theology is an experiential knowledge of God that comes through the embrace of unitive love” (“theologia mystica est cognitio experimentalis habita de Deo per amoris unitivi complexum”) (Harmless 2008:5).

Christian and theistic mystical thinking are based on the views of the great philosopher Plato and those of the Neoplatonists who developed and regenerated Plato’s ideas. Plato had a dualistic belief that the soul and body exist separately, that the immortal soul was imprisoned in a mortal body – soma sema – and that the true identity of a person lies with the soul.

The Neoplatonist school developed the basic dualistic principle that the soul contained something of its source and desired to be reunited with it. The Neoplatonists Philo, Origen and Plotinus made an important contribution to mysticism. The tenets of Plotinus are briefly discussed.

Certain essential elements which form an integral part of mysticism – the three stages of the way to union, the allegorical; divine intoxication; the via negativa or apophatic; the emanation theory; and the νος, which is closely connected to the noetic aspect – are undeniably present in the thinking of the Neoplatonists.

The scope of this article allows an elucidation of only those mystical aspects which are manifested in this poem. These are in particular the via mystica, the paradoxical, embodiment and the traumatic.

The via mystica is an inevitable way for mystics with a desire for union with God. It is a road characterised by distinct phases, and to traverse these phases requires dedication and sacrifice. Kourie (2016) calls it “a path of purification in order to effect what could be called a divine ‘osmosis’”. The via mystica (via purgativa, via illuminata and via unitiva) is also known as the Sanjuanist Way, and is based on the work of St. John of the Cross (1542–1591 A.D.), a Spanish mystic and monk of the Carmelite Order. With him, the via mystica, or the mystical “journey”, reached a peak and was a further development of the phases of the mystical way which began with St. Paul’s two stages of growth in Christ, namely that of the child and that of maturity (Eph. 4:12–16), as well as St. Paul’s reference in Hebrews 5:13–4 to those who still live from milk as distinct from those who eat solid food. Subsequently Philo and Origen developed the Neoplatonist categorisation of the active and the contemplative life. Dionysius developed it even further and distinguished the classical three stages – purification, illumination and union – after which Bernard of Clairvaux and Jan van Ruysbroeck identified the same three stages.

Paradox is, according to McGinn (1993:51), “the essence of Mysticism”. In Merton’s words: “The God whom the contemplative seeks is both experienced and beyond experience, is both knowable and unknowable” (in Harmless 2008:35). Merton (1998:167) states: “The heart of the Christian mystical experience is that it experiences the ineffable reality of what is beyond experience. It ‘knows’ the presence of God, not in clear vision but ‘as unknown’.” Andreach (1964:16) puts it as follows: “Paradoxicality [...] is one of the universal common characteristics of mysticism in all cultures, ages, religions, and civilizations of the world.”

Embodiment plays a crucial role in both mysticism and in the reader of mystical poetry. According to Kugle (2007:13) the body is not only something supplementary as a vehicle in which the soul travels (Plato’s metaphor), also not something supplementary to thinking (as Descartes believed). The body is both the foundation and the product of being in a meaningful world. Farid Al-Zahī, a Moroccan scholar of Arabic literature and Islamic cultural studies, made an important contribution to the theory of embodiment. He distinguishes different types of consciousness, one of which he calls rapture (Kugle 2007:24). It is described as consciousness experiencing intimacy with the body, which is achieved in a powerful but often tantalisingly ephemeral moment when the ego is suffused into the body’s being and movement. This experience leads consciousness to intimate identification with the body through total concentration and absorption into the body’s actions. Amongst others, this form of consciousness would include experience of the body in drama, musical performance, orgasmic climax, dance, as well as mystical experiences.

In the words of Anderson (2001:2, original emphasis): “Relaying human experience from the inside out and entwining in words our senses with the senses of the world, embodied writing affirms human life as embedded in the sensual world in which we live our lives”

Trauma, which often is closely connected to the sublime in mystical experiences, forms the basis of and is poignantly woven into Cussons’s poem. The next section focuses and investigates this relationship.

Versteeg contends that the wound has a certain attraction as access for truth which we cannot experience in any other way. She believes that both trauma and the sublime touch the boundaries of our cognitive faculties (Van der Merwe 2014:212).

The nature of trauma is discussed with reference to the Lacanian concepts the Imaginary, the Symbolic and the Real, as well as the views of Žižek and Heidegger. Mysticism as trauma is characterised by the disintegration of a familiar world.

The characteristics of mystical poetry are subsequently investigated. As was stated above, the mystical experience is regarded as ineffable. Yet, there are those mystics who feel driven to share these experiences.

Anderson (1993:116) states: “It may be that the most intriguing facet of mystical writing, poetry or prose, is that the element of obscurity and mystery never diminishes. Like clouds it changes shape, but cloud it remains – bright, dark, or fog.” There is clearly a link between the essence of mysticism and poetry, especially love poetry.

Marie Howe, State Poet of New York (2012), also refers to the sacred in her view on poetry: “It can’t be paraphrased. […] The great poetry I love holds the mystery of on being alive. It holds it in a kind of basket of words that feels inevitable […] It has the quality of a spell […] its roots can never wholly be pulled out from sacred ground.” (Tippett 2016)

“Christ of the burnt men” is subsequently analysed and interpreted within this contextual framework. The mystical elements are highlighted and discussed. The conclusion is reached that this poem is indeed an excellent example of mystical poetry in which Cussons does not only succeed in expressing her experience evocatively and poignantly, but also in moving the reader to participate in her divine encounter.

Keywords: Afrikaans poetry; “Christ of the burnt men”; Sheila Cussons; mysticism; mystical poetry

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die mistieke soos dit neerslag vind in "Christ of the burnt men" van Sheila Cussons

The post Mysticism as manifested in “Christ of the burnt men” by Sheila Cussons appeared first on LitNet.

Wilbur Smith, an obituary

$
0
0

Photograph of Wilbur Smith supplied by his website: https://wilbursmithbooks.com/

 

Wilbur Smith, who passed away unexpectedly on the 13th of November, was Africa’s greatest historical novelist.

I first met Wilbur in the summer of 2014. I had been asked by Kevin Conroy Scott, Wilbur’s long-time agent, to meet him at a coffee shop in Cape Town to discuss the setting up of the Wilbur and Niso Smith Foundation. I didn’t really know what to expect. I had, a couple of years earlier, started to publish Wilbur in Afrikaans, but this seemed to me such a minor event in the global ecosystem that surrounded Wilbur that I could not believe that he was even aware of it.

And then, out of a crowd, there he was – standing at my table with his hand held out. To this day I can still hear his voice in my head, see that wry smile. “James Woodhouse,” he said. “I’m Wilbur Smith.” As if he needed to introduce himself.

He was 81, but with the energy of a man half his age. Not only did he know who I was, but he knew where I had worked and what I had published. I would soon discover that this was one of Wilbur’s traits – he was meticulous in his preparation for every meeting and event.

I remember two further things from that first meeting. First, that he was genuinely delighted to have been published again in Afrikaans – to the point where he scolded me for not having brought copies for him to sign. And, second, that he never asked me about the job.

Instead, we talked about Africa. For the first time in more than 20 years, I had been rereading H Rider Haggard’s King Solomon’s mines – Haggard grew up less than 20 miles away from my own birthplace in the UK and his daughter, Lilias Rider Haggard, was a heroine of my mother’s, but I had forgotten just what an extraordinary novelist he had been. I was, at the time, inordinately pleased by Allan Quatermain’s judgement of the parliament buildings in Cape Town – under construction in the opening chapter of Haggard’s most famous work: “After spending a week in Cape Town, finding that they overcharged me at the hotel, and having seen everything there was to see, including the botanical gardens, which seem to me likely to confer a great benefit on the country, and the new Houses of Parliament, which I expect will do nothing of the sort, I determined to go back to Natal ...”

Wilbur, of course, had an encyclopaedic knowledge of Haggard’s work – some 60 novels – and, initially, as we spoke, it seemed like he was busy with research for a new novel set in the 1880s. However, in the 40 minutes we spent together, we spoke about the history of Robben Island, the life of the enigmatic Zanzibari slave trader Tippu Tip, the work of Es’kia Mphahlele and editing of William Plomer – born in Polokwane and responsible for the birth and continuing appeal of James Bond.    

In reality, as I was to discover, Wilbur was not writing a new novel at all. He was busy with the outlines of over 30 new works. Some of these were standalone pieces and some were continuations of the various series that he had built over the years. In the time I knew him, Wilbur worked every day on whichever novel was the next in line, but in between this he was always busy with new outlines and the co-authored works that they became. His focus was on trying to tell the stories that he could see so clearly in his mind’s eye before his time ran out. As he told La Republica: “I have stories ... which will take a thousand years to write.”

I don’t think that any other author has had a vision like this. Wilbur was unique in so many ways – as both a novelist and a human being – but before his passing he had written 37 novels, co-authored a further 9 and left hundreds of thousands of words in outlines for many many more. He loved Africa and he wanted, more than anything, to take his readers on a journey though time – to show them the continent as he saw it, as he knew it. And this is why, to me, he is and will remain Africa’s greatest historical novelist. Of course, there is adventure too – by the bucket full – but the meticulous research, the attention to detail, the grand historical sweep of each of his novels is, to my mind, unparalleled.

On the 13th of November 2021, Wilbur Smith passed away. I will miss him in ways that I will only be able to explain in time, but although Wilbur has gone, his work will continue to bring joy to millions around the globe – from Norway to the far corners of Botswana. He made sure that his vision will be realised – that the stories he still had to tell will keep us all entertained for years to come.

Wilbur once famously said: “I had it all, I did it all.” And he was right. He did it all, he had it all. But we are the ones who are the richer for it, because we, and the generations to come, get to read about it.

See also:

Wilbur Smith, ’n gewone man wat vir gewone mense skryf

NALN gedenk Wilbur Smith

The post Wilbur Smith, an obituary appeared first on LitNet.


Swerfjaar vir seniors, aflewering vier: Watter fliek was dit nou weer?

$
0
0

Wie sê ’n oorbruggingsjaar is net vir waagmoedige jongmense bedoel? So ’n avontuur is wat Marita van der Vyver onderneem het toe sy kort na haar twintigste verjaardag ’n swerfjaar in Europa aangedurf het. Maar veertig jaar later pak sy en haar pas afgetrede Franse man ’n “geriatriese gap year” aan – ’n vae droom wat skielik ’n angswekkende, bevrydende werklikheid geword het. (Sien ook skakels na vorige aflewerings onderaan hierdie rubriek.)

  • Foto's en teks: Marita van der Vyver

Jy sal sien, sê ek vir Alain kort voor ons vliegtuig in New York land, jy gaan heeltyd voel asof jy in ’n fliek speel. Of tussen die blaaie van ’n boek beland het. Of per ongeluk verstrengel geraak het in die lirieke van ’n geliefde liedjie.

Dis sy eerste keer in Amerika. Ek was al voorheen hier, onder meer vir ’n hele paar maande in die jare negentig toe Clinton president was, daarna weer tydens Obama se termyn, en ek onthou hoe verstommend bekénd alles van die eerste oomblik af gevoel het. Bloot omdat ek dit reeds op ’n rolprentskerm gesien of in ’n roman raakgelees of in ’n stuk musiek aangetref het.

Lower Manhattan, naby Wall Street

Ons stap verby Tiffany & Co op 5th Avenue, Manhattan, en word oombliklik teruggevoer na die onvergeetlike openingstoneel van Breakfast at Tiffany’s. Audrey Hepburn vroegoggend voor die venster van die juwelierswinkel, die skraal figuur in ’n elegante swart aandrok met swart handskoene tot by haar elmboë, die dralende deuntjie van “Moon river” as klankbaan. Dié keer is dit sommer ’n driedubbele kulturele verwysing – fliek, musiek én boek – want Hepburn se Holly Golightly is natuurlik deur Truman Capote se produktiewe pen geskep.

Capote is gebore in New Orleans (waarheen ons hoeka nou op pad is in ’n blombeskilderde kampeerwa), het sy kleintyd in Monroe, Alabama, deurgebring en maats gemaak met Harper Lee wat later To kill a mockingbird geskryf het (in ons motortoer suidwaarts ry ons ook naby dié Monroe verby), en sy hoërskooljare in Greenwich, Connecticut, waar ons pas by my niggie Ingrid gekuier het. Haar kinders is wraggies in dieselfde skool as wat Capote in die jare dertig was.

Herfs in Manhattan

En nee, ek het nie ’n spesiale toer beplan om die spore van In cold blood se skrywer deur die VSA te volg nie, dis alles toevallig. Of onvermydelik. Ons is in die VSA, waar wêreldberoemde skrywers se lewensverhale en boeke ons om elke hoek verras, waar ons voortdurend struikel oor die gekoekte kraaines van literêre feite en fiksie. As dit nie Truman Capote is nie, kan dit dosyne ander skrywers wees.

.........

Vir fliekvlooie en boekwurms en musiekgeesdriftiges soos ons bly die VSA nou eenmaal ’n onweerstaanbare ervaring. Ondanks die politiek en die rassewrywing en die fanatiese patriotisme en die kultuur van karre en vuurwapens wat ons verskrik. Ondanks alles.

.........

Vir fliekvlooie en boekwurms en musiekgeesdriftiges soos ons bly die VSA nou eenmaal ’n onweerstaanbare ervaring. Ondanks die politiek en die rassewrywing en die fanatiese patriotisme en die kultuur van karre en vuurwapens wat ons verskrik. Ondanks alles.

Want ons het grootgeword met Amerikaanse rolprente, ons kyk deesdae aanhoudend Amerikaanse TV-reekse, ons luister van jongs af na Amerikaanse musiek en lees Amerikaanse boeke. Ons kulturele verwysingswêreld is deur dié land gevorm – of ons nou daarvan hou of nie.

.......

Want ons het grootgeword met Amerikaanse rolprente, ons kyk deesdae aanhoudend Amerikaanse TV-reekse, ons luister van jongs af na Amerikaanse musiek en lees Amerikaanse boeke. Ons kulturele verwysingswêreld is deur dié land gevorm – of ons nou daarvan hou of nie.

........

Ons stap deur Wall Street in Lower Manhattan en rits die titels af van flieks wat hier verfilm is, van Oliver Stone se Wall Street in die jare tagtig tot Scorsese se The wolf of Wall Street, en ons herinner mekaar aan tonele uit American psycho (die fliek én Bret Easton Ellis se boek) en The bonfire of the vanities (weer eens die fliek én Tom Wolfe se satiriese roman) en ’n hele string ander.

Central Park se eende en herfskleure

Ons sit en drink ’n wegneemkoffie op ’n bankie in Central Park terwyl ons die drawwers, die fietsryers, die perdekarre met toeriste, die stappers met honde, die ouers met babas in stootwaentjies, die herfsblare in die bome dophou. Dis so ’n fassinerende nimmereindigende parade dat ons amper vergeet van al die befaamde fliektonele wat hier afspeel, waarskynlik meer as op enige ander plek in New York, van Marathon man waar Dustin Hoffman in die park draf tot The fisher king waar Robin Williams en Jeff Bridges een nag poedelkaal op die gras lê en filosofeer.

Ek dink dadelik aan die musiekblyspel Hair, waar al die hoofkarakters mekaar in die park ontmoet en waar die hippies later wild dans en uitrafel, tonele wat dekades gelede ’n diep duik in my ontvanklike jong gemoed gemaak het. (Of dalk onthou ek Hair net omdat ek nou in my herfsjare in ’n beblomde hippie-wa deur Amerika toer.)

Ná ons koffie klaar gedrink is, drentel ons na een van die mere in die park, waar die herfsbome geel en rooi in die water weerkaats en eende bo-oor die weerkaatsings dryf. Die laatmiddagkoue lei my gedagtes na The catcher in the rye se Holden Caulfield, wat in Central Park ronddwaal en wonder wat van die eende en visse word wanneer die water vries.

In Harlem onderneem ons die verpligte pelgrimstog, vir liefhebbers van rock en soul, na die Apollo Theatre. Ons kan nie ingaan om ’n drankie te drink soos ek jare gelede op my eie hier gedoen het nie, want daar word ’n kleedrepetisie vir ’n groot musiektoekennings-affêre gehou. Die vroue in die ry voor die ingang is helder oordag uitgedos in glinsterende aandrokke, lewensgevaarlike hakke en meer vals wimpers as wat ek nog ooit in my lewe op een kol gesien het.

Ons tel ons hippie-wa op in Jersey City

Maar Harlem is ook die geboortegrond van die skrywer James Baldwin, wat ons ’n ander kant van die Amerikaanse droom gewys het. Vir hom was dit meestal ’n nagmerrie, wat hom uiteindelik uitgedryf het na Frankryk, en daarna het hy homself ’n “transatlantic commuter” genoem. Terwyl ek en my Fransman deur Harlem stap, dink ons onvermydelik ook aan Baldwin se woorde: “Perhaps home is not a place, but simply an irrevocable condition.”

Noudat ons huisloos lewe, klou ons stywer as voorheen vas aan sulke frases.

Atlantic City se befaamde "boardwalk"

Ons slaapplek is in Brooklyn, en terwyl ons die strate oos van East River verken, soek ons na Harvey Keitel se tabakwinkel in die kultusfliek Blue in the face, waarin befaamde New Yorkers soos Madonna, Lou Reed en Jim Jarmusch kameerolletjies speel.

In Jersey City tel ons die beblomde hippie-wa op en luister na Springsteen se meesleurende “Jersey girl” terwyl ons deur New Jersey na Atlantic City ry. Hierdie seedy dobbelstad aan die kus wil ek al besoek vandat ek veertig jaar gelede betower is deur Louis Malle se rolprent Atlantic City met ’n manjifieke Burt Lancaster en die immer sexy Susan Sarandon.

Die Washington Monument

Washington, met al die monumente en beroemde geboue, die Capitol, die White House, is natuurlik een groot rolprentstel. Ons kan nie eens meer tel hoeveel keer ons dié plekke al op die silwerskerm gesien het nie. En tog is daar ’n onlangse bloedstollende toneel uit die reeks The handmaid's tale wat by my bly spook. Washington het die hoofstad van die fascistiese staat Gilead geword, die Washington Monument is ’n enorme wit kruis, en die Lincoln Memorial wys ’n koplose president Lincoln.

Lincoln Monument - nie onthoof soos in die TV-reeks The Handmaid's Tale nie

Ek skryf dié woorde uit ’n dorpie in North Carolina, waar ons ’n naweek in vriende se huis laaglê voordat ons verder reis. Maar selfs in ’n landelike omgewing kan ons nie wegkom van flieks nie. Die jong vrou wat opgewonde oor ons kampeerwa kom uitvra op die plaas waar ons die eerste nag geslaap het, woon in haar kampeerwa, soos Frances McDormand in Nomadland.

Teen dié tyd het ons al ’n klompie regte egte Nomadlanders ontmoet; mense wat nie ’n ander keuse het nie, wat geen ander heenkome as hulle motors het nie. Dis ook Amerika. Vir my en Alain is dit ’n avontuur. Ons is dakloos, ja, ons moes ons huis verkoop om kop bo water te hou, maar ons sal darem hopelik een of ander tyd weer ’n klein huisie of ’n woonstel kan koop of huur. Intussen reis ons in ’n kampeerwa omdat ons wil, nie omdat ons móét nie.

Dit maak ’n enorme verskil.

Ons ry verby Graceland in Memphis, Tennessee, ter ere van die fliek Mystery Train.

Ná New Orleans wil ons in die Wilde Weste uitkom. Dalk via Kansas (wat ons herinner aan Dorothy en haar hondjie Toto in The wizard of Oz) of die dorpie waar die gruwelmoord plaasgevind het waaroor Truman Capote die boek In cold blood geskryf het. Maar dan is ons terug by Capote, en daar is soveel ander skrywers, rolprente, musikante wie se spore ons ook nog kan volg.

So dalk kies ons eerder Tennessee, wat immers ’n musikale skatkis is met Nashville en Memphis as die kroonjuwele. Ek is nie ’n liefhebber van country-musiek nie, maar ek was gek oor Altman se fliek Nashville en Keith Carradine wat “I’m easy” sing.

Ek is nie die grootste Elvis fan nie, maar ek wil nogtans graag verby Graceland ry, al is dit dan net ter ere van Jim Jarmusch se wonderbaarlike rolprent Mystery train waarin twee Japanse toeriste op pad is na Graceland.

Ons weet mos nou dat ons nêrens in die VSA gaan wegkom van sulke kulturele padwysers nie. Ons weet ook dat ons dit nie anders wil hê nie. Ons toer verwonderd voort.

Lees ook:

’n Swerfjaar vir seniors, aflewering drie: Allerhande alledaagse wonderwerke

’n Swerfjaar vir seniors, aflewering twee: Wees gereed om verras te word

’n Swerfjaar vir seniors: Aflewering nommer een

The post Swerfjaar vir seniors, aflewering vier: Watter fliek was dit nou weer? appeared first on LitNet.

Dystopian, fantasy and sci-fi blended: A review of Charlie Human’s Ancestral

$
0
0

Title: Ancestral
Author: Charlie Human
ISBN: 9781485904502
Publisher: Penguin

Ancestral is a story that straddles the borders of the dystopian, fantasy and sci-fi genres. The protagonist, Clementine “Clem” Khoza, is a woman hardened by a childhood of stick fighting and an adult life spent in war, law enforcement and the struggles of addiction. Now, she faces her toughest challenge yet. Her son, Drew, has been kidnapped and taken into the heart of Welcome Shade, a luxurious retirement village turned to ruins by a raging gang war. Clem enters the gates armed with an iron-tipped staff and a riot shield. A street child she calls Brak barters his services as a drone pilot, navigating and scouting for enemies, in exchange for the safe return of his sister, who was also taken into the deadly labyrinth. Clem is focused and determined, but she is followed by memories of her past and a hallucination that she argues with on occasion. The closer she gets to finding Drew, the more complicated things become.

As I read this book, I found that the main antagonist’s motives weren’t the clearest. Strangely, the more that is revealed about him, the less convincing his motivation seems. I think a simpler origin and motive could have left room for his actions and words in the unfolding plot to make him more interesting. Fortunately, the villain’s lacklustre personality did not diminish the importance of Clem’s mission to rescue her child, and the story could continue unabated.

Charlie Human demonstrates a wealth of imagination and creativity in Ancestral. While the fictional retirement village is set in Cape Town, the author clearly started from the ground up when creating the world for his story. He paints descriptive pictures from the perspective of the main character. I enjoyed reading about the different people who were fighting to survive, or scratching a living out of the trash and ruins after the ultra-rich were driven out. Welcome Shade is a bubble of dystopian brutality in the shadow of Table Mountain, and it all reads as vividly as if it were a graphic novel.

Some of the details and twists towards the end did put a strain on my suspension of disbelief. It can be perilous to introduce new fantasy or sci-fi elements at a time when the boundaries of the world appear to be well established, because a reader needs to readjust their views on what is possible and impossible in the fictional world.

Clem comes across as the cynical battle-worn type, who takes pride in the grit that trauma has sown in her. She even calls Brak “kid” the way a typical tough-guy anti-hero in American movies would. The rugged protagonist who fights alone is a trope that Human must have leaned into when writing her. Because he didn’t try to hide it, Clem feels genuine. She expresses her dry sense of humour now and then, and her narration sometimes pauses on details outside of a fight. For some readers, this would be a welcome respite from the intensity. Others will not appreciate a break in the action. There was only one significant scene in which Clem experienced a more primal fear. It happened when a huge dog was sent after her. I would have been interested to get a bigger picture of why this frightened her more than any soldier or mercenary with a gun.

We are introduced to more minor characters as the story progresses. Clem discovers a bond with one of them. Their thoughts and feelings about each other are kept vague, but to me this came off as the fleeting shadow of a romantic subplot. It came at a point when I was beginning to believe that I could read a young adult novel with a female protagonist who didn’t have eyes for anyone except her missing child. Having that hope crushed was not something I appreciated.

I did appreciate how strongly Human conveyed Clem’s extensive fighting experience. In the acknowledgements, he says that Ancestral is a martial arts book, and it shows. There are plenty of fight scenes. The battles are impressively detailed, and sometimes shocking or gross. I think this is one of the book’s strongest points. The violence is completely unfiltered, with everything from a simple jab to the crunch of a bone breaking. The further one reads, the easier it is to inherit Clem’s insensitivity to the bloodshed. The detailed battle scenes can leave the reader almost as tired as the protagonist.

Human sustains the tone, atmosphere and tension needed to hold one’s attention, and he does it well. I would recommend Ancestral to readers with a taste for dystopia and fantasy. They should have stamina to keep up during the fights and imagination to appreciate the diverse world Human has crafted. The plot does not drag in any sense, and if you enjoy the brawls, you won’t want to put it down.

The post Dystopian, fantasy and sci-fi blended: A review of Charlie Human’s <em>Ancestral</em> appeared first on LitNet.

Het FW de Klerk "bloed aan sy hande"?

$
0
0

Dit was seker ’n moeilike besluit vir die regering om te neem: Moet oud-president FW de Klerk ’n staatsgedenkdiens kry of nie? Eindelik is ’n positiewe besluit geneem, maar daar sal opnuut uiteenlopende uitsprake wees oor sy bydrae tot die vreedsame skikking in Suid-Afrika. Was hy ’n visionêre politieke pragmatis wat ’n kwantum-sprong gegee het om die oplossingsmoontlikhede te ontsluit? Of het hy werklik in sy hart ’n morele besluit geneem dat apartheid fundamenteel verkeerd was?

Ek deel ’n klompie persoonlike ervarings wat ek met hom gehad het. Maar ek wil reguit sê sy bydrae tot ’n vreedsame onderhandelde oplossing was enorm. Sy aardskuddende besluit om politieke partye soos die ANC te ontban en politieke gevangenes soos Nelson Mandela vry te laat, was deurslaggewend.

My eerste staaltjie gaan oor ’n hoogs vernederende ervaring wat ek gehad het met De Klerk as toeskouer. In Januarie 1987 het ek as TV-politieke joernalis vir die SAUK die kongres van die Arbeidersparty in Port Elizabeth bygewoon. Dit was die meerderheidsparty in die Huis van Verteenwoordigers, die “bruin” kamer van die parlement. Die party het besluit om prakties te betoog teen die groepsgebiedewet deur in die “slegs blankes”-deel van die Koningstrand te gaan swem. Dit was nogal ’n petalje om die meestal ouer, lywige mans in die koue water te sien ploeter. Maar hulle het die punt gemaak: Hulle kon besluite vir die land help neem in die parlement en eerwaarde Allan Hendrickse was uit hoofde van sy posisie as leier van die meerderheidsparty in die “bruin huis” ook ’n lid van die oorkoepelende kabinet waar hy insette oor landswye sake kon lewer. Maar weens die groepsgebiedewet kon geen “anderskleurige” by ’n gereserveerde strand gaan swem nie. Sulke diskriminasie was onhoudbaar.

Die Maandag terug in Kaapstad was die hel los!

President PW Botha het in die openbaar daarop aangedring dat Hendrickse om verskoning vra. Hoe kan ’n kabinetsminister willens en wetens ’n landswet oortree? Die feit dat dit ’n diskriminerende wet was, het duidelik geen indruk op Botha gemaak nie. Die eerwaarde het my in die loop van die dag laat weet dat hy uit die kabinet gaan bedank. Ek het toe later in die middag ’n onderhoud met hom gevoer as deel van my storie vir die aand se TV-nuusbulletin oor die dramatiese gebeure. Net voordat ek die ateljee ingestap het om my storie regstreeks in die bulletin te vertel, het ons redakteur vir my ’n brief gegee wat toe pas deur president Botha vrygestel is. In die brief word Hendrickse kennis gegee dat hy uit die kabinet afgedank word. Ek het toe die inleiding van my storie aangepas om voorsiening vir dié nuwe wending te maak, maar die res van die storie oor die eerwaarde se bedanking het in my berig gebly. Ná my uitsending wag ons redakteur my in en sê ons grootbaas van die SAUK, Riaan Eksteen, beveel dat ek moet teruggaan in die ateljee en Botha se brief drie keer tydens die nuusbulletin-uitsending voorlees. Ek het beswaar gemaak en gesê dis mos malligheid. Maar ek is meegedeel dis ’n opdrag en ek het nie ’n keuse nie. Die eintlike opdrag vir die brieflesery, het gekom van PW Botha self wat vir Eksteen so beveel het. (Volgens Eksteen was dit sy eie besluit dat dit drie keer gelees word.) Die president was kwaad omdat Hendrickse se bedanking meer aandag as sy afdanking van die eerwaarde in my storie gekry het.

Ek vat toe die brief en stap die ateljee binne. Groot was my verbasing om daar vir destydse Minister van Onderwys, FW de Klerk, aan te tref. Hy het intussen die ateljee ingestap vir ’n regstreekse skakeling met die nuusaanbieder in Johannesburg oor onderwyssake. Ek moes hom toe meedeel: “Jammer Minister, maar nou moet ek eers jou president se brief vir die nasie voorlees – drie keer.” De Klerk was sigbaar geïrriteerd, maar hy moes maar opsystaan. Van die onderhoud oor die onderwys het nie veel gekom nie.

In 1988 tot 1990 is ek “gepos” na Londen as die SAUK se Europese korrespondent. Van die nuusbestuur het my daarvan verdink dat ek stories na buite oor die SAUK loop en skinder het. (Dis onwaar bewys.) Daar is toe besluit om my “uit sirkulasie” te haal. Die feit dat PW Botha nie ooghare vir my gehad het nie, het seker ook ’n rol gespeel. Vir die eerste twee jaar was dit bitter moeilik. Omdat ek die SAUK verteenwoordig het, is ek deur ieder en elk soos ’n muishond behandel. So asof ek persoonlik ’n apologeet vir apartheid en PW Botha was. Selfs lede van eerste minister Margaret Thatcher se Konserwatiewe Party het geweier om met my te praat.

Op 2 Februarie 1990 het alles dramaties verander. Met president FW de Klerk se verreikende aankondigings om partye soos die ANC te ontban en gevangenes soos Nelson Mandela vry te laat, het die houding teenoor Suid-Afrikaners drasties verskuif. Ek en my kameraman het na Trafalgar Square by die Suid-Afrikaanse ambassade gegaan waar honderde mense fees gevier het oor die aankondigings. Ons het met van die mense gepraat en bykans elkeen het De Klerk lof toegeswaai.

Op 11 Februarie 1990 met Nelson Mandela se vrylating, was daar selfs meer joligheid. Ons het toevallig die twee Pahad broers van die ANC, Essop en Aziz, raakgeloop. Dit was die eerste keer dat ons openlik met iemand van die ANC kon praat en dit uitsaai. Die Pahads het my reaksie op Mandela se vrylating gevra. My antwoord was: Ek is ook bevry. Die BBC se TV-nuus het my gevra om deel te wees van ’n paneelbespreking oor die dramatiese gebeure. Ek het president De Klerk groot krediet gegee en Mandela se vrylating verwelkom.

Ná dié gebeure het ek toegang gehad tot wie ek ook al wou. President De Klerk het eintlik veel meer erkenning in die buiteland as in sy eie land gekry. Só het ek in Augustus 1990 ’n internasionale kongres oor haat in Oslo, Noorweë, bygewoon. Die hoofspreker was Nelson Mandela, maar saam met hom op die verhoog was Leon Wessels. Hy was toe Adjunk-Minister van Buitelandse Sake. Dit was die eerste keer dat senior ANC- en Nasionale Party-verteenwoordigers saam op een verhoog in die buiteland opgetree het. Albei het hulle verbind tot vreedsame onderhandelings om ’n skikking te bereik. Verskeie ander verteenwoordigers – soos van Israel, Palestina en Ierland het gesug: as hulle maar net ’n Mandela en De Klerk gehad het, sou hulle probleme lankal opgelos kon wees. 

In daardie jaar het De Klerk verskeie lande besoek om hulle oor die hervormingsproses in te lig en vir, onder meer, ekonomiese bystand en die opheffing van sanksies te vra. Hy is oral met net die grootste vriendelikheid ontvang – en ons as joernaliste wat saam gereis het ook.

Dit was ook die geval in die stamland Nederland wat een van die skerpste kritici van apartheid was. ’n Groot koerant in die land, Het Parool, het my gevra om ’n meningstuk oor die betrekkinge tussen die twee lande te skryf. Ek het die hoop uitgespreek dat Afrikaanssprekendes as taalgenote van Nederland opnuut bande kan smee ná die vestiging van ’n regverdige bestel in Suid-Afrika. Apartheid was ’n beleid wat mense grootliks met Hendrik Verwoerd vereenselwig het. Hy het as jong seun uit Nederland na Suid-Afrika gekom. Nou het nog ’n man met Nederlandse familiewortels, FW de Klerk, die inisiatief geneem om apartheid af te skaf.

 De Klerk het welverdiend saam met Mandela in 1993 die Nobelprys vir Vrede gekry.

In die aanloop tot die verkiesing in 1994, het ek ’n potjie met president De Klerk geloop wat ons verhouding ’n tyd lank versuur het. Een van die besluite by die Kodesa Onderhandelings was dat al die tuislande wat in navolging van apartheid ingestel is, afgeskaf sou word om weer deel van Suid-Afrika te word. “President” Lucas Mangope van Bophuthatswana het geweier. Cyril Ramaphosa onderhandelaar van die ANC, het hom toe gedreig en gesê as hy nie saamwerk nie, sal die tenks ingestuur word. President FW de Klerk het hom vervies en in ’n verklaring daarop gewys dat Ramaphosa geen gesag oor die weermag het nie. Dit was hy, De Klerk, wat die hoofbevelvoerder was.

Ons het toe De Klerk vir ’n onderhoud gevra. My eerste vraag was dat hy gemeendadig was aan die toepassing van apartheid en die skep van ’n magsbasis vir mense soos Mangope. Nou moes hy sy eie mislukte beleid van jare herroep en Mangope so ver kry om sy posisie prys te gee. Hoe gaan hy dit regkry? Hy het dadelik teruggekap dat ek soos vele joernaliste net na die negatiewe van apartheid verwys en nie na die opregte poging van die Nasionale Party om in afsonderlike ontwikkeling die geleentheid vir alle volke in Suid-Afrika te skep tot selfregering nie. Ek het hom in die rede geval en doodeenvoudig die vraag herhaal oor wat hy omtrent Lucas Mangope gaan doen. Maar hy het weer soos ’n slim regsgeleerde die vraag aangeval pleks van om dit te beantwoord.

So het dit aangekarring totdat ek op die heel einde gevra het: “President De Klerk, wil jy nie, of kan jy nie, die vraag beantwoord nie?”

Hy sê toe: ”Ek sal met hom praat.”

Daarmee was dit die einde van die onderhoud. Hy was natuurlik kwaad vir my en ek was seker ’n bietjie moedswillig om met so ’n gelaaide vraag af te skop. Maar hy moes hom ook nie laat verlei het om op ’n gelaaide vraag te reageer nie. Met die onderhoud het ’n mens die indruk gekry dat hy steeds “groot apartheid” ondersteun.

Ons volgende ontmoeting was tydens die debat tussen hom en Nelson Mandela vroeg in April 1994. Dit was ’n groot eer om die voorsitter van die debat te wees. Sekondes voordat ons op die lug gegaan het, het die uitvoerende regisseur my laat weet dat 800 miljoen mense in die wêreld na die onderhoud sou kyk. My maag het ’n paar draaie gemaak, maar ek het my gedwing om op die taak te fokus. Die debat was nie so opwindend nie, want die ANC en die NNP het weke lank oor die formaat onderhandel: hoeveel tyd elke deelnemer vir ’n openingstandpunt sou kry, wie eerste sou praat en laaste, tyd vir repliek, wie die joernaliste wat vrae vra sou wees, hoeveel elk kon vra, ensovoorts. De Klerk en Mandela het hulle gehou by die onderhandelde formaat en alles het glad verloop. Altwee het goed gedoen, hoewel Mandela seker met sy uitreik na De Klerk op die einde ’n wenskuif gemaak het.

As ’n mens vandag na die debat kyk, is dit jammer om te sê dat so min van die beloftes nagekom is. Mandela het in die besonder onderneem om korrupsie te beveg. Hy draai seker in sy graf om oor alles wat deesdae aangaan.

Ná so twee jaar van die nuwe Suid-Afrika het F.W. de Klerk bedank as mede-adjunk-president en sy party uit die regering van nasionale eenheid gelei. Dit was ’n bitter ongelukkige besluit. So het verskeie van die kabinetslede my al persoonlik meegedeel -- soos Roelf Meyer, Pik Botha en Dawie de Villiers. Die RNE was ’n spesifiek gestruktureerde stelsel wat konsensus, nasiebou en versoening bevorder het. Daar was nooit weer so ’n praktiese, doelgerigte regeringspoging om aan versoening te werk nie.

Die Waarheid en Versoeningskommissie moes so ’n liggaam gewees het, maar dit het net ten dele die waarheid en min versoening gelewer. Ná De Klerk se getuienis voor die kommissie, het die voorsitter, aartsbiskop Desbond Tutu, sy teleurstelling uitgespreek dat De Klerk nie begrip gehad het vir die wreedheid van gruwels wat die veiligheidsmagte gepleeg het nie. Tutu het nie De Klerk se getuienis geglo dat hy nie van sulke vergrype geweet het nie.

In 2012 het De Klerk in ’n onderhoud met Christine Amanpour van die Amerikanse TV-stasie CNN, reguit gesê hy het nie verskoning gevra vir die Afsonderlike Ontwikkeling van NP-beleid nie, net oor vergrype en die seer en lyding wat daardeur veroorsaak is. Kritici het dit gebruik as bewys dat hy nooit van apartheid afstand gedoen het nie. Op 2 Februarie 2020 het De Klerk op ’n vraag van ’n SAUK-joernalis gesê hy kan nie saamstem dat apartheid ’n sonde teen die mensdom was nie. Hewige reaksie het gevolg. Die leier van die EFF, Julius Malema, het die parlementsopening, wat deur die oud-president bygewoon is, ontwrig en geëis dat De Klerk die huis verlaat omdat hy “bloed aan sy hande” gehad het. Selfs De Klerk se eie stigting het die uitspraak veroordeel en die uitvoerende direkteur, Theuns Eloff, het bedank.

FW de Klerk het in sy laaste video-boodskap, wat ná sy dood in November vrygestel is, die oortuigendste ooit gelyk toe hy met emosie weereens verskoning vir apartheid gevra het. Hy het die stelling gemaak dat hy reeds in die vroeë tagtigs in ’n soort bekering diep in sy hart tot die besef gekom het dat apartheid moreel onaanvaarbaar was. Ek moet sê ekself het nooit die indruk gekry dat hy so ’n omwenteling ondergaan het nie. Ek het in verskeie onderhoude met hom probeer vasstel of hy ’n Damaskus-ervaring gehad het, waar, wanneer en hoekom? Ek kon nooit ’n antwoord kry nie.

FW de Klerk is ongetwyfeld ’n historiese figuur wat krediet moet kry as seker een van die leiers wat die land van oorlog en ekonomiese verval help red het. Dis net jammer hy het daardie beeld self skade aangedoen met van die stellings wat hy aan die einde van sy lewe gemaak het.

The post Het FW de Klerk "bloed aan sy hande"? appeared first on LitNet.

Press release: The best African content to binge this December, from Troukoors to The wife

$
0
0

Troukoors S1 | Binge from 13 December 2021 

Troukoors (Wedding Fever), the first Showmax Original romcom, is made by SAFTA winner Louis Pretorius and SAFTA nominee Albert Snyman of Infinity Films, the creators of critically acclaimed and much loved shows like Die Boekklub and Fynskrif, with regular collaborator Nina Swart directing.

"Troukoors is like good champagne: light and bubbly and more-ish, with a tendency to bring out people's naughty sides," says Candice Fangueiro, head of content at Showmax. "It's like Younger or The Bold Type, but set against the splendour and romance of the Cape wedding industry."

Ilse-Lee van Niekerk (Getroud Met Rugby4 MureDie Boekklub) stars as Jessica, a wedding planner who's surrounded by love but struggling to find it for herself. Former child star Blyde Smit (Erfsondes7de Laan) plays Jessica's sister Luca, a software developer who is more fluent in Klingon than flirting, with Fleur du Cap nominee Bianca Flanders (Nêrens, Noord-KaapAddress Unknown) as her bisexual best friend Abi, a professional baker. SAFTA winner Kevin Smith (Skemerdans) is Abi's dad (and Luca's boss), with Melt Sieberhagen (Proesstraat) as his boyfriend. The three besties' love interests this season include Armand Aucamp (Tom in Die Boekklub), Christiaan Schoombie (Warrior), Evan Hengst (Miles in The Kissing Booth 1-3), Danny Ross (Nommer 37), and Fiesta Upcoming Artist nominee Emma van Heyn.


The wife S1 | Binge episodes 1-12 now, with three new episodes every Thursday

Showmax's first telenovela, The Wife, has broken Uthando Lodumo's record for the most first-day views of all time on Showmax, as well as Devilsdorp's record for the most hours watched within four days of launch, outperforming the launch of any film or series on Showmax ever, including the likes of Game of Thrones, The Real Housewives of Durban and The River

Inspired by Dudu Busani-Dube's bestseller Hlomu The Wife, the 40-episode first season tells the story of a journalist (Mbalenhle Mavimbela from Skeem Saam) who falls in love with a taxi driver, Mqhele (Bonko Khoza from Neckie Youth), not realising that when you marry a man, you marry his secrets.

The Wife has topped the Twitter trending charts for four Thursdays in a row, while early reviews are glowing. As IOL's Debashine Thangevelo put it, "Honestly, I can't sing the praises enough of this homegrown offering... The actors share incredible chemistry, and their respective performances are unparalleled... Don't be surprised when it bags a lot of nominations at next year's award ceremonies


Love, Lies & Hybrids | Stream from 31 December, first on Showmax

Jessica and her lover, Sophia, look forward to a mountain escape for a few days before New Year's Day, while Jessica's environmental activist fiancé, Daniel, is away at a conference. So when Daniel arrives to surprise Jessica, he is the one that gets a surprise. Now, with the truth revealed about Jessica's infidelity, is there a way to save their relationship or will this be the last time the three of them are together?

Directed by two-time SAFTA winner Amanda Lane (iEmmy nominee Is'thunzi4Play: Sex Tips For Girls), Love, Lies & Hybrids stars Megan Oberholzer (Cut-Out Girls) as Jessica, Shamilla Miller (The Girl From St AgnesBlood & Water) as Sophia and Alexander Maniatis (Projek Dina) as Daniel. 

The 16SNL polyamorous love story is produced by multiple SAFTA winner and iEmmy nominee Roberta Durrant (KrotoaHome AffairsArendsvlei) through Paw Paw Films, based on a script by Tristram Atkins (AfgrondArendsvleiSara se Geheim) and Meesha Aboo. 


Temptation Island South Africa | Binge now

Temptation Island South Africa, Showmax's first international reality TV series format, puts a local spin on Banijay's Teen Choice-nominated pop culture phenomenon, which has been adapted 25 times and counting. The hit reality series topped both Showmax's Top 20 and the Twitter trends' charts in South Africa during its weekly release, and is now available to binge.

The ultimate relationship test, Temptation Island South Africa follows couples at a crossroads in their relationship, where they must mutually decide if they are ready to commit to one another for the rest of their lives — or go their separate ways.

Together, the couples experience a luxurious holiday in paradise (aka Knysna), where they live separately - with 20 sexy single men and women who are looking for love. This last taste of the single life is meant to help answer their most difficult questions about their relationship, like, "Are we meant to be?" and "Is there someone better out there for me?"

Afrokaans Film & Television (Survivor SA) produced the drama-filled 14-episode Showmax Original, which was hosted by Phat Joe (The Real Housewives of Durban reunion).


Influence | Stream now 

Who decides what you think? Who decides how you vote?

Diana Neille and Richard Poplak's globe-trotting documentary feature Influence charts the recent advancements in weaponised communication by investigating Lord Tim Bell and the rise and fall of the world's most notorious public relations and reputation management firm: the British multinational, Bell Pottinger – whose South African clients included the Guptas, FW de Klerk and Oscar Pistorius.  

A South African/Canadian co-production, Influence was nominated for a 2021 Critics' Choice Documentary Award for Best Political Documentary, screened in competition at Sundance, and was named Best South African Documentary at the 2020 Durban International Film Festival, among other accolades.

Vulture calls Influence "the kind of story that makes you question everything," while The Globe and Mail calls it "extraordinary" and "eye-opening."


Black Tax S2 | Binge the first eight episodes now

With six SAFTA nominations (including for Best Comedy) and a win for Best Scriptwriting, the popular BET Africa-Showmax co-production Black Tax is back for a second season of laugh-out-loud hilarity as career woman and single mom Thuli Dlamini tries to keep up with paying her dues to her family, who supported her journey to success. 

SAFTA winner Jo-Anne Reyneke (Broken Vows, Isono) returns as Thuli, with Mandla Jwara (Isithembiso) nominated for Best Actor at the 2021 SAFTAs as her father. Industry legend Clementine Mosimane, a 2020 SAFTA winner for Poppie Nongena and 2021 nominee for How To Ruin Christmas: The Wedding, plays her mother, while comedians Sne Dladla and Jason Goliath also star. 

New faces this season include five-time SAFTA nominee Motlatsi Mafatshe (How To Ruin Christmas: The Wedding) and newcomer Asante Mabuza as the meddlesome new neighbours of Thuli and her crazy family. Acting legend Owen Sejake (TsotsiBeat the Drum, Yizo Yizo) also joins the cast. 

Created by Meren Reddy, Joshua Rous and Luke Rous, who have 15 SAFTAs between them, the popular sitcom is produced by Rous House Productions (InconceivableElke Skewe PotHigh Rollers).


The edge of existence | Stream now

Filmed in Tanzania over three years, The Edge of Existence takes viewers into the heart of the growing human-wildlife conflict in the western corridor of the Serengeti. 

Named Best Humans and Nature Film at the 2020 Wildlife Conservation Film Festival, The Edge of Existence is directed by South Africans James Suter and Charlie Luckock of Black Bean Productions. The documentary also won Best Documentary at the 2021 Bergen International Film Festival. 

While the urgent need for conservation has been widely publicised, there's been less awareness about its cost to the neighbouring communities, from farms getting trampled just before harvest to livestock - and even humans - being killed by predators. As The Guardian said in their review, "If you thought your commute was stressful, imagine sharing it with an elephant herd."

"Conservation is not sustainable unless we find workable solutions to human-wildlife conflict that can support the communities affected," James told Responsible Traveller. "And no solution will be feasible unless it takes both humans and wildlife into account."


Toorbos | Stream now

South Africa's official entry to the 2021 Oscars, Toorbos is an adaptation of the beloved Dalene Matthee love story about the uprooting of Karoliena Kapp, one of the final forest dwellers in Knysna in the 1930s. 

As Karoliena, Elani Dekker was nominated for a 2021 SAFTA for Best Actress, with Variety praising her "fine, quiet" performance and comparing her "guileless poise" to a "younger Keira Knightley" and Screen International saying the film is "built around" her "luminous and intriguing central performance". 

Toorbos was nominated for nine SAFTAs, with writer-director Rene van Rooyen winning Best Script and Andries Smit best score. 

Screen International describes Toorbos as "a refreshingly unusual and unpredictable period-piece..." while Variety calls the film "a satisfying marriage of folky period romance and environmental parable from the misty, mossy depths of South Africa's Knysna forest region: a national beauty spot much enshrined in local literature and lore, but rarely given this kind of grand-scale screen showcase."


Subira | Stream now

Set in Lamu and Nairobi, Subira is a coming-of-age story that follows Brenda Wairimu (Monica, Disconnect) in the titular role as a free-spirited Muslim girl who struggles against traditions and gender stereotypes to live out her dream of swimming in the ocean.

From a young age, all Subira has ever wanted was to learn how to dive in the ocean. And her fisherman father (Abubakar Mwenda, Nairobi Half Life, Mission to Rescue) is willing to teach her when the right time comes, much to the disapproval of her mother (Nice Githinji, Rafiki, Lusala), who, like others in their conservative Lamu community, prepare their daughters for only one thing - to be married to a good man from a good family.

Subira was also selected to represent Kenya in the International Feature category at the 92nd Academy Awards in 2020, won Best Indigenous Language Movie – Swahili at the 2020 Africa Magic Viewers' Choice Awards, and took home five Kalasha Awards in 2018, including Best Feature, Best Director and Best Actress.

KenyaBuzz praised Subira as "the sweetest movie to come out of Kenya in 2018", while The Hollywood Reporter called it " a coming-of-age story that addresses the universal issue of taking control of your life, regardless of the challenges society and culture bring."


The coolest OG's | Binge now

Local reality TV hit The Coolest OG's was shortlisted for Competition Show of the Year at the 2021 Content Innovation Awards in London.

The show sees 12 senior citizens compete for the title of hippest "golden oldie". Each episode introduces a new challenge, ranging from gaming to songwriting, music video production to modelling, art to acting and more - activities that might be second nature to millennials and zoomers (the Gen Z crowd), but could give an older person pause. With the help of their grandchildren and influencers, the seniors battle it out, with someone being forced into early retirement every episode, until only one - the ultimate Coolest OG - remains, taking home a cash prize of R100 000. The judges - who look at both performance and swag - are a panel of four 20-somethings making waves in the fashion, music, film and food industries.

"It's more than just a TV show with grandparents doing wacky things - it's an opportunity to talk about ageism in society," says Jimmy Muteba, executive producer of The Coolest OG's at Rebelintown Productions. "Older people are a marginalised group, often excluded from conversations, media and entertainment. We need to talk about it - and The Coolest OG's tries to do that in a fun way. If we're lucky, we'll all get old one day."


Harvest: 3000 years | Stream now

Ethiopian filmmaker Haile Gerima has been named the first recipient of the Academy Museum of Motion Picture's Vantage Award for "an artist or scholar who has helped to contextualise and challenge dominant narratives around cinema."

 The 1975 classic, Harvest: 3000 Years is Gerima's second fiction film, which played at Cannes to acclaim and won two prizes at Locarno. "Inspired to make a film in his mother tongue, Amharic, after seeing Ousmane Sembène's Borom Sarret (1963), Harvest: 3000 Years turns away from the cityscapes of Bush Mama for a more expansive setting. In rural Ethiopia, a greedy landowner exploits the peasants who tend his property, commanding them from the shade of his veranda. But a griot challenges the social order and slowly an awakening occurs among the suffering workers," says the Academy, calling the film "elliptical and epic."

 The film's fans include Oscar-winning director Martin Scorcese (The IrishmanTaxi Driver), who wrote, "He shot it on black-and-white 16mm, with non-actors speaking Amharic, during two weeks of his summer vacation, on the run and in the midst of a civil war. It was after the overthrow of Haile Selassie and right before a military dictatorship was installed. Difficult conditions, you might say. That sense of monumental effort pervades every frame of Harvest: 3000 Years. It has a particular kind of urgency which few pictures possess. This is the story of an entire people, and its collective longing for justice and good faith. An epic, not in scale but in emotional and political scope."

 As Oscar-nominated director Ava DuVernay (Selma13thWhen They See Ustweeted, "He is a beacon to me and many. A true cinematic revolutionary."


Umakoti wethu | Stream now, first on Showmax

In Umakoti Wethu, SAFTA and Africa Movie Academy Award Best Actress winner Fulu Mugovhani gives another prize-worthy performance as Khathu, a Venda woman struggling to conceive, who finds herself in crisis when her Zulu husband's new job takes them back to KwaZulu-Natal, his overbearing mother, and his old flame.

SAFTA nominee Melusi Mbele (Isibaya) co-stars as her husband Sizwe, with rising star Kwanele Mthethwa (Isithembiso, Abomama S2) delivering a breakthrough performance as Nobuhle, the woman caught in the middle of this polygamous love triangle with a twist. Duduzile Ngcobo (Durban GeneHostelaUzalo) also features as Khathu's disapproving mother-in-law.

Beyond Black Productions executive producer Moeketsi Moeketsi says Umakoti Wethu is an attempt to "pay homage to a beautiful part of the isiZulu culture while in the same breath giving voice to those individuals that may not always be heard within that same culture.

The post Press release: The best African content to binge this December, from <em>Troukoors</em> to <em>The wife</em> appeared first on LitNet.

Wôd gou gesond, uncle Cyril!

$
0
0

Bettina Wyngaard (Naomi Bruwer); Cyril Ramaphosa (YouTube)

Beste Uncle Cyril

.........

My hart het somma ’n ruk gegie toe ek sien uncle het oek nou die rona. Issie ’n skande nie, dit kan met enageen happen. Is ma goed uncle is gedouble-jab. Maar uncle moet ma gou gesond raak, cos why, Ace en sy tjommies gan woelag wies terwyl uncle op sick leave is.

..........

My hart het somma ’n ruk gegie toe ek sien uncle het oek nou die rona. Issie ’n skande nie, dit kan met enageen happen. Is ma goed uncle is gedouble-jab. Maar uncle moet ma gou gesond raak, cos why, Ace en sy tjommies gan woelag wies terwyl uncle op sick leave is. Dit was bad genoeg toe uncle uittie land uit was, but at least het ôs gewiet uncle gan opcheck. En ek het nogals soe uitgekyk virrie next family meeting. Die getalle skiet mos al wee op. Thirty six thousand oppie nawiek is bad news, ôs sal maa wee die gatherings moet minnere maak, of somma heeltemal toekap.

Die sjebiens het oek hulle supplies aangevul in preparation. Uncle moet net sien. Hulle kô met kruiwaens en daai swart wheelie bins en Shoprite-trollies om hulle kiste bier aan te ry. En die breweries se trokke laai nou elke dag af, pleks van elke twiede dag. Ek het al gedink mens kan nogals goed tjing maak as djy ’n bakkie kry en net deliveries virrie sjebiens doen. Protected oek, wan die tsotsi’s sal twie kee dink voo hulle daai delivery van rob. Niemand wil geboendoe wôd ie. En die community sal hulle piemp, wan ammel se drinks is mos dan gejeopardise.

.........

Ek het nogals hoeka gedink next time as ek vi uncle skryf, dan wil ek kla oor die overseas lande wat soe dink hulle is bietere as ôs, meantime haloep ôsse scientists kringe rondom hulle. Hulle soek ie vi ôs in hulle lande nie, maar hulle het klaa die nuwe variant. En hoe wiet ôs dis ie hoeka een van hulle wat die omicron vi ôs gebring hettie?

...........

Ek het nogals hoeka gedink next time as ek vi uncle skryf, dan wil ek kla oor die overseas lande wat soe dink hulle is bietere as ôs, meantime haloep ôsse scientists kringe rondom hulle. Hulle soek ie vi ôs in hulle lande nie, maar hulle het klaa die nuwe variant. En hoe wiet ôs dis ie hoeka een van hulle wat die omicron vi ôs gebring hettie? Ek mean ma net, ôs hettie Covid innie land gehad totlat die ouens van overseas af gekom het en ôs hie kô anstiek hettie. Nou pretend hulle ôs versprei die siektes. Hulle het  dydlik noggie hulle colonial gedagtes gelos ie. Maa kô holiday time, da wil hulle ammel op safari in Africa gan. Maa hulle safari oek net innie Sandton se malls in. En hulle willie mask en sanitise en social distance ie, but hulle judge vi ôs. Plustens, hulle getalle is way hogere dan ôs s’n. En hulle hou die vaccines vas soelat ôs ie kan jab ie, al wil ôs oek. Hypocrisy is maa ’n anne dywel yttie put vannie hel yt.

But orraait, ek willie vi uncle nog worries gie nie. Raak net mooi gou gesond, uncle. Die economy is klaa innie ICU, dit sal moet geventilate raak as uncle oek nog iets oorkom. En tien dié tyd wiet ôs ammel is makliker om oppie ventilator te gan as om af te kom.

Moenie worry oo allie sticky vingers innie land se tille terwyl uncle innie bed issie, ôs joernaliste watch hulle soes valke.

........

Maa ôs sal moet wêk annie messaging rondom die vaccine, wan ammel is mos nou experts. Kon nie eens stannerd 6 wetenskap deukom ie, maa nou wiet hulle bietere assie scientists. En al wat ek nou sien op social media, is al daai anti-vaksers wat vra hoekom het uncle Covid gekry as uncle gedouble-jab is.

.........

Maa ôs sal moet wêk annie messaging rondom die vaccine, wan ammel is mos nou experts. Kon nie eens stannerd 6 wetenskap deukom ie, maa nou wiet hulle bietere assie scientists. En al wat ek nou sien op social media, is al daai anti-vaksers wat vra hoekom het uncle Covid gekry as uncle gedouble-jab is. Shame, hulle wiet so min van science dat hulle nie ees vestaan hoe wêk vaccines ie. Hulle wiet oekie hoe wêk die lektriek in hulle hys ie, maa dit kee hulle nie ommie switch aan en af te sit ie.

........

But anyway, uncle moet nou loep rus. Drink genoeg fluids, kry rus in, en lyste virrie dokter. Die hele land se future hang af van uncle se gesondheid, soe pas asseblief tog vi uncle goed op.

.........

But anyway, uncle moet nou loep rus. Drink genoeg fluids, kry rus in, en lyste virrie dokter. Die hele land se future hang af van uncle se gesondheid, soe pas asseblief tog vi uncle goed op.

En next week is mos Krismis, soe merry Krismis en ’n happy new year, uncle. Maybe is 2022 bietere vi ôs ammel.

The post Wôd gou gesond, uncle Cyril! appeared first on LitNet.

Viewing all 21565 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>