Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21643 articles
Browse latest View live

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

$
0
0

Foto van Jean Oosthuizen: Izak de Vries; foto van die Universiteit Stellenbosch: https://www.sun.ac.za/Home.aspx

Die ink is nog skaars droog op die Universiteit Stellenbosch (US) se nuwe hersiene taalbeleid en die vonke spat reeds in alle rigtings.

Onder Afrikaanse belangegroepe is daar uiteenlopende reaksies op die Taalbeleid (2021) se goedkeuring wat vanaf 2022 geïmplementeer sal word. 

........

Die reaksies wissel van versigtige optimisme tot ’n algehele verwerping van die nuwe taalbeleid. Volgens skeptici is dit nóg vis nóg vlees, en so helder en deursigtig soos modderwater.

.........

Die reaksies wissel van versigtige optimisme tot ’n algehele verwerping van die nuwe taalbeleid. Volgens skeptici is dit nóg vis nóg vlees, en so helder en deursigtig soos modderwater.

Die proses vir die hersiening van die Taalbeleid (2016) is in Oktober 2020 van stapel gestuur. Die doel van die taalbeleid is om taalgebruik in alle aspekte van die universiteit te reël, te bestuur en oorsigbestuur daaroor uit te oefen. Die drie grondbeginsels van die Taalbeleid (2021) bepaal dat die US meertaligheid as ’n hulpbron beskou; dat taal toegang moet verbreed en sukses moet ondersteun; en dat die beleid en die implementering daarvan pedagogies verantwoordbare leer en onderrig moet fasiliteer.

Met ’n poging tot groter klem op meertaligheid en die versekering dat Afrikaans en Engels steeds die primêre tale van onderrig aan die US is, het die universiteit sy nuwe, hersiene taalbeleid verlede week met ’n oorweldigende meerderheid van 159 stemme teen 17 in die senaat en 21 stemme teen 3 in die universiteitsraad goedgekeur.

In wese verskil dit weinig van 2016 se omstrede taalbeleid wat selfs in die Konstitusionele Hof gaan draai het.

Tydens ’n inligtingsessie verlede Vrydag het die universiteit aangevoer dat die kernverskuiwing in die hersiene taalbeleid ’n groter klem en waardering vir meertaligheid verteenwoordig. Die inligtingsessie is onder andere bygewoon deur Deresh Ramjugernath​ (viserektor: leer en onderrig), wat self besig is om sy meertaligheid uit te brei deur Afrikaans aan te leer. Hy moes die vergadering vroeër verlaat om sy Afrikaans-klas by te woon.

​Volgens Taalbeleid (2021) bly die universiteit verbind tot die gebruik van die Wes-Kaap se drie amptelike tale, naamlik Afrikaans, Engels en Xhosa.  

.......

Daar is egter ’n vrywaringsklousule ingebou wat nie misgekyk kan word nie. Die woorde “waar redelikerwys doenlik” kom nie minder nie as 16 keer in die dokument voor wanneer Afrikaans ter sprake is. Hoe lank sal dit nog “redelikerwys doenlik” wees om in sekere modules in Afrikaans klas te gee aan die US en wie gaan daaroor besluit? is ’n vraag waaroor baie mense wonder.

.......

Daar is egter ’n vrywaringsklousule ingebou wat nie misgekyk kan word nie. Die woorde “waar redelikerwys doenlik” kom nie minder nie as 16 keer in die dokument voor wanneer Afrikaans ter sprake is. Hoe lank sal dit nog “redelikerwys doenlik” wees om in sekere modules in Afrikaans klas te gee aan die US en wie gaan daaroor besluit? is ’n vraag waaroor baie mense wonder.

Die Afrikaanse Taalraad waarsku tereg op Twitter van ’n kantelpunt wat Afrikaans op Stellenbosch in die gesig staar. Dit is daardie punt waarna die gebruik van Afrikaans as taal van onderrig nie meer “redelikerwys doenlik” of  “reasonably practicable” gaan wees nie.

In hierdie opsig is AfriForum Jeug reg wanneer hulle kommer uitspreek oor die vermindering van die Afrikaanse aanbod. Meertaligheid word nie bevorder wanneer die Afrikaanse aanbod verminder word nie.

.......

In hierdie opsig is AfriForum Jeug reg wanneer hulle kommer uitspreek oor die vermindering van die Afrikaanse aanbod. Meertaligheid word nie bevorder wanneer die Afrikaanse aanbod verminder word nie.

........

Volgens die universiteit se taalbeplanning sal die Engelse aanbod in stand gehou word ten einde volle toeganklikheid tot die US te bewerkstellig vir akademies verdienstelike voornemende en huidige studente wat verkies om in Engels te studeer.

Wat die Afrikaanse aanbod betref, moet dit volgens die hersiene taalbeleid slegs so bestuur word dat toegang tot die US gehandhaaf word vir studente wat verkies om in Afrikaans te studeer, en moet Afrikaans verder ontwikkel word as ’n onderrigtaal waar dit “redelikerwys doenlik” is.

Álles gaan afhang van hoe die nuwe taalbeleid geïmplementeer word, sê die Taalraad in hulle reaksie. En dit is presies daar waar die tekkie die teer tref. Wie besluit wat is “redelikerwys doenlik” as daar nie by almal ’n wil is om dit wat wel doenbaar is, te wíl doen nie?

........

Wollige frases soos “waar redelikerwys doenlik” help nie om die diepgewortelde agterdog betreffende die US se verbintenis tot Afrikaans te besweer nie. 

.........

Wollige frases soos “waar redelikerwys doenlik” help nie om die diepgewortelde agterdog betreffende die US se verbintenis tot Afrikaans te besweer nie. 

Volgens die Afrikaanse Taalraad is die US se nuwe taalbeleid beter as sy voorganger, maar bevat dit steeds te min vir Afrikaans én Xhosa. Volgens die Taalraad moet en kan die US ’n beter balans tussen internasionalisering en plaaslike taal en kultuur vind.

“Dít sal reguit en saaklike gesprek verg,” sê die Taalraad.

Die Taalraad se punt is geldig. In die verlede het die US dikwels te veel taalbesluite op eie stoom geneem wanneer daar oor praktiese taalsake besluite geneem moes word sonder om al die rolspelers daarin te ken of hulle te betrek.

Tydens verlede week se inligtingsessie het dit voorgekom of daar wel ’n kentering gekom het in dié verband. Daar blyk  ’n groter bereidwilligheid te wees om ’n oop gesprek oor taal te voer en verskillende belangegroepe daarby te betrek.

Hoe ernstig die universiteit daaroor is, sal net die tyd leer. “The proof of the pudding is in the eating thereof,” lui die Engelse spreekwoord mos.

Selfs diegene by US wat die afgelope maande gestoei het om 2016 se omstrede Taalbeleid te hersien, gee toe dat meertaligheid ’n uiters komplekse saak is. In die woorde van Leslie van Rooi, taalwoordvoerder van die US, is dit  ’n morsige besigheid en iets waaroor daar voortdurend gestoei sal word.

.......

Selfs diegene by US wat die afgelope maande gestoei het om 2016 se omstrede Taalbeleid te hersien, gee toe dat meertaligheid ’n uiters komplekse saak is. In die woorde van Leslie van Rooi, taalwoordvoerder van die US, is dit  ’n morsige besigheid en iets waaroor daar voortdurend gestoei sal word.

.........

Voeg daarby die emosies wanneer daar oor taal gepraat word en die tafel is gedek vir nog vele stormagtige stoeigevegte en vuurwarm debatte oor die plek van Afrikaans as hoëronderrigtaal aan die US.

Aan die een kant is daar die universiteitsowerhede wat steeds probeer wegkom met woordgimnastiek deur herdhaaldelik gebruik te maak van frases soos “waar redelikerwys doenlik” en hoop dat dit genoegsame verbintenis is tot die gebruik van Afrikaans en van Xhosa. 

Die olifant in die vertrek bly egter steeds die onwilligheid van sekere rolspelers om dit wat wel “redelikerwys doenlik” is, in die praktyk te laat realiseer. Skeptici sien dit met reg as ’n verskoning om die universiteit nog verder te verengels, want dit is die maklikste van die verskillende opsies om te volg.

Die uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk, Danie van Wyk, het aan LitNet gesê hoewel hy graag sou wou sien dat die nuwe taalbeleid gelyke status aan Afrikaans en Engels verleen, verwelkom hy die groter klem wat daar wel op meertalligheid geplaas word.

........

Die uitvoerende voorsitter van DAK Netwerk, Danie van Wyk, het aan LitNet gesê hoewel hy graag sou wou sien dat die nuwe taalbeleid gelyke status aan Afrikaans en Engels verleen, verwelkom hy die groter klem wat daar wel op meertalligheid geplaas word.

........

DAK Netwerk beywer hulle onder andere vir die holistiese ontwikkeling en groei van agtergestelde Afrikaanssprekendes en bestaan uit leiersfigure uit verskillende sektore van die samelewing.

Van Wyk sê die US sal in die komende maande met valkoë dopgehou word om te sien hoe die taalbeleid in die praktyk implementeer word. “Ek sê nie Stellenbosch se universiteit moet weer net Afrikaans word nie. Maar ons is bekommerd dat die universiteit besig is om al hoe meer te verengels ten koste van Afrikaans.” Hy is ook nie daarvan oortuig dat daar genoeg gedoen word om Xhosa te bevorder nie.

Die universiteit bevind hom dus pens en pootjies in die middel van hierdie komplekse en inderdaad morsige debat tussen diegene wat hunker na die dae toe Stellenbosch se universiteit oorwegend Afrikaans was, diegene wat die universiteit heeltemal wil verengels en die derde groep wat die moeilike middeweg van werklike meertaligheid wil stap.

Mens moet ook nie naïef wees en dink almal wat op die pro-Afrikaanse wa klim, doen dit omdat hulle die wa vir Afrikaans deur die drif wil help trek nie. Te veel politieke opportuniste het reeds op daardie wa geklim net om stemme te werf. Hier hang die DA se onderrok waarskynlik die verste van almal uit.

Hoe ’n politieke party wat in beheer is van ’n oorwegend Afrikaanse provinsie ’n vinger kan wys na die US terwyl hulle self weinig of niks doen om Afrikaans te bevorder nie, weet nugter alleen. Terwyl instansies soos Solidariteit, AfriForum en die Vryheidsfront Plus se webwerwe almal volledig Afrikaans en Engels is, soek mens tevergeefs na enige Afrikaans op ’n DA-webwerf. Selfs die Wes-Kaap se DA-beheerde munisipaliteite, waarvan die inwoners oorwegend Afrikaans is, se webwerwe is almal net Engels. So ook die DA-beheerde wetgewer in die Wes-Kaap se Hansards. Intussen is die Hansards van provinsies soos die Vrystaat en KwaZulu-Natal onder die ANC se beheer in al drie die amptelike tale van daardie provinsies beskikbaar.

Navrae hieroor aan die DA se kiesafdelingshoof in Stellenbosch, Leon Schreiber, en die DA-leier John Steenhuisen, val op dowe ore. Enige navrae daaroor aan die party se hoofkantoor word ook doodgewoon geïgnoreer.

Terwyl politici soos Schreiber die US in ’n persverklaring beskuldig van “lafhartige” optrede en “gedienstigheid” teenoor die ANC en allerhande byvoeglike naamwoorde gebruik om sy punt te stel, is daar ander stemme en belangegroepe wat hoop om met groter takt en oorredingsvermoë daarin te slaag om te sorg dat Afrikaans sy man op US bly staan. Woorde wek, maar voorbeelde trek.

........

Wat Afrikaans nodig het om sy status as hoëronderrigtaal te beskerm, is nie mense of organisasies wat soos taalbulle in porseleinwinkels instorm nie. Afrikaans benodig mense en instansies wat met ’n ferm hand maar ‘n koel kop sorg dat daar doeltreffende verantwoordbaarheidsmeganismes daargestel word wanneer die US se hersiene Taalbeleid aanstaande jaar geïmplementeer word.

..........

Wat Afrikaans nodig het om sy status as hoëronderrigtaal te beskerm, is nie mense of organisasies wat soos taalbulle in porseleinwinkels instorm nie. Afrikaans benodig mense en instansies wat met ’n ferm hand maar ‘n koel kop sorg dat daar doeltreffende verantwoordbaarheidsmeganismes daargestel word wanneer die US se hersiene Taalbeleid aanstaande jaar geïmplementeer word.

Vergeet maar daarvan dat Afrikaans weer die dominante taal sal wees. Fokus liewer op meertaligheid en die behoud van Afrikaans waar dit nog moontlik is, en help so om te sorg dat dit “redelikerwys doenlik” sal bly om ten minste op Stellenbosch in Afrikaans te studeer.

https://www.litnet.co.za/category/menings/universitysa/

Lees ook:

Konstitusionele Hof dien Afrikaans ’n gevoelige slag toe: Danie van Wyk reageer op US taalbeleid-hofbeslissing

’n Onderhoud met Danie van Wyk, nuwe voorsitter van die DAK Netwerk

Uit die argief, US-taaldebat: 'n Ope brief aan Wim de Villiers aangaande sy bestuur se voorgestelde taalbeleid

Die besluite teen Afrikaans by die UP en US is geskiedkundig - en 'n onreg

Gelyke Kanse: Afrikaans, die sondebok

Uit die argief, US-taaldebat: Marlene van Niekerk on the Stellenbosch University language debate

Stellenbosch language debate: Speech by David Jantjies at the DAK meeting with the SAHRC

Is Afrikaans aan die US ’n spyker ryker in haar doodskis?

Die US se tweede konseptaalbeleid van 2021: Maskerspele, of groeiende paleisrevolusie?

Persverklaring: Enkele dae oor om op tweede konsepweergawe van US se hersiene Taalbeleid kommentaar te lewer

BAQONDE, boosting the use of African language in education: an interview with Bassey Antia

DAK Netwerk language submission: A petition to the Minister of Higher Education

Universities South Africa [USAf] colloquium: "The challenges in the implementation of the new language policy"

 

 

The post Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is appeared first on LitNet.


A different ending

$
0
0

Photo: Canva.com

A different ending 
The world in chaos thrown today 
By an invisible force that will not sway 
And its purpose to disrupt and to set asunder  
And rob this world of all its wonder 
All these lives thrown into disarray 
I wonder what the price is that we shall pay 
For all our human ignorance 
And for all our cursed dissonance 
I cannot help but wonder if this could have been prevented 
If this world was not so malcontented 
And if we all did not have this disillusion 
Could this all have had a different conclusion?

The post A different ending appeared first on LitNet.

Pressed against the graffiti wall

$
0
0

Photo: Canva.com

Pressed against the graffiti wall 
I saw the deaths of twenty-somethings
crawl behind me,
dressed in fire suits
made by the devil,
they dragged themselves away from me
and ventured into the dusty roads of their forefathers,
as they crawled along the roads
they vomited Aids, bullets, drugs, pills and ropes,
and left me scared as I ran to the others
who were enjoying disco lights, cocktails, Facebook memes, sucking cocks and abortions in backrooms.

The post Pressed against the graffiti wall appeared first on LitNet.

Gebed van ’n digter

$
0
0

Foto: Canva.com

Gebed van ’n digter 
Heer, laat ek U guns en gawe 
nie vanselfsprekend vind, 
maar laat my dieper grawe, 
laat my dieper geniet, soos ’n kind.

The post Gebed van ’n digter appeared first on LitNet.

Nee Mammie 

$
0
0

Foto: Canva.com

Nee Mammie 
Ek’tie houdingsie 
ek fight silent battles. 
Nee Mammie, 
ek’sie lui nie, 
ek’s moeg 
van asemhaal. 

Nee Mammie, 
ek’s glattie ’n alkie, 
ek vesypie sorrows. 
En Mammie?

Die laste is swaa’, Mammie, 
haa tussenie walms  
daa’ wôd ek wee’ kalm, Mammie. 

The post Nee Mammie  appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Corné Mulder

$
0
0

Corné Mulder verduidelik aan Freek Robinson dat ons land se grondwet geskryf is om koalisies aan te moedig, maar dat sommige wette tans nog die proses vertraag.

Verskeie politieke partye, waaronder die VF+, die ANC en die DA, doen reeds ’n geruime tyd navorsing oor koalisiepolitiek in ander lande. Nou, vir die eerste keer, het die kiesers ’n opdrag gegee om hierdie kennis te toets.

Veel meer koalisies is Suid-Afrika se voorland en dit is ’n positiewe verwikkeling vir ons toekoms.

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Corné Mulder appeared first on LitNet.

Blaaie uit my "New York State of Mind" diaries

$
0
0

Ek gie altyd credit virrie major theatre festivals en venues in Kaapstad virrie growth van Cultsha Kennis, my theatre en arts blog, en hoe ek die titel van Theatre Reviewer gekry’t. Cultsha Kennis is nou recognised as ’n bona fide theatre reviewing platform thanks to festivals soes Suidoosterfees, Woordfees en som skrywers en producers in Kaapstad wat my blog die opportunity gegie’t om hulle shows te review – Soli Philander se Lekker Jas/Nice Coat byrie Baxter in 2017 was een van hulle!

Maa innie depth vannie worst of the pandemic in my liewe hierie jaa het ek iets interesting wee discover – ’n prereview van Little shop of horrors, geskryf deur yours truly, published in ’n 2016 edition van Gwangju News, ’n international Korean magazine vi wie ek twie aa’tikels geskryf’t wanner ek in South Korea daai tyd gebly’t. Little shop of horrors was, ofcourse, ’n off-Broadway American horror comedy rock musical originally vannie ’80’s set innie neighbourhood Skid Row, waa Seymour, die main character, innie show tormented is deur ’n human blood-eating plant.

Daai jaa hettie Gwangju Performance Project die show produce. Anissa Ghali hettie show gedirect, en ek, nog daai tyd net ’n English teacher en ’n budding theatre maker, hettie plunge gevat om op te sign as een vannie show se behind-the-scenes volunteers. Ek onthou dat baie wêk en tyd het ingegaan tottie gebouery van hierie talking plant wat soe vi Seymour torment. Die plant was baie groot, soe groot dat daa twie mense appointed was ommie plant tottie liewe gebring – ’n backstage voice artist, en iemand ommie plant te operate en manoeuvre, soes ’n puppet string master. Pa’t van my job was ommie plant se tanne vas te maak met warme glue – daai tanne was soe groot soes my hand! Ôs het vi lang ure innie nag gewêk ommie preparations virrie show klaa te maak. Ek moes ’n midnight bus vat t’rug Mokpo City toe, my hometown, van Gwangju agter die dag se wêk.

Fast forward tot June 2017 wanner ek theatre reviews begin skryf vi Cultsha Kennis, en tot 2020 wanner Miela’s Box finally by Suidoosterfees gedebut het – ek het baie deur hierie tyd gedroom om na Broadway in New York City te gaan om my wêk op te sit virrie audiences van New York City. Die droom was ofcourse motivated, of soe het ek gedink, deur hierie twie achievements, until one day in the depths of lockdown level 3 hierie jaa het ek wee hierie Little shop of horrors preview gevind. Ek het instantly ’n smile op my dial gekry – my travelling en travel writing memories is my beste memories ooit! Maa dan het ’n sagte stem binne in my gefluister, en ek’t immediately die origin van Little shop of horrors wee gegoogle. And to my surprise vind ek uit ’n hele vier jare narrie preview published was, dat hierie show ’n off-Broadway original gewies’t … wat bedoel dat in some way or another qualify ek as ’n off-Broadway theatre reviewer!!!

Om hierie idea te discover was mindblowing. Die idea dat ek klaa my Broadway-drome (oukei, oukei, daa’s ’n difference tussen Broadway en off-Broadway, ek wiet!) uitliewe, is mind-boggling, en as djy vi my in Korea gevra’t as ek aware was van hierie realisation, sal ek heeltemal nee gesêrit. In fact, wanner ek daai tyd behind the scenes gewêk’t in daai show, was ek oek siek met laryngitis, soe ek was none the wiser oo enige iets related to Broadway at that point in time.

Maa dus funny hoe sukke dinge gebeur, en ek het nou ’n lang fascination met New York City wat apparently die grootse stad innie wêreld is, ennie grootse centre vi arts en culture innie wêreld, of soe sê Ted Mosby in How I met your mother, ’n show wat oek in New York City plaasvind. Dan herrit skielik more and more clear vi my begin raak hoeveel comedy shows set in New York City kyk ek actually. Ek het nog altyd Friends op repeat. In my varsity dae het ek Carrie diaries gekyk, en ek’t soema Home alone 2 wee recently gekyk, die ene waa Kevin in New York City veloor raak. Aal hierie stories gaan oo iemand wat hulleself in New York City vind, en I can’t shake the feeling dat ek eintlik jaloers voel wanner ek hierie movies of series kyk. Om jouself te vind, en evens om verloor te raak, in ’n plek soes New York City klink vi my net as the most glamorous thing ever – Kevin in Home alone 2 was net die luckiest boy in the world as far as I’m concerned.  

Nou kyk ek Pretend it’s a city, ’n documentary series op Netflix met Fran Lebowitz assie main subject vannie series. Sy is ’n well-known skrywer wat al vi jare in New York City woon, en haa writing career het opgetel wanner sy vi Interview magazine in daai jare eers geskryf’t – dieselfde magazine vi wie Carrie Bradshaw skryf in Carrie diaries! Fran Lebowitz het ’n tipe sarcastic en hilariously funny manier van New York City politicians en general New Yorkers criticise – sy is bang vi niemand en sy mince nie haa woo’de nie! Sy sê oek in jest dat sy kyk lelik af vi mense wattie die guts het om ’n scary en expensive city soes New York City te navigate nie – omg, ek’t gedink sy’s die grootse badass ooit en ek wil net soes haa wies! Of course realise ek hoe dangerous dit moet wies om in soe ’n groot stad te woon – daa’s allerande crime, racism van ’n special kind innie US ennie 9/11 history wat die face of Islam in America forever laat change’t. Fran is honest en open oo hierie goed innie show. At no point whatsoever gie syrie impression virrie show se audience dat New York City ’n skoon, polished en faultless city is. Sy praat oek baie in hilarious frustration oo motorbike en cab drivers wat ry sonner om te kyk. Een motorbike driver was soema biesag om op sy cell phone te text te’wyl hy oppie pad ry, en het vi haa amper omgery! Ek dink daai is waa die naam virrie show originate’t. Fran het daai reckless motorbike driver approach en gesê: “Let’s just pretend it’s a city, OK? Pretend there’s a lot of people in the street and you gotta look before you drive!” 

Daai ofcourse klink soes die obvious road rules wat ôs van kleins af gelee’t, maa daai’s apparently, according to Fran Lebowitz, die mindset van New Yorkers. Ammal try om ’n extra buck te maak, ammal oppie street corners try om vi jou te rob en ammal oppie pad wat agter ’n wiel sit wil vi jou omry. Sy’t oek ’n paa criticisms oo New York City politicians wat ekkie baie leqqa ve’staanie (ek suppose djy moet ’n born New Yorker wies om in daai conversations te participate), maarit was nog altyd hilarious om te hoo. Ek wil graag nou haa boeke Metropolitan life en Social studies lies. Daa’s allerande amusing en slim goetes wat sy oek sê, soes “Before you speak, think. Before you think, read.” Ek likes daai ene en ek stem heeltemal saam – ek hoefie daai ene te explain innie context van wat die “opinions section” looks like currently innie social media wêreld.   

Since dan het ek oek subscribe narrie New Yorker magazine, en ek enjoy som vannie comics en opinion pieces wat daa published is. Nou en dan lees ek oek ’n aa’tikel of twie innie New York Times. In fact baie van my favourite American authors, soes Elizabeth Gilbert en Glennon Doyle, se boeke is reviewed deurie New York Times. Soe daa’s clearly an abundance of New York City juju in my liewe, no doubt!  

’n Nogge character that springs to mind is Rachel, gespeel deur Lea Michelle, van Glee. Die way hoe sy passionately en convincingly proclaim dat sy in New York City sal beland is amazing en ek het nooit daai passion ve’giet nie. In season 4 vannie show het sy Billy Joel se “New York State of Mind” gesing, en nou is daai song die theme song van my niewe travelling dreams: “I’m taking a Greyhound on the Hudson River Line … I’m in a New York State of Mind”. Oek die way sy haa happiness express’t in daai episode waa die Glee Club in New York City arrive om byrie competition finals te sing – daai was een vi aal die big dreamers soes ek en Rachel.

Of miskien represent Rachel die childlike version van my New York City drome, en Julia, die playwright en composer in Smash, represent wie ek rêrag kon wies as ek op Broadway beland. Julia het ’n writing partner en hulle’t saam ’n musical geskryf oo Marilyn Monroe se liewe plustens het sy ’n cool two-floor apartment met ’n piano, en sy en haa man en seun was besig om ’n babatjie van China te adopt! Maa albei Rachel en Julia kannie virrie showgirls in Elizabeth Gilbert se novel City of girls klaa maakie. Die New York City chronicles van daai theatre showgirls gie niewe meaning annie phrase “paint the town red”, en daai tipe fearlessless wat daai meisies het innie pursuit van pleasure is vi my nettie cherry on top van alle New York City-based stories, ennie ultimate permission slip wat ek need om na daai city eendag te gaan.  

Dus funny hoe fictional characters en entertainment figures soe deeply aan ’n mens kan raak. Ek het altyd gewiet daa’s magic in stories, plot structures en characters, daai’s hoekom ek plays skryf, maa mee as daai het musiek, soes Billy Joel s’n, en stories soesie ene’s wat ek kyk, die power het om ôs te laat gloe in ôse drome. Daa’s oek ’n episode uit How I Met Your Mother wat ek soe interesting vind – die een waa Marshall vi hulle vat tot elke burger joint innie stad om “daai perfect burger” te vindt. Die dinge wat ek sal opgie om in New York City rond te dwaal, van subway tot subway, ommie perfect burger te soek! My list oo New York City anecdotes is baie lank en ek kan aan en aan gaan marrie point is, as Marshall en Lily en Julia en Rachel ennie showgirls nie exist nie, en assit nie virrie Gwangju News gewies’t nie, sal ek net ’n Cape Town playwright gewies’t, maa nou is ek ’n Cape Town playwright met ’n niewe, grooter droom. Ek sien uit om hierie drome ’n reality te maak, want ek sal beslis niks minner as om eendag self daai Greyhound oppie Hudson River line te vat, of miskien ’n ferry oppie Hudson River, New York City toe!

Luister ook:

#opdielug met Tasneem Daniels

The post Blaaie uit my "New York State of Mind" diaries appeared first on LitNet.

LitNet Akademies-artikels bekroon met 2021 ATKV-SA Akademiepryse

$
0
0

Daan Wissing, Elvis Saal en Donovan Lawrence (Foto’s verskaf)

Daan Wissing, Elvis Saal en Donovan Lawrence, navorsers wie se artikels in 2019 in LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-afdeling gepubliseer is, het twee van die ATKV en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se ATKV-SA Akademiepryse vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans ontvang.

Daan Wissing, wie se artikel “Perspektief op /ɛ/-verlaging in Afrikaans” bekroon is, is verbonde aan Noordwes-Universiteit se Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®). Elvis Saal en Donovan Lawrence, medeskrywers van “‘Ons skryf soos ons praat’: Informalisering van geskrewe Afrikaans onder Afrikaanse tieners”, doseer in die Universiteit van Wes-Kaapland se Departement Afrikaans en Nederlands.

Etienne van Heerden, hoofredakteur van LitNet Akademies, sê: “Ons almal by LitNet en Voertaal is trots op hierdie uitstekende navorsers. Baie geluk aan hulle en aan Francis Galloway, ons redakteur vir die Geesteswetenskappe-been van LitNet Akademies. Ek wil eintlik die hele LitNet-span gelukwens. Hierdie erkenning deur die ATKV en die Akademie is ’n veertjie in die hoed van my hele span, en ’n spesiale eer vir die wenner-navorsers.”

Francis Galloway, LitNet Akademies se Geesteswetenskappe-redakteur, het ook haar gelukwensing aan Wissing, Saal en Lawrence oorgedra: “Dit is artikels van hierdie aard en kwaliteit wat Afrikaans as akademiese taal behou én uitbou,” het sy gesê.

In 2020 is Johann Beukes en Rinda Botha, twee navorsers wie se artikels in 2018 in LitNet Akademies gepubliseer is, ook met ATKV-SA Akademiepryse bekroon.

Die ATKV stel jaarliks prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in ’n betrokke jaar in ’n geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier van die pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die keuringsproses vir die pryse word deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer.

Ander navorsers wat ook vanjaar met ATKV-SA Akademiepryse vir geakkrediteerde akademiese artikels in Afrikaans bekroon is, is:

Geesteswetenskappe

  • Hans Heese en Ulrich van der Heyden van die Universiteit Stellenbosch en die Universiteit van Suid-Afrika onderskeidelik vir hulle artikel “Klaas Koen en etnografiese verwarring in die negentiende-eeuse Kaapse samelewing” in Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, 33(2), Desember 2019.
  • Casper Lötter vir sy artikel “Vrygelate gevangenes word as gevangenispersoneel aangestel: Kan Suid-Afrika leer by hierdie nuwe internasionale tendens?” in Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 59(4), 2019.

Natuurwetenskappe

  • Johan O Nöthling van die Departement Produksiedierstudies en Jan G Myburgh, Eksotiese Leer Navorsingsentrum, Fakulteit Veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria, Onderstepoort, en Johan A Nöthling, Departement Fisika aan die Universiteit van Pretoria, vir hulle artikel “’n Model om Nylkrokodileiers se volumes mee te skat nadat hulle uitgebroei het” in Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 38(1), 2019.
  • Stefanus Otto, Orbett T Alexander en Andreas Roodt van die Departement Chemie aan die Universiteit van die Vrystaat, vir hulle artikel “Waargenome struktuur- en reaktiwiteitsverwantskappe in trans-[PtPh(L)2Cl] tydens die verplasingreaksie van Cl- deur I- na verandering van die fosfien-, arsien- en stibienligande (L)” in Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, 38(1), 2019.

Al die artikels is in 2019 gepubliseer.

Besoek LitNet Akademies se invalsblad hier.

 

The post <i>LitNet Akademies</i>-artikels bekroon met 2021 ATKV-SA Akademiepryse appeared first on LitNet.


Die isolasie van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke

$
0
0

Die isolasie van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke

Elzahn Rinquest, Fakulteit Opvoedkunde, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 18(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In hierdie artikel bied ek ’n sosiologiese beskrywing van die vorming van skoolkultuur by ’n spesiale skool in Kaapstad, wat vir die doel van hierdie bespreking Kanaänskool genoem sal word. Ek verduidelik in die besonder die aard van die institusionele kultuur van die skool as plek deur van die konsep van plekinruiming gebruik te maak. Die bespreking is gegrond op die bevindinge van ’n groter kwalitatiewe etnografiese studie van 2019 wat die klaskamerpraktyke van onderwysers by die skool ondersoek het. Hierdie artikel beantwoord die vraag: Watter dimensies vorm die skoolkultuur by ’n Kaapstadse skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes? Met Lefebvre se teorie (1991) oor ruimteskepping as grondslag konsentreer die bespreking op twee onderling verwante faktore – eerstens, die institusionele ontwikkeling van plek oor tyd, waarvoor die term wit toon (white tone, Hunter 2019) gebruik sal word, en tweedens, die teoretiese toepassing van Lefebvre (1991) se ruimtelike triade om die institusionele kultuur te verstaan. Data is vir ’n volle skooljaar deur middel van uitgebreide deelnemerwaarneming sowel as ongestruktureerde en semigestruktureerde onderhoude versamel. Die bevindinge dui daarop dat die histories ontvouende institusionele kultuur die skool en die onderwysers op spesifieke wyses posisioneer. Die skool se Afrikaanse, Christelike wit toon kom tot uiting in die ongeskrewe reëls wat oor die algemeen vir die skool se daaglikse bedrywighede geld. Ek voer ook aan dat die skool se aangepaste institusionele toon gekenmerk word deur ’n bestuursdiskoers wat tot stand gekom het deur neoliberale bestuurspraktyke met betrekking tot die institusionele funksionering van die skool. Die artikel toon hoe die oorheersende neoliberale bestuurstyl en ’n diskoers van bestuursheerskappy die institusionele kultuur by Kanaänskool vestig en die onderwysers as geïsoleerd in hulle klaskamers posisioneer.

Trefwoorde: bestuursheerskappy; inklusiewe onderwys; neoliberalisme; plekinruiming; ruimtelike teorie; skoolkultuur; spesiale onderwysbehoeftes; spesiale skole

 

Abstract

The isolation of teachers at a special needs school in Cape Town by neoliberal management practices

This article offers a sociological explanation of the formation of school culture at a special-needs high school in Cape Town. The objective of the research was to understand “placemaking” in a school setting – in other words, how a school is endowed with meaning and comes to express behaviours that display particular values, assumptions and beliefs, and the effect this has on the prevailing school culture. Canaan School (pseudonym) is located in the Western Cape and accommodates learners with various special educational needs. As at other special-needs schools, the teachers at Canaan pursue the same objective as their mainstream counterparts: preparing their students sufficiently to complete the CAPS-based National Senior Certificate requirements in Grade 12.

My research was aimed at explaining how Canaan navigated the everyday exigencies within which it sought to accommodate learners and educators from diverse demographic and “disability” backgrounds in a space deemed as “inclusive”. The findings of this article are based on data that revealed decisive dimensions that had significantly affected the dynamics that make up the school’s institutional culture today. I adopted a “socio-spatial” lens, which suggests that space is created through the interaction of various spatial dimensions (Lefebvre 1991). My contention is that a place is continually made and remade, influenced by factors such as time, history, politics, power, race, gender and religion. Institutional culture consists mostly of “invisible” attributes, such as values, assumptions and beliefs, which are expressed in the behaviour of those making up the institution. My research was an attempt to uncover these invisible dimensions through a triangulated analysis of qualitative data. Situated within the interpretivist paradigm, this study followed an ethnographic research approach. Qualitative data was collected in the course of a school year by means of extensive participant observation as well as both unstructured and semi-structured interviews.

I start off by presenting a synoptic history of Canaan School, from its establishment in the late 1930s through to the time of my research study in 2019. I refer to the school’s institutional habitus, comprising a system of resilient, transposable patterns of socio-cultural dispositions and practices invested in an institution through its cultural history, and which continue to operate in the institution. Institutional habitus refers to “educational status, organisational practices and expressive order, expectations, conduct, character, and manners” (Çelik, 2017:12). The description of the school’s history over a period of roughly 70 years is presented alongside Hunter’s (2019) historical periodisation. Hunter develops the concept of “white tone” as an analytical perspective to explain the shifting nature of schools’ institutional culture in South Africa since the official implementation of apartheid in 1948. To Hunter, “white tone” is found when cultural whiteness is invested with a type of “prestige” at schools in South Africa – a concept I adopted to explain how the institutional habitus of Canaan School operated during my time at the school.

In a second theoretical dimension I investigate the spatial features of Canaan School’s institutional culture, drawing on Lefebvre’s (1991) spatial triad, namely perceived/physical space, conceived/mental space, and lived/social space. The spatially inscribed “lived” dimensions, as expressions of the school’s institutional culture, are discussed with reference to two core themes: managerialist practices, and the positioning of the teachers in the school space and culture.

I show how school culture at Canaan School was constructed through its historical development and has since been reconfigured through the people who interact with the school. Placemaking involves a dynamic interaction between Lefebvre’s three fields of space mentioned above. From the historical discussion it becomes clear how Canaan School was founded and operated as a whites only, Afrikaans special-needs school, partly owned and managed by the Dutch Reformed Church. I present data to argue for the particular realisation of the institutional habitus “in action” in terms of Lefebvre’s three spatial dimensions and explain the reorganisation of “white tone” in the lived realities of Canaan School. I further argue that the institutional tone is today typified by managerialism, which can be attributed to the school’s neoliberal institutional functioning. These managerial practices have been playing a formative reorganising role in the lived realities encountered by the managers, teachers and learners at the school.

My findings reveal that as the institutional culture of the school unfolded over the years, the school and its teachers were positioned in specific ways. The school expresses its Afrikaans, Christian “white tone” through the unwritten rules prevalent in its daily operations and its prestige as a leading special-needs institution in South Africa. It is also found that Canaan’s institutional tone has come to be characterised by a discourse of managerialism. This institutional culture provides the context within which the teachers act and operate, which, in essence, isolates them in their classrooms.

Keywords: inclusive education; managerialism; neoliberalism; placemaking; spatial theory; school culture; special educational needs; special schools

 

1. Inleiding

In hierdie artikel verken ek die instelling van die “inklusiewe skool” as ’n funksie en uitkoms van die historiese én hedendaagse sosiologiese realiteite van Suid-Afrika. Die sosiologiese konsep van plekinruiming word gebruik om die dimensies wat skoolkultuur vorm, voor te stel. Die artikel is gegrond op die bevindinge van ’n groter kwalitatiewe etnografiese navorsingstudie van die klaskamerpraktyke van onderwysers by ’n spesiale skool.

Die idee van plekinruiming dui op die manier waarop ons geboue ontwerp, individueel en gemeenskaplik binne hulle optree, die plek verbeel en daaroor voel. Die maak van ’n plek behels die toevoeging van ’n bepaalde kultuur en behels ’n dinamiese interaksie tussen Lefebvre (1971; 1991) se drie ruimtelike dimensies – met ander woorde, hoe en watter betekenis daaraan geheg word, en hoe dít tot uiting kom in gedrag wat deur ’n bepaalde stel waardes, aannames en oortuigings gekenmerk word. Hierdie faktore maak gewoonlik die grondslag uit van die oorheersende skoolkultuur, ook by die skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes wat hier ter sprake is.

Kanaänskool (skuilnaam) is ’n Kaapstadse skool wat vir leerders met verskillende spesiale onderwysbehoeftes voorsiening maak en die beleidsvoorskrifte van die nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) volg. Leerders by Kanaänskool het onder meer neurologiese en fisieke leerhindernisse, serebrale of fisieke gestremdhede, verswakte sig, gehoorgestremdheid sowel as diabetes wat deurlopende mediese sorg vereis. Die oorgrote meerderheid (76%) van die leerders is ook gediagnoseer met disleksie of spesifieke leerprobleme wat met lees en skryf verband hou. Onderwysers by hierdie tipe skool streef na dieselfde doel as hulle hoofstroomeweknieë: om hulle leerders voldoende voor te berei om die Nasionale Senior Sertifikaat- (NSS-) eksamen op grond van die KABV te voltooi. Kanaänskool bestaan uit ’n laerskool- sowel as ’n hoërskoolafdeling. Die navorsingstudie is in die hoërskoolafdeling onderneem.

In Suid-Afrika ná apartheid het kwessies van ras, klas, geslag, (on)vermoë en taal ’n interessante en moontlik onvoorsiene impak gehad, deels as gevolg van die geweldige maatskaplike herskikking wat in die land plaasgevind het. Volgens Fataar (2010:44) moes Suid-Afrikaners weens die politieke oorgang en die gevolglike maatskaplike herorganisasie van die land voortdurend onderhandel en by hulle immer veranderende realiteite aanpas. Ook Suid-Afrikaanse onderwysers en leerders moes as gevolg van die transformasie in hierdie oorgangstydperk noodgedwonge na nuwe maniere soek om hulleself te posisioneer en te evalueer om in hierdie “nuwer, meer komplekse omgewing” (Fataar 2010:44) te (oor)leef.

Verskeie belangrike stukke wetgewing en beleide is ná 1994 uitgevaardig om die ernstige gevolge van die grootskaalse uitsluiting van gemarginaliseerde Suid-Afrikaanse burgers, wat onderwys van gehalte ontsê is, reg te stel. Artikel 5 van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996 (RSA 1996) bepaal dat openbare skole nie op enige wyse onregverdig teen kinders mag diskrimineer nie; dat alle leerders tot skole toegelaat moet word; en dat daar in hulle opvoedkundige behoeftes voorsien moet word. Nogtans was die destydse Suid-Afrikaanse onderwyslandskap nie toegerus om aan hierdie hoë verwagtinge in die Skolewet te voldoen nie. Daarom het ’n ingewikkelde beleidvormingsproses gevolg om transformasie teweeg te bring. Onderwyswitskrif 6 oor Spesiale Onderwysbehoeftes: Die Vestiging van ’n Inklusiewe Onderwys- en Opleidingstelsel (DvO 2001) was ’n belangrike stuk wetgewing in hierdie transformasieproses om ’n meer inklusiewe onderwysstelsel te help skep. Die Witskrif bepaal riglyne vir verandering, soos die verskuiwing na ’n inklusiewe onderwysstelsel. Onderwysbeleide is egter geneig om skole as homogeen te beskou en algemene een-pas-almal-doelwitte te stel. Tog is skole in werklikheid unieke instellings wat elk in ’n spesifieke samelewing geleë is en diverse gesinne bedien. Juis daarom word daar verwys na inklusiewe onderwysbeleid as van die mees problematiese tipes (Allan 2008; Engelbrecht, Nel, Smit en Van Deventer 2016; Donohue en Bornman 2014). Ook Slee (2001) het die unieke konteks van skole beklemtoon en sê dat individuele skole daartoe in staat moet wees om in hulle plaaslike behoeftes te voorsien.

Heelwat navorsing is oor die impak van inklusiewe beleid, veral die reeds genoemde Witskrif 6, op die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel gedoen. Die bevindinge onthul ’n aantal implementeringskwessies in Suid-Afrikaanse skoolverband. Engelbrecht e.a. (2016) voer byvoorbeeld aan dat die implementering van inklusiewe beleid in Suid-Afrikaanse skole ’n aantal dilemmas en beperkings in die komplekse realiteite van skoolonderwys geskep het. Volgens hulle bestaan daar “spanning tussen die inhoud van beleide, sistemiese realiteite, waaronder finansieringstekorte, en die persoonlike opvattings van die mense wat by skole werk” (Engelbrecht e.a. 2016:530). Op hulle beurt verduidelik Donohue en Bornman (2014:6) dat implementeringsprobleme van inklusiewe beleid die gevolg is van onduidelikheid en dubbelsinnigheid van doelwitte en die middele om daardie doelwitte te bereik. Hulle doen ’n beroep op die Departement van Onderwys om aandag te skenk aan die hindernisse vir insluiting op skoolvlak én op kultuurvlak, sowel as die afwaartse, hiërargiese benadering tot beleidsimplementering, synde die grootste struikelblokke vir die implementering van Witskrif 6. Twee algemene temas in navorsing wat die sukses van inklusiewe beleid in skole bepaal, is inklusiewe skoolkultuur, en die rol van skoolhoofde en hulle leierskap- en bestuursvaardighede. Albei hierdie onderling verwante temas is bepalend vir die vorming van ’n skool wat inklusiewe onderwys voorsien.

Ontwikkelings op onderwysbeleidsgebied is daarop gerig om ’n unieke, inklusiewe onderwysstelsel te skep en te handhaaf. Al verander die beleid of wetgewing, berus die praktiese implementeringstaak altyd by die individuele skole self. Uiteindelik is dit individue by skole wat die beleidsimplementeringsproses moet vertolk en die vereiste optrede en die beskikbaarheid van hulpbronne en ondersteuningstelsels moet bepaal.

Die gesag van die skoolkultuur as bepaler van sosiale parameters by die skool moenie onderskat word nie. Skoolkultuur is ’n kernfaktor wat onderwysers se gedrag, houdings en interaksies rig, en uiteindelik ook leerderprestasie beïnvloed (Zhu, Devos en Li 2011). Die oorheersende diskoerse en kultuur van ’n skool toon hoe die skool as plek verstaan en oor nagedink word, en hou volgens Frelin en Grannäs (2014:137) regstreeks verband met die konstruksie van werkplekfilosofieë, -ideologieë, -praktyke en -stelsels. In skole waar die hoofdoel is om vir leerders met spesiale behoeftes voorsiening te maak, is die skep van ’n positiewe, inklusiewe kultuur noodsaaklik. Dít is die enigste manier om ’n diverse leerderkorps by die skoolstelsel te integreer en hulle akademiese sukses te verseker.

Die terme plek en ruimte word nie uitruilbaar gebruik nie. Ruimte verwys na Lefebvre (1991) se drie dimensies van ruimte, naamlik die fisiese, voorgestelde en sosiale ruimtelike dimensies. Plek verteenwoordig die samesmelting van Lefebvre se ruimtelike triade en is altyd onderhewig aan die proses van betekenisgewing van elkeen wat daarin “woon” (Tupper e.a. 2008). Die skool as “plek” kom nie net sosiologies en histories deur mense tot stand nie, maar word ook voortdurend deur mense herskep. Hoe onderwysers skoolruimtes konstrueer, beding en beset, hou ten nouste verband met hulle eie ervarings van “inklusiewe” of “spesiale” onderwys (Tupper e.a. 2008). Wanneer onderwysers die skool en klaskamer binnegaan, bring hulle hulle persoonlike, politieke, emosionele en professionele identiteite saam (Jansen 2001) en herskep dit sodoende deur hulle praktyke.

Navorsing wat inklusiewe onderwys in Suid-Afrikaanse verband ondersoek, kan belangrike strukturele aspekte aan die lig bring wat in ag geneem moet word in die strewe om onderwyservaardighede en -welstand by spesiale, voldiens- en hoofstroomskole te ondersteun. Ainscow (2005) merk tereg op dat spesialisskole wat inklusiewe kulture bevorder, soos skole vir leerders met spesiale behoeftes, selde hulle institusionele praktyke bespreek, omdat dit meestal as vanselfsprekend beskou word. Juis daarom is dit belangrik om inklusiewe onderwys binne die institusionele konteks en gepaardgaande opvoedkundige praktyke van Kanaänskool en sy onderwysers te verstaan.

Om te bepaal watter faktore deurslaggewend was vir Kanaänskool se institusionele kultuur, gebruik ek ’n sosioruimtelike lens (Lefebvre 1991) wat daarop berus dat ruimte deur die wisselwerking tussen fisiese ruimte, voorgestelde ruimte en sosiale ruimte geskep word (Lefebvre 1991). Die skool word verstaan as iets wat voortdurend deur faktore soos tyd, geskiedenis, politiek, mag, ras, geslag en godsdiens geskep, herbou en beïnvloed word.

Hunter (2019:8–10) ontwikkel die konsep van “wit toon” (white tone) om die verskuiwende aard van institusionele skoolkultuur in Suid-Afrika sedert die amptelike implementering van apartheid in 1948 te verklaar. Ek gebruik wit toon spesifiek om te beskryf hoe die institusionele habitus van Kanaänskool die skoolkultuur bepaal. Volgens Hunter verwys wit toon na die verskynsel waar “kulturele witheid” met ’n soort “aansien” by skole in Suid-Afrika verbind word, en bestaan dit dus uit die interaksie tussen ’n skool se politieke ekonomie en ’n skool se status. Politieke ekonomie verwys na die voordele wat wit skole gedurende apartheid geniet het, naamlik bates, fondswerwingsvermoë en ligging, wat aan hierdie skole “prestige” verleen in ’n “simboliese hiërargie” (Hunter 2019:9).

Institusionele kultuur bestaan meestal uit “onsigbare” eienskappe, soos waardes, aannames en oortuigings, wat dan in die gedrag van individue by daardie instelling tot uiting kom. Met hierdie studie het ek juis hierdie “onsigbare” dimensies probeer ontgin op grond van ’n driehoekige ontleding van kwalitatiewe data wat gedurende ’n jaar lange etnografiese navorsingsprojek versamel is.

Nadat ek die teoretiese raamwerk en navorsingsmetodologie bespreek het, gee ek ’n geskiedkundige oorsig van Kanaänskool oor ongeveer 80 jaar, van die stigting van die skool aan die einde van die 1930’s tot die navorsingstudie in 2019. Die totstandkoming en ontwikkeling van Kanaänskool word na aanleiding van dokumentontleding van die skool se argiefmateriaal uiteengesit. Dít word vervleg met ’n uiteensetting van die ontwikkeling en totstandkoming van die huidige inklusiewe onderwysstelsel in Suid-Afrika deur ’n kombinasie van wetgewing en literatuur, wat ek volgens Hunter (2019) se tydvakke bespreek.

In die daaropvolgende deel van die artikel bied ek dan ’n beskrywing van Kanaänskool se skoolkultuur aan die hand van hoe elemente wat die skoolkultuur vorm, in elk van die drie ruimtelike dimensies voorkom. Hier verwys ek na die skool se “institusionele habitus”, wat beskryf word as ’n stelsel van veerkragtige, oordraagbare patrone van sosiokulturele ingesteldhede en praktyke (Çelik 2017). Kerntemas is die skool se institusionele habitus as histories wit, Afrikaans en Christelik; die fisiese skoolruimte as uitdrukking van “prestige” en bestuurspraktyke van mag; en hoe dié te werk gaan om die onderwysers in hulle klaskamers in ’n diverse skoolomgewing te posisioneer.

Eers bied ek ’n oorsig van die teoretiese raamwerk en navorsingsmetodologie wat vir die studie gebruik is.

 

2. Teoretiese raamwerk

Lefebvre (1991) se konseptuele triade van ruimtelike praktyke bied die lens waardeur ek vir hierdie studie die konstruksie van skoolruimte verstaan. Die triade beskryf die interaksie tussen fisiese (waarneembare) ruimte, voorgestelde ruimte (mental space) en sosiale (beleefde) ruimte. Lefebvre konseptualiseer ruimte nie net deur die verband tussen fisiese, voorgestelde en sosiale ruimte te identifiseer nie, maar ook deur hierdie drie ruimtes van mekaar te onderskei. Volgens Lefebvre is ruimte onvolledig; daarom word dit voortdurend geskep en herskep.

Ruimteskepping is die gevolg van wisselwerking tussen mense, gedrag, geboue, voorwerpe, beweging, taal en emosie (Lefebvre 1991; Massey 2005; Hirst en Vadeboncoeur 2006). Ruimte is ’n grondliggende deel van ons daaglikse lewens. Soja (1996:46), wat óók Lefebvre se ruimtelike teorie gebruik, sê in dié verband:

[A]ll social relations become real and concrete, a part of our lived existence, only when they are spatially “inscribed”, that is concretely represented in the social production of space. Social reality is not just coincidentally spatial, existing in space, it is presuppositionally and ontologically spatial. There is no unspatialized social reality. There is no a-spatial social process. Even in the realm of pure abstraction … there is a pervasive and pertinent, if often hidden, spatial dimension.

Oor Lefebvre se siening van die daaglikse lewe en die verhouding met ruimte skryf Middleton (2014:177):

The spatial, the historical, the conceptual and the experiential are studied as one: from the point of view of their fusion in everyday experience. We must start, Lefebvre insists, not in the abstract writings of theorists, but from the point of view of ordinary people going about their daily activities.

Deur die ruimtelike triade te gebruik om die aard van die skoolkultuur te toon, kan die drie ruimtelike dimensies in ’n beperkte mate afgebaken of geskei word. Nogtans moet hulle nie heeltemal in afsondering van mekaar beskou word nie. Die drie dimensies is op komplekse maniere verstrengel (Lefebvre 1991).

Daar word geargumenteer dat die vorming van ’n skoolkultuur ’n interaksie tussen die fisiese, sosiale en voorgestelde ruimtes behels, wat uiteindelik gestalte gee aan die skool as plek. Die kultuur is die eindproduk van ’n samesmelting van faktore soos politiek, filosofie, sedes, sosiale werklikheid, lewenservarings, identiteite en gehegtheid aan die skool. In hierdie studie is die ruimte-tyd-dimensie van kernbelang om die vorming van skoolkultuur te verstaan. Omdat ruimte voortdurend ontwikkel en “in wording” is (McGregor 2003:354), is die ruimte-tyd-dimensie ’n dinamiese, immer veranderende een, en is institusionele kultuur dus immer vloeibaar (Massey 1999).

Skole, as sosioruimtelike instellings wat oor tyd geskep en herskep word (McGregor 2003), moet die gesag van die bestaande skoolkultuur as bepaler van gedragsparameters in die beleefde dimensie erken. Gedrag beïnvloed nie net skoolkultuur nie, maar skoolkultuur bepaal ook gedrag en houdings (Zhu, Devos en Li 2011).

Hier verwys ek na die skool se “institusionele habitus”. Habitus word deur Bourdieu (1977) beskryf as ’n stelsel van veerkragtige, oordraagbare patrone van sosiokulturele ingesteldhede en praktyke wat in individue veranker word deur die ontvouing van die skool se kultuurgeskiedenis. Çelik (2017) skryf dat as ons die begrip habitus op ’n instelling soos ’n skool toepas, dit ’n stel ingesteldhede, verwagtinge en opvattings verteenwoordig na gelang waarvan die skool georganiseer word. Dit verwys na die impak van ’n kultuurgroep of sosiale klas op individuele gedrag, soos wat dit deur die skool bemiddel word. In die besonder verwys institusionele habitus na opvoedkundige status, organisatoriese praktyke en ekspressiewe orde, verwagtinge, gedrag, karakter, en maniere (Çelik 2017:12). Dit beteken dat habitus gaan oor hoe die skool sy geskiedenis met hom saamdra en dit in die skool se daaglikse “lewe” weerspieël.

Plekinruiming handel oor hoe ons geboue ontwerp, sowel individueel as gesamentlik daarin optree, en daaroor dink en voel. Plekinruiming behels ’n dinamiese interaksie tussen Lefebvre (1991) se fisiese (materiële), sosiale (wat deur diegene in die ruimte geskep is) en voorgestelde (hoe elke individu oor die plek dink en voel) dimensies. Dit gaan ook oor hoe individue hulleself in die spesifieke plek beskou deur hulle vereenselwiging met die plek. Kortom behels plekinruiming dus om ’n “siel” aan ’n fisiese ruimte te gee deur die sosiale praktyke, gedagtes en gevoelens van die individue wat die ruimte gebruik.

 

3. Navorsingsmetodologie

In hierdie studie maak ek gebruik van ’n kwalitatiewe metodologiese benadering wat sy filosofiese grondslag met die interpretivistiese paradigma deel. By die keuse van die data-insamelingsmetodes en analitiese hulpmiddels het ek die navorsingsvraag en -doelwitte deeglik oorweeg en ’n navorsingsbenadering gekies wat die beste by die behoeftes van hierdie studie pas. Die ondersoek is deur die volgende navorsingsvraag gerig: Watter dimensies vorm die skoolkultuur by hierdie Kaapstadse skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes?

’n Etnografiese benadering is gevolg, wat my in staat gestel het om die interaksie tussen onderwysers en hulle wêreld (die skool) te verstaan. Somekh en Lewin (2005:16) verduidelik dat “people actively collaborate in the construction and maintenance of the cultural meanings which inform their actions” en daarom is die kerndoel van etnografie “to get involved in this or that social world, to find out how its participants see that world, and to be able as researchers to describe how its culture ticks” (bl. 16). In etnografiese navorsing word mense as sinskeppers beskou, en word hulle ervarings in, en omgang met, hulle wêreld dus bestudeer om te begryp hoe hulle daardie wêreld konstrueer en hulle omgewing gebruik.

3.1 Data-insamelingsmetodes

Ek het kwalitatiewe data in die loop van een skooljaar (2019) (ongeveer tien maande) deur etnografiese waarnemings (veldaantekeninge), informele onderhoude, verskeie semigestruktureerde individuele diepteonderhoude sowel as die ontleding van argiefmateriaal en beleidsdokumente versamel. Etiese klaring vir hierdie studie is by die Universiteit Stellenbosch verkry en toestemming vir die navorsing is van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) en die skool se beheerliggaam ontvang. Alle formele etiese prosedures is deurgaans streng gevolg, asook om die anonimiteit van die skool en deelnemende personeellede te verseker. Die data wat ek hier weergee, handel oor slegs een skool en verteenwoordig die menings van vier onderwysers en twee terapeute.

3.2 Navorsingsdeelnemers

Die deelnemers was uiteenlopend wat ouderdom, geslag, ras, seksualiteit en diensjare by die skool betref. Die groep het uit vier onderwysers en twee steundienstepersoneel in die skool bestaan. Die onderwysers was ’n middeljarige manlike graadhoof, ’n middeljarige vroulike departementshoof, en twee jonger onderwysers – ’n man en ’n vrou van in die twintig; vir die doel van die studie sal hulle onderskeidelik bekend wees as mnr. Vivier, mnr. Swanepoel, juf. Jacobs en juf. Müller. Na die twee terapeute sal as mev X en mev Y verwys word. Die onderhoude het oor die personeellede se ervarings van die institusionele kultuur in elk van die drie ruimtelike dimensies by Kanaänskool gehandel.

3.3 Posisionering van die navorser

Toe ek aan die einde van 2018 ’n onderwyspos by Kanaänskool aanvaar, het ek geweet dat ek op die spreekwoordelike twee stoele sou moes sit, naamlik as onderwyser en as navorser (gedurende 2019). Ek het ongeveer twee jaar by die skool deurgebring, waartydens ek klas gegee en ook my veldwerk onderneem en voltooi het. Ek het in 2020 by die skool bedank om voltyds as universiteitsdosent te werk.

As PhD-student en navorser was ek uiters bewus van die verskillende rolle wat ek sou moes vervul, en het ek uit die oogpunt van ’n kritiese deelnemer gefunksioneer. Ek het die eerste paar maande by die skool as ’n oriënteringstydperk beskou en voortdurend oor my verwagte navorsingsrol besin. Dít het my in die beplanningsfase van die navorsing toegang tot die binnekring van die skoolkonteks gebied. As ’n nuwe onderwyser by Kanaänskool het ek die oriënteringsprosesse van die skool beleef en vir meer as tien maande aktief en krities deelgeneem aan alle aktiwiteite wat van die onderwysers verwag is voordat ek formeel met my navorsing begin het. Sodoende kon ek, as navorser, deel in die omstandighede waarin my navorsingsrespondente werk, en hulle werklike sosiale skoolkonteks persoonlik ervaar.

Volgens Collins (1992) betree die navorser die navorsingsproses met ’n oop gemoed, maar bly nietemin “geklee” in ’n bepaalde kulturele agtergrond met sy eie sienings en kenmerke. As ’n wit vrou in my dertigs en as opvoeder, kom ek weliswaar uit ’n spesifieke agtergrond. Ek stem dus saam met Collins (1992) dat dit vir my, as etnograaf en navorser, moeilik was om my geheel en al van die navorsing los te maak. Soos enige ander navorser op die gebied moes ek dus daarop let om my “neutraliteit” in alle fases van die navorsingstudie te behou deur bewus te bly van moontlike persoonlike vooroordeel.

3.4 Kanaänskool

Kanaänskool is een van slegs vier publieke spesiale skole in Kaapstad wat die KABV volg en ’n diverse leerderpopulasie vanaf graad R tot matriek akkommodeer. Die skool het al verskeie toekennings ontvang vir sy werk om leerhindernisse te bowe te kom en inklusiewe akademiese ruimtes te skep wat toeganklik en tegemoetkomend is vir ’n diverse groep leerders.

Die skool is in die laat dertigerjare gestig deur ouers op soek na gespesialiseerde onderwysondersteuning vir hul kind. Met die finansiële ondersteuning van die Kerk het hulle die skool gestig met slegs ’n paar leerders wat dit bygewoon het. Aangesien die betrokke kerk oorwegend “slegs blankes” was, het die skool die wit studente wat in die gemeenskap rondom die skool gewoon het, gedien. Sedert die einde van apartheid het die spesifieke skool, geleë in ’n gemeenskap wat voorheen deur blankes gedomineer is, verander in ’n ruimte waar mense van alle rasse, godsdienste en tale langs mekaar woon en saam nuwe betekenisvolle plekke skep. Leerders wat die skool bywoon vanweë hul spesifieke gestremdhede, is verteenwoordigend van hoërklas-, middelklas- en laerklas-gesinne, mense van alle rasse, en word nie meer gedefinieer deur apartheid se rasseklassifikasies nie. Hierdie skool, wat as ’n privaat kerkonderneming begin het, is sedertdien herklassifiseer as ’n Wes-Kaapse Onderwysdepartement- openbare skool vir spesiale behoeftes.

Hierdie skoolkategorie is ’n duidelike weerspieëling van die veranderende aard van skoolonderwys in Suid-Afrika. Skoolklassifikasie het ná apartheid sowel struktureel as konseptueel verander, veral wat die klassifikasie van, en toegang tot, spesiale en “inklusiewe” onderwys betref. Ek stem saam met Fataar (2010) dat hierdie skool ’n goeie voorbeeld is van die “nuwe”, gemengde, inklusiewe skoolruimtes wat as gevolg van beleidshervorming tot stand gekom het.

 

4. Historiese konstruksie van die skool se institusionele habitus

In hierdie afdeling sit ek die totstandkoming en ontwikkeling van Kanaänskool uiteen aan die hand van Hunter (2019:3–4) se onderwystydvakke, van die tyd vóór apartheid tot die hede, wat hy as ’n rasgebaseerde onderwysmark bestempel. Data vanuit Kanaänskool se argiefmateriaal, asook interne beleidsdokumente, word in die bespreking verweef.

Volgens Hunter het die verskil tussen onderwys vir swart en wit kinders reeds in die tyd voor apartheid (1910–1948) duidelik geblyk. Dié verskil is later geformaliseer in wat Hunter ’n rassemodernisme noem (1948 tot die einde van die 1970’s) met die aanvaarding van die Wet op Bantoe-onderwys in 1953 en die staatsoorname van onderwys vir swart mense. Geassimileerde bemarking (einde van die 1970’s tot die einde van die 1990’s) het na die Soweto-opstand van 1976 gevolg, en is deur die vinnige uitbreiding van sekondêre skole vir swart leerders en die privatisering en integrasie van wit skole gekenmerk. Die laaste tydperk, die rasgebaseerde mark (2000 tot nou), behels die uitbreiding van privaat skole in korporatiewe besit, en strawwer mededinging onder openbare skole, wat volgens Hunter op grond van die skole se “wit toon” plaasvind.

Die historiese narratief hier onder verweef die totstandkoming en ontwikkeling van Kanaänskool met dié van die omliggende gemeenskap sowel as die ontwikkeling van spesiale en later inklusiewe onderwys in Suid-Afrika. Ek sluit die historiese oorsig af deur die skool binne ’n bepaalde institusionele habitus te plaas, naamlik dié van ’n histories wit, Afrikaanse, Christelike spesiale skool.

4.1 Vroeë ontwikkeling van die gemeenskap

Soos in alle destydse Afrikanergemeenskappe het die kerk ’n kernrol vervul. Die eerste kerk en sendingskool in die gebied is in 1843 gestig. Die eerste skool, slegs vir wit leerders, is in Augustus 1874 gestig, waarna verskillende plaasskole in die laaste dekade van die 19de eeu in die omgewing tot stand gebring is. Aan die begin van die 1900’s is erwe vir woongebiedontwikkeling verkoop en het die dorp in ’n voorstad van Kaapstad ontwikkel (Vermaak 1993).

Kinders met gestremdhede is aanvanklik nie in die formele Suid-Afrikaanse skoolstelsel opgeneem nie, maar sogenaamde spesiale skole is reeds in 1863 in die land gevestig. Hierdie skole het hoofsaaklik wit kinders met gehoor- en gesiggestremdhede bedien (Nkabinde 1997). Die meeste bruin kinders met gestremdhede het ’n vorm van onderwys ontvang wat deur kerke voorsien is. Nkabinde (1997) verduidelik dat baie van hierdie kinders egter tuis gehou is, aangesien skoolbywoning vir kinders met gestremdhede nie verpligtend was nie. Die staat het in die vroeë 1900’s uiteindelik verantwoordelikheid vir die voorsiening van spesiale onderwys aanvaar met die uitvaardiging van die Wet op Beroepsonderwys en Spesiale Skole 29 van 1928. Kanaänskool, wat teen die einde van die 1930’s gestig is, was dus een van die Kaap se eerste skole vir leerders met spesiale behoeftes wat ingevolge hierdie wet opgerig is.

4.2 Tyd voor apartheid

Volgens Hunter (2019) het die toenemende segregasie in die tydperk voor apartheid (1910–1948) tot ’n al hoe wyer kloof tussen onderwys vir wit en swart kinders gelei. Swart kinders het meestal hulle skoling aan staatsondersteunde sendingskole ontvang, terwyl wit kinders onderrig in “slegs blanke”-staatskole gekry het. Dieselfde het in dié tyd vir die voorsiening van spesiale onderwys gegeld.

Ontwikkeling op die gebied van geneeskunde en sielkunde in die 19de eeu het gelei tot die opheldering van kategorieë van leeruitdagings – ’n kategorisering wat regerings wêreldwyd erken het (Naicker 2000). Die Suid-Afrikaanse regering het spesiale onderwys uitgebrei, en gevolglik is aparte skole vir bepaalde gestremdhede gestig, waaronder skole vir kinders met gehoor- en gesiggestremdhede, vir algeheel dowe en blinde kinders, en vir kinders met epilepsie, serebrale gestremdheid en ander liggaamlike gestremdhede. Spesiale skole is gebou om aan die vereistes van elke spesifieke gestremdheid te voldoen, maar skole in staatsbesit het slegs wit kinders ingeskryf. Spesiale-onderwysinstansies vir swart, Indiër- en bruin kinders was skaars, en die gehalte van onderrig en leer swak (sien Naicker 2000; Aitchison 2003).

Argiefmateriaal toon aan dat Kanaänskool en -koshuis amptelik teen die einde van die 1930’s met ’n enkele wit vroueleerder geopen is. Die skool is deur ’n predikantspaar van die NG Kerk tot stand gebring op ’n stuk grond wat die plaaslike NG gemeente voorsien het. Om staatsteun te verkry, moes die onderwys wat by dié instelling voorsien is, onder die Unie-onderwysdepartement val om as ’n spesiale skool te kwalifiseer. Die koshuis het weer onder die Departement van Openbare Gesondheid geval, omdat die leerders as pasiënte beskou is. Die instelling, wat slegs vir wit mense was, het ’n verpleegster, ’n leerlingverpleegkundige en een onderwyser gehad wat deur die onderwysdepartement aangestel is.

Die fasiliteite het vinnig uitgebrei. Namate die skool gegroei het, het huisvesting ’n uitdaging geword, en is ’n plaas twee jaar ná die skool se stigting gekoop. In daardie stadium het Kanaänskool reeds 37 leerders en drie onderwysers gehad. ’n Jaar later is ’n aangrensende plaas gekoop met geld wat deur ’n landwye insamelingsveldtog bekom is. Die huidige skoolgeboue is mettertyd op daardie terrein ontwikkel.

Ondanks finansiële steun van die staat en lede van die NG Kerk kon die instelling later nie meer as ’n privaat onderneming bedryf word nie. Ná onderhandeling met die NG Kerk in die Kaap het die sinode aan die begin van die 1940’s ingestem om bestuur van die instelling oor te neem, in samewerking met die onderwysdepartement. Hieruit het die Kanaänvereniging ontstaan, wat vandag nog in werking is. Die Kanaänvereniging is verantwoordelik vir die stelselmatige ontwikkeling van infrastruktuur en die uitbreiding van ondersteuningstrukture, waarby ten tye van die navorsing (2019) ongeveer 550 leerders gebaat het.

Met die aanstelling van die eerste skoolhoof is Kanaänskool amptelik heropen. Die doel was om alle leerders, soos hulle hoofstroomeweknieë, van ’n sertifikaat te voorsien, en om die amptelike onderwysprogram van die tyd te volg. Dít het leerders van Kanaänskool in staat gestel om na ander instellings, hetsy hoofstroomskole of versorgingsoorde, te verskuif.

4.3 Rassemodernisme (1948 tot die einde van die 1970’s)

Rasseskeiding, ’n kenmerk van die Suid-Afrikaanse geskiedenis, het die regering se amptelike beleid geword toe die Nasionale Party in 1948 aan bewind gekom het, en apartheid is as openbare beleid in Suid-Afrika geformaliseer. Hunter (2019) bestempel die tydperk van 1948 tot die einde van die 1970’s as ’n tydperk van “rassemodernisme” – ’n tydvak in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat ’n blywende en beduidende impak op die onderwyssektor gehad het.

In hierdie tyd het uitgevaardigde wetgewing – met inbegrip van die Wet op Bantoe-onderwys van 1953 – doelbewus minderwaardige opvoeding vir swart kinders bevorder. Sendingskole vir Afrikane is óf gesluit óf deur die staat oorgeneem (Hunter 2019). Die staat het vinnig laerskole van ’n swak gehalte vir swart leerders gebou om Bantoe-onderwys te voorsien omdat swart gesinne van die platteland na townships en stede verhuis het. Terselfdertyd het wit voorstede ontwikkel, en die klasseverskille was duidelik. In dié tydperk het die rassefinansieringsgaping in die onderwys ’n hoogtepunt bereik: In 1969 was finansiering vir wit leerders 18 keer meer as vir swart leerders (Hunter 2019). Die skoolstelsel het die kloof tussen wit en swart verder verdiep: Weens swart Suid-Afrikaners se swak skoling het hulle gewoonlik in fabrieke of as halfgeskoolde arbeiders gewerk. Daarteenoor het wit leerders danksy hulle onderrig toegang tot professionele of sakebedrywighede en tegniese werk gehad (Hunter 2019).

Die term spesiale onderwysbehoeftes is teen die einde van die 1960’s in gebruik geneem weens ’n toenemende bewustheid van leer- en ander probleme wat kinders se vordering en aanpassing in gewone skole beïnvloed (Gulliford en Upton 1994:1). Kinders is gevolglik op grond van hulle gestremdhede in tien kategorieë ingedeel. Argumente ter ondersteuning hiervan was dat apartheidswetgewing ernstige maatskaplike en opvoedkundige nadele vir kinders geskep het, wat op sy beurt kinders se vermoë om te leer benadeel het (Kriegler 1989:165). Engelbrecht, Kriegler en Booysen (1996:25) verduidelik dat spesiale onderwysbehoeftes op ’n kontinuum val: Aan die een kant is daar diegene met oënskynlike intrinsieke tekorte van ’n fisieke of neurologiese aard in wie se opvoedkundige behoeftes slegs met hoogs gespesialiseerde opvoedkundige hulpbronne en ondersteuning voorsien kan word. Aan die ander kant is daar diegene wat onder die land se ongelykheid ly, vir wie sosio-ekonomiese uitdagings dus as’t ware die leerhindernis is. Naicker (2000:9) verduidelik dit soos volg:

Much of the understanding around learning breakdown shapes the belief that problems are located within learners. Very little is said about system deficiencies. The manner in which learners are socialised, exposure to intellectual work, poverty and its concomitant social problems have not been taken seriously in understanding why there is a breakdown in learning.

Geskille oor hoe spesiale onderwysbehoeftes in Suid-Afrikaanse verband verstaan behoort te word, het voortgeduur, en Kanaänskool het intussen sy fasiliteite en kundigheid uitgebrei. Hoe verder die gebied ontwikkel het, hoe meer het die skool gegroei. Die dorp het in Desember 1950 amptelik munisipale status bereik en die skool het kort daarna verdere skoolgeboue opgerig. Sportgeriewe is uitgebrei om tennisbane, netbalbane, ’n rugbyveld en ’n swembad in te sluit. Teen die einde van die 1960’s is ’n kliniek toegevoeg, wat ’n spreekkamer, ’n terapiekamer, kantore vir sielkundiges en ’n biblioteek met naslaanboeke ingesluit het.

Die wyer ontwikkelings op die gebied van spesiale onderwys in Suid-Afrika het druk op Kanaänskool geplaas om sy dienslewering na leerders met ander spesiale onderwysbehoeftes uit te brei. Vanaf die 1970’s is leerders met “spesifieke leergestremdhede” dus by die skool se inname ingesluit. Die eerste spraakterapeut is kort daarna aangestel, gevolg deur ’n maatskaplike werker en ’n arbeidsterapeut. By Kanaänskool was die dringende behoefte aan spesiale onderwys duidelik uit die manier waarop die skool sy fasiliteite met finansiële bystand van die kerk en die staat verder uitgebrei het. Ná die aanstelling van ’n nuwe skoolhoof, ’n spesialis op die gebied van neurale gestremdhede (vroeg in die 1970’s), is leerders met “spesifieke leerprobleme” ook toegelaat. Die leerdertal, veral dagleerders, het gevolglik geleidelik toegeneem, en die skool moes noodgedwonge sy eerste skoolbusse aankoop.

4.4 Geassimileerde bemarking (einde van die 1970’s tot einde van die 1990’s)

Die Soweto-opstand in 1976 het ’n nuwe era van openbare onluste ingelui (Hunter 2019). Dit was die begin van ’n proses waardeur swart jeugdiges hulle minderwaardige onderwys verwerp het. Die regering het vinnig daarop gereageer deur meer sekondêre skole vir swart leerders te stig. Na aanleiding van die jeugopstand het die destyds verbanne African National Congress (ANC) nuwe en alternatiewe skoolopleiding probeer vestig. So het die beweging People’s Education ontstaan, sowel as die Solomon Mahlangu-vryheidskollege, die ANC-skool in ballingskap wat vernoem is na die jeugaktivis wat in 1979 deur die Pretoria-regime tereggestel is (sien Govender en Fataar 2015).

Apartheidsonderwys het ’n tweeledige onderwysstelsel opgelewer wat uit ’n hoofstroom- en ’n spesiale-onderrigkomponent bestaan het (Naicker 2000). Albei komponente is gekenmerk deur rasseverskille, terwyl minderbevoorregte leerders – wat die meerderheid uitgemaak het – steeds van die onderwysstelsel uitgesluit was. Verskille tussen stedelike en landelike gebiede was duidelik, met die mees bevoorregtes wat die beste onderwys ontvang het. Spesiale onderrig is by skole soos Kanaänskool vir ’n klein persentasie wit leerders aangebied. Volgens Naicker (2000:2) het die meeste leerders met gestremdhede óf buite die stelsel geval óf by verstek in die hoofstroom geplaas. Die gebreke van die onderwysstelsel het tot reusegetalle uitsakkers, uitgeworpenes en mislukkings gelei.

Argiefmateriaal, onder andere een van Kanaänskool se feesjaarblaaie, toon duidelik dat veranderde toelatingsvereistes by dié skool wat leerders oor ’n groter spektrum leergestremdhede toelaat, ’n ander belangrike ontwikkelingstydperk ingelui het – die bekendstelling van ortodidaktiese assessering (bandopnames en mondelinge evaluering) vroeg in die 1980’s. Weens die volgehoue toename in leerders is verdere bouwerk gedoen om die skoolgeriewe uit te brei. Daarbenewens het die hoof van Kanaänskool die skool se “identiteit” geformaliseer. Die skoolwapen is deur ’n bekende heraldikus ontwerp; die styl van die skooldrag is later verander; en die kleure van die skoolwapen is dienooreenkomstig aangepas. Die skoolwapen moes ’n gepaardgaande slagspreuk hê, en ouers en personeel is dus geraadpleeg. Die leuse is uiteindelik uit verskillende voorstelle saamgestel. Daar is op sowel Engelse as Afrikaanse bewoording (eerder as Latyn) besluit om toeganklikheid te verseker. Een van die onderwysers van Kanaänskool het die skoollied in Afrikaans geskryf, en dit is later in Engels vertaal.

Gedurende hierdie tydperk infiltreer neoliberale ideologieë internasionale sowel as plaaslike beleide. Van der Walt (2017:4) verduidelik dat die term neoliberalisme gebruik word om te verwys na die hele post-1980 kapitalistiese stelsel wat dit oorheers. Hierdie oorsprong word as volg beskryf:

Historically, neoliberal ideas are rooted in the principles of “classic” liberal economic and political theory, as propounded by, among others, Jeremy Bentham and John Stuart Mill. Liberalism in its “classical” form pivoted on the notion of the human being as free, free to profit from the rise of the commercial-consumer society of the 1800s. It emphasised the rights of free men, the right to accumulate wealth, and to pursue one’s own interests.

Sulke neoliberale tendense het reeds ’n impak op Kanaänskool gedurende hierdie tydperk. ’n Ontwikkelingskantoor is vroeg in die 1990’s gestig om die skool se geldinsamelingspogings te versterk, en ’n predikant van die NG Kerk het die eerste direkteur geword. Onder sy leiding is ’n netwerk skenkers en ’n gesonde reserwefonds opgebou, en die skool het spesiale jaarlikse geleenthede begin aanbied. Gedurende sy termyn is die skoolfasiliteite verder uitgebrei met onder meer ’n biblioteek en ’n nuwe taallaboratorium.

Teen 1990 het Suid-Afrika stelselmatig weer die uiters mededingende wêreldekonomie betree met die land se oorgang na ’n demokratiese bestel. Volgens Aitchison (2003:146) is dié tydperk gekenmerk deur “immense energies going into policy development, failures in their implementation, and a serious weakening of the university and non-governmental bases for […] education thinking and action”.

Hunter (2019) merk op dat wit privaat skole in die vroeë 1990’s stadig begin integreer het deur welgestelde swart leerders toe te laat. Wit openbare skole het vanaf 1991 begin integreer en gelde hef. In dié tyd het die Suid-Afrikaanse onderwys-en-opleiding-sektor ingrypende wets- en beleidsveranderinge ondergaan. Dit het die aanvaarding van die Wet op Nasionale Onderwys 27 van 1996 en die Skolewet, sowel as die instelling van Uitkomsgebaseerde Onderwys (UGO) en die Nasionale Kwalifikasieraamwerk (NKR) ingesluit.

Die dubbele onderwysstelsel (sogenaamde spesiale en gewone onderwys) is in een, inklusiewe stelsel omskep (Naicker 2000). Kanaänskool kon dus nou nuwe vakkeuses aanbied met die klem op beroepsgerigte onderwys, soos kantoorpraktyk, rekenaarpraktyk, hotelbestuur en spyseniering. ’n Nuwe skoolhoof is aangestel wie se termyn deur kurrikulumontwikkeling en personeelopleiding gekenmerk is. Onder sy leiding is sekere moderniseringsprojekte geïmplementeer, waaronder twee rekenaarlokale en die klank- en projeksiestelsel in die skoolsaal.

Prominente bestuursveranderinge het ook by Kanaänskool plaasgevind. Die eerste skoolbeheerliggaam is in 1996 gestig en het, soos wat die Skolewet bepaal, uit ouers, onderwysers en leerders bestaan. Daar blyk geen amptelike rekord te bestaan van wanneer die eerste bruin of swart onderwysers en leerders hulle by Kanaänskool aangesluit het nie. Deur middel van sneeubalsteekproefneming (“snowball sampling”) kon ek egter die eerste bruin onderwyser van Kanaänskool opspoor – ’n bruin vrou wat haar in 1997 by die personeel aangesluit het. Sy onthou dat die skool reeds bruin leerders gehad het toe sy in 1997 daar aangestel is. Die eerste bruin leerders het dus waarskynlik kort ná die uitvaardiging van die wetgewing in 1996 ingeskryf.

Die bestuursrol van die NG Kerk is vanaf 1998 beperk, en die skool het daarna as ’n onafhanklike organisasie begin funksioneer onder die naam Kanaänvereniging, wat as die “borgliggaam” van Kanaänskool bekend is. Die Kanaänvereniging dien as ’n “rentmeester” wat die bates van die NG Kerk ten bate van die kinders van Kanaänskool bestuur. Hierdie bates sluit die netwerk skenkervriende, die skool se reserwefonds én die skool se eiendomme in. Uit hierdie inkomste word spesifieke bedryfs- en kapitaalprojekte by Kanaänskool gefinansier. ’n Samewerkingsooreenkoms reël die verhouding tussen die skool en die vereniging.

4.5 Rassemark (2000’s tot nou)

Selfs in die demokratiese era het die nalatenskap van die apartheidstaat steeds ’n ingrypende uitwerking op die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel. Die siening van spesialebehoefte-onderwys het oor die afgelope eeu verander, tans met ’n fokus op die voorbereiding van leerders met spesiale behoeftes om gesonde funksionele lewens in hulle gemeenskappe te lei. Witskrif 6 is in 2001 gepubliseer, en beklemtoon die apartheidstaat se versuim op die gebied van spesialebehoefte-onderwys:

Special needs education is a sector where the ravages of apartheid remain most evident. Here, the segregation of learners on the basis of race was extended to incorporate segregation on the basis of disability. Apartheid special schools were thus organised according to two segregating criteria, race and disability. In accordance with apartheid policy, schools that accommodated white disabled learners were extremely well-resourced, whilst the few schools for black disabled learners were systematically underresourced. (DvO 2001:9)

Volgens hierdie beleid moet leerders met spesiale onderwysbehoeftes toegang tot die onderwys kry en spesiale ondersteuning ontvang, nie net by spesiale skole nie, maar ook in “gewone” hoofstroomskole. Skole vir spesiale onderwys sal hoofstroomskole ondersteun deur leerders met meer spesifieke behoeftes toe te laat wat hoërvlakingryping vereis waarvoor hoofstroomskole nie toegerus is nie. Gevolglik moes Kanaänskool se leerdertoelatingsvereistes verander om vir aansoekers met ’n wyer verskeidenheid leerprobleme voorsiening te maak.

Gedurende hierdie tydperk stig al hoe meer korporatiewe entiteite nuwe privaat skole en word mededinging tussen openbare skole al hoe strawwer. Voormalige wit skole ding mee op grond van hulle wit toon, en skoolgeld by die topskole styg vinnig, maar skole in agtergeblewe gebiede word in sogenaamde “geen fooi”-skole verander (Hunter 2019). Hieroor sê Hunter (2019:19):

[S]chools’ actions are shaped by an imperative to improve their political economy and prestige within a marketised system. These logics have replaced state-imposed racial segregation as a mode of organisation. The “pencil test” is no longer used as it was by white schools in the 1950s and ’60s to exclude learners with “non-white” hair. The boundaries of whiteness are no longer fortified, as they were in the 1970s and 1980s, by a national system of racial segregation … Political freedom has meant that aspects of whiteness are bought and sold and not arbitrarily imposed by the state.

4.6 Die skool se hedendaagse sosiokulturele realiteite

Die gemeenskap rondom Kanaänskool sluit deesdae groot vervaardigingsondernemings, fabrieke en maatskappybedrywighede in, en verskeie prominente kerkgeboue weerspieël die pastorale geskiedenis van die “ou dorp”. ’n Groot verskeidenheid laer- en hoërskole sowel as skole vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes dien die inwoners van die omgewing en nabygeleë voorstede. Volgens die sensus van 2011 het die gemeenskap in daardie stadium uit 53,1% bruin mense, 32,6% wit mense, 11,4% swart mense, 0,9% Indiërs/Asiërs en 1,9% ander rasse bestaan. Inwoners se eerste taal is hoofsaaklik Afrikaans (60,2%) en Engels (33,2%), met ’n minderheid wat Xhosa praat (3,2%) (RSA 2012).

Kanaänskool het in 2019 leerders met ’n wye verskeidenheid leerhindernisse onderrig. Onderrig word in Afrikaans en Engels in ’n verhouding van 2:1 voorsien. Die rassesamestelling van die leerderpopulasie is ongeveer 50% wit, 40% bruin en 10% swart. Die meerderheid bruin en swart leerders het in Engels skoolgegaan, en dus was die klasse in Afrikaans oorwegend wit. Van die 52 personeellede in 2019 was die meeste wit, 12 bruin en geen swart nie. Benewens die klasonderwysers het Kanaänskool ook drie spesialiste vir leerderondersteuning/ortodidaktiek, twee verpleegsters, vier spraakterapeute, drie arbeidsterapeute, twee fisioterapeute, twee sielkundiges, ’n berader en ’n maatskaplike werker gehad. Klasassistente lewer ’n ondersteuningsdiens in elke graad, en koshuispersoneel sorg vir die ongeveer 70 koshuisinwoners. Daarbenewens is daar administratiewe personeel, terrein- en instandhoudingspersoneel, busbestuurders en deeltydse transkribeerders.

Die immer toenemende leerdertal van graad R tot 12 by Kanaänskool is bewys van die groot behoefte aan spesiale skole (of volkome inklusiewe skole) in die land. Leerders word in samewerking met die onderwysdistrikskantoor en op grond van duidelike plasingskriteria by Kanaänskool geplaas. Kandidate moet byvoorbeeld ’n akademiese kurrikulum (KABV) kan volg. Tipiese leerders was in ’n hoofstroomskool, maar het gesukkel om hulle volle potensiaal daar te verwesenlik, omdat die skool nie toegerus was om hulle met hulle spesifieke onderwysbehoeftes by te staan nie, en is dus afhanklik van spesiale onderwys. Met behulp van toegespitste steun en individuele ondersteuningsprogramme ontvang leerders aan Kanaänskool die geleentheid om hulle NSS te verwerf, nes leerders in hoofstroomskole.

Ondersteuning en ingrepe soos spraak-, arbeids- en fisioterapie sowel as leersteundienste is beskikbaar. Die hulp wat leerders ontvang, word ná behoorlike evaluering deur, en op aanbeveling van, die interdissiplinêre span beplan. Op grond van hulle spesifieke behoeftes ontvang leerders dan terapeutiese ingrepe op ’n individuele, kleingroep- of klasgrondslag. Alle onderwysers moet remediërende beginsels by hulle onderrigstrategieë insluit om leerders met spesifieke leerprobleme te ondersteun. In die hoërskoolafdeling is ’n deskundige span steunpersoneel verantwoordelik vir ongeveer 260 leerders. ’n Holistiese en multidissiplinêre spanbenadering word deurgaans gevolg.

 

5. Databespreking: ruimtelike dimensies van skoolkultuur binne ’n diskoers van bestuursheerskappy

Teen die agtergrond van die historiese oorsig hier bo konsentreer ek in hierdie afdeling op ’n ontleding van data aangaande die skool se institusionele kultuur in die drie dimensies (Lefebvre 1991) van fisiese, voorgestelde en sosiale ruimte. Op grond van waargenome gedrag in die beleefde ruimte (lived space) by die skool gedurende my etnografiese ondersoek in 2019 argumenteer ek dat daar ’n besondere institusionele habitus (Çelik 2017) “in aksie” binne ’n diskoers van bestuursheerskappy (managerialism) in elk van die drie ruimtelike dimensies ontwikkel het. Elemente van die skool se histories verankerde habitus, wat steeds in die skool se daaglikse funksionering en praktyke te sien is, word uitgelig. Ek verwys ook na die sosiale verwesenliking van die kulturele aanwysers van taal/Afrikaans, ras/wit en geloof/Christenskap.

Ek voer aan dat ’n diskoers van bestuursheerskappy die skoolkultuur oorheers en herorganiseer. Dít blyk uit die neoliberaal-gegronde bestuurspraktyke wat oënskynlik die institusionele funksionering van die skool reguleer. Hierdie praktyke vorm en herorganiseer bestuurders, onderwysers en leerders se beleefde realiteite by die skool. Die neoliberale kultuur en diskoers van bestuursheerskappy wat uiteindelik tot stand kom in Kanaänskool is die effek van bepaalde historiese, sosiologiese en ekonomiese omstandighede.

Ek bespreek die impak van hierdie diskoers van bestuursheerskappy op die waarneembare optrede van die skoolleiers aan die hand van kwalitatiewe data. Die argument sluit af met ’n bespreking van hoe hierdie bestuurspraktyke onderwysers in hulle klaskamers posisioneer, en beklemtoon die beduidende invloed van institusionele habitus en skoolkultuur op onderwysers en leerders se daaglikse doen en late. Daarmee bedoel ek nie om onderwysers en leerders se vrye wil (agency) te ondermyn nie. Ek brei hierop uit in ’n bespreking oor die posisionering van onderwysers voor die gevolgtrekking.

5.1 Institusionele habitus: histories wit, Afrikaans en Christelik

Die voorgaande historiese oorsig toon hoe Kanaänskool geposisioneer is as ’n voormalige wit, Afrikaanse skool vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes wat deur die NG Kerk bedryf word. Hierdie posisionering kan verduidelik word aan die hand van die konsep institusionele habitus.

Fasette van die historiese wit Afrikanerkultuur was steeds merkbaar by Kanaänskool tydens my data versamelingstydperk in 2019. Afrikaans is die bedryfstaal van die skool. Soos ek vroeër genoem het, bestaan die skoolbestuur en onderwyspersoneel uit hoofsaaklik Afrikaanssprekendes, buiten slegs twee Engelssprekende onderwysers in die hoërskoolafdeling. By weeklikse saalbyeenkomste word die skoollied in Afrikaans gesing, hoewel ’n Engelse weergawe van die lied reeds sedert dit in die 1980’s geskryf is, bestaan. Gefrustreerde Engelssprekende ouers by ’n ouervergadering versoek dat die aanbiedings vertaal moet word om nie-Afrikaanssprekende ouers in ag te neem. Verskeie elektroniese nuusflitse vanuit bestuurslede se kantore wat in Engels aan die skoolgemeenskap uitgestuur is, bevat spel- en grammatikafoute. Die hoë voorkoms van hierdie tipe (moontlik nalatige) foute het veroorsaak dat verskillende lede van die skoolgemeenskap van die boodskappe op verskillende maniere kon vertolk. Sowel Engels- as Afrikaanssprekende onderwysers haal ook hierdie kwessies by verskeie geleenthede op. In die onderhoude het dit ook duidelik geword dat die personeellede nie oortuig is dat alle senior lede van die skoolbestuur die taalkwessie as belangrik beskou nie.

Uit my etnografiese waarnemings was dit duidelik dat Christelike gebruike en bande met die NG Kerk steeds prominente kenmerke van die skoolkultuur uitmaak. Hoewel die skool nie die Christendom uitdruklik of uitsluitlik bevorder nie, word formele byeenkomste aangebied of spesiale dae vir Christene gevier, maar nie vir ander geloofsgroepe waartoe leerders of personeel dalk behoort nie. Gevolglik is die nalatenskap van die wit Afrikanerkultuur, die wit toon, steeds merkbaar en, trouens, ’n byna fundamentele faset van die skool se identiteit. Dit is veral te bespeur in die fisiese skoolruimte as ’n uitdrukking van prestige en die onderliggende ideologiese aanname dat dít uitnemendheid by hierdie spesiale skool verseker.

5.2 Fisiese skoolruimte as ’n uitdrukking van prestige

Ons ervaar ons fisiese ruimte deur ons sintuie. Daardie sintuiglike ervaring skep bepaalde opvattings wat bepalend is vir die sosiale praktyke wat in die bepaalde fisiese ruimtes heers (Lefebvre 1991). Fisiese ruimte by ’n skool verwys na die komplekse samestelling van onderwysomgewings, -voorwerpe en -hulpbronne waaruit die formele (klaskamers) en informele ruimtes by die skool bestaan.

Die geskiedenis van Kanaänskool bied ’n mate van konteks waarin ’n mens die ontwikkeling van die fisiese omgewing van die skool kan verstaan. Die skool is op ’n groot stuk grond geleë (die NG Kerk se eiendom) en het oor die jare verskillende opknappings- en bouprojekte ondergaan. Tans sluit die strukture skoolgeboue, koshuise (en ander huisvesting), uitgebreide sportgeriewe en verskeie buitegeboue in. Die skoolterrein is beveilig met ’n hoë heining en ’n veiligheidswag by die hoofhek. Die hoërskool spog met vier rekenaar- en twee spesiale laboratoriums wat met leersteuntegnologie toegerus is. Ander fasiliteite sluit in ’n biblioteek, twee sale, kombuise, ’n eetsaal en restaurant en steundiensteterapiekamers. Laasgenoemde behels ’n fisioterapiekamer en fasiliteite vir terapeutiese dienste soos arbeidsterapie, spraakterapie, psigoterapie en berading.

Die opknapping- en bemarkingsaktiwiteite van die Kanaänvereniging (die fondswerwingsliggaam) skep ’n openbare beeld van prestige deur fisies daarvan te getuig dat skenkersgeld oordeelkundig bestee word. Visueel is die skool indrukwekkend. Kanaänskool toon sy prestige deur sy gesofistikeerde opvoedkundige fasiliteite en hulpbronne, wat deur ’n goedgefinansierde liggaam onderhou word. Dit is moontlik dat hierdie fasiliteite en fisiese bates die aansien van die skool verhoog, en sodoende daarvoor vergoed dat die skool nie met die 100%-matriekslaagsyfers van toppresteerderhoërskole in die hoofstroom kan meeding nie. Daarom word skenkersgeld hoofsaaklik vir die buite-instandhouding van die skoolgeboue en vir gespesialiseerde skoolfasiliteite gebruik.

Tog het verskeie onderwysers in my onderhoude verwys na die gebrek aan instandhouding van hulle klaskamers, wat nou al geruime tyd moet terugstaan vir groter, meer “indrukwekkende” opknappingsprojekte. Volgens die onderwysers moet die skoolbestuur anders dink oor wat binne ’n “inklusiewe klaskamer” benodig word. Op grond van hulle persoonlike werkplekfilosofieë en -ideologieë het die onderwysers ’n behoefte daaraan uitgespreek om veilige en inklusiewe ruimtes vir hulle leerders bínne klaskamers te skep, sowel as die oortuiging dat dit moontlik is. Hoewel die skool met uitgebreide steundienste, gespesialiseerde kennis en fasiliteite spog, meen die onderwysers dat hulle klaskamers nie voldoende ingerig is om die heel beste “ten volle inklusiewe” onderwys te lewer nie.

5.3 Voorgestelde ruimte: die “onsigbare” dryfveer van skoolkultuur

Voorgestelde ruimte verwys na hoe mense oor spesifieke ruimtes dink, en kom byvoorbeeld tot uiting in beleidsdokumente, diskoers en skoolkultuur (Frelin en Grannäs 2014). Die oorheersende diskoerse en kultuur van ’n skool word verstaan as ’n uitdrukking van hoe die skool as plek voorgestel en beplan word, en hou verband met die konstruksie van ’n werkplekfilosofie en -ideologie en bepaalde praktyke (Frelin en Grannäs 2014). Op sy diepste vlak bestaan skoolkultuur dus uit ’n komplekse stel waardes, aannames en oortuigings wat in wese voorskryf hoe dinge by die skool gedoen word. Lefebvre betoog dat voorgestelde ruimte verstaan moet word as die oorheersende, “onsigbare” (onderliggende) ruimtelike dimensie wat skoolkultuur voortdryf. Volgens hom is voorgestelde ruimte ’n plek vir die uitoefening van maatskaplike en politieke mag, ontwerp om diegene wat daarin bestaan te manipuleer (Lefebvre 1991:222).

Die historiese posisionering van Kanaänskool as ’n wit, Afrikaanse, Christelike skool vir spesiale behoeftes het daartoe gelei dat die hedendaagse instelling ’n sprekende voorbeeld is van Hunter (2019) se “wit toon” – ’n ideologie van uitnemendheid en aansien. Verder bepaal burokratiese kenmerke van hiërargie, gesentraliseerde elitisme, ondemokratiese gewoontes en bestuursheerskappy die funksionering van die verskillende neoliberale bestuurstrukture. Ek argumenteer dat sulke bestuurspraktyke en -strukture onderwysers binne hulle klaskamers isoleer en dat hulle hulle pedagogiese identiteite en vaardighede daarom hoofsaaklik in isolasie moet ontwikkel.

Die akademiese personeel se visie is om hulle leerders vir akademiese sukses voor te berei ondanks die uitdagings verbonde aan hulle gestremdhede en leerhindernisse. Die onderwysers het deurgaans hulle begrip bevestig van Kanaänskool as ’n plek waar leerders gehuisves en versorg moet word om sodoende “veilig en tuis te kan voel” (juf. Müller).

Juf. Jacobs het teruggedink aan haar skuif vanaf ’n hoofstroomskool na Kanaänskool, en hoe verskillend onderwysers van leerders met spesiale onderwysbehoeftes hulle werk konseptualiseer. Sy het dit soos volg verduidelik:

Wat ’n kultuurskok, wanneer jy kom van ’n hoofstroomskool af. Jy kan nie hier instap met ’n hoofstroommentaliteit nie. Dinge werk anders hier. As jy nie by ’n skool vir spesiale behoeftes gewerk het nie, kan jy nie sê dat jy al inklusief onderrig gegee het nie.

Mnr. Swanepoel, ’n graadhoof in die Verdere Onderwys en Opleiding- (VOO-) fase, het sy onderrigbenadering op die volgende manier beskryf:

Hoekom is ons hier? Ons het kinders met ’n verskeidenheid probleme … ons is ’n akademiese skool, ons neem ’n kind met verskillende uitdagings, en ons doen verskillende dinge om daardie ou dieselfde eksamen te laat aflê as enige ander matriekleerder en om later ’n werk te kry. Ons behaal nie akademiese prestasies nie, maar wel die kind wat aanhou probeer, of die een wat uit sy dop klim, gebroke kinders wat ’n nuwe lewe kry, ’n kind wat deur die lewe in die hoofstroom getref is, en ek dink vir ons, dit is om te sien hoe kinders kan verander. Medelye en uithouvermoë, en [om te] glo en bereid [te wees] om iets van jouself in ’n kind te belê, en te glo dat dit op die een of ander manier resultate sal lewer. Daar is baie teleurstellings, maar daar is genoeg [prestasies] wat ’n sukses maak. Ons sit nie hier vir die salaris nie.

Ook mnr. Vivier konsentreer in sy onderrigpogings op graad 12, en om die leerders vir ’n lewe buite die skool voor te berei. Hy het dit soos volg verduidelik:

Ons is ’n akademiese skool, nie ’n vaardigheidskool vir vaardighede nie. Vir my gaan dit oor die voorbereiding van die leerders vir matriek. Onderwysers is hier vir die leerders en maak hul lesse vir leerders met spesiale behoeftes; hulle ontwikkel hul lesse spesifiek vir kinders met gesiggestremdhede, skryfprobleme en meer.

Onderwysers by Kanaänskool, gedryf deur hul waardeverbintenisse, het die oortuiging en behoefte uitgespreek om veilige en inklusiewe ruimtes vir hul leerders te skep. Belangrik is dat die fisiese en voorgestelde ruimtelike dimensies in die beleefde ruimtelike dimensie verorden word.

5.4 Beleefde ruimte, bestuursheerskappy en bestuurspraktyke van mag

Bestuurspraktyke by Kanaänskool berus op bestuurs- en sakegerigte beginsels. Bestuursheerskappy is die organisatoriese manifestasie van neoliberalisme. Dit verwys na ’n bestuurswyse wat die neoliberale projek bevorder deur markverwante beginsels in ’n organisasie te institusionaliseer (Lynch 2014; Van der Walt 2017). Van der Walt (2017:5) verduidelik:

While no economist or educationist would openly admit to being committed to neoliberalism as an approach to life and the economy, and education in particular, the pervasive influence of neoliberalism in all walks of life is unmistakeable (Rustin 2016:154). Neoliberalism, according to Ball (2003:223), in the guise of performativity and managerialism, is “ubiquitous, invisible and inescapable”.

Volgens Lynch (2014:5) behels sogenaamde nuwe bestuursheerskappy die prioritisering van doeltreffendheid en effektiwiteit in skole, dog met groot bekommernis:

it occurs at the expense of more broadly-based moral and social values related to care, autonomy, tolerance, respect, trust and equality. This has the ultimate impact of defining human relationships in work organization in transactional terms, as the means to an end – the end being that of high performance and productivity.

Die bestuurstrukture van Kanaänskool (soos meeste skole in Suid Afrika) is gegrond op ’n burokratiese stelsel wat uit ’n skoolbeheerliggaam (SBL), ’n senior bestuurspan (SBS) en personeel op verskillende posvlakke bestaan. Daar word dikwels verwys na die “lynfunksie” waarvolgens kommunikasie in skole geskied. By Kanaänskool word besluite op die hoogste vlak geneem en dan afwaarts deur die lynfunksie gekommunikeer, naamlik van die SBL (wat die skoolhoof insluit), na topbestuur, gevolg deur die SBS, departementshoofde, graadhoofde, opvoeders op posvlak 1 en, laastens, ander personeel. Die topbestuur bestaan uit die skoolhoof en die drie afdelings-/adjunkhoofde. Die SBS sluit ’n verdere sewe departementshoofde en twee senior steunpersoneellede (’n skoolsielkundige en ’n spraakterapeut) in.

Burokratiese kenmerke van hiërargie, gesentraliseerde elitisme, ondemokratiese gewoontes en bestuursheerskappy bepaal oënskynlik hoe die verskillende bestuurstrukture by Kanaänskool funksioneer. Die SBL-voorsitter en die skoolhoof is die primêre besluitnemers by die skool. Die SBS speel ’n geringe rol in die uitoefening van mag en beheer oor besluite wat ten doel het om die institusionele kultuur van die skool te handhaaf. SBS-lede laer af in die hiërargie is minder invloedryk en vervul ’n beperkte rol in besluitnemingsprosesse. In ’n onderhoud met mev. X en mev. Y, albei senior SBS-lede, het mev. X haar ervaring van magteloosheid gedurende besluitnemingsprosesse, en die gevolge daarvan, soos volg verwoord:

Jy sit in vergaderings te midde [van] hierdie groep mense wat besluite neem waaroor jy nie altyd saamstem nie. Vir ander lyk dit of jy deel is … en as die besluit geneem is, aangesien ons almal daar sit, dan is dit “die leierspan” wat die besluit geneem het. Jy kan nie dan teruggaan na jou afdeling en sê ek stem nie saam nie. Jy moet nou probeer om die besluit te dryf en deur te voer.

Die negatiewe kenmerke van burokratiese gesag blyk veral uit die ontneming van besluitnemingsbevoegdhede van onderwyspersoneel. Volgens Klikauer (2015) sluit die ideologie van bestuursheerskappy juis in dat “werkers” – in hierdie geval die klasonderwysers – van besluitnemingsmagte ontneem word. Die onderwysers, as werkers, word dus van enige besluitnemingsmag gestroop, behalwe waar hulle ’n mate van direkte beheer het, wat hoofsaaklik met praktyke in hulle eie klaskamers verband hou.

Hiërargiese neoliberale bestuurstrukture konsentreer mag sterk aan die bokant. Die leierskapspraktyke van die hoof en adjunkhoof van die hoërskool blyk katalisators te wees wat ’n bepaalde skoolkultuur onderhou. Hulle voorbeeld, waardes en terugvoering vorm die personeel se gedrag. Hier baat die bespreking by Foucault (1979) se siening van mag, ook om die “weerstand” van die onderwysers binne die oorheersende neoliberale bestuurstrukture en -praktyke te verstaan. McGregor (2004:353) meen:

“Where space is performed by relations, they are relations of power. This conforms to a Foucaultian understanding of power as a constellation of relations constituted from complex actions, including arranging and ordering.”

Vir die personeellede met wie ek onderhoude gevoer het, is die hoof van Kanaänskool iemand wat die beleide en reëls van sy pos streng volg. Die skoolhoof het nie ’n oopdeurbeleid nie, en het personeel dikwels daaraan herinner om afsprake by sy sekretaresse te maak indien hulle hom wou spreek. Van die onderwysers het die skoolhoof se benadering as ’n “maklike uitweg” beskryf (mnr. Vivier); hulle meen dit beklemtoon sy beperkte ervaring van leerders met spesiale behoeftes (mev. Y), en dat hy hom distansieer van wat regtig op die skoolterrein gebeur (mnr. Swanepoel). Dit blyk dat die skoolhoof, as gevolg van sy beperkte blootstelling aan spesiale onderwys voordat hy hom by Kanaänskool aangesluit het, hom in die oë van sommige deelnemers as ’n “buitestander” by die skool geposisioneer het.

Die aanstelling van ’n skoolhoof berus op die uiteindelike nominasie van die SBL, waaronder die aanstelling van ’n individu met geringe ervaring van die spesifieke dienslewering nóú verband hou met neoliberale bestuurspraktyke. Voorstanders van bestuursheerskappy is van mening dat daar niks kenmerkend is aan onderwys nie; dit kan gekonseptualiseer en bestuur word soos enige ander diens, kommoditeit of besigheidsonderneming (Van der Walt 2017:9). Die skoolhoof in Kanaänskool posisioneer homself dus in sy kantoor en “bestuur” die skool van daar.

Daarbenewens raak die hoof nie maklik betrokke by die hantering van uitdagende leerdergedrag of dissiplinêre aangeleenthede nie. In gevalle waar leerders ontwrigtende hoërisikogedrag toon, verwys die hoof die konflik na sy adjunk. Onderwysers het voorbeelde van hierdie benadering in ons onderhoude genoem. Juf. Müller het byvoorbeeld onthou van ’n aantal voorvalle waarby sy betrokke was:

As daar ’n dissiplinêre probleem is, moet jy die lynfunksie volg. Ek sal nie eens die skoolhoof probeer nie. Ek het al ’n paar voorvalle gehad, ek herinner my aan tye waar ek in nood was, en ’n kind kerm en skree, vloek en skel of huil, en hy groet en loop verby, of hy skrik seker so dat hy net omdraai en wegstap.

Dat die skoolhoof as die belangrikste besluitnemer by die skool nie by werklike voorvalbestuur betrokke raak nie, plaas die onderwysers in ’n netelige posisie. Die praktyke van die hoof het ook ’n impak op die posisionering en werk van die adjunkhoof. Die adjunkhoof was in daardie stadium betreklik nuut in haar pos, en verantwoordelik vir alle akademiese en dissiplinêre aangeleenthede van die hoërskool, wat haar onder geweldige druk plaas. Uit my waarnemings by personeelvergaderings het die adjunkhoof gesukkel om haarself as ’n sterk bestuurder te laat geld. Dit het voorgekom of sy haar maklik deur ander kan laat oortuig om sekere besluite te neem – ’n eienskap wat sterker persoonlikhede in die personeel tot hulle voordeel gebruik. Die versoeke van onderwysers wat hulle menings meer beslis kon uitspreek, is toegestaan juis omdat hulle selfgeldend of oortuigend was. Die mag konsentreer soms minder in die posisie van die adjunkhoof en by tye sterker by ander personeellede. Hierdie vloeibaarheid van mag het konflik tussen onderwysers en wantroue by sommige personeellede veroorsaak. Haar besluite het soms gelei tot ’n oneweredige verspreiding van klaskamerhulpbronne (waar sommige onderwysers gewoon bo ander bevoordeel is) en ongelyke werklas en klasgroottes vir individuele onderwysers (waar sy die besluitnemingsmag gehad het).

Ondoeltreffende kommunikasie beïnvloed klaarblyklik personeelverhoudinge by Kanaänskool. Die hoof is selde gesien, en het meestal onbetrokke by onderwysers en leerders se lewens gebly. Die adjunkhoof was hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik om dissiplinekwessies te hanteer. Departementshoofde het desperaat probeer om emosionele en professionele ondersteuning aan hulle onderrigspanne te bied, en graadhoofde was oorweldig deur administratiewe take. Daarom het die gebrek aan ondersteuning van, en toegang tot, die hoof – tesame met die werking van bestuurstrukture, en die verwarring ten opsigte van kommunikasielyne – ’n ingewikkelde werksomgewing vir onderwysers geskep. Alhoewel strategies afwesig, is die hoof alomteenwoordig in die bestuurstrukture van die skool. Die hoof en onderhoof as gesaghebbende individue in die skepping van skoolkultuur het moontlik reeds die voorskrifte van neoliberalisme geïnternaliseer. Van der Walt (2017:6) verduidelik met behulp van Ball (2003) en Sparkes (2007) hierdie tendens as volg:

Neoliberalism works in a gradual and stealthy manner towards the colonisation of and even closing down of people’s minds and consciousness. The creeping and insidious operation of neoliberalism causes people’s reflexivity about who they are, what they are doing and what they and their deeds are worth to be internalised in neoliberal terms […] The end result is that people, also academics, become “ultimate docile bodies” who have internalised the precepts of neoliberalism …

Heelwat van die data uit my onderhoude en veldwaarnemings bevestig die praktyke van die hoof en adjunkhoof as deurslaggewende faktore in die posisionering van onderwysers en hulle verantwoordelikhede by Kanaänskool. Die kortsluitings in die bestuurstrukture kan as tipies van ’n neoliberale bestuurstyl gesien word en kommunikeer aan onderwysers dat hulle hul eie agente is, maar wat in ooreenstemming met die kultuur van die skool moet optree. As gevolg van die funksionele parameters wat deur die skoolbestuurders vasgestel is, het die onderwysers hulle pedagogiese identiteite en vaardighede hoofsaaklik in hulle klaskamers ontwikkel.

5.5 Posisionering van onderwysers

Die skoolkultuur by Kanaänskool bied onderwysers weinig ruimte – in algemene of “publieke” skoolruimtes buite hul klaskamers – om hulle identiteite te laat geld. Die histories geposisioneerde institusionele habitus wat steeds aspekte in die voorgestelde ruimte bepaal, en bestuursheerskappy en bestuurspraktyke van mag in die beleefde (sosiale) ruimte, het onderwysers as’t ware in hulle klaskamers geïsoleer. Enkele voorbeelde sluit in finansieringsprioriteite, die tekort aan ondersteuning van die topbestuur, en die gebrek aan ’n kultuur van samewerking onder klasopvoeders. Van Wyk en Le Grange (2017:545) verduidelik hierdie neiging as volg:

Binne die neoliberale, markgerigte skoolomgewing word onderwysers aangemoedig om hulself as ondernemende neoliberale te beskou. Volgens hierdie gedagterigting moet onderwysers tot hulself waarde kan toevoeg, hul produktiwiteit kan verbeter, kan streef na uitnemendheid en ’n berekende bestaan kan voer.

Wat finansieringsprioriteite betref, was die onderwysers van mening dat besluite oor besteding slegs ter wille van die handhawing van die prestige van die skool in die publieke oog geneem word, en veral om toekomstige skenkers te lok, wat soms ten koste is van onderwysers en leerders se daaglikse bedrywighede by die skool. Dít posisioneer onderwysers gevolglik as die enigste eienaars van hulle klaskamerruimtes. Mnr. Vivier het dit soos volg verduidelik:

Hulle wil ’n beeld na buite uitbeeld sodat mense kan sê dat dit ’n wonderlike skool is. Dit gaan oor wat in nuusbriewe en op sosiale media geplaas word, die buitebeeld. Ek dink die skool is baie op geld gefokus … As u dink aan fondsinsamelings, wil die instituut net die gestremde kinders gebruik om die skool te bevorder vir geld … Onderwysers word hier gelaat om die regte show aan die gang te hou … Ek voel nie dat hierdie [beeld van aansien] binne klaskamers realiseer nie.

Dit was duidelik dat hoewel die skool oor omvangryke fasiliteite en dienste vir leerdersteun beskik, onderwysers in die klaskamer bloot toegang het tot “wat in enige klaskamer in enige skool sou wees” (mnr. Vivier). En dáármee is daar van hulle verwag om gespesialiseerde onderwys te voorsien. Die onderwysers was dit eens dat gespesialiseerde fasiliteite, onderrighulpbronne en die instandhouding van klaskamers alles ewe belangrik is omdat dit hulle daaglikse onderrigtaak in die klaskamer óf vergemaklik óf bemoeilik.

Tweedens het personeel hulle kommer uitgespreek oor die tekort aan ondersteuning van die topbestuur en die gevolge daarvan vir algemene personeelwelstand. Daarbenewens was doeltreffende kommunikasie tussen personeellede ’n uitdaging, veral met betrekking tot besluite wat onderwysers se lewens by die skool beïnvloed. Swak kommunikasie het gevoelens van wantroue en isolasie by opvoeders vererger, en die gebrek aan samewerking onder personeel en bestuurslede het sommige van die personeelverhoudinge beïnvloed. Hieroor het mnr. Swanepoel die volgende te sê gehad:

Soms voel dit net asof elke persoon op sy eie rots is … Maar dit is ook as gevolg van die uitleg van die skool. Onderwysers verloor tyd saam met mekaar; nou stuur ons e-posse in plaas daarvan om na mekaar te stap. Hier is genoeg mense om mekaar te ondersteun … daar is baie kennis in hierdie kantore en klaskamers.

Juf. Jacobs het verwys na ’n tyd in die onlangse verlede toe die kultuur onder personeel in die skool anders was: “As personeel het ons altyd saam uitgegaan en saam teater toe gegaan, en ons het net hierdie lekker dinge saam gedoen ook, en ek het gevoel dat dit my familie was … maar nou weet ek nie … daar is baie wrywing onder personeellede.”

Laastens het die gebrek aan ’n kultuur van samewerking tussen die bestuur en onderwyspersoneel onderwysers verder in hulle klaskamers geïsoleer. Afgesien daarvan dat hulle in wese die rol van “huurders” van hulle klaskamers moes aanvaar, is hulle ook aan hulle eie lot oorgelaat om hulle persoonlike geestelike en fisieke welstand te verseker. Hoewel onderwysers kwesbaar gelaat word as gevolg van ’n gebrek aan ondersteuning, is hulle bereid om tot op die punt van uitbranding te werk weens hulle eie sterk werksetiek en besondere lojaliteit en toewyding aan die onderwys (vgl. Allan 2008).

Soos wat die geval van Kanaänskool illustreer, skep skoolkultuur soms bepaalde ruimtes waar onderwysers hulle identiteite kan laat geld, maar perk dit ook soms daardie ruimtes in. Die kultuur by die Kanaänskool bestaan uit komplekse verhoudings tussen bestuurders, onderwysers en leerders. Hierdie verhoudings verskuif en verander voortdurend, terwyl dit terselfdertyd deur beide onderwysers en leerders geabsorbeer word (Webb, Schirato en Danaher 2002). My bevindinge toon dat namate die onderwysers die institusionele kultuur verstaan, hulle besef dat hul voortbestaan en sukses afhang van die aktivering van fasette van hul ingesteldhede en vaardighede wat aanklank vind by Kanaänskool se skoolkultuur. Alhoewel die kultuur die onderwysers aanvanklik oorweldig, begin hulle sodra hulle in die ruimte gedompel is, op ’n spesifieke manier optree wat in werklikheid aangepaste subjektiwiteite na vore bring. Onderwysers moet binne hierdie skoolruimte aanpas om te onderhandel oor ’n “manier van wees”, ’n proses wat ek as hul subjektiewe plekinruiming beskou. As hierdie onderwysers in aanraking kom met die institusionele kultuur van Kanaänskool, onderneem hulle identiteitsvormingsprosesse waardeur hulle hul reaksies in hul nuwe sosiale veld aanpas. Sodra hierdie onderwysers hul posisionering uitgewerk het, “praat hulle terug” teen die skoolruimte deur hul vrye wil (agentskap) binne hul klaskamers te laat geld.

Daarom glo ek soos Comber (2011:344) dat die konsep van plekinruiming ’n alternatiewe perspektief bied op die skool as dissiplinêre instansie (Foucault 1979) waar onderwysbeleid definieer en beperk wat gedoen kan word.

 

6. Gevolgtrekking

Die institusionele kultuur by Kanaänskool word verstaan as ’n produk van verskeie kontekstuele faktore wat die onderwysers se posisionering in die skool en in hulle klaskamers bepaal. Die institusionele kultuur van Kanaänskool vorm onderwysers se professionele praktyke. As ’n voormalige wit, Afrikaanse, Christelike spesiale skool, kom Kanaänskool se Afrikaanse, Christelike wit toon tot uiting in die “ongeskrewe reëls” wat sy daaglikse bedrywighede as ’n toonaangewende instelling vir die onderrig van leerders met spesiale onderwysbehoeftes in Suid-Afrika reguleer.

Die historiese ontwikkeling van Kanaänskool het die instelling geposisioneer as ’n plek wat in die verskillende ruimtelike dimensies herskep is deur die mense wat met die skool omgaan. Plekinruiming of -skepping behels die toevoeging van ’n bepaalde kultuur, en ’n dinamiese interaksie tussen Lefebvre (1991) se drie dimensies van fisiese, voorgestelde en sosiale (beleefde) ruimte. Om te verstaan hoe skoolkultuur by Kanaänskool te midde van die oënskynlike “warboel” van spesiale onderwys én “onsigbare” kenmerke soos die oorheersende neoliberale ideologie, ’n diskoers van bestuursheerskappy, die politieke ekonomie, die aansien van die skool, en die uitdrukking van sy wit toon gevorm is, is die ruimte-tyd-dimensie belangrik.

Ek argumenteer dat die institusionele habitus “in aksie” in die drie ruimtelike dimensies ontwikkel het. Wit toon by Kanaänskool neem die vorm aan van bestuursheerskappy in ’n diskoers van bestuursgerigte praktyke wat nou die instelling kenmerk. Hierdie bestuursgerigte praktyke het ’n vormende invloed op bestuurders, onderwysers en leerders se ervarings by en van die skool. Onderwysers word geposisioneer in verhouding tot die oorheersende diskoerse en kultuur by die skool.

Deelnemers het gereeld na leierskapspraktyke verwys as ’n kerndeel van hoe hulle die vorming van die skoolkultuur verstaan. Ek kom dus tot die gevolgtrekking dat bestuursheerskappy die institusionele toon van die skool kenmerk. Bestuurspraktyke by Kanaänskool weerspieël die waardes en “marktaal” van ’n onderneming met winsbejag, en konsentreer op kwantifiseerbare aspekte. Dié spesiale skool sukkel oënskynlik om die komplekse kwalitatiewe aspekte van die daaglikse realiteit in sy skoolruimtes en klaskamers te bestuur of proaktief daarop te reageer.

Die skool se historiese ontwikkeling sowel as die beleidslandskap bepaal die posisie van Kanaänskool en sy besluitnemers – hoofsaaklik die hoof en adjunkhoof – wat weer ’n uitwerking het op die onderwyspersoneel in die beleefde ruimtelike dimensie. Die onderwysers het byvoorbeeld melding gemaak van die problematiese praktyk van die skoolhoof om beleid en ander wetgewing wat onsensitief is vir klaskamers met spesiale behoeftes te gebruik om besluite by die skool te staaf. Skoolleiers behoort immers die konteks van spesiale onderwys oorweeg voordat beleidsriglyne slaafs geïmplementeer word.

Hier sluit my studie aan by die bevindinge van Burger en Fataar (2018:5–6), wat ondersoek het “tot watter mate skoolhoofde met hul personeel oor onderwysaangeleenthede en ruimteskepping gesels of reflekteer, met die doel om hul skoolpraktyke te verbeter en om produktiewe leeromgewings volhoubaar te maak”. Hulle verwys na die verslag Schools that work, wat te kenne gee dat sodanige gesprekke nié in skole plaasvind nie. In hulle bevindinge oor skoolhoofde se plekinruimingspraktyke sê Burger en Fataar (2018:21):

Aangesien ruimteskepping hoofsaaklik intuïtief plaasvind en spruit uit mense se lewensgeskiedenisse, kom hul persoonlike karakter ook na vore, en kan hulle nie werklik vir ruimteskepping opgelei of voorberei word nie. Alhoewel ruimteskepping uniek aan sekere mense is, is daar egter sekere elemente in ruimteskepping waarna mense kan streef, wat aan individuele leierskapstyle van mense gekoppel is, en wat weer deur sulke leiers en hul leierskapstyle aan ander oorgedra kan word.

Dit is belangrik om in gedagte te hou dat skole nie homogeen is nie: Een grootte pas nié almal nie (Slee 2001:395). Skole is unieke instellings wat elk in ’n bepaalde sosiale konteks geleë is en diverse gemeenskappe bedien. Individuele skole moet dus daartoe in staat wees om in hulle betrokke plaaslike behoeftes te voorsien.

Hoewel onderwysers by Kanaänskool nie in afsondering gewerk het nie, was hulle steeds in ’n mate in hulle klaskamers geïsoleer. Nogtans glo ek dat individuele onderwysers dien as magtige agente van verandering gegewe hul outoriteit binne hul klaskamers. Hier volg ek Comber (2011:346):

I would argue that now more than ever it is important, following Foucault, to realize that we are freer than we feel, that creating enabling learning spaces for diverse student populations is contingent upon a revival in pedagogical imagination.

Institusionele kulture wat samewerking tussen personeellede verwelkom en multidissiplinêre spanwerk op prys stel, sal die soort pedagogiese werk kan lewer wat vir die suksesvolle voorsiening van inklusiewe onderwys vereis word. Skoolleiers en -bestuurders behoort so ’n konteks te skep om onderwysers en steunpersoneel in staat te stel om in veilige en ondersteunende omgewings saam te werk.

 

7. Samevatting

Kanaänskool is ’n voorbeeld van ’n “nuwe skoolruimte” – ’n komplekse, dinamiese samevloeiing van ras, taal, kultuur, (ab)normaliteit, leerhindernisse en spesiale onderwys – teen die agtergrond van ’n “nuwe Suid-Afrika” waar inklusiewe onderwys as die dryfkrag van verandering dien. Hierdie tipe inklusiewe skoolruimte is egter in die voorgestelde ruimte verbeel, in beleidsdokumente neergepen, en bestaan grootliks in diskoerse. Ek argumenteer dat Kanaänskool, soos vele (dalk die meeste) skole in Suid-Afrika, steeds sukkel om werklik inklusiewe ruimtes te skep.

Die werk van die onderwysers by die skool word bepaal deur ’n kombinasie van besluitnemingsprosesse, beleidsvoorskrifte en die begrip van onderrig- en leerkontekste vir diverse leerders en leerderbehoeftes. Die interaksie tussen bestuurders en onderwysers skep dus ’n bepaalde kultuur waarbinne die onderwysers hulle dagtake verrig. Die artikel toon aan hoe die onderwysers in verhouding tot die oorheersende diskoerse en kultuur by Kanaänskool geposisioneer is. My uiteindelike doel met die groter navorsingsprojek was om ondersoek in te stel na die praktyke waardeur onderwysers klaskamers skep en subkulture vorm in die lig van hulle skool se konteks en kultuur. Hierdie artikel berei dus die weg vir die bespreking van onderwysersubjektiwiteite en pedagogiese praktyke by ’n spesiale skool.

Die bevindinge hierin kan nie maklik veralgemeen word nie. Die bepaalde konteks van Kanaänskool as verklaring vir die deelnemers se optrede en sienings word erken. Beperkte navorsing is onderneem oor hoe onderwysers deur hulle pedagogiese praktyke klaskamersubkulture in Suid-Afrikaanse skole skep. Daarom dra hierdie artikel by tot die ontluikende literatuur oor die sosiologie van inklusiewe onderwys. Onderwysers se verhale oor hulle lewensloop, sosialiseringsprosesse en pedagogiese praktyke word selde vanuit hulle eie oogpunt gehoor. Die bevindinge en gevolgtrekkings in hierdie studie bied ’n blik op die veelvuldige realiteite waarvoor onderwysers te staan kom wat die KABV vir ’n uiteenlopende groep studente in inklusiewe klaskamerruimtes, hetsy by hoofstroom-, voldiens- of spesiale skole, moet aanbied.

 

Bibliografie

Ainscow, M. 2005. Understanding the development of inclusive education system. Electronic Journal of Research in Educational Psychology, 3(7):5–20.

Aitchison, J.J.W. 2003. Struggle and compromise: A history of Adult Basic Education from 1960 to 2001. Journal of Education, 29:123–78.

Allan, J. 2008. Rethinking inclusive education: The philosophers of difference in practice. Nederland: Dordrecht, Springer.

Ball, S.J. 2003. The teacher’s soul and the terror of performativity. Journal of Education Policy, 18(2):215–228.

Bourdieu, P. 1977. Outline of a theory of practice. Cambridge: Cambridge University Press.

Bowen, G.A. 2009. Document analysis as a qualitative research method. Qualitative Research Journal, 9(2):27–40.

Burger, J. en A. Fataar. 2018. Skoolhoofde se leierskapspraktyke wat betrekking het op die skepping van “fisiese ruimtes” om gesonde leeromgewings by hul skole te vestig. LitNet Akademies, 6(3):225–42.

Çelik, Ç. 2017. Institutional habitus and educational achievement: A comparative case study in Germany and Turkey. Istanbul Policy Center, Istanbul, Turkye.

Collins, J. 1992. Social reproduction in classrooms and schools. New York: Albany.

Comber, B. 2011. Making space for place-making pedagogies: Stretching normative mandated literacy curriculum. Contemporary Issues in Early Childhood, 12(4):343–8.

Donohue, D. en J. Bornman. 2014. The challenges of realising inclusive education in South Africa. South African Journal of Education, 34(2):1–14.

DvO (Departement van Onderwys). 2001. Education White Paper 6: Special Needs Education: Building an inclusive education and training system. Pretoria: Staatsdrukker.

Engelbrecht P., S.M. Kriegler en M.I. Booysen. 1996. Perspectives on learning difficulties – international and South African realities. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Engelbrecht, P., M. Nel, S. Smit en M. van Deventer. 2016. The idealism of education policies and the realities in schools: The implementation of inclusive education in South Africa. International Journal of Inclusive Education, 20(5):520–35.

Fataar, A. 2010. Youth self-formation and the “capacity to aspire”: The itinerant “schooled” career of Fuzili Ali across post-apartheid space. Perspectives in Education, 28(3):34–45.

Foucault, M. 1979. Discipline and punish: the birth of the prison. Vertaal deur A. Sheridan. Londen: Penguin.

Frelin, A. en J. Grannäs. 2014. Studying relational spaces in secondary school: Applying a spatial framework for the study of borderlands and relational work in school improvement processes. Improving Schools, 17(2):135–47.

Govender, S. en A. Fataar. 2015. Historical continuities in the education policy discourses of the African National Congress, 1912–1992. South African Journal of Education, 35(1):1–8.

Grenfell, M. (red.). 2008. Pierre Bourdieu: Key concepts. Durham: Acumen.

Gulliford, R. en G. Upton. 1994. Special educational needs. Londen: Routledge.

Hirst, E. en J.A. Vadeboncoeur. 2006. Patrolling the borders of otherness: Dis/placed identity positions for teachers and students in schooled spaces. Mind, Culture, and Activity, 13(3):205–27.

Hobson, D. en A. Titchen. 2005. Phenomenology. In Somekh en Lewin (reds.) 2005.

Hunter, M. 2019. Race for education: Gender, white tone, and schooling in South Africa. New York: Cambridge University Press.

Jansen, J. 2001. Image-ining teachers: Policy images and teacher identity and South African classrooms. South African Journal of Education, 21(4):242–6.

Klikauer, T. 2015. What is managerialism? Critical Sociology, 21(7-8):1103–19.

Kriegler, S. 1989. The learning disabilities paradigm: Is it relevant to the South African context? International Journal of Special Education, 4:165–71.

Lefebvre, H. 1991. The production of space. Oxford: Blackwell Publishers.

Lynch, K. 2014. New managerialism: The impact on education. Concept, 5(3):1–11.

Massey, D. 2005. For space. Londen: SAGE Publications.

McGregor, J. 2003. Making spaces: Teacher workplace topologies. Pedagogy, Culture & Society, 11(3):353–77.

—. 2004. Spatiality and the place of the material in schools. Pedagogy, Culture and Society, 12(3):347–72.

Middleton, S. 2014. Henri Lefebvre and education: Space, history, theory. Londen: Routledge.

Naicker, S.M. 2000. From apartheid education to inclusive education: The challenges of transformation. International education summit for democratic society. Michigan, VSA: Wayne State University Detroit.

Nkabinde, Z.P. 1997. An analysis of educational challenges in the new South Africa. Lanham, Maryland, VSA: University Press of America.

Prosser, J. 2007. Visual methods and the visual culture of schools. Visual Studies, 22(1):13–30.

RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1996. Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2012. Statistical release (Revised) P0301.4: Census 2011. Pretoria: Stats SA.

Slee, R. 2001. Driven to the margins: Disabled students, inclusive schooling and the politics of possibility. Cambridge Journal of Education, 31(3):385–97.

Soja, E.W. 1996. Thirdspace: Journeys to Los Angeles and other real-and-imagined places. Oxford: Blackwell.

Somekh, B. en C. Lewin (reds.). 2005. Research methods in the social sciences. Londen: SAGE Publications.

Sparkes, A.C. 2007. Embodiment, academics, and the audit culture: A story seeking consideration. Qualitative Research, 7(4):521–550.

Tsolidis, G. 2008. The (im)possibility of poststructuralist ethnography – researching identities in borrowed spaces. Ethnography and Education, 3(3):271–81.

Tupper, J., T. Carson, I. Johnson en J. Mangat. 2008. Building place: Students’ negotiation of spaces and citizenship in schools. Canadian Journal of Education, 31(4):1065–92.

Van der Walt, J.L. 2017. Neoliberalism and education: A reformational-pedagogical perspective (Part 1). Koers, 82(1):1–11.

Van Wyk, M. en L. le Grange. 2017. Performatiwiteit as verskynsel in die onderwys. LitNet Akademies, 14(2):540–64.

Vermaak, A. 1993. Die geskiedenis van XXX1, 1652–1905. Stellenbosch: Universiteit Stellenbosch.

Webb, J., T. Schirato en G. Danaher. 2002. Understanding Bourdieu. Australië: Crows Nest, New South Wales, Allen & Unwin.

Zhu, C., G. Devos en Y. Li. 2011. Teacher perceptions of school culture and their organizational commitment and well-being in a Chinese school. Asian Pacific Education Review, 12(2):319–28.

 

Eindnota

1 Vir anonimiteit word die buurtnaam uit die titel van die Vermaak-bron weggelaat.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die isolasie van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke appeared first on LitNet.

The isolation of teachers at a special needs school in Cape Town by neoliberal management practices

$
0
0

Abstract

This article offers a sociological explanation of the formation of school culture at a special-needs high school in Cape Town. The objective of the research was to understand “placemaking” in a school setting – in other words, how a school is endowed with meaning and comes to express behaviours that display particular values, assumptions and beliefs, and the effect this has on the prevailing school culture. Canaan School (pseudonym) is located in the Western Cape and accommodates learners with various special educational needs. As at other special-needs schools, the teachers at Canaan pursue the same objective as their mainstream counterparts: preparing their students sufficiently to complete the CAPS-based National Senior Certificate requirements in Grade 12.

My research was aimed at explaining how Canaan navigated the everyday exigencies within which it sought to accommodate learners and educators from diverse demographic and “disability” backgrounds in a space deemed as “inclusive”. The findings of this article are based on data that revealed decisive dimensions that had significantly affected the dynamics that make up the school’s institutional culture today. I adopted a “socio-spatial” lens, which suggests that space is created through the interaction of various spatial dimensions (Lefebvre 1991). My contention is that a place is continually made and remade, influenced by factors such as time, history, politics, power, race, gender and religion. Institutional culture consists mostly of “invisible” attributes, such as values, assumptions and beliefs, which are expressed in the behaviour of those making up the institution. My research was an attempt to uncover these invisible dimensions through a triangulated analysis of qualitative data. Situated within the interpretivist paradigm, this study followed an ethnographic research approach. Qualitative data was collected in the course of a school year by means of extensive participant observation as well as both unstructured and semi-structured interviews.

I start off by presenting a synoptic history of Canaan School, from its establishment in the late 1930s through to the time of my research study in 2019. I refer to the school’s institutional habitus, comprising a system of resilient, transposable patterns of socio-cultural dispositions and practices invested in an institution through its cultural history, and which continue to operate in the institution. Institutional habitus refers to “educational status, organisational practices and expressive order, expectations, conduct, character, and manners” (Çelik, 2017:12). The description of the school’s history over a period of roughly 70 years is presented alongside Hunter’s (2019) historical periodisation. Hunter develops the concept of “white tone” as an analytical perspective to explain the shifting nature of schools’ institutional culture in South Africa since the official implementation of apartheid in 1948. To Hunter, “white tone” is found when cultural whiteness is invested with a type of “prestige” at schools in South Africa – a concept I adopted to explain how the institutional habitus of Canaan School operated during my time at the school.

In a second theoretical dimension I investigate the spatial features of Canaan School’s institutional culture, drawing on Lefebvre’s (1991) spatial triad, namely perceived/physical space, conceived/mental space, and lived/social space. The spatially inscribed “lived” dimensions, as expressions of the school’s institutional culture, are discussed with reference to two core themes: managerialist practices, and the positioning of the teachers in the school space and culture.

I show how school culture at Canaan School was constructed through its historical development and has since been reconfigured through the people who interact with the school. Placemaking involves a dynamic interaction between Lefebvre’s three fields of space mentioned above. From the historical discussion it becomes clear how Canaan School was founded and operated as a whites only, Afrikaans special-needs school, partly owned and managed by the Dutch Reformed Church. I present data to argue for the particular realisation of the institutional habitus “in action” in terms of Lefebvre’s three spatial dimensions and explain the reorganisation of “white tone” in the lived realities of Canaan School. I further argue that the institutional tone is today typified by managerialism, which can be attributed to the school’s neoliberal institutional functioning. These managerial practices have been playing a formative reorganising role in the lived realities encountered by the managers, teachers and learners at the school.

My findings reveal that as the institutional culture of the school unfolded over the years, the school and its teachers were positioned in specific ways. The school expresses its Afrikaans, Christian “white tone” through the unwritten rules prevalent in its daily operations and its prestige as a leading special-needs institution in South Africa. It is also found that Canaan’s institutional tone has come to be characterised by a discourse of managerialism. This institutional culture provides the context within which the teachers act and operate, which, in essence, isolates them in their classrooms.

Keywords: inclusive education; managerialism; neoliberalism; placemaking; spatial theory; school culture; special educational needs; special schools

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die isolasie van onderwysers by ’n spesiale skool in Kaapstad deur neoliberale bestuurspraktyke

The post The isolation of teachers at a special needs school in Cape Town by neoliberal management practices appeared first on LitNet.

University seminar: Language of instruction – how do we respond responsibly?

$
0
0

Arlys van Wyk (photo: provided)

South Africa has been through much historical turmoil to shake colonialism and apartheid, but the yoke of language divisions has, in many ways, resisted transformation. Thanks to a stocktaking research project on mother-tongue education in sub-Saharan Africa (Alidou et al 2006) we have some insight into the negative effects of monolingual approaches to education in multilingual settings in Africa. This and other research demonstrate the devastation caused by the movement away from mother-tongue education in South Africa. Wolff (2006) points out: “Language is not everything in education but without language, everything is nothing in education.” 

.......

Thanks to a stocktaking research project on mother-tongue education in sub-Saharan Africa (Alidou et al 2006) we have some insight into the negative effects of monolingual approaches to education in multilingual settings in Africa. This and other research demonstrate the devastation caused by the movement away from mother-tongue education in South Africa. Wolff (2006) points out: “Language is not everything in education but without language, everything is nothing in education.” 

.........

As a member of the Language Committee responsible for the language policy revision at the University of the Free State (UFS) I have experienced the uncertainties, implementation dilemmas, emotions and general turmoil first-hand. The role of language in education is little understood by many, academics included, and the impact of language policy decisions on the second-language learner is often not the focus when decisions about policy are made.

.......

In this country, mother-tongue speakers of indigenous languages at school follow an early exit model where English is introduced at the age of nine years. This means that many are exposed to a foreign language before they have gained the academic language proficiency necessary for epistemological access.

..........

In this country, mother-tongue speakers of indigenous languages at school follow an early exit model where English is introduced at the age of nine years. This means that many are exposed to a foreign language before they have gained the academic language proficiency necessary for epistemological access. There is a fundamental difference between the everyday spoken language and the language needed for learning. Academic language proficiency is developed gradually over a period of 6–8 years in the content areas where vocabulary, conceptual knowledge, and grammatical and discourse knowledge are acquired (Cummins 2009). This knowledge constitutes far more than what is required for everyday spoken communication. Students who enter higher education without the required academic language proficiency are set for a struggle. Once students join a university, they become members of an academic community where they acquire a new “discourse” which is nobody’s mother tongue (Bourdieu and Passeron 2006). For many students who lack the necessary academic language proficiency to master this new discourse, academic access is daunting.

........

Students who enter higher education without the required academic language proficiency are set for a struggle. Once students join a university, they become members of an academic community where they acquire a new “discourse” which is nobody’s mother tongue ...

........

What has the above got to do with language policy making? Everything. Students who are enrolled and struggle with the above will need help and an inclusive language policy needs to include these accommodations. Engstrom and Tinto (2008) emphasise that “Access without support is not opportunity.”

Unlike the UFS, where Afrikaans enrolments had dwindled to 20% at the time of the policy revision, the University of Stellenbosch has an opportunity to demonstrate inclusivity of the multilingual environment where they are situated and not to follow a reductionist approach of monolingualism.

.......

Unlike the UFS, where Afrikaans enrolments had dwindled to 20% at the time of the policy revision, the University of Stellenbosch has an opportunity to demonstrate inclusivity of the multilingual environment where they are situated and not to follow a reductionist approach of monolingualism.

.........

Diversity and multilingualism should be embraced as a means of preparing students for increasing global diversity and academic access. All South Africans have, to greater or lesser degrees, a multilingual repertoire. Our languages are not isolated and separate from one another. We mingle and use our languages horizontally. Kathleen Heugh (2016) puts it this way: “There is almost no way that we can keep classrooms, teaching and learning environments artificially monolingual. Each of us makes metacognitive multilingual repertoires as we engage with reading, thinking, listening, and writing.” She goes on to say that we should use this multilingualism to our advantage to support our students.

Many institutions profess multilingualism, and efforts of this are in evidence, but how much real success has there been? Are we simply paying lip service to a multilingual approach while it is business as usual in a monolingual language?

........

Diversity and multilingualism should be embraced as a means of preparing students for increasing global diversity and academic access. All South Africans have, to greater or lesser degrees, a multilingual repertoire. Our languages are not isolated and separate from one another.

.........

Kathleen Heugh was invited to the UFS campus for her expert input. She suggested the following six practical ways in which we could implement a multilingual approach that would empower students in the teaching and learning situation. I conclude this article with her useful list:

  1. Provide the best possible environment for students to learn by drawing on their whole linguistic repertoire – which means what they know and how they can use this knowledge in the languages that they have gathered this knowledge. This may involve bilingualism/multilingualism and translanguaging.
  2. Make the best use of the linguistic, ontological and epistemological expertise of our teaching and research staff.
  3. Provide optimal opportunities for students to engage productively with diversity –linguistically, ontologically and epistemologically.
  4. Ensure that students and teachers are able to exchange their knowledges and expertise in respectful and reciprocal ways (eg in tutorial classes; adjusting assessment criteria to draw on northern and southern epistemologies/ways of seeing through other eyes; cf Andreotti and De Souza 2008).
  5. We need to establish how scholars who are engaged in lexicographical or other language development activities are making the best use of the resources that students bring to the university – for example, in negotiating meaning in Sesotho and languages in addition to Afrikaans and English at UFS. We need to establish the extent to which teaching staff are able to use their own multilingualism to teach students.
  6. We need to consider the extent to which we engage with changes in school education policy in order to smooth the disparities and inequities that continue in that domain – particularly in relation to building strong linguistic and epistemological repertoires of knowledge that students bring to the universities.

Adapted from: Heugh, K. 2016. Multilingualism and diversity: a global challenge, “southern expertise”, and how do South African universities respond now?

 

  1. Alidou, H., Aliou, B., Brock-Uttne, B., Diallo, Y.S., Heugh, K. and Wolff, E. 2006. Optimizing learning and education in Africa-the language factor. A stock-taking research on mother tongue and bilingual education in sub-Saharan Africa. adeanet.org/binnial-2006/doc/document/B3_en.pdf
  2. Bourdieu, P. 1991. Language and symbolic power. In J.B. Thompson (Ed). Cambridge, MA: Harvard University Press.
  3. Engstrom, C. and Tinto, V. 2008 Access without support is not opportunity. In Change January/February.
  4. Wolff, E. Background and history-language politics and planning in Africa. In Alidou, H., Aliou, B., Brock-Uttne, B., Diallo, Y.S, Heugh, K. and Wolff, E. 2006. Optimizing learning and education in Africa-the language factor. A stock-taking research on mother tongue and bilingual education in sub-Saharan Africa. adeanet.org/binnial-2006/doc/document/B3_en.pdf 

Also read:

Kaaps is the future of Afrikaans

US-taaldebat 2021: Hou op om in Afrikaans te droom

Koebaai, Afrikaans? Afrikaans as onderrigtaal in skole

Reclaiming Multilingualism

Robert Greig on the language debate at Stellenbosch University

US-taaldebat 2021: Die oortjies van die seekoei

Dala Afrikaans in Stellenbosch se strate

Belgiese akademikus stuur sterk boodskap aan US

Wat verdedig ons? Die Afrikaanse kampus as fabriek

Listening, not squabbling, builds academic communities

Afrikaans oorleef by US solank dit "redelikerwys doenlik" is

https://www.litnet.co.za/category/universitysa/

 

 

 

 

 

 

 

The post University seminar: Language of instruction – how do we respond responsibly? appeared first on LitNet.

Boeke vir die Kerskous: Vyf boeke, vyf skrywers

$
0
0

NB-Uitgewers het vir vyf kinderboekskrywers en een kinderboekvertaler gevra watter vyf boeke hulle vir die Kerskous sou aanbeveel en onderstaande aan LitNet voorgelê.

Hier is Constant van Graan, Elrien Scheepers, De Wet Hugo, Elizabeth Wasserman en Kobus Geldenhuys se voorstelle:

  • Constant van Graan

Cecilia Steyn se Die vinnigste skoene in die hele wêreld is ideaal om die kleinspan hierdie vakansie aan die lees te kry. Die ouer kinders, veral dié wat hou van grilstories, sal behoorlik die skrik op die lyf gejaag word deur Neil Gaiman se Coraline. Sluit ook gerus ʼn klassieke kinderverhaal by hierdie jaar se Kerskous in, en hiervoor is The secret garden van Frances Hodgson Burnett ʼn goeie keuse, want daar is min stories met ʼn hoofkarakter so vurig en verstandig soos die 10-jarige Mary Lennox. Dan is daar natuurlik Troula Goosen, wat wys waarom sy die meester van Afrikaanse historiese jeugromans is met haar Raaisel-trilogie (begin by Raaiselklip). En as jou kroos reeds tieners is, sal die intriges van die 16-jarige Paul in Sindikaat (Annerle Barnard) hulle boei en vir ure van hul selfone laat vergeet.

  • Elrien Scheepers

Uit soveel lekkerlees-jeugboeke kies ek vyf ouer boeke wat daardie “iets ekstra” het, wat tieners sal wegvoer, verras en vermaak – maar hulle ook sal bybly lank na hulle die laaste bladsy omgeblaai het.

Revolver deur Marcus Sedgwick

Die een wat my geboei het – ’n atmosferiese spanningsverhaal wat afspeel in 1910 in die Arktiese wildernis, oor die keuses wat ’n jong tienerseun moet maak na sy vader onverklaard op 'n ysveld sterf en ’n dreigende vreemdeling opdaag.

Blou is nie 'n kleur nie deur Carin Krahtz

Die een wat my ontroer het – ’n hedendaagse verhaal oor gesinsdrama, met ’n menslike en dapper hoofkarakter wat haar tienerseer met ’n humoristiese, unieke stem vertel en haar storie deel van jou hart maak.

Hoopvol deur Derick van der Walt

Die een wat my verras het – die aangrypende verhaal van twee besonderse tieners, elk met ’n soekende hart: een op reis na die vader wat hy nooit geken het nie; een wat verlang na iets meer as 'n troostelose lewe op 'n klein dorpie.

Sabriel deur Garth Nix

Die een wat my betower het – fassinerende fantasie met donker geheime, ware liefde en gevaarlike magte, met ’n lieflike hoofkarakter wat haar pad vreesloos volg, in ’n Middeleeuse wonderwêreld wat jou van jou eie probleme laat vergeet en jou vir meer sulke stories laat wens.

Warcross deur Marie Lu

Die een wat my inspireer het – aksiebelaaide wetenskapsfiksie met ’n kleurvolle hoofkarakter, ’n interessante toekomswêreld en ’n opwindende virtuele realiteitspel as tema.

Links, van bo tot onder: Kobus Geldenhuys (foto: Clifford Roberts), De Wet Hugo (foto verskaf), Constant van Graan (foto verskaf); Elizabeth Wasserman (foto: Brenda Veldtman), Elrien Scheepers (foto: Hanneri de Wet)

  • De Wet Hugo

Kies-jou-avontuur 2: Die gevaarlikste boek op aarde  deur De Wet Hugo. ? Hy beveel dus sy eie boek aan? Seker niks fout daarmee nie ...]  Ek is baie lief vir sprokies en dink hierdie storie is heerlik vir seuns én meisies van alle ouderdomme.

Spel deur Annerle Barnard. Ek lees dit tans en dink dis een van die oorspronklikste Afrikaanse tienerboeke wat ek in 'n lang tyd gelees het. Dit sal 'n heerlike leeservaring vir tienerseuns wees!

Maanlig-meermin deur Troula Goosen. Hierdie storie het my bekendgestel aan 'n Suid-Afrikaanse legende wat ek glad nie geken het nie. Die vermenging van genres – misterie, fantasie, volksverhale, romanse ens – maak dit een van my gunstelingboeke vir jong lesers.

Kinders van die gode: Die geheim van die bloedsteen deur Antoinette Venter. Vol humor en lekker kinkels! Dis die perfekte leesboek vir almal wat hou van 'n lekker fantasieverhaal vol verrassings.

The Bernadette Watts Collection. Tydens my kleuterjare het Tafelberg vertalings deur Linda Rode van Bernadette Watts se prenteboeke uitgegee. Ek het 'n paar besit en die illustrasies het my weggevoer na 'n wêreld waar ek met my hele hart wou gaan bly! Toe ek onlangs al haar prenteboeke in een dik bundel ontdek, het ek dit dadelik bestel.

  • Elizabeth Wasserman

Ontsluit ’n groter wêreld vir die kinders in jou lewe met ’n boek vol kennis, pret en avontuur. Hierdie boeke is geskik vir kinders tussen ses en twaalf jaar, en kan met die hele gesin gedeel word. Hou hulle aan die lees met een boek, of selfs twee.

Waar kom ons vandaan? deur Andreas en Schalk Engelbrecht

Hierdie boek is ’n reis deur die tyd en beskryf die pad wat ons geloop het van die ontstaan van die mensdom tot vandag. ’n Moet-lees vir die slim kind.

Raak handig met klippe en minerale! en Raak handig met fossiele! deur Alix Wood, vertaal deur Elizabeth Wasserman

Hierdie boeke verduidelik stap vir stap hoe geoloë en paleontoloë te werk gaan om die geheime van die aarde en oergediertes te ontsluit. Dit wys ook hoe om jou eie klipversameling te bou en self ’n fossieljagter te word.

Hoekom nie? deur Crispin Boyer, vertaal deur Elizabeth Wasserman

’n Lekker vet boek vol feite en foto’s van allerhande interessante antwoorde op al daardie vrae wat nuuskiere agies gedurig vra.

Die boosaardige broers Botha en Die skandalige susters Smit deur Adeline Radlof en Alex van Houwelingen

Twee kleurvol-geïllustreerde maltrap-avonture vir seuns en dogters.

Die avonture van Speurhond Willem deur Elizabeth Wasserman, illustrasies deur Chris Venter

Reis saam met die wonderbaarlike speurhond na vreemde lande, en selfs die ruimte! Die eerste ses avonture is nou in twee omnibusse saamgevat. Ure se pret vir voorlees en selflees.

  • Kobus Geldenhuys

Vir die kleintjies:

My gunsteling-dierestories / My gunsteling-slaaptydstories

Bekende en geliefde sprokies soos “Rooikappie” en “Die lelike eendjie” in speelse rym oorvertel, met pragtige volbladillustrasies. Dit sal ouers en versorgers ook groot vreugde verskaf om die sprokies in hierdie vorm vir kleintjies voor te lees.

Die seerowers en die grot vol goud

’n Heerlike aksieverhaal oor ’n seerowerseun, Basjan, se avonture saam met sy ouers, sy beste maat, Matilda, en sy brakkie Bene. Prettige illustrasies en propvol vreemde karakters, in hierdie geval onder andere drie hekse. Dis die tweede boek in die reeks, in maklik leesbare taal wat toeganklik vir eerste lesers is.

Hondman op hol

Die tweede boek in hierdie reeks volkleurstokiesprente is net so propvol avontuur en kinkels as die eerste een. Hondman kry hond se gedagte dat sy aartsvyand, Ramkat, weer aan die konkel is en bewys soos altyd dat hy superbrak is. Hierdie pittige boek is in kleur geïllustreer en sal oud en jonk laat glimlag.

Speurder Kwaaikofski, die boeliebom

Die gewilde baasspeurder is terug, en hierdie keer ondersoek hy ’n saak in sy eie klas. Hy maak soos gewoonlik ’n slim plan om die skuldiges aan die pen te laat ry, en dit alles terwyl hy aan sy geliefkoosde kougom kou. Nog ’n wenner onder beginnerlesers.

Die stoutste klas op aarde

’n Nuwe reeks wat laerskoolleerders baie sal geniet. Die 4B’s is ’n onhebbelike spulletjie en hulle skoolhoof, mevrou Brombom-Bredeboud, het nie ooghare vir hulle nie. Die kinders steur hulle nie aan haar nie; hulle is te besig om te kyk wie die Koekiekonings gaan wees en die Wys-en-vertel gaan wen. ’n Grappige en maklik leesbare boek!

 

The post Boeke vir die Kerskous: Vyf boeke, vyf skrywers appeared first on LitNet.

Die Desember van die neefs

$
0
0

Foto: Pixabay

Daar was al soveel Desembers in my lewe. Nege-en-vyftig om presies te wees. Die meeste daarvan het verdwyn in die woestynlandskap van die verlede. As ek oor my skouer kyk, sien ek hier en daar ’n duin: ’n nag op die strand by Boggomsbaai, jare se son, branders en vrugtekoek.

.......

Maar daar is een Desember wat my helder bybly. Ek was op skool. Vir eens het ons nie weggegaan nie. Dit het die hele maand gereën; sagte, deurdringende reën. My twee ouer neefs het kom kuier voordat hulle by Tukkies sou begin studeer. Die jongste het pas ’n jaar as stoker gewerk om geld te spaar. Hulle kinderdae was nie ’n piekniek nie.

........

Maar daar is een Desember wat my helder bybly. Ek was op skool. Vir eens het ons nie weggegaan nie. Dit het die hele maand gereën; sagte, deurdringende reën. My twee ouer neefs het kom kuier voordat hulle by Tukkies sou begin studeer. Die jongste het pas ’n jaar as stoker gewerk om geld te spaar. Hulle kinderdae was nie ’n piekniek nie.

Hul ma was my ma se suster Hermien, een van daardie vroue wat verlore is op die aarde. Sy was beeldskoon en het ’n liefdesteleurstelling gehad, waarna sy met hul pa getrou het – ’n psigopaat (so is daar in die familie gefluister) met ’n Ierse van. Sy het hom uitgeskop toe die seuns nog klein was. Hy het verdwyn en niemand het weer van hom gehoor nie.

Hermien het hard gewerk en die seuns streng grootgemaak. Sy het lank saam met ’n vrou gewoon, wat uitermate streng met die seuns was. Hulle het my een keer vertel hoe Marinda, toe hulle stout was, hul Kersgeskenke vir arm kindertjies gaan gee het. Die familie het oor daardie vriendskap ook gefluister, maar Marinda is later met ’n man getroud. Hermien het toenemend tragies gelyk, met haar bleek skoonheid soos fyn linne wat net effens kreukel, met haar dramatiese aard en ’n toenemende afhanklikheid van susmiddels. Sy was by die huis, maar die ligte was afgeskakel.

Die seuns het van jongs af gewerk. Hulle het iets van hulself gemaak. Maar toe was hulle nog op die drumpel van hul grootmenslewe. Willie, die oudste, was amper belaglik handsome soos ’n outydse moviester: lank, donker en dodelik aantreklik. Henk het soos ’n alien gelyk, soos sommige in ons familie: amper-Oosterse oë, hoë-hoë voorkop, vol mond. Hy het altyd deur die mis en half aan die slaap gelyk. Willie het vertel wanneer hulle (gereeld) by ’n nuwe skool ingeval het, het almal aanvanklik gedink Henk is ligweg gestrem. Tot hulle uitvind hy is briljant en presteer sonder om ooit op te let.

Henk was my held. Hy was vir my cooler as Bob Dylan, as enige rockster. Skaars en onafhanklik soos ’n kat het hy alles moeiteloos laat lyk. Hy was nie so ooglopend aantreklik soos sy broer nie, maar broeiend soos iemand in ’n kunsfilm. Hy het toe al lank straf gerook en sy stem was skor. Hy het min gepraat en alles wat hy sê het diep en raak geklink. Hy was elegant en het gevaarlik gelyk, soos ’n bergleeu in ’n kou.

Hy het my een keer, toe hulle uitgaan, gevra om sy jeans te stryk. Hy was altyd beleefd. Ek het nog nooit juis gestryk nie, maar het iets onthou van ’n platplooi voor. Toe stryk ek met groot moeite nie een nie, maar twee prominente platplooie voor op elke pyp van sy jeans. Hy was vir ’n oomblik stil toe hy die resultaat gadeslaan, toe knik hy. Cool, dit lyk verdienstelik.

Hulle besoek was nie sonder nagevolge nie. Êrens in die heelal het domino’s begin tuimel. Willie het ons (bitter aantreklike) buurseun se verloofde afgevry, of eerder iets met haar aangeknoop en toe wou die buurseun haar nie terugneem nie, tot sy skade. Dit het die hele loop van sy lewe verander. Van ’n paar lewens.

.......

Die klankbaan van daardie Desember was Simon & Garfunkel. Die broers het ons gesin se karige plateversameling deurgekyk (ek en my broers het nog nie self plate gekoop nie) en daardie een ’n knik van goedkeuring gegee.

........

Die klankbaan van daardie Desember was Simon & Garfunkel. Die broers het ons gesin se karige plateversameling deurgekyk (ek en my broers het nog nie self plate gekoop nie) en daardie een ’n knik van goedkeuring gegee. Ons het dit oor en oor gespeel. “Bridge over troubled water”. “The sound of silence”. “I am a rock”. “The boxer”. “Kathy’s song” (I hear the drizzle of the rain / Like a memory it falls / Soft and warm, continuing / Tapping on my roof and walls”). Terwyl dit aanhou reën en die kaggelvuur knetter. Willie was ’n ekstrovert wat graag gesels het, maar Henk se neus was maar altyd in ’n dik, beduimelde boek. Soms het hy norserig kitaar gespeel en rockballades in ’n soet, hees stem gesing. Hy was te cool om die woorde te ken.

Willie het later meer as een doktorsgraad verwerf en was ’n dosent. Henk was ’n suksesvolle prokureur. Ek neem aan hulle het al afgetree, want hulle is ten minste tien jaar ouer as ek. Ek het nie meer veel kontak met hulle nie. Vir Willie het ek as Facebook-vriend afgeskop omdat hy op alles, selfs ’n foto van my kat, die volgende kommentaar gelewer het: “Die skepping is lieflik en uitnemend, prys die naam van Jesus.” Henk was nooit familievas nie. Maar ek onthou hulle daardie Desember.

Wil jy weet van hul ma, Hermien, se liefdesteleurstelling? Sy was dolverlief op Toemie, ’n jong geoloog, en hulle het op trou gestaan toe sy hom aan haar suster Sarie, pas terug uit die buiteland, voorstel. Sarie het geskitter of lig weerkaats soos kristal. Sy was ’n operasangeres wat tot in Wene gesing het. Sy was die familie se oogappel. Toemie en Sarie is getroud en het in Australië gaan woon. Daar het sy eendag op straat, bitter jonk, ’n hartaanval gehad en is oorlede.

Hy en hul seuntjie het teruggekom en in die destydse Suidwes het ’n kwaai Duitse vrou hom vir haarself ingepalm. Hulle is getroud. Hy was ongelukkig. Hy het weer uitgereik na Hermien, maar sy het gesê nee dankie, sy bou nie haar geluk op ’n ander se ongeluk nie. Sy is jare later nog een maal getroud met ’n maer, nerveuse kaartman wat te dikwels geglimlag het, met skitterwit kunstande soos ’n tweedehandsemotorhandelaar. Maar eers toe die seuns al uit die huis was.

.......

Dis daardie dae en ure wat ’n mens vorm; stil Desembers voor die kaggel, Simon & Garfunkel se klanke, Henk se skor hoes, bladsye wat omgeblaai word, reën wat ritsel in die blare.

........

Dis daardie dae en ure wat ’n mens vorm; stil Desembers voor die kaggel, Simon & Garfunkel se klanke, Henk se skor hoes, bladsye wat omgeblaai word, reën wat ritsel in die blare.

Vyftig jaar later is die herinnering nog vars, soos ’n nuwe blaar: “And as I watch the drops of rain / Weave their weary paths and die / I know that I am like the rain / There but for the grace of you, go I.”

The post Die Desember van die neefs appeared first on LitNet.

Full particulars podcast: Orality and the novel, Zakes Mda’s The Wayfarers' Hymns

$
0
0

Picture of Zakes Mda (top, left: YouTube; picture of David Attwell (bottom, left): provided

In this, the fifth episode of his monthly podcast series, David Attwell talks to Zakes Mda about his latest, and possibly his last, novel. 

Credit: Music by Darius Brubeck: “Tugela Rail”, published by Valentine Music / SAMRO.

Also read:

Full particulars: Where in the world is the South?

Full particulars podcast: Nostalgia for the future – writing crime in a time of state capture

Full particulars: Confessional fiction for a desolate age

Full particulars: A podcast on historical fiction – David Attwell in conversation with Zoë Wicomb and Andrew van der Vlies

The post Full particulars podcast: Orality and the novel, Zakes Mda’s <em>The Wayfarers' Hymns</em> appeared first on LitNet.

Suidoosterfees | Nuwe direksielede | New board members

$
0
0
Marianne Thamm en Dimitri Jacobs verkies tot Suidoosterfees-direksie

Die bekroonde joernalis en skrywer, Marianne Thamm, en Dimitri Jacobs, Direkteur: menslike hulpbronne van Two-a-Day in Grabouw, is pas as nuwe direksielede van die Suidoosterfees aangestel.

Prof. Brian Figaji, voorsitter van die fees se direksie, verwelkom dié aanstellings in ’n tyd van voortdurende veranderinge in die kunsteomgewing. “Ons sien uit na die vaardighede wat die nuwe lede tot die feesopset bring.”

Marianne Thamm is reeds meer as 40 jaar aktief in die joernalistieke arena in Suid-Afrika. Sy is die assistent-redakteur van Daily Maverick en het verskeie kere op die paneel van die Fleur du Cap-toekenningskomitee gedien. Sy is passievol oor veeltaligheid en beskryf haarself as ’n “gulsige verbruiker” van onder andere die kunste, fotografie, dans, teater en televisie. Verskeie boeke het uit haar pen verskyn, onder meer die memoire Hitler, Verwoerd, Mandela en ek; The Last Right – Craig Schonegevel’s struggle to live and die with dignity; en To Catch A Cop – The Paul O’Sullivan Story.

Dimitri Jacobs

Dimitri Jacobs is in diens van Two-a-Day in Grabouw, en hy is ook ’n nie-uitvoerende direkteur van 12 ander maatskappye, waaronder Elgin Waste Management, Grabouw Skills Centre en Tru Cape Fruit Marketing. Dimitri het met sy kundigheid al enorme bydraes aan die Grabouw-gemeenskap gelewer, en hy is onder meer betrokke by Kindersorg Suid-Afrika se tak in dié Wes-Kaapse dorp.

“Dit is vir my ’n absolute voorreg en eer om deel te vorm van ’n direksie in beheer van een van die belangrikste feeste in Suid-Afrika,” sê Dimitri. “My agtergrond is hoofsaaklik in die landbou, produkvervaardiging en sosiale industrieë, en ek sien baie daarna uit om my ondervinding toe te pas binne die kunste-industrie.”


Marianne Thamm and Dimitri Jacobs appointed to Suidoosterfees board

The celebrated journalist and author Marianne Thamm and Dimitri Jacobs, Group Human Resources Director of Two-a-Day in Grabouw, had been appointed as board members of the Suidoosterfees.

Prof. Brian Figaji, chairman of the festival’s board, welcomed the appointments at a time the arts industry faces continuous challenges. “We look forward to the contribution that the new members’ skills will bring to the festival landscape.”

Marianne Thamm has more than 40 years’ experience as a journalist in South Africa. She is assistant editor of Daily Maverick and has served on the panel of the Fleur du Cap Awards. Thamm is passionate about multilingualism and describes herself as a “greedy consumer” of the arts, photography, dance, theatre and television. She authored several books, including the memoir Hitler, Verwoerd, Mandela and me; The Last Right – Craig Schonegevel’s struggle to live and die with dignity; and To Catch a Cop – The Paul O’Sullivan Story.

Dimitri Jacobs works at Two-a-Day in Grabouw, and he serves as non-executive director of 12 other companies, including Elgin Waste Management, Grabouw Skills Centre and Tru Cape Fruit Marketing. With his knowledge and skills Dimitri has made valuable contributions to the community of Grabouw, where he serves as vice-chairman of Child Welfare South Africa’s branch.

“It is a privilege to be a board member of one of the country’s most important festivals,” Dimitri said. “I am active in the fields of agriculture, product manufacturing and social industries, and I look forward to apply my skills and experience to the benefit of the arts industry.”

The post Suidoosterfees | Nuwe direksielede | New board members appeared first on LitNet.


#ReadingAfrica | The children’s literature panel

$
0
0

How do we represent Africa as a multicultural, multifaceted continent to our readers? How do we embrace diversity in early readers for Africa’s kids? And how do we market our wonderful African stories to a Eurocentric world?

In this Zoom discussion five experts explained how to open doors to the rest of the world and how to be proudly African in our offering.

Click this link to see some of the work done by the panellists, who between them have worked in many countries on the continent.

See also:

#ReadingAfrica | The comics panel

Wat lees jy vir #ReadingAfrica-week?

Join us for our fifth annual #ReadingAfrica Week celebration

The post #ReadingAfrica | The children’s literature panel appeared first on LitNet.

LitNet: Ons wenner-navorsers

Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds nog twee vertalings van Afrikaanse romans

$
0
0

Ná oorweging van die aansoeke wat teen die November-sperdatum ingedien is, kondig PEN Afrikaans met trots aan dat die volgende twee vertalings deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word:

  • ’n Franse vertaling van Die hemeltuin deur Karel Schoeman
  • ’n Albaniese vertaling van Donker spoor deur Martin Steyn

Lesers van Frans kan daarna uitsien om Pierre-Marie Finkelstein se vertaling van Die hemeltuin deur Karel Schoeman in 2023 op die winkelrakke te sien. Finkelstein is ’n ervare en bekroonde literêre vertaler van onder meer werke deur Nathan Trantraal, Ronelda Kamfer, Marlene van Niekerk en Ingrid Winterbach. Hy het ook al verskeie Schoeman-titels vertaal en is een van die min Franse vertalers wat direk uit die Afrikaanse bronteks werk.

Actes Sud, die uitgewer wat die vertaalregte aangeskaf het, is ’n gerekende en gevestigde uitgewery wat groot skrywers uit die wêreldletterkunde op hul lys het. Die uitgewery is in 1978 gestig en het hulself juis vanweë die fokus op vertaalde letterkunde onderskei en só gegroei en uitgebrei.

Die hemeltuin het oorspronklik in 1979 by Human & Rousseau verskyn. In Die geskiedenis van die Afrikaanse letterkunde meld J.C. Kannemeyer dat Schoeman daarin slaag om met Die hemeltuin een van sy beste werke te lewer, deur “die fyn organisasie, sensitiewe karaktertekening en die kuns van suggestie.” Ook J.P. Smuts meld in sy resensie van die roman dat dit een van die beste werke in Schoeman se oeuvre is.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds het voorheen ook ’n Nederlandse vertaling van Die hemeltuin ondersteun, wat intussen by Uitgeverij Aldo Manuzio die lig gesien het.

Vir die eerste keer sedert die totstandkoming van die PEN Afrikaans Vertaalfonds, sal ’n vertaling na Albanies ook gefinansier word.

Donker spoor, die debuutroman van gevierde spanningskrywer Martin Steyn, sal in Albaniese vertaling deur Ombra GVG, een van Albanië se voorste uitgewerye, uitgegee word.

Donker spoor het al in Engelse en Turkse vertaling verskyn. Dit is oorspronklik in 2014 gepubliseer (LAPA) en met dié “stewige en oorspronklike debuut” het Martin Steyn ’n naam geraak om dop te hou in die misdaadspanningsgenre, sê Riaan Grobler in sy resensie. In sy lowende bespreking van die roman sê Jonathan Amid “Steyn het hier iets geskep wat die leser lank sal bybly.” In 2015 kry Steyn die ATKV-Woordveertjie vir Spanningslektuur vir dié roman en in 2018 is die Engelstalige uitgawe in die VSA  met ’n Kirkus Star Review vereer.

Die beoogde publikasiedatum van die Albaniese uitgawe is Mei 2022. Dit sal in Albanië, Kosovo en Noord-Masedonië versprei word en die vertaler is Elvi Proko.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak deur die toekenning van vertaalsubsidies aan buitelandse uitgewers wat suksesvol daarvoor aansoek doen. Die fonds bestaan te danke aan die ruim ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys.

Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: https://penafrikaans.org.za/pen-afrikaans-vertaalfonds/.

The post Persverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds nog twee vertalings van Afrikaanse romans appeared first on LitNet.

Press release: Announcing PEN South Africa’s The Empty Chair podcast season two

$
0
0
A transatlantic conversation

PEN South Africa is excited to announce a new six-episode season of The Empty Chair podcast. You can listen to the trailer for Season Two here. Episode one will be available from 9 December on www.pensouthafrica.co.za or wherever you get your podcasts.

The first season of the enthusiastically-received podcast, “The Empty Chair by PEN SA” was completed in June of this year. It focused on freedom of expression,  writing, constitutional rights and journalism during the Covid-19 Pandemic and is available on Apple podcasts, Spotify, Anchor FM and the PEN SA website.

Here is a sample of some of the responses on Twitter to The Empty Chair Season One:

  • Finding Africa: Interdisciplinary PoCo African Studies @findingafrica: “The Empty Chair podcasts from @pen_southafrica are a must-listen” (12 June 2021).
  • Rustum Kozain @grondwerk: “This was well worth it: Bongani Kona and Hedley Twidle discussing THE PLAGUE” (12 June 2021).
  • Zubeida Jaffer @zubeidajaffer: “So proud to present my podcast with @Sisonkemsimang and @pen_southafrica that was recorded a few weeks back. Cannot wait to work more with them in the future.” (10 June 2021).
  • Nadia Davids @NadiaDavids9: “Our latest episode, ‘Reading The Plague’, is now live and it’s a beauty! Brilliant literary analysis, historical commentary, and how books speak to us across time and space, all converge in this conversation btwn Bongani Kona and Hedley Twidle” (27 May 2021).
  • Oxford Human Rights Hub @OxHRH: “Research Director and UCT Lecturer, @nomfundo_ram, gives a thoughtful analysis on The Empty Chair on how COVID regulations in SA are re-entrenching disadvantage against poor, Black communities and ends with an inspiring plea to stand up for oppressed peoples everywhere!” (17 May 2021).
  • Elisha Kunena @Eli_Kunene: “PEN SA is hosting a really important series of conversations in solidarity with imprisoned and persecuted writers around the world. I was fortunate to participate in a conversation about our covid lockdown with two of my favourite voices on South African law. Please listen!” (13 May 2021).
  • Khadija Patel @khadijapatel: “I so enjoyed chatting to these brilliant women. Listen to our podcast!” (29 April 2021).
  • Mia Malan @miamalan: “I loved @khadijapatel and @agirliesgirl ideas about how to get around the challenges news organisations are facing. Have a listen, and thank you @pen_southafrica for hosting this discussion.” (29 April 2021).
  • Nduko o’Matigere @ndukoomatigere: “#BigUp  @pen_southafrica for these powerful voices of solidarity and hope” (29 April 2021)

The second season, “The Empty Chair: A Transatlantic Conversation”, is another enticing, exciting programme, this time featuring conversations among novelists, poets, theatre makers, artists, musicians, activists, journalists, legal scholars, academics and historians based in South Africa and the United States of America. Through these conversations PEN SA hopes to promote open dialogue, highlight shared histories, explore issues of social justice, of freedom of expression in art and in life, moments of solidarity, of difference, our difficult pasts, uncertain presents, and possible futures.

There is a brilliant line-up of six riveting episodes for season two. Guests include the inspiring and deeply wise Dr Ma Thida, a medical doctor, writer, human rights activist, former prisoner of conscience and chair of PEN International’s Writers in Prison Committee. Ma Thida will be in conversation with the President of PEN South Africa, Nadia Davids, for episode one, which will be available from Thursday 9 December.

The remaining five episodes will focus on the transatlantic legacy of Charlotte Maxeke and Wilberforce University, environmental journalism, theatre for social justice as well as interviews with inventive and award-winning writers and poets.

Tune in to “The Empty Chair by PEN SA” to listen to the insights of Nadia Davids, Ma Thida, Sisonke Msimang, Athambile Masola, Adanma Mbonu, Buhle Ngaba, Bongani Kona, Tope Folarin, Yvette Hardie, Mina Lora, Mandla Mbothwe, Leonie Joubert, Debra Utacia Krol, Tunicia Phillips, Esther Belin and Toni Giselle Stuart.

Every year, on the fifteenth of November, PEN marks the Day of the Imprisoned Writer, and at each event there is an unoccupied chair. This chair symbolizes those who cannot be with us because they have been jailed for their writings and it is from this symbol that the podcast takes its name. In keeping with the focus on social justice, each of the six episodes is dedicated to a writer in prison or a writer who has been curtailed, harassed, detained or tortured by the state. All podcast guests will offer messages of solidarity to these imprisoned writers and encourage listeners to take action in support of them.

Follow @pen_southafrica on Twitter and subscribe to “The Empty Chair by PEN SA” on Spotify or Apple Podcasts so you don’t miss this season of The Empty Chair.

The post Press release: Announcing PEN South Africa’s The Empty Chair podcast season two appeared first on LitNet.

Persvrystelling | Press release: 23 Skrywers in US Woordfeeskortverhaalbundel 2022 | 23 writers in the SU Woordfees 2022 Short Story Anthology

$
0
0

https://www.woordfees.co.za/afr/nuusmedia/die-wenners-van-die-us-woordfeeskortverhaalkompetisie-is/

Persvrystelling: Hierdie skrywers het die US Woordfeeskortverhaalbundel 2022 gehaal

Drie-en-twintig verhale is gekies vir publikasie in die nuwe US Woordfeeskortverhaalbundel. Dié kortverhaalbundel, wat sedert 2016 jaarliks gepubliseer word, se titel is altyd dieselfde as die feestema, maar omdat die feesdatums vir 2022 as gevolg van die Covid-pandemie nog nie gefinaliseer is nie, sal die feestema, en daarmee ook die titel van die bundel, eers volgende jaar bekend gemaak word.

Die wenner, wat by die bundelbekendstelling gedurende die 2022-fees aangekondig sal word, wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne. Elke ander skrywer wat in dié bundel opgeneem word, ontvang prysgeld van R5 000.

“Sewe jaar ná die kompetisie ingestel is, bly dit nog steeds vir die beoordelaarspan soos ’n verrassingspakkie om te sien waarmee die skrywers vorendag gekom het. En vanjaar se oes het weer eens nie teleurgestel nie. Dis ook die eerste jaar waar daar beduidend meer nuwe stemme is wat die bundel gehaal het as dié wat reeds voorheen opgeneem is: veertien teenoor nege. Baie geluk aan een en almal van julle!” sê Suzette Kotzé-Myburgh, wat sedert 2016 die sameroeper van die beoordelaarspaneel is.

Die ander twee beoordelaars was Valda Jansen en Marius Swart.

Saartjie Botha, direkteur van die Toyota US Woordfees, is opgewonde oor die volgehoue belangstelling in die feesbundel: “Ons het vanjaar 366 inskrywings ontvang – die meeste tot nog toe. Dis bemoedigend dat skrywers steeds skep in ‘n tyd waar dit met die kunste swaar gaan. ’n Mens besef opnuut dat die US Woordfeeskortverhaalbundel ’n warm en kosbare uitnodiging tot verdere nadenke en gesprek is. Ons sien uit daarna om hierdie skrywers by die volgende Woordfees te verwelkom. Ons hoop om binnekort ons feesplanne vir 2022 bekend te maak.”

Ed Beukes, woordvoerder van Du Toitskloof Wyne, sê stories is veral belangrik in uitdagende tye: “Nuwe stories bly relevant – veral in die vreemde en uitgerekte Covid-19-era waarin ons onsself steeds bevind. Nuwe stories bied nie net ontsnapping of inspirasie vir lesers nie, maar konfronteer ons ook met die harde werklikhede wat ons soms laat koes of ons kies om te ignoreer. Daarom met oop hart, oop kop (en dalk ook oop bottel) vir die woorde wat soms moeilik is om af te sluk, sien ons vreeslik baie uit na al die nuwe stories wat opnuut die gesprekke om die tafel sal laat opflikker, persepsies gaan uitdaag en ons ook tot nuwe insigte kan lei.”

Die lys van skrywers wat in die 2022 US Woordfees Kortverhaalbundel opgeneem word, in alfabetiese volgorde, is:

  1. Antoinette Diedericks
  2. Ryno Eksteen
  3. Ilne Fourie
  4. Sidney Gilroy
  5. Donovan Greeff
  6. Helena Gunter
  7. Cudi Harmse
  8. Louis Jansen van Vuuren
  9. Lynthia Julius
  10. Keith Lewis
  11. Cecilia Lombard
  12. Hannes Loubser
  13. Michèle Meyer
  14. Cliffordene Norton
  15. Ryan Pedro
  16. Ilse Schoonwinkel Pauw
  17. Deborah Steinmair
  18. Douw Steyn
  19. Marie Toerien
  20. Nadia van Zyl
  21. Dineke Volschenk
  22. Madeleen Welman
  23. Lloyd Zandberg

Vir meer inligting oor die US Woordfeeskortverhaalbundel, sien: https://www.woordfees.co.za/woordfeeskortverhaalbundel/

Die feesdatums vir die 2022 Toyota US Woordfees sal in Januarie aangekondig word.


Press Release: These are the writers that made it into the SU Woordfees 2022 Short Story Anthology

Twenty-three stories were chosen for publication in the new SU Woordfees Short Story Anthology. This collection, which has been published annually since 2016, usually carries the same title as the festival theme. However, since the festival dates for 2022 are still uncertain as a result of the pandemic, both the festival theme and the title of the collection will only be announced next year.

The winner will be announced during the 2022 festival and will walk away with a prize of R30 000 sponsored by Du Toitskloof Wines. All other writers included in this collection will receive a prize of R5 000.

“It has been seven years since this competition started, and the judges still find it a lovely surprise to see what writers present each year. And, once again, we were not disappointed. This is also the first year in which the number of new voices significantly outnumbered the more established writers:  fourteen vs nine. Congratulations to everyone!” commented Suzette Kotze Myburgh, who since 2016 has been the convenor of the selection panel. 

The other two panel members are Valda Jansen and Marius Swart.

Saartjie Botha, director of the Toyota SU Woordfees, is excited about the sustained interest that this festival collection generates: “We received 366 submissions this year – the highest number yet. It is encouraging that writers are still creating in a time when the arts are struggling. It reminds us once again that the SU Woordfees Short Story Anthology is a warm and invaluable invitation to further engagement. We are looking forward to welcoming these writers at the next Woordfees. We hope to announce our festival plans for 2022 shortly.”

Ed Beukes, spokesperson for Du Toitskloof Wines, says that stories have special importance in challenging times: “New stories remain relevant – particularly in the strange and extended Covid-19 era in which we find ourselves. New stories do not only provide an escape or serve as inspiration for readers, but also allow us to confront the hard reality that we sometimes try to avoid or choose to ignore. Therefore, it is with open hearts and minds (and perhaps an open bottle) that we embrace these stories and the truths that they bring, even though they may not always be easy to swallow. We are looking forward to all the new stories, the sparkling discussions that they will generate, the perceptions that they will challenge and the new insights to which they will lead us.”

The writers included in the 2022 SU Woordfees Short Story Anthology are – in alphabetical order:

  1. Antoinette Diedericks
  2. Ryno Eksteen
  3. Ilne Fourie
  4. Sidney Gilroy
  5. Donovan Greeff
  6. Helena Gunter
  7. Cudi Harmse
  8. Louis Jansen van Vuuren
  9. Lynthia Julius
  10. Keith Lewis
  11. Cecilia Lombard
  12. Hannes Loubser
  13. Michèle Meyer
  14. Cliffordene Norton
  15. Ryan Pedro
  16. Ilse Schoonwinkel Pauw
  17. Deborah Steinmair
  18. Douw Steyn
  19. Marie Toerien
  20. Nadia van Zyl
  21. Dineke Volschenk
  22. Madeleen Welman
  23. Lloyd Zandberg

The festival dates for the 2022 Toyota SU Woordfees will be announced in January.

 

The post Persvrystelling | Press release: 23 Skrywers in US Woordfeeskortverhaalbundel 2022 | 23 writers in the SU Woordfees 2022 Short Story Anthology appeared first on LitNet.

Viewing all 21643 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>