Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22066 articles
Browse latest View live

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in November 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is. 

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 November

Resensie: Besinnend, meditatief, woedend en liries...

Joan Hambidge resenseer ’n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog, saamgestel deur Karen de Wet

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/besinnend-meditatief-woedend-en-liries-20201101

 

Boekevat: Oordeel oor Haarhoff te dik vir ’n daalder

’n Rubriek deur Jean Meiring

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boekevat-oordeel-oor-haarhoff-te-dik-vir-n-daalder-20201102

 

3 November

Profiel: Marais keer terug na jeugtyd met sy poësie

AJ Opperman skryf oor die digter Johann Lodewyk Marais en sy twee nuwe digbundels

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/marais-keer-terug-na-jeugtyd-met-sy-poesie-20201103

 

4 November

Boekenuus: Kry jou jeugroman reg vir Lapa se kompetisie

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/kry-jou-jeugroman-reg-vir-lapa-se-kompetisie-20201104

 

5 November

Profiel: Meyer het "moeilike jaar" voorsien toe hy Donkerdrif aanpak

AJ Opperman skryf oor Deon Meyer en sy nuwe boek

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/meyer-het-moeilike-jaar-voorsien-toe-hy-donkderdrif-aanpak-20201105

 

6 November

Profiel: Deon Meyer: "Ek weeg nog elke woord"

"Donkerder kan dit nie in Deon Meyer se jongste roman, Donkerdrif nie," skryf Mariana Malan

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/deon-meyer-ek-weeg-nog-elke-woord-20201103

 

7 November

Profiel: Sy hou aan skryf tot die storie klaar is

Elretha Britz in gesprek met die skrywer Dibi Breytenbach

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/sy-hou-aan-skryf-tot-die-storie-klaar-is-20201105

 

Nuus: Blind SA gaan betoog oor "boek-hongersnood"

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/blind-sa-gaan-betoog-oor-boek-hongersnood-20201106

 

Profiel: Daniel Hugo: ’n Dag sonder poësie bestaan nie

Die digter Daniel Hugo word by Tuin van Digters gehuldig. Hy gesels met AJ Opperman oor sy werk en lewe en sê ’n dag sonder poësie bestaan nie vir hom nie.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/daniel-hugo-n-dag-sonder-poesie-bestaan-nie-20201106

 

8 November

Boekenuus: Nuwe roman op RSG voorgelees

Draairivier, Engela Ovies se debuutroman, word op RSG voorgelees.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuwe-roman-op-rsg-voorgelees-20201108

 

Boekenuus: Joubert, Albertyn-du Toit wen letterkundepryse

Die digter Marlise Joubert en die skrywer Lize Albertyn-du Toit het elkeen ’n Suid-Afrikaanse Letterkundeprys (Sala) gekry.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/joubert-albertyn-du-toit-wen-letterkundepryse-20201108

 

9 November

Resensie: ’n Paar nuwe vrae plaas Hugenote in konteks in die Kaap

Fransjohan Pretorius bespreek Hugenote aan die Kaap deur Philippa van Aardt en Elaine Ridge

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-paar-nuwe-vrae-plaas-hugenote-in-konteks-in-die-kaap-20201108

 

Resensie: ’n Gotiese roman wat nekhare sal laat rys

Sonja van der Westhuizen resenseer Bone China deur Laura Purcell

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-gotiese-roman-wat-nekhare-sal-laat-rys-20201108

 

Resensie: ’n Brose skepsel in konteks van die lewe

Rudolf Stehle bespreek Skepsel deur Willem Anker

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-brose-skepsel-in-konteks-van-die-lewe-20201108

 

Resensie: Deur dik en dun saam met Nataniël 

J.B. Roux resenseer Dik Dun Thick Thin deur Nataniël

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/deur-dik-en-dun-saam-met-nataniel-20201108

 

Tuin van Digters: ’n Soeke na sleutels

AJ Opperman skryf oor die digtersfees wat van 27 tot 29 November in Ellington plaasvind.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-soeke-na-sleutels-20201108

 

11 November

Podsending: Azille Coetzee praat met Marita van der Vyver

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/luister-azille-coetzee-praat-met-marita-van-der-vyver-20201110

 

13 November

Boekenuus: Simposium ter herdenking van Elsa Joubert gehou

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/simposium-ter-herdenking-van-elsa-joubert-gehou-20201113

 

14 November

Profiel: "Skokkend kontemporêr", Rabie in ’n eeu

AJ Opperman skryf oor die Sestiger-skrywer Jan Rabie, wat onlangs 100 sou word.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/skokkend-temporer-rabie-in-n-eeu-20201114

 

16 November

Resensie: Drieluik eindig met ’n knal eerder as ’n kreun

Jonathan Amid resenseer Stom gode deur Dibi Breytenbach

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/drieluik-eindig-met-n-knal-eerder-as-n-kreun-20201115

 

Profiel: Deon Meyer pak die Groot Dors, gierigheid

Jo Prins skryf oor Donkerdrif deur Deon Meyer

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/deon-meyer-pak-die-groot-dors-gierigheid-20201115

 

17 November

Boeke: Verstopte drein inspireer nuwe kinderboekreeks

Christiaan Boonzaaier skryf oor Jaco Jacobs se nuwe kinderboekreeks

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/verstopte-drein-inspireer-nuwe-kinderboekreeks-20201116

 

Podsending: Azille Coetzee praat met Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/luister-azille-coetzee-praat-met-ronelda-kamfer-en-nathan-trantaal-20201117

 

18 November

Boekenuus: 1ste Madibaland-boekfees begin Vrydag

AJ Opperman skryf oor dié aanlyn fees waarby plaaslike en internasionale skrywers betrokke is

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/1ste-madibaland-boekfees-begin-vrydag-20201117

 

19 November

Sterfteberig: Skrywer sterf dag ná verjaardag

Die skrywer Christine Barkhuizen-le Roux is ’n dag ná haar verjaardag oorlede.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/skrywer-sterf-op-haar-verjaardag-20201119

 

Boekenuus: ’n Boek vol humor om kleintjies se seer draagliker te maak

Elretha Britz skryf oor skrywer en sielkundige Ronél van der Watt se kinderboek

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-boek-vol-humor-om-kleintjies-se-seer-draaglik-te-maak-20201119

 

Boekenuus: Obama se boek laat rekords spat op eerste dag

https://www.netwerk24.com/Nuus/Wereld/obama-se-boek-laat-rekords-spat-op-1ste-dag-20201119

 

In memoriam: Barkhuizen-le Roux: ’n Dapper en deernisvolle skrywer

Huldiging van Christine Barkhuzen-le Roux

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/barkhuizen-le-roux-n-dapper-en-deernisvolle-skrywer-20201119

 

20 November

Boekenuus: Booker-wenner is 30 keer afgekeur

Die Skots-Amerikaanse skrywer Douglas Stuart is die wenner van die gesogte Booker-fiksieprys vir sy outobiografiese debuutroman, Shuggie Bain.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/booker-wenner-is-30-keer-afgekeur-20201120

 

22 November

Profiel: Dis nou ’n boek waaruit ’n kind kan leer

Oor Engela Duvenage en haar niefiksie-kinderboek

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dis-nou-n-boek-waaruit-n-kind-kan-leer-20201120

 

23 November

Resensie: Met die land op ’n naaldpunt

Francois Bekker resenseer Vermoedelik dood deur Johan Kruger

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/met-die-land-op-n-naaldpunt-20201122

 

Resensie: ’n Vergete, vervlietende tyd

Sonja van der Westhuizen resenseer A Theatre for Dreamers deur Polly Samson

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-vergete-vervlietende-tyd-20201122

 

Resensie: Debuut met "mixtape" kort ietwat meer oemf

Marius Crous resenseer pienk ceramic-hondjies deur Ryan Pedro

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/debuut-met-mixtape-kort-ietwat-meer-oemf-20201122

 

Boekevat: Wiel van geskiedenis rol onstuitbaar voort

’n Rubriek deur Daniel Hugo

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boekevat-wiel-van-geskiedenis-rol-onstuitbaar-voort-20201123

 

Boekenuus: Jou luisterboek vir Desember is...

Intekenare kan in Desember op Netwerk24 na Kinnes, die bekroonde novelle van Chase Rhys, luister.

 

24 November

Boeke: Thomas Pringle se lewe verken in Wicomb se "Still Life"

Oor Zoë Wicomb se roman Still Life

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/thomas-pringle-se-lewe-verken-in-wicomb-se-still-life-20201124

 

25 November

Podsending: Azille Coetzee praat met Mercy Kannemeyer

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/luister-azille-coetzee-praat-met-mercy-kannemeyer-20201125

 

26 November

Boekenuus: Deon Meyer se Prooi wen Sweedse prys

Die Sweedse vertaling van Prooi is aangewys as beste vertaalde misdaadroman.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/deon-meyer-se-prooi-wen-sweedse-prys-20201126

 

27 November

V&A: Op soek na die Groot Vrystaatse Roman

Francois Smith, Madré Marais en Anton Roodt beantwoord Cheréne Pienaar se vrae.

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/op-soek-na-die-groot-vrystaatse-roman-20201127

 

30 November

Resensie: Karsten dop krimi-reëls behoorlik op die kop

Thys Human resenseer Die versoeking van Thomas Maas deur Chris Karsten

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/karsten-dop-krimi-reels-behoorlik-op-die-kop-20201129

 

Resensie: ’n Prosagedig oor obsessie met die eindtye

Loftus Marais bespreek The Silence deur Don DeLillo

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-prosagedig-oor-obsessie-met-die-eindtye-20201129

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in November op LitNet verskyn:

Annelie Botes en Deborah Steinmair gesels oor Voetstoots

Beskut teen vrese deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Jeugboeke met Johannes: ’n Zoom-gesprek met Maretha Maartens

Beskut teen vrese: ’n onderhoud met Cas Vos

The book of joy en lewensvreugde: ’n tweegesprek tussen die Dalai Lama en Desmond Tutu

Agter die skerms met Barack Obama se megatreffer

Als is ’n f*kop: ’n gesprek met Tobi Jooste

"Om siele vir die Here te wen" – die pastorale rol in tye van kunsmatige intelligensie

Engela Duvenage, skrywer van Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika, ’n onderhoud

Verskeie voëls en Die 17de veer: ’n gesprek met Nanette van Rooyen

Feite en vyte, ’n resensie van Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika deur Engela Duvenage en Wetenskaap deur Leon de Villiers

Anton Goosen – Liedjieboer deur Hanlie Retief: ’n resensie

Wys my jou Waarheid met Lidia: ’n onderhoud met Ivor Swartz

Skepsel deur Willem Anker: ’n resensie

23-jarige student Joha van Dyk se debuutroman landswyd gepubliseer

Met die Vierkleur in Parys deur Renée Conradie: ’n onderhoud

Pharos-blokraaiwoordeboeke: ’n onderhoud vir blokraaiselliefhebbers

Donkerdrif deur Deon Meyer: ’n boekresensie

ATKV-Woordveertjiewenner Dina Botha: ’n Gesprek

Met die Vierkleur in Parys deur Renée Rautenbach Conradie: ’n resensie

ATKV-Woordveertjiewenner Chanette Paul: 'n onderhoud

Voëlvrou: ’n onderhoud met Marlize Hobbs

Dalk postmoderne Sprokiesland se voorland: Prinsesse se #wetoo-slagspreuk

 

Rapport

 

Die volgende resensies het gedurende November in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

 

1 November

 

Resensie: Gawie Botma resenseer So, For the Record: Behind the Headlines in an Era of State Capture deur Anton Harber

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/as-n-koerant-gekaap-word-20201031

 

Resensie: Hein Viljoen oor Die meeste sterre is lankal dood deur Johann de Lange

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-meesterkok-aan-die-werk-in-bundel-vol-inskaduwings-20201031

 

Resensie: Stille waters deur Juanita Aggenbach, geresenseer deur Nadine Petrick

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/onder-draai-die-hartseer-rond-20201031

 

Resensie: Schalk Schoombie resenseer Toekomsmens deur Isa Konrad

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/mens-en-masjien-stoei-in-die-distopie-20201031

 

8 November

 

Resensie: Jean Meiring resenseer Donkerdrif deur Deon Meyer

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/meyer-se-bielie-plant-n-barshou-20201106

 

Resensie: Amper Frans deur Louis Jansen Van Vuuren, bespreek deur Herman Lategan

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-sinne-oor-sy-lewensreis-koer-20201106

 

Resensie: Tobie Wiese resenseer Jesus vir almal deur Neels Jackson

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/een-kerk-twee-godsdienste-20201106

 

Resensie: Magdel Vorster resenseer vier avontuurverhale vir jonger lesers

  • Kies-jou-avontuur 1: Die gevaarlikste speletjie op aarde
  • Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf deur De Wet Hugo
  • Raaiselsee deur Troula Goosen
  • Wolk deur Hannes Barnard

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/avonture-op-papier-20201106

 

15 November

Resensie: Johann Kriegler resenseer The Lie of 1652: A decolonised history of land deur Patric Tariq Mellet

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/lees-die-radikale-blik-op-sa-verlede-20201113

 

Resensie: Louise Viljoen resenseer Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/baie-sal-aanklank-vind-by-oorrompelende-roman-20201113

 

Resensie: Branderjaer deur Joha van Dyk, geresenseer deur Magdel Vorster

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/branderjaer-tref-soos-n-tsoenami-20201113

 

Resensie: Jonathan Amid oor Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/distopie-gestroop-van-vet-en-oordaad-20201113

 

22 November

 

Resensie: Jean Meiring resenseer Skepsel deur Willem Anker

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jean-meiring-wat-bly-oor-van-die-mens-20201122

 

Resensie: Die Boek van Twee Weë deur Jodi Picoult, in Afrikaans vertaal deur Daniel Hugo, en geresenseer deur Juliana Coetzer

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/herontginning-van-verlore-geleenthede-20201120

 

Resensie: Nadine Petrick resenseer Mermaid Fillet deur Mia Arderne

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/rof-astrant-gewelddadig-en-morsig-20201120

 

Resensie: Jonathan Amid bespreek The Karen Book of Rules: Harness Your Inner Karen and Use Your Power for Good deur Karin Schimke en Karen Jeynes

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jy-gaan-hard-en-lelik-lag-20201120

 

29 November  

Resensie: Dik Dun Thick Thin deur Nataniël, geresenseer deur Sonja Loots

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nog-n-korrel-ryke-leesstof-20201127

 

Resensie: Hein Viljoen bespreek Duimnaelsketse deur Johann de Lange

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/die-waarheid-van-kwatryne-20201127  

 

Resensie: Rachelle Greeff oor So byna blou deur Emile Joubert

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/is-so-byna-blou-se-stories-satiries-20201127

 

Resensie: My mother, my madness deur Colleen Higgs, geresenseer deur Juliana Coetzer

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/dagboek-van-n-afskeid-20201129

 

Maroela Media

 

Die volgende resensies het gedurende November op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

 

5 November

Resensie: Offers vir die vlieë

Louise Viljoen resenseer Offers vir die vlieë deur Fanie Viljoen

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-offers-vir-die-vliee/

 

23 November

Resensie: Jan Braai: Braaibroodjies en burgers

Louise Viljoen resenseer Jan Braai: Braaibroodjies en burgers

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/resensie-jan-braai-braaibroodjies-en-burgers/

 

24 November

Resensie: Die koning se paddaboudjies

Louise Viljoen resenseer Die koning se paddaboudjies deur Janneke Schotveld (Vertaler: Jaco Jacobs)

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-die-koning-se-paddaboutjies/

 

25 November

Boek van die maand: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché

Lees Johan Myburg se bespreking hier

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boek-van-die-maand-aanspreeklikheid-deur-jaco-fouche/

 

30 November

Resensie: Die husse en die klein jakkalsies

Louise Viljoen resenseer Die husse en die klein jakkalsies deur Milan Murray, met illustrasies deur Marisa du Toit.

https://maroelamedia.co.za/afrikaans/boeke/boekresensie-die-husse-en-die-klein-jakkalsies/

 

Klyntji

 

Klyntji.com is ’n onafhanklike webjoernaal wat op kuns en kultuur fokus. Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende November onder redaksie van Francois Lion-Cachet verskyn:

 

Onderhoud: Mercy Kannemeyer in gesprek met Ryan Pedro oor pienk ceramic-hondjies   

https://klyntji.com/joernaal/2020/11/2/ryan-pedro-pienk-ceramic-hondjies  

 

Resensie: Ronelda S Kamfer se Chinatown tref jou met 'n vuilkyk

(deur Andréa Müller)

https://klyntji.com/joernaal/2020/11/8/ronelda-kamfer-chinatown

 

"Skrywers en boeke" (RSG)

 

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4793

 

Woensdag 4 November

 

Hennie Aucamp se naam word tradisioneel nie saam met die van ander Sestigers genoem nie, maar luister hoekom prof. Willie Burger hierdie akademikus, digter, skrywer en letterkundige beslis as Sestiger beskou. Jy kan ook luister na ’n hoorbeeld wat in 2008 gemaak is waarin van Aucamp se kollegas en vriende oor sy werk praat. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor die boek wat bekroon is met The Guardian se "Not the Booker Prize", en jy kan hoor wat Anna Burns, die wenner van die Dublin Internasionale Letterkundeprys, in haar aanvaardingstoespraak gesê het oor die rol wat biblioteke in haar lewe gespeel het.

 

Woensdag 11 November

 

Ilse Salzwedel gesels met Juanita Aggenbag oor haar roman Stille waters. Jy kan ook meer uitvind oor LAPA se jeugromankompetisie, die wenners van vanjaar se SALA-toekennings en nuwe spanningsromans vir jou kerslysie. Johan Myburg gesels in sy bydrae oor Roddy Doyle se nuwe roman, en bring hulde aan die Britse joernalis en skrywer Robert Fisk en die Amerikaanse digter en dramaturg, Diane de Prima, wat beide onlangs oorlede is.

 

Woensdag 18 November

 

Kan ’n mens Karel Schoeman se naam insluit by dié van die Sestigers? Hoor wat prof. Willie Burger hieroor sê. Jy kan ook luister na Karel Schoeman se aanvaardingstoespraak tydens die oorhandiging van die Hertzogprys in 1970. René van Rooyen vertel hoekom sy besluit het om ’n rolprent te maak van Dalene Matthee se roman Toorbos. Johan Myburg deel in sy insetsel nuus oor nuwe woorde wat ná 2020 in die Collins Dictionary gaan verskyn.

 

Woensdag 25 November

 

Luister na ’n argiefonderhoud met Christine Barkhuizen Le Roux, wat verlede week oorlede is. Ina Strydom gee haar mening oor Deon Meyer se Donkerdrif, en Johan Myburg vertel meer or die Bookerpryswenner, Douglas Stuart, wat ook voorlees uit sy wenboek Shuggie Bain. Vind meer uit oor die Tuin van Digters, asook die Arabies-Afrikaans-projek van die Afrikaanse Taalmonument.

 

"Vers en klank" (RSG)

 

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende November op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

https://www.rsg.co.za/rsg/potgooi-episode/?series=4896

 

Dinsdag 3 November

Erica Wessels lees gedigte voor uit Carina Stander se digbundels, Die vloedbos sal weer vlieg en Woud van nege-en-negentig vlerke. Joan Hambidge skryf: Hier is ’n digter wat eg metafories dig, suiwer is en op ’n eerlike wyse met die lewe en spiritualiteit in gesprek tree. Ons het ’n terugkeer na die eenvoudige, uitstulpende, bykans magiese vers.

 

Dinsdag 10 November

Die jong digter Ryan Pedro gesels oor sy debuutbundel, pienk ceramic-hondjies, wat pas verskyn het. Antjie Krog skryf: “’n Nuwe generasie aan die woord... weerloos en aangrypend.”

 

Dinsdag 17 November

Laurinda Hofmeyr, veral bekend vir haar toonsettings van gedigte, is by geleentheid “die wonderkind van toonsettings” genoem. Sy gesels oor haar proses, die gedigte wat haar inspireer en ons luister na ’n paar van haar mooiste toonsettings.

 

Dinsdag 24 November

Luister na gedigte en gesprekke met wyle George Weideman, digter, skrywer, akademikus en geliefde mens. Sy woorde hou aan om “doepa vir die droefte” te wees, en die onderhoudende manier waarop hy kon gesels en waarhede in storieformaat deel, is helend. Annalise Wiid, Helena Conradie en Francois le Roux (die HA!man) lees voor.

 

Woorde wat weeg

 

 Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

 

In November het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Skepsel deur Willem Anker: http://joanhambidge.blogspot.com/2020/11/resensie-willem-anker-skepsel.html

 

Versindaba

 

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

 

10 November

Joan Hambidge resenseer I wish I’d said … Vol. 3. ‘n Produk van die AVBOB-Poësieprojek. Johann de Lange & Goodenough Mashego (Reds.)

https://versindaba.co.za/2020/11/10/resensie-i-wish-id-said-vol-3/

 

11 November

Joanette van der Merwe resenseer ’n Bruin blaar tuimel deur Henriëtte van Wyk

https://versindaba.co.za/2020/11/11/resensie-n-bruin-blaar-tuimel-henriette-van-wyk/

 

18 November

Heilna du Plooy resenseer ’n Vry vrou: Gedigte van Antjie Krog

https://versindaba.co.za/2020/11/18/resensie-n-vry-vrou-antjie-krog/

 

Tydskrif vir Letterkunde

 

Tydskrif vir Letterkunde is ’n aanlyn akademiese joernaal wat twee maal per jaar verskyn en naas navorsingsartikels ook resensies insluit. Die resensies is ooptoegang en die PDF’s kan gratis afgelaai word.

Die tweede uitgawe van 2020 het in November verskyn en bevat die volgende Afrikaanse resensies:

 

 

 

 

 

 

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in November 2020 appeared first on LitNet.


Trinidad: ek kan niks belowe nie

$
0
0

Foto’s van naaimasjien en outydse klere: Pexels.com

My eerstejaarkamermaat was Trinnie. Dit was nommerpas; ons was albei koddig. Sy het van ’n plaas naby Standerton gekom en die wydsheid van die vlaktes, heuwels en plato’s was in haar rustige katoë. Sy het uitgestaan – sy was mollig, met aknee en ’n perm en sy het tuisgemaakte klere gedra. Ek het agtergekom hoe raar sy is toe sy ná ’n week van ontgroening vir my sê sy is nogal bekommerd, want sy het ’n kilogram gewig verloor.

Later het sy ’n boek aangeskaf met die titel Kul die kalorieë in Suidelike Afrika en net van slaai geleef. Sy het uiteindelik in ’n modieuse swaan verander, maar dit was ’n paar jaar later. Toe het sy Trinni geword en ’n bietjie soos Nastassja Kinski gelyk.

Haar familie behoort aan ’n rare sekte wat net in daardie deel van die wêreld voorkom, het mense wat saam met haar op skool was my vertel. Verwant aan Blourokke, Amish-agtig.

Ja, daar was ’n anderwêreldsheid omtrent haar. Sy was konstitusioneel onkapabel om te jok en het altyd ’n ding by die naam genoem, in mooi idiomatiese Afrikaans sonder vloekwoorde. Toe ek haar voorstel aan my nuwe vriendin Thea die kampus-ster, en ‘n persoon wat almal wou ken, en dié merk op, soos mense beleefdheidshalwe maak, dat Trinni eendag by haar moet kom tee drink, antwoord Trinni met haar wye oë en rustige, nadruklike stem: "Ek kan niks belowe nie."

Ek het op varsity dik geword en vir myself begin dink, dus het ek en my ma konstant koppe gestamp. Wanneer ek by my ouerhuis aankom, het sy my onmiddellik op ’n streng dieet gesit en aanhou uitvra oor kêrels. En gewaarsku teen vroue. Dus het ek nie juis meer "huis" toe gegaan nie. Vakansies is ek plase toe.

Trinni-hulle se plaas was ’n wonderwêreld, soos iets uit ’n meer optimistiese era, iets uit ’n ou Reader’s Digest wat behoue gebly het: goudkleurig, heilsaam en stralend. Idealisties en saggroen soos Anne of Green Gables of Alie van Rivierplaas se kinderdae. Miskien, het ek gedink, is dit nooit te laat om gelukkige kinderjare te hê nie.

Hul kliphuis het in ’n parkagtige tuin op ’n platorand gestaan en ver oor die afgrond en vlakte uitgekyk. Soms het ’n miskombers die hele uitsig bedek. Skuins links van die opstal was die skuur, wat ewe skilderagtig was. Dit was bibberend koud in die winter en die vuur het heeldag geknetter. By die kaggel of om die eetkamertafel het ons stories vertel.

Haar pa is in die geloof gebore. Dit het beteken dat hy nie mog skoolgaan nie – ’n goewernante het hom en sy suster tuis onderrig. Maar hy was vlymskerp en hy wou rugby speel. Hy het dus aanhou neul tot hy toegelaat is om skool toe te gaan. Daar het hy in alle opsigte uitgeblink.

Ná skool wou hy gaan swot, maar dit was buite die kwessie – aan die wêreld gaan hulle hom nie afstaan nie; hy het nou genoeg geleerdheid en moet kom boer. Daarom was hy die Desember ná sy matriekjaar so neerslagtig dat hy glad nie uit die bed opgestaan het nie, tot sy ma uiteindelik sug: "Orgie moet maar gaan leer." Hy het. En ’n vrou buite die geloof ontmoet en met haar getrou. Sy het hom lewenslank bekoor en geamuseer.

Trinni se ma was blond met ligblou oë, regop, streng en deugsaam, maar lekker eksentriek. Sy was eintlik ’n kunstenaar met haar kop in die wolke. Sy was nuuskierig oor alles onder die son en lief vir stories, wat haar geluidloos en skuddend laat lag het, met ’n gepynigde uitdrukking op haar gesig.

Op daardie plaas, het dit vir my gevoel, word ’n mens aanvaar nes jy is, en waardeer. Soos Graceland. Trinni het gesê haar kinderjare was so gelukkig dat dit haar geensins voorberei het op die lewe nie. ’n Brokstuk van daardie dae het in my neerslag gevind; iets outyds, heilsaam en dromerig.

Hulle was eens welgesteld, maar ná jare se droogte en Volkskas se onversetlikheid het hulle byna alles verloor. Excelsior is nou ’n gasteplaas, bedryf deur Trinni se broer, en die lieflike skuur is ’n venue vir troues en funksies.

Wat het van Trinni geword? Sy het grade ingeryg. Eers BA met kommunikasiekunde, toe modeontwerp en later skone kunste. Sy het geskilder en uitgestal. Klere gemaak. Sy was bestuurder/ontwerper in ’n klerefabriek. Maar die lewe maak haar dikwels moeg. Sy het eenkeer gesê sy dink sy het reeds in die baarmoeder ’n hele leeftyd se energie opgebruik net om vas te klou, sy het eenvoudig nie krag vir die lewe nie. Sy was afwisselend kluisenaaragtig en hunkerend na geselskap.

Tussen werke het sy vir tye op die plaas gaan bly en pottebakkery gedoen. Sy het eenkeer ’n opdrag gekry om vir ’n bruilof honderd kruikies te maak met die woord "MAMPOER" daarop. Toe ons hulle uit die pottebakkersoond haal, het die strepie van die "R" nie uitgekom nie, en staan daar op honderd kruikies: "MAMPOEP".

Toe ek nog getroud was en in Alberton gewoon het, het sy soms kom kuier en ongeveer ’n maand gebly, op my aandrang en tot my eksman se frustrasie. Dan gesels ek en sy nagte lank om die kombuistafel terwyl hy kla oor ons luide gelag, immer bekommerd dat ons eintlik oor hom lag. Ná die egskeiding het hy vir my gesê: "Ag, eintlik was ek maar met Trinni ook getroud."

Sy het ’n unieke manier om ’n ding te sê. Nadat ek van hom weg is, het sy gesê: "Moenie dat iemand jou enigiets anders wysmaak nie – jy is onskuldig. Dit was geensins jou skuld nie. Moeder Teresa sou hom met ’n mes doodgesteek het."

Sy het ’n droë humorsin. Toe ons jonk was, het ooreenkomste tussen sekere mense en diere haar altyd opgeval, soos dit ’n plaaskind betaam. "Meerkat," sou sy uit die hoek van haar mond mompel oor een van ons klasmaats.

Ons het uitmekaargedryf toe sy (redelik laat) getroud is. Haar man is ouer, ’n baie godsdienstige, familie- en vriendevaste Griek en hulle word naweke deur sy uitgebreide kring besig gehou. Daar is altyd iemand wat verjaar of ’n naamdag of doop of iets vier.

Boonop het ek uit die kas gekom. So iets sou Trinni, met ’n kop wyd soos die Heer se genade, nooit ’n bloue duit skeel nie. Maar die spyker in die doodskis van die vriendskap was toe ons ná ’n lang afwesigheid gaan koffie drink en ek vra of sy en haar man by my en my partner sal kom eet. Haar antwoord: "Ek spaar hom maar dié dinge. Hy kan nie so iets hanteer nie."

Maar Trinni het my gevorm, met haar reguit blik, taktlose eerlikheid en fyn humorsin. En haar fabelagtige kinderdae, waarvan ek vir my ’n paar gesteel het.

The post Trinidad: ek kan niks belowe nie appeared first on LitNet.

Skoon wasgoed: ’n boek deur iemand wat nie bestaan nie

$
0
0

Iewers in 2009 moes ek iemand vir ’n afspraak ontmoet. As ek reg onthou, was dit in die atrium van Wembley Square, die kantoorkompleks in Tuine, Kaapstad, waar ek gewerk het. Daar was ’n paar restaurante en koffieplekke in die atrium. Dit was in die hoogbloeityd van yuppies wat nie in kantore gewerk het nie maar met hul bollas en baarde, hul iPads en koffie hof gehou het in die cool ruimtes van die stad.

Soos my blik oor die gewoel skeer, kon ek om die dood nie die persoon raakgesien kry met wie ek oor sy boek moes praat nie. Die probleem was nie dat ek nie geweet het hoe hy lyk nie. Hy het een van die bekendste gesigte in Suid-Afrika gehad, geliefd op verhoog en op televisie, oral dáár waar ’n kwinkslag of die slag van ’n heilige koei die beste reaksie op die absurditeite van dié land was.

Ek was opgewonde en angstig. Helde slyt met die tyd saam weg, soos motorparte en klere. As mens ook nie bra geneig is tot heldeverering nie, is dit des te raarder dat jy in jou grysheid nog so ’n kinderlike bewondering vir ’n ander mens oorhou. Maar ek het dit vir Pieter-Dirk Uys nog altyd gehad sedert ek in my laat tienerjare by hom gesien het presies hóé gelaagd en kragtig die woord kan wees wanneer intelligensie, verbeelding en humor soos drie laserstrale op een punt bymekaarkom om die verrotte bestel en ons gewetes te skroei.

Ek het die geleentheid gehad om my held te ontmoet, iemand wie se gesig ek voor my ongelowige oë op die verhoog gesien verander het van die een karakter in die ander, maar nou kon ek hom nie raaksien nie. En hy was reg voor my: ’n klein, onopmerklike figuurtjie in swart, ’n los broek en jersey en ’n swart wolmus.

Die skepper van Evita Bezuidenhout en haar hele narrehok van ’n familie kon homself voor jou oë in Pik Botha en PW Botha en Piet Koornhof omtower, so werklik soos gedaantes in die Viewmaster. Maar Pieter-Dirk Uys het miskien sy hoogste prestasie in oëverblindery behaal deur homself, gestroop van al hierdie karakters, onsigbaar te maak. Die persoon in die kamer verby wie almal sou kyk.

Ek maak nie aanspraak op diep kennis van die man nie, maar ons het meer as een keer saam brood gebreek in die loop van drie boeke van hom wat ek uitgegee het. En as ek my dit mag verstout, wil ek sê dié beskeie, private persona sit aan die kern van die orkaan van diens en skepping wat daar rondom hom woed. Wat ágter daardie persona sit, is nie vir my beskore om te weet nie. Ons is almal iemand agter die maskers wat ons rondom ons aan die wêreld voorhou.

Hoekom ek Pieter-Dirk moes ontmoet, was om te praat oor sy kookboek – of liewer, Evita s’n: Kossie Sikelela. Ek het al hier oor boektitels geskryf, en ek wens ek het hom gevra of die idee van ’n kookboek ontstaan het uit die woordspel met die volkslied, en of dit andersom was. Hoe dit ook al sy, dit was vintage PDU. En natúúrlik sou ons so ’n boek uitgee.

Om die boek te maak is aansienlike talente byeengebring. Die inhoud was Linda Vicquery s’n, ’n talentvolle oudkollega wat ontwerper by Tafelberg-Uitgewers was. Dit was ’n blye hernuwing van kontak, want Linda woon toe al lank in Frankryk. Sy kan so goed kook as wat sy kan teken, en dit is haar resepte en tekeninge in die boek. Haar uitleg van die boek, kompleet met handgeskrewe opskrifte, was ’n reusagtige werk wat sy eers in die vorm van ’n "dummy"-boek, oftewel modelboek, aangestuur het uit Frankryk. Pieter-Dirk is nou in besit daarvan, ’n kostelike artefak uit eie reg.

Die stofomslag met Franse vou (foto verskaf)

Die stofomslag van die boek was enig in my ervaring. Die ewe talentvolle ontwerper Marius Roux het ’n stofomslag met die sogenaamde Franse vou voorgestel. Dit beteken die omslag vou bo en onder in voor dit omvou om flappe aan die binnekant van die voor- en agterblad te maak.

Vir hierdie boek sou ons die omslag meer as dubbel so groot as die gesamentlike oppervlakte van die voorplat, rugkant en agterplat maak deur diep flappe en die voue bo en onder terug tot byna in die middel te maak. Wanneer jy die hele ding oopvou, het jy ’n plakkaat van omtrent A2-formaat.

Ek onthou nie wie se idee dit was wat op die plakkaat moes kom nie, maar dit sou so moes vou dat ’n beeltenis van Evita en iets wat kos voorstel presies ooreen sou moes kom met die reghoek wat oor die voorblad pas. Die besluit was: ’n tafel feestelik gedek met lawwe idees van boerekos (onder meer ’n worstoring), met Evita se familie daarrondom.

Dit sou ’n saamgestelde foto moes wees, en ons het een hele dag daaraan geneem in ’n skuur iewers naby Darling. Die fotograaf was Kelly Walsh, en Marius het die stilering gedoen. Met die kamera opgestel het Pieter-Dirk as Evita aan die een ent gaan staan vir ’n foto. Dan moes hy hom gaan verander in Evita se seun De Kock en weer kom staan, op ’n ander plek. Dan Billy Jean, haar dogter, en Evita se suster Bambi. ’n Paar ander vriende en plaaslike kinders het ook gesit, gestaan of gelê in die rolle van De Kock se katelknaap, Billy-Jean se kêrel en hulle kinders.

Om Pieter so in ’n opeenvolging van karakters te sien, was ’n belewenis wat my bybly. Nie net moes elke karakter eers uit sy of haar klere kom en die gesig uitgevee word nie, maar dan moes die volgende een weer aangeklee en ingekleur word. Dit het agter ’n toe deur gebeur, elke keer vir ’n heel lang tyd. En elke keer het die akteur volledig in karakter uitgekom.

Daar was geen gekorswel of kommunikasie of selfs oogkontak met enige van ons nie. Die een enkele doel was dat hy ’n oortuigende figuur slaan en alle konsentrasie wy aan poseer vir die foto. ’n Meer professionele mens het ek nog nie teengekom nie. Dit was ’n lang en uitputtende dag vir almal, maar die meeste vir PDU met al sy karakters onder die warm ligte. Maar hy het verbete aangehou.

Nog ’n groot talent in die boek is die skrywer van ’n boodskap voorin. Die boodskap lui onder meer: "Ek het gehoor dat Evita, hierdie beroemdste wit vrou in Suid-Afrika, hartstogtelik glo dat versoening rondom die etenstafel kan gebeur. Gee vyande ’n bord lieflike kos en kyk hoe word hulle vriende? Ons stem almal saam."

Sophia Loren se voorwoord (foto verskaf)

Die boodskap kom van Sophia Loren, met wie Pieter-Dirk jare lange vriende is. Die boek het goed gevaar en ons het almal kans gesien vir ’n opvolg: Evita se bossie sikelela twee jaar later, waarin daar, ook van Linda Vicquery, resepte en tekeninge vir die buitelewe is. Voorop laasgenoemde staan ’n boodskap van ’n ander wêreldberoemde aktrise: Charlize Theron.

Dit mag na naamspogtery lyk, maar die assosiasie, veral met Charlize, verraai iets van die groot, eintlike werk wat Pieter-Dirk Uys sonder fanfare en agter die skerms doen – net soos Charlize self, wat groot ontwikkelingsprogramme in Suid-Afrika se diep platteland bestuur sonder om daarvan ’n Joliaanse of Madonneense spektakel te maak.

Pieter-Dirk wy hom reeds dekades lank hartstogtelik en met onuitputlike energie aan Vigs-opvoeding. Dit moes hy aan die begin teen die weerstand van oorweldigende onkunde en vooroordeel doen, maar dit was hy wat uiteindelik in die Suid-Afrikaanse parlement ’n kondoom oor ’n piesang getrek het om die noodsaak van beskerming te demonstreer.

Op sy werk op die gebied van Vigs het broodnodige opvoeding oor demokrasie, stemreg en burgerregte gevolg, en terwyl baie ander gepraat het, was dit Pieter-Dirk wat week na week van skool na skool regoor die land gegaan en kinders met gravitas en humor gehelp voorberei het vir burgerskap.

In Darling het hy van ’n afgeleefde stasie ’n artistieke baken gemaak wat, in die gedaante van Evita se Perron, nuwe lewe in die hele dorp geblaas en besoekersgetalle laat opskiet het. Deur die Darling Trust, wat hy geskep het met aartsbiskop Desmond as beskermheer, word veel werk gedoen om die armstes van die dorp ’n vastrapplek te help gee.

Vir sy onvermoeide werk het hy eredoktorsgrade van drie Suid-Afrikaanse universiteite ontvang, buiten ’n muur vol ander pryse en oorkondes. Hy is in die breedste en smalste betekenisse van die woord ’n held.

Om die Kossie-boeke te help promoveer, het hy hom met dieselfde drif aan die taak gewy. Evita is in haar groot tas met tawwerds en pruike, skoeisel en grimering, juwele en ander bykomstighede aangekarwei om waar daar ook al ’n geleentheid was, op ’n verhoog te stap en die gehoor uit haar hand te laat eet.

In 2010 was Suid-Afrika die fokusland van die Londense Boekebeurs wat elke jaar April plaasvind. In Maart was daar ’n klein uitbarsting van een van die mindere vulkane in Ysland, met die naam Eyjafjallajökull. Dit is omtrent so ver weg van Londen as Kaapstad van Johannesburg. Dus het niemand hulle daaraan gesteur nie.

Die beurs sou op 19 April begin. Op 14 April gebeur daar iets met die vulkaan wat ’n groot deel van die wêreld in sy spore sou stuit en alle lugverkeer in Europa tot stilstand sou dwing. Die vulkaan het begin om as uit te skiet, so fyn dat die silikoonkristalletjies op warm vliegtuigenjins sou aanpak en hulle sou laat stol. Teen die tyd dat ons na Londen moes vertrek, is ons vlugte die een na die ander gekanselleer. Uiteindelik was daar net ’n skrale geraamtetjie van die Suid-Afrikaanse kontingent in Londen om hul eie stalletjies en die Suid-Afrikaanse paviljoen te beman.

Wie daar was, moes vir al die programgeleenthede instaan, en ons Britse kollegas by Random House het moedig probeer. Maar een Suid-Afrikaner wat daar was omdat hy reeds voor die vulkaan in Londen moes wees, was Pieter-Dirk Uys, met Evita in ’n tas by hom. Ons afspraak was nog dat ek na die beurs vir Evita sou terugneem na Suid-Afrika.

Op die Suid-Afrikaanse paviljoen, by ons eie tamaai uitstalruimte (die groot uitgewerye raak spoggerig op sulke plekke), waar sy ook al die yl skare van ’n spookagtig leë verhoog af kon vermaak, het Evita sonder klagte ingestaan. Elke duim ’n staatmaker.

Pieter-Dirk se ywer vir die boek was nie vir eie gewin so onvermoeid nie. Hy sou al sy tantième stort in die Darling Trust, wat ’n swembad in die dorp wou bou sodat verveelde kinders hulle daar kan uitwoed in die warm somer en nie vir kwaadgeld ontvanklik sou wees nie. Ons van Umuzi, wat ’n druknaam van Random House Struik was, sou sent vir sent bydra. Die swembad is gebou.

Die boek het sukses op sukses geword. Ons moes die Engelse uitgawe dieselfde jaar drie keer herdruk sover ek onthou, en ek dink die Afrikaanse uitgawe minstens een keer. Toe Kersfees kom, het ons opgelet mense koop elkeen twee of meer eksemplare: een vir hulleself en die res vir geskenke.

Ek glo vas dat daardie soort sukses behaal word wanneer daar aan die kern van ’n boekprojek iemand met soveel energie soos Pieter-Dirk Uys staan, wat soveel kreatiwiteit loswoel waar hy ook al gaan, wat so vrygewig is met sy tyd en sy geneentheid, en dit alles met so ’n groot hart doen.

Selfs wanneer dit ’n boek is deur iemand wat nie bestaan nie en wat nie die inhoud daarvan geskryf het nie.

 

The post Skoon wasgoed: ’n boek deur iemand wat nie bestaan nie appeared first on LitNet.

bergvergadering

$
0
0

afgeluister by ’n apu

eendag het die berge net begin loop
hul rotswortels losgewikkel
en in die pad geval
som het glad uit die grond geglip
som het stede saamgesleep

die samekoms in peru
is deur die water oorvertel
tussen valleie en oor kontinente heen
sodat alklip reeds in haar murg
van die ontmoeting geweet het

Apu Pitusiray het die Heilige Vallei
vir hul aankoms voorberei
die apus in die omte het ’n vlakte oopgevou
die Willkamayu het nadergeseil

die himalaja en alpe het afvaardigings gestuur
hoerikwaggo en kilimandjaro is ook ingeroep
konsultante uit die Kaukasus
diplomate uit die maluti’s
’n handvol werwels uit die cordilleras

die Rockies, die Andes, die Sierra Nevada
die Atlasberge, Ruwenzori, Kiso, Kabir Kuh, Uraal
Hindu Kush en Titiwangsa,
akwatiese verteenwoordigers uit elke see

die sametrekkers het hul pad
deur die aardkors oopgekloof
oseane is rondgegooi
hul kielwater het kusstede platgekam
mense is soos anchovies verstrooi

’n planeetwye geroggel en ’n geruk was dit
’n boaardse gebewe van tektoniese plate
soos ’n skare grys engele
wat sterf van die koue
op die warmste somersdag van die eeu

die bergtrop het vermeerder
hul droogte by die Willkamayu geles
en saam neergeploeg
– nog ’n skokgolf om die bol –
hul plastieklywe het die skemer vol gesit

toe die son vergaan
het hulle brandstof vir die middel geskenk
bosse en huise en velde en landerye
enigiets wat ontvlam en na verwoesting ruik
Papito Pitusiray het die offervuur aangesteek

die pieke het saamgedrom
om die hitte teen hul yskoppe te voel
om hul weerkaatsings in die vlamme te bekyk
om die oerstorie van vertering
voor hul grot-oë te sien dans

die geween het in hul klipskote aangegroei
hulle het gedreunsing met die akoestiek van klowe
die aarde het vir oulaas gebewe
soos die dag toe die eerste berg uit die see verskyn het
en dit was voldoende

die grondgesante het gaan slaap
en in die donkerdag opgestaan
hul roet afgeskud,
mekaar se groete geëggo
en die stiller tog huis toe aangepak

 

Lees al die Mondig-gedigte hier:

Mondig

 

The post bergvergadering appeared first on LitNet.

Branderjaer deur Joha van Dyk: ’n lesersindruk

$
0
0

Foto (links): Pexels.com

Titel: Branderjaer
Outeur: Joha van Dyk
Uitgewer: Human & Rousseau
ISBN: 978-0-7981-8048-1 

  • Hierdie lesersindruk is deur eie beweging van die skrywer aan LitNet gestuur.

Jy is óf popular óf ’n pliggie, of jy is ’n Branderjaer. "Onaantasbare elite van Stormbaai."

Vir ’n oomblik is jy saam in die kring, onder Verfkwas en op die beach met kuiervure en ’n cool playlist. Hierdie is lekkerlees, in ’n slaapkamer, langs ’n swembad, of op vakansie by die see.

Stormbaai, geleë aan die kus van die Wes-Kaap, omring deur see, strande, berge en grotte, word deur die onder- en bodorp verdeel. Ryk en arm. Gewild onder toeriste en ’n mekka vir branderrykompetisies. Die ewige soeke na ’n groot golf.

Die verhaal is deurspek met plofbare sosiale probleme wat daagliks kinders en families konfronteer en definieer. Om te behoort, druk, boelies, gesinsgeweld, bendebedrywighede, bloedskuld, finansies en trauma. Ouers wat "perfekte" planne smee, en moeilike toekomsbesluite vir jongmense wat matrikuleer en skool verlaat.

Die Branderjaers is aantreklik, gewild, en lewe voluit. Hulle ry branderplank, spring van kranse af, en het talle ander avontuurlustige aktiwiteite wat hulle besighou. Vir hul volgelinge blyk hulle vreesloos en roekeloos te wees en word daarom as adrenalien-junkies bestempel.

Louw, Jak, Ellis, Malherbe en Ben het mekaar in die kleuterskool ontmoet waar ’n gebeurtenis met ’n blou bekertjie die vyf seuns se lewens onherroeplik by mekaar verstrengel laat raak het. Elkeen worstel met sy eie probleme en identiteit, maar hulle huiwer nie om mekaar te ondersteun nie. Lojale bloedbroers. Hierdie tipe integriteit van samehorigheid, empatie en gewetens met deursettingsvermoë in enige omstandigheid en gebeurtenis gee hoop waarmee geïdentifiseer wíl word.

Die storie begin met ’n geveg in die "Kring" en byna onmiddellik is daar ’n bewustheid rondom knoeiery. Gereelde onverklaarbare beserings aan die Branderjaers veroorsaak spanning en afwagting. Intrige en raaisels is volop in hierdie aangrypende groep jongmense se lewens.

Breekwater waar onwettige ondergrondse gebeurtenisse in die donker plaasvind. Die vraag is gedurig hoe die Branderjaers betrokke is in hierde onderwêreld. Wie is die "Hoof Kringmaker" en hoe is die Branderjaers en Rotte by mekaar betrokke?

Deirdre, in graad 11, word volgens ’n plan grootgemaak. Sy en Louw raak onder dwang betrokke. Sy is anders. Hulle jong liefde ontwikkel dieper hoe verder jy lees. Hy leer haar om voluit vir haarself te lewe en besluite te neem.

Die leerhangertjie met gelukbringers om sy nek en gereelde beserings aan die Branderjaers maak haar kwaad en nuuskierig. Sy besef Stormbaai is vol geheime wat ontrafel móét word. Gedryf in haar soeke maak sy skok-ontdekkings. Sy verstaan uiteindelik wie die Branderjaers is en dat sy hulle sonder voorbehoud kan vertrou.

Die Branderjaers word op hul beurt gekonfronteer met ’n waarheid wat Deirdre se lewe raak en moet hulle vinnig besluite neem. Watter impak het dit op die Branderjaers en die verhouding tussen Louw en Deirdre?

Ek beveel hierdie boek aan. Nie net vir die jeug nie, maar ook vir ’n breër groep lesers. Want ouers wat kinders op pedestals sit se struggle is werklik wanneer ’n kind faal. Maar in werklikheid val ouers ook van pedestals af.

Gripping en nog.

The post <em>Branderjaer</em> deur Joha van Dyk: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Bethel se berg deur Maretha Maartens, ’n resensie

$
0
0

Bethel se berg
Maretha Maartens

LAPA Uitgewers
2020
ISBN 9780639601298

Die lewe op 14 is nog ongekompliseerd – of so dink jy. Bethel se berg (2020) is ’n boek wat jou sal laat besef dat die lewe dalk verskeie draaie met jou kan loop, maar dat almal net liefde en aanvaarding soek. Dit maak nie saak waar en hoe nie, net dat jy goed en goed genoeg is vir dié naaste aan jou.

Maretha Maartens is geen vreemdeling as dit kom by jeugboeke nie. ’n Pot vol winter (1989) en Goue fluit, my storie is uit (1988) is enkele van haar prominente jeugboeke. Buiten kinder- en jeugboeke is Maartens bekend vir haar Christelike boeke en dagboeke. Maar met die skryf van Bethel se berg is dit bloot belangrik om bewus te wees van Maartens se ervaring met die skryf vir jonger lesers en die empatie wat sy met haar karakters en hul omstandighede het.

Bethel en haar drie boeties en babasussie reis die Karoo en Vrystaat plat in ’n Volkswagen kombi. Haar ma bak pannekoek en vetkoek om vir hulle te sorg en Joupa is meestal afwesig, alhoewel Ma hom gereeld bel en eindelose briewe vir hom sit en skryf. Op Petrusburg was hulle op hulle gelukkigste.

Dié novelle kan beskryf word as ’n belewenis of blik op die lewe. ’n Blik op Bethel se lewe. Haar werklikheid. Iets wat baie goed werk in jeugboeke en wat beslis tieners se aandag trek, is om ’n belewenis te kan “lees”. Veral ervarings wat hulle nie in hulle alledaagse lewe sal teëkom nie. Die leser het die geleentheid om insig in Bethel se belewenis te verkry deur middel van die verhaal. Indien die leser soortgelyke ervarings gehad het, of selfs net stories gehoor het oor die Bosoorlog, sal die leser al die implikasie sien in Bethel, Jimmie en die tweeling se lewens. Vir jong lesers wat in die 1980's nie eers ’n vonkel in hul ouers se oë was nie, verskaf dit ’n blik op ’n tyd in Suid-Afrika se geskiedenis toe dinge ’n heel ander sosiale dinamika gehad het, soos die engheid in ʼn plattelandse dorp; en dan is Bethel se ma boonop die predikant se dogter.

Bethel se ervarings, van haar verspring-ambisies omdat sy nie skoene daarvoor nodig het nie tot die grondboontjiebottertrok wat omslaan, herinner aan ’n ander meisie wat ook sulke wedervaringe beleef het: Claudie Thompson, in Swartskaap (2009) deur Odette Schoeman. Claudie het ses boeties en een sussie, maar net sy en haar broer Theuns het dieselfde pa. Ek dink as Bethel en Claudie saam kon gaan tee drink of ervarings uitruil, sou hulle goeie vriendinne word.

Die narratief dra Bethel se verhaal goed, al word daar ook sosiale kommentaar in die agtergrond gelewer. Die bomme wat geplant word en die betogings gebeur in die agtergrond. Die leser is bewus van die tyd waarin dit afspeel. Veral wanneer Bethel se ma, hoogswanger, noodgedwonge op ʼn “kleurling”-dorp moes oorstaan vir die geboorte van Pip, die jongste sussie. Hulle moes vir ʼn ruk skoolgaan op Williamsville. Die skoolhoof sê dan vir hulle: “En julle is wit. Die wit skool is op die dorp” (bl 115). Tog is dit Bethel se verhaal waarmee jy saam loop deur Petrusville, Beaufort-Wes tot in die Kaap.

 ’n Goeie jeugroman het die neiging om ’n indruk te laat op ’n jong leser, veral as dit gaan oor iemand van hul eie ouderdom wat ’n heel ander lewe lei as hulself. Daar is baie lewensvrae om oor na te dink en mens kry insigte in ander se leefwêreld wat jy nie noodwendig self ervaar nie.

Dit is dié tipe boek wat mens insig gee in ander se omstandighede en jou net herinner dat jy nie altyd weet hoe moeilik ander se lewens is nie. Hierdie verhaal sal jou nog lank laat dink nadat jy die boek neergesit het. Waarnatoe nou Bethel?

Luister ook:

Jeugboeke met Johannes: ’n Zoom-gesprek met Maretha Maartens

Lees ook:

LAPA-jeugromankompetisie 2019: ’n onderhoud met Maretha Maartens

The post <em>Bethel se berg</em> deur Maretha Maartens, ’n resensie appeared first on LitNet.

Die stoute Corona / The naughty Corona: ’n resensie

$
0
0

This delightful, informative and factually accurate text was written by a medical doctor for his grandchildren. It explains the origins of the Corona virus and it assures kids that they are unlikely to be seriously affected should they contract the virus. It does also make the extremely important point that this virus is unlike the usual viruses we deal with. Kids and grown-ups can be carriers of the virus and spread it without knowing that they are doing so. The elderly and those with comorbidities may then die when infected by us; hence the use of masks and the necessity of frequently cleaning our hands. While grown-ups are spreading misinformation that leads to unnecessary deaths, this delightful booklet will help young and old understand medically accurate facts. The booklet can be ordered by sending an e-mail to drwessel@vermeulenpraktyk.co.za or samaoqb@samedical.org – all proceeds are used to print more in order to reach more kids.

Die stoute Corona / The naughty Corona
Wessel Vermeulen
Illustrasies: Ronéll Lareman
Twaalf bladsye, volkleur
Teks in Afrikaans en Engels
Turksvy Publikasies
ISBN: 978-0-620-888915-5

Hierdie mooi, insiggewende teks is deur ’n mediese dokter vir sy kleinkinders geskryf. Die idee was aanvanklik om seker te maak dat hulle nie onnodig vir hulle eie veiligheid hoef te vrees nie.

Deur egter die nodige feite te gee, verduidelik Wessels dan ook dat ons almal die virus onder lede kan hê sonder dat ons dit weet, dan word ons die verspreiders daarvan. Dít is hoekom ons die verpestelike maskers moet dra waar daar baie ander mense om ons is; ook hoekom ons so gereeld ons hande moet was. Dit gaan nie oor ons eie veiligheid nie, dit gaan oor ander se veiligheid. Bejaardes en diegene met ander siektetoestande kan sterf as ek een van hulle besmet, al voel ek hoe gesond.

Die boek verduidelik ook dat Corona van vlermuise na mense gemuteer het en dat dit anders is as die gewone virusse waarmee ons vertroud is. Die belang van inentings word ook aangeraak.

Die skrywer is ’n gelowige mens en die boek eindig met ’n mooi en smaakvolle oproep om volgens die Bybelse leerstelling ander lief te hê wat swaarkry en nie kos in hulle huis het nie.

Terwyl te veel volwassenes verkeerde inligting versprei wat tot onnodige sterftes lei, sal hierdie pragtige boekie jonk en oud help om akkurate feite te verstaan.

Die boek kan bestel word deur ’n e-pos te stuur na drwessel@vermeulenpraktyk.co.za of samaoqb@samedical.org – alle opbrengste van die verkope word gebruik om nog meer te druk om meer kinders te bereik.

Illustrasies met vergunning gebruik.

Lees meer oor entstoftoetse in Suid-Afrika:

Oxford se breins, ’n siek sjimpansee en my linkerarm: Ons gaan COVID-19 dôner

Die etiek van inentings en toetsing: Izak de Vries as proefkonyn

The post <em>Die stoute Corona</em> / <em>The naughty Corona</em>: ’n resensie appeared first on LitNet.

Bitter tea

$
0
0

Photo: Canva.com

Mrs Ferra unlocked the door of her shop and elbowed it open. She plunked her tea basket on the counter, grabbed the broom and started sweeping. Just then, the school bus bumped past on the dirt road, kicking up a cloud of dust that sifted down inside the shop.

“Fool,” she muttered. “The school is right here. Couldn’t you slow down?” She swept vehemently, as if also to sweep away the gossip she overheard. People at the post office were whispering about deplorable goings-on between a blonde man and a Pretorius girl.

They had had a shop boy for a while who helped around the shop. One day, she caught him giving their little girl, Elsa, a look that sent shivers down her spine. Frank had hired the poor simpleton out of sympathy, but he had to be fired. Consequently, all the tasks rested on her shoulders, and Frank took on the grocery deliveries.

This morning, Frank had taken Elsa to a dental appointment in Johannesburg.

Shiss-shiss, she swept. She couldn’t control her suspicions about Frank and the Pretoriuses. Nella forced the memory of her privileged life on a sheep farm to fade. But the memory that would haunt her forevermore was the disappointment on her parents’ faces when she told them that she had married Frank and that they were moving north to the gold mines of Johannesburg. Though her parents had warned her against Frank, she believed in his dreams. He had enticed her with plans for a shop that would quickly multiply into many branches with unbelievable profits from the pockets of the throngs at the gold mines.

She wondered whether they would stop at the Pretorius home after the appointment under some pretext or another. Surely Frank wouldn’t be so blatant as to take his eight-year-old there. The Pretoriuses never ordered from Nella, yet the talk was that people saw Frank’s car at their house.

She yawned. For months, she had been sleepless and anxious in the bed next to Frank. Lately, the void between them had grown much wider.

She slung the broom back into the corner and took the duster. She flicked the duster at the condiments, canned fruits and preserves. She dusted the counters, the notions case and the grimy mirror. Her reflection stared back at her with angry blue eyes. Missus Ferra, as her customers called her – but she was simply Nella. She, Nella, a farm girl who had grown up with servants, had become a servant herself. She worked tirelessly in her home and shop.

When the shop wasn’t busy, which was more frequently than she would have liked to admit, she would stand on the stoop and look longingly at the tennis players skipping about on the tennis court across the road. She called them the “can women”. They were the kind who would open a few cans to feed their families. She refused to be like them.

“Common, low class,” her mother would have said, not knowing how her daughter had been degraded to this miserable life as a small-town shopkeeper’s wife. Nella had a vegetable garden and a few fruit trees behind their house. She kept these and a few chickens and a milk cow alive with the grace of God and buckets of water she hauled from their well. They worked relentlessly to build their clientele and tried to start a family.

“Relax. You’ve got to relax,” the doctor had said. Miscarriage followed miscarriage. Nella instinctively knew that the miscarriages were harbingers of things to come. When the new main road was built, it bypassed the town 12 miles to the east. The community declined and soon comprised blue-collar workers and welfare recipients. She knew there was little hope for profits, and she would never give birth to a child of her own.

They adopted Elsa, believing she would stimulate the old pep back into their marriage, but pep and financial success eluded them like rain in the Kalahari.

She dusted her sewing machine. She would sew in the shop on quiet afternoons. She had sewn everything for the house out of the white flour sacks she saved. Thrifty as she was, she would never take fabric from the bolts on the shelves. She had made dish towels, tablecloths, napkins and Elsa’s small underwear. She wouldn’t even take any of the expensive dry goods from the shop. She finished dusting, wiped her face with her apron and sat down on her stool behind the counter.

With an aching heart, she took the writing pad from her basket. She wanted to finish the letter she had started the previous night.

“Dear Mother and Father, I hope you are well,” she read. “Things are going the same here as always. Our little Elsa is growing up, and she gets smarter every day. She knows all and tells all. Someone told me Frank …” She struck out the last sentence.

“It seems Frank is having an aff–” She ripped the page out, balled it up and threw it into the wastebasket. A wheezing made her look up. There, in front of the shop on the stoop, stood Mrs Botha.

Nella wished she could quickly close the doors. But her family was dependent on every penny from their customers.

Mrs Botha entered the shop on her thick legs. Some called Mrs Botha the “whistle woman”. When Mrs Botha was a child, she had an accident that damaged her windpipe. The doctor performed a tracheotomy, cutting a breathing vent in her throat. Implanted in the vent was a metal disc with a hole in the middle, through which Mrs Botha breathed. Her slimy breathing was unnerving to hear. Nella wished Frank were here to wait on Mrs Botha instead.

“Good morning,” said Nella, straining a smile. “How are you today?”

Mrs Botha struggled to collect herself. “Fine,” she gasped and leaned her enormous forearms on the counter. “Shu, it’s hot so early,” she gurgled through the hole.

She took her straw hat off and waved it in front of her. A noxious odour wafted from her as she put her hat back on.

“Can I help you?” asked Nella.

“I’m after blue butter for head lice,” she whispered.

“Don’t know if we have any.” Nella hurried to the opposite counter and knelt behind it for a while, pretending to look for some. She wished that God would send other customers into the store to hurry Mrs Botha along with her shopping. But Monday mornings were always quiet.

“I don’t see any blue butter,” said Nella. “Sorry, I will order some.” Nella rose stiffly and ambled back to Mrs Botha.

“I’ve already been to the chemist, and he’s out, too,” Mrs Botha sighed. Her enormous stomach pushed against the counter as she looked at the shelves. “Oh, lice – they are a pest! My children got them from their nursemaid. I’ll need 10 pounds of bread flour and two cakes of yeast and five pounds of sugar and, let’s see, I need lard, and fig jam maybe this time – let me see – maybe – no, I do not want the figs; let me try the plum jam. I like that new brand, Golden Pot. It’s really good. Have you tried it yet?”

“No.”

Mrs Botha continued: “Two pounds Rose’s tea and 10 pounds coffee beans.”

Nella wrote on, as Mrs Botha swayed from one leg to the other in her black sandals, out of which her toes bulged like bread dough. She moved her huge body in the pink floral skirt into the storeroom. Nella heard Mrs Botha opening and closing the bin lids. Fearing some of Mrs Botha’s spittle might drip into one of the bins, she rushed exasperated into the storeroom.

“Why don’t you tell me what you need, and I’ll get it for you?”

Mrs Botha proceeded to open the sugar bin. “I want to look at the sugar,” whistled Mrs Botha. “Last time, I ordered white sugar, and it looked all dirty, like it was mixed with cheap brown sugar – and I wanted white sugar.”

These welfare people have no sense of frugality, thought Nella. Brown sugar is much cheaper.

“I’ll get you an extra pound of white this time,” said Nella and nudged Mrs Botha back into the shop.

“Have I asked for soap, yet?” asked Mrs Botha.

“No, I don’t see it,” said Nella, tapping her pencil on her note pad.

“Well, two bricks of the yellow laundry soap and two of the blue ones – and, of course, I need a packet of razor blades, please. Make it two packets. I’ll have to shave everyone’s head, including the nursemaid, don’t you think?”

“I suppose so,” said Nella.

She shuddered at the thought of cutting Elsa’s beautiful, brown braids because of lice. She’d make sure to watch carefully for any signs. She’d check Frank’s blonde hair, too. She couldn’t envision a nursemaid, or any maid, at the Bothas’ shabby home.

She recalled her mother’s words: “You need a maid. Men don’t appreciate a wife who is always exhausted from work.”

“Do you have unbleached muslin?” asked Mrs Botha.

“Yes, how much do you need?”

“Well, now, let me see. I want to make new aprons for my maids, and maybe even new caps. I’ll ask Mrs Reed to make them – poor Mrs Reed. It must be hard to be the breadwinner, and with only one leg! Those two boys of hers, they’re good for nothing. Neither of them can keep a job, and now I hear that – well, which is the one with the blonde hair? Well, the blondie got one of the Pretorius girls pregnant. I don’t know why the welfare woman can’t do something about those loose Pretorius girls.”

The name Pretorius sent a shock of frigidity into Nella’s heart. She shuddered.

She thought of her blonde husband and what she had heard about a blonde man with the Pretorius girl. A headache was starting. She pinched the bridge of her nose with her thumb and forefinger, willing herself to focus on the unrolling of the muslin she took from the shelf.

Mrs Botha thought as she wheezed, holding her dirty handkerchief in front of her throat hole. “What do you think?” she whispered. “I would like to have two aprons and two caps, so that would be six yards, wouldn’t you say?”

“Depending on their sizes,” Nella said and glanced at her watch. Soon, it would be teatime. She had brought her thermos, which held just enough for two cups of tea, one for teatime and one later with her sandwich for lunch. If she didn’t hurry Mrs Botha along, she would still be there at teatime and she’d have to offer her tea. What would she do if the tea spilled through the throat hole? Her scalp crawled.

“If I were you,” Nella urged. “I’d take the unbleached muslin to Mrs Reed’s straight away. Let me cut it for you now; then, I won’t have to send it out with the rest of your order later. You can take it to her on your way home.”

Nella wiped at the sweat-dampened curls on her neck. Lately, she had noticed more grey in her black hair, deeper lines around her mouth and varicose veins on her legs. If she took more time for herself, perhaps then Frank wouldn’t have …

“Would you like six yards?”

“Maybe.” She took the measuring tape and draped it around her enormous stomach.

“One of my maids is about my size, and then there is …” The lint of the fabric began getting into Mrs Botha’s throat hole. She began to cough. Her whole body trembled. Phlegm leaked out. Nella averted her eyes.

Mrs Botha talked as she coughed. “How hmm, hmm, hmm, wide, hmm, hmm, is the muslin?” she wheezed.

“It’s 36 inches.”

“Oh, excuse me,” Mrs Botha hacked. “Oh, my. Oh, my – sorry – no, really, that’s too narrow. I thought it was wider – I’d have to buy more than six yards – and that will be too expensive.”

Too expensive? Nella mused. Too expensive for Mrs Botha’s welfare check and her out-of-work husband? She, who ordered Golden Pot jam and white sugar?

“Ya, it’s a pity. I thought unbleached muslin came 45 inches wide. I’d hoped to give Mrs Reed a bit of work. She needs all the jobs she can get,” Mrs Botha sighed. “Now with the wedding coming, and the baby, too.”

“Who’s getting married?” asked Nella, confused.

“Oh, you know, the blonde one.”

“The one with the Pretorius girl?” she asked, and with shaking hands she replaced the muslin. The headache now throbbed in her temples.

“Oh, yes, he – did you not see the ambulance? It would have gone right here in front of the shop.”

“The ambulance – when?”

“A couple of weeks ago – yes. It was an emergency. The ambulance had to come all the way from the city – silly business.”

The phone rang: two longs and a short.

“Excuse me.” After talking for a minute, she hung the phone up and turned back to Mrs Botha.

“That was my husband,” said Nella. “Elsa is fine. They are on their way home.” She spoke, not understanding why she was making conversation with Mrs Botha. “Will that be all for you today?” she asked, hoping the order was complete.

Mrs Botha looked around uncertainly. “I – yes, I – think so.”

“You were talking about the ambulance.”

“Yes, they had to rush her to the city hospital. Poor thing cut her wrists because Mrs Reed didn’t want the blondie, Danny, to marry her,” said Mrs Botha.

“Who?”

“Mrs Reed didn’t want Danny to marry Ula. Ula Pretorius, one of the Pretorius girls – poor Mrs Reed had simply said: No, Danny can’t marry Ula. Joining two welfare families was more than she could endure. Then, Ula cut her wrists and almost bled to death.”

“So, was Ula in the ambulance?”

“You mean you didn’t hear about the fuss? And old woman Pretorius with not a penny to her name, and now a pregnant daughter on top of it all. The Reeds have no money, either, besides the free groceries and meat your husband gives them, and the blankets and firewood in the winter.”

“Frank?” asked Nella, straining to shield her perplexity.

“I’m surprised you didn’t know about Ula and your husband giving food to the Pretoriuses and the Reeds. He always helps the needy.”

“Oh, yes. Yes, of course, he told me,” Nella lied. She heard the school bell ring for recess. It was 10:30, time for Nella’s tea.

“What else would you like on your order?”

“That’s all, thanks.” Mrs Botha turned around and wobbled out through the shop door. “Good day,” she said over her shoulder.

Nella didn’t reply. For a moment, she stared transfixed in front of her, then she slammed the order book down and retreated behind the counter. With anticipation, she poured her tea. Her eye caught the wastebasket with the crumpled letter in it, and she kicked it deeper under the counter. Sighing, she sank down onto her stool and picked up her cup. She drank deeply and winced. The tea tasted bitter – too bitter to drink.

The post Bitter tea appeared first on LitNet.


Searching for Simphiwe by Sifiso Mzobe: reader impression

$
0
0

Searching for Simphiwe
Sifiso Mzobe
Kwela, 2020
ISBN: 9780795704543

This reader impression was written and sent to LitNet on the writer’s own initiative.

Anyone who has read Young blood, Sifiso Mzobe’s "high-octane 2010 debut", in the words of Elleke Boehmer*, will pick up Searching for Simphiwe with a great sense of anticipation – and relief: anticipation because Mzobe’s award-winning first book was remarkable and held enormous promise for the future of this young writer; relief because the long wait for the second book is finally over. And: Mzobe delivers on the promise.

Searching for Simphiwe is a collection of 11 partly interlinked short stories. Mzobe knows how to write place, and once again the setting of his stories – like his novel’s beforehand, the Umlazi township in KwaZulu-Natal – comes alive in vivid strokes. He also knows how to portray the people he is writing about in such a way that, even if you don’t particularly like them and/or the choices they make, you end up feeling for them anyway.

Detectives Zandile Cele and Gloria Ngcobo open the collection and feature in several of the stories. It is New Year’s Eve, and the end-of-month debit orders are coming in fast and furiously. It is time to make a plan for how to survive in January. Bribes are one of the options on offer, and the two detectives know exactly where to go to squeeze someone who owes them, but then another girl goes missing in the area and a different kind of uncertainty creeps into detective Cele’s dreams.

The mystery of the missing girls is picked up a few stories later and takes the reader into dark places. In "On a knife’s edge", detective Cele reconsiders the meaning work has in her life as she goes in search of a celebrity’s missing wife. In the final story of the collection, "Christmas sacrifice", she faces another serious decision.

In the titular story, Khulekani searches for his missing brother, who is a wunga addict, stealing even from his own mother to feed the lethal habit that is destroying his promising young life. Trying to locate Simphiwe, Khulekani gets into more and more trouble himself, and gradually, with the "resilience of our bleeding hearts", has to confront the tragic truth about his talented, but ruined, brother.

Drugs are also the topic of another fast-paced story, "Ecstasy". Lizwi, the narrator, thinks that he can start dealing drugs and get rich fast without having to pay a high price. But the man he gets involved with in the business has other plans for his "apprentice" in the trade. Another dangerous collaboration ensues in "Heist": "People say you always have a choice. Not in my case," says the narrator as he agrees to participate in a heist to feed his starving family.

Another family is divided over their traditional and religious beliefs as they navigate a crisis in "Faith". In "Never forgotten", the story of Aphiwe’s family is conveyed to a young woman while she is attending to her grandmother’s hair, "their ritual bonding time". The narrator tells us: "There is something sacred about hair." And so it feels to Aphiwe, "like she is rubbing these stories out of her grandmother’s hair". She discovers an old family secret that unsettles her sense of her own identity, but leads to a magical reunion that brought tears to this reader’s eyes.

One weeps for different reasons when the horrors of unemployment are laid bare in "The worst that could happen". In a nearly hopeless attempt to find a job, Siya encounters one disaster after another. In contrast, "The talented Mr Thusi" tells the story of dubious success when two school friends meet after many years and wander down memory lane, with misplaced arrogance and envy accompanying them all the way.

Short stories have a strange reputation. They say no one reads them and no one buys them. Those readers who haven’t discovered the form for its brilliance yet do not know what they are missing. Mzobe is a consummate storyteller, and it is easy to lose oneself in the tales he shares so compellingly. My hope is that we won’t have to wait another decade for his next book to hit our bookshelves and hearts.

Also read:

Young Blood a fast read that grapples with the present

 

*Postcolonial poetics: 21st-century critical readings (Palgrave Macmillan, 2018)

The post <em>Searching for Simphiwe</em> by Sifiso Mzobe: reader impression appeared first on LitNet.

The joys of #ReadingAfrica: A panel discussion

$
0
0

#ReadingAfrica week is an annual event to celebrate African literature. This year it is taking place from 6 – 12 December 2020.

On Sunday 6 December 2020 an international panel of authors and publishers took part in a discussion on the joys of #ReadingAfrica. View the discussion on LitNet’s YouTube channel.

The panellists are:

  • Justin Cox, book marketer and CEO of African Books Collective;
  • Siphiwe Gloria Ndlovu, author of The theory of flight and The history of man, writer, filmmaker and an academic who holds a PhD in Literature from Stanford University, as well as master's degrees in African Studies and Film;
  • Rešoketšwe Manenzhe is a writer, engineer and academic who has recently won the 2020 Dinaane Debut Fiction prize for her manuscript Scatterlings;
  • Jessica Powers is an award-winning author and founder of Catalyst Press;
  • Ahmed Ismail Yusuf fled Somalia due to civil war as child, today he is an author of The lion’s binding oath, playwright and an academic in the USA;
  • Izak de Vries, the moderator, is an author and journalist associated with LitNet, an online journal.
See also:

Three women providing a catalyst for African literature: An interview

Press Release: #ReadingAfrica #OokInAfrikaans

The post The joys of #ReadingAfrica: A panel discussion appeared first on LitNet.

Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek

$
0
0

Deon Meiring is een van slegs agt woordmense wat vanjaar bekroon is met een van die Cordis Trust se Beiteltjies. Izak de Vries het hom by De Vrije Burger ontmoet om ’n Bennie Griesel te eet en om meer te hoor oor sy musiek, veral sy nuwe album, Grensbewoner.

Deon, kom ons begin met gelukwensinge. ’n Beiteltjie van die Cordis Trust is nie te versmaai nie.

Baie dankie, ek’s baie opgewonde daaroor. Ek ervaar dit as ’n mooi bemoediging en ’n manier om te sê my werk is nog nie verby nie, maar die werk wat reeds gedoen is word raakgesien. Baie ander woordkunstenaars na wie ek opkyk het ook al Beiteltjies ontvang (hierdie jaar en voorheen). Dis ’n voorreg om in hulle geselskap te wees.

Goed, ons het baie opsetlik ’n Bennie Griesel kom eet. Met ’n hap hamburger en my tong in my kies, wat is die grootste verskil tussen Deon Meyer en Deon Meiring?

Op die oomblik lyk dit vir my asof die verskil al hoe kleiner word. Gewoonlik sou ek mense wat ons verwar, reghelp deur te sê ek is die Deon wat sing. Deon Meyer sing egter nou ook (en goed!) saam met Lize Beekman op haar nuutste album. Ek dink ’n ander verskil is dat ek soms van sy fan mail kry, maar ek weet nie of hy van myne kry nie.

Die Bennie Griesel

Jy is ’n musiekmaker, maar ook ’n woordbeitelaar. My geliefde is mal oor Grensbewoner. Sy sê dis “vars en oorspronklik”. Hoe skakel woorde en note in jou lewe? Wat kom eerste?

Sê vir jou geliefde ek waardeer dit! Wanneer ek liedjies skryf, probeer ek veral deesdae om ewe veel aandag aan die lirieke en die musiek te gee. Toe ek op skool begin liedjies skryf het, was dit definitief ’n manier vir my om my liefde vir woorde uit te leef. Op daardie manier kom woorde op ’n manier eerste. In die praktyk kan dit wel enige kant om gebeur vir my. Soms sal die musiek eerste kom, maar dan sal ek steeds my bes doen om uit te vind wat dit is wat ek wil sê.

Dit is ’n baie ou weergawe van die titelsnit. Die nuwe weergawe, en die album, is op Apple Music, Spotify en ander musiekplatforms te koop.

Ons eet nou by De Vrije Burger, wat natuurlik ’n woordspeling is op die vryburgers van ouds wat die landsgrense moes gaan bewoon. Jou album Grensbewoner is ’n baie stiller, akoestiese klank as byvoorbeeld Die slaapkamersessies. Die sagter aanslag was al teenwoordig in Hier by ons. Hoekom? Dit is, terloops, baie mooi!

Dankie! Dis weer eens te make met die verhouding tussen woorde en musiek. My eerste omswerwinge as liedjieskrywer was saam met my rock band, Glaskas. In ’n band is die musiek dikwels soos ’n rivier wat afkom en dan staan sekere woorde uit soos opdrifsels langs die oewer. Dis baie lekker, maar ek het ook al vir lank die behoefte aan meer gestroopte musiek wat meer ruimte gee vir die lirieke. Die uitdaging is dan dat elke eenvoudige stukkie musiek én die woorde meer onder die vergrootglas is. Met beide Grensbewoner en Hier by ons het ek vir myself toestemming gegee om dit te doen. Dit het veral gehelp dat ek vrede gemaak het daarmee dat alles nie absoluut vlekkeloos hoef te wees nie. Dis noukeurig opgeneem, maar nie blinkgepoets nie. Grense is mos dikwels goed vir kreatiwiteit ook. Met Grensbewoner het ek ook in gedagte gehou dat dit saam met Koos Kombuis se musiek in die reeks Kompleks gebruik gaan word. Sy musiek word gewoonlik ongeveins opgeneem en ek wou iets doen wat daarby sou pas.

Die sjef, Bertus Basson, se motto is eenvoud en gehalte. Werk dit so in jou musiek ook?

Daar vat jy dit nou saam. Die ironie daarvan is dat die eenvoud my dikwels ontwyk en dan moet ek eers op ’n lang soektog gaan om dit te kry. Of om oortollige brokkies af te skud.

Daardie tjello in “Bicycle sonder ’n slot” is ongelooflik. Ek het al baie weergawes van daardie lied gehoor, maar dié een is sonder twyfel die mooiste. Hoe het dit gebeur?

Ek’s regtig bly dat dit vir jou mooi is. Dis mos maar altyd ’n bietjie riskant om iets nuuts met ’n tydlose liedjie te doen. Dit was alles danksy Kompleks. Louis Pretorius het in die skryf van die teks gewerk met die idee van die hoofkarakter, Sean, wat onder andere tjello speel. Braam du Toit (wat ook die musiek gedoen het vir ander reekse uit Louis Pretorius en Albert Snyman se verbeeldings, soos Fynskrif) het toe die tjelloverwerking gedoen en hy was ook die musikale regisseur terwyl ons dit opgeneem het. Ek dink hy’t dit reggekry om iets mooi te doen, maar steeds die oorspronklike liedjie se eerlikheid te behou.

En Koos Kombuis? Het jy hom gebel en gesê: “Dude, ek soek backing vocals?”

Ek wens ek was so dapper. Ek het al voorheen opgetree in dieselfde line-up as Koos. Daai aand het ek liewer draaie om hom geloop, want ek het nie geweet of ek koel en kalm sou bly voor my held nie. Johan Viljoen, wat ook die vervaardiger is van Grensbewoner, was daar as my pianis en hy en Koos het blykbaar land en sand gesels langs die verhoog. Louis Pretorius het hierdie bal aan die rol gekry en ek is hom ewig dankbaar daarvoor. Koos het my intussen al genooi om die liedjie saam met hom op die verhoog ook te doen. So op die ou einde was dit eendag hy wat laat weet het: “Dude, ek soek backing vocals.” Dis een van die lekkerste goed wat ek al in my loopbaan gedoen het.

Nou na die titelsnit, “Grensbewoner”. Dit gaan oor iemand wat vasgevang is “tussen die hemel en die doodgewone”. Wat ’n wonderlike reël. Is dit wat kunstenaarskap vir jou beteken?

Dis beslis waar ek my dikwels as kunstenaar bevind, maar ook as mens in die algemeen. Wat kuns betref, dink ek kunstenaars help dikwels om die oorgange en onseker dele van die lewe te verwoord. As dit nie verwoord kán word nie kan goeie kuns mens steeds op ’n manier begelei. ’n Goeie liedjie of kunswerk het die vermoë om dit wat ’n oomblik gelede nog alledaags was, onverwags te omskep in iets buitengewoon.

Dan die byna kinderlike verwondering oor ’n plek tussen “gister en die geheime wat voorlê”. Dis mooi, al is dit ’n grensgebied waar die spreker nie tuis kan voel nie? Onskuld en kinderlike heiligheid kom ook voor in “Hoe ek regtig lyk”.

Ek moet gereeld daardie hunkering na die verlede in myself uitdaag. Tog help dit my ook om die goeie daarvan raak te sien. Daardie kinderlike verwondering is byvoorbeeld iets wat vir my belangrik is. Dit help my om meer verbeeldingryk te wees. Dis juis iets wat nodig is om sin te maak uit grense. Die verbeelding om te kan kyk na dit wat moontlik is, al is dit nog nie die noodwendige werklikheid nie.

Die dualisme kom ook voor in “Lyntjies T-hemp” waar die spreker vra: “Wie wil ek wees, sal jy my help om te onthou?”

Ja, dis vir my nog een van daardie vreemde grensgebiede. Vir my is dit iets wat ek feitlik daagliks moet vra. As ek kan onthou om dit te vra. Die ooglopende idee van getrouheid aan jouself is dalk om te bly wie jy is. Dis wel ook getrou om te vra hoe om te verander – wie jy moet of wil word.

Het mense al aangebied om te help skryf op die lyntjies op jou T-hemp?

Nog nie, maar ek hou van die voorstel! Ek nooi hiermee mense uit om met penne by my optredes op te daag vir daardie doel.

Deon het ook ’n strepieshemp gedra by die Tuin van Digters

Van die T-hemp na die vel. In “Hoe ek regtig lyk” is die vel ’n onsigbare kleed, maar dit is ook tyd om daaruit te vervel “om te sien hoe ek regtig lyk”. Dit is so anders as die gesprekke oor vel en velkleur wat ons gewoonlik in die letterkunde raakloop.

Ek dink dis dalk anders omdat dit nie aanvanklik by my opgekom het as iets oor velkleur as sulks nie. Dit was eers net my manier om te erken dat soveel dele van myself eintlik vir myself versteek is. Onbewustelik én doelbewus. Natuurlik kan mens nie sommer oor vel praat sonder om op ’n manier bewus te word van velkleur ook nie. In hierdie opsig doen die beeld sélf toe ook dit wat dit beskryf. Dit laat my besef dat daar soms reg onder my oppervlak teenstrydighede en moontlikhede is wat ek in die gesig moet staar.

In die letterkunde praat ons daarvan dat kuns ons moet help om anders te kyk na die alledaagse. Ek vermoed jou lirieke ondersoek nogal daardie moontlikheid?

Ja, dis my gunstelingbeskrywing van digkuns ook. Iets wat ons gewone woordeskat op een of ander manier uitsonderlik maak. Op ’n manier is al wat ons tot ons beskikking het die alledaagse. Ek het al baie liedjies probeer skryf met sogenaamde groot woorde. Dis egter die plat-op-die-aarde-liedjies wat uiteindelik vir langer by my bly en dieper met my praat.

Jy het nou die dag die program geopen by die Tuin van Digters. Jy is ook ’n digter wat opgeneem is in die onlangse uitgawe van Ons Klyntji. Gaan ons by jou ook ’n boek gedigte sien, soos wat ander sangers onlangs gemaak het?

Dit klink vir my baie lekker, maar dis nie noodwendig iets waaraan ek op die oomblik doelbewus werk nie. As liedjieskrywer hou ek van die verband en die verskille tussen digkuns en lirieke. Dit maak dit vir my lekker om deesdae ook meer gedigte te skryf of ten minste te probeer skryf.

Oor die afgelope paar jaar het jy gereeld opgetree as ’n mentor vir ATKV-Crescendo. Hoekom doen jy dit?

Ek is nogal leergierig en hou ook daarvan om dit wat ek leer met ander te deel (en dan weer opnuut te leer). Ek weet ook uit my eie lewe hoe belangrik dit is om bloot jouself toe te laat om te skep. ’n Baie groot deel van wat ek doen by ATKV-Crescendo voel eintlik maar net asof ek vir nuwe liedjieskrywers sê: “Ja, sê iets, skryf iets. Deel dit met ons en met die wêreld.” Daar is soveel musiekstyle en uitdrukkings van Afrikaans wat nog ontgin kan word. Ek dink baie daarvan het te doen daarmee dat liedjieskrywers moet agterkom hulle mag maar anders klink as dit wat reeds daar buite is. ATKV-Crescendo is nogal ’n plek wat mense daarmee help.

Die danser in hierdie video, Malindi Burden, was ook al deel van ATKV-Crescendo.

Wie was vir jou ’n mentor toe jy jou loopbaan begin het?

Jan Blohm was destyds ’n mentor. Hy’t ons baie gehelp om ons eerste Glaskas-album die lig te laat sien en ons het heelwat saam met hom getoer, ook toe ons net begin het. Dit was wonderlik, want ek het daai tyd geweldig baie Jimi Hendrix en Bob Dylan geluister. Skielik was daar hierdie ou op die toneel wat kan kitaarspeel soos Hendrix én hy skryf verbeeldingryke lirieke in Afrikaans. Toe kruis ons paaie sowaar.

Jy is deesdae ’n inwoner van Wellington. Hoe ervaar jy dit?

Dis baie opwindend. Ek dink mens kan nogal aanvoel dat skrywers soos Adam Small en Breyten Breytenbach wortels in die dorp het, veral as jy so ’n bietjie op die uitkyk is daarvoor. Wellington het baie kreatiewe mense. Al is dit nie ’n stad nie, sorg die Breytenbach-sentrum en die Bôrdienghuis-teater dat daar heelwat besonderse kuns is om te beleef. Boonop is daar baie gasvrye en vriendelike mense ook. Uit die aard van die saak reis ek gereeld vir optredes, maar Wellington is vir my ’n goeie plek om tuis te kom én om my kreatiwiteit te prikkel.

En wat dink jy van die hamburger?

De Vrije Burger het my laat wonder of daar ook free burgers betrokke gaan wees. Dit sou seker nie finansieel volhoubaar wees nie, maar nietemin is hier gratis roomys* wat baie lekker is. Ek is nie ’n speurder nie, maar as ek moes raai sou ek sê dis die mosterdpiekel wat maak dat Bennie Griessel gereeld hier inval. Dis waarvoor ek gaan terugkom.

(*By die skryf van die onderhoud is daar ’n gratis draairoomys verskaf aan burgerkopers; ons het vir ons eie burgers betaal.)

Deon het met sy wiele opgedaag, want, sê hy, dan hoef hy nie naby te parkeer nie.

Iets oor die burger

Bennie Griesel eet graag in De Vrije Burger. Daarom het sjef Bertus Basson besluit om ’n Bennie Griesel op sy spyskaart te sit.

De Vrije Burger is op die Simonsplein, Pleinstraat 61. Hulle is Dinsdae tot Sondae oop van 12:00 tot 20:00.

The post Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek appeared first on LitNet.

Persvrystelling: uitvoerende komitee van die US-Konvokasie aanlyn verkies

$
0
0

Jan Heunis, Merlyn van der Rheede en Frederik van Dyk

Danksy ’n verkiesing wat die eerste keer aanlyn plaasgevind het, is die grootste aantal stemme ooit deur lede van die Konvokasie van die Universiteit Stellenbosch (US) uitgebring. En dit is ’n toekomswyser vir wyer konstruktiewe insette van alumni by die sake van die Universiteit.

Só som Wim de Villiers, Rektor en Visekanselier van die US, die uitkoms van die pas afgelope Konvokasie-verkiesing op waarin gesamentlik 9 877 stemme uitgebring is vir die drie vakante posisies in die uitvoerende komitee. ’n Totaal van 3 380 stemme is uitgebring vir die vakature van president van die Konvokasie, 3 397 vir die posisie van sekretaris en 3 100 vir die vakature van ’n addisionele gewone lid.

"Hierdie is deel van die Universiteit se merkwaardige suksesse tydens hierdie pandemie-jaar met sy vele uitdagings. Nie net was die elektroniese stemproses en die virtuele jaarvergadering "eerstes" vir die Konvokasie nie, maar dit het ’n wyer betrokkenheid van alumni gefasiliteer wat die beperkinge van ’n fisiese-byeenkoms eksponensieel reduseer en tegelykertyd nuwe weë open vir die adviserende rol en taak van die Konvokasie," sê prof De Villiers. 

Die doel van die Konvokasie soos uiteengesit in die Statuut van die Universiteit Stellenbosch, is om die welsyn van die Universiteit te bevorder deur ’n wedersyds-voordelige verhouding tussen die instelling en die lede van die Konvokasie, en om waar gepas, die Senaat en die Raad te adviseer.

Prof De Villiers het by navraag die verkose kandidate gelukgewens met hul aanwysing as lede van die uitvoerende komitee van die Konvokasie. Hy sien uit na konstruktiewe insette van en interaksie met die Konvokasie in die verdere bevordering van die belange van die Universiteit.

 

Die stemme uitgebring was soos volg:

President:

Jan Christiaan Heunis [1900]
Leslie van Rooi [1480]

Sekretaris:

Frederik Rudolph van Dyk [1444]
Thulani Hlatswayo [1055]
Roelf Bert van der Merwe [665]
Jason Lord [233]

Addisionele lid:

Merlyn van der Rheede [1211]
Hannchen Elizabeth Louw [536]
Roelf Bert van der Merwe [471]
CS Mukhari [421]
Andrew Wigley [315]
Jason Lord [146]

Die uitvoerende komitee van die US-Konvokasie sien nou soos volg daar uit:

  • President: Adv JC Heunis
  • Vise-President: Dr Leslie van Rooi
  • Sekretaris:  Mnr FR van Dyk
  • Addisionele lede: Me Esterbeth Singels en Me M van der Rheede

The post Persvrystelling: uitvoerende komitee van die US-Konvokasie aanlyn verkies appeared first on LitNet.

Skepsel: ’n onderhoud met Willem Anker

$
0
0

 

Titel: Skepsel
Skrywer: Willem Anker
Uitgewer: Queillerie
ISBN: 9780795802171

Willem Anker antwoord Naomi Meyer se vrae oor Willem se jongste boek, Skepsel.

Willem, Skepsel is vir my ’n boek wat handel oor die verhouding van alle skepsels met mekaar. Die mens in die kosmos, die kosmos met die mens, en die mens as skepsel en sy verhouding met mensgemaakte skepsels. Wat sou jou beskrywing wees as ek jou die konvensionele vraag sou vra: Waaroor handel hierdie boek van jou?

Vir my het dit in die eerste plek gegaan oor drie mense in verhoudings wat hul menswees op verskillende wyses uitdaag. Ek wou hulle bestudeer, en dan wou ek in-zoom en uit-zoom.

Waarheen neem jy ons doodgewone, organiese, vlees-en-bloed-skepsels met jou jongste Skepsel? Hierdie is die plekke waarheen jy my geneem het: ’n wêreld waar ek, die leser, wonder of ek self die kamera is in sekere verfilmbare tonele (die tweedepersoonverteller), waar ek besef alles in jou Rebecca-karakter (die derdepersoon) se lewe is eintlik nie so verbasend ongewoon nie (die voorskriftelike GPS, selfs die slimhuis), en ook iewers buitelands en buitewêrelds: die yswêreld van jou eerstepersoonverteller.

Dit sal wonderlik wees as die boek lesers na plekke kan neem. Terwyl ek geskryf het, moes ek soms ver weg gaan, en soms baie naby kom.

Het die stories almal gelyk by jou opgedaag? Het jy vooruit geweet wat gaan gebeur? Hoe werk jou beplanning en jou roetine?

My werkgewer, US se Departement Afrikaans en Nederlands, het my heelwat navorsingsverlof gegun, so ek kon groot dele van die boek voltyds skryf. Ek het probeer om vyf of ses dae ’n week nege tot vyf te werk, in ’n kantoor wat ek by my buurman gehuur het. Aanvanklik was dit net ’n gelees en notas maak, toe ’n gelees en vingeroefeninge doen, en toenemend het die skryf by die lees oorgeneem soos ek die karakters leer ken het. Daar was talle weergawes wat die een die ander verdring het en later inmekaar gegroei het. Die storie was vooruit beplan, maar planne is daar om van af te wyk. In die agtergrond was daar altyd ’n gated community, vreemde bedolwe goed en ’n olietenker, maar dit was toe Rebecca met haar dooie hande en voete en haar sterwende pa hul verskyning gemaak het dat die ander stukke hulle plek begin vind het.

Selfs die eerste sin in die boek, "vir my ma en vir my pa", lees nou al vir my dubbelsinnig. Wie het wie geskep, wie is die oerteks en wie is wat? Wie is jou karakters, Willem? Praat met my oor al drie die hoofkarakters, asseblief.

Rebecca Maas se verhaal is een van ’n kind wat moet afskeid neem van haar ouers. Sy kom Suid-Afrika toe om te kom omsien na haar pa wat in die laaste fase van kanker is. Hulle verhouding is nie goed nie; sy het nie eens geweet hy is siek nie. Haar ma se dood was ’n keerpunt in haar en haar pa se lewens en ook in hulle verhouding. Haar pa bou vir homself ’n spookhuis.

Fotobron van Svalbard: https://en.wikipedia.org/wiki/Svalbard

’n Argeoloog gaan saam met haar kollega en minnaar, Howard, na Svalbard om te help met die opgrawing van vreemde voorwerpe. Howard verdwyn spoorloos in die poolnag. Terwyl sy en haar ander kollegas probeer sin maak van die vonds wat hulle elke dag minder en minder verstaan, probeer sy ook sin maak van sy verdwyning, hulle verhouding en die verhouding met haar man wat by die huis vir haar wag.

Sulla is ’n kunstenaar wat moeg daarvoor is om in ’n sak vleis vasgekeer te wees. Sulla wil die grense van menswees verken en dan verder gaan. Sulla die cyborg trou met ’n olietenkskip en maak ’n dokumentêr van alles wat die twee op hul wittebroodreis met mekaar aanvang.

Jou newekarakters bied ook heelwat stof tot gesprek. Ek verwys na byvoorbeeld ’n boot, ’n half-mens-half-masjien, ’n potplant, en die beendere van die voorgeslagte. Ek verwys na die swygende aarde wat smelt. Praat met my oor enigeen van hierdie karakters op wie jy wil uitbrei.

.........

’n Olietenkskip is massief en vuil en banaal en asemrowend. Daar is min dinge so konkreet. Daarom het die VLCC Kraken vir my gewerk as karakter.

..........

’n Olietenkskip is massief en vuil en banaal en asemrowend. Daar is min dinge so konkreet. Daarom het die VLCC Kraken vir my gewerk as karakter. Dit is ’n enorme stuk drywende, voortstuwende metaal wat miljoene liter versapte fossiele oor die see aandra om in motors en vliegtuie en tenks en ander olietenkskepe gepomp te word. Dit is grasieus in dit se onstuitbaarheid. Dit is ’n seemonster. Dit is onweerstaanbaar.   

Misdaad in Suid-Afrika: Ons sien dit nie eens meer raak nie, juis omdat dit voortdurend om ons is. Dis genormaliseer. In jou boek, met jou as skrywer (met jou belangstelling/navorsing in mens-masjien-verhoudinge), weet ek jy is bewus van die verhouding wat ons mense met tegnologie het. So nou weet ek ’n GPS is nie net ’n GPS nie, ’n slimfoon nie sommer net ’n slimfoon nie. Dis sosiale kommentaar op alles wat ons nie raaksien nie en moontlikhede van dinge wat nog kom. Is alle boeke deesdae nie dus wetenskapfiksie nie?

Tegnologie is al deel van ons; ons is almal al lankal kuborgs. Soos die wetenskapfiksieskrywer William Gibson tereg gesê het: "The future has arrived — it’s just not evenly distributed yet." Maar die distribusie, die verspreiding van die toekoms is ook belangrik. Vir sommige mense in ons land is misdaad en die toekoms beide die norm, vir ander net misdaad.

.........

Tegnologie is al deel van ons; ons is almal al lankal kuborgs.

...........

Terwyl ek Skepsel gelees het, het ek Samsa-masjien in die teater helder onthou. Waar begin ’n fassinasie – joune met die verhouding tussen mens en masjien – kan jy dit verwoord?

Om oor menswees te dink moet ’n mens dalk ook wyer dink as die menslike – masjinerie, insekte, planete, honde en Styrofoam. Dit is alles deel van die prentjie.

Die “grense van menswees” en insekwording in Willem Anker se Samsa-masjien (2015)

Ek wil jou vra oor die verskillende vertellers. Die tweedepersoonvertelling word selde gebruik. Ek bly by jou betrokkenheid by die teater, want terwyl ek hierdie perspektief lees, het ek gevoel of ek – soms ongemaklik en konfronterend – deel gemaak word van die storie as karakter. Wat was jou doel met spesifiek die tweedepersoonverteller?

Daar is ’n mate van aandadigheid wat die tweedepersoon by die leser skep waarvan ek hou. Ek dink ook dit is hoe Sulla sal praat oor sigself. Dit was boonop ’n maklike manier om dit onnodig te maak om Sulla se geslag te noem in die teks. Daar is vir my verder ’n afstandelikheid in die tweedepersoon wat vir my gepas het by die karakter, asof die karakter sigself waarneem deur ’n lens.

Praat asseblief met my ook oor jou eerste- en derdepersoonverteller-gebruik. Aanvanklik was dit vir my iets om aan gewoond te raak as ek oorskakel van een karakter na die volgende. Later het dit doodgewoon gebeur. Ek het dit as normaal begin ervaar, soos die beweeg van mens en masjien en die ander skepsels onder en tussen mekaar. Maar sekerlik het jy ’n doelbewuste besluit hieroor geneem. Waarom die gegewe soort verteller by elke karakter?

Sulla moes ’n tweedepersoonverteller wees. Rebecca het, as gevolg van die aanvanklik verwyderde (gemedikeerde) manier waarop sy dinge beleef, ook ’n afstandelikheid nodig gehad – vandaar die derdepersoon, maar dan iets nader as Sulla, ’n baie nabye derdepersoon. Die eerstepersoon het sin gemaak vir die argeoloog se innerlike monoloog. Dit was ’n lekker eksperiment en hopelik goed vir die balans van die boek om die vertellers dan in die eerste, tweede en derde persoon te laat vertel. 

Jou boek lewer kommentaar op elke aspek van skepsel-wees. Kos wat energie verskaf, verwysing na smaaklike disse. Die teenoorgestelde: maagkanker. Opmerkings en gedagtes van jou karakters wat nadink oor hoe dit sal wees om ’n Boeing te wees, of dalk ’n plant. Jou karakters dink hulle dikwels in die ander/Ander se ervaring in. Natuurlik is daar ook die konvensionele Other: diegene van ’n ander ras, geslag of oriëntasie as die karakter of die leser. Is dit vir jou ook ’n vraag terwyl jy geskryf het – hoe dit is om so anders te wees, en ook: Wie is dan anders, of meer absurd as die ander?

Definitief. Vir my is een van die lekker goed van skryf die verkenning van ander maniere van wees. Om jouself in iemand (of iets) anders se spreekwoordelike skoene te verbeel (want dikwels dra die a/Ander nie skoene nie). Ek dink die verbeelding speel ’n belangrike rol in die vorming van empatie met andersheid van watter aard ook al. ’n Mens moet natuurlik sogenaamde andersheid op ’n verantwoordelike wyse verbeel en probeer om die andersheid van dit en dié wat anders is as jyself te behou, om selfbewus te wees wanneer jy iets van daardie andersheid verken. Ek dink dit is Michel Foucault wat gesê het hy skryf om anders te word. Dis miskien nie die enigste rede nie, maar dis ’n goeie rede.

................

Vir my is een van die lekker goed van skryf die verkenning van ander maniere van wees. Om jouself in iemand (of iets) anders se spreekwoordelike skoene te verbeel (want dikwels dra die a/Ander nie skoene nie).

.................

Ek wil jou vra oor jou karakter "halfpad tussen Noorweë en die Noordpool". Jy was daar, reg? Dink jy jy as skrywer moet jou navorsing gaan doen daar waar die storie is? Hoe het jy geweet om die storie juis daar te gaan soek?

Navorsing is belangrik – om te lees en te kyk wat jy in die hande kan kry, te verbeel, maar indien jy kan, ook die plekke te besoek waaroor jy skryf. ’n Mens kry ’n gevoel vir ’n plek wanneer jy daar is wat jy nie in ’n boek of op ’n dokumentêr kry nie. Ek kon ongelukkig nie by al die plekke waar die boek afspeel, uitkom nie. Pripjat was byvoorbeeld ’n bietjie ver. Soms moet ’n mens maar foto’s en dokumentêre kyk of soos Rebecca in die Google Maps-karretjie klim.

Toe ek Svalbard toe was vir ’n konferensie, het ek nog nie geweet die verhaallyn sou daar afspeel nie. Toe ek vyf dae later daar weg is, kon dit op geen ander plek afspeel nie.

"Ons was ’n span van ag-en-sestig wetenskaplikes, joernaliste en handearbeiders, wat ’n reusagtige en onmoontlike objek, of objekte, ondersoek; nou is ons sewe-en-sestig." Hier is dus ’n doodgewone raaisel. Waar is die een wat weggeraak het? Maar opvallend: Net een individu gee om vir hom wat wegraak. Ook hier keer jy die gewone "die een wat wegraak"-storie op sy kop. Net een gee aanvanklik om as iemand wegraak. Ek sien weer die teaterskrywer aan die werk. Jy het die leser weer ’n karakter in die storie gemaak, want nou gee die leser ook om waar die persoon is wat weggeraak het. Die leser wil soos ’n kind in die teater skree: "Kyk agter jou, daar staan die heks!" Want die akteur op die verhoog sien nie die heks raak nie. Weet nie eens van haar nie. Ek is onseker hoe om hierdie ’n vraag te maak. Lees ek te veel hierin? In hierdie andersoortige raaisel in die boek? 

In so ’n vreemde kamp vol mense wat afsonderlike pligte vervul om onverstaanbare goed uit te grou, elkeen reeds vervreemd, sal dit die een die naaste aan jou wees wat jou die eerste mis. Ek het probeer om myself die  afgryslikheid daarvan te probeer indink van om in ’n donker, ysige plek te wees, omring deur mense, maar skielik alleen. ’n Nagmerrie waar niemand jou hoor skree nie.  

Foto van olietenkskip: Pexels.com

Nog sosiale kommentaar, en hier word die mens-masjien wat getroud is met die masjien se verhouding nogal uiters menslik: "Om getroud te wees, sê jy, beteken nie dat julle mekaar besit nie. Maar dis nie te sê julle is nie besittings nie." Hoeveel voel ’n masjien, en hoeveel ’n mens? Oplaas: Is die intellek of die gevoel enigiets wat mekaar van die ander onderskei? Wat maak ons anders as masjiene, as daar dan so baie ooreenkomste is?

Droom androïede van elektriese skape? het Philip K Dick gevra. Hoe meer wetenskaplike kennis vorder, hoe meer vervaag die ou grense tussen mense, diere, potplante en masjiene. Miskien sal dit lei na ’n ander etiek en politiek sou ons meer op die ooreenkomste as die verskille begin fokus.   

Aardverwarming is ’n tema. Daar is ’n kyk na die verlede se beendere en ’n toekomsblik – die amper-futuristiese van tegnologie, en wat daarmee verband hou: wat die menslike skepsel aan die aarde aangevang het. Het jou eie opgrawings en navorsing jou nie diep ontredderd laat voel nie?

Vir seker. Dan het ek geweet ek is op die regte pad. Maar ook op pad na ’n ander kant uit. Ek hou van onder andere Timothy Morton se idees rondom hoe om te leef ná die einde van die wêreld, wyses van om in die gemors voort te leef: iets melankolies en speels.

Kan ’n mens so goed sien dat die aarde smelt soos wat mens kan hoor as ’n plant jou aanspreek en met jou gesels in die taal wat jou menslike oor verstaan? Het jy dit so beplan, of wat was jou gedagte agter die plant wat nie net passief toekyk nie?

Ek het gehou van die absurditeit van daardie uitvindsel. (Die pratende plantpot is geskoei op ’n bestaande patent.) Daar was ’n paar redes hoekom die kletsende potplant daar moes wees, maar miskien veral vir ’n bietjie comic relief in ’n huis vol siekte en spoke.

"Dit is ’n koel dag vir Januarie. Daar is 17 mense dood aan die virus, 550 geïnfekteer. Wuhan in kwarantyn, geen vlugte of treine in en uit nie." En toe kom Covid. Mens-dier-verhoudings, soos mens-plant-verhoudings. Hoe spesies oorkruis met mekaar verbind is, as ’t ware, hoe ons nie aan mekaar kan ontkom nie, hoe ons verbintenis met mekaar ’n wêreld tot stilstand kan bring. So die ding is: Die skepsels weet nog maar niks nie. Of hoe?

Hoe meer ons uitvind, hoe minder weet ons, behalwe dat (mens, dier, ding en kiem) onlosmaaklik verbind is aan mekaar.

Het jy District Nine gekyk en aanklank gevind? Het jy as kind Beyond 2000 gekyk en as volwassene besef hoe anders lyk die toekoms as wat eens gevisualiseer is? Onthou jy Buck Rogers in die jaar 1987 met sy wentelbaan om die aarde? Is ons almal, eintlik lewenslank en in populêre kultuur soveel soos in ons alledaagse lewe, deel van ’n roman getiteld Skepsel? Het jy kleintydherinneringe wat jy wil deel?

As ek reg onthou was daar in die middel-’80’s drie programme op TV wat ons Sondagmiddae gekyk het: The world at war, Ter wille van oorlewing en Beyond 2000. Ja, dít is nie die toekoms wat ons belowe is nie. 2020 was baie anders in die 1980’s.

Wie is jy, Willem?

790203*******.

Wat is die sin van die lewe?

42.

Lees ook:

Skepsel deur Willem Anker: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Skepsel deur Willem Anker: ’n resensie

The post <em>Skepsel</em>: ’n onderhoud met Willem Anker appeared first on LitNet.

Barack Obama: Die selfoon, die media en die waarheid

$
0
0

Barack Obama en Darnella Frazier was twee van ses mense wat op Dinsdag 8 Desember deur PEN America vereer is. Frazier is die tienermeisie wat George Floyd se dood verfilm het. Obama? Hy het pas ’n boek geskryf.

PEN America is ’n groot en belangrike deel van PEN Internasionaal, ’n internasionale groep wat taalregte en vryheid van spraak, die pers, die sosiale media en die uitsaaimedia voorstaan.

In Suid-Afrika is daar twee PEN-sentrums: PEN Afrikaans en PEN South Africa.

Aangesien taalregte so belangrik is, gee PEN Internasionaal byvoorbeeld vir PEN Afrikaans geld om Afrikaanse kursusse aan te bied.

Smeltkroes is ’n voorbeeld van ’n Afrikaanse produksie wat deur PEN Internasionaal moontlik gemaak is.  Lees meer oor die internasionale beweging hier.

Dinsdagaand, of dan 02:00 Woensdagoggend Suid-Afrikaanse tyd, is PEN America se virtuele seremonie op verskillende kanale uitgesaai. Soos te wagte, het mediavryheid en die waarheid onder die loep gekom.

Darnella Frazier was een van twee mense wat die “PEN/Benenson Courage Award” ontvang het. Die ander een was Marie Yovanovitch, ’n beroepsdiplomaat.

Yovanovitch het vir dertig jaar Republikeine en Demokrate gedien. Sy was die ambassadeur in die Oekraïne toe Donald Trump haar wou laat verwyder. Die sage in al sy glorie is aanlyn te lees, maar van belang was dat Yovanovitch nie onder die administrasie se druk geswig het nie, en volle samewerking gegee het in die ondersoeke wat gevolg het. Daarvoor is sy geloof en die prys is virtueel aan haar oorhandig deur niemand anders as Madeleine Albright nie.

Frazier, die tiener wat Floyd se dood aan die wêreld gebring het, is vereer omdat sy aangehou het om die situasie af te neem, ten spyte van haar eie trauma. Spike Lee het die prys aan haar oorhandig.

Selfone het later die aand weer ter sprake gekom.

Xu Zhiyong is vereer met die “PEN/Barbey Freedom to Write Award”. PEN-sentrums regoor die wêreld monitor geweld teen skrywers en joernaliste. Xu Zhiyong is al ’n geruime tyd in die moeilikheid by die Chinese regering, maar is weer in hegtenis geneem toe hy kritiek gelewer het daarop dat sy regering nie aan die begin van die COVID-19-uitbraak genoeg gedoen het om die wêreld te waarsku dat ’n baie ernstige virus op pad is nie. Hy is steeds in aanhouding en is, volgens berigte, nog nie weer gesien nie. Sy verloofde het die prys namens hom ontvang.

Patti Smith is vereer met die “PEN/Audible Literary Service Award”.

Frank A Bennack Jr is aangewys as die “2020 PEN America Corporate Honoree” vir sy werk as die hoof van Hearst, ’n mediareus.

Toe breek die oomblik aan waarvoor talle gewag het: Die “PEN America Voice of Influence Award” is aan Barack Obama oorhandig op grond van sy nuwe boek, Promised Land.

Ron Chernow het daarna met Obama ’n onderhoud gevoer oor mediavryheid en die waarheid.

Obama het vertel hoe hy as jong senator talle koerantredakteurs besoek het in die konserwatiewe rooi state. Hulle was openlik republikeins in hulle aanslag, maar hulle was ook etiese joernaliste en het Obama ontvang, na hom geluister en sy boodskap aan hulle lesers oorgedra.

Vandag, sê Obama, is die probleem dat fopnuuswebruimtes ewe veel volgelinge as die New York Times het en dat hierdie ruimtes hulle nie aan joernalistieke etiek steur nie.

Die konserwatiewe redakteurs uit sy jong dae was soms openlik teen Obama se ideale gekant, maar hulle het die waarheid nagejaag. Vandag kan almal hulle selfone gebruik om op webruimtes te kuier waar die waarheid nie meer saak maak nie.

Chernow vra Obama toe of ons as ’n samelewing, en ook Amerika as ’n land, nie moet moeite doen om mense op te lei om valshede raak te sien en om die media krities te benader nie. Daarmee was Obama dit eens. Die “fourth estate” wat so ’n belangrike rol in die opbou van die VSA gespeel het, moet weer een van die boustene van jongmense se kritiese denke word. Almal móét krities wees oor wat in die media gebeur, maar om die formele media, wat aan streng vereistes voldoen, gewoon te ignoreer en fopnuusruimtes te volg, dít is problematies. Jonk en oud moet weer joernaliste se rol leer verstaan en dan krities omgaan met diegene wat nie aan die standaarde voldoen nie.

Die aand het dus die selfoon onder die loep gebring: Darnella Frazier het met haar selfoon die waarheid opgeneem en uitgesaai, maar daardie selfoon is ook die poort tot soveel inligting wat nie altyd deur etiese mense bestuur word nie.

Relevansie vir Suid-Afrika

Waarom sou enigiemand, dis nou ek, 02:00 die oggend opstaan om na ’n klomp Amerikaanse pryse te kyk?

PEN America is al byna 100 jaar oud en is een van die grootste en aktiefste PEN-sentrums in die wêreld, maar hulle is ook ’n lid van PEN Internasionaal, waarvan beide PEN Afrikaans en PEN South Africa lede is. Die regte van skrywers, joernaliste en bloggers word daagliks deur hierdie instansies gemonitor.

Wat meer is: Obama was gisteraand daar as skrywer, as boekliefhebber. Sy wysheid en sy insae in die werkinge van die pers en ander media was goed om na te luister.

Vir iemand soos ek, wat betrokke is by een van die kléin PEN-sentrums, is dit lekker om te hoor die grootse PEN America verskil nie soveel van ons nie.

Ons is nie alleen nie.

Die illustrasies in hierdie artikel is skermgrepe wat geneem is tydens die direkte uitsending. Die hele aand is intussen aan die publiek beskikbaar gemaak. Diegene wat belangstel, kan die hele geleentheid hier kyk.

Die volledige transkrip van die gesprek tussen Obama en Chernow is ook beskikbaar. Lees dit hier.

(Belangeverklaring: Izak de Vries is op die bestuur van PEN Afrikaans, maar hierdie bydrae lewer hy in sy persoonlike hoedanigheid.)

Lees ook:

Agter die skerms met Barack Obama se megatreffer

The post Barack Obama: Die selfoon, die media en die waarheid appeared first on LitNet.

Ruimterommel en binnekort derduisende satelliete om die aarde

$
0
0

In die 63 jaar wat die mensdom voorwerpe die ruimte ingestuur het, is daar nou 34 000 stukke ruimterommel wat om die aarde wentel wat groter as ’n lemoen is en tot 128 miljoen stukkies kleiner as ’n sentimeter. ’n Botsing in die ruimte kan katastrofaal wees en al die rommel het nou só ’n groot probleem geword dat daar skoongemaak gaan word.

Daar word ook intussen ernstige vrae gevra oor wat Elon Musk van plan is om met derduisende kommunikasiesatelliete te doen wat hulle die ruimte wil instuur. Die eerstes het reeds sterrekundige waarnemings op die aarde benadeel. Dit is egter nie net Musk wat betrokke is nie; tienduisende ander satelliete gaan binnekort die ruimte in.

Wie besit die reg om die ruimte te beheer? Daar lê ook reeds talle stukke rommel op die maan. Hoewel daar nog net ses suksesvolle menslike landings op die maan was, was daar al talle robotte wat daar geland het. Baie onsuksesvol en hulle het net daar gebots en gebly.

Die Europese Ruimte-agentskap (ESA) het pas ’n besonder duur kontrak aangegaan met ’n Switserse maatskappy, ClearSpace SA, om hulle tegnologie te gebruik om ’n groot stuk ruimterommel te verwyder. Dit sal die eerste keer ooit wees dat iets aktief verwyder gaan word.

Die robot van ClearSpace SA (links) wat vir die heel eerste keer aktief ’n stuk ruimterommel sal gaan haal deur dit met kloue te haak en saam af te bring, waarna dit in die atmosfeer sal uitbrand. Skets: ClearSpace SA / Europese Ruimte-agentskap

In 2013 het die ESA ’n loonvrag van twee satelliete met ’n Vega-vuurpyl opgestuur, maar die koppelstuk wat die loonvrag aan die vuurpyl heg, genaamd Vespa, is steeds in ’n redelik hoë wentelbaan om die aarde – tussen 664 en 800 km. Dit weeg 112 kg.

ClearSpace se tegnologie is nogal oulik. Die ClearSpace-1, ’n robot, sal in 2025 lanseer word, en met sy vier kloue sal hy die Vespa gryp. Saam sal hulle na ’n laer wentelbaan beweeg, die atmosfeer binnekom en uitbrand.

Soveel as 10 490 satelliete is sedert 1957 in wentelbane om die aarde geplaas; hiervan is 6 090 nog in die ruimte, en 3 300 funksioneer nog. Oor die volgende paar jaar word daar nog derduisende beplan. Hulle monitor die aarde en gaan vir kommunikasie gebruik word. Die satelliete wat in ’n laer wentelbaan om die aarde wentel, gebruik hulle laaste bietjie energie om uit hulle wentelbaan te val, en hulle brand uit wanneer hulle die aarde se atmosfeer binnekom. Dit gebeur egter nie met almal nie.

Maar die groter satelliete word verder van die aarde af gestuur, en dit skep rommel wat vir derduisende jare daar sal bly. Soms val hulle wel onbeheerst terug na die aarde en stukke tref die grond.

Selfs al word alle lanserings gestaak, wys die navorsing dat die rommel steeds sal vermeerder, omdat die stukke met mekaar bots, en breek. Die jongste data wys daar was sedert die begin van die ruimte-era al 5 990 suksesvolle vuurpyllanserings, wat natuurlik meer as een loonvrag sou gedra het. Dit wemel om die aarde soos wat al wat land is, sy merk in die ruimte wil maak.

Kyk hier hoe lyk dit om die aarde:

.

Verlede jaar in September moes die ESA vir die eerste keer ’n maneuver uitvoer om ’n botsing in die ruimte te voorkom. Die Aeolus-satelliet, wat aardwaarnemings doen, moes sy verniervuurpyl gebruik om ’n botsting met die Starlink-konstellasie van SpaceX, wat aan Elon Musk  behoort, te vermy.

Starlink se idee is om ’n konstellasie van satelliete in die ruimte op te stel, sommige 550 km bo die aarde en ander hoër as ’n 1 000 km. Saam vorm hulle ’n netwerk van satelliete wat met mekaar praat. Volgens die maatskappy sal dié satelliete nie die ruimte besoedel nie; hulle sal self uit hulle wentelbaan gaan en binne tussen een en vyf jaar in die atmosfeer uitbrand. Die doel van Starlink is om ’n wêreldwye internetdiens daar te stel wat orals beskikbaar, en goedkoop, is. Hulle wil eintlik meeding met elke internetdiensverskaffer op die aarde. Die eerste diens sal reeds aanstaande jaar in dele van Amerika en Kanada beskikbaar wees.

’n Groep van 60 satelliete van Starlink in die ruimte. SpaceX, asook ander groepe, beplan derduisende in die ruimte. Foto: SpaceX

Wat Musk en sy span nie op hulle webwerf noem nie, is dat daar al 955 Starlink-satelliete om die aarde is wat hy met sy eie Falcon-9-vuurpyl lanseer het. Daar is reeds 12 000 deur die  Amerikaanse Federale Kommunikasie-kommissie goedgekeur. Die uiteindelike teiken is 42 000, nadat hulle in Oktober verlede jaar die Internasionale Telekommunikasie-unie gevra het om dié uitbreiding te oorweeg.

Die probleem hiermee is die lig wat al dié satelliete skep, en sterrekundiges ervaar reeds probleme met observasies vanaf die aarde. Sulke groot konstellasies van satelliete sal die ruimte besoedel en beïnvloed wat wetenskaplikes kan waarneem vanaf talle sterrewagte wat teen hoë koste en met moeite gebou is. Satelliete kan sonlig weerkaats en daar is geen plek om weg te kruip van duisende satelliete wat ’n konstellasie vorm nie.

Satellietkonstellasies veroorsaak helder strepe soos dié oor sterrekundige beelde. Hier kan minstens 19 strepe gesien word wat deur die Starlink-satelliete veroorsaak is. Foto: CTIO/NOIRLab/NSF/AURA/DECam DELVE Survey

Daar is geen internasionale reëls oor hoe helder of dof ’n satelliet moet of mag wees nie. Die sterrekundiges vra nou dat aanpassings gemaak word. Maar dit is ’n tameletjie en ’n lang debat wat met ’n werkwinkel in 2021 gaan begin. Of die probleem opgelos sal word, wanneer geld teen wetenskap praat, is moeilik om te sê.

Die sonlig weerkaats veral tydens sonsopkoms en -ondergang. Dit is veral die tyd wanneer observasies gemaak word in die soeke na voorwerpe soos asteroïede wat naby die aarde kan kom. Maar dis ook die geval vir satelliete wat hoër as 600 km bo die aarde is, waar hulle in die aardse se skaduwee bly en die hele nag sigbaar bly. Sterrekundiges sal sukkel en die enigste uitweg is ruimteteleskope om die werk te doen – ’n ondenkbaar duur instrument om te bou, en daar is ook net ’n handvol.

Dit is egter nie net SpaceX wat betrokke is nie. OneWeb in Brittanje het reeds meer as 70 satelliete gelanseer en beplan 48 000, en Amazon het ook die toneel betree en wil meer as 3 200 opstuur. Wat gaan van ons donkerruimte word? Hoe gaan dit lyk as daar byna 100 000 satelliete in ’n wentelbaan om die aarde is? En hierdie drie maatskappye gaan sekerlik nie die laastes wees nie.

Net 4 000 ligjaar van ons af is die Lagoon-newel. In die middel is ’n reusagtige jong ster, 200 000 keer helderder as ons ster. In die newel word nuwe sterre gebore, en met ’n verkyker is dit net ’n dowwe kol met ’n helder kern. Foto: Hubble/NASA/ESA/STSCL

Belangriker is egter die wetenskap, die briljante sterrekunde wat gedoen word regoor die aarde deur optiese teleskope wat die geheime van die heelal ontsluit. Sonder die sterre en sterrestelsels sou die heelal ’n uiters vervelige plek gewees het; dit sou bestaan het uit waterstof en helium en ons sou nie hier gewees het nie.

As die basiese boublokke van die kosmos, is stervorming se kernfusie die plek waar nuwe swaarelemente gevorm word om hulle sterrestelsel te verryk. Die energie koester moontlik lewe vir die planete wat net reg geleë is.

Ons bestaan op elementêre vlak uit: ’n blok suurstof so groot soos ’n TV, ’n baksteen steenkool, ’n kilogram kalsium, ’n teelepel yster en ’n klomp ander interessante goed. Daar is kwik, arseen, tin, barium, aluminium en selfs ’n klein bietjie goud en silwer (0,2 mg). Altesaam 60 elemente is in jou liggaam.

Ons en die sterre in die Melkweg is 97% dieselfde, is bevind. Koolstof, waterstof, stikstof, suurstof, fosfor en swael is in sterre en in alles wat op die aarde lewe. ’n Volwasse man bestaan uit 60% water en ’n vrou uit 55% water, terwyl ’n pasgebore baba byna 80% water is. Die verhoudings verskil net in wat in sterre en in ons voorkom. Daar is onder meer minder suurstof in sterre.

Ons is dus stokou sterstof op molekulêre vlak, afkomstig van die ruimte.

Sterre is egter soos groot kernreaktors waarin hulle elemente vorm. Die temperature is verstommend hoog – miljoene of selfs miljarde grade Celsius, afhangende van die element wat deur fusie gevorm word.

Sterre het ook ’n "lewe" en stadiums waardeur hulle gaan. In dié proses gooi hulle herhaaldelik lae af bekend as ’n nova (nova beteken "nuut"). Wanneer hulle te swaar en groot word, ontplof hulle en dit is ’n supernova.

Gas en sterstof word honderde miljoene ligjare ver die ruimte ingeskiet. Byna al die elemente swaarder as helium is op een of ander stadium deur ’n sterwende ster gemaak.

Dit waaruit ons bestaan, is afkomstig van die novas en supernovas wat materiaal die heelal ingeskiet het en steeds skiet.

Dié ontploffings is katastrofale gebeure wat soms so sterk is dat dit so helder is soos honderde miljarde van ons eie son. Die effek kan vir honderde miljoene jare nog gevoel word in die kosmos. Dit rimpel deur tyd wat lank reeds "verby" is, en dit wat nou bestaan, en sal tyd bereik wat nog moet kom.

Ons is oud, baie oud. Afkomstig van ’n vorige generasie sterre.

 

Bronne  

Europese Ruimte-agentskap: https://www.esa.int.

Starlink: https://www.starlink.com.

A bee in a cathedral, Joel Levy, Zebra Press (2011).

The post Ruimterommel en binnekort derduisende satelliete om die aarde appeared first on LitNet.


Weerlose meganika deur Anton Roodt: ’n resensie

$
0
0

Titel: Weerlose meganika
Skrywer: Anton Roodt
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 978062409136

Weerlose meganika is pure leesgenot. Die boek het ’n kort tydslyn wat afspeel oor ’n paar dae rondom ’n jaarlikse kalenderhoogtepunt van ’n Versoeningsfees by die inryteater op ’n mynhoop in Welkom in die Vrystaat. Die storie is propvol tone-omkrul-lekkerte en mens voel soos ’n kind wat met pure opgewondenheid die toedraaipapier van geskenke afruk wanneer jy die boek lees.

Die gebeure is rondom die vertoning van Die slagting van Bloedrivier, ’n jaarlikse instelling in dié stad wat bekendheid het as ’n stad met die ironiese geen robotte, en ook rondom die karakters, amusante oomblikke en die opbou van die kleedrepetisie tot die opvoering self, met strydende impi’s en boere en verrassende engele.

Die skrywer slaag deur in die vel van die hoofkarakter, kolonel Piet Moolman, te klim, en vir jou as leser saam met Rooipiet, sy bynaam, die hoop te gee dat met dié fees, Piet van homself gered sal word – die Piet met ’n selferkende swak selfbeeld en ’n luierende dierlikheid in sy psige waarvan hy net nie kan ontsnap nie.

Die stotterende Piet wat poog om deur sy kolonelrang gesag en respek  af te dwing rondom die beplanning van die fees by die Kulturama se werkers en invloedryke persone in Welkom en omgewing, maar wat met sy eie onsekerhede in skerp kontras staan – tot by die opbou na die hoogtepunt van die opvoeringsaand. Die intriges rondom Lympi, die hoofengel, wat Piet se grootste liefde nóg word, verras, juis met die ironiese speling in die verhouding tussen mense en tegnologie vandag en hier in Welkom met die menslike robotte.

Dié robotte, of die Slimbotte en met "dom"-botte – is juis met presiesheid onder groot geheimhouding en uiters streng sekuriteit so ontwikkel om perfek hul plek as en tussen mense te vul, teen astronomiese onkoste, waar die Slimbotte die superrasgroep van die mensdom word wat nie gemeet kan word aan menslike swakhede nie en steeds verfyn word in die ontwikkeling om net beter en beter te word.

Aan die ander kant van die skaal van dié robotiese perfektheid speel hulle slinks saam om menslike swakhede uit te buit – hoe dan anders vir Rooipiet om gestroop te wees tot sy verkrummelde weerloosheid teenoor die mooiste engel wat hy nog gesien het. Hoe interessant vir kolonel Piet Moolman wat moes ontdek hoe die superrasrobotte in hul perfeksie nie die onderskeidingsvermoë het wanneer lojaliteit en getrouheid tussen geliefdes en vriende ter sprake is nie?

Met die uitdagings van 2020 se rekenaarskermvergaderings en met sosiale afstand holrug gery, lees Weerlose meganika besonder lekker in die tyd waarin ’n mens kan identifiseer met die robotiese interaksie en met goedkeuring aanvaar dat Piet eerder die perfekte meganiese liefde bo die ooglopende ware liefde met foute onder sy neus verkies.

Met die pandemie lees dié wetenskapfiksieroman ook maklik as ’n realiteit van nou, soos met Koors van Deon Meyer ervaar is as moontlik voorspelling van die onwerklike as ’n nuwe wêreld. Is Weerlose meganika dié voorspelling van ’n lewe waar robotte ons steunpilare word en ons as mense verder weerloos laat weens ons totale afhanklikheid van tegnologie vir werk en sosiale kontak?

Dié debuutroman verras met vars, sonder-doekies-omdraai-woordgebruik en is bestrooi met ongelooflik skerp en snaakse beskrywings, waar die gedagtes en opmerkings van Rooipiet my as leser menige keer hardop laat proes het van die lag – iets wat min boeke nog kon regkry, bloot oor die onverwagte beskrywings en gebeure wat letterlik in elke paragraaf skuil.

‘n Voorbeeld is die name en beskrywings van die drie "Pussycat Dolls", Kietzi en Kittie met hul verskillende rasverteenwoordiging – dis duidelik dat die skrywer tong-in-die-kies rondspeel met ’n wêreld waarin die enigste grens jou verbeelding is. En die interaksie met die "Dolls", waar jy as leser saam met die swetende Rooipiet in die onderste myngange na vars lug smag, en tog verkrummel oor hoe Piet hul meganiese harte met ’n swart robotskapie wen.

’n Ander voorbeeld van die goeie beskrywing is waar Lympi, die hoofengel, "met ’n volstruisveer bo die ander twee engele verhewe word" en wat "ter helle neergedaal het en weer opgestaan het …"

Met geen voorafkennis van die boek óf skrywer nie, was dit die interessante omslag wat die oortuiging vir die lees aanvanklik gegee het. Sou ek vooraf geweet het dit is wetenskapfiksie, sou die omslag dalk nie die nodige leeslus vir my as leser gegee het nie. En groot was die verrassing dat wetenskapfiksie baie meer belofte inhou, juis in die vreemde jaar wat ons vanjaar beleef het met tegnologie as ons nodige redding vir kontak met die buitewêreld.

Die roman van net meer as 300 bladsye vertel ’n verhaal met slim speling tussen menslike begeertes en die vlees se drange na perfektheid, met die opbou na Rooipiet se kaartehuis wat inmekaar wil val juis as gevolg van sy vertroue in die robotte, tot die opbou na die opvoering en "die liefdelose vakuum wat op aarde oorgebly het", emosionele vervulling en die smagting om liefdeleemtes te vul.

Die kontras van die bokant van die mynhoop met die simboliese invloede op kapitalisme, invloedrykes en sintetiese tegnologiese oorheersing word goed balanseer sonder enige uitsprake met die onderkant van die mynhoopgange waar onderdrukking, Chinese beheer en ander ongerymdhede plaasvind.

Daaglikse raakpunte word subtiel aangeraak sonder dat die skrywer enige uitsprake daarrondom maak, en met versoening wat simbolies in die agtergrond luier, word morele waardes subtiel na die voorgrond gestoot.

Kolonel Piet Moolman, aan’t hoof van ‘n menigte opvoerings rondom Die slagting van Bloedrivier-versoeningsfeeste, wat met elke opvoering hard daarna streef om te wys dat versoening nie rasgedrewe is nie en soos die storielyn ontvou, wys dat toekomsgerigte versoening – ook soos in vandag se pandemiese tye – mik na tegnologie wat alles oorheers en juis die uitdagings vir versoening in die toekoms bied.

Dit was verfrissend om te kon lees hoe transgender karakters, hermafrodiete en albanisme in die storielyn ingeweef is sonder dat die skrywer enige stelling hieroor maak, en waar die mens met die doodstraf gevonnis kan word sou ’n robot se "blou bloed" nie meer vloei nie, en dat "blou lives matter". Ook hoe die mens, tegnologie en robotte verlei word, terwyl kapitalisme steeds voortbestaan met die swakkeres en weerloses wat te gewillig hiervoor instaan.

Dan is die ander juwele in die boek die manier waarop Afrikaanse name gebruik is, soos Piet, Rooipiet, Klein-Petrus, Saartjie Spaarwater. Met Led Zeppelin se musiek waarvan die "dom"-botte net niks van sal verstaan nie en die bekende lekkernye soos hertzogkoekies en draairoomys, terwyl die robotte Q10 met "Glad wrap" sluk.

Sonder om te veel van die inhoud bekend te maak, is erkenning nodig aan Piet se sê- en dinkgoed, en hoe hy goed op die naam noem. Soos sy gestoei met "wolpoeding"-gedagtes; hoe hy sy assistent as "’n reuse basaar-toffieappel sien wat sy mond onbetaamlik laat water"; en sy gesukkel met ’n babelas "wat voel of brokstukke mynerts in sy kop rondskommel".

Ek stoei wel met my lees oor Rooipiet wat stotter ... Dit het my in die begin van die roman baie gepla en my oog het gewoond geraak daaraan dat ek dit nou met onsekerheid uitlig en my afvra of dit nodig was vir Rooipiet om te hakkel, asook twee redaksionele foute wat my oog gevang het. Kan ’n hakkelende Rooipiet aanstoot gee juis met hoe die boek eindig? Dan pla dit ook effens hier en daar met minder oorspronklike en geykte taal, soos waar die skrywer van "moermeter" praat vir kwaad word.

Weerlose meganika is ’n juweel van ’n boek met die eerlike, satiriese, humoristiese en gestroopte skryfstyl sonder pretensie wat in dié verbeeldingsreis alle verwagtinge oortref.

The post <em>Weerlose meganika</em> deur Anton Roodt: ’n resensie appeared first on LitNet.

rooimierwoorde

$
0
0

Foto: Canva.com

rooimierwoorde

jou woorde is rooimiere – 
dit byt en knyp en pynig my 
jou woorde se venynige knypers 
knaag aan die sagte vlees van my hart 
probeer inkomplek kry 
krake maak in my Jerigomuur 
jou letters word karakters in ’n vreemde taal 
dit verwar my eens korrekte linkerbrein 
letters en woorde word syfers wat nie klop nie 
hoe maak ek sin uit hierdie hope krabbellyne?

jou rooimierwoorde is onwelkom, maar werklik 
U skuimbrandersagte woorde is welkom, 
sink diep vertroostend tot binne 
my strandsagte hart

Here, Vader, Abba … 
U weet alles, dat ek U liefhet 
U ken my sit en opstaan en loop en huil 
ek bakoor my hart en hoor U stem, 
sag maar klokhelder:

Ek is hier, 
kom vind rus in my Vaderhartwoorde

The post rooimierwoorde appeared first on LitNet.

Fees vir die aasvreters

$
0
0

Foto: Canva.com

Fees vir die aasvreters (depressie)

ongenooid kom neem hul plaas 
aan die tafel van my gemoed 
maak hul ongevraagd tuis 
in die aansien van my oordeel

sleep vlerk oor my denke 
en kwyl toksien oor my wil 
met onlogiese wenke

aas aan my selfbeheersing 
verslind my selfagting 
en trap bloedspoor oor logika

hoe dan het dit gebeur 
dat ek my gemoedstafel 
so kon oopstel 
as feesmaal 
vir die aasvreters?

The post Fees vir die aasvreters appeared first on LitNet.

Om alles brutaal te herrangskik – Deon Wiggett oor ’n Enkele verhaal

$
0
0

In 2019 het Deon Wiggett se reeks podsendings waarin hy die vermeende pedofiel wat hom as tiener gemolesteer het, ontmasker, die wêreld aangegryp. Wiggett het ’n internasionale toekenning ontvang nadat die podsendings deur News24 uitgesaai is. Onlangs het sy boek oor dié dramatiese gebeure by Penguin Random House verskyn – in Afrikaans as ’n Enkele verhaal, en in Engels as My only story.

Melt Myburgh het Deon uitgevra oor sy ervarings tydens en sedert die verskyning van die boeke.

Deon Wiggett, skrywer van die opspraakwekkende ’n Enkele verhaal (Foto’s: verskaf)

Aan die einde van die onlangse Carte Blanche-onderhoud oor jou boek sê jy dat jy nou eers, ná veertig, die Deon Wiggett kan wees wat jy nog altyd wou wees. Wie is Deon Wiggett nou? Kon jy daardie skoonheid waarvan jy in jou jeug beroof is, terugwen?

Ja, maar … Dis ongelukkig nie so eenvoudig nie. Ek hou meer van myself as wat ek het, maar net soms. Die skryf van die boeke was ’n literêre sowel as ’n terapeutiese proses, maar dis nie asof ’n teks ’n magic wand is nie. Maar ek dink die boek is mooi, en op daardie wyse kon ek ’n stukkie skoonheid terugwen. Genoeg skoonheid? It is too soon to tell.

Die dood van jou pa in 2017 was ’n waterskeidingmoment wat daartoe gelei het dat jy die trauma wat jy as kind ervaar het, kon opvolg met die ontmaskering van die persoon wat jou leed aangedoen het. Vertel asseblief hoe die verlies van jou vader tot dié gebeure aanleiding gegee het.

Mens kan nie onthou wat jy vergeet het nie – dis soos die omgekeerde van daai Laurika Rauch song, “Vergeet om my te vergeet”. Maar wanneer jou wêreld skielik in duie stort, flap elke herinnering in die wind en jy moet probeer uitwerk hoe om alles brutaal te herrangskik. Dit is dan wanneer jy begin dink aan goed wat jou brein elders weggebêre het.

Jou podsendings, wat die wêreld in 2019 regop laat sit het, was in Engels. Nou vertel jy die volle verhaal in ’n boek wat gelyktydig in Afrikaans en Engels verskyn. Het die verhaal vir jou op ander maniere betekenis gekry toe jy dit in Afrikaans geskryf het as wat die geval met die Engels was? Was die medium van die Engels ’n buffer tussen jou as verteller en die inhoud van die verhaal?

Dit was bes moontlik ’n rookie error om die boeke onmiddellik na mekaar te skryf. Emosioneel was die Afrikaanse boek bitter moeilik. In die Engels kan mens amper antropologies omgaan met Afrikaansheid, wat die prosa ’n dissosiatiewe narratiewe posisie gee, wat my goed pas.

Maar dit was nie ’n opsie wat geredelik in Afrikaans beskikbaar was nie – dis nou nie asof jy Afrikaanse mense kan vertel hoe Bloemfontein is nie. So die narratiewe fokus in die Afrikaanse teks is twee stappe nader – it moves from the universal to the peculiar. Die Afrikaanse boek is ’n baie ander skepsel as die Engels; dis een van die redes waarom dit ’n Enkele verhaal genoem word.

In die podsendings was daar ’n spanningslyn wat opgebou het tot die onthulling van beweerde oortreder se identiteit. Met die skryf van die boek was sy identiteit reeds geopenbaar. Hoe het dié gegewe die manier waarop jy die boek aangepak het, beïnvloed?

Ingrypend. Die boek se spanningslyn werk uiteraard anders – maar na my mening is dit niks minder spannend nie. Die storie van die podcast is nie eers die eerste helfte van die boek nie – en op baie maniere is skolestelsel die boek se ultimate villain. As jy dink jy ken die storie van die podcast af, you don’t. Die podcast was ’n exposé; die boek is meer ’n investigative Bildungsmemoir.

’n Enkele verhaal takel die kultuur van aandadigheid wat ons samelewing ondermyn, en veral in ons skole ten opsigte van kindermolestering. Hoe omvangryk is hierdie probleem vandag nog? En hoe sien jy die rol wat jou boek speel om die situasie te help verander?

Die boek fokus op vergrype uit die negentigs, maar die ondersoek het my na allerlei onverwagse plekke gelei, woerts, tot in 2020. Dit is nie waaroor ’n Enkele verhaal gaan nie, maar ek het baie geïnteresseerd geraak in seunskole. Die toksiese kultuur by die skole lei tot seksuele brutalisering op allerlei maniere.

Ek gaan volgende jaar ’n aantal spogskole nooi om saam met my te werk in my nuwe ondersoek; ek dink hul reaksies sal ons baie nader bring aan ’n soliede antwoord op jou vraag. Dit is my instink om die euwel in volle omvang te openbaar. Goeie onderwysers kan die boek gebruik as ’n morele en praktiese handleiding; bose onderwysers kan dit maar sien as ’n dreigement.

Sedert jy as kind die prooi van ’n pedofiel was, het die wêreld dramaties verander – wat is jou ervaring hiervan? Lewe ons vandag in ’n beter wêreld wat sake soos hierdie betref, of is ons nog bitter ver van ’n samelewing waarin ons kinders veilig en vry van die aanslag van predatore is?

Pedofiele gaan altyd daar wees; daar gaan nooit ’n tyd kom waar ouers nie op die uitkyk hoef te wees nie. Dit was vir my belangrik om deur die boek vir ouers en volwassenes praktiese maniere te gee om ’n oog te hou. I can tell you for free dat die booswigte selde vreemde mans met lekkergoed in bakkies is.

In ’n Enkele verhaal stel jy ’n model saam waarvolgens mense pedofiele kan identifiseer. Is dit nie ’n gevaarlike onderneming nie?

Almiskie. Ek agiteer nie vir neighbourhood bonfires vir vermeende pedofiele nie. Daar is darem ’n hengse groot stuk grond tussen vigilance en vigilantism. Die meeste mense verstaan nie hoe pedofiele werk nie, maar daar ís gevaartekens om dop te hou. Dit gaan daaroor om mense toe te rus om kinders se verhoudings met volwassenes te evalueer. Daar trek amper altyd ’n rokie – mense moet dit net raaksien.

Pedofilie en die predatoriese optrede van volwassenes teenoor kinders is ongelukkig nie iets nuuts nie; dit kom deur die mensdom se ganse geskiedenis aan. Waaraan skryf jy dit toe dat volwassenes seksueel deur kinders geprikkel word?

Man, dit is grootliks psigopatie. Psychopaths beget psychopaths – ek gaan in die boek diep daarop in. Tensy ons ’n etiese manier vind om Minority Report toe te pas, sal hierdie dose met ons wees soos kokkerotte en belasting.

Wat is jou boodskap aan kinders wat hulle in ’n molesteringsituasie bevind? En waarop moet ouers, onderwysers en skoolhoofde bedag wees?

Almal behoort te leer hoe sexual grooming werk – jy hoef nie die boek te koop nie, jy kan dit op die internet gaan lees. Maak seker jou kind verstaan hoe dit werk. LitNet is straks nie die ideale plek vir my om iets aan kinders te sê nie, en ek is nie ’n pedagoog nie. Maar ek verstaan hoe onmoontlik dit vir kinders is om ’n molesteringsituasie te verstaan. Ons verhoed dat kinders karre bestuur of met messe goël; dit is waarom kinders voogde nodig het. Dit is volwassenes se taak om kinders veilig te hou – onder meer deur te verstaan wie hulle wil vang.

Vertel asseblief van die terugvoering wat jy sedert die verskyning van ’n Enkele verhaal ontvang het. Ek neem aan mense salueer jou vir die moed wat jy aan die dag lê? Maar kry jy ook negatiewe reaksie van mense wat nie die situasie ten volle begryp nie?

People have been very kind. Ek doen geen moeite om enige trolling op te spoor nie – for all I know, there’s an interactive Deon Wiggett voodoo doll; ek het die afgelope paar dae ’n vreemde pyn in my regternek.

Hoe het jou man Riaan die uitdagende tydperk waarin jy die trauma van jou verlede moes verwerk, ervaar? Dit kon sekerlik nie maklik vir hom gewees het nie?

Riaan is alles.

 

The post Om alles brutaal te herrangskik – Deon Wiggett oor <i>’n Enkele verhaal</i> appeared first on LitNet.

Ode aan ons liefde

$
0
0

Foto: Canva.com

Ode aan ons liefde

Jare gelede het ons 
ons name 
in twee harte oor mekaar 
op ’n akkerboomstam 
uitgekerf;

jy het plegtig belowe 
jou liefde vir my 
sal ’n mooi skildery 
van ons lewe saam verf

en dat dit sou bly lewe, 
selfs nadat jy sou sterf;

jy het jou aai-hande 
soms teer, 
soms gulsig 
oor die kontoere 
van my gewillige lyf 
in ’n ontdekkingstog 
laat vaar

en met jou oë  
wat in myne staar 
romantiese drome  
in my jongmeisiehart  
gebaar:

ons weë saam 
sou deur 
helder sterre gaan 
en in die landskap  
van ’n volsirkelmaan, 
sou ons oorvloed 
brood breek, 
– oorstelp van liefde – 
dit in mekaar 
se wyn week.

Nou word 
dié naskrif-gedig 
in deurleefde inkverf 
uitgekerf:

ons lewe was soms 
skaars aan oorvloed, 
ons had te dikwels 
te min wyn

maar in my oë  
het jy die lig 
altyd laat skyn

en al is my hande nou 
bruin bevlek, 
blou beaard, 
verkalk aan’t bewe,

bly fier vir jou 
my liefde lewe;

ek sal my bietjie brood 
weer met jou breek, 
my laaste leksel wyn 
deur jou lippe dring,

met my mond die oorvloed  
van ons samesyn besing,

ek sal 
die mooiste van my lewe 
as ode 
aan jou liefde bring.

The post Ode aan ons liefde appeared first on LitNet.

Viewing all 22066 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>