Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

LitNet Akademies-resensie-essay: Die heelal op my tong deur Anoeschka von Meck

$
0
0

Titel: Die heelal op my tong
Outeur: Anoeschka von Meck
Uitgewer: Penguin Random House South Africa
ISBN: 9 781485 904106

  1. Inleiding

Anoeschka von Meck, skrywer van onder meer die blitsverkoper, Vaselinetjie (2004) se opspraakwekkende nuwe roman wemel van atipiese liggame. Lyflikheid word voorop gestel en kom tot volle uiting in die protagonis, Wille Willemien se stryd teen die skaal. Alhoewel Von Meck ontken dat haar jongste roman outobiografies is, is die boek "’n saluut" aan haar biologiese pa, Vloog Theron, ’n berugte dollarboer. ’n Foto in die kolofon toon Theron as jong huursoldaat en aide-de-camp vir Moïse Tshombe van die Kongo in 1962. In ’n Graffiti-aanlyn kuier (2020) noem die skrywer dat sy daarvan hou as die leser wonder oor wat outobiografies is en wat nié – woorde wat sy dan ook eggo in ’n artikel in Huisgenoot (Van Zyl: 2020). Dis waarskynlik veilig om na Die heelal op my tong te verwys as outobiografiese illusie.

Von Meck het as uitvloeisel vir haar PhD in skeppende skryfkuns ook ’n proefskrif, getitel "Vet in fiksie. ’n Foucauldiaanse kritiese diskoersanalise van die liggaamsbeskouing in uitgesoekte hedendaagse Noord-Amerikaanse vetfiksie" voltooi. Dit spreek die groot leemte rondom vetstudie en eetverseurings binne die Afrikaanse letterkunde aan. Naas ’n blog deur Taljard (2018), wat handel oor die digter, Aniel Botha se bundel Pirouette (2012) en die uitbeelding van balletdanseresse se anoreksie, is hierdie onderwerp nog ’n braakveld. In ’n ánder blog wys Bennett op die verband tussen eetversteurings en die Instagram-kultuur (2019). Karakters met eetversteurings figureer onder meer in Barrie Hough se jeugfiksie, Vlerkdans (2014) en die drama, Die pad byster (2014) deur Nicola Hanekom. Binne die romankuns is daar ’n vetsugtige karakter in Eben Venter se Horrelpoot (2006), maar dit is geïsoleerde gevalle en die oes is maar skraal as dit kom by vetsugtige protagoniste en vetfiksie in Afrikaans.

Die heelal op my tong word gefiksionaliseer as ’n strokiesprent en van die karakters het sprokiesprentname, byvoorbeeld die protagonis, Wille Willemien is ontleen aan dié gelyknamige en gewilde strokiesprent wat in die tagtigerjare in Rapport Tydskrif verskyn het. Die skrywer hou die spel tussen werklikheid, fiksie en fantasie vol van begin tot end. Die skrywer waarsku in haar skadeloosstelling voorin: "Hierdie verhaal is bisaro-fiksie. Glo dit op eie risiko." Bisaro-fiksie, ook bekend as Bizarro-fiksie, is ’n hedendaagse literêre genre wat gekenmerk word deur elemente van die absurde, satire, die groteske en pop-surrealisme om ’n aweregse, vreemde ("weird") en hoogs vermaaklike werk te skep. Die toetssteen van bisaro-fiksie lê in sy vreemdheid ("weirdness").   

  1. Oorskouend: die verhaal

Daar het selde so ’n driedimensionele, volronde karakter en vetsugtige protagonis in Afrikaanse fiksie verskyn as Wille Willemien, die spil waarom die narratief draai.

.........

Daar het selde so ’n driedimensionele, volronde karakter en vetsugtige protagonis in Afrikaanse fiksie verskyn as Wille Willemien, die spil waarom die narratief draai.

...........

Willemien en haar suster, Precious Cargo, onderneem ’n reis na die Richtersveld om hulle oorlede pa se kluis vol geheime met ’n winkeltrollie van ’n krans af te stoot. Die verhaalgegewens word geaktiveer deur Willemien se notaboeke en ou foto’s en sy begin spontaan te bieg oor haar onkonvensionele lewe tot dusver; oor haar disfunksionele kinderjare. Haar preokkupasie met kos, restaurante, eet as troosrituele en selfs hongerly in haar ouerhuis word sedert haar laerskooljare belig. Willemien vertel aan haar veel jonger suster van die verskillende skole waarin sy was en van haar pa se skaduagtige besigheidstransaksies. Haar ma het aan "slaapsiekte" gely (dis onduidelik of dit narkolepsie of depressie was), en verder het sy chronies dieet – en oorlog teen kaas verklaar. Alhoewel die moeder mooi en slank gebou was, is daar tog ’n onderliggende suggestie van anoreksie. Want Willemien se pa het geen imperfeksie by sy vrou of dogters geduld nie. Die ouers was banger vir vet as vir ’n grondeis. Dit is ironies dat Willemien se pa, wat polio gehad het as kind, misvormde voete gehad en by tye van ’n rolstoel gebruik moes maak en sy eie gestremdheid op sy gesin geprojekteer het. 

Willemien was nog op laerskool toe haar pa geëmigreer het na Amerika. Sy het saans haar tas gepak en op die trappe vir hom gewag om terug te kom. In haar standerdsesjaar is sy gemolesteer deur die skoolhoof by ’n nuwe, plattelandse Afrikaanse skool. Sy moes tydens "privaatinspeksies" in sy kantoor van al haar skoolklere ontslae raak. Willemien word aanvaar deur ’n groep meisies wat aan bulimie ly en "skytpille" drink, (178) en ontvang komplimente omdat sy so mooi gebou is. Maar in haar sestiende jaar verhuis sy Amerika toe, omdat die skool kwansuis nie langer ’n leerder met so ’n erge eetsteurnis kon akkommodeer nie. (Die waarheid is dat die skoolhoof bang was dat sy "privaatinspeksies" op die lappe sou kom.)

Willemien se herontmoeting met haar pa (en sy nuwe vrou) is alles behalwe idillies. Hy is ’n aggressiewe vreemdeling; glad nie die man wat sy onthou nie. Sy hou vir drie maande op met eet en beland in die hospitaal. "Voer haar net bietjie binneaars. Dis beter as dat sy vet raak." (182) Dít is Willemien se pa se woorde aan die dokter, en mens kan nie help om te wonder oor die subtiele mishandeling; die onverskillige aanmoediging tot anoreksie nie. Dit is ook skokkend wanneer haar pa haar van haar fiets af stamp met sy stasiewa en dit duidelik maak dat daar nie plek vir sy dogter uit Afrika in sy nuwe lewe en huwelik in die VSA is nie. Willemien hou op eet en praat. Terug in die rehabilitasiesentrum walg sy in die anoreksielyers en besef sy wil nog lag, liefhê en vrywees – en sy word ontslaan: "Ek is ’n fake versteurde" (192).

Die volgende hoofstuk in Willemien se ontstuimige jong lewe breek aan wanneer die 38-jarige Willis Howelis, ’n kennis van haar pa, haar nooi om by hom te kom bly. Hy reageer nie op haar openlike attensies om hom te verlei nie, behalwe om te swig en haar oor kersfees te soen. Die enigste vrou(e) wat dié eksentrieke alleenloper liefhet, is sy vintage-motors. Nadat Willis hulle saamwoonverbintenis beëindig het, is Willemien verpletter en begin sy te eet – en tel 38 kg op (Willis is, interessant genoeg, 38 jaar oud).

Willemien maak kennis met ecstasy ("Stacy") en woon tydelik by haar Amerikaanse ouma in Palm Springs, ’n paar blokke van haar pa af. En steeds is niks wat Willemien doen, goed genoeg vir haar kritiese vader, wat intussen ’n welaf man geword het nie. Hy maak vriende met die FBI-agente en regeringsamptenare wat op sy spoor is, maar in stede van arrestasies, trakteer hy hulle rojaal. Willemien voltooi haar skoolloopbaan aan ’n Amerikaanse hoërskool en trek San Francisco toe, waar sy aansluit by ’n skoonmaakdiens om te werk as skoonmaker en inskryf vir ’n graad by die plaaslike universiteit. Sy bly egter konstant honger en bly smag na ecstasy.

Wat my na San Francisco toe getrek het, was die aardige studierigtings en omdat dit naby Berkeley is – bekend vir sy dwelmvriendelike kultuur van die sestigs en sewentigs, ’n besonderse tyd in die Amerikaanse psige se soeke na iets méér. My doelwitte is deeglik uitgewerk: Neem soveel chemikalieë of plante moontlik in om my pineale klier oop te skiet: kom onder Pa se beheer uit: maak kontak met die ware SkepperGod (238).

Sy knoop ’n verhouding aan met Kandy, ’n Hindoe en welvarende sakeman wat sy tydens haar een-en-twintigste verjaardag in ’n jacuzzi ontmoet. In ’n tuimeltrein van gebeure, soos ’n bonatuurlike gebeurtenis (sy het Liberace se astrale gedaante in die pad gewaar nadat hy gesterf het), en ’n vernietigende dwelmdieet in Sri Lanka, ontspoor Willemien heeltemal. Die beskrywings van die psigose wat die amfetamiene, wat haar moes help om gewig te verloor voor sy en Kandy trou, is skokkend en surreëel, en die roekelose spel tussen werklikheid, waan en fiksie word meesterlik gedryf as ’n leemte in die protagonis wat nooit gevul kan word nie. Die dwelmmisbruik herinner aan Willemien se verorberingsrituele, maar ook aan ’n stigmata, soos later in dié essay belig sal word. Die dwelmdieet is ’n contradictio in terminis – om ’n lewensgevaarlike en onwettige roete van selfopgelegde lyding te volg om te verslank ten einde mooi en sosiaal aanvaarbaar te wees. Die roman is gelaag in ’n legio subtekste, waarvan een Willemien se soeke na God is.

Clifford O’Kill, een van Willemien se pa se meelopers, het haar in Sri Lanka gaan haal en haar veilig in die sorg van Ouma Okahandja besorg. Dit is dan die einste Clifford met wie Willemien later trou. "My eie-eie onrondfokbare Tintin" (305). (Dié strokiesprent was op ’n stadium in Afrikaans bekend as Die avonture van Kuifie.) Willemien het in Clifford dieselfde eienskappe as in haar pa raakgesien – ’n onblusbare lewensvreugde, vreesloosheid en robuustheid. Clifford was as seun in ’n motorfietsongeluk waartydens sy liggaam in twee geruk is. Nadat die medici hom vir dood gelaat het, het hy wonderbaarlik oorleef en ná ’n jaar sy bewussyn herwin. Maar die huweliksgeluk was van korte duur: Clifford raak verslaaf aan dwelms, en Willemien en haar skoonma Rosemary se stryd om aanhoudend die terugkoopgeld op Willemien se Mini Cooper te betaal, het begin. Intussen begin Willemien te werk as joernalis by ’n plaaslike dagblad, maar haar lewe word oorheers deur Clifford se dwelmverslawing en om hom los te koop uit smokkelhuise en die mag van dwelmbendes. Eers heelwat later verneem Willemien van Clifford se ontrou en sy probeer hom omry met haar Mini – nét soos haar pa haar destyds van haar fiets afgestamp het met sy stasiewa. Na twee geheimsinnige huurmoorde verdwyn Clifford oorsee, waar hy op 45 sterf aan ’n hartaanval. Parallel met hierdie gebeure verarm Willemien se pa, voor sy gesondheid vermoedelik ná ’n hartaanval of beroerte in duie stort. Dit is eers met die afstoot van hul pa se swaar kluis, sy sneeujas en Clifford se stafie as teen ’n krans, wat Willemien vrede vind.

Tydens ’n onderhoud noem Von Meck dat sy spiraalromans skryf – en nie romans met ’n chronologiese verloop nie. Hierdie vereenvoudigde sinopsis van die verhaalgebeure verloop nie noodwendig liniêr nie en het slegs ten doel om as raamwerk vir enkele teoretiese perspektiewe te dien.

  1. Die meerduidige titel

Die titel, Die heelal op my tong, is hiperbolies en meervlakkig in betekenis. "Dood en lewe is in die mag van die tong: en elkeen wat dit graag gebruik, sal die vrug daarvan eet." – Spreuke 18:21. Die Bybelteks verskyn as inleidende motto voor in die boek. Asook: "Woorde het krag. Dit kan jou bind of vryspreek" (360).

Ek smeer Vicks aan my lippe, want ek het myself droog gepraat. Áls! Dit is asof alles wat ek in my kinderjare opgegaar het toe ek by tye ophou praat het teen my stembande ophyser om by my mond vry die ruimte in te klank (360).

En ook: "Die heelal is op jou tong" (382). Dít is die woorde wat die onbekende pelgrim onthou voordat hy by die Tabernakel ingaan; woorde wat ’n serene skaapwagter lank gelede vir hom gesê het, maar hy het nooit die betekenis daarvan gesnap nie.

Een moontlike betekenis van die titel is die metafisiese krag en lading van taal. Willemien het haarself "dun" gepraat en, in tandem met die swaar kluis, ook die metaforiese gewig van soveel jare se onuitgesproke woorde van haar afgegooi. Sy is nou lig. Sy het die hele reis na die Richtersveld teenoor haar suster, Precious Cargo, gebieg.

’n Tweede moontlike betekenis is die hiperboliese assosiasie met eet, eetversteurings en verorberingsrituele, wat op groteske wyse voltrek word.

Foto van Anoeschka von Meck: https://www.litnet.co.za/anoeschka-von-meck-1967/

  1. Vetstudie

Volgens Von Meck (2018:iv) is vetstudie ’n interdissiplinêre navorsingsveld wat ’n afgebakende aspek van vetsug en obesiteit ondersoek. Die fokuspunt is die liggaamsbeskouing (body image), ’n begrip wat vetsug stigmatiseer as die abnormale, die onbeheerste en die walglikheid van ’n liggaam en aptyt sonder perke. Vetfiksie handel oor ’n korpus fiksie (in verskillende genres) wat oor oorgewig protagoniste gaan. Alhoewel daar verskillende denkrigtings rondom vetstudie bestaan, byvoorbeeld vetfeminisme, of Foucault se siening van die menslike liggaam binne magsverhoudinge, die kruks van die saak is: om oorgewig te wees, is sosiaal onaanvaarbaar. Die oorgewig liggaam is die multi-gestigmatiseerde draer van kultuurkodes wat met negatiewe persoonseienskappe soos disfunksionaliteit, depressie, onnoselheid, luiheid, lae status, gebrekkige selfsorg en dies meer geassosieer word. Atipiese liggame (deviant bodies), wat oorgewig liggame insluit, voldoen nie aan die sosiale verwagtinge van die ideale liggaam nie. Vetfeminisme, op sy beurt, is dié deel van feminisme wat gemoeid is met die aspekte wat ’n rol speel in hoe oorgewig vroue in die samelewing beskou en gekritiseer word, omdat hulle nie aan die voorgeskrewe standaarde van normaliteit en skoonheid voldoen nie (Von Meck 2018:7).

In Kristeva se Powers of Horror intensifiseer sy die siening van obesiteit as "veragtelik". Só gestigmatiseerde identiteit posisioneer die vetsugtige outomaties as die Ander teenoor die dominante kulturele en sosiale meesterkodes, die Self.  

Valentine (2020:18) haal die filosoof en feminis Sandra Bartky aan:

Massiveness, power, or abundance in a woman’s body is met with distaste. […] Hunger must always be monitored, as food is needed to live but also forbidden in fear of fatness. Women are meant to take up less space. While a man taking up space exudes power, a woman is not meant to have this space. Under the current ‘tyranny of slenderness’ women are forbidden to become large or massive; they must take up as little space as possible.

Die konsep, Framing fat (Valentine 2020:21) breek die dilemma van vetsug in vier kategorieë vir raamanalise op. Eerste is die keuse-/verantwoordelikheidsraam wat fokus op die vetsugtige individu se vrywillige verbruik (of misbruik) van kos, en die gevolge wat só persoon as gevolg van vetsug moet dra. Die tweede raam is die sosiaal-geregtigheidsraam, waar daar na ongelykheid en diskriminasie teen vetsugtige mense gekyk word. Die derde raam is die gesondheids-/mediese raam, die mees dominante raam wat waarsku dat vetsug ongesond en gevaarlik kan wees. Die vierde raam is die estetiese een, óók ’n dominante een, waarin mode en skoonheid die pas aangee, met modelle en vroue wat vietse lyfies het. Hierdie raam besluit dat vetsug lelik en "normaal" of skraal mooi en aanvaarbaar is. Dis ook dié raam wat die massamedia en advertensiewese oorheers en die boodskap uitdra dat vetsug abnormaal is, tot ongelukkigheid en verwerping lei, en dat oorgewig mense mislukkings is. Vice versa vir dié wat slank is. En van estetika gepraat — alhoewel die plus-grootte kleregemeenskappe heelwat ondersteuning geniet, word hierdie ekstragroot vroue nooit genormaliseer nie. Plusgrootte-klere word gemarginaliseer in winkels, óf dit word verkoop in eksklusiewe ekstra-groot winkels, vergesel van hulle eie tydskrifte en modelle. Hierdie vroue met hul modes bly randfigure en almagameer moeilik met die hoofstroom-modes.   

Volgens Labuschaigne (2008:79—80) het religie vroeër ’n liggaam-gees-skeiding verkondig: die liggaam was nie belangrik nie, die siel (en die redding daarvan) het menslike gedrag dikteer. Die liggaam was ’n "dop" wat begrawe sou word, terwyl die siel die ewige saligheid of verdoemenis sou beërwe. Die liggaam het ook as gevolg van streng godsdienstige voorskriftelikheid sy drange onderdruk en negeer. Met die opkoms van die verbruikerskultuur is die liggaam erken as objek wat gemanipuleer, verpak, vertroetel, mooigemaak, geoefen, gemasseer, getatoeëer, bemark en verkoop kon word. Die ligaam is potensieel die lokus van plesier, begeerte en geluk. "I consume, therefore I am". Nadat mense vir eeue hulle lywe misken het, teiken die verbruikerskultuur mense se liggame vandag op meedoënlose wyse. Vroeër was dit die gees wat gered moes word; vandag is dit die liggaam: "Whereas salvation previously was seen to lie in the focus on the soul and the denial of bodily desire, the body today has become the object of salvation" (Labuschaigne 2008:79—80).

Anoeschka von Meck (1967–)

  1. "Fattertainment"/vetvermaak, selfspot en -ironisering

Fattertainment, wat ek vertaal as vetvermaak, is aan die orde van die dag as dit kom by die gestigmatiseerde en spottende uitbeelding van vetsugtige mense in die media. Films soos The Nutty Professor, Norbit en Shallow Hal verdien miljoene dollar by die loket. Vetvermaak/fattertainment is die teelaarde vir negatiewe stereotipes, maar waarom is dit so gewild? Waarom lag en die spot dryf met oorgewig mense? Waarom word dit deur die samelewing gekondoneer? Een antwoord is moontlik dat die Amerikaanse kultuur glo dat jy in beheer is van jou eie lot en kry wat jy verdien. ’n Tweede moontlikheid lê in die aanbod van humor en komedie as verdedigingsmeganisme: "Almost all the research out there about using comedy as a self-defence mechanism is in the form of comedy itself." (Krishna 2019) Selfverdedigingsmeganismes is patrone van onbewustelike sielkundige strategieë wat help om angs, wat spruit uit potensieel skadelike stimilu, te verminder. Volgens Freud word hierdie meganismes ingespan om die werklikheid te manipuleer, te ontken of te verdraai om die inherente angs aan só sosiale situasie af te weer en so die individu se waardigheid te beskerm (Krishna 2029).

..........

Die heelal op my tong word gekenmerk deur hope selfspot, humor en selfironisering. Eetsteurnisse en vetsug word aan die hand van burleske karakters en absurde situasies voorgestel. Die keersy van die munt is die fel emosionele pyn wat die vetsugtige protagonist. Willemien, moet verduur.

...........

Die heelal op my tong word gekenmerk deur hope selfspot, humor en selfironisering. Eetsteurnisse en vetsug word aan die hand van burleske karakters en absurde situasies voorgestel. Die keersy van die munt is die fel emosionele pyn wat die vetsugtige protagonist. Willemien, moet verduur. In Von Meck se roman word vetvermaak gebruik as antidoot teen die pynlike werklikheid van vetsug. Dit wemel van voorbeelde, byvoorbeeld:

Gaan ek as ’n vegan, ’n vegetariër, ’n Banter, ’n gewone, gesonde persoon met ’n klein aptyt, of gaan ek inpak net wat ek wil? Gaan ek verbode kos inpak wat beteken daar gaan middernag ’n afsnypunt wees? Wat ek teen dan nog nie ingeprop het nie, moes ek presies om twaalfuur skelm by die badkamervenster van my huis op Paternoster in ’n boog vir die bure se hond gooi. Soms mik ek sleg en dan hang halwe blokke kaas die volgende oggend aan die heining. Gelukkig hou sekere voëls daarvan (321).

In ’n rehabilitasiekliniek in Spanje is Willemien aan die woord: "Aspris het ek nie vir hom gesê hier gaan altyd iemand saam met jou toilet toe nie, en as jy klaar is, kom inspekteer hulle die bak. Hier word jou opelyf intens aan etenstafel bespreek, asof dit ’n invloed op aardverwarming het" (30).

Hierdie vetvermaak is in lyn met die aanbod van bisaro-fiksie. Die protagonis, Wille Willemien, is ’n spottende en ironiese parodie op dié strokiesprentkarakter, die wulpse en slanke Willemien wat in elke strokiesprent haar opwagting in óf haar bikini óf haar seksie onderklere maak. ’n Ander voorbeeld is Willemien se pa se burleske optrede: "Dit was mý pa wat ’n gat deur kolonel Wendelle Stevens se spyskaart geskiet het. Op ’n dare. […] In die eighties" (11).

  1. Die heelal op my tong as narratief van atipiese liggame

Gaventa (2003: 2) verduidelik Foucault se siening van lyfmag:

Physical bodies are subjugated and made to behave in certain ways, as a microcosm of social control of the wider population, through what Foucault called "bio power". Disciplinary and bio power create a "discursive practice" or a body of knowledge and behaviour that defines what is normal, acceptable, deviant, etc. —but it is a discursive practice that is nonetheless in constant flux.

In hierdie gedeelte gaan ek fokus op die atipiese liggame in Die heelal op jou tong: dié liggame wat nie noodwendig konformeer met die meesterkodes – die sosiale, kulturele, morele en regskodes, soos die samelewing van die dag dit voorskryf nie.

Die roman word gekenmerk deur karakters met atipiese liggame. Die spilpunt is Wille Willemien wat van kleins af sukkel met chroniese honger en ’n gevoel van onversadigbaarheid, ’n leemte, asook prikkelbare dermsindroom, bulimie, anoreksie en ’n verslawingsprofiel. Sy sien haar obesiteit as ’n gestremdheid. Maar haar pa is ook gestremd – hy het as kind polio opgedoen en swaar en pynlik herstel met ysters en ’n rolstoel, en by tye het hy met moeite geloop. Ten spyte van sy gestremdheid, het hy sport gedoen, perd gery, en was hy ’n huursoldaat — hy het sy gestremdheid "oorkom". Maar vader en dogter se onderskeie gestremdhede is egter onlosmaaklik vervleg. "Eintlik wil ek gesels. Klarigheid kry oor sake wat ek as kind nooit bevraagteken het nie. Hoe praat ’n mens in vrede met ’n man vir wie jou logge liggaam vyandskap spel omdat dit hom aan die tekortkominge van sy eie gebroke lyf herinner?" (20)

Elders noem die verteller dat haar pa se voete misvorm is, dat die vel besonder sensitief is, en dat hy nie sy eie toonnaels kan knip nie.

Willemien se stryd teen dwelms resoneer ook met haar pa s’n: "… eintlik was hy verslaaf aan adrenalien. En afleiding. […] Pa was ’n junkie" (21).

Binne-in my lyf het ek aan die slaap geraak. So het ek diep en lank genoeg weggesink in ’n vrees waarin ek my stelselmatig gepantser het. En dit is die belaglike ironie van obesiteit. Hoe sigbaarder jou logge lyf word, hoe onsigbaarder is jy as mens. Waar die skaal nou staan, is nog net my tande en my mooi ore deel van my oorspronklike self.

Obesiteit beteken om gestrem te wees.

Het ek my onbewustelik só met my pa vereenselwig dat ek in die pyn en beperkinge van sy lyf wou deel? (27)

Die antwoord is onomwonde ja; en die konsep "negatiewe empatie" kom hier ter sprake: "En hier staan ek, ’n onbekende obese vrou wat antwoorde van hom wil hê. Sy spieël. Die een waarin hy nie wil kyk nie. En sekerlik die een wat hy stukkend wou bliksem" (20). Volgens Cohen (2011:3—4) bestaan daar verskillende soorte empatie. Empatheia kan soms negatiewe emosies soos vyandigheid of vooroordeel teenoor ’n geliefde betrek, soos wanneer daardie persoon ’n bedreiging vir die empaat inhou. Die gevoel tussen vader en dogter is egter wederkerig: "… maar op die dag wat Pa my laat uitgooi het, was dit asof Pa besef het dat hy self die gevaarlikste aanklaer in sy huis toegelaat het.

Vir my. Sy dogter" (20).

Maar nadat Willemien haar pa sterwend in sy geplunderde woonstel aantref, sien sy weer sy geliefde sneeujas.

Ek haal die jas van die hanger af. Al die jare het ek dit onthou as groot en bonkig. Size xxx-large, om te pas vir ’n man wat in sy eie tyd deur sommige vir ’n skurk en deur ander as ’n legende aangesien is.

Ek steek my arms in die moue met die verwagting dat die sneeujas my gaan insluk. Maar dit pás my perfek. Hoe is dit moontlik? Eenhonderd-sewe-en-vyftig kilogram van slaap in jou eie lewe later" (373).

Die jas, wat perfek pas, is ’n simbool van jare se verlange na haar pa, haar bewondering vir hom, haar vrees vir verwerping, asook die empatie (positief en negatief) wat sy met sy gestremdheid gehad het. Sy het as’t ware deur ’n onbeheerste obesiteit haarself misvorm tot ’n eenvormigheid aan ’n vaderfiguur vir wie sy geweldig lief was. Dit is dan Precious Cargo wat vir Willemien sê dat sy met ’n man nes haar pa getrou het. Clifford O’Kill. "… jy het in Pa se tipe lewe ingetrou. Jy het Pa se eie lewe in jou huwelik herskep" (344). Die korrelaat tussen Willemien se pa en Clifford is duidelik: ook laasgenoemde het ’n atipiese liggaam gehad na sy motorfietsongeluk; en nog later, ’n gebroke liggaam as dwelmverslaafde. En in beide gevalle was Willemien blootgestel aan onsekerheid, om altyd op vader en eggenoot te wag, om hulle los te koop uit onwettige praktyke, en om hulle te versorg. Claire (2019) beaam Precious Cargo se siening:

This is your psyche returning to the scene of the crime. You’re picking somebody who has the same issues [as your father] so that you can fix it and do a better job this time around. In other words, despite recognising that your relationship with your father is unhealthy or even abusive, that doesn’t stop people craving what’s familiar.

Van al die atipiese liggame in die roman is Precious Cargo die sterk, gesonde en konformerende een. Sy is ’n geharde militaris en dit is insiggewend dat Willemien se kleinsus, met ’n gesonde en normale liggaamsbeskouing, dan juis die klankbord word wat haar help om te genees.

Willemien se ma het onderliggende anoreksiese neigings, ’n fobie vir suiwel en selluliet, en sy ly aan slaapsiekte (soos reeds genoem, dis onduidelik of dit depressie of narkolepsie was).

Willemien se eerste (jeug-)liefde is Willis Howelis, ’n kennis van haar pa. Nadat sy ’n nota dat sy hom beter wil leer ken onder sy motor se ruitveër gelos het, kom laai hy haar op nadat sy ontslaan is uit rehab. Willemien is smoorverlief op die 38-jarige Willis en neem in die geheim sekslesse by ’n prostituut, genaamd Misty. Maar Willis, wat nooit van ’n ou liefdesteleurstelling herstel het nie, het sy liefde vir vroue geprojekteer op sy vintage-motors wat sy huis volgestaan het. Ook Willis suggereer ’n atipiese liggaam met sy liefde vir sy motors as die objektivering van die vroulike liggaam: "Hoop nie Betsy pla nie. Sy’s ’n 1959-Nash Metropolitan convertible en dis haar staanplek dié" (199). Asook: "‘Laat ek jou voorstel aan Dorothy,’ het hy trots beduie en haar deur oopgemaak. […] ‘Dié een is ’n 1947-Dodge D-24 en sy’s ’n liefling’" (203). Nadat Willis Willemien se attensies bly vermy het, het hy haar die trekpas gegee.  

Op haar een-en-twintigste verjaardag ontmoet Willemien vir Kandy, ’n Hindoe (en welvarende sakeman). Alhoewel sy nie werklik lief was vir hom nie, was hy ’n veilige of stabiele opsie as lewensmaat en het die twee trouplanne gehad. Maar ook Kandy het die smet van die menslike kondisie in hom gedra en ’n geskokte Willemien op ’n boot in Hong Kong bekend gestel aan ’n seksorgie (275). Nadat sy besluit het om gewig te verloor vir hulle troue, het Kandy haar in Sri Lanka agtergelaat vir besigheid en haar dwelmdieet gefinansier. Die idee was om met die hulp van amfetamiene, wat eetlusdempers is, so vinnig as moontlik te verslank, ongeag die risisko’s van pyn en waansin. Meer hieroor later.

Dit is egter Clifford O’Kill, met wie Willemien impulsief sou trou, wat die mees atipiese liggaam van al die karakters in die roman het. Soos reeds genoem het Clifford as seun ’n ernstige motorfietsongeluk teen alle verwagtinge in oorleef. Nadat hy vir dood gelaat is, het net sy ma Rosemary bly glo dat hy sou leef. ’n Jaar later het hy sy bewussyn herwin. Clifford was, soos Willemien se pa, charismaties; hy het oor ’n buitengewone pyndrempel beskik en sy omgang met mense was uitdagend – en later gewetenloos; en hy was vreesloos en doodsveragtend. Maar sedert die begin van die huwelik was dit Ma Rosemary wat die kitaar geslaan het. Die verhouding tussen ma en seun was disfunksioneel, om die minste te sê, met vreemde erotiese ondertone. Sy het hom byvoorbeeld gebad en sy liggaamshare afgeskeer. Ten spyte hiervan het skoonma en skoondogter later, toe Clifford verslaaf geraak het aan tik, crack en kokaïene, in simbiose opgetree om hom los te koop uit smokkelhuise en uit die kloue van gevaarlike dwelmbendes. Dit is dan ook Willemien wat aan Precious Cargo bely dat Clifford ’n feeder was. ’n "Feeder" dui op ’n seksuele fetisj waar ’n man ’n vrou vet voer of vetsugtig hou om mag en kontrole oor haar te bekom of te behou. "Dit was net liefde en wellus op die laagste vlak" (364). Willemien het gewonder of Clifford dalk mense verkrag het tydens sy dwelmorgies in die smokkelhuise – en of hý dalk verkrag is. Sy het kennis geneem van sy buite-egtelike verhoudings en kinders, maar het eers ná twee wrede huurmoorde haar suspisies gehad en hom verlaat. Hy is op 45 oorlede, en sy stafie as is saam met Willemien se pa se sneeujas aan die kluis vasgemaak en by die krans afgestoot.

Ander atipiese liggame is Mandise, wat saam met Willemien in ’n kloosterskool in Kaapstad was. Sy het intussen ’n suksesvolle hoëklas gesellin geword. Behrouz, Willemien se pa se skerpskutter, is in Iran tereggestel en het "aan ’n outydse galg geswaai" (372).

Die heelal op my tong word gekenmerk deur lyflikheid. Von Meck skep as teenvoeter vir die hiperrealiteit van atipiese liggame wat gebroke, besmet, siek, of krimineel is, ook magiese of fantasieliggame, byvoorbeeld die verwysings na strokiesprentkarakters soos Tintin (Kuifie); mistieke karakters soos byvoorbeeld die ligwesens en pylstertengele en die naamlose, soekende pelgrim aan die einde van elke hoofstuk; paranormale liggame (soos die astrale liggaam van Liberace wat sy gesien het); Messiaanse liggame, byvoorbeeld LiefdJeevis, die Rooiseeloper en die koninklike maanhaar; fiktiewe liggame uit die Western-wêreld van Louis L’Amour, op wie se boeke haar pa versot was, en gestorwe liggame (Clifford se as).

Fotobron: https://www.powercube.net/other-forms-of-power/foucault-power-is-everywhere/

  1. Die rol van die vader in eetversteurings

In sy MA-studie oor die rol van vaders in hul dogters se eetversteurings, kom Mouton (2011:166—8) tot die volgende gevolgtrekking:

First, eating disorders are perceived as relational artifacts of the father-daughter relationship (i.e., marking important moments in the relationship, fostering tensions between closeness and distance, etc.). Eating disorders contribute to the dialectical tensions experienced in the father-daughter relationship as fathers and daughters struggle with closeness and openness […]

Die navorser postuleer dat dit nie net die moeder nie, maar óók die vader is wat ’n belangrike rol in die ontwikkeling van hul dogters se eetversteurings speel (2011:168). Hierdie bevinding korreleer met ’n legio voorbeelde in Die heelal op my tong. Sedert Willemien kon onthou, was daar ’n diskontinuïteit in haar verhouding met haar pa. Hierdie is inderdaad ’n breuk wat op fisieke en ruimtelike nabyheid en afstand dui, maar ook ’n emosionele geslotenheid versus ’n emosionele ontvanklikheid. Haar pa het besluit wanneer hulle kommunikeer – daar was nie ’n oop kanaal van kommunikasie nie. As klein dogtertjie onthou Willemien dat haar pa vir weke – of selfs maande – op ’n slag verdwyn het; nie huis toe gekom het nie en sy op hom gewag het. Die ontwikkeling van eetsteurnisse as verhoudingsartefakte by die protagonis is duidelik herkenbaar in die teks. Die assosiasies aan kos boekstaaf haar jeugherinneringe aan haar pa, byvoorbeeld:

"Sy is ’n staatmakertjie," sê Pa. "Sy mag kry net wat sy wil hê."

Ek bestel wat ek altyd bestel, want ek soek baie kos. Nie iets wat gou op gaan wees nie. ’n Stapel-hamburger en groot porsie tjips. Pa gaan nog van my tjips ook eet, dus tref ek voorsorg, want hy eet soveel vinniger as ek. Vir die paar minute wat ons eet, is Pa in ’n goeie bui (147).

Willemien se pa het haar met kos beloon – in bovermelde geval omdat sy soet en geluidloos in die kattebak gelê het terwyl hy ’n duistere saketransaksie beklink het. Wat nog vreemder is, is dat sy met ’n flits haar huiswerk in die kattebak gedoen het. In baie tonele word die gulsigheid van pa en dogter wat saam eet, en wat later Willemien se verorberingsrituele sou kenmerk, beskryf.

In die kombuis staan ek op pa se skoot en kyk in die yskas om te sien wat daar is om te eet. Pa is altyd honger as hy op iemand geskiet het. Ek ook. Pa maak eiers en daarmee saam eet ons kreefstert en romerige mayonnaise. Ons eet dat strepe op ons wange lê. ’n Lekker aand (116).

Die toneel verwys na die 1977-onluste waartydens Willemien se pa op oortreders in sy tuin in sy luukse huis in Constantia geskiet het. Die klein Willemien het meegedoen met haar plastiekpistool. Die emosionele nabyheid tussen vader en dogter word weer eens aan die hand van ’n eetritueel beskryf.

............

Maar kosvergrype is nie die enigste verhoudingsartefakte wat Willemien en haar pa se verhouding kenmerk nie: daar is tye wat hy nie tuis is nie en wat daar letterlik geen kos in die huis is nie, omdat haar ma feitlik niks eet nie, en die huiswerker, Stella, die oorblywende kos vaslê. Dit is slegs met die terugkeer van haar pa dat kos, restaurante, smulbederf en lekkernye die gebroke band tussen vader en dogter moet herstel.

.............

Maar kosvergrype is nie die enigste verhoudingsartefakte wat Willemien en haar pa se verhouding kenmerk nie: daar is tye wat hy nie tuis is nie en wat daar letterlik geen kos in die huis is nie, omdat haar ma feitlik niks eet nie, en die huiswerker, Stella, die oorblywende kos vaslê. Dit is slegs met die terugkeer van haar pa dat kos, restaurante, smulbederf en lekkernye die gebroke band tussen vader en dogter moet herstel.

Oor die rol van Willemien se pa se ruimtelike afstand en die ontwikkeling van eetversteurings: "Ek was vyftien toe Pa uiteindelik vir my ’n vliegtuigkaartjie stuur. […]. Ek wou weg van Ma sodat sy my nie meer kon keer nie. Ek wou myself uitwis, kilogram vir kilogram. Ek sou self my delete-knoppie druk" (75).

Asook: "Ek het pa genuine jammer gekry omdat hy kon wonder waar sy een dogter haar geografies bevind, terwyl sy ander dogter, reg voor hom, lankal vermis word.

"Dalk het hy nie eens besef hy het jou verloor nie," sê my suster sag" (66).

Willemien se jonger suster, Precious Cargo, was hul pa se oogappel. Willemien was die sensitiewe een en haar kleinsus die "maklike" een. Die verhouding tussen Willemien en haar pa het emosioneel sodanig verbrokkel dat sy figuurlik in sy oë as "vermis" aangegee is.

Willemien se jeugherinneringe aan haar pa/eet, aktiveer op sy beurt haar eetsteurnisse. Die tragiek van hierdie roman lê waarskynlik in Willemien se pa se verwerping van sy obese dogter; en hoe sy van kleins af gesmag het na sy goedkeuring, op hom gewag het en hom bewonder het – maar slegs in sy sterwensnood volledig met hom versoen en ’n band gevorm het. Die simbool van die sneeujas kom weer ter sprake as Willemien haar pa se reusagtige jas aantrek en besef dat dit perfek vir haar pas: "’n Enkele oomblik van geborgenheid onder my pa se arm het ek eenvoudig ’n leeftyd lank herskep. ’n Lyf wat in dié jas sou pas" (374).

  1. Die soeke na die vader/Vader: selfmutilasie en anoreksie as heilige stigmata

’n Ander noodmaatreël is om kaas op te gooi. […] Moenie wag nie, bely dit onmiddellik!

Jy is ’n sondaar wat willens en wetens satanslym huisves. […]

Ek weet Ma bely haar oortredinge, want ek het haar al hoeveel keer op haar maag uitgestrek op die mat of in die badkamer gekry. Dan gaan sit ek op die toe toilet en vryf haar rug. "Toemaar, Mamma. Al die kaas is nou weg. Jy’s vergewe" (126).

Bogenoemde toneel herinner aan ’n aflaatboete; Willemien se bulimiese ma het kaas geëet (en "oortree"), en deur middel van selfgeïnduseerde braking daarvan ontslae geraak – die boetedoening. Dit herinner aan ritualistiese religieuse praktyk.

In Die heelal op my tong word eetsteurnisse verbeeld as ’n tipe stigmata, ’n vorm van selfmutilasie wat ooreenkomste toon met die rituele van die vroulike heiliges binne die Rooms-Katolieke kanon.

Volgens Robert F Mullen (2010:97—8) kan anoreksie dui op ’n diepgewortelde begeerte om te transendeer; om in ’n mistieke beswyming in te gaan. "Heilige anoreksie" by vroulike heiliges, op sy beurt, toon patologiese ooreenkomste met anorexia nervosa soos ons dit vandag ken (vergesel van gevoelens van dissosiasie en depersonalisasie). Die gebruike om te vas om nader aan ’n heilige godheid te beweeg deur sulke beswymings (of trances), is al vir eeue en in verskillende kulture aan die mens bekend. In die geval van anoreksie word die uitgeteerde liggaam (onbewustelik) stigmaties; in die geval van vroulike heiliges was heilige masochisme die dryfveer. Die woorde beswyming/trance is afgelei van die Grieks, ekstasis, en met Willemien se smagting na ecstasy is dit súlke vondste wat van dié merkwaardige roman afgesien van bisaro-fiksie, ’n goddelike komedie maak.

Willemien was reeds as klein dogtertjie besonder vatbaar vir die spirituele. Wanneer sy in haar oupa se stoepkamer geslaap het, het sy haar verkyk aan ’n skildery van "LiefdJeevis" (Jesus) (131). Sy het Hom uit die skildery sien klim en was gelukkig, omdat sy geweet het Hy waak oor haar. Haar pa vertel haar dan van die pineale klier wat mens in staat stel om met God te kommunikeer. "‘Pniel is die plek van ontmoeting binne-in ons,’ tik ek met my vinger op my voorkop. ‘Die plek waar ons God van aangesig tot aangesig kan sien.’ […] ‘Wat jy ook al in jou lewe aanvang, Pa wil hê jy moet nooit ophou soek na Pniel nie, hoor?’" (149)  

Pniel beteken "die gesig van God" en verwys na Genesis 32:30 waar Jakob met God gestoei het.

Ten spyte van Willemien se onkonvensionele lewensloop (en dat sy die pad byster raak by tye), bly sy deurlopend soek na God, al is dit op ’n aweregse manier: "My doelwitte is deeglik uitgewerk: Neem soveel chemikalieë of plante moontlik in om my pineale klier oop te skiet: kom onder Pa se beheer uit: maak kontak met die ware SkepperGod" (238). Die gebruik van dwelmmiddels om via die derde oog kontak te maak met God, skrik haar nie af nie. Haar minnaar, Kandy, finansier haar dwelmdieet in Sri Lanka sodat sy kan verslank vir hulle troue. Stimulante is eetlusdempers en Willemien is nie gepla oor wát se dwelms sy in haar gestel inneem nie, net solank sy gewig verloor. Uit die roman blyk dit duidelik dat die protagonis ontvanklik is vir mistieke (of transendentale) ervarings, wat korreleer met die diepgewortelde begeertes van ’n anoreksielyer. Willemien verwys na die "enlightenment" wat ecstasy haar bied, maar in stede van ’n mistieke verligting, is die dwelmdieet, wat speed insluit, besonder onaangenaam. Sy hallusineer, is rusteloos, slaap en eet weinig (of niks) en krap haarself stukkend tot die bloedhale oor haar liggaam lê. Sy verloor kontak met tyd en ruimte en los die dwelms, maar beleef steeds ’n volskaalse psigose. Manja, een van Kandy se huishoudsters wat Willemien moes versorg tydens haar dieet, is van mening dat bose geeste werksaam is in Willemien: "As sy my soggens met die bloedstrepe aan my lyf aantref, sien ek hoe haar gesig bleek word van vrees. ‘These spirits are always thirsty for blood’" (288). Willemien se katarsis noop haar pa om in te gryp en haar veilig by Ouma Okahandja te besorg. Willemien, met haar "nuwe", maer (uitgeteerde) voorkoms, gebore uit selfmutilasie en dwelms, het in haar soeke na God op ironiese wyse haar liggaam afgetakel tot ’n stigmatiese een. Maar steeds: "Ek’s te vet, Ouma. Moenie dat Ma kom nie, asseblief! […]

"My kind, jy’s vel en been. Nie een van ons het jou al ooit so gesien nie. Watter onsin praat jy tog?" (293)

Willemien vereenselwig haar deurlopend met Christelike simboliek: die Rooiseeloper (Christus), die koninklike maanhaar, die pelgrim in die Tabernakel in die dorpie Eilat, Israel, ensomeer. Soos reeds genoem is Die heelal op my tong gelaag in substekste, waarvan die mistieke deel uitmaak. Von Meck gebruik Christelike simboliek op ’n onderbeklemtoonde wyse: nêrens word dit uitgespel, of geloofskwessies in die leser se keel afgedwing nie; dit beweeg binne die mistieke sfeer. Wanneer Willemien haar siek en sterwende pa red uit sy woonstel, sê sy vir hom: "Ja, Pa. Jy is nou in jou Rooisee. Volg Hom net. Dis ’n baie nou paadjie, maar Hy sal Pa anderkant uitlei. Ons is almal Rooiseelopers" (371).

Die verligting waarna Willemien so gesmag het en nóg in kos, nóg in dwelms gekry het, ervaar sy wanneer sy en Precious Cargo hul pa se kluis oor ’n krans afstoot. Willemien se versoening met haar pa het begin toe sy hom opgespoor en gered het uit sy woonstel, weg van sy vyande. Maar dit is heling wat begin nadat die swaar kluis, wat ook simbolies is van haar obesiteit, oor die krans stort. "Die Subaru se stofwolk toring van ver die lug in. Die leë winkeltrollie en die flappende helderkleurige kombers op die dak maak dit ’n vrolike gesig. Die Rooiseeloper glimlag met die krag van iemand wat sonnestelsels soos klokkies aan die soom van Sy priesterskleed dra.

"Nou is sy vry."

 

Bibliografie  

Bennett, N. 2019. Die moderne gesig van eetversteurings. Versindaba.

https://versindaba.co.za/2019/06/07/nini-bennett-die-moderne-gesig-van-eetversteurings/ (4 Desember 2020 geraadpleeg).

Claire, M. 2019. So, are you dating your dad? Marie Claire.

https://www.marieclaire.co.uk/life/sex-and-relationships/men-like-your-dad-9182  (1 Desember 2020 geraadpleeg).

Cohen, M. 2011. Stigmatization of Patients with Chronic Pain: The Extinction of Empathy. Pain Medicine. Wiley Periodicals, Inc.

https://pubmed.ncbi.nlm.nih.gov/22054062/   (2 Desember 2020 geraadpleeg).

Gaventa, J. 2003. Foucault: Power is Everywhere. PowerCube. https://www.powercube.net/other-forms-of-power/foucault-power-is-everywhere/  (1 Desember 2020 geraadpleeg).

Graffiti aanlynkuier met Anoeschka von Meck. 2020. YouTube.

https://www.youtube.com/watch?v=Cl9aIRK0sPI     (4 Desember 2020 geraadpleeg).

Heuer, C.A. 2010.  "Fattertainment". Obesity in the media.

https://www.obesityaction.org/community/article-library/fattertainment-obesity-in-the-media/   (2 Desember 2020 geraadpleeg).

Krishna K, G. 2019. Humour as a self-defense mechanism. Feedsnitt.com.

https://feedsnitt.com/2019/10/16/humour-as-a-self-defense/  (3 Desember 2020 geraadpleeg).

Labuschaigne, M. 2008. Human bodies in law: arbitrary discursive constructions? Stellenbosch Law Review (31)2: 71—100.

Mouton, A. 2011. Dynamic disorders: Narratives of eating disorders and the father-daughter relationship. Unpublished master’s thesis, Colorado State University.

Mullen, R.F. 2010. Holy Stigmata, Anorexia and Self-Mutilation: Parallels in Pain and Imagining. Journal for the Study of Religions and Ideologies. March, pp. 97—9.

Taljard, M. 2018. Inwaarts en immer opwaarts. Versindaba.

https://versindaba.co.za/2018/06/24/marlies-taljard-inwaarts-en-immer-opwaarts/  (4 Desember 2020 geraadpleeg).

Valentine, E. 2020. Weighted Identities: Deviant Fat Bodies and the Power of Self-Representation. Unpublished master’s thesis, Arizona State University.

Van Zyl, P. 2020. Klaar gewroeg oor my gewig. Huisgenoot. 29 Oktober 2020, ble. 96 – 7.

Von Meck, A. 2018. Vet in fiksie. ’n Foucauldiaanse kritiese diskoersanalise van die liggaamsbeskouing van vetsugtige protagoniste in uitgesoekte hedendaagse Noord-Amerikaanse vetfiksie. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

—. 2020. Die heelal op my tong. Kaapstad: Penguin Random House.

 

The post LitNet Akademies-resensie-essay: <em>Die heelal op my tong</em> deur Anoeschka von Meck appeared first on LitNet.


Pas verskyn: Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika deur Engela Duvenage

$
0
0

Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika
Engela Duvenage
Niefiksie vir kinders
LAPA Uitgewers
9780639600581

In hierdie boek sal jy lees van allerlei uitvinders, planmakers en slimkoppe van Suid-Afrika. Hier is stories oor mense wat mediese deurbrake gemaak het. Stories oor mense wat met diere en plante werk. Stories oor mense wat die geheime van die hemelruim probeer ontrafel. Stories oor mense wat interessante ontdekkings oor fossiele, die aarde, water en die klimaat maak. Dit is voorwaar ’n trots Suid-Afrikaanse boek wat elke leser sal inspireer en motiveer om vrae te vra, te ontdek en te skep.

The post Pas verskyn: <em>Uitvinders, planmakers en ander slimkoppe van Suid-Afrika</em> deur Engela Duvenage appeared first on LitNet.

Dis ’n tragedie wat nou by die SAUK afspeel

$
0
0

Die openbare uitsaaier is vasgevang tussen twee wêrelde – ’n verouderde finansieringsmodel en nuwe tegnologie wat die SAUK se uitsaai-omgewing so ver vooruit is dat hy kwalik sal kan inhaal.

In die jongste tyd is heelwat geskryf oor die SAUK se las op die belastingbetaler en die inploffing van dié staatsonderneming – net soos by SAL en Denel, waar swak bestuur en korrupsie hulle tot bankrotskap gedryf het.

Vir iemand wat 35 jaar lank as joernalis, TV-anker en radio-omroeper diens by die SAUK gehad het, is dit ’n pynlike situasie. Die openbare uitsaaier is van kardinale belang vir die land. Dis sy taak om die bevolking in te lig, op te voed en te vermaak. Die SAUK gee met sy radio- en TV-uitsendings uitdrukking aan die kulturele kleinode van die diverse bevolking. Dit skep platforms om skeppende werk te bevorder en te vertoon. Dit het die mandaat om die bedryf te ontwikkel en uitsaai-geleentheid te bied aan ’n verskeidenheid tegnici en kunstenaars in drama, musiek, sport en etlike meer.

Die 10 radiostasies van die SAUK in die inheemse amptelike tale van die land, en die taaldienste op TV, het besonderse werk gedoen om nuwe skeppende werk te lewer. Daar was eenvoudig net weinig toepaslike materiaal beskikbaar. Jy moes opnuut programme skep wat in hierdie bodem geanker is. 

Vir miljoene mense is die SAUK ook die enigste bron van inligting, veral deur radio, tot aan die uithoeke van die land.

Ek onthou ons het op ’n keer ’n TV-program gaan maak in Soebatsfontein in die verre Noord-Kaap digby die Namakwapark. Dis ’n dorpie met maar ’n paar honderd siele. Ons het van huis tot huis verfilm. Oral waar jy kom, was die radio aan – op RSG. As jy so aanstap, klink dit kompleet of daar net een groot uitsending is op volle volume dwarsoor die dorp. Vir inwoners daar is daar net een skakel met die wye wêreld anderkant die ver blou rante, en dis Radio Sonder Grense.

Vir die Soebatfonteiners, en vele ander, is die taalstasies en televisiekanale van die SAUK ’n oorwegend betroubare bron van inligting. Dis al in ’n hele paar studies bewys dat die SAUK se uitsendings deur ruim 70% van die bevolking geglo word. En dit ondanks persepsies dat die openbare uitsaaier partydig is.

Ek beskou die goue jare van die SAUK en van behoorlike mediavryheid as die dekade van 1989 tot 1999 – van die De Klerk-bewind tot einde Mandela s’n. Sover ek weet, is daar nie deur die politici in dié tyd gepoog om aan die SAUK voor te skryf nie. Die aanloop tot die 1994-verkiesing was opwindend. Ons het met die groot buite-uitsendingswaens vanaf verskeie sentrums oral in al die provinsies regstreekse uitsendings gehad. Partykeer was daar verteenwoordigers  van ruim tien partye op die verhoog. ’n Saal vol kiesers kon hulle met vrae bestook.      

Die SAUK het in dié tyd ongetwyfeld ’n baie groot diens gelewer om die nuwe demokrasie aan burgers bekend te stel en hulle aan die rykdom van menings bloot te stel.

In die moeilike sewentiger- en tagtigerjare het dit my altyd verstom hoe politici kan dink dit sal tot hulle voordeel wees as hulle die nuus probeer manipuleer. Op die ou einde kom die waarheid altyd uit. Dit tas die geloofwaardigheid van die SAUK aan en daarsonder beteken jou uitsendings niks nie. Dis wat gebeur het in die Zuma-jare – net soos toe PW Botha aan bewind was. Die verskil was dat Zuma nie soseer persoonlik betrokke geraak het nie, maar hy het sy pionne in die regte posisies aangestel wat dan sou sorg dat uitsendings van die SAUK hom ter wille sou wees.

So het die verrotting begin. Mense is aangestel sonder dat hulle die nodige bestuurs- of bedryfskundigheid gehad het. Onder ’n bedryfshoof soos Hlaudi Motsoeneng het koste die hoogte ingeskiet terwyl die SAUK se sakeplan reeds besig was om te misluk. Adverteerders het al hoe meer verskuif na die internet en selfone. Die openbare uitsaaier is seker die enigste op aarde wat vir sowat 80% van sy inkomste van adverteerders afhanklik is. Rondom 18% kom van TV-lisensiegeld en 2% van die staat en borge. Dié persentasies kan van jaar tot jaar wissel, maar dit bly min of meer in dieselfde verhouding – dat die grootste gros van die inkomste deur advertensies verkry word. Dis internasionaal ongehoord vir openbare uitsaaiers om van kommersiële bronne afhanklik te wees.

Dit is dus verkeerd om te sê dat die SAUK deur die belastingbetaler gefinansier word. Behalwe die onlangse lewensboei van R3,2 miljard het die staat minimaal bygedra tot die SAUK se inkomste. In Australië word die ABC se geld deur die parlement toegewys. In Brittanje kry die BBC sy inkomste hoofsaaklik van lisensiegeld. Maar dáár is die betaalkoers by die 94%. Hier was wanbetaling die afgelope boekjaar 81%. Dus het net 19% van die lisensiegeld in die SAUK se koffers beland – en  die syfer daal steeds.

Dit dui op toenemende publieke weerstand teen die SAUK.

Een van die redes was die manewales van Motsoeneng. Hy het hom ingemeng by die nuusredaksie en onder meer opdrag gegee dat oproerige protesoptogte nie uitgesaai word nie. Hy het soos ’n Krismisvader poste uitgedeel en salarisse verhoog. Sowat 45% van die SAUK se begroting word aan personeel bestee. By eTV is dit minder as 20%. Verstommend  word 98% van die nuusafdeling se begroting aan personeel betaal. Dus is daar omtrent geen geld oor vir produksie nie. Opknapping van ateljees en tegniese toerusting word agterweë gelaat en die SAUK se geboue word nie onderhou nie. 

De openbare uitsaaier het die einde van die vorige boekjaar met ’n verlies van R511 miljoen afgesluit. Baie daarvan is skuld aan produksiemaatskappye wat nie betaal is nie – en sommige van die maatskappye moes sluit. Teen die einde van hierdie boekjaar sal die verlies na raming verdubbel het. Toe die tesourie ’n lewensboei van R3,2 miljard verlede jaar aan die SAUK goedgekeur het, was die voorwaarde dat salariskoste gesny moet word. Maar noudat die raad besluit het om 400 van die sowat 3 000 mense uit diens te stel, het die minister, Stella Ndabeni-Abrahams, dit gekeer – al het sy nie die mag om dit te doen nie. Die hele proses is met ’n maand vertraag vir verdere konsultasie.

Intussen het  al hoe meer kykers ander platforms, soos rekenaars, gebruik om internetstroomdienste te kyk. Jy het eenvoudig nie meer ’n TV nodig om vermaak te word nie. As jy wil weet wat in die nuus aangaan, kry jy dit op jou selfoon.

Dit bring ons by die ander teer puntjie. Suid-Afrika moes al in 2015 van analoog- na digitale TV oorgeskakel het – soos in 2006 onderneem is teenoor die Internasionale Telekommunikasie-Unie. Dit het nie gebeur nie – onder meer omdat ons in 20 jaar 10 ministers van kommunikasie gehad het. Sommige het nie belanggestel nie, soos Dina Pule, wat eerder saam met haar mansvriend in Parys se modewinkels rondgerinkink het. Ander het geen kennis gehad nie; ander het voorgangers se besluite omgekeer; het gekibbel oor die soort tegnologie wat gebruik moes word; het met uitsaaiers baklei en die hele stelsel swak bemark.

Vandag is daar in bergplekke glo by die miljoen dekodeerders (ten duurste bestel). In ’n spesiale veldtog ten bate van mindergegoede gesinne, kan elke gesin aansoek doen vir ’n dekodeerder en dit gratis afhaal. Tog is die vraag traag. Die aangepaste spertyd vir die afhandeling van die migrasieproses sou vanjaar gewees het. Dis egter uitgestel tot volgende jaar. En dis reeds duidelik daardie spertyd gaan nie gehaal word nie. Die groot voordeel wat die land sou gekry het deur beter-kwaliteit-beeld en meer beskikbare spektrum vir onder meer vinniger en goedkoper internetdienste, is al vyf jaar lank verbeur.

Intussen het die koronavirusregulasies die grond onder ons voete geskuif. Sport sou een van die groot trekpleisters van digitale TV wees. Nou’s dit ’n afgewaterde spul met geen toeskouers nie. Talle mense het reeds die verskuiwing gemaak weg van TV na die rekenaar. Met digitale TV kan jy minstens ses kanale akkommodeer in die spektrumwydte van een analoog-TV-kanaal. Dus kan die SAUK skielik 18 kanale hê pleks van drie. Wat gaan hy daarmee maak? Om ’n kanaal te vul, moet jy inhoud hê – en dit kos geld. Sonder behoorlike inhoud trek jy nie kykers nie, wen nie advertensies nie en laat mense nie lisensiegeld betaal nie.

Die SAUK is in ’n hoek.

Die SAUK, en ons almal saam, sal opnuut moet dink oor die rol van ’n openbare uitsaaier. En dan moet drasties planne bedink word om die SAUK se verouderde finansieringsplan te vervang.

Hier volg ’n paar voorstelle.

Die 10 inheemse radiostasies, en die Engelse SAfm, is duidelik van groot waarde. RSG in die besonder vaar goed. Dis een van die min stasies wat ’n wins maak. Die huidige topbestuur besef glo die strategiese waarde van Afrikaans. Dit het ’n ware gemeenskapstasie geword. Ruim 56% van die luisteraars  is bruin. RSG is vir talle die luisterpas na die wye wêreld – vra maar die Soebatsfonteiners.

Dit geld ook vir die ander stasies in inheemse tale. Hulle en MetroFM het die grootste luisteraargetalle in die land. Dié stasies, SAfm en Lotus (hoofsaaklik vir die Suid-Afrikaanse Indiese gemeenskap) moet as groep los staan van die SAUK as die openbarediensstasies van die land. In die praktyk gaan hulle net voort soos gewoonlik, behalwe dat finansiering moet verander. Die parlement moet jaarliks ’n begrotingstoewysing aan die stasies saam maak – sê 51% van die begroting. Die res moet van advertensies en borgskappe kom. Elke stasie behou sy produksiepersoneel met die minimum oorkoepelende administratiewe amptenare vir die groep. Al die ander stasies moet verkoop word.

Wat televisie betref, moet aanvaar word dat die omstandighede so verander het dat die openbare diens en finansieringsmodel drasties aangepas moet word. Verkoop SABC 3. Behou SABC 1 en SABC 2 en lewer steeds programme in verskillende tale. Behou die 24-uur-nuuskanaal in Engels. Bestuur die drie kanale saam as die openbare diens: televisie. Dit moet verkieslik ’n ander naam hê. Handel die digitale-migrasie-proses so gou as moontlik af. Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid, Okosa, het onderneem om teen einde Maart aanstaande jaar ’n veiling te hou van die spektrum wat beskikbaar kom. Dis veral operateurs soos selfoonmaatskappye wat van die spektrum wil bekom. Dit sal hulle in staat stel om die jongste tegnologie te gebruik om vinniger, goedkoper dienste te lewer tot selfs in diep plattelandse gebiede. Dit het groot ekonomiese voordele. Daar word geraam dat die veiling tussen agt en tien miljard rand sal oplewer.

Dis geld sal gebruik kan word om die migrasieproses af te handel, die SAUK se skuld te delg en vir die herstrukturering van die openbare radio- en televisiedienste te betaal. In die SAUK moet administratiewe personeel soveel as moontlik beperk word. Ek het al verneem dat daar by die SAUK meer administratiewe personeel is as produksiemense. Dit moet verander. En soveel moontlik moet  bestee word aan inhoud. Dit skep werk, ontwikkel die bedryf en lewer die inhoud wat kykers kan trek. Die SAUK moet van alles ontslae raak wat nie direk tot die uitsaaivoordeel bydra nie. Dit sluit die toringgebou van die SAUK in Johannesburg in. Die gebou is in verval. Koop of huur baie basiese kantoorruimte in byvoorbeeld Brixton.

Skaf die TV-lisensie af. Die betalingskoers gaan nie verbeter nie. Dit gaan nie help om MultiChoice of eTV te vra om die lisensiegeld namens die SAUK in te vorder nie. Hulle gaan dit nie doen nie. Net so min gaan rekenaarmaatskappye en internetvoorsieners dit doen. Buitelandse stromingsmaatskappye soos Netflix gaan dit ook nie doen nie en sal nie geneë wees om voorskrifte te ontvang nie.

Wat wel moontlik is, is dat elke maatskappy of instansie wat spektrum koop, ’n jaarlikse lisensiegeld betaal. Dit kan in ’n ontwikkelingsfonds inbetaal word. Dit kan aan die SAUK (en moontlik ander uitsaaiers) betaal word om te vergoed vir die bedrag wat aan produksiehuise betaal word vir skeppende programme. Die parlement moet elke jaar ’n staatstoelae aan die SAUK betaal wat saam met die ontwikkelingstoelaag 51% van sy begroting behels. ’n Protokol moet daaroor opgestel word om te verseker dat daar nie staats- of partypolitieke inmenging is nie.

Die res moet kom van advertensies en borgskappe. ’n Nuwe benadering is nodig om in die veranderende mark tog nog advertensies te lok. Maar adverteerders kan nie die SAUK se voortbestaan in hulle hande  hou nie. Almal moet besef dat jy nie ’n openbare uitsaaier kan hê maar nie uit die openbare fiskus daarvoor betaal nie. Die belastingbetaler kan dan wel sê dat hy die grootste bydrae tot die SAUK se inkomste lewer en burgerlike optrede begin as die geld nie na behore bestee word nie.

Nugter weet wat die oponthoud met die digitale-migrasie-proses is. Die sendermaatskappy Sentech het die meeste van die werk gedoen om senders te verstel. Meer as 500 000 dekodeerders is al in behoeftige huishoudings geïnstalleer. Nou moet al die dekodeerders wat in pakhuise stof vergaar, net by huishoudings uitkom. ’n Omvattende bemarkingsveldtog is nodig om mense van die voordele bewus te maak.

Ek hoop dat hierdie voorstelle meer openbare debat sal uitlok. Die openbare uitsaaier is belangriker vir die land as SAL. Een ding is seker: Die SAUK moet drasties transformeer en ’n heel nuwe, vindingryke finansieringsmodel ontwerp. Anders gaan die belastingbetaler nog meer moet opdok. 2021 gaan ’n beslissende jaar vir die SAUK wees.

The post Dis ’n tragedie wat nou by die SAUK afspeel appeared first on LitNet.

Deng Xiaoping, China en die verkiesing in die VSA

$
0
0

Foto van Xiaoping Deng: https://en.wikipedia.org/wiki/Deng_Xiaoping; vlae van China en die VSA: wikipedia

Toe Deng Xiaoping, die eertydse Chinese president, Frankryk in 1981 besoek het, het president Francois Mitterand hom glo gevra wat hy van die Franse Revolusie van 1779 dink. Deng, wat allerweë as die vader van die moderne China beskou word en self in Frankryk studeer het, se antwoord was kort en bondig: "Dis nog te gou om te sê."

My gedagtes het die afgelope tyd onwillekeurig na Deng teruggegaan terwyl die Weste sukkel met ’n ander jong konsep: die opkoms (en dalk mislukking) van die Westerse demokrasie. Hierdie regeringsvorm, wat nog net ’n paar honderd jaar oud is, is deesdae in ’n ernstige bestaanskrisis gewikkel. Amerika, wat as die bastion van die Westerse demokrasie beskou word en selfs ’n organisasie het om dit in die res van die wêreld te bevorder, steier met die jongste presidentsverkiesing daar van die een krisis na die ander.

.............

Soos ek die Westerse demokrasie verstaan, word daar elke paar jaar in ’n land wat dit aanhang, ’n verkiesing gehou waartydens die inwoners kan kies wie hul regeerders moet wees. Elke inwoner het ook die reg om daarteen beswaar te maak en vreedsaam teen enige besluit van die regering te betoog. Daar word ook vereis dat verkiesings in sulke lande vry van bedrog moet wees en dat die uitslae van verkiesings die ware wil van die inwoners van ’n land moet weerspieël.

..........

Soos ek die Westerse demokrasie verstaan, word daar elke paar jaar in ’n land wat dit aanhang, ’n verkiesing gehou waartydens die inwoners kan kies wie hul regeerders moet wees. Elke inwoner het ook die reg om daarteen beswaar te maak en vreedsaam teen enige besluit van die regering te betoog. Daar word ook vereis dat verkiesings in sulke lande vry van bedrog moet wees en dat die uitslae van verkiesings die ware wil van die inwoners van ’n land moet weerspieël.

Die onlangse presidentsverkiesing in die VSA plaas al hierdie aspekte onder die soeklig. Terwyl die media in Amerika meestal bevestig dat Joe Biden die verkiesing gewen het, beweer president Donald Trump dat daar grootskaalse bedrog was en dat hy eintlik gewen het.  Erger nog, baie Amerikaners beweer nou dat verkiesingsbedrog in Amerika endemies is en dat dit al dikwels in die verlede gebeur het. Soos so dikwels in die verlede is daar ook betogings van beide kante en volgens berigte probeer Trump druk op verkiesingsamptenare uitoefen om sy bewerings van korrupsie te staaf. Hy kry dit nie reg nie en het die howe genader (wat gerieflikheidshalwe vol regters is wat hy aangestel het) om die uitslag in sy guns te probeer swaai. Hy het selfs van sy militêre bevelshoofde ontslae geraak en hulle vervang met mense wat hom goedgesind is. Die vraag is waarom?

Die talle Afrika-, Suid-Amerikaanse en ander lande dwarsoor die wêreld waar militêre juntas die regering oorgeneem het nadat daar ’n dispuut by die stembus was, moet die toedrag van sake met meer as die gewone belangstelling dophou. Militêre bevelshoofde in onder meer Libië, Egipte en Venezuela moet nou dink dat dit is soos die Westerse demokrasie werk: As Amerika weier om die uitslag by die stembus te aanvaar (en sê manipulasie was maar altyd daar), hoef hulle resultate wat nie na hul sin is nie, ook nie te aanvaar nie. Hoeveel lande was daar nie die afgelope tyd waar die opposisie na ’n verkiesing geweier het om die uitslag te aanvaar en derduisende betogers hulle na die strate gewend het nie (en sommige beweer dit word met die aansporing van Amerika gedoen). Dink maar aan Belarus (Wit Rusland), die Oekraïne, die Filippyne en andere. President Trump, moet hulle seker sê, moedig ook sy volgelinge aan om strate toe te gaan en die uitslag van die verkiesing te betwis.

Wat sake nog erger maak, is dat Amerika deesdae ’n land is wat in twee geskeur is: Byna die helfte (wat die oorgrote groepe Christene insluit) is fanaties aan Trump se kant. Sommige beweer dat hy ’n profeet van God is en om teen hom te stem daarop neerkom dat God verwerp word. Die ander helfte is net so emosioneel en bestempel hom as die Antichris. Wat ’n voorbeeld van die Amerikaanse en Westerse demokrasie vir die res van die wêreld!

Om dinge verder te kompliseer, het Amerika ’n organisasie (wat deur die staat befonds word) wat hom dwarsoor die wêreld daarvoor beywer om ander regeringsvorme met die Westerse manier van doen te vervang. Die National Endowment for Democracy is in baie lande hard aan’t werk, onder meer in Suid-Amerika, Hongkong, Rusland en China. Op sy webblad roem die stigting daarop dat hy in baie lande soos Tibet, Egipte en ander geld aan organisasies gee wat probeer om Westerse waardes te bevorder.

Nietemin, dis seker dat die toedrag van sake ook in China met belangstelling dopgehou word. Terwyl Amerika besig is om in te plof, gaan die Chinese ekonomie van krag tot krag. China, wat deur Trump daarvan beskuldig word dat hy met opset die COVID-19-virus in die wêreld versprei het, se groeikoers sal vanjaar dalk een van die weiniges ter wêreld wees wat sal styg. Nie dat China ongedeerd van Trump se anti-Chinese maatreëls en retoriek afgekom het nie. Amerikaanse onderwysers sukkel deesdae om daar werk te kry en daar is ’n groeiende anti-Westerse gevoel by gewone Chinese, volgens jong Suid-Afrikaners wat in China werk.

China het nog altyd Amerikaanse verkiesings met agterdog bejeën. Hulle was altyd van mening dat dit die kandidaat is met die meeste geld wat wen. In Amerika se geval, het hulle gesê, vat die wenner ’n jaar om sy werk te leer ken, en weer ’n jaar voor die volgende verkiesing om aan sy herverkiesingsveldtog deel te neem. Dit laat net twee jaar toe om die land effektief te bestuur.

China beskou Westerse demokrasie as ’n proefneming wat nog moet bewys dat hy kan slaag. In ’n beskawing van duisende jare wat nog altyd ’n outoritêre regering in een of ander vorm gehad het, is ’n paar honderd jaar nie genoeg tyd vir ’n oordeel oor die sukses daarvan nie. Kommunisme het nie die toets van die tyd deurstaan nie en nee, China het nie meer die klassieke kommunisme van Mao Zhedong nie.

Maar terug na Deng: Dis hy wat die eerste stappe gedoen het om die Chinese ekonomie oop te stel. Dis ook hy wat gepraat het van sosialisme met Chinese karaktertrekke en gesê het dis nie ’n sonde om ryk te word nie. Dit moet net nie ten koste van die samelewing gedoen word nie. ’n Kat mag maar wit of swart wees, solank hy net kan muise vang.

Dis egter ook hy wat tenks en soldate in die berugte Tiananmen-plein-slagting ontplooi het toe betogers gedreig het om "die sosiale orde te versteur", ’n frase wat gebruik word as daar vir politieke mag geagiteer word.

Wat verkies die wêreld as voorbeeld: Amerika of China? Of is daar ’n voorbeeld van iets tussenin?

Lees ook:

VSA-verkiesing 2020: Doodsake

VSA-verkiesing 2020: Wie ook al wen, gaan verloor

Presidentsverkiesing in die VSA: ekonomiese implikasies vir Suid-Afrika

The post Deng Xiaoping, China en die verkiesing in die VSA appeared first on LitNet.

Bruidzilla deur Marion Erskine: ’n resensie

$
0
0

Bruidzilla
Marion Erskine
NB-Uitgewers
ISBN: 9780795802300

’n Troue is ’n lekker ding. Daar is gewoonlik smaaklike eetgoed, die meeste van die gaste doen moeite om respektabel te lyk, en as jy gelukkig is, het die bruidspaar besluit op ’n Kaapse vonkelwyn vir die heildronke. Hopelik is almal by die troue ook bly vir die bruid en bruidegom se onthalwe en beteken dit die meeste mense is darem ook in ’n redelik goeie bui. En soos wat die Kaapse vonkel vloei, so verbeter die kollektiewe luim dan nou ook. As jy nié van troues hou nie, is jy waarskynlik ook een van daai suurkouse wat moan oor Kersversierings in die Checkers en wat RSG afdraai sodra Boney M se “Mary’s boy child” begin speel. Of dalk is jy, bless your heart, voor die kansel in die liefde verlaat. Laasgenoemde is die enigste geldige rede om nie entoesiasties hande te klap as die bruidspaar die dansbaan open nie.

Omdat ’n troue soveel emosies opwek, en daar só baie dinge in die bestek van ’n paar uur gebeur, is dit g’n wonder nie dat dit so ’n lekker tema vir kreatiewe denkers is om mee te speel. Daar is mooi klere, ’n flair vir die dramatiese, trane, musiek, kos, die inevitable flou grappies van ’n nefie van die bruidegom wat opslag ’n spreekbeurt wou hê, en natuurlik, bo alles, die liefde. A, die liefde. Die één enkele ding wat skrywers laat skryf, musikante laat sing en volwasse mans in volslae idiote laat verander.

Kortom, troues (en die liefde) wérk. Hetsy in flieks of boeke of liedjies. As jy Bridesmaids, Four Weddings and a Funeral of Wonderlus (onder andere) gekyk het, sal jy weet dat die Happily Ever After-gegewe met vrug en sukses aangewend kan word. Selfs ’n punk rocker soos Billy Idol weet dat sommige dae net mooi perfek is vir ’n wit bruilof.

Maar kom ons wees eerlik: Om ’n troue te reël is ’n heel ander ball game. Die bruid wat so stralend voor die kansel staan en glimlag het beslis en sonder twyfel iewers tot die aanloop van die groot dag ’n paar trane gestort. Haar ma en suster ook. Want om ’n troue te reël is vrek harde werk.

In Bruidzilla, Marion Erskine se nuutste boek, verskuif hy die fokus dan grootliks van die huweliksdag na die reëlings vooraf. Soos die meeste ingeligtes weet, neem dit maande, selfs soms ’n jaar se beplanning om ’n troue suksesvol aanmekaar te slaan. En dan woeps, binne ’n paar uur is die hele affêre verby. As jy jou oë uitvee, is die chocolate mousse op, een verlore klein blommemeisie op ’n sugar high dans soos ’n besetene op die maat van ’n ou Roxette-treffer, en iewers sit ’n ouerige omie aan die bruid se kant met ’n bierbotteltjie gebalanseer op sy knie en knip ’n uil. Dit was lekker, maar nou is dit klaar.

Tillie, ’n vrolike dog effens vervelige waitress, se beste vriendin sedert graad 1, Milanka, vra haar om haar troue vir haar te reël. En dit so ewe met ’n man met wie Tillie sélf ’n kortstondige spark beleef het. Hulle moet regtig baie goeie vriendinne wees, het ek by myself gedink, want benewens die feit dat Milanka sonder moeite haar vriendin se potensiële kêrel afvry, is sy doodeenvoudig net nie nice nie. Sy is ’n pyn. Sy is overbearing, ongeskik en pleinweg blerrie onaangenaam. Soveel dat ek een of twee maal die boek wou neersit en dit glad nie weer sou wou optel nie. Tillie, aan die ander kant, vreet als op wat die walglike Milanka na haar kant toe gooi. Onmoontlike eise word aan haar gestel en heel gedwee probeer die arme Tillie om als te doen wat Milanka van haar verwag. Natúúrlik met katastrofiese gevolge.

Soos wat die storie egter vorder, leer mens die twee meisies beter ken, begin jy begrip kry vir hulle vreemde gehegtheid aan mekaar en voel jy later wragtag selfs deernis vir die blonde bruid uit die hel. Erskine kry die bykans onmoontlike reg – hy laat jou van opinie verander, en dít is heel knap gedaan.

Bruidzilla gee nie voor om enigiets anders te wees as wat dit is nie. Dit is ligte vermaak. Dit is The wedding singer op steroids. Dit laat jou kortstondig vergeet van pandemies en lockdowns en partytjies met slegs ’n paar genooide gaste. Dit doen presies wat dit moet doen. En al is daar hier en daar ’n geykte karakter of twee, vergewe mens dit sonder skroom, want daar is lekkerlagmomente, so reg in die kraal van Donatello en Volksie, Erskine se tweede boek wat in 2010 verskyn het.

Tillie en Milanka is die perfekte teenmiddel vir ’n goor ou jaar. Vat hierdie stukkie sonskyn saam see toe. Gaan skop jou skoene uit, slaan die sambreel op en skink ’n glasie Kaapse vonkel. Verlustig jou vir ’n oomblik in die troue van die jaar, maar probeer om nie kliphard jou moer vir die onmoontlike Milanka te strip nie. Want glo my, jy gaan wil.

The post <em>Bruidzilla</em> deur Marion Erskine: ’n resensie appeared first on LitNet.

Eerste slukkie: God Is daar ’n ander antwoord?

$
0
0

LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Oor die skrywer

Ben du Toit is ’n voormalige kommunikasie-direkteur van die NG-sinode van die Wes- en Suid-Kaap. Hy in 1950 in Malawi gebore. Hy behaal die grade BA en BTh aan die Universiteit Stellenbosch, asook MA (cum laude) en DPhil aan die Universiteit van Port Elizabeth ná buitelandse navorsing by die Graduate Theological Union in San Francisco, VSA.


Opsomming

God Is daar ’n ander antwoord?
Ben du Toit
Teologie
978 0 6396 0108 3
R295.00

Hierdie manuskrip was nie bedoel om gepubliseer te word nie. Dit was aanvanklik ’n bestekopname van die skrywer se betrokkenheid by en blootstelling aan die NG Kerk-familie waarin hy gebore is, grootgeword en uiteindelik as predikant gedien het.

Ben du Toit se eerste boek, God? Geloof in ’n postmoderne tyd, is in 2001 met die gesogte Andrew Murray-prys vir Christelike publikasies bekroon. Dit het ’n woordeskat gebied vir talle ander mense se reis. Amper twee dekades later neem hy die vraag oor God en die relevansie van godsdiens en geloof verder.

Vir baie mense sal hierdie boek nie ’n gemaklike leeservaring wees nie. Daar sal egter lesers wees wat ’n eie bevrydende ervaring in hul verhouding met die kerk, geloof en met God sal beleef deur die boek te lees. En wat ’n woordeskat sal vind.

Net soos Du Toit se eerste boek baie mense minder alleen met hulle teologiese ongemak en kritiese vrae laat voel het, kan hierdie boek ’n wonderlike verrassende volgende fase van hul lewens inlei, soos dit tans met die skrywer die geval is.

Die afronding van die teks het plaasgevind aan die begin van die wêreldwye Covid-19-pandemie. Hierdie boek toon hoe die vraag na die betrokkenheid van God gevra word, net soos telkens in die verlede tydens ander krisisse.

Net soos wat die Covid-19-pandemie ’n nuwe era inlui, kan hierdie publikasie ’n nuwe denkraamwerk ten opsigte van geloof inlui.

Hier word baie name genoem en na vele stemme geluister. Uiteindelik gaan dit nie oor hulle as individue nie, maar wel, kollektief, oor Die Kerk – ’n bepaalde verteenwoordiging van die verskynsel wat Godsdiens genoem word. Maar inderwaarheid gaan dit nie eers oor hulle nie, maar oor God – terwyl die enigste manier waarop ons iets van God kan weet, deur die woorde en lewens van mense is.

Die boek is ’n openhartige, deurleefde en provokerende teks van ’n bekende en gerekende teoloog. Dit verskaf ’n woordeskat en hoop vir diegene wat krities teenoor teologie staan. Die teks gee ’n binneblik op die NG-kerk en onlangse debatte en aktuele kwessies binne die kerk en samelewing, soos die gaydebat.


Uittreksel

Tamar, bly stil!

Tamar het stof op haar kop gegooi. Sy het haar lang mantel geskeur, haar hand op haar kop gesit en sover sy loop, het sy geskreeu. Haar broer Absalom het toe vir haar gesê: “Was jou broer Amnon by jou? Toe maar, my suster, bly nou maar stil. Hy is jou broer. Moet jou nie hieroor verknies nie.”

Tamar het toe in haar broer Absalom se huis gaan bly en sy was ’n wrak.

2 Samuel 13:19–20

Wat hier staan, wat ek nou hier skryf, was nie ’n artikel of iets dergeliks, ’n geskrif wat al voorheen gepubliseer is nie. Dis eerder ’n preek. Nou se preek. Wat ek nou maak. My laaste preek uit die Bybel.

Hierdie gedeelte in die Bybel is seker een van die ontstellendste gedeeltes in die Goeie Boek. Die hele gedeelte vanaf hoofstuk 11 tot 13 van 2 Samuel. Dit is nogal ’n gedeelte van die Bybel waarna daar dikwels deesdae verwys word in sekere kontekste van die Ou Testamentiese navorsing asook in die gesprek oor die feminisme, die patriargie, oor geweld teen vroue (en kinders). Dit gaan oor die skande in Koning Dawid se huishouding.

Ons het hierin met twee verhale te make waarin dit oor dade van seksuele aard gaan. Die eerste deel (hoofstuk 11) gaan oor die koning se vergryp aan ’n ander man se vrou, Batseba. Hoe gewillig sy daartoe was, sal ons nooit weet nie, maar nadat Dawid fyn beplan het om van haar man, Uria, ontslae te raak – om hom op die gevaarlikste plek in die oorlog te laat aantree en sodoende sy dood te veroorsaak – het hy Batseba vir homself toegeëien. Maar nie sonder nog ’n tragedie nie: die dood van die eersteling van Dawid en Batseba.

Die meeste van ons wat in die kerk grootgeword het, ken die storie van die profeet Natan, wat na Koning Dawid gekom het om hom op ’n baie slim manier tereg te wys deur vir hom die verhaal van ’n ryk man en ’n arm man te vertel: die gewetenlose ryk man met die baie skape wat die arm man se enigste skaap steel met die oog op ’n feesmaal vir sy vriende. En dan Natan se woorde aan Dawid: “U is die man.”

Die tweede verhaal (in hoofstuk 13) is dié van Tamar, Dawid se dogter, wat deur Amnon, een van haar broers, verkrag word. Dit nadat Amnon van sy begeerte na sy suster by sy neef Jonadab gebieg het en dié hom die slinkse raad gegee het om siek te speel en dan sy suster na sy kamer te lok om vir hom kos te gee.

Dit gebeur toe presies so. Amnon verkrag sy suster, maar daarna verag hy haar met ’n diepe afsku en jaag haar uit sy kamer. Ná die vernedering van haar verkragting en haar broer se daaropvolgende veragtelike optrede skreeu sy haar protes uit in die strate met geskeurde klere en as op haar kop.

Haar ander broer, Absalom (met klaarblyklik reeds ’n sterk vermoede van wat gebeur het), vra haar uit, waarop sy bevestig dat Amnon haar verkrag het.

En Absalom se reaksie? “Toe maar, my suster, bly nou maar stil. Hy is jou broer. Moet jou nie hieroor verknies nie.”

En so vind sy “skuiling” in haar broer Absalom se huis. En die laaste wat ons van Tamar hoor?

Tamar was ’n wrak.

Maar nou: Wie of wat is hier die eintlike olifant in die vertrek? As dit oor die Bybel gaan, is die karakters daarin (mos) eintlik sekondêr, nie waar nie? In hierdie samestelling van talle en talle oorvertellings, geskrifte en samevoeging van dokumente (wat uiteindelik as die Bybel, as die Woord van God aanvaar en as sodanig bely word), is God tog die hoofrolspeler; die een aan wie alles in die hemel en op aarde behoort, die Almagtige, die Alwetende, die Skepper, die God van liefde.

Die mans in hierdie verhale tree soos varke op, volslae gewillig daartoe met slinkse testosteroongevulde vanselfsprekendheid; uitverkoop aan die patriargie en chauvinisme, terwyl die menswaardigheid van die vroue eenvoudig geminag word.

Maar, indien ons die geloof in God as skepper en onderhouer kon sekwent wil handhaaf, is hulle (die mans) nie die eintlike probleem nie. Daar’s ’n olifant in die vertrek waaroor niemand mag, of wil, praat nie. Die werklike spreekwoordelike olifant in die vertrek is … God self – die Almagtige, die Alwetende, in wie se hande volgens die oortuiging van gelowiges hulle lewens gehou word. Maar, oor Hom mag in hierdie verband nie gepraat word nie. Oor God moet stilgebly word want, onthou, Hy’s jou hoeder, die een wat jou oppas, onder wie se vlerke jy veilig moet kan skuil, na wie toe jy kom as jy vermoeid en belas is.

Los dus jou protes, asseblief. Kom af van die strate en kom bly rustig en veilig in jou ander broer se huis. Ons praat nie hieroor nie. Dis soos dit is. Geen vrae nie. Geen protes.

Oor Hom in verhouding tot die onreg wat ongehinderd voortgaan, mag ons nie praat nie. Moenie sy naam noem terwyl talle oorloë in sy naam woed nie; of as dieselfde Dawid vroeër honderd voorhuide van ver- slane Filistyne aan Saul as huweliksprys bring ter wille van Mikal (Koning Saul se dogter) nie; nie as honderde babatjies doodgaan wanneer Jesus in Bethlehem gebore word nie – en die weeklaag opklink uit Rama, want die moeders wil nie getroos word nie; nie as duisende mense deur die eeue in kruistogte omkom en godsdiens teen godsdiens opstaan vir millennia nie; nie toe die volkere van Afrika mekaar in die verlede wreedaardig uitge- moor het ter wille van grond nie; nie as Xhosas en Zulu’s, Boer en Brit sterf ter wille van beheer oor grond, goud en diamante nie; nie as tienduisende vroue, kinders en plaaswerkers in konsentrasiekampe en op plase sterf in die Anglo-Boereoorlog nie; nie as die 1913-Grondwet duisende Afrikane van hulle land vervreem nie; nie as meer as 6 miljoen Jode tussen 1941 en 1945 uitgemoor word ter wille van Hitler se meerderwaardige Herrenvolk nie; nie as daar by Sharpeville en Boipatong en tydens die 1976-opstande honderde veronregte mense deur die apartheidsregering doodgeskiet word nie; nie as die polisie onbeheersd losbrand op mynwerkers by Marikana nie; nie as Mugabe oorneem in Zimbabwe en ’n onbekende aantal Matabeles uitmoor en die land uiteindelik in die grootste ellende dompel terwyl hy en sy opvolgers in weelde lewe in ’n land waar die ekonomie uitgewis is nie; nie as honderde oor naweke in townships doodgeskiet word in bende- verwante geweld nie; nie as sinnelose, wreedaardige aanrandings en selfs moorde elke dag in ons stede en op plase gepleeg word nie; nie as die ANC oor meer as twee dekades deur wanbestuur, bedrog en selfverryking die Suid-Afrikaanse ekonomie geleidelik so vernietig dat ons tot op die randjie van ’n totale ineenstorting gekom het en tans gevaar loop dat populistiese retoriek uiteindelik hierdie land finaal die afgrond instuur nie; nie as ’n Corona-virus die hele wêreldbevolking met vernietigende gevolge tref nie.

Oor hierdie olifant in die vertrek (God), oor sy aandeel in hierdie gebeure, mag ons nie praat en Hom bevraagteken of impliseer nie, want Hy’s jou broer, jou hoeder: Die een na wie jy moet opsien. Die een voor wie jy in aanbidding moet buig. Die een wat geprys moet word in die kerke, op strate en onder die bome van Afrika. Moenie praat nie, want sy eer moet beskerm word.

En so het Suid-Afrika sonder die “waagstuk” van hierdie vraag aan die suidpunt van Afrika bly woon.

Nkosi Sikelel’ iAfrika.

En Suid-Afrika was ’n wrak.

###

En die antwoord is

For every complex problem there is an answer that is clever, simple, and … wrong.

HL Mencken (1880–1956), Amerikaanse skrywer

In die voorafgaande hoofstuk van hierdie boek kan mens telkens die retoriese vraag hoor: Is God hierby betrokke – en indien wel, op watter manier? Hoe kan ons God hierin sien? Hoe kan ons sy betrokkenheid hierin verstaan? Selfs, aan watter of aan wie se kant sou Hy in die betrokke saak wees? Was Hy in beheer, of nie? Hoe rym dit met sy liefde? Hoe sou ’n mens sy groot plan kon verstaan?

Tydens die nasionale en provinsiale verkiesing van 8 Mei 2019 word ’n onderhoud in die media geplaas met ’n vrou wat verklaar dat sy nie bekom- merd is oor wie die verkiesing gaan wen nie, want God sal sorg dat die regte mense verkies word om die land te regeer. En daar is baie gelowiges wat so glo – wat hulle troos en vrede daarin vind.

Dit is egter net verstommend dat hulle nie besef hoe problematies so ’n (geloofs-)uitspraak is nie. Sou dit beteken dat God ook verantwoordelik was vir Robert Mugabe se verkiesing as president van Zimbabwe (wat die oorsaak van soveel menslike ellende was – en na sy dood steeds is)? Sou dit beteken dat God ook verantwoordelik was vir al die korrupsie en plundering deur die ANC-regering die afgelope dekade, aangesien dit Hy was wat gesorg het dat Jacob Zuma president van Suid-Afrika geword het? Is God so direk verantwoordelik vir die daarstelling van alle regerings in die wêreld? Besef mense wat die volle konsekwensies is van hulle geloofsuitsprake vir die integriteit van die God in wie hulle hul vertroue stel?

Ten tyde van die afronding van hierdie manuskrip tref Covid-19 die wêreld. Dit veroorsaak oral paniek – in alle lande. Uiteindelik sal geen land dit gespaar bly nie. Die dodetal styg daagliks dramaties, ook hier in Suid- Afrika. En afgesien van die aanvanklik prysenswaardige en ingrypende maatreëls deur die regering (waarvoor die samewerking van alle inwoners gevra word), kom die oproep (selfs direk van die president) dat daar daagliks om 18:00 gebid moet word vir hierdie pandemie. Oral doen kerke ’n beroep op die gebede van alle mense. Die sosiale media wemel daarvan. Nou kan ’n mens vra: Waarvoor moet gebid word? Dit word selde uitge- spel, want die oomblik as ’n mens dit doen, doem die kompleksiteit van die saak op. Ek verbaas my weer eens hoedat miljoene mense wêreldwyd nie besef hoe sinloos hulle argumente en hulle verwagtings van (hulle) God klink wanneer ’n mens krities daarna kyk nie. Moet God die virus wegneem? Moet God die virus stuit? Word God versoek om Suid-Afrika te spaar? My mense?

Hierdie misterie (oor die betrokkenheid van God) verdiep verder as berig word dat een van die mees dramatiese geleenthede vir die infektering en verspreiding van hierdie virus in Suid-Afrika aan toegewyde Christene te wyte was. Van 9 tot 11 Maart 2020 word daar ’n groot internasionale kon- ferensie by die Divine Restoration Church in Bloemfontein gehou. Promi- nente politieke en Christen-leiers van oral in Suid-Afrika en buurlande soos Mosambiek woon dit by en word geïnfekteer. Dit blyk dat van die oorsese besoekers uit Europa positief vir die virus getoets het en dat hulle die draers daarvan na Suid-Afrika was.

Rapport berig op 5 April 2020 soos volg daaroor onder die opskrif “1 600 ondersoek na gebedsgroep”:

Die nagevolge van die Vrystaatse gebedsbyeenkoms wat bygewoon is deur vyf buitelanders – wat almal Covid-19 onder lede gehad het – is steeds aan die uitkring.

Die Vrystaatse Departement van Gesondheid het teen Donderdag alreeds 1 600 mense opgespoor en ondersoek nadat hulle die Jerusalem Prayer Breakfast bygewoon het of in kontak was met mense wat die virus daar opgedoen het.

Die 85-jarige John Hlangeni, ’n kerkleier by die Global Reconciliation Church, het Maandag Suid-Afrika se derde Covid-19-slagoffer geword toe hy in die Pelonomi-hospitaal in Bloemfontein oorlede is. Sy vrou is ook siek en word in die intensiewesorgeenheid behandel.

’n Verpleër in die Duduzakliniek in Ekurhuleni aan die Oos-Rand is positief getoets vir die virus en die Departement van Gesondheid het die kliniek Woensdag gesluit. Sy het ook die gebedsbyeenkoms bygewoon.

Volksblad het Saterdag berig dat die 54-jarige gastehuiseienaar wat die vyf besmette buitelanders wat die byeenkoms bygewoon het, gehuisves en vervoer het, ook met Covid-19-simptome dood is.

Dit is betekenisvol dat afgevaardigdes na hierdie godsdiensbyeenkoms die virus ook na die Noord-Kaap en verder in Suider-Afrika versprei het.

Een van die groot vrese in Suid-Afrika (en in Afrika as geheel) was dat hierdie virus ’n vastrapplek sal kry tussen die massas in die informele woonbuurte waar sosiale afstand onmoontlik is, tesame met al die gewone ontberinge van gebrek aan voldoende water en kos en gebrekkige higiëne tipies van armoede-kontekste: ’n resep vir die verspreiding daarvan soos ’n veldbrand. Sou dit dan nie een van die duidelikste voorbeelde van ironie wees dat dit juis toegewyde Christene was wat een van die hoofoorsake van die verspreiding van die virus in Suider-Afrika is nie?

Tog word die kritiese vraag na God nie gevra nie, maar word ’n nasionale versoek tot gebed aan almal gerig.

Aanvanklik mag dit dalk oppervlakkig en moedswillig klink, maar talle vrae kan logies hieruit oor God gevra word. ’n Mens wonder byvoorbeeld hoekom God dan nie heel aanvanklik gesorg het dat die virus nie sy aanslae in China begin het nie. Het God dalk nie geweet daarvan nie? Kon God dit nie keer nie? Of wou God dit nie doen nie – met ’n groter (wrede) plan op die oog? Toe sy volgelinge in Europa op die vliegtuie na die Christen- konferensie in Suid-Afrika klim, het God toe geweet hulle is geïnfekteer, of nie? Indien God vooraf alles weet, was dit deel van sy (bisarre) plan om die kwesbaarstes van Afrika te teiken? Of behoort ’n mens hier liewer ’n ander bekende kaart oor die tafel te stoot, naamlik dié van buig voor die misterieuse wil van God wat aanvaar behoort te word?

Of is die sin van geloof in God dalk eerder (of slegs) te soek in die troos van God se kennis van mense se lot – en wat dan tot uiting kom in die vorm van sy medelye en ondersteuning in die hartseer, angs en verlies van sy volgelinge in hierdie krisis? Is God magteloos in hierdie stryd, of aktief daarin met ’n verborge plan? Intussen hou Hy die prys van ’n ewige lewe na die dood uit as beloning vir mense se geloof.

In die afgelope meer as dertig jaar het ek, as deel van ’n kontingent teoloë in die kerk, konsekwent daarteen gedebatteer dat God as “die outeur van die kwaad” beskou sou word. Nee, die kwaad in die wêreld is die gevolg van menslike keuses, of die noodwendige skadukant van die skepping, of, in sommige kringe, die werk van die boosheid in mense, of in nog ander gevalle, die werk van die duiwel self. Ongelukkig kon geeneen van hierdie argumente met ’n goeie logiese verklaring of antwoord kom wat nie op die een of ander manier die integriteit van God op die spel plaas nie. Behalwe natuurlik, soos reeds gesê, om almal uiteindelik te herinner aan die misterie van God se wil wat ons nooit (aan hierdie kant van die graf ) sal verstaan nie.

Maar om jouself so te beroep op die beperktheid van die menslike verstand (wat buig voor die misterieuse wil van God), amper asof die erken- ning daarvan ’n deug is, is vir baie mense geensins meer ’n bevredigende uitvlug nie.

Die ou teologiese trilemma klop onwillekeurig in al hierdie gevalle aan die deur, naamlik: Hoe is dit moontlik dat God tegelyk alwetend, almagtig asook liefdevol kan wees? Dit was (en is steeds meestal) so dat wanneer oor hierdie aangeleentheid in die Christelike geloof en teologie geargumen- teer word, daaraan vasgehou word dat hierdie, asook al die ander attribute (kenmerke) van God, inherent deel is van Hom – dat dit waar is van God. So word geglo. Omdat die Bybel so oor God praat, moet al drie hierdie kenmerke van God op die een of ander manier geld. Saam hiermee word ook verklaar dat God soewerein is en Hom nie deur enigeen laat voorsê in sy besluite nie. So moet ons as mense buig voor sy meerdere kennis en wysheid en ons oor die misterie van God se wil verwonder.

Dus word geglo en bely dat God liefde is. Dat God almagtig is. Dat God alwetend is. Daarby is Hy genadig. En regverdig. En alomteenwoordig. Daar word ook geglo dat Hy op grond van sy plan vir mense of die wêreld sekere dinge doen of nie doen nie, ander toelaat of nie toelaat nie. Die “feit” is: Hy is in beheer. As sodanig is die mens in Gods hand. Sy wil sal geskied. Daarvoor moet almal buig. Daarvolgens moet gelowiges bid. Om te bid dat God se wil sal geskied (soos in die Christelike modelgebed aangebied in die woorde “laat U wil geskied, soos in die hemel, so ook op die aarde”) – en dat die gelowige hierdie wil sal leer ken en verstaan en aanvaar – is die doelwit van die Christen se gebed.

Hier kom gebed as sodanig vanselfsprekend ook ter sprake. Die probleemvraag is nou egter hoe en wat die rol van gebed in hierdie verband is. Kan ’n mens se gebed waarin om ’n bepaalde saak gevra word, soos die versoek vir gesondheid, die afwering van ’n virus, vir goeie en deur- dringende reën, vir ’n voorspoedige reis, oor die vermoë beskik om God se wil te wysig, of teen die gang van die natuur te laat ingaan? Kan gebed medebepalend wees vir wie die land gaan regeer of nie? Hieroor skryf ek later meer, maar vir die doeleindes van hierdie gedagtegang moet hier aan- gemerk word dat die verhouding tussen gebed en die wil van God nie ’n ongekompliseerde saak is nie.

Die wil van God – en hoe om dit te verstaan – is dus ’n komplekse saak. Dit is juis daarom vir die kerk (of geloofsgemeenskap) vanselfsprekend om binne ’n bepaalde situasie in die tyd en geskiedenis te reflekteer oor die wil van God vir of in daardie situasie. En die plek (bron) waar hierdie wil van God gevind sal (kan) word, is die Bybel. Die Bybel is vir die Christen die geïnspireerde Woord van God. Veral vir die gereformeerde Christen is die interpretasie van die Woord van kardinale belang. Hier kom die belydenis- skrifte se rol ter sprake, want in die belydenisskrifte word die interpretasie van die Bybel deur die kerk vir gereformeerdes gevind. En, so word ons telkens herinner, die NG Kerk is per definisie ’n belydeniskerk. Die kerk word gerig kragtens ons belydenisskrifte. Daarom die ondertekening van die belydenisskrifte deur alle voornemende predikante van die kerk. Later meer oor hierdie komplekse verhouding tussen Bybel en belydenis. Hier is dit nou eers belangrik om te aanvaar dat die wil van God vir die kerk as georganiseerde instituut belangrik is, maar daarom ook vir die individu. God se wil is deurslaggewend vir die gelowige se lewe.

Gelowiges vra daarom daagliks en deurlopend daarna. Die kerk doen dit amptelik in sy vergaderings met groot erns. Daar word gevra hoe die wil van God, as die een wat oor ons lewe en lot beskik, verstaan behoort te word. Dis met die oog hierop dat die (korrekte) vertolking van die Bybel as gesagvolle Woord van God gedurig op die agenda is.

Met hierdie doel voor oë word daar deesdae in die (NG) kerk veral groot gewag gemaak van “geloofsonderskeidende gesprekke/prosesse”. Daarvoor word dan ook vooraf sorgvuldig beplan deur toepaslike teks- lesings, gerigte tafelgesprekke, bepaalde stiltetye vir introspeksie en luis- terende refleksie, om dan so tot konsensus te kom oor wat die pad van die Here is. Dit is ook bekend (en vir my was dit nog altyd ’n rede tot ongemak) dat sodanige beplanning (inleidings, sprekers, keuse van Bybelgedeeltes) manipulerend van aard is, omdat diegene wat die noodsaaklikheid daar- voor voorstaan en die beplanning daarvoor doen, self met agendas sit wat hierdie keuses bepaal. Hierdie feit word meestal nie in berekening gebring of maklik erken nie. En natuurlik speel dit nie doelbewus en kwaadwillig ’n rol nie, maar dit is wel bepalend.

Wat hierin meestal die mees steurende element is, is die feit dat enige vrae hieroor (soos hierbo aan die begin verwoord), of enige kritiese opmer- kings, dikwels gesien word as moedswillige (en selfs kwaadwillige) weerstand teen die oopstel en sensitiwiteit vir die werk van die Heilige Gees, die influisteringe van God – ’n weerstand teen die gewilligheid tot verandering of transformasie. In sommige gevalle – en dit het ek aan my eie lyf gevoel – word die bevraagtekening van hierdie manier van spirituele manipulering doodgewoon as lastig en ongewens ervaar en hanteer. Of sommer net kru gestel, as negativisme. Dit is selfs interessant dat daar in die praktyk van hierdie soeke na die wil van God geen verwysing is na die belydenisskrifte nie. Ek kan amper nie enige geleentheid oproep waar daar in die gewone gang van kerklike besluitneming op enige vlak gepoog is om die belydenis- skrifte aan die orde te stel nie – behalwe somtyds waar daar ’n kerkordelike dispuut is (byvoorbeeld ’n klag van leertug teen ’n predikant). Dit in sigself is dus ’n anomalie met betrekking tot die identiteit van die kerk.

Maar die feit is dat daar deurlopend na die wil van God gevra word, amptelik in die geloofsgemeenskap, maar ook in die persoonlike lewens van gelowiges. En hier loop ’n mens jou telkens vas in hierdie trilemma van die verhouding tussen God se almag, sy alwetendheid en sy liefde. Alreeds voor Christus het ’n Griekse filosoof, Epicurus (341–270 vC), oor hierdie onmoontlike formule geskryf – het hy die idee verwerp dat God gelyktydig almagtig, alwetend en liefdevol kan wees. Twee van hierdie eienskappe sluit altyd die derde een uit.

Dit is dus nie ’n nuwe “ontdekking” as gevolg van die opkoms van die moderne wetenskap, of die klem op logiese, rasionele argumente, of iets dergeliks, asof die strewe na logiese denke nou eers in ons moderne era uitgedink is nie. Dit is ’n vraagstuk waarskynlik so oud soos die geloof in (’n) God self.

In God? Geloof in ’n postmoderne tyd1 het ek in hierdie verband soos volg geskryf:

In die debat deur die geskiedenis oor hierdie probleem het die begrip die “trilemma” rondom God ontstaan. Hierdie beredenering gaan uit van die volgende stelling: dat dit onmoontlik is om tegelykertyd drie dinge van God te kan glo, naamlik dat Hy alwetend, almagtig en liefdevol is. Twee van hierdie eienskappe kan gemaklik saam gedink word. Maar sodra ’n derde (of selfs ’n vierde soos regverdigheid) bykom, maak dit nie meer sin nie. Kom ons gebruik ’n voorbeeld (by voorbaat verskoning oor die skrik- wekkende aard van hierdie voorbeeld):

’n Veertienjarige dogter word deur ’n inbreker gemartel, verkrag en doodgewurg. Indien God alwetend is (en dus vooraf sou geweet het dat dit gaan gebeur) en liefdevol (dus gekant daarteen sou wees dat so iets gebeur), hoekom het Hy dit nie gekeer nie? Is Hy dan nie almagtig nie? Indien Hy liefdevol en almagtig is en dit gebeur wel, terwyl Hy geweet het dit gaan gebeur, hoekom het Hy dit nie gekeer nie? Is Hy dan nie alwetend nie? Indien Hy alwetend en almagtig is, maar dit het tog gebeur, hoe kan Hy dan liefdevol wees?

Daarom is ’n deterministiese denke (met ander woorde dat alles volgens ’n vooraf beplande program gebeur) onaanvaarbaar … omdat dit ten minste ’n groot vraagteken sal skryf oor die liefde van God! Wat sou dit dan buitendien help om te bid, aangesien alles alreeds op vaste spore loop en daaraan niks meer gedoen kan word nie. So ’n God sou … ’n vreesaanjaende monster wees van wie ’n mens jouself liewer wil bevry, as om in Hom te glo en jou aan Hom toe te vertrou.

Wil ’n mens van hierdie soort God bevry wees en liewer sien dat God as liefdevolle “Vader” medelye het met ons en dinamies in die gang van die skepping saam met die mens beweeg, om dan in die oomblikke van nood en angs die gelowige met die belofte van sy liefde en deernis te versorg, kom die vraag op of God dan maar net reaktief optree op gebeure waaraan Hy niks kon doen nie. Dit laat hulle onseker, omdat God, uit so ’n perspektief gesien, ’n magtelose toeskouer is van die verloop van die geskiedenis.

(Ander) sou wou volhou dat die mens self ’n keuse het en daarom ver- antwoordelikheid moet aanvaar vir wat met jou gebeur. Kies iemand ver- keerd, dan is dit sy/haar eie skuld dat dinge verkeerd loop, maar gelukkig is God genadig en liefdevol en kan ’n mens ook in sulke tye op sy ondersteu- ning en begeleiding staatmaak.

Verder (is dit so) dat gebeure in die lewe volgens bepaalde wetma- tighede gebeur (soos aardbewings, droogtes en natuurrampe) waarvoor God tog nie “die skuld” kan kry nie. Dus, wanneer dit gebeur, is God in sy medelye daar om die gelowiges te ondersteun en hulle te help om die sin daarvan in te sien (bv dat dit aanleiding gee tot ’n nuwe bewussyn van God se teenwoordigheid en toewyding aan Hom, of iets dergeliks), daardeur te groei tot mense wat beter toegerus is vir die lewe wat nou maar eenmaal bestaan uit die goeie en die slegte.

(Vir ander) sal so ’n siening weer bedreigend aandoen, want dan is God mos magteloos – al bid ek ook hoe. Dan is Hy mos nie in beheer nie – en by so ’n God is ’n mens dan altyd onveilig.

In die teologie word na hierdie trilemma gewoonlik as die teodi- see-vraagstuk verwys, waarin dit gaan om mense se verskillende beskouings van hoe die kwaad gesien moet word in verband met die wil van ’n alwetende, almagtige, liefdevolle God.

Dit was my vroeëre beredenering rondom hierdie saak. Tans is my probleem met hierdie redenasies dat dit alles ten doel het om die geloof in God as’t ware te red. Om God te red, oftewel die konsep van ’n transendentale, metafisiese wese wat oor alle mag beskik en alles wat gebeur, beheer.

Ek was deel daarvan. Het dit met groot toewyding en oortuiging probeer doen: om ons geloof in God, soos geopenbaar in Jesus van Nasaret, sover as moontlik rasioneel insigtelik te maak.

Maar nie meer nie. Op hierdie retoriese vrae van “wat het God daarmee te make” of “hoe is God daarby betrokke”, sou dit ter wille van die integ- riteit van daardie God waarskynlik ’n beter uitweg wees om te sê dat Hy niks daarmee te doen het nie. Dit maak Hom dan ten minste nie skuldig, of magteloos, of wreed nie. Maar dan is die sin van geloof in God natuurlik sonder enige nut.3 Dit sou die hele (godsdiens-)projek in duie laat stort. Dan sou mens met reg kon vra of die geloof in God enige sin maak (die olifant in die vertrek met “Tamar, bly stil!”). Die ironie is dan dat die enigste manier om die sin van ’n geloof in God “te red” is om te verklaar dat Hy nie ’n werklikheid is nie – om dus nie alleen sy betrokkenheid uit te skakel nie, maar om God as sodanig uit te skakel.

Een van die heel grootste probleme in hierdie verband, naamlik om ’n logiese, verhelderende, konstruktiewe gesprek hieroor binne die konteks van godsdiens te voer, is die fundamentalistiese aard van alle godsdienste – daarom ook die teologiese denke binne die gereformeerde tradisie. Ek het my hele beroepslewe daaraan gewy om saam met ander na maniere te soek om hierdie gesprek wel te laat plaasvind en te laat slaag. Die uitgebreide elektroniese dokument “Woorde en woorde” is ’n redelike weerspieëling hiervan. My blootstelling aan Wentzel van Huyssteen, sy invloed op my en my blootstelling aan die interdissiplinêre gesprek hieroor het my aan- gemoedig om motivering te soek vir hierdie gesprek: in die kerk, asook in die teologie. Ek was oortuig daarvan dat die wetenskap ons daarin sou kon help. Veral die wetenskap wat in sy multidissiplinêre aanwending ál verder weg beweeg het van die positivistiese verwagtinge van die vroeëre ontwikkelinge van die moderne wetenskap.

Die bedoeling met die interdissiplinêre teologiese refleksie oor die wil van God was om daarmee integriteit aan die teologie en die geloof in God te verleen, om teen die destruktiewe aard van fundamentalisme te rede- neer en nie daaraan as slagoffer te val nie. Om as’t ware aan die impasse wat die onkommunikeerbare fundamentalisme (van godsdiens) op die tafel sit, te ontkom deur goeie redes aan te voer vir die waarskynlikheid van die Christelike geloof – en dan veral binne die konteks van die gerefor- meerde tradisie. Om ook, aansluitend hierby, die unieke aard van die mens as inherent ’n spirituele wese te verdedig. Om dit as unieke eienskap van Homo sapiens aan te dui, in onderskeiding van die res van die “skepping”. Die mens het die vermoë tot abstrakte denke, tot estetiese uitdrukking van allerlei aard (sang, musiek, rotstekeninge, skilder, beeldhouwerk, digkuns, verbeelding). Spiritualiteit is dus ’n unieke menslike kwaliteit en – sou ’n mens kon redeneer – ’n unieke behoefte tot harmonie met die spirituele sfeer waarbinne die mens sigself (amper keuseloos) bevind.

Tans is ek hiervan onseker. Nie onseker daarvan dat die mens al hierdie estetiese vermoëns het in onderskeiding van die res van die soogdiere op aarde nie. Dit is tog wel so. Maar onseker of dit noodwendig beteken dat die mens per definisie ’n spirituele of godsdienstige wese is. Speel persoonlikheidstipes of die bepaalde tradisionele en sosiale konteks ’n rol daarin dat sommige ’n groter behoefte aan spirituele ervarings het as ander?

Meer nog is ek daarvan oortuig dat alle godsdienste ’n fundamentalistiese vertrekpunt het en dat ’n mens daarom nie werklik daarmee in ’n vrugbare rasioneel insigtelike gesprek kan tree nie. Later meer oor die onafwendbare fundamentalistiese karakter van godsdiens.

Eers wil ek my egter haas om te erken dat ’n mens sekerlik ter onderskei- ding van meer en minder fundamentalistiese godsdienste kan praat. Daar is geloofstradisies wat ’n groter mate van gemaklikheid met kritiese vraag- stelling het as ander. En in die NG Kerk-tradisie waarin ek my opleiding ontvang het, was daar tye en plekke waar hierdie kritiese gesprek wel kon plaasvind. Daar is wel bepaalde wetenskaplike dissiplines wat van groot nut was en steeds is vir die teologie om gesprek moontlik te maak (waarby ek later sal kom). Dit het veral te doen met die vertolking van tekste, met die hermeneutiese proses.

Een van die mees bepalende faktore wat hierdie gesprek egter moeilik maak, is die erkenning en herkenning van kompleksiteit – en daarom ook van diversiteit. Daarom die aanhaling van HL Mencken (1880–1956), ’n Amerikaanse skrywer, aan die begin van hierdie hoofstuk: “For every complex problem there is an answer that is clever, simple, and … wrong.”

Ek bespreek hierdie soeke na klaarheid oor God nou verder aan die hand van die volgende opskrifte.

Lees ook:

Resensie van Ben du Toit se God Is daar ’n ander antwoord?

The post Eerste slukkie: <em>God Is daar ’n ander antwoord?</em> appeared first on LitNet.

Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek

$
0
0

Deon Meiring is een van slegs agt woordmense wat vanjaar bekroon is met een van die Cordis Trust se Beiteltjies. Izak de Vries het hom by De Vrije Burger ontmoet om ’n Bennie Griesel te eet en om meer te hoor oor sy musiek, veral sy nuwe album, Grensbewoner.

Deon, kom ons begin met gelukwensinge. ’n Beiteltjie van die Cordis Trust is nie te versmaai nie.

Baie dankie, ek’s baie opgewonde daaroor. Ek ervaar dit as ’n mooi bemoediging en ’n manier om te sê my werk is nog nie verby nie, maar die werk wat reeds gedoen is word raakgesien. Baie ander woordkunstenaars na wie ek opkyk het ook al Beiteltjies ontvang (hierdie jaar en voorheen). Dis ’n voorreg om in hulle geselskap te wees.

Goed, ons het baie opsetlik ’n Bennie Griesel kom eet. Met ’n hap hamburger en my tong in my kies, wat is die grootste verskil tussen Deon Meyer en Deon Meiring?

Op die oomblik lyk dit vir my asof die verskil al hoe kleiner word. Gewoonlik sou ek mense wat ons verwar, reghelp deur te sê ek is die Deon wat sing. Deon Meyer sing egter nou ook (en goed!) saam met Lize Beekman op haar nuutste album. Ek dink ’n ander verskil is dat ek soms van sy fan mail kry, maar ek weet nie of hy van myne kry nie.

Die Bennie Griesel

Jy is ’n musiekmaker, maar ook ’n woordbeitelaar. My geliefde is mal oor Grensbewoner. Sy sê dis “vars en oorspronklik”. Hoe skakel woorde en note in jou lewe? Wat kom eerste?

Sê vir jou geliefde ek waardeer dit! Wanneer ek liedjies skryf, probeer ek veral deesdae om ewe veel aandag aan die lirieke en die musiek te gee. Toe ek op skool begin liedjies skryf het, was dit definitief ’n manier vir my om my liefde vir woorde uit te leef. Op daardie manier kom woorde op ’n manier eerste. In die praktyk kan dit wel enige kant om gebeur vir my. Soms sal die musiek eerste kom, maar dan sal ek steeds my bes doen om uit te vind wat dit is wat ek wil sê.

Dit is ’n baie ou weergawe van die titelsnit. Die nuwe weergawe, en die album, is op Apple Music, Spotify en ander musiekplatforms te koop.

Ons eet nou by De Vrije Burger, wat natuurlik ’n woordspeling is op die vryburgers van ouds wat die landsgrense moes gaan bewoon. Jou album Grensbewoner is ’n baie stiller, akoestiese klank as byvoorbeeld Die slaapkamersessies. Die sagter aanslag was al teenwoordig in Hier by ons. Hoekom? Dit is, terloops, baie mooi!

Dankie! Dis weer eens te make met die verhouding tussen woorde en musiek. My eerste omswerwinge as liedjieskrywer was saam met my rock band, Glaskas. In ’n band is die musiek dikwels soos ’n rivier wat afkom en dan staan sekere woorde uit soos opdrifsels langs die oewer. Dis baie lekker, maar ek het ook al vir lank die behoefte aan meer gestroopte musiek wat meer ruimte gee vir die lirieke. Die uitdaging is dan dat elke eenvoudige stukkie musiek én die woorde meer onder die vergrootglas is. Met beide Grensbewoner en Hier by ons het ek vir myself toestemming gegee om dit te doen. Dit het veral gehelp dat ek vrede gemaak het daarmee dat alles nie absoluut vlekkeloos hoef te wees nie. Dis noukeurig opgeneem, maar nie blinkgepoets nie. Grense is mos dikwels goed vir kreatiwiteit ook. Met Grensbewoner het ek ook in gedagte gehou dat dit saam met Koos Kombuis se musiek in die reeks Kompleks gebruik gaan word. Sy musiek word gewoonlik ongeveins opgeneem en ek wou iets doen wat daarby sou pas.

Die sjef, Bertus Basson, se motto is eenvoud en gehalte. Werk dit so in jou musiek ook?

Daar vat jy dit nou saam. Die ironie daarvan is dat die eenvoud my dikwels ontwyk en dan moet ek eers op ’n lang soektog gaan om dit te kry. Of om oortollige brokkies af te skud.

Daardie tjello in “Bicycle sonder ’n slot” is ongelooflik. Ek het al baie weergawes van daardie lied gehoor, maar dié een is sonder twyfel die mooiste. Hoe het dit gebeur?

Ek’s regtig bly dat dit vir jou mooi is. Dis mos maar altyd ’n bietjie riskant om iets nuuts met ’n tydlose liedjie te doen. Dit was alles danksy Kompleks. Louis Pretorius het in die skryf van die teks gewerk met die idee van die hoofkarakter, Sean, wat onder andere tjello speel. Braam du Toit (wat ook die musiek gedoen het vir ander reekse uit Louis Pretorius en Albert Snyman se verbeeldings, soos Fynskrif) het toe die tjelloverwerking gedoen en hy was ook die musikale regisseur terwyl ons dit opgeneem het. Ek dink hy’t dit reggekry om iets mooi te doen, maar steeds die oorspronklike liedjie se eerlikheid te behou.

En Koos Kombuis? Het jy hom gebel en gesê: “Dude, ek soek backing vocals?”

Ek wens ek was so dapper. Ek het al voorheen opgetree in dieselfde line-up as Koos. Daai aand het ek liewer draaie om hom geloop, want ek het nie geweet of ek koel en kalm sou bly voor my held nie. Johan Viljoen, wat ook die vervaardiger is van Grensbewoner, was daar as my pianis en hy en Koos het blykbaar land en sand gesels langs die verhoog. Louis Pretorius het hierdie bal aan die rol gekry en ek is hom ewig dankbaar daarvoor. Koos het my intussen al genooi om die liedjie saam met hom op die verhoog ook te doen. So op die ou einde was dit eendag hy wat laat weet het: “Dude, ek soek backing vocals.” Dis een van die lekkerste goed wat ek al in my loopbaan gedoen het.

Nou na die titelsnit, “Grensbewoner”. Dit gaan oor iemand wat vasgevang is “tussen die hemel en die doodgewone”. Wat ’n wonderlike reël. Is dit wat kunstenaarskap vir jou beteken?

Dis beslis waar ek my dikwels as kunstenaar bevind, maar ook as mens in die algemeen. Wat kuns betref, dink ek kunstenaars help dikwels om die oorgange en onseker dele van die lewe te verwoord. As dit nie verwoord kán word nie kan goeie kuns mens steeds op ’n manier begelei. ’n Goeie liedjie of kunswerk het die vermoë om dit wat ’n oomblik gelede nog alledaags was, onverwags te omskep in iets buitengewoon.

Dan die byna kinderlike verwondering oor ’n plek tussen “gister en die geheime wat voorlê”. Dis mooi, al is dit ’n grensgebied waar die spreker nie tuis kan voel nie? Onskuld en kinderlike heiligheid kom ook voor in “Hoe ek regtig lyk”.

Ek moet gereeld daardie hunkering na die verlede in myself uitdaag. Tog help dit my ook om die goeie daarvan raak te sien. Daardie kinderlike verwondering is byvoorbeeld iets wat vir my belangrik is. Dit help my om meer verbeeldingryk te wees. Dis juis iets wat nodig is om sin te maak uit grense. Die verbeelding om te kan kyk na dit wat moontlik is, al is dit nog nie die noodwendige werklikheid nie.

Die dualisme kom ook voor in “Lyntjies T-hemp” waar die spreker vra: “Wie wil ek wees, sal jy my help om te onthou?”

Ja, dis vir my nog een van daardie vreemde grensgebiede. Vir my is dit iets wat ek feitlik daagliks moet vra. As ek kan onthou om dit te vra. Die ooglopende idee van getrouheid aan jouself is dalk om te bly wie jy is. Dis wel ook getrou om te vra hoe om te verander – wie jy moet of wil word.

Het mense al aangebied om te help skryf op die lyntjies op jou T-hemp?

Nog nie, maar ek hou van die voorstel! Ek nooi hiermee mense uit om met penne by my optredes op te daag vir daardie doel.

Deon het ook ’n strepieshemp gedra by die Tuin van Digters

Van die T-hemp na die vel. In “Hoe ek regtig lyk” is die vel ’n onsigbare kleed, maar dit is ook tyd om daaruit te vervel “om te sien hoe ek regtig lyk”. Dit is so anders as die gesprekke oor vel en velkleur wat ons gewoonlik in die letterkunde raakloop.

Ek dink dis dalk anders omdat dit nie aanvanklik by my opgekom het as iets oor velkleur as sulks nie. Dit was eers net my manier om te erken dat soveel dele van myself eintlik vir myself versteek is. Onbewustelik én doelbewus. Natuurlik kan mens nie sommer oor vel praat sonder om op ’n manier bewus te word van velkleur ook nie. In hierdie opsig doen die beeld sélf toe ook dit wat dit beskryf. Dit laat my besef dat daar soms reg onder my oppervlak teenstrydighede en moontlikhede is wat ek in die gesig moet staar.

In die letterkunde praat ons daarvan dat kuns ons moet help om anders te kyk na die alledaagse. Ek vermoed jou lirieke ondersoek nogal daardie moontlikheid?

Ja, dis my gunstelingbeskrywing van digkuns ook. Iets wat ons gewone woordeskat op een of ander manier uitsonderlik maak. Op ’n manier is al wat ons tot ons beskikking het die alledaagse. Ek het al baie liedjies probeer skryf met sogenaamde groot woorde. Dis egter die plat-op-die-aarde-liedjies wat uiteindelik vir langer by my bly en dieper met my praat.

Jy het nou die dag die program geopen by die Tuin van Digters. Jy is ook ’n digter wat opgeneem is in die onlangse uitgawe van Ons Klyntji. Gaan ons by jou ook ’n boek gedigte sien, soos wat ander sangers onlangs gemaak het?

Dit klink vir my baie lekker, maar dis nie noodwendig iets waaraan ek op die oomblik doelbewus werk nie. As liedjieskrywer hou ek van die verband en die verskille tussen digkuns en lirieke. Dit maak dit vir my lekker om deesdae ook meer gedigte te skryf of ten minste te probeer skryf.

Oor die afgelope paar jaar het jy gereeld opgetree as ’n mentor vir ATKV-Crescendo. Hoekom doen jy dit?

Ek is nogal leergierig en hou ook daarvan om dit wat ek leer met ander te deel (en dan weer opnuut te leer). Ek weet ook uit my eie lewe hoe belangrik dit is om bloot jouself toe te laat om te skep. ’n Baie groot deel van wat ek doen by ATKV-Crescendo voel eintlik maar net asof ek vir nuwe liedjieskrywers sê: “Ja, sê iets, skryf iets. Deel dit met ons en met die wêreld.” Daar is soveel musiekstyle en uitdrukkings van Afrikaans wat nog ontgin kan word. Ek dink baie daarvan het te doen daarmee dat liedjieskrywers moet agterkom hulle mag maar anders klink as dit wat reeds daar buite is. ATKV-Crescendo is nogal ’n plek wat mense daarmee help.

Die danser in hierdie video, Malindi Burden, was ook al deel van ATKV-Crescendo.

Wie was vir jou ’n mentor toe jy jou loopbaan begin het?

Jan Blohm was destyds ’n mentor. Hy’t ons baie gehelp om ons eerste Glaskas-album die lig te laat sien en ons het heelwat saam met hom getoer, ook toe ons net begin het. Dit was wonderlik, want ek het daai tyd geweldig baie Jimi Hendrix en Bob Dylan geluister. Skielik was daar hierdie ou op die toneel wat kan kitaarspeel soos Hendrix én hy skryf verbeeldingryke lirieke in Afrikaans. Toe kruis ons paaie sowaar.

Jy is deesdae ’n inwoner van Wellington. Hoe ervaar jy dit?

Dis baie opwindend. Ek dink mens kan nogal aanvoel dat skrywers soos Adam Small en Breyten Breytenbach wortels in die dorp het, veral as jy so ’n bietjie op die uitkyk is daarvoor. Wellington het baie kreatiewe mense. Al is dit nie ’n stad nie, sorg die Breytenbach-sentrum en die Bôrdienghuis-teater dat daar heelwat besonderse kuns is om te beleef. Boonop is daar baie gasvrye en vriendelike mense ook. Uit die aard van die saak reis ek gereeld vir optredes, maar Wellington is vir my ’n goeie plek om tuis te kom én om my kreatiwiteit te prikkel.

En wat dink jy van die hamburger?

De Vrije Burger het my laat wonder of daar ook free burgers betrokke gaan wees. Dit sou seker nie finansieel volhoubaar wees nie, maar nietemin is hier gratis roomys* wat baie lekker is. Ek is nie ’n speurder nie, maar as ek moes raai sou ek sê dis die mosterdpiekel wat maak dat Bennie Griessel gereeld hier inval. Dis waarvoor ek gaan terugkom.

(*By die skryf van die onderhoud is daar ’n gratis draairoomys verskaf aan burgerkopers; ons het vir ons eie burgers betaal.)

Deon het met sy wiele opgedaag, want, sê hy, dan hoef hy nie naby te parkeer nie.

Iets oor die burger

Bennie Griesel eet graag in De Vrije Burger. Daarom het sjef Bertus Basson besluit om ’n Bennie Griesel op sy spyskaart te sit.

De Vrije Burger is op die Simonsplein, Pleinstraat 61. Hulle is Dinsdae tot Sondae oop van 12:00 tot 20:00.

The post Deon Meiring eet ’n Bennie Griesel – en gesels musiek appeared first on LitNet.

The lie of 1652 deur Patric Mellet: om die verlede te herverbeel

$
0
0

The lie of 1652
Patric Mellet
NB-Uitgewers
ISBN: 9780624089704

Dit sou baie moeilik, dalk onmoontlik wees om ’n ander, beter toekoms te verbeel sonder om ook die verlede te herverbeel. Met sy The lie of 1652: A decolonised history of land, myns insiens een van die belangrikste niefiksie boeke wat in 2020 in Suid-Afrika gepubliseer is, onderneem Patrick Tariq Mellet presies hierdie projek: ’n deurtastende, kritiese en toekomsontsluitende herverbeelding van die geskiedenis van Suid-Afrika; ’n verhaal van onteiening en vervreemding, en van trauma wat vandag nog individueel en kollektief ervaar word.

Mellet se boek is ’n liefdeswerk, ’n boek wat nie eerstens geskryf is om "Die Geskiedenis" akademies af te baken en vanuit geveinsde neutraliteit te beskryf nie, maar om "ons geskiedenis" te vertel: die historiese konteks wat sin maak van sy eie lewe en dié van miljoene ander Suid-Afrikaners wat deur kolonialisme en apartheid nie net materieel van grond en lewensmiddele ontneem is nie, maar simbolies vervreem is van herkoms en kultuur, en selfs van mekaar as mede-Afrikane. Ek dink hier spesifiek aan die politieke filosoof Cornel West se stelling: "Never forget that justice is what love looks like in public." Want as Mellet se boek ’n liefdeswerk is, is dit beslis een wat in diens staan van ’n soeke na geregtigheid — na regstelling van uitbeelding in die geskiedskrywing van Suid-Afrika, ja, maar ook na materiële en simboliese regstelling in die breër samelewing.

Die insig en dryfveer onderliggend aan Mellet se boek is dat geregtigheid benewens materiële kompensasie ook vereis dat die historiese bewussyn en agentskap van koloniale onderdruktes opnuut bemiddel sal word, ook deur boeke soos hierdie, op maniere wat die marginalisering en vervreemding inherent aan koloniale identiteitsprojekte en representasies ongedaan sal maak. Hiervoor moet die verlede herverbeel word, spesifiek vanuit die uitgangspunt en ervaring van onderdruktes, en buite die oorgelewerde raamwerke van die koloniale verbeelding van dieselfde verlede. Dit is wat The lie of 1652, ’n people’s history as ’t ware, so uitstekend regkry. Dit is ’n boek wat nie bloot óór onderdrukte groepe handel nie, maar vír hulle geskryf is. Dit is ’n strydskrif vir ’n simboliese oorlog, ’n roetekaart na ’n Suid-Afrika wat nie deur "1652" en alles wat dit simboliseer, gedefinieer sal word nie.

Our history was relegated to the realm of the natural history framework of Iron Age and Stone Age hominins. African social history as taught by institutions of learning in South Africa was said to have begun by the establishment of a European colony in 1652. This can be referred to as the ‘1652 paradigm’. (p 12)

The intention of these discussions and perspectives is not to present a new "authentic" version of history, but rather to disrupt the dominant colonial paradigm of thinking about southern Africa and to promote exploration of the past that can build consciousness leading to reclaiming a trajectory of rising above adversity through acts of resistance. (pp 93-94)

Ek bedoel beslis nie dat die boek nie akademiese meriete het nie, net soos ek nie met "verbeelding" en "herverbeelding" bedoel dat Mellet die geskiedenis uit sy duim suig nie. Die boek is deeglik nagevors en goed geskryf; dit is ’n meesleurende en intelligente leeservaring en Mellet se greep op die historiese logika en magstrategieë van koloniale heerskappy in Suider-Afrika, veral wat betref die ideologiese operasionalisering van ras en etnisiteit sedert die vroeë 1700’s, is skitterend. Jy kan nie hierdie boek lees en bly vasklou aan die romantiese idee dat ons "diversiteit" as Suid-Afrikaners dui op ’n soort godgegewe lappieskombers van "rasse", "kulture" en selfs tale wat eers in onmin en ongelykheid geleef en nou versoen moet word nie. Hierdie begrippe en die maatskaplike en eksistensiële werklikhede wat hulle tot gevolg gehad het, is deur koloniale heersers geskep en deur sosiale wetenskaplikes in diens van mag gekodifiseer en uitgebrei. Dit was en bly ’n vorm van simboliese geweld wat in diens gestaan het van die geweld van uitwissing, onteiening, verskuiwing en onderdrukking. Dit was die kulturele sous wat die verontmensliking van die sisteem verteerbaar moes maak. Ons leef, letterlik, binne die koloniale verbeelding; ook wit mense, die begunstigdes van koloniale uitbuiting, is gevange in die selfvervreemdende effekte van ’n ideologiese konstruk, die absurde maar brutaal effektiewe idee van "witheid".

.........

Dit was die kulturele sous wat die verontmensliking van die sisteem verteerbaar moes maak. Ons leef, letterlik, binne die koloniale verbeelding; ook wit mense, die begunstigdes van koloniale uitbuiting, is gevange in die selfvervreemdende effekte van ’n ideologiese konstruk, die absurde maar brutaal effektiewe idee van "witheid".

...........

’n Boek wat die verlede herverbeel en wat dit doen vanuit die perspektief van die onderdruktes, kan dus nie sonder meer verwerp word as ’n "subjektiewe" teks wat die geskiedenis ideologies verdraai nie. Geen geskiedskrywing is bloot ’n weergee van feite nie. Behalwe dat feite altyd binne ’n teoretiese raamwerk geïnterpreteer word, moet hulle ook ’n narratiewe struktuur gegee word om geskiedskrywing eerder as ’n indeks van feite te word. Perspektief, tydsverloop, hoofkarakters en bykarakters, keuses oor onderwerpe, en so meer, alles speel ’n rol. Enige stuk geskiedskrywing is altyd reeds ’n interpretasie van die verlede, eerder as wat dit daardie verlede bloot weergee. Mellet is verder baie bewus van die politieke rol wat amptelike interpretasies van die verlede binne die koloniale projek gespeel het, beide as legitimering en mobilisering daarvan, en dus probeer hy doelbewus die aannames en kategorieë van koloniale geskiedskrywing omverwerp.

............

Mellet gee krediet aan hierdie voorgangers, maar hy gebruik hierdie bronne in ’n omvangryker narratief wat The lie of 1652 nie net ’n boeiende stuk populêre geskiedenis maak nie, maar ’n belangrike politiek-filosofiese bydrae tot die mees dringende gesprekke oor Suid-Afrika vandag: historiese trauma, grondhervorming, die moontlikheid van nierassigheid, ens. Dit is ’n boek wat historiese dimensie gee aan ’n dringende gesprek oor die hede.

............

Van hierdie aannames, soos dat die Kaap en die binneland van wat vandag Suid-Afrika is, grotendeels "leeg" was toe die Europeërs hulleself hier gevestig het, is natuurlik al deur ander historici, soos Shula Marks, weerlê — Mellet gee krediet aan hierdie voorgangers, maar hy gebruik hierdie bronne in ’n omvangryker narratief wat The lie of 1652 nie net ’n boeiende stuk populêre geskiedenis maak nie, maar ’n belangrike politiek-filosofiese bydrae tot die mees dringende gesprekke oor Suid-Afrika vandag: historiese trauma, grondhervorming, die moontlikheid van nierassigheid, ens. Dit is ’n boek wat historiese dimensie gee aan ’n dringende gesprek oor die hede. Mellet se analise van die de-afrikanisering van veral "bruin" maar ook "swart" Suid-Afrikaners deur die wyse waarop ras koloniaal gekonseptualiseer en geïnternaliseer is, en die reproduksie hiervan deur die ANC sedert 1994, moet deur almal gelees word. Natuurlik, die tradisie van nierassigheid waarby Mellet aansluit en wat hy ontwikkel, het niks te make met die oneerlike appropriasie van die term deur die DA en ander wat wit belange teen radikale transformasie wil verskans nie.

Racism, de-Africanisation, constructed identities, segregation and apartheid can be shown to be directly related to the expropriation of African land and the exploitation of slave labour and its successor systems — indentured labour and African migrant labour. Resolution of what are called the "National Question" and the "Land Question" is intricately bound up with this expropriation experience. It is also the mischief in discourse and debate that drives the deviant tangents of narrow identity politics, Verwoerdian ethno-nationalism and "firstism". Often these tangents do more harm than good in the quest for restorative justice and recognition for foundation peoples and the many cultures born of these foundations. (p 276)

Wat dit betref, moet die epistemologiese naïwiteit en politieke tonnelvisie van sommige van Mellet se kritici tog genoem word — al wil ek nie onnodig stilstaan by die verdagmaking en venyn wat Mellet se boek en persoon al ontlok het nie. Hoekom sou ’n mens immers, wanneer iemand soos Leopold Scholtz, wat die uitgewer Tafelberg in ’n rubriek op Maroela Media kritiseer omdat hulle so ’n "swak stuk geskiedskrywing" gepubliseer het, tog ook ruiterlik erken "ek het Mellet se boek nog nie gelees nie"? ’n Herhaalde punt van kritiek is dat Mellet postuleer dat die plaaslike bevolking aan die Kaap in die halfeeu voor Van Riebeeck se aankoms ’n hawe bedryf het. Mellet skryf dit nie regtig nie; hy verwys na ’n "proto-hawe", maar dit maak eintlik nie soveel saak nie. Natuurlik kan en sal historici van hom verskil oor die besonderhede van die lewe aan die Kaap tussen 1600 en 1652.

...............

Die belangriker punt, en dit kyk sy kritici mis, is dat Mellet die plaaslike bevolking as outonome en aktiewe historiese agente beskryf. Hulle figureer nie bloot as agtergrond en ten beste medespelers in die eintlike verhaal van wit vestiging aan die Kaap nie. Hulle leef, dink en droom onafhanklik aan die suidpunt van Afrika. Hulle maak sin van die kom en gaan van skepe, van die winde wat nuwe geleenthede en nuwe gevare bring. Hulle bied weerstand, hulle verloor, hulle bied weer weerstand. Hulle word anders. Die wêreld word anders. Hulle is die middelpunt van ’n verhaal waarin Jan van Riebeeck en die seevaarders voor hom gewoonlik die hoofkarakters is.

..................

Die belangriker punt, en dit kyk sy kritici mis, is dat Mellet die plaaslike bevolking as outonome en aktiewe historiese agente beskryf. Hulle figureer nie bloot as agtergrond en ten beste medespelers in die eintlike verhaal van wit vestiging aan die Kaap nie. Hulle leef, dink en droom onafhanklik aan die suidpunt van Afrika. Hulle maak sin van die kom en gaan van skepe, van die winde wat nuwe geleenthede en nuwe gevare bring. Hulle bied weerstand, hulle verloor, hulle bied weer weerstand. Hulle word anders. Die wêreld word anders. Hulle is die middelpunt van ’n verhaal waarin Jan van Riebeeck en die seevaarders voor hom gewoonlik die hoofkarakters is.

Waarom is dit nog so moeilik vir so baie van ons om te verbeel?

The post <em>The lie of 1652</em> deur Patric Mellet: om die verlede te herverbeel appeared first on LitNet.


Mediaverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds maak vertalings van Ronelda S. Kamfer, Dalene Matthee en Ingrid Winterbach moontlik

$
0
0

PEN Afrikaans kondig met trots die jongste suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds aan. Die PEN Afrikaans Vertaalfonds bestaan te danke aan die ruim ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys en ter wille van die bevordering van die Afrikaanse letterkunde in die buiteland.   

Na oorweging van die aansoeke wat teen die November 2020-sperdatum ontvang is, sal die volgende vertalings befonds word:

  • ’n Nederlandse vertaling van Chinatown deur Ronelda S. Kamfer (Uitgeverij Podium)
  • ’n Arabiese vertaling van Fiela se kind deur Dalene Matthee (Mahrousa Publishing)
  • ’n Nederlandse vertaling van Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach (Zirimiri Press).

Uitgeverij Podium spesialiseer in literêre fiksie en gehalte-niefiksie, en is een van min uitgewerye wat nog geredelik gedigte in vertaling publiseer. Hulle fondslys sluit voorste Afrikaanse digters in, soos Antjie Krog, Breyten Breytenbach, Ingrid Jonker en Ronelda Kamfer. Podium het suksesvol aansoek gedoen vir die vertaalkoste verbonde aan Kamfer se jongste bundel, Chinatown, waarin sy veral haar digterstem oor geslagspolitiek en die patriargie laat geld. Die vertaler, bekroonde digter en akademikus Alfred Schaffer sal, soos met Kamfer se vorige drie bundels, die werk vertaal en die vertaling sal na verwagting in April 2021 verskyn.

Fiela se kind, Dalene Matthee se geliefde roman, sal in Arabiese vertaling by Mahrousa Publishing (Kaïro, Egipte) verskyn. Die sukses van dié roman sluit verskeie uitgawes, vertalings (Engels, Duits, Frans, Hebreeus, Nederlands, Sloeweens en Sweeds), verhoog- en filmverwerkings in. Die beoogde publikasiedatum van die Arabiese vertaling is Mei 2021 en die vertaler is Emad Mansour. Hy gaan via die Engels vertaal en het al verskeie werke uit die wêreldletterkunde in Arabies vertaal, o.a. deur Franz Kafka, Thomas Mann en Mary Shelley.

 Die troebel tyd, die jongste roman van die veelbekroonde romansier en kunstenaar Ingrid Winterbach, sal in Nederlandse vertaling by die onafhanklike uitgewery Zirimiri Press verskyn. Die vertaling van dié heerlik aweregse, sinies snaakse en boonop meesleurende roman, soos Johan Myburg dit in ’n resensie beskryf, sal in Oktober 2021 gepubliseer word. Die hoogaangeskrewe literêre vertaler Robert Dorsman sal die vertaalwerk doen. Die troebel tyd was die wenner van die 2018 Groot Romanwedstryd.

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.

Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: http://www.litnet.co.za/reglement-vir-die-pen-afrikaans-vertaalfonds/

Lees ook:

Barack Obama: Die selfoon, die media en die waarheid

 

 

The post Mediaverklaring: PEN Afrikaans Vertaalfonds maak vertalings van Ronelda S. Kamfer, Dalene Matthee en Ingrid Winterbach moontlik appeared first on LitNet.

Persvrystelling: Merlyn van der Rheede op US se konvokasie aangestel

$
0
0

Merlyn van der Rheede (projekbestuurder van die Taalraad)

Die Afrikaanse Taalraad verwelkom die aanstelling van Merlyn van der Rheede (projekbestuurder van die Taalraad) as addisionele lid van die uitvoerende komitee van die konvokasie van die Universiteit Stellenbosch.

Van der Rheede, wat haarself as onafhanklike lid van die komitee beskou, ondersteun Afrikaans en moedertaalonderrig onomwonde. Gelykberegtigde meertaligheid en die toegang van voorheen benadeelde Afrikaanssprekendes, veral van jong vroue, lê haar ook na aan die hart. 

Die Afrikaanse Taalraad wens Van der Rheede sterkte toe in dié rol en noem dat die toekoms van Afrikaans aan dié universiteit gekoppel is aan die suksesvolle implementering van meertalige praktyke, asook die sistematiese uitbou van Xhosa.

Ons hoop die nuwe uitvoerende komitee sal ook hieraan aandag skenk. 

Intussen hoor die Taalraad graag van studente of dosente wat met taalkwessies sukkel, ongeag hulle taalagtergrond (atr@afrikaansetaalraad.co.za).

Ons hoop enige gebreke van die huidige beleid kan met die hersiening daarvan reggestel word, iets wat oop en konstruktiewe gesprek tussen alle rolspelers sal vereis.   

The post Persvrystelling: Merlyn van der Rheede op US se konvokasie aangestel appeared first on LitNet.

LitNet: Die heelal op my tong

Deng Xiaoping, China en die verkiesing in die VSA

$
0
0

Foto van Xiaoping Deng: https://en.wikipedia.org/wiki/Deng_Xiaoping; vlae van China en die VSA: wikipedia

Toe Deng Xiaoping, die eertydse Chinese president, gevra is wat hy van die Franse Revolusie dink, het Deng, wat allerweë as die vader van die moderne China beskou word en self in Frankryk studeer het, glo geantwoord: "Dis nog te gou om te sê."

My gedagtes het die afgelope tyd onwillekeurig na Deng teruggegaan terwyl die Weste sukkel met ’n ander jong konsep: die opkoms (en dalk mislukking) van die Westerse demokrasie. Hierdie regeringsvorm, wat nog net ’n paar honderd jaar oud is, is deesdae in ’n ernstige bestaanskrisis gewikkel. Amerika, wat as die bastion van die Westerse demokrasie beskou word en selfs ’n organisasie het om dit in die res van die wêreld te bevorder, steier met die jongste presidentsverkiesing daar van die een krisis na die ander.

.............

Soos ek die Westerse demokrasie verstaan, word daar elke paar jaar in ’n land wat dit aanhang, ’n verkiesing gehou waartydens die inwoners kan kies wie hul regeerders moet wees. Elke inwoner het ook die reg om daarteen beswaar te maak en vreedsaam teen enige besluit van die regering te betoog. Daar word ook vereis dat verkiesings in sulke lande vry van bedrog moet wees en dat die uitslae van verkiesings die ware wil van die inwoners van ’n land moet weerspieël.

..........

Soos ek die Westerse demokrasie verstaan, word daar elke paar jaar in ’n land wat dit aanhang, ’n verkiesing gehou waartydens die inwoners kan kies wie hul regeerders moet wees. Elke inwoner het ook die reg om daarteen beswaar te maak en vreedsaam teen enige besluit van die regering te betoog. Daar word ook vereis dat verkiesings in sulke lande vry van bedrog moet wees en dat die uitslae van verkiesings die ware wil van die inwoners van ’n land moet weerspieël.

Die onlangse presidentsverkiesing in die VSA plaas al hierdie aspekte onder die soeklig. Terwyl die media in Amerika meestal bevestig dat Joe Biden die verkiesing gewen het, beweer president Donald Trump dat daar grootskaalse bedrog was en dat hy eintlik gewen het.  Erger nog, baie Amerikaners beweer nou dat verkiesingsbedrog in Amerika endemies is en dat dit al dikwels in die verlede gebeur het. Soos so dikwels in die verlede is daar ook betogings van beide kante en volgens berigte probeer Trump druk op verkiesingsamptenare uitoefen om sy bewerings van korrupsie te staaf. Hy kry dit nie reg nie en het die howe genader (wat gerieflikheidshalwe vol regters is wat hy aangestel het) om die uitslag in sy guns te probeer swaai. Hy het selfs van sy militêre bevelshoofde ontslae geraak en hulle vervang met mense wat hom goedgesind is. Die vraag is waarom?

Die talle Afrika-, Suid-Amerikaanse en ander lande dwarsoor die wêreld waar militêre juntas die regering oorgeneem het nadat daar ’n dispuut by die stembus was, moet die toedrag van sake met meer as die gewone belangstelling dophou. Militêre bevelshoofde in onder meer Libië, Egipte en Venezuela moet nou dink dat dit is soos die Westerse demokrasie werk: As Amerika weier om die uitslag by die stembus te aanvaar (en sê manipulasie was maar altyd daar), hoef hulle resultate wat nie na hul sin is nie, ook nie te aanvaar nie. Hoeveel lande was daar nie die afgelope tyd waar die opposisie na ’n verkiesing geweier het om die uitslag te aanvaar en derduisende betogers hulle na die strate gewend het nie (en sommige beweer dit word met die aansporing van Amerika gedoen). Dink maar aan Belarus (Wit Rusland), die Oekraïne, die Filippyne en andere. President Trump, moet hulle seker sê, moedig ook sy volgelinge aan om strate toe te gaan en die uitslag van die verkiesing te betwis.

Wat sake nog erger maak, is dat Amerika deesdae ’n land is wat in twee geskeur is: Byna die helfte (wat die oorgrote groepe Christene insluit) is fanaties aan Trump se kant. Sommige beweer dat hy ’n profeet van God is en om teen hom te stem daarop neerkom dat God verwerp word. Die ander helfte is net so emosioneel en bestempel hom as die Antichris. Wat ’n voorbeeld van die Amerikaanse en Westerse demokrasie vir die res van die wêreld!

Om dinge verder te kompliseer, het Amerika ’n organisasie (wat deur die staat befonds word) wat hom dwarsoor die wêreld daarvoor beywer om ander regeringsvorme met die Westerse manier van doen te vervang. Die National Endowment for Democracy is in baie lande hard aan’t werk, onder meer in Suid-Amerika, Hongkong, Rusland en China. Op sy webblad roem die stigting daarop dat hy in baie lande soos Tibet, Egipte en ander geld aan organisasies gee wat probeer om Westerse waardes te bevorder.

Nietemin, dis seker dat die toedrag van sake ook in China met belangstelling dopgehou word. Terwyl Amerika besig is om in te plof, gaan die Chinese ekonomie van krag tot krag. China, wat deur Trump daarvan beskuldig word dat hy met opset die COVID-19-virus in die wêreld versprei het, se groeikoers sal vanjaar dalk een van die weiniges ter wêreld wees wat sal styg. Nie dat China ongedeerd van Trump se anti-Chinese maatreëls en retoriek afgekom het nie. Amerikaanse onderwysers sukkel deesdae om daar werk te kry en daar is ’n groeiende anti-Westerse gevoel by gewone Chinese, volgens jong Suid-Afrikaners wat in China werk.

China het nog altyd Amerikaanse verkiesings met agterdog bejeën. Hulle was altyd van mening dat dit die kandidaat is met die meeste geld wat wen. In Amerika se geval, het hulle gesê, vat die wenner ’n jaar om sy werk te leer ken, en weer ’n jaar voor die volgende verkiesing om aan sy herverkiesingsveldtog deel te neem. Dit laat net twee jaar toe om die land effektief te bestuur.

China beskou Westerse demokrasie as ’n proefneming wat nog moet bewys dat hy kan slaag. In ’n beskawing van duisende jare wat nog altyd ’n outoritêre regering in een of ander vorm gehad het, is ’n paar honderd jaar nie genoeg tyd vir ’n oordeel oor die sukses daarvan nie. Kommunisme het nie die toets van die tyd deurstaan nie en nee, China het nie meer die klassieke kommunisme van Mao Zhedong nie.

Maar terug na Deng: Dis hy wat die eerste stappe gedoen het om die Chinese ekonomie oop te stel. Dis ook hy wat gepraat het van sosialisme met Chinese karaktertrekke en gesê het dis nie ’n sonde om ryk te word nie. Dit moet net nie ten koste van die samelewing gedoen word nie. ’n Kat mag maar wit of swart wees, solank hy net kan muise vang.

Dis egter ook hy wat tenks en soldate in die berugte Tiananmen-plein-slagting ontplooi het toe betogers gedreig het om "die sosiale orde te versteur", ’n frase wat gebruik word as daar vir politieke mag geagiteer word.

Wat verkies die wêreld as voorbeeld: Amerika of China? Of is daar ’n voorbeeld van iets tussenin?

Lees ook:

VSA-verkiesing 2020: Doodsake

VSA-verkiesing 2020: Wie ook al wen, gaan verloor

Presidentsverkiesing in die VSA: ekonomiese implikasies vir Suid-Afrika

The post Deng Xiaoping, China en die verkiesing in die VSA appeared first on LitNet.

Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning

$
0
0

Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning 

Sandra Troskie, Sentrum vir Kennisdinamika en Besluitneming, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 17(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die opkoms van die sosiobiologiese wetenskappe sedert die vorige eeu kan tereg beskou word as ’n oortydige erkenning van Darwin (1872) se insig dat nie net ons vlees nie, maar ook ons gees in ’n wêreld van organe, selle en gene gebed is. Een van die gevolge van dié insig is dat religie – vir lank as die uitsluitlike domein van die mens- en sosiale wetenskappe beskou – toenemend ook ’n onderwerp van studie vir die biologiese wetenskappe sou word. Die doel van die huidige artikel is nie om dié biologiese benadering tot religie te kritiseer nie, maar om die aandag te vestig op die bedenklike oorsprong en invloed van een van die sleutelaannames aan die grond van die meerderheid van dié studies. Dit is naamlik dat religie slegs met verwysing na die bonatuurlike en/of die buitengewone gedefinieer kan word. Dié aanname vorm daarom die genealogiese fokuspunt vir ’n verkennende ondersoek na die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie as sodanig.

Trefwoorde: beskawing; bonatuurlik; buitengewoon; evolusie; evolusionis; eugenetiek; religie; sosiale Darwinisme

 

Abstract

The origin and development of scientific studies of religion: A genealogical investigation

The rise of the socio-biological sciences since the last century is a long overdue acknowledgment of Darwin’s (1872) insight that not only our bodies, but also our minds are embedded in a world of organs, cells and genes. One of the consequences of this growing insight was that religion – long regarded as the exclusive domain of the human and social sciences – has increasingly become a subject of study for the biological sciences as well. The purpose of this article is not to critique this biological approach to religion, but to draw attention to the questionable origin and influence of a key assumption at the basis of it, namely that religion can be defined only with reference to the supernatural and/or the extraordinary. This assumption therefore forms the genealogical focal point for an exploratory investigation into the origin and development of scientific studies of religion as such.

Keywords: civilisation; eugenics; evolution; extraordinary; religion; social Darwinism; supernatural

 

1. Inleiding

Alhoewel studies van die inhoud van spesifieke religieuse tradisies tot so ver terug as ongeveer 2 500 gelede aangetref word (Partridge 2000:40), moet die idee dat religie as verskynsel bestudeer kan word, volgens Sharpe (1986) aan twee samehangende faktore toegeskryf word: Wes-Europese kolonialisme en die verskyning in 1859 van Darwin (1861) se On the origin of species (hierna Origin).

 

2. Die ontstaan van “’n wetenskap van religie”

Terwyl kolonialisme se blootstelling aan ander kulture ’n ryk bron van data voorsien het, sou Origin die beginsel verskaf waarmee sosiale wetenskaplikes geglo het hulle dié inhoud wetenskaplik kon verklaar (Sharpe 1986; Wilson 1998). Wát presies verklaar wou word, so word vervolgens belig, is egter nie soseer deur die beskikbare data bepaal nie, maar deur die voorveronderstellings wat 19de-eeuse Wes-Europese denke gedryf het.

2.1 Die voorveronderstellings

Hiervan was een ’n oortuiging dat alle sogenaamde ware geloof op ingebore, en daarom redelike, aannames sal berus. ’n Tweede was die oortuiging dat Wes-Europa op die boonste trap van ’n reglynige leer van beskawing staan. Derdens het ’n wydverspreide aanname bestaan dat die prosesse van evolusie gelykstaande aan vooruitgang is.

2.1.1 Ware geloof berus op aangebore, redelike aannames

As sodanig was die aanname dat alle ware geloof op dieselfde redelike aannames sal berus, ’n erfenis van die humanisme eerder as die produk van 19de-eeuse denke. Ontgogel deur die dekades lange verwoestende oorloë in die nasleep van die Reformasie, sou die humaniste hulself vanaf die 17de eeu steeds meer na die rede as enigste aanvaarbare gronde vir geloof wend. Oortuig dat die rede godgegewe en daarom aangebore is, sou die 17de-eeuse humanis Edward Herbert aanvoer dat enige vergelykende studie van die verskillende religieë sal onthul dat alle “ware” geloof daarom op dieselfde aannames1 gegrond is (Herbert 1996).

Dié aanname sou die intellektuele tradisie van Wes-Europa tot so ’n mate oorheers dat die Britse koloniale regering aanvanklik ontken het dat Afrikane oor religie beskik. Ontdaan van enige van die “redelike” aannames2 aan die grond van Westerse Protestantisme kon die geloofsoortuigings en -praktyke van Afrika slegs as bygeloof (kyk Chidester 2014) beskou word. Dié gevolgtrekking sou bydra tot die versterking van ’n ander oortuiging tydens die 19de eeu, naamlik dat Wes-Europa op die boonste trap van ’n reglynige leer van beskawing staan.

2.1.2 Wes-Europa beklee die boonste trap van ’n reglynige leer van beskawing

Die idee dat Wes-Europa op die boonste trap van ’n reglynige leer van beskawing staan, sou reeds vanaf die 18de eeu sporadies in filosofiese denke voorkom. Twee faktore sou egter daartoe bydra dat dié gedagte in die 19de eeu opeens behoorlik binne intellektuele denke sou posvat. Die een was die oortuiging dat Darwin met Origin oplaas die data verskaf het waarop dié aanname wetenskaplik staangemaak kon word. Die tweede was dat kolonialisme tydens die 19de eeu ’n imperialistiese fase bereik het. Imperialisme sou daartoe lei dat die koloniale moondhede hul kolonies beide geografies en kultureel begin verken het ten einde dié gebiede so doeltreffend moontlik te kon bestuur.3 Samelopend met dié imperialistiese belange sou die akademiese weetgierigheid wat deur die Verligting teweeggebring is, tot uitgebreide verkenningstogte, en die opkoms van nuwe dissiplines soos die etnografie en die antropologie lei (Chidester 2014; Vermeulen 2008).

Die dikwels verbluffende wyses4 waarop die sogenaamde “nie-Europeërs” in die beginjare van imperialisme aan die mense van Wes-Europa bekendgestel is, sou die idee dat die Europese beskawing die kruin van beskawing verteenwoordig, eksponensieel voed (kyk o.a. Asad 1993; Carniero 2003; Chidester 2014; Winkelman 2012). Tot Origin was daar volgens Sharpe (1986) egter geen wetenskaplike beginsel waarop sosiale wetenskaplikes dié aanname kon begrond nie. Met die verskyning van dié publikasie sou die evolusionêre beginsel egter opeens vanself spreek, veral nadat Darwin (1889) dit duidelik gemaak het dat die beginsels van natuurlike seleksie volgens hom nie slegs op die diereryk nie, maar ook op die mens van toepassing is (Sharpe 1986). Samelopend met die idee van die reglynige ontwikkeling van beskawing sou ’n aanname begin posvat dat die andersoortige geloofsoortuigings en -praktyke van “nie-Europeërs” niks minder nie as vroeëre fases verteenwoordig van ’n proses wat reeds in die “Europeër” voltrek was, naamlik die evolusie van die menslike verstand (Sharpe 1986; Wilson 1998; Winkelman 2012:48). Tydens die 19de eeu sou die merkwaardige pas van tegnologiese vordering in Europa nie net dié aanname versterk nie, maar ook die oortuiging dat die doel van evolusie vooruitgang5 is.

2.1.3 Die doel van evolusie is vooruitgang

Voor dié kragtige nuwe narratief sou die laaste van die humaniste se ernstige voorbehoude oor kolonialisme stelselmatig verdwyn. Die invloed van koloniale beleide op inheemse kulture, so is toenemend geredeneer, mag weliswaar verwoestend wees, maar was die onafwendbare6 – trouens, selfs wenslike7 – gevolg van vooruitgang; ’n “blessed relief and an indispensable preparation for the sowing of the very first seeds of any influence that can exalt humanity” (Dickens 1853:337). Die “edele barbaar”8 was immers besig om plek te maak vir “an immeasurably better and higher power” (Dickens 1853:339).

2.2 Hipotese: Religie is geloof in die bonatuurlike

Die eerste sosiale wetenskaplike wat religie vanuit die evolusionistiese denke van die 19de eeu sou verklaar, was Edward Burnett Tylor, die vader van wat vandag as die kulturele antropologie bekendstaan. In Primitive culture redeneer hy (1871; 1920) dat religie sy ontstaan sou hê in die onvermoë van die “primitiewe verstand” om tussen werklikheid en waan te onderskei. Dié onvermoë lei daartoe dat natuurlike verskynsels aan bonatuurlike oorsake toegedig word. So sou die verganklike wêreld byvoorbeeld kon ontstaan slegs indien daar ’n onverganklike wese bestaan wat dit in die lewe kan roep. As sodanig besit alles – selfs oënskynlik lewelose verskynsels – anima (lewe). Religie is volgens sy redenasie daarom ’n “animistiese geloof in die bonatuurlike”9 wat ’n primitiewe fase in die “trapsgewyse ontwikkeling of evolusie” (Tylor 1871, 1920:1) van die menslike verstand verteenwoordig.

Die geloofsoortuigings en -praktyke van die verskillende kulture van die wêreld, so sou die sosiale Darwiniste in navolging van Tylor redeneer, bied daarom leidrade vir waar verskillende “beskawings” hulle op die leer van vooruitgang bevind (kyk Chidester 2014:3 e.v.).

2.3 Die doel

Terwyl die 17de-eeuse humaniste gehoop het dat vergelykende studies van religie die enkele waarheid aan die grond van alle religie sou openbaar, het die 19de-eeuse evolusioniste dus aangeneem dat “an impartial and truly scientific comparison of all ... religions of mankind” (Müller 1873:34) aan die sosiale wetenskaplike die geleentheid bied om lewende verteenwoordigers van die mens in sy verskillende fases van “ontwikkeling” te bestudeer. In 1870 sou Friedrich Max Müller dié onderneming “’n wetenskap van religie”10 noem – ’n naam wat dié nuwe wetenskap duidelik van die teologie moes afgrens (Sharpe 2005). Die doel was nie studies oor wie en wat God is nie, maar studies oor die vooruitgang van die menslike verstand: vanaf die redelose “primitiewe”11 (Lévy-Bruhl 1910, 1966) tot by die “rasionele” Europeër (kyk Chidester 2014:5 e.v.).

2.4 Die bevindings

Bevindings begrond op studies binne die nuwe etnografiese en antropologiese wetenskappe sou egter min ondersteuning bied vir die oortuiging dat religie ’n “animistiese geloof in die bonatuurlike” is. Die Franse sosioloog Émile Durkheim (1912; 1995) sou daarom reeds vroeg in die 20ste eeu oortuigend redeneer dat geloof in ’n god of die bonatuurlike ’n onbenullige rol in sommige van die wêreld se grootste religieë speel. Alhoewel Durkheim, getrou aan die gees van sy tyd, geglo het dat die oortuigings en praktyke aan die hart van “primitiewe religie” meer “barbaars en fantasties” as dié van “gevorderde religie” is, het hy gemeen dat die ontstaan van religie onlosmaaklik met die ontstaan van samelewings verbind is. Trouens, die woord religie was volgens hom bloot ’n ander naam vir gedeelde (ge)wete,12 dit is, die gedeelde wêreldbeskouing en waardes waarsonder daar nie van gemeenskaplikheid sprake kan wees nie. As die gedeelde wete van wat reg en aanvaarbaar is en wat verkeerd en onaanvaarbaar is, is religie daarom die bindmiddel wat ’n groep enkelinge tot ’n enkele groep saambind.

Evolusie, so het Durkheim geglo, veronderstel egter die oorlewing van die enkeling. Dié vereiste beteken dat ’n gemeenskap in wese ’n groep enkelinge is wat, ter wille van oorlewing, noodwendig met mekaar moet meeding. Gevolglik word die gevoel van gemeenskaplikheid daagliks deur stryd en twis uitgehol. Teen dié aftakeling verskans religie die gemeenskap deurdat die beoefening daarvan sorg dat sekere tye, ruimtes en (beide tasbare en ontasbare) dinge van die eise van die gewone, daaglikse lewe afgesonder word. Binne dié ruimtes en vir die duur van dié tye word ’n enkeling se gedrag nie deur gevoelens van eiebelang gerig nie, maar deur die mites en rites aan die kern van sy groep se religie. Waar verhaalkuns die waardes en wêreldbeskouing van die gemeenskap op mitiese wyse in die lewe roep, veroorsaak die ritmiese en sinkroniese aard van die rituele ’n opbruis van kragtige en aansteeklike gevoelens van samehorigheid, sodat diegene wat daaraan meedoen, die waarheid van dié verhale persoonlik beleef (Durkheim 1995:328–52).

 

3. Ontwikkelinge aan die begin van die 20ste eeu in studies van religie

Alhoewel Durkheim nie volledig aan die evolusionistiese denke van sy tyd kon ontkom nie, het hy nie – soos Tylor (1871; 1920), Müller (1873) en Lévy-Bruhl (1910; 1966) – die verskille in religieuse oortuigings en praktyke aan biologiese ontwikkeling gelykgestel nie, maar aan die feit dat samelewings in hul verwikkeldheid van mekaar verskil. Die sterk invloed van sy denke op 20ste-eeuse sosiologiese studies van religie nieteenstaande, sou die gewaande verband tussen dié verskynsel en die bonatuurlike in ’n ander aanname bly voortleef – dat die hart van religie nie geloof nie, maar buitengewone ervarings is.

3.1 Hipotese: Die hart van religie is buitengewone ervarings

Alhoewel dié oortuiging reeds in die denke van Schleiermacher (1799, 1893) en Müller (1873) voorkom, was dit William James (2002) se befaamde 1901–1902-Gifford-lesings wat dit ’n vastrapplek binne die akademiese denke van die 20ste eeu sou gee. Soos dié van Schleiermacher, by wie se opvattings hy bewustelik aangesluit het, was James se doel met dié lesings om religie teen die toenemende skeptisisme van die 20ste eeu te verdedig (Aden 2013:193–4). Die soort religie wat die wetenskaplikes van sy dag tereg as primitief sou minag, naamlik geloof in die bonatuurlike, was volgens hom bloot tweedehandse religie. Ware religie is nie in geloof te bemerk nie, maar in die ervarings van diegene “for whom religion exists ... as an acute fever” (James 2002:15; my kursivering).

Dié opvatting van James, sê Aden (2013:194) tereg, was rigtingbepalend vir studies van religie tydens die vroeë 20ste eeu. Die rede vir dié sukses was egter nie dat James se aanname op sterker wetenskaplike gronde as dié van Tylor berus het nie, maar moet toegeskryf word aan die konvergerende invloed van drie faktore in dié tyd: die ontwikkeling van sosiale Darwinisme,13 die voltrekking van die stelselmatige skeiding sedert die Middeleeue tussen geloof en rede, en die opkoms van die vakdissiplines. 

3.1.1 Die ontwikkeling van sosiale Darwinisme

Origin het in ’n tydperk verskyn toe daar na verklarings gesoek is vir die opvallende ongelykhede wat menslike samelewings gekenmerk het. Dit was egter Spencer (1866) se interpretasie van Origin as die beginsel van “die oorlewing van die fiksste” wat in die 19de en vroeg-20ste eeu ’n verleidelike verklaring sou bied vir die opvallende sosiopolitieke en rasseverskille tussen koloniseerder en gekolonialiseerde. Militêre en ekonomiese sukses het verleidelike merkers gebied vir wat as die inherente meerderwaardigheid van die “Europeër” beskou is. As afgeronde produk van die prosesse van evolusie het daar daarom op die koloniseerder ’n plig gerus om die “agtergeblewenes” tot dieselfde vlak van beskaafdheid as hul eie “op te hef”.14

Aangedryf deur ’n onwrikbare geloof in die heil wat dié proses vir die vermeende onbeskaafde ingehou het, sê Gunther Pakendorf (1995), is die 19de eeu deur ’n ongekende sendingdrif gekenmerk. “[B]y dispossessing feeble races, and assimilating and molding others” (Handy 1994:91, soos aangehaal deur Nutt 1997:21; my kursivering), was God besig om die Europese beskawing te gebruik om die wêreld vir Christus te win. By menige Europese teologiese skool sou dié oortuiging lei tot die ontstaan van ’n leerstoel in studies van nie-Christelike religieë en, uiteindelik, van wat in Nederlands (en Afrikaans) as die godsdienswetenskappe bekend sou word.

3.1.1.1 Die beginsel van die eugenetiek

In sy gematigde vorm het 19de-eeuse sosiale Darwinisme dus die regverdiging vir kerk– en koloniale beleide gebied.15 Met die ontwikkeling van die moderne genetika sou dié ideologie egter veel erger uitdrukking binne die leer van die eugenetiek16 vind (Pinker 2002:15 e.v.). Volgens die eugenetiek is dit nie net moontlik nie, maar selfs wenslik om die menslike ras – soos reeds millennia met diere gedoen is – te veredel deur doelbewus vir eienskappe te teel wat vooruitgang bevorder (Garver en Garver 1991).

Binne die eugenetiek word sosiale, politieke en ekonomiese status nie net beskou as merkers van die meerderwaardigheid van die kollektief nie, maar ook as merkers van die enkeling. As sodanig sou die adellikes van Engeland dit volgens Galton (1892) aan hul nageslagte verskuldig wees om merkers van meerderwaardigheid in aanmerking te neem wanneer ’n ander as ’n voornemende huweliksmaat oorweeg word.17

3.1.1.2 Die beweging vir rasverbetering

Wat Galton as ’n beginsel beskou het waardeur die sogenaamde adellikes van Engeland kon verhoed dat hulle hul meerderwaardige eienskappe verswak, sou met die ontwikkeling van die moderne genetika in die vroeë 20ste eeu in ’n beweging ontaard wat die doelgerigte verwydering van sogenaamde ongewenste genetiese materiaal voorgestaan het18 (Norrgard 2008). In die belang van vooruitgang, so is geredeneer, moes diegene wat arm, gestremd, misdadig, siek of swaksinnig was, verhinder word om hul biologies minderwaardige eienskappe aan ’n volgende geslag oor te dra (kyk Pinker 2002:15 e.v.; Norrgard 2008:170).

Klik op die figuur vir 'n groter weergawe.

3.1.1.3 Die impak op wetenskaplike studies van religie

Die onmiskenbare rol van die eugenetiek in gedwonge sterilisasies in die Weste, wit-teen-swart-geweld in Amerika, die Joodse uitwissing in Duitsland en die wêreldwye ontwikkeling van biologiese19 rassisme sou uiteindelik tot sterk weerstand teen enige biologiese verklarings van kultuur en kultuurverskynsels lei. Alhoewel die uiteindelike verset teen die eugenetiek uiteraard prysenswaardig is, sou dit tot gevolg hê dat enige toepassing van die beginsels van evolusie voortaan streng tot die biologiese wetenskappe20 beperk sou word, terwyl studies van kultuur die uitsluitlike domein van die sogenaamde geesteswetenskappe sou word. Binne die “wetenskap van religie” sou dié moderne skeiding tussen kennis van die vlees en kennis van die gees hopeloos verstrengel raak met die eeue oue geding tussen rede en geloof.

3.1.2 Die geding tussen geloof en rede

Die ontmoeting van die Christelike teologie met die Griekse filosofie het van meet af aan gesorg vir spanning tussen die aansprake van die geloof en dié van die rede. Dié spanning is vir eeue suksesvol getroef deur ’n apofatiese afwysing van enige letterlike verstaan van die aansprake van die Bybel. Die apofatisisme21 (die woord is afgelei van die Griekse woord apophasis – “die mislukking van taal”) veronderstel die onvermoë van taal om ’n wese soos God vas te vang (Durand 2005:90). Die Bybel betref simboliese eerder as feitelike aansprake (Beggiani 1996) en moet om dié rede nie as letterlik waar benader word nie. Ooreenstemmend met die Griekse filosowe wie se tekste hulle bestudeer het, sou die vroeë Kerkvaders redeneer dat die waarheid in ieder geval nie feite nie, maar wysheid betref. Eerder as feite oor die werklikheid, bevat die Bybel wegwysers vir hoe daar in die wêreld gehandel moet word (Armstrong 2009).

3.1.2.1 Die skeiding tussen geloof en rede

Nieteenstaande die feit dat die Kerk tydens die vierde Lateraanse Konsilie in 1215 amptelike voorkeur aan dié apofatiese omsigtigheid met Bybelse aansprake sou verleen,22 sou die Weste se sluimerende beheptheid23 met die aard van die waarheid tydens die Skolastiese tydperk oplaas ontwaak. Saam met die simboliese teologie wat dit onderlê het, is die apofatisisme stelselmatig deur letterknegtery verdring. Samelopend met die droë intellektuele aard van die teologie wat dit sou vervang, sou dié verlies aan die simboliese volgens Armstrong (2009) ’n oortuiging laat posvat dat die rede die gelowige van God afsluit. ’n Beweging sou ontstaan waarin baie gelowiges die tradisionele gemeenskaplike oorpeinsing en beoefening van religie verruil het vir “intense emotional states which they imagined were an ‘experience’ of God” (Armstrong 2009:149).

Dié stelselmatige vervreemding tussen geloof en rede sou met die opkoms van die rasionalisme lei tot ’n skeiding tussen sogenaamde kennis van die hart en kennis van die verstand.

3.1.2.2 Die skeiding tussen kennis van die hart en kennis van die verstand

Een van die vraagstukke wat deur die opkoms van die rasionalisme op die tafel sou kom, was dié van wat die aard van kennis is en onder watter voorwaardes dié term/begrip gebruik mag word. Waar vroeër aangeneem is dat ons gevoelens geldige gronde vir kennis bied,24 sou die omvang van die begrip kennis toenemend beperk word tot slegs dit wat onmiskenbaar redelik is. Veral die publikasie van Kant (1781) se invloedryke Kritik der reinen vernunft sou daartoe bydra dat rede en kennis voortaan teenoor geloof en emosie afgepaar sou word. Daarby sou die opkoms van die romantiek in reaksie op die rasionalisme aan die idee van kennis van die hart geboorte gee. Die hart het immers, so sou Pascal (1667; 1966) die oorheersende rasionalisme reeds in sy dag uitdaag, sy redes wat die verstand nie van weet nie – ’n kennis wat ’n werklikheid buite die gewone, voorhande werklikheid betref.

3.1.2.3 Die splitsing van die werklikheid

Die epistemologiese skeiding tussen geloof en rede, gevoelens en sintuie, sou dus die ontologiese skeiding tussen ’n gewone en ’n buitengewone werklikheid word. Toegang tot dié ontologies anderse werklikheid, so is veronderstel, word nie deur die gewone sintuie verkry nie, maar deur “a mental faculty independent of, nay in spite of sense and reason” wat ons in staat stel “to apprehend the Infinite” (Müller 1873:13). Dié onredelike, onsintuiglike toegang tot ’n werklikheid anders as die gewone, ontlok uiteraard nie gewone nie, maar buitengewone ervarings.

3.1.2.4 Die splitsing van ervaring

Wat aangeneem is die aard van dié ervarings sou wees, sou aan van die mees esoteriese definisies van religie geboorte gee. Vir Müller (1873) was dit die ervaring van die oneindige; vir Schleiermacher (1893, 1928) een van totale afhanklikheid; vir James (1902, 2002) ’n brandende koors; en vir Eliade (1958) die ervaring van die heilige.

Anders as ons ervarings van klanke, kleure en geure, so is veronderstel, is religieuse ervarings onsintuiglike ervarings van ’n gans andere, “volkome sui generis en onherleibaar tot enige ander” (Otto 1917, 1958:7). Soos Schleiermacher dit sou verwoord, is religieuse ervarings “nie denke of handeling nie, maar intuïsie en gevoel” (Schleiermacher 1893, 1928:266; my kursivering). 

3.1.3 Die opkoms van die vakdissiplines

Met die opkoms van die vakdissiplines tydens die 19de en 20ste eeu en die meegaande druk op wetenskaplikes om die eiendomlikheid van hul dissiplines af te baken, sou geloof in die bonatuurlike en buitengewone ervarings gerieflike merkers bied waarmee hulle die onderwerp van hul dissipline van dié van ander sou kon onderskei (Troskie 1997:19 e.v.). Waar die rasionalisme dus die rede van alle gevoelens sou stroop, sou die romantiese klem op gevoelens geloof weer van alle redelikheid ontneem.

3.2 Religie as begrip, woord en onderwerp

Die oortuiging dat religie slegs met verwysing na die bonatuurlike en die buitengewone gedefinieer kan word, het dus ’n bepaalde en baie onlangse ontstaan in die intellektuele denke van 19de-eeuse Wes-Europa gehad. Imperialisme sou egter daarvoor sorg dat dié “moderne, Westerse maaksel” (Dubuisson 2003) vinnig na die res van die wêreld versprei (Robertson 1993). Om die gevolge van dié reïfikasie vir huidige biologiese benaderings tot die studie van religie te belig, word vervolgens van Bergunder (2014) se nuttige onderskeid tussen religie as begrip, woord en onderwerp gebruik gemaak.

3.2.1 Die begrip religie

Om tot die “beskaafde” internasionale gemeenskap te kon toetree, verduidelik Buzan en Lawson (2007), is van gekolonialiseerde intellektueles verwag om hul politieke, reg- en sosiale stelsels volgens die teoretiese raamwerke en aannames van Wes-Europa te vertolk. Gesekulariseerde denke – die vermoë om “politiek” en “religie”, “natuurlik” en “bonatuurlik” (Green 1996), “gewoon” en “buitengewoon” (Robertson 1993) van mekaar te skei – sou in dié proses ’n statussimbool word wat “moderne, rasionele” denke van “primitiewe, redelose” denke onderskei. Nieteenstaande die feit dat religie soos dit binne 19de-eeuse Wes-Europese denke verstaan is, aan hulle onbekend was, sou die behoefte om aan ’n internasionale gemeenskap van gerespekteerde akademici te behoort, hulle noop om dié begrip te gebruik “to reinterpret their traditions of thinking about ‘ways of life’” (Robertson 1993:14; my kursivering).

3.2.2 Die woord religie

Die begrip religie, soos Robertson (1993:14) dus tereg uitwys, “entered modern discourse largely in terms of its status as a sphere of modern societies. It became part of the way in which modern national societies are cognitively and politically ordered.”25 Etnograwe en antropoloë sou egter weldra ontdek dat min kulture oor ’n woord beskik waarvan die betekenisinhoud met dié van die moderne Westerse gebruik van religie ooreenkom. “‘Law’, ‘duty’, ‘custom’, ‘worship’, ‘spiritual discipline’, ‘the way’ they know, religion they do not,” sê Sharpe (1983:39). Ook die begrippe wat uit Bybelse Aramees en Hebreeus na “religion”26 vertaal is, omvat volgens Smith (1991) en Sharpe (1983) nie een die betekenis van geloof in die bonatuurlike of van buitengewone ervaring nie, maar dui op die gedrag wat van ’n gelowige verwag word.27

Trouens, die woord religie dui volgens Feil (soos na verwys deur Bergunder 2014:257) binne die Griekse filosofie28 – en tot die 18de eeu ook binne die Christelike teologiehoofsaaklik op spesifieke vorme van handeling. Insgelyks is die konsep van ’n religieuse persoon tydens die Middeleeue feitlik uitsluitlik gebruik om na diegene te verwys wat hulself ter wille van “die kultivering van die deugde” (Benediktus van Nursia, aangehaal deur Hollywood 2010) binne ordes in kloosters afgesonder het. Toelating sou onder meer die aflê van die belofte behels om volgens die beginsels van die orde te handel (Asad 1993). Sodanige handeling het enersyds die “gedissiplineerde vorming van die Christelike self” (Asad 1993:137) behels. Die voornemende non of monnik onderneem “[to] look to one’s own experience, think, reflect, meditate, and feel the words of scripture, and work constantly to conform the former to the latter”29 (Hollywood 2010). Andersyds het dié handeling diens aan die omliggende gemeenskap van die klooster ingesluit. Dié diens sou aan Europa se eerste hospitale vir siekes en sielsiekes ’n beslag gee.30

Dié betekenis van die woord religie val gemaklik saam met die betekenisinhoud van die begrippe wat volgens Sharpe (1983) deur ander kulture gebruik word om na hul tradisies te verwys, soos onder meer die wet, plig, gebruike, weg, dissipline. Dit val eweneens gemaklik saam met die gebruik van die woord askese31 binne die sogenaamde rasionele Griekse filosofie (kyk Hadot 2002:3),32 asook nieteïstiese Boeddhisme se gebruik van die woord dhamma33 (kyk Akira 1990:45). Binne dié konteks is dit betekenisvol dat die bevindings van ’n onlangse studie daarop sinspeel “that any beneficial effects of an actively religious life come not through elevated feelings of happiness and contentment, but through the communal moral, social, and perhaps financial support provided by the congregation and the sense of belonging that a close-knit congregation creates” (Dunbar 2020:8).

3.2.3 Die onderwerp religie

Religie het dus verander vanaf ’n woord wat op handeling gedui het na ’n begrip wat na onredelike geloof in en/of ervarings van onbewysbare, ontasbare dinge verwys. Dié kategoriese skeiding tussen die natuurlike en die bonatuurlike, die gewone en die buitengewone, is egter nie deur groeiende etnografiese en antropologiese bevindinge gesteun nie. Teen die einde van die 20ste eeu was daar binne die tradisionele studies van religie ’n groeiende besef dat definisies wat religie aan geloof in en/of ervaring van iets bonatuurlik gelykstel, nie verklaar wat religie vir die toegewyde beteken nie (kyk Cumpsty 1991:17 e.v.; Idinopulos 1998).

 

4. Die ontstaan van kognitiewe studies van religie34

Om redes waaroor bloot bespiegel kan word, sou navorsers binne die nuwe kognitiewe wetenskappe egter min ag op dié verwikkeling binne tradisionele studies van religie slaan. Soos Steadman en Palmer (2008:4; my kursivering) dit pront stel, sou die meerderheid hul vertrekpunt neem vanuit “earlier approaches in assuming that religion is defined by the supernatural”. Dié metodologiese veronderstelling het ’n bedenklike invloed op veral die kognitiewe neurowetenskap van religie, ’n fokusgebied binne die breër veld van die neurowetenskappe wat die verhouding tussen religie en die brein bestudeer. Om dié aanname te kan verdedig, is dit noodsaaklik om met ’n beknopte oorsig van die ontstaan en funksie van die brein te begin.

4.1 Die brein

Groeiende kennis dui daarop dat die brein van veral die mens inderdaad, soos Koch, Kuhl en Flatow (2013) befaamd beweer het, moontlik die “mees verwikkelde voorwerp in die bekende heelal” mag wees. Die charismatiese neurowetenskaplike VS Ramachandran begin sy openbare toesprake dan ook dikwels met ’n beskrywing van dié orgaan wat aan die liriese grens: “Here is this [...] three pounds of jelly. You can hold it in the palm of your hand [...] [I]t can contemplate the vastness of interspace and the meaning of infinity. And it can contemplate itself contemplating on the meaning of infinity.” Evolusionêr gesproke het die brein egter nie ontwikkel om die “uitgestrekte ruimte en die betekenis van ewigheid” te bedink nie, maar om organismes wat daarmee bedeeld is, in staat te stel om meer doeltreffend te handel35 (kyk Damasio 2018:53–63; Troskie 2020).

4.1.1 Die ontstaan en funksie van die brein

Damasio (2010) raai dat die eerste senusel waarskynlik uit ’n sel ontwikkel het wat oor ’n sweephaar beskik het,36 ’n bewegingsorganel waarvoor geselekteer sou word omdat dit die organisme se vermoë om vryer en meer voorspelbaar te beweeg, sou bevoordeel het. Teen ongeveer 521 miljoen jaar gelede, so getuig fossielvondste uit die Kambrium, het geleedpotiges egter reeds oor primordiale breine beskik (Park, Kihm, Woo e.a. 2018). Die druk vir die seleksie van eienskappe wat tot die evolusie van dié prototipiese breine gelei het, so meen Damasio (2018:55), is deur die ontstaan van verwikkelde lewensvorme teweeggebring. Die brein sou ontwikkel om versamelings van selle uit verskillende biologiese domeine, en stelsels en organe met uiteenlopende funksies in staat te stel om as ’n enkele organisme te handel.

Aanvanklik sou dié handeling bloot onbewuste reaksies op prikkels vanuit die omgewing wees (Damasio 2010). Mettertyd sou daar in sekere spesies egter breine ontwikkel wat hulle in staat stel om nie bloot onwillekeurig te reageer nie, maar om willekeurig tot voordeel van welstand binne enige gegewe situasie te handel (Damasio 2018:62–4, 122).

4.1.2 Die brein, welstand en handeling

In die lig van die voorgaande is dit opeens veelseggend dat die woord religie tradisioneel na gepaste handeling verwys het. Eweneens is dit betekenisvol dat tradisies so uiteenlopend soos byvoorbeeld die rasionele filosofie van die antieke Grieke (Hadot 1995), die ateïsme van die vroeë Boeddhisme (Troskie 2018), die teïsme van die Christendom (Armstrong 2009), die naturalisme van die Soenda Wiwitan van Java (Indrawardana 2014) en die sjamanisme van die Kalahari Ju/’hoansi (Keeney en Keeney 2015) ten spyte van hul onteenseglike verskille almal die aanname deel dat daar ’n oorsaaklike verband tussen welstand en regte handeling bestaan.

4.2 Die soeke na die neurale onderbou van religieuse ervarings

Die onderwerp van studie binne die kognitiewe benadering tot religie was egter nie dié verband tussen religie, welstand en gepaste handeling nie, maar eerder die buitengewone ervarings en sogenaamde alternatiewe bewussynstate wat met religie verbind word. Dié belangstelling is aangewakker deur die kognitiewe wetenskappe se aanvanklike oortuiging dat alle ervarings en bewussynstate deur toegewyde chemiese en elektromagnetiese prosesse in die brein veroorsaak word (Aaen-Stockdale 2012). Die neurale strukture en prosesse wat daarom die buitengewone ervarings en alternatiewe bewussynstate skep wat met religie verbind word, so is aangeneem, sou uiteraard daarom verskil van dié wat gewone ervarings en bewussynstate veroorsaak. Dit sou daarom moontlik wees om daardie “mental machinery” (Aden 2013:185) wat verantwoordelik is vir “sensations and experiences, such as an altered state of consciousness, a sensation of awe and majesty, the feeling of union with ‘God’ or oneness with the universe, the perception that time, space or one’s own self have dissolved, or an experience of sudden enlightenment” (Aaen-Stockdale 2012:520) met behulp van breinbeeldingstegnologie uit te stippel. Diegene wat dié ervarings beleef, so is aangeneem, glo uiteraard dat hulle iets bonatuurlik ervaar: “Prying into its deep secrets, researchers have caught the brain in the very act of experiencing the supernatural” (Aden 2013:185, my kursivering).

4.2.1 Die Godkol

Vir wetenskaplikes wat gemeen het dat daar ’n spesifieke area in die brein sal wees wat ervarings van die bonatuurlike teweegbring, was die temporale lobbe aanvanklik die aangewese plek om te soek. Dié keuse is gemaak op grond van die sogenaamde Geschwind-sindroom – die welbekende religieuse visioene wat deur ’n minderheid lyers tydens temporalelob-epilepsie37 (TLE) beleef word. Aan die einde van die vorige eeu is aangeneem dat Ramachandran en Blakesly (1998) die eerste kliniese bewys vir dié anekdotiese verband tussen die temporale lobbe en religieuse ervarings gevind het. Die galvaniese velrespons van TLE-lyers op religieuse beelde en konsepte, so het hulle bevind, is veel sterker as die respons op erotiese en/of gewelddadige beelde en konsepte.38 TLE-aanvalle, was hul bevinding, bring soms “fel, spirituele ervarings” teweeg, wat by sommige lyers ’n beheptheid met religieuse of morele kwessies skep:

Patients say that their “feelings are on fire”, ranging from intense ecstasy to profound despair […] [M]ost remarkable of all are those patients who have deeply moving spiritual experiences, including a feeling of divine presence and the sense that they are in direct communication with God. Everything around them is imbued with cosmic significance. They might say, “I finally understand what it’s all about. This is the moment I’ve been waiting for all my life. Suddenly it all makes sense.” Or, “Finally I have insight into the true nature of the cosmos”. (Ramachandran en Blakesly 1998:179)

Atran (2002) plaas dié tipe ervarings op die grens van wat hy ’n normale verspreiding van religieuse ervarings beskou. Soos William James presies honderd jaar voor hom, meen hy dat sodanige fel ervarings die bron van alle nuwe religieë is.

Hughes (2005) wys egter tereg daarop dat mistiese ervarings slegs een van vele simptome – waaronder hiperemosionaliteit, depressie, aggressie, paranoia, hipergrafia39 en wisselende seksualiteit – van TLE is wat deur Geschwind gelys is. Verdere kritiek op die oorbeklemtoning van die oorsaaklike verband tussen TLE en sogenaamde hiperreligieuse ervarings sou dié van Hughes vinnig volg.40 Die deeglik opgetekende verband tussen (sommige) TLE-aanvalle en religieuse ervarings41 kan volgens Dewhurst en Beard (2003) nietemin nie ontken word nie. ’n Sterker voorbehoud teen die oorbeklemtoonde verband tussen die temporale lobbe en religieuse ervarings word eerder deur die navorsing van Newberg en sy span navorsers genoodsaak. Oor jare sou dié navorsers die invloed van drie uiteenlopende vorme van religieuse praktyke op die brein intyds verbeeld: die meditasiepraktyke van Tibettaanse Boeddhistiese monnike (Newberg e.a. 2001), die sentreringsgebede van Franciskaanse nonne42 (Newberg e.a. 2003) en die voorkoms van glossolalie43 onder Pinkster-Christene (Newberg e.a. 2006). Geen van dié vorme van religieuse gedrag het neurale prosesse in die temporale lobbe aangeskakel nie. Die boeiende bevinding blyk eerder te wees dat die verskille in die mensdom se vele religieë nie bloot in hul mites en rites geopenbaar word nie, maar ook in die neurologiese prosesse wat met die beoefening daarvan gepaardgaan.44

Gegee die plastiese invloed van aannames en gedrag op die brein is dit egter waarskynlik dat teïstiese praktyke ’n Godkol in die brein skep. Bevindings oor die invloed van toegewyde bepeinsing van die konsep God op die brein dui daarop dat dié praktyk die brein funksioneel sowel as struktureel omvorm:

Neural functioning begins to change. Different circuits become activated, while others become deactivated. New dendrites are formed, new synaptic connections are made, and the brain becomes more sensitive to subtle realms of experience. Perceptions alter, beliefs begin to change, and if God has meaning for you, then God becomes neurologically real (Newberg en Waldman 2009:3).

Indien wel, sou sodanige Godkol beswaarlik ’n neurologiese konstante wees, omdat die neurale invloed van ’n toegewyde bepeinsing van byvoorbeeld die allesomvattende en allesinsluitende god van die panenteïsme noodwendig sal verskil van dié van die almagtige en alwetende God van die (Christelike) teïsme.

4.2.2 Die Godlob

Een van die sterkste voorstanders van die aanname dat daar ’n oorsaaklike verband tussen TLE en religie bestaan, is Michael Persinger (1983), wat daarop aanspraak maak dat hy ’n apparaat ontwerp het waarmee hy in gesonde breine dieselfde ervarings kan teweeggebring as wat (in sommige lyers) deur TLE veroorsaak word. Die apparaat, alombekend as die sogenaamde Godhelm, is ontwerp om die brein elektromagneties te stimuleer.45 Dié stimulasie, so beweer Persinger, ontkoppel die twee breinhemisfere en splyt in dié proses die brein se ervaring van ’n enkele self: “(Y)ou become aware,” verduidelik hy in ’n onderhoud met Appleyard (2011:77), “of the right hemispheric homologue of the left hemispheric sense of self, and you experience the presence. The presence is effectively your right hemispheric representation of the self.” Buitengewone ervarings word volgens dié aanname dus veroorsaak deur iets wat die funksionele eenheid van die brein aantas.46

Soos die oordrewe verband tussen TLE en hiperreligieusheid sou ook Persinger se aansprake onder kritiek deurloop, veral toe sy bevindings nie deur Granqvist e.a. (2005) herhaal kon word nie. Laasgenoemde navorsers is trouens van mening dat enige ervaring van ’n ander, onsigbare teenwoordigheid bloot ’n vatbaarheid vir suggestie verraai. Hul gevolgtrekking is volgens Aaen-Stockdale (2012) versterk deur die feit dat die Godhelm nie daarin geslaag het om enige buitengewone ervarings by ’n fundamentele ateïs soos Richard Dawkins te ontlok nie.47 

4.2.3 Die Godkruie

Die buitengewone as merker vir religieuse ervarings onderlê ook ’n derde fokusgebied binne die neurowetenskap van religie, naamlik die gebruik van sogenaamde enteogene. Enteogene48 is psigotropiese middels wat in daardie kruie aangetref word wat reeds vir millennia ritueel in sekere religieuse tradisies aangewend word ten einde buitengewone bewussynstate in die verbruikers daarvan teweeg te bring. Leidrade dui volgens Shanon (2002:87) daarop dat die gebruik van enteogene nie slegs die bron van die wêreld se sjamanistiese rituele is nie, maar ook die bron van die ekstatiese visioene wat so kenmerkend is van die profete binne meer gestruktureerde religieuse tradisies.

Weens die tot onlangs toe nog verbode aard van die verbruik van dié middels in die meeste lande, is navorsingsbevindings daaroor ietwat gebrekkig. Voorlopige bevindings dui wel daarop dat die verantwoordelike gebruik van sommige van dié kruie sekere gemoedsteurnisse teenwerk. Ayawaska49 hou byvoorbeeld die belofte in om ’n kuur vir dwelmverslawing (Mabit en Sieber 2006; Mabit 2007; Labate en Cavnar 2011) en depressie (Palladino 2009; Anderson 2012; Frecska e.a. 2016) te bied, terwyl die mistiese state van bewussyn wat deur psilosibien50 geskep word, ’n positiewe verandering in proefpersone se gemoedstoestand teweegbring (Griffiths, Richards en Johnson 2008; Lyons en Carhart-Harris 2018).

Die deeglik opgetekende, eeue oue gebruik van enteogene in sjamanistiese, medisinale en religieuse rituele kon dus eweneens met emosionele welstand te make gehad het. Die probleem met middelgeïnduseerde breinstate, skryf Goleman en Davidson egter, is dat buitengewone ervarings dalk kortstondige geestesverrukking veroorsaak, maar nie noodwendig blywende gemoedsverandering teweegbring nie: “(A)fter the chemical clears your body, you remain the same person as always” (Goleman en Davidson 2017:40).

Dit is daarom betekenisvol dat waar geestesverrukking wel ’n kernrol binne ’n religieuse tradisie speel,51 sodanige belewenisse slegs ’n enkele aspek van ’n groter stelsel is (Crockett 1998).52 Navorsing dui dan ook daarop dat psigotropiese middels tradisioneel slegs sakramenteel (Frecska e.a. 2016) en binne ’n allesomvattende betekenisraamwerk (Mabit 2002) gebruik word.

4.2.4 Die Godgeen

Daar is ook diegene wat meen dat sekere persone geneties meer vatbaar vir religieuse ervarings as ander is. Dié idee het sy oorsprong in die genetikus Dean Hamer (2004) se boek The God gene: How faith is hardwired into our genes. Hierin voer Hamer aan dat sogenaamde spiritualiteit (ten minste deels) oorerflik, en daarom psigometries kwantifiseerbaar,53 is. Volgens hom sou hy VMAT254 identifiseer as een van waarskynlik vele moontlike gene wat sommiges meer vatbaar vir religieuse ervarings as ander sal maak.

VMAT2 kodeer ’n proteïen wat monoamien – ’n chemiese oordragstof wat ’n bepalende rol in die brein se vlakke van dopamien, noradrenalien, serotonien en histamien speel (Eiden e.a. 2004) – na die vesikula van die brein vervoer (Zheng e.a. 2006). Omrede genetiese variasies op VMAT2 die vlakke van monoamien, en dus die oordrag van dié stowwe, beïnvloed, so veronderstel Hamer, sou sekere van hierdie variasies sommige mense meer vatbaar as ander vir buitengewone ervarings maak.

Insig in die epigenetiese verhouding tussen genotipe en fenotipe55 sou egter tot striemende kritiek56 lei op wat as ’n oorvereenvoudiging beskou is. Die misleidende titel van sy boek ten spyt, maak Hamer geen aanspraak daarop dat hy die oorsprong van religie binne ’n enkele geen, of selfs binne die genoom as sodanig, gevind het nie:

Just because spirituality is partly genetic doesn't mean it is hardwired. Our genes are more like a family recipe handed down by word of mouth than a precise set of instructions that must be followed in exact detail. The final product depends a lot on how you interpret and execute the formula. (Hamer 2004:211–2)

Die probleem met Hamer se aanspraak is eerder dat dit deur die aanname onderlê word dat religieuse ervaring noodwendig buitengewoon sal wees. Die keersy hiervan is dat buitengewone ervarings noodwendig religieus is – ’n aanname wat Taves (2008) reeds oortuigend weerlê het.

 

5. Gevolgtrekking

Binne die kognitiewe neurowetenskappe word religie dus gewoonlik aan mistiese en ekstatiese ervarings gelykgestel. Sodanige ervarings moet volgens Schjoedt (2009) boonop die bonatuurlike betref om as religieus beskou te kan word. Dit is die “out of body experiences, transporting oneself to heaven and other neverlands, as well as the oneness with the universe, exaggerations ... visions and inner voices” (Shukla e.a. 2013:1487; my kursivering) wat by verstek die onderwerp van studie in dié fokusgebied bly. Boonop word daar dikwels aangeneem dat dié ervarings nie deur die voorhande werklikheid ontlok word nie, maar deur die brein teweeggebring word. Trouens, by sommiges sou die 19de-eeuse splitsing tussen ’n gewone en ’n buitengewone werklikheid die splitsing tussen ’n normale en ’n abnormale brein word.57

Dit alles beteken uiteraard nie dat huidige neurobevindings geen bydrae tot ’n wetenskaplike verstaan van religie lewer nie. Die voorveronderstelling waarop die meeste van dié studies berus, plaas egter wel die algemeen geldigheid van die gevolglike bevindings op die spel. Daarbenewens vereis groeiende bewyse van die diep evolusionêre oorsprong van religie, en die biokulturele aard van neuro-ontwikkeling, ’n herbesinning oor die verhouding tussen religie en die brein.

Ten slotte moet beklemtoon word dat daar nie in dié artikel veronderstel word dat religie oor ’n essensie beskik wat in die oorspronklike betekenis van die woord religie teruggevind kan word nie. Insgelyks word daar ook nie voorgegee dat religie vir die biologiese wetenskappe ondeurgrondelik is nie. Die doel was slegs om die aandag te vestig op die metodologiese borsrok waarin ’n aanname van bedenklike oorsprong dikwels steeds biologiese studies van dié verskynsel gegord hou.

 

Bibliografie

Aaen-Stockdale, C. 2012. Neuroscience for the soul. The Psychologist, 25(7):520–3.

Aden, R. 2013. Religion today: A critical thinking approach to religious studies. Lanham: Rowman & Littlefield Publishers, Inc.

Akira, H. 1990. A history of Indian Buddhism from Śākyamuni to Early Māhāyana. Hawaii: University of Hawaii.

Allison, G.A. 1967. Psychiatric implications of religious conversion. Canadian Psychiatric Association, 12:55–61.

Anderson, B.T. 2012. Ayahuasca as antidepressant? Psychedelics and styles of reasoning in psychiatry. Anthropology of Consciousness, 23(1):44–59.

Anon. 1906. Man and monkey show disapproved by clergy. The New York Times, 10 September. https://www.nytimes.com/1906/09/10/archives/man-and-monkey-show-disapproved-by-clergy-the-rev-dr-macarthur.html (3 Maart 2020 geraadpleeg).

Appleyard, B. 2011. The brain is wider than the sky: Why simple solutions don’t work in a complex world. Londen: Weidenfeld & Nicholson.

Armstrong, K. 2006. The great transformation: The world in the time of Buddha, Socrates, Confucius and Jeremiah. Londen: Atlantic Books.

—. 2009. The case for God: What religion really means. Londen: The Bodley Head.

Asad, T. 1993. Genealogies of religion. Baltimore, Londen: The Johns Hopkins University Press.

Assmann, J. 2012. Cultural memory and the myth of the axial age. In Bellah en Joas (reds.) 2012.

Atran, S. 2002. In gods we trust: The evolutionary landscape of religion. New York: Oxford University Press.

Barker, E. (red.). 1993. Secularization, rationalism and sectarianism. Essays in honor of Brian R. Wilson. Oxford: Clarendon Press.

Baumard, N., A. Hyafil en P. Boyer. 2015. What changed during the axial age: Cognitive styles or reward systems? Communicative and Integrative Biology, 8(5):1–3.

Beggiani, S.J. 1996. Theology at the service of mysticism: Method in Pseudo-Dionysius. Theological Studies, 57(2):201–3.

Bellah, R.N. 2011. Religion in human evolution: From the paleolithic to the axial age. Cambridge, Massachusetts; Londen: The Belknap Press of Harvard University Press.

Bellah, R.N. en H. Joas (reds.). 2012. The axial age and its consequences. Cambridge: Harvard University Press.

Bergunder, M. 2014. What is religion? The unexplained subject matter of religious studies. Method and theory in the study of religion, 26:246–86.

Black, A. 2008. The “axial period”: What was it and what does it signify? The Review of Politics, 70(1):23–39.

Boy, J.D. 2015. The axial age and the problems of the twentieth century: Du Bois, Jaspers, and universal history. American Sociologist, 46(2):234–47.

Buzan, B. en G. Lawson. 2015. The global transformation. History, modernity and the making of international relations. Cambridge: Cambridge University Press.

Carniero, R.L. 2003. Evolution in cultural anthropology: A critical history. Boulder: Westview Press.

Chidester, D. 2014. Empire of religion: Imperialism and comparative religion. Chicago: University of Chicago Press.

Cloninger, C.R., D.M. Svrakic en T.R. Przybeck. 1993. A psychobiological model of temperament and character. Archives of General Psychiatry, 50(12):975–90.

Crockett, C. 1998. On the disorientation of the study of religion. In Idinopolos en Wilson (reds.) 1998.

Cumpsty, J.S. 1991. Religion as belonging. A general theory of religion. Lanham, New York, Londen: University Press of America.

Damasio, A.R. 2010. Self comes to mind. Constructing the conscious brain. New York: Pantheon Books. https://www.researchgate.net/.../%5BAntonio_Damasio%5D_Self_Comes_to_Mind.pdf (18 Junie 2017 geraadpleeg).

—. 2018. The strange order of things. Life, feeling, and the making of cultures. New York: Pantheon.

Darwin, C. 1845. Journal of researches into the natural history and geology of the countries visited during the voyage of the H.M.S. Beagle round the world under the command of Capt. Fitz Roy, R.N. 2de uitgawe. Londen: John Murray.

—. 1861. On the origin of species by means of natural selection. New York: D. Appleton and Company.

—. 1872. The expression of the emotions in man and animals. Londen: John Murray.

—. 1889. The descent of man, and selection in relation to sex. 2de uitgawe. New York: D. Appleton and Company.

Dawkins, R. 2006. The God delusion. Londen, Toronto, Sydney, Auckland, Johannesburg: Bantam Press.

Devinsky, J. en S. Schachter. 2009. Norman Geschwind’s contribution to the understanding of behavioral changes in temporal lobe epilepsy: The February 1974 lecture. Epilepsy & Behavior, 15(4):417–24.

Devinsky, O. en G. Lai. 2008. Spirituality and religion in epilepsy. Epilepsy & Behavior. 12(4):636–43.

Dewhurst, K. en A.W. Beard. 2003. Sudden religious conversions in temporal lobe epilepsy. Epilepsy & Behavior, 4(1):78–87.

Dickens, C. 1853. The noble savage. Household Words, VII(168):337–9. http://www.djo.org.uk/indexes/articles/the-noble-savage.html (29 November 2018 geraadpleeg).

Dubuisson, D. 2003. The western construction of religion. Myths, knowledge and ideology. (Vertaal deur William Sayers.) Baltimore, Londen: Johns Hopkins University Press.

Dunbar, R.I.M. 2020. Religiosity and religious attendance as factors in wellbeing and social engagement. Religion, Brain and Behavior, DOI: 10.1080/2153599X.2020.1712618

Durand, J. 2005. Doodloopstrate van die geloof: ’n Perspektief op die Nuwe Hervorming. Stellenbosch: RAP.

Durkheim, É. 1995. The elementary forms of religious life. A new translation by Karen E. Fields. New York, Londen, Toronto, Sydney, Tokio, Singapoer: The Free Press.

Eiden, L.E., M.K. Schäfer, E. Weihe en B. Schütz. 2004. The vesicular amine transporter family (SLC18): Amine/proton antiporters required for vesicular accumulation and regulated exocytotic secretion of monoamines and acetylcholine. Pflügers Archiv, 447(5):636–40.

Eisenstadt, S.N. 1986. The Axial Age breakthroughs: Their characteristics and origins. In Eisenstadt (red.) 1986.

Eisenstadt, S.N. (red.). 1986. The origin and diversity of axial age civilizations. Albany, New York: State University of New York Press.

Eliade, M. 1958. Patterns in comparative religion. Londen: SCM.

Farwell, B. 1976. The great Boer war. Hertfordshire: Wordsworth Editions.

Fox, K.C.R., M.L. Dixon, S. Nijeboer, M. Girn, J.L. Floman, M. Lifshitz, M. Ellamil, P. Sedlmeier en K. Christoff. 2016. Functional neuroanatomy of meditation: A review and meta-analysis of 78 functional neuroimaging investigations. Neuroscience and Biobehavioral Reviews, 65:208–28.

Frecska, E., P. Bokor en M. Winkelman. 2016. The therapeutic potentials of ayahuasca: Possible effects against various diseases of civilization. Frontiers in Pharmacology, 7:1–17.

Galton, F. 1892. Hereditary genius: An inquiry into its laws and consequences. 2de uitgawe. Londen, New York: Macmillan and Co.

—. 1904. Eugenics: Its definition, scope, and aims. The American Journal of Sociology, X(1). http://galton.org/essays/1900-1911/galton-1904-am-journ-soc-eugenics-scope-aims.htm (19 Junie 2018 geraadpleeg).

Garver, K.L. en B. Garver. 1991. Eugenics: Past, present, and the future. American Journal of Human Genetics, 49:1109–18.

Giddens, A. 1985. A contemporary critique of historical materialism, Vol.2. The nation-state and violence. Londen: Macmillan.

Gobineau, A. De. 1915. An essay on the inequality of the human races. Londen: William Heineman. https://archive.org/stream/inequalityofhuma00gobi#page/204/mode/2up (17 Junie 2018 geraadpleeg).

Godlaski, T.M. 2011. The God within. Substance use and misuse, 46(10):1217–22.

Goleman, D. en R.J. Davidson. 2017. The science of meditation. How to change your brain, mind and body. Londen: Penguin Life.

Gould, S.J. 1977. Ever since Darwin. Reflections in natural history. New York: W.W. Norton & Company.

Granqvist, P., M. Fredrikson, P. Unge, A. Hagenfeldt, S. Valind, D. Larhammar en M. Larsson. 2005. Sensed presence and mystical experiences are predicted by suggestibility, not by the application of transcranial weak complex magnetic fields. Neuroscience Letters, 379(1):1–6.

Granqvist, P. en M. Larsson. 2006. Contribution of religiousness in the prediction and interpretation of mystical experiences in a sensory deprivation context: Activation of religious schemas. Journal for Psychology, 140(4):319–27.

Green, S.E. 1996. Religion, history and the supreme gods of Africa: A contribution to the debate. Journal of Religion in Africa, 2:122–38.

Griffiths, R.R., W.A. Richards en M.W. Johnson. 2008. Mystical-type experiences occasioned by psilocybin mediate the attribution of personal meaning and spiritual significance 14 months later. Journal of Psychopharmacology, 22(6):621–32.

Hadot, P. 1995. Philosophy as a way of life. (Vertaal deur M. Chase.) Oxford, VK; Cambridge, VSA: Blackwell Publishers Inc.

Hamer, D. 2004. The God gene. How faith is hardwired into our genes. Westminster, MD: Doubleday.

Handy, R.T. 1994. A christian America: Protestant hopes and historical realities. 2de uitgawe. New York: Oxford University Press.

Harper, D. 2009. Origin, history and meaning of English words. https://www.etymonline.com. (23 Junie 2018 geraadpleeg).

Hartshorne, C. en W.L. Reese (reds.). 1953. Philosophers speak of God. Chicago: The University of Chicago Press.

Heese, H.F. 2015. Cape melting pot. The role and status of the mixed population at the Cape 1652–1795. (Vertaal deur Delia Robertson.) https://www.researchgate.net/project/Slavery-at-the-Cape-during-the-19th-century (20 Februarie 2020 geraadpleeg).

Heesterman, J.C. 1986. Ritual, revelation and the axial age. In Eisenstadt (red.) 1986.

Herbert, E. 1996. Pagan religion: A translation of De Religione Gentilium. Ottawa: Dovehouse Editions.

Hilton-Barber, B. en L.R. Berger. 2004. Field guide to the cradle of humankind. 2de uitgawe. Kaapstad: Struik.

Hinnells, J.R. (red.). 2005. The Routledge Companion to the study of religion. Londen, New York: Routledge.

Hollywood, A. 2010. Spiritual but not religious. Bulletin, 38(1 & 2).

Howden, J.C. 1872. The religious sentiments in epileptics. Journal of Mental Science, 18:491–7.

Hughes, J.R. 2005. Did all those famous people really have epilepsy? Epilepsy & Behavior, 6(2):115–39.

Idinopulos, T.A. 1998. The difficulties of understanding religion. In Idinopulos en Wilson (reds.) 1998.

Idinopolos, T.A. en B.C. Wilson (reds.). 1998. What is religion? Origins, definitions and explanations. Leiden: Brill.

Indrawardana, I. 2014. Berketuhanan dalam perspektif Sunda Wiwitan. Melintas, 30(1):105–18.

James, W. 2002. The varieties of religious experience: A study in human nature. Philadelphia: The Pennsylvania State University.

Jaspers, K. 1953. The origin and goal of history. New Haven, Londen: Yale University Press.

Junghuhn, F.J. 1854. Licht- en schaduwbeelden uit de binnenlanden van Java. Leiden: Jacs. Hazenberg Corns. zoon. http://www.gutenberg.org/files/52477/52477-8.txt (2 Februarie 2019 geraadpleeg).

Kang, D.H., H.J. Jo, W.H. Jung, S.H. Kim, Y.H. Jung, C.H. Choi, U.S. Lee, S.C. An, J.H. Jang en J.S. Kwon. 2013. The effect of meditation on brain structure: Cortical thickness mapping and diffusion tensor imaging. Social Cognitive and Affective Neuroscience, 8(1):27–33.

Kant, I. 1781. The critique of pure reason. The Project Gutenberg. https://www.gutenberg.org/files/4280/4280-h/4280-h.htm (2 Februarie 2018 geraadpleeg).

Keeney, B. en H. Keeney (reds.). 2015. Way of the Bushman as told by the tribal elders. Spiritual teachings and practices of the Kalahari Juǀhoansi. Rochester, Vermont: Bear & Company.

Koch, C., P. Kuhl en I. Flatow. 2013. Decoding “the most complex object in the universe”. Op Talk of the Nation. https://www.npr.org/2013/06/14/191614360/decoding-the-most-complex-object-in-the-universe (17 Augustus 2018 geraadpleeg).

Koenig, H.G. 2012. Religion, spirituality, and health: The research and clinical implications. ISRN Psychiatry, 2012(278730).

Kuijsten, M. (red.). 2006. Reflections on the dawn of consciousness. Julian Jaynes’s bicameral mind theory revisited. Henderson, Nevada: Julian Jaynes Society

Labate, B.C. en C. Cavnar. 2011. The expansion of the field of research on ayahuasca: Some reflections about the ayahuasca track at the 2010 MAPS “Psychedelic Science in the 21st Century” conference. International Journal of Drug Policy, 22:174–8.

Laughlin, H.H. 1923. The Second International Exhibition of Eugenics held September 22 to October 22, 1921: in connection with the Second International Congress of Eugenics in the American Museum of Natural History, New York : An account of the organization of the exhibition. Baltimore: Williams & Wilkins Company.

Leuba, J.H. 1896. A study in the psychology of religious phenomena. American Journal of Psychology, 7:309–85.

Lévy-Bruhl, L. 1966. How natives think. (Vertaal deur Lilian A. Clare.) New York: Washington Square Press, Inc.

Lindfors, B. 1999. Charles Dickens and the Zulus. Lindfors (red.) 1999.

Lindfors, B. (red.). 1999. Africans on stage: Studies in ethnological show business. Bloomington: Indiana University Press.

Llinás, R.R. 2001. I of the vortex. From neurons to self. Massachusetts: MIT Press.

Luders, E., P.M. Thompson, F. Kurth, J. Hong, O.R. Phillips, Y. Wang, B.A. Gutman, Y. Chou, K.L. Narr en A.W. Toga. 2014. Global and regional alterations of hippocampal anatomy in long-term meditation practitioners. Human Brain Mapping, 34(12):3369–75.

Lyons, T. en R.L. Carhart-Harris. 2018. More realistic forecasting of future life events after psilocybin for treatment-resistant depression. Frontiers in Psychology, 9(1721).

Mabit, J. 2002. Blending traditions – using indigenous medicinal knowledge to treat drug addiction. Maps, 7(1):25–32.

—. 2007. Ayahuasca in the treatment of addiction. In Winkelman en Roberts (reds.) 2007.

Mabit, J. en C. Sieber. 2006. The evolution of a pilot drug treatment program using ayahuasca. Shamans Drum Journal, 73:23–31.

MacRae, E. 1999. The ritual and religious use of ayahuasca in contemporary Brazil. Referaat gelewer tydens die 10th International Conference on the Reduction of Drug-related Harm, 21–25 Maart, Genève.

Meyer, E.D. 2016. Sacrificing sacrifice to self-sacrifice: The sublimation of sacrificial violence in Western Indo-European cultures. Existenz, 11(1):40–50.

Moresby, J. 1876. Discoveries and surveys in New Guinea and the D’Entrecasteaux Islands. A cruise in Polynesia and visits to the pearl-shelling stations in Torres Straits of H.M.S. Basilisk. Londen: John Murray.

Müller, F.M. 1873. Introduction to the science of religion: Four lectures delivered at the Royal Institution with two essays on false analogies, and the philosophy of mythology. Londen: Longmans, Green and Co.

Newberg, A., M. Pourdehnad, A. Alavi en E. D’Aquili. 2003. Cerebral blood flow during meditative prayer: Preliminary findings and methodological issues. Perceptual and Motor Skills, 97(2):625–30.

Newberg, A.B., A. Alavi, M. Baime, M. Pourdehnad, J. Santanna en E.G. D’Aquili. 2001. The measurement of regional cerebral blood flow during the complex cognitive task of meditation: A preliminary SPECT study. Psychiatry Research: Neuroimaging, 106:113–22.

Newberg, A.B. en M.R. Waldman. 2009. How God changes your brain. New York: Ballantine Books.

Newberg, A.B., N.A. Wintering, D. Morgan en M.R. Waldman. 2006. The measurement of regional cerebral blood flow during glossolalia: A preliminary SPECT study. Psychiatry Research: Neuroimaging, 146(1):67–71.

Norenzayan, A., A.F. Shariff, W.M. Gervais, A.K. Willard, R.A. McNamara, E. Slingerland en J. Henrich. 2014. Parochial prosocial religions: Historical and contemporary evidence for a cultural evolutionary process. Behavioral and Brain Sciences, 39:43–65.

Norrgard, K. 2008. Human testing, the eugenics movement, and IRBs. Nature Education, 1(1):170.

Nutt, R.L. 1997. The Whole Gospel for the Whole World: Sherwood Eddy and American Protestant Mission. Macon, Georgia: Mercer University Press.

Nyanananda, K. 1974. The magic of the mind. Sri Lanka: Dharma Grantha Mudrana Bharaya.

—. 2016. Nibbāna – The mind stilled. Sri Lanka: Kaṭukurunde Ñānananda Sadaham Senasun Bhāraya.

Otto, R. 1958. The idea of the holy. An inquiry into the non-rational factor in the idea of the divine and its relation to the rational. (Vertaal deur J.W. Harvey.) Londen, Oxford, New York: Oxford University Press.

Pakendorf, G. 1995. German Protestant missions and black South Africans. Lesing gelewer op 2 Oktober by die Duitse Kultuurweek.

Palladino, L. 2009. Vine of soul: A phenomenological study of ayahuasca and its effect on depression. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Pacifica Graduate Institute. https://pdfs.semanticscholar.org/170d/e49a5c9f4756c735a0400bb25df38edc5884.pdf?_ga=2.46934247.1341744035.1607677544-237115129.1606904266.

Park, T.Y.S., J.H. Kihm, J. Woo, C. Park, W.Y. Lee, M.P. Smith, D.A.T. Harper, F. Young, A.T. Nielsen en J. Vinther. 2018. Brain and eyes of Kerygmachela reveal protocerebral ancestry of the panarthropod head. Nature Communications, 9(1):1–7.

Pascal, B. 1966. Pensées. Harmondsworth: Penguin.

Penfield, W. 1955. The role of the temporal cortex in certain physical phenomena. Journal of Mental Science, 101:451–65.

Persinger, M.A. 1983. Religious and mystical experiences as artifacts of temporal lobe function: A general hypothesis. Perceptual and Motor Skills, 57:127–33.

—. 2001. The neuropsychiatry of paranormal experiences. Journal of Neuropsychiatry and Clinical Neuroscience, 13(4):515–24.

—. 2006. Voorwoord. In Kuijsten (red.) 2006.

Pinker, S. 2002. The blank slate. Londen: Penguin Books.

Preuss, T.M. 2012. Human brain evolution: From gene discovery to phenotype discovery. Proceedings of the National Academy of Sciences. 109:10709–16.

Ramachandran, V.S. 2007. 3 Clues to understanding your brain. http://www.ted.com/talks/vilayanur_ramachandran_on_your_mind (6 Julie 2018 geraadpleeg).

—. 2011. The tell-tale brain. Unlocking the mystery of human nature. Londen: Windmill Books.

Ramachandran, V.S. en S. Blakesly. 1998. Phantoms in the brain. Probing the mysteries of the human mind. New York: William Morrow.

Robertson, R. 1993. Community, society, globality, and the category of religion. In . Barker (red.) 1993.

Schjoedt, U. 2009. The religious brain: A general introduction to the experimental neuroscience of religion. Method & Theory in the Study of Religion, 21(3):310–39.

Schleiermacher, F. 1893. On religion: speeches to its cultured despisers. Londen: Paul, Trench, Trubner.

—. 1928. The Christian faith. Edinburgh: T&T Clark.

Schwartz, B.I. 1975. The age of transcendence. Daedalus, 104(2):1–7.

Sedman, G. en G. Hopkinson. 1966. The psychopathology of mystical and religious conversion in psychiatric patients. Confinia Psychiatrica, 9:1–19.

Shanon, B. 2002. Entheogens – Reflections on “Psychoactive Sacramentals”. Journal of Consciousness Studies, 9(4):85–94.

Sharpe, E.J. 1983. Understanding religion. Londen: Duckworth.

—. 1986. Comparative religion: A history. La Salle, Illinois: Open Court.

—. 2005. The study of religion in historical perspective. In Hinnells (red.) 2005.

Shukla, S., S. Acharya, en D. Rajput. 2013. Neurotheology – matters of the mind or matters that mind? Journal of Clinical and Diagnostic Research, 7(7):1486–90.

Slater, E. en A.W. Beard. 1963. The schizophrenia-like psychoses of epilepsy. The British Journal of Psychiatry, 109(458):95–112.

Smith, K. 2007. Cognitive psychology: Mind and brain. New Jersey: Prentice Hall.

Smith, W.C. 1991. The meaning and end of religion. Minneapolis: Fortress Press.

Spencer, H. 1866. The principles of biology. New York, Londen: D. Appleton and Company.

St-Pierre, L.S. en M.A. Persinger. 2006. Experimental facilitation of the sensed presence is predicted by the specific patterns of the applied magnetic fields, not by suggestibility: Re–analyses of 19 experiments. International Journal of Neuroscience, 116(9):1079–96.

Steadman, L. en C.T. Palmer. 2008. The supernatural and natural selection. Boulder, Londen: Paradigm Publishers.

Stevenson, I. 1974. Xenoglossy: A review and report of a case. Proceedings of the American Society for Psychical Research, 31. New York: American Society for Psychical Research.

Stringer, M.D. 2011. Contemporary western ethnography and the definition of religion. Londen, New York: Continuum.

Taves, A. 2008. Ascription, attribution, and cognition in the study of experiences deemed religious. Religion, 38(2):125–40.

Thomassen, B. 2010. Anthropology, multiple modernities and the axial age debate. Anthropological Theory, 10:321–42.

Troskie, S. 1997. Religie as mensontwikkeling: ’n studie van John Cumpsty se teorie van religie. MA–verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

—. 2018. Self, religie en homeostase: ’n Neuroteoretiese verkenning van die vroeë Boeddhisme. LitNet Akademies, 15(1):221–55. https://www.litnet.co.za/self-religie-en-homeostase-n-neuroteoretiese-verkenning-van-die-vroee-boeddhisme.

—. 2020. Gevoelens, welstand en religie: ’n Toepassing van António Damásio se opvatting oor gevoelens op die ontstaan van religie. LitNet Akademies, 17(3). https://www.litnet.co.za/gevoelens-welstand-en-religie-n-toepassing-van-antonio-damasio-se-opvatting-oor-die-rol-van-gevoelens-in-welstand-op-die-ontstaan-van-religie.

Tylor, E.B. 1920. Primitive culture. Researches into the development of mythology, philosophy, religion, language, art, and custom. 6de uitgawe. Londen: John Murray.

Vermeulen, H.F. 2008. Early history of ethnography and ethnology in the German enlightenment: Anthropological discourse in Europe and Asia, 1710–1808. Doktorale tesis, Universiteit Leiden.

Wagner, A. 2014. Arrival of the fittest. How nature innovates. New York: Current.

Wang, D.J.J., H. Rao, M. Korczykowski, N. Wintering, J. Pluta, D.S. Khalsa en A.B. Newberg. 2011. Cerebral blood flow changes associated with different meditation practices and perceived depth of meditation. Psychiatry Research – Neuroimaging. 191(1):60–7.

Wilson, B.C. 1998. From the lexical to the polythetic: A brief history of the definition of religion. In Idinopulos en Wilson (reds.) 1998.

Winkelman, M. 2012. Shamanism in cross-cultural perspective. International Journal of Transpersonal Studies, 31(2):47–62.

Winkelman, M.J. en T.B. Roberts (reds.). 2007. Hallucinogens and health: New evidence for psychedelic substances as treatment (Vol. 2). Westport, Connecticut: Greenwood Publishing Group.

Zheng, G., L.P. Dwoskin en P. Crooks. 2006. Vesicular monoamine transporter 2: Role as a novel target for drug development. The AAPS Journal, 8(4):E682–92.

Zimmer, C. 2004. Faith-boosting genes: A search for the genetic basis of spirituality. Scientific American, 291(4).

Eindnotas

1 ’n Ontdekking dat alle religie op dieselfde redelike aannames berus, sou kon help om ’n einde aan die voortslepende religieuse konflik te maak, so het Herbert gehoop. Sy voorstel was daarom vergelykende studies van die verskillende religieë. Vir dié doeleindes sou hy volgens Wilson (1998:144) die eerste presisiedefinisie van religie formuleer, naamlik: Alle religie berus op vyf ingebore aannames, naamlik 1) dat daar ’n Opperwese bestaan; 2) dat dié wese van ons verwag om deugdelik en medemenslik te leef 3) en berou te toon en ons weë te verander indien ons nié volgens dié verwagtinge leef nie; 4) dat daar ’n hiernamaals bestaan 5) waar ons vir ons gedrag in hierdie lewe óf beloon óf gestraf sal word.

2 Kyk eindnota 1.

3 Ten einde hul koloniale belange te beskerm, moes Engeland byvoorbeeld ’n reusevloot onderhou. Die veiligheid en doeltreffendheid van dié vloot is bepaal deur die noukeurigheid van kartograwe wat kaarte moes skep waarop die posisies van verraderlike koraalriwwe en seestrome, veilige ankerplekke en vriendelike hawens juis aangebring is. Die amptelike doel van die reis wat Darwin op die HMS Beagle sou meemaak, was dus om Suid-Amerika se kuslyn hidrografies op te meet ten einde die juistheid van ouer kaarte te bepaal. Robert FitzRoy, kaptein van die skip, het egter ook ’n meer persoonlike doelwit vir dié reis gehad, naamlik om bewyse te versamel wat hy gehoop het wetenskaplike steun aan die Bybelse skeppingsverhaal sou bied. ’n Derde doelwit van die HMS Beagle se sending was om drie van die vier Vuurlanders wat tydens ’n vorige reis aan boord gebring en na Engeland geneem is, ná ’n jaar lange verblyf in Londen na hul eilandtuiste naby Tierra del Fuego terug te neem (kyk Darwin 1845).

4 Die wyse waarop diegene wat na die kolonies sou reis die gebiede en die inwoners sou beskryf, was meestal bedoel om te vermaak eerder as in te lig. In die 19de eeu sou ’n tradisie onder dié reisigers ontwikkel om “nie-Europeërs” as besienswaardighede saam te bring waarmee hulle hul landgenote kon vermaak. In sy Charles Dickens and the Zulus vertel Lindfors (1999) dat daar tydens die somer van 1853 daagliks “kulturele evolusie”-skoue met “Native Zulu Kafirs”, “Aztec Lilliputians” en “Bushman-Troglodytes” aangebied is. Charles Dickens se essay “The noble savage” is in reaksie op dié skoue geskryf. Dié gebruik om met “nie-Europeërs” te skou sou tot in die vroeë 20ste eeu ook in Amerika voorkom, waarvan die mees omstrede die geval van Ota Benga was wat in die Bronx-dieretuin in ’n kamp saam met ’n orangoetang uitgestal is (kyk Illustrasie 3). ’n Bord het besoekers ingelig dat Ota Benga ’n “African Pigmy” is: “Age, 23 years. Height, 4 feet 11 inches. Weight, 103 pounds. Brought from the Kasai River, Congo Free State, South Central Africa, by Dr Samuel P Verner. Exhibited each afternoon during September.” Dié skou, en die verontwaardiging wat dit by sommige Afro-Amerikaanse predikante ontlok het, sou die voorblad van The New York Times haal, waarvan die redaksionele kommentaar veel van die voorveronderstellings van die tyd verraai het:

We do not quite understand all the emotion which others are expressing in the matter. Ota Benga, according to our information, is a normal specimen of his race or tribe, with a brain as much developed as are those of its other members. Whether they are held to be illustrations of arrested development, and really closer to the anthropoid apes than the other African savages, or whether they are viewed as the degenerate descendants of ordinary negroes, they are of equal interest to the student of ethnology, and can be studied with profit. (The New York Times, 10 September 1906, bl. 1; my kursivering.)

5 Dié idee het egter nie ’n oorsprong by Darwin gehad nie. Trouens, in ’n boeiende etimologiese eksegese van die woord evolusie verduidelik Gould (1977:34–8) dat dié woord reeds voor die publikasie van Origin in die algemene omgangstaal van die 19de eeu “a concept of progressive development” beliggaam het. Ten einde dié betekenisinhoud te vermy, sou Darwin selde die woord evolusie gebruik en eerder na sy teorie van natuurlike seleksie as “descent with modification” verwys. Dit was Herbert Spencer – “that indefatigable Victorian pundit of nearly everything” (Gould 1977:36) wat dit gewild gemaak het om Darwin se teorie van “descent with modification” bloot evolution te noem. “Evolution, to Spencer, was the overarching law of all development. And, to a smug Victorian, what principle other than progress could rule the developmental processes of the Universe?” (Gould 1977:36).

6 Drie jaar voor die publikasie van Origin sou F. Franz Wilhelm Junghuhn (1854) nog vurig oortuig wees dat die Christendom die inwoners van Java – ’n eiland wat vandag deel van Indonesië vorm – niks kan leer “die zij niet reeds kennen, niets goeds geven, dat zij niet reeds bezitten”. Teen 1876 sou kaptein John Moresby, ten spyte van ’n soortgelyke waarneming ná ’n kennismaking met die inwoners van die D'Entrecasteaux-eilande oos van Nieu-Guinee, egter ’n opvallend meer evolusionistiese oortuiging hê:

At times I found myself drawing a contrast between the squalid poverty, too often seen in humble life in England, and the plenty and cleanliness that met us here at every step [...] What have these people to gain from civilisation? Pondering on the fate of other aboriginal races when brought into contact with the white, I was ready to wish that their happy homes had never been seen by us, but considerations of this kind cannot be entertained by those who see a simple duty before them, and have means to execute it. (Moresby 1876:228–9; my kursivering)

7 Omdat hy bekend was as een van die vurigste humaniste van die 19de eeu, is die ontdekking van Charles Dickens se proto-eugenetiese ideologie ietwat onverwags. Die volgende onthutsende uittreksel uit sy essay “The noble savage”, wat ses jaar vroeër as Origin gepubliseer is, is egter ’n klinkklare bewys dat sogenaamde sosiale Darwinisme nie sy oorsprong by Darwin self gehad het nie:

I have not the least belief in the Noble Savage […] I call him a savage, and I call a savage a something highly desirable to be civilised off the face of the earth. […] his disappearance, in the course of this world’s development, from such and such lands where his absence is a blessed relief and an indispensable preparation for the sowing of the very first seeds of any influence that can exalt humanity […] (A)s mere animals, they were wretched creatures, very low in the scale […] Mine are no new views of the noble savage. The greatest writers on natural history found him out long ago. […] It is not the miserable nature of the noble savage that is the new thing; it is the whimpering over him with maudlin admiration, and the affecting to regret him, and the drawing of any comparison of advantage between the blemishes of civilisation and the tenor of his swinish life. There may have been a change now and then in those diseased absurdities, but there is none in him. Think of the Bushmen. Think of the two men and the two women who have been exhibited about England for some years. Are the majority of persons – who remember the horrid little leader of that party in his festering bundle of hides, with his filth and his antipathy to water, and his straddled legs, and his odious eyes shaded by his brutal hand, and his cry of “Qu-u-u-u-aaa!“ (Bosjesman for something desperately insulting I have no doubt) – conscious of an affectionate yearning towards that noble savage, or is it idiosyncratic in me to abhor, detest, abominate, and abjure him? I have no reserve on this subject, and will frankly state that, setting aside that stage of the entertainment when he counterfeited the death of some creature he had shot, by laying his head on his hand and shaking his left leg – at which time I think it would have been justifiable homicide to slay him – I have never seen that group sleeping, smoking, and expectorating round their brazier, but I have sincerely desired that something might happen to the charcoal smouldering therein, which would cause the immediate suffocation of the whole of the noble strangers. […] All the noble savage’s wars with his fellow-savages (and he takes no pleasure in anything else) are wars of extermination – which is the best thing I know of him, and the most comfortable to my mind when I look at him. He has no moral feelings of any kind, sort, or description; and his “mission” may be summed up as simply diabolical. […] My position is, that if we have anything to learn from the Noble Savage, it is what to avoid. His virtues are a fable; his happiness is a delusion; his nobility, nonsense … [H]e passes away before an immeasurably better and higher power than ever ran wild in any earthly woods, and the world will be all the better when his place knows him no more. (Dickens 1853:337–9; my kursivering.)

8 Hoewel die gedagte dat daar met mense geskou is, afstootlik is, moet uit Dickens se verontwaardiging nietemin afgelei word dat die blootstelling aan kulture anders as hul eie by baie Europeërs een van die oortuigings van die humanisme laat herleef het. Dit is naamlik dat sg. vooruitgang dalk tegnologiese voordele het, maar dat iets van menswees in die proses verlore gaan.

9 Animisme is kom van anima (Latyns vir “lewe, asem, siel”) en -isme (Harper 2009), en word tradisioneel verstaan as ’n geloof dat selfs oënskynlik lewelose voorwerpe ’n siel het. Stringer (2011:107) redeneer egter dat Tylor die woorde bonatuurlik en siel gebruik om ’n geloof in “a non–empirical, a ‘spiritual’ part, to people and to many other objects in the world” te beskryf.

10 Alhoewel hy die naam van hierdie nuwe studiegebied geskep het, het Müller (1873) dit begrond op die intellektuele erfenis van die Duitse filosowe wie se soeke na dieper insig in die geskiedenis en ontwikkeling van menslike denke toe reeds ’n lang tradisie gehad het waarbinne die verskillende religieë en mitologieë van die wêreld met mekaar vergelyk is.

11 Die “mistiese en emosionele” aard van die religieuse praktyke van “primitiewe” mense, so het Lévy-Bruhl (1910; 1966) geredeneer, dui daarop dat hulle verstandelik nog in ’n redelose fase van ontwikkeling is.

12 Durkheim se Franse term word in Engels soms as conscience collective, maar meer gebruiklik as collective consciousness vertaal. Soos die Afrikaanse woord bewussyn, het ook consciousness ’n etimologiese oorsprong in die Latynse woord conscientia – “mede(ge)wete” (Harper 2009).

13 Volgens Pinker (2002) het sosiale Darwinisme ’n oorsprong gehad in die wanopvatting dat Darwin se teorie oor organismes se aanpassing by die omgewing nie net biologiese verskille nie, maar ook klasseverskille verklaar. Herbert Spencer, een van Darwin se mees geesdriftige volgelinge, sou byvoorbeeld aanvoer dat maatskaplike ingryping in die lot van diegene – soos die armes – wat “biologies onfiks” is in die pad van gesonde evolusionêre ontwikkeling staan (Pinker 2002:15–6). Alhoewel dié feit toegegee moet word, dien die ontstaan van die eugenetiek nietemin as ’n noodsaaklike waarskuwing dat wetenskap ewemin “goeie” mense kweek as wat religie “slegte” mense skep. Beide wetenskap en religie word deur die mens geskep, gebruik en, ongelukkig ook, misbruik.

14 Die bekende gedig van die imperialistiese digter Rudyard Kipling, “The white man’s burden”, is waarskynlik die mees klassieke uitdrukking van dié veronderstelling. Die kulturele chauvinisme aan die grond daarvan blyk reeds uit die eerste strofe daarvan:

Take up the White Man’s burden –
Send forth the best ye breed –
Go bind your sons to exile
To serve your captives’ need;
To wait in heavy harness,
On fluttered folk and wild –
Your new-caught, sullen peoples,
Half-devil and half-child.

Kipling se beskouing weerklink vandag steeds in klassifikasies soos “Eerste”- teenoor “Derde”-wêreldse lande of, tans meer polities korrek, “ontwikkelde” teenoor “ontwikkelende” lande.

15 Een van die juwele wat vanaf die kroning van Charles II ’n simboliese deel van die kroning van ’n Britse monarg is, is die sg. Sovereign’s Orb. Dié bal van goud, emalje en edelgesteentes word vandag steeds deur die aartsbiskop van Kantelberg in die regterhand van die nuwe monarg geplaas as simbool van Christelike soewereiniteit oor die hele planeet (kyk https://www.royal.uk/coronation).

16 Die woord/term eugenetika – afgelei van die Griekse woord eugenès (eu, “goed”] en genos, “gebore”) – is deur Francis Galton, ’n neef van Darwin, gemunt (Garver en Garver 1991:1109).

17 Die beginsel van die eugenetika, sou Galton betoog,

must be introduced into the national conscience, like a new religion. It has, indeed, strong claims to become an orthodox religious, tenet of the future, for eugenics co-operate with the workings of nature by securing that humanity shall be represented by the fittest races. What nature does blindly, slowly, and ruthlessly, man may do providently, quickly, and kindly. As it lies within his power, so it becomes his duty to work in that direction. The improvement of our stock seems to me one of the highest objects that we can reasonably attempt. (Galton 1904:5; my kursivering)

18 “Eugenics”, so het die slagspreuk van die Tweede Internasionale Eugenetika-konferensie in 1921 gelui, “is the self direction of human evolution” (kyk Laughlin 1923:15).

19 Gobineau se An essay on the inequality of the human races is ’n besonder kru voorbeeld van biologiese rassisme, soos uit hierdie kort uittreksel blyk:

The white race originally possessed the monopoly of beauty, intelligence, and strength. By its union with other varieties, hybrids were created, which were beautiful without strength, strong without intelligence, or, if intelligent, both weak and ugly. Further, when the quantity of white blood was increased to an indefinite amount by successive infusions, and not by a single admixture, it no longer carried with it its natural advantages, and often merely increased the confusion already existing in the racial elements. [...] If mixtures of blood are, to a certain extent, beneficial to the mass of mankind, if they raise and ennoble it, this is merely at the expense of mankind itself, which is stunted, abased, enervated, and humiliated in the persons of its noblest sons. [...] [W]hen the mediocre men are once created at the expense of the greater, they combine with other mediocrities, and from such unions, which grow ever more and more degraded, is born a confusion which, like that of Babel, ends in utter impotence, and leads societies down to the abyss of nothingness whence no power on earth can rescue them. (Gobineau, 1915:4–5; my kursivering)

Die minagting waarmee Brittanje die soewereiniteit van die sogenaamde Boererepublieke verontagsaam het, was bes moontlik in dié opvatting gegrond, aangesien die sogenaamde Boere “eigenlijk bastaards zijn, afkomelinge van slaven–moeders en Hottentotsche vrouwen” (H.T. Colebrander, aangehaal deur Heese 2015:18), “uncivilized ... savages with a thin white veneer” (Lord Kitchener, aangehaal deur Farwell 1976:400).

20 Die oortuiging dat die mens in wese (d.i. kwalitatief) van die (ander) primate verskil, het selfs in die biologie egter nog lank voortbestaan. Die meeste wetenskaplikes het trouens tot die 1980’s aanvaar dat ons wesenlik van die Grootape (die Afrika-ape en die orangoetangs) verskil. Samelopend met meer onlangse genetiese navorsing is argeologiese en paleontologiese ontdekkings egter besig om die grense tussen die mens en die Afrika-ape toenemend te laat vervaag. In meer onlangse taksonomiese klassifikasie word die Afrika-ape daarom as deel van die Homininae – die subfamilie waartoe ons behoort – geklassifiseer. Kyk Hilton-Barber en Berger (2004:13–5) vir ’n meer volledige bespreking.

21 As teologiese sisteem word die mistieke apofatisisme aan Dionisius die Areopagiet – ook bekend as Pseudo-Dionisius – toegeskryf. Dionisius die Areopagiet was vermoedelik ’n Siriese monnik wie se skrywes aan die begin van die sesde eeu begin verskyn het. Die skrywer se ware identiteit en die werklike tyd waarin dié geskifte ’n beslag gevind het, is volgens Durand (2005:91) egter onbekend.

22 In 1215 sou die Kerk tydens die vierde Lateraanse Konsilie amptelike besluit dat Bybelse aansprake simboliese eerder as letterlike waarhede is. Gegee dié feit is dit ironies dat daar eweneens tydens dié konsilie besluit is om meer meedoënloos teen kettery op te tree. Die besluite wat tydens dié konsilie geneem is, is aanlyn beskikbaar by https://www.papalencyclicals.net/councils/ecum12-2.htm.

23 Volgens Armstrong (2009) was die Westerse Kerk se beheptheid met die ontologiese status van die waarheid die gevolg van die druk wat Konstantyn die Grote op die Kerk sou plaas om tydens die Konsilie van Nicea ’n enkele, amptelike geloofsbelydenis te aanvaar.

24 Tot die 18de eeu is epistemologiese sowel as estetiese en selfs etiese redes as gronde vir ’n redelike bewys aanvaar. Kyk Hartshorne en Reese (1953:24–5).

25 Kyk Giddens (1985:215 e.v.) vir ’n sosiale analise van die wyse waarop religie as kategorie gebruik is om die verhouding tussen Westerse en nie-Westerse samelewings te verstaan en te bepaal.

26 Die vertaling van die oorspronklike Aramese en Hebreeuse woorde/terme na die Afrikaanse woord godsdiens is selfs meer problematies.

27 In Die brief van Jakobus, een van die boeke van die Nuwe Testament van die Bybel wat sterk by Jesus se Bergrede (Matt. 5 e.v.) aansluit, lê die skrywer byvoorbeeld sterk klem op regte handeling as (enigste vorm van) ware geloof: “Egte en suiwer godsdiens [religie] is om weeskinders en weduwees in hul moeilike omstandighede by te staan en jou skoon te hou van die besmetting van die wêreld” (Jak.1:27). Van dié “besmetting van die wêreld” hou gelowiges hulself skoon nie deur aan iets bonatuurlik te glo of iets buitengewoon te ervaar nie, maar deur “gewillig te wees om te luister, nie te gou [te] praat nie, en nie te gou kwaad [te] word nie” (Jak.1:19). Trouens, so maan die briefskrywer, “(a)s iemand dink hy is godsdienstig [religieus] maar hy hou nie sy tong in toom nie, bedrieg hy homself” (Jak.1:26; my kursivering).

28 Kyk ook Hadot (1995:3).

29 Dié reis na binne moes egter saam met ander gelowiges onderneem word, ’n benadering wat van die invloed van die Griekse filosofie op die vroeë teologie getuig. Gesprekvoering was immers die hart van die filosofiese leefwyse, “a mode of life that includes as an integral part a certain mode of discourse” (Hadot 1995:156).

30 Die religieuse ordes was nie net verantwoordelik vir die oprigting van hospitale en inrigtings vir sielsiekes nie, maar sou vir eeue ook die personeel verskaf wat die siekes sou versorg (Koenig 2012). Soos religie, het die woord gelowige tydens die Middeleeue dus nie na geloof in abstrakte belydenisse verwys nie, maar na handeling wat van geloof getuig (kyk Armstrong 2009 en Hollywood 2010).

31 ’n Woord waarvan die betekenis eweneens met die verloop van tyd ingrypend sou verander. Askese (σκησις of áskēsis), wat in Grieks “oefening” of “afrigting” beteken, sou weens die sterk invloed van Stoïsynse filosofie op die vroeë kerkvaders ’n bepalende rol in die Christelike tradisie speel. Vandag word dit egter gebruik om te verwys na die “[c]omplete abstinence or restriction in the use of food, drink, sleep, dress, and property, and especially continence in sexual matters” (Heussi, soos aangehaal deur Hadot 1995:128).

32 Hadot (1995) voer oortuigend aan dat die filosofie van die antieke Grieke vanaf ten minste die tyd van Sokrates beskou moet word as ’n soeke na ’n “way of life” wat vir menslike welsyn voordelig sou wees. Hul teoretiese bespiegelinge was dus nie bloot denkgimnastiek nie, maar was ’n soeke na die waarheid waarvolgens hulle hul keuse kon maak. Die vrye wil wat deur hierdie keuse veronderstel word, is dus voorwaardelik. Dit vereis inspannende selfondersoek en kan uitgeoefen word slegs indien ’n persoon oor ware kennis beskik. Kennis was egter nie waar bloot wanneer dit feitelik korrek was nie, maar wanneer dit die persoon in staat stel om met wysheid ’n keuse te kan uitvoer. “Hence, the teaching and training of philosophy were intended not simply to develop the intelligence of the disciple,” sê Hadot (1995:118), “but to transform all aspects of his being – intellect, imagination, sensibility, and will. Its goal was nothing less than an art of living.” Die filosofie van die antieke Grieke was daarom gemoeid met “speaking well, thinking well, acting well, being truly conscious of one’s place in the cosmos” (Hadot 1995:144).

33 Die aannames en norme wat die sosiale en morele orde handhaaf.

34 Vir die doeleindes van hierdie oorsig is studies wat teologies eerder as wetenskaplik van aard is, nie in ag geneem nie, “[n]ot,” in die woorde van Ramachandran (2011:168), “because we know for sure that they are wrong, but because they can’t be tested”.

35 Llinás (2001) meen trouens dat die brein aanvanklik uitsluitlik ter wille van handeling geëvolueer het, ’n redenasie wat hy op die lewe van die sakpyp begrond. Dié klein manteldiertjie van die see begin die eerste fase van sy lewensiklus as ’n larwe met ’n mond en ’n primitiewe oog en brein. Hierdie twee organe stel dit in staat om tot by ’n gunstige omgewing te swem, waar dit sigself deur middel van die mond aan ’n standvastige voorwerp heg. Met geen verdere nut daarvoor nie, word die oog en grootste gedeelte van die brein verteer.

36 “[E]ukaryotic cells,” verduidelik Damasio (2010), “commonly changed their shape and produced tubelike extensions of their body as they moved about, sensing the environment, incorporating food, going about the business of life.”

37 Ramachandran (2011:224) beskryf ’n epileptiese aanval as afwykende, onbeheerde sarsies senuprikkels “that course through the brain the way feedback amplifies through a speaker and microphone”. ’n Aanval in die motoriese korteks van die brein lei tot die kenmerkende spiersametrekkings van ’n grand mal-aanval. Wanneer sodanige aanval egter in die temporale lobbe – ’n area wat deel van die limbiese sisteem vorm – voorkom, is die simptome nie motories nie, maar ervarings en visioene wat fel gevoelens ontlok.

38 Die presiese teenoorgestelde reaksie is volgens hulle egter waargeneem by diegene wat nié TLE-lyers was nie, wie se galvaniese velrespons op erotiese of gewelddadige beelde en konsepte veel sterker is as hul respons op religieuse beelde en konsepte.

39 Onafgebroke en onbeheerste skrywery. Die temporale lobbe is egter nie slegs by gevoelens betrokke nie, maar ook by hoër kognitiewe funksies soos taalbegrip, konseptuele denke en singewing (Smith 2007:194–9). Wanneer ’n elektriese storm hierdie area dus tref – soos tydens temporalelob-epilepsie (TLE) – lei dit volgens Persinger (2001) by sommige TLE-lyers tot wat vandag as die sogenaamde Geschwind-sindroom bekendstaan, die gedragspersoonlikheid wat Norman Geschwind reeds teen 1974 by TLE-lyers waargeneem en aangeteken het (Devinsky en Schachter 2009).

40 Kyk Devinsky en Lai (2008) en Aaen-Stockdale (2012) vir ’n beknopte oorsig van die voorstanders en teenstanders van die hipotetiese verband tussen TLE en hiperreligieuse ervarings.

41 Kyk Allison (1967); Howden (1872); (Leuba) 1896; (Penfield) 1955; Sedman en Hopkinson (1966); Slater en Beard (1963).

42 Sentreringsgebede verskil van ander gebede daarin dat dit nie ’n aktiewe gesprek (met God of Christus) behels nie, maar eerder ’n metode van swygsaamheid is waarin die beoefenaar haarself ontvanklik maak vir ’n ervaring van God of Christus.

43 Newberg en Waldman (2009:462 e.v.) beskryf glossolalie as “praat in tale” en verduidelik dat die vermoë om in tale te praat en dié klanke te verstaan, deur Pinkster-Christene as ’n teken beskou word dat ’n persoon – soos die vroeë Christene – onder die invloed van die Heilige Gees is. Streng gesproke verskil glossolalie (gloss = “tong”, “taal” en lalia = “praat”, “babbel”) egter van xenoglossie (xeno = “vreemde” en glossa = “tong”, “taal”), wat die vroeë Christene se (beweerde) gawe was om in ander tale te kon praat. Xenoglossie, soos Stevenson (1974:1) dit definieer, is “speaking a real language entirely unknown to [the speaker] in his ordinary state”. In 1 Korintiërs 14:19 e.v. maak Paulus dit dan ook duidelik dat die gawe om in tale te praat ten doel het om die Evangelie na ander te versprei. Glossolalie, daarenteen, is ’n ekstatiese uiting van klanke wat slegs vir diegene wat uiting daaraan gee, verstaanbaar is.

44 Dié bevinding geld eweneens vir verskillende tegnieke waarmee dieselfde praktyk beoefen word. Die neurologiese prosesse van diegene wat meditasie toegewyd beoefen, is byvoorbeeld anders as dié van ’n beginner. Insgelyks aktiveer verskillende meditasietegnieke verskillende neurale areas en netwerke (Fox, Dixon, Nijeboer, Girn, Floman, Lifshitz, Ellamil, Sedlmeier en Christoff 2016; Kang, Jo, Jung, Kim, Jung, Choi, Lee, An, Jang en Kwon 2013; Luders, Thompson, Kurth, Hong, Phillips, Wang, Gutman, Chou, Narr en Toga 2014; Preuss 2012; Wang, Rao, Korczykowski, Wintering, Pluta, Khalsa en Newberg 2011).

45 “(T)he sensed presence of a ‘Sentient Being’” verduidelik St-Pierre en Persinger (2006:1079), “can be reliably evoked by very specific patterns of weak (<1microT) transcerebral magnetic fields applied across the temporoparietal region of the two hemispheres … Re-analyses with additional data for 407 subjects (19 experiments) showed that the magnetic configurations, not the subjects’ exotic beliefs or suggestibility, were responsible for the experimental facilitation of sensing a presence”.

46 Persinger het waarskynlik die idee van religieuse ervaring as die gevolg van die aktiwiteite van ’n tweedelige brein by Julian Jaynes gekry, oor wie se teorie van ’n tweekamerbrein hy duidelik baie positief is: “Julian Jaynes’s theories for the nature of self-awareness, introspection, and consciousness have replaced the assumption of their almost ethereal uniqueness with explanations that could initiate the next change in paradigm for human thought” (Persinger 2006:vii).

47 Kyk St-Pierre en Persinger (2006) en Granqvist en Larsson (2006) vir die debat wat in dié proses oor die kwessie ontstaan het.

48 Volgens Godlaski is die term entheogen in 1979 deur 'n groep etnobotaniste in samewerking met kenners van mitologieë geskep: “The term is derived from two words of ancient Greek, ἔνθεος (entheos) and γενέσθαι (genesthai). The adjective entheos translates to English as ‘full of the god, inspired, possessed’, and is the root of the English word ‘enthusiasm’. The Greeks used it as a term of praise for poets and other artists. Genesthai means ‘to come into being’. Thus, an entheogen is a drug that causes one to become inspired or to experience feelings of inspiration, often in a religious or ‘spiritual’ manner” (Godlaski 2011:1217).

49 Ayawaska/ayahuasca is ’n kragtige psigotropiese drank met ’n oorsprong in die Wes-Amasone. Sjamane gebruik dit tradisioneel vir verskillende doeleindes, soos “the diagnosis and treatment of a large variety of ailments, divination, hunting, warfare, and even as an aphrodisiac” (MacRae 1999).

50 Psilosibien is die aktiewe bestanddeel in hallusinogene sampioene (magic mushrooms).

51 Die Boeddha het byvoorbeeld sy rug legendaries gekeer op die beoefening van jogameditasie wat nié poog om deur die plafon van verrukking en saligheid te breek nie. Sodanige state van bewussyn, so het hy op grond van eie ervaring aangevoer, eindig die oomblik wanneer die jogi ophou mediteer (Nyanananda 1974, 2016). In moderne neurowetenskaplike taal het die Boeddha dus nie in ’n tydelik veranderde staat van bewussyn belanggestel nie, maar na ’n durende verandering van die gemoed (citta) gestreef; die “sintuig” waarvan hy geglo het dat dit ’n bepalende rol in menslike nood en lyding speel (Goleman en Davidson 2017).

52 Dit gesê, kan die rol van transendente ervarings in religie nie ontken of onderspeel word nie. In die lig van die eerste afdeling van hierdie hoofstuk behoort die fokus dalk eerder te val op die fisiologiese funksie van sodanige ervarings in emosionele en sosiale homeostase as op ’n sogenaamde god-ervaring.

53 Vir hierdie kwantifisering maak Hamer van die TCI (Temperament and Character Inventory) gebruik, ’n skaal van selfoorstyging wat deur Cloninger, Svrakic en Przybecken (1993) ontwerp is. Lg. navorsers maak daarop aanspraak dat hul skaal drie vlakke van spiritualiteit kan meet: 1) Mistisisme, merkbaar aan die bereidheid om iets te glo selfs al is daar geen wetenskaplike bewyse daarvoor nie; 2) transpersoonlike identifikasie, die gevoel van deel te wees van ’n groter geheel; en 3) selfvergetelheid, die vermoë om ten volle op te gaan in iets, soos ’n spesifieke handeling.

54 VMAT2 staan vir “vesicular monoamine transporter nr. 2”. ’n Vesikel is ’n klein sakkie of blasie wat vog bevat.

55 In sy boek Arrival of the fittest bied die evolusionêre bioloog Andreas Wagner ’n helder oorsig van die onderskeid tussen genotipe en fenotipe en die verbluffende moontlikhede van laasgenoemde: “[A] phenotype like that of a human body is not just a string of DNA. It is a hierarchy of being that descends from the visible organism, its tissues and cells, to the molecular webs formed by metabolic molecules, signaling molecules, and many others, extending down to the level of individual proteins. New phenotypes can originate at each level” (Wagner 2014:33).

56 In sy resensie van The God gene het Zimmer (2004) voorgestel dat die titel van Hamer se boek eerder moes gelui het: “A gene that accounts for less than one percent of the variance found in scores on psychological questionnaires designed to measure a factor called self-transcendence, which can signify everything from belonging to the Green Party to believing in ESP, according to one unpublished, unreplicated study”.

57 Richard Dawkins (2006) sou ’n interessante kinkel aan dié aanname gee. Die hardnekkige voortbestaan van religie, redeneer hy, moet nie verwar word met die beginsels van natuurlike seleksie nie, maar eerder met dié van ’n aansteeklike siekte. Religie is die besmetting van die brein met idees en gedrag wat, soos virusse, van brein tot brein versprei.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning appeared first on LitNet.

The origin and development of Science of Religion: A genealogical investigation

$
0
0

Abstract

The rise of the socio-biological sciences since the last century is a long overdue acknowledgment of Darwin’s (1872) insight that not only our bodies, but also our minds are embedded in a world of organs, cells and genes. One of the consequences of this growing insight was that religion – long regarded as the exclusive domain of the human and social sciences – has increasingly become a subject of study for the biological sciences as well. The purpose of this article is not to critique this biological approach to religion, but to draw attention to the questionable origin and influence of a key assumption at the basis of it, namely that religion can be defined only with reference to the supernatural and/or the extraordinary. This assumption therefore forms the genealogical focal point for an exploratory investigation into the origin and development of scientific studies of religion as such.

Keywords: civilisation; eugenics; evolution; extraordinary; religion; social Darwinism; supernatural

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die ontstaan en ontwikkeling van wetenskaplike studies van religie: ’n Genealogiese verkenning

The post The origin and development of Science of Religion: A genealogical investigation appeared first on LitNet.

People don’t read crime if they don’t have hope

$
0
0

“People don’t read crime if they don’t have hope.” So said Jessica Powers, head of Catalyst Press, quoting the South African author Andrew Brown, during a panel discussion hosted by Micheal Sears on Wednesday 9 December 2020.

The entire discussion can be viewed in the window above. The panellists, who have participated in the event, are:

  • Sifiso Mzobe, author of Young Blood and Searching for Simphiwe, who hails from Umlazi in KwaZulu-Natal, South Africa;
  • Mike Nicol, crime novelist, journalist, and writing teacher from Cape Town, South Africa has a number of books to his name, the latest being Agents of the statePower playOf cops & robbersBlack heartKiller country and Payback;
  • Ameera Patel, an actor, playwright, and poet whose novel Outside the Lines is set in Johannesburg;
  • Jessica Powers, who has lived in and written several novels about KwaZulu-Natal and the US-Mexican border;
  • Bettina Wyngaard, author of VuilspelJagter and Slaafs, who lives in Grabouw, South Africa;
  • Michael Sears, the moderator, who is the co-author of the Detective Kubu series, and a crime book columnist. He lives in Kynsna.

#ReadingAfrica is an annual online event for all publishing companies, readers and authors who want to share their love for African literature.

See also:

The joys of #ReadingAfrica: A panel discussion

Three women providing a catalyst for African literature: An interview

Press Release: #ReadingAfrica #OokInAfrikaans

The post People don’t read crime if they don’t have hope appeared first on LitNet.


Die buiteskerm en dit wat die verstand te bowe gaan: Die getuienis van László Nemes se Son of Saul (2015)

$
0
0

Die buiteskerm en dit wat die verstand te bowe gaan: Die getuienis van László Nemes se Son of Saul (2015)

Dian Weys, onafhanklike navorser

LitNet Akademies Jaargang 17(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Behalwe ’n twee minute lang rolprent, het ons geen filmiese voorstelling van die moord en doodslag wat tydens die Joodse volksmoord plaasgevind het nie. Al het ons vandag verskeie ooggetuienisverslae en beeldmateriaal van bevryde konsentrasiekampe tot ons beskikking, is dit egter TV-reekse soos Holocaust (1973) en films soos Schindler’s list (1993) wat die kykerspubliek van die Joodse volksmoord inlig en hulle kennis daarvan uitbrei. Elie Wiesel en Claude Lanzmann, onder andere, kritiseer egter hierdie films en voer aan dat die Joodse volksmoord nie voorgestel kan word nie en dat daar ’n verbod op voorstelling behoort te wees. Die media speel egter ’n invloedryke rol in ons hedendaagse ervaringsleer en daarom het die klem verskuif van die vraag of die Joodse volksmoord voorgestel mag word na die vraag hoe dit verantwoordelik voorgestel kan word. In Son of Saul (2015) gebruik László Nemes die buiteskermruimte en -klank om die gehoor daarvan bewus te maak dat die Joodse volksmoord nie herken kan word as iets wat in hul verwysingsraamwerk val nie. Kelly Oliver skryf dat ons verby (h)erkenning moet strek en eerder die moontlikheid van getuienis moet bewerkstellig. Ek argumenteer in hierdie ondersoek dat Nemes se tegniese aanslag ten doel het om Son of Saul as getuienis voor te stel. Getuienis maak staat op beide ons vermoë om aangespreek te word en ons vermoë om verantwoordbaar te reageer. Felman en Laub (1992) verduidelik dat wanneer iemand met getuienis gekonfronteer word, hulle aan die getuie se narratief verbind word en ’n verantwoordelikheidsin dus oorgedra word vir iets wat verder as hulle eie belange strek. In teenstelling met passiewe toeskouers, word die gehoor van Son of Saul dus aangemoedig om verby erkenning te strek na iets wat nóg gesien nóg beskryf kan word, en eerder verantwoordelikheid te neem vir dít wat die verstand te bowe gaan. 

Trefwoorde: Shoshana Felman; getuienis; Joodse volksmoord; Dori Laub; László Nemes; Kelly Oliver; Son of Saul; Sonderkommando; transendensie; verantwoordelikheid

 

Abstract

The off-screen and that which surpasses all understanding: Witnessing László Nemes’s Son of Saul (2015)

Except for a two-minute film shot by a German naval sergeant in August 1941, no filmic representation of the extermination of almost six million Jews during the Holocaust exists. Although we have several eyewitness accounts and footage of liberated concentration camps, knowledge of the Holocaust is transmitted today primarily through fictional representations of TV shows such as Holocaust (1973) and films such as Schindler’s list (1993) (Insdorf 2003:xviii). Elie Wiesel and Claude Lanzmann, among others, criticise these representations and argue that the Holocaust is an ontological phenomenon that is “located beyond understanding” (Wiesel in Insdorf 2003:xviii) and that there should be a “ban on [its] depiction” (Lanzmann 1994). Nevertheless, due to growing scepticism regarding its representability, the ubiquity of the media, the proliferating representations of the Holocaust and the pedagogical influence thereof, the question has shifted from “whether the event could or should be represented to the question of how it might adequately or responsibly be represented” (Saxton:2008:2).

In 2015, Hungarian filmmaker László Nemes entered the contentious arena of representing the Holocaust when his film Son of Saul (2015) won the Grand Prix at the 68th Cannes Film Festival. Son of Saul tells the story of a member of the Sonderkommando in Auschwitz who tries to find a rabbi in order to bury a dead boy. Since classical realism refers to an “excessively obvious cinema” (Bordwell et al. 1985:1) that divides the narrative in an “order/disorder/order-restored” triad and is driven by the main character (Hayward 2013:80), Nemes and his co-writer Clara Royer adhere to a narrative structure that contains the “basic outline of the universal mythological formula of the adventure of the hero” (Campbell 2004:20). What distinguishes Son of Saul from other mainstream Holocaust films, however, is how Nemes juxtaposes the film’s content with its form. Nemes opts for a modernist form of representation that rejects an omnipresent point of view and, instead, limits the film’s scope to Saul’s perspective. I argue that by representing the unrepresentable extermination of the Jews through the use of the off-screen space and sound, Nemes puts the audience’s imagination to the test and, as a result, that which should be imagined becomes unimaginable.

Nemes therefore makes his audience aware that the Holocaust is an unfamiliar event that exceeds their understanding. The unfamiliarity of the Holocaust, however, can be experienced only if the audience recognises it as such. How do we recognise something that is unfamiliar? Oliver (2001:9) argues that one’s recognition falls short when one is confronted with an experience that falls outside one’s own lived experience, because recognition requires that otherness assimilates into something familiar and, as a result, something recognisable. Oliver therefore argues that ethics requires us to move beyond recognition and, as an alternative, to enable the possibility of witnessing.

In this essay I therefore argue that Nemes’s technical approach aims to represent Son of Saul in the form of a testimony, which, as a result, encourages the audience to become mediated witnesses. My discussion of Son of Saul follows the course of the narrative. First I explore Nemes’s technical approach through the lens of Noël Burch’s film theory on the off-screen space, as well as Jean Luc Nancy’s theory of listening. After mapping the ways in which Nemes uses the off-screen space and sound to encourage audiences to participate and to imagine the unimaginable, I turn to the work by Shoshana Felman, Dori Laub and Kelly Oliver on testimony and witnessing. Since witnessing relies on both our ability to be addressed (address-ability) and our ability to respond (response-ability) to the address (Oliver 2001:7), I argue that Nemes has a responsibility to address his audience in such a way that they are encouraged to respond to the testimony of Son of Saul.

When one is confronted by a testimony of the Holocaust, however, one is faced with the inexorable and unavoidable existential questions of death and the meaning of life (Felman and Laub 1992:72). Viktor Frankl (2007:122), a Holocaust survivor, writes that we have to bear our incapacity to grasp the meaning of life in rational terms. We can only, instead, answer the question of our life by being responsible (2007:113–4). In a similar way, I conclude the essay with the final transcendental moments of Son of Saul by arguing that, unlike passive spectators, the audience is encouraged to move beyond recognition to something that can neither be seen nor described, but rather to take responsibility for that which surpasses all understanding.

Keywords: Shoshana Felman; Holocaust; Dori Laub; László Nemes; Kelly Oliver; responsibility; Son of Saul; Sonderkommando; transcendence; witnessing

 

1. Inleiding: Film, die Joodse volksmoord en Son of Saul

In 1941 is die Duitse vlootsersant Reinhard Wiener beveel om die vloot in Letland te verfilm. Hy het toe een oggend in Augustus in die dorpie Liepaja met sy 8 mm-kamera gaan stap, maar ’n soldaat het hom voorgekeer en gewaarsku dat iets verskrikliks ’n ent verder gaan plaasvind. Wiener het steeds ondersoek gaan instel en ’n groep Duitse soldate langs ’n sloot sien staan. ’n Vragmotor het nader gery en ’n klomp mense afgelaai wat geel laslappies op hulle klere gehad het. Wiener het sy kamera uitgehaal en vir die daaropvolgende twee minute op film vasgelê hoe ’n vuurpeloton die mense wat van die vragmotor afklim en na die sloot hardloop, voor die voet afmaai (Hirsch 2004:1). Drie maande vroeër, ongeveer Junie 1941, het die hooggeplaaste Duitse SS- en polisiebeampte Reinhard Heydrich aan spesiale taakmagte (Einsatzgruppe) die bevel gegee om alle Joodse gevangenes tereg te stel (Friedländer 2007:207). Heinrich Himmler, een van die voorste lede van die Nazi-party, het later ook alle verfilming verbied en daarom is Wiener se twee-minuut-getuienis van die Joodse volkslagting, waartydens ongeveer ses miljoen1 Jode gesterf het, die enigste rolprent wat bestaan (Hirsch 2004:2).

Sedertdien het filmiese voorstellings die vernaamste wyse geword waarop ons nie net van die Joodse volksmoord te wete kom nie, maar ook waarop ons kennis daarvan uitbrei en ontwikkel. In Indelible shadows: Film and the Holocaust (2003) skryf Annette Insdorf (2003:xiii) dat sy eers nadat sy Alain Resnais se dokumentêr Night and fog (1955) gesien het, werklik kon begryp wat haar ouers verduur het. Al het haar ouers haar stuk-stuk vertel, was dit eers deur ’n film dat sy betekenis aan hulle ervaring in die konsentrasiekampe kon gee. Dit het haar, en talle ander kritici, die vraag laat vra: Hoe groot is die rol van films in die bewusmaking en kontemporêre verstaan van die Joodse volksmoord?

Al is filmiese voorstellings van die Joodse volksmoord onderhewig aan kommersiële vereistes en loketaantrekkingsfaktore soos eenvoudige intriges, geweld en seks, word massagehore2 steeds deur middel van rolprente oor die Joodse volksmoord ingelig (Insdorf 2003:xvii). Kennis van die Joodse volksmoord sal in die toekoms nie deur primêre bronne soos ooggetuienis en argiefbeeldmateriaal van bevryde konsentrasiekampe opgedoen word nie, maar eerder deur fiktiewe voorstellings daarvan (Insdorf 2003:xviii). Die NBC-televisieminireeks Holocaust (1978) was een van die eerste voorstellings wat vir hoofstroomgehore gemaak is (Insdorf 2003:4) en het ’n geweldige uitwerking op die sosiale bewussyn gehad (Axelrod 2019). Nagenoeg 120 miljoen Amerikaners het Holocaust op televisie gekyk, terwyl amper ’n derde van Wes-Duitsland se bevolking, 20 miljoen inwoners, ingeskakel het. Voorheen was daar meestal net dokumentêre programme wat syfers en feite weergegee het, maar dit was die eerste hoofstroomdrama hierdie wat die Joodse volksmoord voorgestel het. Selfs die woord Holocaust het na die televisiereeks ’n algemene gebruiksterm in die Duitse taal geword (McGuinness 2019). Holocaust het daarom aan ’n jonger geslag ’n nuwe perspektief van die Jode en Auschwitz gebied en dus, nes talle films daarna, ’n pedagogiese rol ten opsigte van die Joodse volksmoord aangeneem (Jean-Paul Bier in Insdorf 2003:6).

Figuur 1. Die NBC-produksie Holocaust (1978)

Die minireeks het ’n ongelooflike emosionele uitwerking op kykers gehad, baie groter as vorige film-, televisie- en teaterproduksies (Huyssen 1980:117). Wiesel (1978:75) skryf egter dat Holocaust die ontologiese gebeurtenis van die Joodse volksmoord in ’n sepie verander deur gedwonge fiktiewe situasies te skep, die narratief met ongeloofwaardige toevallighede te punkteer, en gebeurtenisse met sentiment te paai. Enige emosionele reaksie van die kyker as gevolg van die melodramatiese voorstelling sou dan om die verkeerde redes wees. Afgesien van die historiese onakkuraathede, is dit vir Wiesel meer ontstellend dat die televisiereeks ’n omvattende vertelling van die Joodse volkslagting voorstel – dit wat vóór, tydens en ná die tyd gebeur het; met ander woorde, die Jode se onteiening, die beslaglegging op hulle besittings en die wegvoer na die konsentrasiekampe. Verder vind ’n wye verskeidenheid van gebeure met die fiktiewe Weiss-familie plaas. Die familie se verhaal is só verwerk dat hulle die volgende ontstellende gebeurtenisse ervaar: die Kristallnacht in 1938; die rol van Reinhard Heydrich, Heinrich Himmler en Adolf Eichmann; die Aktion T-4-uitwissingsprogram; die massamoord by Babi Jar in 1941; die Warskou-ghetto-opstand in 1943; die konsentrasiekampe in Buchenwald, Theresienstadt en Auschwitz; die rol van die Sonderkommando; die opstand in die Sobribor-konsentrasiekamp; die einde van die Tweede Wêreldoorlog en die bevryding van die konsentrasiekampe. Al hierdie gebeurtenisse word deur middel van ’n klassieke Hollywoodstruktuur en melodramatiese narratief voorgestel, sodat die kyker ’n skynbaar outentieke voorstelling aangebied word (Hirsch 2004:4). Sodoende word ’n alom vertelling van die Joodse volksmoord voorgestel en gehore ’n omvattende weergawe daarvan gebied.

Wiesel (in Insdorf 2003:xi) skryf dat baie oorlewendes en ooggetuies lank geweier het om oor hulle ervaringe te praat, omdat die ontologiese gebeurtenis van die Joodse volksmoord buite menslike begrip val: Niemand sou dit verstaan nie. Die dodelike veldtog teen die Jode en die ondenkbare uitwerking daarvan het ons van enige vorm van beskrywing ontneem. Tog móét dit oorvertel word. Wiesel (1978:75) vra hoe die nagedagtenis van die slagoffers gerespekteer kan word en, as ons dit wél voorstel, hoe ons kan verhoed dat die slagoffers vir ’n tweede keer “vermoor” word. Al glo hy dat hierdie historiese gebeurtenis sonder twyfel onthou moet word, is dit sy vrees dat “die Joodse volksmoord eendag gedeeltelik gemeet en beoordeel gaan word deur die NBC TV-produksie wat dieselfde naam dra” (1978:75).3

Wiesel is nie die enigste kritikus wat glo dat die Joodse volksmoord onvoorstelbaar is nie. Jacques Rivette, een van die lede van die Franse nouvelle vague, het al in 1961 die uitbeelding van die Joodse volksmoord aangespreek toe hy ’n toneel in Gillo Pontecorvo se Kapò (1960) hewig gekritiseer het. In hierdie film pleeg Emmanuel Riva se karakter, ’n Joodse gevangene in ’n konsentrasiekamp, selfdood deur haarself teen ’n elektriese doringdraadversperring te werp. Terwyl sy doodgeskok word, gebruik Pontecorvo ’n spoorskoot (“tracking shot”) om nader aan Riva te beweeg en die skoot op te wip (“pan”), met haar arms en hande só geposisioneer dat dit bydra tot die skoot se estetiese waarde. Rivette (1961) herroep Luc Mollet en Jean-Luc Godard se stelling dat “spoorskote ’n kwessie van moraliteit is”4 en dat aangesien die dood van ’n Joodse gevangene geëstetiseer word, Pontecorvo “niks anders as ons absolute minagting [verdien] nie”.

Figuur 2. Die spoorskoot en Emmanuel Riva se dood in Gillo Pontecorvo se Kapò

Benewens die estetisering van die Joodse volksmoord bied die blote voorstelling daarvan ook slaggate vir die filmmaker. In sy lewensbeskrywing, If this is a man (oorspronklik in 1947 gepubliseer), beskryf Primo Levi hoe Auschwitz net voor bevryding gelyk het: “Ragged, decrepit, skeleton-like patients at all able to move dragged themselves everywhere on the frozen soil, like an invasion of worms” (Levi 1969:188). Hoe kan uitgeteerde Jode visueel as indringerwurms voorgestel word? Moet brandmaer akteurs in modder voor die kamera swoeg en sweet sodat toeskouers kan sién hoe dit was? Was dit werklik só? Vir Louvish (1994:15) mag ons as kykers nie verbruikers van só ’n beeld wees nie; ons kan net ons gebrekkige verbeelding inspan wanneer ons met iemand se getuienis gekonfronteer word. Gebrekkig, want ons kan nie verstaan nie. Daarom waarsku Levi (1987:213) teen die versoeking om die Joodse volkslagting te verstaan, omdat “verstaan” veronderstel dat dit “vervat kan word, dat jy die outeur in bedwang kan hou, dat jy jouself in sy plek kan plaas en dus met hom kan identifiseer”. Claude Lanzmann, die regisseur van die nege uur lange dokumentêr Shoah (1985), wat ooggetuienisse van die Joodse volksmoord verfilm het, sluit by Levi aan met kritiek op Spielberg se Schindler’s list (1994):

Die Joodse volkslagting is uniek in die sin dat dit ’n ring van vuur as grens rondom homself bou wat g’n mens kan oortree nie, omdat sekere gruwels nie oorgedra kan word nie. Indien mens voorgee dat dit tóg voorgestel kan word, is jy skuldig aan ’n uiterse onbeskoftheid. Fiksie is ’n oortreding [en] ek is diep oortuig dat daar ’n verbod op voorstelling is. (Lanzmann 1994)

Daar is egter ’n teenargument. Na Holocaust se vrystelling op televisie het Wiesel die Joodse aktrise Tovah Feldshuh gekonfronteer oor haar betrokkenheid by die minireeks. Sy het geantwoord dat sy saamstem dat die Joodse volksmoord afstootlik was en dat geen uitdrukking daaraan gegee kan word nie. Sy het egter volgehou dat die minireeks nie vir Wiesel gemaak is nie, maar eerder “vir mense wat dink dat die Joodse volksmoord nooit gebeur het nie” (Feldshuh in Axelrod 2019). Die Poolse filmregisseur Agnieszka Holland het ook gesê dat aangesien so min oorlewendes hulle ervaring na die oorlog wou deel, haar film Europa Europa (1990) een van die eerste films was wat aan daardie ervaringe erkenning gegee het. Al stem sy saam dat die eksistensiële gruwels van die Joodse volksmoord nooit ten volle voorgestel kan word nie, erken sy dat mense “eers ná films soos Holocaust en Schindler’s list empatie en ’n verantwoordelikheidsin ontwikkel het” (Holland in Elmore 2019). Feldshuh en Holland se opmerkings sluit aan by Hirsch en Insdorf wat ’n mens herinner dat ’n minireeks soos Holocaust meer bewusmaking geskep het as die films en dokumentêre wat dit voorafgegaan het. Dokumentêre films soos Night and fog (1955) en narratiewe films soos The pawnbroker (1965) het die klassieke-realistiese vorm van filmnarratief verwerp in ruil vir ’n modernistiese voorstelling. Holocaust se sukses dui egter, volgens Huyssen (1980:118–9), op die tekortkominge van sulke modernistiese voorstellings om bewusmaking te skep en sosiale verantwoordelikheid te bewerkstellig.

In 2015 het die Hongaarse film Son of Saul (2015) deur László Nemes die Grand Prix-prys by die Cannes-filmfees verower. Sommige lede van Nemes (2015:6) se familie is in Auschwitz vermoor en daarom was hy nog altyd gefrustreerd met hoe die Joodse volksmoord uitgebeeld is. Hy voer aan dat baie films “nie die situasie van die individu tydens die Joodse volksmoord weergee nie, maar dat dit eerder uit ’n eksterne posisie vertel word wat staat maak op ons postoorlog perspektief” (Nemes in Klug 2015). Son of Saul is daarom, in baie opsigte, die antitese van films wat oor die Joodse volksmoord handel, omdat die meeste films die gehoor op die ou end gerusstel deur op ’n noot van oorlewing en heldhaftigheid te eindig. Oorlewing tydens die Joodse volksmoord was egter nie die reël nie, maar eerder die uitsondering op die reël, omdat die doel met die Joodse volksmoord was om mense uit te wis (Nemes in Pfefferman 2015).

Son of Saul vertel die verhaal van Saul Ausländer (Géza Röhrig) wat in Auschwitz-Birkenau se krematoriums as ’n Sonderkommando-lid werk. Die Sonderkommando was meestal Joodse gevangenes wat die SS-lede gehelp het om Jode na die gaskamers te lei. Nadat die Jode vergas is, moes die Sonderkommando die bloed en ontlasting skoonmaak, goue tande verwyder, hare afsny en dan die lyke na die oonde vervoer (Shirer 1959:971). Nadat al die lyke verbrand is, is die as oor die Solarivier uitgestrooi en die Jode se besittings na die stoorplek “Kanada” gestuur (Friedländer 2007:508). Aan die begin van die film gewaar Saul egter ’n jong seun wat die vergassing net-net oorleef het, maar ’n Nazi-dokter versmoor hom oomblikke later en gelas ’n nadoodse ondersoek. Saul neem die besluit om die slagoffer ’n waardige Joodse begrafnis te gee. Hy hou ook vol dat hierdie slagoffer sy eie seun is en probeer om deur die verloop van die narratief ’n rabbi te vind om die Kaddisj5 vir die begrafnis voor te dra. Saul se doelgerigtheid om hierdie plan uit te voer trek hom in by ’n reeks insidente oor ’n periode van 24 uur. Hy raak betrokke by ’n plan om Auschwitz se gruweldade te fotografeer sodat hy na die Solarivier kan gaan om ’n rabbi te soek; dan word hy gevra om buskruit uit “Kanada” te smokkel, waarna hy ’n rabbi in die middel van die woud soek waar Jode tereggestel word; en op die ou end raak hy betrokke by die Joodse opstand van Auschwitz (wat die verhaal tussen 6 en 7 Oktober 1944 vestig). Só kom hy tot sterwe.

Al het hy gesê dat daar ’n verbod op die voorstelling van die Joodse volksmoord is, het Lanzmann (2016) tog van Nemes se film gehou. Aangesien geen persoon die gaskamers oorleef het nie, kon daar geen getuies wees nie en daarom kan dit nie voorgestel word nie. Lanzmann wys egter daarop dat Son of Saul nie oor die slagoffers van die gaskamers handel nie (asook nie ’n alom(teenwoordige) vertelling van die Joodse volksmoord bied nie), maar eerder die narratief beperk tot die perspektief van ’n Sonderkommando-lid. Behalwe geskiedkundige navorsing het Nemes (2015:6–7) die draaiboek gebaseer op die ooggetuieverslae wat neergepen en in Auschwitz begrawe was deur Sonderkommando-lede wat later vermoor is. Hy het ook die getuienisse geraadpleeg van oorlewende Sonderkommando-lede soos Filip Müller en Shlomo Venezia en ’n Hongaarse dokter genaamd Miklós Nyiszli wat by die krematoriums gewerk het (dié is ook ’n karakter in die film). Nemes het ook op Shoah se getuienisse staatgemaak, veral dié van die Sonderkommando-lid Abraham Bomba. Die filmresensent Jonathan Romney (2015:24–5) het by Lanzmann se lofprysing aangesluit deur aan te voer dat Son of Saul nóg melodramaties is nóg op verlossing fokus, maar eerder op die banale dog ontstellende roetine van dié wat agter die skerms gewerk het. Die verbod op voorstelling van die Joodse volksmoord is deur Nemes tegelyk verbreek én nagekom, omdat hy versigtig tussen versteking en onthulling wissel: Ons sien skaars ’n gruweldaad voor dit uit fokus verdwyn, en daarom word dit as onderwerp van oorweging en nadenke geweier.

Ander kritici stem egter nie saam nie. Manohla Dargis (2015) van The New York Times skryf dat Son of Saul “drasties gedehistoriseer” en “intellektueel afstootlik” is, omdat Nemes se keuse om die gruwels buite die skerm te plaas al die skreeuende, huilende en verdoemde slagoffers tot anonieme agtergrond laat verdof. Stefan Grissemann (2015:28–9) van Film Comment skryf dat Son of Saul ’n opportunistiese en hoogs problematiese film is: Aangesien die narratief in Auschwitz-Birkenau in Oktober 1944 gevestig is, belaai Nemes die film outomaties met spanning. Grissemann vra of films ’n milieu soos dié vir spanningsdoeleindes mag gebruik, en al vind die meeste van die gruwels buite die skerm plaas, wonder Grissemann hoe Nemes hom die klanke van mense wat vergas en verbrand word, ingedink het en op grond daarvan nageboots het. Daarom is Son of Saul ’n film van uitbuiting – nie ten spyte van nie, maar juis as gevolg van Nemes se tegniese vernuf.

Geld Lanzmann se verbod dan net vir sekere voorstellings of moet die verbod te alle tye nagekom word? Die Sonderkommando-lid Filip Müller (1979:4) skryf as ooggetuie dat sommige gevangenes self nie die onreg van Auschwitz kon begryp nie, omdat die waardes en wette wat die basis van Westerse beskawing bepaal het, in Auschwitz uitgedien was. Hoe kan die onvoorstelbare voorgestel word? Die feit bly staan dat filmiese voorstelling die vernaamste wyse geword het waarop die Joodse volkslagting oorvertel, verstaan en begryp word. Daarom skryf Saxton (2008:2) dat die klem moet verskuif van die vraag of die gebeurtenis mag voorgestel word na hoe dit voldoende of verantwoordelik voorgestel kan word. Aangesien ons al hoe verder van die werklikheid van Nazisme wegbeweeg en nader aan troostende mites en filmiese voorstellings daarvan kom (wat veroorsaak dat die kompleksiteit afgeskud word in ruil vir eenvoud en begrip), skryf Insdorf (2003:4) dat filmmakers se verantwoordelikheid verwant moet wees aan die erns van die onderwerp. Die Joodse volksmoord moet verantwoordelik benader word: Filmmakers en gehore moet kan erken dat dit nooit ten volle voorgestel of verstaan kan word nie.

Hirsch (2004:5) argumenteer dat geen historiese voorstelling ons in elk geval toegang tot die waarheid bied nie6 en stel daarom voor dat filmiese voorstellings van die Joodse volksmoord as beginpunt die kwessie van getuienis moet gebruik. Ek argumenteer daarom dat Nemes se tegniese aanslag ten doel het om Son of Saul in die vorm van ’n getuienis voor te stel. Gehore word as gevolg daarvan aangemoedig om as bemiddelde getuies van die film toe te tree.

My bespreking van Son of Saul volg die verloop van die narratief. Eers verken ek Nemes se tegniese aanslag deur die lens van Noël Burch se filmteorie oor die buiteskermruimte en Jean-Luc Nancy se teorie oor “om te luister”. Nadat ek die buiteskermruimte en -klank omskryf het, verwys ek na die werk van Shoshana Felman, Dori Laub en Kelly Oliver oor die aflê van getuienis. Ek illustreer hoe Son of Saul as getuienis die gehoor bewus daarvan maak dat die Joodse volksmoord nie herken kan word as iets wat in hul verwysingsraamwerk val nie. In stede daarvan word die gehoor aangemoedig om verby (h)erkenning te strek en te reik na ’n betekenis wat die verstand te bowe gaan.

 

2. Die buiteskermruimte en -klank: Son of Saul en die gehoor se verbeelding

Nemes handhaaf in Son of Saul ’n balans tussen ’n klassieke-realistiese aanslag en ’n modernistiese voorstelling. Saul se missie om ’n rabbi vir sy seun se begrafnis op te spoor voldoen aan die vereistes van klassieke realisme.7 Klassieke realisme in film is afkomstig van teatrale melodrama en het Hollywood-produksies gedurende die 1930’s en 1960’s oorheers. Hierdie styl beïnvloed vandag steeds hoofstroomfilms (Hayward 2013:80). Klassieke realisme lewer ’n “voor die hand liggende” soort film wat poog om alles verstaanbaar en ondubbelsinnig aan gehore voor te stel (Bordwell e.a. 1985:1). Die narratief van klassieke-realistiese films word in drie bedrywe verdeel wat deur die hoofkarakter gedryf word (Hayward 2013:80).

Saul is ’n proaktiewe karakter met ’n duidelike doelstelling in ’n omgewing waar sy pogings deurentyd in die wiele gery word. Met die verloop van die narratief verhoog die spanning met betrekking tot Saul se doelwit terwyl hy homself en die mense rondom hom in gevaar stel. Nemes en sy medeskrywer, Clara Royer, bou die narratief met ’n begin, middel en einde en verwerk die verloop daarvan met stygende en dalende aksie en voldoen dus aan Aristoteles (Baxter en Atherton 1997:71) se vereistes van narratiewe struktuur. Die begrip narratiewe struktuur is verder deur Joseph Campbell ontwikkel om die strukture van mites te omskryf8 en is deur Christopher Vogler op die struktuur van draaiboeke toegepas.9 Son of Saul se narratiewe struktuur voldoen dus aan ’n basiese struktuur wat, ongeag die epog of kultuur, ’n universele mitologiese formule van die held se avontuur behels (Campbell 2004:20).

Populêre films wat die held se avontuur in die milieu van die Joodse volkslagting plaas, voldoen aan die beginsels van klassieke realisme. Hierdie beginsels behels dat die protagonis met ’n konflik of probleem gekonfronteer word, en deur die konflik dan te bestuur, ondergaan die karakter(s) ’n transformasie (Kerner 2011:31). Twee bekende voorbeelde hiervan is Schindler’s list en Life is beautiful (1997). In Schindler’s list is Oskar Schindler ’n suinige nyweraar wat daarop uit is om geld te maak. Hy neem Jode in diens, maar word gou met die probleem gekonfronteer dat indien die Jode nie in sy fabriek werk nie, hulle vermoor sal word. Nadat hy 1 200 Jode red, word hy ’n ring as geskenk gegee met ’n gedeelte van die Talmud ingegraveer: “Whoever saves one life saves the world entire.” Schindler erken dan, met trane in sy oë, dat hy aan die begin selfsugtig was en nog meer Jode kon red. In Life is beautiful word Guido Orefice (Roberto Benigni) gekonfronteer met die moontlikheid dat sy seuntjie onherroeplike trauma sal ervaar. Deur die konsentrasiekamp voor te gee as ’n kompetisie om ’n oorlogstenk te wen, beredder Guido nie net sy seuntjie se onskuld nie, maar word hy ook as vaderfiguur verheerlik. Die Joodse volkslagting dien in albei voorbeelde as ’n effektiewe agtergrond om dramatiese konflik en die karakterontwikkeling van Oskar en Guido te bewerkstellig.

Figuur 3. Oskar Schindler ontvang die ring en huis daarna in Schindler’s list (1994)

Figuur 4. Guido Orefice en sy seun in Life is beautiful (1997)

Saul se begeerte om die seun ’n waardige Joodse begrafnis te gee, voldoen ook aan hierdie narratiewe formule. Wat Son of Saul egter van bogenoemde films onderskei, is dat Nemes se tegniese aanslag in stryd met dié van klassieke realisme is. Modernistiese films bevraagteken, volgens Hayward (2001:237), die wyse van voorstelling. Waar klassieke-realistiese films soos Schindler’s list en Life is beautiful die gehoor ’n omvattende uitbeelding bied, verwerp Nemes ’n alom vertelling van die Joodse volksmoord en beperk in teenstelling daarmee die verhaal in sowel tyd as ruimte. Die filmkamera bly deurentyd by Saul: Nemes wend die tradisionele 1:1,33-beeldverhouding aan, bly by Saul se ooghoogte, gebruik ’n vlak velddiepte en skiet in langskote (die film bestaan uit slegs 85 skote). Deur die gehoor tot Saul se perspektief10 te beperk, is Nemes in staat om die ruimte buite die skerm effektief aan te wend.

Figuur 5. Die verfilming van Son of Saul (2015)

2.1 Die buiteskermruimte van Son of Saul

Noël Burch gebruik Jean Renoir se film Nana (1926) om drie tegnieke te beskryf wat die area buite die skerm (buiteskerm) vir die gehoor bevestig. Die eerste is deur die “toetreding tot of uittreding uit die skerm”, wat veroorsaak dat die buiteskermruimte in die kyker se geheue vorm elke keer as daar ’n toetreding of uittreding plaasvind (Burch 1969:18). In die openingstoneel van Son of Saul is alles uit fokus: Skerm-links is ’n dowwe beeld van twee bome waarlangs (klaarblyklik) twee kinders speel, met ’n bruin heuweltjie in die voorgrond en groen gras in die agtergrond. Drie figure kom in die verte te voorskyn en loop al hoe nader. Terwyl die voorste figuur oor die heuweltjie loop, spring die twee kinders op en hardloop skerm-links en verdwyn buiteskerm. Die voorste figuur loop tot in ’n nabyskoot en kom uiteindelik in fokus: Dit is Saul. Net daarna verskyn nog ’n karakter van skerm-links en sê vir Saul: “Kom ons gaan.”

Hierdie eenvoudige dog effektiewe 37 sekondes van die openingstoneel vestig die bestaan van ’n speelruimte wat nie binne die skerm se omvang plaasvind nie. Hierdie beginsel vermenigvuldig soos wat die openingstoneel se langskoot voortduur: Saul loop vorentoe en help ’n vrou van die grond af op; sy verdwyn skerm-links en Saul draai na die talle ander Jode wat die skerm (uit fokus) in die agtergrond toetree. ’n Wye verskeidenheid karakters tree tot die skerm toe en tree weer uit en, namate die verloop van die langskoot en die karakters saam in een rigting beweeg, word die bestaan van ’n bestemming aan kykers voorgestel (wat later as die krematorium bekend word).

Figuur 6. Die openingstoneel van Son of Saul – die eerste voorbeeld van die gebruik van die buiteskermruimte

’n Tweede manier om die buiteskermruimte te beklemtoon is deur ’n karakter buiteskerm te laat kyk (Burch 1969:20). Soos Saul die Jode begelei, word daar ewe skielik “Halt!” buiteskerm geskree. Saul reageer deur om te draai, sy hande in die lug te steek en skerm-links te kyk. Hy kyk in die rigting waar die bevel buiteskerm plaasgevind het, en deur kykers die omkeerskoot te weier, beklemtoon Nemes die ruimte buite die skerm. Dit wat Saul sien, tesame met die geluid van ’n sweep en ’n geskree, veroorsaak dat die buiteskermruimte “net so belangrik word, indien nie méér belangrik nie, as die persoon wat in die skerm se ruimte sigbaar is” (Burch 1969:20).

Figuur 7. Saul reageer op ’n bevel-uitroep – die tweede voorbeeld van buiteskermruimte

’n Derde manier om die buiteskermruimte te beklemtoon is om ’n karakter só te plaas dat ’n gedeelte van sy liggaam buite die skerm uitsteek (Burch 1969:21). Nadat die Jode vergas is, maak die Sonderkommando-lede die gaskamer skoon. Die kamera bly deurentyd naby Saul, wat verhoed dat kykers ’n deeglike uitleg van die gaskamer te siene kan kry. Sy kop, skouers en rug neem die meeste van die skerm oor, wat die kyker se oë na die rand van die skerm dwing om die half-versteekte lyke in die agtergrond te probeer sien. Al word dit afgelei dat Saul die vloer skoonmaak, veroorsaak die kamera se nabyheid dat Saul en die res van die Sonderkommando-lede se handewerk in die buiteskermruimte plaasvind. Sodoende speel die buiteskermruimte ’n groot rol in hoe die kykers beide Saul se skoonmaakverpligtinge en die res van die gaskamer ervaar.

Figuur 8. Saul maak skoon – die derde voorbeeld van buiteskermruimte

Nemes se streng gebruik van die buiteskermruimte dien ’n belangrike funksie. Burch (1969:21–2) skryf dat in al drie voorbeelde die buiteskerm in twee kategorieë verdeel kan word, naamlik denkbeeldig en konkreet. Sodra een van die bogenoemde tegnieke gebruik word, is die buiteskermruimte denkbeeldig. Die buiteskermruimte sal egter denkbeeldig bly tensy ’n wyeskoot, omkeerskoot of enige kamerabeweging die ruimte konkreet voorstel. Nemes weier meestal om die buiteskermruimte konkreet voor te stel en moedig dus sy kykers aan om die denkbeeldige buiteskermruimte in hulle gedagtes te sien. Burch (1967:24) skryf dat sedert Nana, asook Ewald André Dupont se vegtoneel in Variety (1925), die buiteskermruimte een van die vernaamste wyses geword het om gebeurtenisse te “suggereer wanneer regisseurs glo dat dit te fasiel sou wees om dit voor te stel” (Burch 1967:24). Nemes stel nie voor wat in die gaskamer gebeur nadat die Jode ingejaag word nie. Deur die gehoor te beperk tot Saul se perspektief, sit gehore óók met ’n beperkte voorstelling van die werklikheid, omdat “niemand al die elemente tot hul beskikking het nie; almal het net fragmente waarmee hulle probeer om ’n beeld te konstrueer” (Nemes 2015:9). Die gebruik van die buiteskermruimte dien daarom as ’n effektiewe manier om die gehoor aan te spoor om hulle verbeelding in te span.

In enkele dog spesifieke gevalle stel Nemes tog die buiteskermruimte konkreet voor. Terwyl Saul skoonmaak, hoor hy ’n gehyg en word daarvan bewus dat sy mede-Sonderkommando-lede onrustig raak. Hy draai om, kyk skerm-regs en loop stadig vorentoe. Die kamera swenk en volg Saul na links soos hy sy oë op die hygende bron buiteskerm vestig. Twee ander Sonderkommando-lede tel die slagoffer op en Saul kyk agterna terwyl hy weggedra word. Die slagoffer beset steeds die buiteskermruimte soos Saul stadig agterna loop. Eers nadat die slagoffer op ’n stuk hout neergelê is, sny Nemes na ’n mediumskoot en stel die jong seun bekend (dit is ook die derde sny na nege minute van die film tot dusver). Die seun bly dus denkbeeldig totdat die snit na die mediumskoot hom konkreet voorstel. Aangesien dit die eerste keer is waar ’n denkbeeldige beeld deur redigering in ’n konkrete beeld omskep word, word die seun se rol in die narratief beklemtoon.

Figuur 9. Saul sien die seun – die denkbeeldige buiteskermruimte sny na ’n konkrete ruimte (in rooi)

Bo en behalwe om die gehoor hulle verbeelding te laat inspan, verkies Nemes om die buiteskermruimte te gebruik omdat hy ’n probleem aangaande die beeld het. Wanneer Saul te hore kom van ’n rabbi wat by die Solarivier werk, kry hy dit reg om die krematorium tydelik te verlaat deur betrokke te raak by ’n plan om foto’s van die konsentrasiekamp te neem. Nemes (2015:9) skryf dat die toneel deur vier foto’s geïnspireer is wat in Augustus 1944 werklik deur Sonderkommando-lede geneem is (sien Huberman 2008:3). Vir Nemes dien hierdie vier foto’s as bewysstukke van Auschwitz, omdat dit van uitwissing getuig. Dit stel egter ook noodsaaklike vrae aangaande die beeld: Wat moet met só ’n beeld gemaak word – wat stel dit tog voor? Watter posisie moet ons vis-à-vis die beeld inneem wanneer ons met moord en doodslag gekonfronteer word? Terwyl Saul se kollega foto’s neem van die lyke wat verbrand word, verdof die beeld as gevolg van die baie rook. Saul tree uit die pad uit om vir die fotograaf ’n beter aansig te bied, maar die rook oorweldig die skerm en die gruweldade verdwyn. Net sodra dit opklaar, besef Saul dat hulle óók nou sigbaar is. Hy gryp die kamera en steek dit in ’n geut weg. Die tyd vir foto’s neem is verby; die beeld ontwyk hulle. Hierdie refleksiewe toneel maak gehore daarvan bewus dat hulle, net soos Saul, aan ’n voorstelling van die Joodse volksmoord deelneem, en as gevolg daarvan word hulle aangespoor om selfs Nemes se voorstelling te bevraagteken. Nemes erken dat die meeste pogings tot voorstelling fasiel en sinloos is en daarom steun hy op die buiteskermruimte. Die gebrekkige voorstellings wat ons wél het, soos Wiener se twee-minuut-rolprent en die vier Sonderkommando-foto’s, maak ons bewus van al die ander beelde van die Joodse volksmoord wat ontbreek, en as gevolg daarvan word ons herinner dat “beelde nie gerekonstrueer kan word nie, nóg aangepas nóg gemanipuleer kan word” (Nemes 2015:7).

Figuur 10. Katz (István Pion) neem foto’s ...

Figuur 11. … maar die rook oorweldig die massamoordtoneel 

2.2 Die buiteskermklank van Son of Saul

Later die aand, nadat Saul ’n pakkie buskruit van Ella (Juli Jakab) in “Kanada” kry, gewaar hy ’n nuwe groep Jode wat na die woud gelei word. Saul val doelbewus saam met hulle in die ry met die hoop om ’n rabbi tussen hulle te vind. Aangesien die gehoor tot Saul se oogpunt beperk word, word die gehoor ook tot sy subjektiewe “hoor”-punt beperk, omdat die klankbaan tydens ’n nabyskoot van ’n karakter deur gehore identifiseer word as dít wat die karakter hoor (Chion 2003:90). Deurdat die meeste van die gebeure buiteskerm geplaas word, dien die klankbaan as verwysingsraamwerk van wat rondom Saul plaasvind. Wanneer geluide op die klankbaan speel sonder dat die oorsprong daarvan voorgestel word, verwys Chion (2003:71) na hierdie klanke as akoesmatiese klanke, en indien die bron nie gou bekendgestel word nie, word hierdie “klanke en gebeurtenisse met misterie belaai” (Chion 2003:72). Terwyl Saul saam met die gevangenes loop en ’n rabbi soek, vul ’n onheilspellende geluid wat moeilik is om te identifiseer die klankbaan – soos massas water wat op ’n warm plaat val. Namate Saul verder loop, kom daar al hoe meer buiteskermgeluide op die klankbaan: ’n kind wat huil; ’n Babelse verwarring van tale; bevele wat geskree word; angswekkende hulpkrete; knetterende vlamme; koeëlreën. In plaas daarvan om dit te aanskou, en net soos in die openingstoneel waar hulle vergas word, word die gehoor gedwing om na die teregstelling van die Jode te luister.

Figuur 12. Saul soek ’n rabbi op pad na ’n groep Jode se teregstelling

In Listening (2007) onderskei Nancy (2007:6) tussen “om te hoor” en “om te luister”. Om iets te hoor is om die sin daarvan te verstaan of te begryp. Klanke soos “ra-tat-tat” en “argh” word deur die gehoor as koeëlreën en hulpkrete verstaan. Om te luister is egter om te “beur na ’n moontlike betekenis, en gevolglik, een wat nie onmiddellik toeganklik is nie” (Nancy 2007:6). Nancy omskryf “om te luister” ook deur onderskeid te tref tussen visie en gehoor. Wanneer die oog sien, is daar ’n manifestasie en ’n vertoning, om iets duidelik te maak; wanneer die oor luister, is daar egter ’n onttrekking en ’n inkering, om iets resonant te maak (Nancy 2007:3). Net soos ’n hou of geluid van buite in die holte van ’n trom vibreer, resoneer die klanke in die luisteraar se wese. Met verwysing na Nancy skryf Coulthard (2010:19) dat “om te luister” daarop aandring dat die luisteraar betrek word en gevolglik in staat gestel word om die self te nader. Ons nader die self wanneer ons luister, omdat klanke “ontroer, weerklink en weergalm”; die resonerende ek-heid is “filosofies, epistemologies en sensories aktief en streef aanhoudend betekenis na sonder om dit selfvoldaan te bereik” (Coulthard 2012:16–7). Aangesien luisteraars moet aanhou reik, beur en strek na ’n betekenis, word die gehoor herinner dat hierdie klanke méér as net koeëlreën of hulpkrete is; dit dui op die sistematiese moord en doodslag van die Jode. Ons luister daarom na Saul se omgewing nie om dit te verstaan of te begryp nie, maar eerder om te beur na iets wat ons verstand te bowe gaan.

Sommige klanke bly egter nie akoesmaties nie. Nadat Saul uiteindelik ’n rabbi vind en hom probeer weglei, kom ’n SS-beampte en ruk hom van Saul af weg. Saul val op ’n hoop klere neer en Nemes sny na ’n wye-omkeerskoot: vlamme wat brand; naakte slagoffers wat huil; skote wat deur die SS-beamptes afgevuur word; ’n vlamgooier wat vuur spoeg (die onheilspellende geluid van vroeër); en Saul se rabbi wat in die kop geskiet word en in ’n groot put val. Hierdie skoot is egter steeds beperk tot Saul se oogpunt en daarom hou sy “hoor”-punt steeds betrekking tot die ruimte wat hy inneem; asof die “soniese heelal gekrimp het tot dit wat een enkele karakter hoor” (Chion 2003:87). Afgesien van die slagting wat ons deur Saul se oogpunt sien, strek die sistematiese uitwissing van die Jode verby sy perspektief wat deur die filmraam afgebaken word. Daarom dien hierdie wye-omkeerskoot nie noodwendig as ’n openbaring van die moord en doodslag nie, maar eerder as ’n blik op die sistematiese uitwissing van die Jode.

Nog ’n element van die klankbaan wat gehore aanmoedig om aktief betrokke te wees by die interpretasie van hierdie toneel, asook die res van die film, is dat Nemes doelbewus geen buitediëgetiese11 musiek gebruik nie. Indien musiek aangewend is om gruwel of hartseer by die gehoor te ontlok, sou hulle aangespoor wees tot ’n spesifieke ervaring of interpretasie van die toneel (Kulezic-Wilson 2008:130). Die afwesigheid van musiek moedig eerder die gehoor aan om self te besluit wat hulle voel en daarom moet beur of reik na ’n betekenis wat nie aan hulle voorgeskryf word nie.

Nadat Saul amper self tereggestel word, nader ’n middeljarige Jood genaamd Braun (Todd Charmont) hom en beweer dat hy ’n rabbi is. Die kakofonie van die brandende put word onderbreek deurdat die kamera wegsny na die kamp waar Saul en Braun op aandag staan tydens die aflees van ’n presensielys: Die toneel is stil, met net krieke in die agtergrond en vlamme wat in die verte brand. Die geraas wat hierdie toneel voorafgaan, kontrasteer met die stilte wat die volgende ses minute oorheers, en aangesien die gehoor mooi moes luister om die veelvoudige klanke te identifiseer, is die skielike stilte ontroerend. Stiltes is, volgens Nancy (2007:21), nie ’n ontbering van resonansie nie, maar eerder ’n rangskikking daarvan, omdat jy jou eie liggaam hoor resoneer soos wat jou asemhaling en hartklop in jou liggaamsholte weerklink. Die gehoor word dus bewus van hulself as luisteraars, veral ná die vorige, luidrugtige toneel.

Braun volg vir Saul en die res van die Sonderkommando-lede na die solder waar hulle slaap. Daar heers ’n swaar stilte in die solder; almal fluister of praat saggies met mekaar, asof hierdie omgewing geheime versteek. Frankel (Jerzy Walczak), ’n rabbi in die krematorium wat vroeër geweier het om die seun te begrawe, vra vir Saul wie Braun is, waarop Saul terug fluister: “’n Rabbi. Vir die dooies.” Saul gooi daarna water in ’n skottel ter voorbereiding van die seun se taharah, die reinigingsproses wat ’n lyk ondergaan voor ’n Joodse begrafnis. Terwyl Saul die seun se liggaam was, voldoen hy aan ’n voorvereiste van taharah om stilswyend in die teenwoordigheid van die dooies te wees, omdat afgestorwenes se “stilte volmaak is” (Heilman 2001:31, 45). Na die moord en doodslag van die infernotoneel word die gehoor uitgenooi om ook stilswyend voor die slagoffers te vertoef, omdat hierdie dodelike stilte uitdrukking aan die onvoorstelbare gee.

Wanneer Abraham (Levente Molnár) by Saul se slaapplek aankom om te vra na die buskruit, gewaar Abraham vir Braun en dan ’n voorwerp wat met ’n stuk lap bedek is. Die stiltes wat sover hierdie toneel oorheers, kom tot ’n crescendo wanneer Abraham die lappe oplig en die seun ontdek. Hy draai om en kyk Saul in die oë, en in die omkeerskoot kyk Saul terug na hom. Daar is ’n lang stilte tussen Saul en Abraham. Volgens Coulthard (2010:20) is stiltes die “luidste wekroep om te luister en die sterkste bevel [aan gehore] om te ondervra, te besin en te resoneer”. Indien om te luister, volgens Nancy (2007:7), ons in staat stel om “altyd op die rand van betekenis” te wees, is die swaar stilte tussen Saul en Abraham ’n kans vir die gehoor om, in die teenwoordigheid van die dooies en Saul se begeerte om ’n rabbi te vind, te besin en hierdeur iets daarvan te probeer verstaan.

Figuur 13. Abraham (Levente Molnár) en Saul in stilte

Die “onvoorstelbare” word dus deur sowel die buiteskermruimte as die buiteskermklank voorgestel, sodat gehore met die onbekende gekonfronteer kan word. Die gehoor word dus oorgelaat aan hulle verbeelding en aangemoedig om na te dink oor die tonele en dus na betekenis te beur. Ek argumenteer egter dat die tonele van moord en doodslag, soos wanneer die Jode in die gaskamer vermoor word of die bogenoemde infernotoneel, die gehoor se verbeelding op die proef stel, en as gevolg daarvan raak dit wat verbeel moet word (“imagined”), ondenkbaar (“unimaginable”). Sodoende maak Nemes sy gehoor bewus daarvan dat die Joodse volksmoord hulle eie ervaringsleer oortref. Dit is onbekend en ontwrigtend. Die onbekendheid van die Joodse volksmoord kan egter só ervaar word net indien die gehoor dit as sulks herken.

Hoe herken ons iets wat onbekend is?

2.3 Om erkenning aan ’n ander se swaarkry te gee en hoe dit te kort skiet

Oliver (2001:2) vra of dit moontlik is om aan iets wat onbekend en ontwrigtend is, erkenning te gee – indien dit onbekend is, hoe kan dit raakgesien, begryp of herken word?

Om erkenning aan ’n Ander te gee, is sentraal tot hedendaagse teorieë rondom sosiale geregtigheid. Hegel se teorie van wedersydse erkenning stel voor dat ’n selfbewussyn (of subjektiwiteit) nie outonoom is nie, maar eerder tot stand kom deur verhoudings met ander (Hegel 1977:111; sien ook Barnard-Naudé 2009). Oliver (2001:4) kritiseer egter die gebruik van die Hegeliaanse meester-slaaf-dialek en die teorie van wedersydse erkenning om sosiale geregtigheid te omskryf. Aangesien Hegel nie letterlik na meesters en slawe verwys nie, maar eerder na ’n selfbewussyn wat gekonfronteer word met die selfbewussyn van ’n ander, wonder Oliver waarom hierdie teorie so invloedryk op hedendaagse idees ten opsigte van onderdrukking is. Al stem sy saam met die intersubjektiewe aard van Hegel se teorie, is daar drie redes waarom Oliver (2015:476–7) die toepassing van erkenning op sosiale geregtigheid as problematies beskou.

Eerstens moet die politiese en sosiale konteks in ag geneem word waarin die erkenning plaasvind, iets wat Hegel nie gedoen het toe hy wedersydse erkenning in Phenomenologie des Geistes (1807) ontwikkel het nie. Die meeste denkers het egter die teorie met verskeie sosiale kontekste verder probeer omskryf. Oliver (2015:476) hou vol dat die streng toepassing van erkenning op spesifieke gevalle beperkings op die teorie plaas, en as gevolg daarvan is dit moeilik om al die komplekse intersubjektiewe verskynsels te akkommodeer.12 Tweedens, al is die idee van wedersydse erkenning prysenswaardig, word dit in die praktyk selde (indien ooit) bewerkstellig, omdat dit eensydig in plaas van wedersyds plaasvind: daar is altyd een individu, groep of instelling wat erkenning aan ’n ander gee: Dié wat onderdruk word, stry om erkenning te ontvang juis van dié wat erkenning in die eerste plek weerhou. Die begeerte vir erkenning is daarom eerder ’n simptoom van onderdrukking as die oplossing daarvan (Oliver 2015:476). Laastens stel die teorie van erkenning voor dat dit oombliklik plaasvind, in plaas daarvan dat dit ’n aanhoudende proses behoort te wees (Oliver 2015:477).

Die uitgangspunt dat groepe wat onderdrukking ervaar, net erkenning soek, word deur Oliver (2001:8) uitgedaag. Oorlewendes van die Joodse volksmoord wil, byvoorbeeld nie hulle gruwelike lewenservaring objektiveer nie en daarom skiet erkenning oor hulle lewenservaring te kort. Getuienisse van die Joodse volksmoord getuig, in elk geval, van ’n patos wat verby erkenning strek (Oliver 2001:8). Ons erkenning skiet tekort wanneer ons gekonfronteer word met ’n lewenservaring wat buite ons verwysingsraamwerk val, omdat erkenning vereis dat andersheid assimileer tot iets wat bekend en gevolglik herkenbaar is. Oliver (2015:477) argumenteer daarom dat etiek vereis dat ons verby (h)erkenning strek en die verantwoordelikheid opneem om, as alternatief, die moontlikheid van getuienis te bewerkstellig.

 

3. Getuienis en verantwoordelikheid

Nadat Abraham van sy plan uitvind, grawe Saul die volgende oggend saam met Braun ’n gat vir die seun se begrafnis. Terwyl hulle besig is, word die Sonderkommando-lede en ander gevangenes bymekaar geroep. Hulle drom saam en fluister angstig onder mekaar, omdat Oberkapo Biederman (Urs Rechn) die vorige aand ’n lys van 70 name in opdrag van die Nazi-offisiere moes opstel. Een van die gevangenes genaamd Hirsch (Amitai Kedar) sê vir Saul dat almal gaan sterf omdat Saul vir Braun ingesmokkel het. Saul antwoord egter dat hulle almal “alreeds dood is”. Terwyl Abraham vir oulaas vir Saul oor die seun konfronteer, word Biederman deur die SS-lede verwyder en die res van die gevangenes word beveel om buite te gaan staan. Na ’n bepaalde tyd word hulle na die krematorium ontbied om klere op te ruim, maar hulle kom agter dat dié klere en besittings aan Biederman en sy kommando behoort. Die gevolgtrekking dat Biederman en sy kommando pas vergas is, veroorsaak dat hulle in opstand kom. Saul en Braun word in die geveg teen die Nazi-offisiere betrek terwyl skote afgevuur word en buskruit ontplof. Saul ontsnap egter uit die krematorium uit, gryp die seun se lyk en haas hom na die nabyliggende woud saam met Braun en die res van die gevangenes.

Figuur 14. Abraham vind Biederman se besittings buite die krematorium (buitefokus)

Figuur 15. Saul ontsnap tydens die weerstandsbeweging

Hierdie toneel is geïnspireer deur die Sonderkommando-lede wat op 7 Oktober 1944 werklik in opstand gekom het (Nemes 2015:9). In Shoshana Felman en Dori Laub se Testimony: Crises of witnessing in literature, psychoanalysis, and history (1992) skryf Laub oor ’n vrou se getuienis van die Joodse opstand in Auschwitz. Tydens haar getuienis het die vrou in herinnering geroep dat sy vier skoorstene sien afbrand het. Geskiedkundiges het egter volgehou dat daar in werklikheid net een skoorsteen was en het gevolglik haar volle getuienis op grond van onbetroubaarheid verwerp. Psigoanaliste het egter geargumenteer dat die vrou nie oor die aantal skoorstene getuig nie, maar eerder van iets belangriker, en dit is die skynbaar onmoontlike dog historiese gebeurtenis van Joodse weerstand in Auschwitz (Felman en Laub 1992:59–60; Oliver 2001:1). Die aantal skoorstene is minder belangrik as die blote feit dat die weerstandsbeweging se verset werklik gebeur het (een skoorsteen was nét so ongeloofwaardig soos vier skoorstene). Die vrou het, met ander woorde, eerder van iets getuig wat nie herkenbaar of verstaanbaar was nie. Sy was ’n Joodse gevangene in ’n dodelike, anti-Semitiese konsentrasiekamp. Daarom is, in ’n omgewing waar onderdrukking, swaarkry en moord alledaags en alomteenwoordig was, net die blote idee van ’n Joodse weerstandsbeweging iets besonders en “onherkenbaar” (Oliver 2001:16). Terwyl die geskiedkundiges erkenning aan haar getuienis sou verleen net indien sy die feite bevestig het wat hulle reeds tot hul beskikking gehad het, het die psigoanaliste verby erkenning gestrek en eerder geluister om iets nuuts te hoor; iets wat buite hulle begrip val (Oliver 2001:1). Die vrou se getuienis het daarom nie ten doel om net empiriese feite weer te gee nie, maar eerder om te getuig van iets wat onbegryplik is, dit wil sê Joodse weerstand in Auschwitz. Gevolglik het sy, op ’n persoonlike vlak, die moed gekry om die onmoontlike te doen: om self weerstand te bied en die Holocaust te oorleef (Felman en Laub 1992:62).

Indien dit te kort skiet om erkenning aan ’n getuienis van die Joodse volksmoord te verleen, hoe strek ons (soos die psigoanaliste) verby erkenning wanneer ons met iemand anders se lewenservaring gekonfronteer word? Wanneer ons gehoor aan iemand anders se lewenservaring gee, moet ons eers verstaan hoe dit bepaal word. Oliver (2001:17) skryf dat ons lewenservaring tussen die spanning van ons subjek-posisie en ons subjektiwiteit bepaal word. Wat is die verskil tussen die twee? Die vrou se subjek-posisie is byvoorbeeld haar sosiohistoriese posisie in die konteks van ’n besette Pole en as vroulike gevange van Auschwitz. Met ander woorde, die verloop van geskiedenis, haar huidige omstandighede en haar verwantskap met daardie omstandighede bepaal haar posisie as subjek.

Aan die ander kant word haar subjektiwiteit tydens haar ontmoeting met andersheid saamgestel en is dit daarom afhanklik van sowel haar gevoel van agentskap as die vermoë om te reageer, ’n posisie wat in beginsel eties is. Oliver (2001:17) hou egter vol dat ons gevoel van agentskap en vermoë om te reageer deur onderdrukking, marteling en vervolging vernietig word, en as gevolg hiervan word ons subjektiwiteit vernietig. Die vrou se geleentheid om oor haar ervaring in Auschwitz te getuig herstel egter haar subjektiwiteit, omdat sy aangespreek word en dus die kans kry om te reageer. Om te getuig vorm daarom die basis van ons subjektiwiteit, aangesien ons subjektiwiteit bestaan uit sowel ons vermoë om aangespreek te word (aanspreekbaarheid, “address-ability”) as ons vermoë om verantwoordbaar op die aanspreking te reageer (reageervermoë; “response-ability”). Om verby erkenning te strek, beteken daarom vir Oliver om iemand anders die geleentheid te gee om getuienis te lewer, ’n proses wat staatmaak op die getuie se aanspreekbaarheid en verantwoordbare reageervermoë.

Aangesien die vrou van iets getuig wat nie gesien kan word nie (Joodse weerstand), word die psigoanaliste se visier gerig op iets wat verby die sigbare sfeer van die ooggetuie strek. Daarom bied ’n getuienis die luisteraar ook ’n etiese ontmoeting met andersheid. Die psigoanaliste spreek die vrou aan en sy ontvang die vermoë om daarop te reageer. As gevolg daarvan spreek haar reaksie weer die psigoanaliste aan en húlle reageer weer daarop. Getuienisse het daarom ten doel om mense aan mekaar te verbind – die een wat aangespreek word met die een wat daarop reageer, die een wat getuig met die een wat daarna luister (Oliver 2001:143). Hierdie proses roep Emmanuel Levinas (1969:143) se teorie van die aangesig-tot-aangesig-ontmoeting op, ’n etiek wat gedefinieer word as die bevraagtekening van my spontaniteit in die teenwoordigheid van die Ander. Oliver haal Levinas aan om te verduidelik dat aangesien erkenning ontvanklik is net vir dit wat dieselfde of herkenbaar is, bied ’n getuienis die luisteraar ’n verantwoordelikheidsin: Ek is verantwoordelik vir jou vermoë om te reageer en as gevolg daarvan word ek verantwoordelik om self op jou getuienis te reageer (Oliver 2001:206).

3.1 Son of Saul as ’n vorm van getuienis

Die Nazi’s het tydens die Joodse volksmoord in die konsentrasiekampe op drie kwessies gefokus, naamlik geheimhouding, effektiwiteit en die vernietiging van alle bewysstukke (Hilberg 2003:1027). Die redenasie daaragter was om die nagedagtenis van die Joodse volksmoord te verhoed en volledig uit te wis. Al het die Nazi’s dit tot ’n groot mate reggekry om die sistematiese moord en doodslag van die Jode geheim te hou, het daar steeds getuies oorleef.13 Behalwe die ooggetuies, herinner Hirsch (2004:6) ons daaraan dat net soos Wiener se twee-minuut-rolprent en die vier Sonderkommando-foto’s, ook film as getuienis kan dien. Volgens Hirsch (2004:6) besit die filmmedium twee komplementêre dog teenstrydige eienskappe wat dit gepas maak om getuienisse aan gehore oor te dra. Eerstens, aangesien film beelde van die wêreld opneem as gevolg van ’n meganiese vervaardigingsproses,14 word die ervaring om die werklikheid te aanskou tydens die filmkykproses nageboots. Tweedens, aangesien film wél net ’n voorstelling van die werklikheid is (en nie die werklikheid self nie), aanskou gehore tydens die filmkykproses ’n denkbeeldige samevatting van dit wat voorheen ervaar was. Histories-gebaseerde films, hetsy dokumentêr of fiktief, behels dus ’n spanning tussen die aanskouing van die “werklikheid” en die aanskouing van dit wat denkbeeldig is. Hierdie spanning help nie net om ’n historiese bewussyn te skep nie, maar beklemtoon ook die problematiek rondom die skepping daarvan, omdat films óf daarin kan slaag, óf nie, om as doeltreffende getuienisse te dien (Hirsch 2004:7).

Soos ek aan die begin aangedui het, is die meeste uitbeeldings van die Joodse volksmoord oorvereenvoudig. Met betrekking tot NBC se Holocaust het Wiesel (1978:75) geskryf dat die “[werklike] getuie homself nie in dié film herken nie”. Hirsch (2004:21) interpreteer Wiesel se stelling dat klassieke-realistiese films soos Holocaust gehore in staat stel om die verlede te “bemeester”, omdat ’n alom vertelling van die Joodse volksmoord die gehoor epistemologies, emosioneel en moreel buite die geskiedenis plaas. Dit lei daartoe dat gehore die kans kry om verskeie perspektiewe in te neem en die Joodse volksmoord as plaasvervangers te ervaar. Die gehoorlede word daarom valse getuies, omdat hulle vrylik tussen die posisies van getuie en toeskouer wissel sonder om die eksistensiële nagevolge van die Joodse volksmoord te dra. Een van Hirsch se oorhoofse argumente in Afterimage: Film, trauma and the Holocaust (2004) is dat indien films, hetsy dokumentêr of fiktief, ’n balans tussen klassieke realisme en modernisme handhaaf, daar by gehore ’n “posttraumatiese historiese bewussyn” van die Joodse volksmoord geskep word (2003:xi). Só ’n aanslag verhoed dat die Joodse volksmoord net nóg ’n skouspelagtige voorstelling raak van dit wat voorheen ervaar was (sien Debord 1994:1).

Aangesien Son of Saul ’n klassieke-realistiese narratief volg wat op die ooggetuieverslae van werklike Sonderkommando-lede gebaseer is, tesame met die modernistiese gebruik van die buiteskermruimte en buiteskermklank, argumenteer ek dat Son of Saul die vorm van ’n (doeltreffende) getuienis aanneem. Felman en Laub (1992:5, 207) skryf dat films by uitstek die kunsvorm is wat gehore as getuies oproep, omdat gehore aangemoedig word om te kyk. Wanneer gehore dus na Son of Saul kyk (en luister), tree hulle as bemiddelde of tussenbeide-getuies van Saul se verhaal op.15 Oliver (2001:16) skryf dat ’n getuienis sowel juridiese konnotasies (deur te sien met jou oë) as religieuse konnotasies het (deur te getuig van iets wat nie gesien kan word nie). Om te getuig behels, eerstens, om ’n ooggetuie (“eyewitness”) te wees van eerstehandse ervaring. Die tweede betekenis, wat Oliver (2001:16) as die kern van subjektiwiteit beskou, behels om te getuig (“to bear witness”) van iets wat nóg herken nóg gesien kan word. Net soos die Joodse vrou wat getuig het van iets wat haar persepsie en herkenning oortref, dit wil sê Joodse weerstand, poog Son of Saul se tegniese aanslag om die gehoor as getuies van iets wat soortgelyk “onherkenbaar” is te posisioneer.

Dit is vir ons as gehoor net so moeilik soos vir die geskiedkundiges en psigoanaliste (in Felman en Laub se voorbeeld), om te begryp wat weerstand in die konteks van Auschwitz “behels”. In Son of Saul bied die Sonderkommando-lede weerstand deur middel van geweld; Saul bied egter weerstand deur die seun ’n waardige Joodse begrafnis te wil gee.16 Hoe verstaan ons Saul se begeerte om ’n rabbi te vind en die seun ’n begrafnis te gee, iets wat op sig sinloos, onmoontlik en onnosel voorkom? Saul is ’n Sonderkommando-lid wat daagliks walglike take moet uitvoer: Hy moet sy mede-Jode na die dood toe lei en alle bewysstukke van hulle bestaan vernietig. Indien Saul versuim om sy pligte deeglik uit te voer, sal hy vermoor word. Dít is die dodelike en neerdrukkende omgewing van Saul se ervaringsleer. Saul probeer egter steeds die “irrasionele” en “onmoontlike”: om die seun ’n waardige Joodse begrafnis te gee.

Die gehoor is daarom, eerstens, ooggetuienis van ’n Sonderkommando-lid wat ’n rabbi soek sodat hy ’n seun ’n tradisionele Joodse begrafnis kan gee. Tweedens nooi Nemes sy gehoor uit om te getuig van iets wat nie gesien kan word nie: Saul wat weerstand bied. Buiten die buiteskermruimte en -klank wat die gehoor aanmoedig om hulle verbeelding in te span, wend Röhrig sy toneelspel só aan dat dit moeilik is om Saul se dryfveer of motivering uit te pluis, omdat sy gesigsuitdrukking amper uitdrukkingloos is (Vincze 2016:119). Wie is Saul? Ken hy vir Ella by wie hy die buskruit gaan haal het? Die stilte tussen hulle twee getuig van iets wat verby Auschwitz se grense strek. Saul reageer ook nie wanneer Ella hom op sy naam roep nie. Regdeur die film, en selfs gedurende die Sonderkommando-weerstandsbeweging se verset, bly Saul vasbeslote om die seun te begrawe. Is dit werklik sy seun? Wanneer Abraham vir Saul konfronteer en sê dat hy nie ’n seun het nie, bied Saul geen antwoord nie. Later, voordat Biederman deur die SS-lede weggeneem word, sê Saul vir Abraham dat hierdie seun nie sy vrou s’n is nie. Abraham is egter nie oortuig nie. Aan die ander kant word die gehoor ’n getuie van Saul se drang om die seun te begrawe, en as gevolg hiervan word die gehoorlede aangemoedig om te beur na ’n betekenis wat nie net hulle eie ervaringsleer oortref nie, maar ook die verstand te bowe gaan.17

Figuur 16. Saul met die seun oor sy skouer tydens die Sonderkommando-verset

3.2 Nemes se verantwoordelikheid (“responsibility”) en die gehoor se verantwoordbare reageervermoë (“response-ability”)

Nadat hulle ’n ent van die konsentrasiekamp af weggehardloop het en dieper die woud invlug, kry Saul uiteindelik ’n plek waar hy die seun kan begrawe. Hy neem ’n stok, en voor hy begin grawe, beveel hy vir Braun om die Kaddisj op te sê. Wanneer Braun onseker begin mompel, kom Saul agter dat Braun nie ’n rabbi is nie en kom tot die ontstellende besef dat hy nie vir die seun ’n waardige begrafnis sal kan gee nie. Die res van die Joodse gevangenes kom verby gehardloop, en nadat hulle die hopelose begrafnis in ongeloof waarneem, hou hulle verby en hardloop na die nabyliggende rivier. Frankel, die rabbi van die krematorium, steek egter vas en aanskou Saul se vasbeslotenheid voordat hy ook oor die rivier swem. Saul, ontsteld dog steeds vasberade, tel die seun se lyk op en volg die res van die Joodse gevangenes. Saul raak egter uitgeput terwyl hy met die seun se lyk oor die rivier probeer swem. Hy verloor sy houvas en die seun se lyk dryf weg totdat dit onder die water verdwyn. Saul verdink amper, maar Frankel kom tot Saul se redding en help hom na die ander kant. Saul, moedeloos en verslaan, strompel agter die groep aan. Frankel gooi egter nie tou op nie. Hy neem Saul aan sy arm en trek hom agterna.

Waarom help Frankel skielik vir Saul? Felman en Laub (1992:204) verduidelik dat wanneer mense met ’n getuienis gekonfronteer word, hulle aan die getuie se narratief verbind word, en dus word ’n verantwoordelikheidsin vir iets wat verder as hul eie belange strek, oorgedra. Oliver (2001:15) sluit aan by Felman en Laub se stelling deur aan te voer dat wanneer ons verby erkenning strek (en sodoende die getuie se subjektiwiteit bewerkstellig), daardie getuienis etiese, sosiale en politiese verantwoordelikhede oordra. Frankel se besluit om Saul te red en aan te moedig om steeds vir sy lewe te veg, spruit voort uit Saul se obsessiewe pogings om die seun te begrawe. Saul se getuienis lei tot Frankel se verantwoordelikheidsin. Saul se lewe dien as ’n getuienis vir Frankel om self, al blyk dit sinloos te wees, verantwoordbaar te reageer. Frankel is, met ander woorde, aangemoedig om te reageer op die verantwoordelikheid wat Saul tot dusver onderneem het: nie net om die seun ’n waardige begrafnis te gee nie, maar óók om weerstand te bied op ’n manier wat reik na iets wat nie gesien kan word nie.

Figuur 17. Saul kom agter Braun is nie ’n rabbi nie.

Figuur 18. Frankel red vir Saul nadat Saul die seun se lyk verloor het.

Ek argumenteer dat net soos Saul se getuienis Frankel aangespreek het om verantwoordbaar te reageer, Nemes se voorstelling van Son of Saul in die vorm van ’n getuienis ’n soortgelyke verantwoordelikheidsin aan gehore oordra. Gehore het verskeie subjekposisies. Gehoorlede beklee ’n spesifieke sosiohistoriese posisie in ’n spesifieke kultuur, wat die wyse waarop hulle ’n film interpreteer en ervaar, beïnvloed. Indien ons subjektiwiteit egter slegs deur ons ontmoeting met andersheid bepaal word, argumenteer ek dat ’n film die gehoorlede in so ’n mate moet aanspreek dat hulle aangemoedig kan word om te reageer. Volgens Saxton (2007:15) word die etiese visie van die filmmaker geartikuleer deur sowel dit wat direk voorgestel word as dit wat ongesiens gelaat word. Deur middel van sy tegniese aanslag dui Nemes daarop dat nóg Saul se dryfveer nóg die Joodse volksmoord ten volle voorgestel kan word. Die voorstelling van ’n verhaal wat weier om gehore ’n omvattende voorstelling van Saul se dryfveer te bied, konfronteer die gehoor met ’n ervaring wat hulle eie ervaringsleer oortref. Gehore word daarom aangemoedig om self te getuig van wat hulle tydens Son of Saul aanskou: ’n strewe na iets wat nóg gesien nóg beskryf kan word, maar eerder iets wat net deur middel van ’n getuienis oorgedra kan word. Nemes se verantwoordelikheid as filmmaker is dus om sy gehoor op só ’n wyse aan te spreek dat hulle aangemoedig word om self verantwoordbaar op Son of Saul te reageer. In teenstelling met passiewe toeskouers, word gehore bewus van hulle verantwoordelikheid om óók te getuig van iets wat die verstand te bowe gaan.

 

4. Ten slotte: Om te getuig van dit wat die verstand te bowe gaan

Wanneer ons met ’n getuienis van die Joodse volksmoord gekonfronteer word, voer Felman en Laub (1992:72) aan, word ons ook gekonfronteer met ’n opsomming van dit waaroor die lewe werklik gaan, omdat sulke getuienisse eksistensiële vrae oor die lewe en dood oproep waarvan ons gewoonlik wegskram. Van Niekerk (2017:16) skryf dat die onderwerp van die dood ’n taboe is omdat dit ’n “onoorkomelike anomalie” en “verleentheid” is. Die dood maak ons bewus van die feit dat, ondanks “al ons merkwaardige en soms verstommende prestasies in die wetenskap, tegniek en organisasie, die dood die een beperking op ons vermoëns is wat ons skynbaar nie kan oorwin nie. Ons almal sterf of gaan sterf.” Ons daaglikse roetines en betrokkenheid by onbenullighede het ten doel om, soos Becker (1973:xi) dit stel, die dood te ontken en ons mortaliteit te ignoreer. Getuienisse van die Joodse volksmoord is egter meedoënloos en forseer ons om op die vraag van die dood te reageer. Die dood bring ook die sin van die lewe in oorweging, en daarom maak die Joodse volksmoord ons bewus van die perke van ons almag; die vrees om ons geliefdes aan die dood af te staan; ons uiteindelike eensaamheid in die wêreld; om lief te hê en die perke daarvan; ons verantwoordelikheid teenoor mekaar én ons eie lot (Felman en Laub 1992:72).

Steeds wil ons wegskram van die dood en die sin van die lewe. Volgens Becker (1973:139) is ons papbroeke wat “die wêreld om ons skouers trek en vasklou vir beskerming en ondersteuning en op só ’n lafhartige manier probeer ons om ons swaksinnigheid te bekragtig”. Is dit nie ook wat klassieke-realistiese films aan kykers bied nie? Stanley Cavell (1979:40) voer aan dat die filmkykproses ’n diepgewortelde, moderne begeerte bevredig; nie vir mag oor die skepping nie, maar eerder die wens om nie mag nodig te hê nie. Klassieke-realistiese films bied gehore die kans om tydens die kykproses te ontsnap van die wêreld en sy probleme. Ons verkies om eerder nie ’n ander se laste te dra nie. Aangesien klassieke-realistiese films tussen perspektiewe wissel en altyd nét genoeg inligting bied sodat gehore die indruk kry dat hulle in beheer is en alles verstaan, hou Nemes (in Kaufman 2019) vol dat hy as filmmaker ’n verantwoordelikheid het om sy gehoor te herinner dat ’n posisie van alwetendheid en insig nie altyd moontlik is nie.

Kan ons dus die vraag van die dood en die sin van die lewe beantwoord? Hoe kan ons in ’n wêreld leef waar dit moontlik is om ses miljoen Jode sistematies uit te wis? Is die lewe dan nie sinloos nie? Volgens die neuroloog en psigiater Victor Frankl (2007:122), wat ook ’n oorlewende van Auschwitz was, is dit nie ons lot om die sinloosheid van die lewe te verdra nie, maar eerder om die las op te neem van ons onvermoë om die sin van die lewe in rasionele terme te verstaan. Daarom moet ons nie vra wat die sin van die lewe is nie, maar eerder erken dat die vraag aan ons gerig word. Met ander woorde, ons word elkeen deur die sin van die lewe bevraagteken en kan net deur verantwoordelikheid op te neem daarop reageer (Frankl 2007:113–4).

Frankl se voorstel dat ons moet aanvaar dat ons nie die sin van die lewe op menslike en rasionele wyses kan verstaan nie, maar eerder ’n verantwoordelikheid moet opneem wat strek na iets buite onsself, word in die laaste tonele van Son of Saul voorgestel. Nadat Frankel vir Saul na ’n verlate skuur lei waar al die ander Joodse gevangenes uitgeput neerval, maak hy seker dat Saul rus en sy asem terugkry. Saul is platgeslaan en bedroef terwyl die gevangenes rondom hom planne beraam om verder te vlug, veral met dié dat die Rooi Leër naby Krakau is. Nemes sny weg van Saul na ’n omkeerskoot van die skuur se ingang. Na ’n lang ruk loer ’n jong blonde seun by die skuur in. Hy gee stadig twee treë vorentoe en staan reg voor die ingang. Nemes sny weer terug na Saul wat stadig opkyk en die seun gewaar. Ons sien weer die seun; en dan weer vir Saul. Vir die eerste keer in die film kyk Saul reg na die kamera. Die seun, wanneer die kamera weer sny, kyk ook direk in die kamera in.

Paul Schrader skryf in Transcendental style in film: Ozu, Bresson, Dreyer (2018) dat die gebruik van frontale-aansigskote ’n ooreenkoms het met religieuse kuns. Frontale-aansig-skote, soos gebruik deur Yasujirō Ozu, Robert Bresson en Carl Theodor Dreyer, roep Bisantynse ikonoklasme in herinnering. Bisantynse mosaïekwerkers het Christus met ’n uitdrukkinglose gelaat en frontale aansig uitgebeeld, omdat hulle geglo het dat God dieper as dít gaan waaraan uitdrukking gegee kan word (Schrader 2018:125–6). Indien iemand dan na die ikoon kyk, poog Bisantynse kuns om die kyker se gedagtes na ’n hoër oorweging en oorpeinsing te bring (Agathias in Schrader 2018:126). Aspekte soos die lenige gelaatstrek, die geslote lippe, die wesenlose gesigsuitdrukking, die vooraansig en stilstaande kameraskoot veroorsaak dat die blonde seun, nes ’n Bisantynse ikoon, ’n voorwerp van eerbetoning aanneem (Schrader 2018:126).

Figuur 19, 20 en 21. ’n Frontale-aansigskoot in Carl Theodor Dreyer se The passion of Joan of Arc (1928); ’n frontale-aansigskoot in Robert Bresson se A man escaped (1956); ’n frontale-aansigskoot in Yasujiro Ozu se Tokyo story (1953)

Figuur 22, 23 en 24. Die jong seun wat deur Saul aanskou word; ’n Bisantynse mosaïek van Christus te vinde by die Hagia Sofia-katedraal in Istanboel, Turkye; Saul sien die seun en glimlag

Die aanskouing van die blonde seun, wat ook as ’n visioen, hallusinasie of opstanding kan dien, laat Saul vir die eerste keer in die film glimlag. Dis asof Saul se gesig ’n verandering ondergaan en hy ’n oomblik van hoop ervaar. Saul se Damaskus-oomblik en saligmaking kom ten spyte van (of dalk juis as gevolg van) sy mislukking om die seun ’n waardige Joodse begrafnis te gee. Die Jodedom is deur Nazisme as die uiterste vervloeking bestempel; vir Saul is die Jodedom die uiterste seëning. Hierdie toneel, aldus Rosenbaum (2016), stel egter voor dat Saul die morele wette van die Jodedom te bowe gaan en dat iets transendentaal in die film se laaste oomblikke plaasvind. Nóg ’n rede waarom Oliver en Levinas ons aanmoedig om verby erkenning te strek, is dat erkenning die risiko loop dat etiek vereenvoudig word tot die streng toepassing van morele wette. In stede daarvan vereis etiek dat ons in ’n onberekenbare ruimte stilstaan waar reëls en wette te bowe gegaan word (Oliver 2015:486–7). Die blonde seun se frontale-aansigskoot roep Saul sodoende na ’n ruimte wat verby die menslike visier of erkenning strek; só ervaar hy ’n oomblik van transendensie.

Die seun draai weg en hardloop die woud in. Vir die eerste keer in die film verlaat die kamera vir Saul en word hy deel van die buiteskermruimte. Die seun hardloop verby ’n boom en word skielik deur ’n Nazi-offisier vasgegryp en stil gehou soos die SS-lede verby hardloop na die skuur om die Joodse gevangenes vas te keer. Die seun word daarna vrygelaat en hy hardloop deur die woud terwyl geweerskote in die agtergrond klap. Die kamera staan skielik stil en die seun hardloop verder weg en verdwyn in die woud. Die filmraam, wat die wêreld tot dusver afgebaken en afgesluit het, word oopgebreek. Die laaste beeld van ’n lowergroen woud en die buitewêreld wat dit verteenwoordig, laat ons, die gehoorlede, nou met die verantwoordelikheid om self te getuig van wat ons pas aanskou het en verantwoordelikheid te neem vir dit wat ons verstand te bowe gaan.

Figuur 25. Die jong, blonde seun hardloop die woud in

 

Bibliografie

Axelrod, T. 2019. TV series “Holocaust”, which changed how Germans saw their history, airs again. The Times of Israel. https://www.timesofisrael.com/us-made-holocaust-series-that-changed-how-germans-saw-their-history-airs-again (25 Maart 2020 geraadpleeg).

Barnard-Naudé, J. 2009. Die Hegeliaanse dialek en die “leermeester”-student-verhouding. LitNet. https://www.litnet.co.za/die-hegeliaanse-dialek-en-die-leermeester-student-verhouding (21 April 2020 geraadpleeg).

Baxter, J. en P. Atherton (reds.). 1997. Aristotle’s poetics. Vertaal deur G. Whalley. Londen: McGill-Queen’s University Press.

Becker, E. 1973. The denial of death. New York: Simon & Schuster.

Benz, W. (red.). 1991. Dimension des Völkermords: Die Zahl der jüdischen Opfer des Nationalsozialismus. München: R. Oldenbourg Verlag GmbH.

Bloxham, D. 2001. Genocide on trial: War crimes, trials and the formation of Holocaust history and memory. New York: Oxford University Press.

Bordwell, D., J. Staiger en K. Thompson. 1985. The classical Hollywood cinema: Film style and production to 1960. Londen: Routledge.

Burch, N. 1981 [1969]. Theory of film practice. Vertaal deur H.R. Lane. Princeton, New Jersey: Princeton University Press.

Campbell, J. 2004. [1949]. The hero with a thousand faces. 3de uitgawe. New Jersey: Princeton University Press.

Cavell, S. 1979. The world viewed: Reflections on the ontology of film. Cambridge, MA: Harvard University Press.

Chion, M. 2003. Audio-vision: Sound on screen. Vertaal deur C. Gorbman. New York: Columbia University Press.

Coulthard, L. 2010. Listening to silence: The films of Michael Haneke. Cinephile, 6(1):18–24.

—. 2012. Haptic aurality: Listening to the films of Michael Haneke. Film-Philosophy, 16(1):16–29.

Cousins, M. 2011. The story of film. Londen: Pavilion.

Dargis, M. 2015. At the Cannes film festival, some gems midway through. The New York Times. https://www.nytimes.com/2015/05/21/movies/at-the-cannes-film-festival-some-gems-midway-through.html?ref=movies (22 Maart 2020 geraadpleeg).

Debord, G. 2012 [1967]. The society of the spectacle. 2de uitgawe. Vertaal deur K. Knabb. Londen: Soul Bay Press.

Domarchi, J., J. Doniol-Valcroze, J.-L. Godard, P. Kast, J. Rivette, en E. Rohmer. 1959. Hiroshima, notre amour. Vertaal deur L. Heron. In Hiller (red.) 1985:59–70.

Downing, L. en L. Saxton. 2010. Film and ethics: Foreclosed encounters. New York: Routledge.

Elmore, K. 2019. Agnieszka Holland on Europa Europa. Criterion channel. https://www.criterionchannel.com/videos/agnieszka-holland-on-europa-europa (4 April 2020 geraadpleeg).

Felman, S. en D. Laub. 1992. Testimony: Crises of witnessing in literature, psychoanalysis, and history. New York: Routledge.

Frankl, V. 2008 [1946]. Man’s search for meaning. Vertaal deur I. Lasch. Londen: Rider Books.

Friedländer, S. 2007. The years of extermination: Nazi Germany and the Jews 19391945. Londen: Phoenix.

Grissemann, S. 2015. Atrocity exhibitionism. Film comment, November–Desember, ble. 26–9.

Gutman, I. (red.). 1990. Encyclopedia of the Holocaust. New York: Macmillan.

Gutman, I. en R. Rozett. 1990. Appendix 6: Estimated losses during the Holocaust. In Gutmann (red.) 1990.

Hayward, S. 2013. Cinema studies. Londen: Routledge.

Hegel, G.W.F. 1977 [1807]. Phenomenology of spirit. Vertaal deur A.V. Miller. Oxford: Oxford University Press.

Heilman, S.C. 2001. When a Jew dies: The ethnography of a bereaved son. Berkeley: University of California Press.

Hilberg, R. 2003 [1961]. The destruction of the European Jews. 3de uitgawe. New Haven: Yale University Press.

Hiller, J. (red.). 1985. Cahiers du Cinema: The 1950s: Neo-Realism, Hollywood, New Wave. Cambridge, Massachusetts: Harvard University Press.

Hirsch, J. 2004. Afterimage: Film, trauma, and the Holocaust. Philadelphia: Temple University Press.

Huberman, G.D. 2008. Images in spite of all: Four photographs from Auschwitz. Vertaal deur S.B. Lillis. Chicago: University of Chicago Press.

Huyssen, A. 1980. The politics of identification: Holocaust and West Germany. New German Critique, 19:117–36.

Insdorf, A. 2003. Indelible shadows: Film and the Holocaust. New York: Cambridge University Press.

Kaufman, S.M. 2019. László Nemes: “I’m trying to push the boundaries of film language”. Little White Lies. https://lwlies.com/interviews/laszlo-nemes-sunset (8 Desember 2019 geraadpleeg).

Kerner, A. 2011. Film and the Holocaust: New perspectives on dramas, documentaries, and experimental films. New York: Continuum International Publishing Group.

Klug, L. 2015. In devastating Son of Saul, Jewish director goes where few others dare. The Times of Israel. https://www.timesofisrael.com/jewish-director-of-devastating-son-of-saul-films-where-few-have-dared-to-tread (17 Mei 2020 geraadpleeg).

Kulezic-Wilson, D. 2008. Sound design is the new score. Music, Sound and the Moving Image, 2(2):127–31.

Lanzmann, C. 1994. Schindler’s List is an impossible story. Vertaal deur R. van Gerwen. https://web.archive.org/web/20180822072900/http://www.phil.uu.nl/~rob/2007/hum291/lanzmannschindler.shtml (24 Februarie 2020 geraadpleeg).

—. 2016. Shoah filmmaker Claude Lanzmann talks Spielberg, Son of Saul. Onderhoud deur J. Cronk. The Hollywood Reporter. http://www.hollywoodreporter.com/news/shoah-filmmaker-claude-lanzmann-talks-869931 (24 Februarie 2020 geraadpleeg).

Levi, P. 1969 [1959]. If this is a man. Vertaal deur S. Woolf. Londen: Orion Press.

—. 1987 [1963]. The reawakening. Vertaal deur S. Woolf. New York: Collier Books.

Levinas, E. 1969. Totality and infinity: An essay on exteriority. Vertaal deur A. Lingis. Pittsburgh, PA: Duquesne University Press.

Louvish, S. 1994. Witness. Sight & Sound, Maart, ble. 12–5.

McGuinness, D. 2019. Holocaust: How a US TV series changed Germany. BBC. https://www.bbc.com/news/world-europe-47042244 (18 Maart 2020 geraadpleeg).

Moullet, L. 1959. Sam Fuller: In Marlowe’s footsteps. Vertaal deur N. King. In Hiller (red.) 1985:145–55.

Müller, F. 1979. Eyewitness Auschwitz: Three years in the gas chambers. Vertaal deur S. Flatauer. New York: Routledge & Kegan Paul Ltd.

Nancy, J.-L. 2007. Listening. Vertaal deur C. Mandell. Londen: Fordham University Press.

Nemes, L. 2015. Son of Saul: Cannes Presskit. http://www.festival-cannes.fr/assets/Image/Direct/4b07767d4cc171ce795ecfb8a1a41c3e.pdf (25 Maart 2020 geraadpleeg).

Oliver, K. 2001. Witnessing: Beyond recognition. Minneapolis: University of Minnesota Press.

—. 2015. Witnessing, recognition, and response ethics. Philosophy and Rhetoric, 48(4):473–93.

Pfefferman, N. 2015. Son of Saul: A Holocaust film through a different lens. Jewish Journal. https://jewishjournal.com/culture/arts/179034/son-of-saul-a-holocaust-film-through-a-different-lens (15 Mei 2020 geraadpleeg).

Ratner, M. 2016. Imagining the unimaginable: Interview with László Nemes on Son of Saul. Film Quarterly, Lente-uitgawe, ble. 58–66.

Rivette, J. 1961. On abjection. Vertaal deur D. Phelps en J. Szaniawski. http://www.dvdbeaver.com/rivette/ok/abjection.html (25 Maart 2020 geraadpleeg).

Romney, J. 2015. Dead man walking. Film Comment, November–Desember, ble. 22–5.

Rosenbaum, J. 2016. In Son of Saul, a Jew in Auschwitz readies his fellow prisoners for the gas chamber. Chicago Reader. https://www.chicagoreader.com/chicago/son-of-saul-review-laszlo-nemes-geza-rohrig/Content?oid=21020402 (2 Mei 2020 geraadpleeg).

Saxton, L. 2008. Haunted images: Film, ethics, testimony and the Holocaust. Londen: Wallflower.

Schrader, P. 2018 [1972]. Transcendental style in film: Ozu, Bresson, Dreyer. 2de uitgawe. Oakland, Kalifornië: University of California Press.

Shirer, W. L. 1959. The rise and fall of the Third Reich. New York: Simon & Schuster Paperbacks.

Stam, R., R. Burgoyne en S. Flitterman-Lewis. 1992. New vocabularies in film semiotics. New York: Routledge.

Van Niekerk, A.A. 2017. Die dood en die sin van die lewe. Kaapstad: Tafelberg.

Vincze, T. 2016. The phenomenology of trauma: Sound and haptic sensuality in Son of Saul. Acta Universitatis Sapientiae: Film and Media Studies, 13:107–26.

Vogler, C. 2007. The writer’s journey: Mythic structure for writers. 3de uitgawe. Michigan: McNaughton & Gunn.

Wallen, J. 2019. Facing the Sonderkommando: Son of Saul and the dynamics of witnessing. Holocaust studies. DOI:10.1080/17504902.2019.1637502.

Weys, D. 2018. Verantwoordelike rolprentvervaardiging: Etiek en toeskouerskap deur die lens van Michael Haneke se Amour. LitNet Akademies, 15(2):16–50. https://www.litnet.co.za/wp-content/uploads/2018/09/LitNet_Akademies_15-2_Weys_16-50.pdf.

Wiesel, E. 1978. Trivializing the Holocaust: Semi-fact and semi-fiction. The New York Times. 16 April.

 

Filmografie

A man escaped (Un condamné à mort s’est échappé ou Le vent souffle où il veut). 1956. Regie deur Robert Bresson. Frankryk: Gaumont Film Company.

Close encounters of the third kind. 1977. Regie deur Steven Spielberg. VSA: Colombia Pictures.

Europa Europa. 1990. Regie deur Agnieszcka Holland. Pole: Orion Pictures.

Hiroshima mon amour. 1959. Regie deur Alain Resnais. Frankryk: Pathé Films.

Holocaust. 1978. Regie deur Marvin J. Chomsky. VSA: CBS Television Distribution.

Kapò. 1960. Regie deur Gillo Pontecorvo. Italië: Cineriz.

Life is beautiful. 1998. Regie deur Roberto Benigni. Italië: Miramax Films.

Nana. 1926. Regie deur Jean Renoir. Frankryk: Les Établissements Braunberger-Richebé

Night and fog (Nuit et brouillard). 1955. Regie deur Alain Resnais. Frankryk: Nouveaux.

Shoah. 1985. Regie deur Claude Lanzmann. Frankryk: New Yorker Films.

Son of Saul (Saul fia). 2015. Regie deur László Nemes. Hongarye: Laokooon Filmgroup.

Schindler’s list. 1993. Regie deur Steven Spielberg. VSA: Universal Pictures.

Star wars. 1977. Regie deur George Lucas. VSA: 20th Century Fox.

The passion of Joan of Arc (La passion de Jeanne d'Arc). 1928. Regie deur Carl Theodor Dreyer. Denemarke: Société Générale des Films.

The pawnbroker. 1964. Regie deur Sidney Lumet. VSA: Paramount Pictures.

Tokyo story (東京物語, Tōkyō Monogatari). 1953. Regie deur Yasujirō Ozu. Japan: Shochiku.

Variety (Varieté). 1925. Regie deur Ewald André Dupont. Duitsland: UFA.

 

Eindnotas

1 Daar bestaan verskeie skattings oor die getal slagoffers tydens die Joodse volksmoord. Volgens Hilberg (2003:1301) is omtrent 5,1 miljoen Jode vermoor. Volgens Gutman en Rozett (1990:1797–892) se data het minstens 5 596 029 en ’n maksimum van 5 800 129 Jode gesterf (uit ’n bevolking van 9 796 840). Benz (1991:17) se navorsing by die Technische Universität Berlin dui op ’n minimum van 5,29 miljoen Joodse slagoffers en ’n maksimum van net bo ses miljoen.

2 Ek gebruik die term gehore om oor die algemeen te verwys na diegene wat na films kyk, ongeag hóé daar na die film gekyk word (hetsy in ’n teater, op die televisie, ’n skootrekenaar of ’n slimfoon).

3 Ek is verantwoordelik vir die vertaling van aanhalings.

4 Luc Moullet het oor Samuel Fuller se oeuvre in die Maart 1959-uitgawe van Cahiers du Cinéma geskryf en hom gekritiseer omdat hy spoorskote (“tracking shots”) gebruik wanneer hy politiese inhoud voorstel. Moullet (1985:148) argumenteer dat “moraliteit ’n kwessie van spoorskote is” (“La morale est affaire des travellings”). Drie maande later, tydens ’n tafelbespreking oor Alain Resnais se Hiroshima mon amour (1959), voer Eric Rohmer aan dat hy die eerste tonele van die film kras en ergerlik vind. Toe Jacques Doniol-Valcorze vra of Rohmer sy kritiek op ’n morele of estetiese wyse bedoel, het Godard hom onderbreek en gesê dat estetiek en moraliteit dieselfde is, en Moullet geparafraseer: “Spoorskote is ’n kwessie van moraliteit” (“Les travellings sont affaire de morale”) (Dormachi e.a. 1985:62). Sedertdien is hierdie kritiek gebruik om aan te dui dat daar ’n verhouding bestaan tussen etiek en die vorm van ’n filmiese voorstelling, omdat “morele betekenis verwek word in die wyse waarop film deur die mise-en-scène die werklikheid voorstel eerder as dat moraliteit intrinsiek tot die werklikheid is” (Downing en Saxton 2010:22).

5 Die Kaddisj is ’n lofgesang ter eer van God, maar word ook as ’n gedenkgebed tydens ’n Joodse begrafnis voorgedra. Die kadense en ritme eggo die Joodse generasies se herinneringe (Heilman 2001:95) en word as ’n mantra van rou beskou, omdat dit die “ware toonset van Joodse verlies is” (2001:144–5).

6 Volgens Hirsch (2004:5) word alle filmiese voorstellings wat op die geskiedenis gebaseer is, op drie maniere beperk: eerstens deur betekenis (“signification”), omdat daar ’n ontologiese verskil tussen die werklikheid en die voorstelling daarvan is; tweedens deur bewysstukke, omdat daar beperkte geskiedkundige bronne tot ons beskikking is; en derdens deur diskoers, omdat die bewysstukke self deur die riglyne en praktyk van diskoers bepaal word.

7 Klassieke realisme word op verskeie maniere beskryf. Bordwell, Staiger en Thompson (1985:2) gebruik die term klassieke Hollywoodstyl, terwyl Hayward (2013:80) na klassieke Hollywoodnarratief verwys. Cousins (2011:15–6) verkies die term geslote romantiese realisme. Stam, Burgoyne en Flitterman-Lewis (1992:192) gebruik klassieke-realistiese teks. Afgelei van Stam e.a., gebruik Hirsch (2004:4) die term klassieke realisme. Laasgenoemde is die term wat ek in hierdie ondersoek gebruik.

8 Campbell (2004:xi) skryf dat die doel van The hero with a thousand faces is om die waarhede te omskryf wat in geloofsisteme en mitologieë vasgevang is deur talle verhale as voorbeelde te gebruik, sodat die betekenis self duidelik raak.

9 Vogler het Campbell se idees gebruik om die sukses van Star wars (1977) en Close encounters of the third kind (1977) te probeer verstaan. Hy het tot die slotsom gekom dat hierdie films gehore aantrek omdat dit die universele patrone gebruik wat in mites vervat is (Vogler 2007:xxviii). Vogler (2007:xxix) het toe besef dat die held se avontuur soos deur Campbell beskryf, nie net in mites voorkom nie, maar ook in hedendaagse romans en Hollywood-films.

10 Saul se perspektief verwys nie na wat Saul alles sien nie. Nemes wissel tussen ’n nabyskoot van Saul se gesig en Saul se agterkop. Dis daarom nie so soseer Saul se oogpunt waartoe die gehoor beperk word nie, maar eerder die ruimte wat hy inneem.

11 ’n Diëgetiese klankbaan sluit alle klanke in wat die karakters in die fiktiewe wêreld van die film hoor, soos die hulpkrete van die Jode, die geweerskote wat knal en die geskrop van vloere. ’n Buitediëgetiese klankbaan bestaan uit klanke wat net die filmgehoor kan hoor, byvoorbeeld ’n agtergrondstem (“voice-over”) of ’n film se musiek.

12 Oliver (2015:476) gebruik die voorbeeld van Alessandro Ferrara se kritiek teen Axel Honneth, omdat hy op die familiestruktuur en politiese instellings fokus sonder om opvoedkunde en kerke ook in ag te neem.

13 Net een persoon het die Belzec-konsentrasiekamp oorleef (uit tussen 430 000 en 500 000); 30 persone het die Sobibor-konsentrasiekamp oorleef (uit tussen 200 000 en 250 000); 67 persone het die Treblinka-konsentrasiekamp oorleef (uit tussen 700 000 en 900 000) (Bloxham 2001:111).

14 Sien Weys (2018) oor die ontologie van ’n foto en die verband tussen ’n foto en die werklikheid.

15 Downing en Saxton (2010:65) onderskei tussen ’n ooggetuie (“eyewitness”) en ’n tussenbeide-getuie (gemedieerde/bemiddelde getuie) (“mediated witness”) om die verskil te omskryf tussen individue wat in die teenwoordigheid van ’n situasie was en toeskouers wat na ’n filmiese reproduksie daarvan kyk.

16 Volgens die Shulchan Aruch/Yoreh Deah (die Kode van die Joodse Wet) moet Joodse lyke begrawe word en mag dit nie veras word nie (348:3, 362:1). Die feit dat die Nazi’s die Jode vergas en veras het, is daarom ook ’n blatante aanval op die Joodse geloof.

17 My argument verskil egter van dié van Jeffrey Wallen. Hy beskryf Saul se begeerte om die seun te begrawe as “dwaas-idealisties, eie [en] selfsugtig” (2019:4), omdat hy Sonderkommando-lede se pogings om weerstand te bied in die gedrang bring. Na aanleiding van Feigenbaum (Marcin Czarnik) se bevel aan Saul om die seun se lyk terug krematorium toe te neem, dreig Saul om die Nazi-offisiere te vertel waar Feigenbaum sy geskrewe getuienisse in die konsentrasiekamp begrawe (Wallen 2019:5). Wallen (2019:5) voer ook aan dat Saul hom nie eers daaraan steun om rekord te hou van die buskruit tydens die infernotoneel nie. Daarom argumenteer Wallen (2019:5) dat Saul bereid is om Sonderkommando te verraai wat wanhopige pogings aanwend om getuienis af te lê. Die film plaas dus die kyker saam met iemand wat hom telkemale bo en in stryd bevind met die werklik heldhaftige en noemenswaardige dade van ’n paar Sonderkommando-lede (Wallen 2019:8). Wallen spreek egter nie die feit aan dat die verassing van die Jode ’n blatante aanval op die Joodse geloof is nie. Wanneer Saul deur Nazi-offisiere in dr. Miklós Nyiszli se nadoodse-ondersoek-kamer uitgevang word, dwing een van die Nazi-offisiere Saul om te dans, waartydens een van die offisiere in Duits uitroep: “’n Regte shtetl dans, soos in die goeie ou dae!” Nemes (in Ratner 2017) voer aan dat hierdie danstoneel dui op die vernietiging van die Europese Joodse beskawing wat tydens die Tweede Wêreldoorlog plaasgevind het. Ek deel Wallen se besorgdheid oor Son of Saul se klassieke-realistiese narratief, maar soos ek vroeër argumenteer, het die modernistiese styl van die film ’n teenstrydige dog doeltreffende effek. Saul se dryfveer om die seun te begrawe verkry dus ’n nuwe betekenis as gevolg van die balans tussen die klassieke-realistiese narratief en die modernistiese wyse van voorstelling. Ek glo daarom dat Wallen in die slaggat trap waarop Ratner (2016:59) wys: dat Saul se “irrasionele doelwit” net in terme van ander Holocaust-films irrasioneel is, waar die protagonis gewoonlik met ’n probleem gekonfronteer word wat hedendaagse gehore kan begryp en verstaan. Ons is dus geneig om Saul se dryfveer volgens ons eie standaarde te oordeel en nie as iets wat ons verstand te bowe gaan nie.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die buiteskerm en dit wat die verstand te bowe gaan: Die getuienis van László Nemes se <i>Son of Saul</i> (2015) appeared first on LitNet.

The off-screen and that which surpasses all understanding: Witnessing László Nemes’s Son of Saul (2015)

$
0
0

Abstract

Except for a two-minute film shot by a German naval sergeant in August 1941, no filmic representation of the extermination of almost six million Jews during the Holocaust exists. Although we have several eyewitness accounts and footage of liberated concentration camps, knowledge of the Holocaust is transmitted today primarily through fictional representations of TV shows such as Holocaust (1973) and films such as Schindler’s list (1993) (Insdorf 2003:xviii). Elie Wiesel and Claude Lanzmann, among others, criticise these representations and argue that the Holocaust is an ontological phenomenon that is “located beyond understanding” (Wiesel in Insdorf 2003:xviii) and that there should be a “ban on [its] depiction” (Lanzmann 1994). Nevertheless, due to growing scepticism regarding its representability, the ubiquity of the media, the proliferating representations of the Holocaust and the pedagogical influence thereof, the question has shifted from “whether the event could or should be represented to the question of how it might adequately or responsibly be represented” (Saxton:2008:2).

In 2015, Hungarian filmmaker László Nemes entered the contentious arena of representing the Holocaust when his film Son of Saul (2015) won the Grand Prix at the 68th Cannes Film Festival. Son of Saul tells the story of a member of the Sonderkommando in Auschwitz who tries to find a rabbi in order to bury a dead boy. Since classical realism refers to an “excessively obvious cinema” (Bordwell et al. 1985:1) that divides the narrative in an “order/disorder/order-restored” triad and is driven by the main character (Hayward 2013:80), Nemes and his co-writer Clara Royer adhere to a narrative structure that contains the “basic outline of the universal mythological formula of the adventure of the hero” (Campbell 2004:20). What distinguishes Son of Saul from other mainstream Holocaust films, however, is how Nemes juxtaposes the film’s content with its form. Nemes opts for a modernist form of representation that rejects an omnipresent point of view and, instead, limits the film’s scope to Saul’s perspective. I argue that by representing the unrepresentable extermination of the Jews through the use of the off-screen space and sound, Nemes puts the audience’s imagination to the test and, as a result, that which should be imagined becomes unimaginable.

Nemes therefore makes his audience aware that the Holocaust is an unfamiliar event that exceeds their understanding. The unfamiliarity of the Holocaust, however, can be experienced only if the audience recognises it as such. How do we recognise something that is unfamiliar? Oliver (2001:9) argues that one’s recognition falls short when one is confronted with an experience that falls outside one’s own lived experience, because recognition requires that otherness assimilates into something familiar and, as a result, something recognisable. Oliver therefore argues that ethics requires us to move beyond recognition and, as an alternative, to enable the possibility of witnessing.

In this essay I therefore argue that Nemes’s technical approach aims to represent Son of Saul in the form of a testimony, which, as a result, encourages the audience to become mediated witnesses. My discussion of Son of Saul follows the course of the narrative. First I explore Nemes’s technical approach through the lens of Noël Burch’s film theory on the off-screen space, as well as Jean Luc Nancy’s theory of listening. After mapping the ways in which Nemes uses the off-screen space and sound to encourage audiences to participate and to imagine the unimaginable, I turn to the work by Shoshana Felman, Dori Laub and Kelly Oliver on testimony and witnessing. Since witnessing relies on both our ability to be addressed (address-ability) and our ability to respond (response-ability) to the address (Oliver 2001:7), I argue that Nemes has a responsibility to address his audience in such a way that they are encouraged to respond to the testimony of Son of Saul.

When one is confronted by a testimony of the Holocaust, however, one is faced with the inexorable and unavoidable existential questions of death and the meaning of life (Felman and Laub 1992:72). Viktor Frankl (2007:122), a Holocaust survivor, writes that we have to bear our incapacity to grasp the meaning of life in rational terms. We can only, instead, answer the question of our life by being responsible (2007:113–4). In a similar way, I conclude the essay with the final transcendental moments of Son of Saul by arguing that, unlike passive spectators, the audience is encouraged to move beyond recognition to something that can neither be seen nor described, but rather to take responsibility for that which surpasses all understanding.

Keywords: Shoshana Felman; Holocaust; Dori Laub; László Nemes; Kelly Oliver; responsibility; Son of Saul; Sonderkommando; transcendence; witnessing

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die buiteskerm en dit wat die verstand te bowe gaan: Die getuienis van László Nemes se Son of Saul (2015)

The post The off-screen and that which surpasses all understanding: Witnessing László Nemes’s <i>Son of Saul</i> (2015) appeared first on LitNet.

Skrywersonderhoud: Ben du Toit oor God Is daar ’n ander antwoord?

$
0
0

Hoe gebeur dit dat iemand wat 38 jaar predikant in die NG Kerk was en sy lewe aan die Kerk en sy bediening gewy het, tot die slotsom kom God is nie meer die antwoord nie? Jean Oosthuizen gesels met Ben du Toit, wat in sy jongste boek afskeid neem van geloof in ’n Opperwese en dit as ’n radikale bevryding ervaar.

LitNet Akademies het onlangs ’n artikel deur Ian Nell geplaas: “Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë”. Die onderstaande gesprek kaats lig daarop.

Ben du Toit is ’n liefhebber van Sheila Cussons se werk. In hierdie verband word Carine Janse van Rensburg se artikel “Kunstenaar en skepping: Sheila Cussons en die problematiek van die kunstenaar” aanbeveel.

Du Toit se volgehoue gesprek met die wetenskap word genoem. Lesers wat belangstel, kan ook kyk na Johann Beukes se Omnium expetendorum prima est sapientia: Hugo van Saint-Viktor (1097–1141) en die probleem van hiperspesialisasie in die eietydse wetenskapsbegrip”.

In die voorwoord van jou boek skryf jy die manuskrip was aanvanklik, toe jy daaraan begin skryf het, nie bedoel om gepubliseer te word nie. Dit was eerder ’n soort bestekopname vir jouself. Wat het jou laat besluit om dit wel te laat publiseer?

Mense het my dikwels gevra (veral ná my aftrede in 2015) hoe ek tans oor God dink en wat my teologiese standpunt ten opsigte van bepaalde sake is. Ook wou mense sedert die verskyning van God? Geloof in ’n postmoderne tyd (wat in 2001 met ’n komma geëindig het) by my weet wanneer ek verder ná die komma gaan skryf. Ek het gaandeweg besef ek het ’n basisteks nodig wat as gespreksplatform kan dien. Ek het konsepte van die manuskrip aan ’n aantal kennisse gestuur en dit is uitermate positief ontvang. Die besluit om dit uiteindelik algemeen beskikbaar te stel, was dus ’n spontane ontwikkeling.

...
Die boek fokus veral op diegene wat reeds ongemaklik is met hulle verhouding met die Kerk en godsdiens in die algemeen; diegene wat in ongemak lewe met hulle verwydering van godsdiens as ’n sosiale konstruk, maar nie weet hoe om hulleself ten opsigte van hulle keuse uit te druk of dit te verwoord nie ...
...

Wie, hoop jy, sal by jou boek baat vind, en hoe reageer jy op die beskuldiging dat dit mense se geloof ondermyn?

Die boek fokus veral op diegene wat reeds ongemaklik is met hulle verhouding met die Kerk en godsdiens in die algemeen; diegene wat in ongemak lewe met hulle verwydering van godsdiens as ’n sosiale konstruk, maar nie weet hoe om hulleself ten opsigte van hulle keuse uit te druk of dit te verwoord nie; diegene wat godsdiens reeds agtergelaat het, maar wat te bang is om “uit die kas te kom” daarmee, veral teenoor hulle nabye familie en vriende; diegene wat ervaar dat woorde hulle ontbreek om aan hulle gevoel of standpunt uitdrukking te gee.

Dat hierdie boek gelowiges dalk sal ontstig, daaroor het ek vanselfsprekend geen beheer nie. Miskien stel dit aan die kerkleierskap, juis op die vlak van die plaaslike gemeente, die uitdaging om lidmate in ’n sinvolle gesprek hiermee te help?

Jou eerste boek, God? geloof in ’n post moderne tyd, is in 2001 met die gesogte Andrew Murray-prys vir die beste teologiese Christelike boek in Afrikaans bekroon. Jy verwys hier bo na die uitsonderlike kenmerk dat dit met ’n komma eindig. Waarom het jy daardie boek met ’n komma laat eindig, en kan jy hierdie boek met oortuiging afsluit met ’n punt, of is die gedagtes daarin ook maar voorlopig?

Ek het hier bo van die komma gepraat. Hier is nou ’n punt. Maar in die lig van die immer ontwikkelende wetenskap en voortgaande navorsing in alle dissiplines, kan ’n punt uiteraard nooit finaal wees nie. Wie weet, dalk kom daar nuwe data, nuwe teorieë na vore. Ons praat hier van die funksionering van die sogenaamde nul-hipotese. Dan dink ons weer verder.

Laat jy dus geen ruimte vir ’n tweede naïwiteit, soos by die Franse filosoof Paul Ricœur, vir ’n herleefde geloof in een of ander stadium in jou lewe wat die kritiek op ateïsme sal oortref sodat ’n ervaring van God wel weer moontlik kan wees nie?

Nee. Hoe langer ’n mens bevryd van die mag van godsdiens lewe, van die inhiberende invloed van ’n vermeende transendente, metafisiese beheer oor jou en jou geliefdes se lewe, hoe groter raak die verligting – en die vreugde – om met oorgawe die lewe te leef – in voorspoed en in teenspoed. Hoe langer ons bevryd lewe, hoe sterker staan so ’n lewe in kontras met die lewe van gelowiges wanneer ons lees en luister en hulle stryd en beredeneringe ten opsigte van lewensvrae sien. Dit maak ’n mens somtyds nogal hartseer om dit waar te neem terwyl jy weet dat die greep van hulle godsdienstige oortuigings so sterk is dat hulle nie daarvan sal afstand doen nie. Daardie moontlikheid vervul hulle selfs met vrees. Dis so jammer.

Hoe sou jy die genre van jou boek beskryf? Hoewel dit baie outobiografies is, is dit nie regtig ’n geloofsreis nie.

Dis deels biografies (historiese konteks verreken) maar ook teologies-refleksief. Wat my betref, sou ek dit kategoriseer as teologie. Dit is eintlik ’n ironie, want uiteindelik bied dit ’n teologiese beredenering aan vir ’n saak teen die geloof in ’n metafisiese, transendente wese, wat dit ook al genoem mag word. Soos die redes vir die ontstaan en ontwikkeling van godsdiens evolusionêr aangedui kan word, so kan daar vanuit die evolusie van die brein, gerugsteun deur die duiselingwekkende prestasies en ontwikkeling in die wetenskaplike dissiplines en tegnologie, aangedui word hoekom godsdiens in die komplekse globale uitdagings van ons tyd nie meer ’n probleemoplossende funksie kan vervul nie.

Tydens jou bediening as NG predikant was jy dikwels in die spervuur as gevolg van jou oortuigings. Sommige het jou as liberaal beskou en jy is by meer as een geleentheid van dwaalleer aangekla, maar elke keer onskuldig bevind. Jy het ook deurgaans die Kerk se leerstellings verdedig terwyl jy predikant was. Wanneer het jy besef jy kan dit nie langer verdedig nie?

Ek is nie seker wat die antwoord op hierdie vraag is nie. Nog in die jaar wat ek met pensioen gegaan het (2015) was ek as sameroeper van die Taakspan van Leer en Aktuele Sake van die Algemene Sinode verantwoordelik vir twee verslae wat te doen het met die Christelike geloof en die moderne wetenskap. Ek dink dit is uitermate goeie dokumente en dat die Kerk goed sou doen om dit as riglyn te gebruik om as gereformeerdes die Bybel en Belydenisskrifte verantwoordelik te interpreteer. Maar in dieselfde jaar, waarskynlik akuut ervaar by die dankdiens vir my seun Leon in die Hoenderhokteater (Langverwacht, Kuilsrivier) ná sy oorlye, het ek ook geweet ek sal nooit weer kan preek nie. Geleidelik daarna het ek dit toenemend geweet: Dit kan nie meer werk nie. Dis verby.

Baie mense sal sê jy het net gewag tot ná jou aftrede voordat jy hierdie goed sê, dat jy nog jou maandelikse tjekkie van die Kerk wou kry en bang was om eerlik te wees terwyl jy nog predikant was. Hoe sou jy daarop reageer?

Ek dink bostaande reaksie verskaf genoegsaam antwoord hierop. Enige sodanige suggestie is doodeenvoudig onwaar. In die lig hiervan sou ’n voortsetting van hierdie soort verwyt of beskuldiging doodeenvoudig as kwaadwillige moedswil afgemaak moet word. Waarskynlik het niemand in ’n soortgelyke posisie in die Kerk (indien dit aanduibaar sou wees) so konsekwent deur sy of haar bediening die gereformeerde verstaan van die Christelike boodskap met groter ywer verdedig en beredeneer nie.

...
Ons het nie godsdienstigheid of spiritualiteit nodig om die asemrowende “wonders van die natuur” te waardeer en te geniet nie.
...

 

Daar bestaan ’n narratief dat mense wat van hulle geloof in God afstand doen, geestelik armer is. Dat hulle met ander woorde nie meer in verwondering kan leef wanneer hulle die wonders van die natuur om hulle aanskou nie. Het ons nie tog ’n sekere mate van spiritualiteit, of noem dit maar ’n ervaring van die goddelike nodig om hierdie verwondering te behou nie?

Dis die grootste mistasting. Ons het nie godsdienstigheid of spiritualiteit nodig om die asemrowende “wonders van die natuur” te waardeer en te geniet nie. Trouens, die teendeel is vir ons waar: Hoe verder ons van die geloof in ’n beherende metafisiese mag oor die natuur en geskiedenis wegbeweeg, hoe groter is ons verwondering oor die heelal (selfs die veelal) in makro- en mikroverband. Die mens se brein het die vermoë tot estetika, die waardering van hierdie blootstellings wat meer is as waarvoor daar soms woorde is. Juis dit is die wonder van die kreatiewe vermoë van die brein, van intellek, van die resultate van wetenskaplike navorsing wat nuwe verstaan oopsluit – dat daaroor in gedigte en liedere, skilderkuns en beeldhouwerk, prosa en verhaalkuns, musiek en toneel, uitdrukking gegee (kan) word.

Wilhelm Jordaan skryf in ’n meningstuk op Netwerk24 hy glo wesenlik soos jy, maar jou boek laat hom met ’n gevoel van verskriklike verlies en leegheid. Waarom dink jy ervaar party mense hierdie leegheid as God uit die prentjie gelaat word?

Dis moeilik om te sê. Dis waarskynlik voorbarig om namens ander te praat. Dalk het dit iets daarmee te doen dat so iemand nog nie die “waagstuk” wou onderneem nie uit vrees dat daarna ’n verlies en leegheid ervaar sal word? Hulle was nog nie daar nie en dit is dus bloot hulle eie vooroordele en bespiegelinge wat praat. Eintlik kan slegs diegene wat hierdie breuk met godsdiens volkome gemaak het, weet hoe wonderlik en vervullend die bevryding is. Dis soos met paradigmas. Wanneer die paradigmaskuif van die oue na die nuwe plaasgevind het, kan daar binne die nuwe een begrip wees vir die oue, terwyl die oue die nuwe glad nie kan konseptualiseer nie. Vir die oue is die nuwe dus vanselfsprekend ’n bedreiging: Skep dit vrees en onsekerheid, kan dit as ’n leegheid geantisipeer word.

Hoewel kulturele gedrag verbluffend wyd in die diereryk waargeneem word, is die mens al spesie wat hom wend tot religie. Behoort dit nie vir jou ’n aanduiding te wees van die mens se unieke plek in die skepping nie?

In ’n sekere sin is dit sekerlik so dat die mens se brein sodanig ontwikkel het dat dit Homo sapiens bedeel met meer vermoëns as dié van enige ander lewende dier. Maar dit is deel van die gevolge van biologiese evolusie – en natuurlik kom daarmee saam ook ’n groter verantwoordelikheid vir die versorging en bewaring van die natuur ter wille van alle lewende spesies.

Jy verwys in jou boek na drie pertinente teleurstellings in die NG Kerk wat vir jou ’n draaipunt verteenwoordig het. Trouens, jy sê dit was vir jou ’n skok in die Kerk se leierskap. Die drie sake waarna jy verwys, is die aangeleentheid van kerkhereniging in die NG Kerkfamilie, die hantering van die gay-kwessie in die NG Kerk en die Woordfees-debakel van 2013. Waarom het spesifiek hierdie drie sake jou so ontnugter en geskok?

Ai, dis eintlik swaar om hieroor te praat en ek wens dit was nie nodig om hierop te fokus nie. Maar die feit bly staan dat hierdie ervarings my laat besef het hoedat mag en verantwoordelikheid mense anders en selfs vreemd laat optree – tot skade van die integriteit van die instellings in wie se diens hulle staan; tot skade van die geloof wat hulle bely en wat hulle geroep is om te verdedig. Dit was veral die aantasting van mense se menswaardigheid deur sodanige amptelike kerklike optrede wat my genoop het om daarteen stelling in te neem. Dis baie moeilik om hieroor verder te reageer sonder om daarmee die verwyt van ’n “holier-than-thou”- houding te genereer. Tog verteenwoordig dit na my mening en ervaring ’n massiewe teleurstelling in die kerkleierskap.

Dink jy die NG Kerk sal ooit weer sy integriteit en geloofwaardigheid kan herwin in die lig hiervan?

Ek weet werklik nie hoe die Kerk sy integriteit en geloofwaardigheid in die oë van die publiek sal kan herstel nie – veral nie as ’n mens sien hoe daar steeds voortgegaan word om die integriteit van die Kerk in die openbaar af te breek nie. En dit in ’n tyd waarin ons met ’n jaar soos 2020 gekonfronteer is. Dit gaan my verstand te bowe dat predikante nie besef dat, wanneer hulle mekaar oor en weer van allerhande kleinlikhede beskuldig (wat hulle natuurlik tot groot prinsiepe verhef), hulle die integriteit van hulle instellings, asook hulle geloof as sodanig, grondig ondermyn nie.

Jy gee toe godsdiens en die Kerk gaan nie verdwyn nie. Wat is vir jou die grootste uitdaging waardeur ’n nuwe geslag teoloë in die gesig gestaar word? Ian Nell skryf in ’n akademiese artikel op LitNet dat geloofleiers oop moet wees vir die leiding van die Heilige Gees. Maar ons weet die leiding van die Heilige Gees is problematies. Dit hang maar af hoe mense gelei wil word. Wat is vir jou die grootste uitdaging vir veral jonger teoloë?

Ek weet nie regtig nie. Ek sal hulle wil aanmoedig om wyer te lees, hulleself bloot te stel aan ’n verskeidenheid dissiplines waar daar tans in die loopgrawe gewerk word om van ons wêreld ’n beter plek vir almal te maak – om ons beter te help verstaan wie ons is en hoe ons wêreld werk. Ek dink ons teologiese opleiding het erg verskraal geraak. Daar is nie meer voorgraadse blootstelling aan ander dissiplines, soos voorheen nie. Dit kan daarom dalk help om veral die verskeidenheid publikasies te lees van historici wat hierop ’n perspektief probeer gee. Maar, dit kan gevaarlik wees vir hulle geloof. Dit kan tot ontnugtering lei, en wat dan? Buitendien gebeur hierdie lees en nadenke te midde van ’n wêreld waar korrupsie, geweld en onverdraagsaamheid erger is as ooit tevore. ’n Beroep op die leiding van die Heilige Gees het geblyk ’n illusie te wees vir naspeuring van die waarheid, vir die bereiking van ooreenkomste oor sleutelaspekte van die lewe. Die duidelikste getuienis hiervan is die godsdiensgemeenskap in sy veelvormige manifestasies oor die wêreld heen self.

Jy plaas in jou boek ’n baie hoë premie op die wetenskap. Tydens jou beroepslewe as predikant het jy baie moeite gedoen om mense te laat verstaan dat die wetenskap ons met ons geloofslewe kan help en dat dit nie die een óf die ander hoef te wees nie. Dink jy steeds ’n gesprek tussen teologie en wetenskap is moontlik? Indien wel: Op watter basis moet so gesprek plaasvind?

Ek dink dit raak ál moeiliker. Hoe meer mense aan die resultate van die moderne wetenskap en tegnologie blootgestel word (en keuseloos daarmee saamleef, elke dag, elke uur en minuut), hoe moeiliker word dit vir wêreld- en lewensbeskouings wat in antieke, premoderne geskrifte en in eeue oue spirituele gebruike hulle antwoorde soek om ’n werklik waardige gespreksgenoot te wees vir ons wetenskaplike tyd en veral die kompleksiteit van ons uitdagings.

...
Ek sal met groot gemak op ’n Sondag in die kerkgebou van Nkhoma in Malawi, waar ek gebore is, instap en my bewoë aan die aanbidding en sang van die gemeente blootstel. Daar is iets nostalgies daarin vir my. Dis deel van wie ek is.
...

Jy skryf in jou boek jy kan jou ná alles steeds nie heeltemal van jou eie geskiedenis met God losmaak nie, hoewel dit nou agter jou lê. Wat bedoel jy daarmee en van watter dele van jou geloofslewe wil of kan jy jou nie losmaak nie?

Ek sal met groot gemak op ’n Sondag in die kerkgebou van Nkhoma in Malawi, waar ek gebore is, instap en my bewoë aan die aanbidding en sang van die gemeente blootstel. Daar is iets nostalgies daarin vir my. Dis deel van wie ek is. Dis egter ’n emosie wat gevoed word deur ’n geprogrammeerde sosiale behoefte waarin ek grootgeword het. Dit het vir my niks (meer) met God te doen nie, maar dit bly deel van wie ek was en is bepalend vir hoe ek vandag daaroor dink en voel. Die NG Kerkfamilie sal daarom altyd na aan my hart wees. Ek sou wou sien dat hulle ’n beter getuienis lewer van die liefde waarin hulle glo – veral waar dit die menswaardigheid van alle mense aangaan. As voormalige argivaris van die NG Kerk het ek ’n diep historiese bewussyn van die Kerk se pad en rol in die verlede van ons subkontinent. Ek dink die Kerk self is besig om dit te verloor. Ek vind dit tog jammer, al het dit niks bepalends meer met my te doen nie.

Hoe sou jy jou geloofsoortuiging tans beskryf? As ’n mens jou dan in een van die talle boksies, Christen, agnostikus, humanis, ateïs, agnostikus of wat ook al, móét plaas.

Tans voel ek gemaklik met die begrip “post-teïs” Maar eintlik maak dit nie saak nie. Ek is ’n mens wat my eintlik nie verder wil definieer in terme van godsdiens nie. Al die begrippe wat jy hier bo noem, is nog daaraan gebonde. Ek is ’n mens. Soos ander en saam met ander mense. Dalk sal ek al meer gemaklik raak met die begrip “humanis”?

Lees ook:

Resensie van Ben du Toit se God Is daar ’n ander antwoord?

Eerste slukkie: God Is daar ’n ander antwoord?

Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë

Kunstenaar en skepping: Sheila Cussons en die problematiek van die kunstenaar

Omnium expetendorum prima est sapientia: Hugo van Saint-Viktor (1097–1141) en die probleem van hiperspesialisasie in die eietydse wetenskapsbegrip

Paul Ricoeur se begrip van transendensie met betrekking tot tyd en narratief

 

The post Skrywersonderhoud: Ben du Toit oor <em>God Is daar ’n ander antwoord?</em> appeared first on LitNet.

Kry jou branderplank, die tweede golf is hier

$
0
0

Foto: andythelion | Pixabay

Omtrent twee maande terug sê iemand spottend op Twitter: “Get your surfboard, get ready for the second wave.”

Dit het geblyk profetiese woorde te wees, want ons is inderdaad nou midde-in die tweede golf van koronavirus-infeksies. In die laaste week is vier van my vriende positief getoets. Die plaaslike daghospitaal moes sluit want ses personeellede is siek. Op een dag het vyf en dertig mense na berig word by een plaaslike dokter opgedaag met versoeke dat hulle getoets wil word nadat hulle vermoedelik in kontak was met iemand wat positief getoets is.

Twee weke terug was daar ’n funksie in die gemeenskapsaal waar ’n klomp jong mense bymekaar was. Die musiek het eers die volgende oggend vyfuur opgehou, asof daar nie meer ’n aandklokreël is nie. Wel, streng gesproke het hulle seker die reël gehoorsaam, want hulle was in hul groot groep binne-in die gebou – met geen enkele venster oop nie – vir die volle vier ure van dié nagtelike inperking.

Binne ’n week het die getal nuwe koronagevalle begin styg.

Dis in een kleinerige plattelandse dorpie. Wat in die stede aangaan, wil ek nie eens oor dink nie. Ons weet wel dat daar daagliks omtrent drieduisend nuwe infeksies plaasvind.

Maar beweeg in enige woonbuurt rond, en dis asof mense in totale ontkenning lewe. Groepies jong mense beweeg rond met absoluut geen konsep van sosiale afstand nie. Maskers is iets wat mens opsit as jy toegang tot ’n winkel of staatsgebou wil hê, en dan word dit opgeskuif tot knussies onder die neus. Ons kan nie maskers oor ons neus sit nie, want mens kan nie asemhaal nie, hoor ek keer op keer.

Mens kan ook nie asemhaal as korona jou longe aanval nie, maar dis blykbaar ’n “we’ll cross that bridge when we get to it”-probleem.

Boonop sien ek ál meer voertuie met registrasienommers van ander provinsies. Dis die vakansiegangers wat vroeg wegspring voor die grootste toestroming plaasvind, tradisioneel hier van die middel van Desember af. Dis wanneer al die binnelanders op ons kusdorpe toesak.

Dis goed vir die ekonomie, en die vader weet ons ekonomie het al die hulp nodig wat dit kan kry, maar teen watter koste? Die Tuinroete het ná die skoolvakansie ’n hot spot geword. Elke dorp waar daar ’n rage gehou is, het ’n hot spot geword. Elke groot party waarvan ek weet, het positiewe gevalle opgelewer.

’n Vriendin het onlangs haar 50ste verjaarsdag gevier saam met ’n paar van haar familielede en nabye vriende. Binne dae daarna is sy en twee ander gaste positief getoets. Haar broer is in die hospitaal opgeneem en moes geïntubeer word omdat hy sukkel om asem te haal.

Daar is vele sulke verhale. My vriendin het agterna op Facebook hierdie waarskuwing gerig: “This is the time of year for celebration and reconnecting with family and friends and we’ve all been craving family time. Just PLEASE be aware of the uninvited microscopic guest. Stay safe.”

Dis woorde wat nie genoeg beklemtoon kan word nie. Hierdie was ’n jaar van groot opoffering vir ons almal. Maar nog opoffering is nodig. Ons kan nie net voortgaan asof daar nie ’n pandemie is nie. Ons kan nie groot byeenkomste hou waar ons ons waaksaamheid verslap nie.

Dis Kerstyd. Dis ’n tyd wanneer ons graag by mekaar kuier, wanneer ons graag feesvier. Dis ’n tyd wanneer baie van ons te veel eet en hopeloos te veel drink. Dis ook ’n tyd met die potensiaal om die eerste golf na kinderspeletjies te laat lyk.

Bly eerder hierdie jaar by die huis. Wees lief vir jou familie van ver af. Ons moet almal nou selfbeheersing aan die dag lê, anders gaan 2021 afskop met ’n geween en ’n gekners van tande.

Asseblief, onthou die mikroskopiese ongenooide gas. Wees veilig.

The post Kry jou branderplank, die tweede golf is hier appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ulrich Joubert

$
0
0

Is daar enige rede vir optimisme ná ’n jaar van uiterste beproewing? Freek Robinson gesels met ekonoom, Ulrich Joubert.

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ulrich Joubert appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>