Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21927 articles
Browse latest View live

As die Cape Flats kon praat: Gewone mense in ’n uitstekende debuutbundel

$
0
0

As die Cape Flats kon praat
Brian Fredericks

9780798180917
Human & Rousseau
2020

Laas keer toe ek gemang het, was ons in Pollsmoor se maksimum. Dit was die dag wat die tronk se hoof vir die kameras gesmaail het en vir almal gesê het dat die gangs nie in die tronk regeer nie. Dis net stories. Ek kyk toe so om my na die manne in oranje; hulle lyk so skaam vir dié nonsens, dis amper asof iemand poep gesê het voor die dominee.

As jy vir die Cape Flats ’n stem sou gee daai oggend, sou jy stories hoor van die gangs se invloed binne én buite die tronk. As Cape Flats daardie oggend agter die mikrofoon kon staan, sou dit feite gooi waarvan die regering en die ryk ouens in die suburbs nie hou nie. Dit is dalk hoekom mense dink die Cape Flats kan nie praat nie, want ons wil nie hoor wat die mense daar sê nie.

Hier kom Brian Fredericks en hy gryp die mikrofoon. Hy vertel ander goed oor die tronk en die gangs. Hy praat groot prate.

En hoe.

Die stories lees maklik. Almal kan dit verstaan.

Die verhale meng Standaardafrikaans, Kaaps en die unieke kodes van die nommers in die tronke op só ‘n manier dat selfs buitestanders dit sonder probleme kan volg. Dit is bitter min dat ’n debuutwerk só goed afgerond is.

Leeskringe, hier is die regte boek om 2021 mee af te skop. As die Cape Flats kon praat is ’n uitstekende debuut. Hettie Scholtz het nie verniet na hierdie bundel verwys toe sy gesels het oor volgende jaar se kykNET-Rapport-boekpryse nie. 

kykNET-Rapport-boekpryse: 2020-kortlyste is hier!

Daar is groot verwagtinge vir dié een.

Die struktuur

Die boek bestaan uit nege kortverhale. Hoewel elke verhaal op eie bene staan, vorm hulle ’n hegte eenheid wat maak dat daar ’n verhaalprogressie deur die boek is.

Die eerste verhaal, “Die drie musketiers”, is die langste. Dit is byna ’n novelle en lê die fondament neer vir die res van die stories wat volg.

Michael, die verteller, is ’n joernalis wat skryf vir ’n Kaapse poniekoerant, Die skandaal. Uit die bloute kontak Angelo hom eendag en sê hy wil kom inloer.

Die joernalis besef dat Angelo die boetie van Emile moet wees. Saam-saam het hulle op laerskool bekendgestaan as die drie musketiers.

Michael was brandarm en altyd sonder kos. Angelo het sý toebroodjies met Michael gedeel. Só het hulle bevriend geraak.

Hulle was tien jaar oud toe Angelo en Emile eendag verdwyn het.

Wat daarna gebeur het, maak die wêreld van die Cape Flats vir die leser oop.

Michael het hard gewerk. Danksy toewyding en ’n ondersteunende gesin kon hy ’n sukses maak en leef in die hede ’n relatief goeie lewe, apartheid en die Flats ten spyt.

Angelo is, danksy ’n baie ligte vel, na sy wit pa gestuur waar hy wit grootgeword het, kon gaan studeer en is in die hede ’n suksesvolle skrywer van sepies.

Emile moes, weens ’n donker vel, by sy ma en dié se familie bly.

Aan die begin van die storie is Emile in die tronk vir die brutale moord en verkragting van ’n jong meisie van Vishoek, Jessica Leigh.

Angelo smeek dan vir Michael om vir Emile in die tronk te gaan besoek – hy sien nie kans nie.

Die verhoor vir Jessica Leigh se moord, die gruwels van die misdaad, en die alledaagse probleme van ’n bestaan in desperate armoede word vervleg deur Michael se skrywende hand.

Die res van die storie moet julle self lees, want dit ontsluit temas wat regdeur die boek geknoop word:

  • Broederskap het niks met genetika te doen nie.
  • Bevoorregting word soms deur ’n vloek van geluk of ongeluk van jou weggeneem; of aan jou gegee.
  • Jou rolmodelle op die Cape Flats is hulle wat suksesvol is in die onderwêreld; dit is ook die onderwêreld wat aan die jongelinge liefde en geborgenheid bied, in ruil vir lojaliteit.

Danksy Michael, die joernalis, se werk, leer die leser ook die rol van die poniekoerante ken; daardie publikasies gee ’n stem aan mense wat andersins nooit gehoor sal word nie. Daar is die ma wie se kind tik. Sy wil hê die joernalis moet hieroor skryf, want sy wil hê haar seun moet in die koerant lees hoe moeilik dit vir haar is. Die skandaal moet namens haar praat, want sy kan nie.

Ek werk gereeld in Kaapstad se armer dele. Ek het al baie gehoor: “In watter koerant gaan jy my foto sit?”

“Die drie musketiers” kan op sigself ’n bespreking of twee by ’n leeskring werd wees, maar dit is wanneer dit as bloudruk vir die res van die res van die stories gelees word dat Brian Fredericks se slim werkswyse begin duidelik word. Leeskringe kan elke scène in die daaropvolgende stories terugplot na die eerste teks en kyk hoe hulle mekaar toelig.

Op ’n sosiolinguistiese vlak sou ’n mens ook kon kyk hoe hierdie verhaal ruimte gee aan Standaardafrikaans, Kaaps en Tronktaal; iets wat ook in later verhale gebeur.

Die ander verhale

Elkeen van die ander agt verhale in die bundel vertel ’n storie wat tematies terugwys na die eerste verhaal.

“Green eyes” verduidelik hoe onmoontlik dit is om weg te stap van die bendes – al is jy al lank uit die tronk.

“Moenie mense judge nie” wys hoe maklik dit is om betrokke te raak by die bendes – selfs al beplan jy dit nie. Ook wys hierdie verhaal op ’n wrang manier hoe mense wat uit die Cape Flats wegbeweeg het, soms familie gebruik om hulle gewetens te sus oor diegene wat hulle agtergelaat het.

“Nadine en Elton” vertel die leser hoe bitter moeilik dit vir gewone mense is om te volhard met hulle studies. Dit wys ook hoe mense soms bitter keuses moet maak om seker te wees hulle kinders kry genoeg kos.

“Gister se mistakes” vertel hoe ’n kind van ’n pa weggeskeur word.

“Die cowboy” het jare terug in die US Woordfees se bloemlesing verskyn. Dit ondersoek die afwesige pa en die moeilike keuses wat ma’s moet maak om hulle kinders ter wille te wees.

“Die vierhoeke” vertel die verhaal van ’n gewoontemisdadiger, ’n lid van die 26’s, wat op pad is om vir sy seun in die tronk te gaan kuier voor hy self weer vir vyftien jaar weggesluit word. Die ouer man is besig om homself op te werk in die bendes; hy kan nie meer buite die vierhoeke regkom nie. Die broese is nou sy familie. Die seun hoop nog op ’n ander lewe en dit irriteer die pa dat sy seun nie in sy voetspore wil volg nie. Wat ek hier sê, is nie ’n spoiler nie, want die leser besef baie gou waarnatoe die verhaal jou neem. Dit is nie die bestemming wat hierdie een so besonders maak nie, dit is die reis; en om dít te verstaan, moet jy die storie lees.

“Die gevangene” gee die leser ’n wrang insig in die hoop wat aan sommige mense gebied word op ’n beter lewe, maar hoe dit dan van hulle weggeraap word deur die regstelsel.

Met die laaste verhaal, “Baksteen vir baksteen”, eindig die bundel op ’n pragtige, hoopvolle noot. Die leser weet egter nou al hoe baie dit van die jong man gaan verg om sy belofte gestand te doen.

Daar is al oor die Cape Flats geskryf – dink maar aan Nathan Trantraal se Wit issie ‘n colour nie, wat baie goed is. Vele lesers sê egter hulle sukkel met die Kaaps. Daar is leeskringe wat juis moeite doen om sulke boeke te lees; kyk gerus na die artikel deur Monica Hammes.

Fredericks skryf só dat die verskillende tale vervleg en sonder groot moeite gelees kan word. ’n Mens kan dus op die storie konsentreer.

Wie is Brian Fredericks?

Daar is min bekend oor die mens agter hierdie bundel.

Hy was destyds in Nuwe Stemme 2 en Naomi Bruwer het ’n onderhoud met hom gedoen.

Nuwe Stories-kortverhaalwedstryd 2013: Onderhoud met Brian Fredericks

“Die cowboy” is ook saam met gróót name opgeneem in die US Woordfees se eerste bloemlesing van 2016, en verlede jaar is twee van Brian se verhale opgeneem in Die nuwe Afrikaanse prosaboek.

Wie Brian Fredericks ook al is, hy skryf al jare lank. Dit is ’n deurleefde en fyn afgewerkte teks hierdie.

Die strak eenvoud waarmee hier vertel word, laat my dink aan Bertolt Brecht se kortverhale oor die werkersklas.

Om ’n stem te gee

Jare gelede het Elsa Joubert in Afrikaans ’n stem gegee aan ’n swart vrou. As daardie vrou met wit mense sou kon praat in daardie tyd, wat sou sy gesê het? Tafelberg, tans ’n druknaam van NB-Uitgewers, het Poppie Nongena se stem in ‘n geel boek verpak.

’n Mens sou hoop dat die kenteken van Human & Rousseau, tans ook ’n druknaam van NB-Uitgewers, hierdie boek in die hande van lesers sal plaas wat nie sommer in die Cape Flats sal gaan sit en luister, of in ’n derdeklaskompartement in een van die Kaapse treine sal wil sabela nie.

Dié boek gaan nie oornag die Cape Flats verander nie. Die swerfjare van Poppie Nongena het beslis nie ’n vinnige einde aan apartheid gebring nie, maar dit het begin insae gee in die onreg van die sisteem.

Dit was maklik om destyds te sê: “Ek kan niks aan apartheid doen nie.”

Dit is nou nog makliker om die vinger na die ANC te wys en te sê: “Húlle moet die probleem oplos.” As die Cape Flats kon praat, sou dit dalk saamstem, maar meer nog, dit sou dalk sê: “Ek wil van geweet wees, Ma, ek wil nie vrek soos ’n hond nie, ek wil van geweet wees.” Let veral op hoe mense in die eerste verhaal hierdie woorde van Tiemie uit PG du Plessis se Siener in die suburbs subtiel eggo.

Die laaste keer dat ek gemang het, is ek, soos die ander joernaliste, later daardie dag weer vrygelaat; ons mae vol tronkkos, kopskuddend oor die regering se houding jeens die bendes.

Dalk kry Fredericks dit reg om ánder stories rugbaar te maak, die kleiner narratief teenoor die meesternarratief. Dalk sal meer mense dan begin lees aan die ander uitstekende werke wat reeds oor die bendes geskryf is.

Daar bestaan ’n mite dat kortverhale moeilik is om te lees. Ek wil enigeen uitdaag om dié bundel te probeer. As jy ’n Huisgenoot-artikel kan lees, sal hierdie stories met jou praat. Dit gaan oor mense. Gewone mense. Mense wat van geweet wil wees.

Lees ook:

Korona is erger na rook

 

The post <em>As die Cape Flats kon praat</em>: Gewone mense in ’n uitstekende debuutbundel appeared first on LitNet.


Uitnodiging: Luna Paige sing by sjef Marilou Marais-Ferreira se huis

$
0
0

Luna Paige (foto: Hannie du Plessis)

Avec Mari Catering (sjef Marilou Marais-Ferreira) bied ’n heerlike huiskonsert en ete met gaskunstenaar Luna Paige aan.
Donderdagaand 1 Oktober vanaf 18h00

Dalsig, Stellenbosch

Marilou in die kombuis. Luna agter die vleuelklavier. Jy, en jou spesiale mens(e) van keuse aan tafel, langs Stellenbosch se proefplaas, op die stoep, met ’n pragtige uitsig oor die berge en die veld.

Jy is een van onder 50 gaste en kan uitsien na ’n lieflike konsert en ’n smullekker ete.

Aankoms: 18h00
Vertoning begin: 19h30
Verrigtinge eindig: 21h30

Kaartjieprys: R400 (sluit driegangmaal en konsert in)
Sien die spyskaart hier onder.

Bespreek en betaal: marilou@avecmari.net

Kontantkroeg

Spyskaart:

By aankoms:
Mediterreense skottel  (spanakopita, calamari, taramasalata, hummus, tzatziki, Griekse slaai & carpaccio)

Hoofgereg:
Lamsherderspastei
Peri-peri-vlerkies op rys
Brokkoli en aspersie met botter

Nagereg:
Brownies en fudge met aarbeie

Bespreek en betaal sommer lekker vinnig om seker te maak jou sitplek is verseker.   

Voel vry om die Facebook event te deel en vriende uit te nooi.
Ons sien uit daarna om julle te bederf.
 
 

The post Uitnodiging: Luna Paige sing by sjef Marilou Marais-Ferreira se huis appeared first on LitNet.

Graad 10 Huistaal: Taal- en leesoefening en memo met Best Books

$
0
0

Best Books Eksamenhulp: Graad 10 Taal­ en leesoefenboek vir Huistaal deur Isabella Venish bevat taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel as konsepvraestelle om die grondslag vir sukses te lê. Elke hoofstuk bevat ’n begrips-­ en hersieningstoets. Dit bevat ook wenke en raad vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3.

Die boek lê die grondslag vir sukses in die VOO-band en bevat opsommings van elke taalstruktuur en ­konvensie. Dit is ’n oefenboek om tot graad 12 te hou en saam met Best Books se oefenboeke vir graad 11 en 12 te gebruik.

Eboeke is beskikbaar by Amazon, Takealot, Kobo, itsi Store en Snapplify.

Gedrukte boeke kan bestel word by: Takealot, Loot, Raru, EB Online en die itsi Store.

As toonaangewende boekhandelaars nie voorraad het nie, vra gerus die winkelbestuurder om dit te bestel.

In hierdie video gesels Isabella Venish oor die boek:

Om ’n voorsmaak te kry van wat die boek jou bied, klik hier vir die volgende uittreksels:

 

 

The post Graad 10 Huistaal: Taal- en leesoefening en memo met Best Books appeared first on LitNet.

Willem Anker (1979–)

$
0
0

Gebore en getoë

Willem Petrus Pienaar Anker is op 3 Februarie 1979 op Citrusdal gebore. Hy word groot op Wellington in die Wes-Kaap as sy ouers se oudste kind en ook hulle enigste seun.

Hy vertel aan Murray la Vita (Die Burger, 19 Junie 2015) dat westerns vir hom ’n bekoring het. Hy het as kind een vakansie in sy oupa se huis ’n vertaling van een van Louis L'Amour se verhale gelees: "Ek kan nie meer die titel onthou nie ... Ek dink ook nie ek het dit klaar gelees nie. Dit was vir my onverstaanbaar: die koeiseun en die seun, want guy seker maar was of so iets; en girl was dogter en ’n hings was ’n reun ... So jy het sulke sinne soos: 'Die koeiseun klim op sy reun en gaan kuier vir die dogter.' His girl is dan sy dogter."

Oor die eerste boeke wat as jongmens op hom ’n indruk gelaat het, vertel Willem aan Maryke Roberts (Vrouekeur, 23 Januarie 2016): "Die eerste boek wat ek self deurgelees het, was Huppelkind deur WO Kühne en dit bly een van my gunstelinge, maar dit was seker toe ek in die laaste jaar van hoërskool vir Albert Camus, Hermann Hesse en Etienne Leroux op ’n streep ontdek het, wat die koeël regdeur die kerk en anderkant uit is."

Daar was min dinge wat Willem nie wou word toe hy ’n kind was nie – van die algemene brandweerman en polisieman tot vegvlieënier, cowboy, Indiaan, sheriff, kroek, ridder, draak, spioen, towenaar en seerower. (Vrouekeur)

Hy matrikuleer in 1996 aan die Hugenote-hoërskool op Wellington.

Verdere studie en werk

Ná matriek is Willem na die Universiteit Stellenbosch, waar hy hom inskryf vir ’n BA-graad. Hierna verwerf hy ook sy BA-Honneurs in Afrikaans-Nederlands en sy MA in kreatiewe skryfkunde onder Marlene van Niekerk. In 2007, op 28-jarige ouderdom, kon hy die titel "doktor" agter (of voor) sy naam skryf met ’n proefskrif getiteld "Die nomadiese self: ’n skisoanalitiese lees van enkele prosawerke deur Alexander Strachan en Breyten Breytenbach" – ’n heel lywige stuk navorsing van ongeveer 600 bladsye.

Tydens sy studentejare was Willem een Desembervakansie kroegman by die restaurant Mexican Kitchen, vertel hy aan Murray la Vita. "Maar toe die klasse weer begin, het die shifts geheimsinnig opgedroog – hulle het my nooit amptelik ge-fire nie, maar net opgehou om my naam op die rooster in te vul. Miskien was my small talk nie na wense vir die clientèle nie of miskien het ek te veel glase gebreek.

"Die jaar ná skool het ek vir ’n vriendin se pa gewerk as wewer. Hy het ’n paar besighede uit sy huis bedryf, en een daarvan was twee weefmasjiene in ’n skuur in sy tuin waar ek vir hom angora-hare geweef het wat glo uitgevoer is na Swede – of een van daardie plekke wat hulself leen tot goeie murder mysteries – vir die pelse van teddiebere. Ek het saam met oom Krisjan, die tagtigjarige man wat ook bietjie tuinwerk gedoen het, hierdie masjiene bedryf. Middagete het oom Krisjan vir ons bokkoms gaargemaak op die droë blare wat hy gehark en dan aan die brand gesteek het. Dit was een van die lekkerste werke wat ek nog gedoen het. Ek moes ongelukkig ophou toe ek agterkom ek is erg allergies vir angorabokke.

"Al slegte ding was dat oom Krisjan verslaaf was aan die vervolgverhale op radio en ook nie meer so goed kon hoor nie.

"Ná my M in skryfkunde het ek nie werk gekry nie en het ek vir ’n paar maande die working holiday-ding gaan probeer in Edinburgh. Daar was ek ’n security guard in Gap-winkels. Die uniforms het net soos Voortrekker-uniforms gelyk. Mens moes rondstaan en verdagte jean-kopers agtervolg. Dit was f—n aaklig. Ek kon ten minste ­later ’n play [Skrapnel] daaroor skryf.

"Tussendeur die sekuriteitswerk het twee Ierse swaers, wat saam ’n verhuisingsmaatskappy met hul lorrietjie bedryf het, my by die hostel kom oplaai as hulle groot huise moes trek en hulle twee nie genoeg was nie. Ek het twee keer saamgegaan, want hulle het beter betaal as die sekuriteitsplek, maar die derde keer wat hulle kom aanklop het, was op ’n dag wat ek lekkerder planne gehad het. Ek het gemaak of ek slaap. Toe het hulle my nie weer gevra nie. Dit was miskien ook oor die rusbank wat ek die vorige keer by ’n spiraaltrap laat afval het."

Willem is tans dosent in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is met Christine Truter getroud.

Dat hy toneelskrywer geword het, was heeltemal toevallig. Hy het sy vriend Tertius Kapp by die KKNK gaan help "grafte grawe en goeters" vir Kapp se produksie in ’n ou spookhuis, vertel hy aan Willemien Brümmer (Die Burger, 4 April 2009). "Toe dit so half geslaagd was, toe dink ons ons moet probeer om nog ’n site specific ding te doen. Dit was pret om op die plaas rond te grawe, en toe dink ons waar gaan nog ’n interessante plek wees, en toe dink ons ’n scrapyard. Tertius het gesê: ‘Wel, skryf dan iets daaroor’, en toe hou hulle daarvan."

En só het Skroothonde ontstaan wat in 2004 by Aardklop gedebuteer het waar Kapp en sy Tart ’n Koggel-produksies dit in ’n scrapyard "op die planke" gebring het. Skroothonde is by 2004 se Aardklop bekroon met die Aartvark-prys vir grensverskuiwende werk.

Die stuk speel hom af in 2204 op ’n "postapokaliptiese puinhoop", skryf Kobus Burger in Beeld van 1 Oktober 2004. Die wêreld soos die toehoorders dit geken het, bestaan nie meer nie en die enkeles wat oorleef het, praat ’n taal wat vreemd op die ore sal val, verduidelik ’n vrou met ’n plastiekgeweer aan die "toeskouers".

Burger skryf verder dat wat binne die daaropvolgende uur gebeur, ’n kruis is "tussen Blade runner, Mad Max en ’n onseker uitstappie deur ’n skrootwerf wat seker eendag ’n pretpark kom gewees het".

Burger sluit sy bespreking af: "Die reis eindig by die leier van die groep stofbyters. Dit blyk dat sy enigste kind/vrou ge-overdose het op die droomwater (petrol). En hulle het gereken haar droom sou hulle almal red. Dat daar hoop is. Dié toneel gee vir ’n mens ’n Shakespeare-geurtjie in Afrikaans. ’n Woordryke, Afrikaanse Terminator toneel, maar met ’n spul elemente uit die mitologie.

"Dan word ons weggejaag. Die mense (of is hulle robotte) wil rou. ’n Marilyn Monroe kruip uit die rommel en wink ons nader. Het dié god uit die droom ontsnap? Of gebruik die puinhoop-bewoners die enigste god/ikoon wat die ambassadeurs sou verstaan om ons weer terug te ruk na die wêreld wat ons wel sal kan verstaan? Al kopkrappend word ons uitgeskop. So wie is nou die honde wat stert tussen die bene moet vlug? Bang dat ’n stuk geroeste metaal ons sal sny. Of dat Breekyster ons sal beetkom.

"Die einde is nie ’n antwoord nie, maar dat dit ’n seldsame ervaring was, moet almal gelyk gee. Skroothonde is kraakvars ruimtelike teater. Waar Odd Enjinears en ander sulke teatergroepe met ’n magdom idees sit wat nie alslag as ’n sterk geheel bymekaar kom nie, bied hierdie gebeurtenis ’n kragtige kopskuif. Willem Anker se teks is ’n raaiselagtige juweel, wat met ’n mens se kop smokkel. Wat jou kop uiteindelik daarvan maak, is ’n ander storie."

Ook Sielsiek, wat in 2006 by Aardklop opgevoer is, is baie goed ontvang. Willem het weer saam met Tertius Kapp en sy produksiespan gewerk. Willem het Sielsiek as ’n "mikrokosmos van die wêreld" beskryf. In hierdie stuk is vertrekke van ’n kollege in die Nuwe Hoop-tehuis omskep. Hier kan gehore hierdie gestig se kleurvolle, maar terselfdertyd ook ontstellende inwoners ontmoet, skryf Marthinus van Vuuren in Beeld (27 September 2006).

Willem en Tertius se inspirasie was wel "ander malhuis-tipe verhale", maar dit het slegs die voorkoms van die drama beïnvloed. "Die karakters het uit ’n suiwer Suid-Afrikaanse konteks geborrel. Die konteks is Suid-Afrikaans, maar die temas is universeel."

Twee musikante, Braam du Toit en Richard Kapp, was verantwoordelik vir die "insidentele musiek" in die stuk. Hieroor was die twee skrywers baie opgewonde, want hulle het stukkende klaviere en die gestryk van ’n saag vir die effekte gebruik.

Maar dit was met Slaghuis, wat in 2006 as ’n studenteproduksie by Aardklop opgevoer is, dat Willem Anker wel deeglik op die toneel verskyn het. Dit is ingeskryf vir die Sanlam-prys vir Afrikaanse teater (Spat) en het met al die belangrikste pryse weggestap – algehele wenner, beste dramaturg (Willem Anker) en beste regisseur (Marthinus Basson) as. Dit is ook in 2007 deur Genugtig! Uitgewers in boekvorm uitgegee.

Basson het aan Jo-Ann Floris (Beeld, 30 September 2009) vertel dat Willem Anker die stuk ongeveer twee jaar vroeër aan hom gegee het, maar dat hy nie eintlik geweet het wat om daarmee te maak nie: "Dit sou ’n duur en groot produksie moes wees en dis nie maklik om geld te kry nie. Dis ook ’n baie diggeweefde teks en dan is ’n mens maar altyd ’n bietjie huiwerig om dit met studente aan te pak. En vandag het ons hierdie prys en ons is wonderlik beloon."

Basson beskryf Slaghuis só aan Matieland (Somer 2006/2007): "Slaghuis is gepas geset in ’n metaforiese plattelandse slaghuis, maar is ook tegelykertyd die kamer van ’n naamlose paartjie, Hy en Sy, êrens naby die hoofweg in Bellville. In die koorsagtige nag waarin poësie bots teen banale realiteit, is dit vir die jong skrywer wat in die skaduwee van ’n literêre reus staan, logies en onafwendbaar dat hy in ’n oeroue ritueel sy skrywersgod moet slag om by sy eie identiteit as skrywer uit te kom.

"Onder die druk van ’n verbrokkelende verhouding word woorde wapens en ontaard hierdie nag van dubbeleindes in ’n Walpurgis Nacht waarin die losgelate verbeelding van ’n jong skepper en die skeppings van ’n ontslape skrywer saamspan om sin te probeer maak van die kunstenaar se verhouding met die wêreld daarbuite."

In sy resensie van die verhoogstuk skryf Danie Botha dat Anker in Slaghuis ’n "voorstelling gee van hoe Etienne Leroux (Stian Bam) se romans in sy verstand ontstaan het. Dis ’n veruiterliking, ’n konkretisering deurdat ’n aantal van sy karakters hom in lewende lywe konfronteer, hom aankla, selfs 'slag'. Dit word soms ’n mal gedoente." (Die Burger, 12 Oktober 2006)

Anna-Retha Bouwer (Beeld, 29 September 2006) was van mening dat hierdie donker en absurde stuk sonder voorafkennis van Etienne Leroux en sy werke nie na waarde geskat kan word nie. "Dit raak in daardie konteks gewoon die stryd van die skryfproses, van die skep van karakters wat by jou spook en immer onontgin bly. Dit illustreer ook die punt dat geskepte karakters nie sonder die skrywer kan bestaan nie, en die skrywer ook nie sonder hulle nie. Maar sonder om Leroux te ken (en wie ken Leroux werklik?) gaan daar veel verlore. Net soos Leroux nie vir die gewone leser geskryf is nie, is Slaghuis ook nie vir die gewone teaterganger nie. Dit is nietemin aktueel."

Oor die dramateks skryf Marius Crous in Die Burger van 30 Julie 2007 dat Willem Anker hiermee in die geselskap is van Pirandello, Uys Krige en Breyten Breytenbach met dieselfde ontginning van die verhouding tussen die dramaturg, sy karakters en die stuk wat geskryf en opgevoer moet word. "Daar is ook ’n duidelike aansluiting by die tradisie van die Teater van die Absurde en veral elemente van Brecht se werk. Veral in die tonele tussen Gert Garries en Onse Hymie kom laasgenoemde na vore. [...]

"Die vernaamste in­terteks­tuele spel in dié dramateks is dus met die persona van Eti­enne Leroux en sy tiental romans. Die karakters kom uit Leroux se romans, Leroux self is een van die karakters en daar word byvoorbeeld voorgelees uit sy romans. Daar word ook kommentaar gelewer op die kritiese diskoers wat om Leroux se komplekse romantekste ontstaan het."

Vir Crous is dit presies wat ook met Anker se teks gaan gebeur, aangesien dit ’n teks is wat vra om psigoanalitiese vertolking, asook ’n diepgaande kyk op die psige van Etienne Leroux.

Crous sluit af: "Anker se teks is, nes Leroux se romans, kompleks en veelvlakkig, en sal be­slis ook 'oorgeanaliseer word deur li­teratore'. Dis ’n intellektuele toneelstuk wat beslis nie ingestel is op goeie, grap­pige gesinsvermaak nie, want dit verg heelwat van die leser/kyker X soos in die geval van Cloete se Onderhoud met ’n Bobbejaan of Breytenbach se Boklied en Die Toneelstuk. Interessant hoe die Afrikaanse dramaliteratuur so ’n intellektuele rigting inslaan."

Willem Anker se eerste roman, Siegfried, word in 2007 deur Kwela uitgegee. Die eerste weergawe van die roman is geskryf ter verkryging van sy MA-graad in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit Stellenbosch. Dit is aanvanklik aan etlike uitgewers gestuur vir publikasie onder die titel Sirkus, maar niemand was bereid om dit uit te gee nie, omdat dit na hulle mening te eksperimenteel was. Daar is toe geskaaf, oorgedink een oorgeskryf aan die manuskrip en ook aan sy vriende voorgelê vir hulle menings, en uiteindelik is dit toe onder die titel Siegfried gepubliseer. Dit is in 2008 met die Universiteit van Johannesburg se debuutprys en die Jan Rabie/Rapport-prys vir vernuwende skryfwerk bekroon.

Soos Willie Burger in De Kat (9 September 2007) geskryf het, is Siegfried ’n roman wat jou laat "regop sit".

Willie Burger skryf verder: "Siegfried begin op aangrypende wyse met die dood van die boer, Landman (die name is simbolies) op sy Karooplaas. Sy swaksinnige seun, Siegfried, met sy lomp gewebde vingers en tone, onderneem ’n reis op soek na sy enigste familielid. Hierdie 'paddaman', ontuis op land en in die wêreld, word op sy reis vergesel deur die mislukte skrywer en amateur-entomoloog, Smit (Smetsmid) wat in sy voortdurende dronkenskap tóg probeer om vir Siegfried te beskerm teen ’n wêreld waarin onskuld en naïwiteit nie ’n plek het nie. Hul reis lei tot ’n deurmekaarspul in Kaapstad waar hulle onder meer beroof en aangeval word."

Hierdie wêreld, wat soos ’n nagmerrie is, word meestal vanuit Siegfried se perspektief vertel. "Sy beperkte begrip word weerspieël deur prosa waarvan die sintaksis versteur is. Siegfried se perspektief word afgewissel deur die perspektiewe van Smit, David (’n verveelde jong man wat selfmoord pleeg) en uiteindelik ook deur Fafnir, die 'dramaturg', se versplinterde beeld op die wêreld. Hierdie buitestanders se ervarings maak ’n kritiese blik op die samelewing moontlik."

In ’n onderhoud met Suné Kitshoff (Die Burger, 28 September 2007) wou Kitshoff ietsie meer weet oor die karakter Smet en sy "gogga-ding" wat haar aan Dracula van Bram Stoker laat dink het. Willem se antwoord hierop: "In Dracula is Tom Waits in ’n malhuis en Gary Oldman die beroemde bloedsuier. Wat ’n goeie fliek; net jammer van Keanu Reeves! Smet is nie gebaseer op Renfield nie, maar die woorde van Renfield pas miskien goed in sy mond. 

"Oor Smet se insek-etery wil ek nie self te veel sê nie; ek was heel verbaas toe die stomme man die eerste keer ’n kriek in sy mond gedruk het. Hy sou seker iets sardonies sê, soos wat die hart van vol is, loop die mond van oor. As ’n mens kinders en diere dophou, sien jy hulle snuif of kou aan iets wat hulle interesseer of fassineer. Sommige eet kougom, ander kou hul naels. Dit maak dalk veel meer sin om iets met ’n bietjie proteïen in te kry. Maar Smet sou seker gespoeg het op sulke verklarings. Ek is nie sy sielkundige nie."

Kitshoff wou verder weet, gesien die feit dat in Frankenstein die "kreatuur" erg verbrand word en ook Siegfried wat geteister word deur vuur, asook die skepsels in Fafnir se sirkus, of ons "eers vermink moet word voordat ons aanvaar". Vir Willem was hierdie vrae juis dié rede hoekom hy Siegfried geskryf het: "Ek glo nie daar is enige maklike antwoorde vir hierdie kwessies nie. ’n Roman is vir my ’n praatplek waar met sulke vraagstukke omgegaan kan word sonder dat daar op ’n finale antwoord afgekom hoef te word. Ek voel die skrywer se werk is om te ontwrig en nie te onderrig nie. As die boek as ’n moraliserende traktaat gelees kan word, het ek misluk. Of mense hou van die boek, of hulle dink dis prulwerk en of dit iemand ontstig, is om’t ewe, solank niemand ’n lessie daarin sien nie. Siegfried was my manier om te dink oor die bogenoemde kwessies van Frankensteinagtige vure, Fafnir-Rose-grilvertonings en spykers. Dit is die enigste antwoord wat ek kan gee."

Siegfried bestaan uit vier dele en vir Kitshoff het die eerste deel haar aan John Steinbeck se Of mice and men laat dink en was dit ook vir haar baie komies. Sy wou weet of Willem Anker ’n gunsteling onder die verskillende dele het: "Of Mice and Men is ’n wonderlike boek wat ek al ’n paar keer gelees het. Deur die loop van die romanskrywery het ek ’n klomp tekste gelees wat oor idiote-karakters handel. Ek dink nie Steinbeck was een van die grootste invloede nie, maar as iemand enige raakpunte sien, is dit ’n kompliment vir my. Siegfried is as ’n geheel geskryf, maar ek het tog probeer om aan elke deel ’n eie stem of stemming te gee. Ek hou nie van enige van die afdelings meer as van die ander nie. Sommige dele was natuurlik moeiliker om te skryf as ander, maar wie het gesê pyn dra nie ook ’n bietjie genot nie?"

Willem skryf nie net oorspronklike toneelstukke en het al ’n hele paar toneelstukke vertaal. In 2008 het hy die Britse dramaturg Sarah Kane se Crave in Afrikaans vertaal onder die titel Smag. Dit was haar voorlaaste toneelstuk voordat sy nie lank nadat sy 28 geword het, selfmoord gepleeg het nie.

Deborah Steinmair (Die Burger, 31 Julie 2008) het oor die opvoering in die Baxter-teater in Kaapstad geskryf dat Willem Anker Kane se poëtiese en intense woorde wat "gestroop is van hoop" in "elastiese Afrikaans omgetoor" het.

"Anker se vertaling tref soos ’n opstopper in die maag. Die ­gespierde, elegante woorde draai nie doekies om nie. Afrikaans is by uitstek ’n taal om in te wroeg. Die wroeging het dimensie en slaan oomblikke van hoë, suiwer skoonheid raak soos die rand van ’n glas wat sing onder ’n vinger. Braam du Toit se musiek is ­alomteenwoordig soos ’n hartklop, soos asemhaling: dit ­onderstreep, omlyn, dra en onderskraag sonder om op te dring. 

"Die geheel is soos ’n fyn geïntegreerde simfonie. Die atmosfeer is katedraalagtig, die marimbaspeler asof agter ’n orrel en ’n koorleier in lang ­gewaad op die voorgrond. Sodoende word die smagting amper draaglik; spoel die litanieë oor die gehoor soos water. [...]

"Die produksie is fyn ge­orkestreer. Dis sinnelik en lieflik."

Vir Aardklop in 2009 het Willem ’n opdragstuk geskryf met die titel Skrapnel, weer ’n titel wat met ’n S begin. Dit was een van net twee nuwe stukke by Aardklop van daardie jaar en het weggeloop met die AngloGold Ashanti/Aardklop Smeltkroes-prys vir die beste nuwe Afrikaanse verhoogteks by Aardklop en was ook die wenner van die ATKV-Woordveertjie vir Drama in 2010. Dit is ook bekroon met die Beeld Plus Aartvark-prys vir grensverskuiwende werk.

Die hoofkarakter van Skrapnel is Christiaan Rudolph de Wet Botha, ’n jong, wit Suid-Afrikaner wat na skool Londen toe is, waar hy as ’n veiligheidswag in ’n klerewinkel werk. Deel van die intrige in die verhaal is die agtergrond van die selfmoordbomaanvallers wat agter die aanvalle op Londen se vervoerstelsel in Julie 2005 gesit het. Botha is een van die slagoffers van die bomme en die stuk "die skrapnel van Chris se lewe, losgeslane fragmente van ’n ongeleefde lewe en ’n ontheemde generasie" – aldus Jaco Bouwer, die regisseur van die stuk (Beeld, 26 September 2009).

In 2010 is Skrapnel ook op die Nasionale Kunstefees op Grahamstad opgevoer, wat dit die eerste Afrikaanse stuk op hierdie fees maak sedert 2004, toe Straties op die planke was. Dit is ook in 2011 deur Protea Boekhuis in boekvorm uitgegee.

Willem se volgende toneelstuk, Sakrament, debuteer in 2009 by die KKNK, en hierdie slag is Marthinus Basson weer die regisseur. Dit is ’n baie kritiese stuk oor Suid-Afrika. In haar resensie skryf Laetitia Pople (Die Burger, 6 April 2009): "Wat bly oor vir die mens behalwe bid en suip? In Willem Anker se wrang Sakrament bykans niks. Pa, Sus en Boeta is verby vuisvoos geleef in ’n Suid-Afrika onder beleg van misdaad. Pa is net ’n fluistering in ’n karkas, Boeta se kop het uitgehaak as misdaadverslaggewer vir ’n dagkoerant en Sus, hoogswanger na ’n gewelddadige aanval hou alles net-net bymekaar met borde pap en troos."

Sakrament het vyf jaar vantevore sy beslag gehad nadat Anker ’n foto van ’n vrou gesien het wat ná ’n plaasaanval haar kinders vashou en net na die kamera staar nadat haar man in die aanval doodgeskiet is. Tog was daar iets in die vrou se oë wat spreek van ’n wil om aan te hou sorg, al is dit sonder hoop, vertel Willem aan Willemien Brümmer (Die Burger, 4 April 2009).

"Ek het ’n paar keer iets probeer maak met hierdie karakter – die versorger wie se enigste verweer teen die geweld, die wanhoop, is om aan te gaan, vir wat dit werd is. Dit was die geboorte van Sus, miskien die spilpunt van die stuk, al sê sy nie baie nie."

Hy verduidelik verder aan Brümmer: "Ek moes my egter begin afvra hoe skryf ’n mens oor geweld in Suid-Afrika? Veral hoe skryf ek oor geweld. Ek wou nie namens die slagoffers praat nie, en beslis nie soppy raak en trane trek en goed nie.

"Ek het begin dink dat die antwoord dan in die styl, die taal en die vorm van die verhaal sou lê. Ek het dadelik aan die Markies de Sade gedink, wat sy lewe gewy het aan die opskryf van geweld. Toe ek oor hom begin lees, kom ek af op ’n artikel van Bataille, ook iemand wat op talige wyse gefassineer is deur geweld, seks en die soeke na die anderkant van taal – die taal van transgressie.

"Bataille sê De Sade se opnoem en lys van gewelddadige aksies is ’n manier om deur die menslike kondisie te werk, om aan die ander kant uit te kom – dat dit De Sade se poging was om te ontsnap aan sy ego, ’n manier om van homself weg te skryf. Dit was waar die idee van ’n misdaadjoernalis wat sy eie koerantstories oor en oor sit en tik ontstaan het.

"Indien ek hierdie gegewe in taal wou opvoer, sou die enigste oplossing lê in ’n ritueel – ’n dramateks. Om ’n effense vervreemding te bewerkstellig, het ek die stuk binne die herkenbare struktuur van die Griekse tragedie geplaas en so by Dionusos uitgekom.

"’n Belangrike aspek van Dionusos is dat hy die god van oorgawe aan die chaos is, die god van egolose beswyming, en so het die joernalis ’n volgeling van Dionusos geword, en uiteindelik ook self ’n klein Dionusos [uit] eie reg. Euripides se tragedie, Die Bacchae, was dus ’n obvious keuse om as struktuur te gebruik."

Maar Willem meen dat dit nie ’n voorwaarde is dat die gehoor bekend hoef te wees met al die intertekste nie. "Dit was maar ’n sogenaamde vervreemdingstegniek, ’n manier om te sê: Hierdie is niks nuuts nie, baie het al voorheen dieselfde gesê. Ek hoop die stuk staan op sy eie sonder dat jy ’n biblioteek hoef saam te sleep Oudtshoorn toe. ’n Ritueel werk tog net as die gehoor, of gemeente, kan en wil deelneem.

"Tussendeur is ’n koor van vier wraakengele wat kommentaar lewer, wat snydend sis en voortdurend eggo – als kan tot niet gemaak word, selfmoord is ’n uitweg. In sulke tye het jy voorwaar ’n strooihalm nodig en siedaar ’n versekeringsagent verskyn op die verhoog. Die man is vasberade en paraat; vir elke probleem het hy ’n polis. Die pad na heelheid is ’n handtekening weg.

"Vir bykans twee uur ry die gehoor op die rondomtalie van verskrikkings en besinnings. Die produksie onder spelleiding van Marthinus Basson kom oordrewe, bewerk en selfbewus voor. Net hier en daar tref die waarheid van Anker se diepgaande insigte jou. Tog leef ons in dieselfde Suid-Afrika, niks hier is vreemd of onthullend nie. So wat is die punt van Sakrament? Tereg is daar niks nuuts aan sy stuk nie soos Anker self in sy nota skryf. Gaan ’n mens nie teater toe vir ander insigte om jou werklikheid te herrangskik nie? Soek jy nie ’n ander invalshoek nie? Hier word jy nie veel gegee om mee te timmer nie. Boeta/Dionusos se uitsprake is soos die afrits van slagspreuke gevoed deur koerantopskrifte en intertekste. Benewens die skitterspel van Stian Bam, Eben Genis en kie is Sakrament ’n teleurstelling." 

In 2012 word die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs aan Willem toegeken. Die prys se waarde was op daardie stadium R350 000 en word aangewend vir die aanmoediging van skeppende skrywers. Willem se reaksie op hierdie toekenning was: "Die aansoek vir die beurs was vir my eerder ’n gestruktureerde manier om my kop rondom die beoogde roman te kry as dat ek gedink het ek het werklik ’n kans. Dit is ’n enorme eer."

Hy het die geld gebruik om navorsing te doen vir sy nuwe boek oor Coenraad de Buys – "die rebelse grensboer, revolusionêr, veedief, outlaw, poligamis, adviseur van Gaika, vriend van die sendeling Johannes van der Kemp, grootwildjagter, charmer, trekker en kwaadstoker".

In Die Burger van 1 Februarie 2014 het hy gesê dat die geld hom in staat gestel het om vir twee jaar op sy agterstewe te sit en te skryf en te skryf en te skryf. "Ek kon opspring en ver gaan reis in die spore van die verloopte trekboer om te sien hoe die doringbome en miershope langs die Visrivier anders en dieselfde lyk as die doringbome en miershope in Botswana. Ek kon weer gaan sit op die einste bas en verder skryf. Dit het my baie ryk laat voel."

In 2014 verskyn Buys en dadelik is die literêre tonge los. In 2015 slaan dit drie van die grootste pryse los – die UJ-prys vir skeppende skryfwerk, die WA Hofmeyr-prys en die kykNET-Rapportprys vir fiksie.

Tydens die toekenningsfunksie van die kykNET-Rapportprys het Thys Human hom in sy commendatio as volg oor Buys uitgespreek: "Buys is ’n grensroman wat die hele idee van grense grondig uitdaag. Deeglik gewortel in die historiese aarde van dié klipperige kontinent, groei dit uit tot ’n magistrale eietydse besinning oor identiteit en spesifiek die Afrikaneridentiteit, verset, korrupsie, geweld, magmisbruik en moraliteit (of dan eerder – en dit is selfs meer ontstellend – ’n gebrek daaraan" (Die Burger, 20 November 2015). En die beoordelaars van die WA Hofmeyr-prys was van mening dat Buys "’n roman is wat, soos sy historiese titelkarakter, op onverskrokke wyse bestaande grense, literêr en andersins, uitdaag en ­oorskry" (Die Burger, 6 Junie 2015).

By die ontvangs van die UJ-prys het Willem gesê dat hy goed moes dink oor wie of wat Coenraad de Buys was: "’n volkslegende, ’n historiese karakter of ’n fiktiewe karakter, of almal? My werksreël was dat ek hou by die feite, waar ­hulle te vinde is, maar soms is die waarheid oor ’n lewe meer storie as feit. Die navorsing vir dié teks het uiteraard meer as een ­bestemming gehad. ’n Bietjie meer as nege bladsye in een hoofstuk van die roman het hul bestaan te danke aan geskiedenis, oorvertellings, teksplundering, ’n tesis, ’n Engels-onderwyser in die Appalachiese gebergte en die waterinhoud van sommige warmbronne in Limpopo. 

"’n Roman skryf jy nie alleen nie. Ek sal prosa weer aanpak. Die skryf van ’n roman is soos die 'agterplaas-buskruit' wat Buys en Buchanan, ’n Skotse karakter in die boek, maak. Al twee benodig konkoksies van uiteenlopende ­materiale. Op hul beste gee albei ’n mooi knal en vonk van ontlading af. ’n Mens moet maar net hoop dat albei góéd is, en reg gemeng is, sodat dit sal vuur waar en wanneer dit moet. En nie in jou gesig sal opblaas nie." (Die Burger, 14 Mei 2015)

In 2016 palm Willem ook die Hertzogprys vir prosa met Buys in. Sy reaksie teenoor Jo Prins was: "Dit is ’n enorme eer. Dis bevestiging en aanmoediging en voel op die oomblik nog onwerklik." (Volskblad, 1 April 2016)

En nog was die toekennings nie klaar nie. In November 2016 is die Helgaard Steyn-prys vir letterkunde ook Willem en Buys s’n. Henning Pieterse, sameroeper van die beoordelaarspaneel, het gesê dat dit baie moeilik was om ’n wenner uit die 30 werke wat vir die prys ingeskryf was, te kies. "Daar is uiteindelik besluit om Buys te bekroon uit waardering vir dié reuse-werk. Dis nie ligte leesstof nie. Dit konfronteer die leser met tonele wat ’n mens tot introspeksie dwing oor (onder meer) ons land en kolonialisme." (Beeld, 23 November 2016)

Volgens die trust wat die prys administreer, is Buys ’n "roman wat sweef tussen tonele van ekstreme brutaliteit en briljant liriese passasies, (en) word dit inderdaad ’n tipe mikro-kosmos van en matriks vir die huidige, gewelddadige Suid-Afrikaanse samelewing." (Volksblad, 17 November 2016)

Op LitNet vertel Willem Anker aan Naomi Meyer dat daar nie net een aspek van Coenraad de Buys se verhaal was wat hom gefassineer het nie – "onder meer hoe hierdie eenman-oorlogmasjien alle vorme van grense geminag het".

Daar was egter ook ander dinge van sy persoon waarvan hy nie hou nie, soos dat hy ’n rassis was en die manier waarop hy die mense naby aan hom behandel het; en daar was selfs gerugte dat hy handel in mense gedryf het. "Ek was aangetrokke tot die onoplosbare teenstrydighede."

Een van die moeilikste fasette in die skryf van die boek was "om met ’n historiese karakter te werk wat ook moet kan funksioneer as fiktiewe karakter – jy word gebind aan sekere feite en ’n basiese lewensverloop waarvan jy nie kan afwyk nie. Soms het ek die feite gehad, maar die motiverings was duister – dan moes ek motiverings uitdink vir die vent. Hoekom sal hy sus of so aanvang as hy so pas presies die teenoorgestelde gedoen of gesê het?

"Om die feite in die hande te kry, was ook ’n ander storie. Ek het geskiedenis op skool gehad, maar het nog nooit self ’n stuk geskiedenis nagevors nie. Die navorsing dy vinnig wyer uit as die karakter se persoonlike geskiedenis. ’n Mens kan nie iemand begryp sonder om iets te weet van die tyd-ruimte waarbinne hy geleef het nie – hoe lyk die bossies op sy geboorteplaas, hoe werk ’n snaphaan, hoe ruik ’n VOC-pruik, hoeveel kos ’n vat brandewyn in 1811?"

Dan was daar ook baie dooie punte in die skryf van Buys. "Ek onthou byvoorbeeld dat ek vir meer as drie weke op soek was na ’n bepaalde plaas waar Buys vir ’n jaar of wat gebly het. Ek het al wat museum is, gebel en kaarte gesoek, maar niks. Ek het opgegee en verder geskryf en probeer om niks oor die ruimte te sê nie. Natuurlik kan geen toneel werk as mens dit in ’n vakuum laat afspeel nie. Ek het gelukkig uiteindelik die spoor gevind na die plaas met die hulp van ’n gawe skrywer wat alles weet van die Langkloof en ’n hulpvaardige vrywilliger by ’n museum wat alles weet van kaarte wat verkeerd geliasseer is. Die plaas was presies soos ek wou hê dit moes lyk – bruin grond, bruin klippe, volstruiskampe, een bergskilpad …"

Willem het die eerste keer van Coenraad de Buys gehoor toe hy in ’n boek deur Max du Preez op ’n hoofstuk oor De Buys afgekom het. Op daardie stadium het hy ’n ander idee vir sy volgende roman gehad, vertel hy aan Willem de Vries (Die Burger, 25 Oktober 2014).

"Die eerste deel sou oor so ’n ­tipe outlaw-figuur gewees het. En toe gaan soek ek sulke ouens, Dirk Ligter, dié tipe figure. Ek het nooit voorheen van Coenraad de Buys gehoor nie. En toe dink ek, maar wie is hierdie mens? Op die internet lees ek toe ’n stuk van Rian Malan oor hom. Daarin vra hy: Maar hoe is dit moontlik dat daar nog nie iets soos ’n fliek of boek oor hom is nie? En toe kry ek die idee om dalk iets oor hom te doen. Toe ek begin navorsing doen vir Buys, kom ek agter dit gaan ’n groot ­projek wees. En iets waarvoor ek tyd gaan nodig hê."

Die roman het sy beslag gekry ná twee jaar se navorsing wat die Jan Rabie en Marjorie Wallace-skrywersbeurs vir hom moontlik gemaak het.

Vir sy navorsing het Anker deur die land gereis, en hoewel plekke verander het (waar die eerste drostdy in Graaff-Reinet byvoorbeeld was, is vandag ’n Shell-vulstasie), was hy tog in staat om die spore van hierdie legendariese figuur te kry. Baie van die plekke waar De Buys hom destyds bevind het, is vandag wildplase en bewaringsgebiede en omdat daardie gebiede behoue gebly het, is Buys se wêreld aan Anker blootgestel.

"Ek was in baie dele van die land waar ek nie tevore was nie, ook die plekke wat nog lyk soos dit tóé gelyk het. Dieselfde soorte bokke en bossies kom nog voor. Ek het op hierdie reise anders gekyk na die landskap. Soos op pad na Graaff-Reinet. Jy sien dáár kom ’n donderstorm aan. Jy kry in daardie ooptes sterk die indruk van weerloosheid.

"En as jy – soos Buys – 11 jaar lank in die klowe van die Couga gaan sit en geen kontak met die buitewêreld het nie, kry jy ­sekerlik die idee jy is aan jouself oorgelewer. Wat jy ook al doen, dit gaan nie saak maak nie. Jy gaan net aan. Maar soos ek dit verstaan het, wou die man heeltyd wégkom van iets af. En as jy só op die ver­nietigingsbaan bly, is daar één ding veral waarvan jy wil ­wegkom en dit is juis jouself.

"Hy het hom deurentyd teen die Kolonie verset. Stelselmatig het hy alle grense aangevat, alle ­vorme van kolonie. Om daaruit te breek – ook die grens van ’n gesin of ’n familie. Sodra hy ’n hegte band het met ’n vrou en kindjie, dan bring hy nog iemand by net om dit onmoontlik te maak.

"Die eerste omtrent 150 bladsye het ek geskryf in die derde ­persoon en die idee was om so ver moontlik nét aksies en landskap te wys. Ek het gebly by sensoriese goed. Om net handelinge te wys sodat ’n mens daaruit aflei wat die persoon se motiverings en ­emo­sies is. Toe het ek alles oor­geskryf in die eerste persoon."

Oor die tydsgetrouheid van die roman vertel Anker aan Willem de Vries dat indien daar enige foute of oordrywings is, moet die blaam na sy kant toe kom. Die manuskrip is aan Dan Sleigh, Karel Schoeman en Fransjohan Pretorius gegee om die geskiedkundige akkuraatheid daarvan na te gaan. "Hulle was baie vrygewig met hul wye kennis en het almal baie nuttige en spesifieke raad gegee."

En geskiedkundige verantwoordbaarheid is baie belangrik in so ’n roman, want as De Buys op ’n sekere tydstip op ’n spesifieke plek gebly het, moes hy in die roman ook daar gebly het. "Oor die eerste deel van sy ­lewe is ’n klomp opgetekende feite. Toenemend, soos wat hy oor grense gaan, raak dit baie meer gerugte. Dan begin ’n mens werk met historiese feite én legendes. Ek wou albei behou en dan met mý Buys invul. Dan dit alles saamsit sodat dit fiksie word." 

Waar die "Buys-volk" geplunder het, kan dit die leser aan die Wilde Weste laat dink. Anker vertel aan De Vries dat hy baie gelees het oor Billy the Kid en die redes hoekom hy so ’n legende geword het. "My Buys het help skep aan sy eie beeld. Dit was vir my lekker om daarmee te speel. Om buite die Kolonie te funk­sioneer, was geweld vir hóm die paspoort. Ek het wel karakters ingebou wat ander maniere van leef vind. Dis maar hoe hý was. Vat wat jy kan, solank jy kan. 

"Hy is ’n tipe figuur wat nog oral is en seker altyd maar was. Ek dink as ’n mens geskiedenisboeke en vandag die nuus lees, kom jy agter baie van die stryery is oor dieselfde dinge. Selfs dieselfde argumente. Alles bymekaar bly dit die storie van mag."

Die resensente was dit almal eens oor die hoogstaande gehalte van Buys: ’n grensroman. Hier is enkele uitsprake:

  • Henning Snyman op LitNet: "Met hierdie grootse roman en geweldig baie gegewens, goed nagevors, skep Willem Anker ’n roman wat sy plek langs die werklik groot Afrikaanse romans kan inneem. Kortom, dit is ’n kragtoer, en hierdie enkele indruk van ’n leser laat nog sóveel buite rekening."
  • Thys Human in Die Burger van 7 November 2014: "John Updike het iewers opgemerk dat ’n grootse roman gekenmerk word deur die totstandkoming van sy eie unieke taal. En dit is by uitstek die geval in Buys. Sonder om hom enigsins te laat verlei deur oordaad of vertoon, slaag Anker telkens daarin om met die oordeelkundigste van woordkeuses ’n subtiele verskuiwing in verteltoon (vanaf dit wat skok en ontstel tot by dit wat die hart wring) te bewerkstellig en op woordekonomiese wyse ’n verbygegane wêreld glashelder voor die leser se oog te roep. Soos ’n rifrughond se ysingwekkende tjank is Buys ’n roman wat selfs lank ná die lees daarvan in die omtes van die hart én die verstand bly eggo." 
  • Rian Malan in Rapport van 9 Desember 2014: "Anker se vertolking: Buys het vermoed dat sy beskaafde gehoor nie die waarheid sou begryp nie: 'Hier is nie vrede te maak nie; hier is niks om te verstaan nie. Die enigste revolusie is tussen stof en vuur, die enigste gelykheid die plat grond, die enigste broederskap op voorwaarde van ’n gedeelde vyand of skande ...' Dis ’n donker blik, maar as dit Anker se doel was om mites te ondermyn slaag hy daarin. Soos Ingrid Winterbach op die omslag sê: 'Ek haal my hoed af vir wat Willem Anker hier regkry.'"
  • Phil van Schalkwyk op LitNet: "Buys is ’n roman wat groot wil wees en dit ís, en noop die leser om in daardie terme te dink en so goed as moontlik te probeer byhou. In navolging van Buys wat met sy 'welluidende stortvloed dinge bymekaarbring wat hulle nog nie voorheen saamgedink het nie' (Anker 2014:84), vra die roman Buys van die leser om groot en kreatief en integrerend te probeer dink. Min wat mens oor hierdie roman mag bedink, kan myns insiens te hooggegrepe wees."

Willem se volgende toneelstuk, Samsa-masjien, word in 2014 op die planke gebring en wéér bly die pryse nie agterweë nie. Dit verower nie net die ATKV-Woordveertjie vir drama in 2014 nie, maar by die KKNK in 2014 word dit bekroon met die Herrieprys vir vernuwende denke, asook Kanna-pryse vir beste akteur (Gerben Kamper), beste aktrise (Antoinette Kellerman) en beste regisseur (Jaco Bouwer). Laetitia Pople het die drama beskryf as ’n "totale aanslag op die sinne" (Die Burger, 4 April 2014).

Dit is deels gegrond op Franz Kafka se novelle Die Verwandlung (Die metamorfose), hoewel Willem teenoor Naomi Meyer op LitNet erken dat goggas vir seker die begin van die stuk was. "Ek en Jaco (Bouwer) het sedert 2009 gepraat oor ’n moontlike stuk waar mens kan speel met hoe insekte swerm en skarrel en geraas maak. Dit was eers toe ons begin praat het oor hoe mense swerm en skarrel en geraas maak dat Kafka se gogga sy kop uitgesteek het."

Samsa-masjien was klaar geskryf voor Willem met Buys begin het, maar hy het tog nog ’n bietjie aan die drama geskaaf. Hy het aan Naomi Meyer (LitNet) verduidelik dat hy daarvan hou om eers een projek af te handel voordat hy met die volgende een begin, "maar die goed bloei maar seker altyd mekaar effe binne".

In Samsa-masjien is die hoofkarakter ’n oudskoolhoof, Gregor Samsa (Gerben Kamper), wat oortuig is daarvan dat hy besig is om in ’n baie groot insek te verander. Sy vrou (Antoinette Kellerman), hulle dogter en skoonseun is baie bekommerd oor hom, terwyl die dokters dit diagnoseer as gevorderde demensie. Omdat sy hom nog liefhet, kruip en speel sy vrou saam met hom rond. Aan die ander kant walg hy sy dogter en skoonseun en kan hulle dit feitlik nie meer wegsteek nie.

Laetitia Pople skryf: "Daar is vele betekenislae in die toneelstuk, waarvan ek net kommunikasie belig. Anker gebruik onverstaan­bare, by tye geradbraakte, taal en later die brabbeltaal van ’n kind. Anker se karakters kan nie met mekaar kommunikeer nie. Een kan net vir ’n ander ‘piep’ sê of ten beste swyg, skouers ­optrek en wegdraai. Waar die seun as psigiater juis taal moet kan besig om ’n komplekse psigiese toestand te kan beskryf en die dogter se taal uit die leë oorreding van die advertensiewese spruit, faal albei om te kommunikeer. Die klanklandskap klink soos die gegons van ’n byenes, dit groei aan en ­verdoof op die agtergrond. 

"Tussendeur konstrueer jy jou eie verhaal van ’n ge­siene skoolhoof wat sy kinders nog harder as die ander ­'gebliksem' het, om ’n voorbeeld te stel en ’n ma wat haar drome prysgegee het en in haar dertigs begin praat het van 'in haar dae'. Twee liefdestonele word treffend teen mekaar afgespeel as seks gelees word as die intiemste kommunikasie. Skoonseun kan dit net doen as hy na ’n klinkende sjampoe-advertensie luister terwyl die ouers soos insekte kerjakker. 

"Bouwer se visuele voor­stelling is trefseker. ’n Huis van yuppies, alles klinies wit met ’n weggesteekte slop­emmer vir die pa en onder ’n donker kelder met stellasies. Die kelder word ’n spelonk van die onbewuste, waar dít wat verborge en verdronge was in die gesin aan die lig kom. Die ma en pa verban hulself hierheen. Dit is hier waar daar geweeklaag word oor die seun wat op 19 jaar aan die grens gesterf het. 

"Dan volg die meesterlike ommeswaai, die 'sinryke ­dialoog' is nie die onbetrokke taal (mumbo jumbo) van die psigiater (skoonseun) of die oorreed-en-smokkeltaal van die advertensiewese (dogter) – 'ek sê vir mense wat hulle moet droom' – nie, maar juis van dié verworde insekte wat hul korf onder die wit huis bou. Dit word skitterend uitgebeeld in ’n banale gesprek oor flertse niks om die etenstafel.

"Die lawaai word oorverdowend, dit is net distorsie en wanorde aan die einde. As teaterganger weet jy nie mooi wat met jou gebeur het nie – jy sukkel skielik om self sinne aan mekaar te flans, asof jy ’n insek is wat uit die eerste modder kruip. Oudword, aflegging en die verlies aan taal boei enduit."

In 2015 is Samsa-masjien deur Protea Boekhuis in boekvorm gepubliseer. Willem en Jaco Bouwer het, nadat die eerste weergawe van die stuk in 2011 klaar was, die komponis Pierre-Henri Wicomb gevra om die musiek vir die stuk te skryf, vertel Willem aan Naomi Meyer op LitNet. Met die publikasie van die boek is ’n CD met die musiek van Wicomb agter by die boek ingesluit. Daar is ook heelwat foto's uit die produksie in die boek afgedruk sodat die leser ’n indruk kan kry van wat op die verhoog gebeur.

Met die publikasie het Willem en Danél Hanekom, wat die redakteur van die publikasie was, probeer om die boek se formaat só op te stel dat die teks oral maklik gelees kan word. "Die teks was tot nou toe meestal net gebruik deur mense wat betrokke was by die produksie, so in baie gevalle was net halwe woorde nodig as dit gekom het by die aanwysings. Omdat sommige tonele gelyk afspeel, moes ons ter wille van leesbaarheid soms aanpassings maak in die manier waarop die toneelaanwysings werk. Op een plek waar daar byvoorbeeld twee gesprekke gelyktydig plaasvind, het ons die bladsy in twee gedeel en die twee gesprekke langs mekaar geplaas. Omdat die stuk op twee vlakke en in drie vertrekke gespeel word en daar met die verloop van die stuk toenemend tonele op dieselfde tyd maar in verskillende ruimtes afspeel, moes ons vir die gepubliseerde teks seker maak dat dit altyd duidelik is wie waar is. Behalwe om die verhoogaanwysings en formatering soms effe aan te pas, het ek nie veel aan die dialoog verander nie – die opvoer van ’n verhoogteks is gewoonlik die dialoog se strengste toets," verduidelik Willem aan Naomi Meyer oor hulle werkswyse met betrekking tot die verwerking van die stuk om dit geskik te maak vir publikasie.

Marius Crous (Beeld, 23 Junie 2015) sluit sy bespreking van die boek só af: "Anker se intertekstuele spel met Kafka bied aan die leser ’n nuwe blik op Kafka se gekanoniseerde teks. Op slim wyse word dit herskryf in ’n nuwe gedaante. Dit bevestig opnuut dat die Afrikaanse drama op ’n interessante trajek is, wat veral, sedert Boklied, die konvensies van die verhoogdrama telkemale uitdaag."

Tydens KKNK van 2016 is Willem aan die ontvangkant van nog ’n toekenning – Die Kunste Onbeperk-prys vir vernuwende denke. Sy produksie, Nouliks of niks, wat ’n vertaling van Samuel Beckett se kort werke is, is by die KKNK vertoon. Hy en Jaco Bouwer het dit saamgestel en Willem was die vertaler van die werke.

Hierdie produksie was die agtste KKNK-produksie waarby hy as skrywer of vertaler betrokke was. Die eerste was Slaghuis wat in 2007 vertoon is. Hy vertel aan Willem de Vries dat dit dus amper tien jaar was wat die KKNK projekte waarby Willem betrokke was, ondersteun het en dit maak die toekenning van die Kunste Onbeperk nog meer spesiaal.

Oor die samestelling van Nouliks of niks verduidelik hy aan Willem de Vries (Volksblad, 28 Maart 2016): "Wat die samestelling betref, was daar drie oorwegings: eerstens kon die algehele vertoning nie te lank wees nie, so ons moes keuses maak. Beckett het ’n stuk of vyftien korter stukke geskryf, maar ongelukkig was daar nie plek vir almal in een produksie nie. Tweedens kon ons nie stukke kies wat te eenders is wat betref inhoud en/of vorm nie. Derdens moes daar besluit word op ’n werkbare volgorde sodat die vertoning in sy geheel ’n tipe narratief of ten minste ritme sal hê."

Die Engelse vertaling van Buys verskyn in Junie 2019 onder die titel Red dog. Michiel Heyns is die vertaler en in 2020 was dit op die langlys van die International Booker Prize. Kritici in Brittanje was vol lof vir Willem se boek.

In The Times het Antonia Senior gesê dat "Anker soos ’n talentvolle demoon" skryf en het Red dog ingesluit as een van die beste geskiedkundige romans van Junie 2019. En in The Sunday Times het Nick Rennison Red dog geskryf: "Daar is geen tekort aan energie en verbeelding nie." (Die Burger, 12 Junie 2019)

Oor die vertaling en die uitdagings daaraan verbonde het Christiaan Boonzaaier met Michiel Heyns gesels: "Die uitdagings en probleme begin by Willem se teks self. Dit is nie net eiesoortig nie, maar dit het ’n baie ongewone toonaard, wat deel van die aantrekkingskrag en uitdaging is. Buys het ’n unieke stem: kru, sterk, poëties, wonderlik liries. ’n Genuanseerde stem wat moeilik is om oor te dra in ’n vertaling, want dit is nie net ’n gewone storie nie – dit is ’n dramatiese voordrag.

"En dit is veral moeilik omdat Afrikaans en Engels se toonaard nogal verskil. Afrikaans het ’n ekspressiwiteit en trefkrag, terwyl Engels ’n genuanseerde woordeskat en ’n ryker voorraad van woorde as’t ware het."

Heyns en Willem het baie goed saamgewerk gedurende die vertaalproses, vertel Heyns aan Boonzaaier: "Toe ek begin, het ek die eerste deel (van vier) vertaal en dit vir hom (Willem) gestuur, want ek wou hom nie aanmekaar lastig val nie.

"Hy het dit fyn deurgelees en toe vir my gesê waar hy verskil of vrae het. Dan het ek sy terugvoer weer verwerk en teruggestuur, en ons het dit in vier of vyf lang sessies bespreek. Hy was nie moeilik om tevrede te stel nie; hy is baie toegeeflik, maar sommige skrywers is puntenerig."

"Willem was baie bereid om te kyk na wat ek gedoen het, en as dit nie 100% ooreenstem nie, kon hy sien hoekom ek dié of daai verandering gemaak het. Ek was gelukkig dat ons op die ou end ooreengestem het; dit was ’n baie aangename medewerking."

Vroeg in 2020 is Willem Anker aan die ontvangkant van beweringe dat hy plagiaat gepleeg het met die skryf van Buys. In The Times Literary Supplement (19 Julie 2019) vergelyk George Berridge Willem se teks met aanhalings uit McCOrmac McCarthy se Blood Meridian en Samuel Beckett se Molloy.

Hierop het Willem Anker aan Netwerk24 gesê: "’n Kort verklaring, in die woorde van meestal andere: Buys tells us, near the end that 'sometimes Omni-I reads a scene in a book and it feels as if I remember it from my own, erstwhile life'. Die nare waarheid is dat boeke gemaak word uit boeke. Só pluner hy ook wyd en syd andere se tekste om sy eie verhaal te vertel. Sou u in sy vertelling dan struikel oor die reste van ander outeurs, Kom en zie! Intertekstualiteit is die vorming van die betekenis van ’n teks deur ander tekste. Die son het geskyn, sonder om ’n keuse te hê, op niks nuut nie, but as the gambit of a novelist it is too blatant. Dit kan verwys na ’n outeur wat uit ander tekste leen of ’n vroeër teks verwerk of vervorm. Alles kan oplaas tot rus kom in ’n draaikolk van stilte."

Op LitNet het die vertaler van Buys, Michiel Heyns, hom as volg oor die kwessie uitgelaat: "Ek het Buys as ‘t ware uit die vuis vertaal, dws sonder enige voorkennis van die bronne wat daarin opgeneem is. Maar toe ek en Willem die vertaling deurtrap, het hy aan my genoem dat daar enkele passasies is wat hy vertaal en aangepas het uit Blood Meridian. Ons het een van die passasies nageslaan en vergelyk met my vertaling terug na Engels. Vir my as vertaler was dit bloot ’n interessante oefening: Hier is ’n vertaling van ’n vertaling – hoe verskil dit van die oorpronklike? Soos ’n mens sou verwag, was daar beide ooreenkomste en verskille, en ek het die vertaling in my oorspronklike vorm gelos. Willem het wel vir my gevra of ek dink daar kan ’n probleem met kopiereg wees, en as ek reg onthou, het ek gesê ek kan my dit nie voorstel nie: Dit is nie ’n verbatim kopie nie, en daar is ’n erkenning van bronne agter in die boek.

"Dus, toe die Britse uitgewer my nader, namens ’n resensent van die TLS, om navraag te doen oor die vertaalproses, het ek sonder om te skroom of twee maal te dink, die proses verduidelik. In my onskuld (naïwiteit?) het ek nog gedink die resensent sou dit ook sien as ’n interessante aspek van vertaling, sekerlik nie as ’n vorm van plagiaat nie. Nou ja, meneer Berridge het toe sy bommetjie laat ontplof: 'an ungainly form of imitation' noem hy dit, '[which] certainly raises some discussion about the nature and justification of plagiarism'. Let wel: hy is versigtig om dit nie plagiaat te noem nie."

"Ek het Berridge se nydigheid toegeskryf aan die feit dat hy ’n groot McCarthy-entoesias is, en waarskynlik geïrriteerd was deur wat vir hom gelyk het na ’n aanmatigende aanspraak op ooreenkoms met sy lieflingskrywer (bv die aanhaling van Rian Malan op die agterflap wat die boek 'The Afrikaans equivalent of Cormac McCarthy' noem). En daar, het ek gedink, sal dit eindig: ’n ongunstige en aanvegbare resensie van een grommige resensent."

Maar toe bevraagteken Deborah Steinmair in Vrye Weekblad (23 Januarie 2020) ook die stukke van McCormac en Beckett wat in Buys en Red dog vermeld word. In Michiel Heyns se antwoord waaruit hier bo aangehaal word, het hy ook vir Steinmair geantwoord deur as volg af te sluit: "En dit bring ons by die myns insiens onvergeeflikste aspek van Steinmair se betoog: Sy verswyg die feit, wat Berridge self noem, dat Anker in sy 'Acknowledgements' eksplisiet erkenning gee aan sy gebruik van McCarthy en Beckett. Dit maak tog die hele verskil tussen verwysing/toespeling/intertekstualiteit en plagiaat. Want die brandpunt op die einde is die vraag of Willem Anker oneerlik te werk gegaan het in sy gebruik van sy bronne, anders is daar geen punt in Steinmair se argument nie. En sy wil dit nie trompop sê nie, maar ek glo dat enige relatief oningeligte persoon wat haar rubriek (of selfs net haar opskrif) lees, gelaat sal word met die indruk dat ’niemand minder nie as Willem Anker' ’n plagiaris is. Dit is ’n gruwelike implikasie, hoe goed ook al verskans in mooi beelde en lofbetuigings vir Anker se skryfkuns.

"En van lofuitinge gepraat: Gegewe Willem Anker se ongelooflike behendigheid met taal, soos Steinmair demonstreer, hoekom sou hy wou steel, leen, of wat ook al by ander skrywers, behalwe as ’n onderdeel van ’n komplekse geheel? Hy is meer as daartoe in staat om sy eie roman te skryf."

Hierop het Steinmair gereageer deur daarop te wys dat in die oorspronklike Afrikaanse teks van Buys die skrywer nie McCormac en Beckett in die "Erkennings" vermeld nie.

Publikasies:

Publikasie

Siegfried

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780795702549 (sb)

Uitgewers

Roggebaai: Kwela

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • UJ-debuutprys 2008
  • Jan Rabie/Rapport-prys vir Innoverende Afrikaanse Letterkunde 2008

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Slaghuis

Publikasiedatum

2007

ISBN

9780958488075 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Genugtig!

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Wenner Sanlamprys vir Afrikaanse toneel 2006

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Skrapnel

Publikasiedatum

2011

ISBN

9781869194093 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

  • AngloGold Ashanti Smeltkroes-prys vir die beste nuwe Afrikaanse verhoogteks Aardklop 2009
  • Wenner ATKV-Woordveertjie vir Drama 2010

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Buys

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780795706936 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Kwela

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • UJ-prys vir Skeppende skryfwerk 2015
  • WA Hofmeyr-prys 2015
  • kykNET-Rapportprys vir fiksie 2015
  • Hertzogprys vir prosa 2016
  • Helgaard Steyn-prys 2016

Vertalings

  • Nederlands, vertaal deur Karina van Santen en Rob van der Veer 2017
  • Engels (Red dog), vertaal deur Michiel Heyns 2019

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Samsa-masjien

Publikasiedatum

2015

ISBN

9781485302568 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

  • ATKV-Woordveertjie vir drama 2012
  • Herrieprys vir vernuwende denke 2014 (toneelstuk)
  • Kanna-pryse vir beste akteur (Gerben Kamper), beste aktrise (Antoinette Kellerman), beste regisseur (Jaco Bouwer) 2014
  • Fleur de Cap-toekenning 2016: 
    • Beste nuwe Suid-Afrikaanse teks (Willem Anker)
    • Beste klankontwerp, oorspronklike musiekkomposisie of oorspronklike klankbaan (Pierre-Henri Wicomb)
    • Beste stelontwerp (Jaco Bouwer)
    • Beste regisseur (Jaco Bouwer)
    • Beste akteur (Gerben Kamper)

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Artikels oor Willem Anker beskikbaar op die internet

Artikels deur Willem Anker beskikbaar op die internet

Willem Anker se ATKV LitNet-Skrywersalbum is oorspronklik op 2016-03-23 gepubliseer en is nou volledig bygewerk.

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

  • Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Willem Anker (1979–) appeared first on LitNet.

Tieners vol angs, al wedywer hulle vir sterretjies

$
0
0

Danie Kloppers - onderwyser en LitNet Akademies-navorser (Foto: verskaf)

Danie Kloppers is ’n wiskunde-onderwyser en akademiese navorser wat vanjaar twee artikels in LitNet Akademies gepubliseer het oor tieners se belewing van die grendelstaat as gevolg van die COVID-19-pandemie. Melt Myburgh het hom uitgevra oor sy jongste artikel, “‘We are not just stats and facts!’ Tienermeisies se stemme tydens die grendelstaat”. Dié artikel volg op “‘Eish – this lockdown!’ Navorsing oor tieners se belewenisse tydens die grendelstaat” wat vroeër vanjaar in LitNet se akademiese joernaal gepubliseer is.

In jou navorsingsartikel ondersoek jy tienermeisies se emosies en menings gedurende die grendelstaat. Hoekom het jy besluit om spesifiek op dogters te fokus?

Tienermeisies is nie net getalsgewys ’n belangrike deel van die samelewing nie, hulle is ook die meningsvormers van die toekoms. Tog wil dit voorkom asof hulle meestal deur besluitnemers geïgnoreer word. Met hierdie navorsing wou ek dit wat húlle voel en dink, uitlig. Want die samelewing moet hulle hóór. Nasionale Vrouedag op 9 Augustus en Desember se 16-dae-teengeweldveldtog beteken niks as ons nie na tienermeisies – die jong vroue – luister nie.

Volwassenes huldig in die algemeen die siening dat tieners en adolessente ’n warboel van emosies oor allerlei dinge ervaar. Dikwels onderskat ons die intensiteit waarmee jongmense dinge soos die politieke situasie en die COVID-19-pandemie beleef. Iets soos Suid-Afrika se ekonomiese, politieke en maatskaplike werklikheid veroorsaak inderdaad angs en spanning onder jongmense, al is dit ons wens dat hulle nie oor “grootmenssake” moet stres nie. Is ouers en onderwysers genoegsaam bewus van die vrese wat tieners laat wakker lê?

Nee, ons is nie. Die redes daarvoor is legio, maar ek kan vinnig aan drie dink:

Ons probeer dikwels so hard self oorleef dat daar nie tyd is om aan en oor ons tieners se probleme te dink nie.

Ons verstaan nie altyd hulle wêreld nie. Tieners sien alles deur ’n vergrootglas: verliefdheid is LIEFDE; een klein puisie is ’n RAMP; ’n dag sonder data is ’n LEEFTYD. En omdat ons nie hulle wêreld verstaan nie, verstaan ons ook nie hulle angs en spanning nie.

Ons vergeet: Hulle kán lees, sien en hoor. Hulle weet wat aangaan, hulle voel aan wat aangaan, maar hulle is te bang om met ons daaroor te praat. En omdat hulle niks aan ons stres kan doen nie, hou hulle ’n front voor en probeer drieuur soggens die drake doodmaak.

In hoe ’n mate is ouers en onderwysers daadwerklik toegerus om tieners met hul bekommernisse by te staan? Waarvoor behoort ’n mens op die uitkyk te wees om die beste moontlike ondersteuning aan ons jongmense te bied?

Ons almal probeer, maar tieners herinner jou heeltyd daaraan dat vlees en bloed nie alwetend is nie en dat daar nie handleidings saam met hulle uitgereik word nie.

Waarvoor om op die uitkyk te wees? Ek dink ouers is bewus van tekens soos gedragsverandering, eetversteurings, buitengewone buierigheid (baie tieners is in elk geval donderbuie wat wag om te gebeur), sosialemediaplasings en stilstuipe. Onderwysers sien dit ook in nuwe, ongewone gedrag, prentjies in die kantlyn van skrifte en – as die tieners jou vertrou – ’n briefie wat in die verbyloop op jou tafel of in jou sak gelos word.

Maar die belangrikste is seker “kropgevoel”. As iets oor ’n tiener verkeerd voel, ís daar waarskynlik fout. Moet dit nie ignoreer nie.

Juis omdat tieners “donderbuie is wat wag om te gebeur”, word hulle maklik geïrriteer deur grootmense se inmengery in hul welstand. Hoe moet ouers en onderwysers tieners benader wanneer hulle agterkom dat iets pla?

Klop by ’n professionele berader of sielkundige aan. As daar iets fout is met jou motor, gaan jy maklik na ’n werktuigkundige toe. Waarom is ons dan bang om die “mind mechanics” se hulp te vra? En terloops, selfs al is jy die beste berader, gaan jou tiener nie na jou luister nie, want ouers weet mos niks!

Danie Kloppers in die klaskamer by Koster Intermediêre Skool (Foto: verskaf)

Suid-Afrikaanse tieners is in die besonder uitgelewer aan spanning – juis vanweë ekonomiese ongelykhede, armoede, bedenklike onderwys en so meer. Dink jy ons tieners is erger daaraan toe as in die res van die wêreld?

Nee, ek dink tieners is internasionale wesens. Tog kan ons tieners wel, te midde van alles, bly wees hulle is nie midde-in oorloë, godsdienstige geweld of in ’n samelewing waar meisies minder as slagvee gereken word nie.

Jou artikel belig die kwessies van “verveeldheid, alleenheid en inkluistering” as bron van spanning by tieners tydens die grendelstaat. Hoekom is dit so belangrik dat jongmense binne ’n gerigte, ondersteunende raamwerk besig moet bly?

Daar word nie verniet gesê ledigheid is die duiwel se oorkussing nie. Tieners is, in hulle aard, altyd besig om iets te doen of aan iets te dink. As hulle nie positief besig bly nie, sal die duiwel hulle vinnig oortuig van alles wat verkeerd is of lyk. Dieselfde geld alleenheid en inkluistering: Tieners is kuddediere – neem die kudde weg en die tiener is uitgelewer aan emosies soos verwerping, uitsluiting en swaarmoedigheid.

Wat is die grootste oorsaak van depressie onder tieners?

Dit is ’n vraag vir die “mind mechanics”, maar ek dink ’n gebrek aan selfaanvaarding. En die rotresies, waar daar nie plek vir sissies is nie.

Dit is vir my interessant dat jou artikel die volgende kwessies as bron van vrees vir tieners uitlig: die koronavirus self, die ekonomiese gevolge van die grendelstaat, en geslagsgeweld. Laasgenoemde twee kwessies klink na ’n aanklag teen volwasse Suid-Afrikaners omdat ons toelaat dat jongmense aan dié dinge blootgestel word. Hoe sien jy Suid-Afrikaanse volwassenes as ouers en hoeders? Dop ons die toets?

Ons meisiekinders is nie net “statistiek en feite” nie, maar kyk na die statistiek en feite: Kinders word elke dag verwaarloos, verniel, verkrag en vermoor. Oral, ongeag hulle adres. Ek is bevrees ons rapport lyk nie baie goed nie. Maar gelukkig, soos wyle Jeanne Goosen gesê het: “Ons is nie álmal so nie.”

Een van die verrassende bevindinge wat tydens jou ondersoek na vore kom, is dat tienermeisies ’n negatiewe mening het oor die gebruik van aanlyn en afstandsonderrig, en dat tienermeisies hier – ook in die VSA en Australië – eintlik onderwysers binne die klaskamers verkies. Hoekom is dit so?

Afstandonderrig vereis toerusting (rekenaars en selfone), deurlopende, bekostigbare data en betroubare datanetwerke. Die grootste deel van die wêreld se tieners het nie toegang hiertoe nie. Maar ek dink die belangrikste is dat die meeste tieners menslike onderwysers verkies omdat ons, soos hulle, emosies het en foute maak. Ek dink nie dis al moontlik om ’n blikbrein te oortuig om jou nog ’n kans met die opstel te gee omdat jou kêrel jou gelos het nie. En buitendien, ’n afstandonnie kan nie sterretjies in jou boek plak nie. Ek het nooit geweet tienerseuns hou nog van sterretjies nie, maar my graad 9’s wedywer daarvoor!

Wat is jou raad vir ouers en onderwysers in hierdie onstuimige jaar met soveel onderbrekings in die onderwys?

Byt vas, ons sal hierdeur kom. En gelukkig kan die gewysigde leerplanne, aangepaste gewysigde leerplanne en herbelynde, aangepaste, gewysigde leerplanne nie vir altyd verander nie. Daar is bloot nie genoeg byvoeglike naamwoorde om dit te benoem nie!

Danie, jy is wiskunde-onderwyser by Koster Intermediêre Skool. Ek haal my hoed vir jou af omdat jy jou, te midde van die harde werk in die onderwys, besig hou met akademiese navorsing. Vertel asseblief hoe jy op Koster beland het. Hoe maak jy tyd vir die onderwys én akademiese navorsing in jou besige skedule?

Ek het hier grootgeword, en ons hou van die rustigheid.

Die grendelstaat het darem ’n bietjie ekstra tyd gegee tot die begin van Junie, toe ons weer vir die graad 7’s terug hok toe is. En met ’n graad 1-juffrou, student en matrikulant in die huis is dit moeilik om nié iets nuttigs te doen nie. Dit help natuurlik ook dat daar nie ’n TV in die huis is nie en ons netwerkopvangs te swak is om video’s af te laai.

 

Lees Danie Kloppers se LitNet Akademies-artikels oor tieners en die grendelstaat hier:

“We are not just stats and facts!” Tienerdogters se stemme tydens die grendelstaat

"Eish – this lockdown!" Navorsing oor tieners se belewenisse tydens die grendelstaat

Lees ook kenners se gedagtes rondom Danie se LitNet Akademies-artikel:

Tieners se stryd met die "nuwe normaal" in ’n grendelstaat

 

The post Tieners vol angs, al wedywer hulle vir sterretjies appeared first on LitNet.

Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland

$
0
0

Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland

Rinda Botha, Departement Publiekreg, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 17(3)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die hantering van kinderoortreders in die strafreg is ’n ou probleem wat al deur die jare groot kopkrap veroorsaak het. Baie lande, waaronder Suid-Afrika, sit vasgevang tussen die spreekwoordelike twee vure van ’n stygende jeugmisdaadsyfer en die plig om kinders se belange te beskerm. Tans word ’n kind onder 10 in Suid-Afrika as ontoerekeningsvatbaar beskou (teenoor ’n internasionale norm van 12), ’n 10- tot 14-jarige as weerlegbaar ontoerekeningsvatbaar (of doli incapax), en ’n kind van 14 en ouer as toerekeningsvatbaar. Om die vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid vir 10- tot 14-jariges te weerlê, behels ’n omvattende proses met verskeie rolspelers en knap omkeertye, wat al hoe meer druk op die staat se reeds beperkte hulpbronne plaas. Hervorming is dus nodig, en blyk op pad te wees in die vorm van die Child Justice Amendment Bill van 2018. Dié wysigingswetsontwerp stel ’n verhoging van die minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid van 10 tot 12 voor, met behoud van die doli incapax-reël vir 12- tot 14-jariges. Daarbenewens word sekere prosesaanpassings ook voorgestel om die hulpbron-intensiewe proses vir die bewys van toerekeningsvatbaarheid tot die verhoor in die Kindergeregshof te beperk. In Engeland is die minimum ouderdom vir toerekeningsvatbaarheid óók 10, maar die doli incapax-reël is boonop in 1998 afgeskaf. In wese word alle kinders bo 10 in daardie jurisdiksie dus as toerekeningsvatbaar beskou en aan die volle mag van die strafreg blootgestel indien hulle met die gereg sou bots. In ’n vergelykende studie van die Suid-Afrikaanse en Engelse regsbenadering tot kinderoortreders bring hierdie artikel aan die lig dat die afskaffing van doli incapax in Engeland nié kindermisdaad verminder het nie, maar bloot die getal kinders in aanhouding aansienlik verhoog het. Drukgroepe in daardie jurisdiksie beywer hulle nou naarstig vir ’n ander tipe verweer om die “onvolwasse” kind ’n mate van beskerming te bied. Daarteenoor lyk dit of Suid-Afrika in die regte rigting mik. Hoewel hulpbronintensief, bied die doli incapax-reël tans steeds beskerming aan 10- tot 14-jariges. En indien die Child Justice Amendment Bill van 2018 in werking tree, sal die verhoging in die minimum ouderdom vir toerekeningsvatbaarheid van 10 tot 12 die land ook nader aan die internasionale norm bring.

Trefwoorde: doli incapax; Engeland; kinderoortreders; Suid-Afrika; toerekeningsvatbaarheid

 

Abstract

Young enough to get away with murder? A comparative study of the standard of proof in accountability of child offenders in South Africa and England

The approach to child offenders is a long-standing problem and has posed a legal quandary in many jurisdictions over the years. Various countries, including South Africa, find themselves trapped between a rock and a hard place, with rising juvenile crime on the one hand, and the duty to protect the interests of the child on the other.

The current South African position on establishing criminal capacity in incidents involving child offenders is contained in sections 7 and 11 of the Child Justice Act 75 of 2008. At present, a child below the age of 10 (compared with the international norm of 12) is considered not to have criminal capacity; a child between the ages of 10 and 14 is presumed to lack criminal capacity, unless the state proves otherwise (also known as the doli incapax rule), while children aged 14 and older are generally assumed to have criminal capacity and can therefore be prosecuted for an offence.

Rebutting the presumption of criminal incapacity for those aged 10 to 14 involves an extensive process with several stakeholders and tight turnarounds, which further intensifies pressure on the state’s already limited resources. Stakeholders in this predominantly pre-trial matter include the probation officer, the prosecutor, the magistrate and so-called suitably qualified persons (subject experts). The rebuttal process throws up a number of challenges. Perhaps the most significant challenge is the lack of a uniform model for, and limited resources to support, a child’s assessment. Section 11 of the Child Justice Act expressly requires a range of factors to be considered in establishing criminal capacity, including the child’s cognitive, moral, emotional, psychological and social development. This complicated task is further frustrated by the inadequacy of psychometric assessment tools available for local use, with cultural appropriateness being a chief concern. In addition, very few state psychologists specialise in the forensic assessment of children. The inevitable result is long delays in finalising matters. Another practical problem often encountered is the misinterpretation of the doli incapax rule. The theory underlying this principle is that the rebuttal of the presumption of criminal incapacity (and, therefore, a finding of abnormal maturity in a child offender) should be the exception rather than the rule. This implies that most children aged 10 to 14 should be regarded as not having criminal capacity. Yet evidence to the contrary seem to apply in practice: Case law reveals that most children in this age bracket are deemed by our courts to have criminal capacity and, therefore, to be abnormally mature.

Reform is clearly needed, and appears to be on its way in the form of the Child Justice Amendment Bill of 2018. This bill proposes that the minimum age for criminal liability be raised from 10 to 12, retaining the doli incapax rule for those aged 12 to 14. Certain procedural adjustments are also suggested to relieve the pressure on the state by limiting the resource-intensive process of proving criminal capacity to the hearing in the Child Justice Court. Will these amendments put South Africa on the right track in terms of dealing with child offenders, or should we reconsider the proposals in the bill?

England, too, had long struggled to strike the right balance with regard to child offenders, and eventually decided on a considerably stricter approach. While also having 10 as the minimum age for criminal capacity, that jurisdiction went a step further by abolishing the doli incapax rule for children aged 10 to 14 in 1998. This step formed part of the British government’s campaign against juvenile crime, sending a very clear message that children would be held accountable for their actions. The move had been further motivated by the brutal killing of two-year-old James Bulger by two ten-year-olds in 1993. In effect, therefore, all children above 10 in England are deemed to have criminal capacity and are subjected to full criminal prosecution should they run foul of the law. While at first many were in favour of the abolishment of the doli incapax rule, thinking that it was well aligned with international expectations, the practical effects of this step were less than ideal. A mere year following the scrapping of the rule, the number of children between 10 and 14 who had been issued police warnings or convicted of a criminal offence rose by 29%. This, in turn, resulted in an increase in children being detained, as well as longer prison sentences. Most importantly, imprisonment has not done much to reduce juvenile crime. Ever since then, pressure groups have been appealing to the British government to reinstate the doli incapax rule. 

While South Africa has high juvenile crime rates, and England’s criminal system for child offenders is regarded as among the strictest in the world, this comparative study suggests that we might be better off not following the English example. Although the practical complexities of rebutting the presumption of criminal incapacity for children aged 10 to 14 impose a huge burden on the criminal system, the practice cannot be abolished at the expense of justice and the best interests of the child. Scrapping the doli incapax principle in England has not reduced juvenile crime, and has served only to significantly increase the number of children in detention. Therefore, should the proposals in the Child Justice Amendment Bill become law, South Africa appears to be heading in the right direction. The retention of the doli incapax rule, with measures to relieve some of the burden of proof on the state, would still offer child offenders much-needed protection. Moreover, raising the minimum age for criminal liability from 10 to 12 would move South Africa closer to the international norm.

Should it later appear that the proposed measures to relieve the burden of proof on the state are insufficient, South Africa might reconsider abolishing the doli incapax rule. Yet, as this contribution shows, such a step cannot occur without also raising the minimum age for criminal liability. Ultimately, the very aim of doli incapax is to offer a measure of protection to children aged between 10 and 14. Should this protection fall away, it would make sense to raise the minimum age for liability to at least 14, when it would be safe to assume that all children indeed have criminal capacity. 

Keywords: child offenders; criminal capacity; doli incapax; England; South Africa

 

1. Inleiding

Aristoteles het reeds 2 300 jaar gelede opgemerk: “The young are heated by nature as drunken men by wine.”1 Juis omdat kinders nog kinders is, besig is om te ontwikkel, en in baie gevalle met hul wordende self worstel, staan dit buite alle twyfel dat hulle anders as volwassenes hanteer en in ’n groter mate teen die newe-effekte van die strafregstelsel beskerm moet word.2 Wat minder seker is, is tot waar hierdie beskerming behoort te strek, en in watter omstandighede dit dalk nie meer behoort te geld nie. Verskillende jurisdiksies wêreldwyd het uiteenlopende menings hieroor, wat verklaar waarom die minimum ouderdom waarop kinders strafregtelik aanspreeklik gehou kan word, van land tot land verskil.3

Ouderdom het hoofsaaklik ’n uitwerking op die toerekeningsvatbaarheidselement4 van strafregtelike aanspreeklikheid.5 Om as toerekeningsvatbaar beskou te word, moet twee onderskeidingsvermoëns ten tye van misdaadpleging aanwesig wees, naamlik die vermoë om die ongeoorloofdheid van jou handeling te besef, en die vermoë om ooreenkomstig daardie besef op te tree.6 Waar een van hierdie twee vermoëns om die een of ander rede, waaronder ouderdom, kortkom, kan ’n skuldigbevinding nie volg nie, omdat daar gewoon nie aan al die aanspreeklikheidsvereistes van misdaad voldoen word nie. ’n Beskuldigde wie se toerekeningsvatbaarheid vasstaan, maar wat slegs gedurende die misdaadpleging ’n verswakking in onderskeidingsvermoë beleef het, word steeds aan ’n misdaad skuldig bevind, hoewel die “verswakking” of verminderde toerekeningsvatbaarheid as strafversagtende faktor by vonnisoplegging kan dien.7

Hoewel daar al die afgelope paar jaar sprake is van moontlike wetswysigings en hervorming,8 word die huidige standpunt oor die toerekeningsvatbaarheid van kinders in Suid-Afrika duidelik in artikel 7 en 11 van die Child Justice Act 75 van 2008 uiteengesit. Kortom word ’n kind van jonger as 10 as ontoerekeningsvatbaar beskou, ’n 10- tot 14-jarige kind as weerlegbaar ontoerekeningsvatbaar (of doli incapax), en kinders van 14 en ouer as toerekeningsvatbaar. Al moes die minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid ingevolge artikel 8 van die Child Justice Act binne vyf jaar na die aanvangsdatum van dié wet hersien gewees het,9 het dít nog nie gebeur nie.

Soos Suid-Afrika, sit ook ander lande vasgevang tussen die twee vure van ’n stygende jeugmisdaadsyfer aan die een kant en die plig om kinders se belange te beskerm10 aan die ander. Veral Engeland, wat dieselfde gemeenregtelike standpunt as Suid-Afrika het, het lank met hierdie tweestryd geworstel en uiteindelik besluit om ’n aansienlik strenger benadering met betrekking tot kinders te volg. Hierdie strenger benadering in Engeland sluit die afskaffing van die doli incapax-reël in en laat Engeland tans met een van die strengste benaderings tot kinderoortreders in die wêreld.11 In die bepaling of ’n meer genadelose benadering teenoor kinders die nodige vrugte afwerp, dien Engeland dus as uitstekende maatstaf.

Hierdie artikel vergelyk derhalwe die huidige stand van sake ten opsigte van jeugtoerekeningsvatbaarheid in Suid-Afrika met die nuwe, strenger regsbenadering in Engeland om te bepaal of Suid-Afrika op die regte koers is.

 

2. Oorsig van die gemenereg en internasionale verpligtinge

2.1 Die gemeenregtelike standpunt

Die beginsel dat kinders se gedrag as minder blaamwaardig as volwassenes s’n beskou moet word, spruit uit die gemenereg.12,13

Die gemenereg het hoofsaaklik tussen twee ouderdomsgroepe vir kinders onderskei, naamlik ’n minimum en ’n voorwaardelike ouderdomsperk. Die minimum perk het bepaal dat ’n kind jonger as daardie ouderdom geensins strafregtelik aanspreeklik gehou kon word nie. Daarteenoor het die voorwaardelike perk die ouderdomsgroep aangedui ten opsigte waarvan individuele ondersoeke moet plaasvind om te bepaal of die kind “volwasse” genoeg is om verantwoordelik gehou te word of nie.14 Duidelik het die gedagte dat nie alle kinders oor toerekeningsvatbaarheid beskik nie, dus reeds in die gemenereg ontstaan.

Die verdeling was soos volg: Vir kinders jonger as 7 is absolute ontoerekeningsvatbaarheid as gegewe aanvaar, en 7 jaar was dus die absolute minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid. Vir kinders tussen die ouderdom van 7 en 14 was ’n weerlegbare vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid die norm.15 Indien die kinderoortreder tussen 7 en 14 jaar oud was, moes individuele ondersoeke dus plaasvind om te bepaal of die kind inderdaad “ontwikkeld” of “volwasse” genoeg was om aanspreeklik gehou te word of nie.

2.2 Internasionale verpligtinge

Die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind,16 wat Suid-Afrika op 16 Junie 1995 bekragtig het, verplig staatspartye ingevolge artikel 40(3)(a) om ’n minimum ouderdom vir toerekeningsvatbaarheid by kinders vas te stel.17 Ook artikel 17(4) van die Afrika-handves oor die Regte en Welstand van die Kind, wat Suid-Afrika op 7 Januarie 2000 bekragtig het, lê ondertekenaars hierdie verpligting op.18

Ofskoon daar aanvanklik onsekerheid was oor wat as ’n aanvaarbare minimum ouderdom beskou kon word, het die Verenigde Nasies se komitee oor die regte van die kind in 2007 meer duidelikheid gebied met hul General Comment no 10: Children’s rights in juvenile justice. Daardie skrywe het aan die hand gedoen dat state die minimum ouderdom vir toerekeningsvatbaarheid tot ten minste 12 moes verhoog,19 en ’n minimum ouderdom onder 12 is dus as internasionaal onaanvaarbaar voorgehou.20 ’n Verdere versoek aan lidstate was om met die doli incapax-reël weg te doen.21 Die komitee het dié weerlegbare vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid vir kinders van sekere ouderdomsgroepe as verwarrend bestempel, en ook gesê dit lei tot ’n ongewenste toedrag van sake waar kinders van dieselfde ouderdom verskillend behandel word as gevolg van hul graad van volwassenheid.22

Hierdie riglyne was tot Suid-Afrika se beskikking met die aanvang van die Child Justice Act23 op 1 April 2010.24 Nogtans het Suid-Afrika ingevolge artikel 7 van die wet op 10 jaar as ’n gepaste minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid besluit, en die doli incapax-reël as deel van die land se reg behou.

 

3. Die huidige standpunt in Suid-Afrika

3.1 Wetgewing

Die Child Justice Act het die gemeenregtelike standpunt in verband met die toerekeningsvatbaarheid van kinders in Suid-Afrika vervang.25 In wese het die wet die absolute minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid van 7 tot 10 verhoog, en die doli incapax-ouderdomskategorie van die gemeenregtelike 7 tot 14 jaar na 10 tot 14 jaar opgestoot.26 Die konsep van doli incapax is dus behou.27

Artikel 7 van die wet deel kinders vir die doel van die bepaling van toerekeningsvatbaarheid in verskillende ouderdomsgroepe in:

Minimum age of criminal capacity

(1) A child who commits an offence while under the age of 10 years does not have criminal capacity and cannot be prosecuted for that offence, but must be dealt with in terms of section 9.

(2) A child who is 10 years or older but under the age of 14 years and who commits an offence is presumed to lack criminal capacity, unless the State proves that he or she has criminal capacity in accordance with section 11.

(3) The common law pertaining to the criminal capacity of children under the age of 14 years is hereby amended to the extent set out in this section.

Die voorgeskrewe toets om ’n kind se toerekeningsvatbaarheid te bepaal volg dan in artikel 11(1) van die wet. Met die oog op die bespreking wat volg, word artikel 11 in die geheel hier onder aangehaal:

Proof of criminal capacity

(1) The State must prove beyond reasonable doubt the capacity of a child who is 10 years or older but under the age of 14 years to appreciate the difference between right and wrong at the time of the commission of an alleged offence and to act in accordance with that appreciation.28

(2) In making a decision regarding the criminal capacity of the child in question –

(a) the inquiry magistrate, for purposes of diversion; or
(b) if the matter has not been diverted, the child justice court, for purposes of plea and trial,

must consider the assessment report of the probation officer referred to in section 40 and all evidence placed before the inquiry magistrate or child justice court prior to diversion or conviction, as the case may be, which evidence may include a report of an evaluation referred to in subsection (3).

[NB: Sub-s. (2) has been substituted by s. 2 (a) of the Judicial Matters Amendment Act 14 of 2014, a provision which will be put into operation by proclamation. See PENDLEX.]

(3) An inquiry magistrate or child justice court may, on own accord, or on the request of the prosecutor or the child’s legal representative, order an evaluation of the criminal capacity of the child referred to in subsection (1), in the prescribed manner, by a suitably qualified person, which must include an assessment of the cognitive, moral, emotional, psychological and social development of the child.

[NB: Sub-s. (3) has been substituted by s. 2 (a) of the Judicial Matters Amendment Act 14 of 2014, a provision which will be put into operation by proclamation. See PENDLEX.]

(4) If an order has been made by the inquiry magistrate or child justice court in terms of subsection (3), the person identified to conduct an evaluation of the child must furnish the inquiry magistrate or child justice court with a written report of the evaluation within 30 days of the date of the order.

[NB: A sub-s. (4A) has been inserted by s. 2 (b) of the Judicial Matters Amendment Act 14 of 2014, a provision which will be put into operation by proclamation. See PENDLEX.]

(5) Where an inquiry magistrate or child justice court has found that a child’s criminal capacity has not been proved beyond a reasonable doubt, the inquiry magistrate or child justice court may, if it is in the interests of the child, cause the child to be taken to a probation officer for any further action in terms of section 9.

3.2 Die bepaling van kinders se toerekeningsvatbaarheid uit ’n teoretiese oogpunt

Walker29 wys daarop dat die artikel 11-toets hier bo van die oorspronklike toets ingevolge die gemenereg verskil. Die tweeledige gemeneregtoets was, eerstens, of die kinderoortreder die ongeoorloofdheid van die spesifieke gedrag besef het en, tweedens, of die kind ooreenkomstig daardie besef kon optree.30 Die nuwe toets in artikel 11 van die Child Justice Act vra egter eerstens of die kind ten tye van misdaadpleging bevoeg was om in die algemeen tussen reg en verkeerd te onderskei en, tweedens, of die kind ooreenkomstig daardie besef kon optree.

Die eerste deel van die gemeneregtoets het dus nie oor die beskuldigde se onderskeidingsvermoë tussen reg en verkeerd in die algemeen gehandel nie, maar oor sy/haar bevoegdheid om die wederregtelikheid van die spesifieke gedrag gedurende en in die bepaalde omstandighede van misdaadpleging te besef.31 Die gemeneregtoets was daarom meer gedragspesifiek32 en is dan ook so in hofgesag toegepas.33 In S v Ngobese34 het regter Blieden byvoorbeeld die gemeneregtoets soos volg verduidelik:

The State is required, in order to discharge the onus that an accused is doli capax even though under the age of 14, to prove that:

(1) The particular accused has been shown to have appreciated the distinction between “right and wrong”.
(2) He or she knew the act which had been committed by him or her was wrong within the context of the facts of the particular case.35

Hieruit blyk dit duidelik dat die gemeneregtoets ’n swaarder bewyslas op die staat se skouers geplaas het, wat kinders gevolglik ook beter beskerming gebied het en uiteindelik in die kind se belang was.36 Juis daarom gaan Walker37 verder deur te sê dat ’n streng vertolking van die huidige artikel 11(1) van die Child Justice Act moontlik in stryd is met artikel 28(2) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996. Artikel 28 is veral geïnspireer deur sowel die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind as die Afrika-handves oor die Regte en Welstand van die Kind,38 wat albei deur Suid-Afrika bekragtig is en state verplig om die kind se belange te eerbiedig.39

Walker se aanbeveling dat die meer kindervriendelike gemeneregtoets ingespan moet word om die kinderoortreder se insig ten tye van die misdaad (eerste komponent van toerekeningsvatbaarheid) ingevolge artikel 11(1) te bewys, is dus sinvol. Volgens haar dien artikel 39(2) van die Grondwet veral ook as regverdiging vir ’n strenger vertolking van die toets in artikel 11(1) van die Child Justice Act.40 Daardie grondwetlike bepaling lui dat howe die “gees, strekking en oogmerke van die Handves van Regte” moet bevorder wanneer hulle wetgewing uitlê. Dus, sê Walker, moet daar bepaal word of die bewoording van artikel 11(1) redelikerwys strenger vertolk kan word om aan die Grondwet te voldoen,41 wat hier wél die geval is, omdat ’n grondwetlike uitleg eerder ’n gedragspesifieke wederregtelikheidsbesef sal vereis.42

Baie kommentators het al Walker se kritiek op die bewoording van artikel 11 ondersteun,43 en die land se voorste strafregkenners44 is dit blykbaar eens dat die enger, gedragspesifieke toets vir die bepaling van toerekeningsvatbaarheid by kinders toegepas moet word.

Voorkeur vir die enger hantering van die toets blyk ook uit die volgende aanhaling uit die onlangse aangeleentheid van S v TS:45

It appears from the cases that, at least in relation to children, criminal capacity is relative rather than absolute, in the sense that a child could notionally be criminally capable in respect of one particular crime but not criminally capable in respect of another. The question is … whether the child had the capacity to appreciate the wrongfulness of the particular act with which he or she is charged in the circumstances in which it occurred and to act in accordance with that particular appreciation. One will thus find dicta that a child will more readily be found to have criminal capacity in relation to obviously heinous crimes ...

3.3 Die bepaling van toerekeningsvatbaarheid van kinders in die praktyk

Met dié dat doli incapax in Suid-Afrika behou is, is dit in die praktyk ’n enorme onderneming om die toerekeningsvatbaarheid van kinderoortreders tussen die ouderdom van 10 en 14 te bewys, en is verskeie rolspelers betrokke. Betrokkenes by hierdie proses, wat grootliks ’n voorlopige ondersoek daarstel, is soos volg:46

3.3.1 Proefbeampte

Die eerste rolspeler is die proefbeampte (“probation officer”), wat moet besluit of ’n deskundige mening oor die toerekeningsvatbaarheid van die kinderoortreder nodig sal wees gedurende die verhoor.47 Dié besluit berus hoofsaaklik op die beampte se eie, subjektiewe gevoel oor die kind se vermoë om ten tye van misdaadpleging met die nodige insig (kognitiewe/eerste komponent van toerekeningsvatbaarheid) en selfbeheersing (konatiewe/tweede komponent van toerekeningsvatbaarheid) te kon optree.48 Hierna moet die proefbeampte se mening oor die toerekeningsvatbaarheid van die kind, en oor wat waarskynlik nodig sal wees om toerekeningsvatbaarheid te bewys, in ’n verslag uiteengesit word.49 Die verslag moet voor die aanvang van die voorlopige ondersoek, wat reeds binne 48 uur ná inhegtenisneming moet plaasvind, aan die aanklaer beskikbaar gestel word.

Volgens Schoeman50 lewer hierdie eerste stap in die beoordeling van die kind se toerekeningsvatbaarheid reeds sekere probleme op, naamlik die beperkte tyd om die verslag op te stel, die swak gehalte van verslae, ’n gebrek aan opleiding en instrumente om toerekeningsvatbaarheid te help bepaal, en dat die verslae op proefbeamptes se subjektiewe menings berus.

3.3.2 Aanklaer

Die tweede kardinale rolspeler is die staatsaanklaer. Uiteraard is dit uiteindelik die aanklaer wat moet besluit of die kind vervolg sal word of nie. In die bepaling van die kind se toerekeningsvatbaarheid oorweeg die aanklaer hoofsaaklik:51

  • die kind se vlak van opvoeding, kognitiewe vermoë, huislike en omgewingsfaktore, ouderdom en volwassenheid
  • die aard en erns van die misdaad
  • die uitwerking van die misdaad op die slagoffer en die groot gemeenskap
  • die inhoud van die proefbeampte se verslag
  • of afwending (“diversion”) gepas sal wees
  • hoe sterk die moontlikheid is dat toerekeningsvatbaarheid tydens die voorlopige ondersoek bewys sal kan word.

Indien die aanklaer van oordeel is dat toerekeningsvatbaarheid nie maklik bewys sal kan word nie, moet die saak teruggetrek en na die proefbeampte terugverwys word om ingevolge artikel 9 met die kind te handel.52 Indien die aanklaer meen dat toerekeningsvatbaarheid wél bewys kan word, kan die saak voor die aanvang van die voorlopige ondersoek afgewend word53 indien die kind van ’n bylae 1-misdaad54 aangekla word.55 Andersins word die saak vir ’n voorlopige ondersoek verwys.56

Hoewel Karels en Pienaar57 nie noodwendig gekant is teen die mag van vrye oordeel wat aan die aanklaer verleen word nie, meen hulle tog dat die besluit oor die toerekeningsvatbaarheid van die kind hier aan vae, subjektiewe faktore oorgelaat word, en nie die bewys bo redelike twyfel is wat voor ’n onpartydige arbiter vereis sou word nie. Dít kan ongetwyfeld tot arbitrêre en diskriminerende praktyke aanleiding gee, veral ook omdat die aanklaer se redes nie aangeteken hoef te word nie.58

3.3.3 Die landdros

Indien die aanklaer besluit om die saak teen die kinderoortreder vir ’n voorlopige ondersoek te verwys, moet die landdros alle inligting in die proefbeampte se verslag asook alle inligting wat aan die hof voorgelê is, oorweeg. In hierdie verband wys Skelton en Badenhorst59 ook op die knap omkeertyd van 48 uur ná inhegtenisneming waarbinne die voorlopige ondersoek gehou moet word, in welke stadium die proefbeampte se verslag reeds gereed moet wees. So – omrede die proefbeampte se verslag nie juis omvattend en deeglik kan wees nie – het die landdros gewoonlik weinig inligting om oor die kind se toerekeningsvatbaarheid te beslis.

Die landdros is wel ingevolge artikel 11(3) van die Child Justice Act by magte om ’n evaluering van die kind se toerekeningsvatbaarheid deur ’n toepaslik gekwalifiseerde persoon60 aan te vra.61 Ook die staatsaanklaer of die kind se regsverteenwoordiger kan hierdie evaluering versoek.62 Die evaluering word in die meeste gevalle deur ’n sielkundige of psigiater gedoen, wat onder meer die kind se kognitiewe, morele, emosionele, sielkundige en sosiale ontwikkeling moet beoordeel. Hierdie riglyn strook met die Wysigingswet op Geregtelike Aangeleenthede 42 van 2013,63 wat uitdruklik bepaal dat die landdros of sogenaamde kindergeregshof hierdie spesifieke ontwikkelingsgebiede van die kind in ’n beslissing oor toerekeningsvatbaarheid moet oorweeg. 

Die evalueringsverslag moet binne 30 dae nadat dit aangevra is, aan die landdros voorgelê word. Al is hierdie evaluering deur ’n sielkundige of psigiater nie verpligtend nie, voel baie landdroste wel verplig om dit te gelas omdat hulle nie glo hulle is self opgewasse om die kind se toerekeningsvatbaarheid te bepaal nie.64 Dít lei tot ’n bottelnek van evalueringsversoeke aan sielkundiges en psigiaters,65 wat verdere druk op die staat se reeds beperkte hulpbronne plaas. Hoewel artikel 11(4) van die Child Justice Act oor die algemeen vereis dat slegs een sielkundige of psigiater die evaluering doen,66 bepaal artikel 8 van die Judicial Matters Third Amendment Bill 53 van 2013 en artikel 46 van die Judicial Matters Amendment Bill 7 van 2013 dat meer as een psigiater of sielkundige die evaluering moet doen indien ’n kinderoortreder ’n ernstige misdaad gepleeg het.67 So ’n vereiste plaas vanselfsprekend nog groter druk op die beperkte getal deskundiges.

Na gelang van die uiteindelike bevinding oor die aan-/afwesigheid van toerekeningsvatbaarheid kan die landdros dan soos volg gelas: Indien die landdros glo dat die kind ten tye van misdaadpleging ontoerekeningsvatbaar was, kan die kind na die proefbeampte terugverwys word vir verdere hantering ingevolge artikel 9.68 Indien die kind se toerekeningsvatbaarheid vasstaan en die landdros meen dat afwending meer gepas is as ’n verhoor, kan die kind vir afwending verwys word.69 So nie, kan die landdros die saak vir ’n pleit en verhoor na die kindergeregshof verwys.70

3.3.4 Toepaslik gekwalifiseerde persoon

Natuurlik vervul die persoon/persone wat deur die landdros vir die evalueringsverslag genader word, óók ’n belangrike rol in die bepaling van die kind se toerekeningsvatbaarheid. Diegene wat vir hierdie taak in aanmerking kom, is mediese praktisyns wat ingevolge die Health Professions Act 65 van 1974 as kliniese sielkundiges geregistreer is of wat in psigiatrie spesialiseer.71

Die landdros kan op die verslag van die sielkundige of psigiater staatmaak om tot ’n gevolgtrekking oor die beskuldigde se toerekeningsvatbaarheid te kom. Nietemin is die verslag nie die enigste bepalende faktor nie, en moet die staat steeds bo redelike twyfel bewys dat die oortreder ten tye van misdaadpleging toerekeningsvatbaar was.72 

3.4 Probleme met die bewys van toerekeningsvatbaarheid in die praktyk

3.4.1 Geen eenvormige evalueringsmodel, en beperkte hulpbronne

Om toerekeningsvatbaarheid te bewys, hetsy voor of gedurende ’n verhoor, hou verskeie uitdagings in. Die grootste is straks die gebrek aan ’n eenvormige model vir evaluering, en beperkte hulpbronne om hiermee te help.

Artikel 11 van die Child Justice Act vereis uitdruklik dat die kind se kognitiewe, morele, emosionele, sielkundige en sosiale ontwikkeling in ag geneem moet word om toerekeningsvatbaarheid te bepaal.73 Verskeie terreine van menslike ontwikkeling moet dus oorweeg word. Hierdie reeds ingewikkelde taak word verder bemoeilik deur die ontoereikendheid van psigometriese beoordelingsinstrumente vir plaaslike gebruik.74 Schoeman75 is een van ’n hele aantal outeurs wat al die uitdagings op hierdie gebied uitgelig het. Sy beklemtoon die onsekerheid oor die aard van die evaluering, veral in Suid-Afrikaanse multikulturele verband:

Concerns have also been raised about the absence of valid and reliable assessment measures to determine criminal capacity, since few psychometric tests have been developed or adapted for use in South Africa’s unequal and multicultural society.

Ook Kramers-Olen76 stem saam dat die ontwikkeling van ’n betroubare en kultureel gepaste psigometriese toets vir veral morele ontwikkeling makliker gesê is as gedaan.

Boonop is daar min staatsielkundiges wat in die forensiese beoordeling van kinders spesialiseer.77 Hierdie tekort kan moontlik deels daaraan toegeskryf word dat geestesgesondheidspraktisyns se presiese rol in die evaluering van kinders se toerekeningsvatbaarheid nog nie behoorlik beskryf is nie, en verder ontwikkel en afgerond moet word om sekerheid te bied én te sorg dat die taak na wense en akkuraat uitgevoer word. Hoe dit ook al sy, die gevolg van die tekort is ’n ernstige vertraging in die afhandeling van sake.78 Trouens, in sommige gevalle word die evaluering eers lank ná misdaadpleging onderneem, wat die bepaling van die kind se toerekeningsvatbaarheid ten tye van misdaadpleging bemoeilik.79 En soos reeds genoem is,80 plaas landdroste se twyfel in hul eie bevoegdheid om ’n kind se toerekeningsvatbaarheid te bepaal (sonder om die kind vir evaluering te verwys) verdere druk op ’n reeds oorlaaide stelsel.81

Die ou probleem van ’n tekort aan staatsfinansiering belemmer die aanstelling van bykomende personeel vir die uitsluitlike doel om kinderoortreders se toerekeningsvatbaarheid te evalueer.82 Hoewel privaat sielkundiges en psigiaters ’n moontlike uitkoms kan wees, hef hulle deskundige-getuie-fooie, wat vinnig met die begroting klaarspeel.

Die soeke na oplossings duur voort. Schoeman83 wys byvoorbeeld op ’n voorstel wat in 2016 in die Staatskoerant verskyn het,84 naamlik dat ook ander beroepslui, soos maatskaplike werkers en kriminoloë, bevoeg verklaar behoort te word om toerekeningsvatbaarheid te bepaal. Dít kan ’n meer holistiese evaluering tot gevolg hê en die tekort aan bevoegde personeel help oorbrug. Nog ’n voorstel is om uit die staanspoor ’n multiprofessionele span by die evaluering te betrek, wat kliniese sielkundiges, maatskaplike werkers, arbeidsterapeute, psigiaters en kriminoloë insluit.85 Hoewel so ’n veelsydiger span moontlik tot ’n akkurater evaluering kan lei, impliseer dit egter ook ’n groter span, wat waarskynlik net die hulpbron- en finansieringstekort sal vererger.

3.4.2 Verkeerde vertolking van die doli incapax-reël

’n Verdere probleem in die praktyk is die verkeerde vertolking en toepassing van die doli incapax-reël.

Die reël is gegrond op die teorie dat die weerlegging van die vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid die uitsondering eerder as die reël moet wees.86 Skelton87 beaam dít. Volgens haar sou die korrekte aanwending van doli incapax impliseer dat die meeste kinders tussen die ouderdom van 10 en 14 as ontoerekeningsvatbaar beskou behoort te word.88 Hieruit volg dat “only the few who are suspected of possessing abnormal maturity [are] to be subjected to scrutiny of their criminal capacity and if their abnormal maturity is confirmed, [are] to be considered for diversion or prosecution”. Afwending of vervolging behoort dus slegs by die bevestiging van buitengewone volwassenheid te volg.89

Die praktyk dui egter op die presiese teenoorgestelde: Die meeste kinders tussen 10 en 14 jaar word wél as toerekeningsvatbaar, en dus buitengewoon volwasse, beskou.90

3.5 Voordele verbonde aan die behoud van die doli incapax-reël

Die kompleksiteit rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid in die praktyk plaas ’n groot las op die Suid-Afrikaanse strafregstelsel en laat die afskaffing van die doli incapax-reël na ’n aanloklike opsie lyk. Met eerste oogopslag blyk die afskaffing daarvan ook met internasionale verwagtinge te strook.91

Ten spyte van die praktiese uitdagings en die internasionale standpunt dat die toepassing van die reël tot ’n ongewenste toedrag van sake lei waar kinders van dieselfde ouderdom verskillend behandel word as gevolg van hul graad van volwassenheid,92 strook die behoud van die reël egter met die algemene beginsels van strafreg.93 Hierdie beginsels sluit in dat die toerekeningsvatbaarheid van ’n oortreder bo redelike twyfel moet vasstaan alvorens ’n skuldigbevinding kan plaasvind.94 Meer spesifiek verleen die reël erkenning aan die stelselmatige ontwikkeling van kinders tussen die ouderdom van 10 en 14 se geestesvermoëns, elk op sy eie tydstip.95 Dít hou die voordeel in dat kinders, wie se geestesvermoëns nog nie in so ’n mate ontwikkel het dat hulle as toerekeningsvatbaar geag kan word nie,96 teen die volle mag van die strafreg beskerm kan word en strook terselfdertyd met artikel 28(2) van die Grondwet wat die beste belang van die kind vooropstel.97

3.6 Regspraak ter illustrasie: S v TS

Die kinderbeskuldigde in S v TS98 is aangekla van strafbare manslag nadat sy haar pa met ’n mes doodgesteek het. Die oortreder, wat pas 13 geword het, het skuldig gepleit op die aanklag en is deur die verhoorhof skuldig bevind en tot vyf jaar verpligte aanhouding of bywoning van ’n jeugsentrum gevonnis.99

In haar pleitverduideliking het die beskuldigde getuig dat die oorledene haar vroeër die dag aangerand het. Sy het haarself daarna vir beskerming in die huis toegesluit en ’n rukkie later die kans gewaag om na ’n nabygeleë park te gaan. Voordat sy die huis verlaat het, het sy haar met ’n mes bewapen. Sy het die oorledene op pad na die park raakgeloop. Toe hy dreig om haar met twee halwe bakstene te gooi, het sy hom een keer met die mes in die bors gesteek, wat sy dood veroorsaak het.100

Nieteenstaande haar pleit van skuldig, moes die verhoorhof steeds tevrede wees dat die beskuldigde aan al die elemente van misdaadpleging, toerekeningsvatbaarheid inkluis, voldoen voordat ’n skuldigbevinding kon volg.101 Om toerekeningsvatbaarheid te bepaal, moes die hof dus ingevolge artikel 11(2) van die Child Justice Act oorweging skenk aan die proefbeampte se verslag, die deskundige (psigiater/sielkundige) se verslag, indien van toepassing, en die feite van die saak soos dit in die pleitverduideliking uiteengesit is.102

Toe die saak outomaties in die Hooggeregshof vir hersiening voorkom, het regters Saldanha en Rogers in die besonder aangedring op groter duidelikheid oor of daar wel in dié saak sprake was van toerekeningsvatbaarheid ten tye van misdaadpleging.103 Die regters het bevestig dat hoewel die landdros korrek was om die proefbeampte en die deskundiges (’n psigiater en sielkundige) se verslae vir die bepaling van toerekeningsvatbaarheid te oorweeg,104 die psigiater en sielkundige se verslag onvoldoende was om die vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid van die beskuldigde te weerlê.105 Dít, het die regters gesê, was omdat dit uit die deskundiges se verslag geblyk het (i) dat die beskuldigde ’n ernstige hakkelprobleem het; (ii) dat haar IK aan dié van ’n persoon met ’n intellektuele gestremdheid grens; (iii) dat daar moontlik sprake is van ’n spesifieke kognitiewe tekort; en (iv) dat ’n mens dááruit kon aflei dat sy sou sukkel om die gevolge van haar dade te voorsien.106

Die deskundiges se samevatting oor die vraag na toerekeningsvatbaarheid ten tye van misdaadpleging lui soos volg (oorspronklike kursivering):107

[T]he accused did understand the difference between right and wrong, and, within the limitations of her intellectual and developmental level, generally has the capacity to act in accordance with that knowledge. Her ability to control her impulses, however, would have been profoundly affected by the sense of danger provoked by her father’s verbal and physical attacks. In addition, her impaired verbal reasoning and poor processing is [sic] likely to have prevented her from considering anything other than self-protection in that moment. It could thus be “argued” that the accused’s criminal capacity was temporarily diminished.

Die landdros het hierdie skriftelike mening van verminderde toerekeningsvatbaarheid voor die voet aanvaar, en dit nie verder nodig geag om die deskundiges mondelings te laat getuig nie.108 Hierdie benadering is egter aanvegbaar. Dit staan tog vas dat die vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid in die beskuldigde se ouderdomsgroep weerlê kan word slegs indien die kinderoortreder oor die vermoë beskik om die ongeoorloofdheid van die handeling te besef (insig), asook die vermoë om ooreenkomstig daardie besef op te tree (selfbeheersing).109 Die bewoording van die deskundiges se verslag op sigself het egter nie sekerheid oor enige hiervan – insig óf selfbeheersing – in die spesifieke omstandighede van die misdaad gebied nie.

Gevolglik het regters Saldanha en Rogers bepaal dat, in die lig van die deskundige evaluering, die kind se erkenning van skuld nie voldoende was om tot die slotsom te kom dat sy met toerekeningsvatbaarheid gehandel het nie:110

A generalised statement of her ability to distinguish between right and wrong, apart from not carrying very much weight, did not focus on the important question whether she had the capacity to determine the extent to which she was entitled to use force against her father in the particular circumstances of the case, and to act in accordance with that appreciation.

Daarmee het die Hooggeregshof dus duidelik die strenger gemeneregtoets vir toerekeningsvatbaarheid toegepas, wat prysenswaardig is.111 Weens twyfel oor die beskuldigde se toerekeningsvatbaarheid112 het die regters die skuldigbevinding gevolglik tersyde gestel en na die hof a quo terugverwys om ooreenkomstig artikel 113 van die Strafproseswet 51 van 1977 te handel.113

Hierdie saak getuig weliswaar van heelwat gebreke en uitdagings in die praktiese bepaling van kinderoortreders se toerekeningsvatbaarheid, en veral ook die weerlegging van die vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid. Nietemin het die Hooggeregshof ook die volgende nuttige riglyne vir die toekomstige hantering van ’n pleit van skuldig deur kinderoortreders neergelê:114

  • ’n Kind se toerekeningsvatbaarheid kan nie alleen op grond van die erkenning van skuld bepaal word nie.
  • Ingevolge artikel 11(2) van die Child Justice Act moet die hof sowel die proefbeampte en psigiater/sielkundige se verslae as die bewyse in elke saak oorweeg.
  • In geval van teenstrydighede in die pleitverduideliking en verslae moet die hof verdere inligting bekom om vas te stel of toerekeningsvatbaarheid wel bo redelike twyfel bepaal kan word.
  • Hiervoor mag die hof kragtens artikel 112(2) van die Strafproseswet die beskuldigde ondervra en ingevolge artikel 63(4)(b) inligting van enige betrokkene in die verrigtinge bekom om te sorg dat die kind se belange seëvier.

3.7 Voorgestelde wetswysigings

Die Child Justice Amendment Bill van 2018 is opgestel om aan internasionale verpligtinge te voldoen en die praktiese probleme met die bewys van kinderoortreders se toerekeningsvatbaarheid te help hanteer. Hoewel dit nog nie van krag is nie en sekerlik ook nie as foutloos bestempel kan word nie, sal dit met uitvaardiging gewis ’n aansienlike verbetering in die huidige regstandpunt teweegbring.

Artikel 4 van die wysigingswetsontwerp stel voor dat die minimum ouderdom vir toerekeningsvatbaarheid van 10 tot 12 verhoog word. Indien dit aanvaar word, sal die gewysigde artikel 7 van die Child Justice Act dus lui:

(1) A child who commits an offence while under the age of 12 years does not have criminal capacity and cannot be prosecuted for that offence, but must be dealt with in terms of section 9.
(2) A child who is 12 years or older but under the age of 14 years and who commits an offence is presumed to lack criminal capacity in accordance with section 11.

Die verhoging van die minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid is ’n langverwagte stap wat Suid-Afrika se regstandpunt aan die internasionale standaard sal laat voldoen. Dit is dus ’n tree in die regte rigting.

Die behoud van die doli incapax-reël ten opsigte van kinders tussen die ouderdom van 12 en 14 word ondersteun deur die skrywer weens die beskerming daaraan verbonde; dit laat die staat egter steeds met die bewyslas van toerekeningsvatbaarheid, wat tans verskeie praktiese probleme oplewer.115 Die wysigingswetsontwerp probeer egter sommige van hierdie probleme ook die hoof bied.

Artikel 7 van die wysigingswetsontwerp stel ’n wysiging van artikel 10(1) van die Child Justice Act voor, naamlik die skrapping van die huidige vereiste dat die staatsaanklaer onder meer die kind se kognitiewe vermoë bepaal as een van die faktore om toerekeningsvatbaarheid vas te stel. Die rede hiervoor is dat aanklaers nie hiervoor toegerus is nie.116 ’n Verdere voorgestelde wysiging van artikel 10 is dat toerekeningsvatbaarheid nie hoef vas te staan om die roete van afwending te volg nie. Die aanklaer hoef dus slegs te oorweeg of afwending gepas sal wees vir die betrokke saak voordat die kind wat ’n bylae 1-misdaad117 gepleeg het, vir afwending verwys kan word. Eweneens hoef die kind tussen 12 en 14 se toerekeningsvatbaarheid ook nie vas te staan vir ’n landdros in die voorlopige ondersoek om die saak vir afwending te verwys nie. Indien die landdros meen dat afwending in die kind se belang is, sal dít voldoende wees.118

Daarmee word die bewyslas van toerekeningsvatbaarheid dus uitsluitlik beperk tot ’n pleit en verhoor in die Kindergeregshof. Aan die een kant bring dít aansienlike verligting: Die huidige oorweging van toerekeningsvatbaarheid gedurende die voorlopige ondersoek én voordat ’n aanklaer die saak vir afwending kan verwys, veroorsaak immers ’n bottelnek, wat reeds beperkte hulpbronne uitput. Indien die wysigingswetsontwerp aanvaar word, sal toerekeningsvatbaarheid dus ter sprake kom slegs indien die saak van ’n kind tussen 12 en 14 vir ’n pleit en verhoor na die Kindergeregshof verwys word.119 Aan die ander kant kan die billikheid rakende die “verswakte” bewyslas ten aansien van toerekeningsvatbaarheid alvorens ’n kind vir afwending verwys word, bevraagteken word. Is afwending nie ’n korrektiewe maatreël wat slegs op ’n toerekeningsvatbare persoon van toepassing is nie?

Verder is dit opvallend dat geen wysiging aan die toerekeningsvatbaarheidstoets self voorgestel word nie. Die wetgewer verspeel dus hier ’n kans om die bewoording van die toets duideliker uiteen te sit. Dit sou ’n gulde geleentheid gewees het om die toets meer gedragspesifiek te bewoord en sodoende enige vroeëre onsekerheid uit die weg te ruim en die toets met die gemenereg en die howe se vertolking daarvan te versoen.

 

4. Die standpunt in Engeland

4.1 Agtergrond

Die gemeenregtelike vermoede van ontoerekeningsvatbaarheid by kinders wat aanvanklik in Suid-Afrika gegeld het, was ook in Engeland van toepassing. Net soos wat met die aanvang van die Child Justice Act in Suid-Afrika gebeur het, is die minimum ouderdom vir toerekeningsvatbaarheid van kinders in Engeland (en Wallis) egter teen die middel- tot laat twintigerjare van 7 tot 10 verhoog.120

In teenstelling met Suid-Afrika, het Engeland egter in 1998 ook die doli incapax-reël vir kinders tussen 10 en 14 afgeskaf.121 Dié stap het deel uitgemaak van die Britse regering se veldtog teen jeugmisdaad, waarmee hulle ’n duidelike boodskap aan kinders wou stuur dat hulle vir hul dade verantwoordelik gehou sal word.122 Die afskaffing van doli incapax is verder aangevuur deur die moord op James Bulger,123 wat in 1993 skokgolwe deur die land gestuur het. Dit, tesame met wydverspreide paniek oor kindermisdaad onder politici, regsgeleerdes en morele waghonde, het Tony Blair se Arbeiderspartyregering laat besluit om gewoon alle kinders vanaf 10-jarige ouderdom as toerekeningsvatbaar te beskou.124 Hieroor het die Blair-regering gesê:125 “Most young people aged 10–13 are plainly capable of differentiating between right and wrong, especially where the issue is one of theft or damage to the property of others.”

As versagting het hulle bygevoeg dat die spesifieke aard van kindwees wel in ag geneem sou word gedurende vonnisoplegging, maar dat howe hulle nie genoop moes voel om voor die voet aan te neem dat gewone kinders nie tot die mees basiese morele oordele in staat is nie.126

4.2 Kritiek op Engeland se afskaffing van die doli incapax-reël

Die afskaffing van doli incapax in Engeland het wye reaksie ontlok.

Hoewel sommige ten gunste was van die afskaffing omdat die doli incapax-reël dinge gekompliseer het,127 en wegdoening daarmee met die eerste oogopslag met internasionale verwagtinge gestrook het,128 het die newe-effekte van die afskaffing gou begin kop uitsteek. Reeds in 1999, die jaar na die afskaffing, het die getal 10- tot 14-jariges wat polisiewaarskuwings ontvang of in ’n hof aan strafbare misdrywe skuldig bevind is, met 29% gestyg vergeleke met die vorige jaar.129 Dít het op sy beurt tot al hoe meer kinders in aanhouding gelei, en ’n verlenging in gevangenisstraf. Boonop het aanhouding weinig gedoen om misdaad deur kinders te verminder. Kort voor lank was die strafstelsel teenoor jong misdadigers in Engeland (en Wallis) bekend as een van die strengste ter wêreld.130

Verskeie oproepe om die herinstelling van doli incapax het gevolg. Veral Goldson se sterk pleidooi, asook sy redes daarvoor, bied ’n treffende momentopname van die toedrag van sake in Engeland sedert die afskaffing van dié reël.131 Goldson voer eerstens aan dat doli incapax opnuut ingestel behoort te word ter wille van die handhawing van menseregte.132 Om kinders van so jonk as 10 aan die volle omvang van die strafregstelsel bloot te stel is volgens hom in stryd met die onderliggende beginsels van die Verenigde Nasies se Konvensie oor die Regte van die Kind, wat die belange van die kind vooropstel. “Adultifying children aged 10 years is a mutation of justice,” voer hy aan.133 Tweedens word die herinstelling van doli incapax volgens Goldson vereis vir konsekwentheid tussen Europese jurisdiksies,134 met dié dat 10 die allerlaagste ouderdom vir toerekeningsvatbaarheid in die Europese Unie is. Derdens betoog Goldson dat herinstelling verdere maatskaplike skade sal beperk.135 Vir die 75 136 kinders tussen die ouderdom van 10 en 15 wat in 2010/11 alleen ’n vorige veroordeling vir ’n strafregtelike oortreding bekom het, was die moontlikheid om hul skoolloopbaan te voltooi, te gradueer en werk te kry byvoorbeeld uiters gering. Goldson se laaste rede vir die herinstelling van doli incapax is ter wille van die dekriminalisering van maatskaplike nood,136 gedagtig daaraan dat kinders wat met die gereg bots in die meeste gevalle sorgbehoewend is en in sosio-ekonomies nadelige omstandighede grootword. Hy betwyfel of aanhouding in hierdie kinders se belang is, en bepleit alternatiewe metodes om die probleem die hoof te bied.

In die lig van die beduidende toename in kinders in aanhouding, ondanks navorsing wat op die waarde van niebestraffende reaksies op kindermisdaad dui, wonder baie dus deesdae wat die afskaffing van die doli incapax in Engeland nou eintlik bereik het.137

4.3 Wetgewing

Die standpunt oor die strafregtelike aanspreeklikheid van kinders in Engeland word hoofsaaklik in die Children and Young Persons Act van 1963138 en die Crime and Disorder Act van 1998139 uiteengesit.

Artikel 50 van die Children and Young Persons Act van 1933 (die voorloper van die gelyknamige wet van 1963) het oorspronklik bepaal dat geen kind onder 10-jarige ouderdom aan ’n misdryf skuldig bevind kan word nie.140 Nadat dit deur artikel 16(1) van die Children and Young Persons Act van 1963 gewysig is, lui dit tans:141 “It shall be conclusively presumed that no child under the age of ten years can be guilty of any offence.”

Ondanks ’n voorstel gedurende die wetswysigingsproses om die minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid van 10 tot 14 jaar te verhoog, het die Britse parlement uiteindelik daarteen besluit en sodoende hul oorspronklike “geen genade”-beleid ten opsigte van kinderoortreders bevestig.142

Soos hier bo bespreek is, is die standpunt ten opsigte van kinderoortreders verder deur die afskaffing van die doli incapax-reël ingevolge artikel 34 van die Crime and Disorder Act geraak. Artikel 34 van daardie wet lui:143 “The rebuttable presumption of criminal law that a child aged 10 or over is incapable of committing an offence is hereby abolished.”

Sedertdien word alle 10-jarige en ouer kinders in Engeland wat met die gereg bots, aan die volle mag van die strafreg blootgestel.144 Sulke kinders wat dalk nie ver genoeg ontwikkel het of oor die nodige volwassenheid beskik om die gevolge van hul misdade te begryp nie, word dus van alle beskerming ontneem.145 Daar word tans gewoon geen voorsiening vir individuele beoordeling gemaak nie.

4.4 Bewys van toerekeningsvatbaarheid in die praktyk voor die afskaffing van doli incapax

Voordat doli incapax in Engeland afgeskaf is, het die bewyslas (net soos in Suid-Afrika) op die staat gerus om aan te toon dat die kind bo 10 dog onder 14 ten tye van misdaadpleging toerekeningsvatbaar was. Trouens, die doli incapax-reël in Engeland het baie spesifiek vereis dat die staat bewys dat die kinderoortreder geweet het dat die misdryf uiters verkeerd is, en nie net stout of ondeund nie.146

Faktore wat die staat dít help bewys het, en wat baie met dié in Suid-Afrika ooreenstem,147 was die omstandighede van die misdaad, die kind se uitlatings of handelinge voor die misdryf, getuienis uit ’n onderhoud met die kind, ’n psigiatriese ondersoek, getuienis deur iemand wat die kind goed ken (soos ’n onderwyser), die kind se lewensomstandighede, opvoedingsvlak, huislike agtergrond, en bewyse van vorige veroordelings.148

Voordat dit afgeskaf is, was doli incapax dus lank ’n veiligheidsnet vir kinders in Engeland bo 10 maar onder 14 wat weens verskeie faktore nie as toerekeningsvatbaar beskou kon word nie.149

4.5 Die gebruik van die verweer van ontwikkelingsonvolwassenheid ten opsigte van kinders in Engeland

Ná die doli incapax-afskaffing in Engeland het die Regskommissie (Law Commission) in 2005 voorgestel dat kinders by die verweer van ontwikkelingsonvolwassenheid (“developmental immaturity”) ingesluit word.150 Hoewel dié verweer aanvanklik uitsluitlik vir volwassenes wat aan abnormale verstandelike ontwikkeling ly, beskikbaar was, is die gebruik daarvan vir kinders aan die hand gedoen juis omdat kinders van alle ander vorme van beskerming ontneem is.

Die Regskommissie was veral bekommerd daaroor dat die land se wetgewing oor manslag nie voldoende vir kinders voorsiening maak nie, en het daarom voorgestel dat ontwikkelingsonvolwassenheid op sigself as ’n grond vir verminderde toerekeningsvatbaarheid by kinders aanvaar moet word.151 Om vir hierdie gedeeltelike verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid in aanmerking te kom, het die Regskommissie voorgestel dat die kinderoortreder onder 18-jarige ouderdom aan die volgende vereistes moet voldoen:152

That at the time of the killing:

(1) His or her capacity to

a. understand events;
b. judge whether his or her actions were right or wrong; or
c. control him or herself

was substantially impaired by an abnormality of mental functioning arising from an underlying condition or developmental immaturity, or both, and

(2) the abnormality of mental functioning or developmental immaturity or a combination of both, was a significant cause of the defendant’s conduct in carrying out the killing.

(3) “Underlying condition” means a pre-existing mental or physiological condition.

In teenstelling met Suid-Afrika, waar verminderde toerekeningsvatbaarheid slegs as strafversagtende faktor by vonnisoplegging dien,153 sou hierdie verweer van verminderde toerekeningsvatbaarheid in Engeland daartoe aanleiding gee dat moord met voorbedagte rade as manslag beskou sou word. Die kinderoortreder sou dus buite die verpligte aanhoudingstermyn val, en die vonnis sou aan die goeddunke van die regter oorgelaat word.154

Al is hierdie gedeeltelike verweer uit verskeie oorde ondersteun,155 het die regering besluit om dit nie in die Coroner’s and Justice Act van 2009 in te sluit nie. Die verweer van ontwikkelingsonvolwassenheid maak dus tans geen spesifieke voorsiening vir kinders nie.

Toulson vat die ironie hiervan raak saam:156

The bizarre result is that if a 25 year old killer has the developmental age of a 12 year old, that is something which the jury may take into account because it would be a recognized medical condition; but if a 12 year old killer has the developmental age of a 12 year old, it is apparently not something which the jury can take into account.

In 2013 het die regskommissie in sy voorlegging “Criminal liability: Insanity and automatism” ’n tweede keer voorgestel dat die verweer van ontwikkelingsonvolwassenheid vir kinders voorsiening behoort te maak. Al wag regspraktisyns angstig op ’n uitslag, het daar tot dusver nog niks van gekom nie.157 

Hierdie voortgesette soeke na beskerming vir kinderoortreders ingevolge ’n ander tipe verweer dui op die behoefte aan hervorming in Engeland. Sodanige hervorming kan plaasvind deur doli incapax opnuut in te stel, kinders by die verweer van ontwikkelingsonvolwassenheid in te sluit, of gewoon die minimum ouderdom tot ’n internasionaal meer aanvaarbare ouderdom te verhoog.158

Hoe dit ook al sy, die huidige stand van sake vir kinderoortreders in Engeland is allermins wenslik.

 

5. Gevolgtrekking en voorstelle

Die hantering van kinderoortreders in sowel Suid-Afrika as Engeland is ’n ou probleem, wat al deur die jare groot kopkrap veroorsaak het.

Suid-Afrika en Engeland het reeds die oorspronklike gemeenregtelike standpunt afgeskaf, ingevolge waarvan kinders vanaf 7-jarige ouderdom vir hul misdadige gedrag aanspreeklik gehou kon word indien die staat toerekeningsvatbaarheid bo redelike twyfel kon bewys. Die minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid is tans 10 in albei jurisdiksies.

In teenstelling met Suid-Afrika, volg Engeland egter met die afskaffing van die doli incapax-reël ’n heelwat strenger benadering en laat geen ruimte vir kinders tussen 10 en 14 om in die praktyk as ontoerekeningsvatbaar beskou te word nie. Ofskoon die kompleksiteit van die bewys van toerekeningsvatbaarheid in die praktyk ’n groot las op die strafregstelsel plaas, kan dit nie ten koste van reg en geregtigheid afgeskaf word nie. Die afskaffing van doli incapax in Engeland het nie tot ’n verlaging in kindermisdaad gelei nie, en het bloot die getal kinders in aanhouding aansienlik verhoog. Die dringende soeke na ’n ander soort verweer wat vir die “ontwikkelingsonvolwasse” kind in Engeland voorsiening maak, onderstreep die onwenslikheid van die huidige stand van sake.

Daarteenoor lyk dit of Suid-Afrika in die regte rigting mik. Nie net bied die doli incapax-reël steeds beskerming aan 10- tot 14-jarige kinders nie, maar ingevolge die Child Justice Amendment Bill van 2018 beoog Suid-Afrika ook om die minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid van 10 tot 12 te verhoog. Daarmee sal die land nader aan die internasionale norm beweeg. Boonop bevat die Child Justice Amendment Bill voorstelle om die ergste druk op die staat vir die bewys van kinders se toerekeningsvatbaarheid te verlig. Dít sluit in dat toerekeningsvatbaarheid nie vas hoef te staan alvorens ’n kind vir afwending verwys word nie. In wese sal die bewys van toerekeningsvatbaarheid dus net in ’n pleit en verhoor in die kindergeregshof ter sprake kom. Die standpunt dat afwending ’n korrektiewe maatreël is wat slegs ten opsigte van ’n toerekeningsvatbare persoon toegepas kan word, kan egter hier as moontlike struikelblok in die toekoms dien.

Indien dit mettertyd in die praktyk sou blyk dat die voorgestelde verligting in die bewyslas van toerekeningsvatbaarheid onvoldoende is, kan Suid-Afrika – soos Engeland – die afskaffing van die doli incapax-reël oorweeg. Hierdie vergelykende studie bring egter aan die lig dat so ’n afskaffing met groot omsigtigheid hanteer moet word en nie sonder ’n verhoging in die minimum ouderdom vir strafregtelike aanspreeklikheid behoort plaas te vind nie. Die doel van die doli incapax-reël is tog om kinders tussen die ouderdom van 10 en 14 ’n mate van beskerming te bied wat strook met die beginsel van die beste belang van die kind. Indien hierdie beskerming wegval, sou dit sinvol wees om die minimum aanspreeklikheidsouderdom tot ten minste 14 te verhoog, wanneer dit veilig sal wees om aan te neem dat alle kinders wél toerekeningsvatbaar is.159

 

Bibliografie

Binford, W. 2012. Criminal capacity and the teenage brain: Insights from neurological research. Article 40, 14(3):1–6.

Burchell, J. 2016. Principles of criminal law. 5de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Chetty, V. 2008. Incapacity to determine criminal capacity: Mad or bad? A selected case study. Acta Criminologica, 2:129–38 (CRIMSA-konferensie-uitgawe).

Crofts, T. 2015. A brighter tomorrow: Raise the age of criminal responsibility. Current Issues in Criminal Justice, 27(1):123–31.

—. 2016. Reforming the age of criminal responsibility. South African Journal of Psychology, 46(4):436–48.

—. 2018. Prosecuting child offenders: Factors relevant to rebutting the presumption of doli incapax. Sydney Law Review, 40(3):339–65.

Fitz-Gibbon, K. 2016. Protections for children before the law: An empirical analysis of the age of criminal responsibility, the abolition of doli incapax and the merits of a developmental immaturity defence in England and Wales. Criminology and Criminal Justice, 16(4):1–19.

Goldson, B. 2013. Unsafe, unjust and harmful to wider society: Grounds for raising the minimum age of criminal responsibility in England and Wales. Youth Justice, 13(2):111–30.

Jordaan, L. 2015. General principles and specific offences. Test for criminal capacity – juvenile offenders. South African Journal of Criminal Justice, 28(3):373–86.

Karels, M. en L. Pienaar. 2015. Determination of criminal capacity for child offenders – interfacing the procedural requirements of the Child Justice and Criminal Procedure Act. Obiter, 36(1):57–78.

Kemp, G., S. Walker, R. Palmer, D. Baqwa, C. Gevers, B. Leslie en A. Steynberg. 2015. Criminal law in South Africa. 2de uitgawe. Kaapstad: Oxford University Press.

Kramers-Olen, A.L. 2015. Neuroscience, moral development, criminal capacity, and the Child Justice Act: Justice or injustice? South African Journal of Psychology, 45(4):466–79.

McDiarmid, C. 2013. An age of complexity: Children and criminal responsibility in law. Youth Justice, 13(2):145–60.

Schoeman, M.I. 2016. Determining the age of criminal capacity. SA Crime Quarterly, 57:35–42.

Skelton, A. 2013. Proposals for the review of the minimum age of criminal responsibility. South African Journal of Criminal Justice, 26(3):257–75.

Skelton, A. en C. Badenhorst. 2011. The criminal capacity of children in South Africa. (International developments & considerations for a review). Kaapstad: The Child Justice Alliance, Universiteit van Wes-Kaapland.

Snyman, C.R. 2012. Strafreg. 6de uitgawe. Kaapstad: LexisNexis.

—. 2014. Criminal law. 6de uitgawe. Kaapstad: LexisNexis.

Songca, R. 2019. Children seeking justice: Safeguarding the rights of child offenders in South African criminal courts. De Jure, 52(1):316–34.

Van Krieken, R. 2013. Doli incapax and its vicissitudes: Childhood and criminal responsibility in England, Germany and Australia. SSRN Electronic Journal, Januarie:1–30.

VK-regskommissie (Law Commission). 2005a. A new homicide act for England and Wales?. Oorlegplegingsdokument nr. 177. Londen: Law Commission.

—. 2005b. A new homicide act for England and Wales? An overview. No. 177 (Overview). Londen: Law Commission.

Verenigde Nasies-komitee oor die regte van die kind. 2007. General Comment no 10: Children’s rights in juvenile justice. New York: Verenigde Nasies.

Walker, S. 2011. The requirements for criminal capacity in section 11(1) of the new Child Justice Act, 2008: A step in the wrong direction? South African Journal of Criminal Justice, 24(1):33–41.

—. 2015. Determining the criminal capacity of children aged 10 to 14 years: A comment in light of S v TS 2015 (1) SACR 489 (WCC). South African Journal of Criminal Justice, 28(3):337–46.

 

Eindnotas 

1 Binford (2012:1).

2 Van Krieken (2013:1); McDiarmid (2013:147).

3 Crofts (2016:436).

4 Toerekeningsvatbaarheid word dikwels ook strafregtelike aanspreeklikheid of strafregtelike verantwoordelikheid (“criminal accountability” of “criminal responsibility”) genoem. Sien Chetty (2008:132).

5 Snyman (2014:29–32). Om iemand in die algemeen in Suid-Afrika aan misdaad skuldig te laat bevind moet die staat voldoening aan verskeie aanspreeklikheidsvereistes bewys, nl. legaliteit, handeling, voldoening aan die spesifieke elemente van die betrokke misdaad, kousaliteit (indien dit ’n gevolgsmisdaad soos moord is), wederregtelikheid, toerekeningsvatbaarheid en skuld. Sien ook Burchell (2016:51); Kemp e.a. (2015:24).

6 Snyman (2014:156); Kemp e.a. (2015:153). Sien ook Burchell (2016:251), wat hierdie vermoëns die sielkundige bevoegdhede van insig en selfbeheersing noem.

7 Chetty (2008:132–3).

8 Die Child Justice Amendment Bill van 2018 is die mees onlangse wysigingsvoorstel – sien bespreking in par. 3.6.

9 Schoeman (2016:35).

10 Art. 28 van die Grondwet, 1996.

11 Fitz-Gibbon (2016:2).

12 Suid-Afrika se gemenereg bestaan hoofsaaklik uit Romeins-Hollandse reg. Sien Snyman (2014:6).

13 Crofts (2018:339).

14 Crofts (2016:438).

15 Crofts (2018:339; 2016:438–9); Snyman (2012:185).

16 Die eerste internasionale verdrag wat die nuwe demokratiese Suid-Afrikaanse regering op 16 Junie 1995 bekragtig het. Beskikbaar by https://www.unicef.org/child-rights-convention.

17 Fitz-Gibbon (2016:4).

18 Beskikbaar by www.acerwc.africa. Sien ook Skelton (2013:271).

19 Skelton (2013:258).

20 Crofts (2016:440; 2015:126); Kramers-Olen (2015:467).

21 Skelton (2013:258); Schoeman (2016:37); Crofts (2015:127).

22 Skelton (2013:272). Karels en Pienaar (2015:72) kritiseer ook die feit dat die reg by implikasie ’n straf vir volwassenheid stel, “which places the fair and equal application of law on a slippery slope of potential discrimination”.

23 75 van 2008.

24 Skelton (2013:258).

25 Sien ook Karels en Pienaar (2015:58).

26 Art. 7 van die Child Justice Act. Sien ook Karels en Pienaar (2015:58); Skelton (2013:257); Kramers-Olen (2015:467); Walker (2011:33).

27 Skelton (2013:257).

28 Eie beklemtoning.

29 (2011:34).

30 Walker (2011:35).

31 Walker (2011:35; 2015:337); Jordaan (2015:374).

32 Walker (2011:36).

33 Walker (2011:37).

34 2002 1 SACR 562 (W) 564F–J.

35 Eie beklemtoning.

36 Walker (2011:38; 2015:338).

37 (2011:38).

38 Songca (2019:327).

39 Songca (2019:328).

40 Walker (2011:40).

41 Walker (2011:39).

42 Skelton (2013:260).

43 Skelton (2013:260).

44 Snyman (2014:175); Kemp e.a. (2015:182).

45 2015 1 SACR 489 (WK) 498.

46 Karels en Pienaar (2015:59).

47 Skelton (2013:262); Schoeman (2016:37).

48 Karels en Pienaar (2015:62).

49 Skelton (2013:262).

50 (2016:39).

51 Art. 10 van die Child Justice Act. Sien ook Skelton (2013:262–3).

52 Karels en Pienaar (2015:67).

53 Art. 1 van die Child Justice Act omskryf afwending as “diversion of a matter involving a child away from the formal court procedures in a criminal matter by means of the procedures established by Chapter 6 and Chapter 8”.

54 Bylae 1 bied ’n uiteensetting van betreklik geringe oortredings (soos diefstal van klein bedrae geld; gewone aanranding). Sien Skelton (2013:263).

55 Karels en Pienaar (2015:69–70).

56 Skelton (2013:263).

57 (2015:70).

58 Skelton (2013:268).

59 (2011:26).

60 Karels en Pienaar (2015:63). “This is either a medical practitioner registered as such in terms of the Health Professions Act 56 of 1974 against whose name the speciality of psychiatry is registered, or a clinical psychologist registered in terms of the Health Professions Act 56 of 1974.” Sien ook Skelton (2013:264 vn. 27).

61 Sien Skelton (2013:263); Schoeman (2016:37).

62 Karels en Pienaar (2015:63); Skelton (2013:263).

63 Art. 2.

64 Karels en Pienaar (2015:63).

65 Ibid.

66 Sien ook Karels en Pienaar (2015:64).

67 Karels en Pienaar (2015:65).

68 Skelton (2013:264).

69 Skelton (2013:263).

70 Skelton (2013:264).

71 Karels en Pienaar (2015:63).

72 Ibid.

73 Skelton (2013:265).

74 Skelton (2013:266).

75 (2016:39).

76 (2015:476).

77 Crofts (2016:444).

78 Skelton (2013:266).

79 Schoeman (2016:39).

80 Sien par. 3.3.3.

81 Skelton (2013:269).

82 Schoeman (2016:39).

83 (2016:40).

84 Staatskoerant nr. 39751, Februarie 2016.

85 Schoeman (2016:40).

86 Karels en Pienaar (2015:72).

87 (2013:266).

88 Skelton (2013:266); Schoeman (2016:36).

89 Skelton (2013:266).

90 Ibid.

91 Sien par. 2.2.

92 Ibid.

93 Crofts (2015:127).

94 Snyman (2014:32).

95 Crofts (2015:127).

96 Crofts (2015:128).

97 Grondwet 1996, art. 28(2).

98 2015 1 SACR 489 (WK).

99 2015 1 SACR 489 (WK) 489.

100 Walker (2015:338–9).

101 Walker (2015:341).

102 Ibid.

103 Jordaan (2015:373).

104 2015 1 SACR 489 (WK) 490.

105 493.

106 Ibid.

107 Ibid.

108 494. Sien ook Walker (2015:339).

109 Snyman (2014:175).

110 2015 1 SACR 489 (WK) 504.

111 Walker (2015:338,342); Jordaan (2015:374).

112 2015 1 SACR 489 (WK) 505.

113 2015 1 SACR 489 (WK) 507; Jordaan (2015:375).

114 Walker (2015:344); Jordaan (2015:375).

115 Sien par. 3.4.

116 Sien par. 2.10.2 van die memorandum oor die oogmerke van die wysigingswetsontwerp.

117 Sien vn. 53 hier bo.

118 Art. 17 van die Child Justice Amendment Bill van 2018.

119 Artt. 13–14.

120 Crofts (2018:339).

121 Die doli incapax-reël is formeel ingevolge art. 34 van die Crime and Disorder Act van 1998 afgeskaf. Sien ook Crofts (2018:340).

122 Fitz-Gibbon (2016:2).

123 Re Robert Thompson and Jon Venables [2001] 1 Cr.App.R.25 parr. 3 en 4. James Bulger is op 12 Februarie 1993 vermoor, toe albei beskuldigdes nog 10 jaar oud was. Die feite van die saak was buitengewoon wreedaardig, en die verhoorregter het dit soos volg saamgevat: “The killing of James Bulger was an act of unparalleled evil and barbarity. This child of 2 was taken from his mother on a journey of over two miles and then was battered to death without mercy and then his body was placed across the railway line so that his body would be run over by a train in an attempt to conceal his murder. In my judgment your conduct was cunning and very wicked.” Sien verder Re Robert Thompson and Jon Venables [2001] 1 Cr.App.R.25 par. H5. Jon Venables en Robert Thompson is op 24 November 1993 aan moord skuldig bevind nadat die deskundige getuie hulle as toerekeningsvatbaar bestempel het.

124 Van Krieken (2013:4); Goldson (2013:113).

125 Van Krieken (2013:19).

126 Ibid.; Fitz-Gibbon (2016:9).

127 Fitz-Gibbon (2016:11).

128 Sien par. 2.2.

129 Goldson (2013:114).

130 Fitz-Gibbon (2016:2).

131 Goldson (2013:117–23).

132 (2013:117).

133 (2013:126).

134 (2013:118).

135 (2013:121).

136 (2013:122).

137 Fitz-Gibbon (2016:12).

138 Children and Young Persons Act van 1963.

139 Crime and Disorder Act van 1998.

140 Fitz-Gibbon (2016:4); Goldson (2013:113).

141 Sien ook McDiarmid (2013:145).

142 Fitz-Gibbon (2016:4).

143 Sien ook Van Krieken (2013:4).

144 Fitz-Gibbon (2016:9).

145 Fitz-Gibbon (2016:17).

146 Fitz-Gibbon (2016:9); Van Krieken (2013:3).

147 Skelton (2013:262–3).

148 Fitz-Gibbon (2016:9).

149 Ibid.

150 Fitz-Gibbon (2016:12).

151 VK-regskommissie (2005a:163); Fitz-Gibbon (2016:12).

152 VK-regskommissie (2005b:44); Fitz-Gibbon (2016:12).

153 Art. 78(7) van die Strafproseswet 51 van 1977.

154 Fitz-Gibbon (2016:13).

155 Ibid.

156 Ibid.

157 Fitz-Gibbon (2016:16).

158 McDiarmid (2013:146) is ook van mening dat die minimum ouderdom vir toerekeningsvatbaarheid by kinders in Engeland verhoog moet word.

159 Crofts (2015:128).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland appeared first on LitNet.

Young enough to get away with murder? A comparative study of the standard of proof in accountability of child offenders in South Africa and England

$
0
0

Abstract

The approach to child offenders is a long-standing problem and has posed a legal quandary in many jurisdictions over the years. Various countries, including South Africa, find themselves trapped between a rock and a hard place, with rising juvenile crime on the one hand, and the duty to protect the interests of the child on the other.

The current South African position on establishing criminal capacity in incidents involving child offenders is contained in sections 7 and 11 of the Child Justice Act 75 of 2008. At present, a child below the age of 10 (compared with the international norm of 12) is considered not to have criminal capacity; a child between the ages of 10 and 14 is presumed to lack criminal capacity, unless the state proves otherwise (also known as the doli incapax rule), while children aged 14 and older are generally assumed to have criminal capacity and can therefore be prosecuted for an offence.

Rebutting the presumption of criminal incapacity for those aged 10 to 14 involves an extensive process with several stakeholders and tight turnarounds, which further intensifies pressure on the state’s already limited resources. Stakeholders in this predominantly pre-trial matter include the probation officer, the prosecutor, the magistrate and so-called suitably qualified persons (subject experts). The rebuttal process throws up a number of challenges. Perhaps the most significant challenge is the lack of a uniform model for, and limited resources to support, a child’s assessment. Section 11 of the Child Justice Act expressly requires a range of factors to be considered in establishing criminal capacity, including the child’s cognitive, moral, emotional, psychological and social development. This complicated task is further frustrated by the inadequacy of psychometric assessment tools available for local use, with cultural appropriateness being a chief concern. In addition, very few state psychologists specialise in the forensic assessment of children. The inevitable result is long delays in finalising matters. Another practical problem often encountered is the misinterpretation of the doli incapax rule. The theory underlying this principle is that the rebuttal of the presumption of criminal incapacity (and, therefore, a finding of abnormal maturity in a child offender) should be the exception rather than the rule. This implies that most children aged 10 to 14 should be regarded as not having criminal capacity. Yet evidence to the contrary seem to apply in practice: Case law reveals that most children in this age bracket are deemed by our courts to have criminal capacity and, therefore, to be abnormally mature.

Reform is clearly needed, and appears to be on its way in the form of the Child Justice Amendment Bill of 2018. This bill proposes that the minimum age for criminal liability be raised from 10 to 12, retaining the doli incapax rule for those aged 12 to 14. Certain procedural adjustments are also suggested to relieve the pressure on the state by limiting the resource-intensive process of proving criminal capacity to the hearing in the Child Justice Court. Will these amendments put South Africa on the right track in terms of dealing with child offenders, or should we reconsider the proposals in the bill?

England, too, had long struggled to strike the right balance with regard to child offenders, and eventually decided on a considerably stricter approach. While also having 10 as the minimum age for criminal capacity, that jurisdiction went a step further by abolishing the doli incapax rule for children aged 10 to 14 in 1998. This step formed part of the British government’s campaign against juvenile crime, sending a very clear message that children would be held accountable for their actions. The move had been further motivated by the brutal killing of two-year-old James Bulger by two ten-year-olds in 1993. In effect, therefore, all children above 10 in England are deemed to have criminal capacity and are subjected to full criminal prosecution should they run foul of the law. While at first many were in favour of the abolishment of the doli incapax rule, thinking that it was well aligned with international expectations, the practical effects of this step were less than ideal. A mere year following the scrapping of the rule, the number of children between 10 and 14 who had been issued police warnings or convicted of a criminal offence rose by 29%. This, in turn, resulted in an increase in children being detained, as well as longer prison sentences. Most importantly, imprisonment has not done much to reduce juvenile crime. Ever since then, pressure groups have been appealing to the British government to reinstate the doli incapax rule. 

While South Africa has high juvenile crime rates, and England’s criminal system for child offenders is regarded as among the strictest in the world, this comparative study suggests that we might be better off not following the English example. Although the practical complexities of rebutting the presumption of criminal incapacity for children aged 10 to 14 impose a huge burden on the criminal system, the practice cannot be abolished at the expense of justice and the best interests of the child. Scrapping the doli incapax principle in England has not reduced juvenile crime, and has served only to significantly increase the number of children in detention. Therefore, should the proposals in the Child Justice Amendment Bill become law, South Africa appears to be heading in the right direction. The retention of the doli incapax rule, with measures to relieve some of the burden of proof on the state, would still offer child offenders much-needed protection. Moreover, raising the minimum age for criminal liability from 10 to 12 would move South Africa closer to the international norm.

Should it later appear that the proposed measures to relieve the burden of proof on the state are insufficient, South Africa might reconsider abolishing the doli incapax rule. Yet, as this contribution shows, such a step cannot occur without also raising the minimum age for criminal liability. Ultimately, the very aim of doli incapax is to offer a measure of protection to children aged between 10 and 14. Should this protection fall away, it would make sense to raise the minimum age for liability to at least 14, when it would be safe to assume that all children indeed have criminal capacity. 

Keywords: child offenders; criminal capacity; doli incapax; England; South Africa

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Jonk genoeg om met moord weg te kom? ’n Vergelykende studie rakende die bewys van toerekeningsvatbaarheid by kinderoortreders in Suid-Afrika en Engeland

The post Young enough to get away with murder? A comparative study of the standard of proof in accountability of child offenders in South Africa and England appeared first on LitNet.

Het die DA of John Moodey se waardes en beginsels verander?

$
0
0

Jason Lloyd (foto: verskaf)

In my vorige lewe as ’n joernalis het ek op ’n dag ’n politieke party se mediakonferensie bygewoon wat plaasgevind het omdat dié party ’n aankondiging gemaak het dat ’n aantal prominente lede van ’n ander party by hulle aangesluit het.

’n Invloedryke figuur van die party wat die nuwe lede van die ander party verwelkom het, het ’n belangrike opmerking gemaak wat my altyd sal bybly.

Hy het gesê daar behoort slegs twee vername redes te wees waarom ’n persoon uit ’n politieke party bedank: wanneer die party se waardes en beginsels verander het, of wanneer jou waardes en beginsels verander het.

Dit is dié opmerking wat in my kop bly opkom nadat die voormalige DA-leier in Gauteng, John Moodey, onlangs uit die party bedank het. Hy was ook een van drie kandidate vir die DA-leierskap wat binnekort op die DA se virtuele federale kongres verkies gaan word.

Toe Moodey sy bedanking aankondig, het hy versuurde verhoudings tussen verskillende rasse in dié party as rede vir sy bedanking aangevoer. Hy is ongelukkig omdat hy voel die DA tree nie vinnig genoeg op teen Helen Zille, voorsitter van die DA se federale raad, oor haar omstrede twiets nie.

Volgens Moodey is hy ook ongelukkig oor die manier waarop die voormalige DA-leier, Mmusi Maimane, uit die DA gewerp is.

Moodey se vernaamste beswaar is dat die DA "te veel na binne gefokus is" en meer omgee vir die belange van wittes as vir dié van sy meerderheid ondersteuners, wat swart is.

Die DA het teruggekap en Moodey daarvan beskuldig dat hy oneerlike redes vir sy bedanking aanvoer en dat hy gerieflik die rassekaart speel. Hy het glo volgens die DA die skip verlaat voordat hy deur "verwoestende aanklagte" in die gesig gestaar moes word.

Volgens die DA het Moodey glo twee jong DA-raadslede aan die Oos-Rand "geïntimideer" om die loopbaan van Mike Waters, senior LP en een van drie DA federale ondervoorsitters, met valse klagtes van seksuele toenadering te vernietig. Dié bewerings word vervat in ’n vertroulike verslag van die DA se federale regskommissie (FLC).

Dié verslag, saam met transkripsies van die klankopnames wat die twee jong raadslede gemaak het van hul gesprekke die afgelope nege maande met Moodey, asook met Philip de Lange, Ekurhuleni-koukusvoorsitter, en ’n derde, ongenoemde Ekurhuleni-wyksraadslid, is in die media se besit.

Waters gaan Moodey glo weens beweerde naamskending dagvaar.

Die vraag wat instinktief by my opkom, is: Sou Moodey bedank het as hy nie "verwoestende aanklagte" in die gesig gestaar het nie? Ook het hy luidkeels gedreig dat indien die DA dit verder sou voer, hy meer "things" oor die DA gaan "expose". Wel, die DA hét dit toe verder gevoer, maar tot op hede het hy niks "expose" nie. Hoekom nie?

Die bostaande vrae moet ongelukkig gevra word, omdat die Suid-Afrikaanse medialandskap tans oorheers word deur swak ontledings deur sommige joernaliste en kommentators wat nie lees nie, nie ’n sin vir geskiedenis het nie, of wat te kleinlik is om die politiek, die ekonomie of wat ook al vanuit ’n ander raamwerk as hul eie kleinsielige en verstikkendende ideologiese raamwerk te ontleed.

Hulle weier, of is bloot te lui, om buite bestaande raamwerke te dink deur hulself sover moontlik in ander se skoene te plaas. Reeds daarom word ons gedwing om denkruimtegrense verder uit te daag, te verskuif of selfs af te breek. Die "thought police" moet verhinder word om ons denkruimtes aan bande te lê.

Ook moet daarop gelet word dat ’n onderhoud met Moodey op 26 Augustus deur die joernalis Heindrich Wyngaard vir Beeld gedoen is. Dié onderhoud sou later gepubliseer word, maar Beeld is toe onkant betrap met Moodey se skielike bedanking op 2 September. Dit is toe dieselfde dag as Moodey se bedanking in ’n verkorte weergawe onder die opskrif "Mashaba, Maimane & Moodey Ingelyf" op Netwerk24 gepubliseer.

Dit is treffend dat Wyngaard die volgende opmerking tydens die Moodey-onderhoud maak: "Wanneer Moodey dan wel ’n geleentheid kry om sy kandidatuur aan Beeld se lesers te bemark, praat hy só lank oor die DA se verlies aan Maimane én die voormalige burgemeester van Johannesburg, Herman Mashaba, dat die onderhoudvoerder hardop begin wonder of Moodey se kop nie uiteindelik na een van dié twee se onderskeie nuwe politieke bewegings toe staan nie."

Is dit omdat Moodey alreeds lankal besluit het dat hy by Mashaba of Maimane se onderskeie politieke bewegings sou aansluit? Of is dit omdat hy besef het dat die aanklagte wat hy in die gesig staar te "verwoestend" is? Dat hy geen kat se kans staan nie en dat hy een of ander tyd voor sy verhoor sou begin het, uit die DA moes bedank om homself die vernedering te spaar?

Die DA het op 5 en 6 September hul virtuele beleidskonferensie gehou. Dit is presies drie dae nadat Moodey bedank het. Kon hy nie tot na die beleidskonferensie wag voordat hy bedank het nie? Dié party het immers hul konsepbeleidsdokumente wat in Maart uitgereik is, bespreek en op dié konferensie bekragtig. Dié is al twee jaar gelede deur hul beleidshoof, Gwen Ngwenya, opgestel, het ek Sondag tot my verbasing in Rapport gelees.

Hoekom vroegtydig spring en ’n gaping laat sodat hy daarvan beskuldig kon word dat hy van die aanklagte teen hom weggehardloop het? Hy kon tog net die DA se algehele gebrek aan eenstemmigheid (dit bestaan nog steeds, selfs na die beleidskongres) oor die belangrikste beleidsbepalers waarmee sosio-ekonomiese probleme aangepak moet word – soos ras as beleidsoorweging – as ’n verskoning misbruik het en ná die beleidskonferensie bedank het. Dit sou na ’n meer geloofwaardige bedanking geklink het.

Dit laat die vraag ontstaan oor wie – die DA of John Moodey – se waardes en beginsels verander het. As jy dié vraag vir jouself uitgeklaar het, moet jy asseblief tog ook die volgende vraag deur ’n Franse filosoof (wat hy in ’n ander konteks gevra het) beantwoord: Wie is meer skuldig? Die een wat in die donkerte struikel en val of die een wat die donkerte veroorsaak het?

The post Het die DA of John Moodey se waardes en beginsels verander? appeared first on LitNet.


Huldeblyk aan John Nicholson, die man met ’n biblioteek in sy agterplaas

$
0
0

John Nicholson is oorlede. Dit is onwaarskynlik dat die Staatspresident sal opdaag by sy begrafnis, want vir die meeste mense was in Suid-Afrika was hy onbekend. Vir baie kinders in Lavender Hill, ’n bitter arm woonbuurt op die Kaapse Vlakte, het John Nicolson egter oneindig baie beteken.

John het by ’n meubelfabriek gewerk. Eendag het hy, soos elke ander werker, voor ’n geslote perseel opgedaag. Daar was swaar slotte aan die hekke. Die eienaars het oornag verdwyn.

Lavender Hill is ’n arm buurt. Brandarm. John woon in een van die baksteenhuisies, maar talle ander woon in sink- of houtkaias.

Werkloosheid is hoog, en wanneer een of meer ouer werk, voorsien hulle uitgebreide gesinne van kos.

Alkohol is ’n enorme probleem.

Vir John Nicolson was dit nie genoeg om sy Christenskap in die kerk uit te leef terwyl daar kinders op straat rondloop nie. Hy het, soos Jesus van ouds, gesê: “Laat die kindertjies na my toe kom.”

Dit het begin met kinders wat ’n veilige hawe soek. Hulle het gewoon by John en sy vrou Gail kom skuil wanneer dinge moeilik raak by die huis, of wanneer die ouers nie teenwoordig was nie.

Daardie kinders was dikwels honger. John en Gail het van hulle eie kos vir die kinders gegee.

Ná hy sy werk by die fabriek verloor het, kon John darem privaatstoffering doen. Geld was skaars, maar die nood elders was groter as in sy eie huis.

Ander het daarvan gehoor. Dit was ’n bietjie soos die gelykenis van die brood en die vissies: John se projek het hulp gekry. In 2005 het hulle ’n sopkombuis oopgemaak om die honger kinders te voer.

John het egter gesê dit help nie jy sit kos in ’n kind se maag en die kop bly leeg nie. Aanvanklik het hy en Gail sommer hulle eie boeke aan die kinders gegee om te lees, maar uiteindelik het hulle skenkings gekry, en in 2008 is ’n biblioteek begin in ’n skeepshouer wat aan hulle geskenk is.

Die pers, veral dan die Kaapse koerant The Voice, het oor John se werk begin berig. Skenkings het ingekom. Meer kinders het ingeval.

John en Gail voor die agterplaasbiblioteek

John het ’n dak op sy agterplaas gesit en die biblioteek kon uitbrei.

John en Gail net voor die aanvang van die ATKV-Woordveertjies

In 2016 het die ATKV die Woordveertjie vir leesbevordering aan John en Gail toegeken. Dit het ’n kontantbedrag ingesluit.

John met die ATKV-Woordveertjie in sy hand

’n Paar maande later het ook die Afrikaanse Taalraad ’n toekenning aan John gegee vir sy werk in Lavender Hill.

Dié toekennings het ongelukkig ’n vreemde nadraai gehad. Die Stad Kaapstad het kom inloer en daar is bevind dat die dak oor die agterplaas nie sterk genoeg is nie. John moes afbreek.

Hy het. Die biblioteek moes weer in die skeepshouer en die huis inpas.

Die dak kon ná ’n lang gespook uiteindelik weer opgesit word, dié keer met die nodige papiere.

Studente van 'n plaaslike onderwyskollege het John kom help in die biblioteek

John wou in 2020 van George na Kaapstad stap om geld in te samel vir die langermynoorlewing van die projek. Covid het gemaak dat hy nie persdekking kon kry nie; almal is boonop vir groot dele van die jaar genoop om tuis te bly.

Nou is hy weg.

Dit was ’n voorreg om nou en dan by John en Gail in te loer.

In hierdie video vertel John self oor die projek.

Lees ook:

https://www.litnet.co.za/fotos-atkv-woordveertjies-2016

https://www.litnet.co.za/word-n-boekfluisteraar

Teks en fotografie: Izak de Vries

The post Huldeblyk aan John Nicholson, die man met ’n biblioteek in sy agterplaas appeared first on LitNet.

Barakat, die film: ’n onderhoud met Amy Jephta

$
0
0

Amy Jephta (foto-erkenning: Lindsey Appolis)

Die dramaturg Amy Jephta is elke jaar onlosmaaklik deel van die kykNET Silwerskermfees. Of sy skryf of regisseer of pryse op die podium gaan afhaal, haar teenwoordigheid is onmiskenbaar. Sy is een van ons land se voorste filmmakers en het die eerste keer die plaaslike filmbedryf betree as wenner van die gewilde Silwerskermfees-kortfilmafdeling met die film Soldaat in die 24-min-kortfilmafdeling vir beste draaiboek en beste kortfilm.

By vanjaar se Silwerskermfees, wat weens die COVID-regulasies in ’n webinaarformaat aangebied is, sou sy haar nuutste film, Barakat, vrygestel het, maar dis nou uitgestel na 2021.

Met die besprekings by die webinaar het sy met die regisseur John Trengove oor sy film iBhokhwe (The Goat) gesels en hom oor sy Afrikaïese storievertelstyl gevra. Amy kyk van buite na haar eie nering. Sy eggo John se woorde dat dit moeilik is om te definieer wat ’n Afrika-storieverteller is of behoort te wees – dis so ’n breë begrip. Maar haar interpretasie is dat dit in beide die estetiese van ons land en die manier hoedat dit dramaturge ons stories vertel geleë is en dat dit beïnvloed word deur ons mondelinge geskiedenis en kollektiewe geheue. Sy erken dat dit steeds nie ’n baie akkurate beskrywing is nie!

Sy noem in die onderhoud dat sy altyd weghardloop van skryf, dat sy nie wil skryf nie, maar dat skryf haar só rondjaag dat sy uiteindelik uitasem moet ingee en elke dag tog maar iets neerpen.

Sy was die 2019-wenner van die Standard Bank Jong Kunstenaars van die Jaar. Sy het vanjaar by die US Woordfees All who pass op die planke gebring as deel van haar prys. Sy was ook een van die teksskrywers van Trackers en Sonskyn Beperk, wat haar veelsydigheid as skrywer en regisseur in verskillende milieus bevestig.

Amy is die mede-eienaar van PaperJet, ’n Kaapse produksiehuis wat sy in 2015 saam met Ephraim Gordon gestig het. Ephraim het ’n graad in teaterstudie aan die Universiteit van Kaapstad behaal en is as ’n jong akteur vir verskeie teater- en televisietoekennings regdeur Suid-Afrika genomineer. Hy werk ook as ’n storievoorsêer vir plaaslike televisie en help die ontwikkelings- en produksiespanne wat aan twee nuwe Suid-Afrikaanse reeksprojekte vir die M-Net-groep werk. Ephraim het tot op hede meer as 120 episodes van kykNET se sepie Suidooster geregisseer, waar hy ook as ’n televisieregisseur opgelei is. Sedertdien het hy die regie van Sara se geheim (seisoen 3), ’n plaaslike reeks in sy finale seisoen, behartig.

 In 2019 was hy die vervaardiger van twee rolprente wat spesiaal vir televisie vervaardig is (Rage en Somerkersfees) vir M-Net en Showmax. Hy staan tans aan die hoof van ontwikkeling by Nagvlug Films.

PaperJet se webwerf verklaar dat hul dienste die ontwikkeling, produksie en vervaardiging van bekroonde narratiewe inhoud vir die Suid-Afrikaanse film- en televisiemarkte insluit. Hul fokus is om die stories van die minderheid te vertel. Stories wat die narratiewe van die Kaapse Vlakte in Suid-Afrika verander en die fokus weg van die geweld waarmee hierdie gemeenskappe dikwels geassosieer word, verskuif.

Hulle is betrokke by van ons land se voorste reekse en films, waaronder Suidooster, Ellen: Die Ellen Pakkies Storie, Noem my Skollie, Nommer 37 en Sara se geheim.

Hul nuutste projek, Barakat, is Suid-Afrika se eerste Moslem-rolprent in Afrikaans. Amy het dit geregisseer en Ephraim het dit vervaardig. Dit word in Mei 2021 vrygestel.

Die weduwee Aisha Davids (gespeel deur Vinette Ebrahim) probeer om die vrede te bewaar tussen haar vier seuns wat sukkel om die dood van hulle pa twee jaar gelede te verwerk. Zunaid, Zaid, Yaseen en Nur keer na die familiewoning terug om Eid-ul-Fitr (of Labarang soos wat dit in Kaapstad genoem word) te vier – ’n viering wat die einde van die maand lange vas vir Ramadaan beteken. Die seuns het nog nie vrede met hulle pa se dood gemaak nie. Hulle onverwerkte pyn kom die duidelikste tot uiting in die familiekonflik, wat hulle ma baie hartseer maak, omdat sy probeer om met haar lewe voort te gaan.

Maryke Roberts het met Amy gesels.

Vanjaar se Silwerskermfees was in ’n ander formaat – nie net was dit digitaal nie, maar ook baie meer ingestel op wegbreeksessies met praktiese raad om jong filmmakers te help, eerder as die bekendstelling van films. Hoe het jy dit ervaar?

Dis ’n hele nuwe wêreld waar alles aanlyn toe gaan en ek dink ons gaan meer innovasie en tegnologie vir die teater sien in die toekoms. Die formaat van die fees was pragtig uitgedink en ’n wonderlike manier om die bedryf aan die gang te hou en nuwe dinge te laat leer. Ek het die sessies oor saam produseer en saamvoorlegging veral baie interessant gevind.

Wat het die fees die afgelope paar jaar vir jou loopbaan beteken en hoekom is ’n fees soos hierdie noodsaaklik vir die Suid-Afrikaanse filmbedryf?

Die fees is wat my eerste kortfilm, Soldaat, moontlik gemaak het, en daarvoor sal ek altyd dankbaar wees. Die fees gee sulke wonderlike geleenthede vir jong filmmakers om in ’n beskermde omgewing sonder kreatiewe grense te kan werk. Daardie soort vryheid – veral vir jong stemme – is ongelooflik belangrik vir ons bedryf. Dit dra by tot beide waagmoed en vaardigheid.

Hoe sien jy jou eie styl van stories maak?

Ek vertel eerstens menslike stories. Ek wil graag glo dat ek in my karakters se menslikheid indelf en dat ek sensitief is vir die nuanses van die regte lewe. Andersins dink ek dis moeilik om my storievertelstyl of -stem te definieër. Dis dalk iets wat gehore of resensente moet doen.

Wat bring Ephraim na jul vennootskap wat jy dalk as leemte in jouself sien?

Ons vriendskap het op universiteit begin. Ons het mekaar op die eerste dag van teaterskool ontmoet, by die Hiddingh-kampus, en onmiddellik vriende geword. Ephraim het visie, dryfkrag en ’n groot passie vir wat hy doen. Hy is baie beter met mense – om verhoudinge te koester; om mense te laat voel dat hulle gehoor word; om hulle betrokke te kry. Ek verkies my stil ruimte om te droom en te dink. Ons komplementeer mekaar dus baie goed.

Op jou Twitter-rekening (@thegravegirl) beskryf jy jouself as ’n alkemis, dromer en storiewewer. Hoekom?

Al dié terme is vir my poëties, ondefinieërbaar en oneindig. Alkemie, drome en storievertel bestaan in dieselfde onbekende ruimtes. Ek dink dis my taak om in daardie ruimtes te leef en beweeg.

Wat is die grootste uitdaging wat jy as jong vrou in die filmbedryf moes oorkom?

Dis soms vir my ’n probleem om nee te sê, want ek is bang of bekommerd oor hoe ek dalk vir ander kan voorkom. Dis ’n persoonlike uitdaging, maar ek is seker dis ook verwant aan my geslag.

By PaperJet het julle die stories van die minderheid ten doel. Hoekom moet hierdie stories vertel word en hoe verskil die projek se hantering van ander stories?

Ons wil die stories vertel wat wegbeweeg van die gewone geweld- en verlatenheidnarratiewe. Die soort narritiewe wat ons gewoond is om oor “ons” mense te sien. Ek dink dis belangrik vir die bruin gemeenskap om hulself op genuanseerde maniere uitgebeeld te sien.

Watter storie wat jy al aangepak het, was die moeilikste om te vertel en hoekom?

Die Ellen Pakkies-film het my diep geraak en was baie persoonlik en moeilik. Dis ’n hartverskeurende storie wat ’n heel ander deel van die lewe aan my blootgelê het; een waarteen ek gelukkig beskerm is.

Hoe voel jy oor toekennings – jy was onder meer die 2019-wenner van die Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar en die Eugène Marais-prys vir Drama in 2017?

Pryse is ’n wonderlike manier van erkenning en krediet, maar op geen manier die einddoel nie. Ek is altyd effe verleë oor hulle.

Watter leemtes sien jy in Suid-Afrikaanse films wat jy en Ephraim graag wil vul met jul projekte?

Ons doel is om stories te vertel wat die Suid-Afrikaanse ervaring op ’n meer genuanseerde, veelvlakkige manier te vertel. Dit sluit die storie oor ons gemeenskap in, want dit is wat ons die beste ken.

As Covid nie ons pad kom blokkeer het nie, waarmee sou julle vanjaar Silwerskermfees toe gegaan het?

Barakat sou sy première daar gehad het, maar ons gaan volgende jaar terug wees by die fees met ’n ander film! Ons kon gelukkig die film klaar skiet in Januarie.

Hoekom die besluit om ’n Moslem-film in Afrikaans aan te pak – is daar te veel onkunde oor die geloof en sy tradisies en gebruike?

Moslems word dikwels baie eendimensioneel uitgebeeld. Hulle is dikwels boewe of word met  ekstremisme geassosieer en dis ’n heeltemal onwaar uitbeelding van die geloof. Daar is ’n skoonheid aan die geloof en ook die kultuur wat ons op die grootskerm wou uitbeeld. Baie mense is nog nooit blootgestel aan die kultuurpraktyke van ’n Moslem-familie nie.

Barakat se oorsprong kan teruggevoer word na ’n gesprek oor hoe ons “ons” op die grootskerm kan uitbeeld – “ons”: swart, middelklas Suid-Afrikaners en ons families, ons geskiedenisse, ons taal en ons beleefde werklikhede. Dit het as ’n gesprek begin waar ons gepraat het oor die gevaar van eensydige narratiewe oor ons ervarings. Wat van die wonder van ons gemeenskappe en ons mense? Wat van ons ryke diversiteit van taal – die veerkrag en dinamiek van die taal wat ons Afrikaaps noem, ’n konkoksie van Engels, Nederlands, Arabies, Maleis en Afrikaans? Wat van ons woonbuurte op die Kaapse Vlakte, die landskappe van palmbome en breë strate, die besondere en spesifieke mengsel van Kaaps-Hollandse argitektuur en ‘80’s-kitsch? Wat van ons families – (meestal) funksioneel, gewoon, bekommerd oor normale dinge soos verhoudings, huwelike, loopbane en onbenullige konflik?

Kan ’n storie oor “ons” eenvoudig wees?

Watter storie loop al lank saam met jou wat jy nog nie aangepak het nie?

Niks waaraan ek nou kan dink nie. Ek hou daarvan om onmiddellik ’n storie aan te gryp as dit by my opkom. As ’n storie roep, sal ek dit skryf.

Waaraan werk julle volgende?

Ons skiet tans aan Skemerdans, wat afspeel in die wêreld van nagklubs, en dis ’n misdaadstorie – wêrelde verwyder van Barakat. Ek en Ephraim was medeskrywers en ek is regisseur. Dit sal November op Showmax beskikbaar wees. Ek werk ook aan ’n internasionale rillerreeks.

The post <em>Barakat</em>, die film: ’n onderhoud met Amy Jephta appeared first on LitNet.

Die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad se konseptaalbeleid: Wat het dit met ’n bredie te make?

$
0
0

Cerneels Lourens (foto: verskaf)

Ek gaan kortliks die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad (RPR) toelig, dan sy konseptaalbeleid met my kommentaar uiteensit, en afsluit met antwoorde op moontlike vrae wat lesers dalk aan my sou wou vra.

Die RPR het sy konseptaalbeleid toevallig op 14 Augustus 2020 gepubliseer. Ons weet die opstel van hierdie konseptaalbeleid is op die RPR afgedwing deur die VRA se hofaansoek om hulle te dwing om die toelatingseksamens nog in Afrikaans aan te bied, maar hierdie konsep is aanduidend daarvan dat hierdie soort taaloptredes steeds in gekoloniseerde gedagtewêrelde voorkom.

..........
Wat is die RPR? Dit is ’n byeenvoeging van regsgeleerdes – ’n poging tot ’n regsbredie – maar weens die sterk bedinging van die georganiseerde advokatuur is dit meer soos ’n potjiekos en die advokatuur lê bo in die pot. Die RPR is veral daargestel vir die groot T en alle knieë buig voor die T se pot. Hierdie konkoksie se groot oogmerk is om gelykheid onder regslui te bewerkstellig. 
...........

Wat is die RPR? Dit is ’n byeenvoeging van regsgeleerdes – ’n poging tot ’n regsbredie – maar weens die sterk bedinging van die georganiseerde advokatuur is dit meer soos ’n potjiekos en die advokatuur lê bo in die pot. Die RPR is veral daargestel vir die groot T en alle knieë buig voor die T se pot. Hierdie konkoksie se groot oogmerk is om gelykheid onder regslui te bewerkstellig. 

Die dominante organisasie in die RPR is die Black Lawyers Association (BLA), gesteun deur ’n kleiner National Democratic Lawyers (Nadel), en hulle beskik oor baie breinkrag. Die ge-"blaviseerde" lede is in Engels geskool en word gerugsteun deur ’n sterk Engelse steunbasis (lobby).

Die lastige bepaling 6(1) van die Grondwet waarvolgens byna ‘n wêreldrekord van 11 amptelike tale daargestel is, bevat ’n mengsel van kruie wat die Grondwet vir die diverse smake voorskryf, maar dit akkordeer nie met die geblaviseerde instelling se maag nie.  Nee, daarom het die RPR sy konseptaalbeleid mooi gaan verpak met etikette van veeltaligheid, maar binne-in is daar net Engelse sout.

As prominente gesag gebruik die RPR die hoofsjef van die Nuwe Leeuwkopgevangenis se resep: die enigste krui wat in alle gevangenisse gebruik mag word, is Engelse sout, het hy verklaar! (Terloops, ek lees onlangs die Supreme Court van die VSA is ook op ’n ou gevangenisterrein gebou.) En terwyl ek nou so na ‘n gevangenis afdwaal, wil ek darem op rekord stel dat ek dink dat Jacob Zuma se grootste misdaad die oorsien van oudadjunkhoofregter Dikgang Moseneke vir die hoofregterskap was. Hy kan glo ál 11 amptelike tale praat en hy sou na alle waarskynlikheid die voorskrifte van die Grondwet, wat taaldiversiteit as uitgangspunt het, nagevolg het.

Neville Alexander

Terug by die taalbeleid: Wat hou die RPR se taalbeleid en die hoofregter se dekreet dat Engels die enigste hoftaal is, vir Afrikatale in? Onder die rookskerm dat ons nie ons tale op mekaar moet afdwing nie, sê hulle dat die Afrikatale eintlik maar net suigstokkies gekry het toe hulle amptelik gemaak is. Dit is in skerp teenstelling met die argitek van die inklusiewe elftalige bedeling, Neville Alexander, en ooreenstemmende denkers se visie. Die gedagtegang dat die Afrikatale en Afrikaans gelykgestel moet word, dus dat Afrikaans afwaarts na die Afrikatale se ontwikkelingsvlak afgebou moet word, is die dominante geur uit hierdie brousel. Die duidelike grondwetlike voorskrif in subartikel 6(2) dat die staat, waarvan die RPR deel is, die Afrikatale moet ophef, is in die konsepbeleid genegeer. Die verlening van amptelikheid is waardigheidsherstellend en dit was myns insiens die uitgangspunt dat die Afrikatale intellektualiseerbaar is om onder meer as regstale gebruik te kan word, maar die RPR gebruik die ander resep. Die Afrikaanse regslui met ‘n ontwikkelde regstaal moet maar ophou om te pleit om ook van die potjiekos te kry: Hulle moet verbredie met die gebruik van Engelse sout, impliseer die RPR se beleid.

’n Belangrike funksie van die RPR is om ’n gedragskode vir regspraktisyns (dit is wat die allegaartjie se lede genoem word) se optrede en gedrag te reguleer. Indien lede van die publiek deur sodanige optrede benadeel word, en die praktisyn het die gedragskode verbreek, kan ’n klagte by die RPR weens die verbreking daarvan teen sodanige praktisyn ingedien word. 

U vra my: "Wil jy lastig wees om te vra dat die gedragskode in al 11 amptelike tale vertaal moet word sodat die publiek kan verstaan hoe om regslui aan die aanvaarde resep te hou? Ons kan mos almal Engels verstaan."

Laasgenoemde vals stelling het die Regshulpraad in ’n landswye opname oor die publiek se vaardigheid in Engels sowat drie jaar gelede heeltemal uitgewys.

"Wil jy nou nóg lastiger wees om te vra dat die toelatingseksamens tot die beroepe in Afrikaans afgelê mag word? Nee man, aanvaar maar dat die ou Kaapse koloniale hoofregter, Henry de Villiers, reeds in die 19de eeu tereg gesê het dat Engels ons almal se moedertaal gaan word. Selfs julle beweerde grootste digter, NP Van Wyk Louw, het glo, hoewel ‘n bietjie uit konteks, gesê Engels is die Afrikaanssprekende se tweede moedertaal."

NP van Wyk Louw

As Van Wyk Louw dit gesê het, lewer ek graag die vrypostige kommentaar: Is ‘n tweede moeder nie ‘n stiefmoeder nie? 

"Jy kla ook oor die RPR se voorstel dat hulle jou die geleentheid sal bied om in jou eie taal die klagte te bestry met die voorbehoud dat jy gebruik moet maak van een van hulle werknemers as tolk. Voorts omdat hulle nie op hulle koste ’n professionele tolk beskikbaar sal stel nie – dit sê mos hulle personeel is volledig elftalig! Waarom kla jy dan? Ek herhaal, waarom kla jy?"

Ek kla omdat hulle van die bestanddele van die ooreengekome resep uitgelaat het. Die sout is uitgelaat. Hulle het naamlik die reg dat daar nie onbillik op grond van taal gediskrimineer mag word nie, net weggelaat. Verder negeer hulle wetgewing. Hulle is glo nie ’n staatsorgaan wat onder die Wet op die Gebruik van Amptelike Tale ressorteer nie, wat wel op nasionale departemente, nasionale entiteite en nasionale instellings van toepassing is, want gemelde wet maak voorsiening vir ’n minimum van drie amptelike tale. Ek vermoed hulle sal waarskynlik terugkom en sê hulle gebruik Engels, Zoeloe en Pedi. In die praktyk sal egter wel net Engels gebruik word.

Die doel met sodanige beleid is egter die uitsluiting van Afrikaans nieteenstaande die groot aantal regslui – omtrent ’n derde van die lede – wat Afrikaanssprekend is. Voorts dra hulle klaarblyklik nie kennis van die strekking van provinsiale taalwetgewing nie. Dit sal naamlik die provinsiale kantore se taalkeuse bepaal. Hulle ignoreer dus die hele veeltaligheidsresep behalwe op hulle etiket. Die gevange denke om net Engels te verkies, wys daarom nie alleen uit dat die gedagtewêrelde gekoloniseer is nie, maar onderstreep die onvermoë om uit hierdie gearresteerde staat na diversiteit te ontsnap.

"Waarom vereis jy dat die taalbeleid al die bestanddele moet bevat?"

.........
Waar ’n dominante taal, soos Engels, die ruimtes van ’n ongereguleerde omgewing outomaties sal vul, en waar burokrate die beleid moet uitvoer, vereis ’n veeltalige omgewing duidelike riglyne wat arbitrêre diskresie uitsluit. Dit behoort duidelik te stel dat dokumente vir die publiek, byvoorbeeld die gedragskode, in al 11 amptelike tale beskikbaar gestel moet word. 
..........

Waar ’n dominante taal, soos Engels, die ruimtes van ’n ongereguleerde omgewing outomaties sal vul, en waar burokrate die beleid moet uitvoer, vereis ’n veeltalige omgewing duidelike riglyne wat arbitrêre diskresie uitsluit. Dit behoort duidelik te stel dat dokumente vir die publiek, byvoorbeeld die gedragskode, in al 11 amptelike tale beskikbaar gestel moet word. 

Die dokument bevat halfgebakte begrippe. Die verduisterde taalregdenke mond uit in vae veeltaligheidsterme en die definisies word vermeng tot ’n eenvoudigheid van "Engels". Dit haal byvoorbeeld die aanvangsin van artikel 6(3)(a) van die Grondwet aan wat die faktore vir die keuse van ’n taal daarstel, maar die kwalifiserende "maar"-gedeelte in dieselfde artikel dat daar ’n minimum van twee amptelike tale gebruik moet word, ontbreek. 

"Waaruit spruit hierdie onkunde – of is dit moedswilligheid?"

Die onkunde is enigsins moontlik as gevolg van die LLB-sertifikaat, wat 20 jaar gelede ingestel is, in plaas van ’n behoorlike nagraadse LLB-graad, en andersins dis die RPR met ‘n besoedelde lepel die anti-Afrikaanse sentiment met hierdie beleidsbredie op. Die RPR breek met hierdie dokument die goue lepel van verdraagsaamheid.

"Dink jy dat hulle hul gaan steur aan ’n paar protesterende Afrikaanssprekendes wat nog krag het ná die eet van soveel Engelse sout die afgelope aantal jare?"

Natuurlik nie sonder druk nie. Toe die regulatoriese eksamen deur die toentertydse Raad op Finansiële Dienste net in Engels aangebied sou word, het regter E Bertelsmann ’n bevel gemaak dat een van die vier geakkrediteerde eksamenagente die eksamen in Afrikaans moet aanbied. Die RPR kan ’n agent, byvoorbeeld ’n universiteit se regskool (regsfakulteit) akkrediteer om die eksamens in Afrikaans af te neem.

"Dit lyk mos na apartheid! Weer eksklusief en nie inklusief nie."

Nee, as jy nie ’n taal kan praat en gebruik nie, is dit daardie taalspreker of sy ouers se  keuse. Verkeerde vrae lei tot verkeerde aannames en antwoorde. ’n Taal is per definisie uitsluitend tensy jy dit aanleer, en ons wil nie weer Afrikaans op mense afdwing nie, maar eweneens het ek as Afrikaanssprekende die reg om my taal te gebruik. Hierdie reg is in die internasionale taalreg ontwikkel in die beginsel teen onregmatige taaldiskriminasie en natuurlik word dit gevind in die konsep van taalgeregtigheid wat nog nie in die Suid-Afrikaanse reg ontwikkel is nie. Ek verstaan die 1976-geslag is tans in beheer van die regswese. Ek hoop dat hulle nie die taalimperialisme wat die Afrikaanssprekende gepleeg het, sal herhaal nie, maar eerder ’n klimaat van verdraagsaamheid sal begin kweek. 

"Is jy bang dat Afrikaans sal uitsterf as dit nie meer in die regswese gebruik word nie?"

Ja, die "uitsterf"-vraag ... Dit is eintlik ’n meulsteenvraag, wat net in die see van onkunde werk.  Nee, niemand praat van uitsterf nie. Ek praat van die verlies van die hoër funksie van Afrikaans om as regstaal gebruik te kan word waar almal Afrikaans kan verstaan.  Waar die meerderheid partye Afrikaans is, moet daar na Afrikaans getolk word. Die taaldemografie moet dus ’n uitgangspunt van die beleid word. 

"Hoe kan die RPR dit op ’n realistiese wyse hanteer?"

Daar behoort ’n behoorlike taalbestuursplan deur ’n gekwalifiseerde sosiolinguis opgestel te word. So word ’n goeie resep bedink. Een van die hoofbestanddele vir die gebruik van meerdere tale sal die virtuele deelname deur lede en die publiek wees. Die samestelling van dissiplinêre komitees sal die taalvoorkeur van die regspraktisyn eerbiedig. Die regskendende onkunde dat jy as regspraktisyn tevrede moet wees met hulle interne tolke, wat jou maar net na die Engelse sout gaan laat gryp, sal nie nodig wees nie.   

"Is dit nie billik dat gegewe die feit dat die meeste regspraktisyns in Engels geskool is, universiteitsopleiding in Engels geskied en hulle hulle praktyke in Engels bedryf, Engels uitsluitlik gebruik moet word nie?"

Hierdie vraag staan op drie vals pote: Eerstens negeer dit die grondwetlike model; tweedens versterk dit die mite dat die gebruik van Afrikatale stamtrots en nasionalisme gaan opwek en ’n verenigde Suid-Afrika gaan ondermyn; en derdens sê dit dat ‘n deurdagte taalbestuursplan nie kan slaag nie.  

"Hoekom dink jy hulle gaan nie kritiek ernstig opneem nie?"

Hulle onmiddellike voorganger, die LSSA (Law Society of South Africa), het geweier om die Wet op Regspraktisyns in Afrikaans te vertaal. Ek het gevolglik vertoë aan die Departement van Justisie gerig wat dit toe in Afrikaans vertaal het. Ek het die RPR die afgelope jaar gevra om die gedragskode in Afrikaans te vertaal en het selfs ’n kwotasie van ’n kundige vertaler, wat maar sowat R20 000 gekwoteer het, aan hulle deurgegee.   Hulle het geweier.

"Wat van ’n ledegeldboikot as protes as daar nie aan die kritiek gehoor gegee word nie?"

Miskien, want sonder geld kan dit hulle vuur laat uitbrand.   

"Is ’n hofstryd hieroor voorkombaar?"

Ja, natuurlik, maar hulle moet dan net terugkeer na die Grondwet-resep. Anders sal ’n klompie van ons wat Engelse-sout-bestand is, die vure tot in die Engels-gebrilde howe stook totdat ’n Grondwetgetroue potjiekosresep toegepas word. 

"Ek wonder, of weet jy, wat van die sterk Afrikaanse regsluistem geword het?"

........
Miskien is ons verslane sout. Miskien het ons nie vir die ete opgedaag nie; of miskien smul van ons tevrede aan die bredie. Maar miskien is dit ’n gevaarlike stilte.
..........

Miskien is ons verslane sout. Miskien het ons nie vir die ete opgedaag nie; of miskien smul van ons tevrede aan die bredie. Maar miskien is dit ’n gevaarlike stilte. Dalk weet ek gewoon nie. Die grootste vyand vir Afrikaans is die Afrikaanssprekende askari en Afrikaanssprekende Engelshartiges wat die rooi kole namens hulle wil roer om aanvaarding te kry.  

"Skeer jy die Afrikaanssprekende advokate ook oor dieselfde kam?"

Advokate is individualiste; hulle staan onder opdrag om ’n saak te wen en die opstaan vir taalregte sal vir hulle praktyke noodlottig wees.

"En wat van Afrikaanssprekende regters?"

Hulle is so gedwee, hulle onderbreek selfs hulle ete om die hoofregter se wenresep te lees.

"Hoe sal die volgende geslag op hierdie verengelsing reageer?"

Ek dink ’n verwytende nuwe geslag sal by die Afrikataalmuseums treur en die Mogoeng-standbeeld omstamp.

"Wat dink jy gaan die polities-korrektes hieroor sê?"

Ek vermoed hulle gaan kla oor die swak smaak van hierdie bredie.

"Het jy nog hoop?"

Ek hoop op ’n goue era waar taaldiversiteit omarm sal word en waar taalgeregtigheid herstel sal word. Miskien stel president Cyril Ramaphosa oor ’n jaar of twee ’n resepkenner as hoofregter aan.

.........
"’n Finale woord vir jou mede-Afrikaanse regslui?"
Bly onbeskroomd taallojaal!
..........

"’n Finale woord vir jou mede-Afrikaanse regslui?"

Bly onbeskroomd taallojaal!

Ns: Protesskrywes moet gerig word aan die RPR: rules@lpc.org.za.

  • Cerneels Lourens, prokureur en taalregte-aktivis

Lees ook: 

Hofuitspraak oor Afrikaans by Unisa ’n ligpunt in ’n donker omgewing

Gemeenskapsvertaalpraktyk: Gewone taal vir die hervertaling van ’n bankteks

Sinskonstruksies kenmerkend van Afrikaanse regstaal

 

 

 

The post Die Suid-Afrikaanse Regspraktykraad se konseptaalbeleid: Wat het dit met ’n bredie te make? appeared first on LitNet.

Persvrystellling: Gratis aanlyn lees-en-luisterbiblioteek

$
0
0

Klankgolwe deur CSTRSK van Pixabay

Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) stel op 30 September 2020 sy nuwe gratis en aanlyn lees-en-luisterbiblioteek bekend.

Die projek is van stapel gestuur na aanleiding van gesprekke met onderwysers oor leerders se gebrekkige leesvermoëns, en onrusbarende statistiek oor die afname van leesvaardighede onder eerstejaarstudente – alles tekens dat jongmense se blootstelling aan die Afrikaanse skrifbeeld aan die kwyn is.

Die allerbelangrikheid van goeie leesvermoëns kan nouliks oorbeklemtoon word. Jong leerders, en selfs hulle ouers, meen dikwels dat die tegnologiese ontwikkelinge wat ons die afgelope dertig jaar beleef het, ons in ’n digitale eeu plaas waarin lees nie meer ’n rol speel nie. Intussen is die oorwig inligting wat ons in ’n digitale omgewing kry, steeds in taal vasgevang. Die lees van ’n teks op ’n rekenaarskerm in plaas van in ’n papierboek, verg presies dieselfde leesvaardigheid. Leerders wat nie kan lees nie, kan geen vakinhoud behoorlik bemeester nie, want selfs vakke soos wiskunde, musiek, drama en tegnologie vereis van leerders om groot dele van die vakinhoud in die vorm van geskrewe teks te bemeester.

Afgesien van die gewone probleme wat leesonvermoë ’n jong leerder besorg, is daar sekondêre probleme soos onkunde oor die wêreld waarin ons leef, ’n gebrekkige woordeskat en uitdrukkingsvermoë, en onkunde oor die verband tussen die klank- en skrifbeeld van ’n taal. Mense wat nie lees nie, sukkel gewoonlik ook om te spel, omdat hulle nie op ’n vermaaklike en gemaklike manier die taal se spelpatrone ontdek het nie. En dis hierdie leemte wat die lees-en-luisterbiblioteek beoog om te vul.

Die biblioteek is van nuuts af deur VivA geskep en gratis beskikbaar. Op die oomblik het ons die tekste in twee ingedeel: een groep vir jong lesers, en ’n ander vir volwasse lesers. Elke groep tekste is in vaardigheidsvlakke ingedeel, van heel beginners waar die klank by elke woord gepas word, tot romans wat net voorgelees word. Die belangrike eienskap van die tekste in die biblioteek, is dat die klank- en skrifbeeld saam aangebied word. ’n Gebruiker wat na die teks luister, sien dus ook terselfdertyd die skrifbeeld, en die verband tussen klank en spelling word duidelik gemaak.

Hoewel die nuus oor die projek groot opgewondenheid veroorsaak het, was dit ook verbasend moeilik om tekste daarvoor te kry. Ons het by verskeie uitgewers gaan aanklop om samewerkingsooreenkomste te sluit, maar kopieregwetgewing het ons gefnuik. Die feit dat ons die materiaal gratis beskikbaar stel, het ook ’n stok in die wiel veroorsaak, want uitgewers moet geld maak om te oorleef. Uiteindelik moes ons op die goedheid van ons Afrikaanse skrywers staatmaak, en ons het tekste van groot name soos Fanie Viljoen, Christien Neser, Francois Bloemhof, Eben Venter, Elsa Winckler, Marion Holm, Joan Hambidge, Karin Hougaard, Kristel Loots, Peet Venter en Reinette Lombard van Tippie-faam ontvang. Professionele stemkunstenaars soos Marion Holm, Karin Hougaard, Esmarie Yssel en Altus Venables het gehelp met stemopnames.

Soos al VivA se projekte, is die lees-en-luisterbiblioteek ’n lewende projek wat aangevul word soos wat Afrikaans groei en gedy. Ons hoop om uiteindelik ’n groot aantal tekste in die biblioteek te hê waarmee jong lesers en volwasse taalaanleerders Afrikaans in sy volle omvang sal kan ontdek sodat hulle nie net ’n liefde vir lees nie, maar ook ’n begrip vir die geskrewe woord sal ontwikkel.

The post Persvrystellling: Gratis aanlyn lees-en-luisterbiblioteek appeared first on LitNet.

Uit Juffrou se dagboek: Veelvoude en faktore

$
0
0

Is jy ’n onderwyser wat net vanjaar se kurrikulum wil afhandel? Amanda le Roux help om jou toe te rus sodat jy die kinders kan help om nie net wiskunde te doen nie, maar dit ook te verstaan. Haar dagboekaantekeninge van haar eie ondervinding rondom wiskundeonderwys, kan jou help. 

"Ek het (nog voor die inperking) in my klaskamer weer eens besef hoe min kinders verstaan wat veelvoude en faktore beteken en nog minder van wat met gemene veelvoude en faktore bedoel word. Die K (van KGV) en die G (van GGD) kan maar in elk geval gelos word. Enige gemene veelvoud kan immers werk waar dit benodig word (bv die bymekaartel van breuke) en enige gemene faktor kan jou help om breuke in ’n ekwivalente breuk (met kleiner getalle) te skryf."

Laai die volledige dagboekartikel gratis hier af.

Lees ook:

Wiskunde: paartietricks vir leerders van alle ouderdomme

Monty Hall en intuïsie

Graad 6: Wiskunde – aftrekking met heelgetalle

Wiskunde met LitNet: Parallelogramme vir graad 10 (Deel 2)

The post Uit Juffrou se dagboek: Veelvoude en faktore appeared first on LitNet.

Oktobermaand en lente in ons lewens

$
0
0

“Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand” – so belowe C Louis Leipoldt ons.

Moeilik om te glo, hier waar ek voor my rekenaar sit en bibber, kombersie oor die knieë. Die hond lê en snork voor die verwarmer, uitgeput na ons geveg om haar te kry om net haar draai te gaan loop. Die wind loei, die reën giet. Was dit aand, sou dit die perfekte tyd wees om iets te skryf wat begin met: “It was a dark and stormy night.”

Maar helaas, dit is helder dag. Goed, nie helder soos in sonnig nie, want die lug is donkergrys. Helder soos in oggend, nie nag nie. ’n Vreemde dag in ’n vreemde tyd. Daar is baie om voor bly te wees. Die damme is vol, en waar ons so onlangs as drie jaar gelede bekommerd was oor Dag Zero, klink dit nou soos iets uit ’n besonder apokaliptiese episode van Black Mirror. Ons is in vlak 1, wat beteken die lewe gaan grootliks in ’n skyn van normaliteit voort. (Die sogenaamde nuwe normaal, wat beteken dat sonder masker by die deur uitstap so ondenkbaar is as om sonder onderklere by die deur uit te stap.) Die meeste mense kan nou weer werk en geld verdien.

Richard Mdluli gaan tronk toe, jare nadat hy seker gedink het sy worries is iets van die verlede.

Ons hoor dat die Zondo-kommissie vrugte begin afwerp. Die eerste korruptes is gearresteer. Die groot showdown tussen Zuma en Zondo word hopelik binnekort op die spits gedryf. En hopelik, fingers crossed, sal Uncle Cyril vir regter Zondo steun. Country before party, Uncle Cyril, country before party.

Die ANC moet betaal vir hulle deel van die lift wat hulle gevang het Zim toe. En seker vir die Minister sakgeld gee, aangesien haar salaris ‘n bietjie teruggehou word. Toe ek ‘n kind was, het my ma en pa my ook gestraf deur my sakgeld af te vat. En uit ondervinding kan ek julle vertel, ’n pak slae was verkieslik – pynlik in die oomblik, maar vinnig verby. Het dit my geleer om nie weer dieselfde te doen nie? Glad nie – ek het net geleer hoe om skelmer stout te wees. Verdeelde lojaliteite is ’n boggher, iets waarvan die Minister mens seker ’n ding of twee kan vertel. Sy strike my nie juis as die “country before party”-tipe nie.

Skielik bring Eskom hul kant. Funny dit, die oomblik toe mense verantwoordelikheid moet aanvaar en geskors word, toe is dit niemand se beurt meer om beurtkrag te kry nie. In my dorp, waar straatligte al vir langer as drie jaar buite werking is, is daar nou uit die bloute Eskom-kontrakteurs wat straatligte herstel dat die rook draai.

Daar is meer gereeld polisiepatrollies, dag en nag. ’n Senior lid van die polisie word vermoor, en binne dae word iemand gearresteer.

Dis asof die koors van korrupsie, apatie en nalatigheid wat ons samelewing teister, besig is om te breek.

Aan die ander kant, dis nie als rose en maneskyn nie. Aardbewings tydens ’n pandemie? Come on, gee ons ’n blaaskans. Maar die meme wat sommer blitsvinnig begin sirkuleer het, het tog gesorg vir lekker lag tussen die skrik deur.

Die eerste golf van die pandemie is agter die rug, hopelik. Maar dan lees ons van die skool op Burgersdorp waar 95 leerders positief getoets het vir COVID-19, en amper 700 meer in kwarantyn geplaas is. Die begin van ’n tweede golf, of net ’n plaaslike anomalie?

En internasionaal? België is die land in die wêreld met die derde hoogste getal Covid-getalle. Vir so ’n klein landjie bitter slegte nuus. Die Amerikaanse president moedig tydens ’n presidensiële debat wit regses aan om hul gedrag voort te sit. Maak dit hom minder verkiesbaar? My hoop en my vrese bots hier met mekaar. Ek hoop hy self-destruct, maar ek vrees dat sy konserwatiewe kamerade groter gewig dra as wat ons almal dink. ’n Tweede termyn vir Trump spel rampspoed vir die VSA, maar ook vir die res van die wêreld. Sy ego kan ons almal duur te staan kom.

En die kanse dat ’n konserwatiewe regter Ruth Bader Ginsburg se nalatenskap kan vernietig, is groter as ooit tevore.

Nooit gedink die dag sal aanbreek dat ek dit sê nie, maar ons hier aan die suidpunt van Afrika is baie, baie beter af as die grootste moondheid in die wêreld.

Local is toe tog baie lekker.

The post Oktobermaand en lente in ons lewens appeared first on LitNet.

Teenage bounty hunters – an unexpected oddity

$
0
0

Rebelling against their buttoned-up Southern community, 16-year-old fraternal twin sisters Sterling (Maddie Phillips) and Blair (Anjelica Bette Fellini) Wesley team up with veteran bounty hunter Bowser Jenkins (Kadeem Hardison) for an over-the-top adventure as they dive into the world of bail-skipping baddies and suburban secrets while trying to navigate high school drama – love, sex and study hall.

What makes this show stand out – a show that is essentially a light-hearted coming of age comedy – is the setting, and how the creators/producers interacted with this setting. Hint: they avoided the pitfalls of contemporary cancel culture.

Blair and Sterling, two stock standard teenagers, would be comfortable in any of the teeny bopper shows of the last few years, shows set in contemporary, city-based, open-minded, Democratic if you will, neighbourhoods. Yet, these girls are running amuck in a Southern community – a religious, gun-toting, Republican if you must, community. It makes for interesting viewing to see this world from the inside and through the naïve eyes of two horny, earnest teenagers who each packs a piece (and produces it at the most hilarious moments).

Further, executive producer Jenji Kohan, known for Weeds, Orange is the new black and Glow, and show creator Kathleen Jordan, steered clear of demonising conservative Christians. Instead, they opted for a nuanced, funny at times, poignant at other times, approach to issues of faith, politics, family, sexuality. The criticisms of these constructs are there, just not in “drop the mic” style. You must pay attention.

The casting of two relatively unknown actors, Maddie Phillips and Anjelica Bette Fellini, as the twins worked out swimmingly. They do not bring with them the expectations attached to well-known and sometimes typecast stars. They knock it out of the park as frustrated, horny, emotional, all-over-the-place teens. The chemistry between the two smooths over some of the bumpier parts in the script.

Sure, season one might not have been an integrated whole, but it serves as the perfect warm-up for something darker, edgier and more out there. Count me in.

The post <em>Teenage bounty hunters</em> – an unexpected oddity appeared first on LitNet.


Prisoner 913: The release of Nelson Mandela by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet

$
0
0

Prisoner 913: The release of Nelson Mandela
Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet
Publisher: Tafelberg, 2020
ISBN-13: 9780624076322

0.730 Brigadier Keulder visits 913 and concludes documentation related to his release. … A month’s medical supplies are also handed to him. (913 emotional) Note: 913 walks around the house in his pyjamas the whole morning and asks every now and then whether there is any news of Winnie.

Translated from its Afrikaans original, this extract from a 9 February 1990 document stamped “Secret” appears close to the end of this unusual book on South Africa’s recent political history.

A detailed and intricately plotted reconstruction of the actions surrounding the eventual release of Nelson Mandela from prison, Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet’s Prisoner 913 has some of the attributes of a good political or contemporary historical thriller – atmosphere, suspense, intrigue, surprise and double-dealing. The only elements missing are sex and death. And even there, there’s a racy moment. On the day of Mandela’s release from Victor Verster Prison, the Security Branch warned its commanding officer to be vigilant, as there’d been a report from London of a rumoured Prisons Service plot to shoot Prisoner 913 as he walked out to freedom.

In a sense, the real promise of this book is that it reminds you of one of Tolstoy’s most memorable remarks, in which he groaned that “historians are like deaf people who go on answering questions that no one has asked them”. These authors provide an answer to what may by now, be an increasingly exasperated shrug: do we really need yet another book on Nelson Mandela? Did the average reader’s stomach not reach its limit back in 2008 with Anna Trapido’s Hunger for freedom: The story of food in the life of Nelson Mandela? Now you can prepare to be surprised. As Prisoner 913 demonstrates, if there’s a fairly new angle on its subject, fresh evidence and a forensic eye, there’s room for another Nelson Mandela portrait. What this new volume does is train a telescope on Mandela’s final decade in prison, but to observe what was going on through the wrong end – to make things out, you need to squint hard to try to see what’s fuzzy or only partly visible in the distance.

As this book’s cover proclaims, the telescope is “Revelations from the Kobie Coetsee archive”, a fat file of over 13 000 pages assembled from mostly secret records about Mandela kept by the apartheid government’s last minister of justice and prisons. Coetsee not only routinely oversaw Mandela’s last eight years of incarceration and his release, but, as a self-appointed “gatekeeper” of the state’s “star prisoner”, from 1985 onwards he went well beyond the bounds of standard custodial duty to assume “a special interest” in 913 (Mandela’s overall prisoner number for the entire period of his internment).

News of secret talks between Kobie Coetsee and Nelson Mandela may not be much of a revelation. That lies in what emerges from the sprawling collection of matter-of-fact detail unearthed from a vast and varied personal ministerial archive. Among much else, it shows how the minister of justice and prisons exploited his position to influence the complicated political theatrics around the twilight years of Mandela’s incarceration and his release. If the ground for Prisoner 913’s freedom was well cultivated, then Coetsee was surely the head gardener. As Riaan de Villiers explains in an informative introduction, his chosen fertiliser was an obsessively nosy “intelligence operation” which was “aimed at monitoring everything Mandela and some other prisoners said or did, and utilising this knowledge to inform his own agenda as well as government strategy”.

As is to be expected, the fateful process around the freeing of Nelson Mandela is what gives these pages their dramatic impetus. In propelling the story, Prisoner  913 provides a wealth of fascinating information on the intricate dealings and edgy bargaining among a large cast of circling ANC and government characters.

Full of twists, turns and surprises, the book’s core of over two dozen episodes throws new light on the circumstances which eased bargaining and negotiations, while also limiting the fulfilment of grander visions or possibilities. Through all of it, Coetsee, a reformist PW Botha cabinet minister who once brought Mandela a case of good Cape wine as a gift (sadly, we’re not told whether it was red or white), was not one to drag his feet. Back in 1984, he had proposed to the stiff-necked State Security Council that Mandela and “numerous” other political prisoners be released unconditionally.

There is a fair amount of other clandestine business to be savoured. It's uncovering, and the unsensational manner in which it is aired, is a tribute to the tenacity and meticulousness with which the authors have sifted through Coetsee’s mountain of evidence, which was squirrelled away until it was placed under the nose of Jan-Ad Stemmet by a University of the Free State archivist in 2013, 13 years after the former cabinet minister’s death. The book’s findings take the publicly known story of the shadowy interactions between Prisoner 913 and the National Party government much further than is commonly assumed, revealing hitherto unknown twists and turns.

These include both the obvious, such as the “last minute horse-trading” sessions of these years, and the less obvious or even startling. In a transcript of a pragmatic and blunt conversation between Coetsee and Mandela, 913 notes that the government’s promised release of a batch of long-term prisoners applies to

men who are “a South Sotho – all the others are Xhosas”. Pressing for the addition of a further two Zulu inmates as “a special case”, he points out that “the absence of people representing this group is a serious weakness. … Releasing them would also bolster his relationship with Chief Mangosuthu Buthelezi”. There’s nothing quite like a glimpse of nationalisms when stripped of their mythologising humbug.

The archival findings presented here put more flesh on the established general portrait of political actors, both domestic and international, incessantly on the move in a chaotic political game of musical chairs, in which it took years rather than minutes for the music to stop. With some figures cautiously optimistic, some apprehensive and some resigned to whatever was coming, virtually everyone was in some way locked into someone else’s orbit.

Among the more intriguing “backstories” are glimpses of Mandela’s assertiveness in dictating his preference over the exact timing of his release. The ground which had to be cleared in advance was not only politically delicate but also painfully personal. Some of the more domestic exchanges presented here are both comic and tragic. In a monitored conversation with visiting family members in September 1989, Mandela says that although Winnie Mandela is “bankrupt”, she continues to live extravagantly. “The ambassadors,” he confirms, “have been warned not to give her any more money.”

In a later instalment of that grubby saga, we learn from a confidential British diplomatic minute at the beginning of February 1990 that Mandela wanted his release held back, “as he still has problems to resolve with the ANC as well as personal problems” (presumably Mrs Mandela!)”. The reporting official, Charles Powell, private secretary to Prime Minister Margaret Thatcher, seemed to be making sure that his boss was kept abreast of Mandela family gossip.

Elsewhere, there are tantalising whiffs of the might-have-been moments of the early 1990s transition, arriving too late for a history that had already been made. Almost up to the day of FW de Klerk’s dramatic announcement at the beginning of February 1990, an astonishing notion “was still alive”. It was of Nelson Mandela “serving as a personal adviser to FW de Klerk (in tandem with other ‘elder statesmen’) – and continuing to serve as ‘facilitator’ between the NP government and the ANC’. There was something almost touchingly wishful about that, like reciting a prayer in a church full of nonbelievers.

A staple ingredient of Prisoner 913 is its close examination of documentary evidence; one of its minor yet noteworthy aspects is its commentary on the incomplete nature of the Kobie Coetsee archive. In their reading of this material, De Villiers and Stemmet are to be commended for reinforcing the virtues of good, old-fashioned history – sticking to firm evidence, acknowledging gaps and using informed speculation rather than guesswork in reconstructing some of the most elusive parts of this story.

The authors have also turned to already published accounts to add substance to their narrative. As readers will discover, Nelson Mandela’s 1994 Long walk to freedom and FW de Klerk’s 1998 The last trek don’t just supplement the findings of Prisoner 913; at times, they contradict the Coetsee record. These uncertainties add spice to the narrative.

A less spicy feature of this book is its overall style, with a wealth of often microscopic detail, including long extracts from documents, packed into over 30 short sections. Requiring sustained interest and careful concentration, Prisoner 913 will probably test the patience of a more casual reader. But this isn’t to detract from what is ultimately an engaging human story at the very centre of South Africa’s contemporary political history of transition.

The post <em>Prisoner 913: The release of Nelson Mandela</em> by Riaan de Villiers and Jan-Ad Stemmet appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ivan Meyer

$
0
0

Waarom is die DA ’n voorstander van wat hulle nierassigheid noem? Ivan Meyer, die Wes-Kaapse minister van landbou, vertel meer.

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Ivan Meyer appeared first on LitNet.

Persverklaring: orale stories herleef in die kuberruim

$
0
0

https://www.mybib.africa/

BiB, ’n splinternuwe oudioteek, maak haar deur oop. LAPA is baie trots om ons boeke te kan sien én hoor in hierdie nuwe ruimte.

Besoek BiB by: https://www.mybib.africa/

Afrika het ’n ryk orale tradisie en twee besondere entrepreneurs meng nou ons literêre skatte met nuwe tegnologie om dié ou tradisie te laat herleef.

Wat meer is: hulle kureer die inhoud deur geselekteerde tekste te laat voorlees, of voordra, deur van ons land se beste stemkunstenaars. Só word die publiek se vraag na oudioboeke gedien, en ons land se beste akteurs verdien ’n inkomste gedurende inperking.

LAPA se boeke skitter onder die eerste klompie romans wat beskikbaar gestel word:

  • Asem, Jan Vermeulen (Stem: Armand Aucamp)
  • Bloedlelie, Jeanette Ferreira (Stem: Veronica Geldenhuys)
  • Blou sjokolade, Christien Neser (Stem: Carla Smith)
  • Dieretuin, Francois Bloemhof (Stem: Wynand Kotzé)
  • Corali, Chanette Paul (Stem: Roeline Daneel)
  • Kanaän, Sophia Kapp (Stem: Ira Blanckenberg)
  • Koshuiskoffie, Christien Neser (Stem: Carla Smith)
  • Tolbos, Irma Joubert (Stem: Carla Smith)
  • Oorlewingsgids vir ’n bedonnerde diva, Sophia Kapp (Stem: Nicole Holm,)
  • Ver wink die suiderkruis, Irma Joubert (Stem: Andrea Winckler)

Meer van ons tekste sal binnekort beskikbaar wees.

Bib.Africa plaas ook teaterstukke in die kuberruim. Hierdie tekste is reeds te beskikbaar:

  • Dis Koue Kos, Skat, Marita van der Vyver (Stem: Elzabé Zietsman)
  • Psalter, Wessel Pretorius (Stem: Len-Barry Simons)
  • Sê my Naam soos ’n Starbucks Knaap, Wessel Pretorius (Stem: Llandi Beeslaer)
  • Seisonaal, Mienke Ehlers (Stem: Mienke Ehlers)

Hoewel die grootste gros boeke Afrikaans is, word daar ook na ander tale gekyk. Twee Engelse tekste is reeds deel van die biblioteek:

  • In Math We Trust, Simon Dingle (Stem: Simon Dingle)
  • The Rain Runner, Carl Richardson (Stem: Malcolm Gooding)

Die stigters van BiB is Arlene Mulder en Juanita Kotzé.

Mulder was vir sewe jaar in die bankwese by RMB, sy is sedertdien ’n digitale entrepreneur en het in 2019 die Forbes Woman Africa Technology and Innovation Award gewen.

Kotzé is reeds dertig jaar lank die hoof van The Rare Library: ’n multi-disiplinêre, konseptuele, skeppende kunsfabriek.

Volgens Deloitte kan die globale oudiomark in 2020 groei 25% tot ’n waarde van US$3,5 biljoen.

Laai nog inligting hier af.

Download more information here.

The post Persverklaring: orale stories herleef in die kuberruim appeared first on LitNet.

COVID-19: as die biblioteek agter slot en grendel is

$
0
0

Hoewel al die biblioteke oor die land heen nog nie oop is sedert die instelling van die grendelstaat nie, en dié wat wel oop is dinge op ’n aweregse manier doen, hoef dit geensins ywerige lesers en luisteraars van boeke morbied te laat nie, want daar is baie opsies om ’n leeslus mee te stil. Gerda-Marié van Rooyen het hierdie opsies ondersoek. 

Foto: Pixabay

Ruil

Danksy Faathimah Variawa se book_exchange_za-profiel op Instagram kan boekwurms nuwe (tweedehandse) boeke kry deurdat Variawa mense se kontakbesonderhede in pare van twee uitruil en pare daarna boeke kan uitruil op grond van die ander een se belangstelling. As verrassing word lesers gevra om ’n R50-present saam met die boek, waarvan die titel geheim is, te koerier. Variawa vertel dat die grendelstaat-isolasie haar tot hierdie konsep gelei het en dat haar diens gratis is. "Ons poog om die liefde vir boeke te versprei en mense toe te laat om boeke te sirkuleer in stede daarvan om nuwe boeke te koop," verduidelik die vrou van KwaZulu-Natal. Sy sê romantiese fiksie en fantasie is veral gewild onder uitruilpare.

Huur

Melanie Smith, die eienaar van Boekgenot in Pretoria, het tydens die inperking besef dat nie almal nuwe boeke kan bekostig nie. Melanie, wat die afgelope drie jaar ’n aanlyn boekwinkel het wat nuwe en tweedehandse boeke verkoop, het die behoefte raakgesien om boeke te verhuur. "Die biblioteke moes weens die inperkingsregulasies sluit en mense kon nie boeke uitneem nie en ek het ’n boekverhuringsdiens begin." Lesers wat aan haar leeskring behoort, kan ’n boek vir twee weke huur. "Vanaf Julie, toe ek met die verhuring begin het, het ek nog slegs aan die kringlede verhuur. Dis omdat ek  hulle ken en ek weet hulle sal na ’n boek kyk soos ek daarna sou kyk."

Sy het nog nie aan nielede verhuur nie. Sou sy die verhuringsdiens uitbrei, sal huurders ’n deposito ter waarde van die boek se verkoopsprys moet betaal sodat sy nie skade ly nie. Die deposito word dan terugbetaal, indien die boek in dieselfde toestand teruggebring word. Sy sê hoewel sy waarskynlik nooit wins met die verhuring sal maak nie, poog sy om  mense die geleentheid te bied om nuwe of gewilde boeke te kan lees.

Aanlyn boekklubs

Heino du Plessis, ook van die Jakarandastad, bied Woensdagaande om 19:00 ’n aanlyn boekklub via sy Facebookblad aan. Hierdie e-boekklub het ontstaan "in die tyd wat boekklubs nie kon ontmoet nie". Vandeesmaand deel hy raad oor die organisering en hantering van ’n boekklub en stel onder voor dat boekklubs oorweeg om saam aan ’n "jaar-memoir" werk. In Augustus het hy aandag aan Vers & Vrou ter viering van Vrouemaand  gegee en in Julie aan Hans du Plessis se boek Die opstand van Poppie Nel waartydens hy selfs ’n onderhoud met die persoon op wie die hoofkarakter geskoei is, gevoer. "Ek doen dit sommer vir die liefde van die saak en uit eie sak," sê hy vrolik. In Oktober gaan hy op die skryfwerk van Jan Vermeulen fokus om die adrenalien te verhoog.

https://www.facebook.com/heino.duplessis

Foto: Pixabay

Koop nuut

Hoewel boeke elektronies en op klankgolwe beskikbaar is, verkies lesers steeds om ’n boek in die hand te hê, aldus Deborah Steinmair, uitgewer by Protea. Sy sê dié uitgewershuis se verkope het tydens die tweede kwartaal vergeleke met verlede jaar gedaal weens boekwinkels en biblioteke wat gesluit was. Afgesien van die grendeltyd wat ’n demper op verkope plaas, is rooflees en die onwettige verspreiding van boeke ’n parasitiese probleem wat uitgewers toenemend raak. "Ons is bewus van die rooflees, maar ons e-boeke word so hanteer dat dit moeilik is om gerooflees te word," vertel Steinmair.

Graffiti se eienaar, Leonie van Rensburg, sê verheug dat verkope geleidelik terug na normaal terugkeer. "Lesers is maar nog versigtig om by winkels in te gaan. Aanlyn verkope is beslis aan die toeneem." Sy voeg by dat "Koop ’n Afrikaanse boek-dag" op 14 Augustus hul verwagtings oortref het. "Ons het so baie bestellings gekry dat ons inderhaas Maandagoggend (17 Augustus) boeke moes herbestel om bestellings te kan uitvoer. Daar is soveel nuwe boeke dat lesers net ’n sekere aantal boeke kan bekostig, maar met die afslag waarmee die dag gepaard gegaan het, kon lesers meer boeke koop." Graffiti saai Dinsdag- en Donderdagaande om 19:00 onderhoude met skrywers op Graffiti se Facebookblad uit en Van Rensburg sê die terugvoer daaroor is ongelooflik positief. "Dit het ’n impak op verkope, maar nie noodwendig by Graffiti nie. Lesers ondersteun dikwels hulle plaaslike boekwinkel."

  • Graffiti: Winkel nr 10, Zambezi Junction, Hoek van Breedstraat en Sefako Makgathorylaan (voorheen Zambezirylaan), Montana, (012) 548 2356.
  • Protea Boekhuis: Minnistraat 8, Clydesdale, Pretoria, (012) 343 3897 of (012) 343 6279.

Koop tweedehands

"Dinge begin optel nadat dit stiller was gedurende die hoër vlakke van grendeltyd. Ons verkoop en ruil al jare tweedehandse boeke, maar dis nou nie vuurwerk nie," verduidelik Theo du Plessis, eienaar van M&M Boekhandel in Bloemfontein. Hy sê dat hy dankbaar en tevrede oor sy verkope is en dat daar geen verandering in lesers se smaak sedert die aanbreek van die pandemie is nie. "Mense lees nog dieselfde goed wat hulle voor die grendeltydperk gelees het. Ons het iets vir elke smaak, van Nora Roberts tot Westerns en Afrikaanse klubboeke in breë trekke."

  • Van Der Rietstraat 53, Brandwag, Bloemfontein, (051) 522 5877.

Koop blindelings

Nog ’n Instagram-nuutjie vir Suid-Afrikaanse lesers is Rianca van Deventer, ’n taalkundige van Kaapstad, se Blind Books-profiel. Van Deventer trek tweedehandse boeke met bruinpapier oor en skryf kriptiese leidrade bo-op ’n kaartjie wat sy op die toepassing laai, omdat sy glo "’n boek moenie op sy baadjie takseer word nie". Die persoon wat eerste die boek kies en via EFT betaal, kry dit. Sy sê tot dusver is die mense opgewonde oor die idee. "Ek vermoed dit help ook baie dat ek ook die Afrikaanse lesersmark in ag neem. My Afrikaanse boeke verkoop altyd vinnig." Volgens haar het plaaslike lesers ook ’n voorkeur vir misdaadfiksie.

Foto: Pixabay

Luister

Benewens luisterboeke wat op eie tyd op Netwerk24 se webportaal beskikbaar is, saai RSG ook voorlesings van gewilde of voorgeskrewe boeke, soos tans Die verevrou deur Jan van Tonder en Droomdelwers deur Esta Steyn, uit. "’n Boek vir voorlees moet verhalend en radiomatig wees. Dit moet boonop episodies opgedeel kan word en die luisteraar se aandag oor ’n paar weke (of maande) kan behou," deel Kobus Burger, uitvoerende regisseur: drama by RSG, van die kriteria, wat ook die openbare uitsaaier se mandaat sal insluit. Hy sê RSG lees hoofsaaklik fiksie (romans) voor en kies vanuit die verskeidenheid leesstof wat die Afrikaanse letterkunde bied, tekste om die uiteenlopende luisterpubliek tevrede te stel. "Om goeie afwisseling te bied, het ons al nie-fiksie soos Elsa Joubert se Spertyd voorgelees en kort stories, soos dié van Ferdinand Deist en Jan Spies (tans op lug)." Meer onlangse, komiese boeke word ook voorgelees soos Rudie van Rensburg se Hans steek die Rubicon oor wat Tobie Cronjé voorgelees het. "Ek dink dit het reeds sy vyfde druk beleef. Die boek het in 2017 die lig gesien, maar eers behoorlik (as verkoper) vlamgevat toe RSG die voorlesing uitgesaai het. Dan was daar ook die Ferdinand Deist-boeke, Bom Appeltiet op Eselspoort, Die pomporrel-kônsert asook Pofadder en Peddelford wat Johny Klein voorgelees het." Burger sê hy beantwoord daagliks navrae van luisteraars wat die korrekte titel en uitgewer (of ander besonderhede) wil bekom. "Sommige luisteraars hoor net een episode en is dan geprikkel. Hulle koop die boek en lees dit. So dis baie goeie reklame vir die skrywer. Sommige boekhandelaars kontak ons om besonderhede van ons boekvoorlesings te kry, sodat hulle betyds genoeg voorraad kan bestel. Ek het selfs gehoor van ’n boekhandelaar wat ’n muur in haar winkel wy aan RSG-boekvoorlesings," vertel hy trots. Hy voeg by dat die voorlesings ook veral onder siggestremde mense gewild is en dat daar selfs sakemanne is wat hul kantoordeure sluit om na die oggendboekvoorlesing te luister en dan glad nie die foon sal antwoord nie. "’n Mens is keer op keer verras om te hoor wie luister en waar!"

RSG saai soggens en saans die voorlesings uit en het ’n ekstra tydgleuf in die oggend vir boeklees met grendeltyd geskep waarin Katriena Vertel! deur Riana Scheepers deur June van Merch voorgelees word terwyl Anna-Mart van der Merwe Die blou van onthou deur Marita van der Vyver as omnibus op Woensdagaande voorlees.

  • Luister na RSG op 100-104 FM

Leen

Mia Donoghue skryf op die Lekkerleesboekrak-profiel op Facebook dat sy besluit het om nooit weer ’n boek uit te leen nie. "Ek het ’n Koos Kombuis só verloor. Een waarin hy (in Bakoven) ’n spesiale boodskap vir my geskryf het. Nooit weer nie." Die skrywer Johan Jack Smith sê hy gebruik die Evernote-toepassing om tred te hou met wie watter boek leen. Madeleine Dowd hou letterlik boek en gebruik ’n WhatsApp-groep om mense te herinner om haar boeke terug te besorg, "maar selfs dit werk nie. Party mense bring net eenvoudig nie boeke terug nie en vir hulle leen ek nooit weer boeke nie." Baie lesers op die groep is dit eens: "Leen ’n boek aan iemand slegs as jy bereid is om dit af te skryf."

The post COVID-19: as die biblioteek agter slot en grendel is appeared first on LitNet.

Grendelstaat ofte not – Leonie se Graffiti woeker driftig voort

$
0
0

Leonie van Rensburg, eienaar van Graffiti Boeke (Foto: verskaf)

Wanneer Pretorianers die naam Graffiti hoor, dink hulle dadelik aan Leonie van Rensburg.

Leonie is al 38 jaar lank in die boekbedryf, en sedert sy die Graffiti-boekwinkel in 2005 gekoop het, gaan dié baken vir boekwurms van krag tot krag. Die winkel het deur die jare ’n gewilde bymekaarkomplek vir Afrikaanse skrywers geword waar hulle skouers met getroue lesers skuur. Graffiti se “Boek en koek”-geleenthede in Pretoria is ’n formidabele inisiatief, en dit word sedert 2006 elke laaste Donderdag van die maand gehou.

Dié geleenthede, waar lesers weglê aan tertjies, koeksisters en ander fyngebak terwyl prominente skrywers oor hul jongste publikasies gesels, is altyd volgepak. “Soms is daar twee geleenthede per maand,” vertel Leonie. “Dit was my poging om iets terug te ploeg in my gemeenskap en om vir skrywers ’n platform te gee waar hulle oor hulle skryfwerk met lesers kan gesels.”

Klante het spontaan begin om na dié kuiers as “Boek en koek”-geleenthede te verwys. En van die bekendste name in Afrikaans het al hul boeke hier te water gelaat: Deon Meyer, Marita van der Vyver, Margaret Bakkes, Cecile Cilliers, Pik Botha, Mimi Coertse, Rudie van Rensburg, Etienne van Heerden …

“Ek het Graffiti in 2005 gekoop nadat my pad met Fascination Books doodgeloop het,” vertel Leonie. “Van jongs af is ek ’n ywerige leser met ’n passie vir Afrikaans. Ek het gou besef dat daar ’n leemte in die mark is met winkels wat in Afrikaanse boeke spesialiseer. Graffiti het die plek geword waar ek my passie en droom kon uitleef.”

Voor Graffiti het Leonie wye draaie deur die boekbedryf gegooi. Van die begin af, in 1982, het sy geweet: “Boeke is waar ek wil wees.” Sy het begin werk as winkelassistent by Universitas in Sunnypark. Daarna het sy spore gelaat by NB-Uitgewers, Exclusive Books en The Bookshop in Tygervallei. Voordat sy Graffiti gekoop het, was Leonie hoof- uitvoerende bestuurder van Fascination Books.

Vandag is daar by feitlik elke uitgewer en boekwinkel in Suid-Afrika ’n personeellid wat al iewers in die verlede met Leonie saamgewerk het. En elkeen het báie by haar geleer. “Dit is vir my ’n enorme pluimpie dat soveel van my personeel uiteindelik poste by uitgewers kry en bestuurders van boekwinkels en boekwinkelgroepe word. My sterk punt was nog altyd my opleiding en verhoudings met my personeel,” sê sy.

Skrywer Kerneels Breytenbach saam met die Graffiti-span in Pretoria (Foto: Graffiti)

In die 38 jaar wat Leonie in die bedryf is, het die boekewêreld uiteraard van gedaante verander. “Dis nie meer so klein soos 20 jaar gelede nie. Daar is nou verskeie spelers in die mark en my era se mense begin nou al aftree. Uitgewers begin ook nou die kleinhandelmark betree, wat vir boekwinkels nie goeie nuus is nie. Ons verskaffers word nou ons mededingers en ek dink dit is baie sleg vir boekwinkels. Hoe dit boekwinkels in die toekoms gaan beïnvloed, sal net die tyd leer.”

Met die korona-inperkingsregulasies moes Graffiti, soos talle ander besighede, vroeër vanjaar hul deure tydelik sluit. Op 24 April kon hulle egter weer oopmaak, maar net om skryfbehoeftes te verkoop. “Verkope was maar yl aangesien die meeste mense nog in volle inperking was,” sê Leonie. “Eers toe die aankondiging kom dat ons opvoedkundige publikasies kon verkoop, kon ons weer boeke van die hand begin sit.” Met dié hersiening van die regulasies het die winkel dadelik met aanlyn verkope gewoeker, en het lesers hul produkte uit koeriers se hande ontvang.

“Die grendelstaat het so onverwags gekom dat die meeste van ons onkant betrap is. Ek het besef dat indien ons wil oorleef, ons drastiese veranderinge sal moet maak. Omdat ek ook geen boekbekendstellings kon hou nie (Irna van Zyl, Sophia Kapp en Steve Hofmeyr se praatjies moes gekanselleer word), het ek besluit om dit aanlyn te doen. Sedert 1 Junie het ons 36 aanlyn kuiers gehad met bykans elke nuwe boek wat verskyn het.”

Leonie koester herinneringe aan skrywers wat nie meer met ons is nie. Links is Margaret en Cas Bakkes by Graffiti, en regs is Cecile Cilliers saam met Leonie. (Foto: Graffiti)

En dié geleenthede, wat direk op Graffiti se Facebook-groep uitgesaai is, het gesorg dat Leonie se personeel seker van hul salarisse is. Te midde van stywe kompetisie van konkurrente: “Die groot aanlyn reuse, wat alles verkoop van boeke tot blomme, bied ook dikwels reuse-afslag aan klante waarmee boekwinkels nie kan meeding nie. Ook uitgewers wat direk aan die publiek verkoop, maak die mark vir boekwinkels nóg kleiner,” sê sy.

Gelukkig het ondersteuning vir Graffiti uit verskeie oorde gekom. Leonie sê: “Ons grootste verskaffers het ook ongelooflike ondersteuning gegee met afbetalingsooreenkomste. Die eiendomseienaar het afslag gegee op ons maandelikse huur.” Dié klein maatskappy – met vyf werknemers – het vinnig van denke en rigting verander toe die pandemieregulasies die land tref. Daarmee saam het die aanlyn kuiers in ’n baie kort tydjie derduisende lesers aan Graffiti bekendgestel.

En daar lê nog baie videokuiers voor tot die einde van die jaar. “My program vir Oktober en November is reeds vol bespreek. In sommige weke doen ek van Maandag tot Donderdagaand elke aand ’n bekendstelling en ek begin nou ook Vrydagaande bespreek. Daar is so ’n wonderlike verskeidenheid boeke op pad wat elke leser se smaak sal bevredig.”

Marita van der Vyver op besoek aan Graffiti. Kyk na Marita se boekomslag op Leonie se T-hemp. (Foto: Graffiti)

Leonie se skrywerspyskaart tot einde 2020 lees soos die Wie’s wie van Afrikaans: Francois Smith (Die kleinste ramp denkbaar), Chris Karsten (Die versoeking van Thomas Maas), Isa Konrad (Toekomsmens), Chanette Paul (Droomvanger), Willem Anker (Skepsel), Deon Meyer (Donkerdrif), Dana Snyman (Onder een dak), Annelie Botes (Voetstoots) en vele meer. Leonie voorspel dat nuwe titels deur Deon Meyer, Dana Snyman, Nataniël, Dibi Breytenbach, Annelie Botes en Chanette Paul wegholtreffers gaan wees in die Kersseisoen.

Dat die grendelstaatbeperkings die boekbedryf onherroeplik verander het, staan soos ’n paal bo water. Sosialemedia- en aanlyn bekendstellings het beslis meer normaal geword, en kan dalk selfs in die toekoms die norm raak. “Dinge gaan nooit weer dieselfde wees nie,” sê Leonie. “Ons gaan beslis weer fisiese bekendstelling hou wanneer die beperkings heeltemal gelig word, maar die oorgrote meerderheid boeke gaan steeds aanlyn bekendgestel word. Met ’n fisiese geleentheid is daar ongeveer 80 gaste, terwyl aanlyn kuiers gemiddeld 1 500 bywonings het.”

Leonie en Afrikaans se megaverkoper, Deon Meyer (Foto: Graffiti)

Enigiemand wat al ’n “Boek en koek”-belewenis by Graffiti meegemaak het, sal juig oor Leonie van Rensburg se deursettingsvermoë. Terwyl ander rolspelers in die bedryf steier onder die impak van die grendelregulasies, gaan dié vergaderplek vir boekliefhebbers in Gauteng van krag tot krag. Onderkry is min. En dit is waarskynlik die grootste getuigskrif vir Leonie.

 

  • Lesers wat nie die Graffiti-bus wil verpas met skrywerkuiers nie, kan op Facebook by die winkel se amptelike blad aansluit. Tegnologie-dinosourusse wat nie weet wat “Facebook” beteken nie, kan (hopelik) ’n WhatsApp met die woord VIDEO na 076 116 6933 stuur, dan sal Leonie ’n skakel aanstuur waar mense na bekendstellings kan kyk.
  • Boekliefhebbers buite Pretoria, en in die buiteland, kan gerus Graffiti se webwerf besoek by graffitiboeke.co.za – hulle koerier boeke regoor die wêreld.

 

The post Grendelstaat ofte not – Leonie se Graffiti woeker driftig voort appeared first on LitNet.

Viewing all 21927 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>