Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21921 articles
Browse latest View live

Afrikaans: Taal van my voorouers, my familietaal!

$
0
0

Merlyn van der Rheede (foto verskaf)

September word tradisioneel as Erfenismaand in Suid-Afrika beskou. “Wat is kultuur en erfenis?” is ’n oeroue vraag wat dikwels uiteenlopende menings tot gevolg het.

Afrikaans is my familietaal, die taal van my voorouers. Ek gee erkenning aan hulle, want hulle het die taal help skep en ontwikkel. Dit is my kultuur- en erfenistaal. Dit maak my wie ek is. Taal is tog deel van mens se herkoms – dus is taal en herkoms sinoniem. Dis belangrik om te weet waar jy vandaan kom en van alles wat daarmee gepaard gaan. Vandag, Erfenisdag, besef ek weer opnuut die waarde van familie en tradisies en dat taal natuurlik die mees belangrike rol speel.

Tale speel ’n belangrike rol in die daaglikse lewens van mense, nie net as kommunikasiemiddel nie, maar ook wat betref identiteit, kultuur en tradisies. Suid-Afrikaners moet aangemoedig word om trots te wees op hul herkoms en erfenis. Taal is onlosmaaklik deel hiervan. ’n Mens mag nooit minderwaardig voel oor jou agtergrond, taal of kultuur nie.

Die Afrikaanse taal behoort aan al sy sprekers, ’n diverse groep wat mense vanuit alle gemeenskappe en rasse insluit. Afrikaans het dus ontstaan uit die mengelmoes rasse, tale en nasies wat aan die puntjie van Afrika in ’n kultuurpot saamgegooi is. Mense praat Afrikaans op verskillende maniere, maar almal pas in hierdie groot legkaart van Afrikaans in. Christo van Rensburg, skrywer van die boek Van Afrikaans gepraat, sê in sy boek: “Die ondersoekers en navorsers wat na hierdie antwoorde soek, kom gewoonlik by die hart van Afrikaans uit. Asook by die spore wat al sy sprekers gelaat het.” Ons moet verstaan dat Afrikaans ’n familie is wat dwarsoor ons land versprei is met unieke variëteite en uitspraakvorme. Kaaps, byvoorbeeld, het ontstaan as gevolg van die invloed van Maleis-Portugese slawe aan die Kaap. Kaaps is ’n taal, ’n taal in die sin dat dit die volle lot en noodlot van die mense wat dit praat verwoord. So sê die digter Adam Small.

Tradisies of gebruike oor geslagte heen dra beslis by tot ’n gemeenskap se ryke geskiedenis en erfenis. Navorsing deur Schlemmer (2010) dui aan dat ’n taalverskuiwing na Engels in baie bruin gemeenskappe plaasvind en in ’n geringer mate onder wit Afrikaanssprekendes. In baie gevalle word Afrikaans deur die grootouers en ouer generasies gepraat, maar dit word nie meer met hul kinders gepraat nie. Dit is so hartseer, en die vraag is: Besef ons wat die gevolge hiervan is? Ook: Hoe verhinder ons die aftakeling van Afrikaans as ons erfenistaal en taal van onderrig?

Suid-Afrika is ’n land met vele tale en kulture. Sprekers van die verskillende tale moet aangemoedig word om hul taal te gebruik en hul kultuur te beoefen. Suid-Afrikaners moet ook aangemoedig word om mekaar se tale en kulture aan te leer en te verstaan. Ons huidige regering het 25 jaar later nog geen daadwerklike poging aangewend om ons Afrikatale te ontwikkel nie. Dis dan juis die rede waarom derduisende leerders onderrig in ’n tweede of soms derde taal ontvang. Meertaligheid en die ontwikkeling van die inheemse tale behoort dus ’n prioriteit vir die regering te wees.

Hoe arm is dit nie om slegs EEN taal magtig te wees? Die ouer wat verkies dat sy of haar kind in sy moedertaal skoolgaan, moet geprys word, want so verseker hulle dat hul kinders meertalig word. Meertaligheid gee betekenis aan jou lewe, want dit skep nuwe geleenthede en bou brûe; dit stel jou in staat om na ander mense uit te reik. Meertalige persone pas ook makliker aan in die werksplek.

Laat ons hoop dat ons inheemse tale in die nabye toekoms uitgebrei en bevorder word en so ons diverse kultuur en erfenis bevorder!

The post Afrikaans: Taal van my voorouers, my familietaal! appeared first on LitNet.


Persverklaring: WAT se handelsnaamkompetisie

$
0
0

Die WAT hou ’n kompetisie vir die treffendste Afrikaanse handelsnaam en inskrywings sluit op 30 September. Eienaars van ondernemings of produkte met Afrikaanse name word genooi om in te skryf. As jy weet van 'n treffende Afrikaanse handelsnaam in jou omgewing, stuur die naam en, indien moontlik, ook kontakbesonderhede vir ons sodat ons hulle kan nader.

Die drie wenners sal groot blootstelling in die media kry, maar ons plaas alle treffende inskrywings op die Facebook-bladsy van die Woordeboek van die Afrikaanse Taal. Die eerste vier inskrywings is Brandman (brandrissiesmeer), Baie Goeters (funksiebeplanners), Lyftaal (skoonheidskundiges) en Jan Kan Plaasstal

Stuur alle inskrywings na wfb@sun.ac.za

  • Foto’s: verskaf

The post Persverklaring: WAT se handelsnaamkompetisie appeared first on LitNet.

Fresh off the press: The lie of 1652 by Patric Tariq Mellett

$
0
0

Title: The lie of 1652: A decolonised history of land
Author: Patric Tariq Mellett
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624089704

In this radical critique of established pre-colonial and colonial history, Mellet centres land dispossession, the destruction of livelihoods and the brutality of slavery in South Africa. Drawing on scholarly work and his own experience of searching for identity, Mellet provides a bold new perspective on the loss of land and belonging. Characters such as Autshumao, Krotoa and Doman come to life in the story of the founding of a port at Cape Town – over 50 years before Jan van Riebeeck arrived.

The post Fresh off the press: <i>The lie of 1652</i> by Patric Tariq Mellett appeared first on LitNet.

LitNet: Jou topskrywers

Wenners: Woorde in ’n digitale wêreld

$
0
0

Op Wêreldgeletterdheidsdag het LitNet gevra: Wat beteken woorde vir jou in ’n digitale wêreld? Ons het baie inskrywings gekry, maar ná heelwat kopkrap het ons die wenners aangewys.

Mariska wen R500 van LitNet met haar inskrywing. Hier is haar bydrae:

Mariska

Wat beteken woorde vir my?
Digitaal of gesproke, woorde verf vir my die wêreld wat ek nie kan sien nie. Met woorde help jy my om die bok, wat daar vêr staan, te kan vashou en sy ligte bruin pels te kan voel.
Met een woord keer jy my van grond eet, met een woord weet ek daar's gevaar.
Woorde waarsku wanneer sig nie daar is nie.
Woorde is ook alles wat mooi is vir my wat blind is.

Ilna Stander, Reza Clifford en Jan Shaafsma wen elkeen ’n boekpakkie van LAPA. Hier is hulle inskrywings.

Ilna Stander

“Ek eet letters.” Dit was my ensiklopedie-lesende oupa daar op sy leivoorwal. My ma het so woordeboek staan en lees op die dubbelbaliewasmasjien. Posdag is leesstof se papieromhulsels afgestróóp.
’n Halfeeu later lê ek saans krultoon en skermlees. En skryf steeds op als: sommer laatnag ’n gedroomde gedig op 'n leë papierrol.
Oupa se erf-ensiklopedieë met die waterspatsels wag vir die volgende geslag lettervreter. Klein Kokkewietie se handjies blaai en veeg reeds verwoed.
Woorde neerlê, skryf of tik, bly die hokslaan van voordag se ligpootkinders. Woorde opskep, afsuig en in jou kies stop, verslawend.
Al is die watervlekkies ook vingerafdrukke.

Reza Clifford

Ek is niks sonder woorde nie. Dis in my opstaan en my slaap. In my ma-wees – om my peuter te leer van “nee” en “moenie”, maar ook “ek het jou so lief”. Dit is my werk. Die lees van sinne, paragrawe en artikels. Dit is in WhatsApp-boodskappe wat haastig getik word en lang omgeestemboodskappe wat gou ’n minipotgooi word. Dis in my vrou-wees (dankie tog, ek het so baie woorde gekry). Dis my liefdestaal. En my kwaadwordtaal. Ek is ’n ma, ’n vrou, ’n vriendin, ’n dogter. Ek is ’n mens, maar die meeste van als is ek ’n woordmens.

Jan Schaafsma

Woorde is ’n verhaalhuis se bakstene. Bou slordig, en die mure bars. Bou netjies, en die huis staan vas.
Bou self op jou rekenaar met hierdie hoop woordbakstene – almal plekname:
Sweetfontein. Welvanpas. Geluk. Soetendal. Aandster. Komspruit. Hartseer. Ontmoeting. Groot Spelonke. Knapdaar. Draaiom. Heuwels. Lekfontein. Maanlig. Grootdoring. Vryhof. Soekmekaar. Paradys. Noupoort. Helpmekaar. Heuningneskloof. Puntjie. Vrouenspan. Lekkerdraai. Mooinooi. Ooreenkoms. Koppies. Gesukkel. Ogies. Klaarstroom. Lilliput. Kaalrug. Minnaar.
Of:
Vrouenspan. Soetendal. Vryhof. Paradys. Aandster. Maanlig. Mooinooi. Ontmoeting. Ogies. Ooreenkoms. Minnaar. Kaalrug. Draaiom. Heuwels. Koppies. Puntjie. Noupoort. Lekfontein. Heuningneskloof. Groot Spelonke. Grootdoring. Soekmekaar. Gesukkel. Helpmekaar. Welvanpas. Lekkerdraai. Sweetfontein. Knapdaar. Komspruit. Klaarstroom. Geluk. Lilliput. Hartseer.

Baie geluk aan die wenners, en baie dankie vir almal se inskrywings.

Lees ook:

’n Hond, ’n hottentotsgot en literêre prestige: Instagram as rolspeler in die Afrikaanse literêre sisteem

The post Wenners: Woorde in ’n digitale wêreld appeared first on LitNet.

Kortlys bekend vir Helgaard Steyn-prys vir Skryfkuns | Helgaard Steyn Award for Literature shortlist announced

$
0
0

Kortlys bekend vir Helgaard Steyn-prys vir Skryfkuns

Die Helgaard Steyn-prys word elke jaar toegeken vir skeppende werk wat die Suid-Afrikaanse kultuurskat verryk. Enige Suid-Afrikaans gebore kunstenaar – om die beurt ’n skilder, beeldhouer, komponis en skrywer – word jaarliks vereer. ’n Kontantprys uit die Helgaard Steyn-trust word aan die vereerde geskenk.

Vanjaar se toekenning word gemaak vir skryfkuns, en enige Afrikaanse werk – fiksie of niefiksie – wat tussen 2016 en 2019 verskyn het in ’n oplaag van minstens 300 eksemplare het in aanmerking gekom die eerbewys.

Sowat 150 boeke is voorgelê vir beoordeling. “’n Ryke kultuuroes,” noem die sameroeper van die beoordelaarspaneel, prof. Bernard Odendaal van die Noordwes-Universiteit, dit.

“Die beoordelingsproses moes binne twee maande afgehandel word. ’n Ontsagwekkende, maar dikwels aangrypende taak, het op die beoordelaars gewag. Dit was vir die paneel ’n aangename verrassing – en verligting! – dat vyf werke op almal se kortlyste verskyn het. Dit was daarom ’n betreklik maklike taak om die finale kortlys vir die Helgaard Steyn-prys van 2020 aan te wys.”

Die wenner word op 20 Oktober aangekondig.

Die vyf name op die kortlys, in alfabetiese volgorde volgens skrywersvanne, is:

  • Lodewyk G du Plessis se roman Die dao van Daan van der Walt (Tafelberg, 2018)
  • Elsa Joubert se outobiogafiese geskrif Spertyd (Tafelberg, 2017)
  • Johan Myburg se digbundel Uittogboek (Protea Boekhuis, 2017)
  • SJ Naudé se roman Die derde spoel (Umuzi, 2017)
  • Dan Sleigh se historiese roman 1795 (Tafelberg, 2016)

Vorige wenners van die Skryfkuns-prys is:

1988 – Karel Schoeman vir ’n Ander Land

1992 – John Miles vir Kroniek uit die doofpot

1996 – Breyten Breytenbach vir Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde (1993)

2000 – John Kannemeyer vir Leipoldt: ’n Lewensverhaal

2004 – Dan Sleigh vir Eilande

2008 – Marlene van Niekerk vir Agaat (2004) en Hermann Giliomee vir Die Afrikaners (2004)

2012 – PG du Plessis vir Fees van die Ongenooides

2016 – Willem Anker vir Buys

Vir nog inligting besoek helgaardsteynpryse.co.za, of stuur e-pos na  info@helgaardsteynpryse.co.za. Nog inligting oor vanjaar se benoemdes en hul werk is onder aangeheg.

Vanjaar se benoemdes en hul werk

Lodewyk G du Plessis se roman Die dao van Daan van der Walt (Tafelberg, 2018)

Opsomming

Toe Daan van der Walt, ’n eertydse Kalahari-boer, ’n vertigo-aanval kry, laai sy vervreemde seun hom by ’n monnikeklooster in China af. Onder leiding van meester Yang moet Daan tai chi doen in ’n poging om sy balans te herstel. Maar daar is ook iets anders wat aan Daan vreet, iets wat hy van sy hart móét afkry voor hy sy weg na die hiernamaals kan vind. Dalk is dit tyd dat hy aan Magrieta, sy oorlede vrou, skryf en sê dat hy haar liefgehad het. In Die Dao van Daan van der Walt word die Afrikaner-dilemma in die moderne lewe met ’n fyn lem oopgevlek.

Oor die skrywer

Lodewyk G du Plessis is oudregter Andries Buys se skuilnaam. Sy debuut, Die dao van Daan van der Walt, is reeds met die Universiteit Johannesburg-debuutprys, die Eugène Marais-prys, die W.A. Hofmeyr-prys, die ATKV-prosaprys, asook die kykNET-Rapport-prys vir fiksie bekroon.

Die beoordelaars sê

Dit is ’n uitsonderlike roman wat die leser intellektueel uitdaag, met aktuele vraagstukke konfronteer én emosioneel tref. Dit is ’n selfonthulling van wat agter die pantsers van ’n “stil en sterk” Afrikaner skuil.

Op verwikkelde, aandoenlike wyse word veral die pa-seun-verhouding gedissekteer soos dit geraak word deur die “vreemde” van onder meer die gay-identiteit. Die geykte verwagtings oor die rol van sienings oor Christenskap en Afrikaner-manlikheid daarin word verrassend op die kop gekeer . . . ’n aangrypende leeservaring.

Elsa Joubert se outobiogafiese geskrif Spertyd (Tafelberg, 2017)

Opsomming

Spertyd is die voltooiing van Elsa Joubert, wat vroeër vanjaar oorlede is, se outobiografiese drieluik wat ingelei is deur ’n Wonderlike geweld (2005) en Reisiger (2009). Dit fokus hoofsaaklik op die skrywer se latere jare in ’n aftreeoord in Kaapstad, maar haar belewenis van die hede en onlangse verlede word onlosmaaklik vervleg met herinneringe aan veel verder terug. Dit word geteken in besondere detail en met die kenmerkende woordvaardigheid van een van Afrikaans se mees gevierde skrywers. Selde, indien ooit, is daar al in Afrikaans met so ’n totale afwesigheid van sentimentaliteit oor oudword geskryf. Dit is egter allermins ’n swaartillende leeservaring, want deernis en humor bly nooit agterweë nie. Spertyd bied nie net insig in die skrywer se lewensbeskouing nie, maar nooi die leser om na te dink oor sy of haar eie bestaan.

Oor die skrywer

Elsa Joubert (1922-2020) is in die Paarl gebore. In 1963 verskyn haar eerste roman, Ons wag op die kaptein, wat onder meer die Eugène Marais-prys ontvang het. Sy is met die WA Hofmeyr-, CNA- en Louis Luyt-prys bekroon vir haar invloedryke roman Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), wat in 2002 aangewys as een van die 100 beste boeke in Afrika. Spertyd is reeds met die kykNET-Rapport-prys, ’n ATKV-Woordveertjie en die Louis Hiemstra-prys bekroon.

Die beoordelaars sê

Een van die ontroerendste besinnings via selfvertelling wat oor die ervaring van oudword te lese is.

Dit verteenwoordig ’n stuk wysheidsliteratuur wat op inspirerende wyse ’n diepgaande blik bied op nie net die afgelegde lewe tot aan die “spertyd” daarvan nie, maar ook dit wat (kan) oopgaan na die hiernamaalse toe. ’n Onvergeetlike boek.

Johan Myburg se digbundel Uittogboek (Protea Boekhuis, 2017)

Opsomming

Uittogboek, ’n bundel wat van fyn vakmanskap, tematiese en stilistiese verskeidenheid en intellektuele diepgang getuig, is ’n hoogtepunt in die digter Johan Myburg se oeuvre. Temas soos die doodsbesef, die mens se verganklikheid en die optekening van laaste dinge word op subtiele en sensitiewe wyse benader en met ironie en humor deurspek. Myburg bewys hom met hierdie publikasie as ’n digter wat nie net formele verse nie, maar ook vrye verse en langer prosagedigte kan skryf wat die leser op verskeie vlakke uitdaag, gevange hou en betower. Uittogboek is in 2020 met die Hertzog-prys bekroon.

Oor die skrywer

Binne die bestek van drie digbundels het Johan Myburg hom gevestig as een van die mees gerekende digters in die Afrikaanse digkuns; in hoofsaak omdat elke publikasie van hom van fyn vakmanskap getuig wat nie net sy eie nie, maar die totale digkuns verruim. Hy debuteer met Vlugskrif (1984). Sy volgende bundel, Kontrafak (1994), word met die Eugène Marais-prys bekroon. In 2008 verskyn die indrukwekkende Kamermusiek; ’n bundel waar die kamer die sentrale ruimte is waarbinne handeling afspeel. Myburg het filosofie, sielkunde en teologie studeer en is tans besig met nagraadse studie in visuele kuns.

Die beoordelaars sê

 

Dié digbundel is ’n volgende hoogtepunt in ’n digtersloopbaan wat van krag tot krag gaan. Dit bevat ’n kombinasie van belesenheid en gevoeligheid, van historisiteit en aktualiteit, en van seggingsomvang en -krag wat ’n mens by die lees daarvan herinner aan die ervaring wat net die heel grootste digbundels in Afrikaans oplewer.

SJ Naudé se roman Die derde spoel (Umuzi, 2017)

Opsomming

Etienne is 22 en studeer filmkuns in Londen nadat hy uit Suid-Afrika gevlug het om diensplig te vermy. Dit is 1986, die tyd van optogte teen apartheid, vigs, eksperimentele kuns en die Royal Vauxhall Tavern. Etienne raak verlief op ’n Duitse kunste­naar en kom af op die eerste van drie filmspoele wat tydens die dertigerjare in Duitsland verfilm is. Sy soektog na die verlore spoele word ’n obsessie wanneer sy geliefde vermis raak in Berlyn. Terwyl hy gevaarlike ruimtes weerskante van “die Muur” navigeer, begin die verhaal van ’n groepie Joodse filmmakers in Nazi-Duitsland vorm aanneem.

Argitektuur, kinematografie, seks, musiek, siekte, verlies en liefde deur­week SJ Naudé se roerende Die derde spoel, waarmee hy ’n nuwe weg vir die Afrikaanse roman baan.

Oor die skrywer

SJ Naudé is die skrywer van Alfabet van die voëls, wenner van die Universiteit van Johannesburg-debuutprys en die Jan Rabie Rapport-prys. Hy het in die regte aan die Universiteit van Pretoria en aan Cambridge en Columbia studeer en verwerf ’n meestersgraad in skeppende skryfkuns aan die Universiteit Stel­lenbosch. Alfabet van die voëls verskyn ook in Nederlands en Engels. Die Jan Rabie & Marjorie Wallace-skryfbeurs vir 2014 is aan hom toegeken en sy werk is gepubliseer in Granta en tydskrifte in Amerika, Nederland en Italië. Ná jare in New York en Londen woon hy tans in Johannesburg.

Die beoordelaars sê

Naudé is ’n fyn stilis. Die helder, byna hiperkorrekte Afrikaans wat hy gebruik, sintakties dikwels bondig, staan in ironiese spanning met die geskade lewenswerklikhede van ontwrigte persoonlikhede wat in hoofsaak uitgebeeld word.

Die besonder uitvoerige beskrywing van die paranoïese bestaan in Oos-Duitsland in die tyd van “die Muur” is na ons wete die eerste sodanige tekening in Afrikaans. In baie opsigte eggo dit ook die jare van die noodtoestand in Suid-Afrika – jare waarin wantroue en verraad aan die orde van die dag was en die groter ruimte buite die self ook die binneruimte ingrypend aangetas het.

Hoewel die roman veral ’n appèl op die leser se intellek maak, onthuts dit ook emosioneel, en ontroer dit soms.

Dan Sleigh se historiese roman 1795 (Tafelberg, 2016)

Opsomming

Dit is die winter van 1795. Die Kaap is nog Hollands, maar nie meer vir lank nie. Kommissaris Sluysken van die VOC het sy politieke raad in die Kasteel byeengebring. Hier sit kolonel Robert Gordon, bevelvoerder van die garnisoen. Ook majoor William van Reede van Oudtshoorn, vir wie dié land en dié dorp sy lewe is. Sluysken lees ’n brief voor. Die bevelvoerder van die Engelse vloot by Simonstad dreig om sy matrose op die land los te laat. William se hoop is op die binnelanders, eerder as op Gordon se garnisoen – die boere, so hard soos hierdie vasteland se klippe. Tussen Gordon en Van Oudtshoorn sal die stryd om die siel van hierdie droewe land besleg word.

Dan Sleigh het in Eilande die Kaapse pionierstyd tydloos verwoord. In 1795 sien ons die laaste Kaapse maande onder die VOC-vlag.

Oor die skrywer

Dan Sleigh behaal in 1987 sy doktorsgraad in geskiedenis aan die US. In 2001 wen hy die Sanlam/INSIG/Tafelberg-romanwedstryd vir sy roman Eilande. Dié boek is later ook met die WA Hofmeyr-, RAU-, M-Net- en Helgaard Steyn-prys bekroon. In 2015 wen 1795 NB Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd. Dié roman ontvang in 2017 ook die WA Hofmeyr-prys en die ATKV-prosaprys.

Die beoordelaars sê

Dit is ’n meesleurende roman, gekenmerk deur Sleigh se fyn waarnemings en verbluffende herskeppings van samelewings en wêrelde, groot en klein: vanaf ’n intieme “hofhouding” en die alledaagse lewe op ’n boereplaas van destyds, tot imperiale oorlogsgebeure… leesplesier.

Lees ook:

LitNet Akademies-resensie-essay: 1795 deur Dan Sleigh

Die derde spoel deur SJ Naudé: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Uittogboek deur Johan Myburg: ’n resensie

Spertyd deur Elsa Joubert: ’n resensie

Die dao van Daan van der Walt – en die dao van Lodewyk G du Plessis

 


Helgaard Steyn Award for Literature shortlist announced

The Helgaard Steyn Award is offered each year for creative work that enriches the South African cultural landscape. Any artist of South African birth is eligible for the award, which is given alternately on a four-year cycle in four disciplines – musical composition, painting, literature and sculpture. The winner receives a cash prize from the Helgaard Steyn Trust.

This year, the prize is for literature, and any Afrikaans work – fiction or non-fiction – that was published between 2016 and 2019 and achieved a print run of at least 300 copies was eligible for the award.

About 150 books were submitted for adjudication. The convener of the judging panel, Bernard Odendaal of North-West University, described it as “a rich cultural yield.”

“The adjudicating process had to be completed within two months. A daunting, but often stirring, task awaited the judges. It was a pleasant surprise – and a relief – for the panel that five works appeared on everyone’s shortlists. It was therefore a relatively easy task to nominate the final shortlist for the Helgaard Steyn Literature Award for 2020.”

The winner will be announced on 20 October.

The five nominees on the shortlist, in alphabetical order according to surnames, are:

  • Lodewyk G du Plessis for Die dao van Daan van der Walt (Tafelberg, 2018)
  • Elsa Joubert for her autobiography Spertyd (Tafelberg, 2017)
  • Johan Myburg for his anthology Uittogboek (Protea Boekhuis, 2017)
  • SJ Naudé for Die derde spoel (Umuzi, 2017)
  • Dan Sleigh for his historical novel 1795 (Tafelberg, 2016)

Previous winners of the Literature Award are:

1988 – Karel Schoeman for ’n Ander Land

1992 – John Miles for Kroniek uit die doofpot

1996 – Breyten Breytenbach for Nege landskappe van ons tye bemaak aan ’n beminde

2000 – John Kannemeyer for Leipoldt: ’n Lewensverhaal

2004 – Dan Sleigh for Eilande

2008 – Marlene van Niekerk for Agaat and Hermann Giliomee for Die Afrikaners

2012 – PG du Plessis for Fees van die Ongenooides

2016 – Willem Anker for Buys

For more details, visit helgaardsteynpryse.co.za, or email info@helgaardsteynpryse.co.za. Further information about this year’s nominees and their work is attached below.

This year's nominees and their work

Lodewyk G du Plessis’ novel Die dao van Daan van der Walt (Tafelberg, 2018)

Summary

When Daan van der Walt, a former Kalahari farmer, had a vertigo attack, his estranged son dropped him off at a monastery in China. Led by Master Yang, Daan must do tai chi in an effort to restore his balance. But there is also something else eating at Daan, something he must get off his chest before he can find his way to the afterlife. Perhaps it is time to write to his late wife Magrieta to tell her he loves her. In Die dao van Daan van der Walt, the dilemma of the Afrikaner in today’s world is exposed with surgical precision.

About the author

Lodewyk G. du Plessis is the pseudonym of former judge Andries Buys. His debut, Die dao van Daan van der Walt, has already been awarded the University of Johannesburg Debut Prize, the Eugène Marais Prize, the WA Hofmeyr Prize, the ATKV Prose Prize, as well as the kykNET-Rapport Prize for Fiction.

What the judges said

It is an exceptional novel that intellectually challenges the reader, confronts them with current issues and affects them emotionally. It is a self-revelation of what lies behind the armour of a “quiet and strong” Afrikaner.

In a complicated, touching way, the father-son relationship in particular is dissected as it is affected by the “strangeness” of, among other things, the gay identity. The stock expectations about the role of Christianity views and Afrikaner masculinity therein are surprisingly turned on their heads… a gripping reading experience.

Elsa Joubert’s autobiography Spertyd (Tafelberg, 2017)

Summary

Spertyd is the completion of the autobiographical trilogy by Elsa Joubert, who passed away earlier this year; the first of which were ’n Wonderlike geweld (2005) and Reisiger (2009). Spertyd focuses mainly on the author’s latter years in a retirement village in Cape Town, but her experience of the present and recent past is inextricably intertwined with memories of much further back. It is described in minute detail and with the characteristic eloquence of one of the most celebrated Afrikaans authors. Rarely, if ever, has there been an Afrikaans work about aging written with such a total absence of sentimentality. However, it is by no means a gloomy reading experience, because compassion and humour are ever present. Spertyd not only provides insight into the author’s world view, but invites the reader to reflect on his or her own existence.

About the author

Elsa Joubert (1922-2020) was born in Paarl. In 1963 she published her first novel, Ons wag op die kaptein, which received the Eugène Marais Prize, among others. She was awarded the WA Hofmeyr Prize, the CNA Prize and the Louis Luyt Prize for her influential novel Die swerfjare van Poppie Nongena (1978), which was named one of the Top 100 books in Africa in 2002. Spertyd has already been awarded the kykNET-Rapport prize, an ATKV Woordveertjie and the Louis Hiemstra Prize.

What the judges said

One of the most moving reflections via self-narration about the experience of growing old.

It represents a piece of wisdom that offers, in an inspirational way, an in-depth look not only at the life lived up to the “deadline”, but also that which is (or could be) revealed in hereafter. An unforgettable book.

Johan Myburg’s anthology Uittogboek (Protea Boekhuis, 2017)

Summary

Uittogboek, an anthology that is a testament to fine craftsmanship, thematic and stylistic variety and intellectual depth, is a highlight in poet Johan Myburg’s body of work. Themes such as the comprehension of death, human transience and the recording of final things are approached in a subtle and sensitive way and interspersed with irony and humour. With this anthology, Myburg proves himself as a poet who can write not only formal verse, but also free verse and longer prose poems that challenge readers on various levels, keep them captivated and enchant. Uittogboek was awarded the Hertzog Prize in 2020.

About the author

Within the scope of three volumes of poetry, Johan Myburg established himself as one of the most respected Afrikaans poets; mainly because every one of his anthologies is a testament to fine craftsmanship that expands not only his own poetry, but poetry as a whole. He debuted with Vlugskrif (1984). His next collection, Kontrafak (1994), was awarded the Eugène Marais Prize. In 2008 the impressive Kamermusiek was published; an anthology in which the room is the central space where everything takes place. Myburg studied philosophy, psychology and theology and is currently pursuing postgraduate studies in visual arts.

What the judges said

This collection of poems is the subsequent highlight in a poet’s career that has gone from strength to strength. It consists of a combination of readability and sensitivity, of historicity and topicality, and of the scope and power of expression that, when reading it, is reminiscent of the experience that only major Afrikaans anthologies yield.

SJ Naudé’s novel Die derde spoel (Umuzi, 2017)

Summary

Twenty-two-year-old Etienne is studying film art in London after fleeing South Africa to avoid conscription. It is 1986, the time of protests against apartheid, AIDS, experimental art and the Royal Vauxhall Tavern. Etienne falls in love with a German artist and comes across the first of three movie reels filmed in Germany during the 1930s. His search for the lost reels becomes an obsession when his beloved goes missing in Berlin. While navigating the death strips on either side of “the Wall”, the story of a group of Jewish filmmakers in Nazi Germany begins to take shape.

Architecture, cinematography, sex, music, illness, loss and love permeate SJ Naudé’s moving Die derde spoel, with which he forges a new path for the Afrikaans novel.

About the author

SJ Naudé is the author of Alfabet van die voëls, winner of the University of Johannesburg Debut Prize and the Jan Rabie Rapport Prize. He studied law at the University of Pretoria and at Cambridge and Columbia and obtained a master’s degree in creative writing at Stellenbosch University. Alfabet van die voëls is also published in Dutch and English. He was awarded the Jan Rabie & Marjorie Wallace Literature Scholarship in 2014 and his work has been published in Granta and magazines in the US, the Netherlands and Italy. After living in New York and London for many years, he currently resides in Johannesburg.

What the judges said

Naudé is a stylist of note. The clear, almost hyper-correct Afrikaans that he uses, often syntactically concise, creates ironic tension when juxtaposed with the damaged realities of life of displaced personalities portrayed in the narrative.

The particularly detailed description of the paranoid existence in East Germany during the time of “the Wall” is to our knowledge the first such work in Afrikaans. In many respects it also echoes the years of the state of emergency in South Africa – years in which mistrust and betrayal were the order of the day and affected the world around us, as well as affecting us profoundly on the inside.

Although the novel appeals to the reader’s intellect in particular, it also disconcerts you emotionally, and often moves you.

Dan Sleigh’s historical novel 1795 (Tafelberg, 2016)

Summary

It is the winter of 1795. The Cape is still under Dutch control, but not for long. Commissioner Sluysken of the VOC has convened his political council in the Castle. Colonel Robert Gordon, commander of the garrison, is in attendance, as well as Major William van Reede van Oudtshoorn, for whom this country and this town are his life. Sluysken reads a letter out loud. The commander of the English navy at Simon’s Town is threatening to let his sailors loose on land. William’s hope rests on the settlers, rather than on Gordon’s garrison – the farmers, who are as tough as this continent’s rocks. The battle for the soul of this blighted land will be settled between Gordon and Van Oudtshoorn.

In Eilande, Dan Sleigh timelessly articulated the Cape pioneering era. In 1795 we see the final months in the Cape under the control of the VOC.

About the author

Dan Sleigh obtained his doctorate in history at Stellenbosh University in 1987. In 2001 he won the Sanlam/INSIG/Tafelberg novel competition for his novel Eilande. This book was later also awarded the WA Hofmeyr, RAU, M-Net and Helgaard Steyn prizes. In 2015, 1795 won NB Publishers’ Groot Afrikaanse Romanwedstryd. This novel also received the WA Hofmeyr Prize and the ATKV Prose Prize in 2017.

What the judges said

It is a compelling novel, characterised by Sleigh’s acute observations and astonishing recreations of small and big societies and the world at large: from an intimate “court” and everyday life on a farm back then, to imperial war events… pure reading pleasure.

The post Kortlys bekend vir Helgaard Steyn-prys vir Skryfkuns | Helgaard Steyn Award for Literature shortlist announced appeared first on LitNet.

Literaal: Registreer hier vir ons internasionale boekklub

$
0
0

Ons eerste internasionale boekklub vir jonger mense het ’n naam: Literaal.

Literaal is ’n lit nuwe klub wat landsgrense oorsteek en wil brûe bou tussen lesers van Suid-Afrika, Nederland en België.

Die eerste gesprek  vind op 1 Oktober om 16:00 plaas op Zoom. Klik hier om te registreer! Dit is gratis.

Jongmense van 15 jaar en heelwat ouer  word genooi om maandeliks met tydgenote ’n boekbespreking aanlyn by te woon. Maak nie saak of jy in Standerton, Suriname of Schiphol woon nie – kom steek saam met ons die grense van jou taal, kultuur én van jou land oor.

Ouer lesers is baie welkom om saam te luister, daar is geen ouderdomsperk nie, maar voorkeur gaan verleen word aan die vrae van jonger lesers en onderwerpe wat hulle sal interesseer.

The post Literaal: Registreer hier vir ons internasionale boekklub appeared first on LitNet.

Broos

$
0
0

Foto: Canva.com

Broos

Klein blou sysie            
hoe graag wou          
ek jou in my meisie-
hande toevou

sonder skade of            
verniel jou veertjie-          
lyf so fyn,            
tingerig nes die jare            
wat verbyvlieg,

probeer ek jou vang            
in skadunet-wip met            
saadjies en ’n proppie        
vol water vir jou dors 

maar jare fladder        
verskrik verby,        
vasgevang in ’n strik
word ons oud

val die wip
die sysie morsdood.

The post Broos appeared first on LitNet.


Laaste lewe: ’n Zoom-gesprek met Fanie Viljoen

Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole

$
0
0

In Suid-Afrika mor baie leerders oor die boeke op voorgeskrewe lyste wat hulle moet lees. Hoe dink Nederlandse skole oor die boeke wat hul leerders in die klas lees? Izak de Vries het dié vraag aan Solet Scheeres gevra. Sy is ’n dosent in Engels by d’Oultremontcollege in Drunen, Nederland.

Cdd20 van Pixabay

Ter inleiding: Wat maak ’n Afrikaanse skrywer in Nederland en hoe lank is jy al daar?

Ons woon al sinds 2004 in Nederland en ons het hier beland omdat my man, eerste-geslag-Nederlander in Suid-Afrika, sy “roots” kom soek het. Ons het toe besluit om te wag tot ons oudste dogter klaar was met skool voor ons sou terug gaan huis toe. Maar toe kry sy na skool ’n plek by die NHTV in Breda om facility management te studeer, en toe bly ons nog ’n bietjie. Daarna was dit ons middelkind wat in Wageningen iets met volhoubaarheid gaan studeer het. Toe ons weer ons oë uitvee is ons jongste telg ingeskryf by die UvA vir psychobiologie en nou vermoed ek dat ons maar sal bly tot die eerste kleinkinders kom …

Ek wil graag meer weet oor lesers as sodanig in Nederland. Lees mense regtig meer daar as in Suid-Afrika? (Ons dink so.) En lees Nederlandse jongmense meer as hulle Suid-Afrikaanse eweknieë?

Ek dink dat middeljarige en gepensioneerde Nederlanders enorm veel lees – veel meer as die gemiddelde Suid-Afrikaner (en ek bedoel nou nie net die tannies wat by die leesfeeste uithang nie) in dieselfde leeftydsgroep. Ek weet nie regtig hoekom nie, maar ek vermoed dat lees vroeër gesien is as ’n wonderlike manier om jou vrye tyd te geniet.

........

‟Maar hoe jonger die ouderdom, hoe moeisamer gaan dit met die leesstatistiek.”

........

Maar hoe jonger die ouderdom, hoe moeisamer gaan dit met die leesstatistiek. Vorige jaar het die PISA-ondersoek ’n droewige prentjie van Nederland se tieners geskets.

So ja, ons jeug se begrypend lees en leesplesier het dramaties agteruitgegaan en daar is hope inisiatiewe aan die gang om iets daaraan te probeer doen. Maar maklik gaan die pad sekerlik nie wees nie.

Interessante webtuistes om na te kyk:

........

‟Ek merk wel op by my kinders op universiteit dat boeke lees besig is om ’n hipster-dingetjie te word.”

........

Ek merk wel op by my kinders op universiteit dat boeke lees besig is om ’n hipster-dingetjie te word. Beide my kinders behoort aan leesklubs wat nogal interessante goed lees. Die klub van my dogter het nou net De eeuw van mijn vader van Geert Mak kafgedraf en my seun se groep het A brave new world van Aldous Huxley gelees. En kennelik het jy nog nie in die groepe gearriveer as jy nie Homo Deus van Harari en De meeste mensen deugden van Rutger Bregman gelees het nie.

Ek kry die gevoel die Nederlandse leerders lees veel “hoër” letterkunde in die skole as wat die geval is in Suid-Afrika. Is ek verkeerd?

Dit is ’n komplekse vraag! Nederlandse hoërskole word verdeel in mavo (vier jaar skool – vervolgopleiding mbo), havo (vyf jaar skool – vervolgopleiding hbo) en vwo (ses jaar skool – vervolgopleiding universiteit).

Daar word van leerlinge in havo en vwo verwag om in die bovenbou (laaste twee jaar) die Nederlandse “kanon” te lees. Hoewel leerlinge self mag kies wat hulle lees, word jeugliteratuur nié ingesluit nie. Daar is skole waar mavo-leerlinge wel jeugliteratuur mag lees.

Hier kan jy ’n indruk kry van wat gelees word.

Dieselfde leerlinge moet natuurlik ook boeke vir Engels, Frans of Duits lees. By ons in die Engelse klas mag almal ook YA-boeke lees. En ek weet by Duits is daar ’n paar ou staatmakers wat altyd weer hulle opwagting maak. Ook by ons mag leerlinge self kies wat hulle lees.

In ’n onlangse artikel op LitNet Akademies is die morele plig van die onderwyser uitgelig in die mediasie van omstrede kwessies wat in die klaskamer bespreek word. Van jou verstaan ek dat “omstrede” in Nederland dalk iets anders sou beteken as in Suid-Afrika. Sou jy wou uitbrei?

Dit is weer eens ’n redelik komplekse antwoord. Die Nederlandse regering finansier “bijzonder scholen” en “openbare scholen”. Onder “besondere” skole kry jy onder andere skole vanuit ’n spesifieke religieuse oortuiging (Hindoe; Islamitisch; Protestants-christelijk; Reformatorisch; Rooms-katholiek).

“Openbare” skole het geen spesifieke religieuse oortuiging nie. Skole uit die Reformatorische hoek het beslis veel meer taboes as openbare skole. Dieselfde geld sekere Muslimskole.

Ek weet van Reformatorische skole waar die vroulike onderwyseresse nie eens langbroeke mag dra nie, en daar sal die evolusieteorie beslis ook nie ’n plekkie in die klas kry nie! En ek vermoed die booshede van die duiwel sal ook in so ’n skool uitgebreid behandel word.

Aan die ander kant is daar ook meer gematigde besondere skole: In Protestantse skole word die dag dikwels nog met ’n stukkie uit die Bybel begin, maar dit is ook so ongeveer waar dit eindig (ek veralgemeen nou kwaai). Ek self hou skool by ’n Katolieke skool en buiten ’n “Kerstviering” het ek nog niks van geloof gemerk nie. Die duiwel het die gebou al jare gelede verlaat.

........

‟Die duiwel het die gebou al jare gelede verlaat.”

........

Maar oor die algemeen is seks nie ’n taboe by skole nie. Seksvoorligting is helder en duidelik en Nederlanders het (soos die meeste Europeane) nie ’n probleem met naaktheid en seks nie. Ook daarom is ons tienerswangerskappe besonder laag. In 2015 het daar 6 000 meisies onder 20 swanger geraak. In ’n bevolking van byna 18 miljoen is dit min. Natuurlik is jou vrye keuse om ’n aborsie te kry hier vanselfsprekend. Kinders wat seksueel aktief is, is nie regtig iets waarmee die skool hom bemoei nie, tensy dit natuurlik met ’n onderwyser is – dan word dit in ’n baie ernstige lig gesien. Die biologie-onnie en skoolberader is gelukkig altyd bereid om moeilike vrae te beantwoord.

Ek is op die oomblik besig met ’n lesreeks oor LGBTQ+ en ons duik redelik diep in die materiaal in. Ons is nou net klaar met rassisme en dit was interessant om met die kinders te praat oor Zwarte Piet wat nou al jare lank ’n doring in menige vlees in Nederland is. Die onlangse Black Lives Matter het die kinders se verbeelding ook aangegryp, en ek kry die idee dat hulle tog meer sensitief word oor Nederland se slaweverlede en rassisme in Nederland in die algemeen.

Ek het nou hard en lank gedink wat nie aanvaarbaar is om oor te praat in die klas nie (hoërskool) en al waaraan ek kan dink is dat jy nie Mein Kampf mag doen nie, want dis ’n verbode boek. Ek kan my voorstel dat jy probleme/diskussies mag kry as jy jou ten gunste van pedofilie, die doodstraf, besit van wapens, kinderbruide en vrouebesnydenis uitspreek.

........

‟Een van ons grootste take op die oomblik is om leerlinge te leer om te onderskei tussen regte en vals nuus (nep nieuws).”

........

Een van ons grootste take op die oomblik is om leerlinge te leer om te onderskei tussen regte en vals nuus (nep nieuws). Die onwaarhede wat op sosiale platforms as die waarheid verkondig word, word as een van die grootste gevare vir die Nederlandse demokrasie gesien.

In die LitNet Akademies-artikel word daar hierdie mooi stelling gemaak: “Die taalonderwyser, as medieerder, kan leerders in ’n geborge klaskameromgewing aan die hand van die voorgestelde riglyne (...) tot ontwikkeling as kritiese en probleemoplossende lesers begelei, waarop selfgerigte vryetydlees moontlik kan volg.” Hoe ervaar jy dit as opvoeder?

Hier word onderskei tussen “begrijpend lezen” en “vrij lezen”. Begrypend lees beteken dat jy kinders leer om informatiewe tekste krities te lees en om vrae te beantwoord. Vrylees het meer te make met fiktiewe tekste en storieboeke. Vrylees word nie so gereeld soos begrypend lees getoets nie. Die toetse bestaan dan ook uit oop vrae eerder as die meerkeusevrae van begrijpend lezen. Soms sal ons ’n uittreksel uit ’n boek of ’n kortverhaal aan ’n bepaalde tema koppel, maar oor die algemeen mag leerlinge hulle eie boeke kies en voorlê aan jou vir jou toestemming. Dit is dan ook hoe ons glo ons vrylees bevorder – in die Engelse afdeling “behandel” ons hoogstens een storieboek ’n jaar vir ’n tyd lank (meestal met ’n projekboek vol aktiwiteite).

........

‟Dit impliseer dat jy altyd ’n storieboek in jou tas moet hê, wat dit duidelik maak dat vrylees net so belangrik soos wiskunde is.”

........

 Ons resep:

  1. Maak seker dat daar ’n reuseverskeidenheid boeke is om uit te kies.
  2. Leerlinge moet self kies wat hulle wil lees.
  3. Die keuse moet gegrond wees op plesier.
  4. Verpligte 10 minute lees aan die begin van elke les (tale).
  5. Dit impliseer dat jy altyd ’n storieboek in jou tas moet hê, wat dit duidelik maak dat vrylees net so belangrik soos wiskunde is.

Jy is ook ’n skrywer, en heel suksesvol met iets soos die Glamdivas wat pas weer in ’n heerlike, dik omnibus verskyn het. Dra jy ’n ander hoed wanneer jy vir Afrikaanse leerders skryf, in terme van “moraliteit”, as wanneer jy in ’n Nederlandse klaskamer staan?

Vroeër wel – ek neem egter aan dat uitgewers en die moeders van lesers in Suid-Afrika nou al meer oopkop is as 15, 20 jaar gelede? Maar dit maak nie regtig saak wat my moraliteit is nie – dit gaan oor die moraliteit van die uitgewers wat uiteindelik bepaal wat in jou boek verskyn en wat nie.

Ek sal egter nie sommer in ’n Afrikaanse storieboek vir kinders die bestaan van God in twyfel trek of kritiek op tekste in die Bybel gee nie, terwyl dit wel onderwerpe is wat soms in my klas ter sprake kom as ons literatuur en gedigte bespreek en die konteks vra vir kennis van die Bybel en/of geloof.

Die meeste kinders in ons skool het geen kennis van die Bybel nie en begryp nie waarom daar mense is wat glo in ’n god nie.

........

‟Ek sleep sakke van my eie boeke deur die skool.”

........

Wat is jou tegniek om vryetydlees aan te moedig?

As jy nie self lees nie, kan jy nie ander probeer aanmoedig nie.

Voorlees aan kinders van hulle geboorte af is regtig belangrik.

As ’n kind belangstel in iets, koop boeke daaroor.

As ’n kind baie sukkel om te lees, stel hom bekend aan luisterboeke.

Sorg vir ’n oorvloed aan boeke. Ek sleep sakke van my eie boeke deur die skool om uit te deel indien ’n kind nie meer by die bib ’n boek mag leen nie agv ’n agterstallige betaling.

Gaan sit iewers in ’n stil plek, sit jou selfoon langs jou neer, lees ’n boek vir ’n uur lank sonder om een maal op jou foon te kyk. As jy dit nie self regkry nie, mag jy nie met ’n kind raas wat dit ook nie kan regkry nie!

Lees ook:

Literaal: Registreer hier vir ons internasionale boekklub

Gesprek: Omstrede kwessies in Afrikaanse en Nederlandse jeugliteratuur

Riglyne vir die mediëring van omstrede kwessies in Nederlandse en Afrikaanse jeugverhale

The post Storieboeke vir "vrylees" net so belangrik as Wiskunde in Nederlandse skole appeared first on LitNet.

Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Quinton Adams

$
0
0

Nege wonings op ’n agterplaas in Stellenbosch. Een toilet. Een kraan. Een buitetoilet vir sewe families. Om ’n buitetoilet te gebruik is lewensgevaarlik vir vrouens. In die Kaap wag honderde duisende mense vir huise. Dié wat al dekades op waglyste is, word laer afgeskuif.

’n Opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, maak dit sy missie om waardigheid te herstel en lewens te herbou. Hy vertel vir Freek Robinson meer oor The Shackbuilder-projek.

The post Reguit met Robinson: ’n Zoom-gesprek met Quinton Adams appeared first on LitNet.

Clicks se “herrie-advertensie”: risiko’s, kontrole en besluitneming

$
0
0

The decision-making path can be complicated. [Sometimes] it is unclear who should make the decision, and there is always the possibility that the decision will be impractical, wrong or harmful. (Gebelein, Nelson-Neuhaus, Scube, Lee, Stevens, Hellervik en Davis 2004:15)

Foto’s: Pixabay; https://www.toc-goldratt.com/en/product/management-dilemmas-the-toc-approach-to-problem-identification-and-solutions

  1. Inleiding

Tydens die onlangse herrie oor die omstrede Clicks-advertensie het die hare behoorlik gewaai. Beskuldigings is oor en weer geslinger, saakbeskadiging is gepleeg en personeel is geskors. Sou dit enigsins sinvol wees om (van buite) enkele deurslaggewende onderliggende faktore te probeer identifiseer wat in ’n korporatiewe bestuursomgewing van kardinale belang is en meer lig op hierdie dilemma kan werp?

Indien ’n kliënt ’n eenvoudige banktransaksie via die dienste van ’n bankteller wil uitvoer en ’n redelik groot bedrag geld vanuit sy persoonlike rekening na ’n eksterne bankrekening oorplaas (bv vir die aankoop van ’n motor, of oorbetaling van ’n bydrae tot ’n vastetermynbelegging), word vereis dat die teller vooraf die goedkeuring van die bankbestuurder ontvang voordat die transaksie deurgevoer word. Direkte kontrole gaan dus gepaard met die uitvoering van die besluit.

’n Bepaalde opleidingsprogram van ’n kandidaat wat gekeur is om ’n internskap in sielkunde te doen, word meestal na 12 maande afgesluit met ’n finale mondelinge evaluering waartydens die teoretiese en praktiese fasette van die program (soos diagnostiese en psigoterapeutiese vaardighede, kennis van psigopatologie en diagnose, onderlegdheid in psigometriese assessering, etiese beginsels, verslagskrywing- en navorsingsvaardighede) gekontroleer word. Eers nadat konsensus verkry is deur die evalueringspaneel op grond van die kandidaat se optrede tydens die paneelonderhoud, word aanbeveel dat die persoon amptelik by die Beroepsraad vir Sielkunde as ’n sielkundige kan registreer. Die finale besluitneming oor die professionele toekoms van die kandidaat volg dus op ’n proses van deeglike en direkte deurlopende ingeboude kontroles.

Wat die Nasionale Vervolgingsgesag (2014) betref, word besluite oor vervolging, soos vervat in ’n klagstaat teen ’n beskuldigde, op ’n deursigtige en gedissiplineerde wyse gedoen met ernstige gevolge indien die beleid nie gevolg word nie. Daar is altyd twee aanklaers betrokke by vervolgingsbesluite, van wie een die klagstaat opstel op grond van die getuienis in ’n polisiedossier. Die prosedure word uitgevoer teen die agtergrond van die Grondwet, die strafprosesreg, die strafreg, die bewysreg en met inagneming van vorige hofuitsprake. Dit vorm dan die fondament van direkte kontrole en die basis waarop regverdige en weldeurdagte besluite geneem word (Van Niekerk 2020).

Ten spyte van deeglike toesig en kontrole kan foute steeds insluip in die besluitnemingsproses, omdat die neem van besluite verweefd is met komplekse sisteme wat nie in eenvoudige swart en wit kompartemente gegiet kan word nie. Die bankteller kan byvoorbeeld om een of ander duistere rede dalk nie die bankbestuurder raadpleeg nie, en sodoende ’n verkeerde besluit neem. Besluite kan oor 'n internskap geneem word terwyl alle inligting nie tot die paneel se beskikking was nie; toevallige oordeelsfoute kan in klagstate insluip.

Wat kon dan verkeerd geloop het in Clicks se besluitnemingprosesse en -sisteme wat daartoe gelei het dat die groep in so ’n intense advertensiedilemma gedompel is? Was dit dalk ’n gebrek aan sinvolle en logiese direkte kontrole in die rapporteringslyne? Het soortgelyke foute wat kritieke besluitneming betref, voorheen in hierdie maatskappy voorgekom? Moet ons aanvaar (volgens Gebelein ea 2004) dat alle besluite altyd risiko’s inhou, dat die uitkomste onprakties, verkeerd en selfs skadelik kan wees?

Hoe behoort hierdie soort risiko’s bestuur te word?

Volgens Brand-Jonker (2020) het Clicks se aandeelprys enkele dae na die advertensievoorval betreklik min verandering getoon. Die aandeelhouers “kyk blykbaar deur” die verwikkelinge en verwag dat die oproer sal oorwaai. Die gebeurtenis is nog nie groot genoeg om Clicks se waardasie aan te tas nie. Die uitvoerende hoof, Vikesh Ramsunder, het gesê die foto’s en advertensie is deur die produk se verskaffer voorsien, maar dat dit steeds ’n oordeelsfout was om die advertensie te plaas.

Die finansiële reperkussies kan dalk teoreties gesproke redelik vinnig verbyskuif, maar wat van die impak op sosiale en menseverhoudinge binne ’n komplekse en sensitiewe politieke opset soos in Suid-Afrika? Hoe lank gaan die oorlogswolke nog met ons bly?

  1. Opname

Ten einde self meer duidelikheid oor en perspektief op die aangeleentheid te kry is die volgende vraag deur middel van sosiale media aan 25 persone met bewese bestuurservaring op ’n senior vlak in die korporatiewe sektor, privaatsektor, akademie en staatsdiens gestuur: Wat het volgens jou mening verkeerd geloop in Clicks se bestuurstelsel dat so ’n sensitiewe advertensie opgestel is en deur hul stelsel geglip het?

Die gerieflikheidsteekproef het bestaan uit 84% mans en 16% vroue; 28% was jonger as 40 jaar en 72% ouer as 40 jaar. Ses persone (24%) het nie op die vraag reageer nie; 76% het dus wel. Die persone wat nie reageer het nie, het wel verskeie sinvolle redes daarvoor aangevoer. Drie persone het, nadat die artikel voltooi is (maar voor publikasie) kommentaar oor die inhoud (veral oor moontlike regsimplikasies) gelewer.

In ’n seleksie van response is onder ander die volgende faktore as redes vir die reklameherrie aangevoer: geen bemarkingskundigheid; blindelingse finansiële najaging; gebrek aan sensitiwiteit; gebrek aan goeie bestuursoorsig; verantwoordelike persoon in bemarking het die opdrag afgeteken sonder om die implikasies deeglik te bedink; onnadenkendheid; gate in die bestuurslyne; gebrekkige kundigheid; aanduidend daarvan dat ’n regverdige en weldeurdagte besluit ontbreek; ’n opvallende fout wat nie per abuis kon deurgeglip het nie – moes met voorbedagte rade gedoen gewees het; dalk sabotasie deur ’n ontevrede werker; ongelooflike onsensitiwiteit vir sosiale kwessies; swak redigering en oordeel deur die moedermaatskappy; skep die indruk dat die advertensie blatant geplaas is om reaksie te ontlok; naïewe bestuur wat rassistiese implikasies oorsien; groot fout deur junior personeel wat deur senior personeel misgekyk is; tipiese millenniumdenke, sien nie kleurimplikasies raak nie; bestuur is blind vir rooi vlae; advertensies behoort nooit vinnig afgehandel te word nie, beleid en sisteme het nie in die maatskappy bestaan nie; advertensie oorskry ’n grens wat aweregs en skadelik vir die beeld van Suid-Afrika is; die faux pas is nie duidelik nie, maar die sondaar is waarskynlik die advertensiekuns wat verplig is om die aandag van verbruikers te trek; opdrag is aan junior personeel toevertrou sonder behoorlike kontrole.

Kommentaar wat voor publikasie oor die artikelinhoud ontvang is, het die volgende opmerkings ingesluit: Maatskappyreklame is uiters belangrik en behoort nie uitsluitlik aan ’n bemarkingsafdeling oorgelaat te word nie. Na regte behoort die persepsies en houdings van verbruikers vooraf getoets te word by wyse van goedgestruktureerde meningsopnames. Ondernemingsbesluite wat ’n organisasie se lewenslyn raak, behoort deur ’n besluitnemingspaneel geneem te word wat konsensus in mekaar se teenwoordigheid bereik. Was hierdie besluit nie dalk gedurende die inperkingstyd op ’n elektroniese basis geneem wat onverwagte tegniese komplikasies van sy eie kon meebring nie? Deur die gebruik van besluitnemings­kontrolevraelyste behoort juis ook verbandhoudende presedente uit die verlede in ag geneem te word. ’n Paar jaar gelede het ’n soortgelyke situasie ontstaan met ’n advertensie- en bemarkingsveldtog deur ’n ander bekende kleinhandelaarsonderneming.

Soos verwag is, is ’n breë spektrum van menings gegee of redes aangevoer. Interessant is die mening dat die advertensie ’n blatante poging sou kon gewees het om skade te berokken, asook dat naïewe millenniumdenke ’n oorsaaklike faktor was. ’n Opvallende gemeenskaplike faktor in die kommentare wat duidelik na vore kom, is die kwessie dat hierdie bepaalde risiko nie effektief bestuur is nie. Wanneer ’n nuwe opdrag aan ’n korporatiewe span gegee word, of indien ’n nuwe produk ontwikkel word, behoort toesig en kontrole deur kundige projekbestuurders uitgevoer en gefinaliseer te word. Vergelykbare lesse uit die verlede is blykbaar ook nie volledig in berekening gebring nie.

  1. Literatuur

Wat word in die literatuur oor kontrole geskryf?

  • Die eerste bousteen is realistiese besluitneming.

Gebelein ea (2004) wys op spesifieke kriteria wat ’n rol speel by korporatiewe besluitneming. Vrae soos die volgende behoort deurgaans gevra te word: Wat kan die impak van die besluit op die bedryfstelsels wees? Is die logika waarop die besluit berus, deeglik begrond? Bevorder die besluit belangrike besigheidsprioriteite? Is dit in ooreenstemming met korporatiewe waardes? Is die besluit aanvaarbaar vir alle betrokkenes? Maak die besluit voorsiening vir die inagneming van toepaslike data en navorsingsbevindings, toekomsperspektiewe en humanitêre sensitiwiteite? Neem die besluit alle voor- en nadele sowel as risiko-elemente in ag?

  • Die tweede, daaropvolgende bousteen is dus risiko-ontleding.

Risiko-ontleding sluit die volgende beginsels in: Omdat onsekerheid in enige besluitnemingsproses altyd aanwesig is, bevat elke besluit elemente van risiko. Die vermoë om berekende risiko te identifiseer en te bestuur is ’n kenmerk van vaardige bestuurders. Bepaal altyd watter inligting ontbreek, wat die blinde kolle is, wat dalk misgekyk kan word. Wat is die risiko om ’n bepaalde besluit te neem, uit te stel of nie te neem nie? Verminder die potensiële impak van die risiko’s wat op ’n gegewe tydstip reeds bekend is. Stel ’n kontingensietabel op van risiko’s wat reeds bekend is, asook wie geraadpleeg sal word indien verdere onverwagte risiko’s opduik. Kry duidelikheid oor hoe die span sal weet indien ’n besluit ’n potensieel verkeerde besluit is. Ontleed die implementeringsproses en bepaal kritieke punte wanneer die besluitnemingsproses gestop sou kon word indien nodig (go / no go decision points).

  1. Gevolgtrekkings

Daar is natuurlik vele ander belangrike boustene, soos analitiese vaardighede, vernuwing asook kliëntebelange wat met goeie korporatiewe bestuur en deeglike besluitneming verband hou. Dit is verkieslik dat komplekse dilemmas vanuit die hoek van komplekse sisteme beskou en ontleed word. Die doel van hierdie artikel is juis om nie ’n ingewikkelde proses te oorvereenvoudig nie, maar eerder om die duidelike rol wat spesifieke elemente soos risikobestuur, deeglike kontrole en toesig in besluitneming speel te beklemtoon. Omdat alle bestuursisteme uiters kompleks is en dikwels grys areas oplewer, is dit moontlik dat beginsels van kontrole, risiko-analise en besluitneming sover moontlik gevolg word, maar nogtans sluip oorsigfoute ongesiens in wat die eksterne ontleding van die etiologie van gebeurtenisse soos die “herrie-advertensie” bemoeilik.

__________________________

Eindnotas

¹ Baie dankie aan diegene wat die moeite gedoen het om wel op my vraag te reageer. Hul response het my perspektief oor ’n uiters moeilike vraagstuk verbreed. Ander kommentaar wat ontvang is voor publikasie het beslis daartoe bygedra om die gehalte van die inhoud van die artikel te verhoog. Die drie regskenners wat die artikel vanuit ’n regsperspektief gelees en kommentaar gelewer het, word bedank vir hulle bereidwilligheid om hulp te verleen.

² In die eerste paragraaf van hierdie artikel word na “die pleeg van saakbeskadiging” verwys. Die artikel deur Thuli Madonsela in die Financial Mail gee ’n interessante perspektief hierop.

 

Bibliografie

Brand-Jonker, N. 2020. Clicks se aandeleprys skrik nie vir hare-herrie. Die Burger Sake, 9 September, bl 12.

Gebelein, SH, KJ Nelson-Neuhaus, CJ Scube, DG Lee, LA Stevens, LW Hellervik en BL Davis. 2004. Successful manager’s handbook. Minneapolis, Minnesota: Personnel Decisions International.

Nasionale Vervolgingsgesag. 2014. Prosecution Policy Directives. Policy Directives issued by the National Director of Public Prosecutions.

Pienaar, W. 2020. Persoonlike kommunikasie. 11 September.

Van Niekerk, L. 2020. Persoonlike kommunikasie, Stellenbosch, 10 September.

The post Clicks se “herrie-advertensie”: risiko’s, kontrole en besluitneming appeared first on LitNet.

Gevaar by die dam

$
0
0

Foto: Canva.com

Gert Visser sit langs die viswaters by ’n dam net buite die Paarl. Hy is verlig dat hy uiteindelik, nadat die regulasies merkbaar verslap is, weer kan visvang by die klub se dam. Hy hoef nie meer rond te sluip op die gholflandgoed waar hulle bly om iets te vang nie. 

Alhoewel hy beperkte sukses gehad het met sy klandestiene visvangekspedisies op die gholflandgoed, het hy heeltyd baie daarna uitgesien om langs ’n plaasdam, oop en bloot en met oorgawe, in die teenwoordigheid van ander hengelaars, spontaan te kan visvang. Die geleentheid het hom nou uiteindelik voorgedoen. In terme van die reëls van die hengelklub, waarby hy net voor die grendeltydperk aangesluit het, kon hy ’n bespreking doen en het hy dus vroeg op die betrokke Sondagoggend met sy hengelgereedskap en nuwe visstokke slaggereed na die dam gery.

Gert geniet die rustigheid langs die dam met geen bekommernisse in die wêreld, veral op ’n Sondagoggend aan die begin van die lente. 

Sy vrou, Annabe, het weer in Junie by die Waterfront begin werk nadat sy ook vir ’n geruime tyd tydens die grendeltyd saam met hom by die huis was. Teen die einde van Mei was dit vir hom duidelik dat sy verveeld was en daarna uitgesien het om terug te gaan werk toe, al is dit net om nonsens te gesels met haar kollegas. As gevolg van sekere regulasies wat nog in plek is, is daar tans nie juis toeriste by die Waterfront nie.

Gert het seker gemaak dat hy genoeg padkos ingepak het vir die hele dag langs die dam. Hy het die toebroodjies self gemaak: ham, kaas en eier, sy gunsteling kombinasie. Hy het ook ’n paar alkoholiese drankies saamgebring, onder andere ses biere, ’n bottel gin, tonic water, ’n paar glase en ’n sak vol ys wat hopelik nie te gou sal smelt nie.

Ter voorbereiding vir die ekspedisie het hy in sy stoorkamer rondgekrap en afgekom op ’n Cobb-braaitoestel wat perfek geskik is vir dié tipe buitelug-ekspedisies. Hy het ook ’n paar skaaptjops, aartappels en twee mielies ingepak wat sal dien as middagete.

Dis net jammer dat sy beste vriend, Marcus, nie kon saamkom nie. Hy het eers ja gesê en hom toe twee dae later teruggebel en gesê dat sy vrou iets gereël het vir dié Sondag. Hulle moet glo saam met vriende gaan blomme kyk langs die Weskus.

Gert pak al sy visvanggereedskap uit en parkeer dan sy motor veilig en binne stapafstand. Hy berei die regte aas voor, plaas sy twee visstokke langs die dam en wend die aas naby die hoeke aan. Met ’n gemaklike aksie gooi hy die aas in en sien hoe dit met ’n plons die water tref. Hy plaas die visstokke op hul staanders en gaan sit op die kampstoeltjie wat hy spesiaal vir dié geleentheid gekoop het. Nou kan hy vrede vir sy siel hê en die dag probeer geniet.

In die verte sien hy die nabygeleë berge net buite die Paarl. Dit lyk of die een bergpiek nog ’n bietjie sneeu op het. Miskien verbeel hy hom. Dis hoogtyd dat die lente ten volle posvat. Hierdie winter was besonder koud en nat. Al wat nog moet gebeur is dat Eskom die ligte vir langer tydperke afskakel. Dan bly ons werklik in donker Afrika.

“Ekskuus, Oom,” hoor Gert skielik iemand agter hom praat. Hy kyk om en sien ’n jong man en twee van sy vriende na hom aangestap kom. Hulle lyk soos studente maar is gebou soos rugbyspelers; lank, lenig, gespierd en atleties. Die voorste een kom nader en voor Gert staan. “Jammer om te pla, Oom, maar dit is eintlik óns visvangplek hierdie. Sal Oom omgee om so ’n honderd meter verder aan te skuif en daar te gaan parkeer?” 

Gert weet vir eers nie wat om te sê nie. Hy kyk om hom rond en sien geen kennisgewingborde of aanduidings wat plekke afbaken of nommers bevat of wat inligting verskaf oor wie waar mag en kan visvang nie.

“Ekke ... ekke ... sien geen kennisgewings wat sê waar ek mag visvang nie. Ek het my naam vir die klub gestuur en hulle het gesê dat ek vandag ingesluit is op die lys van mense wat hier kan visvang. Ek besef dit is ’n private visvangklub en dat slegs lede hier kan vang. Ek het net voor die grendeltyd begin het formeel aangesluit. Julle kan vir Jaap, die voorsitter, bel om seker te maak.”

“Dis nie waaroor dit gaan nie, Oom. Ons is al redelik lank lede van hierdie klub en vang altyd op hierdie plek vis. Die meeste van die gereelde lede weet dit nou al en gaan parkeer en vang elders langs die dam.”

“Wel, toe ek aangesluit het, het Jaap vir my ál die reëls en regulasies gestuur,” gaan Gert onverpoos voort. “Ek het niks gelees van bespreekte plekke langs die dam nie. Die e-pos wat onlangs tydens die grendeltyd uitgestuur is, het ook geen melding gemaak van spesifieke plekke nie. Die enigste beperking is die hoeveelheid mense wat op ’n gegewe dag mag visvang.”

“Luister, Oom, ek vra jou vir die laaste keer om jou goed op te pak en ten minste ’n honderd meter verder aan te skuif,” sê die voorste een. Hy kom nog nader en kyk Gert diep in die oë. Hy leun nog vorentoe met sy gesig nou enkele sentimeters van Gert s’n af.  Die ander twee staan verder terug met hulle hande op hul heupe en kyk dreigend in Gert se rigting.

Gert besef dat hy nou met ’n netelige situasie te doen het. Hy is duidelik nie voorbereid vir hierdie tipe konfrontasie nie. Alhoewel hy geensins in ’n posisie is om homself fisies teen hierdie jong manne te verdedig nie, besef hy egter dat sy ervaring as ’n eertydse spesialetaakmag-lid van die Suid-Afrikaanse Weermag hom vandag hopelik handig te pas sal kom. Wat hy gaan doen, weet hy nog nie. Hy is nie gewapen nie. Hy is nie fiks nie. Hy was lanklaas in ’n geveg betrokke. Hy is veel ouer as die drie jong gespierde manne. Hy weet ook nie of hulle gewapen is nie. Tot dusver het nie een van hulle ’n wapen te voorskyn gebring nie. Hulle hoop seker dat hy sal skrik en padgee soos enige ouerige man in sy situasie seker maar sal doen.

Gert haal sy selfoon uit sy broeksak. “Wel, laat ek net gou vir Jaap ...”

“Vir die heel laaste keer, Oom, pak jou goed op en skuif! My geduld is op,” sê die voorste een. Die ander twee kom nadergestap en hulle omring hom. Die een links van Gert is effens korter as die ander en kom skielik met ’n mes te voorskyn. Dit lyk vir Gert asof dit nie ’n jagmes is nie, maar eintlik ’n vismes waarmee ’n mens gewoonlik ’n vis vlek.

Die volgende oomblik suis een van Gert se visstokke se katrol soos ’n vis die aas vat en met die hoek in sy bek vasgevang probeer wegkom. 

Almal se aandag is nou op die visstok. Sonder om te dink hardloop Gert na die stok, lig dit uit die houer en pluk dit na hom toe. Hy begin dadelik katrol. Dit voel soos ’n grote. Hy kan nie hierdie een laat wegkom nie. Sonder om aarsel ruk hy die visstok weer. Die drie jong manne kom nou dreigend nader. Hulle lyk nie gelukkig nie. Gert besef dat sy situasie verder verswak het. 

Die volgende oomblik duik die voorste een Gert van sy voete af en hy slaan op die grond neer met die visstok wat wegspat en aan die ander kant van sy visvanggereedskap te lande kom. Gert probeer orent kom, maar die voorste een is op hom en druk hom teen die grond vas. Hy kyk op en sien die ander twee om hom staan. Die kort een het nog steeds die mes in sy hand en skuif dit van die een hand na die ander. Die derde een staan reg langs hom, met sy hande in sy sakke en ’n breë glimlag op sy gesig.

“Wat om hemelsnaam gaan hier aan? Wat wil julle eintlik hê?” skree Gert. “Ek is hier om vis te vang. Los my uit!” Die voorste een het sy hand op Gert se bors en met sy ander hand haal hy ’n pistool uit en druk die koue loop teen Gert se voorkop.

“Oom het duidelik nie ore nie of is heeltemal doof,” sis hy, sy mond sentimeters van Gert se oor af. “Oom kan nie hiér visvang nie. Dit is óns plek. Loop nou of ek trek die sneller!”

Gert draai sy kop en sien hoe sy visstok deur die vis in die dam ingetrek word. Wat ’n nagmerrie. ’n Mens kan nie eers meer vreedsaam op ’n Sondag langs ’n dam buite die Paarl visvang nie. Hy besef hy sal nou iets moet doen. “Oukei, ek gee op. Julle wen. Laat my gaan. Ek sal onmiddellik oppak en huis toe gaan. Julle kan verseker wees dat ek nóóit weer hier sal kom visvang nie!”

Die voorste een ontspan en staan op. Gert kom geleidelik orent en sonder om te dink, dis seker maar die ou taakmaginstink, gryp hy die pistool uit die voorste een se hand en rig dit op hom. “Nou luister júlle vir mý,” sê Gert. “Maak dat julle wegkom voordat ek die polisie bel!”

Die volgende oomblik stop daar ’n bakkie langs hulle en ’n ouerige man spring uit. “Whoa, whoa, stop die lorrie! Julle het nou te ver gegaan met Gert. Dit was veronderstel om net ’n inlywingsgrap te wees om sy eerste visvangekspedisie by die dam te vier. Dit was regtig nie nodig om hom plat te duik en so te dreig nie, Janneman!” bulder Jaap de Goede met ’n effense glimlag op sy gesig. “Visvang is definitief nie vir sissies nie!”

The post Gevaar by die dam appeared first on LitNet.

Vergifnis

$
0
0

Foto: Canva.com

Vergifnis

in die loopgraaf van my gemoed 
skink ek vir oulaas ’n kelkie bloed

tussen vergeelde liefdeswoorde 
lê vele vergete beloftes 
verdwaal in rym en akkoord

want jou dade het dit weerspreek 
jou hande tussen waarheid en leuen 
verdwaal geraak 
die teenoorgestelde begin praat

nou staan ek hier voor jóú loopgraaf 
en strooi reuklose blomblare 
hef dan in vergifnis aan … 
“Amazing grace …”

The post Vergifnis appeared first on LitNet.

My octopus teacher: ’n filmresensie

$
0
0

Foto-erkenning: Netflix

My octopus teacher
Met Craig Foster
Regisseurs: Pippa Ehrlich en James Reed
’n Netflix-dokumentêr

Die gevaar met ’n meesterwerk soos hierdie dokumentêr is dat ’n resensent so oorweldig kan raak dat hy/sy in ’n rits clichés kan verval (“Asemrowend!” “Moet dit nie misloop nie!” “Onverbeterlik!”) wat die leser/kyker oorversadig en geïrriteerd laat. Niks kan regtig ooit so goed wees nie, en dikwels is dit vir die resensent ’n persoonlike ervaring wat hom of haar so oorweldig dat die produk hulle oorweldig. Maar sal ander mense daarby aanklank vind, en indien wel, hoekom?

Nou sit hiérdie resensent met ’n dilemma. Hoe om lof en eer aan hierdie uitsonderlike stukkie lewe in woorde te gee sonder om daardie lofsange nutteloos-leeg en vervelig te maak. Luipraat-resensie-terme. “Want,” noem ’n vriendin by wie dit onlangs aanbeveel is met ’n pruimedantmond: “Niks kan so goed wees nie!”

Wees verseker, hierdie dokumentêr is in sy/haar eie klas (die seekat is vroulik!) wat my as kyker met ontsag vervul het. Nie net oor die verkwiklike ware gebeurtenis en onderwaterfotografie nie, maar omdat dit ’n mens weer nietig laat voel. Jy kom opnuut onder die indruk hoe min ons van ons eie planeet weet, en hoe sekere seediere gestereotipeer word. Ons leef voorwaar op ’n verruklike planeet.

Sedert Jules Verne se 20,000 Leagues under the Sea het walvisse en seekatte ’n onwelriekende naam gekry. Ek onthou nog die skets waarmee ek grootgeword het (dalk nog in ’n groen Skatkis-boek?) van ’n reusemonster van ’n gedrog met tentakels wat gedreig het om ’n ontvanklike klein seuntjie wat daarna gestaar het, te verwurg. Van daardie oomblik af het “seekat” doodgevaar gesimboliseer. Daarom is My octopus teacher aanvanklik met ’n COVID-masker en gesaniteerde blou handskoene benader. O, die vooroordele wat soos slyk in ’n drein rondgedryf het!

’n Doodgewone natuurkundelessie? Watwo! Niks kan verder van die waarheid wees nie. In hierdie manjifieke dokumentêr raak ’n natuurliefhebber bevriend met ’n seekat – eintlik hy en sy broer Damon, wat ook verantwoordelik was vir die Koi-dokumentêr, The great dance: a hunter’s story (2000), waarvan die uwe die première in Upington waargeneem het. Aanvanklik geld alle vooroordele wat soos goudvissies deur die oseaan baljaar.

Mens en seekat ervaar mekaar as bedreigings en vrees vyandskap. Hierdie grepie uit ’n onderwaterlewe verduidelik egter daardie ou cliché wat as ’n liedjie sy plekkie in ons ouers se harte gevind het: “A stranger’s just a friend jou do not know.” Dit verduidelik: Daar is soveel kreature, seediere, visse, en nou seekatte, wat ’n mens in films as gestereotipeer ervaar wat in werklikheid mensvriendelik is, en met wie ons vriendskappe kan begin, dat die kollig nou op hulle moet val.

Dalk moet Disney ook oor hul muiskneukels geraps word vir animasiestereotipering van sekere (see-)kreature as gedrogte. Maar hierdie dokumentêr stel die mistastings reg en slaan dit bloedneus. Dit bewys dat indien jou hart op die regte plek sit, en jy die natuur respekteer, ’n nuwe wêreld kan oopgaan. Dit beteken nou nie jy moet ’n sandhaai vir middagete oornooi nie (jy is dalk die hoofgereg!), maar binne perke ontdek duikers, soos Craig Foster in hierdie geval, ’n dier (vis?) wat nie alleen met hom vriende maak nie, maar eintlik ’n vreemde onderwaterromanse met hom van stapel stuur. En dis wat hierdie dokumentêr so bo gemiddeld, verbluffend en spesiaal maak.

Vergeet eentonige dokumentêre met pratende koppe oor vervelige onderwerpe. My octopus teacher op Netflix is een van daardie ervarings waaruit jy leer en wat jou verryk. Iets wat jy graag wil toekurk. Wanneer die lewe dan werklik knel, wil jy die kurkprop verwyder bloot om daardie paradyslike rustigheid weer te ervaar.

Neem jou afstandbeheerder, klik op Netflix se My octopus teacher, en kyk hoe jou lewe verander. Dit is, om die cliché weer uit die motbolle te ruk ... onmisbaar!

The post <em>My octopus teacher</em>: ’n filmresensie appeared first on LitNet.


My monoloog

$
0
0

Foto: Canva.com

My monoloog      
Hemelbabas

Jou vingerafdruk – pynlik perfek
geprent en geëts
in my hoopvolle hart

Jou hand – vyf vingers vol
gestrek en gevou
om my angstige hart

Jou voet – die sagte spoor
voetpad getrap
in my nou verflenterde hart.

Jou hart – al die kamers daarvan
nou boepensvol
polsend met ewige asem.

Jou menswees bondel op ’n wasige foto
basuin blatant my brandende begeerte:
Hoe sou jy? Waar sou jy? Wat sou jy?

En ek ly, en ly en bly
ly

Here, die vrae versmoor my,
skop nes in my nou verskrompelde hart.

Ek krimp en kreun
keer op keer die konstante klag –
waarheen waarom waarheen daarmee?

Bedaar hart, stil storm!
Jou vingerafdruk’s nou in Abba se hand

Al lê jou lewenslyn vaag op my palm
al was dit kortstondig
en
o
so
min
was dit genoeg om vir ewig
méns binne my te wees.

The post My monoloog appeared first on LitNet.

Refentse se Wandel in my woning: ’n onderhoud

$
0
0

Refentse Morake (foto: verskaf)

Refentse Morake beskryf sy byna oornagsukses as gewilde Suid-Afrikaanse sanger as ’n natuurfrats, maar as jy terugkyk oor sy skrale 22 jaar, is daar meer sulke “toevallighede” as wat die meeste ander mense in ’n leeftyd ervaar, skryf Maryke Roberts met die bekendstelling van Refentse se nuutste enkelsnit, “Stormnag”,  en volledige album binnekort op die mark.

Baie mense ken reeds sy verhaal: As 17-jarige speel hy kitaar voor sy ouerhuis in Unitaspark in Vereeniging, toe Cecilia Marchionna, wat verder af in die straat woon, hom op video opneem en dit op haar Facebook-blad deel. Op die eerste dag kyk 30 000 mense daarna en binne vier dae 160 000. Dat hy talent het en die tonge aan die brand gesing het, was gewis.

Nie lank daarna nie speel hy in Baron van Reedestraat in Oudtshoorn by die KKNK as straatmusikant toe sy gunstelingsanger, Karen Zoid, verbygekom en vir hom R10 in sy kitaarkas gooi. Daardie aand het KKNK-organiseerders hom na agter die skerms van die fees se openingskonsert genooi, waar hy verskeie musieksterre kon ontmoet. Hy tree by Karen se stalletjie, Republiek van Zoid Afrika, op en sy sukses is verseker.

Maar die geluk kom al van baie vroeër met hom saam: Toe hy vyf jaar oud was, kry sy ouma as beloning vir haar lang diensjare by Laerskool Voorwaarts in Meyerton die geleentheid om een kind se skoolgelde geborg te kry. Haar eie kinders is al grootmense en sy kies haar oudste kleinkind. Op vyf gaan die jong Sesotho-sprekertjie graad RR toe. Toe woon hy Laerskool Unitaspark in Vereeniging en Vereeniging Gimnasium tot matriek by.

Sy huistaal is Sotho, maar hy praat ook Zoeloe, Xhosa, Tswana, Pedi en Afrikaans. Sy pa is Zoeloe, sy ma is Tswana en hulle woon in ’n Sotho-omgewing. Tog erken hy dat hy “op skool altyd soos ’n alien gevoel het. Ek het nooit in enige van die groepies waarin mense hulself kategoriseer, ingepas nie.”

Hy was die enigste swart kind in sy klas. Hy vertel dat dit vir ’n rukkie “nogal weird” was. Alles is vreemd: die taal, kultuur, kleredrag. Selfs die reëls oor haarstyle. Hy lag egter as hy erken dat hy baie skuiwergate gehad het, want daar “was nie regtig reëls vir iemand met my hare nie”. Sy ouers was egter baie streng en sy kop was altyd kaal geskeer. Vandag is sy hare lank en weggebind.

Hy sê by hulle huis praat jy hard en duidelik – saggies praat is skinder. By die skool moet jy egter sagter praat – “Ek sit dan hier reg langs jou.” Niemand leer dié kultuurverskille vir jou nie; jy leer op die harde manier. “Dis nie vanselfsprekend nie; jy kom dit gou agter.

“Toe ek met my musiek begin om soveel mense te ontmoet, oorsee te reis en die grense oorgesteek het, het ek besef die grense van my sienswyse is ook gebreek. Ek het gou geleer dat jy nie met mense hoef saam te stem net om te verstaan hoe hulle dink en voel nie. Daar is nie ’n universele reg of verkeerd nie.”

Refentse lag as ek vra of hy kritiek kry dat hy meestal in Afrikaans – nie sy kultuur of moedertaal nie – sing. “Ek dink mense dink my verhaal is meer amusant as offensive. Afrikaans is nie noodwendig vas aan ’n kultuur nie. Omdat my hele lewe so ’n samevlegging van kulture en tale is, het ek nooit regtig uit plek gevoel nie.”

Hoe meer hy met Afrikaanssprekendes te doen het, hoe meer begrip het hy vir die kultuur en hoe meer besef hy dat daar nie groot verskille is tussen die verskillende kultuurgroepe in die land nie – almal streef na dieselfde dinge.

Dit laat my wonder: Hoe definieer hy kultuur? “Dis die wyse waarop mense verkies om te leef; om sekere dinge as volksbesit te sien. Wat ek baie interessant vind, is dat wanneer ek by skole optree, ek beslis nie meer die Afrikaans waarmee ek op skool was, ervaar nie. Die taal het evolve. Daar kan nou al kultuurgapings tussen twee generasies wees, selfs al kom hulle uit dieselfde huis.”

Refentse sê hy glo kultuur behoort nie grense te stel nie. “Grense is lyne op padkaarte en breine,” voeg hy droog by.

Refentse stel sy debuutalbum, My hart bly in ’n taal in 2016 vry, en sy tweede album, Deur my venster, die jaar daarna. Liefdegenerasie volg daarna.

Vandag sing hy “Reisiger”, “Oom Faan se plaas”, “Vuil Vanderbijl” en “Sonvanger” dat mense trane afvee van Kirkwood tot Koekenaap.

Dit laat my wonder: Wanneer hy liedjies sing wat as’t ware volksbesit is, is hy ooit bang dat sy weergawe nie vir gehore aanvaarbaar gaan wees nie? “Ek het nie ’n formule om iets myne te maak nie. Ek sing hierdie liedjies al van kindsbeen af en elke keer is dit anders. Op ’n stadium besluit ek dis hoe ek daarvan hou en dit werk ook vir gehore.”

Hy voeg ook by hy is nie bang vir enigiets nie. “Vrees is my grootste vrees.”

In 2017 word Refentse vereer met vier Ghoema-trofees vir My hart bly ’n taal. Hy stap weg met die pryse vir Album van die jaar, Manlike kunstenaar van die jaar, Digitale album van die jaar en ’n eretoekenning vir beste verkoper. Hy word ook genomineer vir Beste Kontemporêremusiekalbum in die gevierde SAMA-toekennings.

Hy erken dat hy baie gereeld dink hy droom; dat iemand hom binnekort aan die skouer gaan vat en hy gaan wakker skrik. “En dan weer terug wees op skool!” lag hy benoud.

Karen Zoid het destyds deure vir hom geopen, en sy bly een van sy gunstelingsangers, maar die glanspersoonlikheid wat die grootste bydrae tot sy loopbaan gemaak het, is Coenie de Villiers, vertel hy. Hy was nog op skool toe sy foon een oggend lui en hy hoor: “Refentse, dis Coenie de Villiers.” Hy lag as hy onthou dat hy onmiddellik die foon doodgedruk het.

“Ek was bang daar is snaakse agtergrondgeluide, of my vriende maak aanmerkings en ek wou regtig hê hy moes dink ek is die coolste ou ooit.”

Coenie het deurgery om hom touwys te maak oor die musiekbedryf en hom met raad en daad bygestaan, en is ook die grootste rede hoekom Refentse begin het om sy eie liedjies te skryf. “Hy het my jare se skoolgeld bespaar,” vertel hy met ’n groot glimlag.

En voeg dan half ingedagte by: “Hy was die mentor vir my wat hy nooit gehad het nie.”

Ek wonder hardop of hy soms bang is dat die sukses té vinnig, té veel gekom het. Dat hy te jonk is vir al die roem. “Tyd is relatief vir almal. Ek glo ek is presies waar ek moet wees. En as ek aanhou hard werk en my hele wese ingooi, sal ek aanhou uitblink.”

Sy broek beef seker as hy by Afrikaans is Groot of Innibos voor 55 000 mense optree? “Dit maak nie saak waar ek sing nie. Ek gaan half in ’n beswyming – ’n musiekbeswyming – en dan maak die getalle nie saak nie. Solank ek iemand raak met my sang, is dit goed. Of daar twee mense of 20 000 is, die musiek is vir my alles.

“Ek het geen formele sangopleiding gehad nie, maar musiek is deel van ons ryk kultuur. Jy sing in die kerk, by die huis. Dit was nog altyd daar. Toe ek die eerste maal op die verhoog gestaan het, het dit ook só gevoel: asof dit maar nog altyd só was.

“Ek was eenmaal saam met my ouma in ’n klein kerkie, meer in ’n sinkgeboutjie met 20 mense. Geen krag, geen musiekinstrumente. Maar die mense het in agt stemme gesing en dit boonop sonder begeleiding.”

Refentse het homself leer note lees, want, vertel hy, “Ek wil nooit op ’n plek in my lewe kom waar ek nie kan musiek maak nie.”

Hy het as kind een kitaarles gehad en gou besef dit wat die onderwyser hom wou leer, kan hy ewe goed op YouTube leer. “Ek het toe ook besef jy kan nie iemand musiek leer nie; dis binne jou. Elke musikant het sy eie stem. Elkeen sien musiek anders en neem jou na ’n ander plek met sy musiek.”

Vir iemand vir wie daar eerder musiek as bloed in sy are vloei, moet daar tog een liedjie wees wat sy ultimate gunsteling is? “Sjoe, dis soos om te vra ek kies tussen stiefkinders! Valiant Swart se “Sonvanger”. Hy het die mooiste manier gekies om iets só hartseer só mooi te verduidelik. Hy het diep begrip vir mense se denke en soveel diversiteit in sy woorde.”

Toe hy ná Coenie se inspirasie begin om sy eie liedjies te skryf, oordink hy dinge te veel, erken Refentse. “Ek het gesukkel aan die begin, maar toe ek besef ek moet net die waarheid op papier vertel, het dit begin vloei.” Hy probeer nou om elke dag of twee ’n nuwe liedjie te skryf. “Party sal nooit daglig sien nie, maar ek het darem al 20 opgeneem. Op elkeen van my drie albums is van my eie liedjies.”

Aan die begin het hy soms tot 280 optredes per jaar gehad, maar gou besef dat hy moet briek aandraai. “Ek het te veel belangrike gebeure soos Kersfees, Nuwejaar, verjaarsdae en tyd met my familie gemis. Ek was die afgelope vier jaar nie eers alleen of vry op my verjaardag nie. Ek neem dit nou rustiger.”

Refentse woon nie meer by sy ouers, Pule, ’n skoolinspekteur, en Maditlare, ’n produksiebestuurder, nie, al wil hulle so graag hê hy moet. Hy woon in Pretoria en sê dis lekker sentraal – nie net vir opname-ateljees nie, maar ook vir sy verskeie konserte. Hy lag egter as hy byvoeg dat “huis” op hierdie stadium bloot die plek is waar sy klere bly.

Maar hy verlang baie na Vereeniging. “Ek mis die karre wat op ’n Sondagmiddag by McDonald’s verby dice; die plek waar ek my common streep kan uithaal. Ek verlang na my mense,” gesels hy. Hy sê half ingedagte: “Vereeniging is ’n fenominale plek. Ek sal nog eendag teruggaan soontoe; of ook nie. Ek weet nie.”

Hy het tydens die inperking genoeg liedjies geskryf en opgeneem vir ’n nuwe album. Sy enkelsnitte “Stormnag” en “Sannie die loopdop” is in September vrygestel. Sy volle album, Wandel in my woning, word op 9 Oktober vrygestel. Die album se 11 snitte is ’n vrolike mengsel, met Afrikaans, Engels, Sotho, Zoeloe, rock, boeremusiek, mbaqanga, reggae, techno, alternative, rock ‘n roll, ‘n goeie dosis kletsrym en meer wat saam om een vuur sit en kuier en deurgaans verras met ongewone progressies en onverwagte wendings. Dis tegelyk diep poëties, eksperimenteel, tong-in-die-kies en loslit lekker, aldus Sony Music se persverklaring.

“Dit sal ’n wonderlike geskenk aan self wees,” verklaar hy toe ons groet.

Refentse Morake (foto: verskaf)

Nog vrae aan Refentse

Som jouself in vyf woorde op?

Onopsombaar.

Watter les of raad wat jou pa of ma jou gegee het, is iets wat jy elke dag toepas?

Om nooit besluite uit vrees óf uit plesier te maak nie. (Die raad het van sy ouma na sy pa en toe sy ma deurgefilter.)

Drie albums, en jy is 22. Is dit die pad wat jy gehoop het jy sou loop?

My ouers wou hê ek moet ’n prokureur word. Ek het gedink ek sal politiek byvoeg en president word. Ek het nooit gedink ek sou in ’n musiekrigting gaan nie, maar dis waar ek hoort.

Wat is jou doelwitte in die lewe?

Ek glo nie aan doelwitte nie, want dit het beperkings. Ek glo dat jy in jouself moet belê en dinge sal gebeur.

Hoe ontspan jy?

As ek kans kry vir ontspan, speel ek graag kitaar, of sokker of rugby in die straat saam met my vriende. Ek het ook nou begin gholf speel en geniet dit baie. Ek doen ook nou my vliegtuigloodslisensie en is mal oor lugvaart. Dis ’n pragtige kuns.

Ek geniet dit ook om in kerke op te tree. Dis lekker om sonder die applous te sing. Dit gaan nie daar oor jou nie; dit gaan net oor die musiek. Ek is nie ’n fan van celebrity nie, maar ek besef dat ’n groter roeping groter opofferinge noodsaak. My ouers weet ek behoort aan die mense, en aan musiek. En hulle is oukei daarmee.

The post Refentse se <em>Wandel in my woning</em>: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Kleintyd se onthou

$
0
0

Foto: Canva.com

Kleintyd se onthou

my onthou lê ruim 
tussen groen lusernlande 
en beurtwater-leivore 
geelperskes op ogiesdraad 
aan’t uitdroog in die son 
gemmerbier met gedyde rosyne 
gissend in ouma se inloopspens 
en ’n kweperlaning 
wat nuuskierige oë buite hou

sorgvrye dae van kennetjie speel 
in stowwerige sinkplaatstrate 
soggens wag vir die melkkar 
se aanvul van daaglikse kwota 
weglê aan tuisgebakte brood 
swanger gerys in die bakskottel 
kraakbruin kors dik gesmeer 
met botter en stroop

geen TV, internet of lastige fone 
slegs ure se lag en gesels 
onder die druiweprieel 
en as die son kleinkoppie trek 
word saans boeke gevat 
waarna ons sielsalig ingestel 
vir draadloos-vermaak tot laat

herinnerings luim versprei 
wat my vir altyd sal bybly

The post Kleintyd se onthou appeared first on LitNet.

Monumentjies in self-storage

$
0
0

Foto: Canva.com

Monumentjies in self-storage

Die monumentjies van ons liefde vergader stof in self-storage, 
my skat 
mot en roes 
vir maandelikse afkoopboetes verban 
tot halfwegstasies vir verlore drome 
tog, party ontsnap en oorleef 
as brose simbooltjies 
van ’n eeu wat kantel 
in ons jakarandastad.

The post Monumentjies in self-storage appeared first on LitNet.

Erfeniskos in Erfenismaand

$
0
0

Waterblommetjies (foto: verskaf)

Al hierdie getjommel oor Erfenismaand het my sommer van voor af in opstand laat kom. Oor ’n ouma by wie ek so baie kon leer en te vroeg van my weggeneem is. En die ander ouma wat my ma van kleins af weggestoot en haar niks van die lewe, wat nog te sê van die kombuis, geleer het nie.

Maar die ontevredenheid en al die vrae oor my weeskindstatus in die kombuis het my ook van voor af dankbaar gemaak vir die mense wat hul harte en kombuise vir my oopgemaak het. Ek proe hulle in elke pot wat op my stoof prut en elke baksel wat uit my oond kom.

Daar was die tannie op Victoria-Wes. Ek, toe skaars vier, en my boetie, nog kleiner, het by haar kombuistafel gesit en ons verwonder aan die afdruk van De breede weg en de smalle weg wat daar teen die muur gehang het. En die lieflike omhelsing van die geur van varsgebakte brood.

My ouma Drienie, my pa se ma, het my oor Kerstye by die strandhuis na klein kiosks gestuur om tiekies te gaan haal vir die Krismispoeding. Sy het my ook geleer om die lekker soetsuur komkommerslaai te maak waarvoor ek nou nog so lief is. Ek was agt en dit was in daardie tyd toe Neil Armstrong op die maan geloop het.

Dit was ook daardie selfde Kerstyd dat sy daar in die strandhuis inmekaar gesak het. Ek sou nooit weer saam met haar smiddae by die radio sit en help resepte afskryf met Esmé en Jan se So maak mens nie. Al wat ek van haar oorgehou het, is ’n oefeningboekie met ’n paar handgeskrewe resepte en ’n paar kerk- en basaarresepteboekies.

Ek was dertien toe ’n rooiwangseun vir sy mondeling in die Engelse klas ’n trollie by die deur ingestoot en gedemonstreer het hoe ’n mens komkommertoebroodjies maak. Daar was niks spesiaals aan sy metodes nie en sy aanbieding was allermins so flambojant soos dié van die latere TV-sjefs. Maar dis net daar, in die stowwerig klaskamer, dat ek besef het kosmaak is meer as om net te sorg dat jou huismense iets op die bord het wanneer hulle by die tafel kom aansit.

Van daardie oomblik af het ek ’n spons geword. Die mense, die plekke, die geure is te veel om op te noem – ek kan ensiklopedieë vol skryf van al die kosdinge en invloede wat oor my pad gekom het. Die klassieke styl van ’n meester soos Peter Veldsman, die ou Hildebrand-restaurant se Aldo Girolo, en dan was daar die flambojante Fiamma ... net ’n paar van die menigte wonderlike kosmense wat my inspireer het. Ek het, sonder dat ek dit besef het, stelselmatig gebou aan my eie koserfenis.

Karen Hart en Cass Abrahams (foto: verskaf)

Maar die persoon wat die grootste invloed op my koslewe gehad het, is Cass Abrahams.

Ek het haar die eerste keer ontmoet toe ons toevallig aan dieselfde tafel beland het by ’n flouerige kosteater waar alles skeefgeloop het. Die aand was ’n fiasko, maar ek was spyt toe dit tot ’n einde kom – ek kon nog ure lank geluister het na die wonderlike vrou se stories.

Toe haar boek The culture & cuisine of the Cape Malays verskyn, het ek dit onmiddellik aangeskaf en dit het my kookbybel geword. Vóór Cass was my kennis van speserye beperk tot die karige aanbod op die rakke van die supermark. Ek kon nie wag om meer te leer van die nuwe wêreld wat sy vir my ontsluit het nie. Vandag is my eie kombuis ’n towergrot van welriekende kruie en speserye in ’n magdom van flessies en blikke.

Ons tweede ontmoeting – in lewende lywe – het gekom toe ek skaars begin werk het as kosredakteur vir Kuier. Ek het ’n einaklein kombuisie in my woonstel daar teen Leeukop gehad en dis daar waar ek al die geregte moes voorberei vir die fotosessies vir die tydskrif. Daardie een keer moes Cass ook ’n paar resepte vir ’n promosieartikel kom berei. Dit het maar bars gegaan in daardie klein posseël van ’n kombuis, maar sy het vir my die mooiste boodskap voor in my boek geskryf en my agterna vertel sy sê elke aand vir haar man sy bid vir die vrou met die klein kombuis.

Sy het vir my nog méér gedoen as daardie wonderwêreld van geur ontsluit. In die beginjare van my loopbaan as kosredakteur van Kuier het ek eenkant gevoel en was ek desperaat vir ’n bietjie aanvaarding. Met die Suidoosterfees daardie jaar het Kuier ’n spesiale lesersdag aangebied en ek en Cass moes beide ’n kosinsetsel lewer. Ek was baie senuweeagtig en het vreeslik geïntimideer gevoel, want ek moes net ná Cass op die verhogie verskyn.

Sy het nie op die seremoniemeester gewag nie, maar dit sommer op haar geneem om my aan die gehoor bekend te stel. “En,” voeg sy toe by, “hierdie vrou kook al beter as ek.”

Natuurlik was dit nie waar nie, maar dit was asof ek tuisgekom en deel van die familie geword het.

’n Dag of twee voor die grendeltyd het ek ’n dierbare vriend verloor. En tydens hierdie vreemde paar maande moes ek afskeid neem van ’n hele paar mense wat ’n groot invloed op my lewe gehad het. Dit het my net laat besef hoe belangrik dit is om te sê wat jy wil sê terwyl daar nog tyd is: Dankie, Cass, vir my kosbare erfenis.

Ek het in die Karoo grootgeword en maar eers hier in die Kaap met waterblommetjiebredie kennis gemaak. Ek het by Cass, uit haar boek, geleer hoe om dit te maak. En namate ek meer selfvertroue gekry het, het ek die resep aangepas en my eie gemaak. Ook met die hulp van my eie ouma se wondersout.

Vir my is dit erfeniskos op sy beste.

Foto van Cass Abrahams: verskaf

Karen se waterblommetjiebredie

Genoeg vir 6

3 eetlepels olie
3 groterige uie, fyngekap
3 knoffeltoontjies, gekneus en fyngekap
1 rooi brandrissie, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap
7 wonderpeperkorrels
5 naeltjies
1½ kg lamsvleis (ek gebruik ’n mengsel van stowevleis, nek en ribbetjie)
½ koppie droë witwyn (of water)
1 kg waterblommetjies, oornag in soutwater geweek
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
1 opgehoopte teelepel wondersout
6 groterige aartappels, geskil en in kwarte gesny
gerasperde skil van 1 suurlemoen
1 eetlepel suurlemoensap.

Verhit die olie in ’n groot swaarboompot en braai die uie daarin tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel, brandrissie, wonderpeper en naeltjies by en braai vir ’n minuut of twee saam voordat jy die vleis byvoeg. Laat liggies stowe vir so 10–15 minute of totdat die vleis sy eie bruinerige sous begin vorm. Voeg die witwyn by en die helfte van die waterblommetjies. Geur met sout en peper en voeg die wondersout by. Bedek die pot, verlaag die hitte en laat vir 1–1½ uur stadig prut. Voeg die aartappels en res van die waterblommetjies by en laat prut vir nog ’n uur of totdat die vleis van die bene afval en die waterblommetjies en aartappel murgsag is. (Daar is mense wat verkies dat die waterblommetjies nog onder hul tande kraak – ek is nie een van hulle nie.) Bedien saam met ’n lekker witrys en geniet elke happie terwyl jy met diepe dankbaarheid dink aan die mense wat die erfenis so mooi gemaak het.

Wenk: Eintlik moet jy suring gebruik vir daardie tikkie surigheid in jou waterblommetjiebredie. My tweede man se ouma het geglo aan ribboksuring. Maar toe ek hierdie seisoen eindelik waterblommetjies in die hande kry, was daar nie meer ’n enkele suring in my tuin oor nie. Jy kan veldsuring (sorrel) ook gebruik, maar dis selde dat jy dit in die supermark kry. Ek weet deesdae is dit mode om spekboomblaartjies te gebruik, maar dis ’n smaak wat my siek gemaak het in my kinderdae en is beslis nie iets waarvan ek hou nie. Suurlemoenskil en -sap werk goed, maar wees versigtig om dit nie te oordoen nie. Ek vind die kombinasie van die wondersout, witwyn en suurlemoen werk die beste vir my.

En hier is die resep net weer vir Ouma se wondersout:

1 teelepel growwesout
7 eetlepels swartpeperkorrels
2 eetlepels fyn naeltjies
2 eetlepels fyn neutmuskaat
2 eetlepels fyn kaneel
3½ eetlepels droë basiliekruid
3 eetlepels fyn foelie
3 eetlepels koljander
3 lourierblare.

Maal al die speserye saam fyn in ’n speserymeultjie of in jou voedselverwerker totdat dit die tekstuur van fyn sout het. Bêre dit in ’n skroeffles en gebruik ’n teelepeltjie op ’n slag om enige gereg op te kikker. Dit hou tot ses maande lank as jy dit nie voor die tyd opgebruik nie.

The post Erfeniskos in Erfenismaand appeared first on LitNet.

Viewing all 21921 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>