Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21490 articles
Browse latest View live

Skryf in vir 2020 kykNET Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse

$
0
0

Boekresensente word genooi om in te skryf vir die 2020 kykNET-Rapport Boekresensent van die Jaar-pryse waarmee uitnemende resensies in Afrikaans van Afrikaanse boeke bekroon word.

Met dié pryse word erkenning gegee aan Afrikaanse resensente wat boeke en die leesgenot van boekliefhebbers bevorder deur die wêreld van Afrikaanse boeke vir die breë Suid-Afrikaanse publiek toeganklik te maak. Dit dien ook as aanmoediging om hoë standaarde in die Afrikaanse boekjoernalistiek te handhaaf.

Resensente word genooi om in te skryf in drie kategorieë:

  • Resensie: Afrikaanse fiksie (alle genres)
  • Resensie: Afrikaanse niefiksie (alle genres)
  • Langer resensie: 1 500 woorde of meer oor Afrikaanse fiksie of niefiksie

Met die derde prys vir langer literêre resensies word erkenning gegee aan resensente wat Afrikaans en die Afrikaanse letterkunde ook op hierdie vlak verhelder en verruim.

Die wenner in elke afdeling ontvang ’n kontantprys van R25 000.

Die 2020-pryse word toegeken vir resensies wat tussen 1 Januarie 2019 en 31 Desember 2019 in die drukmedia en hoofstroom- aanlyn media verskyn het. Transkripsies van radioresensies word ook aanvaar. ’n Resensent mag ’n maksimum van drie resensies per kategorie inskryf.

Slegs Afrikaanse resensies van Afrikaanse fiksie en Afrikaanse niefiksie kom in aanmerking.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Vrydag 26 Junie 2020.

’n Paneel van drie keurders met Bibi Slippers as sameroeper sal die wenners aanwys uit die resensies wat ingeskryf is.

Met die beoordeling van inskrywings sal die vernaamste kriteria wees dat resensies toeganklikheid vir hul waarskynlike lesers demonstreer en die leesplesier van Afrikaanse boeke bevorder. Daarbenewens sal die keurders op die uitkyk wees vir werk wat:

  • oorspronklike insigte weergee oor boeke wat waarde toevoeg tot die Afrikaanse letterkunde
  • ’n relevante verwysingsraamwerk en konteks toon
  • ingeligte oordeel met goed gemotiveerde en opbouende kritiek weerspieël
  • lesers lus maak om te lees
  • nie op sensasie en afbrekende kritiek fokus nie, en
  • getuig van uitstekende en verfrissende skryfwerk.

Die keurders sal ruimtebeperkings in ag neem.

Die inisiatief om in te skryf berus in die eerste plek by die deelnemer, maar boekeredakteurs en redakteurs word versoek om resensente aan te moedig om deel te neem.

Inskrywings word elektronies ingedien. Waar van toepassing moet inskrywings van gepubliseerde resensies vergesel wees van PDF-weergawes van die resensies soos dit oorspronklik verskyn het tensy vooraf anders ooreengekom met die administrateur van die pryse.

Laai die riglyne en inskrywingsvorm hier af. 

The post Skryf in vir 2020 kykNET <em>Rapport</em> Boekresensent van die Jaar-pryse appeared first on LitNet.


Elders gesien: "Alles begin by menslikheid"

$
0
0

Foto: verskaf

Beer Adriaanse skryf op Facebook:

As selfs die afgesonderde Mennoniete dit kan begryp, behoort wit Suid-Afrikaners nie so te sukkel nie. Black Lives Matter gaan oor ’n spesifieke sistemiese ongelykheid waarmee swart mense al vir eeue lank worstel en waarvoor hulle nou ons hulp vra om dit uiteindelik te verander.

Die versoek is duidelik en eenvoudig: "Sien ons as swart mense (en in Suid-Afrika alle voorheen- en tans benadeeldes) bloot ook as mense. Ewe mens as jy."

As ons as samelewing die polisie en weermag kan kry om nie onskuldige mense dood te maak nie, behoort ons uiteindelik ook kriminele te kan keer om nie byvoorbeeld onskuldige boere en werkers in landelike gebiede te vermoor nie. Maar as ons nie eers ons wetstoepassers kan beheer nie, hoe gaan ons ooit opportunistiese kriminele kan keer?

So verskillend soos hierdie uitgangspunte klink, is dit op die ou einde eintlik deel van dieselfde ragfyn geweefde ketting waarmee die mensdom homself deur die modder en ellende vorentoe sleep. Ware voortuigang is ek kyk uit vir jou en jy kyk uit vir my. ’n Samelewing is slegs veilig as almal daarin ewe veilig is. Niemand behoort dit beter te weet as Suid-Afrikaners wat almal basies PTSD het as gevolg van ons hoë vlakke van misdaad nie.

Alles begin by menslikheid. Ag my lewe en ek ag jou lewe. Dis moeiliker as wat dit klink, want ons is vir eeue lank geleer ons is spesiaal en beter as ander mense. Dis nie noodwendig jou persoonlike skuld nie, maar jy alleen is verantwoordelik daarvoor om dit te verander.

Die doel is om by ’n plek te kom waar ons ewe gewalg is ongeag wie se knie op wie se keel is. Maar vir nou is dit duidelik wie se knie en wie se keel dit is en ons moet daarvolgens reageer.

Ek weet my seepkis is vuil en nie baie hoog nie én boonop vereenvoudig ek die kwessie, maar daar word tans wêreldwyd ’n duidelike lyn in die sand getrek en ek dink dis belangrik om te besluit aan watter kant van daai lyn jy is en wil wees. Ek’s saam met die Mennoniete, en hierdie meisie met haar plakkaat ...

The post Elders gesien: "Alles begin by menslikheid" appeared first on LitNet.

Filmresensie: Hollywood

$
0
0

Hollywood
Met David Corenswet en Jake Picking
Regisseurs en skeppers: Ryan Murphy en Ian Brennan

’n Ruk gelede het Quentin Tarantino die Charles Manson-moorde vrolik herskryf. Sy wraak was selfs meer gewelddadig as die ware moorde. Hy het die menseslagting stylvol opgedis soos hy verkies het dit moes gebeur het in Once upon a time ... in Hollywood (2019).

Nou trippel Ryan Murphy in sy voetspore met sy herwaardering van die goue Hollywood-era nadat 1946 die gewildste rolprentjaar in die geskiedenis was. Maar in die proses het hy lipstiek oor die waarheid gesmeer waarteen fynproewers, veral siniese fliekgangers, beswaar kan maak. Diegene wat glo daar lê ’n goue pot onder die Hollywood-reënboog, soos Judy Garland dit in The Wizard of Oz (1939) besing, sal alles vir soetkoek opeet.

Indien jy dus jou afstandbeheerder op hierdie Netflix-reeks rig en “speel” druk, weet net: Slegs ’n kantsakdoekie-oppervlakte hiervan is waar. Die res is opgetert. Daar is omtrent soveel waarheid in die geïdealiseerde episode 7 as wat daar tequila in jou huis op die laaste dag van die fase 4-grendelgreep was.

Almal is bewus van die troetelbankie (casting couch) in Hollywood wat onlangs weer supersterstatus bereik het nadat Harvey Weinstein dit deurgerits het, oop kamerjas en al. Maar die manlike spelers destyds, soos Troy Donahue, het na die Tweede Wêreldoorlog selde daardie troetelkussinkies onder hul boude gevoel op pad na roem toe. Hulle moes genadeloos op hul knieë neersak of wankelend staande probeer bly om rolle te kry, soos arme Roy Fitzgerald uitgevind het. Nadat hy ’n paar ritteltit-oudisies geslaag het, het hy Rock Hudson geword, en die res is Pillow talk-geskiedenis.

Hollywood gebruik hom, die ene naïwiteit en versiersuikervoorkoms, om gewig aan die Hollywood-sprokie te gee soos Ryan Murphy dink dit moes gewees het. En, ja, hét die geskiedenis maar so verloop, het Brokeback Mountain (2008) dalk vroeër sy tentpenne opgeslaan, en het die #MeToo-beweging vroeër begin.

In hierdie esteties bevredigende weergawe van hoe die pompjoggies by ’n vulstasie meer as brandstof in klante se tenks gegooi het (en dit is waar volgens Hudson se biografie), beland ’n fiktiewe heteroseksuele jongman met ’n ken soos ’n aambeeld (puik gespeel deur David Corenswet) by die pompstasie. Jack Castello ontdek ’n groep joggies met kruise groter as ’n kasregister. En so slaap hy sy pad oop na roem, vrou en kind veilig by die huis.

Met die arme Rock Hudson het dit moeiliker gegaan, en hierdie deel van die storie is grootliks waar. Hy het ’n vernielsugtige agent ontmoet wat sommer van meet af aan katel-eise gestel het. Henry Wilson (’n knap en grillerige Jim Parsons) het hierdie middernagcowboy herskep in ’n superster. In die werklike lewe het Hudson in die huwelik getree om sy beeld te beskerm, maar nie hier nie.

Swart mense is ook gruwelik misbruik en daar is woes teen hulle gediskrimineer – iets waarna die reeks verwys. Rassisme het geseëvier, en dit beeld Hollywood reg uit, maar net tot op ’n punt. Daarna word ’n droomkombers oor die feite getrek.

Al hierdie surigheid in die resensie kritiseer die glanslagie wat oor die reeks gesmeer is. Dit dien as waarskuwing dat die storie vir die oningeligtes is wat net kreukelpapiermooie vermaak soek. Dis gemaak vir kykers wat genotvol wil staar na wat hulle dink in Hollywood gebeur, maar nie altyd waar is nie. In daardie opsig is Hollywood omtrent so na aan die waarheid as ons aan internasionale lugreise op die oomblik. Wás dit maar so gewees, was die droomfabriek die paradys waaroor jong, ambisieuse sterre kon droom – kitsroem met ’n skeutjie katelplesiertjies op pad boontoe. En dit is inderdaad ’n wegsink-in-die-rusbank-reeks, veral vir gay kykers, wat veel vir die oog sal kry. Dit is immers ’n Ryan Murphy-reeks.

Dis so goed geolie (pun intended) soos ’n sportmotor wat deur Hollywood se strate jaag. Die kinematografie dartel deur kleurryke stelle, oor strate vol sterre, deur fluweelslaapkamers tot by troetelbankies, en rus dan bewonderend op kaal bolywe. O ja, dit bied gewis waarde vir die maandelikse fooi wat jy vir Netflix moet opdok.

Die spel is voortreflik. Die legendariese Patti LuPone as die eerste vrou wat ’n ateljee bestuur het, is weergaloos. (Haar Emmy-toespraak is seker alreeds geskryf!) Voeg daarby Holland Taylor, en veral Dylan McDermot as die eienaar van die pompjoggiekartel, asook Jake Picking as die onskuldige plattelandse seun Rock Hudson, en jy het ’n rolverdeling wat skrik vir niks. Murphy weet hoe om die regte mense vir stewige rolle te kies en om hulle so af te rig dat hulle die korrekte note slaan. In daardie opsig is Hollywood ’n fees. Darren Criss, Joe Mantello en veral Laura Harrier as ’n swart aktrise wat in Hollywood probeer naam maak, verdien ook vermelding.

Maar as jy die geskiedenis bestudeer en bewus is van die brutale waarheid, mag jy gelate sug: “Wolhaarstories!” Die oorgrote meerderheid van Hollywood is fiktief en fyntjies rondom die waarheid geweef.

Hierdie glansreeks lieg die waarheid van troetelbankie tot ratelende katel. Lekker man, lekker! Maar neem die lekkerte met ’n knippie sout.

Kyk die lokprent hier:

The post Filmresensie: <em>Hollywood</em> appeared first on LitNet.

kykNET kry eerste opwipkanaal met Kwarantyn! Hier is die families!

$
0
0

Twee families gaan vanaf 10 Junie 2020 meeding vir die publiek se stemme terwyl hulle vir amper 2 maande in kwarantyn gaan moet leef. Op die spel is ’n kontantprys van R250 000.

Maak gereed vir Kwarantyn, wat ’n eie spesiale opwipkanaal op DStv-kanaal 149 het vir Premium- en Compact PLUS-kykers vanaf Woensdag 10 Junie 2020.

Verwag drama, pret en manewales wanneer hierdie twee families met mekaar moet huishou terwyl hulle ook alles in hulle vermoë doen om die harte van kykers te wen.

Jy’t reg gehoor. In Kwarantyn help die kykers besluit wie uiteindelik die kontantprys van R250 000 verdien nadat hul vir 50 dae regstreeks kon dophou hoe hierdie twee families verskillende uitdagings, take en selfdoenprojekte aanpak. En dit alles agter slot en grendel.

Elkeen van die families sal in ’n nuwe huis intrek en langs mekaar woon. Nie net moet hulle vir twee maande lank saamleef nie, maar hulle sal ook teen mekaar meeding deur, onder meer, volgers op  sosiale media te probeer werf en elke aand in ’n speletjiesaanduitdaging teen mekaar te speel vir punte. Suksesvol voltooide uitdagings sal soms beloon word met luukshede en bederfies. In elke huis sal egter ook streng reëls neergelê word.

Maar net één familie sal uiteindelik as die land se gewildste familie bekroon word.

“Voyeuristiese televisie het kykers nog altyd  gefassineer en om twee dinamiese Afrikaanse families vir 24uur per dag vir vyftig dae aan een dop te hou, kan sorg vir groot opwinding, vermaak, emosionele oomblike, nuwe insigte en verrassings.  Ons weet nie wat om te verwag nie, maar sien uit waarmee die twee families vorendag gaan kom” – Karen Meiring, Direkteur M-Net: kykNET-kanale.

Ontmoet die families

 #SpanLeRoux

Foto: verskaf

Dié familie kom van Centurion. Pa, Braam Le Roux (50), sal graag vir sy dogter se troue met die wengeld betaal indien sy familie wen. Hy raak nie maklik verveeld nie en beklemtoon geesdriftig: “Ek is ’n bok vir sports!” Sy vrou, Jana Le Roux (49), lag graag vir haar familie se grappe en geite, maar sy glo vas dat haar familie as oorwinnaars sal uitstap ná die 50 dae, want hulle het spangees en hope ywer.

Hulle kinders, Lisa (25) en Manie Le Roux (19), hou beide van wen, maar is ook nie slegte verloorders nie. Lisa is verloof aan Adriaan Briel (26), wat ook in die huis sal wees saam met sy aanstaande skoonfamilie. Hy is mal oor poetse bak en sê hy’s nie bang vir verveling nie, want hy het uithouvermoë.

Hul neef Heinrich Olwage (25) is ook deel van #SpanLeRoux. Hy hou daarvan om innoverend probleme op te los en belowe dat sy familie kykers voorwaar op hul tone gaan hou.

#SpanScheepers

Foto: verskaf

Dié saamgestelde familie is oorspronklik van Johannesburg. Ma Avril Scheepers (46) en tante Pamela Okkers (53) sal hierdie energieke familie lei. Beide is sterk vroue wat oortuig is daarvan dat hul familie as wenners sal uitstap, want hulle is talentvol, interressant en baie snaaks.

Avril se seun, Austin Scheepers (19), se borrelende persoonlikheid gaan verseker dat hy vriendskappe smee al bly hy steeds uiters kompeterend. Span Scheepers bestaan ook uit hul uitgebreide familievriende naamlik die twee Hendrick sussies Kel-cee  (20) en Jade (18) wat na hulself verwys as “die niggies”. Kel-cee is ietwat aan die stiller kant en beskryf haarself as “die persoon wat liewer kyk en lag”. Die span is voltallig met die teruggetrokke Caryn Cloete (21) wat maklik vir almal se poetse val.

Die jong Jade Hendricks glo #SpanScheepers is vol persoonlikhede wat die hele land sal vermaak met hulle grappe, giere en maniere.

Eersdaags sal hierdie twee families dinge moet uitspook terwyl die hele land hulle met valkoë dophou. Dit alles vir die wenbedrag van R250 000 en die kroon as Suid-Afrika se gunsteling Kwarantyn-familie.

Ontmoet die families hier:

Kyk Kwarantyn vanaf Woensdag 10 Junie 20:00 op kykNET DStv-kanaal 149.

Hoogtepunte episodes Maandae, Dinsdae, Donderdae, Vrydae en Saterdae om 17:00 op kykNET DStv-kanaal 144 en Woensdae om 20:00.

The post kykNET kry eerste opwipkanaal met <em>Kwarantyn</em>! Hier is die families! appeared first on LitNet.

Resensie:Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans, vertaal deur De Waal Venter

$
0
0

Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans
Vertaal deur De Waal Venter
Uitgewer: Naledi 

ISBN: 9781928426851

Die digter en vertaler Daniel Hugo het op ’n keer gesê die graad van kulturele sofistikasie wat ’n taal bereik het, word dikwels gemeet aan die vertalings van klassieke tekste uit die wêreldletterkunde. Die vertalings van Europese taalskatte het insgelyks ’n rol gespeel om Afrikaans as volwaardige kultuurtaal te vestig. Uys Krige het in Spaanse dans (1969) Afrikaanse lesers bekend gestel aan die Spaanse digkuns van sowel die Spaanse landskap as die digters uit Suid-Amerika.

Pablo Neruda was ’n Chileense digter en diplomaat wat die Nobelprys vir letterkunde in 1971 verower het. As een van die bekendste en mees geliefde digters op die wêreldverhoog is hy bekend vir sy reuse-oeuvre wat bestaan uit historiese en epiese poësie, politieke manifeste, liefdesgedigte, en bloot verse wat handel oor alledaagse mense en onderwerpe. Neruda word gereken as die grootste Latyns-Amerikaanse digter van die 20ste eeu. Sy versamelde werk beslaan ongeveer 3 500 bladsye en is ‘n legio kere vertaal.

Venter se bundel is die eerste uitgebreide versameling van dié aard in Afrikaans. In Vandag is boordensvol se liriese en seminale inleiding beaam Charl-Pierre Naudé: “De Waal Venter, Afrikaanse digter en skrywer, bring met hierdie wye keuse van vertalings die sorgsame en elementele wêreld van Neruda met groot toewyding aan die Afrikaanse leser.”

Venter is, op sy beurt, ’n gevestigde huishoudelike naam en bekend as die skrywer van kortverhale, jeugverhale, radiodramas en gedigte – en hy is ook werksaam as een van die veelsydigste vertalers in Afrikaans. Dié 78-jarige skrywer se oeuvre is merkwaardig, soos ook G Brits se waarderingsblog op Versindaba oor Venter se bydrae tot Afrikaans (10 Februarie 2016) getuig. Vandag is boordensvol is onlangs met die Akademie se Vertaalprys bekroon.

Daar is talle uitdagings wat ’n vertaler in die gesig staar: Daar moet gewaak word teen ’n té letterlike vertaling van die bronteks. Die vertaalde gedig in die teikentaal moet uiteindelik oor ’n sekere vlotheid en leesbaarheid beskik; dit moet geloofwaardig wees; outentiek klink, asof dit in Afrikaans geskryf is. Wat verlore kan gaan tydens die vertaalproses, is versklank, kulturele weerklanke, meerduidighede, betekenisassosiasies en nuutskeppings. Sekere “vibrasies” kan net deur die moedertaaloor opgevang word. Daarbenewens is dit moeilik (of haas onmoontlik) om sekere komponente van taal te vertaal, soos die visuele elemente in poësie, spreekwoordelike en idiomatiese taalgebruik, eksperimentele verse, onsinrympies, byname en onomatopee. In ’n onderhoud met Gert Brits op Versindaba verwys Venter na sy vertaalmetode wat hy die “poëson-werkswyse” noem. Laasgenoemde het nie ’n streng teoretiese onderbou nie, maar betrek eerder die vertaling van poësie as ineengevlegte digterlike idees, ’n intuïtiewe proses waarin die essensie van poëtika uit die vertaler se skeppende onbewuste gediep word. Venter is ook bekend vir sy jare lange persoonlike blog waar eie Afrikaanse sowel as vertaalde poësie gereeld verskyn.

Die bundel beskik nie oor ’n formele rubrisering nie, maar die verse is losweg gerangskik as liefdesgedigte, sonnette, odes, en so meer – die vertaler het eerder gefokus op ’n tematiese interseksie uit Neruda se reuse-oeuvre as wat hy besluit het op ’n teoretiese (of akademiese) aanbod. Venter het dit al meermale duidelik gemaak dat hy nie Neruda se politieke gedigte vertaal het nie, omdat dit nie op dieselfde peil as sy ander werk is nie. ’n Mens sou stellig kon vra of die vertaling van dié sosialistiese gedigte nie dalk juis die veelkantigheid van Neruda se oeuvre sou rugsteun nie, alhoewel die vertaler se keuse van ’n seleksie goed gefundeer is. Vandag is boordensvol is sonder omhaal ’n bloemlesing van Neruda se mooiste en belangrikste poësie.

’n Sinvolle ontsluiting van die bundel is die gekose programgedig, “Môre, kan ek inloer?” (2):

Môre … kan ek inloer? My naam
is Pablo Neruda, ek’s ‘n digter. Kom nou net
uit die noorde, die suide, die middel van
die see, daardie myn wat ek in Copiapó besoek het.
Ek kom van my huis op Isla Negra en
ek vra toestemming om by jou huis in te stap, sodat
jy my gedigte kan lees, sodat ons kan gesels.
(…)

Die bekendstelling van die digter, Neruda, trek ook die “gewone” leser dadelik in die ontvouende digterlike narratief in. Venter se vertalings poog om nie net die literêre leser te bereik nie, maar ook Jan Alleman wat graag poësie lees. Dit resoneer met die Nobelpryswenner se uitsprake dat poësie aan alle mense behoort. In sy leeftyd was Neruda immers ’n mensch wat betrokke was by die alledaagse gebeure van die mense van Chili.

Die vertaler lewer toeligting op die 12 gedigte in die kanto “Hoogtes van Macchu Picchu” (118–20). Hierdie kanto is Neruda se ikoniese werk uit Canto General (1950). Al 12 gedigte, ook kanto’s genoem, is vertaal in ’n klinkende en assosiatiewe idioom en handel oor die mense van Suid-Amerika se stryd teen armoede en nasionale en internasionale onderdrukking. Neruda het in 1943 die antieke Inka-stad Macchu Picchu in Peru besoek. Die fokus val op die geografie, fauna en flora, asook die omstandighede waarin die Inkas gewoon het. Spiritualiteit en skoonheid word gejukstaponeer met ’n gevoel van nihilisme – en die digter se soeke na ’n menslike en kosmiese essensie word aangrypend verbeeld.

Neruda is allereers bekend as hartstogtelike minnaar; as digter van die liefde. Ek haal graag die alleenstaande “Nuevas odas elementales / Ode aan ’n pragtige naakfiguur” aan:

Met ’n kuis hart, met suiwer
oë,
vier ek jou skoonheid,
en hou die bloedlyn
sodat dit kan opwel
en jou buitelyne kan afteken,
jou kontoere,
sodat
jy in my ode lê
soos in ’n boswêreld, of in die branders:
in geurige tuingrond
of in die musiek van die see.
(…)

Uit watter materiale,
agaat, kwarts, koring,
is jou liggaam saamgestel,
swellend soos brood
in die oond,
en wat is soos
versilwerde heuwels,
omvang van ’n enkele blomblaar, soetheid
van diep fluweel,
tot net die kreun oorbly
van die pragtige fyn vroulike figuur?

Dit is nie net lig
wat op die wêreld uitgestort
in jou liggaam
sy gedempte sneeu uitsprei nie,
maar die helderheid kom uit jou uit
asof jy van binne verlig is.

Die maan lewe onder jou vel. (154–5)

Daar bestaan baie vertaalteorieë, maar vertalers stem saam dat die vertaler se stem as’t ware moet “verdwyn” uit die teks. Dit is egter onafwendbaar dat die vertaler se stem sal deurskroei, aangesien hy in  simbiotiese verhouding tot die digter staan. Tydens die vertaalproses word sekere taalnuanses ingeboet, maar ánder weer teruggewen in die teikentaal. Om verse uit ’n Romaanse taal soos Spaans na Afrikaans te vertaal, bied eiesoortige uitdagings aan die vertaler. In die gedig hier bo byvoorbeeld sing en dans die vertaling heerlik in Afrikaans en word die gevoel van hartstog moeiteloos oorgedra. Alhoewel die bundel kon baat met ’n indeks en uitgebreide bronnelys, het Venter sy Neruda-gedigte gekies en saamgestel uit ’n keuseregister waarvan die toetssteen vertaalbaarheid is. Die bundel is ’n ryke toevoeging tot die Afrikaanse letterkunde; ’n bundel wat met reg ’n ereplek op enige boekrak kan inneem.

The post Resensie:<em>Vandag is boordensvol: Pablo Neruda in Afrikaans</em>, vertaal deur De Waal Venter appeared first on LitNet.

Die stad sonder ’n kerk

$
0
0

Foto’s: Pixabay

Ek was nog destyds predikant in Ceres toe ek my motor vir ’n diens Stellenbosch toe gebring het. Nadat my motor klaar gediens is, word ek deur ’n motorbestuurder by die Kweekskool opgetel, waar ek heel oggend in die biblioteek deurgebring het, op soek na gedagtes vir ’n preek. Dit was November, die verjaardagmaand van ons gemeente, en ek wou hierby in ’n preek aansluit.

“Het jy darem die plek maklik gekry?” vra ek half impulsief vir hom. Ons is die enigste twee in die voertuig. Effe verontwaardig antwoord hy: “Hoe bedoel jy dan nou, Meneer? Howie het grootgeword in Stellenbosch. Ek het hier gespeel as kind. Ek ken hierdie dorp soos die palm van my hand.”

Ek vra dadelik vir hom om my op die naam te noem, maar hy skud sy kop ontkennend. Sy spontane glimlag versag darem so iets van die (oorblyfsels van die) “sondes van ons vaders” in my binneste.

Hy ry stadig en stop oral vir mense om oor die pad te stap, want Howie, so kom ek agter, is lus vir gesels. “Meneer,” gaan hy voort, “ek het nie net hier gespeel nie, maar vir meer as 20 jaar het ek aflewerings in hierdie plek gedoen. Daarom ken ek elke adres op hierdie dorp.”

Hy begin my van homself vertel. “Ek het sommer kwaai gedrink, tot op ’n dag. Ek het vir die soveelste keer in ’n vullissak vir ’n ‘botteltjie’ gesoek, toe ek ’n klein Bybeltjie daarin vind. Ek het dit uitgehaal en begin lees en my hele lewe het verander. Ek het ophou rook en drink, en later met ’n paar rand in my sak verder in die Bybel gaan studeer.”

Dit is asof Howie vir my volgende vraag gewag het. “Nou preek jy by geleentheid?” “Natuurlik Meneer,” antwoord hy. Diep in sy oë sien ek sy hart oopgaan. “Ek is juis besig om ’n preek oor kerk-wees te maak. Ek het net verlede week gevra: Ag Here, gee tog net vir my ’n clue. Net ’n paar kernwoorde asseblief.”

Hy het my ál meer gefassineer. Ek het gehou van sy manier. Kon Howie vir my iets bied oor kerk-wees wat ek die heel oggend nie in die biblioteek kon kry nie? het ek by myself gewonder.

“Nou het jy toe daardie kernnotas ontvang?” vra ek.

“Natuurlik. En baie duidelik ook. Openbaring 21.” Hy kyk op ’n manier na my kant toe wat wou vasstel of ek die gedeelte ken. Voor ek iets kon sê, vertel hy: “Dit gaan mos oor die nuwe Jerusalem, nie waar nie? Nou daais ’n wonderlike teks vir kerk-wees.”

Hy groet ’n bekende en praat gou-gou weer. Dit het vir my gevoel hy wou nie hê ek moes saampraat of te vinnig vooruit dink nie. Hý wou vertel. “Twee dinge van Johannes as hy die toekoms beskryf, praat met my, Meneer,” sê hy effe fronsend. “Die eerste is dat Johannes die hemel as ’n stad beskryf; en die tweede is dat hierdie stad glad nie ’n kerk het nie.” Nou het Howie my behoorlik nuuskierig gehad.

“Weet jy Meneer, toe die kerk in die 16de eeu hervorm het, was mense soos Luther en Calvyn ongelukkig met die kerk en die stad. Oor hoe mense geleef het. Daarom het hulle ’n sekere visie van die toekoms gehad. Ook Johannes het probleme met die stad gehad. Net soos ons.

“En ons moenie dink dat die nuwe Jerusalem net so gaan lyk soos Johannes dit beskryf nie. Dis mos soos hulle sê, beeldspraak,” glimlag hy. “Johannes kon net sowel gesê het hy sien die nuwe Kaapstad, of die nuwe Johannesburg, of selfs die nuwe Kaapse Vlakte uit die hemel neerdaal,” vertel hy ernstig. “En onthou nou, stede is gevaarlike plekke. Dis die plekke van dwelmsmouse, reeksmoordenaars en verkragters. Dis die plek van die moeg-gewerktes, straatkinders, fabriekrook en afvalwater. Ek sou eerder aan die hemel dink as ’n mooi tuin of eksotiese eiland. Maar Johannes, nee, hy sien die hemel as ’n stad, en boonop ’n stad sonder ’n kerk.” Howie het teen hierdie tyd my volle aandag gehad.

Terwyl ons indraai by die garage besef Howie hy moet sy punt nou vinnig en duidelik stel. “Verstaan jy die boodskap, Meneer? Ons moet ook ’n visie van die stad hê – en dit dan waar gaan maak. Nóú, in hierdie lewe!”

Hy skakel die motor af en draai na my. “Dis soms gevaarlik vir ’n stad om ’n kerk te hê,” vertel hy. Mense dink geloof is iets wat jy by die kerk kom doen, maar hulle vergeet die stad ís die kerk. Die stadsaal is die konsistorie. Die radio- en TV-mas is eintlik die kerktoring. Die erediensruimte is elke huis, elke straat, elke kantoor, elke fabriek, elke winkel. Die kerk verskyn in die lawaai van masjinerie en in die geskree van ’n pasgebore baba. Dis gelowiges se taak om stede te bou!”

Toe ek groet en uitklim, druk hy vinnig ’n verkreukelde groen papiertjie in my hand. “Meneer, sê my, is jy dalk ’n predikant?” Ek sien die duiweltjies in sy oë speel. “Gee my jou adres dan pos ek sommer oor die naweek die uitgeskryfde preek vir jou net om seker te maak jy het die storie.”

Terwyl ek daar wegry, het Howie se opregtheid, eenvoud en onbevangenheid ’n groot stuk innerlike vrede in my gemoed laat kom lê. Ek het opnuut besef dat dit die Howies is wat ’n verskil in hierdie wêreld maak. Soos hy self vroeër gesê het: “As elke werkswinkel maar net ’n werker sal hê soos Hy wat 2 000 jaar gelede in daardie skrynwerkerswinkel gewerk het, sal arbeidsprobleme baie minder wees. As elke straat maar ’n huis gehad soos Maria se huis in Betanië, sal die huislike lewe van die stad verander.”

Nou ja, ’n paar dae later lê die brief in my posbus. Ek maak dit haastig oop. “Beste Chris!” Met ’n uitroepteken. “Daar is ’n stad besig om uit die ‘hemel’ neer te daal. En elkeen van ons bou aan hierdie stad, of vertraag sy koms. Partykeer slaan ons dit selfs plat, en dan moet ons weer van voor af bou. Soms gaan die mure maar stadig op. Tog verrys die stad stukkie vir stukkie.

“As jy vandag ’n stad moet bou, of herbou, doen dit sonder ’n kerk. En laat jou eerste ‘preek’ wees: Die stad sonder ’n kerk. Vra dan vir die mense – sommer daar op die stadsaal se stoep – om uit te gaan en die stad mooi te gaan maak. Om só te leef dat die goddelike sal afgee aan elkeen wat julle teëkom.”

Daar is soveel indrukwekkende kerkgeboue in ons land en dwarsoor die wêreld – waarvan ek baie hou. En ek het al uitstekende preke in die kerk gehoor. Maar die laaste paar weke het ek baie teruggedink aan Howie se gedagtes van so 25 jaar gelede.

The post Die stad sonder ’n kerk appeared first on LitNet.

Leeskring = ouwêreldse "edutainment"

$
0
0

"Edutainment: noun. The process of entertaining people at the same time as you are teaching them something" (Cambridge English Dictionary).

Ek weet nie of enigiemand die Afrikaanse woord opvoedvermaak vir edutainment gebruik nie, maar dis in elk geval nie reg vir hierdie storie nie.

Blykbaar het Walt Disney al in 1954 sy films as edutainment beskryf. Ander beskou Robert Heyman as die vader van die woord. Hy het in 1973 multimediafilms vir die National Geographic Society gemaak waarin vermaak met leer gekombineer is.

Hoe ook al, storievertellers, skrywers, lesers weet van altyd af dat dit ’n wenresep is: die meesleurende verhaal, die betowering van woorde, die karakters op wie jy verlief raak of wat jou die harnas injaag, die emosies wat na vore kom – die hele towertapyt wat jou op ’n reis neem na verre plekke en avonture is die ideale manier om nuwe dinge te leer ken, insluitend meer van jouself.

Dis waarvan leeskringe aanmekaargesit is: boekwurms wat vriendskap vind in gedeelde boekvreugde en wat wil leer om hulle leesplesier uit te brei met nuwe skrywers, nuwe boeke, nuwe maniere van lees en verstaan. Erika Theron verwoord dit so: "Ek dink Afrikaanse leeskringe is die hartklop van die Afrikaanse leeswêreld en het ʼn uiters betekenisvolle bydrae tot die instandhouding van die Suid-Afrikaanse boekebedryf en sommer die boekebedryf in die algemeen. Dit maak vir die lede deure oop na verskillende denkwêrelde en ook na die internasionale letterkunde."

Toe Mabel Malherbe in 1912 die Afrikaans-Hollandse Leesunie gestig het, die heel eerste Afrikaanse leeskring in Suid-Afrika, was dit omdat sy besef het dat Afrikaanse vroue te min lees, en feitlik geen Afrikaanse of Nederlandse boeke nie. ’n Leeskring sou hiermee kon help en ook as stimulus dien vir nuwe Afrikaanse boeke om gepubliseer te word. Tee en koek was nie op háár agenda nie. Selfs vandag is dit maar net die manier om ’n genoeglike oggend of middag af te rond, al is daar mense wat die teendeel dink en verkondig.

Reg van die begin af was dit ’n voorvereiste vir lidmaatskap dat jy bereid moet wees om ’n boek te bespreek. Aanvanklik was dit nogal ’n gedoente, want hierdie vroue kon ook nie behoorlik Afrikaans skryf nie. Daar was die enkele uitsonderings, soos mev Jan Celliers en mev Gustav Preller, soos hulle destyds genoem is. Die res het hulle praatjies in Engels geskryf en dit dan in Afrikaans vertaal, selfs mev Malherbe. Volgens ou notules van die bestuur is daar soms hewig gedebatteer of iemand "geskraap" moet word omdat sy weier om haar kant te bring.

Vandag is geen leeskring meer so streng daarmee nie, maar meestal is dit steeds gewone lede wat die leiding neem. Menige leeskring het ’n skrywer of letterkundige in eie geledere, of ken ten minste sulke kenners. Dan is dit iets spesiaal, byna soos ’n middag by ’n kunstefees. Dit maak ook sin op ’n plek soos Pretoria waar ons nie naby ’n fees is nie.

Maar vir die res van ons bly die reis na die hart van ’n boek ’n uitdaging. Jy lees die boek drie, vier maal, lees elke resensie, peins oor die invloed van die skrywer se oeuvre en lewe, gaan luister na die skrywer, leer nuwe terme ken, bespreek dit met man en kinders. As plek as karakter deel is van jou boek, baljaar jy op die internet, versamel hulpmiddels om dit interessant te maak en oefen desnoods voor die spieël. In dieselfde tyd kon jy 10 ander boeke gelees het!

Maar jy vergeet hierdie avontuur nooit: Die vreugde wanneer die onderneming suksesvol verloop en ’n lewendige bespreking ontlok, bly nog baie lank by jou.

Connie Luyt sê hiervan: "Vir my is dit nie net in die bespreking van bepaalde boeke nie, die manier waarop die boek ontleed is, die insigte wat verkry word nie, maar is dit ook telkens ’n openbaring van my medeleeskringlede se besonderse manier om ’n boek te benader."

***

Dit is wat ’n paar lede te sê gehad het oor ’n bespreking wat vir hulle ’n persoonlike belewenis was:

Linda Zöllner oor Günther Grass se Im Krebsgang wat sy in November 2004 bespreek het:

"Mabel Malherbe pak soms uitdagende boeke aan. Min was vir my egter so uitdagend soos Günther Grass, Nobel-pryswenner in 2000, se Im Krebsgang! Die aanleiding tot die keuse van een van die skrywer se boeke was die poging om die boek in Afrikaans te vertaal en dit is gepubliseer onder die titel Kreeftegang. Toe blyk dit ongelukkig ’n onleesbaar swak vertaling te wees, en leeskringlede slaan oor na die Engelse vertaling, Crabwalk, en dié wat kan, lees dit in die oorspronklike Duits. Die boek dek ’n besonder interessante tema: die sink van die passasierskip die Wilhelm Gustloff in die Oossee deur ’n Russiese duikboot op 30 Januarie 1945. Dit is tot op hede die grootste skeepsramp ooit, maar die gebeurtenis het heeltemal verlore geraak in die na-oorlogse geskiedskrywing. Grass het die stuk geskiedenis weer oop geskryf. Al het Grass ’n besonder moeilike skryfstyl met lang, lang sinne, het die lesers aanhou lees, omdat die geskiedenis so interessant was. Ek het dus gevind dat byna almal die boek gelees het, in watter taal ook al.

"Die bespreking na my lesing was besonder lank en nogal uitdagend vir my wat voor gestaan het en die vrae van links en regs moes beantwoord. ’n Paar vrae het oor die vertalings gegaan, soos: 'In die Engelse vertaling is die woord so en so, teenoor die oorspronklike Duitse woord, en die Afrikaanse vertaling is totaal verkeerd ...' Ek moes op my voete dink!"

***

Helena Goosen het die interessante opdrag gehad om te kyk na intertekstualiteit by Die kremetartekspedisie deur Wilma Stockenström en Wonderboom deur Lien Botha vir die Februarie 2017-byeenkoms.

"Ek het die meeste genot daaruit geput, en dit baie bevredigend gevind, om die wel en wee van twee 'boomvroue' uit verskillende tydvakke te ontsluit. Om onderlinge ooreenkomste en verskille in hul menswees en leefwêrelde uit te lig en die rol van ’n ikoniese boom in elkeen se lewe aan te toon:

"In Die kremetartekspedisie vind ’n naamlose slavin ’n heenkome in die hol stam van ’n reusekremetart in die 15de eeu in ongerepte Oos-Afrika. Haar eindelose binnegesprekke vertel van haar veelbewoë lewe as slavin.

"Wonderboom is ’n surrealistiese, distopiese roman waarin Magriet Vos hunker na ’n wildevy, die Wonderboom van haar vandaankomplek in die Noorde van Pretoria.

"Nie een van die vroue ontkom aan haar lot nie: Die slavin sterf aan die boesem van haar aartsmoeder, die kremetart. En op reis na háár wonderboom, raak Magriet geleidelik haar geheue kwyt ..."

***

Anna Strydom het Buys van Willem Anker in Junie 2016 bespreek en haar bewondering vir die boek so verklaar:

"Ek het die navorsing vir die bespreking van Buys baie interessant gevind, hoofsaaklik om die volgende redes: Die polemiek oor die feitelikheid van fiksie teenoor die eksaktheid van die geskiedenis (wat stof vir nog ’n bespreking is). Ek was ook gefassineer deur Anker se ryke verbeelding en die skepping van ’n baie verwikkelde hoofkarakter wat beurtelings brutaal en dan weer ontroerend teer kon optree – ek glo nie dat ek Buys die gesinsman en minnaar ooit sal kan vergeet nie. Voeg daarby die taalvaardigheid wanneer Anker Buys oor die veld en natuur laat praat en my bewondering ken geen perke nie. Die metaforiese rol van die honde is ook ’n besondere en essensiële deel van hierdie unieke boek in Afrikaans. Les bes: Nie een van die dikwels brutale sekstonele verval in ’n najaag van die sensasionele nie!"

***

Connie Luyt was in onlangse tye bekoor deur The garden of evening mists deur Tan Twan Eng wat sy in Mei 2014 bespreek het:

"Die boek het op soveel vlakke tot my gespreek – van die begin af: On a mountain above the clouds once lived a man who had been the gardener of the Emperor of Japan. Hoe kan dit anders as ’n towerboek wees? Skoonheid en smart, liefde en haat, lig en donker verpak in die mooiste taal en met ’n Suid-Afrikaanse konteks daarby ook nog!"

***

Ek self (en my familie) was op ’n besonderse reis saam met Dan Sleigh en 1795 van die dag toe ek en my man in die berg bokant Kalkbaai gestap het en hy sê: "Dis natuurlik net hier waar die pandoers vir die Engelse lê en wag het." Ons het die skiereiland en die Weskus deurkruis en ek het elke denkbare boek en internetbron gefynkam.

Maar daardie lofsang het ek reeds gesing:

1795 deur Dan Sleigh: ’n lesersindruk

Die Mabel Malherbe-leeskring is vanjaar 80 jaar oud. Ons verwelkom alle interessante inligting oor die leeskring of oudlede. Stuur dit na mabelmalherbe.leeskring@gmail.com.

The post Leeskring = ouwêreldse "edutainment" appeared first on LitNet.

Persverklaring: Taalmonument vier Jeugdag met virtuele konsert

$
0
0
Drakenstein-kunstenaars pronk op (stroom)verhoog

Ter ere van Jeugdag 2020 bied die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) en Marco Mentoor Produksies ’n opwindende gratis aanlynkonsert wat opkomende Drakensteinsterre aan ’n wêreldwye gehoor sal bekendstel.

Gegewe vanjaar se tema – “Jeugmag: ontwikkel Suid-Afrika tesame tydens die COVID-19-periode” – is dit ’n geleentheid vir die instelling om hul bande met die gemeenskappe te versterk asook gemeenskapwye musiekbeoefening en kulturele loopbane onder die jeug te bevorder. Volgens die ATM se direkteur, Michael Jonas, wil die ATM ook Afrikaans in al haar diversiteit en gedaantes vier ter bevordering van nasiebou en maatskaplike samehorigheid.

“Plaaslike talente word dikwels tydens groot geleenthede misgekyk of uitgebuit en word ook nie altyd na waarde geskat nie,” sê Jonas. “Om hierdie redes wil ons ’n platform aan plaaslike kunstenaars bied om te kan groei, vaardighede te slyp en broodnodige blootstelling te bekom.”

Dit sluit optredes deur onder andere Deon Valor (kitaar/sang), Ferlin Mark Vers (rymklets), John Koopman (komedie), Kaylin Levendal (vioolspel), Marco Mentoor (musiek), Melanie Scholtz (digkuns), Nosipho H (sang), No S’wett (sanggroep), Triveno (sang) en Tylo Fortuin (sang/verhoog) in.

“Al die kunstenaars is van die Drakensteinvallei, en ons wil hiermee ook ’n bietjie positiwiteit en vermaak aanbied tydens inperking,” sê hy. “Vermaak het immers die krag om ons te verenig en in krisistye aan mekaar te verbind.”

Volgens Jonas het die opstande van 16 Junie 1976 verreikende gevolge vir die Suid-Afrikaanse gemeenskap en die Afrikaanse wêreld gehad. “Die tragiese gebeure kan seer sekerlik beskou word as een van die grootste flaters in die geskiedenis van hierdie relatief jong Afrikataal. Dekades later gaan die taal steeds gebuk onder negatiewe persepsies weens die opstand, daarom bied Jeugdag ons die kans om te herbesin oor die instelling se omstrede verlede en die by tye steeds verdeelde taalgemeenskap wat ons bedien.”

Weens die coronavirus-pandemie is die ATM tans vir die publiek gesluit. “Dit noop die bestuur om skeppende wyses te vind om kontak met ons besoekers en gemeenskap te behou, en onverpoos dienste te lewer,” sê Jonas. “Ons webtuiste het onder meer virtuele toere van die museum en monument asook ’n aanlyn-weergawe van die jongste Groen Galery-uitstalling, ‘Die Bybel in Kaaps’, en baie agtergrond-inligting vir skoolprojekte. Ons openbare programme word ook deur die aanbied van webinaars en virtuele optredes voortgesit. Hieronder tel die Jeugdagvieringe asook die ‘Toekoms van Kaaps’-webinaar, in samewerking met Afrikaanse Taalraad en LitNet, wat ook op Jeugdag om 10:00 plaasvind.”

  • Die Jeugdagkonsert begin om 12:00 op Dinsdag, 16 Junie 2020, en enigiemand kan dit via Facebook stroom by www.facebook.com/afrikaansetaalmonument/
  • Vir meer inligting, besoek www.taalmuseum.co.za of volg die Taalmonument op Facebook, Twitter of Instagram.
  • Die kontaknommers vir die Taalmonument (wat vanjaar 45 jaar vier), is +27 (0)21 863 0543 / 872 3441 en +27 (0)71 500 8740. 

...............

Taalmonument celebrates Youth Day with virtual concert 
Drakenstein artists showcased on (streaming) stage

In honour of Youth Day 2020 the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) and Marco Mentoor Productions will host an exciting free online concert that will introduce emerging Drakenstein stars to a global audience.

Given this year’s theme – “Youth power: Growing South Africa together in the period of COVID-19” – this is an opportunity for the institution to strengthen its links with communities as well as to promote community-wide music practice and creative careers among the youth. According to the ATM’s director, Michael Jonas, the ATM also wants to celebrate Afrikaans in all its diversity and forms, in order to promote nation-building and social cohesion.

Photo: Canva.com

“Local talent is often overlooked or exploited during big events and are not always appreciated,” says Jonas. “For these reasons, we want to provide a platform for local artists to grow, hone their skills and gain much-needed exposure.”

This includes performances by, among others, Deon Valor (guitar/singing), Ferlin Mark Vers (rap), John Koopman (comedy), Kaylin Levendal (violin), Marco Mentoor (music), Melanie Scholtz (poetry), Nosipho H (singing), No S’wett (vocal band), Triveno (singing) and Tylo Fortuin (singing/stage).

“All the artists are from the Drakenstein Valley, and with this we would like to offer some positivity and entertainment during the lockdown,” he says. “After all, entertainment has the power to unite and connect us in times of crisis.”

According to Jonas the uprisings of 16 June 1976 had far-reaching consequences for the South African community and the Afrikaans speaking world. “The tragic events can certainly be regarded as one of the biggest mistakes in the history of this relatively young African language. Decades later, the language continues to suffer from negative perceptions due to the uprising, which is why Youth Day offers us the opportunity to rethink the institution’s contentious past and the still sometimes divided language community we serve.”

Due to the coronavirus pandemic the ATM is currently closed to the public. “It requires management to find creative ways to keep in touch with our visitors and community, and to provide uninterrupted services,” says Jonas. “Our website has, among other things, virtual tours of the museum and monument, as well as an online version of the latest outdoor gallery exhibition, ‘The Bible in Kaaps’, and lots of background information for school projects. Our public programmes are also continuing by hosting webinars and virtual performances. These include the Youth Day celebrations as well as the ‘Future of Kaaps’ webinar, in collaboration with the Afrikaans Language Council and LitNet, which also takes place on Youth Day at 10:00.”

  • The Youth Day Concert starts at 12:00 on Tuesday, 16 June 2020, and anyone can stream it via Facebook at www.facebook.com/afrikaansetaalmonument/
  • For more information, visit www.taalmuseum.co.za or follow the Taalmonument on Facebook, Twitter or Instagram.
  • The contact numbers for the Taalmonument (which celebrates 45 years this year) are +27 (0) 21 863 0543/872 3441 and +27 (0) 71 500 8740.

Also read

Uitnodiging: "Toekoms van Kaaps"-webinaar

The post Persverklaring: Taalmonument vier Jeugdag met virtuele konsert appeared first on LitNet.


Die Viёtnamoorlog en George Floyd

$
0
0

Danie van Wyk op toer in Viëtnam (Foto’s: verskaf deur Danie van Wyk)

"Black lives matter" en "I can’t breathe" is slagspreuke wat die afgelope week nie slegs in Amerika weergalm het nie, maar ook in die meeste groot wêreldstede. Die fokuspunt was die brutale dood van George Floyd deur die toedoen van ’n polisieman, Derek Cauvin, in Minneapolis, Minnesota. Hierdie daad het rassespanning in Amerika tot die uiterste gedryf en bewys hoe Afro-Amerikaanse burgers se grondwetlike regte vertrap en geïgnoreer word deur Amerikaanse polisie. Hierdie tipe voorvalle het opnuut die pleidooi van swart mense op die voorgrond geplaas. Dit kan moontlik gesê word dat dit die laaste strooi was wat die spreekwoordelike kameel se rug gebreek het, of dat dit die vonk in die kruitvat was wat rasseverhoudinge in die VSA totaal vertroebel en tot die uiterste gedryf het.

Dit is asof daar ’n regstelsel en geregtigheid is wat verskillend toegepas word op swart mense, het Andrew Cuomo, goewerneur van New York, vandeesweek gesê.

Ek het verlede jaar Desember 2019 besoek afgelê in Viёtnam as deel as ’n vakansie, maar ook omdat ek ’n besondere belangstelling in die Viёtnamese oorlog het. Dit was nie slegs ’n waardevolle ervaring nie, maar het my ook die geleentheid gebied om eerstehands kennis te maak met wat daar plaasgevind het tussen 1965 en 1975, met die Amerikaanse ondersteuning aan die destydse Republiek van Suid-Viёtnam om te verhoed dat die land deur die kommuniste oorgeneem sou word. By my terugkeer het ek meer oor die oorlog opgelees en was dit opvallend hoeveel erge rassediskriminasie gedurende daardie tyd teenoor swart soldate gepleeg was.

My besoek het in die noorde van die land begin in die hoofstad, Hanoi, waar ek verskeie geskiedkundige plekke besoek het, onder andere die mausoleum waar Ho Chi Minh se gebalsemde liggaam in staatsie lê, asook die Maison-gevangenis waar Amerikaanse krygsgevangenes onder haglike omstandighede in aanhouding was. Die bekendstes was die oudminister van buitelandse sake, John Perry, en senator John McCaine. Hulle was nie as oorlogsgevangenes gesien en behandel nie, maar as oorlogsmisdadigers omdat, daar volgens die Viёtnamese nie ’n oorlogsverklaring tussen die VSA en Viëtnam bestaan het nie.

In Da Nang en kleiner stede soos Hue en Hoi An is daar ook oral tekens van die oorlog en verwoeste Amerikaanse wapentuig. By Da Nang was ’n groot lugmagbasis wat tans as ’n lughawe in gebruik is. In Saigon, wat vandag bekend staan as Ho Chi Minh City, die hoofsetel van die destydse Suid-Viёtnamese Republiek, het ek besoek afgelê by die museum waar alle soorte wapentuig uitgestal word. Gedurende hierdie oorlog het meer as 58 000 Amerikaanse soldate en ondersteuningspersoneel gesterf, van wie ongeveer 25% swart soldate was. In Washington is ’n gedenkmuur opgerig wat hulde aan hierdie gevalle soldate bring: die Vietnam Veterans Memorial waarop die name van alle gesneuweldes aangebring is.

Foto’s verskaf deur Danie van Wyk

Dit was gedurende hierdie tyd dat afkeer van die oorlog in Amerika begin opbou het. Muhammad Ali het konskripsie teengestaan en in die openbaar sy afkeer van die oorlog uitgespreek. "I ain’t got no quarrel with them Viet Cong," het hy gesê. Hierdie uitspraak het hom sy titel as swaargewigbokskampioen van die wêreld gekos. Wat aanvanklik geheim gehou was, het meer duidelik begin word. Die getal gesneuwelde soldate wat in lyksakke terug gestuur is, het by die dag vermeerder en die Amerikaanse regering kon dit nie meer geheim hou nie. Die soldate wat teruggekeer vanaf die slagvelde het ook vertel wat die ware toedrag van sake daar was, en baie van hulle het hul teenkanting teen die oorlog openlik bekend begin maak. Dit was veral swart soldate wat hul ervaring gedeel het van die rassediskriminasie teen hulle in weermagbasisse en op die slagveld.

Dit het veral toegeneem na die sluipmoord op dr Martin Luther King jr. Daar was vertel hoe wit soldate hulle verlustig het in die dood van King en openlik die vlag van die destydse Konfederasie, wat gekant was teen die vrystelling van slawe en die toekenning van gelyke regte aan swart mense, tentoongestel het op helikopters en op weermagvoertuie. Offisiere in beheer het dit nie aangespreek nie en het hulle oë daarvoor gesluit. Afgesien van optimistiese verslae van rasseharmonie op die slagveld, het diskriminasie teenoor swart soldate al hoe meer toegeneem, soms met die ondersteuning van senior wit offisiere.

In 1967 het ’n NBC-joernalis, Frank McGee, spesifiek berig oor die ondervinding van swart troepe. Die weermag was veronderstel om ten volle geïntegreerd te wees, maar in die praktyk was dit nie die geval nie. Soldate van veral die suidelike state het bevele van hul swart offisiere in baie gevalle geïgnoreer omdat hulle nie swart bevel aanvaar het nie. Rassekonflik het begin toeneem in die weermag en swart soldate het dit aan hul bas gevoel omdat hulle gewoonlik die soldate was wat eerste in die slagveld ingestuur is. Baie van hulle het begin muit en is swaar strawwe opgelê.

Tuis het die weerstand teen die oorlog begin opbou, veral tydens die termyn van Lyndon Johnson en daarna onder Richard Nixon. Deur Nixon se beleid het die oorlog geёskaleer en in felheid toegeneem, en die protesaksies tuis het ook geïntensiveer. Uiteindelik het die rassespanning oorgespoel tot op die slagvelde van Viёtnam. Swart soldate het hulself in groepe en ordes georganiseer om hulself te beskerm en mekaar te ondersteun te midde van die naakte rassisme van die Amerikaanse weermag. Hulle het die ondersteuning van die Black Panthers-beweging en die Civil Rights Movement tuis gehad. Die Amerikaanse regering het met volle mag teen hierdie bewegings opgetree, wat tot die dood van vele gelei het.

Foto’s verskaf deur Danie van Wyk

Die sluipmoord op King was die katalisator van gewelddadige opstande in meer as 60 Amerikaanse stede. Die protesaksies was tweёrlei van aard: vir die swart Amerikaners het dit grootliks gegaan oor rassediskriminasie en die ontkenning van hul burgerregte, en vir hul wit eweknieё was dit meer as net ’n ekonomiese probleem wat hulle wou aanspreek. Hul jong seuns het óf vermink óf dood van die slagvelde teruggekeer, en dit het hulle tot verdere protes gedwing, maar nie op die vlak van swart Amerikaners nie.

George Floyd se dood het die swak tektoniese rasseplate in die VSA blootgelê. Sy dood is die kantelpunt in Amerikaanse rasseverhoudings waar dit byna al geïnstitusionaliseerd geword het en waar daar ’n duidelike patroon te bespeur is in die ongelykhede en armoede in die geledere van swart mense in die Amerikaanse samelewing. Voormalige president Barak Obama het gesê dat hy nog nooit so ’n versetaksie onder gemiddelde Amerikaners gesien het nie. Hierdie keer neem nie slegs swart mense daaraan deel nie, maar word die protesaksies deur groot getalle wit Amerikaners ondersteun.

Die vraag is of die huidige vlaag van onrus en protesaksies ook, soos die politieke en sosiale omwenteling van 1968, fokus gaan plaas op die situasie waarin swart Amerikaners en ander minderhede hulle bevind. Die "land of the brave and land of the free" is steeds na hóéveel dekades nie die land van die Amerikaanse droom nie. Wat vir sommige ’n droom is, is vir ander ’n nagmerrie.

Die wêreld se oё is op Amerika. Sal hierdie protesaksies daarin kan slaag om die VSA van sistemiese rassisme te stroop, om die spoke van die verlede trompop aan te pak en die nalatenskap van rassepolarisasie soos veroorsaak tydens die Viёtnamese oorlog en die destydse bewind van presidente Lyndon Johnson en Richard Nixon aan te spreek? Daar lê nog ’n lang pad vir die Amerikaners voor.

Dr Martin Luther King jr se woorde is so gepas vandag as hy sê: "Our lives begin to end the day we become silent about things that matter."

The post Die Viёtnamoorlog en George Floyd appeared first on LitNet.

Ingeperk in die aftreesentrum

$
0
0

Foto ter illustrasie: Pixabay

Ongeveer vyf jaar gelede het ek in hierdie aftreesentrum ’n nuwe tuiste gevind. Spoedig herken ek vir Magdaleen in ’n gang. Sy die lang dame met die liefde vir rompe, sy wat veral van sonhoedens hou. Sy stap graag straat af en terug, asof dit ’n avontuur is.

Ek en Magdaleen was in die jare sestig en sewentig, selfs later, baie betrokke by die NG Kerk se Kerkjeugvereniging (KJV), later Kerkjeugaksie. Ek by die gemeente Kaapstad en sy in Woodstock. Ons het konferensies bygewoon of een tak was gaste van ’n ander se besonderse funksies of sprekersaande.

Hier in die sentrum het sy oor die jare heen waardevolle hulp as dienswerker verleen aan die dominees wat van hul gemeentes af oorkom om ’n erediens hier te kom lei. En waar’s die dae toe sy klere ingesamel het vir die manne hier in die gebou en ook elders wat nie sonder meer by ’n winkel kan instap en baadjies, slaapklere en skoene kan aanpas en koop nie. Ek het graag geskenk. Soms moes sy aankondig dat ons te laat is – die begunstigde is in ’n hospitaal oorlede.

Magdaleen was ook ’n begaafde sangeres en ’n aanwins vir die sentrum se koor.

In die sentrum word tans reëls vir die inperking streng toegepas. Ek kla by die bestuurder. Kan ons nie begin terugkeer na die gewone,  die bekende nie? In plaas daarvan aanhoudend nuwe plakkate opsit, aankondigings te maak. Nee, seg die bestuurder. Gou sal  die buitestanders heel Bybels hulle as bestuur stenig.

Gaandeweg hoor ek maar by die inwoners hoe ongelukkig veral dié met familie hier naby is. Ek en Magdaleen is alleenlopers. 

En toe gebeur dit gister. Ek en sy het afsonderlik by die administrasie in die voorportaal hospitalisasie gaan bespreek. Ons stap saam by ’n hyser in. Ek sê ek wens dat hierdie bitterlik nare en ontwrigtende tyd tog moet verbykom. In die middel van die hyser staan sy. Dis of sy bo alles uittroon toe sy al hoe harder praat.

"Ja, ek ook! Ek kan dit nie meer verduur nie! Ek kan nie, ek kan nie! Ek wil wegkom tussen die mure en hekke!" Net voor die hyser vir haar oopgaan, sê ek ek kan ook nie. Terwyl sy uitstap, roep sy, skreeu sy: "Ek wil net huil!"

"Ja, ek ook!" As ek iets moois sien of hoor of iets lees of onthou, is dit asof iets in my kop of lyf saamtrek en ek voel ek gaan huil. ’n Klomp kere per dag.

Magdaleen skreeu voor die hyser: "Ek huil! Ek huil!"

The post Ingeperk in die aftreesentrum appeared first on LitNet.

Witwees in Suider-Afrika: ’n onderhoud

$
0
0

…………..

Title: Rethinking white societies in southern Africa: 1930s–1990s
Editors: Duncan Money, Danelle van Zyl-Hermann

Publisher: Routledge
ISBN: 9780367376420

This book showcases new research by emerging and established scholars on white workers and the white poor in southern Africa. Rethinking white societies in southern Africa challenges the geographical and chronological limitations of existing scholarship by presenting case studies from Angola, Mozambique, South Africa, Zambia and Zimbabwe that track the fortunes of nonhegemonic whites during the era of white minority rule. Arguing against prevalent understandings of white society as uniformly wealthy or culturally homogeneous during this period, it demonstrates how social class remained a salient element throughout the twentieth century, how southern Africa’s white societies were often divided and riven with tension, and how the resulting social, political and economic complexities animated white minority regimes in the region. Addressing themes such as the class-based disruption of racial norms and practices, state surveillance and interventions – and their failures – towards nonhegemonic whites, and the opportunities and limitations of physical and social mobility, the book mounts a forceful argument for the regional consideration of white societies in this historical context. Centrally, it extends the path-breaking insights emanating from scholarship on racialised class identities from North America to the African context to argue that race and class cannot be considered independently in southern Africa.

…………..

Duncan Money and Danelle van Zyl-Hermann, editors of Rethinking white societies in southern Africa, 1930s–1990s (Routledge, 2020) chat to Cliffordene Norton.

Duncan Money (Photo: provided)

Congratulations on the publication of your book, Rethinking white societies in southern Africa, 1930s–1990s. What was the inspiration behind this book? 

Thank you! The project originated from conversations around our mutual research interests: we are both historians who pursue more nuanced and critical understandings of how race and class interests intersect, and how this has shaped people’s identities, actions and forms of organisation over time.

Duncan investigates these kinds of questions using the case study of white mineworkers on the Zambian Copperbelt in the colonial and post-colonial periods, while Danelle has been studying the experiences of South Africa’s white workers with the transition from apartheid to democracy.

We met after completing our PhDs, when we both joined the International Studies Group at the University of the Free State in Bloemfontein as postdoctoral research fellows. There, we started discussing the similarities and differences in our research findings, and the questions which remained unanswered. This is how we decided to initiate this project of writing a regional history of white societies in southern Africa in the twentieth century.

Danelle van Zyl-Hermann (Photo: provided)

Why a regional history of whites? And why this specific period?

The history of white societies during the period of white minority rule is understood too simplistically. The idea of whites in colonial Africa conjures up images of pith helmets and khaki shorts, rural landscapes and vast estates, madams and masters parked on verandas alternately sipping gin and barking orders at African servants. Such stereotypes present whites as a uniformly wealthy and homogenous group, secure atop a binary power structure.

This view of the past equates race and class, so that the one is understood as a consequence of the other in the context of a race-based order. As a result, this section of African society is assumed to have shared political, economic and social interests and values, simply on account of the colour of their skin. Some politicians and historians continue to make this misjudgement.

We wanted to challenge this view – not because we think race-based privilege did not exist, but because the assumption that there were no real class divisions within white society inadvertently reproduces the propaganda and myths of white minority regimes – the “classless” volk of apartheid South Africa, or the supposed egalitarianism of white Rhodesia. White societies were in fact much more varied, complicated and interesting – and today we live in a world which bears the imprint of these relations.

The realities of working-class and poor whites’ lives, in particular, are silenced in such stereotypical views of the past. Of course, historians have documented the experiences of these groups in the early twentieth century, when poor whites flocked to the cities after the South African War to look for work in the mines around Johannesburg. But there is the idea that, after the Great Depression, the work of the Carnegie Commission and the start of National Party rule in 1948, poor and working-class whites “disappeared” as all whites became wealthy and powerful in the apartheid state. And this story from South Africa is understood to represent what happened across the region, without much actual research into whether this was really the case.

Both our individual research projects already showed that working-class whites remained an important part of Zambian and South African societies (and economies) throughout the twentieth century. We wondered to what extent this was the case in other countries in the region. Moreover, we were eager to attempt a kind of history writing which looked beyond national borders to compare experiences and illuminate connections, thus bringing us to a more thorough understanding of the entangled workings of race and class.

Rethinking white societies in southern Africa presents case studies from Angola, Mozambique, South Africa, Zambia and Zimbabwe. Why did you choose these five countries? 

We formulated our assessment of the existing scholarship and the gaps we identified, into an invitation to researchers to take part in a workshop around this theme. We were very excited to receive submissions from a range of people – from PhD students to senior academics. Our case studies reflect the countries on which their research focuses.

Unfortunately, Namibia and Botswana are clearly still missing from this research agenda. Nevertheless, our case studies allowed us to compare developments and experiences in parts of the British empire (Zambia and Zimbabwe), the Portuguese empire (Angola and Mozambique) and South Africa as a British dominion and later an independent, minority-ruled republic.

South Africa, of course, had by far the largest white population in the region, but the other states also had substantial numbers of white residents, and many of these states worked hard throughout this period to attract more white European immigrants.

Photo: Pixabay.com

Indeed, the minority-ruled states of this era had very specific ideas of what white colonial societies should look like, and state institutions actively pursued forms of social engineering to try to achieve their visions. It became clear during our workshop conversations that lower-class whites across the region often had complicated relationships with state institutions, precisely because they were perceived to challenge the homogeneity, conformity and respectability that states desired.

So, if white societies weren’t uniform during this period, what were they like?

White societies were inherently fragile and divided. Differences surrounding ethnicity, political attitudes and length of stay in the colonies produced tensions and had real consequences in everyday interactions and opportunities. This meant that racial identity alone was never the sole marker of social status and power in the region.

This was most clearly the case when it came to issues of social class – the focus of our book. Working-class and poor whites, in particular, did not fit easily into the colonial racial order. Often, their lives were more closely intertwined with black Africans – they lived and worked closer together and, as a result, maintained social relations which did not always conform to the accepted master-servant pattern. This provoked constant anxieties among white elites. They feared that lower-class whites could undermine the carefully constructed racial boundaries on which white rule depended.

Throughout the twentieth century, therefore, white workers and poor whites were subjected to forms of state disciplining, surveillance and social engineering resembling those imposed on black populations – albeit in different forms.

Ivo Mhike’s chapter in the book describes how the state in Southern Rhodesia (Zimbabwe) sought to mould white teenage “delinquents” into proper white settlers by setting up “rehabilitative” institutions and training them for agricultural work to keep them out of the cities. Neil Roos explores how South Africa’s white civil servants – whose numbers were increased enormously in the early years of apartheid – were closely monitored, not only in terms of their work performance, but also in terms of their personal demeanour, physical appearance, dress and use of alcohol. Perhaps more than anything, sexual relations across the colour line provoked acute fears of racial degeneration among the authorities.

In his chapter, George Bishi shows how European immigrants – otherwise welcomed in Southern Rhodesia to bolster white population numbers – were labelled “undesirable whites” and thrown out of the country if they were found to have intimate relations with Africans. Corporate interests were also involved in efforts to regulate lower-class white lives.

Bill Freund’s research shows how the steel giant Iscor planned its new town of Vanderbijlpark in such a way as to separate not just black from white, but also lower-class whites from wealthier whites, with working-class neighbourhoods subject to strict regulations for suburban neatness. Unsurprisingly, such efforts to regulate working-class lives bred antagonistic and rebellious attitudes towards white power wielders.

Drawing attention to these divisions within white society and saying that whites did not all have the same kind of power and privileges does not mean that their white skin was meaningless. Lower-class whites definitely enjoyed privilege and opportunities that were not available to black people at the time. Indeed, while we found widespread evidence of working-class and poor whites transgressing social rules and practices and flouting official regulations, there are very few examples of such whites willing to completely abandon the measure of privilege bestowed by their white skin, and no examples of any of them questioning the legitimacy of the racial state. This starts to reveal the complicated ways in which race and class intersected in everyday life.

Your book also presents unexpected findings about white mobility during this period. Could you tell us more about this?

It was an important political claim of white minority regimes in this era that whites were a permanent presence in the region. Historians subsequently also tend to see whites as “settlers”. Our research shows that this was not always the case – significant parts of white societies were not very settled at all.

In his chapter, Jon Hyslop shows how some poor whites shuffled around the region – looking for work, pursuing family connections which might offer support, seeking charity in cities or taking recourse to the countryside, where they might find unskilled work.

White workers also frequently moved around the region, and some were mobile on a global scale. Northern Rhodesia’s white miners frequently moved across the British empire, alternating working on the Zambian Copperbelt with stints in Australian and British mines. These global connections made for strong working-class solidarities between trade unions on different continents. Duncan’s research shows that their mobility also meant that the Copperbelt’s white miners were not very attached to their political surroundings. Though they displayed racist attitudes in the workplace, they were not concerned about Zambian independence under a black majority government in 1964. And this was not the case in British spheres of influence only.

Districts of Copperbelt Province, Zambia (Photo: Lighton Phiri [CC BY-SA 4.0] via Wikimedia commons)

Caio Simões de Araújo and Cláudia Castelo’s chapters show that the Portuguese empire was particularly eager to move its rural poor to its colonatos in Angola and Mozambique. These people’s identities, beliefs and ways of life travelled with them and were re-established and adapted in colonial settings – often to the annoyance of colonial authorities and wealthier white settlers.

But whites were not only physically mobile – social mobility was also very important. Particularly lower-class whites, like those mentioned above, moved around in the hope of moving up in the world in status and in financial terms. Some were successful: Copperbelt miners earned very high wages while their industry boomed. In contrast, Nicola Ginsburgh shows how the white railway workers who came to Southern Rhodesia hoping for upward social mobility were often frustrated in the face of wages too low to maintain the expected “European” standard of living and prestige.

In South Africa, white social mobility was a state project as well as a matter of individual intent. Bill Freund’s chapter describes how Iscor’s policy of “civilised labour” was less about maintaining white workers’ standards of living and more about “civilising” an impoverished workforce into the state’s image of a respectable working class. Of course, social mobility was also precarious.

Danelle’s research shows how white miners in South Africa desperately defended the racist laws which protected their jobs – especially in the late 1970s and 1980s, when the white government moved to scrap these laws. This placed white workers in conflict with white politicians and business people, who often looked down on them and, by this point in the century, considered them no longer essential to the economy. These white miners genuinely feared slipping down the class and race ladder into white poverty.

Take us through the process of compiling and editing the book.

After soliciting researchers working on these themes, we organised a workshop at the University of the Free State in early 2018. Here, we welcomed participants working in universities in South Africa, Zimbabwe, the US, the UK and Portugal. Each contributor to the workshop gave a presentation on their research, which formed the basis for the broader discussion about how race and class worked in the region during this period, and what kind of broad similarities and differences could be identified. Subsequently, the participants submitted draft chapters to us as editors, and we worked with them to refine their ideas and shape the entire volume into a coherent whole.

The manuscript was then submitted to UK-based publisher Routledge and reviewed by international experts. It was published in print in February 2020 and soon afterwards selected by Routledge for open access publication. This means that the complete book can be read online and downloaded for free here: https://www.taylorfrancis.com/books/e/9781003002307.

Read more about whiteness on LitNet:

In gesprek oor witwees in Suid-Afrika met Melissa Steyn en Christi van der Westhuizen / In conversation about whiteness in South Africa with Melissa Steyn and Christi van der Westhuizen

Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees

The volksmoeder, ordentlikheid and whiteness

The post Witwees in Suider-Afrika: ’n onderhoud appeared first on LitNet.

Studiegidse: ’n onderhoud met Sonia du Plessis

$
0
0

In hierdie dae waartydens baie skoolkinders nog tuis is, praat Sonia du Plessis met Naomi Meyer oor Sonia se studiegidse wat kinders sommer maklik hul Afrikaans sal laat baasraak.

Sonia, wat is jou agtergrond en jou betrokkenheid by die onderwys? Watter vakke is jou spesialiteitsgebied?

Ek het ’n doktorsgraad in Afrikaans (letterkunde). Ek was ’n Afrikaans-onderwyser (matrieks), ’n dosent in Afrikaans by die Universiteit van Limpopo, skoolhoof en toe kurrikulumbestuurder vir Afrikaans by die Curro-groep. Ek het verlede jaar besluit om my voltyds toe te wy aan die skryf van studiegidse en hulpmiddels vir Afrikaans.

Wat het jou geïnspireer om dit te skryf, of wat het jou bewus gemaak van die behoefte onder leerders of onderwysers vir studiegidse?

As onderwyser het ek self die druk ervaar om klas te gee, voor te berei, buitemuurse verantwoordelikhede te hê, ma te wees en nou en dan vrou vir my man te wees. Ek het ook beginneronderwysers se gespartel gesien om al die verskillende afdelings sinvol hul eie te maak en aan die leerders oor te dra. Ek het ook geweet wat werk en het die kennis in my studiegidse gedeel – ek is sedert 1993 betrokke by die skryf van studiegidse.

Waarom dink jy is studiegidse van hulp? Kan kinders nie die handboeke gebruik wat hulle het nie? Wat bied jou studiegidse vir kinders of vir onderwysers? 

Die waarde van my studiegidse lê in die visuele vaslegging van moeilike begrippe en die verstaan van letterkunde en taalkonvensies. Die kontekstuele vrae in my gidse waarvan die leerders nie die memorandum agter in die boek klakkeloos kan oorskryf nie, help ook die onderwysers baie. Verder lei dit die leerder om sy opsteltipe-vraag doelgerig en uniek te benader en ’n eiesoortige antwoord te formuleer.

Wie is jou teikengroep, vir wie het jy dit spesifiek geskryf: leerders of onderwysers?

Dit is beide. Die gids word met groot vrug deur skole gebruik vir ’n hele graadgroep. Wanneer ’n skool dit vir ’n graadgroep aankoop, is daar ’n besparing op fotokopieerkostes en hulle weet die kwaliteit van die studiegids is op standaard. Ek het ook baie individuele leerders of ouers van leerders wat die gidse aankoop ter aanvulling van wat hulle in die skool gebruik.

Hoe gereeld verander die sillabus en hoe relevant is jou studiegidse vir die onderwysers/leerders van 2020?

Die sillabus is veronderstel om elke twee jaar te verander. Weens finansiële beperkinge gebeur dit egter nie altyd nie. Die drama vir graad 12’s het die afgelope paar jaar byvoorbeeld nie verander nie. Wanneer dit egter verander in graad 10–12, word dieselfde onderwysers belas met nuwe voorbereiding. Dit is regtig omvattend. Verder moet die onderwyser heeltyd aktuele onderwerpe in die taal- en skryfafdelings gebruik – die voorbereiding hou dus nie op nie. Ek probeer om die las hier te verlig.

Van 2020 gepraat: Die COVID-19-virus het ons almal onkant betrap. Hoe dink jy kan jou studiegidse in hierdie tyd juis vir mense van waarde wees? Sal dit kan help met hersiening of beter verstaan noudat leerders tuis is?

Vir seker. Die studiegidse is omvattend, gerig op die sillabus, en met ’n memorandum beskikbaar. Ek glo dat wanneer ’n leerder deur die studiegids gewerk het, hy/sy gereed is om die eksamen met vertroue aan te pak.

Wat is die kernbeginsels van enige studiegids? Waarop fokus jou studiegidse spesifiek?

Die kern van my studiegids is om die gebruiker daarvan in staat te stel om dit wat van hom verwag word, te bemeester en enige meting daarvan met groot vertroue en sukses af te lê.

Hoe kan mense jou studiegidse in die hande kry? Waar kan hulle dit bestel? En wil jy iemand na jou webwerf verwys om voorbeelde te sien van wat hulle kan verwag?

Die webwerf is www.studiegidse.co.za. Die verskillende studiegidse wat beskikbaar is, word op die webblad aangedui. By elke studiegids is ’n uittreksel uit die betrokke studiegids. Vir elke studiegids is daar ook ’n memorandum, waar toepaslik. Sou skole vir ’n graadgroep aankoop, is daar ’n 40%-korting. Enige navraag kan gerig word deur die KONTAK-skakel. Bestellings word gedoen deur op die BESTEL-skakel te kliek en die vorm in te vul.

The post Studiegidse: ’n onderhoud met Sonia du Plessis appeared first on LitNet.

Lesingpodsendings in Afrikaans om inklusiwiteit te bevorder

$
0
0

Lesingpodsendings in Afrikaans om inklusiwiteit te bevorder

Janus van As, Eenheid vir Leertegnologieë, Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 17(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die taalbeleid oor tweetaligheid en veeltaligheid by universiteite is die afgelope paar jaar onder konstante bespreking en dit is ’n kwessie wat baie emosie ontlok. Sommige studente en personeel voel dat universiteite meer inklusief moet wees en alle taalgroepe insluit, terwyl ander weer voel dat universiteite net in Engels moet funksioneer. Die ontwikkeling en implementering van die taalbeleid is ’n komplekse probleem en die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit Stellenbosch het besluit om tweetaligheid te akkommodeer deur Engelse lesingopnames (ook genoem podsendings) in Afrikaanse podsendings te verander. Hierdie artikel berig oor ’n loodsstudie waartydens alle studente lesings in Engels bygewoon het en na afloop van klas na die Afrikaanse podsendings van die lesings kon luister. Hierdie werkswyse is vir een semester gevolg. Aan die einde van die semester het die studente terugvoer gegee deur ’n vraelys te beantwoord. Daar is bevind dat min Afrikaanse studente van die podsendings gebruik gemaak het, omdat dit vir meeste makliker was om oor te skakel en liewer in Engels te studeer. Die studente wat wel van die podsendings in Afrikaans gebruik gemaak het, het genoem dat die podsendings waardevol was om aan te wend om moeilike terme of konsepte te probeer verstaan. Dus kan Afrikaanse podsendings en selfs podsendings in ander Afrikatale wel van waarde wees om die oorgang van een onderrigtaal na ’n ander vir studente te vergemaklik.

Trefwoorde: hoër onderwys; vernuwing; lesingopnames; onderrigmetodes; podsendings; taalbeleid; tweetaligheid; tolking; leertegnologie; leerhulpbron; onderrigmetodes

 

Abstract

Lecture podcasts in English and Afrikaans: A more inclusive strategy

The recording of lectures (in this article referred to as podcasts) are increasingly being used in higher education. Podcasts in education are generally defined as the recording of lectures, tutorials and learning materials in either audio or video format. The recordings are then made available asynchronously, and students can play these on various electronic devices. Research is showing that using podcasts or lecture recordings as a learning resource can improve the learning experience of students if/when they use it to supplement learning. Furthermore, De Villiers and Walsh (2015) mention that this is a necessary service to support learning and should be an essential component of a university’s teaching and learning strategy.

The Faculty of Medicine and Health Sciences (FMHS) at Stellenbosch University (SU) uses podcasts to supplement formal teaching in the undergraduate programmes to enrich students’ learning experience. According to De Villiers and Walsh (2015) students make use of these podcasts to study; to better understand ambiguous concepts; to catch up on missed work; and to help them prepare for tests and exams. Interestingly, not many students use the podcasts to replace lectures as they still prefer to be in class. Podcasts, therefore, serve mainly as a source of further support for the students.

Given the University’s stated motive for inclusivity, the FMHS was challenged in 2015 to find a way to incorporate both English and Afrikaans as a medium of instruction. As a result, a task team was established to explore possibilities as to how Afrikaans could be included in the most effective way possible. The task team looked at various options, such as parallel-medium teaching, code-switching and interpreting. Presenting classes in both languages or making use of code-switching during class was considered too complicated and time-consuming. Furthermore, parallel-medium teaching was considered impractical as it was both time-consuming and costly.

Therefore, an innovative way to accommodate both language groups needed to be explored. The decision was made to trial making podcasts of lectures in both English and Afrikaans as the infrastructure to record the English lectures was already in place. Afrikaans students attend classes taught in English but can use the Afrikaans podcasts afterwards in their own time as a learning resource. They can use this to clarify those complicated concepts that they struggled with during class and to learn subject-specific terminology. Students are also able to compare the English and Afrikaans podcasts to clarify their understanding while also improving their linguistic abilities. The provision of the podcasts gives students more control over their own learning experience, thereby reducing learning stress and anxiety.

The Afrikaans podcasting project was built on the back of the existing lecture-recording (podcasting) project. A task team comprising several role players was established. The task team decided to select the Chemistry module for first-year students as a pilot study, and the project began at the start of the academic year in 2016. The project management and research were carried out by the Head of the Unit for Learning Technologies.

It was decided to work with an interpreter who would be present in class and who would translate the presented Chemistry lectures into Afrikaans. The interpreter received the lecture material in advance so that he/she could prepare. During lectures, the interpreter sat in front and used the whisper method to interpret (Pienaar 2006) so as not to disturb the students in the class. The interpreted speech was recorded with a digital voice recorder and a mobile phone to make sure the sessions were recorded. At the same time, the English lectures were being recorded in the standard way using TechSmith Relay. The lecturer’s voice was recorded alongside the PowerPoint slides he or she was presenting. The English recordings were automatically sent to a technical assistant who edited them while the interpreter would deliver the recordings on a USB drive or via email.

Once the English recordings were processed, the assistant replaced the English track with the Afrikaans recording. It was then edited to make sure that the synchronisation between the voice and presentation slides is correct. Students then accessed the podcasts through the faculty website and could download or listen to it online. A complete explanation of this process is given by Walsh and De Villiers (2015). Figure 1 provides a visual representation of the process. Students were informed of the project beforehand and during lectures. Emails were sent with guidance employing screenshots on how to access the Afrikaans podcasts.

In 2015 the task team established that the most feasible approach for integrating Afrikaans was to create the Afrikaans podcasts. The team decided that they needed to determine whether students would make use of this service and whether it would benefit their learning. Therefore, this research was aimed at providing answers to the following questions: (a) How useful are the Afrikaans podcasts to the students? and (b) How do students use the Afrikaans podcasts?

The researchers used a nested mixed-method approach where the qualitative and quantitative data were collected simultaneously. The primary data is qualitative, and the nested data is quantitative – observing user behaviour through Google Analytics. The entire group of students (487 students) was asked to participate in the study and to complete the survey. However, only Afrikaans-speaking students (152 students) were expected to participate. The study was submitted to the FMHS Ethics Committee and to the SU Institutional Research Committee for consideration, and was approved. The study was considered a low-risk study, and the ethics number assigned to the study was S12/01/022. Qualitative feedback was obtained through a survey with open-ended questions as well as some Likert scale questions. Quantitative data was collected using Google Analytics to track students’ viewing behaviour.

From the data analysis it can be inferred that, in an ideal world, students would prefer instruction in their home or first language but, as students indicated, since most learning resources, such as textbooks, YouTube videos, journal articles and websites are in English, it involved more work to study in Afrikaans.

Google Analytics also showed that few students made use of the Afrikaans podcasts. During the semester, the English podcasts were visited 835 times compared to the Afrikaans podcasts that were visited only 52 times. However, students were able to download and share the podcasts, so it is difficult to say with confidence how many times the Afrikaans podcasts were used.

The study has shown, however, that creating podcasts in Afrikaans is not a necessity for students at the FMHS, since students realised that they needed to make a switch from Afrikaans to English to be successful in their studies. The research is inconclusive on whether it is a needed resource as students have indicated that it enhances their learning experience.

In their first year, students need to acclimatise to the university environment. They need to learn subject-specific terminology and a whole range of new concepts in a second, or sometimes a third, language. Therefore, podcasting in Afrikaans or any other additional language can serve as a scaffold to support students while they adapt to their new environment and develop the confidence and competence to make the transition to learning in English. It can, therefore, be useful to record students’ first-semester subjects in their home language. It could be useful especially for at-risk students or students who are not as confident in learning in English. Using this approach to create podcasts in Afrikaans, Xhosa, Zulu and Sotho can serve as a possible solution to promote multilingualism. The study can also be replicated for different faculties, as well as for supporting different languages. A final consideration could be to see whether this learning resource has a positive impact on student performance and attrition.

Keywords: bilingualism; higher education; innovation; interpreting; language policy; learning resource; learning technologies; lecture recordings; podcasts; teaching methods

 

1. Inleiding en agtergrond

Die opnames van lesings (waarna in hierdie artikel as podsendings of lesingpodsendings verwys word) word toenemend in hoër onderwys gebruik om die student se leerervaring te verbeter (O’Callaghan, Neumann, Jones en Creed 2017). Podsendings in die onderwys word algemeen gedefinieer as die opnames van lesings, tutoriale en leermateriaal in klank- en/of videoformaat. Die opnames is dan asinchronies beskikbaar en kan op verskeie elektroniese toestelle gespeel word (Tynan en Colbran 2006; McGarr 2009). Daar is toenemende bewyse dat die gebruik van podsendings as onderrigmetode tersiêre studente se leerervaring kan verbeter – De Villiers en Walsh (2015) beskou dit trouens as ’n noodsaaklike komponent van universiteite se onderrig-en-leer-strategieë.

Die Fakulteit Geneeskunde en Gesondheidswetenskappe (FGGW) aan die Universiteit Stellenbosch (US) gebruik die lesingpodsendingsformaat om formele onderrig in die voorgraadse kurrikulum op te neem en sodoende studente se leerervaring te verryk. Hierdie podsendings word in MP4-video-formaat beskikbaar gestel en bestaan uit die dosent se PowerPoint-skyfies met sy of haar stem.

As deel van studente-ondersteuning het die FGGW in 2012 met ’n podsendingloodsprojek begin om lesings in die FGGW op te neem en so die gehalte en beskikbaarheid van onderrig en leer by die fakulteit te verbeter. Hierdie loodsprojek was gerig op die opname van Engelse lesings.

Volgens De Villiers en Walsh (2015) het studente hierdie podsendings gebruik om onduidelike konsepte te bestudeer en beter te verstaan, om werk wat gemis is in te haal en om voor te berei vir toetse en eksamens. Studente het die podsendings nie gebruik om lesings te vervang nie; inteendeel, dit het hoofsaaklik as ’n bron van verdere ondersteuning vir die studente gedien.

Na aanleiding van die positiewe studenteterugvoer is die loodsprojek in 2014 uitgebrei tot ander studiejare in die voorgraadse mediese MBChB-program. Tans word meer as 70% van die voorgraadse MBChB-program se Engelse lesings opgeneem. Die fakulteit is ook besig om ander strategieë te ondersoek om die lesingopnames selfs effektiewer aan te wend – spesifiek met die oog op die implementering van omgekeerde klasse.1 Die rede hiervoor is dat die gebruik van omgekeerde klasse ’n leerdergesentreerde benadering is en beter resultate bied. Hierdie pedagogiese benadering vorm egter nie deel van hierdie studie nie.

Gegewe die universiteit se verklaarde motief van inklusiwiteit, is die FGGW in 2015 uitgedaag om ’n manier te vind om meer Afrikaans by lesings te inkorporeer. Die FGGW het ’n taakspan saamgestel om moontlikhede te ondersoek waarop Afrikaans op ’n koste-effektiewe manier by die leerervaring ingesluit kon word. Dit was ’n uitdaging vir die FGGW as gevolg van ’n oorvol kurrikulum en ’n reeks logistieke probleme. Die taakspan het besluit dat aangesien die FGGW reeds die tegnologie tot hul beskikking het om alle lesings op te neem, dit hierdie reeds bestaande tegnologie in die FGGW kon benut om lesings ook in Afrikaans beskikbaar te stel.

Die podsendingloodsprojek vir Afrikaans is dus op die been gebring in reaksie op die inklusiwiteitsoproep en vorm deel van ’n plan om Afrikaanssprekende studente te ondersteun en inklusiwiteit te bevorder. Die taakspan het wel ’n paar verskillende metodes oorweeg wat hier onder bespreek sal word. Die benaderings is oorweeg op grond van die praktiese uitvoerbaarheid daarvan, hoe dit studente se leerervaring sou verbeter en die koste- en tydsimplikasies daarvan.

Die insluit van sowel Engels as Afrikaans by lesings het groot uitdagings vir die fakulteit ingehou, want die aanbieding van lesings in albei tale, of die gebruik van kodewisseling2, sou die werkslading in ’n reeds vol kurrikulum verder verhoog. Ook parallelmediumonderrig word as ’n onpraktiese benadering vir die fakulteit beskou, omdat daar in sommige modules tot 30 dosente betrokke is en dit dus groot koste- en tydsimplikasies het. ’n Innoverende onderrigmetode wat beide taalgroepe effektief kan akkommodeer, moes gevind word.

Daar is besluit die beste manier om Afrikaans te integreer, is om podsendings van lesings in Engels sowel as Afrikaans te skep. Hierdie besluit is geneem aangesien daar reeds infrastruktuur vir lesingopnames beskikbaar was en omdat dié werkswyse ook verskeie voordele vir die betrokke studente inhou. Aangesien die lesingmateriaal van jaar tot jaar nie werklik verander nie, kan lesings slegs een keer getolk word en daarna vir etlike jare gebruik word, wat natuurlik ’n kostevoordeel inhou.

Studente is aangemoedig om die podsendings te gebruik juis omdat hulle dit op hul eie tyd, in hul eie ruimte en op hul eie manier kon luister en aanwend. Tans word die Engelse podsendings daagliks deur studente benut. Meade, Bowskill en Lymn (2011) het bevind dat podsendings ’n positiewe impak op die leerervaring van studente het, en dit word ook in die FGGW waargeneem. Individue kan hersien en herhaal volgens hul eie behoefte en sodoende hul begrip van komplekse konsepte versterk.

Aanvanklik woon die Afrikaanse studente die lesings in Engels by, waarna hulle hersiening kan doen deur na die Afrikaanse podsendings te luister. Die beskikbaarstelling van podsendings bied aan individue meer beheer oor hul eie leerervaring en sodoende word stres en angs verminder. Afrikaanse studente kan met behulp van die Afrikaanse podsendings moeilike konsepte ’n onbeperkte aantal keer herhaal om die vakinhoud onder die knie te kry. Verder kan studente die Engelse en Afrikaanse podsendings met mekaar vergelyk om hul begrip van die konsepte verder te verbeter, terminologie aan te leer en hul taalkundige vermoëns te verbeter.

In hierdie artikel verken ek die wyse waarop die FGGW Afrikaans wel by die fakulteit integreer deur gebruik te maak van lesingpodsendings. Die ideale leeromgewing vir studente sluit die bevordering van tweetaligheid of veeltaligheid in, maar om dit te bewerkstellig het vele uitdagings. Daar is dus gereken dat hierdie loodsprojek ’n vernuwende manier is om van hierdie probleme te oorbrug. Ek bied eerstens ’n oorsig oor podsendings, taalbeleidskwessies en metodes vir die integrasie van veeltaligheid. Verder word die vernuwing en terugvoer oor die navorsing bespreek. Die artikel eindig deur aan te dui watter moontlike verdere studies oor taal en podsendings gedoen kan word.

 

2. Literatuuroorsig

2.1 Taalbeleidskwessies

Die beleid oor tweetaligheid en veeltaligheid by universiteite is die afgelope paar jaar onder konstante bespreking en dit is ’n kwessie wat baie emosie ontlok (Strydom 2018). Sommige studente en personeel voel dat universiteite meer inklusief moet wees en alle taalgroepe insluit, terwyl ander weer voel dat universiteite net in Engels moet funksioneer (LitNet 2016a; LitNet 2016b; Molisana en Moselane 2015).

Hierdie taalbeleidskwessie is nie uniek aan Suid-Afrika nie en is ’n uitdaging by baie universiteite regoor die wêreld – veral in lande wat verdeel word deur taal, soos België, Switserland, Kanada en verskeie ander Afrikalande. Hierdie kwessie is wel meer ingewikkeld in Suid-Afrika weens die politieke klimaat, die apartheidsgeskiedenis, die vestiging van ’n demokrasie en die strukturele hersiening van die onderwyssektor (Webb 2012).

Die post-apartheidsregering het besef dat al die tale in ons land baie belangrik is en dat die een nie belangriker is as die ander nie. Die regering het dus besluit dat al elf tale ’n gelyke amptelike status sal hê. Dit beteken dat ’n omgewing geskep moet word wat verseker dat al die tale verder bevorder en ontwikkel word. Dit word teweeggebring meestal deur die tale as vakke aan te bied en waar moontlik ook as onderrigmedium in basiese sowel as hoër onderwys gebruik word (Mutasa 2015). “Die Suid-Afrikaanse Grondwet verleen amptelike status aan elf tale en ag al hierdie tale as bates wat aangewend behoort te word om mense se potensiaal te ontwikkel” (Universiteit Stellenbosch 2016).

Ten spyte van die feit dat daar voorsiening gemaak is vir taalgelykheid in die Grondwet, skets die werklikheid ’n heel ander prentjie. Universiteite het meer kultuurdiverse en veeltalige omgewings geword wat hul studenteprofiele betref. In teenstelling hiermee neig Suid-Afrikaanse universiteite toenemend na eentaligheid in hul leer-en-onderrig-kontekste (Webb 2012). Engels se posisie en mag het uitgebrei as die taal van toegang sedert die demokratiese verkiesing van 1994. Die regering speel ’n rol daarin dat die relatiewe invloed van Afrikaans kleiner word (Probyn 2006).

By die meeste Suid-Afrikaanse universiteite is die implementering van meer tale ’n probleem omdat die koste-implikasie hoog is en daar nie genoeg dosente is wat meer as twee tale kan praat nie. Veeltaligheid het ook ’n verdere impak op die gebruik van klaskamers en roosters (Schoonwinkel in Hartlieb 2015). Tradisioneel Afrikaanse universiteite – soos die universiteite van die Vrystaat en Pretoria en die Universiteit Stellenbosch – is gedwing om hulle taalbeleide te verander in ’n oproep om die kurrikulum te dekoloniseer, breër toegang te verseker en om meer inklusief te wees (Balfour 2017).

Die Universiteit Stellenbosch het die oproep ernstig opgeneem en het in 2015 besluit dat Engels die mees algemene taal in Suid-Afrika is en dat lesings in Engels aangebied sal word. Die universiteit beoog om akademiese ondersteuning in die ander landstale te verskaf. Hierdie ondersteuning sou volgens die studente se behoeftes bepaal word (Hartlieb 2015). Sedertdien is die US se taalbeleid aangepas om gelyke toegang by die US vir alle studente en personeellede uit te brei en om te verseker dat taalpraktyke pedagogies verantwoordbare onderrig en leer fasiliteer (Universiteit Stellenbosch 2016).

Die vraag ontstaan: Hoekom moet veeltaligheid en multikulturalisme in hoër onderwys bevorder word? Volgens Webb (2012:210) speel universiteite ’n belangrike rol in die lewens van gemeenskappe en nasies:

Universiteite verbeter kennisvlakke en bevorder intellektualisering, hulle beklemtoon die fundamentele belangrikheid van bepaalde waardes, sienings en lewenspatrone, hulle dra by tot mense en gemeenskappe se gevoel van waarde, selfbeeld en emosionele sekuriteit (deur byvoorbeeld die waarde van hul eerste taal in die openbare domein te erken), hulle ontwikkel nuwe maniere om te dink en te oordeel en stel nasionale maatstawwe en standaarde vir hoër-orde gedrag (my vertaling).

Deur die effektiewe vestiging en bestuur van multikulturalisme en veeltaligheid sal die waarde van die verskillende kulture en tale in die land beklemtoon en bevorder word – tot voordeel van die algemene publiek. Dit kan lei tot nuwe denkwyses en die bevordering van ’n kultuur van respek vir diversiteit, terwyl ook sosiale transformasie bevorder word (Webb 2012). Verder sal dit aan studente ’n beter leerervaring bied, aangesien hulle in die taal waarin hulle die gemaklikste voel, kan studeer. Dit is dus belangrik om te kyk na watter metodes gebruik kan word om veeltaligheid te bevorder.

2.2 Metodes vir veeltalige integrasie

Webb (2012) beskou parallelmedium- en dubbelmediumonderrig en klaskamertolking as moontlike metodes om veeltaligheid te bevorder. Kodewisseling in die klaskamer is ook as ’n moontlikheid geïdentifiseer.

2.2.1 Parallelmediumonderrig

Dit is belangrik om ’n strategie te kies wat die benadering van twee- of veeltaligheid effektief ondersteun. Webb (2012) beweer dat parallelmediumonderrig waarskynlik nie ’n sinvolle benadering is nie, aangesien studente deur taal geskei word, wat nie multikulturalisme of sosiale samehorigheid bevorder nie. In hierdie geval vind kruistalige kontak net in ’n informele konteks plaas. ’n Mens wil dus ’n benadering kies wat die waardes van multikulturalisme kan bevorder.

2.2.2 Dubbelmediumonderrig

Die dubbelmediumbenadering is een waar twee tale ewe veel vir akademiese doeleindes in dieselfde klasse gebruik word. Die helfte van die lesing word in die een taal aangebied en die ander helfte in die ander taal. Dubbelmediumkursusse dra teoreties by tot studente se verhoogde vaardigheid in albei tale in ’n professionele konteks. Hierdie onderrigmetode is egter nie sonder ernstige uitdagings nie, aangesien dit vereis dat studente en dosente ten volle tweetalig moet wees.

Die implikasies van bogenoemde benadering is dat ’n universiteit personeel sal moet aanstel wat ten volle tweetalig is, en dit vereis doeltreffende monitering om te verseker dat albei tale ewe veel in die klas gebruik word. Dit kan ook ’n negatiewe impak hê op die akademiese ontwikkeling van studente wie se vaardighede in een van die tale onvoldoende is (Webb 2012).

2.2.3 Kodewisseling in die klaskamer

Kodewisseling vind plaas wanneer ’n spreker in ’n enkele gesprek tussen twee of meer tale wissel (Demby 2013). Wanneer studente in ’n klassituasie ’n spesifieke term nie verstaan nie, kan die dosent die term byvoorbeeld in die ander taal gebruik om dit vir die studente duidelik te maak. Die dosent kan verder gaan deur die konsep in die ander taal te verduidelik. Die meeste tweetalige of veeltalige sprekers gebruik elemente van ander tale in hul gesprekke. Kodewisseling is egter ’n unieke konsep vergeleke met ander taalkonvensies soos leenvertalings. Die rede hiervoor is dat kodewisseling net plaasvind in individue se informele gesprekke en nie as ’n globale konvensie nie. Kodewisseling is natuurlik slegs effektief wanneer die gespreksgenote vlot is in die tale wat gebruik word (Goldstein en Kohnert 2005; Lourdes 2007; Brice en Brice 2009; Demby 2013).

Daar is verskeie redes waarom ’n persoon kodewisseling in ’n enkele gesprek sal gebruik (Saville-Troike 1986:69; Aranoff en Rees-Miller 2003; Nilep 2006; Demby 2013; Hult 2014):

  • Spesifieke onderwerp: Mense maak oor die algemeen van kodewisseling gebruik in ’n gesprek oor spesifieke onderwerpe, aangesien dit spesifieke taal vereis. Die spreker is dan beter in staat om menings en konsepte wat verband hou met die spesifieke onderwerp, te kommunikeer.
  • Verduideliking: Sprekers kan kodewisseling toepas wanneer hulle agterkom dat die luisteraars sukkel om die gedagte of idee wat hulle gekommunikeer het, te verstaan. Dieselfde geld vir sprekers wat nie die toepaslike woorde in hul moedertaal kan gebruik (of onthou) nie.
  • Aanhaling: Mense pas kodewisseling toe wanneer hulle ’n ander persoon in ’n spesifieke taal aanhaal.
  • Solidariteit en dankbaarheid: Terwyl die spreker dankbaarheid of solidariteit uitdruk, kan hulle taal gebruik wat hierdie gevoelens beter uitdruk.
  • Groepsidentiteit: Mense kan kodewisseling toepas om groepsidentifisering uit te wys. Dit kan byvoorbeeld gebeur wanneer lede van ’n bepaalde taalgroep aan ander bekendgestel word.
  • Versterking of versagting: Terwyl die spreker ’n persoon vra om iets te doen, kan kodewisseling werk deur klem te lê op die bevel of om die persoon te inspireer om dit te doen.
  • Leksikale behoefte: Sprekers gebruik dikwels ’n paar tegniese terme of woorde uit ’n ander taal. In so ’n geval, as die spreker probeer om die terme te vertaal, kan dit die presiese betekenis en waarde van die woorde verwring. Kodewisseling vind dus plaas om die presiese betekenis van die woord oor te dra.

Dit is interessant om daarop te let dat baie navorsers of akademici kodewisseling in die 1940’s en 1950’s as substandaard taalgebruik beskou het (Weinreich 1953). Sedert die tagtigerjare het die meeste kenners dit egter begin sien as ’n normale en natuurlike gebruik deur tweetalige en veeltalige sprekers (Goldstein en Kohnert 2005; Nilep 2006; Brice en Brice 2009).

Kodewisseling is ’n effektiewe manier om ’n begrip oor te dra, spesifiek in ’n klaskamersituasie waar nuwe konstrukte bespreek word. Dit verseker dat die begrip by die student vasgelê word. Dit is ook ’n benadering wat veeltaligheid en multikulturalisme bevorder. Daarom is kodewisseling ’n goeie praktyk in ’n leer-en-onderrig-konteks waar die studente wat voor die dosent sit nie eerstetaalsprekers van die taal waarin die lesing aangebied word is nie. Die enigste probleem met kodewisseling is dat dit ’n tydrowende benadering is, omdat dit bykomende tyd in die lesing verg om die konsepte eers in Engels en dan weer in die alternatiewe taal te bespreek. As daar baie inligting is waardeur die dosent moet werk, kan kodewisseling ’n problematiese strategie word.

2.2.4 Tolking in die klaskamer

Volgens Van Rooy (2005) is intydse tolking eers tydens die verhore van die Waarheid-en-versoeningskommissie onder die aandag van die Suid-Afrikaanse publiek gebring en het dit sedertdien deel van die lewens van Suid-Afrikaners geword. Daar is al verskeie studies gedoen oor die rol van die tolk as ’n kulturele bemiddelaar. Pöchhacker en Schlesinger (2002:28 in Pienaar 2006) noem dat tolking breedweg gedefinieer kan word as ’n intertalige, interkulturele mondelinge of gebaretaalbemiddeling wat kommunikasie tussen individue of groepe wat nie dieselfde taal gebruik nie of kies om nie dieselfde taal (tale) te gebruik nie, moontlik maak.

Tolking is aanvanklik in die Suid-Afrikaanse universiteitsklaskamer ingespan in ’n poging om die gemarginaliseerde Afrikaanssprekende studente te akkommodeer. Meeste van die Afrikaanse universiteite het lesings in Engels begin aanbied om die meerderheid studente te akkommodeer. Dus het Afrikaanssprekende studente nie meer die voordeel van toegang tot kennis in hul eie taal nie. Die doel van die eksperimentering met intydse tolking is as ’n moontlike opsie beskou om die taalgaping tussen Engelssprekende akademiese kundiges en Afrikaanssprekende studente te verklein en vir Afrikaanse studente steeds die geleentheid te bied om in hulle eie taal onderrig te ontvang (Pienaar 2006).

Hierdie metode is egter nie sonder beperkings nie. Dit is ’n duur metode en dit isoleer studente van die res van die klas terwyl hulle in die klas sit met oorfone aan. Dissipline kan ook ’n probleem wees. Die tolk sit in die klas en alhoewel hulle die fluistertegniek gebruik, kan dit ander studente se aandag steeds aftrek. Daar moet tolke gevind word wat die vakgebied verstaan, want daar kan ’n groot mate van tegniese jargon wees wat die tolk moontlik verkeerd kan tolk as hy of sy nie die vakgebied self onder die knie het nie (Van Rooy 2005; Pienaar 2006).

Alhoewel dit ’n duurder metode is, is daar besluit om tolking in die klaskamer te benut vir hierdie loodsprojek. Aangesien die tolking net eenmalig gedoen en opgeneem word, is dit nie ’n herhalende koste nie. Na opname en verwerking word die lesings op die platform gelaai vir gebruik deur die studente. Die Afrikaanse studente is nie afgesonder van die res van die klas nie, want hulle het die lesings in Engels bygewoon en kon na afloop van die lesing die Afrikaanse podsendings as ’n leerhulpbron gebruik.

2.3 Lesingpodsendings

In hierdie afdeling word die literatuur oor podsendings oorweeg, waarna aangetoon word hoe van die beginsels in die praktyk tydens die FGGW-loodsprojek toegepas is en wat die uitkomste was.

Verskeie universiteite regoor die wêreld stel podsendings van hul lesings op hul leerbestuurstelsel (Moodle, Blackboard, Canvas, Sakai, ensovoorts) of ander toepaslike webruimtes beskikbaar waar studente die lesings dan kan aflaai. Die gemak waarmee studente weer deur hierdie lesings kan gaan, verhoog die gewildheid van hierdie soort aanbieding.

Verder raak podsendings toenemend populêr onder studente en dosente omdat dit baie ander pedagogiese moontlikhede bied (Brooks, Epp, Logan en Greer 2011; Kay 2012; Hassan, Khan en Lalitha 2016). Een voorbeeld hiervan staan as gemengde leer bekend. Hierdie benadering vereis dat die dosent die leeromgewing afwissel deur aanlyn leer by klastyd te integreer. Gemengde leer is ’n leerdergesentreerde benadering wat studente bemagtig om op hulle eie tyd en plek en teen hul eie pas te leer (Garrison en Vaughan 2012; Moskal, Dziuban en Hartman 2013; Porter, Graham, Spring en Welch 2014).

Alhoewel die lesings aanlyn gekyk kon word, beskou ek dit nie as ’n voorbeeld van ware gemengde leer nie.

’n Ware gemengdeleeromgewing kan geskep word indien die podsendings van die lesings aanlyn beskikbaar gestel word sodat die studente daardeur werk voordat hulle klas toe kom. Klastyd word dan gebruik om geleenthede vir probleemoplossing en besprekings te skep; ’n benadering tot leer wat ook as ’n omgekeerde klaskamer bekend staan.

Die fokus van die studie was nie op die skep van ’n omgekeerde klaskamer nie, maar dit is belangrik om te noem dat die tweetalige podsendings wel so benut kan word.

’n Rede vir die toename in die gebruik van podsendings is dat die tegnologie wat die opname van lesings fasiliteer, baie ontwikkel het en vryliker as in die verlede beskikbaar is. Die koste van die gebruik daarvan het ook aansienlik gedaal. Ten spyte van die feit dat die tegnologie al ver gevorder het, blyk dit dat podsendings reeds op ’n baie beperkte wyse by Afrika-universiteite aangewend word (De Villiers en Walsh 2015). Redes hiervoor sluit in die bestaan van vrae oor die bekostigbaarheid en volhoubaarheid van die vernuwing, en onsekerheid oor die kundigheid wat vereis word en die praktiese toepassing daarvan (De Villiers en Walsh 2015).

Daar is ten volle outomatiese stelsels ontwikkel wat selfs Engelse onderskrifte by die opnames kan voeg. Die outomatiese transkripsietegnologie is egter nog nie optimaal ontwikkel nie en dit beteken dat onderskrifte nie volkome akkuraat is nie. Die bekendste lesingopnamestelsels tans beskikbaar is Echo360, TechSmith Relay en Panopto, om maar ’n paar op te noem. ’n Groot voordeel van hierdie stelsels is dat dit nie baie kundigheid verg om te gebruik nie en dus maklik by ’n universiteit geïmplementeer kan word. Dit is ’n groot voordeel, aangesien navorsing toon dat die implementering van nuwe tegnologie by groot instansies veranderingsbestuur vereis, en veranderingsbestuur as ’n moeilike, komplekse en tydsame proses beskou word (Hardaker en Singh 2011).

Verder word al hoe meer navorsing gedoen oor lesingopnames en podsendings, veral oor die gebruik van die tegnologie vir leer en onderrig. Khan (2016) het byvoorbeeld die impak van podsendings op die kognitiewe bemagtiging van studente wat daarvan gebruik maak, ondersoek, en bevind dat dit studente bemagtig om meer selfgerig te wees. O’Callaghan e.a. (2017) het instelling-, studente- en dosentekwessies oor lesingopnames bestudeer om te verstaan hoe dit implementering by universiteite beïnvloed en het bevind dat baie faktore die proses beïnvloed (hier onder bespreek). Daardie navorsing gee dus ’n oorsig oor wat nodig is om lesingopnames op die effektiefste manier te kan implementeer.

Meer navorsing word ook oor die tegnologie self gedoen, asook oor die beste manier om dit aan studente beskikbaar te stel (Crook en Schofield 2017; Dona, Gregory en Pechenkina 2017; Hall en Ivaldi 2017; Ollermann, Rolf, Greweling en Klaßen 2017; Rehatschek 2017; Witton 2017). Hierdie tipe navorsing is belangrik veral in ’n land soos Suid-Afrika waar datakoste nog hoog is vergeleke met die res van die wêreld. Dit is dus belangrik om moontlikhede vir lae-bandwydtestelsels te ondersoek.

Verder het Phillips (2005) gewys dat een van die hoofredes waarom universiteite hierdie tegnologie implementeer is omdat studente daarna vra. Soos reeds hier bo genoem, is een van die mees komplekse probleme wat die implementering van nuwe leertegnologie betref die veranderingsbestuur wat toegepas moet word om van die implementering ’n sukses te maak.

Die suksesvolle implementering van ’n lesingopnamestelsel vereis ’n implementeringstrategie. Hierdie strategie moet rekening hou met die veranderinge wat nodig is op individuele, fakulteits- en universiteitsvlak. Een voorstel is om die model te gebruik wat in Couperthwaite, Hinrichsen en Shields (2010) voorkom, omdat dit ’n goeie raamwerk bied vir implementering. O’Callaghan e.a.(2017) beveel aan dat die implementeringsbenadering sowel die menslike komponent as die tegnologiese aspekte by die bekendstelling van die projek insluit. Die werkswyse volgens O’Callaghan e.a. (2017) moet soos volg wees:

  1. Studente word opgelei om die tegnologie te gebruik om hul leerervaring te verbeter. Hierdie opleiding sluit in hoe om dit as aanvulling te gebruik saam met klasbywoning en om erkenning te gee aan die nadele indien dit as ’n plaasvervanger vir lesingbywoning gebruik sou word.
  2. Dosente word ingelig oor die voordele van podsendings en misverstande oor die tegnologie word uit die weg geruim.
  3. Dosente word voorsien van opleiding in die doeltreffende gebruik van Hierdie opleiding moet insluit watter onderrigstyle beter werk vir podsendings.
  4. Instellings bied die nodige tegnologiese ondersteuning en verseker dat die tegnologie betroubaar is en vir studente én dosente maklik is om te gebruik.
  5. Die tegnologie word geoptimaliseer om te verseker dat die podsendings van ’n hoë gehalte is – helder klank is ononderhandelbaar.

In tabel 1 is redes uiteengesit vir die inwerkingstelling van ’n lesingopnamestelsel.

Tabel 1. Redes vir die inwerkingstelling van podsendings by universiteite (O’Callaghan e.a. 2017)

Nie-akademiese faktore

Faktore van toepassing op studente

Faktore van toepassing op dosente

• Druk van belanghebbendes om lesingopnames in te stel

• Toename in studentegetalle

• Onvoldoende befondsing (finansiering aan universiteite hou nie tred met die toename in studentegetalle nie)

• Verhoogde behoefte van studente om te werk om vir hul studies te betaal en dus nie altyd klas kan bywoon nie

• Universiteit is onder druk om te moderniseer en toeganklik te raak vir meer studente

• Universiteite moet doeltreffend word en moet meeding met ander plaaslike en internasionale universiteite

• Oorgrote meerderheid van tweede- en derdejaarstudente verkies podsendings

• Studente waardeer die geleentheid om teen hul eie tempo te kan leer, te kan hersien en spesifieke konsepte te probeer verstaan

• Dit gee vir studente die kans om ’n klas wat gemis is in te haal

• Podsendings is belangrik vir die studente se kursusbevrediging

• Dosente vrees dat as hulle nie lesingopnames maak nie, dit hulle studente-evaluasies negatief kan beïnvloed

• Dosente kan die lesingopnames gebruik om hulle voorbereiding en klasgeevaardighede te verbeter

• Dosente voel dit bevorder billikheid teenoor studente omdat dié wat nie klas kan bywoon nie, die geleentheid gegun word om in te haal

 

Die gevolgtrekking wat gemaak word, is dat die gebruik van podsendings verskeie voordele in vir die instansie, studente en dosente inhou.

2.4 Die ingryping: Afrikaanse podsendings

Lesingpodsendings is vir die eerste keer in 2014 in die FGGW gebruik en is nou al ’n gevestigde gebruik by die fakulteit vir opnames van Engelse lesings. Om te verseker dat die implementering effektief verloop, het die fakulteitsbestuurspan besef dat hulle die samewerking van personeel en studente moes verkry. Studente-inkoop was nie ’n kwessie nie – trouens, hulle was baie opgewonde oor die gebruik van die podsendingstelsel juis omdat dit soveel voordele vir hulle sou inhou. Die personeel was egter huiwerig om hul lesings te laat opneem. Hulle was nie gemaklik met die tegnologie nie, hulle was aanvanklik onwillig om hul lesings aanlyn beskikbaar te stel, omdat hulle gevoel het dit sou kon dien as bewyse vir moontlike foute, of dit sou kon ingespan word vir prestasiebeoordeling, en hulle het gevrees dat studente nie sou klas bywoon as die lesings op hierdie wyse beskikbaar gestel sou word nie (De Villiers en Walsh 2015; Walsh en De Villiers 2015).

Die personeel is egter verseker dat die opnames nie verpligtend was nie en dat, waar opnames wel gemaak sou word, dit net tot studente se voordeel ingespan sou word en nie gebruik sou word vir prestasiebeoordeling of op enige ander manier sou aangewend word nie. ’n Aantal dosente-vernuwingspioniers is gevra of hulle bereid sou wees om te begin met opnames van hul lesings. Hierdie benadering het dosente effens gemakliker laat voel, maar het nie die toename van gebruik deur dosente beïnvloed nie (De Villiers en Walsh 2015; Walsh en De Villiers 2015).

Daar is ook besluit dat die studente die implementering van die lesingopnames moes dryf. Die klasleier is opgelei om die lesingopnames te hanteer sodat dit nie vir die dosent nodig sou wees om hom- of haarself met die opnameproses te bemoei nie. Die dosent stap dus net in en die aangewese student behartig al die tegniese take. Studente is ook in kennis gestel dat, indien hulle podsendings wou hê van die vakke wat hulle neem, dit hulle verantwoordelikheid sou wees om met die betrokke dosente te onderhandel, aangesien dosente nie verplig is om die lesings op te neem nie. Hierdie metode was effektief – veral omdat die dosente kon sien dat die studente die opgeneemde lesings inderdaad benut. Klasbywoning het ook nie afgeneem nie en daar was geen ander newe-effekte nie.

As deel van die ondersoek vir ’n platform is YouTube oorweeg vir die opname en verspreiding van lesings by die FGGW, omdat dit ’n gratis, bestaande stelsel is wat studente daagliks gebruik. Verder bied dit ’n lae bandwydte en is dit voordelig omdat baie netwerke gratis YouTube-stroomspeling toelaat, wat studente se internettoegangsprobleme verminder. Die gebruik van YouTube het egter baie implikasies wat eers deeglik ondersoek en oorweeg sou moes word, veral by ’n mediese fakulteit waar pasiënte se vertroulike inligting of data gebruik word. Daar is dus besluit om eerder ’n nuwe stelsel op SharePoint te ontwikkel wat beide pasiënte en studente se inligting kan beskerm.

Die feit dat studente na lesingopnames gevra het, het bygedra tot die FGGW se besluit om die loodsprojek ’n permanente instelling te maak en die projek verder uit te brei sodat die meeste van die lesings aan studente beskikbaar gestel kan word. Die feit dat studente dit graag vir hul studies wil gebruik het dit makliker gemaak om dosente te motiveer om die lesings op te neem. Studente is ook aangeraai om self vir dosente (wat dit nog nie begin gebruik het nie) te vra of lesings kan opgeneem word.

2.4.1 Tegniese komponent vir die Afrikaanse podsendings-loodsprojek

Die Afrikaanse podsendingsprojek is voorts op die rug van die huidige projek gebou. Aangesien hierdie projek net ’n loodsprojek was om die behoeftebepaling vir Afrikaanse podsendings te doen, was ’n volledige implementeringstrategie, soos in die vorige afdeling bespreek, nie nodig nie. Indien die projek wel verder sou vorder, sou ’n implementeringstrategie ’n noodsaaklike komponent van die huidige projek word om suksesvolle implementering te verseker. Nietemin was die suksesvolle implementering van hierdie tegnologie vir die loodsprojek op sigself al ’n groot projek.

Om hierdie projek uit te voer is ’n taakspan bestaande uit verskeie rolspelers saamgestel: die visedekaan van Onderrig en Leer, die direkteur van die Sentrum vir Gesondheidsberoepe-onderrig, die hoof van die Eenheid vir Leertegnologieë by die FGGW, ’n gemengdeleerkoördineerder by die Sentrum vir Leertegnologieë en ’n personeellid van die US Taalsentrum. Die taakspan het in 2015 vergader om die projek te bespreek en te besluit hoe Afrikaans in die fakulteit gefasiliteer sou word. Aan die einde van 2015 is die projek aan die etiese komitee vir klaring voorgelê. Die projek het in Januarie 2016 ’n aanvang geneem.

Figuur 1. ’n Grafiese voorstelling van die tegniese proses

Daar is besluit om saam met die US Taalsentrum te werk om tolke in die klas teenwoordig te hê wat die lesings in Afrikaans kon tolk. Die tolke het die lesingmateriaal vooraf ontvang sodat hulle kon voorberei. Hulle het tydens die lesings voor in die klas gesit en die fluistermetode gebruik om te tolk (Pienaar 2006) om sodoende nie die studente in die klas te steur nie. Die projekbestuur en navorsing is deur die hoof van die Eenheid vir Leertegnologieë uitgevoer.

Die tolking is met ’n digitale stemopnemer opgeneem. Die tolke het sowel hul selfone as digitale stemopnemers gebruik om seker te maak dat lesings wel opgeneem is. Die Engelse lesings is op die standaardwyse opgeneem deur van TechSmith Relay gebruik te maak, wat die stem van die dosent opneem saam met die PowerPoint-skyfies wat hy of sy besig is om aan te bied. Hierdie opname is dan outomaties aan ’n tegniese assistent in die Eenheid vir Leertegnologieë gestuur, wat die lesingopnames redigeer om enige klanksteuring te verminder of te verwyder.

Nadat ’n kopieregskyfie bygevoeg is, word die lesing op die podsending-webwerf gelaai. Studente verkry deur hierdie webwerf toegang tot die podsendings en daar kon hulle dit dan aflaai of aanlyn daarna luister. ’n Meer volledige uiteensetting van hierdie proses word deur Walsh en De Villiers (2015) gegee. Figuur 1 bied ook ’n visuele voorstelling van die proses. Die maak van Engelse podsendings is die proses wat tans in die FGGW gebruik word en wat in Walsh en De Villiers (2015) bespreek word. Die Afrikaanse podsendingsproses is van toepassing op hierdie navorsing.

Sodra die tegniese assistent die Engelse video’s verwerk het, is die Afrikaanse getolkte weergawe van die Taalsentrum verkry en die Engelse klankbaan is vervang met die Afrikaanse weergawe. Dit is dan in Afrikaans intyds met die skyfies gesinchroniseer. Daarna is die podsendings na die bediener opgelaai en in ’n spesifieke lêer vir Afrikaanse lesings gestoor. Studente is tydens lesings en per e-pos in kennis gestel van die opname van Afrikaanse podsendings, en is deur middel van skermskote gewys hoe om toegang tot die Afrikaanse podsendings te verkry.

Google Analytics, ’n webanalisediens deur Google, is opgestel as deel van die webplatform waar die podsendings beskikbaar gemaak is. Só kon die taakspan die studente se kykgedrag moniteer om die gebruik van die podsendings na te vors.

 

3. Navorsingsmetodologie

3.1 Navorsingsvraag en doel van die ondersoek

Die doelwit van die ondersoektaakspan was om vas te stel wat die effektiefste metode sal wees om die Afrikaanssprekende studente te ondersteun deur Afrikaanse lesings in die fakulteit beskikbaar te stel. Daar is besluit dat die fakulteit reeds die huidige infrastruktuur tot hul beskikking het om lesings op te neem, en dit dus daartoe leen om Afrikaanse podsendings te skep. Hierdie Afrikaanse podsendings kan dien as ’n leerhulpbron vir studente. Die vraag was dus of studente hierdie Afrikaanse leerhulpbron sal benut en hoe hulle dit sal gebruik.

Vir hierdie ondersoek het die voorafgaande bespreking deur die taakspan gelei tot die volgende vrae, naamlik:

Navorsingsvraag: Hoe doeltreffend is die Afrikaanse podsendings?

Subnavorsingsvrae: 

(a) Hoe bruikbaar is Afrikaanse podsendings vir die studente?
(b) Hoe gebruik studente die Afrikaanse podsendings?

3.2 Navorsingsmetodologie

3.2.1 Navorsingsbenadering

Aangesien hierdie studie se oogmerk was om te bepaal of studente die Afrikaanse podsendings gebruik en nuttig vind, is ’n deduktiewe gemengdemetodes-navorsingsbenadering gebruik. Die kwalitatiewe metode het voorrang geniet (QUALquan). ’n Gelyktydiggeneste-gemengdemetodes-raamwerk maak dit moontlik om kwalitatiewe en kwantitatiewe data gelyktydig in te samel om ’n navorsingsvraag te beantwoord.

In hierdie studie is die primêre data kwalitatief en die geneste data is kwantitatief (Google Analytics-data om kykgedrag te ondersoek). Die doel van hierdie tipe navorsing is om die bevindings te bevestig (of verwerp) wat deur beide metodes geproduseer is (Kroll en Neri 2009).

Deur kwalitatiewe en kwantitatiewe data te kombineer vul die sterkpunte van die een benadering die swakpunte van die ander aan. Dit verbreed en verdiep dus ook die verstaan van die probleem (Creswell en Clark 2017; Schoonenboom en Johnson 2017).

3.2.2 Studiepopulasie

Vir die navorsingskomponent is studente in kennis gestel dat daar ’n studie oor die gebruik van die Afrikaanse podsendings wat beskikbaar gestel sou word, gedoen gaan word. Die hele groep studente (487 studente) is gevra om aan die studie deel te neem en om die vraelys te voltooi. Van hierdie studente was 152 studente Afrikaanssprekend, soos aangedui op die aansoekvorms wat vir registrasie by die FGGW voltooi is. Die Afdeling Studente-administrasie het die data beskikbaar gestel.

Vir die Afrikaanse podsendingloodsprojek (2016) is daar besluit om gebruik te maak van die Chemie-module vir eerstejaars. Hierdie module is om twee redes gekies:

Eerstens vir impak, omdat dit die grootste groep studente by die FGGW is en dit deel vorm van drie graadprogramme, naamlik die MBChB-program (mediese opleiding), Fisioterapie en Dieetkunde.

Tweedens sou die gebruik van ’n eerstejaarsmodule beter verteenwoordiging bied van die behoefte aan Afrikaans as onderrigtaal, omdat meer eerstejaars dit moeilik vind om nie onderrig in hul eerste taal te ontvang nie, en aangesien hulle nog in ’n oorgangsfase is en gewoond moet raak aan die universiteitsomgewing – wat ’n oorgang ten opsigte van kultuur, hoe om self te leer, onderrigmetodes en taal insluit (Roessingh en Douglas 2012; Keating 2016; Heleta 2018; Pather en Dorasamy 2018). Lombard (2018) het bevind dat 47,26% van studente glo dat eerstetaalonderrig ’n positiewe impak op hul oorgang van hoërskool na universiteit sal hê.

3.2.3 Etiese klaring

Die voorstel vir die studie is by die FGGW se etiekkomitee, sowel as die US se Institusionele Navorsingskomitee, ingedien vir oorweging en is deur beide goedgekeur. Die studie is as ’n laerisikostudie geklassifiseer. Die etieknommer wat aan die studie toegeken is, is S12/01/022.

Ek het studente ingelig oor die studie en hoe die data gebruik gaan word. Studente is in kennis gestel dat deelname vrywillig is en dat deelname aan albei komponente van die studie anoniem is. Studente wat daarin belanggestel het om deel te neem, is gevra om ’n ingeligte toestemmingsvorm in te vul en by die volgende klas in te dien. Aan hierdie studente is daar aan die einde van die semester ’n skakel gestuur na ’n kort vraelys op Google Forms wat hulle moes voltooi. Anonimiteit is verseker in die vraelys deur geen vrae te vra wat studente persoonlik kon identifiseer nie.

Alle studente is in kennis gestel dat die podsendsingswebwerf anoniem gemonitor word deur die klikke te tel om te sien of die lesings wel deur studente benut word. Die webwerfbesoeke word deur Google Analytics gemonitor. Studente het ’n erkenning op die webwerf geteken tydens die eerste aantekening.

3.2.4 Dataversameling

Ek het kwalitatiewe terugvoer van studente verkry met behulp van ’n vraelys wat deur middel van Google Forms aan studente gestuur is. Oop vrae sowel as Likert-skaal-vrae is gestel. Hierdie vraelys is aan studente gestuur aan die einde van die semester, na afloop van die Chemie-lesings. Die rede vir die gebruik van kwalitatiewe data is dat dit die geleentheid skep om die werklike wêreld uit deelnemers se perspektief te ondersoek.

Kwantitatiewe data is ingesamel deur gebruik te maak van die Google Analytics-funksie. Ek het gekyk na die studente se gebruiksgedrag ten opsigte van die Afrikaanse podsendings: hoeveel keer die Afrikaanse lêer op die podsendingwebwerf oopgemaak is, hoeveel keer ’n spesifieke podsending besigtig is, en wanneer die studente na die podsendings gekyk het. Hierdie data verdiep die interpretasie van die kwalitatiewe data, aangesien kwantitatiewe data die kwalitatiewe data wat van die studente verkry is, kan ondersteun of verwerp.

3.2.5 Dataverwerking

Die vraelys is aan al die studente gestuur wat aan die ondersoek wou deelneem, maar slegs die terugvoer van studente met Afrikaans as eerste taal is vir die ontleding gebruik. Die fokus is geplaas op die studente se waarnemings rondom die gebruik van Afrikaanse podsendings om gevolgtrekkings te maak betreffende die bruikbaarheid van Afrikaanse podsendings en om te bepaal of dit waarde toevoeg tot die student se leerervaring.

Tydens die tematiese ontleding van die data het ek ’n aantal faktore geïdentifiseer wat ’n rol speel in die gebruik van die Afrikaanse podsendings. Hierdie faktore is deur middel van tematiese analise in temas en subtemas gegroepeer. Ek kon dus op grond van die sekere hoof- en subtemas sekere gevolgtrekkings maak oor die persepsies van die studente en hulle gebruik van die Afrikaanse podsendings.

Om die betroubaarheid van die data te verhoog, is die data getrianguleer om te bepaal of die geneste kwantitatiewe data verkry deur Google Analytics die kwantitatiewe data ondersteun. Die fokus is geplaas op die aantal kere wat die studente na die podsendings gekyk het en ook wanneer die studente die Afrikaanse podsendings gebruik het.

Hierdie gelyktydiggeneste-gemengdemetodes-raamwerk het dit moontlik gemaak om temas te identifiseer en om kwantitatiewe data te gebruik om die gebruik van die podsendings deeglik te verken.

 

4. Resultate en bespreking van bevindinge

Soos in afdeling 3.2.2 genoem, is die hele groep van 487 studente gevra om die vraelys in te vul. Net 18 studente het die vraelys voltooi en 12 van hierdie studente het aangedui dat hulle eerste taal Afrikaans is. Dus het net 1,52% (12 uit 152 studente met Afrikaans as eerste taal) van die studente die vraelys beantwoord. Die meerderheid was fisioterapiestudente en enkele ander was dieetkundestudente. Geen mediese studente het die vraelys voltooi nie.

Van hierdie 12 studente het 66,7% verkies dat hulle lesings in Afrikaans aangebied word (figuur 2a), en 75% het aangedui dat hul taalvoorkeur deur die loop van die semester van Afrikaans na Engels verander het (figuur 2b). Dit is interessant dat die resultate in figure 2a en 2b teenstrydig is met mekaar – figuur 2a dui aan 66,7% van studente verkies lesings in Afrikaans, maar figuur 2b dui aan dat 75% van studente hulle taalvoorkeur wel na Engels verander het.

Die gevolgtrekking kan gemaak word dat studente in ’n ideale omgewing nog steeds sou verkies om in hul eerste taal onderrig te verkry, aangesien jou taal deel vorm van jou sosiale identiteit (Bornman en Potgieter 2015). Verder mag lesings dalk in Afrikaans aangebied word, maar die meeste leerhulpmiddels wat studente gebruik, soos handboeke, YouTube-video’s en notas is in Engels. Dis behels dus meer werk om in Afrikaans te studeer. Bornman en Potgieter (2015) wys dat al hoe meer studente Engels verkies en dat daar ’n afname in die gebruik van Afrikaans tydens die studiejare van ’n graadprogram is. Daar is ook moontlik ’n persepsie onder studente dat Engels meer belangrik vir sukses is, soos blyk uit die stelling in Klapwijk en Van der Walt (2016:5):

The preference for English as medium of instruction seems to be largely based on the perception of the importance of English to “succeed” in life and work rather than the actual dominant use of English by a majority of the population.

Bogenoemde siening word gesteun in die tersaaklike studie deur die meerderheid van studente wat die volgende redes aangevoer het vir hul voorkeur vir Engels as onderrigtaal:

My lesings is in Engels.

Die handboeke wat ek gebruik, is in Engels.

Ek wil nie al my klasnotas vertaal nie.

Net 17% van die studente het gesê hulle maak gebruik van die podsendings wat beskikbaar gestel is. Van die studente het aangedui dat hulle een of twee van die podsendings gebruik het, maar nie van alle podsendings nie. Figuur 2d dui aan 58% van die studente bevestig het dat die podsendings ’n goeie manier is om lesings in Afrikaans beskikbaar te maak, 25% was neutraal en 17% het nie saamgestem nie. Die studente het egter nie redes aangebied nie, hoewel daar voorsiening gemaak is vir kommentaar.

Dit is moontlik dat die studente gevoel het dis dubbele werk om die Engelse lesings by te woon en dan die Afrikaanse lesings te moet aflaai en daarna te luister. Dit mag ook wees dat studente eerder verkies om net na die Engelse lesings te luister en die konsepte maar net in Engels te probeer baasraak.

Figuur 2. ’n Grafiese voorstelling van die data verkry uit vier van die vrae wat aan studente gevra is

Soos in die metodologie bespreek, is Google Analytics, ’n webanalisediens deur Google, opgestel om die verkeer na die webplatform waar die podsendings beskikbaar gemaak is, te monitor. Só kon ons die studente se kykgedrag moniteer. Tabel 2 hier onder wys die data wat deur Google Analytics opgelewer is. Die data hier onder is opgedeel in twee tydperke vir semester- en eksamentyd.

Tabel 2. Google Analytics-data vir die webwerfbesoeke vir beide die Afrikaanse en Engelse podsendings

(Klikke verwys na die hoeveelheid kere wat gebruikers direk op ’n album geklik het om toegang tot die podsendings te verkry).

Ten tyde van die voorstelling van die navorsingsprojek aan studente is daar aan hulle genoem dat die resultate van die projek, die vraelys en die Google Analytics-data gebruik sou word om te bepaal of die FGGW die projek verder moet uitbrei vir die opname van Afrikaanse podsendings vir hul ander vakke in die eerste jaar, sowel as na die tweede- en derdejaarsmodules. Deelname aan die studie en die gebruik van die Afrikaanse podsendings was dus tot die studente se voordeel. Uit die hoeveelheid terugvoer wat ontvang is, blyk dit dat hierdie projek vir meeste studente nie ’n prioriteit was nie, aangesien daar net ’n klein hoeveelheid studente was wat belanggestel het om aan die studie deel te neem, sowel as om die Afrikaanse podsendings te besoek, as mens die kykgedrag in ag neem.

Die hoofrede waarom die eerstejaarsgroep gekies is, is omdat hulle in ’n oorgangsfase is van die bywoning van klasse in Afrikaans op skool na lesings in Engels op universiteit. Hierdie oorgang kan vir studente baie spanningsvol wees (Chester, Buntine, Hammond en Atkinson 2011); veral om aan die groot volume terminologie wat nou in Engels aangebied word, gewoond te moet raak. Van Rooy (2005:86) noem dat as daar ’n prestasievergelyking getref word tussen Engels en Afrikaans as onderrigmedium, dit duidelik is dat Afrikaanse leerders beter presteer in Afrikaanse klasse as in Engelse klasse. Om hierdie rede is studente die geleentheid gegee om Afrikaanse podsendings te benut.

Een van die moontlike redes waarom die meeste studente nie die Afrikaanse podsendings benut het nie, en die gebruik baie laer is teenoor die Engelse podsendings, is die spanning wat met hul nuwe omgewing gepaardgaan – juis omdat hulle gewoond moes raak aan soveel ander veranderinge. Chester e.a. (2011) het bevind dat eerstejaarstudente nie so gretig is om die podsendings te benut soos tweede- en derdejaarstudente nie. Genoemde navorsers stel voor dat hierdie verskynsel moontlik te make het met die feit dat studente verskillende spanningsfaktore tydens die oorgangsfase van skool na universiteit beleef. As daar egter gekyk word na die gebruik van podsendings by eerstejaars in die FGGW, is die gebruik in verhouding net so hoog soos dié van die ander jaargroepe. Daar is byvoorbeeld 835 keer na die Engelse podsendings van dieselfde lesings gekyk teenoor 52 keer vir die Afrikaans. Ek stem dus nie heeltemal saam met Chester e.a. (2011) oor die toepassing hiervan by ’n mediese fakulteit nie – daardie outeurs se navorsing is konteksgebonde, net soos hierdie navorsing ook konteksgebonde is.

Die profiel van ’n mediese student is baie spesifiek, aangesien toelating tot mediese beroepe hoogs kompeterend is. Mediese fakulteite het ’n plig om te verseker dat hoëgehaltekandidate tot hul programme toegelaat word. Hierdie kandidate moet die potensiaal hê om onder hoë druk te werk, lang ure in die hospitaal te werk en nog steeds hul studies suksesvol te voltooi, dus is die keuringsproses baie streng. Mediese studente word gekies op grond van hul akademiese vaardigheid, sowel as hul persoonlikheidseienskappe (Bore, Munro en Powis 2009). Die toelatingsvereistes vir mediese studierigtings lei daartoe dat toegelate mediese studente ’n spesifieke persoonlikheidsprofiel het. Volgens ’n studie deur Eley, Leung, Hong, Cloninger en Cloninger (2016) openbaar mediese studente oorwegend meer een van twee moontlike persoonlikheidsprofiele – meer as 60% het ’n veerkragtige (“resilient”) persoonlikheidsprofiel. Eley e.a. (2016) toon aan dat die meerderheid mediese studente veerkragtig is omdat hulle lewenskragtig is en oor ’n hoë vlak van deursettingsvermoë beskik. Hulle is intelligente, hardwerkende, selfgerigte en veelsydige studente, maar het die geneigdheid om te werk tot hulle uitbrand. Verder het Eley e.a. (2016) getoon dat mediese studente meer volwasse en verantwoordelik is.

Weens hul profiel (hoë akademiese prestasie, prestasiegedrewendheid en hoë motivering) is hulle taalvaardigheid moontlik ook op ’n hoër standaard. Adserà en Pytliková (2016) noem dat beter taalvaardigheid makliker assimilasie tot gevolg het. Dit is dus vir die meerderheid FGGW-studente minder van ’n probleem om oor te skakel van onderrig in Afrikaans na onderrig in Engels – dit word bevestig deur die feit dat studente in die vraelys aandui dat dit vir hulle makliker is om in Engels te studeer omdat dit minder werk vereis, aangesien die meeste leerhulpmiddels in Engels is.

In tabel 2 toon die Google Analytics-resultate dat min van die studente gebruik gemaak het van die Afrikaanse podsendings en dat die meerderheid studente die Engelse podsendings verkies het. Gedurende die semester het studente 835 keer na die Engelse podsendings gekyk teenoor die Afrikaans podsendings, wat slegs 52 keer besoek is. Ongelukkig was dit nie moontlik om te bepaal hoeveel keer dieselfde studente die podsendings besoek en afgelaai het nie. Dit is moontlik dat dieselfde studente herhaaldelik na die podsendings gekyk het.

Die 835 besoeke is wel ’n aanduiding dat daar studente is wat die Engelse podsendings meer as een keer besoek het, want daar was net 487 studente in die klas. Die 52 besoeke vir die Afrikaanse podsendings kan dus 52 individuele studente wees (addisionele studente wat nie aan die studie deelgeneem het nie), of dit kan dieselfde paar studente wees wat die podsendings meer as een keer besoek het. As dit wel individuele studente is wat die podsendings besoek en gebruik het, beteken dit dat 34% van die Afrikaanse studente dit benut het, wat aansienlik meer is. Dus is een van die tekortkominge van die Google Analytics-analise die onvermoë om te bepaal wie wat gebruik het.

’n Verdere tekortkoming van Google Analytics is dat dit net wys hoeveel keer studente op die tuisblad van die Engelse of Afrikaanse podsendings geklik het en nie aandui of studente die podsendings afgelaai het en/of gekyk het nie. Soos gesien in tabel 2 is die besoeke tydens semestertyd baie hoër as in eksamentyd en ’n mens sou verwag dat die klikke tydens eksamentyd meer sou wees. Die moontlike rede hoekom dit laer is, is dat studente die podsendings op hulle rekenaar en foon kan aflaai en hulle dit dus tydens die semester al afgelaai het.

Aangesien die data beperk is tot klikke op die podsendings, is dit moeilik om te weet na watter podsendings die studente gekyk het en of daar spesifieke lesings is wat hulle meer benut het om moeilike konsepte te kan verstaan. Die gevolgtrekking kan dus net gemaak word dat studente die Afrikaanse podsendings benut het om onduidelike of moeilike konsepte te verstaan, of om dit te gebruik vir hersiening, aangesien hulle dit in die vraelys so beantwoord het.

Aangesien Google Analytics anonieme data verskaf kan daar ook nie bevestig word wie wat gekyk het nie. Dit is dus baie moontlik dat die Afrikaanse studente wat na die Afrikaanse podsendings gekyk het, ook die Engelse podsendings benut het. Uit die data vir besoeke na die Engelse podsendings (835 klikke) kan afgelei word dat Afrikaanse studente wel die Engelse podsendings benut het. Verder het van die Afrikaanse studente hierdie moontlikheid wel bevestig in die oop vrae op die vraelys. Dit was ook nie moontlik om te bevestig of die Afrikaanse studente wat nie deelgeneem het aan die studie nie, wel ook die Afrikaanse podsendings besoek het.

Soos genoem, is studente ingelig oor die belangrikheid van hierdie studie en dat hulle deelname ’n impak sou hê op die uitbrei en verdere implementering van hierdie projek. Verder is hulle ook ’n paar keer tydens die semester in lesings daaraan herinner om deel te neem as hulle sou wou. Aangesien net ’n klein hoeveelheid studente besluit het om deel te neem en net 17% (figuur 2c) van die deelnemers aangetoon het dat hulle van die Afrikaanse podsendings gebruik gemaak het, kan daar afgelei word dat dit net ’n paar studente was wat die podsendings meer as een keer besoek het en dus nie 52 individuele studente nie.

Verdere motivering vir hierdie afleiding is dat die meerderheid studente genoem het dat dit vir hulle makliker is om in Engels te studeer. Hierdie bevindinge kom in ander navorsing voor soos in Bornman en Potgieter (2015) en Klapwijk en Van der Walt (2016). Klapwijk en Van der Walt (2016) noem dat die voorkeur vir Engels gegrond is hoofsaaklik op studente se waarneming dat Engels noodsaaklik is vir sukses in die lewe en in ’n werksomgewing.

Verder het Bornman, Potgieter en Pauw (2013) uitgewys die belangrikste oorwegende rede vir Afrikaanse studente om oor te slaan na Engels, is die feit dat handboeke slegs in Engels beskikbaar is. Verdere redes hou verband met die posisie van Engels as wêreldtaal en as taal van die werksomgewing. ’n Verdere voordeel van die gebruik van Engels is om toegang te hê tot die Engelse vakspesifieke (mediese en wetenskaps-) terminologie.

Studente neem dus waarskynlik ’n strategiese besluit om aan te pas en Engels as voorkeurtaal vir hul studies te kies. Uit die studente wat die vraelys voltooi het, het 75% gesê dat hulle voorkeurtaal in die loop van die kursus na Engels verander het. Die rede vir hul besluit berus daarop dat alle klasse en handboeke, asook klasnotas, in Engels is. Dit beteken dat studente ekstra tyd sou moes neem om hulle studiemateriaal te vertaal as hulle in Afrikaans sou studeer. Gegewe die hoë druk waaronder hulle funksioneer en die feit dat hulle gewoond moes raak aan die werkslading en akademiese lewe, is sulke ekstra werk te veeleisend.

Die gevolgtrekking wat ek gemaak het, is dat die studente wat van hierdie hulpbron gebruik gemaak het meestal ’n groep studente is wat dit moeiliker vind om die oorskakeling van Afrikaans na Engels te maak. Die afleiding is gebaseer op wat studente gesê het – dat hulle die Afrikaanse podsendings gebruik het hoofsaaklik om onduidelike konsepte te verhelder en om hulle te help om van die terme te verstaan. Hierdie inligting bou voort op wat Paxton (2009) in haar artikel beklemtoon, naamlik dat dit soms baie moeilik vir studente is om in ’n tweede taal te leer, omdat ’n mens eers die taal en dan die konsep moet aanleer. In Chemie, byvoorbeeld, moet ’n mens eers die chemiese terme en definisies in Engels aanleer voordat jy kan probeer om die nuwe konsepte te verstaan. Chemie, sowel as die ander wetenskaps- en mediese vakke, bevat baie nuwe terminologie wat studente moet aanleer.

Die klein groepie studente wat wel die vraelys voltooi het, het bevestig dat die Afrikaanse podsendings vir hulle ’n waardevolle leermiddel is. Die Afrikaanse podsendings kan dus as ’n buffer dien vir hierdie studente om te help met die oorskakeling van Afrikaans na Engels. Dit kan studente help om gewoond te raak aan die oorskakeling en dit speel sekerlik ook ’n rol in die verlaging van die spanning en angs wat Afrikaanssprekende studente sou kon ervaar wanneer hulle in Engels studeer. Die Afrikaanse podsendings speel dus ’n rol in die ondersteuning van hierdie studente deur die oorgangsfase te vergemaklik.

Die bogenoemde gevolgtrekking word verder ondersteun deur die antwoorde op die vraag wat aan studente gevra is oor die gebruik van Afrikaanse podsendings. Studente het genoem dat hulle hoofsaaklik die Afrikaanse podsendings as hulpbron gebruik om konsepte beter te verstaan en om ’n beter begrip van die wetenskaplike taal te ontwikkel. Studente het ook die volgende oor die onderwerp gesê:

I think it was easier to study in English because I could use online resources like Khan Academy on You Tube but it was very difficult to adapt after doing chemistry in Afrikaans (student A).

I am finding that this semester is easier to study in English because I'm starting to think in English. I'm glad that I made the switch in the first semester when the workload was less (student B).

Al hoe meer studente maak deesdae gebruik van internethulpbronne soos YouTube en Khan Academy om moeilike konsepte te verstaan (Rapp, Healy, Charlton, Keith, Rosenbaum en Kapadia 2016; Lim, Chew, Chan, Leow, Rozlan en Yong 2017; Mthembu en Roodt 2017). ’n Verdere rede vir die oorskakeling na Engels is dus die feit dat studente makliker van bykomende internethulpbronne gebruik kan maak sonder om enigiets te moet vertaal, terwyl werk in Afrikaans te veel tyd vir vertaling vereis. Dit is ook veeleisend om die konsep- en wetenskapsterminologie in Afrikaans te leer en dan die studiehulpmiddels soos Khan Academy en YouTube te gebruik en dan weer die terminologie en konsepte in Engels te probeer leer.

Soos gesien in die tweede student se aanhaling, raak dit vir studente makliker om in Engels te studeer omdat studente begin om in Engels te dink. Daar is ’n oorgangsfase vir studente om gewoond te raak aan die akademiese omgewing en om in Engels te studeer. Hierdie tipe leerhulpmiddel (podsendings in verskeie tale) is dus vir sommige Afrikaanse studente van waarde om hulle te ondersteun in die eerste semester terwyl hulle gewoond raak aan die universiteitsomgewing en -kultuur, sowel as Engels as onderrigtaal.

Die skep van podsendings in meer as een van ons land se amptelike tale kan verder uitgebrei word om studente met ander Afrikatale as eerste taal te ondersteun. Dit sou as ’n benadering wat veeltaligheid ondersteun beskou kon word, omdat dit die oorgangsfase vir studente met ’n Afrikataal as eerste taal ook sou kon fasiliteer. Die pedagogiese onderbou hiervoor is Vygotsky (1978) se sone van proksimale ontwikkeling, en/of steierwerk (Donato 1994). Hierdie benadering dui daarop dat studente wat die nodige leerondersteuning kry tot meer selfversekerde studente ontwikkel, aangesien die leerkurwe kleiner is met ondersteuning. Die ondersteuning kan verwyder word sodra die studente vol vertroue is om hul eie leer te bevorder. In hierdie studie is daar bevind dat studente self begin oorskakel na Engels en dat die Afrikaanse podsendings gehelp het om die taaloorskakeling te maak.

Hierdie tipe vernuwing sal die artikulasiegaping wat tussen hoërskool en universiteit bestaan (Van As, Fouché en Immelman 2016) kan verklein deur te dien as ’n steier en sodoende studente te help om gewoond te raak aan die hoëronderwysomgewing en om die sprong te maak van onderrig in hulle eerste taal na onderrig in Engels. ’n Verdere interessante studie sal wees om die impak van hierdie tipe ondersteuning op studenteprestasie en studente-uitsakkoerse te bepaal.

Een beperking van die studie is dat die aantal studente wat die vraelys ingevul het nie ’n realisties-verteenwoordigende voorstelling van die algemene menings van studente in die FGGW is nie. Hierdie voorstelling word wel versterk deur die gebruik van die Google Analytics-data wat beskikbaar is. Ek het dit ingesluit as deel van die navorsing om die data te trianguleer en sodoende die geldigheid van die argumente in die navorsingsverslag te verbeter.

Soos hier bo genoem, is ’n verdere afleiding wat gemaak kan word dat die swak reaksie van studente om die vraelys in te vul ’n weerspieëling is van die feit dat ’n alternatief vir Engelse klasse vir die meeste van die studente nie ’n prioriteit is nie en dat die meeste studente verkies om in Engels voort te gaan. Studente is vooraf in kennis gestel dat hierdie data gebruik sou word vir besluitneming of verdere vakke in podsendings omgeskakel behoort te word. Aangesien min studente die moeite gedoen het om die vraelys in te vul, kan ons aflei dat dit nie vir studente ’n probleem is om in Engels te studeer nie.

’n Moontlike verdere tekortkoming van die studie is die feit dat studente net in kennis gestel is van die projek – hulle het nie opleiding ontvang om die podsendings noodwendig reg te gebruik nie. O’Callaghan e.a. (2017) noem dat dit belangrik is om studente op te lei om die tegnologie te gebruik om hul leerervaring daarmee te verbeter. Daar word dus aanbeveel dat ’n opleidingskomponent deel vorm van ’n verdere studie, aangesien dit moontlik is dat die resultate anders sou kon lyk met meer eerstejaars wat van die Afrikaanse podsendings gebruik maak indien ’n opleidingskomponent deel gevorm het van die loodsprojek.

 

6. Slot

Alhoewel die studie gewys het dat die skep van podsendings in Afrikaans nie ’n noodsaaklikheid is vir studente by die FGGW nie, is die gebruik van podsendings wel ’n effektiewe manier om die leerervaring van studente te verbeter, want dit bied studente die geleentheid om komplekse of nuwe konsepte, sowel as nuwe terme, in hul eie tyd en teen hulle eie pas vir hulself uit te klaar. Dit kan dus ook dien as ’n steier of tydelike ondersteuning vir studente om hulle te help om makliker die oorskakeling na Engels as onderrigtaal te kan maak, maar verdere navorsing is nodig om dit te bevestig.

Dit bied ook die geleentheid om vir verskillende taalgroepe voorsiening te maak deur met ’n bedrewe tolk saam te werk om addisionele taalbane vir Afrikaans, Xhosa, Zulu en Sotho te skep. Dit kan dus ’n moontlike oplossing wees om veeltaligheid by universiteite te bevorder, sowel as om beter ondersteuning aan studente in hulle eie taal te bied. Hierdie benadering vir die beskikbaarstelling van podsendings in alternatiewe tale word verder beskou as ’n meer koste-effektiewe oplossing om veeltaligheid in die hand te werk, aangesien dieselfde opnames vir meer as een jaar gebruik kan word. Verder laat lesingopnames studente toe om meer as een keer na hul lesings te luister, wat hul dus kan help om hul kennis en begrip van die vak te verbeter.

Aangesien die US ’n tweetalige universiteit is, wil die FGGW Afrikaanse en Engelse taalgroepe akkommodeer. Die aanname wat met hierdie studie gemaak kan word, is dat die meeste studente gemaklik is daarmee om hul onderrig in Engels te ontvang en ook verkies om eerder die Engelse podsendings te gebruik, omdat dit vir hulle gerieflik is en ook minder moeite verg om net in Engels te studeer. Die studente wat wel van die Afrikaanse podsendings gebruik gemaak het, het gesê dat dit wel ’n goeie alternatief vir die beskikbaarstelling van lesings in Afrikaans is.

Aangesien hierdie projek op eerstejaarstudente gefokus het en Chester e.a. (2011) bevind het dat eerstejaarstudente ’n kleiner behoefte aan die gebruik van podsendings het, kan daar gekyk word of daardie tendens ook op ander jaargroepe van toepassing is. Hierdie studie kan dus gerepliseer word met ’n tweede- en derdejaarsgroep om vas te stel of hulle behoeftes van dié van eerstejaars verskil. My vermoede is dat Chester e.a. (2011) se bevindings nie ’n invloed sal hê op die resultate van verdere studies nie, omdat dit duidelik was dat studente verkies het om in Engels te studeer – dit was vir hulle bloot makliker en het tyd bespaar.

Hierdie studie kan wel in ’n ander fakulteit gerepliseer word – moontlik ook met ander landstale – om vas te stel of dit vir studente van waarde is om podsendings in Afrikaans beskikbaar te hê om hulle te ondersteun in die oorgang na onderrig in Engels. ’n Verdere moontlike studie is om te ondersoek of die FGGW ’n goeie implementeringsmodel gebruik, soos in die studies van O’Callaghan e.a. (2017) en Couperthwaite e.a. (2010) genoem, waar studente opgelei is om die lesingopnames saam met hulle lesings effektief te benut, en of die opleiding ’n impak op die gebruik van die Afrikaanse podsendings het.

Nog ’n tema wat moontlik ondersoek kan word, is om al die lesings net in Engels op te neem sonder ’n tolk in die klas. Die opname kan dan na die tyd aan ’n tolk gegee word om die vertaling in ander landstale te doen. Hierdie getolkte opnames kan dan opgelaai word sodat die student self die taalband kan kies waarna hulle wil luister. Op hierdie manier word die lesingopnames nie op die webwerf onderskei as Engels of Afrikaans nie. Die voordeel hiervan is dat indien studente nie ’n spesifieke konsep verstaan nie, hulle dadelik kan oorslaan na hul eerste taal sonder om die podsending te verlaat en die Afrikaanse podsending te gaan soek nie. ’n Verdere vernuwing kan wees om transkripsies in verskillende tale by te sit, wat studente dan saam met hul Engelse lesings kan lees.

Laastens, ’n moontlike studie wat gedoen kan word, is om studente wat hierdie hulpmiddel gebruik het, se punte in vakke met getolkte podsendings te vergelyk met hul punte in ander vakke waarvoor geen getolkte podsendings beskikbaar was nie. Hierdie vergelyking sou gebruik kon word om vas te stel of Afrikaanse lesingpodsendings ’n impak op studenteprestasie en studente-uitsakkoerse het.

 

Bedankings

Ek wil graag vir prof. Marietjie de Villiers en prof. Susan van Schalkwyk bedank vir hul hulp en bydrae tot hierdie projek. Verder wil ek die US Taalsentrum bedank vir hul bydrae met die tolking van lesings vir die Afrikaanse podsendings.

 

Bibliografie

Adserà A. en M. Pytliková. 2016. Language and migration. In Ginsburgh en Weber (reds.) 2016.

Andrew, S. en E.J. Halcomb (reds.). 2009. Mixed methods research for nursing and the health sciences. Londen: John Wiley and Sons.

Aranoff, M. en J. Rees-Miller. 2003. The handbook of linguistics. Blackwell: Oxford.

Balfour, R.J. 2017. English only at varsity is not a remedy. Mail & Guardian. https://mg.co.za/article/2017-05-26-00-english-only-at-varsity-isnot-a-remedy (10 Junie 2018 geraadpleeg).

Bore, M., D. Munro en D. Powis. 2009. A comprehensive model for the selection of medical students. Medical Teacher, 31(12):1066–72. http://dx.doi.org/10.3109/01421590903095510 (15 Junie 2018 geraadpleeg).

Bornman, E., P.H. Potgieter en K. Pauw. 2013. Language choices and opinions of Afrikaans-speaking students at Unisa. Journal of Humanities, 53(3):361–76.

Bornman, E. en P.H. Potgieter. 2015. Language choices and identity in higher education: Afrikaans-speaking students at Unisa. Studies in Higher Education. DOI: 10.1080/03075079.2015.1104660 (9 Januarie 2020 geraadpleeg).

Brice, A. en R. Brice. 2009. Language development: Monolingual and bilingual acquisition. Old Tappan, NJ: Merrill/Prentice Hall.

Brooks, C., C.D. Epp, G. Logan en J. Greer. 2011. The who, what, when, and why of lecture capture. Proceedings of the 1st International Conference on Learning Analytics and Knowledge, ble. 86–92.

Chester, A., A. Buntine, K. Hammond en L. Atkinson. 2011. Podcasting in education: Student attitudes, behaviour and self-efficacy. Journal of Educational Technology & Society, 14(2):236–47.

Chowdhury, N. 2013. Classroom code switching of English language teachers at tertiary level: A Bangladeshi perspective. Stamford Journal of English, 7:40–61. http://dx.doi.org/10.3329/sje.v7i0.14462 (14 Julie 2018 geraadpleeg).

Couperthwaite, J., J. Hinrichsen en C. Shields. 2010. Modelling institutional approaches to web-based lecture technologies. Curriculum, technology and transformation for an unknown future. Kongresverrigtinge van Ascilite, Universiteit van Sydney, ble. 236–9.

Creswell, J.W. 2014. Research design: Qualitative, quantitative and mixed methods approaches. 4de uitgawe. Thousand Oaks, CA: Sage.

Creswell, J.W. en V.L.P. Clark. 2017. Designing and conducting mixed methods research. Thousand Oaks, CA: Sage.

Crook, C. en L. Schofield. 2017. The video lecture. The Internet and Higher Education, 34:56–64.

Demby, G. 2013. How code-switching explains the world. https://www.npr.org/sections/codeswitch/2013/04/08/176064688/how-code-switching-explains-the-world (28 Junie 2019 geraadpleeg).

De Villiers, M. en S. Walsh. 2015. How podcasts influence medical students’ learning – A descriptive qualitative study. African Journal of Health Professions Education, 7(1):130–3. https://www.ajol.info/index.php/ajhpe/article/view/124849 (24 Junie 2018 geraadpleeg).

Dona, K.L., J. Gregory en E. Pechenkina. 2017. Lecture-recording technology in higher education: Exploring lecturer and student views across the disciplines. Australasian Journal of Educational Technology, 33(4):122–33.

Donato, R. 1994. Collective scaffolding in Second Language learning. In Lantolf en Appel (reds.) 1994.

Eley, D.S., J. Leung, B.A. Hong, K.M. Cloninger en C.R. Cloninger. 2016. Identifying the dominant personality profiles in medical students: Implications for their well-being and resilience. PLoS ONE, 11(8). https://doi.org/10.1371/journal.pone.0160028 (24 Augustus 2018 geraadpleeg).

Garrison, D.R. en N.D. Vaughan. 2012. Institutional change and leadership associated with blended learning innovation: Two case studies. Internet and Higher Education, 18:24–8. https://doi.org/10.1016/j.iheduc.2012.09.001 (14 Julie 2018 geraadpleeg).

Ginsburgh V. en S. Weber (reds.). 2016. The Palgrave handbook of economics and language. Londen: Palgrave Macmillan.

Goldstein, B. en K. Kohnert. 2005. Speech, language and hearing in developing bilingual children: Current findings and future directions. Language, Speech and Hearing Services in Schools, 36(3):264–7. https://doi.org/10.1044/0161-1461(2005/026) (9 Mei 2018 geraadpleeg).

Hall, G. en A. Ivaldi. 2017. A qualitative approach to understanding the role of lecture capture in student learning experiences. Technology, Pedagogy and Education, 26(4):383–94.

Hardaker, G. en G. Singh. 2011. The adoption and diffusion of eLearning in UK universities: A comparative case study using Giddens’s Theory of Structuration. Campus-Wide Information Systems, 28(4):221–33. https://doi.org/10.1108/10650741111162707 (9 Mei 2018 geraadpleeg).

Hartlieb, T. 2015. Dual-medium teaching not yet fully possible – Stellenbosch University. News24. https://www.news24.com/SouthAfrica/News/Dual-medium-teaching-not-yet-fully-possible-Stellenbosch-University-20150921 (3 Mei 2018 geraadpleeg).

Hassan, I.M., H.U. Khan en M. Lalitha. 2016. Pedagogical potentials of IEEE 802.11 WLAN to Nigerian universities: A case study of the University of Uyo. International Journal of Information and Education Technology, 6(4):256–61.

Heleta, S. 2018. Give varsity students good English support and it can change their lives and SA’s economy. Parent24. https://www.parent24.com/Learn/Tertiary-education/give-varsity-students-good-english-support-and-it-can-change-their-lives-and-sas-economy-20180301 (12 November 2019 geraadpleeg).

Herreid, C.F. en N.A. Schiller. 2013. Case studies and the flipped classroom. Journal of College Science Teaching, 42(5):62–6.

Hult, F.M. 2014. Covert bilingualism and symbolic competence: Analytical reflections on negotiating insider/outsider positionality in Swedish speech situations. Applied Linguistics, 35(1):63–81.

Kay, R.H. 2012. Exploring the use of video podcasts in education: A comprehensive review of the literature. Computers in Human Behavior, 28(3):820–31. https://doi.org/10.1016/j.chb.2012.01.011 (26 Januarie 2019 geraadpleeg).

Keating, C. 2016. How language drives students’ transition from rural to urban areas. CPUT Bulletin. https://blogs.cput.ac.za/bulletin/2016/06/21/how-language-drives-students-transition-from-rural-to-urban-areas (12 November 2019 geraadpleeg).

Khan, H.U. 2016. Possible effect of video lecture capture technology on the cognitive empowerment of higher education students: A case study of Gulf-based university. International Journal of Innovation and Learning, 20(1):68. https://doi.org/10.1504/IJIL.2016.076672 (12 January 2019 geraadpleeg).

Klapwijk, N. en C. van der Walt. 2016. English-plus multilingualism as the new linguistic capital? Implications of university students’ attitudes towards languages of instruction in a multilingual environment. Journal of Language, Identity & Education, 15(2):67–82.

Kohnert, K., D. Yim, K. Nett, P.F. Duran en L. Duran. 2005. Intervention with linguistically diverse preschool children: A focus on developing home language(s). Language, Speech and Hearing Services in Schools, 36(3):251–63. https://doi.org/10.1044/0161-1461(2005/025) (16 Januarie 2019 geraadpleeg).

Kroll, T. en M. Neri. 2009. Designs for mixed methods research. In Andrew en Halcomb (reds.) 2009.

Lantolf, J.P. en G. Appel (reds.). 1994. Vygotskian approaches to second language research. New York: Ablex Publishing Corporation. https://eric.ed.gov/?id=ED393311 (20 Augustus 2019 geraadpleeg).

Lim, W.Y., Y.X. Chew, C.Y. Chan, S.K. Leow, S.B.M. Rozlan en W.J. Yong. 2017. Students’ acceptance of YouTube for procedural learning. In Suki (red.) 2017.

LitNet. 2016a. Hersiening van US se Taalbeleid gaan voort. https://www.litnet.co.za/hersiening-van-us-se-taalbeleid-gaan-voort (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

—. 2016b. Persverklaring van die Universiteit Stellenbosch: Nuwe US Taalbeleid aanvaar. https://www.litnet.co.za/nuwe-us-taalbeleid-bevorder-toegang-en-meertaligheid/ (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

Lombard, J.P. 2018. Factors that influence the transition from high school to higher education: The case of the Junior Tukkie Programme. PhD-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

Lourdes, T. 2007. In the contact zone: Code-switching strategies by Latino/a writers. Melus, 32(1):75–96. https://doi.org/10.1093/melus/32.1.75 (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

McEvoy, C.S., K.M. Cantore, L.N. Denlinger, M.A. Schleich, N.M. Stevens, S.C. Swavely, A.A. Odom en M.B. Novick. 2016. Use of medical students in a flipped classroom programme in nutrition education for fourth-grade school students. Health Education Journal, 75(1):38–46.

McGarr, O. 2009. A review of podcasting in higher education: Its influence on the traditional lecture. Australasian Journal of Educational Technology, 25(3):309–21. https://doi.org/10.14742/ajet.1136 (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

Meade, O., D. Bowskill en J.S. Lymn. 2011. Pharmacology podcasts: A qualitative study of non-medical prescribing students’ use, perceptions and impact on learning. BMC Medical Education, 11:2. http://www.biomedcentral.com/1472- 6920/11/2 (6 Junie 2014 geraadpleeg).

Molisana, L. en T. Moselane. 2015. Language: The great debate. The Journalist. https://www.thejournalist.org.za/kau-kauru/language-the-great-debate (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

Moskal, P., C. Dziuban en J. Hartman. 2013. Blended learning: A dangerous idea? Internet and Higher Education, 18:15–23. https://doi.org/10.1016/j.iheduc.2012.12.001 (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

Mthembu, S. en S. Roodt. 2017. Engaging the Net Generation via YouTube: An academic approach for undergraduate teaching. 1st International Conference on Next Generation Computing Applications, ble. 81–91.

Mutasa, D.E. 2015. Language policy implementation in South African universities vis-à-vis the speakers of indigenous African languages’ perception. Per Linguam, 31(1):46–59. http://dx.doi.org/10.5785/31-1-631 (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

Nilep, C. 2006. “Code switching” in sociocultural linguistics. Colorado Research in Linguistics, 19(1):1.

O’Callaghan, F.V., D.L. Neumann, L. Jones en P.A. Creed. 2017. The use of lecture recordings in higher education: A review of institutional, student, and lecturer issues. Education and Information Technologies, 22(1):399–415. https://doi.org/10.1007/s10639-015-9451-z (15 Februarie 2019 geraadpleeg).

Ollermann, F., R. Rolf, C. Greweling en A. Klaßen. 2017. Principles of successful implementation of lecture recordings in higher education. Interactive Technology and Smart Education, 14(1):2–13.

Pather, S. en N. Dorasamy. 2018. The mismatch between first-year students’ expectations and experience alongside university access and success: A South African university case study. Journal of Student Affairs in Africa, 6(1):49–64.

Paxton, M.I.J. 2009. “It’s easy to learn when you using your home language but with English you need to start learning language before you get to the concept”: Bilingual concept development in an English medium university in South Africa. Journal of Multilingual and Multicultural Development, 30(4):345–59.

Phillips, R. 2005. Challenging the primacy of lectures: The dissonance between theory and practice in university teaching. Journal of University Teaching & Learning Practice, 2(1). http://jutlp.uow.edu.au/2005_v02_i01/phillips003.html. (3 Mei 2014 geraadpleeg).

Pienaar, M. 2006. Simultaneous interpreting as an aid in parallel-medium tertiary education. Stellenbosch Papers in Linguistics PLUS, 33:27–41. https://www.ajol.info/index.php/splp/article/view/124315/113836 (18 Augustus 2017 geraadpleeg).

Pöchhacker, F. en M. Schlesinger (reds.). 2002. The interpreting studies reader. Londen en New York: Routledge.

Porter, W.W., C.R. Graham, K.A. Spring en K.R. Welch. 2014. Blended learning in higher education: Institutional adoption and implementation. Computers and Education, 75:185–95. https://doi.org/10.1016/j.compedu.2014.02.011 (12 September 2017 geraadpleeg).

Probyn, M. 2006. Language and learning science in South Africa. Language and Education, 20(5). https://doi.org/10.2167/le554.0 (28 Maart 2017 geraadpleeg).

Rapp, A.K., M.G. Healy, M.E. Charlton, J.N. Keith, M.E. Rosenbaum en M.R. Kapadia. 2016. YouTube is the most frequently used educational video source for surgical preparation. Journal of Surgical Education, 73(6):1072–6.

Rehatschek, H. 2017. Design and set-up of an automated lecture recording system in medical education. International Conference on Interactive Collaborative Learning, ble. 15–20.

Roessingh, H. en S. Douglas. 2012. English language learners’ transitional needs from high school to university: An exploratory study. Journal of International Migration and Integration, 13(3):285–301.

Saville-Troike, M. 1986. The ethnography of communication: An introduction. Oxford: Brazil Blackwell.

Schoonenboom, J. en R. Burke Johnson. 2017. How to construct a mixed methods research design. Kölner Zeitschrift fur Soziologie und Sozialpsychologie, 69(2):107–31. DOI: 10.1007/s11577-017-0454-1 (20 Januarie 2020 geraadpleeg).

Steel, C.H., M.J. Keppell, P. Gerbic en S. Housego (reds.). 2010. Curriculum, technology and transformation for an unknown future. Kongresverrigtinge van Ascilite, Universiteit van Sydney, ble. 236–9. http://ascilite.org.au/conferences/sydney10/procs/Couperthwaite-poster.pdf (15 September 2014 geraadpleeg).

Strydom, B.L. 2018. Experiments in bilingual higher education: An examination of the origins of Afrikaans as a second medium at the Transvaal University College, 1908–1930. Historia, 63(1):72–92.

Suki, M.N. (red.). 2017. Handbook of research on leveraging consumer psychology for effective customer engagement. Kuala Lumpur: IGI Global.

Tynan B. en S. Colbran. 2006. Podcasting, student learning and expectations. Proceedings of the 23rd Annual Ascilite Conference, ble. 825–32.

Universiteit Stellenbosch. 2016. Taalbeleid van die Universiteit Stellenbosch. http://www.sun.ac.za/afrikaans/meer-oor/language (20 Augustus 2019 geraadpleeg).

Van As, J., I. Fouché en S. Immelman. 2016. Academic literacy for science: A starting point for recurriculation. Journal for Language Teaching, 50(2):11–35.

Van Rooy, B. 2005. The feasibility of simultaneous interpreting in university classrooms. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 23(1):81–90. https://doi.org/10.2989/16073610509486375 (20 Maart 2019 geraadpleeg).

Vygotsky, L.S. 1978. Mind in society. Cambridge, MA: Harvard University Press.

Walsh, S. en M. de Villiers. 2015. Enhanced podcasting for medical students: Progression from pilot to e-learning resource. African Journal of Health Professions Education, 7(1):125–9. https://www.ajol.info/index.php/ajhpe/article/view/124846 (14 Oktober 2018 geraadpleeg).

Webb, V. 2012. Managing multilingualism in higher education in post-1994 South Africa. Language Matters, 43(2):202–20. https://doi.org/10.1080/10228195.2011.618508 (21 Julie 2017 geraadpleeg).

Weinreich, U. 1953. Languages in contact. Den Haag: Mouton.

Witton, G. 2017. The value of capture: Taking an alternative approach to using lecture capture technologies for increased impact on student learning and engagement. British Journal of Educational Technology, 48(4):1010–9.

 

Eindnotas

1 Die “flipped classroom-” of omgekeerde-klaskamer-strategie is ’n pedagogie vir aktiewe leer waar die student “by die huis deur die inligting werk en die kennis in die klas gebruik om probleme op te los” (Herreid en Schiller 2013; McEvoy, Cantore, Denlinger, Schleich, Stevens, Swavely, Odom en Novick 2016).

2 “Code-switching” of kodewisseling is ’n verskynsel wat voorkom in tweetalige samelewings waar mense in ’n gesprek oorskakel na ’n ander taal om op ’n beter manier betekenis te kan oordra (Chowdhury 2013).

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Lesingpodsendings in Afrikaans om inklusiwiteit te bevorder appeared first on LitNet.

Lecture podcasts in English and Afrikaans: A more inclusive strategy

$
0
0

Abstract

The recording of lectures (in this article referred to as podcasts) are increasingly being used in higher education. Podcasts in education are generally defined as the recording of lectures, tutorials and learning materials in either audio or video format. The recordings are then made available asynchronously, and students can play these on various electronic devices. Research is showing that using podcasts or lecture recordings as a learning resource can improve the learning experience of students if/when they use it to supplement learning. Furthermore, De Villiers and Walsh (2015) mention that this is a necessary service to support learning and should be an essential component of a university’s teaching and learning strategy.

The Faculty of Medicine and Health Sciences (FMHS) at Stellenbosch University (SU) uses podcasts to supplement formal teaching in the undergraduate programmes to enrich students’ learning experience. According to De Villiers and Walsh (2015) students make use of these podcasts to study; to better understand ambiguous concepts; to catch up on missed work; and to help them prepare for tests and exams. Interestingly, not many students use the podcasts to replace lectures as they still prefer to be in class. Podcasts, therefore, serve mainly as a source of further support for the students.

Given the University’s stated motive for inclusivity, the FMHS was challenged in 2015 to find a way to incorporate both English and Afrikaans as a medium of instruction. As a result, a task team was established to explore possibilities as to how Afrikaans could be included in the most effective way possible. The task team looked at various options, such as parallel-medium teaching, code-switching and interpreting. Presenting classes in both languages or making use of code-switching during class was considered too complicated and time-consuming. Furthermore, parallel-medium teaching was considered impractical as it was both time-consuming and costly.

Therefore, an innovative way to accommodate both language groups needed to be explored. The decision was made to trial making podcasts of lectures in both English and Afrikaans as the infrastructure to record the English lectures was already in place. Afrikaans students attend classes taught in English but can use the Afrikaans podcasts afterwards in their own time as a learning resource. They can use this to clarify those complicated concepts that they struggled with during class and to learn subject-specific terminology. Students are also able to compare the English and Afrikaans podcasts to clarify their understanding while also improving their linguistic abilities. The provision of the podcasts gives students more control over their own learning experience, thereby reducing learning stress and anxiety.

The Afrikaans podcasting project was built on the back of the existing lecture-recording (podcasting) project. A task team comprising several role players was established. The task team decided to select the Chemistry module for first-year students as a pilot study, and the project began at the start of the academic year in 2016. The project management and research were carried out by the Head of the Unit for Learning Technologies.

It was decided to work with an interpreter who would be present in class and who would translate the presented Chemistry lectures into Afrikaans. The interpreter received the lecture material in advance so that he/she could prepare. During lectures, the interpreter sat in front and used the whisper method to interpret (Pienaar 2006) so as not to disturb the students in the class. The interpreted speech was recorded with a digital voice recorder and a mobile phone to make sure the sessions were recorded. At the same time, the English lectures were being recorded in the standard way using TechSmith Relay. The lecturer’s voice was recorded alongside the PowerPoint slides he or she was presenting. The English recordings were automatically sent to a technical assistant who edited them while the interpreter would deliver the recordings on a USB drive or via email.

Once the English recordings were processed, the assistant replaced the English track with the Afrikaans recording. It was then edited to make sure that the synchronisation between the voice and presentation slides is correct. Students then accessed the podcasts through the faculty website and could download or listen to it online. A complete explanation of this process is given by Walsh and De Villiers (2015). Figure 1 provides a visual representation of the process. Students were informed of the project beforehand and during lectures. Emails were sent with guidance employing screenshots on how to access the Afrikaans podcasts.

In 2015 the task team established that the most feasible approach for integrating Afrikaans was to create the Afrikaans podcasts. The team decided that they needed to determine whether students would make use of this service and whether it would benefit their learning. Therefore, this research was aimed at providing answers to the following questions: (a) How useful are the Afrikaans podcasts to the students? and (b) How do students use the Afrikaans podcasts?

The researchers used a nested mixed-method approach where the qualitative and quantitative data were collected simultaneously. The primary data is qualitative, and the nested data is quantitative – observing user behaviour through Google Analytics. The entire group of students (487 students) was asked to participate in the study and to complete the survey. However, only Afrikaans-speaking students (152 students) were expected to participate. The study was submitted to the FMHS Ethics Committee and to the SU Institutional Research Committee for consideration, and was approved. The study was considered a low-risk study, and the ethics number assigned to the study was S12/01/022. Qualitative feedback was obtained through a survey with open-ended questions as well as some Likert scale questions. Quantitative data was collected using Google Analytics to track students’ viewing behaviour.

From the data analysis it can be inferred that, in an ideal world, students would prefer instruction in their home or first language but, as students indicated, since most learning resources, such as textbooks, YouTube videos, journal articles and websites are in English, it involved more work to study in Afrikaans.

Google Analytics also showed that few students made use of the Afrikaans podcasts. During the semester, the English podcasts were visited 835 times compared to the Afrikaans podcasts that were visited only 52 times. However, students were able to download and share the podcasts, so it is difficult to say with confidence how many times the Afrikaans podcasts were used.

The study has shown, however, that creating podcasts in Afrikaans is not a necessity for students at the FMHS, since students realised that they needed to make a switch from Afrikaans to English to be successful in their studies. The research is inconclusive on whether it is a needed resource as students have indicated that it enhances their learning experience.

In their first year, students need to acclimatise to the university environment. They need to learn subject-specific terminology and a whole range of new concepts in a second, or sometimes a third, language. Therefore, podcasting in Afrikaans or any other additional language can serve as a scaffold to support students while they adapt to their new environment and develop the confidence and competence to make the transition to learning in English. It can, therefore, be useful to record students’ first-semester subjects in their home language. It could be useful especially for at-risk students or students who are not as confident in learning in English. Using this approach to create podcasts in Afrikaans, Xhosa, Zulu and Sotho can serve as a possible solution to promote multilingualism. The study can also be replicated for different faculties, as well as for supporting different languages. A final consideration could be to see whether this learning resource has a positive impact on student performance and attrition.

Keywords: bilingualism; higher education; innovation; interpreting; language policy; learning resource; learning technologies; lecture recordings; podcasts; teaching methods

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Lesingpodsendings in Afrikaans om inklusiwiteit te bevorder

The post Lecture podcasts in English and Afrikaans: A more inclusive strategy appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Betsie, Meneer Tier en die bloumaan deur Sally Gardner

$
0
0

Betsie, Meneer Tier en die bloumaan
Skrywer: Sally Gardner

Vertaler: Jaco Jacobs
Illustreerder: Nick Maland
Uitgewer: LAPA
ISBN: 9780799391121

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

Die avonture van Betsie en Meneer Tier was wonderlik om oor te lees. As ’n redelik ervare leser sou ek nooit dink dit is ’n vertaalde werk nie. Die verbeeldingswêreld word deurgaans geloofwaardig onderhou en is nie beperk tot ’n enkele taalwêreld nie.

Virginia Woolf skryf in A room of one’s own oor iets belangrik wat hierdie kinderboek na ’n jonger gehoor op ’n unieke manier bring: "Lock up your libraries if you like; but there is no gate, no lock, no bolt that you can set upon the freedom of my mind" (Woolf 1945:88). 

Hierdie sentiment is besonder nodig in die grendeltyd wat ons tans beleef. Betsie, Meneer Tier en die blou maan wys vir ons daar is geen perke aan die verbeelding en die plekke waarheen dit jou kan neem nie. 

Skrywer en agtergrond

Die boek is vertaal deur Jaco Jacobs, wat ’n kinderboekskrywer uit eie reg is en reeds baie tekste vertaal het. Gaan loer op sy webtuiste vir ’n hoop lekker dinge oor sy boeke: https://www.jacojacobs.co.za/jacojacobs.co.za/TUIS.html.

Die Engelse skrywer Sally Gardner het na die geboorte van haar kinders begin om prenteboeke te illustreer en word beskryf as "an idiosyncratic genius" deur die London Sunday Times. Sy het reeds verskeie suksesvolle kinderboeke geskryf, waaronder die volgende titels: Maggot Moon (2012), Tinder (2013), Invisible in a bright light (2019), asook reekse soos Magical children (1999–2006) en Fairy Detective Agency: Wings & Co (2012–2016). Sy het ook die Carnegie-medalje in 2013 ontvang en die Costa Children's Book Award vir beste roman in 2012. Besoek gerus ook haar webtuiste, https://www.sallygardner.co.uk.

Betsie, Meneer Tier en die blou maan (2019) is die eerste van drie boeke van ’n reeks wat beplan word. Die daaropvolgende verhale, Mr Tiger, Betsy and the Sea dragon (2020) en Mr Tiger, Betsy and the Golden Seahorse (2020), word in 2020 verwag. Hopelik kan ons hulle ook in Afrikaans lees.

Betsie en haar pa, Mnr Alfonso Glorie, woon op ’n "eiland wat jy nêrens op die wêreldkaart sal kry nie" (bl 17). Maar alle opwindende dinge in hierdie storie gebeur op Woensdae en Meneer Tier se sirkus is een van hierdie opwindende gebeure. Dié avontuur begin alles met ’n padda wat eintlik ’n prinses is, maar waar die blou maan in die storie inkom, sal jy self moet lees.

Hierdie boek herinner sterk aan Where the wild things are (Sendak 1963), maar die storie het meer besonderhede en die hoofkarakter is ’n dogtertjie. Betsie se pa maak roomys wat smaak na wense en haar ma is ’n meermin. En dan kom Meneer Tier met sy sirkus kuier. Saam reis hierdie eiesoortige geselskap na Goebelsgopseiland waar Prinses Olga ’n skrikbewind voer onder die Goebelgopsers.

Die reis na Goebelgopseiland saam met Meneer Tier kan as ’n reis na die onbewuste beskou word.

’n Reis na die onbewuste

Die rol wat die see in die verhaal speel, betrek op ooglopende wyse die psigoanalise, spesifiek die teorieë en konsepte van Carl Jung. ’n Reis oor die see beklemtoon die belangrikheid van die see as ’n verteenwoordiger van die onbewuste. Hierdie verhaal kom metafories direk uit die onbewuste aangestap na die leser toe.

Die boek is wel op ’n leser van tussen 9 en 12 jaar gemik, maar tree beslis in gesprek met Where the wild things are (Sendak 1963), al is Maurice Sendak se verhaal ’n prenteboek vir veel jonger kinders. ’n Jungiaanse beskouing van die karakters in beide Where the wild things are (1963) en Betsie, Meneer Tier en die blou maan (2019) kan as vergestaltings of personifikasies beskou word van verskillende dele van die onbewuste of argetipes soos Jung dit definieer. Die karakters word geïdentifiseer deur hul prominentste karaktereienskappe en funksioneer as argetipes in die verhaal.

Meneer Tier is nie die hoofkarakter nie, maar speel ’n belangrike rol – sy naam is nie verniet in die titel nie. Hy is moontlik ’n vergestalting van wensvervulling en funksioneer as ’n katalisator. Sy sirkus verskyn oornag in die hawe en sonder sy besoek aan Alfonso, Betsie se pa se kafee, was daar nie ’n storie nie. Meneer Tier daag juis op wanneer sy hulp benodig word. Hy kan allerhande wonderlike dinge doen en weet dinge: "Katte het hul geheime, hulle snorbaarde en hulle sterte en hulle stories" (50). Meneer Tier het toweroplossings vir ongewone probleme – hier word die grense tussen die werklikheid en verbeelding verbloem. Meneer Tier herinner ook aan Mr Willy Wonka in Charlie and the chocolate factory (Dahl 1964). Jy weet nie wat om te glo nie, wat is waar en wat is versinsel nie. Hierdie karakter kan net alles regmaak en het ’n oplossing vir alles.

Betsie se ma, ’n meermin, en pa wat ’n man van vele praktiese talente is, verteenwoordig moontlik die verskille en ideale kwaliteite van ouers. ’n Pa wie se roomys alles kan beter maak, want dit "smaak soos wense" (10). ’n Ma wat die wonder in alles raaksien en jou verbeelding koester. Hierdie verhaal is beslis ’n wonderlike leesreis na die verbeeldingswêreld. Wanneer die drumpel na die onwerklike en verbeelde oorgesteek word, is dit amper onsigbaar en die leser kom dit nie eers agter nie.

Karakters

Van die ander karakters wat na vore tree as argetipes, is Prinses Olga en Iwan die Versigtige, of is dit die Dappere?

Prinses Olga is ’n interessante antagonis. Sy is ’n reus, vertrap en bedreig die Goebelgopsers se bestaan, want sy is so groot soos Meneer Tier met sy pluiskeil en nog een Goebelpgopser. Die Goebelgopsers was so bang en moedeloos dat hulle eerder in Meneer Tier se sirkus gaan werk het om van haar weg te kom. Sy kom ook voor as ’n bederfde kind, al is sy ’n volwassene. Sy gee nie om vir enigiemand anders nie en vertrap die arme Goebelgopsers se huise. Prinses Olga se karakter lewer moontlik kommentaar op die irrasionele, en negatiewe emosies wat in die onbewuste kan skuil.

Ons ontmoet dan vir Iwan die Versigtige wanneer die reisgeselskap aankom op die Goebelgopseiland waar die Goebelgopsers vandaan kom. Hy woon bo-op die berg van Nimmereindigende Mis. Hy is ’n reus en woon juis daar bo op die berg omdat hy bang is hy maak die Goebelgopsers seer. Hy is net mooi die teenoorgestelde van Prinses Olga. Hy verteenwoordig moontlik die vrees en morele aspekte van die onbewuste. Hy skuil tot ’n mate van sy vrese en hy is verslons. Sy naam verander tog later na Iwan die Dappere, maar julle sal die storie self moet lees om uit te vind hoekom sy naam verander.

Dit is uiteindelik Iwan die Dappere wat vir Prinses Olga ’n les leer en die oorwinning beteken dat die Goebelgopsers kan terugkeer na hul tuiste. Prinses Aldi is dan ook nie meer ’n padda nie.

Die oorwinning van die antagonis (Prinses Olga) kan beskou word as ’n oorwinning van die bose of vrees, maar ook as ’n oorwinning oor negatiewe komponente van die onbewuste. Veral omdat Betsie, Meneer Tier, Alfonso, Mila en die Goebelgopser-akrobate oor die see reis na ’n eiland wat nie werklik bestaan nie – die boek verklaar dit self so – ’n "eiland wat jy nêrens op die wêreldkaart sal kry nie" (17).

In hierdie tyd van inperking is ’n reis na die binnewêreld, die onbewuste en droomland dalk nie te versmaai nie. Ons word ingeperk en mag slegs die winkel, die dokter, die apteek en ander essensiële plekke besoek. Hierdie boek kan dalk net ons kinders verder aanmoedig om hul eie verbeeldingswêrelde te skep waarheen hulle kan reis. Niemand kan die mens se verbeelding of siel in ’n kou aanhou nie.

Bibliografie

Dahl, R. 1964. Charlie and the chocolate factory. Puffin, Engeland.

Sendak, M. 1963. Where the wild things are. Harper Collins, VSA.

Woolf, V. 1945. A room of one’s own. Penguin Books, Engeland.

The post Lesersindruk: <em>Betsie, Meneer Tier en die bloumaan</em> deur Sally Gardner appeared first on LitNet.


Adriana Francke help kinders sangdrome bewaarheid

$
0
0

Foto van Adriana Francke: verskaf

Om ’n onderwyseres te wees is ’n roeping. En as jy ’n hart vir kinders het, ken hierdie liefde geen werksure nie. Daarom het ’n groot eer haar te beurt geval toe sy onlangs as een van die Paarl Valcare Proteas of the Valley benoem is vir haar onbaatsugtige liefdadigheidswerk.

Adriana Francke is adjunkskoolhoof by die Laerskool Groenheuwel in die Paarl waar die kinders uit uiteenlopende ras- en kultuurgroepe kom en sy almal oor dieselfde kam skeer. Sy is flambojant en bekend vir haar kleurryke kleredrag. Mense wonder altyd met watter uitrusting sy volgende vorendag gaan kom. Sy is besonder lief vir die uitvoerende kunste en het saam met haar nefie, die sanger Sydwell Beziek, tien jaar gelede die Global Spotlight Talent Search begin wat aan kinders uit ekonomies uitdagende omstandighede en bendegeteisterde woonbuurte die geleentheid bied om hul sangtalent te ontdek. En van hulle het al internasionaal opgetree danksy hierdie blootstelling en geleenthede wat hulle andersins nooit sou gehad het nie.

Adriana help met die stilering en vervoer, vervoer die kinders op haar eie koste heen en weer na opvoerings en het haar huis vir hul repetisies oopgestel. Dikwels moet sy haar sak skud, ten koste van haar eie familie en gesin se behoeftes, maar dit pla haar allermins. "Opofferings hét my soms familietyd gekos, maar my twee kinders en hul gesinne is ook nou al deel van die Global-familie. My gesin se ondersteuning het ook tot my suksesse bygedra en om ’n verskil in ander kinders se lewens te kan maak."

Van waar kom haar liefde vir kinders?

"Ek is die jongste van agt kinders en beide my ouers was onderwysers. My pa was ’n skoolhoof en mens kan maar sê ek is byna letterlik in die skool gebore omdat ons huis langs die skool was. Ek het van kleins af gesien hoe my ouers by die gemeenskap betrokke was en na ander uitgereik het. Van die opofferings wat hulle gemaak het, was soms ten koste van ons, hul eie kinders. Dis hier waar ek geleer het om te gee en ander se behoeftes raak te sien. Dit was ook hier waar my liefde vir die onderwys ontstaan het. Al vier ons susters was in die onderwys.

Dit is egter vir haar hartverskeurend dat hulle weens COVID-19 nie vanjaar se Global Spotlight-kompetisie kan aanbied nie. Sy is ook bekommerd oor haar leerders omdat dit in hul skool se geval baie moeilik is om aanlyn klasse te gee: “Ons klasse is groot en om sosiale afstand te behou is bykans onmoontlik.”

Weens grootskaalse werksverlies en die swak ekonomie is verdere hoofbrekens om genoeg skenkings vir kospakkies vir die kinders te kry.

"Ons sit met die probleem dat almal hul eie mense vrees. Ek is ook deur my dokter aangeraai om van die huis af te werk, omdat ek in ‘n hoërisikogroep val. Dus hou ek my tans besig met administratiewe- en merkwerk.

"Ek weet nie hoe ons hierdie pandemie gaan oorleef nie. Ons hou by die reëls, maar die tydperk waarin ons leef bly onseker."

Daarbenewens is daar ook kommer oor die psigiese en sosiale sy waarmee leerders tydens COVID-19 te make het.

Adriana gesels verder oor haar loopbaan.

"Ek moes tussen drie beroepe kies: onderwys, maatskaplike werk en klere-ontwerp. Nou kan ek al drie uitleef as organiseerder en hoof van die komitee wat ons leerders met leeragterstande se sosio-ekonomiese omstandighede ondersoek en probeer verbeter."

"Ek werk ook saam met plaaslike maatskaplike dienste. Wat modes betref, het ek my eie Adri Styling Diva-blad op Facebook begin. Hier word ek gereeld genader om mense raad te gee oor hoe om hul klere kreatief te stileer en ’n eie styl te volg.

"Ja, ek beskou myself as kreatief, verbeeldingryk, kunssinnig, veelsydig en as iemand wat oor die vermoë beskik om ander te inspireer. Ek streef daarna om ’n goeie kommunikeerder te wees. Om met blydskap en verbeelding te leef en om deur middel van my lighartigheid ander te help om vreugde in sekere situasies raak te sien. Ek hou ook daarvan om ’n skeppende flair te bring na alles wat ek doen."

Adri het nege jaar gelede by Global Spotlight betrokke geraak toe Sydwell haar meegedeel het dat hy met ’n talentkompetisie ’n platform vir jong kunstenaars tussen die ouderdomme van 15 en 25 wou skep.

"Dit was vir my ’n voorreg om deel te kon hê aan Sydwell en ons jong mense se drome. Ons het hierdie kinders op alle gebiede begin ondersteun – van die gebruik van die internet tot hoe om professioneel op te tree. Van grimering tot hoe om aan te trek. Dit het soms maar aanhou en moed hou gekos, maar ek glo as jy werklik hartstogtelik oor iets voel, werk jy hard en glo dat alles moontlik is. Daarom gee ek 100%.

"Ek moes ma, raadgewer en motiveerder wees en altyd positiwiteit uitstraal. Die jonges weet hierdie antie is streng en glo net iets is reg of weg – geen grys gebiede nie. My raad aan hulle is altyd om aan hul Godgegewe potensiaal en talent te glo en om dit op te pas."

Sydwell, wat al verskeie sangkompetisies gewen en op televisie asook oorsee opgetree het, kan die jongmense met persoonlike sangklasse en stemopleiding help.

Van hul wenners en naaswenners het reeds uitgeblink. Onder hulle is Anro Arendse, wat oorsee in Suid-Afrika se jeugkoor optree en die verhoog al met Jimmy Nevis gedeel het; Clarissa Benjamin, wat al op Expresso en saam met Jonathan Butler opgetree het; Deonichia Killowan, wat ’n agtergrondsanger vir die gospelsanger Neville D is; Morné Goedeman, Keenin Von Wielligh, Chelsea Wilson, Didi Davids, wat gereeld in Spanje optree, en Zenobia Jentels, wat al saam met Karin Kortje op die verhoog was.

Foto van Paarl Valcare Proteas of the Valley: verskaf

Die media, veral radiostasies en tydskrifte, begin ook al meer van hulle bewus te raak en oor hulle te skryf.

Maar terug na haar werk as onnie. Adriana vertel dat dit ’n reuse-uitdaging is om sowel Afrikaans as Xhosa as onderrigtale by haar skool aan te bied. Xhosa-leerders word tot graad 4 in Xhosa onderrig en daarna in Engels.

"Dis elke dag ’n uitdaging om ’n skoolkultuur uit twee kulture te bou. Ek is trots om van so ’n unieke skool met al sy uitdagings deel te wees. As individu het ek baie van die swart kultuur geleer en ek het nou soveel meer begrip vir sekere tradisies en vorme van respek. Daar is soveel wat verskillende rasse van mekaar kan wys raak. By saalbyeenkomste word albei tale gebruik.

"Die werkloosheid onder die leerders se ouers bied vir ons groot uitdagings. Baie van die leerders kom uit agtergeblewe omstandighede en benodig dringend kos, klere en boeke. Ons maak baie staat op niewinsgewende organisasies en skenkings uit die gemeenskap. Hiervoor is ons baie dankbaar.

"Ons is boonop ’n skool wat hoofsaaklik deur die staat befonds word en ouers nie eens die minimum skoolfonds kan betaal nie, en daarom moet ons gereeld funksies aanbied om fondse in te samel. Die meeste kinders kom uit armoedige enkelouergesinne waar grootouers die ouers se rol moet vervul. Die ouers is dikwels dwelmslawe, raak by misdaad betrokke of is self te jonk om ouers te wees. Baie ouers is ongeletterd en kan nie die leerders met tuiswerk help nie. As hulle werk, kom hulle laat en doodmoeg tuis. Daar is huishoudings waar kinders die hoof van die huis is.

"Om hierdie rede kon ons ’n nasorgsentrum begin wat geborg word deur Hilltop Legacy, ’n niewinsgewende maatskappy waarvoor ons ook skenkings nodig het.

"Ons behoort reeds aan ’n staatsvoedingskema waardeur leerders wat tuis nie kos kry nie, twee maaltye per dag by die skool kry.

"Kinders word reeds vanaf agtjarige ouderdom beïnvloed om by bendebedrywighede betrokke te raak. Die jonges word misbruik om huise en skole in die gemeenskap te beroof. Van ons leerders was al self slagoffers van geweld en moes in die hospitaal opgeneem word. Ons ervaar ook die misbruik van dwelms onder ons leerders.

"Ja, baie van hierdie leerders kom uit haglike omstandighede. Hul grootste behoefte is aandag, omgee, liefde en dissipline.

"Dit was beslis vir my ’n groot eer om erkenning van die Valcare Foundation te kry vir my werk en die verskil wat ek in my gemeenskap probeer maak. Dit was selfs ’n groter eer as om enige onderwystoekenning te kry. Ek is bly dat erkenning gegee word aan mense, veral vroue, wat gemeenskapsdiens verrig en ander se lewens positief probeer verander.

"As jy die blom van die protea se groeiproses ondersoek, sal jy weet wat hierdie toekenning vir my beteken. Dit het my ook laat besef dat om vereer te word vir die feit dat jy gee en ’n verskil wil maak sonder om iets terug te verwag, hierdie toekenning meer werd maak as enige geld."

Wat is hierdie toegewyde vrou se raad vir ander wat in haar voetspore wil volg?

"Mens moet as onderwyser en opvoeder van jong kinders nooit aan jouself twyfel nie. Jy moet jouself as belangrik beskou. Iemand met ’n lewensdoel."

Adri wil die gemeenskap uitdaag om ’n verskil te maak.

"Ons vrywilligers, Joshua Meyer, Maggie Daniels en Angel Francke, ontvang nie ’n sent nie. Hulle is ook op die bestuurspan van ons niewinsgewende onderneming Soulo Productions – die vaandel waaronder die talentkompetisies plaasvind. Hulle is tops. Sonder hulle kan ons nie. 

En haar toekomsdrome?

"Ek glo, droom en hoop dat net soveel geld bewillig word vir die kunste as vir sport sodat kinders dans- of sangklasse kan bekostig. Die kunste is deel van ons menswees. Daar is baie kinders wat nie noodwendig sportief is nie, maar ander talente het wat ontwikkel moet word. As mens as kunstenaar nie jou kreatiwiteit kan uitleef nie, verloor jy ‘n stukkie van jou siel."

Meer inligting by e-posadres: soulopro6@gmail.com

The post Adriana Francke help kinders sangdrome bewaarheid appeared first on LitNet.

COVID-19: ’n "Bouncer" soos Dominic Cummings vir Cyril

$
0
0

Foto’s: Jason LLoyd (verskaf) en Cyril Ramaphosa (Wikipedia)

Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, moes ’n problematiese figuur soos die Brit Dominic Cummings as woordvoerder gehad het toe sy die omstrede uitlating gemaak het dat sy nie kan waarborg dat leerlinge wat terugkeer skool toe nie die COVID-19-virus gaan opdoen nie.

Dié uitlating het menige ouer en Suid-Afrikaner warm onder die kraag gehad, omdat hulle klaarblyklik verwag het dat die Minister so ’n waarborg sou kon gee. Die gevolg is dat sosiale-mediaplat-forms en inbelprogramme op radio gegons het van ongelukkigheid. Sekere ontevredenes het selfs die Minister van ’n gebrek aan empatie en leierskap beskuldig.

Selfs nadat Motshekga verduidelik het haar departement doen alles moontlik om te voorkom dat leerlinge met die COVID-19-virus besmet word, het die besware verdiep. Nog meer so nadat die Minister gesê het die moeilikste is om ’n waarborg te gee. "Ons moet alles moontlik doen om kinders te beskerm."

Die moeilikheid met haar uitlating was dat sy nie ouers en onderwysers kon gerusstel nie. Die gevolglike mening van ouers en onderwysers wat traksie gekry het op sosiale media en in die tradisionele media is dat sy nie regtig omgee nie. Veral sosiale-media-boodskappe was gelaai met woede en frustrasie. Verbasend was die kommunikasiediens van die Departement van Basiese Onderwys en die Regeringskommunikasiediens (GCIS) absoluut stil. Hulle het min of niks gedoen om dié boodskappe van frustrasie en woede te weerlê nie.

Vanuit uit ’n kommunikasieperspektief sou geargumenteer kon word dat die Minister nie ’n lewe kon waarborg nie en dat dit in elk geval ’n bomenslike taak is.

Die kommunikasiekleitrappery moet gesien word as ’n onderdeel van die groter geheel, omdat ’n oorhoofse kommunikasiestrategie oor die COVID-19-pandemie tot op hede by die regering ontbreek.

Dié gebrek aan ’n algehele strategie kan opgemerk word in hoe sommige kabinetministers verskillende boodskappe tydens die inperkingstyd kommunikeer wat algehele verwarring veroorsaak oor die regulasies.

Minister Nkosazana Dlamini-Zuma se openbare repudiëring van president Cyril Ramaphosa se aankondiging dat sigaret- en tabakprodukverkope op vlak 4 van die inperking toegelaat sou word, is ’n sterk voorbeeld hiervan. Ramaphosa het intussen tereg opgemerk dat hy self die verandering in die besluit aan die nasie moes gekommunikeer het.

Dit sou dit in die eerste plek nie laat lyk het asof Dlamini-Zuma hom ondermyn nie. Tweedens het dit frustrasie by die publiek en media veroorsaak, omdat die regulasies in die algemeen baie moeilik of nie duidelik verstaanbaar is nie.

Die vraag kan dus met reg gevra word hoekom daar verskillende en verwarrende boodskappe deur amper elke kabinetsminister na die publiek uitgestuur word.

Die afwesigheid aan ’n oorhoofse kommunikasiestrategie, met ’n hoofboodskapper en ’n boodskap of boodskappe kan hiervoor blameer word.

Die Suid-Afrikaanse regering kan gerus by die Britse regering gaan kers opsteek oor hoe om te kommunikeer, veral tydens ’n pandemie wat dreig om die gang van die lewe van die mensdom vir altyd te verander.

Aan die begin van die inperking het die Britse regering ’n effektiewe boodskap soos "Stay at home. Protect the NHS. Save lives" gemunt. Die eerste minister, Boris Johnson, was as hoofboodskapper die leidende figuur van die kommunikasie-strategie.

Dit is nou aangepas met: "Stay alert. Control the virus. Save lives."

Op Suid-Afrikaanse bodem val ons rond tussen ’n kommunikasiestrategie, eenvormige boodskappe en ’n enkele boodskapper wat nie bestaan nie soos wat Ramaphosa se taak moeilik gemaak word deur van sy ministers om gelykvormig met die nasie oor COVID-19 te kommunikeer.

In teenstelling met internasionale praktyk het Ramaphosa hom tot op hede nog nooit beskikbaar gestel om onderwerp te word aan joernaliste se vrae op ’n nuuskonferensie nie. In teenstelling met Ramaphosa se media-afsydigheid hou Johnson en Donald Trump, hoe ook al ongewild by die media en publiek, gereeld nuuskonferensies in onderskeidelik Downingstraat 10 in Londen en die Withuis in Washington.

Dit is dié gebrek aan interaksie met joernaliste wat ingevreet het op Ramaphosa se golf van politieke kapitaal wat hy aan die begin van die inperking gery het.

Veral sy gebrek aan uitpraat in die openbaar teen die weermag en polisiediens se hardhandige handhawing van die drakoniese inperkingsreëls kom by my op as voorbeeld.

Sy stilte hieroor is skitterend tot so ’n mate dat die Verenigde Nasies (VN) genoop was om die Suid-Afrikaanse regering te kritiseer en te waarsku omdat hy sy eie burgers intimideer, handhandig hanteer en doodmaak. Hier dink ons aan die weermag se wreedaardige moord op Collins Khoza van Alexandria buite Johannesburg terwyl hy heel wettiglik op sy werf gedrink het.

Ramaphosa se kommunikasiespan in die presidensie moet hiervoor verantwoordelik gehou word.

Dis duidelik Ramaphosa (en ook Motshekga) het ’n gesaghebbende woordvoerder in die vorm van die outentieke Britse perssekretaris soos wat Bernard Ingham ’n bouncer vir Margaret Thatcher en Alastair Campbell vir Tony Blair was.

Hiervoor sou die omstrede Cummings (48), tans hoofadviseur vir Johnson, wat onlangs in die nuus was omdat hy inperkingmaatreëls, wat hy help opstel het, oortree het, ’n uitstekende woordvoerder en strategiese kommunikasie-adviseur vir Ramaphosa wees.

Toegegee, Cummings is omstrede, maar hy is ’n kundige aanwins vir Johnson. Net soos Campbell vir Blair was as perssekretaris toe hy leier van die Arbeidersparty en leier van die amptelike opposisie was (1994–1997), perssekretaris toe hy Britse premier was (1997–2000), en later direkteur: kommunikasie en strategie (2000–2003) in Downingstraat 10 was.

Cummings moes vir sy oortreding van inperkingmaatreëls buitengewone en groeiende teenstand vanuit die regerende Konserwatiewe Party (Tories), waarvan Johnson ook die leier is, beleef omdat Johnson geweier het om hom af te dank. Cummings het ook geweier om te bedank, verskoning aan te bied of berou te betoon.

Die kwestieuse adviseur het tydens die inperking saam met sy joernalis-vrou, Mary Wakefield (45) – wat toe reeds simptome van COVID-19 getoon het – en hul vierjarige seun ’n reis van 425 km na sy familieplaas by Durham in die noordooste van Engeland onderneem. Hulle het ook die mooi dorpie Bernard Castle aangedoen.

Die invloedryke Cummings, ’n BA-gegradueerde in antieke en moderne geskiedenis van Oxford-universiteit, het tussen 1994 en 1997 aan verskeie projekte in Rusland gewerk. Hy was onder meer direkteur: navorsing en later werwingsdirekteur vir die No Campaign (om Brittanje te verhoed om die euro as geldeenheid te aanvaar) tussen 1999 en 2002.

Tussen 2015 en 2016 was hy onder meer direkteur van die Vote Leave Campaign tydens die 2016 Europese referendum, wat suksesvol was deurdat Brittanje die Europese Unie (EU) verlaat het.

Hy het suksesvol die wenslagspreuk "Take back control" vir die Vote Leave Campaign geskep. En om die Tories in verlede jaar se Desember- algemene verkiesing te verseker van ’n oorwinning het hy die slagspreuk "Get Brexit Done" geskep. Dié slagspreuke het Johnson se politieke opgang, maar so ook Cummings s’n verseker. Dit is hoekom Johnson weier om vir Cummings af te dank, want die man is ’n groot aanwins vir sy poltieke loopbaan.

Ramaphosa het ’n Cummings nodig, veral in die lig daarvan dat hy veg vir sy tweede termyn as ANC-president in die aanloop tot die ANC se nasionale konferensie wat in Desember 2022 gehou gaan word. Hy het regtig kundige kommunikasie advies nodig, want hy kom so ongemaklik tydens sy COVID-19-TV-toesprake oor. Self koninging Elizabeth (94) vaar beter as hy op TV, want hy staar van voor reg voor die kamera in.

Die voormalige redakteur van Die Burger, Bun Booyens, het Ramaphosa se TV- toesprake in ’n rubriek raak opgesom: "Ons president sit met sy hande voor hom saamgeklamp op ’n leë lessenaar. Hy staar vir die kamera en lees die Korona-regulasies af soos ’n stasiemeester ’n treinrooster afkondig."

Ramaphosa se beperkte gebruik van sosiale media en nuwe tegnologie is van die menigte swak komponente wat aangespreek behoort te word in ’n omvattende kommunikasiestrategie vir hom as president van die Republiek en ook ANC-president. Hiervoor het hy ’n woordvoerder nodig wat vernuwend kan dink en skep.

The post COVID-19: ’n "Bouncer" soos Dominic Cummings vir Cyril appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert

$
0
0

Gaan Suid-Afrika oukei wees?
Jan-Jan Joubert
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624087700
Epub ISBN: 9780624087717

Hierdie lesersindruk is uit eie beweging deur die skrywer geskryf en aan LitNet gestuur.

In ’n resensie op LitNet deur Frans Rautenbach is daar kwaai kritiek uitgespreek op die nuutste poging van die veteraanjoernalis Jan-Jan Joubert. Baie dinge is geskryf wat ek nie wil herhaal nie. Deels ook omdat ek gedeeltelik verskil, hoewel Rautenbach interessante kritiek lewer. Kortliks kom dit daarop neer dat Joubert se boek nie geldige oplossings voorstel vir die uitdagings van die land nie, en selfs dat die boek nie by die kern van die land se probleme uitkom nie – dis nou volgens Rautenbach. Joubert skryf darem ook in sy slothoofstuk van die boek dat hoewel hy die 17 vrae as aanknopingspunt gebruik, hy glad nie voorgee om finale en klinkklare antwoorde te verskaf nie. Ek kry ook die indruk dat die "antwoorde" niks anders as voorgestelde vertrekpunte is van ’n diskoers oor die onderwerpe wat aangeroer word nie. Die politiek is tog ’n diskoers wat nooit sal eindig nie. Nie solank Homo sapiens nog op aarde vertoef nie.

Ek wil in die besonder die hoogtepunte van die boek uitlig, en dan kyk na wat vir my ook ’n bietjie vaag is.

Hoofstuk 6 is ’n absolute juweel. In hierdie hoofstuk bespreek Joubert Suid-Afrika se Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK), en spesifiek die drama en omstredenheid rondom die 2019-verkiesing. Dan is daar hoofstuk 11 met as titel: "Hoekom bly mense vir die ANC stem?" Joubert se historiese agtergrond tree hier sterk na vore en hy is op sy stukke. Hoe dikwels kom hierdie vraag nie na vore onder die ANC se felste kritici nie? Dit gebeur tot vervelens toe, en die uiteensetting in hierdie hoofstuk verklaar eens en vir altyd hoekom die ANC se kiesers so lojaal bly.

Die hoofstuk oor Helen Zille is ook baie interessant, en so ook die hoofstuk oor die ANC en die EFF. Helen Zille se val van glorie is vir baie mense ’n bitter pil om te sluk, en die gesprek oor kolonialisme is definitief nog lank nie afgehandel nie. Trouens, dit sal waarskynlik nooit afgehandel wees nie. Dalk eers wanneer die menslike spesie in vergetelheid verval.

Dan is daar ook ander skaflike hoofstukke, wat onder meer die fokus laat val op jongmense, die rol van blankes en die toekoms van Afrikaans. In een hoofstuk kies Joubert die 12 beste parlementslede, van wie sommiges beslis die wenkbroue sal laat lig (bederfwaarskuwing: een van die 12 is lid van die omstrede EFF).

Die hoofstukke oor die DA en die VF Plus is minder interessant, veral die hoofstuk oor die VF Plus. Vir sy lesers is die onderwerp seker ’n brandpunt. Die groot debat onder blankes in verkiesingstyd, spesifiek vir Afrikaanse blankes, is die keuse tussen die VF Plus en die DA. Want dis die partye waarvoor die meeste van hulle stem. Maar in die trajek van die groter Suid-Afrika is die onderwerp ietwat van ’n beuselagtigheid. Mens kry die indruk daar is nie juis veel warmte tussen die VF Plus en die skrywer nie.

Behalwe die drama rondom die OVK was die 2019 algemene verkiesing se uitslae maar eintlik taamlik vervelig. Daar het nie juis veel gebeur nie. Die EFF het ’n bietjie stemme gewen. Die DA het ’n bietjie stemme verloor. En die VF Plus het ’n klompie stemme teruggekry. Waarskynlik maar net daardie klompie mense vir wie die DA voorheen vertel het dat ’n stem vir ’n klein party ’n vermorste stem is. Wat een van die grootste valshede is waarmee die DA vorendag gekom het en waarmee gewetenloos en ten alle koste stemme gewen is, met die gevolg dat daardie ondersteuners, wat konserwatiewe Afrikaanse mense is, se vertroue in die proses verwoes is. Wie onthou nog hoe die DA se ondersteuners reageer het na die 2019-verkiesing? Dit was amper soos ’n mens wat deur trauma gaan. Eers was daar die skok dat ’n ou klein deeltjie van hulle ondersteuners eerder vir die VF Plus gaan stem het. Toe verander die skok in ’n soort woede, wat die verlooptes van minderheidspolitiek beskuldig. En uiteindelik kom die aanvaarding. Later was baie van hulle dankbaar dat hulle party nou "gereinig" is van die "regses". Nou is hulle fondament darem soveel sterker, is daar breëbors verklaar. En toe, ’n paar maande later, pak die DA se leier sy tassies.

Ek vind ’n soortgelyke ambivalensie in Joubert se boek. Joubert verskaf ’n lys van redes hoekom ’n deel van die DA se kiesers vir die VF Plus gaan stem het. Hy skryf ook op bl 36 dat die DA moet ophou om alles vir almal te probeer wees. Hy gee dus toe dat die DA nie hierdie kiesers se belange op die hart gedra het nie, en waarskynlik ook nooit sal nie, maar bevraagteken dan later die VF Plus se rol. Hy rig byvoorbeeld die volgende waarskuwing aan die VF Plus, met verwysing na hulle "Slaan terug"-veldtog: "As jy so graag slaan, word jy teruggeslaan wanneer die groter ouens moeg raak vir die kywende kapokhaantjie – daar is gevolge aan dade" (51).

Joubert begin sy betoog in hierdie boek met ’n aanhaling uit die Bybel in Matteus 5:9: "Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word." Wat eintlik maar niksseggend is, want in hoofstuk 10 vers 34 van dieselfde Matteus waarsku Jesus dat hy self nie vrede bring nie, maar die swaard. Laat staan nog die daaropvolgende Evangelie volgens Lukas, waar Jesus sy volgelinge aanmoedig om hulle besittings te verkoop en swaarde met die geld te koop. Die motief van "geseënd is die vredemakers" word ’n aantal kere herhaal in die boek, ook in die slot.

Joubert span ook ander interessante pittighede uit die Afrikaanse letterkunde in, en illustreer daarmee sy belesenheid. Joubert se kennis van die politiek, eietyds sowel as histories, en veral sy genuanseerde en nierassige benadering wat telkens deurskemer, maak hom ’n belangrike stem. Die politiek is nou nie juis iets waaroor ons maklik gesels nie, want dit ruïneer menige vriendskap en familieband, maar as ’n nasie moet ons dringend leer om beskaafd te kan dink en redeneer oor ons land. Ons is dit verskuldig nie net aan onsself nie, maar bowenal aan die geslagte wat na ons kom.

Lees ook:

Resensie: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert

Kyk ook:

Video: Cape Town launch of Will South Africa be okay? by Jan-Jan Joubert

The post Lesersindruk: <em>Gaan Suid-Afrika oukei wees?</em> deur Jan-Jan Joubert appeared first on LitNet.

Hoe moet gelykheid lyk?

$
0
0

Fotobron: Unsplash

Na aanleiding van die Menseregtekommissie (MRK) se uiteensetting (08/06 op Netwerk24) van hul argumente oor hoekom hulle die selektiewe heropening van skole teengestaan het, asook verskeie grendeltydregulasies, word dit vir my duidelik dat die MRK en ander hooggeplaastes regtig mooi sal moet begin dink oor wat ’n sinvolle begrip van ongelykheid en diskriminasie behels. In die eerste helfte van die MRK-skrywe word die belang van die stryd teen ongelykheid uiteengesit, asof hul kritici kwansuis pro-ongelykheid is en nie weet dis ’n grondwetlike waarde nie. Die probleem lê eerder by die gevolgtrekking wat hulle hiervandaan maak: "Die ongelyke heropening van sommige skole ... beperk egter ook die reg op basiese onderwys van leerlinge wie se grade of skole nie heropen nie, die grondliggende reg op gelykheid wat deur artikel 9 van die Grondwet verskans is."

Nou, hoewel gelykheid ’n grondwetlike waarde is, is dit verhelderend om na te dink oor hoekom gelykheid nagestreef moet word. Omdat die ongelykheid hier te sprake beskou word as die gevolg is van historiese onregverdigheid, moet gelykheid gesien word as ’n aanduider van ’n regverdige samelewing en word die strewe na gelykheid dienooreenkomstig, en regtens, as ’n waarde nagestreef. Hierteenoor pla dit ons nie as ons stadiger as Usain Bolt hardloop nie – dit is ’n ongelykheid wat hy dubbel en dwars verdien. Verder is dit tog voor die hand liggend dat die angel van onregverdige behandeling daarin lê dat iemand daardeur benadeel word. Die MRK verwys selfs in hul skrywe daarna dat leerlinge nie benadeel moet word nie. Kortom, die kwessie van ongelykheid maak slegs binne ’n konteks van onreg en swaarkry sin. Juis daarom is ’n gelykheid waarin álmal ly, werklik ’n leë oorwinning, en juis daarom maak die logika waarvolgens vooruitgang en bevoegdheid ingeperk word net ter wille van gelykheid, geen sin nie.

Verder het gelykheid ook instrumentele waarde. Dit dien solidariteit, ’n eenheidsgevoel wat baie belangrik is, veral in ’n multikulturele samelewing. Dit is om hierdie rede dat Michael lê Cordeur ook pleit (02/06, Netwerk24) dat skole eerder saam moet oopmaak. Die MRK verwys ook na sosiale samehang in hul skrywe. Maar net omdat gelykheid goed is vir solidariteit, beteken dit nie dat dit sonder ander oorwegings nagestreef moet word nie. ’n Samelewing wat in die geheel swaarkry, kan juis ook die teelaarde wees vir twis en verwyt, wat die solidariteit van gelyke swaarkry teenwerk.

Die MRK en ander se begrip van gelykheid-in-swaarkry, ’n gelykheid van die laagste gemene deler, ’n gelykheid wat vernietiging noodsaak, is ’n regressiewe strewe na gelykheid waar uit die oog verloor word dat gelykheid eintlik regverdigheid moet dien en mense moet ophef. Die MRK en die EFF se redenasie rondom die oopmaak van skole, soos Ebrahim Patel se aanvanklike redenasie oor e-handel, is soos om die hele provinsie se krag af te sit as een wyk se substasie buite werking is. Almal sukkel in die donker, maar gelukkig is ons in dieselfde donker bootjie. Is dit diskriminasie om die ander werkende substasies se krag aan te hou? En as iemand met ’n privaat inisiatief dalk vir homself ’n kragopwekker kry, is dit regtig diskriminasie teen diegene in die donker as mens hom sou toelaat om dit doen? Of, as mens na die Bybelse gelykenis van die verlore skaap kan verwys, is dit soos om aan te dring dat die goeie herder 99 veilige skape moet verwilder waar hulle veilig hul gang gaan sodat almal verlore kan wees. Waarom nie eerder met energie en dryfkrag dit wat gebreek is, of verlore is, weer regmaak nie? Waarom eerder afbreek om tot by gelykheid te kom? Tog is dit die logika waarvolgens die MRK, die EFF en ander hooggeplaastes skynbaar redeneer. Dit is kwansuis onbillike diskriminasie omdat dit ongelykheid meebring, maar die gelykheid wat hulle in die oog het, lei tot méér swaarkry, méér benadeling.

Kontrasteer hierdie regressiewe gelykheid met ’n gesonder tipe – kom ons noem dit progressiewes gelykheid. Progressiewe gelykheid is nie sonder koste nie. Om ekonomiese onregte van die verlede om te keer sal ’n verbintenis en ’n ekonomiese koste van bevoorregtes vereis, bevoorregtes wat tot nou toe merendeels histories bevoorreg is en wat dienooreenkomstig opheffingswerk moet finansier. Dit sou geld kos om skole en hospitale en ander infrastruktuur wat histories ongelyk en onregverdig versprei is, in armer gebiede op te rig en/of op standaard te bring. Meertaligheid en die gepaardgaande strewe om gelyke behandeling van moedertale, wat ongelukkig deur die regering afgeskeep word, sou vir die belastingbetaler, tipies ’n meer bevoorregte, meer geld kos. Dit is egter ’n wins nie net in terme van die regstel van vorige onreg nie, maar ook in terme van solidariteit. Die samelewing in sy geheel is opgehef; die opofferings wat gemaak word, is produktief.

Hierteenoor staan die MRK se benadering tot gelykheid en diskriminasie: Sodat daar nie teen leerders van onvoorbereide skole gediskrimineer word nie, word leerders van voorbereide skole se reg op onderrig weggevat (welke reg tog ook in die Grondwet verskans word). Dit is ’n opoffering wat niemand iets in die sak bring nie, behalwe die skrale, leë troos dat almal darem nou gelyk ontneem word. Waar so ’n gedagte dalk tot ’n eenheidsgevoel kon lei, word so ’n gevoel oorweldigend vernietig as jy mense van hul fundamentele regte moes vervreem om dit te verwesenlik.

Ons lewe in baie ongelyke land – volgens sekere maatstawwe die mees ongelyke land in die wêreld. Dat gelykheid ’n kernwaarde is om na te streef, is onteenseglik. Dat ons land ’n eenheidsgevoel broodnodig het, is ewe onkontroversieel. Maar hierdie strewe het werklike inhoud slegs as ons die regte tipe gelykheid op die regte manier nastreef. 

The post Hoe moet gelykheid lyk? appeared first on LitNet.

"Ek het nie net geleer hoe om goeie apple cider tydens lockdown te maak nie"– ’n onderhoud met Melt Sieberhagen

$
0
0

Gedurende die laaste 13 episodes van die gewilde regsdrama, Fynskrif, word daar gefokus op die karakters se persoonlike en familielewens en moet almal uiteindelik besluit wat hulle werklik in die lewe wil hê.

Remona Voges het met Melt Sieberhagen wat ’n gasverskyning in Fynskrif maak gesels. Dié reeks se finale seisoen word tans op kykNET uitgesaai.

Foto van Melt Sieberhagen: verskaf

Hallo Melt! Hoe hou jy nog uit tydens die lockdown? Oorleef jy?

Ja, ek dink ek oorleef. My ritmes is wel heeltemal daarmee heen. Ek sit en doen hierdie onderhoud 03:20 in die oggend, want deesdae is ek hierdie tyd van die nag wakker. Crazy tye! Maar ja, kortom: ek oorleef.

Jy het in hierdie week jou eerste verskyning in Fynskrif Kan jy baie kortliks oor jou karakter en die storielyn waarby jy betrokke is vertel asseblief? (Sonder om te veel weg te gee, natuurlik!)

My karakter is terug uit die tronk waar hy intussen die Muslimgeloof aangeneem het. Hy was voorheen by ’n padwoedevoorval betrokke, maar die slagoffer in die voorval is dood. My karakter is dus vir moord tronk toe gestuur. Hy hou egter vol dat dit nié hy was wat vir die dood van die slagoffer verantwoordelik is. Hy is vas van plan om sy naam skoon te kry, want hy sukkel om sy dogter te sien omdat hy ’n veroordeelde moordenaar is. Hy is ’n ou kliënt van Lara en keer terug na die praktyk om geregtigheid te kry. Hy forseer Lara om in haar verlede te delf en te laat nadink oor hoe sy dinge gedoen het en die effek wat dit op mense gehad het.

Melt vertolk die rol van Marco in Fynskrif (Foto: verskaf)

Dit is nie dikwels dat mens jou in ’n ernstige rol sien nie. Hoe was die ervaring vir jou om deel te wees van ’n drama, naamlik Fynskrif? Het jy baie in die proses geleer?

Dit is waar dat mens my nie gereeld in ’n ernstige rol sien nie. Ek is egter altyd baie bly oor ernstiger rolle wat oor my pad kom. Ek doen hulle darem hier en daar. Ek doen enige iets! Ek love toneelspeel en ek doen dit myns insiens heeltemal te min. Hierdie is ’n blatante skimp, nie net omdat ek post-COVID werkloosheid in die gesig staar nie, maar dis vir my lekker om toneel te speel. Ek geniet my loopbaan as komediant vreeslik baie. Die werk wat ek doen is dikwels komies, I like it, maar om ernstige werk te doen is great.

2019 was ’n goeie jaar vir my, want ek het weer Nagskof-kliek gedoen. Dis ’n play wat Retief Scholtz geskryf het en wat ek saam met Albert Pretorius gedoen het. Om verlede jaar toneel te kon speel was vir my ’n groot ding – ek mis dit al klaar en nie nét vir die ooglopende redes nie.

Die proses om saam met Nina Swart as ’n regisseur te werk was ongelooflik. Ek het al van te vore saam met haar in Proesstraat gewerk wat ’n ander setup was, maar wat ook onder haar leiding geskied het. Dit was regtig net só lekker om saam met haar te werk en teenoor Tinarie van Wyk Loots te speel. Die hele Fynskrif-stel is ’n ongelooflike plek om ’n draai op te maak. Dit was great!  

Foto van Melt deur Ivan Naude

Jy is ook ’n gesoute standup comedy kunstenaar. Na watter plaaslike en internasionale komedie-kunstenaars kyk jy op?

Baie dankie! Die eerste komediekunstenaar van wie ek bewus was, was Pieter Dirk-Uys. My ma’le het sy shows in die 80’s gaan kyk toe ek ’n kid was. Ek het sy boeke wat my ouers gekoop het, gelees. Toe ek op laerskool was, in 1992, het Casper de Vries ’n  show, Small talks, in die Alhambrateater in Braamfontein gedoen. My ma’le het my geneem om dit te gaan kyk en ek was dadelik mal daaroor. Toe ek met comedy begin het, het ouens soos Mel Miller, John Vlismas, Loyiso Gola en Conrad Koch ‘n groot invloed op my gehad.

Ek het tydens lockdown my Mad magazines ontdek en net weer gesien dat dít is waar my simpel, af sin vir humor vandaan kom. Maar nie net my sin vir humor nie – ek dink ook my kennis van pop culture kom van daar af. Ek is so bly ek het hulle ontdek! Ek lees hulle op die oomblik weer van vooraf.

Wat maak, volgens jou, goeie komedie? Wat is van jou gunsteling shows, plaaslik en/of  internasionaal wat aan hierdie vereistes voldoen?

Dis  ’n moeilike vraag. Goeie komedie is snaaks. Dit sê iets. Nie noodwendig met  ’n flashing, bright neon sign nie, maar dit sê dit hard. Daar is so baie ongelooflike goeie comedy daarbuite. The Marvelous Mrs. Maisel is op die oomblik een van die greatste goed wat ek nog ooit gesien het. Fleabag was ook fantasties. Daar is so baie komedies en dis so  lekker om toegang daartoe te hê en dan natuurlik te probeer om dit te emuleer.

Die inperking het ’n verlammende effek op vele kunstenaars. Hoe beïnvloed dit jou? Hoe hanteer jy die situasie?

Verlammend, soos jy sê. Dis mal! Die inperking het gekom op ’n tyd vir baie kunstenaars, veral in Afrikaans, waar die KKNK en die Suidoosterfees, en in my geval nog ’n  boot cruise, voorgelê het en dis eenvoudig gekanselleer. So, daardie inkomste was al wat daar was en dis gone. Nou is die res van die jaar ook op ys. Dinge word oral gekanselleer, so dis  ’n  verskiklike onseker tyd. Ek is baie dankbaar vir die ander goed wat ek byvoorbeeld van die huis af kan doen, soos stemwerk en skryfwerk. Maar dit gaan taai en ek weet dit gaan nie net taai met ons wat optree nie, maar met almal in die industrie: die beligtingsingenieurs, die klankingenieurs, die verhoogtegnici, almal. En in die standup comedy-wêreld word elke bar, elke pub, elke club, elke venue waarin ons speel, die chefs, die barmen, die waiters, die bouncers beïnvloed.  

Wat is jou drome vir die toekoms?

Dat dinge net kan terugkeer na normaal. Dit gaan moeilik, maar dit gaan soveel moeiliker met so baie ander mense, so dis net crazy.

Watter ander belangstellings het jy?

Ek hou baie van kosmaak. Ek het nie net geleer hoe om goeie apple cider tydens lockdown te maak nie, ek het my ander skills ook uitgebrei. Ek hou ook baie daarvan om kostelevisie-shows te kyk. Ek kan ’n season van MasterChef bingewatch soos  ’n monster. Mindless entertainment op sy beste.

Foto’s van Melt se kosskeppings: verskaf

Enige projekte waarmee jy tans besig is?

Daar is een of twee skryfprojekte, maar ek mag op hierdie stadium ongelukkig nie daaroor praat nie.

Lees ook:

"Ek is eintlik net ’n nerd" – ’n onderhoud met Nina Swart

 

The post "Ek het nie net geleer hoe om goeie apple cider tydens lockdown te maak nie" – ’n onderhoud met Melt Sieberhagen appeared first on LitNet.

Viewing all 21490 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>