Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

LitNet: 2015 versus 2020


Persverklaring: Koronahumor span die kroon

$
0
0
Taalmonument bied duisende rande aan vir kort skrywes

Hoewel die huidige inperking en algemene situasie weens die koronavirus-pandemie ernstig is, wil die Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM) ook die humor belig wat mense se daaglikse bestaan draagliker maak. Met nuutskeppings soos “koeshoes”, “grendelgriep” en “kwarantynwyn” asook die snaakse Afrikaanse meme en grappies wat soos ’n virus op sosiale media versprei, is dit duidelik dat daar geen tekort aan kreatiwiteit in hierdie tyd is nie. Daarom word almal uitgenooi om, as deel van die ATM se 45-jarige vieringe, hul penne te ontperk en iets snaaks, absurds of ironies op te tower. Dit kan limerieke, gedigte, gedagtes, haikoes, slagspreuke, flitsfiksie of lirieke oor dié geskiedkundige tye wees – iets wat by jou huis of enige ander plek tydens die inperking afspeel.

Volgens Michael Jonas, die ATM se direkteur, is die instelling ’n lewende monument waar daar gedurig ’n interaksie tussen die struktuur, natuur, besoekers en taalskeppers is. “Ons gee graag aan opkomende skrywers, musikante en digters die kans om hul werk aan ’n groter gehoor bloot te stel. Die meeste besoekers is nie net baie geïnteresseerd in die geskiedenis van Afrikaans nie, maar ook nuuskierig oor die taal se ontwikkeling en haar jongste skeppende gedaantes aangesien dit nuwe perspektiewe bied op die bestaanswêreld van Afrikaanssprekende Afrikane,” sê hy.

“Hoewel ons tans tydelik weens COVID-19 gesluit is, beskou ons dit as ’n gulde geleentheid om ons web- en sosiale mediavoetspoor onder meer mense bekend en bemind te maak. Deur hierdie kompetisie wil ons Suid-Afrikaners daaraan herinner dat ons in ongekende tye leef waaroor ons en ons nageslagte nog lank sal praat. Dis belangrik dat ons daaroor skryf en ook belangrik dat ons die humor raaksien sodat ons darem in ons maskers kan lag.”

  • Deelnemers moet ’n maksimum van 250 woorde in enige variëteit van Afrikaans skryf en hul inskrywings met volledige naam, e-posadres en telefoonnommer teen 16 Junie 2020 na bemarking2@taalmuseum.co.za e-pos.
  • Die wenner sal R2 000 wen en die twee naaswenners R1 000 elk. Al drie ontvang ook ’n jaarpermit (gesin van 4) vir die monument en museum, wat geldig sal wees vanaf die dag wat die ATM weer vir die publiek oopgestel word.
  • Die top-12 inskrywings sal vir ’n paar maande in die Groen Galery uitgestal word – eers virtueel, indien nodig, en daarna in lewende lywe.

Die argitek van die monument, Jan van Wijk, het sterk gevoel oor die natuur en daarom word hy vereer deur dié buiteluggalery waar sy as in ’n rots ingemessel is, knus omring deur inheemse olienhout en graniet. ’n Uitstalling van verskeie opkomende Afrikaanse skrywers word elke paar maande in dié galery se uitstalkaste van herwonne hout en glas aangebied om hiermee op die monument se kulturele én natuurlike aspekte te fokus. Sien www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ vir die huidige “Bybel in Kaaps”- en vorige uitstallings.

Die webtuiste bied boonop virtuele toere van die monument en museum, inligting in ses tale oor die simboliek van die Taalmonument asook baie interessante artikels oor Afrikaans, veeltaligheid en die instelling se verlede, hede en toekoms. Daar is ook heelwat bronne vir skool- en navorsingsprojekte.

  • Vir navrae oor die monument of om meer te wete te kom oor die talle gewilde geleenthede en afslagpryse, ook rakende die ATM se 45-jarige feesvieringe, besoek www.taalmonument.co.za of hul Facebookblad.

............. 

Humour in a time of virus
Taalmonument offers thousands of rands for flash fiction

Although the current lockdown and general situation due to the coronavirus pandemic are serious matters, the Afrikaans Language Museum and Monument (ATM) also wants to highlight the humour that makes people’s daily lives more bearable. With Afrikaans neologisms such as “koeshoes” (when you dodge someone that is coughing), “grendelgriep” (cabin fever) and “kwarantynwyn” (moonshine, home-made alcohol) as well as the funny memes and jokes spreading like a virus on social media, it is clear that there is no shortage of creativity at this time. Therefore, as part of the ATM’s 45-year celebrations, everyone is invited to unlock their pens and write something funny, absurd or ironic. It can be limericks, poems, thoughts, haikus, slogans, flash fiction or lyrics about these historical times - something that plays out at your home or anywhere else during the lockdown.

According to Michael Jonas, ATM director, the institution is a living monument where there is a continuous interaction between the structure, nature, visitors and language creators. “We like to give up-and-coming writers, musicians and poets a chance to expose their work to a larger audience. Most visitors are not only very interested in the history of Afrikaans, but also curious about the language’s development and her latest creative incarnations, as it offers new perspectives on the worlds of Afrikaans-speaking Africans,” he says.

“Although we are currently temporarily closed due to COVID-19, we consider it a golden opportunity to highlight our web and social media presence among more people. Through this competition we want to remind South Africans that we live in unprecedented times that we and our descendants will talk about for a long time. It’s important that we write about it and also important that we notice the humour so that we can laugh behind our masks.”

  • Participants must write a maximum of 250 words in any variant of Afrikaans and email their entries with full name, email address and telephone number to marketing2@taalmuseum.co.za by 16 June 2020.
  • The winner will receive R2 000 and the two runners-up R1 000 each. All three also receive an annual permit (family of 4) for the monument and museum, which will be valid from the day the ATM is re-opened to the public.
  • The top 12 entries will be on display in the Groen Galery for a few months – first virtually, if necessary, and then in real life.

The architect of the monument, Jan van Wijk, felt strongly about nature and therefore he is honoured by this open-air gallery where his ashes are embedded in a boulder, surrounded by indigenous olive trees and granite. Every few months an exhibition of various up-and-coming Afrikaans writers’ works is presented in the gallery’s display cases, made from recycled wood and glass, to focus on the cultural and ecological aspects of the monument. See www.taalmuseum.co.za/groen-galery/ for the current “Bible in Kaaps” and previous exhibitions.

The website also offers virtual tours of the monument and museum, information in six languages about the symbolism of the Taalmonument as well as many interesting articles on Afrikaans, multilingualism and the institution’s past, present and future. There are also numerous resources for school and research projects.

  • For inquiries about the monument or to find out more about the many popular events and discounts, including those for the 45th year celebrations, visit www.taalmonument.co.za or its Facebook page.

The post Persverklaring: Koronahumor span die kroon appeared first on LitNet.

Nou in die verlede: ’n Viering van die menslike gees oor swaarkry – Vic Clapham en die Comrades-marathon

$
0
0

Lees in hierdie artikel oor ’n geskiedkundige gebeurtenis wat onlangs herdenk is.

Fotobron: Unsplash

Sondag 24 Mei 2020

Jy mag vermoed dat die Comrades-marathon anders is, maar by die wegspring is jy seker daarvan … Van oggendskemer tot sonsondergang in Durban is ons die kinders van die pad, om ondersteun, aangemoedig, geprys en beskerm te word. Vandag kan daar net een uitslag wees, elke drawwer ’n wenner, elkeen ’n held …

Tim Noakes, Lore of running (Vertaling uit die Engels my eie; ook elders, tensy anders vermeld)

Die Comrades-marathon van 2020 is gekanselleer. Vir die eerste keer sedert die Tweede Wêreldoorlog is hierdie moordende ultramarathon tussen Durban en Pietermaritzburg, die oudste en waarskynlik een van die moeilikste ultramarathons ter wêreld, afgelas. Hierdie aankondiging deur die Comrades Marathon-vereniging (CMA) het ’n einde gemaak aan ’n ononderbroke tydperk van 75 jaar van Comrades. Maar die feit dat die wedloop afgelas is, regverdig nie dat die doel waarvoor dit in die eerste plek ingestel is, nie gedenk moet word nie. Hierdie week gedenk ons die eerste Comrades-marathon wat op 24 Mei 1921 gehardloop is.

Teen die begin van die 1920’s het die wêreld nog gesteier onder die nagevolge van die mees vernietigende oorlog wat dit al ooit gesien het. Die Eerste Wêreldoorlog, of die Groot Oorlog, het vir meer as vier jaar geduur en het die lewens van ’n geskatte 15 tot 20 miljoen mense geëis. Nog 23 miljoen soldate het fisieke letsels oorgehou, om nie eers te praat van die miljoene jongmense wat die psigiese littekens van die oorlog lewenslank met hulle sou moes saamdra nie. ’n Hele geslag jong manne en hulle gesinne van lande regoor die aardbol is deur die oorlog geraak.

Vic Clapham was nie ’n uitsondering nie.

Clapham is in 1886 in Londen gebore. Kort voor die Anglo-Boereoorlog het hy saam met sy gesin na die Kaapkolonie in Suid-Afrika geëmigreer. Na die oorlog het Clapham na Natal verhuis, waar hy as masjinis op die spoorweë gewerk het. Toe die Eerste Wêreldoorlog uitbreek, het die 27-jarige Clapham besluit om by die Unie van Suid-Afrika se weermag (UDF) aan te sluit. Die Unie van Suid-Afrika onder eerste minister Louis Botha het sy gewig agter sy koloniale meester, Groot-Brittanje, gegooi. Hoewel dit nie duidelik is by watter eenheid Clapham ingedeel was nie, beweer sommige bronne dat hy in 8 Suid-Afrikaanse Infanterie-regiment (8 SAI) as deel van 2 Suid-Afrikaanse Infanterie-brigade gedien het. Wat egter wel duidelik is, is dat Clapham as deel van die geallieerde magte na Oos-Afrika ontplooi is om die Duitse magte aldaar in bedwang en besig te hou sodat hulle nie na die oënskynlik meer belangrike slagvelde van Europa herontplooi sou kon word nie.

Die Duitse Schutztruppen onder aanvoering van die uitgeslape luitenant-kolonel Paul Emil Von Lettow-Vorbeck het egter ’n formidabele en glibberige opponent geblyk te wees vir die Britse en Suid-Afrikaanse magte. In plaas daarvan om die Duitse magte besig te hou, is die geallieerde magte deur luitenant-kolonel Von Lettow-Vorbeck ore aangesit. Benewens die hewige veldslae en skermutselings soos by Salatia Hill en Kilwa, was die soldate ook onderwerp aan nadelige weerstoestande, tropiese siektes en die vervloekte tsetsevlieë, om maar ’n paar beproewings te noem. Oor hierdie veldtog het die Suid-Afrikaanse soldate gesing:

A shocking land is German East
Accursed alike by man and beast
A land of rains ‘till comes a break
With days and nights so hot you bake!
From base to base in quest of foe
We wretched fed-ups come and go,
With scrubby shins and dirty knees,
And toe-nails mined by jigger fleas.

Die veldtog is teen ’n baie hoë koste geveg. Van die 200 000 geallieerde troepe wat aan die Oos-Afrika-veldtog deelgeneem het, het meer as 10 000 gesterf en duisende is buite aksie gestel. Van 8 SAI, Clapham se waarskynlike eenheid, was net 15 soldate uit 1 059 nie gehospitaliseer gedurende die finale fase van die veldtog nie.

Clapham was oënskynlik nooit gedurende die oorlog gewond nie, maar hy was diep geraak deur wat hy daar gesien het. Na die oorlog het die idee by hom posgevat om daardie soldate wat gely en gesterf het, op ’n besondere manier te onthou. Die aanvanklike doel was om ’n reünie van veterane te hou, maar dit was ook nie tot hulle beperk nie. Die gedagte was gebaseer op die aanname dat as opgeleide infanteriste gedwing kon word om oor lang afstande te marsjeer, sou geoefende atlete nie veel moeite ondervind om die afstand tussen Durban en Pietermaritzburg af te lê nie. Na sy oordeel was die mees toepaslike wyse om sy gevalle kamerade te gedenk, ’n wedloop wat die grense van die liggaam en die gees se vermoëns sou toets wat sodoende die deelnemers ’n vlugtige blik sou gee op hulle lyding. Om die wedloop te voltooi, sou ’n triomf vir die deelnemer wees, ’n bewys en toonbeeld van die moed en deursettingsvermoë van die menslike gees. Clapham het gehoop dat die Comrades-marathon op hierdie wyse ’n “lewende monument” sou wees vir hulle wat in die Groot Oorlog geveg en gesterf het.

In 1919 het Clapham toestemming gevra om die voorgestelde 56-myl-wedloop (89,6 km) van Pietermaritzburg na Durban te organiseer. Die administrateurs by Natal Atletiek het gevoel Clapham is van sy sinne beroof om so iets voor te stel, maar hy het volgehou met voorstelle en aansoeke regdeur 1919 en 1920, en toe hy steeds nie kon hond haaraf maak nie, het hy hom tot die veterane-organisasie bekend as die Comrades of the Great War gewend om hom te hulp te kom. Aanvanklik was hy hier ook nie suksesvol nie, maar in 1921 het die Comrades of the Great War met die Returned Soldiers and Sailors Association saamgesmelt om die British Empire Services League of South Africa (BESL SA) te vorm. Clapham het toe die BESL SA genader en hulle het uiteindelik ingestem om die wedloop te finansier. Terloops, BESL SA is later hernoem tot die South African Legion of Military Veterans, vandag die oudste veterane-organisasie in Suid-Afrika, en steeds betrokke by die Comrades-marathon. Dit is hulle wat deelnemers jaarliks aanmoedig om die Remembrance Day Poppy te dra in ’n poging om te verseker dat die oorspronklike doel van die wedloop nie uit die oog verloor word nie.

Clapham het die wedloop die gepaste naam van Comrades-marathon gegee as ’n teken van respek teenoor die veterane-organisasies en ook ter herinnering aan, en ter ere van, sy gevalle en oorlewende kamerade. Aanvanklik het 47 atlete vir die eerste wedloop ingeskryf, maar net 34 het uiteindelik vir die eerste Comrades by die wegspringpunt aangetree. Die roete het by Commercialweg (vandag Chief Albert Luthuli-straat) buite die Pietermaritzburgse stadsaal begin en van daar vir 87,9 km na Durban gekronkel tot dit voor die Durbanse stadsaal in Smithstraat (vandag Dr Pixley KaSeme-straat) geëindig het. Die afsnytyd vir die voltooiing van die wedloop was 12 ure. Anders as vandag, was net die laaste paar kilometer van die pad in Durban geteer. Die res was grondpad.

Op 24 Mei 1921 is Clapham se droom dus bewaarheid. 34 geregistreerde en vier ongeregistreerde “skamelgeklede mans” het voor die Pietermaritzburgse stadsaal in enkelgelid oor die pad gestaan. Om 07h10 het ’n enkele vuurwapenskoot deur die straat gedawer om die begin van die eerste Comrades-marathon aan te kondig.  

Die klein, enkele “bussie” hardlopers het al met Commercialweg langs na die suid-oostelike buitewyke van Pietermaritzburg gedraf en die eerste man wat die brug oor die Umsinduzirivier bereik het, was Butcher Purcell, gevolg deur Harry Phillips (36) en Bill Rowan (26). Die stofpad het oor en tussen bulte en koppe deur al die pad tot in Durban voor hulle oopgelê. By Cato Ridge was Purcell, Phillips en Rowan steeds die voorlopers, maar by Inchanga het Purcell begin stoom verloor. By die halfpadmerk, Drummond, het Rowan weggebreek en die voortou geneem.

Met ’n gevolg van fietse, motorfietse en motors is Rowan deur Gillits en Pinetown terwyl hy steeds geleidelik die gaping tussen hom en Phillips, wat deur ’n kniebesering gepla was, vergroot. Rowan het Weststraat in Durban binnegehardloop met sy hele liggaam gehul in bruin stof, en uiteindelik die wedloop voltooi. Sy tyd van 8 uur en 59 minute teen ’n gemiddelde spoed van ses minute per kilometer is die stadigste wentyd van die Comrades tot vandag toe. Ten spyte van sy besering het Phillips vasgebyt en uiteindelik in 9 uur en 40 minute klaargemaak. Hy sou, terloops, Suid-Afrika in die marathon tydens die Olimpiese Spele van 1924 in Parys verteenwoordig. Dit was by hierdie Olimpiese Spele waar die Britse baanatlete Harold Abrahams en Eric Liddell ook sou deelneem, en wat later as inspirasie sou dien vir die 1981 Oscar-wenner Chariots of fire.

Slegs 16 uit die 34 amptelike beginners het die eerste Comrades voltooi. Aan al 16 is silwer medaljes toegeken omdat hulle die wedloop voltooi het. Daar is toe besluit dat die rigting van die wedloop elke jaar sou verander: een jaar van Pietermaritzburg na Durban (die afwedloop) en die volgende jaar van Durban na Pietermaritzburg (die opwedloop). Tydens die jare wat op hierdie historiese gebeurtenis sou volg, sou die Comrades-marathon ontwikkel in ’n wedloop van wêreldgehalte wat atlete nie net van regoor Suid-Afrika sou aantrek nie, maar van regoor die wêreld. Dit het ook ’n aantal atlete opgelewer wie se prestasies legendaries sou wees. Gedurende die opwedloop van 1931 het ’n 21-jarige groentjie met die naam van Wally Hayward vir die eerste keer deelgeneem. By Pinetown was Hayward voor en toe hy deur Hillcrest gaan, was hy al 11 minute voor sy naaste teenstander. Hy het Botha’s Hill met gemak agter hom gelaat en is deur die halfpadmerk by Drummond met ’n tyd van 3 uur en 30 minute. Ook Inchanga is hy uit sonder veel moeite, maar in die Harrison’s Flats, ’n gelyk en vervelige deel van die wedloop, het hy begin krampe ontwikkel, tot so ’n mate dat hy by Cato Ridge moes stop vir behandeling. Daarvandaan het hy teen ’n looppas voortgesukkel terwyl sy mede-atlete hom vinnig begin inhaal het. Toe hy deur Camperdown gaan, was hy steeds voor en sy tyd was 5 uur, 13 minute en 25 sekondes, met Philip “Phil” Masterton-Smith wat vinnig besig was om die gaping toe te maak. Die  gaping was egter te groot en Hayward wen uiteindelik sy debuut-Comrades met ’n tyd van 7 uur 27 minute en 26 sekondes, net 27 sekondes voor Masterton-Smith. Masterton-Smith, wat self as ’n formidabele atleet beskou is, sou die Comrades die daaropvolgende jaar wen.

Hayward sou eers weer 20 jaar later aan sy volgende Comrades deelneem, en het dié een ook gewen. Vanaf 1950 tot 1954 het Hayward elke Comrades gewen behalwe in 1952, toe hy gekies het om nie deel te neem nie sodat hy Suid-Afrika by die Olimpiese Spele in Helsinki kon verteenwoordig. In 1951 en 1953 het hy af-wedloop-rekord twee maal verbeter en die eerste persoon geword wat die wedloop in minder as 6 uur kon voltooi. In 1954 het hy ook die rekord vir die opwedloop verbeter en op 45-jarige leeftyd die oudste man geword wat die wedloop gewen het. Eers in 2004 het ’n ouer man, die 48-jarige Vladimir Kotov van Belarus, die wedloop gewen.

Verbasend genoeg tree Hayward in 1988 weer vir die Comrades aan en hardloop vir helfte van dié wat die wedloop voltooi het weg om in 9 uur 44 minute klaar te maak. Maar sy swanesang was dit nog nie. In 1989, op 80-jarige ouderdom, tree hy weer by die wegspring aan vir die afwedloop. Sou hy binne die afsnytyd klaarmaak, sou hy die oudste persoon wees om die Comrades suksesvol te voltooi. Tydens die tweede helfte van die wedloop wou dit voorkom asof hy dit nie sou maak voor die afsnytyd nie. Maar toe gaan daar skielik ’n oorverdowende gejuig uit die Kingsmead-stadion op, waar die eindstreep was. Terwyl die sekondes verbysnel, slof Hayward ritmies en vasberade voort met mede-atlete en toeskouers wat hom met alles tot hul beskikking aandryf na die eindpunt. Die kollektiewe energie het uiteindelik vir Hayward oor die eindstreep gedra met nog 1 minuut 57 sekondes oor voor die afsnytyd. Dit was ’n bomenslike vertoning wat die kroon sou span op ’n Comrades-loopbaan wat oor byna ses dekades gestrek het.

Waarskynlik die mees dramatiese wedloopeinde in die geskiedenis van die Comrades het in 1967 plaasgevind met Manie Kuhn en Tommy Malone die dramatis personae. Selfs voor die aanvang van die wedloop het kenners alreeds voorspel dat die wenner een van hierdie twee sou wees. Die dag van die wedloop was die weer ideaal – bewolk en matig – en so het dit dan ook die hele dag gebly. Die atlete het uit Pietermaritzburg gehardloop met die plaaslike atleet Eric Renken aan die voorpunt, gevolg deur ’n groot groep hardlopers onder wie ook Malone. Met Malone, Craig Morrison, Phil Hargreaves, Tim Blankley en Rencken wat die pas aangee, het die groep in mekaar se skaduwees gehardloop totdat Blankley op pad na Inchanga die voortou geneem het om die bondel atlete in die Vallei van ’n Duisend Heuwels in te lei. By Drummond is aan Blankley, Malone, Morrison, Hargreaves, Baker, Craig en Kuhn almal dieselfde amptelike tyd toegeken, van 2 uur 51 minute. Op pad na Botha’s Hill het Morrison en Malone weggebreek en ’n beduidende gaping tussen hulle en die res van die groep opgebou. Teen die tyd dat hulle by Gillits aangekom het, het Malone weer die voortou geneem en weggebreek om alleen die voorloper te wees. Hy is deur Pinetown in ’n tyd van 4 uur 30 minute, met Kuhn twee minute agter hom. Op hierdie stadium het Malone met soveel gemak gehardloop dat daar onder die toeskouers geen twyfel was dat hy die wedloop gemaklik sou wen nie. Hoewel Kuhn heeltyd binne trefafstand van Malone af gebly het terwyl hulle teen Cowie’s Hill uit is tot in Westville, was die gaping tussen die twee atlete by Tollgate in Durban nog steeds twee minute. Van Tollgate af is dit afdraand tot by die eindpunt, en die gevoel was dus dat Kuhn nie meer die gaping sou kon toemaak nie. Aangevuur deur die ondersteuning van sy tuisskare, het Kuhn egter wel vir Malone begin inhaal. Die 3 000 ondersteuners by die eindpunt is oor die publieke luidsprekers ingelig dat Malone minder as 140 m van die eindpunt was. Nog meer mense het begin saamdrom om te sien hoe die wenner oor die wenstreep hardloop. Die volgende oomblik het Malone verskyn, ongeveer 70 m van die eindstreep. Maar kort hierna sien hulle hoe Kuhn ook in die finale pylvak indraai, slegs 20 m agter Malone. Malone het oor sy skouer geloer en opgemerk dat Kuhn hom vinnig inhaal. Met sy laaste kragte het hy probeer om sy pas te versnel tot ’n naelloop na die eindstreep, maar die skielike versnelling het ’n hewige kramp in sy linkerbeen tot gevolg gehad. Hy het gestruikel en net drie meter van die eindstreep af neergeslaan. Kuhn het met sy laaste kragte alles ingesit en verby Malone geskiet, waar hy desperaat na die eindstreep uitgereik het. Maar dit was alles tevergeefs. Kuhn was die wenner met die kleinste tydsverskil ooit tussen die wenner en die atleet in die tweede plek: net een sekonde.

Die Comrades het in vele opsigte die grense van sosiale norme verskuif. In ander opsigte is die Comrades ’n weergawe, ’n weerspieëling daarvan. Die eerste vrou wat die wedren gehardloop het, was Frances Hayward in 1923, hoewel haar inskrywing afgekeur was. Sy het nietemin besluit om nie-amptelik deel te neem en het die wedloop in 11 uur 35 minute voltooi. Hoewel geen medalje aan haar toegeken is nie, het die ander deelnemers aan haar ’n silwer teestel en ’n roosbak (“rose bowl”) oorhandig ter erkenning van haar prestasie. In 1935 was Robert Mtshali die eerste swart man wat die Comrades gehardloop het, en boonop in ’n skaflike tyd (vir daardie jare) van 9 uur 30 minute. Net soos Frances Hayward kon hy ook nie amptelik deelneem nie – bloot omdat hy swart was.

Somtyds het die Comrades darem ook gemeenskapsnorme uitgedaag. In 1975 tydens die 50ste wedloop het die organiseerders besluit om die Comrades oop te stel vir deelname aan enigeen wat wou deelneem, ongeag ras of geslag. Daardie jaar is 1 500 atlete toegelaat om deel te neem, van wie 18 swart en twee vroulik was. Vincent Rakabele sou die eerste swart persoon word wat ’n Comrades-medalje gewen het deurdat hy 20ste geëindig het in ’n tyd van 6 uur 27 minute. Elizabeth “Betty” Cavanagh was die eerste amptelike wenner in die vroueafdeling met ’n tyd van 10 uur 8 minute. Cavanagh het uiteindelik ses Comrades-wedlope voltooi (waarvan 4 nie-amptelik tussen 1970 en 1973). Sy sterf op 27 Januarie 2020 in die rype ouderdom van 89 jaar.

Deur die jare het hierdie wedloop sy eie stel gebruike en tradisies ontwikkel. Uit die staanspoor was dit die gebruik dat die atlete sou wegspring na die afvuur van ’n vuurwapen deur die burgemeester van Pietermaritzburg of Durban, afhangende van waar die wegspring plaasvind, terwyl sy/haar ampsgenoot van die stad waar die wedloop eindig, ’n amptelike brief wat groete oordra, van die beginpuntburgemeester sou ontvang wat deur die wenner van die wedloop oorhandig word. ’n Voormalige deelnemer, Max Trimborn, het die tradisie begin om soos ’n hoenderhaan te kraai voor die wedloop begin. ’n Opname van sy gekraai word vandag nog voor elke wedloop gespeel. Meer onlangs het deelnemers spontaan hulle eie weergawe van “Shosholoza” begin aanbied voor die begin van ’n wedloop, en die klanke van Vangelis se epiese “Chariots of fire” het ook al sinoniem geword met die begin en einde van elke wedloop. By die eindpunt is dit die voorsitter van die CMA wat die wapen afvuur om die afsnytyd van die wedloop aan te kondig, wat deesdae 12 uur is. Die tradisie is dat die voorsitter met sy/haar rug na die inkomende atlete by die eindpunt staan wanneer die wapen afgevuur word om te verhoed dat hy/sy in simpatie met atlete wat ’n meter of twee vanaf die eindstreep is, die afvuur vertraag. Onmiddellik na die afsnytyd van 17 uur 30 minute speel ’n enkele beuelblaser “The last post” as ’n herinnering aan en erkenning van die wedloop se oorsprong as ’n lewende monument.

Tot 1962 is bykans elke Comrades op 24 Mei, Empire Day, gehardloop. Daarna, tot 1994, is dit op 31 Mei, Republiekdag, gehardloop. Toe Republiekdag in 1995 as vakansiedag afgeskaf is, is die wedloopdatum na 16 Junie, Jeugdag, verskuif. In 2007 het die African National Congress se jeugliga die organiseerders egter onder druk geplaas om dit op ’n ander dag te hou omdat hulle in hul onkunde van oordeel was dat die Comrades die aandag van die Jeugdagvieringe sou aftrek. Die wedloopdag is gevolglik verander na die naweek voor of na die vakansiedag op 16 Junie.

Sedert 1921 het die Comrades-marathon ’n vaste plek op die wêreld se sportkalender gekry. Weens die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog is die wedloop egter vir die eerste maal gekanselleer. Verskeie deelnemers  is opgeroep om by hulle weermageenhede aan te sluit, wat die organiseerders geen ander keuse gelaat het as om die wedloop af te gelas nie. Die hartseer ironie was natuurlik dat ’n gebeurtenis wat veronderstel was om die afgryslikheid van oorlog in herinnering te roep, juis uiteindelik oorskadu is deur nog ’n oorlog – wat hierdie keer selfs meer vernietigend sou wees.

Eers toe die Comrades in 1946 hervat is, sou die ware prys wat vir die oorlog betaal is, werklik na vore kom. Net agt atlete het aan daardie eerste naoorlogse Comrades deelgeneem. Daar is toe ook verneem dat twee voormalige wenners tydens die oorlog gesneuwel het. Phil Masterton-Smith (30), wenner van die 1931-Comrades, het in 1942 in Noord-Afrika die hoogste prys betaal en Frank Sutton, 1928 se wenner, het verdrink toe sy troepedraer in 1944 naby Durban getorpedeer is. Hulle sterftes, en die sterftes van so vele ander, het net die behoefte versterk om voort te gaan om die Comrades aan te bied as lewende getuienis ter nagedagtenis aan die gesneuweldes.

Dit kom egter voor dat met die verloop van jare die ware betekenis en doel van die Comrades moontlik verlore gegaan het. Met dié dat die wedloop gegroei en as’t ware ’n lewe van sy eie gekry en meer kommersieel geword het, het dit in iets anders ontwikkel. Die afgelope dekades is sportmanne van regoor die wêreld na die wedloop aangetrek weens die prestige verbonde daaraan om die oudste ultramarathon ter wêreld te wen; en die aansienlike prysgeld is ook nie te versmaai nie. In 2010, die 85ste Comrades, het dit 14 343 deelnemers gehad, waarmee dit ’n plek in die Guinness Book of Records losgeslaan het as die ultramarathon met die meeste deelnemers. In 2019 het 21 625 atlete van regoor die wêreld aan die wedloop deelgeneem.

Weens sy gewildheid sorg die wedloop vir ’n borrelende stroom van inkomste, nie net vir die organiseerders nie, maar ook vir die borge, plaaslike besighede en entrepreneurs wat op die jaarlikse invloei van Comrades-deelnemers en -toeskouers staatmaak vir hul besighede se voortbestaan. Daarom het die aankondiging op 14 Mei 2020 dat die 95ste Comrades gekanselleer is weens die COVID-19-pandemie, die erns van die krisis nie net by die deelnemers ingeskerp nie, maar ook by hulle wat van die wedloop afhanklik was vir hulle ekonomiese welstand. Wat ook al in die toekoms mag gebeur, sal die wedloop nooit weer dieselfde wees nie.

Die kansellasie het dit ook aan so baie mense duidelik gemaak watter integrale rol die Comrades in hulle eie lewens speel. Hoewel ek nog nie self aan die Comrades deelgeneem het nie, het ek grootgeword in ’n gesin van drawwers. My ouers het beide aan vyf Comrades-wedlope deelgeneem tussen 1986 en 1994. Hulle het inderdaad ook saam met Wally Hayward aan sy laaste twee wedlope in 1988 en 1989 deelgeneem. Tot vandag toe vermaak hulle my met stories uit hulle Comrades-dae. Met die toename in hul ouderdom (en wysheid) verkies hulle deesdae om die Comrades vanuit die gemak van hul woonkamer te volg, eerder as om hulself aan “sulke bomenslike marteling” te onderwerp. Desnieteenstaande word beide van hulle tydens direkte uitsendings van die Comrades meegevoer deur nostalgie. Elke keer as die naam Polly Shortts genoem word, sal beide my ouers ril by die gedagte aan daardie bultjie op pad na Pietermaritzburg. En wanneer die deelnemers verby Tollgate hardloop op die buitewyke van Durban, kan mens die verligting in ons huis aanvoel as beide tevrede terugsit op die bank, wetende dat die ergste verby en die einde in sig is. Elke pleknaam op die roete herinner hulle aan minstens een voorval. Die stories hieraan verbonde is so uiteenlopend soos die emosies wat die deelnemers ervaar op verskillende tye gedurende die Comrades.

Party stories is nogal skreeusnaaks, soos die keer tydens die opwedloop toe my pa en sy vriend ’n deelnemer wat weens lae bloedsuiker geestelik totaal gebroke was, by die voet van Klein Pollies, ’n paar kilometer voor die “regte Pollies”, teëgekom het. Omdat dit sy eerste Comrades was, het die man waarskynlik nie besef wat die rede vir sy toestand was nie. Om dieselfde rede was hy ook verkeerdelik onder die indruk dat dit die ware Polly Shortts is wat voor hom lê, en toe hy hoor dat dit maar net “Klein Pollies” is en dat dit maar ’n vulletjie teen die eintlike Pollies is, het hy net daar in trane uitgebars en besluit om die stryd gewonne te gee. In die gees van die Comrades het my pa en sy vriend die man eers opgetel, hom drie Bar Ones ingejaag saam met Coke om sy bloedsuiker te verhoog en hom vir ’n paar treë byna saam met hulle gesleep-dra. Maar toe skop daardie Bar Ones en Coke in en die kêrel begin knieë optel; en toe raak hy geselserig. Teen “regte Pollies” het die man so herstel dat hy aan sy weldoeners wou polisse verkoop: “Die vorms is daar in my kar; ek het die perfekte polis vir julle.” Dis toe dat my pa-hulle besef dat dié ou duidelik sy depressie tot so ’n mate oorkom het dat hy nou vir hulle ’n ekonomiese bedreiging begin inhou, waarna hulle hul pas versnel en hom in die veilige hande van ander deelnemers gelaat het wat moontlik by sy produkte sou kon baat vind.

Daar is egter ook stories van hartseer, soos die kollektiewe wroeging van klublede wat staan en kyk hoe ’n klublid die afsnytyd met ’n paar sekondes mis.

Hoe uiteenlopend hierdie stories ook al mag wees, deur almal loop daar dieselfde goue draad: kameraadskap en moed.

My ouers  se stories oor die Comrades het ’n diep indruk op my gelaat. Hulle bly ’n deurlopende bron van inspirasie, ’n herinnering aan waartoe die menslike gees in staat is. In 1962 het die Engelse atleet John Smith die opwedloop in onder ses uur gewen, maar die roeterekord met 33 sekondes gemis. Terwyl hy toekyk hoe die agterosse ure later nog oor die eindstreep strompel, het Smith teenoor ’n voormalige wenner, Bill Cochrane, opgemerk dat hierdie agterosse net soveel applous van die skare ontlok as wat hy as wenner gekry het. Cochrane het na bewering hierop geantwoord: “Wat jy nou sien, is die ware gees van die Comrades.” Cochrane was reg. Elke individuele storie van elke enkele deelnemer wat die Comrades voltooi, is ’n inspirasie, ongeag die tyd waarbinne hulle klaarmaak.

In baie opsigte was Vic Clapham verkeerd toe hy gedink het dat ’n ultramarathon as lewende monument vir sy strydgenote sou dien. Dit het inderdaad net 20 jaar geneem vir die wedloop om deur nog ’n oorlog bedreig te word. Daarbenewens het heelwat van die oorspronklike bedoeling van die wedloop verlore gegaan en is dit deur kommersiële magte verswelg. Daar kan egter met oortuiging geargumenteer word dat hoewel die Comrades heelwat van sy oorspronklike doelstellings ingeboet het, die wedloop tog vandag steeds iets beteken, al het daardie “iets” verskillende betekenisse vir verskillende mense. Vir die meeste deelnemers hou dit ’n persoonlike uitdaging in om iets aan hulleself te bewys. Vir ander hou dit herinneringe aan ’n geliefde in, of het dit ’n welsynsdoel. In hierdie opsig is daar wel aan Clapham se visie van meer as ’n eeu gelede voldoen. Die doel van Comrades is veel wyer as bloot die fisieke inspanning tydens die wedloop. Die ware triomf van die menslike gees is om uit te hou in tye van swaarkry. Om te oorkom. Tesame.                    

Bibliografie

Burnard, L. 2015. 10 things to know about Comrades. Sport24, 27 Mei.

Comrades. 

Couzens, T. 2014. The gtreat silence. Kaapstad: Art Publishers.

Digby, PKA. 1977. Historical records of the 8th South African Infantry. Scientia Militaria. South African Journal of Military Studies, 7(1). 

Noakes, T. 1988. The lore of running. Kaapstad: Oxford University Press.

Anoniem. 2010. Most runners in an ultra marathon. Guinness World Records, 30 Mei.

https://www.guinnessworldrecords.com/world-records/most-runners-in-an-ultra-marathon-.

Anoniem. 2015. How it all began. Unogwaja.

Anoniem. 2017. Why the Comrades Marathon is called the “Comrades”. The Observation Post, 4 Mei.

Anoniem. 2017. A “living” war memorial. The Observation Post, 4 Mei.

Anoniem. 2019. 20 Fun facts about the 2019 Comrades Marathon. Runner’s World, 7 Junie.

Anoniem. 2019. The first Comrades Marathon takes place. SAHO, 30 September.

Anoniem. 2020. First official female Comrades Marathon winner dies. IOL, 28 Januarie.

The post Nou in die verlede: ’n Viering van die menslike gees oor swaarkry – Vic Clapham en die Comrades-marathon appeared first on LitNet.

"Ek is eintlik net ’n nerd"– ’n onderhoud met Nina Swart

$
0
0

Gedurende die laaste 13 episodes van die gewilde regsdrama, Fynskrif, word daar gefokus op die karakters se persoonlike en familielewens en moet almal uiteindelik besluit wat hulle werklik in die lewe wil hê.

Remona Voges het met Nina Swart, wat die regie van Fynskrif  behartig. Dié reeks se finale seisoen word tans op kykNET uitgesaai.

Nina Swart in die regisseurstoel op die stel van Fynskrif (Foto: verskaf)

Hallo Nina! Die meeste mense sal jou onthou as “die wilde Wilmien” van 7de Laan jare gelede. Jy was ook al in verskeie ander TV-produksies te sien. Jy het jouself egter intussen as regisseur gevestig. By watter produksies (behalwe Fynskrif) was jy onlangs betrokke? Kan jy asseblief meer daaroor vertel?

Ek het destyds (2003), tydens my laaste jaar by 7de Laan, opleiding onder Pierre van Pletzen ontvang as regisseur. Dit was my eerste en laaste ervaring van met akteurs werk totdat Fynskrif oor my pad gekom het.

Mense buite die bedryf is nie altyd bewus van die feit dat daar eintlik net twee kategorieë van televisie bestaan nie, naamlik “scripted” (dramas, sepies, films, advertensies, ens) en “unscripted” (realiteitsreekse, leefstylprogramme, speletjieprogramme, dokumentêre, ens).

Ek was maar nog altyd as regisseur betrokke by realiteits- en leefstyltelevisie. Ek het vroeg in my loopbaan as regisseur (op die stel van Boer soek ’n vrou se eerste vyf reekse!) ’n passie ontdek vir onderhoudvoering. Dít, tesame met my belangstelling in die tegniese aspekte van TV, en die feit dat ek so baie van stories hou, het my van nature laat inval by realiteitstelevisie en dokumentêre.

Hoogtepunte in my regieloopbaan sluit in: die reeks In ons midde wat gehandel het oor mans wat hul vrouens vermoor (dit was ’n uiters belangrike, maar uiters uitmergelende projek); my betrokkenheid by drie reekse van Survivor SA (ek het as inhoudsregisseur gewerk en saam met die deelnemers op die strande gesit!); en, mees onlangs, die reeks Trap! Dis my Huis! (wat gebaseer is op ’n baie interessante internasionale formaat, en wat op tegniese sowel as inhoudsvlakke, baie stimulerend was). Tussendeur het ek ’n legio leefstylprogramme aangepak wat my op ’n persoonlike vlak baie geleer het van kosmaak en klerestyl.

Foto: verskaf

Jy en jou suster, Lise, is beide in die vermaaklikheidsbedryf. Het jou ouers dié belangstelling by julle gekweek of waar kom dit vandaan?

Ek dink ons ouers het ’n belangstelling in álles aangemoedig. Ons het oor alles rondom ons gehoor van kleins af, en is aangemoedig om vrae te vra en meer uit te vind oor alles. Aanvanklik het ons redelik “uitbundige” persoonlikhede gelei tot ’n aanname dat ons twee in die vermaaklikheidsbedryf sal aard. Maar beide van ons het vroeg in ons loopbane besef dat om aktrise of aanbieder te wees, nie eintlik is wat ons wil doen nie. Op ons individuele maniere het ons al twee teruggekeer na wat ons éintlik geleer het, naamlik nuuskierigheid. So het Lise vandag haar eie radioprogram (en besigheid), Wie is ek?, en ek, as regisseur, ry en reis die wêreld vol om te kyk en hoor hoe mense dinge doen en situasies hanteer.

Jy het eers vanaf die tweede seisoen die regie van Fynskrif begin behartig. Was dit vir jou ’n groot uitdaging om by die produksie in te val?

Genugtig, ja, dit was ’n enorme uitdaging! Nie net het ek nog nooit saam met enige van die mense wat betrokke was by die produksie gewerk nie (al is ek al vir jare vriende met Louis en Albert, het ek amper geen van die tegniese span geken nie), maar ek het ook geen werklike ervaring van dramaregie gehad nie. En boonop was daar die verwagting dat ek moes voortbou op die sukses van ’n ongelooflike eerste reeks! Ek was verby angstig!

Maar (en dis ’n belangrike “maar”) die wonderlike ding van mense wat werklik uitstekend is met wat hulle doen, is die grasie en “generosity of spirit” en bereidwilligheid om te deel en die kalmte waarmee hulle die mense om hulle benader. Die eerste paar dae is soos ’n waas, maar ek is daar deur met die hulp van my span en die wonderlike akteurs. En natuurlik was die feit dat Louis en Albert heeltyd naby was om raad te gee, ook geweldig gerusstellend gewees. Ek sidder eintlik as ek nou daaraan terugdink. Ha!

Dalk is ek net domastrant, want ek het voortgeploeter en maar net probeer om aan die tegniese span en aan die akteurs die dinge te gee wat ek destyds waardeer het as aktrise, naamlik vertroue en vryheid, maar ook duidelike perke en verwagtinge. Op een of ander manier het ons almal aan die ander kant uitgekom sonder te veel probleme, en dit is toe te skryf aan die mense om my (wat altyd, altyd professioneel en wonderlik was) en die tekste waarmee ons gewerk het (wat eenvoudig briljant is!). Ek het só baie geleer, maar die belangrikste les was dat ek nie altyd alles weet nie, en dat ek maar mág vra as ek onseker is. Dit was tegelyk bevrydend en gerusstellend.

Nina merk die laaste skoot wat sy ooit saam met die span geskiet het (Charlton George as Dolf is ook in die foto) (Foto: verskaf)

Hoe was die ervaring om die regie van Fynskrif te behartig? Dit moet heelwat anders wees as om die regie van byvoorbeeld  leefstylproduksies te doen? Hoe het jul die proses met Fynskrif benader?

Jy is heeltemal reg – dit is baie anders.

Met ’n drama “sien” ’n mens die toekoms anders, en jou voorbereiding is dus, as regisseur, anders.

As ek byvoorbeeld ’n realiteitsreeks aanpak, weet ek min of meer dat ek volgende week Dinsdag ’n “merge” moet skiet (soos op byvoorbeeld Survivor), maar ek het geen idee wat gaan gebeur, of wat die storielyne gaan wees wat gaan uitstaan nie. Al wat ek kán beplan, is hoeveel kameras daar moet wees, waar hulle moet staan en wat al die potensiële permutasies kan wees waarvoor ons moet uitkyk sodat ons dit kan verfilm. Wanneer Dinsdag dan aanbreek, is ’n mens op die uitkyk vir alles wat moontlik anders kan wees as wat jy beplan het en jy verander dinge op die oomblik, sodat jy dit nie mis nie en in die finale episode kan gebruik.

Met ’n drama, aan die ander kant, weet jy dat jy volgende Dinsdag ’n ete-toneel gaan verfilm vanaf 14:00 met x aantal akteurs. Jy weet (bepaal) waar elkeen gaan sit, wat hulle gaan sê en hoeveel maal die toneel oor en oor geskiet moet word om elke belangrike detail vas te vang. Wanneer Dinsdag dan aanbreek, is ’n mens op die uitkyk vir dinge wat moontlik anders kan wees as wat jy beplan het, en jy pas daarby aan en verander dinge op die oomblik, sodat jy dit nié in die episode hoef te gebruik nie.

Ek weet nie of dit sin maak nie? Kortom: Die rol van die regisseur is beslis anders met drama as met realiteitstelevisie. Ek dink ook ek is nog besig om uit te pluis presies hoe, maar dis ’n heerlike uitdaging en leerkurwe, omdat ek nie meer bang is om nie te weet wat volgende gaan gebeur nie (realiteit), en ook nie meer bang is om op my span (akteurs, tegniese personeel en die teks) te steun vir hulp en raad ten einde presies te kry wat ek wil hê nie.

Fynskrif was ’n heerlike proses, omdat almal so kreatief is! Ek kon soggens nie wag om op stel te kom om te sien hoe elke departement (garderobe, kuns, kamera en beligting) vir my gaan verras met idees rondom die verfilming van elke toneel van die dag nie. Dan kon ek saam met hulle praat oor opsies en ons kon saam die beste planne maak. Ek voel steeds soos ’n groentjie, maar die ervaring het my geleer dat ek daarvan hou om “scripted” werk ook te doen.

Nina se perspektiewe op die dag van Dolf (gespeel deur Charlton George) en Gertrude (gespeel deur Elana Afrika) se troue (Foto: verskaf)

Mis jy die verhoog of om jou lyf aktrise te hou? Is toneelspel iets wat jou nog na aan die hart lê?

O nee, glad nie. Nadat ek laasjaar vir ses maande met die voorste akteurs in die land gewerk het aan Fynskrif, het ek opnuut besef dat ek eintlik net ’n gehoorlid wil wees wat toekyk hoe die “regte” akteurs te werk gaan! Regie is die beste en lekkerste posisie van waar ’n mens dít kan sien.

Wat maak jou opgewonde oor jou bedryf? Hoe verskil dit van 20 jaar gelede toe jy begin het? (Is dit al só lank?)

80 jaar, Remona, nie 20 nie! Ha! Nee, ek speel.

Die grootste verskil is seker maar die manier waarop my vriende en kollegas nou gesien word as die leiers in hul veld. Dit voel soos gister wat ons in bondels om groot tafels gesit het en gepraat en gedroom het oor die toekoms en oor wat ons gaan doen, en nou sit ons (in kleiner bondels) en praat oor jong akteurs en skrywers en opkomende talent.

Ek onthou hoe dit was om gementor te word deur ervare mense in die bedryf, en nou vra mense vir my vrae asof ek ’n mentor kan wees. Bwaaa! Ek klink soos ’n ou tannie wat verwonderd is oor die feit dat ek nou ’n ou tannie is. (Dalk is dit waar.)

Ek dink ook die bedryf het verander in terme van die hoeveelheid kompetisie wat daar is. Toe ek jonk was, was dit die beginjare van gefokuste mediadekking vir spesifieke reekse. Sosiale media het nie bestaan nie. Jy was een maand die gesiggie op hiérdie tydskrif se voorblad, en volgende maand op ’n ander een. Vandag word jy gevra hoeveel Instagram-followers jy het voor jy sommige oudisies mag doen! Ek is oneindig, en werklik dankbaar vir elkeen wat my deur die jare ’n kans gegee het en aangestel het. Ek dink nie die kompetisie was destyds so straf soos nou nie, en daar was (voel dit my) minder mense wat beskikbaar was vir elke posisie, en ek is kanse gegun wat my loopbaan bevorder het wat ek nie nou dink ek sou kry nie. Ek is verlig dat ek nie nou in die wêreld moet uitgaan en myself en my talente hoef te verkoop nie. Ek sou pateties wees en tien teen een in ’n ander rigting ingegaan het en dalk ’n sweminstrukteur geword het. Of ’n delibestuurder.

Daar was 20 jaar terug ook minder TV. Minder opsies vir mense om te kan werk in verskillende genres en op verskillende gebiede. Destyds was jy ’n akteur wat een of twee maal ’n jaar na feeste toe gegaan het met jou produksie. Jy het met bewondering gekyk na die gevestigde akteurs wat wonderlike werk op TV en in films en op die verhoog doen, en gehoop jy kry eendag ’n kans om saam aan ’n projek te werk. Vandag is daar ’n legio kunstefeeste en ’n verskeidenheid TV-kanale wat konstant nuwe werk soek. Jy kan werk as kamera-assistent op een ding, en ’n hoofrol speel in ’n ander. Jy kan leer hoe om grimering te doen en ook ’n YouTube-ster wees. Jy kan jou praktiese talente gebruik in ’n rekwisietedepartement, en stemopnames doen vir radio-advertensies. Die grootste verskil is dat jy meer as een ding mag (móét) wees om te oorleef in die industrie.

Op Fynskrif se stel (Foto: verskaf)

Wie het tot dusver die grootste invloed op jou as regisseur gehad? En watter raad het jy vir ander jong regisseurs?

Is dit “coy” om te sê almal met wie ek al ooit gewerk het in enige kapasiteit, het my geslyp? Ek steel idees en werkswyses by almal. Groot Dief Swart. Ek probeer altyd alles onthou wat ander regisseurs van my verwag, en vir my gesê het. So, my regiestyl is ’n kombinasie van goeie gewoontes wat ek langs die pad opgetel het by ander regisseurs.

Wat my egter die meeste bybly, is wanneer ek onthou hoe om dit nié te doen nie. My eerste werk ná universiteit was om vir twee maande ’n seremoniemeester (MC) te wees in ’n show in ’n hotel in Kaapstad saam met ’n cover band. Die regisseur was die tromspeler, en saans, tydens elke vertoning, het hy (terwyl ons “Simply the best” van Tina Turner gespeel het) kliphard van agter die drumkit vir my geskree hoe swak ek is en hoe ek besig is om die hele show op te neuk. Dit het my geleer dat ek nooit op mense wil skree nie, en dat ek altyd gaan probeer om op die positiewe te konsentreer voordat ek die negatiewe gaan aanspreek of probeer verander.

Nina kyk op die monitor na ’n toneel van Ben (gespeel deur Neels van Jaarsveld) en Katrien (gespeel deur Cintaine Schutte) (Foto: verskaf)

Wat is in jou drome vir die toekoms?

In hierdie stadium, waar die bedryf só naby aan lamgelê is deur die pandemie, is my drome meer eenvoudig as voorheen. Ek het nou vir twee maande “gerus”, en ek sien uit na die projekte waaraan ek binnekort gaan begin werk. Dis ’n mengsel van drama en realiteit, en ek voel ek gaan weer kans kry om alles wat ek weet, toe te pas. Dis wanneer ek op my gelukkigste is. En dis altyd maar my eintlike droom. Ek wou nog altyd net, in die eerste plek, werk. Enige werk. Lekker werk. Leer. Planne maak. Wérk. Nuwe mense en nuwe maniere van doen ervaar (op stel). Ek was nog nooit juis kieskeurig oor waaraan ek werk nie, want ek kon altyd iets daaruit put. 

As dinge weer normaal is, sal ek my graag eendag weer wil toespits op onderhoude. Om met mense te gesels op kamera is vir my geweldig bevredigend, en ek kry nie altyd die kans daarvoor as ek regie doen nie. So dis ’n droom. Vir eendag.

Jou belangstellings strek wyd. Kan jy ’n bietjie meer vertel oor goed waarin jy belangstel buiten werk en televisie?

Geskiedenis, melktert, sudoku, honde, karre, jazz, kaas, sterre, wetenskap, politiek, sosiopolitieke kwessies, poësie, ASMR, agter-die-skerms-dokkies, fotografie, braai, mense. In geen spesifieke volgorde nie. As ek elke dag net kan omgaan met een van die dinge op hierdie lys, voel ek gelukkig. Maar ek is ’n werksverslaafde, en ek is op my gelukkigste wanneer ek ’n projek het waaraan ek kan dink en beplan, so ek het nie altyd tyd om aan die lysie aandag te skenk nie. Ek is eintlik net ’n nerd.

Jy is ook baie lief vir musiek. Waar kom dié liefde vandaan?

Musiek is die kortpad vanaf realiteit na my emosionele ervaring van die wêreld. Soms oorweldig dit my, en ander kere laat ek my lei. Ek weet nie waar die liefde vandaan kom nie. My hele familie hou van musiek, maar hulle hou op soveel verskillende maniere daarvan dat ek nie kan sê dit het spesifiek dáár begin nie. Ek glo daar is ’n liedjie, en ’n genre en ’n styl van musiek vir elke oomblik van die dag. ’n Klankbaan. En ek hou van ’n klankbaan. Dis al wat ek weet.

Groepfoto van Nina (heel regs) en die "Kruger-gesin" (Tinarie Van Wyk Loots, Jacques Bessenger, Marguerite van Eeden) saam met Jorrie van der Walt (heel links), die uitstekende kameraman wat die reeks so wonderlik geskiet het (Foto: verskaf)

Noem iets oor jouself waarvan baie min mense weet?

Ek wil graag ’n TikTok-kanaal hê waarop ek “mime” op alles. Soos Sarah Cooper met Donald Trump, en soos mense in hul eie musiekvideo’s moet maak asof hulle sing. Ek dink … nee, ek is oortuig daarvan ... dat ek regtig goed is daarmee, maar ek is te skaam om vir enige iemand my pogings te wys.

Lees ook:

"Toneelspel is vir my soos dagga vir Snoop Dogg" – ’n onderhoud met Beer Adriaanse

"Bewaar jou siel as jy my in ’n boks probeer sit" – ’n onderhoud met Rolanda Marais

"Ek probeer die lewe lig hou" – ’n onderhoud met Cintaine Schutte

"Die onmiddellikheid van die verhoog is soos ’n dwelm" – ’n onderhoud met Nicole Holm

"We live charmed lives" – ’n onderhoud met Tinarie van Wyk-Loots

Fynskrif 3: ’n onderhoud met Neels van Jaarsveld

 

The post "Ek is eintlik net ’n nerd" – ’n onderhoud met Nina Swart appeared first on LitNet.

“Hoë” boekpryse? Dís waarvoor lesers betaal

$
0
0

Met die onlangse opskudding oor die vlaag e-boekdiefstalle het heelwat kommentators en lesers gekla dat boeke in Suid-Afrika baie duur is. Deon Maas het byvoorbeeld op sosiale media kritiek uitgespreek teen skrywers wat beswaar teen e-boekdiefstal maak, en daarop gewys dat die formaat waarin boeke digitaal aan verbruikers beskikbaar gestel word, dié bedryf kwesbaar maak vir die verspreiding van roofkopieë.

Maar is boeke hier te lande werklik duur? Of moet uitgewers versigtig meet en pas om die begroting te laat klop en boeke winsgewend te produseer?

Wanneer dit by verkope kom, is Deon Meyer enige uitgewer se koorsdroom.

’n Goeie boek jaag lesers deesdae maklik R300 of meer uit die sak. Gedrukte en digitale boeke is dus waarskynlik bo die finansiële vuurmaakplek van baie mense – lees het blykbaar ’n luukse geword. Noudat ’n pandemie die mensdom boonop teister en die ekonomie onder geweldige druk verkeer, des te meer.

Maar wat kos dit om ’n boek te maak? En wie moet almal betaal word tydens die produksieproses? In hierdie artikel word daar spesifiek gefokus op fiksie- en niefiksieboeke wat in die algemene handel beskikbaar is; akademiese, opvoedkundige en ander publikasies word dus buite berekening gelaat.

Hoe lyk die boekemark in Suid-Afrika?

Met ’n oogveeg oor die boekemark in Suid-Afrika is dit uit die staanspoor duidelik dat e-boeke ’n klein gedeelte van die totale omset uitmaak. Die tendens wêreldwyd is dat lesers voorkeur gee aan boeke wat op papier gedruk is. Toe digitale boeke ’n klompie jare gelede die mark getref het, was daar aanvanklik groot aptyt vir dié formaat, maar lesers het vinnig teruggeskuif na die sjarme van papierboeke se gom, bindgare en ink.

Volgens die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (Pasa) lyk die omset van alle boekverkope in die land vir die 2018/19-boekjaar so: Gedrukte boeke het in totaal R3,265349 miljard in die ekonomie ingestoot, en e-boeke R111,645 miljoen. Hierdie syfers sluit alle publikasies in – akademiese en opvoedkundige titels, Bybels, korporatiewe dagboeke, die hele lot.

Die meeste titels in Suid-Afrika word in Engels gepubliseer, met Afrikaans ’n kortkop agter. Boeke in ander inheemse tale lê veel laer af op die lys. Vir uitgewers om ’n duik in die plaaslike mark te maak, is dit dus gerade om nie die Afrikaanse mark te ignoreer nie. Dit verklaar byvoorbeeld die internasionale publikasiereus Penguin Random House se onlangse aankoop van Lapa. Met hierdie stap het dié uitgewershuis ’n dominante voet in die deur van die plaaslike boekebedryf gekry.

Plaaslike boektitels genereer ongeveer 7% van Suid-Afrika se totale inkomste uit boeke, terwyl internasionale titels vir die res sorg. Suid-Afrikaners lees boeke wat die res van die wêreld lees.

Sover dit fiksie- en niefiksietitels in die algemene handel (“trade”) betref, bedra die omset vir papierboeke ongeveer R730,872 miljoen, en vir digitale boeke R6,339 miljoen. Die omset van plaaslike Engelse fiksie is R78,435 miljoen vir gedrukte boeke, en R2,703 miljoen vir e-boeke. Afrikaanse fiksie genereer R41,703 miljoen in gedrukte weergawes, en R4,512 miljoen in digitale formaat.

Plaaslike Engelse niefiksie sorg vir R162,41 miljoen in die mark, en e-boeke vir R4,353 miljoen, terwyl Afrikaanse niefiksie R29,836 miljoen beloop vir papierboeke, en R1,034 miljoen vir hul digitale eweknieë.

Dit is met die hoogste uitsondering dat die res van die wêreld plaaslike skrywers se werk op groot skaal aanskaf. Skrywers soos Deon Meyer en Wilbur Smith, wat saam met geeste soos Paulo Coelho op internasionale topverkoperlyste boer, is die uitsondering.

Met die COVID-19-pandemie se plettervat sal die prentjie vir die 2019/20-boekjaar uiteraard beroerd lyk. Die produksie van papierboeke het tot stilstand geknars, en sover lyk dit nie of lesers tydens die staat van inperking in beduidende getalle na digitale boeke oorgeskakel het nie.

Dit sal misleidend wees om uit die “miljarde” en “miljoene” van die syfers hierbo af te lei dat alle skrywers miljoenêrs is. Verder van die waarheid kan dit kwalik. In Afrikaans alleen word daar jaarliks in die omgewing van 10 000 titels gepubliseer – volgens die aantal ISBN-nommers wat vir publikasies aangevra word.

En hier te lande word boeke waarvan 5 000 eksemplare van die hand gesit word, as topverkopers beskou. Hou ook in gedagte dat die boekemark oor die afgelope aantal jare geweldig gekrimp het. Waar topverkoperskrywers vyf jaar gelede 30 000 plus kopieë verkoop het, draai daardie skrywers nou by verkope van onder die 10 000. Natuurlik is daar uitsonderings.

Wat kos dit om ’n boek te publiseer?

Om ’n boek nie teen ’n verlies te produseer nie, moet uitgewers hul insetkoste uiteraard uit die aanbevole verkoopprys van die boek verhaal. Die lys van uitgawes is lank, en om ’n boek winsgewend die lig te laat sien, kos meet en pas soos min. Buiten BTW, tantième en die gedeelte wat aan boekwinkels betaal word, word die volgende uitgawes aangegaan tydens die produksieproses.

Wanneer ’n manuskrip by die uitgewershuis opdaag, moet daar dikwels ’n keurverslag aangevra word om vas te stel of die werk op standaard is. Dit gebeur nie in elke geval nie, maar ’n keurverslagfooi kan tussen R2 000 en R5 000 beloop, afhangende van die graad van kundigheid wat vereis word. In die ou dae is tot drie keurders genader om insigte oor ’n manuskrip te deel, maar daardie dae is vir alle praktiese doeleindes verby.

Wanneer ’n finale manuskrip deur die skrywer ingedien word, beland dit in die hande van ’n redakteur wat sorg dat die skryfwerk eksie-perfeksie is. Uitstekende redakteurs is skaars, en hulle word per 1 000 woorde betaal. Die lengte van boeke wissel tussen 60 000 en 120 000 woorde. In die geval van baksteendik boeke is die woordtelling natuurlik veel meer, en uitgewers moet spook om sulke boeke winsgewend te produseer. Redakteurs word enigiets tussen R240 en R280 per 1 000 woorde betaal.

Nadat ’n manuskrip geredigeer is, skep ’n setter proewe waarop ’n proefleser werk. Die setter moet uiteraard ook betaal word. Die proefleser word minder as die redakteur betaal – enigiets tussen R120 en R180 per 1 000 woorde. In uitsonderlike gevalle word proewe ’n tweede of selfs derde keer geproeflees.

Intussen het die uitgewer ’n ontwerper in die werk gesteek om met ’n boekomslag vorendag te kom. Die proses kan omslagtig wees. Verskeie ontwerpe word geskep en aan die skrywer en uitgewer voorgelê, en in die meeste gevalle moet ontwerpe verder verfyn word totdat almal tevrede is. Gerekende uitgewers sal tot R6 000 vir ’n goeie ontwerper se dienste betaal.

Sodra die manuskrip finaal in proewe omskep is, word dit na die drukker gestuur. Kostes word bepaal deur die omvang van die drukoplaag – hoe meer boeke in een sarsie gedruk word, hoe kleiner die rekening. Die kleur, gewig en gehalte van die papier waarop gedruk word, beïnvloed die drukkoste. Om een of ander rede is wit papier byvoorbeeld veel duurder as roomkleurige papier. En wanneer ’n boek met ’n hardebandomslag verskyn, skiet drukkostes ten hemele. Daarom word boeke meestal in sagtebandformaat uitgegee.

Nog voordat ’n boek na die drukkery gestuur word, is velerlei utgewerspersoneel aan die werk – teen ’n salaris, natuurlik! – om die mark en boekwinkels op die koms van die publikasie voor te berei. Verteenwoordigers van die uitgewershuis verkwansel komende titels minstens ses maande voor publikasie aan afsetpunte. En om boekverkopers opgewonde te kry oor een van derduisende titels wat die mark tref, sit nie in elke ou se broek nie. Boekverkopers juig gewoonlik oor bekende name wat voorheen sukses behaal het, en dit verg die onderhandelingsvermoë van ’n VN-diplomaat om ’n debuutskrywer aan winkels te verkwansel.

Bemarkers is ook flink aan die werk voordat ’n boek verskyn. Mediablootstelling is van kardinale belang vir verkope, en advertensies en bemarkingsmateriaal kos geld. Wanneer ’n boek verskyn, word daar tussen 30 en 150 eksemplare (gratis, natuurlik) aan media-instansies gestuur in die hoop dat hulle blootstelling aan ’n titel sal gee.

Nadat die boekoplaag gedruk is, word dit in ’n enorme pakhuis gestoor. Uiteraard word huur betaal vir die stoorplek, asook die hantering van die boeke tydens die verspreiding tot by afsetpunte regoor die land. Boeke moet deesdae ten duurste gekoerier word, want as dit in die poskantoor se sisteem beland, is dit by wyse van spreke “koebaai meraai”.

Dikwels word boeke goedkoper in oorsese lande gedruk, veral in die Ooste. Nadat dit gedruk is, moet dit na Suid-Afrika verskeep word. Versekering moet deur die uitgewer op die voorraad uitgeneem word, want skepe het die gewoonte om teen kaaie te bots of vir weke lank buite hawens vertraag te word deur ingrypings van die natuur. Die Kaapse Sedoos is ’n berugte sondebok in dié opsig.

Met die hoogste uitsondering word boeke wat oorsee gedruk is met vragvliegtuie die land ingebring, maar dit gebeur slegs in gevalle waar die mark eenvoudig nie vir ’n publikasie kan wag nie, soos wanneer ’n nuwe boek in die Fifty shades-reeks verskyn.

Soms word internasionale boeke ter plaatse gedruk wanneer die rand-wisselkoers ten gunste van so ’n stap is. Michele Obama se Becoming is byvoorbeeld verlede jaar deur die rolpers van ’n Paarlse drukkery voordat dit van plaaslike winkelrakke afgevlieg het.

Uitgawes wat uitgewers aangaan om skrywers, wat lief is vir uiteet, lojaal en gelukkig te hou, is nog nie in berekening gebring nie.

Buiten die drukkoste, verg e-boeke dieselfde produksie-insetkoste as gedrukte boeke (redakteurs, proeflesers ens). Die geld wat op ink en papier bespaar word, maak dit moontlik om hoër tantième vir die skrywer aan te bied. Maar omdat die e-boekmark veel kleiner as die mark vir papierboeke is, is dit selde ’n winsgewende opsie wanneer die verkoopsprys verlaag word. In die praktyk sal ’n skrywer wat byvoorbeeld 3 000 papierboeke verkoop, dikwels maar iets soos 18 e-boeke verkoop.

Wat kry skrywers uit hul boeke?

Volgens Pasa se opname is die gemiddelde tantième vir fiksie- en niefiksietitels in die algemene handel sowat 13% vir papierboeke en 16% vir e-boeke. Soos genoem, is tantième vir e-boeke hoër omdat daar nie drukkoste ter sprake is nie.

’n Gevestigde uitgewershuis met ’n eerbare naam se tantième-aanbod vir skrywers sal egter by 15% vir gedrukte boeke begin, en pro rata volgens die aantal verkope styg – gewoonlik tot 18%. In uitsonderlike gevalle sal tantième hoër wees, met die hoogste, volgens Pasa, 22%. Dié aanbod sal vir topverkoperskrywers geld. Gerekende uitgewers sal gewoonlik 25% tot 30% tantième vir e-boeke aanbied.

Die prentjie klink met die eerste oogopslag rooskleuriger vir skrywers as wat dinge werklik is. Tantième word bereken op die netto bedrag van die prys waarteen die boek in die winkel van die hand gesit word. Voordat tantième bereken word, word BTW en die boekhandelaar se deel dus van die verkoopprys afgetrek. BTW beloop 15% en die handelaar se sny van die koek is volgens Pasa gemiddeld 33%. Groot kettingboekwinkels soos CNA en Exclusive Books skep egter tussen 45% en 55% van die aanbevole verkoopprys af.

In die dae toe Leserskring nog bestaan het, is 68% van ’n boek se verkoopprys in dié klub se sak gesteek. Leserskring kon wegkom met dié reusehap uit die boekpastei omdat hulle groot afslag aan hul meer as 100 000 lede, aan wie enorme hoeveelhede boeke kwartaalliks verkoop is, kon gee. Die klub kon produkte aan lede in die verste uithoeke van die land besorg.

Met die agteruitgang en verval van die poskantoor, op wie Leserskring vir die verspreiding en aflewering van hul produkte staatgemaak het, het die sakemodel vir dié tipe onderneming egter ’n uitklophou gekry. Leserskring is dus geskiedenis.

Terug by die inkomste van die skrywer: As ’n boek byvoorbeeld in ’n goeie boekwinkel teen R300 van die hand gesit word, moet BTW en die winkel se inkomste afgetrek word (15% plus wat die boekwinkel neem: tot 55%) voordat tantième bereken kan word. Wat dan in die skrywer se sak beland, is enigiets tussen R8 en R22, afhangende van die tantième-ooreenkoms met die uitgewer.

Skrywers moet dan nog vir Jan Taks, wat met ’n breë glimlag en bak hande staan, belasting op dié verdienste betaal – normaalweg vryskutbelasting van 25%. Uiteraard kan navorsingskostes by die Ontvanger teruggeëis word, maar dit is ’n nagmerrie vir die skrywer. Annelie Botes vertel byvoorbeeld dat Jan Taks al haar huis aangedoen het om aftrekkings te verifieer.

Dus, ...

In Suid-Afrika met sy betreklik klein boekemark is skrywers wat voltyds ’n bestaan uit hul ambag kan maak, dus uiters skaars.

Daar is die mooi staaltjie oor die Nobelpryswenner JM Coetzee, wie se boeke altyd heel eerste in Nederlands verskyn voordat dit drie maande later in Engels vir die res van die wêreld beskikbaar is.

Die rede hiervoor is ’n belofte wat Coetzee uit lojaliteit aan sy huidige Nederlandse uitgewer gemaak het. Toe sy oorspronklike uitgewer in Nederland nie meer kans gesien het om sy boeke te publiseer nie, omdat die aantal verkope na hul mening nie genoeg was nie, het Coetzee na Eva Cossee se uitgewery oorgeskuif. Cossee het die belangrikheid van die skrywer gerespekteer.

’n Jaar ná dié skuif het Coetzee die Nobelprys vir letterkunde gewen en sy verkope het die uitspansel binnegeskiet.

The post “Hoë” boekpryse? Dís waarvoor lesers betaal appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Die misdaadskrywer, die stopteken en hoe om mense se vakansies te ruïneer

$
0
0

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks “Die wêreld van die skrywer” vertel bekroonde spanningskrywer Irma Venter meer oor die rol van navorsing en aktuele kwessies in haar spanningsverhale. Hoe pak sy daardie deel van die skryfproses aan en hoe gaan sy te werk om navorsing met die storielyn te integreer?

Foto van Irma Venter: verskaf

Ek het nog altyd van ’n spanningsverhaal gehou wat my uitdaag, wat my iets nuuts leer, maar ek wil nooit voel asof ek in ’n klaskamer sit terwyl ek lees nie.

Navorsing in spanningsverhale kan baie dinge wees, maar dit moenie ’n stopteken wees nie. Geen leser wil voel asof hulle skielik uit die verhaal gelig word en in ’n muwwe lesingsaal beland waar ’n lektor verduidelik hoe DNS ingesamel word nie, of hoe die polisie aantrek as hulle by ’n misdaadtoneel opdaag nie.

Die inligting moet daar wees, maak geen fout nie, maar mens wil nie die nate van die storie sien nie. Die leser wil nie van die skrywer bewus raak nie. As skrywer mag jy nooit in jou eie geskepte wêreld gaan hand opsteek om gou iets te verduidelik nie.

Lesers het dalk die boek gekies op grond van die skrywer se naam, maar die kuiergaste wat hulle ingenooi het is die karakters, en hulle is die mense wat telkens gebeure moet dryf.

Dit beteken die navorsing moet soomloos in gewerk word. Dit moet onnaspeurend net daar wees om te geniet en te absorbeer sonder om die verhaal se spoed te breek.

Inligting is ontsaglik belangrik binne die spanningsverhaalraamwerk. Nuwe inligting wat die hoofkarakters in misdaadverhale insamel is talle kere die stukrag vir die storie; dit wat die storie voortdryf na die volgende hoofstuk en die volgende verdagte – selfoondata, die ooggetuie verslag, die forensiese verslag.

Meer nog, om hierdie inligting oor dra dat die leser dit verstaan, is ewe belangrik as die navorsing self. Enige misdaadskrywer wat hulle sout werd is weet dat die leser deeglik moet verstaan wat besig is om te gebeur voordat die volgende legkaartstuk neergesit word.

Soms kom die skrywer selfs op die punt waar jy ’n hoofstuk moet wy aan waar die hoofkarakters hulleself – en dus die leser – herinner aan alles wat tot op hierdie punt gebeur het.

Weereens is die uitdaging om dit nie soos ’n lesing te laat klink nie.

Ek dink egter dat dit al hoe meer belangrik raak om hierdie tipe opsommende hoofstuk in te werk, aangesien min mense deesdae ’n boek oor ’n naweek klaar lees.

Op die ou einde is al hierdie aksies nodig omdat die skrywer besig is om op te bou na ’n geloofwaardige, elegante einde. Min dinge frustreer gesoute misdaadlesers so baie soos ’n haastige, ongeloofwaardige einde waar hulle nie kan naspeur hoe op dees aarde hulle op hierdie punt in die verhaal beland het nie.

Die vertalings van misdaadverhale lewer ’n ekstra uitdaging in terme van die navorsing.

Hoe die Suid-Afrikaanse polisie DNS gebruik is nie hoe die Amerikaners of die Franse dit gebruik nie. Nie alle polisiesisteme is dieselfde nie en nie alle lande worstel met dieselfde misdaadprobleme nie, en dis maar net ’n paar voorbeelde.

Binne ’n vertaalde werk moet die skrywer ’n storieontwikkeling verduidelik aan ’n leserskap wat nie bekend is met die agtergrond van die skrywer se land nie.

Weereens is die uitdaging om dit naatloos by die storie in te werk – wat nogal moeilik kan wees as mense klaar hierdie stuk skryfwerk aanmekaar gesit het. Dit kos lostorring, inlap, vastorring, en hoop niemand sien nie.

Google is jou vriend, maar . . .

Nog een aspek van die navorsing wat misdaadverhale betref is om te besef dat nie als geGoogle kan word nie. Die inligting wat byvoorbeeld op die internet oor die polisie wat beskikbaar is, handel meestal oor Amerika of Brittanje, en nie Suid-Afrika nie.

Om aan te neem dis dieselfde, is om foute te maak wat misdaadlesers heel geredelik vir die skrywer sal uitlig.

Wat dit gewoonlik vir Suid-Afrikaanse misdaadskrywers beteken is dat jy ’n geduldige, bekwame polisiepersoon moet opspoor wat heelwaarskynlik vermoed dat jy ’n boek gaan skryf wat die polisie onbekwaam gaan laat voorkom.

En al skryf ek nie polisieprosedureverhale nie, is die polisie altyd op een ander manier betrokke in my verhale, wat beteken ek moet gereeld hulle insette vra.

Ek het al wonderlike mense op hierdie manier ontmoet wat my waardering vir die polisie aansienlik verdiep het. Ek is ook diep bewus gelaat van hoe min hulle betaal word en hoe oorlaai hulle is met werk.

Wat ek telkens vir my polisiebronne moet verduidelik is dat ek hulle feite gaan gebruik en gaan lieg. Ek wil my verstout om te sê dat geen polisieprosedure, soos om DNS te toets, so vinnig in die werklike lewe gebeur soos die geval in misdaadskrywers se boeke nie.

Aangesien die skrywer egter die storie moet vorentoe dryf en die haastige tempo van die spanningsverhaalgenre moet eerbiedig, moet hierdie inligting vinniger beskikbaar gestel word as wat werklik die geval is.

Amper alle sake in die misdaadverhaal word ook opgelos, wat glad nie die geval is in die werklike lewe nie.

Ander bronne buite die polisie kan ook van groot hulp wees. Patoloë, regsgeleerdes en dokters kan byvoorbeeld baie help.

In my derde boek, Sondebok, moes die hoofkarakter, Adriana, ’n fors, jong man met ’n mes steek. Daar moes egter genoeg tyd wees tussen die onderonsie en sy dood dat sy hom kon ondervra.

Ek het my huisdokter gevra om te help, en sy en haar man, ’n sjirurg, het die aand gaan sit en uitgewerk waar en hoe ek hierdie man kan wond om Adriana toe te laat om 15 minute met hom te praat.

Al hulle werk was ’n enkele sin in die boek.

Dieselfde span het my ook gehelp met Jaap Reyneke se kankerbehandeling in die sewende boek, Sewe-en-veertig.

Dit als gesê, bly Google tog mens se beste vriend.

My internetgeskiedenis sal ’n hele paar wenkbroue laat lig – van Suid-Afrika se bekendste reekmoordenaars tot hoe lank dit neem vir ’n liggaam om in rigor mortis in te gaan.

Facebook kan interessante karaktername oplewer.

Google Maps help ook baie met straatname en inkleding van die omgewing.

Koerante en nuuswebwerwe bly natuurlik ook ’n interessante bron van inligting. Dis amper onmoontlik om in ’n land soos Suid-Afrika te bly en nie deur prominente misdaadsake geraak te word nie.

In Skandinawië byvoorbeeld moet skrywers hulleself die ergste verbeel. Niks wat ’n Suid-Afrikaanse misdaadskrywer opdis kom naby die werklikheid van dit waartoe ons nasie in staat is nie.

Hoe om jou vriende en familie te irriteer

Een van die grootste nadele van spanningsverhale skryf is dat baie van mens se ervaringe dikwels gereduseer word tot moontlikhede vir jou nuwe boek.

Kan ek by hierdie brug oor hierdie Amsterdamse kanaal ’n lyk gooi sonder dat iemand sien? Kan ’n mens ’n lyk in hierdie nuwe Volkswagen se kattebak pas? Is hierdie rockonsert hard genoeg sodat mens iemand kan vermoor en niemand in die gehoor dit hoor nie?

Aksente en dialoog trek ook konstant mens se oor. Hoe klink mense? Hoe vloek hulle? Wat drink hulle? Wat eet mense in hierdie dorp, in hierdie land? Watter klere dra hulle, watter handelsmerke? Hoe lyk hulle fisies en hoe ervaar mens hulle kultuur en algemene houding? Hoe is die weer hierdie tyd van die jaar? Hoe laat maak die Tokyo Toring oop vir besoekers? Hoe is die verkeer soontoe seweuur in die oggend?

Ek glo mense weerspieël die stad waarin hulle bly op hulle gesigte.

Die beteken jy steel die heeltyd met jou oë en jou ore vir jou volgende boek, dikwels tot groot ergenis van die mense by jou.

So het ek en my reisgenote al op vakansie die pad van Paternoster na Lambertsbaai gery om te kyk hoe lank dit neem, en om die perfekte plek te soek om ’n lyk op die ysterertsspoor te plaas. (Die ekskursie het die hele dag geneem in die Desemberhitte.)

Ek neem honderde foto’s as ek iewers heen toer of met vakansie is. Niksseggende foto’s vir enige iemand anders – foto’s van bushaltes se name, straatname, alledaagse geboue en alledaagse mense, lughawens, kafees, motors, taxis en hawens.

Ek is seker amptelik die wêreld se slegste fotograaf as dit by vakansiefoto’s kom. Ek het geen foto van die Eiffeltoring nie, maar honderde van strate en die roete van die lughawe tot by ’n klein hotel in Montmartre.

Ek tik byvoorbeeld nota’s oor taalgebruik, hoe die kelner my koffiebestelling neem en hoeveel dit kos.

As ek ooit my foon sou verloor, sou ek die meeste van my navorsing verloor.

Een dag het ek sonder my foon langs die see gaan stap. ’n Halfuur later het ek teruggekom met ’n spul nota’s wat ek noodgedwonge op my arm moes skryf met ’n geleende pen.

Die man by wie ek die pen geleen het, het gedink ek is laf. Maar dit maak nie saak nie, ek het die storie vasgemaak, en hopelik lees julle dit binnekort.

The post PEN Afrikaans: Die misdaadskrywer, die stopteken en hoe om mense se vakansies te ruïneer appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Mei 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Mei in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

4 Mei

Resensie: Sekerheid in "vreemde" tyd

André Krüger resenseer Blue Moon deur Lee Child

Resensie: Riller met bloeddorstige byt

Sonja van der Westhuizen resenseer Wild Dog deur Serge Joncour

Resensie: Debuut vol biersessies en daggawalms dié ...

Fanie Olivier resenseer Kleinboer se Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels

Boekevat: Bemagtiging lê in die "hervertolk"

’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé

Boekenuus: Virtuele letterkundefees met skrywers van SA en oorsee

’n Virtuele letterkundefees word vir November beplan

5 Mei

Boekenuus: Colson Whitehead wen sy tweede Pulitzer-prys

9 Mei

Profiel: Bakkes swerf steeds ondanks inperking

Johan Bakkes het nóg ’n laaste boek ná Openbaring geskryf. Elretha Britz het hom uitgevra oor Erfgeld is swerfgeld.

Boekenuus: Nuwe e-boeke hoop om kopers te lok

Oor nuwe Afrikaanse publikasies tydens die grendeltyd

11 Mei

Resensie: Jeanne Goosen "deur gypsies gesteel ..."

Joan Hambidge resenseer Jeanne Goosen: ’n Lewe vol sinne deur Petrovna Metelerkamp

Resensie: Pasop, moenie hoofstuk 8 lees nie!

Koos Kombuis resenseer X-Events deur John Casti

Resensie: Die grootste waagstuk is juis om nie kanse te waag nie

Francois Bekker resenseer A Poor Season for Whales deur Michiel Heyns

Resensie: Is daar tyd oor om ’n katastrofe te vermy?

André Krüger resenseer The Second Sleep deur Robert Harris

Boekenuus: Twilight-reeks kry ná 12 jaar nog ’n boek by

13 Mei

Boekenuus: Veiling help Clarke’s Books in Langstraat, Kaapstad

Oor ’n veiling ten bate van die ikoniese Clarke’s boekwinkel in Kaapstad.

Nuus: Uitgewers waarsku WhatsApp-groep finaal

LAPA- en NB-Uitgewers het ’n stakingsbevel aan die administrateurs van ’n WhatsApp-groep uitgereik wat e-boeke onwettig op dié kletsdiens versprei.

15 Mei

Profiel: Swart swaan in Brakpan se casino gebore

Laetitia Pople in gesprek met Wilken Calitz oor sy debuutroman

Boekenuus: Kyk wie wen met "gatskop"-verhale Dylan Thomas-prys

Boekenuus: Boek oor Magashule wen prys

Pieter-Louis Myburgh is die wenner van die Taco Kuiper-prys vir ondersoekende joernalistiek vir sy boek Gangster State.

16 Mei

Boekenuus: Wenner van Jonker-poësieprys virtueel aangekondig

18 Mei

Boekevat: Maak boeke goedkoper om roof te verminder

’n Rubriek deur Deon Maas

Resensie: Die belang van die digter as tussenganger

Alwyn Roux resenseer Tussenganger deur Marius Crous

Resensie: TV-riller sorg vir pragbundel

Loftus Marais resenseer Zonal deur Don Paterson

Resensie: Eie soort lekker aan debuutroman

JB Roux resenseer Draairivier deur Engela Ovies

19 Mei

Profiel: Skryf is herskryf, sê vertaler van Coelho-boeke

Elretha Britz in gesprek met Kobus Geldenhuys

20 Mei

Boekenuus: SA Akademie vir Wetenskap en Kuns maak pryse bekend

Boekenuus: Die luisterboek vir Junie is ...

21 Mei

Profiel: Smith sal Zola steeds op grootskerm wil sien

AJ Opperman in gesprek met Johan Jack Smith

Nuus: Kovsie wen gesogte prys vir werk oor Beyers Naudé

Profiel: Luwes verras deur prys; "kan nou maar windgat wees!"

Elretha Britz in gesprek met Nico Luwes

23 Mei

Profiel: 25 jaar ná Eugene Marais-prys wen Johan Myburg die Hertzog

AJ Opperman in gesprek met Johan Myburg

25 Mei

Resensie: Hitler verlief op Mary Poppins in dié fantasie

Joan Hambidge resenseer Sushi with Hitler deur Joe Kitchen

Boekevat: Geen plek vir absolutiste in nuwe grondopset

’n Rubriek deur Charl-Pierre Naudé

Resensie: Die storie agter Dr Zhivago

André Krüger resenseer The Secrets We Kept deur Lara Prescott

Resensie: Só kring verlies, trauma uit

Sonja van der Westhuizen resenseer The Mist deur Ragnar Jónasson

26 Mei

Boekenuus: Inskrywings vir Helgaard Steyn-prys ingewag

27 Mei

Profiel: Pool stort "liefde vir Afrikaans" in debuutbundel uit

Christiaan Boonzaaier in gesprek met Jerzy Koch.

28 Mei

Nuus: Nuus: Jaco Jacobs kry internasionale pluimpie vir boek

29 Mei

Kortlyste van Media24 se jaarlikse boek-toekennings

31 Mei

Nuus: Kinders kan aanlyn stories, aktiwiteit geniet

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Mei op LitNet verskyn:

Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

Resensie: thomas@-boekreeks: Omnibus 1 en 2 deur Carina Diedericks-Hugo

Resensie: ’n Spook in die huis deur François Loots

FMR-resensie: Die mooiste meisie van Genua deur Ilja Leonard Pfeijffer

Legkaart van ’n jong lewe deur Dolf van Niekerk: ’n resensie

Skrywersonderhoud: Willem Krog oor Alleen onder die maan

Skrywersonderhoud: Anel Heydenrych oor Die afloerder en haar liefde vir stories

Blydskap in moeilike tye: ’n onderhoud met Johannes de Villiers

Skrywersonderhoud met Anton Krueger en Eben Viktor oor Die oog

"Meestal bou ek ’n karakter met pen op papier" – Irna van Zyl gesels oor Bloedsteen

Skrywersonderhoud: Johan Jack Smith oor die Eugène Marais-prys

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Mei in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

3 Mei 2020

Resensie: JM Coetzee – Photographs from Boyhood, saamgestel in samewerking met Hermann Wittenberg, geresenseer deur Elmari Rautenbach

Resensie: Het jy geweet ek kan toor deur Jeanne Goosen, geresenseer deur Rudolf Stehle

10 Mei 2020

Resensie: Jeanne Goosen – ’n Lewe vol sinne deur Petrovna Metelerkamp, geresenseer deur Herman Lategan

Resensie: Draairivier deur Engela Ovies, geresenseer deur Deborah Steinmair

Nuut op die rak: "Vroue verhef hulle stem" – Renèe Rautenbach Conradie se debuutroman, Met die Vierkleur in Parys, en Living While Feminist: Our Bodies, Our Truths, ’n nuwe versameling feministiese essays, gedigte en essay-lengte memoires

17 Mei 2020

Resensie: Somtotaal deur Anchien Troskie, geresenseer deur Juliana Coetzer

Resensie: Jan Smuts: Son of the Veld, Pilgrim of the World onder redaksie van Kobus du Pisani (hoofredakteur), Dan Kriek en Chris de Jager. Uitgewer: Protea Boekhuis

Tweede mening: Daniel Hugo reageer op die twee lowende resensies van Petrovna Metelerkamp se Jeanne Goosen-biografie, ’n Lewe vol sinne.

24 Mei 2020

Resensie: Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché, geresenseer deur Jean Meiring

Resensie:  A Childhood Made Up: Living with my mother’s madness deur Brent Meersman, geresenseer deur Herman Lategan

Binnekort op die rak: "Moetie teen kokonkoors" Veronika besluit om te sterf deur Paulo Coelho, vertaal deur Kobus Geldenhuys; Daniel Hugo se vertaling van Die verdriet van België deur Hugo Claus;  Rudie van Rensburg se Merk; Bientang deur Jolyn Phillips; Zirk van den Berg se Tweegevreet; en Francois Smith se Die kleinste ramp denkbaar

31 Mei 2020

Kortverhaal: "Bitter daisies" deur Marie Toerien, wenner van die US Woordfees se vyfde kortverhaalkompetisie

Binnekort op die rak: "Kooikruipers vir warmbloediges" (Hilary Prendini Toffoli se Italiaanse liefdesverhaal Loves and Miracles of Pistola, Eva Mazza se stomende Sex, Lies Declassified, John Webb se roman Nine Letters, William Dicey se eiesoortige geskiedenisboek 1986, en Sidney Gilroy se tweede roman, Middernag.

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Mei op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

5 Mei

Vier digters en hulle bundels

Dit is verblydend dat poësie ’n definitiewe terugkeer gemaak het. Dit is ook weer die inding om vir iemand ’n digbundel as geskenk te gee.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

12 Mei

Vier kinderboeke in Afrikaans vertaal

Ons kan ons verheug oor puik boeke van internasionale skrywers wat ook in Afrikaans beskikbaar is.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

19 Mei

Terugblik

Ek het my verlustig aan hierdie wetenswaardige en wyduiteenlopende werke en sal die boek beslis ook aanskaf as geskenk vir iemand wat, soos ek, graag meer lees oor vervloeë dae se mense en die gebeure wat ons as land en volk geslyp het.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

22 Mei

Luistervink

"Misdaad" kry in dié bundel kortberhale ʼn wyer betekenis. Die leser kom ʼn skrywer teë met gespitse ore wat benewens die hoorbare ook ʼn oop oor het vir die ongehoorde.

Lees die resensie deur Johan Myburg

27 Mei

The Talking Dictionary

Sien, hoor en leer op ’n prettige en kreatiewe wyse met dié praatwoordeboek.

Lees die resensie deur Louise Viljoen

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270 

Woensdag 13 Mei

Luister na ’n heruitsending van ’n insetsel oor ’n multi-sensoriese tuin by die Pionierskool in Worcester, waar tegnologie help om poësie en prosa vir blinde mense toeganklik te maak. Die digters Diana Ferrus, William Rowland en Jacques Coetzee lees werke voor wat hulle vir die projek geskep het. In Johan Myburg se internasionale letterkunde bydrae kan jy luister na ’n insetsel oor die werk van WB Yeats, asook voorlesings van drie van sy bekendste gedigte. Twee daarvan word deur die digter self voorgelees in ’n argiefopname wat 90 jaar gelede gemaak is.

Woensdag 20 Mei

Ina Strydom praat met Etienne van Heerden oor sy jongste roman Die biblioteek aan die einde van die wêreld. Johan Myburg sorg vir ekstra baie nuus uit die internasionale letterkundige wêreld, en gesels onder andere oor die Suid-Afrikaanse skrywer Marguerite Poland se benoeming vir ’n gesogte internasionale prys. Jy kan ook luister na Johan se insetsel wat verlede week nie uitgesaai is nie, waarin hy gesels oor die werk van WB Yeats, asook voorlesings van drie van Yeats se bekendste gedigte. Twee daarvan word deur die digter self voorgelees in ’n argiefopname wat 90 jaar gelede gemaak is.

Woensdag 27 Mei

Ilse Salzwedel gesels met Johan Myburg oor sy Hertzogprys, en jy kan ook luister na ’n heruitsending van ’n 2016 RSG Kunstefees-program oor Uittogboek, die bundel waarvoor hy bekroon is. Die gedigte word voorgelees deur die akteur Louis van Niekerk. In sy bydrae oor die internasionale boekewêreld, gesels Johan oor die Booker International-kortlys, klassieke romans wat in Alaska van die skoolkurrikulum onttrek is en op openbare aandrang weer teruggebring moes word, en die digter Haruki Murakami se musiekprogram.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Mei op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 5 Mei

Luister na gedigte deur ’n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit Grendelgedigte. Elke voorleser het ’n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Hilandi du Toit, TT Cloete, Elisabeth Eybers, Ilse van Staden, Antjie Krog, Ina Rousseau en Loftus Marais. Die voorlesers is June van Merch, Anrich Herbst, Martelize Kolver, Cintaine Schutte, Roeline Daneel, Johann Nel en Elsabé Daneel.

Dinsdag 12 Mei

Luister na nog ’n verskeidenheid gedigte deur ’n verskeidenheid digters voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit sommer grendelgedigte. Elke voorleser het ’n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Gerard Scholtz, Carina Stander, Hilandi du Toit, TT Cloete, Zandra Bezuidenhout, Ingrid Jonker, NP van Wyk Louw en Ronelda S Kamfer. Die voorlesers is Ronél Geldenhuys, De Klerk Oelofse, June van Merch, Roeline Daneel, Rolanda Marais, Dean Balie, Wessel Pretorius en Ira Blankenberg.

Dinsdag 19 Mei

Luister weer na ’n verskeidenheid gedigte deur ’n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit grendelgedigte. Elke voorleser het ’n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Donald W Riekert, Sheila Cussons, Antjie Krog, Danie Marais, Carina Stander, Stephan Bouwer, Wilma Stockenström en Walter Brueggemann. Die voorlesers is Joanie Combrink, Jani Greeff, Wynand Kotze, Erica Wessels, Pieter van Zyl en Susanne Beyers.

Dinsdag 26 Mei

Luister na ’n verskeidenheid gedigte deur ’n verskeidenheid digters, voorgelees deur verskillende lesers. Ons noem dit grendelgedigte. Elke voorleser het ’n gedig of twee gekies wat vir hom of haar iets besonders beteken in hierdie tyd van inperking. Jy kan uitsien na gedigte deur Petra Müller, George Weideman, Breyten Breytenbach, Herman de Coninck, Antjie Krog en HA Fagan. Die voorlesers is Anna-Mart van der Merwe, Sophia Passerini, Albert Maritz, Gideon Lombard, Jana Kruger en Marion Holm.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied.

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

6 Mei

Hannes Visser gesels met Francois de Jongh oor sy bundel Konglomeraat

12 Mei

Stefan van Zyl resenseer Ou laaie deur Fanie Olivier

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Mei die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

23 Mei

Kies ’n boek: Olga Kirsch: ’n Lewe in gedigte deur Egonne Roth

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Mei 2020 appeared first on LitNet.

Die Boer – by die huis: restaurant-teater open digitale platform

$
0
0

Schalk Joubert en Koos Kombuis op die verhoog (Foto: verskaf)

Die Boer restaurant-teater in Durbanville wil net vir hierdie koronavirus, in die woorde van ons goeie vriend Wicus van der Merwe, sê: “Loop ja, jou ma.” Ons gaan nie terugsit en kyk hoe ons teater motbolle en spinnerakke vergaar nie. Ons het ’n verhoog en ons gaan hom gebruik!

Op Donderdag 11 Junie stel die Boer restaurant-teater sy eerste vertoning op hul splinternuwe digitale platform, Die Boer – by die huis, bekend. Ja, jy kan in jou pantoffels op jou gemaklike La-Z-Boy voor die TV, by die werk op jou slimfoon of saam met jou gesin voor die kaggel inskakel by Die Boer– by die huis.

Ons skop af met een van Suid-Afrika se legendes, Koos Kombuis, en die bedrewe baskitaarspeler, Schalk Joubert, se show Koos in kwarantyn. Hierdie produksie is buite-egtelik tydens die inperking gebore en is spesiaal vir die Boer saamgestel. Dié twee vriende was so opgewonde om uit die huis te kom en weer saam musiek te maak dat ons hulle beswaarlik kon bedwing. Die gesels begin sommer daar voor die kroegtoonbank, kitare word uitgehaal en hulle beland mettertyd darem op die verhoog ook. Grendeltyd het vir Koos geïnspireer om ’n nuwe lied of twee te skryf en hy het boonop begin om mondfluitjie te speel! In sy woorde: “Nou nie so goed soos Bob Dylan nie, maar amper.”

Nou hoe gemaak om te deel in hierdie unieke konsert? Kaartjies vir Koos in kwarantyn kos R100 en is vanaf Vrydag 29 Mei by Webtickets beskikbaar. Vanaf Donderdag 11 Junie om 18:00 kan jy vir 5 dae aaneen na die konsert kyk, soveel as wat jy wil! Soos Koos sê: “Hier is nou waarde vir geld … Jy kan ’n aand saam met my spandeer in die gemak van jou eie huis sonder om geld uit te gee op petrol!”

Dankie aan Van Loveren-wynplaas vir hul ondersteuning met dié digitale produksie.

Van nou af kan teatergangers uitsien na vertonings met ’n eiesoortige Boer-geur. Op 18 Junie word Backstage met Marion bekendgestel. Kykers kan ook uitsien na optredes deur kunstenaars soos Sandra Prinsloo, Valiant Swart en Gian Groen, Dowwe Dolla en Wicus van der Merwe en nog vele meer.

Wees op die uitkyk vir meer inligting oor Die Boer – by die huis-vertonings in die media, op ons sosiale media en ons webtuiste.

The post <em>Die Boer – by die huis</em>: restaurant-teater open digitale platform appeared first on LitNet.


Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda”

$
0
0

“Magda” is ’n aangrypende verhaal, Jaco. Is dit op die waarheid gegrond? Het jy ’n bekende persoonlikheid in gedagte gehad toe jy die aktrise-karakter geskep het?

Ja, ek het. Dis ’n Afrikaanse aktrise wat ek via haar familie leer ken het. Eendag het sy vir my ’n lang gedig wat sy geskryf het, voorgelees, eintlik opgevoer, sommer in iemand se sitkamer. Dit was net ons twee, ek so 45 en sy in haar sewentigs. Ek was nog maar selde in ’n teater vir opvoerings, so jy kan jou voorstel hoe daardie voorlesing deur ’n ervare aktrise my geraak het. Die karakter in my verhaal is losweg op haar gebaseer, hoewel die storie self uit my duim gesuig is. Sy het ’n baie goeie indruk op my gemaak, was nederig en classy tegelyk. En natuurlik kom sy as aktrise met al daardie wonderlike bagasie saam – ek bedoel al die rolle wat sy in haar lewe gespeel het. Haar kinders is ook dierbare mense, hoewel ek nie beplan om oor hulle te skryf nie! Die hotel bestaan. Dis hier in Hermanus, op die see.

Elke keer wanneer ek ’n verhaal van jou lees waar ’n eerstepersoonsverteller aan die woord is, kan ek nie anders as om te wonder in hoe ’n mate die verteller op die skrywer self gebaseer is nie. Is dit regverdig van my as leser om jou ek-vertellers so te benader, of behoort ek van beter te weet?

Daar beland baie dinge uit my lewe in stories, maar in die skryf word dit volslae fiksie, glo ek. Wat ek soms doen, is om my voor te stel hoe ek in ’n situasie sou reageer. Verder plak ’n mens detail by soos dit jou pas of soos jy dit tot jou beskikking het. Een probleem wat ek met skryfwerk ervaar, is agtergronde. Sou graag meer dorpe en stede wou geken het. Maar die ek-vertellers lyk vir my ook baie na my.

Jy is kort-kort op ’n kortlys vir ’n literêre prys beland. In 1997 het jy die Eugène Marais-prys vir Die ryk van die rawe gekry, en in 2012 het jy vir Verstevlei die derde prys in NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse Romanwedstryd ontvang. Hoe voel jy oor literêre pryse?

Ek werk nie volgens ’n roetine nie, maar volgens geesdrif. As ek in die luim is, skryf ek baie, partykeer vir dae lank. Maar wanneer dit nie wil werk nie, moet ek dit los en later terugkom. Dankie tog, tot dusver het ek nog elke keer weer die gier gekry om iets te tik.

Ek het nog net vier pryse gekry. Ek is absoluut dankbaar daarvoor. Eintlik vir goeie lesers. Of moet ek sê simpatieke lesers? Ons skrywers is suckers vir simpatie. En goeie inkomste vir skryfwerk is altyd welkom.

 

Lees Jaco Fouché se kortverhaal, “Magda”, hier:

Magda

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

The post Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda” appeared first on LitNet.

Magda

$
0
0

Ek was moeg. Nog nie oud nie, maar wel der dagen sat. Na weke van werkspanning, toe Nel dit voorstel, het ek tot die verlof ingestem en die volgende dag vertrek en alles agterweë gelaat: take, rekeninge, verkeer, afgesweerde vriendinne, die vriende wat ’n mens toevallig versamel.

Die hotel was by die see. Staan ek by my venster, kyk ek oor die straat na waar mense teen skemer iets drink. Die grasperk loop tot teen die rotse, en van daar af na die water is dit so tien meter en ’n mens kan met ’n houttrap afgaan soontoe.

Dis waar ek die vrou ontmoet, onder die houttrap langs ’n krans waarteen vars water afstort tot in die koue seeskuim. Sy lyk ongewoon, in ’n jas en met ’n verrekte mus op haar kop, seker iets wat tydens ’n reis gekoop is, of by ’n tweedehandse winkel. Haar gesig lyk sag, haar mond asof dit gepruil het toe sy jonk was. Toe ek haar oog vang, kyk ek weg, oor die blou, stuwende water, maar sy staar en ek draai terug en knik.

“Dis ’n troostelose omgewing,” sê sy. Haar stem is duidelik.

Ek kyk rond. Troosteloos? Dis wel koel, maar die kusgroeisel is heldergroen en die water blou en die skuim wit en die rotse bruin. En terwyl ek daar staan, sien ek ’n dassie agter ’n rots inglip soos ’n kussing wat van ’n bed af val.

“Nee,” wil ek stry, maar sy het aangeloop na die trap, waarteen sy stadig uitklim.

Aandete sit sy alleen, diep in die eetkamer. En dit terwyl die ander etendes wedywer om ’n tafel by die venster. Ek neem teen ’n muur plaas en bestel lamsvleis. Die vrou eet met haar mus steeds op haar kop, en sonder om op te kyk en bestek van die ruim vertrek te neem.

In die nag lê ek wakker en luister na die see. Miskien is dit al die dinge in die stad wat my nog pla: die werk, die eiendom, die paaie waar ek nie meer wil loop en ry nie. Of moet ek in my jeug gaan krap vir redes? Miskien is dit die vleis wat ek vanaand geëet het. Ek staan op en loop met die sagverligte gang langs, kaalvoet op die diep mat, tussen die afdrukke van ou tonele deur: Europese soldate uit die agtiende eeu, ’n vrou hande omhoog op ’n bruggie, kinders by feetjies in ’n sprokiestuin.

Die houttrap kraak onder my. By die voordeur lyk die nagportier verras om my te sien. Ek stap dieper die gebou in, verby ’n dameskroeg waarvan die deur gesluit is, tot in ’n sitkamer.

Hier sit ek lank in ’n gemakstoel. Daar is nie veel om aan te dink nie. Dis warm genoeg in die vertrek om my vaak te maak. Miskien wag ek, ek weet nie. Miskien wil ek net slaap.

Dan kom sy die vertrek binne, die ouerige vrou, hierdie keer met ’n ander bedekking op haar kop en geklee in ’n japon met ’n Oosterse draakmotief.

“Kan jy nie slaap nie?” vra sy. Sy het ’n notaboek en pen by haar.

Ek weet nie wat om te sê nie en sit daar, die jonger, oorbodige man in die geselskap van die bejaarde vrou wie se mond beweeg terwyl sy skryf. Eers pla dit my dat sy my so oor die hoof sien, maar wat wil ek tog ook vir haar sê? Ek mik om op te staan en die vrou aan haar skryfwerk oor te laat, toe sy praat.

“Ek vind dat ’n mens op reis ervarings beleef wat iets kan beteken.”

Ek sê niks. Die woorde klink so vanselfsprekend. Haar stem val my weer op, soos vroeër onder by die water. Sy praat besonder duidelik.

“En jy doen die kennis van ander op.” Sy sit op die punt van haar stoel, die boek in haar skoot. “Ek is Magda.”

“Dewald.” Ek staan op en gaan skud haar hand, wat sag en warm tussen my vingers voel. Die mou van die japon val terug om haar pols en ek sien ’n rits armbande met kruisies, sterretjies, halfmane, vreemde simbole. Nou het ek rede om na haar gesig te kyk. Sy dra geen grimering nie. Om haar oë en oor haar gesig is die vel geplooi. Sy kom tegelyk waaksaam en verwond voor. Haar boesem en heupe verleen iets vorstelik en byna onvanpas sensueel aan haar. Dis die soort gedagte wat ’n mens oor jou tannie kry en dadelik doodtrap.

“En?” vra sy. “As jy so kyk?”

“Wat skryf jy, Magda?”

Sy laat sak haar gesig na die boek soos een wat ’n gewyde iets gaan doen: sing, bid, evangeliseer.

“Ek skryf oor my seun.”

Ek het weer gaan sit en is ingerig vir ’n nag se gesels. Dis stil, buiten die see wat soos bloed in die are van die wêreldliggaam ruis. Daar is stof in die lug – die meubels en mat moet oud wees.

“Waar is hy? Ook hier?”

“Hy is elders. Besig.”

“En nou skryf jy oor hom?”

“Dis ’n eenvroustuk waaraan ek werk. Vir die Winterfees.”

“O, jy is ’n aktrise? Moet ek jou ken?”

Nou pruil haar mond werklik en sy kyk kamtig kwaai rond en deklameer dan in ’n nasale stemtoon: “‘Roelf Janse, wat julle jongmense van vandag aan ons oumense doen, is nobody’s business.’”

Ek lag verras. “Natuurlik. Roelf Janse, die restauranteienaar. Jy is Magda Somersby of Elkie. Van daardie televisiereeks oor die eetplek.”

Dit lyk asof sy bly is om geken te wees.

“So dis ’n huldeblyk wat jy daar skryf?” vra ek.

“Ek kan vir jou ’n stukkie lees.” Dis asof sy my verlei.

Ek wens ek kan woord vir woord weergee wat sy oordra. Nou moet ek met ’n geheelindruk volstaan, en net sê dat sy regopskuif in haar stoel, die notaboek ’n ent van haar gesig hou – en begin voordra. Dis ’n gedig wat sekerlik op sigself, op papier, treffend sou wees. Maar in haar voordrag kom iets by wat my laat verstaan waarom mense teater toe gaan.

Magda Somersby vertel my in haar helder stem van ’n seun wat gekom het soos ’n belofte wat deur die Voorsienigheid verhoor is. Van die vreugde wat die kind gebied het, sy pligsgetrouheid, sy bedagsaamheid, sy liefde. Dit alles word vertel teen die agtergrond van ’n plaas, Oggendrivier, waar die familie vir ’n ruk gedy het voor dit oorval is deur die tydelikheid en die onvermydelikheid, en als verkoop is sodat daar vandag slegs herinneringe oorbly en ’n sekere waardigheid wat, sê Magda, aan suiwer nostalgie te wyte is.

Sy het gesê: “Ek het ’n man liefgehad saam met wie ek ’n seun voortgebring het.”

Dit was ’n verklaring van prestasie en wonder. Ek kon niks sê nie, maar ’n groot skaamte het oor my gekom oor ’n eie bejaarde ouer wat ek lanklaas gesien het. Ek het egter niks laat blyk nie. Reeds was dit asof die vrou soos my gewete optree.

Hoe lank ons in die sitkamer was, weet ek nie. Die vrou het klaar gepraat en ek het gesê dat dit ’n treffende vertoning was. Ek kon nie sien of sy daarmee ingenome was nie. Miskien was daar reeds soveel akkolades in haar verlede dat myne net nog een van vele was en vergeetbaar.

Ons het bly sit. Ek was vaak en wou gaan lê. Ek het nie. Die vrou, verdiep in wat sy skryf, het nie weer na my gekyk nie, hoewel ek haar dopgehou het, bedag op inspirasie, of net nog geselskap, iets om my te laat ontkom aan die towerspel van melankolie waarin ek my bevind het. Daar in daardie stoel het ek geslaap tot ek verkwik en versterk was.

Die vrou was nie. In elk geval nie op die oog af nie, nie daar waar sy ineengedruk was onder die las van haar eie lyf oor haar skryfwerk nie. Sy was dood.

Ek het die personeel laat weet. Mense het opgedaag. Verleë, oorbodig en selfbewus het ek probeer verduidelik wat ek in haar geselskap gemaak het, maar niemand het geluister nie. Dit het eenvoudig nie saak gemaak nie. Die vrou is weggeneem.

Daar was nie sin daarin om langer in die kusdorp te bly nie. Ek is weg, miskien op lafhartige wyse, voor iemand my oor enige moontlike naasbestaandes kon uitvra. Dieselfde dag het ek teruggery.

Haar seun het ’n toekenning by die Winterfees namens haar in ontvangs geneem. Ek het vir niemand gesê dat ek haar ontmoet het nie, selfs nie toe ek een aand by ’n geleentheid die seun by my sien verbyloop nie. In ’n vlaag weet-nie-wat-nie, miskien ook eenvoudig net selfsug en besitlikheid, het ek besluit om wat ek van haar het, vir myself te hou.

Wat doen ’n mens ook anders met jou herinneringe?

 

Lees ’n kort onderhoud met Jaco Fouché oor “Magda” hier:

Korona-kortverhaalfees: Jaco Fouché oor “Magda”

Al die verhale van LitNet se Korona-kortverhaalfees is hier beskikbaar:

Korona-kortverhaalfees

 

The post Magda appeared first on LitNet.

Press release: BR Concerts presents Concerts Connect

$
0
0

Photo: Unsplashed

BR Concerts is proud to present Concerts Connect, a series of concerts which will be streamed to audiences in support of local music societies and concert series. With a strong focus on connectivity, Concerts Connect is a unique streaming concert platform that aims to connect music societies, audiences, and artists in these times of great disconnect.

Concerts Connect is proud to present the second concert in a premier series of three concerts on 14 June 2020 at 15:30. From the magnificent Casa Labia in Muizenberg, Nina Schumann will present a solo piano recital featuring an eclectic programme of works by Bach, Haydn, Debussy and Rachmaninoff.

Concerts Connect has partnered with Overstrand Arts/Kunste, Cape Town Concert Series, Montagu Music Society, Fish Hoek Friends of Music, Hessequa Harmonie and kayTee Soireés in presenting this concert.

Tickets are available through Quicket and can be bought in support of any of the Concerts Connect partners.

The third concert in this series will be presented by TwoPianists and will take place on 5 July 2020 at 15:30.

For more information, visit www.brconcerts.com, or contact Brent Reynolds at brent@brconcerts.com or 082 415 0228.

The post Press release: BR Concerts presents <em>Concerts Connect</em> appeared first on LitNet.

Skole: die implikasies van die “nuwe normaal”

$
0
0

Renette Symington, ’n Afrikaansonderwyseres, skryf oor die COVID-19-maatreëls in skole en deel foto's wat ’n blik bied op hoe skole tans funksioneer.

Dit klink en lyk soos iets uit ’n futuristiese bangmaakfilm: gemaskerde gesigte, instap-missproeiers, plakkers wat instellings reguleer en kinders in verskillende rigtings beveel. Selfs temperatuurmeters wat soos ’n pistool in Russiese roulette voor jou kop gehou word om jou lot te bepaal.

Toe nie. Hiérdie is skole se sogenaamde nuwe normaal.

Die eerste ding wat jou opval, is die stilte. Die gange is stil, die gebrom in klasse is nou net enkele stemme wat oor ’n afstand opklink. Die terrein is verlate. Dit is eienaardig, amper spookagtig.

Maar as jy iets genoeg kere doen, raak alles mettertyd mos maar ’n ritueel. Stap in, saniteer hande, saniteer skoene, saniteer banke. Herhaal.

Is ons besig om hierdie kiem totaal uit verband te ruk en hopeloos te veel erkenning aan iets betreklik onbenullig te gee? Mag wees, maar eerder bang Jan as dooie Jan.

..........

"Pouse kan jy nie naby jou maats sit en jou broodjie eet nie, want jy mag nie jou masker naby ander afhaal nie."

..........

Die skooldag begin met leerders wat by slegs een hoofhek aantree. Hulle beweeg dan deur verskillende stasies, waar hulle hande gesaniteer word en hulle temperatuur gemeet en aangeteken word. Hulle stap ook deur ’n missproeier om hulle klere, tasse en alle ander items te saniteer – beide wanneer hulle die terrein betree en wanneer hulle die terrein verlaat. Ons leerders mag dalk nie so vatbaar wees vir hierdie virus nie, maar daar is steeds oumas, oupas en kleintjies tuis.

Vir my as onderwyser is een van die grootste vreugdes die leerders se groete, drukke en gille wanneer hulle ná ’n vakansie terugkeer. Hierdie kwartaal was dit egter taboe om jou maats te omhels, al het jy hulle letterlik maande laas gesien. Pouse kan jy nie naby jou maats sit en jou broodjie eet nie, want jy mag nie jou masker naby ander afhaal nie. Jy het nou ook net een pouse eerder as twee – ons moet skoolure optimaal benut en al die administrasie neem baie tyd in beslag.

Kom jy in die klas, word jou hande gesaniteer (alkoholvrye saniteerder – die vel kan ook net sóveel chemiese middele per dag hanteer, maar dit is steeds ’n effektiewe saniteermiddel).

Jy neem dan jou sitplek in wat deur middel van ’n plakker toegewys is, sodat jy en die persoon in die klas na jou nie op dieselfde bank sit nie. As jy die klas verlaat, word jou bank en stoel deur die onderwyser gesaniteer en nie vir die volgende groep gebruik nie (tot tyd en wyl, aangesien slegs matrieks tans by die skool is). Die graadgroepe word verder in ’n A- en B-groep verdeel om die getalle in klaskamers te verminder, dus woon leerders net elke tweede dag skool by.

Daarna loop jy volgens plakkers in die gang soos skape in ’n drukgang, kruis-tot-kruis om afstand te verseker. ’n Draaitjie by die toilette ontaard in ’n proses meer ingewikkeld as veiligheidsbeheerpunte by die lughawe, aangesien slegs een toilet oop is. Die gebruik van enkele aangeduide toilethokkies en wasbakke word toegelaat, aangesien dit na elke gebruik ontsmet moet word.

Onderwysers praat hulle stemme hees, omdat ons deur maskers probeer onderrig, dít terwyl ons brille toewasem! Sekere klasse moet ook via video- of stemboodskappe opgeneem en aangestuur word aan leerders wat weens gesondheidsrisiko's nie skool mag bywoon nie.

Dit is ’n mondvol.

Dit is ’n nuwe, uitdagende normaal, veral vir mense wat nie verandering goed hanteer nie.

Dit is ’n tyd vir geduld en empatie. Dit is ’n eerste vir ons almal. Ons moet begrip hê vir die feit dat die meeste van ons ons bes doen. Baie onderwysers is nie tegnologies baie vaardig nie; van ons het klein kindertjies by die huis en niemand wat hulle kan oppas nie; van ons is effens ouer en baie bekommerd oor ons gesondheid. Ons moet begrip hê vir ouers. Baie van hulle is nie onderwysers nie en weet nie hoe om hulle kinders te help nie. Hulle het nie toegang tot die internet nie en ook nie geld om data vir hulle kinders te koop nie. Baie ouers is hulle werke kwyt en het tans baie groter bekommernisse as gedigontleding en algebra. En laastens: Ons moet geduld hê met ons kinders. Hulle ís en bly kinders, wat net soos die res van ons, moet aanpas by ’n nuwe normaal. ’n Normaal sonder sport, sonder interskole, sonder matriekafskeid, sonder skoolsnoepies, sonder interaksie en dikwels sonder ’n definitiewe struktuur.

Maar ons druk deur – en ons lag. Ons doen die beste wat ons kan te midde van die onbekende, want ons trap nou voetspore op onverkende terreine. Ons werk harder as ooit. En ons bly positief, want dit is wat Suid-Afrikaners doen.

Foto's: Lize Meyer en Renette Symington

The post Skole: die implikasies van die “nuwe normaal” appeared first on LitNet.

Op die frontline: ’n gesprek met Stanley Jacobs oor stories

$
0
0

Foto’s van Olivia M Coetzee en Stanley Jacobs: verskaf

Ek was ’n paa wieke trug gevra wat dink ek is die ware waarde van skryf. En baie dinge het deu my mind gestap, maa een ding wat nog altyd vi my anhou lat skryf is daai ding wat Chimamanda Ngozi Adichie gesê het van die gevaar van ʼn "enkelstorie". Sy’t gesê dat die gevaar van die enkelstorie is dat daa soe baie anner stories is wat dan nie liewe kry nie. En ek kyk die "storie-industrie" soes dit nou staan, en hoe baie min stories wôd    vetel vi en van ôs mense. En ek is een van die mense wat dit kry hoekô en waarom dit soe lyk, maa dis nie genoeg vi my om te anvaar dat stories oo en van en vi my mense moet agter in die lyn gat staan net om die veliede reg te maakie. En dissie net genoeg dat ôs stories gesien wôd as die exotic nie, wan dit is meedere dan net dit. Wan dan vra ek, maa my mense, ek, het ôs dan oek nie deu die vuur gestappie? En stap ôs nie nog steeds deu die vuurie?

Maa die interview wat ek vandag het met Stanley Jacobs gattie soe ernstig oo die politiek agter die "storie-industrie" nie, wan  "the personal is political", maa ek wil meeder wiet van #UncleStan, en ek wil hê julle moet hom leer ken, wan in my oë is hy oek een wat op die frontline stap, en dis ʼn eer om saam hom te kan gesels.

Ek het van Stanley gehoo toe hy my eendag op Facebook geadd het, want hy’t ’n copy van my boek Innie Shadows gesoek. Ek was impressed oo hom en sy Facebook-blad Cape Flats Stories en die groot aantal volgelinge wat die blad het. En dit was weer eens bewyse an my dat ôs mense lies, en hulle hou somme lekke van lies, en dat hulle stories en liesmateriaal soek. Dit gan maa net oo is daa stories wat ôs kan lies, of nie. En dit is wat Stanley soe goed doen. Hy skryf stories oo ôs mense vi ôs mense.

Stanley stel homself voor soes die:

Ekke is gebore innie Blackbird Avenue Parkwood but later het ons Grassy Park toe gemove! Ek issie oudste van ses kinnes, Dai tyd toe het mense baie kinnes gehet. Ek love om te skrywe dit relax my and is my stress antidote. Ek wou 'n Private Investigator gewies het toe ek jongere was but ek het maar besluit om in IT te gat because dai tyd wassit kwai om te se djy wek in IT. LOL. My motto in die liewe is simple: "Keep it real en chase jou droeme."

Kan djy asseblief meer van jouself vertel, en wat jou rol is in jou gemeenskap?

Hi Livy, ek het soe ʼn paar ja terug besluit ek wil ʼn difference in mense se liewens maak. Ek het toe met bestaande organisations beginte werk en besluit dat ek graag verhoudings met hulle wil bou en soeveel mense as moontlik oppie Cape Flats wil help. Dit het soe gevorder dat ons kampe en maandelikse programme in plek het vir onse mense. Ongelukkig moes ons dit stop agv lockdown, but ons vertrou om binnekot weer te continue. Livy, somtyds het ons mense ons nodig – hoe meer positive role models oppie Flats is, hoe minder sal gangsters ʼn invloed het oo ons se laaities! Ons kannie wag vir Santa Claus vir change nie, but dit begginne by ons.

In die tyd van COVID-19, hoe vaar dinge in jou gemeenskap? Hoe cope mense?

Dis moeilik, soes djy wiet, baie van ons se mense hettie werkie en as djy nie werk het nie, kan djy nie ietie. Ons kinders sukkel ook maar, wan baie huise het nie computers of internet nie. But ek het oek gesien hoe baie mense in dié tyd na ons mense op die Cape Flats uitgereik het, soe met die swaar tye het ek gesien dat humanity nog liewe. En dan is ek oek baie disappointed in sekere areas – mense liewe asof dit nie lockdown is nie. Ek verstaan ons mense kry swaar, maar daar is dié van hulle wat advantage vat vannie situation. Sommige winkels was geloot in sekere gemeenskappe. Nou djy kan hoe swaar kry, maar djy hoefie om te steel nie, ons almal kom daar deer!

Ek was onlangs gevra wat is die "ware waarde van skryf". En ek wil daai vraag vêder vat en vi jou vra, wat is die waarde van skryf gedurende ʼn tyd soes dié?

Om te skryf is priceless! Vir my vat skrywe my weg vannie reality af. En as ek kyk na my followers op Cape Flats Stories, Baie van hulle love om te lees en ook om die reality te escape. Ons almal se omstandighede is different, maar wanne djy skryf voel djy soos ʼn creator; deur te skrywe maak djy ʼn positive contribution. Livy, ons se mense lies, gloe my. Ek was nourie dag by ʼn aunty innie Ottery ommie boek weg te niem. Die aunty se huis is vol boeke en sy bly innie Ottery; dié motivate vir my om te skryf, want ek wiet daars ʼn aunty oppie Flats wat my storie gat lies.

Jou Facebook-blad, Cape Flats Stories en Uncle Stan en die wêk wat djy daa doen inspireer my baie. Eestens is dit net wee ʼn bewyse dat ôs mense soek ôs stories, en dat hulle hou van lies. Kan djy my ʼn bietjie meer oo Cape Flats Stories vetel – waa het die inspirasie en daai droem vi jou begin?

Dankie Livy! Dit het jare terug begin. My ouers was community workers. Oppie Cape Flats as jou ma en pa bekeer is, het djy nie choice nie, djy gat saam kerk toe! My ouers het gereeld in plekke soos Ottery, Parkwood, Lotus River, Grassy Park, Cafda en ander areas gewerk tussen ons se mense, kos uitgedeel, en soos my ouers geglo het dat gebed veranne sake, vir mense gebid en bemoedig. Ek was maa baie jong toe hulle dit gedoen het. Twee jaar terug voel ek ek wil dit weer doen, want my eie laaities is nou groot, en dis waar Cape Flats Stories gebore was. Ek bid nou nie virrie mense nie LOL but ek like om tussen onse mense te wies en motivational speeches en soe antes te organise. Ek is nie één dag spyt ek het dit begin nie.

Hoekô is skryf belangrik in en vi ôs gemeenskappe?

Dis hoe ons ander mense kan vertel van ons culture. Daar is baie van ons history missing want ons het dit nooit record nie. Dis tyd dat ons begin ons stories deel. Hoe meer ons skryf hoe meer sal ons oek healing kry en ander rasse sal ons ook beter verstaan. Onthou as djy kan lies kan jy enige iets doen! Ons moet lies promote in ons se communities sodat ons meer skrywes en liesers kan ontdek.

Is djy biesag om ienige iets te skryf gedurende die tyd, en as djy biesag is met iets nuuts, kan djy vi ôs meeder daavan vetel? En speel COVID-19 ʼn rol in jou storie?

Ek is besig met een project wat halfpad klaa is. Ek het soe ʼn rukkie terug begin om dit te skryf. Die verhaal gaan oor corruption oppie Cape Flats and die gender-based violence asook die gangs. Dus soe ʼn bietjie van alles – Romance, Violence en Action. Ongelukkig moet die volgende boek niks nudity in hettie, my ma is teen dit LOL, maar in my boek Cape Flats love affair is daar genoeg nudity. Ek is biesag oek om kortverhale te skrywe oor COVID-19 en hoe dit mense se livelihoods beïnvloed het. Ek sal binnekort begin op my Facebook page dit post. Kykie Livy, ons lies en watch altyd movies vannie USA se virus, but my next storie oor COVID-19 gat gehard wies die Cape Flats version – follow my page ...

Wat is jou gedagtes oo hoe stories oo die virus vertel wôd gedurende dié tyd?

Daar’s baie min stories wat ekke actually van gehoor het. Die enigste boek is Deon Meyer se boek wat vir my baie akkuraat amper is oor die virus. Ek dink die virusstories gaan nog kom. Ek dink op die oemblik is almal nog uncertain oor die virus, want dis niet.

Wat is jou denke oo die oepmaak van skole?

Dis scary en ook moeilik. Onthou baie van ons se kinnes oppie Cape Flats kry kos by skole deer hulle feeding schemes. Soe nou gat kinders at least kos kry by sekere skole maar die virus bly dodelik, soe aan die een kant is djy bang dat die kinnes en onderwysers kan siek raak, maar dan ook kry kinders weer iets om te iet. Al wat ek nou doen is bid dat hulle ʼn oplossing vinne vir COVID-19. In ʼn perfect wêreld sou ek die kinners by die huis laat bly het, maar soos ek jou reeds gesê het, oues oppie Cape Flats hettie kossie en technology bestaan nie in meeste van ons mense se huise nie.

Wat is jou siening oor sosiale distansiëring in skole?

Dit is onmoontlik – kinders bly maar kinders! Hulle gaan aan mekaar raak, hulle gaan mekaar se brood deel ens. Onthou ook voor COVID-19 het ons probleme gehad op skole waar kinders nie na onderwyses geluister hettie en dit gaan dieselle wies. Ek het soe ʼn interview gedoen met mense op my Facebook page en hulle gevra of hulle kinnes skool toe gat. Baie oues het nee gesê. Dit laat my worry oor hoeveel kinders gaan opdaag vir skool. But soes ek altyd sê, wat moet gebeur moet gebeur.

Wat is jou droem vi jou gemeenskap?

My droem is baie simple: Die Cape Flats moet prosper, ek wil meer professionals sien as gangsters. Ek wil hê ons mense moet opstaan vir hulleself en ophou dat anders ons stereotype. Political parties moet beginte saam ons mense werk en nie net election tye kop uitstiekie. Ons kan net poverty ookom as ons saam staan en mekaa support. Ons moet ook die local businesses in ons community support. En local businesses moet terug invest in ons se communities – dié way sal ons ʼn difference maak. Geen political party gaan die Cape Flats change nie, ons as Cape Flats citizens moerit doen.

Lees ook:

Op die front line: ’n gesprek met Eavesdrop oor die rol van kunste

On the front line: An interview with Abdul Karrim Matthews

The post Op die frontline: ’n gesprek met Stanley Jacobs oor stories appeared first on LitNet.

"Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die Bitterbosbende wil lees"

$
0
0

............ 

Titel: Bitterbosbende 1 – Die geheim van die nuwe hoof
Deur: Anzil Kulsen
Uitgewer: Tafelberg
ISBN: 9780624090434

Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in graad 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos ’n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar’s ’n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk.

Toe Kurt-hulle se idee vir ’n sonkragoondjie te goed werk en hulle ’n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied – met verrassende gevolge.

............ 

Cliffordene Norton gesels met Anzil en Keenan Kulsen oor die inspirasie agter die Bitterbosbende-reeks om as ma en seun saam te werk en hulle gee advies aan voornemende skrywers.

Keenan en Anzil Kulsen (Foto: verskaf)

Wat is die inspirasie vir die Bitterbosbende-reeks?

Die idee vir ’n lekker bangmaakstorie het ontstaan toe ons uitvind dat ’n gebou waarin ons destyds vir vakansie oorgebly het, gedeeltelik op ’n begraafplaas gebou is. Oeee ...

Aanvanklik sou ek net een storie skryf, die verhaal oor ’n boetie en sussie, Kurt en Nieke, hul maats Zia, Bongi, Leonard en Simone, en natuurlik mevrou Bosman, die nuwe skoolhoof van Laerskool Bitterbos, wat die kinders op groot avonture en ’n ontdekkingstog neem.

In plaas daarvan om hulle te straf toe hul eksperiment verkeerd loop en ’n groot ontploffing veroorsaak, daag mevrou Bosman hulle liewer uit om iets nog groter aan te pak.

Na die verhaal aanvaar is, het die uitgewer gevra of dit dalk in ’n reeks kan ontwikkel. My gesin is altyd my klankbord as ek stories skryf. Dit was toe juis met die ontwikkeling van idees vir ’n tweede en derde boek in die reeks dat Keenan aangebied het om te help.

Die tweede boek in die reeks, Die been in die bos, verskyn in Junie 2020. Hoeveel boeke is daar in die reeks? Beplan julle die reeks vooruit of ontwikkel dit meer organies?

Op hierdie stadium is daar drie boeke in die Bitterbosbende-reeks wat in 2020 verskyn. Die moontlikheid op meer boeke is nie uitgesluit nie. Ons is opgewonde om te hoor van lesers of hul meer van die Bitterbosbende wil lees.

Hoe het die skryfproses met jou seun, Keenan, as medeskrywer gewerk?

Keenan het die beplanning en idees vir die tweede boek, Die been in die bos, in ’n dokument op die rekenaar opgesom en my aangemoedig om dit net verder uit te brei. Ons het dwarsdeur die skryfproses saam beplan, en heelwat kere verskil, maar dit was ’n lekker proses. Die tweede boek speel glad nie by Laerskool Bitterbos af nie; in hierdie boek kamp die Bitterbosbende langs die rivier en raak hulle hopeloos te waaghalsig.

In die derde boek, Grafsangers, wat in September verskyn, is hulle weer terug by Laerskool Bitterbos. Die grafte en mynskag, waarheen hulle eintlik verbied is om te gaan, hou net te veel misterie in. Hulle kan maar net nie daar wegbly nie.

............ 

Titel: Bitterbosbende 2 – Die been in die bos
Deur: Anzil Kulsen
Uitgewer: Tafelberg

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin ’n hond verwoed blaf. Die ligte op die kampeerterrein verdoof skielik en toe die hond op hulle afstorm, buk Nieke om na ’n stok of klip op die grond te soek.

Alles gebeur tegelyk: die blaffende hond, die trein iewers naby wat kwaai rem aanslaan en dan die geluid van ’n botsing. Net so skielik is alles stil en die hond weg. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is ... Die res van die bende het uit hul tente gekom en staar in afgryse na die been in haar hand.

“Dis net die oorblyfsel van een of ander diertjie. Dalk ’n springbokkie,” lag sy senuweeagtig. Sy sal tog vir meneer Louw gaan wys en vra, neem sy haar voor en los die been in hul tent. Maar elke aand pla iets haar. En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat hier naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en ’n hond insluit, geword?

............ 

Die titel van die reeks, Bitterbosbende, verwys na die skool wat die karakters bywoon. Hoe belangrik is ruimte in hierdie reeks? Al die avonture speel glo nie by die skool af nie.

Ruimte speel ’n groot rol in elkeen van die boeke in die reeks – dit help om die nodige atmosfeer te skep. Die laerskool met sy digte bome daarnaby, die rivier en mynskag sal die leser ’n kykie in die Bitterbos-omgewing gee. Kurt, Nieke en hul vriend, Bongi, se ouers is argeoloë wat gedurig op soek is na artefakte van honderde jare gelede. Dis ook die rede hoekom hulle in die koshuis op Bitterbos is; dalk ook die rede hoekom mevrou Bosman hulle juis uitsonder om haar groot ontdekking te maak.

Speel die verwagtinge van lesers, veral in ’n kinderboek, ooit ’n rol in jou skryfwerk?

Wanneer ek skryf is dit vir my belangrik om die storie self te geniet, en soms raak ’n mens baie nou betrokke by jou karakters of verhaal. Heel dikwels ontwikkel die karakters sommer ’n wil van hul eie. Ek hou die lesers in gedagte en wanneer ek met kinders gesels, deel ek my storie-idees met hulle en toets hulle reaksie. Dis egter moeilik om vooraf te bepaal hoe lesers op ’n storie gaan reageer. As skrywer kan mens net hoop hulle geniet dit ook soos jy tydens die skryfproses.

Wat is die moeilikste soort boek om te skryf: ’n kinderverhaal of ’n tienerboek?

Ek skryf vir kinders, jong volwassenes en die volwasse leser. Om vir jonger kinders te skryf, is beslis ’n groter uitdaging. Met ’n volwasse roman het jy ’n groter aantal woorde om jou idee oor te dra. Kinderboeke moet die leser boei en teen ’n sekere spoed beweeg, en hoewel dit fiksie is en jy met die verbeelding van die leser werk, is daar steeds hope feite waarvan jy seker moet maak. En dit alles met minder woorde. Ek dink elke storie wat ek skryf, het sy eie stel uitdagings. Ek het al baie lank met een kortverhaal gestoei.

Wat is jou wenke vir voornemende jeugverhaalskrywers?

Elke idee wat nie ontwikkel word nie, is ’n slegte idee. Jy sal nooit weet of jou storie kan werk as jy nie aan jou idee werk nie. Dit begin met een enkele sinnetjie. Een woord op ’n slag. En dan as jou storie klaar is, en jy oor en oor daaraan geskaaf het tot jy tevrede is, soek jy ’n uitgewer wat saam met jou in die storie glo. As so ’n uitgewer dan nog veranderinge voorstel, spring jy weer aan die werk. Jy skryf en skaaf en skuur tot jou storie die lig sien. Dis nooit maklik nie, maar dis die heerlikste gevoel om daai boek, wat eens net ’n idee was, in jou hande vas te hou.

Keenan

Wat was vir jou die aanmoediging om te begin skryf? Wou jy altyd ’n skrywer wees?

Ek dink nie ek wou nog altyd skryf nie. Dis net soms vir my lekker om op my eie verbeeldingstog te gaan as ek skryf. Ek het al vandat ek klein was, verhale op my ma se rekenaar getik. Sommige van hulle het ek selfs geïllustreer ook, maar ons het nooit regtig iets daarmee gedoen nie. Ek skryf ook my eie Engelse inspirerende aanhalings wat ek op spesiale dae aan vriende en familie stuur.

Hoe het die skryfproses gewerk met jou moeder?

Ek het met al die belangrikste idees vorendag gekom, en my ma moes al my idees inkleur en sorg dat die storie die regte getal woorde bereik. My ma tik ook baie vinniger as ek, dit het net beter gewerk dat sy die groot werk doen. Soms moes ek met haar verskil, omdat ek kon sien ’n idee gaan nie werk nie. Ons het lekker verskil ook, en moes dele oorskryf, maar op die ou einde het dit darem uitgewerk.

Wat is jou wenke vir voornemende skrywers?

As kinders ook hou van skryf, sou ek hulle aanmoedig om net solank te begin. Ek dink ons kan ons eie stories beter vertel as grootmense, haha. Hulle moet ook lees wat ander skrywers doen – lees help om mens se verbeelding aan die gang te hou.

The post "Ons is opgewonde om te hoor of lesers meer van die <i>Bitterbosbende</i> wil lees" appeared first on LitNet.

Fotokompetisie: Ek en Jeanne Goosen

$
0
0

“’n Mens is ’n mosaïek van mense en engele.” ~ Jeanne Goosen

LitNet nooi jou uit om vir ons ’n foto van jou saam met Jeanne Goosen, wat op 3 Junie 2020 oorlede is, te stuur.

Jou foto moet asseblief vergesel wees van die volgende inligting:

  • Wie op die foto is
  • Wie die foto geneem het
  • Ongeveer wanneer die foto geneem is
  • Hoekom en waar die foto geneem is
  • Wat jy gevoel het terwyl die foto geneem is (ongeveer twee sinne)

Die foto’s sal deurlopend op LitNet gepubliseer word. Die persoon wat die treffendste foto stuur, sal ’n kontantprys van R1 000 ontvang.

Die kompetisie sluit op Maandag 29 Junie om 17:00. Die wenner sal kort daarna bekend gemaak word.

Reëls:

  • Deur in te skryf stem jy daartoe in dat jou inskrywing met die nodige foto-erkenning op LitNet en LitNet se sosialemediaplatforms gepubliseer mag word, alhoewel LitNet die reg voorbehou om nie alle inskrywings te publiseer nie.
  • Die foto kon al voorheen op ander platforms of sosiale media verskyn het, maar die fotograaf moet toestemming gee vir die inskryf en gebruik van die foto.
  • LitNet-redaksielede mag inskryf, maar sal nie in aanmerking kom vir die prys nie.
  • Die beoordelaars se besluit is finaal en daar sal geen korrespondensie oor die uitslae gevoer word nie.
  • Die persoon wat die mees unieke inskrywing stuur sal as wenner aangewys word.

Hoe om in te skryf:

Stuur ’n e-pos met die onderwerp “Ek en Jeanne” na cliffordene@litnet.co.za wat die volgende bevat:

  • Jou naam en van
  • Die foto in die hoogste beskikbare resolusie
  • Die inligting oor die foto wat hier bo uiteengesit is

Prys

Die wenner sal ’n kontantprys van R1 000 ontvang.

The post Fotokompetisie: Ek en Jeanne Goosen appeared first on LitNet.


Afwagtend

$
0
0

Foto: Pixabay.com

Dag vyf-en-twintig van die inperking word aangekondig op die radio se sesuur-nuus. Nog ’n dag nader aan die einde van hierdie waansinnige afsondering. ’n Voelgoed vrouetydskrif het Landi geleer om eerder só te redeneer.

Nie dat die afsondering waansinnig is nie, maar om op ’n positiewe wyse die dae af te tel. Nog ’n dag nader aan die einde. Die einde van die inperking, die einde van die virus, die einde van háár siek wees. Dit is ’n dag nader aan die verlossing van wat ook al die aard van elkeen se inperking is, ’n dag nader aan vryheid. Landi wonder of sy na dese ooit weer werklik vry sal wees.

Die seweuur-nuus op TV herinner haar dat dit Dinsdag is. Hier, in haar skuiling van stilte en afwagting, is die dae se name en ure verstrengel saam met die stof in die spinnerakke agter die yskas. Tyd lê dood saam met gister se vlieë op die vensterbank. Landi sal afstof en die yskas wegskuif as sy weer krag in haar lyf het.

Vandag is sy net te lam. Met ’n halwe oor luister sy na die weervoorspelling. Sy kry toestemming om van slaapbroek na sweetpakbroek te verander. Warm kos en baie tee sal vandag se spyskaart vul. Die radio en TV sal teenmekaar kompeteer vir klank, want die buitegeluide moet uitgesny word.

Die Noordwes gaan weer amok maak en Landi is te broos vir sy weeklaag teen die ruite. Sy is broos, punt. Sedert sy begin siek voel het, bly die trane vlak. Hoe dit ook al sy, Landi kom agter haar mense baklei die laaste paar dae net so hard teen die negatiwiteit. Die seisoensverandering het ook ’n vinger in die pastei. Die weer is so deurmekaar soos die tye self. Herfs sit nie vanjaar goed in die mens se vel nie. Die naderende winter torring die reeds voos gemoedere los.

Agtuur gaan die alarm op Landi se selfoon af. Dis tyd vir haar medikasie. Haar “smarties” vol vitamiene en boosters. Daarsonder sal haar toestand ondraaglik wees. ’n Vinnige toast-broodjie word ingewerk sodat die “smarties” nie in ’n leë maag gaan lê nie. Terwyl Landi in die kombuis is, beplan sy middagete. Sy haal groente en vleis uit die vrieskas en prys die Here vir die vryheid van keuses in tye soos dié. Vir so baie ander is die keuse reeds gemaak met leë koskaste.

Tienuur begin ’n heruitsending van haar gunsteling-sepie. Sy kou aan ’n appel terwyl sy haar koors en bloeddruk meet. Die uitslae word opgeteken in ’n joernaal – haar dokter se voorstel. Haar vordering is goed ten spyte daarvan dat die siek haar hele lyf vol sit.

Ná die sepie sy halfuur-tydslot voltooi het, skraap Landi moed bymekaar en trek ’n gordyn of twee oop. Dit bly moeilik, maar haar oë is nou al goed ingeoefen om die verbode, onbereikbare aan die buitekant te vermy en eerder te fokus op die nuwe dag se sonskyn en vars lug wat sy haar huis binnelaat. Nóg ’n vrye keuse. Sy kan kies om die lig binne te laat. Skuins voor elf pak ’n niesbui haar beet. Die boks tissues speel wegkruipertjie en Landi moet gryp na ’n toiletrol.

Sy was nie een van die vraatkopers nie, maar daarvan het sy meer as genoeg. Dít en Vicks. Daar is min dinge soos ’n smeersel Vicks wat ’n toe neus en benoude bors weer oopkry. Iewers tussen twaalf en een baklei die siek in Landi se lyf met haar. Die toast en appel soek uitkomplek.

Met ’n rou keel en gekneusde knieë, sleepvoet sy kamer toe. Vergeet van middagete, sy kort rus. Die hordes kussings op haar bed word sorgvuldig om haar gedruk en gepak. ’n Vertroostende kokon vir ’n liggaam wat pyn. Die slaap kom haal haar spoedig en vir ’n uur of twee ontsnap sy na vryheid. Vryheid van inperking, die virus, vrees en vryheid van haar eie lyf. Maar die tronk se deur klap weer agter haar toe, toe haar selfoon lui.

’n Familielid wat uit liefde en besorgdheid in check. Ja, dit gaan nog goed. Ja, sy eet gesond. Nee, sy het nog nie weer die bure se kat gesien nie. Dankie, sy sal sê as sy iets nodig het. Landi sug effe geïrriteerd en wens vir ’n stemopnemer sodat sy net die knoppie kan druk om almal se roetine-vrae te beantwoord, maar dan herinner sy haarself weer daaraan dat hulle net goed bedoel. Opnuut dankbaar vir dié wat omgee, beantwoord Landi dan sommer ook die paar ongelese boodskappe in haar inbox.

Die minute van die namiddag sweef verby en smelt weg in die skemer se naderende donkerte. Landi maak two-minute-noodles. Die vleis en groente sal moet wag tot môre wanneer sy weer krag het om voor die stoof te staan. ’n Skuldgevoel kou aan haar oor die gebrek aan ’n maaltyd wat voedsaam genoeg is en oor die leuen van vroeër dat sy gesond eet. Landi sus haar gewete met nog ’n appel.

Die aand loer deur die oop gordyne en kom lê in haar huis saam met die seweuur-nuus op TV. Landi trek die gordyne toe en kyk verby die vlieë op die vensterbank. Die dodetal het gestyg. Die Noordwes het gaan lê, selfs die wind het sy deel vir die dag gedoen. Sy het ook by alles uitgekom wat sy vir haarself neergeskryf het vir die dag, dink Landi tevrede as sy haar dagboek toemaak. Die belangrikste een was om deur die dag te kom.

Ná ’n vinnige stort, lê sy agtuur weer knus in haar kussingkokon-bed. Beskut en beskermd teen die wêreld daar buite. Tevrede met die bekende, tevrede met die híér. Die nag se koue wat reeds teen haar huis se mure hang, kan nie naby haar kom nie. Haar liggaam is ’n oond, ’n broeikas wat die virus aan die gang hou.

Landi se oë volg die sekondewyster van die wekker op haar bedkassie. Sy het tyd goed gehoorsaam vandag. Sy kry dit nou reg om haarself gewillig te verloor in die opdeling van ure, beplanning en roetines. Die voelgoed tydskrif se raad om jou sanity te behou in tye van vlieë op die vensterbanke en stof agter die yskaste. Landi vou haar hande om haar maag.

Die virus groei by die dag sterker. Oormôre moet sy weer die dokter gaan sien, dan sal sy weet of dit ’n dogtertjie of ’n seuntjie is. Dís iets om oor opgewonde te wees. Landi maak haar oë toe en sê dankie vir die opwinding. Sy sê dankie vir die virus in haar lyf. Sy sê dankie vir nog ’n dag wat verby is, nóg ’n dag nader aan die einde van hierdie inperking. ’n Dag nader aan die einde van die lewe soos sy dit nou ken.

The post Afwagtend appeared first on LitNet.

Estie

$
0
0

Foto: Canva.com

Vroeg in 2008 kry ek ’n geleentheid deur ’n vriend van my pa se pel om my vakleerlingskap te gaan doen by ’n nuwe ateljee wat in Irene oopgemaak het.
Nog nat agter die ore en met die enigste knopieshemp in my besit, daag ek toe semi-stiptelik op vir die onderhoud by my eks-baas, die gesiene meneer Pheifer – ’n man só lank, hulle kon hom maar net sowel meneer Sevener genoem het.

In elk geval, ’n kort storie lank; ek hou toe daar stil en gaan klop heel bedees op die maat van ek-is-laat-maar-paraat aan sy kantoordeur.
“Kom binne!” roep hy.
Ek maak toe so en met die intreeslag steek hy sy hand uit met so aweregse pinkie wat apart blad wil vat.
En soos dit maar in ons ingefoeter is op Die Vlakte, haal ek my keps af, vat stewig terug en groet hom ordentlik met ’n “mirrag Oom”.
“Sit,” sê hy en ek maak myself dadelik gemaklik so asof ek die tipe ding al etlike jare doen.

“Ek hoor jy was in Waterkloof?”
“Ja Oom, hulle sê so.”
“Matriek deurgekom?” skerts hy.
“Nee, nee Oom, sommer so Centurion deur.”
“O, jy’s ’n nar nè?” vra hy.
“Nog so bietjie Oom, maar ek het darem al ’n Valoid in.”

Met ’n grynslaggie en gemengde gevoelens in sy oë laat hy my sommer dadelik weet: “Ek like jou. Sien jou môreoggend. Selfde tyd selfde plek. En moet nou nie dat jy laat wees nie!”

“Baie dankie Oom, ek maak so!”
En ek skud weer blad, spring in my Corsa en spin daar weg, want dis mos nou iets groots om te vier vir twee eerstejaars drieuur op ’n klein-Saterdag.

Onderweg na die woonstel gooi ek my tjom, Alanski, ’n Mxit en sê hy moet klim, want so arm soos ons is, het ek vir ons ’n geldige rede om vanaand ’n ietsie te vat. En kyk, vir hom smeek jy nie om agter ’n koue enetjie in te klim nie – hy gehoorsaam uit en uit die beleid van ’n goeie tyd.
En daar vaar ons die middernagtelike ure in.

Volgens ’n vertroulike bron beland ek en my tjom toe omstreeks 04:00 daardie volgende oggend by die woonstel saam met ons nuutgevonde pel, Vlossie, uitgepass onder ’n kombers van steak- en-kidney-vlokkies met die reuk van borrelgombruismelk wat ’n bedompige spaarkamer oorheers.
En nét toe die son ons spyt en verwyt deur ’n gleuf van die gordyn by ons begin inbak, lui my foon.
Hier met die twaalfde lui skrik ek uiteindelik wakker uit ’n vlieërplank-ekspedisie deur die melkweg en antwoord soos Jimmy Abbott wat sopas ontwaak het na ’n mildelike dosis narkose.

“Yès?”
“De Beer! Waar is jy!?”
“Byrie hys, hoekom?”
“Wat soek jy daar!?”
“... Ek bly hie’ ... wag...wie praat nou?”
“Dis jou baas De Beer, en as ek jy is kry ek my gat in rat op pad werk toe, sodat jy vir my kan kom verduidelik hoekom jy op jou eerste dag van werk laat is!”

En met ’n “Jammer Oom! Hou daar ek's nou daar,” vlieg ek uit die bed met my klere en skoene, gelukkig nog aan my lyf.
Met geen tyd om die dou van die lelie af te skud of tande te borsel nie, gryp ek toe sommer so in die uithardloop na ’n proppie mondspoelmiddel en dié sluk ek toe per abuis uit spiergeheue vanweë die vorige aand se manewales.
En da’ gat ek, in my Corsa met die handrat op Afrikaans.

Ek was nét deur die ergste verkeer en byna by die ateljee toe my foon weer lui:

“Hello!”
“De Beer, waar trek jy?”
“Sterk op pad Oom, hier in Boeingstraat.”
“Jy moet asseblief dadelik omdraai en my dogter gaan oppik by die skool en dokter toe vat.”
“Reg Oom, ek maak so. Wat is haar naam en by watse skool?”
“Estie,” sê hy. “Estie Pheifer by Waterkloof Hoërskool. Vra net vir tannie Siska by die voorportaal.”
“Reg so Oom, ek maak so.”

En ek dag by myself, bliksem, ek het nie gedink daai plek sal my weer sien of wil sien nie. Maar ag wat, dié keer word ek darem betaal en as dit pap reën, skep mens moed.
En daar gat ek, voet in die hoek, swak op pad na my alma hater, dié Hoërskool Waterkloof.

Ek het skaars parkeer toe die tienerangs van ouds soos ’n wegloophond van vooraf teen my wil opspring. Maar ek ruk my toe reg, skop hom weg en teug nonchalant aan ’n Lucky Strike terwyl ek die detensielokaal ten alle koste uit my gesigsveld hou.

In die voorportaal kry ek vir tannie Siska en vra of sy my nie asseblief na ’n ene Estie Pheifer in die siekeboeg kan beduie nie.
“Ja,” sê sy. “Ek dink sy lê in een van die laaste kamers op die tweede verdieping. Vra dalk net vir Niel, die nutsman, waar dit presies is. Hy is daar bo doenig.”
En sonder om te probeer onthou, is ek die gang af en al hygend soos ’n handsaag by die trappe op.

By die eerste deur kry ek toe vir ou Niel in ’n vernielde nuwe O’Neill-hemp besig om al wat blom is teen die ablusiedeur te verf. Ek vra toe of hy nie dalk weet waar Estie lê nie.
“Jong, jy moet maar in die gang afloop en hoor by een van die laaste vertrekke,” sê hy. En met ’n kopknik en dankseg, sit ek my soektog volstoom voort.

Aan die einde van die gang by die laaste deur op linkerhand gewaar ek ’n jong blonde verpleegstertjie wat kruisbeen staan en leun teen die deurkosyn, vasgenael op haar selfoon soos ’n junkie aan die tik en sálig onbewus van my woordelose teenwoordigheid.

Ek steek toe maar my kop versigtig verby haar by die kamerdeur in en daar sien ek ’n jong skoolmeisie lê met haar vel oortrek van die rooi knoppies. Ek dag toe by myself, dit moet seker Estie wees, want sy lyk bra olik en kreun soos ’n gewonde wildsbokkie. Teen daardie tyd het ek toe darem al die verpleegstertjie se aandag wat hier digby my in die deur staan en my aangluur asof ék die rondloperkat is wat haar persiese tapyt geru(ur)ïneer het.

“Verskoon tog” vra ek saggies. “Is dit Estie dié?”

En met ’n frons gevolg deur ’n doodsgluur wat my so effe laat rittereer, antwoord sy my in die suiwerste Pretoria-Oos-aksent ooit: “Whirrhiesô, hellouw!? Dis wâtirpôkkiesss ...”

The post Estie appeared first on LitNet.

Press release: Pieces fall into place for reimagined festival

$
0
0

The Virtual National Arts Festival programme is slowly starting to emerge – it has been cocooned away as our curatorial committee got to grips with reimagining what this festival could become. Now, just short of 30 days before “lift-off.”, we are leaning in to its complexities.


The festival’s website is readying itself to become a virtual stage: all events will be accessed through the website portal – both curated work and un-selected “fringe” events. The curated programme is a schedule of events that will be released each day from 25 June to 5 July. These daily programmes will consist of pre-recorded performances (theatre, music, dance), films, live broadcasts, visual art “walkabouts, workshops, and more. These programmes have been carefully curated around a theme and the preamble to each day’s programme will provide the framework for that day’s offerings. 

The Virtual Fringe (vFringe) is a pay-per-view platform where anything goes! Well, almost. We will be carefully monitoring submissions to make sure they’re in line with universally accepted online presentation standards. But, that said, similarly to the Fringe in Makhanda, this is where you will find artists experimenting with their creative instincts – bending the rules to fit this new world. Here you’ll find comedy, performance art, cabaret, magic (of course) and lots more. Tickets will be priced from R25 and we hope you’ll support all our artists as they, together with you, explore this new digital space.

  • Read more about how it will all fit together on our website

Online exhibitions open infinite possibilities

While there are many changes ahead as the National Arts Festival moves into the digital realm, visual art remains a constant on the programme. A wide-ranging and eclectic collection of works from South Africa and beyond will be available to view and explore online between 25 June and 5 July. 

Sirqus Alphonse at the 2019 National Arts Festival (Photo: Mark Wessels)

Using a variety of technologies, the curated programme of the Virtual National Arts Festival includes 2020 Standard Bank Young Artist for Visual Art Blessing Ngobeni; Pitika Ntuli’s solo exhibition Azibuyele Emasisweni (Return to the Source), which features works sculpted in bone; and Phumulani Ntuli’s Frequencies of a Birthmark_Episode 1, a Creative Digital Arts exhibition that explores clan name lineage and histories in a virtual reality architectural walkthrough. This is just a taste of the selection of works soon to be announced.

There will also be a vibrant visual art element on the vFringe this year, with artists invited to exhibit their work online on a new-look, multifunctional National Arts Festival website that is currently under wraps. 

Opportunities for artists

The Fringe in 2020: Artists wishing to take part in the vFringe, a new digital platform created especially for artists to showcase their work as part of the Virtual National Arts Festival as well as earn an income online, should visit the Artist Zone on the NAF website for more information.

Visual art on the vFringe: Visual artists who would like to exhibit their work on the new-look National Arts Festival website as part of the online vFringe galleries should get in touch as soon as possible. Find out the details and fill in the online form here.  

Also read 

The annual National Arts Festival goes virtual amid corona crisis

The post Press release: Pieces fall into place for reimagined festival appeared first on LitNet.

"Keep your imagination active": an interview with the Fleur du Cap Theatre Award for Innovation in Theatre winners

$
0
0

Robin Malan and Andi Mgibantaka of Junkets Publisher were recognised for their invaluable contribution to theatre, arts, literature and education. They talk to Naomi Meyer and Cliffordene Norton  about the Fleur du Cap Theatre Award for Innovation in Theatre recently awarded to them.

Robin Malan and Andi Mgibantaka at the Zabalaza 2020 award ceremony

Junkets has published the following imprints:

  • The Playscript Series, which includes new South African plays to give especially young playwrights working in small informal theatre venues recognition and encouragement through exposure in print;
  • The Junkets10 Series, which are new plays to celebrate 10 years of publishing;
  • The BaxterJunkets Series, which is an ongoing collaboration with the Baxter Theatre and includes the publication of the winning scripts of the annual Zabalaza Theatre Festival;
  • The Collected Series, which comprises anthologies of South African plays – some specifically for educational purposes – and allows for the creation of a valuable library of our dramatic heritage;
  • LGBTIQ-Junkets, which includes titles of diversity and sexual minorities and playscripts marked with a pink triangle; and
  • Other, which includes novels and collections, JunketsCrafts, monologues, handbooks and publications in association with other publishers.

Robin and Andisiwe, congratulations on the Fleur du Cap Theatre Award! What was your reaction when you heard you’d won?

Robin and Andi: Really pleased. Glad for the recognition.

Could both of you please elaborate on your work and on the highlights, as well as the difficulties, of working in theatre throughout your careers?

Robin: You’re asking a difficult question: I have worked as an actor, a director, an artistic director of a theatre-in-education company, a teacher and now a publisher. So, which “work” over my whole “career”?

My work at the moment inside Junkets Publisher pre- and post-lockdown has been and will be to see as much non-mainstream theatre as I can; to identify those plays, mainly by young and emerging playwrights, that I think need to be preserved in print; to engage with the playwrights; and to find the funding to publish them.

Andi: My work is the financial side of the business and all the admin work involved in being a small independent publisher.

Robin: Highlight over my whole career? I would have to say: the entire seven years I spent as artistic director of the PACT Playwork theatre-in-education company, 1972–8.

Andi: Highlight for me was being made the sole proprietor and CEO of Junkets – having Robin hand over the “staff of office” to me.

Robin & Andi: We don’t actually work in the theatre, so we have not encountered any difficulties.

What was an early experience where you learned that the arts have power?

Robin: I have no idea how to answer this question. Do I say: when I carried a (very light) load on my back as Christian in Pilgrim’s progress at Sunday school at the age of five or six? I could feel how sorry people were for me and how pleased they were for me when the load was lifted. That’s power.

Andi: Having a poem of mine published in English alive when I was in standard nine. I found I had a voice that people listened to. That’s power.

What’s your favourite under-appreciated play?

Robin: Wide-open question. Shakespeare’s Measure for measure? Neil Coppen’s NewFoundLand (only because it has not been seen enough, eg it hasn’t been to Cape Town yet)? Phillip M Dikotla’s Skierlik (though it did win the Olive Schreiner Prize)?

Talking about creating your opportunities despite life’s difficulties: what is your advice to artists in the time of COVID-19?

Robin: Try to find ways to keep exercising your talent and honing your skills: engage in dialogues with other artists; take a duologue and Zoom it with another actor; join the Facebook Shakespeare soliloquy group and learn and perform a favourite soliloquy online; plan a season for a small theatre venue for the first six months after lockdown …

Robin and Andi: Keep your head and – more importantly – your imagination active.

Andi: Stay sensible and stay safe.

The post "Keep your imagination active": an interview with the Fleur du Cap Theatre Award for Innovation in Theatre winners appeared first on LitNet.

Musiekonderhoud met Riaan Nieuwenhuis: “Dis glad nie ’n loopbaan soos enige ander nie”

$
0
0

Die immergroen veelsydige musikant Riaan Nieuwenhuis het onlangs ’n nuwe album, Bleeding moon, bekendgestel. Hy beantwoord ’n paar vrae.

Riaan Nieuwenhuis (Foto: Nicola Kruger)

Goeiedag, Riaan. Hoe’s alles?

Hi Henry, goed dankie. Hoop alles loop mooi daar.

Ag, ja wat. Baie geluk met jou nuwe album, Bleeding moon. Ek sien op sosiale media jy sê jy het die liedere vir die album begin skryf in 2018 toe die bloedmaanverskynsel aan die gebeur was. Was dit toevallig dat dit so gebeur het, of het dié natuurverskynsel inspirasie vir die nuwe tunes gebring? Vind jy in die algemeen dat ’n konneksie met die natuur belangrik of selfs nodig is vir jou skeppingsproses? En/of watter ander bronne van inspirasie soek jy op waarsonder jy nie sou kon skep nie?

Baie dankie, Henry. Die bloedmaan was toevallig. Ek het die albumtitel gekies as gevolg van daardie tydsberekening. Die verskynsel was besonders, en ek onthou dat ons vir lank op die stoep daarna sit en kyk het. Die volgende aand het ek en Mark-Louis Ellis die klavier opgeneem. Dit was ook daardie aand, toe ek die bloedmaanfoto’s van Nelis Kruger gesien het, wat my laat glo het Bleeding moon is ’n geskikte titel. Een van dié foto’s is gebruik vir die album-omslag.

Ja, ek glo sonder natuur is menswees grootliks nutteloos. My grootste inspirasie, van kleins af, bly die Bolandse berge.

Die album bevat nege uiteenlopende snitte wat elk op hul eie manier uiters treffend en meesleurend is. Hoe het jy hierdie album saamgestel? Is daar ’n soort beplanning betrokke dat daar oppe en affe moet wees, of ’n soort goue draad wat daardeur loop, of is dit bloot ’n versameling van nege selfstandige, onafhanklike snitte? Hoe sou jy die “storie” wat Bleeding moon vertel, beskryf?

Die samestelling van die album was ’n geleidelike uitfaseringsproses. Al die liedjies, met uitsondering van twee (“Extradition” en “Boreas”), is eers op die klavier opgeneem, en die ander instrumente later, by Tunes Studio.

Daar is ’n manier om ’n album te benader met ’n begin, middel en einde as oogmerk. Dit is ’n proses vol moeilike keuses, maar ek poog altyd om struktuur in die geheel te bewerkstellig.

Jy het baie samewerkers/collaborators wat ingespring het op Bleeding moon – onder meer Albert Frost, Basson Laubscher en CJ Bergh. Hoe het jy besluit watter kunstenaars jy wil nader vir samewerking op die album, en hoe het jy besluit wie op watter tune(s) moet saamwerk? Het hulle saam geskryf aan die tune, of eerder ingeklok en gedoen wat jy versoek het?

Ja, ook Almuir Botha, Heinrich Wesson en Riku Lätti. Ek het al vantevore met die meeste van die musikante op Bleeding moon gewerk, en weet min of meer wat elkeen se (voorkeur)talent is. Ek het dus die indeling hiervolgens gedoen.

Ek het ná die liedjies geskryf is, gedeeltes aan hulle gewys waar ek glo die insette moet kom. Tog het ek al die musikante se kreatiewe vryheid gerespekteer. Die hoof collaborator-musikante op Bleeding moon is Jean Marais (dromme/perkussie) en Mark-Louis Ellis (baskitaar, akoestiese kitaar en engineer).
 
Die snitte het dikwels titels wat op een konsep dui …“Reminiscence”, “Declaration”, ens. Dit sluit ook aan by jou vorige albums en tunes … Hoe werk jou skryfproses in daai opsig – kom ’n konsep eerste, met ander woorde dat daar ’n spesifieke emosie of aksie is waaroor jy voel jy wil skryf, of kry die tune ’n titel wanneer jy klaar is? Hoe unpack jy hierdie konsepte – weerspieël die musiek ’n universele gevoel (of jou verstaan daarvan) rondom die konsep, of is dit vir jou ’n meer persoonlike omgang daarmee? Dalk kan jy ’n voorbeeld gee van hoe dit werk?

Dit is ’n kombinasie van al die punte wat jy aanspreek in die vraag. Ek luister na die opnames van die onvoltooide musiek gedurende die skryfproses as ek so in die Boland rondbeweeg, wat op sigself idees met betrekking tot titels na vore bring. Baie van die aanvanklike titels word vervang namate ’n liedjie se “persoonlikheid” gevorm word.

Dan is daar ook ander oorwegings, wat moontlik nie vir almal sin sal maak nie. “Clarksdale” byvoorbeeld is vernoem na een van my gunstelingdorpies in die Mississippi-delta. “Extradition” het ’n harder edge en persoonlikheid as die ander snitte, en het ’n ander skryfproses ondergaan, en is laaste geskryf. “Declaration” is stadig maar seker besig om vorentoe toe te beweeg in progression en krag. So asof daar ’n toekomstige verklaring op pad is.

Met instrumentele musiek is dit natuurlik ’n ander proses wat gevolg word om titels te laat gebeur as wat dit is ten opsigte van liedjies met woorde. Daar is die titel reeds vervat in die konteks van die woorde.

Ek het in ’n resensie gesien die album word as semi-eksperimenteel beskryf. Sou jy hiermee saamstem? Dink jy dit is meer of minder eksperimenteel as vorige vrystellings, en in watter opsigte? Watter onverkende waters wil jy nog graag in die toekoms betree in terme van instrumentele eksperimentering – beide wat betref die instrumente wat gebruik word en ook hóé hulle gebruik word?

Ek glo ek eksperimenteer altyd met die musiek wat ek skryf. Bleeding moon is divers in genre, klank en samestelling. Ek sou kon sê dat ek met die albums Mediator 2 en Reminiscence ook hierdie tipe van variëteit gekry het. Mediator 1 (solo- klassieke klavier), Instigator (hard rock) en Collaborator (desert rock) het elk weer ’n eiesoortige klank.

Ek werk aan ’n rap-rock Afrikaanse album met swaar kitaar hooks en rifs. ’n Projek van gekombineerde klassieke kitaar en klavier is ook deel van my planne.

Soos ek hierdie vrae opstel, is Suid-Afrika nog in level 4 lockdown, en die musikante ly natuurlik ook finansieel moerse hard onder die inperking. Hoe survive jy die lockdown, en hoe dink jy gaan die musiekbedryf, en jou eie loopbaan, vir die voorsienbare toekoms lyk as gevolg daarvan? Wat is jou raad aan ander musikante wat sukkel om inkomste en/of inspirasie te vind in hierdie tyd?

Oukei, ek gaan hier ’n bietjie die tale moet meng, so verskoon maar. Ja, baie ander ly saam met die musikante. Tans moet musikante ’n streaming platform deel met onder andere sogenaamde muso’s wat ook livestream om hul liedjies in te werk. Saam met katvideo’s en COVID-grappies veroorsaak dit ’n online clutter wat nadelig is vir die ouens wat al lankal aan die gang is in die musiekbedryf.

Maar die busking-for-money-online konsep wat deur COVID meegebring is, kan ook reg gedoen word. Tog stroop dit ’n live musikant steeds van ’n tipe waardigheid, om ooglopende redes. Dit vermeerder ook die reeds bestaande pity van die publiek teenoor musikante.

Ek weet nie wat die toekoms inhou nie, en ek weet nie wat die oplossing is nie. Ek het wel die vraag aan musikante op sosiale media gestel, maar ek het grotendeels ’n baie negatiewe reaksie ontvang.

Ek weet net dat ek sal aanhou met musiek en musiekverwante projekte as beroep. Ons gaan eendag hier uitkom.

Riaan in aksie by Up the creek 2020 (Foto: Henry Engelbrecht)

Jy het al ’n hele rits solo-albums vrygestel, en is natuurlik bekend as een van Suid-Afrika se kanniedoodmusikante wat nooit te ver van ’n stage af is nie. Hoe vind jy deurlopend nuwe energie om aan te hou skep, vrystel, toer en optree? Tot hoe ’n mate is dit maar ’n loopbaan soos enige ander, of eerder musiek wat by jou móét uit, en is daar ’n ideale balans wat jy al kon handhaaf, of probeer nastreef?

Die energie kom direk van die musiek af. Ek word deurlopend gestimuleer en gefassineer deur die onbeperkte moontlikhede van ’n toekomstige liedjie. Die balans tussen die stage en skryf is ’n lekker een, alhoewel dit tans versteur is.

Dit is glad nie ’n loopbaan soos enige ander nie. Jy moet baie meer doen en dink as ’n salarispersoon om te oorleef.

Ons het al gepraat oor die nabye toekoms, maar wat hou die verre toekoms vir Riaan Nieuwenhuis in, in so verre jy dit kan beheer? Wat wil jy nog graag kan af-tick as musikant en in jou persoonlike lewe?

Soos genoem, die Afrikaanse rap-rock konsep wat ek graag wil voltooi, en dan ook die genoemde kitaar-en-klavier-projek met Mark-Louis Ellis.

’n Europese musiektoer ná COVID, en reise, asook tyd saam met my gesin.

Wat is die sin van die dood?

Strikvraag.

The post Musiekonderhoud met Riaan Nieuwenhuis: “Dis glad nie ’n loopbaan soos enige ander nie” appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>