Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Elders gesien: Oor die staat en magsbeheptheid

$
0
0

Fotobron: Canva

Willlem Mulder skryf op Facebook: 

Ek weet ek sit nie op ’n eiland nie. Ek mag dit dalk beter af hê as die meerderheid ander in ons land, maar die realiteit is dat ek ook deel is van hierdie land. Ons almal word geraak deur hierdie pandemie, nevermind hoe hard jy probeer om jouself verwyderd van alles te imagine, hetsy in ’n Ivory tower of pondok.

Gesamentlik is ons die staat en as die staat van dinge wankelend begin lyk, dan is daar fout met die staat. Dan tree die staat nie op in almal se belange nie. Die hand kan nie oormag kry oor die lyf nie. Die party is nooit groter as die kiesers nie. Nooit weer kan ons toelaat dat een deel van ons staat ons rond laat val soos een wat dronk is van magsbeheptheid nie.

"If the ANC does to you what the Apartheid government did to you, then you must do to the ANC what you did to the Apartheid government." – Nelson Mandela

The post Elders gesien: Oor die staat en magsbeheptheid appeared first on LitNet.


Jou grendeltyd: Liewe Koos!

$
0
0

Ek wou so graag hierdie jaar Europa in sy lentetyd gaan besoek het. In plaas daarvan reis ek nou op my balkon. Daardie eerste dae van die inperking voel so ietwat vaag. My stapeltjie boeke was net daar waar ek hulle neergesit het. Ek kon glad nie lees soos wat ek dit my geestesoë voorgestel het nie. Ek vind uit dat ek darem nie alleen is nie. Daar is talle artikels op sosiale media wat die rondte doen dat ons nie bekommerd moet voel as ons nie so produktief is in hierdie tyd nie – ons is besig om aan te pas en ons moet afskeid neem van die lewe soos wat ons dit geken het. Soos almal moes ek ook maar my voete vind en al wat ek kan onthou, is dat ek vir my elke dag ’n stapdoelwit gestel het. Ek het tot nou toe al so ongeveer 165 km heen en weer gestap. Eet, slaap, stap, herhaal. En so stap ek my uit my routydperk uit.

Tydens die stapsessies luister ek radio, musiek en soms na niks nie. Terwyl ek stap, begin ek in my kop briewe aan my tas skryf. Nee, ek het nie my varkies met die inperking verloor nie. Ek het al briewe vir Koos vóór COVID-19 begin skryf. Ja, my tas het ’n naam (en sy eie persoonlikheid!). Ek vertel vir Koos van al my reise voordat hy my tas geword het, en ook van al ons avonture saam. In hierdie tyd word my briewe ’n heerlike ontvlugting na my reisherinneringe en -skandes. Ek vertel hom al daardie klein stories van treine wat ek verpas het; die aand toe ek kilometers ver moes loop om ’n hotel te kry; die Valentynsaand toe ek die derde wiel was; hoe ek die groot eet tydens Paasfees in Pole oorleef het; en hoe ek kaalvoet ’n klavierkonsert in Italië bygewoon het.

Ek haal weer die foto’s uit en met die regpak van kaste kom ek op allerhande goed af wat my aan my reise herinner. Die rustiger pas laat ’n mens dink en daar is ’n besef van die verbruikersmentaliteit wat by ons reise ingeglip het. Ons het soos daardie batteryhasie aanhou hardloop. Ons besoek duisende museums en neem duisende foto’s wat stof op rekenaars en hardeskywe vergader, maar ons dink nie daaroor na nie en ons kyk nie weer na die foto’s nie. Dit laat my aan die woorde van die Poolse digter en Nobelpryswenner Wisława Szymborska dink: “Ons lewe langer, maar minder presies en met korter sinne. Ons reis vinniger, meer, verder; maar in plaas van herinneringe, bring ons foto’s terug.”

Dit is uit die gedig “Nieczytanie” oftewel “Ongelees” in haar 2009-digbundel Tutaj (Hier) en is my eie vrye vertaling.

Ongelees 

Vir Proust se kunswerk
gee hulle nie ’n afstandbeheer nie,
jy kan nie tussen die stasies hop,
spring na die sokkerwedstryd
of na die vasvraprogram kyk waarin jy ’n Volvo kan wen nie.

Ons lewe langer,
maar minder presies
en met korter sinne.

Ons reis vinniger, meer, verder;
maar in plaas van herinneringe, bring ons foto’s terug.
Hiér is ek saam met die een of ander ou.
Dáár is, dink ek, my eks.
Hiér is almal kaal,
dus sekerlik iewers op ’n strand.

Sewe bundels – liewe genade.
Dit laat hulle nie opsom, verkort nie,
dis beter om dit in prentjies te wys.
Daar was eens ’n Poolse TV-reeks, Pop,
maar my swaer sê dit was van iemand anders se van wat begin met P.1

In elk geval, terloops, dit wat so ’n iemand
Wat glo vir jare in die bed geskryf het.
Bladsy na bladsy,
met ingeperkte spoed.
Maar ons is in die vyfde rat
en – behoede ons – gesond.

Die lewe is nogal vreemd lekker so tussen die tweede en derde rat. Dit beteken nie dat ek nie ook bekommerd is oor die ekonomie, politiek en my eie oorlewing nie, maar die reisherinneringe en my briewe aan Koos maak die werklikheid so ’n bietjie draagliker. En o ja, ek lees weer!

Karien Brits
29 April 2020
Randburg

......

1 Die digter verwys hier na die Poolse skrywer Bolesław Prus. lees meer hier: https://en.wikipedia.org/wiki/Boles%C5%82aw_Prus

The post Jou grendeltyd: Liewe Koos! appeared first on LitNet.

LitNet Akademies: Volledige joernaaluitgawes

$
0
0

Jaargang 17, Nommer 1 – 2020

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 16, Nommer 3 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 16, Nommer 2 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 16, Nommer 1 – 2019

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 15, Nommer 3 – 2018

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Jaargang 15, Nommer 2 – 2018

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 15, Nommer 1 – 2018

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 3 – 2017

Afdeling: Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 2 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 14, Nommer 1 – 2017

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 3 – 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 2 – 2016

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 13, Nommer 1 – Mei 2016

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 3 – Desember 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 12, Nommer 2 – Augustus 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe                                 

 

Jaargang 12, Nommer 1 – April 2015

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opvoedkunde

Afdeling: Regte

 

Jaargang 11, Nommer 3 – Desember 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Opoedkunde

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 2 – Augustus 2014

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Godsdienswetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 11, Nommer 1 – Maart 2014

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 3 – Desember 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 2 – Augustus 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 10, Nommer 1 – Maart 2013

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 3 – Desember 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

Afdeling: Godsdienswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 2 – Augustus 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 9, Nommer 1 – Maart 2012

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Regte

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 3 – Desember 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 2 – Augustus 2011

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 8, Nommer 1 – Maart 2011

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 3 – Desember 2010

Afdeling: Natuurwetenskappe

Afdeling: Geesteswetenskappe

 

Jaargang 7, Nommer 2 – Augustus 2010

 

Jaargang 7, Nommer 1 – Maart 2010

 

Jaargang 6, Nommer 3 – Desember 2009

 

Jaargang 6, Nommer 2 – Augustus 2009

 

Jaargang 6, Nommer 1 – Maart 2009

 

Jaargang 5, Nommer 3 – Desember 2008

 

Jaargang 5, Nommer 2 – Oktober 2008

 

Jaargang 5, Nommer 1 – Augustus 2008

 

The post <i>LitNet Akademies</i>: Volledige joernaaluitgawes appeared first on LitNet.

Tweetaligheid kon in hierdie tyd vir Universiteit Stellenbosch ’n onbedoelde voorsprong gegee het

$
0
0

Beste Webvoet

Toe die taaldebat oor US gewoed het, het ek soos volg kommentaar gelewer:

“Die Katalane hanteer die taalkwessie, myns insiens, op ’n verstandige wyse. Lesings word op Youtube opgeneem in die dosent se eie taal en onderskrifte in ’n ander taal, byvoorbeeld Engels. Die klasse word gebruik om die lesings te bespreek (in die student se eie taal) en om probleme op te los.

Gelyke Kanse noem ook so ’n moontlike oplossing

Ek het in 2016 ’n lesing bygewoon waar hulle stelsel uiteengesit word.

https://www.litnet.co.za/anthony-pym-se-lesing-the-role-of-translation-in-language-policy/ ”

As US die Katelane se voorbeeld gevolg het, was hulle gerat vir afstandsonderrig. Verlede jaar se lesings sou (tweetalig!) beskikbaar wees op die web. Hulle hoogs suksesvolle vertaal- en tolkdienste kon tot groot hulp gewees het

Groete

Koos Holtzhausen

The post Tweetaligheid kon in hierdie tyd vir Universiteit Stellenbosch ’n onbedoelde voorsprong gegee het appeared first on LitNet.

André Carl van der Merwe se roman Moffie herbesoek

$
0
0
Hier in die buiteland verneem ek dat André Carl van der Merwe se roman van 2006, Moffie,  deur die regisseur Oliver Hermanus verfilm is, en dat die rolprent aansienlike gunstige kritiek in Venesië met die premiere, en toe in London uitgelok het . Aangesien ek nie in die gelukkige posisie is om dit te sien te kry nie, en waarskynlik sal moet wag op die dag wanneer dit in DVD-formaat sal verskyn, het ek die boek nou herlees na ’n periode van bykans 15 jaar.
 
Die roman is ’n outobiografie van Van der Merwe se eie lewe en ondervindinge, en ek vertrou dat die inhoud van ’n jong persoon se stryd om volwassenheid te bereik, en sy tyd in die destydse Suid-Afrikaanse weermag nie oordryf is nie. Dit is logies dat ’n outeur met integriteit ernstig  opgeneem wil word.
 
Graag haal ek sekere uittreksels aan wat lig werp op die denke en geesteslewe van jong rekrute:
 
 "Gerrie is the leader of the group that has been calling us names, and now they start discussing the degrees of sin. Johan ... says that sleeping with a black is tantamount to bestiality because blacks are not human. Gerrie says that, according to his dominee, homosexuality is the worst of all sins, much worse even than murder. Nowhere in the Bible did God ever punish as harshly as he did the cities of Sodom and Gomorrah, and that was because of their homosexuality."
 
"What are we learning to do? Spending a year to kill. My R1 rifle is designed for the whole purpose of destroying other humans. Our chaplain - the Dutch Reformed dominee - reminds us during church parades that we are fighting in the name of Christ. Not a gentle Christ, not a Christ of forgiveness, but a Christ of the assault rifle, a Christ of killing."
 
Nou ja liewe lesers, nou wonder ek regtig of dit nie liewer beter sou gewees het destyds om al die kweekskole in Suid-Afrika permament te sluit nie – en ook sommige kerke – as dit dan die Christelike boodskap was wat vir jong mense verkondig is. Maar dit was 1980 en ek wonder hoe die situasie sedertdien verbeter het.
 
Beste groete, Pieter Redelinghuys

The post André Carl van der Merwe se roman <em>Moffie</em> herbesoek appeared first on LitNet.

Graad 11: Besigheidstudies – Omskep sakeplan in aksieplan

$
0
0

Foto: Unsplash.com

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier vir Suné Williams se notas oor hoe om ’n sakeplan in ’n aksieplan te omskep.

The post Graad 11: Besigheidstudies – Omskep sakeplan in aksieplan appeared first on LitNet.

Graad 11: Besigheidstudies – Professionaliteit en etiese gedrag

$
0
0

Foto: Pixabay.com

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier vir Suné Williams se notas oor professionaliteit en etiese gedrag.

The post Graad 11: Besigheidstudies – Professionaliteit en etiese gedrag appeared first on LitNet.

Resensie: Ek wens, ek wens deur Zirk van den Berg

$
0
0

Ek wens, ek wens
Zirk van den Berg
Uitgewer: Kwela
ISBN: 9780795708558

Ek het ter voorbereiding vir die skryf van hierdie resensie ’n tweede slag Zirk van den Berg se Ek wens, ek wens gelees. Die konteks van my tweede leeservaring is voorwaar wêrelde verwyder van voorheen. ’n Mens kan nie anders as om tydens iets soos die staat van inperking weens die koronavirus te wil wegbly van ’n meer sombere soort leesstof nie. Wanneer jy besef dat Ek wens, ek wens handel oor ’n lykbesorger, Seb, en dat die roman nogal uitwei oor die besonderhede van dié karakter se makabere werk, is dit dan moeilik om te verstaan waarom die omslagontwerp van die roman juis so kleurvol is. Waarom sou ’n mens nou sake van die dood met sulke kakelbont kleure wil illustreer? Nie lank ná ’n mens begin lees nie, besef jy egter dat die voorblad ’n soort herout is wat die heerlik ongewone aard van hierdie teks aankondig. "Lees voort!" roep hy. "Jy gaan verras word."

Sebastian Walters is ’n man met ’n voorspelbare loopbaan – so voorspelbaar soos die onvermydelike reëlmaat van die dood. Wat die res van sy lewe betref, is dinge saai. Hy woon saam met sy vrou, Helen, en twee tienerkinders, Josh en Katrina, en hy is ongelukkig in die huwelik en het ’n slegte verhouding met sy kinders. Na ’n kwarteeu as lykbesorger by White Lily Funerals dink hy daar is byna niks van die dood wat hom nog kan laat skrik of mislik voel nie. Hierdie ingesteldheid word duidelik uitgebeeld deur sy geoutomatiseerde omgang met die prosesse van die dood: die teraardebestellings, die uittap van bloed en ander liggaamsappe, die opstop en was en vaswerk en herbou van verminkte lyke – alles nogal sonder sensasie, en boonop goed deur die skrywer nagevors en op saaklike wyse in die roman uitgestippel.

Seb se eentonige wêreld verander egter wel op ’n dag nadat hy met die sonderlinge agtjarige seun Gawie (kort vir Gabriël) in aanraking kom. Ek wil niks bederf nie, en daarom wil ek nie te veel uitwei oor die besonderhede van dié seuntjie se impak op Seb se lewe nie, maar met die verskyning van hierdie klein wese bring hy vir die hoofkarakter ’n soort tyding. In die gevolglike sprokiesagtige gebeure maak die leser dan die ontrafeling van hierdie tyding mee.

Die omslagontwerp (deur Joey Hi-Fi) stel ’n Rubik-kubus voor en bied ’n mooi samestelling van kleiner illustrasies in rooi, turkoois, geel en groen, wat opvallend gekontrasteer word met ander beelde in swart, wit en grys. Dié beelde is ’n visuele leidraad waarmee die leser die romaninhoud betree. Die kriptiese illustrasies word goed in die narratief uitgewerk, en sodoende word ’n effektiewe skakel met Van den Berg se prosa geskep. Dit is lanklaas dat ek gedink het dat die omslag en die inhoud van ’n roman so doeltreffend met mekaar skakel.

Die teenstelling van die gewone en die merkwaardige wat deur die omslagillustrasie gesuggereer word, word dan ook aangetref in sekere beskrywings in die roman, soos in die verteller se waarnemings by ’n begrafnis: "Stemme verrys in samesyn, ’n swaarmoedige lied, en Seb kyk na die mense rondom die graf. Hulle is ook onder die waaksame oog van ’n klipengel wat op die graf langsaan pryk. [...] Hulle sing vir die lae wolke, miskien verbeel hulle hulle dat God in die grys newel luister, dat Hy reëndruppels huil [...]" (bl 8). En dan, verderaan: "Die eerste mense breek van die groep af weg, hou mekaar aan die elmboog of om die skouers vas. Sambrele flap oop, swart en blou en skelrooi, ’n gele met ’n smiley face op" (8–9). Dit is nie net deur sulke visuele teenstellings nie, maar ook deur die volgehoue fokus op die kleure van sekere dinge, soos kledingstukke, voertuie, ens, dat die leser gelei word om as ‘t ware saam met Seb met ander oë na die alledaagse te kyk.

Wat gee betekenis aan ’n lewe? Hoe kan ’n mens verhoed dat jy nie vasval in die versmorende alledaagsheid wat jy óf is, óf wat jou omring nie? Ek wens, ek wens stel belangwekkende vrae – al is daar sodanig niks nuut aan dié soort bepeinsing nie. Wat die roman egter onderskei, is die aanbieding van die verhaalwêreld waardeur hierdie vrae verken word. Die storie handel opsigtelik oor die dood – ’n lykbesorger en die huiweringswekkende wêreld van die begrafnisbedryf – maar dit is eintlik verbasend gepas dat so ’n aardige narratief uiteindelik heelwat te sê het oor die lewe, ten spyte van sy bemoeienis met die dood.

Van den Berg se roman is ’n genot om te lees, is met tye verstommend snaaks, en bied – veral nóú – ’n greintjie beskeie hoop.

The post Resensie: <em>Ek wens, ek wens</em> deur Zirk van den Berg appeared first on LitNet.


Vergewe die letterkunde alles?

$
0
0

Vanessa Springora (foto: verskaf)

Die Franse skrywer Gabriel Matzneff het miskien so gedink. Hy het immers nooit ’n geheim gemaak van sy voorkeur vir seks met minderjariges nie; inteendeel, hy het dekades lank sy ervarings met kinders in werke soos Les moins de seize ans (Die ondersestiens) (1974) omvattend beskryf. Dekades lank is hy deur die literêre milieu bewonder en selfs (so onlangs as 2013) vereer. Bitter min mense het die inhoud van sy gepubliseerde persoonlike dagboeke bevraagteken – totdat daar op 2 Januarie vanjaar ’n boek verskyn het wat ’n polisieondersoek en ’n literêre skandaal tot gevolg gehad het en die Franse volk opnuut laat besin het oor wat hulle bereid is om oor die hoof te sien in die naam van kuns.

’n Jong Gabriel Matzneff (foto: Wikipedia)

Le Consentement (Toestemming) is Vanessa Springora se verhaal van 30 jaar gelede. Sy was 14 jaar oud toe haar enkelma haar op ’n dag na ’n uitgewersfunksie saamsleep. Skuins oorkant haar aan tafel sit ’n aantreklike kaalkopman van onbepaalde ouderdom.

"Sy blik hou my geringste bewegings dop en wanneer ek dit uiteindelik waag om vir hom te kyk, glimlag hy vir my met wat ek aanvanklik gedink het ’n vaderlike glimlag is. Dis ’n glimlag van ’n man en ’n pa – iets wat ek nie meer het nie" (bl 40; my vertaling).

V se verhouding met die gerekende skrywer, G, begin soos dit later sou eindig: per brief. Dit is ’n hofmakery wat vinnig van papier af in die werklikheid oorspoel en kort voor lank gaan haal die man van in die vyftig die tienermeisie smiddae by die skool en neem haar na sy woonstel, waar hulle ure in mekaar se arms deurbring. Sy is verlief op hom, en haar ma, ’n produk van die 1968-studente-opstande, aanvaar dit gelate.

Wat V nie besef nie, is dat G reeds in die sewentigerjare, ’n dekade voor hul ontmoeting, die anonieme outeur was van verskeie petisies in koerante om die Franse wette wat seksuele verhoudings tussen volwassenes en kinders verbied, te verslap en die ouderdom van seksuele volwassenheid tot niet te maak. Hoekom sou soveel bekendes uit linksgesinde literêre kringe (lees: Simone de Beauvoir, Jean-Paul Sartre, Roland Barthes en Louis Aragon, om ’n paar te noem) iets wat vandag as absoluut skokkend beskou word, met soveel entoesiasme ondersteun? "Dit was die jare sewentig," skryf Springora op bl 64. "In die naam van die Seksuele Revolusie en die bevryding van morele waardes, moes die vryheid van plesier vir álle liggame bevorder word."

In sy woonstel, waar hulle omring word deur honderde opgestapelde boeke, vra G op ’n dag: "Het jy geweet in die Antieke Tye is dit nie net aangemoedig nie, maar ook as ’n verantwoordelikheid gesien van volwassenes om jongmense seksueel te inisieer?" (59). Hy vra of sy weet dat klein Virginia net 13 jaar oud was toe Edgar Poe in die 19de eeu met haar getrou het, en hy wys vir haar die erotiese foto’s wat Irina Ionesco van haar dogter Eva geneem het. ’n Ander keer vaar hy uit teen die Amerikaners, "’n klomp Puriteine saamgebondel in hul seksuele frustrasie, wat die arme Roman Polanski vervolg om hom te verhinder om films te maak" (60). Polanski het in 1978 uit die VSA gevlug nadat hy aan onwettige seksuele omgang met ’n minderjarige skuldig bevind is. Hy het hom in Frankryk gevestig, waar hy voortgegaan het om films te vervaardig. Sy 2019-fliek J’accuse (An officer and a spy) is ondanks reuseprotesaksie uit #MeToo-kringe vir 12 Franse César-toekennings benoem.

Maar hierdie is die tagtigs, lank voor #MeToo. "Hoe kan ’n mens nie swig voor al G se bewyse nie?" vra V. "’n Veertienjarige meisie het die reg om lief te hê wie sy wil. Hy het my dit mooi laat verstaan. En as ’n bonus het my lewe in dié van ’n muse verander" (61).

Eers toe V haar in van sy boeke begin verdiep, besef sy: "Ek het nie naastenby eksklusiewe reg op hierdie epiese uitstortings nie." G huiwer nie om sy jong minnaresse se briewe in sy werk te reproduseer nie en die briewe lyk almal min of meer dieselfde. "Elkeen getuig van ’n liefde so hemels soos dié van Héloïse en Abélard, so vleeslik soos dié van Valmont en Tourvel." Die woordeskat verskil hemelsbreed van dié van haar ouderdomsgroep. "Dit is universele en tydlose terme van epistologiese liefdesliteratuur" (90).

G lê woorde in hul monde en hy stroop hulle van hul eie woorde. "Het alle jong meisies tussen 14 en 18 jaar met ’n voorliefde vir letterkunde dieselfde skryfstyl? Of is ek deur die uniforme styl van hierdie briewe beïnvloed nadat ek G se boeke gelees het?"

Springora vermoed die korrespondensie het ook as ’n skans gedien; ’n bewys dat hy nie ’n monster is nie. "Want in G se geval is die liefhebber van tieners ook die skrywer, en die outoriteit en sielkundige houvas wat hy geniet, is genoeg om die meisie van die oomblik skriftelik te laat bevestig dat sy tevrede is. ’n Brief laat ’n spoor, en dit moet beantwoord woord. Deur hierdie stille bevel maak die tiener dit haar missie om G gerus te stel wat betref die plesier wat hy verskaf, sodat indien die polisie opdaag, haar toestemming nooit in twyfel getrek kan word nie" (92).

"Is jy seker?" het V se ma gevra toe sy aankondig sy het die verhouding met G verbreek. "Hy is dan so mal oor jou." G het op sy beurt kompulsief hul verhouding begin dokumenteer. Tussen haar 16de en 25ste jaar verskyn daar ’n hele biblioteek romans uit G se pen waarin sy veronderstel is om die heldin te wees; daar is die publikasie van sy persoonlike dagboek wat oor die tydperk van hul verhouding strek en hy noem gereeld haar naam tydens media-onderhoude.

"Vir die res van die wêreld is dit ’n fladdering van vlindervlerke, maar vir my is dit ’n aardbewing" (168). V se lewe ontspoor. Vir jare worstel sy met die idee van slagofferskap, sonder om in staat te wees om haarself daarin te herken.

"Seksuele misbruik gebeur stadig maar seker, sonder dat ’n mens duidelik daarvan bewus is. Daar word nooit gepraat van seksuele misbruik tussen volwassenes nie. Daar is die uitbuiting van weerloses en kwesbares, soos oumense of gestremdes. Weerloosheid is waar die verskil lê. Daar is dieselfde ontkenning van realiteit: die weiering om jouself as ’n slagoffer te sien. Hoe kan jy toegee dat jy misbruik is, as jy nie kan ontken dat jy toestemming gegee het nie? Ek het gevoelens van begeerte vir hierdie volwassene gekoester, wat op sy beurt dit nie vinnig genoeg kon uitbuit nie" (163).

"Indien seksuele verhoudings tussen volwassenes en kinders jonger as 15 verbied word, hoekom word dit toegelaat wanneer die volwassene ’n fotograaf, ’n skrywer, regisseur of ’n skilder is?" vra Springora. "Dit wil voorkom of die kunstenaar tot ’n heel ander klas behoort, asof hy ’n wese van bomenslike deug is, aan wie ons onvoorwaardelike magtiging gee, en al wat ons in ruil verwag, is die voortbring van ’n oorspronklike, subversiewe oeuvre" (193).

Die bewaring van korrespondensie vir latere publikasie en die verewiging van die weerlose minnares op papier herinner sterk aan die liefdes-, woord- en magspel tussen die onaantasbare Brink en die kwesbare Jonker, hoewel meerderjarig.

"Mag ons Picasso se werk bemin ten spyte van die wyse waarop hy vroue behandel het?" vra Deborah Steinmair in haar Vrye Weekblad-artikel "Sy wás ’n klein maagd – bespiegelings oor sekspeste, genieë en André P Brink se spel van liefde" (24 Mei 2019). "Gelukkig is Hitler se skilderye swak en Steve Hofmeyr se liedjies schmaltzy, maar moet ons Wagner saam met die badwater weggooi? Mag net die moreel onaanvegbares skep? Is daar iemand op aarde wie se hande skoon is?" vra Steinmair.

In hierdie geval was die letterkunde ’n werktuig wat ’n belangrike rol in die uitvoer van die onreg gespeel het. Dit is hoekom Springora gevoel het Le Consentement is haar enigste uitweg: om die jagter in sy eie wip te vang en hom in ’n boek op te sluit.

"Deur te skryf het ek weer die hoofkarakter in my eie storie geword. ’n Storie wat vir te lank van my weggeneem is" (202).

Op 3 Januarie 2020 het die Franse vervolgingsgesag ’n ondersoek geloods en polisieklopjagte is op xGabriel Matzneff (83) se tuiste en die kantore van sy uitgewer, Gallimard, uitgevoer. Volgens die ondersoekendenuuswebtuiste Mediapart is daar beslag gelê op die kluis waarna hy in 2008 in media-onderhoude verwys het, waar daar glo tekste bewaar is wat hy as "te skandalig vir publikasie" beskou het. In ’n aparte regsaak sal Matzneff na verwagting op 28 September 2021 in die hof verskyn op aanklagte van "regverdiging van pedofilie" wat spruit uit sy reaksie op die bewerings wat Springora in haar boek gemaak het. Intussen het ’n tweede beweerde slagoffer na vore gekom. Francesca Gee het op 31 Maart in ’n openhartige onderhoud met die New York Times oor haar verhouding met Matzneff gesels. ’n Foto van haar as tienermeisie pryk op die voorblad van sy roman Ivre du vin perdu.

The post Vergewe die letterkunde alles? appeared first on LitNet.

Seen elsewhere: The kindness of Cradock’s foreign traders

$
0
0

Chris Marais writes on the Cradock Facebook page:

There are around 200 shops, tiny to large, that are owned by foreign nationals in Cradock. Moved by the plight of hungry people around them because of the Coronavirus pandemic, they decided to collect money and use their buying power to purchase goods for food parcels.

Within a week, they raised R53 000.

According to the organisers, Sohel Reza and Sheikh Diop, the traders come mostly from Bangladesh, Ethiopia, Ghana, Zimbabwe, Senegal, Nigeria, China and Pakistan. On 1 May they offloaded a large consignment of bread flour, sugar, tea, rice, yeast, baked beans, cooking oils, soy mince and washing powder, bought from Adami’s Powersave and E-lollipop, at Vusubuntu Centre in the Cradock township of Lingelihle.

Inxuba Yethemba Municipality ward councillor Lena Davids and Council chief whip Maria Nortje thanked the traders on behalf of the Joint Operations Committee. The goods will be added to donations by Tam’s SuperSpar, local dairy farmers and others, divided into parcels and donated to the needy.

Vusubuntu Centre outside Cradock’s Lingelihle township has become a distribution point for donations from foreign traders, dairy farmers, and Tam’s. All these goods will be put together in parcels by the Joint Operations Committee and distributed to the neediest via ward councillors.

Donations from Tam’s SuperSpar.

These are some of Cradock’s foreign traders, coming from countries like Bangladesh, Ethiopia, Senegal, Ghana, Pakistan, Zimbabwe and Nigeria.

Unloading bakkies full of food for those who have been left destitute by the COVID-19 pandemic in Cradock.

The post Seen elsewhere: The kindness of Cradock’s foreign traders appeared first on LitNet.

Alwyn Roux in gesprek met Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg

$
0
0

Hierdie artikel is ’n transkripsie van Alwyn Roux se gesprek met die veelbekroonde digters Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg wat op 28 Januarie by Exclusive Books in Menlyn, Pretoria plaasgevind het.

Goeienaand dames en here

Namens die Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap aan Unisa is dit vanaand vir my baie aangenaam om die veelbekroonde digters Loftus Marais en Nachoem Wijnberg hier by ons te verwelkom. Ek wil in die besonder ook vir Werner Mouton bedank, die bestuurder van Exclusive Books in Menlyn, wat goedgunstiglik die boekwinkel vir die geleentheid beskikbaar gestel het.

Loftus Marais debuteer in 2008 met Staan in die algemeen nader aan vensters, wat opgevolg word deur Kry my by die gewone plek aguur in 2012, en laas jaar verskyn sy derde bundel, Jan, Piet, Koos en Jakob (2019). Vir sy debuut ontvang hy nie minder nie as vyf toekennings, wat die Eugène Marais-prys vir poësie en die Ingrid Jonker-prys insluit.

Nachoem M Wijnberg debuteer in 1989 met die bundel De simulatie van de schepping, waarna hy 18 digbundels en ’n aantal romans publiseer. Literêre pryse wat Wijberg reeds ingepalm het, sluit onder andere die VSB-prys vir Het leven van (2009), die Jan Campert-prys vir Eerst dit dan dat (2005) en die PC Hooft-prys vir sy poëtiese oeuvre in.

Vanaand se gesprek fokus op die mees onlangse bundels van die digters, naamlik Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais en Afscheidswedstrijd deur Nachoem Wijnberg, albei in 2019 gepubliseer. Die uitdaging waarvoor ek te staan kom, is uniek, aangesien ek die twee bundels in hierdie gesprek met die digters by mekaar wil uitbring.

Loftus se bundel doen sigself voor as ’n bundel ekfrastiese gedigte waar die digter portretstudies maak van verskeie figure en gestaltes; Nachoem se bundel doen sigself voor as ’n reeks sokker- of voetbalwedstryde, waartydens die spreker voor ’n aantal benarde situasies gestel word. Die titel van Loftus se bundel plaas die klem – soos Kegan Gaspar tereg opmerk in sy resensie, “Cataloguing of honest mundanity in Loftus Marais’s Jan, Piet, Koos en Jakob, op name, benoeming, en deur die fokus op name, identiteit, waarvan manlike identiteit een van die fokuspunte is.

Die titel van Wijnberg se bundel, tesame met die doelhok en die stophorlosie op die voorblad, dui ’n sportster se laaste wedstryd aan, wat enersyds ’n eksistensiële situasie vooropstel, maar terselfdertyd resoneer met die belang van byvoorbeeld nasionale identiteit en sport. Dink byvoorbeeld aan hoeveel aandag ’n Springbokrugbyspeler soos Tendai “Beast” Matiwarira laas jaar geniet het by sy afskeidswedstryd – die Wêreldrugbybekerfinaal teen Engeland in Japan.

Met die fokus op die twee bundels word sport enersyds as ’n katalisator ondersoek wat die verhouding tussen sport en verskillende vorme van identiteit, byvoorbeeld Afrikaner-, gay- en queeridentiteit, vooropstel, en andersyds sport as ’n metafoor vir die lewe of eksistensie, wat uitgebrei word na die vraagstuk om byvoorbeeld nasionale en andere identiteite.

Alwyn: Om die gesprek af te skop, vra ek dat Loftus asseblief die gedig “SuperSport 2” op bladsy 76 sal lees, wat ’n beskrywing is van die speler van die wedstryd by die seremonie na afloop van die wedstryd:

Loftus:

SuperSport 2

sweet, sy voorkop soos ’n krans, jakobus kreatien
die blonde blok en sy volume moegheid
met ’n plattrek in die oë en mond: man
of the match, regstreeks ondervra net voor
die tjek. saggies angstig is hy, dit is in
sy skof se kromtrek, dié is nie jakobuswêreld nie.
gee hom eerder grass burn hamstring balspin
afstand meet met lyf. hy vee sy kuif, hy
skuif na linkerkuit, curriebeker-cotrapposto.
en die aanbieder-cum-kommentator sing sy lof.
jakobus mis die mondskermgemompel
op die vel. hy antwoord vrae, duidelik
net soos ’n standerdvierse engels-mondeling,
sy baard bos om clichés: “great all-round effort”
“yes we came out here to prove something” en dan
ook iets wat blink soos bangwees in die oë
“thank you thank you very much” en
in sy moersheid draf hy af, drié handelsmerke
oor sy tiete maar ten spyte van die victory
’n, wel, traagheid in sy heupe? asof lig gestraf.

Alwyn: Nachoem, ek wil graag dat jy “Afscheidswedstrijd” op bladsy 106 lees.

Nachoem:

Afscheidswedstrijd

Als je al een keer verloren hebt
word je er minder bang voor, maar wil je weten of je het een tweede keer
 uithoudt –
en zo verder. Zoals wanneer je een afscheidswedstrijd wil spelen om te
 weten of je het uithoudt
dat je na het einde van die wedstrijd niet meer zal spelen. Weet je niet dat
 er altijd

iets van overblijft dat je het donker instuurt
om het goed te maken? Je hoort zeggen dat je nog lang niet wil ophouden,
 alsof je net gezegd had
dat je dat zou kunnen. Elke wedstrijd is voor altijd, wordt nooit een
 andere, je kan hoogstens zeggen
dat het je afscheidswedstrijd is

en dan hoor je, wat jammer dat het deze is. Als een klein meisje of een
 gastvrouw
tussen jou en wie dan ook moest kiezen
zou zij tegen jou zeggen dat het laat was. Denk je dat jullie daar iets voor
terug kunnen krijgen,
uitgenodigd worden om te spelen

tegen wie hun afscheidswedstrijd niet willen verliezen? Maar tegen jullie
 spelen
is toch als tegen niemand spelen,
is dat geen belediging
van wie afscheid neemt? Maar als jij afscheid neemt zou je op die avond
wel tegen niemand willen spelen.

AR: Nachoem, baie dankie dat jy vandag die tyd geneem het om met ons te kom gesels oor jou werk. Die bundel heet Afscheidswedstrijd en plaas die klem op ’n sokkerspeler se laaste wedstryd in sy professionele loopbaan. Benewens die bundeltitel, heet nie minder nie as 23 van die 106 gedigte in die bundel ook “Afscheidswedstrijd”. Waarom juis dié titel?

NW: Laat ek eerder in Engels praat, maar as julle wil hê sal ek Nederlands praat; Afrikaans is wel te moeilik vir my.

  • Teks is vertaal

Om te praat van dinge wat te moeilik is vir my – dit is duidelik dat om nuwe titels uit te dink, gans te moeilik is vir my. Wanneer ek een kry, gebruik ek dit soveel as moontlik. Ja, ek bedoel behalwe nou vir die ware rede, is die feit dat die titel meer gereeld terugkom, help dit om die bundel te struktureer. Alhoewel dit gedigte verskillend is, is hulle heel empaties aanmekaar geskakel deur hierdie titel en jy skep ’n konstruktiewe struktuur van die bundel as ’n geheel deur dieselfde getitelde gedig wat verskeie kere daarin voorkom. Behalwe dit, is dit ’n mooi, patetiese titel, want hierdie boek leun swaar op die patos. Ek het probeer om dit in die verlede te vermy, maar hier wou ek die meeste van die patos gemaak het. Dit is ’n bundel oor sokker, maar soos sommige mense reeds oor gekla het – daar is nie regtig enige sokkerwedstryde in die bundel nie; dit is oor mense wat sokker speel, sekerlik die slegste speler van enige span en deel van ’n span wat altyd verloor. En dan wil jy jou afskeidswedstryd vier! Dit is ’n voortdurende tema. Indien jy dit so struktureer, word die bundel – tussen my bundels immers – nogal besonder omdat dit ’n rigiede formaat of struktuur het. Elke gedig is vier keer vier reëls en somtyds ’n bietjie te lank vir die bladsy vir ’n baie streng struktuur vir elke gedig. Hoe rigieder die struktuur, hoe meer patos is daar vir jou gebruik. Jy kan skreeu en huil in ’n opera as improvisasieteater, waar dit gouer ’n verleentheid word. Ek het nie te lank hoef te gedink het oor die titel van die bundel nie. Ek het net een klein Suid-Afrikaanse storie ingesluit, omdat ek by die Bloemfonteinkunstefees gaan wees in julle winter, ons somer. Dit is die enigste gedig van hierdie bundel wat in ’n klein reeks van vertalings vir die fees vertaal is. Ek het eers probeer om hierdie bundel te bemark – dit gaan oor sokker, dit is populêr, ens. Miskien as dit oor rugby gegaan het! Soos julle met hierdie gedig gemerk het, dit het nie die minste te make met sokker nie. Dit kon net sowel oor rugby gewees het.

AR: Loftus, baie dankie dat jy vandag hier by ons is. Jy betrek ’n frase van Ernst van Heerden se gedig “Die bokser” as voorwoord tot hierdie bundel. Ek haal aan: “Wat is die man wat roerloos lê, / wie’t ’n bekende naam gesê?” Waarom juis dié aanhaling van Van Heerden as motto tot die bundel?

Nachoem M Wijnberg (Foto: Lukas Gobel)

LM: Wel eerstens, ek het die name om ’n rugbybundel te skryf, duidelik ... [gelag uit die gehoor]. Dalk moet ek daaraan dink! Ek lees elke nou en dan Van Heerden en toe ek nou besig was met die bundel, het dit uitgespring en dis eintlik vir my moeilik om te sê hoekom, want jou motto-aanhaling moet nie vir ’n enkele rede daar geplaas word nie. Dit moet half so vibreer. Hulle moet verskeie dinge aktiveer en dis meer ’n atmosfeer om die aanhaling, so ek gaan nou nie al die puntjies neersit nie, maar daar was iets van ... Ek dink my vorige twee bundels was, het nie regtigwaar soseer in gesprek getree met ’n ou tradisionele Afrikaanse taal nie. Terwyl daar was iets in daai gedig oor sport en oor manlikheid en oor die bekende en oor die oue dit wat verby is, dit wat dood is, daai tipe van dinge wat my ook aangegryp het. Jy weet, dit is ’n bundel wat mens gaan opsoek as jy belangstel in name. Watter name is soort van Afrikaans, vol van ons uitdrukkings en so, en hierdie vier name is vier name wat idiomaties baie ryk is en waarmee mens lekker kan speel. Jy het ’n “gut”-reaksie met motto quotes. Daar was tot op ’n baie laat stadium ’n motto uit Star Wars uit ook, maar dit het ek het op die ou einde gedink gaan nie werk nie.

AR: Kan ek vra wat dit was?

LM: Man, dit is iets soos Obi-Wan wat sê: “I haven’t gone by the name of Obi-Wan since, oh, before you were born.” Dit is drie taamlik hoë literêre aanhalings waarmee die bundel begin en op ’n vroeë stadium het ek gedink ek moet dit net breek ’n bietjie. En as jy ’n quote uit Star Wars uit daar gaan sien, dan gaan daar ’n tipe van ’n breuk gebeur. Maar toe het die bundel met sy koeklikheid en die ou Afrikaans so amper gevra vir daai literêre spanning reg aan die begin.

AR: Nachoem, wat vir my besonder interessant is van jou gedigte, is die vorm daarvan. Elkeen van die gedigte bestaan uit vier strofes met vier reëls – soos jy reeds genoem het. Dit lyk bykans vir my asof elkeen van die gedigte op ’n ruimtelike wyse probeer om ’n sportveld na te boots of selfs iets van die tydsindeling na te maak. Het jy ’n spesifieke doelstelling gehad met die uiterlike vorm van die verse?

NW: Wel, hierdie is goeie nuwe idees! [gelag uit die gehoor] Ek moet sê, in die meeste van my boeke is daar ’n aantal strukture wat gebruik word. Hierdie boek is besonder rigied, maar dit groei natuurlik. Ek het ’n paar van die gedigte oor onderwerpe geskryf of selfs gedigte wat in die bundel geëindig het met heeltemal anderse vorme en dan het dit gewerk in hierdie baie rigiede vier keer vier. [...] Baie stewig gestruktureer, wat, weer eens, nie soveel dat ek gedink het dat mens die vorm van ’n sokkerveld kan visualiseer nie, maar dit is omdat ek soveel van hierdie patetiese frases gebruik dat dit vir my maklik geraak het om dit in hierdie uitermatig rigiede vorm te plaas. In elk geval, in poësie kan mens ook klassieke rymende sonnette skryf waarvan jy weet dat die strengheid van die vorm so moeilik is dat jy meer persoonlik, meer pateties, baie meer ... omdat die vorm dit meer toelaat as ’n basiese vrye vorm.

AR: Loftus, jy eksperimenteer self ook met vorm in jou gedigte soos blyk uit die reeks Shakespeariaanse sonnette getitel “Shakespeare, sonnet #1” op bladsy 14 en “Die groot digteres probeer parkeer” op bladsy 15. Sal jy asb laasgenoemde gedig vir ons voorlees en dalk noem na wie die gedig verwys?

LM:

Die groot digteres probeer parkeer

ons bejaarde digteres se 93-corolla is in trurat voor haar
uitgewer se toringblok, sy’s vir haar afspraak
net betyds, maar in die reghoek skeef en ook benoud
want parallel parkeer is moontlik die sonnet van karbestuur,
vormvastheid, en o mis sy al die koringsvelde,
einders, plaasbesitterskalmte van haar gedigte? hiér is dit
slegs meet en weer probeer, haar frons en infra-
struktuur in truspieël (landskap as portret?),
koppelaar en hofskoen, rat wat krap, beroomde vingers
om die stuur en dan die diep spondee van twee
stámpe met die band teen randsteen, hemel help,
terwyl die oggend se verkeer in sag bebriekligte enjambemente
werk toe gly, gee sy uiteindelik op: bumper tot doer
oor die teer en koos die karwag skree
vir hierdie hertzogwenner: “ek checkit vir jou, my miesies!”

Loftus Marais (Foto: verskaf)

Ja, iemand het vir my die storie vertel in kleur en geur, van dit wat werklik gebeur het. Jy hoor so ’n storie en dan dink jy dadelik oepsie hier is ’n gedig nou. Want daar is iets van hierdie digteres wat so in voeling is met haarself in die ou digterlike wêreld en daai kontras met jy weet sy moet nou in die wêreld van werklikheid en meganika, die day-to-day jy weet, die banale funksioneer en daai spanning wil jy onmiddellik daaroor skryf.

Jy weet daai goeters wil jy onmiddellik laai met politieke goeters, metafiksionele kommentaar die hele toetie as jy sou wou, maar ag, dit was net mens hoor iets of sien iets en dan dink jy dadelik o daar gebeur iets en dit was maar net ’n werklike literêre skinderstorie wat iemand aan my oorvertel het. X het nou die dag voor NB se gebou probeer parkeer. En toe jy weet en jy weet selfs ’n skinderstorie is goed genoeg vir ’n gedig. 

AR: Nachoem, die verse in Afscheidswedstrijd begin meestal met ’n sekere situasie op die sportveld wat konkreet van aard is, maar dan al meer filosofies of absurd van aard word. Ek dink spesifiek aan “Einde van het seizoen” op bladsy 9. Stem jy saam met hierdie stelling? Sal jy asb vir ons hierdie gedig voorlees en miskien kommentaar gee op die skryfwyse?

NW: Ek dink ek het ’n Engelse vertaling van die gedig.

End of the season

It is getting dark earlier and earlier, but that must also stop and turn
     around,
continue in another direction,
tilted back to the sun wiping out all the results. Saddened by what
     goes by
and you can't do anything about it (as if you want to know for sure,
although it makes it deeper,

not to regret it later). Like, you count the days until you can go back
and if that is in two days
you think tomorrow is the last whole day i have here. Like, tomorrow
     is the last day
that I will see the sea this summer. Like doing something quickly

because it may be the last time. Your schedule on the wall,
the matches which you have already lost
crossed through, like a prisoner his days. Maybe a new season has
     already begun,
but they didn't tell you anything,

afraid they were that you would start to run with your eyes closed.
     Whoever wants can start the season
with a match about almost nothing,
the winner gets a cup and who sees it dare not ask, what was it for?
      You might as well ask
what the seasons are about.

Ek dink dat die meeste van die gedigte ... as jy mense by ’n gedig wil betrek, moet jy so eenvoudig as moontlik begin. En dan, vir my is gedigte soos ’n aantal argumente gee. So natuurlik, dit is soos van elke punt word vrae opgelig, moontlikhede word oopgemaak en dan kry jy twee dinge wat jy meer “filosofies” noem. Maar ek weet nie eens nie, daar is baie konkrete beelde regoor hierdie spesifieke gedig – ek meen dit eindig op ’n baie konkrete manier weer eens. Behalwe vir die laaste sin, wat ’n baie patetiese frase is: “You might as well ask what the seasons are about.” Ek meen, daai tipe sin wat ek nie myself sal toelaat om in ’n normale gesprek te uiter nie. Dit is hierdie tipe goedgestruktureerde gedigte wat dit toelaat.

AR: Ek merk ook ’n sekere patos wat jy vroeër genoem het, byvoorbeeld “Like, tomorrow is the last day / that I will see the sea this summer”. En dan is daar omtrent ’n tipe nostalgie wat mens oorkom.

NW: Hierdie afskeidswedstrydtema is soos ’n “shopping cart of triggers”; dit is, jy gaan deur die supermark van dinge wat eindig, dinge wat doodgaan, dinge wat nooit weer terugkom nie, die onherstelbare verlies, ek meen dieselfde tyd is dit ’n afskeidswedstryd, dit is die laaste wedstryd van die persoon wie se afskeidswedstryd dit is, ek meen in ’n professionele situasie, is dit die laaste keer dat toeskouers hierdie persoon sien, en as dit ’n persoon is wat altyd verloor, dit is die laaste keer dat jy die persoon ... as mense seker is hulle wil hulle afskeidswedstryd wen, dan gaan hulle jou uitnooi, want dit is so ’n ramp as jy jou afskeidswedstryd verloor.

AR: So dit word telkens ook eintlik ’n tipe ondermyning, elke gedig van die glorieryke afskeidswedstryd?

NW: Ja, ek meen, ek ken eintlik ’n hele klomp regte afskeidswedstryde – ek is nie eers ’n groot sportsaanhanger nie – en die grootste Nederlandse sokkerster het ’n baie tragiese afskeidswedstryd beleef. Dit is nie in hierdie boek nie, want ek bespreek nie enige regte wedstryde nie, behalwe een – ek het dit moontlik in Engels ook. Dit wys my onbevoegdheid as passiewe verbruiker van sokker. Die grootste oomblik van Nederlandse sokker – hulle het drie wêreldbekerfinale verloor, maar die eerste was die ergste, want hulle was veronderstel om dit te wen. Ek onthou, want mense het nog sekerlik nie in my familie sokker op die televisie gekyk nie. Dit was die vroeë sewentigs. Dit was nie heeltemal betaamlike of opgevoede mense wat so geïnteresseerd was in sokker nie – dit het later gekom, maar ons was op familievakansie êrens in Frankryk en ons het net gesien van die koerante dat die Nederlandse span goed besig was om te wen, wen, wen. En toe die finaal gespeel word, was ons êrens in ’n hotel met ’n swembad en my pa het na die swembad toe gegaan. En toe kyk ek net gou op die televisie ... ek het die televisie aangeskakel. Die wedstryd het begin en in die eerste twee minute het net die Nederlanders die bal gehad en ’n strafskop gekry, en het ’n doel geskop. Totale oorheersing deur die Nederlandse span. Toe die TV afgeskakel en het weggestap en vir my pa gesê hulle wen al weer, maar natuurlik het hulle uiteindelik 2-1 verloor. Dit is die enigste konkrete wedstryd in die bundel. Nou laat ek die gedig kry om hierdie sage af te sluit:

De finale van vierenzeventig

Je wist niet meer dan drie of vier namen
van wie op het veld stonden,
zoals van wie een paar uur in het huis was
om zijn werk te doen. Meneer zo en zo is de loodgieter en meneer zo en zo
is de boekhouder,

je keek niet naar hen als ze hun werk deden 
en niet als ze hun lunch aten. Op zijn vrije dagen is meneer zo en zo een 
doelman 
die niet duikt als hij denkt dat hij het nog kan belopen 
en als hij denkt van niet is het al te laat en meneer zo en zo komt pas in de 
middag

omdat het zo’n mooie dag werd 
om te gaan vissen. In de zomer van vierenzeventig had je geen van de 
wedstrijden gezien, 
maar op de middag van de finale 
zette je de tv aan in een hotelkamer in Frankrijk. Je keek naar de eerste 
minuut,

en zette de tv weer uit, 
liep naar het zwembad 
en zei tegen je vader: ze hebben weer gewonnen (en later kan je zeggen, 
naar mijn verlies 
hoef je maar een minuut te kijken om te zien dat je je niet vergist had).

AR: Terug op die sonnette, Loftus. Dit is die gedig “Wit man” op bladsy 16 wat die oog vang. Hierdie gedig kan gesien word as ’n sonnet wat uit sestien reëls in plaas van veertien reëls bestaan. Sal jy asb hierdie gedig vir ons voorlees?

LM:

Wit man

 die eienaars kan nie 
name soos chachista of towaijo uitspreek nie 
noem hul slawe januarie of fortuin

spring vorentoe, meer as 200 jaar

my ma se naaldwerk wen ’n prys
in 1960 op die paasskou
waar verwoerd geskiet word

en nou

hoekom hou ek daarvan om my oom
te haat? hy, op sy dag atleet en republieksoldaat
vandag ’n alkoholis en vroueslaner

geskiedenis
banaal en boos en naby soos familie

wat bly oor, ’n pap sonnet as selfverset?

of dalk ’n opsê? moensat, nkalo, okoragwe, nalk.

AR: Hierdie sonnet laat sien die spreker se wroeging met wit bevoorregting in die geskiedenis van die Suid-Afrika waarvan hy in die hede deel uitmaak. Wat my interesseer, is die verhouding wat vooropgestel word naas die wending in die negende versreël van die gedig: “hoekom hou ek daarvan om my oom / te haat?” Waarvan is die woede sprekend? 

LM: Sjoe, ek dink dit is ’n enorme vraag. Vir ’n wit Afrikaanse man om soort van ...  Daar is ’n ander gedig waar ’n ou omie in die Virgin Active met my geselsies maak en ek is net so geïrriteerd met hierdie man, en die gedig eindig waar ek agterkom hy het ’n moesie gehad op presies die plek waar ek ook een het. Die oomblik waar ek my oom kan haat, die soort van wêreld waaraan hy deelgeneem het, en die verkeerde besluite wat hy geneem het, maar hy is my oom en ek is ook ’n wit man en ek is op een of ander manier ook aandadig aan hierdie geskiedenis wat hom uitspeel – vandag ook nog. Maar dis vir my belangrik om te sê ek geniet daai haat, maar this is what we are stuck with, so what do we do now? En ek het nie ’n antwoord daarop nie, behalwe om soort van meer as net die geskiedenis te ken of bewus te wees daarvan om dit op te noem om dit soort van te erken, om soort van die persoonlike haat daarvan te identifiseer. Ja, dit was net, jy kan nie ’n bundel probeer skryf oor Afrikaanse naamgewing en nie teruggaan na waar daar ’n gevestigde geskiedenis is van waar ons selfs dit ook gebruik het of voorsate lank terug om mag uit te oefen nie. En dit is soort van net ’n paar gedagtes daarrondom. Maar dit is ’n moeilike ding. Jy kan nie ... vandag is dit so ’n moeilike onderwerp om oor te skryf, want ek dink baie resensente of akademici of lesers soek vir ’n half politieke onderrok wat uithang – oe daai was ’n baie “wit” ding om te sê, oe daai was ’n baie “manlike” ding om te sê – en dit was vir my baie belangrik om nie daai stem, daai identiteitspolitiekstem te hê in my kop wanneer ek skryf nie. Ek wil skryf hoe ek die wit Afrikanerman waardeer op verskeie maniere – patetiese manier, definitief ’n seksuele manier. So ek wil nie ... daai is die verste wat ek sal kom met een of ander sweeping judgement in die bundel. Want ek dink daar is baie meer poësie in die ingewikkeldheid van die situasie te erken – dit is my familie, dis my familie, dis my geskiedenis.

 AR: Nachoem, in 2010 het Nederland in die finaal van die Wêreldsokkerbeker in Suid-Afrika teen Spanje gespeel. Die meeste van Suid-Afrika was sterk onder die indruk van die Nederlandse span, maar helaas het Nederland in ekstra tyd met een doel teen nul die onderspit gedelf. Die relasie tussen sport en nasionale identiteit is ooglopend ten tye van wêreldbekertoernooie. Dít is dan ook die strekking van die gedig “Kampioen van de wereld” op bladsy 98. Sal jy die gedig vir ons lees?

NW:

 Kampioen van de wereld

Hoe Nederlands moet je zijn
dat een Nederlander denkt dat je voor Nederland speelt
terwijl je voor een ander land speelt? Zoals je de eer
van een ander kan verdedigen omdat jij wél satisfaktionsfähig bent en klaar
      kan gaan staan

waar je je kan laten verwonden. Zoals wanneer na zoveel nederlagen
      iemand zo oud als jij
naar het front gestuurd wordt
en als de achttienjarigen je zien in hetzelfde uniform als zij
raden ze hoe veel hoop er voor hen is. Als van wie al het gras van
     Nederland was

blind was en niets kon laten zien
zou hij oud geworden spelers van ver weg in jullie plaats opstellen en ze
      zoveel van het veld beloven
als waar zij een dag en een nacht op konden zitten
alsof ze verloren hadden. Je vraagt waarom hij dat zou doen? Omdat hij
     dacht

dat als alles om jullie heen instortte
jullie nog steeds met vlaggen zouden willen zwaaien
en jij – hij weet dat jij nooit met een vlag zwaait – zit stil op het gras alsof je
     net gehoord hebt
dat je dat niet langer mag blijven doen.

AR: In die openingsreël vra die spreker op ’n triviale wyse hoe Nederlands jy moet wees vir ’n Nederlander om te dink jy speel vir Nederland terwyl jy eintlik vir ’n ander land speel. Die antwoord, vermoed ek, heel oortuigend, maar hierdie sentiment word verder uitgewerk in die tweede strofe as deel van agtienjariges wat na die voorste linies gestuur word om volk en vaderland te verdedig. Wat is die relasie tussen sport en nasionale identiteit, en is dit die digter se rol om kommentaar op hierdie tipe soort verwronge sentiment te lewer?

NW: Sport illustreer op ’n baie eksplisiete wyse die vreemdheid van die entiteite waarvan jy jouself deel ag en deur wie jy jouself laat representeer deur die entiteit. Dit kan vreemd raak. Dit is so normaal dat ek nie voel dat ek nie meer per ongeluk gesien word as deel van die Nederlandse nasionaliteit nie. Hierdie gedig het ek ook in my kop want een van die sterspelers, ’n aantal van hulle was gebore in Nederland, maar omdat hulle ouers van Marokko afkomstig is, kan hulle ook vir Marokko se nasionale span speel. Daar is ook ’n klomp vreemde besprekings aan die gang oor hoeveel jy van hierdie mense moet verwag – hulle moes deur Nederlandse skole gegaan. Mense van Marokkaanse afkomstig word somtyds teen gediskrimineer in baie kontekste. Maar nou word die ou wat besluit om vir Marokko te speel in stede van die Nederlandse span, gesien as ’n verraaier van die vaderland. En dan is daar spelers in ander spanne omdat hulle Nederlandse ouers het en dan moet ons skree vir die Kanadese yshokkiespan omdat dat daar mense in speel wat vier Nederlandse grootouers het. Ek bedoel as Kanada speel teen byvoorbeeld Swede, nou representeer Kanada ons, omdat hulle Nederlandse grootouers het. En ek meen die vreemdheid van die een anekdote van my universiteitslewe: Ek het die studiebegeleiding van ’n PhD-student behartig – ek het ’n hele aantal studente reeds begelei – maar op een punt het ek ’n student van Sumatra in Indonesië begelei. Hy was nie ’n tipiese persoon van Sumatra gewees nie, want sy familie is Christene, en nie net Christene nie, maar Lutherane. So daar is ’n minderheid binnekant ’n minderheid binnekant ’n minderheid. Gedurende die 2010-kampioenskap het ek in sy kantoor ingeloop en toe ek daar inloop, sit hy in ’n oranje Nederlands T-hemp en toe vra ek hom of hy bloot dit dra om vir mense te sê dat hy bly is om daar te wees. Toe antwoord hy: “Nee, my familie in Sumatra het altyd die Christelike spanne ondersteun” en wat hulle onder “Christene” verstaan het, was “nie-Katoliek”. So dit was eintlik Nederland en Duitsland wat gesien was as die “Christelike spanne”, want dit is gewoonlik die Christelike spanne in ’n kampioenskap. ’n Groot gedeelte van hulle familie het Duitsland ondersteun, maar hy het Nederland ondersteun lank reeds voordat hy Nederland toe gekom het. Hy was net besig met sy natuurlike ondersteuning van soos normaalweg. So ja, om weer te dink oor iets so eenvoudig soos sokker, stel die dinge op ’n soms swaar en moeilike wyse op en dit maak dit moontlik om daaroor te dink en te skryf, want jy weet hoe ernstig mense dit opneem.

AR: Die gedig “SuperSport 1” op bladsy 75 fokus dan ook op die skare tuis hier in Suid-Afrika by ’n rugbywedstryd. Hierin sien mens ook die digter se taak in die wyse waarop hy die samelewing se beheptheid met sport aan die kaak stel. Loftus, sal jy asb die gedig vir ons lees? 

LM: 

SuperSport 1

 uit die vol kolk van die stadion kan regstreeks
hierdie stukkie aanhangergevreet sigself soms
aanmeld deur die skote/snye van die skare, gras en
handelsmerke: ondersteuner wat die veld bekyk.

verstaan, dit maak die game persóónlik so in
af momente van verveling om ’n piet aanskouer
te aanskou, of jy ’n bloubulhoringhoed
óf gesigvers langs sy chemies blonde vroutjie dra

– totdat hy of dalk sy pel langs hom besef hy’s op
die big screen gots. ’n kleine kroningslegtigheid
van uitsaai-elektronika. en dan besef die regisseur
die halfdronk ref-uitskeller raak nou opgewek
en sny dan terug voor oë rek en vingers vet
begin te wys. ons sien die orde van die telbord
maar die arme gek bly in my tv-kykerkop.

is ydeljeidjies altyd grillerig? en hoekom vier ons
daardie splitsekond van self herken?
ons skree, ons smile en ons gaan wen

AR: Nachoem, jy stel die sokkerspeler/leser voor ’n ander dilemma. As jy ’n standbeeld van jouself kon maak, hoe sou dit daar uitsien – die negende gedig met die titel “Afscheidswedstrijd” op bladsy 39. Sal jy dit asb. vir ons lees?

NW:

Afscheidswedstrijd

Als je een klein, nauwelijks lijkend standbeeld
van jezelf kan krijgen,
met de bal op de schoen,
alsof je in de punt van de aanval speelt, zoals wanneer je staat waar de zee
      links en rechts voorbijkomt,

wil je het in gesmolten en weer koud geworden metaal, zoals op de deksel
      van een beker
die je zo ver als je kan in de zee gooit
of een soldaatje in een doos van twintig die je over een leeg veld naar voren
     kan sturen,
elk zijn bal achterna? Toen je nog niet oud was werd je de bekercompetitie
     uitgelegd,

hoe kleiner de club, hoe meer rondes ze moeten spelen tot de finale. De
      grote beginnen pas
als er nog maar weinig kleintjes over zijn
en de grootste beginnen pas vlak voor de avond
van de laatste wedstrijd. Er zijn clubs die enkel nog in de vroege rondes
     van de beker

van jaren later zijn. Een club die jou opstelt zou lang geleden begonnen
      moeten zijn,
zoals licht van voordat er sterren waren dat je ’s nachts nog ziet. Als je ooit
     iets gewonnen hebt                       
heb je een beker die je meer dan al het andere liefhebt
en waaruit je elke dag drinkt.

AR: Baie dankie vir die gesprek.

The post Alwyn Roux in gesprek met Loftus Marais en Nachoem M Wijnberg appeared first on LitNet.

Review: Sing down the stars by Nerine Dorman

$
0
0

Sing down the stars
Nerina Dorman
Publisher: NB Publishers
ISBN: 9780624087489

Epub ISBN: 9780624087496

Sing down the stars is a novel that takes place on a distant planet in the far future, where people with colour-changing skin and facial tentacles are commonplace – but, in steps our heroine, Nuri, a girl considered to be a freak for having pointy ears. If you are both unbothered by this irony and intrigued by the above line – my favourite in the book – then this tale of found family and embracing identity might be your next read.

Nuri believes that her fate is never to be anything more than "space trash", but one day a strange telepathic call beckons to her, leading her towards a once-in-a-lifetime opportunity she couldn’t have conjured up in her wildest dreams. But, to fulfil her destiny, she must first prove herself against the Chosen, a group of elite students, advanced in intelligence and combat training – as well as wealth – as they all compete for the prestigious chance to bond with a Star Jumper nymph in the coming emergence and become one of the most powerful and respected figures in the galaxy – that is, if it’s even her destiny at all.

Sing down the stars kicked off with a mediocre start, drastically shifted in pace between breakneck and positively glacial throughout the middle – becoming particularly frustrating in one section, where the main character would find herself in the hospital every few pages – and turned into Dorman finally finding her stride from the eighteenth chapter onwards, finishing on a high note – though the final chapter did feel somewhat rushed in places. My personal belief is that enough had been left unanswered to lure the reader into desiring the sequel being set up by the eventual cliffhanger ending, but instead of leaving it at that and keeping her audience on the line for a bit, Dorman instead decided to give several hurried explanations, leaving us with far less to wonder about and making the idea of a sequel somewhat less appealing than it had been a chapter before.

My biggest concern with the novel, however, is that it seems not to know what it wants to be. The author markets the book as homage to the sci-fi epic franchise Star wars, but is more concerned with describing petty high school rivalries between the "Nasty Girls" and the classic outcast protagonists, than really taking any time to explain what exactly the function of a Star Jumper is.

Though the sticker on the back may say "Young adult", I am inclined to believe that the heroine’s age and childish mannerisms, as well as those of her friends, point towards a much younger target audience. It is the style of writing, not the subject matter, however, that likely pushes the novel up a few age brackets, Dorman choosing to litter her pages with random bursts of over-the-top vocabulary that feel out of place in an otherwise fairly simple style of storytelling.

There is, of course, nothing wrong with a simple story and style of writing; in fact, the book seems to draw many parallels with other famous works of the same genre that have found so much appeal with teenagers over the last 15 or so years. Dorman certainly plays on the tropes often associated with YA big names, to the point that one might not be too bold in thinking that Sing down the stars holds the potential to become South Africa’s own Divergent.

The question is not one of Dorman’s capabilities as a writer; she shows ample ability to capture her reader’s attention, and shines especially in her fast-paced action sequences. The problem lies within her ability to hold said reader’s attention. The book’s "chosen one" plotline often struggles to feel unique, and therefore is not as engaging as the author may hope it to be, instead subjecting us to convenient plot devices, one-dimensional side characters and a typically flawless heroine, making any scene not drenched in action rather boring to drag through for anyone above the age of 14.

My general consensus is that the book, though not perfect, contains an interesting backdrop for an okay story, but would have worked much better if aimed at a 9–12 demographic.

The post Review: <em>Sing down the stars</em> by Nerine Dorman appeared first on LitNet.

Hokaai met jou barmhartigheidsprojek!

$
0
0

Wees regseker ... maar hoe?

In hierdie dae is ons op ’n ongekende vlak aan mekaar se welwillendheid en barmhartige instinkte uitgelewer. In die atomistiese eietydse toestand, waar inpalm en selfverryking ten alle koste steeds aan die orde van die dag is, leer hierdie tye ons dalk om vir ’n slag die waarde van mededeelsaamheid en gasvryheid van voor af te besef. Ons sien dade van menslikheid in hoe mense wat skaars iets van hul spaargeldjies oor het, steeds volhou om hul werknemers en huishulpe te betaal. In die armste gemeenskappe staan oumense hul laaste snye brood aan kinders af, sodat die jonges hierdie ongekende nood kan oorleef. Vir baie mense is dit moeiliker as ooit om ’n waardige bestaan te voer.

Opvallend baie mense het ook die verdere myl geloop. Ek sien toenemende kennisgewings en advertensies van persone of organisasies wat die een oulike fondsinsamelingsinisiatief na die ander publiseer om sodoende met noodverligting te help. Dit is egter nie net goedgesetelde of welbekende noodlenigingsorganisasies wat help nie, maar ook gewone burgers, wat met alles van kreatiewe kompetisies tot vreemde uitdagings en veldtogte om skarebefondsing na vore kom. Al hierdie inisiatiewe wys Suid-Afrikaners is iets besonders. Ons is ’n tawwe klomp wat deurgaans planne maak.

Mense moet egter bedag wees op wat die reg van ons verwag wanneer ons die publiek vir geld vra. Ek het reeds met ’n paar kennisse en vriende gesels en namens hulle navorsing gedoen oor die regsimplikasies van fondsinsameling.

Dit help regtig nie om vervaard en passievol aan ’n projek te begin werk sonder dat jy die reg geraadpleeg het nie. Dit mag dalk so wees dat min gesagsfigure tans tyd het om na te gaan of elke geldinsamelaar die letter van die wet nakom, maar sê maar jy is die ongelukkige slagoffer van ’n magsbehepte burokraat? Daarby is dit ’n ou regsbeginsel dat jy nie, selfs al is jou motiewe hóé suiwer, jou tekort aan regskennis kan pleit as jy in die sop beland nie. Tree eerder so korrek op as wat die reg van jou verwag, dan is jou risiko minder en kan jy jou broodnodige barmhartigheidsplanne voluit uitvoer. Pak jy jou projek vol idealisme aan en vergeet jy van jou regspligte, is die gevolg dat skenkers, deelnemers en bestuurslede gou-gou in mekaar se hare is!

Ek stel dit egter onomwonde dat hoewel ek ’n regsnavorser en LLM-kandidaat is, ek met hierdie stuk geen professionele regsadvies gee nie. Ek bespreek bloot die toepaslike regsbronne, hul voordele en die probleme wat daaruit kan opduik na die beste van my eie navorsing. As jy twyfel oor jou projek se regsposisie, stel ek voor dat jy so gou doenlik ’n prokureur spreek.

Nou ja, kom ons begin. Ons het vir doeleindes van hierdie bespreking twee regsbronne wat barmhartigheidsprojekte betref. Die eerste is wetgewing, wat ons vernaamste bron van regsreëls is wat jou organisasie, span of inisiatief betref. Die ander is die gemenereg, wat al die regsreëls is wat nie in wetgewing vervat is nie, maar eerder in ons Romeins-Hollandse-reg-bronne en hul toepassing in regterlike bevindings (regspresedent soos in hofverslae vervat). Jy kan volgens die gemenereg óf staande wetgewing jou inisiatief van stapel stuur. Dit hang egter van jou kapasiteit en jou aptyt vir papierwerk af.

Wat die gemenereg betref, kan ’n minimum van drie mense besluit om ’n vrywillige vereniging te stig waarvan die oogmerk nie is om wins te genereer nie. Die gemeenregtelike posisie maak dit maklik om saam met jou buurman en sy vlytige vrou ’n gedugte span te vorm. Julle kan jul Push-ups vir Ponde-veldtog so stig, mits die vormende ooreenkoms mondeling of op skrif aangegaan is. Natuurlik is dit beter om die ooreenkoms skriftelik op te stel. Nie net sal dit vir skenkers makliker wees om die inisiatief te vertrou weens die duidelikheid en deursigtigheid wat skrif verleen nie, maar dit sal ook aansienlik makliker vir bestuurslede wees om mekaar verantwoordbaar te hou.

Ingevolge wetgewing kon jy tot 1997 ’n “fondsinsamelingsorganisasie” (voorts FIO) ingevolge artikel 4 van die Wet op Fondsinsameling 107 van 1978 stig. Hierdie tipe organisasie het toestemming gehad om “bydraes” van die publiek te vra. ’n Bydrae word in die 1978-wet gedefinieer as enige bedrag geld of item wat in geld omgeskakel kan word en wat nié ter voldoening aan regsplig oorgedra word nie. Die oordrag van ’n “bydrae” gee ook nie die reg om teenprestasie (enigiets in ruil vir die bydrae) te eis nie, behalwe as die bydrae jou die geleentheid bied om ’n prys te wen ingevolge ’n verwante kompetisie, skema of speletjie. Die definisie van bydrae sluit donasies en geskenke in.

In 1997 is die Wet op Nie-Winsgewende Organisasies gepromulgeer. Dié wet, afgekort op Engels as die NPOA (Nonprofit Organisations Act), skep die geleentheid vir organisasies wat binne die definisie van ’n niewinsgewende organisasie (NWO) val om vrywillig te registreer. Geregistreerde NWO’s kan makliker aansoek doen om bankrekeninge te open, kan belastingvoordele aan skenkers bied, en weens die wet se publikasievereistes is hulle deursigtig en verifieerbaar. Natuurlik is die burokratiese rompslomp en papierwerk onnodig as jou projek net vir ’n kort tydperk noodleniging wil bied. Jy kan natuurlik ook ingevolge die Maatskappyewet ’n niewinsgewende maatskappy op die been bring, maar dit is gans te veel moeite vir gewone burgers wat net vir ’n beperkte tydjie hul paar druppels in ’n emmer wil stort .

’n Interessante kwessie duik op indien ons oorweeg tot watter mate die 1978-wet deur die NPOA herroep is. In artikel 33 van die NPOA word bepaal dat hoofstukke I en III van die Wet op Fondsinsameling herroep word tot die mate waarin daardie hoofstukke van toepassing is op FIO’s en ander organisasies wat in daardie hoofstukke bespreek word. Hoofstuk II van die Wet op Fondsinsameling beheers ’n bepaalde groep noodlenigingsfondse, soos die Disaster Relief Fund en die South African Defence Force Fund, alles fondse wat deur die staat vir spesiale doeleindes beheer word. Hoofstukke I en III beslaan die res van die Wet op Fondsinsameling, en daarom lyk dit of die wet sover dit openbare fondsinsameling raak, heeltemal tot niet is. Die NPOA bevat ook in artikel 34 ’n stel oorgangsprosedures vir FIO’s se omskakeling tot NWO’s. ’n Onsekerheid duik op wanneer artikel 2 van die Wet op Fondsinsameling bekyk word. Dit lui as volg:

Ongeoorloofde insameling van bydraes verbode: Geen persoon mag bydraes insamel tensy hy volgens die Wet toestemming verkry het nie, en slegs mits die insameling kragtens die Wet uitgevoer word.

Die oogmerk van die artikel, en die wet in sy geheel, is volgens die lang titel (’n paragrafie met doelstellings van ’n stuk wetgewing, net onder die hoofopskrif van ’n wet) om beheer uit te oefen oor die insameling van bydraes van die publiek. ’n Mens kan jou indink dat beheer waarskynlik nodig was, en steeds is, om swendelary en bedrog te voorkom. Terselfdertyd moet fondsinsameling nie so streng gereguleer wees dat mense dit onmoontlik en lastig vind om barmhartigheidsprojekte te loods nie. Die NPOA maak hierdie proses juis makliker deur nie voor te skryf hoe fondsinsameling moet werk nie, maar bloot ’n vrywillige-registrasie-bedeling vir NWO’s te skep. Dit sê weer niks oor hoe ongeregistreerde NWO’s te werk moet gaan om  fondse wettig in te samel nie.

Tot watter mate is die bogenoemde artikel 2 nog steeds van toepassing? Met die eerste oogopslag lyk dit na ’n probleem, omdat die NPOA die 1978-wet herroep het slegs tot die mate waarin dit FIO’s en verwante organisasies behels. Artikel 2 blyk egter enige persoon te behels, ook regspersone, wat met die publiek skakel en vir bydraes vir ’n barmhartigheids- of ander doel vra. Volgens die definisie van bydrae sluit dit ook in om  persone om donasies te vra. Persone wat bydraes wil vra, sou dit slegs ingevolge die Wet op Fondsinsameling se voorgeskrewe magtigingsprosedures kon doen, wat insluit dat insamelaars die direkteur van fondsinsameling om toestemming moet vra, of indien hul namens ’n FIO insamel, daardie FIO se toestemming verkry tesame met ’n kennisgewing van die ooreenkoms aan die direkteur.

Ek meen dat selfs al is artikel 2 van die 1978-wet tegnies steeds staande, dit slegs indien aan die res van die 1978-wet gehoor gegee word, gehoorsaam word, maar die res van die wet is herroep en met niks vervang nie! Die NPOA het al die rompslomp uit die weg geruim en vervang met ’n vrywillige registrasieproses vir NWO’s, wat wel nie juis besonderhede oor fondsinsameling onder die nuwe wetsbedeling bevat nie. Hieruit kan ons aflei dat die nuwe wetsbedeling bloot die 1978-wet se streng reëls oor fondsinsameling uit die weg geruim het sonder om dit te vervang. Wat oorbly, is die doodgewone gemeenregtelike reëls oor die gee van geskenke of donasies, wat vrywillige en eensydige regshandelinge is en nie deur ’n wet beheer word nie, maar deur die gemenereg.

’n Ander verklaring lui soos volg: Omdat die NPOA nie enige reëls oor fondsinsameling voorskryf nie, maar wel reëls vir die beheer van geregistreerde NWO’s voorskryf, is die bedoeling van die wetgewer om die 1978-wet te onttrek sover dit die onderwerp van die NPOA behels. Daarom sal die bepaling in artikel 2 steeds van krag wees wat ongeregistreerde NWO’s betref.

So ’n konstruksie is verkeerd. Die NPOA onttrek in artikel 33 die 1978-wet sover dit FIO’s betref uitdruklik. Artikel 2 as verbiedende bepaling kan nie funksioneer indien die res van die 1978-wet – naamlik die registrasie- en fondsinsamelingsreëls vir FIO’s – nie meer in ons staande wetgewing bestaan nie. Daar is ook niks in die NPOA wat gelees kan word om ongeregistreerde NWO’s as steeds onderhewig aan die 1978-wet te beskou nie. Inteendeel, kragtens artikel 34(2)(a) van die NPOA word alle voormalige FIO’s met inwerkingtreding van die NPOA as geregistreerde NWO’s geag. Indien hulle dan nie die NPOA se verdere registrasievereistes nakom nie, verval hul registrasie en is hulle bloot ongeregistreerde NWO’s. Waarom sou die wetgewer beoog om alle FIO’s outomaties as nuwe NWO’s te ag, wat dan weens versuim om verdere registrasiebepalings na te kom weer terugval tot FIO-status, ’n status wat in elk geval deur die NPOA herroep is? Dit is heeltemal strydig met die hervormingsoogmerk van die wetgewer en is sinloos, omdat daar geen bepalings in die NPOA is wat die “opgrawing” van die 1978-wet magtig nie.

Kortom, die 1978-wet is omtrent heeltemal herroep en kan nie meer gevolg word om fondsinsamelings van stapel te stuur of te polisieer nie. Fondsinsameling in Suid-Afrika is bevry van wetlike rompslomp. ’n Donateur kan bloot geld aan ’n insamelaar skenk sonder dat die insamelaar aan wetsbepalings moet voldoen. Daar is ’n donasiesbelasting, maar hieroor sal ek ’n opvolgartikel kan skryf. Dit beïnvloed nie die regshandeling om donasies aan te vra, te mag ontvang of te skenk nie. Indien ’n insamelaar die geld verduister of so bestuur dat dit teen die voorwaardes van die donasie indruis, sal die donateur wel die insamelaar kan dagvaar omdat die insamelaar nie die voorwaardes van die donasie nakom nie. Hierdie aanspreeklikheid word egter deur die gemenereg gereël, en nie deur wetgewing nie.

Indien jy jou Lunges for Ladies- of Commandos for Cash-inisiatief wil loods met ’n advertensie vir skenkings, rekeningnommer en al, is daar nie tans ’n stel ingewikkelde wetlike vereistes nie. Dit sal wel beter wees om die gemeenregtelike vereniging sonder winsoogmerk op skrif aanmekaar te sit. En as jy onseker is oor die formaliteite is die goue reël: Raadpleeg jou prokureur of belastingkenner!

Andersins, hou aan gee – jou sente, jou rande, en jou klere sonder te veel gate.

The post Hokaai met jou barmhartigheidsprojek! appeared first on LitNet.

Seen on Facebook: Influenza 1918

$
0
0

Foto: Pixabay.com

Fred Khumalo writes on Facebook:

The great South African composer RT Caluza wrote the song about the 1918 epidemic that killed hundreds of thousands of South Africans, the influenza. Imfuluyenza. Listen to the song, very evocative...

The post Seen on Facebook: Influenza 1918 appeared first on LitNet.

Elders gesien: Prakties se gat

$
0
0

Foto: Canva.com

Leoni Smit skryf op Facebook: 

Daar was ’n tyd wat al wat mens was, ’n lazyboy wou hê of een gehad het of iemand geken het wat een besit. Veral oues van dae.

’n Lazyboy is daardie stuk pantserwa wat lyk soos ’n swakgestopte tandartstoel, oorgetrek met gomtorbruin-vinyl, waaraan jou boude somers vasplak as jy te lank tievie kyk.

En waar jy tweeuur op ’n wintersmôre yskoud wakker skrik as jy huismense jou net mooi daar gelos het met ’n stuk chewing gum in jou hare of jou valstande op jou skouer.

’n Lazyboy is ’n stoelgevaarte met ’n uitskoprak waar jy en jou bene morsdoodbevrore en gefossileerd in jou Stokey-pantoffels van handoekmateriaal ontwaak en strompelend kamer toe aanskarnier.

Nie dat ek sou weet nie – dis wat ek my in my agtergedagte voorstel. Want ek verpes praktiese dinge – en ’n Lazyboy is so lelik soos daardie Velcro sandals wat rots vistermanne dra … amper so lelik. Amper so lelik soos daardie deegskoene met die gate in wat soos Hollandse Lego klompe lyk.

’n Lazyboy is Le Corbusier se angsaanval, se obituary.

’n Kortkop tweede is die praktiese sweetpak in perspire-textile met jou laaiseps en jou koebaaiseps intact. Derde is sporty wit brille wat lyk soos omgekeerde Alice Bands wat Dr Spock in sy space movies gedra het op pad na sy interplanetêre reise.

Niemand sal my oortuig dat ’n mens beter voel in daardie praktiese gewade as in ’n collar en tie of ’n stukkie heel soos in hakke of ’n lekseltjie swart nie. ’n Uniform kan nog sexy wees, as sy pylnate effe ingetrek word en nommerpas en dimensioneel reg sit soos in Crime Investigations in Miami, maar as jy ’n sweetpak as jou daaglikse mondering dra, het jy, soos Karl Lagerfeld tereg opgemerk het, “given up on life”.

Maar hierdie storie gaan eintlik oor my arme kinders en die pryse wat hulle lewenslank moes betaal vir my haat jeens dinge met praktiese labels. Opmerkings soos: “Ma, mens kan nie vleis met hierdie messe sny nie.”

Waarop ek sou antwoord, nogal geïrriteerd: “Maar jy hoef dit nie te sný nie, skeur dit net!”

Dis nou seermaak woorde daardie – gemik op my beautiful ivory-and-bone-vertoonmesse wat ek in Riebeeck uit ’n boggerolwinkeltjie gegrawe het… So stomp soos môre die heeldag, dit weet ek so terloops.

Opmerkings oor my oorgroot ringe en bangles – wat my suster se man hondebene noem, dié kry ek. Ek dra dit met trots en ’n dismissive waai van my belaaide arm. Die gereelde vrae van all and sundry oor die gewig van my adornments, lag ek af met ’n “whatever”. Ek het duidelik nie tactile hyperesthesia nie. Grand woord vir tas-sensitief. Grand woord vir die goed krap my.

Net bietjie-oggend met die Crown-opsluit en Chronic isolation, kom staan my oudste seun vierkant voor my. “Ma, Ma! Jy is ongoddelik onprakties. Wat soek die verspotte stoeltjie in die middel van die kombuisvloer?”

Ek voel in my eer gekrenk, maar doen my bes om kripties te verduidelik dat my 1940s hairdresser stoeltjie wat hoog op sy bene wankel in swart yster, stunning lyk van die voorhuis se kant af as jy deurkyk wasbak toe.

“Maar Ma,” hef hy aan, “die asblik staan buite wat ons nodig het, en die stoel wat geen doel nie, staan hier in almal se pad reg voor die yskas.”

“Ja,” kom ek met vol artillerie terug, “jy is net te lui om die stoeltjie effe te skuif wanneer jy die yskas oopmaak.” En ek rol my oë. “En hou op so baie yskas toe gaan. Jy stel ons lewens in gevaar as ons so baie groceries moet gaan koop in hierdie dicey tye. Eet minder.”

Ek is ononderhandelbaar as dit by esoteriese paraphernalia kom. Ek is ’n kliniese interieur chirurg. Ek verset my teen die aanslag met gevoude arms. My finale nekslag op die gesprek is dus opsommerderwys: “Die asblik is lelik en hy bly buite. Ek is die ma,” voeg ek outoritêr en flou ... onoortuigend by. “Kyk maar na die Italianers – hulle ma’s is die baas. Dis my huis dié.”

“Ma, ek kan nie op my hospitaalbed slaap nie. Dit spook op daardie bed,” kom my dogter eendag by my kla. My hart mis ’n beat – nou begin die style gevegte al wéér – hierdie keer oor daardie swart bed met sy metaalskortjies wat so treffend, eenvoudig en peasant lyk, afkomstig uit een of ander oorlog of kamphospitaal, sy springs en sy wiele en al.

Ek LOVE goed met wiele aan – metaal trollies, retro-kantoorstoele op wieletjies, die works. Nie omdat dit prakties is nie, maar omdat jy kan party hou met daardie stoele soos in ’n movie van Dawid Lynch of Quentin Tarantino. So – dié aankondiging en my 16-jarige dogter wat elke aand in my kamer kom slaap om te vlug van die kermende spook se dark presence, tref my met diepe droefenis. So gaan die bed vort na ’n vriendin toe. Wheels and all. En ek betreur die verlies aan daardie bed nou nog in stille oomblikke.

Soos die mediumslag swart- en wit sirkustent van Stanford wat ek eenvoudig moes hê. Die gedoente kon teen wil en dank nooit behoorlik staan nie. Maar sy shape en sy vlag was beeldskoon. Onopgeslaan, impotent en dormant bly my streepmuis-tent nou in die garage.

Tydens my shootjare, slaap my kinders voor produksies op matjies vloerlangs, want hulle krap die mooi linne om en kreukel die beddens. Ek skaam my nou nog vir my militante verset, maar die foto’s was darem maar gestryk, omstrede en vaartbelyn. Hulle sê my vandag die vloerslapery het hulle nie geknak en gekneus nie, so ons is okay. Hulle het darem hulle sponsmatrassies gehad.

Hulle word aldus groot met rakke vol mooiboeke plaas van Tupper wat jy nie moet lees nie anders val die goed van die gestapelde toring af, tafels vol snuisterye en stillewes waarop geen mens kan studeer, werk of by kan lunch nie (“Skuif dit net eenkant toe en moenie breek nie,” vermaan ek ’n kind wat tussen die keramiek, beelde, kanariekoue en krone en uittand-tiaras van Romenië probeer roereiers eet en leer vir matriek).

Retro-stoele met die klem op breekbaar en mankoliekig, spieëls wat so dof-oud is dat jy jouself nie daarin kan sien nie en tafels vol mooi kos wat die crew mag verorber maar die kinders van die huis nie aan mag ráák nie.

Hul kamers is so koud soos ’n madame se hart, want matte is lelik. Ons gaan nie daar nie. Matte laat die ma van die huis aan Sterland, Pretoria se wall-to-wall Ozite en ou toilette by die ice skating ring dink. Ons gaan nie daar nie!

Sit-lê die kinders eendag in die “sitkamer” met bykans vyf verskillende sets wit, roomwit, clotted créme beige, onpaar onsitbare banke – filmstel gereed.

“Ma,” sê hulle in kerkraadsvergadering-stemme, “ons wil jou spreek. Mens kan nêrens sit nie. Dié bank breek mens se rug, die lang banke het nie kantleunings nie en die ander stoele is te regop. Kan ma nie net vir ons by Russels of Coricraft ’n gewone-mens-lekker-bank gaan koop nie? This is not the movies, ons WOON hier.”

Ek draai met vuurspuwende veglus om want kan hulle nie dimensie, lyne en balans sien nie… verstaan hulle nie dat beauty offers vra nie...

Ek kyk hulle waterpas in die oog: “Ag man, sê ek, die huis is nie vir sit nie. As julle wil sit, gaan sit in die kar by MacDonald se drive-through en bestel waffles of gaan lê in daardie groot, rooi, Zeph seats van die Wimpy!”

En toe maak hulle net mooi so!

The post Elders gesien: Prakties se gat appeared first on LitNet.


Seen elsewhere: "A parent’s first task is keeping one’s child alive"

$
0
0

Photo: Pixabay.com

Lindie Koorts writes on Facebook:

So many things that are bothering me right now. I was desperately hoping the government would lift the restriction on book-buying – because if takeaways can be delivered, so can books! We have worked our way through Lukas’ collection of children’s books several times, and I am desperate for some new additions, for both our sakes  – this lockdown is loooong!

We have tried, and it is now official: Lukas really cannot handle any screen time beyond a video-chat with his grandparents or playmates. It completely messes up his ability to self-regulate, while books have the exact opposite effect. They calm him, they entertain him, and they delight him. They are our staple and our sustenance.

And then I am intensely, intensely uncomfortable with the prospect of schools reopening while our infection rate is on the rise. As a parent, one’s first task is the very basic matter of keeping one’s child alive. It is that terrible fear you feel on that first night when you return from the hospital with your newborn: how do I keep this little thing alive? Only after that comes the matter of actually raising them. And sending them to school in the midst of a global pandemic, when infection rates are rising, and predictions are being made of tens of thousands of deaths by October, screams against one’s parental instincts.

We are lucky – Lukas is only in nursery school, and we are under no obligation to send him if we fear for his safety (plus, YOU try teaching a class of three-year olds to wear masks and practice social distancing – toddlers are germ machines!), but I feel deeply for every parent of school-aged children who may be wrestling with their fear for their children’s safety – while also being deeply concerned about their children’s academic future.

The post Seen elsewhere: "A parent’s first task is keeping one’s child alive" appeared first on LitNet.

Jan van Tonder (1954–)

$
0
0

Sêgoed van Jan van Tonder

"Skryf is ’n passie, maar dit is beslis nie maklik nie. Ek stem saam met ’n skrywer wat een keer gesê het: 'I don't like writing. I like to have written.' Dit is nie maklik nie. Elke sin word geskryf met ’n rede en moet aanleiding gee tot ’n volgende punt. Jy moet karakters in jou kop skep en hulle moet interessant en geloofwaardig wees. As dit vir jou begin lekker raak wanneer jy skryf, is jy besig om nonsens te skryf." (Rapport, 8 April 1990)

Hoe om te leer skryf en jou skryfvermoëns te verbeter: "Lees, lees, lees! Jy moet soveel as moontlik lees in die genre waarin jy skryf. Alle goeie skrywers lees; dis die enigste manier om te verbeter." (Rapport, 8 April 1990)

Oor die stelling dat ’n skrywer vir homself skryf met geen spesifieke gehoor in gedagte nie: "Daar is min dinge belagliker as daardie stelling. As dit die goddelike waarheid was, waarom publiseer die mense hul werk dan? As iemand in die stort sing en vir my sê dit is vir homself, glo ek hom, maar wanneer hy dit oor die radio doen en dieselfde ding beweer, weet ek hy lieg." (Volksblad, 19 Mei 1990)

Oor pryse: "Oor pryse is ek dankbaar (veral dié wat ek ontvang het). Dit bly ’n aansporing vir gevestigde skrywers en lok nuwes lessenaar toe. Ek wonder byvoorbeeld of ek ooit ’n radiodrama sou geskryf het as daar nie prysgeld aan verbonde was nie – ’n mens kan soveel werk doen vir die patetiese bedraggie wat jy vir die gewone uitsaai van ’n radiodrama betaal word nie. Dit geld boeke soms ook: ek het met die smous van een van my boeke meer verdien as met die tantième wat ek gekry het." (LitNet)

Resensente: "Hulle bevind hulle seker in ’n groot mate in dieselfde posisie as verkeersbeamptes: as daai wit handskoen vir jou wys jy kan maar ry, is die spietkop nice, maar as hy wys jy moet stilhou omdat jy te vinnig gery het, of jy met ’n selfoon in die hand betrap is, is hy ’n bliksem." (LitNet)

"Ek is min beïndruk met die mens as groepsdier. Individue gryp my verbeelding aan. En niemand is meer van ’n enkeling as ’n outsider nie, of hy dit is omdat hy dit verkies, of omdat die samelewing dit van hom maak, of as gevolg van ’n gebrek/talent/versteuring." (LitNet)

"Skrywers en ander kunstenaars moet van buite kan inkyk, maar ook van binne af uit. ’n Mens skryf moeilik oor die dinge waarvan jy nie kennis of ervaring het nie. Daarom kan jy nie op die periferie bly staan nie." (LitNet)

"Met die skryf van Roepman het ek probeer verstaan waar ek vandaan kom, wie ek is, in watter mate my omgewing my gevorm het. Ek het simbolies op die grond gespoeg en modder aangemaak en aan my ooglede gesmeer en vir myself gesê: Sien ’n slag, en moet nooit weer néérsien op waar jy vandaan is, of waar ander vandaan is nie of waar wie ook al nou is nie. Ek het ’n probleem daarmee dat mense na poepôlle opsien net omdat hulle ryk is." (Insig, 30 November 2004)

"Roepman is ’n verhaal wat vertel móés word, maar ek sou dit nie kon doen toe ek dertig was nie – ek sou nie gereed gewees het daarvoor nie, te onryp om te gaan krap in doerietyd se dinge, te onwys om te begryp wat daar alles gebeur het. En toe kry ek ’n dringendheid daaroor. Dit moes vanjaar verskyn." (Insig, 30 November 2004)

"Ek het wat ek nog altyd wou hê. Ek het nie veel meer nodig as wat ek het nie. ’n Lekker dak oor my kop, ’n mooi uitsig en ’n voertuig om mee te ry. Ja, en ek sou iemand wou hê om saam mee oud te word. En bitter graag ’n kind." (Insig, 30 November 2004)

"Ek sal ’n gans ander mens word as ek nie skryf nie. ’n Ou drol." (Insig, 30 November 2004)

"Ek wil niks na ’n sedeles laat klink nie. Ek is nie ’n moeilikheidsoeker nie. Ek wou net ’n storie skryf oor hoe mense lyk en oor hoe hulle kán lyk. Ek het nie die issues berekend aangepak nie. Dit kom oor en oor in my skryfwerk uit hoe ongenadig mense kan wees teenoor dié wat aan hulle uitgelewer is. Ek skryf: 'Kyk hier hoe is ons. Dis nie hoe ons gemaak is om te wees nie.' As ek vir my myself kon laat sien, kan ek dalk vir iemand anders help sien deur iets wat ek self gesien het." (Insig, 30 November 2004)

"Ek het ’n vermoede dat die meeste mense nie eens wéét ek skryf nie. En ek wíl so graag beroemd wees. Mense hoef my nie op straat te herken nie. Ek wil net ongemerk hoor hulle sê vir mekaar: 'Dis ’n móói storie dié'." (Insig, 30 November 2004)

"Ek wil skép, ek wil mense laat huil en lag. Ek dink dis die oudste sonde om soos God te wil wees. Om te wil skep." (Insig, 30 November 2004)

"’n Skrywer mag hom aan nóg staat, nóg ideologie, nóg kerk godsdienstig maak, Elke politieke of teologiese denkrigting het ’n meerdere of mindere persentasie klei in die voete. As die skrywer so in verwondering staan oor die standbeeld dat hy nalaat om die klei in die voetstuk genadeloos aan te val in ’n poging om dit met iets sterker en beter te vervang, kan hy net sowel registreer as ’n kopieskrywer in daardie organisasie/regering se propagandakantoor." (Die Burger, 22 Mei 1990)

"Die skrywer het ’n plig om nie net verkeerde ou stelsels af te breek nie, maar ook om te sorg dat daar gesonde nuwes in die plek daarvan kom." (Die Burger, 22 Mei 1990)

Watter prosavorm (kortverhaal of roman) verkies hy? "Ek sou moeilik kies, maar die geleentheid wat die roman my bied om so diep as moontlik in so veel as moontlik skakeringe van ’n karakter se persoonlikheid  te krap, is vir my nogal bevredigend. Die karakter/s wat ek gemaak het, moet vlees en bloed genoeg hê om ’n leser te laat lag en huil." (Beeld, 15 Mei 1990)

Op LitNet maak Madri Victor die stelling dat Jan van Tonder se vrouekarakters sterker as die manlike karakters is: "Die kort antwoord hier? Ek hou meer van vroue as van mans. Ek het in ’n huis vol van hulle grootgeword: vyf sussies, my ma, my ouma en ons huishulp. Dit teenoor een broer en ’n pa. Telkens voel ek die krag van vroue aan, sien ek hoe hulle kan uithou en aanhou en ’n gelapte spul kan bymekaarhou. Selfs die meisiekinders in my jeugstories troon bo die seunskarakters uit."

"Wanneer ek skrywe, soek ek plekke en dinge uit wat by my storie pas, en om dit te kan doen, moet ek die wêreld waarin dit afspeel, ken (of leer ken). Sodoende lei ek sommige lesers hopelik deur ’n bekende tyd en wêreld, en ander in die belewing van nuwe dinge." (LitNet)

Oor sy skryfwerk: "Ek skryf van nature redelik gestroopte, onderbeklemtoonde prosa. Ek onthou my wonderlike uitgewer, Marietjie Coetzee, het destyds met Is Sagie vir my gevra of ek nie die liefdestoneel tussen Sagie en Ansie net so ’n bietjie meer eksplisiet sal maak nie. Toe ek haar weer sien, het ek vir haar gesê ek het probeer, maar Sagie wil nie." (LitNet)

Oor die aanpassing van romanskryf na draaiboekskryf: "Elke genre stel sy eie eise en sy eie reëls. Ek moes heelwat lees oor draaiboekskryf: The idiot's guide to screen writing, William Goldman se Adventures in the screen trade, Screen writing van Syd Field. En soveel as moontlik draaiboeke. [...] Ek glo ’n draaiboek moet so getrou as moontlik aan die siel van die boek bly, want dit is tog wat die vervaardiger/regisseur se belangstelling aanvanklik geprikkel het. Maar draaiboek skryf is nie vir sissies nie." (Volksblad, 14 November 2011)

Waar skryf hy? "In my kop, meestal, maar omdat dié so deurmekaar is, skryf ek net dit wat sin maak neer, en selfs dit verg her- en her- en herskryf voordat dit onder ander oë kan kom. As jy die plék bedoel: in my werkkamer op ’n rekenaar, en as dit daar te eensaam raak, met pen en notaboek by wyle Bertie Reed se restaurant in Harbour Island, Gordonsbaai, waar ek die see en bote in die hawe kan bekyk, en stemme om my hoor." (Volksblad, 14 November 2011)

"Met verloop van tyd het ek geleer wanneer jy iets in jou eie vel beleef, iets wat jou emosies holderstebolder krap, vóél dit altyd so ’n bietjie interessanter as wat dit regtig is. Ek dink dis vir ons gewone sterflinge moeilik om te erken, maar 99% van ons se lewe is so donners vaal. Saai. Saai verby. Maar woorde ... woorde kan daai saaiheid ’n wyle laat wyk." (Rapport, 31 Maart 2019)

Oor sy liefde vir die Klein-Karoo: "Van kleins af het ons as gesin Desembervakansie per trein Klein-Karoo toe gereis. Dit was die hoogtepunt van my jaar. As student het ek weer daarheen gegaan en besef dat my liefde vir Dwarsrivier en sy mense nie net ’n kinderparadys was nie, maar dit altyd sal wees." (Volksblad, 3 April 2019)

"As skrywer het jy die voorreg om weg te vat en by te lap; jy hoef jou nie tot 'die waarheid' of 'die feite' te beperk nie. Vir die mens was die waarheid immers nog nooit goed genoeg nie. Ek dink die waarheid is hopeloos te veel vir ons. Dit sit ons ore aan." (Rapport, 31 Maart 2019)

Het Jan van Tonder ’n bucket list? "Ek wil net altyd ’n sinvolle bestaan kan maak — leef, lees en skryf, ’n gemaklike bestaan maak uit skryf, sodat ek kan bekostig om te reis vir navorsing." (Kaapse Bibliotekaris, September, Oktober 2018)

Gebore en getoë

Jan van Tonder is op 29 Augustus 1954 op Sabie in die Oos-Transvaal gebore. Hy is die jongste van sewe kinders – hy het een broer en vyf susters. Jan se pa was operateur van ’n stootskraper en eenmanbaggerboot en as jongman wou hy ingenieur word, maar die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het dit verhoed. Sy ma was ’n huisvrou. Jan bring sy jeugjare in Durban deur en matrikuleer in Stanger aan die Natalse Noordkus.

Jan vertel dat hy op skool nooit ’n goeie student was nie, maar hy was altyd goed met opstelle. "Ek het daarvan gehou om my eie ding te doen en het nooit regtig aan spansport deelgeneem nie."

In 2004 roep Jan hierdie tyd op: "Dit was wonderlik om daar (in die Durbanse spoorwegwoonbuurt) groot te word. Daar was ’n rykheid en ’n lekkerte van mense bymekaar. Waar mense saam swaarkry, is daar altyd ’n sekere warmte."

Jan vertel aan Mariëtte Crafford (Insig, 30 November 2004) dat die Van Tonder-gesin in die spoorwegjare in meer as een spoorwegwoonbuurt gebly het.

Ook vandat hy kan onthou, het hulle in buurte gewoon waar "minder begunstigdes" van allerlei aard deur hul omstandighede bymekaar gegooi is. "Daar was veral twee jaar, in ’n bitter ontvanklike tyd van my lewe (die eerste twee skooljare) wat ons in ’n buurt gebly het waarna party mense spottend as 'Klein Hollywood' verwys het. My ma het hard probeer om ons te beskerm teen wat om ons aangegaan het, maar ’n kind sien en hoor en voel mos fyn. Party mense word in omstandighede ingedwing, of daarin gebore, en wegkomkans is daar nie. Selfs die gelukkiges, of dié met ouers soos ek, my broer en vyf susters, wat die skok van baie houe vir jou absorbeer, selfs hulle kom nooit regtig los van daardie soort herinneringe nie," vertel hy aan Elfra Erasmus (Die Burger, 26 Mei 1990).

Verdere studie en werk

Na matriek is Jan na die Suid-Afrikaanse Vloot in Simonstad, waar hy as hondehanteerder werk. Hy gaan daarna na die Universiteit van Pretoria, waar hy in 1978 sy BA-graad behaal. Hy studeer aanvanklik vir predikant, maar beskou sy jare lange onsuksesvolle pogings om Grieks en Hebreeus onder die knie te kry as ’n Vingerwysing en volstaan met sy BA-graad met Afrikaans, Sielkunde en Kriminologie as hoofvakke. Jan werk vyf jaar aan ’n driejaargraad, maar verontskuldig homself hieroor deur te vertel dat hy gedurende vakansies veertien tot twintig uur per dag as stoker en kaartjiesondersoeker moes werk.

Gedurende sy finale jaar op universiteit is hy getroud. Hy vertel dat die huwelik oorhaastig binnegegaan is en na enkele jare op dieselfde wyse ontbind is "jeugdige ongeduld met die aanpak en deurvoer van iets wat andersins ’n lewe lank sou kon gehou het". Hy is nie weer getroud nie en is na die beste van sy wete kinderloos.

Hy werk as nywerheidsopleidingsbeampte (vir twee jaar), tronkbewaarder, joernalis (by verskeie koerante, onder andere as hofverslaggewer by Die Transvaler en ook by die SAUK), restaurantbestuurder, skilder en natuurlik skrywer. Die jaar in die Gevangenisdiens en die stuk of ses, sewe jaar as verslaggewer het seker die grootste invloed op sy skryfwerk gehad. Aan Elfra Erasmus (Die Burger, 26 Mei 1990) vertel hy: "In die tronk en op sekere plekke waar ’n verslaggewer met mense te doen kry, byvoorbeeld die Hooggeregshof, is daar nie geheime nie; daar staan ’n mens poedelkaal, gestroop van feitlik alle maskers."

In 1979, die jaar toe hy as bewaarder in die Point-gevangenis in Durban gewerk het, begin Jan skryf. Hy vertel aan Elfra Erasmus in Beeld van 15 Mei 1990: "My gedurige gekyf oor die behandeling van die mense (die gevangenes) het veroorsaak dat ek met ’n groot geweer in ’n wagpos op die muur beland het. Maande van frustrasie wat my tot by die punt gedryf het waar ek ’n keuse moes doen. Ek moes kies: gaan ek die hoof van die gevangenis skiet of myself? Dit was te veel van ’n Catch 22-situasie en ek het besluit om ’n storie te skryf, ’n kortverhaal wat my gedagtes oor die mure sou wegvat, na ’n wêreld van onskuld. Die verhaal is gepubliseer en is aangewys as Huisgenoot se Kortverhaal van die Maand. Dit was die voorloper van my latere werk Is Sagie."

In 1983 word Jan se eerste boek, Wit vis, deur Perskor gepubliseer. Dit beeld die trauma van ’n lesbiese verhouding in ’n eng gemeenskap uit. Koos Bester skryf in sy resensie in Die Vaderland (5 Maart 1984) dat daar klein hinderlikhede is wat die uitgewer kon uitgeskakel het, maar dat daar tog sterk oomblikke in die boek is en dat Van Tonder die skryfkuns waardig is.

Jan self sê dat die boek te vroeg uitgegee is. "’n Skrywer is altyd haastig om sy eerste boek te laat verskyn. Dit is soos ’n tiener in wie die eerste jeuk van sy/haar seksualiteit gekom het – hy/sy weet dat dit goed is om te wag met die liefde tot dit die liefde behaag, maar meestal ontbreek geduld (vra maar Maretha Maartens se hoofkarakter in ’n Pot vol winter) en dan is die agtersitplek van ’n motor ook goed genoeg. As ’n mens terugdink aan daardie eerste ondervinding, is dit nie met ’n gevoel van genoegdoening nie, want die tyd was nie ryp nie. Jy ook nie. Wit vis was ’n agtersitplek-ondervinding wat ek liewer wil vergeet."

Jan se volgende publikasie, ’n bundel kortverhale getiteld Aandenking vir ’n vry man, word in 1984 deur HAUM-Literêr uitgegee. Die bevat 23 kortverhale uit en oor die tronkbestaan en word byna almal vanuit die hoek van die gevangenes vertel. Hieroor laat André P Brink (Rapport, 19 Mei 1985) hom as volg uit: "[D]ie kortverhaalbundel Aandenking vir ’n vry man wat pas by HAUM-Literêr verskyn het, is des te meer ’n verrassing. [...] Van Tonder is ’n meester van die skielike ommekeer, veral dan in kort bestek, en juis die eienaardige, kru, stroefheid van die taalgebruik maak dit treffend, met ’n soort kale, bloedige reportage-eerlikheid. [...] En nog selde is hierdie gruwelike skemerwêreld in ons midde met soveel verdoemende oortuigingskrag voor Afrikaanse lesers ontbloot." Hy sluit af deur te sê dat Aandenking vir ’n vry man iets "memorabels" is.

Vir HP van Coller (Volksblad, 11 Mei 1985) is een van die pluspunte van Aandenking vir ’n vry man “juis die afwesigheid van ’n opvallende manipulering deur die outeur, hoewel daar nie sprake kan wees van onbetrokkenheid nie. As geheel is hierdie verhale ’n felle aanklag teen ’n stelsel waarin mense uitgelewer word aan die genade en willekeur van ander."

Jan ontvang van Perskor ’n leergebinde eksemplaar van die bundel. By die oorhandiging sê prof Elize Botha (Transvaler, 28 Maart 1985) die volgende: "Merkwaardige dissipline word deur die skrywer aan die dag gelê. Hy ontkom aan twee gevare – sensasie en sentimentaliteit. Hy soek geen maklike oplossings nie. Hy beweeg verby reportage na literêre vormgewing en sê die onsegbare, sodat die verhale in sy hande veel méér word as die oorspronklike feite. Abraham de Vries beskou die bundel as een van die beste Afrikaanse kortverhaalbundels wat hy die vorige aantal jare gekeur het. (Transvaler, 10 Desember 1984)

Vir sy volgende werk keer Jan terug na prosa. Is Sagie word in 1987 gepubliseer, ook deur HAUM-Literêr, en dadelik trek dit die aandag van letterkundiges én gewone lesers. Dit vertel die verhaal van Sagie, 'n vertraagde natuurkind, en sy liefde vir Ansie.

Ia van Zyl (Die Republikein) skryf dat hierdie kort roman soos ’n vars bries in die wêreld van die Afrikaanse letterkunde is waar dit deesdae behoorlik wemel van allerlei vreemde dwarrelwinde wat die gewone leser heeltemal buite rekening laat. "Van Tonder bewys dat dit vir die Afrikaanse skrywer nog moontlik is om met die taal in sy eenvoudigste – en derhalwe suiwerste – vorm en met die lewens van doodgewone, ongekompliseerde mense as grondstof, ’n meesterstuk te skep. Want Is Sagie is in elke opsig ’n meesterstuk."

Volgens Heilna du Plooy (Beeld, 16 November 1987) word die verhaal gemaklik en vloeiend, en in ’n volgehoue pas vertel, sodat die leser inderdaad deur die lotgevalle van die karakters meegevoer word. Is Sagie was in 1987 en 1988 finalis vir die ATKV-Prosaprys.

Jan vertel aan Sonja Loots (Rapport, 17 Oktober 2004) dat Is Sagie gebore is uit ’n verlange na onskuld. "Ek het daar in die tronk soveel skuld gesien. Toe stroop ek Sagie van alles wat boos is. Dis waarskynlik hoekom hy verstandelik vertraag is. Dit lyk my hoe onskuldiger ’n ding is, hoe minder intellek is daar. Het jy al in ’n Jersey-kalf se oë gekyk? Dis net die mooiste ding; ek verstom my elke keer."

’n Mens sou kon sê dat onskuld die leitmotief in Jan se werk is. “En die underdog. Die uitgeworpene, die ontmagtigde, die ou wat nooit regtig ’n kans kry nie."

Sedert 1988 is Jan voltyds skrywer en hy vertel aan Elfra Erasmus dat hy vir die eerste keer in sy lewe vir ’n goeie baas werk. Die enigste negatiewe aspek van sy werk, erken hy, is die min geld wat hy verdien, maar die res verruil hy vir niks nie.

Met sy volgende roman, Die kind, wen Jan in 1990 die ATKV-Prosaprys en in 1991 die FAK-prys vir Ontspanningsleesstof. Die kind is ’n boeiende, afgeronde verhaal van die wêreld van die Zoeloe. Met hierdie boek het Jan teruggegaan na sy kinderlewe waar hy in Stanger aan die Natalse Noordkus grootgeword het.

"Ek het van kleins af met die Zoeloes te doen gehad. Hul landelike, rustige lewenspatroon en die eenvoud van hul lewe, het ’n groot indruk op my gemaak. Ek het eendag in die Klein Karoo rondgestap toe ek dié sin in my kop kry: ‘’n Seun sonder naam, omdat sy ma hom nie wou hê nie'. Ek het daarmee rondgespeel en dit het agtien maande later Die kind geword."

Hilda Grobler skryf in Tempo van 8 Februarie 1991: "Dit is ’n roman waarin die kenmerke van Van Tonder se skryfstyl en sterk talent verfyn word tot ’n singende boog, tot die musiek wat die Amazolo uit die umakweyane-boog tower. "Die roman is om ’n eenvoudige dog besondere treffende verhaal gekonstrueer. Wanneer Amazolo swanger raak, wil sy die kind nie hê nie omdat Mlenzana haar verlaat het toe sy hom die nodigste gehad het. Haar seun wat later gebore word, wat die merk van die amathongo op het, wat twee moeders het, wat aanhoudend vra wie sy vader is, wat nie saam met die jong seuns wil bokke oppas nie en aanmekaar vir homself groter uitdagings stel, is die seun vir wie Amazolo uiteindelik die hoogste offer bring. Dit is ’n verhaal waarin menslike tragiek op grootse wyse uitgebeeld word. [...] Dis ’n roman wat vry is van enige patroniserende etnisiteit, wat vry is van enige wanklank. Dis trouens ’n roman wat vry is en los staan van ’n rassestempel, want dit handel oor mense en hul belewenisse. [...] Dit is ’n mylpaal in die Afrikaanse letterkunde en een van die eerste geloofwaardige en werklik geslaagde werke in die betrokke genre."

Ia van Zyl (Die Republikein, 30 Maart 1990) meen dat Van Tonder daarin slaag om "deur middel van die eenvoudige, maar treffende, verhaal die dilemma van ’n hele volk uit te beeld. Met hierdie roman toon hy weer eens dat hy nie bereid is om mee te doen aan heersende letterkundige modegiere nie".

Vir Riana Botha (Volksblad, 26 Mei 1990) was Die kind, ten spyte van sekere voorbehoude soos die kontekstuele- en woordverklarings wat die spoed van die verhaal belemmer, asook die pedantiese styl wat hinder, ’n "genotvolle en selfs roerende leeservaring".

Die kind het alreeds twintig drukke beleef as voorgeskrewe boek vir wit en swart skole. "Die kind het vir my gesorg,"sê Jan aan Mariëtte Crafford (Insig, 30 November 2004), "en het my in staat gestel om in 2004 my eerste huis en my eerste betroubare voertuig aan te skaf."

By die oorhandiging van die ATKV-Prosaprys spreek Jan hom sterk uit teen die steun wat aan die kulturele boikot toegesê word en teen alle vorme van sensuur. "Jare lank al stry skrywers teen sensuur, nie teen dié of daardie vorm van sensuur nie, maar alle vorme daarvan. Het ek so verstrik geraak in my klein Karoose isolasie dat ek nie gehoor toe medeskrywers en skrywersorganisasies geskel het teen die ANC se planne om uiteindelik die pers in 'The People' en dus die regering se hande te plaas nie? Hét hulle daarteen in opstand gekom, of het hulle aanvaar dat dit net so onskuldig is soos sensuur onder die nuwe naam van 'kulturele boikot'?" (Die Burger, 22 Mei 1990)

Saam met Lanz von Hörsten as fotograaf publiseer Jan in 1998 ’n "koffietafelboek", The Little Karoo = Die Klein Karoo = Die Kleine Karoo by Human & Rousseau. Die teks is in drie tale – Engels, Afrikaans en Duits.

In sy resensie oor Radiosondergrense sê George Weideman: "Die storie van die Klein Karoo adem in die hand van Van Tonder die gees van die Klein Karoo, wat so bekend is aan storievertellers. En wat uit hierdie boek blyk, is die seggingskrag van Afrikaans in die hand van ’n gesoute en bekroonde skrywer soos Jan van Tonder. Von Hörsten [kry] dit reg om die geheimsinnige sjarme van die Klein Karoo landskap op film vas te lê. [...] [D]ie twee samestellers van die boek slaag uitmuntend daarin om mekaar aan te vul. Teks komplementeer foto; foto suggereer wat teks nie gesê kan krý nie."

’n Volle vyftien jaar verloop voordat Jan se volgende prosawerk gepubliseer word, maar volgens almal was die wag die moeite werd. Nadat hy drie jaar aan die storie gewerk het, word Roepman in 2004 deur Human & Rousseau gepubliseer. Jan vertel aan Mariëtte Crafford (Insig, 30 November 2004) dat hy eers klaar moes sluimer, maar dat hy nou gedoen het wat gedoen moes word. Die boek wat hy ’n leeftyd in sy gemoed gedra het, het hy skuins voor sy vyftigste verjaardag úitgeskryf.

Op LitNet skryf Jan dat hy met Roepman sy ganse grootwordtyd moes evokeer. "Ek het kort-kort my susters gebel om inligting te bekom, en my broer stilletjies verwyt oor sy voortydige dood, want hy sou beter as ons almal onthou het."

Roepman vertel met humor en patos die verhaal van die dertienjarige Timus Rademan wat saam met sy ouers, broer en susters – daar is drie tweelinge in die familie – in die 1960's in ’n spoorwegkamp in Durban grootword. Elfra Erasmus som die verhaal as volg op (Beeld, 20 Oktober 2004): "Dit is ’n verhaal van grootword en die verlies van onskuld, maar ook van geborgenheid en grootword in ’n gemeenskap waar mense na mekaar omsien."

Jan erken teenoor Erasmus dat Roepman seker die naaste is wat hy aan ’n outobiografie sal kom. "Ek het ’n klomp dinge vertel soos dit was, ek het ’n klomp bygelieg en ’n klomp weggesteek."

Op LitNet skryf hy: "Dit maak nie saak hoeveel ooreenkomste daar tussen die werklike Van Tonders en die fiktiewe Rademans is nie, Roepman is stórie. Dis die storie van elke seun wat sy onskuld verloor in hierdie wêreld waarin onskuld deur dese en gene besing, maar ironies genoeg nie lank geduld word nie."

Teenoor Mariëtte Crafford sê Jan dat hy Roepman beskou as ’n klag teen die kerk wat sy plig teenoor mense skandelik versaak het: "sy plig teenoor eie gemeente, maar ook teenoor dié wat daarbuite val. Die kerk het nie sy opvoedingstaak gestand gedoen nie, het meegedoen met die staat om mense in onkunde te hou sodat hul werk nie kon lig werp oor die verskriklike dinge wat in die donkerte van regeringsgeboue en sinodale vergaderings aangevoer is nie. En voorts is die boek ’n klag teen die onderwys wat die ander sterk arm van die regering was. Onderwys wat die heilige taak had om op te hef, maar wat toegelaat het dat dit misbruik word om te indoktrineer, om vrye denke aan bande te lê. Dominees en onderwysers ... seker ook slagoffers van ’n stelsel, tóé. Maar hoekom dan nie begrip hê vir mense (kinders) wat aan húlle uitgelewer was nie?"

Hy vertel ook aan Mariëtte Crafford (Insig, 30 November 2004) dat Roepman ’n wekroep is, "’n gepluk en gestoei om mense wakker te skud – met die toegevoegde waarde van wonderwerke. Gelukkig is daar altyd mense in ’n gemeenskap wat bereid is om alles op te offer vir ander, soos wyle Beyers Naudé; altyd een soos die proponentjie in Roepman; altyd iemand wat kans sien om selfs die onwilligste mense wakker te maak om te gaan kyk wat gedoen moet word, soos Joon Sterrekyker, die roepman; altyd iemand met die lewenslus van ’n ouma Makkie wat met ironie en humor na die menslike toestand kyk; altyd ’n wonderwerk, as ’n mens dit net wil raaksien, wat jou daaraan herinner dat jy nooit alleen is nie."

Cecile Cilliers (Rapport, 6 Februarie 2005) beskou Roepman as die hoogtepunt in Jan se oeuvre. Sy skryf dat Van Tonder se aanslag lig is, en dat humor Roepman se geloofwaardigheid onderskraag. "Hy lei die leser met ’n vaste hand deur ’n doolhof van realiteit en hersenskimme totdat Timus se verbeeldingsvlugte naatloos deel van die werklikheid word."

Philip John (Die Burger, 3 Januarie 2005) skryf: "Ons het hier ’n teks van ’n skrywer met ’n virtuose en oënskynlik moeitelose beheer oor die gedagtes en spraak van sy karakters, asook oor die psigiese en sosiale aspekte van die situasie wat vir die roman as stof dien. [...] Roepman bied ’n meesterlike beeld van die werkersklas-wêreld van Timus en sy mense, en daarmee saam ’n genotvolle én ontstellende leeservaring."

Volgens Willie Burger (Beeld, 29 November 2004) bied hierdie roman ’n vars blik op grootword en verlies. "Dit word veel wyer as ’n verlies van onskuld ten opsigte van die seksuele, die politiek of godsdiens. Die perspektief van die kind word met deerniswekkende sukses volgehou, terwyl dit daarin slaag om te vermaak en te skok. Dit boei, vermaak, skok, herinner en lei tot nadenke."

Louise Viljoen (LitNet) beskou Roepman as een van die aangename verrassings van 2004.

In 2006 word Roepman deur Elsa Silke in Engels vertaal onder die titel Stargazer en deur Tafelberg Uitgewers gepubliseer.

Roepman word departementeel vanaf graad 10 voorgeskryf, maar is deur die Paul Roos Gimnasium in Stellenbosch voorgeskryf vir hulle graad 9-seuns. Dit lei egter tot ’n herrie toe ’n groep ouers protes aanteken omdat hulle gevoel het dat die boek seksueel eksplisiet genoeg is om hulle kinders se "onskuld" te bedreig. Die saak is later geskik.

Daar word ook beplan om Roepman in ’n kunsfilm te omskep. In 2008 was Jan reeds besig met die draaiboek van die roman. Piet de Jager, ’n senior advokaat in die Pretoria-balie, sou die vervaardiger van die prent wees. Hy vertel dat hulle ’n Afrikaanse kunsfliek wil maak met onderskrifte in verskeie tale. Volgens hom gaan die Vlaamse rolprentmaker Walter Stokman die regisseur van die film wees.

Hierdie plan om Roepman op die silwerdoek vas te lê, het toe nie in 2004 van die grond af gekom nie. Dit het eers sewe jaar later, in 2011, gebeur. Piet de Jager was een van die vervaardigers en hy het van die begin af vir Jan ten nouste betrek – nie net by die maak van die film nie, maar ook by die skryf van die draaiboek. Jan, Piet en Sallas de Jager en die Belgiese regisseur Walter Stokman het saam begin werk aan die draaiboek. Jan het daarna die eerste weergawe op Gordonsbaai waar hy deesdae woon, geskryf. Hulle het die draaiboek heen en weer tussen die Kaap en Gauteng gestuur en het later besluit om nie gebruik te maak van ’n oorsese regisseur nie. Paul Eilers was uiteindelik die man wat die regie sou behartig en Jan het oor hierdie besluit aan Terésa Coetzee (Rapport Boeke, 5 Junie 2011) gesê: "’n Ware vonds vir ons rolprentbedryf."

Roepman is in Durban gesitueer, maar die film is in ’n spoorwegbuurt in Springs verfilm. "Gepraat van ’n vonds," sê hy vir Coetzee, "daardie spoorwegbuurt in Springs het sit en wag vir ’n fliek. Die rooibaksteenhuisies, die hoek- en wasgoedpale wat van treinspoor gemaak is, die atmosfeer, die agtergrondgeluide. En het The Film Factory nie getoor daarmee om dit na ’n Durbanse buurt te laat lyk nie! Ek was ’n week daar op die stel en dit het vir my gevoel of ek weer ’n kind in so ’n omgewing was.

"Ek het Paul Eilers en Piet de Jager en ’n paar van The Film Factory se mense na Durban vergesel om hulle te gaan wys waar ek ’n knopkniekind was, waar van die werklike tonele afgespeel het, en hulle het met die verfilming teruggegaan en die tonele op plekke geskiet wat presies met die prentjies in my kop ooreengestem het. Min skrywers het die voorreg om so nou betrek te word by die verfilming van hul werk – ek sal Piet en sy span vir ewig dankbaar bly."   

’n Kontrak is ook gesluit waarvolgens Roepman in Amerika vertoon sou word met Engelse onderskrifte. Die kontrak is gesluit nadat spesiale toetsvertonings in Los Angeles en San Francisco gehou is.

Jan vertel op LitNet aan Chanette Paul-Hughes dat hy in die vyftien jaar tot die publikasie van Roepman nie stil gesit het nie. "’n Klompie kortverhale en sketse het in tydskrifte verskyn, asook The Little Karoo en twee radiodramas. Tussendeur werk ek aan my Oudtshoorn-roman, wat nog altyd onvoltooi is. Laasgenoemde het my die hele tyd in ’n halwe Nelson geklem, wat dit moeilik gemaak het om iets anders aan te pak. Roepman het my gered, maar die Oudtshoorn-ding moet nou klaar, of ek moet onder ’n skuilnaam van hom ontslae raak. En nee, ek het geen plan (of tyd) om weer so lank te wag voor my volgende skryfsel nie. Ek is nog nie seker of dit prosa, drama of poësie sal wees nie. (Ek droom al 25 jaar daarvan om ’n verhoogstuk te skryf.)"  

Jan waag ook sy hand aan ander genres. Hy begin radiodramas skryf en Die swakkeling behaal die derde plek vir ervare skrywers in RSG en Sanlam se Radiodrama-kompetisie.

Jan se droom van 25 jaar word verwesenlik toe sy drama Lewensreg: ’n tragi-komedie vir mede-sterwendes in 2007 opgevoer word by die KKNK en die wenner is van die Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater (SPAT). Die stuk is onder regie van Nico Luwes by 2007 se KKNK opgevoer, waar dit ook aangewys is as die beste produksie op die fees. Nico Luwes is ook aangewys as die beste regisseur. Lewensreg handel oor twee amper bejaarde broers wat die reg verkry om tot hul dood in ’n huisie in die hart van ’n begraafplaas te woon. Omring deur dooies leer die broers wat dit beteken om te leef. Die stuk is in 2008 deur Genugtig! (nou Joho!) gepubliseer.

Jan vertel aan Volksblad (9 April 2007) dat hy in ’n graf in Oudtshoorn se begraafplaas gaan lê het voordat hy Lewensreg aangepak het.

Marelize Potgieter berig in Die Hoorn van 26 Maart 2008 dat Jan besluit het om Oudtshoorn, waar hy sedert die laat 1990's woon, te verlaat. Hy beoog om in die omgewing van Kaapstad te gaan woon, sodat hy nader aan meer kunsuitstallings kan wees en ander kunstenaars se werk kan sien en beleef. Hy het hom toe in Gordonsbaai gevestig waar hy saam met Jenny, "die liefde van sy lewe", woon.

Anderkant omdraai wat in 2011 by Protea Boekhuis verskyn het, is ’n versameling van Jan van Tonder se rubrieke wat in Rapport Tydskrif verskyn het. Volgens die uitgewer se inligtingstuk wissel kort-kortverhale, essays, sketse en anekdotes mekaar af en bied dit ’n vermaaklike leeservaring. "Die leser van dié rubrieke kan verwag om te lag én om geroer te word. Van Tonder skryf oortuigend oor die nostalgie van vroeër, en jukstaponeer dit met aktuele sake van vandag. Hy slaag weereens daarin om lewenswaarhede op ’n ongeforseerde en verrassende vars manier oor te dra."

In Rapport Boeke (6 November 2011) word Anderkant omdraai beskryf as ’n heerlike leeservaring "wat wissel van die humoristiese tot die melancholiese, die stuitige tot die diepsinnige. Verwag om te lag én om geroer te word. Van Tonder skryf oor die ou Suid-Afrika en die nuwe een, oor die wonder van onskuld en oor ouer word."

Op die agterflap van die boek skryf Daniel Hugo: "Dat soveel temas en toonaarde binne die beperking van ’n koerantrubriek oortuigend en boeiend gestalte kon kry, is ’n ware kragtoer."

25 jaar ná die verskyning van Is Sagie in 1987 word die opvolg Is weer Sagie in 2013 gepubliseer.

Op LitNet wou Madri Victor by Jan weet hoekom hy ná soveel jaar besluit het om ’n opvolg te skryf, waarop Jan geantwoord het dat hy glad nie van plan was om ’n opvolg te skryf nie: "Sagie was ’n volledige storie, klaar, bedoel om te eindig soos hy het, maar 25 jaar lank het mense (veral vroue, en vir hulle sê ek altyd moeiliker “nee"), wanneer hulle verneem dat ek die skrywer van Is Sagie is, my verwytend gevra hoe ek dit aan Sagie kon doen: 'om hom só te los'. Ek was bang dat ek die karakter wat ek die liefste van almal het, skade sou aandoen met ’n opvolg, en het teen die versoeke bly stry. En, mettertyd, die versoeking. Maar sou ek na ’n kwarteeu weer in Sagie se kop kon kom? Ek het probeer, die boek in die spreekwoordelike laai gebêre, en ’n klompie jaar later uitgehaal en weer probeer. En uiteindelik besluit dis nou of nooit."

Oor waar Jan die karakter van Sagie gaan haal het, vertel hy aan Madri Victor dat terwyl hy in die Point-gevangenis in Durban gewerk het, hy sterk onder die indruk van die boosheid van die stelsel in die tronk gekom het en besluit het om ’n storie te skryf – oor ’n mens wat geen kwaad in hom het nie: "Sagie was die produk. Toe ek egter alle boosheid en slinksheid uit hom gehaal het, was hy na die verstand ietwat stadiger as ander mense. Dit sê natuurlik nie dat hy nie ’n goeie boer is nie; inteendeel, sy kennis van knoppiesblaar en water lei en beeskwale en plant en oes is vir hom tweede natuur. Hy verstaan net nie waarom mense mekaar soms seermaak nie."

Lesers het Sagie in die eerste roman, Is Sagie, leer ken ons hom en sy ontluikende verhouding met Ansie wat aan die einde van boek uitloop op ’n mislukking. In Is weer Sagie word daar op ander temas gefokus, skryf Madri Victor op LitNet: "volwassewording, die pa-seun-verhouding, konflik tussen werknemer en werkgewer, asook wat 'man-wees' beteken en die samelewing se persepsies daarvan."

Vir Victor lewer Van Tonder met hierdie roman weer eens bewys van sy sensitiwiteit vir die buitestander, die enkeling wat onskuldig staan, terwyl sy karakters skerp genuanseerd is wat die leser tot deernis stem.

"Tipies van so ’n plaasroman is die verbondenheid van die karakters aan die plaas, die grond en die landskap. Is weer Sagie wys ’n plaaswêreld wat aan die verdwyn is, waar daar klip met die hand ‘gedress’ word (iets wat Jan terloops ook kan doen), pyp uit kalbas gemaak word en daar met die hand gemelk word. Ook van die onskuld van Sagie is daar maar min te sien in die hedendaagse lewe – miskien juis daarom dat die karakter soveel impak op die leser het."

In hierdie tweede roman oor Sagie bly hy glo dat wanneer hy Ansie se huis klaar gebou het, sy sal terugkom. Vir Victor ontwikkel Ansie se huis vir haar as ’n karakter op sy eie wat sentraal in die verhaal staan. Jan se reaksie hierop is as volg: "Die huis het onder my hand as karakter ontwikkel, soos wat hy onder Sagie s’n ’n potensiële woning geword het. Sonder daardie huis wat hy vir Ansie bou, is daar geen storie, of hoop vir Sarys van Greunen nie. Maar saam met die huis, as simbool van permanensie en geborgenheid en hoop, staan ’n ander karakter nader, een wat die leser self in Is weer Sagie sal ontmoet."

In Vrouekeur (3 Januarie 2014) skryf Willie Burger: "Byna alle romans gaan oor die botsing tussen die spesifieke beeld wat een mens van die wêreld het met die manier waarop die res van die mense die wêreld verstaan. Wanneer ’n karakter dapper veg om sy of haar ruimer beeld van die wêreld teen ’n gemeenskap se stiksienigheid te verdedig en om die gemeenskap van die gevolge van hul stiksienigheid te red, ontstaan ’n heldeverhaal. Wanneer ’n individu egter, soos Sagie, ’n beperkte begrip van die lewe het, ontstaan iets tragies, ’n verlies van onskuld en droefheid. Te maklik kan só ’n vertelling soetsappig, ’n maklike opwekking van emosies word, maar Van Tonder is ’n uitgeslape verteller wat dit nie laat gebeur nie. Is weer Sagie is ’n roerende leeservaring."

Ook Dewald Koen is beïndruk met Is weer Sagie. In Beeld van 7 Oktober 2013 skryf hy dat Sagie in Is Sagie lesers bekoor het met sy "fynbesnaarde aard en ongekunstelde persoonlikheid, ondanks sy intellektuele eenvoud". In Is weer Sagie kan daar verder gelees word aan hierdie verhaal van die inwoners van die plaas Greundal. Gedurende die vier jaar wat verloop het tussen die twee verhale, het Sagie se toekomsdrome nie verander nie en hoewel hy steeds sy pa gehoorsaam, is daar beslis ontwikkeling wat sy karakter betref en raak hy al meer onafhanklik en selfstandig.

Koen gaan voort: "Die roman bied terselfdertyd ’n poëtiese beskrywing van die plaaslewe. Van Tonder se fyn waarnemingsvermoë en karakterbeskrywings sluit sterk aan by die skryfstyl van Karel Schoeman. Die tradisie van die plaasroman word met Is weer Sagie voortgesit, ondanks die veranderde sosio-politieke klimaat waarin Suid-Afrika hom sedert 1994 bevind. ’n Aspek van die roman wat deurgaans deurskemer, is die emotiewe en deernisvolle rasharmonie wat tussen die boere en hul werkers heers. Hierdie gegewe word met tye effens soetsappig uitgebeeld, maar doen geensins afbreuk aan die roman nie."

"Is weer Sagie is die soort roman wat ’n leser meer as een keer sal wil lees. Sagie toon deurentyd deernis teenoor sy medemens, al word hy by talle geleenthede verneder en onwaardig geag. Van Tonder se Sagie is geen slagoffer van sy omstandighede nie, maar word uitgebeeld as ’n alledaagse persoon wat die lewe opreg waardeer."

"Hierdie boeiende roman se verrassende slot sal menige leser laat uitsien na die vervolgroman, waarin Sagie se droom (hopelik) bewaarheid word."

Tydens die Aardklop-kunstefees van 2011 is Jan se eerste klug, Die onbeholpe djin, op die planke gebring en waar Jan ook oor die stuk gepraat het. Hy het Djin lank terug geskryf (nog op ’n dot matrix-drukker gedruk) en het dit toe in ’n laai gesit en daarvan vergeet. Hy het dit in ’n boks gevind wat hy nog nooit uitgepak het nie en het dit toe verwerk.

Jan vertel aan Anim van Wyk (Beeld, 8 Oktober 2011) dat hy daarvan hou om iets van alles te doen: "Dit pas by my geaardheid. Ek raak verveeld met ’n ding. Ek probeer elke keer ’n nuwe ding wat ek nog nie het nie. Die feit dat ek soveel genres beoefen, is vir my baie bevredigend."

In 2019 word Jan se volgende roman, Die verevrou, deur Human & Rousseau uitgegee. Die oorsprong van hierdie roman kan teruggeneem word na 1997 toe Jan en die fotograaf Lanz von Hörsten op Oudtshoorn was vir die navorsing van hulle boek The Little Karoo. Jan het geweet dat die inligting wat hulle oor die verebedryf op Oudtshoorn gehad het, nie genoeg was nie. Hy het ook al gehoor van die bekende "meesterpluimbereider", Luisa Pappalardo, wat vanaf Parys na Oudtshoorn gekom het en beskou is as dié kenner van volstruisvere in Suid-Afrika.

Jan vertel verder aan Johan van Zyl (Rapport, 31 Maart 2019): "Op 4 Junie 1997 het ek voor dooiemansdeur te staan gekom by Luisa se huis in Kerkstraat, maar wel twee vroue in die erf langsaan gewaar. Dit was die befaamde verevrou en haar buurvrou wat opsluit vir my gesê het: 'Sy wil nie met jou praat nie; sy sê sy is klaar met vere.'

Presies hoe kláár het ek glad nie besef nie. Twee dae ná my besoek het Luisa Pappalardo haarself op ’n klein lappie gras buite die polisiekantoor op Oudtshoorn doodgeskiet. Dit was ’n geweldige skok en van toe af het hierdie vrou eenvoudig by my gespook."

Aanvanklik het hy probeer om die basiese inligting tot ’n verhoogdrama te verwerk, met ’n filmdraaiboek daarna, maar dit wou net nie werk nie: "En tog, keer op keer tussen my ander projekte en boeke deur, het ek bewus gebly van haar teenwoordigheid en ’n geweldige fassinasie met haar ontwikkel: Wat laat ’n meesterpluimbereider al die pad uit Parys na Oudtshoorn toe verhuis? Luisa se ma het later ook Karoo toe gekom, en ’n jaar ná haar ma se dood (in 1996) het Luisa besluit om haar lewe te beëindig."

"Dit was asof sy van toe af voortdurend oor my skouer geloer het. Ek het later die idee gekry sy hou nie van wat ek doen nie. Dit was asof sy wou hê ek moet die storie nie vertel nie."

Luisa se lewe het met baie lande en gebeure gekruis, soos dit duidelik blyk uit die navorsing waarmee hy in verskeie stadiums obsessief besig was – Algerië en die Algerynse Vryheidsoorlog van 1954 tot 1962, Parys, Korsika en die fyner kunsies van die volstruisveerbedryf.

Luisa se suster wat in Parys woon, was glad nie geneë om Jan enigsins te help nie. Mense op Oudtshoorn wat haar geken het, het met hom gepraat en hy het die grusame foto's van haar dood bestudeer, asook die hofverslae en die nadoodse verslag.

Hy vertel verder aan Van Zyl: "Sy het mense eintlik voorberei op haar dood en in haar selfmoordbrief laat blyk sy sy kon haar ma se dood nie verwerk nie. Sy het daarna ook die polisie om verskoning gevra dat sy haar lewe buite die polisiekantoor beëindig het, en selfs ’n lys van mense gemaak wat ná haar dood gebel moes word."

"Ek het later uitgevind Luisa het ook in São Paulo, Brasilië, waar sy tien jaar gebly het (’n tydperk wat Jan glad nie vir sy roman gebruik het nie), haar lewe probeer beëindig. Ná haar dood het ek boonop ’n magdom stories oor haar gehoor, natuurlik tweedehands. Dit was asof hierdie vrou in verskillende wêrelde geleef het. Vir party mense het sy glo gesê sy is ’n maagd; vir ander het sy vertel sy het ’n seksuele verhouding met haar neef gehad; nog ’n klomp het vertel hoe sy op haar bors geslaan en gesê het 'I'm a Christian!'; ander sê sy was ’n uitgesproke ateïs. Al wat ek weet, is dat sy my ná haar dood eenvoudig nie wou uitlos nie."

Dit is dan die lewe van Luisa Pappalardo wat die inspirasie agter Jan se skepping van Liora Papalato was, maar sy is net ’n "lugspieëling" van die vrou wat eens gelewe het.

Jan het ook nog nooit vantevore in sy lewe so "hard en ernstig en ingrypend" aan enige van sy ander boeke geskryf nie: "Hierdie roman het my vir die eerste keer regtig diep laat twyfel oor of ek nog kán skryf. Die verevrou is aanvanklik vir publikasie aanvaar, maar is toe afgekeur. Ek het dit dramaties gesny en herskryf, maar dis weer afgekeur. Toe herskryf ek weer en dit word wéér afgekeur. En toe wend ek my in ’n staat van totale moedeloosheid tot my ou uitgewer, Marietjie Coetzee, wat my en my talente en my beperkings goed ken ... en toe probeer ek weer."

"Terselfdertyd moet ek hier erkenning gee aan my geliefde, Jenny Pieterse. Op ’n dag toe ek weer heen en weer in die huis rondstap en nie herwaarts of derwaarts weet nie, het sy vir my gesê: 'You're pacing again.' En toe sê sy ek moet ophou probeer om ’n biografiese roman te skryf. Ek moet ’n stórie skryf. Die stórie. En dit is wat dit is, al is daar sekere raakpunte met sekere biografiese werklikhede: mý storie."

Die storie van Liora begin toe sy ses jaar oud aan die kant van die Sahara-woestyn en die roman neem dit deur haar werk as verpleegster in Algiers, haar lewe as pluimbereider in Parys tot die einde van haar lewe in die Klein-Karoo.

Vir Laetitia Pople (Volksblad, 3 April 2019) is die karakters in Die verevrou baie besonders – Liora, haar ma, Maman, haar geliefde oom en mentor, Moshe en Candice, die stelteloper van De Rust.

Pople skryf verder: "Die raakpunte tussen Suid-Afrika (in 2019) aan die vooraand van ’n verkiesing en die wêreld van Die verevrou, die roman, is duidelik met Algerië voor die bloedige oorlog, Suid-Afrika in die hoogty van apartheid en net voor die eerste demokratiese verkiesing. Die beskrywing van die vlug uit Algiers is skokkend tydloos – dit herinner aan die nood van tallose vlugtelinge tans (2019) in die wêreld."

Vir Jan is dit verblydend dat Pople dié verband raakgelees het: "Ek het dit doelbewus onderspeel sodat die onuitgespreekte ’n onheilspellende fluistering kan wees: Daar is nie wenners in dié soort revolusie nie, want ’n groot deel van die bevolking verloor alles, ook hul lewe, en in gans te veel gevalle word die bevryders daarna ook die grootste uitbuiters."

Deur die karakter van die erg beseerde soldaat, Chrestien, word die verskrikking van die oorlog vir die leser realisties uitgebeeld.

Jan het die karakter van Chrestien geskep juis om die verskrikking van die oorlog "op ’n individuele en persoonlike vlak uit te beeld. Chrestien Blanc kom vermink by die hospitaal aan en beland weens die oorvloed gewondes in die sorg van Liora, die jong vrou wat haar mediese studie gestaak het omdat sy geglo het sy kan as verpleegster gouer van diens wees. Daar vorm ’n besondere band tussen haar en die soldaat, iets wat ek nie voorsien het nie – die soort geskenk waarvoor ek altyd dankbaar is."

Die karakters wat hy in Die verevrou geskep het, het hom verras, vertel hy verder aan Pople. Hy beplan nie te veel aan hulle nie. Vir Pople stereotipeer hy nie sy vrouekarakters en hulle lewe vry en avontuurlik ondanks die periode waarin hulle leef: "Ek beplan my karakters nie in fyn besonderhede nie," vertel Jan. "Hulle groei namate hulle hul plek in die roman inneem en mettertyd vol staan. Hulle verras my telkens met hul eiesinnigheid wat lei tot wat ek hoop afgeronde persoonlikhede is, hetsy swak of sterk, buitestanders of opdringeriges."

In Rapport van 3 Maart 2019 is Louise Viljoen die resensent van Die verevrou. Volgens haar het baie skrywers al die pen opgeneem om te skryf oor die Klein-Karoo en die verebedryf aldaar, maar dat Jan van Tonder dit reggekry het om hierdie storie vanuit ’n unieke invalshoek te teken. "Dit het veral te doen met die uiteenlopende wêrelde wat hy op dramatiese wyse in dié verhaal byeenbring."

"Die roman vertel in wese twee verhale wat mekaar op ’n bepaalde punt in die tyd kruis. Hulle word gelyklopend, maar afwisselend weergegee sodat die kontraste en raakpunte sorg vir ’n byna kontrapuntale geheel.

"Die eerste verhaal begin in 1948 op die volstruisplaas Finisterre aan die rand van die Sahara in Algerië. Die hooffiguur in hierdie vertelling is Liora Papalato, ’n jong kind wanneer die verhaal begin en wat in die middel staan van ’n ongemaklike driehoeksverhouding tussen haar Franse ma, Charlotte, haar Korsikaanse pa, Emilio, en die Joodse man Moshe Habib, ’n sakekontak uit die Klein-Karoo."

"Hul lewe word verder bemoeilik deur die gespanne atmosfeer in die koloniale Algerië en die Algerynse Onafhanklikheidsoorlog wat van 1954 tot 1962 geduur het. Liora vlug in 1962 tydens die hoogtepunt van die geweld, wat veral vanuit ’n Europese oogpunt beskryf word, uit Algiers na Parys."

"Die tweede verhaal begin in 1976 in De Rust in die Klein-Karoo waar die bruin dogtertjie Candice Amat deur haar pa, wat op volstruisplase in die omgewing werk, bewus raak van die verleiding van vere, en mettertyd op Walter, die seun van een van die plaaseienaars, verlief raak. Sy verlaat uiteindelik die Klein-Karoo om oorsee te gaan en werk vir ’n aantal jare in die buiteland as model, maar keer dan terug na De Rust waar sy op haar eie woon en vereprodukte vervaardig wat sy aan toeriste verkoop."

Liora en Candice se lewens kom in 1992 bymekaar uit. Liora is na die Klein-Karoo om vir Moshe wat aan demensie begin ly, te gaan kuier. Sy sien vir Candice wat op stelte loop en herken in haar ook iemand wat die taal van die volstruisveer verstaan.

Louise Viljoen gaan voort: "Van altwee die karakters teken die roman die oorgang na volwassenheid (’n belangrike tema in Van Tonder se werk) om verskillende kontekste en uiteenlopende families. Liora word groot in die koloniale Algerië met ’n kleinsielige pa wat lyk of hy minder vir haar omgee as oom Moshe. Candice word groot onder apartheid met ’n arbeiderpa wat ’n swakheid vir die bottel het, maar ook ’n groot teerheid vir sy enigste dogter. Die roman toon hoe hul grootwordjare die verloop van hul volwasse lewens bepaal." [...]

"Van Tonder slaag daarin om ’n hele aantal belangrike kwessies te vervleg met die die dramatiese verhaalgebeure. Dit is ’n roman oor sterk, onafhanklike vroue wat terselfdertyd hul kwesbaarheid beklemtoon, veral in toestande van oorlog en armoede. Dit vertel ook die liefdesverhoudings wat selde die geleentheid kry om probleemloos te ontwikkel. Ook van liefdes wat duur ten spyte daarvan dat hulle onvervuld bly."  [...]

"Van Tonder gee tekstuur aan sy roman deur die beskrywings van geweld en stryd af te wissel met liriese momente waarin mense se deernis met mekaar die geleentheid kry om na vore te kom. Hy werk ook treffend met verswyging en suggestie wanneer hy spanning bou deur sekere elemente aanvanklik vaag te hou en hulle gaandeweg aan die leser te onthul." [...]

"Die verevrou is ’n roman waarin daar met verskillende drade geborduur word op ’n kleurvolle doek."

"Die roman mis die eenduidige fokus wat van Van Tonder se roman Roepman so suksesvol gemaak het; dit bekoor eerder deur die rykheid aan karakters, gebeure, veelseggende detail en geheimsinnige slot. As sodanig is dit ’n aanduiding van Van Tonder se groeiende veelsydigheid as romanskrywer."

Francois Bekker (Beeld, 18 Maart 2019) skryf as volg oor Die verevrou: "Stilisties beleef ’n mens die verloop van die verhaal en die afloop daarvan op twee uiteenlopende vlakke. Dit is ’n besige storie wat met ’n snelle pas ontvou, Van Tonder se beheer oor so ’n wydlopige verhaal bevestig hom as ’n virtuose prosaïs.

"Die dénouement ruk die karakters en die leser egter tot stilstand. Dit is gewyde laaste oomblikke wat miskien meer vrae as antwoorde bied. Want al vind jy ’n holte vir jou voet wat landstreek, geloof of liefde betref, is dit oplaas die self teenoor wie jy in die finale instansie verantwoordbaar is."

"Die verevrou, ’n hoogtepunt in Jan van Tonder se oeuvre, is ’n ambisieuse werk wat bewys watter wonderlike beelde en emosies woorde by lesers kan wek."

En op LitNet sluit Elbie Adendorff haar bespreking van Die verevrou as volg af: "Die verevrou is ’n epiese verhaal van bevryding wat waarskynlik in die slottonele ’n hoogtepunt bereik met die religieuse element van die Goeie Vrydag-optog waarin daar genesing vir etlike karakters kom: moontlike versoening tussen Candice en Walter en vir Liora: 'Sedert haar deelname aan die Goeie Vrydag-optog het sy vreugde in dit wat nooit aan haar kan behoort nie' totdat sy bevrydend in die swempoel 'oopvlerk op pad' sweef bo almal uit soos Moshe aan haar as kind gesê het: 'Eendag sal jy bo ons klomp gewone mense sweef, my engel.'"

"Jan van Tonder se oeuvre bereik ’n hoogtepunt met Die verevrou. Dit is ’n moet-lees vir diegene wat van verweefde karakters en storielyne en motiewe hou."

Jan vertel aan Laetitia Pople dat hy nie sy boeke in hoofstukke skryf nie, maar in tonele: "[E]n uiteindelik voeg ek dit soos ’n filmredigeerder aanmekaar. My skilderwerk moes ek voorlopig op die lange baan skuif vanweë Luisa Pappalardo se konstante teenwoordigheid. Sedert die verskyning van my boek laat die verevrou wat dit op so ’n tragiese wyse geïnspireer het, my met rus. Hopelik kom daar ’n vervaardiger of regisseur wat soos jy (en ek) oor die verfilmbaarheid van Die verevrou voel, iemand wat toegang tot genoeg geld het om reg aan die storie te laat geskied. Intussen skryf ek." (Volksblad, 3 April 2019)

Jan is ’n buitestander en daarom is baie van sy hoofkarakters ook buitestanders. Hy verduidelik aan Johan van Zyl dat hy ’n baie private persoon is – "nie vreeslik outgoing nie, sukkel om met vreemdelinge ’n gesprek aan te knoop en haat onderhoude en openbare verskynings, maar verstaan ek is dit aan myself, my uitgewer en die boek verskuldig."

"Dalk skryf ek oor outsiders omdat hulle op interessante maniere ánders is en gewoonlik aan die kortste ent trek. Ek is van kleins af ’n agie en meesterlike luistervink wat mense en gesprekke en gebeure opsuig soos ’n spons en dan stadig tot fiksie verteer."

"As jy grootgeword het soos ek ... as jy sonder ’n sekere soort selfvertroue deur die lewe gaan ... ontdek jy naderhand dat jy met woorde amper soos God mense kan 'skep', dat woorde jou ’n sekere mag of selfvertroue kan gee om iets te wees wat jy nie regtig is nie." (Rapport, 31 Maart 2019)

Publikasies:

Publikasie

Wit vis

Publikasiedatum

1983

ISBN

0628023707 (hb)

Uitgewer

Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Aandenking vir ’n vry man

Publikasiedatum

1984

ISBN

0798614099 (hb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Is Sagie

Publikasiedatum

  • 1989
  • 1990
  • 2005

ISBN

  • 0798623055 (hb)
  • 079863085X (sb)
  • 1770020403 (sb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Die kind

Publikasiedatum

  • 1989
  • 1990

ISBN

0798630396 (sb)

Uitgewer

Pretoria: HAUM-Literêr

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

  • ATKV-Prosaprys 1990
  • FAK-prys vir Ontspanningsleesstof 1991

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

The Little Karoo = Die Klein Karoo = Die Kleine Karoo

Publikasiedatum

  • 1998

ISBN

0798138165 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Kontrei

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Roepman

Publikasiedatum

2004

ISBN

0798144580 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels; vertaal deur Elsa Silke 2006

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Lewensreg: ’n tragi-komedie vir mede-sterwendes

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780980275438 (sb)

Uitgewer

Parklands: Genugtig!

Literêre vorm

Drama

Pryse toegeken

Sanlam-prys vir Afrikaanse Teater 2007

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Anderkant omdraai

Publikasiedatum

2011

ISBN

9781869194680

Uitgewer

Pretoria: Protea Boekhuis

Literêre vorm

Kortprosa

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

Geen

 

Publikasie

Is weer Sagie

Publikasiedatum

2013

ISBN

9780798163026 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die verevrou

Publikasiedatum

2019

ISBN

97807981 (sb)

Uitgewer

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Artikels oor Jan van Tonder beskikbaar op die internet

Artikels deur Jan van Tonder beskikbaar op die internet

Die opsteller vra om verskoning dat van die skakels nie tans kan oopmaak nie, maar Media24 se koerantargief is op die oomblik nie toeganklik nie.

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum
  • Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Jan van Tonder (1954–) appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 April

Boekenuus: Benoeming vir prys beste verjaarsdag-geskenk vir Poland

Marguerite Poland se roman A Sin of Omission is op die kortlys van die Walter Scott-prys vir historiese fiksie en dit is die beste geskenk waarvoor sy vir haar 70ste verjaarsdag kon vra.

Boekenuus: Kyk wie pryk op kortlys van Internasionale Booker-prys

Die kortlys van die Internasionale Booker-prys vir vertaalde fiksie is bekend gemaak.

3 April

Boekenuus: 'Mees ambisieuse' boek van 2019 wen UJ-prys

Die wenners van die UJ-pryse is bekend gemaak.

5 April

Boekenuus: Kanker eis 'n koning van kindersketse

Berig oor die afsterwe van bekroonde illustreerder Alex van Houwelingen.

Vervolgverhale: Spesiaal vir jou tuisbly-tyd

LAPA-Uitgewers stel twee topboeke bekend as vervolgverhale

Boekenuus: Wenners van Andrew Murray-pryse aangekondig

Die wenners van die Andrew Murray-pryse vir teologiese publikasies is bekend gemaak.

6 April

Resensie: Impak van die liefde

Joan Hambidge resenseer Ou laaie deur Fanie Olivier

Resensie: Sterk debuut oor ras, klas

Sonja van der Westhuizen resenseer Such a Fun Age deur Kiley Reid

Resensie: 'n Egte, afgeronde kunswerk

Clari Niemand resenseer Luistervink deur Madré Marais

Boekevat: Die muwwe mausoleum van boekwinkels

'n Rubriek deur Daniel Hugo.

Boekenuus: Slypskool gaan voort ondanks virus

Die Breytenbach-sentrum se slypskool gaan voort ondanks die inperking.

Boekenuus: Cecile Cilliers se boekery vir Universiteit van Gent gegee

Die ontslape resensent en rubriekskrywer Cecile Cilliers se boekversameling is aan die Universiteit van Gent in België geskenk.

7 April

Nuus: Regsgeleerde wen Jan H Marais-prys

Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het aangekondig dat die gesogte Jan H. Marais-prys vanjaar aan prof. Jean Sonnekus toegeken sal word.

8 April

Boekenuus: Boek oor koronavirus verskyn soos blits

Binne net 7 dae het 17 skrywers hul ervarings van die Covid-19-pandemie neergepen, die boek is saamgestel, geredigeer en digitaal uitgegee.

Boekenuus: Hitler in 'die buitenste ruim' in Kombuis se novelle

Adolf Hitler bevind hom in die "buitenste ruim in 'n wetenskapfiksie-storie gone wrong" in die sanger en skrywer Koos Kombuis se novelle, Sushi with Hitler.

9 April

Nuus: Sweedse ambassade bring kunstenaars aanlyn byeen

Christiaan Boonzaier berig oor 'n aanlyn inisiatief van die Sweedse ambassade in Pretoria.

11 April

Boekenuus: Bekendes lees van Anne Frank tot Bukowski in inperking

AJ Opperman het 'n paar mense gevra wat hulle tydens die inperking lees.

12 April

Boekenuus: 6 gekies om manuskripte te slyp

André Trantraal, Beyers de Vos, Olivia M Coetzee, Sarie Nell, Valda Jansen en Veronique Jephtas is gekies vir die skrywersresidensie wat die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans vanjaar aanbied.

14 April

Boekenuus: 'Boekklub' se Heine neem stories vir kleinspan op

16 April

Profiel: Willem Krog kies die toekoms bo die verlede in nuwe roman

Die skrywer Willem Krog se nuwe roman, Alleen onder die maan, spring heen en weer tussen die jaar 1969 en die "nabye toekoms".

Boekenuus: Die luisterboek vir Mei is...

Netwerk24-intekenare kan uitsien na 'n nuwe luisterboek in Mei.

Boekenuus: Uitgewer soek jou biegstorie vir biegboek

Suid-Afrikaners wat iets op die hart het, maar te skaam is om dit met enigiemand te deel, het nou die kans om anoniem 'n bydrae te maak tot Wenkbrou se Biegboek: Ware geheime onthul.

17 April

Profiel: Poleer só jou anderster kind se ster

Christien Neser vertel meer oor haar nuwe boek, Help! My kind is anders.

Boekenuus: Die Book Lounge in Kaapstad vra om hulp

Die veelbekroonde boekwinkel in Kaapstad het om hulp gevra in 'n nuusbrief.

Boekenuus: Jan van Tonder se 'Verevrou' op RSG

Die Verevrou deur Jan van Tonder sal op RSG voorgelees word.

19 April

Boekenuus: Hier kan jonk en oud 137 kinderboeke gratis lees

Book Dash, 'n plaaslike organisasie sonder winsbejag, het 137 kinderboeke op sy webwerf beskikbaar gestel wat jonk en oud gratis kan lees.

Kompetisie: Skrywersbond begin skryf- en kunskompetisie

Die Amateurskrywersbond (ASB) het 'n skryf-, dig- en kunskompetisie uitgeskryf om die aandag te vestig op die nood waarin Moeder Natuur verkeer.

20 April

Boekevat: Om die alledaagse met nuwe oë te bekyk

'n Rubriek deur Jo Prins.

Resensie: Sielkundige riller, nie liefies

Schalk Schoombie resenseer Liewe Mamma deur Esther Verhoef

Resensie: Toe nie net wetenskapfiksie

Sonja van der Westhuizen resenseer The Waiting Rooms deur Eve Smith

Resensie: Bloedsteen bestryk wye spektrum temas

Neil van Heerden resenseer Bloedsteen deur Irna van Zyl

23 April

Kyk: Michelle Obama lees kinderboeke voor

Profiel: 'n Ma met skrisofenie – Brent Meersman se memoir

Brent Meersman vertel AJ Opperman meer oor sy memoir, A Childhood Made Up.

Boekenuus: Skrywers vra in video moenie e-boeke onwettig versprei nie

Skrywers doen 'n beroep op die publiek om die onwettige verspreiding van e-boeke te staak in 'n video wat die skrywersorganisasie PEN Afrikaans op Wêreldboeke- en kopieregdag uitgereik het.

24 April

Boekenuus: Korona-kinderboek blitsvinnig in Afrikaans vertaal

LAPA-Uitgewers en Jaco Jacobs het in rekordtyd die regte van 'n Engelse kinderboek oor die koronavirus bekom en dit in Afrikaans vertaal en as gratis e-boek uitgegee.

25 April

Om te skryf in die tyd van die koronavirus

Cheréne Pienaar het met 'n handvol skrywers oor alle genres heen gesels oor hoe die pandemie hul skryfwerk en wêreldbeskouing beïnvloed.

28 April

Boekenuus: Voeg jou naam by petisie om boeke te laat aflewer

Skrywers en die publiek maak hul stem dik in 'n petisie sodat boeke weer verkoop mag word wanneer fase vier van die staat van inperking in werking tree.

29 April

Boekenuus: Lesers stuur boek lustig aanlyn rond

Sophia Kapp reageer op die onwettige verspreiding van haar jongste boek, Kanäan, in PDF-formaat op WhatsApp.

30 April

Boekenuus: Uitgewers wil WhatsApp-groepe vasvat wat e-boeke deel

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:

South African writing in transition, edited by Rita Barnard and Andrew van der Vlies: a review

Resensie: Bloedsteen deur Irna van Zyl

Boekresensie: Blessed by Bosasa: Inside Gavin Watson’s state capture cult deur Adriaan Basson

Resensie: As if born to you deur Susan Newham-Blake

Resensie: Kinders wat moor: Wie se skuld is dit? deur André le Roux

Resensie: In Mamelodi het ek my God gevind deur Nico Smith

LitNet Akademies-resensie-essay: Die nuwe Afrikaanse prosaboek, saamgestel deur Sonja Loots en Steward van Wyk

Resensie: Gaan Suid-Afrika oukei wees? deur Jan-Jan Joubert

Review: JM Coetzee: Photographs from boyhood by Hermann Wittenberg (ed)

Review: Dream of a lifetime: Crossing Antarctica by Mike Horn

Resensie: Kyk na my deur Nataniël

In a time of plague: Memories of the “Spanish” flu epidemic of 1918 in South Africa by Howard Phillips – a review

Resensie: Alleen onder die maan deur Willem Krog

"Asof die heelal geskreeu het skryf nou die boek!"

Skrywersonderhoud: André le Roux oor Kinders wat moor: Wie se skuld is dit?

Lockdown: The corona chronicles – an interview with Melinda Ferguson

Afspraak met moord – om sin te probeer maak van die sinlose

Skrywersonderhoud: Madré Marais oor Luistervink

Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans Skrywersresidensie 2020: ’n Onderhoud met Beyers de Vos

Sushi with Hitler: ’n onderhoud met Koos Kombuis

"My karakters klim uit hulle stereotipes en word menslik"

Inter-review with Lauri Kubuitsile about her book, But deliver us from evil

Breyten Breytenbach: Sal die nood ons leer herbesin?

Rapport

Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

5 April

Resensie: Jean Meiring resenseer Die Kwesbares deur Steve Hofmeyr

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer She Said: How two reporters broke the story that changed the rules about sex and power deur Jodi Kantor en Megan Twohey en Catch and Kill: Lies, Spies and a Conspiracy to Protect Predators deur Ronan Farrow

Nuut op die rak: Volg die goudspoor

  • Terry Crawford-Browne se Eye on the Gold
  • Changing a Leopard's Spots: The Adventures of Two Wildlife Trackers deur Alex van den Heever
  • Renias Mhlongo Sarah Bullen en Kate Emmerson se Write your Book in 100 Days: Stop mucking about and just write your book

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-volg-die-goudspoor-20200405

Nuut op die rak: Afterland deur Lauren Beukes

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/nuut-op-die-rak-die-wereld-na-mans-20200405

12 April

Resensie: Joan Hambidge resenseer Van my beste vriende is groen pyltjies en bruin bottels: Koffietafelboek vir ganjamense en ander fragmentlesers deur Kleinboer

Resensie: Jonathan Amid bespreek Die nag ruik na spoed deur Schalk Schoombie

Resensie: Kansvatter: Die rustelose lewe van Ben Viljoen deur Carel van der Merwe, geresenseer deur Floris van der Merwe

Resensie: Johannes de Villiers resenseer Swart swaan deur Wilken Calitz

19 April

Resensie: Rachelle Greeff bespreek Luistervink deur Madré Marais

Resensie: 1 Recce (volume 2): Agter vyandelike linies deur Alexander Strachan, geresenseer deur Abel Esterhuyse

Resensie: Jonathan Amid resenseer American Dirt deur Jeanine Cummins 

26 April

Resensie: Nathan Trantraal oor Uit die kroes deur Lynthia Julius

Resensie: Annelise Erasmus resenseer As jy van moord droom deur Deborah Steinmair

Resensie: Anna Kemp bespreek The Mirror & the Light deur Hilary Mantel

Resensie: Jonathan Amid resenseer Liewe Mamma deur Esther Verhoef

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

7 April

Duinhuis deur Isabella Niehaus

"Ek geniet dit vreeslik baie om deur kookboeke te blaai – nie net vir die smullekker resepte en aptytwekkende foto's nie, maar beslis vir die heerlike kuier wat tussen die bladsye vasgevang word," skryf Louise Viljoen.

Lees die resensie

14 April

Na verre hawens deur Hennie van Deventer

"Hennie van Deventer, 'n gesoute wêreldreisiger, se Na verre hawens is een van daardie boeke wat jy lees as jy noodgedwonge met Jan Tuisbly se karretjie moet ry," meen Louise Viljoen.

Lees die resensie

20 April

Porseleinskerwe deur Marié Blomerus

"Die vliet van die lewe en veral die oproep daarvan en die nadink daaroor gee die pas aan in Blomerus se vertellings – van die (voorouerlike) plaas in Afrika tot die woonstelbalkon (vermoedelik in Swakopmund waar die skrywer woon)", skryf Johan Myburg.

Lees die resensie

21 April

Dink nuut leef nuut deur Arnold Mol

"Dr Arnold Mol verduidelik ingewikkelde menslike gedrag op maklik-verstaanbare maniere en bied ook praktiese oplossings aan," sê Louise Viljoen.

Lees die resensie

30 April

Ontdek-reeks

"Die titels is ideaal vir skooltake en om tuis meer oor die onderwerpe te leer. Leernotas motiveer die kind om onafhanklik te lees, brei hulle woordeskat uit en prikkel hulle om nuuskierig te wees oor die wêreld waarin hulle leef," skryf Louise Viljoen.

Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

 Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 1 April

Ilse Salzwedel gesels met Petrovna Metelerkamp oor die werk van Jeanne Goosen. Petrovna het onlangs 'n biografie van Jeanne saamgestel, asook 'n digbundel van Goosen se voorheen ongepubliseerde gedigte en 'n bundel getiteld Los gedagtes, met filosofiese aanhalings uit die gevierde skrywer, dramaturg en rubriekskrywer se pen. Johan Myburg gesels in sy rubriek onder andere oor 'n nuwe roman oor die lewe van Shakespeare se seun Hamnet, wat aan builepes dood is. Vind ook meer uit oor Leo Tolstoy se roman Anna Karenina waaroor verskeie rolprente gemaak is.

Woensdag 8 April

Luister na sketse uit die pen van Annemarie van der Walt, Pieter Pieterse en Johann C. Bakkes en nuus uit die internasionale boekewêreld, wat onder andere die voorlesing van 'n Pablo Neruda-gedig insluit.

Woensdag 15 April

In die plek van vanaand se normale Skrywers en Boeke saai ons Die woordketting uit wat tydens die 2014 RSG Kunstefees uitgesaai is. Ilse Salzwedel doen die woordketting met die digters Philip de Vos, Diana Ferrus en Andries Bezuidenhout. Elize Cawood is die spesiale gas.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 7 April

Pieter van Zyl lees gedigte voor uit Cas Vos se elfde bundel, Vlug van die gees. Resensent Dewald Koen skryf: "Die bundel as geheel fokus veral op menslike verganklikheid, die ars poëtika en faktore wat mense daagliks affekteer soos 'n gebrek aan liefde en deernis, verlies, siekte en die sosiale uitdagings wat ons in die gesig staar." 'n Bundel vir die tyd waarin ons ons tans bevind.

Vrydag 10 April

Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Chris van Niekerk en Susanne Beyers is die voorlesers van gedigte van Breyten Breytenbach, I.L. de Villiers, Arina Prinsloo, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Lea Rossouw, Adam Small, W.E.G. Louw, Sheila Cussons, I.D. du Plessis en NP van Wyk Louw.

Dinsdag 14 April

Bekroonde digter Ronelda S. Kamfer gesels en lees gedigte voor uit haar nuwe (vierde) bundel, Chinatown. Hierin bied sy opnuut poësie met 'n emosionele slaankrag wat die leser nie onaangeraak sal laat nie. Geslagspolitiek word ondersoek deur 'n vrouestem wat opklink teen die patriargie. Kwessies wat deel vorm van die huidige sosio­politieke diskoers – vrouemishandeling, rassisme en armoede – kom aan die bod, maar word met 'n diep menslikheid hanteer.

Dinsdag 21 April

Bekroonde digter Nathan Trantraal kuier by Frieda van den Heever in die ateljee om gedigte voor te lees uit sy nuwe bundel, Oolog. Iemand beskryf dit so: "Trantraal vind poësie waar ander digters te bang is om te soek."

Dinsdag 28 April

Luister na gedigte oor digterskap, en verse van digters in gesprek met ander digters. Vele gedigte word geïnspireer en opgedra aan ander digters, en ons luister na enkele van dié op eie bodem. Jy kan uitsien na gedigte deur Adam Small, Lina Spies, Pieter Odendaal, Izak de Vries en Daniel Hugo.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is 'n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

http://joanhambidge.blogspot.co.za/

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

4 April

Amanda Lourens resenseer Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyat

8 April

Marni Bonthuys resenseer Tuin van digters deur Daniel Hugo

22 April

Ihette Senekal resenseer Parlement van uile deur Johann van der Walt

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende April die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

4 April

Kies 'n boek: Die belydenis en Kinders wat moor

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2020 appeared first on LitNet.

Wenners van die Poort-skryfkompetisie 2020

$
0
0

Die algehele wenners van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns se gewilde Poort-skryfkompetisie vir senior hoërskoolleerders is bekend gemaak. Die doel van hierdie kompetisie, reeds sedert 1970 deur die SA Akademie, is om hoërskoolleerders aan te moedig om skeppende werk (veral poësie en prosa) in Afrikaans te skryf. Die kompetisie trek tans inskrywings van skole oor die hele Suid-Afrika, asook Namibië, en toenemend ook van leerders wat nie Afrikaans as huistaal het nie.

Lees hier meer oor vanjaar se wenners.

Vanjaar se wenners is (van links na regs) Suné Mostert, Chrizelle Strydom en Rachelle du Preez (foto's: verskaf)

The post Wenners van die Poort-skryfkompetisie 2020 appeared first on LitNet.

Post-COVID-19

$
0
0

Fotobron: Canva

Die eerste en moeilikste deel van die lockdown is verby. Die ekonomie, of wat daarvan oorgebly het, word stadigaan weer oopgemaak. Asof dit ’n hek of ’n sluis is.

Mense begin weer werk, en rondbeweeg. Binne die volgende maand of wat sal die skole oopmaak, as alles volgens plan verloop. Iewers langs die pad gaan meer besighede oopmaak, en meer besighede ondergaan. Die enigste besighede wat in hierdie tyd van  inkomste en wins kan seker wees, is begrafnisondernemers, mediese praktisyns, naaldwerkers wat maskers maak, en die sluikhandel in drank en sigarette. Nie noodwendig in daai volgorde nie.

Iewers vorentoe gaan daar ’n einde kom aan die vrees en onsekerheid wat met die virus gepaard gaan. Daar gaan ’n kuur of ’n teenmiddel ontwikkel word. Of mense gaan tropimmuniteit ontwikkel, teen groot lewensverlies. Maar daar sal ’n einde kom.

Hoe gaan die lewe daarna daar uitsien? Gaan die manier waarop ons sosiaal verkeer ingrypend verander, of gaan ons soos sediment in ons ou, bekende groewe teruggly? Gaan ons ’n terugkeer sien na etes in restaurante, kuiertjies in kroeë, swetende lywe in nagklubs en in gyms? Gaan ons steeds in kantore werk, met die gepaardgaande verkeersknope en astronomiese huur vir kantoorspasie in kantoorparke?

Of gaan die tendens om te isoleer met groter dringendheid toegepas word? Gaan ons ’n toename in Zoom-vergaderings in plaas van fisiese byeenkomste sien? Die besparings daaruit alleen kan yslik wees. Geen vliegtuigkaartjies, hotelakkommodasie, onthaaltoelaes, konferensiekostes, voertuighuur nie. As die tendens om werkers van hul huise te laat werk, voortgaan, sal daar reusebesparings op alle kantoorparafernalia wees. Geen kantoorhuur, elektrisiteitsuitgawes, gesukkel om uit te vind wie die skryfbehoeftes wegdra of gestoei oor wie die kantoor op die hoek of die parkeerspasie onder die skadunet moet kry nie. Geen seksueleteistering-klagtes nie. Geen aanvalle op vroue wat laataand na hulle voertuie terugkeer nie.

Maar aan die ander kant sal ons waarskynlik ’n toename sien in huishoudelike geweld, en in huisbrake. Boewe weet immers dat daar nou meer rekenaars en ander kantoortoerusting in huise gaan wees.

Dan is daar opvoeding. Keer ons terug na tradisionele klaskamers, of gaan afstandonderrig meer gewild word? Tuisopvoeding, waar die ouers self hul kinders moet leer, het alreeds geblyk nie te werk nie. Maar as daar klasse oor die internet of toegewyde televisiekanale gehou kan word, sou dit werk? Dieselfde met universiteitsopleiding. Dit sou die huidiglik onbekostigbare opvoedingsektor binne bereik van meer mense kon plaas.

En dit het die potensiaal om die gaping tussen ryk en arm verder te vergroot. Immers sal net kinders en jongmense met internettoegang, rekenaars en die spasie om te werk kan voordeel trek uit so ’n afstandsonderrigsituasie.

Dit sou ook beteken dat werkers hulle rekenaarvaardighede moet opskerp, en enigeen wat dit nie kan doen nie, sal uit die nuwe ekonomie uitgesluit word.

Koeriers en ander afleweringsdienste behoort dan in gewildheid toe te neem.

Vir enige skrywer is die volgende vraag natuurlik hoe die boekbedryf in die postkorona tyd daar uitsien. Die gedrukte media in die vorm van tydskrifte en koerante is al geruime tyd onder druk. In die vyf weke van die lockdown het heelparty tydskrifte aangedui dat hulle waarskynlik nie sal kan voortbestaan nie. Dieselfde met verskeie gemeenskapskoerante. Aanlyn media, daarenteen, het in hierdie tyd floreer.

Vir skrywers van fiksie het ’n ander probleem kop uitgesteek: rowers wat e-boeke kopieer en versprei. Aanvanklik is dit gratis gedoen, maar iewers het hulle uitgewerk hulle kan geld maak daaruit. Is dit ’n oordrywing om hulle rowers te noem? Nee, ek dink nie so nie. As iemand jou in die straat met ’n mes voorkeer en jou geld afvat, is dit roof. Net omdat daar nie fisieke kontak met e-rowers is nie, beteken dit nie daar is nie finansiële verlies nie.

Ook hoe ons gesinstrukture saamgestel is, sal waarskynlik ingrypend verander. Heelparty mense wat alleen bly, het in hierdie tyd verkies om saam met ander in lockdown te gaan. Gekose familie eerder as gebore familie sal waarskynlik nou meer gereeld saamwoon. Die stigma, as daar steeds nog stigma is, om op veertig plus ’n huismaat te hê eerder as om huiseienaar te wees, sal waarskynlik verdwyn.

Maar gaan die aard van ons samelewing verander? Ek dink nie so nie. Daar sal nog steeds selfsug, hebsug en nyd wees. Daar sal steeds mense wees wat vir hul gemeenskap omgee en daadwerklike verskille probeer maak. Die postkorona tyd gaan waarskynlik net groter eerlikheid omtrent wie ons in wese is, na vore bring.

The post Post-COVID-19 appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live