Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21501 articles
Browse latest View live

Die lekkerste en slegste boekbekendstellings ooit

$
0
0

Met die korona-pandemie wat die wêreld omvergegooi het, moes uitgewers en skrywers fisiese boekbekendstellings kanselleer of vervang met aanlyn geleenthede. Vir boekwurms wat samesyn met skrywers oor ’n glasie wyn geniet om die verskyning van ’n nuwe titel te vier, het boekpraatjies vinnig vervaag tot ’n herinnering. Melt Myburgh het skrywers, bemarkers en uitgewers gepols oor die beste en die slegste boekbekendstellings wat hulle kan onthou.

...................

Marita van der Vyver

Omdat Marita van der Vyver in Frankryk bly, is die bywoning van Afrikaanse boekbekendstellings hoofsaaklik beperk tot haar eie wanneer sy op besoek aan Suid-Afrika is. Die gemis aan sulke geleenthede is dus vir haar niks vreemd nie. In Frankryk, sê sy, word sy nie juis na boekpraatjies genooi nie, want sy ken min skrywers daar.

Die geheim van ’n suksesvolle bekendstelling hang vir Marita van drie dinge af: “Daar moet besonder gawe mense teenwoordig wees, lekker kos en drank, en natuurlik die heel belangrikste – ’n uitstekende onderhoudvoerder.” Een van die lekkerste onlangse bekendstellings vir Marita was van haar jongste roman, Grensgeval, in Johannesburg. “Dit is in ’n Kubaanse restaurant gehou om by die Kubaanse storielyn aan te sluit. Dit het amper so dekadent soos dele van Kuba gevoel.”

Jenny Crwys-Williams het die woord met Marita van der Vyver gevoer by die bekendstelling van Grensgeval in Johannesburg. (Foto: verskaf)

Om met lesers tydens bekendstellings in aanraking te kom, is belangrik, sê Marita. “Al kla ek gewoonlik voor die tyd, is ek elke keer diep dankbaar vir daardie kontak in lewende lywe wat ek eintlik nêrens anders as by bekendstellings kry nie. Hierdie ontmoetings bevestig elke keer weer vir my waarom ek skryf, dat ek tog nog iets te sê het wat waardeer word, en dan gaan skryf ek maar weer verder ondanks al die selftwyfel.”

Koos Kombuis

Koos Kombuis onthou die bekendstelling van Die braambos bly brand, ’n samestelling van geestelike tekste deur nie-teoloë, as een van die lekkerste boekgeleenthede wat hy al ooit bygewoon het. “Dit was ’n vreeslike jolly aand in ’n groot lokaal in Stellenbosch. ’n Hele paar medewerkers aan die boek, soos Riku Lätti, Churchil Naudé en Hunter Kennedy, is musikante, en hulle het gesorg vir lewende vermaak uit die boonste rakke.” Koos sê dat dié bekendstelling hom sommer laat besluit het om voortaan ten minste die helfte van sy boeke by Naledi te laat publiseer. “Ek is nie ’n kerkganger nie, maar daai aand was die naaste wat ek in ’n hele paar jaar aan ’n kerk gekom het! Dit het my laat dink aan daardie heerlike gospel-byeenkomste wat ons altyd in die ou tyd op die Solms-Delta-wynplaas gehad het.”

Koos Kombuis se Sushi with Hitler is nou op Amazon beskikbaar. (Selfie: Koos Kombuis; Omslag: Naledi)

Die ongemaklikste bekendstelling wat Koos al ervaar het, was toe sy Seks & drugs & boeremusiek in 2000 by ’n boekwinkel in Somerset Mall te water gelaat is. “My vrou was verwagtend met my seun Simon en hy sou teen middel Augustus gebore word. Human & Rousseau reël toe die launch vir die aand van 1 Augustus. Maar klein Simon het ander planne gehad. Hy is in die vroeë ure van daardie oggend na ’n lang en uitgerekte proses gebore.”

Die aand toe Koos by die bekendstelling opdaag, was hy dood op sy voete ná ’n spanningsvolle en slapelose nag. “My enigste herinnering aan die geleentheid was Valiant Swart wat sy speech afsluit deur op die podium ’n slukkie whiskey te vat uit ’n half-jack wat hy uit sy baadjiesak gehaal het,” vertel hy.

Koos mis die reuk van ’n regte boek. Sy pasverskene Sushi with Hitler is tans net as e-boek by Amazon beskikbaar. “Wie weet, dalk is daar later ’n geleentheid om die regte boek te launch en dalk kan ek dan na die tyd ’n glasie wyn saam met Lina Spies drink.”

Rachelle Greeff

’n Geleentheid wat vir Rachelle Greeff uitstaan, is die bekendstelling van LyfSpel/BodyPlay, ’n versameling erotiese kortverhale deur Afrikaanse en Engelse vroueskrywers. HAUM-Literêr het die boek in 1994 uitgegee en die bekendstelling was by Exclusive Books in Sunnyside, Pretoria. “Leonie van Rensburg van Graffiti-faam het toe daar gewerk,” onthou Rachelle. “Sy was enorm entoesiasties oor die boek en het geen moeite ontsien om dit ’n fabulous aand te maak nie. Goeie geselskap, wyn en kos.”

Rachelle Greeff, samesteller van LyfSpel/BodyPlay (Skrywersfoto: Bernard Jordaan; Boekomslag: verskaf)

Die legendariese Hettie Scholtz was die uitgewer. “Haar man, Piet, was daardie aand baie snaaks,” vertel Rachelle. “Stewig geanker tussen twee groot manne soos hyself, wou hy goedig weet: ‘Nou waar’s dan die mans se erotiese stories, Ragel?’” Vir Rachelle was die aand onvergeetlik omdat dit ’n bevrydende publikasie was. “’n Paar jaar tevore was erotiek ’n woord wat jy omsigtig gebruik het en nie in die openbaar nie. En hier was nou skrywers aan die woord wat in ons sedelike gordeltyd sekerlik driekwartpad hel toe sou wees.

“Om van die gay erotiese skrywers in die bundel nie te praat nie – hulle was al op die skoot van die mannetjie met die stert en die horings. Dié bekendstelling was dus ’n viering van meer as net ’n nuwe publikasie.”

Rachelle wys op die belangrike rol wat sosiale media deesdae in die bemarking van boeke speel. “Boekverkope by hierdie funksies loon in die algemeen nie die moeite en onkoste nie. Sosiale media het hierdie bemarkingsrol oorgeneem en sal in die toekoms nog meer doen.”

Frederik de Jager

“Die boontjietellers kla altyd oor boekbekendstellings,” beaam oud-uitgewer Frederik de Jager. “Dit is nie die koste werd nie, sê hulle, daar verkoop minder boeke as wat daar wyn opgedrink word. Dis net ’n partytjie vir die skrywer op die uitgewer se rekening.” Maar boeke en skrywers moet altyd gevier word, sê hy. “Vader weet, die 12 of 24 maande wat skrywers alleen in hul kamers gesit en skryf het, verdien erkenning. Boekwinkels moet bymekaarkomplekke wees vir mense wat gretig is om van die wêreld te weet. Boekmense is ’n stam, ’n tribe, en elke boekbekendstelling is ’n ritueel wat die tribe bind en sterk maak.”

Vir Frederik de Jager staan die FAB-boekpartytjie uit as ’n hoogtepunt. (Foto’s: verskaf)

Frederik moes in sy jare in die uitgewersbedryf ook menige boekgeleenthede trotseer. ’n Hoogtepunt wat uitstaan is die bekendstelling van die boek FAB, met foto’s van die Mother City Queer Projects, saamgestel deur Eric Miller en Karen Jeynes. “Ons het dit by Umuzi uitgegee. My baas, Stephen Johnson (helaas ter siele), het gees gevat. Hy het die hele Hotel Metropole vir die nag gehuur. Daar was op verskillende verdiepings van die hotel bands en geweldige musiek.

“Oral op verhogies was daar tablo’s met skamel geklede mans wat foto’s in die boek voorgestel het. Nog ander met net budgie smugglers aan het drankies aangedra vir die 300 gaste. Lilly Slaptsilly van die drag-groep Mince het vermaak verskaf. Oral was daar ballonne en linte en fabulous mense. Die stad het gedonder.

Stephen Johnson voer die woord terwyl Lilly Slaptsilly ’n ogie hou. (Foto: verskaf)

“Die boek was nie ’n finansiële sukses nie,” sê Frederik. “Stephen het die partytjie later ‘Johnson’s folly’ genoem, nie sonder bedoelde woordspel nie. Maar dit was een helluva party.”

Die afwesigheid van mense by ’n boekpraatjie is vir elke uitgewer en bemarker die grootste nagmerrie. Frederik onthou hoe hy in 1996 saam met Vlaamse digter Herman de Coninck en skrywer Tom Lanoye op ’n publisiteitstoer in Bloemfontein aangekom het. “Ons al drie plus bagasie was in my Golfie gestop. Ons sou ’n voorlesing in ’n boekwinkel doen. Ek onthou gelukkig nie meer watter een nie. Hulle het mooi ’n mikrofoon opgestel. En daar staan hierdie twee, onderskeidelik België se bekendste skrywer en digter, bedroë, met dalk twee of drie sittende mense en een of twee wat potlode tussen die rakke soek. Ek wou agter die toonbank gaan wegkruip.”

Kerneels Breytenbach

Zirk van den Berg het sy trouvrou ontmoet by die bekendstelling van Ekstra dun vir meer gevoel. (Foto: verskaf)

Kerneels Breytenbach, skrywer en oudjoernalis en -uitgewer, moes in sy loopbaan tallose bekendstellings bywoon. Hy vertel: “Uit my joernalis-dae onthou ek die klein lansering wat Tafelberg by Wilhelm en Petra Grütter se huis in Higgovale vir Zirk van den Berg se Ekstra dun vir meer gevoel gegee het. Dit het oorgespoel in ’n lang ete by ’n restaurant in Drieankerbaai. Wat heuglik was, buiten die lewenslus, was die feit dat Zirk die aand sy vrou gevind het.”

Later, as uitgewer, was elkeen van Clem Sunter se bekendstellings vir Kerneels ’n belewenis – “Volgepak, al die gaste het boeke (in meervoud, dikwels) gekoop, en Clem was in die posisie waarin hy gefloreer het: lead vocalist.”

Maar die heel lekkerste oomblik was met die bekendstelling een wintersaand in 1996 van Archbishop Tutu: Prophetic witness in South Africa in een van die Parlement se raadsale. “President Mandela was die eregas, en het ’n bietjie laat gekom. Een van ons gaste was Tony Pocock, effens ouer as die president, en in sy jeug een van die groot geeste by eers OUP en later Faber & Faber in Londen. Ek het by die ingang van die raadsaal gestaan, by Clarke’s Bookshop se tafel met boeke, saam met Tony en Henrietta Dax. President Mandela het alleen aangestap gekom, reguit op Tony afgepeil, hand uitgestrek en gegroet met ‘Hello, young man!’ Tony het gestraal asof hy LED was, en die res van die verrigtinge het in die ongelooflikste gees afgeloop.”

Ook vir Kerneels is min siele wat vir ’n bekendstelling opdaag die grootste verleentheid. “Dit is hel vir die uitgewer; dit is ’n vernietigende slag vir die skrywer. Die nadraai is altyd negatief, in alle rigtings.”

Kerneels Breytenbach (Foto: verskaf)

Hy vertel van ’n “ikoon van die Afrikaanse letterkunde” vir wie hy, in die dae toe hy uitgewer was, moes laat weet dat sy boekbekendstelling gekanselleer moes word omdat die enigste mense wat op die uitnodiging geantwoord het, personeellede by die uitgewery was. “Ons het vir hom ’n soort meegevoel-geskenk gestuur; die ikoon het dit aanvaar en ’n paar dae later begin met ’n bitter e-poskampanje teen persone by die uitgewery. Die breuk is nooit herstel nie, tot my persoonlike groot verligting.”

Louis Esterhuizen

Louis Esterhuizen, voormalige bestuurder van Protea Boekwinkel op Stellenbosch, het ’n legio boekpraatjies in die winkel gereël en aangebied. “Daar was vele hoogtepunte,” sê Louis, “maar een wat ek nooit sal vergeet nie, is Jeanne Goosen wat in 2007 met Petra Müller gesels het oor Jeanne se digbundel Elders aan diens.

Louis Esterhuizen sal Jeanne Goosen se grimering by die bekendstelling van Elders aan diens nooit vergeet nie. (Foto’s: Marlise Joubert, Naomi Bruwer)

“Pas ná ek haar aan die woord gestel het, het Jeanne die gehoor eers stip aangekyk (die winkel was hoek tot hoek volgepak!), toe vroetel sy in haar handsak, haal ’n lipstiffie met spieëltjie uit, tuit haar lippe en smeer hulle skelrooi. En nadat sy die spieëltjie en stiffie in haar handsak teruggesit het, het sy haar lippe styf teen mekaar gepers en sê toe in daardie kenmerkende stemtoon: ‘Nou’s ek reg vir julle.’

“Pandemonium! Ai, watter lieflike geleentheid was dit nie.”

’n Ander geleentheid wat Louis bybly, was toe Japie Basson, oudparlementariër en skoonpa van Christo Wiese, se memoirs in die winkel bekendgestel is. Toe Louis en die Protea-personeel hulle oë uitvee, was die Lanzerac-hotel se sjefs, kelners, stowe en wyn by die winkel. “Ook nog met rooi tapyte, blommerangskikkings en ’n klavier vir agtergrondmusiek. Stylvol en elegant, soos alles wat Caro Wiese, Japie se dogter, aanpak. Watter onvergeetlike geleentheid was dit nie. En ja, daar is ná afloop van alles tussen die boekrakke gedans.”

Eben Pienaar

NB-Uitgewers se bemarkingshoof, Eben Pienaar, sê hy kan boeke skryf oor bekendstellingsgeleenthede. Hy is al 25 jaar in die bedryf en het al letterlik ’n paar duisend bygewoon en hanteer – party onvergeetlik en ander hoogs vergeetbaar.

Die Hyde Park-bekendstelling van Jacques Pauw se The president’s keepers was vir Eben Pienaar kort duskant ’n nagmerrie. (Foto's: verskaf)

“Die lekkerste een was sekerlik Deon Meyer se bekendstelling in die Atterbury-teater, met Lize Beekman en Jaconell Mouton as gaskunstenaars,” vertel Eben. “Die teater was stampvol, Elna van der Merwe was in gesprek met Deon oor sy boek Kobra. Die verhoog was perfek, die klank uitstekend, die musiek wonderlik en alles het net so goed gewerk. Dit was in November 2013 en is deur 450 gaste bygewoon.”

Dinge kan egter vinnig verkeerd loop, sê hy, veral wanneer die seremoniemeester by ’n funksie aanjaag, en soms kan die klank en elektroniese toerusting ook ’n groot uitdaging wees. “Die meer onaangename boekbekendstelling was waarskynlik The president’s keepers van Jacques Pauw in Hyde Park. Dit was die eerste bekendstelling van Pauw se boek, en ons het oral sekuriteit en lyfwagte gehad omdat ons vooraf baie dreigemente gekry het. Derduisende mense was in die winkelsentrum, en ons het groot TV-skerms op twee vloere gehad.”

Die gesprek was skaars 10 minute aan die gang toe die elektrisiteit afskop en die sentrum se kragopwekkers nie aangaan nie. “Dit is nadat hulle my verseker het dat dit wel sal werk. Die sentrum was pikdonker,” vertel Eben, “en ons moes op die verhoog bly ter wille van veiligheid. Daardie dag het ek gedink ek het al baie vir skrywers gedoen, maar ’n bullet gaan ek beslis nie vat nie.”

Jacques Pauw en sy geselskap moes uiteindelik die verhoog verlaat sonder dat die praatjie kon voortgaan. Hy kon darem boeke teken vir die leërskare mense wat teenwoordig was. “Ek moes drie uur lank met my selfoon se flitslig staan terwyl die skrywer boeke teken. My rug, voete en senuwees was gedaan!” vertel Eben.

Annelie Botes

As een van die land se gewildste skrywers is Annelie Botes ’n veteraan wanneer dit by boekbekendstellings kom. “Die plesierigste van my eie bekendstellings was in 1998 vir Klawervier. Dit was ook my eerste werklike bekendstelling. Tafelberg se Riana Scheepers het my gebel en gesê daar is op so-en-so ’n Saterdagoggend ruimte in ’n Exclusive Books iewers in die Kaap en hulle sal my reis- en verblyfkoste betaal. Toe slaan ek amper agteroor soos Eli van die Bybel, want vir my was dit ondenkbaar om ’n fynbosboek wat in die ruwe Kammanassieberge en deels in die middel van ’n wattelbos afspeel, in ’n boekwinkel in die besige Kaap te gaan bekendstel.”

Annelie Botes in 1998 by Klawervier se bekendstelling in die wattelbos (Foto: verskaf)

Annelie het die uitnodiging na die winkelbekendstelling uit “komplete onervarendheid” van die hand gewys en Tafelberg omgepraat om Klawervier eerder op die plaas waar die boek afspeel – haar grootwordplek – die wêreld in te stuur. “Sowat 110 gaste en twee persmense van Die Burger is met skaaplorries en trekkers die berge in, want dit was onbereikbaar vir gewone voertuie.

“Die toilette was hurk in die bosse; mans links, vrouens regs. Elkeen moes sorg vir sy eie tissues en piekniekmandjie en wyngoeters, en almal moes plat skoene dra. Ek en Daniel Hugo het ’n kamma-radio-onderhoud gedoen daar in die wattelbos. Die ‘kostafel’ was ’n stokou wa wat die boer in die bos parkeer het. Ons het plat op ons mae water gedrink uit ’n nabygeleë fynboswaterstroompie. Die podium en sitplekke was gebou uit appelkooskissies, en die enigste versierings was groot melkkanne met proteas en pienk heide.”

Die aangrypendste van die dag, vertel Annelie, was dat twee witkruisarende heeltyd oor almal gesirkel het, ure aaneen. “Tot vandag glo ek dit was my pa en ma wat ons kom besoek het.”

Die treurigste bekendstelling wat Annelie al bygewoon het, was by Exclusive Books in die Baai – van ’n bekende, geliefde skrywer uit die Kaap. “Dit was ’n papnat stortreënaand en altesaam, boekwinkelpersoneel ingereken, was daar sewe mense. Dit was eensaam en energieloos en dit het gevoel asof die doodsengel tussen ons rondvlieg.”

Die swakste vrae wat skrywers moet aanhoor

Tydens boekpraatjies klink daar dikwels die afgryslikste vrae uit die gehoor aan skrywers op. Wat is die ergste wat die veterane wat hierbo aangehaal word, al ervaar het?

Eben Pienaar: “Die simpelste vraag wat mense altyd vra, veral aan spanningslektuurskrywers, is: ‘Waarom vloek jy (die skrywer) so baie?’”

Marita van der Vyver: “Die lesers wat ek van geen kant af ken nie wat heeltemal te naby aan my kom staan en my adres vra omdat hulle vir my wil kom kuier.”

Frederik de Jager: “Die immer terugkerende vraag: ‘Gaan die boek oor jouself?’”

Koos Kombuis: “Iemand het my een keer gevra of ek Koos Kerkorrel is. Ek het nie geweet of ek moet lag of in trane uitbars nie!”

Rachelle Greeff: “‘Hoekom is jy aangetrek?’ – Van ’n bemoeisieke ou man in Protea op Stellenbosch ’n paar jaar gelede.”

Annelie Botes: “Dit was in die Oos-Transvaal op ’n bloedwarm aand in Februarie. ’n Vrou het na my toe gekom by die boeketafel en gevra hoeveel bokse boeke ek verniet kry vir só ’n bekendstelling. En as dit op is, of ek gratis nog ’n klomp bokse kan bestel. Omdat ek stomgeslaan was, en doodlus vir ’n sigrêtjie, het ek sommer gesê ek kry tien bokse van vyftig boeke per boks present en kan nóg tien bokse bestel as dit uitverkoop is. Ek had nie die krag om te sê ek kóóp iedere boek ten duurste aan nie. Sy was tevrede. Ek het háár by die boeketafel sitgemaak om die verkope te hanteer, en ek kon buitetoe verdwyn vir my begeerde sigrêt. Dan moes sy die mense wat hulle boeke geboodskap en geteken wil hê, na my toe stuur op die stoep.”

Kerneels Breytenbach: “Met die bekendstelling van Ester op Stellenbosch het ’n bekende literator in die voorste ry gesit. Elmari Rautenbach was besig om met my te gesels oor die boek, maar so halfpad deur ons gesprek onderbreek die literator toe die verrigtinge met die eis om self ’n vraag te vra. Nou dadelik. Elmari en ek het haar oorbluf aangekyk, en toe het Elmari, so vriendelik en professioneel as moontlik, vir die literator gesê vraetyd is agterna. Die literator het toe gewag vir haar kans, maar uiteindelik ’n stelling gemaak eerder as om ’n vraag te vra. En ek kon haar gerusstel. Maar die ding met sulke insidente is dat mens altyd ’n vrees het dat iemand iewers afgekom het op ’n groot fout wat jy gemaak het, en dat hierdie jou onaangename oomblik van waarheid gaan wees. In hierdie geval wou die literator net ’n beskermende hand oor DF Malan hou.”

Louis Esterhuizen: “Toe ’n plaaslike hoogleraar agter sy hand vir my met onverbloemde irritasie vra: ‘Nee magtig, wanneer gaan dié ou man nou klaarkry?!’ Dit was tydens die bekendstelling van Athol Fugard se kortverhale, Karoo and other stories. En ja, die oubaas hét ’n bietjie lank voorgelees uit ’n werk wat later The train driver sou word, maar elke keer as hy wou ophou, het die gehoor hom aangepor om nog verder te lees. Later het die genoemde hoogleraar maar die aftog geblaas en al skuifelend tussen die stoele deur buitentoe verdwyn.”

The post Die lekkerste en slegste boekbekendstellings ooit appeared first on LitNet.


Courts under lockdown

$
0
0

Photo: Pixabay

The South African judiciary has been placed under immense pressure to move from its traditional approach to a more innovative approach in order to balance the access to justice with public health concerns during the COVID-19 pandemic.

In response to the COVID-19 outbreak, courts across the world have been forced to close their doors and resort to other ways to keep the justice system alive. For the first time since the 1918 Spanish flu pandemic, the Supreme Court of the United States closed its doors to the public indefinitely, postponing all oral arguments out of concern for the health and safety of the public and the Supreme Court’s employees. Similarly, Italy’s court system has also been shut down, while France’s courts have suspended most non-essential proceedings while still hearing urgent criminal matters and emergency proceedings.

Section 34 of the South African Constitution provides the right to access to courts: "Everyone has the right to have any dispute that can be resolved by the application of law decided in a fair public hearing before a court or, where appropriate, another independent and impartial tribunal or forum." Despite the dire circumstances, access to justice is fundamental to South Africa’s democratic framework and cannot be disregarded.

South African courts are currently open for urgent matters and essential matters arising as a result of disaster management. Courts have not taken kindly to lawyers breaching the national lockdown regulations under the guise that their matters were urgent and essential. Lawyers in breach of COVID-19 disaster management regulations have been reported to the Legal Practice Council.

In this uncertain time, many seek legal advice. Some are experiencing violations of their fundamental rights and liberties while others seek to understand the implications of the lockdown on their business’s operations. South Africa already has alarming crime statistics. As the lockdown continues, we have seen an increase in liquor and food stores being looted, police brutality and individuals contravening the lockdown regulations. All of these have legal consequences and require the involvement of the judiciary. The function of the judiciary is imperative during this time to ensure that amidst a pandemic, the rights and values of the Constitution are upheld.

On 17 March 2020, in response to the COVID-19 outbreak, Gauteng High Court Judge President Dunstan Mlambo announced the closure of the Gauteng High Court to the public. According to Mlambo, "save for Urgent Court matters, judges and staff will deal only with matters that are already enrolled for hearing; provided that parties may agree to postpone matters (including unopposed matters) that have been enrolled during this period. In such event, parties must alert the relevant judge’s secretary of any agreed postponement as a matter of urgency … No practitioner/messenger/member of the public may enter the Court building for purposes of issuing new process save for matters that are prescribing and for Urgent Court matters. "

According to the directive issued by Mlambo, judges who are not scheduled for sittings in court are required to work from home while the judge may determine whether his/her secretary may also work from home. Furthermore, judges’ secretaries must remain available and accessible to carry out whatever duties may be required from home, including monitoring and responding to emails, maintaining telephone contact with practitioners, etc. Individual case managements should be conducted by teleconference/Skype per arrangement between the parties and the appointed judge. When corresponding with the registrar’s office, legal practitioners are required to communicate via email regarding the filing of all further notices, heads of arguments and pleadings. Furthermore, enrolment of new matters may only be done via CaseLines.

CaseLines is a digital court system that enables legal practitioners to share evidence in preparation for cases while also hosting virtual hearings and trials. The CaseLines system was piloted in 2019 in the Gauteng Divisions for civil matters in Pretoria and Johannesburg, with the national roll-out to be implemented in each province in the months to come. The South African Office of the Chief Justice has chosen to implement CaseLines as a vital tool in achieving its goal of a single transformed and independent judicial system. CaseLines enables legal practitioners to work efficiently in a secure online environment, saving both time and money while promoting sustainability and improving access to justice in South Africa.

Conversely, on 19 March 2020 Chief Justice Mogoeng Mogoeng issued a directive stating the following: "Persons with a material interest in a case, such as litigants, accused, witnesses, those who may be needed to provide support such as those accompanying children, victims of domestic violence and/or sexual abuse, elderly and people with disabilities, family members, representatives of special interest or support groups and members of the media will be permitted to enter the court precinct. Non-essential visitors will only be allowed into the court precinct with the permission of the Head of Court."

In addition to this, on 17 April 2020 Mogoeng issued further directives that are applicable to the extended lockdown period, operating concurrently with the directives issued on 19 March 2020. He stated that "only urgent applications and urgent matters arising from the activities associated with disaster management may be heard in open court during the lockdown period, provided that the judge or magistrate (hereafter judicial officer) hearing the matter may, if he or she deems it necessary, having regard to the exigencies of each case, hear any such matter through video conferencing or other electronic means which are appropriate in the circumstances, after consultation with the parties concerned … All civil trials enrolled for hearing during the lockdown period shall forthwith be removed from the trial roll, and their re-enrolment shall be in accordance with a procedure determined by the Head of Court.

There shall be no open court sittings during the lockdown period, save for urgent applications … which shall include bail applications. There shall be no judicial case flow management conferences held before a judicial officer in chambers or civil roll call hearings convened during the lockdown period. Case management conferences enrolled during the lockdown period shall be removed from the roll and enrolled on dates immediately after the lockdown period; provided that the judicial officer concerned may, where appropriate, communicate electronically with the parties and issue such directives as may be necessary to ensure the trial readiness of any of the matters."

In light of the health implications, it is understandable and necessary that court proceedings are not open to the public. The judiciary should consider live streaming hearings and trials that would have been open to the public. The current cases that are being heard are those which are urgent and of great importance, which implies that the public would most likely have an interest in it. Open justice is a cardinal feature of our democracy and legal system and should be given effect to through the available resources that modern technology provides.

Many countries have turned to modern technology in hopes of mitigating the effects of court closures. The COVID-19 pandemic has forced courts to change the way they operate, reconsider what needs to be done in person, and how much can be achieved through technological means. The call for courts to make better use of technology has been coming along for many years now. Under the traditional system, files often disappear, paper is wasted as documents have to be printed for all the parties concerned and there have been instances of fraud. Digital systems like CaseLines bring much efficiency and effectiveness to court administration, limiting the risk of fraud, adding value through evidence management, and saving the environment while also decreasing overhead costs. There’s never been a better time to go paperless.

The post Courts under lockdown appeared first on LitNet.

Die coronavirus: Watte opportunities kom as gevolg van lockdown?

$
0
0

Om te observe die worldwide effects vannie coronavirus pandemic oorie aflopende paa wieke was nogal interesting, en in ’n manier baie snaaks. Hierie virus het in ’n ko’t tyd die hele wêreld ge-infect en die course of life baie gou ge-alter. Net twie dae na die ee’ste coronavirus case in KwaZulu-Natal announced was in March 2020, was ek nog in Stellenbosch vi my laaste instalment van Woordfees en om my laaste paa shows te review vir Cultsha Kennis. Daai was omtrent, ek dink, die laaste keer wanner ôs innie Kaap kon leqqa relax en entertainment geniet voorie koronavirus die wêreld oo’geniem’t.  

Die ding wat ek snaaks vind is, despite die feit dat hierie virus die potential het ommie wêreld heeltemal uit te wipe, is ôs nie baie gepla oo ôse gesondheid nie. Ôs is meer gepla oorie limitations van lockdown ennie feit dat ôs basically niks freedom het om innie wêreld te wiesie! Lockdown is soes ’n nuwe maatjie saam’t wie ôs geforce is om mee te speel, en ôs hou rêrag nié van hierie maatjie nie. Ôs willie ôse toys saam’t die maatjie deel nie. En as ôs ’n kans kry om uit die huis te wies om ’n loaf brood te koep, is ôs baie heppie om ’n break te vat van hierie maatjie!

Een van my Woordfees theatre reviews vir Cultsha Kennis was oo Hoe change hulle, ’n one-man show deur Marlo Minnaar. Die karakter wat hy gespeel’t, Sheldon, is innie tronk want hy was falsely accused van statutory rape. Die titel vannie show, ennie reflections wat Sheldon maak while hy in confinement is, was nie net relevant virrie theatre audience om te hoor nie, maa dit was oek ’n important vraag om oppie tafel te sit vi ôs while ôs in lockdown is. Hoe change ôs as ’n economy innie post-coronavirus wêreld? Watte changes moet deurkom veral virrie homeless en mense innie townships en informal settlements, die mense wat die meeste affected is deurie coronavirus want die socio-economic circumstances waarin hulle liewe allow nie vi social distancing nie! Hoe maak ôs die gap tussen ryk en arm kleiner? Hoe change ôs die health care system om seker te maak dat ammal equal opportunity het om gesond te raak as hulle siek is? Hoe moet ôse mindsets change om hierie changes te sustain? Kudos aanie skrywer vannie show, Veronique Jephtas, wat Sheldon se storie na die stage toe gebring’t, en virrie parallels wat ôs kan maak tussen sy storie en ôs s’n tydens hierie lockdown period.         

Marlo Minnaar in Hoe change hulle. Foto deur Jeremeo le Cordeur van Vulture Productions

Baie spiritual teachers sal sê dat hierie confined spaces, soes die tronk waar Sheldon is en ôse eie lockdown spaces, ’n groot breeding space vir spiritual en personal transition is. Hierie is waar vir ôs individually en as ’n land! Jou inner growth, ennie growth van ôse land en economy ennie lessons wat ôs moet oordra kan net duidelik wies as ôs prepared is om in een plek te sit om te reflect oo ôse strengths en swakpunte virrie way forward.

Die lockdown period is belangrik en nodig, nie net sodat ôs die spread vannie coronavirus kan contain, maa oek sodat ôs mentally, spiritually, physically en economically kan prepare vir hoe ôs wêreld gaan change. Innie meantime though, moet ôs leer om saam’t ôse nuwe lockdown maatjie in peace te liewe. Innie context van Freedom Day (27 April) in Suid-Afrika issit nodig om te reflect oo hoe ôs ôs freedom en liberty nie kan gebruik nie, en hoe ôs kan ôse innerlike freedom inspire. Daa is soe baie maniere om creative te wies while ôs in lockdown is, especially as djy ’n skrywer of ’n artist is. Ôs kan oek wêk op ôse mental en physical health: om gesond te iet en elke aand ’n volle agt uur slaap. Dis belangrik om ôse human machines te oil! Ôs sal hierie tyd nodig het sodat ôs die nuwe post-coronavirus changes kan successfully navigate wanner lockdown uiteindelik tot ’n einde kom!

Die maand van Ramadaan (en die afgelope Die Easter weekend) gie oek vir ôse religious communities ’n kans om ôse inner church en inner mosque te rediscover – ’n kans om alleen of met ôse familie te bid byrie huis – especially nou dat church en mosque gatherings ammal gecancel is.

Arundhati Roy, ’n skrywer van Indië, sê dat global pandemics force vir ôs om ôs toekoms te reimagine. Sy sê oek dattie virus kan ’n gateway wies aan ’n nuwe wêreld.

Elizabeth Gilbert, ’n beroemde Amerikaanse skrywer en thought leader, complement hierie statement met ’n interesting follow-up. Elizabeth remind vir ôs dat ôs moet trust innie evolutionary history vannie human species, ennie feit dat ôs die extraordinary ability het om te survive en adapt aan nuwe environments, oor en oor. Albei hierie skrywers encourage ôs om te onthou dat “the only constant is change” en dat ôs moet al ôse sensibilities gebruik om met hierie changes peacefully te move.

The post Die coronavirus: Watte opportunities kom as gevolg van lockdown? appeared first on LitNet.

Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar

$
0
0

Fotobron: Pixabay

Terwyl almal nog praat oor wanneer die skole hervat, kan jy solank op LitNet jou wiskunde hersien. Kyk na hierdie video’s op LitNet se YouTube-kanaal – en teken sommer ook in!

Hier is die volledige speellys van die wiskundevideo’s wat op LitNet se YouTube-kanaal beskikbaar is

Hier is ook ’n indeks van vraestelle en oefenmateriaal op LitNet:

Indeks: notas, toetse en vraestelle

Grendeltyd en e-onderrig: kreatief met kreatiewe skryfwerk

The post Wiskunde met LitNet gratis op YouTube beskikbaar appeared first on LitNet.

Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë

$
0
0

Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë

Ian Nell, Departement Praktiese Teologie en Missiologie, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 17(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming 

In Suid-Afrika leef ons in ’n postkoloniale konteks. Die vraag is of mens hoegenaamd sou kon verwys na “postkoloniale leierskap”; dit is dan ook die rede vir die vraagteken in die titel. Nadat begrippe soos kolonialisme, postkolonialisme en dekolonisering onder die soeklig gekom het, word na die belangrikste uitdagings gekyk wat teoloë en godsdienstige leiers in Suid-Afrika in die gesig staar en sal gepoog word om groter helderheid daaroor te verkry. Van die uitdagings wat ondersoek word, sluit in ekologiese, sosiopolitieke, ekonomiese en opvoedkundige uitdagings, die Vierde Nywerheidsrevolusie en ook geestelike uitdagings. Geloofsleiers moet op hierdie uitdagings reageer, en daarom sal die navorser na verskillende leierskapsbevoegdhede kyk wat ’n nuwe generasie teoloë moet toerus. Dit is met ander woorde bekwaamhede wat ons hopelik in staat sal stel om op verantwoordelike wyse op die uitdagings te reageer en wat gemeentes kan help om in ’n uiters onsekere wêreld te floreer.

Trefwoorde: bevoegdhede; dekolonisering; kolonialisme; leierskap; postkoloniale leierskap; postkolonialisme

 

Abstract 

Postcolonial leadership? The challenges facing a new generation of theologians

“Postcolonial leadership?” as the title of the article was deliberately written with a question mark. I do not think there exists such a concept as postcolonial leadership. One should rather refer to “leadership in a postcolonial context”, with South Africa as a case in point. What must therefore be determined, is: Firstly, what is meant by colonialism? The answer to this will also help in understanding postcolonialism better. Secondly, we must try to ascertain what the challenges are that this context poses to theological leadership. And thirdly, what leadership competencies does a young generation of theologians need to confront these challenges?

Colonialism can be described as a force that continues to marginalise the most vulnerable citizens for the benefit and economic wealth of the least vulnerable. Some critics even consider globalisation as contributing to colonialism. According to Sharp (2012:422), however, postcolonialism “denotes a time that historically follows many movements toward independence of former colonies. It also criticizes novel forms of colonialism that endure.” Under decolonisation I do not understand the destruction of Western knowledge, but its decentralisation. It would then become merely one way of knowing rather than the way of knowing. It enables the creation of new knowledge spaces (Le Grange 2016:1).

It is within this postcolonial context that my colleagues and I participate in teaching and cultivating a new generation of theological leaders. In preparing our students for their professional life we do have the further responsibility to help them understand the different challenges they are presently facing. Among these challenges we find the following: 1. The ecological challenges, which are enormous if the population growth and the impact of the consumer culture on our natural resources are kept in mind. 2. The ethnopolitical challenges, which relate to the fact that we live a country with a rich diversity of cultures and languages. 3. The unequal distribution of income contributes to the economic challenges our leadership is facing. The difference in the quality of education between schools in various parts of the country has a huge impact on admission to tertiary education and is a direct consequence of the history of unequal education. 4. All of this points towards the educational challenges we are facing. 5. Then, if one keeps in mind that 80 per cent of South Africa’s population indicated in the last census that they belong to the Christian faith, one finds it astonishing that we are confronted with such enormous ethical and moral challenges in our country. 6. One can no longer imagine a world without cell phones, laptops and an internet connection. Our dependence on these modes of communication also gives enormous power to the persons in charge of these networks. In the light of this one becomes aware of the enormous electronic and cyber-physical challenges that the 4IR (Fourth Industrial Revolution) is posing. 

After explaining some of the challenges a new generation of theologians are facing in the South African context, we are in the position to define some competencies that are needed to address these challenges. According to Shavelson (2010), competencies can be broadly defined as “a combination of cognitive, affective, motivational, volitional and social dispositions that form the basis for performance”. 

As an organising principle for developing a competency framework, the three meta-categories from Jack Barentsen (2016:272) were adopted and translated into competencies. A fourth competency was added. The four competencies can be classified as follows:

  • core competencies that qualify theological leaders
  • competencies that focus on relationships within the faith community
  • competencies that focus on relationships with those outside the faith community
  • competencies that focus on the environment.

The core competencies of theological leadership relate to tasks that guarantee the core of this form of leadership and consequently concentrate on the religious and theological identity of the community. It is evident that identity leadership plays a major role here. The following competencies can be distinguished: symbolic competency, spiritual competency and hermeneutical competency.

Whereas the core competencies are concerned with the identity of theological leadership, the focus now shifts towards competencies related to the maintenance, preservation and promotion of the faith community. Competencies focusing on matters within the religious community are the following: pastoral competency, visionary competency and reconciling competency.

Thus a religious community is grounded in its theological identity (core competencies) and is complemented by the care and maintenance of that community (competencies within the community). However, faith communities are embedded in specific societies that influence and define them. The third group of competencies is therefore directed at the public dimension of society. The competencies that focus on those outside the religious community are the following: communicative competency, innovative competency and entrepreneurial competency. 

Planet earth ensures our continued existence, but we do not treat it well. If one reads the United Nations’ IPCC report on climate change (IPCC 2019), one realises in what deep trouble we are concerning the care for Mother Earth. In fact, the question even arises whether we should not put ecological competency right at the top of the list, because if our planet is exhausted, all the other competencies will not be needed anymore.

Leadership in Christian faith communities is inherently a spiritual matter and therefore leaders should not take lightly the power they have to influence others’ behaviour and actions. Therefore the idea of a spirituality of leadership is advanced in terms of which leaders must be open to guidance of the Holy Spirit, where the Spirit shapes and transforms us into the image of Christ.

The four sets of competencies can thus be summarised in the following way:

  • The core competencies, which relate to a form of priestly listening, grounded in a spirituality of presence: Attending to others in their particularity within the presence of God.
  • The internal competencies, which relate to a form of transforming leadership, grounded in a spirituality of servant leadership: Taking risks on behalf of the community to help them better embody its mission as a sign and witness of God’s self-giving love.
  • The external competencies, which relate to a form of prophetic discernment, grounded in a spirituality of discernment: Helping others to hear God’s Word in the particular circumstances of their lives and world.
  • The ecological competency, which relates to a form of wise judgement grounded in a spirituality of sagely wisdom: Guiding others in how to perform earthkeeping.

Keywords: colonialism; competencies; decolonisation; leadership; postcolonial leadership; postcolonialism

 

1. Inleiding 

Die titel van die artikel is doelbewus met ’n vraagteken geskryf. Ek dink nie daar bestaan ’n begrip soos “postkoloniale leierskap” nie, maar dat mens eerder behoort te verwys na “leierskap in ’n postkoloniale konteks”, met Suid-Afrika as ’n tipiese voorbeeld. Die leierskap wat hier ter sprake is, is godsdienstige leierskap en meer spesifiek die leierskap wat verwag word van ’n nuwe geslag teoloë in opleiding. Hulle verteenwoordig ’n geslag jong vroue en mans wat voor unieke uitdagings staan as ons hierdie postkoloniale konteks ernstig opneem en boonop die uitwerking van die koronaviruspandemie in gedagte hou wat aan die einde van 2019 in China uitgebreek het en sedert Maart 2020 ook in Suid-Afrika kop uitgesteek het.1 

Dit is binne hierdie postkoloniale konteks, verder gekompliseer deur die koronaviruspandemie, waarin ek en my kollegas deelneem aan die onderrig en kweek van ’n nuwe generasie van teologiese leierskap. Dit is duidelik dat konvensionele leierskapontwikkelings­praktyke nie meer voldoende is nie. Opleidingsinstellings moet die volgende-generasie leierskapsvaardighede inkorporeer om in die ontwikkelingsbehoeftes van opkomende leiers te voorsien. Verder het die digitale transformasie wat die vierde nywerheids­revolusie (die internasionale afkorting 4IR sal hier verder gebruik word) onderlê, ’n nuwe omgewing geskep wat vinnig, oop en dinamies is, maar wat ’n hele aantal nuwe uitdagings aan leierskap stel.

Hoe ontwikkel ons die volgende generasie leiers om hierdie uitdagings die hoof te bied? In hierdie verband moet ons die kommentaar van Elmes (2017:3) ernstig opneem wanneer hy sê dat 85 persent van die beroepe wat in 2030 beskikbaar gaan wees, nog nie uitgevind is nie. Ons moet dus die studente en gegradueerdes voorberei op ’n wêreld waarvoor ons hulle eintlik nog nie kan voorberei nie.

Dit bring my by die drie sentrale navorsingsvrae van hierdie studie: Eerstens, hoe lyk hierdie sogenaamde postkoloniale konteks waarbinne dié nuwe geslag leiers moet funksioneer? Tweedens, wat is die uitdagings wat teologiese leierskap in die gesig staar binne hierdie konteks? Derdens, watter bevoegdhede is nodig om hierdie uitdagings die hoof te bied? In die volgende afdeling word die begrippe kolonialisme, postkolonialisme en dekolonisering eers verder ondersoek om ’n konteks vir die navorsingsvrae te skep.

 

2. Kolonialisme, postkolonialisme en dekolonialisering

Kolonisering behels die uitbreiding van ’n volk se soewereiniteit oor gebiede buite sy grense deur die vestiging van óf setlaarkolonies óf administratiewe afhanklikhede waar inheemse inwoners direk onder die beheer of voogdyskap van die koloniseerders val. Kolonialisering kan beskryf word as ’n toestand wat voortdurend daarop uit is om die kwesbaarste burgers in die samelewing verder te marginaliseer tot voordeel van die ekonomiese welvaart van die mins kwesbare mense. Sommige kritici beskou globalisering selfs as ’n groot bydraende faktor tot kolonialisme (Grosfoguel 2009:17–8). 

Dit is algemene kennis dat Suid-Afrika as een van die mees ongelyke samelewings, indien nie die ongelykste nie, in die hele wêreld beskou word. Die term kolonialisme kan ook gebruik word om te verwys na ’n stel oortuigings wat gebruik word om die bestaande stelsel te legitimeer of te bevorder. Die regverdiging van kolonialisme word dikwels gebaseer op die etnosentriese oortuiging dat die moraliteit en waardes van die koloniseerder beter is as dié van die gekoloniseerdes. Sommige waarnemers verbind sulke oortuigings aan rassisme en pseudowetenskaplike teorieë wat uit die 17de en 18de eeue dateer (Mignolo 2007:452).

Postkolonialisme, daarenteen, dui ’n tyd aan wat histories volg op bewegings wat die onafhanklikheid van voormalige kolonies nastreef. Daar is vanuit dié geledere ook kritiek oor nuwe vorme van kolonialisme wat steeds voortduur. Te midde van verskeie vorme van vernietiging het historiese kolonialisme nasies en volke in hiërargiese verhoudings van oorheersing en onderdrukking georganiseer. Anders gestel sou mens kon sê dat postkolonialisme die betekenisvolle en aktiewe weerstand teen die kragte van kolonialisme is, wat die onderwerping en/of uitbuiting van gedagtes, liggame en grond insluit. Postkolonialisme se uiteindelike doel is om die koloniale struktuur omver te werp en die inheemse inwoners se bevryding te verwesenlik (Sharp 2012:422).

As ’n interdissiplinêre studieveld sluit postkoloniale studies aan by die postmoderne wantroue in die sogenaamde metanarratiewe wat ongelykheid veroorsaak en koloniale praktyke verberg. In postkoloniale studies in teologie word daar nog verder gegaan en word die belang beklemtoon van die ontmaskering van norme wat mense steeds onderdruk en die onderdruktes se potensiële deelname misken (Bradnick 2012). Hieruit vloei natuurlik die dryfkrag en motivering voort vir die dekolonisering van hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika, wat momentum gekry het met die studente-onrus en die opkoms van die sogenaamde Fallist-bewegings teen die einde van 2015.

Onder dekolonisering word nie soseer die vernietiging van die Westerse kennis verstaan nie, maar eerder die desentralisering daarvan. Westerse kennis is met ander woorde bloot één moontlike manier om kennis te verwerf, eerder as die enigste manier. Dit maak verder die skepping van nuwe kennisruimtes moontlik (Le Grange 2016:1). Maar dit moet begryp word dat dekolonisering ook ’n baie persoonlike saak is wat in ’n mens se eie psige en identiteitsbewussyn afspeel. As deel van hierdie proses is ’n mens voortdurend met introspeksie besig en vra jy jou af in watter mate kolonialisme deel van jou eie DNS is.

Die volgende stap is nou om die uitdagings wat teologiese leierskap in die gesig staar, gegewe die postkoloniale landskap, van nader te bekyk.

 

3. Uitdagings wat teologiese leierskap in Suid-Afrika in die gesig staar

In die middel van Stellenbosch vind mens ’n kleinerige heuwel bekend as Papegaaiberg. Dit is Papegaaiberg genoem, want toe die eerste Nederlandse goewerneur en kolonis van die Kaap, Simon van der Stel, die dorp teen die einde van die 17de eeu kom besoek het, het hy en sy kollegas ’n dag gehou waarop hulle papegaaie in die bome gejag het, vergesel deur baie feestelikhede. Dit is ook na Van der Stel dat die dorp vernoem is. Van der Stel se “bosch” is inderdaad vandag Stellenbosch.2

Elke jaar neem ek my studente op teen die hange van Papegaaiberg om vir hulle oefening en vars lug te gee, maar ook ’n les in geografie en teologie. Dit is eers wanneer mens ’n bietjie hoogte kry, met ander woorde ’n voëlvluguitsig het, dat mens die vele “postkoloniale” uitdagings waarmee ons te kampe het, begin verstaan. Mens kan dit ’n geografies-teologiese benadering tot praktiese teologie noem. Bo-op die heuwel word verskillende tekens van verskillende aard sigbaar. Ek help die studente om die verskillende uitdagings wat ’n praktiese teoloog in die gesig staar, te begryp deur hierdie tekens saam met hulle te interpreteer. 

Die eerste teken wat as ’t ware mens se asem wegslaan, is die skoonheid van die omliggende berge, valleie en wingerde. Die pragtige blou Jonkershoekberge op die agtergrond en die helder stroom water van die Eersterivier herinner ’n mens aan die paradys. Hierdie prentjie word verder ingekleur deur die groen wingerde van die wyn- en vrugteplase in Stellenbosch se valleie en heuwels. Die skoonheid van hierdie ekologiese teken is egter ’n paradoks. Aan die een kant maak dit mens bewus van die wonder van die skepping van God, die gawe van die natuur, van skoon lug, van die water en van die landbouprodukte wat mens vir voedselsekerheid en oorlewing benodig. Aan die ander kant weet ons hoe kwesbaar die natuur is. Dieselfde stroom water vanaf die Eersterivier wat afkomstig is van hoog in die Jonkershoekberge, is volgens kenners een van die giftigste riviere waar dit die voet van Papegaaiberg bereik, as gevolg van besoedeling deur nywerhede. Die uitdagings wat uit hierdie teken voortvloei, kan die ekologiese uitdagings genoem word, en dit is van enorme omvang as die bevolkingsgroei en die impak van die verbruikerskultuur in gedagte gehou word.3

Die tweede teken wat aan die studente uitgewys word, sien mens wanneer jy van die natuurskoon afkyk na die kultuur van mense in die vorm van behuising. ’n Mens word pynlik bewus van die oorblyfsels van die apartheidstydperk en -wetgewing wat nog so duidelik sigbaar is in die woonbuurte aan die voet van Papegaaiberg. Die eerste ding wat ’n mens opmerk, is die sinkplaatkonstruksies van die informele behuising, die plakkershuise van die inwoners van Kayamandi, met hoofsaaklik swart mense wat daar woon. Die gebrek aan infrastruktuur in die vorm van paaie, elektrisiteit en riolering is duidelik sigbaar. In hierdie gebied is daar ook ernstige behuisingstekorte.

Aan die oorkant van die pad vind ’n mens ’n gebied met rye huise wat uit meer formele behuising bestaan, bekend as Cloetesville. Die gebied het ’n goeie infrastruktuur. Daar woon meestal bruin mense wat gedurende die 1960’s en 1970’s van die sentrale deel van Stellenbosch soontoe verskuif is as gevolg van die Groepsgebiedewet van 1950.

As ’n mens na die oorkant van die dorp kyk, in die rigting van die Eersterivier en suid van die dorp, dan sien mens dat die huise daar baie groter is en die infrastruktuur goed ontwikkel is, en die hoë bome met die ander groen plantegroei maak dat die huise byna onsigbaar is. In hierdie woongebiede woon veral wit mense en onder hulle is van die rykste mense in Suid-Afrika. Sommige van hierdie families het hul rykdom oor eeue opgebou en ander was suksesvol in ander dele van die land en het onlangs na Stellenbosch verhuis. Die uitdagings wat uit hierdie teken voortvloei, kan ’n mens die etnopolitieke uitdagings noem. 

’n Derde sigbare teken is geleë in die sakekern van Stellenbosch, met die groot wit geboue en ’n uitgestrekte parkeergebied van die British Atlantic Tobacco Company (BAT), wat onlangs aan die Mediclinic-groep verkoop is. Dit is algemene kennis dat een van Suid-Afrika se grootste ondernemers, Anton Rupert, die stigter van hierdie onderneming was. BAT het nie alleen duisende mense in diens nie, maar die invloed van hierdie organisasie reik ook oor die hele wêreld in terme van produkte en kapitaalinvestering. Soos dikwels die geval is met sulke ondernemings in ’n neoliberale kapitalistiese vryemarkekonomie, veroorsaak die winste wat die maatskappy verdien, steeds groter gapings tussen ryk en arm. Volgens kenners het Suid-Afrika die grootste gaping tussen ryk en arm mense in die wêreld. Hierdie ongelyke verdeling van inkomste dra by tot die ekonomiese uitdagings wat leiers in die gesig staar. 

Die rooi dakke van verskillende skoolgeboue en die Universiteit Stellenbosch is die vierde duidelik sigbare teken vanaf die bopunt van die heuwel. In hierdie dorp is daar nie net van die beste skole in die land nie, maar ook ’n tersiêre instelling wat as een van die beste universiteite op die vasteland van Afrika beskou word. In ’n sekere sin vorm hierdie instellings die hartklop van Stellenbosch as opvoedkundige sentrum met ongeveer 40 000 voltydse studente wat jaarliks aan die skole, universiteite en kolleges in die stad studeer. Ongelukkig is daar ook enorme verskille ten opsigte van onderwys en veral die toegang wat dit tot tersiêre onderwys bied. Die gehalte van onderwys vir kinders wat in ’n plek soos Kayamandi grootword, verskil baie van dié van die hoofsaaklik wit skole soos Paul Roos Gimnasium, waar kinders onderwys van hoë gehalte ontvang, maar teen hoë koste vir hul ouers. Die verskil in die gehalte van onderwys tussen die skole in die verskillende woongebiede het ’n direkte invloed op toelating tot tersiêre onderwys en is ’n direkte gevolg van die geskiedenis van ongelyke onderwys. Een sosiale kommentator praat selfs in hierdie verband van die sogenaamde onverklaarde oorlog teen ons kinders, wanneer hy nadink oor die manier waarop die “educare”-uitdagings in ons land die afgelope 25 jaar aangepak is.

Die torings van verskillende kerke is op verskillende plekke in die dorp sigbaar en is die vyfde teken waarop ek normaalweg wys. Dit is die toring van die Stellenbosch Nederduitse Gereformeerde Moederkerk wat die prominentste is. ’n Paar meter daarvandaan kan die hoogste boom in Stellenbosch gesien word, ’n Norfolk-denneboom van Australiese oorsprong. Hierdie boom staan op die terrein van die Fakulteit Teologie, die enigste oorblywende teologiese fakulteit in die suidelike deel van die land. Kerke en plekke van aanbidding verteenwoordig waardegedrewe instellings. Dit is die plekke waar God aanbid word, maar dit is ook die plekke waar mense sosiaal verkeer, en waar etiek en waardes geïnternaliseer en beoefen word, hoewel dit in Suid-Afrika steeds merendeels volgens etniese groeperings geskied. As ’n mens in gedagte hou dat 80 persent van die bevolking van Suid-Afrika in die laaste sensus aangedui het dat hulle die Christelike geloof aanhang, vind ’n mens dit verbasend dat ons met sulke enorme etiese en morele uitdagings in ons land gekonfronteer word. Hier dink ’n mens dadelik aan korrupsie en misdade soos verkragting, geweld teen vroue en so meer.

Twee hospitale, Stellenbosch-hospitaal en Stellenbosch Mediclinic, staan prominent tussen die ander geboue in die dorp. Die eerste een is ’n staatshospitaal en die ander ’n private hospitaal. Ook hier vind ’n mens die sigbare onderskeid tussen verskillende groepe mense in die land, want pasiënte sonder mediese fonds en dikwels met ’n arm agtergrond gaan na die staatshospitaal, terwyl mense wat wel lid is van ’n mediese skema en ’n meer gegoede agtergrond het, na die private hospitaal gaan. 

Die wêreld van gesondheidsorg herinner ons aan die sesde teken, wat ons as endemiese, en selfs pandemiese uitdagings sou kon beskryf, in die lig van die vlakke van lewensgevaar wat hierdie verskillende vorme van siektedekking op mense se gesondheid inhou.

Hier dink mens aan siektes soos MIV/Vigs, tuberkulose, malaria, hepatitis A en vele ander siektetoestande wat mense se lewens en gesondheid bedreig. Suid-Afrika is een van die lande in die wêreld met die hoogste voorkoms van MIV/Vigs en na raming is daar sowat sewe miljoen mense wat die siekte onder lede het. Een van die grootste pandemies in die afgelope 100 jaar het aan die einde van 2019 in China uitgebreek en saam met baie ander lande is Suid-Afrika ten tye van skrywe hiervan (3 April 2020) in die middel van ’n grootskaalse inperking. Die gerapporteerde aantal geïnfekteerdes staan wêreldwyd op 3 April 2020 op 1 016 534 bevestigde gevalle, met 53 164 sterftes. In Suid-Afrika is daar op hierdie tydstip 1 462 gevalle en vyf gerapporteerde sterftes. Hierdie uitdaging stel besondere eise aan godsdienstige leierskap as mens in gedagte hou dat alle eredienste ook deur die inperking opgeskort is en dat dit die leierskap oornag tot digitale kommunikasie met lidmate gedwing het.4 

Terwyl ’n mens bo-op Papegaaiberg staan, bevind jy jou letterlik in die skadu van ’n radio-telefoon-toring. Teen die mas van hierdie toring hang ’n groot verskeidenheid panele wat aan verskillende selfoon- en internetondernemings behoort. Alles dui op die sewende en laaste teken en die koms van die era van kuberfisiese stelsels, groot data, kunsmatige intelligensie, die internet; van dinge wat alles besig is om ons wêreld radikaal te verander. Hierdie ontwikkeling staan bekend as die Vierde Nywerheids­revolusie (4IR), en as ’n mens op die strate van Stellenbosch afkyk, sien ’n mens die rooi-en-wit linte wat waarsku teen uitgrawings langs paaie. Hierdie uitgrawings word gedoen vir die installering van optieseveselkabels om die kapasiteit van die elektroniese media te verhoog. Die meeste mense is eenvoudig verlore sonder selfone, skootrekenaars en ’n deugdelike internetverbinding. ’n Mens kan jou nie meer ’n wêreld daarsonder voorstel nie. Ons afhanklikheid van hierdie vorme van kommunikasie gee ook enorme mag aan die persone in beheer van hierdie netwerke. Uit hierdie teken word ’n mens bewus van die enorme elektroniese en kuberfisiese uitdagings wat die 4IR stel.

Noudat daar ’n konteks geskep is vir die uitdagings wat ’n nuwe generasie teoloë in die Suid-Afrikaanse konteks in die gesig staar, kan daar voortgegaan word om ’n aantal vaardighede of bevoegdhede te definieer wat ons nodig het om hierdie uitdagings die hoof te bied. In die volgende afdeling word die kwessie van bevoegdhede bespreek asook waarom dit van belang is vir ’n nuwe generasie teoloë.

 

4. ’n Kort oorsig oor die literatuur

Aan die Universiteit Stellenbosch (US) is daar vanaf 2015 met ’n proses begin om die ontwikkeling van gewenste eienskappe by graduandi deel te maak van die kurrikulum van sekere gekose programme in die tien fakulteite van die universiteit (Nell en Bosman 2017). Hierdie inisiatief is geneem om te verseker dat studente die kernbevoegdhede kan verwerf wat hulle kan help om suksesvol te gradueer. Daar is in die Fakulteit Teologie ’n besondere behoefte om ’n bevoegdheidsraamwerk te ontwikkel wat opgeneem kan word as deel van die MDiv-program (meestersgraad in Godgeleerdheid), in die lig van die feit dat dit ’n professionele graad is wat vereis word van studente wat voltyds in die bediening wil ingaan. Hierdie inisiatief het die belang van ’n raamwerk beklemtoon wat verder strek as om bloot generiese eienskappe van gegradueerdes op te noem. ’n Ondersoek na literatuur oor die onderwerp lewer die volgende deeltemas op, wat vervolgens bespreek word.

4.1 Van eienskappe van graduandi na bevoegdhede

Navorsing deur Jacobs en Strydom (2014) dui aan dat die ontwikkeling van die gewenste eienskappe van graduandi verbeter word as dit binne ’n dissiplinêre raamwerk ingebed is. In hul bydrae getiteld “Van Matie tot landsburger” kyk hulle na die maniere waarop eienskappe van graduandi van die US die studente kan help om afgeronde individue en betrokke burgers te word. Volgens Jones (2013:592) is ’n verdere eienskap van ’n afgeronde individu die besef dat onderrig en leer lewenswye ervarings omvat en geïntegreer is in die gestruktureerde en komplekse lewens van ons studente. Dit vind plaas deur erkenning te gee aan die waardevolle ontwikkeling wat in studentgedrewe ruimtes buite die klaskamer en formele kurrikulum plaasvind. 

4.2 Definiëring van bevoegdhede

Daar bestaan ’n groot hoeveelheid literatuur oor die nosie van bevoegdhede, waarin bevoegdhede breedweg omskryf word as “a combination of cognitive, affective, motivational, volitional and social dispositions that form the basis for performance” (Shavelson 2010:43). Shavelson bied ’n benadering tot die meting en statistiese modellering daarvan deur bevoegdheid te omskryf as ’n komplekse konstruk wat nou verwant is aan werklikheidsgesitueerde uitvoerings in die lewe van elke dag. Die bedoeling is om die konstruk “bevoegdheid” toeganklik te maak vir meting. Bevoegdhede kan dus gesien word as eienskappe wat relatief stabiel is oor tyd en in verskillende situasies, terwyl veranderinge deur dinamiese komponente veroorsaak kan word. ’n Bykomende oorweging vir die ontwikkeling van ’n bevoegdheidsraamwerk is Bloom se taksonomie van leeruitkomste, met die onderliggende gedagte dat die leerproses stap vir stap opgebou word. Daar is ’n behoefte daaraan dat drempelkonsepte doelgerig in programme en aktiwiteite geïntegreer word om dit sodoende deel te maak van die bevoegdheidsraamwerk.

Dit is ook belangrik om ’n onderskeid te tref tussen leeruitkomste en bevoegdhede. Leeruitkomste word gedefinieer in terme van bepaalde vlakke van kennis en vaardighede wat ’n student bereik het (Adam 2008:9). Bevoegdhede neem die gedagte verder deur leeruitkomste te beskryf in terme wat nie net definieer wat geleer moet word nie, maar ook wat die spesifieke prestasievlakke is wat van studente verwag word om te bemeester (Mulder, Weigel en Collins 2007:67).

4.3 Globale bevoegdheid

In die literatuur word die begrip globale bevoegdheid toenemend teëgekom (Bird, Osland en Lane 2004:57–80). Volgens die OECD PISA-raamwerk (Organization for Economic Co-operation and Development Program for International Student Assessment) vir globale bevoegdheid (sien die figuur hier onder) omvat globale bevoegdheid die verkryging van diepgaande kennis en begrip van globale en interkulturele kwessies; die vermoë om van ander mense te leer en saam met mense uit verskillende agtergronde te leef; asook die houdings en waardes wat nodig is om met respek met ander te kommunikeer. Globale bevoegdheid behels dus die vermoë om plaaslike, globale en interkulturele kwessies te ondersoek, om die perspektiewe en wêreldbeskouings van ander te verstaan en te waardeer, om oop, toepaslike en effektiewe interaksies met mense uit verskillende kulture te beoefen, en vir kollektiewe welstand en volhoubare ontwikkeling op te tree (Ramos en Schleicher 2018:6).

Die dimensies van globale bevoegdheid (Ramos en Schleicher 2018)

4.4 Toenemende behoefte aan algemene bevoegdhede 

’n Interessante bydrae met betrekking tot algemene bevoegdhede is die werk van Young en Chapman (2010), waarin hulle ’n oorsigtelike beskrywing van die historiese ontwikkeling van bevoegdheidsraamwerke gee. Volgens hulle het die vinnige transformasie van die wêreldekonomie oor die afgelope drie dekades diepgaande veranderinge in arbeidsmarkte regoor die wêreld tot gevolg gehad. Deur globalisering is weg beweeg van landbou en vervaardiging na ’n nuwe kennisbasis van wêreldmarkte (Young en Chapman 2010:2). Dit het noodwendig daartoe gelei dat ’n sterker behoefte aan werkers wat tred hou met die veranderinge in die nuwe ekonomie, ook gelei het tot die ontwikkeling van ’n hele stel breë vaardighede of generiese vaardighede. Hulle gee interessante voorbeelde van regoor die wêreld van die ontwikkeling van hierdie generiese vaardighede.

4.5 Bevoegdhede en Bevoegdheid-gebaseerde teologiese opleiding (BGTO)

Die doel en taak van teologiese opleiding is om teologiese studente op te lei en toe te rus met die nodige bevoegdhede om ander gelowiges te bemagtig om aan die missie van God en sy Kerk deel te neem. In hierdie studie is die vertrekpunt dat daar ’n noue verband bestaan tussen die kwaliteit van die teologiese opleiding en die kwaliteit van die kandidaat wat gereed is vir die bediening. Bevoegdheid-gebaseerde teologiese opleiding neem hierdie uitdaging ernstig op. Brown (2016:2) formuleer dit soos volg:

Competency-based theological education represents a paradigm shift in theological education. It offers an innovative way for seminaries and learning networks to raise a new generation of proven leaders, trained in context, in the knowledge, in the skills, and in the character traits they need to prosper in their callings.

In vergelyking met die inhoudsoordragmodel, waar die fokus op inhoud en onderwerpe as die organisatoriese beginsel is, werk die bevoegdheidsgebaseerde model met ’n vloeibaarheid wat ’n raamwerk bied vir leer en onderrig in ’n verskeidenheid kontekste. In die bevoegdheidsmodel word uitnemendheid hoofsaaklik aan die aard van die proses gemeet en nie aan kennisproduksie nie. Die werklike kriterium vir uitnemendheid in bevoegdheidsgebaseerde onderwys is die mate waarin die student gereed is om effektief in die bediening te funksioneer en potensiaal toon vir voortgesette teologiese opleiding (Youngblood 1989:29).

Volgens Brown (2016:2) is BGTO ’n opvoedkundige model wat die volgende beklemtoon: (1) Leer is ’n omvattender proses as die tyd wat jy in die klaskamer spandeer. (2) Die bemeestering van professioneel-georiënteerde vaardighede staan sentraal. (3) Die klem val op goedbeplande leeraktiwiteite of assesserings (klasgebaseerd of nie, aanlyn of ter plaatse) wat studente teen hul eie tempo kan voltooi. (4) Die skep van ’n gemeenskap van leer waar gereelde en substantiewe interaksie tussen gekwalifiseerde doserende personeel en studente plaasvind. Een manier om BGTO met meer tradisionele opvoedkundige modelle te vergelyk en te kontrasteer, is deur te sê dat die BGTO-model die leerproses konstant hou terwyl tye wissel, en tradisionele modelle, daarteenoor, tyd konstant hou terwyl die leerproses wissel.

Hieruit is dit duidelik dat BGTO ’n benadering is tot die ontwerp van akademiese programme met die fokus op die ontwikkeling van bevoegdhede eerder as op die tyd wat in klaskamers spandeer word. Studente illustreer en demonstreer hul bevoegdhede en kennis deur deel te neem aan leerervarings, aktiwiteite en oefeninge waar daar ’n aansluiting by goedgedefinieerde leeruitkomste is. In die tabel hier onder word ’n oorsig van hierdie bevoegdhede gegee.

As ’n organiserende beginsel vir die ontwikkeling van die vaardigheidsraamwerk word die drie metakategorieë uit Barentsen (2016:272) se werk geneem en na bevoegdhede omgesit. Dit lei tot die volgende resultaat: 

  • kernbevoegdhede wat ons as teologiese leiers kwalifiseer
  • vaardighede wat fokus op verhoudings binne die geloofsgemeenskap
  • vaardighede wat fokus op verhoudings met diegene buite die geloofsgemeenskap
  • ’n vaardigheid wat op die ekologie

Elkeen van hierdie bevoegdhede word gevorm deur die een of ander vorm van aktiwiteit – iets wat ons doen en uitvoer. ’n Geskikte metafoor om dit te beskryf sou wees dat mens verskillende rolle in die drama van geloof en lewe speel.

 

5. Beskrywing van die bevoegdheidsraamwerk 

In die volgende uiteensetting word ’n kort beskrywing gegee van elk van die vier metakategorieë: die kernbevoegdhede, bevoegdhede wat fokus op die verhoudings binne die gemeenskap, bevoegdhede wat fokus op verhoudings met diegene buite die gemeenskap en ’n bevoegdheid wat op die ekologie fokus. Onder elkeen van die vier metakategorieë word dan die verskillende onderskikkende bevoegdhede bespreek wat daarvoor relevant is.

Bevoegdheidsraamwerk (deur die outeur ontwikkel)

Metakategorieë

Bevoegdhede

Beskrywing

Kern-bevoegdhede
(Priester)

Simboliese bevoegdheid

Verteenwoordig en bemiddel tussen die Heilige en die navolging en viering van die gemeenskap se kultuur en identiteit

 

Spirituele bevoegdheid

Lewe en beliggaam ’n outentieke en transparante geestelike lewe deur die gemeenskap se identiteit te beliggaam en navolgers te bemagtig en te inspireer om op ’n soortgelyke wyse te leef

 

Hermeneutiese bevoegdheid

 

Interpreteer die godsdienstige tradisie en betrek volgelinge in die ervaring van die tersaaklikheid van geloof vir die lewe van elke dag

     

Bevoegdhede binne die gemeenskap
(Koning)

Pastorale bevoegdheid

Sorg vir die geestelike behoeftes en nood van navolgers en bevorder die gevoel van “behoort”, in die gemeenskap asook ten opsigte van die tradisies

 

Visioenêre bevoegdheid

Mobiliseer navolgers vir ’n gemeenskaplike doel en bemagtig hulle vir insette as deel van ’n span rondom ’n gemeenskaplike visie

 

Versoenende bevoegdheid

Fasiliteer die gemeenskap om met konflik, spanning en verskille om te gaan en bestuur prosesse van singewing

     

Bevoegdhede buite die gemeenskap
(Profeet)

Kommunikatiewe bevoegdheid

Kommunikeer openlik in die openbaar namens die geloofsgemeenskap en lei navolgers om dieselfde te doen in hulle onderskeie sfere van invloed

 

Vernuwende bevoegdheid

Gee leiding aan navolgers om op vernuwende wyses by die sosiale nood betrokke te raak en mense te help bevry van onderdrukkende sosiale en politieke omstandighede

 

Entrepreneurs-bevoegdheid

Ontwikkel ’n nuwe sin vir gemeenskap wat sowel godsdienstig as sosiaal geanker is deur ruimte te maak vir ’n verskeidenheid van geestelike ervarings

     

Bevoegdhede wat fokus op ons planeet
(Rentmeester)

Ekologiese bevoegdheid

Onderhou en voed ons planeet en natuurlike hulpbronne deur geloofsgemeenskappe te mobiliseer om aan aardbewaring deel te neem

 

5.1 Kernbevoegdhede

Die kernvaardighede van teologiese leierskap hou verband met take wat die kern van hierdie vorm van leierskap waarborg en gevolglik konsentreer op die godsdienstige en teologiese identiteit van die gemeenskap. Die identiteit van leierskap speel hier vanselfsprekend ’n groot rol, en die volgende bevoegdhede kan onderskei word.

5.1.1 Simboliese bevoegdheid

Die eerste bevoegdheid hou verband met die amp van predikant, priester, pastoor of mistikus as verteenwoordiger en bemiddelaar van die Heilige (God). As simboliese leier, voorganger of liturg wil hy of sy die gemeenskap bymekaarbring om die gemeenskap se identiteit deur Woord en sakrament te vier. In hierdie verband neem teologiese leierskap deel aan die vorming van die simbole en kultuur van hul gemeenskappe. Cormode (2006) wys op die feit dat kultuur (ook myns insiens veral binne die postkoloniale konteks) ons verwagtinge en persepsies vorm en dat daar van teologiese leierskap verwag word om die interpretasie van nuwe gebeure en situasies op so ’n manier oor te dra dat dit inpas by die bestaande kulturele repertoire. Teologiese leiers het nie net interaksie met hierdie kulturele simbole nie, maar gee ook aktief vorm aan hierdie simbole, praktyke, oortuigings en geskiedenis van die plaaslike geloofsgemeenskap. Die struktuur en aard van hierdie simbole, hetsy in die vorm van klere, liturgiese ruimtes, argitektuur, rituele of musiek, sal natuurlik van gemeenskap tot gemeenskap verskil, wat beteken dat ’n goeie begrip en ’n delikate benadering belangrik is.

5.1.2 Spirituele bevoegdheid 

Die spirituele bevoegdheid is nou verwant aan simboliese bevoegdheid, met die fokus op ’n outentieke en deursigtige geestelike lewe. In die woorde van die Belydenis van Belhar verteenwoordig dit ’n lewe van eenheid, versoening en geregtigheid. Die teologiese leierskap beliggaam die gemeenskap se identiteit en bemagtig en inspireer volgelinge om ’n soortgelyke lewe te lei. As geestelike gids en rolmodel tree die leier op as ’n geestelike begeleier in ’n poging om die volgelinge se verhouding met die Goddelike te verdiep, maar ook om in sy of haar eie, persoonlike spiritualiteit te leer en te groei. Normaalweg deel die persoon wat geestelik rigting soek sy of haar eie verhale van goddelike ontmoetings terwyl die spirituele begeleier luister en vrae stel om die persoon in die proses van geestelike groei en besinning te help (Dutton (red.) 2010). 

5.1.3 Hermeneutiese bevoegdheid

Die derde kernbevoegdheid is die hermeneutiese bevoegdheid, waarvolgens die leier as teoloog, interpreteerder, prediker en leraar die Skrif en tradisie interpreteer om hierdie geskrifte nie net in hul oorspronklike kontekste te verstaan nie, maar ook om die volgelinge te betrek om die tersaaklikheid daarvan in die daaglikse lewe te ervaar. Daarom is kennis van die postkoloniale konteks so belangrik. Sonder begrip van konteks en tradisie het teologiese identiteit geen wortels nie. In hierdie opsig is leiers volgens Osmer (2008) interpretatiewe gidse, waar die gids mense na ’n nuwe gebied neem en hulle help om hierdie gebied te interpreteer. Die teologiese leierskap probeer met ander woorde, soos gestel deur Barentsen (2016:268), om mense te lei in die interpretasie van situasies of lewensgebeure in godsdienstige terme of in teologiese taal om sodoende ’n gevoel van goddelike betrokkenheid of nabyheid in die situasie te verskaf. Die leier herinterpreteer sekere gebeure en situasies sodat dit sin maak binne nuwe kontekste.

5.2 Bevoegdhede wat binne die godsdienstige gemeenskap fokus 

Waar die kernbevoegdhede met die identiteit van teologiese leierskap te make gehad het, verskuif die fokus nou na bevoegdhede wat verband hou met die instandhouding, bewaring en bevordering van die geloofsgemeenskap.

5.2.1 Pastorale bevoegdheid

Een van die kenmerkendste take van teologiese leierskap is die pastoraat, waar die herder vir sy of haar kudde sorg. Deur persoonlike besoeke versorg pastors die lidmate en is hulle persoonlik betrokke by dié se lewens. Hier is ook min sprake van hiërargie en ’n mens vind sorg in die vorm van meelewing met lidmate in hul opregte soeke na hul eie geestelike reis waarin geestelike ervarings en die vind van sin en betekenis sentraal staan. Daar is ook ’n demokratisering van pastorale sorg waarin gelowiges mekaar onderling versorg – die sogenaamde priesterskap van alle gelowiges (Barentsen 2017:71).

5.2.2 Visioenêre bevoegdheid 

Die uitdagings wat postkolonialisme en postkolonialiteit aan teologiese leierskap stel, vra om leiers wat die nodige veranderinge kan omarm, ’n visie kan ontwikkel en die nuwe uitdagings, waaronder byvoorbeeld die COVID-19-pandemie, met entoesiasme kan aanpak. Wat betref die floreer en groei van geloofsgemeenskappe het navorsing getoon dat die vermoë van ’n gemeenskap om ’n duidelike visie, doelstellings en rigting te stel, van groot belang is. Dit gaan daaroor om die gemeenskap te lei deur volgelinge te mobiliseer vir ’n gemeenskaplike doelwit en om hulle as deel van ’n span te bemagtig vir ’n verskeidenheid insette. Die gevaar bestaan vir baie geloofsgemeenskappe om al hul tyd en energie te bestee aan oorlewing en onderhoud, in so ’n mate dat ’n visie vir die behoeftes en die nood van die wêreld verlore gaan. ’n Sterk verbintenis tot die visie deur die leierskap deur middel van die stel van duidelike doelwitte lei ook tot groter toewyding van die lede (Press en Powell 2012:36). ’n Mens sou kon sê die COVID-19-pandemie is op die oomblik ’n gemeenskaplike vyand wat almal saamsnoer.

5.2.3 Versoenende bevoegdheid

Krisis en konflik vorm altyd deel van die handel en wandel van ’n gemeenskap, en veral in Suid-Afrika se rasverdeelde postkoloniale samelewing. Met groter diversiteit ten opsigte van verskillende spiritualiteite, is krisisherkenning en ingryping ’n belangrike bevoegdheid vir teologiese leierskap. Die geloofservarings en belangstellings van groepe gelowiges in die geloofsgemeenskap kan maklik uitmekaar groei. Dit is dus ’n belangrike leierskapstaak om te leer om met die verskillende belangegroepe te onderhandel. Laasgenoemde is deurslaggewend, omdat die bediening van versoening en die bewaring van vrede aan alle gelowiges toevertrou word, maar veral aan die leierskap. Konflikbestuur en die verbinding van subgroepe vorm die kern van hierdie soort leierskap. Met groeiende etniese diversiteit is daar ook ’n groeiende behoefte aan interkulturele bekwaamheid wat verwys na die vaardighede, kennis en motivering wat individue bemagtig om effektief in ’n kruiskulturele omgewing aan te pas (Barentsen 2017:72).

5.3 Bekwaamhede wat fokus op diegene buite die geloofsgemeenskap

Daar is reeds aangedui dat ’n geloofsgemeenskap gegrond is in sy teologiese identiteit (’n kernbevoegdheid) en aangevul word deur die versorging en instandhouding van die gemeenskap (bevoegdhede binne die gemeenskap). Geloofsgemeenskappe in Suid-Afrika is egter ingebed in ’n spesifieke postkoloniale samelewing wat hulle beïnvloed en definieer. Die derde groep bevoegdhede is dus gerig op die openbare dimensie van die samelewing.

5.3.1 Kommunikatiewe bevoegdheid 

Openbare kommunikasie kan verskillende vorme aanneem, insluitend tradisionele aktiwiteite soos prediking, evangelisasie, die diakonaat en die ontmaskering van sosiale onreg. Leierskap praat namens die geloofsgemeenskap in die openbaar en lei volgelinge om op dieselfde manier op te tree in hul onderskeie invloedsfere. Opvallend is die sterk godsdienstige leierskap wat ten tye van skrywe te midde van die COVID-19-krisis in Suid-Afrika beleef word. Op hierdie manier word die teologiese leier ’n openbare teoloog wat die geloofsgemeenskap in burgerlike omgewings verteenwoordig (Vanhoozer en Strachan 2015). In elk van talle onderskeie instellings word die boodskap van geloof op ’n spesifieke manier gekommunikeer, hetsy deur met ander oor geloof in gesprek te tree, of met die doel om te sorg en te versorg, of as die voorstander vir onderdruktes. 

In die huidige tydsgewrig is baie vorme van kommunikasie gedigitaliseer, wat tot gevolg het dat daar van leiers verwag word om kennis te hê van sosiale media en godsdienstige kommunikasie via die internet en selfs via ’n eie webblad. ’n Apologetiese benadering is ’n belangrike deel van hierdie vorm van kommunikasie, naamlik om die baie buitestanders te help om die Christelike geloof beter te verstaan. Die taak van openbare verkondiging verander dus in hierdie situasies van tradisionele geloofstaal na die artikulering van die Christelike geloof vir ’n diverse gehoor (Barentsen 2017:73).

5.3.2 Vernuwende bevoegdheid

Navorsing toon dat leierskap wat nie oop is vir vernuwing en die bereidwilligheid om nuwe dinge te probeer nie, baie vinnig stagneer. Dit gebeur gereeld dat die leierskap in kontak kom met mense buite hul eie grense of met ’n nuwe generasie gelowiges. Openheid vir verandering en ’n gees van vernuwing, ook in die lig van die uitdagings wat die 4IR aan ons stel, is hier noodsaaklik. Baie leiers eksperimenteer met nuwe benaderings ten opsigte van byvoorbeeld verskillende style van aanbidding, verskillende vorme van groepwerk en ’n verskeidenheid van sendingsaktiwiteite. ’n Interessante ontwikkeling in die vernuwing van geloofsgemeenskappe is die opkoms van nuwe vorme van kerke naas meer konvensionele vorme. In die literatuur vind mens terme soos “vars uitdrukkings” (fresh expressions), “opkomende kerke” (emerging churches) en “missionale kerk” wat voorkom as alternatiewe gemeenskappe van aanbidding in die vorm van selgebaseerde kerke, kafeekerke, kerkplantings, netwerkgefokuste kerke en soekende kerke (Press en Powell 2012:44).

5.3.3 Entrepreneursbevoegdheid

Die entrepreneursbevoegdheid is nou verwant aan die vernuwende bevoegdheid, waar leiers dikwels voel dat die tradisionele take van liturgie, prediking en pastorale sorg nie noodwendig tot die herlewing van geloofsgemeenskappe lei nie. In godsdienstige diskoerse word entrepreneursleierskap dikwels geassosieer met missionale leierskap in die vorm van bydraes tot sosiale geregtigheid in die burgerlike gemeenskap, eerder as met die opbou van die plaaslike geloofsgemeenskap (Van Gelder 2009). Hierdie stap verteenwoordig ’n paradigmaverandering wat nuwe vorme van leierskap vra wat nog nie gedefinieer is nie. Die e-kerk in Suid-Afrika kan as voorbeeld gebruik word, ten opsigte van beide die aard van die geloofsgemeenskap en die vorm van leierskap wat hierby betrokke is (Nell 2016:1).

5.4 ’n Bekwaamheid wat op planeet aarde fokus

Die aarde is ons moeder, maar ons behandel haar nie goed nie. As ’n mens die verslag van die Verenigde Nasies oor klimaatsverandering lees wat onlangs verskyn het (IPCC 2019), besef ’n mens watter ernstige probleme daar met die versorging van die aarde ondervind word. In werklikheid is die vraag inderdaad of die ekologiese bevoegdheid nie heel bo-aan die lys geplaas behoort te word nie, want as ons planeet uitgeput raak en menslike lewe nie meer volhoubaar is nie, sal al die ander bevoegdhede nie meer nodig wees nie.

In Suid-Afrika, wat onlangs een van die grootste droogtes in die geskiedenis van die mensdom beleef het en waar die bewoners van die Wes-Kaap enkele dae weg was van wat hulle “dag zero” genoem het, wanneer al die krane sou opdroog, het mense skielik bewus geword van die impak van aardverwarming. Op 28 Augustus 2019 is die Verenigde Nasies se Global Climate Report met die titel “Climate change and land” deur die IPCC gepubliseer (IPCC 2019). Dit is baie duidelik uit hierdie verslag dat die mensdom in ernstige probleme verkeer en dat die Verenigde Nasies in verband met klimaatsverandering ernstige aktiewe optrede bepleit. Volgens die verslag bring elke week ’n nuwe voorbeeld van klimaatsverwante verwoesting van regoor die wêreld. Dit is belangrik vir teologiese leierskap om sekere vaardighede te ontwikkel om hierdie uitdaging aan te spreek deur middel van verskeie maniere van kommunikasie.

 

6. Gevolgtrekking

Die woorde priester, profeet, koning en rentmeester verskyn in die tabel hier bo en hou verband met die vier metakategorieë van bevoegdhede. Die raamwerk is doelbewus so benoem vanuit my oortuiging dat daar agter of onder al hierdie bevoegdhede ’n diep teologiese substruktuur gevind kan word wat teruggaan na die ampte van priester, profeet, koning en rentmeester. Hierdie ampte is ook toegeskryf aan die bediening van Jesus, onder andere deur Calvyn. 

Leierskap in Christelike geloofsgemeenskappe is derhalwe inherent ’n geestelike aangeleentheid, en daarom moet mens nie die vermoë wat sulke leiers het om ander se gedrag en optrede te beïnvloed, ligtelik opneem nie. Daarom word voorkeur gegee aan die idee van ’n spiritualiteit van leierskap, waarmee bedoel word dat leiers oop moet wees vir die leiding van die Heilige Gees, waar die Gees hulle vorm en omskep na die beeld van Christus.

Ons kan dus die vier stelle vaardighede op die volgende manier opsom:

  • Die kernbevoegdhede hou verband met ’n vorm van priesterlike luister wat gegrond is in ’n spiritualiteit van teenwoordigheid: om aandag te gee aan ander in hul uniekheid binne die teenwoordigheid van God.
  • Die interne bevoegdhede hou verband met ’n vorm van transformerende leierskap, gegrond in ’n spiritualiteit van dienskneggebaseerde leierskap: die neem van risiko’s namens die gemeenskap om hulle te help om hul missie beter te beliggaam as ’n teken en getuie van God se selfgewende liefde.
  • Die eksterne bevoegdhede hou verband met ’n vorm van profetiese onderskeiding, gegrond in ’n spiritualiteit van onderskeiding: om ander te help om die Woord van God te hoor in die besondere omstandighede van hul lewens en wêreld.
  • Die ekologiese bevoegdheid hou verband met ’n vorm van wyse oordeel gegrond in ’n spiritualiteit van wysheid: om ander te lei hoe om aardbewaring toe te pas.

Maar voordat daarop gewys word dat dit onmoontlik is om al hierdie vaardighede te bemeester, en dat dit ’n bomenslike en onrealistiese ideaal is, moet ek self toegee dat dit inderdaad onmoontlik is vir een persoon om al hierdie bevoegdhede tegelyk te bemeester. Daarom vind mens vertroosting as jy in 1 Korintiërs 1:17–25 na Paulus luister waar hy oor die dwaasheid van die kruis skryf. Volgens Paulus se leierskapstyl is ons almal “dwase in Christus” en word leierskap slegs deur die dwaasheid van die kruis moontlik.

Afsluitend is enkele laaste opmerkings nodig rakende teologiese leierskap vanuit hierdie oogpunt. Eerstens onderbreek en ontwrig dwase leierskap “die owerhede en die magte” van die dag. Tweedens skep sulke leierskap ’n liminale ruimte waar die Gees kan beweeg, en weet die leiers dat hulle nie die middelpunt van die aandag is nie. Derdens maak sulke leierskap nuwe perspektiewe moontlik en help dit om die teenwoordigheid van God se Koninkryk te onderskei. Laastens neem sulke leierskap sigself nie te ernstig op nie, omdat dit geheel en al afhang van die gawe en krag van die Gees.

 

Bibliografie

Adam, S. 2008. Learning outcomes current developments in Europe: Update on the issues and applications of learning outcomes associated with the Bologna process. Paper presented at the Bologna Seminar: Learning outcomes based higher education: The Scottish experience. 21–22 Februarie, Heriot-Watt University, Edinburgh.

Barentsen, J. 2017. Practising religious leadership. In Storey, Hartley, Denis, ’t Hart en Ulrich (reds.) 2017. 

—. 2017. Kenmerken van veranderend pastoraal leiderschap. In Steen (red.) 2017.

Bird, A., J.S. Osland en H.W. Lane. 2004. Global competencies: An introduction. In Lane, Maznevski, Mendenhall en McNett (reds.) 2004.

Bradnick, D. 2012. Postcolonial theology. The Encyclopedia of Christian civilization. Wiley Online Library. https://onlinelibrary.wiley.com/doi/abs/10.1002/9780470670606.wbecc1095 (5 Augustus 2019 geraadpleeg).

Brown, E.S. 2016. “Time for reset” in theological education: 200 gather to discuss innovation at Education Models and Practices Forum. Association of Theological Schools, Colloquy Online, March. https://www.ats.edu/uploads/resources/publications-presentations/colloquy-online/ed-models-and-practices-forum.pdf (15 September 2019 geraadpleeg).

Campbell-Reed, E.R. 2020. Four guidelines for improvising pastoral leadership through a pandemic. The Christian Century. https://www.christiancentury.org/article/recommendations/four-guidelines-improvising-pastoral-leadership-through-pandemic (3 April 2020 geraadpleeg).

Cormode, S. 2006. Making spiritual sense: Christian leaders as spiritual interpreters. Nashville, TN: Abingdon.

Du Preez, M. 2014. A rumour of spring: South Africa after 20 years of democracy. Cape Town: Penguin Random House South Africa.

Dutton, M.L. (red.). 2010. Aelred of Rievaulx: Spiritual friendship. Collegeville, MN: Liturgical Press. 

Elmes, J. 2017. Martin Boehm: Preparing students for jobs that don’t exist yet. Times Higher Education, 25:1–12.

Grosfoguel, R. 2009. A decolonial approach to political-economy: Transmodernity, border thinking and global coloniality. Kult, 6(1):10–38.

IPCC (Intergovernmental Panel on Climate Change). 2019. Climate change and land: An IPCC special report on climate change, desertification, land degradation, sustainable land management, food security, and greenhouse gas fluxes in terrestrial ecosystems. https://www.ipcc.ch/site/assets/uploads/2019/08/Fullreport-1.pdf (12 September 2019 geraadpleeg).

Jacobs, C. en S. Strydom. 2014. From “Matie” to citizen: Graduate attributes as signature learning at Stellenbosch University. The Independent Journal of Teaching and Learning, 9(1):63–74. 

Jones, A. 2013. There is nothing generic about graduate attributes: Unpacking the scope of context. Journal of Further and Higher Education, 37(5):591–605 https://doi.org/10.1080/0309877X.2011.645466

Lane, H.W., M.L. Maznevski, M.E. Mendenhall en J. McNett (reds.). 2004. The Blackwell handbook of global management: A guide to managing complexity. Hoboken, N.J.: John Wiley.

Le Grange, L. 2016. Decolonisation involves more than simply turning back the clock. The Conversation, 11 July. https://theconversation.com/decolonisation-involves-more-than-simply-turning-back-the-clock-62133.

Mignolo, W.D. 2007. Delinking: The rhetoric of modernity, the logic of coloniality and the grammar of de-coloniality. Cultural studies, 21(2–3):449–514. 

Miller-McLemore, J. (red.). 2012. The Wiley-Blackwell companion to practical theology. Malden, MA: Blackwell.

Mulder, M., T. Weigel en K. Collins. 2007. The concept of competence in the development of vocational education and training in selected EU member states: A critical analysis. Journal of Vocational Education & Training, 59(1):67–88. https://doi.org/10.1080/13636820601145549.

Nell, I.A. 2016. Virtual leadership? The e-church as a South African case in point. HTS Teologiese Studies / Theological Studies, 72(2):1–9. http://dx.doi.org/10.4102/hts.v72i2.3570.

Nell, I.A. en J.P. Bosman. 2017. Integrating graduate attributes into a Master of Divinity Programme at a South African University. South African Journal of Higher Education, 31(1):175–90. https://doi.org/10.20853/31-1-868.

Osmer, R.R. 2008. Practical theology: An introduction. Grand Rapids, MI: Eerdmans. 

Press, M. en R. Powell. 2012. Enriching church life: A practical guide for local churches. Strathfield: Mirrabooka Press.

Ramos, G. en A. Schleicher. 2018. Preparing our youth for an inclusive and sustainable world: The OECD PISA global competence framework. https://www.oecd.org/education/Global-competency-for-an-inclusive-world.pdf

Sharp, M.M. 2012. Globalization, colonialism, and postcolonialism. In Miller-McLemore (red.) 2012.

Shavelson, R.J. 2010. On the measurement of competency. Empirical Research in Vocational Education and Training, 2(1):41–63. 

Steen, M. (red.). 2017. Gidsen die begeesteren: Over pastoraal leiderschap. Antwerpen: Halewijn.

Storey, J., J. Hartley, J.L. Denis, P. ’t Hart en D. Ulrich (reds.). 2017. Routledge companion to leadership. Londen en New York: Routledge. 

Universiteit Stellenbosch. 2017. Recommendation of the task team for the decolonisation of the Stellenbosch University curriculum. http://www.sun.ac.za/english/transformation/Documents/SU%20Decolonisation%20Task%20Team%20Final%20Report%20with%20Annexures.pdf (16 November 2019 geraadpleeg).

Van Gelder, C. (red.). 2009. The missional church and leadership formation: Helping congregations develop leadership capacity. Grand Rapids, MI: Eerdmans.

Vanhoozer, K.J. en O. Strachan. 2015. The pastor as public theologian: Reclaiming a lost vision. Ada, MI: Brazos Press. 

Young, J. en E. Chapman. 2010. Generic competency frameworks: A brief historical overview. Education Research and Perspectives, 37(1):1–7. 

Youngblood, R.L. 1989. Excellence and renewal goals for the accreditation of theological education. https://philpapers.org/rec/YOUEAR (18 November 2019 geraadpleeg). 

 

Eindnotas

1 Vir ’n interessante perspektief vanuit die VSA, sien Campbell-Reed 2020.

2 Vir meer inligting, besoek https://en.wikipedia.org/wiki/Stellenbosch.

3 Du Preez (2014) het ’n insiggewende en uitgebreide ontleding gedoen waarin hy die afgelope 20 jaar verskeie van Suid-Afrika se sosio-ekonomiese probleme onder die soeklig plaas. Sien ook die volgende webwerf: https://www.ipcc.ch/report/srccl.

4 Sien die volgende webtuiste vir die nuutste inligting: https://sacoronavirus.co.za

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë appeared first on LitNet.

Postcolonial leadership? The challenges facing a new generation of theologians

$
0
0

Abstract 

“Postcolonial leadership?” as the title of the article was deliberately written with a question mark. I do not think there exists such a concept as postcolonial leadership. One should rather refer to “leadership in a postcolonial context”, with South Africa as a case in point. What must therefore be determined, is: Firstly, what is meant by colonialism? The answer to this will also help in understanding postcolonialism better. Secondly, we must try to ascertain what the challenges are that this context poses to theological leadership. And thirdly, what leadership competencies does a young generation of theologians need to confront these challenges?

Colonialism can be described as a force that continues to marginalise the most vulnerable citizens for the benefit and economic wealth of the least vulnerable. Some critics even consider globalisation as contributing to colonialism. According to Sharp (2012:422), however, postcolonialism “denotes a time that historically follows many movements toward independence of former colonies. It also criticizes novel forms of colonialism that endure.” Under decolonisation I do not understand the destruction of Western knowledge, but its decentralisation. It would then become merely one way of knowing rather than the way of knowing. It enables the creation of new knowledge spaces (Le Grange 2016:1).

It is within this postcolonial context that my colleagues and I participate in teaching and cultivating a new generation of theological leaders. In preparing our students for their professional life we do have the further responsibility to help them understand the different challenges they are presently facing. Among these challenges we find the following: 1. The ecological challenges, which are enormous if the population growth and the impact of the consumer culture on our natural resources are kept in mind. 2. The ethnopolitical challenges, which relate to the fact that we live a country with a rich diversity of cultures and languages. 3. The unequal distribution of income contributes to the economic challenges our leadership is facing. The difference in the quality of education between schools in various parts of the country has a huge impact on admission to tertiary education and is a direct consequence of the history of unequal education. 4. All of this points towards the educational challenges we are facing. 5. Then, if one keeps in mind that 80 per cent of South Africa’s population indicated in the last census that they belong to the Christian faith, one finds it astonishing that we are confronted with such enormous ethical and moral challenges in our country. 6. One can no longer imagine a world without cell phones, laptops and an internet connection. Our dependence on these modes of communication also gives enormous power to the persons in charge of these networks. In the light of this one becomes aware of the enormous electronic and cyber-physical challenges that the 4IR (Fourth Industrial Revolution) is posing. 

After explaining some of the challenges a new generation of theologians are facing in the South African context, we are in the position to define some competencies that are needed to address these challenges. According to Shavelson (2010), competencies can be broadly defined as “a combination of cognitive, affective, motivational, volitional and social dispositions that form the basis for performance”. 

As an organising principle for developing a competency framework, the three meta-categories from Jack Barentsen (2016:272) were adopted and translated into competencies. A fourth competency was added. The four competencies can be classified as follows:

  • core competencies that qualify theological leaders
  • competencies that focus on relationships within the faith community
  • competencies that focus on relationships with those outside the faith community
  • competencies that focus on the environment.

The core competencies of theological leadership relate to tasks that guarantee the core of this form of leadership and consequently concentrate on the religious and theological identity of the community. It is evident that identity leadership plays a major role here. The following competencies can be distinguished: symbolic competency, spiritual competency and hermeneutical competency.

Whereas the core competencies are concerned with the identity of theological leadership, the focus now shifts towards competencies related to the maintenance, preservation and promotion of the faith community. Competencies focusing on matters within the religious community are the following: pastoral competency, visionary competency and reconciling competency.

Thus a religious community is grounded in its theological identity (core competencies) and is complemented by the care and maintenance of that community (competencies within the community). However, faith communities are embedded in specific societies that influence and define them. The third group of competencies is therefore directed at the public dimension of society. The competencies that focus on those outside the religious community are the following: communicative competency, innovative competency and entrepreneurial competency. 

Planet earth ensures our continued existence, but we do not treat it well. If one reads the United Nations’ IPCC report on climate change (IPCC 2019), one realises in what deep trouble we are concerning the care for Mother Earth. In fact, the question even arises whether we should not put ecological competency right at the top of the list, because if our planet is exhausted, all the other competencies will not be needed anymore.

Leadership in Christian faith communities is inherently a spiritual matter and therefore leaders should not take lightly the power they have to influence others’ behaviour and actions. Therefore the idea of a spirituality of leadership is advanced in terms of which leaders must be open to guidance of the Holy Spirit, where the Spirit shapes and transforms us into the image of Christ.

The four sets of competencies can thus be summarised in the following way:

  • The core competencies, which relate to a form of priestly listening, grounded in a spirituality of presence: Attending to others in their particularity within the presence of God.
  • The internal competencies, which relate to a form of transforming leadership, grounded in a spirituality of servant leadership: Taking risks on behalf of the community to help them better embody its mission as a sign and witness of God’s self-giving love.
  • The external competencies, which relate to a form of prophetic discernment, grounded in a spirituality of discernment: Helping others to hear God’s Word in the particular circumstances of their lives and world.
  • The ecological competency, which relates to a form of wise judgement grounded in a spirituality of sagely wisdom: Guiding others in how to perform earthkeeping.

Keywords: colonialism; competencies; decolonisation; leadership; postcolonial leadership; postcolonialism

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Postkoloniale leierskap? Die uitdagings vir ’n nuwe geslag teoloë

The post Postcolonial leadership? The challenges facing a new generation of theologians appeared first on LitNet.

Graad 7: Wiskunde – voorbereiding vir die Junie-eksamen

Carin Bester: "As jy nie opstaan vir geweldsmisdade teen vroue nie, wakker jy dit aan"

$
0
0

Die tema wat hier bespreek word is volwasse inhoud.

International Women's Day word jaarliks op 8 Maart gevier om bewustheid te kweek vir geslagsgelykheid. Sekerlik die belangrikste en mees dringende kwessie is geweld teen vroue. Volgens Statistics South Africa is daar in die statistiekjaar 2018/2019 2 930 vroue in Suid-Afrika vermoor, dws ’n moord elke drie ure. In 2014 berig die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad dat die helfte van hierdie moorde gepleeg word deur ’n intimate partner, of intieme (lewens)maat. Die term vir hierdie soort moord is intieme vrouemoord, en die moordenaar is gewoonlik ’n vrou se eggenoot, kêrel (hetsy in ’n verhouding of in ’n saamwoonhoedanigheid), eksman of ekskêrel.

Benewens Carin Bester se werk as aktrise en stelontwerper is sy ook ’n vertoonkunstenaar (performance artist) wat haar beywer vir die stryd teen geslagsgebaseerde geweld. Ek het van haar aktivisme te hore gekom tydens haar mees onlangse projek, Till death do us part. Ek het haar uitgevra oor hoekom sy bereid is om kaal voor mense te staan, haar eie bloed te tap vir ’n optrede, en wat die nut is van haar dapper pogings. Ons ontmoet mekaar in Stellenbosch tydens die Woordfees, waar sy by ’n aantal produksies betrokke is.

Haar vertoonkunsloopbaan het begin met ’n stuk genaamd Verlies by Youngblood Arts and Culture Development in Kaapstad in 2015. Tydens haar optrede staan sy kaal op ’n podium met doringdraad om haar gevleg. In haar hand hou sy ’n bloederige varkhart.

"Ek het kaal gestaan want dit is die mees natuurlike state of being. Almal is kaal gebore en ons dra klere want ons wil nie ander mense naak sien nie. Sonder klere is jy geweldig kwesbaar, en mens kan slegs deur kwesbaar te wees, as ’n individu genees van emosionele wonde en trauma. Die doringdraad simboliseer die pyn waarin mens toegedraai is tydens die rouproses van ’n geliefde wat gesterf het of ’n verhouding wat onherroeplik verwoes is. Tydens die uitvoering van hierdie stuk het ’n vrou haar hand deur die doringdraad gesteek en sodoende haarself en my seergemaak."

My body, my life was haar eerste stuk wat te make het met geslagsgebaseerde geweld. Hier staan sy in ’n tamaai hoepelrok met ’n Suid-Afrikaanse landsvlag om haar kop gedrapeer en haar liggaam is wit geverf. Bloed drup vir vyf ure lank op haar kop. Op die rok is statistieke geskryf oor verkragting en moorde sowel as sinsnedes uit mediaberigte wat met oa verkragting verband hou. Soos:

42 956 rapes were reported in 2015/2016. Statistics by SAPS. This means that one person is raped every 12 minutes.

An 11-month-old baby was sexually assaulted by a 27-year-old man.

She was shot, but still alive. She died in hospital. 

Aangaande My body, my life vertel sy: "Daar was ’n hele paar mense wat gedink het ek is ’n standbeeld en toe hulle sien ek haal asem, was hulle geskok. Daar was een ou wat gekyk het en hy sê: 'Oh my God, it's alive!' Dit is interessant dat hy nie na my verwys het as ’n vrou nie, alhoewel hy duidelik my boobs kon sien. Hy het uit die spasie gegaan en sy vriende gaan roep om te kom kyk. ’n Ander man, met ’n glasie wyn in die hand, het saam met sy girlfriend nader gestaan en die statistieke begin lees. Hy sê toe: 'Oh, I didn't realise it was this bad.' Ek wou op een stadium die landsvlag van my kop afhaal en sê: 'Well, where the fuck have you been lately?' Ander mense het gedink dit is die syfers van wêreldwye verkragting en moorde. Daai tipe aanmerkings het my regtig gedryf om aan te hou met dit wat ek doen, want hoe kan jy nie besef wat die struggle is van vroue elke dag in Suid-Afrika nie?"

Carin is een van die min vroue in Suid-Afrika wat hulle beywer vir bewusmaking mbt geslagsgebaseerde geweld in ’n vertoonkunshoedanigheid. Dit is spesifiek die onverdunde eerlikheid waarmee sy die ongemaklike realiteite aanspreek wat haar laat uitstaan bo soortgelyke bewusmakingsprojekte. Ek vra haar oor die "in your face benadering" wat haar optredes kenmerk.

"Vir my is performance art glad nie ’n act nie. Ek is myself en nie ’n karakter nie, en dit is ’n manier om die waarheid van die realiteit uit te beeld. Dit is hoekom ek daarmee begin het. Ek doen dit nie om mense te vermaak nie – dit is nie die punt nie – en ook nie om iets te wys wat die gehoor nie wil sien nie. Ek is daar om hulle bewus te maak van iets waarvan hulle bewus moet wees. Dit is ’n manier om die waarheid in mense se gesigte te druk en om te sê 'Kyk'. Jy kan dit nie doen met teater nie. Omdat ek weet baie mense verstaan dit dalk nie, of ongemaklik voel oor ek kaal is, joke hulle. Ek kan dus die humor sien in dit wat ek doen, maar die tematiek is nie ’n grap nie."

Een van die ander vertoonkunsstukke wat sy gedoen het, is He loves me, he loves me not. Carin stuur vir my die video-opname hiervan waar sy onder ’n blommekrans staan, getooi in wit onderklere, gepas vir ’n bruid op haar huweliksnag. Na elke herhaling van die mantra "He loves me, he loves me not" plak sy een van duisende pleisters op haar lyf. Dit simboliseer die wyse waarop geslagsgeweld verbloem word in Suid-Afrika. ’n Paar ure later in die video stap ’n paar vrouens nader en help om die pleisters op haar te plak.

Ek vra haar ’n laaste vraag oor hoe die opvatting van geslagsgebaseerde geweld verskil in verskillende kultuurgroepe en sosio-ekonomiese klasse.

"Verkragting gebeur in alle kultuurgroepe. Dit het niks te make met kleur nie. Dit is egter ’n baie groot probleem onder armer gemeenskappe. Dit het eintlik alles te doen met die nalatenskap van apartheid. As ’n man in ’n tweeslaapkamerhuis woon met ses ander mense en hy het nie ’n werk nie, is sy selfbeeld gekrenk. Dit lei baie keer tot drankmisbruik, want hy voel hy het nie ’n doel in die lewe nie. Verkragting gaan nie oor seks nie. As iemand ’n kind verkrag, is dit nie oor hy seksueel aangetrokke is tot daai kind nie. Nee, dit is ’n geval van 'I have power over you.' En as jy nie ’n werk het nie, wil jy daai mag op een of ander manier wys, en vrouens is dan die maklikste teiken. Hy wil dan op ’n manier sy manlikheid bewys en die gevolg is geweld teenoor vroue."

  • Foto's: Stephanie Gericke

The post Carin Bester: "As jy nie opstaan vir geweldsmisdade teen vroue nie, wakker jy dit aan" appeared first on LitNet.


Kwarantynketting: A tale of two hats, lost words and a pandemic by Zainab Priya Dala

$
0
0

Writer Zainab Priya Dala tells more about her experience as a healthcare worker in the time of COVID-19:

I wear two hats. One hat is the hat of writer.

Words used to pour out of me faster than I could put them onto the page. The other hat is one of healthcare worker. I am a physiotherapist, a profession I have held for over 20 years. Now, as the Covid-19 pandemic rages through the world, I am acutely aware that one of my professions has become a necessity. But it also occurs to me, when I am struggling to sleep at night, that both these professions use the power of touch. Differently.

In my work as a physiotherapist, I have always been a strong advocate of physical touch – coupled, of course, with firm clinical knowledge – to diagnose and treat the many ailments that I am called on to see. The profession cannot endure without the ability to touch a patient’s body, feel their musculature, feel the movement of their ribcage as they breathe and cough, and place knowledgeable fingers on painful trigger points, almost sensing their pulsing pains. Even when I teach exercises to patients – both the elderly who have had strokes, and the young, strapping rugby players who want to improve their form – I use my hands to feel how their unique musculature responds to generic exercises. But the world of physical contact has now been denied me. I am now asked to teleconsult with patients, explaining in frustrating ways how they can heal themselves using whatever apparatus they may have at home. Tennis balls, cushions and even water-filled bottles take the place of gym equipment and pain relief modalities. And then, the alternative is when I am called to the hospital, now more than normal, to see patients for respiratory infections.

We are asked to assume that all patients, tested or not, are positive. We spend more time hunting down masks and gowns than actually talking to patients. There is an air of palpable fear that hangs in the intensive care unit. Colleagues who would normally greet each other with jokes and perhaps a little hug stand a metre apart and relay patient information. There are no dignified whispers; the loud voices from behind masks and visors are necessary. I walk into the ICU, and immediately every eye is on who has come through the doors. A sigh of relief. It is just the physio, and not a journalist, an errant civilian or, even worse, the person from the mortuary.

With gloves on, my hands get sweaty and I try to feel my patient through the latex. The mask is tight and claustrophobic; it causes me to be hasty, and not my usual congenial self. The gown gets tangled up in my stethoscope, and the pen at my neck pokes through into my neck; I fog up the plastic visor with my hot breath. I want to rip away all this protective equipment and simply touch the human being that I am healing. Even their anxious eyes scan my face, looking for a human being there. My smile is hidden and my voice is muffled, but I try. I try in any way possible to convey some form of comfort to the patient.

Sometimes, while I am treating, while I am doing loud percussions on a patient’s chest and back to loosen phlegm, I let my mind wander to words. I can’t write these days. Stories enter and leave my mind as news bylines.

“Woman tries to write a poem. Fails.”

“Writer loses words forever.”

I reach out to my fellow writers all over the world. I am trying to touch someone. But no one really responds. It is the malaise of lockdown and economic fear. Our words were once the tools we used to touch people in some way. But our words are failing us even now. I used my hands to heal people, and used my words to heal myself. But inside all these brand new words that are now going to find their way into the dictionary for our children and grandchildren to wonder about – the words like Covid, coronavirus, lockdown, PPE and many others – I do not find the words that touch me and heal me. As a physiotherapist, I am sometimes called on to visit the homes of very elderly patients who have suffered strokes and, due to lockdown, cannot leave their houses to visit the physiotherapy consulting rooms. Last week, I went to one such home, and in my mask, gown, head cap, covered shoes and face shield, I drew so much attention from the neighbours sitting outside sunning themselves, that one neighbour panicked and shouted out loudly, “Does the old man have Rona?”

With my muffled voice, I shouted back as best as I could, “Relax, sir. He doesn’t have it. But he still needs to be cared for.”

And in that instant, I realised that despite all that we are experiencing, as writers or frontliners or even couch potatoes, all we are looking for right now is someone who cares. Touch does not have to be physical. Touch means reaching out with a call or a text to someone. And, perhaps, that someone could be me, lying awake at night looking for words on the ceiling.

Also read

The post Kwarantynketting: A tale of two hats, lost words and a pandemic by Zainab Priya Dala appeared first on LitNet.

Belydenis van geluk

$
0
0

Dis dag 29 van lockdown en ek het ’n belydenis. Ek het nog nooit soveel vrede en opregte geluk ervaar nie. My lewe is meer eenvoudig en vervelig as ooit tevore, maar ek is happy. Om te sê hierdie was ’n onvoorspelbare uitkoms van lockdown is ’n understatement. Jy sien, my verstaan van sukses het nog altyd beteken om so produktief as moontlik met my tyd om te gaan. Ek het nog altyd geglo dat hierdie vorm van “sukses” my gelukkig sou maak. Maar hierdie afgelope paar weke het my tot die gewaarwording gebring dat ek nie werklike geluk verstaan het tot nou nie.

My naweke en die meeste weeksaande was gewoonlik ’n malle gejaag van een verpligting of sosiale geleentheid na ’n ander. As ek nie besig was om met ’n vriendin op te vang oor ’n glas wyn nie, was ek op een of ander manier besig om myself te probeer verbeter: hetsy ’n gym-klas, ’n vergadering, navorsing vir my tesis of ’n interessante praatjie. Ek het myself oortuig dat ek my tyd moet gebruik as geleentheid vir verbetering, wat my dan uiteindelik ’n meer afgeronde weergawe van myself sal maak. Ek het myself oor die jare oortuig dat stilsit en ontspan ’n teken van ’n gebrek aan ambisie is. Dit het effektief beteken wanneer ek myself die dag toelaat om rustig te wees, ek doodeenvoudig uitpaas met Netflix wat blêr of myself besig hou met een of ander vorm van “selfcare”. Jy weet presies waarvan ek praat: Sit daai gesigmasker op, vat daai bad, maak daai lysie, lees daai boek en vat daai middagslapie.

Met die aankondiging van lockdown het die wêreld soos ons dit ken, gaan stilstaan en is die hamsterwieletjie uit die hok uit gehaal.

So volg die wiskunde: Geluk is vir my gekoppel aan sukses en sukses het sinoniem geword met produktiwiteit, wat weer op sy beurt deel van ’n roetine van jaag en noodgedwonge selfcare is. Die antwoord op hierdie som is eenvoudig: Die lockdown het my gedwing om my idee van geluk te ondersoek en herdefinieer.

Lockdown het my laat besef dat selfcare nie slegs die vorm van bederfies hoef aan te neem nie. Dit kan eerder ook behels om daai kas uit te pak wat ek aanhou uitstel, my gmail-rekening uit te sorteer en my belasting te doen. Basies kan selfcare ook “adulting” wees: die informele term vir gedrag wat gesien word as verantwoordelike en “grootmens”-gedrag. Hierdie gedrag behels dikwels die voldoening aan die alledaagse eise van onafhanklike en professionele lewe (dictionary.com). Die adulting-weergawe van selfcare bring soveel geleentheid vir geluk, tevredenheid en gesonde produktiwiteit.

Ek het tydens die afgelope 29 dae besef daar is soveel mooi in die eenvoud. Soveel geluk in die stilte. Soveel tyd vir regte selfcare as ek nie besig is om my idee van “sukses” na te jaag nie. Dit het ek nóú eers regtig besef. Dat dit nou ’n globale pandemie moes vat. Ek het besef dat ek nog nooit op my volwassenheidsreis werklik myself die kans gegee het om te sit, te reflekteer, te dink en doodeenvoudig soms die meer vervelige dinge in die lewe te geniet nie.  Ek het besef dat dit my hoofbestanddeel tot ware geluk is, wat nog altyd ontbreek het. Want, ek het myself oortuig dat ek doodeenvoudig net te “besig” was.

Ek maak nou eers hierdie deurbraak slegs omdat die druk vir die eerste keer in my lewe af is! Ek praat van die eksterne, konstante druk om meer, beter, mooier, slimmer, ryker, meer geliefd, meer suksesvol en meer aanvaarbaar te wees. Die wete dat die res van die wêreld ook nou rustig moet wees, het die druk heeltemal kom wegneem. Ek kan ontspan, want daar is nie een of ander verbeelde wedloop waaraan ek veronderstel is om nou deel te neem nie. Want hoekom en vir wie het ek in die eerste plek vir hierdie resies ingeskryf?

Moenie my verkeerd verstaan nie: Ek is steeds gedrewe, ambisieus, en sal waarskynlik altyd streef na ’n beter weergawe van myself. Maar die fundamentele verskil het by my kom pos vat: Ek sal dit in die toekoms doen vir myself, nie vir die wêreld of om aan opgemaakte verwagtinge te voldoen nie. Die bron van hierdie kopskuif het begin met die spasie vir asemhaal, dink, eenvoud en net wees. Spasie vir die adulting-weergawe van selfcare en net ontspan in pajamas wanneer dit nodig is. Om dit deel te maak van my daaglikse lewe en nie bloot te reserveer vir wanneer ek naby burnout is nie.

Dis hoe FOMO (fear of missing out) kan verander in JOMO (joy of missing out). En hierdie besef is die grootste geskenk wat die lockdown my kom gee het. Ek het kennis gemaak met ware geluk. In my pantoffels, met ’n koppie koffie en ’n goeie boek in die hand, genoeg tyd om te wees, te dink, bewus te raak van my asem en die kosbaarheid van elke oomblik. Die lockdown was die mooiste bring-tot-perspektief-geleentheid en ek is so dankbaar.

Te midde van die angs en dringendheid vir die wêreld om terug te keer na normaal, kom ons neem ’n oomblik om te dink oor watter dele van “normaal” die moeite werd is om na terug te keer. Die wêreld rondom ons pas aan by die realiteit van die pandemie en gaan nooit weer dieselfde wees nie. Ons hoef ook nie te wees nie. Ons kan die uitnodiging tot normaliteit herevalueer en herstel aanvaar en ons eie, opregte gelukkige “nuwe normaal” skep. Ons het nou die geleentheid.

The post Belydenis van geluk appeared first on LitNet.

Woord(TRO)fees se beste opkomende kunstenaar: "Geduld is die grootste les"

$
0
0

René Cloete

René Cloete is bloedjonk, nog nie eens klaar studeer nie, en reeds word sy raakgesien.

Sy het onlangs die Woord(TRO)fees-toekenning vir beste opkomende kunstenaar by die jaarlikse Toyota US Woordfees ontvang.

René was betrokke by die kinderteaterproduksie Huppelkind onder leiding van Marthinus Basson, en met Joanie Combrink, Stian Bam en Andrico Goosen as deel van die geselskap.

Die wenners van die 2020 Toyota US Woordfees Woord(TRO)fees-toekennings is op 7 April regstreeks aanlyn bekend gemaak. Vanjaar se Woordfees het van 6 tot 15 Maart in Stellenbosch plaasgevind.

René vertel meer oor wat dié toekenning vir haar beteken, en hoe dit was om saam met Marthinus Basson te werk.

René, jy is by vanjaar se Woord(TRO)fees as die beste opkomende kunstenaar aangewys. Wat beteken hierdie toekenning vir jou?

Dit beteken meer as wat ek ooit kan beskryf. Dit is ’n herinnering aan die liefde en harde werk wat ingesit is om die produksie op die planke te bring en die kosbaarheid van die proses is definitief vermenigvuldig met die toekenning. Om met soveel ander talentvolle opkomende kunstenaars benoem te word was vir my baie spesiaal. Ek weet dis ons drome wat die harde werk inspireer en ek kan nie wag om te sien wat die toekoms nog vir ons inhou nie. 

Jy was te sien in die kinderproduksie Huppelkind, onder leiding van Marthinus Basson. Wat het jy uit die ervaring geleer?

Ongelooflik baie! Dit was die eerste keer dat ek poppe- en kinderteater gedoen het en definitief die eerste keer wat ek beheer moes vat van ’n pop om sy karakter met maniërismes en al uit te pluis. Ek was definitief die een met die minste ervaring van hierdie wêreld, maar onder die leiding van Marthinus en met die hulp van die res van die geselskap kon ek tonne leer in die kort tydjie wat ons saam spandeer het. Die maak van die poppe was ’n proses en een waaruit ons as geselskap ook kon leer.

’n Toneel uit Huppelkind

Hoe het jy dit ervaar om met die bekwame Marthinus Basson saam te werk?

Ek kyk al op na Marthinus as teatermaker en kunstige vandat ek op hoërskool was, en dit was ’n droom van my om eendag saam met hom te kan werk. Ek het altyd gedink dit gaan oor nog jare en jare waar word, maar ek is natuurlik in ekstase dat ek die ervaring so vroeg al kon beleef. Ek het altyd geweet hy weet wat hy doen, maar met dié proses het ek besef nee, hy weet nog meer. Hy het een of ander superpower om jou so gemaklik te laat voel. Ek was so gespanne op ons eerste dag van rehearsals, oor wat ek moet doen, oor wat van my verwag word, oor die res van die talentvolle mense in die kamer, en heel eerste het Marthinus my laat lag en ek het geweet alles gaan oukei wees. Hy het my definitief geleer om meer beheer te vat van my proses deur ons die spasie te gee om ons karakters en onsself te ontwikkel. Dit was meer as wat ek ooit kon droom.

’n Toneel uit Huppelkind

Watter uitdagings was daar verbonde aan die produksie en wat maak kinderteater spesifiek uitdagend in vergelyking met ander teatervorme?

Die eerste uitdaging vir my was, soos ek voorheen genoem het, dat ek feitlik niks oor die manipulasie van poppe en stemwerk vir poppe geweet het nie. Ek het video's gegoogle en probeer oplees, maar was gespanne oor die hantering van die pop om hom so realisties as moontlik oor te dra. Gelukkig het ek die bekwame Andrico Goosen aan my sy gehad wat jare al met poppe en die ontwerp van poppe werk. Vir baie van ons was die proses maar nuut, so dit was wonderlik om van mekaar en met mekaar te kon leer. Dit was belangrik vir ons om die oorspronklike storie van Huppelkind te eer terwyl ons dit geskik vir die verhoog wou maak, so ons het tyd gevat met karakterontwikkeling en poppe ontwerp om die kinderstorie te respekteer. Ek dink wat kinderteater uitsonder van ander teatervorme is om die gehoor altyd in gedagte te hou. Kinders is intelligent en glad nie skaam nie en verdien stories wat fokus op hulle ontwikkeling en genot. Een ding waarop Marthinus ons heeltyd attent gemaak het, was dat ons nooit met die gehoor moet praat asof hulle niks weet nie. Ons moes ’n gesprek met die gehoor hê en nie om hulle praat nie.

Hoekom is die kunste vir jou belangrik?

Uit my ervaring met die kunste van jongs af, gee dit mense die geleentheid om sonder enige voorafbepaalde sosiale voorwaardes hulself te ondersoek en te ontwikkel. Die kunste gee jou die kans om mure af te breek en grense te oorskry wat dalk onmoontlik lyk, maar wat met die krag van jou verbeelding heel maklik is. Ons kry die kans om ons omstandighede eerlik te bevraagteken en sonder oordeel te verbeter. Die kunste het vir my van kleins af die geleentheid geskep om die wêreld om my te ondersoek en te bevraagteken. Dis ’n spasie uitgerus met die gereedskap om konstante menswees te beoefen en dit in ander gedeeltes van jou lewe uit te oefen.

’n Toneel uit Huppelkind

Wat was van die belangrikste lesse wat jy al in die bedryf geleer het?

Ek dink geduld is die grootste les. Geduld met die proses en met jouself. Alles gebeur gewoonlik teen ’n vinnige pas om die produk betyds gereed te kry, maar dis belangrik om dit nie die kwaliteit van die produk af te skeep om op tyd te bly nie. Dis ook belangrik om altyd die proses en sy mense te respekteer. Mutual respek genereer ’n spasie waar almal gemaklik is om hulself volledig vir die proses te gee. En om alles wat jy doen te geniet. Ons kry die kans om soveel mense te ontmoet en ervarings met mekaar te deel. Elke oomblik is spesiaal en moet bewaar word. 

Wat is jou raad vir die jeug wat ook ’n loopbaan in die kunste wil volg?

Enigiets is moontlik as jy in jouself glo. Cliché, ek weet, maar ons moet besef net ons self bepaal waarna toe ons in staat is. Gee jou alles en nog ’n bietjie meer en moet nooit moed opgee nie. Hierdie beroep is nie ’n oornag gebeurtenis nie en kan verskriklik baie van jou vra, maar dit kan net so goed gaan soos wat jy toelaat. Die kunste bind ons almal aan mekaar – jy is nooit alleen nie, so moenie bang wees om hulp te vra nie. Met alles wat jy aanpak, is daar geleentheid vir leer en groei. Wees gereed en oop vir alles.

’n Toneel uit Huppelkind

Wat is in die pyplyn vir jou?

Ek is tans in my derde en laaste jaar van dramastudie by die Universiteit Stellenbosch. Ek sien uit na die geleenthede vir groei wat die res van die jaar inhou en om my graad te kry. Ons het aan verskeie produksies gewerk wat weens die inperking eers opsy gesit is, so ek hoop om daarmee aan te gaan sodra dit veilig is en om weer op die verhoog te wees. Ek mis om op te tree die meeste, en sal elke oomblik daarvan in die toekoms meer waardeer.

  • Foto's: verskaf

Lees ook

Toyota US Woordfees 2020: Huppelkind-indrukke

Ikoniese kinderverhaal Huppelkind by Toyota US Woordfees 2020 te sien

Woordtrofees-wenners 2020

The post Woord(TRO)fees se beste opkomende kunstenaar: "Geduld is die grootste les" appeared first on LitNet.

Kwarantynketting: "Die jaar toe ons herfs gemis het" deur Theo Kemp

$
0
0

Met die land wat tans in kwarantyn is, voer skrywers ’n korona-kettinggesprek oor hul gevoelens en ervarings as skrywers in hierdie moeilike tyd. 

Skrywer Theo Kemp vertel meer oor sy ervaring van die Fase 5-inperking:

“Die jaar toe ons herfs gemis het” deur Theo Kemp

I

Toemaar, troos ek die kinders (en myself), ons gaan elke aand ’n ander land besoek. Dit is ure voor lockdown begin. Ons staan in ’n oorvol Checkers in Stellenbosch. Alles voel vir my taaier as gewoonlik, almal se gesigte bang. Ek gryp gort en bone, sopvleis en pakke hoender. “Friends don’t let friends panic buy,” sing Hannah, ons dogtertjie, Pick n Pay se liedjie. Ek los alles en druk my weg oop tot waar die Tacho’s is. Ons gaan vanaand Meksikaans eet, kondig ek trots aan.

Die aand dek ons by die buitenste tafel. Ek steek die lampe op; soek vir Meksikaanse musiek. Die kinders speel kelners. Dit is laat Maart, die herfson gaan vinnig onder. Dit is koel en donker, maar ons sit lank nadat die kinders al gaan slaap het.

Magdel por my gereeld aan om meer met ander skrywers te gesels, om minder alleen te voel in hierdie vreemde ambag. Op Facebook lees ek ’n skrywer raak wat sê dat die tyd van inperking tog te lekker is om net te kan skryf. Onverstoord. Ek vra of sy dan nie gepla word deur die duisende mense wat reeds die slagoffers is van die COVID-19-virus nie? Dan praat ek nie eers van dié wat reeds gesterf het nie. Nee wat, kom die antwoord vinnig. As ’n mens ouer is soos sy, kan jy op meer as een ding fokus. Alles gaan aan, die sperdatums wag vir niemand. Ja, lewer ’n bekroonde skrywer sy kommentaar, hy stem saam. Die enigste aanpassing vir hom is dat hy nie met sy hond langs die strand mag stap nie.

Vir my is dit anders. Hoe versin jy nóú stories? Ons luister Laurie Levine, skink spaarsamig wyn (iets wat voorheen nooit sou gebeur nie) en sit in stilte. Ek en Magdel hoef dikwels nie te praat nie – veral nie as ons dink nie. Of afskeid neem, soos vanaand. Ons wonder wat alles gaan verander, maar ons weet, ons wéét, die wêreld gaan nooit weer dieselfde plek wees nie. Ons is paniekerige getuies van die aarde wat vervel; wat regmaak vir ’n nuwe seisoen.

II

Het ek en Magdel baklei gisteraand? Nee. Iets groters. Iets verskrikliks het gebeur. So word ek elke oggend wakker soos iemand met ’n groot babelas. Die eerste paar dae stoei ek met die vraag rondom relevansie. Ek sukkel om ’n notule klaar getik te kry vir ’n vergadering wat gehou is in die Wêreld VK (voor korona). Almal skarrel om e-vergaderings te hou. Ek is nog by Skype – almal anders is al by Teams en Zoom. Met beelde wat verstar en blikkerige stemme is daar mense wat wil kontak hou. Ek nie. Ek wil inkeer.

Ek voel aardig, maar kan dit nie verwoord nie. Teen skemer staan ek voor die opwasbak en staar na die deel van die pienk berg wat ek uit ons kombuisvenster hier uit Voëltjiedorp kan sien. Die seder in ons voortuin, ongesteurd deur seisoensveranderinge, lyk vir my groter. Die delicious monsters langs die swembad is groener as voorheen; die hibiskus in volle blom.

Saans luister ons na ou CD’s waarvan ek al vergeet het. “Welcome to the cruel world,” sing ek saam met Ben Harper. Een oggend kom die besef as ’n sanger “It is well with my soul” op Facebook (hoe breek ek die verslawing?) sing. My aardigheid, weet ek toe, gaan gepaard met ’n diepe ontvanklikheid vir klank, kleur en woorde.

Dit ís ’n goeie tyd vir skryf, besef ek. Miskien was die twee skrywers nie so verkeerd nie. My sintuie was laas só oop toe ek navorsing in Pollsmoor gedoen het vir Strafjaart.

III

Ek tel nie die dae af nie, ek eet ook nie rou eiers nie. Maar ek is soos die res van my Facebook-vriende: Ek bak en kook onophoudelik. Ek bel my ma gedurig in Jeffreysbaai – sy is alleen ingegrendel. Ons praat ure lank oor niks en oor alles, maar veral oor resepte. Dit bring vir my ongekende vertroosting om my gesin te sien weglê aan my boontjiesop, skaapboud, roosterkoek en pannekoek. Ek pluk daagliks tiemie en basiliekruid, roosmaryn en salie uit die klein kruietuin wat ek VK aangeplant het.

’n Deel van my kruietuin waar ek daagliks pluk vir my geregte.

Magdel skep roetine: Ons hou skool, ons gym in die agterjaart, ons werk, maar saans lê ek tot wie weet watter tyd en binge op Netflix. Ilja Leonard Pfeijffer se Die mooiste meisie van Genua is langs my bed. Ek het dit nog by die Woordfees gekoop, min wetende dat ek die boek gaan nodig kry om onder my duvet na Italië te kan reis. Dié mooie land wat nou in rou is.

Hierdie boek laat my onder die duvet na die mooie Italië reis wat nou deur soveel hartseer gaan.

Magdel skep roetine in die huis. Gym is een van die daaglikse aktiwiteite wat ek graag probeer omseil.

“Jou kosmaak vertroos nie net nie, dit is deel van die roetine,” sê Magdel. Om die etenstafel vra sy vir elkeen waaroor ons dankbaar is. Joubert sê dankie dat Michael kos het.

Oor Michael wil ek nie skryf nie, uit vrees dat ek klink soos die Afrikaanse wat met bloedbelope oë ween oor sy wit skuld. Michael is ’n Zimbabwiër wat in Kayamandi bly, net anderkant die berg van Voëltjiedorp. Hy was al VK by die huis om kos te vra, maar nou kom hy elke oggend. Hy waag dit om padlangs hierheen te loop, want die munisipaliteit het die hek op die berg gesluit. Michael moet vinnig maak – sy dogtertjie is alleen by die huis. Sy vrou is ’n jaar gelede oorlede.

Ek maak lankal nie meer saans kos van verskillende lande nie (ons was wel al ’n paar keer in Meksiko). Maar ek hoop Michael geniet die boerekos van my grootwordjare.

IV

Ek sien my gesin raak, asof vir die eerste keer. Magdel is waagmoedig, maar weerloser as wat ek haar ooit gesien het. My kinders baklei gedurig, maar tog weet hulle daar is nie maatjies nie. Hulle móét weer opmaak en saam speel. Ek help Joubert skryf, hy help my deeg knie. Hannah verslind Harry Potter, speel lank klavier en skryf elke dag nuwe sêgoed op haar kamerdeur. “Boys drool, girls rule” is my gunsteling. Ons het twee huisgenote aangeneem voor lockdown: Jackie (vernoem na Michael Jackson) en JJ (Just Jinger of Johannes Jakobus). Hierdie katkinders bring liefde uit my kinders. Hulle bring rustigheid.

Jackie en JJ – ons nuwe huisgenote.

Kwakkies is die in ding in ons huis. Om elke hoek en draai kry jy ’n keuse. Bewaar jou siel as jy die verkeerde nommer kies en 100 push-ups moet doen. Ek wens ek kon ’n kwakkie maak waar al die papiervoue na die einde van hierdie vernietigende virus kon lei.

Die wêreld het gestol. Maar dan gaan staan ek voor die kombuisvenster en sien die berg.

My blik op die berg waar ek so graag laat smiddae in die herfson wil gaan stap.

Die lekkerste deel van Stellenbosch is om op só ’n helder herfsdag in die berg te gaan stap. Om die sagte son op jou vel te voel, die heuning in die fynboslug te ruik, en daarna yskoue witwyn onder die rooiwingerdblaarprieel van De Cameron-restaurant te gaan drink. Die wêreld het nie gaan stilstaan nie. Ons het.

Lees ook

Strafjaart: ’n onderhoud met Theo Kemp

Strafjaart deur Theo Kemp: ’n resensie

 

The post Kwarantynketting: "Die jaar toe ons herfs gemis het" deur Theo Kemp appeared first on LitNet.

Afrolit Sans Frontières: An interview with Zukiswa Wanner

$
0
0

Photo: provided

Afrolit Sans Frontières is an online literary festival started by author Zukiswa Wanner as a way to entertain people during the COVID-19 quarantine, which is affecting a large percentage of the world.

Season one of the festival took place in March, season two ended on 27 April 2020 and season three of the festival starts on 25 May (Africa Day) and continues until 1 June.

She hopes to do a season every month until lockdown in most of the world ends. 

Zukiswa has also just been awarded a 2020 Goethe Medal with Bolivian artist and museum director Elvira Espejo Ayca and British writer Ian McEwan. She is the first African woman to receive the award.

Once a year, the Goethe-Institut awards the Goethe Medal, an official decoration of the Federal Republic of Germany. This medal honours luminaries who have performed outstanding service for the German language and for international cultural relations.

The Goethe Medal was established by the executive committee of the Goethe-Institut in 1954 and was acknowledged as an official decoration by the Federal Republic of Germany in 1975.

Since 2009, the award ceremony has taken place in Weimar on 28 August, Goethe’s birthday, and is one of the Kunstfest Weimar’s highlights.

Cliffordene Norton chats to Zukiswa.

Congratulations! What was your reaction when you heard that you’d been awarded a 2020 Goethe Medal?

I was elated and honoured by the acknowledgement, but also, to be honest, a little sad that I needed to get acknowledgement from an outside government before getting it at home.

What does this award mean to you?

The award means that I will hopefully be able to access some funding to do more exciting literary things.

Tell us more about Afrolit Sans Frontières. How did this virtual literary festival come to be, and is there a theme? 

The festival came about early one morning as I was chatting with my friend, Nigerian writer Abubakar Adam Ibrahim, at the beginning of some of the continental COVID-19 lockdowns/curfews. I had just finished watching a John Legend At Home concert on Instagram, and I thought that since most people were not at work, it could be a great time to put some focus on literature by Africans, as we would have a captive audience. So, I sent WhatsApp texts to my writer friends across the continent, and the first ones to agree became part of the festival.

The first theme was “Sex”, and this time around, it’s “What I wish you’d ask me”.

The first theme came about because I wanted to be playful and make people realise that literature in Africa is not always so serious and can be playful (even where we have literary fiction). With the second one, we had an eclectic group but also very experienced writers, and I figured they could teach those listening and watching something new.

The theme for season 3 is “Future, Present, Past”. It’s particularly significant that season 3 kicks off on Africa Day.

The authors who participate are from different African countries. Which authors can readers/viewers look forward to seeing?

Hemley Boum from Cameroon, Ondjaki from Angola, Ishmael Beah from Sierra Leone, Mona Eltahawy from Egypt, and Napo Masheane and Fred Khumalo from South Africa are just some of the names to be seen.

In the first two seasons of the festival, we have had Maaza Mengiste (who co-curated this second one with me), Mohale Mashigo and Nozizwe Jele from South Africa; Mũkoma wa Ngũgĩ and Yvonne Adhiambo Owuor from Kenya; Jennifer Makumbi from Uganda; Hawa Golakai and Elma Shaw from Liberia; Namibian Rémy Ngamije; Zambian Natasha Omokhodion Banda; Lola Shoneyin and Chike Frankie Edozien from Nigeria; and, of course, my co-conspirator, Abubakar Adam Ibrahim.

How important are diverse literary perspectives from the African continent?

If we are to avoid the danger of a single African story always being acknowledged, then: very.

Do you believe that the danger of a single African story still exists, given the access readers and viewers have to, for example, the internet? And, if so, why does it still exist? What still contributes to this narrative?

Yes, I do, because too often, those with funding can buy advertising space to push the narratives they want to the forefront. 

Is this festival multilingual?

Proudly so. It’s something that I have always been keen to do and have worked with the rest of the continent to do, from when I started the South-South online story and essay-sharing platform La Shamba some years back, through conceptualising and creating the young adult anthology Water birds on the lakeshore, which had submissions from 435 people from 28 African countries and resulted in an anthology in English, French and Kiswahili.

While English, French and Portuguese have been the major languages of communication for the festival, we have also had readings in Kimbundu and Lingala. 

How are the technical and practical aspects of the festival managed? For example, on which platform do book discussions take place? What does organising this virtual literary festival entail?

It’s really just walking the writers through how to use Instagram Live and save the Live when they are done, so all they need is data. For the writers who choose to do it on our Facebook Live account, it’s the same. It has mostly been on our IGTV @afrolitsansfrontieres.

It would be ideal, of course, if all the writers could get paid, since I have been taking advantage of my social capital with my writer friends; yet, I know that many of them aren’t getting paid at present, as fellowships and literary festivals and book tours have been cancelled in these corona times.

In your opinion, what will the long-term impact of coronavirus be on authors’ income?

I think the long-term impact will be to think of selling books in different, perhaps less physical, spaces. We will likely be less analogue – although I don’t think the physical book will ever die.

Photo: Pixabay.com

Are shows live or pre-recorded? Are the recordings available for streaming or viewing after the live videos?

All the shows are live (including our bloopers when we are having technical difficulties in countries where 5G may be acting like 2G). People can view the videos afterwards on www.jamesmurua.com (the festival’s official media partner) or on his YouTube channel. 

James Murua is the biggest literary blogger on African literature, and he has the networks to get the word out. I asked him. He humoured me and agreed. The rest, as they say, is history.

How do viewers participate? Are the discussions free to watch, or must viewers purchase an event/festival ticket?

Viewers just join in and ask questions. They don’t need to pay anything. We do screenings twice a day at 12:00 GMT (2:00 pm South African time) and 18:00 GMT (8:00 pm South African time). We do Monday to Monday, the final day for this season was Monday 27 April, which is not just South Africa’s Freedom Day, but also Sierra Leone’s Independence Day; so, perhaps it’s fitting that I, a South African, am hosted that day, and my final guest on the day was Sierra Leonean Ishmael Beah, whose new novel, Little family, is now available. 

What do you hope to achieve with this festival?

What do I hope to achieve with the festival? I think I have already done it. Readers are getting to know writers from this continent whom they did not know about, and writers are creating new friends (just like at any literary festival) and hopefully creating new bonds beyond the limited confines of official languages.

The post Afrolit Sans Frontières: An interview with Zukiswa Wanner appeared first on LitNet.

Postkoloniale feminisme en die Afrikaanse letterkunde binne die huidige tydsgees

$
0
0

......

“Verder het die Afrikaanse letterkunde oor die algemeen nie ’n sterk feministiese tradisie nie. Tekste oor vrouwees, en tekste deur vroue, is miskien algemeen, maar dit maak dit nie noodwendig feministies van aard nie.”

......

Cliffordene Norton gesels met Marni Bonthuys oor haar LitNet Akademies-artikel: “Postkoloniale feminisme in die Afrikaanse poësie: Die debute van Ronelda S Kamfer, Shirmoney Rhode en Jolyn Phillips”.

Foto: Pixabay.com

Waarom fokus jy op hierdie drie digters? Anders gestel: Aan watter vereistes (behalwe ras en taal) moes die digters voldoen vir jou navorsing? Of was ras en taal die deurslaggewende faktore?

Dankie vir die geleentheid om meer oor hierdie interessante onderwerp te gesels. In die spesifieke artikel was ras en taal deurslaggewende faktore, maar verál ook geslag en die vergestalting van ’n feministiese bewussyn in die betrokke digters se poësie.

Soos aangedui in die artikel, is daar histories baie min swart of bruin vroue wat Afrikaanse digbundels by hoofstroomuitgewers gepubliseer het. Die dubbele marginalisering van bruin of swart vroue op grond van ras én geslag het hier ’n rol gespeel.

Sedert 1994 het al meer swart en bruin mans gedebuteer, maar swart en bruin vroue was, op enkele uitsonderings na, steeds grotendeels afwesig in die Afrikaanse letterkunde. Die laaste paar jaar is daar egter enkele baanbrekervroue wat wel publiseer en sterk literêre stemme laat hoor.

Verder het die Afrikaanse letterkunde oor die algemeen nie ’n sterk feministiese tradisie nie. Tekste oor vrouwees, en tekste deur vroue, is miskien algemeen, maar dit maak dit nie noodwendig feministies van aard nie.

Ek wou dus probeer ondersoek wat meegebring het dat meer swart of bruin vroue nou digbundels skryf en daar meer tekens is van ’n eksplisiet feministiese stem in die Afrikaanse letterkunde. Ek argumenteer dat die globale verskynsel van derdegolffeminisme, en spesifiek dan postkoloniale feminisme, hier ’n rol speel.

Waarom fokus jy op hierdie drie digters se debuutbundels, veral gegee dat hul debuutwerke so ver uitmekaar gepubliseer is – Ronelda S Kamfer in 2008, Shirmoney Rhode in 2016 en Jolyn Phillips in 2017?

Soos bo aangedui, is Kamfer, Rhode en Phillips steeds van die min swart of bruin vrouedigters in Afrikaans wat by groot uitgewers selfstandige bundels gepubliseer het. Dit is ’n duidelike leemte as jy dink hoeveel digbundels jaarliks in Afrikaans verskyn.

......

“Uiteindelik is dit nie my rol as navorser om ’n opinie oor ’n etiket soos “bruin digter” te hê nie. Ek teken gewoon die gesprekke rondom hierdie identiteite op, probeer dit analiseer en verstaan wat dit oor Afrikaanse letterkunde binne die huidige tydsgees sê.”

......

Op ’n persoonlike vlak ken ek beide Shirmoney en Jolyn – hulle was eers studente en Jolyn later ’n kollega aan die Universiteit van Wes-Kaapland waar ek sedert 2012 doseer. Kamfer was ’n jaar of wat voor ek daar begin klasgee het ’n honneursstudent. Soos ek in die artikel gesê het, was hierdie drie digters se verbintenis met UWK dus ook vir my interessant en ek het probeer ondersoek of daar sprake is van ’n literêre tradisie wat hier aan die ontwikkel is.

Die fokus op debute was vanuit ’n praktiese hoek – Jolyn en Shirmoney het elk nog net een Afrikaanse digbundel gepubliseer. Verder fokus my navorsing oor die algemeen sterk op digdebute – my PhD wat ek in 2016 voltooi het, gaan spesifiek oor digdebute in Afrikaans en Nederlands tussen 1990 en 2009. Ek vind talle onlangs-gepubliseerde digbundels boeiend en deel nie die opinie dat die Afrikaanse poësie sterwend is of sleg afsteek by die werk van voorgangers nie.

Jy noem in die artikel dat Ronelda rasetikette doelbewus in onderhoude vermy. Sien jy hierdie vermyding as ’n vorm van protes teen die etikette?

Kamfer is ’n interessante geval wat dit betref. In haar werk, veral ook haar nuwe bundel, Chinatown (2019), is daar ’n baie sterk bewussyn van haar ras- en geslagsidentiteit. Daar is min digters in Afrikaans wat so doelbewus dig oor hierdie aspekte van hul identiteit.

Terselfdertyd vermy sy egter rasetikette, soos jy sê. Ek dink hierdie vermyding skakel met wat ek in die artikel die samelewing se obsessie met identiteitsboksies noem, veral as dit by vroue kom, en nog meer so in die geval van swart en bruin vroue.

In Suid-Afrika veroorsaak die nalatenskap van die apartheidsisteem van rasseklassifikasie dat ons baie vinnig stereotiperende karaktertrekke aan so ’n identiteitsboksie heg en dan raak ’n boksie sommer vinnig ’n tronk. Soos aangedui, reken ek dat al drie digters sterk aanspraak maak op hul rasidentiteit, maar op hulle eie voorwaardes. Hulle definieer hulself deur hul werk en daarom moet die navorser ook waak teen ’n maklike saamgroepering van hierdie digters as “die nuwe generasie niewit Afrikaanse digteresse” of so ’n tipe ongenuanseerde etiket.

Wat dink jy van die etiket “bruin digters”?

Wel, dit skakel met wat ek hier bo sê. As navorser is ek versigtig vir etikette – veral as dit by individue kom. Die gevaar is dat dit ’n boksie word en mens daardeur nuanses mis en identiteite probeer vaspen wat juis baie meer vloeibaar is.

Tydens die apartheidsjare was dit die norm vir Afrikaanse navorsers om van die term “swart Afrikaanse skryfwerk” gebruik gemaak as ’n konsep wat alle bruin, swart en Indiese skrywers van Afrikaanse ingesluit het. Hier het “swart” dus nie soseer op ras gedui nie, maar eerder op teenhegemoniese skryfwerk in die tradisie van die swartbewussynsbeweging wat in die sestigs in Suid-Afrika ontwikkel het.

Dit was ook uit protes teen terme soos “niewit”, “nieblank” of “kleurling” wat wit as die norm stel en enige ander ras as die Ander. Postapartheid het die politieke situasie (ook wat taalpolitiek betref) en denkskole egter verander. ’n Sterker bewussyn van verskillende etniese identiteite wat sonder onderskeid beskryf word deur ’n sambreelterm soos “swart skryfwerk” het ontwikkel. Etikette soos “bruin skrywer” word vandag dus meer gebruik, hoewel sekere outeurs steeds “swart skrywer” of bloot “skrywer” verkies. Dit is ’n gekompliseerde gesprek – daarom dat ek in hierdie onderhoud “bruin skrywer”, “swart skrywer” en net “skrywer” afwisselend benut.

Uiteindelik is dit nie my rol as navorser om ’n opinie oor ’n etiket soos “bruin digter” te hê nie. Ek teken gewoon die gesprekke rondom hierdie identiteite op, probeer dit analiseer en verstaan wat dit oor Afrikaanse letterkunde binne die huidige tydsgees sê.

In jou artikel verwys jy na internasionale bewegings soos #MeToo. Watter invloed sal Suid-Afrikaanse bewegings soos #AmINext op postkoloniale feministe en hul werk hê?

Ek vermoed dit het ’n groot invloed. Letterkunde weerspieël ’n tydsgees en ’n tydsgees word beïnvloed deur kuns (soos letterkunde). Ek argumenteer in my artikel dat dit nie toevallig is dat hierdie digters publiseer in die era van feministiese hutsmerkbewegings soos die genoemdes nie. Die wêreld het baie klein geword danksy die internet, en dit is onvermydelik dat feministiese bewegings oorsee ons denke in Suid-Afrika ook gaan beïnvloed.

Wat die sosiale-media-bewegings (soos #AmINext) in spesifiek Suid-Afrika betref, is Suid-Afrikaanse vroue veral weerloos vir gendergeweld. Ons is almal deeglik bewus van ons land se misdaadstatistiek en die risiko’s waarmee Suid-Afrikaanse vroue elke dag te kampe het.

Hierdie soort bewegings resoneer dus met die meeste Suid-Afrikaanse vroue en uiteraard ook met Afrikaanse vrouedigters. Ek vermoed ons gaan toenemend meer feministiese tekste in die Afrikaanse letterkunde sien. ’n Aantal onlangs-gepubliseerde digbundels deur wit Afrikaanse vrouedigters (ek dink hier byvoorbeeld aan Bibi Slippers, Corné Coetzee en Corlia Fourie) ontgin temas wat ook met die postkoloniale feminisme skakel.

The post Postkoloniale feminisme en die Afrikaanse letterkunde binne die huidige tydsgees appeared first on LitNet.

Fresh off the press: Lockdown – The corona chronicles by Melinda Ferguson

$
0
0

Title: Lockdown  – The corona chronicles
Author: Melinda Ferguson
Publisher: Melinda Ferguson Books
ISBN: 9781928421221

The first Corona book to be released in South Africa, Lockdown captures the mood of our times through a tapestry of South African voices, delivering unique and insightful stories from the warfront.

Penned  by 17 of  maverick publisher, Melinda Ferguson’s finest authors, Lockdown captures an unprecedented  time of  panic, pandemic and pandemonium. Written in a time where none of us know what the hell is happening –- a time of great opportunity for a bunch of writers to try and make sense of it all.

Billed as the fastest book written by 17 authors in history.

On  24 March,2020, three days before South Africa hurtled into Lockdown, as a joke, one of publisher, Melinda Ferguson’s authors,  Pumla Dineo Gqola casually mentioned on their authors’ WhatsApp group that “one day we should all write a Coronavirus book”. Pumla says she was joking. Melinda took her seriously. 

Within minutes the maverick publisher sent a voice note, giving 17 writers a 10-day deadline. Within days this had shifted to 7 days, then 6 ... then 5. “Everyone agreed. Not sure how that happened,” says Ferguson. “This time is so intense and crazy that none of us really had a choice. I would like to believe that Lockdown, The Corona Chronicles is the ‘fastest book in history’, written in just 7 days by 17 authors.”

While the world outside is literally locked down, fingers flew across keyboards, words sprung to life and while a stable of neurotic authors resisted, wailed, threw tantrums and finally complied, by Monday, March 30, the book was in for editing, then onto  layout.

It’s about survival. It’s about stockpiling, it’s about finding the crack of the light in the dark. Hilarious, soul wrenching, it’s one an exhilarating read. In short, it’s  Corona-intense.

Contributing authors:

Pumla Gqola, Eva Mazza, Lindiwe Hani, Ben Trovato, Prof Ismail Lagardien, Sara-Jayne Makwala King, Helena Kriel, Tracy Going, Kelly Eve-Koopman, Steven Boykey Sidley, Sam Cowen, Gabi Lowe, Letshego Zulu, Christy Chilimigras, Dave Muller, Robert Hamblin

Also read 

Lockdown: The corona chronicles – an interview with Melinda Ferguson

The post Fresh off the press: <i>Lockdown – The corona chronicles</i> by Melinda Ferguson appeared first on LitNet.


Wiskunde: paartietricks vir leerders van alle ouderdomme

$
0
0

Ek weet nie waar ek aan die idee van ’n paartietriek gekom het nie.

Dalk was dit my pa se stories oor sy kleintyd en die Boereplesiere in Dordrecht se distrik. Laataand is stories van sterk manne uitgehaal ... Ek kan nie onthou of dit by stories gebly het nie. Herklaas kon soveel sakke mielies bokant sy kop lig en daar was sprake van ’n tannie wat soos miesies Pagel ’n telefoongids in twee kon skeur ...

Ek is seker my paartietriek kan net so verstommend wees. Ongelukkig kan ek nie onthou vir wie ek krediet daarvoor moet gee nie – dit is by ’n byeenkoms van wiskunde-onderwysers gehoor.

Hier is die triek: Jy vra die aanhoorder moet aan enige getal minder as 60 dink. Jy, die triekster, haal dan jou stel kaarte uit waarop roosters met getalle is. Die deelnemer (getriekte?) moet dan al die kaartjies waarop sy geheime getal verskyn uitsoek en aan jou gee. Die triekster kyk vinnig na die kaartjies (dit hang af van sy of haar bedrewenheid met hoofrekene) en siedaar – die geheime getal word uitgewys!

Ek heg die stel kaartjies aan. Probeer dit gerus – volgende keer sal ek verduidelik hoe dit werk. Net ’n wenk: Dit is gebaseer op die feit dat enige getal geskryf kan word as die som van magte van twee. (Wat ’n elegante manier waarop wiskunde ’n mondvol kan sê!)

Probeer dit gerus – en onthou dat 1 = 20.

1 =  20                           

2  = 21

3  =  21 + 20

4  = 22

5  =  22 + 20

6 = 22 + 21

7 = 22 + 21 + 20

8  =  23

9  =  23 + 20

10 =  23 + 21.

Kyk hoe ver jy kan gaan – en dalk kom jy agter hoe die triek werk.

Ek was van plan om dit op die laaste dag vir my klas se kinders te gee, aangesien ons juis hierdie kwartaal met eksponente gewerk het.

Die magte van twee is inderdaad besonderse getalle – die binêre getalle: 1; 2; 4; 8; 16; 32; 64; 128; 256; 512; 1 024; ... word gekry deur aan te hou om te verdubbel.

Hanlie Murray het in haar handboek Wiskunde aan die werk vir graad 3’s die volgende probleem gestel:

Jy sal nogal lank aan hierdie taak kan werk.

Die tandfeetjie belowe om R1 te betaal vir elke melktand wat jy vir haar gee.

Die tandmuis belowe om 1c te betaal vir die eerste tand, 2c vir die tweede tand, 4c vir die derde tand, 8c vir die vierde tand ... Hy verdubbel dus sy betaling elke keer.

Jy wil soveel as moontlik vir jou melktande kry. Aan wie sal jy jou tande verkoop: aan die tandfeetjie of aan die tandmuis? Verduidelik hoekom.

Wat ’n wonderlike manier om graad 3-kinders bloot te stel aan eksponensiële groei! Dis hoeka relevant in hierdie dae waarin ons aangemoedig word om die kurwe af te plat.

My ervaring met graad 7- kinders wat met die begrip tempo van verandering kennis maak, is dat min van hulle begrip daarvan toon. Dis asof hulle nie ’n gevoel vir die begrip het nie. Ek bepleit dus dat kinders van jongs af bewus moet word van die begrippe lineêre en nielineêre groei – met ander woorde iets word meer teenoor iets word meer en meer.

Ek het die volgende aktiwiteit geskryf vir leerderboeke, ondersteun deur die Departement van Basiese Onderwys en finansieel moontlik gemaak deur Sasol-Inzalo en die Ukuqonda-stigting. Die boeke is gratis beskikbaar en ek gee by my Bronne die skakels om die boeke (en ondersteunende onderwysersgidse) af te laai.

  1. Kyk na die situasies in (a) en (b) hier onder en voltooi die gegewe tabel om elke verband voor te stel.

      (a)  Sally spaar elke week R4 om ’n CD te koop wat sy baie graag wil hê.

Getal weke

1

2

3

4

5

6

7

8

Geld gespaar in rand

4

8

 

 

 

 

 

 

 

      (b)  Daar is 24 sjokolades in ’n boks. Nathi dink daaraan om die sjokolades gelykop onder ’n paar van sy maats te verdeel. Hy werk uit hoeveel elke maat sal kry.

Getal maats

1

2

3

4

5

6

7

8

Sjokolades per maat

24

12

 

 

 

 

 

 

 

      (c)  Vusi tel akkers in ’n bos op vir ’n varkboer wat hom per sak betaal. Vusi dink: “Ek wens mnr Bengu wil vir my R1 vir een sak betaal, R2 vir twee sakke, R4 vir drie sakke en so voortgaan om die bedrag vir elke volgende sak te verdubbel.”

Getal sakke

1

2

3

4

5

6

7

8

Betaling in rand

1

2

4

 

 

 

 

 

 

      (d)  Judy werk die oppervlaktes van vierkante met verskillende sylengtes uit.

Sylengte van vierkant

1

2

3

4

5

6

7

8

Oppervlakte van vierkant in cm2

1

4

9

 

 

 

 

 

 

      (e)  Teken staafgrafieke op elkeen van die grafiekroosters hier onder om elk van die verbande in (a), (b), (c) en (d) voor te stel. Die lengte van ’n staaf moet ’n uitvoergetal voorstel.

  1. Die invoergetalle van die verskillende verbande in vraag 1 is dieselfde, maar die uitvoergetalle verskil. Beskryf hoe die uitvoergetalle in elkeen van die vier gevalle verander.
  2. Beskryf kortliks hoe die vorm van die staafgrafieke verskil.
  3. Kyk weer na jou tabelle. Kyk hoe die uitvoerwaardes verander het deur die verskil tussen die opeenvolgende uitvoerwaardes te bereken:

      (a)  Sally se spaargeld: 4              8             12            16            20

           Sally se spaargeld groei elke week met ..... (R4 – elke keer dieselfde hoeveelheid, konstante groei).

      (b)  Sjokolades per maat:              24            12            8             6      3

           Die getal sjokolades per maat word elke keer ..... (halveer – dit word al hoe stadiger minder).

      (c)  Vusi se loon per sak:              1             2              4             8      16

           Die bedrag vermeerder eers stadig maar dan ... (vermeerder dit al hoe vinniger en vinniger).

      (d)  Oppervlaktes van vierkante:    1             4              9             16    25

           Die oppervlakte groei eers stadig en dan .... (vinniger en vinniger, maar nie so dramaties soos Vusi se geld nie!).

Hierdie aktiwiteit behoort die verskil in tempo van verandering te illustreer.

Die ervaring met graad 7’s waarna ek bo verwys het, was tydens ’n sogenaamde kritles. Die student en die klas het erg gesukkel. Ek het aanbeveel dat sy dit weer doen en het hierdie aktiwiteit aanbeveel. Die resultaat het getoon dat hoewel die kinders blyke getoon het dat hulle verstaan, die student se hantering van hul vrae en gesprekke getoon het dat sy steeds nie die kloutjie by die oor kon bring nie ... vandaar my pleidooi dat hierdie konsep vroeg reeds aan kinders bekendgestel moet word.

Uitbreiding van getalrye is ’n onderwerp wat geleentheid hiervoor bied. Ongelukkig fokus die meeste onderwysers van jong kinders net op rye wat lineêr groei, met die gevolg dat hulle die soort groei oorveralgemeen en nooit ’n ander soort groeipatroon vermoed nie.

Wanneer jong kinders gevra word om getalrye te voltooi, kan voorbeelde soos die volgende gerus ingesluit word:

1; 3; 6; 10; .... (dit is ook die driehoekgetalle, wat aanskoulik as driehoeke voorgestel kan word)

3; 6; 12; 24; ....

Kinders behoort ook gevra te word watter een van die getallerye eerste by bv 1 000 sal verbygaan.

Hier is nog ’n manier om die natuurlike getalle as samestellings van binêre getalle voor te stel:

1      =      1      2      4      8      16

2      =      1      2      4      8      16

3      =      1      2      4      8      16

4      =      1      2      4      8      16

5      =      1      2      4      8      16

6      =      1      2      4      8      16

7      =      1      2      4      8      16

8      =      1      2      4      8      16

9      =      1      2      4      8      16

10    =      1      2      4      8      16

Dit help ook om kinders bewus te maak van die voordeel (en die estetika!) van sistematies werk.

Een van my gunstelingboeke, Mathematics, a human endeavour, deur Harold R Jacobs, gebruik die ou legende van die Persiese koning in verband met die binêre getalle. Een van die koning se diensknegte het skaak as ’n spel ontwerp. Die koning vra uit dankbaarheid wat hy as beloning wil hê en die slim kneg verras hom met sy antwoord: Plaas een koringkorrel op die eerste blokkie van die skaakbord, twee korrels op die tweede, vier korrels op die derde, en hou aan om elke keer die getal korrels te verdubbel ... Dit uiteindelike getal, 18 446 744 073 709 551 615 korrels, was ongeveer gelykstaande aan 175 miljard ton koring. Volgens Jacobs was dit meer as wat ooit in die geskiedenis van die mensdom (op daardie stadium?) geproduseer was.

Om 35 (32 + 2 + 1) as binêre getal te skryf lyk dan so: 1 × 25 + 0 × 24 + 0 × 23 + 0 × 22 + 1 × 21 + 1 × 20 of 100 011. Die binêregetallestelsel het mos net twee syfers, 0 en 1. Dit is dus moontlik om enige getal voor te stel met net twee syfers. Hierdie eienskap word benut wanneer getalle in elektriese stroombane van rekenaars voorgestel word.

As ’n elektriese stroom uit ’n opeenvolging van skakelaars bestaan, kan enige telgetal voorgestel word, omdat die skakelaars in enige van twee posisies gestel kan word – aan of af.

Jacobs gee ook in sy boek aan die hand hoe mens die getal koringkorrels maklik kan uitwerk sonder om elke keer die berekening te doen. ’n Mens kan ’n patroon herken en dan veralgemeenKyk hier:

        1                 2                 4                 8                 16               32

        1      +      2      =      3

        1      +      2      +      4      =      7

        1      +      2      +      4      +      8      =      15

Brei die patroon uit ... en veralgemeen!

Volgende keer sal ek verduidelik hoe die triek werk vir dié wat dit nie self kon uitpluis nie.

Bronne

Jacobs, Harold R. 1980. Mathematics, a human endeavour. WH Freeman and Co, New York.

Murray, Hanlie, Piet Human en Alwyn Oliver. 2003. Gesyferdheid aan die werk. Nasou Via Afrika, Kaapstad.

Hiermee die skakels na die graad 4–6 LB- en OG-boeke, Engelse en Afrikaanse weergawes:

Gr 7–9: http://169.239.181.47/owncloud/index.php/s/yHOxO4spTcsdNBh.

Gr 4–6: http://169.239.181.47/owncloud/index.php/s/VfVcVrLy7YlqtEs.

Kaarte vir triek:

 

1

3

5

7

9

11

 

2

3

6

7

10

11

13

15

17

19

21

23

 

14

15

18

19

22

23

25

27

29

31

33

35

 

26

27

30

31

34

35

37

39

41

43

45

47

 

38

39

42

43

46

47

49

51

53

55

57

59

 

50

51

54

55

58

59

 

4

5

6

7

12

13

 

 

8

9

10

11

12

13

14

15

20

21

22

23

 

 

14

15

24

25

26

27

28

29

30

31

36

37

 

 

28

29

30

31

40

41

38

39

44

45

46

47

 

 

42

43

44

45

46

47

52

53

54

55

60

 

 

 

56

57

58

59

60

 

 

16

17

18

19

20

21

 

 

32

33

34

35

36

37

22

23

24

25

26

27

 

 

38

39

40

41

42

43

28

29

30

31

48

49

 

 

44

45

46

47

48

49

50

51

52

53

54

55

 

 

50

51

52

53

54

55

56

57

58

59

60

 

 

 

56

57

58

59

60

 

Lees ook:

Uit juffrou se wiskundedagboek 3 – Klaskamerkultuur: Wat is dit? Wat beteken dit?

The post Wiskunde: paartietricks vir leerders van alle ouderdomme appeared first on LitNet.

Elders gesien: "Ten minste is daar niks meer oor om te vat nie"

$
0
0

Fotobron: Pixabay

Lia Nadia van Zyl skryf op Facebook:

Gisternag om 3:00 het ons weereens deelgeraak van ons land se statistiek. Ons is beroof terwyl ek en ons seuns geslaap het en my man ’n noodsaaklike diens by sy werk uitgevoer het. Terwyl die res van die land slaap en by hul huise (moet) bly. Daar is reg langs my, my tweejarige en eenjarige (almal in verskillende vertrekke) gesteel.

Ek het wakker geraak van beweging en gedink dis my oudste (wat baie sleg slaap) wat weer die spens invaar vir paaseiers. Ek het opgestaan en was op pad na hom toe ek my vasloop in iemand wat nié in my huis woon nie. Die detail van hier af is onnodig.

Mens vertel die gebeurtenisse aan simpatieke ore en een van die eerste reaksies is altyd iets in die lyn van "ja, shame, maar TEN MINSTE is julle ongedeerd" of "TEN MINSTE het hulle nie méér gevat nie". Maar is ons ongedeerd? Het hul nie baie meer as ons aardse besittings gevat nie? Want ’n volgende reaksie is dikwels "wat is weg?" en ek wil só graag sê NET (onder andere) ’n TV, laptop, iPad, GoPro, my trouringe, klere en kos. Maar in realiteit is daar baie meer weg. My vertroue in enigeen behalwe my "sirkel" is weg. My vrymoedigheid om my kinders vrylik buite te laat speel is weg. My bereidwilligheid om ander met minder as ek te help is weg. My gevoel van veiligheid in my huis is weg. My afhanklikheid op slégs eksterne sekuriteit van ons huis is weg. Om maar net n paar te noem.

Mense is desperaat. Hierdie is moeilike tye. En ek verwyt myself dat ek ons inbreker jammer kry. Hy het kos gesteel. Warm klere. Toiletpapier. Maar daardie items is ook die items wat ek met die grootste vrymoedigheid vir hom sou gee as hy (tydens daglig-ure, en by ons hek) sou kom vra vir hulp. Dít en meer.

Ek kan verstaan dat ons in die oë van minder gegoede en behoeftige mense "welgesteld" kon voorkom. Ons het ’n groterige huis. Ons het (meervoud) TV's en ander elektronika (gehad). My man werk. My kinders het ’n magdom speelgoed. Daar wás vleis in die yskas. Daar wás drank op die rak. Die feit is dat ons so gemiddeld is as wat dit kom maar jou gemiddelde boosdoener besef dit nie. Ons beleef ook "einde-van-die-maand"-sindroom - soms al drie weke voor die eintlike einde van die maand. Ons het ook skuld. Ons sukkel ook om (veral nou) alles by te bring. Ja, op ’n ander vlak, maar is als nie maar relatief nie? Maak dit dit okei om te vat wat ons s’n is? Net ’n stukkie perspektief: ons het nie versekering op daardie items gehad nie! Is die elektronika vervangbaar? Natuurlik. Dalk nie nóú nie, veral nie tydens lockdown nie. Maar is die duisende foto’s en videos, die sentimentele waarde agter die juwele iets wat ons kan terugkry? Nooit.

TEN MINSTE het sy vrou nou mooi leer stewels en blink trouringe. TEN MINSTE het sy kinders nou bietjie wintersklere en n "nuwe" speelding of twee. TEN MINSTE behoort die opbrengs uit die verkope van óns items ’n paar gate vir hul te stop.

TEN MINSTE is daar niks meer oor om te vat nie.

The post Elders gesien: "Ten minste is daar niks meer oor om te vat nie" appeared first on LitNet.

COVID-19, inperkings en boekwinkels: ’n onderhoud met Nicol Stassen

$
0
0

Foto van Nicol Stassen: verskaf

Nicol Stassen praat met Naomi Meyer oor die effek van inperking op ’n winkel soos die Protea-boekwinkel op Stellenbosch, waar die Saterdagoggend-bekendstellings ’n instelling is.

Nicol, ek beskou Protea-boekwinkel op Stellenbosch as ’n baie belangrike boekhandelaar in die land. Wil jy dalk uitbrei op hoe dit julle winkel affekteer as papiereksemplare van boeke nie verkoop mag word nie? Persoonlike terugvoer is ook welkom, asook enige terugvoer van julle gereelde kopers.

Stellenbosch is eintlik een van ons kleiner takke. Dis maar ons sesde grootste tak.

Uiteraard kan ons op die oomblik geen enkele boek verkoop nie en het dus al vir vyf weke lank geen inkomste nie. Dis natuurlik ook vir die klante ’n groot frustrasie.

Die grootste deel van ons inkomste is opvoedkundige boeke (skool- en universiteitsboeke). Dit lyk op die oomblik of opvoedkundige boeke van vlak 4 af, wat Vrydag 1 Mei in werking tree, verkoop kan word. Dit sal ten minste verligting vir ons en studente en skoliere bring. Dit is egter nog onseker van wanneer af algemene boeke verkoop sal kan word.

Daar is heelwat mense wat nuwe boeke wat pas verskyn het, wil lees, maar ongelukkig vir ’n ruk lank sal moet vasbyt. Vir studente is dit ook ’n groot frustrasie om sonder handboeke te studeer.

Die regering moet hierdie situasie van pandemie versus hongersnood baie versigtig bestuur. Samedrommings van mense is nie ’n goeie idee nie. Wat sou jy kon voorstel om die verkoop van boeke vanuit ’n winkel soos Protea se winkels (in enige van die takke) op ’n veilige manier te bewerkstellig?

Boekwinkels is nooit plekke waar groot klompe mense saamdrom nie, en skep dus nie so groot risiko as supermarkte nie.

Die volgende sou geïmplementeer kon word sonder enige noemenswaardige risiko:

* elektroniese en telefoniese bestellings met aflewering deur koeriers

* boeke wat vooraf bestel word en by die winkel afgehaal word sodra dit gereed is

* mense wat self winkel toe kom en boeke normaal aankoop mits die normale distansiërings- en veiligheisreëls nagekom word.

Boeke kan dalk nie, as mens na Maslow se hiërargie van behoeftes kyk, as lewensnoodsaaklik beskou word nie. Maar gedurende grendeltyd en wanneer maatreëls verslap word, is dit ’n veel beter idee om boeke eerder as sekere ander produkte wat as noodsaaklik beskou word, te verkoop, is my persoonlike mening. Wat dink jy kan lesers wat hiermee saamstem, prakties doen – om so gou dit wettig is, weer boeke in die hande te kry?

In baie lande word boeke as essensiële produkte beskou en boekwinkels kan vrylik op bg maniere handel dryf. Ons sal bg maatreëls van 1 Mei af implementeer vir opvoedkundige boeke en skryfbehoeftes, en so spoedig moontlik ook vir ander boeke as die maatreëls verslap sal word om ook ander boeke in te sluit.

Ons sal waarskynlik vir ’n paar maande lank op hierdie wyse moet voortgaan.

Inligting oor al ons boeke, sowel as die pryse en beskikbaarheid daarvan en koeriertariewe, is op ons webwerf beskikbaar. Dit behoort dus maklik te wees om met die klik van ’n knoppie boeke te bestel. Vir diegene wat sku is om op hierdie manier te bestel, sal dit steeds maklik wees om per e-pos en telefonies boeke te bestel.

Ouer mense en mense in risikogroepe sal verkieslik nie direk die winkel moet besoek nie en boeke eerder op een van die ander maniere moet bestel.

The post COVID-19, inperkings en boekwinkels: ’n onderhoud met Nicol Stassen appeared first on LitNet.

LitNet: Herbesinning

Kwarantynketting: "Die padda, die muis en …" deur Cas Vos

$
0
0

Met die land wat tans in kwarantyn is, voer skrywers ’n korona-kettinggesprek oor hul gevoelens en ervarings as skrywers in hierdie moeilike tyd. 

Skrywer Cas Vos vertel meer oor sy ervaring van die Fase 5-inperking:

Die padda, die muis en …” deur Cas Vos

Die hele wêreld beleef nagmerries, vrese en onsekerhede. Ons is almal ingeperk in plekke van stilte. Ons is amper te bang om asem te haal. Wat kan ons wel doen? Ons kan binnenshuis met mekaar praat, hartlangs praat en eet en slaap. En ons kan ook nog lees en ons in fabels verlustig. Miskien kan die onwerklike nog werklik word.  

Ek het aan Esopus die mistieke fabeldigter gedink. In een van sy bekendste fabels praat ’n muis met ’n padda. Die muis vra hom om hom tog asseblief oor die sloot te help. Die padda willig in. Hy maak die muis se pote aan sy eie vas. Maar hy het ’n ander onderduimse plan met die arme muis. Hy wil hom laat versuip. “Sies vir jou padda!” Halfpad duik die padda onder die water in. Die arme sopnat muis voel hy gaan verdrink. Die padda kwaak triomfantlik. “My plan het gewerk. Dis wat ek met muise maak!” Maar ’n valk hang gulsig in die blou lug. Hy duik op die muis af en vreet hom op. Hy is egter nog nie klaar nie. Die padda is die valk se nagereg. Nie sleg vir een maaltyd nie.

Korona is nie ’n fabel nie. Dis die werklikheid.

Philip Larkin het ’n gedig vir ons tyd geskryf:

This is the first thing
I have understood:
There is the echo of an axe
Within the wood.

Hoor jy ook die eggo van die byl? Die valbyl. Die doodslag.

Ons spartel soos die arme muis om veilig aan die oorkant te kom. Ons roep om hulp. As daar tog net ’n padda op ons pad sal kom. Wat ons uitkoms gaan wees, weet ek nie. Niemand weet nie. Al wat ons kan doen, is om van dag na dag te spartel. Dalk is daar uitkoms. Dalk nie. Ons spartel byna almal om kop bo water te hou. Daar is Eskom vol duisternis, die rand wat ons al hoe meer laat bewe, armoede en siektes wat soveel mense teister. En dan is daar die “valk”, korona.

In die gespartel om te leef en te oorleef word ons van ons eie weerloosheid en kwesbaarheid bewus. Ek kan ook doodgaan. Maar dit is tog goed as ons ons broosheid leer ken en aanvaar. Met die monster korona voor oë moet ons ook leer om elke dag rondom ons te kyk. Dink tog aan en reik uit na die armes, Dié wat besig is om te verdrink. Diegene wat nie hulle daaglikse brood (kospakkies) ontvang nie. Doen iets vir hulle. Wees ’n medemens. Wat van die arme karwagte en bedelaars op die straathoeke? Leef met meer simpatie en empatie. Asseblief tog! Ons moet mekaar omhels ongeag ons godsdiens, taal, kultuur, kleur of titels. Dan kan ons weer die taal van die liefde praat.

In die tyd van korona moet ons ook vorentoe kyk. Die rooiwimperdaeraad verskyn nog elke oggend. Dit gee aan ons moed. Laat ons mense met hoop word. Korona, jou vloeksteen! Jy sal ons nie onderkry nie! Jy sal ons nie uit die bloute vernietig nie. Nie jy nie. Jy sal nog die aftog blaas. Hoe gouer, hoe beter.  

Ons moet van en met hoop leef. “‘Hope’ is the thing with feathers” – só het Emily Dickinson gedig. Ek het die gedig vertaal:

“Hoop” is die ding met vere

Emily Dickinson. Bundel 13–4

“Hoop” is die ding met vere –
Wat in die siel neerstryk –
En die lied sonder woorde sing –
En nooit ophou nie – nooit nie –

En die soetste – in die rukwind – is dit gehoor –
En die storm moet onstuimig wees –
Wat die voëltjie kon laat swyg
Wat aan soveel warmte bied –

Ek het dit in die ysigste land gehoor –
En op die vreemdste see –
Tog het dit – nooit – selfs in hoogste nood –
’n Krummeltjie – van my geëis nie.

Laat ons spartel om kop bo water te hou. Maar, asseblief tog, moenie in hemelsnaam hoop prysgee nie. Leef van daardie krieseltjie en gee dit ook aan die ander naby, rondom en ver van jou af. Net ’n krieseltjie. Maar gee niks, niks vir korona nie. Weg met jou!

Lees ook

Cas Vos (1945–)

Skrywersonderhoud: Cas Vos oor Job en Met my hand op my hart

The post Kwarantynketting: "Die padda, die muis en …" deur Cas Vos appeared first on LitNet.

Viewing all 21501 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>