Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21592 articles
Browse latest View live

Unisa-seminaar (Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap): VisionKeepers-projek

$
0
0

Hierdie bydrae is gelewer tydens ’n spesiale oggendseminaar by Unisa se Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap op 20 Januarie 2020.

Yves T’Sjoen en Alwyn Roux vertel meer oor die VisionKeepers-program by Unisa en samewerking tussen Universiteit Gent en Suid-Afrikaanse universiteite:

Verwelkoming deur Alwyn Roux

Alwyn Roux (Foto: verskaf)

Diegene wat die gespreksforum in Julie bygewoon het, sal onthou dat ek met Yves T’Sjoen se eerste besoek aan Unisa ’n uiteensetting van die projek aan julle voorgehou het, wat intussen op LitNet met die titel “Die representasie van verbeelde Afrikas in die poësie van Breyten Breytenbach van 1984 tot 2014” verskyn het: https://www.litnet.co.za/the-representation-of-imagined-africas-in-the-poetry-of-breyten-breytenbach-from-1984-2014. Dit skets die buitelyne van die projek.

Na afloop van prof T’Sjoen se eerste besoek aan Unisa het ek die geleentheid gehad om van 16 September tot 25 Oktober by Universiteit Gent besoek af te lê met die doel om navorsing te doen vir die VisionKeepers-projek en ’n referaat te lewer by die 6de Gentse kollokwium oor Afrikaans met ’n spesifieke fokus op die werk van Breyten Breytenbach. Die wonderlike van hierdie geleentheid was dat Breytenbach self ook by die kollokwium aanwesig was. Voordat ek kortliks uitbrei oor die stand van sake en die beplanning vir die toekoms, veral rakende die navorsing wat beoog word, vra ek vir prof T’Sjoen om meer te vertel van (onder andere) die Gentse kollokwium en die belang daarvan by die VisionKeepers-projek.

Yves T’Sjoen oor die 6de Gentse kollokwium en die VisionKeepers-program

Dankie, Alwyn. Kollegas, ek praat Nederlands omdat ek dink dat die taal maklik verstaanbaar is; Afrikaanssprekendes en Nederlandsprekendes kan mekaar maklik ontmoet in hulle taal.

Dankie vir die vriendelike uitnodiging. Dit is nou die tweede keer dat ek die gas is by Unisa. Dit is ’n besondere voorreg dat ek saam met Alwyn hierdie pragtige projek mag uitvoer oor Breyten Breytenbach. Ek het ’n vorige keer al vertel van ons aktiwiteite by die Gentse sentrum vir Afrikaans en die studie van Suid-Afrika. Ons het inderdaad ’n jaarlikse kollokwium. ’n Aantal van my kollegas hier aanwesig was al by die kollokwium gewees. Ek dink aan Neil, Ihette en Alwyn. Hopelik sal daar binnekort nog kollegas wees wat ’n referaat aanbied in Gent. Die departementele voorsitter, Elvis Saal, was ook al ’n gas by ons, maar dan nie tydens ons kollokwium nie; toe het ons nog ’n seminaar gehad oor Afrikaans wat ’n week lank in Gent aangebied was. Dit was die aankondiging van die jaarlikse kollokwium.

.........

“Daar is dus in die Lae Lande ’n breë dravlak vir so ’n leerstoel in Suid-Afrika, en die bedoeling is nie om op ’n ouderwetse manier Nederlandse taalkunde of letterkunde te doseer nie; die idee is dat die leerstoelbekleder in samespraak met die kollegas hier ter plaatse ’n kursus uitwerk op maat van die studente en volgens die verwagtinge wat hier bestaan omtrent so ’n leerstoel.” 

.........

Met ander woorde, daar is alreeds heel intense bande met Unisa, en ons organiseer elke jaar hierdie kollokwium. Verlede jaar in Oktober was die sentrale gas Breyten Breytenbach. Ons het vir die letterkundige deel van die kollokwium ’n aantal sessies oor die werk van Breytenbach gehad en dit was vir ons ’n groot voorreg dat die grote literator en kandidaat Nobelprys-literatuur (wat my aanbetref) Breyten Breytenbach self aanwesig was by die verskillende referate. Hy het nie een lesing misgeloop nie. Hy was by al die lesings aanwesig, en meer nog, by die meeste lesings het hy kommentaar gelewer. Hy staan op, maak notisies, maak geanimeerde diskussies met die sprekers wat tydens die kollokwium werk gelewer het. En dit was die geleentheid toe Alwyn oor die VisionKeepers-projek van Unisa gepraat het – die stand van sake.

Dit was duidelik iets wat Breytenbach besonder interesseer. Daar was ook na afloop ’n diskussie onder andere met Willie Burger oor ’n aantal uitgangspunte, wat my aanbetref ’n heel dinamiese diskussie oor die projek. Ons het dus van die kollokwium in Gent gebruik gemaak nie alleen om die aandag te rig op die wetenskaplike navorsing wat hier in die departement by Unisa gebeur nie, maar ook heel spesifiek op die VisionKeepers-program van Unisa omtrent Breytenbach en veral die verbeelding van Afrika in die poësie van 1984 tot nou.

Breyten Breytenbach (Foto: Elize Zorgman)

Daarnaas het ons ook ’n Leerstoel Suid-Afrika met die titel “Tale, literature, maatskappije en kulture” (in meervoud, nie alleen Afrikaans nie). Ons het die afgelope semester tussen September en Desember Louise Viljoen van Stellenbosch as gas. Die eerste leerstoelbekleeder was Hein Willemse van Pretoria, die tweede Wannie Carstens en die vorige jaar Louise Viljoen. Ons probeer elke jaar taalkunde en letterkunde afwisselend aan bod te laat kom. Die volgende kollega sal iemand wees van UWK wat vir taalkunde aangestel is. In Gent het ons trouens ook twee opleidingsonderdele omtrent Afrikaans en ander tale van Suid-Afrika. Sowel ons BA-studente as MA-studente kan ’n vak volg – ’n keusevak binne die module Nederlands. Dit beteken dat die leerstoelbekleder heel aktief betrokke is by die klas omtrent taalkunde en letterkunde.

Daar word ook ander kollegas uitgenooi – skrywers word ook uitgenooi – om by ons klasse aan te bied. Vanjaar byvoorbeeld sal Jolyn Phillips enkele weke ons gas wees. Sy sal met studente praat, workshops aanbied en in die Poësiesentrum in Gent ook lesings en voordragte aanbied. Vorige jaar nooi ons Ronelda Kamfer en Nathan Trantraal uit, maar as gevolg van allerlei visumprobleme, het dit toe nie uitgewerk nie. Maar sowel Nathan as Ronelda sou die keynote gewees het tydens ons kongres. Ronelda het wel ’n referaat aangestuur wat deur Anastasia de Vries voorgelees was. Daar was toe wel ’n tussenkoms van Ronelda Kamfer. Ons wil dus altyd ook literêre outeurs betrek by ons werksaamhede en ek dink dat ons in Gent op die oomblik ook wel ’n besonder aktiewe sentrum het omtrent Afrikaans en die studie van Suid-Afrika. Ons werk intensief saam met wat aanbetref die leerstoel in Amsterdam. Magriet van der Waal is die leerstoelbekleder in Amsterdam van die Leerstoel Suid-Afrika. Ons het in Gent ook ’n leerstoel en daar is ’n mooi samewerking tussen die twee leerstoele. Vanjaar het ons ’n plan ’n werklikheid geword.

Ek het ’n idee, en meestal as ek ’n idee het, dan wil ek dit met my kollegas laat realiseer. Dit is ’n leerstoel in Suid-Afrika oprig en dit sal meer ’n rondreisende hoogleraar wees wat uit Vlaandere of Nederland aangestel word en afhangend van die vraag en nood van departemente in Suid-Afrika op verskillende plekke gesetel sal wees. Dit kan sowel by Stellenbosch as UWK wees, Potchefstroom of Unisa; die persoon sal gedurende drie maande beskikbaar wees. Die binnelandse vlugte sal onder andere deur die Taalunie befonds word. Daar is ses universiteite in die Lae Lande wat betrokke is by die Leerstoel: Utrecht, Amsterdam, Groningen, Leiden in Nederland, en Antwerpen en Gent in België. Daar is dus in die Lae Lande ’n breë dravlak vir so ’n leerstoel in Suid-Afrika, en die bedoeling is nie om op ’n ouderwetse manier Nederlandse taalkunde of letterkunde te doseer nie; die idee is dat die leerstoelbekleder in samespraak met die kollegas hier ter plaatse ’n kursus uitwerk op maat van die studente en volgens die verwagtinge wat hier bestaan omtrent so ’n leerstoel. Dus nie om vanuit die Nederlandse taalgebied iets tot stand te bring en op te lê nie (want dit werk nie én is nie relevant nie), maar om in dialoog met die plaaslike kollegas volgens wat ons vandag verwag van ’n kursus Nederlands, ek bedoel in ’n geglobaliseerde wêreld in kontak met ander tale, Nederlands as deel van ’n groter meertaligheid om binne die optiek iets te doen met Nederlands in Suid-Afrika. Dit sal in 2020 ’n werklikheid word en is ons volgende plan.

Dit is vir my vanuit Gent ’n besondere voorreg om hier aanwesig te wees, om met julle te kan praat en veral ook om as mentor betrokke te wees van die VisionKeepers-projek omtrent die verbeelding van Afrika in die poësie van Breytenbach. Ek wil ook heel eksplisiet Alwyn bedank. Hy is ’n besonder dinamiese, jong navorser en dit is vir my ’n voorreg om hier saam met jou en in Gent te werk.

Alwyn Roux oor die stand van sake

Dit was vir my ’n groot verrassing toe Yves by die Gentse kollokwium my aan Breyten Breytenbach voorstel en Breytenbach met sy wysvinger wys na die logo op sy sak van die Gorée-instituut, ’n kunswerk deur die Senegalese kunstenaar Mohamed Soumare.

Ek het oor die Gorée-instituut gaan oplees oor die verskillende aspekte van die logo: (1) die kop van die roeier is simbolies van ’n mens, maar ook van die Gorée-eiland; (2) die arm stel die armspier voor van die roeier wat die boot roei; (3) die boot stel die “selfvoorsieningsbeginsel” voor, naamlik dat “ons moet ‘roei’” om “ons boot (eweredig) te dra”; (4) die lyne onder kant die roeier stel die seë rondom die omgewing van die eiland voor, asook die eksterne wêreld; (5) die raam stel die raamwerk van die Gorée-instituut voor, wat innovering, kreatiwiteit, nonkonformisme en provokasie vooropstel as deel van die instituut se waardes; en (6) die kleur roep die sand van die Sahara op. Dit is belangrik om te noem dat die Gorée-eiland nie verstaan kan word sonder dat dit teen die agtergrondgeskiedenis van slawerny gelees word nie. Sedert die 1500’s tot die 1800’s het die Gorée-eiland gedien as slawedepot waar mense vanuit Afrika na Europa, Amerika en die Karibiese eilande weggevoer is. Die logo is dan ook simbolies van die Feniks soos Afrika hergebore word om die geskiedenis van slawerny, apartheid en kolonialisme te oorkom (verwys na https://www.goreeinstitut.org).

Breyten Breytenbach se historiese betrokkenheid by die Gorée-instituut word in die eerste artikel van ons projek ondersoek. Hierin word aandag gegee aan die stigting van die instituut, van 1987 tot in 1992. Daarna word gekyk na poësiefeeste by die instituut, met spesifieke vermelding van ’n poësiekaravaan in 1998, waar tien digters vanuit die uithoeke van Afrika genooi is om van Gorée in Senegal na Timboektoe in Mali te reis. Ook word gekyk na die portefeuljes wat gemaak is by die drukkunswerkswinkel van die instituut. Ek is veral geïnteresseerd in die samestelling van die eerste kollektiewe portefeulje, naamlik “Kawral” wat “gemeenskap” in die taal Fulani beteken. Drie kunstenaars het saamgewerk aan dié portefeulje, naamlik Breyten Breytenbach, Mel Edwards (VSA) en Souleymane Keita (Senegal). Breytenbach was dan ook uitvoerende direkteur van die Gorée-instituut vanaf 2002 tot 2010 en ek stel veral belang in sy aspirasie “om Afrika te verbeel” wat soos ’n blou lint deur die werksaamhede van die instituut loop. Dan is dit ook belangrik om die drie gelyknamige publikasies Imagine Africa, wat in 2011, 2015 en 2017 verskyn het, krities te beskou. Breytenbach was die samesteller van die eerste volume van die drie.

Om kortliks die verloop van die postdoktorale studie in perspektief te plaas: Die eerste artikel, oor die historiese betrokkenheid van Breyten Breytenbach by die Gorée-instituut, word in Februarie voorgelê aan Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans (kollokwium-uitgawe); die tweede artikel word vir die daaropvolgende jaar beplan en dit gaan spesifiek oor die kritiese evaluering van Breytenbach se “Imagine Africa”-toespraak wat hy in 2007 by die Gorée-instituut gelewer het. Daarnaas word stiplesings van gedigte gemaak tussen 1984 en 2014 wat Breytenbach oor Afrika geskryf het om te sien op watter wyse die filosofiese idees neerslag vind in sy poësie. Laastens word vergelykings met ander digters opgeneem in die drie volumes van die Imagine Africa-reeks. Uit die omvangwerk word dan ook ’n monografie vir die projek in die vooruitsig gestel. Die een aspek van die VisionKeepers-projek wat vir my uitstaan, is die wonderlike samewerking met Yves T’Sjoen – nie net is hy ’n Breytenbach-kenner by uitstek nie, maar sy entoesiasme is werklikwaar aansteeklik.

Yves T’Sjoen voeg twee punte by

Ek wil nog twee punte toevoeg. Die eerste punt is dat daar ook ’n ander plan bestaan en dit is ’n plan wat Breytenbach in Gent met Alwyn bespreek het, naamlik om aan Gorée-instituut aan die einde van hierdie jaar ’n simposium te organiseer. Die idee van Breyten Breytenbach was as jy ’n ondersoek onderneem oor die Gorée-instituut, dan moet jy ook by die plek wees om die argiefdokumente te bestudeer. Dit was Breyten se idee om met ander kollegas wat belangstel na Gorée te gaan en daar by die instituut ’n kollokwium te organiseer en die argiefdokumente te bekyk, want dit gaan veral ook oor die dokumente wat ’n rol gespeel het in die instituut en nie aanlyn beskikbaar is nie. ’n Kollega het in Julie die opmerking gemaak dat die studie moontlik in ’n monografie sal moet verskyn oor Breytenbach se rol by die Gorée-instituut. Dit is so wonderlik van hierdie projek dat vir die eerste keer navorsing gedoen word oor Breytenbach se betrokkenheid by die Pan-Afrikaanse program van die Gorée-instituut. Dit is my eerste aanvulling.

Yves T’Sjoen (Foto: Naomi Bruwer)

My tweede aanvulling het meer met institusie te maak. Julle weet dat daar ’n interuniversitêre kontrak tussen Unisa en die Universiteit van Gent bestaan. Helaas is hierdie kontrak slapend – dit word nie aktief gebruik nie. Dus wil ek kollegas oproep wat belangstelling het om gedurende ’n bepaalde periode in Gent by die Gentse Sentrum navorsing te doen, dat julle baie welkom is om van die uitruilprojek van die program gebruik te maak. Ons moet elke jaar of elke twee jaar die bestaande interuniversitêre raamooreenkomste evalueer, en dit beteken dat as ’n bepaalde kontrak nie aktief is nie, die kontrak stopgesit moet word, en dit sal jammer wees.

Ek roep die kollegas van die departement op en ek kyk spesifiek na die departementshoof om dit onder die aandag te bring om van die kontrak gebruik te maak. Dit is ’n fantastiese samewerkingsooreenkoms waarby deurgaans die vliegtuigkaartjie deur die uitsturende universiteit betaal word en die onthaal, akkommodasie en fasilitering word betaal deur die ontvangende universiteit. Ons het so ’n samewerking met Potchefstroom, Pretoria, Bloemfontein, Grahamstad, UWK en Stellenbosch (binnekort ook met die Universiteit van Namibië), en ons wil heel graag Unisa ook nog meer betrek, want Unisa het die grootste departement met die meeste personeellede in die hele Suid-Afrika op die gebied van Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap.

Lees ook 

Om Afrika te verbeel: Brugfuncties van Breytenbach en Gorée Instituut

The post Unisa-seminaar (Departement Afrikaans en Algemene Literatuurwetenskap): VisionKeepers-projek appeared first on LitNet.


Duiwelsduo: die eerste boekeoorlog

$
0
0

Voortaan publiseer LitNet gereeld e-posgesprekke tussen vuurwarm boekduiwels Deborah Steinmair en Jonathan Amid. Hulle sal mekaar aanvat oor boek- en skryfsake. Skerp, slim, voor op die wa, insigryk en belese, ontstigtelik en ondermynend. Hier is die eerste salvo.

Jonathan Amid en Deborah Steinmair (onderskeie foto’s verskaf)

Duiwelsduo een: e-pos nommer een

Jonathan Amid:

Hi Deborah

Dis die jaar 2020. Die Proteas speel weer teen die Bleekbene en verwelk teen die spoed van wit lig. Eskom beloof om ons vir nog ’n jaar letterlik en figuurlik in die donker te hou. Daar’s ’n storie oor ’n Ankerman en ’n vertaler en ’n Rooi Hond wat woes aan die enkels hap. Never a dull moment, right? Maar eintlik wil ek graag weer bietjie boeke met jou gesels. Daai besige, flink brein van jou pols. Weer neutrale grond – fatsoenlikheid en inskiklikheid en ’n bietjie gemak – betree na die donderstormpie einde se kant van 2019. Elke egpaar het mos hulle koppe wat stamp en humeure wat opvlam. Dis mos heeltemal normaal!

As ek jou gat gekrap het – jammer, jammer. Kom ons probeer asseblief weer? Sal jy my vergewe?

Skerp, slim, voor op die wa, ironies, krities, vars, vreesloos, deeglik, aweregs, leidinggewend, insigryk en belese, onstigtelik en ondermynend – dis presies wat ek sou wou sien van boekgesprekke en woordenaars hierdie jaar. Hoe klink ’n uitgebreide, knetterende tweegesprek, alles binne die Republiek van die Lettere, vir jou?

My aandag-afleibaarheid en wye lesery maak dit nogal moeilik om met die intrapslag ’n enkele inleidende stelling te isoleer en vir jou voor te hou, so ek dink dit maak dalk sin om ’n bietjie terug te werk, om sodoende vorentoe te beweeg. Kom ek hou op met borrels hap en kom tot die punt(e).

2019 was ’n absolute bielie van ’n boekjaar. Ten spyte van die niefiksie en digkuns wat ek geniet het, het fiksie my die meeste “food for thought” verskaf. Daar was een boek wat vir my kop en skouers bo die res uitgetroon het, ’n sterk sarsie romans wat groot indruk gemaak het, en ’n paar boeke wat vir my totaal in die hek geduik het. Om ’n bietjie struktuur aan die gesprek te verleen het ek dit goedgedink om die boeke wat ek wil noem, in vyf subkategorieë te gaan opdeel.

Fantasieverhale

Twee besliste wenners wat hier na vore tree: die Heerser van die ringe-vertaling deur Kobus Geldenhuys, en Die Wonderwese deur Carina Stander. Dit sit beslis nie in almal se broek om Tolkien te vertaal nie – ek was baie skepties. Maar Geldenhuys het dit sowaar met integriteit, vernuf en baie flair reggekry! Hierdie vertalings is vir my ’n rigtingwyser vir toekomstige vertalingsprojekte en dis ’n groot pluimpie vir Protea dat die geleentheid aangegryp was.

Resensie: Die Wonderwese deur Carina Stander

Dan Carina Stander se Wonderwese – eenvoudig fantasties!!! Die lofgesange vloei soos goeie rooiwyn oor hierdie tweede aflewering in haar reismistiek-drieluik, maar die belangrike punt om oor en oor te beklemtoon oor hierdie skrywe is hoe dit so klinkklaar bewys dat Suid-Afrikaners die fantastiese met vrug kan omarm, dat lesers honger is daarvoor. Die mark is nou behoorlik oopgeskryf – nou wag ons om te sien watter jong skrywers ook hulle hand aan die genre gaan waag. Baie, baie opwindend!

Verhale van die grens

Marita van der Vyver, Grensgeval; Ruan Kemp, Gedeeltelik bewolk; Jaco Kirsten, Nadraai.

Bitter interessant, hierdie kategorie, om verskeie redes. Almal is teen dié tyd bewus van die herrie rondom Gedeeltelik bewolk en die persona van DB (Dave Bishop). Ons sal moet wag vir Ruan Kemp se tweede roman om te sien of sy debuut inderdaad te swaar dra aan die invloed van die oorledene Bishop. Wat my gaan interesseer in die volgende ruk, is om te sien of die roman vir al wat ’n literêre prys is, benoem gaan word, of daar akademiese artikels gaan kom wat dieper delf in die weefsel van die romankuns van Gedeeltelik bewolk self, en die ondersoek van die vele lae van intertekstualiteit tussen die teks en vele ander.

Gedeeltelik bewolk: ’n onderhoud met Ruan Kemp

Daar is beslis ’n gesprek aan die gang tussen Bewolk en Marita se Grensgeval, wat vir my een van haar beste boeke in ’n lang tyd is. Deernisvol, sensitief, vol patos, maar ook vol woede en onreg wat so tasbaar is. Die boek verkoop goed soos ek dit verstaan, en ek was nie juis verbaas om te sien watter heftige reaksie dit ontketen het onder ’n sekere deel van die publiek nie! Die wonde van die grens is duidelik nog lank nie genees nie. Dat ons nog vele grensverhale kan verwag, is seker.

Wat ek graag sal wil sien, is hoe skrywers ontsyfer hoe die jonger geslagte – met ouers wat moet saamleef met die trauma van die Grens – sin maak met die nalatenskap van ’n oorlog, die nadraai daarvan, as ’t ware.

Grensgeval deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Wat my uitbring by Nadraai van Jaco Kirsten. Twee resensies het op Netwerk24 verskyn – een baie krities, deur Jean Meiring, en een redelik lou deur Charles Smith – en nie veel van ’n gesprek oor die boek daarna nie. Joan Hambidge het wel vir my die mees genuanseerde en interessante resensie geskryf, en toegelig hoe Nadraai so veel oor die trauma van die Grensoorlog handel as wat dit poog om die plek van die wit man in die hedendaagse samelewing oop te skryf. Word daar inderdaad op die wit man jag gemaak?

Nadraai was vir my een van die interessantste romans wat ek in 2019 gelees het, juis omdat dit bereid was om in vele opsigte ’n ongemaklike hibriede teks te wees – deels filosofiese besinning, deels sosiopolitieke kommentaar, deels oorlogsverhaal, deels spanningsriller. Uiters ongewoon, beslis nie altyd maklik verteerbaar nie, en soms doelbewus uitdagend vir lesers. Die nadraai van die roman se publikasie het my nogal aan die dink oor hoe tekste bemark word, en of ons as Suid-Afrikaanse lesers dikwels nog daaraan vasklou om duidelike genre-afbakenings te geniet. Wat dink jy? Is dit steeds vir skrywers ’n groot risiko om iets te pen wat nie maklik in ’n boks gedruk kan word nie? Dink jy lesers voel soms dat “idees” in die pad staan van “goeie stories”?

Die ideëroman

Etienne van Heerden, Biblioteek aan die einde van die wêreld; Kerneels Breytenbach, Hond se gedagte; Harry Kalmer, In ’n land sonder voëls; Francois Loots, Spook in die huis; Christine Barkhuizen-Le Roux, My naam is Prins en ek slaap met die lig aan.

’n Hele paar van my 2019-gunstelinge val onder hierdie kategorie. Eerstens is dit interessant dat drie van die boeke wat ek hier het – Biblioteek, Hond en Prins – onder dieselfde dak uitgegee is.

Kom ek begin by Prins: ’n boek wat jou gekneus en seer en totaal verrinneweer anderkant laat uitkom, maar ’n broodnodige verhaal oor seksuele misbruik wat my lank sal bybly. Wat veral hier uitstaan, is die vertelkuns en onafwendbaarheid van die tragedies wat afspeel: jy weet wat kom, maar jy kan nie ophou lees nie.

Resensie: My naam is Prins, ek slaap met die lig aan deur Christine Barkhuizen-Le Roux

Ek het gedink die leen van inspirasie uit Mark Winkler se meesterlike Wasted / My name is Nathan Lucius was besonder treffend. Die vraag is egter of skrywers en uitgewers kans sal sien om meer fiksie te publiseer wat eksplisiet oor mishandeling, seksuele geweld en geslagsgeweld gaan sonder dat dit deel uitmaak van krimi’s of spanningsverhale, waar geweld teen vroue tradisioneel een van die pilare van die vertelling is.

Ek het my vermoede dat Hond se gedagte ’n groot klomp lesers hoogs die moer in gehad het, en dat baie wat die boek gekoop het, dit nie sou klaar gelees het nie. Dan die teenoorgestelde wel ook: Dat heelwat lesers hulle gate uit sou geniet het met die aweregse draakstekery! Met so ’n roman is die vraag vir my wie spesifiek die boek lees/koop, en in watter opsigte daar kennis geneem word van die utopiese dimensies wat in die roman vervat word. Daar is ’n duidelike poging om ’n nierassigheid voor te stel, maar word hierdie poging genoeg uitgelig en waardeer?

LitNet Akademies-resensie-essay: Hond se gedagte deur Kerneels Breytenbach

Ek dink ons stem saam dat Biblioteek die allerbeste Afrikaanse-fiksie-titel was vir 2019 – uitnemend op soveel vlakke, en met sowat van ’n vinger op die pols van wat oral rondom ons aangaan – en ek verwag nog baaaaaaie gesprekke daaroor hierdie jaar. Wat my veral opgeval het, is hoe die mees gewigtige uitpak van konsepte en idees swaelstert met ’n klomp verhaallyne wat elk soveel onstuitbare momentum geniet. Juis omdat die karakters almal grys gebiede betree en nie deur die skrywer veroordeel word vir hul oortuigings en keuses nie.

’n Ware polifoniese roman. Ek weet hoe lekker ek daaraan gelees het ... maar ek wonder of die gewone leser ook so gemaklik en smaaklik gaan hap aan hierdie twaalfgangmaal? Is dit ’n biblioteek vir die fynproewer, of een wat die volk (weer) aan die lees en bespreek gaan kry? Verbeel ek my as ek vermoed dis wel ’n toeganklike biblioteek? Daar is tog vir my ’n enorme “lekkerleeswaarde” aan die stories.

LitNet Akademies-resensie-essay: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

Dit was vir my nogal fassinerend om keer op keer die klagtes oor die slot van In ’n land sonder voëls te moes hoor. “Ek verstaan nie.” “Dit maak nie sin nie.” “Miskien is ek net te dom?” Ek het juis gedink die slot was een van die mees ontroerende stukke skryfwerk van die jaar, een wat net meer in die hart kruip met die heengaan van die skrywer. Ek vermoed daar is nog baie lesers wat ’n groot hekel het aan ’n oop einde, terwyl ek nogal juis daarvan hou. So gaan die storie vir my aan. As ywerige leser en uitgewer, wat werk vir jou?

Die grootste teleurstelling van 2019 was vir my Francois Loots se Spook in die huis. Ek het in die verlede groot bewondering gehad vir die skrywer se ongewone, soms surrealistiese, episodiese, “dromerige” vertellings. Dis asof dit met hom minder oor die storie en meer oor die atmosfeer en stemming gaan. Maar hierdie roman het net nooit vir my uit die verf gekom nie, en ek was geskok oor die uiters laks benadering tot die teksversorging en ontwikkeling van die manuskrip se idees. Het jy dit gelees?

Hier het die pogings tot filosofiese diepgang net nooit vir my gerealiseer nie, en was die storie-elemente in die besonder flou, ten spyte van ’n paar wonderlike idees. Die vraag wat hier by my spook, is dan: Wat behoort die maatstaf vir ’n goeie fiksieteks te wees? Kan daar so iets wees, aangesien smaak so subjektief is? Is dit eerder ’n geval van sekere elemente wat afbreuk doen aan die geheel? Ek dink hierdie onderwerp is nogal een wat ons lekker sal kan bespreek.

Die verhoudingsroman/liefdesverhaal

Jan van Tonder, Die verevrou; Reney Warrington, Smit Motors; Debbie Loots, Die boek van gelukkige eindes; Nadia de Kock, Die wolkversamelaars; Helene de Kock, Die kind in die wingerd; Zelda Nel Bezuidenhout, ? Die dekonstruksie van Retta Blom; Vita du Preez, Klaskamer

Smit Motors deur Réney Warrington: ’n resensie

2019 het gewys dat die verhoudingsroman of liefdesverhaal nie maklik afgemaak kan word nie. Daar was verskeie invalshoeke, hope drama, heelwat seks, misverstande, rusies, lewens wat van koers verander en talle onverwagse ontdekkings wat ’n fisiese en geestesreis tot gevolg gehad het. Ek het meestal verskriklik lekker aan die titels hier bo gelees. Ook die wonderlike, dikwels donker humor in vele van die vertellings het my baie genot verskaf. Smit Motors het vir my ’n treffende, “lived-in” gevoel gehad. Die uitstekende karakterisering het vir my die storie vorentoe gedra.

Mense vir wie jy omgee, word dan mense oor wie jy graag verder en verder wil lees. Beslis ook so met Kind in die wingerd, wat veral ruimtelikheid en die binnewêrelde van die karakters met vrug ontgin, en Die wolkversamelaars, wat die liriese en die traumatiese op so ʼn wyse kombineer dat mens skoon oorwoë is soos jy die waarheid agter Talla se verhaal ontdek.

Wat vir my uitstaan met hierdie titels, is die uitbeelding van die vroulike protagonis as slagoffer van seksuele geweld of mishandeling, en die konfrontasie met ’n uiters traumatiese verlede. Dink jy ons vroulike skrywers voel onbewustelik dat hulle realiteit moet weerspieël in die #MeToo-era en plaaslike konteks, deur getraumatiseerde vroulike karakters oop te skryf?

Die verevrou was vir my in vele opsigte indrukwekkend, veral die liriese taalgebruik, raak beskrywings en onthoubare karakters. Tog het daar wel dinge gehaper, veral wat die roman se uitbeelding van seksualiteit en jong seksualiteit betref. Ek dink nie eers Jan van Tonder self gaan my oortuig van veral een sekstoneel nie! Ook het die roman vir my die gevaar van te veel karakters en te veel verskillende storielyne geloop, ten spyte van die baie sterk karakterisering. Dink jy ’n roman met te veel karakters kan ’n groot probleem word wat die leeservaring belemmer?

Die verevrou deur Jan van Tonder: ’n lesersindruk

Gepraat van seks en seksualiteit: Die meeste van hierdie romans dek intimiteit op ’n sensitiewe en geslaagde wyse, maar Klaskamer staan vir my uit as ’n roman wat uiters problematies is, op ’n klomp vlakke. Benewens ’n gros blote valshede/mites oor BDS/M soos reeds in verskeie resensies uitgelig, is die roman inderwaarheid gevaarlik naby aan ’n Afrikaanse Fifty shades of Grey. Vanaf die heel eerste hoofstuk is dit duidelik hoe daar “geleen” word en “inspirasie” geput word uit die internasionale topverkoper, en hoe ’n enorme aantal insidente, karakters en wendings eenvoudig “gelig” word en deur die skrywer ingespan word.

Daar word in die Erkennings genoem hoe Fifty shades inderdaad as inspirasie gesien was deur die skrywer, maar ek is totaal onoortuig. Daar volg blykbaar nog twee romans in die beplande drieluik – ons sal gou genoeg uitvind of die Fifty shades-resep weer so slaafs nagevolg sal word. Indien wel, is dit enigsins aanvaarbaar? Wanneer word “geleen” dan nou “geneem”?

Die misdaadroman/spanningsroman

André Krüger, ’n Redelike hoeveelheid moeilikheid; Johan Jack Smith, Zola; Irma Venter, Sewe-en-veertig; Rudie van Rensburg, Vloek; Chris Karsten, Anderman se vrou; Calvyn van Niekerk, Die man van Quatro; Bettina Wyngaard, Jagter; Carina Diedericks-Hugo, Karaktermoord; Jaco Wolmarans, Bos; Jan Vermeulen, Ondier; Dibi Breytenbach, Blinde gode; Madelein Rust, Doodsengel; Piet van Rooyen, By die brandende berg

Resensie: Die man van Quatro deur Calvyn van Niekerk

2019 was ’n fees vir die spanningsvraat! Die terugskouende blik vertel ook veel van hoe die jaar beide opspraakwekkende debute en verrassende nuwe invalshoeke vir gevestigde skrywers aangebied het. Zola, Karaktermoord en Bos het elk om die beurt beïndruk. Ek voorspel ’n bitterblink toekoms vir Jaco Wolmarans – die man verstaan storie en spanning. Karaktermoord was vir my fassinerend, enduit. Deels beslis ook oor die skrywer se binnekennis van die wêrelde wat sy beskryf, en die “rowwe en onbeskofte” aanslag, wat sommige lesers nogal hewig ontstig het.

Onvermydelik begin mens dan wonder oor die kwessie van geloofwaardigheid, en hoe om karakters se eie stemme op die mees oortuigende wyse vas te vang op papier. Dink jy dis belangrik, en vir ons lesers belangrik, om oor karakters te lees van wie hulle ook darem op ’n sekere vlak hou?

Zola was vir my die debuut van 2019. Johan Jack Smith kan beslis skryf, en hy toor ’n gruwelike stadsroman op wat jou teen die weemoedige slot absoluut ten gronde het. Die boek is boeiend en ontstellend en roerend verby. Ons kan lank gesels oor die roman se verbeelding van geweld teen vroue en of daar ’n amper pornografiese verheerliking van geweld voorkom (ten spyte van die uiterste gruwels neig ek na nee), maar iets wat my gehinder het in veral die eerste helfte van die roman, is die alewige systrate wat bewandel word, en redelik gereelde herhaling van sekere gegewens, soos die township-geskiedenis van Majola.

Resensie: Zola deur Johan Jack Smith

Op een vlak dra dit natuurlik by tot die diepgang en karakterisering, maar op die blote storievlak, en in terme van die voorwaartse trajek van die verhaal, doen dit vir my groot afbreuk aan die vertelling. Die spanning word gedurig verbreek, en dit raak kort-kort frustrerend. Wanneer die verhaal wel in die laaste derde sy gang behoorlik gaan, is daar geen keer nie. It’s all over, red rover. Al die legkaartstukke kom so mooi bymekaar. Maar, maar, dan word die leser ten laaste toegegooi onder een wending na die ander, in so ’n kort bestek dat dit die geloofwaardigheidsgevoel laat taan.

My vraag aan jou as ywerige spanningsverhaalleser is dus: Wanneer is daar eenvoudig te veel karakters, storielyne, of wendings? Dalk nog belangriker: Met al hoe meer skrywers wat, soos te verwagte, die mark van spanningsverhale sal betree in die nabye toekoms, word die debuutskrywer genoeg streng leiding gegee, en genoeg teen hom- of haarself beskerm? Is ons nog geneig om te sê: “Ja, dit was goed, vir ’n debuut”?

Terwyl daar behoorlik van ’n roman soos Zola kennis geneem is, voel ek romans soos Jagter, Ondier, Die man van Quatro, Blinde gode en Doodsengel het ’n bietjie onder die radar verbygeglip. ’n Groot jammerte, want Ondier was vir my ’n groot stap vorentoe vir Jan Vermeulen, terwyl Quatro ’n heerlik spannende stuk weerwraak in stereo was. Ek wonder of Bettina Wyngaardt se aktivisme en weeklikse LitNet-rubriek ’n bate of ’n las is vir haar loopbaan as krimiskrywer? Haar fiksie raak beslis al hoe meer geslyp en gesofistikeerd.

Ek het ’n groot sagte plekkie vir die skrywes van Madelein Rust en Dibi Breytenbach, maar hulle is na ’n reeks titels nog nie so bekend soos hul manlike eweknieë Deon Meyer, Rudie van Rensburg en Chris Karsten nie. Hoekom dink jy is dit die geval? Gepraat van Chris Karsten – hier het ons ’n virtuose skrywer wat met feitlik elke titel sy taalgebruik so aanpas om die meeste uit sy karakters te kry. Ek sou graag wou weet hoe Anderman se vrou – wat juis ’n verfrissende spel met taal oplewer, en die leser telkemale uitdaag – verkoop teenoor sy ander titels, wat dalk sterker steun op aksie en die vreemde?

André Krüger se Moeilikheid was vir my die perfekte voorbeeld van hoe ’n skrywer sy verwysingsveld vir sy lesers gaan verdiep en hom met nuwe gegewens uitdaag. Ek verwag ook niks minder van sy kraakvars nuwe roman, Geen engel nie, nie. Daarteenoor was ek geweldig teleurgesteld in die nuwe Piet van Rooyen. By die brandende berg, eerder as wat dit krities te werk gaan om die gegewens van die “diepste, donkerste Afrika”-verhaal te beskou en dalk ook te ondermyn, kom verskeie passasies geweldig naby daaraan om geweld teen vroue en kinders, en blote Afropessimisme, in ’n nuwe baadjie op te dis. Wie sou die teikenmark wees vir so ’n verhaal? moet ’n mens hardop wonder.

Sjoe. Nogal ’n mondvol, ek weet. Val in, net waar jy lus kry.

Early days, maar ek hoop 2020 se oes gaan ons harte bly maak met onvergeetlike karakters, interessante temas, bevredigende ontwikkeling van gegewens en uitstaande teksversorging en redigering. Mag dit ook dan ’n jaar wees waarin die boekdiskoers floreer, en die polemiek rondom boeke asook resensies en besprekings van ’n hoogstaande gehalte sal wees.

Ek sien uit om van jou te hoor.

Beste groete

J

 

E-pos nommer twee: Deborah Steinmair antwoord

Dankie vir jou mooi woorde, Jono. Ek het eweneens respek vir jou flink brein, en omdat ons al twee se hart boeke en nie tjoklits nie klop, en oor jou af humorsin en jou mooi groot Joodse oë. Ja, so ’n familietwis in die Kersseisoen is ’n lelike ding. Huishoudelike geweld. Ek is ook maar vinnig met die vuiste. Ek vergewe jou ook vir die blouoog; dis nou ou koeie, maar ek wil tog nog iets daaroor sê: Ek was bebliksem vir jou omdat ek gevoel het dat jy in jou aanval op my (ná my vrae oor die outeurskap van Gedeeltelik bewolk) op iemand anders se instruksie optree, dat jy nie ’n vry man is nie. Ek wil bo alles ’n vry fokken vrou wees (dankie Antjie).

Kyk, ek gaan dit reguit sê: Ek vermoed jy is ’n influencer vir NB en jy dans na die groot kanonne se pype. Erken ’n mens ooit as jy so iets is? Ek het die advertensie op hul Facebook-blad met groot geamuseerdheid gadegeslaan: “Wil jy ’n influencer wees?” Dan word ’n mens gekeur, al is daar glo nie van betaling sprake nie. Hulle gaan na hoeveel invloed jy op hoeveel platforms het en as jy nie weer van hulle hoor nie, moet jy aanvaar jou aansoek was onsuksesvol.

Asseblerrieblief.

Nee, ek is nie lus om oor 2019 se boeke te gesels nie. Dis ou nuus. Ons stem in breë trekke saam, veral oor die paradigmaverskuiwende, dromerige deurdrumpel wat deur LitNet se groot indoena geskryf is. Ek is bly om te sien daar was ’n paar boeke waarvan jy nie gehou het nie, want dit is my enigste beswaar teen jou deurgekomponeerde, weldeurdagte en welsprekende resensies: Jy is te positief. Alles kan nie ’n kragtoer wees nie. Maar jou entoesiasme is lieflik.

Ek het tans sorge van my eie. Ek slaan my jaskraag dramaties hoog teen die snerpende wind en tuur nonchalant na die horison nadat ek betrap is waar ek in die konsistorie gepoep het. Dit was Michiel Heyns se woorde ná ’n artikel in Vrye Weekblad waar ek gewys het op ’n negatiewe resensie uit Brittanje en vrae gevra het oor ’n Hertzogpryswenner. Die Akademie slyp hul messe vir my. Ek trap telkens in die perdedrol en leer nooit nie, want ek glo ’n mens moet die vryheid hê om vrae te stel. Die heilige koeie soms ’n skoppie op die gat te gee. Wat dink jy? Ek glo vir geen oomblik jy is so gedweë en lieftallig soos jou gesig suggereer nie, dat botter nie in jou mond smelt nie.

Is ons letterkunde te klein en marginaal om enige sogenaamde ondermyning uit eie geledere te oorleef? Hoe voel jy oor spoeg en plak, oor leen en aanpas, pastiche en collage, steel en plunder? Waar is die streep in die sand?

Gits, omdat ek so aandag-afleibaar is, kan ek nou skaars jou vrae onthou en begin sommer my eie afvuur: Dink jy skrywers of hul uitgewers moet op resensies en artikels repliek lewer?

Jy is een van die mees belese mense wat ek ken, jy en Louis Gaigher. Julle lees selfs meer as ek. Dink jy nie ons moet die groter prentjie ook dophou nie, al het ons skaars tyd om die plaaslike aanbod agter die blad te kry? En dan is daar nog Engelse Suid-Afrikaanse fiksie en niefiksie. My oë word so moeg, dis al. Ek kan Lou-Marié Kruger se Of motherhood and melancholia nie sterk genoeg aanbeveel nie. Dis eenvoudig lieflik en hartverskeurend.

Nou hoop ek jy gaan my vertel of jy ’n influencer is en indien wel, hoekom? Ek weet boeke is duur, maar regtig. En wat jy dink van leen en uitlig en aanpas van ander se tekste? Ek gaan eers weer jou woorde lees om te sien of daar nog iets is wat ek wil antwoord.

Nou goed, dan sê ek maar iets oor 2019 se boeke: Oor André Krüger: Hy is intussen my kollega (vind ek nou die dag toevallig uit), maar lank voor ek hom geken het, het sy romans my geïmponeer. Daar is iets verdiepend, soos jy sê, en heeltemal universeel aan sy boeke. Dit kon in enige land afspeel. Maar genoeg daarvan, ek hou nie juis daarvan om met jou saam te stem nie – waar is die vreugde daarin?

O, en oor die swak teksversorging: Ek staan nou self agter die deur. By Protea moet ons alles self behartig; byna niks word uitgekontrakteer nie. Ek het gereken ek is ’n redelik goeie taalversorger, maar moes tot my skok agterkom dat dit nie waar is nie. Ek lees te vinnig en ly aan ’n soort disleksie waar dele van woorde omgeruil word, blitsig, typos outomaties gekorrigeer word. En omdat ek so lank reeds paragrawe op ’n slag lees, is dit vir my moeilik om lettergreep vir lettergreep te lees. En ek kan jou verseker, die foutlose boek bly ’n onmoontlike droom. Maar ek leer.

Goed, die volgende sal ek probeer beantwoord: “My vraag aan jou as ywerige spanningsverhaalleser is dus: Wanneer is daar eenvoudig te veel karakters, storielyne, of wendings? Dalk nog belangriker: Met al hoe meer skrywers wat, soos te verwagte, die mark van spanningsverhale sal betree in die nabye toekoms, word die debuutskrywer genoeg streng leiding gegee, en genoeg teen hom- of haarself beskerm? Is ons nog geneig om te sê: ’Ja, dit was goed, vir ’n debuut’?”

Veral noudat ek redakteur is en daagliks met ander se tekste worstel, besef ek toenemend dat daar eenvoudig geen resepte bestaan nie. Jou teks mag so woelig soos ’n Tolstoi wees, as jy dit kan hanteer. Ek dink aan al die storielyne, karakters en wendings in Biblioteek aan die einde van die wêreld. Maar ja, jy vra spesifiek oor debuutskrywers. Toe ek nog resensent was, was ek geneig om aan debuutskrywers genade te betoon. ’n Mens wil nie die voël uit die lug skiet voordat sy vlerke sterk is nie. Ja, ek glo redakteurs moet debuutskrywers teen hulself beskerm. Die werklikheid is egter natuurlik dat die tyd ontbreek om indringende manuskripleiding te gee; as ’n redakteur reken ’n boek behoef te veel werk, word dit weggewys. Gelukkig is daar baie bedrewe vryskutvroedvroue.

Jy wonder ook of Bettina Wyngaard se aktivisme en weeklikse LitNet-rubriek ’n bate of ’n las is vir haar loopbaan as krimiskrywer. ’n Professor het eenkeer vir my gesê hy wil soos die woorde op die ou TDK-kassette wees: high output, low noise. Ek het eenkeer vir Fransi Phillips gesê sy moenie soveel filosofiese wyshede (dikwels polities aanvegbaar) op Facebook deel nie, dis pêrels voor die swyne. Bly misterieus, hou dit vir jou boeke. Moenie dat hulle jou sien aankom nie. Maar in Bettina se geval en met die soort krimi’s wat sy skryf (feministies), glo ek nie haar aktivisme op LitNet sal skade doen nie, eerder die teendeel.

Dan sien ek ook uit na jou antwoorde, kameraad.

 

E-pos nommer drie: Jonathan Amid reageer

Goeiedag, kameraad D. Ek hoop jy’s nog vuur en vlam na die afgelope week se hondepraatjies? Soos dit maar gaan met honde, word daar altyd iewers ingestorm, alles wat leef en beef word gelek, en iewers word drolle soos basaarpoeding opgeslurp. Ek sal ’n bietjie later my muntstukkie in die roomysbak gooi oor spoeg-en-plak en die kulkuns van letterdiewe, maar ek wil tog eers by ’n paar redelik persoonlike opmerkings stilstaan. As jy nie omgee nie.

Jy sê jy het respek vir my, in breë trekke, en dan ook respek vir my “mooi groot Joodse oë”. Kan ons gou hier stilstaan? Dink jy nie dis ’n tikkie neerbuigend en totaal beside the point nie? Wetenskaplik gesproke dink ek nie my oë is juis besonder groot nie, maar hulle werk goed genoeg om te kan sien as iemand so ’n bietjie die spot dryf. Dan vra mens: “To what end?” Stel dit so: As die rolle omgeruil was, en ’n man in sy vyftigs grappig-ernstig verwys het na ’n jonger vrou se oë, of mond, of wat ook al, sou jy gemaklik gewees het daarmee? Dra dit enigsins by tot die gesprek, of is dit bloot vermakerig? As ons op loop gaan met Joodse oë, sou ons seker iewers ook by die Bybelse Deborah uitgekom het. Was sy ’n vrou van edele inbors? Dan dink ek aan Casper de Vries se Esliema en haar “parrot”, en hoe dit nie “applicable” is tot wiskundige geletterdheid nie. Seker so met groot Joodse oë ook. Dit dan daar gelaat. Eish.

Dan die ophaal van “ou koeie”, soos jy dit noem. Die kontroversie rondom die roman Gedeeltelik bewolk en my onderhoud met Ruan Kemp op LitNet. Jy praat van my “aanval” op jou omdat jy durf om vrae te vra en om jou “vrye fokken vrou wees” te beoefen. Nou ja. Een sin kan seker ’n aanval wees, en een man kan seker ook ’n army wees. ’n Mens kan enige mens onder die son van byna enigiets verdink. Dit beteken nie vir een oomblik dat die storie waar is, of dat daar selfs ’n greintjie waarheid daarin steek nie. Net omdat iemand iets dink, en dan hardop sê, beteken dit nie dat die heelal skielik begin saamspeel en dit so sal bewillig nie. Dan kom jy uit by jou eintlike punt, een wat jy ter beklemtoning dan later in jou repliek ook herhaal: dat ek ’n handpop is, ’n mandaryn, ’n kniebuiger, ’n bietjie van ’n lamsak, ’n jellievisskrywer, ’n jong resensent en boekejoernalis op soek na ’n ruggraat. Almal my woorde hierdie, maar dis tog die implikasie. Hierdie jong man tree op volgens ander se instruksies, so moenie wat hy sê en doen te ernstig opneem nie. He’s a little bit tainted, a little bit bent. He’s an influencer, kids. Ek slaan my oë op na die hemele en bid vir reën, Deborah. ’n Influencer? Regtig? Wat dan volgens jou navorsing ook nie ’n sent deur NB-uitgewers, namens wie ek kamma influence, betaal word nie? Om ons vriend Karl Marx gruwelik te verdraai: ’n Mens kan nie boeke eet nie. Of jy kan, as jy dan vinnig wil braak. Dis hoe ek hierdie verdagmakery sien: as pure galbrakery, niks meer of minder nie. Oor jou motivering vir hierdie “observasie” wil ek liefs nie spekuleer nie. Ook nie juis oor jou griewe met NB-uitgewers nie. Dit het niks met my uit te waai nie. Dis algemene kennis dat jy op ’n kol ook in hul skrywersgeledere was. Wat daar gebeur het, weet ek nie, en dis beside the point. Daar was reeds in een van die kommentare op een van die Red Dog-stukke genoem dat beide Ruan Kemp en Willem Anker by NB publiseer. En dan jou aantyging dat ek ook in die NB-sakkie is. Daar vorm ’n patroon hier: drie betreklik jong wit, Afrikaanse skrywers (ek sluit myself in die breë hierby in) wat in die loop van ses maande in die openbaar “aangeval” is. Dis hoogs ironies dat ’n huidige Protea-uitgewer ’n voormalige Protea-skrywer nou so takel.

En nou kom ek uit by my motivering om ’n indringende onderhoud met Ruan Kemp te doen, nadat jou stuk op Vrye Weekblad gepubliseer is. Daar is onomwonde verklaar dat die jong Kemp hom aan ongerymdhede en oneerlikheid skuldig gemaak het, en dat sy uitgewer pa moet staan vir ’n gekompromitteerde literêre artefak. Iets wat saam met die debuutskrywer reis sedert die publikasie – dat daar iets oneties, onbedagsaam en uiters verdag vaskleef aan die weefsel van al daardie woorde. Ek het die roman gelees voor die artikel, en was nogal omgekrap oor die aantygings. Een van die redes was uiteraard dat ek myself in Kemp se skoene kon plaas met ’n klein verbeeldingsprong: Sê maar ek wil oor so tien jaar debuteer, en ek word so gruwelik onder ’n vergrootglas geplaas en daar word artikels oor my gepubliseer sonder dat ek eers kans gegun word om daarop te reageer? So iets – en ek beskou myself as geestelik sterk – sou my ’n moerse knak gee. Dis toe dat ek besluit om die onderhoud met Ruan te doen. Ek het beslis verwag om ’n onderhoud met hom te sien in die Huisgenoot, of in By, of in Rapport. Maar nee. Tjoepstil. Dit was inderdaad meer as net gedeeltelik bewolk, maar nie ’n druppel reën het kom val op Ruan Kemp se kop nie. Hy moes maar in die woestyn rondploeter. Nee. Die lyn in die sand moet soms oorgesteek word. What’s fair is fair. As jy dink my gesprek met Ruan was langer en deegliker as die ander onderhoude wat ek al op LitNet gevoer het, gaan lees bietjie ’n paar. Ek voorsien vir jou ’n paar skakels. Sela.

Skrywersonderhoude

https://www.litnet.co.za/gedeeltelik-bewolk-n-onderhoud-met-ruan-kemp

https://www.litnet.co.za/skrywersonderhoud-andre-kruger-oor-redelike-hoeveelheid-moeilikheid

https://www.litnet.co.za/doodsengel-n-onderhoud-met-madelein-rust

https://www.litnet.co.za/die-dekonstruksie-van-retta-blom-n-onderhoud-met-zelda-bezuidenhout

 

Resensies

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/jagter-en-prooi-kort-dalk-nuwe-lewe-20180429

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/een-van-paar-bliksems-agter-die-moord-20190310

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/morsige-blik-agter-die-wyngordyn-is-maar-saai-20190324

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/n-ondier-wat-dikwels-en-dawerend-vir-die-leser-brul-20190414

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/boek-se-fantastiese-gegewens-bly-agter-wasige-sluier-20190512

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/monster-uit-middestad-se-bloederige-wraak-20190818

https://www.netwerk24.com/Vermaak/Boeke/klikbek-verryk-ons-krimikorpus-20190927

 

Oor 2019 se boeke wat jy nie lus is om oor te gesels nie: nou maar goed. Ek volstaan by my vorige skrywe. Ek verskaf wel graag vir jou ’n klomp skakels na resensies van die afgelope jaar of so waar ek telkemale kritiese opmerkings maak, en motiveer. ’n Paar van die resensies is uiteraard hoofsaaklik negatief, en besweer jou vrese dat ek dink alles is ’n “kragtoer”. In jou eie woorde dan: Asseblerrieblief! Kyk sommer uit vir dié naweek se resensie van Piet van Rooyen se By die brandende berg as jy nog twyfel of ek kan krities skryf. Ek kan, en ek doen dit ook. Gereeld. Ek waardeer wel dat jy belangstel in my resensies. Miskien net meer stip lees.

Dalk iets waaroor jy en ander gewonder het, wat ek gou kan uitklaar: Weens die feit dat ek deesdae so gereeld resenseer, en weer vir LitNet skryf, het ek besef dat ek nie ook – soos jare gelede wel, toe ek nie in die dagblaaie resenseer het nie – teksredigeerder kan wees nie. Ek doen wel privaat redigering en manuskripontwikkeling, wat ek vrek baie geniet, maar daar is geensins ’n geval van iemand wat vir ’n mededingende uitgewery as uitgewer werk en redigeer en dan ook ander uitgewers se boeke resenseer nie. So ’n stand van sake klop bloot nie vir my, maar jy voel anders oor die saak.

Ek lees elke week met graagte en genoegdoening jou stuk in Vrye Weekblad, maar dit val op dat dit nie soseer resensies is nie, eerder lesersindrukke. Jou entoesiasme weekliks is merkbaar! Ek wil my gewoonlik na die boekwinkel toe haas wanneer ek lees wat ’n “kragtoer” die boeke is en hoe hulle my “hart gaan breek”. Baby, it hurts so good!

Charl-Pierre Naudé het juis Maandag in sy “Boekevat” ’n prikkelende stuk geskryf oor die stand van die plaaslike resensiekunde. Dit het my laat dink aan prosaskrywers wat ook boekresensente is. Dalk iets wat ons in die volgende aflewering kan bespreek?

Ek waardeer jou kompliment dat ek baie lees; dit is inderdaad so. Ek het ook Lou-Marie Kruger se boek uitstekend gevind, en het baie onlangs ook die nuwe André Krüger, Geen engel nie, en Nathan Trantraal se kragtige Oolog, verslind. Die skrywers van ons, hulle wikkel! Om baie te lees, en om krities en met begrip en inderdaad goed te lees, is egter nie gelykstaande nie. Ek hoop om na die regte kant toe te neig. Die groot Joodse oë kan ook net soveel lees voor dit rooi en “verblok” raak.

Wat ek al hoe meer in ons piepklein dampkringetjie, ons troebel poel, besef, is dat daar dikwels wild en aanhoudend afgevuur word, maar dat die teiken met reëlmaat misgeskiet word.

En hiermee bedoel ek die teiken behoort ’n bepaalde idee, konsep, beweegrede, tendens of patroon te wees, nie bloot ’n persoon of persoonlikheid nie. Ek dink nie dis waar dat ons lettere nie teenstand van binne duld nie; ek dink eerder dis ’n geval van baie mense wat baie omgekrap raak wanneer ’n verdagmakery sonder die nodige skietgoed die voortou neem. Die hoogste bome vang dalk die meeste wind, maar mens moet hulle nie sommer afkap vir vuurmaakhout nie. Verder: Jy het my al vantevore aangehaal, en ek volstaan daarby, die idee van “hoe meer stemme, hoe meer vreugde”. Ek glo dit steeds. Maar dan moet mense wat wil stry, die boeke lees, in goeie gees tot die debat toetree, en nie die posisie van slagoffer inneem as eerste posisie nie. Die gevegte raak seker maar so lelik omdat die pastei so klein is en almal mekaar ken. In 2020 gaan kwasiintellektuele uitsprake en pseudowetenskap ons nêrens bring nie. Ons sal die probleem van die “persoonlike” en “persoonlikhede” en eiebelang kaalvuis moet aanspreek.

Jy noem dat die Akademie hul messe vir jou slyp. Hoe dan so? As ek jy was, het ek my nie veel daaroor gepla nie. In beginsel ondersteun ek jou Operasie Gatskop Die Heilige Koei een honderd persent. Laat ek dit onomwonde so stel: Die vrae vra, en die gesprekvoering, is broodnodig. Absoluut en sonder enige twyfel. Groeipyne is goed. Motiverings gee is iets wat almal in wese kan en moet ondersteun. Maar dis die manier waarop dit gedoen word wat soms pla.

Oor spoeg en plak, leen en aanpas, pastiche en collage, steel en plunder: Kom ek hou dit maar kort. Dit word uiters problematies wanneer vier (minstens) verskillende “werkswyses” of “prosedures” sommer so saamgegooi word. Dis regtig nie sommer net twee kante van dieselfde munt nie, en nogal moedswillig om al die bogenoemde sommer in een sak te dompel. Ek het jou stuk oor Red Dog in Vrye Weekblad gelees, ook die opvolg/repliek, en die ander bydraes, en interessant genoeg was daar geen teken van ’n verwysing na David Shields se Reality hunger nie. Ek het nou al my vingers stomp getik, so ek gaan nie Shields se betoog indringend hier bespreek nie, maar hy kom vorendag met die idee dat daar nie meer so iets soos plagiaat is nie, en dat alles ’n teks is – plunder dus maar voort. Ek stem nie met hom saam nie, en ons het iets soos kopiereg en die regte van outeurs om hul teen kwaadwillige aksies te beskerm.

Wat Willem Anker juis in Buys gedoen het, en Michiel Heyns se vertaling – met iets soos subvertalings nog in die mix – is om die hele idee van grense te problematiseer. Grense tussen mense, territoriale grense, mens en dier, beskawing en agteruitgang, die grense tussen liggaam en taal, geskiedenis en die hede, held en booswig, en natuurlik grense tussen epistemologie en ontologie. Vervlaks, die HELE BOEK (Buys en Red Dog) is een intertekstuele netwerk wat metafiksioneel gaan torring en grou en krap en knaag en skiet en byt en verwond aan hoe ons Geskiedenis met ’n hoofletter G verstaan. As jy fyn genoeg lees, is die stempel van erkenning – van ander skrywers, van ander tekste, van die reste van die geskiedenis en die uiteindelike gebrek aan die finale woord oor enige historiese figuur of tydperk – sigbaar op elke bladsy. Anker doen die fynste borduurwerk, al is sy geheelbeeld skrikwekkend.

Die suggestie van plagiaat is een wat ek, en ek is seker ook hy en sy vertaler en uitgewers, met minagting verwerp. Ek dink skrywers of hul uitgewers moet negatiewe resensies aanvaar en aanbeweeg, en stilte is ook ’n antwoord, maar dis ’n ander storie wanneer die integriteit van ’n party verdag gemaak word. Dan glo ek beide die skrywer en die uitgewer het die volste reg om tot die gesprek toe te tree.

Oor teksversorging, ontwikkeling en die druk op die uitgewer: Ek kan skaars glo dat daar soveel druk is op jou om amper alles met die “worstel” met tekste self te behartig. Dit maak dit inderdaad baie moeilik om vir skrywers baie leiding te gee, en daar is die gevaar van ’n enkele oog op die teks eerder as wat daar meer as een opinie oor die potensiaal van ’n teks ingewin word. Elke leser het blinde kolle. Daarom dink ek die model van keurverslae werf is ’n noodsaaklike deel van die proses. Gits, dis ’n groot deel van my werkslewe elke maand – om die druk op die uitgewer te verlig, en om te help met leiding gee. Ek probeer omvattende, uiters kritiese verslae te lewer.

Lekker lees dié week!

Beste groete

Kameraad J

 

E-pos nommer vier: Deborah Steinmair se antwoord

Beste kameraad

Sjoe, dis ’n mondvol. My klein Hongaarse oë (my oupagrootjie is van daar) trek nog skeler. Oor die groot Joodse oë: Almal wat my ken, weet daar bestaan nie hoër lof as Joodsheid in my koker nie. Jammer as ek aanstoot gegee het. Ek het gemik vir ’n familiariteit, vir heen en weer skerm soos soort van disfunksionele huweliksmaats.

Ek gaan dit kort hou: Jy het nie geantwoord of jy ’n NB-influencer is nie.

My artikels is opiniestukke, nie resensies nie, Charl-Pierre.

My uiteindelike gevolgtrekking was soos joune: Sogenaamde plagiaat is nou aan die orde van die dag en heeltemal aanvaarbaar, niks om ’n bohaai oor op te skop nie.

Ek wag steeds op ’n samehangende antwoord van NB. Daar word soveel stof opgeskop. Is dit nie dalk ’n interne H&R-aangeleentheid waar een van hul skrywers (ek) ’n ander (WA) beoordeel nie?

Ek het niks teen NB nie, behalwe hul onaantasbaarheid. Dis toevallig dat al twee boeke waaroor ek vrae gevra het, uit hul stal is. Ek besing hul boeke gereeld, soos jy self sê.

Oor Protea se proses: Dit werk lieflik. Daar is beslis meer as een paar oë en ’n mens is deurentyd bewus van die hele proses. Ns: Ek is nie ’n Protea-influencer nie. 

Lekker lees en ek sien uit na jou roman. Ek gaan dit nie resenseer nie, want ek mag nie meer resensies skryf nie.

The post Duiwelsduo: die eerste boekeoorlog appeared first on LitNet.

Video: Launch of White fragility: Why it's so hard for white people to talk about racism by Robin DiAngelo

$
0
0

White fragility: Why it's so hard for white people to talk about racism by Robin DiAngelo was launched on Wednesday, 13 November 2019 at The Book Lounge, Cape Town. Robin was interviewed by Ruben Richards.

Robin DiAngelo (Photo: Menán van Heerden)

About the book

Title: White fragility: Why it's so hard for white people to talk about racism
Author: Robin DiAngelo
Publisher: Penguin Random House
ISBN: 9780141990569

A practical, crystallising guide for how white people can change the way they communicate and fight racism.
 
Anger. Fear. Guilt. Denial. Silence. These are the ways in which ordinary white people react when it is pointed out to them that they have done or said something that has - unintentionally - caused racial offence or hurt. After, all, a racist is the worst thing a person can be, right? But these reactions only serve to silence people of colour, who cannot give honest feedback to "liberal" white people lest they provoke a dangerous emotional reaction.
 
Robin DiAngelo coined the term "white fragility" in 2011 to describe this process and is here to show us how it serves to uphold the system of white supremacy. Using knowledge and insight gained over decades of running racial awareness workshops and working on this idea as a Professor of Whiteness Studies, she shows us how we can start having more honest conversations, listen to each other better and react to feedback with grace and humility. It is not enough to simply hold abstract progressive views and condemn the obvious racists on social media – change starts with us all at a practical, granular level, and it is time for all white people to take responsibility for relinquishing their own racial supremacy.

The post Video: Launch of <i>White fragility: Why it's so hard for white people to talk about racism</i> by Robin DiAngelo appeared first on LitNet.

LitNet: Jou Duiwelsduo

Mister God (in die styl van Mister God, this is Anna)

$
0
0

Mister God, dis Bettina hierso.

Skies dat ek pla, ek wiet daa’s baie anner belangrike goete wat u besag hou. Maa’ die saak staan soe, Cyril, ôs president, het gesê ôs moet maa’ met u praat oorie land se proebleme. Is anyway maybe bietere soe, want hy is elke kee’ net geskok as daa’ iets gebeur. Mens sal amper sê hy issie in charge vannie land nie, die way hy aangaan.

Miskien moet mens maa’ bid vir ʼn anner government, want dié ene vang net k... – sorry, ek bedoel strooi aan. Ek mien nou maa’, kyk wat gaan aan met die Airways. Ek is nou nie ʼn ekonoom soos die slim mense wat oor die goete praatie, soe ek het maa’ bietjie gaan raad vra. Doris run ʼn spaza shop, en Thobeka ve’koop walkie talkies oppie plein, so hulle ken van besagheid. Toe vra ek hulle, maak die ding van die bailout vi’ hulle business sense? Cyril is mal in sy kop, sê hulle al twie. Thobeka explain die ding soe. As djy meerdere geld wil maak, dan moet djy meerdere walkie talkies ve’koep. Of djy moet jou prys opstoot. Maa’ daai werk oek net tot op ʼn punt. As djy jou prys opstoot, dan moet djy dit virrie customer worthwhile maak om an te hou koep. Annerste gan koep hulle net by ʼn anner merchant. Is soe simpel soes daai.

En Doris vertel haa’ kleinkind het besluit om oek ʼn hair salon te begin. Ma’ sy gie virrie mense op skuld, en dan betaal hulle nie. Toe vra sy vir Doris vir geld. Ek mien, sy wil mos haa’ kleinkind help, toe gie sy die geld. Toe spend die kind dit op klere. Dis haa’ raise, vertel sy. Next time toe sy wee’ innie moelikgeit is, toe sê Doris nee, sy gie nie wee nie. Nie as dit vir nog ʼn raise gaan nie. Soe, Doris en Thobeka sê al twie Cyril bietere uitvind hoevel van daai bailout gan vi bonuses en salaries, en hoevel gan om die problem te fix. Hulle begint al klaa’ ve’keed. Waa’ kan jy meerdere geld maak as djy die flights minnere maak? Is mos versin. Plustens, die flights is altyd laat, hulle drop hulle customers somme’ enage tyd en die airplanes bly permie stukkend. Soe, daa’ issie customer satisfaction ’ie.

Nou hoe mien hulle moet Cyril maak, vra ek. Firstly, fire al daai loafers, die executives ennie consultants wat net elke maand pay collect en niks betieken nie, sê Thobeka. En maak reg die planes. En behandel hulle customers en hulle employees bietere, plak Doris stamps op.

Maa’ toe lyk dit hulle bors raak warm, want toe begin hulle somme’ met Eskom wat hulle prys wil opstoot, maar kantie minner lektriek gie. En dan somme’ enage tyd vannie dag of nag die lektriek ko’ afsit. Besides, wanne’ gaan iemand plan maak met daai Molefe-jong wat ’ie sy pension kan trugbetaal ’ie? Hoe lank issit nou al? Toe Doris net ʼn maand laat was met die R36 wat sy die hospitaal skuld, toe kry sy ʼn lawyer’s letter. Nou hoekom kan niemand vi’ daai jong ʼn lawyers letter stuur ’ie? En virrie Guptas en allie anner wat ôs so gebesteel het? Hoeko’ gebeu’ daa’ niks met hulle nie?

Mister God, ek gan maa’ nie repeat die tale wat Thobeka en Doris gebruik het toe hulle oo’ Zuma beginne praat ‘ie.

En daai outjie van health wat vi’ ôs ammel se pille moet so’g, wat sy niggie in charge sit. Oukei, as sy wiet wat sy doen dan issit sieke’ nie soe bad nie, maa’ sy was dan al klaa’ gloe met haa’ vingers innie till. En as sy ôs pillegeld opiet, dan wat word van ôs siek mense? Moet ôs nou maar net sat gan, finish en klaa’? Hulle vat ôs ammel vi nawtas, soe mien Doris en Thobeka. Dit nadat Cyril soe gebeloewe het vannie new dawn waa’ daai goete nie mee’ gaan gebeu’ nie. New dawn se ma se ... – sorry, Mister God, maa’ my bors raak warm as ek sien hulle dink mens is onnooslik.

En die slim mense wat sê is net vasbyt, ôs is biesag om te wen, hulle praat str... – sorry Mister God, hulle praat nonsens. Hulle het mos hullese blue chip en black card en allie anne’ kleure vannie rainbow om hulle te cushion. Maa’, sê Thobeka, die brood raak al hoe duurdere, en ’ie taxi se prys gan op, en ’ie hout. En ’ie slaghuis het die hoenerpote se prys oek opgestoot, wan die petrol gan op. Maa’ die allpay bly dieselfde, en sy kan nie haa’ walkie talkies se prys opstoot ’ie, want dan kan haa’ customers dit ’ie afford nie. Ammel trek swaar. Behalwe die slim ekonome wat klomp geld het. Ennie politicians wat dikgevriet is an ôs tax geld. Sorry Mister God, maa’ dis wat Thobeka gesê het. En die arm mense wat die swaarste trek, het die minste tyd om te wag vir Cyril om sy vinger uit te trek.

Want sien, Mister God, dis ’ie ding. As djy geld het, kan djy afford om te wag. Djy kan investments in kontant omsit, of djy kan property vekoep. Ammel wil hoeka nou ve’koep, want hulle willie ge-expropriate sonner vergoeding wiesie. Stupid virrie ou wat nou dink hy kry ʼn gelukkie en koep, ma’ daai issie my besagheid ’ie. Maa laat ek trugkom na die punt toe. Die punt is, hulle het options. Die arm mense hettie options nie. Hulle maag is al kla aan ’ie rugstring vas, daa’ issie nog bietjie cushion nie. En dis wat die slim mense vegiet. Vasbyt en deurdruk we’k net as djy iets het.

As djy klaa’ op jou laaste is, wat is daa’ dan? Sweet blow all. Al wat dan oorbly, is ommie N2 toe te maak en karre met klippe te gooi. En af te brand, want dis al taal wat ’ie government verstaan, smaak my. En ’ie wit mense begin dan moan, want hulle word mos oek nou ge-inconvenience. Hulle worry nie as ôs ôs eie skole afbrand ’ie, en ôs eie plekke ve’niel nie. Maa’ die moment hulle eie convenience at stake is, dan sien djy hoe vinnag develop hulle ʼn social conscience. Met die white privilege colonial houding ko’t oppie hakke. Dan moet ôs hoor hoe hard hulle gewe’k het om te kom waa’ hulle is. Nevermind dat apartheid hulle ʼn lekke’ leg-up gegie het. Nevermind dat hulle bietere skole gehad het, en sommige jobs vi’ hulle gereserve was, en ôs uitgesit was solat hulle ôs property vi’ ʼn appel en ʼn ei kon koep.

Nou, Mister God, Cyril het gesê ôs moet met u praat oorie saak. Nou wonner ek net. Ko’ visit hy darem soe nou en dan vi’ u? Of wag hy tot ‘it wee’ election time is, dan issit mos somme’ elke Sondag innie kerk.

Dankie virrie oor. Ek voel somme’ al klaa’ bietere. Ek willie vra vi’ iets ‘ie, ek wiet u is biesag. Die Chinamense het mos daai Corolla-virus. En daa’ is altyd oorlog iewers. En hongersnood, en brande. En climate change wat ôs ammel nog gaan sat maak as Cyril se policy dit ’ie ee’ste doen nie.

Soe’ ek wiet u hanne is vol. Maa’ as u ʼn omblikkie het, ko’ sort ôs uit asseblief?

The post Mister God (in die styl van <em>Mister God, this is Anna</em>) appeared first on LitNet.

Bombshell – solid entertainment

$
0
0

It’s not a perfect film, not by a long shot. It’s a bit shallow, it glosses over Megan and Gretchen’s bigoted views and is sappy at times. But who cares? It’s hugely entertaining. More importantly, it does perfectly capture the misogynist culture women across the world deal with daily.

What makes the film exciting to watch is the high-pressured newsroom feel it has - the breakneck speed at which things happen, possible scoops, fast dialogue, real-life battles with personalities such as Donald Trump, etc.

Megan (and Gretchen) breaking the fourth wall and narrating parts of the film breaks down the systemic misogyny of their world into bite-size, at times humorous, but totally comprehensible chunks of information. (Interesting fact: Gretchen Carlson signed an NDA, which basically muzzled her. She was not allowed to be a part of this film or story. Luckily other people told it on her behalf.)

Much has been said of Charlize’s physical transformation into Megan. It is quite something to behold, as Charlize completely disappears behind the prosthetics and make-up. She doesn’t quite become Megan either. She’s a hybrid between the two, which I found terribly effective, as Megan Kelly in real life is quite a closed-off, weirdly doll-like individual.

There is a hoo-ha in the press, about the real Megan and Gretchen’s often racist, often bigoted opinions being glossed over in the film. The question is, does that negate what they suffered at the hands of Roger Ailes? I think not. Bombshell might use well-known and flawed personalities to draw a crowd, but the story the film tells could’ve taken place in any firm, in any industry, across the world. It is an important story to tell.

One of the best scenes is where Rudi Bakhtiar (Nazanin Boniadi) is promised a position in Washington in exchange for showing Brian Wilson, former Fox News Washington bureau chief, the inside of her hotel room. Her inner dialogue (marked in italics below) contrasts so completely with what she says. As a woman, I’ve all been there.

“You do get how I feel about you right, Rudi?”

Oh, fuck, fuck, fuck. “I am glad you said that, Brian, because I really respect you too.”

“No, no. I mean, how I really feel.” Just look confused. “All I want from you Rudi, is to see the inside of your hotel room.” Goddammit. “That’s all it’s going to take.”

Don’t react. Make it your fault. “Brian, if I’ve done anything that made you think I feel that way about you, I apologise.” Friends. “We’re friends.” Professionals. “We have a great professional vibe.” Now sell it. “I just don’t do that.” This is going to ruin my career.

“Now I feel like a creep.”

“No, you are so not.”

Fucking creep.

The post <em>Bombshell</em> – solid entertainment appeared first on LitNet.

Filmresensie: Poppie Nongena

$
0
0

Poppie Nongena
Afrikaans en Xhosa, met Engelse onderskrifte

Draaiboek: Christiaan Olwagen en Saartjie Botha
Regie: Christiaan Olwagen
Akteurs: Clementine Mosimane, Chris Gxalaba, Anna-Mart van der Merwe, Dawid Minnaar, Rolanda Marais, Nomsa Nene, Deon Nebulane

Met Johnny is nie dood nie, en veral Kanarie, het Christiaan Olwagen sy reputasie as regisseur behoorlik gevestig, en Poppie Nongena bou daarop voort. Dis in alle opsigte ’n grootse film, gevul met opruiende aksie, indrukwekkende stelle en ’n outentieke inkleding, onder meer deurdat die karakters vrylik Xhosa praat.

Die bronteks is Elsa Joubert se Die swerfjare van Poppie Nongena, wat in 2000 tereg aangewys is as een van die honderd belangrikste romans in Afrika. Dié verhaal strek oor jare van Poppie se lewe, terwyl die film konsentreer op die waterskeidingsjaar 1976, met die uitkringende Soweto-opstande wat in werklikheid reeds deel van ’n binnelandse oorlog was.

Die draaiboekskrywers verdien absoluut lof vir die veelvlakkige uitbeelding van die komplekse Suid-Afrikaanse werklikheid: die gruwelike gekheid van die apartheidsideologie met sy onbuigsame wette; hardvogtige wit mense teenoor simpatieke wit mense; Poppie se ondergeskikte posisie as vrou, al is sy die broodwinner vir die hele gesin; die rol van die Christelike geloof sowel as Afrika-spiritualiteit; tradisie versus moderniteit; die generasiegaping van woedende kinders teen ’n verslane ouer generasie; die politieke faksies van townshipbewoners en trekarbeiders.

Die einde kom baie skielik, eintlik abrup, maar ná ’n oomblik se nadenke besef ’n mens dis perfek, want die gebeure word in die kyker se gedagtes voltooi. Só word Poppie se verhaal op briljante wyse deurgetrek na die realiteit van 2020.

Afgesien van al die ander redes waarom kykers hierdie film behoort te gaan kyk, is daar Clementine Mosimane in die titelrol – haar toneelspel is eenvoudig in ’n ander klas.

Sterre: 5

Kyk die lokprent hier:

The post Filmresensie: <em>Poppie Nongena</em> appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2020

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Januarie 2020 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende Januarie in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en Jo Prins, nasionale boekeredakteur:

2 Januarie

Kunsblad: Louise Smit, skepper van Haas Das, vier 80ste verjaardag

Louise Smit gesels op haar 80ste verjaardag.

4 Januarie

Kunsblad: 30 jaar ná Etienne Leroux se dood

Verskeie mense deel hul gedagtes oor dié Sestiger-skrywer met die swart klere en donkerbril.

6 Januarie

Kunsblad: T.S. Eliot ‘reik verklaring uit’ 55 j ná sy dood

8 Januarie

Kunsblad: Van Heerden-roman ’n ‘eerste weergawe van geskiedenis’

Die skrywer Etienne van Heerden gesels oor sy jongste roman, Die biblioteek aan die einde van die wêreld.

Kunsblad: ‘Prozac Nation’-skrywer sterf aan kanker

Die Amerikaanse joernalis Elizabeth Wurtzel, bekend om haar boek Prozac Nation, is dood.

13 Januarie

Kunsblad: Boeke bobaas by skrywersfees

Boekprogram tydens die US Woordfees.

15 Januarie

Boekeblad: Goeie nuus vir Afrikaans

’n Boekevat-rubriek deur Jo Prins

19 Januarie

Boekeblad: Le Carré se spioene oorrompelende skimme

Francois Bekker resenseer Agent Running in the Field deur John le Carré.

24 Januarie

Kunsblad: Kry jou muse, dis weer tyd om te skryf!

Die Bloemfonteinse Skrywersvereniging (BSV) vier vanjaar sy halfeeu met temas vir die jaarlikse skryfwedstryd.

25 Januarie

Kunsblad: Radioman omskep programnotas van 30 jaar in boek

’n Versameling van die radioman Rodney Trudgeon se beste programnotas is deur Jonathan Ball-uitgewers uitgegee.

27 Januarie

Boekeblad: ’n Stewige bydrae tot Grensoorlog-boeke

Gert van der Westhuizen resenseer In Different Times: The War for Southern Africa 1966 – 1989.

Boekeblad: Lanoye se ‘Lear’ nuwe wyn in ou beleë vate

Joan Hambidge resenseer Koningin Lear deur Tom Lanoye (Vertaler: Antjie Krog).

29 Januarie

Kunsblad: Lapa se kortlys vir jeugromankompetisie

Die finaliste in Lapa se tweejaarlikse jeugromankompetisie is aangewys.

Die Groot Ontbyt 

Leonie van Rensburg het in Januarie die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

7 Januarie

  • Geure deur Lientjie Wessels
  • Wonderwerke op my Siener-pad deur Adriaan Snyman
  • Geen uitspan deur Deneys Reitz
  • Los gedagtes deur Jeanne Goosen

 

 

14 Januarie

  • Die Tippie-reeks deur Jose Palmer en Reinette Lombard (nou in Engels beskikbaar)
  • Gebruik jou verbeelding: Meer as 250 opwindende idees deur Dorling Kindersley (Vertaler: Jaco Jacobs)
  • My Groot Lofkleuterbybel deur Jan de Wet
  • Bybelliedjies vir kleintjies en kleuters deur Gertie Smit

21 Januarie

  • Kom hier dat ek jou soen deur Griet op de Beeck (Vertaler: Christine Barkhuizen-Le Roux)
  • Volmaan oor die Marico deur Herman Charles Bosman (Vertaler: Hendrik Jansen)
  • Die Kuifie-reeks deur Hergé (Vertaler: Sonya van Schalkwyk-Barrois)
  • Asterix-reeks deur René Goscinny (Vertaler: Sonya van Schalkwyk-Barrois)

28 Januarie

  • Net voor die droogte my breek deur Anoeschka von Meck
  • Toy van Carnarvon deur Stephen le Roux
  • Die groot Afrikaanse heldeboek deur Pieter W. Grobbelaar
  • Handskoenpop-badboeke deur Lapa-Uitgewers

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in Januarie op LitNet verskyn:

Resensie: Blood on her hands: South Africa’s most notorious female killers deur Tanya Farber

Resensie: Blinde gode deur Dibi Breytenbach

Grensgeval deur Marita van der Vyver: ’n resensie

Resensie: Die biblioteek aan die einde van die wêreld deur Etienne van Heerden

LitNet Akademies-resensie-essay: Breytenbach in 2019

LitNet Akademies-resensie-essay: Die storie van Afrikaans uit Europa en van Afrika. Deel 2 deur WAM Carstens en Edith Raidt

LitNet Akademies-resensie-essay: Grensgeval as interteks tussen môre en gister

Resensie: Kammaland deur Annelie Botes

Resensie: For the love of the land, saamgestel deur Ivor Price en Kobus Louwrens

Resensie: Tronkhond deur China Mouton

Resensie: The Stellenbosch Mafia – Inside the Billionaires’ Club deur Pieter du Toit

FMR-resensie: Toy van Carnarvon deur Stephen le Roux

Resensie: Doodslied vir Duitsland deur Philip Kerr

Resensie: Suiker Britz – Dossier van 'n speurbaas deur Anemari Jansen en Stefaans Coetzee

Resensie: Die Wonderwese deur Carina Stander

Resensie: Sushi en Shosholoza – Rugbyreise en pelgrimstogte in Japan deur Erns Grundling

Resensie: Klaskamer deur Vita du Preez

Resensie: A sin of omission deur Marguerite Poland

Resensie: Oorlog en vrede – Die morele verbeelding van die mens deur Willie Esterhuyse

Raaiselster: ’n onderhoud met Troula Goosen

"Halala Suid-Afrika": ’n onderhoud met Michael le Cordeur

Skrywersonderhoud: Bun Booyens oor 50 jaar met Fred

Skrywersonderhoud: Carina Stander oor Die Wonderwese

Brand: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Die biblioteek aan die einde van die wêreld: Johann Rossouw gesels met Etienne van Heerden

Video: Book Lounge-bekendstelling van Sushi en shosholoza deur Erns Grundling

Skrywersonderhoud: Carel van der Merwe oor Kansvatter – Die rustelose lewe van Ben Viljoen

 

Skrywersonderhoud: Derick van der Walt oor Toring van Jasmyn

Skrywersonderhoud: Irma Venter oor Sewe-en-veertig

Skrywersonderhoud: Nataniël oor kunstenaarskap en Kyk na my

Skrywersonderhoud: Annelie Botes oor Kammaland

Rapport

Die volgende resensies het gedurende Januarie in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

5 Januarie

Kortverhaal: “Witmeid” deur Kirby van der Merwe uit Die Nuwe Afrikaanse Prosaboek

Skryfnuus: Rachelle Greeff se skryfskool by die Breytenbachsentrum, nominasies vir die Jan H. Maraisprys en die Groot Afrikaanse Romanwedstryd

12 Januarie

Resensie: Jonathan Amid resenseer Sewe-en-veertig deur Irma Venter

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer En daar was dagga deur Heinz Mödler 

Resensie: Theunis Engelbrecht resenseer Hessie Kwedet: Dagga-, dop-, dryf- en verwante ryme deur Pieter W Grobbelaar

Resensie: Joan Hambidge resenseer Haiku from the tip of Africa deur Anthea Pretorius

19 Januarie

Resensie: Nathan Trantraal resenseer Of Motherhood and Melancholia: Notebook of a Psycho-ethnographer deur Lou-Marié Kruger

Resensie: Flip Buys resenseer Gaan Suid-Afrika oukei wees?: 17 Sleutelvrae deur Jan-Jan Joubert

Binnekort op die rak: Nuwe Afrikaanse romans

  • Die afloerder deur Anel Heydenrych
  • Skag deur Jaco Wolmarans
  • Geen engel nie deur André Krüger
  • Bloedsteen deur Irna van Zyl
  • Aanspreeklikheid deur Jaco Fouché
  • Somtotaal deur Anchien Troskie
  • Draairivier deur Engela Ovies
  • Stempels deur Renée Rautenbach Conradie

Binnekort op die rak: Nuwe Afrikaanse digbundels

  • Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ullyatt
  • Tussenganger deur Marius Crous
  • Oolog deur Nathan Trantraal
  • Die heimlike heiligdom deur Kobus van der Riet
  • Winkel van wanklanke deur Hennie Meyer
  • By die dag deur Eunice Basson
  • Uit die kroes deur Lynthia Julius
  • Bientang deur Jolyn Phillips

26 Januarie 2020

Resensie: Balance of Power: Ramaphosa and the future of South Africa deur Qaanitah Hunter en A House Divided: The feud that took Cape Town to the brink deur Crispian Olver, geresenseer deur Jan-Jan Joubert

Resensie: Anna Kemp bespreek Shots from the edge: A photojournalist’s encounters with conflict and resilience deur Greg Marinovich

Resensie: Marian van Wyk resenseer Bloedsuier deur Leon van Nierop

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende Januarie op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

7 Januarie

Boekresensie: Leierskap 101

Nadat ek dié inspirerende boek, wat ’n onapologetiese geestelike strekking het, neergesit het, het ek my verstout deur te wens dat elke persoon in ons land wat ’n leierskapposisie beklee (verál ons parlementslede!) gedwing kon word om ’n kopie daarvan te lees.

Lees die resensie

14 Januarie

Boekresensie: 101 Nagmerries

Ek gaan eerder nie sê of ék dapper genoeg was om die boek van voor tot agter deur te lees nie. Selfs Imile Wepener se illustrasies het die bloed laat stol in my are …

Lees die resensie

21 Januarie

Boek van die maand: Die biblioteek aan die einde van die wêreld

Dit is inderdaad Etienne van Heerden se geronde karakters en die intrige wat die leser op ʼn reis neem, van Boedapest tot Beijing, en die leser wat wil volstaan met ʼn gawe leeservaring meer as genoeg bied.

Lees die resensie

22 Januarie

Boekresensie: Huis van gruwels

Die boek lees soos ’n riller wat jou wind uitslaan. Mens sukkel om te glo dat dit ’n ware verhaal is en nie grieselrige fiksie nie.

Lees die resensie

27 Januarie

Boekresensie: Fouriesburg en sy mense in die Brandwaterkom 1840 – 2019

Dis ’n boek wat op elke Fourie in die land, maar veral dié wat in Fouriesburg of omgewing woon of bande met Fouriesburg het, se koffietafel hoort.

Lees die resensie

28 Januarie

Boekresensie: Grilgrypers-reeks

Kinders hou van bangmaakstories, maar natuurlik binne perke. De Wet Hugo se Grilgrypers-reeks behou ’n fyn balans deurdat dit kinders laat ril en gril met die wete heeltyd in die agterkop dat dit net ’n storie is.

Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 8 Januarie

Ilse Salzwedel gesels met Chris Karsten oor sy nuwe roman Anderman se vrou. Jy kan ook luister na 'n argiefopname uit 1991 waarin die bekende skrywer Audrey Blignaut een van haar essays voorlees. In sy insetsel oor die internasionale letterkunde gee Johan Myburg 'n kort voorskou van boeke wat in 2020 verskyn.

Woensdag 15 Januarie

Ilse Salzwedel praat met Christine Barkhuizen-Le Roux oor haar roman My naam is Prins en ek slaap met die lig aan. Johan Myburg vertel wat in die internasionale boekewêreld gebeur.

Woensdag 22 Januarie

Suzette Kotze-Myburgh gesels met Kerneels Breytenbach oor sy nuwe roman Hond se gedagte. Johan Myburg deel interessante nuus uit die internasionale boekewêreld, en vertel onder andere meer oor 'n nuwe roman wat geinspireer is deur die lewe van die sanger Leonard Cohen.

Woensdag 29 Januarie

Ilse Salzwedel gesels met Sidney Gilroy oor sy debuutroman Klikbek. Jy kan ook luister na 'n argiefopname waarin die digter en skrywer Wilma Stockenström van haar gedigte voorlees. Johan Myburg gesels in sy internasionale bydrae onder andere oor American Dirt, 'n boek wat tans tot groot debat in die VSA lei.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende Januarie op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:

http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 7 Januarie

Digter Hannes Visser praat oor sy bundel Die jaar toe pa… wat in 2019 uitgegee is. Dit is 'n roerende terugblik op sy lewe. Dit is die jaar 1967. ‘n Tienjarige seun in 'n disfunksionele mynwerkshuis op die Wesrand is aan die woord. Met gestroopte verse vertel hy van die mense wat instaan, en help om sin te gee aan wat om hom gebeur. Deur hierdie gedigte ervaar die leser die absurditeit van die staatstelsel in die jare sestig en die wyse waarop ‘n kind sin maak van wat in die grootmenswêreld aangaan.

Dinsdag 14 Januarie

Luister na van die mooiste gedigte deur Petra Müller wat vanjaar 85 jaar oud is. Dit sou baie moeilik wees om die Afrikaanse digkuns en boekebedryf in sy geheel sonder haar in te dink. Die verse waarna jy kan uitsien, kom uit die bundels Die aandag van jou oë en Om die gedagte van geel. Juanita Swanepoel is die voorleser.

Dinsdag 21 Januarie

Luister na gedigte oor berge, daardie fassinerende landskappe wat so bepalend is vir lewe. Wessel Pretorius is die voorleser. Jy kan uitsien na gedigte deur Breyten Breytenbach, Pieter Odendaal, De Waal Venter, Ronelda Kamfer, Marlise Joubert, Daniel Hugo en Louis Esterhuizen.

Dinsdag 28 Januarie

Bome het 'n onbeskryflike uitwerking op die mens se psige waaroor ons digters so dikwels skryf. Joanie Combrink en Charlton George is die voorlesers van gedigte deur Adam Small, Marlise Joubert, Antjie Krog, De Waal Venter, Hilda Smits, Louis Esterhuizen, Christo van der Westhuizen, Jan de Bruyn, Daniel Hugo, Nini Bennett en Johann de Lange.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:

In Januarie het sy die volgende boeke vir Fine Music Radio geresenseer:

Die waarheid oor duiwe deur Gisela Ulyatt

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

15 Januarie

Janien Linde resenseer Chinatown deur Ronelda S. Kamfer

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende Januarie die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

11 Januarie

Die storie agter die storie: Boeke uit Afrika

18 Januarie

Kies ’n boek: Boeke vir jonger en ouer lesers

25 Januarie

Kies ’n boek: Nadraai en Grensoorlogverhale

The post PEN Afrikaans: Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Januarie 2020 appeared first on LitNet.


Afrikaanse strokiesprente en 'n huldiging aan Wim Bosman

$
0
0
  • Alle grafika onderaan die artikel is met die nodige bronverwysings deur Francois Verster verskaf.

Met die heengaan van Willem Renier (Wim) Bosman, skepper van onder andere Louis, die Laeveld-leeu, op 28 November 2019, het ’n paar publikasies my gevra om huldeblyke aan hom te skryf. Duidelik was Bosman ’n geliefde en gerespekteerde kunstenaar – hy was ook ’n operasanger, skilder en argitek – hoewel die meeste Afrikaanse koerant- en tydskriflesers hom as strokieskunstenaar ken.

Bosman (gebore op 7 Desember 1936) se strokies het sedert 1974 (eerste in die koerantjie Die Laevelder) verskyn, en het dus vir ’n tydperk van 45 jaar menige leser met sy spitsvondighede vermaak en sodoende as’t ware deel van ons volkskultuur geword. Hoe dit ook al sy, ’n era is verby, en dit het my laat dink oor die begin van Afrikaanse strokies en waar dié genre nou staan. Ek verwys hier spesifiek na strokies.

In 2003 het ek my doktorale proefskrif, “’n Kultuurhistoriese ontleding van pikturale humor, met besondere verwysing na die werk van TO Honiball” (Universiteit Stellenbosch) voltooi, waarin ek nie net ’n stuk oor Bosman en in besonder sy aanwending van bobbejane as karakters (teenoor Honiball se Adoonse) geskryf het nie, maar ook ’n diepgaande studie van strokies, spotprente en karikature gemaak het – beide globaal en in die Suid-Afrikaanse konteks. Ek wou onder andere kyk na die ontstaangeskiedenis van Afrikaanse strokies en probeer vasstel waarom strokies (Nederlands: strippe, Engels: comic strips) insluitend grafiese novelles (graphic novels – hoofsaaklik met volwassenes as mark) plaaslik so dun gesaai is.

Daar word beweer dat rotstekeninge die eerste strokies was – die handelinge van karikature wat in serie geteken is. Dié mense en diere is gestileerd, nes die hiërogliewe wat in Egipte en Suid-Amerika voorkom, en is dus nie bedoel om realistiese afbeeldings te wees nie, maar is in ’n spesifieke styl uitgevoer. Die uitbeelding van aksies in opeenvolgende prente is dus ’n baie ou idee, maar die moderne konsep van strokiesprente het eers ontwikkel sedert papier as medium vir nuus of vermaak gebruik is.

In Brittanje weet ons van politieke spotprente wat in die 1700’s op sogenaamde broadsheets uitgedruk en een-een aan die publiek verkoop is, en in Suid-Afrika het Fredrick I’Ons (1802–1887) in 1831 ’n saamgestelde prent bekend as die “Stockenström cartoons” in die Grahamstown Journal gepubliseer. Hoewel hierdie uitbeeldings ’n politieke tema het, kan dit as ons eerste strokiesprent beskou word, omdat verskillende persone wat verskillende handelinge uitvoer daarin voorkom. Daar is dus sprake van opeenvolgende aktiwiteite, wat die verskil tussen strokies en spotprente is, soos ’n strook filmraampies teenoor ’n alleenstaande foto.

Maar strokies en spotprente is ’n ou Britse tradisie. Wat van pikturale humor (lees: versamelnaam vir karikature, spotprente en strokies) in Afrikaans? Dit het vir my ’n missie geword om die eerste een te identifiseer, en in 1998 het ek begin om die SA Nasionale Biblioteek in Kaapstad te fynkam. In 1999 het ek die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein vir die eerste maal besoek in ’n poging om geen steen onaangeroer te laat nie. Ek was vasbeslote en ek was gelukkig om sukses te behaal. Ek haal uit my proefskrif aan: “Die eerste Afrikaanse strokiesreeks het in 1937 verskyn. Dit was Jan Rap deur Johannes Hendrik Jacobus Rabe of ‘Ebar’ (gebore 1907) en is gevolg deur [die reeks] Ontwikkeling in 1938.” Jan Rap, die hoofkarakter in die gelyknamige reeks, was soos Honiball se hoofkarakter in sy reeks Oom Kaspaas, ’n grootprater met ’n welige haredos en stokkiesbaard.

Honiball se reeks het in 1939 in Die Burger verskyn nadat Die Huisgenoot dit nie wou publiseer nie. Hulle sou hom wel in 1948 vra om vir hulle ’n strokiesreeks te skep, wat toe Adoons-hulle was. Sy reeks Jakkals en Wolf het van 1942 tot 1969 in Die Jongspan verskyn. Rabe se loopbaan was heelwat korter as Honiball s’n – sy strokies is gedurende 1938 en 1939 in Die Brandwag en Jeugland gepubliseer en daarna was daar reekse in Jeugland, naamlik Piet Pote, Daan Donsies en Kiewiet die Klong. Hy het ook twee (ietwat primitiewe) grafiese novelles oor die lewens van President Steyn en President Kruger geskep, en was dus die ware vader van Afrikaanse strokieskuns, hoewel Honiball dikwels daardie mantel gedra het. Honiball was by verre die Afrikaanse strokieskunstenaar met die grootste oeuvre. Sy werk is ook in talle tydskrifte en koerante gepubliseer, hoofsaaklik Die Burger, Die Huisgenoot en Die Landbouweekblad, terwyl hy ook duisende spotprente en boekillustrasies geskep het.

’n Ander vroeë strokieskunstenaar in Afrikaans was Andries Petrus du Toit (gebore 1913) wat gedurende die 1930’s ’n strokiesreeks vir Die Jongspan geskep het, naamlik Knapsak en Klonkie, wat ook in Jeugland verskyn het. Laasgenoemde reeks het in die veertigerjare ook in boekvorm verskyn terwyl hy ook ’n strokiesboek, Ons Vriendjie, geskryf het.

In 1937 het Eben Leibbrandt (gebore 1915) grafiese werk vir Die Brandwag behartig, wat twee strokiesreekse, Troue vriende en Sonkie en Sampie, ingesluit het. In 1948 het hy ook Krato die Oermens geteken. Nog ’n strokiespionier wat in 1934 die reeks April en Johannes vir Die Volksblad geskep het, was Jacobus Joachim Christoffel Esterhuyse (gebore 1920).

In 1941 verskyn daar toe ’n strokie uit die pen van ’n Russiese immigrant, Victor Ivanoff, naamlik Prof. de Snor en Dr. van der Ploet in Die Brandwag. In 1942 het nog ’n reeks gevolg, naamlik Ken u taal, en in 1943 en 1945 het Jors in die oorlog en Kallie die kuiken onderskeidelik gevolg.

Hierna het nog ’n handvol kunstenaars bydraes gelewer, waarvan geeneen egter die indruk van ’n Honiball of Bosman gelaat het nie. Onder hulle verdien Paul Lessing (gebore 1930), Frans Abraham Nicolaas Esterhuyse (gebore 1941), Leonard Simon Sak (gebore 1931), Len Lindeque (gebore 1936), Johan Roos (gebore 1943) , Johan Louwrens Stapelberg (gebore 1948), Roland Wentzel (gebore 1907), Mynderd Jacobs Vosloo (gebore 1955), Jan van Tonder (gebore 1938), Johan Martin van Niekerk (gebore 1939) en Ivor van Rensburg (gebore 1932) melding, asook die enigste man-en-vrou span, naamlik Keith (gebore 1934) en Lorna Stevens (gebore 1936), wat veral bekendheid verwerf het met hulle reeks Ben, Babsie en familie, wat in 1955 eers in Die Brandwag verskyn het en later ook in Rapport.

Die meeste van die vermelde strokiesreekse was inderwaarheid oppervlakkige vermaak en daarom was hulle bloot as kinderstorietjies beskou, terwyl daar uit opvoedkundige kringe onwrikbare teenstand ondervind is. Die kuns- en literatuurkenner FA van Jaarsveld het in 1959 reeds in die boek Die Afrikaner en sy geskiedenis (Nasionale Pers, 1959) beweer dat die Nasionale Party “geskiedenis as skoolvak gebruik het om volkstrots, patriotisme en nasionalisme te bevorder”. Strokiesboeke, wat hoofsaaklik ingevoerde kommoditeite was, is as vreemde en korrupterende invloede bestempel. Veral opvoedkundiges het teen sodanige publikasies te velde getrek.

Die reekse wat ’n mate van satire bevat het, soos Honiball se Adoons-hulle, wat ook deur volwassenes gelees en geniet is, het langer leeftye gehad. Adoons-hulle is van 1948 tot in die laat 70’s (hy is in 1990 oorlede) gereeld gepubliseer, terwyl Bosman se reekse – benewens Louis, ook Werfbobbejaan, Kekkel en Kloek en Bosveldbure – soos genoem vir byna ’n halfeeu in Die Burger, Landbouweekblad, Sarie, ens gepubliseer is, terwyl ’n aantal versamelings in boekvorm gepubliseer is, soos Kekkel en Kloek (Human & Rousseau, 1996) en Louis, die Laeveld-leeu & trawante (LAPA, 2001). Honiball se vernaamste reekse is ook in meer as 40 bundels gepubliseer en mense noem dit vandag nog vir my dat daar “iewers in die garage van hulle gebêre is”.

Strokies se oënskynlike eenvoud, veral die minimalistiese tekeninge, veroorsaak dat oningeligtes (strokies moet as’t ware geïnterpreteer en verstaan word) afwysend daaroor optree, maar diegene wat die genre ken, weet dat jy allermins alle strokies oor een kam kan skeer. Weens die klein plaaslike mark sal Afrikaanse strokies waarskynlik nooit ’n groot impak maak nie – uitgewers sal eerder internasionale treffers soos Asterix en Tintin (Kuifie) in Afrikaans vertaal, of reekse in koerante soos Garfield (Stoffel) en Hägar die Verskriklike, hoofsaaklik omdat die groot volume van verspreiding dit goedkoper maak.

Wanneer ’n mens deur lande soos Japan, Engeland of België reis, staan jy verbyster oor hoeveel winkels strokiesboeke verkoop, hoeveel strokiesboeke daar is en hoe lank sommige van hulle al bestaan. Sekere strokies word selfs in hardeband uitgegee, soos die Heer Bommel-boeke van Nederland (deur Marten Toonder), en ook in die VSA, waar dit sedert die 1930’s baie gewild is. Koerante in New York het besef dat immigrante wat nie Engels magtig was nie, die taal aangeleer het deur strokies te lees. Gevolglik het sulke nuusblaaie twee of drie blaaie met strokies in volkleur bevat. Volwassenes het dus ook strokies gelees, terwyl kindertydskrifte hoofsaaklik die “draers” van strokies in Suid-Afrika was – Jeugland, Die Jongspan, Patrys en Vonk.

Koerante en tydskrifte vir Afrikaanse volwassenes het wel enkele strokiesreekse bevat, waaronder meestal ingevoerde strokies getel het, maar Honiball se genoemde reekse, asook ’n paar minder bekendes soos sy Charlie, Malie en Kalie (1951–1952) en Caltex-kaskenades (1954) in Die Burger, het darem destyds ook tipies Suid-Afrikaanse temas aangeroer.

Dit staan egter soos ’n paal bo water dat ná Honiball, dit Wim Bosman was wat die Afrikaanse strokiesvaandel hoog gehou het. En nou is ook dié era verby.

Tyd sal leer of daar weer ’n skepper van strokies soos Honiball of Bosman in Afrikaans sal wees.

Pikturale humor:

Karikatuur: ’n Verwronge of oordrewe uitbeelding van ’n persoon, dier of aksie.

Spotprent: ’n Satiriese tekening as uitdrukking van kritiek teen persone, instellinge of gebeurtenisse.

Strokie: ’n Verhaal in getekende prentjies, meestal in serie en meestal met byskrifte.

Bron: FP Verster. 2003. ’n Kultuurhistoriese ontleding van pikturale humor, met besondere verwysing na die werk van TO Honiball. DPhil-proefskrif, Kultuurgeskiedenis, Universiteit Stellenbosch.

Selfportret deur Wim Bosman (Bron: https://africacartoons.com/self-portrait/))

Fred Mouton bring hulde aan Wim Bosman (Bron: Die Burger, 4 Desember 2019)

Een van TO Honiball se minder bekende strokies (Bron: Die Burger, 4 Augustus 1951)

Ek het hierdie skets van Bosman en sy bobbejaan aan hom gestuur nadat ek in 1999 ’n onderhoud met hom gevoer het. Hy het nie daarop gereageer nie ...

Selfportret deur T.O. Honiball (Bron: Die groot drie, Penguin Random House, 2016)

Hans Dons deur JH Rabe (Bron: Jeugland, 26 Junie 1937)

Spotprente deur Fred Mouton in serie geplaas om ’n strokie te vorm (Bron: Heilige koeie en ander onheilighede, Tafelberg, 2001)

The post Afrikaanse strokiesprente en 'n huldiging aan Wim Bosman appeared first on LitNet.

LitNet Akademies Weerdink: Die klaskamer in ’n posthumanistiese samelewing

$
0
0

.......

“Robotika as keusevak vir ouer leerders met ’n intense belangstelling in tegnologie en ingenieurswese mag dalk meriete hê, maar nie vir jong kinders nie.”

.......

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met aktuele sake.

Menán van Heerden gesels met Henriëtte Loubser oor haar 2018 LitNet Akademies (Opvoedkunde)-artikel, “Uitdagings van die Antroposeen: Onderwys in die era van ’n mensgemaakte wêreld”.

In jou artikel beskryf jy die Antroposeen as “die era van die mens, en die impak daarvan op natuurlike en niemenslike bestaansvorme op aarde”. Die negatiewe impak van die mens op die aarde, byvoorbeeld klimaatsverandering, is welbekend. Wat is die positiewe aspek(te) van die Antroposeen?

Dit klink miskien na ’n yslike paradoks, maar daar is wel diegene, soos Jeanson en andere (2019), wat verwys na die sogenaamde good Anthropocene – ’n epog waar menslike lewenskwaliteit in stand gehou en bevorder kan word sonder skade aan die omgewing: “that the quality of human life may increase without hindering the environment, that functioning ecosystems are central to socio-economic successes and human well-being, and that dynamic and adaptive conservation actions are vital to managing current and future environmental realities”.

Dan is daar diegene wat hierdie standpunt as blote wensdenkery en oëverblindery afmaak. Lesly Sklair (2019) beweer byvoorbeeld dat die idee van ’n “good Anthropocene” in direkte, radikale opposisie teenoor die kritiese narratief van die Antroposeen staan en hy reken dit is ontwikkel as ’n strategie “to defend the socio-economic status quo by the proponents of sustainable development and their successors in the Anthropocene era”.

Vir my is die enigste positiewe aspek van die Antroposeen die feit dat dit groter bewustheid gebring het. Ek stem saam met Le Grange (2019) waar hy meld dat die Antroposeen ’n tydperk is van groterwordende bewustheid by mense oor die skadelike uitwerking van ons optredes en ingesteldhede op die planeet. Mense wil dit nie hoor nie en daarom is daar fel kritiek teen omgewingsaktiviste, maar die boodskap van die Antroposeen staan vas: As mense nie hulle ingesteldhede en hulle optrede gaan verander nie, is daar geen omdraaikans meer nie.

Die “niemenslike” sluit masjiene in. Volgens Die Burger (29/01/2020) gaan robotika volgende jaar as vak van gr R tot gr 3 aangebied word (dit gaan vir ander grade oor ’n tydperk van drie jaar infaseer word). Dink jy so ’n vak is nodig, aangesien 78% van graad 4’s nie verstaan wat hulle lees nie?

Alhoewel robotte en ander “masjiene” voorbeelde is van niemenslike bestaansvorme, is hulle allereers mensgemaak. Hulle vorm dus nie deel van dit wat “natuurlik” op aarde hoort nie.

My onmiddellike reaksie op hierdie vraag is: Nee. Kinders moet allereers deeglike taal- en wiskunde-onderrig kry, wat tans nie die geval is nie. Daaroor hoef ons nie eens uit te wei nie – dit is ’n gegewe. Robotika as keusevak vir ouer leerders met ’n intense belangstelling in tegnologie en ingenieurswese mag dalk meriete hê, maar nie vir jong kinders nie.

Wat dink jy is die ideale kurrikulum in die era van ’n mensgemaakte wêreld?

Die ideale kurrikulum sal interdissiplinêr van aard wees, waar daar oor vakgebiede heen volle samewerking is met een hoofdoel voor oë: dat leerders taal- en wiskundevaardighede sal bemeester. Máár: sentraal in hierdie kurrikulum sal omgewingsopvoeding en die ontwikkeling van ekogeletterdheid by leerders staan. Tans suig omgewingsopvoeding aan geen speen nie, wat nog te sê die agterste een!

Die ideale kurrikulum sal geleenthede bied waar leerders die natuur kan beleef, waar hulle kan deelneem aan kritiese gesprekvoering en etiese ondersoeke na die waarde van die natuur, waartydens hulle begelei sal word na die gevolgtrekking dat verantwoordelike saambestaan van alle dinge op aarde uiteindelik ook hulle eie toekoms gaan bepaal.

Ek glo in wat Jickling en andere (2018) “wild pedagogies” noem. Waar verhoudings met plek, landskappe, die natuur en die sogenaamde wildernis (the wild), herondersoek word. So ’n kurrikulum sal ’n soeke aanmoedig na ’n nuwe (maar eintlik oeroue) verhouding met die aarde.

Daar is onlangs die eerste “lewende robotte” gemaak:

The world’s first living robots have been built using stem cells from frog embryos, in a strange machine-animal hybrid that scientists say is an entirely new life-form. [These] “xenobots” are the first to be constructed from living cells. Researchers are hopeful they could be programmed to move through arteries scraping away plaque, or swim through oceans removing toxic microplastic. And because they are alive, they can replicate and repair themselves if damaged or torn. (Bron) 

If we could make 3D biological form on demand, we could repair birth defects, reprogram tumors into normal tissue, regenerate after traumatic injury or degenerative disease, and defeat aging … This research could have a massive impact on regenerative medicine (building body parts and inducing regeneration). (Bron)

Jou gedagtes hieroor?

Saam met die veelbesproke Vierde Industriële Revolusie is die era van die robot en robotika sekerlik die realiteit. Hulle kan beslis die lewe van die mens vergemaklik (byvoorbeeld die kobot), en selfs red, soos wat jy dan ook noem. Indien robotte op so ’n wyse vervaardig kon word dat dit geen skade aan die natuurlike omgewing sal aanrig nie (dalk herwin kon word), sou dit ideaal wees.

Soos met die “good Anthropocene” is daar sekerlik verskeie menings oor hierdie onderwerp. Navorsers soos Van Wynsberghe en Donhauser (2017) reken dit is moontlik om robotika in ekosisteme te integreer om die snelle verandering in omgewings-, klimaats- en biodiversiteitverandering teen te werk. Met ander woorde iets soos omgewingsrobotika!

Die voordeel van robotte as plaasvervangers in lewensbedreigende situasies, byvoorbeeld in oorlogvoering, of die aanwending van robotte in die bekamping van ongeneeslike siektes, is voorwaar aanloklik.

.......

“Die ideale kurrikulum sal interdissiplinêr van aard wees, waar daar oor vakgebiede heen volle samewerking is met een hoofdoel voor oë: dat leerders taal- en wiskundevaardighede sal bemeester. Máár: sentraal in hierdie kurrikulum sal omgewingsopvoeding en die ontwikkeling van ekogeletterdheid by leerders staan.”

.......

Dit klink dalk alles goed en wel en deur wetenskapfiksie sou ’n mens kon beleef hoe robotte saam met die mens stry teen die vernietiging van die planeet. Die realiteit is egter, soos reeds genoem, dat robotte mensgemaak is en dat dit gevolglik nie natuurlik deel is van die lewensvorme op aarde nie, en dit kan ook nie (tans) op natuurlike wyses vergaan nie. Die druk op ’n reeds oorbesoedelde planeet word sodoende net al groter.

Die probleem lê daarin dat menslike intelligensie, menslike vaardighede en menslike uitnemendheid verantwoordelik is vir hierdie bestaansvorme (soos robotte), maar saam daarmee kom menslike onverantwoordelikheid en feilbaarheid.

Saoedi-Arabië het in 2017 die eerste land geword wat vir ’n robot burgerskap gee. In ’n berig hieroor word daar geargumenteer dat hierdie robot meer regte as vroue en migrante het in Saoedi-Arabië. Menseregte vir ’n robot. Maak dit sin?

Na die lees van Elizabeth Wasserman se Anna Atoom-boeke sou ’n mens graag burgerskap en menseregte aan haar boetie, die kuborg Pip, wou gee. Daar word reeds na robotte verwys as “electric persons” (Isa 2018), maar menseregte aan robotte eerder as aan vroue, nee. Dit is te dik vir ’n daalder.

Lees meer oor die Antroposeen in LitNet Akademies-artikels:

Aantekening: Om globale omgewingsreg en -regulering in die antroposeen te herbedink

Menseregte, die omgewing en omgewingskonstitusionalisme

 
Lees hierdie LitNet Akademies-artikel wat die waarde van omgewingsgeoriënteerde fiksietekste met die oog op omgewingsbewusmaking en –opvoeding van die jeug bespreek:

Die opvoedkundige waarde van ekoliterêre tekste: ’n Toepassing van Adrian Rainbow se sienings op ’n Afrikaanse jeugverhaal, ’n oorgangsroman en ’n prenteboek vir kinders

Lees meer oor volhoubare ontwikkeling:

Co-creating solutions at the Sustainability Institute

Die LitNet Akademies Weerdink-reeks skakel akademiese navorsing met aktuele sake:

LitNet Akademies Weerdink: Grond

LitNet Akademies Weerdink: Die "Die Land"-musiekvideo, mites en nostalgie

LitNet Akademies Weerdink: Skottelbraai in Ghoema-land: die grense van Steve Hofmeyr se identiteitspolitiek

LitNet Akademies Weerdink: Trump, Palestina en Israel

LitNet Akademies Weerdink: ’n Globale perspektief op groepregte en diversiteit

LitNet Akademies Weerdink: Brexit

LitNet Akademies Weerdink: Verklarings vir die bedanking van Mmusi Maimane en ander prominente leiersfigure uit die DA

LitNet Akademies Weerdink: Verkiesing 2019

The post <i>LitNet Akademies</i> Weerdink: Die klaskamer in ’n posthumanistiese samelewing appeared first on LitNet.

Eldon van der Merwe van In Slavenhuis 39 opgewonde oor tweede speelvak by Woordfees

$
0
0

Eldon van der Merwe (Foto: verskaf)

Die bekroonde toneelstuk In Slavenhuis 39, wat handel oor vier bruin eerstejaarstudente wat ’n woonstel in Stellenbosch deel wat jare gelede slawe gehuisves het, is weer vanjaar by die Woordfees te sien.

In Slavenhuis 39 is onlangs benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse teks by die Fiësta-toekennings en het verlede jaar by die Toyota US Woordfees in Stellenbosch gedebuteer, waar dit die Woordtrofee vir beste opkomende kunstenaars ontvang het.

Herschelle Benjamin het die teks geskryf en Philip Rademeyer behartig die regie.

Die opkomende akteurs in die produksie is Stephren Saayman, Eldon van der Merwe, Stefan Erasmus en Cantona James.

Een van die ontluikende sterre in hierdie toneelstuk is Eldon van der Merwe.

Nie net is hy te sien in In Slavenhuis 39 nie, maar hy het ook onlangs sy debuut op die kassie gemaak in die televisiereeks Arendsvlei.

Eldon vertel meer oor sy loopbaan en liefde vir die kunste.

In Slavenhuis 39 het verlede jaar by die Woordfees debuteer en sedertdien oral opgang gemaak. Vanjaar kan die stuk weer by die Woordfees gesien word. Het julle ooit gedink die stuk gaan so suksesvol wees?

Die oorspronklike teks van In Slavenhuis 39 is vir die eerste keer by Teksmark 2017 voorgelees met drie van die huidige akteurs as deel van die geselskap. Met ondersteuning van Nati en die Toyota US Woordfees kon die produksie debuteer by Woordfees 2019. Ek het van die begin af geweet dat Herschelle Benjamin se teks in staat was om gehore aan te gryp, maar toe die produksie die WoordTROfee ontvang het vir beste opkomende kunstenaars, was dit vir elkeen van ons ’n groot skok.

Ons het in September 2019 nog ’n suksesvolle lopie by die Kunstekaap-teater gehad en gehore kon nie genoeg uitpraat oor die impak wat die produksie op hulle gehad het nie. Ons is hierdie jaar terug by die Woordfees met drie vertonings wat belowe om die Rhenish-teater in Stellenbosch vol te pak met hoendervleis. Ons hoop dat die produksie nog na baie verhoë genooi sal word, juis omdat dit so baie kwessies rondom menswees aanspreek.

Die geselskap van In Slavenhuis 39 (Foto: verskaf)

Hoe hou julle die toneelstuk “vars” en voorkom dat jul toneelspel in ritmes verval na soveel optredes?

Ons probeer die produksie vars hou met nuwe energieë vir elke vertoning. Die karakters is vier eerstejaarstudente en dis vanselfsprekend dat hulle nie ’n verbeeldinglose lewe sal hê nie.

Daar is ook baie fisieke bewegings en passies in die produksie wat ons as akteurs self moes skep en uitdink, en omdat ons dit self uitgedink het, laat dit ons toe om onsself daarin uit te leef en sodoende ons persoonlike dryfkrag daarin uit te stort.

’n Toneel uit In Slavenhuis 39 (Foto: Vulture Photography)

 

Vertel asseblief meer oor die karakter wat jy in die toneelstuk vertolk.

Ek vertolk die rol van Chester, ’n onderwysstudent wat afkomstig is van ’n baie “fancy” hoërskool. Chester is ook mal oor rugby en glo dat sy naam dalk iets te doen het met sy soortgenoemde gunstelingsportlegende, Chester Williams. Tussen die vier studente is Chester dalk die minste gefokus op sy akademie.

Is jy en jou karakter in sekere opsigte dieselfde?

Eldon en Chester het redelik baie gemeen. Albei geniet sport. Ons vermy ook graag konflik en soos in die vertonings sigbaar is, geniet Chester ook die smaak van ’n glasie rooiwyn. Ons verskil ook in ander aspekte. Chester verkies om Engels te praat, waar ek, Eldon, ’n groter liefde vir Afrikaans het. Chester is afkomstig van die suidelike dele van die middestad terwyl Eldon oorspronklik van die platteland af kom.

’n Toneel uit In Slavenhuis 39 (Foto: Vulture Photography)

Jy is ook tans te sien in die televisiereeks Arendsvlei. Vertel asseblief meer oor dié hoofstuk. Hoe het hierdie geleentheid oor jou pad gekom?

Toe ek vir die eerste keer van Arendsvlei hoor, was die telenovelle reeds haastig besig om harte te steel met hulle eerste seisoen. Ek was op daardie oomblik besig met ’n projek in Johannesburg en so gelukkig soos wat ek was, sou ek baie graag verkies het om in Kaapstad werk te kry. Ek het onmiddellik begin rondvra en moes ongelukkig wag vir die tweede seisoen voordat ek kon oudisie vir enige rol.

Na maande se aansoeke het ’n uitnodiging vir ’n oudisie uiteindelik plaasgevind. Kort daarna het ek die nuus ontvang dat ek die rol van die 17-jarige Curtley Neethling gekry het, wat ironies nie die rol was waarvoor ek oudisie het nie. Curtley se vorige skool het bankrot geraak gedurende sy graad 11-skooljaar en hy is toe oorgeplaas na die Hoërskool Arendsvlei. Hy's omtrént nuuskierig en hou van inmeng, daarom is hy gereeld teenwoordig wanneer moeilikheid kom, al is hy selde die skuldige party.

’n Toneel uit In Slavenhuis 39 (Foto: Vulture Photography)

Van waar jou liefde vir die kunste?

Ek het van kindsbeen af reeds ’n oorvloed van energie en entoesiasme gehad. Ek was by alles betrokke wat ’n buitemuurse aktiwiteit was, van skaak tot atletiek. My ma was baie lief vir klassieke musiek en ons was altyd verwonder deur die pragtige klanke van musiekinstrumente.

Ek het eers op ’n later stadium besef wat dit kos om ’n instrument te speel. Baie musikante het hulleself uitgeleef deur hulle musiek, en hoe hulle emosies deur klanke aangebied het, het my verstand te bowe gegaan. Ek was onmiddellik versot op hulle kuns en die verskillende maniere waarop ’n kunstenaar uiting kan gee aan hulle emosies.

’n Toneel uit In Slavenhuis 39 (Foto: Vulture Photography)

Wat is jou raad vir die jeug wat ook ’n loopbaan in die kunste wil volg?

Ek sou aan enige kunstenaar aanbeveel dat hulle kennis maak met die algehele Skepper, God. Glo in jouself en werk aan jou vaardighede. Onthou dat iemand anders se vooruitgang nie beteken dat jy misluk nie. Jou lewensreis is op sy eie koers.

Wat hou die toekoms vir jou in?

In Maart is ek natuurlik te sien by die Woordfees met In Slavenhuis 39, sowel as die terugkeer van David Kramer se musiekblyspel Danger in the dark by die Baxter-teaterkompleks in Rosebank, Kaapstad. Ek sien ook uit daarna om nog baie betekenisvolle werk te verrig in die nabye toekoms. Ons is immers in die jaar 20plenty.

  • In Slavenhuis 39is 6, 8 en 12 Maart by die Toyota US Woordfees te sien. Kaartjies is teen R80–R140 beskikbaar by Computicket en kos R130 by die deur.

Lees ook

Cantona James van In Slavenhuis 39 benoem as beste opkomende kunstenaar by Fiëstas

Bekroonde toneelstuk In Slavenhuis 39 nou by die Kunstekaap te sien

The post Eldon van der Merwe van <i>In Slavenhuis 39</i> opgewonde oor tweede speelvak by Woordfees appeared first on LitNet.

"Om te probeer verstaan hoe hulle die wêreld sien"– ’n onderhoud met Dineke van der Walt

$
0
0

..........

“Dit is altyd ’n hoogtepunt vir my om met kunstenaars te kan werk, om te probeer verstaan hoe hulle die wêreld sien en die impak van hul werk te kan beleef.”

..........

Dineke van der Walt is die KKNK se nuwe visuelekunskurator. Sy gesels met Cliffordene Norton oor haar passie vir kuns en die tema van 2020 se visuele feesprogram.

Foto: JP Hanekom

Dineke, baie geluk met jou aanstelling as die KKNK se visuelekunskurator. Hoe voel jy oor dié nuwe hoofstuk in jou loopbaan?

Baie dankie. Ek is besonder opgewonde om betrokke te wees by die KKNK, asook die geleentheid om die visuele program uiteen te sit.

Vertel asseblief meer oor jouself. Wat is sommige van die hoogtepunte van jou loopbaan tot dusver?

Ek is ’n kurator en navorser tans woonagtig in Johannesburg.

Hoogtepunte vir my sluit in om deel te kon uitmaak van die art strip in Johannesburg, in ’n tyd waarin meer en meer galerye begin saamwerk het, veral ook met die aanvang van Art Week en First Thursdays, om soveel as moontlik van die talentvolle kunstenaars aan die publiek bekend te stel. Ek het hier besonderse kurators en exhibition makers ontmoet wat passievol is oor kontemporêre Suid-Afrikaanse kuns. Daarmee saam is dit altyd ’n hoogtepunt vir my om met kunstenaars te kan werk, om te probeer verstaan hoe hulle die wêreld sien en die impak van hul werk te kan beleef.

’n Verdere hoogtepunt wat uitstaan, was om saam met die Bag Factory Artists’ Studios, Fulcrum en Kalashnikovv Gallery te kon werk as deel van die Fulcrum Suzanne Shaw Creative Award. Dit is ’n besonderse belewenis wanneer verskillende instansies saamspan om geleenthede te skep vir kurators en kunstenaars.

’n Huidige hoogtepunt is om my PhD-navorsing, wat fokus op kuratoriale strategie as deel van die SARChI (NRF South African Research Chair) in South African Art and Visual Culture by die Universiteit van Johannesburg, te kan doen, en veral omdat ek saam met die vooraanstaande kunshistorikus in ons land, Brenda Schmahmann, kan werk.

Yehla Moya (2019) deur Manyaku Mashilo is deel van die The possibility of a title-uitstalling (Kurator: Lammy Langtry)

Van waar jou liefde vir die kuns?

My ma was ’n kunstenaar en ek het telkemale saam met haar gegaan as sy saam met vriende geskilder het. Ek onthou veral hoe ek haar fyn dopgehou het as sy met ink en waterverf gewerk het om sekere agtergrond-effekte te kry. Sy het ons ook aangemoedig om ons kreatiwiteit te gebruik en het ons spesiale kunswerke as meesterstukke geraam.

..........

“Kunstenaars is telkens aan die voorpunt van aktuele kwessies en het die besondere vermoë om met visuele elemente die aanskouer se blik op realiteit te kan aanspreek en selfs te verander.”

..........

Waarom het jy besluit om die rol as die KKNK se visuelekunskurator aan te pak? Sien jy uit na die uitdagings wat hierdie nuwe pos inhou?

Ek sien geweldig uit na die geleentheid. Die KKNK bied ’n buitengewone platform vir die visuele kunste waar kunstenaars, galerye, onafhanklike kurators en ander kunsinstansies bymekaar gebring kan word. Dit skep ruimte vir samewerking en ondersteuning van kurators wat nie altyd andersins moontlik is nie. As gevolg hiervan het besoekers die kans om ’n wye verskeidenheid benaderings tot kunsvorme en -uitstallings in een dag te kan aanskou. Dit is vir my ’n wonderlike geleentheid om so ’n verskeidenheid van sterk stemme in gesprek met mekaar te kan bring.

Kingsway Tree tops (2019) deur Roxy Kaczmarek is deel van die Another kind of blue-uitstalling (kurator: Lammy Langtry) te siene by die David Krut Projects.

Hierdie jaar se feestema vir visuele kunste is Plat op die aarde. Dit is gepas met die huidige tydsgees. Is daar ander spesifieke kwessies waarop jy wil fokus?

Die gekose tema, Plat op die aarde / Down to earth, se fokus rus op die mens se interaksie met die natuurlike omgewing, wat ons impak op, maar ook ons verantwoordelikheid vir, die natuurlike omgewing in ag neem.

My doel met die tema is om ’n diep fokus aan die visuele kunste te verleen, en die geleentheid vir ’n verskeidenheid kunstenaars en kurators om in dieselfde rigting te praat. Kunstenaars is telkens aan die voorpunt van aktuele kwessies en het die besondere vermoë om met visuele elemente die aanskouer se blik op realiteit te kan aanspreek en selfs te verander.

Recapitulation Theory III (2016) deur Barbara Wildenboer is deel van die Barbara Wildenboer – ’n Retrospektief-uitstalling

Alhoewel omgewingskwessies op almal se lippe is, is daar steeds baie wat moet verander. Ons kan almal streef na ’n groter persoonlike bewustheid van ons daaglikse impak op die omgewing en stappe wat gedoen kan word om bewaarders eerder as verbruikers van die natuur te word.

Die uitstallings sal daarom hoofsaaklik op die verskillende nuanses van die interaksie tussen kuns en die natuurlike omgewing vir hierdie jaar fokus.

Jy het tydens die bekendstelling van die KKNK-program bekendgemaak dat Barbara Wildenboer die hoofkunstenaar van die fees is. Vertel asseblief meer oor Barbara se loopbaan.

As feeskunstenaar sal Barbara se retrospektief die hooffokus van die visuele program vorm. Hierdie retrospektiewe uitstalling bied ’n formele en tematiese oorsig van Barbara se laaste 10 solo-uitstallings.

Die kunswerke bestaan hoofsaaklik uit collage, foto-en-papier-konstruksie en digitale animasie. Sy gebruik ’n kombinasie van analoë en digitale prosesse om werk te skep wat ondersoek instel na verskynsels soos temporaliteit, fraktale geometrie en die interkonneksie van alle lewende organismes.

The Blind Leading the Blind (2019) deur Barbara Wildenboer is deel van die Barbara Wildenboer – ’n Retrospektief-uitstalling

Wildenboer ontbloot die verwantskap tussen verskeie lewensvorme – vanaf mikroskopies tot massief. Haar hooffokus is op omgewingsestetika. Sy beskou dit as iets wat nie slegs ons natuurlike omgewings behels nie, maar wat ook betrekking het op ons menslike interaksie met die natuurlike wêreld.

Voorbeelde van boekwerke uit Wildenboer se aaneenlopende projek getiteld Library of the Infinitesimally Small and Unimaginably Large vorm ook deel van die uitstalling.

Hierdie grootskaalse projek het ’n aanvang geneem in 2011 en behels die gebruik van die biblioteek as ’n metafoor vir die heelal. Die reeks is geïnspireer deur ’n metafisiese kortverhaal van die Argentynse skrywer Jorge Luis Borges met die titel “The Library of Babel”. Deur hierdie boekwerke maak Wildenboer ook verwysing na die verwantskap tussen tegnologie en die natuurlike omgewing en skep visuele metafore wat spreek van ’n sin van verwondering ten opsigte van die gekompliseerde skoonheid van patrone in die natuur.

Holy Smoke I (2019) deur Barbara Wildenboer is deel van die Barbara Wildenboer – ’n Retrospektief-uitstalling

Sy vind haar boeke en kaarte in tweedehandse boekwinkels en vlooimarkte regoor die wêreld. Haar keuse van eksemplare word nie slegs deur fisiese eienskappe soos tipografiese uitleg, grootte en papierkwaliteit bepaal nie, maar ook meer spesifiek deur die inhoud en temas van die boeke. Soms maak sy gebruik van tegnologie, maar meestal word die werk heeltemal met die hand geskep.

Sy werk op ’n interdissiplinêre wyse, en gebruik gevonde boeke as beide verwysing en rou materiaal vir beeldhouwerke, papierinstallasies en digitale animasie. Die boeke, sinne, woorde en letters word omskep in elemente van ’n nuwe visuele teks waarin die ou en nuwe narratief saam bestaan.

Daar is ’n speelse aspek van een verwysing wat binne ’n ander verwysing opgesluit word in die papierwerke en collages.

Deur mediabeelde en informasie vanaf verskeie bronne te selekteer skep Wildenboer alternatiewe realiteite. Die driedimensionele papierwerke reflekteer hoe die mensdom affekteer word deur globalisering, ekonomiese opswaaiings, politiek, korrupsie, oorloë, epidemies en natuurrampe. Die collages bied ’n bespiegeling oor die moderne menslike lewe en die kwesbaarheid van die simbiotiese verwantskap tussen die mens en sy ekologie. ’n Verhouding wat gekenmerk word deur verbruik, vermorsing en ’n sin van diskonneksie met die natuurlike wêreld.

On this eve the souls will dream (2019) deur Jenna Burchell en Jaco van Schalkwyk is deel van die A land I name Yesterday-uitstalling te siene by die Barnard-galery.

Hoe het Barbara by vanjaar se KKNK betrokke geraak?

Barbara se uitstalling vorm die kern en tree as sulks in gesprek met al die ander uitstallings dié jaar. Haar oeuvre is die visuele verwerkliking van die menslike wisselwerking met die natuur, wat haar die gepaste kunstenaar maak om die tema van Plat op die aarde / Down to earth te lei.

Wat kan feesgangers van hierdie jaar se fees verwag?

Die res van die program bied ’n verskeidenheid van stemme en visuele benaderings tot die tema. Daar is ’n opwindende kombinasie van uitstallings, bymekaargebring deur ’n ongelooflik talentvolle groep kurators en kunstenaars. Dit sluit in indrukwekkende skilderkuns, fotografie, installasie, beeldhouwerke en multimediawerke wat van die gehoor verlang om deel te neem.

The post "Om te probeer verstaan hoe hulle die wêreld sien" – ’n onderhoud met Dineke van der Walt appeared first on LitNet.

Want ons kan!

$
0
0

Afhangend van waar jy jou op aarde bevind, is die lewe seker interessant of uitmergelend.

Dis my eie skuld dat ek ná ’n potjie SCRABBLE op ’n reënerige Sondag-agtermiddag oor Christopher Wyle se Mindf*ck (nou eers op p 85) en Rapport se Oh! fu*k we’re fucked sit en broei. Daar is krieket vir die smartvraat, but why? Daar is ’n parallel te trek, ’n krom metafoor, tussen die ou stertpuntjie van gatkantkolwers wat goëlballe onhandig probeer weg blok en dié ANC se kolfbeurt wat hopelik eendag einde se kant toe sal staan. Soos met die krieket, landsake et al, word dieselfde kanker weekliks gediagnoseer, maar baie myle lê tussen doen en sê. Die rede hoekom niks gedoen word nie, is omdat almal blykbaar vir mý wag om iets te doen, terwyl ek vir jou sit en wag.

Wat staan ons te doen?

Chris Wylie is ’n skerp kêrel wat ook weet wat almal in dié land reeds weet: “We are socialised to place trust in our institutions ‒ our government, our police, our schools, our regulators. It’s as if we assume there’s some guy with a secret team of experts sitting in an office with a plan, and if that plan doesn’t work, don’t worry, he’s got a plan B and a plan C ‒ someone in charge will take care of it. But in truth, that guy doesn’t exist. If we choose to wait, nobody will come.”

Rapport se span spesialiste: Dlhamini, Du Plessis, Cronje ens wat vandag in my huis kom locum het, het die feit dat ons potpourri vermolm netjies uitgestippel. Hulle sal dit volgende week weer doen. Die sagsinnige Tim du Plessis het na ’n kort kuier by ’n vermurwende oudpolitikus besluit om die kontra-narratief vir sagte-hande-is-te-blameer te skryf. Én elders in Rapport oortuig Peta se feetjies ons dalk eersdaags dis kwetsend om jou troeteldier (die “t-woord”) ’n dier te noem óf om na jouself as die eienaar daarvan te verwys ‒ die manier waarop ons oor diere praat moet verander.

Fook mee ...

Cosatu, goddank vir Cosatu, het ’n plan om die ongeoliede ratte van ons land vir nog ’n wyle te laat draai voor als knarsend tot ’n halt kom. Hierdie plan behels die gebruik van staatspensioen om Eskom, SAL ens nog ’n rukkie aan die stotter te hou. Miljarde-miljarde-miljarde. Vir voorskriftelike ruilseks kry Cosatu sy ledegeld, oorbodige personeel hul salaris en korrupte kaders hul kloue op nog kontant. Ramaphosa reken volgens alle aanduiding dié plan is sommer Sha Na Na. Intussen betaal Jan Publiek vir opgeknapte en verhoogde sekuriteit om hierdie nuttelose drolle teen ons te beskerm ‒ want waaragtig, die dag kom al hoe nader wat wiele afval en ons koek vreet.

Omdat ek gelees het die DA is dood en ons het ’n groot vriend in FW de Klerk (“I’m a bit like Marmite,” sê Wylie, “people either love it or hate it, but no one is ever blasé about Marmite") en sy stigtingsou ek graag wou sien dat die stigting (want die DA is dood) geld spandeer op die ideologiese manipulasie van ANC-kiesers. (Dit is oënskynlik hoe Trump gewen en Brexit manipuleer is.) Die lig wil net nie aan nie.

Praktiese advies uit Mindf*ck: “Guns and bombs kill people no matter who or where they are ‒ the properties of physics are global. But an information weapon has to be tailored according to multiple factors: language, culture, location, history, population diversity. If you’re building a non-kinetic weapon designed for scaled perspecticide  ‒ the active deconstruction and manipulation of popular perception ‒ you first have to understand on a deep level what motivates people.

“If you’re trying to hack a person’s mind, you need to identify cognitive biases and then exploit them.” Ek lees hier die nodige data om jou en my ’n mielie te rol, word maklik op sosiale media verkry en ook by plekke soos Experian. “That’s how it started out, calculating credit scores for people.” O koekemakrankaskôrdotkom ... WTF!

Nóg ’n interessante brokkie is op bladsy 56 te vinde: “In late 2013, I was asked to join a meeting with a potential client in an African nation. This would be a political project, I was told, involving targeting voters ahead of an upcoming election.” Dit blyk toe dat hierdie party se rekening sommer deur die land se minister van gesondheid vereffen sou word ‒ ek wil my verstout om te sê ons het in 2014 ’n verkiesing ter plaatse gehad. “Of course, using taxpayer funds from the ministry of health for political campaigns is unlawful. I said nothing during the meeting, but afterwards I went to see Alexander. ‘This can’t be legal,’ I told him. To which he replied, ‘You can’t expect anything legal with these people. It’s Africa.’

“Over a period of many months, as the health-related projects proceeded, some of the money ‒ millions of dollars ‒ did not actually go to ministry of health programs. It was split between the minister’s political campaign and SCL, with SCL’s cut arriving from the country’s embassy in diplomatic bags so that they could bypass any border inspection or declaration.”

Klink bekend.

Ek wil nie langer diagnose lees nie. Ons wil lees die skalpel en chemoterapie is suksesvol aangewend om hierdie African National Cancer te verwyder.

The post Want ons kan! appeared first on LitNet.

Taalkwessie: onverwagse versus onverwagte

Regte outydse suurlemoenstroop

$
0
0

Vandag pleeg ek hoogverraad, sommer in duplikaat. Ek verheerlik ’n ou vruggie wat nie nou “in seisoen” is nie en die suikerbeheptes sal sekerlik die heuwels inhol as hulle sien hoeveel van die “wit gif” ek in my resep gebruik. As een van hierdie doodsondes – of albei – jou grief, blaai sommer nou al verby. Maar ek betaal my boetegeld sonder skroom – ek kan nie nog twee seisoene wag nie. Ek oorleef die hoogsomer met ’n glasie suurlemoenstroop in die hand. En ek voel skatryk as ek ’n bak vol suurlemoene op my tafel het – heeljaar, elke dag. Dis net vir hand uitsteek en ’n blertsie sap of ’n skraapsel skil in ’n geurige pruttende pot. Of ’n troostee wanneer die lewe druk.

As ek moet kook sonder ’n bak suurlemoene op die kombuistafel, sal dit wees asof jy my een hand agter my rug vasmaak. En nou praat ek nie van my suurlemoen-en-roosmaryn-amandelkoek nie. Nee, ek gebruik suurlemoen byna elke keer wanneer ek voor die stoof staan – bredies, soppe, braaihoeder, slaaie … noem maar op. ’n Dag sonder suurlemoen is vir my soos ’n dag sonder son.

Ek was ’n tweedejaar op universiteit toe ’n klasmaat vir my Rosa Nepgen se vertaling van Eugenio Montale se Italiaanse gedigte vir my verjaardag gegee het. Die Geel van Suurlemoene wat Skyn het al verskeie trekke saam met my oorleef. Tot doer ver in Graaff-Reinet, terug Kaap toe en kruis en dwars oor die stadskom en aanliggende gebiede – Vredehoek, Bokaap, Constantia, Leeukop, Woodstock en nou weer Plumstead. Die vreemdste is dat ek by nie een van my blyplekke ’n suurlemoenboom gehad het nie. En ek moet erken ek het byna geswig voor die versoeking toe ek ’n huurhuisie geadverteer sien met ’n suurlemoenboom in die binnehof. Gelukkig het my gesonde verstand my baie vinnig laat besef dat die boom waarskynlik groter is as die meeste van die kamertjies in die gehuggie.

En toe ek nou met die trek my boeke begin uitpak en ek ’n ereplekkie vir Die Geel van Suurlemoene op my rak soek, het ek eers weer gaan sit en die titelgedig gelees:

Luister na my, julle bekroonde poëte,
julle wat alleen beweeg tussen plante
met minder gewone name: ligusterbosse of akante;
ek, ék verkies om te dwaal in die lang gras op paaie
diep tussen halfdroë spruite,
in modderpoele opgedam langs die paaie,
waar seuns soms ’n skraal paling vang;
paadjies wat sak van bo by die randsome
tot onder waar die rietbos se pluimsaad staan,
en in die groentetuin uitloop by die suurlemoenbome.

Dis beter dat die voëls se astrante lawaai
in die asuur verswelg word en daar uitwaai;
dan hoor ’n mens weer die sagte gesug
van vriendelike takke in ’n luggie wat hulle skaars laat swaai,
en die sinne word van ’n geur bewus
wat nie van die aarde kan loskom nie.
Dis ’n wonder wat die hartstog keer,
die woede van oorloë kan afweer,
en ook ons wat behoeftig is, laat deel aan die rykdom
van die geur van suurlemoenbome.

Want in stiltes soos dié word alles verklaar,
begin dit beweeg na ’n oorgawe toe
waarin dinge hul diepste geheime gaan openbaar,
en ’n mens verwag jy gaan ontdek
hoe die natuur fouteer, waar die dooiepunt
van die wêreld lê, die skakel sit wat nie hou nie,
en hoe om die knoop te ontwar en eind’lik die draad te vind
wat na die hart van die waarheid lei.

Die oog ondersoek en beskou,
die gees wat vors, verbind en skei
in ’n geur wat ver versprei
wanneer die lig van die dag verflou.
dis in hierdie stiltes dat aan ons,
met elke menslike skim wat afskeid neem,
die een of ander verstoorde godheid verskyn.

Maar illusies verdwyn en die tyd voer ons terug
na die stadsrumoer; dáár wys die blou van die hemel
soos klein lappies kleur tussen skoorsteen en gewel.
Die aarde word tam van die reën; die koue verveling
van die winter drup die huise vol; waar die lig –
nou ook ’n bitter gees – ál suiniger binnedring.
Dan, op ’n dag, hang daar ’n vergete tuindeur oop,
en op die bome in die binneplaas
sien ’n mens die geel van suurlemoene skyn;
oorrompel, ontdooi die hart
en die gemoed loop vol
van dié helder getuit
en die son se goue trompetgeskal.

En so met die lees besluit ek – by hierdie huis gaan ek ’n suurlemoenboom plant, hier in die agterplaas tussen die twee lukwartbome en die koejawelboom. As ek gelukkig is, bly ek lank genoeg om die Geel van Suurlemoene wat Skyn in my eie agterplaas te ervaar voor die tyd van verhuising aanbreek. En as ek baie gelukkig is, dra die boompie genoeg suurlemoene om stroop te kan maak.

Hierdie resep vir die goeie outydse suurlemoenstroop het ek op ’n handgeskrewe briefie tussen my ouma se resepte ontdek. Ek maak dit nou al jare, want dis deedae die drankie wat ek kies. Ek het ook eens op ’n tyd soos ’n wafferse Floyd glas-in-die-hand gekook. Maar ek het gou besef, die kospotte duld nie onverdeelde aandag nie. Ek dink die keerpunt het gekom toe ek, reeds goed ge-Floyd, Coq au Vin gevlam en byna al my wenkbroue afgeskroei het.

Ek laat die suurlemoene eers goed oud word voor ek sap maak. Wanneer die vel taai en verrimpeld is, smaak daardie suurlemoenstroop op sy beste. En dan moet jy sorg dat jy melkdoek in die huis het. Jy kan dit by enige materiaalwinkel kry. Jy voer jou sif daarmee om te sorg dat jy van al daardie lastige veseltjies ontslae raak. Gebruik so ’n bietjie geduld wanneer die sap deur die doek syg – dis al wat tydrowend is aan die hele proses.

Karen se outydse suurlemoenstroop

4 koppies vars-uitgedrukte suurlemoensap (dis nou die hoeveelheid wat jy moet hê nadat jy dit deur die melkdoek gesyg het)
6 koppies suiker

Giet die suiker en suurlemoensap in ’n dikboomkastrol en roer oor matige hitte totdat die suiker opgelos is. Wanneer die stroop net-net begin kook, is dit gereed en moet jy dit van die stoof afhaal. Laat afkoel en giet dit in gesteriliseerde bottels met skroefproppe. Wanneer jy dit opdien, gebruik jy ongeveer 1 eetlepel van die stroop (afhangende van jou smaak) in ’n glas yskoue water met baie ys. Garneer met mentblaartjies en ’n skyfie vars suurlemoen.

Lees ook

Mango met hoogsomer in die lyf

Die eenvoud van dinge

The post Regte outydse suurlemoenstroop appeared first on LitNet.


Oom Boek Joons

$
0
0

Die Joons-familie in die dorp is maar, soos my ouma van my ma se kant af sal sê, bietjie aan die eenvoudige kant. Met eenvoudig het sy nie bedoel van plein en simpel nie, maar platvloers-eenvoudig. Sommige van die kindertjies is dom-eenvoudig.

Maar Gideon Joons het ’n neef, Boek Joons, wat die klein boekwinkeltjie in Kortstraat het. Die oom het die boekwinkel nou al vandat ek verstand gekry het en dis nou al seker 46 jaar lank. Die boekwinkel het nie ’n naam gehad nie. Dis doodeenvoudig net Boek Joons se winkel. Dis al. Niks fieterjasies en dinge met stertjies bygelas nie.

Tot vandag toe nog koop ek boeke by oom Boek Joons. Hy ken sy winkel, hy ken sy boekrakke, boeke en skrywers uit sy kop uit. So asof hy met hierdie kennis gebore is. Sonder om nog op ’n masjien of elektroniese gedoente rond te tik. Hierdie boekwinkel ken nie sinne soos “Jammer, ons sisteem is af” nie, ook nie “Jammer, die krag is af” of “Die netwerk is af” nie. Nee, in Boek Joons se winkel koop jy boeke, op die ou manier.

Die boekwinkel het ’n spesiale reuk aan hom. As ek dit in eenvoudige taal kan stel, dis die reuk van ou boeke, potlode gemeng met die reuk van ’n kromsteelpyp en jare se Springboktabak. Oom Boek se kromsteelpyp het heeldag so slapperig in die hoek van sy mond gehang en hy kon praat met die pyp in sy mond. As hy die pyp aan die stook sit, het die steel na die middelkant van die mond toe beweeg en dan blaas hy regte egte tabakrook die winkel vol. Blou wolkbolle sê ek vir jou.

Daar is dae wat ek sommer net ’n boek gekoop het, net om die reuk saam met my te vat. Die reuke het in elke boek se blaaie, hoofstukke, voorblaaie en agterblaaie ingetrek. Oral, sê ek vir jou.

Die boekwinkel se rakke was vol van liefdesstories, opmaakstories, Afrikaanse gedigte, kinderstories, “grootmensboeke” soos hy dit genoem het en dan was daar nog Adoons-hulle, Bollie en inkleurboeke.

Op ’n dag vra ek vir oom Boek hoe het hy al die boeke se name, skrywers en stories so in sy kop in gekry? Hoe weet hy waar is die boeke op die rakke? Hoe weet hy wat in die boek aangaan, so asof hy elke boek in daai rakke al 4 keer deurgelees het? Praat die boeke dan met hom? Het ek sommer so in een asem gevra.

“Kind, oorlat boeke nog boeke in my hande is.”

“Hoe meen Oom dan nou?” Hy glimlag met die een kant van sy mond en die pyp wip in die ander hoek van die mond. Ek vra toe maar nog ʼn vraag: “Hoekom ruik boeke soos hulle ruik?”

“Oorlat boeke ’n mens se reuk aanvat.” Oom Boek sê vir my dat daar in die linkerkantste hoek, heel onder, baie mooi boeke is. Ek moet daardeur kyk. Ek stap deur die rakke tot agter in die hoek, gaan sit op ’n baie ou houtkissie en blaai deur die boeke. Ek verkyk my aan die woorde. Ek vryf oor die voorblad, bekyk die agterblad tot die nek van die boek.

Ek hoor hoe oom Boek ’n vierietjie trek om sy pyp brand te maak. Ek sien die rookbolle bo die rakke soos donnerwolke hang en tussen die klomp boeke in die hoek kry ek ’n skryfblok. In die houtkissie waarop ek sit, is ’n paar potlode, ’n skerpmaker en ekstra tabak. Ek maak die dekseltjie van die kissie oop en haal ’n potlood uit. Dit ruik na hout, lood, boek en tabak. Ek gaan sit plat op die vloer en gebruik die houtkissie as ’n tafeltjie en begin skryf.

Toe ek ’n paar blaaie vol geskryf het, maak ek die houtkissie se deksel oop, sit die potlood terug, trek ’n paar boeke uit die rak en steek die skryfblok agter al die ander boeke weg. Net vir in case.

“Kom jy reg?” vra oom Boek.

“Ja, dankie Oom.”

“Gaan jy iets koop?”

“Nie vandag nie, Oom.”

“Nou maar goed, kom môre weer.”

Ek groet en drentel sleepvoet by die winkel uit. My ma was altyd tog so aan oor die sleepvoet gelopery. Net om die draai is daar ’n koffiekêffie. Dis maar in my natuur om by ʼn kêffie in te stap, al lus ek nie koffie nie. Mens gaan mos maar net in. Maar die boekwinkel se reuk sit in my neus. As ʼn reuk eers in jou neus kom nesskop het, bly hy daar. Reuk het mos maar ’n manier om aan ’n mens vas te klou soos ʼn klein apie aan sy ma. Die waiter wys vir my ’n sitplek waar ek moet sit en bring vir my koffie in ’n mooi koppie. Met koue melk.

Met die wat ek so om my rondkyk, sien ek net mensekoppe onderstebo sit (ek dog eers hulle bid) besig met fone, rekenaars en goeters wat ek nog nooit eers gesien het nie. Sommige mense praat nie met mekaar nie, maar ruk en pluk en beitel behoorlik met die elektroniese ding.

Sommige mense sit en suig aan ’n ding wat soos ’n sigaret lyk, maar dit werk met ’n battery. Ek verkyk my aan die bolle rook wat dit maak, maar dit ruik nie na oom Boek se pyp nie. Die elektroniese goetertjies waarin die mense so staar, ruik ook nie soos oom Boek se boeke nie.

Ek roep die waiter nader en vra of ek gou kan uithol. Ek sal nou terug wees en sal hy sommer ʼn ogie oor my sak gooi? Hy knik sy kop toe heel ordentlik, maar hy sprak geen sprook nie. Ek sit die piering op my koppie sodat die koffie darm nog warm is teen die tyd wat ek terugkom.

Ek draf by oom Boek se winkel in en vra: “Kan ek asseblief ’n boek leen, Oom?”

“Jy kan. Watse boek?” en die pyp wip.

“Die een wat die meeste na Oom ruik.”

“Dis hierdie een wat ek nou lees, bring hom maar later terug.”

Ek vat die boek en hardloop terug koffiekêffie toe. Daar in die kêffie maak ek die boek oop, druk dit teen my neus vas, trek die reuk in tot diep in my longe, proe aan die koffie en vergeet van almal om my.

Die volgende dag gebeur alles weer dieselfde. Nadat ek ’n paar bladsye in die skryfblok geskryf het, leen ek weer die boek by oom Boek, kêffie toe, ruik, proe die koffie en gaan huistoe. So het dit aangehou vir maande en op ’n dag sê oom Boek Joons: “Jou gedigte is mooi. Jou gedigte ruik na tabak en potlood. Jou gedigte ruik na my winkel. Jou gedigte ruik na boek. Jou gedigte is mooi.”

Dis net die ene gedigte voor en gedigte agter. Nooit het ek geweet dat oom Boek Joons weet dat ek gedigte skryf nie, en nooit het ek geweet dat hy dit lees nie.

“Kind, vat maar hierdie boek wat jy altyd by my leen. Dis joune. Bêre hom mooi.”

Ek het daardie boek op die houttafeltjie langs my bed gesit en hom laat ooplê sodat die reuk nie verdwyn nie. Daardie aand toe ek die lig afsit en ek lê in die donker en ruik oom Boek Joons se boek, wonder ek of die mense wat so besig is met ander goetertjies ook nog boeke ruik? Dalk nie. Maar snags as die dorp stil word en almal gaan slaap, steek oom Boek eers ’n kers aan, dan sy pyp, en gaan sit in sy boekwinkel, in die agterste linkerhoek en lees my gedigte.

Op ’n dag toe ek weer by oom Boek wou gaan kuier, is die winkel toe. Meneer Adams wat die vis-en-tjips-winkel langs die boekwinkel bestuur, vertel my dat die engele vir oom Boek kom haal het. Hulle vermoed so in die oggend-ure. Sommer hier in sy winkel, agter in die linterkantste hoekie. My hoekie. Ek skrik.

“Mag ek ingaan?” vra ek.

“Ja, meester, ons kan by die agterdeur ingaan. Ek het nog ’n sleutel daarvan wat hy vir my gegee het vir in case.” Ons stap in en ek ruik vir oom Boek. Ek ruik sy pyp. Ek ruik sy boeke. Ek ruik hom. Agter in die linkerkantste hoek waar hulle hom dood gekry het, lê my skryfblok vol gedigte met ’n nota wat hy geskryf het. Die nota lees dat as die Engele hom die dag kom haal, dat ek maar die boekwinkel moet oorvat en daarmee voortgaan. Net so.

Nou rook ek maar ook kromsteelpyp en regte tabak. Ek skryf met regte potlood, net soos oom Boek Joons. En soms sien ek vir oom Boek so tussen die boekrakke deurslenter, wys met ʼn krom vinger na ʼn boek en sê, “Lees hierdie ene vandag.”

Ek haal die boek dan versigtig uit die rak, ruik daaraan en maak op ʼn bladsy oop en lees ʼn stukkie. Al is dit net twee lyntjies, maar in daai twee lyntjies praat oom Boek met my. Dan weet ek dat hy hier iewers is en soms sien ek hom tussen die “grootmensboeke.”

Lees ook

Die Joons-kinners

Bazil en die bazaar

The post Oom Boek Joons appeared first on LitNet.

Fotogalery: kykNET Fiëstas is tien jaar jonk

$
0
0

Die tiende kykNET Fiëstas is Sondag, 9 Februarie 2020, by die Kunstekaap-teater in Kaapstad aangebied. Tydens dié glansgeleentheid is die beste werk van die afgelope feesjaar met toekennings vereer.

Hallo, Kunstekaap! (Foto: Menán van Heerden)

Die akteur en komediant, Casper de Vries, was die seremoniemeester en is deur Dean John Smith, June van Merch en Success Lekabe as mede-aanbieders bygestaan. Die gaste en kykers was ook met optredes deur Ilse Klink, Germandt Geldenhuys, Amanda Strydom, Emma van Heyn, Nataniël, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe en Sheldon Yoko), die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die Kaapse Operakoor  en die New World-dansteater bederf.

Blou tapyt (Foto: Menán van Heerden)

Die wenners wat met ’n kykNET Fiësta-toekenning weggestap het, is:

  • Cantona James – Beste opkomende kunstenaar (In Slavenhuis 39 en Jakkals en Wolf Onbeperk
  • Brett Bailey – Beste teater-ontwerp (Samson
  • Jean Theron Louw – Beste prestasie in visuele kuns (My Afrika-wildehonde
  • Devonecia Swartz – Beste vroulike byspeler (Jakkals en Wolf Onbeperk
  • Edwin van der Walt – Beste manlike byspeler (Koningin Lear
  • Sandra Prinsloo – Beste spel in ’n solo-vertoning (Kamphoer: Die verhaal van Susan Nell)
  • José Dias – Beste prestasie in klassieke musiek (Hulde aan Nellie du Toit
  • Eet kreef! – Beste musiekgedrewe produksie – podium 
  • kykNET verjaarsdagkonsert – Beste musiekgedrewe produksie – buitelig 
  • Innibos – Fees van die jaar 
  • Antjie Krog – Beste vertaling of verwerking van ’n bestaande (Koningin Lear
  • Christo Davids en Lloyd Davids – Beste nuutgeskepte Afrikaanse teks (Queenie-hulle
  • Jakkals en Wolf Onbeperk – Beste duo of ensemble 
  • Brett Bailey – Beste regie (Samson
  • Antoinette Kellermann – Beste aktrise (Koningin Lear
  • Brendon Daniels – Beste akteur (Queenie-hulle
  • Samson – Beste musiekgedrewe produksie – teater 
  • Queenie-hulle – Beste aanbieding

Die kykNET Fiëstas vereer ook jaarliks verskeie legendes vir hul lewenslange bydrae tot die teater- en vermaaklikheidsbedryf. Die kunstenaars wat vanjaar vereer was, is:

  • Elize Cawood: legende vir haar bydrae tot teater, film en televisie 
  • Virginia Davids: legende vir haar bydrae tot opera en musiek 
  • Janice Honeyman: legende vir haar bydrae tot die kunste 
  • Pieter-Dirk Uys: legende vir sy bydrae tot die kunste en Suid-Afrika

Geluk aan die wenners!    

Die tiende kykNET Fiëstas (Foto: Menán van Heerden)

Anna-Mart van der Merwe gesels met Philicity Reeken van Jacaranda FM (Foto: Cliffordene Norton)

Marlene le Roux en Niel le Roux op die blou tapyt (Foto: Cliffordene Norton)

Trix Vivier en Lea Vivier (Foto: Cliffordene Norton)

Die akteur, Dean John Smith, was een van die mede-aanbieders. (Foto: Cliffordene Norton)

Van links: Ann Juries-May, Maria Valente De Almeida en Menicia Sass (Foto: Cliffordene Norton)

Bekende akteur, Cedwyn Joel (Foto: Cliffordene Norton)

Melanie du Bois (Foto: Cliffordene Norton)

Christo Davids (Foto: Cliffordene Norton)

Ilse Klink en Roberto Kyle (Foto: Cliffordene Norton)

Karen Meiring, M-Net se direkteur van Afrikaanse kanale. (Foto: Cliffordene Norton)

Kunstekaap (Foto: Menán van Heerden)

Saartjie Botha en Murray La Vita (Foto’s: Cliffordene Norton)

Japie Gouws (Foto: Cliffordene Norton)

Deniel en Frazer Barry (Foto’s: Cliffordene Norton)

Success Lekabe (Foto: Cliffordene Norton)

Mercy Kannemeyer en Gretchen Jansen (Foto: Cliffordene Norton)

Catona James, wenner van die kykNET Fiësta-toekenning vir Beste opkomende kunstenaar (Foto: Cliffordene Norton)

Theltom Masimila en Craig Adriaanse (Foto: Cliffordene Norton)

Vashti Prins, met haar metgesel, die akteur, Jarrid Geduld (Foto: Cliffordene Norton)

Van links: Nadia Valvekens, Lauren Joseph en Jawaahier Petersen (Foto’s: Cliffordene Norton)

Nicole Fortuin en Lynelle Kenned (Foto: Cliffordene Norton)

Shirmoney Rhode en haar man, Isaac John de Lange (Foto: Cliffordene Norton)

Herschelle Benjamin (Foto: Cliffordene Norton)

Eldon van der Merwe en Dean Richard Olivier (Foto’s: Cliffordene Norton)

Nag Kaapstad! (Foto: Menán van Heerden)

Lees ook ’n onderhoud met die wenner van die beste opkomende kunstenaar-toekenning

Cantona James van In Slavenhuis 39 benoem as beste opkomende kunstenaar by Fiëstas

The post Fotogalery: kykNET Fiëstas is tien jaar jonk appeared first on LitNet.

Die 10de kykNET Fiëstas: Hier is die wenners!

$
0
0

Die 10de kykNET Fiëstas is op Sondag 9 Feburuarie 2020 by die Kunstekaap-teater in Kaapstad gehou en regstreeks op kykNET, DStv-kanaal 144, uitgesaai.

Casper de Vries was op sy stukke as seremoniemeester en is deur Dean-John Smith, June van Merch en Success Lekabe as mede-aanbieders bygestaan. Die gaskunstenaars, Amanda Strydom, Emma van Heyn, Germandt Geldenhuys, Ilse Klink en Nataniël, het tot die sukses van die aand bygedra.

Die gehoor was ook met optredes deur die opera-sanger, Nombulelo Yende, Eet kreef! (Laudo Liebenberg, Frank Freeman, Mikhaela Kruger, Schalk van der Merwe en Sheldon Yoko), komediant Ian Young, die Kaapse Filharmoniese Jeugorkes, die Cape Town Opera Chorus en die New World Dance Theatre bederf.

Dit was ’n besonderse aand, met dié dat die tiende bestaansjaar van die kykNET Fiëstas vanjaar gevier word. Dié gesogte toekenningsgeleentheid is in 2010 in die lewe geroep – nie net om erkenning te gee aan grensverskuiwende en gehaltewerk wat op feesverhoë op- en uitgevoer word nie, maar ook om saam met ander rolspelers die skep van kreatiewe werk in Afrikaans te koester en te bevorder.

Karen Meiring, M-Net Direkteur:  kykNET-kanale: “John Kani het verlede jaar tydens die Fiëstas gesê: slegs die kunste kan ons (Suid-Afrika) verenig. In 'n land met só komplekse verlede, en soveel uitdagings wat ons daagliks konfronteer, het kunstenaars 'n verantwoordelikheid en plig om leiers te wees in hoe ons die toekoms verken en verstaan. kykNET se ondersteuning is gewaarborg vir werk wat 'n kollektiewe ervaringswêreld skep, deur inhoud van gehalte wat resoneer.”

Geluk aan die wenners!

BESTE AKTEUR:

Brendon Daniels – Queenie hulle

BESTE AKTRISE:

Antoinette Kellerman – Koningin Lear

Antoinette Kellerman en Neels van Jaarsveld in Koningin Lear (foto: Nardus Engelbrecht)

BESTE MANLIKE BYSPELER:

Edwin van der Walt – Koningin Lear

 

BESTE VROULIKE BYSPELER:

Devonecia Swartz - Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE REGIE:

Brett Bailey – Samson

BESTE TEATERONTWERP:

Wolf Britz – Statements After an Arrest Under the Immorality Act

BESTE SPEL IN ’n SOLO-VERTONING:

Sandra Prinsloo – Kamphoer - die verhaal van Susan Nell

BESTE NUUTGESKEPTE AFRIKAANSE TEKS:

Christo Davids en Lloyd Davids – Queenie-hulle

BESTE OPKOMENDE KUNSTENAAR:

Cantona James – In Slawenhuis 39 & Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE PRESTASIE IN KLASSIEKE MUSIEK:

José Dias – Hulde aan Nellie du Toit

 

BESTE PRESTASIE IN VISUELE KUNS:

Jean Theron Louw (beeldhouer) – My Afrika-wildehonde

Foto: https://www.jeantheronlouw.co.za/

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – BUITELUG:

kykNET-Verjaarsdagkonsert

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – PODIUM:

Eet Kreef! (Frank Freeman & Etienne van Rooyen)

 

BESTE MUSIEKGEDREWE PRODUKSIE – TEATER:

Samson

Foto: Nardus Engelbrecht

BESTE AANBIEDING:

Queenie-hulle

BESTE DUO OF ENSEMBLE:

Jakkals en Wolf Onbeperk

BESTE VERTALING OF VERWERKING VAN 'n BESTAANDE WERK:

Koningin Lear

Antoinette Kellermann, Neels van Jaarsveld, Anna-Mart van der Merwe in Koningin Lear (foto: Nardus Engelbrecht)

FEES VAN DIE JAAR:

Innibos

BLOU FIËSTA:

reWOLusie

LEWENSBYDRAE TOT TEATER:

Elize Cawood

Janice Honeyman

Pieter-Dirk Uys

Virginia Davids

The post Die 10de kykNET Fiëstas: Hier is die wenners! appeared first on LitNet.

Into the mind of the defeated: Motivations behind the language struggle at Stellenbosch University

$
0
0

This article was originally published in Afrikaans:

Die mentaliteit van die verslaandes

The impetus to write this article is not from feeling a need to react or serve a riposte to fellow Matie student Elina Kamanga, whose thesis detailing hidden structural racism at Stellenbosch University (SU) was the subject of an M&G article on 23 January 2020.

The lingering social effects of segregation and racial discrimination are still causing pain and alienation at many of our country’s former whites-only institutions. However, the article also seemed to allude to the idea that the mere presence of Afrikaans and Afrikaansness at Stellenbosch indicated racism, as if human conversation and academic discourse in the language is undesirable. I aim to inform readers that the underlying reasons for Afrikaans-language activism at the university do not stem from supremacist attitudes or exist for the sake of belligerent exclusion, but are essentially a struggle against a remnant colonial Englishness, a struggle which is similar to the struggle against exclusive whiteness in former whites-only spaces.

An unsettling dialogue

Shortly after Christmas, I am relaxing on the beach with some Afrikaans-speaking family members. Someone has been reading the morning paper, which contains a report that the Association of Lawyers for Afrikaans (Vereniging van Regslui vir Afrikaans, or VRA) has successfully agitated to maintain Afrikaans as a choice of language in which candidate attorneys can write their professional examinations.

“Did you see Frederik? They won that fight. It’s wonderful!”

I nodded happily from under my sunroof (a copy of Afrikaans novelist André Brink’s A dry white season).

“It’s a good thing that the VRA and those types of organisations are doing something for Afrikaans, otherwise no one will – even if some sceptical people shoot those organisations down,” said someone, while shifting to a more comfortable spot.

Then, one my fellow sun seekers, also a future lawyer, grumbled something that made me sit up with shocked attention. She said something like: “Ag, these people who are so hard up for Afrikaans professional examinations can also sommer be shot down.”

Did I hear properly?

“Excuse me?” I asked with a slight glare, before continuing. “Isn’t that very drastic? I mean, there is surely nothing inherently inferior about Afrikaans that it should not be allowed to be used as an examination medium?”

She turned over. “Oh, man, the courts are all English, anyway, so why bother?”

I sat up and frowned.

“That’s not the point. Nothing about Afrikaans is inherently inferior compared with English. The reason for English-language domination in this country is because of a history of colonialism by the Brits. It’s our decolonial duty in South Africa to move ahead by finding our human dignity within our own indigenous knowledge and languages. To be new and different. To heal from a colonial past.”

Then, another beach companion, also Afrikaans but for years a Canadian expat, said: “So what? That history of conquest shows us who is the strongest and who had to survive. So, that’s why we stick to an English West.”

“Why do you keep fighting?”

A few weeks before, a friend pressed me about my fighting attitude when it comes to Afrikaans-language rights, multilingualism and the language debate at Stellenbosch University. Why shout against the thunder, she asked. Why are you steaming ahead, while most Afrikaans speakers are just silent about these things? Why don’t you keep your rants about protesting for the weekend braais or kitchen conversations?

To understand properly why I cannot be silent, we must investigate the deeper constituent parts of the abovementioned dialogue on the beach.

After the conversation with my kin, I realised that there is something much deeper to their established standpoints on their own Afrikaansness than the cold logic of English’s dominant status in our society. Even if you as a reader take the same position – that English is globally dominant and, therefore, the only option to gain public prestige, a successful career and financial stability – you still fail to answer the deeper question of why Englishness and its concurrent British-American cultural norms are occupying the throne.

In short, you cannot logically argue that something is currently the case because you believe that it ought to be so, or that it would have been so in any case.

The historical moment in which we find ourselves is one where the English language and Englishness dominates society, but this state of affairs did not suddenly fall down from the heavens. On the contrary, a very specific imperialist agenda in the 19th century led to a string of British colonial successes in southern Africa, all the way from modern Zambia, through Botswana, down to the Cape. All over these regions, English-speaking rulers enforced their British norms and the English language as hegemony. A specific set of cultural convictions was therefore forced upon other people in a specific socio-historical context.

Success in the colonial society, according to decolonial thinker Frantz Fanon, is dependent upon surrender to and cooperation with the colonial ruler. The phenomenon of “askaris”, “joiners” and “garden boys” appeared in a system where the colonial overlords presented opportunities to the colonised to buy into the colonial hierarchy, by offering their labour and loyalty in exchange for material welfare and ordained social power. This phenomenon can be seen in the history of the Khoi-Khoin in the early and later Cape Colony, as well as in the case of the Igbo people of British colonial Nigeria, as explained by Chinua Achebe in his celebrated novel, Things fall apart (1958).

The arrival of colonial Englishness is a story of war, servitude, prejudice and discrimination, favouritism and even slavery. And, despite the Union Jack’s departure from the flagpoles of the Union Buildings, the remnant of the British colonial era continued over into apartheid and modern South Africa. This phenomenon, termed coloniality, survives in the language and culture which we sheepishly follow as the default option for success, even in the postcolony.

Nothing about the historical happenstance of British colonialism was inherently determined. A certain group of people, a few centuries ago, simply played their geopolitical cards in such a way that they could bring about their colonial wishes, in a time when supremacist attitudes and discrimination were not officially condemned and formally countered by a Universal Declaration of Human Rights.

I believe that our value-driven constitutional dispensation does not require only the overturning of the dominance of whiteness and Englishness as forms of structural baasskap.

I believe it asks for something more radical: that we foster equality and human dignity in such a way that we seek to reject and counter the domination of one group by another, so that there is space for everyone in the public realm. My native Afrikaans language, therefore, deserves a chance of academic and public development that stretches further than the braai or the kitchen door, whether it be in the arts, literature, education or the law.

That is why I will not be silent.

Cultural cringe and surrender

How do we explain my Canadian friend’s view that we must accept the consequences of the “history of conquest”?

I explained the concept of success in a colonial society, but why do people in the postcolony still choose to stick to colonial standards and expectations?

To understand this attitude of surrender and subservience, we must not only interrogate why Englishness is a synonym for success for so many people. We must understand something deeper, which I term the “mentality of the defeated” – a feeling of subservience to a victor, and subsequent inaction, even in the face of oppression and supremacism.

The eccentric 19th century thinker Friedrich Nietzsche argued that Western Christian civilisation incorporates a “slave mentality”. Christianity’s cultural roots have their origins in slavery; the theological promise of heavenly salvation despite poverty, persecution and oppression evolved into the universally known Western Christian values, including placidity, compassion, friendliness, forgiveness and obedience.

There’s nothing necessarily wrong with these fundamental values of the West. On the contrary, people have been shaping these values to fit their evolving cultural contexts over the ages, for the sake of relevance.

The Achilles heel of the slave mentality is that it’s so focused on the concept of salvation after death, that the trend has arisen to call for the turning of one’s other cheek always and uncritically. Revolutionary action against injustice is accordingly discouraged.

This means that Caesar always gets what Caesar wants, even if this involves large-scale oppression of civil and political rights. The slave mentality was an asset for the Catholic Church during the Reformation period, since it helped justify abuse of power by clergymen, such as the indulgence letter system, by which a person could “buy” his way out of earthly sins by payment of money to the church. Its disapproval of earthly revolution explains the French church’s opposition to French citizens’ revolutionary action in the name of equality, liberty and fraternity.

This mentality of defeat and surrender also reminds me of a judicial phenomenon in the European Dark Ages: the duel, or the “trial by combat”. This procedure was premised upon the belief that justice will be done once the duel is won. The result of the duel, therefore, shows that the winning duellist was right from the start. If the winner is the accused, his victory illustrates his innocence.

The loser must bend the knee, and, in the context of duels between the champions of two opposing armies, honour demands that the losing group or polity must immediately surrender to the winner and his people. This honour culture has been recorded in ancient European history as early as Homer’s Iliad (the story of the Trojan War, which took place in c 1300 BCE).

In honour cultures, the loser must accept that their language, culture and independence are surrendered and subjected as inferior to those of the winner, and so the process of domination ensues. A strong social operator driving this process is what sociologists call “cultural cringe” or “shame”: that intense feeling of embarrassment and disassociation that some feel when their cultural identity is exhibited in a public space.

Cultural shame, honour culture and the mentality of the defeated form a deep undercurrent in South Africa. The Afrikaner community has been beset by colonialist Alfred Milner’s anglicisation policies after the Boer War, and fuelled by an unproductive feeling of surrender and embarrassment since the days of the pariah state. Historical pain, due to injustice, prejudice, racism and violence as inflicted by the white minority government, still grips the hearts and minds of South Africa’s black communities.

In Ireland, I noticed how native Irish people cringed or stood around awkwardly when I articulated a few sentences in their indigenous and endangered Gaelic language. Eight hundred years of English oppression is still evident in the Irish postcolony.

You see cultural shame in how many an Afrikaans youth cringes and says with shame, “I’m not a fan of Afrikaans music,” when an Afrikaans song plays over the radio.

You see it in your Afrikaans friends’ apartheid shame when they immediately shoot down Afrikaans-language legal-professional examinations as undesirable, even if constitutional language rights are at play.

You see it in how people regard globally dominant Englishness as the sole measure of success, and how they obediently bow in subjection before that hegemony.

You see it in the Stellenbosch University’s student leadership and vice-chancery’s apparent fear to resist the full-scale anglicisation of our promising multilingual future.

Can the mentality of the defeated be overcome?

The burden of this mentality is not a healthy state of being for any community struggling with historical trauma.

We will never be able to give meaning to our transformative constitutional values of human dignity and equality within a multicultural society, if we stand bound by a sense of inferiority about ourselves, compared with the superiority complex of global Englishness.

The Anglo-Western espousal of unrestrained free markets and enforced, insensitive globalisation has impoverished and divided communities through the exploitation of labour and the fraudulent behaviour that caused the 2008 financial crisis. Individual demands were disproportionately advanced over the welfare of communities.

We must acknowledge that there is nothing inherently superior about global and Western Englishness. We can break away from the brutal honour culture which demands that we subject ourselves like the defeated victims of a deserved historical punishment.

We can liberate our minds without having to be anti-English, anti-white and anti-Western; after all, we have various communities (especially Indian, coloured and white) whose mother language is English. There is nothing inferior about these communities simply because they happen to be born into structural English-language privilege.

If you are white and Afrikaans, feelings of shame and defeat will never help build a new, dynamic and nonracial future for the Afrikaans language. Rather, use your historical privileges to invest in our poverty-stricken communities. Lay claim to your constitutional language rights, and support those who fight for language rights on your behalf.

All that I ask for, as an Afrikaans speaker – and I would imagine that other African-language speakers demand the same – is language equity and the proactive recognition and development of our dearly held language and cultural humanity, now and in the future: a safe, brave and empowering space under the South African sun.

The post Into the mind of the defeated: Motivations behind the language struggle at Stellenbosch University appeared first on LitNet.

Ses eietydse mikrosprokies

$
0
0

Aspoestertjie

Sy staan in die donker. Haar rokkie net lank genoeg om toe te hou. Die lewe is haar Stiefmoeder. Haar stiefsusters Noodlot en Armoede. Die Goeie Fee huiwer oorkant die straat; hy hanteer sewe meisies in hierdie blok. Sy stap uit na elke kar wat stop, klim in, keer weer terug; op die Fee se bevel. Soms met kneusmerke wat sy onder stowwerige grimering wegsteek. Elke aand wag sy op die prins wat hou van hoe haar lippetjies, glinsterend soos glas, om hom pas. Wat haar in sy kar sal laai en vir ewig wegvoer na sy voorstedelike paleis.

Sneeuwitjie

Sy bly maal in my kop, die hoogmoedige swartkop buurvrou van my jeug. Na haar egskeiding het sy alleen gebly, haar gewese man finansieël verwoes. Sy kon eet, hoe gulsig kon sy nie eet nie; wulpse vrugte het smeulend tussen haar wye mond se lippe verdwyn. Soms was sy afgunstig; “Is sy mooier as ek?” sou sy vra. As ek nie vinnig genoeg anwoord nie, is ek woedend toegesnou. Sy het lui op die bed uitgestrek, spelend soos ’n kat, my aan die hand gevat en haar bronstige tuin ingelei. Ek, haar prins op sestien, haar sewende doodsonde. 

Rooikappie

Sy huppel tot by Ouma se voorhekkie. Sy neurie oppad na die voordeur. Dis ouma se nuwe kêrel wat oopmaak. Sy blommetjieshemp en jean is aangeverf. “Kom binne” sê hy, “jou ouma is nou-nou hier.” Sy sit op die rusbank, drink die aangebode koeldrank. Sy sien sy groot oë op haar. Sy groot hande vat aan haar en die lippe van sy groot mond vee oor haar willose lyf. Dan voel sy sy byl. Alles word rooi. En sy weet, wéét: Ouma kom ook nooit weer terug nie. En die houtkapper het lankal in die rivier van vergeet verdrink.

Repelsteeltjie

Die dwerge is vir dekades uit hulle modder- en strooihuise geneem om goud te spin vir die konings. Goud, steenkool, platinum, yster … dag en nag het hulle gespin. Sonder rus, sonder ophou. Hulle moes in gate bly, soos rotte. Die konings het ryker en ryker geword, hulle kastele groter, die skildmure hoër. En eendag, skielik, het die dwerge voor die skanshekke gestaan en die eersgeborenes, al-geborenes geëis. Die konings wou probeer onderhandel, maar het nie die dwerge se name geken nie. “Ons eis staan!” het die dwerge geskree, “ júlle kinders; ons het óns s’n nooit geken nie.”

Die prinses en die ertjie

Die prinsessie het op die bed gelê toe hy inkom. Sy het hom nie verwag nie. Met koerwoordjies het hy haar hart verweek en haar van die dun matrassie se knoppe laat vergeet. Later, toe hy loop, het sy alleen gehuil. Sy het nie geweet van die ertjie wat hy by haar gelos het nie. Maande later het die ertjie uitgeval en verander in ’n skreeuende draak wat moet eet, altyd moet eet en trek aan haar seer tepels met oorgeërfde drif. En sy het hom gebêre onder tien matrasse totdat sy asem verdwyn het.

Hansie en Grietjie

Hansie en Grietjie is net so gelos,
Sonder water, sonder rigting, sonder kos.
Diep-diep in die groot stedelike bos.

’n Tante kom verby, sonder tande,
met sekelvingers en verdorde hande,
kom saam, verdwaal is ’n vreeslike skande.

In haar huis van baie koek en koeldrank,
Ruik hulle aanvanklik nie eers die stank.
Ou sweet, lank verdwene wasems, hang vrank.

En hulle was en stryk en stof en vee
Vir leë beloftes en koue tee
En stadig gee hulle harte mee.

Eendag, met mes en byl,
Verwerk hulle haar tot huisvuil
En leef voort, gelukkig en geil.

Lees ook

Julio Agrella skryf 101 limerieke vir 2019 se verkiesing

Ses verse in drie liriese middeleeuse style

The post Ses eietydse mikrosprokies appeared first on LitNet.

Viewing all 21592 articles
Browse latest View live