Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 22112 articles
Browse latest View live

Dinge vir ’n kind? Liggaamsopvoeding in skole

$
0
0
CSE in spervuur en die land gons ...

Die bekendmaking van die Departement van Basiese Onderwys se voorgestelde geskrewe lesplanne vir seksvoorligting by skole, Comprehensive Sexuality Education (CSE) het die land aan die gons.

Sedert die inisiatief se bekendstelling is ’n herrie ontketen en het wanbegrip, fopnuus en ’n gebrek aan kommunikasie aansienlike negatiewe, en soms onakkurate, persepsies geskep.

CSE-inhoud verander nie

Volgens die departement se webtuiste is die aanvanklike leerplan, Comprehensive Sexuality Education (CSE), in 2000 ingestel as deel van lewensoriëntering en word dit nou met meer omskrywende lesplanne en werkboeke in geskrewe formaat beskikbaar gestel. Die departement bevestig dat niks van die oorspronklike inhoud verander is nie:

CSE has been part of the curriculum since the year 2000. The change is that in 2015 the DBE developed Scripted lesson plans (SLPs) which are currently being tested in five provinces in order to strengthen teaching in schools. The SLPs are learner and teacher support materials that are designed to aid teachers and learners to address these important topics in a systematic manner.

Volgens die departement is die CSE ’n kurrikulumgebaseerde proses van onderrig wat fokus op die aanleer van die kognitiewe, emosionele, fisieke en sosiale aspekte van seksualiteit.

Program nog nie gefinaliseer

In ’n verklaring wat die onderwysdepartement einde verlede jaar op hul webwerf uitgereik het, word dit duidelik gestel dat die program nog gefinaliseer moet word. Volgens inligting is die leerplan vir onderwysers ook nie afdwingbaar nie.

Jaco Deacon lewer kommentaar

Jaco Deacon, adjunkhoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (FEDSAS) sê demokratiese prosesse is gevolg alvorens die CSE in 2000 geïmplemeteer is.

“Die 2000-prosedure was ’n volledige kurrikulumproses met openbare deelname waartydens vakbonde, belanghebbendes en etlike organisasies by betrokke was,” sê hy

Hy meen ook dat die huidige herrie veroorsaak is deur die voorlegging in die parlement sonder dat interne rolspelers of die publiek hiervan geweet het.

“Hulle moes toe hoor dit is verpligtend en as ouers nie saamstem nie, moet hulle privaatskole toe. Opvoeders sal aangekla word as hulle dit nie aanbied nie.”

Proeftydperk nodig om lesse te toets

Die departement se proeflopie om die geskrewe lesplanne te toets is reeds in volle swang. Provinsies met die hoogste voorkoms van MIV in die land, naamlik die Wes-Kaap, Gauteng, die Vrystaat, Mpumalanga en KwaZulu-Natal is uitgesonder om deel te neem.

Terugvoering en evaluering geskied op ’n deurlopende grondslag, wat die CSE se uiteindelike lesinhoud sal bepaal.

’n Keerdatum vir wanneer die proeftydperk eindig, is nog nie aangekondig nie en volgens die departement word die sillabus steeds ontwikkel en aangepas. Ouers en onderwysers wat nie by die proeflopie betrokke is nie, is genooi om insette oor die geskrewe lesplanne te lewer. Die program sal by alle skole ingestel word wanneer die owerheid daarmee tevrede is – ’n finale besluit is nog nie geneem nie.

Departement poets bestaande program

Die toename in onder andere tienerswangerskappe, MIV/Vigs-statistiek wat opwaarts neig en die meer as ’n derde van seuns en meisies jonger as 17 wat deurloop onder seksuele geweld, het die departement aangespoor om die bestaande CSE te poets.

Gepaste leerstof vir die onderskeie ouderdomsgroepe is onder leiding van die Departement van Basiese Onderwys en kundiges saamgestel. Die United Nations Educational, Scientific and Cultural Oranization (Unesco), plaaslike en internasionale konsultante, hoogaangeskrewe navorsers en ’n raadgewende komitee het insette gelewer en monitor steeds die terugvoer.

Seksualiteitsopvoeding is nie seksopvoeding nie

Jongmense word deur dié kennis bemagtig, beskerm en ondersteun om in verantwoordelike volwassenes te ontwikkel. Dit poog om kinders en die jeug met vaardighede, kennis en positiewe gesindhede toe te rus vir die oorgang van kinderjare na grootmenswees.

Die leerplan fokus op seksualiteitsopvoeding, verhoudings, waardes en weerbaarheid. Slegs ouderdomsgepaste inligting is ingesluit. Daar is hoegenaamd nie sprake van seksopvoeding (inhoud wat geslagsomgang omskryf) nie, sê die departement.

Tussen 10 en 12 jaar

Vir leerders tussen 10 en 12 jaar oud is lesse saamgestel wat op veiligheid fokus – wat kanse verklein dat kinders slagoffers word van seksuele mishandeling, seksuele voorbereiding en afknouery (boeliegedrag). Kinders leer om seksuele misbruik te identifiseer en hoe om dit aan te meld. Respek vir eie liggaam en dié van ander is ingesluit.

Bron: https://www.education.gov.za/Portals/0/Documents/CSE%20Scripted%20lessons/Gr4%20LB%2010_11_2019A.pdf?ver=2019-11-11-143238-000

Tussen 13 en 15 jaar

Leerders tussen 13 en 15 jaar word aangemoedig om te wag alvorens hulle seksueel aktief raak. In dié fase word die voorkoming van swangerskap en MIV behandel. Antiretrovirale medikasie en die verkryging daarvaan word bespreek. Ander seksueel-oordraagbare siektes word in dié fase belig. Dit dek ook “veilige seks” vir jongmense wat reeds seksueel aktief is en dui aan waar om hulp te kry in die geval van verkragting.

Bron: https://www.education.gov.za/Portals/0/Documents/CSE%20Scripted%20lessons/GR8%20LB%2011_11_2019A.pdf?ver=2019-11-11-143230-000

Tussen 16 en 18 jaar

Vir leerlinge tussen 16 en 18 jaar oud word die aandag toegespits op keuses, rolmodelle, mensehandel, persoonlike aksieplanne en die vervulling van toekomsplanne.

Die departement reël inligtingsessies

In Januarie het die departement onder andere ’n reeks konsultasies gereël om misleidende inligting, fopnuus en wanopvattings op te klaar. Tradisionele en geestelike leiers het in Pretoria die geleentheid gekry om aan gesprekke deel te neem. Granville Whittle, adjunkdirekteurgeneraal: versorging- en ondersteuningsdienste van die onderwysdepartement, het geestelike leiers uitgedaag: “You cannot object to CSE if you did not study the curriculum. So read it and let’s have an informed discussion. This does not have to be the end of the conversation.”

Nioma Venter lewer kommentaar

Nioma Venter, predikant in sinodale diens van die diensgroep Diaconi (PSD), ondervoorsitter van die Algemene Sinode en waarnemer by die konsultasie, meen die kerk word uitgedaag om in die lig van huidige omstandighede in die land (tienerswangerskappe, seksuele geweld en toename in MIV-syfers) toenemend by waardevorming betrokke te raak en in besonder kinders hierin te begelei.

Die debat het beklemtoon dat kinders geweldig blootgestel is. Bemagtigting met waardes, kennis, vaardighede en ondersteuning hoop om ’n verskil te maak.

Oor die mistastings van kurrikuluminhoud sê sy:

Dit blyk dat allerhande mistastings oor die kurrikuluminhoud die rondte doen. ’n Goeie voorbeeld is die onderrig oor masturbasie wat oënskynlik in die lesplanne sou wees. Die waarheid is dat dié tema onder die hofie risikogedrag opgeneem is en slégs in die opvoeder se gids voorkom.

Kritici teen grafiese lesplanne en sagte pornografie

Sommige kritici meen van die lesplanne is te grafies en koppel dit selfs aan “sagte pornografie”. Die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) beskou dié lesplanne ook nie as ouderdomsgepas nie.

Badisa, ’n gesamentlike bedieningsaksie van die NG Kerk (Wes-Kaap) en die VGKSA (Kaapland) stem nie noodwensdig saam nie. In hul hoedanigheid as geregistreerde kinderbeskemingsorganisasies is drie van hul spesialiste gevra om die CSE-kurrikulum te bestudeer. Hulle bevind:

  • Die kurrikulum is wetenskaplik akkuraat en leer kinders om korrekte terminologie te gebruik.
  • In die meeste gevalle is die materiaal ouderdomsgepas; spreek dit kritieke scenario’s aan waarin kinders die geleentheid gegun word om te oefen om positiewe keuses te maak en begrip te ontwikkel vir die gevolge van hul keuses.
Unesco lewer kommentaar

Buyiswa Mpini, nasionale programbeampte van Unesco, het tydens dié inligtingsessie in Pretoria die opbouende waarde van die program beklemtoon. Leerders word onder meer aangemoedig om graad 12 te voltooi, het sy gesê.

Seksualiteit en waarom dit belangrik is

Seksualiteit is een van die mens se fundamentele dryfvere wat emosies, gedagtes en gedrag beïnvloed en in ’n bepaalde rigting stuur. Kortom, dit omskryf wie en wat ons is en vorm die kern van menswees. Om dié redes is sinvolle en eerlike leiding vir die jongklomp van die grootste belang.

Die Departement van Basiese Onderwys se beoogde seksvoorligting by skole, geskrewe leerplan vir onderwysers en werkboeke vir leerders kan hier lig in die tonnel skyn. Die klaskamer is ook by uitstek die aangewese plek om die inligting oor te dra.

  • Proefeksemplare van lesplanne vir leerlinge in gr 4 tot gr 12 is beskikbaar op die departement se webwerf: education.gov.za.
  • Konstruktiewe kritiek oor lesinhoud na bestudering van die materiaal kan gerig word aan S@dbe.gov.za en cc mpini.b@dbe.gov.za.

The post Dinge vir ’n kind? Liggaamsopvoeding in skole appeared first on LitNet.


"Safari" deur DJ Opperman: ’n matrikulant se ontleding

$
0
0

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se ontleding van "Safari" af te laai.

The post "Safari" deur DJ Opperman: ’n matrikulant se ontleding appeared first on LitNet.

"Die skedel lag al huil die gesig" deur Rayno Mostert: ’n matrikulant se ontleding

$
0
0

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se ontleding van "Die skedel lag al huil die gesig" af te laai.

The post "Die skedel lag al huil die gesig" deur Rayno Mostert: ’n matrikulant se ontleding appeared first on LitNet.

"Vroegherfs" deur NP van Wyk Louw: 'n matrikulant se ontleding

$
0
0

 

Hierdie opsommingsaantekeninge is uit eie beweging deur Suné Williams, ’n graad 12-leerder, aan LitNet gestuur. Hierdie aantekeninge dien as breë riglyne en die LitNet-redaksie beveel aan dat leerders alle werk wat in die klas behandel word, selfstandig nagaan en self opsom. Ons beveel verder aan dat leerders met hulle eie onderwysers nagaan hoe elke betrokke skool en onderwyser die vak bestudeer en assesseer. Weens talle navrae rondom opsommings, bied LitNet hierdie inhoud aan ons lesers. 

 

Klik hier om Suné Williams se ontleding van "Vroegherfs" af te laai.

The post "Vroegherfs" deur NP van Wyk Louw: 'n matrikulant se ontleding appeared first on LitNet.

Bybel in Kaaps: Psalm 6

$
0
0

Psalm 6 

1 Vi di leier van die koor: Met snaarmusiek, met basstem. ʼn Psalm van Dawid.

2 Jirre, U moetie vi my straf wanne U kwaad issie.

3 Jirre, U moet my genadig wies, en my help, wannit gat soe sleg met my,
Jirre maak my gesond, wan my lyf is vol pyne.

3 My siel is siek.
Jirre, hoe lank garrit vat voo U my red?

4 Jirre, kyk tog na my toe, en help my.
Red my. U liefde sal my nooit innie stiek laatie.

5 Dooie mense kannie U naam uitroepie.
Hoe kan hulle U naam prys wanne hulle ses voet onnerie grond is?

6 Die gemoanery van my het my moeg gemaak.
Ek huil nou al vi die hele nag,
my bed is nat van al die gehuilery.

7 My oë is soe dik van hatsee dat ekkie lekke kan sienie.

Deu al die gehuilery oo wat my vyande doen
kan ekkie mee lekke sienie.

8  Gat weg van my af, amal van julle wat slegte dinge doen.
Die Jirre het my gehuilery gehoo.

10 Amal my vyande sal toegesmee wôd met skande en moeilikheid.

Hulle sal moet vinnig in skaamte wegdraai van my af.
Alles sal soe gou gebeer!

The post Bybel in Kaaps: Psalm 6 appeared first on LitNet.

Uitnodiging: Bekendstelling van Tussenaganger deur Marius Crous

Inskrywings vir die 10de kykNET Silwerskermfees nóú oop!

$
0
0

Die kykNET Silwerskermfees vier vanjaar ’n dekade van uitsonderlike films en talent in die plaaslike vermaaklikheidsbedryf.

Sedert die begin van die kykNET Silwerskermfees is daar al die afgelope 9 jaar sowat 126 kortfilms vervaardig met meer as 80 vollengte films wat by die fees debuteer het. Vooraanstaande filmmakers soos Christiaan Olwagen(Kanarie, Poppie Nongena), Nosipho Duma(Nommer 37), René en Corné van Rooyen(Vaselinetjie, Alles Malan, Toorbos), Bennie Fourie(Vuil Wasgoed, Hotel) en Amy Jeptha(Soldaat, Ellen: My naam is Ellen Pakkies) het die eerste keer die plaaslike filmbedryf betree as wenners van die gewilde Silwerskermfees kortfilm-projek. Vandag staan elkeen van hierdie filmmakers hul plek vol in die breë Suid-Afrikaanse filmbedryf.

Inskrywings vir die kortfilm-kompetisie, bestaande werke en draaiboeksoek is nóú amptelik oop!

Waarvoor kan jy inskryf:

Vanjaar is die Silwerskermfees kortfilm-projek ietwat anders: Vanjaar is ons opsoek na oorspronklike konsepte van talentvolle filmmakers, met geen voorkeur aan genre nie, en nuwe films tussen  3 – 30 minute lank. Filmmakers met beste konsepte word dan gekies om deel te neem aan ’n skryfskool. Hierdie gekose filmmakers sal dan met hulp van mentors uit die plaaslike filmbedryf aan ’n finale draaiboek werk voordat die beste draaiboeke as kortfilms vervaardig sal word. Dié NUUTGESKEPTE KORTFILMS sal dan tydens die kykNET Silwerskermfees later vanjaar debuteer en in aanraking kom vir verskeie pryse.

Indien filmmakers al vantevore as ’n skrywer of regisseur ingeskryf het kan hul nie in dieselfde hoedanigheid weer in skryf nie maar wel as ’n vervaardiger of regisseur.

Voornemende filmmakers het tot en met 11 Maart 2020 ’n kans om by www.silwerskerm.tv te registreer en voorstelle tussen 250 en 300 woorde elektronies in te handig. Inskrywingsfooi is R500.

Om ’n dekade van die kykNET Silwerskermfees te vier vanjaar sal daar weer ’n geleentheid gebied word vir vervaardigers en filmmakers om enige bestaande werke by die fees in te skryf. Dit sluit enige vollengte, kortfilms en dokumentêre films in. Hierdie BESTAANDE WERKE mag al vantevore internasionaal gewys het maar moet plaaslik debuteer tydens die Silwerskermfees. Vanjaar mag filmmakers ook kies om hul film in te skryf  vir kompetisie as dit aan alle bepalings en voorwaardes voldoen en ‘n allemintige prysgeld van R100 000 wen. Sou jou BESTAANDE WERK wen, sal jy ook die geleentheid kry om jou werk te lisensieer.

Alle vorige deelnemers van die Silwerskermfees mag ook bestaande werke in dien wat nog nie by die fees gewys het nie.

Inskrywings vir alle BESTAANDE WERKE sluit 30 April 2020. Inskrywingsfooi is R500.

Daarby bied kykNET in samewerking met M-Net ’n geleentheid vir voornemende skrywers om ’n oorspronklike draaiboek vir ’n vollengte film vir die DRAAIBOEKSOEK-kompetisie in te skryf. Draaiboeke mag in enige genre val en moet in die regte draaiboek-formaat ingehandig word. Die wenner sal ’n kontantbedrag van R50 000 wen.

Inskrywings vir die DRAAIBOEKSOEK is vanaf nou tot 26 Junie 2020 oop en inskrywing is gratis.

Die 10de kykNET Silwerskermfees vind vanjaar vanaf 24 – 30 Augustus 2020 plaas.

Hoe om in te skryf:

  • Registreer op die Silwerskermblad by silwerskerm.tv
  • Kies vir watter kategorie jy wil inskryf: NUUTGESKEPTE KORTFILM, BESTAANDE WERKE of DRAAIBOEKSOEK.
  • Films kan elektronies gelaai word op die aansoekvorm vir BESTAANDE WERKE. Die film moet tot 1 GB saamgepers word en filmmakers of vervaardigers moet kies of hulle in kompetisie wil wees.
  • Voltooi die inskrywingsvorm volledig elektronies. Moenie enige name by jou konsep aandui nie.
  • Betaal die inskrywingsfooi voordat jy jou inskrywing in handig. Geen veranderings word toegelaat na die betaling.

Volg die Silwerskermfees 2020 op Facebook, Twitter en Instagram.

The post Inskrywings vir die 10de kykNET Silwerskermfees nóú oop! appeared first on LitNet.

La politique Boer: Die sirkels van Afrikaner-introspeksie

$
0
0

.......

“Die hedendaagse ‘Boerepolitiek’ het dalk groter variasie, maar dit draai hoofsaaklik om die spil van introspeksie en eiebelang, eerder as ’n uitwaartse fokus op hoe ons met ander Suid-Afrikaners op grondvlak kan saamwerk en saam bou.”

.......

So ’n week of wat gelede bied die SAAWK ’n simposium aan met die tema “Die Afrikaner onder druk, 1902–2020”. Die tema het verskeie vername sprekers gehad, onder andere Waldemar Pelser van Rapport en Johan du Toit, getuienisleier vir die destydse Goldstone-kommissie.

Soos gewoonlik, wanneer daar oor Afrikaners en hul onlangse geskiedenis in die openbaar gepraat word, sit mense met gespitste ore en wag vir daardie gewraakte woorde oor Afrikaners en hul apartheid-skuldlas.

Ek het fyn gelees oor wanneer dieselfde verskynsel nou ook by die SAAWK se simposium gaan opduik: Die oomblik wanneer ’n welsprekende kommentator of geleerde Afrikaner die kwessie van skuld, genoegdoening en verantwoordelikheid vir apartheid durf opper, spring Afrikaners uit die blokke om aan te dring dat daar tog nou oor dié ontsteekte gesprekspunt aanbeweeg moet word. ’n Ander bekende refrein is die persoonlike verontskuldiging: “Ek, en veral my kinders, het geen aandeel in apartheid gehad nie.” Sommige sal die misdadigheid van apartheid selfs geheel ontken.

Ek twyfel sterk of ’n mens ’n betroubare steekproef van Afrikaners se gemeenskapsgevoel kan doen deur slegs mediawebtuistes se kommentaarblokke na te gaan, maar verskeie variasies van bogenoemde reaksies was op Netwerk24 en Rapport se weergawes van die simposium te sien. Waar kommentators die verantwoordelikheidsin van Afrikaners oor apartheid durf bespreek, raak mense ergerlik.

Azille Coetzee, ’n Matie-kollega (hoewel ek haar nie persoonlik ken nie), het al in die onlangse verlede oor die begrip “wit broosheid” geskryf as ’n sosiologies-filosofiese ontleding van wit mense se skrikreaksies wanneer wit rassisme aangeraak word. Oor Afrikaanse introspeksie is daar oor die algemeen ’n sekere wanbegrip of ’n totale afwesigheid, afhangende van met wie jy gesels. Karl Kemp vertel in sy uitstekende besinning oor die Spoegwolf-verskynsel in Vrye Weekblad van die skynbare maatskaplik-politieke afkeer daarvan dat Afrikaners enigsins introspeksie doen: 

Vandag word Afrikaners nie meer toegelaat om introspektief te wees nie. As ons is, moet ons kritiseer, of onsself verwyt, haat of verneder. Tree terug, bly stil, geniet die voorregte van apartheid en vrek of trek net so gou moontlik.

Dit is ’n sentiment wat ook deurskemer in die verhouding tussen die karakters Thuli Khumalo en Ian Brand in Etienne van Heerden se pasverskene Die biblioteek aan die einde van die wêreld (2019): Brand probeer gereeld die Afrikaners se plek as onderdrukte onderdrukkers uitpak, terwyl Thuli telkens (hoofsaaklik deur lyftaal) aandui dat sy, ’n bedrywige #Rhodes- en #FeesMustFall-aktivis, nie juis tyd het vir selfverklarende, veelpratende en selfkritiese wit Afrikanermans nie.

“Nou wat dan?” is die redelike vraag wat verskeie Afrikaners hulself afvra. Is ons vir ewig in hierdie Kafka-agtige, absurde nagmerrie vasgevang waarvolgens die verlede se misdadigheid soos ’n skaduwee van agter sinkhuise, oor oorbeweide tuislandvelde en deur die oë van radikale politici gaan deurslaan, selfs al staan ons eendag ’n aantal generasies en oulike Madiba-stories verwyder van ons verlede af?

Afrikanerdenkers en -kommentators vra gereeld vir introspeksie, maar verskil oor die aard daarvan. Party is voorstanders van ’n soort selfkastyding, ander van selfbejammering, en nog ander versoek ’n mengsel van die twee.

.......

“Is ons vir ewig in hierdie Kafka-agtige, absurde nagmerrie vasgevang waarvolgens die verlede se misdadigheid soos ’n skaduwee van agter sinkhuise, oor oorbeweide tuislandvelde en deur die oë van radikale politici gaan deurslaan, selfs al staan ons eendag ’n aantal generasies en oulike Madiba-stories verwyder van ons verlede af?”

.......

Ek is egter nie so seker of hierdie debatte oor introspeksie regtig nuttig is nie.

Afrikaners is al ten minste sedert die dae van Voëlvry, as ’n mens so ’n duidelike punt op ’n tydlyn kan aanstip, bevoorreg om interne debat, tweestryd en bevraagtekening van bestaande sosiopolitieke norme te kon deel. As ’n mens musiektendense alleen volg, kan jy die Voëlvry-, Fokofpolisiekar- en uiteindelik Spoegwolf-eras as aanduidende sosiokulturele oomblikke in Afrikaners se onlangse geskiedenis verstaan (ek sal weldra hieroor ’n gefokuste rubriek skryf) waartydens Afrikaners hulself in hul binnekamer gaan toetrek het om kwessies soos die kerk, kleur en kapitalisme kaalvuis te pak. Hierdie introspektiewe handelinge gaan steeds hul gang. Jy lees en hoor en neem waarskynlik daagliks daaraan deel.

Gevolglik is ek baie skepties oor die idee dat Afrikaners moet “begin” introspeksie voer. Ons het lankal reeds die voorreg om ons nie dood te bekommer oor ’n werk, ’n woning, kos en klere nie en het sodoende baie tyd gehad om te stry, te baklei en te beken oor onsself en ons verlede. Die sikliese gepraat oor onsself deur onsself draai al vir jare op die platespeler, om en om.

En ons genesis is een wat hoofsaaklik ’n Buysagtige, introspektiewe laertrekkery was wat ingepas het by die brutale oorlewinggedrewe menseverhoudings van die tyd. Afrikaners het dus ’n oeroue geskiedenis van introspeksie en oorgelatenheid aan hulself. In hierdie verband sou ek lesers aanbeveel om een van die oudste buite-Afrikaner-besinnings oor hul eie mense nader te trek, te wete die Fransman Yves Guyot se klassieke werk uit die jaar 1900, La Politique Boer (na Engels vertaal as “Boer politics”). Guyot skryf sy stuk polemiek tydens die Anglo-Boereoorlog as ’n manier om te probeer sin maak van die oorlog as ’n kritieke oomblik in die jare lange negatiewe verhoudinge tussen Afrikaners en die Britse Ryk. Guyot verwys na ’n aanhaling wat hierdie afgesonderde etniese groepering as ’n geharde, eiesinnige en wilde klomp beskryf:

Abstaining from all manual labour, they devote themselves to their properties, sometimes as much as 5000 to 6000 acres in extent, and to the breeding of cattle and horses. Beyond this, their object in life is hunting lion and big game. The Boer is essentially a man of war and politics.

Boere-guerrillas gedurende die Suid-Afrikaanse Oorlog (1899–1902)

Inderwaarheid word die Afrikaners nie as idilliese kleinboere in ’n ongerepte landskap beskou nie, maar eerder soos die perdevolke van die Asiatiese steppe, “always mounted, always armed ... The Boers represent that form of warlike and political civilisation in which production is indirect, and obtained by utilising the labour of others."

Guyot se prosaïese werk is dalk in die oordrewe, uitspattige en vetterige idioom van die Europese koloniale era, maar daar steek skerp waarneming in oor die Afrikaners se vorming tot ’n bevolkingsgroep in ’n hoogs hiërargiese en oorwinnaargedrewe samelewing. Die aanvanklike Afrikaanse sosiopolitieke kultuur is dus een wat staatgemaak het op ’n oorlewingstryd en ’n politieke realisme jeens die ander etnies-politiese entiteite van geografiese Suid-Afrika.

Hierdie wen-of-sterf-benadering het aan die een kant ’n kragtige organisatoriese standaard van deursettingsvermoë, gemeenskaplikheid, selfverryking en selfbemagtiging opgelewer wat vandag nog waardevol is, maar dit het een goue eienskap wat noodsaaklik is vir ’n suksesvolle saambestaan in ’n grondwetlike demokrasie nie gebied nie, en dit is die vermoë om met die Ander saam te werk om gedeelde sosiopolitieke doelwitte te bereik.

Die hedendaagse “Boerepolitiek” het dalk groter variasie, maar dit draai hoofsaaklik om die spil van introspeksie en eiebelang, eerder as ’n uitwaartse fokus op hoe ons met ander Suid-Afrikaners op grondvlak kan saamwerk en saam bou.

.......

“Op die Afrikaner- politieke spektrum het jy aan die een kant (rofweg gesproke) ’n groepering wat genuanseerd, selfondersoekend en krities omgaan met politieke kwessies, maar nie veel prakties uitrig nie ... Aan die ander kant het jy ’n verskynsel wat nie genuanseerd, krities of weldeurdag herbesin oor politieke vraagstukke nie, maar skouer aan die wiel sit...”

.......

Op die Afrikaner- politieke spektrum het jy aan die een kant (rofweg gesproke) ’n groepering wat genuanseerd, selfondersoekend en krities omgaan met politieke kwessies, maar nie veel prakties uitrig nie. Ek praat hier van “denkende niksdoen”. Aan die ander kant het jy ’n verskynsel wat nie genuanseerd, krities of weldeurdag herbesin oor politieke vraagstukke nie, maar skouer aan die wiel sit, of dan “doenende niksdink”.

’n Sameflansing van hierdie twee politieke posisies se sterkpunte kan juis ’n opbouende breuk met die verlede meebring.

Polities is dit eties en verantwoordelik om soos die Duitsers na afloop van die Nazi-Jodemoord eerlik te wees oor die gevaar van ongebreidelde eiewaan oor ons herkoms en oor die skade wat die ouer Afrikanerstrategie van oorwin-of-sterf aan ons medemense aangerig het. Een wat die apartheidsverlede as ’n duur fout erken wat ons medemense fisiek seergemaak, materieel verarm en sielkundig geknou het.

Dit help nie om jouself onbeskikbaar te stel om selfs jou beskeie deel te doen om die gevolge van ons voorouers se foute ten minste te probeer versag nie. Ons kan tog nie op groepsamehorigheid aandring vir kultuurfeeste en moedertaalonderrig terwyl ons skielik en skisofrenies in ongebonde, onskuldige individue verander wanneer afrekening met ’n apartheidsverlede ter sprake kom nie.

Maar aan die ander kant is denkende niksdoenery een van die grootste ondermyners van Afrikaners se grootse geleentheid om Suid-Afrika na ’n beter toekoms te help stuur. Afrikanermense is geneig om hul betrokkenheid by die gemeenskap tot briesende kommentaarplatforms, ope skelbriewe en kontroversiële besinnings te beperk. Wanneer besorgde Afrikaners (selfs al het sommige ’n reputasie as doenende niksdinkers) planne bekendstel vir ’n universiteit wat Afrikaans as akademiese voertaal gebruik, is mense dadelik selfkastydend negatief, en ander gee luide applous, maar moedig hul kinders aan om in Engels te studeer en oorsee heen te vlug. Nog ander skryf radikale, baldadige en kragtige skrywes oor die belangrikheid van inklusiwiteit, die erkenning van wit bevoorregting en hoe onprakties volgehoue Afrikaanse onderrig op openbare universiteite is, maar bied geen oplossings of antwoorde oor waar die nuwe generasie Afrikaanskundige joernaliste, onderwysers, skrywers, prosaïste, filosowe en geskiedkundiges vandaan gaan kom nie.

Ten slotte dink ek regtig dat daar al genoeg fokus op introspeksie geplaas is, en dat Afrikaners inderwaarheid boeke vol geskiedenis, besinnings en wyshede tot hul beskikking het om te weet dat ons moet aanbeweeg van ’n oorwinnaarskultuur na ’n samewerkingskultuur. ’n Kultuur wat nie “denkend niks doen” óf “doenend niks dink” nie, maar wat versigtig dink én hande vuilmaak in hierdie land en sy twisgrond. Sodoende word niemand se sterkpunte met die badwater uitgesmyt of geminag nie.

.......

“Ons kan tog nie op groepsamehorigheid aandring vir kultuurfeeste en moedertaalonderrig terwyl ons skielik en skisofrenies in ongebonde, onskuldige individue verander wanneer afrekening met ’n apartheidsverlede ter sprake kom nie.”

.......

Samewerkingskultuur behels beslis ook nie dat jy gedienstig, soos in oorwinnaarskulture verwag word, voor elke politikus en sy gatlakei wat jou onredelik slegsê oor jy ’n Afrikaner is, buig nie. Dit behels eerder ’n selfvoldane fermheid, maar met ’n liefde vir opbouende samewerking. ’n Weerstand op morele hoë grond.

Hierdie evolusie van identiteit is nie net moontlik nie, dit is noodsaaklik: Identiteit en gepaardgaande kultuur is iets wat in fluks is, wat dinamies aanpas en heeltyd in gesprek is met wat binne en buite aangaan; met wat was en wat is en wat kom. Hoe anders is daar iets soos geskiedenis?

Ons sien reeds belowende vorme daarvan in die optrede van samewerkers soos Betereinders, of diegene wat betrokke is by die daadwerklike opheffing van opkomende swart boere in hierdie tyd van onsekere grondhervormingspraatjies. Daar is waarskynlik soveel ander mense wat ek nie hier die eer gee nie, omdat hulle samewerkingspraktyke nie mediahooftrekke haal nie.

So, sit jou hoed op jou kop en gryp ’n graaf, wees bewus van wat om jou aangaan, wees krities oor jou omstandighede, en help jou landgenote om die plek vir ons almal billiker, regverdiger en gesonder te maak. Dan kan geen olierige politikus jou onderkry nie!

Lees meer oor wit bevoorregting en witwees in hierdie LitNet Akademies-artikel:

Assemblage-teorie, affek en witwees. ’n Alternatiewe blik op die werking van witwees

Lees ook:

Die mentaliteit van die verslaandes

The post <i>La politique Boer</i>: Die sirkels van Afrikaner-introspeksie appeared first on LitNet.


Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk

$
0
0

Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk

 Nadine Fouché en Jako Olivier, Skool vir Professionele Studies, Fakulteit Opvoedkunde, Noordwes-Universiteit

LitNet Akademies Jaargang 17(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van die intermediêre (graad 4–6) en senior (graad 7–9) fases word aangetoon dat leerders tydens die produsering van skryfstukke verbindingswoorde moet gebruik om kohesiewe tekste te skep, soos herhaling, sinonieme en antonieme. Wanneer hierdie taalvorme gebruik word om kohesiekettings te skep, dui die gebruik daarvan op die realisering van leksikale kohesie. Ons wou ondersoek instel na die verskillende taalvorme wat op skoolvlak deur leerders in Afrikaanse tekste gebruik word om leksikale kohesie te realiseer, omdat die realisering van leksikale kohesie nog nie in die skryfwerk van moedertaalsprekers van Afrikaans ondersoek is nie, hoewel dit implisiet as ’n doelwit in die KABV gestel word. In hierdie navorsingsartikel is ’n korpusgebaseerde ondersoek onderneem om Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se selfstandige gebruik van taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie te bepaal. Een graad 6-korpus (20 723 woorde) en een graad 9-korpus (22 171 woorde) is ontleed. Uit die ontleding het dit geblyk dat die betrokke graad 6- en graad 9-deelnemers die volgende taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie gebruik het: (i) herhaling, (ii) sinonieme en naby-sinonieme, (iii) antonieme, (iv) superordinate, hiponieme, gekoördineerde lede in geordende en ongeordende reekse en epiteta (d.i. insluiting), (v) afgeleide vorme en die herhaling daarvan, sowel as (vi) afwisselende naamwoordstukke. Die bydrae van hierdie artikel is ’n samevatting van verskillende taalvorme waardeur leksikale kohesie gerealiseer word, gemeet aan leerderkorpora. Die bevindings van hierdie studie kan deur Afrikaansonderwysers in die klaskamer gebruik word om leiding te gee oor hoe verbindingswoorde (soos in die KABV gemeld) gebruik kan word om opeenvolgende stukke taal in skryfwerk sintakties te laat saamhang en sinvol by mekaar te laat inskakel.

Trefwoorde: kohesie; korpuslinguistiek; leerderskryfwerk; leksikale kohesie; realisering; taalvorme; tekslinguistiek

 

Abstract

The realisation of lexical cohesion: A corpus linguistic study of Afrikaans-speaking grade 6 and grade 9 learners’ writing

A text can be defined as a piece of language use which is experienced and accepted as a communicative unit on syntactical, semantical and pragmatical foundations. What is meant by this is that any text is understandable because it has a unique linguistic (syntactic, morphological and lexical) structure; it is intelligible, seeing as it has a set meaning; and it is explainable for the fact that it can be placed in the context in which it is used. Another characteristic by which a text can be identified is the presence of texture. Texture is acquired when a text functions as a unit with regard to its surroundings. Cohesive markers are used to accomplish this unit and consequently ensure texture.

More than four decades ago, Halliday and Hasan (1976:4) identified five types of cohesive marker, namely reference, substitution, ellipsis, conjunction and lexical cohesion. The use of each of these markers is indicated by certain language forms in the text.

When reference is used for accomplishing cohesion, it creates continuity; in other words, its use indicates that the same reference (or matter) that was introduced earlier in the text is applicable for a second time. Pronouns, adverbs and articles are used, among others, to indicate the use of reference.

Secondly, cohesion can be acquired by means of substitution. When substitution is used to create a cohesive text, a type of substitute word (or counter) is used to exclude the repetition of a word or phrase. Substitutive words such as so, one, do that or do it are used to indicate the realisation of lexical cohesion.

Thirdly, relation between words and sentences can be indicated with an ellipsis; in other words, there is a presumption in the structure that the reader must predict or understand something. The meaning of the syntactical process is usually embedded in the preceding text section.

Fourthly, cohesion can be acquired through conjunction. Conjunction differs from the other cohesion markers in that it does not establish cohesion in the form of continuity with reference to continuity of form (as is the case with ellipsis and substitution); cohesion is established because a particular semantic relation (contiguous, contradictory, explanatory or temporal) is exemplified explicitly between sentences through lexical items like conjunctions (for example and, but and because), adverbs (yet, therefore, thus) and adverbial phrases (for example the following day).

Lastly, lexical cohesion can result in binding. Lexical cohesion is realised by the use of a language’s vocabulary. For this, repetition of the same word/phrase/expression, synonyms, semantic contrast and hyponyms, among others, are utilised.

The Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) of the intermediary (grade 4–6) and senior (grade 7–9) phases states that learners must use conjunctions such as repetition, synonyms and antonyms when producing essays to create cohesive texts. When these language forms are used to create cohesive chains, they point to the realisation of lexical cohesion, as indicated in the previous paragraph. We wanted to investigate the various language forms that learners use in Afrikaans texts in order to realise lexical cohesion, because the realisation of lexical cohesion is not yet studied in the writing of Afrikaans mother tongue speakers, even though it is implicitly stated in the CAPS.

In this research article, a corpus-based study is undertaken to determine the independent use of language forms for the realisation of lexical cohesion among Afrikaans-speaking grade 6 and grade 9 learners. One grade 6 corpus (20 723 words) and one grade 9 corpus (22 171 words) were analysed. Each of the essays were read more than once, word by word, and analysed according to the measuring framework. Each language form that was used effectively for the realisation of lexical cohesion in the grade 6 and grade 9 corpora and included in the measuring frame work, was coded. ATLAS.ti, which was used for the coding of the data, improves the contribution of the study, because it differs from existing Afrikaans corpus studies that use WordSmith Tools as corpus analysis software. The effective use of language forms for the realisation of lexical cohesion, which indicate links between words within the same sentence (i.e. sentence-internal cohesion marker use) and language forms which indicate meaning relations between words across sentence boundaries (i.e. sentence-external cohesion markers), were coded by means of ATLAS.ti. After the coding of the effective use of each language form for the realisation of lexical cohesion by means of ATLAS.ti, we used ATLAS.ti to create a synthetising report indicating how many times each language form figured in the grade 6 and grade 9 corpus. These frequencies are normalised after cohesion marker use per 1 000 words, as is appropriate in corpus linguistics.

From the analysis it seemed that all the grade 6 and grade 9 participants involved had figured all the different language forms for the realisation of lexical cohesion included in the measuring framework of the grade 6 and grade 9 corpus, namely (i) repetition, (ii) synonyms and nearby synonyms, (iii) antonyms, (iv) superordinates, hyponyms, coordinated members in organised and unorganised sequences and epithet (i.e. inclusion), (v) derived forms and the repetition thereof, as well as (vi) alternate noun phrases. Parallelism as a form of repetition, which is not in the measuring framework, is also used for realising lexical cohesion.

The contribution of this article is a summary of various language forms by which lexical cohesion is realised as measured against learner corpora. Afrikaans teachers can use the findings of this study in the classroom to give guidance on how conjunctives (as stated in the CAPS) can be used to bind consecutive language phrases syntactically – in other words, to make texts cohesive by linking their surface components (i.e. the sentences and the words they consist of) with each other.

The creation of cohesive texts, as effected by making use of various cohesion markers (not solely lexical cohesion), should be encouraged in the classroom because cohesive texts are texts of which the various parts fit together. It is precisely this characteristic of co-interpretation that distinguishes a collection of non-related sentences of a text as a linguistic unit. The use of cohesion markers indicates that an idea is continued from one point of discourse to another. In so doing, semantic continuity is ensured between different parts of a text. It is this semantic continuity which enables the listener or reader to, just as with an incomplete puzzle, provide the missing puzzle pieces so that the whole picture can be obtained and the text can be optimally interpreted. The continuity that is created through the linking of surface components establishes coherence, even though other researchers rather use the term enforce to describe the relationship between cohesion and coherence, while others argue that coherence is reflected by means of the relationship with cohesion. The findings of this article can therefore be used by teachers when teaching writing and presentation as language skills in the CAPS, since the use of cohesion markers has an important text-forming function.

Keywords: cohesion; corpus linguistics; learner writing; lexical cohesion; realising; language forms; text linguistics

 

1. Inleiding

Carstens (1997:81) definieer ’n teks as “’n stuk taalgebruik wat deur die betrokke teksdeelnemers as EENHEID ervaar en aanvaar word op sintaktiese, semantiese en pragmatiese gronde”. Wat hiermee bedoel word, is dat enige teks verstaanbaar is, omdat dit ’n unieke taalkundige (sintaktiese, morfologiese en leksikale) struktuur het; begryplik is, aangesien dit ’n vaste betekenis het; en verklaarbaar is, vanweë die feit dat dit geplaas kan word in die konteks waarin dit gebruik word (Carstens en Van de Poel 2012:54). Halliday en Hasan (1976:2) identifiseer ’n verdere eienskap waardeur ’n teks gekenmerk word, naamlik dat dit tekstuur (“texture”) het. Volgens hulle word tekstuur verkry wanneer ’n teks as ’n eenheid met betrekking tot sy omgewing funksioneer. Om hierdie eenheid te bewerkstellig en gevolglik tekstuur te verseker, word kohesiemerkers gebruik. Vyf tipes kohesiemerkers is meer as vier dekades gelede deur Halliday en Hasan (1976:4) geïdentifiseer, naamlik verwysing, plaasvervanging (of substitusie), ellips, konjunksie en leksikale kohesie. Die gebruik van elkeen van hierdie merkers word deur bepaalde taalvorme, soos wat uit die onderstaande bespreking sal blyk, aangedui.

Eerstens kan verwysing1 gebruik word om kohesie binne ’n teks te bewerkstellig. In hierdie geval word kohesie bewerkstellig as gevolg van die kontinuïteit van verwysing (Halliday en Hasan 1976:31). Dit beteken dat dieselfde referent wat al voorheen in die teks bekendgestel is, vir ’n tweede keer die diskoers betree. Om die gebruik van verwysing aan te dui, word, onder andere, voornaamwoorde, bywoorde en lidwoorde ingespan. ’n Afrikaansspesifieke voorbeeld ter illustrasie is: Moenie met die hond speel nie; hy sal byt! (Carstens 1986:109).

Tweedens kan kohesie deur middel van plaasvervanging2 bewerkstellig word. Wanneer vervanging gebruik word om ’n kohesiewe teks te skep, word ’n tipe plaasvervangende woord (of “counter”) gebruik om die herhaling van ’n woord of frase uit te skakel. Die gebruik van plaasvervanging word aangedui deur woorde soos so, een, maak so en doen dit te gebruik (Halliday en Hasan 1976:89). ’n Voorbeeld van die realisering van plaasvervanging is: Dit is ’n mooi lesinglokaal hierdie wat julle het. Ek glo nie dat ek al ooit in ’n beter een (= lesinglokaal) klasgegee het nie (vertaal uit Halliday en Hasan 1976:146).

Derdens kan verbande tussen woorde en sinne met behulp van ellips3 aangedui word; met ander woorde in die struktuur is daar ’n veronderstelling dat iets deur die leser voorsien of verstaan moet word. Die betekenis van die nulanafoor lê normaalweg in die voorafgaande teksgedeelte opgesluit (Halliday en Hasan 1976:144). Vergelyk die volgende Afrikaansspesifieke voorbeeld van ellips: Yvonne skryf ’n brief of lê en slaap, waar Yvonne in die tweede konjunk ellips ondergaan (Botha 1987:142).

Vierdens kan kohesie deur middel van konjunksie bewerkstellig word. Konjunksie4 verskil van die ander kohesiemerkers in die opsig dat dit nie kohesie bewerkstellig in die vorm van kontinuïteit van verwysing of kontinuïteit van vorm (soos wat die geval is by ellips en substitusie) nie, maar dat dit kohesie bewerkstellig deurdat ’n besondere semantiese verband (aaneenskakelend, teenstellend, redegewend of tydsaanduidend) eksplisiet met behulp van leksikale items soos voegwoorde (byvoorbeeld en, maar en want), bywoorde (nogtans, daarom, dus) en bywoordelike frases (byvoorbeeld die volgende dag) tussen sinne geëkspliseer word (Halliday en Hasan 1976:242–43). Halliday en Hasan (1976:308) beskryf die funksie van konjunksie as kohesiemerker soos volg:

Some relation is established between the meanings of two continuous passages of text, such that the interpretation of the second is dependent on the relation in which it stands to the first.

Laastens kan leksikale kohesie binding teweegbring. Leksikale kohesie word gerealiseer deur die gebruik van die woordeskat van ’n taal (Halliday en Hasan 1976:274). Hiervoor word, onder andere, herhaling van dieselfde woord/frase/uitdrukking, sinonimie, semantiese teëstelling en hiponieme ingespan (Halliday en Hasan 1976:278–84). ’n Voorbeeld in hierdie verband is: Hoekom sit hierdie seuntjie nie stil nie? Ander seuntjies sit wel stil (vertaal uit Halliday en Hasan 1976:282).

Die gebruik van kohesiemerkers, gerealiseer deur spesifieke taalvorme, dui aan dat verskillende dele van ’n teks bymekaar pas (De Beaugrande en Dressler 1981:113). Dit is juis hierdie eienskap van koïnterpretasie (Halliday 2002:43) wat ’n versameling nieverbandhoudende sinne onderskei van ’n teks as ’n linguistiese eenheid5 (Halliday en Hasan 1976:1). Deur middel van die gebruik van kohesiemerkers word aangetoon dat ’n idee voortgesit word van een punt in die diskoers na ’n volgende. Sodoende word semantiese kontinuïteit tussen verskillende dele van ’n teks verseker (Halliday en Hasan 1976:299). Dit is hierdie semantiese kontinuïteit wat die hoorder of leser in staat stel om, soos met ’n onvoltooide legkaart, die legkaartstukkies wat ontbreek, te voorsien, sodat ’n geheelbeeld verkry kan word en die teks optimaal geïnterpreteer kan word (Halliday en Hasan 1976:299). Ook Du Toit en Smith-Müller (2003:8) wys daarop dat die kontinuïteit wat deur middel van die skakeling van oppervlakkomponente geskep word, koherensie bewerkstellig, hoewel Carstens (1987:27) en Carstens (1997:118) van mening is dat kohesie eerder koherensie versterk, en Hoey (2001:51) redeneer dat koherensie deur middel van die teenwoordigheid van kohesie gereflekteer word.

Kohesiemerkergebruik het dus ’n belangrike teksvormende funksie (Halliday 2002:44). Carstens (2000:11) sê in hierdie verband dat kohesiemerkergebruik deur die skrywer bydra tot

[...] die wyse waarop die oppervlakstruktuur van ’n gegewe teks tot stand kom, m.a.w. die wyse waarop woorde volgens die struktuurpatrone van ’n besondere taal gekombineer word om effektiewe sinne te vorm wat weer tot die oordrag van effektiewe kommunikasie lei.

Ook Adeyemi (2017:70) redeneer dat, deur middel van die noukeurige plasing van woorde en frases in ’n teks, die skrywer ’n bepaalde idee vir die leser kan uitlig, of selfs kan aantoon dat bepaalde idees in ’n teks geskakel is.

Daarby is kohesie een van die beginsels van tekstualiteit (ook bekend as “principles of textuality”) wat bepaal of ’n teks ’n geslaagde stuk kommunikasie is (De Beaugrande en Dressler 1981:3–12). In samehang met ander beginsels, soos intensionaliteit, aanvaarbaarheid, informatiwiteit, kontekstualiteit en intertekstualiteit, bepaal hierdie aspekte die gehalte van tekste. Du Plessis en Bosch (1999:16, 26) het selfs De Beaugrande en Dressler (1981:3–12) se sewe standaarde van tekstualiteit, wat die kwaliteit van tekste bepaal, tot “twee superstandaarde/beginsels van tekstualiteit”, naamlik kohesie en koherensie, gereduseer.

Ten spyte van die feit dat die gebruik van kohesiemerkers linguistiese eenhede van saamgeflanste sinne onderskei, teksvormend optree, teksgehalte verbeter, én die feit dat die gebruik van kohesiemerkers aan effektiewe skrywers gekoppel word (Lourens en Bedeker 2004:50; Butler 2006:38), is min navorsing oor kohesiemerkergebruik deur moedertaalsprekers van Afrikaans gedoen. Hierdie navorsing word in die volgende afdeling kortliks bespreek. Uit die kontekstualisering kom die relevansie vir die ondersoek van moedertaalsprekers van Afrikaans se gebruik van taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie na vore. Hierdie afdeling word afgesluit deur ’n beskrywing van die navorsingsvraag en -doelwit.

In afdeling 3 word die konseptueel-teoretiese raamwerk wat vir hierdie artikel geld, weergegee. In afdeling 4 word die navorsingsmetodologie van die empiriese ondersoek weergegee, waarna die bevindings in afdeling 5 bespreek word. In afdeling 6 word ’n samevatting van die inhoud van die artikel gegee en sowel die bydrae as beperkings van die studie word van nader omskryf.

 

2. Probleemstelling en motivering vir die studie

Wybenga (1988:34) het drie dekades gelede die volgende stelling binne die konteks van tekstuele eenheid gemaak: “Dit is ’n interessante kenmerk van die mens dat hy ’n eenheidsoekende wese is. Selfs op verskynsels waar daar klaarblyklik geen eenheid bestaan nie, dwing hy ’n eenheidstempel af.”

Die afdruk van ’n eenheidstempel deur middel van kohesiemerkergebruik (Weideman 2011:73) is iets wat jare later steeds relevant is, gemeet aan die omvangryke teoretiese besinning daaroor wat wêreldwyd, maar spesifiek in Suid-Afrika (in die besonder in en oor Afrikaans), bestaan. Binne Suid-Afrika (spesifiek met betrekking tot Afrikaans) lewer verskeie navorsers6 ’n bydrae tot hierdie veld.

’n Gaping wat geïdentifiseer is, is dat die meeste van die studies wat kohesiemerkergebruik deur moedertaalsprekers van Afrikaans ondersoek, hoofsaaklik op konjunksiemerkergebruik en universiteitstudente fokus (Esterhuizen en Wybenga 2000; Van Rooy en Esterhuizen 2011; Jordaan 2014, 2016; Meintjes 2015), terwyl oor moedertaalsprekers van Afrikaans op skoolvlak nie navorsing beskikbaar is nie. Ons poog om hierdie leemte te vul deur die bevindings van graad 6- en graad 9-leerders se gebruik van taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie as kohesiemerker te ondersoek (vergelyk afdeling 4.3, waar die keuse van graad 6- en graad 9-leerders verduidelik word).

Leksikale kohesie is die ondersoekfokus van hierdie artikel, omdat taalvorme soos sinonieme en antonieme eksplisiet in die KABV van die intermediêre en senior fase as verbindingswoorde wat tydens die produksie van geskrewe tekste gebruik behoort te word, gelys word (DBO 2011a:43—78; DBO 2011b:30, 38, 40, 52–118). Tydens die Verdere Onderwys en Opleidingsfase (VOO-fase) word verbindingswoorde eerder beskou as taalvorme wat ’n verduideliking / oorsaak-en-gevolg-verhouding aandui, soos gevolglik, omdat, as gevolg van; woorde wat op ’n proses dui, byvoorbeeld eerste, tweede, derde; en woorde wat op eie standpunt dui, byvoorbeeld volgens my, na my mening, ek dink dat (DBO 2011c:33). Om aan te toon dat verbindingswoorde wel in die KABV ingesluit word, word dit in geel in die onderstaande uittreksel uitgelig.

Uittreksel 1. Die KABV vir Afrikaans Huistaal (intermediêre fase) maak melding van die gebruik van verbindingswoorde (DBO 2011a:43)

Leksikale kohesie is ook gekies vanweë die dominansie daarvan in skryfwerk. Studies betreffende leerderskryfwerk7 is onderneem deur Hubbard (1989) ten opsigte van leerders wat Afrikaans, Engels of bepaalde Afrikatale praat; Prinsloo (2002:122) ten opsigte van T2-sprekers van Afrikaans wat meestal Noord-Sotho, Tsonga of Venda as moedertaal het (); asook Kargozari, Ghaemi en Heravi (2012:30–1) ten opsigte van die skryfwerk van Irannese studente wat vreemdetaalsprekers van Engels is.

Ons poog om die volgende navorsingsvraag in hierdie navorsingsartikel te beantwoord: Watter taalvorme ter realisering van leksikale kohesie word deur Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders in hul selfstandige skryfwerk gebruik?8

Die doel van die artikel is om leerderkorpusse te skep om te bepaal watter taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie in Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk figureer. Die ontleding van leerderkorpusse vorm die empiriese ondersoek van hierdie artikel.

 

3. Konseptueel-teoretiese raamwerk

Stotsky (1983:437–41) en Stotsky (1986:279–81) se aangepaste model van Halliday en Hasan (1976) se raamwerk van leksikale kohesie word as basis vir die vorming van ’n konseptuele raamwerk gebruik (vergelyk afdeling 3.1). Die kohesie-teorie van Halliday en Hasan (1976) vorm die teoretiese raamwerk van hierdie artikel (vergelyk afdeling 3.2).

3.1 Konseptuele raamwerk

Die raamwerk van Stotsky (1983:437–41) en Stotsky (1986:279–81) is om verskeie redes gekies. Stotsky (1983, 1986) se raamwerk is eerstens op Halliday en Hasan (1976), die standaardwerk oor kohesie, gebaseer, en sy verfyn hul raamwerk nóg verder.9 Tweedens is Stotsky (1983:437–41) en Stotsky (1986:279–81) se raamwerk eksplisiet: Sy dui duidelik aan watter taalvorme leksikale kohesie realiseer, en sy illustreer hierdie taalvorme eksplisiet aan die hand van voorbeelde. In die derde plek kan Stotsky se raamwerk, aldus Carstens (1997:331), op ’n verskeidenheid tekste van toepassing gemaak word. In die intermediêre, senior en VOO-fase word verskillende tipes tekste juis geproduseer, waaronder verhalende en beskrywende opstelle, koerantberigte, dialoë, biografieë en vriendskaplike briewe (vir verdere voorbeelde kan DBO 2011a:19; DBO 2011b:41–49; DBO 2011c:34–40 geraadpleeg word). ’n Verdere oorweging vir die gebruik van haar raamwerk is die feit dat dit reeds deur ander Suid-Afrikaanse navorsers soos Van Tonder (1999) ten opsigte van Engels, en Pienaar (2009) ten opsigte van Afrikaans as meetinstrument gebruik is.

Slegs Stotsky (1983, 1986) se eerste subkategorie, naamlik semanties-verwante taalvorme, is vir hierdie studie relevant, omdat dit deur ’n stabiele verhouding gekenmerk word, ongeag of hulle gereeld saam voorkom, al dan nie (Stotsky 1983:438). Semanties-verwante taalvorme wat in Stotsky (1983, 1986) se raamwerk opgeneem is, is (i) herhaling, (ii) teenoorgesteldes, (iii) sinonieme en naby-sinonieme, (iv) insluiting en (v) afgeleide vorme.

Stotsky (1983:438) en Stotsky (1986:279) se tweede subkategorie, kollokasies (kollokatiewe en kollokasioneel-verwante woorde is sinonieme van die term kollokasies), verwys na woorde wat waarneembare verbande met mekaar toon op grond van die feit dat hulle gereeld met dieselfde onderwerp geassosieer word (Stotsky 1983:438). Stotsky (1983:438) gee ’n aantal woorde wat met dieselfde onderwerp verband hou, byvoorbeeld oorlog, bondgenootskap, personeel, strategiese beplanning, vernietiging, vyand se ekonomiese hulpbronne, leërmag, wreedheid, burgerlikes en generale (ons vertaling uit Engels). Hierdie woorde toon geen sistematiese semantiese verhouding met mekaar soos die eerste subkategorie (semanties-verwante taalvorme) nie. Om kollokatiewe in skryfwerk te gebruik verseker ook nie dat die leser die teks as kohesief gaan ervaar nie, aangesien die verwysingsraamwerk, bepaal deur leesondervinding, grootliks daartoe bydra dat die verwantskap tussen verskillende woorde herken word (Stotsky 1986:443; Esterhuizen 2002:60). Omdat hierdie kategorie volgens ons eerder met koherensie verband hou, is dit nie in die raamwerk wat vir die ontleding van die leerderkorpora gebruik is, ingesluit nie. (Hierdie raamwerk word in afdeling 3.1.3 gegee.)

In afdeling 3.1.1 word verklarings vir die verskillende semanties-verwante taalvorme in Stotsky (1983; 1986) se raamwerk, wat deel vorm van die metingsraamwerk van hierdie artikel, gegee. Indien nodig, word die betrokke taalvorme met subtipes aangevul.

3.1.1 Verklarings van die semanties-verwante taalvorme in Stotsky (1986, 1986) se raamwerk

(i) Herhaling

Die voorkoms van ’n identiese woord (toets x toets), identiese frase of idiomatiese uitdrukking (gee erkenning x gee erkenning), asook ’n woord wat met ’n fleksiemorfeem (in die vorm van ’n suffiks) eindig wat nie ’n ander woord skep nie (mooi x mooier), word deur Stotsky (1986:279–80) as vorme van herhaling beskou.

(ii) Teenoorgesteldes

Stotsky (1986:279) gee die volgende voorbeelde om die verskynsel teenoorgesteldheid (ook bekend as semantiese teëstelling volgens Bosman en Pienaar 2017:315 en antonimie volgens Carstens 2018:121) te illustreer: “simple x difficult” vertaal as eenvoudig x moeilik.

Stotsky (1983; 1986) identifiseer nie verskillende tipes antonieme nie, maar Bosman en Pienaar (2017:316–8) en De Stadler (1989:52–87) wel. Hulle onderskei tussen die volgende teenoorgesteldes: gradeerbare teenoorgesteldes (gradeerbare antonieme), byvoorbeeld koud x warm; komplementêre teenoorgesteldes, byvoorbeeld waar x onwaar; en omkeerbare teenoorgesteldes, byvoorbeeld pa x seun. De Stadler (1989:82–7) wys ook op twee tipes waarna Bosman en Pienaar (2017) nie verwys nie, naamlik idiomatiese teenoorgesteldes, byvoorbeeld sout x peper en ruimtelike opposisie, byvoorbeeld op x af.

(iii) Sinonieme en naby-sinonieme

Stotsky (1983:442; 1986:279) sluit die gebruik van leksikale items wat sinonieme van mekaar is as taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie by haar raamwerk in. Sy gee, onder andere, die volgende voorbeelde: “area x size”, vertaal as area-grootte en “difficult x hard”, vertaal as moeilik x ingewikkeld.

’n Verdere bevinding rakende die klassifikasie van woordpare as sinonieme is dat hulle nie altyd sistematiese semantiese verhoudinge hoef te toon nie, maar selfs konteksgebonde kan wees. Woordpare wat oor die algemeen nie in die taal as sinonieme van mekaar beskou word nie, kan binne ’n bepaalde konteks wel as sinonieme gebruik word (De Stadler 1989:80).

(iv) Insluiting

Stotsky (1983; 1986) groepeer die taalvorme (i) hiponieme (subordinate), (ii) superordinate, (iii) lede van ’n geordende reeks en (iv) lede van ’n ongeordende reeks saam onder die kategorie insluiting (oftewel “inclusion”). Voorbeelde van elkeen word hier onder gegee:

  • voëls, soogdiere, visse, reptiele, amfibieë (hiponieme) → vorms van lewe (superordinaat)
  • Maandag → Dinsdag → Woensdag (gekoördineerde lede in ’n geordende reeks)
  • onderwyser → skoonmaker → kok (gekoördineerde lede in ’n ongeordende reeks)

Stotsky (1983; 1986) verwys geensins na die groepering van algemene woorde of epiteta saam met subordinate, superordinate en gekoördineerde lede in geordende en ongeordende reekse nie, hoewel ander navorsers soos Salkie (1995:18) dit wel so beskou. Met inagneming van Salkie (1995:18) se uitspraak, is Stotsky (1983; 1986) se raamwerk met epiteta uitgebrei. Salkie (1995:18) definieer epiteta as die mees ekstreme vorm van ’n superordinaat. Voorbeelde van epiteta (enkelvoud: epiteton), is ding, goed, ou, kêrel, man en vrou wat neutrale waardes uitdruk; en vent, skelm, skaap, hoender, jakkals, skurk, rakker, klits, stouterd, dingetjie en ou dier wat as emotiewe etikette optree, omdat hulle negatiewe of waarderende waardes uitdruk.

(v) Afgeleide vorme

Stotsky (1983:434; 1986:280) identifiseer die volgende tipes afgeleide vorme: (i) die gebruik van voor- of agtervoegsels (afleidingsmorfeme) by ’n woord om woordpare te skep wat tot verskillende woordklasse behoort (byvoorbeeld voordeel x voordelig) en (ii) die gebruik van woorde met dieselfde voor- of agtervoegsels, omdat die skrywer ’n bepaalde doel daarmee wil bereik (byvoorbeeld realisties x idealisties). ’n Tipe afgeleide vorm wat Stotsky (1983; 1986) nie verreken nie, is omskakeling. Booij (2005:5) en Quirk, Greenbaum, Leech en Svartvik (1985:1558) verwys wel hierna en omskryf dit as woorde wat na ’n ander woordklas verander sonder dat enige afleidingsmorfeme (pre- of suffikse) eksplisiet bygevoeg word, byvoorbeeld “release” (die handeling om vry te laat) en “release” (bedoelende “vrylating”).

In afdeling 3.1.2 word ’n bespreking gegee van ’n verdere semanties-verwante taalvorm waarmee Stotsky (1983; 1986) se raamwerk uitgebrei kan word.

3.1.2 Uitbreiding van Stotsky se raamwerk

Stotsky (1983; 1986) se indeling maak nie voorsiening vir die insluiting van afwisselende naamwoordstukke nie. De Stadler (1989:425) wys daarop dat dit slegs nodig is om ’n naamwoord(stuk) te gebruik “wat herinner aan die antesedent”; met ander woorde, slegs afwisselende leksikale naamwoordstukke (of afwisselende naamwoordstukke) word gebruik om aan te dui dat daar steeds oor dieselfde saak gepraat word, sonder dat die volle beskrywing van die saak (dit wil sê die herhaling van die volle naamwoordstuk) gegee word (De Stadler 1989:425). Ook Taljaard (1992:12), ten opsigte van Afrikaanse tekste, en De Beaugrande en Dressler (1981:49) en Cook (1989:19), met verwysing na Engelse tekste, wys op die gebruik van afwisselende naamwoordstukke en noem dit onderskeidelik “herhaling by wyse van parafrase”, “paraphrase” en “elegant repetition”. Cook (1989:19) illustreer byvoorbeeld hoe die saak pynappel in ’n teks bekendgestel kan word deur “pineapple” en dan afgewissel kan word met “tropical luxury”.

In afdeling 3.1.3 word die metingsraamwerk wat vir die ontleding van die leerderkorpusse gebruik is, gegee.

3.1.3 Die metingsraamwerk wat in hierdie studie gebruik is

Hier onder word die metingsraamwerk weergegee waaraan die leerderkorpusse gemeet is ten einde die graad 6- en graad 9-leerders se selfstandige gebruik van verskillende taalvorme van leksikale kohesie te bepaal. Die taalvorme wat in rooi en vetdruk aangedui is, verwys na die uitbreidings aan Stotsky (1983, 1986) se raamwerk.

Figuur 1. Metingsraamwerk wat vir die korpusontleding saamgestel is

3.2 Teoretiese raamwerk

Halliday en Hasan (1976) se teorie oor kohesie vorm die teoretiese basis van hierdie studie. Volgens hulle is kohesie ’n semantiese konsep, want dit hou verband met die skep van betekenisverbande binne ’n teks. Dit is dié betekenisverbande wat bydra tot die beskouing dat ’n teks ’n semantiese eenheid is (Halliday en Hasan 1976:293).

’n Teks word deur kohesie gekenmerk wanneer die interpretasie van ’n talige element van dié van ’n ander talige element afhanklik is (Haliday en Hasan 1976:4). Die potensiaal om ’n kohesiewe teks te skep, is geleë in hulpbronne (of kohesiemerkers) soos verwysing, plaasvervanging, ellips, konjunksie en leksikale kohesie tot die taalgebruiker se beskikking (vergelyk afdeling 1.1 waar ’n verduideliking van die vyf tipes kohesiemerkers reeds gegee is). Halliday en Hasan (1976:5) beklemtoon ook dat wanneer hierdie kohesiemerkers gebruik word, hulle gerealiseer moet word in die vorm van talige elemente (of taalvorme) én dat hierdie talige element (of taalvorm) met ’n ander talige element ’n verband móét toon. Kohesiekettings (of “cohesive ties”) moet met ander woorde geskep word deur óf die grammatika óf die leksikon van die taal te gebruik ten einde ’n teks as kohesief te bestempel (Halliday en Hasan 1976:6).

Kohesiekettings kan binne dieselfde sin of oor sinsgrense10 heen voorkom (Halliday en Hasan 1976:8), hoewel Halliday en Hasan (1976:8) van mening is dat kohesie binne sinne eintlik minder prominent is. Hulle redeneer dat die sin saamhang weens die grammatikale struktuur daarvan, sonder dat ’n kohesieketting teenwoordig hoef te wees. Hulle voeg nietemin by dat kohesie nie ’n strukturele verband is nie en daarom nie deur sinsgrense beïnvloed word nie.

 

4. Empiriese ondersoek

4.1 Doel van die ondersoek

Leerderkorpusse is geskep om te bepaal watter taalvorme ter realisering van leksikale kohesie in Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk figureer. Die ontleding van leerderkorpusse vorm die empiriese ondersoek van hierdie artikel.

4.2 Navorsingsontwerp, -benadering en -paradigma

Omdat ons eenmalig en op ’n bepaalde tydstip die voorkoms van taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie in die selfstandige skryfwerk van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders wou vasstel, is ’n eenmalige, tweeledige dwarsdeursnitopname-ontwerp gebruik (Creswell 2014:403; Gray 2014:35).

’n Fenomenologiese navorsingsbenadering is vir die doeleindes van hierdie artikel gebruik. ’n Fenomenologiese benadering is relevant aangesien die essensie van ’n bepaalde verskynsel, naamlik taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie, vasgestel wou word (Merriam 2009:23). Ons wou vasstel of die taalvorme vir die realisering, wat in Stotsky se raamwerk opgeneem is, wel in Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk figureer, asook wat die aard en funksie is van dié wat wel gebruik is.

Die navorsing word binne ’n interpretivistiese paradigma geplaas vanweë die feit dat ’n bepaalde werklikheid ondersoek word (in hierdie geval die gebruik van taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie) en kennis hoofsaaklik verkry word deur die “[i]nterpretasie van die werklikheidsgebeure” (Lombard 2016:9).

4.3 Steekproef en etiese oorwegings

Ons het op graad 6 en graad 9 besluit vanweë die feit dat hierdie twee grade onderskeidelik die laaste grade van die intermediêre skoolfase (graad 4–6) en die senior fase (graad 7–9) verteenwoordig. Dit sou logieserwys sin maak om ook graad 12-leerders se skryfstukke te bekom, aangesien graad 12 die einde van die VOO-fase verteenwoordig, maar omdat graad 12-leerders met voorbereiding vir die matriekeindeksamen besig sou wees tydens die beplande insamelingsperiode, is by graad 6 en graad 9 volstaan.

Alvorens ons met die insameling van die data kon begin, is etiekklaring by die Etiekkomitee van die Noordwes-Universiteit verkry (etieknommer: NWU-00095-14-A2). Die toestemming van die Distriksdirekteur van die betrokke skooldistrik, die skoolhoofde van die betrokke skole en die Afrikaansonderwysers van die betrokke skole (wat Afrikaans vir graad 6- en graad 9-leerders onderrig) is verkry. Om die selfstandige skryfwerk van die betrokke graad 6- en graad 9-leerders te kon gebruik, is ingeligte instemming van die leerders sowel as toestemming van ouers skriftelik verkry. Daarin is die aard en die doel van die navorsing beskryf en het ons die vrywillige deelname aan die navorsing gewaarborg, dit duidelik gemaak dat die deelnemers te enige tyd kon onttrek en die deelnemers verseker dat vertroulikheid ten alle tye eerbiedig sou word (vergelyk afdeling 4.4 hierna).

4.4 Data-insamelingsmetodes

Om data te kon insamel rakende skoolleerders se selfstandige gebruik van die taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie, is Stotsky (1983; 1986) se raamwerk en die uitbreiding daarvan gebruik. Twee leerderkorpusse is as bronne van data gebruik. Die twee korpusse is uit 200 graad 6- en 200 graad 9-leerders se skryfstukke saamgestel, en bestaan onderskeidelik uit 20 723 en 22 171 woorde. Die verskillende tipes skryfstukke wat van leerders in graad 6 en graad 9 bekom kon word en waaruit die twee korpusse saamgestel is, word in tabel 1 hier onder aangedui.

Tabel 1. Samestelling van die graad 6- en graad 9-korpus

Graad 6-korpus

Graad 9-korpus

Koerantberigte, verhalende opstelle, beskrywende opstelle, dialoë/dramas, vriendskaplike briewe, stories, biografieë, paragrawe, resensies, kortverhale, fabels, spookstories, legendes

Beredenerende opstelle, verhalende opstelle, argumentatiewe opstelle, resensies, dialoë, dagboekinskrywings, vriendskaplike briewe, formele briewe

 

Die eerste 100 woorde van elkeen van die 200 graad 6-skryfstukke en 200 graad 9-skryfstukke is deur ’n bekwame tikster verbatim in MS Word ingesleutel en in .txt-formaat gestoor. Daarna het ons gekontroleer of die skryfstukke verbatim ingesleutel is, en aanpassings gemaak waar dit nodig was. Elkeen van die skryfstukke is geanonimiseer deur die toekenning van ’n kode. Die kode wat aan elke skryfstuk toegeken is, is verder uitgebrei deur te spesifiseer wat die geslag van die leerder is (S of M) en watter tipe skryfstuk bekom is. ’n Voorbeeld van hoe so ’n kode uiteindelik gelyk het, is “302 S VB”, wat beteken dat deelnemer 302, wat ’n seun is, ’n vriendskaplike brief geskryf het.

4.5 Data-ontleding

Vervolgens het ons elkeen van die skryfstukke meer as een maal woord vir woord gelees en volgens die metingsraamwerk ontleed (vergelyk afdeling 3.1.3). Elke taalvorm wat effektief vir die realisering van leksikale kohesie in die graad 6- en graad 9-korpus gebruik is en in die metingsraamwerk opgeneem is, is gekodeer. Die gebruik van ATLAS.ti, wat vir die kodering van die data gebruik is, bevorder die bydrae van die studie, want dit verskil van bestaande Afrikaanse korpusstudies wat WordSmith Tools as korpusanalisesagteware gebruik.

Die effektiewe gebruik van taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie wat skakels met woorde binne dieselfde sin toon (d.i. sinsinterne kohesiemerkergebruik) en taalvorme wat betekenisverbande met woorde oor sinsgrense heen toon (d.i. sinseksterne kohesiemerkergebruik) is met behulp van ATLAS.ti gekodeer.

Nadat die effektiewe gebruik van elke taalvorm ter realisering van leksikale kohesie met behulp van ATLAS.ti gekodeer is, het ons ATLAS.ti gebruik vir die skep van ’n sintetiserende verslag wat aandui hoeveel keer elke taalvorm in die graad 6- en graad 9-korpus gefigureer het. Hierdie frekwensies is, soos gebruiklik in die korpuslinguistiek, na kohesiemerkergebruik per 1 000 woorde genormaliseer. Die verslag is gebruik om in afdeling 5 verslag te lewer oor die aantal kere wat elke taalvorm effektief ter realisering van leksikale kohesie gebruik is (vergelyk tabel 2 in afdeling 5).

Ons het die betroubaarheid van die bevindinge wat uit die korpusondersoek voortgespruit het, op verskeie wyses verseker. Betroubaarheid is in die eerste plek verseker deur vier verkennende ondersoeke by twee laerskole en twee hoërskole uit te voer. Altesaam 427 leerders het aan die verkennende ondersoeke deelgeneem. Die doel hiermee was om vas te stel of die aangevulde raamwerk van Stotsky (oftewel die metingsraamwerk – vergelyk afdeling 3.1.3) bruikbaar kan wees om vas te stel watter taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie in die taalomgewing van Afrikaanse leerdertekste gebruik word om die teks meer kohesief te maak. Betroubaarheid is in die tweede plek verseker deurdat die skryfstukke meer as een maal met dieselfde metingsraamwerk ontleed is ten einde te bepaal of dieselfde resultate met herhaalde metings verkry word.

 

5. Bevindings

Al die verskillende taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie wat in die metingsraamwerk opgeneem is, het in die graad 6- en graad 9-korpus gefigureer (vergelyk tabel 2 hier onder). Parallelisme as ’n vorm van herhaling, wat nie in die metingsraamwerk voorkom nie, is ook aangewend om leksikale kohesie te realiseer. In die volgende afdelings word die gebruik van taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie in die leerderkorpusse in fyner besonderhede bespreek en met voorbeelde uit die korpusse toegelig. Die voorbeeldsinne met behoud van grammatikale foute word gegee.

Tabel 2. Effektiewe gebruik van die taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie

Taalmiddel vir die realisering van leksikale kohesie

Frekwensie: genormaliseer na persentasie voorkoms per 1 000 woorde

Graad 6

Graad 9

Herhaling

36,433

32,114

Sinonieme of naby-sinonieme

0,917

1,037

Teenoorgesteldes

3,909

4,014

Insluiting

2,654

2,255

Afgeleide vorme en die herhaling van afgeleide vorme

1,206

1,037

Afwisselende leksikale naamwoordstukke

3,957

2,436

Totaal

49,076

42,893

 

5.1 Herhaling

Herhaling is die taalvorm wat die meeste in die graad 6- en die graad 9-korpus gebruik is om leksikale kohesie te realiseer. ’n Totaal van 181 van die 200 graad 6-deelnemers en 180 van die 200 graad 9-deelnemers het herhaling as taalmiddel gebruik om kohesie deur middel van leksikale kohesie te bewerkstellig – 91% van die graad 6-deelnemers en 90% van die graad 9-deelnemers.

Voorbeelde van die graad 6- en graad 9-leerders se gebruik van herhaling, soos gemeet aan die voorbeelde van herhaling wat in die metingsraamwerk voorkom, word in voorbeeld 1 tot 3 uiteengesit.

Voorbeeld 1: D139 (Verhalende opstel): Enkele klein maar belangrike uitvindsels het ons lewe drasties verander. Kom ons kyk na die bolpuntpen. Die Hongaar Laszlo Josef Biro het in 1938 die patente vir die pen gekry. Dit was van groot hulp vir vlieëniers want die penne het nie gelek nie. (graad 6) (Penne is slegs die verbuiging van pen en dit is daarom nog steeds ’n vorm van herhaling.)

Voorbeeld 2: D211 (Vriendskaplike brief): Hello tannie, hoe gaan dit nog daar? [...] Met my gaan dit redelik goed. My sestiende verjaarsdag is om die draai en ek het amper uit my vel uit gespring toe ek hoor ek kan ’n partytjie hou. En ek wil baie graag hê tannie en oom Tienie moet dit bywoon. ’n Partytjie is nooit lekker nie en altyd verveelig [sic] sonder tannie en oom Tienie. My mond water al so lank vir daai lekker plaasbrode van tannie en dit sal vir my die wêreld beteken as tannie ’n paar kan bak vir my partytjie. (graad 9) (Hierdie voorbeeld dui op die gebruik van identiese woorde om leksikale kohesie te bewerkstellig).

Voorbeeld 3: D40 (Verhalende opstel) (identiese herhaling): Dit het alles in 2010 in graad 5 begin toe ek ’n nuwe foon as ’n geskenk ontvang het. Die eerste ding wat ek gedoen het toe ek my foon gekry het, het MXIT op my foon op gelaai, elke dag was ek op my foon. (graad 9) (Hierdie tipe herhaling word identiese herhaling genoem.)

Herhaling kan om verskillende redes gebruik word. Ons sal hierdie redes aan die hand van voorbeeld 1 tot 3 verduidelik. In voorbeeld 1 is penne waarskynlik herhaal omdat die herhaling daarvan die uitvindsel van die pen meer beklemtoon as die blote gebruik van ’n voornaamwoord soos dit of hulle.

In voorbeeld 2 word die aanspreekvorm tannie in opeenvolgende sinne gebruik. Wanneer daar met oueres of meerderes gepraat word, is dit gebruiklik dat die antesedent herhaal word, in plaas daarvan dat ’n voornaamwoord soos jy, jou of u gebruik word. Daar is nie ’n semiformele voornaamwoord in Afrikaans tussen u en jy om die tannie mee aan te spreek nie en daarom word die antesedent-naamwoord herhaal.

In voorbeeld 3 word die antesedent foon herhaal. Die rede waarom die antesedent-naamwoord herhaal is, is waarskynlik om onduidelikheid uit te skakel. Meer as een anaforiese sisteem is in hierdie teks vervleg: Daar word verwys na die saak Mxit, ’n selfoontoepassing deur middel waarvan gekommunikeer word, en daar word van selfone gepraat. As daarop in plaas van die herhaling van selfone gebruik sou word, soos in “Dit het alles in 2010 in graad 5 begin toe ek ’n nuwe foon as ’n geskenk ontvang het. Die eerste ding wat ek gedoen het toe ek my foon gekry het, het MXIT op my foon op gelaai, elke dag was ek daarop”, sou dit by die leser twyfel wek oor dít waarna daarop verwys. Daarop kan óf na Mxit óf na sy foon verwys.

Ons het ’n taalvorm wat nie in die metingsraamwerk ingesluit is nie, in een van die 200 graad 6-deelnemers en een van die graad 9-deelnemers se selfstandige skryfwerk geïdentifiseer. Die taalvorm wat in die voorbeelde verder aan (voorbeeld 4 en voorbeeld 5) gebruik word, staan as parallelisme bekend. Cook (1989:16) definieer parallelisme as ’n betekenisverhouding wat ontstaan wanneer die vorm van een sin of frase in dieselfde of in ’n opeenvolgende sin geëggo word. Van den Berg (2002:172) gee die volgende voorbeeld om parallelisme te illustreer: “want die kraai se afwesigheid was aan elke eettafel teenwoordig, in elke gesprek, in elke stilte”.

In voorbeeld 4 (uit die graad 6-korpus) en voorbeeld 5 (uit die graad 9-korpus) hieronder word die herhaling van bepaalde sintaktiese patrone (dit wil sê parallelisme) met verskillende kleure aangedui. Die sinsdele wat dieselfde sintaktiese patroon het, word in dieselfde soort lettertipe geskryf.

In voorbeelde 4 en 5 hier bo word parallelisme moontlik gebruik om die magiese eienskappe van die Here te versterk. Die gebruik hiervan het dus ’n intensiverende effek. Die gebruik van parallelisme dra dus belangrike inligting oor (Van den Berg 2002:174).

5.2 Sinonieme en naby-sinonieme

Sinonieme is taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie wat selde in die selfstandige skryfwerk van die betrokke graad 6- en graad 9-deelnemers gebruik is. Stotsky (1983:440) wys daarop dat die ontbreking van sinonieme in leerderskryfwerk dui op ’n onderontwikkelde woordeskat om die betekenisverskynsel uit te druk. Die probleem is dat die graad 6- en graad 9-deelnemers nie sinonieme gebruik nie, omdat hulle skynbaar oor ’n onderontwikkelde woordeskat beskik. Stotsky (1983:440) verduidelik hierdie saak soos volg:

[...] repetition, synonymy, contrast, or inclusion in a set, proceed from certain intellectual operations, such as classifying, categorizing, noting likenesses or differences, that in themselves do not need to be taught. The human mind by its very nature develops and applies these operations to the natural world without instruction. What writers do need to develop is a huge repertory of words for expressing these operations [...].

Die geldigheid van hierdie aanname is egter nie in die ondersoek getoets nie; daarom kan geen aannames ten opsigte van die deelnemers van hierdie studie gemaak word nie. Verslag kan wel gedoen word oor die effektiewe gebruik van sinonieme.

Enkele voorbeelde hiervan is:

Voorbeeld 6: D23 (Storie): Dis nie ’n inbraak nie, dis ’n ontvoering. So skelm kom in gryp die dogter, dogter skree, ma word waker probeer hom stop, word geskiet in die skouer en skelm weg. Ek het vinger afdruke by die ruit waar die skurk in gekom het, ek sal vir mike stuur dat hy toetse doen [sic]. (graad 6)

Voorbeeld 7: D19 (Biografie): Hy het loskopstut vir die Springbokke, Cheetahs en natuurlik die Blou Bulle gespeel. [...] In 1994 draf hy uit vir die Springbokke. (graad 6)

Voorbeeld 8: D65 (Resensie): Jy begin in die stad, Fairhaven, in ’n Aston Martin motor en jou eerste missie is om jou eerste kar te gaan haal. (graad 9)

Voorbeeld 9: D202 (Vriendskaplike brief): Ek skryf hierdie brief met groot hoop! Tannie en oom weet hierdie is ’n groot jaar, wat vir my voorlê. Nee, DIE groot jaar! Julle wonder seker waarvan praat sy, is die kind van haar loodjie getik? Maar nee, ek is nie mal nie, want ek word 16 [sic]! (graad 9)

Die gebruik van teenoorgesteldes as taalvorm vir die realisering van leksikale kohesie kom meer gereeld as sinonieme in beide die korpusse voor en word vervolgens beskryf.

5.3 Antonieme

Ons het die graad 6- en graad 9-korpus ontleed aan die hand van tipes teenoorgesteldes wat in die metingsraamwerk uiteengesit is, naamlik gradeerbare antonieme, komplementêre teenoorgesteldes, omkeerbare teenoorgesteldes, idiomatiese teenoorgesteldes en ruimtelike opposisie (vergelyk afdeling 3.1.3 waar verdere voorbeelde in die metingsraamwerk gegee word). ’n Ander tipe antoniem is ook in enkele deelnemers se skryfwerk geïdentifiseer, naamlik implisiete teenoorgesteldes (ons eie term hiervoor) wat nie, soos jonk x oud of seun x pa, eksplisiet is nie.

(i) Gradeerbare antonieme

Gradeerbare antonieme is adjektiewe wat gradeerbaar is; met ander woorde, die lede van hierdie gradeerbare woordpaar kan trappe van vergelyking neem, met graadwoorde soos baie en geweldig verbind en in vergelykende konstruksies gebruik word (Bosman en Pienaar 2017:316).

Vet x maer en jonk x oud kom in die onderskeie korpusse voor (vergelyk voorbeeld 10 en voorbeeld 11):

Voorbeeld 10: D211 (Dialoog):

Spreker A: Ek is nou baie vet.
Spreker B: (Kyk na kat se pens) Maar jy is nog maer. (graad 6)

Voorbeeld 11: D363 (Argumentatiewe opstel): Ek dink elke kind van Hoërskool tot Laerskool het al hul self gevra, “HOE LYK MY TOEKOMS”. Elke kind van jonk tot oud het al van Laerskool af al beplan wat gan hulle doen en hoe gan hulle dit doen om dit reg te kan kry [sic]. (graad 9)

Van die 62 graad 6-deelnemers en 71 graad 9-deelnemers wat teenoorgesteldes gebruik het, het onderskeidelik nege en sewe deelnemers gradeerbare antonieme gebruik.

(ii) Komplementêre teenoorgesteldes

Komplementêre teenoorgestelde verwys na die ontkenning van die een lid van die komplementêre paar en die bevestiging van die ander lid (Bosman en Pienaar 2017:316; De Stadler 1989:84).

Voorbeelde van komplementêre teenoorgesteldes uit die graad 6- en graad 9-korpus is:

Voorbeeld 12: D161 (Vriendskaplike brief): Toe hul eers ingetrek het was alles doodnormaal. Tot so twee weke terug het ’n paar eienaardige gebeurtenisse kop uit gesteek. (graad 6)

Voorbeeld 13: D486 (Resensie): Kat en muis is weer in ’n stryd vir lewe en dood. (graad 9)

Van die 62 graad 6-deelnemers en 71 graad 9-deelnemers wat teenoorgesteldes gebruik het, het 42 van die graad 6-deelnemers en 46 van die graad 9-deelnemers komplementêre teenoorgesteldes gebruik.

(iii) Omkeerbare teenoorgesteldes

Omkeerbare teenoorgesteldes impliseer nie die ontkenning van die teenoorgestelde item nie (De Stadler 1989:86). “Die een lid (sintakties beskou) is die omgekeerde van die ander” (Bosman en Pienaar 2017:317).

’n Voorbeeld van ’n omkeerbare teenoorgestelde in die ondersoekte tekste van graad 6 is:

Voorbeeld 14: D109 (Dialoog): Eerste skool op die maan. Dit is die jaar 3000 en klas is gepak. Juffrou Mars staan voor in die klas en verwelkom al die kinders. (graad 6)

Voorbeeld 15: D336 (Vriendskaplike brief): [...] Ek het jou al vertel van daardie “nomination band” wat ek al hoe lank soek! Wel, ek het hom uiteindelik gekry. Rocka Bella in Klerksdorp verkoop dit en ek is so opgewonde dat ek dit het. My Ma en Pa het besluit om dit vir my te koop vir Kersfees. (graad 9)

In voorbeeld 15 staan koop en verkoop in ’n omgekeerdheidsverhouding, want Rocka Bella verkoop ’n “nomination band” aan die spreker en die spreker koop die “nomination band” van Rocka Bella.

Slegs vier van die 62 graad 6-deelnemers en ses van die 71 graad 9-deelnemers het omkeerbare teenoorgesteldes gebruik.

(iv) Idiomatiese teenoorgesteldes

Idiomatiese teenoorgesteldes is woordpare wat “tradisioneel as teenoorgesteldes van mekaar beskou kan word, hoewel dit nie logieserwys so is nie” (De Stadler 1989:87). Enkele voorbeelde ter illustrasie van idiomatiese teenoorgesteldes uit die korpusse van hierdie studie is:

Voorbeeld 16: D162 (Dialoog): Ek gaan my ma roep, sy is groot en sterk en sal jou baie seer maak, hoor vir my goed Hond. (sê Kat vreeslik bang) (graad 6)

Voorbeeld 17: D486 (Resensie): Die eindelose kat en muis speelietjie [sic] word in ’n kinderlike manier uitgebeeld maar trek nog jonk en oud se aandag. (graad 9)

Drie van die 62 graad 6-deelnemers en twee van die 71 graad 9-deelnemers wat teenoorgesteldes gebruik het, het idiomatiese teenoorgesteldes ingespan.

(v) Ruimtelike opposisie

’n Ander vorm van teenoorgesteldheid, naamlik ruimtelike opposisie, sluit woordpare in soos op x af, kom x gaan, arriveer x vertrek (De Stadler 1989:86). Vergelyk as voorbeelde:

Voorbeeld 18: D26 (Storie): Ek gaan nooit weer so ver hardloop nie sê Ivan. Ek het nog nooit 10 keer op en af by die bult gehardloop nie, hyg Danie. (graad 6)

Voorbeeld 19: D384 (Dagboek): Ons het vanoggend lekker vroeg opgestaan, in die kar gespring en vertrek na Onsseepkans in die Noord-Kaap. […] Ons het eers laat die Vrydagaand daar gearriveer en maar vroeg gaan slaap, onbewus van wat die volgende dag vir ons inhou. (graad 9)

Ruimtelike opposisie het slegs in een van die 62 graad 6-deelnemers en drie van die 71 graad 9-deelnemers se skryfstukke voorgekom.

(vi) Implisiete antonieme

Salkie (1995:25) verwys nie na implisiete teenoorgesteldes wanneer hy die volgende uitspraak oor teenoorgesteldes maak nie, maar ons is van mening dat dit ’n goeie verklaring van implisiete teenoorgesteldes is: “When a text expresses a contrast, it isn’t just straightforward opposites like big and small that you should look for. Whatever words the writer wants to contrast are potentially analysable as opposites.”

Vergelyk die onderstaande voorbeelde wat ons as implisiete teenoorgesteldes beskou. Die vetgedrukte woorde is die woorde wat implisiet teenoorgesteldes van mekaar is.

Voorbeeld 20: D255 (Paragraaf): My Superheld kan enige iets doen Hy kan op water loop, storms stil maak Hy kan siekes genees, verlamdes laat loop Hy kan mense uit die dood opwek. (graad 6)

Voorbeeld 21: D176 (Beskrywende opstel): Hoor hoe raas die stilte in ’n plek met geen siel in sig. (graad 9)

In voorbeeld 20 hier bo wil die skrywer deur middel van implisiete teenoorgesteldes (in vetdruk aangedui) op die almag van die Here wys. In voorbeeld 21 is die teenoorgesteldheid opmerklik in die stilte wat raas (in vetdruk aangetoon).

Hoewel dit betreklik min gebruik is in vergelyking met herhaling as taalvorm, het die deelnemers, soos blyk uit die bostaande bespreking, verskillende tipes teenoorgesteldes gebruik om teenoorgestelde betekenisverhoudings tussen woorde aan te dui en kohesie te verwesenlik. Teenoorgesteldes is ook meer dikwels as sinonieme en afgeleide vorme gebruik.

5.4 Insluiting

Al die taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie wat in die metingsraamwerk as vorme van insluiting beskou word (vergelyk afdeling 3.1.3), naamlik hiponieme, superordinate en gekoördineerde lede in geordende en ongeordende reekse en epiteta kom in die korpusse voor.

(i) Hiponieme en superordinate

Voorbeelde hiervan is:

Voorbeeld 22: D89 (Storie): Die groot verskeidenheid van al die pragtige plante in ons woud-agtige [sic] tuin. [...] Ek kry weer koue rillings wat teen my ruggraat afhardloop. Ek dink terug aan die dag wat my ouma nog die katjiepiering voor my kamer natgegooi het. (graad 6)

Voorbeeld 23: D244 (Verhalende opstel): Varkie! Roep ek my hond. Die klein “Jack Russel” kom daar in gehardloop met ’n stink spoed. (graad 9)

Voorbeeld 24: D48 (Biografie): Hansie Cronje is gebore op 9 July 1978. Hy was Suid-Afrika se krieket kaptein [sic]. Hy het teen Indië, Astralië en nog baie ander lande gespeel. (graad 6)

Voorbeeld 25: D303 (Opstel): Hulle sê jou huis is waar jou hart is. My hart lê in Potchefstroom. Daar is niks in die wêreld wat sal verander hoe ek oor dié dorp voel nie. (graad 9)

Nege van die 200 graad 6-deelnemers en sewe van die 200 graad 9-deelnemers het hiponiem-superordinaat-kohesiekettings ingespan, en 24 graad 6- en 16 graad 9-deelnemers het hiponieme as die tweede lid van ’n kohesieketting gebruik.

(ii) Gekoördineerde lede in geordende en ongeordende reekse

Vergelyk die volgende voorbeelde:

Voorbeeld 26: D26 (Storie): Moenie worrie nie sê Danie ek sal betaal, wat gaan ons kry Debonieers, Panaroti’s of Romans [sic]? (graad 6)

Voorbeeld 27: D9 (Storie): Vandag is dit skool se eerstespan hokkie proewe. Daar was graad 4’s 5’s 6’s en 7’s wat gespeel het. (graad 6)

Voorbeeld 28: D18 (Verhalende opstel): facebook, twitter [sic], Pinterest en die lys gaan aan. Is dit die moeite werd? (graad 9)

Voorbeelde 26 en 28 illustreer die gebruik van gekoördineerde lede in ongeordende reekse: In voorbeeld 27 word ’n klomp pizzaplekke genoem en in voorbeeld 41 word tipes sosialemedia-platforms gelys. Voorbeeld 40 is ’n voorbeeld van gekoördineerde lede in geordende reekse. Die deelnemer lys skoolgrade in ’n stygende orde: “graad 4’s 5’s 6’s en 7’s”.

Gekoördineerde lede van geordende en ongeordende reekse is ook selde ingespan (0.627 en 0.902 keer per 1 000 woorde in die graad 6- en graad 9-korpus onderskeidelik). Hoewel dit minder as een keer per 1 000 woorde vir die realisering van leksikale kohesie gebruik is, het dit nogtans in twaalf van die 200 graad 6-deelnemers en sewe van die 200 graad 9-deelnemers se skryfstukke voorgekom.

(iii) Epiteta of algemene woorde

’n Verdere taalmiddel deur middel waarvan leksikale kohesie gerealiseer word, naamlik epiteta, het in ses van die 200 graad 6-deelnemers en twaalf graad 9’s se skryfwerk voorgekom.

Ponelis (1979:582) en Salkie (1995:18) wys daarop dat epiteta se leksikale betekenis besonder wyd is, omdat hulle na bykans enige konkrete selfstandige naamwoord kan verwys. Die vetgedrukte woorde in die volgende sinne is voorbeelde van epiteta wat in die korpusse voorkom.

Voorbeeld 29: D32 (Opstel): Sport... Sport is seker die lekkerste ding waaraan ’n mens kan deelneem. (graad 9)

Voorbeeld 30: D16 (Verhalende opstel): En om nie eers van daai mense se koffie te praat nie, dit was vrek sleg, ek moes letterlik die goed by my keel af wirg [sic]. (graad 9)

Voorbeeld 31: D63 (Verhalende opstel): Ek sit in die tronk, al vir amper twee jaar. Môre sal dit presies twee jaar wees, dan is ek klaar met die plek. (graad 9)

Epiteta of algemene woorde het, soos superordinate, selde in die graad 6- en graad 9-korpus voorgekom: onderskeidelik 0.627 en 0.902 keer per 1 000 woorde.

Uit die voorafgaande bespreking blyk dit dat semantiese verbande op die vlak van woordeskat (d.i. leksikale kohesie) nie slegs deur middel van die gebruik van herhaling, sinonieme en teenoorgesteldes gerealiseer word nie, maar ook met behulp van hiërargiese verhoudings wat tussen hiponieme en superordinate geskep word. Leksikale kohesie word ook met behulp van gekoördineerde lede in geordende en ongeordende reekse, asook die gebruik van epiteta as taalvorme, gerealiseer.

5.5 Afgeleide vorme

Die graad 6- en graad 9-korpus is gemeet aan die volgende tipes afgeleide vorme, soos opgeneem in die metingsraamwerk: (i) voor- of agtervoegsels wat by woorde gevoeg word om woordpare te skep wat verskillende betekenisse het en aan verskillende woordklasse behoort en (ii) woorde met dieselfde voor- of agtervoegsels. Woorde wat vormlik nie ooreenstem nie, byvoorbeeld bal (voorwerp wat tydens ’n sportsoort gebruik word) teenoor bal (’n dans), is ’n verdere voorbeeld van afgeleide vorme wat in die korpusse figureer het, hoewel dit nie deel van Stotsky se oorspronklike raamwerk gevorm het nie. Dit is egter ná die uitbreiding van Stotsky se raamwerk in die metingsraamwerk van hierdie studie opgeneem (vergelyk afdeling 3.1.1 en 3.1.3).

(i) Afgeleide vorme geskep deur voor- of agtervoegsels

Agt van die 200 graad 9-deelnemers het voor- en agtervoegsels by ’n woord gebruik om woordpare te skep wat aan verskillende woordklasse behoort. Dubbeld soveel graad 6-deelnemers het hierdie tipe afgeleide vorme gebruik. Vergelyk die volgende voorbeelde uit die korpusse van hierdie studie:

Voorbeeld 32: D32 (Koerantberig): “Ma, ek wil ’n selfoon hê,” was die woorde van Karel Smit voor die trauma. Karel se foon was sy deur tot die wêreld daarbuite. Karel het nie geweet wat agter daardie deur gebeur nie. Karel het gedink hy het ’n nuwe vriend gemaak, maar al die tyd was dit sy ontvoerderselfstandige naamwoord. Op 21 Januarie 2014 het sy nuwe Facebook-vriend hom by sy huis kom ontvoerwerkwoord. (graad 6)

Voorbeeld 33: D365 (Argumentatiewe opstel): Toon respekselfstandige naamwoord aan ander. Sê asseblief en dankie. Respekteerwerkwoord mense wat ouer as jy is en respekteerherhaling van afgeleide vorme ook jou ouers en die besluite wat hul vir jou maak, want hulle wil net die beste vir jou hê. (graad 9)

(ii) Afgeleide vorme geskep met behulp van dieselfde agtervoegsels

Slegs vier van die 200 graad 6-deelnemers en twee van die 200 graad 9-deelnemers het woorde met dieselfde agtervoegsels gebruik. Voorbeelde hiervan is:

Voorbeeld 34: D232 (Paragraaf): Die Hulk is man met baie krag. Hy was seer gemaak met A, maar hy sal dood gegaan maar sy pa het hom krag gegee om te lewe. Wanneer hy kwaad raak verander hy. Hy lyk ander kleur sy vel is harder en dan is hy vinnerger [sic] en sterker en het swart hare [sic]. (graad 6)

Voorbeeld 35: D87 (Verhalende opstel): Uiteindelik arriveer ons, dit lyk baie beter as wat ek gedink het dit sal wees. Mooi groen gras en bome, pragtige berge en die koudste, varste [sic] lug om in te asem. (graad 9)

Deur middel van die gebruik van dieselfde agtervoegsels wou die deelnemers moontlik ’n bepaalde effek skep. In voorbeeld 34 druk die skrywer verwondering ten opsigte van die Hulk deur middel van die gebruik van die vergrotende trap van hard, vinnig en sterk uit. In voorbeeld 35 dui die gebruik van die oortreffende trap van vars en koud aan dat hierdie plek die skrywer se verwagtinge oortref het.

(iii) Vormlik identiese woordpare

Slegs twee van die 200 graad 6-deelnemers en agt van die 200 graad 9-deelnemers het woorde gebruik wat vormlik identies is, maar wat tot verskillende woordklasse behoort. Voorbeelde hiervan is:

Voorbeeld 36: D200 (Vriendskaplike brief): Daai selfde aand het my boetie in sy droomselfstandige naamwoord geskree, ek het wakker geskrik en na hom toe gestorm. Toe ek daar aankom was dit net hy wat droomwerkwoord. (graad 6)

Voorbeeld 37: D100 (Dialoog): Na die eerste helfte was dit 10-15. Oelof het toe gesê dat die span wat in die volgende vyf minute ’n drie drukwerkwoord gaan wen hulle het toe ’n drie gedruk in vyf minute daarna druk ons weer een. [...] Ons het toe baie beter verdedig en ons het weer die bal gekry en baie drukselfstandige naamwoord op hulle geplaas [sic]. (graad 9)

Afgeleide vorme speel ’n belangrike rol, omdat dit die skrywer in staat stel om die basiese betekenis te behou (byvoorbeeld die gebruik van modern en moderniteit), maar terselfdertyd stilistiese afwisseling te verseker (Stotsky 1983:434).

5.6 Afwisselende leksikale naamwoordstukke

Afwisselende naamwoordstukke speel ’n kohesieskeppende rol in Afrikaans (Ponelis 1979:580–2; De Stadler 1989:409–11). Enkele voorbeelde van afwisselende naamwoordstukke wat deur die graad 6- en graad 9-deelnemers gebruik is om verwysing na dieselfde saak as die antesedent voort te sit, is soos volg:

Voorbeeld 38: D10 (Biografie): Die duitse renjaer Sebastian Vettel is in 3 Julie 1987 in Heppenheim gebore hy was derd van vier kinders. [...] Sebastian se resies ryer pa het hom laat go-kart ry as klein kind [sic]. (graad 6)

Voorbeeld 39: D183 (Storie): Een aand het Bennie nog lekker geslaap, toe skrik hy wakker. Bennie hoor baie geluide. Hy voel bang en wonder wat dit kan wees. Nou kan hy nie slaap nie. Die klein, vet bruin beertjie hardloop na sy sussie se kamer oor die gang. (graad 6)

Voorbeeld 40: D67 (Resensie): Resident evil. Die oorlewings riller het so vêr baie slegte uitvoer gekry vandat hy in 2012 uitgekom het. (graad 9)

Voorbeeld 41: D486 (Resensie): Kat en muis is weer in ’n stryd vir lewe en dood, sal die muis se vriend (die hond) hom die keer help? Of, sal die kat uiteindelik die lastige bruin muis vang? (graad 9)

Soos blyk uit bogenoemde voorbeelde, het die leerders wat afwisselende naamwoordstukke in hul skryfstukke gebruik het, se skryfstukke steeds verwysing na dieselfde saak voortgesit, maar op ’n gevarieerde wyse ter wille van stilistiese afwisseling.

Afwisselende naamwoordstukke kom onderskeidelik 3.957 en 2.436 keer per 1 000 woorde in die graad 6- en graad 9-korpus voor (vergelyk tabel 2), en dit is deur 62 van die 200 graad 6-deelnemers en 42 van die 200 graad 9-deelnemers gebruik – meer kere en deur meer deelnemers as wat sinonieme en afgeleide vorme gebruik is.

Afwisselende naamwoordstukke is meer kere in die graad 6-korpus as in die graad 9-korpus gebruik. Die graad 6-deelnemers het afwisselende naamwoordstukke waarskynlik meer gebruik omdat hulle biografieë geskryf het waarin hulle telkens op verskillende maniere na ’n bepaalde persoon waaroor die biografie handel, verwys het. Biografieë kon nie by die graad 9-deelnemers bekom word nie (vergelyk afdeling 4.4, waar die tipes skryfstukke waaruit die graad 6- en graad 9-korpus bestaan genoem word).

Uit die bogenoemde bespreking is dit duidelik dat herhaling die taalvorm is wat die meeste gebruik is om leksikale kohesie te realiseer, terwyl sinonieme en afgeleide vorme selde gebruik is.

 

6. Samevattende gevolgtrekking

Hierdie artikel lewer ’n bydrae in dié sin dat ondersoek vir die eerste keer ingestel is na die wyses waarop die leksikale items waaruit tekste bestaan deur geselekteerde graad 6- en graad 9-leerders geskakel word. ’n Verdere bydrae is die saamstel van ’n korpus van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk, omdat die korpusse wat uit Afrikaanse data bestaan, saamgestel is uit die skryfwerk van studente op tersiêre vlak (Van Rooy en Esterhuizen 2011; Jordaan 2014; Meintjes 2015).

Soos blyk uit die ontleding van die graad 6- en graad 9-korpus het ál die taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie wat in die metingsraamwerk ingesluit is (vergelyk afdeling 3.1.3) in beide die leerderkorpusse figureer. Die voorbeeldsinne in afdeling 5, wat die kohesiewe effek van verskillende taalvorme ter realisering van leksikale kohesie illustreer, behoort deur Afrikaansonderwysers in die klaskamer gebruik te kan word wanneer leiding aan leerders gegee word oor die gebruik van verbindingswoorde – ’n doelwit binne die KABV (vergelyk afdeling 2, uittreksel 1).

Die rede waarom taalvorme vir die realisering van leksikale kohesie (en taalvorme wat ander tipes kohesiemerkers realiseer) binne tekste gebruik moet word, is dat die betekenisverbande wat deur die gebruik daarvan geskep word, tot semantiese kontinuïteit bydra (Halliday en Hasan 1976:299); met ander woorde die idees in een deel van die teks word konsekwent verder aan voortgesit. Die gevolg is dat die leser van die teks dit as koherent (oftewel samehangend) ervaar. Hoe meer nuwe inligting aan bekende inligting geskakel word, hoe minder intellektuele energie word van die leser vereis om die teks te begryp. Daarby kan die gebruik van die taalvorme leksikale kohesie op stilisties gevarieerde wyses realiseer en kan dit dienooreenkomstig vir die onderrig van skryfvaardighede in die Afrikaansklaskamer gebruik word.

 

Bibliografie

Adeyemi, R.I. 2017. Corpus-based analysis of cohesion in written English essays of Nigerian tertiary learners. PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit (Vaaldriehoekkampus).

Booij, G. 2005. The grammar of word. Oxford: Oxford University Press.

Bosch, B. 1979. ’n Sintaktiese ondersoek na die gebruik van die neweskikkende voegwoord in Afrikaans. MA-verhandeling, Rhodes Universiteit, Grahamstad.

—. 1984. ’n Sintaktiese ondersoek na die gebruik van onderskikkende voegwoorde en sinsverbindende woorde in Afrikaans. PhD-proefskrif, Grahamstad, Rhodes Universiteit.

—. 1997. Die voegwoord of. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 15(2):35–44.

—. 1998. Die onderskikker dat: ’n Korpus-gebaseerde bespreking, deel 1. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 16(4):120–26.

—. 1999a. Die onderskikker dat: ’n Korpusgebaseerde bespreking, deel 2. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 17(1):2–5.

—. 1999b. Konjunksiemerkers in Afrikaanse tekste van niemoedertaal-studente: ’n Eerste verkenning. Southern African Journal of Applied Linguistic Studies, 7(1):125–44.

Bosman, N. en M. Pienaar. 2017. Afrikaanse semantiek. In Carstens en Bosman (reds.) 2017.

Botha, J.P. 1987. Afrikaanse sintaksis vir voorgraadse studente. Isando: Lexicon Uitgewers.

Brown, E.K. en A. Anderson (reds.). 2006. Encyclopedia of language and linguistics. London: Elsevier.

Butler, H.G. 2006. A framework for course design in academic writing for tertiary education. DPhil-proefskrif, Universiteit van Pretoria.

Carstens, W.A.M. 1976. Aspekte van taalkundige verwysing: ’n Verkenning. MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

—. 1986. Moontlike benaderings tot ’n studie van die Afrikaanse bepaalde voornaamwoord. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 26(2):107–24.

—. 1987. De Beaugrande en Dressler (1981) se “Standaarde van tekstualiteit”. South African Journal of Linguistics, 5(2):17–32.

—. 1996. Konjunksieverhoudings in Afrikaans: ’n verkenning. South African Journal of Linguistics, 14(33):61–77.

—. 1997. Afrikaanse tekslinguistiek: ’n inleiding. Pretoria: Van Schaik.

—. 1998. Sintaksis en die tekslinguistiek. In Gouws en Feinauer (reds.) 1998.

—. 2000. Tekslinguistiek en teksversorging. South African Journal of Linguistics, 18(Suppl. 37):4–17.

—. 2018. Norme vir Afrikaans: Moderne Standaardafrikaans. 6de uitgawe. Pretoria: Van Schaik.

Carstens, W.A.M. en N. Bosman (reds.). 2017. Kontemporêre Afrikaanse Taalkunde. Pretoria: Van Schaik.

Carstens, W.A.M. en K. van de Poel. 2012. Teksredaksie. Stellenbosch: SUN Media.

Carstens, W.A.M. en P.L. van Schalkwyk. 1994. Die standaarde van tekstualiteit en Breyten Breytenbach se “Die boenk”. Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Taalkunde, 12(22):43–61.

Combrink, J.G.H. 1995. Hoe om paragrawe te skryf. Kaapstad: Tafelberg.

Cook, G. 1989. Discourse. Oxford: Oxford University Press.

Cornelius, E. 2012. ’n Linguistiese ondersoek na die verstaanbaarheid van verbruikersdokumente vir die algemene Afrikaanssprekende publiek. PhD-proefskrif, Universiteit van Johannesburg.

Creswell, J.W. 2014. Educational research: Planning, conducting, and evaluating quantitative and qualitative research. 4de uitgawe. Upper Saddle River, NJ: Pearson.

Departement van Basiese Onderwys (DBO). 2011a. Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Afrikaans Huistaal: Graad 4–6. Finale hersiening. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2011b. Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Afrikaans Huistaal: Graad 7–9. Finale hersiening. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 2011c. Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring. Afrikaans Huistaal: Graad 10–12. Finale hersiening. Pretoria: Staatsdrukker.

De Beaugrande, R.A. en W.U. Dressler. 1981. Introduction to text linguistics. Londen: Longman.

De Stadler, L.G. 1989. Afrikaanse semantiek. Johannesburg: Oxford University Press.

Du Plessis, A. 1997. Die teorie en praktyk van taalversorging in Afrikaans: ’n loodsondersoek. MA-verhandeling, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Du Plessis, W. en B. Bosch. 1999. ’n Sinchroniese beskouing van diskoerslinguistiek. South African Journal of Linguistics, 17(1):16–36.

Du Toit, P. en W. Smith-Müller. 2003. Stylboek: Riglyne vir paslik skryf. Pretoria: Van Schaik.

Esterhuizen, I. 2002. Betekeniskonstruksie as kreatiewe proses: ’n Tekslinguistiese benadering. Literator, 23(2):51–65.

Esterhuizen, I. en D.M. Wybenga. 2000. Betekeniskonstruksie en teks: ’n Empiriese ondersoek. South African Journal of Linguistics, 18(Suppl. 37):33–51.

Gouws, R en I. Feinauer (reds.) Sintaksis op die voorgrond. Pretoria: Van Schaik.

Gray, D.V. 2014. Doing research in the real world. 3de uitgawe. Londen: Sage.

Halliday, M.A.K. 2002. Linguistic studies of text and discourse. New York, Londen: Continuum.

Halliday, M.A.K. en R. Hasan. 1976. Cohesion in English. New York: Longman.

Hatch, E. 1992. Discourse and language education. Cambridge: Cambridge University Press.

Hoey, M. 2001. Textual interaction: An introduction to written discourse analysis. Londen: Routledge.

Hubbard, E.H. 1989. Reference cohesion, conjunctive cohesion and relational coherence in student academic writing. DLitt et Phil-proefskrif, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria.

Joubert, I., C. Hartell en K. Lombard (reds.) Navorsing: ’n Gids vir die beginnernavorser. Pretoria: Van Schaik.

Jordaan, A. 2014. Die gebruik van metadiskoers in Afrikaans T1-skryfwerk van eerstejaar-universiteitstudente. MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit (Vanderbijlparkkampus).

—. 2016. Afrikaanse verbandsmerkers: Uitbreiding en herkategorisering van voorbeeldwoorde. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 34(2):147–67.

Kargozari, H.R., H. Ghaemi en M.A. Heravi. 2012. Cohesive devices in argumentative, descriptive, and expository writing produced by Iranian EFL university students. Modern Journal of Language Teaching Methods, 2(3):25–47.

Kotzé, A. 1997. Die teksversorger as spookskrywer: Christelike uitgewersmaatskappye as ’n gevallestudie. MA-verhandeling, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Kruger, A. 2000. Leksikale kohesie, Hoey en Shakespeare in Afrikaans. South African Journal of Linguistics, 18(Suppl. 37):63–89.

Lombard, K. 2016. ’n Inleiding tot navorsing. In Joubert, Hartell en Lombard (reds.) 2016.

Lourens, A. en L. Bedeker. 2004. Wetenskaplike skryfvaardighede. Stellenbosch: SUN Media.

Merriam, S.B. 2009. Qualitative research: A guide to design and implementation. 3de uitgawe. San Francisco, CA: John Wiley and Sons.

Meintjes, Z. 2015. Koherensie in die argumentatiewe skryfwerk van eerstejaarstudente: ’n eksgebaseerde ondersoek. PhD-proefskrif, Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus).

Naicker, G.G. 1996. Konjunktiewe kohesie in die opstelle van Afrikaans tweedetaal- matrikulante. MA-verhandeling, Universiteit van Natal, Durban.

Pienaar, M. 2009. Die leesbaarheid van akademiese tekste: ’n Tekslinguistiese ondersoek. MA-verhandeling, Noordwes-Universiteit (Vanderbijlparkkampus).

—. 2014. Skrywer-leser-verhoudings: Die rol van metadiskoers in tersiêre studiegidse. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 32(3):317–30.

Ponelis, F.A. 1979. Afrikaanse sintaksis. Pretoria: Van Schaik.

Prinsloo, S. 1994. Kohesiewerking in die spontane mondelinge vertelling in Afrikaans. South African Journal of Linguistics, 12(Suppl. 22):149–65.

—. 1999. ’n Tekslinguistiese analise van die gebruik van en. Literator, 20(2):91–105.

—. 2002. Tekslinguistiek: Van teorie tot praktyk. Literator, 23(2):105–27.

Quirk, R., S. Greenbaum, G. Leech en J. Svartvik. 1985. A comprehensive grammar of the English language. Harlow: Pearson.

Salkie, R. 1995. Text and discourse analysis. Londen: Routledge.

Sanders, T.J.M. en H.P. Maat. 2006. Cohesion and coherence: Linguistic approaches. In Brown en Anderson (reds.) 2006.

Steenberg, A.M.M. 1986. Die funksie van leksikale herhaling in die kortprosabundel EEN-EN-TWINTIG van J.S. Rabie. MA-verhandeling, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys (Vanderbijlparkkampus).

Stotsky, S. 1983. Types of lexical cohesion in expository writing: Implications for developing the vocabulary of academic discourse. College Composition and Communication, 34(4):430–46.

—. 1986. On learning to write about ideas. College Composition and Communication, 37(3):276–93.

Taljaard, N.W. 1992. Kohesie in Markus 5:1–20. MA-verhandeling, Randse Afrikaanse Universiteit, Johannesburg.

Van den Berg, G. 2002. Die taalkundige analise van ’n literêre teks: Leksikale kohesie in “My broer se kraai”. Literator, 23(2):165–81.

Van der Merwe, T. 1996. Nou, toe en dan as temporele leksikale elemente in Afrikaans. Literator, 17(2):91–104.

Van Rooy, B. en I. Esterhuizen. 2011. Die gebruik van konjunksiemerkers by nagraadse studente en gepubliseerde navorsing oor Afrikaanse taal- en letterkunde. Tydskrif vir Taalonderrig, 45(1):67–86.

Van Schoor, J.L. 1983. Die grammatika van standaard-Afrikaans. Kaapstad: Lex Patria.

Van Tonder, S.L. 1999. Lexical cohesion in student academic writing. MA-verhandeling, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria.

Weideman, A.J. 2011. A framework for the study of linguistics. Pretoria: Van Schaik.

Wybenga, D.M. 1988. Diskoersanalise en stilistiek: ’n Inleiding. Pretoria: Serva.

—. 1989. Taalkompas: Elke student se gids. Pretoria: Serva.

 

Eindnotas

1 Carstens (1986:109), Carstens (1987:22), Carstens (1997:126), Carstens (1998:40) en Carstens en Van de Poel (2012:107) gee meer besonderhede oor verwysing, asook Afrikaansspesifieke voorbeelde. 

2 Vergelyk ook Carstens (1987:22), Carstens (1997:126), Carstens (1998:40) en Carstens en Van de Poel (2012:109) in hierdie verband.

3 Carstens (1987:22), Carstens (1997:126), Carstens (1998:40) en Carstens en Van de Poel 2012:110) gee ’n bespreking van ellips.

4 Carstens (1987:22), Carstens (1997:126), Carstens (1998:40) en Sanders en Maat (2006:591) kan ook in hierdie verband geraadpleeg word.

5 Die term linguistiese eenheid om na ’n teks te verwys, kom uit Carstens en Van de Poel (2012:103).

6 Bosch (1979, 1984, 1997, 1998, 1999a, 1999b), Carstens (1976, 1986, 1987, 1996, 1997, 1998, 2000, 2018), Carstens en Van de Poel (2012), Carstens en Van Schalkwyk (1994), Combrink (1995), Cornelius (2012), De Stadler (1989), Du Plessis (1997), Du Plessis en Bosch (1999), Du Toit en Smith-Müller (2003), Esterhuizen (2002), Esterhuizen en Wybenga (2000), Jordaan (2014, 2016), Kotzé (1997), Kruger (2000), Lourens en Bedeker (2004), Meintjes (2015), Naicker (1996), Pienaar (2009, 2014), Ponelis (1979), Prinsloo (1994, 1999, 2002), Steenberg (1986), Taljaard (1992), Van den Berg (2002), Van der Merwe (1996), Van Rooy en Esterhuizen (2011), Van Schoor (1983) en Wybenga (1988, 1989).

7 Die term leerderskryfwerk verwys na die skryfstukke wat binne die intermediêre, senior en VOO-fase geproduseer word wanneer die taalvaardigheid Skryf en Aanbied onderrig word. Gedurende die produksie van skryfstukke word leerders in staat gestel om hulle gedagtes en idees op ’n koherente en kreatiewe of funksionele wyse uit te druk deur bepaalde stappe te volg, naamlik beplanning, die skryf van ’n konsep, die hersiening van die konsep, redigering en proeflees, en laastens die aanbied daarvan.

8 Die bevindings wat in hierdie artikel gegee word, kom gedeeltelik uit ’n MEd-verhandeling.

9 Vergelyk Stotsky (1983) waarin kritiek op en die verfyning van Halliday en Hasan (1976) se raamwerk van leksikale kohesie in fyner besonderhede bespreek word.

10 Ook Carstens (1997:123) en Ponelis (1979:576) verwys na sinsinterne en sinseksterne kohesiemerkergebruik, hoewel hulle onderskeidelik die terme “sinsinterne en sinseksterne verhoudinge” en “sinsinterne en sinseksterne anaforiese kettings” gebruik.

 


LitNet Akademies (ISSN 1995-5928) is geakkrediteer by die SA Departement Onderwys en vorm deel van die Suid-Afrikaanse lys goedgekeurde vaktydskrifte (South African list of Approved Journals). Hierdie artikel is portuurbeoordeel vir LitNet Akademies en kwalifiseer vir subsidie deur die SA Departement Onderwys.


The post Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk appeared first on LitNet.

The realisation of lexical cohesion: A corpus linguistic study of Afrikaans-speaking grade 6 and grade 9 learners’ writing

$
0
0

Abstract

A text can be defined as a piece of language use which is experienced and accepted as a communicative unit on syntactical, semantical and pragmatical foundations. What is meant by this is that any text is understandable because it has a unique linguistic (syntactic, morphological and lexical) structure; it is intelligible, seeing as it has a set meaning; and it is explainable for the fact that it can be placed in the context in which it is used. Another characteristic by which a text can be identified is the presence of texture. Texture is acquired when a text functions as a unit with regard to its surroundings. Cohesive markers are used to accomplish this unit and consequently ensure texture.

More than four decades ago, Halliday and Hasan (1976:4) identified five types of cohesive marker, namely reference, substitution, ellipsis, conjunction and lexical cohesion. The use of each of these markers is indicated by certain language forms in the text.

When reference is used for accomplishing cohesion, it creates continuity; in other words, its use indicates that the same reference (or matter) that was introduced earlier in the text is applicable for a second time. Pronouns, adverbs and articles are used, among others, to indicate the use of reference.

Secondly, cohesion can be acquired by means of substitution. When substitution is used to create a cohesive text, a type of substitute word (or counter) is used to exclude the repetition of a word or phrase. Substitutive words such as so, one, do that or do it are used to indicate the realisation of lexical cohesion.

Thirdly, relation between words and sentences can be indicated with an ellipsis; in other words, there is a presumption in the structure that the reader must predict or understand something. The meaning of the syntactical process is usually embedded in the preceding text section.

Fourthly, cohesion can be acquired through conjunction. Conjunction differs from the other cohesion markers in that it does not establish cohesion in the form of continuity with reference to continuity of form (as is the case with ellipsis and substitution); cohesion is established because a particular semantic relation (contiguous, contradictory, explanatory or temporal) is exemplified explicitly between sentences through lexical items like conjunctions (for example and, but and because), adverbs (yet, therefore, thus) and adverbial phrases (for example the following day).

Lastly, lexical cohesion can result in binding. Lexical cohesion is realised by the use of a language’s vocabulary. For this, repetition of the same word/phrase/expression, synonyms, semantic contrast and hyponyms, among others, are utilised.

The Curriculum and Assessment Policy Statement (CAPS) of the intermediary (grade 4–6) and senior (grade 7–9) phases states that learners must use conjunctions such as repetition, synonyms and antonyms when producing essays to create cohesive texts. When these language forms are used to create cohesive chains, they point to the realisation of lexical cohesion, as indicated in the previous paragraph. We wanted to investigate the various language forms that learners use in Afrikaans texts in order to realise lexical cohesion, because the realisation of lexical cohesion is not yet studied in the writing of Afrikaans mother tongue speakers, even though it is implicitly stated in the CAPS.

In this research article, a corpus-based study is undertaken to determine the independent use of language forms for the realisation of lexical cohesion among Afrikaans-speaking grade 6 and grade 9 learners. One grade 6 corpus (20 723 words) and one grade 9 corpus (22 171 words) were analysed. Each of the essays were read more than once, word by word, and analysed according to the measuring framework. Each language form that was used effectively for the realisation of lexical cohesion in the grade 6 and grade 9 corpora and included in the measuring frame work, was coded. ATLAS.ti, which was used for the coding of the data, improves the contribution of the study, because it differs from existing Afrikaans corpus studies that use WordSmith Tools as corpus analysis software. The effective use of language forms for the realisation of lexical cohesion, which indicate links between words within the same sentence (i.e. sentence-internal cohesion marker use) and language forms which indicate meaning relations between words across sentence boundaries (i.e. sentence-external cohesion markers), were coded by means of ATLAS.ti. After the coding of the effective use of each language form for the realisation of lexical cohesion by means of ATLAS.ti, we used ATLAS.ti to create a synthetising report indicating how many times each language form figured in the grade 6 and grade 9 corpus. These frequencies are normalised after cohesion marker use per 1 000 words, as is appropriate in corpus linguistics.

From the analysis it seemed that all the grade 6 and grade 9 participants involved had figured all the different language forms for the realisation of lexical cohesion included in the measuring framework of the grade 6 and grade 9 corpus, namely (i) repetition, (ii) synonyms and nearby synonyms, (iii) antonyms, (iv) superordinates, hyponyms, coordinated members in organised and unorganised sequences and epithet (i.e. inclusion), (v) derived forms and the repetition thereof, as well as (vi) alternate noun phrases. Parallelism as a form of repetition, which is not in the measuring framework, is also used for realising lexical cohesion.

The contribution of this article is a summary of various language forms by which lexical cohesion is realised as measured against learner corpora. Afrikaans teachers can use the findings of this study in the classroom to give guidance on how conjunctives (as stated in the CAPS) can be used to bind consecutive language phrases syntactically – in other words, to make texts cohesive by linking their surface components (i.e. the sentences and the words they consist of) with each other.

The creation of cohesive texts, as effected by making use of various cohesion markers (not solely lexical cohesion), should be encouraged in the classroom because cohesive texts are texts of which the various parts fit together. It is precisely this characteristic of co-interpretation that distinguishes a collection of non-related sentences of a text as a linguistic unit. The use of cohesion markers indicates that an idea is continued from one point of discourse to another. In so doing, semantic continuity is ensured between different parts of a text. It is this semantic continuity which enables the listener or reader to, just as with an incomplete puzzle, provide the missing puzzle pieces so that the whole picture can be obtained and the text can be optimally interpreted. The continuity that is created through the linking of surface components establishes coherence, even though other researchers rather use the term enforce to describe the relationship between cohesion and coherence, while others argue that coherence is reflected by means of the relationship with cohesion. The findings of this article can therefore be used by teachers when teaching writing and presentation as language skills in the CAPS, since the use of cohesion markers has an important text-forming function.

Keywords: cohesion; corpus linguistics; learner writing; lexical cohesion; realising; language forms; text linguistics

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Die realisering van leksikale kohesie: ’n Korpuslinguistiese ondersoek van Afrikaanssprekende graad 6- en graad 9-leerders se skryfwerk

The post The realisation of lexical cohesion: A corpus linguistic study of Afrikaans-speaking grade 6 and grade 9 learners’ writing appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Hendie Grobbelaar

$
0
0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Hendie Grobbelaar (foto: LitNet)

Hendie Grobbelaar vertel vir Naomi Meyer van haar kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word.

Hendie, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

Die tema van my verhaal, "Moltrein", is bendegeweld en die impak daarvan op gesinne en veral jong kinders. Dit is die verhaal van Gertina, ’n negejarige  meisie wie se pa haar probeer beskerm teen die fisiese en psigologiese impak van die geweld. Maar, dan word die bordjies ’n bietjie verhang ...  My inspirasie kom maar van die hartseerstories van gesinne en kinders wat vasgevang word in ’n lewe van geweld – iets wat nie hulle skuld is nie, of waaraan hulle niks kan verander nie. In so baie woonbuurte in ons land word hierdie oorlewingstryd ’n daaglikse normaliteit. Dit is so bitter hartseer!

Wil jy iets vertel oor die skryfproses daarvan? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Ek het gewoonlik ’n tema wat my prikkel en dan probeer ek’n hoofkarakter skep wat die leser ten beste sal betrek by die boodskap wat ek wil oordra. In hierdie geval het ek ’n kind gekies wat deernis sal ontlok en hopelik ook begrip vir gesinne se hulpeloosheid wanneer hulle min kan doen aan hulle omstandighede. Die verhaal was grootliks beplan, maar die slot het organies ontwikkel. Ek het ’n ander slot vir my storie gehad maar die hoofkaraktertjie het anders besluit! Nadat ek die storie geskryf het, moes ek hom eers laat "ryp word" vir ’n week of twee terwyl ek met die karakters in my kop geworstel het. Soos wat die tyd aangaan, werk elke karakter eintlik sy eie paadjie uit en ek het net die woorde gaan regtrek. Ek weet hierdie maak dalk net sin vir mense wat self skryf, maar dit is belangrik dat lesers ook besef dit is nie net ’n spul woorde wat jy agtermekaar sit en ’n storie "gebeur" nie. Daar is baie konflik, besprekings en wroegings agter die rekenaarskerm aan die gang, maar dit bly ’n voorreg en heerlikheid om daardie storie vir die lesers te kan gee.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon, en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items waarna jy op die program uitsien?

Ek beplan beslis om die eerste naweek by te woon en het nog nie in diepte na die eerste drie dae gekyk nie. Gewoonlik loop ek net die eerste dag of twee rond en drink die atmosfeer, mense,  kleure en klanke in; dan besoek ek graag die kunsuitstallings en gesprekke wat aangebied word by van die oop venues. Natuurlik is die boekwinkel heel bo aan my besoeklysie!  Ek wil dit graag weer doen en dalk nog ’n musiekgeleentheid inpas. Die Toyota US Woordfees gee my ’n inspirasie-inspuiting soos min. Gewoonlik skryf ek ’n tornado wakker as ek terugkom!

The post Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Hendie Grobbelaar appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Erla Diedericks

$
0
0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Erla Diedericks (foto: Twitter)

Erla Diedericks vertel vir Naomi Meyer van haar kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word.

Erla, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

My kortverhaal handel oor ’n vrou wat vlug van haar gewelddadige man en ’n vervalle vakansieplaas in die Cederberg oorneem, waar sy deur ’n trop bobbejane geterroriseer word. Dit gaan ook oor die aftakeling van die verhouding tussen mense en die verhouding tussen mens en dier. Dit kyk na wat gebeur wanneer mense soos ondiere (nie diere nie, dis nie dieselfde nie) begin optree, en diere menslike gedrag begin terugkaats. Inherent is die verhaal een van die oorwinning van die natuur oor die mens en van goedheid oor die bose.

Wil jy iets vertel oor die skryfproses daarvan? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Die inspirasie vir die verhaal was my vriendin, Yvette, wat op ’n gasteplaas in Citrusdal woon en elke dag deur bobbejane gepla is, totdat sy besluit het om rituele en meditasie saam met hulle te doen. Daardie gedeelte van die verhaal is inderwaarheid waar. Sy het elke dag by die swembad gesit en mediteer en sy is ook werklik die berge in, waar sy ’n nag saam met die bobbejane spandeer het. Die gewelddadige man is darem nie deel van haar storie nie, maar dis ongelukkig deel van my storie en iets waaroor ek baie sterk voel – die feit dat party mense nie soos diere optree nie, want diere is goed, maar soos ondiere.

Yvette is ’n goeie vriendin van my en ek gaan hou gereeld daar vakansie, so ek ken ook die bobbejane heel goed! Aangesien ek haar storie “gegaps” het, het ek besluit dat ek van die wengeld (sou ek wen) met haar sal deel om te help met die rehabilitasie van die plaas.

Sy het my een aand in haar jacuzzi op die plaas van die bobbejane vertel en ons het buite onder die sterre met die berge in die agtergrond gesit en ek het net geweet hierdie storie moet vertel word. Die storie het in my kop gegis totdat ek haar toestemming gekry het om daaroor te skryf. As ek skryf, het ek reeds ’n vae idee van hoe die storie gaan eindig, maar soms besluit die karakters self. Ek het gedink sy gaan haar man doodmaak, maar toe besluit die storie anders. As ek ’n vae idee het van hoe die storie gaan eindig, begin ek altyd by die begin. Die begin is baie belangrik, want dis waar hy die leser gryp. Ek skryf die begin gewoonlik so tussen vier en ses keer oor.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon, en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items waarna jy op die program uitsien?

Ek tree self by die Woordfees op met my nuwe boek, Seks, leuens en die internet. (Drostdy Teater, Woensdag 11 Maart 2020, 10:00.) Ek moet nog besluit wat ek gaan bywoon!

Seks, leuens en die internet deur Erla-Mari Diedericks: ’n resensie  

The post Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Erla Diedericks appeared first on LitNet.

Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Gerda Taljaard

$
0
0

LitNet plaas oor ’n tydperk van ’n maand onderhoude met die skrywers wie se verhale vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word. 

Gerda Taljaard (foto: LitNet)

Gerda Botha vertel vir Naomi Meyer van haar kortverhaal wat vanjaar in die Toyota US Woordfeesbundel opgeneem word.

Gerda, waaroor handel jou kortverhaal en wat was die inspirasie daarvoor?

’n Middeljarige vrou neem twee tienerkinders onder haar vlerk nadat hulle wees gelaat is weens moord op hul ouers. Van die begin af is dit duidelik dat sy haar hulp verleen weens ’n obsessie met hulle skoonheid, nie omdat sy werklik vir hulle jammer voel nie. Later blyk dit dat ook die twee kinders nie is wat hulle voorgee om te wees nie. Vandaar die verhaaltitel “Drakebloed”, wat nie net verwys na ’n soort toksiese plant wat die hoofkarakter gebruik om haar planne ten uitvoer te bring nie, maar ook na die aard van al drie karakters. Bose bloed vloei in hulle are ...

Dis altyd moeilik om ná die skryf van ’n verhaal te reflekteer oor waar die inspirasie daarvoor vandaan gekom het, maar ek het dié storie geskryf met die skilders Hans Holbein en Cornelis de Vos se kinderportrette in my agterkop. Verder het ek tydens die skryf van “Drakebloed” aanhoudend na Kathleen Ferrier-opnames van Mahler se Kindertotenlieder geluister. Dan kry ek nooit genoeg van film noir “movie stills” nie, en dit het al tot vele verhale aanleiding gegee. Die somber melodrama daarvan het ’n definitiewe invloed op “Drakebloed” se visualiteit.

Wil jy iets vertel oor die skryfproses daarvan? Het jy die verhaal vooraf beplan of het dit organies ontwikkel? Afronding, redigering?

Ek is nie ’n goeie beplanner nie. ’n Paar idees spook by my, en die res gebeur “vanself” op die rekenaarskerm. Dit was dan ook die geval met “Drakebloed”. Ek staan egter geweldig baie tyd af aan afronding en redigering. “Drakebloed” het agt maande geneem om ten volle te ontwikkel.

Gaan jy vanjaar die Toyota US Woordfees kan bywoon, en indien wel, en as jy reeds tyd gehad het om na die program te kyk, is daar enige items waarna jy op die program uitsien?

Ja! Dis die enigste kunstefees wat ek, sonder uitsondering, elke jaar bywoon. Die dramaverwerkings van Valsrivier en Kamphoer; die toneelstukke Donkie, Die negende stap en Kraai. Uitvoerings van klassieke musiek, veral die kore! Verskeie boekgesprekke ...

 

The post Toyota US Woordfeesbundel 2020: ’n onderhoud met Gerda Taljaard appeared first on LitNet.

Nou in die verlede: Die verborge oorsprong van Nelson Mandela se Long walk to freedom

$
0
0

Lees in hierdie artikel oor ’n gebeurtenis wat vandeesweek in die geskiedenis plaasgevind het.

Dinsdag 11 Februarie 2020

Presies 30 jaar gelede was die wêreld se oë, saam met dié van die meeste Suid-Afrikaners, gerig op die hekke van die Victor Verster-gevangenis (nou die Drakenstein Korrektiewe Sentrum) net buite die Paarl in die Wes-Kaap. Nelson Mandela, die veroordeelde terroris, sou vrygelaat word na 27 jaar van gevangenskap. Nege dae tevore het die toenmalige president van Suid-Afrika, FW de Klerk, sy voorneme bekend gemaak om Mandela vry te laat en die verbod op die ANC en 60 ander verbode politieke organisasies op te hef. Dit was ’n deurslaggewende oomblik in Suid-Afrika se geskiedenis. Skielik het die hoop opgevlam dat ’n vreedsame oorgang na ’n nierassige, demokratiese Suid-Afrika tog ’n werklikheid kan word, en Mandela het daardie hoop vierkantig op sy skouers gedra.

Maar sou die wêreld, en veral die VSA, met soveel gejuig en optimisme gereageer het as hulle toe bewus was van ’n geheime manuskrip wat geskryf is deur ’n verbitterde Mandela 16 jaar voor sy vrylating?

Die verhaal van sy sogenaamde verlore tronkmanuskrip begin op Robbeneiland in 1974.

Mandela, of Gevangene 466/64, het daardie jaar sy outobiografie snags begin skryf. Soos hy bladsye volgeskryf het, het hy dit aan sy medegevangenes wat hy vertrou het, oorhandig vir hulle kommentaar en navrae as kantlynaantekeninge. Die geskrewe teks is daarna aan ene Laloo Chiba, ’n medegevangene wat dit in mikroskopiese skrif oorgeskryf het, oorhandig, waarna dit in die boeke van Mac Maharaj ingebind is, wat dit toe weer met sy vrylating in 1976 vanaf die eiland met hom saamgeneem het.

Na sy vrylating het Maharaj die teks laat oortik en dit na Londen gestuur. Daar het dit vir tyd en wyl in die hande van die Kommunistiese Party (SAKP) gebly terwyl die bestaan van so ’n geskrif vir die res van die wêreld vir meer as ’n dekade slegs ’n gerug was. Toe, in 1989, het een van Mandela se medegevangenes, Ahmed Kathrada, die bestaan van die geskrif bevestig na ook hy vrygelaat is. Hy het vertel dat die oorspronklike geskrifte in Mandela se handskrif in klein, leë kakaohouers in die tronk se tuin begrawe was, maar uiteindelik deur die tronkbewaarders ontdek is. Teen daardie tyd was die mikroskopiese afskrifte daarvan egter alreeds saam met Maharaj van die eiland af. Fatima Meer, Mandela se vriend en biograaf, het intussen ’n brief gedateer 6 November 1989 vrygestel waarin Mandela die skryf van sy biografie in die 1970’s bevestig het. In Mei 1990, drie maande na sy vrylating, het die Amerikaanse uitgewer Little Brown die regte op Mandela se outobiografie beding vir ’n geskatte bedrag van $3 miljoen. Maar ten spyte daarvan dat hulle Mandela soveel betaal het vir die regte op sy verhaal, het hulle “probleme ondervind” om hom sover te kry om dit te skryf.

Op ’n stadium is daar besluit om die taak aan ’n New Yorkse joernalis, Rick Stengel (wat later Barack Obama se ondersekretaris vir openbare diplomasie sou word) op te dra. Stengel is deur die uitgewer aangestel as Mandela se skimskrywer en die enorme taak opgedra om die manuskrip te redigeer en aan te vul wat uiteindelik gepubliseer sou word as Long walk to freedom, die outobiografie van, sonder twyfel, die beroemdste persoon van die 20ste eeu.

Die oorspronklike tronkmanuskrip verskaf verstommende insig in hoe Mandela se beeld oor dekades gemanipuleer is. Volgens die ANC-narratief was Mandela byvoorbeeld ’n gematigde swart nasionalis wat gehoop het dat vryheid by wyse van vreedsame onderhandeling verkry sou kon word, totdat hy as gevolg van die Sharpeville-bloedbad, tot die gewapende stryd gedwing was. Maar volgens Mandela se eie woorde in die tronkmanuskrip het hy al sedert 1952 ’n gewapende stryd beplan, aangesien hy toe al besef het dat vreedsame verset “die beste wapen was slegs in soverre ons mense dit steeds nodig het om voor te berei vir ’n meer effektiewe vorm van stryd” (bl 142). Hy het selfs vir Walter Sisulu oorgehaal om op ’n geheime sending wapens en geld van die Rooi Leër te bekom (142–3). Dit was in direkte konflik met die ANC se nieverbonde en niegewelddadige beleid op daardie stadium. Mandela het meer en meer gefrustreerd geraak met die ondoeltreffendheid van geweldlose opstand teen die staat: “Weens die veelvuldigheid van vernedering en frustrasie wat ek moes ly, en die geleenthede waarvan ek uitgesluit is, was ek verbitterd en het al sterker daaroor gevoel dat Suid-Afrikaanse wittes weer ’n Isandlwana nodig het” (195). Verder beskryf hy opgetoë ’n land gedompel in ’n oorlog “verskeur deur rasse-onmin, waar die vars lug gevul sal wees met kruitdampe, sierlike geboue sal ineenstort en waar die strate met bloed bevlek sal wees” (191).

Die openlike oproep tot bloedvergieting sou vanselfsprekend deur die apartheidstaat as ’n duidelike en onmiddellike bedreiging gesien word. Derhalwe sou hulle dit as regverdiging kon voorhou nie net om Mandela te isoleer nie, maar ook om toe te slaan op swart nasionalistiese en kommunistiese politieke bewegings. Dit sou reg in die hande gespeel het van die verdedigers van apartheid as ’n bewys van Mandela se radikalisme, dat hy oorgehaal was om oorlog te voer teen die blanke minderheid. Dit is dus nie verbasend nie dat hierdie gedeeltes deur Stengel weggelaat is gedurende sy versorging van die finale weergawe van die outobiografie.

Die tronkmanuskrip openbaar ook Mandela se teenstrydige sienswyses oor leierskap. In Long walk to freedom verwys Mandela na die onsuksesvolle driedaagse nasionale staking gedurende April 1958 wat deur die ANC gereël was. Hy wys daarop dat die staking egter wel suksesvol was in dorpe waar die staking gepaardgegaan het met geweld en afsluiting van besighede. Hoewel hy volgens hom “altyd sodanige metodes teëgestaan het” (204), argumenteer hy voorts dat dwang wel aanvaarbaar is in gevalle waar die meerderheid van ’n organisasie so ’n besluit ondersteun: “’n Minderheid, ongeag hoe luidrugtig dit mag wees, behoort nie die wil van die meerderheid te ondermyn nie” (204). Maar in die tronkmanuskrip bereik hy die teenoorgestelde slotsom: “[H]ierdie is nie ’n kwessie van beginsel of ’n hoopvolle hersenskim nie … Die ware vraagstuk is net of die gebruik van geweld die stryd gaan bevoordeel of benadeel … [A]s dit die stryd gaan bevoordeel, moet daarvan gebruik gemaak word ongeag of die meerderheid met ons saamstem of nie” (329). Volgens hierdie sienswyse is die (hoofsaaklik kommunistiese) leierskap van die ANC daarvoor verantwoordelik om die rigting en aard van die stryd te bepaal. Of die meerderheid met daardie rigting en aard van die stryd saamstem, is vir hom irrelevant.

’n Verdere ongerieflike aspek van die tronkmanuskrip is dat Mandela daarin impliseer dat die besluit van die kommuniste binne die ANC om gedurende Desember 1961 met ’n veldtog van bomplanting te begin, ongeregverdig was. Gedurende die veelvuldige suksesvolle veldtogte wat deur die ANC gelei was teen busmaatskappye, voedsel- en tabakmaatskappye, sowel as protesoptrede teen die paswette en die behaal van ’n verstommende oorwinning in die Hoogverraadverhoor, was daar geen ANC-lewensverlies nie (onthou, Sharpeville was deur die PAC gelei). Mandela erken dan ook: “Na die beste van my wete was geen individue (politieke aangehoudenes) geïsoleer, gedwing om inligting te verskaf, aangerand, gemartel, vermink of vermoor soos wat die geval was sedert 1963 nie” (303). Dus kan daar na aanleiding van Mandela se eie erkenning geargumenteer word dat die begin van die bomplantingsveldtog tot gevolg gehad het dat die staat se veiligheidsmagte se reaksie daarop gelei het tot ’n toename in die marteling en moord op aangehoudenes wat die regering teëstaan.

Ook dit kon natuurlik nie toegelaat word om in die finale manuskrip te verskyn nie. Volgens Stengel se weergawe was Mandela deur die onderdrukkende brutaliteit van die owerheid aangevuur om die gematigdes in die ANC te oortuig dat ’n gewapende stryd absoluut noodsaaklik is (260). Met hulle ondersteuning vorm hy toe MK, die beweerde “militêre vleuel van die ANC”, wat ’n bomplantingsveldtog teen niemenslike teikens van stapel gestuur het, soos onbewoonde regeringsgeboue en kragstasies.

Volgens historici wat oor hierdie onderwerp gepubliseer het, is dit egter twyfelagtig, indien nie ’n totale fabrikasie nie, dat die besluit om die gewapende stryd teen die owerheid te begin, van Mandela gekom het. Die besluit is inderwaarheid deur die Kommunistiese Party geïnisieer. Die ANC-president, Albert Luthuli, was teen die opneem van wapens teen die owerheid, en MK was hoegenaamd nie die ANC se gewapende vleuel nie. Elkeen wat betrokke was by MK se stigting en wat in sy opperbevel gedien het, was óf openlik óf in die geheim ’n kommunis.

Laastens openbaar die tronkmanuskrip ook Mandela se eenheidsgevoel met Fidel Castro se Kuba en sy sterk weersin in die VSA. Met verwysing na die Kubaanse missielkrisis in 1962 (511) bekla hy die lot van Kuba wat as die “eerste Sosialistiese Staat in die Westelike Halfrond” deurlopend onder bedreiging deur die VSA is: “Sonder twyfel lê my simpatie by Kuba … Die vermoë van ’n jong en klein staatjie om sy belange en onafhanklikheid te verdedig en die herhaalde gepoogde aanslae van die magtige VSA om dit te vernietig af te slaan … demonstreer in geen onsekere terme nie die meerderwaardigheid van sosialisme teenoor kapitalisme.” Dan gaan hy voort en sê: “Ek haat alle vorme van imperialisme, en ek beskou die VSA-weergawe, wat probeer om onafhanklike lande te onderwerp terwyl Europese imperialisme op sy laaste bene wankel, as die walglikste en veragtelikste” (512).

Dit moet egter genoem word dat Mandela se algemene renons in die VSA nooit ’n geheim was nie. Kort na sy vrylating is Mandela op sy eerste besoek aan die VSA tydens ’n onderhoud gevra of hy leiers soos Jasser Arafat, Muammar el-Gaddafi of Fidel Castro sou wou laat oorneem as president van Suid-Afrika. Sy antwoord was: “Een van die foute wat sommige politieke analiste maak, is om te dink dat hulle vyande ons vyande behoort te wees.” Hy verduidelik dan voorts dat die houding wat hy teenoor ander lande het, bepaal word deur die houding wat daardie lande teenoor hom en die ANC het. Hoewel hy dankbaar is vir die ondersteuning van Westerse lande, merk hy op dat sommige lande hom net in hul retoriek ondersteun. Castro, daarenteen, praat nie net nie, maar het, volgens Mandela, “hulpbronne tot ons beskikking gestel”.

Mandela het inderdaad alle rede gehad om die VSA te wantrou. Dit is onlangs deur die Amerikaanse diplomaat Donald Rickard onthul dat die Amerikaanse CIA die Suid-Afrikaanse sekuriteitsmagte ingelig het oor waar Mandela hom bevind het, en dat dit tot sy inhegtenisneming op 5 Augustus 1962 gelei het. Oud-VSA-president Ronald Reagan het Mandela bloot as ’n kommunistiese terroris beskou en die ANC as ’n terroriste-organisasie wat met kommunisme simpatiseer. Daarbenewens het sy naam nog tot in 2008 op die VSA se terroristelys gebly! Dit ten spyte van verskeie VSA-presidente, insluitende Bill Clinton en George W Bush, se ywer om die strydikoon te ontmoet en sy gasheer te wees (Barack Obama het selfs ’n roerende huldigingstoespraak by Mandela se begrafnis gelewer).

Die oorspronklike tronkmanuskrip is geheim gehou totdat die Nelson Mandela Stigting dit in November 2011 op sy webtuiste gepubliseer het. Stephen Ellis van die Universiteit van Leiden wys egter daarop dat die Stigting, verbasend genoeg, geen ophef van die publikasie van so ’n belangrike dokument op sy webtuiste gemaak het nie. In ag genome die historiese belangrikheid van die dokument, is Ellis se waarneming baie gepas. Die joernalis James Myburgh beskryf die ontdekking van die manuskrip op hierdie wyse in die kuberruim as soortgelyk daaraan “om die Heilige Graal in ’n stowwerige houer op ’n rak in een van die Britse Museum se stoorkamers te vind met ’n etiket daarop geplak met die woorde ’Beker gebruik deur Jesus by die laaste avondmaal, circa 33 AD’”. Met die plofbare inhoud van die manuskrip in gedagte, is so ’n vergelyking miskien nie te vergesog nie.

Die tronkmanuskrip ontmasker Nelson Rolihlahla Mandela, toekomstige president van Suid-Afrika, as ’n bitter, radikale kommunis, vasberade om sy mense met geweld te bevry en wat die wêreld uitdaag om hom te probeer keer. Die inhoud daarvan sal vir menige ’n skok wees, en mag selfs daartoe bydra om sy beeld as ’n voorvegter vir ’n vredevolle demokrasie te skaad. Maar wat onthou moet word van ’n persoon, is nie sy/haar woorde nie, maar sy/haar dade. Leo Tolstoi het eens gesê: “Elkeen dink daaraan om die wêreld te verander, maar niemand dink daaraan om homself te verander nie.” Toe Mandela uit die gevangenis vrygelaat is, het die wêreld verwag om ’n bitter, wraakgierige vryheidsheld te sien. As hy geweld teen wit Suid-Afrikaners sou aangemoedig het, sou dit die wêreld nie in die minste verbaas het nie. In plaas daarvan het hy egter ’n persoonlike evolusie ondergaan waar haat en bitterheid vervang is deur empatie en versoening. Daarom is dit miskien gepas dat hy en Stengel die volgende woorde in die slotparagrawe van Long walk to freedom neergepen het: “Ek is nie werklik vry as ek iemand anders sy vryheid ontneem het nie, net so seker as wat ek nie vry is nie as my vryheid my ontneem word. Die onderdrukker sowel as die onderdrukte word beide van hulle menslikheid beroof … Toe ek by die tronk uitgestap het, was dit my missie om beide die onderdrukte en die onderdrukker te bevry” (617). Hoewel Mandela se sukses om dit te vermag oop is vir argument, staan dit vas dat sy dade na sy vrylating die wêreld stomgeslaan het. En die bestaan van die tronkmanuskrip het net daartoe bygedra om hierdie dade, hierdie man, nog meer merkwaardig te maak. Hy het gekies om ter wille van ’n groter saak sy eie gevoelens en emosies te onderdruk, en daarin geslaag.

Nelson Mandela het homself tot verandering gedwing. En daardeur het hy die wêreld verander.


Jako Bezuidenhout is ’n Afrikaanse Suid-Afrikaner wat daagliks gedwee, soms verleë, soms wroegend, maar hoofsaaklik met trots, sy geërfde historiese bagasie met hom saamdra. Hy het pas sy doktorale proefskrif in geskiedenis by Rhodes-universiteit ingedien. Hy was tot onlangs aan die Geskiedenisdepartement daar verbonde en is tans 'n vryskutnavorser.

 

Bronne

Ellis, S. 2011 Mandela, Communism and South Africa”, Open Democracy, 25 Julie.

—. 2012. External Mission: The ANC in exile 1960–1990. New York.

Filatova, I. 2013. Comrade Mandela’s Legacy to the ANC. Standpoint, 29 Oktober. https://standpointmag.co.uk/issues/november-2013/features-november-13-comrade-mandelas-legacy-to-the-anc-irina-filatova-south-africa-communism.

Filatova, I. en A. Davidson. 2013. The hidden threat: Russia and South Africa in the Soviet era. Johannesburg.

Malan, R. 2014. What a lost prison manuscript reveals about the real Nelson Mandela. The Spectator, 18 Januarie. https://www.spectator.co.uk/2014/01/the-mandela-files/amp.

Mandela, NR. 1994. Long walk to freedom: The autobiography of Nelson Mandela. Suid-Afrika. Johannesburg

The post Nou in die verlede: Die verborge oorsprong van Nelson Mandela se <em>Long walk to freedom</em> appeared first on LitNet.

Lesersindruk: Die seders van Libanon deur Adriana Faling

$
0
0

Titel: Die seders van Libanon
Skrywer: Adriana Faling

Uitgewer: Lux Verbi
ISBN: 978-796321510

Die seders van Libanon is skynbaar Faling se tweede poging. Dit sou ideaal gewees het om haar vorige boek, Rewolusie van die hart, met hierdie boek te kon vergelyk, maar ongelukkig het ek nog nie daardie boek onder oë gehad nie. Om die waarheid te sê is hierdie tipe boeke nie my tipiese leesstof nie, en ’n titel soos Rewolusie van die hart laat reeds die rooi ligte flikker. Ons is juis mos nou in die maand Februarie. Die sogenaamde maand van die liefde. Maar daar was iets wat my tot Die seders van Libanon aangetrek het, en dit is die feit dat die verhaal deels in die oorlogsgeteisterde Sirië afspeel, waar die militante groep ISIS (Islamitiese Staat van Irak en Sirië) die afgelope dekade berugtheid verwerf het. Die oorlog wat in hierdie wêrelddele woed is ’n onmenslike tragedie. Die mense se lewens word totaal deur die oorlog ingesluk. Dit is ’n wêreld waarvan ons in sonnige Suid-Afrika maar min weet of verstaan. Ons het ons eie kopsere hier. Ons krane loop droog en die vullis hoop op en die liggies gaan af. Maar ons ken nie die oorlog op die skaal wat Sirië daaraan gewoond is nie. Nie dat ’n mens seker ooit waarlik ‘gewoond’ aan oorlog kan raak nie.

Falling se boek speel in hierdie chaos af, maar dan ook natuurlik deels in Suid-Afrika. “Vier vroue se paaie kruis; elkeen moet besluit of sy bereid is om te doen wat God van haar vra,” so poog die buiteblad om die leser se belangstelling in die boek te prikkel. Daar is Iilizabith, wat in ’n helhuwelik met ’n ISIS-soldaat vassit, Pascale, wat net sendingwerk wil doen, maar in die proses haar eie kruis moet dra. En dan is daar Talitha en Yasmine, wat mekaar op skool in Pretoria leer ken het, veral op die hokkievelde, maar wie se paaie later weer op ’n verstommende manier sou kruis.

Het die boek aan my verwagtinge voldoen? Daar is werklik baie om oor opgewonde te raak. Faling se boek het uit die aard van die saak ’n baie sterk Christelike aanslag. Tog kry ’n mens die idee dat daar redelik simpatiek oor die Islamitiese karakters in die boek geskryf word. Waar die karakters simpatiek benader word, sou die boek kon baat by ’n meer genuanseerde beeld van Islam. Deur middel van die karakter van Yasmine se gedagtewêreld, verskaf Faling darem heelwat historiese agtergrond oor die oorlog in Sirië en die opkoms van ISIS. Daar moet altyd in ag geneem word dat Islamitiese mense diep verdeeld oor die bestaan van groepe soos ISIS is. Die boek is egter glad nie pretensieus soos sommige godsdienstige verhale nie. Daar is nie hordes vreemde woorde uit Semitiese tale wat die teks futiel probeer interessanter maak nie. So hier en daar sal daar ’n Arabiese woord of spreek verskyn wat reeds oorbekend aan meeste Afrikaanse lesers sal wees. Die boek lees lekker. Die Afrikaans is gemaklik en verteerbaar. Die verhaal wil soms dalk ’n bietjie langdradig raak, maar die laaste hoofstukke bevat ’n klompie kinkels wat ek nie sien kom het nie.

As ’n mens verby al die pedantiese Christelike gedeeltes in die boek kan worstel sonder om die boek neer te sit, dan sal Die seders van Libanon moontlik ’n boek wees wat deur baie meer mense as slegs gelowige Christene gelees kan word. Die onderwerp wat in hierdie boek aangeroer word, naamlik die oorlog in Sirië, wil ek glo is iets ongewoon in Afrikaans, en dit is die krag van hierdie boek. Die swaarkry van die vroue oortuig veel meer as die manier hoe die karakters se lewens uiteindelik ineen gevleg raak. Dit is veral Ilizabith se storie wat die roerendste is. Die spanning bou veral ook op in die storielyn rondom Ilizabith, aangesien sy in die verhaal saam met hul twee kinders van haar soldaatman af vlug, en hoe sy dan heeltyd met die swaard oor haar kop moet loop dat hy haar weer sal opspoor. Die manier hoe hierdie storielyn uiteindelik ontknoop is verrassend, maar oortuig ook nie orals 100 % nie. Die ander drie vroue-karakters het elk hulle eie demone waarmee hulle worstel, en elkeen sal moontlik op ’n ander manier vir die lesers ’n spieël kan voorhou waarin hulle hulself moontlik kan raaksien. Alles in ag genome het ek hierdie boek verbasend baie geniet.

The post Lesersindruk: <em>Die seders van Libanon</em> deur Adriana Faling appeared first on LitNet.


Review: The music box by Toby Bennett

$
0
0

The music box
Toby Bennett
Publisher: Tafelberg
ISBN: 9780624087571

All his life, John has felt the broken things in the small town of Dowdale calling to him, and his uncanny ability to mend them has always served him well – if only he could begin to understand the inner workings of his mother, Maribell, a woman determined in her religious zeal to stand against John’s “unnatural” gift.

Feeling like an outsider in his home and community, John sneaks away at night to a cave of wonder, so detached from the rest of Dowdale that it almost feels like another world. There, he tinkers away at a broken music box which he can never seem to find the right parts for – it is the one thing his father left him, and the only machine he has never been able to fix.

When he meets a young gypsy girl in the woods, he is entranced by the wild life her people lead. Shunned by the conservative townsfolk, these travellers are unafraid to dabble in the magic John has never believed exists in his world; but his curiosity brings him too close to a dark force seeking out a treasure he unknowingly possesses.

The darkness calls him like a broken song, and only on the path he fears most might he find the missing pieces to fix his fractured symphony.

The music box treats its first half like a slow ascent up a steep rollercoaster, taking the time to show you the inner cogs of John’s thoughts, giving a carefully intimate look into the mind of a child in an abusive household. The author manages to hold your attention every time he reveals the subtle differences in the way John’s mind approaches a scenario or interaction, versus the approach of his carefree counterpart, the gypsy girl, Lu. The story’s action begins to creep in slowly as the mists between the ordinary and extraordinary worlds settle over Dowdale, bringing with them an enchantment that struggles to fit into simply one genre.

What seemingly starts out as a magical realism novel soon transitions into a more traditional fantasy, with the second half of the book introducing elements of steampunk and even time travel. It appears that an attempt by the author to cross genres has sadly only culminated in a disjointed magical system with very few rules or explanation.

In contrast, the moments when Bennett’s writing really stood out were his vivid descriptions, both visual and audio. It takes a special level of immersion to let your reader truly hear the scene being described to them: Maribell’s shrill cries from outside John’s bedroom door, her fist banging against the wood, still not loud enough to drown out the uneven tune of the music box from the other side. Bennett conducts the soundtrack to John’s sorrow with just as much ease as he later has in describing the morbid fascination with which John watches a dead bird, studying the body like another mechanism, something that needs fixing, though he lacks the ability to carry it out. Whether through John’s curious nature or through his unsettling coldness (depending on the scene), the author has no trouble depicting the surroundings and emotions of his protagonist with such a high degree of detail that you will find yourself seeing what John sees, feeling what John feels, with your soul deeply integrated into the experience, whether you may want it to be or not.

With several themes heavily influenced by the likes of Stephen King, and the large crossover of genres and tropes occurring throughout the story, it seems that Toby Bennett has written a novel like one might build a machine from scrap metal. It has just powered on, and we eagerly wait to see whether it can manage to fulfil the task at hand, making its creator proud; but, beyond that, the story itself is not much that we haven’t seen before.

The post Review: <em>The music box</em> by Toby Bennett appeared first on LitNet.

Internationally acclaimed Moffie is a film about "hurt and shame"

$
0
0

Kai Luke Brummer as Nicholas van der Swart

“A film about hurt and shame, relevant and important for healing old wounds” is how director Oliver Hermanus describes the internationally acclaimed South African film Moffie.

Based on the memoir of the same name by André-Carl van der Merwe, the book was adapted for the big screen by Hermanus and Jack Sidey

Moffie is set in 1981 and tells the story of a gay young man who must complete two years of military service, trying to survive the brutality of apartheid South Africa’s military.

The film stars Kai Luke Brümmer, Hilton Pelser, Matthew Vey, Stefan Vermaak and Ryan de Villliers. It is produced by Eric Abraham and Jack Sidey and co-produced by Thérèsa Ryan-Van Graan.

While Moffie has already premiered at several international film festivals, its South African release date in cinemas nationwide is scheduled for 13 March.

A special screening of Moffie is also scheduled for the Toyota SU Woordfees in Stellenbosch on 14 March, with a Q&A session after the screening.

Oliver Hermanus tells us more about the film.

Please tell us more about the much anticipated film Moffie – what is the story about?

Moffie is the story of a young conscript, Nicholas van der Swart, who spends his two years in the SADF from 1981 to 1983. In these two years he experiences a myriad of terrifying things that forever change him but he always discovers himself for the first time.

Why is it important that this story be told on the big screen?

As South Africans I think it is important to tell stories of our personal history, as we live in a country with historical divisions. We now live in a time where there is the opportunity to understand and explore one another’s traumas and perspectives. Cinema at its best can serve as an agent of social change, even if it simply moves one person to better their lives, their relationship with themselves. Our vision for Moffie was to make a film about hurt and shame that we felt was very relevant and important for healing old wounds.

Hilton Pelser as Sergeant Brand surrounded by troops

The troops

The film touches on various themes – please tell us more about them.

The film’s key theme is shame. The word “moffie” is a weapon used to shame men for their sexuality, for their behaviour, for their way of standing, sitting, walking, dressing, laughing, the tone of their voice, their choice of music, the way they dance. This word has a power to harm and to shrink us into being less of ourselves. The film is also an exploration of the SADF and its effect on a generation of white men who were fed an ideology of hate and fear.

The film is based on the book by André-Carl van der Merwe with the same title – why did you decide to keep the title of the film the same as that of the book? The Afrikaans word “moffie” has quite a specific connotation, as you’ve pointed out.

We kept the title because it is the central idea in the film. The word really encapsulates the tone and attitude of the world we have created and I think we use that theme to great effect in telling our story. The title of the book is such a great provocation, so it seemed only fitting that the film version was equally provocative.

Kai Luke Brummer

What are the challenges of turning a book into a film?

The greatest challenge is always in accepting that the book and the film will never be the same, and in fact the film has to stand on its own because it comes after the book. We spent a long time adapting this work. These mediums are very different, so it’s always important to keep that in mind.

Brendan van Zyl as Grobbelaar and Jan Combrink as Goud

The troops

You specifically wanted to use a rendition of Sixto Rodriguez’s iconic song “Sugar Man” in the film – why this song?

This song was really popular in South Africa in the late ’70s early ’80s, and it gathered a counter-culture following. It was also the simple fact that Rodriguez was only really popular in South Africa at the time and it felt fitting to timestamp the setting of the film with this song. Audiences all over the world have asked me about it, as they now know it so well from the Rodriguez documentary Searching for Sugar Man. I also really wanted to play with the tone of the song, somehow shift its meaning to fit the themes of the film. I am really proud of our version.

This film has gathered a lot of international praise with critics giving positive reviews – how do you feel about the positive feedback?

It's always wonderful to produce work that people respond to. The desire of filmmakers is to connect with an audience and we have been very lucky in that way.

Wynand Ferreira as Snyman, Shaun Chad Smit as Van der Merwe, Ludwig Baxter as Siebert, Jan Combrink as Goud and Stefan Vermaak as Fourie

How do you feel about the South African release of the film and how do you anticipate that South African audiences will respond to it?

I am incredibly excited. We have made something really special and so many people poured their passion and their talent into this film, and I think that that's what audiences are connecting with all over the world. For me personally it’s most important that South Africans feel that this is a film that was made for them. So I really hope they appreciate it.

Kai Luke Brummer

Moffie will be released in cinemas nationwide on 13 March 2020.

A special screening of Moffie is also scheduled for the Toyota SU Woordfees in Stellenbosch on 14 March, with a Q&A session after the screening. Tickets are available through Computicket.

  • Photos: Daniel Manners

The post Internationally acclaimed <i>Moffie</i> is a film about "hurt and shame" appeared first on LitNet.

Boris Pasternak

$
0
0

The veil and the green curtain of grass fall away during
the vertigo of nightfall. I am still, composed like the poets
of Russia, or the poets during the revolution. The gulls hover
as if they know something about the order of the sea that
I don’t know of, that I can’t partake of. I am still me after
all these isolated years lost in the translation of the Kalahari, 
but all I can think of is that the moonlight is an arrogant
thinker. The shark bites. The kiss of the fog seems to slam
into me on this cold, aloof morning. The sun burns straight
through the igloo community on the moon. The Eskimos
don’t seem happy with this state of affairs. The angels eat
toasted cheese. The people on land dodge the chaos of the
hail orchard. The carnations are all dying. Only the dahlias
will survive this harvest season. There’s no one to tell me what
to do. My parents have fallen out of love with each other.
My father tells me I am officially emancipated. The sea is
everywhere, burning, wounding, hurting. The frogs go to
the frog hospital. The poet, well, she questions everything
as if it’s good for her, but I think it is just part of her type of
personality, that she just wants to be loved. Everything is
an experiment for her. The flowers are oppressed. The
climate trembles. The earth quakes with disaster. Even the
men are lovers of Jane Eyre, African literature and the
future. I dream of the importance of family, but there’s also
a psychiatrist in the picture. The magnolia has postures
there, as if to say, kicking and screaming a midwife brought
me into this world. I regret you. I regret you. And I think of
the history of water, the reinvention of woman, the fact
that I have flashbacks now of the ward, as if I had done combat
duty or something, was suffering from shell shock. I acknowledge
the price of swimming. There is hell to pay, there is, there is.
It is hot. It is hell. It is hell. I have come home from the
sea agnostic, but I came home from the swimming pool
baptised. The apostle was a river, then a magus. The day had a
fever about it, birthing watermelon girls everywhere the
eye could see and the local pool could fathom. We all had
feathers. Then we all had wings. Then we were shipped back
home to our physical address. I miss Swaziland. It was
home, but the second mother who made it home is gone
now. She did a disappearing act on me. The bride was life.
The groom was death. All I dream of now is Palo Alto.
But a Niq Mhlongo kind of Palo Alto, not the James Franco
kind. I lay defeated in a kind of military combat-style foetal
position. The psychiatrist is dead to me, and so are the people
who were in that ward. They’ve all gone now to Paris, or
elsewhere. A place that exists like a poetic country, ambiguous.

Also read

Giacomo Leopardi

Where they can’t hurt me and Sylvia Plath

The post Boris Pasternak appeared first on LitNet.

Love Books – soos ’n skelmpie op Valentynsdag

$
0
0

Kate Rogan, eienaar van Love Books in Johannesburg. (Foto: verskaf)

In die tien jaar van Love Books se bestaan het dié boekwinkel in Melville, Johannesburg ’n vaste bestemming vir skrywers en boekliefhebbers geword. Pas nadat ek in die Goudstad aangekom het, het ek dié klein winkeltjie met die groot naam vir die eerste keer vanuit ’n motor gesien. Frederik de Jager was agter die stuur, en in die verbyry het hy beduie dat ek dit dikwels sou aandoen, gegewe my werk in die uitgewersbedryf.

En so was dit dan ook; die afgelope ses jaar het dié winkel in die Bamboo Lifestyle-sentrum ’n gereelde staning saam met skrywers tydens boekbekendstellings geword. Soos wat Johannesburgers jou sal vertel, kruip Love Books en haar mense diep in jou hart, en is dit onmoontlik om ’n objektiewe afstand te handhaaf.

Toe Kate Rogan dié onderneming ’n dekade gelede saam met ’n vennoot begin het, het vriende in die boekbedryf gedink sy is van lotjie getik. Die bedryf, het hulle uit een mond gewaarsku, is ’n onvoorspelbare, moeilike mark wat bankrotskap soos ’n onwelkome gas tot reg voor jou deur bring.

Kate ken die boekewêreld soos die palm van haar hand. Sy was vroeër jare opdraggewende redakteur by Zebra Press. Daarna het sy vir 702 as vervaardiger van Jenny Crwys-Williams se boekeprogram gewerk. Van skrywers en boeke kan sy mens baie vertel, en toe sy op die naam van die winkel besluit, was dit uit die staanspoor belangrik dat “Love” as werkwoord gelees moet word – ’n liefde vir boeke is ’n emosie wat jou aandryf; dis nie net iets wat latent in die agterkop bly hang nie.

“Fiksie is wat die meeste in dié winkel verkoop,” sê Kate. En dit op sigself is ’n prestasie, want gewoonlik word ’n boekwinkel aan die lewe gehou deur akademiese titels as dit naby ’n universiteit geleë is, of ander spesialiteitspublikasies wat deur die ligging van die winkel bepaal word. In 2019 was Margaret Atwood se The Testaments bo aan Love Books se verkoperlys, saam met Charles van Onselen se Night Trains en Ann Patchett se The Dutch House.

Marlene van Niekerk aan die woord in Love Books. (Foto: Love Books)

Oor die jare het Love Books ’n reputasie opgebou as dié plek waar gerekende skrywers hul boeke te water laat. Aanvanklik was dit nie so nie. Die eerste bekendstelling is eers ’n paar jaar nadat die winkel oopgemaak het, daar gehou. Kate sê die gogga het dadelik gebyt. En hoe dan anders, want Antjie Krog was aan die woord by dié geleentheid. “Bekendstellings is belangrik,” vertel Kate, “want dit bring voete en energie na die winkel. Vir mense wat die eerste keer by die winkel kom om ’n boekpraatjie by te woon, is dit gewoonlik die eerste van vele besoeke.”

Vandag is Love Books se skedule vir bekendstellings propvol, veral in die bedrywige seisoen in aanloop tot Kersfees, wanneer tot drie bekendstellings per week plaasvind. Nou, aan die begin van die jaar, het die winkel reeds ’n klompie agter die blad – tot twee per week.

Boekpraatjies lyk dikwels na glansgeleenthede wat gladweg en sonder drama verloop. Die waarheid is natuurlik dat die ervarings wissel tussen hierdie opposisiepunte op ’n onsigbare skaal: subliem en angswekkend. Die whiskeybottel wat Kate in haar piepklein kantoortjie agter die boekrakke op bystand hou, was al menige maal ’n broodnodige susmiddel teen verskeie grade van trauma.

Vir Kate is daar te veel hoogtepunte om op te noem, maar enkeles staan uit. Barbara Kingsolver, die Amerikaanse romansier en digter, se teenwoordigheid in die winkel is een. Tydens Kingsolver se besoek aan Suid-Afrika was die enigste beskikbare tyd vir ’n bekendstelling in Love Books een vroegoggend om 07:00. Kate-hulle het gespring vir die geleentheid, en om 07:00 het mense na Love Books gestroom om na die internasionale skrywer te luister. Die restaurant langs die boekwinkel het ontbytversnaperinge voorgesit. Dié eetplek is trouens soos ’n verlenging van die boekwinkel self. Wanneer die winkel uit haar nate bars, word die restaurant se groter ruimte benut.

“Dis altyd volgepak wanneer plaaslike skrywers soos Ivan Vladislavić ’n boek kom bekendstel. Ook Mark Gevisser en Johnny Steinberg trek baie mense na die winkel,” vertel Kate. “Eenkeer moes ons ’n boek van Gevisser in stikdonkerte bekendstel weens ’n kragonderbreking.”

Een van die gewildste geleenthede was toe die komediant Suzelle van SuzelleDIY-faam ’n boek kom bekendstel het. “’n Leërskare mense het opgedaag en daar was iets karnavalesk in die lug,” sê Kate. “Kinders was selfs soos Suzelle aangetrek.”

Anna Joubert, Kate Rogan se regterhand. (Foto: Love Books)

My eie herinneringe aan geleenthede met skrywers by Love Books het vervleg geraak met dié van Kate en Anna, die legendariese werknemer wat Kate al tien jaar lank bystaan. Wanneer jy vir Anna Joubert die eerste keer ontmoet, kan jy nie anders as om te wonder of dit die joernalis Pearlie Joubert se tweelingsuster is wat voor jou staan nie. Onder Johannesburgers is Anna bekend en geliefd vir haar skerp tong. Wanneer ’n boekgeleentheid te laat aanhou en die skrywers en gaste begin uitrafel, gryp Anna sonder seremonie in. Sy het al menige besoeker aan die kraag by die winkel uitgehelp wanneer dit lank na toemaaktyd geraak het.

Bhekisisa Mncube gesels oor sy The Love Diary Of A Zulu Boy. (Foto: Love Books)

Saam met Kate en Anna het ek al ongekende hoogtepunte in Love Books beleef, met skrywers soos Zelda la Grange, Jay Naidoo, Marguerite Poland, Jack Parow, Harald Pakendorf – om enkeles te noem. Love Books is ’n tuiste vir alle skrywers, plaaslik en internasionaal, en in alle tale. Van Marlene van Niekerk tot Zapiro, van William Kentridge tot Ronnie Kasrils, van Pieter-Dirk Uys tot Ferial Haffajee.

Maar soms gebeur dinge wat die angsvlakke opjaag. Soos wanneer protesgangers met plakkate en luide woede ’n bekendstelling stormloop. Toe Stephan Hofstatter se Licence to loot einde 2018 by die winkel bekendgestel is, was liefde allermins in die lug. ’n Groep betogers het beswaar aangeteken oor die skrywer se betrokkenheid by omstrede beriggewing in die Sunday Times ’n klompie jare tevore. Gelukkig was die protesgangers “ordentlik” en het hulle Kate vooraf ingelig dat die aksie sou plaasvind.

Kate verwelkom stemme van protes in Love Books. Vir haar is dit belangrik dat die winkel deel van die plaaslike gemeenskap vorm, en daarom ook ’n forum moet bied vir mense se kwellinge. “Die heel ergste wat kan gebeur,” sê sy, “is wanneer niemand by ’n boekbekendstelling opdaag nie. Dit is die grootste vrees waarmee mens in dié bedryf moet saamleef.”

Die belangrikheid van bekendstellings mag nie onderskat word nie, sê Kate. Boeke wat by die winkel te water gelaat word, tel almal onder die titels wat in Love Books presteer. “Gewoonlik koop 40% van mense wat ’n bekendstelling bywoon, ’n boek. Maar dié syfer gaan deurentyd op en af.”

Marguerite Poland en Sue Grant-Marshall by die bekendstelling van Poland se A Sin of Omission. (Foto: Love Books)

Johannesburgers vir wie Love Books ’n gereelde bestemming is, het ’n soort liefdesverhouding met die winkel, byna soos met ’n Valentynsdagskelmpie. ’n Mens sien altyd uit na die samesyn, maar mens weet nooit presies wat om te verwag nie. Soms is dit subliem, ander kere geniepsig.

Ronnie Kasrils by die bekendstelling van Catching Tadpoles: The Shaping of a Young Rebel. (Foto: Love Books)

Ek lag kort-kort ten koste van myself wanneer ek terugdink aan die keer toe Shirley Gunn my in Love Books kortgeknip het. Toe ek myself tydens Gunn en Shanil Haricharan se bekendstelling van Voices from the Underground namens die uitgewer aan hulle voorstel, het Gunn my sissend in die rede geval: “Where’s your banner?” Later, met die boekpraatjie in volle swang, het sy die skare se aandag op my, versigtig aan die agterkant van ’n volgepakte vertrek, gevestig as ’n “rep” van die uitgewershuis. Love Books se plaaslike regulars, wat altyd baie wyn drink en selde boeke koop, het alte lekker gegiggel.

Maar ’n herinnering wat ek altyd in assosiasie met Love Books sal koester, is die Sondagoggend toe Antjie Krog haar Mede-wete by die winkel bekendgestel het. Die geleentheid was om tienuur, en ons was laat en inderhaas op pad na die winkel toe. Vyf voor tien wag ons op die grens tussen Westdene en Melville vir ’n robot om groen te slaan, angstig dat ons nie betyds gaan wees nie, en wie staan daar by die verkeerslig, rigtingloos? Niemand anders as Antjie Krog self nie!

Die digter het my gewaar en terstond by die motor ingespring, en uitasem verduidelik dat sy verdwaal het tussen haar gastehuis en die boekwinkel. “God het julle gestuur!” het sy verklaar voordat ons haar presies om 10:00 by die winkel besorg het.

 

The post Love Books – soos ’n skelmpie op Valentynsdag appeared first on LitNet.

Diepte

$
0
0

Die dronkaard dryf
van deur tot dowe deur
deur die donker.

Sy rollende kop gaan
in ’n stinkende steeg staan.

Sy drome verdrink
agter geswolle lippe,
sy oë,
sinkende sente
in poeletjies staande water.

Wie sou die gedoemde poësie wou lees
wanneer sy lyf
soos ’n deurdrenkte gedig
uit ’n bottel gevou word?

Wie sou dink dat hy sy lot verdien?
Wie sou die diepte van die mensdom daarin sien?

Lees ook

Beloofde land

Laat ek my taal nie verloor nie

The post Diepte appeared first on LitNet.

Viewing all 22112 articles
Browse latest View live
<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>