Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21652 articles
Browse latest View live

Nuwe vaartbelynde kabinet, of slegs kosmetiese veranderinge?

$
0
0

Soveel is al oor die nuwe kabinet gesê en geskryf dat daar oënskynlik niks oorbly om op te haal nie. Maar soos te verwagte is daar wel iets wat agterweë gebly het, en dis ewe veelseggend dat dit so te sê geen aandag gekry het nie – ten minste nie wat ek kon raaksien nie.

’n Mens kan dit gebruik as ’n haak om gal te braak oor die miskenning van die kunste, maar eintlik is dit ’n simptoom van ’n veel dieper gebrek, een wat aan die fondamente van ons saambestaan in hierdie streke van die wêreld knaag.

Ek praat nie net van die samesmelting van die Departemente van Kuns en Kultuur en Sport en Ontspanning nie – dis lankal voorspel en dit is ook uitgewys dat dit gewigtige sake gelykstel aan frivoliteit – maar van die behoud van een van die powerste ministers in Cyril Ramaphosa se bestuurspan vir die land, Nathi Mthethwa.

Toe Mthetwa in 2014 met Jacob Zuma uitval, kon die eertydse president hom afgedank het of gedemoveer het as minister van polisie. Hy het egter iets ergers gedoen: hom minister van kuns en kultuur gemaak. Moontlik was dit uit weerwraak teen die wêreld van die kunste vir die beproewing wat hy moes ondergaan met die sage rondom The Spear van Brett Murray.

Maar dit het weer eens gewys wat regerings wêreldwyd doen, en ook die ou Nasionale Party-regering gedoen het: om kuns en kultuur as rommelhoop vir politieke loopbane te gebruik. Behalwe die ou koloniale lande, en nuwe sterre soos Suid-Korea of Noorweë. In die VSA en Brittanje byvoorbeeld gebruik regerings kuns en kultuur om die toon te bly aangee, om hul koloniale praktyke voort te sit, op so ’n deeglike manier dat ons ons lewens nie sonder hul produkte kan voorstel nie.

Mthethwa, het die kulturele kritikus Chris Thurman geskryf, gee nie ’n duit om vir sy portefeulje nie. Op verskillende maniere het hy laat blyk hy sien kunstenaars se taak as om propaganda vir die staat te maak, en dat hy nie dink vryheid van spraak maak soveel saak nie. Destyds met die moles om die verbanning van die rolprent Inxeba was hy nêrens te sien nie.

Hy het ook al die Brics-lande aangeprys as modelle vir Suid-Afrika se rolprentbedryf. ’n Land soos China, het ons minister op ’n kol gesê, weet wat sy nasionale belang is. Jy gaan soontoe en “you get it”. Dis nou die land wat vele van sy kunstenaars en skrywers, of hulle nou akkolades soos die Nobelprys wen of nie, in sy tronke opsluit.

’n Groep kultuuraktiviste het in ’n ope brief aan Ramaphosa gevra om tog ’n behoorlike kultuurminister aan te stel, en voorgestel dit kan iemand uit die burgery wees wat weet wat hy of sy doen. Maar verniet – Mthethwa is weer daar.

’n Mens moet seker hande klap oor die res van die kabinet. Goeie mense is behou, en die meeste skerminkels is die trekpas gegee. Maar ons is ook so verheug oor enigiets wat beter lyk as Zuma se vernietigende aksies dat ons ’n paar dinge miskyk. Verskeie kommentators het daarop gewys dat Ramaphosa se span nie eintlik kleiner is nie – daar is nou meer adjunkministers.

Hierop kan ’n mens antwoord dat Ramaphosa miskien noodgedwonge moes sorg dat daar genoeg lede van die ANC se nasionale uitvoerende komitee nuwe karre, huise, kredietkaarte, nuwe gordyne en ekstra bediendes kry om seker te maak dat daar nie groepe met kritieke massa oorbly wat uit jaloesie probleme kan skep nie.

Feit bly staan, die gordel is nie regtig ingetrek nie; die boep sit net op ’n ander plek.

Dit is om verskeie redes ’n goeie ding dat Gordhan aanbly; dis die beste kans vir Ramaphosa om Eskom ens te probeer regruk. Maar dis ook ’n feit dat Gordhan steeds ’n lid van die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party is. As dit die rede is waarom Eskom se hoogs uitsonderlike personeeltal nog nie uitgedun is nie, spel dit swarigheid vorentoe. Dis ook geen goeie teken dat die nuwe Departement van Arbeid en Indiensneming aangevoer gaan word deur die nommer 2 in die SAKP nie, Thulas Nxesi, ook ’n voormalige algemene sekretaris van die onderwysunie Sadou. (Toe hy gevra is wat hy gaan doen om werk te skep, het hy geantwoord hy kan nie sê nie, hy moet eers sy amptenare raadpleeg.)

Die probleem is nie net dat aksie wat gekompromitteer is deur kommunistiese oorwegings, nie sal help om Eskom se yslike skuld te hanteer nie; dit dui op ’n filosofie van die staatsdiens as ’n laer vir onbevoegde ANC-mense wat in stand gehou gaan word, net soos 50% van alle wit Afrikaanssprekendes op ’n punt deel van die Nasionale Party se staatsdiens was.

Dit is ’n vreemd konserwatiewe, selfs outokratiese bestel. Dit maak staat op die verskaffing van inkomste deur belasting deur dieselfde ou garde wat Suid-Afrika nog altyd die kolonie gehou het wat dit nog maar steeds is – die anglosentriese, “witheid”- en manlik-gedomineerde agente vir multinasionale belange waarteen die ANC maak of dit baklei.

Ten einde te sorg dat Suid-Afrika nie veel verder vorder as ’n verskaffer van grondstowwe vir die sentrum nie, was die beleidsrigting van die meeste van sy koloniale regerings sterk ekonomisties van aard. Sy ingenieurs en tegnici is aangemoedig om die toon aan te gee, en het beduidende bydraes op vele gebiede gelewer, en doen dit nog steeds. Maar dieselfde het nooit regtig gegeld vir ander talente nie.

Suid-Afrika was eerder nog altyd ’n mark vir kultuurprodukte, en veral die neokoloniale moondheid Amerika leun sterk vir sy ekonomiese winsmarges op kultuurprodukte, van Superman comics tot Spotify. ’n Enkele voorbeeld: vir elke R1 wat aan ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar aan tantieme betaal word, gaan R200 na oorsese kunstenaars.

Ramaphosa se retoriek is deurspek met dieselfde ekonomistiese slagspreuke as Zuma s’n, en die ou koloniale bewinde van ouds; daar is net groter sofistikasie en begrip vir takt en burgerlike diplomasie. Die simptoom hiervan is juis die geringskatting van sektore in die kunste en kulture van die land op ’n erg onrevolusionêre manier.

Kultuurprodukte is reeds, ná wapens, die tweede hoogste verdiener van buitelandse valuta vir vele gevorderde lande. Met die aanbreek van die veel geloofde vierde industriële revolusie word hierdie oorheersing net verder verstewig.

Dit lyk nie of Ramaphosa dit gaan regkry om ’n industriële gemeenskap hier te vestig as hy nie staatsamptenare op groot skaal wil afdank nie. (Maar miskien verras hy ons tog.) Hoewel hy ’n raad aangestel het om hom te adviseer oor die koms van die robotte, lyk dit ook nie of daar enige begrip is van die totaal anderse benadering as net die konvensioneel ekonomistiese wat gaan nodig wees as ons wil bybly by die nuutste ontwikkelinge nie.

Dit sou nou waarlik vooruitgang gewees het as ons sê maar ’n Departement van Kennis en Kultuur kon gekry het. Dan sou ons soos Suid-Korea byvoorbeeld staatshulp gee aan enigiets van videospeletjiekampioenskappe tot beurse vir eietydse klassieke musiek. Suid-Afrika se mees ontginbare grondstof is nie sy goud of sy landbou nie, maar in die kennisekonomie sy veelvoud aan tale en kulture. So ’n departement sou hom rig op vernuwing en kreatiwiteit oor die volle spektrum van menslike aktiwiteit heen, met die klem op kruisbestuiwing en veelvaardigheid. Ook sou sy amptenare beleid opstel om opvoeding te dryf as die summum bonum van regeringsaktiwiteite, met onderrig in alle tale en op alle ouderdomme, van jou suigelingjare tot jou oudag, as die fondament.

The post Nuwe vaartbelynde kabinet, of slegs kosmetiese veranderinge? appeared first on LitNet.


Encounters documentary film festival celebrates 21 years

$
0
0

Mandisa Ralane

Two cities, 10 days and 65 local and international documentaries – that is what this year’s Encounters South African International Documentary Festival has in store.

The annual Encounters South African International Documentary Festival provides a platform for local and international filmmakers to showcase their work in Cape Town and Johannesburg. The festival will be taking place from 6 June till 16 June, offering a wide range of local and international documentaries.

This year, the festival celebrates its 21st anniversary, promising to be bigger and better than previous years.

Mandisa Ralane, the festival director, tells more.

Please tell us more about the Encounters South African International Documentary Festival. What does it entail and how does it work?

Encounters was founded in 1999, when the festival founders collaborated with Pro Helvetia on the first Encounters Swiss South African Documentary Film Festival. Since then, Encounters is now the leading creative documentary festival in South Africa and on the African continent. The festival strives to take an innovative approach to developing audiences and building capacity in the local and regional documentary film industry. Since its inception, Encounters has become an important site both of audience engagement through the main film programme, and of learning and transformation through its comprehensive industry and training offering. This includes workshops, masterclasses, filmmaking labs and access programmes, among other initiatives. The festival has significant economic, cultural and social impact, achieving these through initiatives such as its Inreach programme, which creates access for historically disadvantaged communities, and through the economic activity and job creation opportunities generated by the festival.

Encounters believes in the power of documentary film to transform, to create empathy and to contribute to mutual understanding and dialogue between cultures. Through its core activities, the festival has continued to be a vital platform, where both established and emerging filmmakers and audiences intersect with documentary cinema from South Africa and abroad.

A scene from Zulu Return

The festival is currently in its 21st year. How has the festival evolved over the years?

Recently, Encounters has expanded the scope of its programming to encompass new media (virtual reality and interactive documentaries) and other forms of nonfiction storytelling, placing an emphasis on a contemporary, cross-disciplinary approach to both documentary reception and documentary production. The festival has also expanded its reach to satellite venues over the years, including the Bertha Bioscope at the Tshisimani Centre for Activist Education, and the Bertha Movie House at the Isivivana Centre in Khayelitsha, Cape Town.

What can visitors expect from this year’s festival?

This year, Encounters has programmed an exciting line-up of local and international documentaries. The international section comprises the most talked about, award-winning and award-nominated documentaries selected from the world’s leading festivals. Audiences should expect a compelling documentary programme that will ignite conversations about a range of urgent political and social issues, often with empathy and deep insight: from justice denied for past political crimes, Jihad radicalisation and the influence of Fanon; to iconic humans: OR Tambo, Gorbachev, Miles Davis; to films about culture, underground Cape Town in the ’60s and ’70s, theatre during apartheid and traditional Mozambican dance and music. A showcase of a range of documentary formats is on show: thrillers, mockumentaries, animation and the micro-docs!

Tell us more about the films that will be showing this year. What are some of the films that people should keep a look-out for?

Stroop: Journey into the rhino horn war
Director: Susan Scott

2018 | South Africa | USA | 134 minutes

A scene from Stroop: Journey into the rhino horn war

As gripping and gruelling as the best of thrillers, this documentary tells how two inexperienced female filmmakers go in search of answers for the random slaughter of the world’s diminishing rhino population. The film is divided neatly into two halves: the first half, with the slaughter itself and the attempts by rangers, governments and paramilitary units to do battle with the poachers; and the second half, where the filmmakers journey to Vietnam, China and Laos, tracing where the mutilated cargo (more expensive than cocaine) finds buyers and entrepreneurs only too willing to keep the trade going. The specious belief in the curative properties of the rhino goes back hundreds of years in the East, and there are those willing to swear to its efficacy. A monumental work by a very brave pair.

Stroop: Journey into the rhino horn war documentary poster

Awards/festivals:

  • San Francisco Green Film Festival – Green Tenacity Award
  • Santa Cruz Film Festival – Spirit of Action Feature Film Award
  • San Pedro International Film Festival – Best Documentary Award
  • Glendale International Film Festival – Best Female Filmmaker Award
  • LA Femme International Film Festival – Special Focus Documentary Award
  • San Diego International Film Festival – Best Documentary Award
  • Mystic Film Festival – Best International Documentary Award
  • Wildlife Film Festival Rotterdam – Newcomer Award
  • Berlin Courage Film Festival – Best Documentary Award and Most Courageous Film Award
  • Impact Docs Awards – Award of Excellence for a Feature Documentary (The competition stated: “The exceptional storyline made it worthy of a further Special Mention from the competition jury.”)
  • Hollywood International Independent Awards – Best Feature Documentary September 2018

Jozi gold (W/P)
Directors: Sylvia Vollenhoven and Fredrik Gertten
2019 | South Africa | Sweden | 74 minutes

A scene from Jozi gold

Jozi gold exposes Johannesburg mines to be not so golden, after all. It paints a grim environmental and political picture of South Africa’s abandoned mines, which are in disarray, with toxicity levels that are harming communities. The documentary follows Mariette Liefferink, an advisory committee member of the South African Human Rights Commission, as she tries to pressure government and mining companies to confront and fix what they’re responsible for and continue to let occur: acid mine drainage, contamination affecting cattle and human health, radioactive land, and not informing the public of these risks. Her efforts reveal many mining companies’ indifference to the lives they’ve affected, contrasting this with the attitude of ordinary South Africans, who are desperately trying to make a difference – but, as Mariette says, “The wheels of justice turn slowly.”

Billy Monk: Shot in the dark (W/P)
Director: Craig Cameron-Mackintosh
2019 | South Africa | 37 minutes

Billy Monk: Shot in the dark documentary poster

Billy Monk was a photographer and bouncer who worked at the Catacombs nightclub in Cape Town in the late 1960s. Using only archival photographs and beautifully composed contemporary interviews, director Craig Cameron-Mackintosh provides an engaging portrait of Monk, bringing together the key characters of his tragic story. Monk was working at a time when apartheid forbade the mixing of different races, and his pictures of love, desire and intimacy across the colour bar exist in stark contrast to the official order put in place by the National Party government. The resulting snapshot of Cape Town nightlife at the time offers a refreshing glimpse into a period of history that is usually rendered in very different images to those of Monk’s secret world of sailors, “sugar girls”, rock ’n’ roll and uninhibited joy.

The space – Theatre of survival (W/P)
Directors: Mark Street and Dan Poole
2019 | South Africa | United Kingdom | 87 minutes

The space tells the story of the theatre and community that gave birth to some of South Africa’s most important writing and acting talents, and its most significant works of protest theatre. Beginning in 1972, at the height of the apartheid struggle, the film presents a portrait of a country in which the non-white majority has been brutally silenced and racial tensions are at breaking point. With this volatile political backdrop, a group of artists risked everything to build a safe non-racial space, dedicated to artistic, social and political freedoms. Featuring Athol Fugard (now the most performed playwright in the world after Shakespeare), John Kani, Winston Ntshona, Fatima Dike, Nomhle Nkyonyeni, Wilson Dunster, Percy Sieff, Richard E Grant and many more, The space is narrated by multiple-award-winning acting legend, James Earl Jones.

Cold case Hammarskjöld
Director: Mads Brügger

2018 | Denmark| Norway | Sweden | 128 minutes

A scene from Cold case Hammarskjöld

Danish investigative journalist, filmmaker and TV host, Mads Brügger, is infamous for his ironic and incisive trawling of the dirtiest of the tainted and the corrupt. In 2011, his documentary, The ambassador, was about the trading of diplomatic titles in Africa. Brügger impersonated a Liberian ambassador by purchasing his new identity on the black market. Now, he is back in Africa with guns blazing, on the trail of the plotters and murderers of UN secretary Dag Hammarskjöld in 1961. The dirt he uncovers creates a trail from London to South Africa via Belgium. In January this year, Brügger reported on the Hammarskjöld assassination and the skein of intrigue among the highest organs of government in The Guardian in London. A film of great importance. Miss it at your peril.

Awards/festivals:

  • One World International Human Rights Documentary Film Festival 2019 – Winner Best Director
  • Sundance Film Festival 2019 – Winner Best Director World Cinema Documentary and nominee for Grand Jury Prize
  • The Hague Movies that Matter Festival 2019 – Winner Golden Butterfly

Three identical strangers
Director: Tim Wardle

2018 | USA | UK | 96 minutes

A scene from Three identical strangers

Set in the 1980s, Three identical strangers chronicles the story of three men who were reunited through a series of astonishing coincidences, after being born identical triplets, separated at birth and adopted by three different families. The tabloid-friendly, feel-good story quickly became a global sensation, complete with fame and celebrity, but the fairytale reunion eventually gave way to darker currents. As the brothers attempted to discover their true origins and the reason why they had been separated, they uncovered an unimaginable secret that would have radical repercussions for the three of them, as well as for wider society. Combining interviews, archive footage and dramatic reconstructions, the film takes us as close to the brothers’ experience as possible, giving an intimate account of an unsettling chapter in American history.

Awards/festivals:

  • Sundance Film Festival 2018 – Winner Special Jury Prize Best Documentary
  • BAFTA Awards 2019 – Nominee Best Documentary
  • Chicago Critics Film Festival 2018 – Winner Best Documentary
  • Cinema Eye Honours 2019 – Winner
  • Critics’ Choice Documentary Awards 2018 – Winner

For more on the film programme, please visit the website.

The festival includes local as well as international films?

The festival programme consists of both local and international films in equal quantities.

#FEMALE PLEASURE documentary poster

In which languages are the films that will be showcased this year?

The films are in English, Afrikaans, Zulu, Sotho and other indigenous languages. Some international films are in French, German, Swedish, etc. All films not in English have subtitles.

Why do you feel it is important to create a platform specifically for documentaries to be showcased?

Documentary festivals like Encounters provide independent filmmakers with a platform to showcase their works to larger audiences. Through Q&As and panel discussions, audiences can benefit from learning more about the films, and the filmmakers receive critical feedback from the audiences. The discussions also provide a democratic space for both filmmakers and audiences to discuss pertinent issues affecting society.

A scene from Fanon Yesterday, Today

Through the industry programmes, documentary practitioners are able to gain critical skills, and learn from their peers as well as from visiting international film experts. The festival platform provides crucial opportunities for networking between filmmakers, funders, media, broadcasters and distributors.

What makes this festival different to other South African film festivals?

The festival places a great emphasis on question and answer sessions and panel discussions, with the filmmakers in attendance. This provides audiences with direct access to filmmakers and a deeper understanding of the filmmakers’ intentions in making the films, thereby enriching their understanding. The festival is unique in that it runs an Inreach programme annually. For over 15 years, the festival has provided access to previously disadvantaged individuals and groups by securing sponsorship for tickets and transport.

Dying for Gold documentary poster

Encounters supports documentary filmmakers through an industry programme consisting of workshops, masterclasses, business meetings and presentations, focusing on increasing opportunities, developing business capacity and transforming the industry. The programme seeks to empower established and emerging filmmakers, film students, practitioners and stakeholders.

  • Images: provided

The post Encounters documentary film festival celebrates 21 years appeared first on LitNet.

Graad 12: Fisika, vraestel en memo

Graad 12: Verbruikerstudies, vraestel en memo

Graad 12: Visuele kunste, vraestel en memo

1 Johannes 1

$
0
0

Die Woord vannie Liewe

1 Ôs skryf an julle oorie Woord vannie Liewe, wat bestaanit vannie begin af. Ôs het dit gehoo en dit met ôs eie oë gesien, ja, ôs het dit gesien en met ôs eie hanne annit gevat. 2 Toe die liewe sigbaar geraakit, het ôs dit gesien, soe ôs praat daaoo en vetel vi jou oorie iewege liewe wat mettie Vader was en wat an ôs gesê was.

3 Soe wat ôs gesien en hoorit vetel ôs nou oo an jou soerat djy saam ôs kan staan innie genootskap wat ôs mettie Vader het en met sy Seen Jesus Christus. 4 Ôs skryf dié soerat ôs amal se heppiness kan vol wies.   

 

God issie Lig

5 Nou die boodskap wat ôs van sy Seen af gehoorit, is dat God issie lig, en daa issie ees ʼn klein kolletjie donkete in hommie. 6 As ôs dan sê dat ôs in ʼn vehouding met hom is, maa innie selle tyd liewe ôs innie donkete, dan lieg ôs mos in ôs woore en hoe ôs ôs gedra. 7 Maa as ôs innie lig liewe, net soes Hy wat innie lig is, dan het ôs die vehouding tussen mekaa oek, ennie bloed van Jesus, die Seen, maak ôs skoon van ôs sondes.

8 As ek of djy moet sê dat ôsie sondig of sondes hettie dan lieg ôs vi ôsself, dan is daa nie ʼn stukkie waarheid wat liewe in ôsie. 9 Maa as ôs ôs se sondes voo God bely sal Hy sy beloftes hou en doen wat reg is. Hy sal ôs se sondes vegiewe en ôs skoon maak van amallie dinge wat ôs vekeerd doen. 10 As ôs sê dat ôs nog nooit gesondig hettie, dan maak ôs van God ʼn leuenaar, en dan is sy woord ’ie in ôsie.

Lees ook

1 Johannes 2

The post 1 Johannes 1 appeared first on LitNet.

Onderwys: die ANC-regering se grootste mislukking die afgelope 25 jaar

$
0
0

Onderwys is ongelukkig een van die ANC-regering se grootste mislukkings van die afgelope 25 jaar. Die geskiedenis sal terugskouend oor hierdie tydperk die gebrek aan gehalte-onderwys uitwys as ’n nog groter ramp as geplunderde staatsondernemings en korrupte munisipale bestuur. Dit is ’n tragedie dat die regerende party eenvoudig nie daarin slaag om gehalte-onderwys vir al die leerders in ons land te verseker nie en sodoende die hoop op ’n beter toekoms van duisende leerders steel.

Ongelykheid in skole, en hoe blind almal daarvoor is

Gehalte-onderwys vir alle leerders is nie alleen die sterkste wapen om ongelykheid tussen mense op te hef nie, maar dit is ook onmisbaar in die stryd teen werkloosheid, misdaad en swak ekonomiese groei. Die hartseer werklikheid is dat arm mense en hul kinders die grootste slagoffers van kaderontplooiing, korrupsie, onbevoegdheid en staatskaping is. Hoeveel skole kon gebou gewees het met geld wat eenvoudig in ’n put van korrupsie verdwyn? Hoeveel honger leerders kon met gesteelde miljarde daagliks pouse ’n bord warm kos gekry het? Hoeveel puttoilette kon vervang gewees het met veilige spoeltoilette en hoeveel skoolbiblioteke kon gebou en met boeke toegerus gewees het? Hoe is dit moontlik dat nieteenstaande die feit dat elke president sedert 1994 belowe het om onveilige skole uit te skakel, leerders nog steeds in puttoilette verdrink?

Kan ons nou ’n slag oor die ding van ras kom? 

Hoe lyk ons onderwys?

Dit is belangrik om te onthou dat daar in ons land 23 289 publieke skole met ongeveer 400 000 onderwysers is. Daar is uitstekende skole met dikwels hoogs gekwalifiseerde maar ongelukkig ondergewaardeerde onderwysers wat ontsettend hard werk en wie se leerders se puik akademiese uitslae ’n bewys van hul insette is. Aan die ander kant is daar lui, ongekwalifiseerde en onverantwoordelike onderwysers, en hulle leerders sukkel om sonder die nodige hulp te slaag en val dan vroeg uit die skoolstelsel.

Die meerderheid onderwysers in ons land beskik nie oor die nodige vakkennis van die vakke wat hulle onderrig nie. ’n Voorbeeld hiervan is dat 79% graad 6-wiskunde-onderwysers nie 60% in ’n graad 6/7-wiskundetoets kon kry nie.

’n Ondersoek van die Departement van Basiese Onderwys (2017) het getoon dat net 37% van skole elke jaar al die werk in die kurrikulum afhandel. Onderwysers in Richardsbaai behandel jaarliks net 10% en in Modimolle-distrik word 40% van die jaar se werk afgehandel. Uit die sewe distrikte wat ondersoek is, het net Vhembe in Limpopo 50% van die graad 9-wiskunde-kurrikulum behandel. Die ander distrikte het tussen 28% en 42% van die werk gedoen. Daar is daagliks 41 000 onderwysers afwesig van hul werk.

Dagga gewettig: hoe raak dit skole?

Navorsing deur die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing het bevind dat onderwysers in goed-funksionerende skole 6,5 uur per dag skoolhou, teenoor die 3,5 uur van onderwysers in disfunksionele skole.

’n Nasionale opname (PIRLS 2016) het getoon dat 78% van graad 4-leerders in Suid-Afrika nie met begrip in enige taal kan lees nie. Volgens die 2015-TIMMS-studie (Trends in International Mathematics and Science) kan net 61% van alle graad 5-leerders in ons skole basiese wiskunde doen. Die helfte van die laerskole in Suid-Afrika kan beskryf word as kognitiewe woestyne.

Dit is daarom nie verbasend nie dat vir elke 100 skoolbeginners, net ongeveer 60 dit tot by matriek sal maak, net 37 matriek sal slaag en van hulle net 12 universiteit toe sal kan gaan. Slegs vier studente sal binne ses jaar ’n voorgraadse graad verwerf. Die swak deurvloeikoers kan grootliks toegeskryf word aan die gebrekkige fondasie wat in die laerskool gelê word. Daar behoort indringend na die opleiding van laerskoolonderwysers gekyk te word en dit is nou hoog tyd dat die regering erken dat die sluit van onderwyskolleges ’n tragiese fout was.

Die grootste olifant in die onderwyswoonkamer is die politieke invloed van die Cosatu-geaffilieerde onderwysunie Sadou wat in werklikheid in beheer van ses van die nege onderwysdepartemente is.

Al die adjunkdirekteur-generaals in die Departement van Basiese Onderwys is lede van Sadou. Die ministeriële taakspan onder leiding van John Volmink (2016) het in sy verslag tot die ontstellende gevolgtrekking gekom dat skole regdeur Suid-Afrika eintlik deur dié onderwysunie beheer word. Die verslag het die grootskaalse korrupsie, nepotisme en uitbuiting by Sadou blootgelê en bevind dat die unie oa onderwys- en hoofposte verkoop vir kontant en lewende hawe. In Noordwes byvoorbeeld is 85% senior poste deur kaders van Sadou gevul as beloning vir hul lojaliteit aan die unie, ongeag hul vaardigheidvlakke of kwalifikasies. Die unie roep dikwels stakings uit waardeur onderrig gestaak word by skole wat die onderbrekings glad nie kan bekostig nie. Sadou se metodes om ontslae te raak van ongewenste persone is optogte, demonstrasies, stakings, karaktermoord, dreigemente en ernstige intimidasie.

Rolspelers in die onderwys in gesprek: ’n Uiters suksesvolle nasionale beraad

Die verslag waarsku dan ook ernstig teen die gevare van die noue verhouding tussen Sadou en die ANC: “The commitment of a Teacher Union to one single political Party is both dangerous and inappropriate. This means that those educators who join that Union are bound to that Party. And the fortunes of the educational system become dependent on the fortunes of a political process.”

Nie alleen is die aanbevelings van die Volmink-verslag om die onderwysunie tot verantwoording te bring grootliks geïgnoreer nie, maar president Ramaphosa het sy ondersteuning vir en geloof in die Sadou herhaaldelik uitgespreek. Hy het hulle in sy toespraak by hul vergadering in Kempton Park aangemoedig om steeds ’n militante, progressiewe en revolusionêre unie te wees wat die belange van sy lede bevorder asook dié van die leerders. Ook in sy toespraak by die KwaZulu-Natalse tak het Ramaphosa onomwonde sy steun aan dié onderwysunie toegesê: “We continue to look to Sadtu for leadership. … Our faith remains unshakable in Sadtu to play a decisive role in returning the ANC to its founding values of service and selflessness … We will not surrender the revolution to factionalism and division.”

Dit is dwingend noodsaaklik dat onderwys in ons land gedepolitiseer word, sodat die beste onderwyser in ’n pos aangestel kan word tot voordeel van die leerders en nie tot voordeel van lojale kaders van Sadou en die ANC nie. Verantwoordelikheid en verantwoordbaarheid van onderwysers sal weer in alle skole ’n realiteit moet word, ongeag politieke affiliasies.

Gaan Ramaphosa nou, na die verkiesing, die morele moed hê om die ongeveer 254 000 lede van dié onderwysvakbond tot verantwoording te roep? Gaan daar ’n Zondo-kommissie van ondersoek wees na onderwysers wat leerders se toekoms steel? Gaan lojaliteit aan die party vir die ANC ook in die onderwys belangriker wees as integriteit? Gaan eenheid in die ANC swaarder weeg as die welsyn en die toekoms van die grootste persentasie van die leerders in ons land wat deur minderwaardige skole ontmagtig word?

Hierdie vrae kan nie verder geïgnoreer word nie, want ons land kan dit eenvoudig nie bekostig om nog ’n geslag kinders te verloor nie.

Bron

Nic Spaulding: https://nicspaull.com/2019/01/19/priorities-for-education-reform-background-note-for-minister-of-finance-19-01-2019 

 

  • Jeanette de Klerk-Luttig  is verbonde aan die Kantoor vir Morele Leierskap by die Universiteit Stellenbosch.

Is vennootskappe die antwoord op die land se onderwysprobleem?

The post Onderwys: die ANC-regering se grootste mislukking die afgelope 25 jaar appeared first on LitNet.

Crackerjack deur Peter Church: ’n resensie

$
0
0

Titel: Crackerjack
Skrywer: Peter Church
Uitgewer: Lapa
ISBN: 978-1-9463-9511-5

Die hoofkarakter, Daniel le Fleur, is in die wêreld van krakers bekend as Crackerjack. Hy is ’n hervormde kraker en is steeds baie aktief met die werk wat hy vir internasionale tegniese maatskappye soos Amazon verrig. Sy werk lei tot die uitsnuffel van verskillende en uiteenlopende vorme van internetmisdaad en metodes om dit mee te bereik.

Le Fleur besit al die internettoerusting en -hulpmiddels waaraan mens kan dink, en sy woonstel is beter beveilig as Fort Knox. Daarbenewens is hy stinkryk en nou nie wat die gewone leser as ’n baie aangename persoon sou beskryf nie.

Hy is nie betrokke by enige vriendskappe of verhoudings nie, volg ’n alleenbestaan en kopieer as stokperdjie kunswerke van ou meesters. Trouens, sy enigste vriend is ’n boemelaar wat hy Aqualung noem. Hulle voer vreemde gesprekke. Le Fleur beskryf sy lewe as dié van iemand wat slegte en bose mense beveg. Aqualung glo dat nie almal wat sleg is, boos is nie en sê hy sal nog eendag Le Fleur se lewe red.

Presies hoe geloofwaardig al Le Fleur se katoeters is, sal net ’n kraker kan beoordeel en ek ken nie so iemand aan wie ek dit kan toets nie. Is dit byvoorbeeld regtig moontlik om iemand se ID op die internet op te spoor, daardeur te blaai en te sien watter reise hy wanneer gedoen het? Net so kan Le Fleur selfoonrekords naspeur en ’n grafiek trek van wanneer wie met wie gesels het en waar hulle ten tye van die gesprekke was.

Sy kundigheid lei daartoe dat ’n aantreklike jong dame, Carol Vitale, haar opwagting by hom maak en sy hulp vra: Haar baas is (of was?) Nial Townley en sy Land Cruiser is sonder hom onder die see by Chapmanspiek opgespoor onderwyl hy besig was om met ’n baie verdagte Venezolaanse maatskappy te onderhandel. Sy eie maatskappy se likiede bates het ook verdwyn.

Carla kan nie glo dat Townley selfdood gepleeg het nie en die polisie is ná drie maande nog net so in die duister. Het hy na Suid-Amerika verhuis met die aandeelhouers se geld? Carol is ook ’n uitvoerende beampte van Townley se maatskappy en is grootgemaak om by hom oor te neem.

Le Fleur is nog op parool vir sy vorige onwettige krakery en hy wil eintlik nie weer op so ’n groot skaal betrokke raak nie. Maar dis tog ’n uitdaging, en Carol is baie sexy ...

In sy speurwerk kontak Le Fleur baie ou krakerkennisse onder hul skuilname en hulle voer uiters beskermde (kriptiese) gesprekke oor dinge wat nie juis peilbaar vir my as leser was nie.

Om die storie meer lyf te gee, word Fallon Trafford uit die tronk vrygelaat. Sy is ’n Psigopaat met ’n hoofletter-P wat al ses mense vermoor het. Die eerste twee was nie haar bedoeling nie, die derde een ’n dronk ou man wat sy met sy eie wapen doodgeskiet het. Vir nommers vier en vyf is sy betaal en sy kan self nie verklaar hoekom sy haar sesde slagoffer die ewigheid ingestuur het nie, behalwe dat hulle in ’n soort verhouding was en hy aggressief geraak het.

Dis nie lank nie voordat Le Fleur en Carol ook in haar visier verskyn, en ook nie net in hare nie. En dis maar die begin van talle ander moorde.

Dis Church se derde boek en is in verskeie lande te koop, wat seker ’n teken van sy gewildheid is. Crackerjack het vir my egter baie moeisaam gelees. Die intrige gebeur stadig, daar is min aksie en spanning, baie verraad. En teen die tyd dat die langsame ontknoping gebeur, is dit nogal ’n uitdaging om te onthou watter van die oorvloed karakters wat gedoen het.

’n Karakterlys agterin die boek sou in hierdie opsig baie kon gehelp het, maar dit is nie ’n voorliefde by skrywers en uitgewers nie.

The post <i>Crackerjack</i> deur Peter Church: ’n resensie appeared first on LitNet.


Compassion en godsdiens, politiek, sport: die onheilige drie-eenheid

$
0
0

Compassion – die afgelope ruk al dink ek hieroor. Wat is dit, en hoekom is daar deesdae in openbare diskoers so min daarvan te ervaar? Kan ons regtig mens wees daarsonder?

Die woordeboek vertaal “compassion” as “jammerhartigheid, erbarming, deernis, mededoë”. Die HAT verduidelik deernis (vir my die beste verklaring) as “diep medelye”.  Die Latynse samestelling com + pati beteken “to suffer with”, wat heelwat nader kom aan wat die woord compassion beteken. Die Afrikaanse vertaling werk binne konteks van hierdie rubriek nie vir my nie, en dus gaan ek gewoon compassion gebruik, en compassion hê met die taalbulle en internetkrygers wat hulle toetsborde opwarm om oor swak taalgebruik te praat.

Wanneer mense nie briesend is oor ʼn regter wat sy geloof uitleef deur te bid en die geskrif wat sy geloof vervat, as simboliese geskenk aan te bied aan ʼn ampsdraer wat aan dieselfde geloofsgroep behoort nie, dan word daar gal gebraak oor hofbevele uitgereik teen politieke partye wat nie hul woorde kan tel nie. Of ʼn regerende politieke party probeer vroue se liggame reguleer deur wetgewing uit te vaardig wat so inperkend inwerk dat dit op menseregte-misbruike kan neerkom. Of ʼn liggaam wat atletiek reguleer, penaliseer ʼn atleet omdat sy te goed presteer en probeer dit wat haar liggaam natuurlik doen, te inhibeer.

Vir vele lande is 2019–2020 verkiesingsjare. In al hoe meer gevalle lyk dit asof die regse politiek ʼn groter vastrapplek kry as in die onlangse verlede. Die lande (en state) wat kies om nie na binne te keer en meer konserwatief te beweeg nie, is ook die gebiede wat groter diversiteit en groter deelname deur minderhede het.

Wat is die grootste gemene deler? Die areas waar daar meer konserwatiewe keuses gemaak word, die areas waar enigiets en enigeen wat in die geringste mate anders is, gestigmatiseer en met wantroue bejeën word, is ook die areas wat die grootste vrees ervaar. Die vrees hoef nie eens geregverdig te wees nie.

Vrees volg kort op onkunde se hakke. Mense vrees dit waarvan hulle nie genoeg weet nie. En fopnuus maak dat mense se soeke na kennis maklik kan ontspoor.

Die toksiese kombinasie van vrees en onkunde kan baie maklik veroorsaak dat mense keuses maak wat teen hul eie beste belange indruis. Hoekom anders sal Amerikaanse boere volhou om Trump te ondersteun wanneer sy beleid tot hul ekonomiese ondergang lei? Hoekom anders sal Britte ten gunste van Brexit wees wanneer dit hulle ekonomies en kultureel kan keel-af sny? Watter ander verklaring is daar vir die feit dat die Vryheidsfront, ʼn party wat nog nooit meer as lippediens aan bruin belange gelewer het nie, met die afgelope verkiesing verrassend goed gevaar het, grootliks te danke aan bruin en andersins liberale wit kiesers?

Een belangrike komponent van compassion is die vermoë om te verstaan waardeur iemand anders gaan, maar iets meer en anders as empatie, omdat dit gepaard gaan met die behoefte om iets te doen daaromtrent. In elke enkele geval hier bo genoem waar mense se regte onderdruk is, of waar mense ge-“other” is, was compassion afwesig. Niemand wat saam met iemand anders ly, gaan die oorsaak van daai lyding gebruik om verder te onderdruk en te vervreem nie. Niemand wat opreg probeer verstaan waardeur iemand anders gaan, gaan optree met wreedheid en kilheid nie.

Ten minste een verduideliking vir die gebrek aan compati in openbare diskoers is gebrek aan normale sosiale interaksie. Vir baie van ons is ons intiemste verhoudinge met Facebook-vriende wie ons nog nooit van aangesig tot aangesig ontmoet het nie. Die gesing van toetse op toetsborde vervang aanraking. Likes vervang nuanse in gesprekvoering. Ons kan woorde tik en die eter instuur sonder om ooit die gevolge van daai woorde eerstehands te ervaar. Dis mos soveel makliker om iemand op Facebook ʼn idioot of nool te noem, en ʼn klomp likes te kry daarvoor, as om dit vir die persoon te sê en die seerkry of woede op hul gesig te sien. Dis soveel makliker om ferm opinies te vorm oor iemand wie jy nog nooit ontmoet het nie as om die moeite te doen om daai persoon in die regte lewe te leer ken en uit te vind hoekom hulle sekere standpunte huldig. Sosiale media is inherent antisosiaal omdat ons nooit regtig verantwoording hoef te doen vir ons woorde nie. Blok en delete is hoe ons verhoudinge handhaaf, eerder as uitpraat en verby skanse probeer verstaan.

Dis waar storievertellers, kunstenaars, fliekmakers, musikante so belangrik is. Noem ons die Q20 van die samelewing. Kunstenaars se taak is altyd om ʼn spieël in ons gesig te hou – om te reflekteer wat daar is, of om te wys wat moontlik is maar nog nie realiteit is nie. Kunstenaars is, uit die aard van wat ons doen, noodwendig die verpersoonliking van compati. Stories in alle vergestaltings glip verby skanse en konfronteer mense met hul diepste vrese of begeertes.

Sport en politiek, en soms selfs godsdiens, is inherent konfronterend en veronderstel wenners en verloorders. Compati vra dat ons ʼn ander manier vind, waar almal kan wen. Compati vra dat ons mekaar genoeg vertrou om die skanse te laat sak vir lank genoeg dat ons mekaar se mens-wees kan erken. Compati vra dat ons kyk verby seksuele oriëntasie, ouderdom, geslag, ras, ekonomiese status en al die eksterne merkers van insider-status, en erken dat ons almal in een of ander area van ons lewe outsiders is.

Die skadukant van politiek en godsdiens moedig ons aan om outsiders te verwerp. Compati vra dat ons juis daai outsiders toelaat om te wéés.

Soms herken die outsiders die foutlyne in ons samelewing eerste, juis omdat hulle nie deel van die groep is nie en dus helderder sien. Nie een van ons kan suksesvol ons normaal kritiseer nie. Dit kos soms ʼn outsider om ons te wys dat ons normaal glad nie so normaal is nie.

Compati vra dat ons die uitsluiting van ander stuit. Compati vra dat ons bewustelik die areas waar ons self anders is, vier en nie wegkruip asof andersheid ʼn skande is nie.

Compati vra dat ons onsself bemin, en dele van onsself in ander herken en vertroetel. Compati vra dat ons ons samelewing anders instel. Make the circle bigger.

Is dit regtig soveel gevra?

The post Compassion en godsdiens, politiek, sport: die onheilige drie-eenheid appeared first on LitNet.

Long shot: ’n resensie

$
0
0

Draaiboek: Dan Sterling en Liz Hannah
Regie: Jonathan Levine
Akteurs: Charlize Theron, Seth Rogen, O’Shea Jackson Jr, June Diane Raphael, Bob Odenkirk, Alexander Skarsgard, Lisa Kudrow

Wat Pretty woman in 1990 gedoen het, doen Long shot in 2019, maar getrou aan die tydsgees is die geslagte omgeruil. Dat die filmmakers weet dis ’n waagstuk, blyk reeds uit die titel, maar die verrassende is dat hulle dit sowaar regkry.

Charlotte Field (Charlize Theron), die Amerikaanse minister van buitelandse sake, sien ’n gaping om president te word, maar sy kort ’n goeie toespraakskrywer. Gelukkig is die knap joernalis Fred Flarsky (Seth Rogen) pas afgedank en kry hy die pos. Want sien, daar is ’n bietjie geskiedenis tussen hulle: Toe hy twaalf was, was sy die ambisieuse buurmeisie wat hom soms moes oppas, en hy was natuurlik doodverlief op haar. Dus ken hy haar van vóór sy haar in die haaitenk van die politiek, gevul met magtige ou wit mans, begeef het. Die grootste probleem? He doesn’t look the part in her world.

Hierdie fliek is so woke as kan kom. Dit tiek elke blokkie van wat nóú belangrik is: die omgewingskrisis, vroue in magsposisies, die korrupsie van geldmagnate, rassisme en selfs ’n bietjie godsdiensvooroordeel. En absoluut gepas berus die ontknoping op die mag van internetkommunikasie en sosiale media.

Vir ’n onpaar paar is daar seker nie ’n beter keuse as Charlize Theron en Seth Rogen nie. Rogen is Rogen is Rogen, maar Theron wys net weer dat sy waaragtig ’n goeie aktrise is.

Waarskuwing: Die humor en taalgebruik is hardebaard, maar daar was só lanklaas ’n kykbare romantiese komedie op ons kringloop dat ek hierdie een beslis aanbeveel.

Sterre: 4

The post <i>Long shot</i>: ’n resensie appeared first on LitNet.

Klein Klaas en Groot Klaas: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen

$
0
0

Vetaal en uitgebrei deu Olivia M Coetzee

In ʼn klein dorpie het daa eenkee twie manne gebly, en hulle het al twee dieselle naam gehad. Al twie se naam was Klaas. Die een Klaas het vie pêre gehad, ennie anne Klaas het net een gehad.

Nou die mense het aliewig deumekaa geraak mettie twie Klaase. Eendag toe besluitie oudste ouma innie dorpie dat om vi Klaas en Klaas uit mekaa uit te ken, moetie een Groot Klaas genoem wôd ennie anne een Klein Klaas.

Nou die mense wou wiet maa hoekô. Hulle het gevra: “Maa Groot Ma, hoekô wôd hulle dan soe genoem? Hulle is dan al twie net soe mae soes mekaa, ennie een issie langer dannie anne een nie?”

Groot Ma het geantwoord: “My kinners dis dan voo julle oë. Groot Klaas is Groot Klaas wan hy’t vie pêre, en Klein Klaas is Klein Klaas wan hy’t net een pêd.”

En soe van daai dag af was Groot Klaas Groot Klaas en Klein Klaas Klein Klaas. Nou vedag gat ôs hoo wat met hulle gebeerit, wan dié is wat regtag gebeerit.

Nou elke wiek wassit Klein Klaas se wêk om Groot Klaas se land te gat ploeg. Groot Klaas en Klein Klaas het ʼn deal gehad. Klein Klaas het sy een pêd vi Groot Klaas gelien deurie wiek om te help mettie ploeg, en Sondae dan kon Klein Klaas al Groot Klaas se pêre lien om sy eie land te ploeg. Maa as Klein Klaas met sy een pêd en Groot Klaas se vie pêrre geloep het, dan het hy gebrêk en gemaak soes allie pêre sy pêre is.

Op Sondae wanner Klein Klaas allie pêre gehad het, dan het hy sy swiep soe oo hulle geslat, wan dit het vi hom gevoel soes die pêre syne is. Die son het lekke warm geskyn ennie kêk se klokke het gelei soes hulle die mense uit roep, ennie mense het veby Klein Klaas se land geloep met hulle beste klere an en met hulle Bybels onne hulle arms. Amal op pad kêk toe om te gat hoo hoe die priedekant priek. En soes hulle veby Klein Klaas se land geloep het met sy vyf pêre wattie land ploeg, het hy sy swiep oorie pêre lat klap en gesê: “Ja-ja, my vyf pêre!”

Groot Klaas het daa angekô en gehoo hoe Klein Klaas skrie. Hy’t kwaad geraak en vi Klein Klaas gesê: “Djy, dié is mossie amal jou pêre nie,” het Groot Klaas geraas. “Djy wiet mos dis nettie een van dié wat an jou behoot!”

Maa Klein Klaas was min gespin oo wat Groot Klaas gesêrit, wan toe daa wee iemand veby kô, het Klein Klaas skoon vegiet wat Groot Klaas gesêrit en het hy maa net wee geskrie: “Ja-ja, my vyf pêre!”

Groot Klaas, wat oppie stoep gesit en koffie drink het, se ore het rooi geraak vannie kwaad, en hy skrie toe wee op Klein Klaas.

“Maa djy wil rêrigie hoo nie,” het Groot Klaas gesê. “As ek wee hoo djy sê so, dan gat ek ʼn hamme vat en jou pêd innie middel van sy kop slat. Dan sal djy nie mee ʼn pêd hettie. Soe gat ma aan met jou storie.”

“Nie man, Groot Klaas, djy’tie nodig om soe antegannie,” het Klein Klaas geraas. “Ek bedoelit mossie rêrigie, maa ek sallie wee nie.”

Klein Klaas het toe met daai belofte maa vêder sy land geploeg, maa dit wassie lankie toe kô stap daa wee ʼn paa mense veby Klein Klaas se land. Klein Klaas het vegiet van Groot Klaas wat oppie stoep sit. Die mense groet toe vi Klein Klaas en skrie dat hy moet ʼn goeie dag het. Klein Klaas het soe goed gevoel, en gedink maa hoe kwaai hy nie moet lyk om met vyf pêre sy veld te ploegie. En toe skrie hy maa net wee brêkerig: “Ja-ja, my vyf pêre!”

Groot Klaas het gehoo wat Klein Klaas gesê het, en uit sy stoel uit gespring,

“Nou gat djy sien wat maak ek met jou vyf pêre!” Hy’tie hamme gegruip wat langsie huis gelê het, en Klein Klaas se pêd oppie kop daamie gat slat. Klein Klaas se pêd het net daa dood neegeval.

Vevolg volgenne maand

The post <i>Klein Klaas en Groot Klaas</i>: ’n Sprokiesvehaal deu Hans Christian Andersen appeared first on LitNet.

Vonnisbespreking: Die beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassenheid

$
0
0

Vonnisbespreking: Die beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassenheid
Centre for Child Law v Media 24 Ltd 2018 2 SACR 696 (HHA)

Windell Nortje, Fakulteit Regte, Universiteit van Wes-Kaapland

LitNet Akademies Jaargang 16(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Abstract

The protection of the identity of minors at adulthood

The Constitution of 1996 emphasises the importance of protecting children's rights and that the best interests of the child should always be protected. However, the media’s constitutional right to freedom of expression is also important. The media play a significant role in reporting crimes as well as informing the community about recent events. The rights of the media are limited by the Criminal Procedure Act 51 of 1977 which provides for the protection of the identity of minors during criminal proceedings. This act protects child witnesses, victims and offenders. Consequently, the media are prohibited from disclosing the identity of minors, as it is important to protect the best interests of the child. Children affected by a crime must deal with the consequences of the crime in their lives. The disclosure of their identity causes further pressure and/or stress and can therefore not be justified. The fact that this protection expires when a child reaches the age of 18 was therefore questioned in the case under discussion by the Centre for Child Law. However, in Centre for Child Law v Media 24 Ltd 2017 2 SACR 416 (GP) the court held that the identity of minor witnesses, victims and offenders will not be protected after they reach the age of 18. The Supreme Court of Appeal agreed with this decision, but the Centre’s application for leave to appeal was granted. The matter will be further deliberated before the Constitutional Court. This paper critically analyses the importance of protecting the identity of minors upon their reaching adulthood as opposed to the media’s right to freedom of expression.

Keywords: adult; child development; emotional damage; media coverage; minors; non-disclosure of identity; publicity; Zephany Nurse

Trefwoorde: 18-jarige ouderdom; emosionele skade; kinderontwikkeling; mediadekking; minderjariges; ontwikkelingsfase; publisiteit; volwasse; verswyging van identiteit; Zephany Nurse

 

1. Inleiding

Minderjarige getuies, slagoffers en beskuldigdes verskyn daagliks in ons howe. Dit is belangrik dat die reg voorsiening maak vir die beskerming van hul regte voor en na strafregtelike verrigtinge. Dit sluit in die reg op die beskerming van hul identiteit, wat onder meer bepaal dat die media verbied word om hul identiteit in die media te versprei (sien bv. art. 154(3) van die Strafproseswet 51 van 1977). Van Niekerk (2017:61) lê klem daarop dat “[w]hen working with victimised children, particularly those who have experienced sexual abuse of any kind, disclosure of the abuse or neglect that they have experienced is particularly difficult and painful”. Inderdaad is dit nie net minderjarige slagoffers en getuies wie se reg op privaatheid en menswaardigheid geskend word wanneer hul identiteit bekend gemaak word nie. Die bekendmaking van die identiteit van ’n minderjarige beskuldigde by volwassenheid kan moontlik ook lei tot verdere stigma en trauma. Kfoury (1991:56) verduidelik dat “[p]ublication of a juvenile offender's identity is also criticized because it is seen as an attempt to inflict a form of punishment on the juvenile”. Hierdie punt word geïllustreer in verskeie Suid-Afrikaanse sake waar veral die beskuldigde se identiteit deur die media versprei is, wat direk daartoe gelei het dat die beskuldigde gevoel het asof hy of sy gestraf word. Hierdie praktyk moet ten alle koste vermy word.

Verskeie voorskrifte in die Strafproseswet, die Kinderwet 38 van 2005, asook internasionale reg bepaal dat die identiteit van minderjariges wat betrokke is by strafregtelike verrigtinge nie bekend gemaak mag word nie (art. 74 van die Kinderwet; art. 153(2) van die Strafproseswet handel oor getuies en art. 154(3) van die Strafproseswet oor beskuldigdes). Die beskerming van die identiteit van minderjarige getuies en oortreders onder die ouderdom van 18 jaar is onlangs deur die Noord-Gautengse Hooggeregshof in 2017 bevestig (Centre for Child Law v Media 24 Ltd 2017 2 SACR 416 (GP)). Die hof het beslis dat die beskerming wat minderjarige getuies en beskuldigdes geniet, verval wanneer hulle 18 jaar oud word. Die Sentrum vir Kinderregte het aansoek gedoen om verlof tot appèl teen die laasgenoemde aspek van die hof se uitspraak en die Hoogste Hof van Appèl het op 28 September 2018 sy uitspraak in Centre for Child Law v Media 24 Ltd 2018 2 SACR 696 (HHA) gelewer.

Die primêre oogmerk met hierdie bydrae is om vas te stel of minderjarige getuies, slagoffers en oortreders se identiteit by volwassenheid beskerm moet word. Vervolgens word die Suid-Afrikaanse regsposisie in hierdie verband ontleed. Hierna word die feite van die Centre for Child Law-saak (HHA) onder die loep geneem. Dan word die meerderheidsuitspraak met die minderheidsuitspraak vergelyk. Die artikel sluit af met ’n ontleding van die moontlike gevolge wat die bekendmaking van hul identiteit op minderjariges by volwassenheid het en hoe die kwessie voortaan benader kan word.

 

2. Suid-Afrikaanse wetgewing

Die Strafproseswet asook die Child Justice Act 75 van 2008 maak voorsiening vir die beskerming van die identiteit van minderjariges wat in strafregtelike verrigtinge betrokke is. Artikel 154(3) van die Strafproseswet, saamgelees met artikel 63(6) van die Child Justice Act,1 bepaal soos volg:

Niemand mag op enige wyse hoegenaamd enige inligting publiseer wat die identiteit openbaar of kan openbaar van ’n beskuldigde onder die ouderdom van agtien jaar of van ’n getuie by strafregtelike verrigtinge wat onder die ouderdom van agtien jaar is nie: Met dien verstande dat die voorsittende regter of regterlike amptenaar die publikasie van soveel van bedoelde inligting kan magtig as wat hy goedvind indien die publikasie daarvan na sy oordeel regverdig en billik en in belang van ’n bepaalde persoon sal wees. (Sien algemene bespreking in S v Pastoors 1986 4 SA 222 (W); sien ook Du Toit (Service 59) 2017:22−S; Joubert 2017:315.)

Die Strafproseswet soos dit tans daar uitsien, maak nie voorsiening vir die beskerming van die identiteit van slagoffers onder die ouderdom van 18 jaar nie, maar net van beskuldigdes en getuies. Hierdie posisie in die Strafproseswet was een van die kwessies wat die Sentrum van Kinderregte bevraagteken het en wat deur die Hoogste Hof van Appèl aangespreek moes word. Daarbenewens is dit problematies dat die Strafproseswet en die Child Justice Act nie voorsiening maak vir die beskerming van die identiteit van minderjariges wanneer hulle 18 jaar oud word nie. Sodra ’n persoon wie se identiteit deur die wet beskerm word, 18 jaar oud word, verval daardie persoon se reg op beskerming van sy/haar identiteit (sien oor die algemeen Joubert 2017:315; Du Toit (Service 59) 2017:22−42T).

Die relevante wetgewing verskaf geen riglyne met verwysing na die posisie van minderjarige beskuldigdes en getuies sodra hulle 18 jaar oud word nie. Daar word aangeneem dat hierdie kwessie oorgelaat word aan die minderjarige getuie of beskuldigde se regspan indien hulle wil aansoek doen om ’n verdere verbod op die bekendmaking van die betrokke meerderjarige se identiteit, soos die geval was in die Centre for Child Law-saak (sien oor die algemeen die hof a quo). Alhoewel die wetgewer die voorsittende beampte se rol met betrekking tot die bekendmaking van die identiteit van minderjarige getuies en beskuldigdes uiteensit, word daar geensins verwys na die rol wat voorsittende beamptes moontlik kan speel in die beskerming van die identiteit van minderjarige getuies en beskuldigdes sodra hulle 18 jaar oud word nie. Dit is verder onduidelik of die voorsittende beampte ’n beslissing kan maak wat die uitwerking sal hê dat die individu se identiteit beskerm word selfs nadat die individu 18 jaar oud geword het.

Internasionale reg bied ook geen riglyne aan ten opsigte van die beskerming van die identiteit van persone wat 18 jaar oud word nie. Nóg die Verenigde Nasies se Minimum Standaard Reëls vir die Administrasie van Kindergeregtigheid2 nóg die Konvensie oor die Regte van die Kind3 bevat enige bepalings rakende die bekendmaking of verdere verswyging van die identiteit van persone wanneer hulle die ouderdom van 18 jaar bereik nie.

Teen hierdie agtergrond is dit duidelik dat die reg nie beskerming verleen ten opsigte van die bekendmaking van die identiteit van minderjarige getuies, beskuldigdes en slagoffers by meerderjarigheid nie. Soos aangedui, het die Sentrum vir Kinderreg hierdie posisie in ons wetgewing in die Hoogste Hof van Appèl bevraagteken.

 

3. Feite

Die feite in die Hoogste Hof van Appèl is gebaseer op die feite soos vervat in die hof a quo. Zephany (hierna “die slagoffer”) was drie dae oud toe sy in 1997 uit die Groote Schuur Hospitaal in Kaapstad deur haar grootmaakma ontvoer is (Centre for Child Law (GP) par. 5). “Zephany” is die naam wat haar biologiese ouers vir haar gegee het. Die naam wat haar grootmaakouers vir haar gegee het, word tans beskerm. Die slagoffer se grootmaakma het haar as haar eie kind grootgemaak. Sy ken dus die persoon as haar ma, en is terselfdertyd baie lief vir haar grootmaakpa, wat geensins bewus was van die ontvoering nie. Hy was onder die indruk dat die slagoffer sy vrou se eie kind is – sy het almal om die bos gelei en hulle laat glo dat dit haar eie kind is (sien Petersen 2016). Na bewering het sy haar eie kind verloor toe sy nog vier maande swanger was. Sy het beweer dat die slagoffer se biologiese moeder die baba vir haar gegee het. Hierdie weergawe is deur die Wes-Kaapse Hooggeregshof verwerp en daar is aanvaar dat sy die slagoffer ontvoer het.

Nietemin, die slagoffer se grootmaakouers het haar blootgestel aan ’n omgewing waar sy beskerm en beskut gevoel het. Meer as 17 jaar na die ontvoering het die Nurses gehoor dat hul jongste dogter op skool bevriend geraak het met ’n meisie wat baie soos sy lyk (sien ook oor die algemeen Centre for Child Law (GP) par. 5). DNS-toetse het bepaal dat die nuwe vriendin wel haar suster is. Op 21 April 2015 het die Sentrum van Kinderregte in die Noord-Gautengse Hooggeregshof geslaag in hulle aansoek om ’n interim-interdik ten einde die anonimiteit van die slagoffer te beskerm (sien Centre for Child Law v Media 24 Ltd 2015-04-21saaknr. 23871/15 (GP) par. 2.1). Regter Bertelsmann het die publikasie van enige inligting wat die identiteit van die slagoffer bekend sou maak, verbied.

Sy is ook verder beskerm deurdat sy nie in die verhoor teen haar grootmaakma, die beskuldigde, moes getuig nie. Die naam van die beskuldigde is ook van die media weerhou. Die appellante (Centre for Child Law en andere) het in 2017 aansoek gedoen om ’n verklarende bevel by die Noord-Gautengse Hooggeregshof dat minderjarige getuies, slagoffers en oortreders se identiteit beskerm moet word by volwassenheid, iets waarvoor die wet nie voorsiening maak nie. Regter Hughes het in sy uitspraak beslis dat die beskerming wat artikel 154(3) bied, slegs op kinders toepaslik is en dat volwassenes hierby uitgesluit word (sien Centre for Child Law (GP) par. 68). Die appellante het hierdie uitspraak betwis en dit is hierdie appèl wat vervolgens bespreek word.

 

4. Beslissing

4.1 Meerderheidsuitspraak

Appèlregter Swain het die meerderheidsuitspraak gelewer (Van der Merwe en Maya ARR het saamgestem). Die uitspraak fokus op twee regsvrae, soos uiteengesit deur die Sentrum vir Kinderreg. Eerstens, moet artikel 154(3) van die Strafproseswet minderjarige slagoffers ook insluit? Tweedens, moet die identiteit van minderjariges wat beskerming geniet ingevolge artikel 154(3), ook beskerm word wanneer hulle 18 jaar oud word?

Die eerste regsvraag, alhoewel belangrik, word hier nie indringend bespreek nie, aangesien hierdie artikel op die tweede vraag fokus. Desnieteenstaande spreek appèlregter Swain (par. 29) hom soos volg daaroor uit:

Although the section grants anonymity to an accused and a witness at criminal proceedings who are under the age of 18 years, it offers no protection at all to the victim at criminal proceedings, who is also under the age of 18 years. The exclusion of child victims from the provisions of s 154(3) of the CPA, is irrational and in breach of s 9(1) of the Constitution, which guarantees the right to equal protection and benefit of the law to everyone. The denial of equal protection to child victims, who are equally vulnerable, cannot be justified.

Regter Swain bevind dus dat artikel 154(3) ongrondwetlik is in sover dit nie die identiteit van minderjarige slagoffers beskerm nie. Die wetgewer moet gevolglik hierdie wysiging aanbring, alhoewel die Konstitusionele Hof dit ook nog moet bevestig.

Die tweede regsvraag het te doen met die sogenaamde “adult extension”. Die “adult extension” verwys na die vraag of die identiteit van minderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers ook beskerming moet geniet as hulle 18 word – dus ’n verlenging van hul anonimiteit.

Regter Swain (par. 24) beantwoord hierdie vraag deur te verwys na die media se reg op vryheid van uitdrukking en dat volwassene-verlenging hierdie belangrike reg van die media moontlik kan skend. Waar die meerderheidsuitspraak verwys na die reg van die media, beklemtoon die minderheidsuitspraak weer die reg op privaatheid van die minderjarige wat volwasse raak. Die meerderheidsuitspraak verwys geensins na die reg op privaatheid van die minderjarige nie.

Regter Swain ontleed hierdie beperking op die media se reg op vryheid van uitdrukking krities ingevolge art. 36 van die Grondwet.4 Grondwetlike regte is nie absoluut nie en kan beperk word ingevolge ’n algemeen geldende regsvoorskrif. Die beperking moet onder meer ook redelik en regverdigbaar wees in ’n oop en demokratiese samelewing. In S v Makwanyane 1995 6 BCLR 665 (KH) par. 104 beslis die Konstitusionele Hof dat “[t]he limitation of constitutional rights for a purpose that is reasonable and necessary in a democratic society involves the weighing up of competing values, and ultimately an assessment based on proportionality”.5

Die mededingende regte in hierdie saak is: die media en pers se reg op vryheid van uitdrukking ingevolge artikel 16(1)(a) van die Grondwet tesame met die beginsel van ope geregtigheid (“the open justice principle”) enersyds, en andersyds die verlenging van die beskerming van die identiteit van minderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers wanneer hulle 18 jaar oud word (Centre for Child Law (HHA) par. 14). Hierdie oorweging, soos hier bo omvat in Makwanyane, is ’n proses wat gebaseer is op proporsionaliteit. Met ander woorde, regter Swain moet dus bepaal watter van die twee mededingende regte meer gewig dra in ’n oop en demokratiese samelewing en of die beperking van die grondwetlike reg redelik en regverdigbaar sou wees.6

Die appellante voer aan dat artikel 154(3) van die Strafproseswet problematies is, aangesien minderjariges die beskerming van hul identiteit verloor wanneer hulle 18 jaar oud word (Centre for Child Law (HHA) par. 10). Die appellante baseer hul argument op die beginsel dat “childhood actions or experiences that are felt in adulthood are also the proper concern of s 28(2) of the Constitution” (ibid). Artikel 28(2) van die Grondwet bepaal dat die beste belang van ’n kind ’n deurslaggewende rol moet speel in elke aspek van ’n kind se lewe. Die appellante beweer dat die insluiting van die “volwassene-verlenging”-beginsel sou verseker dat minderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers wat 18 jaar oud word, beskerm sou word teen die negatiewe effekte van die bekendmaking van hul identiteit (ibid). Daar word aan die hand gedoen dat dit inderdaad wel in die beste belang van enige kind is om nie blootgestel te word aan intense media-aanslae nie. ’n Praktiese voorbeeld hiervan is dat dit in die beste belang van Zephany Nurse was om nie haar ware identiteit bekend te maak toe sy 18 geword het nie.

Die mediarespondente voer daarteenoor aan dat artikel 154(3) slegs ten opsigte van kinders onder die ouderdom van 18 jaar toepassing vind en dat ’n volwassene-verlenging nie moontlik is nie (Centre for Child Law (HHA) par. 11). Regter Swain aanvaar hierdie argument en beslis dat artikel 154(3) baie duidelik uiteengesit is en nie beskerming verleen aan persone wat ouer as 18 jaar is nie (ibid;sien ook die bespreking in Du Toit (Service 59) 2017:22-42U).

Soos alreeds genoem, het die appellante verder beweer dat artikel 154(3) ongrondwetlik is weens die feit dat dit nie die identiteit van minderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers beskerm wanneer hulle 18 jaar oud word nie(Centre for Child Law (HHA) par. 13). Om hierdie bewering aan te spreek lê regter Swain sterk klem op die belangrikheid van die media en pers se reg op vryheid van uitdrukking in teenstelling met die reg van minderjariges om hul identiteit te beskerm wanneer hulle 18 jaar oud word. Hy verwys na verskeie sake waar die belangrikheid van die pers en die media se reg op vryheid van uitdrukking beklemtoon is. In Islamic Unity Convention v Independent Broadcasting Authority 2002 4 SA 294 (KH) par. 27 stel die Konstitusionele Hof dit uitdruklik soos volg:

Notwithstanding the fact that the right to freedom of expression and speech has always been recognised in the South African common law, we have recently emerged from a severely restrictive past where expression, especially political and artistic expression, was extensively circumscribed by various legislative enactments. The restrictions that were placed on expression were not only a denial of democracy itself, but also exacerbated the impact of the systemic violations of other fundamental human rights in South Africa.

Die pers en die media se grondwetlike reg om nuus te publiseer het teen ’n hoë prys gekom en die media is dus altyd vasbeslote om hul grondwetlike reg uit te oefen. In Johncom Media Investments Ltd v M 2009 4 SA 7 (KH) par. 28 het die Konstitusionele Hof beslis dat ’n beperking op die pers en media se reg op vryheid van uitdrukking nie net die media affekteer nie, maar ook die algemene publiek se reg om inligting te ontvang.7

Devenish (1996:58) waarsku egter dat

[r]obust and vigorous freedom of expression is fundamental to liberal democracy, but it does however precipitate enigmatic jurisprudential issues and complex and contentious problems that require dispassionate examination and a judicious weighing up of competing interests in a democratic body politic.

Dit is vanselfsprekend dat komplekse probleme ontstaan wanneer die media hul reg op vryheid van uitdrukking wil uitoefen ten opsigte van hofsake waar kinders betrokke is. Aan die een kant moet daar agting gegee word aan die regte van die media terwyl daar ook geensins afskeid geneem word van die beste belang van die kind nie.

Regter Swain sê verder dat ook die ope-geregtigheid-beginsel belemmer word deur die “adult extension”(Centre for Child Law (HHA) par. 26). Milo en Winks (2013:306) verklaar dat “[t]he principle of open justice has played an important part in marking South Africa’s historic transition from a repressive regime sustained by secrecy and tyranny to a democratic state founded on the values of ‘accountability, responsiveness and openness’” (sien ook art. 1 van die Grondwet; Currie en De Waal 2013:7−22). Ope geregtigheid word deur die Grondwet beskerm en die hof is van mening dat die volwassene-verlenging teenstrydig is met die grondwetlike waardes van openlikheid en geregtigheid soos vervat in artikel 1 van die Grondwet.8 Nietemin, die algemene beginsels met betrekking tot ope geregtigheid, soos ’n publieke verhoor, moet nie verwar word met die reg op vryheid van uitdrukking van die pers om die identiteit van individue tydens strafregtelike verrigtinge bekend te maak nie (Geis 1962:156).

Na aanleiding van die bogenoemde argumente en regsbeginsels beslis regter Swain (par. 27) soos volg:

It is clear that the adult extension severely restricts the right of the media to impart information and infringes the open justice principle. In the absence of any limitation on the nature and extent of the adult extension, the relief sought by the appellants is overbroad and does not strike an appropriate balance between the rights and interests involved. Accordingly, the proposed limitation on the right of the media to impart information is neither reasonable nor justifiable, in terms of s 36 of the Constitution. The constitutional challenge to the provisions of s 154(3) of the CPA on this basis, must accordingly fail.

Alhoewel regter Swain (par. 33) die appellante se saak van die hand gewys het, het hy wel genoem dat die kwessie rakende die “adult extension” van artikel 154(3) deur die wetgewer in die toekoms oorweeg kan word. Die hof (ibid.) was ook van mening dat dit nie die howe se plig is om wysigings aan wette aan te bring nie en dat die skeiding van magte gerespekteer moet word.

Daar word aan die hand gedoen dat die meerderheidsuitspraak meer klem kon gelê het op die beste belang van ’n kind en die moontlike impak wat die bekendmaking op kinders het. Dit wil voorkom of die hof liewer hierdie taak aan die wetgewer wou oorhandig. Dit is teleurstellend, aangesien die Hoogste Hof van Appèl die bevoegdheid het om te beslis of ’n sekere wet ongrondwetlik is of nie. Die minderheidsuitspraak het nietemin hierdie kwessie deeglik ontleed.

4.2 Minderheidsuitspraak

Appèlregter Willis lewer die minderheidsuitspraak (Mocumie AR het saamgestem). Die meerderheidsuitspraak en die minderheidsuitspraak verskil in verskeie opsigte.

Regter Willis (par. 40) beklemtoon dat die appellante nie ’n algehele verbod op die bekendmaking van die identiteit van minderjariges versoek nie. Artikel 154(3) van die Strafproseswet bepaal dat ’n voorsittende beampte ’n diskresie het om ’n bevel te maak wat die media toestemming gee om die identiteit van ’n minderjarige te publiseer (ibid.). Hy voer aan dat die appellante self erken dat elke saak op sy eie meriete aangehoor moet word en dat “practical difficulties, making the law cumbersome and burdensome, may arise if the net, requiring court authorisation of publication of the identity of the child victim is too widely cast” (par. 41).

Regter Willis verwys daarna kortliks na die mediarespondente se argumente. Eerstens maak hulle dit duidelik dat die beginsel van ope geregtigheid in ons land geld en dat dit ook ’n grondwetlike beginsel is soos verklaar deur die Konstitusionele Hof in Independent Newspapers (Pty) Ltd v Minister for Intelligence Services: In Re Masethla v President of the Republic of South Africa 2008 8 BCLR 771 (KH) par. 43 (sien ook Centre for Child Law v Media 24 Ltd 2018 2 SACR 696 (HHA) par. 56). Artikel 152 van die Strafproseswet asook artikel 32 van die Wet op Hoër Howe 10 van 2013 maak voorsiening vir die beginsel van ope geregtigheid. Die respondente argumenteer dat daar nie ’n balans gehandhaaf kan word tussen die beskerming van die identiteit van persone wat 18 jaar oud word en die regte van die media en ope geregtigheid nie (par. 55). Regter Willis (par. 56) aanvaar merendeels die argumente van die respondente ten opsigte van die belangrikheid van ope geregtigheid en dat hierdie beginsel noukeurig deur die regterlike gesag toegepas word.

Tweedens voer die respondente aan dat die voortdurende beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassenheid baie wyd is (par. 57). Hulle meen dat indien so ’n verbod goedgekeur word, daar in sekere gevalle geen inligting oor die kind of die kind se familie gepubliseer mag word nie, al is die publikasie tot voordeel van die kind wat meerderjarigheid bereik (ibid.). Die net sal so wyd versprei moet word dat byvoorbeeld ook kinders wat betrokke is in motorongelukke, en kinders wat heldedade verrig het, se identiteite beskerm moet word (parr. 57−8). Hulle beweer ook dat die voorgestelde verbod nie net die pers en media in die geheel affekteer nie, maar ook ander middele waardeur die identiteit van die persoon gepubliseer kan word (par. 57).

Alhoewel die respondente geldige punte genoem het, het hulle nie die volle impak van misdaad op minderjarige getuies, slagoffers en oortreders oorweeg nie. Dit is juis hierdie kwessie wat regter Willis verder in sy uitspraak ontleed.

Hy verwys na die uitspraak in Teddy Bear Clinic for Abused Children v Minister of Justice and Constitutional Development 2014 1 SACR 327 (KH)par. 1 waar dit uitdruklik gestel is dat “children merit special protection legislation that guards and enforces their rights and liberties”. Artikel 28(2) van die Grondwet lê klem daarop dat die beste belang van die kind van kardinale belang is in enige saak waarby ’n kind betrokke is.9 Regter Willis (par. 65) verwys vervolgens na die appellante se argumente wat konkrete voorbeelde ingesluit het wat die kompleksiteit van die kwessie rakende die beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassenheid beklemtoon.

Die eerste voorbeeld (ibid.) is dié van die persoon wat aangekla was van die destydse moord op Eugène Terre’Blanche. Die persoon was nog ’n minderjarige toe hy gearresteer is. Hy word vrygespreek van die moord ’n dag voordat hy 18 geword het. Die media het ’n dag na die uitspraak sy identiteit wyd gepubliseer (ibid.). Gevolglik het die persoon weens rassespanning en ’n vrees vir sy lewe sy tuisdorp, Ventersdorp, verlaat en spoorloos verdwyn (ibid.).

Die tweede geval (par. 66) is die alombekende saak van die Griekwastad-moordenaar wat sy hele familie vermoor het in 2012 toe hy slegs 15 jaar oud was (sien S v DD 2015 1 SACR 165 (NK); sien oor die algemeen Steenkamp 2014). Sy identiteit is tot meerderjarigheid beskerm. Op die dag van sy 18de verjaarsdag het verskeie mediahuise sy naam bekendgemaak, met een nuusartikel wat gelui het: “Meet [DS], the Griekwastad Killer”.

Die laaste geval (par. 68) was dié van “MVB”, ’n tienermeisie, wie se hele familie deur haar broer vermoor is. Sy het die voorval wonderbaarlik oorleef. Die media het eksklusief oor haar identiteit, haar skool, en waar sy behandeling ontvang het, berig (ibid.). Haar kurator, advokaat Louise Buikman, het ’n beëdigde verklaring ingedien wat die meisie se ervarings met betrekking tot die media se aanslae, asook haar emosionele skade beskryf het (ibid.). Ten spyte van ’n hofbevel en verskeie klagtes by die Mediaraad word die intieme besonderhede van die meisie steeds wyd in die media gepubliseer (ibid.).

Hierdie voorbeelde illustreer die kompleksiteite waarmee minderjariges wat volwassenes word, gekonfronteer word wanneer hulle betrokke is by misdade en waar nuus oor hierdie misdade wyd versprei word deur die media of slegs deur die plaaslike koerant gepubliseer word. Elke saak moet op sy eie meriete beoordeel word.

Regter Willis (par. 70) bespreek dan die belangrikheid van die pers se reg op vryheid van uitdrukking in teenstelling met die regte op menswaardigheid en privaatheid asook die beste belang van die kind. Die reg op vryheid van uitdrukking vervul ’n belangrike rol in die geval van minderjariges en meerderjariges wat 18 jaar oud word. Die regter (ibid.) verwys na verskeie gevalle waar die pers wel ’n invloedryke rol kan speel in die verspreiding van belangrike inligting waarby minderjariges betrokke is. Dit is byvoorbeeld belangrik om die gemeenskap in te lig oor die moontlike gevare van die ontvoering van babas by hospitale, soos gesien met die publikasie van inligting in die Zephany Nurse-geval. Bowendien, die publikasie van gevalle waar kinders betrokke is in seksuele misdade kan die gemeenskap bewus maak van die gevare wat hierdie misdade vir die welstand en ontwikkeling van kinders inhou (ibid.).

Hoewel die media ’n belangrike rol speel om die gemeenskap oor nuusgebeure in te lig, fokus hulle ook baie op sensasie en om hul lesers of kykers te vermaak (par. 71). In die konteks van die beste belang van die kind maan regter Willis (ibid.) dat “[t]here is, however, to be no ‘entertainment’ in such matters.” Hierdie stelling benadruk die belangrikheid van die beskerming van die identiteit van ’n kind in gevalle waar dit ooglopend is dat die wydverspreide publikasie van inligting oor die identiteit van ’n kind ’n negatiewe impak kan laat op die algehele ontwikkeling van die kind. Soos voorheen aangedui, is hierdie kwessie deur die meerderheid verwerp.

Dit moet nietemin ook hier genoem word dat die beste belang van ’n kind ingevolge artikel 28(2) nie ’n absolute reg is nie en ook beperk kan word deur artikel 36 van die Grondwet.10 Daar word aan die hand gedoen dat een van die primêre redes waarom appèlregter Swain die beginsel van die beste belang van ’n kind in hierdie saak van die hand gewys het, is dat die appellante ’n verlenging van die beskerming van die anonimiteit van 18-jariges gesoek het (oftewel van meerderjariges en volwassenes) en nie van “kinders” nie. Die probleem met hierdie benadering is dat kinders steeds ontwikkel nadat hul meerderjarigheid bereik en dat die bekendmaking van hul identiteit wanneer hulle 18 jaar oud word, ernstige nadelige effekte vir hierdie kinders kan inhou.

Nieteenstaande die belangrike rol wat die media in die samelewing vervul, kan hul grondwetlike reg op vryheid van uitdrukking in sekere gevalle beperk word. Daar moet in gedagte gehou word dat die appellante se aansoek nooit daarop gerig was om ’n algehele verbod te versoek teen die respondente nie, maar dat daar gefokus moet word op die beskerming van die identiteit van minderjariges wanneer die media oor hulle berig. Hierdie is ’n sensitiewe kwessie wat met privaatheid, omsigtigheid en respek gehanteer moet word. Regter Willis (par. 71; sien ook Johncom parr. 42−5) beskryf dit soos volg:

The appellants do not seek a blanket ban on reporting on the victims of crime. What they ask for is protection of their identity. It is this protection of identity – rather than a total ban on news reporting – that is so important and which strikes the balance between the freedom of expression, on the one hand and the aggregate of the rights to dignity, privacy and the best interests of the child, on the other.

Boonop, dit is nie die appellante se argument om die identiteit van alle minderjariges wat volwassenheid bereik te beskerm nie, maar net in sekere gevalle.

Een van die belangrikste oorwegings in die saak was om te beslis watter mededingende regte meer gewig dra in die spesifieke geval: die reg op vryheid van uitdrukking van die media of die reg op beskerming van die identiteit van kinders. Die respondente voer aan dat die hof dit in Johncom (parr. 30−1; sien ook Centre for Child Law (HHA) par. 72) duidelik gestel het dat die regte van die media met betrekking tot ope geregtigheid voorkeur geniet bo die regte van kinders wat hul identiteit wil beskerm. In Johncom het die hof gekyk na die kwessie of daar ’n algehele verbod moet wees op die publikasie van egskeidingsverrigtinge en watter impak dit op die beste belang van kinders sou hê. Alhoewel die hof die verbod van die hand gewys het, is regter Willis (par. 72) van mening dat die Johncom-uitspraak nie relevant is nie, aangesien dit uitsluitlik na egskeidingsverrigtinge verwys.

Regter Willis beklemtoon ook die belangrikheid van die reg op menswaardigheid en die reg op privaatheid soos in die Grondwet vervat en verwys na verskeie sake waar die verhouding tussen hierdie twee regte ontleed is. In Centre for Child Law v Minister of Justice and Constitutional Development (National Institute for Crime Prevention and the Re-Integration of Offenders as Amicus Curiae) 2009 11 BCLR 1105 (KH) bevind die hof onder meer dat die reëls met betrekking tot minimum strafoplegging nie op kinders van toepassing is nie;11 en in J v National Director of Public Prosecutions 2014 7 BCLR 764 (KH) par. 43 (sien ook Centre for Child Law v Media 24 Ltd 2018 2 SACR 696 (HHA) par. 77) voer die hof aan dat ’n volwassene beskerming geniet teen die insluiting van daardie persoon se naam in die register van seksuele misdrywe indien daardie persoon die misdrywe as ’n kind gepleeg het.

’n Persoon wat 18 jaar oud word se reg op menswaardigheid en privaatheid word nie beperk net omdat daardie persoon volwasse is nie. ’n Persoon se geestelike ontwikkeling duur voort jare na die persoon 18 jaar geword het; daar moet dus gewaak word daarteen om 18-jarige persone in dieselfde kategorie te plaas as volwassenes met verwysing na die ontwikkeling van die brein asook hul vermoë om belangrike keuses te maak (sien oor die algemeen Arain e.a. 2013; Wallis 2013). Hierdie argumente steun die posisie van die appellante en die uitspraak van regter Willis met verwysing na die verlenging van die beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassewording. In Suid-Afrika huiwer die pers en die media nie om verslag te lewer oor kwessies wat die gemeenskap beïnvloed nie. Daar word wel aan die hand gedoen dat die pers en die media nuusgebeure met betrekking tot kinders en jong volwassenes met sensitiwiteit moet benader, om sodoende die regte van die betrokke partye te beskerm, want dit is nie altyd duidelik hoe ’n saak die geestelike ontwikkeling van die jong persoon sal beïnvloed nie. Dit is veral pertinent in Suid-Afrika, waar kinders en vrouens gereeld slagoffers van gesinsgeweld is.

Die beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassenheid is wel nie uitsluitlik ’n Suid-Afrikaanse kwessie nie. Regter Willis verwys na etlike voorbeelde uit buitelandse wetgewing en regspraak, ’n regsaspek wat die meerderheidsuitspraak nie aangespreek het nie. Artikel 15A(1) van die Children’s Criminal Procedure Act 1987 in Australië bepaal dat die publikasie van die identiteit van diegene wat as kinders betrokke was in strafregtelike verrigtinge summier verbied word, selfs wanneer hulle volwassenes word (sien Centre for Child Law (HHA) par. 78). Die howe in Nieu-Seeland (sien R v Mcdonald [2015] NZHC 511) en Engeland (sien R v Secretary of State for Justice [2016] UKSC) bied konkrete regspraak wat bepaal dat dit noodsaaklik is in sekere gevalle om die identiteit van ’n kind wat volwassenheid bereik, te beskerm (sien ook Centre for Child Law (HHA) parr. 78−80). In JXMX v Dartford and Gravesham NHS Trust [2015] EWCA Civ 96 par. 34 (sien ook Centre for Child Law (HHA) par. 79)het die Engelse appèlhof aangevoer dat die anonimiteit van kinders hoër gestel moet word as die opegeregtigheidsbeginsel in gevalle waar die kind in strafverrigtinge betrokke is.

In nog ’n Engelse saak (T v the United Kingdom – 24724/94 [1999] ECHR and V v the United Kingdom – 24888/94 [1999] ECHR par. 7; sien ook Smith en Sueda 2008:6−7) het twee 10-jarige seuns, Jon Venables en Robert Thompson, in 1993 die tweejarige James Bulger naby Liverpool ontvoer en vermoor. Die twee beskuldigdes is skuldig bevind aan moord en ontvoering en is tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis (par. 20). Die Britse publiek asook die media het die aksies van die beskuldigdes skerp gekritiseer en dit het gelei tot ’n verandering in die Britse wetgewing ten opsigte van kindergeregtigheid (sien Venables & Thompson v News Group Newspapers Ltd[2001] EWHC 32 (QB); sien ook Davis en Bourhill 1997:29; Smith en Sueda 2008:5−6). Die beskuldigdes was bang dat hulle deur die publiek aangeval sou word na hul vrylating weens verskeie dreigemente teen hulle. Voor hul vrylating in 2001 beslis ’n Engelse hof dat hul identiteit permanent beskerm moet word en bevind dat die beskuldigdes se reg op lewe voorrang geniet bo die media se reg op vryheid van uitdrukking (ibid.). Die hof het gevolglik beslis dat die twee beskuldigdes nuwe identiteite moet ontvang. Hierdie beskerming geld lewenslank en die media is verbied om hul identiteite te publiseer (ibid.). In hierdie saak word die beskuldigdes se reg op lewe, en tot ’n sekere graad menswaardigheid en privaatheid, hoër geag as die reg van die media op vryheid van uitdrukking.

Die bespreking van buitelandse wetgewing en regspraak deur die Hoogste Hof van Appèl beklemtoon die belangrikheid van die regte van kinders in teenstelling met die regte van die media op vryheid van uitdrukking. Die voorbeelde illustreer verder hoe belangrik dit is om te verseker dat die kind se regte op menswaardigheid en privaatheid nie geskend moet word nie. Die regters in die minderheidsuitspraak was dus wel bevoeg om te verwys na die beskerming van die identiteit van minderjariges in ander lande en hoe Suid-Afrika moontlike lesse uit die regsvergelykende regspraak kan leer. Dit is jammer dat die meerderheidsuitspraak buitelandse regspraak vermy het.

Een van die pertinente regsvrae waarmee die hof geworstel het, is of die kind se regte op privaatheid en menswaardigheid beperk moet word wanneer daardie persoon volwassenheid bereik. Die meerderheidsuitspraak beslis dat hierdie regte wel beperk moet word, want die media se reg op vryheid van uitdrukking kan nie in dié geval beperk word nie. Regter Willis (par. 81) is egter van mening dat ’n kind se grondwetlike regte nie verval wanneer die kind 18 word nie en verklaar:

As a general rule, the passage of time does not, in and of itself, change rights. There may, of course, be exceptions. Access to secret material (“classified information”) in State archives would be an obvious example.

In sy meerderheidsuitspraak meen regter Swain dat die wet slegs voorsiening maak vir die beskerming van die identiteit van minderjariges en nie nadat hul volwassenes word nie. Regter Willis (par. 97) voer egter aan:

It is that the relevant time, which is determinative of the issue, is the time that the person was a child and not the time from which the child has become an adult. In my opinion it is obvious that if, in balancing the competing interests at stake in this matter, the fulcrum is the question of onus, the scales must tilt in favour of those who have become adults but were the victims of crime at a time when they were children.

Kinders wat betrokke is by misdade, moet saamleef met die gevolge daarvan en tyd kan ook nie daardie gebeure uitvee nie. Die media kan die lewe van so ’n persoon werklik ondraaglik maak en dit moet nie toegelaat word nie. Alhoewel die slagoffer, getuie of oortreder altyd daartoe kan instem dat die media sy of haar identiteit publiseer, beklemtoon regter Willis (par. 82; sien ook art. 9 van die Grondwet) dat “[t]he law prefers to come to the aid of the weak and vulnerable rather than the strong and powerful.”

Dit is voldoende om te sê dat hierdie opmerking van regter Willis ’n waterdigte lyn trek tussen die regte van die mediarespondente en die appellante. Die appellante se grondwetlike regte behoort hoër geag te word as die regte van die media, selfs wanneer die individu ’n volwassene word. Regter Willis (par. 83) verklaar verder:

A default position in law that allows for a retrospective intrusion into a person’s victimhood of crime as a child would, in my opinion, violate that person’s constitutional right to dignity. The knowledge, as a child, that one’s identity as a victim of crime may be revealed upon the attaining of one’s majority, may haunt that child, causing her considerable emotional stress. In my opinion, it verges on cruelty to sanction torment such as this.

Hierdie beskrywing skets ’n prentjie waar die media se voortdurende reg op publikasie van die identiteit van minderjariges by volwassenheid ’n negatiewe impak op die verdere ontwikkeling van so ’n persoon sal hê. Die grondwetlike reg van die media op vryheid van uitdrukking mag beperk word indien dit redelik en regverdigbaar is ingevolge artikel 36 van die Grondwet. Regter Willis (par. 86) verklaar dat dit inderdaad redelik en regverdigbaar is dat die identiteit van minderjarige getuies, slagoffers en oortreders beskerm moet word by volwassewording. Indien die media se reg op vryheid van uitdrukking in hierdie konteks beperk word, vereis dit ’n minimale opoffering van die media. Regter Willis (ibid.) meen dat die identiteit van kinders wat volwassenheid bereik, nie relevant in die publieke sfeer is nie. Daar word aan die hand gedoen dat dit ’n opoffering is wat redelik en regverdigbaar is in vergelyking met die reg op menswaardigheid en privaatheid van die minderjarige wat volwassenheid bereik. Soos aangedui, het die appellante nooit aangevoer dat ’n algehele verbod verklaar moet word ten opsigte van die identiteite van minderjarige slagoffers, getuies en oortreders nie.

Indien die minderheidsuitspraak die meerderheidsuitspraak sou vervang, sou die volgende relevante verklarings gegeld het: (1) Artikel 154(3) van die Strafproseswet is ongrondwetlik omrede dit nie die identiteit beskerm van kinders wat volwassenheid bereik in strafregtelike verrigtinge nie. (2) Die parlement word versoek om die volgende bepaling by artikel 154 van Strafproseswet te voeg:

(3A) Children subject to subsection 3 above do not forfeit the protections afforded by that subsection upon reaching the age of eighteen years but may, upon reaching adulthood, consent to publication of their identity. (Sien Centre for Child Law (HHA) par. 104.)

Die Sentrum vir Kinderregte het teen die beslissing van die Hoogste Hof van Appèl geappelleer. Verlof tot appèl is toegestaan en die saak sal deur die Konstitusionele Hof beslis word. Die net van beskerming sal baie wyd versprei word indien elke minderjarige getuie, slagoffer en oortreder wat volwassenheid bereik se identiteit beskerm word. Die identiteit van ’n kind wat ’n sjokolade gesteel het toe hy 16 was, sal waarskynlik nie deur die media bekend gemaak word wanneer daardie persoon 18 word nie. Hierdie kwessie is slegs van toepassing op kinders wat betrokke is by sensasionele sake wat uit die aard van die saak die meeste van die tyd die media se aandag gaan trek. Daar word aan die hand gedoen dat elke saak op meriete beslis moet word. Die ideaal is dat die media moet besef dat hulle nie die identiteit van kinders wat betrokke was by strafregtelike verrigtinge, bekend kan maak nie, al word daardie kind 18 jaar oud.

 

5. Die gevolge van die bekendmaking van sy/haar identiteit op die ontwikkeling van die minderjarige by volwassewording

Terwyl regter Willis die negatiewe effekte van die bekendmaking van die identiteit van minderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers bespreek het, het regter Swain verkies om hierdie onderwerp eerder te vermy. Daar word aan die hand gedoen dat hierdie aspek van die saak nie onder die mat gevee kan word nie. Soos in die minderheidsuitspraak bespreek, word kinders wat 18 jaar oud word nie ewe skielik volwassenes net omdat hulle 18 jaar oud word nie. Hulle is nog besig om te ontwikkel. In Centre for Child Law v Minister for Justice and Constitutional Development 2009 2 SACR 477 (KH) parr. 35, 39 voer die hof aan dat “[j]uveniles are still engaged in the process of defining their own identity.” Die hof (par. 39) verklaar verder dat “[t]here is no intrinsic magic in the age of 18, except that in many contexts it has been accepted as marking the transition from childhood to adulthood.” Hierdie gesag beklemtoon die belangrike punt dat persone wat 18 jaar oud word, steeds ontwikkel en dat die ouderdom van 18 jaar nie beteken dat kinders ten volle ontwikkel is wanneer hulle die ouderdom bereik nie. Dus kan die bekendmaking van die identiteit van minderjariges by volwassenheid daartoe lei dat die individue nie ’n kans gegun word om ten volle te ontwikkel of om werklik te verstaan wat hulle gedoen het nie, soos in die geval van die Griekwastad-moordenaar (sien Hamman en Nortje 2016:738) en die ander gevalle wat hier bo bespreek is.

Die Hoogste Hof van Appèl moes bepaal of dit in die beste belang van die kind is om die identiteit van die kind by volwassewording bekend te maak. Daar word aan die hand gedoen dat die omstandighede van die kind ook in ag geneem moet word wanneer die kind se identiteit bekend gemaak gaan word. (Sien die bespreking in Gillespie en Bettinson 2007:119, waar die skrywers sekere Engelse hofsake ontleed waar die howe ook versuim het om die omstandighede van die kind in ag te neem.) Terselfdertyd moet die hof ook die reg van die pers en die media op vryheid van uitdrukking oorweeg het. Hierdie toets van proporsionaliteit kan nie eensydig toegepas word net omdat meerderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers nie die beskerming ingevolge artikel 28(2) van die Grondwet en artikel 154(3) van die Strafproseswet geniet nie. Die feit dat artikel 154(3) nie beskerming verleen aan minderjariges wat volwassenheid bereik nie, is problematies en vatbaar vir kritiek.

Gillespie en Bettinson (2007:119) verwys na die positiewe verpligting wat op die staat rus om te verseker dat die persoonlike integriteit en menseregte van elke individu beskerm moet word. Hierdie verpligting kom veral na vore wanneer die pers en die media die identiteit van ’n individu wil bekend maak met die gevolg dat die moontlike bekendmaking die integriteit en menseregte van die individu kan skend (ibid.). Dus is die feit dat artikel 154(3) nie beskerming verleen aan die identiteit van kinders wat meerderjarig raak nie, nie op een lyn met die Grondwet nie. Artikel 1 van die Grondwet bepaal onder meer dat menswaardigheid sentraal is tot die fondament waarop Suid-Afrika gebou is. Daar word aan die hand gedoen dat die menswaardigheid van kinders geskend word wanneer hul identiteit bekend gemaak word by meerderjarigheid waar dit duidelik is dat die bekendmaking ernstige nadelige gevolge vir die persoon inhou. Dieselfde argument geld met betrekking tot die kind se reg op privaatheid.

Die voortdurende beskerming van die identiteit van meerderjariges kan ook geregverdig word omdat die vrees dat hul identiteit as volwassenes bekend gemaak kan word, hulle benadeel wanneer hulle nog kinders is. Om die regte van die pers en die media bo die regte van ’n kind in so ’n situasie te ag, is ondenkbaar en moet krities heroorweeg word.

Soos alreeds genoem, is minderjariges wat meerderjarig raak, nog besig om geestelik te ontwikkel. Dit is ’n kwessie wat die reg in ag moet neem, al klassifiseer kinders as volwassenes wanneer hulle 18 jaar oud word en oor dieselfde kam geskeer word as volwassenes wat baie ouer as hulle is. Arain e.a. (2013: 451; sien oor die algemeen ook Gavin e.a. 2009) voer aan dat

there are characteristic developmental changes that almost all adolescents experience during their transition from childhood to adulthood. It is well established that the brain undergoes a “rewiring” process that is not complete until approximately 25 years of age.

Die Griekwastad-moordenaar, asook die ander gevalle wat deur regter Willis ontleed is, het almal een kwessie gemeen: Die betrokke individu wat 18 jaar oud geraak het, het nie uitgesien na die dag wanneer sy of haar identiteit in die media bekend gemaak sou word nie. Hierdie vrees ontstaan juis omdat die individu in ’n kritieke fase van sy of haar geestelike ontwikkeling is en dit moeilik vind om te aanvaar dat hy of sy deur die media verneder sal word. Hierdie vernedering is ongegrond en moet veroordeel word. Die Griekwastad-moordenaar sal vir ewig gebrandmerk word as ’n moordenaar. Daar is duisende ander kinders wat dieselfde lot in die gesig staar. Indien Zephany se identiteit blootgestel word, sal sy bekend wees as die baba wat ontvoer is uit ’n hospitaal en die persoon wat haar ontvoer het as haar werklike moeder aanvaar het − iets wat die media bloot as sensasionele nuus beskou. Die media se reg op vryheid van uitdrukking kan nie belangriker geag word as die reg van die persoon om anoniem te bly nie.

Dit is vanselfsprekend dat nie elke minderjarige wat meerderjarig word se identiteit beskerm sal word nie, omrede daar duisende gevalle is waar kinders misdade pleeg en hierdie misdade nie in die media gedek word nie. Dit is slegs ernstige misdade wat die media se aandag trek. Kfoury (1991:66) verduidelik dat “[v]iolent juvenile crime and serious property offenses seem to be the particular targets of firm policies favoring exposure of juvenile offenders”. Die Griekwastad-moorde asook die Van Breda-moorde is voorbeelde van gevalle wat altyd mediadekking sal geniet. Dit is daarom belangrik om veral in hierdie gevalle te verseker dat enige minderjariges wat by hierdie misdade betrokke is, met sensitiwiteit hanteer moet word. Die vraag ontstaan of hierdie minderjariges steeds in wol toegedraai moet word wanneer hulle 18 jaar oud word. Ek is van die mening dat hulle steeds hierdie beskerming moet geniet wanneer hulle meerderjarigheid bereik, aangesien hul regte op menswaardigheid en privaatheid ingevolge die Grondwet andersins geskend sou word. Veral in die geval van minderjarige beskuldiges wat meerderjarig raak, maak dit nie sin om hierdie groep persone se identiteite bekend te maak indien dit hul rehabilitasie gaan belemmer nie (Kfoury 1991:67). Dit word nie net as ’n mislukking van die kant van die regterlike gesag beskou nie, maar ook van die staat in sy geheel, aangesien die staat ’n verantwoordelikheid teenoor elke gevangene ten opsigte van rehabilitasie het.

’n Moontlike oplossing vir hierdie dilemma word kortliks soos volg ontleed. Dit kom voor of die toepassing van ’n weerlegbare vermoede wel in hierdie verband toepassing kan vind. In Suid-Afrika bestaan daar byvoorbeeld ’n weerlegbare vermoede dat ’n kind tussen die ouderdom van 10 en 14 nie toerekeningsvatbaar is nie (art. 7(2) van die Child Justice Act; sien ook Schoeman 2016:36−7; Burchell 2016:259−62; Kemp 2012:157−160; Snyman 2012:184−7). Die onus rus nietemin op die staat om te bewys dat die kind wel toerekeningsvatbaar is; dit het tot gevolg dat die staat wel die minderjarige kan vervolg (art. 7(2) van die Child Justice Act). In die geval van minderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers van misdade, word die volgende weerlegbare vermoede aan die hand gedoen: Daar bestaan ’n weerlegbare vermoede in strafregtelike verrigtinge dat minderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers wat 18 jaar oud word se identiteite hoegenaamd nie op enige wyse gepubliseer mag word nie.

Dit beteken dus dat die pers en die media die identiteit van ’n meerderjarige kan publiseer slegs indien hulle die vermoede kan weerlê dat die identiteit van die meerderjarige wel bekend gemaak moet word. Hierdie voorstel verseker ook dat die beste belang van die meerderjarige asook die pers en die media se reg op vryheid van uitdrukking in ag geneem word. Die pers se reg op vryheid van uitdrukking word sodoende nie ten volle beperk nie. Die finale beslissing behoort by die howe te rus.

 

6. Gevolgtrekking

Die bekendmaking van die identiteit van minderjarige getuies, slagoffers en oortreders by volwassenheid val wel binne die grondwetlike regte van die media, maar die 18-jarige se grondwetlike regte word terselfdertyd in sekere gevalle geskend waar die persoon se identiteit alombekend is en wydverspreid gepubliseer word. Die media hou verskeie gevare in vir die ontwikkeling van minderjarige getuies, slagoffers en oortreders nadat hulle 18 jaar oud word. Howe is dus onder toenemende druk om die regte van minderjarige jeugdiges by volwassewording te beskerm, soos gesien in die Zephany Nurse-geval, terwyl hulle terselfdertyd die grondwetlike regte van die media moet oorweeg (art. 16 van die Grondwet; Currie en De Waal 2005:343; sien ook oor die algemeen New York Times Co v United States 403 US 713 (1971)).

Hierdie bydrae ondersteun die minderheidsuitspraak van die Hoogste Hof van Appèl. Minderjarige getuies, slagoffers en oortreders se identiteit ontwikkel tot na hulle volwassenheid bereik, en om hulle oor te laat aan die media se genade is nie in die beste belang van ’n minderjarige wat volwassenheid bereik nie. Kinders wat betrokke is by strafregtelike verrigtinge behoort dieselfde regte te geniet as enige ander individu, en die gepaardgaande beskerming van hul identiteit moet voorrang geniet indien dit sigbaar is dat die betrokke kind nadelig beïnvloed gaan word deur die bekendmaking van sy of haar identiteit. Alhoewel die artikel fokus op die bekendmaking van die identiteit van minderjariges by meerderjarigheid, moet daar ook klem op gelê word dat meer gedoen kan word om die media te verbied om die identiteit van minderjarige beskuldigdes, getuies en slagoffers te publiseer. Daar word gehoop dat die Konstitusionele Hof oor dié kwessie in die voetspore van die Hoogste Hof van Appèl se minderheidsuitspraak sal volg om sodoende beskerming te verleen aan ’n spesifieke groep jong mense wat nog besig is om hul identiteit te vind.

 

Bibliografie

Arain, M. e.a. 2013. Maturation of the adolescent brain. Neuropsychiatric Disease and Treatment, 9:449−61.

Burchell, J. 2016. Principles of criminal law, 5de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Currie, I. en J. de Waal. 2013. The Bill of Rights handbook,6de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Davis, H. en M. Bourhill. 2007. “Crisis”: The demonization of children and young people. In Scraton 2007.

Devenish, G.E. 1998. A Commentary on the South African Constitution. Durban: Butterworths.

Du Toit, E. e.a. 2015. Commentary on the Criminal Procedure Act, Volume 2. Kaapstad: Juta.

Fitz-Gibbon, K. en W. O’Brien. 2017. The naming of child homicide offenders in England and Wales: The need for a change in law and practice. The British Journal of Criminology, 57:1061−79.

Gavin, L. e.a. 2009. Sexual and reproductive health of persons aged 10–24 years – United States, 2002–2007. Morbidity and Mortality Weekly Report, 58(6):1–58.

Geis, G. 1962. Publication of the names of juvenile felons. Montana Law Review, 23(2):141−57.

Gillespie, A.A. en V. Bettinson. 2007. Preventing secondary victimisation through anonymity. The Modern Law Review Limited, 70(1):114−38.

Hamman A. en W. Nortje. 2016. Die bekendmaking van die identiteit van anonieme minderjariges by meerderjarigheid: regverdigbaar of nie? LitNet Akademies, 13(2):730−52.

Joubert, J.J. (red.). 2017. Criminal procedure handbook, 12de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Kemp, G. e.a. 2012. Criminal law in South Africa. Kaapstad: Oxford University Press.

Kemp, G., S.S. Terblanche en M.M. Watney. 2017. Strafprosesreg vonnisbundel, 2de uitgawe. Kaapstad: Juta.

Kfoury, P.R. 1991. Confidentiality and the juvenile offender. New England Journal on Criminal and Civil Confinement, 17:55−67.

Milo, D. en B. Winks. 2013. Homeland: The development of the principle of open justice to protect South Africans from abuse of their asylum system. Journal of Media Law, 5(2):306−21.

Petersen, T. Zephany Nurse mom betrayal will sting, says judge. News24. https://www.news24.com/SouthAfrica/News/zephany-nurse-mom-betrayal-will-sting-says-judge-20160815 (8 April 2019 geraadpleeg).

Schoeman, M.I. 2016. Determining the age of criminal capacity: Acting in the best interest of children in conflict with the law. SA Crime Quarterly, 57:35−42.

Scraton, P. 2007. “Childhood” in “crisis”?. Londen: Routledge.

Smith D. en K. Sueda. 2008. The killing of children by children as a symptom of national crisis: Reactions in Britain and Japan. Criminology and Criminal Justice, 8(1):5−25.

Snyman, C.R. 2012. Strafreg, 6de uitgawe. Durban: LexisNexis.

Steenkamp, J. 2014. The Griekwastad murders: The crime that shook South Africa. Cape Town: Penguin Random House.

Terblanche S.S. 2016. A guide to sentencing in South Africa, 3de uitgawe. Durban: LexisNexis.

Trasen, J.L. 1995. Privacy v. public access to juvenile court proceedings: Do closed hearings protect the child or the system? Boston College Third World Law Journal, 15(2):359−84.

Van Niekerk, J. 2017. Should minors be identified after turning 18? Servamus, 110(10):61.

Wallis, L. 2013. Is 25 the new cut-off point for adulthood? BBC News. https://www.bbc.com/news/magazine-24173194 (7 April 2019 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Die hoofdoel van The Child Justice Act is om ’n aparte strafregstelsel vir kinders te skep. Indien die Child Justice Act nie ’n spesifieke behoefte van ’n saak waar ’n kind betrokke is, kan aanspreek nie, sal die ekwivalente bepalings van die Strafproseswet in die aangeleentheid geld. Sien Kemp, Terblanche en Watney (2017:451). Sien ook oor die algemeen De Vos NO v Minister of Justice and Constitutional Development 2015 2 SACR 217 (KH).

2 United Nations Standard Minimum Rules for the Administration of Juvenile Justice, 1985. Die Beijing-reёls is op 29 November 1985 deur die Algemene Vergadering Resolusie 40/33 gepromulgeer.

3 Die verdrag is op 20 November 1989 gepromulgeer en op 2 September 1990 bekragtig.

4 Art. 36 van die Grondwet bepaal: “Die regte in die Handves van Regte kan slegs kragtens ’n algemeen geldende regsvoorskrif beperk word in die mate waarin die beperking redelik en regverdigbaar is in ’n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid, met inagneming van alle tersaaklike faktore, met inbegrip van – (a) die aard van die reg; (b) die belangrikheid van die doel van die beperking; (c) die aard en omvang van die beperking; (d) die verband tussen die beperking en die doel daarvan; en (e) ’n minder beperkende wyse om die doel te bereik.”

5 Sien ook Johncom Media Investments Ltd v M 2009 4 SA 7 (KH) par. 24, waar die hof bepaal dat “[t]he process of determining whether a limitation is reasonable and justifiable within the contemplation of s 36 involves the balancing of competing interests. It entails taking account of the considerations enumerated in s 36. This process has been described as a proportionality analysis.” Sien verder Currie en De Waal (2013:163); Devenish (1996:91).

6 Devenish 1996:46 verklaar dat “[t]he 1996 Constitution, as well the position with the interim Constitution, does not provide for an express hierarchy of rights and the courts are therefore called upon to judiciously balance the competing interests and values and determine the precedence of one right over another in the context in which the clash occurs by reference to the standard of boni mores of the community. Sien ook Gardener v Whitaker 1995 2 SA 672 (OK); Mandela v Falati 1995 1 SA 251 (W).

7 Sien ook Joubert (2017:314); Currie en De Waal (2013:343–4). In Holomisa v Argus Newspapers 1996 2 SA 588 (W) parr. 855−6 verduidelik Cameron R dat die pers en die media, in vergelyking met gewone individue, nie ’n verhoogde vorm van grondwetlike beskerming geniet nie.

8 Die beginsel van ope geregtigheid word ook beskerm deur art. 35(3)(c) van die Grondwet wat bepaal dat “[e]lke beskuldigde persoon [...] die reg [het] op ’n billike verhoor, waarby inbegrepe is die reg – (c) op ’n openbare verhoor voor ’n gewone hof”. Sien ook Joubert (2017:314); Currie en De Waal (2013:795).

9 Sien De Reuck v Director of Public Prosecutions, Witwatersrand Local Division 2004 1 SA 406 (KH) par. 65. Die algemene beginsel van die beste belang van ’n kind is alreeds voor die aanvang van die Grondwet in Fletcher v Fletcher 1948 1 SA 130 (A) deur wetgewing bespreek asook gereguleer, nl. deur die Child Care Act 74 van 1983. Sien Devenish (1996:75); Currie en De Waal (2013:619−21). Sien ook Burchell (2016:26).

10 Sien oor die algemeen Centre for Child Law v Minister of Justice and Constitutional Development 2009 2 SACR 477 (KH) par. 25; Minister of Welfare and Population Development v Fitzpatrick 2000 3 SA 422 (KH) par. 17. Sien ook Terblanche (2016:358); Joubert (2017:315); Du Toit (Service 59) 2017:22-42U).

11 Sien ook Centre for Child Law v Minister of Justice and Constitutional Development (National Institute for Crime Prevention and the Re-Integration of Offenders as Amicus Curiae) 2009 2 SACR 477 (KH) parr. 24−38; Centre for Child Law v Media 24 Ltd 2018 2 SACR 696 (HHA) par. 77.

The post Vonnisbespreking: Die beskerming van die identiteit van minderjariges by volwassenheid appeared first on LitNet.

Om sin te maak. Pleidooi vir ’n gesprek tussen organisasiekunde en hermeneutiek

$
0
0

Om sin te maak. Pleidooi vir ’n gesprek tussen organisasiekunde en hermeneutiek

Bernard Lategan, Stellenbosse Instituut vir Gevorderde Navorsing; Departement Inligtingwetenskap, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 16(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die artikel vestig die aandag op ’n belangrike nuwe ondersoek in organisasiekunde, naamlik die doktorale navorsing van Christiaan Maasdorp soos onder meer vervat in sy proefskrif getitel “Narrativity and organisation: an investigation in sensemaking theory” (Universiteit Stellenbosch 2018). In die eerste gedeelte van die artikel word Maasdorp se kritiek op Robert Weick se teorie van “sensemaking” in organisasies bespreek. In die tweede gedeelte word Maasdorp se voorstel ontleed om leemtes in hierdie teorie met insigte uit Ricoeur se hermeneutiese filosofie te verbeter en te versterk. Dit gaan hierby veral om Ricoeur se opvatting van narratiewe identiteit wat volgens Maasdorp ’n stewiger basis en ’n meer geskikte raamwerk bied vir wat Weick wil bereik. In die slotgedeelte word aspekte van Ricoeur se benadering wat Maasdorp nie voldoende benut nie, aan die orde gestel. Dit raak veral die verandering en vernuwing in en van organisasies wat in Ricoeur se begrip van die herbeskrywing van die werklikheid opgesluit lê. Maasdorp het ’n gesprek begin wat verder voortgesit behoort te word.

Trefwoorde: herbeskrywing van die werklikheid; hermeneutiek; narratiewe identiteit; organisasieteorie; sinskepping; Ricoeur; Weick

 

Abstract

Sensemaking. A plea for a conversation between organisation theory and hermeneutics

The article has a threefold purpose: To introduce an important new doctoral study in organisation theory; to provide a critical overview of core aspects of the dissertation and to develop these further; and to stimulate a conversation between sensemaking theory and hermeneutics.

The dissertation in question is Christiaan Maasdorp’s “Narrativity and organisation: an investigation in sensemaking theory” for which he was awarded a PhD degree by Stellenbosch University in 2018. Sensemaking is a key concept in organisation theory which was introduced and developed by Karl Weick. His pioneering work made him a well-known figure among a wide group of followers. Maasdorp recognises the importance of his contribution, but argues that Weick’s theory also contains serious defects and that hermeneutics, and more especially the work of Paul Ricoeur, has much to offer to rectify these shortcomings.

Maasdorp’s study represents the first sustained attempt to initiate a conversation between hermeneutics and organisation theory. The never-ending quest for understanding and for interpretation is a core pursuit and a generic competency required in many fields which - apart from classical expressions in philosophy and theology - encompasses historiography, jurisprudence, literature and many more fields. Surprisingly, Weick developed his theory (apart from a few cursory references) without any serious engagement with hermeneutics. The present article discusses the need for this long overdue interdisciplinary interaction in three stages. The first part provides an overview of Weick’s concept of sensemaking and its development within organisation theory. The second analyses Maasdorp’s critique of Weick’s approach and his proposed remedy based on Ricoeur’s insights, and more specifically on the latter’s concept of a narrative identity. The concluding part offers an own contribution by exploring aspects of Ricoeur’s philosophy which Maasdorp does not exploit sufficiently.

Weick’s efforts to provide an alternative to existing approaches in organisation theory (culminating in his Sensemaking in organizations of 1995) are premised on a shift from institution to process. In the formulation of Maasdorp, “Weick focuses on enactment by organisational actors whilst institutionalism focuses on the sedimentation of rationalislation”. This leads Weick to explore the (by now well-known) seven features of the sensemaking process: It is retrospective because it makes sense of what already has happened (any form of forecasting therefore has little value if it does not take this retrospective dimension into account); it is enactive of sensible environments in the sense that we partly produce the environments we are facing; it is social because sensemaking is never a monologue, but proceeds from interaction with others; it is ongoing and iterative, as part of an open system which never reaches final closure; it is focused on clues extracted from the overflow of data and proceeds from frames imposed on this data; it is driven by plausibility rather than accuracy because decisions cannot be deferred until all possible information is gathered and processed; and it is grounded in identity construction in so far as the identity of the organisation is essentially formed by the sensemaking process and by the decisions and actions resulting from this process.

The issue of identity provides the starting point for Maasdorp’s critique of Weick. His main objection is that Weick does not develop a strong enough theoretical framework to explain the core features of organisations. He relies too strongly on social psychology and interpretative sociology and therefore remains caught up in a positivist paradigm. Part of the problem is that Weick’s theory developed through various phases. What started as a theory of enactment to explain the interaction within organisations shifted to the cognitive and interpretive aspects of organisation and finally concentrated on the non-rational elements of the organising process. Weick also does not distinguish clearly enough between sensemaking as a theory, as an observable phenomenon in organisations, and as a set of behaviours.

The result, according to Maasdorp, is that Weick’s approach lacks the necessary continuity and backbone to serve as a consistent and predictable theory. This pertains especially to his concept of identity in organisations, which Maasdorp regards as the Achilles heel of his theory. Although Weick’s use of the ESR string (Enactment - Selection - Retention) creates the impression of a syntagmatic sequence, it represents in reality a paradigmatic exchange of elements which stand in a synchronic relationship to one another.

Maasdorp argues that Ricoeur offers a more convincing alternative. The latter’s concept of a narrative identity provides a more solid foundation and more promising possibilities for exactly what Weick has in mind. Weick certainly acknowledges the value of “stories” in the context of organisations and sees them as one of the “vocabularies” which decision-makers may use to make sense of a situation. The reference to the “use” of stories, however, reveals their secondary function in Weick’s estimation. The narrative dimension does not represent a core formative element – neither of the process itself nor of the identity which results from this process. In Maasdorp’s words: “We know much about stories in organisations, but little about the story of organisation and even less about organisation as story.

Ricoeur’s elaboration of the threefold role of mimesis in the formation of identity provides not only a more robust theoretical framework but also a better explanation of the narrative structure of identity itself (which can also be applied to organisations). Identity expresses itself in narrative form and enables the meaningful interpretation of reality and of time. Incidental and contingent events become meaningful when they are strung together according to their own logic (of muthos, fable, plot) and thus become significant. “Time becomes human to the extent that it is organized after the matter of a narrative; narrative, in turn, is meaningful to the extent that it portrays the features of temporal experience” (Ricoeur 1984:3).

Maasdorp makes a persuasive case as far as his main argument is concerned, and his proposal for an alternative approach merits serious consideration. Just as importantly, he demonstrates the need for – and the advantages of - an interdisciplinary dialogue of this kind between organisation theory and hermeneutics. In an attempt to take this conversation a step further, the final part of the article discusses further possibilities inherent in the approach of Ricoeur. Of special importance – in addition to the nature of identity – is the issue of change in organisations. In this regard Ricoeur’s ideas about the “re-figuration” and “re-description” of reality call for further exploration. The power of narrative vests not only in the ability to provide continuity amidst change, but also to effect change. The mediating potential of narrative, the Umweg which presupposes a distancing from and even a stepping out of reality in order to gain a new perspective on and an alternative configuration of that reality, holds considerable potential for change on the individual level, but also on the level of organisations.

Keywords: hermeneutics; narrative identity; organisation theory; redescription of reality; Ricoeur; sensemaking; Weick

 

1. Inleiding

Die doel van hierdie artikel is drieledig: Om ’n belangrike nuwe doktorale proefskrif wyer bekend te stel; om die insigte wat hierdie studie bied, krities te bespreek en verder te ontwikkel; en om ’n gesprek tussen organisasiekunde en hermeneutiek aan te moedig.

Die proefskrif waarom dit hier gaan is Christiaan Maasdorp se “Narrativity and Organisation: An Investigation in Sensemaking Theory” wat in 2018 deur die Universiteit Stellenbosch vir die DPhil-graad aanvaar is. Maasdorp is verbonde aan die Departement Inligtingkunde waar hy onder andere vir Organisasiekunde en Kennisbestuur verantwoordelik is.

Maasdorp ondersoek ’n konsep wat deur Karl Weick, die bekende organisasiekenner, aan die orde gestel is, naamlik “sensemaking” (SM).1 Dit is ’n ongewone begrip wat Weick op ’n eiesoortige wyse ontwikkel het en wat wye bekendheid in organisasiekringe geniet. Die reikwydte en besondere betekenis van hierdie konsep sal hieronder in meer besonderhede bespreek word. Maasdorp voer aan dat SM bepaalde voordele inhou en inderdaad ’n groot bydrae tot die ontwikkeling van organisasiekunde gemaak het. Nogtans vertoon die begrip en Weick se gebruik daarvan volgens hom ook ernstige leemtes.

Die belangrikheid van Maasdorp se studie is onder andere daarin geleë dat dit die eerste stap is om ’n gesprek tussen organisasiekunde en hermeneutiek op dreef te kry. Dis ’n broodnodige en te lank uitgestelde onderneming. Om die betekenis daarvan duidelik te maak, is dit eers nodig om die agtergrond en ontwikkeling van Weick se benadering binne organisasiekunde in meer besonderhede te skets. Daarna volg ’n bespreking van Maasdorp se kritiek op Weick en van sy eie voorstelle om hierdie leemtes aan te spreek met behulp van konsepte wat Ricoeur ontwikkel het. In die slotgedeelte word gepoog om ’n eie bydrae te lewer deur belangrike insigte van Ricoeur wat Maasdorp nie voldoende benut nie, toe te lig.

 

2. Die oorsprong en ontwikkeling van “sensemaking” (SM)

Organisasieteorie het die afgelope paar dekades groot veranderinge ondergaan en tot ’n wye veld van ondersoek ontwikkel. Dit bestaan uit ’n groot verskeidenheid van vertakkinge en substrome wat op uiteenlopende kognitiewe benaderings geskoei is. Maasdorp (2018:3–19) bied ’n goeie oorsig van die terrein. Hy dui aan dat organisasieteorie tans deur drie hoofstrome oorheers word wat berus op perspektiewe afkomstig uit bevolkingsekologie, die transaksiekoste-benadering en die sogenaamde skool van institusionele teorie. Hannan en Freeman (1977) het byvoorbeeld insigte uit bevolkingsekologie gebruik om die ontstaan en ontwikkeling van organisasiestrukture te verklaar, veral in wisselwerking met hul omgewing. Die transaksiekoste-benadering bied ’n ekonomiese perspektief op organisasies en ondersoek die bydrae wat die organisasie van ’n firma kan maak om transaksiekostes te verlaag deur onder andere ’n optimale balans tussen interne en eksterne transaksies te vind (bv. Williamson 1981). Institusionele teorie bou voort op Weber se nalatenskap om organisasievorme te bestudeer en deesdae veral hoe faktore (benewens rasionele struktuur en effektiwiteit) die kontinuïteit en konstantheid van organisasies kan verbeter (bv. DiMaggio en Powell 1983). Binne hierdie drie hoofrigtings is daar egter steeds ’n groot mate van verskeidenheid en verskille (Maasdorp 2018:5).

Dis teen hierdie agtergrond dat Weick sy idees oor SM ontwikkel, wat in wese as ’n kritiek op en ’n alternatief vir die status quo verstaan kan word. Hoewel hy baie van die bestaande insigte probeer integreer, is daar subtiele maar belangrike verskille. Een hiervan is die skuif van die naamwoord organisasie na die werkwoord organiseer. Hy is meer geïnteresseerd in hoe die proses van organisering werk as in die resultaat daarvan in die vorm van ’n georganiseerde struktuur. Hy is ook meer oop vir die vloeibaarheid wat organisering veronderstel en vir die bydrae van intersubjektiewe prosesse, as in vaste vorme. “Put simply, Weick focuses on enactment by organizational actors whilst institutionalism focuses on the sedimentation of rationalisation” (Maasdorp 2018:6–7). Dit stel hom in staat om meer te konsentreer op die bydrae wat rolspelers maak en op hoe hulle selfverstaan die proses van organisering help stuur. Sodoende slaag hy daarin om sogenaamde voor-rasionele elemente en die verskynsel dat rolspelers dikwels agterna hul besluite rasionaliseer, in sy teorie te verreken.

Dit is dus belangrik om die historiese konteks en spesifieke doel wat Weick met die ontwikkeling van hierdie eiesoortige begrip in gedagte gehad het, voortdurend voor oë te hou. Dit het sy oorsprong nie in enige filosofiese of metateoretiese bespiegeling nie, maar in die harde werklikheid van die sakewêreld waar ondernemings op ’n deurlopende basis besluite moet neem in vinnig-veranderende omstandighede ter wille van die onderneming se eie oorlewing en van sy (hopelik) suksesvolle bedryf.

SM kom dus tot sy reg in die gestamp en gestoot van die werklike lewe, die wêreld van aksie, waar konkrete en kritieke besluite geneem moet word wat ewe konkrete gevolge meebring. Dit is in hierdie eksistensiële konteks dat SM gedy, of liewer, waar SM noodsaaklik vir die oorlewing van die organisasie of besigheid is. Vir Weick verteenwoordig interpretasie ’n latere stap in die proses. Sy aandag is op wat interpretasie voorafgaan, wat interpretasie in die eerste plek nodig maak. Dit is situasies van uiterste onwaarskynlikheid of ongeloofwaardigheid wat meestal as sneller vir SM dien. Weick (1995:4) verwys na die voorbeeld van kindermishandeling (die sg. “battered child syndrome” of BCS). Vir baie lank is hierdie verskynsel selfs deur professionele praktisyns ontken omdat dit haas onmoontlik was om te aanvaar dat ouers hulle eie kinders oor ’n lang tydperk mishandel. Selfs die terminologie het saamgespeel om die werklike toedrag van sake te verbloem. “Doelbewuste slegte behandeling” (“intentional ill treatment”) was die eufemisme waaragter die werklike “mishandelde kind” (“battered child”) skuilgegaan het. (’n Meer eietydse voorbeeld in ’n tyd van kommissies van ondersoek hier te lande is “onregmatige besteding” wat die roue werklikheid van “staatskaping” of “rampokkery” probeer versag.)

Verder gaan dit vir Weick ook nie in die eerste plek oor die vind van antwoorde wat as die eindresultaat van ’n verstaanproses ontdek word nie, maar oor die formulering van die regte vrae. Dit strook met sy siening van hoe die SM-proses verloop, soos hier bo aangedui is.

Die beginpunt is volgens Weick om die probleem te verstaan en dit duidelik te omskryf. Probleme dien hulleself nie pasklaar aan nie – die behoefte aan SM word eerder veroorsaak deur omstandighede wat onduidelik, verwarrend en onseker is. Uit hierdie “grondstowwe” moet die eintlike probleem gekonstrueer en geformuleer word. Dit is die eerste stap in die SM-proses: “(The practitioner) must make sense of an uncertain situation that initially makes no sense” (Weick 1995:9). Die formulering van die probleem vorm terselfdertyd die raamwerk vir die proses wat gaan volg en bepaal watter aspekte in ag geneem en watter uitgesluit gaan word. “Problem setting is a process in which, interactively, we name the things to which we will attend and frame the context in which we will attend to them” (1995:9). Hy haal met groot instemming ’n stelling van Wallas aan wat feitlik die mantra vir Weick se eie verstaan van SM word: “The little girl had the making of a poet in her who, being told to be sure of her meaning before she spoke, said: ‘How can I know what I think till I see what I say?’” (Wallas, aangehaal in Weick 1995:12).

SM is dus van meet af ’n generatiewe proses, in die sin dat iets eers geproduseer moet word voordat dit geïnterpreteer kan word. “Sensemaking is about authoring as well as interpretation, creation as well as discovery” (1995:8). Vir Weick bestaan daar dus ’n wesenlike onderskeid tussen interpretasie en SM. By SM is volgens hom die klem altyd op die proses, terwyl interpretasie (wat ook prosesmatig verloop) op die produk of uitkoms gerig is. Interpretasie veronderstel dat daar reeds “iets” voorhande is wat ontdek en aan die lig gebring kan word. “Sensemaking, however, is less about discovery than it is about invention. To engage in sensemaking is to construct, filter, frame, […] and render the subjective into something more tangible” (1995:13–4).

Om hierdie rede kan Weick beweer dat hoewel SMook as ’n proses van voortgaande opklaring beskryf kan word, hierdie opklaring dikwels in trurat geskied. Die groter duidelikheid wat algaande verkry word, werp ook lig op aanvanklike aannames en hoe die probleem gekonsipieer is – en lei tot retrospektiewe verbeterings of aanpassings van hierdie aannames of vraagstellings. Weick is in hierdie verband sterk beïnvloed deur die studie van Garfinkel (1967) oor hoe besluitneming onder jurielede in hofsake in die praktyk geskied. Garfinkel het bevind dat jurielede – anders as wat normaalweg aangeneem word – nie éérs alle feite en tersaaklike getuienis opweeg en dan tot ’n uitspraak kom nie. Jurielede kom in werklikheid redelik vroeg in ’n hofgeding tot ’n oordeel of die beskuldigde skuldig of onskuldig is en regverdig hul besluit dan retrospektief deur die feite en getuienis wat hierdie oordeel staaf te selekteer.

’n Merkwaardige aspek van Weick se werk (en wat van groot belang is vir die gesprek tussen organisasiekunde en hermeneutiek wat later ter sprake sal kom) is die praktiese afwesigheid van enige hermeneutiese invloede op die ontwikkeling van sy teorie. Hy gee ’n indrukwekkende oorsig van die bronne en van die ontwikkeling van SM in die geskiedenis van organisasiekunde en haal meer as vyftig belangrike publikasies aan (1995:65–9). Nie een van hierdie bronne kom uit ’n filosofiese, en meer spesifiek ’n hermeneutiese, hoek nie. Weick self maak slegs ’n terloopse opmerking oor die werk van Burrell en Morgan (1979) waarin hulle verwys na teoretici wat werk met “the ideas of hermeneutics, phenomenology, and symbolic interaction” (1995:34), sonder om hierdie idees enigsins substansieel te bespreek. (Vgl. ook Maasdorp 2018:34, 43 oor indirekte verwysings na Dilthey en Heidegger.)

Hoewel Weick gebruik maak van insigte wat hy uit verskeie vertakkinge van organisasieteorie oorneem, ontwikkel hy ’n eie benadering. Sy eerste verkennings (Weick 1979; Daft en Weick 1984) lei tot ’n volwaardige teorie (Weick 1995) wat hy in latere publikasies verder verfyn (Weick, Sutcliffe en Obstfeld 2003; Weick 2005). Hy maak dit self duidelik (1995:64–9) hoe wyd die veld strek. Daar bestaan geen twyfel dat Weick groot aansien in organisasiekunde en verwante kringe geniet nie (vgl. Maasdorp 2018:40–2). In hierdie artikel konsentreer ons op sy Sensemaking in organizations (1995) wat die mees omvattende uiteensetting van SM bevat.

Volgens Weick onderskei die proses van SM hom van ander vorme van verstaan en interpretasie deur sewe deurslaggewende kenmerke: Dit is gewortel in identiteitskonstruksie, retrospektief van aard, vind plaas in sinskeppende omgewings, is sosiaal, deurlopend, gefokus op leidrade, en gedrewe deur waarskynlikheid eerder as sekerheid (Weick 1995:17). Omdat identiteitskonstruksie, of die vorming van identiteit, die sleuteleienskap is en ook die aansluitingspunt vorm vir Maasdorp se kritiek op Weick, som ons eers die ander ses eienskappe op (vgl. ook Maasdorp 2018:19–22).

Sin kan slegs alleen terugskouend gemaak word van gebeure wat alreeds plaasgevind het en beleef is. Die oomblik wanneer ’n belewenis verwoord word, is dit reeds iets van die verlede. Verder is die afloop van die gebeure reeds bekend, en dit het ’n besliste invloed op hoe die verloop gerekonstrueer word en watter waarde aan spesifieke momente geheg word. Die waardes wat vir die individu of organisasie belangrik is, speel daarom ’n rol in die keuse van wat “belangrik” aan ’n spesifieke gebeurtenis is. Trouens, betekenis is nie iets ekstra wat van buite aan gebeure “toegeken” word nie – betekenis lê reeds opgesluit in die wyse waarop na hierdie gebeure gekyk word. Die probleem is gewoonlik nie dat daar te min moontlike betekenisse of ’n gebrek aan inligting is nie – daar is meestal te veel betekenisse waartussen gekies moet word. Die implikasie vir SM is dat geen vorm van vooruitskatting of strategiese beplanning enige waarde het as dit nie van meet af vanuit hierdie retrospektiewe perspektief geskied nie.

Die sinskeppende omgewing waarvan Weick praat, verwys beide na hoe die omgewing geskep word en na die skeppende uitwerking wat van hierdie omgewing uitgaan. Te dikwels word na “die” omgewing verwys asof dit ’n alleenstaande entiteit is. Wat misgekyk word, is ons eie aandeel aan hoe die omgewing gevorm word en wat die gevolge daarvan is. Die wyse waarop ek ’n wingerd snoei, het ’n direkte invloed op hoe die stokke gaan produseer – hoeveel druiwe, hoeveel intensiteit van kleur en geur, en watter tipe wyn. Hierdie “mede-aandadigheid” geld op dieselfde wyse vir organisasies – die lede speel ’n aktiewe rol in hierdie verband. “I use the word enactment to preserve the fact that, in organizational life, people often produce part of the environment they face” (Weick 1995:30).Die wisselwerking tussen akteur en omgewing berus op voortdurende terugvoering en wedersydse uitruiling - soos bioloë wat lewende organismes bestudeer, reeds lankal weet.

Hieruit vloei vanself voort dat ’n soortgelyke wisselwerking ook tussen rolspelers in die organisasie plaasvind en dat die sin wat deur SM gegenereer word, gevolglik ook sosiaal van aard is. Selfs op individuele vlak is die sinmaakproses nie ’n “alleenspraak” nie – soos Weick daarop wys (1995:18), is daar altyd ’n “parliament of selves” in een en dieselfde individu betrokke. Dit geld soveel te meer vir kollektiewe verstaanprosesse, waar betekenis in werklikheid op die intersubjektiewe vlak gegenereer word. In die organisasie geskied dit in die teenwoordigheid van, en met insette van, ander en berus die uitvoering op die instemming, samewerking en bydrae van ander. Om te verstaan en om tot ’n besluit te kom is tot ’n groot mate afhanklik van “gedeelde goedere” – gedeelte taal, kodes, begrip, waardes en doelwitte.

Die verdere implikasie is dat SM ’n deurlopende en iteratiewe proses is. Die kenmerkende eienskap van oop sisteme is dat dit onafgeslote bly – beide na agter en na voor. Ons bevind ons altyd “in the middle of things” en die tydsnitte wat ons maak, is altyd ’n kunsmatige (en tydelike) onderbreking van hierdie vloei van dinge. Weick (1995:43) verwys hier terloops na Dilthey se konsep van die hermeneutiese sirkel, wat ’n ander manier is om hierdie deurlopende proses te beskryf en wat nooit regtig ’n begin het en ook nooit tot ’n einde kom nie. Die substraat van vloeibaarheid is verwant aan Heidegger se idee van “geworpenheid”, soos Winograd en Flores (1986:34–6) aandui. Op dieselfde wyse is SM en besluitneming in organisasies nooit ’n voltooide proses nie. Dit gebeur aan die lopende band en word voortgestu deur insidente op verskillende vlakke en van verskillende aard: die bekendstelling van ’n nuwe produk, ’n bespreking ter plaatse, strategiese-beplanning-sessies, ’n begrotingsvergadering (Weick 1995:45). Onderbrekings skep die geleentheid vir herbesinning en aanpassing om die proses weer op die spoor te bring, maar kan ook die katalisator wees wat emosies (negatief en positief) losmaak – emosies wat (as dit reg gebruik word) ’n vasgelope situasie kan ontknoop en weer aan die gang kan kry. Weick wil dus doelbewus die rol van emosie (gebaseer op herinnering) as deel van sy teorie verreken (Weick 1995:49).

SM berus verder op seleksie, of liewer, op hoe leidrade in die verstaanproses uitgekies en ingespan word. Soos hier bo reeds op gewys is, word die probleme waarmee SM gekonfronteer word, meestal nie veroorsaak deur ’n gebrek aan inligting nie, maar eerder deur ’n oormaat daarvan. Om sin te maak berus op die vermoë om te onderskei en om te midde van ’n magdom van gegewens en stimuli op die wesenlike te konsentreer. Soos ’n magneet wat deur ’n hoop saagsels getrek word slegs die ystervysels aantrek, word slegs sekere elemente in die SM-proses geaktiveer. Maar wat bepaal wat wesenlik is en wat nie? Dit is dikwels nie die prominente aspekte wat die belangrikste sleutel bied vir die verstaanproses nie, maar eerder die onopvallende en subtiele aanduidings. Die bedrewe SM-praktisyn moet dus die vermoë ontwikkel om tussen die lyne te lees, om onder die radar te kom, om tot die subteks deur te dring. Die literatuurwetenskap het lankal al die waarde daarvan ontdek om “teen die grein in” te lees, om verborge nuanses (die sogenaamde “hidden transcript” – Scott 1990) aan die lig te bring.

Die spesifieke leidrade wat deur die SM-proses opgespoor en as vertrekpunte gebruik word, is dikwels verteenwoordigend van groter entiteite. ’n Materiaalmonster in die klerebedryf is nie net ’n stuk lap nie, maar sê terselfdertyd ook iets van die herkoms, vervaardigingsproses en moontlik duursaamheid van die kledingstuk wat daarvan vervaardig gaan word. Weick (1995:50) gebruik graag “saad” as metafoor om hierdie uitdyende vermoë van kriptiese leidrade en van die SM-proses self te verduidelik. Dikwels is dit net nodig vir die leier om sy of haar geloof in die kernwaardes en ideale van die organisasie te bevestig om in ’n situasie van verwarring en onsekerheid weer rigting te gee en sy medelede tot optrede te inspireer. Die leidrade dien as ‘t ware as verwysingspunte om die proses op koers te hou. Daarbenewens vorm die konteks die onmisbare raamwerk wat aan die basiese leidrade hul betekenis en trefkrag gee en wat dien as klankbord vir die voortgaande wisselwerking waarsonder die proses van SM nie moontlik is nie.

Uit die voorgaande volg dit dat geloofwaardigheid eerder as akkuraatheid by SM die deurslag gee. Hierdie voorkeur hang saam met die onafgeronde aard van SM, dit wil sê met die feit dat besluite in organisasies nooit op basis van volledige inligting of absolute sekerheid geneem word nie. Verder gee die pragmatiese konteks van SM voorkeur aan insigte en begrip wat sinvolle optrede ondersteun en nie soseer omvattende en andersins akkurate kennis nie. ’n Firma wat in finansiële nood verkeer, kan minder by gedetailleerde markontledings of ’n oorsig van globale tendense baat as by konkrete maatreëls om likwiditeit te verseker en om sy skuldverpligtinge na te kom. Die tydsfaktor speel ’n belangrike rol wat besluite en optrede vereis sodra daar redelike duidelikheid en genoegsame inligting is om te reageer. Trouens, te veel besonderhede kan verwarrend en verlammend wees en dit onmoontlik maak om op die wesenlike te konsentreer. In die woorde van Weick (1995:60-61):

If accuracy is nice but not necessary in sensemaking, then what is necessary? The answer is, something that preserves plausibility and coherence, something that is reasonable and memorable, something that embodies past experience and expectations, something that resonates with other people, something that can be constructed retrospectively but also can be used prospectively, something that captures both feeling and thought, something that allows for embellishment to fit current oddities, something that is fun to construct. In short, what is necessary in sensemaking is a good story.

Die finale kenmerk van SM(wat in werklikheid eerste op Weick se lys verskyn), is die rol van identiteitsvorming. Ek bespreek dit laaste omdat dit die aansluitingspunt vir Maasdorp se kritiek vorm, maar ook omdat die kwessie van identiteit veel wyer implikasies inhou (vgl. Lategan 2014; 2017).

Identiteit speel volgens Weick veral om twee redes ’n belangrike rol in SM. Die eerste is dat die maak van sin ’n sin-maker veronderstel wat as “outeur” optree en in ’n doelbewuste handeling sin tot stand bring (die sogenaamde “authoring” van sin). Die identiteit van die sinmaker speel hierin ’n belangrike rol. Die vorm van identiteit wat hier ter sprake is – beide as die selfbeeld wat die sinmaker van hom- of haarself het en as die wyse waarop ander na die sinmaker kyk – word gevorm deur ’n aanhoudende wisselwerking tussen hierdie twee vorme van identiteit. Ons selfbeeld (dit waaraan ons dikwels as ons “reputasie” dink) is nie iets waaroor ons self alleen besluit of beskik nie. Dit is uiters kwesbaar vir hoe ander ons sien en wat hulle van ons dink en word sterk hierdeur beïnvloed.

Wat vir die enkeling geld, geld in ’n selfs groter mate vir kollektiewe of “korporatiewe” identiteit. Die “ons” wat herhaaldelik in firmas se slagspreuke voorkom (byvoorbeeld “Ons lewer stiptelike en betroubare diens”) beskryf nie alleen hoe ondernemings hulleself sien nie, maar hoe hulle hoop dat hulle kliënte hul ervaar. Onlangs het verskeie voertuie van ’n bekende motorvervaardiger spontaan aan die brand geslaan. Die wyse waarop die vervaardiger gereageer en die krisis hanteer het (ontkenning, skynbaar onsimpatiek teenoor die slagoffers), het groot skade aan hul reputasie aangerig en uiteindelik tot ernstige selfondersoek aanleiding gegee.

Tweedens is daar van meet af ’n “meervoudigheid” betrokke by die vorming van identiteit. Selfs die enkeling tree nie in afsondering op nie, maar verteenwoordig in sigself reeds ’n “parliament of selves”. Weick (1995:18–20) haal in hierdie verband ’n gedig van Pablo Neruda (“We are many”) met goedkeuring aan.2 Dieselfde geld – weer eens in groter mate – in organisasies en ander vorme van kollektiewe identiteit waar identiteitsvorming deur dieselfde vorm van meervoudige en wedersydse wisselwerking tot stand kom. Die mening van die ander funksioneer as ’n spieël waarin ons onsself sien. Weick verwys na die opmerking wat Cooley reeds in 1902 gemaak het: “The thing that moves us to pride or shame is not the mere mechanical reflection of ourselves, but an imputed sentiment, the imagined effect of this reflection upon another’s mind. […] We always imagine, and in imagining share, the judgements of the other mind” (Cooley 1902:153).

Vir Weick is die belangrike punt dat die maak van sin direk voortvloei uit die individu of groep se diepgesetelde behoefte aan identiteit – meer presies, aan ’n positiewe selfbeeld. Voortdurende sinmaking is noodsaaklik om ’n positiewe, konstante selfbeeld konsekwent te handhaaf. Die ongemak wat ander se oordeel veroorsaak, die bewuswording van dissonansie tussen selfbeeld en die beeld van die ander skep die geleentheid vir deurlopende aanpassing en korreksie. Om sin te maak van jouself is die eerste stap om sin van die wêreld te maak.

Teen hierdie agtergrond kan nou nader op Maasdorp se kritiek ingegaan word.

 

3. Maasdorp se kritiek op Weick

Die invalshoek van Maasdorp se kritiek op Weick se idees is juis die belangrike rol wat identiteit in laasgenoemde se opvatting van SM speel. Hierdie aspek moet egter as deel van Weick se omvattende organisasieteorie verstaan word. Maasdorp se hoofbeswaar is dat Weick nie konsekwent in sy argumentasie is nie en nie ’n sterk genoeg teoretiese basis ontwikkel om verskynsels wat eie aan organisasieteorie is te verklaar nie. Volgens Maasdorp verlaat Weick hom te veel op psigologie en verklarende sosiologie en benut hy nie insigte wat filosofiese hermeneutiek kan bied nie. Van die sosioloë op wie Weick steun (soos Berger en Luckmann), is wel deur fenomenologiese filosofie beïnvloed en Weick verwys ook (soos ons reeds gesien het) indirek na insigte van Heidegger, maar in wese berus sy benadering op aannames wat eie aan sosialekonstruksieteorieë is eerder as aan filosofiese insigte (Maasdorp 2018:7). Die gevolg is dat Weick in ’n positivistiese denkraamwerk vasgevang bly. Maasdorp wil aantoon dat filosofiese hermeneutiek, en met name Ricoeur as filosofiese hermeneut, ’n belangrike bydrae kan lewer om die leemtes van Weick se teorie aan te spreek en om dit wesenlik verder te ontwikkel.

Die inkonsekwentheid wat Maasdorp by Weick bespeur, is deels te wyte aan die feit dat sy teorie oor tyd ontwikkel en deur verskillende fases beweeg het. Dit het oorspronklik begin as ’n teorie van handeling om die interaksies binne organisasies te verklaar. Sy aandag het toe verskuif na die kognitiewe en verklarende aspekte van organisasies om uiteindelik op die nierasionele dimensie van die organiseringsproses te konsentreer. Hoewel hy met die begrip organizational sensemaking ’n sekere mate van teoretiese respektabiliteit aan die hierdie veld van ondersoek verleen het, het die teoretiese aspekte daarvan steeds onderontwikkeld gebly. Die probleem word vererger deurdat baie van die empiriese ondersoeke wat deur ander navorsers onderneem is en wat op Weick se idees gebaseer is, nie die ontologiese vertrekpunte waarop sy teorie gebaseer is, deel nie. Verder onderskei Weick self nie duidelik genoeg tussen SM as ’n teorie, as ’n verskynsel in die praktyk van organisasies en as die naam vir ’n bepaalde stel gedragspatrone nie. Dit hang saam met wat sy kritici as ’n gebrek aan kritiese bewussyn ervaar deurdat die fokus van sy ondersoek die subjektiewe ervarings van deelnemers in die sinmaakproses is, terwyl die navorsers self (Weick en sy ondersteuners) hulle eie waarneming en beoordeling van hierdie subjektiewe prosesse as objektief beskou (Maasdorp 2018:47–8).

Verder ontbreek daar volgens Maasdorp die nodige kontinuïteit en gestruktureerdheid in Weick se benadering om dit in ’n konsekwente teorie met voorspellingskrag te ontwikkel. Soos ons gesien het, vind die SM-proses volgens Weick meestal op ’n lukraak wyse plaas in die vorm van ad hoc-wyse besluite en optrede van rolspelers in die organisasie wat sin maak waar en wanneer dit nodig is. Weick beskryf hierdie proses – dit wil sê die soeke na leidrade, die plaas daarvan in ’n raamwerk, die sifting en weging van gegewens, die neem van besluite en die oorgaan tot optrede – as die “reciprocal exchanges between actors (Enactment) and their environments (Ecological Change) that are made meaningful (Selection) and preserved (Retention)” (Weick e.a. 2005:413–4). Die uitkoms van hierdie interaksie dien weer as riglyn vir toekomstige besluite en optrede.

Hierdie proses wat later as die ESR-model bekend geword het (Enactment – Selection - Retention) gee die indruk van ’n vaste volgorde of “ruggraat” (Maasdorp 2018:39), maar soos laasgenoemde daarop wys, is al drie elemente in die praktyk van SM gelyktydig in spel. Hulle beïnvloed mekaar deurgaans en maak ’n teoretiese greep op die proses feitlik onmoontlik.

Hierdie ongestruktureerdheid en gebrek aan voorspellingskragonvoorspelbaarheid (in terme van die gewone verwagting van ’n teorie) spoel oor in die konsep van identiteit wat Weick ontwikkel. Ons het reeds gesien dat volgens Weick die identiteit van die organisasie terselfdertyd deur die proses van SM gevorm word. SM is onlosmaaklik deel van identiteitsvorming deurdat laasgenoemde deur eersgenoemde tot stand kom.

Van kritieke belang is die konsep van identiteit waarmee Weick te werk gaan en wat volgens Maasdorp die Achilleshiel van sy teorie is. Die ESR-string wat die indruk skep van ’n sintagmatiese volgorde (en wat dus in wese diachronies verloop), is in werklikheid ’n paradigmatiese uitwisseling van elemente wat in ’n sinchroniese verhouding tot mekaar staan.

Dis op hierdie punt dat Maasdorp van mening is dat Ricoeur se konsep van ’n “narratiewe identiteit” ’n belangrike bydrae kan lewer om Weick se teorie enersyds te korrigeer en andersyds te versterk. Ricoeur se begrip van identiteit vorm ’n wesenlike deel van ’n veel meer omvattende filosofiese projek.3 Ook vir Ricoeur kom die vorming van identiteit deur ’n proses tot stand – ’n proses met ’n bepaalde struktuur en volgorde wat volgens hom in wese narratief van aard is. In teenstelling tot Weick is hierdie struktuur in die teorie en in die praktyk diachronies van aard.

Weick maak sekerlik ook van narratiewe insigte gebruik en sien “stories” as ’n belangrike aspek van die SM-proses (Maasdorp 2018:136). Vir hom is stories egter een van verskeie kognitiewe raamwerke (wat hy “vocabularies” noem) wat besluitnemers tot hul beskikking het om sin van ’n situasie te maak. Naas ander moontlikhede, “they pull from vocabularies of sequence and experience and make sense using narratives” (Weick 1995:107). Die sleutelwoord hier is using. Stories is een instrument naas ander wat gebruik kan word om sin te maak – dit is nie ’n wesenselement van óf die proses óf die identiteit wat daardeur gevorm word nie. Maasdorp (2018:132) stel dit so: “We know much about stories in organisations, but little about the story of organisation and even less about organisation as story.”

In die praktyk ontleed Weick stories wat werknemers oor hulself en oor die organisasie vertel om op die spoor te kom van hoe die SM-proses by hulle verloop. Hy is veral geïnteresseerd in stories oor opvallende gebeure waar dinge uit die band spring of teen die algemene verwagting indruis. Dis hierdie tipe verhaal wat bestaande verstaansraamwerke uitdaag en sodoende die geleentheid skep om verstellings te maak en die raamwerk aan te pas (Weick 1995:127–8).

Die probleem is egter dat stories oor die organisasie en stories van lede nie noodwendig die storie van die organisasie is nie. Laasgenoemde is selde direk toeganklik en verg veel dieper delf om dit na die oppervlak te bring. Hoewel Weick stories deeglik in ag neem en die veld teoreties wyd verken (vgl. Weick 1995:128–31; Weick e.a. 2005), slaag hy volgens Maasdorp (2018:135) nie daarin om ’n konsep van narratiwiteit te ontwikkel wat resoneer met sy opvatting van SM nie. Vir hom speel stories hoogstens ’n ondersteunende en sekondêre rol om materiaal vir SM te verskaf, in plaas daarvan om dit as ’n kernelement van sy teorie te vestig. Om hierdie rede vervlak die saak verder en bly beperk tot empiriese studies oor die stories van enkelinge se ervaring van en opvattings oor die organisasie.

Hierteenoor berus Ricoeur se beskouing van narratiewe identiteit op ’n veel stewiger en meer omvattende basis en bied dit ’n meer geskikte raamwerk vir die prosesse waarin Weick belangstel. Om hierdie diskrepansie te illustreer, konsentreer Maasdorp op Ricoeur se begrip van mimesis wat deur sy drievoudige werkswyse gestalte aan identiteit gee (Maasdorp 2108:144). Dit is verwant aan die onderskeid tussen teks en tekstualiteit (die wesenlike eienskappe van die teks wat dit moontlik maak om as teks te funksioneer) en die onderskeid tussen narratief en narratiwiteit (d.w.s. tussen die blote verhaal en die eienskappe van die verhaal wat dit as verhaal laat “werk”). Laasgenoemde hang saam met die bekende onderskeid tussen story en discourse, dit wil sê die lyn van die storie en hoe hierdie lyn aangebied word, onder andere deur “emplotment” (die logika van hoe die verhaal inmekaar sit of hoe die intrige daarvan opgebou word) en ander narratiewe strategieë.

Vir Ricoeur is die eienskappe van narratiwiteit van wesenlike belang omdat dit die sinvolle interpretasie van die werklikheid en van tyd moontlik maak. Skynbaar toevallige en losstaande gebeure word sinvol gemaak deur hulle as ’n verhaal saam te snoer wat volgens sy eie logika (muthos, fabel, plot – Ricoeur 2004:560) ontvou, en die verloop van tyd word betekenisvol in soverre as wat dit aan hierdie logika voldoen. Narratiwiteit en veral die vermoë daarvan om verbande in die vorm van ’n plot te lê, is by uitstek die manier waarop ons ’n greep op die vloei van gebeure kry. “Time becomes human time to the extent that it is organized after the manner of a narrative; narrative, in turn, is meaningful to the extent that it portrays the features of temporal experience” (Ricoeur 1984:3).

Omdat die menslike bestaan “temporeel” van aard is, dit wil sê, die feit dat ons ons lewens in tyd en oor tyd lewe en die feit dat ons dade in tyd plaasvind, is dit van deurslaggewende belang dat ons gepaste wyses vind om oor tyd te dink en om daarmee om te gaan. Dit is volgens Ricoeur juis wat narratiwiteit ons bied: deur gebeure in die vorm van ’n verhaal te organiseer en deur hierdie gebeure met ander gebeure in verband te bring, kan ons die afstand skep en die verbande ontdek wat ons kan help om tyd beter te verstaan en om beter te verstaan wat met ons aan die gang is. Die verhouding tussen narratiwiteit en temporaliteit is een van ’n voortdurende sirkelgang – nie in die vorm van ’n bose kringloop nie, maar van ’n goeie een – a “healthy circle” (Ricoeur 1984:3).

Ricoeur beskryf hier sy bekende “sirkel van mimesis” wat uit drie fases bestaan: “Prefigured time that becomes a refigured time through the mediation of a configured time” (Ricoeur 1984:54). Maasdorp (2018:144-146) verduidelik die dinamika wat die proses aandryf. Mimesis1 (“prefigured time”) verwys na ervaring wat reeds opgedoen is en na die vermoë om bepaalde wyses van optrede te kan herken, soos die emosies of drange wat op sekere maniere tot uitdrukking kom, doelwitte wat nagestreef word, motiverings wat mense dryf, en die simboliese sisteme wat daarmee gepaard gaan. Dit is die voor-werk en voor-kennis wat reeds daar moet wees, reeds moet bestaan, en waarsonder dit onmoontlik sou wees om in die eerste plek ’n narratiewe struktuur te kan skep.

Mimesis2 (“configured time”) verwys na die “organisering van gebeure” waardeur losstaande insidente en individuele aksies in ’n plot omskep word. Dit verwys met ander woorde na die ontwerp en samestelling van ’n spesifieke storie uit die (vooraf)bestaande “rou materiaal”. Ricoeur wil egter verder gaan as bloot die daarstelling van ’n koherente verhaal – hy wil ook die mediërende potensiaal van die narratief uitlig. Dit is in die eerste plek ’n mediëring tussen ’n veelvoud van insidente en die storie as ’n geheel wat uit ’n seleksie van insidente en die invoeging daarvan in ’n verhaallyn bestaan. Tweedens is die spesifieke konfigurasie van gebeure mediërend omdat dit (soos dit volgens Aristoteles by goeie drama hoort) ’n skokeffek kan hê en bestaande opvattings of norme kan uitdaag of bevraagteken. Derdens is mimesis2 mediërend omdat dit meer bied as bloot ’n opeenvolging van gebeure. Deur die plot word die gebeure omvorm tot ’n verhaal wat, naas die relaas van die gebeure, insig, begrip en alternatiewe moontlikhede aanbied.

In die slotgedeelte kom ons terug op hierdie aspek (die alternatiewe verstaans- en bestaansmoontlikhede wat die teks open), wat myns insiens van groot belang is vir die proses van verandering.

Mimesis3, oftewel “refiguration”, is wat Gadamer “toepassing” sou noem (Ricoeur 1984:70). Dit is die stadium waar die wêreld van die narratief en die wêreld van die hoorder/leser mekaar ontmoet en wat laasgenoemde in staat stel om sy of haar situasie anders te sien as gevolg van die interaksie met die narratief (Maasdorp 2018:145). Die aandag word teruggebring na die wêreld van handeling, dit wil sê die omgewing waarbinne die verhaal verstaan moet word en tot optrede moet aanmoedig. Op hierdie wyse word die sirkel van mimesis voltooi.

Kearney (2006:484) wys daarop dat hierdie sirkel nie volgens ’n vasgelegde tydsvolgorde verloop nie, maar dat al drie vorme van mimesis eintlik die hele tyd aanwesig is en ’n rol speel. Mimesis1 is alreeds die produk van ’n voorafgaande “refiguration” (mimesis2) wat op sy beurt deur ’n proses van “configuration” (mimesis3) gemedieer is. Dit sou dus ook in hierdie geval meer toepaslik wees om van ’n spiraal eerder as van ’n sirkel van mimesis te praat (Maasdorp 2018:145).

 

4. Verdere moontlikhede

Die belang van hierdie studie is eerstens dat Maasdorp in sy hoofargument slaag deur die teoretiese leemtes van Weick se SM-proses en die gevolglike swakhede in die toepassing van hierdie benadering in die spesifieke konteks van organisasiekunde bloot te lê. Die uiters waardevolle (en unieke) insig van Weick in hoe die besluitnemingsproses in werklikheid verloop en hoe die identiteit van organisasie daardeur gevorm word, gaan mank aan ’n oortuigende en konsekwente teoretiese ruggraat wat hierdie benadering kan ondersteun. Maasdorp toon verder aan hoe Ricoeur se konsep van ’n “narrative identity” ’n waardevolle bydrae kan lewer om ’n veel ryker en meer robuuste teoretiese raamwerk te verskaf. Om hierdie rede alleen verdien Maasdorp se studie wye bekendstelling en hopelik sal dit binnekort wyer beskikbaar wees.

Tweedens is dit (sover my kennis strek) die eerste poging om ’n ernstige gesprek tussen organisasiekunde en filosofie (en spesifiek hermeneutiek) aan die gang te kry. Dit is twee velde wat om historiese en ander redes selde met mekaar in aanraking was – laat staan nog om mekaar ernstig op te neem, moontlike raakvlakke te ontdek en insigte uit te ruil. Sulke “interdissiplinêre” gesprekke kan maklik oppervlakkig verloop en uit die blote eklektiese uitpik van nuttige frases vir eie gebruik bestaan. Hier is egter ’n ernstige en indringende ontleding van albei velde wat ’n verantwoordelike en deurdagte begin van ’n debat moontlik maak.

Derdens maak die wyse waarop Maasdorp die gesprek aanvoor dit moontlik om dit op ’n ope wyse en op gelyke voet te voer. Hy bepleit nie ’n heelhuidse aanvaarding van, of “bekering” tot, Ricoeur nie, maar toon aan hoe en op watter punte Weick se eie benadering versterk en meer effektief gemaak kan word. In die lig van die aansien en wye gevolg wat Weick in organisasiekringe geniet, is dit nie slegs takties ’n beter benadering nie, maar eintlik doodgewoon pragmaties en met ’n veel beter kans om gehoor te word.

In dieselfde gees en in ’n poging om die gesprek verder te voer, word in hierdie slotgedeelte één aspek uitgelig wat Maasdorp nie voldoende ontwikkel nie en wat juis sy eie benadering op sy beurt kan versterk. Kort gestel: Ricoeur bied insigte wat nie slegs die maak van sin, die vorming van identiteit en van besluitneming in organisasies beter kan verklaar nie, maar ook insigte bring in hoe organisasies deur hierdie proses verander en vernuwe kan word.

Die moontlikheid vir verandering gaan terug na Ricoeur se veelvoudige gebruik van re- in frases soos “re-figuration” en “re-description”. Ten diepste gaan dit hier oor die mediërende krag van die narratief; om die ompad (Umweg) wat daarmee gevolg word; om die uit-trede-uit en die weer-toe-trede-tot die werklikheid; om die verskuiwing van perspektief; om die open van ’n alternatief; om die verskuiwende krag van die verhaal. Dit begin reeds by sy opvatting van die metafoor en die oerformule van die sprokie (“Daar was eendag”, of in ander tradisies: “Daar was en daar was nie”).

In sy bespreking van die mimesis-spiraal (2008:142–50; veral 144–6) is Maasdorp terdeë bewus van die impak wat verhale op die werklikheid kan hê en van die herskikking (“reshaping” – 147) waartoe dit aanleiding kan gee. Hy verwys na die “imaginative variations” wat die narratief aan die leser bied en dat “those ‘imaginative variations’ unlock proposed worlds to our imagination, leading to a consideration of new possibilities in the world” (2018:171). Nogtans word die latente veranderingspotensiaal waarvan hier sprake is, nie verder verduidelik of ontwikkel as deel van sy eie voorstel van ’n teoretiese alternatief vir Weick se benadering nie.

In nuce is die verskuiwingspotensiaal van die narratief reeds in die mimesis-spiraal opgesluit. Die stap van “configuration” wat uit die reeds voorhande “pre-figured” materiaal ’n narratief skep, stel alreeds iets anders voor as die bestaande werklikheid.4 Maar die proses eindig nie hier nie, omdat verdere moontlikhede deur “re-figuration” geopen word. In Ricoeur se The rule of metaphor (1977) word dieselfde verskuiwing as die “redescription of reality” ondersoek. Dit gaan in al hierdie verskillende konsepte en verskyningsvorme basies om die ontluistering van die enkel-werklikheid. Die werklikheid is en was ook nooit enkelvoudig, eenmalig of eenduidig nie. Vir Ricoeur bestaan die hermeneutiese uitdaging in ’n belangrike mate daarin om hierdie gewaande eenduidigheid as ’n veelduidigheid te ontmasker. Met hierdie doel voor oë neem hy die basisstruktuur van die narratief as uitgangspunt wat alreeds ’n ander konfigurasie verteenwoordig. Dit gaan hier om die ontdekking en die voorstel van alternatiewe moontlikhede van hoe die werklikheid verstaan en gestruktureer kan word – die sogenaamde “proposed world which I may inhabit” soos Ricoeur (2016:72) dit stel.

Hierdie soeke na meervoudigheid word nie aangevuur deur ’n aweregse drang om dit wat eenvoudig is, onnodig ingewikkeld te maak nie. Die agenda is deurgaans eerder om die moontlikheid vir verandering voor te berei. Dit gebeur nie net op die makrovlak van die verhaal wat ’n hele alternatiewe wêreld voorstel nie, maar reeds op mikrovlak met die gesplete duiding (“split reference”) wat ten grondslag van alle verwysing lê (Lategan 1985:80). ’n Verdere vlak waar dieselfde verdubbeling ter sprake is (en wat die fokus van een van Ricoeur se belangrikste bydraes is), is die gebruik van metafore. Ricoeur is nie geïnteresseerd in “dooie” metafore nie, dit wil sê uitdrukkings wat hul krag om te verras en om ’n nuwe perspektief te open, verloor het. Hulle het nou deel van die “gewone” spreektaal geword en is alreeds in woordeboeke gekanoniseer. Die trefkrag en die gevolglike veranderingspotensiaal van die metafoor lê in sy varsheid en oorspronklikheid opgesluit.

Die veranderingsproses wat hier ter sprake is, verloop in twee fases. Die eerste is die ontkoppeling van die bestaande en die gangbare. Dit word op verskillende maniere bereik. Die mees basiese is die gebruik van verwysing (a verwys na b) of van vergelyking (a is soos b). Soos ons reeds van die semiotiek geleer het (vgl. Eco 1977:30), is hier in werklikheid nog ’n derde lid aan die werk, naamlik die sogenaamde tertium comparationis, die element of aspek wat die twee komponente met mekaar deel. Dit sal weldra blyk dat hierdie tertium as “ompad” ’n belangrike rol te vervul het. In die eerste fase vind dus nie alleen ’n ontkoppeling plaas nie, maar hierdie ontkoppeling word moontlik gemaak deurdat die klem na elders verskuif word – hetsy deur ’n vergelyking, of deur ’n metafoor, of deur ’n hele alternatiewe wêreld wat sigbaar word of voorgestel word. Hiersonder kan die veranderingsproses nie op dreef kom nie.

In die tweede fase word die eintlike oorgang bewerkstellig. Dit gebeur feitlik sonder uitsondering op ’n indirekte wyse, via ’n ompad, deur ’n tussenganger of deur mediëring. Ek het reeds na die belangrike rol van die tertium comparationis verwys. Daar moet ’n derde party betrokke wees. Dit kan dit wees wat die twee afsonderlike entiteite met mekaar gemeen het, ten spyte van hul verskille. ’n Metafoor werk as dit vreemd genoeg is om ’n nuwe perspektief te open, maar bekend genoeg is om die vergelyking te kan laat werk (“my nooi is in ’n nartjie …”). ’n Sprokiesverhaal begin, soos alreeds hier bo gesê is, met “Daar was eendag ...”, of in sommige verhaaltradisies: “Daar was en daar was nie …”). In ’n (literêre) teks word met behulp van fiktiewe karakters en gebeure ’n alternatiewe werklikheid (die sogenaamde “voorgestelde wêreld”) geskep.

Al hierdie strategieë funksioneer as ’n “ompad” (Umweg) wat die verandering voorberei en moontlik maak. ’n Belangrike doelwit hiermee is om die aandag van jouself na elders te verplaas. Die “daar was eendag”-inleiding word nie om dowe neute gebruik nie. Die hoorder/leser kry die sein dat dit hier nie om die werklikheid nie, maar om ’n sprokie gaan. Die hoorder/leser kan dus ontspan – dit raak nie sy of haar reële werklikheid nie. Maar in die proses word die (niksvermoedende, ontwapende) hoorder/leser meegesleur deur die verhaal en kan dit aan die einde werklike verandering meebring. Voorbeelde van fiksie en gelykenisse wat groter tref- en oortuigingskrag as “harde feite” uitgeoefen het, is nie moeilik om te vind nie.

Organisasieteorie het inderdaad veel te leer van en veel te baat by Ricoeur se opvattings oor ’n “narratiewe identiteit”. Maasdorp behoort ondersteun te word in sy vars benadering om ’n te lank uitgestelde gesprek op dreef te bring. Maar naas die waarde daarvan om Weick se teorie te versterk en te verdiep en met ’n meer oortuigende teoretiese onderbou te onderskraag en ’n meer bestendige kontinuïteit in die organisasie se korporatiewe identiteit te bewerkstellig, moet die moontlikhede wat Ricoeur se benadering open om verandering in organisasies voor te berei en suksesvol deur te voer, nie misgekyk of onderskat word nie.

 

Bibliografie

Burrell, G. en G. Morgan. 1979. Sociological paradigms and organizational analysis. Londen: Heinemann.

Cooley, C.H. 1902. Human nature and the social order. New York: Scribner.

Daft, R.L. en K.E. Weick. 1984. Toward a model of organizations as interpretation systems. The Academy of Management Review, 9(2):284–95.

DiMaggio, P. en W.W. Powell. 1983. The iron cage revisited: Collective rationality and institutional isomorphism in organizational fields. American Sociological Review, 48(2):147-60.

Eco, U. 1977. Einführung in die Semiotik. München: Fink.

Garfinkel, H. 1967. Studies in Ethnomethodology. Englewood Cliffs: Prentice Hall.

Hannan, M.T. en J. Freeman. 1977. The population ecology of organizations. American Journal of Sociology, 82(5):929–64.

Kearney, R. 2006. Parsing narrative story, history, life. Human Studies, 29(4):477–90.

Lategan, B.C. 1985. Reference: reception, redescription and reality. In Lategan en Vorster 1985.

—. 2014. “Ek is …”: Oor die problematiek van enkelvoudige en meervoudige identiteit. LitNet Akademies, 11(2):262–82.

—. 2017. Vreemdheid as geleentheid. Enkele gedagtes oor die hermeneutiese potensiaal van ’n ongemaklike begrip. LitNet Akademies, 14(2):327-49.

Lategan, B.C. en W.S. Vorster 1985. Text and reality. Aspects of reference in Biblical texts. Philadelphia: Fortress Press.

Maasdorp, C.H. 2018. Narrativity and organisation. An investigation in sensemaking theory. PhD-proefskrif aanvaar deur die Universiteit Stellenbosch.

Ricoeur, P. 1976. Interpretation theory: Discourse and the surplus of meaning. Fort Worth: Texas Christian University Press.

—. 1977. The rule of metaphor. Toronto: Toronto University Press.

—. 1979. The function of fiction in reshaping reality. Man and World, 12:123–41.

—. 1984. Time and narrative. Vol. 1. Chicago: University of Chicago Press.

—. 1988. Time and narrative. Vol. 3. Chicago: University of Chicago Press

—. 1992. Oneself as another. Chicago: University of Chicago Press.

—. 2004. Memory, history, forgetting. Chicago: University of Chicago Press.

—. 2016 [1981]. Hermeneutics and the Human Sciences. Cambridge Philosophy Classics. Cambridge: Cambridge University Press.

Scott, J.C. 1990. Domination and the arts of resistance: Hidden transcripts. New Haven: Yale University Press.

Weick, K.E. 1979. The social psychology of organizing. Reading, MA: Addison-Wesley Publishing Company.

—. 1995. Sensemaking in organizations. Foundations for organizational science. Londen: Sage Publications.

—. 2003. Enacting an environment: The infrastructure of organizing. In Westwood en Clegg (reds.) 2003.

Weick, K.E., K.M. Sutcliffe en D. Obstfeld. 2005. Organizing and the process of sensemaking. Organization Science, 16(4):409–21.

Westwood, R. en S. Clegg (reds.). 2003. Debating organization: Point-counterpoint in organization studies. Malden, MA: Wiley-Blackwell.

Williamson, O.E. 1981. The economics of organization: The transaction cost approach. American Journal of Sociology, 87(3):548–77.

Winograd, T. en F. Flores. 1986. Understanding computers and cognition: A new foundation for design. Norwood: Ablex.

 

Eindnotas

1 Dit is nie so eenvoudig om ’n goeie Afrikaanse weergawe vir sensemaking te vind nie. Die frase om sin te maak van gee die bedoeling presies weer, maar hierdie spesifieke nuanse word nie maklik in ’n enkelterm vasgevat nie. Sinmaking klink te geforseerd, terwyl singewing nie reg laat geskied aan die konstruktiewe en skeppende aspekte van die proses wat hier ter sprake is nie. Dit gaan nie daarom om eenvoudig (voorafbestaande) sin aan iets te “gee” nie, maar eerder daarom om die hele proses wat die totstandkoming van sin in die eerste plek moontlik maak. Verder het Weick ook gaandeweg ’n eiesoortige inhoud aan die begrip gegee, soos uit die verdere bespreking sal blyk. Om hierdie rede word die afkorting SM in hierdie artikel gebruik vir “om sin te maak van” en om die spesifieke betekenis wat Weick aan die begrip gekoppel het, aan te dui.

2 Die kwessie van meervoudige of verrykte identiteite het inderdaad belangrike gevolge wat hier nie verder bespreek kan word nie (vgl. Lategan 2014).

3 Ricoeur het sy hermeneutiese filosofie oor ’n leeftyd ontwikkel, en slegs enkele aspekte word deur Maasdorp aangeraak. Vir meer besonderhede oor Ricoeur se siening van identiteit en narratiwiteit, vgl. veral Ricoeur 1984; 1985; 1988; 1992 en 2004.

4 Reeds in sy Interpretation Theory formuleer Ricoeur (1976:42) dit so: “The inscription of discourse is the transcription of the world, and transcription is not reduplication, but metamorphosis.”

The post Om sin te maak. Pleidooi vir ’n gesprek tussen organisasiekunde en hermeneutiek appeared first on LitNet.

Sensemaking. A plea for a conversation between organisation theory and hermeneutics

$
0
0

Abstract

The article has a threefold purpose: To introduce an important new doctoral study in organisation theory; to provide a critical overview of core aspects of the dissertation and to develop these further; and to stimulate a conversation between sensemaking theory and hermeneutics.

The dissertation in question is Christiaan Maasdorp’s “Narrativity and organisation: an investigation in sensemaking theory” for which he was awarded a PhD degree by Stellenbosch University in 2018. Sensemaking is a key concept in organisation theory which was introduced and developed by Karl Weick. His pioneering work made him a well-known figure among a wide group of followers. Maasdorp recognises the importance of his contribution, but argues that Weick’s theory also contains serious defects and that hermeneutics, and more especially the work of Paul Ricoeur, has much to offer to rectify these shortcomings.

Maasdorp’s study represents the first sustained attempt to initiate a conversation between hermeneutics and organisation theory. The never-ending quest for understanding and for interpretation is a core pursuit and a generic competency required in many fields which - apart from classical expressions in philosophy and theology - encompasses historiography, jurisprudence, literature and many more fields. Surprisingly, Weick developed his theory (apart from a few cursory references) without any serious engagement with hermeneutics. The present article discusses the need for this long overdue interdisciplinary interaction in three stages. The first part provides an overview of Weick’s concept of sensemaking and its development within organisation theory. The second analyses Maasdorp’s critique of Weick’s approach and his proposed remedy based on Ricoeur’s insights, and more specifically on the latter’s concept of a narrative identity. The concluding part offers an own contribution by exploring aspects of Ricoeur’s philosophy which Maasdorp does not exploit sufficiently.

Weick’s efforts to provide an alternative to existing approaches in organisation theory (culminating in his Sensemaking in organizations of 1995) are premised on a shift from institution to process. In the formulation of Maasdorp, “Weick focuses on enactment by organisational actors whilst institutionalism focuses on the sedimentation of rationalislation”. This leads Weick to explore the (by now well-known) seven features of the sensemaking process: It is retrospective because it makes sense of what already has happened (any form of forecasting therefore has little value if it does not take this retrospective dimension into account); it is enactive of sensible environments in the sense that we partly produce the environments we are facing; it is social because sensemaking is never a monologue, but proceeds from interaction with others; it is ongoing and iterative, as part of an open system which never reaches final closure; it is focused on clues extracted from the overflow of data and proceeds from frames imposed on this data; it is driven by plausibility rather than accuracy because decisions cannot be deferred until all possible information is gathered and processed; and it is grounded in identity construction in so far as the identity of the organisation is essentially formed by the sensemaking process and by the decisions and actions resulting from this process.

The issue of identity provides the starting point for Maasdorp’s critique of Weick. His main objection is that Weick does not develop a strong enough theoretical framework to explain the core features of organisations. He relies too strongly on social psychology and interpretative sociology and therefore remains caught up in a positivist paradigm. Part of the problem is that Weick’s theory developed through various phases. What started as a theory of enactment to explain the interaction within organisations shifted to the cognitive and interpretive aspects of organisation and finally concentrated on the non-rational elements of the organising process. Weick also does not distinguish clearly enough between sensemaking as a theory, as an observable phenomenon in organisations, and as a set of behaviours.

The result, according to Maasdorp, is that Weick’s approach lacks the necessary continuity and backbone to serve as a consistent and predictable theory. This pertains especially to his concept of identity in organisations, which Maasdorp regards as the Achilles heel of his theory. Although Weick’s use of the ESR string (Enactment - Selection - Retention) creates the impression of a syntagmatic sequence, it represents in reality a paradigmatic exchange of elements which stand in a synchronic relationship to one another.

Maasdorp argues that Ricoeur offers a more convincing alternative. The latter’s concept of a narrative identity provides a more solid foundation and more promising possibilities for exactly what Weick has in mind. Weick certainly acknowledges the value of “stories” in the context of organisations and sees them as one of the “vocabularies” which decision-makers may use to make sense of a situation. The reference to the “use” of stories, however, reveals their secondary function in Weick’s estimation. The narrative dimension does not represent a core formative element – neither of the process itself nor of the identity which results from this process. In Maasdorp’s words: “We know much about stories in organisations, but little about the story of organisation and even less about organisation as story.

Ricoeur’s elaboration of the threefold role of mimesis in the formation of identity provides not only a more robust theoretical framework but also a better explanation of the narrative structure of identity itself (which can also be applied to organisations). Identity expresses itself in narrative form and enables the meaningful interpretation of reality and of time. Incidental and contingent events become meaningful when they are strung together according to their own logic (of muthos, fable, plot) and thus become significant. “Time becomes human to the extent that it is organized after the matter of a narrative; narrative, in turn, is meaningful to the extent that it portrays the features of temporal experience” (Ricoeur 1984:3).

Maasdorp makes a persuasive case as far as his main argument is concerned, and his proposal for an alternative approach merits serious consideration. Just as importantly, he demonstrates the need for – and the advantages of - an interdisciplinary dialogue of this kind between organisation theory and hermeneutics. In an attempt to take this conversation a step further, the final part of the article discusses further possibilities inherent in the approach of Ricoeur. Of special importance – in addition to the nature of identity – is the issue of change in organisations. In this regard Ricoeur’s ideas about the “re-figuration” and “re-description” of reality call for further exploration. The power of narrative vests not only in the ability to provide continuity amidst change, but also to effect change. The mediating potential of narrative, the Umweg which presupposes a distancing from and even a stepping out of reality in order to gain a new perspective on and an alternative configuration of that reality, holds considerable potential for change on the individual level, but also on the level of organisations.

Keywords: hermeneutics; narrative identity; organisation theory; redescription of reality; Ricoeur; sensemaking; Weick

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans:

Om sin te maak. Pleidooi vir ’n gesprek tussen organisasiekunde en hermeneutiek

The post Sensemaking. A plea for a conversation between organisation theory and hermeneutics appeared first on LitNet.

MM Walters (1930- )

$
0
0

Gebore en getoë
Verdere studie en werk
Publikasies
MM Walters as samesteller
MM Walters as redakteur
MM Walters as vertaler
Artikels oor en deur MM Walters beskikbaar op die internet

Gebore en getoë

Mattys Michielse Walters is op 23 Januarie 1930 op Moorreesburg in die Swartland gebore. Sy pa was Gerhardus Walters; sy oupa, MM Walters, was ’n bekende in onderwyskringe in die Swartland. Van sy familie was ook sakemanne en koringboere in die Swartland. Hy gaan aanvanklik skool op Moorreesburg, maar voltooi sy skoolloopbaan aan die Hoër Jongenskool op Wellington in die Wes-Kaap.

Terug na bo

Verdere studie en werk

Thys Walters, soos hy beter bekend is, gaan studeer na skool aan die Hugenote Universiteitskollege in Wellington. Hy sit sy studie voort aan Unisa, asook aan die Universiteit van Kaapstad, waar hy in 1972 sy MA-graad behaal met ’n verhandeling oor Peter Blum onder leiding van Merwe Scholtz.

Vanaf 1950 gee hy onderwys onder andere in Natal, by SACS in Kaapstad en op Ladismith in die Suid-Kaap. In 1960 word hy aangestel aan die Onderwyskollege op Graaff-Reinet as dosent in Afrikaans. Vanaf 1967 is hy verbonde aan die Paarlse Onderwyskollege as dosent in die Afrikaanse letterkunde tot in 1971, toe hy as dosent in Afrikaans en Nederlands by die Universiteit van Kaapstad aangestel word – ’n pos wat hy tot en met sy aftrede beklee, waarna hy hom in Simonstad vestig. Hy is getroud en het twee kinders.

MM Walters se eerste gedigte word in die letterkundige tydskrif Standpunte gepubliseer. Later word hierdie gedigte saamgevat in sy eerste bundel Cabala, wat in 1967 verskyn. Hierdie bundel word in 1968 bekroon met beide die Eugène Marais-prys en die Ingrid Jonker-prys en in 1969 met die WA Hofmeyr-prys.

TT Cloete (Die Burger, 6 Oktober 1967) beskryf dit as ’n bundel van opspraakwekkende poësie, hoe rustig en effe dit op die vorm af by ’n eerste oogopslag ook al mag lyk. “Walters is een van ons digters wat met sy eerste bundel al iets buitengewoon te sê het en dit op die wyse van poësie buitengewoon vir ’n debutant sê, ook al deur die gebruik van ’n onverskillige taal in die grootste erns.” Cloete beskou ook hierdie bundel as waarskynlik die belangrikste eersteling-bundel wat na Breytenbach s’n verskyn het.

SJ Pretorius (Transvaler, 23 September 1969), wat saam met DJ Opperman die beoordelaars vir die Ingrid Jonker-prys was, spreek die volgende mening oor Cabala uit: “Walters is op sy beste in gedigte waarin hy objektiewe gestalte gee aan sy siniese kyk op sake. Dit kom veral te voorskyn wanneer hy van landelike beelde – veral dierbeelde – gebruik maak. (...) Wat ook te waardeer is, is dat Walters in ’n kompromie met die meer gebonde vers, ’n eie losser styl – byna ’n heffingsvers – ontwikkel het vir sy Reynaerde-agtige satiriek en La Fontaine-agtige fabelistiek. ’n Mens waardeer hierdie verse om hul on-, byna anti-sentimentele ruheid, waarin die realisme jou soms aan ’n Goya (Saturnalia) laat dink. Veel kan nog seker in die toekoms van Walters verwag word. Hierdie werk is eg.”

In sy huldigingswoord met die toekenning van die Eugène Marais-prys aan Cabala sê PD van der Walt (Jaarboek van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, 1968) dat die selfstandigheid van die digter hom seker die sterkste openbaar in die satiriese poësie in hierdie bundel. “In dié opsig lewer Walters baie beslis ’n bydrae tot die Afrikaanse digkuns wat eintlik arm is aan die gerypte satiriese vers. Gedigte soos dié van Walters verstoor die idille, vestig die aandag op seker misstande in ons samelewing. Die satire is skerp en moedig, maar die digter is nooit beledigend of haatlik nie; daarvoor is hy poëties ook te vindingryk (...) Maar bowenal kom Walters in aanmerking omdat hy hom nie deur allerhande modes en modetjies laat heen en weer slinger nie, omdat hy hom besig hou met ’n wêreld wat hy ken en omdat hy met sy mag oor woord en beeld, belewenisse en probleme kan oorhewel na die gebied van die poësie. Die geheelindruk wat die bundel Cabala laat, is dat hier ’n digter aan die woord is met ’n sterk ondersoekende houding teenoor die lewe, dat dié poësie ’n selfverworwe neerslag is van sy geestelike verkenning, dat Walters iemand is met waaragtig poëtiese talent en vermoë.”

Merwe Scholtz (Die Burger, 28 Oktober 1969) sê in sy motivering vir die toekenning van die WA Hofmeyr-prys aan Cabala dat dit vir hom geen verrassing is dat Nasionale Boekhandel ’n versetdigter met ’n prys bekroon het nie. “Die Pers was nog altyd lojaal teenoor werklik lojale verset. Walters se verset is dikwels ’n soort hartseer oor die heroïese in ons tradisie wat ons ten dele verloor het. Dit geld vir baie van sy gedigte, hoewel Walters ook veel meer is as net ’n versetdigter. In baie van sy werk is die digter satirikus, hekelaar. Hy praat pront.”

Die Paarlse Opleidingskollege het in 1969 besluit om op ’n oorspronklike manier tot die fonds vir die Afrikaanse Taalmonument by te dra. MM Walters, wat senior lektor aan die Kollege was, het ’n spesiale geleentheidstuk in verse oor Afrikaans geskryf. Studente het dit opgevoer en die inkomste is in die monumentfonds gestort. Die naam van die stuk is Taalfees en twee vertellers tree op om die geskiedenis en ontwikkelingsgang van die Afrikaanse taal aan die gehoor voor te dra.

Walters is ook in 1970 deur die Paarlse tak van die Afrikaanse Taal en Kultuurbond gevra om ’n geleentheidstuk vir daardie jaar se Taalfees te skryf.

In 1969 word Walters se tweede digbundel, Apocrypha, deur Nasionale Boekhandel gepubliseer. In Die Huisgenoot van 27 Maart 1970 skryf die resensent dat die verse ’n bietjie geduld vra. Al begin ’n mens nie sommer daarmee ’n heftige vriendskap met die digter te sluit nie, sal jy met toenadering van jóú kant in sy geselskap onverwagte plesier vind.

PD van der Walt (Transvaler, 29 Desember 1969) skryf dat Walters in hierdie bundel sy digterlike vindingrykheid en veral sy fyn satiriese talent bevestig het.

Oor Heimdall, Walters se derde bundel, skryf AP Grové in Hoofstad van 22 November 1974 dat ons hier poësie het wat waarskuwend die aandag vestig op onheilstekens van die tyd, gevaartekens in ons gemeenskap. “Dis egter nie poësie wat in die proses suur of swaarwigtig wil wees nie; dit wil eerder op speelse, plek-plek geniepsige wyse en met ’n jeugdige, byna kwajongagtige glinstering in die oog die spot dryf met alles wat lyk op vertoon, lamsakkigheid of vernaamdoenery. Naas die kompromislose verset teen aanstellerigheid bied hierdie verse ’n gesonde aardsheid en eerlikheid. Menslike begrip en spot lê soms verenig in dieselfde gedig, soos bv te sien is in die pragtige "Hoekie vir eensames". Terwyl daar gespot word met dié soort rubrieke, kry ons terselfdertyd ’n ontroerende kyk op die menslike situasie en die onvermydelikheid van die oudword.”

Fanie Olivier (Rapport, 16 Maart 1975) beskou hierdie bundel van Walters as sy sterkste en belowendste bundel tot op daardie stadium, veral vanweë die groter deernis wat hy met sy “slagoffers” het en die werklik goeie integrasie van mitologiese, Bybelse en digterlike materiaal, sowel as sy vermoë om binne ’n betreklik vaste versvorm die rykdom van ons taal te ontgin.

In 1975 wend Walters hom na ’n nuwe genre en verskyn die eerste van sy dramas, Die vroue van Kores: ’n spel oor die lot van mense. Die geskiedenis waarop hierdie versdrama gebaseer is, kan ’n mens breedvoerig in die Bybelboek Esra vind: die Israeliete wat teruggekeer het uit hul Babiloniese ballingskap en hul stad begin herbou – en dan deur die profeet aangesê word om al die “vreemde” vroue in hul midde (die Persiese “vroue van Kores” met wie hulle in ballingskap getrou het en wat saam met hulle na Kanaän teruggekom het om hulle lot met hulle te deel), na Babilon terug te stuur ten einde die volk suiwer te hou. Volgens André Brink slaag die stuk ás stuk nie, hoewel die boodskap lofwaardig is. Meestal praat die figure nie werklik binne die konteks van hul stuk met mekaar nie, maar spreek hulle óns toe, onderrig en leer en profeteer hulle in óns rigting. Tog hoop Brink opreg dat die drama oor die radio gehoor sal word.

In 1975 word Walters se geleentheidstuk vir die Paarlse Taalfees in Augustus 1972, Die wingerdstok sal rank, gepubliseer. Na die opvoering in die Paarl skryf KS in Rapport dat dit so maklik brakdroë volkskultuurheid kon geword het, maar dat MM Walters se druiwe soet is. Hy het die ou soort lote vernuftig weggesnoei. Hy bou rondom die taalstryder ds SJ du Toit ’n verhaal wat met genoeg intrige die taalgeskiedenis lekker vertel. In Die Transvaler word geskryf dat hierdie stuk eerder ’n tablospel is as ’n drama en dat dit daarin slaag ten spyte van gebreke soos breedsprakigheid.

In sy volgende drama, Miskien woon julle onder ons, keer Walters weer terug na Bybelse stof. Hy lê die verhaal van die Gibeoniete bloot wat onder valse voorwendsels ’n verdrag met die Israeliete sluit. Dit red hulle lewens, maar hulle word tot slawerny verdoem. In Walters se werk fokus hy veral op die aanloop tot die besluit wat Gibeon geneem het om ’n vreedsame uiteinde vir die probleem te kry.

Dorothea van Zyl resenseer die drama in Die Burger van 29 Mei 1979 en volgens haar maak die interessante perspektief op die Bybelse gegewe, die aktualiteit, ens ongelukkig nog nie ’n goedbeplande stuk groots nie. “Daarvoor bly die karakters te veel verteenwoordigers van standpunte en te weinig mense. [Dit] is nogtans ’n verdienstelike bydrae tot ons dramaliteratuur.”

Vir sy volgende publikasie wend Walters hom weer tot die poësie en weer tot die satire. Saturae word in 1979 deur Tafelberg gepubliseer en die belangrikste temas daarin is die ydelheid van die mens, die betreklikheid van ons oordele wat dui op ’n gebrek aan perspektief, en ook versteurde prioriteite.

Johann Johl skryf in Volksblad (6 Februarie 1980) dat die vermenging van ’n elegiese toon met die satire binne ’n satiriese opset ’n distansiëring bring, ’n op-’n-afstand-beskryf in die spel, en tas die werking van dié satires en die satire self dus wesenlik aan. Die clichés en bekende gegewens uit ander bundels val in dieselfde kategorie en skaad die impak wat andersins tot oortuiging sou kon lei.

Met die verskyning van Walters se klug, Drakenstein. My Drakenstein skryf André Brink (Rapport, 5 September 1982) dat dit Walters op sy mees vaardige in die genre van die drama toon en dat dit genoeg egte gevatheid en vlotheid bevat om die maagsnare te kielie. Die opset is baie eenvoudig, naamlik die ontdekking, deur ’n staatsbeheerde organisasie Soekom, van olie in die Drakensteinvallei.

Walters se vyfde drama, Oor die limiete, is ’n opdragwerk vir die honderdste bestaansjaar in 1986 van die Goodnow-saal uit die dae van Andrew Murray toe die gebou deel was van die destydse Hugenote-seminarie op Wellington. Die stuk is gesetel in die stryd van Ware Afrikaner, Frans Malan, teen verandering op Wellington totdat sy vrou en dogter, in hul ondersteuning van Murray se seminarie en sy sogenaamde “liberalisme”, teen hom draai. Die stuk is in Oktober 1986 opgevoer en in 1988 deur Perskor gepubliseer.

MM Walters is ook die skrywer van drie boeke oor onderskeidelik die Weskus, Saldanhabaai en die Swartland, sy geboortegrond. Christo S Botha was die fotograaf in Droom van die Weskus, waarvoor Walters die byskrifte geskryf het met enkele verse tussen mymeringe wat aansluit by die foto’s. In 1990 verskyn Die Swartland is my tuisland: ’n nostalgiese reis. Die foto’s is deur Siegfried Behm geneem, wat ook verantwoordelik was vir die foto’s van Die Weskusvan die Kaap wat in 1998 deur Tafelberg uitgegee is.

In 1994 word Walters se bundel satiriese essays Saturae: die essays by Tafelberg gepubliseer. Hennie van Coller skryf in Volksblad van 9 Januarie 1995: “Hy bewys dat hy die derde satiriese genre, die essay, net so vlot kan hanteer as die satiriese poësie en drama waarmee hy al naam gemaak het. (...) Hierdie versameling essays bevat vermaaklike geleentheidstukke vol humor, skerp kommentaar op eietydse waardeoordele en indringende bevraagtekening van geykte ‘universele’ waarhede. Dit alles in geslypte Afrikaans waarin moeiteloos oorgeskakel word van register en selfs variëteit. ’n Satirikus veg nie met ’n veer nie, maar met ’n rapier. Wees daarom gewaarsku: ’n mens kan dié boek nie ongedeerd neersit nie.”

Volgens Fanie Olivier (Beeld, 29 Julie 1996) sluit Walters se volgende digbundel (sy eerste sedert Saturae) in 1996, Sprekende van God, direk by sy vorige vier bundels, sowel as sy bundel hekelstukke, Saturae: die essays, aan. Van die heel eerste vers af word die vertroostende waarhede ondermyn. “God is geen sekerheid nie, altans nie in die sin wat ons dit voorstel nie. Hy verken in die 66 verse die gesprek oor die godheid van die tyd van die Grieke tot hier digby die einde van die twintigste eeu.” Olivier meen dat Walters met hierdie digbundel sy belangrikste bydrae nog tot die Afrikaanse poësie lewer en ’n betekenisvolle stem in ons religieuse digkuns word.

George Weideman (Oor skrywers en boeke, Afrikaans Stereo, Junie/Julie 1996) meen dat die satiriese element nie afwesig is in Sprekende van God nie. “Die satirikus wil, sonder om noodwendig moralis te wees, bewus maak van wantoestande of wanopvattings. Indien ons die siening moet glo dat die satirikus óf remediërend wil spot, óf dat daar ‘geen helende warmte in sy lag’ is nie, dan verskuif Walters met hierdie bundel die grense.”

Bernard Odendaal (Volksblad, 7 Maart 1998) skryf dat Walters se stem met hierdie bundel sommer baie aan helderheid en resonansie wen en dat dit ’n waardevolle toevoeging is tot die Afrikaanse religieuse poësieskat.

Na ’n stilswye van bykans nege jaar word Walters se volgende bundel, Satan ter sprake, in 2004 deur Protea Boekhuis gepubliseer. Joan Hambidge (Volksblad, 18 April 2005) beskou Walters as ’n bestendige digter en ’n voorste satirikus binne die Afrikaanse digkuns. In hierdie bundel gee hy ’n aweregse blik op die “geding met God”. Want om oor Satan te skryf, beteken dat jy ook óór en mét God praat. Volgens haar gaan hierdie gedigte teen haar geloofsiening in en sy beoordeel dit slegs as gedigte. “Soms is dit skerp, navrant in die uitwys van teenstrydighede (geloof helaas berus nie op redelike bewysvoering of logika nie), in skerp metaforiek. Dikwels is die gedig nog te veel betoog en te min vers. Maar vir wat dit wil wees, is dit ’n bundel wat nie-gelowiges sal behaag en waarskynlik menige predikant sal aanstig om hierteen te preek.”

In die 1990s is Walters die redakteur van die reeks Poësie uit verre lande wat deur Perskor uitgegee is en wat vertalings van Portugese en Spaanse gedigte deur Uys Krige bevat, asook vertalings deur Marthinus Versveld. Walters is self later verantwoordelik vir die bekendstelling van Chinese en Japannese gedigte in Afrikaans met die bundels Shih-Ching liedereboek en Aki no kure – Herfsskemering: ’n bloemlesing Japannese gedigte wat onderskeidelik in 2004 en 2006 by Protea Boekhuis gepubliseer is. In resensies deur Joan Hambidge en Gunther Pakendorf is dit duidelik dat hierdie twee boeke op elke poësieliefhebber se boekrak tuishoort.

Walters se werk is deur Johann Nel vir die verhoog verwerk en Praat van die duiwel, Uitverkoop!, Boer Loer en Ha-ha-ha! Afrika! is met groot sukses by Kunstefeeste en ander teaters landwyd op die planke gebring. Nel is die voordraer en Juanita Swanepoel die regisseur van hierdie stukke. Nel vertel aan Francois Smith (Die Burger, 7 Desember 2000) dat hy nie genoeg kan kry van Walters en sy werk nie. Die sukses van die vertonings het ook daartoe bygedra dat Walters weer gewild gemaak is. Volgens Nel rol Walters se poësie soos prosa van ’n mens se lippe. Hy sê dat om met Walters te werk ’n uiters verrykende ervaring is, miskien omdat hy, nes Nel, baie privaat is. Walters vul voortdurend Nel se teks aan met nuwe en aktuele verse, want “die satire se probleem is dat dit dateer, (...) maar sy gepubliseerde werk bly aktueel. En dit is die toets vir ’n satirikus.”

In 2004 skryf Walters die drama Die meester met Johann Nel en Pieter Retief in die rolverdeling en regie weer eens deur Juanita Swanepoel. Dit is daardie jaar by die KKNK opgevoer, sowel as by die Klein Libertasteater op Stellenbosch. Die onderwerp van Walters se spot is die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel oor die dekades heen.

In 2015 is Praat van die duiwel weer tydens die Woordfees op Stellenbosch op die planke gebring nadat Walters die teks aangepas en bygewerk het om tred met die tye te hou. Tydens die Vrystaat Kunstefees in Bloemfontein in 2019 bied Johann Nel ’n praatjie aan oor MM Walters en sy werk as deel van Naln se “Hulde aan Helde”-reeks.

Volgens Cor Scholtz op LitNet word daar heerlik die spot gedryf met die belaglikhede en die verwronge waardes van ons onderwysstelsel, terwyl bytende kommentaar gelewer word op die heersende ideologieë wat die jeug van ons land se gedagtes oor die afgelope eeu gevorm het.

In 2011 word Braille-briewe by Protea Boekhuis uitgegee – Walters se eerste digbundel sedert 2004. Dit is weer ’n bundel satires en op LitNet skryf Charl-Pierre Naudé dat die bundel geskryf is as "briewe": "aan die Groot Onbekende", "aan Lucifer", die "ontslape Arnoldus" (Pannevis), aan die Ou Gode, en die Nuwe Gode; Calvyn kry ook ’n ou notatjie, en die "Boertjies in die Binneland" word ook vermeld.

Naudé gaan voort: "Die briefmotief herinner onmiddellik aan die briewe van Paulus, wat self ook ’n onverpoosde korrespondent was, en wie se geopinieerdheid oor die heelal nie hoef terug te staan vir Walters s’n nie, hoewel met veel minder humor gedoen as by renegaat-apostel Walters.

"Alreeds in die titel is ‘n groot gevaar vir Walters se huidige bundel geleë: die gestroopte helderheid van sy seggingsgwyse loop hier gevaar om te direk te word en sodoende die subtiliteit waarvoor hy bekend is, te kelder. Braille-briewe: geskryf vir die blindes.

"Maar die digterstem (j.w.w.) bou ook selfafstand in sy bundel in deur sake van twee kante te beskou, soos die brief aan die ou gode, wat onvermydelik jukstaponeer met die brief aan die nuwe gode. Die 'jy-weet-wie' oftewel 'j.w.w.' waarmee elke brief afgesluit word, suggereer iets van die uitgeslote, die profane, die apokriewe, die alter ego, die anima selfs – wat hier honend terugskryf aan die onbevraagtekende en onbevraagtekenende, piëtistiese 'sentrum' – en só sy eie plekkie in die annale opeis. Die effek is dikwels skrynend. En heerlik. As jy die brief aan Lucifer saam met die een aan Calvyn lees, wonder jy oplaas maar wie is die régte Lucifer ... Die brief aan Calvyn begin so: 'Verstaan my goed:/ Ek wil nie aanstoot gee nie.' Maar dis presies wat die digter wel gee, op die mees verteerbaar denkbare manier, omdat dit net so fyn en skerpsinnig gestel is.

"Sarkasme (die aspoester van humor) is selde so fynsinnig as in die afloop van die brief aan Calvyn, veral in die veelduidigheid van die woord 'lig', waar gesinspeel word op al die mense wat deur Calvyn tot die brandstapel verdoem is: 'Die vuur van louter liefde/ wat jy aangesteek het,/ is lank nie uitgewoed nie./ In die Genève wat jou naam dra,/ moet elke nuwe Servetus steeds lig loop.' Die woord 'kanon' kom onmiddellik op as jy Calvyn deur hierdie bril sien. Die kanon van die godsdiens, van kennis, selfs van die letterkunde. Want die satire is ’n uitkringende vuurtjie.

"Walters skryf in ’n effens gedrae, sonore en beeldryke Afrikaans wat wissel tussen erns en humor, swaarwigtigheid en speelse vlugvoetigheid. Woorde soos 'blufferige' bewyse; vrugbare jong meisies wat nie ophou 'molstoot' nie; die 'kerk van afsonderlike voortreflikheid'; 'die "windpomp-kerk" wat draai onder druk/ en wind pomp' ... dit hou nie op nie.

"In ’n onderhoud beskryf Walters homself as iets in dier voege: verknog aan die grond, bodemgebonde (my woorde), gebind aan sy mense. Hier is ’n uiters kritiese digter, maar hy bly deel van sy mense. Die posisie laat mens dink aan 'lojale verset', die beginsel van Van Wyk Louw. Dis ’n bundel wat dieper bespreking verg as wat ek hier geleentheid het om te gee. Dit beloon herhaaldelike lees en vervaal nie.

"Ja, daar ís slaggate waarin die digter trap. Waarna die slaggate beter daaraan toe is."

Op Versindaba is Zandra Bezuidenhout die resensent. Sy begin haar bespreking deur Walters te vergelyk met Juvenalis wat snydende, maar tog ook komiese kommentaar op die samelewing van die 2de eeu nC gelewer het. Die bundelopdrag lui dan ook: “Opgedra, ter afskeid aan Juvenalis” en Bezuidenhout skryf dat die woorde “ter afskeid” dalk daarop kan dui dat hierdie bundel dalk Walters se "afskeid" is van Juvenalis, asook van die satiriese versvorm, maar sy hoop van harte nie van sy rol as skrywer nie, want ’n mens kan jou dit nie indink dat die letterkundige mantel van MM Walters op iemand anders se skouers moet val nie.

Bezuidenhout gaan voort: "Getrou aan die aard van die satirikus gaan Walters hiperbolies en brutaal te werk. Hy stel 'ongeskikte vrae', soos Johann Degenaar na die aard van die filosofiese vraagstelling verwys het, want Walters is ten diepste ’n denker eerder as bloot ’n eietydse spotvoël soos dit op die oog af mag voorkom. Dit is die 'manewales van die mens', sy praktyke (of wanpraktyke) en sy gode (of afgode) wat hier ondersoek en bedink word, maar dan deur ’n werkwyse wat daarop gerig is om te ontbloot, te skok, te vermaak en desnoods te vervreem. Deur hierdie berekende retoriese truuk word die aandag vir die boodskap opgeëis, want soos die kabaretgenre wil die satiriese vers die toehoorder uitlok en uiteindelik tot nadenke stem.

"Die beeldende titel Braille-briewe kan geïnterpreteer word as persoonlike geskrifte aan ’n ontvanger wie se sig of insig by implikasie aangetas is. Die sender gee dus voor dat die opgehewe tekens van ’n kodetaal (’n metafoor vir die satire) nodig is om die boodskap in te skerp sodat dit letterlik aan die lyf gevoel word. Daarby is die briefvorm met sy informele toon by uitstek geskik om die distansie tussen die sender en ontvanger op te hef, en die leser by die argument te betrek. (...)

"In meerdere opsigte is die bundel tipies postmodernisties. Afgesien van die vermenging van hoë en lae stylregisters en situasies word intertekste mildelik maar funksioneel aangewend, grense word oorskry en niks is heilig nie, selfs nie die ou, gevestigde verhale of narratiewe waarvolgens die mens nog altyd sy lewe gerig het nie. Die subteks is dat mensgemaakte gebruike, gode en konstruksies opnuut bekyk en desnoods gedekonstrueer moet word. Hierdeur verkry die bundel ’n sterk intellektuele lading. Die erns waarmee die bundel open, rig ’n waarskuwende vinger dat 'die mens se manewales' ’n geheimenis bly waarvoor die spreker antwoorde soek en waarvoor hy hom tog met piëteit tot die ‘Groot Onbekende’ rig. Die krag van die bundel lê in hierdie wisseling tussen wete en nie-wete; tussen sekerhede en onsekerhede, lag en erns.

"Juvenalis het natuurlik in Latyn geskryf en volgens die stylgebruike van sy tyd ’n strenger versvorm hanteer. Walters skryf losser en gemakliker en die praattoon is in pas met hedendaagse ontwikkelinge in die digkuns. Daarby dien die gemeensame geselstrant in hierdie geval om die intieme aard van die brief na te boots. Lesers sal maar hul verwagtinge van die poësie moet aanpas by eietydse digters se voorkeur vir die prosagedig waar struktuur en binding nie altyd afhang van bekende digpatrone nie. Soos in die denke, word daar in die vormgewing van die gedig wegbeweeg van 'rigoreuse rituele, reëls en reglemente'. Die hedendaagse vers, mits dit noukeurig gekonstrueer word, verkry ’n eiesoortige struktuur wat gebaseer is op die inherente klank, ritme en melodie van taal, en op goedgekose sleutelwoorde en beelde wat met mekaar verband hou. Dit is juis deur die manier waarop die digter die taal hanteer dat die informele styl ’n poëtiese kwaliteit verkry. By tye laat Walters egter die spanning verslap en gaan hy te direk en betogend te werk. Ook steur hy hom opsetlik en opsigtelik min aan politieke korrektheid, waarteen daar op sigself geen literêre besware is nie, maar die fasiele rym en gebrek aan subtiliteit, hoe speels ook al, pas na my mening nie by sy statuur as digter nie. Maar ook hierin wou hy waarskynlik die grense van die elitistiese poësie oorskry."

Bezuidenhout sluit af: "Dit sal sinvol wees om Walters se jongste bundel saam met sy hele oeuvre te lees of herlees, met inbegrip van sy meevoerende vertalings van Chinese en Japannese gedigte. Lesers sal nie koudgelaat word deur hierdie digter se werk nie. En diegene wat al saliger is (indien wel!), sal by tye in die graf omdraai, warm of koud, met permissie gesê."

Fanie Olivier beskou MM Walters as die voorste satirikus onder die huidige geslag skrywers en ook miskien die enigste wat dit as genre bestudeer en deurlopend beoefen.

Walters se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde kan opgesom word in Riana Scheepers se woorde: “In enige letterkunde is die satire ’n skaars, en ’n moeilike genre. Die satirikus se bydrae is een van die eksotiese speserye wat ’n bitter ondertoon het, maar dan ook dié bydrae wat diepte en substansie aan die letterkunde verleen. ’n Letterkunde (en ’n samelewing) sonder satire is onvoltooid.”

In sy resensie van Braille-briewe op LitNet begin Charl-Pierre Naudé sy bespreking met ’n oorsig oor die poësie van MM Walters: "Min digters het die soomlose resonerende en ritmiese slag van ’n Walters, waarin ’n sekere informele poëtikale indruk met onopsigtelike en baie effektiewe onderliggende rigour gekombineer word. Trouens, dis hierdie 'loslit' inslag van Walters se poëtiese woord, hierdie misleidende 'gemaklike' indruk, wat al gemaak het dat sy digkuns verkeerdelik as 'soos prosa' beskryf is. Dat so ‘n beskrywing vir iemand moontlik kon wees met verwysing na Walters, sê baie oor die histories eng kategorieë waarmee ’n sektor van die Afrikaanse poësiekritiek werk. Walters se poësie bevat al die elemente van goeie poësie, hoewel nie altyd op die tradisionele manier nie.

"Eerder is dit werk wat ’n baanbrekende voorgangerrol vir die hedendaagse losser – en andersoortige – ritmes in die digkuns gespeel het. Walters is niks minder as ’n tegniese meester wat vir homself met hierdie spreektalige inslag ander ruimtes geskep het om te verken wat nie aan bod kom in die meer tradisionele, 'hegter' digkuns nie. Hy maak byvoorbeeld interessante kombinasies van die liriek met die beskoulike en die betragtende; en kombineer ook die betogende met die liriese.

"Betogende verse word met reg deur vele gesien as die teenpool van hoogstaande poësie, as satire wat die fyn balans van suggestie en meervoudige beduidenis ingeboet het, en dis dikwels ook so die geval. Maar soos alle aannames wanneer die digkuns ter sprake is, het hierdie aanname sy perke; dit het sy presiese plek waar dit sneuwel, en jy kan daardie plek gaan opsoek soos jy Bles Bridges se gedenksteen op die pad buitekant Bloemhof kan gaan opsoek, as jy so wil. Die spel met ironie en satire, die vindingryke en beeldende segswyses wat binne hierdie 'onpoëtiese' verband (betoging) by Walters voorkom en plek-plek so diggepak 'opdam', is ’n versagtende omstandigheid en maak die geheel weldeeglik digkuns. Hoewel die saak waarteen betoog word in die tyd enkelvoudig mag staan, is die kommentaar daarop deur die digter vindingryk en snaaks en só verkneukelend problematiserend – so veelvlakkig – dat die eenduidigheid van die saak waarteen betoog word, lankal nie meer eenduidig staan nie.

"Maar Walters verskil ook weldeeglik van die hedendaagse spreektalige en praatstromige  hierin: sy ritme is onmiddellik herkenbaar as klassiek, wat nie altyd by eersgenoemde die geval is nie.

"Overgesetsynde, en effens oorvereenvoudigend: jy hóór Van Wyk Louw en veral Peter Blum iewers in die agtergrond. Ritmikaal gesproke vind ek Walters een van die beste Afrikaanse digters van alle tye. Maar hier iewers – soos ook by sommige ander ouer digters – begin die appeltjie reeds op ’n peer te lyk, en nadere beskouing kan interessante gewaarwordinge oplewer.

"Dis interessant dat van die meer tradisionele poësie in Afrikaans soms sintakties so gedronge raak – soos ’n vel papier wat keer op keer na binne gevou word, as’t ware – dat daar eintlik nie meer van ritme sprake is nie. Ritmisiteit is dan veel minder deel van die effek as by sommige ander vorme van minder kriptiese poësie. Walters se vel papier vou egter keer op keer as’t ware eerder na buite uit. Dis poësie wat tegnies juis baie goed is, maar daar is aspekte daarvan wat nie onder die tradisionele plastiese kan ressorteer nie, aspekte wat buite-om die onmiddellik tegniese die beste beskryf kan word."

Met MM Walters se 90ste verjaardag op 23 Januarie 2019 skryf Daniel Hugo ’n artikel in Die Burger van 21 Januarie 2019 getiteld "’n Welverdiende voetstuk vir Walters op 90" om hulde te bring aan Walters as skrywer: "Die letterkundige kánon is ’n vreemde ding. Oor die statuur van sommige skrywers bestaan daar groot eenstemmigheid. Hulle staan stewig op hulle voetstukke in die literêre beeldetuin ... (...) Geen kanón kan hulle wegblaas nie; geen engel kan hulle uit die paradys van die geletterdes verjaag nie.

"Ander digters staan en rondtrap by die poort en kyk verlangend na die vakante voetstukke onder die weelderige lower van daardie lushof. (...)

"En dan is daar digters soos MM Walters wat deur sommige kanoniseerders bekritiseer en selfs geïgnoreer word, maar deur ander weer geloof en gelourier word. Hy staan dus halfpad tussen die hek en sy voetstuk wat vir hom wag. En Walters se poësie is so uniek dat daar werklik niemand anders is wat sy plek kan inneem nie.

"Walters was in ’n mate self verantwoordelik vir sy onsekere posisie. Hy het nooit deelgeneem aan openbare skrywersdebatte en bekgevegte nie, hy was nooit lid van ’n skrywersorganisasie nie en het ver weggebly van die literêre stromings en teorieë van die oomblik.

"As satirikus was dit natuurlik noodsaaklik dat hy ’n buitestander moes bly wat met ’n ontroebel oog kon kyk na die onnoselhede van die samelewing om hom, na die opgeblasenheid van die kerklike en politieke leiers, en na die karpatse van sy skrywende kollegas. Vanaf sy debuut in 1967 was hy ’n vlymskerp waarnemer eerder as ’n luidrugtige deelnemer."

Hugo wys voorts in sy artikel hoe Walters, wanneer dit by toekennings gekom het, misken is in sy loopbaan as skrywer. Hoewel hy drie pryse vir Cabala, sy debuutbundel, ontvang het, het die destydse moderator van die NG Kerk, Koot Vorster, hom in die pers aangeval as ’n vyand van die volk. In Perspektief en profiel, waarvan HP van Coller die redakteur was, is daar nie veel ruimte aan hom en sy werk bestee nie, en ook JC Kannemeyer is in die tweede deel van Geskiedenis van die Afrikaanse literatuur nie baie beïndruk met Walters se poësie nie.

André P Brink het egter van Walters se gedigte in sy 2008-samestelling van Groot verseboek ingesluit, terwyl Walters se gedigte sedert 1975 in voorgeskrewe bloemlesings vir skole verskyn het. Van Walters se vertalings uit die Japannese digkuns is ook deur Brink gebloemlees, skryf Hugo: "Die vertalings het in 2006 verskyn onder die titel Aki no kure / Herfsskemering, Die nugtere, rasionele aard van Walters se geestelike pelgrimstog word mooi geëggo in die volgende haikoe van Karai Senryuu (1718–1790): ‘Zen-priester/ ná meditasie/ soek vlooie.’ (...)

"In latere bundels soos Sprekende van God (1996) en Satan ter sprake (2004) gebruik Walters sy enorme kennis van die teologie, kerkgeskiedenis en mitologie om sowel skerp satiriese as ontroerend persoonlike verse – ek dink veral aan ‘Haven om te landen’ – te skryf. Wat Koot Vorster en die Kerkbode destyds misgelees het, is dat die digter ’n opregte hoewel aweregse soeker na God is."

Daniel Hugo sluit sy artikel af: "En wat is die slotsom waartoe die digter, wat vandeesweek sy 90ste verjaardag vier, gekom het? In Sprekende van God staan die volgende reëls:

God sélf, die objektiewe, werklike, die Één
wat skuil gaan agter ons metafisiese projeksies,
bly op geen enkele wyse te benader.

"Matthys Michielse Walters het die afgelope halfeeu die Afrikaanse letterkunde verryk en verruim met sy andersdenkendheid en eiesoortige verse. Ek plaas hom graag op sy welverdiende voetstuk."

Ook ter viering van MM Walters se 90ste verjaardag vertel Gunther Pakendorf, ’n vriend van Walters, aan AJ Opperman in Beeld  van 23 Januarie 2019 dat Walters "eintlik nog nooit in pas was met die norm nie. Thys was nog altyd uniek vir sy tyd in ag genome die kritiek wat hy gelewer het. Selfs sy geboortejaar (1929) is jare lank as 1930 verkeerd op sy dokumente aangedui.

"Ek het hom in die 1980's ontmoet toe ons albei aan die Universiteit van Kaapstad verbonde was. Ek dink ek het in die 1970's van sy werk bewus geword met sy kritiek teen die NG Kerk en sekere dominees wat hy in sy werk geopper het. Ek onthou dat Koot Vorster (die voormalige eerste minister John Vorster se broer) hom vreeslik kritiek op die hals gehaal het.

"Hy is ook nie iemand wat hom ’n rat voor die oë laat draai nie. Hy het nog altyd ’n afkeer gehad van skrywers met ’n opgeblaasde selfbeeld. Hy het ’n ongelooflike humorsin. So droog ... Hy het my al laat skater."

Zandra Bezuidenhout vertel ook aan AJ Opperman dat MM Walters as digter ’n groot talent het om kommentaar te lewer op die gemeenskap: "Daar is nie nog so ’n Afrikaanse digter wat die satiriese mes so raak kan inlê wanneer hy kommentaar lewer op die samelewing en selfs Bybelse inhoud aan die kaak stel nie. Sy tematiese inkleding strek egter veel verder. Wat styl betref, durf hy die kort Japanse versvorms aan, en het hy trouens van daardie soort verse in Afrikaans geskryf en vertaal. Van Walters se ander gedigte is deur Michiel Heyns in Engels vertaal.

"Nog belangriker is dat Walters sy uiteenlopende denkinhoud by wyse van verstegnies afgeronde verse vol verrassende wendinge oordra, en dit altyd vervleg met woord- en klankspel om die wind uit jou seile te haal, soos net hy dit kan doen. Hy is ’n unieke figuur in die Afrikaanse letterkunde wat mense opnuut behoort te lees."

Johann Nel, die akteur wat al verskeie van MM Walters se werke op die verhoog aangebied het en van sy verse op radio en by ander geleenthede voorgelees het, sê dat vir hom as persoon en sy persoonlike groei Walters se werk baie beteken het. "Hy het ’n ongelooflike teologiese kennis, maar ek dink nie ’n mens kan hom etiketteer wat geloof betref nie. Hy is Suid-Afrika se grootste satirikus wat poësie betref.

"As hy sy eie verse voorlees, is dit so ernstig. Hy klink eintlik soos ’n predikant. Selfs al is dit hierdie vlymskerp satire met inhoud waaroor ’n mens eintlik wil lag. Op sy verjaardagpartytjie wil ek beslis vir hom dankie sê dat hy vir soveel mense gedink het."

In reaksie op Daniel Hugo se huldeblyk skryf Johann Penning van Bloemfontein in Volksblad (28 Januarie 2019) dat Walters ’n "reus is wat deur baie volksgenote eerder geïgnoreer wil word. Sommige sou ’n vuurtjie rondom sy voete wou maak terwyl hy aan ’n paal vasgemaak is. Hy het ’n reuse-intellek, uiters skerp waarnemingsvermoë en ’n sensitiewe gees met die insig in die menslike toestand. (...)

"As satirikus is en was daar nog nie sy gelyke in Suid-Afrika nie. Hy kloof twak en nonsens oop tot op die been, en laat nuwe insigte oopgaan vir die leser. En dit in die keurigste Afrikaans. Hy het ’n ereplek in my heldegalery. ’n Reus inderdaad."

Vir Daniel Hugo (op Versindaba) is Walters se "Haven om te landen" een van die ontroerendste gedigte wat hy ken. Vanuit die stoepkamer van sy hooggeleë huis in Seaforth, Simonstad, hou die digter die aandskemer oor Valsbaai dop:

In die koue grys skemer van die Agterberg
laveer die laaste bote huis toe:
dun wit seile in ʼn wintersee soek
na ʼn haven om te landen.

Die meeue trek saam op Duikersklip
dig teen die donker en die wind
en oor die water hang ʼn hunkerende roep
na ʼn haven om te landen.

Die stomp neus van die Steenberg
los op tussen see en lug,
die nag word swart sonder lig wat wink
na ʼn haven om te landen.

En ou herinneringe en vertwyfeling
sak oor my soos ʼn swaar seemis
en heelnag deur dreun die branders en nêrens
is ʼn haven om te landen.

                      (Uit: Sprekende van God)

Terug na bo

Publikasies:

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Terug na bo

MM Walters as samesteller

Die tiende muse: Afrikaanse satires . Johannesburg: Perskor, 1986 [ISBN 9780628030573 (hb)]

Terug na bo

MM Walters as redakteur

Poësie uit Verre Lande (reeks). Johannesburg: Perskor, 1991

Terug na bo

MM Walters as vertaler

Shih-Ching Liedereboek . Pretoria: Protea Boekhuis, 2004 [ISBN 9781869190415 (sb)]

Aki no kure – Herfsskemering: ’n bloemlesing Japannese gedigte . Pretoria: Protea Boekhuis, 2006 [ISBN 9781869190521 (sb)]

Terug na bo

Artikels oor en deur MM Walters beskikbaar op die internet 

 

Terug na bo

Bygewerk: 2019-06-06
Inligting verouderd/onvolledig? Stuur 'n e-pos aan album@litnet.co.za

The post MM Walters (1930- ) appeared first on LitNet.


Durban Literary Festival: An interview with Darryl David

$
0
0

From the 21st to the 23rd of June, Ike's bookstore in Durban is hosting the first edition of the new Durban Literary Festival. And it's free! Here is some information on the festival.

Joanne Rushby of Ike's bookstore on the left, pictured at 2015's Mad Hatter's Tea Party at the bookstore (photo provided)

Joanne Rushby, owner of Ike's bookstore elaborates on the Durban Literary Festival: 

The first edition of the Durban Literary Festival anticipates bringing not only books alive but an environment in which there will be a free and urgent flow of ideas. The fact that some of the country’s finest writers will put themselves up to public debate makes for an enticing and intellectually rewarding experience. The mix of older and younger writers speaking across the generations and to each other allows for a singular and pioneering festival. Now more than ever, when the world is ruled by a man who relies on Twitter, and when biographies have become an instant selfie, books are returning with a vengeance.

For Ike’s it is the highlight of a rewarding few years which has seen in the growth of the bookshop and a revival of reading. I have received incredible support from all corners of South Africa, and anticipate a festival of goodwill and laughter. I am confident that the Durban Literary festival, which has been organised on zero budget, will go from strength to strength and become one of Durban’s great literary events.

Darryl David (photo provided)

Darryl David, organiser of the festival, talks to Naomi Meyer about this year's Durban Literary Festival.

Hi Darryl! Please would you tell me about this year’s Durban Literary Festival?

Hi, Naomi. Yes, the inaugural Durban Literary Festival is set to take place from 21 to 23 June 2019 at Ike’s Books. Ike’s is an institution in Durban. It was the first bookshop to be owned by a black person, Ike Mayet. It was opened by none other than JM Coetzee (that must have been during John’s pre-hermit phase). The walls of the bookshop are adorned with the signatures of all the great South African and international authors whose words have echoed off these hallowed walls.

In fact, whenever I visit, I spend my time trying to spot the signatures of famous writers. It is a place with soul. In fact, most writers who have agreed to speak at the Durban Literary Festival invariably commented to Joanne Rushby, owner of Ike’s, “We’ve heard such wonderful things about your bookshop. We would love to speak at your festival.”

The Mad Hatter at Ike's bookshop's Mad Hatter Tea Party (photo provided)

Darryl, you organise so many literary festivals throughout the country. Please tell me about the role players at this specific festival? And, which authors will be there?

This festival is the co-creation of Joanne Rushby, Ashwin Desai and myself. My role was predominantly to ensure that Ashwin and Jo did all the work. My role was to nag them until they could endure me no more. And, it worked a treat. Naturally, we all sat down together and said, “These are the must-haves.”

We knew that the success of a Durban Literary Festival hinged on big names for the inaugural year. And, boy, were we surprised at our success rate.

Ivan Vladislavic – tick

Ronnie Kasrils – tick

Fred Khumalo – tick

Ronnie Govender – tick

Gcina Mhlophe – tick

Erica and John Platter – tick

These were the household names around which we crafted the festival. All the while, I kept a low profile. These are my last days as a KZN man. I felt that this festival needed Durbanites as its custodians. I felt that Ashwin and Jo needed to own this festival. I rate Ashwin Desai as one of the most brilliant minds in South Africa. He is probably the only person who makes me think: “Now, why didn’t I think of that?”

Frances Chisholm (pictured on the right), previously the US Consul General and a driving force behind Durban's Unesco City of Literature designation (photo provided)

Do you think the fact that Durban was named a Unesco City of Literature in 2018 has drawn more attention than usual to Durban as a literary city, and did this play a role when you were planning the Durban Literary Festival?

Unesco City of Literature? I don’t know whether it was on the minds of my co-organisers. I suspect that Jo may be more excited about the prospect of drawing more book lovers to her bookshop on an annual basis through the festival. But, I would be lying if I said I did not have the designation on my mind with this festival. This is the festival that I hoped would carry the hopes and aspirations of Durban as a Unesco City of Literature. I also do think that it played a role in enticing some of the big name authors and their publishers to participate at the festival. However, sometimes death is needed for there to be rebirth. I realise now that in order for this festival to grow, I need to walk away, to step back. I feel that Ashwin and Jo have a chance here to create something special. I come with baggage. I want to pass the baton on to the only man who believed in my Unesco dream – Ashwin Desai. I know he will succeed, because he is one of the greatest writers I have had the privilege of meeting on my journey as an organiser of literary festivals. And, he was the driving force behind Durban’s successful designation. Of course, this festival has received no financial backing from the city. We have pulled this off with not a cent in our pockets. But, it is a festival that must never die. True to Unesco City of Literature ideals, it must champion freedom of speech. The city of Durban is never going to invite authors exposing ANC corruption to its book festivals. They have never invited Jacques Pauw, for instance. The Durban Literary Festival carries these hopes: inviting whom we like, without fear or favour.

In your opinion, who are the most famous writers from KwaZulu-Natal? And, will they be there?

Most famous writers from KZN? I have always rated Ashwin Desai and Chris Nicholson as two of the greatest writers, especially of non-fiction, in South Africa. It is scandalous that audiences in the Cape have never heard Ashwin Desai speak. His books on Indian indenture, on Gandhi, are books that will stand the test of time. But, his book, Reading revolution: Shakespeare on Robben Island – that is one of the greatest books to come out of South Africa. Chris Nicholson? Go out and buy his biography of Papwa, the Indian golfer who beat Gary Player and was then forced to collect his trophy in the rain, because Indians were not allowed to enter the whites-only clubhouse. One day, this book will be made into a film. It will be an international bestseller.

Of course, two of KZN’s most famous sons will be at the festival: Ronnie Govender and Fred Khumalo. Ronnie Govender is one of the most unsung dramatists in South Africa. His plays, At the edge and The lahnee’s pleasure, are indelibly imprinted on the minds of Durbanites. In fact, Jailoshini Naidoo, the most famous face from the movie, The Kandasamys, will be performing extracts from Ronnie’s plays. I always say that Jailoshini is to Ronnie Govender what Patrick Mynhardt was to Herman Charles Bosman.

Then, there is Fred Khumalo. I really thought that his book, Dancing the death drill, about black soldiers on the SS Mendi, would win The Sunday Times Fiction Prize. Sadly, it did not, but it is garnering great reviews overseas. Good things come to those who wait, it would seem. Fred comes to the festival not only with a Zulu translation of the SS Mendi tragedy, but also with a new short story collection, Talk of the town. And, let me go on record and say: something is wrong in English academia when a man of Fred’s stature, on the brink of his PhD, can’t command a lecturing post at a single South African university.

And Gcina Mhlophe. Poor woman! She is such a great storyteller, but no one buys her printed books. To listen to Gcina has been one of my great pleasures as an organiser of book festivals. She is the queen of storytelling in South Africa.

Of course, our most famous writers are Alan Paton, Bessie Head, Albert Luthuli, Mafika Gwala, Lewis Nkosi, Mazisi Kunene, Marguerite Poland, Douglas Livingstone, Roy Campbell, Nat Nakasa, Imraan Coovadia and John van de Ruit of Spud fame, to name but a few.

On the Afrikaans front, Ingrid Winterbach, Etienne van Heerden, Braam de Vries, Rita Gilfillan, Johan van Wyk, Riana Scheepers and Jan van Tonder all spent creative years in KZN. Dana Snyman’s book, Hiervandaan, for instance, ends at Pietermaritzburg’s Voortrekker Museum.

But, I would like to point readers in the direction of a proudly KZN project – KZN Literary Tourism. This website, the only one of its kind in South Africa, profiles all writers of KZN, famous and not yet famous. No other province has such a project. Here, you will find writers like Kobus Moolman, Dianne Stewart, Steve Biko, Carol Campbell, ZP Dala, Shabbir Banoobhai, Mandla Langa and Zuleikha Mayat, author of the all-time best-selling cookbook in South Africa, Indian delights.

But, let me end with unfinished business: Herbert Dhlomo, accomplished poet and the first black man to write a drama in English. And his brother, Rolfes Dhlomo, the first black man to write a novel, An African tragedy, in English (Sol Plaatje was not the first!). Before I die, I would like to commission two statues of these unsung Pietermaritzburg heroes in my home town, and have them enjoy pride of place outside the city hall, as the ANC promised to do 20 years ago!

Why do you organise this literary festival, Darryl?

So, why a literature festival in Durban? I think the answers above allude to the answer to this question. Most of the writers from KZN are largely unknown to the rest of South Africa. The role of the Durban Literary Festival should be to resurrect the forgotten words of these forgotten writers, while celebrating the works of a current generation. Durban is not merely about sunshine, beaches, surfing and bunny chows. (Look how I nearly forgot John and Erica Platter as KZN writers. Erica is in her curry phase, and will launch her new book, Durban bunny chow, at the festival.) We must ride the Unesco City of Literature wave – the first on South African shores and the first on the African continent. As a city, we need to honour and celebrate our literary heritage.

But, I want to end with our logo: an Indian mynah holding a pencil. I will have you know that I played no hand in this. It was the creative collaboration of three proudly Durban lads: Wade Barnes for the logo design, Nick Mulgrew for creative direction and Graham Paterson for the typeface. Their logo reminds me how integral the Indian mynah is to Durban. Our buses were called mynahs. One of our cricket clubs was called the Mynahs. And, I could not help but think: we have literary festivals to celebrate English writers, Afrikaans writers, writers from the African continent, black writers, coloured writers – but, not a single festival to celebrate Indian writers. Not one! And, I am Indian and the king of book festivals. Talk about not being able to see the wood for the trees.

But, I suspect Nick Mulgrew had the following in mind when he conceptualised the logo:

The mynah is a medium-sized, chocolate brown bird with a yellow beak, eye patch, feet and legs. The head, throat and tail are black, with the tail having white tips and white undertail feathers. Mynahs are very noisy birds, and they tend to take over areas where their populations are well established. Long may the writers who attend the Durban Literary Festival at Ike’s Books make a beautiful noise. And, may our population grow, so that we take over the city of Durban and see it become the literary capital of Africa. As Ashwin Desai always ends his conversations with me: inshallah!

 

The post Durban Literary Festival: An interview with Darryl David appeared first on LitNet.

Armoede in SA soos hamster in wiel

$
0
0

Die armoedekwessie in SA is vir my soos ’n hamster in ’n wiel. Die kleintjies leer by die ouers. 

Ons ouer mense het uit era van wit armoede gekom. Deur te breek met die ouerhuis en die wêreld op jou eie, op verantwoordelike manier, aan te pak was enigste manier om die siklus te breek. Ek dink nog aan die tipe beledigings van familie, bv "jy dink jou gat stink nie/ jy dink jy is beter as ons".

Ek het vir byna twee dekades in Daveyton gewerk. Dit het my altyd verbaas as huishoudelike geskille besleg moes word, dat seuns (40 tot amper 60) nog agter in die erf van die bejaarde ouers geplak het, saam met hul kinders en kleinkinders. Die idee was "dis my ma of pa se huis"! Tog het hul nooit die strewe gehad om hul eie lewe te maak en iets te bereik nie.

Is dit genetiese armoede of afhanklikheidsarmoede? Daar is tog vele soortgelyk onder alle etniese groepe.

Hans Richardt

 

The post Armoede in SA soos hamster in wiel appeared first on LitNet.

Graad 11: Rekeningkunde (hele jaar se werk), vraestel en memo

UJ-pryse 2019: ’n video van die commendatio-toespraak rondom Die dao van Daan van der Walt deur Amanda Lourens

$
0
0

UJ-pryse 2019: ’n video van die repliek-toespraak rondom Die dao van Daan van der Walt deur Andries Buys

$
0
0

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van genres heen, toegeken. Die debuutprys is aan Andries Buys (skrywersnaam Lodewyk G du Plessis) toegeken vir Die dao van Daan van der Walt. Luister hier na sy repliek.

Lees ook

UJ-pryse 2019: Repliek deur Andries Buys

Luister ook

UJ-pryse 2019: ’n video van die commendatio-toespraak rondom Die dao van Daan van der Walt deur Amanda Lourens

UJ-pryse 2019: ’n video van die commendatio-toespraak rondom Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Frederick J Botha

UJ-pryse 2019: ’n video van die repliek-toespraak rondom Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé

The post UJ-pryse 2019: ’n video van die repliek-toespraak rondom <i>Die dao van Daan van der Walt</i> deur Andries Buys appeared first on LitNet.

Viewing all 21652 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>