Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21646 articles
Browse latest View live

Persvrystelling: Aansoeke vir Suidoosterfees 2020 oop tot 21 Junie 2019

$
0
0

Die Suidoosterfees nooi vervaardigers, regisseurs en teatermakers uit om hul voorstelle vir 2020 produksies vir oorweging aan te stuur. Die 17de Suidoosterfees met die slagspreuk ’n Fees vir Almal vind aanstaande jaar vanaf 27 April tot 3 Mei 2020 in Kaapstad plaas.

Die inskrywingsvorm is op die Suidoosterfees webblad www.suidoosterfees.co.za beskikbaar en kan na suidooster@media24.com gestuur word. Alle produksievoorstelle moet die volgende inligting insluit:

  1. Naam en genre van produksie
  2. Sinopsis, taal, tydsduur en ouderdomsbeperking
  3. Stelontwerp en “tech rider” (tegniese behoeftes)
  4. Produksiespan en kunstenaars betrokke
  5. Motivering vir die insluiting van jou produksie by die Suidoosterfees
  6. Volle begroting (voltooi templaat op webblad)
  7. Kontakbesonderhede (e-pos, telefoonnommer plus alternatiewe kontaknommer)

Diegene wat aansoek doen vir ’n Jong Sterre produksie kan in die volgende kategorieë aansoek doen:

  1. Jong Sterre debuut-produksies (alle genres)

Neem kennis dat slegs debuut-produksies waarby jong skrywers, kunstenaars en regisseurs betrokke is, oorweeg sal word.

Die sluitingsdatum vir produksie-inskrywings is 5 Julie 2019. ’n Kortlys van Jong Sterre debuut-produksies wat deurdring word op 19 Julie 2019 aangekondig.

Hierdie produksies word tussen 29-31 Julie aan ’n paneel van kenners voorgelê en die suksesvolle produksies vir die 2020 fees word op 5 Augustus 2019 aangewys.

Suksesvolle produksies sluit aan by ’n mentorskap-program en woon relevante werkswinkels vanaf Oktober 2019 tot April 2020 by. Drama-produksies wat deurdring sal in ag geneem word om die kreatiewe teksontwikkelings-skryfskool by te woon, soos hieronder uiteengesit. 

  1. Jong Sterre debuut-dramateksprojek (in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting)

Vir die Jong Sterre dramateks-kategorie het die Suidoosterfees hande gevat met die Jakes Gerwel Stigting se nuwe teks-skrywersprojek. Dramaturge wat aan die begin van hul loopbaan staan, word uitgenooi om hul nuutgeskrewe dramatekste, of ’n uittreksel daaruit, tesame met ’n kort CV aan francois.abrahams@media24.com in te stuur vir keuring.

Die sluitingsdatum vir dramatekste-aansoeke is 5 Julie 2019. ’n Kortlys van teks-skrywers word op 19 Julie 2019 bekend gemaak en tekste word op 1 en 2 Augustus 2019 aan ’n paneel van kenners voorgelê. Suksesvolle kandidate van hierdie kategorie sal ook op 5 Augustus 2019 bekend gemaak word.

Hierdie kandidate woon ’n kreatiewe skryfskool by die Jakes Gerwel Stigting se Paulet-skrywershuis in Somerset-Oos in die Oos Kaap by tussen 4-25 Oktober, met Amy Jephta as mentor.

Die reis- en verblyfkostes van die jong skrywers sal deur die Jakes Gerwel Stigting gedek word.

Hierdie geselekteerde tekste word dan tussen November 2019 en April 2020 in samewerking met professionele mentors ontwikkel om by die 2020 Suidoosterfees opgevoer te word.

Vir meer inligting of hulp met die aansoekproses kontak gerus vir Francois Abrahams by 021 406 2456 of e-pos suidooster@media24.com

Vir meer inligting oor die teks-skrywersprojek kontak gerus vir Theo Kemp, uitvoerende direkteur van die Jakes Gerwel Stigting, by theo@jgf.org.za

  • Foto's van die 2019 Suidoosterfees: verskaf

The post Persvrystelling: Aansoeke vir Suidoosterfees 2020 oop tot 21 Junie 2019 appeared first on LitNet.


Sandveldstories deur Ferdinand Deist: ’n resensie

$
0
0

Sandveldstories
Ferdinand Deist
nb Uitgewers
ISBN: 9780624087267

ʼn Keur uit Ferdinand Deist se gewilde kontreistories uit Pofadder en Peddelford, Die pomporrel-konsert en Blom Appeltiet op Eselspoort is onlangs deur Tafelberg uitgegee as Sandveldstories.

Deist is ʼn ervare storieverteller wat die Sandveldse wêreld en unieke karakters van daardie omgewing meesterlik aan die lesers bekendstel. Die stories, wat in die tipiese streekstaal geskryf is, dra by tot die verruiming van die Afrikaanse literatuur – juis deur die gebruik van die streekstaal, maar ook deur die verskeidenheid tematiese elemente en die kleurryke karakteruitbeelding van die verskillende karakters in die verhale.

Sandveldstories bevat 30 kortverhaaltjies en “handel oor ʼn unieke wêreld en sy mense, sommige groots soos hul omgewing of klein en dwaas soos mense ook maar is”, soos op die agterblad vermeld word. Die stories boei die leser om verder te wil lees en al is dit aanvanklik nie maklik om aan die streekstaal gewoond te raak nie, pla dit nie – veral as die leser die stories hardop vir hom-/haarself begin lees.

Dit is die uitbeelding van menswees waarmee lesers sal identifiseer. Ons ken almal ʼn “ou Lettie” wat “Mar kan ’ie ou mens nou vir jou geskinner ’t!” of “ou Sarel” wat “ʼn selfgemaakte man” is wat hom opgewerk het van ʼn skaapwagter tot ʼn bywoner tot “hy op so vyf-en-veertig nie net ʼn vermoënde man gewees het nie, mar sommer ʼn miljoenêr”, of ʼn Hermaans wat “nie vannie stoepsitter-soort gewees (het) nie”. Almal karakters met wie die leser deernis sal hê omdat hulle so herkenbaar is en so met deernis beskryf word in die verhaaltjies. Interessant is dat baie titels die name van karakters in het: “Ta’ Anna se wye tanne” en “Hermaans Askies se opperasie” en “Fransiena se slieflis rok” en “Oom Willem Booise se gedagteverlies”. Dit vat ook die inhoud van die verhaal saam: “Die Jôn Deere trekter” handel oor die verkoop van ʼn ou “Lans”-trekker sodat ʼn nuwe John Deere-trekker gekoop kan word; in “Die plaag van Bawel”, wat handel oor die verwarring met tale, leer Eg Vannermerwe hoe om “Bom Appeltiet” te sê en in “Witblits betekent besigheid” leer die “agjint” die effek van witblits: “En met dié lat hy die leë beker oppie tafel neerkap, kom ‘ie tafel so ʼn ent nader aan hom toe en hy gaan weer weg van hom af.” Net soos die leser die verskillende gesigte van die Sandveldse mense leer ken, net so leer ons van die gebruike en tradisies van die mense: die inwyding van die nuwe pomporreltjie in die kerk, die skelm afluister by die telefoon op die partylyne, die negatiewe persepsies oor prokureurs, en die rol van die koster by begrafnisse.

Ook die rykheid en uniekheid van die ruimte word pragtig beskryf: “Sy’t allie jare hier op Eselspoort innie wit huisietjie m’t die twee gewels ennie buitetrap gebly”; die son brand seer “want dié kan al smôrs teen agtuur lelik in ʼn man se nek gesteek het”; “Eselspoort ‘t ok, so klein gewees ‘t, sy bodorp en sy onderdorp gehad”, maar veral leer die aarde jou: “Jy moet gespessialiseerd geraak het op darie stuk aarde. Annerster het hy vir jou afgegooi van hom af. Mar as hy jou self geteel het, dan’t hy jou nie sommer afgegooi nie en dan’t hy goed vir jou gesôre.” Dit is waarskynlik wat die verhale oordra: ʼn Mens moet een word met hierdie ruimte om hier te kan oorleef.

Deist slaag meesterlik daarin om in die tradisie van kontreiverhale soos deur Jan Spies en Herman Charles Bosman neergepen, die tipiese eiesoortigheid van ʼn kontrei, hier die Sandveld, aan die leser oor te dra. Lees die boek en raak bekend met die karakters en wêreld van die Sandveld.

The post <i>Sandveldstories</i> deur Ferdinand Deist: ’n resensie appeared first on LitNet.

Anderkant Die Ondenkbare deur Jeanette Morton: ’n lesersindruk

$
0
0

Lesersindrukke is bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Anderkant Die Ondenkbare
Jeanette Morton

Uitgewer: Struik Christian Media
ISBN: 9781415341001

Ek reken elke familie het datums wat vir die res van hulle dae op aarde in hulle geheues ingeprent sal wees. Elke mens is ’n lewende argief. In die kollektiewe argief staan sekere datums uit, soos 2 Februarie 1990, of 27 April 1994. En dan het mens jou eie datums. Jou eie argief. In my argief is byvoorbeeld 22 Februarie 2018, toe my pa dood is. En daar is 25 September 1997. Ek was 11 jaar oud daardie dag en het sport gedoen by die skool. Toe ek my pa in die motor kry langs die sportveld, toe vertel hy my my suster is dood in ’n motorongeluk. Sy was 21 jaar en 5 dae oud. Ons het die Saterdag nog ’n reusepartytjie vir haar gehou, en al haar vriende van die universiteit het op ons klein plattelandse dorpie saamgetrek vir die geleentheid: ’n spitbraai en ’n dans.

Dit is hierdie ervaring van dekades gelede wat my belangstelling geprikkel het in Anderkant die ondenkbare, Jeanette Morton se boek oor die dood van haar seun. Vir Jeanette was dit die dag van 1 Mei 2011 toe sy die doodstyding oor haar seun gekry het. Ook hy het in ’n motorongeluk gesterf. Op die N1 naby Kaapstad. Ook hy was nog baie jonk – maar 20. Die dood van ’n kind is een van die pynlikste ervaringe wat enige ouer ooit kan hê. Ek moet die skrywer salueer vir die feit dat sy haar emosies so blootlê in hierdie boek. Daar is baie in die boek waarmee ek kon assosieer. En oor die jare het ek geleer dat dit waar is dat mens nooit finaal en volkome herstel van die dood van jou geliefdes nie. Dit is ’n rouproses wat aanhou tot die dag wanneer jy self die lewe verlaat. Dit is ’n besef wat duidelik deurskemer in hierdie boek: “Ek sal my hele lewe lank die ma wees van ’n kind wat gesterf het” (146). Elders vergelyk sy haarself met ’n pot wat ’n poot verloor het: “Ons sal maar altyd half hinkepink wees: bewus daarvan dat ons van nou af altyd een te min is” (117). Dit is in my eie ervaring ’n gesonde besef – dat die dooies altyd voortleef in ons harte. Die vreugde van die herinnering aan hulle, maar hand aan hand daarmee die pyn van die verlies. Die skoene wat altyd leeg sal staan.

’n Interessante deel van die proses van rou is die rol van selfverwyt. Dit skyn byna universeel te wees dat selfverwyt deel is van wat met mense gebeur by die dood van ’n geliefde. My mening daaroor is dat mens gesonde selfverwyt en ongesonde selfverwyt kry. Gesonde selfverwyt reflekteer op die verlede en evalueer dit krities, en help waarskynlik in die proses van rou. Ongesonde selfverwyt sal mens verteer en jou verhoed om op lang termyn normaal te funksioneer in die samelewing. Ek dink nie selfverwyt is iets waarteen mense moet veg nie. Selfverwyt is ’n natuurlike deel van die rouproses. Mens moet net waak teen ongesonde selfverwyt. 

Baie water het egter vir my deur die see gevloei sedert daardie dag in 1997. Anders as die skrywer, glo ek vandag dat die dood finaal is. Die boek, daarenteen, het ’n uiters sterk Christelike klem. Spesifiek ’n Calvinistiese uitkyk op dinge, wat my ongelukkig, moet ek bieg, by tye ’n bietjie walg. Morton skryf byvoorbeeld oor die gospelsanger Louis Brittz se vrou Hettie, wat beweer dat god haar voorberei het daarop dat sy verkrag sal word (175). Vir my as deesdae ongelowige is so ’n gedagte onverstaanbaar. Ek kan myself nie daarby bring om my ’n god te kan voorstel wat mense voorberei op ’n walglike daad soos verkragting nie. Ek aanvaar egter langtand dat gelowige mense sulke idees kan ontwikkel, maar dit doen nie veel om my weersin in godsdiens te versag nie; inteendeel. Dan is daar ook tonele in die boek waarin die engele uit die “hemel” neerdaal in die boek, waarvoor mens maar ’n redelik groot verbeelding moet hê. Gelukkig krioel die boek nie hiervan nie, en is dit beperk tot slegs twee van die 53 hoofstukke.

Morton lê baie bloot in hierdie boek, en haar boek is alles in ag genome aangrypende leesstof. Sy worstel onder meer met vrae oor haar seun se geloofslewe, maar ook met die feit dat hy ’n uitdaging gehad het met beroepskeuses, en dat dit ’n geweldige impak op hom en die gesin gehad het. Sy skryf ook oor die swak verhouding tussen haarself en die pa van die oorlede kind. Natuurlik skryf sy ook breedvoerig oor haar geloofstryd na afloop van haar kind se dood. Vir haar was daar egter genoeg redes om aan te hou glo. Ek reken die boek sal vir baie mense sinvol wees, en veral vir tradisioneel gelowige mense.

The post <i>Anderkant Die Ondenkbare</i> deur Jeanette Morton: ’n lesersindruk appeared first on LitNet.

Press release: Magnet Theatre’s powerful G7: Okwe-Bokhwe for Cape Town and NAF

$
0
0

Magnet Theatre presents G7: Okwe-Bokhwe directed by Mandla Mbothwe (Photo: Mark Wessels)

Multiple award-winning Magnet Theatre presents G7: Okwe-Bokhwe directed by Mandla Mbothwe and starring the talented graduates of the fifth Magnet Theatre training programme.  

G7: Okwe-Bokhwe (Like/Of a Goat) will be performed at the P4 Studio at Hiddingh Hall campus from 12 to 22 June, followed by a run on 27, 28 and 29 June as part of the Main Programme at the National Arts Festival, Makhanda.

This powerful production is based on the historical records of the Gugulethu Seven, seven young members of Umkhonto weSizwe (MK) who were ambushed and heartlessly killed by the South African security forces on the morning of 3 March, 1986, during the anti-apartheid struggle years. The Gugulethu Seven memorial was built on the site of the ambush to commemorate the life and death of those activists.

G7: Okwe-Bokhwe was originally devised by Mbothwe with the fifth cohort of trainees on Magnet’s Full Time Training and Job Creation Programme 2017/2018 and performed at the Gugulethu Memorial site. The Magnet Theatre trainees now return as graduates and third year interns to perform the production for the 2019 tour.

The production is a powerful active memorial that attempts to engage with a process of healing the pain of our collective past. The production is also regenerative, allowing the wounds of our history to be exposed, validated, and attended to. Drawing on the powerful language of the body, song and ritual G7: Okwe-Bokhwe honours the Gugulethu Seven and celebrates the power of theatre’s ability to heal.

What is memory, what does it do and what happens when the past meets the present? Our job as storytellers is to explore these questions and interrupt the sense that there is nothing we can do,” says director Mandla Mbothwe. “As with this production, breaking out the forcibly archived stories should be at the centre of the journey to becoming a more human-faced nation.”

Directed by Mandla Mbothwe, with Movement Direction by Jennie Reznek and assistant direction by Zukisani Nongogo, Design is by Linda MandelaSejosingoe,  Choreography by Mzo Gasa, Music by Babalwa Makwetu, Lighting Design by Themba Stewart with Text and Poetry created by the company and originally co-ordinated by Vuyokazi  Ngemntu.

The cast features Magnet Theatre graduates: Abigail Mei, Carlo Daniels, Luxolo Mboso, Siyavuya Gqumehlo, Sivenathi Macibela, Sizwe Lubengu, Sityhilelo Makupula and Yvonne Msebenzi.

Magnet Theatre is one of South Africa’s best known independent physical theatre companies that has been operating in and outside of South Africa for the past 31 years. Aside from its professional work, the company runs multi-layered educational programmes that are aimed at the transformation of young people’s lives and the theatre industry as a whole. Magnet Theatre runs the only suite of bridging programs in theatre arts for unemployed youth in the Western CapeIn March 2019, Magnet was recognised by the provincial Western Cape Government with an award for outstanding contribution to Arts and Culture in the Drama category. 

Magnet Theatre’s Full Time Training and Job Creation Programmeprovides the only theatre arts ‘trade school’ of its kind in the Western Cape. It is evidenced to provide marginalised youth with access to education and employment. Of the almost 100 participants since 2008, the programme has been instrumental in facilitating access for 31 first generation university attendees. Sixteen have graduated and 11 are still studying. Eighty per cent of the others have found employment in the profession, including various international tours. An incredible 98% of all graduates are either employed, self-employed or furthering their studies.

Okwe-Bokhwe will be performed at the P4 Studio at Hiddingh Hall Campus in Orange Street, Gardens, from 12th -22nd June. There will be a preview on the 12 June at 19h30, and the show will run on 13, 14, 18, 19 and 20 June at 19h30 June. There will be matinees on 16, 21 and 22 June at 2pm. There will be no show on 15 and 17 June.

This will be followed by a run at the Rhodes Box Theatre at the National Arts Festival, Makhanda on 27 June at 19h00; on 28 June at 16h00 and 20h00; and on 29 June at 14h00.

Tickets for P4 Studio cost R80 and R50 for students. Bookings can be made at Webtickets www.webtickets.co.za

Tickets for the National Arts Festival run cost R80 with R75 concessions and can be booked at https://www.nationalartsfestival.co.za/

Age advisory PG (not for young children)

The Magnet Theatre is generously supported by:

Rand Merchant Bank, Oppenheimer Memorial Trust, HCI Foundation, HCI Foundation Community Transport Support Programme, Western Cape Government Expanded Public Works Programme, Potjie Foundation, Ampersand Foundation, with support from the National Arts Festival.

To support Magnet’s Full Time Training and Job Creation Programme donate here https://www.indiegogo.com/projects/upstage-kickstart-a-career#/

Or contact: email admin@magnettheatre.co.za or call 021 448 3436.

The post Press release: Magnet Theatre’s powerful <i>G7: Okwe-Bokhwe</i> for Cape Town and NAF appeared first on LitNet.

Talentkompetisie vir behoeftige jong kunstenaars

$
0
0

Die onmoontlike is al danksy die Global Spotlight Talent Search-kompetisie moontlik gemaak vir kunstenaars uit moeilike sosio-ekonomiese omstandighede. Soveel sukses is al behaal dat van hulle al op wêreldverhoë opgetree het. ’n Geleentheid wat hulle andersins nooit beskore sou gewees het was dit nie vir die goedhartigheid van ander nie.

Adriana Francke wat Global Spotlight begin het

Die Global Spotlight Talent Search-kompetisie is gestig nadat Adriana Francke, ’n opvoedkundige, agt jaar gelede besluit het om ’n soektog na talent in die Drakensteinvallei bekend te stel wat sedertdien die Global Spotlight genoem is.

Die suksesvolle sanger Sydwell Beziek van die Paarl is ook hierby betrokke, sodat hy en Adriana “kan teruggee om aan ander geleenthede te kan bied”. Hiervoor het Sydwell ’n Blue Ribbon-toekenning van die internasionale organisasie The Difference Makers ontvang.

Adriana Francke en Sydwell Beziek

Oudisies in verskillende genres word op 17 Junie in die Paarl gehou sodat arm kinders die geleentheid kan kry om hul talente te vertoon.

Heelwat sukses is al in die verlede hiermee behaal. So het Morné Goedeman, wenner van die kompetisie in 2016, onlangs Spanje toe vertrek om daar te gaan optree. Hy was die eerste Drakenstein-kunstenaar wie se lewensverhaal in die tydskrif Vrouekeur vertel is. Hy het ook by die tydskrif Kuier se Moedersdagfunksie gesing, asook ’n verhoog met Karin Kortje gedeel.

Onder die Global Spotlight Talent Search se talle ander suksesverhale is:

* Anro Arendse, 2014 se wenner, wat nou ’n lid van die Suid-Afrikaanse Jeugkoor is wat oorsee optree en al die verhoog in Amerika met bekendes soos Jimmy Nevis en Jonathan Butler gedeel het.

* Clarissa Benjamin, die naaswenner, wat ook ook al ’n verhoog met Jonathan Butler en ander bekendes soos Jonathan Rubain, Elwira Standilli en Karin  Kortje gedeel het. Sy het ook op Expresso saam met die No Sweat-groep van Wellington verskyn.

Clarissa Benjamin en Anro Arendse , onderskeidelik naaswenner en wenner in 2014

* Deonichia Killowan, een van die naaswenners, wat ’n agtergrondkunstenaar is. Een van haar enkelsnitte is op die Dove-toekenning-wenner en Grammy-benoemde gospelsanger Neville D se jongste CD, Nuwe dinge, opgeneem.

* Keenin von Wielligh, wat die wenner in 2013 was, en Didi Davids, naaswenner in 2015, wat almal oorsee optree nadat hulle kontrakte in Spanje verwerf het.

* Frederico Graninger, die huidige Drakenstein Talent Search algehele wenner, asook die Suidooster Talent Search se beste manlike stemkunstenaar. Wyle Taliep Petersen se eerste vrou, Madeegha Anders, wat self ’n legendariese sangeres is, is sy mentor. Sy sê oor hom: “Hierdie jong man wat onlangs by die Canvas Tent gesing het, het die gehoor gaande gehad.” Sy vra dat hy meer uitnodigings kry om by geleenthede in die Kaap op te tree.

Frederico Granninger

Sydwell kan Adriana nie genoeg lof toeswaai vir haar aandeel in hul sukses nie. Hy beskryf Adriana as die “legend van die valley”. Benewens die feit dat sy  die adjunkskoolhoof van die Laerskool Groenheuwel in die Paarl is, het sy ook ’n groot liefde  vir opvoeding en kuns en kultuur.

“Haar passie vir leerders hou nie by die skool op nie, so het sy ook naskools by projekte soos die Global Spotlight Talent Search betrokke geraak.” 

Global Spotlight is ’n niewinsgewende organisasie  wat onder Sydwell se sambreelorganisasie Soulo Produksies val wat minderbevoorregtes  help om hul volle potensiaal en drome oor ’n kunsloopbaan te bevorder. 

Benewens die Global Spotlight Talent Search  was Soulo Produksies ook al verantwoordelik vir toneelopvoerings soos die drama Nog net 9,  asook konserte soos Seridia Lee, On my Own, slypskole, die bestuur van kunstenaars, en individuele sessies met mentors.

Morne Goedeman, wenner in 2016, wens Klinton Keet, wenner in 2018, geluk.

Sonder geld of fondse het Adriana R1 000 uit haar eie sak vir die eerste algehele wenner geskenk. Adriana is die produksiebestuurder en deel haar ervaring as opvoedkundige, offer haar tyd, geld en vaardighede vrywilliglik op sodat kinders se lewens kan verbeter.

Sydwell vertel: “Sy stel haar huis vir repetisies beskikbaar, sy ry die kinders na hul huise aan sonder dat sy ’n brandstoftoelaag daarvoor ontvang en sonder om enigiets terug te verwag.

“Sy betaal die rekeninge vir die kompetisies vanaf die bestuur se kant, kook kos, bederf vrywilligers en verskaf raad aan jong kunstenaars ten opsigte van hul menswees deur middel van die platform wat sy geskep het en al nege jaar lank in stand hou.”

Adriana se hart is groot. As die jongste suster van Sydwell se pa het sy hom in haar huis ingeneem nadat sy grootouers, wat hom grootgemaak het, oorlede is.. 

“Sy is die onbesonge heldin agter die skerms. Haar nalatenskap gaan wyd strek.”

Morne Goedeman, die algehele wenner van 2016 is tans op ’n kontrak van  6 maande in Selva, Islas Baleares, Spanje.

Global Spotlight doen ’n beroep op die gemeenskap om hulle te ondersteun.

Vir meer inligting oor komende oudisies op 17 Junie 2019 by die Paarl-Oos Thusong Gemeenskapsentrum, kontak Sydwell Beziek, voorsitter van Soulo Produksies, by 021 8728285 / 071 404 5169 of soulopro6@gmail.com.

  • Foto’s: verskaf

The post Talentkompetisie vir behoeftige jong kunstenaars appeared first on LitNet.

In de chaos schuilt de schoonheid: Wonderboom van Lien Botha

$
0
0

Die collage van foto's langs die boekomslag is deur Hendrik-Jan de Wit aangestuur. Die foto's is deur die skrywer van die boek geneem.

Wonderboom
Lien Botha
Uit het Afrikaans vertaald door Robert Dorsman
Uitgever: Zirimiri press, 2019
ISBN: 978 94 90042 15 8.
Prijs: € 18,95
link: https://www.zirimiripress.com/wonderboom

Het leven van Magriet Vos is een chaos. Ze heeft haar man verloren. Hij was voor haar de trotse baken in haar leven. Hij is er niet meer en de dementie vreet als een rat door haar brein. Voor haar alle reden om op pad te gaan, op zoek naar haar roots en geschiedenis.

Zoals zoveel dementerenden wil Magriet naar huis. Dat huis ligt in het verleden, maar ook een stuk verderop. Het is een lange reis dwars door Zuid-Afrika, van Hangklip in het Zuidwesten naar Wonderboom in het Noordoosten. Het is niet alleen een fysieke reis letterlijk een dwarsdoorsnede van Zuid-Afrika, maar ook een mentale en vooral een reis door de geschiedenis van dit bijzondere land.

Road novel

Wat een verhaal is de roman Wonderboom van Lien Botha. Het is een relaas in de vorm van een road novel. Je maakt als lezer een reis door het leven van de hoofdpersoon Magriet Vos en daarmee ook door de geschiedenis van Zuid-Afrika. Ze voert je mee op reis al liftend van plaats naar plaats en door de grillige kronkels van haar geheugen. Soms komt ze zichzelf dan weer even tegen, ontdekt ze weer even wie ze eigenlijk is.

Nu weet ze wie ze is en alles wat ze is vergeten komt terug. De genade van het Grote vergeten. Geheugenverlies stelt je in staat een andere identiteit aan te nemen en gaandeweg vergeet je wie je bent en waar je vandaan komt. Maar nu weet ze dus wie ze is. Ze is de dochter van Ferdinand Vos en Ferdinand Vos was een legende - door sommigen bemind door anderen verguisd. (121)

Magriets vergeten staat in een heel mooie lijn met de grote geschiedenis van Zuid-Afrika. Soms zou je die willen vergeten. Soms zou je een andere identiteit willen aanmeten en ergens anders vandaan willen komen. Het heeft het land gebracht waar het nu is. Het verhaal van Magriet is daarmee het verhaal van Zuid-Afrika. Ze neemt je mee langs al die plekken van het grote vergeten.

Collage

Foto's van een collage wisselen de hoofdstukken af. Op elke foto is weer iets meer kwijt van de vorige. Het symboliseert de aftakeling. Is op de eerste foto het prikbord nog vol, geleidelijk verdwijnen steeds meer foto's en voorwerpen van het bord. Op de laatste bladzijde is alles van het bord verdwenen. Een wit bord met allemaal gaten waar de voorwerpen aan vastgepind waren. De hele geschiedenis van Magriet is zo met haar geheugen verdwenen.

Het lijkt de enige oplossing voor de chaos waarmee de roman opent. Ze raakt veel voorwerpen onderweg kwijt, maar ze haalt troost uit de muziek en de mensen van wie ze houdt. Tegelijk verliest ze ook de grip op de werkelijkheid. Dat ze haar viool kwijtraakt en met de lege vioolkist rondloopt. De dolende oude vrouw. Een heel leven achter zich latend en steeds meer ook dit leven verliest. Ze verliest niet alleen de voorwerpen, maar ook de dingen die symbool daarvoor staan.

Daarmee levert de roman Wonderboom een innemend verhaal op van het Zuid-Afrika van Mariets jeugd, waarin blanken bevoorrecht waren. Magriet doorkruist haar land en vertelt daarmee ook hoe het nu is het met land. Zuid-Afrika is overgenomen door nieuwe machthebbers.

Kolonisator

Die nieuwe machthebber, is in Wonderboom de leider voor wie Magriet in de muziekgroep speelt. Sommige mensen noemen hem een kolonisator. Hij heeft de macht van de blanken overgenomen. Hij woont in hun huis. Alleen de opperkamer heeft hij behouden. Er hangen de schilderijen van de blanke Nederlanders, onder andere van een landschapsschilderij van Koekoek. Net als het meubilair wat in deze kamer als enige is overgebleven.

Magriet is 1 keer in deze kamer geweest bij een optreden bij Albino X:

Het was de enige keer dat Magriet de eetkamer te zien kreeg - het enige vertrek in het historische gebouw dat Albino X intact had gelaten, compleet met delen van het oorspronkelijke ameublement en de schilderijen die hij had geërfd. (84)

De bewoordingen van de verteller waarin hij spreekt over ameublement en schilderijen, bezittingen die helemaal niet bij de nieuwe machthebbers passen. Albino X zou ze geërfd hebben, taal die wel bij de kolonisator past. De blanke overheerser is vervangen door de nieuwe heerser. Een wereld van nieuwe rijkdom, geweld en corruptie die meeklinken in deze bewoordingen. Zeker als je verderop in de roman leest hoe Albino X zijn bezittingen bewaakt. De helikopters en gewapende milities zijn voortdurend aanwezig.

Voetnoten

De keuze van vertaler Robert Dorsman om veel zaken uit te leggen aan de hand van voetnoten, is een weloverwogen keuze. Zo storen de vele uitweidingen die dit oplevert, de lezer van het verhaal niet. Ik vraag me wel af of iedereen die de roman in het Afrikaans zou lezen, die veel diepere lagen wel zou doorgronden. Niet dat onwetendheid afbreuk aan het verhaal doet, het geeft het verhaal wel veel extra's als je het weet.

Dat is meteen het verbazende aan de roman van Lien Botha. Het boek bevat werkelijk alles van Zuid-Afrika. Zo komen alles facetten van het land voorbij. Naast het ANC, de hiphop-groep Die Antwoord, de moord op Hendrik Verwoerd, de diamantfamilies De Beers en Ruperts, de onzichtbaren van Marinka, Eugene Marais, de dichter Van Wyk Louw en nog ontelbaar veel verwijzingen.

Intertekstualiteit en verwijzingen

Het boek stroomt over van de intertekstualiteit en verwijzingen naar de geschiedenis van een land. Dat het daarbij nooit irritant op de lezer overkomt, vind ik een prestatie van geweldig formaat. Bij dit alles slaat de verteller de brug tussen het oude, blanke Zuid-Afrika en het moderne multiculturele land dat Zuid-Afrika nu is.

En daar blijf ik mij over verbazen. Het relatief kleine taalgebied als het Afrikaans in Zuid-Afrika. Zo kan ik mij het gesprek over de plek van het Afrikaans in Zuid-Afrika bij de openingsbijeenkomst in de Week van de Afrikaanse roman in 2014 nog goed herinneren [link: https://www.litnet.co.za/in-de-ban-van-de-afrikaanse-roman/]. Hoe hoog de kwaliteit is van wat schrijvers in het Afrikaans leveren: Marlene van Niekerk, Etienne van Heerden, Andre Brink, Marita van der Vyver en Antji Krog. Schrijvers die echt iets wezenlijks toevoegen aan de literatuur.

Nederlands equivalent?

Het roept bij mij gelijk de gedachte op in hoeverre een boek als Wonderboom in het Nederlands taalgebied kansmaakt. Het werk is zo doorwrocht, maar ook postmodern van aard en verheft zich ver boven wat er momenteel in Nederland verschijnt. Hier vergelijk ik misschien appels met peren, maar ik zie niet gauw een Nederlandse equivalent met Wonderboom.

Het is niet zomaar mooischrijverij in dit boek. Lien Botha laat het verhaal, de stijl en de schoonheid van het woord, prachtig met elkaar samensmelten. Het is een roman die niet alleen erg lekker en voedzaam is, maar ook nog eens heel gezond. Een combinatie die alleen in dromen bestaat, maar hier voor je op een presenteerblaadje ligt.

Dan mag misschien voor veel Nederlanders Zuid-Afrika het land van de apartheid zijn, waar je nu vooral heen gaat om de Big Five te zien. Het land is veel meer. Het boek van Lien Botha bewijst dat. De weg die zij voert is letterlijk én figuurlijk een dwarsdoorsnede door dit bijzondere land. Het voert je mee door een prachtig land dat op zoek is naar haar identiteit. Dat het verleden een plek probeert te geven, maar dat zich steeds weer opdringt.

Ander land

Zuid-Afrika is een land in verandering. Oude waarden maken plaats voor nieuwe. De apartheid is afschaft, leve democratie. Maar er zijn niet alleen positieve kanten. De gewelddadige samenleving drukt zwaar op veel Zuid-Afrikanen. De blanke overheerser heeft plaatsgemaakt voor criminaliteit en corruptie. Gevoelens van onveiligheid en identiteitscrisis doemen op. De verwerking hiervan in een roman als Wonderboom draagt zeker bij aan een oplossing.

De wonderboom, de wilde vijgenboom die als symbool overeind staat. Een aantal bomen van deze soort groeien bij Pretoria in een natuurgebied. Het is de ouderdom en de kracht van deze bomen die de toekomst van Zuid-Afrika verbeelden. Een Zuid-Afrika dat met een schoon geweten naar de toekomst kijkt, diepgeworteld en verankerd in alle culturen die het draagt. Zoals in de chaos de schoonheid schuilt.

 

The post In de chaos schuilt de schoonheid: <em>Wonderboom</em> van Lien Botha appeared first on LitNet.

Kommandant Piet, jou afskeid en vertrek was te gou

$
0
0

Piet Botha: foto Naomi Bruwer

’n Teater in duisternis gehul. Rook wat soos mis oor die verhoog hang, dig en swaar. ’n Enkele straal blou lig wat deur die misrook skyn om die silhoeët van ’n hedendaagse Boerekryger met sy vol baard af te ets. Sy wapen is nie ’n Mauser nie, maar ’n Fender. As hy lostrek, is dit nie met die klanke van swiepende koeëls nie, maar met die arpeggio’s van ’n kitaarsolo. En dan wéét ek daar waar ek op 19 in die donker teater staan: Die rebellie is nie verby nie; ons hét nog ’n kommandant.

Later jare, nadat hy die burgers die eerste keer in die nuwe bedeling opgeroep het om saam te staan, het ek hom die eerste keer die Kommandant begin noem. Nie die Generaal nie, maar die Kommandant. Generaals voer hele leërs aan, kommandante hoogstens ’n bataljon. Generaals drink konjak saam met die eerste minister, kommandante drink hardehout saam met hulle manskappe. En dit was sweerlik waar van die Kommandant – selde kon hy op duisende troepe staatmaak, áltyd op honderde; en nooit was hy skaam om saam met ’n manskap te drink nie.

Nie dat dit ’n slegte ding was nie. Wanneer ’n oorlog skeefloop, is dit dikwels die kleiner, beweegliker eenhede wat die stryd in ’n ander rigting stuur. En so was dit ook met die Kommandant. Nooit het hy sy visier op die groot slae gemik nie; nee, áltyd het hy gemik op die kleiner veldslag. Nie stadions nie, maar klubs. Al wanneer jy hom op die groter verhoog sien veg het, was wanneer dit sy guerrillataktiek gepas het om vinnig in en vinnig uit te beweeg, en dan weer terug op die langpad na die volgende veldslag ver buite die oog – daar waar klein oorwinninkies die rebellie lewend gehou het.

Hoe belangrik klein oorwinninkies in die lang oorlog is, het die Kommandant van vroeg af verstaan, omdat hy vroeg al besef het hoe groot die mag van die vyand is. Korporasies en die bedreiging wat hulle vir die musiekbedryf inhou – hoe hulle stelselmatig die gees en die aarde vernietig, en hoe die politici hulle gewillige handperde is. Omdat hy in die ou bedeling hierdie dinge eerstehands beleef het, kon hy hom van vroeg af behoorlik bewapen vir die lang oorlog: klassieke-musiek-opleiding in sy tienerjare; die studie van die letterkunde in sy studentejare; en dan natuurlik sy lewenslange bemoeienis met die ou meesters – Bob Dylan, Neil Young, Willie Nelson, en vele ander.

Die Kommandant kon sekerlik vroeg in sy loopbaan aangesluit het by ’n groter leër, sê maar in Londen of Los Angeles. Maar die verkenningstogte wat hy in daardie gewestes onderneem het, was genoeg om hom te oortuig dat hy sy bydrae op die plaaslike gevegsfront moes lewer. En so het hy óns Kommandant geword, want plaaslik had hy nie sy gelyke nie. Teen die laat tagtigerjare van die vorige eeu, minstens reeds teen daardie aand wat ek hom op 19 die eerste maal in aksie gesien het, was sy naaste manskappe reeds gekies, en het hulle mettertyd onder dié wat ore het om te hoor bekend geword onder die legendariese naam: Jack Hammer.

Hoewel die Kommandant ’n Boer in murg en been was, en die universele taal van musiek sy hoofmedium was, het hy in die eerste fase van sy roemryke loopbaan die ou koloniale taal gebruik om die antikoloniale oorlog voort te sit. Dis uit hierdie jare dat die eerste drie Jack Hammer-albums kom. In daardie jare het die burgers onder sy aanvoering uit slegs ’n paar pelotonne bestaan, maar ons getalle het aangegroei toe hy die stryd uitgebrei het deur Afrikaans te begin gebruik. In die openingsreëls van daardie eerste Afrikaanse album het hy saamgevat waaroor die Kerkvaders en die antieke filosowe boeke volgeskryf het:

Kyk daar is geen verskoning
Vir alles wat ons doen
Doen ons maar net om iets
Van die hemel te proe.

Daarmee het die Kommandant sy manifes onder ’n donkermaan bekendgestel: Hy en sy manskappe roep die burgers op om hier op aarde vir ’n stukkie hemel saam te staan. Ek was finaal oorgehaal tot die ideaal.

Vir die volgende paar jaar het ek die Kommandant vanaf die agterhoede van sy bataljon gevolg. Meegemaak hoe hy hoogs suksesvolle guerrilla-aanvalle loods, hoofsaaklik by gevegsterreine in die noorde, waar ek toe gewoon het: Grand Central, Café Barcelona, Steak and Ale.

Wanneer en hoe dit gekom het dat ek hom eendag persoonlik ontmoet (of myself gaan voorstel?) het, kan ek nie meer onthou nie. Miskien toe daardie ander groot kryger, Johann Botha, hom na ons program Spookstasie op RSG genooi het. Of miskien toe hy pas uit die voorste linie van nog ’n veldslag van die verhoog afgekom het, dalk by Dagga Dirk se Stalteater op Oudtshoorn.

Ek onthou wel helder hoe ek en hy eendag by Struisbaai langs sy geliefde see in die middel-2000’s gesit en gesels het. Hy was tydelik met verlof van die front, bekommerd oor een van sy manskappe wat met die dwelmduiwel slaags geraak en aan die verloor was. Turend oor die see het ons gewonder waar ons die Boeddha sou vind, en wat die Kommandant kon doen om te keer dat hy sy manskap vir altyd verloor.

Dit was in daardie jare dat die oorlog my na ander fronte gevoer het – Frankryk, Australië, en uiteindelik na die ou Vrystaat, waar die spoke, die maan, die reën en die treine waaroor die Kommandant so digterlik kon raak, nog altyd die lewe kenmerk.

Ek onthou ’n keer toe die Kommandant een middag tydens die Vrystaatse Kunstefees by die beroemde terrein van menige veldslag – die Aasvoëlklub – in die tyd na sy album Spookpsalms feitlik manalleen laat een agtermiddag met slegs ’n akoestiese kitaar moes baklei teen die nadraai van sy verlies aan Vivian, moeder van twee van sy drie dogters en die rock van sy roll oor soveel lang jare. Daar in die halflig van die Aasvoëlklub kon al die burgers sy littekens sien glim, die jongste wonde nog oop. Dit was die tyd toe die Kommandant die hartseerste man in die land was.

Maar hy het nie gaan lê nie. Hy’t weer opgestaan, weer sy Fender opgeneem en met die stryd voortgegaan om van sy roemrykste oorwinnings aan te teken: 2016 se Handful of rain met Jack Hammer, en 2018 se Die middernagtrein, met dieselfde manskappe wat die musiek min of meer ononderbroke vanaf 1996 saam met hom gemaak het: Paul “The Duke” van de Waal, Tertius “Beankowski” du Plessis en Johnathan “The Kid” Martin.

Soos alle groot soldate in ’n nimmereindigende oorlog uiteindelik die hoogste prys betaal, moes die Kommandant dit oplaas ook doen. Die dekades van die stryd het oplaas die tol van sy 63-jarige lyf geëis, en op 2 Junie 2019 het die Coach hierdie sagmoedige, dapper reus van die gees kom haal, na waar hy nou saam met die ander helde van die plaaslike gevegsfront van die stryd vir die vryheid van die gees kan rus. Hulle sê Eugène Marias het hom by ’n Bosveldvuur anderkant die Donkerstroom verwelkom, en dat Karel Schoeman stilswyend ’n fluit sjampanje vir die Kommandant aangereik het.

Hoekom het juis hierdie twee helde hom verwelkom? Omdat hy, soos hulle, uit hiérdie aarde, in hiérdie land, ook geskryf het van die verganklikheid, die verlies, die verlede, die onreg en, ja, die hemel – of dit nou in die koue, skraal windjie was, of onder ’n lug vol helder wolke.

Kommandant Piet, as jy hierdie lid van jou bataljon dit sal gun: Jou afskeid en vertrek was te gou, te skielik, te finaal, maar ek sal jou nooit vergeet nie. Jy was oor dertig jaar, sedert daardie aand op 19 tot nou, op die vooraand van 49, so rotsvas in my lewe soos daardie klip op Eugène Marais se graf in die Heldeakker, Pretoria. Rock steady. Ondanks die littetekens oor jou hele lyf, ondanks verdere wonde, het jy nóóit opgegee nie, maar altyd weer opgestaan en aangegaan, en daarvoor eer ek jou vandag, want jy het my geleer dat die enigste ware genesers die gewonde genesers is.

Mag die engele jou wonde nou verbind, mag jou littekens nou vervaag, en mag jy die ewige rus geniet. Weet dat ons in jou bataljon sal voortgaan met die oorlog waarin jy ons gelei het – om net iets van die hemel te proe. Hou vir ons die kole van die Ewige Bosveldvuur warm, en stuur groete vir die Oubaas.

Sien jou (eendag) weer.

Johann Rossouw

The post Kommandant Piet, jou afskeid en vertrek was te gou appeared first on LitNet.

Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: Sypaadjie deur Alma Rossouw

$
0
0


LitNet publiseer uittreksels uit pasverskene boeke, uitgegee deur uitgewers wat LitNet ondersteun. Dié lusmakers verskyn op LitNet as eerste slukkies.


Alma Rossouw

Alma Rossouw roem haar daarop dat sy gebore is in die Boland, maar groot gemaak is deur wêreld-se-dinge. In 2007 matrikuleer sy by die Hoërskool Gimnasium Paarl en gaan studeer B. Drama by die Universiteit van Stellenbosch. Sy vang graad en gaan werk agter die skerms saam met talle bekendes in die film- en teaterbedryf. Sy sprei haar vlerke na die Goudstad om meer korporatiewe blootstelling te kry, maar die kleigrond van die Boland roep haar terug. Tans werk sy by ’n skolenuusnetwerk as ’n inhoudsredakteur en bestuur hulle aanlynnuusplatforms. 

Alma publiseer twee kortverhale in die Sarie tydskrif, met die laaste kortverhaal wat Maart 2019 verskyn. Sy is aanvaar vir die Breytenbach Sentrum se skryfskool onder die leiding van Rachelle Greeff.


Opsomming

Sypaadjie
Alma Rossouw

Algemene fiksie
Uitgewer: Wenkbrou
ISBN: 9780799395150
R190,00

“Drawwers is die go-getters, eintlik dink ek net hulle hardloop weg van iets. Elke oggend staan hulle op en gaan draf op die donnerse selfde sypaadjie. Die dansers, soos jy, dans deur die lewe. Hulle is met min tevrede en dan dans hulle daaroor. Die drinkers sit agteroor en lag vir die drawwers en dansers.”

“Met ander woorde sit die drinkers op die kantlyn?”

“Nee, die drinkers sit in die middel van die pad en wag vir die drawwers en dansers om te besef dat almal eendag doodgaan.”

***

Leah het haar lus vir die lewe verloor. Sy is jonk, suksesvol en hardkoppig. Sy verlaat Johannesburg om een van die haar besigheid se takke in Kaapstad reg te ruk. Daar ontmoets sy weer vir Hannah, wat ’n bietjie meer as net ’n vriendin was tydens haar universiteitsdae.

Gaan sy, Hannah, ’n veilige sypaadjie wees, of ’n glibberige, maar opwindende afdraaipad?

Sypaadjie is ’n romantiese drama met ’n interessante kinkel. Die storie word vertel uit ’n tipiese millenniër se oogpunt, daar is baie vrae oor die liefde, romanse en seksuele oriëntasie. Soms is die karakters effens konserwatief en naïef, maar nooit vervelig nie. Leah worstel met vrae wat baie jong meisies deesdae mee sukkel, veral Afrikaanssprekende, Suid-Afrikaanse meisies. Hoe vind ek ’n balans tussen liefde en my loopbaan? Is dit nog die moeite werd om jou hart op die spel te plaas? Die storie herinner aan Annie on my mind deur Nancy Garden en South of Sunshine deur Dana Elmendorf.


Uittreksel

Dit is ’n pragtige windstil dag. Leah voel spanning in haar skouers waar sy by die venster uitkyk. Sy het dit probeer uit­draf vanoggend, maar dit wil nie skietgee nie. Sy is nog nie seker wat die spanning veroorsaak nie. Dit is bitter min dat dinge haar uitstres, maar hierdie spanning kan een van twee goed wees. Hannah wat vandag saam haar na die polotoer­nooi gaan of die Hendrikse wat nie hulle kontrak wil hernu nie. Twee klippies in haar skoen. Hannah kan nie met ’n klip­pie vergelyk word nie. Sy is meer soos ’n skoen wat druk. Jy trek hom uit of jy loop jou voete blase tot die skoene gerek en jou beste paar skoene word. Vandag is nie die dag om te kies nie, vandag moet sy op die klippie in haar skoen konsen­treer. Sy kyk na die tyd op haar foon en stap kamer toe om vir ’n laaste keer te kyk hoe sy lyk. Dank die sterre vir Ean wat twee jaar terug vir haar ’n stylist gekry het. Michelle word ingelig oor elke liewe geleentheid waarheen sy gaan en sorg dat daar altyd twee kledingstukke is om uit te kies. Die room­kleurige cocktailrokkie span mooi oor haar boude en stop in die middel van haar bobeen. Die halternek gee ’n elegansie aan die rok. Wel, as haar Van Jaarsveld-smile, soos Ean dit noem, nie vir Henk Hendriks woo nie, moet haar lyf maar die trick doen.

Leah stop voor die adres wat Hannah gestuur het. Die woonstelblok lyk gehawend en al die vensters is van jare se seelug aangepak. Net toe Leah uit haar SUV klim, stap Han­nah deur die stukkende sekuriteitshek van die woonstelblok. Sy het ’n blompatroonrok aan wat om haar knieë wapper as sy loop. Die bostuk beklemtoon haar borste, maar nie te veel nie. Die wye hoed pas by die rok en bring die kurwe van haar gesig uit. Leah glimlag by haarself; as sy nie die outoppie kan woo nie, sal Hannah definitief. Voor sy dink, kom die woorde. “Jy lyk baie mooi, Han.”

“Dankie. Jy lyk ook die hotness vanself. Laat ek raai, die rokkie was sommer in jou kas.”

Leah skud haar kop. “Te danke aan my stylist.”

Die eerste deel van die rit lê hulle in stilte af. Karen Zoid sing in die agtergrond. Sy wonder hoekom Hannah vandag so stil is. Gewoonlik raak sy stil as sy iets wil sê of iets wil vra. Die beste manier is om Hannah se gedagtes van die vraag af te kry wat haar so knaag.

“Ek kan nie onthou wanneer laas ek in die Paarl was nie.”

Hannah lyk verbaas dat sy praat. “Ek het ’n hele paar kliënte hier. Dit lyk altyd vir my soos ’n lekker dorp om in te bly.”

“Hm, jy het altyd gesê jy wil eendag hier bly.”

Dié keer lyk Hannah verbaas dat sy dit onthou het.

“Het vandag se ganery polo toe iets met die besigheid te doen?” Aha, hier kom die vrae nou. Solank dit oor werk gaan, sal Leah kan antwoord.

“Eh.”

“Die bietjie wat ek kon aflei uit die gesprek tussen jou en my pa is dat dit nie so goed gaan met die besigheid nie. Is daai Arnold-ou jou kompetisie?”

“Eh.”

“Jy weet eh is nie ’n antwoord nie. Dis slegte slang. Use your words, woman.”

’n Glimlag trek aan haar mondhoek. “Arnold Astrof het so twee jaar terug afgetrek van Durban af en stadig maar seker al die kleiner maatskappye uitgekoop. Wat baie slim is, want al die kleiner maatskappye saam raak toe een groot, sterk maatskappy. Sedertdien het baie van ons kliënte oorgegaan na sy maatskappy toe. Ons grootste en oudste kliënt is H&H. Henk Hendriks was my oupa se eerste kliënt, maar nou wil sy kleinseun nie ons kontrak hernu nie. Dit is seker my eie skuld, want nadat ek die kantore in Johannesburg gaan oop­maak het, het ek so daarop gekonsentreer om KVJ Holdings in die Afrika- en Duitse mark te groei dat ek die belange hieronder afgeskeep het.”

“Eerstens dankie dat jy dit so mooi verduidelik; ’n kind kon dit verstaan.”

“Dit is nie wat ek probeer doen het nie. Ek dink definitief nie jy is ’n kind nie.”

“Ek weet. Ek sal later baie graag wil weet wat jy van my dink. Maar nou eers my tweede vraag: Ek weet jou oupa het op Constantia geboer, maar hoe het dit gebeur dat hy so ’n empire opgebou het?”

“Hy het maar die regte keuses op die regte tyd gemaak. Oupa Kasper het die plaas in Constantia in die laat sestigs verkoop en skelm wyn uitgevoer gedurende die apartheidsjare. Net voor die VN weer hulle deure vir Suid-Afrika se in- en uit­voer oopgemaak het, het Oupa in ’n myn belê en ’n paar jaar later die retail-groep in Duitsland gekoop. Oupa het nooit oor die wynuitvoerstorie gepraat nie, maar ek het ’n vermoede Henk Hendriks was saam met my oupa in die ding.”

“Ek neem aan hierdie Henk gaan vandag daar wees en jy wil met hom gesels. Want ek weet jy is nie iemand wat som­mer na sulke events toe gaan indien jy nie moet nie.”

“Ja, en Astrof.”

“Dit gaan lekker wees om jou vandag in aksie te sien. Ek het altyd gewonder hoe jy lyk as jy besigheid doen. Is jy ’n bull­dozer wat mense met jou kennis oorrompel ... Nee, wag ... Ek wed jy luister net en dan gee jy so ’n one liner wat almal om jou laat buig. Weet jy al wat jy gaan doen?”

Hannah se opwinding is aansteeklik. “Nee, dit is waar jy inkom. Jy gaan die kleinseun besig hou terwyl ek ’n gat in Henk se kop praat.”

“Wat? Leah, asseblief, sê jy joke. Is daai ’n smile? Jy joke, nè?”

Leah knik. “Ek dink nie vooraf wat ek wil sê nie. Ek het agtergekom dit is beter om net te doen. Dinge werk selde uit as jy beplan.”

Hannah lyk soos ’n opgewonde hondjie wat met haar neus teen die ruit sit toe hulle Val de Vie se hekke binnery. Sy het breed gesmile toe Leah haar VIP-parkeerkaartjie uithaal en hulle verby die voetgangers ry wat doer ver moes par-keer.

Hannah wil alles inneem sonder om soos iemand te lyk wat niks gewoond is nie. Die son laat ’n mens wonder of dit nie al Desember is nie en sy probeer ongesiens aan haar onderarms ruik. Hierdie mense is net in ’n ander klas. Haar eie familie was nooit arm nie en hulle het ’n redelik gemaklike leefstyl gehad, maar hierdie klas mense straal geld uit. Dit is in die manier hoe hulle staan, hoe hulle praat, selfs hoe hulle ’n glas vashou. Hierdie is nou Leah se klas mense. Dit is verbasend hoe baie mense haar ken. Hulle is nog nie eers vyftien minute hier nie en hulle het nog nie verder as die ingangsportaal gevorder nie. Al die mans groet haar met ’n handdruk en die vroue met ’n kopknik. Die meeste van die mense groet Leah op die naam en vra uit oor die besigheid of kinders. Die res groet sy met ’n glimlag en loop verder vooruit. As dit heeldag so gaan wees, gaan dit maar lekker boring raak.

“Dit kom daarvan as jy die celeb van die besigheidswêreld se date is,” fluister ’n man in haar oor. Hannah draai om en kyk in ’n aantreklike gesig vas. Hy het twee glase champagne in sy hand en gee een vir haar. Hy drink nie van die ander een nie. Sy hou hom dop en besef sy het hom al êrens gesien.

“Skuus. Ons het nog nie ontmoet nie. Ek’s Ean Jansen. Leah se regterhand. En jy is Hannah.”

Sy knik en skud sy hand. Sou Leah hom van haar vertel het? En hy het haar Leah se date genoem, so dit beteken daar kan nie iets tussen hulle wees nie. Asof hy kan hoor wat sy dink, antwoord hy.

“Soos jy weet is Leah maar ’n stil, private persoon, maar dit is my werk om te weet wat in haar lewe aangaan. Veral as sy sê sy bring iemand saam en ewe skielik moet jy daardie iemand se naam op ’n gastelys sit.” Hy kyk diep in haar oë vir enige teken van slegte intensies met sy baas. Haar oë gaan na Leah wat so ’n entjie weg van hulle staan en in ’n diep gesprek is met ’n aantreklike ouer vrou. Sy skat haar so vroeg veertig, maar die lyfie is nog ferm en mooi versorg. Die ouer vrou se salmkleurige rok span tienerstyf en Hannah kan nie help om te wonder hoeveel keer daar aan daardie lyf genip en getuck is nie. Hannah se oë gaan terug na Leah wat ontspanne staan met ’n lui glimlag. Dit is net wanneer die voor-op-die-wa-vrou vorentoe leun en aan Leah se arm raak en iets vertroulik in haar oor fluister wat ’n mens kan sien Leah se glimlag ver­styf. Haar bene lyk blerrie goed in daardie Jimmy Choos. Die mansstudente het altyd tot haar skaamte openlik vir daardie kuite gefluit.

“Gaan dit altyd só?” en sy wys in die rigting van Leah. Hy skuif dat hy langs haar staan en Leah ook kan sien.

“Almal wil altyd ’n stukkie van haar warmte kry.”

Hannah kyk hom met ongeloof aan. Hy lag vir haar uit­drukking en gaan voort. “Sy het ’n manier met mense. Hulle ken haar nie soos ek en jy haar ken nie en daarom kan sy warm teenoor hulle wees. Gesels en luister, jy weet, small talk maak. Sy weet net genoeg oor elkeen om vinnig ’n geselsie aan te knoop by ’n funksie; sy wil nie meer weet nie, want dan gaan sy begin omgee. Die mense waarvoor sy omgee, soos jy seker weet, hou sy op ’n afstand.” Hy bring die glas nader aan sy mond en dan bedink hy homself.

“Boonop wil die snobs later skinder dat hulle met die ryk­ste vrou in Suid-Afrika gepraat het.”

“Rykste?”

“Ja, sy het al lankal vir ou Wendy verbygevat.”

“Maar ek dog daar is probleme by die besigheid?”

“Die vraag is watter besigheid. Onthou, die Van Jaarsvelds het vingers in al wat ’n pie is. Leah is bekend daarvoor om vin­nig ’n maatskappy te koop en net so vinnig weer te verkoop wanneer dit ’n kopseer raak. Maar as jy van Van Wijnveld praat . . . Volgens haar wil sy nie toemaak nie, want sy sê dit gaan haar beleggers se vertroue in die holding company skaad. Dit is sommer ’n bull-storie, want KVJ Holdings is op die oomblik een van die stabielste maatskappye op die JSE. As dit nie vir haar oor die sentiment gegaan het nie, het ek haar al lankal forseer om Van Wijnveld te laat gaan. Ek verstaan hierdie is die oorspronklike KVJ, maar op die oomblik is dit net ’n las vir die groep.”

“Vertel jy vir al haar dates van KVJ se belange?”

“Hannah, sy doen nie dates nie. En dit sê vir my net een ding en jou oë beaam dit.” Hy hou haar stip dop. “Ek gee om vir haar en jy laat haar glimlag. Dit beteken ek gee om oor jou, behalwe as jy haar gaan seermaak.” Hannah is nie seker of dit ’n dreigement of meer uitvis is nie.

Leah stap in hulle rigting en hy sê vinnig naby haar oor. “By the way, jy is die talk of the party.” Sy kan nie vra wat hy bedoel nie, want Leah neem die ander glas wat hy vir haar uithou.

“Hallo. Jy lyk mooi. Michelle het al weer ’n stunning rok gemaak.”

“Ean,” groet sy terug en draai na Hannah toe.

“Sorry,” vra sy om verskoning dat sy haar so eenkant gelos het.

“Ag, moenie worry nie, ek en Hannah is al klaar beste vriende.”

Met ’n frons kyk sy na Ean, maar hy steur hom nie daaraan nie. “Die Hendrikse is nog nie hier nie, maar kom ek gaan stel jou aan Arnold voor. Sy date het ’n shocking pienk rok aan. Daar word geskinder dat sy ’n escort is. Gossip topic number two.” Die laaste sin rig hy aan Hannah, maar Leah maak asof sy dit nie sien nie.

“Later. Ons gaan sit.” Sy druk Hannah in die rigting van die groot oop deure wat op ’n groot patio langs die veld uit­loop. Oor haar skouer sê sy terloops: “Laat weet my as Henk hier is.”

Orals staan mense in ligte somersklere rond. Aan die linkerkant kampeer groepe uit op die gras en ver regs waar­heen hulle stap, is tafels in die koelte gedek. ’n Engelse eg­paar sit aan hulle tafel. Hulle groet met ’n Russiese aksent en staar in stilte oor die mense uit. Terwyl Leah besig is op haar foon kry sy tyd om na die verskillende mense te kyk en haar aan almal se pragtige rokke te vergaap. Sy is nie besig om haarself te verbeel nie, maar elke tweede groep staar openlik na hulle. Sy is seker die klein maer mannetjie in ’n babablou pak het ’n foto van hulle geneem.

“Is jy nie bang vir wat die mense gaan sê nie?”

Leah kyk op van haar foon en Hannah wys skelm na twee meisies wat nou openlik staar.

Leah leun ’n bietjie nader en Hannah kan haar duur parfuum ruik, dit ryk skoon en vars. Sy wonder wat sal Leah doen as sy haar nou op die wang soen.

“Die Jones-susters het by al wat ’n man is in die besigheidswêreld geslaap. Dit is al hoe hulle na sulke events genooi word. Ean is vas oortuig die maer een het êrens vigs opgetel, want sy het oornag só uitgeteer.” Sy wys met haar kop in die rigting waar vier vroue om ’n tafel sit en saggies agter hulle hande praat. “Die vrou met die groot blomhoed is mevrou De Villiers. Haar man is die eienaar van O’Fish in die hawe en baie goed met sy vuiste. Ek het haar nog nooit sonder daai groot sonbril gesien nie. Hierdie ou so twee tafels agter ons is ’n Stellenbosse handkneg en het letterlik al sy geld uitgedrink. En ek kan aangaan. Beantwoord dit jou vraag?”

“Dit sluit aan by my volgende vraag. Is hulle vermoedens oor ons reg?”

Leah se blik gly oor haar gesig en land op haar mond. Han­nah streel selfbewus met haar tong oor haar onderlip. Leah verstyf effens voordat sy verder praat.

“Ek weet glad nie wat hulle vermoed nie. Hoekom ek vir die eerste keer iemand saamgebring het? Of ek gay is omdat my date ’n vrou is? Of . . .”

“Is jy?”

’n Tipiese speelsheid kom sit om Leah se mond, maar haar oë is ernstig.

“Is jy?” vra sy terug.

“Ek het eerste gevra en jy weet wat my antwoord is.”

“Dan weet jy myne ook.”

“Nee, ek doen nie.”

“Ek is seker daarvan jy onthou net so goed soos ek.” Die gesprek is afgehandel, want twee mans kom stel hulself voor. Vir die volgende uur kom en gaan die mense aan hulle tafel. Mense wat vir Leah wil ontmoet, mense wat wil kom snoop en mense wat net wil kom hallo sê. Hannah is baie dankbaar

vir Ean wat hom ook by hulle kom aansluit het. Hier en daar groet hy saam met Leah, ander kere sit hulle albei eers koppe bymekaar om iemand se naam te onthou en verder vertel hy skinderstories onderlangs vir Hannah. Hy het ’n donker hu­morsin en so ernstig soos wat hy met Leah is, so lekker lag hy saam met Hannah. ’n Mens kan sien hy is baie lief vir Leah, selfs dalk verlief. Sy moet onthou om vir Leah te vra of daar al ooit iets tussen hulle was. ’n Ou man met ’n Italiaanse ak­sent toets Leah se kennis oor die olie-industrie en Hannah gebruik die kans om verder stories uit Ean te kry.

“Hei, Ean, Leah sê hierdie ou links is ’n Stellenbosse handkneg. Wat is dit?”

Ean draai sodat hy beter kan sien: “O, John. Wel, dit is eintlik ’n outanniestorie dat die Ruperts blykbaar in die apart­heidsjare hulle werkers se bonusse met aandele betaal het. Nou praat ek van hulle laeklas-werknemers, die onderkant- van-die-treinspoortipe werker wat nog nooit eers ’n silwer le­pel gesien het nie. Só het hierdie families toe ryk geword en hulle by glansgeleenthede begin wangedra. Daar het die naam Stellenbosse handkneg vandaan gekom. Leah se pa was een van die old moneys wat hulle nie kon verdra nie. Niemand weet dit nie, maar Leah het John al baie uitgehelp.”

Hannah voel ’n steek in haar hart. Dalk is daardie warm omgee-Leah nog êrens onder hierdie koue front wat sy voor­hou.

Toe die verkeer by hulle tafel minder raak, sê Ean: “Leah, Mohammad is nou al vir ’n halfuur hier en hy gaan nie soos al jou ander fans na die berg toe kom nie.”

“Nee, maar klein Mohammad gaan.” Leah staan op en groet ’n lang, maer siel. As gevolg van haar hakke kyk sy hom reguit in sy oë.

The post Du Toitskloof | LitNet Eerste Slukkie: <i>Sypaadjie</i> deur Alma Rossouw appeared first on LitNet.


Sosiale vaardighede

$
0
0

Noem my wat jy wil. Ou skool, uit die oude doos (ek is 'n laatlam), agter die tyd of wat ook al. Ek glo aan goeie maniere en etiket. Wat vir my opvallend is, is dat mense dit deesdae nog selde sien. Wat gaan aan met die mense? Is dit verkeerd om iemand met waardigheid, menslikheid en respek te behandel.

Ek sê nog steeds, naas die minibus-bestuurders in ons land is die volgende lot nie ver agter nie. Die mammies in hul nutsvoertuie. Gaan kyk hoe bestuur mammie naby die skool waar boet en sus afgelaai word. Pappies in hul 4x4 of nutsvoertuie. Gaan kyk waar parkeer pappie en wanneer gaan hy jou verby om net voor jou in te druk. Jong latte in hul "warm" blitsbukse. Dit is die "jaagduiwels". Nuwe bestuurders.

Openbare optredes hetsy in 'n winkelsentrum, sportgeleentheid of in die algemeen. Ek maak nou die dag 'n deur vir iemand oop. Ek verwag nie 'n skriftelike bedanking of fooitjie nie. Net 'n kopknik of mompel wat soos 'n dankie klink sou voldoende wees. Ek het summier daarmee opgehou. Ek stap deesdae voor dames by deure in en uit. Ek staan ook nie meer my sitplek af aan iemand nie. Ek behandel my naasbestaandes of kennisse nog met ou-skoolse etiket en maniere. 

Dit wys mos maar net weereens hoe word mense grootgemaak. Hoe ervaar die buitestanders van die menslike ras dit? 

Reusedwerg

The post Sosiale vaardighede appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans-artikelreeks: Die wêreld van die skrywer

$
0
0

In hierdie aflewering van PEN Afrikaans se artikelreeks oor die wêreld van die skrywer het ons twee skrywers gevra om oor die volgende vrae te besin:

Watter gebeurtenis(se) en/of individue het daadwerklik daartoe bygedra dat ’n skrywer kon debuteer, of aangemoedig gevoel het om aan ’n eerste manuskrip te begin werk? Watter geleenthede was van onmisbare waarde om te groei en nuwe rigtings in te slaan?

Hier is EKM Dido en Jolyn Phillips aan die woord.

EKM Dido. Foto: Kwela

Oor aanmoediging en geleenthede – EKM Dido

Dit is geen geheim dat ek nooit gedink het dat ek eendag skrywer sou word nie. Kleintyd het my ouma my smiddae aangemoedig om my skoolwerk, of ’n brokkie nuus vanuit ’n koerantuitknipsel, vir haar voor te lees. Ek het dit gedoen. Daar is geen manier hoe selfs ’n slapende kind nie Sus en Daan is maats soos ’n resitasie kon opsê nie, maar my persepsie van woorde en sinne was uiters wankelrig, om dit sagkens te stel. Dit wat ek uitgegorrel het, was nes deeg sonder suurdeeg. Totdat die ATKV onwetend deur middel van ’n nuusbrief aan ons laerskoolonderwyser ’n nuwe wêreld vir my geopen het. Die naam van die nuusbrief is vergete. Uitspan, of so iets. Weet nie. Die kortverhaal daarin was my penwortel. My persepsies het soos multidimensionele kaleidoskope ontplof, lewe aan die geskrewe woord gegee en leesgierigheid in my brand gemaak. Later het ek die werke van my land se groot skrywers, soos Ernst van Heerden, Marlene van Niekerk, André P. Brink en Elsa Joubert, gulsig verslind. Henk van Woerden se werke het my belangstelling in Hollandse en Vlaamse skrywers aangewakker.

Ontmoeting met Engels was op hoërskool. Tussen bloed sweet en worstel met verlede tyd en toekomstige tyd en diesmeer, het my tande weggesink in Charles Dickens se wonderlike werke. So, ja, baie mense het wetend en onwetend vorm aan my gegee. Die skryf van my eerste boek was per ongeluk. Of blote toeval? Dit moes ’n kort sakebrief aan ’n koerant gewees het, maar toe verstrik my pen in woorde en is ’n manuskrip daaruit gebore. My dogter se aanmoediging was en is steeds onbeskryflik.

Niks kon my egter voorberei vir die terugvoer vanaf die uitgewer nie. Twyfel bestaan of selfs gesoute keurders werke so uitmekaar kan trek en kantlyne met so baie vrae kan vul! Verbaas dit my? Telkens. Raak ek woedend? Definitief. Dit was my werk. Ek het dit geskryf. Ek weet wat ek met elke woord probeer sê. Hoe durf iemand anders my werk bevraagteken. Wil ek tou opgooi? Die idee bereik soms rooskleurige pieke. Huil ek? Snot en trane. En dan maak ek steeds wat ek vanaf die eerste manuskrip maak. Gooi dit in ‘n laai. En gaan staan vir ‘n dag of twee langs Lot se vrou en bejammer myself tog te lékker.

Na ’n paar dae dring die onmiskenbare waarde van kritiek altyd deur die wasem van selfbejammering en misplaaste ego. Relatiewe groentjie wat ek in die skrywerswêreld is, kan ek ’n paar belangrike feite nie ignoreer nie. Uitgewers val my nie persoonlik aan nie. Hulle ken my nie eintlik nie, maar wel die werk wat ek indien. Die leser behou ten alle tye my volle respek. Die uitgewer redigeer my werk en bekyk dit uit die oogpunt van die leser. Hierdie wete is die rede waarom ek die manuskrip uit die laai haal en tydsaam aan elke vraag of kwessie werk. Hierdie keer sonder trane of verdriet, maar met bevrediging.

Wanneer die resensies verskyn doen ek steeds dieselfde daarmee. Lees die goeie of slegte resensies noukeurig deur en laat nie toe dat dit my onderkry nie. Ek gebruik daardie inligting om moontlik hoër hoogtes in die volgende manuskrip te bereik. Tog. Ek weet nog nie wat om te maak van resensies wat duidelik laat blyk dat die resensent net ’n bladsy of twee van die hele boek gelees het nie. Gelukkig is daar altyd ’n paar resensente wat hul mening opper. My mees objektiewe kommentaar kom van die lesers. Wanneer hulle praat, is my ore altyd oop. Lesers se menings is vir my ontsettend waardevol. Daarom is die strewe daar om werke so geloofwaardig moontlik te maak.

Is daar groei te sien in my werke? Te danke aan kritiek – hetsy positief of negatief – is daar definitiewe vordering in my werke te bespeur. Dink ek. Om myself te verbeter, en hopelik baie van daardie vrae en kommentaar op die kantlyn vry te spring, herskryf ek die werke verskeie kere voordat ek die manuskrip inhandig. Skryf is vanselfsprekend ’n eensame proses. Om ’n manuskrip daarna te herskryf totdat ek tevrede daarmee is, neem tyd en energie. Vriendskapsbande kwyn of verbreek terwyl die manuskrip meer verfynd raak. Maar eensaamheid verdof geensins die brandende begeerte om met woorde te speel nie. Kritiek en aanmoediging het my ook ’n nuwe rigting laat inslaan: dié van kortverhaalskrywer. Dit is opwindend en uitdagend. Ongelukkig nodig ek ’n hele paar weke om ’n konsep deur te dink.

 

Tande tel – Jolyn Phillips

Ek sit tans in ’n kantoor op Kingsway-kampus, besig om Afrikaans 3A-eksamenantwoordstelle na te sien. Ek is ’n dosent by die Universiteit van Johannesburg. ’n Jaar gelede het albei my debuutbundels literêre pryse ontvang – Tjieng Tjang Tjerries and other stories ontvang die NIHSS-prys vir Beste Fiksie en Radbraak, my digbundel, die UJ-debuutprys. ’n Jaar gelede was ek nog ’n PhD-student by die Universiteit van Wes-Kaapland en toe loop my woorde ’n pad uit my potlood, in ’n bindsel in. Hier in Egoli is my lewe besig om nuwe woorde en stories bymekaar te maak en hulle prut in my hart.

In my tweede jaar by UWK, 11 jaar gelede, staan ek voor ’n pers poster op die noticeboard in DL7. Dis ’n A3-grootte plakkaat van Toni Morrison se gesig. Daar gaan volgende jaar ’n nuwe module in die Engelse department aangebied word, Creative Writing: “Only 15 entrants will be considered – you may submit 15 poems, 3 short stories or a chapter of a novel. Due date: 31 October 2009”. Ek het myself stilletjies herinner aan die gedigte wat ek in hoërskool gepleeg het. In November ontvang ek goedkeuring vir die kursus.

Dit is 2010, tweede semester. Vyftien van ons sit in C3. Die dosent stap in met haardos en swart uitrusting – sy lyk soos ’n jong Bob Dylan. Sy noem dat alhoewel sy ’n Afrikaanse van het, sy nie Afrikaans kan praat nie – sy het in Europa grootgeword. Ek luister aandagtig, senuweeagtig. Die hele jaar kry ek terugvoer wat sê: “You are misinterpreting the question”. Ek slaag alles net-net. Oorweeg dit selfs om aansoek te doen vir ’n nagraadse onderwysdiploma volgende jaar. Die dosent onderbreek my gedagtes met: “Do you know what a free-write is?” Sommige sê ja, ander nee en ek sê vir myself “saying nothing will keep you from misinterpreting”. Ek sukkel deur die oefening – “a free-write requires one to write without inhibition. Don’t worry about making mistakes.” Ek het my pen op my skryfblok gesit en al wat ek kon uitkry, was ’n kolletjie. Dit was een van my belangrikste lesse in skeppende skryfkuns. Ek is dankbaar vir elke woord wat ek op ’n stuk papier kan sit, want daar was ‘n tyd toe ek nie geweet hoe om “vry” te skryf nie.   Ek besef daar is woorde wat leer, wat lees, wat praat en dan is daar die wat jou hele liggaam opneem. Die storie wat duskant jou vel sit en woorde in jou inskryf.

Die volgende week moes ons die oudste storie wat ons ken, skryf. Ons moes ’n onderhoud voer met die oudste persoon in ons familie. Hierdie opdrag was vir punte. Ek het nie familie in die Kaap gehad vir wie ek kon vra nie. In daardie oomblik besluit ek, ek gaan die opdrag opmaak. Wie sal weet? Ek het ’n groot argief van my huislewe. As kind het my ma my altyd weggejaag uit die grootmense se geselskap: “Moenie kom tande tel nie. Loop speel!” Ek het genoeg tande getel en genoeg stories in my tandetel-argief om mee te werk, dink ek.  Ek sal my ma gebruik.  Ek kies vir ons ’n seisoen: somer. Die wasgoed word gouer droog en sy sal meer tyd hê vir gesels.  Dit is omtrent twaalfuur en ons sit en bak in die sonnetjie op die stoep.  Sy steek ’n Stuyvesant-entjie aan. Neem ’n blaaskans van al die gewoel en wasgoedwassery, blaas die moeg uit met elke skyf. Iemand stap verby en roep-groet. Almal van hulle het stories – ouer as ek, ouer as hulself.  Ek kies die storie van my ma se troue. Sy was iets borrowed, omdat sy geen ma gehad het nie, sy was iets blue, want sy wou meer uit die lewe en van God gehad het, en sy het sedertdien iets old geword. Ek het dit geskryf en plek gemaak vir my ma se taal, so tussen die Engels. Hier sit ek in die Kaap met die woorde van my plek, skulpe lewende fossiele. Ek weet die woorde wag vir my doer by die hawe, dit ruik na fynbos, na al die brood- en koffie-oggende van kleintyd voor skool. My eerste karakter kom in my honneursjaar aangestap  – hy loop op ’n stofpad, deurdrenk met skuldgevoelens, op pad huis toe. Hy staan by Stanford se cross, kry lift op ’n bakkie en ek sit saam met hom op die bakkie op pad huis toe.

Vandag in Johannesburg is daar ’n karakter waarmee ek sukkel en niks van my vorige skryfwerk kan my help nie. Elke nuutskryf is ’n skuit op sy eerste vaart.

The post PEN Afrikaans-artikelreeks: Die wêreld van die skrywer appeared first on LitNet.

LitNet: Om sin te maak

Human rights and cultural relativism in Africa

$
0
0

......................

“Are human rights absolute, or are they relative to cultural – including religious – beliefs and practices?” ‒ Mike van Graan

......................

⇒ Also read on LitNet Akademies about South African law and the cultural relativism of human rights:

♦Ukuthwala – gebruik of misbruik?” by Caroline Müller-Van der Westhuizen and Rochelle Streso, 2018 (read the English abstract here)

♦Geloof in heksery – ’n grondige verweer in die strafhof, of ’n gegoël met die reg?” by Rinda Botha, 2018 (read the English abstract here)

......................

The recent passing of anti-abortion laws in Alabama in the USA was done with evangelistic religious fervour, with Governor Kay Ivey stating that the passing of the law was a “powerful testament to Alabamians’ deeply held belief that every life is precious and that every life is a sacred gift from God”.

Alabama Senator Clyde Chambliss stated, “I believe that if we terminate the life of an unborn child, we are putting ourselves in God’s place.”

Yet, notwithstanding the “right to life” and “sanctity of life” arguments, Alabama has the death penalty for offences considered worthy of such.

South Africa has banned the death penalty precisely because it contradicts the Constitution’s human rights principle of the right to life. As an affirmation of women’s rights, the right to terminate a pregnancy is recognised in South African law.

This raises the question about the cultural relativism of human rights: Are human rights absolute, or are they relative to cultural – including religious – beliefs and practices? 

The Universal Declaration of Human Rights (UDHR) (1948) ascribes fundamental human rights and freedoms to all human beings, irrespective of context.

However, there are other charters or declarations on human rights, such as the African Charter on Human Rights (1986) and the Cairo Declaration on Human Rights in Islam (1990), that imply at least different interpretations, provisos for and practices of human rights in different political, social or cultural conditions.

While the UDHR is regarded by many as the universal standard-setting document for human rights globally, it has been critiqued as reflective of Western cultural values and political biases, with little sensitivity to or recognition of other contexts and value systems.

International covenants also affirm the cultural rights of individuals, communities and societies, with “the right freely to participate in the cultural life of the community” also embodied as a human right (Article 27 of the Universal Declaration of Human Rights).

What should happen when human rights clash with cultural rights? Which rights have supremacy? Who determines that?

The UDHR was adopted by the United Nations on 10 December 1948 and includes rights and freedoms such as the right to life, liberty and security of each person (Article 3); equality before the law (Article 7); the right not to be subjected to arbitrary arrest, detention or exile (Article 9); the right to freedom of movement (Article 13); the right to freedom of thought, conscience and religion (Article 18); the right to freedom of opinion and expression (Article 19); the right to social security (Article 22); the right to work and to equal pay for equal work (Article 23); the right to a standard of living adequate for the health and well-being of her or his family (Article 25); the right to education (Article 26); and the right to “a social and international order in which the rights and freedoms set forth in this Declaration can be fully realised”.

The International Covenant on Economic, Social and Cultural Rights builds on the UDHR, and with regard to culture in particular recognises the right of everyone

a. to take part in cultural life
b. to enjoy the benefits of scientific progress and its applications
c. to benefit from the protection of the moral and material interests resulting from any scientific, literary or artistic production of which (s)he is the author.

“Cultural rights” affirm the rights of individuals and communities to shape their identities and to make meaning in terms of their own value and belief systems and traditions, to use the language of their choice, and to practise their religious beliefs without restriction.

Article 27 of the International Covenant on Civil and Political Rights states:

In those States in which ethnic, religious or linguistic minorities exist, persons belonging to such minorities shall not be denied the right, in community with the other members of their group, to enjoy their own culture, to profess and practice their own religion, or to use their own language.

Both human rights and cultural rights are affirmed in international conventions and protocols, with cultural rights regarded as part of the broader human rights regime. And yet, much has been written about the tensions between human rights on the one hand and cultural rights on the other, with views ranging from the cultural relativism of human rights, ie that human rights are subject to the cultural practices and beliefs of a particular community, to the universality and supremacy of human rights over cultural rights where these come into conflict.

The Cairo Declaration on Human Rights in Islam adopted at the Nineteenth Islamic Conference of Foreign Ministers in Cairo on 5 August 1990 broadly affirms the core principles of the UDHR, except that these rights are made subject to Islamic Shari’ah, which is described as an “Islamic way of life”.

Rights affirmed in the Cairo Declaration include life as a “God-given” gift (Article 2); that women are equal to men in human dignity, while the husband is responsible for the maintenance and welfare of the family (Article 6); free movement (Article 12); the right to work (Article 13); the right to the protection of moral and material rights to one’s creativity (Article 16); equality before the law (Article 19); and the right to express an opinion (Article 22). However, Article 24 states that “all the rights and freedoms stipulated in this Declaration are subject to the Islamic Shari’ah” and Article 25 declares that “The Islamic Shari’ah is the only source of reference for the explanation or clarification of the articles of this Declaration.”

In Islam, the Shari’ah comprises commandments, rules and regulation that are designed by God to protect and benefit all of humankind and is derived from the primary sources of Islam, the Quran and the authentic Sunnah, or teachings, of the Prophet Muhammad. The Shari’ah also includes scholarly consensus, legal analogy and interpretive reasoning. This allows the Shari’ah to remain relevant to changing social and cultural circumstances.1

This description resonates with that of the Vatican in interpreting the Bible and issuing new rules for those subscribing to the Catholic faith to abide by.

Religious belief is fundamental to many cultures, to individual and group identities and to the moral codes by which people live and relate to one acnother. Such beliefs impact directly on human rights.

As referenced at the beginning of this article, the right of a woman to terminate an unwanted pregnancy is regarded by human rights advocates as fundamental to gender equity and to the rights of women to determine what to do with their bodies. But in Catholic majority countries, abortion is generally outlawed completely (as in Nicaragua and Malta), or is permitted only if the mother’s life is in danger. The same applies to Muslim majority countries, and for the same reason – that life is regarded as sacred, and that life begins at conception.

Just as Alabama outlaws abortion and allows for the death penalty to be imposed based largely on Christian religious beliefs, so Shari’ah law bans abortions and imposes the death penalty for particular offences.

South Africa has a Constitutional Court to determine the primacy of rights when cultural rights conflict with human rights. And yet, even when the law affirms a human right over a cultural right, it does not mean that people’s deeply held religious beliefs and cultural practices will change.

As the Alabama anti-abortion legislation has shown, the practice and sustainability of human rights are directly related to whether such rights are embedded within the culture of a community or society or not.


Endnote

1 https://www.islamreligion.com/articles/11299/what-is-shariah

The post Human rights and cultural relativism in Africa appeared first on LitNet.

Verkenning van WhatsApp as ondersteuningsplatform om ouerbetrokkenheid by Xhosasprekende leerders se opvoeding te bevorder

$
0
0

Verkenning van WhatsApp as ondersteuningsplatform om ouerbetrokkenheid by Xhosasprekende leerders se opvoeding te bevorder

Leah Slinger-Steenberg en Doria Daniels, Departement Opvoedkundige Sielkunde, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 16(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

In Suid-Afrika is ’n huidige neiging dat Xhosasprekende ouers hul kinders toenemend in Afrikaanse skole inskryf. Kognitiewe resepsie, ontwikkeling en uitdrukking word deur die moedertaal van ’n kind geoptimaliseer; wanneer onderrig dus in ’n tweede of soms ’n derde voertaal geskied, kan dit tot negatiewe opvoedkundige uitkomste lei vir sulke leerders (Hooijer en Fourie 2009). Die probleem word vererger wanneer hulle ouers weens hulle beperkte Afrikaanse taalvaardighede nie die nodige opvoedkundige ondersteuning kan bied nie. Dit gee aanleiding tot opvoedkundige uitdagings wat met addisionele verantwoordelikhede vir onderwysers gepaardgaan.

Ons doen in hierdie artikel verslag oor ’n studie wat onderneem is om ondersoek in te stel na hoe ouers deur deelname aan ’n huiswerkprogram hulle eie kennis en taalvaardighede kan verbeter sodat hulle hul kinders beter kan ondersteun met huiswerk. Die oorkoepelende doel van die studie was om deur middel van WhatsApp ouerbetrokkenheid by die leerder se leerproses te bevorder. Dit was ook om nuwe insigte te bekom omtrent die opvoedkundige gebruik van WhatsApp.

Ons besluit op ’n deelnemende- aksienavorsingsontwerp was gemotiveer deur die geleentheid wat dit skep om ouers aktief te betrek by hulle kinders se opvoeding. Die navorsingspopulasie was Xhosasprekende ouers wie se graad 1-kinders by ’n Afrikaanse skool ingeskryf is. Die data is bekom deur (i) semigestruktureerde onderhoude met die deelnemende ouers en die onderwyser; (ii) deelname aan ’n huiswerkprogram met interaksies op ’n WhatsApp-groep; en (iii) die versameling van artefakte. Met die drie vorme van dataversameling kon daar binne die persoonlike spasie van die deelnemers beweeg word om sodoende die konteks van hul leefwêrelde te ondersoek.

Die bevindinge toon dat die ouers betrokke wou wees by hulle kinders se skoolwerk, maar dat die gebrek aan ’n gemeenskaplike taal as struikelblok beleef is. Die huiswerkprogram se metodologie het taal sentraal gestel in sy uitreik na ouers. Alhoewel die WhatsApp-groep gestig was om met ouers oor die huiswerk te kommunikeer, het dit verder gelei tot die versterking van die ouer se kommunikasie met die onderwyser en die skool. WhatsApp het ouers se toegang tot die skool fasiliteer aangesien hulle enige tyd, sonder fisiese teenwoordigheid by die skool, met die opvoeder kon kommunikeer. Daar was ’n beduidende verbetering in hulle graad 1-kinders se prestasies, ’n uitkoms wat toegeskryf word aan die ouers se betrokkenheid by die leerproses.

Trefwoorde: Afrikaans; kommunikasie; multilinguisties; ouerbetrokkenheid; veeltalig; WhatsApp

 

Abstract

Educational parent support to Xhosa speaking learners: exploring the potential of WhatsApp as support platform

Even though children’s development happens in various systems, such as the school, home and community, educational research shows the greatest influence on children’s development to be the home environment (Coleman 1988; Rathus 2003; Jeynes 2010; Hummel 2014). From the birth of their children, parents act as facilitators of their children’s emotional, social and cognitive development (Patrikakou, Weissberg, Redding and Walberg 2005). However, many factors impede on parents’ ability to be effective in their support of their children’s educational development. One of the biggest challenges for parents to render effective educational support to their children is language. International and national research shows that parents’ illiteracy in their children’s language of learning poses the biggest threat to the parents’ role as educational collaborators (Singh, Mbokodi and Msila 2004; Martinez 2011; Daniels 2017; Slinger-Steenberg 2018).

Due to globalisation, and the continuous migration of people, communities have become culturally, ethnically and linguistically diverse. In South Africa, rural people are constantly migrating to urban areas in search of a better life and opportunities for their families. South Africa’s urban schools are now multilingual spaces where, in addition to the 11 official languages, many other unofficial languages are spoken. However, despite South Africa’s multilingual educational environments, English and Afrikaans continue to be the dominant languages of teaching and learning in most of its schools (Department of Education 1997). Many learners are thus being taught in a language that is not their home language. Research further shows that cognitive reception, development and expression are optimised by education in the mother tongue of a child. Thus being educated in a language other than their own could lead to exclusion and negative educational outcomes for such learners (Hooijer and Fourie 2009). This problem is exacerbated when parents are unable to provide the necessary educational support because of their limited literacy in that language. This gives rise to educational challenges for the child and additional responsibilities for teachers.

A current trend in the Western Cape is for Xhosa-speaking parents to enrol their grade 1 children in Afrikaans-medium schools, even when they lack literacy skills in Afrikaans. When enquiring as to the reason behind this decision, we found that the parents that we spoke to seem to hold the view that people who become literate in Afrikaans enjoy better work opportunities in the Western Cape and have a better future. These parents appeared to not be aware of the negative consequences that being educated in a second or third language has on the cognitive, psychological and social development of the child (Hooijer and Fourie 2009; Basson and Le Cordeur 2013). Present-day educators expect parents to collaborate with educators and to actively, engage with their children in the completion of homework and projects (Constantino 2003). These Xhosa-speaking parents are, however, illiterate in the language in which their child is being educated, and lack the necessary literacy skills to provide academic support to their foundation phase child. Their inability to communicate in Afrikaans, the language in which the homework is to be done, prevents them from overseeing their children’s homework tasks. Their lack of involvement then leads to many educational challenges for both the child and the child’s teachers.

In the multicultural classroom teachers often struggle to teach effectively, due to the diversity of their learners’ language competencies. These teachers often do not have the experience or the training to deal effectively with the challenges of the multi-linguistic classroom. Furthermore, schools seldom have support programmes in place to address such linguistic challenges. In this article, we propose that teachers, parents and students should unite as collaborators of education and that they should seek solutions for such educational challenges together. We explore how parents can be actively involved in their children’s homework.

This article draws on data from research conducted on parent support at a peri-urban Afrikaans primary school in the Western Cape. The overall aim of the study was to promote parent involvement in their children’s learning. We identified grade 1 parents as the population for the study because of our resolve to get parents engaged from the child’s first year of formal schooling. We selected the potential participants based on their children’s performance in the national curriculum and assessment test for Afrikaans. The parents of six learners who scored 3 and lower on the 7-code assessment test were asked to participate in the research project, which was tied to an after-school learning support programme for their children. The parents, with support from the teacher, had to supervise the homework assignments. The parents and the class teacher became members of a WhatsApp group through which all communication about the homework assignments was conducted.

Our decision to use participatory action research as the study’s design was motivated by the emancipatory potential of the design. Participatory action research allowed for a process through which parents and teachers could come together in the spirit of “masifunde” (Singh et al. 2004), which means “let us teach together”, to aid the grade 1 learners’ scholastic success. The study’s design created the opportunity for parents to collaborate with the teacher by actively participating in their children's homework assignments. It also created the opportunity for these parents to gain literacy skills in Afrikaans, the language of teaching and learning at the school. The communicative instrument that the researchers used to facilitate effective communication between the participating parents and their children’s educators was the popular social media platform WhatsApp. The data consisted of transcripts of the interviews with the participating parents and the teacher, WhatsApp text messages from the communications between the participants and the teacher, and artefacts from the classroom and after-school programme.

During the introductory session between the researchers and the participants we found that the parents did not understand that their decision to educate their children in Afrikaans, a foreign language to them, held grave consequences for their children’s cognitive, social and emotional development. In addition, the parents’ lack of Afrikaans literacy skills prevented them from engaging in their children’s homework, and discouraged participation. We realised that parent involvement in their children’s schooling would not be an automatic response, and that planning, and intervention was required to address this problem. We developed an after-school homework programme that required teacher- parent collaboration to provide learning support to the six Grade 1 learners.

The homework programme led to a collaborative relationship between the teacher and the parents. Even though the homework was in Afrikaans, the WhatsApp communication between the parents and the teacher was in English. We found that with the growth in the parents’ confidence, the communication between them and the teacher increased and expanded. The teacher modelled successful facilitation by constantly encouraging parental participation. The parents experienced the WhatsApp platform as a user-friendly and non-threatening tool. The homework, reminders and tips that the teacher sent were accessible to them at all times, and could be referred to whenever the parents were assisting the child with homework. Although the WhatsApp group was established to facilitate communication between the parents and the educator about the homework, it led to the formation of communication channels between the home and the school as well. WhatsApp gave these parents virtual access to the school and its resources, without their having to visit the school physically. Although the study did not research the grade 1 children's academic achievements, all six learners’ academic performance improved. We attributed this outcome to the teacher-parent collaboration in the after-school programme.

Keywords: Afrikaans; communication; multilingual; parental involvement; WhatsApp

 

1. Inleiding

In die Suid-Afrikaanse onderwyskonteks is die soeklig op ouerbetrokkenheid ’n welkome skuif om kommunikasie tussen die huis en skool te bevorder. Internasionale sowel as Suid-Afrikaanse studies (Epstein 1995; Heystek en Louw 1999; Van Wyk 2001; Ransom 2004; Singh, Mbokodi en Msila 2004; Lemmer 2007; Daniels 2018) toon dat ouerbetrokkenheid voordelig is vir die kind se opvoedkundige ontwikkeling en sukses. Ons navorsing (Daniels 2017; 2018; Slinger-Steenberg 2018) en ons persoonlike ervaring as opvoeders toon egter dat ouers nie altyd die belangrikheid van hul betrokkenheid by hulle kinders se opvoeding besef nie. Hulle is ook nie altyd ingelig oor die verantwoordelikheid wat hulle het ten opsigte van hul kinders se opvoeding nie. Die internasionale literatuur toon dat daar verskeie faktore is wat aanleiding tot ouers se onbetrokkenheid kan gee, onder andere ongeletterdheid, sosiale klas, en onbekendheid met die skoolkultuur (Delgado-Gaitan 1992; López 2001; Orellana, Monkman en MacGillivray 2002; Martinez 2011). Oor die afgelope drie dekades was daar grootskaalse migrasie van mense oor lands- en provinsiale grense heen. Plaaslik het Suid-Afrikaanse grootliks homogene skoolpopulasies van die verlede plek gemaak vir veeltalige skoolgemeenskappe. ’n Groeiende uitdaging vir staatskole is dat leerders se ouers nie die onderrigtaal van hulle kinders se skole magtig is nie (Singh e.a. 2004; Daniels 2017; Slinger-Steenberg 2018). Sodanige situasie kan dan aanleiding daartoe gee dat ouers hulleself, en die onderwysers die ouers, as onbevoeg beskou om hul kinders akademies te ondersteun. In die artikel lewer ons verslag oor ’n ondersoek oor die rol wat die sosiale-media-instrument WhatsApp kan speel om ouers wat nie die skool se voertaal magtig is nie, te ondersteun met huiswerkopdragte, en om sodoende ouers se betrokkenheid by hulle kinders se opvoeding te bevorder.

As opvoeders betrokke by Wes-Kaapse skole, vind ons dat swart laerskoolleerders se onderrigtaal dikwels nie die taal van hulle ouerhuis is nie (Singh e.a. 2004; Daniels 2018). In die verlede was Suid-Afrikaanse swart ouers se voorkeur om hulle kinders by skole in te skryf waarvan die voertaal Engels is. In die afgelope dekade het hierdie ouers egter toenemend hulle kinders by Afrikaansmediumlaerskole begin inskryf. Andre Gaum, ’n voormalige Wes-Kaapse minister van onderwys, en ander waarnemers skryf die styging in Xhosa- en Engelssprekende leerders by Afrikaansmediumskole toe aan ouers se persepsies dat hul kinders by dié skole gehalte-onderrig ontvang, en dat hulle in die toekoms beter geleenthede in die Wes-Kaap sal ontvang as hulle Afrikaans magtig is (Gaum 2002; Basson en Le Cordeur 2013).

Alhoewel dit enige ouer se demokratiese reg is om toegang tot enige Suid-Afrikaanse staatskool vir sy of haar kind te beding, kan so ’n besluit verreikende gevolge inhou vir hulle kinders se opvoedkundige sukses, veral as die ouers nie hulle kinders in die skool se onderrigtaal kan ondersteun nie. Alhoewel die Grondwet van Suid-Afrika (RSA 1996a) dit stel dat elke leerder die reg het om onderrig in enige van die 11 amptelike tale in staatskole te ontvang, is Afrikaans en Engels, die twee amptelike tale voor die transformasie van die opvoedingstelsel, steeds die voorkeuronderrigtale in staatskole. Ons moet ag slaan op nuwe navorsing wat wys op die negatiewe gevolge wat onderrig in ’n tweede of derde taal vir die kognitiewe, sielkundige en sosiale ontwikkeling van grondslagfasekinders inhou (Hooijer en Fourie 2009; Basson en Le Cordeur 2013). Wanneer ouers nie in staat is om hulle kind op ’n aktiewe opvoedkundige manier te ondersteun nie, ontwikkel sulke kinders opvoedkundige agterstande wat moeilik is om te oorbrug (Torres en Hurtado-Vivas 2011). Ons mening is dat opvoeders, ouers en leerders as vennote van die opvoedingstaak sal moet saamstaan om oplossings vir sulke opvoedkundige uitdagings te vind.

 

2. Probleemstelling

In die vormingsjare van kinders dien hulle moedertaal as instrument vir identiteitsvorming en integrasie by hulle kultuur. ’n Mens se moedertaal dien as die basis vir geletterdheidsverwerwing, begripsdenke en logiese geheue (Heugh, Siegrühn en Plüddemann (reds.) 1995). Wanneer leerders se kognitiewe akademiese taal van hulle moedertaal verskil, veroorsaak dit kumulatiewe agterstande, onder meer omdat die leerders nie die linguistiese sinspeling van die verskillende vakke kan verstaan of gebruik nie (International Baccalaureate Organization 2008). Besluite oor die onderrigtaal in die laerskooljare van die kind is dus baie belangrik. Kavanagh en Hickey (2013) se navorsing toon dat leerders ontneem word van effektiewe ouerondersteuning wanneer hulle op skool onderrig word in ’n taal wat nie hulle ouers se moedertaal is nie. Kavanagh en Hickey het bevind dat wanneer ouers lae of geen taalvaardigheid in die onderrigtaal van hulle kinders se skole het nie, die ouers onbetrokke bly by hul kinders se opvoeding.

Die verhouding tussen taal en leer is daarom baie belangrik wanneer ’n taal aangeleer word, daar deur ’n taal geleer word en daar oor taal geleer word. Geletterdheid in die leer-en-onderrig-taal word toenemend belangriker vir ’n elementêrevlakleerder, veral wanneer abstrakte kennis verwerf moet word. Die metalinguistiese kultuur van die klaskamer van hedendaagse Suid-Afrikaanse staatskole met sy verskeie moedertale en taalvlakke skep egter komplekse opvoedkundige uitdagings vir opvoeders en bedreig die kwaliteit van die opvoeding wat gelewer kan word. Onderwysers beskik nie altyd oor die kundigheid om leerders wat in ’n tweede of derde taal onderrig ontvang, effektief te ondersteun nie. Voorts het staatskole ook nie noodwendig programme of ondersteuningsmeganismes in posisie om hierdie leerders of ouers te ondersteun nie.

Een van die skrywers is ’n opvoeder by ’n Afrikaanse laerskool waar die aantal Xhosasprekende leerders jaarliks toeneem, en daarmee nuwe opvoedkundige uitdagings vir die opvoeders skep. In die graad 1-groep is daar ’n kohort Xhosasprekende kinders wie se ouers glad nie Afrikaans magtig is nie. Weens die leerders se beperkte vaardighede in Afrikaans sukkel hulle om hul kognitiewe vaardighede in die akademiese taal te verbeter. Dis veral met huiswerktake waar sulke leerders sonder ondersteuning moet klaarkom omdat hulle ouers nie in staat is om betrokke te raak by hulle kinders se huiswerk nie. Volgens die graad 1-onderwysers lei die gebrek aan ’n gemeenskaplike taal tussen die skool en die huis ook tot kommunikasieprobleme met die ouers oor hulle kinders se kognitiewe agterstande.

Ons literatuursoektog het getoon dat daar ’n gebrek is aan gedokumenteerde navorsing oor Xhosasprekende leerders se vordering in Afrikaanse skole, en gepaardgaande daarmee, die ouers se rol in hulle kinders se akademiese sukses. Die motivering vir die navorsing was daarom om ondersoek in te stel na hoe kapasiteit gebou kan word by Xhosasprekende ouers sodat hulle hul graad 1-kinders met hulle skoolwerk kan ondersteun. Omdat ons taal as ’n struikelblok tot kommunikasie geïdentifiseer het, het ons ’n gebruikersvriendelike kommunikasie-instrument waarmee die ouers vertroud is en wat hulle in hulle daaglikse lewe gebruik, geïdentifiseer om as instrument vir kommunikasie te dien. Ons het besluit op WhatsApp, die gewilde mobiele-boodskap-diens vir slimfone. Die 2000’s word gekenmerk deur fenomenale groei in digitale kommunikasie, veral op grondvlak (Bouhnik en Deshen 2014). In die algemene omgangslewe maak mense van elektroniese kommunikasiekanale soos e-posse, SMS’e, Facebook, Twitter en WhatsApp gebruik. Elkeen van hierdie kommunikasiekanale het verskillende eienskappe wat geskik is vir verskillende doeleindes. Voorts is hulle maklik toeganklik vir enigeen wat toegang het tot ’n slimfoon. Die WhatsApp diens het in 2015 ongeveer 800 miljoen internasionale gebruikers gehad, en is gewild onder Suid-Afrikaanse verbruikers van alle rasse en sosiale klasse (Aharony en Gazit 2016). Ons wou ouers wat daarmee vertroud is, oriënteer om dit aan te wend om kommunikasie tussen die opvoeder en die ouer te fasiliteer. Deur gebruik te maak van WhatsApp kon ’n gees van “masifunde” (Singh e.a. 2004), wat beteken, “kom ons leer saam”, tussen ouers en opvoeders ontwikkel word, tot voordeel van graad 1-leerders se akademiese sukses. Ons wou ook die bemagtigingspotensiaal van WhatsApp om die deelnemende ouers se betrokkenheid by die onderrig en leer van hulle kinders te bevorder, ondersoek. Die navorsingsvraag wat ons navorsing gerig het, was: Hoe kan WhatsApp die Xhosasprekende ouers se vaardighede verbeter sodat hulle hul graad 1-leerders met huiswerk kan ondersteun?

 

3. Teoretiese en konseptuele raamwerk

3.1 Ouerbetrokkenheid

Ouers is die primêre opvoeders van die kind by die huis en is die kind se grootste menslike hulpbron in sy opvoedkundige ontwikkeling. Hulle is belangrike rolspelers wat ’n leerkultuur by die huis kan skep en kan onder andere toesien dat hulle kinders tuiswerk voltooi. Die beginsel dat ouers ’n veilige omgewing vir hulle kinders in die gesin skep, word as vanselfsprekend aanvaar deur opvoeders (Epstein 2001). Volgens Epstein (2009) is dit die ouers se rol om te voorsien in die primêre behoeftes van hulle kinders, en sluit dit verantwoordelikhede in soos die voorsiening dat hulle kinders voedsame kos inneem, klere het om aan te trek en ’n veilige huiskonteks beleef. Ouerbetrokkenheid behels egter nie net die versorging van kinders nie, maar ook die aanvaarding van die verantwoordelikheid vir hulle ontwikkeling en opvoeding (Lemmer 2007; Daniels 2017). Epstein (2001) het ses tipes ouerlike betrokkenheid voorgestel, naamlik ouerskap, wedersydse kommunikasie tussen die skool en die ouer, gebruik van ouer-vrywilligers, tuiswerk, betrokkenheid by besluitneming, en samewerking met die gemeenskap. Die ouerbetrokkenheid-model, ook bekend as Epstein se skool-gesin-gemeenskap-vennootskap-model, verwys na die oorvleuelende invloed van die gesin, skool en gemeenskap, en die belangrikheid daarvan vir die optimale ontwikkeling van die kind (Epstein 2001). Epstein beskou skool-ouer-vennootskappe as voordelig vir alle rolspelers, en argumenteer dat wanneer ouers betrokke is by hul kinders se skoolopvoeding, die kinders akademiese en sosiale suksesse ervaar. Epstein (2001) se navorsing toon dat ouers wat ingelig en betrokke is by hul kinders se skoolopvoeding, ’n positiewe houding teenoor opvoeding handhaaf en dat dit hulle kinders se prestasie positief beïnvloed. Volgens dié denkwyse bied die gesin die sosiale, kulturele en emosionele ondersteuning wat die kind benodig, terwyl die skool die geleentheid vir kinders se positiewe interaksies met mekaar bied om sodoende hul tuiservarings te verbeter en verwante leer te ondersteun (Epstein 2009).

Kinders se potensiaal word gevoed deur die stimuli in die kontekste waarin hulle hulself bevind, asook die konneksies wat daar in sulke kontekste tussen hulle en hul ouers en met ander kinders bestaan (Patrikakou, Weissberg, Redding en Walberg 2005). Alhoewel kinders se ontwikkeling in verskillende sisteme plaasvind, wat die skool, huis en gemeenskap insluit, toon navorsing tog dat ouerbetrokkenheid by die huis die grootste invloed op kinders se ontwikkeling het (Rathus 2003). Dit is omdat ouers reeds vanaf hul kinders se geboorte belangrike fasiliteerders van hul emosionele, sosiale en kognitiewe ontwikkeling is (Patrikakou e.a. 2005). Die internasionale en nasionale navorsing oor ouerbetrokkenheid toon dat ouerdeelname in hul kinders se opvoeding van kardinale belang is en as vereiste gestel kan word vir kwaliteitopvoeding in skole (Epstein 1995; Singh e.a. 2004; Bryan en Hendry 2012).

Anders as in die verlede, verwag opvoeders deesdae dat ouers aktief betrokke sal wees by hulle kinders se skoolwerk. Ouers moet hulle kinders in huiswerkopdragte ondersteun en aanmoedig om aan skoolaktiwiteite deel te neem (Constantino 2003). Oor die laaste aantal dekades is baie navorsing gedoen oor die belangrikheid van ouer-opvoeder-vennootskappe (Lemmer 2007; Epstein 2011; Daniels 2017). As opvoedkundiges voer ons ook aan dat vennootskappe tussen skool, familie en gemeenskap ’n menigte opvoedkundige voordele vir effektiewe onderrig en opleiding inhou. Volgens Epstein (2001) word ’n omgee-gemeenskap onder leerders gevorm wanneer opvoeders, ouers en gemeenskappe mekaar as vennote in die opvoedingstaak beskou, daarom stel sy voor dat skole met vernuwende planne na vore moet kom wat ouers by die opvoeding van hul kinders sal betrek. Die Suid-Afrikaanse Skolewet (RSA 1996b) stel die vennootskap tussen die huis en die skool as ’n noodsaaklike vereiste vir effektiewe skoolbestuur en maak voorsiening vir gesamentlike verantwoordelikheid vir die kind se opvoeding.

3.2 Sosiale netwerke as kommunikatiewe fasiliteerder van opvoeding

Ons ontleding van vorige navorsing aangaande die integrasie van sosiale netwerke in opvoeding toon dat die aard van die WhatsApp eienskappe bydra tot die leerproses. Voordele sluit in die fasilitering van gesamentlike leer, aktiewe deelname aan klasbesprekings, vryheid om enige tyd en plek ’n boodskap te stuur, en die geleentheid om informeel te kan kommunikeer (Scornavacca, Huffen en Marshall 2009). Vir die navorsing het ons besluit op WhatsApp weens die platform se gebruikersvriendelikheid en die gewildheid daarvan onder Suid-Afrikaanse gebruikers. Die mobiele boodskapdiens se gebruikersvriendelikheid maak dit ’n baie gewilde sosialemediaplatform vir alle ouderdomsgroepe en sosiale klasse wêreldwyd (Bouhnik en Deshen 2014). Kommunikasie is moontlik met enige slimfoongebruiker, mits die gebruiker toegang tot die internet het en die toepassing op die slimfoon geïnstalleer is (Aharony en Gazit 2016). WhatsApp bied verskeie funksies en kommunikasiemoontlikhede aan gebruikers, soos dat hulle deur teksboodskappe, foto’s, video’s en klank inligting met ander kan kommunikeer. Die toepassing kan ook aangewend word as soekenjin op die internet. Om hierdie fasiliteite te geniet vereis slegs dat die verbruiker data tot sy/haar beskikking het.

Hierdie diens het unieke eienskappe, oftewel funksies, wat die skep van ’n kommunikasieplatform tussen belanghebbendes moontlik maak. Een van die unieke eienskappe is die opsie om ’n private kommunikasiegroep te kan stig wat individue toelaat om binne sekere grense met mekaar te kan kommunikeer, opinies uit te ruil, en oor ’n saak te beraadslaag. Dit is ’n inklusiewe medium aangesien individuele lede aan alle lede van die groep gelyktydig inligting kan deurstuur. Alle groepslede geniet dus gelyke regte en toegang. Vir die navorsing is die ouers en die opvoeders as lede van ’n WhatsApp-groep geregistreer, en die deelnemende lede moes dan die toepassing as kommunikasieplatform gebruik.

 

4. Die empiriese ondersoek

In die onderafdelings wat volg, word verskillende aspekte van die studie uitgelig.

4.1 Navorsing as etiese proses

Hierdie navorsingstudie voldoen aan die neergelegde etiese vereistes vir navorsing van die Universiteit Stellenbosch. Navorsing gaan gepaard met respek vir die deelnemers se persoonlike integriteit. Persoonlike integriteit behels die reg op fisieke integriteit, vryheid, privaatheid, vertroulikheid, onafhanklikheid en selfbeskikking (Allan 2001). Etiese besluite waaroor ons moes besin, was hoe wedersydse vertroue tussen die navorsers en die deelnemers gebou kon word (Silverman 2006). Hiervoor is privaatheid en anonimiteit belangrike beginsels om te volg, want ons wou die identiteit van die deelnemers beskerm (Blaxter, Hughes en Tight 2001) in ons bekendstelling van die bevindinge.

Aangesien die studie by ’n staatskool onderneem sou word, het ons vooraf toestemming by die Wes-Kaapse Onderwysdepartement verkry. Hierdie toestemming is verleen op voorwaarde dat die name van die deelnemers en die skool nie in enige verslae bekend gemaak sou word nie. Toestemming om die navorsing by die betrokke skool te doen, is vergemaklik deurdat een van die skrywers hiervan “binnestander”-status as opvoeder by die skool geniet. Die proses van ingeligte toestemming om aan die studie deel te neem, is gefasiliteer deur ’n vergadering met die graad 1’s se ouers en opvoeder om formeel die navorsingsproses aan hulle te verduidelik ten einde hulle instemming as deelnemers te bewerkstellig. Gedurende die ontmoeting met die deelnemers is die doel en uitkomste van die navorsingsproses breedvoerig verduidelik en is genoegsame tyd toegestaan om vrae te beantwoord en onduidelikhede en onsekerhede oor deelname uit die weg te ruim. Die ses ouers en die graad 1-onderwyser is ingelig dat deelname vrywillig is en dat hulle op enige tydstip aan die navorsing kan onttrek sonder dat dit nadelige gevolge vir hulle sou inhou. Flick (2006) argumenteer dat waar navorsing onderneem word in ’n konteks waar verskeie persone van dieselfde werksopset betrokke is, die kwessie van vertroulikheid en anonimiteit problematies kan wees. Ons besluit op verskansing van die identiteit van die deelnemers was sodat sensitiewe data nie aan ’n spesifieke ouer gekoppel kon word nie (Mertens 2005). Alle name in die oorspronklike data is dus verskans en met skuilname vervang vir alle aanbiedinge en publikasies oor die navorsing. Ons het alle harde kopieë van transkripsies en rekords veilig gestoor in ’n toesluitkabinet waartoe slegs die navorsers toegang gehad het.

4.2 Navorsingsontwerp en metodologie

Ons besluit op deelnemende- aksienavorsing (DAN) as die studie se ontwerp is beïnvloed deur die ontwerp se potensiaal om die ouers as vennote van hulle kinders se opvoeding te vestig. Die potensiaal van DAN as navorsingsontwerp was dat dit die ouers as deelnemers kon bemagtig en daardeur bevredigende vorme van kommunikasie tussen skool en huis oor opvoeding kon bewerkstellig (Crane en O’Regan 2013). Hierdie ontwerp se potensiaal om die deelnemende ouers met kennis en vaardighede toe te rus, en hulle te laat inkoop op ’n skoolvennootskap ter bevordering van die kind se leerproses, was ons regverdiging vir die ontwerpbesluit. Die ontwerp se metodologie behels ’n sikliese proses wat onderskei word deur ’n plan van aksie, waarneming en kritiese besinning.

In DAN word die deelnemers deel van die navorsingspan en word erkenning gegee aan hulle as medenavorsers en medebesluitnemers wat oor kundigheid beskik om besluite oor die navorsingsproses te neem. So byvoorbeeld is die huiswerkprogram voorafgegaan deur konsulterende fokusgroepgesprekke met die deelnemende ouers en die graad 1-opvoeder om die probleem wat ondersoek sou word, verder toe te lig. Die data wat verkry is tydens die verkenningsgesprek is ontleed en besluite is geneem in konsultasie met die opvoeder en ouers oor ’n plan van aksie. Die plan waarop besluit is, was dat ’n naskoolse leerondersteuningsprogram vir hulle kinders ontwikkel sou word. Die ouers sou, met die ondersteuning en leiding van die onderwyser, betrokke raak by die toesighouding van die huiswerktake. WhatsApp sou as kommunikasieplatform tussen ouer en opvoeder dien. Die data verkry uit persoonlike onderhoude en die WhatsApp-groep-kommunikasie tussen die ouers en die opvoeder, sowel as die kommunikasies tussen die ouers, is, nadat dit getranskribeer is, onderwerp aan kwalitatiewe inhoudsontleding (Patton 2002). Ons het tydens die kwalitatiewe inhoudsontleding twee prosesse van data-ontleding (Henning 2004) gevolg, naamlik ’n oop koderingsproses gevolg deur die groepering van die kodes in kategorieë. Die kategorieë en temas relevant tot die navorsingsvraag word later in die artikel voorgelê en bespreek (Patton 2002).

Soos gepas vir ’n deelnemende-aksienavorsingstudie sou die navorsers deur kritiese besinning die vorige aksie hersien en sodoende die volgende siklus beplan. Die ontwerp sou reflektiewe denke en kommunikasie oor die ouers se rol en hulle bydrae tot hulle kinders se opvoedkundige sukses fasiliteer. Die navorsers het die deelnemers se toestemming gehad om as waarnemers die WhatsApp-groep-inskrywings te lees en dit as data te gebruik.

4.3 Die konteks en populasie

Die konteks vir die studie was ’n landelike Afrikaanse primêre skool buite Stellenbosch. Ons keuse van die graad 1-jaar was daarop gerig dat ouers reeds vanaf die eerste formele-onderrig-jaar aktief betrokke kan raak by die opvoeding van hul kinders. Ons het die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsinstrument gebruik om alle Xhosa-moedertaalsprekende graad 1-leerders se prestasie in Afrikaans te bepaal. Deelname was beperk tot leerders wat ’n kode 3 en laer in Afrikaans Huistaal op die 1-7-skaal behaal het. Hulle ouers is genader en uitgenooi om deel te neem aan navorsing wat aan ’n leerondersteuning-huiswerkprogram vir hulle graad 1-leerders gekoppel sou word. Tabel 1 hier onder toon die ses graad 1-leerders se assesseringsuitslae voor aanvang van die studie.

Tabel 1: Graad 1-leerder-deelnemers se aanvanklike prestasie

Deelnemende ouer

Graad 1-kind

Leerderprestasie voor aanvang van die studie

Thandi

Ndiviwe

2

Iviwe

Lulama

3

Anesipho

Unathi

2

Nomsa

Tsepho

3

Zintle

Vuyo

3

Thandeka

Buhle

3

 

4.4 Die ondersteuningsprogram

Vir ses weke het die ses graad 1-leerders daagliks na skool aan ’n gestruktureerde leerondersteuningsprogram deelgeneem. Ons het McCarrier, Pinnell en Fountas (2000) se uitleg gevolg vir die klaskamerorganisasie om interaksie tussen die opvoeder en die ses leerders optimaal te benut. Leerders is in klein groepies ingedeel waar hulle op ’n een-tot-een-basis ondersteuning van die onderwyser ontvang het om te leer skryf. Die leerders se begrip van die skryfproses, die verskillende funksies van die geskrewe taal en kennis van letter-klank-kombinasies en woordkennis is op hierdie wyse uitgebrei. Vaardighede waarop hierdie ondersteuningsprogram gefokus het, en wat deur die huistaalkurrikulum voorgeskryf word, is (i) luister en praat; (ii) klanke; asook (iii) lees. Na afloop van elke naskoolse sessie is die huiswerk aan die ses ouers op WhatsApp deurgegee.

Die deelnemende ouers moes toegang tot ’n slimfoon hê en ’n WhatsApp-gebruiker wees. Vir deelname aan die navorsing is die ouers en die graad 1-opvoeder as lede van dieselfde WhatsApp-groep geregistreer. Tydens die program was dit die kommunikasieplatform vir die ouers en die opvoeder. Die taak van die ouer was om die leerder te ondersteun en toe te sien dat hy/sy die huiswerk doen. Die ouers het visuele materiaal van die huiswerktaak en ’n mondelinge opname as handleiding ontvang. In die klankopname is die opdrag eers in Engels verduidelik sodat die ouers daarvan kon sin maak. Daarna het ’n herhaling van die verduideliking in Afrikaans gevolg. Die regverdiging vir die Engelse klankbaan was dat dit ouers moes oriënteer en hulle begrip van die huiswerk moes versterk. Die Afrikaanse klankbaan is voorsien sodat die ouers die opdrag in Afrikaans, soos in die klas deur die opvoeder gedoen, kon oordra.

Die onderwyser kon, as lid van die WhatsApp-groep, die interaksie wat op die WhatsApp-groep plaasvind, monitor en kon ouers se vrae wat gepos word, in groepsverband beantwoord. As ’n sleutelinformant in die studie, maar ook ’n opvoeder, kon sy waardevolle insae insigte kry in haar leerders se ouers se behoeftes sowel as hulle uitdagings.

 

5. Bevindinge

Ons deel vervolgens die bevindinge van die studie.

5.1 Die verkenningsgesprek tussen ouer en opvoeder oor die kind se opvoeding

Voor die aanvang van die leerondersteuningsprogram was ons agtergrondkennis van die Xhosasprekende ouers beperk tot die inligting wat op hulle kinders se aansoekvorms verskyn. Die gefokuste verkenningsgesprek het dus ’n geleentheid geskep vir die navorsers om insig te ontwikkel in die ouers se agtergrond en hulle menings oor die waarde van opvoeding. Ons kon ook navraag doen oor die ses enkelouers se persoonlike betrokkenheid by hulle kinders se opvoeding. Tydens die ontmoeting met die ses deelnemende ouers en die opvoeder het ons data ingewin oor die ouers se motivering met die plasing van hulle kinders by die betrokke skool, sowel as hulle uitdagings om opvoedkundige ondersteuning aan hulle kinders te bied. Ons het ook die graad 1-opvoeder se opvoedkundige uitdagings met die spesifieke leerderpopulasie bekom.

5.1.1 Kinders se ongeletterdheid in die voertaal lei tot akademiese probleme

Tydens die gesprek het die opvoeder haar Xhosasprekende graad 1-leerders se ongeletterdheid in die voertaal, Afrikaans, uitgewys as die onderliggende oorsaak van die akademiese probleme waarmee hulle worstel. Omdat die leerders nie die onderrigtaal magtig is nie, sukkel hulle om die leerstof te bemeester. Volgens die opvoeder het dit tot gevolg dat die leerders reeds vanaf graad 1 nie huiswerk voltooi nie. Die opvoeder was van mening dat die Xhosasprekende ouers ook moontlik nie die huiswerkopdragte verstaan nie, ’n mening wat bevestig is deur die ouers. Die ses deelnemende ouers was glad nie Afrikaans magtig nie en hulle gebruik van die taal in hulle daaglikse lewe was minimaal. Hulle het erken dat hulle onvermoë om in Afrikaans te kommunikeer hulle daarvan weerhou om aktief by hulle kinders se huiswerktake betrokke te raak. Wat ons ontleding van die verkenningsgesprek uitgewys het, was dus dat die taalhindernis onbetrokkenheid by die ouers aanmoedig, sodat die ouers dan heeltemal afstand doen van hulle opvoedkundige verantwoordelikhede teenoor hul kinders se huiswerk.

Die onderwyser se mening was voorts dat wanneer jy ’n ander taal wil bemeester, jy eers die basiese leerbegrippe in jou moedertaal onder die knie moet kry, omdat dit later dan makliker is om hierdie begrippe na enige ander taal oor te dra. Haar mening was dat die ouers hulle kinders se opvoeding in die proses benadeel, want:

In die eerste plek moet hulle nou leer lees en skryf en wat alles … en nou moet hulle dit nog in ’n taal doen waarmee hulle glad nie bekend is nie. So hulle leer nog ’n nuwe taal ook aan.

5.1.2 Ouers glo dat taal ekonomiese kredietwaarde het

Die ses Xhosasprekende ouers het, soos reeds gemeld is, oor geen of minimale taalvaardighede in Afrikaans beskik. Ons wou daarom vasstel wat hulle motivering was om hul kinders by ’n Afrikaansmediumskool in te skryf. Wat uit die gesprek gou duidelik geword het, was dat die ouers hulle eie gebrekkige taalvaardighede in Afrikaans en Engels, Suid-Afrika se twee voormalige amptelike tale, as agterstande beleef in hulle volwasse lewens. Hulle wou nie hê dat hulle kinders soortgelyke agterstande beleef nie; vandaar hulle besluit om hulle kinders by ’n Afrikaansmediumskool in te skryf. Volgens Zintle, een van die ouers, bied vlotheid in Afrikaans en/of Engels, die voertale in Afrikaansmediumskole, meer geleenthede en ’n beter toekoms aan hulle kinders. Alhoewel sy ’n Zoeloe is, is sy xhosasprekend omdat sy as ’n swart landelike leerder haar primêreskoolopleiding in Xhosa ontvang het. Volgens haar het gebrek aan Engels en Afrikaans haar kanse op ekonomiese bemagtiging, en werk, verskraal. As ouer is dit vir haar daarom belangrik dat haar seun toegang tot meer geleenthede moet kry. Naas Xhosa wil sy hê dat hy ook Afrikaans en Engels aanleer. Sy regverdig haar besluit as volg:

... Because I couldn’t do all those stuff. So I want him to do that. He is speaking Xhosa and I want him to speak Afrikaans and English … and then he can learn other languages too.

Volgens Zintle is Afrikaans, naas Engels ’n belangrike taal om te bemeester, want dit gee die taalsprekers toegang tot ’n wyer wêreld. Haar mening weerspieël ook in die ander ouers se narratiewe. Hulle kinders is ingeskryf by die Afrikaansmediumskool omdat die ouers in die Wes-Kaap die mag van Afrikaans en Engels oor ander Suid-Afrikaanse tale persoonlik beleef. Stellings soos: “I wanted him to learn Afrikaans and English” en “I always wanted him to learn Afrikaans” tydens dié gesprek interpreteer ons as die werkersklasouers se pogings om hulle kinders meertalig te maak ter voorbereiding vir ’n beter ekonomiese toekoms.

5.1.3 Ouers het beperkte insig in die waarde van moedertaalonderrig

Tydens die verkenningsgesprek was dit ooglopend dat die ouers nie aanvanklik die belangrikheid van moedertaalonderrig besef het of insig daaroor geopenbaar het nie. Ouers soos Zintle en Thandi het byvoorbeeld nie hulle kinders se bestaande opvoedkundige probleme in die grondslagfase in verband gebring met hulle besluit om hulle kinders in Afrikaans, ’n vreemde taal vir die gesin, te laat onderrig nie. Die ouers het ’n naïwiteit openbaar oor die omvang van die probleem en sy oplossing, met opmerkings van Thandi soos: “She will just have to learn”, of Anesipho se voorstel van “I can help where I can.” Thandi se kommentaar was: “Children learn quickly so it must be easy for them to learn Afrikaans.” Die ouers was eerder prakties ingestel oor hoekom hulle wou hê dat hulle kinders Afrikaans moes aanleer. In plaas van om die Afrikaanse voertaal as ’n hindernis tot hulle kind se ontwikkeling te beskou, beskou hulle dit as ’n belegging in die kind se meertaligheid. Voorts sou die aanleer van Afrikaans (en Engels) in die toekoms voordelig wees vir die individu omdat meertaligheid hom/haar as volwassene toegang tot ’n wyer werkersomgewing, en moontlikhede, bied.

5.2 Die rol en bydrae van WhatsApp tydens die intervensie

As deel van die ouers se betrokkenheid by die leerondersteuningprogram het hulle onderneem om tydens die skoolweek daagliks aktief betrokke te wees in die WhatsApp-groep. Soos reeds gemeld, was die doel met die WhatsApp-groep om ondersteuning aan die ouers te bied met hulle fasilitering van huiswerk en ook as instrument om kommunikasie tussen die onderwyser en die ouer te vergemaklik. Ons aanname was dat die Xhosasprekende ouers met deelname aan die WhatsApp-groep hulle kapasiteit kon bou. Hierdie aanname is deur die data ondersteun.

Tydens die ses weke waartydens die program aangebied is, dui die WhatsApp-kommunikasie daarop dat die ouers baie met die opvoeder konsulteer oor die uitvoer van en toesighouding oor die huiswerkopdragte. Hierdie gesprekke tussen die opvoeder en ouers vind almal in Engels plaas. Nadat die onderwyser ’n WhatsApp-instruksie aan die ouers gelaai het, het die ouers in teksboodskappe daarop gereageer op soortgelyke wyse as wanneer hulle in die persoonlike, fisiese teenwoordigheid van die onderwyser sou wees. Die data toon ook dat ’n samewerkverhouding tussen die ouers en die opvoeder ontwikkel het. Die ouers se reaksie op die WhatsApp-groep was oorwegend positief oor die ses weke lange huiswerkperiode.

Die ouers het die WhatsApp-ondersteuningsgroep verwelkom aangesien daar volgens hulle voorheen nie veel leiding en ondersteuning vanaf die skool aan hulle gebied is nie. Hulle het veral die duidelike instruksies en verwagtinge met betrekking tot die huiswerktake op WhatsApp verwelkom. Een van die ouers wat voorheen nie sukses gehad het met hulp aan haar kind nie, som haar ervaring met die ondersteuning soos volg op:

Before, you just see the homework and then you don’t even know what is expected from you to do. [With WhatsApp] you can actually see and hear what you have to do as the audio is with the homework. It works much better with the audio …

Die ouers het op verskeie ander voordele van die WhatsApp-riglyne ter ondersteuning van die huiswerk gewys. Een daarvan is die hulp wat hulle ontvang het met die uitspraak van Afrikaanse woorde:

Before, I could not even pronounce (Afrikaans) words and Ndiviwe also don’t pronounce all the words correctly. Then with the voice note I now know how to say it, and correct her as well. So I hear, Oh okay its not “a” it is something else. So I get to learn with my daughter as well. So it really helps.

Een van die voordele wat Iviwe gedeel het oor die WhatsApp-kommunikasie, is die insluitendheid van die proses, veral wanneer kinders afwesig is van skool. Alhoewel haar seuntjie op een dag tydens die program afwesig was weens griep, kon sy voortgaan om hom te ondersteun omdat die huiswerk via Whatsapp beskikbaar was aan haar:

We are trying, Miss, although he is bit sick of flu. He was absent today but thank you, now he can do homework because of the group message.

Weens die formaat van die proses was die opdrag en instruksies beskikbaar om te eniger tyd toegang te verkry. WhatsApp het dit vir die ouers moontlik gemaak om die huiswerk op hul slimfoon te stoor. Dit is deur die ouers as ’n pluspunt beleef, want sou die ouer nie self beskikbaar wees om met huiswerk te ondersteun nie, kon sy die huiswerkopdrag aan iemand anders stuur wat wel die kind kon ondersteun. Al die deelnemende ouers was enkelouers. Ons het gevind dat, behalwe die ouers, ander rolspelers, soos ’n ouma, ’n broer of ander volwassene, die kinders met huiswerk ondersteun. Tydens die onderhoude het ouers vertel van hoe hulle die klankgreep aan sodanige persone stuur sodat hulle die huiswerktaak beter kan verstaan. Sommige ouers was van mening dat die WhatsApp-aanbieding hulle voorberei om soos die onderwyser die taak aan die kind te verduidelik. “It came in very handy. because you actually know and understand from the teacher’s side …”

’n Interessante bevinding van die studie was dat dit die intergenerasie-aard van die leerproses versterk. Die metodologie het die ouers sowel as die leerders met akademiese take wat buite die klaskamer geskied, ondersteun. Die ouers het met hulle deelname begin leer hoe om hulle uitspraak van Afrikaanse woorde te verbeter, en hulle is aangemoedig om Afrikaans aan te leer. Die leerproses deur ’n sosialemediaplatform het ook ander leerders en rolspelers in die uitgebreide gesin aangemoedig om deel te word van die leerproses.

5.3 Kommunikasie met die onderwyser en/of ander ouers

Bestaande navorsing oor ouerbetrokkenheid (Epstein 2001; Singh e.a. 2004; Lemmer 2007; Epstein 2009; Bryan en Hendry 2012; Daniels 2017) identifiseer kommunikasie as een van die belangrikste faktore vir ouerbetrokkenheid, en toon dat ’n gebrek daaraan die verhouding tussen die skool en die huis benadeel. Die WhatsApp-groep het as ’n platform gedien waarop ouers met die onderwyser en die skool kon kommunikeer. Ons ontleding toon dat WhatsApp ’n gebruikersvriendelike platform vir beide ouers en die opvoeder begin word het, en dat hulle dit as ’n effektiewe kommunikasiekanaal beleef het. Reeds tydens die gespreksforum is die onderwyser as ’n belangrike rigtinggewer geïdentifiseer deur die ouers. Tydens die leerondersteuningsprogram het ons haar as ’n waardevolle bron beleef omdat sy ouers gefokus gehou het. Omdat sy hulle kommunikasie deurgaans gemonitor het, kon sy, waar nodig, tussenbeide tree om die belangrikheid van sekere sake te beklemtoon waarop ouers moes fokus in hulle kommunikasie met die leerders. Die volgende boodskap van haar: “The sounding of the words is very important, guys, as well as the sound recognition. They need to recognise the sounds in the words” het ouers gehelp om te weet waarop om te fokus. Die onderwyser het op grond van sekere versoeke ook addisionele huiswerk vir sommige leerders voorgeskryf. Individuele ouerspesifieke kommunikasie deur die opvoeder het ouerbetrokkenheid aangemoedig, aangesien dit die ouers gemotiveerd gehou het om daagliks die leerders te ondersteun.

Wat ons ontleding van die WhatsApp-gesprekke toon, is dat die deelnemende ouers se selfvertroue om met die opvoeder te kommunikeer, gegroei het tydens die program. Ons ontleding van hulle kommunikasie toon dat hulle begin gesprekke voer het oor ander skoolverwante aangeleenthede. Wat die data uitlig, is dat WhatsApp gedien het as platform om inligting oor huiswerk deur te gee, sowel as om ander inligting oor skoolverwante sake te bekom. So byvoorbeeld sou ouers navraag doen oor verrigtinge wat by die skool aan die gang was en die onderwyser kon onmiddellik daarop reageer deur ’n boodskap terug te stuur. Deurdat die navraag op die WhatsApp-groep gedoen is, het ander ouers wat ook oor dieselfde kwessie onseker was, by die onderwyser se antwoord baat gevind. Die ouers het die vrymoedigheid begin ontwikkel om die platform te gebruik om algemene vrae waarby almal belang het, op die WhatsApp groep te vra, en deur die deel van inligting via die medium kon alle ouers baat vind daarby.

5.4 Die slimfoon as stoorfasiliteit en tussenganger

’n Baie waardevolle aspek van die laai van die huiswerk op WhatsApp is reeds genoem: dat dit op hulle slimfone gestoor kon word en dus altyd toeganklik was vir die ouers. Die opvoeder kon ook te alle tye in gesprek tree met ouers. Sy het dit meestal gebruik om hulle aan te moedig en van addisionele inligting te voorsien. Een van die ondersteuningsmeganismes en vorme van bystand met huiswerk was om hersiening te doen. Die onderstaande boodskap van die onderwyser was ’n tipiese voorbeeld van ’n herinnering wat ouers ontvang het om hulle taakgerig en betrokke te hou:

Can you see to it that they read through the week’s work, please? They can also sound Monday’s and Tuesday’s work.

Weens hulle vertroudheid met slimfoontegnologie was dit baie maklik en eenvoudig vir die ouers om die boodskap op versoek aan die leerder te speel. Selfs al sou ’n leerder afwesig wees, soos in die geval van Iviwe se seun, kon die ouer steeds die huiswerk op haar slimfoon ontvang en kon die leerder en ouer steeds deel bly van die huiswerkprogram. Die deelnemers was almal enkelouers en hulle het heel dikwels beperkte tyd tot hulle beskikking gehad om hulle kinders te ondersteun. ’n Ander definitiewe voordeel, wat ook reeds genoem is, maar beklemtoon kan word, was dat die proses dit moontlik gemaak het vir die ouers om die lesse met ander volwassenes in hulle binnekring te deel sodat hulle ook by die huiswerk betrokke kon wees. Die stoorfasiliteit het dus alternatiewe opsies vir die ouers moontlik gemaak, soos om die huiswerkopdrag aan ’n ondersteuningsnetwerk te stuur wat die kind dan met huiswerk kon help, sou die ouer nie in staat wees om dit te doen nie.

5.5 Die interaktiewe aard moedig intergenerasieleer aan

Die ouers was baie entoesiasties om gelyklopend met hulle kinders Afrikaans aan te leer, en het die Afrikaanse klankgrepe wat die huiswerktekste vergesel het, as waardevol beleef. Die WhatsApp-groep het nie net die leerders akademies ondersteun nie, dit het ook hulle ouers aangemoedig om met die voertaal om te gaan. Tabel 2 hier onder bevat uittreksels van die ouers se WhatsApp-kommunikasie met die opvoeder oor die aanleer van Afrikaans.

Tabel 2: Aanmoediging om Afrikaans baas te raak

Deelnemer

WhatsApp-respons

Nomsa

“The voice note helps a lot. Even helps me speak Afrikaans a bit.”

Thandi

“Dankie ek voorstaan (verstaan) ... Ndiviwe praat saam met my Afrikaans. Ek leer bietjie.”

Akhona

“We will … jy gaan leer ons Afrikaans taal praat, juffrou.”

Iviwe

“Done mam, we making progress. And we learn Afrikaans together.”

Zintle

“He really is progressing. He is even speaking more Afrikaans at home, and sounding words and trying to read on his own ... I learn to speak Afrikaans as well.”

 

5.6 Opvoedkundige vordering

Soos reeds genoem (afdeling 4.3), het ons die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsproses gebruik om graad 1-moedertaalsprekers van Xhosa wat ’n kode 3 en laer in Afrikaans Huistaal op die 1-7 skaal behaal het, vir die navorsing te identifiseer. Na die ondersteuningsprogram het ons die opvoeder gevra oor hulle aanpassing en deelname in die klaskamer. Die prestasieskedule vir die jaar se vordering toon dat die leerders wat aan die navorsing deelgeneem het, akademies presteer het. Al hierdie leerders het in die eerste kwartaal onderpresteer, wat nie verbasend was nie, aangesien hulle nog moes aanpas by formele onderrig, en dit in ’n vreemde taal geskied het. Vanaf die tweede kwartaal begin hulle wel verbetering toon. Die huiswerkprogram het in die tweede kwartaal begin en tot in die derde kwartaal gestrek. In hierdie twee kwartale het hulle beter uitslae begin toon, en was hulle finale vordering op die prestasieskedule gemiddeld 2 kodevlakke hoër. Volgens die klasonderwyser is hulle verbetering ook op verskeie ander vlakke te bespeur, soos met aanpassing en deelname in die klas. Sy vertel hoe een van die leerders se leesvaardighede so verbeter het dat sy nou in die gevorderde leesgroep ingesluit is. Die opvoeder vermeld ook dat die betrokke leerders se selfvertroue baie verbeter het. Sy vertel:

Die een dogtertjie het nooit met my gepraat nie en het altyd vir haar maatjie gesê om vir juffrou te gaan vra sy moet badskamer toe gaan. Sy kom nou al self vra … en sy sal ook ietsie by sê. Hulle almal het baie verbeter in daai opsig.

Figuur 1. Bevorderingskedule

Alhoewel die navorsing nie die kind se prestasie nagevors het nie, is die opvoeder en die ouers dit eens dat die Xhosasprekende betrokke leerders se verbeterde opvoedkundige prestasies die gevolg is van die ondersteuningsproses. Die opvoeder gebruik die bevorderingskedule-artefak wat ingesluit is, om haar mening te ondersteun.

 

6. Samevatting

Ouers se betrokkenheid is belangrik in alle fases van die kind se ontwikkeling, hetsy sosiaal of emosioneel (Berthelsen en Walker 2008; Venter 2011). Ouers se betrokkenheid en die opvoedkundige ondersteuning wat hulle tuis aan hul kinders bied, bevorder die bekwaamheid, selfvertroue en akademiese sukses van die kinders (Gonzalez 2002; Wait, Meyer en Loxton 2005). Ons fokus in die artikel was op ouers se ondersteuningsrol in die kind se leerproses. Net soos Van Wyk en Lemmer (2009) glo ons dat ouerbetrokkenheid op akademiese vlak nie outomaties plaasvind nie; dit verg beplanning, en soms ingryping.

By die Afrikaanse skool waar die studie onderneem is, is dit ’n uitdaging vir opvoeders om Xhosasprekende leerders effektief te ondersteun en by te staan weens die tekort aan hulpbronne en die diverse leerderprofiel. Ons het bevind dat die Xhosasprekende ouers dikwels nie die negatiewe gevolge wat onderrig in ’n vreemde taal op hulle kinders mag hê, besef nie. Omdat die ouers self nie Afrikaans magtig is nie, kan hulle nie self hulle kind met tuiswerk bystaan nie. Weens die taalhindernis word opvoedkundige onbetrokkenheid van veral Xhosasprekende ouers verhoog.

In ’n poging om ouerondersteuning aan te moedig is ’n 6-week-ondersteuningsprogram vir die betrokke graad 1-leerders ontwikkel waarby die opvoeder, ouers en leerders betrek is. Om die ondersteuning vir ouers te fasiliteer is WhatsApp ingespan om ouers van riglyne en instruksies te voorsien sodat hulle hul kinders opvoedkundig kon bystaan. Die ondersteuningstrategie was om ’n naskoolse program vir die deelnemende leerders te loods. Samelopend daarmee is hul ouers op ’n WhatsApp-groep geregistreer en is instruksies vir opdragte sowel as ondersteuning aan ouers gegee sodat hulle hul kinders met die huiswerk kon help. Die opvoeder het hulle op aanvraag ondersteun en hulle sodoende by hul kinders se leerproses betrek.

’n Samewerkende verhouding het ontwikkel tussen ouers wie se kinders dieselfde probleme ondervind, en tussen die ouers en hulle kinders se opvoeder. Alhoewel die tuiswerk in Afrikaans was, is daar ook in Engels met die ouers gekommunikeer sodat hulle effektief met die onderwyser kon kommunikeer. Ons bevinding was dat die ouers se selfvertroue verbeter het namate hulle vertroud geraak het met die prosesse. Omdat die opvoeder ’n goeie ondersteuningsnetwerk vir die ouers was, kon die ouers aktief betrokke raak by hulle kinders se opvoedkundige ontwikkeling, en kon die leerders makliker by die georganiseerde roetine van die skool inskakel. Hierdie is bevindinge wat bestaande navorsing steun (Lemmer 2007; Epstein 2009; Daniels 2017; 2018). Ons bevindinge toon dus dat alle belanghebbendes voordeel getrek het uit hulle betrokkenheid by die leerondersteuningsprogram. Voor die aanvang van die navorsing was daar gebrekkige kommunikasie tussen ouer en opvoeder en was die Xhosasprekende ouers se deelname en betrokkenheid by skoolaangeleenthede gering. Die deelnemende ouers het die vrymoedigheid ontwikkel om met hul kinders se opvoeders te kommunikeer. Ons het bevind dat, soos wat hulle vertroudheid met Afrikaans verbeter het, hulle entoesiasme as rolspelers en betrokkenes in hulle kinders se skoolwerk toegeneem het. Die opvoedkundige band tussen die ouers en hulle kinders sowel as tussen die ouers en die klasonderwyser is deur hulle betrokkenheid by die studie versterk.

 

7. Besinning en aanbevelings

Deesdae se veeltalige klaspopulasies bied opvoedkundige uitdagings aan Suid-Afrikaanse opvoeding wat aangespreek moet word. Vennootskappe tussen ouers en opvoeders oor betekenisvolle deelname is nodig. Die studie waaruit hierdie artikel voortspruit (Slinger-Steenberg 2018) se bevindinge hou implikasies in vir hoe skole omgaan met ouers wie se kinders nie in hulle moedertaal onderrig word nie. Voornemende leerders se ouers moet kennis dra van die belangrikheid van moedertaalonderrig en die agterstande wat kinders het wanneer hulle nie in hulle moedertaal onderrig word nie. Dit is belangrik dat ouers bemagtig word met kennis oor die rol van taal en denke in die kognitiewe, affektiewe en sielkundige ontwikkeling van kinders, sodat hulle ingeligte besluite kan neem oor die formele skoolkonteks waarin hulle kinders opgevoed word. Indien ouers wat nie die skool se voertaal magtig is nie, steeds besluit om hul kinders by sodanige skool in te skryf, moet hulle die implikasies verstaan en as aktiewe rolspelers tot die skoolopvoedingsproses toetree.

Suid-Afrikaanse staatskole het oor die afgelope twee dekades ontpop as multikulturele omgewings waarin leerders verskeie huistale praat. Erkenning van die verskillende taalkulture in die klaskamer is nodig, en die Skoolgebaseerde Ondersteuningspan (SGOS) behoort toe te sien dat strategieë hieroor gekommunikeer word. Skole sal programme en ondersteuningsmeganismes moet daarstel om hierdie leerders sowel as hulle ouers te ondersteun. Dit sal vereis dat skole ouers as vennote intrek by die leerproses, sodat hulle saam aan oplossings werk ter bevordering van suksesvolle leer en ontwikkeling. Opvoeders moet erkenning gee aan die rol wat die huisomgewing en ouers in die opvoeding van hul leerders speel, en ouers as vennote in die daarstel van suksesvolle opvoeding en effektiewe skole erken. Voorts sal die skool en die huis gesamentlike verantwoordelikheid moet begin aanvaar vir die kind se opvoedkundige ontwikkeling en sukses.

Ouers weet dat hulle ’n belangrike rol in die opvoeding van hul kinders speel. Hulle benodig egter opvoeders wat as rigtingwysers optree en hulle deelname kan fasiliteer. Sodanige leiding sal ouers help om opvoedkundige uitdagings te hanteer sodat effektiewe onderrig kan plaasvind. Ons studie wys op die potensiaal van skool-ouer-vennootskappe om effektiewe kommunikasiekanale te skep. Alhoewel die kwalitatiewe studie insig bied in slegs een Suid-Afrikaanse skool se ondersteuningsprogram, meen ons dat die bevinding van die studie tog insiggewend is vir die breë onderwysomgewing waar kinders in hulle tweede en selfs derde taal onderrig ontvang. Ons voorstel is dat die studie in meer skole herhaal word. Ons stel ook voor dat daar oorweeg word om die taal van die gemeenskap (in hierdie geval Xhosa) te gebruik in verduidelikings aan ouers, in plaas van Engels, want wanneer opvoeders en ouers vennootskappe met mekaar aangaan, word die akademiese leeromgewing vir kinders verbeter. In diverse leerdergemeenskappe moet ouers as noodsaaklike skakels tot die akademiese sukses van leerders erken word.

 

Bibliografie

Aharony, N. en T. Gazit. 2016. The importance of the Whatsapp family group: An exploratory analysis. Aslib Journal of Information Management, 68(2):174–92.

Allan, A. 2008. Law and ethics in Psychology. An international perspective. Somerset West: Inter-Ed Publishers.

Basson, M. en M. le Cordeur. 2013. Die bevordering van woordeskat en leesbegrip by Xhosa-moedertaal sprekers in graad 4-6 in Afrikaanse skole. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 53(3):377–90.

Berthelsen, D. en S. Walker. 2008. Parents’ involvement in their children’s education. Australië, Melbourne: Australia Institute of Family Studies.

Blaxter, L., C. Hughes en M.Tight. 2001. How to research. 2de uitgawe. Buckingham: Open University Press.

Bouhnik, D. en M. Deshen. 2014. WhatsApp goes to school: Mobile instant messaging between teachers and students. Journal of Information Technology Education: Research, 13:217–31.

Broom, Y. 2004. Reading English in multilingual South African primary schools. International Journal of Bilingual Education and Bilingualism, 7(6):506–28.

Bryan, J. en L. Hendry. 2012. A model for building school-family-community partnership: Principles and process. Journal of Counseling & Development, 90:408–20.

Coleman, J.S. 1988. Social capital in the creation of human capital. American journal of Sociology, 94: 95-120.

Constantino, J.N. 2003. Engaging all families: Creating a positive school culture by putting research into practice. Lanham: Scarecrow Education.

Crane, P. en M. O’Regan 2013. On PAR. Using participatory action research to improve early intervention. Australië, Canberra: Department of Family and Community Services, Canberra.

Daniels, D. 2017. Initiating a different story about immigrant Somali parents’ support of their primary school children’s education. South African Journal of Childhood Education. https://doi.org/10.4102/sajce.v7i1.461 (7 Februarie 2018 geraadpleeg).

—. 2018. Educating in diverse worlds: The immigrant Somali parent as a strategic partner of South African education. In Walton en Osman (reds.) 2018.

Department of Education. 1997. Language in education policy. Pretoria, South Africa: Department of Education.

Delgado-Gaitan, C. 1992. School matters in the Mexican-American home: Socializing children to education. American Educational Research Journal, 29:495–513.

Epstein, J.L. 1995. School/family/community partnerships: Caring for the children we share. Phi Delta Kappan, 76(9):701–12.

—. 2001. School, family and community partnerships: Preparing educatorsand improving schools. Boulder, Colorado: Westview Press.

—. 2009. School, family, and community partnerships: Your handbook for action. Kalifornië: Thousand Oaks: Corwin Press.

—. 2011. School, family, and community partnerships: Preparing educators and improving schools. 2de uitgawe. Philadelphia, PA: Westview Press.

Flick. U. 2006. An introduction to qualitative research. Londen: Sage.

Gaum, A. 2002. WCED launches video on multilingual classrooms. Kaapstad: Wes-Kaapse Onderwysdepartement. http://wced.school.za/comms/press/2002/52_langvid.html (12 Februarie 2017 geraadpleeg).

Gonzalez, A.R. 2002. Parental involvement: Its contribution to high school students’ motivation. The clearing house, 75(13):132–3.

Henning, E. 2004. Finding your way in qualitative research. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.

Heugh, K., A. Siegrühn en P. Plüddemann (reds.). 1995. Multilingual education for South Africa. Johannesburg: Heinemann.

Heystek, J. en E.M. Louw. 1999. Parental participation in school activity: Is it sufficient? South African Journal of Education, 19(1):21–7.

Hooijer, E. en J. Fourie. 2009. Teachers’ perspectives of multilingual classrooms in a South African school. Education as Change, 13(1):135–51.

Hummel, K.H. 2014. Introducing second language acquisition: Perspectives and practices 1ste uitgawe. West Sussex: John Wiley & Sons Inc.

International Baccalaureate Organization. 2008. Learning in a language other than mother tongue in IB programmes. Verenigde Koninkryk: International Baccalaureate. http://www.asd.edu.qa/uploaded/about/PDF_files/Lang_other_than_mother_tongue.pdf (15 Julie 2017 geraadpleeg).

Jeynes, W. 2010. The salience of the subtle aspects of parental involvement and encouraging that involvement: Implications for school-based programs. Teachers College Record, 112(3):747–774.

Kavanagh, L. en M. Hickey. 2013. You’re looking at this different language and it freezes you straight away: Identifying challenges to parental involvement among immersion parents. Language and education, 27(5):432–50.

Lemmer, E.M. 2007. Parental involvement in teacher education in South Africa. 6th International conference of the European Research Network about Parents in Education (ERNAPE). Nikosia, Siprus. 29–31 Augustus.

López, G. 2001. The value of hard work: Lessons on parent involvement from an (im)migrant household. Harvard Education Review, 71:416–37.

Martinez, S. 2011. An examination of Latino students’ homework routines. Journal of Latinos and Education, 10:354–68.

McCarrier, A., G. Pinnell en I. Fountas. 2000. Interactive writing. Portsmouth, NH: Heinemann.

Mertens, D.M. 2005. Research and evaluation in education and psychology. Integrating diversity with quantitative, qualitative, and mixed methods. 2de uitgawe. Thousand Oaks: Sage.

Orellana, M.F., K. Monkman en L. MacGillivray. 2002. Parents and teachers talk about literacy and success. CIERA Report #3-020. Center for the Improvement of Early Reading Achievement, University of Michigan, Ann Arbor. http://www.ciera.org/library/reports/inquiry-3/3-020/3-020h.html (20 Februarie 2017 geraadpleeg).

Patrikakou, E.N., R.P. Weissberg, S. Redding en H.J. Walberg. 2005. School family partnerships: Enhancing the academic, social, and emotional learning of children. In Patrikakou, Weissberg, Redding en Walberg (reds.) 2005.

Patrikakou, E.N., R.P. Weissberg, S. Redding en H.J. Walberg (reds.). 2005. School-family partnerships for children's success. 1ste uitgawe. New York: Teachers College Press.

Patton, M.Q. 2002. Qualitative research and evaluation methods. Verenigde Koninkryk: Londen: SAGE publications.

Ransom, S. 2004. Configuring school and community for learning: The role of governance. London Review of Education, 2(1):3–15.

Rathus, S.A. 2003. Voyages: Childhood and adolescence. Singapoer: Wadsworth Cengage Learning.

RSA (Republiek van Suid-Afrika). 1996a. Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Nr. 108 van 1996. Pretoria: Staatsdrukker.

—. 1996b. Suid-Afrikaanse Skolewet. Wet 84 van 1996. Pretoria: Staatsdrukker.

Scornavacca, E., S. Huffen en S. Marshall. 2009. Mobile phones in the classroom: If you can't beat them join them. Communications of the ACM, 52(4):142–6.

Silverman, D. 2006. Interpreting qualitative data. 3de uitgawe. Londen: Sage.

Singh, P., S.M. Mbokodi en V.T Msile. 2004. Black parental involvement in education. South African Journal of Education, 24 (4):301–7.

Slinger-Steenberg, L. 2018. WhatsApp as ondersteuningsplatform vir ouerbetrokkenheid van Xhosasprekende leerders by ’n Afrikaansmediumskool. MEd-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Torres, M. en R. Hurtado-Vivas. 2011. Playing fair with Latino parents as parents, not teachers: Beyond family literacy as assisting homework, Journal of Latinos and education, 10(3):223–44.

Van Wyk, J.N. 2001. Preparing South African educators for school-family-community partnerships. Educare, 30(1):115–39.

Van Wyk, N. en E. Lemmer. 2009. Organising parent involvement in SA schools. Kaapstad: Juta.

Venter, N. 2011. Just tell us how. Parental involvement challenges in rural, multigrade schools: The need for school, family and community programmes. De Doorns: Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie. www.cmge.co.za/document/download/543 (10 September 2017 geraadpleeg).

Wait, J., J. Meyer en H. Loxton. 2005. Human development: A psychosocial approach. 3de uitgawe. Bellville: Ebony Books.

Walton, E. en R. Osman (reds.). 2018. Teacher education for diversity: Conversations from the Global South. Londen: Routledge Ltd.

The post Verkenning van WhatsApp as ondersteuningsplatform om ouerbetrokkenheid by Xhosasprekende leerders se opvoeding te bevorder appeared first on LitNet.

Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande

$
0
0

Antjie Krog as kulturele bemiddelaar:
aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande

Louise Viljoen, Departement Afrikaans en Nederlands, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 16(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Hierdie artikel ondersoek Antjie Krog se rol as kulturele bemiddelaar van Suid-Afrika en Afrikaans in die Lae Lande. Daar word gekies vir ’n betreklik ruim omskrywing van kulturele bemiddelaar as ’n persoon wat aktief is oor talige, artistieke en geografiese grense heen in komplekse veelrigtingprosesse om tussen tale en kulture te bemiddel. Krog se rol as kulturele bemiddelaar word verder nagegaan met behulp van die literêr-sosiologiese begrip postuur, wat volgens Alain Viala (2016) verwys na ’n skrywer se algemene manier van skrywer wees in ’n bepaalde omgewing. Die begrip is verder omskryf deur Jérôme Meizoz (2010) wat daarop wys dat die vorming van ’n skrywer se postuur ’n interaktiewe proses is waarby ’n verskeidenheid van rolspelers (soos uitgewers, joernaliste, kritici en biograwe) betrokke is. Hy onderskei verder tussen die rol wat ’n skrywer se diskoers (die tekstuele selfbeeld van die skrywer) en gedrag (openbare optredes, onderhoude, klere, toebehore, gedrag) speel in die vorming van ’n bepaalde postuur. Daar word ook verwys na Liesbet Korthals Altes (2010) wat Meizoz se terme aangepas het en verwys na ’n skrywer se diskursiewe etos (’n skrywer se tekste) en niediskursiewe etos (’n skrywer se optredes, gedrag, voorkoms, en so meer). In ’n poging om te bepaal wat Antjie Krog se rol as bemiddelaar in die Lae Lande is, word haar skrywerskap in drie fases verdeel waarin daar sprake is van ’n skrywerspostuur wat in die loop van tyd ’n bepaalde verandering en nuansering ondergaan as gevolg van kontekstuele faktore. Daar word geargumenteer dat Krog in die periode van 1970 tot 1995 die postuur van dissidente en transgressiewe skrywer aanneem, in die periode 1995 tot 2000 die postuur van medepligtige skrywer, openbare intellektueel en podiumkunstenaar, en in die periode 2000 tot 2018 die postuur van interverbonde skrywer wat steeds aktief is as openbare intellektueel en podiumkunstenaar. Aan die hand van hierdie indeling word daar ’n oorsig gegee van Krog se bemiddelingspraktyke in die Lae Lande en op bepaalde eienskappe en ontwikkelings gewys. Daar word ook beklemtoon dat die begrip postuur ’n betreklik beskeie literêre werktuig is met ’n beperkte nut en dat die inneem van ’n bepaalde postuur nie noodwendig ’n berekende proses is nie, maar dikwels ’n organiese ontwikkeling wat met veranderende kontekste verband hou.

Trefwoorde: diskursiewe etos; Antjie Krog; kulturele bemiddelaar; niediskursiewe etos; postuur

 

Abstract

Antjie Krog as cultural mediator: aspects of her writer’s posture in the Low Countries

This article investigates Antjie Krog’s role as cultural mediator of South Africa and Afrikaans in the Low Countries. The concept of a cultural mediator is prominent in translation studies, and also in the context of literary translation, where the focus has fallen on the role that a variety of “actors” (such as writers, translators, publishers, editors, agents, booksellers, reviewers, journalists, etc.) play in mediating between languages and cultures. The methodological choice in this article is for a relatively broad understanding of a cultural mediator as a person who is active across linguistic, artistic and geographical boundaries and who is involved in complex multi-directional processes in order to mediate between languages and cultures. According to this view cultural mediators often occupy strategic positions in large networks: they can be active on the levels of production, circulation, transformation or reception, can use different languages to achieve different aims and play a variety of roles that often overlap. They are often the carriers of a double cultural identity and feel a responsibility with regard to a specific culture and literature.

The investigation into Krog’s role as cultural mediator is explored further with reference to the concept of posture, first described by Alain Viala in his article “Eléments de sociopoétique” (2016) as the “(general) way of being (of a) writer” and worked out further by Jérôme Meizoz in “Modern posterities of posture: Jean-Jacques Rousseau” (2010). Meizoz writes that the term posture refers to the public image of a writer (similar to the persona or mask worn by actors on a stage) that marks his or her place in the literary field. It is the result of an interactive process created by the writer in conjunction with journalists, critics, publishers, biographers, etc. A writer’s posture is determined by his/her non-verbal behaviour (public appearances, the discourse of literary awards, biographical notes, interviews, responses to reviews, clothes, hairstyle, gestures, even accessories) and discourse (the textual self-image presented by the enunciator). The article also makes use of the work done by Liesbeth Korthals Altes (2010) who adds to Meizoz’s concept of posture by also unpacking the concepts author, voice and ethos. She uses the terms non-discursive ethos and discursive ethos to replace Meizoz’s non-verbal behaviour and discourse.

Proceeding from the concepts cultural mediator and posture, the article gives a chronological overview of Krog’s role as a cultural mediator between South Africa and the Low Countries. Her trajectory as a writer is divided into three distinct phases, tied to her literary texts (that which Meizoz refers to as discourse and Korthals Altes as discursive ethos) as well as her publication history, the reception of her texts in South Africa and the Low Countries, her self-presentation in public appearances and interviews, her image in the media and her response to receiving awards (Meizoz’s non-verbal behaviour, Korthals Altes’s non-discursive ethos). Three provisos apply: (1) It is taken into account that the events which determine Krog’s posture play out at different times and under different circumstances in South Africa and the Low Countries. (2) Viala’s warning that one should take into account that the concept of posture is a relatively modest literary tool is heeded. (3) The concepts author, posture and ethos are placed against the background of the complex relationship between the autobiographical facts of Krog’s life and its sophisticated fictionalisation and textualisation to create literary artefacts with a singularity of their own.

The bulk of the article is made up of three sections in which the three phases of Krog’s career as a writer are discussed with reference to the concepts of cultural mediation and posture. The first phase is the one in which Krog assumes the posture of a dissident and transgressive writer (1970–1995). This section focuses firstly on the events surrounding the publication of her first volume of poetry, Dogter van Jefta, in 1970, during which both she and her work were politicised and sensationalised. It then goes on to discuss the extent to which the gender focus and political content of Krog’s volumes Otters in bronslaai (1981), Jerusalemgangers (1985), Lady Anne (1989) and Gedigte 1989–1995 (1995) gave rise to her posture as a dissident and transgressive writer who consistently opposed both gender and racial discrimination in South Africa. The first section also discusses her first writer’s visit to the Netherlands in 1992 to perform at Poetry International in Rotterdam, a visit during which she was profiled as both a poet and political activist. It is argued that the gradual easing of the cultural boycott which the Netherlands had instituted against South African artists in the 1980s played a role in her acceptance as a cultural mediator in the Low Countries.

The following section focuses on the second phase in Krog’s career and the accompanying writerly posture, namely that of the complicit writer, public intellectual and performer in the period 1995–2000. This phase signalled an important shift in Krog’s writing in the sense that she started publishing in a new genre, best described as autobiographical fiction, and in English. Her Relaas van ’n moord (1995) centred on her involvement in a murder case in Kroonstad, whereas the internationally renowned Country of my skull (1998) dealt with her work as a journalist reporting on the Truth and Reconciliation Commission. This is the phase during which she increasingly explored her own complicity in the apartheid system as an Afrikaner, became heard as a public intellectual (as noted in Anthea Garman’s research on Krog) and gained prominence as an opinion maker and performer at literary events in the Low Countries. The article discusses the role of the Flemish writer Herman de Coninck in mediating the publication of Krog’s articles on the Truth and Reconciliation Commission in the journal Nieuw Wereldtijdschrift in 1996, even before the publication of Country of my skull. The article notes that her poetry was translated into Dutch in the anthology Om te kan asemhaal (1999) even before her internationally famous Country of my skull was translated as De kleur van je hart (2000). Attention is also given to the successes she achieved as performer of her own poetry at literary events, pointing towards the most important non-discursive features of her posture and the impact it made.

This is followed by a discussion of the third phase in Krog’s writerly career and posture, namely that of the interconnected writer, public intellectual and performer in the period 2000–2018. The article details the way in which the emphasis shifted from the posture of complicit writer to that of the interconnected writer, with reference to Garman’s view that the embodiment of pain and empathy became an important part of a public intellectual’s effectiveness in this period. This section also discusses the way in which Krog’s publications and their translations into Dutch as well as her public performances, lectures, interviews, reviews, anthologies of her work and literary awards demonstrated her increasing importance as a public intellectual in the Low Countries. An interesting feature in this phase is Krog’s comments that the Netherlands should also be held accountable for the power imbalances and inequality in South Africa by virtue of their colonial history in South Africa (“These are also your townships,” she told a Dutch journalist in 2006). She also emphasised that the global North could benefit from the indigenous knowledges and philosophies of Africa. The final moment discussed in this section is her speech on accepting the Gouden Ganzenveer award in Amsterdam, where she commented on the similarities between Dutch and Afrikaans (both under threat, the speakers of both complicit in past injustices, both confronted with issues around the peaceful and prosperous co-existence of peoples) and argued for a rapprochement between the two languages that would emphasise diversity rather than a conservative desire for purity.

The article concludes that Krog’s success as a cultural mediator between South Africa and the Low Countries can be attributed to a variety of factors: the fact that she arrived in the Low Countries at the time that the cultural boycott against South African writers and artists was about to be lifted, that her image as dissident, complicit and interconnected writer resonated with Dutch-speaking audiences, that her views on gender and race were provocative enough to attract media attention, that her work exuded an extraordinary power of conviction, that she was an exceptional performer of her own work and – last but not least – that the similarities and historical connection between Afrikaans and Dutch still spoke to audiences in the Low Countries.

Keywords: cultural mediator; discursive ethos; Antjie Krog; non-discursive ethos; posture

 

1. Die posisie van die skrywer: kulturele bemiddeling, postuur, diskursiewe en niediskursiewe etos

Antjie Krog is ’n skrywersfiguur met vele fasette en dimensies: sy is digter, skrywer van outobiografiese fiksie, vertaler, voordragkunstenaar, joernalis, openbare intellektueel en meningsvormer, mentor vir jong skrywers en akademiese navorser in verskillende samewerkingsprojekte. Haar skrywerspersona is reeds vanaf haar debuut in 1970 vermeng met dié van polities-bewuste persoon, ’n gestalte wat in die loop van die 1980’s uitgegroei het tot dié van politieke aktivis wat haar beywer het vir die politieke vrywording van almal in Suid-Afrika. Nadat sy in die loop van die 1970’s en ’80’s ’n besonder sterk posisie as skrywer binne die Afrikaanse literêre veld verwerf het, het sy in die vroeë 1990’s haar eerste treë buite die Suid-Afrikaanse konteks begin gee, onder andere deur ’n optrede by Poetry International in Rotterdam in 1992. Dit is egter ná die verskyning in 1998 van Country of my skull, die boek oor haar ervaring as verslaggewer wat moes berig oor Suid-Afrika se Waarheid-en-versoeningskommissie (WVK), dat sy werklik haar toetrede tot die internasionale arena gemaak het.

Hierdie artikel fokus op Krog se rol as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika en die Lae Lande met spesifieke verwysing na haar skrywerspostuur. Die term kulturele bemiddelaar verwys na ’n persoon wat betrokke is in ’n wye spektrum van situasies waarin daar tussen verskillende tale en kulture gekommunikeer word, dikwels in situasies waarin daar vertaal en getolk moet word (Katan 2004:7–23). ’n Vroeë definisie deur Taft (aangehaal deur Katan 2004:17) het verwys na ’n persoon wat kommunikasie, begrip en handeling tussen persone of groepe wat van mekaar verskil met betrekking tot taal en kultuur, fasiliteer. ’n Verskeidenheid nuttige en minder nuttige metafore is ook al gebruik om die rol van kulturele bemiddelaar vas te vang, onder andere dié van hekwagter, tussenganger, veerman, smokkelaar, doeanebeampte, sendeling en soldaat. Die term geniet groot prominensie binne die vertaalstudie en ook binne die konteks van literêre vertaling, waar daar toenemend aandag gegee word aan die rol wat ’n verskeidenheid van literêre “akteurs” (waaronder skrywers, vertalers, uitgewers, redakteurs, agente, boekverkopers, resensente, joernaliste, bibliotekarisse, dosente en navorsers) speel in die kulturele bemiddeling tussen tale en kulture.

Aansluitend hierby argumenteer D’hulst, Gonne, Lobbes, Meylaerts en Verschaffel (2014:1259) dat kulturele bemiddeling ’n veel komplekser situasie verteenwoordig as net dié van vertaling en dat daar wegbeweeg moet word van binêre onderskeide tussen tale en kulture om eerder te dink in terme van plurale en veelrigtingprosesse van bemiddeling tussen én binne tale: “Cultural mediators, active across linguistic, artistic and geographical borders and carriers of cultural transfers incarnate complex and multidirectional mediating practices,” skryf hulle. Dieselfde soort begrip vir die komplekse kontekste, prosesse en aktiwiteite van kulturele bemiddeling word weerspieël deur Roig-Sanz en Meylaerts (2018:3) wanneer hulle argumenteer vir ’n vernuwende konseptuele en metodologiese verstaan van die begrip kulturele bemiddelaar en bostaande definisie uitbrei deur te verwys na die feit dat sulke bemiddelaars dikwels strategiese posisies binne groot netwerke beklee. Hulle beklemtoon dat kulturele bemiddelaars dikwels aktief is op verskillende vlakke van produksie, sirkulasie, transformasie en resepsie van kulturele bemiddeling, dat hulle verskillende tale vir verskillende doelstellings kan gebruik en dat hulle verskillende rolle kan speel wat dikwels met mekaar oorvleuel (Roig-Sanz en Meylaerts 2018:13). Ter sake vir die bestudering van Krog se posisie as kulturele bemiddelaar is ook hulle bevinding dat sulke bemiddelaars dikwels die draers van ’n dubbele kulturele identiteit is (Krog is byvoorbeeld beide Afrikaner en Suid-Afrikaner) en dat hulle dikwels ’n sosiale verantwoordelikheid voel met betrekking tot ’n bepaalde kultuur en literatuur (Roig-Sanz en Meylaerts 2018:16).

Ek beoog om in die betoog wat volg, ’n saak uit te maak dat Krog as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika en die Lae Lande, en ook tussen Afrikaans en Nederlands gesien kan word. Dit hou uiteraard verband met die feit dat Krog se werk in Nederlands vertaal word, dat sy gereeld voorlees uit haar werk in Nederland en Vlaandere, dat sy meermale lesings in hierdie lande lewer en dat sy in die talle onderhoude wat met haar in die Nederlandstalige pers verskyn, die geleentheid het om haar menings oor gebeure in Suid-Afrika, oor die verhouding van Suid-Afrika met die Lae Lande, en oor Afrikaans en Nederlands uit te spreek. Ek wil probeer om lig te werp op die wyse waarop Krog deur haar tekste en optrede as skrywer vir mense in die Lae Lande ’n bepaalde perspektief op Suid-Afrika en Afrikaans bied, iets wat as ’n veelkantige en ook wederkerige proses gesien kan word. De Roubaix (2018:297) skryf die volgende in verband met die wyse waarop André Brink deur sy skryfwerk en die vertaling van sy eie romans vir diegene buite én binne Suid-Afrika ’n blik op die land bemiddel het: “[A]s a writer and self-translator, Brink played a significant mediating role in producing means by which South Africa could interpret itself to itself, but also by which the broader world could interpret South Africa, and vice versa.” Sy voeg later die volgende by wat nie net vir vertalers nie, maar ook vir ander kulturele bemiddelaars soos Krog geld: “[T]ranslators often become the means through which a society or culture can discover itself. As members of those cultures themselves, cultural mediators become translators of the self from within – thus acting as mediators between but also within cultures” (De Roubaix 2018:311). Deur middel van haar werk interpreteer en bemiddel Krog vir haarself, ander (Suid-) Afrikaners en die groter wêreld (waaronder die Nederlandse taalgebied wat my fokus in hierdie artikel is) die voortdurend veranderende Suid-Afrikaanse konteks waarbinne sy leef.

Ten einde lig te werp op Krog se posisie as kulturele bemiddelaar in die Lae Lande maak ek, soos reeds hier bo aangedui is, gebruik van die literêr-sosiologiese begrip postuur, soos verteenwoordig deur die diskursiewe en niediskursiewe aspekte van ’n skrywer se teenwoordigheid in ’n bepaalde konteks.1 Ek grond my opvatting van die begrip postuur op die werk van Meizoz, soos uiteengesit in die artikel “Modern posterities of posture: Jean-Jacques Rousseau” (Meizoz 2010). Alhoewel Meizoz sy werk grond op dié van Bourdieu en Viala, was dit volgens hom Viala wat die eerste persoon was wat besin het oor die begrip postuur (“posture”) in die sin van ’n posisie wat in die literêre veld ingeneem word, en wel in sy artikel “Eléments de sociopoétique”(1993). Volgens Viala maak die algemene habitus en postuur van die skrywer deel uit van die skrywerlike etos (“ethos””), iets wat hy omskryf as ’n skrywer se algemene opvatting van die rol van skrywer wees, oftewel “(general) way of being (of a) writer” (Viala in Meizoz 2010:83). Omdat die begrip etos egter ook ’n kruisverwysing na ’n bepaalde begrip in die klassieke retorika bevat, besluit Meizoz om postuur só te omskryf dat dit etos omvat. Wat hom betref, omvat postuur een of meer vorme van etos wat deel uitmaak van die konstruksie daarvan.2

Die volgende punte in Meizoz (2010:84–6) se omskrywing van postuur is vir my doel ter sake. In die eerste plek meen hy dat ’n skrywer se postuur sy of haar posisie in die literêre veld op ’n heel spesifieke manier merk, veral deur ’n openbare selfbeeld wat vergelykbaar is met ’n bepaalde persona, ’n term wat oorspronklik verwys het na die masker wat akteurs op die verhoog gedra het en wat etimologies verband hou met die nosie “van waar / waardeur ’n mens spreek”. Meizoz wys verder daarop dat Viala gemeen het dat die selfbeeld wat ’n skrywer voorhou, in ’n werk bevestig en ontwikkel word deur elke opeenvolgende werk, met dié voorbehoud dat daar van die skrywer verwag word om nóg heeltemal dieselfde nóg heeltemal verskillend te wees in elke opeenvolgende werk. Viala skryf trouens later (2016) dat die postuur nie die permanente ingesteldheid van die skrywer is nie, maar ’n vorm van optrede wat kan wissel na gelang van die situasie. Die tweede punt wat Meizoz stel, is dat skrywerlike postuur ’n interaktiewe proses is en geskep word deur die skrywer tesame met bemiddelaars soos joernaliste, kritici, uitgewers, biograwe, en so meer: postuur begin volgens hom op die oomblik van publikasie en kan selfs bepaal word deur die voorkoms van ’n boek. In die derde plek, skryf Meizoz, word skrywerlike postuur bepaal deur beide gedrag (“behaviour”), wat verwys na die openbare optrede van die skrywer, die diskoers van literêre toekennings, biografiese notas, onderhoude, reaksie op resensies, klere, haarstyl, gebare, ’n voorkoms of toebehore, en diskoers (“discourse”). In laasgenoemde geval vergelyk Meizoz sy gebruik van die term diskoers met die term/begrip etos soos wat dit in die retoriek hanteer word, naamlik die tekstuele selfbeeld wat deur die spreker in die teks aangebied word.

Meizoz skryf verder dat die begrip postuur ook neerslag vind in die geheue van ’n literêre veld, in dié sin dat daar oor die jare ’n bepaalde repertoire van literêre posture opgebou word. In die inleidende paragraaf van sy opstel verwys hy na ’n aantal skrywersposture wat deel uitmaak van ’n oop repertorium wat op verskillende punte in die geskiedenis op verskillende manier geaktualiseer is, naamlik dié van die betrokke skrywer, die vervloekte digter (“poète maudit”), die nar, die anti-establishment figuur of die werkersklasskrywer. Later in sy omskrywing verwys hy na verdere moontlikhede, soos dié van die “skrywer-burger” (“writer-citizen”) met ’n bepaalde politieke rol en verantwoordelikheid, die Romantikus wat ’n gemartelde genie is of die beskeie en onafhanklike ambagsman soos verteenwoordig deur Jean-Jacques Rousseau.

Uit hierdie vlugtige opsomming van Meizoz se siening is dit duidelik dat die idee van skrywerlike postuur vanweë die klem op interaksie met ander akteurs in die veld, die verwysing na sowel die diskoers van die teks as die gedrag van die skrywer, en die verbintenis met ’n repertorium van posture wat in die loop van die geskiedenis gevestig is, ’n nuttige raamwerk bied om ’n skrywer se posisie in ’n bepaalde veld te beskryf en moontlik ook die faktore wat ’n rol speel in die oorskryding van ’n bepaalde veld se grense om tussen ruimtes soos Suid-Afrika en die Lae Lande te bemiddel.

Korthals Altes (2010:97) sluit in ’n artikel oor die postuur van die Franse skrywer Michel Houellebecq aan by Meizoz se idees, maar skryf ook oor die begrip skrywer (“author”) en hoe dit verband hou met die begrippe stem (“voice”) en etos (“ethos”). Alhoewel sy toegee dat daar in die literatuurwetenskap verskillende opvattings bestaan oor die rol van die skrywer, voer sy aan dat diegene wat die klem plaas op die kommunikasiefunksie van letterkunde, tog die skrywer sien as die oorsprong van die stem wat toegeskryf word aan die teks en waaruit ’n bepaalde etos of ingesteldheid teenoor die wêreld afgelei kan word. Coelsch-Foisner (2005:73) se uiteensetting van die begrip etos en die samehang daarvan met modus (“mode”) en stem (“voice”) is verder verhelderend:

Ethos denotes beliefs and attitudes (those beliefs which Dennett considers responsible for our sense of self), mental dispositions which the recipient or reader infers from one or a range of speech acts. […] Mode means the intersection of these beliefs with a particular cultural environment, and voice denotes the individual manifestation of an intentional stance.

Alhoewel Korthals Altes (2010:97–8) wys op die uitgebreide gesprekvoering rondom die vraag of dit die skrywer of die tekstuele stem is wat as die oorsprong van die teks gesien behoort te word, argumenteer sy dat die verwysing na die etos van ’n skrywer – of dit nou verstaan word as geïmpliseer deur die teks, as gekonstrueer deur die leser, of as ’n eienskap van die werklike skrywer – ’n belangrike rol speel by die resepsie en interpretasie van tekste. Die begrip etos speel dus ’n sentrale rol in haar omskrywing van die begrip postuur. Sy verwys na dit wat Meizoz gedrag noem as die niediskursiewe etos (“nondiscursive ethos”), met ander woorde die manier waarop ’n skrywer optree. Vir dit wat hy die diskoers noem, gebruik sy die term diskursiewe etos (“discursive ethos”) (Korthals Altes 2010:103). Die etos van ’n skrywer kan dus volgens haar afgelei word uit wat sowel gedoen as geskryf word. Ook sy meen dat daar aangetoon kan word dat skrywers bepaalde seine in verband met hulle postuur en etos aan lesers kan gee deur hulleself binne ’n bepaalde literêre tradisie te plaas deur middel van intertekstuele verwysings en deur in te speel op bepaalde skrywersmodelle (Korthals Altes 2010:98).

Hierdie artikel sal die vorm aanneem van ’n narratief (breedweg chronologies georden) wat ’n oorsig probeer gee van Krog se rol as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika en die Lae Lande deur te fokus op haar skrywerspostuur. Ek sal hierdie narratief oor Krog se postuur in drie “grepe” of fases aanbied wat verband sal hou met die inhoud van haar werk (dit wat Meizoz diskoers en Korthals Altes die diskursiewe etos noem), maar ook met die publikasie- en resepsiegeskiedenis van haar werk in Suid-Afrika, Nederland en Vlaandere, haar selfrepresentasie in openbare optredes en onderhoude, haar beeld in die media en die reaksie op toekennings (dit wat Meizoz gedrag en Korthals Altes die niediskursiewe etos noem).

Dit is belangrik om vooraf drie punte in verband met my werkwyse en voorveronderstellings aan te stip.

In die eerste plek gee ek toe dat die indeling van hierdie narratief in drie fases, soos gemarkeer deur die verskyningsdatums van bepaalde tekste, enigsins gekompliseer word deurdat ek tegelykertyd Krog se teenwoordigheid in beide Suid-Afrika én die Lae Lande probeer verreken: die uitwys van die verskille tussen die manier waarop, en die tyd waarin, ’n bepaalde gegewe uitspeel in Suid-Afrika en die wyse waarop dit in die Lae Lande gebeur, gee egter wel ’n bepaalde tekstuur en variasie aan die narratief. My argument sal onder meer wees dat dit juis Krog se postuur is wat bygedra het tot haar beweeglikheid tussen Suid-Afrika en die Lae Lande. My uitgangspunt is dat die inneem van ’n bepaalde skrywerlike postuur vir haar die moontlikheid geskep het om buite die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse ruimte te tree en as ’n kulturele bemiddelaar van die Afrikaanse en Suid-Afrikaanse ruimte op te tree vir lesers in die Lae Lande.

Die tweede punt hou verband met die feit dat Viala (2016) daarop wys dat ’n mens jou ontleding van ’n skrywer se postuur sou kon grond op die ontleding van ’n enkele teks, maar dat ’n mens ook na die trajek van ’n skrywer se loopbaan kan kyk om die veranderinge in sy of haar postuur oor tyd te bepaal en dat ’n mens dan op grond daarvan kan praat van ’n “literêre strategie”. In ’n sekere sin probeer ek beide doen deur ’n oorsig van Krog se skrywersloopbaan, soos gemanifesteer in haar skrywerspostuur, te gee. Dit is dus belangrik vir die doel van my ondersoek om in gedagte te hou dat Viala (2016) eweneens waarsku dat die term literêre strategie nie noodwendig dui op ’n kliniese berekendheid nie, maar eerder na ’n onbewuste proses wat binne die beperkings gedikteer deur ’n bepaalde konteks ontvou. Anders as Gallerani (2017:61), wat in sy postuurontleding van Roland Barthes se openbare onderhoude wys op Barthes se eie spel met die terme/begrippe postureimposture en posing in Camera Lucida, wil ek nié met my uitwys van die drie fases in Krog se skrywerskap en die gepaardgaande skrywerspostuur suggereer dat die ontvouing van haar skrywerskap ’n georkestreerde of teatrale proses was nie. Vir my lyk dit eerder na ’n proses wat geleidelik, byna organies ontwikkel het op grond van oortuigings wat deur die konteks bepaal is. Ek hou ook in gedagte dat Viala (2016) meen dat die begrip postuur ’n betreklik beskeie literêre werktuig is met ’n beperkte nut en dat dit nie verstandig sou wees om dit orals toe te pas nie.

In die derde plek erken ek dat ’n verwysing na die begrippe skrywer, postuur en etos in die geval van Krog en haar tekste ’n besonder netelige kwessie is, omdat haar werk dikwels as outobiografies gelees word. In sy bespreking van Kader Abdolah se skrywerspostuur in Nederland skryf Moenandar (2014:58–9) dat dit tipies is van die “classic posture of the engaged author” wat gekarakteriseer word deur “pervasive ethicization”. Hy haal ook Benoît Denis aan wat aanvoer dat die postuur van ’n betrokke skrywer afhanklik is van ’n sterk band tussen die skrywer en die werk, tussen die politieke subjek en die skrywende subjek:

Engagement, in its different forms, from Romain Rolland to Sartre, requires the maintenance of a strong relationship between author and work. That is, for a work to be a choice and an act indeed leads to the postulation of a convergence between the political subject and the writing subject, with the one testifying in favour of the other and vice versa.

Dit geld ook in ’n groot mate vir Krog se werk: Daar is al herhaaldelik gewys op sowel die sterk outobiografiese element as die polities-betrokke aspekte van haar werk. My eie uitgangspunt is dat Krog se tekste (haar poësie, outobiografiese fiksie, en so meer) gesien moet word as ’n komplekse vermenging van outobiografies-verifieerbare gegewens, fiksionalisering en tekstualisering om ’n literêre artefak te skep wat ’n bepaalde eiesoortigheid (of “singularity”, om Attridge 2004 se term te gebruik) het. Enige uitsprake oor die skrywer, postuur asook die diskursiewe en niediskursiewe etos in hierdie artikel moet dus teen hierdie agtergrond gelees word.

 

2. Die postuur van dissidente en transgressiewe skrywer: 1970–1995

Die eerste fase van Krog se skrywerskap strek vanaf haar debuut tot die publikasie van haar bundel Gedigte 1989–1995. Dit speel hoofsaaklik in Suid-Afrika af, met ’n eerste toetrede tot die Nederlandse taalgebied met haar optrede by Poetry International in Rotterdam in 1992. Ek het reeds daarna verwys dat die konstruksie van ’n skrywer se postuur volgens Meizoz (2010:84) ’n interaktiewe proses is waarby sowel die skrywer as ’n reeks ander rolspelers, waaronder joernaliste, kritici en uitgewers, betrokke kan wees. Die begin van Krog se skrywersloopbaan kan byna as ’n handboekvoorbeeld van sodanige ko-konstruksie gesien word. Krog se postuur as dissidente skrywer wat haar van binne die Afrikaner-groep teen haar volk se onderdrukkende rassepolitiek verset, is van meet af aan geskep deur beide die werk self én gebeure rondom die werk.

Dit is welbekend dat die publikasie van haar eerste gedigte in ’n skooljaarblad in Kroonstad vanweë die seksuele en politieke inhoud daarvan tot heelwat negatiewe reaksie en publisiteit in die Afrikaanse pers gelei het. Die gedig “My mooi land”, waarin daar verwys word na die saambestaan van swart en wit, het selfs sy weg gevind na Sechaba, die kultuurblad van die ANC in ballingskap, en van daar ’n eie pad in verskillende politieke kontekste geloop. Dit is ook bekend dat dit juis die omstredenheid rondom Krog se gedigte was wat die aandag getrek het van die uitgewer Human & Rousseau wat ’n jaar later, in 1970, haar debuutbundel Dogter van Jefta gepubliseer het.3 Die standhoudendheid van hierdie vroeë postuurinname as politieke of dissidente skrywer is bevestig toe Krog 33 jaar later die besonderhede rondom die begin van haar skrywerskap, die rol van haar moeder Dot Serfontein daarin en haar vroeë verset teen die bestaande politieke orde opgehaal het in haar outobiografies-fiksionele teks A change of tongue (2003). ’n Verdere bewys van die impak van hierdie postuur is die feit dat Peter McDonald haar so onlangs as 2017 in die hoofstuk “Beyond translation: Antjie Krog vs the ‘mother tongue’” in sy boek Artefacts of writing tipeer as “the Rahab of the ‘mother tongue’” (McDonald 2017:209–25). Dit doen hy na aanleiding van die feit dat sy in die gedig “Onderwyser” in haar debuutbundel Dogter van Jefta ’n gedig skryf oor ’n Afrikaans-onderwyser wat met sy konserwatiewe opvattings oor die Afrikaanse taal en letterkunde voor sy klas staan “soos ’n klein Jerigo”. Die gedig gaan voort om te sê dat hy tog uiteindelik sal val omdat daar ’n “Ragab” in hom skuil (’n verwysing na die Bybelverhaal van Josua wat die mure van die stad Jerigo laat val het met die hulp van die prostituut Ragab wat in die stad gewoon het). McDonald tipeer Krog as die verraaier Ragab, wat van binne-uit die konserwatiewe beeld van die Afrikaanse taal en letterkunde tot ’n val gebring het. Hierdeur bevestig ook hy die vroeë toekenning van die postuur van dissidente skrywer aan Krog op grond van beide haar skryfwerk en die gebeure rondom die skryfwerk.

Na die betreklik konvensionele hantering van geslagsverhoudings in haar eerste vier bundels word dit vanaf haar vyfde bundel, Otters in bronslaai (1981), duidelik dat Krog ook in haar poësie die postuur inneem van ’n skrywer wat betrokke is by die geslagspolitiek deurdat sy in opstand kom teen die patriargale onderdrukking van die vrou. Die gelyktydige verset teen die onderdrukking van swart mense, bruin mense en Indiërs in Suid-Afrika en die onderdrukking van vroue bly kenmerkend van haar werk vir die res van haar loopbaan, al ondergaan dit bepaalde aksentverskuiwings namate die politieke en sosiale konteks waarbinne sy skryf verander. Vanaf die verskyning van Otters in bronslaai figureer die ras- en geslagspolitiek altyd in samehang in Krog se werk. Die bundels wat tot aan die einde van 1995 verskyn – Jerusalemgangers (1985), Lady Anne (1989) en Gedigte 1989–1995 (1995) – lê elk die aksent op ’n eie manier. Jerusalemgangers bevat gedigte waarin die spreker uitreik na ander Suid-Afrikaanse kulture as net die Afrikaanse deur invloede uit die Zoeloe-, Sotho- en stedelike swart kulture te verwerk, maar ook ’n verskeidenheid gedigte wat ’n betrokkenheid by die politieke opstand teen apartheid verraai en gedigte waarin die spreker worstel om haar te versoen met die ondergeskikte posisie van die vrou in samelewingstrukture soos die huwelik. Lady Anne, wat ’n jaar vóór die vrylating van Mandela en ontbanning van die ANC in 1990 verskyn, is ’n bundel waarin ’n spreker genaamd Antjie ’n ingewikkelde gesprek én stryd met ’n Britse koloniale vrou, Lady Anne Barnard, aangaan in ’n poging om haar eie posisie as wit vrou in Suid-Afrika tydens apartheid te probeer verstaan; beide ras- en geslagsonderdrukking kom in die bundel aan bod. Gedigte 1989–1995 verskyn die jaar ná die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika en bevat ’n hele spektrum politieke gedigte wat terugwys na die politieke stryd teen apartheid, maar lê veral klem op die posisie van die vrou wat besig is om haarself vry te veg van die patriargale stelsel (onder andere deur in die bundel se inleidende gedig, “1995”, te verwys na die voortsetting van patriargale magspatrone deur die nuwe bewindhebbers).

Daar is dus ruim tekstuele bewyse dat Krog die postuur van ’n dissidente en transgressiewe skrywer inneem wat haar verset teen die ras- en geslagsongelykheid van haar tyd en dit op steeds meer grensoorskrydende wyse doen in die periode vanaf 1970 tot 1995. Dit is egter ook duidelik dat die postuur van dissidente en transgressiewe skrywer in Krog se geval ook manifesteer in haar niediskursiewe etos (dit wat Meizoz die gedrag van die skrywer noem). Meizoz (2010:84) meen byvoorbeeld dat postuur begin by publikasie en byvoorbeeld uit die voorkoms van ’n boek afgelei kan word. Dit is dus betekenisvol dat Krog in 1989 besluit om by wyse van verset teen die polities gekompromitteerde Afrikaanse uitgewers haar bundel Lady Anne by die anti-establishment uitgewery Taurus te publiseer en in 1995 die klein uitgewer Hond kies om Gedigte 1989–1995 uit te gee. In die geval van laasgenoemde bundel is dit ook opmerklik dat sy met die nieluukse monochrome omslag waarop ’n gedeelte van die digter se gesig verskyn die stelling wil maak dat hierdie digter en digbundel wil wegbeweeg van die indruk dat poësie ’n luukse vir die verbruik van ’n opgeleide elite is (’n suggestie wat dalk nog teenwoordig is in die aanbieding van Lady Anne).

Benewens die feit dat Krog haarself in die loop van die 1980’s al hoe sterker identifiseer met die stryd teen apartheid, maak sy haar ook deur ander niediskursiewe gebare los van die polities konserwatiewe Afrikanerwêreld. Sy werk as dosent in ’n swart opleidingskollege en later as onderwyser in ’n bruin skool in Kroonstad, raak aktief betrokke by die stryd teen apartheid, is lid van ’n groep Afrikaanse skrywers wat die ANC in Julie 1989 by die Victoria-waterval ontmoet, woon in Oktober van dieselfde jaar ’n beraad tussen Idasa en die ANC in Parys by, en word in 1990 lid van die ANC (Garman 2015:58–9). Die Hertzogprys, die Afrikaanse letterkunde se mees prestigieuse, maar ook mees polities omstrede prys, word in 1990 aan Lady Anne toegeken en sy gebruik die bekroningsgeleentheid om haar uit te spreek teen die konserwatiewe politiek van die Akademie en die Afrikanervolk. Sy maak ook bekend dat sy haar prysgeld aan klein anti-apartheid Afrikaanse uitgewers gaan skenk en dit gaan gebruik om Afrikaanse kinderboeke “waarin swart en wit kinders as matertjies loop” aan township-biblioteke te skenk (Garman 2015:63–7; ook McDonald 2017:215–6).

Alhoewel Krog reeds in 1977 die Reina Prinsen Geerligs-prys ontvang het vir haar betreklik apolitiese en konvensionele bundels Beminde Antarktika en Mannin en dus wel op hierdie manier “kontak” met Nederland gehad het, bring sy haar eerste skrywersbesoek aan Nederland in 1992 waar sy optree by Poetry International in Rotterdam. Teen 1992 het Krog reeds binne die Afrikaanse literêre veld ’n baie sterk reputasie vir haarself opgebou en het sy haar op verskillende maniere as anti-apartheidsaktivis geprofileer. Sy word na Nederland genooi in die periode waarin die kultuurboikot teen Suid-Afrikaanse kunstenaars wat in 1981 deur die Nederlandse regering ingestel is, besig is om ten einde te loop. Dit mag wees dat dit juis haar reputasie as dissidente Afrikaner-skrywer was wat gelei het tot haar uitnodiging na Poetry International en dat dit die rede was waarom sy geskik geag is om die gesig en stem van die Afrikaanse skrywer in Nederland te wees, naas skrywers soos Breyten Breytenbach en André Brink. Berigte wat ná die geleentheid verskyn, lê enersyds klem daarop dat haar voordrag ’n hoogtepunt was en andersyds op haar politieke standpunte (vgl. Britz 1992:2). Volgens ’n berig deur Reinjan Mulder in die NRC Handelsblad het Krog haar onder andere uitgelaat oor die moontlikheid dat Afrikaans as taal in Suid-Afrika kan verdwyn en verwys na die feit dat Nederland se kultuurboikot teen Suid-Afrika die band tussen Nederlands en Afrikaans deurgesny het sodat Nederland nie vir Afrikaanssprekendes ’n poort na die groter wêreld is nie (Mulder 1992). Op ’n vraag of sy nie vrees vir haar identiteit indien Afrikaans sou verdwyn nie, antwoord sy: “Mijn belangrikste identiteit is dat ik een persoon kan zijn in een democratisch land waar alle mensen gerespecteerd worden” (Mulder 1992). Dit is duidelik dat Krog in hierdie stadium ’n beeld van Suid-Afrika en ’n Afrikaanse skrywer in die Lae Lande bemiddel wat polities gesproke vir die grootste deel van die bevolking aanneemlik is, naamlik dié van ’n dissidente skrywer wat haar gewig ingegooi het by die stryd teen apartheid en wat rassegelykheid in ’n demokratiese bestel bo haar eie belang stel. Daarbenewens is dit reeds in hierdie stadium duidelik dat die inhoud van haar poësie en haar styl van voordrag byval vind in Nederland.

Dit is dus eers aan die einde van die eerste fase in haar skrywerskap waartydens Krog haarself gevestig het as ’n polities aktiewe en dissidente skrywer dat sy haar toetrede tot die Nederlandstalige ruimte maak. Dit wil voorkom asof sy in hierdie stadium in gelyke mate voorgehou word as politieke aktivis en as digter. Dit sal in die jare wat volg ’n vraag bly of Krog in Nederland eerder bekend is as politieke opiniemaker4 en openbare figuur as wat sy bekend is as digter (vgl. T’Sjoen 2012a en 2012b). Dit wil wel voorkom asof die postuur van politieke dissident haar toetrede tot die Nederlandstalige konteks kort na die beëindiging van apartheid en die jare lange boikot van Suid-Afrikaanse kunstenaars gefasiliteer het.

 

3. Die postuur van die medepligtige skrywer, openbare intellektueel en podiumkunstenaar: 1995–2000

Die volgende fase in Krog se skrywersloopbaan knoop ek aan die outobiografiese fiksie wat sy tussen 1995 en 2000 gepubliseer het, naamlik Relaas van ’n moord in 1995 en Country of my skull in 2000. Daar is wel ’n mate van oorvleueling met die vorige fase deurdat die digbundel Gedigte 1989–1995 ook in 1995 verskyn, maar tog ook duidelike tekens dat haar skrywerskap besig is om in ’n nuwe rigting te ontwikkel. Die genoemde tekste, Relaas van ’n moord en Country of my skull, verteenwoordig ’n belangrike genreskuif vir Krog: nie net is dit die eerste prosa wat sy publiseer nie, maar ook tekste wat ’n ingewikkelde vermenging van outobiografiese gegewens en fiktiewe elemente bevat. Dit is ook die eerste keer dat sy in Engels publiseer, ’n stap waarmee sy haar werk rig op ’n groter gehoor as net dié wat Afrikaans magtig is. ’n Verdere aanduiding dat sy tot ’n breër gehoor begin spreek, is die feit dat dit ook die periode is waarin haar werk vir die eerste keer in Nederlands vertaal en gepubliseer word. Alhoewel dit dus oor ’n betreklik kort tydperk gaan, is die uitwerking daarvan groot. In die gedeelte wat volg, fokus ek eerstens op die ontwikkeling van die postuur van die medepligtige skrywer in die tekste wat sy in hierdie tyd publiseer, dan op die vestiging van die postuur van openbare intellektueel, en daarna op die impak wat sy in hierdie periode in die Lae Lande maak as digter en podiumkunstenaar oftewel voorleser van haar gedigte.

Saam met die verskyning van Krog se outobiografiese fiksie ontwikkel daar ’n effens aangepaste skrywerspostuur, naamlik dié van die medepligtige skrywer en daaropvolgend ook dié van openbare intellektueel. Dit begin met die publikasie van Relaas van ’n moord in 1995 wat kennelik gebaseer is op bepaalde outobiografiese gegewens, maar tog op die skutblad beskryf word as ’n novelle. Verder word die teks ingelei met die skadeloosstelling: “Nie alles hierin is waar nie.” In die geval van Relaas van ’n moord het die begrip medepligtigheid ’n bepaalde betekenis: die spreker in die teks (wat duidelike outobiografiese ooreenkomste met Krog vertoon) word onwetend betrek by die moord op ’n bendeleier in Kroonstad, onder andere deurdat inkriminerende bewysstukke op die stoep van haar huis versteek word. In die teks tob die spreker daaroor of sy die regte besluit geneem het deur op te tree as staatsgetuie in die hofsaak waarin die beskuldigdes verhoor word en in watter mate sy medepligtig geag kan word aan die moord. Die feit dat twee foto’s van Krog deur koerantfotograwe op die omslag gebruik word, die een op die ander gesuperponeer, bevestig sowel die outobiografiese element in die teks as die feit dat hierdie verhaal tot die openbare domein behoort. Dit is opvallend dat die omslag van die Nederlandse vertaling van hierdie teks (wat eers agt jaar later in 2003 verskyn nadat Country of my skull haar internasionale status gevestig het) die outobiografiese suggesties van die Afrikaanse weergawe se buiteblad vervang met die afbeelding van ’n skildery deur Marlene Dumas getitel The window (1992) wat die aksent vanaf die openbare domein na die private verplaas deur die uitbeelding van ’n anonieme vrouefiguur wat binne ’n vertrek staan en na buite kyk. Ten spyte van die feit dat Krog juis op grond van haar status as dissidente Afrikanerskrywer in die vroeë 1990’s in die Nederlandse literêre veld ontvang is, word haar tekste soms gedepolitiseer deur die omslae wat vir die Nederlandse vertalings van haar werk gebruik word.

’n Nuwe dimensie word toegevoeg aan die postuur van medepligtige skrywer met die publikasie van Krog se verslag oor haar betrokkenheid as joernalis by die sittings van die WVK in Country of my skull wat laat in 1998 verskyn het. Die boek het sy oorsprong gehad het in ’n uitnodiging wat Anton Harber, redakteur van die Mail & Guardian, gerig het aan ’n vyftal skrywers, onder wie Krog, om te skryf oor hulle ervaring van Suid-Afrika se oorgang na demokrasie. Krog het van Mei 1996 tot Junie 1997 vyf uitgebreide artikels in die Mail & Guardian gepubliseer waarin sy geskryf het oor haar persoonlike ervaring as joernalis by die WVK.5 Op grond hiervan is sy deur Stephen Johnson van Random House gevra om ’n niefiksieboek hieroor te skryf wat gelei het tot die publikasie van Country of my skull in 1998. Dit was hierdie boek wat gelei het tot Krog se toetrede tot die internasionale arena. Garman (2015:116–23) skryf die internasionale impak van die boek toe aan die feit dat dit presies saamgeval het met ’n wêreldwye belangstelling in waarheidskommissies, die toenemende belangrikheid van belydenisgenres (“confessional genres”), die transnasionalisering van die openbare sfeer en die groeiende gewildheid van lewensverhale (“life narratives”). Ek meen dat daar ook ’n ander faktor was wat ’n groot rol gespeel het in die impak wat Krog se teks op die nasionale en internasionale leserspubliek gemaak het, naamlik die feit dat Krog haarself as wit Afrikaner geplaas het in die posisie van ’n medepligtige aan die apartheidsvergrype wat tydens die sittings van die WVK na vore gekom het. Krog skram nie in haar weergawe van die WVK se sittings weg van die feit dat talle van die daders (“perpetrators”) Afrikaners was wie se taal en tongval vir haar bekend was nie. Die postuur wat hieruit spreek, is dié van die skrywer wat medepligtig voel en besig is om op moeisame manier haar eie verlede te verwerk.6

Hiermee kom daar dus ’n nuwe nuanse aan die postuur van dissidente en transgressiewe skrywer wat deur die skrywer, haar werk en ander “akteurs” soos uitgewers en die media gekonstrueer is, na vore. Sy is in hierdie stadium – veral op grond van die diskursiewe etos wat na vore tree uit hierdie teks – ’n skrywer wat haar medepligtigheid aan die vergrype van die verlede erken en erns daarmee maak om dit aan te spreek deur ’n fokus op transformasie. Garman argumenteer dat Krog ook deur haar uitgewer en die joernalis wat die voorwoord by die Amerikaanse uitgawe van Country of my skull geskryf het, voorgehou is as ’n “witness-writer”, ’n getuie, omdat sy in die boek dokumenteer watter fisieke impak dit op haar gehad het om getuie te wees van wat die WVK opgelewer het. Dit is op grond van die impak wat Country of my skull maak dat Krog ook die status van ’n bepaalde soort openbare intellektueel verwerf wat iets van die Suid-Afrikaanse ervaring aan die buitewêreld bemiddel.

Hieroor skryf Garman (2010:198):

But what we see in Krog, with her roots in poetry and her many years of performance as both poet and political dissident, is someone who brings into public discourse the appeal to respond with feeling, guilt and contrition. This type of public figure is no longer the emblematic enlightenment subject of the nation state, but an affected, implicated human being with the potential to reach across state boundaries to connect with all similarly affected humans. It is difficult to affix to Krog the label of “public intellectual” given its implication in the workings of the public sphere of national deliberative democracy, but Krog is emblematic of a new type of representative public person who is located at a global–local nexus and who therefore addresses a much wider public.

Hierdie ontwikkeling in Krog se skrywerspostuur speel ook in die Lae Lande uit. In dieselfde tyd waarin Krog deur Anton Harber gevra is om vir die Mail & Guardian in Suid-Afrika oor die WVK skryf, ontmoet sy ook vir Herman de Coninck in Kaapstad nadat hy reeds vantevore in die Nieuw Wereldtijdschrift oor haar geskryf het (T’Sjoen 2018:6). In ’n onderhoud met die Vlaamse joernalis Ludo Teeuwen (1999) na die verskyning van Country of my skull sê Krog dat dit nie haar bedoeling was om ’n boek te skryf oor haar joernalistieke werk by die WVK nie, maar dat sy onder andere deur De Coninck gemotiveer is om dit te doen. Hy het haar gevra om ’n bydrae te lewer vir die Nieuw Wereldtijdschrift wat daartoe gelei dat sy vanaf middel-1996 tot middel-1997 ses aflewerings van die rubriek “Brief uit Kaapstad” in die Nieuw Wereldtijdschrift gepubliseer het (T’Sjoen 2012c:19–20, T’Sjoen 2018:7).7 Die artikels, wat in Afrikaans geskryf is, is vir die Nieuw Wereldtijdschrift deur Robert Dorsman in Nederlands vertaal (Teeuwen 1999). Krog se verdere toetrede tot die Nederlandse taalgebied – ná haar eerste optrede by Poetry International – geskied dus via die uitnodiging van die Vlaming Herman de Coninck. Alhoewel Country of my skull eers in 2000 in Nederlands verskyn het, as De kleur van je hart, het daar reeds voor dit berigte oor die boek in die Nederlandstalige pers verskyn. Die onderhoud met Teeuwen is byvoorbeeld ’n aanduiding daarvan dat daar reeds voor die publikasie van die vertaling in Nederlands ’n belangstelling in die boek was. Daar verskyn ook verskillende reaksies op De kleur van je hart. In ’n oorsig van verskillende boeke oor die WVK sonder Van der Heide (2000) Krog se teks uit en noem dit “het ultieme boek over Zuid-Afrika, over waarheid en verzoening, en besinning” wat waardevol is onder andere omdat dit “inzicht in de ziel van de Afrikaner via haar eigen familie” bied. ’n Meer kritiese reaksie kom van Ester (2001) wat dit geen onderhoudende boek vind nie, maar wel ’n noodsaaklike boek vir enigiemand wat dieper as die toeristiese oppervlak van Suid-Afrika wil kyk.

In teenstelling met die situasie in Suid-Afrika, waar die behoefte aan Engelse vertalings van Krog se poësie eers ná die verskyning van Country of my skull ontstaan, is dit haar poësie wat die eerste in Nederlands vertaal word en nie haar outobiografiese prosa nie. Die vertaling van ’n keuse uit haar poësie verskyn in 1999 onder die titel Om te kan asemhaal by die uitgewery Atlas en wel deur bemiddeling van die Nederlandse digter Benno Barnard wat in daardie stadium in Antwerpen woon (Dorsman 1999). Dit gebeur dus ’n jaar vóórdat Country of my skull in 2000 in Nederlands gepubliseer word as De kleur van je hart. Die bekendstelling van Om te kan asemhaal gaan gepaard met radio-optredes, onderhoude en ’n voorlesing by die Utrechtse Nacht van de Poëzie op 20 Maart 1999. Haar voorlesing word buitengewoon entoesiasties ontvang, wat suggereer dat haar impak in Nederland net soveel aan haar poësie en die voorlees daarvan te danke is as aan haar status as politieke figuur en openbare intellektueel. Krog sê trouens in ’n onderhoud met Schaffer (2002:18) dat sy vanaf die middel van die 1980’s tot die beginjare van die 1990’s dikwels in Suid-Afrika gevra is om aan besprekings deel te neem, maar nooit as digter nie, terwyl sy in Nederland juis gevra is om as digter op te tree: “Mijn eerste echte voordrachten waren eigenlijk in Nederland,” sê sy.

Die berigte oor haar optrede raak ’n aantal punte aan wat ek sal gebruik as aanleiding tot enkele algemene opmerkings oor Krog se postuur as voorleser of podiumkunstenaar, nie net in hierdie tweede fase van haar skrywerskap nie, maar tot op hede. Dorsman (1999) rapporteer soos volg oor die Nederlandse pers se reaksie op Krog se optrede by die Nacht van de Poëzie:

De Nederlandse kranten die maandag berichtten over de Nacht waren eensluidend enthousiast over het optreden van Krog, de Volkskrant schreef: “Om half een beklom Antjie Krog het podium en met een ongekende poëtische kracht schreeuwde en fluisterde deze in driedelig grijs en met fel oranje stropdas geklede Zuid-Afrikaanse haar gedichten over sex en politiek, over liefde en misdaad, over huiselijk geluk en haar niet te stillen woede: ‘ik zeg het maar vast/ik sta nergens voor/ik schaar bij niemand/ik weerzin volkomen.’ Het publiek was verbaasd en verpletterd, en Hugo Claus moest nog komen," aldus de verslaggever.

Hieruit kan ’n mens aflei dat Krog se voordrag by hierdie geleentheid ’n besondere indruk op die Nederlandse gehoor gemaak het. Haar optrede by Poetry International in 1992 is reeds uitgewys as ’n hoogtepunt by dié geleentheid (Britz 1992:2) en die impak van haar verhoogoptredes is iets wat in die jare wat volg, telkens in berigte beklemtoon word. Zeeman (2005) skryf byvoorbeeld: “Haar lezen is een verademing, haar horen voorlezen een betovering.” Krog verwys ook in die jare wat volg in verskillende onderhoude na die faktore wat haar tegniek as podiumkunstenaar gevorm het. In die 2002-onderhoud met Alfred Schaffer vertel Krog dat sy veel geleer het tydens die stryd teen apartheid toe sy meermale gevra is om voor te lees by politieke byeenkomste. Dit is hier waar sy deur haar medeskrywers met hulle welluidende gedigte in verskillende tale en veelkleurige gewade bewus gemaak is van die feit dat jy ’n sekere verpligting teenoor jou gehoor het wanneer jy voordra en hulle op verskillende maniere moet probeer bereik (Schaffer 2002:18). Dit is ook hier waar sy haar tegnieke van voorlees verander het (“M’n techniek moest zich aanpassen,” sê sy vir Schaffer) en bewus geraak het van die feit dat ook die klere wat jy dra ’n rol kan speel by sulke geleenthede.

Dit sluit aan by wat Meizoz sien as ’n belangrike element van postuur. Hy skryf dat gedrag ’n belangrike aspek van skrywerspostuur is en verwys daarna dat die skrywer se self-aanbieding of self-voorstelling ook die volgende kan insluit: “clothes, hairstyle, certain gestures, a look, accessories, even: Sartre’s or Cendrar’s cigarette, Rousseau the wanderer who deliberately contrasts his walking to the aristocrat’s carriage” (Meizoz 2010:85). Alhoewel ’n mens hierdie aspek van postuur heel versigtig moet hanteer en maklik te veel in ’n skrywer se kleredrag en voorkoms kan inlees, is dit wel opmerklik dat Krog haarself op ’n bepaalde manier inklee tydens haar openbare optredes, ook in die Lae Lande. Die joernalis verwys in die berig aangehaal deur Dorsman na iets wat kenmerkend geraak het van Krog se digterlike optredes vanaf die 1990’s, naamlik die feit dat sy dikwels optree geklee in ’n pak klere en das (vgl. die verwysing na die “stropdas” hier bo). Toe sy in 2017 daarna gevra is in ’n onderhoud, het sy gesê dat ’n pak klere die weerloosheid van veral die vroulike liggaam op die verhoog verhul en potensiële objektivering verhinder sodat daar gekonsentreer kan word op die inhoud van die boodskap:

Ek dink net ’n suit, ’n pak klere, is een van die slimste dinge wat ontwerp is. Niémand weet of het jy tieties nie. Niémand weet jou boude is groot nie. Niémand weet jy’t ’n pens nie. Niemand weet jy’t knock knees eintlik nie. Níks daarvan nie. En jy kan dieselfde pak klere dra na verskeie dinge toe en elke keer miskien ’n ander das en jy’s núút van voor af. Terwyl ’n vrou as jy óp daai verhoog loop en jy’t ’n rok aan ... hóé daai bene van jou lyk; hóé jou knieë lyk; hóé jou boude lyk ... Dan hul hare; dis ’n vreeslike weerloosheid wat ’n vrou moet oorkom met ’n rok of met ’n skirt of selfs ’n broekpak. Maar met ’n pák klere is dáái uitgesort. Dis gehanteer: “Kyk in my oë en luister wat sê ek!” (La Vita 2017)

’n Ander faset van Krog se voordragte is dat sy ook meermale die postuur aanneem van ’n voordraer uit die Afrika-tradisie. Jacomien van Niekerk verwys na haar pryslied in die styl van ’n imbongi (prysdigter) vir Mandela in Gedigte 1989–1995, maar ook na die optredes waarin sy die styl van die Wes-Afrikaanse griot (storieverteller of digter) aanneem tydens die reis wat sy saam met ’n groep Afrika-digters onderneem het na Timboektoe en wat opgeteken is in Kleur kom nooit alleen nie (2000): “Krog [is] ook ’n griot, ’n digter van Afrika in Suid-Afrika wat op uiteenlopende wyses poog om ’n Afrika-bewussyn te verwoord – vir haarself, maar by implikasie ook vir ander wit Afrikaanssprekendes” (Van Niekerk 2006:103–4). Ook by optredes in Nederland en Vlaandere neem Krog soms die postuur aan van ’n Afrika-digter. By die toekenning van die Constantijn Huygens-prys aan Tom Lanoye op 20 Januarie 2014 het sy byvoorbeeld ’n imbongi-pryslied voorgedra, kompleet met Zoeloe-skild en spies (Francken 2015:159). So versigbaar sy haar verbondenheid met ’n Suid-Afrikaanse en Afrika-tradisie en bemiddel sy Suid-Afrika en Afrika vir Nederlandstaliges.

In ’n onderhoud met Els Quaegebeur (2015) bevestig sy die belangrikheid van hierdie invloed: “Ik ben veranderd van een vrouw in een witte vrouw radicaal beïnvloed door zwartheid. Ik ben veranderd van een papieren dichter – enkelvoudig en introvert – in een mondelinge dichter, met eerbied voor de urgentie van een publiek.” Sy stel dit ook eksplisiet in ’n onderhoud met Marc van Dijk (2018) dat dit die swart digters van Suid-Afrika was wat haar geleer het om ’n gehoor te respekteer en dat jy hulle meer as net ’n gedig op papier moet gee: “Dat was een radicale verandering in mijn eigen denken en zijn,” meen sy. Sy gee ook meermale erkenning aan die invloed van die Vlaamse skrywer Tom Lanoye saam met wie sy vanaf 2006 heel dikwels optree. Sy vertel in ’n stuk getitel “Van digter tot ‘podium beest’” hoeveel sy tydens hierdie gesamentlike optredes by Lanoye geleer het oor wat effektief is tydens ’n verhoogoptrede en hoe om jouself en jou boeke te bemark (Krog 2006c). Ook op dié wyse bou Krog dus aan ’n kenmerkende en eiesoortige skrywerspostuur.

Ter afsluiting van die opmerkings oor hierdie fase kan ’n mens dus sê dat dit die een is waartydens Krog ’n internasionale skrywer word wat ook groot impak in die Lae Lande maak. Anders as met die vertaling van haar werk in Suid-Afrika (waar die eerste keuse uit haar poësie in Engelse vertaling, Down to my last skin (2000), ná die publikasie van Country of my skull verskyn) is dit juis haar poësie en die voorlesing daarvan wat die eerste aandag trek in die Nederlandse taalgebied en die eerste in Nederlands vertaal word. Dit is egter ook so dat die Nederlandstalige publiek tegelykertyd van haar politieke geskiedenis en van die opspraakwekkende verskyning van Country of my skull bewus is. Dit is opmerklik dat Krog se prosatekste én digbundels hierna baie kort ná die verskyning daarvan in Afrikaans na Nederlands vertaal word. Vanaf die verskyning van A change of tongue verskyn die Nederlandse vertaling van die oorspronklike teks meestal in dieselfde jaar as die oorspronklike, wat miskien gelees kan word as ’n aanduiding daarvan dat uitgewers meen daar is ’n besondere belangstelling in Krog se werk by Nederlandstalige lesers. Daar word ook beweer dat Krog meer bundels verkoop as die meeste Nederlandse digters (Esterhuizen 2009a). Indien dit wel waar is, mag dit wees omdat sy op grond van haar postuur as medepligtige skrywer, soos gedemonstreer deur De kleur van je hart, en die gekombineerde impak van haar voordrag en inhoud van haar poësie ’n sterk profiel in Nederland en Vlaandere het (in laasgenoemde konteks miskien ook vanweë haar medewerking met Tom Lanoye). Dit wil dus voorkom asof dit enersyds die gewildheid van haar poësie en haar verhoogoptredes is en andersyds haar geloofwaardigheid as polities betrokke skrywer wat dit vir Krog moontlik maak om as kulturele bemiddelaar van Suid-Afrika op te tree in die Nederlandse taalgebied.8 Sy is ’n wit Afrikaner, wat haarself nie net projekteer as dissident en polities-aktivistiese skrywer nie, maar ook as iemand wat as wit Afrikaner medepligtig voel aan die land se geskiedenis van onderdrukking en daarna streef om die land te transformeer.

 

4. Die postuur van die interverbonde skrywer, openbare intellektueel en podiumkunstenaar: 2000–2018

In haar waardeskatting van Krog se bydrae tot die openbare sfeer in Suid-Afrika wys Garman daarop dat ’n nuwe element deel geword het van die diskoers rondom die nosie van ’n openbare intellektueel: “For a public figure now to have a hearing in transnationalising space, the person must not only facilitate speech and debate but must also embody pain and empathy” (Garman 2015:174). Hierdie aspek – beliggaming en die interverbondenheid met ander liggame (menslik en niemenslik) – manifesteer steeds sterker in Krog se postuur in die periode wat ek hier wil afbaken as die derde fase van haar skrywerskap vanaf 2000 tot 2018.

Die begindatum van hierdie indeling word bepaal deur die feit dat die Afrikaanse bundel Kleur kom nooit alleen nie (waarin die oorgang van die gevoel van medepligtigheid na die behoefte aan interverbondenheid begin manifesteer) in 2000 verskyn. Wat haar postuur in Nederland betref, begin dit met die publikasie van die vertaling Kleur komt nooit alleen in 2002. Soos gesuggereer deur die opskrif van hierdie afdeling, gaan die verskuiwing na die postuur van interverbonde digter steeds gepaard met optredes as openbare intellektueel en podiumkunstenaar. Alhoewel T’Sjoen (2012b) meen dat die poësiekritiek in die Lae Lande in gebreke bly om werklik uitgebreid op haar werk te reageer, verskyn daar heelwat resensies van haar werk, berigte oor haar optredes en onderhoude met haar in die media. Sy ontvang in hierdie periode uitnodigings om as digter én as spreker oor ander kwessies op te tree, terwyl haar werk ook benoemings en toekennings in Nederland ontvang. Die bekendheid wat sy hierdeur verwerf, versterk haar posisie as kulturele bemiddelaar van Suid-Afrika in die Nederlandse taalgebied wat daartoe lei dat sy ook begin om vanuit ’n Suid-Afrikaanse perspektief kommentaar te lewer op gebeure in die Lae Lande. In hierdie afdeling kies ek vir ’n chronologiese oorsig van haar aktiwiteite as kulturele bemiddelaar in die Lae Lande wat afwisselend sal verwys na die verskyning van haar tekste en ander aktiwiteite wat medebepalend is vir haar skrywerspostuur.

Soos reeds gesê, staan Kleur kom nooit alleen nie op die oorgang vanaf die postuur van medepligtige na dié van interverbonde skrywer, in dié sin dat dit materiaal, metafore en selfs gedigte uit Country of my skull bevat, maar ook begin uitwys in die rigting van ’n interverbondenheid met mense in Suid-Afrika en Afrika. Die Nederlandse vertaling van die bundel deur Robert Dorsman word in 2002 gepubliseer as Kleur komt nooit alleen. Die verskyning van die bundel val saam met Krog se optrede by die Festival Winternachten in Den Haag waar sy saam met ander digters moes praat oor “de staat van lust en liefde in haar land” (Meijer 2002). Dit is opmerklik dat die resensente in die geval van Kleur komt nooit alleen fokus op Krog se taalgebruik en die uitdrukkingsvermoë van Afrikaans, eerder as op haar rol as podiumkunstenaar of politieke opiniemaker. Zeeman (2002) verwys byvoorbeeld na Krog se kompromislose Afrikaans wat afwyk van Nederlandssprekendes se stereotiepe siening van Afrikaans as ’n koddige of amusante kindertaaltjie.

Hy skryf:

Zelden zo’n overdonderende, onuitputtelijke, raadselachtige bundel gelezen. Het ligt aan de taal, het ligt aan de toon, het ligt aan de thema's – het ligt, kortom, aan de dichteres. Die taal is het Afrikaans in zijn minst gepolijste vorm, rauw, alledaags, doorspekt met Engelse woorden, verbasteringen, vloeken, wringende constructies. Bij Krog vind je niet dat licht weemoedig zingende taaltje dat Nederlandse lezers van het Afrikaans doorgaans zo’n plezier doet, vol enigszins vervormde, maar nog altijd herkenbare oude en fraaie Nederlandse woorden. Het is een zegen dat haar vertaler, Robert Dorsman, wiens Nederlandstalige versies naast de originelen staan afgedrukt, niet koos voor een taalregister waarin die harde en bezerende toon wordt vervangen door het poetische pathos dat je als Nederlandstalige zo vaak ervaart bij het Afrikaans.

Van der Have (2002) daarenteen voel dat die tweetalige aanbod eintlik vir Krog én die leser ’n onguns bewys omdat Nederlandssprekende lesers veelal die maklike uitweg sal kies om slegs die Nederlandse vertaling te lees en dan die “prachtige en veel poëtischer Afrikaans” sal misloop.

In 2003 verskyn Relaas van een moord, ’n vertaling van die Afrikaanse teks wat reeds agt jaar tevore in Suid-Afrika gepubliseer is, waarskynlik vanweë Krog se groeiende internasionale status na die verskyning van Country of my skull en haar steeds groter bekendheid in die Lae Lande. Die vertaling van Krog se volgende outobiografies-fiksionele teks, A change of tongue (2003), verskyn ’n jaar later, in 2004, as Een andere tongval (2004). In hierdie teks fokus sy op verskillende ervarings binne die konteks van postapartheid Suid-Afrika en spreek sy veral die kwessie van transformasie aan. Dit is in ’n onderhoud met De Vries (2003) na die verskyning van die Suid-Afrikaanse weergawe van die boek dat dit begin duidelik word dat Krog nie net meer optree as bemiddelaar wat vir Nederlandstaliges ’n venster op Suid-Afrika verskaf nie, maar ook kommentaar begin lewer op toestande in Nederland. Sy vergelyk byvoorbeeld die debatte oor identiteit in Suid-Afrika met gesprekke oor “Nederlanderschap”. Sy vind dat die situasie van vroeër omgedraai is: Waar die “vreedzame, selfgenoegzame liberale Europa” vroeër vir Suid-Afrikaners aangespreek het oor die onderlinge onverdraagsaamheid, begin dieselfde verskynsel nou ook in Nederland kop uitsteek in die houding teenoor migrante. Dit is ook in hierdie onderhoud dat Krog begin beklemtoon dat daar waardevolle lesse oor saambestaan en vergifnis te leer is by die Afrika-humanisme, waarvolgens vergifnis die herstel teweegbring van beide die dader en die slagoffer se menslikheid (nie ’n idee wat oral gewild is nie). Tydens ’n besoek aan Nederland om in 2003 by ’n kongres georganiseer deur die Tilburgse Nexus-instituut deel te neem aan ’n gesprek oor verlies verwys sy ook in ’n onderhoud met Heijne (2003) na die waarde van ubuntu as ’n “wereldbeeld waarin de individuele mens gezien wordt als een geïntegreerd onderdeel van een groter geheel” en beklemtoon sy dat Nederlanders nou ook gekonfronteer word met die probleem van naasbestaan met ander kulture.

In dieselfde tyd as wat Krog A change of tongue produseer, werk sy ook aan ’n vertalingsprojek, gepubliseer as Met woorde soos met kerse in 2002, waarin sy deur ’n uitgebreide en inklusiewe proses die beste gedigte uit Suid-Afrika se inheemse tale in Afrikaans vertaal. Deel van hierdie projek is haar vertalings van enkele geselekteerde grepe uit die uitgestorwe inheemse taal │Xam wat opgeteken is deur die Duitse linguis Wilhelm Bleek en sy skoonsuster Lucy Lloyd in die tweede helfte van die 19de eeu. Dit lei daartoe dat sy in 2004 ’n bundel met verwerkings van verdere tekste uit die Bleek en Lloyd-versameling publiseer onder die titel Die sterre sê ‘tsau’, in Engels vertaal as The stars say ‘tsau’. Alhoewel dit geïnterpreteer sou kon word as ’n behoefte om die stemme van hierdie uitgestorwe groep mense en hulle taal weer na die voorgrond te bring, is Krog ook beskuldig van toe-eiening, en selfs plagiaat (iets waaroor daar ook in die Lae Lande gerapporteer is). Wat ook al ’n mens se siening van hierdie kwessie, dit is duidelik uit Krog se later werk dat haar kennismaking met hierdie bronne ook by haar ’n belangstelling in die kosmologie van die │Xam geprikkel het, in die soort kennis wat inheems is aan die globale Suide en in die intieme verbondenheid van die │Xam met hulle omgewing. Sekere van hierdie gedigte het reeds in 2003 in Nederlandse vertaling deur Dorsman as Liederen van de blauwkraanvogel verskyn. Interessant genoeg meen Van Vlerken (2004) dat die digkuns van die “bosjesmannen” vir die Nederlandse leser te primitief is om werklik boeiend te wees, maar dat dit die moeite werd is om kennis te neem van hierdie bundel, “al was het maar omdat onze geschiedenis op die vreemde, wrede manier met hen en met de rest van Zuid-Afrika verbonden is”. Krog sal ook later in haar bemiddeling tussen Suid-Afrika en spesifiek Nederland daarop wys dat laasgenoemde via sy koloniale geskiedenis in Suid-Afrika ook op ’n manier medepligtig is aan die onreg van die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Dat die Europese lesing van ’n Suid-Afrikaner soos Krog se werk, en ook hierdie vertalings uit │Xam, iets weg het van ’n gefassineerdheid met die eksotiese, blyk uit Schouten (2004) se opmerking dat Liederen van de blauwkraanvogel “niets [heeft] van onze eigen poetische punnikwerkjes, en alles van een eeuwenoude, onbezoedelde, naturel wereld”. In reaksie op ’n vraag van Louis Esterhuizen (2009b) spekuleer Krog dat die gewildheid van haar werk in die Lae Lande dalk te danke is daaraan dat sy vir Nederlandstaliges ’n soort eksotiese wildheid verteenwoordig:

Aanvanklik het ek gedink dit is maar Suid-Afrikaners wat daar woon en heimwee het, maar dit blyk toe nie so te wees nie. Toe het ek gedink hulle beskou my eintlik as ’n soort wit barbaar: lyk soos hulle, klink amper-amper soos hulle, maar swaai poësie soos ’n byl of ’n hellebaard en dis vir hulle opwindend, maar nie noodwendig in die kader van wat hulle as goeie poësie sou reken nie. Toe begin die resensies inkom [...] en dit is so goed dat die uitgewers nou hierdie opmerkings as blurbs begin gebruik.

Verder tekenend van Krog se groeiende aansien en gewildheid in Nederland is die feit dat daar gereeld bloemlesings uit haar werk gepubliseer word. Na die eerste bloemlesing, Om te kan asemhaal in 1999, verskyn daar op aanvraag van lesers en in ’n goedkoper slapbanduitgawe, vergesel van ’n CD waarop sy die gedigte voorlees, ’n verdere keuse uit haar poësie getitel Wat de sterren zeggen in 2005. Haar sigbaarheid in die Nederlandse taalgebied word verhoog deurdat sy vanaf 2002 gereeld optree by literêre feeste en ander geleenthede in Nederland en Vlaandere. Daar is ook aktiewe reklame- en bemarkingsveldtogte rondom haar werk, boekbekendstellingsgeleenthede, onderhoude met haar, en resensies oor haar werk in die media. Dit kan geïllustreer word deur na ’n aantal van hierdie gebeure te verwys. In 2002 lewer sy die “sedepreek” by die aanvang van die Winternachten Festival in Den Haag; in 2004 is sy verantwoordelik vir die “Defence of poetry”-lesing by Poetry International in Rotterdam; en in 2006 lewer sy die Van der Leeuw-lesing in Groningen getitel “Ik spreek en verhef uw hart ... Kosmopolitisme, vergiffenis en het voorbeeld van Afrika” waarin sy weer eens verwys na wat die wêreld van Afrika kan leer. Ook in ’n onderhoud met Ariejan Korteweg (2006) suggereer sy dat die situasie in Nederland nie heeltemal los staan van toestande in Suid-Afrika nie vanweë die land se betrokkenheid by kolonialisme: “Het zijn ook júllie townships,” sê Krog. In dieselfde jaar onderneem sy saam met Tom Lanoye ’n uitgebreide toer van 22 optredes in België en Amsterdam onder die beskerming van die kunsliggaam Behoud der Begeerte. Hulle lees saam voor uit hulle werk, Krog onder andere uit haar vertaling van Lanoye se Mamma Medea (2002).

Die openbare blootstelling word deurlopend gevoed deur die verskyning van haar werk in vertaling. Lijfkreet, die Nederlandse vertaling van die Afrikaanse digbundel Verweerskrif, verskyn in 2006, dieselfde jaar as die oorspronklike. Die Afrikaanse weergawe van die bundel, wat handel oor die ervaring van die ouer-wordende en menopousale vrou maar ook die koloniale geskiedenis van Kaapstad ter sprake bring, is oor die algemeen goed ontvang in Suid-Afrika, maar die Engelse weergawe daarvan is skerp gekritiseer deur Stephen Gray (2006). Die foto van die naakte bolyf van ’n bejaarde vrou deur die bekende fotograaf David Goldblatt op die buiteblad van die Afrikaanse en Engelse weergawes van die bundel het ook heelwat kritiek in Suid-Afrika ontlok. In Nederland, waar daar gekies word vir ’n meer neutrale voorblad, ontlok die bundel gemengde reaksies. De Boer (2006) oordeel positief oor die eerste deel van die bundel waarin die gedigte oor die menopousale en verouderende liggaam handel, maar veel minder gunstig oor die politieke gedigte (“Voorts is afdeling 2, zoals de meeste geëngageerde poëzie, vrij zwak”). Zeeman (2006) is in sy resensie bedag daarop dat die “dictatuur van die problematiek” rondom liggaamsaftakeling en sterflikheid die outonomie van die poësie bedreig, maar oordeel ten slotte positief: “Hier heeft iemand een probleem, maar bovenal een pen en een taal en een weergaloos talent om dit te gebruiken.”

Krog se groeiende status as digter in Nederland word ondersteun deurdat daar in 2009 ’n verdere keuse uit haar gedigte oor die verliefdheid, liefde, huwelik, gesin en ouer-word vertaal en gepubliseer word onder die titel Hoe zeg je dat. ’n Bevestiging dat Krog ’n belangrike kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika en die Nederlandse taalgebied is, kom van Schouten (2009) wat in sy resensie die volgende skryf:

De nieuwe ambassadeur van de Zuid-Afrikaanse letterkunde in Nederland lijkt Antjie Krog te zijn geworden. Ze is een geregelde gast op festivals en haar werk wordt altijd subiet vertaald. Haar bekendheid dankt ze aan hevige, hartstochtelijke, persoonlijke en compromisloze gedichten, of ze nu gaan over de politieke situatie in haar land, over het dagelijks leven of over de erotiek.

’n Verdere aanduiding van die waardering wat daar in Nederland bestaan vir Krog as digter is die feit dat sy in 2009 gevra is om die Gedichtendag-bundel te skryf. Hiervoor skryf sy ’n klein bundel bestaande uit nege gedigte: Waar ik jouw word. Hierdie gedigte is later in aangepaste vorm opgeneem in Medeweten van 2015. Onder dieselfde titel verskyn daar ook in 2017 ’n bloemlesing wat volgens die Uitgeverij Podium se webblad “de 25 gedichten van Antjie Krog die iedereen gelezen moet hebben” bevat. Kommentators en kritici stem saam dat dit uitsonderlik was dat ’n nie-Nederlandse digter gevra word om die Gedichtendag-bundel te skryf (Fortuin 2009). In ’n onderhoud by die verskyning van die bundel suggereer Krog weer eens dat Nederland iets kan leer by die Suid-Afrikaanse ervaring wanneer sy sê dat Europeërs na “ek” en “jy” kyk as “twee losse entiteiten, met een vel om allebei, maar in het Afrikaanse denken is juist de verwevenheid de basis, 'jij' en 'ik' zijn daar fluïde”. Sy tree ook in 2009 op in ’n TV-uitsending rondom die verkiesing van die Dichter des Vaderlands en lewer by die Universiteit Utrecht ’n lesing oor die WVK (Francken 2010a).

In dieselfde jaar verskyn Krog se kontroversiële prosateks Begging to be black in Suid-Afrika; die Nederlandse vertaling daarvan verskyn in 2010 as Niets liever dan zwart. Krog beeld in hierdie teks haar hartstogtelike strewe na verbondenheid met die swart mense in Suid-Afrika uit, ’n gegewe wat op verskillende maniere manifesteer in haar werk ná Country of my skull. Die reaksies op Begging to be black was gevarieerd: Smith (2009), Du Preez (2009) en Renders (2012) was krities oor Krog se oordrewe skuldgevoelens en haar romantisering of fetisjering van die swart inwoners van Suid-Afrika;9 hierteenoor vind Coovadia (2010) in hierdie teks bewyse van ’n postuur wat ’n ongekende openheid teenoor die wêreld verraai (“For the core of Antjie Krog’s being is openness, to ideas, to history, to politics”). Hierdie openheid is ’n belangrike onderdeel van die postuur van interverbonde digter wat haar bereid verklaar tot verbintenisse met die ander, in haar geval ál die ander inwoners van Suid-Afrika. In Nederland word daar gerapporteer dat baie Suid-Afrikaanse lesers “allergisch” op die titel Begging to be black gereageer het en dat Krog dit terugvoer na die Westerse meerderwaardigheidskompleks wat sigself superieur teenoor swart mense en hulle kultuur ag (De Vries 2012). In Nederland word die vertaalde weergawe Niets liever dan zwart deur Jaeger (2010) gelees as ’n “sombere visie” op die poging van ’n wit Suid-Afrikaner om die swart perspektief te begryp en ook as ’n boek waarby Nederlandse lesers moeilik aanklank sal vind omdat die problematiek “feitelijk puur lokaal is”.

Otten (2010), daarenteen, vereenselwig haar baie sterk met die boek en wys op Krog se gevoel van medepligtigheid wat lei tot die behoefte aan interverbondenheid:

Niets liever dan zwart is doortrokken van een intens en bijna religieus schuldbesef over het apartheidsverleden. Als blanke Zuid-Afrikaanse voelt Krog zich medeverantwoordelijk voor de gewelddadige geschiedenis, ondanks het verzet waarmee ze al heel jong begon. [...] Krog ziet schuld als een nuttige emotie omdat het “je gevoelig maakt voor anderen”.

In die vyf jaar lange periode voor die verskyning van haar volgende bundel in Nederlandse vertaling bly Krog teenwoordig op die Nederlandstalige literêre toneel. Sy lewer in 2010 ’n openingslesing by die Festival Winternachten in Den Haag, wat strook met die postuur van interverbonde digter. Dit is getitel “(Universal) Declaration of Interconnectedness OR (Universal) Suggestions for Tolerance” en sy betoog weer eens dat Europa veel kan leer by die sogenaamde Derde Wêreld (Krog 2010b). Sy tree trouens ook in 2012 en 2014 op by die Winternachten Festival en neem deel aan hulle skrywersprojekte in ander lande. Daarbenewens onderneem sy in 2010 ’n skrywersreis saam met Remco Campert, Ramsey Nasr en ander digters wat ses stede aandoen onder die vaandel Saint Amour (Francken 2010b:103). In 2011 lewer sy ’n lesing in Tilburg en figureer sy ook in Wilberry Jakobs en Oda Overdijk se TV-reeks Grote denkers over de toekomst en die boek wat daarop gebaseer is in ’n vraaggesprek oor medemenslikheid (Francken 2012:155). Ter viering van Krog se 60ste verjaardag word daar op 10 Oktober 2012 ’n geleentheid gereël waarby ’n bundel, 44 gedichten voor Antjie, deur Nederlandse skrywers aan haar oorhandig word. In Junie 2013 tree sy op by die Festival voor het Afrikaans in Amsterdam en in Januarie 2014 by die Winternachten Festival in Den Haag. Sy lewer ook ’n lesing by die Faculteit Religie en Theologie van die Vrije Universiteit Amsterdam in 2014 met die titel “The young wind once was a man – exploring ways of being in the work of │Xam-informants, Nelson Mandela, Archbishop Tutu and Emmanuel Levinas” en bepleit weer eens in ’n vraaggesprek met Breedveld in die VU se blad ’n meer verdraagsame houding by Nederlanders vir die vreemdeling in hulle midde (Francken 2015:169).

Die idee van interverbondenheid kom tot ’n hoogtepunt in die bundel Mede-wete wat in November 2014 in Suid-Afrika verskyn het saam met sy Engelse eweknie, Synapse. Byna onmiddellik daarna, in Januarie 2015, verskyn die Nederlandse vertaling,10 Medeweten, wat later benoem is vir die Filter Vertaalprijs. Dit is ’n bundel waarin die digter se lyflike identifisering en verbondenheid met die armes, haweloses en onderdruktes van die wêreld figureer as verdere diskursiewe manifestasie van die postuur van interverbonde digter. Remco Campert (2015) plaas sy stempel van goedkeuring op die bundel met die uitspraak: “Lees de hele bundel Medeweten. Dan zult u het hopelijk met me eens zijn dat Antjie Krog Nobelprijs-waardig is.” Dat die postuur van interverbonde digter veral af te lees is op die diskursiewe of teksinterne vlak, blyk uit die Nederlandse resepsie waarin daar verwys word na sowel inhoudelike as vormlike aspekte. Barnas (2015) skryf byvoorbeeld: “Krog omarmt de hele wereld en beschrijft vanuit een grote verbondenheid. Deze verbondenheid kan net zo gemakkelijk bestaan uit liefde als afschuw.” Die postuur van interverbonde skrywer manifesteer egter ook op die niediskursiewe of tekseksterne vlak, veral in onderhoude rondom die verskyning van die bundel en daarna. In ’n onderhoud met De Vaan (2015) verwys Krog daarna dat iemand by ’n bespreking van Kleur komt nooit alleen gesê het dat die woord “medemenslikheid” wat sy gebruik, ’n cliché is wat nie meer in die Nederlandse digkuns gebruik word nie. Dit het haar geprikkel om die woord “te onderzoeken, het hoorbaar en ‘betekenisgloeiend’ te maken” sodat ’n mens kan sê dat haar bundel Medeweten voortkom uit “machteloosheid, onsamenhangendheid en een lege woordeschat”. Dit is opmerklik dat Krog, naas die tematiese klem op die mens se verantwoordelikheid om haar in die omstandighede van alle ander wesens en veral weerloses in te dink, juis die taal sien as die middel waardeur dit in die poësie moet gebeur. Medeweten is dus nie net ’n bundel waarin sy haar interverbondenheid met ander mense, diere, plante, die ganse planeet en die kosmos ondersoek nie, maar ook probeer om Afrikaans, wat deur talle as apartheidstaal gesien word, te vernuwe: “Ik ben een dader. De taal waarin onmenselijke daden werden gepleegd was in wezen de mijne. En wat ek hier probeer bereiken is, […] een poging om mijn taal te ‘hermenselijken’.” Sy beklemtoon in dieselfde onderhoud dat dit belangrik is om opnuut te kyk na hoeseer alles op aarde met mekaar verbonde is: “Het is volstrekte nonsens om te denken dat we van alles afgesloten individuen zijn. We zijn volkomen poreus voor een heel universum aan dingen en geschiedenissen.”11

Die oorgang van die postuur van aandadige of medepligtige digter na die postuur van interverbonde digter word bevestig deur die volgende uitspraak van Krog in ’n onderhoud met die Suid-Afrikaanse joernalis Murray La Vita in 2017: “Ek het skuld gehanteer in Country of my skull. Ek is lankal klaar met skuld, ’n mens is by ármoede; almal is op maniere geaffekteer deur armoede ... die hoeveelheid bedeling by ’n mens se deur, by ’n mens se kar en in die straat is per dag onhoudbaar. En elke keer wat jy sê nee, voel jy minder mens” (La Vita 2017). Dit is opmerklik dat Krog se uitsprake oor interverbondenheid gemaak word vanuit ’n beliggaamde posisie, vanuit die effek en die affek wat die omstandighede op haar het en vanuit haar behoefte om volledig verbonde te wees met die weerlose en hulpelose mens (dit wat Garman 2015:174 geïdentifiseer het as belangrik vir die openbare figuur wat in ’n transnasionale ruimte gehoor wil word).

In die jare na die verskyning van Medeweten volg daar verdere optredes: Krog en Tom Lanoye lees saam voor uit hulle werk by die Afrikaanse Kultuurfees in Amsterdam in 2016; hulle tree ook saam op by geleentheid van die vierde Mandela-lesing van die Afrika-platform van die Universiteit Gent in Oktober 2017, waar hulle in gesprek tree oor die rol van Mandela in Suid-Afrika in 2017. Podium publiseer in 2018 uittreksels uit haar prosawerke onder die titel Hoe alles hier verandert en in Januarie 2019 tree sy weer saam met Lanoye op by die Poëzieweek (hulle word deur Poetry International aangekondig as “de publiekslievelingen”; vgl. Poetry International 2019). ’n Belangrike mylpaal in Krog se posisie as bemiddelaar tussen Suid-Afrika en die Lae Lande is die toekenning van die Gouden Ganzenveer aan Krog as nie-Nederlandse digter in April 2018. Hierdie prys word normaalweg toegeken aan ’n persoon of instelling wat van groot betekenis is “voor het geschreven en gedrukte woord in de Nederlandse taal”. Die toekenning aan Krog is die eerste aan ’n skrywer uit ’n ander taalgebied as die Nederlandse (vgl. Glorie en Zorgman 2018). Volgens die jurie-verslag is sy vereer “als een bijzondere en veelzijdige dichteres, als een uitzonderlijk integere schriijfster en journaliste, en als een begenadigd performer van haar eigen werk” (Rhebergen 2018). Krog se rol as kulturele bemiddelaar is weer eens opmerklik by die prysoorhandigingsgeleentheid: Sy bring naamlik ’n perspektief op die problematiek van die globale Suide onder die aandag van haar Nederlandstalige gehoor, maar vestig ook hulle aandag op die “interverbondenheid” van dié twee landstreke en die tale Afrikaans en Nederlands. Dit is ook veelseggend dat Krog by hierdie geleentheid sê dat sy nog altyd skuldig gevoel het dat sy so veel by die Nederlanders kry en so weinig teruggee, maar dat die prys ’n bevestiging is “dat de inspiratie toch wederzijds is”. Ook hier is daar die suggestie dat die Lae Lande en Nederlands wel iets kan baat by die uitruiling met Suid-Afrika en Afrikaans. Krog lê in haar dankwoord, “De hand vol veren”, by hierdie geleentheid klem op die feit dat die toekenning van die prys aan haar as nie-Nederlandse digter ’n aanduiding van ’n toenadering tussen Nederlands en Afrikaans is en spreek die hoop uit dat die motief daaragter nie ’n konserwatiewe behoudsug is nie en dat dit ’n toenadering sal wees wat die klem plaas op diversiteit eerder as op suiwerheid: “[K]omen we nader tot elkaar door de behoefte aan een immer groter wordende, ja een zelfs wat morsige veelvuldigheid en níét wegens de hang naar een meer gezuiverde eenheid” (Krog 2018).12 Sy verwys na Engels as die taal wat feitlik alle ander oorheers en gee ook in die program wat sy vir die middag beplan het, erkenning aan tale wat onder druk van ’n eentalige wêreld staan (Afrikaans, Nederlands, Vlaams, Duits) en een wat reeds uitgesterf het (dié van die│Xam) (Krog 2018). Krog maak dus Nederland en Nederlandssprekendes bewus daarvan dat hulle iets deel met Afrikaans: Albei is bedreigde tale en staan onder beleg; albei is tale wie se sprekers aandadig was aan onreg; albei sit met vraagstukke rondom die vreedsame en voorspoedige saambestaan van mense. Waar Suid-Afrika en Afrikaans vantevore altyd die mindere was in die verhouding met Nederland as die ontvanger van inspirasie, invloed, status, ekonomiese en sosiale kapitaal, kan Nederland nou ook ’n ontvanger wees (van geleefde insig en ervaring, van ’n ontwikkelde sosiale bewussyn, van ’n postkoloniale gevoeligheid vir die ongelykhede van ras, geslag en klas).13

 

5. Gevolgtrekking

My doelstelling in hierdie artikel was om Krog se posisie as kulturele bemiddelaar tussen Suid-Afrika en Afrikaans aan die een kant en die Lae Lande en Nederlands aan die ander kant te bespreek deur te fokus op haar postuur as skrywer. Ek het my betoog aangebied in die vorm van ’n narratief wat haar skrywerskap in drie fases verdeel en in elkeen van daardie fases haar rol as kulturele bemiddelaar ondersoek aan die hand van sowel die diskursiewe as die niediskursiewe etos wat deel uitmaak van die skrywerspostuur wat sodanige bemiddeling moontlik maak.

In die eerste plek het my ondersoek getoon dat Krog se skrywerspostuur ’n bepaalde ontwikkeling ondergaan het vanaf 1970 tot nou, maar dat dit ’n geval van verskuiwing en nuansering eerder as grondliggende verandering was. In die eerste fase van haar digterskap, met ander woorde van 1970 tot 1995, was haar postuur dié van die dissidente en transgressiewe digter; van 1995 tot 2000 was dit dié van medepligtige skrywer wat mettertyd ook die statuur van openbare intellektueel en formidabele podiumkunstenaar verwerf het; en van 2000 tot tans domineer die postuur van interverbonde digter wat haarself op intellektuele, skrywerlike en liggaamlike vlak identifiseer met die ander in die volle omvang van die woord. Terselfdertyd is daar ook ’n geleidelike verskuiwing vanaf die postuur van ’n skrywer en openbare figuur wat vir die Lae Lande ’n venster op Suid-Afrika bied na dié van iemand wat as stem uit die globale Suide vir Nederlandssprekendes wys op hulle medepligtigheid aan die geskiedenis van Suid-Afrika en aanvoer dat hulle kan baat by die inheemse kennis en filosofieë van Suid-Afrika en Afrika. Die geleidelike ontwikkeling van ’n posisie waarin die (Suid-) Afrikaanse skrywer nie net beïnvloed of geïnspireer word deur die Nederlandstalige gebied en letterkunde nie, maar ook die gewer van inspirasie en ’n postkoloniale bewusmaking is, is een wat uiteindelik manifesteer in die fokus op die gemeenskaplike kwesbaarheid van Nederlands en Afrikaans as tale in ’n wêreld wat deur Engels oorheers word. In hierdie opsig bewerkstellig haar kulturele bemiddeling ’n tweerigtingverkeer waaruit beide die (Suid-) Afrikaanse en die Nederlandstalige omgewings waarde kan put.

Alhoewel dit moeilik is om die omvang van haar impak binne die literêr-kritiese en literêr-akademiese velde akkuraat in te skat, het my ondersoek in die tweede plek getoon dat sy ’n bepaalde prominensie in die media geniet op grond van haar status as openbare intellektueel, opiniemaker oor Suid-Afrika en inspirerende voorleser van haar werk, maar dat daar terselfdertyd ook groot aandag en waardering vir haar digterskap is. Dit word gesuggereer deurdat beide haar digbundels en prosatekste sedert 2002 byna onmiddellik na hulle publikasie in Afrikaans in Nederlands vertaal word, die talle resensies van haar werk, die publikasie van etlike bloemlesings uit haar oeuvre, ’n erkenning soos die opdrag om die Gedichtendag-bundel te skryf in 2009, die maak van ’n bundel, 44 gedichten voor Antjie, deur Nederlandse digters met haar 60ste verjaardag en die toekenning van die Gouden Ganzenveer. Verder is die bevestiging van haar posisie deur bekende Nederlandstaliges ook gerig op haar skrywerskap eerder as op haar status as opiniemaker. Daarvan getuig ’n (weliswaar nie-akademiese) uitspraak soos die volgende op die Uitgeverij Podium se webblad: “Het zou een quizvraag kunnen zijn. Wat hebben Gerrit Komrij, Wende Snijders, Remco Campert, Anne Vegter, Tom Lanoye en Adriaan van Dis gemeen? Ze zijn allemaal wèg van de poëzie van Antjie Krog.”14 Dit wil dus voorkom asof dit nie net Krog se bekendheid as openbare meningsvormer oor Suid-Afrika en haar verhoogpersoonlikheid is nie, maar ook haar statuur as digter wat haar in staat stel om met groot sukses as kulturele bemiddelaar van Suid-Afrika en Afrikaans in die Lae Lande op te tree.

Soos aan die begin van hierdie artikel aangevoer, is die kulturele bemiddelaar iemand wat kulturele oordrag tussen tale en kulture moontlik maak. Die rol van kulturele bemiddelaar is waarskynlik een waarin ’n skrywer soos Antjie Krog onbedoeld en sonder voorbedagte rade beland. In haar geval hou die feit dat sy in die Lae Lande gesien word as verteenwoordigend van ’n bepaalde aspek van die Suid-Afrikaanse en Afrikaanse ervaring (en selfs by geleentheid “het kloppend hart van Zuid-Afrika”15 genoem is), waarskynlik verband met die feit dat sy in die vroeë 1990’s op die toneel verskyn het toe daar ’n verslapping in die kultuurboikot teen Suid-Afrika gekom het, dat haar beeld as dissidente en later medepligtige en interverbonde skrywer by Nederlandstaliges in die Lae Lande aanklank gevind het, dat haar menings oor die rasse- en geslagspolitieke uitdagend genoeg is om in die media aandag te trek, dat haar werk van ’n uitsonderlike gehalte en oortuigingskrag is en dat sy as gevolg van verskillende invloede tot ’n uitsonderlike podiumkunstenaar ontwikkel het. Ten slotte speel Afrikaans se nabyheid aan Nederlands en die unieke en verrassende wyse waarop Krog dit hanteer, ook ’n belangrike rol in haar sukses as kulturele bemiddelaar.

 

Bibliografie

Attridge, D. 2004. The singularity of literature. Londen: Routledge.

Barnas, M. 2015. Krog omarmt de wereld en is op haar sterkste in de kleinste taferelen. De Volkskrant, 24 Januarie. https://www.volkskrant.nl/cultuur-media/krog-omarmt-de-wereld-en-is-op-haar-sterkst-in-de-kleinste-taferelen~b570a33d (10 September 2018 geraadpleeg).

Britz, E. 1992. Krog bekoor Nederlanders. Beeld, 22 Julie, bl. 2.

Campert, R. 2015. Na Topors stront verlang ik naar puurheid. De Volkskrant, 15 Junie. https://www.volkskrant.nl/nieuws-achtergrond/na-topors-stront-verlang-ik-naar-puurheid~b3b4645e (6 September 2018 geraadpleeg).

Coelsch-Foisner, S. 2005. The mental context of poetry. From philosophical concepts of self to a model of poetic consciousness (EthosMode – Voice). In Müller-Zettelman en Rubik (reds.) 2005.

Coovadia, I. 2010. Antjie Krog’s is a special kind of openness. Sunday Independent, 2 Januarie, bl. 17.

De Boer, P. 2006. In je korrelige kaalgeplukte poes. Trouw, 20 Mei. https://www.trouw.nl/cultuur/in-je-korrelige-kaalgeplukte-poes~ae876fde (23 September 2018 geraadpleeg).

De Roubaix, L. 2018. Moving “Out of the laager” and “Betraying the tribe”: André Brink as cultural mediator. In Roig-Sanz en Meylaerts (reds.) 2018.

De Vaan, S. 2015. Hermenselijking van dadertaal. Onderhoud met Antjie Krog. Meander, 25 Januarie. https://meandermagazine.nl/2015/01/hermenselijking-van-dadertaal-2 (10 September 2018 geraadpleeg).

De Vries, F. 2003. “Wij zijn verder met integratie dan Nederland”; Antjie Krogs zoektocht naar de waarheid van blank en zwart. De Volkskrant, 7 November, bl. 23.

—. 2012. Zwart is nu aan zet; De problematische privileges van die blanke Zuid-Afrikaan. De Groene Amsterdammer, 18 Julie. https://www.groene.nl/artikel/zwart-is-nu-aan-zet (23 September 2018 geraadpleeg).

D’hulst, L., M. Gonne, T. Lobbes, R. Meylaerts en T. Verschaffel. 2014. Towards a multipolar model of cultural mediators within multicultural space. Cultural mediators in Belgium, 1830–1945. Revue Belge de Philologie e d’Histoire/Belgisch Tijdschrift voor Filologie en Geskiedenis, 92(4):1255–75.

Dorleijn, G.J., R. Grüttemaier en L. Korthals Altes (reds.). 2010. Authorship revisited. Conceptions of authorship around 1900 and 2000. Leuven, Parys, Walpole MA: Peeters.

Dorsman, R. 1999. La Krog in Nederland: “overdonderend”. LitNet. http://www.oulitnet.co.za/vholland/akrog2.asp (10 September 2018 geraadpleeg).

Du Preez, M. 2009. Identiteit-selfmoord is beslis nie nodig. Rapport, 29 November, bl. 29.

Ester, H. 2001. Zoektocht naar waarheid. Antjie Krog ordent recente Zuid-Afrikaanse geschiedenis. Reformatorisch Dagblad Boekrecensie, 21 Maart. https://www.rd.nl/oud/boek/boekgs/010321boekgs03.html (24 Januarie 2019 geraadpleeg).

Esterhuizen, L. 2009a. Diversiteit in die Nederlandstalige poësie. Louis Esterhuizen in gesprek met Alfred Schaffer. Versindaba,18 Mei. http://versindaba.co.za/2009/05/18/onderhoud-met-alfred-schaffer (30 September 2018 geraadpleeg).

—. 2009b. ’n Sterk letterkunde bestaan nie uit fluff nie. Louis Esterhuizen in gesprek met Antjie Krog. Versindaba, 23 Mei. http://versindaba.co.za/2009/05/23/onderhoud-antjie-krog (14 September 2018 geraadpleeg).

Fortuin, A. 2009. “Hier besta ik in mijn eigen taal”; Zuid-Afrikaanse dichteres Antjie Krog schrijft gedichtendagbundel 2009. NRC Handelsblad, 28 Januarie, bl. 9.

Francken, E. 2010a. Hengelo is Afrika: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2009. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(1):137–9.

—. 2010b. Een groot mirakel: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2010. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(1):101–4.

—. 2012. Op weg naar de crisis: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2011. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 52(1):151–5.

—. 2015. Een eindeloos weekje met een rooiborsduif: de Afrikaanse literatuur in Nederland in 2014. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 55(1):169–73.

Gallerani, G.M. 2017. The faint smiles of postures: Roland Barthes’s broadcast interviews. Barthes Studies, 3:51–78.

Garman, A. 2010. Global resonance, local amplification: Antjie Krog on a world stage. Social Dynamics, 36(1):187–200.

—. 2015. Antjie Krog and the post-apartheid public sphere: Speaking poetry to power. Scottsville: University of Kwazulu-Natal Press.

Glorie, I. en E. Zorgman. 2018. Gouden Ganzenveer-winnares Antjie Krog: “Bij een toenadering tussen Nederlands en Afrikaans moet diversiteit voorop staan”. Voertaal, 20 April. https://voertaal.nu/gouden-ganzenveer-winnares-antjie-krog-bij-toenadering-tussen-nederlands-en-afrikaans-moet-diversiteit-voorop-staan (12 September 2018 geraadpleeg).

Gray, S. 2006. Letting it (all) hang out. Mail & Guardian Friday, 17–23 Maart, ble. 4–5.

Heijne, B. 2003. “Alles is moreel complex geworden”, Antjie Krog. NRC Handelsblad, 6 Desember, bl. 8.

Jaeger, T. 2010. Vergeet die regenboog; Het pessimistisch slotdeel van Antjie Krogs trilogie over Zuid-Afrika. NRC Handelsblad, 28 Mei. https://www.nrc.nl/nieuws/2010/05/28/vergeet-die-regenboog-11895609-a1303332 (23 September 2019 geraadpleeg).

Kalsky, M. 2014. Manuela Kalsky in gesprek met Antjie Krog. Vrije Universiteit van Amsterdam, 21 Januarie. http://www.nieuwwij.nl/interview/video-manuela-kalsky-gesprek-met-antjie-krog (10 September 2018 geraadpleeg).

Katan, D. 2004. Translating cultures. An introduction for translators, interpreters and mediators. Manchester: St. Jerome Publishing.

Korteweg, A. 2006. Omhels de vreemdeling. De Volkskrant, 30 September, ble. 26–7.

Korthals Altes, L. 2010. Slippery author figures, ethos, and value regimes. Houllebecq, a case. In Dorleijn e.a. (reds.) 2010.

Krog, A. 1970. Dogter van Jefta. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1981. Otters in bronslaai. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1985. Jerusalemgangers. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1989. Lady Anne. Bramley: Taurus.

—. 1995. Relaas van ’n moord. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 1998. Country of my skull. Johannesburg: Random House.

—. 1999. Om te kan asemhaal. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Atlas.

—. 2000a. Kleur kom nooit alleen nie. Kaapstad: Kwela Boeke.

—. 2000b. De kleur van je hart. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Mets & Schilt.

—. 2000c. Down to my last skin. Johannesburg: Random House.

—. 2002. Kleur komt nooit alleen. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2003a. Relaas van een moord. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2003b. Liederen van de blauwkraanvogel. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2004a. A change of tongue. Kaapstad: Random House.

—. 2004b. Een andere tongval. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2005. Wat de sterren zeggen. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2006a. Verweerskrif. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2006b. Lijfkreet. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2006c. Van digter tot “podium beest”. Beeld, 18 November, bl. 6.

—. 2009a. Hoe zeg je dat. Vertaal deur R. Dorsman en J. Van der Haar. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2009b. Begging to be black. Kaapstad: Random House Struik.

—. 2010a. Niets liever dan zwart. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Contact.

—. 2010b. Winternachten constitution. (Universal) declaration of interconnectedness OR (universal) suggestions for tolerance. Winternachten Festival Den Haag, 14 Januarie. http://versindaba.co.za/2010/02/08/winternachten-constitution (22 Januarie 2019 geraadpleeg).

—. 2014. Mede-wete. Kaapstad: Human & Rousseau.

—. 2015. Medeweten. Vertaal deur R. Dorsman, J. van der Haar en A. Schaffer. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2017. Waar ik jouw word. Vertaal deur R. Dorsman, J. van der Haar en A. Schaffer. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2018a. Hoe alles hier verandert. Vertaal deur R. Dorsman. Amsterdam: Uitgeverij Podium.

—. 2018b. Een handvol veren. Dankwoord bij ontvangs van De Gouden Ganzveer, 19 April. http://www.goudenganzenveer.nl/documenten/boek_gg2018_antjie_krog.pdf (20 September 2018 geraadpleeg).

Lanoye, Tom. 2002. Mamma Medea: na Apollonios van Rhodos en Euripedes. Vertaal deur A. Krog. Kaapstad: Queillerie.

La Vita, M. 2017. Antjie Krog: “Vreemd sal die nuwer taal moet lê”. Netwerk24, 30 Junie. https://www.netwerk24.com/Stemme/Profiele/antjie-krog-vreemd-sal-die-nuwer-taal-moet-le-20170630 (20 September 2018 geraadpleeg).

McDonald, P. 2017. Artefacts of writing. Ideas of the state and communities of letters from Matthew Arnold to Xu Bing. Oxford: Oxford University Press.

Meijer, M. 2002. “De bijbel toont smaak voor het banale”, Antjie Krog. NRC Handelsblad, 18 Januarie, bl. 27.

Meizoz, J. 2010. Modern posterities of posture. Jean-Jacques Rousseau. In Dorleijn e.a. (reds.) 2010.

Meulemans, H. 2018. Antjie Krog, het kloppend hart van Zuid-Afrika, ontvang de Gouden Ganzenveer. Neerlandinet, 20 April. https://www.litnet.co.za/antjie-krog-het-kloppend-hart-van-zuid-afrika-ontvangt-de-gouden-ganzenveer (20 September 2018 geraadpleeg).

Moenandar, S. 2014. Transmitting authenticity – Kader Abdolah and Hafid Bouazza as cultural mediators. Journal of Dutch Literature, 5(1):55–73.

Motha, S. 2010. “Begging to be black”: Liminality and critique in post-apartheid South Africa. Theory Culture Society, 27:285–305.

Mulder, R. 1992. Antjie Krog: geen spijt als Afrikaans verdwijnt. NRC Handelsblad,17 Junie, ble. 1, 6.

Müller-Zettelman, E. en M. Rubik (reds.). 2005. Theory into poetry. New approaches to the lyric. Amsterdam en New York: Rodopi.

Otten, C. 2010. In de huid van een zwarte moordenaar. Vrij Nederland,15 Mei, bl. 62.

Poetry International. 2019. Poetry 50! Antjie Krog en Tom Lanoye. Poetry International, 10 Januarie. https://www.poetryinternational.org/pi/int_article/29517/POETRY-50-Antjie-Krog-en-Tom-Lanoye (11 Januarie 2019 geraadpleeg).

Quaegebeur, E. 2015. “Ek kook sleg. Ik schrijf omdat ik dat wel kan”. Vrij Nederland,15 Maart. https://www.vn.nl/ek-kook-sleg-ik-schrijf-omdat-ik-dat-wel-kan (20 September 2018 geraadpleeg).

Renders, L. 2012. Op zoek naar Afrika: Over Begging to be black van Antjie Krog en andere recent verschenen autobiografische teksten. Werkwinkel, 7(1):73–96.

Rhebergen, J. 2018. Antjie Krog leert mense om een flat white te zijn. Voertaal,19 April. https://voertaal.nu/antjie-krog-leert-mensen-om-een-flat-white-te-zijn/ (11 Januarie 2019 geraadpleeg).

Roig-Sanz, D. en R. Meylaerts. 2018. General introduction. Literary translation and cultural mediators. Toward an agent and process-oriented approach. In Roig-Sanz en Meylaerts (reds.) 2018.

Roig-Sanz, D. en R. Meylaerts (reds.). 2018. Literary translation and cultural mediators in “peripheral” cultures. Basingstoke: Palgrave MacMillan.

Sanders, M. 2000. Truth, telling, questioning: the Truth and Reconciliation Commission, Antjie Krog’s Country of my skull, and literature after apartheid. Transformation, 42:73–91.

—. 2002. Complicities. The intellectual and apartheid. Pietermaritzburg: University of Natal Press.

Schaffer, A. 2002. Een orgel in Afrika. Een gesprek met Antjie Krog. Awater, 1:17–9. https://www.dbnl.org/tekst/_awa001200201_01/_awa001200201_01_0039.php (15 September 2018 geraadpleeg).

Schouten, R. 2004. Opgevreten door een leeuw; Poëzie oergevoelens in ongelikte taal. Vrij Nederland, 14 Februarie.

—. 2010. Halfontkleed schreeuwen. Awater, 1:36–7.

Smith, G. 2009. “Aching to understand”. City Press, 29 November, bl. 27.

Teeuwen, L. 1999. “Mijn Afrikaans is een politiek statement”. De Standaard, 8 April. https://www.standaard.be/cnt/dexg28032000_013 (15 September 2018 geraadpleeg).

Thamm, M. 2018. Antjie Krog on how Afrikaans and the South can enrich Dutch and the North. Daily Maverick, 2 Mei. https://www.dailymaverick.co.za/article/2018-05-02-antjie-krog-on-how-afrikaans-and-the-south-can-enrich-dutch-and-the-north (11 Januarie 2019 geraadpleeg).

T’Sjoen, Y. 2012a. Krog kom nooit alleen nie. Kromspraak in de Lage Landen 1. Versindaba, 31 Januarie. http://versindaba.co.za/2012/01/31/yves-tsjoen-krog-kom-nooit-alleen-nie (20 September 2018 geraadpleeg).

—. 2012b. Krog kom nooit alleen nie. Kromspraak in de Lage Landen 2. Versindaba, 14 Februarie. http://versindaba.co.za/2012/01/31/yves-tsjoen-krog-kom-nooit-alleen-nie (20 September 2018 geraadpleeg).

—. 2012c. “Zou de wereldbol een beetje aan het leeglopen zijn?” Herman de Coninck over het Afrikaans en Afrikaner maatschappij, cultuur en politiek. Tydskrif vir Letterkunde, 49(2):5–24.

—. 2018. Antjie Krog en Herman De Coninck. “Brief uit Kaapstad” en Nieuw Wereldtijdschrift. Africa Book Link, Afrikaans Literature Fall. http://africabooklink.com/antjie-krog-en-herman-de-coninck-brief-uit-kaapstad-en-nieuw-wereldtijdschrift-yves-tsjoen (11 Januarie 2019 geraadpleeg).

Tuitt, P. 2013. Literature, invention and law in South Africa’s constitutional transformation. In Van Marle en Motha (reds.) 2013.

Van der Have, M. 2002. Die begenadigde woord. De Recensent, 21 Februarie. http://www.derecensent.nl/2000-2004/antjie_krog.htm (20 September 2018 geraadpleeg).

Van der Heide, L. 2000. Worstelen met de waarheid. Zuid-Afrikaanse boeken over schuld en verzoening. NRC Handelsblad, 22 Desember, bl.3.

Van Dijk, M. 2018. Dichter Antjie Krog: Zuid-Afrika is een gekwetst land. Trouw, 25 Maart. https://www.trouw.nl/samenleving/dichter-antjie-krog-zuid-afrika-is-een-gekwetst-land~a577c413 (6 September 2018 geraadpleeg).

Van Marle, K. en S. Motha (reds.). 2013. Genres of critique. Law, aesthetics and liminality. Stellenbosch: Sun Press.

Van Niekerk, J. 2006. Twee digters op die podium. Performatiwiteit in die oeuvres van Antjie Krog en Tom Lanoye. Tydskrif vir Nederlands & Afrikaans, 13(2):99–111.

Van Vlerken, P. 2004. Dichtkunst van de bosjesman. De Gelderlander, 24 Januarie.

Viala, A. 2016. Posture. In Socius: ressources sur le littéraire et le social. Lexique. http://ressources-socius.info/index.php/lexique/21-lexique/69-posture (15 Januarie 2019 geraadpleeg).

Wessels, M. 2012. The Khoisan origins of the interconnected world view in Antjie Krog’s Begging to be black. Current Writing, 24(2):186–97.

Zeeman, M. 2002. “Die aarde kreun in die kleur van roes”; soms shreeuwt Antjie Krog het uit, woedend, razend, bezeten. De Volkskrant, 1 Februarie, bl. 24.

—. 2005. “Want ek het hom lief”. De Volkskrant, 28 Januarie, bl. 27.

—. 2006. Niet meer een verrukte knal. Poëziebundel van Antjie Krog over menopauze, opvliegers en lichamelijk verval. Die Volkskrant,19 Mei, ble. 24–5.

 

Eindnotas

1 In ’n artikel oor die skrywers Kader Abdolah en Hafid Bouazza se rol as kulturele bemiddelaars van Islam in Nederland lê Moenandar (2014:58) eweneens ’n skakel tussen hierdie twee skrywers se rol as kulturele bemiddelaars en die nosie van postuur: “Both authors’ approaches to their role of cultural transmitter is in line with their posture: their discursive and non-discursive utterances clarify what kind of authors they are and what kind of literature they stand for.”

2 Ek gebruik my eie Afrikaanse vertalings van die terme in Meizoz, Korthals Altes en Coelsch-Foisner se Engelse artikels, maar gee ná die eerste gebruik van elke term die oorspronklike Engelse weergawe tussen hakies. Sommige van dié terme is oorspronklik in Frans gemunt, maar ek verwys na die Engels wat in die aangehaalde artikels gebruik word.

3 Dit is wel veelseggend dat die uitgewers probeer het om die beeld van ’n dissidente skrywer te versag deur die politieke gedig “My mooi land” uit die bundel weg te laat.

4 Ek gebruik dié woord omdat dit die een is wat in Nederlandstalige artikels oor Krog gebruik word. Ek sluit dus by daardie diskoers aan.

5 Die artikels het op die volgende datums verskyn in die weeklikse uitgawe van Mail & Guardian: 24 Mei 1996, 1 November 1996, 24 Desember 1996, 7 Februarie 1997, 13 Junie 1997.

6 Mark Sanders (2000:74) meen eweneens dat Country of my skull geskryf is vanuit die posisie van “an acknowledged and troubling historical complicity”. Hy publiseer ook in 2002 ’n boek getitel Complicities. The intellectual and apartheid, maar skryf nié daarin oor Krog nie.

7 T’Sjoen (2012c:23–4) verskaf die volgende besonderhede: “De afleveringen verschenen onder de volgende titels: ‘Ubuntu en amnestie’ (NWT 1996/4, 38–41), ‘Zwart tegen zwart, blank tegen blank’ (NWT 1996.5, 42–45), ’nog een pakkend stukje’ (NWT 1996.6, 48–51), ‘Biecht zonder vergeving’ (NWT 1997.1, 62–65), ‘Ruzie over de verzoening’ (NWT1997.2, 56–57) en ‘Een oneindige, vijandige nacht …’ (NWT 1997.5/6, 116–120). Robert Dorsman maakte de vertalingen.”

8 Garman (2015:148) wys op die elemente wat aan Krog haar legitimiteit as bemiddelaar van Suid-Afrika in die groter wêreld gee: “Krog continues to be able to use her specificity as an Afrikaner (in producing poetry and translations in Afrikaans) but has also acquired the power to speak for the interest of the new South African nation, both locally and abroad. This ability is precisely because of a double-sided relationship with the media: with their particular treatment of her as a newsmaker, their framing of her as valuable and important and of us (even as this ‘us’ was enlarged into the new nation) and her use of and involvement in the media both as journalist and an agenda-setter.”

9 Ook binne die akademiese konteks is daar sowel kritiese (Wessels 2012, Tuitt 2013) as bevestigende (Motha 2010) besprekings van die teks.

10 Dit is opmerklik dat die Nederlandse vertaling nie die uitgebreide siklus “bediendepraatjies” insluit nie.

11 Vgl. in hierdie verband ook die onderhoud met Manuela Kalsky (Kalsky 2014).

12 Krog het haar dankwoord by dié geleentheid in Afrikaans gelewer terwyl die Nederlandse vertaling daarvan op ’n skerm geprojekteer is. Dié Nederlandse vertaling is opgeneem in ’n boekie uitgegee deur die Stichting De Gouden Ganzenveer (vgl. Krog 2018b).

13 Vgl. in hierdie verband ook Marianne Thamm (2018) se verslag oor die geleentheid.

14 Dié uitspraak is deel van die reklame vir die versamelbundel Waar ik jou word; vgl. http://www.uitgeverijpodium.nl/Recent-verschenen/book/590/Waar-ik-jou-word.

15 Vgl. Meulemans (2018).

The post Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande appeared first on LitNet.

Antjie Krog as cultural mediator: aspects of her writer’s posture in the Low Countries

$
0
0

Abstract

This article investigates Antjie Krog’s role as cultural mediator of South Africa and Afrikaans in the Low Countries. The concept of a cultural mediator is prominent in translation studies, and also in the context of literary translation, where the focus has fallen on the role that a variety of “actors” (such as writers, translators, publishers, editors, agents, booksellers, reviewers, journalists, etc.) play in mediating between languages and cultures. The methodological choice in this article is for a relatively broad understanding of a cultural mediator as a person who is active across linguistic, artistic and geographical boundaries and who is involved in complex multi-directional processes in order to mediate between languages and cultures. According to this view cultural mediators often occupy strategic positions in large networks: they can be active on the levels of production, circulation, transformation or reception, can use different languages to achieve different aims and play a variety of roles that often overlap. They are often the carriers of a double cultural identity and feel a responsibility with regard to a specific culture and literature.

The investigation into Krog’s role as cultural mediator is explored further with reference to the concept of posture, first described by Alain Viala in his article “Eléments de sociopoétique” (2016) as the “(general) way of being (of a) writer” and worked out further by Jérôme Meizoz in “Modern posterities of posture: Jean-Jacques Rousseau” (2010). Meizoz writes that the term posture refers to the public image of a writer (similar to the persona or mask worn by actors on a stage) that marks his or her place in the literary field. It is the result of an interactive process created by the writer in conjunction with journalists, critics, publishers, biographers, etc. A writer’s posture is determined by his/her non-verbal behaviour (public appearances, the discourse of literary awards, biographical notes, interviews, responses to reviews, clothes, hairstyle, gestures, even accessories) and discourse (the textual self-image presented by the enunciator). The article also makes use of the work done by Liesbeth Korthals Altes (2010) who adds to Meizoz’s concept of posture by also unpacking the concepts author, voice and ethos. She uses the terms non-discursive ethos and discursive ethos to replace Meizoz’s non-verbal behaviour and discourse.

Proceeding from the concepts cultural mediator and posture, the article gives a chronological overview of Krog’s role as a cultural mediator between South Africa and the Low Countries. Her trajectory as a writer is divided into three distinct phases, tied to her literary texts (that which Meizoz refers to as discourse and Korthals Altes as discursive ethos) as well as her publication history, the reception of her texts in South Africa and the Low Countries, her self-presentation in public appearances and interviews, her image in the media and her response to receiving awards (Meizoz’s non-verbal behaviour, Korthals Altes’s non-discursive ethos). Three provisos apply: (1) It is taken into account that the events which determine Krog’s posture play out at different times and under different circumstances in South Africa and the Low Countries. (2) Viala’s warning that one should take into account that the concept of posture is a relatively modest literary tool is heeded. (3) The concepts author, posture and ethos are placed against the background of the complex relationship between the autobiographical facts of Krog’s life and its sophisticated fictionalisation and textualisation to create literary artefacts with a singularity of their own.

The bulk of the article is made up of three sections in which the three phases of Krog’s career as a writer are discussed with reference to the concepts of cultural mediation and posture. The first phase is the one in which Krog assumes the posture of a dissident and transgressive writer (1970–1995). This section focuses firstly on the events surrounding the publication of her first volume of poetry, Dogter van Jefta, in 1970, during which both she and her work were politicised and sensationalised. It then goes on to discuss the extent to which the gender focus and political content of Krog’s volumes Otters in bronslaai (1981), Jerusalemgangers (1985), Lady Anne (1989) and Gedigte 1989–1995 (1995) gave rise to her posture as a dissident and transgressive writer who consistently opposed both gender and racial discrimination in South Africa. The first section also discusses her first writer’s visit to the Netherlands in 1992 to perform at Poetry International in Rotterdam, a visit during which she was profiled as both a poet and political activist. It is argued that the gradual easing of the cultural boycott which the Netherlands had instituted against South African artists in the 1980s played a role in her acceptance as a cultural mediator in the Low Countries.

The following section focuses on the second phase in Krog’s career and the accompanying writerly posture, namely that of the complicit writer, public intellectual and performer in the period 1995–2000. This phase signalled an important shift in Krog’s writing in the sense that she started publishing in a new genre, best described as autobiographical fiction, and in English. Her Relaas van ’n moord (1995) centred on her involvement in a murder case in Kroonstad, whereas the internationally renowned Country of my skull (1998) dealt with her work as a journalist reporting on the Truth and Reconciliation Commission. This is the phase during which she increasingly explored her own complicity in the apartheid system as an Afrikaner, became heard as a public intellectual (as noted in Anthea Garman’s research on Krog) and gained prominence as an opinion maker and performer at literary events in the Low Countries. The article discusses the role of the Flemish writer Herman de Coninck in mediating the publication of Krog’s articles on the Truth and Reconciliation Commission in the journal Nieuw Wereldtijdschrift in 1996, even before the publication of Country of my skull. The article notes that her poetry was translated into Dutch in the anthology Om te kan asemhaal (1999) even before her internationally famous Country of my skull was translated as De kleur van je hart (2000). Attention is also given to the successes she achieved as performer of her own poetry at literary events, pointing towards the most important non-discursive features of her posture and the impact it made.

This is followed by a discussion of the third phase in Krog’s writerly career and posture, namely that of the interconnected writer, public intellectual and performer in the period 2000–2018. The article details the way in which the emphasis shifted from the posture of complicit writer to that of the interconnected writer, with reference to Garman’s view that the embodiment of pain and empathy became an important part of a public intellectual’s effectiveness in this period. This section also discusses the way in which Krog’s publications and their translations into Dutch as well as her public performances, lectures, interviews, reviews, anthologies of her work and literary awards demonstrated her increasing importance as a public intellectual in the Low Countries. An interesting feature in this phase is Krog’s comments that the Netherlands should also be held accountable for the power imbalances and inequality in South Africa by virtue of their colonial history in South Africa (“These are also your townships,” she told a Dutch journalist in 2006). She also emphasised that the global North could benefit from the indigenous knowledges and philosophies of Africa. The final moment discussed in this section is her speech on accepting the Gouden Ganzenveer award in Amsterdam, where she commented on the similarities between Dutch and Afrikaans (both under threat, the speakers of both complicit in past injustices, both confronted with issues around the peaceful and prosperous co-existence of peoples) and argued for a rapprochement between the two languages that would emphasise diversity rather than a conservative desire for purity.

The article concludes that Krog’s success as a cultural mediator between South Africa and the Low Countries can be attributed to a variety of factors: the fact that she arrived in the Low Countries at the time that the cultural boycott against South African writers and artists was about to be lifted, that her image as dissident, complicit and interconnected writer resonated with Dutch-speaking audiences, that her views on gender and race were provocative enough to attract media attention, that her work exuded an extraordinary power of conviction, that she was an exceptional performer of her own work and – last but not least – that the similarities and historical connection between Afrikaans and Dutch still spoke to audiences in the Low Countries.

Keywords: cultural mediator; discursive ethos; Antjie Krog; non-discursive ethos; posture

Lees die volledige artikel in Afrikaans:

Antjie Krog as kulturele bemiddelaar: aspekte van haar skrywerspostuur in die Lae Lande

The post Antjie Krog as cultural mediator: aspects of her writer’s posture in the Low Countries appeared first on LitNet.


Educational parent support to Xhosa speaking learners: exploring the potential of WhatsApp as support platform

$
0
0

Abstract

Educational parent support to Xhosa speaking learners: exploring the potential of WhatsApp as support platform

Even though children’s development happens in various systems, such as the school, home and community, educational research shows the greatest influence on children’s development to be the home environment (Coleman 1988; Rathus 2003; Jeynes 2010; Hummel 2014). From the birth of their children, parents act as facilitators of their children’s emotional, social and cognitive development (Patrikakou, Weissberg, Redding and Walberg 2005). However, many factors impede on parents’ ability to be effective in their support of their children’s educational development. One of the biggest challenges for parents to render effective educational support to their children is language. International and national research shows that parents’ illiteracy in their children’s language of learning poses the biggest threat to the parents’ role as educational collaborators (Singh, Mbokodi and Msila 2004; Martinez 2011; Daniels 2017; Slinger-Steenberg 2018).

Due to globalisation, and the continuous migration of people, communities have become culturally, ethnically and linguistically diverse. In South Africa, rural people are constantly migrating to urban areas in search of a better life and opportunities for their families. South Africa’s urban schools are now multilingual spaces where, in addition to the 11 official languages, many other unofficial languages are spoken. However, despite South Africa’s multilingual educational environments, English and Afrikaans continue to be the dominant languages of teaching and learning in most of its schools (Department of Education 1997). Many learners are thus being taught in a language that is not their home language. Research further shows that cognitive reception, development and expression are optimised by education in the mother tongue of a child. Thus being educated in a language other than their own could lead to exclusion and negative educational outcomes for such learners (Hooijer and Fourie 2009). This problem is exacerbated when parents are unable to provide the necessary educational support because of their limited literacy in that language. This gives rise to educational challenges for the child and additional responsibilities for teachers.

A current trend in the Western Cape is for Xhosa-speaking parents to enrol their grade 1 children in Afrikaans-medium schools, even when they lack literacy skills in Afrikaans. When enquiring as to the reason behind this decision, we found that the parents that we spoke to seem to hold the view that people who become literate in Afrikaans enjoy better work opportunities in the Western Cape and have a better future. These parents appeared to not be aware of the negative consequences that being educated in a second or third language has on the cognitive, psychological and social development of the child (Hooijer and Fourie 2009; Basson and Le Cordeur 2013). Present-day educators expect parents to collaborate with educators and to actively, engage with their children in the completion of homework and projects (Constantino 2003). These Xhosa-speaking parents are, however, illiterate in the language in which their child is being educated, and lack the necessary literacy skills to provide academic support to their foundation phase child. Their inability to communicate in Afrikaans, the language in which the homework is to be done, prevents them from overseeing their children’s homework tasks. Their lack of involvement then leads to many educational challenges for both the child and the child’s teachers.

In the multicultural classroom teachers often struggle to teach effectively, due to the diversity of their learners’ language competencies. These teachers often do not have the experience or the training to deal effectively with the challenges of the multi-linguistic classroom. Furthermore, schools seldom have support programmes in place to address such linguistic challenges. In this article, we propose that teachers, parents and students should unite as collaborators of education and that they should seek solutions for such educational challenges together. We explore how parents can be actively involved in their children’s homework.

This article draws on data from research conducted on parent support at a peri-urban Afrikaans primary school in the Western Cape. The overall aim of the study was to promote parent involvement in their children’s learning. We identified grade 1 parents as the population for the study because of our resolve to get parents engaged from the child’s first year of formal schooling. We selected the potential participants based on their children’s performance in the national curriculum and assessment test for Afrikaans. The parents of six learners who scored 3 and lower on the 7-code assessment test were asked to participate in the research project, which was tied to an after-school learning support programme for their children. The parents, with support from the teacher, had to supervise the homework assignments. The parents and the class teacher became members of a WhatsApp group through which all communication about the homework assignments was conducted.

Our decision to use participatory action research as the study’s design was motivated by the emancipatory potential of the design. Participatory action research allowed for a process through which parents and teachers could come together in the spirit of “masifunde” (Singh et al. 2004), which means “let us teach together”, to aid the grade 1 learners’ scholastic success. The study’s design created the opportunity for parents to collaborate with the teacher by actively participating in their children's homework assignments. It also created the opportunity for these parents to gain literacy skills in Afrikaans, the language of teaching and learning at the school. The communicative instrument that the researchers used to facilitate effective communication between the participating parents and their children’s educators was the popular social media platform WhatsApp. The data consisted of transcripts of the interviews with the participating parents and the teacher, WhatsApp text messages from the communications between the participants and the teacher, and artefacts from the classroom and after-school programme.

During the introductory session between the researchers and the participants we found that the parents did not understand that their decision to educate their children in Afrikaans, a foreign language to them, held grave consequences for their children’s cognitive, social and emotional development. In addition, the parents’ lack of Afrikaans literacy skills prevented them from engaging in their children’s homework, and discouraged participation. We realised that parent involvement in their children’s schooling would not be an automatic response, and that planning, and intervention was required to address this problem. We developed an after-school homework programme that required teacher- parent collaboration to provide learning support to the six Grade 1 learners.

The homework programme led to a collaborative relationship between the teacher and the parents. Even though the homework was in Afrikaans, the WhatsApp communication between the parents and the teacher was in English. We found that with the growth in the parents’ confidence, the communication between them and the teacher increased and expanded. The teacher modelled successful facilitation by constantly encouraging parental participation. The parents experienced the WhatsApp platform as a user-friendly and non-threatening tool. The homework, reminders and tips that the teacher sent were accessible to them at all times, and could be referred to whenever the parents were assisting the child with homework. Although the WhatsApp group was established to facilitate communication between the parents and the educator about the homework, it led to the formation of communication channels between the home and the school as well. WhatsApp gave these parents virtual access to the school and its resources, without their having to visit the school physically. Although the study did not research the grade 1 children's academic achievements, all six learners’ academic performance improved. We attributed this outcome to the teacher-parent collaboration in the after-school programme.

Keywords: Afrikaans; communication; multilingual; parental involvement; WhatsApp

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans:

Verkenning van WhatsApp as ondersteuningsplatform om ouerbetrokkenheid by Xhosasprekende leerders se opvoeding te bevorder

The post Educational parent support to Xhosa speaking learners: exploring the potential of WhatsApp as support platform appeared first on LitNet.

Woorde wat die wenkbrou laat lig, om al die verkeerde redes

$
0
0

Woorde dra krag. Woorde het mag. Woorde kan ophef of neervel.

In elke area van my werkslewe was woorde nog altyd een van die belangrikste artikels in my gereedskapskassie. Juis daarom is ek so bedag op hoe woorde gebruik word. Hierdie afgelope naweek is ek weer herinner aan die belangrikheid daarvan om versigtig met woorde om te gaan. Wenkbrou, ’n nuwe druknaam uit die Lapa-stal, het ’n boekbekendstelling in Stellenbosch gehou. Réney Warrington se Smit Motors en Alma Rossouw se Sypaadjie, die eerste twee boeke deur hulle uitgegee, is bekendgestel.

Tydens die gesprek het Warrington gepraat oor die navorsing wat sy gedoen het om seker te maak sy gebruik nie woorde wat kwets of vervreem nie. So het sy byvoorbeeld by mense wat in townships bly, gaan vra of die woord vir hulle aanvaarbaar is voordat sy dit in die teks gebruik.

Dit het my laat wonder oor Rossouw se benadering, juis omdat daar alreeds op bl 8 van haar teks ’n paar paragrawe was wat my tot stilstand gedwing het omdat dit so toondoof is. Sy praat van “kleurlinge”, ’n term wat dalk in die 1970’s nog aanvaarbaar was, maar nie meer in hierdie eeu nie. Sy verwys na ’n swart man wie se wit tande erg kontrasteer met sy vel. Sy spreek verbasing uit dat Xhosas Christene kan wees. Haar hoofkarakter word beskryf as versigtig vir swartes (nog ’n toondoof term) en ontmoedig lesers om met kleurlinge te speel. En dan die volgende: “Sy was nooit ’n rassis nie, maar wel skrikkerig vir swart mense ... Haar familie was nooit uitgesproke rassiste nie, net versigtig vir die onbekende.” ’n Uitgesproke verdediging van skeiding en verskillende behandeling op grond van kleur, dus.

Die HAT beskryf rassisme as “Veronderstelling dat karakter en bekwaamheid bepaal word deur ras.” In terme van hierdie definisie val Rossouw se oortuiging dat net sekere rasse geloof in God kan hê, of dat sekere rasse nie goeie speelmaatjies kan uitmaak nie, dus volledig binne die beskrywing van rassisme. Daardie gedeelte van die teks is dus ten beste toondoof en op die ergste uitgesproke rassisme.

Ek het agterna met Rossouw gaan gesels om uit te vind of sy hoegenaamd nagedink het oor die teks. Ja, het sy my verseker, sy het met haar uitgewer, Johan Jack Smith, daaroor gepraat en hulle het saamgestem dis nie rassisties nie. Anders gestel, twee wit mense het koppe bymekaar gesit en besluit oor wat kwetsend teenoor ander rasse kan wees. Sy het ook by ’n vriend van haar uitgevind, en hy was oukei daarmee, het sy verder bygevoeg. Wie die vriend is en hoekom sy mening gewig dra, is nie verduidelik nie.

Soveel keer al was daar advertensies met oop en bloot rassistiese ondertone wat na hewige protes verwyder is van die radio en televisies. Elke keer is die eerste vraag: Maar het niemand hieroor gedink nie?

Ek het nou my antwoord. Daar word wel besin oor goed, maar daar is geen diversiteit in die besluitnemingsproses nie. Die insigte van lede van die geaffekteerde groepe word nie ingewin nie. Die uitgewersbedryf oor die algemeen het ’n probleem met gebrek aan diversiteit. Soms word die token bruin of swart werker vir hul mening gevra, maar dis nie altyd seker hoeveel outonomie hulle het om van die groep te verskil nie.

Dink watter verskil dit sou gemaak het indien daar van ’n groep Xhosasprekendes gevra was hoe hulle voel wanneer hulle uitgebeeld word op die wyse waarop dit gedoen is. Of as ’n groep bruin mense gevra was hoe hulle voel oor die term kleurling, of die geloof dat om mense uit te sluit nie rassisme is nie.

Waarskynlik sou daai stuk teks uitgehaal gewees het.

As die persoon wie se naam op die voorblad van die boek verskyn, is daar ’n spesiale onus op die skrywer om seker te maak dat hy of sy hom of haar volledig vereenselwig met wat op die bladsye verskyn. Vir kunstenaars in ’n omgewing wat alreeds vyandig teenoor Afrikaans is, is dit soveel meer belangrik om juis nie negatiewe stereotipes te versterk nie. Rossouw en haar uitgewers het albei die pot lelik misgesit hier.

Kom my kommentaar neer op sensuur en die onderdrukking van kuns? Nee. Die gebruik van woorde en terme word nie in isolasie gesien nie. Bevorder dit die storie? Verleen dit historiese konteks? Is die gebruik van die terminologie of teks nodig, om watter rede ook al? In hierdie geval is die antwoorde op al daardie vrae “nee”. Die teks sou waarskynlik beter af gewees het as die hele bladsy uitgehaal was.

Die besluitnemingsproses hierin spreek ook tot ’n groter probleem in ons samelewing: dat lede van sekere groepe kan besluit oor wat lede van ander groepe kan en mag voel, sonder om daardie groep in die proses te ken. Daar is ’n basiese arrogansie, ’n paternalistiese beterweterigheid wat juis die grondslag is van ’n groot deel van die gemors waaruit ons samelewing probeer kom. En enigeen wat dink ons is nie in ’n gemors nie, slaapwandel deur die lewe.

Dit het tyd geword dat mense begin luister na die ervarings van ander groepe en dit nie verwerp as onbenullig nie. Luister met die doel om te verstaan en te probeer verbeter, nie met die doel om te beveg en te debatteer nie. Ons kan eenvoudig nie meer bekostig om soos olifante loodsvoet in situasies in te strompel nie.

Wêreldwyd is daar ’n groter bewustheid van die nodigheid om sensitiwiteitskonsultante aan te stel waar daar moontlikhede van konflik of misverstand is. So word ’n Moslem-vriendin van my gereeld gevra om tekste deur te gaan waar Moslem-karakters uitgebeeld word om seker te maak daar word nie doelbewus of deur onkunde op enige tone getrap nie. In ons konteks, waar daar soveel meer potensiaal vir konflik is, is die behoefte aan ’n benadering wat nie toondoof is nie, soveel groter.

’n Druknaam wat hom posisioneer as vernuwend, soos wat Wenkbrou doen, behoort regtig met groter sensitiwiteit deur hul tekste te werk – anders gaan hulle wenkbroue om al die verkeerde redes laat lig.

The post Woorde wat die wenkbrou laat lig, om al die verkeerde redes appeared first on LitNet.

Rocketman: ’n resensie

$
0
0

Foto: Wikipedia

Draaiboek: Lee Hall
Regie: Dexter Fletcher
Akteurs: Taron Egerton, Jamie Bell, Matthew Illesley, Richard Madden, Bryce Dallas Howard

Verlede jaar had ons Freddie Mercury en Queen, nou is dit Elton John se beurt. In ’n musiekloopbaan van bykans 60 jaar het John al meer as 300 miljoen albums verkoop, wat hom een van die wêreld se suksesvolste musikante maak.

Bohemian Rhapsody weet regisseur Dexter Fletcher duidelik hoe om ’n musiekfilm aan te pak. Die interessanter aspek van Rocketman is egter die draaiboek, waarvolgens verskillende gebeure in John se lewe telkens musikaal uitgebeeld word – gelukkig darem sonder dat dit soos Bollywood begin voel.

Die treffende openingstoneel, waar John in volle kostuum by ’n rehabilitasiesentrum instap, word ’n bloudruk vir die res van die film. Dit fokus op die nou al bekende tema van ’n uiters talentvolle kind wat in moeilike omstandighede grootword – in John se geval die benouende Britse samelewing van die 1950’s, seksuele onderdrukking, ’n koue, afstandelike pa en selfgesentreerde ma. Op ’n manier sou die transformasie van die vaalseun Reginald Dwight in die flambojante superster Elton John altyd aangedryf word deur sy ongelukkige kinderjare. Die ander tema van dié soort lewe is oordaad, verslawing en selfmoordpogings, maar John het dit alles oorleef en ’n geseënde oudag bereik, soos die slotlied “I’m still standing” demonstreer – tot vreugde van almal wat sy musiek ken en bewonder.

Taron Egerton van Kingsman-faam was nie die oorspronklike keuse om John te vertolk nie, maar dis moeilik voorstelbaar wie dit meer briljant as hy sou kon gedoen het – én hy sing boonop self. ’n Selfs groter verrassing is Jamie Bell as Bernie Taupin, die liriekskrywer wat vir die meeste van John se grootste treffers gesorg het.

Rocketman word hoog aanbeveel vir alle musiekliefhebbers!

Sterre: 4

The post <i>Rocketman</i>: ’n resensie appeared first on LitNet.

50 Blertse blou deur Blouwillem: ’n resensie

$
0
0

50 Blertse blou
Blouwillem
Uitgewer: Protea Boekhuis
ISBN: 9781485308607

Wederom en welkom in ons eie bewoë stukkie wêreld hier op die ondermaanse. Die polisie is so doeltreffend dat hulle 80% van die kere reeds op die toneel is voordat die publiek ’n misdaad kan aanmeld; vroue met spraakgebreke doen in Zoeloeryns afkondigings op lughawens; die hoofstad van Moordwes is ook as Thlokwestroom bekend, en alle kombi’s is ten behoewe van die land se piepols genasionaliseer. 

Danksy Blouwillem Theron en medewerkers deur dik en dun, soos Dik Daan, Boerewors Nel van Ceres, Oom Johnny en Neef Bartel (wat hopelik alger in die tantieme gaan deel) kry ons opnuut uit Tshwanetoria (Pretoria vir oningewydes) ’n insiggewende boek. ’n Eiesoortige kykie onder die deksel word aan die leser gebied na hoe die poerlament (danksy stewige hupstote van die Kroeptas, Moergabes an andere) sake bekook terwyl Eksdom ons letterlik en figuurlik in die duisternis hou.

Moenie skrik nie, swaarbelaste ou volkie. Hierdie is geen swaarwigtige politieke boek vol statistieke, projeksies en toekomskundige visies nie. Blouwillem Theron is so plus-minus almal se pel in die suiwerste verskyningsvorm van die betekenisvolle begrip. Die wye verskeidenheid onderwerpe wat hy en sy vriende aanroer, is die dinge waaroor pelle praat as die geselskap op dreef raak.

Min weet dit seker nie, maar Blouwillem is die man wat, ondanks sy kleurryke naam, Maandae vir duisende minder blou help maak met sy rubriek oor alles en nog wat in Beeld. Die Burger en Volksblad – stigtelike leesstof wat nie sommer in ligsinnige Vuisboekboodskappe, op Wat’sApe en in Twieters rondflenter nie (en vir seker ook nie te vinde is in die gratis Kroektakoerant wat vir elke lugpassasier verpligtend is nie). ’n Derde boek, 50 Blertsies Blou, met ’n keur uit die Maandagskrywes is pas deur Protea Boekhuis gepubliseer. Mooi skoot, Protea! 

Of dit tot my eer strek of tot die skrywer s’n, is nie vir my om oor te oordeel nie, maar ons twee glo albei sterk aan die krag van die geskrewe woord. As ons van boeke praat, praat ons nie van daai ding wat met knoppies werk en soos ’n klein laptop lyk nie. Ons praat van ’n ding wat op papier gedruk is en wat jy kan saamneem na die kleinste plek in die huis of in eensaamheid bed toe. 50 Blertsies Blou is vir sulke gewigtige alleenoomblikke (en ’n paar ander) uitgeknip.

Willem se liefde vir boeke is deur sy oorlede moedertjie (ouma Tinkie) ingegee. Haar veelseggende geskenkboeke vorm feitlik ’n opsomming van sy lewe, verklap hy: Vaaljas die eensame donkie, Enid Blyton se Knikkop-reeks, Trompie, Die Uile, Joof en sy maats, Swart Kat, Rooi Jan, Die Franse Vreemde Legioen, Doc Immelman, FA Venter, Wat elke seun moet weet, Te vinnig innig, 365 dinge wat elke man moet weet, Men in midlife crisis en Sorgvrye aftrede,

Oor die vraag of sy eie 50 Blertsies die eerbiedwaardige ouma Tinkie se voorkeurlys van verdienstelike pennevrugte sou gehaal het, laat ek my liefs nie uit nie. Die boek is nou nie lelik of banaal of so nie, maar plek-plek … wel … tog stouterig. Ek wonder so in my stilligheid hoe dames met ferme standpunte oor sulke sake soos die Amanda Gouwse van hierdie dag en dae van sekere Blouwillem-beklemtonings sal hou, soos sy ode aan die onthullende bikini op haar (?) 70ste en sy verwondering toe hy ontdek nie alle meisies het swart sterre op hul noordelike dele nie. Ons lees ook van die rondborstige studentnooi met die T-hemp wat lui “Alles is nie plat in Bloemfontein nie” en die tikster by die destydse Publikasieraad wat ’n briefie uitgestuur het met die edik oor ’n tydskrif (Speelseun, meen ek) wat met die banvloek getref is weens die verbode vertoning van piepie se hare!

Hoop nie Blouwillem neem my, aan die ander kant, kwalik as ek een van sy sappigste stories in geografiese besonderhede hier lug gee nie. Dit is na aanleiding van die berugte Schweizer-Reneke-plekkiekiekie en die stomme Margaret van Wyk se indiskresie in haar verstomde hokkieklub. Toemaar, Margaret, niks nuuts onder die son nie, troos ’n simpatieke Blouwillem haar. Hy vertel dan van Sannie wat vir Boetman op die grens ’n insgelykse intieme foto ter opbeuring gestuur het. Die bokskamera (sic) en afskeepwerk in die donkerkamer het nie vir die beste produk gesorg nie. Die ontvanger draai die kiekie in sy warm Ondangwatent so en weer so, hou sy presentjie teen die lig, maar gee op lange laas moed op oor wat dit kan wees. ’n Medetroep se hulp word ingeroep. Ná lang oorweging kom die antwoord: “Jy moet maar vir Korporaal ook vra maar vir my lyk dit soos Bainskloof daar van Wellington se kant af!”

Bouwillem Theron verdien lof vir vele aspekte van sy gevatte rubrieke. In die boekie van hierdie gereelde leser (vroegsoggens al saam met ’n eerste koppie koffie) is die aardse adviese aan dese en gene dalk die onskatbaarste bates van die man se relevante geskrifte. Van sy raad is so nommerpas dat dit amper jou geloofwaardigheid in die gedrang kan bring om dit oor te vertel.

Sal ek byvoorbeeld nie aan die vooraand van ’n hoge “swart-das”-feestelikheid wat swaar op die gemoed rus, aan die hand van die man se eie ervaring by hom die ridderlike raad kry om die broek van my veteraanaandpak met cable ties vas te maak, die strikdas met behulp van ’n ekstra pajamabroek se rek toe te rus ten einde ook die frilletjieshemp te help toehou en om die baadjie nonchalant oor die arm te dra nie! Dit het soos ’n bom gewerk. Hy het ook blink idees vir Kers- en Moedersdaggeskenke, asook annerlike eggenootlike en vaderlike pligte. Nader my gerus vir gratis bladsyverwysings.

Vir egpare en ander wat weens Eksdom se langdurige donkertes name moet vind vir spontane uitbreidings van hul gesinne, bied hy onder meer die volgende verfrissendes aan: Flits Brits, Darkness Mapogo, Lampies Lampbrecht, Donker Jonker, Kerswas van As, Blackout Dube, Gaslamp Aucamp, Vuurhoutjie van Vuuren, Sonpaneel Daneel en Nagskof Boshoff .

Nie al die blertsies is gemoedelik en goedig nie. Oor die “jong baarbarre” se skending van beelde soos veral die ene van “Liewe goeie Oom Black (Swart) van alle mense” is Blouwillem behoorlik de ongeluk-de hel in. Die humor is skrynend as hy oor ’n moontlike kompromis in die skandbeeld-debakel rapporteer: soos dat generaals Christiaan de Wet, Louis Botha en Koos de la Rey se perde Fleur, Doppie en Bokkie ter wille van nasiebou vervang word met Basoetoponies; hul uniforms en roers met reënboogkomberse en knopkieries; en dat oom Paul karwagte gaan kry in die plek van die vier ou krygers wat hom so lank getrou opgepas het. Hul name is Innocent, Blessing, Lucky en Waaksaam!

By Fanus Rautenbach het hy geleer dat patos en lag met ’n traan die toppunt van goeie humor is. Nêrens pas hy daardie vername lewensles beter toe as in sy roerende stuk oor “Ouma Tinkie se Laaste Oppak” nie. Dit was kort voordat op sy vrome moedertjie (“skaars groter as ’n middelslag pikkewyntjie”) se winkelrak ook die beproewende kennisgewing “discontinued” sou verskyn. En nee, hy het toe nie al haar “waardevolle gemorsies” weggegooi nie, al het sy gedink hy gaan.

Lees ook

50 blertse blou deur Blouwillem: ’n FMR-resensie

The post <i>50 Blertse blou</i> deur Blouwillem: ’n resensie appeared first on LitNet.

The Wall deur Max Annas: ’n resensie

$
0
0

Titel: The Wall
Skrywer: Max Annas
Uit die Duits vertaal deur Rachel Hildebrand Reynolds
Uitgewer: Lapa
ISBN: 978-1-946395-14-6

Dit is van die eerste bladsy af duidelik dat politieke en sosiale kwessies in Suid-Afrika Suid-Afrikaners van alle rasse gaan dwing om weer ’n slag eerlik en onbevange na die rassesituasie te kyk.

Hierdie misdaadriller speel af in Oos-Londen, waar die skrywer grootgeword het, en is uit Duits vertaal. Die boek is in 2017 met die Duitse prys vir misdaadfiksie bekroon.

Moses se motor gaan staan naby ’n veiligheidsoord. Hy onthou vaagweg dat hy ’n jaar of wat tevore daar by ’n vriend gekuier het, glip by die hek in en begin hulp soek. Maar soos wat alle wit mense vir hom lyk, lyk die huise hier vir hom ook dieselfde. Die buurtwag sien hom en beskou hom weens sy kleur dadelik as ’n indringer wat wil misdaad pleeg.

Daarna volg bladsye en bladsye vol beskrywings van sy noue ontkomings en sy vrugtelose pogings om uit die oord weg te kom. Daar is later geen heining waaroor hy nog nie gespring het nie en geen vullishoop waarin hy nog nie geland het nie en geen muur wat nie te hoog is om oor te spring nie. Tussenin skuil hy darem so nou en dan met ’n kloppende hart in ’n leë huis.

Terselfdertyd is Thembinkosi en Nozipho besig om by ’n huis in dieselfde oord in te breek. Die inbraak het ook ’n vervelige en  langdradige verloop terwyl hulle alles ontdek wat mens in ’n gewone wit huis sal vind. Uiteindelik maak hulle ’n verrassende ontdekking wat afleiding bied en op ‘n bietjie spanning en geweld uitloop.

Die manier waarop Annas die gebeure van Moses en die twee inbrekers afwissel, skep tesame met die binnekoms van ’n horde swart en wit veiligheidswagte en die polisie en van die inwoners darem heelwat afwisseling. Die dialoog tussen die groepe en hul beskouings van mekaar is dikwels growwe veralgemenings, maar tog ook taamlik getrou.

’n Onoortuigende misverstand laat die verhaal ten einde loop met al wat leef en beef wat op mekaar begin skiet – bloed, bloed, bloed!

Die skrywer skets dan die persoonlike herinneringe van die betrokkenes by die voorval, soos herhalende kykweers uit verskillende hoeke. Lesers mag dit interessant vind – dis ’n taamlik ongewone aanslag – en ander sal dalk wonder of die skrywer nog ’n paar bladsye by die dun slapband wou voeg.   

The post <i>The Wall</i> deur Max Annas: ’n resensie appeared first on LitNet.

Viewing all 21646 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>