Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21657 articles
Browse latest View live

UJ-pryse 2019: ’n video van die repliek-toespraak rondom Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé


Wilna Adriaanse (1958–)

$
0
0

Sêgoed van Wilna Adriaanse

“Lesers hou van karakters waarmee hulle kan identifiseer, hulle lees agter ’n sterk intrige aan en die liefdesaspek is maar net een deel van die storie. Interessant genoeg, vroue van alle ouderdomme, uit alle dele van die land en uit alle beroepe lees liefdesverhale. En deesdae raak al hoe meer mans dapper genoeg om te erken hulle lees dit ook.”

“Ek dink nooit karakters self uit nie: hulle kom verlei my en fluister in my oor dat hulle wil hê ek moet hul storie vertel.” (NB@Bookslive 10 November 2008)

“As ek in die antieke tye geleef het, sou ek heel waarskynlik ’n storieverteller op die markplein gewees het, want by die huis sou daar nie vir my veel nut gewees het nie.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

“Vir my is skryf ’n jaloerse proses en al beplan ek hoe deeglik, beland ek met elke boek in ’n stadium dat ek my dikwels aan vriende, familie en die wêreld onttrek en die grootste gedeelte van my dae in ’n gedagtewêreld saam met fiktiewe karakters deurbring. En selfs die tye dat ek nie agter die rekenaar sit nie, is die storielyn besig om soos ’n rolprent in my gedagtes af te speel en bedink ek moontlikhede.” (LitNet)

Hoe maak ’n mens tyd om te skryf? “Jou geliefdes moet begrip hê, jy moet vrede maak met min slaap, skryf moet werklik ’n passie wees, jy moet leer om die kaf en die koring te skei, tevrede wees dat die woorde ‘verveling’ en ‘ledigheid’ nie in jou woordeboek voorkom nie – en die aanleer van die woord ‘nee’ help baie.” (LitNet)

“As mense hoor ek skryf liefdesverhale, wil hulle altyd weet of ek hygromans skryf. Daar is ’n duidelike verskil tussen die twee. In ’n liefdesverhaal gaan dit eerder oor die karakters se emosies as oor grafiese beskrywings. Ek het groot respek vir skrywers wat jare lank met groot omsigtigheid liefdesverhale skryf. Dis soms nogal ’n ondankbare werk, want die skrywers dien hul lesers eerder as hulself.” (Die Burger, 6 Januarie 2005)

“My stories gaan oor mense en menswees en menswees. En veral oor die eiesoortige dans wat ontstaan die dag as twee mense mekaar ontmoet of her-ontmoet. Binne die ontdekking van ’n ander persoon lê daar soveel interessante moontlikhede opgesluit en bly dit vir my ’n interessante tema.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za/va)

“Romantiese fiksie word dikwels deur onkundige lesers en kritici voor die voet afgemaak as hygromans, maar ek is dankbaar dat daar wel lesers en resensente is wat nie in die geykte slaggat trap nie. Op ’n ligter noot, ek sal nogal graag wil hoor indien een van my boeke ’n leser laat hyg het ... en waar in die boek dit plaasgevind het.” (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

“Afrika fassineer my omdat dit so onvoorspelbaar is [op] soveel maniere, veral as ’n mens dit vergelyk met ’n Europese leefstyl wat jou gees kan afstomp.” (NB@Bookslive 10 November 2008)

Waar is/was sy op haar gelukkigste? “Die dag toe my kinders, Cobus, Jaco en Johann, oud genoeg was om saam met my te gaan fliek. Dis soveel opwindender as ’n rondomtalie in die speelpark.” (Beeld, 1 Maart 2009)

Waar was sy op haar ongelukkigste? “’n Wêreld sonder oranje lipstiffie, boeke, donker sjokolade en my ma se vleisslaai.” (Beeld, 1 Maart 2009)

As wat sou sy in ’n tweede lewe wou terugkom? “Ek vermoed hierdie is reeds my tweede ronde ... Ek was in my eerste lewe ’n hofnar en vir my straf het ek teruggekom met ’n verdraaide humorsin.” (Beeld, 1 Maart 2009)

Oor die skuif in genre (met Dubbelspel) aan Nadine Petrick: "Aan die een kant ’n vrees dat ek dalk op ’n dag gaan begin karakters en storielyne kloon, en om dit te voorkom, moet ek ’n groot verskeidenheid storielyne ondersoek. Deels dalk omdat ek gou verveeld raak en altyd op soek na iets nuuts is. ’n Derde rede is dalk omdat ek nie graag net oor 'boy meets girl and they lived happily ever after' skryf nie. Verhoudings en die lewe is tog veel komplekser as dit. En die laaste rede is waarskynlik omdat ek glo daar is ’n groot mark vir boeke wat die lesers laat ontspan, maar terselfdertyd hulle gedagtes en verbeelding prikkel. Ek hoop ek slaag daarin." (http://www.wilnaadriaanse.co.za)

Is dit maklik vir haar om elke keer ’n nuwe boek aan te pak (Phyllis Green)? "Elke boek is moeilik. Selfs al kom meld die karakters aan. Dit is nie asof hulle met ’n klaar storie aankom nie. Ek moet hard werk om te sien waarheen hulle my wil neem. Die ergste is as hulle dae lank, selfs soms ’n week of twee stil raak. Dit is dan wanneer ’n mens soms ure lank na ’n wit muur kan staar, en niemand dit verstaan as jy sê jy is besig om te werk nie!" (Sarie, 13 Junie 2014)

"Mense dink ek het ’n keuse van watter tipe boek ek gaan skryf, maar eintlik het ek nie veel van ’n keuse nie. Die karakters kom net en dan loop ek maar agter hulle aan." (Bookslive)

Haar lewensfilosofie: "Die lewe bring nie altyd presente met groot, veelkleurige linte nie. Die magic lê in die klein oomblikke." (Vrouekeur)

Die lekkerste aspek van haar lewe as skrywer: "Die interaksie met lesers. Mense kommunikeer via Facebook of boodskappe met my. Ek antwoord elke brief wat ek kry. Mense doen moeite om met my te gesels en daarom gesels ek terug. En as die karakters met jou begin gesels!" (Vrouekeur)

"As jy wil skryf, moenie net daaroor droom nie. Doen dit, anders sal jy altyd wonder." (The Writer's College Blog)

"Ek dink nie dit is moontlik om te skryf as jy nie self ’n ywerige leser is nie. Lees so wyd as moontlik, maar veral binne die genre wat jy wil skryf. Probeer om jou teikenmark te verstaan." (The Writer's College Blog)

Rachelle Greeff vra hoekom ons, wat so geweldvoos is, nog steeds misdaadfiksie wil lees: "Dit het ek my ook afgevra terwyl ek die boek (Dubbelspel) geskryf het. En steeds het ek nie ’n antwoord nie, behalwe om te sê dalk is ons maar steeds op soek na helde. En adrenalien. Ek was ongeveer 14 toe ek een vakansie die skrywer Leon Uris 'ontdek' het. Ek was ge-hook. Die politieke intrige was so opwindend. Jy kan my steeds in ’n wip vang met ’n goeie spanningsverhaal. 

"Jy lees seker agter die naelbyt-element aan, maar ek vermoed dit gaan ook oor die versugting dat die goeie ouens asseblief moet wen. Miskien gee dit ons moed vir ons eie omstandighede. Nog iets: Ons skryf soms stories om te verstaan. ’n Mens besef dit nie, totdat jy kniediep in ’n storie is. En ek dink ons lees ook om dieselfde rede. Ja, ons wil vermaak word, maar dis ’n bonus as ’n storie vir ons ’n stukkie van die lewe duideliker maak." (Rapport, 11 Junie 2014) 

Rachelle Greeff wou by Wilna weet of dit haar romanses is wat haar geleer het om "in-die-kol-sexy" te skryf: "Ek is bly as jy so reken. Om in Afrikaans oor seks en die liefde te skryf, bied nogal uitdagings. My geslag het van jongs af oor die liefde in Engels gelees. Ons is dalk nog lomp en verleë om dit in Afrikaans te beskryf. Dit is waarom ek dalk eerder die sensuele probeer. Met die klem op die karakters se emosies en nie soseer op wat hulle doen nie." (Rapport, 8 Junie 2014) 

Dink sy die opvolg op Dubbelspel sal net so suksesvol wees? "Jy neem met elke boek jou skrywerslewe in jou eie hande en hoop jy en die storie kom heelhuids anderkant uit. Ek het ook geleer dat ek baie dapper lesers het wat deur die jare lojaal gebly en my toegelaat het om ’n paar jakkalsdraaie met hulle te gooi. Ek is dankbaar om te sien hulle is steeds aan die lees." (Rapport, 8 Junie 2014) 

Oor die krapperige verhouding tussen ma en dogter in Dubbelspel: "Al het ek self nie dogters nie, is ek darem ’n dogter vir my ma. Ek dink die verhouding tussen ’n ma en dogter is op beste van tye meer kompleks as dié tussen pa's en seuns. ’n Ma en dogter bly lewenslank vasgestrengel in die naelstring. En ek vermoed dit het iets te doen met die feit dat jou dogter ook geboorte gaan skenk." (Volksblad, 7 Mei 2014)

En die verhouding tussen ma en seuns? "Om seuns groot te maak, is tegelyk opwindend, interessant en vreesaanjaend. Ek moes dapperder word en hulle het my ook geleer wat ongekompliseerde verhoudings is – en hoe om te kommunikeer deur bloot ’n TV-speletjie teen mekaar te speel." (Volksblad, 7 Mei 2014)

Gebore en getoë

Wilna Adriaanse is op 19 Maart 1958 "met die rooi sand van die Kalahari tussen haar tone gebore as die middelste kind tussen twee broers. Dis ‘n wêreld van stories, mites en legendes. En elke persoon in daardie wêreld is eintlik ‘n storieverteller uit eie reg. Sy noem dit die wêreld waar vrae met stories beantwoord word," skryf Mariana Malan.

Sy word egter tussen die berge en wingerde van die Breëriviervallei in Worcester groot en matrikuleer in 1976 aan die Hoërskool Worcester.

Vandat Wilna kon praat, het sy stories vertel, en op skool het sy graag opstelle en briewe geskryf. Sy was ook van kleins af lief vir lees en sedert sy in graad 1 leer lees het, het sy nog nooit weer opgehou nie. Boeke was van kleins af haar beste geselskap.

Verdere studie en werk

Na matriek in 1977 is Wilna na die Universiteit Stellenbosch, waar sy ’n BA-graad met sosiologie en ontwikkelingsbestuur gedoen het, asook ’n honneursgraad in ontwikkelingsadministrasie.

In 1981 trou sy met Deon Adriaanse, ’n klasmaat, en hulle verhuis vir drie en ’n half jaar na Giyani in die Laeveld. Hulle albei werk daar by die Kantoor van die Kommissaris-Generaal. In 1985 trek Wilna en Deon terug Kaap toe en gedurende die volgende vyf jaar word hulle drie seuns, Cobus, Jaco en Johann gebore. Met die oudste kind se geboorte word Wilna voltyds ma, maar skryf tussendeur by die Universiteit van Suid-Afrika in vir sielkunde, en vir die volgende paar jaar word die eksamens en werkstukke so tussen die geboortes deur geskryf. Sedert 1987 woon die gesin in Durbanville naby Kaapstad, en sedert 2012 werk Deon in Botswana en pendel Wilna tussen Somerset-Wes en Botswana.

Die skryfgogga het vir Wilna om middernag op 31 Desember 1999 in die Switserse Alpe gebyt. “Ek is mal oor Nuwejaarsvoornemens en dit was my gróót besluit met die aanbreek van die nuwe millennium,” vertel sy aan Kirby van der Merwe (Beeld, 1 Maart 2009). Terug in die Kaap hoor Wilna van Martie Preller se internetskryfkursus en sy besluit om daaraan deel te neem sodat sy kan sien of dit is wat sy regtig wil doen. “Dit was ’n baie interessante leerskool en by tye het ek my bedenkinge gehad, maar die saadjie was gesaai en teen die einde van die kursus het ek geweet ek gaan op daardie vreemde pad stap, al is dit by tye nie ’n maklike pad nie.”

Wilna was self ook al by skryfkursusse betrokke. In 2010 was sy saam met Chanette Paul ‘n beoordelaar van LitNet se aanlynskryfkursus, SkryfNet XXIV. Sy was ook kursusleier van die Afrikaanse deel van die “Skryf ’n Roman”-kursus van die South African Writers’ College.

In 1999 is hulle oudste seun, Cobus, na Paul Roos Gimnasium op Stellenbosch en skielik was die huis leeg en wend Wilna haar na haar rekenaar en begin skryf aan haar eerste boek. Sy skryf aanvanklik onder ’n skuilnaam, Wilmine Burger. Oor hierdie besluit skryf Wilna op haar webwerf: “Dit was waarskynlik ’n mate van selfbeskerming indien daar nie verdere boeke gaan volg nie. As niemand weet ek het die boek geskryf nie, kan niemand my vra of ek weer een gaan skryf nie. Ek dink die vrees dat daar nooit weer ’n storie by jou gaan kom aanklop nie, is iets waarmee baie skrywers waarskynlik moet saamleef. Na twaalf boeke is die vrees steeds daar, maar ek het darem al ’n mate van vertroue in die proses gekry. Toe Tafelberg in 2001 ’n manuskrip koop, het ek besluit om die naam Wilmine Burger aan die Lapa-boeke te koppel en by Tafelberg voort te gaan onder my eie naam.”

Sy stuur in 1999 ’n manuskrip na LAPA en in 2000 word Die wingerd sal weer bot uitgegee. ’n Verdere drie boeke onder haar skuilnaam verskyn by LAPA, naamlik ’n Heildronk op die liefde (2002), Liefde is ’n kleur (2004) en Brug van woorde (2004). ’n Heildronk op die liefde wen in 2002 LAPA se Liefdesverhaaltoekenning van die jaar.

Tafelberg publiseer in 2001 ’n Ongewone belegging, die eerste boek wat onder haar eie naam verskyn. Dit word as deel van die Jasmyn-afdeling uitgegee. Verdere titels wat onder die Jasmyn-naam volg, is Alleenvlug (2002), Die reuk van verlange (2003) en Serenade vir ’n nagtegaal (2004). In 2005 word Hande wat heelmaak onder die Hartklop-naam uitgegee.

In 2004 waag Wilna haar hand aan ’n veel lywiger boek, en Rebecca word in die romantiese-fiksie-genre deur Tafelberg uitgegee. Dit beleef in 2005 twee herdrukke en ’n tweede uitgawe verskyn in 2009. Die uitgewers se inligtingstuk beskryf die storie van Rebecca as volg: "Rebecca Fagan is op 25 in besit van ’n regsgraad, ’n rugsak, ’n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op ’n olyfplaas gewerk en was in Duitsland as ’n kelner in diens. Maar sy is terug in Suid-Afrika en soek ’n 'regte werk' – verkieslik een wat opwindend is en wat ’n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde-geslag-erfgenaam van ’n multimiljardrand-maatskappy, op soek is na ’n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen, al is die pos nooit in ’n koerant geadverteer nie. Haar leuse is nie verniet 'Wie nie waag nie, wen nie' nie."

Die roman is in Huisgenoot beskryf as ’n “liplek-lekker resep vir ’n liefdesverhaal, maar met ’n paar kinkels” en in Leserskring as “die lekkerste soort storie wat ’n mens kan kry. Dis Pretty woman in Afrikaans. Net nog baie beter.” In Volksblad (28 Februarie 2005) skryf Anita de Kock dat die verhaal ’n sterk storielyn het met karakters wat oortuigend beskryf is. Al wat De Kock gepla het, is dat die dialoog soms baie lomp is, maar sy het nietemin gemeen dat die verhaal ten spyte daarvan ’n treffer behoort te wees.

Jeanne Hugo (Die Burger, 5 Maart 2005) beskryf Rebecca as ’n ou resep met ’n nuwe baadjie. “Die taal is jonk en modern, so ook die karakters. Die storie het hierdie leser gevange gehou – ek het vroegaand begin lees en nie opgehou totdat ek klaar was nie. Die verhaal styg uit bo die deursnee-liefdesverhaal danksy die kompleksiteit van die karakters. Rebecca het sommer baie issues, in die jong sprekers se taal. In haar rugsak is ’n paar donker geraamtes, by gebrek aan ’n kas, en wanneer sy uiteindelik tot stilstand kom, kos dit ’n rukkie om te besef hoekom dit so lank geduur het. Hier handhaaf die skrywer ’n goeie balans – nét wanneer Rebecca se koppige aandrang op onafhanklikheid en andersheid die leser begin irriteer, word die rede daarvoor geopenbaar.

“Julian word nie as die perfekte man voorgehou nie – hy is kort van draad en effens te ingenome met homself. Tog openbaar hy elke nou en dan verborge, deernisvolle karaktereienskappe wat hom en die verhaal diepte gee. Iets wat volgens my broodnodig is in die domein van die liefdesverhaal – die deursnee manlike karakter het gewoonlik mos die intelligensie van ’n koffietafel. Behalwe dat die liefde ondersoek word, word gekyk na die aard van afhanklikheid, en die gee-en-neem-proses wat laasgenoemde impliseer.

“Laat ons eerlik wees: Ons almal weet die twee duifies sal mekaar mettertyd vind, want dít is die doel van ’n liefdesverhaal. Dit is die reis daarheen, die droom daarvan, waarvoor ons val. Vál en val maar weer, sê ek, as nog sulke verhale op my pad kan kom.”

Volgens Helene de Kock (Beeld, 16 Mei 2005) weet Wilna hoe om die dialoog op so ’n manier aan te wend dat dit bydra tot die tempo van die verhaal. “Dis lewendige, natuurlike dialoog wat die leser teen wil en dank by die verhaal betrek. Dit dra by tot goeie karakterisering en ook die newekarakters maak aanspraak op die leser. Adriaanse ontgin die ruimte in die verhaal werklik goed wat betref Kaapstad en die wildtuin. Maar plekke soos Londen en New York waar die karakters besoek aflê, kom nie tot hul reg nie. Rebecca is egter ’n werklik boeiende lekkerlees roman en mens hoop daar kom meer sulke dik stories om lang ure mee te vul.”

Met ander woorde verskyn in 2005. In hierdie boek vertel Wilna Kristina se verhaal. Nadat sy gaan draf het en nie haar gewone tyd terug is by die huis nie, bel haar twee huismaats die polisie. Hulle kry haar onder ’n bos teen die berg en hoewel sy by haar bewussyn is, kan sy niks onthou wat gebeur het nie. Sy gaan spreek Ben Krige, ’n psigiater op Stellenbosch. Kristina interesseer die psigiater baie en sy is vir hom soos ’n labirint: "vreemd en onbekend. Maar baie aantreklik. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek die woorde grense af en uiteindelik bring die pad hulle by ’n bestemming uit – maar ’n bestemming lyk soms anders as waarop ’n mens gereken het," volgens die uitgewers se inligtingstuk.

Op kalahari.net skryf ’n resensent dat sy/hy nie kan wag om al Wilna se boeke te koop nadat sy/hy Met ander woorde gelees het nie. “Ek kon die boek nie neersit nie. Die taalgebruik was soos die Afrikaans wat ek in my huis praat, die mense soos die mense wat ek elke dag mee te doen kry, die storie geloofwaardig en interessant. Die storie probeer nie een of ander politieke boodskap oordra nie, dit probeer nie ’n prof by ’n Afrikaanse departement beïndruk nie, dit probeer my kry om uit te vind wat het met arme Kristina gebeur.”

Met die verskyning van Die boek van Ester in 2008 vestig Wilna haar as een van die voorste beoefenaars van die genre van romantiese fiksie in Afrikaans. Met Ester beweeg sy nog verder weg van die formuleagtige liefdesverhale, volgens Ronel Nel (Beeld, 25 November 2008). “Meer in die rigting van boeke wat deesdae as chick-lit (enigeen vir ’n beter beskrywing in Afrikaans?) bestempel word: ontspanningsverhale wat nie net die hormone laat pomp en sentimentele romantiese ideale verstewig nie, maar wat die leser erken as ’n moderne, ontwikkelde vrou wat weet wat om haar aangaan en beslis ’n goeie dosis realiteit kan verwerk. Die karakters is meer kompleks, die verhaallyn meer verwikkeld en daar is beslis geen voorspelbaarheid in die verloop nie.”

In Die boek van Ester is Ester ’n fotojoernalis, maar sy is geen groentjie nie. “Haar pa is Joods, hy was redakteur van ’n groot koerant, haar ma Afrikaans. Haar ouers word een aand in hul oprit doodgeskiet – geensins ’n lukrake misdaadgeval nie, maar dit noop haar steeds om Suid-Afrika te verlaat en na Londen te trek. Daar hervestig sy haarself totaal: sy verander haar klere, haar sosiale kring en word ’n mode-fotograaf. Afrika is in sy maai en sy stel nie belang nie, dankie!

“Twee jaar later is sy egter terug in die land vir ’n shoot in die Laeveld. Daar ontmoet sy Samuel McGreggor, veearts en omgewingskenner. ’n Belese, welsprekende man, uitgesproke en deel van die kontinent wat sy so inderhaas verlaat het. (...) Die boek is heerlik, hoewel dit soms voel of die dialoog ‘toesprake’ is, met geweldige bykomende nagevorste inligting. Dit is ook nié ’n Ingrid Winterbach of ’n Marlene van Niekerk nie – en probeer dit ook geensins wees nie. Dit is ’n lekkerlees-boek van waarde. Goeie chick-lit soos ons dit in Afrikaans nodig het. Ideaal vir ’n Saterdagmiddag op die rusbank, voete in die lug en ’n glas wyn in die linkerhand.”

Vir Magda Venter, Volksblad (10 Maart 2009) se resensent, betree Wilna met Ester die wêreld van die meer moderne en realistiese leser wat nie meer net wil lees van die heldinne van die "resepmatige liefdesverhale" nie, maar wat verhale wil lees wat opgebou is rondom aktuele sake. En hoewel Venter klein puntjies van kritiek gevind het, meen sy dat Ester die moeite werd is om te lees.

Herman Wiid skryf op LitNet dat Die boek van Ester die klassieke ondertone van ’n tipiese liefdesroman bevat. “Daar is die uitbeelding van die held wat sy damsel in distress moet red van die gruwelikhede van die wêreld. Hul intense, emosiebelaaide liefde-haat-verhouding sorg plek-plek vir passievolle oomblikke, soos op bl 433, maar dreig ook om uitgerek en vervelig te raak. Net so is daar ook baie elemente wat getuig van ’n meer ernstige aanslag in Adriaanse se werk en wat verdien om genoem te word. Die eerste hiervan is ’n deurlopende vrouetema, wat veral na vore kom in die tradisionele dans wat die vroue uitvoer (263). Ester voel ’n magiese aangetrokkenheid tot hierdie ritueel en vir die eerste keer sedert haar ouers se dood, voel sy dat sy weer êrens behoort.

“Die verhaal speel ook af teen die breër agtergrond van die bewarings- en ekologiese vraagstuk en dit sorg vir ’n interessante en relevante aanslag tot die storielyn deur die klem wat dit op aktuele sake, soos natuurbewaring en misdaad plaas. Nog ’n belangrike gegewe in die boek is die simboliese waarde wat daar deurgaans aan voëls geheg word. Hierdie tema maak die deur oop vir verdere interessante interpretasies van die verhaal deur die lesers.

Die boek van Ester sou nie afgerond gewees het sonder sy Bybelse intertekste nie. Verrassend genoeg is daar geen sprake van die Bybelse Ester-figuur in enige van hulle nie, maar tog slaag hulle in hul doel. Ook die paar filosofiese invoegings, veral dié deur die karakters Samuel en Robert en Ira, gee inhoudelike struktuur aan die verhaal.

“Al hierdie elemente val mooi in plek in die konteks van die verhaal en dit lyk of Adriaanse met dié verhaal weer haar slag gewys het met die pen. Dit bly egter ’n liefdesroman en ongeag die (bogenoemde) ernstiger aspekte rondom die boek moet lesers van ernstige leesstof en fiksie nie veel meer verwag nie. Dit gesê, voel ek is Die boek van Ester sy plek werd op vanjaar se The List van Exclusive Books, juis omdat dit, soos Adriaanse se ander werke, 512 bladsye van pure vakansieleesgenot bied vir die hopeless romantics onder ons.”

Die boek van Ester is in 2009 aangewys as die wenner van die ATKV-prys vir Liefdesromans.

Op haar webwerf vertel Wilna dat sy besonder baie navorsing moes doen voordat sy Die boek van Ester kon skryf. Hoewel hulle wel ’n tyd lank in die Laeveld gebly het, moes sy weer teruggaan om die gevoel van die plek terug te kry. Sy was by ’n rehabilitasiesentrum vir olifante en tydens die tydjie daar het daar jong olifante aangekom. Sy het ook op ’n olifant gery en ’n helikopterrit oor die Laeveld beleef. “Gedurende ’n besoek aan ’n wildernisgebied het ek baie ure met die gidse deurgebring en baie by hulle geleer. Aan die einde van die boek is daar ’n lang lys persone wat bedank word en dit is omdat hulle almal werklik meegehelp het dat ek die storie kan skryf.”

Wilna het haar in 2009 ingeskryf vir haar MA-graad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad onder leiding van Etienne van Heerden.

In 2010 publiseer Tafelberg Wilna se volgende roman, Vier seisoene kind. Die hoofkarakter in hierdie roman is Cato, wat ook in Met ander woorde voorgekom het. Die flapteks vertel die storie: "Die woord weduwee is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee Cato haar met moeite vereenselwig. Maar hier waar sy in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar Kristina en Ben nog is. En Marcus en Helen net om die draai in Kaapstad woon. Haar ondersteuningsnetwerk. Of dit so ’n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het sy die Cato wat sy geken het, verloor. En in haar plek ’n bang vreemdeling gevind."

Wilna het vertel hoe Cato een nag met ’n bottel sjampanje voor haar bed verskyn het en gesê het dat Wilna háár storie moet vertel, en dit was die ontstaan van Vier seisoene kind.

Op LitNet skryf Elbie Adendorff as volg oor Vier seisoene kind: "Die tema van die boek is nie net die sprokieselement van die liefde nie, al spot Cato self met die tema: 'Dit is al daardie verdomde sprokies wat ’n mens hoor as jy klein is' en 'And we all lived happily ever after, saam met Kersvader, die Paashaas en die tandmuis.' Die boek gaan oor die vraag: Wat as mens se lewe anders uitdraai as wat dit veronderstel is om uit te draai? Met ander woorde as jou 'to do'-lysie nie meer lyk soos dit moet lyk nie, soos Adriaanse dit self in ’n onderhoud verwoord het. Vier seisoene kind gaan oor die wendinge wat in ’n mens se lewe voorkom en hoe jy op ander paaie gestuur word as waarvoor jy beplan het.

"Die boek verwoord natuurlik ook die tema van verlies en die hantering van verlies, soos deur Cato verwoord op p 318: 'Dit is so maklik vir julle almal om kommentaar te lewer. Cato is te maer, Cato huil te veel, Cato huil te min, Cato moet eet, Cato moet slaap, Cato moet treur, Cato moet minder treur. Gaan aan. Rou eers. Was een van julle al hier?' Saam met verlies, is die implikasie van ’n nuwe begin: Cato begin nuut op Stellenbosch, sy koop ’n nuwe besigheid, sy raak swanger, daar is die totsiens sê van die ou jaar en die groet van die nuwe jaar, en daar is die nuwe begin saam met Jacob.

"Hierdie temas is almal temas waarmee elke leser kan identifiseer: Hoe hanteer elkeen van ons verlies, hoe hanteer ons die wendinge wat op ons pad kom en hoe hanteer ons nuwe beginne. Dit is wat die boek bo die tipiese liefdesverhaal laat uitstyg – die ingewikkelde storielyn, die kompleksiteite van die karakters, die bevraagtekening van die liefde.

"Daar is verder ook die ander kleiner temas, soos vriendskappe en die waarde daarvan, die verhoudinge met ouers en skoonouers, die aanpassing in ’n nuwe dorp, enkelouer-tiener-verhouding. (...)

"Die verhaal van Cato is chick lit en dit is ’n lekker boek om oor ’n naweek te lees. Dit lees nie moeilik nie, en dit wil en moet dalk juis nie, want dit is populêre fiksie. Tog laat dit die leser nadink oor universele kwessies. Ek sal lesers aanmoedig om die boek te lees, veral dié wat die drie karakters Cato, Helen en Kristina reeds uit die vorige boek leer ken het. Ook die leser wat iets meer uit romantiese fiksie wil kry as die gewone 'Mills en Boon'-stories."

In Rapport van 3 Desember 2012 skryf Ilze Salzwedel: "In dié boek is van ’n gehyg geen sprake nie. Geleef en oorleef en geworstel met kwessies eie aan ons moderne lewe, ja, maar nie ’n gehyg en gewag op ’n ridder nie. Alles, van haar man se dood tot ’n onbeplande swangerskap, ’n eie onderneming, ’n nuwe land en nuwe en ou vriende, maak van Cato ’n vlees-en-bloed karakter wat struikelblokke uit die weg ruim en haar eie lewe bepaal. En dié leser leef mee, volg Cato se spoor tot daar waar sy haar eie mens is.

"Adriaanse mag maar skryf. As jy dit nog nie gelees het nie, gaan kry dadelik jou eksemplaar van Vier seisoene kind. Dis elke sent werd, en vir dié leser was die leesgenot veels te gou verby."

Ook in Rapport van 3 Desember 2010 is Jaybee Roux die volgende mening oor Vier seisoene kind toegedaan: "Die hantering van die deurlopende tema – die 'vier seisoene van rou' wat iemand ná die dood van ’n geliefde moet deurleef – bied beswaarlik opwindende leesstof. Dit sou goed kon werk as ’n leitmotief om alles wat in die boek gebeur, saam te bind. Maar die probleem is juis: daar gebéúr nie veel in dié roman nie. Die dilemma waarmee die heldin uitgedaag word wanneer sy besef haar man het haar méér as herinneringe ­nagelaat, word onderbenut. Dit kon ’n uitstekende katalisator gewees het om woema aan die verhaal te gee, maar dié aspek van Vier seisoene kind word met amperse gelatenheid gehanteer.

"Die uitdagings wat ’n teater­restaurant bied, bring ook nie juis opwinding nie, in elk geval nie wanneer dit deur Wilna Adriaanse beskryf word nie. Die liefdeselement is maar flou. Daar is min konflik tussen die heldin en die man met wie sy bestem is om haar toekoms te deel; daar is ook nie regtig sprake van struikelblokke wat oorkom moet word voordat hulle mekaar uiteindelik 'vind' nie.

"Die yl intrige word deur te veel en te lang gesprekke aanmekaargeflans (bladsy 7 tot 480). Wanneer daar in Vier seisoene kind gevloek word, kom dit meesal 'uit plek' voor en voel dit vir die leser asof hy/sy – met apologie aan Langenhoven – kou aan ’n mond vol koringkorrels waarin klippies versteek is.

"Hoekom is die boek dan so gewild? Die heldin is 'doodgewoon'; juis daarom kan soveel lesers hulle met haar vereenselwig. Die skrywer wéét hoe moderne vroue werkkrisisse, huweliksprobleme, vriendskappe ensovoorts ervaar. Baie genrelesers hóú van ’n ­dralende pas en weemoedige ­ondertoon: ’n roman is nie ’n aksiefliek nie. Die lesers voel Cato se verlatenheid en eensaamheid soms tot in die siel aan. Die grootste faktor bly egter die skrywer se vermoë om ’n heldin oortuigend en met warmte en deernis te skets. Dis al. En dis al wat tel."

Dit is vir Wilna baie belangrik om sterk heldinne te skep. “In die verlede wou die heldin gered word. Vandag doen sý die reddingswerk,” vertel sy aan Mariana Malan in Die Burger van 12 Januarie 2005). “Tog het elkeen die behoefte om eendag iemand te ontmoet wat haar volledig aanvul.”

Vir Wlna is een van die geheime van die liefdesverhaal dat die leser in die vel van die heldin kan klim. "Die verhaal word dus vanuit haar perspektief geskryf. Lesers sien nie werklik die ander karakters se kant van die saak nie en hulle het ook nie ’n vertellerstem nodig nie. Daar is gewoonlik nie ’n geheim in die slot opgesluit nie. Almal weet die held en heldin gaan op die ou end bymekaar uitkom. Die spanning lê in hóé dit gebeur.”

Wilna het gou geleer dat daar baie in liefdesverhale is waarmee mense kan identifiseer. “Mense meen dikwels hulle moet deur groot waarhede aangespreek word. Ek het al agtergekom dat dit die klein dingetjies is waaruit mense leer.

"Ek gaan soek nie na stories nie. Stories kry my en my familielede kom uit die Noordweste en is almal storiemense. My boeke wat ek skryf, is vir my soos familielede."

Wilna is ’n romantikus in murg en been en dit is hoekom haar stories so maklik na haar toe kom. “Nie noodwendig die soort wat kersligetes en stadige tango’s veronderstel nie, hoor,” vertel sy aan Sarenda Eloff-Vorster (Rooi Rose, Februarie 2003). “As ons na ou flieks kyk en ek die klassieke boeke lees, lyk dit of romanse in ons moderne samelewing uitgesterf het. Waar in hierdie supersoniese lewe kry ons nog tyd vir roosblaarbaddens en passievolle nagte saam? Vir handgeskrewe briewe op geblomde skryfpapier wat na katjiepiering ruik?

“Nee, dié is yl gesaai, maar in die plek daarvan het ’n nuwe soort romanse ontstaan. Of dit beter of slegter as die ou soort is? Wie sal weet? Ons kan net probeer om soos met baie ander dinge ook hierdie nuwe vaardigheid aan te leer, want ons behoefte aan liefde, koestering en aanvaarding bly dieselfde.”

Toe Wilna se man, Deon, in 2002 in Lagos, Nigerië gewerk het, moes hulle ander planne bewerkstellig om die romanse in hulle huwelik lewend te hou: “Vir my het romanse met kopspeletjies te doen. Soos ’n vinnige sin wat meer bedoel as wat die woorde sê, begrip vir mekaar en intellektuele stimulering. Dis soos ’n hartskonneksie.”

Mense nooi Wilna dikwels om van mooi en interessante plekke by hulle gebruik te maak om te skryf en sommige van hierdie plekke kan selfs as eksoties bestempel word, maar sy het geleer wanneer sy begin skryf, moet sy agter haar eie lessenaar sit met haar bekende kennisgewingbord vol notas en foto’s langs haar, vertel sy op haar webwerf: “My aantekeningboeke en notaboeke langs my en my yskas naby waar ek my na liggaam en siel kan gaan verkwik wanneer die karakters my laat kopkrap. (...) Alles is egter moontlik en toe my man vir ’n jaar in Nigerië gewerk het, was ek verplig om te skryf waar ek ook al gekom het. Op lughawens, in vliegtuie, in hotelkamers. So ’n bestaan bied weer sy eie uitdagings en plesiere.

"Dit is vir my belangrik om voor ’n boek so wyd as moontlik te gaan rondloop sodat die storie kans kry om te groei en ek die geleentheid het om dinge soos beelde, reuke, klanke, gesigte en dies meer in my geheue te versamel. Al daardie inligting en herinneringe word egter op ’n dag, soos kersvader se sak geskenke, terug na my studeerkamer gesleep om deel van die storie se doek te word.”

Oor twee boeke wat mekaar opvolg, het Wilna gevoel dat sy nooit ’n opvolg op een van haar boeke sou skryf nie, "omdat ek glo dit kan die eerste boek potensieel skade aandoen as dit nie ’n storie is wat op sy eie bene kan staan nie. Ek voel steeds so, maar met die volgende boek gaan ek tog terug na vorige karakters, nie soseer as ’n opvolg nie, maar om die verhaal van een van die ander karakters te vertel. So, wie weet, eendag loop ek dalk terug op van die ander boeke se paaie ook.”

In 2012 word Wilna se volgende roman, die produk van haar meestersgraad in kreatiewe skryfwerk aan die Universiteit van Kaapstad, onder die titel ’n Klein lewe uitgegee. Dit is met die eerste oogopslag duidelik dat hierdie roman op Wilna Adriaanse se eie lewe gebaseer is, maar dit is tog nie outobiografies soos ons outobiografiese romans ken nie.

In Tydskrif vir Letterkunde van 2013 is Lezandra Theart die resensent en sy skryf dat die boek ingewikkelde vrae vra en naspoor wat die hoofkarakter elke dag ervaar het gedurende haar grootwordjare in die 1950's in Suid-Afrika, "asook hoe die hoofkarakter as ’n ouer probeer om haar kinders te beskerm teen al die hartseer en seerkry wat sy self reeds ontdek het. Die titel van die boek suggereer dat die verhaal handel oor iemand wat nie ’n bekende figuur is nie, maar eerder ’n doodgewone vrou wat van kleintyd af met vrae worstel waarmee verskeie mense kan assosieer. ’n Klein lewe is egter alles behalwe klein aangesien die teks met ’n groot gehoor kan kommunikeer op grond van die verskeidenheid onderwerpe wat Adriaanse aanraak. Adriaanse noem verder talle gebeurtenisse wat aan die Suid-Afrikaanse leser bekend sal wees soos die dood van dr Verwoerd, die politieke onrus in die townships tydens die 1970’s en 1980’s, PW Botha se Rubicon-toespraak, seuns wat grens toe moet gaan en selfs later die dood van Eugène Terre’Blanche. Vir die hoofkarakter is dit asof al hierdie, en nog vele ander gebeure wat ook in die boek oorvertel word, haar identiteit en die mense om haar se identiteit vorm. (...)

"Myns insiens is die konsep van identiteit die belangrikste aspek van die roman. Vrae oor identiteit word herhaaldelik in die boek geopper. Ek vind ook Adriaanse se fokus op ontworteling interessant aangesien dit direk met identiteit verband hou. Soos reeds genoem, het die hoofkarakter reeds van ’n jong ouderdom met die idee kennis gemaak dat identiteit en velkleur dikwels verstrengel word. (...)

"Die boek kan daarom gesien word as ’n persoonlike reis vir die hoofkarakter waarin sy probeer om deur middel van haar eie storie haar teenwoordigheid in Suid-Afrika te verklaar. ’n Tweede belangrike aspek van die boek is die konsep van 'tuis wees' in ’n bepaalde plek. Die hoofkarakter ervaar baie ontworteling soos sy in haar kleintyd en later saam met haar man van dorp tot dorp trek. Hierdie konstante beweging ontwrig ook haar sin van identiteit omdat sy haarself elke keer weer aan nuwe mense in ’n nuwe omgewing moet bekend stel terwyl ’n gedeelte van haarself agterbly in die vorige dorp, en sy elke keer nuwe idees en ervarings van die vorige dorp na die volgende dorp saamdra. Dit is juis waarom die illustrasie van die voëltjie op die voorblad van die boek gepas is – die hoofkarakter ervaar haar lewe as een waar sy van nes tot nes vlieg, maar nooit te lank bly nie en elke keer wanneer sy aanbeweeg, bly daar altyd takkies agter, selfs al word die nes afgebreek. (...)

"Uiteindelik besef die hoofkarakter dat dit juis al die ervarings en ontwrigting in haar lewe is wat haar identiteit gevorm het en dat ’n mens nie anders kan as om vorentoe te beweeg nie. ’n Klein lewe is ’n maklike boek om mee te assosieer aangesien die onderwerpe so wyd is en daarom toelaat dat verskillende lesers verskillende gedeeltes van die verhaal kan eien. Adriaanse demonstreer ook deur die boek haar veelsydigheid as skrywer aangesien die boek afwyk van haar gewone skryfstyl wat in die liefdesverhaalgenre inpas. In my opinie is ’n Klein lewe nie ’n groot letterkundige werk nie, maar eerder ’n eenvoudige illustrasie van die vrese en vrae waarmee talle wit mense in Suid-Afrika worstel. En juis om hierdie rede is die boek van belang."

Vir Saartjie Botha in Beeld van 23 Julie 2012 is dit nie net ’n roman nie, maar kan dit ook gesien word as ’n "kultuurhistoriese dokument" wat ’n prentjie skets van ’n wit Afrikaanse gesin en hulle wêreld in die laaste helfte van die 20ste eeu. "Die motivering vir ’n Klein lewe en die herbesoek van ’n lewensroete word vroeg in die roman uitgespel: ’n hoofkarakter wat sin wil vind in haar teenwoordigheid in Suid-Afrika vandag, sodat haar kinders en hul tydgenote hul lotsbestemming beter verstaan. Sodat hulle motivering het om te bly, en nie deel word van die 'expat'-generasie uit onkunde nie.

"Die roman is ondanks die politieke ondertone ’n reis na begrip, nie na konfrontasie nie. Dis ’n persoonlike belewenis en belydenis wat niks meer as dit probeer wees nie. Die geldigheid van elke individu se ervaring is ononderhandelbaar.

"Adriaanse bied die ervaring in ’n beskeie stemtoon aan, baie bewus van ander se ervaring wat nooit gehoor sal word nie, en uiteraard met hare sal verskil. Haar skryfstyl is vlot en toeganklik, met hier en daar dialoog wat effens geforseerd voorkom. ’n Klein lewe is sterk aan te beveel vir almal wat bemoeienis het met herkoms, ook vir dié wat besef dat daar ’n veelheid van stemme nodig is om sin te maak van die land waarin ons leef."

Met haar volgende roman, Dubbelspel, begewe Wilna haar op ’n heeltemal nuwe terrein, naamlik dié van die misdaadroman. Sy vertel aan Phyllis Green (Sarie, 13 Junie 2014) dat sy nie hierdie sprong beplan het nie; trouens, sy was self effe verbaas. "Maar na 14 jaar van stories maak, vind ek dat stories universele eienskappe het. Selfs die romantiese genre het ook ’n spanningselement. En spanningsverhale het dikwels ook ’n romantiese draad. Die klem verskil dalk net. Op die ou end was die sprong toe nie so groot soos ’n mens sou verwag nie."

In Dubbelspel is die hoofkarakter Ellie McKenna. Wilna het een aand na ’n musiekuitvoering in ’n kerk geluister "en terwyl ek op ’n stadium ietwat verveeld rondkyk, het ek in my verbeelding ’n jong vrou sien orrel speel. Die volgende oomblik het twee mans agter in die kerk ingeloop en sy het dadelik geweet hulle soek haar. En ek was nuuskierig ..."

Ellie McKenna is in die polisie, maar haar hele wêreld word omgekeer wanneer haar polisieman-pa by ’n padblokkade doodgeskiet word. Sy wil met alle geweld help met die ondersoek na sy dood, maar mag nie. Ook beleef die land ’n aanslag van boewe – van die Chinese triades tot die Russiese mafia en die plaaslike dwelmbase. Die eenheid vir ernstige misdade waar Ellie werk, is betrokke by die ondersoeke.

Ellie se vriend, Albert Greyling, is ook ’n polisieman en hy ondersoek die Kaapse dwelmbase en wil vir Ellie in sy klandestiene ondersoek gebruik, wat sal beteken dat sy moet bedank. Op hierdie manier raak sy betrokke by mense wat almal op een of ander manier met skelmstukke besig is. Sy ontmoet ook vir Nick Malherbe, hoof van een van die skelmfamilies se sekuriteit.

Wilna moes baie navorsing doen vir Dubbelspel, want sy het nie veel kennis gehad van die wêreld waarin sy haar boek wou plaas nie. Sy vertel aan Phyllis Green: "Maar ek het wonderlike mense raakgeloop wat bereid was om met my hulle ervaring en kennis te deel. Dit is een van die lekkerste byvoordele van skryf – die interessante mense wat ’n mens so deur die navorsing ontmoet.

"Wat ook interessant is, is hoe die werklikheid dikwels die verhaal waarmee ek besig is naloop. Miskien is ek net baie meer oplettend, maar gedurende die skryf van die storie het daar ’n hele paar dinge in die nuus gebeur wat baie mooi by die storie ingepas het. En het ek ook toevallig in gesprekke beland waar ek waardevolle inligting gekry het."

In Die Burger van 3 Mei 2014 vertel Wilna verder oor die mense met wie sy gepraat het om inligting vir Dubbelspel te kry: "Ek moes wyd praat, maar meestal met mense wat ek nie kan noem nie. Maar dis ook interessant hoe ’n storie momentum kry. ’n Toevallige gesprek met ’n joernalis. ’n Onverwante vraag aan ’n speurder. Laataand in Seepunt se strate. Iemand wat eerstehandse kennis het van geldwassery.

"Kenners op die gebied van die veiligheidsbedryf. Koerantberigte wat stories wat aanvanklik vergesog geklink het, bevestig. Dit was asof almal net op die regte tyd hul verskyning gemaak het.

"Terwyl ek besig was om die boek te skryf, sit ek per geleentheid in ’n vliegtuig langs ’n oudpolisieman wat nou seerowers jag in die Indiese Oseaan tussen die kus van Oos-Afrika en Asië. Toe hy my vertel wat hy doen, raak ek aan die lag. Want wat was die kans dat ek juis toe langs hom sou beland?!"

Elbie Adendorff skryf op LitNet dat hoewel Wilna in Dubbelspel wegbeweeg het van die romantiese verhale, is die karakterisering, die verhoudings en storielyne nog net so ingewikkeld soos haar vroeëre werke. Vir haar is Dubbelspel ’n "lekkerlees-spanningsverhaal met ’n goeie storielyn en interessante karakters. Dit boei die leser van die begin af en bied ’n blik op ’n wêreld waarvan min lesers sekerlik sal weet. Die ingewikkelde verhoudingspel en intriges maak dit ’n boek wat nie maklik neergesit kan word nie en daarom beslis aanbeveel word om te lees."

In Die Laevelder skryf Liezel Lüneburg dat die einde van Dubbelspel haar met ’n skok getref het en vir die eerste keer in ’n lang tyd wou sy nie ophou lees nie: "Dubbelspel is ’n gepaste titel. Bykans al die karakters in die boek speel ’n dubbelspel en lei in verskillende grade ’n dubbele lewe. Elkeen kies waar, wanneer en tot watter mate hy of sy die spel bekend wil maak – indien enigsins. Die reëls verander deurentyd en die leser moet kophou om die slim, dikwels versteekte nuanses en storielyne te volg. Die storie lewer keer op keer aangename én onaangename verrassings op en laat die leser vinnig onder die indruk kom dat niémand en niks te vertrou is nie.

"Wilna Adriaanse is eintlik bekend vir boeke met ‘n romantiese storielyn. In Dubbelspel spring sy na ’n spanningsverhaal en bewys haarself as ’n uitmuntende skrywer wat (...) enige genre met sukses sal kan aanpak. Tog het Dubbelspel ook ’n opwindend-romantiese lyn en ek kan nie wag om te sien waarheen hierdie lyn in Eindspel beweeg nie.

"Afrikaners hoef nie meer nét Amerikaanse, Engelse en Skandinawiese spanningsverhale te lees nie. Daar is menige spanningsverhaal wat in Suid-Afrika afspeel en oorspronklik in Afrikaans geskryf is. Ek geniet hierdie boeke omdat die omgewing en agtergrond dikwels bekend is. Ek ken die plekke waar die tonele afspeel. Verder is die taalgebruik en woordkeuse ook bekend. Dalk omdat dit oorspronklik in mý taal geskryf is en nie in Afrikaans vertaal is nie. Wilna Adriaanse het dit reggekry om die boek só te skryf dat ek in ’n sekere mate met die gesprekke en mense kan assosieer. Die karakters tree op en praat soos wat ek verwag het hulle moet. Ek lees verskillende genres, maar spanningsverhale tel onder my gunstelinge. Van die menige Afrikaanse spanningsverhale wat deesdae op die rakke beskikbaar is, tel Dubbelspel nou onder my witbroodjies. Dit is definitief oor en oor die lees werd!"

In Beeld (10 Mei 2014) is Ilza Roggeband dit min of meer eens met die ander resensente. "Dubbelspel lees teen ’n stewige pas en die spanningsdraad is styfgespan. Hierdie is nie ’n boek met ’n einde nie. Reeds voor in die boek word die leser gewaarsku dat dit die eerste deel van ’n tweeluik is. Dubbelspel is egter ’n heerlike voorgereg en te oordeel aan die kort uittreksel uit die opvolg, Eindspel, wat agterin Dubbelspel geplaas is, beloof die tweede gereg om net so ’n goeie leeservaring te wees. Ellie en Nick se storie is beslis nog nie klaar vertel nie."

Wilna vertel aan Rachelle Greeff (Rapport, 11 Junie 2014) dat sy nie aanvanklik ’n tweeluik beplan het nie. "Die storie wat ek aanvanklik begin skryf het, gaan nou die tweede boek word. Terwyl ek daarmee besig was, het ek besef Ellie het ’n stuk geskiedenis wat eers vertel moet word, anders gaan ek te veel terugflitse moet gebruik. Ek is seker ek gaan vorentoe nog wil weghardloop, maar dit sal nie ’n nuwe gevoel wees nie. Ek ervaar dit met elke boek.” 

Dubbelspel is op die kortlys vir 2015 se ATKV-Woordveertjieprys vir spanningslektuur.

Oor die vordering met Eindspel vertel Adriaanse aan Greeff: "Omdat ek reeds ’n ent weg was met Eindspel voordat ek Dubbelspel begin het, het ek darem nie met ’n wit bladsy begin nie en is daar al heelwat storiemateriaal wat lê en wag om verwerk te word. Ek is kliphard daarmee besig, maar die lesers moet Ellie darem ook ’n bietjie mis voordat sy weer haar opwagting maak." 

In 2017 verskyn die langverwagte vervolg op Dubbelspel onder die titel Eindspel en dit beteken dan ook die einde van Ellie, die polisievrou, se verhaal. Eindspel is in 2018 bekroon met die Graffiti Boeke/Lekkerlees Boekrakprys.

Die roman begin met Ellie wat op die platteland bly en ’n heel gemaklike en lekker lewe voer. Sy is die plaaslike orrelis en sy en die dominee hou baie van mekaar. Maar soos dit moet gebeur, is die vredige bestaan nie van lange duur nie. Een Sondag sien sy in die truspieëltjie van die orrel twee mans met donkerbrille die kerk instap, en instinktief weet sy dat hulle op soek is na haar.

Sy gaan terug stad toe en daar moet sy hoor dat ’n vriendin en haar minnaar ontvoer is. Saam met haar oudkollegas in die polisie, en veral saam met kolonel Nick Malherbe, begin sy ’n soektog na die twee.

"Soos een van die karakters waarneem, is hierdie soektog soos ’n legkaart waar stukkie vir stukkie ingepas word," het Cas van Rensburg in Volksblad (3 April 2017) geskryf. "Die eienaardige ding is dat ’n mens geen oomblik verveeld raak nie. Terwyl niks asemrowends gebeur nie, word die spanning volgehou. In aansluiting hierby is die manier waarop die gebeure in Dubbelspel hanteer word. ’n Mens sou verwag dat lesers wat dit nie gelees het nie, iewers in die boek ’n aanduiding sou kry van wat vooraf gebeur het. Adriaanse is meer subtiel. Hier en daar is daar ’n skuins verwysing; ’n legkaart binne ’n legkaart. Soos gesê: Slim.

"Kennismaking met die karakters is nogal verkwikkend. Adriaanse het ’n slag met die inklee van verskillende mense. Dis opmerklik hoe sy karakters deur hul taalgebruik definieer. (...) ’n Karakter soos Ellie word amper ’n huisvriend. Sy is hardegat, befoeterd, weerloos en het ’n diepe hartseer wat soos ’n sluier oor haar hang. (...)

"Tussen haar en Malherbe is daar ’n vertrouensbreuk en hulle sit gereeld vas. Die leser kan egter amper die diepliggende aangetrokkenheid tot mekaar ruik. (...) Nader aan die einde draai Adriaanse de vlam op. Mense word geskiet, die verdwene minnaar opgespoor en die ontvoerde meisie gekry. In hierdie gedeelte loop die spanning hoog, en hou ’n mens regtig asem op.

"Die beskrywing van die gebeure is ontstellend realisties, maar die leser word beloon met ’n ontknoping wat ’n verrassing in die oortreffende trap is. ’n Mens kan die boek net hiervoor lees."

Ook Elbie Adendorff is op LitNet baie positief oor Eindspel: "Tipies Adriaanse is die ingewikkelde storielyn en dat die karakters nie eensydig en stereotipies uitgebeeld word nie. Dit lees nie moeilik nie, maar tog is die storielyn nie eenvoudig en maklik nie. Spanning word deurgaans opgebou en die onsekerheid rondom Clara se ontvoering en Enzio se verdwyning hou die spanningslyn hoog. In hierdie storielyn word skerp kritiese kommentaar oor hedendaagse Suid-Afrika gelewer. Dit laat die leser nadink oor die probleme in ons land – veral wat misdaad betref. Die karakters in Eindspel is deurleefde karakters wat getrou uitgebeeld word. Al is die misdaadwêreld nie een waarmee almal sal kan identifiseer nie, is die karakters in daardie ruimte en die polisieruimte lewensgetrou.

"Die verhaal van Ellie is ’n lekker verhaal om oor ’n naweek te lees. Ja, daar is die voorspelbare gelukkige einde, maar die heldin, Ellie, is sterk, denkend en onafhanklik, net soos Nick ook sterk en onafhanklik is. Ellie is aan die begin van die roman stukkend: emosioneel en fisiek: 'En in die plek daarvan rooi, opgehewe hale, soos merke op ’n snybord. En een lang letsel van haar bors tot by haar naeltjie.' Aan die einde van die roman is sy heel: 'Dis soos hoop voel, besluit sy êrens in die nag. Hoop op iets normaals. Sy wil nie dink dat sy dit vir iemand laat doen het nie. Dit moet haar geskenk aan haarself wees. Hierdie behoort net aan haarself.' Maar Ellie en Nick is feilbaar en moes eers op hulle eie introspeksie gaan hou voordat die eindspel tussen hulle kan begin."

Jonathan Amid is die resensent van Eindspel in Rapport van 12 Maart 2017: "Adriaanse lewer besliste maatskaplik-politieke kommentaar op die aard en klimaat van misdadigheid in Suid-Afrika, asook die soort rolspelers wat die meeste by georganiseerde misdaad baat vind. Veral prysenswaardig is die insiggewende blik op die lewens van dié wat opgesaal is met die taak om van ons land ’n veiliger plek te maak.

"Die twee karakters wat die grootste impak maak met die lees van Eindspel, en die sentrale verhouding wat die sterkste ontgin word, is dié van Ellie en Nick. (...) Sowel Ellie as Nick is besonder goeie verkleurmannetjies, gebroke randfigure wat veg vir reg en geregtigheid en vergelding in ’n milieu waar dit al hoe moeiliker raak om die goeie van die bose te onderskei.

"Eindspel se grootste oomblikke (en daar is heelwat) is geskoei op Adriaanse se bereidwilligheid om minder op die plot en polisie-prosedure, en meer op karakterontwikkeling en handeling te fokus. Adriaanse se ervaring as liefdesverhaalskrywer is nuttig in die vorm van die teer, onvoorspelbare, humoristiese en uiteindelik bevredigende verhouding tussen die geregsdienaars."

Amid sluit sy bespreking as volg af: "Deur ’n onsentimentele, volwasse liefdesverhouding eerder as gewelddadige aksie en oordrewe strewe na spanning Eindspel se spilpunt te maak, bou Adriaanse ’n herkenbare dog steeds innemende wêreld waar die verhaal organies voortstu. Lesers sal hulle kan verkneukel in ’n vertelling wat dadelik vra na ’n herlees: Adriaanse-aanhangers kry waarde vir geld."

Oor watter boeke met haar kop kan smokkel, vertel Wilna aan Beeld (2 Julie 2012): "Sedert my vroegste kinderjare word ek deur stories bekoor en van my kosbaarste herinneringe het met stories en boeke te doen. Om een skrywer of boek uit te sonder is egter onmoontlik. Elke boek word teen ’n spesifieke agtergrond gelees.

"Sommige boeke verloor met ’n herlees daardie eerste betowering, terwyl ander jou keer op keer verlei. As ek net drie kan uitsonder, al drie boeke wat ek in die afgelope twee jaar gelees het, sal dit wees Die sneeuslaper deur Marlene van Niekerk, The ­Elegance of the Hedgehog deur Muriel Barbery en Death in Venice deur Thomas Mann.

"Ek het aanvanklik gesukkel om al drie te lees, want dit was nie stories wat dadelik tot my gespreek het nie, maar op ’n dag was ek binne die verhale vasgeknoop en kon ek nie anders as om dit enduit te lees nie.

"Om te besluit wat my in elke boek vasgevang het, is soos om kwik te probeer vasknyp. Een of twee gedagtes wat my ná die lees daarvan bygebly het, is die volgende: In Die sneeuslaper word verwys na die lewerikspieël wat vanaf die vroegste tye gebruik is om voëls na nette of skutters te lok. Vir my is die skrywer se ekonomiese woordgebruik en ryk beelde die spieël wat my begogel het. En die manier waarop sy die stories vervleg totdat jy nie meer weet wat jy glo en of jy moet waag om te glo nie.

"In Elegance of the Hedgehog het dit gevoel of ek ’n baie skaars afloergeleentheid kry. Nie net agter die deur van Renée, die concierge nie, maar ook al die ander karakters wat haar wêreld deel. Sy beskryf karakters wat jou lank bybly. Wat jou op ’n dag baie subtiel met jou eie vooroordele en vooropgestelde gedagtes konfronteer.

"Ek kon my nie vereenselwig met die hoofkarakter in Death in Venice nie en tog het ek êrens in die boek ’n emosie herken, of eintlik meer aan eie lyf gevoel. Dit was soos om omgeboul te word wanneer jy dit nie verwag nie.

"Soos ek genoem het, is dit moeilik om stories soos hierdie binne ’n paar woorde te beskryf. Dit is boeke wat gelees en herlees moet word. Daar is min dinge so lekker soos ’n naelbyt-spanningsverhaal, ’n goed geskryfde liefdesverhaal of ’n tong in die kies komedie. Maar daar is ook ’n byna pynlike lekkerkry in die lees van ’n boek wat so met my kop smokkel."

Publikasies:

As Wilna Adriaanse

Publikasie

’n Ongewone belegging

Publikasiedatum

  • 2001
  • 2003 (Grootdruk)

ISBN

  • 0624040623 (sb)
  • 1415000158 (hb)

Uitgewers

  • Kaapstad: Jasmyn
  • Parklands: Jacklin

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Alleenvlug

Publikasiedatum

  • 2002
  • 2005 (Grootdruk)

ISBN

  • 0624041743 (sb)
  • 141500319X (hb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Die reuk van verlange

Publikasiedatum

2003

ISBN

0624041212 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Serenade vir ’n nagtegaal

Publikasiedatum

2004

ISBN

0624042413 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Rebecca

Publikasiedatum

  • 2004
  • 2005
  • 2009

ISBN

  • 0624042510 (sb)
  • 9780624048206 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Hande wat heelmaak

Publikasiedatum

2005

ISBN

0624043142 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Hartklop

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Met ander woorde

Publikasiedatum

2006

ISBN

0624044556 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Die boek van Ester

Publikasiedatum

2008

ISBN

9780624046837 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

ATKV-prys vir Beste Liefdesroman 2009

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Omnibus 1: ’n Ongewone belegging; Alleenvlug; Die reuk van verlange

Publikasiedatum

2009

ISBN

9780624048053 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Jasmyn

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Vier seisoene kind

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624048671 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

ATKV-Woordveertjie vir liefdesromans 2011

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Omnibus 2: ’n Heildronk op die liefde; Serenade vir ’n nagtegaal; Hande wat heelmaak

Publikasiedatum

2010

ISBN

9780624049302 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Omnibus 3: Die wingerd sal weer bot; Liefde is ’n kleur; Brug van woorde

Publikasiedatum

2011

ISBN

9780624053859

Uitgewers

 

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

’n Klein lewe

Publikasiedatum

2012

ISBN

9780624054672 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Dubbelspel

Publikasiedatum

2014

ISBN

9780624068037 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Tafelberg

Literêre vorm

Misdaadroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Eindspel

Publikasiedatum

2017

ISBN

9780624075301 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Human & Rousseau

Literêre vorm

Misdaadroman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Engels; Endgame 2019; vertaal deur Elsa Silke

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

As Wilmine Burger

Publikasie

Die wingerd sal weer bot

Publikasiedatum

2000 (Grootdruk)

ISBN

0799327875 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

’n Heildronk op die liefde

Publikasiedatum

2002

ISBN

0799329622 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

LAPA Uitgewers se Liefdesroman-prys 2003

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Publikasie

Brug van woorde

Publikasiedatum

2004

ISBN

0799332526 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 

Publikasie

Liefde is ’n kleur

Publikasiedatum

2004

ISBN

0799332542 (hb)

Uitgewers

Pretoria: LAPA

Literêre vorm

Roman

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

-

 Artikels oor Wilna Adriaanse beskikbaar op die internet

 
Artikels deur Wilna Adriaanse beskikbaar op die internet

Bronne:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

 

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Wilna Adriaanse (1958–) appeared first on LitNet.

ATKV|SA Akademie-pryse 2019: Louise Viljoen word vir LitNet Akademies-artikel bekroon

$
0
0

Die pryswenners van die ATKV ̶ SA Akademieprys 2019 is onlangs toegeken en al die pryswenners het hulle pryse aanvaar.

Al die artikels wat deur redakteurs voorgelê is, was van hoogstaande gehalte. Groot dank vir u aandeel om die beste artikels wat in 2017 in u tydskrif verskyn het, voor te lê vir beoordeling. U word hartlik aanmoedig om voort te gaan en in die toekoms steeds artikels voor te lê.

Die Afrikaanse Taal-en Kultuurvereniging (ATKV) stel 'n jaarlikse prysgeld van R60 000 beskikbaar vir die bekroning van ses gepubliseerde Afrikaanse artikels wat in 'n betrokke jaar in 'n geakkrediteerde tydskrif verskyn het, dus R10 000 per artikel. Vier pryse is bestem vir artikels in die geesteswetenskappe en twee vir artikels in die natuurwetenskappe. Die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hanteer die keuringsproses.

Die pryswenners is soos volg:

Geesteswetenskappe:

JC Sonnekus, Fakulteit Regte, Universiteit van Johannesburg vir die artikel "Aanspreeklikheid vir nadeel weens regmatige owerheidshandelinge – rus die skade maar waar dit val?" wat verskyn het in TSAR 2017.1.

Louise Viljoen, Dept. Afrikaans en Nederlands, Universiteit van Stellenbosch vir die artikel "’n Postkoloniale Umweltkas: die vraag na ’n transnasionale poëtika in Afrikaans aan die hand van Marlene van Niekerk se Kaar" wat verskyn het by LitNet Akademies (GW), Jg 14(3), Desember 2017.

James Alfred Loader, Fakulteit Teologie, University of Vienna, Oostenryk vir sy artikel "Die gestaltes van Philipp Melanchthon se Spreukekommentaar" wat verskyn het in HTS Teologiese Studies/Theological Studies, 2017.

M Burden, Kultuurhistorikus, Universiteitsmuseum, Universiteit van Stellenbosch en Buitengewone Professor, Dept. Geskiedenis en Antieke Kultuur, Noordwes-Universiteit vir haar artikel "Argitektoniese elemente en motiewe in ou-Kaapse meubels" wat verskyn het in die SA Tydskrif vir Kultuurgeskiedenis, Jg 31(2), Des 2017.

Natuurwetenskappe:

Katie S Lennard en mede-outeurs van die Instituut vir Aansteeklike Siektes, Universiteit Kaapstad, die Nasionale Gesondheidslaboratorium en die MIV-navorsingseenheid, Universiteit van die Witwatersrand vir hulle artikel "Hoë voorkomskoers van bakteriële vaginose en Chlamydia in ’n lae-inkomste, hoë-bevolkingsdigtheid gemeenskap in Kaapstad" wat verskyn het in Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jg 36(1), (2017).

Runako M Katsidzira, Mietha M van der Walt, Jacobus J Bergh, Gisella Terre’Blanche van die Departement Farmaseutiese Wetenskappe, Noordwes-Universiteit, Potchefstroom vir hulle artikel "Die adenosien A1 - en A2A-reseptoraffiniteit van ’n reeks 3,4-dihidropirimidoon-analoë" wat verskyn het in Die Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie, Jg 36(1), 2017.

The post ATKV|SA Akademie-pryse 2019: Louise Viljoen word vir <i>LitNet Akademies</i>-artikel bekroon appeared first on LitNet.

Press release: shnit Worldwide Shortfilmfestival is calling for final submissions by 1 June 2019

$
0
0

shnit Worldwide Shortfilmfestival is calling for final submissions by 1 June 2019.

In honour of this milestone, the festival and partners will host a series of legacy screenings and retrospectives in Cape Town and Johannesburg before another world class line up of films hits screens in October. The festival, South Africa’s foremost event of its kind and now in its 10th year, will once again see South African and international shorts screening in and out of competition.

shnit is an exceptional non-profit film event hosted simultaneously on five continents. A veteran host city, Cape Town joined the shnit network in 2010. The festival has since grown to include host cities such as Bern, Buenos Aires, Cairo, Hong Kong, Moscow and San Jose, with a global awards Finale hosted in New York. The International Competition presents total cash prizes of US$ 20,000 over five categories and attracts award-winning filmmakers from around the globe. In addition, each host city presents National Jury and Audience Awards. A South African theatre and film will serve in the position of Jury President in 2019, to be announced in June.

Driven by passion for local cinema, shnit Cape Town has screened over 240 South African shorts, screened to 40,000 audience members in the Mother City and surrounds, and, among other things, hosted hundreds of local filmmakers, facilitated masterclasses and seen multitudes of local filmmakers go on to South African and international film industry success. Globally, shnit has awarded hundreds of thousands of US Dollars in prize money, predicted Oscar-winning and nominated shorts yearly and felt the impact of short film in as many as 30 cities.

A highlight on South Africa's cultural and festival calendar, shnit 2019 takes place October 17 to 28 in venues such as the Alexander Bar and the Labia Theatre, the fests longest running shnit partner that is celebrating its 70th anniversary this year. The official schedule and film line up will be announced in September. 

For South African Filmmakers entry is free into the national competition and all submissions will be automatically entered into all International Competition categories, without the need to pay any fees. 

Entry into The Made in South Africa competition is also free. shnit is once again making a push for African films and for filmmakers to participate. Filmmakers not eligible for the Made in SA or Made in Egypt categories can email africa@entry.shnit.org for info.

Submission criteria dictate that films must have been completed after 1 June 2017, have a running time of 40 minutes (including credits) and, as is customary, there are no restrictions regarding genre, content, language. Entries are through FilmFreeway [filmfreeway.com/shnitworldwideshortfilmfestival].

For all queries please contact capetown@playgrounds.shnit.org

The post Press release: shnit Worldwide Shortfilmfestival is calling for final submissions by 1 June 2019 appeared first on LitNet.

Afrikaans as onderrigtaal

$
0
0

Ek luister nou die dag na ’n debat (Potchkampus) waar ’n DA-, Vryheidsfront-, EFF- en ANC-student by betrokke was. Op ’n stadium sê die EFF en ANC dat hulle niks teen Afrikaans het nie, maar dat Afrikaans ‘must fall’ omdat dié taal dan sou neig om ander studente uit te sluit. Hulle wil hê die onderrigmedium moet Engels wees.

Hulle voer aan dat dit Engels moet wees want van laerskool af is die onderrigtaal vir hulle Engels. Nie een van die twee se huistaal is Engels nie so mens wonder hoekom sluit Engels dan nie studente uit nie. Die antwoord is natuurlik omdat hulle Engels verkies.

So, die wat in Afrikaans onderrig wil word moet daarvan afsien omdat swart studente Engels verkies. Is dit nie bietjie eensydig nie?

Jan Rap

 

The post Afrikaans as onderrigtaal appeared first on LitNet.

'n Absurditeit

$
0
0

Hierdie krieket wêreldbeker nè, skop toe vir ons af met ’n moerse gatslag. Hoe kan jy die bleddie “toss” wen en dan verklaar dat hulle eerste moet ingaan? Hel, wat is eenvoudiger as om eerste te kolf  -  en slegter as om die ander ou in te stuur?  

Man, wen jy die “toss” kolf jy!

Dis mos heel common sense dat enige blad sal verswak namate daarop gekolf word.

Maak nie saak wat nie, dit verbeter mos nie. En dan boonop van ons dun kolflys wat hoeka al vir vier uur of meer in die veld was en nou moet ingaan, te verwag om die ding te doen. Wat ‘n absurditeit om van so iets oortuig te wees.

En gevolglik “choke” hulle toe sommer daar en dan – weer!

Laat my dink aan daardie slag toe die Bokke (rugby) die “toss” wen en die kaptein (Naas?) die eerste helfte wind-af speel. ’n Vernedering was die uiteinde.

Jammer vir julle wat ge-“budget” het vir ’n Krieket-wêreldbekerbraai. Sluk maar die rooietjies nou! In verdriet!

“Don’t they ever learn?”

Raed-na-Gael

 

The post 'n Absurditeit appeared first on LitNet.

Vir Leon Retief oor sy brief van 13 Mei 2019

$
0
0

So wat sê jy nou eintlik – dat, omdat 5nm/l ’n definitiewe afsnypunt is, die styging van 0,5nm/l na 5,1nm/l nie geleidelik is nie? Terloops, ek het 5 arbitrêr gekies, dalk omdat 5 halfpad tussen 0 en 10 is, net om ’n syfer te noem. Toevallig is die afsnypunt toe 5nm/l (watse eenhede dit ook al mag wees). 

Ek het die probleem uitgewys dat dit bykans onmoontlik is om ’n geleidelike oorgang van sê A na B te besluit; wanneer is dit nie meer A nie, maar nou B. As daar, soos in hierdie geval, op 5nm/l besluit is, is dit seker deur een of ander paneel gedoen en die moontlikheid is nie uitgesluit nie dat, sê oor ’n maand of ’n jaar of so, die paneel bymekaar kom en besluit op 4,3nm/l.

So, wat ek sê (oppervlakkig volgens jou) is dat, as Casper ’n vrou is (al die toerusting het vir kinders kry en voed) dan moet sy aan enige vrouesport kan deelneem. Nou is die probleem seker wanneer is iemand per definisie vrou? Ek weet nie, maar ek kan jou verseker dit is beslis nie afhangend van 0,01 nm/l toleransie weerskante van ’n arbitrêre testosteroonvlaksyfer nie.

Terloops, kategorieë word wel ernstig opgeneem. In boks byvoorbeeld sal ’n ou sommer die aand met die geveg ’n paar onse deur sweet byvoorbeeld probeer verloor anders kwalifiseer hy nie vir daardie gewigklas nie.

Jan Rap

 

The post Vir Leon Retief oor sy brief van 13 Mei 2019 appeared first on LitNet.

LitNet: Waarom Camino?


Breytenbach Nobelprijswaardig

$
0
0

Vorige week stond het met zoveel woorden in het cultureel supplement van de Franse krant Le Figaro. De vijfentachtigjarige Nederlandse schrijver Cees Nooteboom is Nobelprijswaardig: “écrivain néerlandais nobélisable”. Ieder jaar worden wel méér schrijvers gerekend tot de kanshebbers voor de Nobelprijs Literatuur. Het is een kansspel met veel kandidaten maar weinig gegadigden.

Elk jaar dragen wetenschappelijke academies en universitaire instellingen wereldwijd schrijvers voor met het oog op de Nobelprijs. Op vraag van initiatiefnemers in Zuid-Afrika heeft het Gents Centrum voor het Afrikaans en de Studie van Zuid-Afrika (Universiteit Gent) jaren geleden het verzoek ingewilligd om steun te verlenen aan de kandidatuur van Breyten Breytenbach.

Na onverkwikkelijke toestanden in en rond het Nobelprijscomité vorig jaar is zoals bekend geen prijs uitgereikt. Naar verluidt proclameert het instituut in Oslo begin oktober 2019 twee Nobelprijslaureaten. Mogelijk is een van hen de internationaal gerenommeerde en in vele talen vertaalde schrijver Breyten Breytenbach. Naast Cees Nooteboom.

Remco Campert liet zich enkele jaren geleden ontvallen dat Antjie Krog “Nobelprijswaardig” is. De uitspraak is geciteerd op het achterplat van Waar ik jou word (2017), een anthologie van vijfentwintig gedichten uit het oeuvre van Krog. Al veel eerder, in december 1977, heeft een Vlaams dichter en criticus iets vergelijkbaars geopperd.

Ter gelegenheid van de Meulenhoff-uitgaven met Breytenbachs verzamelde gedichten, Het huis van de dove (1976) en Met andere woorden (1977), publiceerde Willem M. Roggeman in De Nieuwe Gazet een recensie. De titel luidt “Verzameld werk van Breyten Breytenbach. Een ideale kandidaat Nobelprijs”. In de openingsalinea stelt de recensent dat “Breytenbach een zeer markante plaats [inneemt] binnen de internationale moderne poëzie”.

Roggeman volgde al langer de literaire publicaties van Breytenbach. In de juni-aflevering van De Vlaamse Gids (jaargang 58, nummer 6, 1974) is door Roggeman een uitgebreid interview met Breytenbach gepubliceerd (p. 10-31). De tekst van het vraaggesprek is gebundeld in het eerste deel van de boekenreeks met de titel Beroepsgeheim (6 delen, 1975-1992). Alle interviews zijn beschikbaar in de Digitale Bibliotheek voor de Nederlandse letteren (DBNL).

Opmerkelijk is dat Roggeman ‘Gesprek met Breyten Breytenbach’ opnam in Beroepsgeheim 1 (Nijgh & Van Ditmar, ’s-Gravenhage/Rotterdam, 1975), aangezien in die reeks uitsluitend interviews met Nederlandstalige schrijvers voorkomen. Gesprekken met anderstalige auteurs publiceerde Roggeman overigens in Literair Paspoort. Een rechtvaardiging voor die keuze, bij wijze van spreken een inlijving van Breytenbach in de Nederlandse literatuur, lezen we in De Nieuwe Gazet: “deze Zuidafrikaanse [sic] dichter [staat] veel dichter bij het Nederlands dan de feitelijke afstand tussen Zuid-Afrika en Nederland doet vermoeden. Tijdens zijn jarenlang verblijf in Parijs kwam hij vaak naar Nederland en Vlaanderen. Ook werd hem reeds in 1968 in Nederland de Reina Prinsen Geerligsprijs toegekend en in 1972 de Van der Hoogtprijs”.

Over het literaire exil van Breytenbach in de Nederlandse literatuur hebben Jaap Goedegebuure (1993) en Erik van den Bergh (2003) vanuit literair-historisch perspectief al eerder gepubliceerd. Op 6 december 1975 verscheen in Hervormd Nederland van de hand van Roggeman onder de titel ‘Breyten Breytenbach vorig jaar: “Op een koe of kruipend, ik ga terug naar Zuid-Afrika”’ een fragment uit het gesprek opgenomen in De Vlaamse Gids (juni 1974). Sindsdien was Breytenbach gearresteerd en veroordeeld tot een gevangenisstraf van negen jaar.

In zijn boekbespreking benadrukt Roggeman het cross-mediale artistieke project van Breytenbach: “De poëzie van Breytenbach is altijd sterk visueel getint geweest. Steeds weer komt de invloed van de schilder in zijn taal tot uiting”. Naast de visuele beeldentaal wijst de recensent op de “invloed van het Zen-boeddhisme”, de aandacht voor “de dood, de ellende en de aftakeling”, en het gebruik van de paradox (met een referentie aan de schilderkunst van Jeroen Bosch en Goya). In zijn beschouwing heeft de auteur vooral aandacht voor de bundels Kouevuur, Oorblyfsels en Lotus.

De betekenis van Breytenbachs poëzie voor het Afrikaans is al vele malen beklemtoond. Net zoals de manier waarop Antjie Krog de taal verrijkt met woordsamenstellingen, neologismen. Roggeman noteert: “Dat hij als de belangrijkste Afrikaanse dichter wordt beschouwd, is trouwens voor een groot deel te wijten aan het feit dat hij het Afrikaanse spraakgebruik heeft veranderd”.

Pas zeven jaar eerder maakte Krog haar poëziedebuut met Dogter van Jefta. Op dat moment had Breytenbach, sinds zijn debuut in 1964 (Die ysterkoei moet sweet en Katastrofes), al een literair parcours afgelegd.

Roggemans pleidooi voor de Nobelprijs, ruim vijftig jaar geleden geformuleerd, wordt onderbouwd met esthetische en politieke motieven. Op het moment dat de schrijver twee jaar in gevangenschap doorbrengt, na de veroordeling voor zogenaamde terroristische activiteiten en lidmaatschap van een in Zuid-Afrika verboden organisatie (Okhela, ook wel Atlas genoemd), sprak de Vlaamse criticus zijn apologie uit. “Vermits de Nobelprijs voor letterkunde, toch meestal door politieke motieven blijkt ingegeven, zou Breyten Breytenbach een ideale kandidaat voor deze prijs zijn. Niet alleen vertegenwoordigt hij een uitzonderlijk poëtisch oeuvre, maar hij brengt ook een humane boodschap, die niet luid genoeg kan verkondigd worden.”

Op 16 september 2019 rondt Breytenbach de kaap van tachtig. Zopas is een magistrale bundel verschenen, Op weg na kû. Met ouder worden is de schrijver/schilder productiever dan ooit, alsof een wedloop tegen de tijd plaatsheeft. Het is een bekend fenomeen dat schrijvers op oudere leeftijd productiever zijn en soms zelfs hun belangrijkste werk voortbrengen.

Ook de tegengestelde beweging bestaat. Breytenbach heeft vanaf zijn debuut zijn idiosyncratische voetafdruk nagelaten in de letteren. De internationale renommee van de dichter wettigt hoe dan ook de meest prestigieuze literaire onderscheiding. Mocht de bekendmaking plaatsvinden tijdens het congres in Gent (16-18 oktober 2019, www.afrikaans.ugent.be), met de letterkundige focus op Breytenbach, dan wordt de wens van Willem M. Roggeman, uitgedrukt in De Nieuwe Gazet, eindelijk bewaarheid. Breytenbach is immers al vijftig jaar Nobelprijswaardig. Ook in Europa steunen wij het initiatief van Zuid-Afrikaanse academici om Breyten Breytenbach voor te dragen voor de Nobelprijs literatuur.

Het interview van Roggeman met Breytenbach kan hier worden gelezen: https://www.dbnl.org/tekst/rogg003bero01_01/rogg003bero01_01_0013.php

Over vraaggesprekken met de Vlaamse schrijvers-critici Julien Weverbergh en Fernand Auwera handelen volgende afleveringen in mijn reeks over Breytenbach en de Lage Landen.

  • Met dank aan Adriaan van Dis voor het verlenen van de toelating voor het consulteren van het Breytenbach-archief in het Literatuurmuseum (Den Haag).

Lees ook

''Vriendschap voor Breyten''. Schilderijen in De Doelen (1977)

Schijnwerper op Breytenbach. Steunactie van Adriaan van Dis in Nijmegen (april 1979)

The post Breytenbach Nobelprijswaardig appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Vertaalfonds kondig suksesvolle aansoeke aan

$
0
0

Ronelda Kamfer, Nathan Trantraal en Hester Kruger binnekort in vertaling

PEN Afrikaans kondig met trots drie nuwe suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds, wat moontlik gemaak word deur finansiële ondersteuning van die Trust vir Afrikaanse Onderwys (TAO), aan. Na oorweging van die aansoeke wat teen die Mei 2019-sperdatum ontvang is, sal die volgende drie vertalings befonds word:

  • ’n Franse vertaling van ’n keur uit Ronelda Kamfer se werk
  • ’n Franse vertaling van Chokers en survivors deur Nathan Trantraal
  • ’n Nederlandse vertaling van Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger.

Ronelda Kamfer

Éditions Caractéres sal ’n Franse vertaling van ’n keur uit Ronelda Kamfer se bundels (Noudat slapende honde, grond/Santekraam en Hammie – almal Kwela Boeke) uitgee. Pierre-Marie Finkelstein, vooraanstaande literêre vertaler van werke deur onder andere Marlene van Niekerk, Ingrid Winterbach, Achmat Dangor en Karel Schoeman, sal die vertaling behartig. Éditions Caractéres is in 1950 gestig en is ’n gerekende uitgewer van onder meer essays, poësie, romans en kunsboeke. Die uitgewery is ook bekend vir sy kunsuitstallings en skrywersbyeenkomste en beoog om ook byeenkomste rondom Kamfer se poësie te reël. Kamfer se werk het voorheen tot groot lof in Nederlandse vertaling verskyn (Uitgeverij Podium), en haar bundel grond/Santekraam is ook onlangs in Italiaanse vertaling uitgegee (Raffaelli Editore). Dit is die eerste Franse vertaling van haar werk.

Nathan Trantraal

Nathan Trantraal se 2013-debuutbundel Chokers en survivors (Kwela Boeke) sal binnekort vir die eerste keer in vertaling gelees kan word. Éditions LanSkine, ’n onafhanklike uitgewery wat sedert sy totstandkoming in 2008 meestal poësie publiseer, beoog om die Franse uitgawe in November 2019 die lig te laat sien. Die vertaler is Pierre-Marie Finkelstein. Chokers en survivors het aan Trantraal in 2015 die Ingrid Jonkerprys besorg en is deur die beoordelaars geloof as “aangrypend, eerlik en sonder enige sentimentaliteit.”

Uitgeverij Mozaïek, ’n gevestigde uitgewer van verskeie Afrikaanse skrywers in Nederlandse vertaling, sal Een nag en ’n bietjie deur Hester Kruger (Human & Rousseau) in Nederlandse vertaling uitgee. Gerda Lok-Bijzet is vir die vertaling verantwoordelik, wat na verwagting in Oktober 2019 in beide gedrukte en e-boekformaat sal verskyn. Die boek handel oor die belewenis en gevolge van ’n plaasaanval en word deur Antjie Krog as ’n “buitengewoon meesleurende leeservaring” beskryf. Een nag en ’n bietjie is Hester Kruger se debuut. “Dis ’n dun boekie, maar die implikasies van hierdie teks het ’n enorme reikwydte,” skryf Joan Hambidge in ’n resensie. 

Die PEN Afrikaans Vertaalfonds se sentrale doelstelling is om die Afrikaanse letterkunde internasionaal te bevorder deur meer vertalings en publikasies van verdienstelike Afrikaanse werke moontlik te maak.

Die twee sperdatums vir aansoeke is 15 Mei en 15 November van elke kalenderjaar.

Die reglement met volledige riglyne en bepalings is beskikbaar by: http://www.litnet.co.za/reglement-vir-die-pen-afrikaans-vertaalfonds/

Medianavrae kan gerig word aan PEN Afrikaans by penafrikaans@gmail.com.

 

 

 

The post PEN Afrikaans Vertaalfonds kondig suksesvolle aansoeke aan appeared first on LitNet.

Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd

$
0
0

Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd

Marthie Momberg, Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie;
Dissipline-groep vir Sistematiese Teologie en Kerkleer, Universiteit Stellenbosch

LitNet Akademies Jaargang 16(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Waarom sou iemand wat nie self Palestyns is nie, die Palestynse stryd aktief en in die openbaar ondersteun? Hierdie artikel bied ’n oorsig oor die redes waarom Joods-Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers aangesluit het by die Palestynse bevrydingstryd. Dus: Wat het die 21 deelnemers aan die navorsing laat beweeg van onbetrokkenheid na aktivisme? Ek beantwoord hierdie vrae aan die hand van navorsing vir my doktorale studie in empiriese etiek. Dié kwalitatiewe, induktiewe studie was ondersoekend en is daarom gerig deur ’n navorsingsvraag eerder as deur enige teorieë of hipoteses. My doel was om die respondente se werklike redes vanuit hulle eie gesigspunte te verstaan, en daarom is die navorsingsresultate in die vorm van begronde stellings.

Ongeveer die helfte van die deelnemers het die stelselmatige, veelvlakkige en onwettige aard van Israel se magsmisbruik herken sonder dat hulle enige gevestigde Sionistiese persepsies of ander lojaliteite moes verskuif. Die ander helfte was egter onthuts, geskok en ontstel deur die magdom vals inligting wat hulle geglo het en dat hul lojaliteit teenoor Israel se beleid teenoor die Palestyne indruis teen hulle sienings van menswaardigheid. Hierdie groep het drastiese aanpassings gemaak. Nie een van die 21 deelnemers het dus hulle waardes verskuif toe hulle aktiviste geword het nie, maar almal het hul innerlike moraliteit met die werklikheid gekalibreer. Organiserende beginsels soos toeval, keuse, normaliteit, bestemming, intuïsie en die onverklaarbare speel ’n rol by almal se toetredes, en so ook ’n verskeidenheid kontekstuele faktore wat as katalisators of snellers gedien het. Almal is dit egter eens dat die Palestynse stryd ’n appèl plaas op hulle integriteit. Ten diepste het hulle behoefte om eerlik en konsekwent hul waardes ten opsigte van almal en in alle omstandighede uit te leef en om ander dieselfde te gun as vir hulself, hulle tot aksie laat oorgaan.

Trefwoorde: apartheid; BDS-veldtog; besetting; etniese suiwering; Gaza; handelingsmodi as motiverings; integriteit; Israel; Jerusalem; Jode; Joods-Israeliese aktivisme; kolonialisme; menseregte; militarisme; Nakba; niegewelddadige verset; onderdrukking; Palestynse stryd; redes vir aktivisme; Sionisme; Suid-Afrikaanse aktivisme; transnasionale solidariteit; vlugtelinge; Wesoewer

 

Abstract

Israeli and South African citizens’ motivations for joining the Palestinian struggle

Why would one publicly join the Palestinian cause if one is not Palestinian oneself? What about Israel, which also suffers violent attacks? Views on Israel and the Palestinians are often positioned as though there is a conflict between two equal entities. As a result, some people argue for a “balanced” or a “neutral” approach in a case that many deem as too complex to unravel or too hopeless to address. In this article I use some of the findings of my doctoral research in empirical ethics (Momberg 2017) to explain why Israeli and South African citizens joined the Palestinian struggle.

In this inductive, contextual case study I wanted to gain insight into why, from their own perspectives, a selected group of 21 South Africans and Jewish Israelis are participating in the Palestinian liberation struggle. The respondents were selected according to a snowball technique. Eleven are South African and the other half are from Israel; one person is a citizen of both countries. Since the research was exploratory, it was informed by the research question rather than by any suppositions, and the findings are presented in the form of grounded statements.

The knowledge sought is sensitive and very personal. I was interested in the activists’ own opinions, values, preferences, attitudes, levels of (un)certainty, fears, existential perceptions, levels of commitment; that which allows for intention, moral deliberation, meaning, belonging or a sense of worthwhileness; information on how they view themselves in relation to others, and experience their practice; their motives, goals, roles, strategies, platforms and/or other reasons that inspire them. This implies that I wanted to gain insight into their innermost and perhaps the less clear or even conflicting urges, notions, feelings and cognitions that drive or motivate them to take a public stand.

I used in-depth, personal interviews, guided by a general paradigm of inquiry, and I encouraged each respondent to share her or his views freely. The manner and the sequence in which core areas were probed changed according to the flow of each discussion, but I started off by asking each respondent how long she or he had been involved in the Palestinian struggle. In almost all cases, the question elicited anecdotal responses, referring to earlier life experiences and cognitions that in hindsight underscored the respondents’ initial commitment to the Palestinian struggle. Their various reasons for why they became, and continue to be, activists in the Palestinian struggle are explained in full in my dissertation (Momberg 2017:83–296), but in this article the focus is on those incentives that spurred the 21 civilians to move from no involvement to voluntary, public advocacy.

The respondents’ reasons for joining the Palestinian struggle can be viewed through three lenses. These different angles are interwoven, and revealed complementary layers of answers as to why they first pledged commitment to active participation in the Palestinian struggle.

Firstly, their activism began with either the confirmation, or the challenge, of pre-existing perceptions. Ten people affirmed the Palestinians’ experience of pain and their desire for freedom without needing to transform any pre-existing loyalties. They realised from their introduction to the matter that the nature of the tension is that of systematic and systemic oppression. They did not have to abandon any vested or treasured attachments before committing to activism. It may have taken them some time to develop a deeper understanding of the issue and/or to step formally into the public domain, but their grasp of the asymmetric nature of the dynamics was immediate. The other half discovered that their prior knowledge and impressions around the Palestinians and Israel had been inaccurate and they adjusted their views. Whether they changed vested loyalties and/or misperceptions before committing or not, the respondents’ entry into activism was marked by two similarities: All realised the dynamics of a disproportionate power balance in which the Palestinians were responding to Israel’s military, socio-political, economic and ethnic oppression and/or dispossession. They realised that arguments that underpinned the claims of a brave Jewish nation defending itself against ruthless, irrational Palestinian aggressors misconstrued the truth. Moreover, all ascribed the rise of their commitments to their life views and to values already present in their lives before they joined the Palestinian struggle.

But one cannot assume that a compelling awareness of the plight of the Palestinians necessarily leads to a willingness to intervene. Why, then, did the respondents move from recognition and affirmation to committed activism? The second lens highlights specific, varying organising principles that underpin the embodiment of the activists’ pledge to the Palestinian struggle in their committing to advocacy. These modes are used to describe the rise of their commitment. They include normalcy; chance; a special calling or destiny; choice; a felt sense (an urge, instinct, intuition, guilt, shame, anger, excitement, being driven or pulled); urges and corporeal sensations and inexplicable realisations that seemed to hover just beyond the respondents’ grasp or were difficult to express. All strongly sensed a personal appeal and something within themselves, over and above the logical factual merits of the cause. Thus it was not so easy to pinpoint one single, or even the deepest, behavioural mode for bridging the space between non-involvement and public advocacy.

However, the respondents did mention specific, contextual experiences that had served as triggers or catalysts to convince them of the validity of the Palestinian cause. These contextual experiences – that can be considered a third lens – included other human rights struggles, particularly the South African anti-apartheid struggle and the links of these with the Palestinian situation; the contributions of other people such as family members, public figures, intellectuals, writers and activists, as well as positive and negative encounters at conferences and dialogue forums. Ideological frameworks, movements, paradigms, spirituality and religion also influenced the respondents. Similarly, experiences and impressions of violence such as Israel’s military abuse, and other encounters with armed struggle drew their attention and sensitised them to the abuses being perpetrated.

Notwithstanding the variety of experiences, exposures and modes of action, all 21 respondents' entry into the Palestinian struggle was characterised by the same core insights:

  • The situation is not a deadlock or a “conflict” between equal partners, but a deliberate systematic and systemic oppression that benefits Israel by far.
  • False information about who and what Israel is and does misleads the public.
  • Human beings have the ability to act and to embody their convictions and life views.
  • The Palestinians’ experience of pain and their liberation struggle appeal to values such as empathy and compassion, honesty and transparency, equality and justice; and to personal and social identity and integrity.

Whether or not the activists’ involvement was the outcome of years of exposure and change, and notwithstanding any of their other reasons, the central issue all of these respondents faced and affirmed regarding their committing to activism was a desire to align their existing inner values with the outer reality they encountered in and through the Palestinian struggle.

Keywords: apartheid; BDS campaign; colonialism; ethnic cleansing; Gaza; human rights; integrity; Israel; Jerusalem; Jewish-Israeli activism; Jews; militarism; motivations for activism; Nakba; non-violent resistance; occupation; oppression; organising principles that motivate activism; Palestinian struggle; refugees; South African activism; transnational solidarity; West Bank; Zionism

 

1. Inleiding

Waarom sou iemand die saak opneem van diegene wat dikwels geïgnoreer of as militante aggressors gebrandmerk word – die Palestyne?

Transnasionale aktiviste en organisasies wat opstaan vir die Palestyne se menswaardigheid en regte word gereeld beskuldig van anti-Semitisme, leuens en verraad, of gesien as voorstanders van terreur. Joods-Israeli’s met gewetensbesware wat militêre diensplig weier weens die onderdrukking van Palestyne, staar tronkstraf in die gesig (Greig 2018). Burgers van ander lande wat Israel se wandade uitwys of niegewelddadige verset ondersteun, ontvang haatpos, verloor hulle befondsing of werk (What we think 2019) of word vir ure of selfs dae deur Israel by grensposte aangehou en toegang tot Israel en die besette Palestynse gebied (die Wesoewer, Gaza en Oos-Jerusalem) geweier (MEMO 2017). Israel en die VSA het onlangs uit Unesco onttrek omdat hulle meen Unesco is partydig en anti-Joods (Israel & US 2019).

In hierdie artikel fokus ek op die redes waarom 21 Suid-Afrikaanse en Joods-Israeliese burgers vrywillig toegetree het as aktiviste in die Palestynse saak. Hiervoor gebruik ek die bevindinge van my doktorale navorsing (Momberg 2017). Die induktiewe, kontekstuele gevallestudie is geïnspireer deur ’n algemene tekort aan wetenskaplike data oor die etiese oriëntasie van transnasionale aktiviste in die Palestynse stryd en, meer spesifiek, ’n gebrek aan empiriese inligting oor Suid-Afrikaanse en Joods-Israeliese aktivisme. Die studie was ondersoekend en daarom gerig deur ’n navorsingsvraag, eerder as deur bestaande of voorafbepaalde teorieë of hipoteses, en die navorsingsresultate is in die vorm van begronde stellings. Ek wou vasstel waarom, vanuit hul eie gesigspunte, ’n geselekteerde groep Suid-Afrikaners en Joods-Israeli’s kampvegters vir Palestynse regte is.

Die aard van die ondersoek was sensitief1 en persoonlik, omdat die 21 aktiviste se selfbegrip van hulle moraliteit, houdings, bedoelings, doelwitte, rolle, strategieë, (on)sekerhede, vrese, verantwoordelikheid, singewing en ervarings en enige ander motiverings ter sake was. Dit was nodig om insig te verkry in hul diepste en miskien die minder duidelike of selfs teenstrydige drange, opvattings, gevoelens en idees wat hulle openbare standpunte motiveer. Indringende anonieme onderhoude is aan die hand van ’n breë vraagstellingsraamwerk, en nie ’n gestruktureerde vraelys nie, gevoer. Die respondente is aangemoedig om hul persoonlike menings vrylik te deel. Ek het die onderhoude telkens begin met ’n vraag na hoe lank elkeen reeds ’n aktivis vir Palestynse regte is, waarna elk dan begin praat het oor voorafgaande gebeure, gewaarwordings, lojaliteite en ander insette en faktore wat sy of haar toetrede geïnspireer het. Dit het my toegelaat om verdere toepaslike vrae aan elkeen te stel.

Die studie se bevindinge sluit ’n verskeidenheid motiverings in. Die hooftemas hou verband met die wisselwerking tussen die spesifieke kwessie tussen Israel en die Palestyne en ’n breër morele krisis in die wêreld; die rol van persoonlike, sosiale en nasionale integriteit; die belangrikste waardes wat die aktiviste deel, die rol al dan nie van godsdiens; asook waarom begrip vir, en die ontknoping van juis hiérdie saak so relevant en dringend is. Dit verskaf insig in die aktiviste se eie vrese en onsekerhede, hulle versugting na paradigmatiese verskuiwings en in wat hulle as toepaslike doelwitte, haalbare bydraes en realistiese uitkomste beskou. Dit sluit af met ’n oorsig oor ervarings van singewing en estetika te midde van die puin van verwoesting en wanhoop. In hierdie artikel sonder ek egter net daardie beweegredes uit wat aanvanklik as aansporing gedien het om van onbetrokkenheid na daadwerklike deelname te verskuif. Met ander woorde, die fokus hier is op wat hulle geprikkel en aangevuur het om as kampvegters tot die openbare domein toe te tree.

Die artikel word ingelei met ’n kort oorsig oor wie as “Palestyns” beskou word, asook wie die deelnemers was. Daarna bespreek ek enkele tendense wat die fase van toetrede gekenmerk het. Dit behels eerstens die noodsaak al dan nie om gevestigde lojaliteite of belange ten opsigte van Israel en die Palestyne te verskuif. Tweedens word die rol van organiserende beginsels of modi wat hul reaksies moontlik beïnvloed het, ondersoek. Daarna volg ’n opsomming van eksterne stimuli of kontekstuele faktore wat bewusmaking en toetrede help fasiliteer het. Laastens belig ek sekere insigte wat by almal teenwoordig was tydens hul onderskeie toetredes. Hierdie insigte dien terselfdertyd as ’n omskrywing van wat die respondente as “die Palestynse saak” beskou het tydens hulle toetredes.

 

2. Agtergrond

2.1 Die aanloop na die Palestyne se oproep tot internasionale solidariteit: ’n oorsig

Teen 1918 was slegs 56 000 van die totale bevolking van 700 000 mense in Palestina Jode. Dit sluit Jode in wat van toenemende vervolging in Europa gevlug het. Na die Tweede Wêreldoorlog het nog meer getraumatiseerde Jode hulle in Palestina gevestig. Sommige van hulle het die idee van tuisland-Sionisme oftewel ’n veilige hawe en identiteit vir Jode in ’n gedeelde Palestina aangehang. Ander het staat-Sionisme met totale beheer en ’n eksklusiewe Joodse staat voorgestaan (Ellis 2014:28–30, 35–40). Toe die Verenigde Nasies (VN) in 1947 voorgestel het dat Palestina verdeel word tussen die Joodse en die Arabiese inwoners van die land, het Jode slegs 5,67% van Palestina besit (Jones 2018:510–2).

Uiteindelik het staat-Sionisme geseëvier. Die oprigting van Israel is aangevuur deur ’n visie van etniese suiwering en nie net oorlog nie. Elf mans het op die koue Woensdagmiddag van 10 Maart 1948 ’n meesterplan in die destydse Rooi Huis in Tel Aviv geformuleer om Arabiese inwoners te verdryf. Later daardie nag het hulle gedetailleerde opdragte uitgereik om gewelddadig van die plaaslike bevolking ontslae te raak. Bestaande ondergrondse eenhede van Joodse militante moes “grootskaalse intimidasie en beleëring gebruik, dorpe en bevolkingsentrums bombardeer; huise, eiendomme en goedere aan die brand steek, mense uitsit en laastens landmyne in die rommel plant om te verhoed dat die verbanne inwoners kon terugkeer” (Pappe 2013:xii–xiii, 294 – my vertaling, ook elders). Hierdie planne is nougeset uitgevoer. Sionistiese magte het Palestynse stede aangeval en sowat 530 dorpies vernietig. Honderdduisende Palestyne het oornag vlugtelinge in hul eie land geword en op 14 Mei 1948 wakker geword in ’n nuwe staat, Israel. Hierdie gebeure staan algemeen bekend as al-Nakba (Arabies vir “die katastrofe”). Sedert die oprigting van die Joodse staat beskou Israel se opeenvolgende regerings die Palestyne in Israel as tweedeklasburgers, terwyl diegene in die besette Palestynse gebied grootskaals onderdruk word en die vlugtelinge se terugkeer verbied word.

Historiese ontledings wys egter dat die Arabiere (Moslems, Christene en andere) veel langer as die Jode in die gebied woon en dat hulle die streek ook aansienlik langer beheer het. Trouens, die landstreek is in geen stadium deur slegs Jode bewoon nie (Raheb 2014a; Jones 2018; Spangenberg en Van der Westhuizen 2018). Die Joodse skrywer Shlomo Sand (2010) bewys verder stap vir stap dat die idee van die Jode as ’n homogene groep of ras glad nie aanvaar kan word nie. Daarby dui die Bybelse Israel op ’n groep mense en nie op die moderne staat nie. Daar is ook geen beloftes in die Bybel of in die Torah wat aan enige vaste landsgrense gekoppel kan word nie. Die idee dat daar historiese en/of godsdienstige gronde is om die Palestyne as indringers te beskou, het dus hoegenaamd geen gronde nie.

Sedert 1948 gaan Israel ongebreideld voort om derduisende Palestyne in Israel én in die besette Palestynse gebied te beseer, te vermoor of onder dwang te verplaas om sodoende nog meer Palestynse grond en hulpbronne te konfiskeer. Israel bou voort aan die onwettige skeidingsmuur en aan nedersettings wat eintlik stede met parke, skole en universiteite of gevestigde dorpe met uitgebreide landbou-ondernemings is. Die Palestyne se toegang tot en gebruik van hul eie eiendom word ingeperk; infrastruktuur soos huise, paaie, waterbronne, moskees, klinieke en skole word vernietig; en die Palestyne is voortdurend onderworpe aan teistering, vandalisme en geweld. Die vernietiging van privaat en openbare eiendom, die gedwonge verskuiwing van Palestynse burgers, asook die verplasing van ’n deel van Israel se bevolking na die besette gebied word deur internasionale reg verbied. (Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinering van humanitêre sake 2015, 2017a, 2017b.)

Verdere besonderhede van grondvergrype is beskikbaar op die webwerf van die VN (http://www.ochaopt.org/maps) saam met tweeweeklikse verslae oor ander onwettighede, maar die volgende kaarte (“If Americans Knew” kantoor- en bestellingskoördineerder 2014) bied ’n breë oorsig van Israel se oorname van historiese Palestina:

Figuur 1. Palestynse verlies aan grond vanaf 1947 weens Israeliese invalle

  • Heel links: historiese Palestina onder Britse Mandaat in 1947.
  • Tweede van links: Die VN se skeidingsplan van 1947 het 45% aangewys vir die Arabiese meerderheid (’n Arabiese staat) en 55% vir die Joodse minderheid (’n Joodse staat).
  • Tweede van regs: Joodse militante het die staat Israel eensydig in 1948 aangekondig op 78% van historiese Palestina. Tussen Mei 1948 en Junie 1967 het die ander 22% bestaan uit die Gazastrook (beheer deur Egipte) en die Wesoewer en Oos-Jerusalem (beheer deur Jordanië).
  • Heel regs: Sedert 1967 en Israel se verdere gewelddadige invalle word Gaza, die Wesoewer en Oos-Jerusalem militêr deur Israel beset.

Talle navorsers (wat ook Jode insluit) beskryf Israel se meedoënlose inname van Palestina as ’n koloniale en ’n imperiale projek wat aangevuur word deur die ideologie van Sionisme (Davis 2003; Ellis 2009, 2014; Pappe 2013; Sand 2010). Sionisme vermeng nasionalisme met godsdiens ter bevordering van geopolitieke, sosiale, etniese, juridiese, ekonomiese en militêre dominansie2 ten koste van die grootste deel van die inheemse bevolking. Die kombinasie van Israel se dekade lange etniese suiwering en apartheid (Verenigde Nasies 2002:6; Tilley 2009; Erakat en Madi 2012; Pappe 2013),3 die dubbele standaarde van regerings en wêreldliggame wat sanksies teen sommige lande goedkeur maar nie ten opsigte van Israel nie, asook gelowiges wat meen Israel is ’n uitsondering en hoef daarom nie menseregte te onderhou nie (Kairos 2015), is – om die minste te sê – ’n skandalige mislukking van die VN se formele verklaring in 1948 om alle mense se fundamentele menseregte te beskerm. Géén staat wat plaaslike inwoners marginaliseer, verdring en uitmoor, kan verdedig word nie.

Dit is ironies dat Christene, Moslems en ander Palestyne wat niks met die Joodse vervolging in Europa te make gehad het nie, tans deur Israel onderdruk word. ’n Beleid en praktyk van meerderwaardigheid, fascisme, etniese verwerping en onteiening deur militêre mag en diskriminerende wette het destyds ook Nazi-Duitsland se sosiaal-gedrewe nasionalisme ondersteun. Is dit nie juis die soort dinamika wat die wêreld nooit weer wil herhaal nie? ’n Soortgelyke ideologie van rasgebaseerde meerderwaardigheid, onderdrukking en diskriminasie wat tot die afgryslikheid van die Holocaust en apartheid in Suid-Afrika gelei het, karakteriseer tans Israel se beleid en praktyk teenoor die Palestyne. Maar die ironie verdiep wanneer ’n mens ook vra tot watter mate die res van die wêreld ’n rol speel in die onreg. Ten opsigte van die Weste, stel Spangenberg en Van der Westhuizen (2018:123) dit soos volg:

Israel tree as agent van die Weste in die Ooste op en in ruil daarvoor word Israel by Westersheid en dus by globale Westerse witwees geïnkorporeer. Witwees en menslikheid hou met mekaar verband soos weerlig en donderslag. Die een vloei uit die ander voort. Sodoende word ’n ommekeer bewerkstellig. Die verontmensliking van die Nazi-beleid, en die eeue van vervolging in Europa wat dit voorafgegaan het, word nou omgekeer.

Die herhaaldelike ontworteling van Palestyne beteken dat hulle tans breedweg uit drie groepe bestaan. Eerstens is daar diegene wat oornag Israeliese burgers geword het toe Joodse militante op 14 Mei 1948 die grootste deel van historiese Palestina tot Joodse staat verklaar het. Tot onlangs het meer as 65 wette en ander meganismes teen alle Arabiese-Palestynse burgers gediskrimineer (Adalah 2017). Sedert die bekragtiging van Israel se basiese nasiestaatwet in 2018 (Wikipedia 2019) het Israel se diskriminasie teen die 20% nie-Joodse bevolking egter verdiep, omdat dit konstitusionele waardes verteenwoordig en veel moeiliker is om te herroep as ’n gewone wet.

Tweedens het ongeveer 750 000 van die destydse sowat 900 000 Palestyne tussen 1947 en 1949 vlugtelinge geword (Dimbleby 1979:33–4; Pappe 2013). Israel verbied hulle om na hul eiendom in Israel/Palestina terug te keer. In die Sesdaagse Oorlog van 1967 het nog Palestyne vir hulle lewens gevlug en sommige is selfs vir ’n tweede keer ontwortel. Talle van dié wat na Libanon, Sirië, Koeweit en Libië gevlug het, is later nogmaals ontheem en tans is meer as sewe miljoen (67%) van alle Palestyne gedwonge ontworteldes.

Die derde groep woon in die besette Wesoewer, Gaza en Oos-Jerusalem waar Israel outoritêre, militêre beheer uitoefen oor elektrisiteit, handel, valuta, eiendomsreg, stedelike beplanning en konstruksie; asook oor toegang tot howe, mediese geriewe, onderwysinstellings en talle ander aspekte van menslike beweging en vryheid op grond, in die lug en op die water.

Na verskeie fases van weerstand (wat ook gewelddadige verset ingesluit het, maar sonder voldoende vordering) het Palestynse burgers in 2005 die internasionale gemeenskap gevra om hulle te help met georganiseerde niegewelddadige verset teen Israel. Hierdie veldtog, algemeen bekend as die BDS-veldtog, behels boikot, sanksies teen, en die onttrekking oftewel disinvestering van beleggings uit Israel. Dit word ernstig gekritiseer deur die Israeliese regering en die staat se ondersteuners. By verre die meerderheid burgerlike Palestyne (Barghouti 2011:5) ondersteun egter die oproep. Die oproep kom juis vanaf Palestynse burgers omdat hulle vertroue verloor het in hul politici weens die jare lange gebrek aan ’n verenigde visie tussen die partye. Hulle is ook teleurgesteld in die Palestynse Nasionale Outoriteit oftewel die tussentydse regeringsliggaam wat na die Oslo-verdrag van 1994 op die been gebring is. Daarby is die wêreld skynbaar nie daartoe in staat om meer as sewe dekades se ongeregtighede te beëindig nie. Hierdie drie redes het daartoe gelei dat gewone Palestyne hulle politieke leierskap systap in ’n burgerlike oproep om hulle basiese regte op te eis (Barghouti 2014a:7).

Die BDS-veldtog doen ’n beroep op die Palestyne se reg op vryheid, geregtigheid en selfbeskikking aan die hand van drie punte (Barghouti 2014a:4–6): Eerstens vra hulle vir die beëindiging van Israel se besetting en kolonisering van alle Arabiese grond sedert 1967 asook die afbreek van die Israeliese skeidingsmuur wat nie op die internasionaal-erkende grens (die sogenaamde Groen Lyn) opgerig is nie. Tweedens vra hulle dat die fundamentele regte van Israel se Arabies-Palestynse burgers erken word deur volle gelykheid en geen diskriminasie nie. Derdens vra hulle vir die beskerming en bevordering van Palestynse vlugtelinge se reg om terug te keer na hulle eiendomme in ooreenstemming met VN-resolusie 194.62.

Teen die historiese agtergrond en in die lig van hierdie siviele oproep het ek besluit om in my navorsing slegs aktiviste wat inklusiewe menseregte, niegewelddadige verset en internasionale wette ondersteun, te ondervra. Al die deelnemers beskou die Palestyne as ’n groep mense wat nie net in die besette Palestynse gebied woon nie, maar ook in Israel en in die diaspora.

2.2 Die herkoms van die 21 respondente

Ek het ’n sneeubaltegniek gebruik om mense te identifiseer met wie ek onderhoude kon voer. Die studie se respondente is mense wat ek geken het, mense wat aan my voorgestel is en mense aan wie ek geskryf het.

Die studie se keuringskriteria het Suid-Afrikaanse burgers nie beperk tot spesifieke godsdienstige of kulturele oriëntasies nie. Almal van Israel moes egter Joods wees, want anders as Joods-Israeli’s het Arabiese Christene, Moslems en ander nie-Joodse Israeli’s aansienlik minder regte. Hulle kon dus nie aan die gevallestudie deelneem nie.

Uit die totale 21 respondente was daar 11 Suid-Afrikaners en 11 Joods-Israeli’s, omdat een persoon burgerskap van albei lande het. Twee van die Israeli’s het ook burgerskap van die VSA. Een persoon was ten tye van haar onderhoud vir slegs 18 maande ’n pleitbesorger vir die Palestyne, wat die minimum periode in die keuringsvereistes was. Byna twee derdes (13 persone) was reeds vir tien of meer jare betrokke en byna ’n kwart vir meer as 30 jaar. Die meeste deelnemers (16) was reeds aktiviste in die Palestynse saak teen die tyd dat hulle 30 geword het.

Van die 10 vroulike en 11 manlike deelnemers is sommige gelowige Moslems, Jode en Christene, terwyl ander eerder identifiseer met humanisme, spiritualiteit, ateïsme of ’n postparadigmatiese oriëntasie. Dit was interessant dat die term Joods onder die Joodse respondente, hetsy van Israel of van Suid-Afrika, nie noodwendig ’n affiliasie met Judaïsme insluit nie. Volgens hulle verwys Joods eerder na ’n historiese, kulturele en/of ’n burgerlike identiteit wat hulle as hul primêre identiteit beskou.

Al die onderhoude se transkripsies is beskikbaar in die studie se hermeneutiese eenheid in ’n ATLAS.ti databasis. Die aanhalings in hierdie artikel is beskikbaar in my proefskrif (Momberg 2017:109–262).

 

3. Dryfvere vir toetrede tot die Palestynse saak

Die wye verskeidenheid van faktore wat ’n rol gespeel het in die aanloop tot die respondente se toetrede tot openbare voorspraak word hier deur drie lense beskou.

3.1 Die noodsaak vir verskuiwings al dan nie in vroeëre oortuigings

Nie almal het met hul eerste kennismaking van die Palestyne besef wat die werklike aard van die verhouding tussen Israel en die Palestyne is, of dat hulle ’n verantwoordelikheid ten opsigte van die Palestyne het nie. Sommige het van meet af aan die dinamika herken, terwyl ander se persepsies oor die dinamika drasties verskuif het. In albei hierdie groepe was daar diegene wat vinnig tot aktivisme toegetree het en andere wat jare of selfs dekades geneem het voordat hulle aktiviste geword het.

3.1.1 Geen verskuiwing in lojaliteit nie

Ongeveer die helfte van die respondente het met hul eerste kennisname van die kwessie onmiddellik die dinamika as dié van ’n onewewigtige magsbalans en ’n doelbewuste, stelselmatige (sistematiese) onreg wat op veelvuldige vlakke (sistemies) deurgevoer word, herken. Tien persone in hierdie subgroep – ses Suid-Afrikaners en vier Joods-Israeli’s – het besef dat die Palestyne in die greep van Israel se militêre besetting is. Sommige het wel oor ’n tydperk ’n dieper begrip van die kwessie ontwikkel of eers later die openbare domein betree, maar almal het reeds tydens hul eerste blootstelling besef dat die Palestyne by verre die meeste ly en dat dit te wyte is aan growwe oortredings van menseregte. Hierdie insigte was geensins gekoppel aan voorkeure vir enige nasionaliteit, kultuur of ras nie. Dit het eerder verband gehou met die basiese beginsel dat dit verkeerd is dat een groep mense ’n ander groep mense grootskaals, doelbewus, planmatig, langdurig en op ’n verskeidenheid vlakke op grond van etniese redes onderdruk, oorheers en uitbuit.

Drie swart Suid-Afrikaners wat deel was van hul land se bevrydingstryd het onmiddellik gesnap wat voorhande is en dit só verwoord: “Dis die identifikasie, die 'oh gosh’, dis wat met ons gebeur het ... dis érger as wat met ons gebeur het” (Momberg 2017:110). ’n Veel jonger wit, Joodse Suid-Afrikaner onthou ’n soortgelyke intense ongemak weens die dinamika wat sy aangevoel het. Sy het as jong kind rassistiese ondertone in haar grootouers se opmerkings oor die “Arabiere” geregistreer in die manier waarop hulle oor Palestyne en swart Suid-Afrikaners gepraat het. Sy was in daardie stadium te klein om vertroud te wees met die besonderhede van die twee kwessies, maar was nietemin intens ongemaklik dat groepe mense op grond van hul sogenaamde ras as minderes beskou is.

Ses ander wat ook verwys het na Suid-Afrikaanse apartheid het dit egter nie pertinent verbind met hul eerste treë na aktivisme nie. Hulle koppel hul toetredes eerder aan hulle waardes. ’n Christen het byvoorbeeld oorgegaan tot aksie toe hy besef het dat Bybelvertalings gemanipuleer is om geografiese verwysings na “Palestina” te vervang met “Israel”. Ander se redes was dat hulle grootgeword het met die idee dat hulle ’n verantwoordelikheid het om op diskriminasie en lyding, veral weens nietersaaklike kategorieë of om onregverdige redes, te reageer. Soos ’n jong Israeli dit gestel het, dit was "humanistiese idees, algemene menseregte, dat elke mens gelyk is, iets baie basies, feminisme, iets baie wyd en nie spesifiek tot die Palestyne of die besetting nie” (Momberg 2017:111) wat haar geïnspireer het. Vir ’n manlike Israeli dien sy ma as sy basiese en eerste inspirasie vir sy werk. Sy was voorheen ’n aktivis in Argentinië en hy het van haar geleer dat regimes selfbelang nastreef en dat enigiemand wat praat in die naam van die nasie sonder om hul argumente op inklusiewe waardes te skoei, mense mislei en dus verdag is. Wanneer hy onreg sien, voel hy daarom verantwoordelik om te reageer.

Nie een van hierdie tien het dus enige gevestigde belange of waardes verskuif voordat hulle by die Palestynse stryd betrokke geraak het nie. Hulle het duidelik en vinnig besef daar is ’n wanbalans in mag tussen Israel en die Palestyne en dat die dinamika nie ’n konflik tussen twee gelyke partye is nie.

3.1.2 Radikale verskuiwings in persepsies

Die ander helfte (11 persone) het tot die gevolgtrekking gekom dat hul heersende persepsies ten opsigte van Israel en die Palestyne uit voeling met die werklikheid was. Hulle het almal drastiese persepsieverskuiwings ondergaan. Dit is interessant dat selfs mense wat hulle voorheen in Suid-Afrika, Argentinië, die VSA, Viëtnam en die voormalige Tsjeggo-Slowakye beywer het vir die regte van onderdruktes, ook aanvanklik nie die dinamika van Israel se kolonialisme en onderdrukking gesnap het nie. Die meeste het Sionisme as ’n goedaardige, sosiale projek in ’n sogenaamde onontwikkelde, onbewoonde land gesien waarheen Europese Jode verhuis het. Hulle het dit dus nie herken as ’n etniese, polities-ekonomiese projek van apartheid en grondonteiening onder die dekmantel van godsdiens en sekuriteit nie. Twee ander persone se idees van ’n eskatologiese verstaan van die Bybel of van ’n godsdienstige botsing tussen Jode en Moslems het ook verander.

In hierdie groep het sommige se ideologiese grense met verdrag oor jare heen verskuif (ses persone), en ander s’n weer oor ’n korter tydperk (vyf persone). Maar wat ook al die tempo van verandering, die besef dat hulle voormalige sienings nie net feitelik verkeerd was nie, maar ook in skrille kontras is met hul onderskeie selfsienings, was skokkende gewaarwordings. Hulle het hulself immers beskou as pligsgetroue, sosiaal-betrokke, empatiese burgers met gesonde waardes. Diegene met meer kompakte of vinnige verskuiwings beskryf die inkeer as ’n groot keerpunt, ’n punt sonder omdraai, die verkrummeling van ’n fasade, die inplof van mure, ’n openbaring, ’n revolusie, ’n radikale verandering, die pad na politieke bewustheid, transformasie, ’n bevryding van geweldige sosiale druk, of ’n oomblik toe alles inmekaar begin pas het. Veral die Jode in hierdie subgroep – hetsy van Suid-Afrika of van Israel – praat van ontgogeling en disintegrasie gevolg deur intense innerlike wroeging. Hulle voel verraai deur militêre bevelvoerders, onderwysers, ouers, rabbi’s – kortom, deur hul samelewing – omdat hulle nie vertel is van die Nakba van 1948 en die voortgesette onreg daarna nie. ’n Voormalige vlieënier het gevoel “alles is ’n groot leuen rondom my. Ek het gevoel dat hulle hierdie hele geslag in ’n klomp moordenaars verander het” (Momberg 2017:113). En tog: hy kon deur sy disoriëntasie en wanhoop uiteindelik ’n weg vind na iets nuuts, iets beter, wat onder meer sy toetrede tot aktivisme behels het. “Jy weet jy tuimel af en af en af en alles val in op jou totdat jy neerstort en daar bly lê, of jy kan nuwe hoop vind en dit dan rig op jou doelwitte en dit, dit is die bemagtiging wat jy vind in ’n alternatiewe hoop” (Momberg 2017:114). Die proses is egter geensins maklik nie en gaan gepaard met ’n verbrokkeling in identiteit met eksistensiële implikasies. Soos ’n Israeli in sy dertigerjare byvoorbeeld opgemerk het:

Ek was kwaad, woedend. Daar is vir ons gelieg … op godsdienstige en spirituele en eksistensiële vlakke wil ek nie ’n leuen leef nie. Ek het met leuens grootword en is ek woedend daaroor ... Ons sou een ding doen in die nag en dan, die volgende oggend, sou ek sien die koerant sê iets heel anders. Dit het geblyk dat dit ook geld vir my geskiedenisklasse – dat ons niks leer oor die Nakba nie. Dat ons leer oor die oorlog van onafhanklikheid, maar dat Israeli's nie weet dat ons binne twee jaar 80% van die Palestynse volk verplaas het nie. Ons verdien om te weet sodat ons ingeligte besluite kan neem op persoonlike, sosiale en nasionale vlakke. (Momberg 2017:230)

Almal wat met verdrag tot insig gekom het, is Joods. Hulle onthou prosesse van afleer, oorleer en integrasie deur herhaaldelike lae van kruisverwysings tussen kontekste, herinterpretasie en dieper begrip in ’n selfgedrewe drang na sinchronisasie met die realiteit. Hulle onthou nie ’n enkele beslissende gebeurtenis, ervaring of tydstip wat uitgestaan het nie, maar eerder ’n opeenstapeling van kleiner insidente en openbarings oor ’n verloop van jare of dekades tot by die insig van ’n massiewe onreg. Hul toetrede tot aktivisme het dus ’n geleidelike aanloop gehad:

So dit was daar, dit was daar. Maar die eintlik stap om te kan erken, as ’n aktivis, dat dinge verkeerd is, het veel later gekom. Dit het ontwikkel deurdat ek pasifisme begin verstaan het deur my seun se weiering om militêre diensplig te doen. Dit het gekom deur die res van my kinders se besluite om ook nie by Israel se militêre mag aan te sluit nie en dit wat hulle gemotiveer het. So dit was ’n baie lang proses. (Momberg 2017:114)

Om dus op te som: Die motiverings vir toetrede toon tot dusver enkele ooreenkomste ongeag verskuiwings in gevestigde lojaliteite of indrukke, en ongeag die tempo van toetrede. Almal het besef dat die dinamika tussen Israel en die Palestyne dié is van ’n onwettige, sistematiese én sistemiese onderdrukking en dat die Palestyne hierop reageer. Hulle het verstaan dat talle wanvoorstellings, mites, onkunde asook doelbewuste oneerlikheid Israel se menseregte-oortredings verskans en beskerm. Die idee dat Israel ’n weerlose, onskuldige land is wat bloot haarself teen die aggressie van irrasionele Arabiere verdedig en die wêreld se onvoorwaardelike ondersteuning verdien, is onwaar. Dit was ook opvallend dat niemand gepraat het van verskuiwings in hulle waardes nie, maar eerder van verskuiwings in kennis en insig en van onbetrokkenheid na betrokkenheid.

3.2 Indrukke van organiserende beginsels grondliggend aan toetrede

Blootstelling aan, of kennis van, die Palestyne se situasie beteken egter nie noodwendig dat iemand die Palestynse saak sal ondersteun, erken of daarby aktief betrokke sal raak nie. ’n Jong Israeli se broer met dieselfde blootstelling in hul ouerhuis het volgens haar op ’n heel ander pad besluit as sy wat reeds as jong tiener daarop aangedring het om saam met haar pa aan vreedsame proteste in die Wesoewer deel te neem. Nog ’n Israeli se een seun is ’n kardioloog en die ander wy sy lewe aan ekologiese kwessies. Volgens haar is albei betrokke by sosiale opheffing, maar hulle deel nie haar sieninge oor hul land en die Palestyne nie en sy meen dit hou verband met die verskil tussen ouerlike invloed en eweknie-beïnvloeding:

As jy in Israel gesien wil word as sielkundig goed aangepas, wil jy in die weermag dien. Hy het ’n duisend maal gesê: "Ek is in die weermag sodat jy, my ma, tuis in vrede kan slaap.” Dis hoe hy dit gesien het. Dis hoe almal wat hy ken dit sien. In die verkiesing stem hy meer liberaal, maar tog redeneer hierdie mense eenvoudig: “Ek is lief vir my land en ek doen alles sodat my ma in vrede kan slaap. Dis die Palestyne wat die skuld moet kry. Hulle gooi vuurpyle.” Wat hulle inderdaad doen! Dis dus nie so eenvoudig nie. Kinders word so gebreinspoel in die Israeliese samelewing. Hulle word al vanaf die ouderdom van 15 of 14 in die skool [uniforms] aangetrek en voorberei vir die weermag. Dis dus baie moeilik. (Momberg 2017:152-153; my invoeging)

As kennis en/of blootstelling nie deurslaggewend is om van ’n persoon ’n kampvegter te maak nie, watter ander faktore speel moontlik ’n rol? Die volgende deel van die bespreking fokus op die mate waartoe persepsies van modi of beginsels wat gedrag organiseer, bydraend was tot die toetrede tot aktivisme. Modi soos ’n gevoel van normaliteit, toeval, ’n spesiale roeping of bestemming, keuse, drang, instink, intuïsie en ander gewaarwordinge word bespreek.

Dit was opvallend dat my eerste vraag, na hoe lank elkeen reeds ’n aktivis in die Palestynse saak is, feitlik sonder uitsondering gelei het tot vertellings van die rol van vroeëre lewenservarings en gewaarwordinge in hulle toetredes. Een persoon het byvoorbeeld so begin: "Ek dink die manier waarop ek dit sou definieer, is – ek het grootgeword in ’n jeugbeweging. Ek was nog altyd aktief in my gemeenskap” (Momberg 2017:118). Met ander woorde, hy het sy toetrede verbind aan iets wat skakel met ’n tyd of status voordat hy die Palestynse saak as geldig ervaar het. Net so het die ander – ook diegene wat voorheen Israel ten koste van die Palestyne verdedig het – hul verbintenisse tot aktivisme verduidelik aan die hand van wêreldbeskouings, waardes en bedoelings wat reeds in hulle lewens aanwesig was voor hulle erkenning van die Palestyne se onderdrukking. Godsdiens was nie altyd op ’n positiewe manier vormend, rigtinggewend en aanleidend tot hul toetredes nie, weens die problematiese verband tussen Judaïsme en die Christendom met Sionisme. Dit beteken dat almal se bestaande waarde-oriëntasies, maar nie noodwendig hulle geloof nie, alreeds vóór hul betrokkenheid inklusief was. Dit geld ook vir diegene wat eers later hulle posisies en gedrag met betrekking tot die Palestyne en Israel met hul etiese oriëntasies belyn het.

Die organiserende beginsels onderliggend aan die eerste treë tot aktivisme was egter nie altyd vir almal ewe duidelik nie.

Byna die helfte verwoord hulle toetredes eksplisiet as natuurlik, normaal, as deel van ’n strewe na die herstel van normaliteit of as ’n voor die hand liggende uitvloeisel van dit waarvoor hulle reeds opgekom het. ’n Israeliese man wat tot insig gekom het nadat hy ’n aktiewe ondersteuner van Sionisme was, verduidelik byvoorbeeld dat dit vir hom só “natuurlik” is “dat as jy glo daar is iets waarvoor jy moet veg, dan glo jy dit. Dis so natuurlik dat ek jou vraag nie verstaan nie. As jy glo dat iets verkeerd is, moet jy iets doen om dit te verander” (Momberg 2017:118). ’n Jonger Israeli stem saam met haar medeburger, want vir haar is toetrede “normaal en daarom nie iets uitsonderlik nie” (Momberg 2017:118). Of, soos ’n Joodse Suid-Afrikaner meen, voorspraak vir Palestynse regte is nie spesiaal of verdien krediet nie, maar wel iets wat algemeen behoort voor te kom. Dis “’n normale, ordentlike ding om te doen en ons behoort nie gewag te maak van ordentlikheid nie” (Momberg 2017:118). ’n Moslem in sy laat vyftigerjare gebruik verskillende voorbeelde oor dekades heen om te verduidelik dat sy aktivisme teen rassediskriminasie ’n integrale deel van sy lewe is en nie maar net nog ’n projek nie. Vir hom en ander Suid-Afrikaners is hulle betrokkenheid by die Suid-Afrikaanse stryd teen apartheid en hulle solidariteit met die Palestyne ten nouste gekoppel. Dit is eenvoudig "natuurlik en normaal vir mense om onder mekaar te woon” en om nie geskei te word nie (Momberg 2017:118).

In dieselfde trant wil die Israeliese respondente die abnormaliteit van hulle bestaan verruil vir ’n normale, geïntegreerde samelewing waarin mense vry, gelyk, veilig en gelukkig is in ’n bestel waarin alle burgers gelyke regte het. In hierdie gees verwerp al die deelnemers enige interaksies en verbintenisse met Israel waarin gelowiges, die toerismebedryf, regerings, politici, sakelui, die publiek en enigiemand anders agter skuldgevoelens, geloofsoortuigings, naïewe en romantiese konstrukte, mag- en besigheidsbelange of ander sentimente skuil sonder om die planmatige en veelvlakkige aard van Israel se diskriminasie openlik te erken. Die internasionale gemeenskap moet die onreg in die oë kyk en eerder help om die besetting en die onderdrukking te beëindig om "hierdie land te red van onsself, om ons van onsself te red" (Momberg 2017:137–8).

Drie deelnemers oorweeg ook toeval as ’n organiserende beginsel wanneer hulle die rol van onbeplande gebeure of geleenthede wat hulle pad gekruis het, opnoem. Iemand wat onverwags ’n paar maande in Jerusalem en omstreke bestee het, voeg by dat dit eintlik baie moeilik is om te weet wat presies sy aktivisme ontketen het. Dalk was dit ’n kombinasie van dinge, dalk het dit te make met ’n spesiale roeping of ’n lewensbestemming in dié sin dat ’n mens planne vir jou lewe het, maar op die ou end is jou lewe nie jou eie nie, het hy gespekuleer met verwysing na die lewensverhale van veterane uit die Suid-Afrikaanse apartheidstryd. ’n Joodse Suid-Afrikaner wat ook die rol van die noodlot oorweeg, gebruik die voorlopige term byna as sy die moontlikheid van ’n pad wat haar gekies het, opnoem. ’n Moslem vrou merk insgelyks op: “Ek het die Palestynse saak gekies, of miskien het dit my gekies” (Momberg 2017:119).

Daarteenoor het ’n toegewyde Suid-Afrikaanse evangeliese teoloog groter sekerheid weens sy eie ontnugtering oor hoe Christen-Sionisme Israel uitsonder ten koste van Palestynse Christene, Moslems en andere. Sy onwrikbare, gedrewe toewyding wat “byna ’n missiologiese taak” is, is om uit te wys hoe ’n letterlike, eskatologiese verstaan van die Bybel nie net Israel se ongeregtighede regverdig nie, maar ook die inklusiewe hart van die Christelike boodskap misken. Selfs ’n Joods-Israeli wat met geen bepaalde godsdienstige tradisie assosieer nie, voel op die een of ander manier soos ’n sendeling. Twee ander wat ook nie meer Judaïsme aanhang nie, gebruik soortgelyke woorde wanneer hulle sê: “Dis beslis my roeping [...] Ek doen iets wat ek moet doen. Daar is geen ander – ek betwyfel dit glad nie ... Ek kan dit nie nié doen nie”, en "Ek het ’n diep gevoel gehad dat ek op ’n missie is” (Momberg 2017:119).

Die rol van toeval, ’n roeping of dié van ’n normale, menslike reaksie sluit egter nie doelbewuste, noukeurige keuses uit nie: "Of dit nou ’n lewensbestemming is of nie, natuurlik was daar keuses wat gemaak is. Ek het keuses gemaak om te doen wat ek doen” (Momberg 2017:120). Die respondente ervaar dat hulle keuses moet uitoefen asook pertinente opsies én die vermoë om hul keuses te beliggaam. Trouens, sonder ’n beliggaming van hulle posisies voel hulle oortuigings onvolledig. Stilte is ook ’n besluit. Om net te praat of te skryf sonder om hulleself figuurlik gesproke “in die saak in te werp” voel onoortuigend en doen afbreuk aan integriteit. Oproepe om objektiwiteit en neutraliteit wat die rol van duidelike keuses misken, of voorhou dat die kwessie te kompleks, te uitgerek of te hopeloos is, oortuig hulle nie. Daar is duidelike keuses, soos vir of teen geregtigheid, gelykheid, regverdigheid en menswaardigheid; vir of teen onderdrukking; tussen apatie en die aanvaarding van verantwoordelikheid; en tussen gewelddadige en vreedsame verset. ’n Mens kan kies wat jy raaksien as jy in die straat afstap. Jy kan jou aan aggressiwiteit en selfsugtigheid onderwerp, of opstaan vir die ander. Soos ’n Moslem-deelnemer opmerk: “Ons kan terug sink in modder of ons kan uitdrukking gee aan die transendente wie se gees ons dra [...] Ek probeer my keuses uitoefen – vir die gemarginaliseerde” (Momberg 2017:120).

Daar is ’n soort onvermydelikheid wat beteken dat hulle hul blootstelling en kennis eenvoudig nie kan ignoreer nie. Nie eens vrees, inkennigheid, weerloosheid en ander vorme van terughoudendheid – wat hulle inderdaad ervaar – keer hulle nie. "Soms voel ek asof ek nie kan stop nie” (Momberg 2017:121). ’n Joodse Suid-Afrikaner onthou sy gedagtes in die aanloop tot sy voordrag aan ’n taakspan van die regering. Tydens sy voorbereiding het hy sy eie motiewe ondersoek in die lig van sy weifeling om vir die eerste maal sy stem op ’n formele platform te laat hoor. “Hoekom gaan ek sê wat gaan sê? So ek moes dit uitwerk. Ek moes dit uitskryf. Maar ek het tog gevoel dat ek myself op ’n spreekwoordelike pad sien stap en ten spyte van emosionele hindernisse ’n bewuste besluit neem” (Momberg 2017:121). Hulle kies nie bloot om ’n saak te ondersteun nie, maar wil meehelp aan verandering. ’n Vroulike Israeli het byvoorbeeld gesê dit is “belangrik vir ons om dinge te doen, want om te doen is eintlik om te wees en daarom moet ’n mens aktief meehelp en deelneem aan die verandering anders is dit nie die moeite werd om te wees nie” (Momberg 2017:121).

Sommige ervaar hulle liggame as instrumente wat help met die verwerking van inligting of rigtinggewing. Hiervolgens dien die liggaam as’t ware as ’n soort houer of ’n kompas wat data inneem, verwerk en verskaf. Een persoon meen dat haar indrukke sonder rasionele inmenging “op en af filtreer” terwyl sy stap of rondbeweeg. Hierdie alternatiewe denkproses bied dan die nodige spasie waarin die inligting sonder doelbewuste insette of inmenging verwerk word sodat dit selfs “die brein en ander maniere van kognitiewe en emosionele prosessering vooruitgaan” (Momberg 2017:121). ’n Jong vrou wat soms gespanne raak midde-in situasies met ekstremistiese en gewelddadige Sionistiese Jode in Wes-Jerusalem, stoor doelbewus die ongemak in haar liggaam vir latere verwerking en hantering. Wanneer sy dan wel net daar ’n besluit moet neem, kan sy die antwoord in haarself aanvoel en dan weet sy wat om te doen.

Hierdie interne bron(ne) word soms as intuïsie of as instink bestempel, maar daar was nie duidelikheid of een of albei hierdie terme korrek, uitsluitend of selfs toepaslik is nie. Soms is albei terme in dieselfde sin deur dieselfde persoon gebruik. Een persoon gebruik die woord intuïtief telkemale, maar voeg by dat ook dié woord nie die mees geskikte is om haar indruk van innerlike kennis te beskryf nie. Baie fraseer hulle idees in woorde en frases soos "asof", "byna" of "ek dink”. Die gemene deler tussen die verskillende ervarings is ’n gevoel van interne kennis of wysheid, “iets wat binne my is en sê: moenie dit uitwerk nie, hou net aan om dit te doen” in ’n proses wat die rasionele en die ego transendeer. Dit kan gekoppel wees aan ’n innerlike punt of kapasiteit wat moeilik is om vas te pen of te verstaan. “Jy werk van ’n innerlike – ek weet nie – krag wat jy nie altyd kan verstaan nie. Dalk sal sommige mense sê dis God wat in ons is. Ek dink ek sou sê nee, dit is die menslikheid in ons en hierdie menslike instink – of wat ook al – help my” (Momberg 2017:122).

Spesifieke gevoelens soos skuld, verantwoordelikheid, ’n besef van die Palestyne se lyding en – veral onder die Joodse deelnemers – ook skaamte en woede oor vals inligting noop hulle om betrokke te raak. ’n Joodse Israeli het byvoorbeeld "’n groot gevoel van skuld, omdat ek nie van beter geweet het nie; want ek was baie jonk en ek is nie op die regte manier opgevoed nie. So, ek voel ek moet bydra tot die toekoms" (Momberg 2017:122). Nog ’n Israeli noem ook skuld en verantwoordelikheid wat tot haar verbintenis gelei het: "Ek dink dis ’n gevoel naas skuldgevoelens. Dit gaan dus nie daaroor dat ek skuldig voel nie, maar eerder oor die feit dat my lewe aanvaarbaar en goed en veilig is en dit is nie regverdig dat ander mense so ’n aaklige lewe het nie" (Momberg 2017:122). Talle wat hul vorige sienings oor Israel en die Palestyne verander het, voel egter wel skaam weens die gapings tussen hulle waardes en die werklikheid. ’n Voormalige vlieënier in die Israelse lugmag onthou byvoorbeeld sy insig tydens ’n gespreksgroep tussen Joods-Israeli’s en Palestyne:

Ek dink dit het my baie skaam en baie verantwoordelikheid laat voel. As gevolg van hierdie ontmoeting het ek gevoel dat ek iets moet doen. Ek moes meer betrokke wees. Ek moes dit verbind aan my werk in die weermag alhoewel ek as ’n reservis net een keer per week gevlieg het. Skielik was al hierdie verskonings irrelevant. (Momberg 2017:132)

Dit is ironies dat Sioniste dikwels aktiviste beskuldig van skandalige optrede om só te probeer voorkom dat Israel se ongeregtighede ontbloot word. ’n Voormalige Sionistiese Suid-Afrikaner en ’n paar Israeli’s verduidelik dat talle in die Joodse gemeenskap wél die problematiek verstaan en dit as sodanig teenoor Joodse aktiviste erken, maar hulle doen dit net in hul binnekringe en nie in die openbare domein of tussen nie-Jode nie. Die deelnemers se meestal skokkende gewaarwordinge en diep skaamte oor hulle eie voormalige onkunde, nalatigheid en dubbele standaarde lei hulle na eerlikheid. Hulle is aangetrokke tot integrasie en nie tot vermyding nie. Hulle verwerk nuwe inligting, pas aan en probeer om hulle houdings en gedrag met die werklikheid te kalibreer – selfs al beteken dit dat hul gemeenskappe hulle byna verwerp. Jode wat Israel beskerm, bestempel byvoorbeeld mede-Jode wat eerlik is oor Israel se wandade as Jode “wat hulleself haat. Hulle [Sionistiese Jode] voel dus wel op ’n manier skaamte, maar sodra hulle hulself vanaf individue soos ek distansieer, voel hulle weer gemaklik” (Momberg 2017:132; my invoeging).

Woede gee in die gevallestudie nie aanleiding tot negatiwiteit in die vorm van verwerping of haat nie. Dit word eerder geassosieer met ’n dringende verantwoordelikheidsin, ’n trekkrag, ’n missie en ’n dwingende gedrewenheid om na vore te tree om veral die Sionistiese ideologie en die gepaardgaande vals inligting te ontbloot: “Ek dink woede is nie ’n slegte ding nie. Ek dink dit kan, as dit behoorlik erken word, as ’n wonderlike brandstof vir ’n beweging gebruik word” (Momberg 2017:122). Dis dus nie soseer feite en bewyse wat oortuigings in aksie laat oorgaan het nie, maar eerder ’n “baie diep gevoel van verontwaardiging" (Momberg 2017:122), of ’n intense besef dat niks die grootskaalse uitmoor, verwonding, ontworteling en onderdrukking van derduisende kinders, vrouens en mans oor dekades heen – bloot op grond van die feit dat hulle Arabies is – kan regverdig nie.

Benewens aanduidings van pertinente modi soos keuses, gevoelens, geroepenheid of ’n verantwoordelikheidsin, is daar ook sprake van organisatoriese beginsels wat moeiliker of glad nie in woorde vasgevang kan word nie. Hierdie vaer faktore kom dikwels in wisselwerking met ander organiserende beginsels by dieselfde persoon na vore. ’n Jong Israeli praat byvoorbeeld van ’n logiese volgorde van gebeure wat daartoe gelei het dat sy verskuif het van ’n toegewyde en oortuigde Sionis na iemand wat Palestynse boere tydens hulle jaarlikse olyfoeste help beskerm teen aanvalle deur onwettige Israeli-setlaars. Daarby verwys sy egter ook na die rol van toeval, en nog later in haar onderhoud besef sy dat sy nie noodwendig al haar aanvanklike dryfvere verstaan of kan verwoord nie:

[H]oekom ek die standpunt inneem, waarom – ek weet nie. Ek dink jou vrae laat my besef dat ek nie eintlik weet hoe om dit behoorlik te formuleer nie, maar ek dink dis eintlik meer ’n instinktiewe soort ding. Ek weet nie, ek dink, soos ek al gesê het, ek was altyd vol opinies en dit het net gevoel of hierdie soort stemme gehoor moet word, dat dit vra vir ’n openbare uitroep van verontwaardiging en of ek mense uit hul selfvoldaanheid moes skud. Ek weet nie, ek het net gevoel dit moes gedoen word. (Momberg 2017:123)

Soos hierdie jong vrou, is ook ander nie heeltemal seker van die presiese redes, of al hulle redes nie. Hulle wonder byvoorbeeld of hulle nie dalk dinge aan die hand van ’n nawete of iets soos ’n bewussynstroom probeer verklaar nie. ’n Verskeidenheid redes is moontlik, meen ’n Suid-Afrikaner wat byvoorbeeld nuuskierigheid, toeval en noodlot, geleentheid, organiese ontwikkeling, die gebruik van sy eie talente, bewuste keuses en dat dinge soms ook volgens hul eie pas ontwikkel, opnoem: "Ek gaan sit nie en besluit oor hierdie dinge nie. Hierdie dinge het gebeur. Verder leer ons elke dag" (Momberg 2017:123). Om nie al die presiese redes vir toetrede te weet nie, word egter nie as problematies ervaar nie: "Ek is deel van ’n stryd om van hierdie wêreld ’n beter plek te maak en ek weet nie hoekom nie. Ek kan nie – ek het nie – ek het dit nog nie uitgepluis nie. En ek is nie ongemaklik om nie die antwoorde te hê nie" (Momberg 2017:124). In haar terugblik op die tyd voor haar toetrede noem ’n Israeli ook die moontlikheid van ’n dieper bewussyn wat anderkant logiese antwoorde lê: "Jare later het ek ontdek al my vriendskappe en konneksies was met radikale linksgesindes in dié tyd toe ek gedink het ek is eensaam in ’n ongelukkige huwelik. Selfs onbewustelik is dit dus my keuse” (Momberg 2017:124).

Sekere indrukke dui op ’n sensasie van ’n trekkrag en ander weer op ’n stootkrag. Wat ook al die presiese aard en vorm van motivering mag wees, daar is eenstemmigheid en duidelikheid dat ’n baie sterk persoonlike appèl hulle genoop het om tot die openbare domein toe te tree. Dit mag onmoontlik wees om volledig en akkuraat te weet wat daartoe aanleiding gegee het, maar nie een betwyfel sy of haar verantwoordelikheid om ’n verskil te probeer maak nie. Vir ’n jong vrou van Israel is haar toewyding deel van haar identiteit en net eenvoudig iets wat sy is. Net so ervaar iemand met beide Israeliese en Suid-Afrikaanse burgerskap die kwessie so na aan haar dat sy dit nie net kon daar laat nie. Haar besef dat sy ’n vals realiteit aangehang het, het haar vasberade gemaak om die feite een vir een te ondersoek – selfs al het haar nuutgevonde posisie reglynig verskil van dié van haar familie. Sy en talle ander wat besef het dat hulle onwetend ideologiese valshede aangehang het, kon net nie bloot toeskouers wees nie. Dit het hulle prioriteit geword om die wanvoorstellings te konfronteer.

Dit was dus nie maklik om een enkele, of selfs die diepste of die sterkste, handelingsmodus vir die oorgang vanaf onbetrokkenheid tot aktiewe voorspraak vir Palestynse regte te bepaal nie. Kennis van die presiese aard en vorm van hierdie dimensie van hul motivering is ook nie só belangrik vir die respondente nie. Wat wel vir hulle voorop staan, is dat almal iets binne-in hulleself kon voel, ’n persoonlike appèl, bo en behalwe die logiese, feitelike meriete van die saak. Almal het gevoel dat hulle nie die saak kon ignoreer nie, selfs al het dit dekades geduur voordat hulle tot openbare voorspraak toegetree het. Een van die sterkste sekerhede onder die respondente is hulle noodsaak vir selfondersoek en om teenstrydighede tussen voormalige sienings, die werklikheid en hul waardes in die oë te kyk. Dalk som ’n ouer en voormalige Sionistiese Israeli die wisselwerking tussen wete en raaisel ten beste op wanneer hy verwys na sy eie tydperk van besinning en inkeer:

Miskien was die [Jom Kippoer-] oorlog ’n katalisator, ja, ’n katalisator. Miskien sou ek sonder die oorlog vroeër of later by die dieselfde punt uitgekom het, maar as ek my vinger moet plaas op een aspek, een faktor, wat my van regs na links geneem het, sou ek sê dit [was] my ervaring tydens die maande waarin ek in die hospitaal gelê het nadat ek gewond is. (Momberg 2017:124; my invoegings)

3.3 Snellers en katalisators

Of hulle van jongs af betrokke was al dan nie, of hulle ook by ander kwessies betrokke was of nie, en of hulle aktivisme die gevolg was van skielike insigte, geleidelike ervarings of reeds bestaande oriëntasies – almal het sekere beduidende ervarings in die vorm van interaksies, gebeure of ander insette opgenoem. Hierdie kontekstuele insette is ervaar as beduidende invloede of figuurlike hefbome wat dadelik of in latere stadiums hulle insigte sodanig vergestalt, gefokus, verreken, of verhoog het dat hul dit beskou as snellers of katalisators wat hul aanvanklike verbintenisse tot die Palestynse saak aangewakker het. Hierdie stimuli, wat ook soms deel is van ’n reeks ingrypings, kan aan die hand van vier breë groepe beskryf word.

Eerstens, en sonder uitsondering, het kennis van, of blootstelling aan ander kwessies rakende, die wêreld se onderdruktes hulle beïnvloed. Die Palestynse saak is gesien as deel van ’n groter ruimte in ’n breër stryd vir gelykheid en menswaardigheid en téén diskriminasie, eiegeregtigheid, meerderwaardigheid en ’n patriargale wêreldorde. Nóg nasionalisme, nóg die idee van lojaliteit teenoor ’n enkele godsdiens of kultuur inspireer hulle. Niemand meen dat die Palestyne meer spesiaal of interessanter as ander is nie. Daar was enkele verwysings na diereregte en omgewingskwessies, maar die fokus was op die marginalisering van mense deur rassisme, genderdiskriminasie, militarisme, kolonialisme, hebsug, armoede, magsmisbruik, vreemdelingehaat, klasseverdeling en ongelykheid. Suid-Afrikaanse apartheid en die land se voortgesette stamgebaseerde bewussyn, ekonomiese ongelykheid en vreemdelingehaat is herhaaldelik en breedvoerig opgehaal as ’n konteks wat insig bied. Die vervolging van Jode in Europa en die lyding van Afrikaners onder Britse heerskappy; die onderdrukking van Afrikane, inheemse Amerikaners en die Australiese Aborigenes; slawerny, kolonisering en imperialisme asook die kontekste van Wes-Sahara, Tibet, Kuba, Swaziland, die Kongo, Viëtnam, Indo-Sjina, die Balkan en Rwanda en vele ander is genoem. Soweto, Distrik Ses, Berlyn, Kigali, Gaza, Hebron, Bethlehem, Ferguson, Jerusalem, Nablus en sovele ander plekke is gesien as deel van dieselfde web van misdade teen mense.4

’n Tweede groep katalisators behels die bydraes van mense. Talle meld die positiewe én die negatiewe insette van familielede soos grootouers, ouers, broers, susters, lewensmaats, kinders en andere. Blootstelling aan openbare figure, skrywers, intellektuele, geestelikes, aktiviste en Palestyne het ook hulle insigte op positiewe maniere verbreed en verdiep. Dit sluit ervarings in by platforms soos die VN se wêreldkonferensie teen rassisme in Durban (2001); die Russell-tribunaal se sittings oor Palestina in Kaapstad (2011), New York (2012) en Brussel (2014); asook ’n konferensie van die Palestynse Christene in Bethlehem (2009) en die Palestynse Kairos-dokument (Kairos Palestina 2011). Die Palestyne se oproep tot internasionale solidariteit aan die hand van die BDS-veldtog is egter nie genoem as ’n rede vir toetrede nie. Een moontlike verklaring hiervoor is dat net meer as die helfte van die deelnemers aan die navorsing reeds voor die BDS-oproep van 2005 aktiviste was. ’n Ander rede is dat die respondente – wat inderdaad toegewyde ondersteuners van die BDS-veldtog is – dit as ’n strategie of ’n taktiek beskou, maar nie as ’n rede waarom hulle aktiviste is nie. Soos reeds genoem, is hulle egter wel uitdruklik gekant teen die normalisering van verhoudinge met Israel. Hoewel hulle dus die inhoud van die BDS-veldtog onderskryf en ook dienooreenkomstige aksies onderneem, is hulle toetrede geaktiveer deur die behoefte om met integriteit te leef en om onreg reg te stel. Hierin is die BDS-veldtog deel van ’n versameling toepaslike instrumente.

’n Magdom mense het egter die deelnemers positief geïnspireer. Onder hulle tel Martin Luther King, Mahatma Gandhi, Frantz Fanon, Amilcar Cabral, Paulo Frere, Che Guevara, Samora Machel, Trevor Huddleston, Terry Eagleton, Malcolm X, Gitta Sereny en Claudia Brodie. Dit geld ook vir Jode soos Saul Alinsky, Noam Chomsky, Illan Pappé, Uri Davis en die rabbi’s van die Neturei Karta; asook Palestyne soos Muhammad al-Durrah se pa, Walid Khalidi, Edward Said, Leila Khaled en Christen-Palestyne. Laastens is daar ook Suid-Afrikaners soos Nelson Mandela, Neville Alexander, Steven Friedman, Ronnie Kasrils, Mercia Andrews, Farid Esack, Zapiro, Ashwin Desai en Beyers Naudé.

Daarby is die konstruktiewe én destruktiewe impak van dialoog- of gespreksgroepe in Israel, die VSA en Suid-Afrika genoem. Enkele respondente het in sulke groepe die ongelykheid tussen Israel en die Palestyne gesnap, maar hulle insigte was telkens die uitsondering. Die deelnemers het dialooggroepe dus heftig gekritiseer weens die neiging om die onderdrukker en onderdruktes as gelykes te hanteer. ’n Moslem-Suid-Afrikaner het byvoorbeeld tydens sy skooljare en kort ná 9/11 vir twee weke ’n intergeloofkamp in die VSA bygewoon. In daardie stadium het hy die idee van dialoog as ’n middel om die Israel-Palestynse konflik op te los, aangehang. Hy het eers later besef dat as faktore soos die konsekwente nakoming van internasionale reg, die VSA se gevestigde militêre en besigheidsbelange in Israel en laasgenoemde se koloniale agenda en apartheidsbeleid nie in die gesprekke in ag geneem word nie, sulke platforms misleidend kan wees. Hy en ander respondente argumenteer dat enige vorm van dialoog wat nie in inhoud én in vorm die wanbalans in mag tussen die Palestyne en Israel erken en eerlik daarmee omgaan nie, die ongeregtigheid verdiep.

Derdens het ’n verskeidenheid lewens- en wêreldbeskouings, ideologieë, spirituele en godsdienstige oortuigings die deelnemers gesensitiseer. Hieronder tel die Swart Bewussyn-beweging, Marxisme, feminisme en humanisme; dissiplines en praktyke soos meditasie, studie en groepswerk wat innerlike groei aanwakker; eksistensiële opvattings en oriëntasies van die transendente; asook die inklusiewe posisionering van spesifieke religieuse tradisies soos Judaïsme, die Christendom, Islam en Boeddhisme. Ondanks hierdie verskeidenheid van raamwerke word almal deur empatie en meelewing, eerlikheid en openlikheid, geregtigheid en gelykheid en inklusiewe menswaardigheid aangespoor. Die betekenis van hierdie waardes word duidelik soos wat die respondente hulle redes vir voortgesette aktivisme bespreek, en ek brei nie hier daarop uit nie. Wat egter wel ter sake is vir die huidige bespreking, is almal se kristalheldere begeerte na die konsekwente toepassing van waardes. ’n Moslem verwoord sy aanvangsredes – wat ook tot die voortsetting van sy aktivisme bydra – soos volg:

Wel, daar moet hierdie onderliggende liefde wees. Ek het geen spesifieke voorkeur vir die Palestynse kultuur, kos of taal nie. Ek het dit nie. Dis hierdie liefde wat die basis is. Liefde vir ’n ander mens ... dis ’n noodsaaklike element. Dit moet die beginpunt wees waarom jy opstaan teen vreemdelingehaat, rassisme en huishoudelike geweld – die liefde vir iemand se mensheid. Wat my nog aanspoor, ek dink ook die idee om aan die boelie te sê hy is verkeerd en dat jy die boelie kan stop. Ek weet nie, miskien kry ek ’n soort bevrediging daaruit? Ek weet nie of dit deel daarvan is nie. (Momberg 2017:262)

Laastens het ervarings en vertellings van fisieke geweld die deelnemers beïnvloed en tot aksie laat oorgaan. Prominente vermeldings sluit die geweld tydens die eerste en die tweede intifadas (Palestynse opstande, 1987–1993 en 2000–2005) in, asook Israel se talle vergrype in Gaza en die opofferings van stryders in die gewapende stryd teen Suid-Afrikaanse apartheid. So het ’n Joodse Suid-Afrikaner wat na apartheid met veterane gewerk het, vertel van die voormalige stryders se innerlike stryd om hulle eie moraliteit op te offer vir ’n saak wat hulle groter as hulleself geag het. Dit het haar empatie laat ontwikkel met die Palestyne se stryd. Sy staan nie geweld voor nie, maar die wroeging van mense wat nie ander opsies raaksien nie, het haar bewus gemaak van hulle krisis. Iemand anders wat weer saam met haar gesin die Engelse nuus oor die eerste intifadas op Jordaniese televisie gevolg het omdat dit nie in Israel dekking ontvang het nie, se seun het op grond van hierdie uitsendings besluit om diensplig in Israel te weier. Sy weiering het haar aangepor tot nadenke en navorsing en dit het uiteindelik bygedra tot haar toetrede tot aktivisme.

 

4. Samevatting

Volgens die Palestynse teoloog Mitri Raheb (2014b) omvat die term Palestynse projek beide die Palestyne se ervarings van voortgesette pyn en verdrukking op verskeie vlakke (polities, finansieel, sosiaal, etnies, wetlik, militêr, teologies, ekologies en so meer) én hulle stryd om vryheid gebaseer op geregtigheid. Hierdie beskrywing van die Palestynse projek of saak met al die kennis wat dit veronderstel, was nie bekend aan die aktiviste tydens die fase van toetrede nie. Hulle kennis en die omvang en besonderhede van die onreg het eers later ontwikkel.

Tog was daar sekere basiese insigte waaroor almal tydens hulle toetrede wel duidelikheid gehad het. Die eerste hiervan is dat die probleem tussen Israel en die Palestyne nie ’n konflik tussen gelyke partye is nie. Dis eerder ’n doelbewuste militêre, ekonomiese, sosiopolitiese en etniese onderdrukking wat Israel by verre bevoordeel en die Palestyne by verre aan die kortste ent laat trek. Die onderdrukking van die Palestyne is stelselmatig en veelvlakkig. Die verhouding tussen Israel en die Palestyne is dus dié van ’n onderdrukker en ’n onderdrukte groep. Tweedens was dit vir almal duidelik dat ’n magdom naïewe konstrukte, mites, gefabriseerde en vals inligting – kortom, wye onkunde en soms ook doelbewuste oneerlikheid – hulle onderskeie samelewings se menings oor Israel en die Palestyne kleur. Dit, so meen die respondente, vereis dringende regstelling.

Nog ’n gedeelde gewaarwording was dat die Israel-Palestynse kwessie nie ’n dooiepunt bereik het soos baie redeneer nie, maar dat daar verskeie opsies is. Mense het byvoorbeeld die vermoë om te reageer, om keuses uit te oefen, om waardes soos meelewing, empatie, eerlikheid, openlikheid, geregtigheid en gelykheid te beliggaam en om aanpassings in persoonlike én sosiale identiteit te maak. Dit gaan ook nie bloot net oor die feit dat mense keuses kan uitoefen nie. Hierdie onreg wat reeds so lank duur, plaas ’n appèl op die internasionale gemeenskap om dit te beëindig. Vir die respondente is hulle verantwoordelikheid om op die onreg te reageer ononderhandelbaar. Integriteit, oftewel ’n eerlike, konsekwente en inklusiewe toepassing van waardes ten opsigte van almal en in alle omstandighede, is deurgaans as ’n rigtinggewende faktor beskou.

Nie een van die respondente was tydens hulle toetrede bekend met Raheb se omskrywing van die sogenaamde Palestynse saak nie. Ten spyte hiervan, en nieteenstaande die verskeidenheid van ervarings, blootstellings en handelingsmodi wat ek bespreek het, is al 21 respondente se toetrede tot die Palestynse stryd gekenmerk deur drie basiese kerninsigte: (a) Hulle beskou die spanning tussen Israel en die Palestyne nie as ’n konflik tussen twee gelyke partye nie. (b) Hoofstroomidees oor wie en wat Israel is én doen, is grootliks vals. (c) Elke mens het ’n keuse, en hulle wil deel wees van iets wat die onreg kan help beëindig. ’n Mens sou dus kon redeneer dat hierdie drie kerninsigte deel was van wat hulle tydens hul toetrede as die Palestynse saak beskou het.

Die invalshoeke in hierdie artikel belig verskillende soorte dryfvere met telkens andersoortige, dog verweefde verklarings vir die redes waarom burgers van Suid-Afrika en Israel beweeg het van onbetrokkenheid na betrokkenheid by die Palestynse bevrydingstryd. Almal het gestreef na sinergie tussen hulle innerlike en uiterlike ruimtes en daarom moes sommige verskuiwings maak in hulle lojaliteite en persepsies. Almal is bewus van organiserende beginsels wat moontlik tot hulle toetredes gelei het, asook van bydraende kontekstuele faktore. Almal het ook oor dieselfde basiese gewaarwordings beskik toe hulle by die Palestynse bevrydingstryd aangesluit het.

Omdat die stellings oor toetrede in die data self begrond is, kan ’n mens redeneer dat die bevindinge slegs op die gevallestudie van toepassing is en dat soortgelyke navorsing met ander mense in ’n ander tydgleuf ander resultate sou kon oplewer. Dit is uiteraard nodig om hiervoor ruimte te laat, maar daar mag ook ’n ander moontlikheid wees.

Die sentrale kwessie wat al die deelnemers in die gesig gestaar het tydens hulle kennismaking met die lot van mense buite hul landsgrense – die Palestyne – was die behoefte om hulle moraliteit sodanig uit te leef dat dit in pas is met die eise van die uiterlike werklikheid. Dít is die kompas wat uiteindelik hulle reaksies laat uitloop het op aktivisme. In die proses skram hulle nie weg van nuwe insigte nie, selfs al behels dit intense selfevaluering en emosionele pyn. Hulle probeer meerderwaardigheid, uitsluiting en ander vorme van diskriminasie en onderdrukking oorkom sodat almal menswaardig, vry en regverdig behandel word. Hiervoor is woorde, empatie en liefdadigheid nie genoeg nie. Daadwerklike bydraes vir ’n verandering van die sisteem – oftewel aktivisme – word ’n noodsaaklike element in die uitleef van hulle persoonlike en sosiale integriteit.

Dit beteken egter nie dat hulle, of enigiemand anders wat dieselfde voel oor integriteit, by alle ongeregtighede in die wêreld betrokke sal raak nie. Dit is eenvoudig nie menslik moontlik om so diep met so baie sake om te gaan nie. Boonop het verskillende mense verskillende belangstellings. En tog: ek kan nie anders nie as om te wonder of dit moontlik is dat andere wat integriteit op dieselfde geïntegreerde manier verstaan en deur ’n proses van blootstelling en sensitisering soortgelyke insigte bereik, dalk ook openlik die beëindiging van die massiewe onreg teenoor die Palestyne sal ondersteun.

 

Bibliografie

Adalah. 2017. The Discriminatory Laws Database. Webwerf van die regsentrum vir Arabiese minderheidsregte in Israel. https://www.adalah.org/en/content/view/7771 (4 Maart 2019 geraadpleeg).

Babbie, E.R. en J. Mouton (reds.). 2001. The practice of social research. Oxford: Oxford University Press.

Barghouti, O. 2011. BDS: Boycott, Divestment, Sanctions. The global struggle for Palestinian rights. Chicago, IL: Haymarket.

—. 2014. Notas van ’n vergadering, 6 Julie, Seepunt, Kaapstad.

Davis, U. 2003. Apartheid Israel. Possibilities for the struggle within. Londen: Zed.

De Vos, A.S., H. Strydom, C.B. Fouché en C.S.L. Delport. 2011. Research at grass roots: For the social sciences and human service professions. Pretoria: J.L. van Schaik.

Dimbleby. J. 1979. The Palestinians. Londen: Quartet.

Ellis, M.H. 2009. Judaism does not equal Israel: The rebirth of the Jewish prophetic. New York: New Press.

Ellis, M.H. 2014. Future of the prophetic. Israel’s ancient wisdom re-presented. Minneapolis, MN: Fortress.

Erakat, N. en R. Madi. 2012. UN Committee 2012 Session concludes Israeli system tantamount to apartheid. Jadaliyya. http://www.jadaliyya.com/Details/25970/UN-Committee-2012-Session-Concludes-Israeli-System-Tantamount-to-Apartheid (4 Maart 2019 geraadpleeg).

Greig, R. 2018. The young Israelis imprisoned for refusing to serve in the IDF. Refusenik redefined. https://www.huckmag.com/perspectives/reportage-2/young-refuseniks-israel-defence-force (4 Maart 2019 geraadpleeg).

“If Americans Knew” Kantoor- en bestellingskoördineerder (orders@ifamericansknew.org), 9 Februarie 2014. Re: Shrinking map card files. E-pos aan Marthie Momberg; e-pos-adres weerhou).

Israel & US formally ditch UNESCO. 2019. International Middle East Media Centre. https://imemc.org/article/israel-us-formally-ditch-unesco (4 Maart 2019 geraadpleeg).

Jones, C. 2018. Morele leierskap noodsaaklik vir versoening – toegepas op die Israel-Palestina konflik. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(3):501–17 http://www.scielo.org.za/pdf/tvg/v58n3/04.pdf (16 Januarie 2018 geraadpleeg).

Kairos. 2015. Kairos 30th Anniversary Statement: Dangerous memory and hope for the future. Verklaring van “Kairos: Dangerous Memories international conference” www.karibu.no/document/kairos-30th-anniversary-statement-dangerous-memory-and-hope-for-the-future (25 Januarie 2019 geraadpleeg).

Kairos Palestina. 2011. ’n Oomblik van waarheid: ’n Woord van geloof, hoop en liefde uit die hart van die Palestynse lyding. https://kairospalestine.ps/sites/default/files/Afrikaans_0.pdf  (4 Maart 2019 geraadpleeg).

2017. MEMO Middle East Monitor. Rabbi denied entry to Israel over support for BDS. https://www.middleeastmonitor.com/20170725-rabbi-denied-entry-to-israel-over-support-for-bds (14 Januarie 2019 geraadpleeg).

Momberg, M. 2017. Why activists? A case-study into the self-perceived motivations of selected South Africans and Jewish Israelis in the Palestinian project. Proefskrif voorgelê vir die graad Doktor in Filosofie in die Fakulteit Teologie, Universiteit Stellenbosch http://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/101119 (9 April 2019 geraadpleeg).

Pappe, I. 2013. The ethnic cleansing of Palestine. Londen: Oneworld.

Raheb, M. 2014a. Faith in the face of empire: The Bible through Palestinian eyes. New York, NY: Orbis.

—. 2014b. Persoonlike onderhoud. 8 Junie. Kaapstad.

Sand, S. 2010. The invention of the Jewish people. Vertaal deur Y. Lotan. Londen: Verso.

Sharp, J. 2018. U.S. Foreign aid to Israel. Congressional Research Service, Report prepared for Members and Committees of Congress https://fas.org/sgp/crs/mideast/RL33222.pdf (4 Maart 2019 geraadpleeg).

Spangenberg, S. en C. van der Westhuizen, 2018. Kritiese besinnings oor die Israelse eiendomsaansprake op Palestina. LitNet Akademies, 15(3):95–137. https://www.litnet.co.za/kritiese-besinnings-oor-die-israelse-eiendomsaansprake-op-palestina (4 Maart 2019 geraadpleeg).

Tilley, V. 2009. Report: Israel practicing apartheid in Palestinian territories. Human Sciences Research Council. www.hsrc.ac.za/en/media-briefs/democracy-goverance-and-service-delivery/report-israel-practicing-apartheid-in-palestinian-territories (24 Januarie 2019 geraadpleeg).

Verenigde Nasies. 2002. Roomse Statuut van die Internasionale Geregshof. http://legal.un.org/icc/statute/romefra.htm (4 Maart 2019 geraadpleeg).

Verenigde Nasies se kantoor vir die koördinering van humanitêre sake. Besette Palestynse gebied. 2015. Fragmented lives. Humanitarian overview 2015. https://www.ochaopt.org/search/node/fragmented%20lives (4 Maart 2019 geraadpleeg).

—. 2017a. West Bank Area C: Key Humanitarian Concerns. https://www.ochaopt.org/content/west-bank-area-c-key-humanitarian-concerns (4 Maart 2019 geraadpleeg).

—. 2017b. Fragmented lives: Humanitarian overview 2016. https://www.ochaopt.org/search/node/fragmented%20lives (4 Maart 2019 geraadpleeg).

What we think, 2019. We can win on Palestine. Socialist Worker, 2635. https://socialistworker.co.uk/art/47690/We+can+win+on+Palestine (14 Januarie 2019 geraadpleeg).

Wikipedia 2019. Basic Law: Israel as the Nation-State of the Jewish People. https://en.wikipedia.org/wiki/Basic_Law:_Israel_as_the_Nation-State_of_the_Jewish_People (14 Januarie 2019 geraadpleeg).

 

Eindnotas

1 Dié studie (wat as “hoë-risiko”-navorsing deur die universiteit geklassifiseer is) se etiese klaring het meegebring dat verskeie stappe gedoen is om die veiligheid van die data en dié van die respondente te beskerm. Die deelnemers het toestemming verleen dat die bevindinge van die studie gepubliseer mag word met dien verstande dat hulle anonimiteit beskerm word.

2 Israel is ’n militêre supermoondheid in die streek wat jaarliks miljarde dollars van die VSA ontvang, en hulle mag die geld ook vir militêre doeleindes gebruik. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het Israel meer fondse as enige ander land vanaf die VSA ontvang (Sharp 2018:2).

3 Of Israel apartheid toepas of nie, moet nie geëvalueer word in terme van die Suid-Afrikaanse geval nie, maar wel volgens hoe apartheid in die internasionale reg gedefinieer word. Die Roomse Statuut van die Internasionale Geregshof (Verenigde Nasies 2002:6) bepaal dat wanneer ’n hele groep mense op grond van ras sistematies onderdruk en oorheers word met die bedoeling om sodanige bewind van onderdrukking en dominansie van een rassegroep oor ’n ander in stand te hou, dit apartheid behels.

4 Soos die respondente se blootstelling, kennis en insigte ontwikkel en verdiep het deur die loop van hulle aktivisme, het hulle toenemend die verband tussen die plaaslike konteks en die breër morele uitdaging van onreg in die wêreld besef. Hierdie kwessie ontwikkel uiteindelik tot een van die hoofredes vir volgehoue aktivisme.

The post Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd appeared first on LitNet.

Israeli and South African citizens’ motivations for joining the Palestinian struggle

$
0
0

Abstract

Why would one publicly join the Palestinian cause if one is not Palestinian oneself? What about Israel, which also suffers violent attacks? Views on Israel and the Palestinians are often positioned as though there is a conflict between two equal entities. As a result, some people argue for a “balanced” or a “neutral” approach in a case that many deem as too complex to unravel or too hopeless to address. In this article I use some of the findings of my doctoral research in empirical ethics (Momberg 2017) to explain why Israeli and South African citizens joined the Palestinian struggle.

In this inductive, contextual case study I wanted to gain insight into why, from their own perspectives, a selected group of 21 South Africans and Jewish Israelis are participating in the Palestinian liberation struggle. The respondents were selected according to a snowball technique. Eleven are South African and the other half are from Israel; one person is a citizen of both countries. Since the research was exploratory, it was informed by the research question rather than by any suppositions, and the findings are presented in the form of grounded statements.

The knowledge sought is sensitive and very personal. I was interested in the activists’ own opinions, values, preferences, attitudes, levels of (un)certainty, fears, existential perceptions, levels of commitment; that which allows for intention, moral deliberation, meaning, belonging or a sense of worthwhileness; information on how they view themselves in relation to others, and experience their practice; their motives, goals, roles, strategies, platforms and/or other reasons that inspire them. This implies that I wanted to gain insight into their innermost and perhaps the less clear or even conflicting urges, notions, feelings and cognitions that drive or motivate them to take a public stand.

I used in-depth, personal interviews, guided by a general paradigm of inquiry, and I encouraged each respondent to share her or his views freely. The manner and the sequence in which core areas were probed changed according to the flow of each discussion, but I started off by asking each respondent how long she or he had been involved in the Palestinian struggle. In almost all cases, the question elicited anecdotal responses, referring to earlier life experiences and cognitions that in hindsight underscored the respondents’ initial commitment to the Palestinian struggle. Their various reasons for why they became, and continue to be, activists in the Palestinian struggle are explained in full in my dissertation (Momberg 2017:83–296), but in this article the focus is on those incentives that spurred the 21 civilians to move from no involvement to voluntary, public advocacy.

The respondents’ reasons for joining the Palestinian struggle can be viewed through three lenses. These different angles are interwoven, and revealed complementary layers of answers as to why they first pledged commitment to active participation in the Palestinian struggle.

Firstly, their activism began with either the confirmation, or the challenge, of pre-existing perceptions. Ten people affirmed the Palestinians’ experience of pain and their desire for freedom without needing to transform any pre-existing loyalties. They realised from their introduction to the matter that the nature of the tension is that of systematic and systemic oppression. They did not have to abandon any vested or treasured attachments before committing to activism. It may have taken them some time to develop a deeper understanding of the issue and/or to step formally into the public domain, but their grasp of the asymmetric nature of the dynamics was immediate. The other half discovered that their prior knowledge and impressions around the Palestinians and Israel had been inaccurate and they adjusted their views. Whether they changed vested loyalties and/or misperceptions before committing or not, the respondents’ entry into activism was marked by two similarities: All realised the dynamics of a disproportionate power balance in which the Palestinians were responding to Israel’s military, socio-political, economic and ethnic oppression and/or dispossession. They realised that arguments that underpinned the claims of a brave Jewish nation defending itself against ruthless, irrational Palestinian aggressors misconstrued the truth. Moreover, all ascribed the rise of their commitments to their life views and to values already present in their lives before they joined the Palestinian struggle.

But one cannot assume that a compelling awareness of the plight of the Palestinians necessarily leads to a willingness to intervene. Why, then, did the respondents move from recognition and affirmation to committed activism? The second lens highlights specific, varying organising principles that underpin the embodiment of the activists’ pledge to the Palestinian struggle in their committing to advocacy. These modes are used to describe the rise of their commitment. They include normalcy; chance; a special calling or destiny; choice; a felt sense (an urge, instinct, intuition, guilt, shame, anger, excitement, being driven or pulled); urges and corporeal sensations and inexplicable realisations that seemed to hover just beyond the respondents’ grasp or were difficult to express. All strongly sensed a personal appeal and something within themselves, over and above the logical factual merits of the cause. Thus it was not so easy to pinpoint one single, or even the deepest, behavioural mode for bridging the space between non-involvement and public advocacy.

However, the respondents did mention specific, contextual experiences that had served as triggers or catalysts to convince them of the validity of the Palestinian cause. These contextual experiences – that can be considered a third lens – included other human rights struggles, particularly the South African anti-apartheid struggle and the links of these with the Palestinian situation; the contributions of other people such as family members, public figures, intellectuals, writers and activists, as well as positive and negative encounters at conferences and dialogue forums. Ideological frameworks, movements, paradigms, spirituality and religion also influenced the respondents. Similarly, experiences and impressions of violence such as Israel’s military abuse, and other encounters with armed struggle drew their attention and sensitised them to the abuses being perpetrated.

Notwithstanding the variety of experiences, exposures and modes of action, all 21 respondents' entry into the Palestinian struggle was characterised by the same core insights:

  • The situation is not a deadlock or a “conflict” between equal partners, but a deliberate systematic and systemic oppression that benefits Israel by far.
  • False information about who and what Israel is and does misleads the public.
  • Human beings have the ability to act and to embody their convictions and life views.
  • The Palestinians’ experience of pain and their liberation struggle appeal to values such as empathy and compassion, honesty and transparency, equality and justice; and to personal and social identity and integrity.

Whether or not the activists’ involvement was the outcome of years of exposure and change, and notwithstanding any of their other reasons, the central issue all of these respondents faced and affirmed regarding their committing to activism was a desire to align their existing inner values with the outer reality they encountered in and through the Palestinian struggle.

Keywords: apartheid; BDS campaign; colonialism; ethnic cleansing; Gaza; human rights; integrity; Israel; Jerusalem; Jewish-Israeli activism; Jews; militarism; motivations for activism; Nakba; non-violent resistance; occupation; oppression; organising principles that motivate activism; Palestinian struggle; refugees; South African activism; transnational solidarity; West Bank; Zionism

 

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Israeliese en Suid-Afrikaanse burgers se redes vir toetrede tot die Palestynse stryd

The post Israeli and South African citizens’ motivations for joining the Palestinian struggle appeared first on LitNet.

Graad 12, Afrikaans Huistaal: begripstoetse

Die Melktert Kommissie terug met ’n nuwe enkelsnit

$
0
0

Die Melktert Kommissie tydens 'n optrede

“Volroom-rock” is hoe hulle hul musiek beskryf, en na ’n breuk van 10 jaar is hulle terug met ’n nuwe liedjie getiteld “Weier” in egte Melktert-styl.

Dis die Melktert Kommissie! En steeds brand hulle liefde vir musiek nog net so vurig soos 17 jaar gelede toe hulle die eerste Rockspaaider-“bands”-kompetisie gewen het, laat hulle hoor.

Die Melktert Kommissie is ’n 4-stuk Afrikaanse groep, oorspronklik van Jeffreysbaai, en bestaan uit Lucinda Neethling (hoofsanger en akoestiese kitaar), Jean-Marie Korff (elektriese kitaar en agtergrondsang), Tim van der Westhuizen (baskitaar) en Jan-Adriaan Korff (tromme en agtergrondsang).

Benewens oor hul nuwe enkelsnit is hulle ook opgewonde om terug te keer verhoog toe met verskeie konserte wat voorlê.

Marli van Eeden gesels met Jean-Marie Korff.

Jean-Marie Korff

Aanhangers onthou julle vir bekende en gewilde liedjies soos “My Engel” en “Proudly South African”. Vertel ’n bietjie meer vir dié wat dalk nie weet nie: Wie en wat is die Melktert Kommissie?

Ons is ’n groep vriende van Jeffreysbaai wat saam musiek begin maak het en die eerste Rockspaaider-kompetisie gewen het in 2002. Ons het hier en daar breaks gevat tussenin, maar na 17 jaar is ons steeds passievol oor Afrikaanse musiek en glo ons in oorspronklike, ongekompliseerde liedjies.

Julle keer ná 10 jaar terug na die musiektoneel. Waarom die besluit om terug te keer met ’n nuwe enkelsnit?

Ons hoofsanger, Lucinda Neethling, het nog al die jare aanhou skryf aan songs en sit met soveel nuwe, amazing songs. Ons praat al lank van weer musiek record, en om eerlik te wees, dit sou al vroeër gebeur het, maar ons moes die timing regkry met almal se skedules. Ons wou natuurlik ook vir al ons fans ’n nuwe song gee, want na al die jare het ons steeds soveel lojale ondersteuners en ons is so dankbaar daarvoor!

Tim van der Westhuizen

Wat het in die afgelope 10 jaar gebeur sedert die Melktert Kommissie besluit het om ’n bietjie van ’n blaaskans te vat? Waarmee het die verskeie groeplede hulself besig gehou?

Ek en my man, Jan-Adriaan Korff (die drummer), het Kaap toe getrek en ouers geword van ’n awesome seuntjie – hy is nou drie en ’n half. Ek het vir agt jaar by Channel24 gewerk as nuus- en musiekredakteur, en ek werk sedert begin 2018 by Jonathan Ball Publishers in Woodstock as publicist vir plaaslike skrywers. Jan-Adriaan werk as ’n design draughtsman by DV8 Architects in Woodstock. Tim van der Westhuizen (baskitaar) het ook Kaap toe getrek en werk vir ’n Amerikaanse maatskappy, Plex, as ’n developer. Lucinda het getrou en gekwalifiseer as ’n Pilates-instrukteur en haar eie studio oopgemaak in Pretoria. Sy is ook ’n kunstenaar en fokus op balpuntpentekeninge. Jy kan hier van haar amazing kuns sien. Dan het Lucinda ook ’n nuwe musiekprojek aangepak hierdie jaar saam met Bouwer Bosch. Hulle stel hulle eerste EP vry op 7 Junie, getiteld “Waar die see die kus omhels”. Kyk uit daarvoor!

Jan-Adriaan Korff

Vertel meer oor julle nuwe enkelsnit, “Weier”?

Lucinda het “Weier” geskryf, so sy verduidelik die beste waaroor die liedjie gaan: "As mens met iemand woorde wissel is jou eerste reaksie om die blaam op jouself te plaas. ‘Weier’ gaan oor daardie oomblik wat mens besef dit is nie noodwendig jou skuld nie. Tydens ’n onderonsie is dit moeilik om te sê wat jy voel en maklik om te sê wat jy nie moet nie – woede maak mens dom." Die hele idee agter “Weier” en die proses met die opneem daarvan was dat ons wou hê dit moet voel soos ’n oorspronklike Melktert Kommissise song. Ons het alles in die studio so live en rou as moontlik probeer doen.

Luister hier die Melktert Kommissie se nuwe enkelsnit, “Weier”:

Beskryf die Melktert Kommissie se musiekstyl – het dit enigsins verander?

Die CD-winkels het ons altyd in die kategorie van Adult Contemporary gesit. Ons het ons sound altyd as Volroom-rock beskryf – miskien is dit nog steeds? Ons styl het nie veel verander nie – dis lyric-driven alternatiewe musiek.

 Is dit uitdagend om weer as ’n band saam te werk?

Nie regtig nie. Ons is soos familie en verstaan mekaar. Die enigste uitdaging is die afstand tussen Lucinda in Pretoria en die res van ons in die Kaap. Ons het die hele song verwerk via WhatsApp, so spot ons het nou ’n WhatsApp band geword!

Lucinda Neethling

Waar en wanneer tree julle weer op?

6 en 7 Junie (sold out)
Die Boer, Durbanville
Tyd: 20:30
Kaartjies: R145
Besprekings: 021 979 1911 of www.dieboer.com

14 Julie
Bands for Bricks, Sun Arena, Pretoria
Saam met: Klopjag, Piet Botha, Anton Goosen, Koos Kombuis, Valiant Swart, Jan Blohm, Gian Groen, ddisselblom, Roan Ash, Tidal Waves, Jonathan Martin, HemelBesem, Joe Foster, Appel en Bottomless Coffee Band.
Tyd: 12:00
Kaartjies: R350 by https://itickets.co.za

28 Julie – Acoustic show
Marianne Wine Estate, Stellenbosch
Tyd: 15:00
Kaartjies: R80
Besprekings: 021 875 504 / taste@mariannewinefarm.co.za

Wat hou die toekoms vir die Melktert Kommissie in?

Meer songs en gigs!

................................

Die Melktert Kommissie se eerste album, Volroom, is in Junie 2003 opgeneem en later daardie jaar vrygestel. Hulle tweede album, Wonderwoorde, is in November 2005 opgeneem en vroeg in 2006 vrygestel. Drie musiekvideo’s van snitte op die album het gevolg: “Hier’s ek weer”, “My engel” en “Proudly South African”. Nominasies ná Wonderwoorde se vrystelling het ingesluit ’n Kanna-nominasie vir hul Wonderwoorde-produksie by KKNK en by die MK Awards vir Beste Rockgroep.

Middel-2007 het Die Melktert Kommissie hul derde album, Vergewe en vergeet, opgeneem. Twee musiekvideo’s, “Mr Jealousy” en “Pronk”, is vanaf die album gemaak. Die snit “Pronk” is ook gebruik op die klankbaan vir die Afrikaanse film Bakgat!.

The post Die Melktert Kommissie terug met ’n nuwe enkelsnit appeared first on LitNet.

Graad 3, gesyferdheid: vraestel en memorandum


Programma: Week van de Afrikaanse roman 2019

$
0
0

Van vrijdag 20 t/m zondag 29 september 2019 wordt in Nederland en Vlaanderen de vierde Week van de Afrikaanse roman gehouden. Deze leescampagne richt de aandacht op Afrikaanstalige literatuur in Nederlandse vertaling.

Graag stellen we de schrijvers en artiesten die dit jaar deelnemen aan de Week van de Afrikaanse roman aan u voor en geven we u een overzicht van het voorlopige programma. Bij veel evenementen zullen ook Nederlandse en Vlaamse schrijvers optreden; hun namen worden later bekendgemaakt.

Meer informatie kunt u vinden op onze website: www.weekvandeafrikaanseroman.nl

Deelnemers

Frazer Barry (Foto: Naomi Bruwer)

Frazer Barry, zanger, kletsrymer en multi-instrumentalist, is de frontman van de klipkoprock-formatie Tribal Echo. In het najaar van 2018 toerde hij door Nederland met de voorstelling Krotoa van het Volksoperahuis uit Amsterdam i.s.m. Artscape in Kaapstad. Barry bespeelt allerlei traditionele, zelfgemaakte instrumenten, van blik-kitaar tot theelepel en seebamboes. Hij heeft zich uitvoerig verdiept in de taal en cultuur van zijn Khoi-voorouders. Samen met zijn vrouw Deniel Barry (percussie) brengt hij daarnaast een programma met getoonzette gedichten van Adam Small, een van de eerste Kaapse stemmen in de Afrikaanse literatuur. 

Karin Brynard

Karin Brynard is een journaliste die in de Struggle-jaren haar sporen verdiend heeft in de brandende straten van Soweto. Als politiek correspondent voor een landelijke krant was ze getuige van de vrijlating van Nelson Mandela en de geboorte van een nieuw Zuid-Afrika. Brynard schreef tot nu toe drie literaire thrillers – Plaasmoord, Onse vaders en Tuisland – die behalve spannend ook opvallend humoristisch zijn. Brynard heeft talloze prijzen gewonnen, waaronder de UJ Debuutprijs voor Creatief schrijven en twee keer de M-Netprijs. Plaasmoord is in Nederlandse vertaling verschenen onder de titel Moord op Huilwater. Brynards boeken zijn ook in het Engels beschikbaar. Haar meest recente roman, Tuisland (2017), overstijgt het thrillergenre. Hierin schrijft zij met grote deernis over het armoedige leven van de laatste San (Bushmen) aan de rand van de Kalahariwoestijn.

Valda Jansen (Foto: Brenda Veldtman)

Valda Jansen is geboren in Aliwal-Noord, maar groeide op in het kustplaatsje Strand. Ze studeerde Duits aan de Universiteit van Wes-Kaapland en werkte als lerares Duits in Mitchells Plain en Paarl. Daarna werkte ze als journalist bij Die Burger en Beeld, als tekstschrijver bij het tv-journaal en als redacteur bij de radioprogramma’s Monitor, Spektrum en Naweek-Aktueel. Haar gedichten werden opgenomen in verschillende bloemlezingen en ze schreef zeven jaar lang columns voor Die Burger en Beeld. In 2016 verscheen haar debuutroman Hy kom met die skoenlappers, waarin de hoofdpersoon heen en weer geslingerd wordt tussen haar bruine gemeenschap in Zuid-Afrika en de witte wereld van haar Duitse geliefde. In beide landen is het verleden nog voelbaar in het heden.

Pieter Odendaal (Foto: Retha Ferguson)

Pieter Odendaal is dichter, vertaler, uitgever, producent en directeur van InZync Poetry, een organisatie die zich toelegt op de uitbreiding van meertalige poëzieplatforms in Stellenbosch en Kaapstad. Hij studeerde Duurzame ontwikkeling en werkt nu aan de Queensland University of Technology in Brisbane aan een proefschrift over spoken word als een manier om tolerantie in sociaalecologische systemen te bevorderen. In 2018 verscheen zijn debuutbundel asof geen berge ooit hier gewoon het nie.

Riana Scheepers (Foto: Naomi Bruwer)

Riana Scheepers werd geboren in Vryheid in KwaZoeloe-Natal. Ze groeide op te midden van Zoeloe-kinderen, leerde al vroeg Zoeloe spreken en luisterde ’s avonds bij het vuur naar de verhalen van een oude Zoeloe-vrouw. Scheepers studeerde Afrikaans en Nederlands aan de Universiteit van die Vrystaat in Bloemfontein en werkte als docent aan de universiteiten van Zoeloeland en Kaapstad, als redacteur bij uitgeverij Tafelberg en als schrijfdocent aan het Paul Roos Gymnasium in Stellenbosch. In 2002 trouwde ze met een wijnboer. Met hem woonde ze afwisselend in het vissersdorpje Paternoster aan de Westkus, op wijnboerderij De Compagnie in de Wamakersvallei en op de plaas Klipkraal in de Tankwa-Karoo. Sinds 2015 woont Scheepers met haar man in Wildernis aan de Zuid-Afrikaanse zuidkust. Ze geeft regelmatig schrijftrainingen en is een veelgevraagd spreker op scholen en bij leeskringen. In haar romans en korte verhalen verwerkt Scheepers thema’s en motieven uit inheemse verteltradities. Ook hebben haar verhalen een feministisch karakter. Haar meest recente roman, Stormkind (2018), is een poëtisch en zintuiglijk geschreven verhaal over een boerenmeisje dat opgenomen wordt in de cultuur van de San, de oorspronkelijke bewoners van de streek.

Eben Venter (Foto: Naomi Bruwer)

Eben Venter is de auteur van zeven veelgeprezen romans, waaronder Foxtrot van die vleiseters, Ek stamel, ek sterwe en Wolf, Wolf. Hij is ook de auteur van twee verhalenbundels en een verzameling columns. Venter groeide op op een schapenboerderij in de Oostkaap en emigreerde in 1986 naar Australië. Verwerking van het verleden, de migrantenervaring, homoseksualiteit en milieubehoud zijn belangrijke thema’s in zijn werk. In de loop der jaren heeft hij vele literaire onderscheidingen gewonnen, waaronder de prominente KykNet-Rapport-prijs. Zijn meest recente boek, Groen soos die hemel daarbo, verscheen in 2018. Bij dit boek hoort ook een fototentoonstelling, die in de Verenigde Staten enthousiast is ontvangen.

Meer weten over de deelnemende schrijvers en artiesten? Kijk dan op www.weekvandeafrikaanseroman.nl.

Programma

Vrijdag 20 september 2019

  • Alle schrijvers: openingsavond Week van de Afrikaanse roman i.s.m. B-Unlimited, Den Haag

Moderator: Abdelkader Benali

Zaterdag 21 september 2019

  • Alle schrijvers: byAndries, Culemborg

Zondag 22 september 2019

  • Alle schrijvers: PEN Spreekt, De Balie, Amsterdam 

Maandag 23 september 2019

  • Eben Venter: Rijksuniversiteit Groningen, Groningen 

Dinsdag 24 september 2019

  • Riana Scheepers: Koffieochtend voor Zuid-Afrikaanse expats, Zuid-Afrikahuis, Amsterdam
  • Valda Jansen en Eben Venter: Leeskring, Zuid-Afrikahuis, Amsterdam
  • Frazer en Deniel Barry: Bijlmer Boekt, Bijlmer Parktheater, Amsterdam

Woensdag 25 september 2019

  • Karin Brynard, Valda Jansen, Pieter Odendaal, Riana Scheepers, Eben Venter: Vlaams Letterenhuis, Antwerpen (Be.)
  • Karin Brynard, Valda Jansen, Pieter Odendaal, Riana Scheepers, Eben Venter: Universiteit van Antwerpen, Antwerpen (Be.)

Donderdag 26 september 2019

  • Eben Venter: Leeskring, deBuren, Brussel (Be.)
  • Alle schrijvers, Els Moors e.a.: deBuren, Brussel (Be.)

Vrijdag 27 september 2019

  • Alle deelnemers, Theresa Biberauer, Bart de Graaff e.a.: Letterkundig symposium, Universiteit van Amsterdam, Amsterdam
  • Pieter Odendaal: Seizoensopening Stichting Perdu, Amsterdam
  • Frazer en Deniel Barry, Karin Brynard, Valda Jansen, Riana Scheepers, Eben Venter: Herman van Veen Arts Center, Landgoed De Paltz, Soest

Zaterdag 28 september 2019

  • Karin Brynard: Kalahari Support Groep, Amsterdam
  • Frazer en Deniel Barry, Riana Scheepers: Hartklop Genootschap, Leuven

Woensdag 2 oktober 2019

  • Riana Scheepers: vertoning jeugdfilm Meerkat Maantuig en Q&A met de schrijfster, OBA, Amsterdam (opening Kinderboekenweek)

...........................

De meest actuele informatie verschijnt t.z.t. op de site van de plaatselijke organisatie. We houden u ook op de hoogte via onze website: www.weekvandeafrikaanseroman.nl, en onze Facebook- en Twitterkanalen.

Het logo van de Week van de Afrikaanse roman is ontworpen door de Zuid-Afrikaanse kunstenaar en schrijver Nathan Trantraal.

De Week van de Afrikaanse roman is een project van Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland i.s.m. Stichting Afrikaans en de Lage Landen.

De Week van de Afrikaanse roman wordt financieel mogelijk gemaakt door de volgende sponsors:

Nederland: Algemeen Nederlands Verbond, Stichting Zuid-Afrikahuis Nederland • België: Vlaams Zuid-Afrikaanse Cultuurstichting • Zuid-Afrika: Afrikaanse Taalraad, Hiemstra Trust, Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en Van Ewijck Stigting • Nederland, Vlaanderen, Suriname: Taalunie

The post Programma: Week van de Afrikaanse roman 2019 appeared first on LitNet.

Veeltaligheid op universiteit: ’n uitdaging én ’n geleentheid vir identiteitsvorming

$
0
0

Veeltaligheid op universiteit: ’n uitdaging én ’n geleentheid vir identiteitsvorming

Emma Groenewald, Sol Plaatje-universiteit
Adré le Roux, Universiteit van die Vrystaat

LitNet Akademies Jaargang 16(2)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die artikel1 fokus op die wyse waarop studente aan ’n veeltalige Suid-Afrikaanse universiteit hulle identiteite met behulp van narratiewe onderhandel en navigeer. Studente bring hulle unieke lewenstories na die universiteitskonteks, waar skakeling met verskillende taal-, ras- en kultuurgroepe bydra tot die herevaluering en hervorming van identiteite. Interaksie tussen studente op ’n veeltalige kampus bring dus nuwe moontlikhede vir identiteitsvorming. Deur taal kan die omgaan met verskillende individue/groepe verstaan en uitgedruk word. Taal is enersyds ’n manier om ons van ander individue te onderskei, terwyl individue andersyds deur taal saamgebind word. Die studie word benader vanuit ’n sosiaal-konstruktivistiese paradigma, en sentreer rondom die vraag: Hoe word die identiteitsvorming van studente op ’n veeltalige kampus met behulp van narratiewe onderhandel en genavigeer? Met behulp van refleksiewe skryfopdragte en semigestruktureerde onderhoude is data van vier studente uit verskillende taalgroepe (Tswana, Afrikaans, Xhosa en Sotho) tydens hulle eerste en tweede studiejaar gegenereer.

Om die deelnemers se stories in te samel en te ontleed is ’n narratiewe metodologie gevolg. Die lees van die data deur Somers (1994) se narratiewe-identiteitsbenadering en Tajfel en Turner (1979) se sosiale-identiteitsteorie het verseker dat die deelnemers se kulturele ingebedheid nie verlore raak nie. Die deelnemers se narratiewe uit hulle onderskeie gemeenskapsruimtes is as vertrekpunt gebruik om vas te stel in watter opsig hierdie studente hulle narratiewe identiteite binne die universiteitskonteks navigeer en onderhandel. Om die narratiewe identiteite uit te beeld, is taalervaringe verweef met persoonlike norme en perspektiewe. Die ontleding van die narratiewe het getoon dat onderhandeling en navigering van narratiewe identiteite op ’n veeltalige universiteitskampus kan plaasvind deur herskepping, aanpassing, hervorming en onttrekking. Die verskillende wyses van onderhandeling en navigering hou bepaalde implikasies in vir die bevordering van veeltaligheid en die bestuur van diversiteit op ’n universiteitskampus, asook vir die onderhandeling van ’n universiteitskultuur.

Trefwoorde: agentskap; gemeenskaplikheid; identiteit; konteks; narratief; navigeer; onderhandel; studente; taal

 

Abstract

Multilingualism at university: a challenge and an opportunity

In this article we discuss the ways in which students at a multilingual South African university negotiate and navigate their narrative identities. Students continuously navigate and negotiate to adapt to the new university context while their own identities are simultaneously re-evaluated and reconstructed. Students bring their own unique stories, embedded in history, culture and language experiences, to the diverse university context. In such a context, the interaction among different language, racial and cultural groups creates opportunities for the re-evaluation and reconstruction of identities. Identity construction is a flexible process whereby negotiations and movement happen continuously as students are influenced by new contexts, processes and relationships.

Since several relational networks of time and space may overlap and move, the identities of students may move in relation to the new tertiary spaces they enter. In this new space, students use language as a way to express their understanding and engagement with other people. It is through the use of language that we are differentiated from other people, but also connected to people. Despite the vision of the Revised Language Policy Framework in Higher Education (2017) to promote multilingualism on campuses, the daily language practices of students still indicate many challenges of multilingualism. While language practices on campus can create dominant positions that advantage the language of the majority, they can also create subdominant positions that exclude and marginalise minority groups.

This article follows from a qualitative study which was undertaken over a period of two years (2016–2017) at the Sol Plaatje University in Kimberley. The aim of the study, and this article, is to answer the question: How do students construct their identities on a multilingual campus through narrative negotiation and navigation? In order to answer this question, data was generated through reflective exercises and semi-structured interviews with four students from four language groups, namely Tswana, Afrikaans, Xhosa and Sotho. As semi-structured interviews are flexible, fluid and interactive, we were able to capture the students’ own perspectives, opinions, experiences, comprehension, interpretations and interactions. By means of reflection, the participants were able to recall and retell their experiences as stories.

In alignment with a narrative methodology this study is underpinned by a social constructivist paradigm that highlights the importance of individual experiences and interaction in the meaning-making process. This approach is aligned with our assumption that reality is socially constructed and research can be undertaken only through the interaction of the researchers and the participants. Narratives are constellations of relationships embedded in time and context and linked together as a storyline. By means of a narrative approach we were able to analyse the way in which the participants’ narratives created a balance between their intra- and interpersonal identities. As such, we were able to indicate the manner in which the four participants navigate and negotiate their narrative identities on a multilingual campus.

In this article we used Margaret Somers’s Narrative Identity Theory (1994) and Tajfel and Turners’ Social Identity Theory (1979) as a theoretical framework to understand how the participants navigate and negotiate their narrative identities on a multilingual campus by taking into account the cultural embeddedness of each participant. The Narrative Identity Theory helped us to read each participant’s story against the backdrop of multiple cultural and historical stories. Through their reflection on past experiences, the participants’ ontological narratives emerged as unique stories that brought insight and meaning to their lives. Their public narratives are linked to the bigger stories of family and institutions. By linking the individual events of each participant in a framework of time, space and social relations, we created informal storylines. The Social Identity Theory was useful to interpret and analyse each story within the social context in which the students act. The language practices on campus illustrate the communality and differentiation among students and indicate the manner in which they negotiate and navigate their identities on their multilingual campus.

Premised on the assumption that the analysis and interpretation of narratives is one process, we analysed the narrative data with the aim of understanding the meanings that the participants link to themselves, their environment, their lives and their lived experiences. The telling of stories ensures a better understanding of human experiences and this sheds light on the complexity of multilingualism. The participants’ community narratives were used as a point of departure to determine the extent to which they negotiate and navigate the university context while shaping their narrative identities. Their experiences, which are intertwined with their personal values and perspectives, are discussed with a focus on language.

The article sheds light on the way students negotiate and navigate their linguistic diversity in a multilingual university context during the process of the construction of narrative identities. We established that students navigate and negotiate their narrative identities by means of recreation, adaptation, reconstruction and disengagement. Positive negotiation of multilingualism will take place when the university’s linguistic context and the social and political conditions of the country are taken into account. The way in which students are socialised will determine whether they are using opportunities to learn new languages. Furthermore, students with strong intrapersonal attributes and identity capital show a positive experience of multilingualism on campus.

The findings of the study also have implications for the promotion of multilingualism on campus. Opportunities such as a language week, modules in communication and a platform for languages can create a positive attitude towards minority languages which, in turn, may lead to agency and inclusivity. The possibility exists that critical reflection and communality may result in improved knowledge of the other. By implication, the promotion of multilingualism may also have a positive impact on the university culture. The participants’ narratives indicate that multilingualism on a university campus can be both a challenge and an opportunity for identity construction.

Keywords: higher education, identity construction, multilingualism, narratives, narrative identity, narrative methodology

 

1. Inleiding

Die geskiedenis van hoër onderwys in Suid-Afrika toon ’n leemte ten opsigte van veeltaligheid. Voor 1994 was daar vyf wit Afrikaansmediumuniversiteite, een dubbelmediumuniversiteit, vier histories wit Engelse universiteite en ses swart Engelse universiteite (Bunting 2006). Die verandering na ’n demokratiese bestel in Suid-Afrika in 1994 het nie net gelei tot die erkenning van 11 amptelike tale in die Grondwet van Suid-Afrika (108 van 1996:Seksie 30) nie, maar ook nuwe geleenthede vir veeltaligheid moontlik gemaak. Histories gevestigde universiteite kon in die lig van die Language Policy for Higher Education van 2002 meedoen aan die ontwikkeling van ’n veeltalige omgewing ten einde te verseker dat bestaande tale van onderrig nie die toegang en sukses van studente beperk nie (Van der Walt 2004). Die Revised Language Policy Framework in Higher Education (Revised Language Policy) van 2017 versterk die belang en bevordering van veeltaligheid ten einde betekenisvolle toegang tot en deelname aan universiteitsaktiwiteite en intellektuele ontwikkeling te verseker. Nuutgestigte universiteite, as produkte van linguistiese kontekste en huidige politieke en sosiale toestande, is gevolglik in ’n gunstige posisie om van meet af aan ’n veeltalige konteks te skep (Oostendorp 2014).

Taal speel ’n belangrike rol in die wyse waarop ons die gemeenskap ervaar en omskryf, en elke keer wanneer ons praat, is ons inderdaad besig om ’n sin van die self in die groter sosiale konteks te onderhandel en te heronderhandel (Norton 2010). Soos Verwoerd (2016) tereg opmerk, is taal is nie alleen ’n manier om te kommunikeer nie, maar word dit ook verbind met kulturele praktyke, geskiedenis en ideologieë. Taal en kultuur beïnvloed mekaar op veelvuldige maniere tydens die oordra van inligting (Jacobs 2014). As ’n omgewingspraktyk word taal en, by implikasie, kultuur volgens die reëls, norme en verwagtinge wat binne ’n spesifieke konteks geld, hervorm en aangepas (Valentine, Sporton en Nielsen 2008). Afhangend van die konteks kan ’n taal ’n dominante of subdominante posisie geniet. Onderhandeling en navigering sal dus op grond van die statusposisie van ’n taal kan plaasvind.

In ’n veeltalige universiteitskonteks word die etos, kultuur en karakter van die instelling bepaal deur die wyse waarop identiteite deur taal genavigeer en gevorm word (Webb 2002). In sodanige konteks onderhandel studente dus voortdurend ’n sin van behoort deur hulle taal en kultuur in te span. Alhoewel identiteit vloeibaar, kompleks en veranderlik is na gelang van die individu se blootstelling aan nuwe kontekste, sosiale verhoudinge en praktyke (Sachs 2000), kan daar aangeneem word dat ’n inklusiewe universiteitskultuur wat veeltaligheid erken en ontwikkel, kan bydra tot ’n positiewe onderhandeling van identiteite. Deur middel van taal onderhandel studente dus ’n sin van die self en word hul ervaringe in ’n betekenisvolle geheel geïllustreer en gestabiliseer.

In hierdie artikel verken ons die wyse waarop vier studente aan die Sol Plaatje-universiteit (SPU), ’n nuutgestigte veeltalige kampus in die Noord-Kaap, se identiteitsvorming met behulp van hulle narratiewe onderhandel en genavigeer word. SPU, wat in 2013 gestig is, dra as hoëronderwysinstelling nie dieselfde letsels as ’n voorheen benadeelde of historiese wit universiteit nie, en die instelling bied as sodanig ’n unieke navorsingskonteks. Terwyl die Revised Language Policy(2017) veeltaligheid op kampusse wil bevorder, bied daaglikse taalpraktyke van studente vele uitdagings vir veeltaligheid. Ons bied eerstens ’n historiese oorsig aan van taal in Suid-Afrikaanse hoër onderwys, waarna die invloed van taal op identiteitsvorming bespreek word. Hierna word die keuse van ’n teoretiese raamwerk en die navorsingstrategie verduidelik. Ons eindig die artikel deur aan te dui hoe die genoemde studente se narratiewe daarop heenwys dat ’n veeltalige kampus ’n bedreiging, maar ook ’n geleentheid vir identiteitsvorming bied.

 

2. Historiese oorsig van taal in Suid-Afrikaanse hoër onderwys

In Suid-Afrika het taal oor vele dekades tot spanning en konflik gelei. Tydens die koloniale bewind is Hollands (1652–1795) en later Engels (1806–1910) as voertaal afgedwing, terwyl die apartheidsregering Afrikaans en Engels as die enigste amptelike tale erken het (Truter 2004). Die bevordering van Afrikaans is tydens apartheid aangemoedig, terwyl aparte onderwysdepartemente vir etniese groepe verdere verdeeldheid tussen ras- en taalgroepe veroorsaak het (Kamwangamalu 2001). Voor 1994 het taal ’n rol gespeel om swart Suid-Afrikaners te marginaliseer, en het dit ook verdeeldheid tussen verskillende etniese groepe tot gevolg gehad.

Sedert 1994 is deur verskeie beleidsingrypings gepoog om die taalonregverdighede van die verlede reg te stel en transformasie ten opsigte van die erkenning van veeltaligheid te bewerkstellig. Die Department of Education (2001:29) bevorder veeltaligheid deur van die standpunt uit te gaan dat “speaking the language of other people not only facilitates meaningful communication, but also builds openness and respect as barriers are broken down”. Die veeltalige aard van Suid-Afrikaanse universiteitskampusse is in 2002 erken deur die Language Policy for Higher Education en deur die Revised Language Policy for Higher Education (2017) bekragtig. Volgens laasgenoemde (seksie 13.3) moet hoëronderwysinstellings, in ooreenstemming met die Grondwet, die amptelike tale van Suid-Afrika bevorder “[to] ensure transformation in higher education through enhancing the status and roles of previously marginalised languages to foster institutional inclusivity and social cohesion”.

Die massifisering van hoër onderwys het tot hoër studentegetalle en die skep van ’n diverse universiteitsektor gelei (Badsha 2000). Die verandering in studentedemografie het bygedra tot die verandering van tradisioneel Afrikaansmediumuniversiteite na parallelmediuminstellings. By die Universiteit Stellenbosch (US) het die gebruik van Afrikaans die afgelope 15 jaar afgeneem van die enigste medium van onderrig, na taal van onderrig by verstek, na gelyke status met Engels met beskerming, na gelyke status sonder beskerming. Teen die einde van 2015 was Afrikaans die sekondêre taal van onderrig by die US (Giliomee 2015) en volg dié instelling se huidige taalbeleid ’n inklusiewe benadering met ’n duidelike klemverskuiwing van taalregte na taalgeregtigheid (Schoonwinkel 2017). ’n Aksiegroep by die US, Gelyke Kanse, het hulle, nadat hulle aansoek om die herinstelling van Afrikaans as ’n parallelle medium van onderrig deur die Wes-Kaapse Hoër Hof afgewys is, tot die Konstitusionele Hof gewend. Die saak wat op 13 September 2018 aangehoor sou word, is onbepaald uitgestel sodat die verhoorrekord in Engels vertaal kan word. Dié groep voer aan dat die verengelsing by US nie gerig is op rassegelykheid en -integrasie nie, maar eerder op die bevoordeling van ’n groeiende getal wit Engelssprekende studente (Nkosi 2018).

By die Universiteit van die Vrystaat (UV) het parallelmediumonderrig integrasie en sosiale kohesie verhinder. Parallelle strome van onderrig het studente op grond van ras verdeel – swart studente het in die Engelse stroom ingeskryf, terwyl bruin en wit Afrikaanssprekendes in die kleiner Afrikaanse stroom ingeskryf het (Salomone 2018). In Desember 2017 het die Hooggeregshof beslis dat alle onderrig aan die UV in Engels moet geskied. Aangesien Afrikaans steeds beskou word as ’n simboliese verbintenis met apartheid, kan Engels as neutrale taal van onderrig eenheid onder studente by die UV bewerkstellig (Salomone 2018). Volgens Jonathan Jansen, voormalige rektor van die UV, moet taal nie ’n hindernis vir swart studente by universiteite wees nie (Nkosi 2018). Toegang tot ’n universiteit moet dus nie bepaal word deur die dominante taal by die universiteit nie.

Noordwes-Universiteit (NWU) is ’n veeltalige universiteit wat, afhangend van die kampus (Potchefstroom, Mahikeng of Vanderbijlpark), drie tale vir onderrig gebruik, naamlik Afrikaans, Engels en Tswana of Sotho. Terwyl NWU Afrikaans as akademiese taal benut, word Tswana as wetenskapstaal ook ontwikkel (Kruger 2018). Eloff (2018) wys daarop dat die Konstitusionele Hof bevind het dat Afrikaans as onderrigtaal weens marknavraag erkenning kan geniet. Afrikaans en Engels is tans die primêre tale van onderrig by NWU, met die voorbehoud dat die ontwikkeling van Tswana en Sotho as onderrigtale versnel moet word (Language Policy of the NWU 2018, seksie 5.4).

Ook by SPU is die medium van onderrig Engels, alhoewel Tswana die dominante spreektaal onder die studente is. Volgens statistiek van Sensus 2011 is Afrikaans egter die taal wat die meeste gepraat word (68% sprekers) in die Noord-Kaap, gevolg deur Tswana (33,1% sprekers) (Media Club South Africa 2018). Al 11 amptelike tale word in ’n mindere of meerdere mate deur die studente op kampus verteenwoordig. VolgensdieRevised Language Policy(2017) moet inheemse tale erkenning geniet, terwyl ’n kultuur van veeltaligheid gekweek moet word (Salomone 2018). Engels as enigste onderrigtaal kan die onregverdighede van die verlede regstel en hindernisse van andersheid verwyder (Verwoerd 2016). Engels as primêre taal op kampusse kan ’n rol speel om bewustheid en eenheid tussen verskillende kultuurgroepe te skep. Aan die ander kant kan Engels as enigste onderrigtaal niemoedertaalsprekers se akademiese ontwikkeling vertraag. Ten spyte daarvan dat beleide in die hoër onderwys op inklusiwiteit fokus deur waardes soos demokrasie en menseregte te erken, is dit steeds nie sigbaar in daaglikse praktyke nie (Carrim 2003). Volgens Sayed en Soudien (2003:17) moet daar ’n sterker “conscious and self-conscious consideration of identity and role” wees ten opsigte van wie vir insluiting en uitsluiting verantwoordelik is. Kulturele regverdigheid vereis dus dat sprekers van dominante taalgroepe ’n sterker bewustheid van gemarginaliseerde tale se sprekers ontwikkel (Sayed en Soudien 2003). Introspeksie kan ’n beter begrip van subdominante groepe en ’n erkenning en verdeling van linguistiese en kulturele bronne meebring.

Taalpraktyke skep dominante rolle, wat die oorheersende groep se taal bevoordeel, en subdominante rolle, wat die minderheidsgroep(e) se taal of tale uitsluit en benadeel (Tatum 2013). Dominante tale verskil van konteks tot konteks, maar ten einde toegang vir studente uit alle taalgroepe te verseker, moet Engels as die dominante onderrigtaal op kampusse gebruik word. Studente sal ’n gevoel van behoort ontwikkel indien hul huistaal wel erkenning in kultuur- en sportaktiwiteite geniet. Die narratiewe van studente in hierdie artikel gee ’n aanduiding van wie ingesluit word en wie gemarginaliseer word.

Vervolgens bied ons ’n bespreking aan van die verband tussen identiteit en taal.

 

3. Identiteit en taal

Taal is ’n sleutelkomponent van identiteit, aangesien ons persoonlike identiteite (norme en waardes) en sosiale identiteite (interaksie in die sosiale omgewing) daardeur beïnvloed word. Dillabough (2000:339) beskryf die verhouding tussen taal en identiteit soos volg: “[I]dentity relations are shaped by social and structural relations and are situated in language. Through language they are ‘intersubjectively’ embedded.”

Deur taal kan die individu sy of haar gedagtes en emosies uitdruk. Terwyl identiteit met behulp van onderhandeling en navigering in verhouding tot ervaringe, geleenthede en mense gevorm word (Eteläpelto en Vähäsantanen 2006), word taal ’n manier om sodanige onderhandeling te verwoord. Die onderhandeling en navigering van identiteit kan beter verstaan word deur die tweeledige aard van identiteit in ag te neem. Elke individu het aan die een kant ’n unieke intrapersoonlike aard, wat sy of haar perspektiewe, doelwitte en waardes insluit, maar aan die ander kant ook ’n interpersoonlike aard wat afhang van die individu se interaksies in die sosiale omgewing (Schwartz 2005; Mallett en Wapshott 2012). Die intrapersoonlike aard (agentskap) word gerig deur ’n proses van differensiasie en verwys na die individu se sin van die self as ’n unieke persoon. Die interpersoonlike aard (gemeenskaplikheid) berus weer op sosialisering en versterk die individu se sin van behoort aan ’n sosiale groep (Adams en Marshall 1996). Hierdie gemeenskaplikheid kan versterk word wanneer individue dieselfde taal praat en ook aan dieselfde sosiale groep behoort. Wenger (1998:149) verwys na kollektiewe identiteite as “the ways we and others reify ourselves”. Politieke, ekonomiese, historiese en persoonlike faktore binne ’n sekere konteks sal bepaal in watter mate individue onderlinge gemeenskaplikheid ervaar, waarna ’n kollektiewe identiteit geskep kan word.

Op veeltalige Suid-Afrikaanse kampusse onderhandel en navigeer studente voortdurend hulle identiteite deur ’n balans tussen hulle intrapersoonlike en interpersoonlike identiteit te probeer vind. Die narratiewe van studente is ’n sinmaakproses en bring balans tussen die tweeledige aard van hulle identiteite. Studente se intrapersoonlike identiteit word in ’n groot mate gevorm deur hulle gemeenskap, ouerhuis of die omgewing waarbinne hulle grootgeword het, terwyl hulle interpersoonlike identiteit deur interaksie in die sosiale omgewing gevorm word. Die mate waartoe die individu daarin slaag om suksesvol in ’n nuwe omgewing te onderhandel, hang af van sy of haar intrapsigiese bates. Côte (1997) en Schwartz (2001) verwys na dié bates as identiteitskapitaal en beweer dat eienskappe soos selfvertroue, unieke vaardighede en talente die individu help vorm betreffende wie jy is en wat jy bereik het.

Mense word op grond van dimensies van andersheid, naamlik ras, geslag, godsdiens, klas, taal en seksuele oriëntering, van mekaar onderskei (Derrida 2000; Francis 2006). Die spesifieke kategorielidmaatskap dra terselfdertyd ook by tot kohesie en ’n gevoel van behoort tot ’n sosiale groep. Sodra kategorieë van ras, klas, geslag, taal en godsdiens oorvleuel as gevolg van kontekstuele faktore soos familieagtergrond, sosiokulturele toestande, huidige lewenservaringe en universiteitskultuur, kan die spesifieke kategorie meer of minder sigbaar raak. Houdings teenoor spesifieke tale en sprekers van tale word beïnvloed deur die status en mag wat met tale geassosieer word (Leibowitz, Adendorff, Daniels, Loots, Nakasa, Ngxabazi, Van der Merwe en Van Deventer 2005). Die verhouding tussen taal en identiteit oorvleuel op verskeie maniere met onderrig en leer. Studente se gevoel van behoort en integrasie op kampus word deur taal uitgedruk (Leibowitz e.a. 2005). Soos Fisher, Evans, Forbes, Gayton en Liu (2018) tereg aandui, moet studente op ’n veeltalige kampus voortdurend hulle veeltalige identiteite onderhandel en navigeer terwyl hulle in interaksie tree met studente uit verskeie taalgroepe.

Huistaal of eerste taal as merker van identiteit is veral sterk wanneer die taal gemarginaliseer word, soos die geval van ’n spreker van ’n Afrikataal in ’n oorwegend Engelse universiteit. Malcolm, Keane, Hoopla, Kaka en Ovens (2000) se studie van eerstejaarstudente aan die Universiteit van die Witwatersrand het bevind dat alhoewel veeltaligheid ’n waarneembare kenmerk van alle studente is, Engels as beide ’n bedreiging en ’n geleentheid deur veral township- en landelike studente beskou is. Die nuwe omgewing het gevoelens van onsekerheid, vrees, isolasie en oorweldiging, asook finansiële en akkommodasiebekommernisse ingehou. Cross, Shalem, Backhouse en Adams (2009) identifiseer drie sosiale toestande wat ’n invloed op studentesukses aan ’n Suid-Afrikaanse universiteit kan inhou, naamlik agtergrond (taal, kultuur en klas), die leeromgewing van die universiteit en die individuele student se vermoë om binne die veeltalige kampus te onderhandel.

 

4. Navorsingsdoelwit

Hierdie navorsing is deur een sentrale navorsingsvraag gerig, naamlik: Hoe word die identiteitsvorming van studente op ’n veeltalige kampus met behulp van narratiewe onderhandel en genavigeer?Ten einde die onderhandeling van studente se narratiewe identiteite op ’n veeltalige kampus beter te verstaan, belig ons dit vanuit twee spesifieke teorieë, maar gegrond in die filosofiese aannames van sosiaal-konstruktivisme.

 

5. Teoretiese raamwerk en onderliggende navorsingsparadigma

Somers (1994) se narratiewe-identiteitsvorming fokus op die wysewaarop die individu se ken, verstaan en sin maak van die sosiale wêreld deur narratiwiteit bepaal word. Tajfel en Turner (1979), daarenteen, plaas met hul sosiale-identiteitsteorie die fokus opintergroeponderskeiding vir ’n beter verstaan van die individu se veelvuldige sosiale identiteite. Ons beskou die twee teorieë se verskillende invalshoeke as aanvullend tot mekaar en as ’n geskikte teoretiese raamwerk om die wyse waarop die deelnemers in hierdie studie hulle narratiewe identiteite onderhandel en navigeer, te belig. Soos reeds genoem, grond ons ons gebruik van die teoretiese raamwerk binne die konteks van hierdie artikel in die filosofiese aannames wat deur’n sosiaal-konstruktivistiese paradigma onderskryf word.

5.1 Narratiewe-identiteitsvorming

Volgens Somers (1994) moet narratiewe benader word deur die samevoeging van verskillende dele (byvoorbeeld simboliese, kulturele, institusionele of materiële praktyke) in ’n aaneengeskakelde sosiale netwerk. Deur die losstaande dele in ’n geheel saam te voeg word ’n storielyn geskep en word betekenis aan elke gebeurtenis verleen. Ervaringe wat binne ’n spesifieke raamwerk van tyd, plek en verhoudinge plaasvind, beïnvloed ons storielyn sowel as ons identiteitsvorming. Terwyl taal dus ’n sentrale rol speel in individue se belewing en sinmaak van gebeurtenisse, en ook in hulle identiteitsvorming, is narratiewe ’n manier om te kommunikeer en ervaringe te verwoord (Somers 1994). In hierdie artikel fokus ons op vier eerstejaarstudente se ontologiese en openbare narratiewe, en om sin van dié narratiewe te maak, steun ons op Somers (1994; Somers en Gibson 1994) se uiteensetting daarvan.

Volgens Somers (1994) is ontologiese narratiewe die unieke stories wat insig aan individue gee om hulle lewens te leef, terwyl openbare narratiewe verbind word met stories van familie, die werksplek, die kerk, regering en nasie. Die deelnemers se gemeenskapsnarratiewe is ontologies van aard deurdat dit hulle ervaringe in hulle onderskeie gemeenskapsruimtes, as hulle onmiddellike wêreld, op interpersoonlike en sosiale vlakke, verken. Die deelnemers se institusionele narratiewe, daarenteen, fokus op hulle belewing van die universiteitskonteks as ’n intersubjektiewe instelling wat groter is as die enkele individu (Somers en Gibson 1994). Deur die deelnemers se gemeenskapsnarratiewe as vertrekpunt te neem, kon ons vasstel in watter mate hulle binne die universiteitskonteks moes aanpas.

Ons sinmaak van die deelnemers se narratiewe is egter ook gerig deur die feit dat ons verstaan dat daar, ingebed in elke individu, bepaalde verhoudinge en stories aanwesig is wat oor tyd en ruimte verander. Tydelike en veelvuldig gelaagde narratiewe is die kern van narratiewe-identiteitsvorming (Somers en Gibson 1994). Individue se interaksie in die sosiale omgewing kan dus verstaan word slegs indien die kulturele en historiese ingebedheid van die individu in ag geneem word. Deur taal kan individue hulle verbintenisse met ruimtes en verhoudinge uitdruk. Die eienskappe van narratiewe bring ’n beter verstaan van die ingebedheid van elke individu. Verwantskaplikheid beteken dat gebeurtenisse nie in isolasie beskou word nie, maar as deel van ’n reeks gebeure (Somers 1994). Deur selektiewe toe-eiening word spesifieke narratiewe uit ’n reeks gebeure gekies. Aangesien dié gebeure in ’n tydelik opvolgbare storielyn geplaas word, kan die verwantskap tussen verskillende gebeurtenisse duidelik na vore kom. Elke gebeurtenis kry egter onafhanklike betekenis deur ’n informele storielyn (Somers en Gibson 1994). Die studente se narratiewe gee ’n uitbeelding van hulle persoonlike waardes, sieninge en norme, asook die wyse waarop hulle in die sosiale omgewing in interaksie tree. Narratiewe-identiteitsvorming bring dus ’n balans tussen agentskap en gemeenskaplikheid.

5.2 Sosiale-identiteitsteorie

Tajfel en Turner (1979) se sosiale-identiteitsteorieplaasdiefokus op intergroeponderskeiding sodat die self en sosiale identiteite van individue beter verstaan word. Sosiale identiteite is konteksafhanklik en verklaar die individu se optrede in die sosiale wêreld. Tajfel en Turner (1979) gebruik die prosesse van selfkategorisering, sosiale identifikasie en sosiale vergelyking om die sogenaamde in groep (“ons”) teenoor die buitegroep (“hulle”) te evalueer. Selfkategorisering is ’n proses waartydens die individu reflekteer en selfbeoordeling doen ten opsigte van die konteks waarin hy of sy verkeer. Deur hierdie vloeibare, konstruktiewe selfomskrywing word verskillende selfkategorieë geskep wat bepaal word deur die konteks waarin die individu verkeer. Sosiale kategorisering word deur die individu gebruik om hom- of haarself te omskryf, asook diegene wat anders is. Taalpraktyke illustreer gemeenskaplikheid en differensiasie tussen individue. Differensiasie (intrapersoonlik) fokus op die onderskeiding van verskillende aspekte van die individu, terwyl gemeenskaplikheid (interpersoonlik) geborgenheid of ’n gevoel van behoort aan ander (’n groep) aandui (Adams en Marshall 1996). Op ’n veeltalige kampus soos SPU kategoriseer studente hulself om hulle plek in die sosiale omgewing te interpreteer en te verklaar. In hierdie artikel wys ons daarop hoe die deelnemers, wat onderskeidelik Xhosa-, Tswana-, Sotho- en Afrikaanssprekend is, se narratiewe ’n uitbeelding gee van hulle taalervaring op kampus. Ons bied die deelnemers se narratiewe as ’n geïntegreerde storielyn aan deur die kulturele ingebedheid van elke deelnemer (Somers 1994) en die sosiale konteks waarbinne elkeen optree (Tajfel en Turner 1979) in ag te neem.

Tydenssosiale identifikasie verbind individue hulself aan ’n in groep deur die waardes en praktyke van die groep aan te neem. Indien die in groep meer bewus is van die buitegroep kan dit onderlinge kompetisie voorkom, terwyl kohesie, samewerking, positiewe evaluering, lojaliteit en trots die in groep tot ’n eenheid saambind (Tajfel en Turner 1979). Die vergelyking met ander groepe vind deurlopend plaas en kan positief of negatief wees. Positiewe sosiale identiteite ervaar geborgenheid in hulle groep, en sodoende word ’n kollektiewe identiteit geskep. Tajfel en Turner (1979) se sosiale-identiteitsteorie erken die historiese en kulturele ingebedheid van elke individu en bring beter begrip mee in die optrede van die individu in die sosiale wêreld. Identifikasie is ’n kognitiewe manier om onsself te omskryf. Die verbintenis aan ’n spesifieke taalgroep het ’n kognitiewe, emosionele en evalueringsdimensie (Tajfel en Turner 1979). Die deelnemers se taalervaringe op ’n diverse kampus gee ’n beter begrip van wie hulle is en hoe hulle op ’n veeltalige kampus onderhandel en navigeer.

5.3 Sosiale konstruktivisme

Die filosofiese aannames wat sosiale konstruktivisme onderlê, is nie net binne die konteks van ons navorsingsdoelwit betekenisvol nie, maar ook in verhouding tot bogenoemde teoretiese raamwerk. Sosiale konstruktivisme erken dat die werklikheid sosiaal saamgestel word (Denzin en Lincoln 2000; Lit en Shek 2002). Hoe die individu die werklikheid ervaar, word verbind met sy of haar ervaringe, wat weer verbind word met die individu se interaksie in die sosiale omgewing. Die wyse waarop elke individu in die sosiale wêreld onderhandel en navigeer, het ’n invloed op betekenisvorming. Die interaksie tussen individue dra daartoe by dat kennis van die ander verbreed terwyl nuwe kennis ook verkry word. As onderliggende paradigma beklemtoon sosiale konstruktivisme die belangrikheid van refleksie in betekenisvorming. Deur introspeksie word ervaringe herroep en herleef. Elke ervaring word binne ’n raamwerk van tyd, ruimte en verhoudinge verbind met vorige ervaringe, en as stories oorvertel en aangebied. Narratiewe verleen betekenis aan ons ervaringe en gee insig in wie ons is, terwyl dit ook ons optrede verklaar (Somers 1994). Kultuur en geskiedenis is ingebed in elke individu en speel ’n sentrale rol in identiteitsvorming. Somers (1994) se narratiewe- identiteitsbenadering het ons gehelp om die deelnemers se ingebedheid en die rol van tyd en ruimte in elke storie uit te lig. Die sosiale-identiteitsteorie van Tajfel en Turner (1979) is as lens gebruik om die deelnemers se stories te interpreteer en aan te bied binne die konteks waarin elkeen optree. Vanuit die aanname dat die werklikheid sosiaal gekonstrueer is, is die teoretiese raamwerk gebruik om elke deelnemer se taalervaringe in ’n storielyn te verbind en aan te bied.

 

6. Navorsingstrategie

6.1 Metodologie

Hierdie artikel is gerig deur ’n narratiewe metodologie wat ’n tuiste vind binne die tradisioneel kwalitatiewe benadering wat die aanname ondersteun dat die werklikheid begryp kan word alleenlik deur veelvuldige sosiale konstruksies van betekenis en kennis in ag te neem (Mertens 2014; Nieuwenhuis 2016). Ons was in besonder aangetrokke tot ’n kwalitatiewe benadering se klem op die natuurlike kontekste waarin interaksies plaasvind (Nieuwenhuis 2016). Gegewe die doelwit van die studie, om deelnemers se narratiewe-identiteitsvorming beter te verstaan, en ten einde vas te stel hoe hulle hul identiteite op ’n diverse kampus onderhandel en navigeer, was dit dus van pas om binne die universiteitskonteks na hulle stories te luister.

Aangesien dit belangrik was om die deelnemers se persoonlike en unieke ervaringe binne die sosiale konteks waarin hulle verkeer te verstaan, het ons ’n narratiewe benadering gevolg. Ten einde die deelnemers se identiteitsvorming deur middel van hul stories te belig, is ons artikel gerig deur Connelly en Clandinin (2006:477) se omskrywing van ’n narratiewe metodologie:

People shape their daily lives by stories of who they and others are and as they interpret their past in terms of these stories. Story, in the current idiom, is a portal through which a person enters the world and by which their experience of the world is interpreted and made personally meaningful. Narrative inquiry, the study of experience as story, then, is first and foremost a way of thinking about experience. Narrative inquiry as a methodology entails a view of the phenomenon. To use narrative inquiry methodology is to adopt a particular view of experience as phenomenon under study.

In nuwe kontekste en in nuwe verhoudinge kan narratiewe dus as ’n sinmaakproses gebruik word. Narratiewe identiteit bring ook ’n balans tussen die intrapersoonlike identiteit (agentskap) en die interpersoonlike identiteit (gemeenskaplikheid) (Bamberg 2015). Om studente se narratiewe-identiteitsvorming op ’n veeltalige kampus te verstaan, moet daar na hulle geluister word, terwyl ook die wyse waarop hulle onderhandel en navigeer beskryf, vertolk en verstaan moet word. Derhalwe gebruik ons ’n narratiewe metodologie, wat in ooreenstemming is met ons aanname dat die werklikheid sosiaal gekonstrueer word en dat navorsing slegs deur ’n interaksie tussen die navorsers en die deelnemers gedoen kan word (Denzin en Lincoln 2017).

6.2 Deelnemers

Binne die konteks van hierdie artikel word daar vasgestel hoe vier van die studente hulle identiteite met behulp van narratiewe op ’n veeltalige kampus onderhandel en navigeer. Om die taalervaringe op ’n veeltalige kampus vas te vang, word daar met die narratiewe van ’n Xhosa-, ’n Sotho-, ’n Tswana- en ’n Afrikaanssprekende student gewerk. Aangesien die deelnemers se sosiale identiteite ook verskil ten opsigte van ras, geslag, etnisiteit, klas en geloof, is elke deelnemer se narratiewe uniek en persoonlik. Die diversiteit van die deelnemers verteenwoordig die studentekorps van die SPU en weerspieël die universiteit se visie van inklusiwiteit (Sol Plaatje University 2015). Ons het van meet af aanvaar dat ’n diverse groep studente ryk inligting oor die onderwerp na vore sou bring(Curtis, Gesler, Smith en Washburn 2000; Creswell 2014). Alhoewel die vier deelnemers die diversiteit van SPU verteenwoordig, insluitende die vier grootste taalgroepe, voer ons geensins aan dat hulle ervaringe verteenwoordigend is van die spesifieke groepe nie. Die individu is immers ingebed in verhoudinge en stories wat konstant in vloeiing is binne die konteks van tyd, plek en mag (Somers en Gibson 1994). Identiteitsvorming en die navigering en onderhandeling daarvan met behulp narratiewe is ’n unieke en persoonlike aangeleentheid – die doel met die artikel is nie om bevindinge te veralgemeen en terselfdertyd tot spesifieke groepe te reduseer nie. Die artikel het eerder ten doel om moontlikhede van die verskeie maniere waarop studente hulle narratiewe identiteite op ’n veeltalige universiteitskampus kan onderhandel en navigeer, te oorweeg.

Etiese klaring vir die onderneming van hierdie studie is toegestaan deur die Universiteit van die Vrystaat se Etiese Komitee, en toestemming om met die deelnemers te werk is verleen deur die registrateur van SPU. Die deelnemers het ’n toestemmingsvorm onderteken nadat die doel van die studie en implikasies van deelname aan hulle voorgehou is.

6.3 Datagenerering en -ontleding

Die besluit om met slegs vier deelnemers te werk is geneem na aanleiding van die aanname dat dit nie die aantal deelnemers is wat ’n sleutelrol speel in kwalitatiewe navorsing nie, maar eerder die diepte of kwaliteit van die data wat deur ’n aantal indringende onderhoude met die deelnemers gegenereer word (Bold 2012; Burmeister en Aitken 2012). Kim (2016) wys daarop dat in narratiewe navorsing, waar die klem geplaas word op die lewenstories van individue, die deelnemers gewoonlik min is, terwyl datagenerering ’n langer proses is. Die data wat in hierdie artikel gebruik word, is oor twee jaar met behulp van twee refleksiewe skryfopdragte en twee semigestruktureerde individuele onderhoude met elke deelnemer gegenereer. Dié metodes van datagenerering vind aanklank by die sosiaal-konstruktivistiese aanname dat betekenisvorming ’n individuele en sosiale konstruksie is, en dat elke individu se ervaringe beter begrip bring van sy of haar se intra- en interpersoonlike identiteit.

Met die aanvang van die deelnemers se eerste studiejaar het hulle ’n skryfopdrag tuis voltooi wat behels het dat hulle moes reflekteer op hulle huis-, skool- en omgewingservaringe. Die reflektiewe skryfopdrag het die deelnemers die geleentheid gegee om as skrywers van hulle eie storie op te tree, hulle ervaringe te verwoord en hulle stemme hoorbaar te maak (Richardson 2000; Ivanič en Camps 2001; Park 2013). Deur introspeksie kon die deelnemers oor hulle ervaringe van die verlede peins, terwyl hulle ander, soortgelyke gebeure in hulle verbeelding kon oproep. Die refleksiewe skryfopdragte het die deelnemers se openbare narratiewe as stories uit hulle gemeenskapslewe vasgevang en ’n agtergrond van elkeen verskaf. In aanvulling tot die skryfopdrag is ’n semigestruktureerde onderhoud deur die eerste outeur met elke deelnemers gevoer. Tydens die onderhoude van min of meer ’n uur elk is daar gefokus op die deelnemers se sosialisering in hulle onderskeie gemeenskapsruimtes. Die onderhoude was dus uniek van aard, aangesien die gesprekke gerig is deur elke deelnemer se persoonlike gemeenskapsnarratiewe. Die gemeenskapsnarratiewe bring ’n beter verstaan van wie elke deelnemer is in terme van persoonlike norme, waardes en sieninge. Aangesien die deelnemers se interaksie in die sosiale omgewing hulle ervaringe van anderen hulle gevoel van behoort belig, kon hulle intra- en interpersoonlike identiteite aan die begin van hulle eerste studiejaar as unieke storielyne voorgestel word.

’n Jaar later, dus ’n jaar na blootstelling aan ’n veeltalige universiteitskonteks, is ’n tweede stel data gegenereer om spesifiek die studente se ervaringe binne die universiteitsruimte te verken. Die deelnemers het weer ’n skryfopdrag tuis voltooi waarin hulle versoek is om te reflekteer het oor hulle ervaringe binne die universiteitskonteks. Die refleksiewe skryfopdrag het die deelnemers die geleentheid gegee om self hulle storie oor hul universiteitservaringe te skryf. Die opvolgonderhoud van min of meer ’n uur met elkeen het gefokus op vertelling van hulle ervaringe binne die universiteitskonteks. Elke deelnemer het as verteller van sy of haar storie opgetree en sodoende is verseker dat elkeen se storie gehoor word. Die onderhoude, as aanvulling tot die skryfopdragte, het ons die geleentheid gegee om dieper ondersoek in te stel na die deelnemers se institusionele narratiewe en die wyse waarop hulle taalervaringe op kampus met hulle persoonlike waardes en sieninge verweef word. Die deelnemers se ryk beskrywings het gehelp om hulle geleefde wêrelde deur hulle te leer ken. Die beskrywings verbind die deelnemers se ervaringe met ons as navorsers se vertolking daarvan sodat ’n betekenisvolle aanbieding verskaf kon word (Ponterotto 2006). Die ryk beskrywings het ook insig verleen in elke deelnemer se emosies, beskouings en menings. Narratiewe is ’n sinmaakproses en daarom is stories die kern van identiteitsvorming (Somers 1994; Lewis 2011).

Aangesien dit die doel van hierdie artikel is om ondersoek in te stel na die wyse waarop studente hulle identiteite op ’n veeltalige kampus met behulp van narratiewe onderhandel en navigeer, was ons geïnteresseerd in hoe die studente binne die universiteitskonteks oor hulle ervaringe reflekteer en dit in die vorm van narratiewe sou aanbied. Die onderhoude is met die deelnemers se toestemming met ’n oudio-opnemer opgeneem en deur die eerste outeur getranskribeer. ’n Induktiewe tematiese ontleding is gebruik om temas in die skryfopdragte en transkripsies van die onderhoude te identifiseer. Temas wat herhaaldelik in die data voorkom, is uitgewys en vertolk (Creswell 2014) voor dit in ’n storielyn aangebied is. In ons ontleding en vertolking van die narratiewe gebruik ons die deelnemers se intra- en interpersoonlike identiteite, soos binne hulle onderskeie gemeenskapsruimtes gevorm, as vertrekpunt om hulle onderhandeling en navigering op hulle veeltalige kampus beter te verstaan.

Die kwessie van die sogenaamde waarheid van stories kom dikwels in narratiewe navorsing ter sprake. Bold (2012) wys daarop dat alhoewel die vraag gevra kan word na die bestaan van waarheid in enige storie, kan narratiewe nie op grond van hul waarheid geoordeel word nie. ’n Herkonseptualisering van konsepte soos geldigheid, betroubaarheid en herhaalbaarheid kan sinvol binne die konteks van ’n narratiewe raamwerk gebruik word. In dié verband voer Bold (2012:144) aan dat

validity lies in the relevance of the lives explored, and their replicability is not in the ability to repeat the research and find the same conclusions, but in the comparisons that readers make with the lived stories that they know.

Aangesien die stories van die deelnemers as’t ware al verskeie kere in ’n verskeidenheid van kontekste en ervaringe binne die gedagtegang van die lesers herhaal is, is dit betroubaar. Betroubaarheid lê dus daarin dat die vertel van stories op verskeie maniere raakpunte met ander (se) stories het.

Die deelnemers se ervaringe op kampus word vervolgens bespreek met betrekking tot hulle taalervaringe en word verweef met persoonlike waardes en sieninge ten einde hulle narratiewe identiteite uit te beeld. Skuilname word gebruik om die identiteit van die studente en geografiese plekke te beskerm.

 

7. Taalervaringe van studente

7.1 Nomsa

Nomsa is ’n Xhosa-meisie, gebore in die Oos-Kaap, maar het die grootste deel van haar lewe op ’n plattelandse dorpie in die Noord-Kaap grootgeword. Al is haar huistaal Xhosa, vertel Nomsa dat in die oorwegend Afrikaanssprekende Posville “all the people you would meet spoke Afrikaans”.Volgens haar kan Afrikaans as brugbouer dien deur verskillende kultuurgroepe saam te bind. Sy vertel:“At school we were Xhosa and coloured learners – there was no difference. We spoke Afrikaans 100% of the time. Even with the Xhosa teacher we would speak Afrikaans.” Volgens Tajfel en Turner (1979) word sosiale identifikasie verbind met intragroepkohesie, samewerking, altruïsme en positiewe evaluering, lojaliteit en trots. Aangesien Nomsa Afrikaans kon praat, het sy deel van die Afrikaanssprekende gemeenskap in Posville geword en ’n gevoel van behoort ontwikkel. Sy identifiseer egter steeds met die Xhosataal en haar Xhosakultuur. Haar ouers het haar in graad 3 na haar ouma in die Oos-Kaap gestuur en dit het gehelp om haar Xhosa te verbeter.

By die SPU isdie meeste studente swart en Tswanasprekend, en om aan te pas in die nuwe linguistieke konteks, het Nomsa haar narratiewe identiteit onderhandel en genavigeer. Op die SPU-kampus het sy geleer dat taal ’n kritieke rol speel in sosiale interaksie. Sy wou graag in die koor sing, maar omdat daar meestal in Tswana gesing word, het sy besluit om nie aan te sluit nie. Sy wou ook by die dramagroep aansluit, maar ook daar was die kommunikasie meestal in Tswana. Al verkeer Nomsa se huistaal op kampus in ’n subdominante posisie, het sy haar nie van ’n kampuslewe onttrek nie, maar positief gereageer. Deur haar doelbewuste sosialisering met Tswana-studente het sy Tswana aangeleer “[and it] became a joyful experience”. Nomsa glo haar vriende sal hierdeur gemotiveer word om ook ’n ander taal aan te leer.

Nomsa vertel ook van die Afrikadagviering waar toesprake in Tswana en Xhosa gemaak is, maar die oomblik toe een student in Afrikaans begin praat het, was almal negatief. Al kan Nomsa nou Tswana praat, identifiseer sy nie met die negatiewe opmerkings en perspektiewe van sekere Tswana-studente nie. Nomsa het dus haar groeplidmaatskap geëvalueer as deel van haar selfomskrywing (Tajfel en Turner 1979). Volgens Nomsa is die taalkwessie gebaseer op “power and peer pressure”. Terwylsommige studente Afrikaans steeds beskou as die taal van die onderdrukker, glo sy dat Afrikaans, as een van die amptelike tale van Suid-Afrika, ook erkenning moet geniet. Volgens haar moet daar meer oor verskille, soos taal, gepraat word. Sy glo dat ’n “society group of languages” studente kan help om sake onafhanklik te benader.

Nomsa se sterk intrapersoonlike identiteit het bygedra tot haar gemaklike interaksie in die sosiale omgewing. Sy het ’n positiewe ingesteldheid en probeer om haar altyd in ander se skoene te plaas. Tajfel en Turner (1979) beweer dat sosiale identiteit uit drie dele bestaan: ’n kognitiewe komponent, wat kennis van die groep behels, ’n evalueringskomponent, wat positiewe of negatiewe groepsevaluerings behels, en ’n emosionele komponent,wat positiewe of negatiewe assosiëring betrek. Nomsa se positiewe assosiasie met Tswana-studente het ’n groot invloed op haar positiewe sosiale identiteit. Haar gunstige vergelyking van Xhosa en Tswana dra by tot haar positiewe sosiale identiteit (Tajfel en Turner 1979). As Xhosaspreker openbaar sy ’n positiewe intergroepvergelyking met die Tswana-studente. Met hierdie positiewe sosiale identiteit kon sy maklik by die kampuslewe inskakel en ’n gevoel van geborgenheid ontwikkel.

Terwyl Nomsa se aanleer van Tswana bydra tot haar gevoel van behoort by die SPU, lei studente se negatiewe opmerkings oor taal tot interne konflik by haar. Al pla dit haar dat minderheidsgroepe, soos Afrikaanssprekendes, nie erkenning op kampus geniet nie, verkies sy om stil te bly oor dié onregverdighede en uitsluiting. Sy omring haar met positiewe mense en haar positiewe identiteit vergemaklik haar interaksie op ’n veeltalige kampus.

7.2 Zahra

Zahra is ’n Sotho-meisie van Bessiesrus in die Vrystaat. Haar ma is oorlede toe sy 11 jaar oud was en hierna het haar ouma haar help grootmaak. Haar openbare narratiewe, wat stories uit haar gemeenskap vasvang, toon dat haar negatiewe ervaring van Afrikaans op laerskool ontstaan het. Aangesien sy haar nie goed kon uitdruk in Afrikaans nie, het die Afrikaanssprekende kinders op haar neergesien. Toe sy begin om mense te kategoriseer, het haar ma haar geleer om mense te respekteer vir wie hulle is. Zahra het dus sosiale kategorisering gebruik as ’n kognitiewe manier om haar sosiale omgewing te omskryf (Tajfel en Turner 1979).

In haar graad 8-jaar is Zahra na ’n Katolieke kosskool in Wolfontein, Vrystaat, gestuur. Die medium van onderrig in dié skool was Engels en hier het Zahra ook vir die eerste keer met verskillende kultuurgroepe interaksie gehad. Sy het op skool ook gewoond geraak daaraan dat haar huistaal, Sotho, gemarginaliseer word. Zahra praat Sotho by die huis en met haar vriende Engels. By die SPU het sy Sotho-, Tswana- en Xhosa-vriende.

Afrikaans is egter een van die dominante tale in die Noord-Kaap, en by die SPU moes Zahra noodgedwonge basiese woordeskat van Afrikaans aanleer. Sy het reeds ’n BA-graad aan die Universiteit van Bessiesrus voltooi. Dit was ook in daardie tyd dat sy verkrag is. Hierdie voorval, tesame met die dood van haar pa, ma en ouma, het veroorsaak dat sy haar onttrek het van die sosiale lewe. Haar identiteitskapitaal was dus beperk toe sy by die SPU ingeskryf het. Zahra se institusionele narratiewewat haar ervaringe binne die universiteitskonteks uitbeeld, verwoord diespanning wat tussen taalgroepe op kampus voorkom. Al is die medium van onderrig Engels, noem Zahra dat kodewisseling tussen Engels en Afrikaans, asook Engels en Tswana, gereeld voorkom. Sy vertel van ’n voorval toe ’n bruin studentemeisie ’n vraag in Afrikaans beantwoord het. Toe ’n klasmaat wou weet wat sy gesê het, het die meisie soos volg gereageer: “If you learnt to listen you wouldn’t be asking such stupid questions.” Zahra se ma het haar geleer om mense te respekteer vir wie hulle is. In ’n negatiewe universiteitskonteks was sy egter genoodsaak om hierdie waardes van haar te onderdruk. Zahra vertel verder dat Afrikaanssprekende bruin studente in sommige gevalle deur dosente en veiligheidspersoneel bevoordeel word. Sy verwys na ’n voorval toe ’n Tswanastudent ’n vraag oor ’n taak aan ’n dosent gestel het. Die dosent het net kortweg geantwoord: “You should read the instructions.” Toe ’n bruin Afrikaanssprekende meisie wat laat opgedaag het, egter ’n vraag gevra het, het die dosent die onderwerp, wat reeds bespreek was, volledig verduidelik. Zahra kategoriseer Afrikaanssprekendes as onverdraagsaam, terwyl sy nie die individuele eienskappe van Afrikaanssprekendes waarneem nie (Tajfel en Turner 1979). Die negatiewe ervaring wat Zahra op laerskool van Afrikaanssprekendes gehad het, is dus op universiteit versterk, in so ’n mate dat sy nie haar eie onverdraagsaamheid teenoor Afrikaanssprekendes kan raaksien nie.

Op laerskool het Afrikaanssprekendes op Zahra neergekyk, terwyl sy in haar universiteitsomgewing ervaar dat Afrikaanssprekendes bevoordeel word. Zahra het gevolglik meer begin fokus op die eienskappe wat Afrikaanssprekendes deel as op die individuele eienskappe van Afrikaanssprekendes. Haar gemeenskapsnarratiewe toon dat waardes en norme vir haar belangrik is. Toe sy waarneem hoedat sekere taalgroepe bevoordeel word, moes sy haar eie waardes onderdruk ten einde ’n gevoel van behoort te ervaar. Aangesien Zahra die universiteitskonteks as beperkend ervaar, noodsaak dit haar om aanpassings te maak en haar narratiewe identiteit te hervorm.

7.3 Joseph

Joseph het grootgeword in Moetsuwa in Noordwes, by sy ma se ouers. Sy pa is Swati en sy ma is Tswana en al is daar verskille tussen die tradisies van die twee kultuurgroepe, beskou hy homself as ’n Tswana. Joseph is egter veeltalig en kan Tswana, Swati, Afrikaans, Engels, Chinees en ’n bietjie Portugees praat. Die gemeenskap in Moetsuwa is hoofsaaklik Tswanasprekend, terwyl die minderheidsgroepe Afrikaans-, Xhosa- en Zoeloesprekende vroue in die gemeenskap is. Tydens sy laerskooljare het hy hom tussen Tswanasprekende kinders bevind, maar later is hy na ’n oorwegend Afrikaanssprekende hoërskool gestuur. Joseph vertel: “My grandparents had a belief that I hated Afrikaans speakers, but it was not true.” Aangesien daar konflik tussen Joseph se Swati- en Tswana-familielede was, het sy ouers besluit om hom na ’n kosskool te stuur. Die medium van onderrig by hierdie skool was Afrikaans, maar die onderwysers moes diegene wat nie Afrikaans magtig was nie, in Engels bystaan.

Sy openbare narratiewe beeld die onverdraagsaamheid van die Afrikaanssprekende kinders en onderwysers teenoor hom as Tswanaspreker uit. Joseph vertel: “They [die skoolkinders] would speak Afrikaans and would feel offended if I speak Setswana.” In die skool was Joseph, as swart Tswanaspreker, deel van een van die minderheidsgroepe. Volgens hom sal kategorielidmaatskap, soos taal, bepaal wie in die dominante posisie van bevoordeling verkeer en wie die subdominante posisie van benadeling ervaar (Tatum 2013). Aangesien Afrikaans ’n hoër status geniet het en Tswana nie die status van onderrigtaal geniet het nie, het Joseph ’n negatiewe gevoel teenoor Afrikaans ontwikkel. Hy vertel dat hy en sy Indiërvriend, wat ook nie Afrikaans magtig was nie, “started to hate Afrikaans class, so we had an attitude toward Afrikaans, not attending classes”.Ten spyte van hierdie negatiewe ervaring van Afrikaans het Joseph later bevriend geraak met Afrikaanssprekendes en in die proses het hy Afrikaans leer praat. Hy vertel verder dat hy nog nooit ’n Tswanasprekende meisie uitgeneem het nie. Sy vorige en sy huidige meisie is Afrikaanssprekend.

Joseph se institusionele narratiewe toon dat hy meestal met Tswanasprekende studente sosiaal verkeer. Na skool het hy ’n BA-graad in letterkunde aan die Universiteit van Moetsuwa gevolg. Op skool moes hy toekyk hoe sy huistaal uitgesluit word. Dit het sy liefde vir Tswana verder versterk en daarom het hy aangesluit by ’n organisasie, PESU (Puo Ee Siang Union),wat hom daarvoor beywer om die stand van Afrikatale te bevorder. Hy vertel: “I really want to protect our mother tongue especially my language.”Die ervaringe van Joseph ten opsigte van taal kan dus nie as geïsoleerde gebeurtenisse begryp word nie en dui daarop dat die verwantskap tussen gebeurtenisse deur ’n informele storielyn beklemtoon word (Somers 1994).

Soos Zahra, noem Joseph ook dat kodewisseling by die SPU, veral tydens groepwerk in lesinglokale, voorkom. Volgens hom skakel klasmaats oor na hulle moedertaal as hulle iets wil bespreek en ook in die geval van aangeleenthede “that might oppress you”. Volgens Somers (1994) is andersheid ingebed in verhoudinge en verwantskaplikheid en derhalwe word die manier waarop studente ander tale ervaar, verbind met eie ervaringe en verhoudinge. Joseph glo dat studente wat ’n vraag in Afrikaans vra, nie-inklusief optree. Op hoërskool het hy leer Afrikaans praat, maar by die SPU noem hy dat“[Afrikaans-speaking students] feel they can’t engage with me in Afrikaans”.Joseph gebruik Tswana-gesegdes in die klas, maar vertaal dit dadelik na Engels. Alhoewel hy weet dat party van sy klasmaats dit beledigendvind, is hy van mening dat dit slegs “deep Setswana”is watklasmaats kan uitsluit.Hy noem dat baie van sy klasmaats begin het om Tswana te leer. Aangesien Joseph se huistaal tydens sy hoërskooljare uitgesluit is, doen hy nou alles in sy vermoë om Tswana te bevorder. Sy institusionele narratiewe toon dat hy gereeld Tswana in die klas praat, al weet hy dat sommige studente uitgesluit voel deur die kodewisseling. Hy wil graag ’n Tswana-skrywer word en op kampus verkeer hy sosiaal met mense “who loves [sic] writing”. Aangesien die meerderheid van die studente by die SPU Tswanasprekend is, was dit nie nodig vir Joseph om enige taalaanpassings op kampus te maak nie. Hy identifiseer op kognitiewe en emosionele vlak met Tswana, terwyl sy sosiale identifikasie met Tswana hom in staat stel om ander taalgroepe te evalueer (Tajfel en Turner 1979). Joseph se institusionele narratiewe toon hoe hy sy narratiewe identiteit ten opsigte van taal onderhandel het. Terwyl sy skoolervaring een was van taaluitsluiting, neem hy op kampus waar hoe ander tale uitgesluit word. Hy praat gereeld Tswana in die klas en maak hom dus skuldig aan uitsluiting. Hy beskou sy kodewisseling na Tswana in die klas egter nie as uitsluiting nie – vir hom gaan dit oor die hoër doel, naamlik om sy huistaal, Tswana, te bevorder.

7.4 Johan

Johan is ’n Afrikaanssprekende wit seun van Kiesersville. Sy openbare narratiewe toon dat Afrikaans deel van sy “menswees”is. Hy het in ’n Afrikaanse huis grootgeword en het ook die grootste deel van sy lewe Afrikaans gepraat. Hy vertel dat die laerskool waarin hy was, “Afrikaans ten volle ondersteun en ... die taal in alle opsigte bevorder” het. Hulle het net Afrikaanse liedjies gesing en ook aan volkspele deelgeneem. Johan se ouers het later verhuis en hy was vir ’n paar jaar in ’n dubbelmediumskool. Tydens sy hoërskooljare was hy weer in ’n Afrikaanse skool. Johan se openbare narratiewe toon dat hy reeds op die ouderdom van vyf besef het dat hy ten opsigte van sy geslag andersis. Op skool moes hy gereeld die spot van klasmaats verduur en op die ouderdom van 16 het hy sy ma vertel van sy homoseksualiteit. Al is hy nou gemaklik met wie hy is, verkies hy om sy homoseksualiteit stil te hou.

Johan se institusionele narratiewe toon dat taalspanning by die SPU voorkom. Hy vertel hoe ’n dosent die klas aangespreek het as “juffrouens en menere” nadat niemand op sy vraag in Engels gereageer het nie. Dié Afrikaanse uitlating het “’n uitbarsting in die klas” veroorsaak, aangesien min studente Afrikaans verstaan. Volgens hom is kodewisseling na Tswana aanvaarbaar, maar sodra daar oorgeskakel word na Afrikaans, kom daar spanning voor. Hy noem dat spanning veral tussen bruin Afrikaanssprekende en swart Tswanasprekende studente voorkom. Terwyl die studente se negatiewe reaksie teenoor taal ’n aanduiding kan wees van wie hulle nié is nie, kan dit terselfdertyd geborgenheid in die eie (taal-) groep meebring (Tajfel en Turner 1979).

Johan glo dat alhoewel studente nie genoegsame kennis van die ander se tale het nie, daar nie “openlike vyandigheid tussen groepe [is] nie”. By die SPU is Engels die medium van onderrig, terwyl Tswana deur die meerderheid studente gepraat word. Johan moet sy narratiewe identiteit voortdurend navigeer en onderhandel om aan te pas by die subdominante posisie van Afrikaans, en daarom vermy hy sosiale interaksie en onttrek hy hom eerder van ’n sosiale kampuslewe. Hy beleef tans ’n negatiewe sosiale identiteit, aangesien hy as wit Afrikaanssprekende student vanweë sy ras- en taalgroep negatiwiteit op die kampus beleef. Sy negatiewe ervaring van Afrikaans as sy huistaal veroorsaak dat hy op kampus meer gekonfronteer word met sy andersheid ten opsigte van taal. As gevolg van die negatiewe ervaringe op kampus openbaar hy ’n negatiewe sosiale identiteit en geen gevoel van behoort op kampus nie.

 

8. Navigasie en onderhandeling van narratiewe identiteite

8.1 Herskepping van narratiewe identiteite

Alhoewel die medium van onderrig by Suid-Afrikaanse universiteite hoofsaaklik Engels is, bepaal die diversiteit van studente, en die konteks, dus die Noord-Kaap in die geval van die SPU, watter tale vir informele kommunikasie op kampus gebruik word. Binne ’n bepaalde konteks verkry die dominante taal die statusposisie en gevolglik vind onderhandeling van mag en status van verskillende tale binne hierdie konteks plaas. By die SPU word Tswana deur die meerderheid van die studente, soos Joseph, gepraat. Afrikaans, wat John se huistaal is, is die tweede grootste taalgroep. Die minderheidstale op die kampus is onder andere Zoeloe, Xhosa, Pedi en Sotho. Nomsa, as Xhosaspreker, en Zahra, as Sothospreker, se huistale is dus deel van die minderheidstale op kampus. In die geval van die SPU geniet Tswana as dominante taal die statusposisie, wat waarde en betekenis vir die taal inhou. Om sosialisering op kampus te vergemaklik, het studente by die SPU begin om Tswana aan te leer. Aangesien Tswana ook deur ander sprekers, soos Nomsa, aangeleer word, is dit dus duidelik dat ’n veeltalige universiteitskonteks versterkend op narratiewe-identiteitsvorming kan inwerk. Deur Tswana aan te leer, bou Nomsa verhoudinge met ander studente, terwyl die hindernisse tussen taalgroepe vir haar wegval. Die aanleer van nuwe tale verhoog studente se identiteitskapitaal soos selfvertroue en vaardighede. Die verhoogde identiteitskapitaal lei op sy beurt weer tot ’n positiewe sosiale identiteit, selfvervulling en ’n gevoel van geborgenheid. Die positiewe interaksie ten opsigte van ’n veeltalige kampus is duidelik sigbaar by Nomsa. Nomsa en Joseph toon agentskap, wat neerkom op verantwoordelikheid vir hulle eie besluite. Agentskap is aksiegeoriënteerd en dra by tot positiewe sosiale verandering, terwyl die individu se unieke eienskappe ook uitgelig word. Joseph se gebruik van Tswana-uitdrukkings in die klas veroorsaak dat sommige studente Tswana begin aanleer. Die aanleer van tale word ’n manier om sosiale verandering teweeg te bring en deur sosialisering in ’n ander taal leer die student meer van ander kulture. Die onderhandeling en navigering van narratiewe identiteite op ’n veeltalige kampus kan dus ook lei tot plaaslik gekontekstualiseerde identiteite. Alhoewel die herskepping van identiteit beïnvloed word deur die beskikbaarheid van linguistiese, sosiale en kulturele bronne, kan veeltaligheid op kampus tot die herskepping van positiewe identiteite bydra.

8.2 Aanpassing en hervorming van narratiewe identiteite

Die universiteitskonteks kan ook as beperkend ervaar word indien die student se taal nie op kampus erken word nie. Sodra die student se eie waardes, houdinge, perspektiewe en taal onversoenbaar is met die universiteitskonteks, kan die student sy of haar persoonlike identiteit onderdruk om in te pas en geborgenheid op kampus te ervaar. Ten spyte daarvan dat Zahra se huistaal, Sotho, nie op kampus erken word nie, wil sy graag almal respekteer vir wie hulle is. Behalwe haar beperkte identiteitskapitaal, moes Zahra haar eie waardes onderdruk ten einde aan te pas in die universiteitskonteks. Terwyl Zahra se ma haar geleer het om mense te respekteer vir wie hulle is, moes sy op kampus aanskou hoe bruin Afrikaanssprekende studente in sommige gevalle bevoordeel word. Studente herskryf en hervorm hulle eie identiteite indien hulle nie die geleentheid kry om hulle eie unieke identiteite op kampus uit te leef nie. Kodewisseling tussen Engels, Tswana en Afrikaans dra by tot magsonderhandeling tussen taalgroepe, terwyl spanning tussen veral bruin en wit Afrikaanssprekende studente en swart Tswanasprekende studente voorkom. Negatiewe opmerkings tussen taalgroepe dra by tot die marginalisering en lae status van sommige groepe. Studente onderhandel en navigeer voortdurend tussen netwerke van verhoudinge en geskiedenis, en die uitsluiting van ’n taal lei tot die aanpassing en hervorming van narratiewe identiteite.

8.3 Beperkte aanpassing van narratiewe identiteite en onttrekking

Studente wie se identiteitsdimensies, soos taal, in ’n subdominante posisie op kampus verkeer, kan hulle andersheid as beperkend ervaar. Studente wie se taal nie in aktiwiteite erken word nie, en diegene wat kodewisseling as onverdraagsaam ervaar, kan ook hulle taal as beperkend ervaar. Sodra ’n taalgroep binne ’n universiteitskonteks ’n lae status ervaar en uitgesluit word, kan die groep geen waarde en emosionele betekenis ervaar nie en dus ’n negatiewe sosiale identiteit ontwikkel. Uitsluiting van ’n taalgroep veroorsaak ’n beperkende invloed op die onderhandeling en navigering van narratiewe identiteite. So ’n negatiewe ervaring van die universiteitskonteks kan verskerp word wanneer studente beperkte identiteitskapitaal of ondersteuningstelsels het. Die opmerkings wat John oor sy homoseksualiteit moes verduur, het ’n negatiewe invloed op sy selfvertroue gehad. Daarbenewens word John se huistaal, Afrikaans, nie in informele aktiwiteite erken nie. Kodewisseling tussen Engels en Tswana en negatiewe opmerkings teenoor Afrikaans laat hom uitgesluit voel. Sy negatiewe sosiale ervaringe veroorsaak dat hy sy narratiewe identiteit deur terugtrekking onderhandel en navigeer. Die student wat nie ’n gevoel van behoort ervaar nie, ontwikkel ’n negatiewe sosiale identiteit, wat op sy beurt weer lei tot beperkte sosialisering, ’n beperkte agentskap en dus ’n beperkte kennis van die ander. ’n Negatiewe sosiale identiteit dra verder daartoe by dat geen herskepping en aanpassing van narratiewe identiteit voorkom nie. Studente wat ’n negatiewe sosiale identiteit in ’n beperkte universiteitskonteks onderhandel, kan deur onttrekking reageer.

 

9. Gevolgtrekking

Ingebed in elke student is narratiewe, gevorm deur geskiedenis, kultuur, taal en verhoudinge. In die hoëronderwyskonteks moet studente voortdurend hulle eie narratiewe identiteite onderhandel en navigeer, terwyl die konneksies tussen ras, klas, taal en geslag ook moontlikhede bring vir die herskepping, aanpassing, hervorming en beperkte aanpassing van narratiewe identiteite. Deur die vier deelnemers se gemeenskapsnarratiewe as vertrekpunt te neem, kon ons vasstel hoe hierdie studente hulle narratiewe identiteite op kampus onderhandel en genavigeer het. As deel van ’n sinmaakproses, bring narratiewe ’n balans tussen intrapersoonlike en interpersoonlike identiteite. Narratiewe identiteit word dus uitgebeeld deur stories van ervaringe oor andersheid, asook stories van waardes, norme en sieninge. Op ’n veeltalige kampus is daar verskeie maniere waarop studente hulle narratiewe identiteite onderhandel en navigeer. Hierdie wyses, naamlik herskepping, aanpassing en hervorming, asook beperkte aanpassing en onttrekking, hou implikasies vir die bestuur van veeltaligheid in. Positiewe onderhandeling van veeltaligheid op kampusse kan plaasvind slegs indien die linguistiese konteks van die universiteit en die politieke en sosiale toestande van die land in ag geneem word.

Studente met sterk intrapersoonlike eienskappe en identiteitskapitaal soos selfvertroue kan veeltaligheid positief ervaar. Verder kan studente se sosialisering en gemeenskapsnarratiewe ook bepaal of hulle geleenthede om ander tale aan te leer, sal aangryp. Veeltaligheid kan dus ’n versterkende invloed op die onderhandeling en navigering van narratiewe identiteite openbaar. Dié positiewe onderhandeling en navigering van narratiewe identiteite dra by tot die herskepping van identiteite. Die daaglikse praktyke van studente moet in ooreenstemming wees met institusionele beleide en sosiale gelykheid verseker. Die SPU se visie van demokratiese praktyke en sosiale geregtigheid is egter nie sigbaar in die daaglikse praktyke van studente nie. Die spanning en onverdraagsaamheid tussen taalgroepe kan verlig word deur die kweek van ’n positiewe ingesteldheid teenoor minderheidstale. ’n Positiewe ingesteldheid sou verseker kon word deur die skep van geleenthede soos ’n taleweek en die daarstelling van ’n platform vir tale en modules vir kommunikasie in, onder andere, Tswana, Afrikaans en Xhosa. Kommunikasie in ander tale bevorder sosialisering, kennis van die ander en gevolglik ’n gevoel van behoort op kampus. Deur veeltaligheid te bevorder kan ’n universiteitskultuur gevestig word. Kritiese refleksie en gemeenskaplikheid bevorder kennis van die ander, terwyl dit ook bydra tot positiewe onderhandeling en navigering van narratiewe identiteite. Positiwiteit teenoor minderheidstale bevorder dus agentskap en inklusiwiteit tot voordeel van die transformasievisie van die hoër onderwys. Veeltaligheid behoort egter met die nodige sensitiwiteit bestuur te word. Onregverdige diskriminasie moet in beleidsdokumente uitgelig word en minderheidstale moet gelyke erkenning in kulturele aktiwiteite geniet.

 

Bibliografie

Adams, G. en S. Marshall. 1996. A developmental social psychology of identity: Understanding the person-in-context. Journal of Adolescence, 19:429–42.

Adams, M., W.J. Blumenfeld, C. Castañeda, H.W. Hackman, M.L. Peters en X. Zúniga (reds.). 2013. Readings for diversity and social Justice. New York: Routledge.

Badsha, N. 2000. South African higher education: Diversity overview. In Beckham (red.) 2000.

Bamberg, M. 2015. Who am I? Narration and its contribution to self and identity. Theory and Psychology, 21(1):3–24.

Beckham, E. 2000. Diversity, democracy, and higher education a view from three nations. Washington: Association of American Colleges and Universities.

Bold, C. 2012. Using narrative in research. Los Angeles: Sage.

Bunting, I. 2006. The higher education landscape under apartheid. In Cloete, Maasen, Fehnel, Moja, Gibbon en Perold (reds.) 2006.

Burmeister, E. en L.M. Aitken. 2012. Sample size: How many is enough? Australian Critical Care, 25(4):271–4.

Carrim, C. 2003. Race and inclusion in South African schools. IDS Bulletin, 34(1):20–8.

Cloete N., P. Maassen, R. Fehnel, T. Moja, T. Gibbon, H. Perold, (reds.) 2006. Transformation in Higher Education. Higher Education Dynamics, 10: Springer.

Connelly, F. en D. Clandinin. 2006. Narrative inquiry. In Green, Camilli en Elmore (reds.) 2006.

Côté, J. 1997. An empirical test of the identity capital model. Journal of Adolescence, 40:577–97.

Creswell, J. 2014. Research design. Qualitative, quantitative and mixed methods approaches. 4de uitgawe. Londen: Sage.

Cross, M., Y. Shalem, J. Backhouse en F. Adams. 2009. How undergraduate students negotiate academic performance within a diverse university environment. South African Journal of Higher Education, 23:21–42.

Curtis, S., W. Gesler, W. Smith en S. Washburn. 2000. Approaches to sampling and case selection in qualitative research: Examples in the geography of health. Social Science and Medicine, 50:1001–14.

Denzin, N. en Y. Lincoln (reds.). 2000. The handbook of qualitative research. 2de uitgawe. Thousand Oaks: Sage.

—. 2017. The Sage handbook of qualitative research. Thousand Oaks: Sage.

Department of Education. 2001. Education change and transformation in South Africa: A review 1994–2001. Pretoria: Government Printer.

Derrida, J. 2000. Difference. In Du Gay, Evans en Redman (reds.) 2000.

Dillabough, J. 2000. Degrees of freedom and deliberations of “self”; the gendering of identities in teaching. In Trifonas (red.) 2000.

Du Gay, P., J. Evans en P. Redman (reds.) 2000. Identity: A reader. Londen: Sage.

Eloff, T. 2018. Kovsie-uitspraak: Goeie én slegte nuus vir Afrikaans. Netwerk24. https://www.netwerk24.com/Stemme/Aktueel/kovsie-uitspraak-goeie-en-slegte-nuus-vir-afrikaans-20180123 (1 Maart 2019 geraadpleeg).

Etelåpelto, A. en J. Onnismaa (reds.). 2006. Aikuiskasvatus 46th Yearbook, 26–49. Helsinki: Kansanvalistusseura.

Eteläpelto, A. en K. Vähäsantanen. 2006. Ammatillinen identiteetti persoonallisena ja sosiaalisena konstuktiona [Professional identity as a personal and social construct]. In Etelåpelto en Onnismaa (reds.) 2006.

Fisher, L., M. Evans, K. Forbes, A. Gayton en Y. Liu. 2018. Participative multilingual identity construction in the languages classroom: A multi-theoretical conceptualisation. International Journal of Multilingualism. https://www.tandfonline.com/doi/full/10.1080/14790718.2018.1524896 (1 Maart 2019 geraadpleeg).

Francis, D. 2006. Between race; beyond race: The experience of self-identification on Indian-White biracial young adults and the factors affecting their choices of identity. PINS, 34:1–16.

Giliomee, H. 2015. The battle for Afrikaans at the University of Stellenbosch. News & Analysis. http://www.politicsweb.co.za/news-and-analysis/the-battle-for-afrikaans-at-the-university-of-stellenbosch (10 Oktober 2018 geraadpleeg).

Green, L., G. Camilli en P.B. Elmore (reds.). 2006. Handbook of complementary methods in education research. Washington, DC: American Educational Research Association.

Hornberger, N.L. en S.L. McKay (reds.). 2010. Sociolinguistics and language education. Bristol: Channel View.

Ivanič, R. en D. Camps. 2001. I am how I sound: Voice as self-representation in L2 writing. Journal of Second Language Writing, 10(1-2):3–33.

Jacobs, A. 2014. The construction of language as a constitutive meaning of institutional culture. South African Journal of Higher Education, 28(2):466–83.

Kamwangamalu, N.M. 2001. The language planning situation in South Africa. Current Issues in Language Planning, 2(4):361–445.

Kim, J.H. 2016. Understanding narrative inquiry. Thousand Oaks, Kalifornië: Sage.

Kruger, H. 2018. NWU is meertalig. Volksblad. https://www.pressreader.com (1 Maart 2019 geraadpleeg).

Language Policy of the NWU. 2018. http://www.nwu.ac.za/sites/www.nwu.ac.za/files/files/i- governance-management/policy/2P-2.5_Language%20Policy_e.pdf (6 Maart 2019 geraadpleeg).

Leibowitz, B., H. Adendorff, S. Daniels, A. Loots, S. Nakasa, N. Ngxabazi, A. Van der Merwe en I. van Deventer. 2005. The relationship between identity, language and teaching and learning in Higher Education in South Africa. Per Linguam, 21(2):23–37.

Lewis, P. 2011. Storytelling as research. Qualitative Research, 17(6):505–10.

Lit, S. en D. Shek. 2002. Implications of social constructions to counseling and social work practice. Asian Journal of Counselling, 9(1&2):105–30.

Malcolm, C., M. Keane, L. Hoopla, M. Kaka en J. Ovens. 2000. Boarders, boundaries and frontiers: First experience in a culturally diverse university. People working together: A study of successful schools. Johannesburg: RADMASTE, Department of Education.

Mallett, O. en R. Wapshott. 2012. Mediating ambiguity: Narrative identity and knowledge workers. Scandinavian Journal of Management, 28(11):16–26.

Maree, K. 2016. First steps in research. Pretoria: Van Schaik.

Media Club South Africa. 2018. South Africa's languages. http://www.mediaclubsouthafrica.com/landstatic/80-languages (10 Oktober 2018 geraadpleeg).

Mertens, D. 2014. Research methods in education and psychology: Integrating quantitative and qualitative approaches. 4de uitgawe. Thousand Oaks, Kalifornië: Sage.

Ministry of Education. 2002. Language policy for higher education. Pretoria: Ministry of Education.

—. 2017. Revised language policy for higher education. Pretoria: Ministry of Education.

Mncwango, E.M. 2012. The stuttering implementation of language policies in the South African education system. Inkanysiso, Journal Humanities and Social Sciences, 4(1):58–62.

Nieuwenhuis, J. 2016. Introducing qualitative research. In Maree (red.) 2016.

Nkosi, B. 2018. Afrikaans use denies black students access. The Star. https://www.iol.co.za/the-star/news/afrikaans-use-denies-black-students-access-15451156 (10 Oktober 2018 geraadpleeg).

Norton, B. 2010. Language and Identity. In Hornberger en McKay (reds.) 2010.

Oostendorp, M. 2014. Multiple voices in bilingual Higher Education: Language choices of Afrikaans/English bilinguals at Stellenbosch University. Per Linguam, 30(2):69–87.

Park, G. 2013. Writing is a way of knowing. Writing and identity. ELT Journal, 37(3):36–48.

Ponterotto, J. 2006. Brief note on the origins, evolution, and meaning of the qualitative research concept thick description. The Qualitative Report, 11(3):538–49.

Richardson, L. 2000. Writing: A method of inquiry. In Denzin en Lincoln (reds.) 2000.

Sachs, J. 2000. The activist professional. Journal of Educational Change, 1:77–95.

Salomone, R. 2018. A court decision with consequences for languages in HE. University World News. http://www.universityworldnews.com/article.php?story=2018050413433092 (11 September 2018 geraadpleeg).

Sayed, Y. en C. Soudien. 2003. Integrating South African schools? Some preliminary findings. IDS Bulletin, 34(1):9–19.

Scholtz, L. 2018. Afrikaans se heil lê dalk nou hier. Die Burger, bl. 3. https://www.pressreader.com (11 Maart 2019 geraadpleeg).

Schoonwinkel, A. 2017. Language policy promotes inclusive multilingualism at SU. Corporate Communication. https://www.sun.ac.za/english/Lists/news/DispForm.aspx?ID=5154 (10 September 2018 geraadpleeg).

Schwartz, S. 2001. The evolution of Eriksonian and non-Eriksonian identity theory and research: A review and integration. Identity: An International Journal of Theory and Research, 1(1):7–58.

—. 2005. A new identity for identity research: Recommendations for expanding and refocusing the identity literature. Journal of Adolescent Research, 20:293–308.

Sol Plaatje-universiteit. 2015. The academic plan: 2014–2018. https://www.spu.ac.za/wp-content/uploads/2019/01/SPU-Annual-Report-2015.pdf (20 November 2018 geraadpleeg).

Somers, M. 1994. The narrative constitution of identity: A relational and network approach. Theory and Society, 23:605–49.

Somers, M. en G. Gibson. 1994. Reclaiming the epistemological “other”: Narrative and the social constitution of identity. Social Theory and the Politics of Identity, 16(3):205–15.

Steyn, J. 2018. Afrikaans in tersiêre onderrig: Die pad vorentoe. AfriForum. https://www.afriforum.co.za/afrikaans-tersiere-onderrig-die-pad-vorentoe (1 Maart 2019 geraadpleeg).

Suid-Afrika. 1996. Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108. http://saflii.org/za/legis/num_act/cotrosa1996423 (11 September 2018 geraadpleeg).

Tajfel, H. en J. Turner. 1979. An integrative theory of inter-group conflict. In Williams en Worchel (reds.) 1979.

Tatum, B. 2013. The complexity of identity: “Who am I?” In Adams, Blumenfeld, Castañeda, Hackman, Peters en Zúniga (reds.) 2013.

Trifonas, P.P. (red.). 2000. Revolutionary pedagogies. Cultural politics, instituting education, and the discourse of theory. Londen: Routledge Falmer.

Truter, E.J.J. 2004. Die ontplooiing van die taalbeleid in die Suid-Afrikaanse onderwys, 1652–1961 in besonder gedurende die Unietydperk. Acta Academia, Supplementum, 2:1–165.

Universiteit Stellenbosch. Gelyke Kanse-hofsaak uitgestel. https://www.sun.ac.za/afrikaans/Lists/notices/DispForm.aspx?ID=1346 (11 Maart 2019 geraadpleeg).

Valentine, G., D.Sporton en K.B. Nielsen. 2008. Language on the move: Sites of encounter, identities and belonging. Transactions of the Institute of British Geographers, 33(3):376–87.

Van der Walt, C. 2004. The challenge of multilingualism: In response to the language policy for higher education. South African Journal for Higher Education, 18(1):140–52.

Verwoerd, M. 2016. It’s not the end of Afrikaans. News24. https://www.news24.com/Columnists/MelanieVerwoerd/its-not-the-end-of-afrikaans-20160629 (20 Oktober 2018 geraadpleeg).

Webb, V.N. 2002. English as a second language in South Africa’s tertiary institutions: A case study at the University of Pretoria. World Englishes, 21(1):49–61.

Wenger, E. 1998. Communities of practice: Cambridge, England. Cambridge: Cambridge University Press.

Williams, G.A. en S. Worchel (reds.). 1979. The social psychology of intergroup relations. Kalifornië: Monterey.

 

Eindnota

1 Hierdie artikel spruit uit ’n groter navorsingsprojek waarin die narratiewe van agt studente oor die vier jaar van hul studie aan Sol Plaatje-universiteit gevolg word. Die projek is tans in die derde fase van afhandeling.

The post Veeltaligheid op universiteit: ’n uitdaging én ’n geleentheid vir identiteitsvorming appeared first on LitNet.

Watter kans staan Afrikaans om te oorleef?

$
0
0

Om aan te voer dat, solank ons Afrikaans praat, sal Afrikaans nie verdwyn nie, is ’n mite.  Dis juis aan die manier wat Afrikaans nou gepraat word dat alle tekens daar is dat die taal aan die verdwyn is.

Dikwels hoor ek mense, insluitende omroepers of sal ek sê veral omroepers, sê “wat maak jy van” ipv “wat dink jy van”.  Al hoe meer praat ook van “wat as” ipv “sê nou” of “gestel nou”.  ’n Omroeper by een of ander skou praat heeltyd van “die skougronde” daar ipv “skouterrein”. Ook baie populêr onder die omroepers is “in terme van”, “wees op die uitkyk vir” of “kyk uit vir” en dan is daar nog hier en daar een wat van “uitmis” praat.

Nou die dag, net voor die verkiesing, sit twee van RSG se gesoute omroepers, Anita Visser en Piet Croucamp (ek vermoed hy werk ook by een of ander universiteit), oor die verkiesing en praat en Piet noem die woord “accountability” en wonder toe ook terselfdertyd wat die Afrikaans daarvoor is. Anita wonder toe ook, maar reken dit maak nie saak nie, iemand sal wel inbel en hulle help wat toe ook gebeur. Net na die verkiesing sit die einste twee toe weer en bespreek die pas afgelope verkiesing en jou wrintiewaar, daar wonder hulle toe weer wat “accountability” in Afrikaans is.

Ek hoor in ’n nuusberig die nuusleseres sê: “’n vragmotor het onklaar geraak en die ongeluk het ontstaan toe ’n ander vragmotor met dit gebots het.”  Nog is dit het einde niet want met die volgende nuusberig sê sy toe presies weer dieselfde! Die woord “doen” word ook nou al amper deur almal as onoorganklike werkwoord gebruik, soos in Engels.

Omroepers, en gaste, in omtrent elke gesprek, sê, nadat hulle een of ander iets genoem het, “in Engels ken ons dit as ...” en dan sê hulle die Engelse woord. Hoeveel keer hoor jy nie iemand sê “ek weet nou nie wat die Afrikaans hiervoor is nie” en dan sê hy die Engelse woord. Party dominees en pastore sê dikwels “die Engels is vir my so mooi” en dan kom hulle met ’n hele relaas in Engels. Daar is selfs dominees/pastore wat stukke uit die Engelse Bybel voorlees EN dan nog die gemeente in Engels laat sing ook.

Die gas wat die motorrubriek doen praat met die vorige program oor motorhandelsname en sê “Volvo” beteken “I roll”.  Wat laat hom dit in Engels sê? Van name gepraat, daar is welsynsorganisasies wat hoofsaaklik deur Afrikaanssprekendes bedryf word en amper uitsluitlik Afrikaanssprekende gemeenskappe bedien maar die naam is Engels. Selfde met Afrikaanssprekende vervaardigers; hulle saak, en hulle produkte, se name is Engels, selfs skilders se skildery-titels is deesdae omtrent almal Engels.

Ons Afrikaanssprekendes, lyk dit my, se houding teenoor Afrikaans verskil nie veel van die regering s’n nie; dink maar aan Lesufi. Ek kan met redelike sekerheid sê Afrikaans, soos ons dit ken (of geken het), het reeds sy gat gesien.

Jan Rap

 

The post Watter kans staan Afrikaans om te oorleef? appeared first on LitNet.

Die gaping tussen ryk en arm word word vergroot deur ’n eentalige bestel op alle landsburgers af te dwing

$
0
0

Die een oomblik word Nomantu Nkomo-Ralehoko as die nuwe LUR vir onderwys in Gauteng aangewys, en almal is opgewonde en het verwagtinge dat sy alle tale goedgesind gaan wees. Ek het Woensdag, met die aankondiging van Nkomo-Ralehoko se aanstelling in die onderwysportefeulje ’n vlaag van opgewondenheid beleef en gehoop dat dit ’n stap in die regte rigting sou wees – dat sy die waarde van moedertaalonderrig sal besef en dit sal predik. Die euforie was egter van korte duur, want net die volgende dag is Panyaza Lesufi terug in sy pos.

Volgens die Gautengse premier David Makhura en die minister van basiese onderwys Angie Motshekga het Lesufi baie goeie werk gedoen en daarom is hy terug in sy pos as Gautengse LUR vir onderwys, ondanks sy omstrede uitlating van twee weke gelede: “Waarom nog veg vir Afrikaans?”. Soos ek al talle male genoem het, moet die veralgemening dat Afrikaans aan ’n sekere “ras” behoort, asook die voortgesette etikettering van Afrikaans as die “taal van apartheid” – vandaar die aanvalle teen Afrikaans – stopgesit word. Volgens Statistieke SA se Algemene Huishoudelike Opname- (GHS-) verslag 2018 is meer as driekwart (77,4%) van bruin individue se huistaal Afrikaans, terwyl 20,1% Engels as huistaal het. Meer as drie vyfdes (61,2%) van wit Suid-Afrikaners praat Afrikaans tuis en 36,3% het Engels as huistaal. Hierdie individue kan nie die reg ontsê word om moedertaalonderrig te ontvang nie, daarom sal ons vir Afrikaans en al die ander inheemse tale veg.

Dit is wêreldwyd bewys dat mense se optimale potensiaal deur moedertaalonderrig ontsluit word. Die ANC roem daarop dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is en tog word duisende landsburgers hul moedertaal, hul sleutel tot ontwikkeling, ontsê. Hierdie teenstrydighede gaan die regering nog duur te staan kom, want die gaping tussen die elite wat Engels verkies en die massas wat in hul moedertaal ’n bestaan voer, word deur hierdie kortsigtigheid net nog verder vergroot. Die voorheen benadeeldes word nou die teenswoordig benadeeldes! Diegene vir wie die toekoms maar somber lyk, moet bewus gemaak word van die ontsluiting van die mensepotensiaal deur Afrikaans en die ander inheemse tale. ’n Groot ophef word gemaak van dekolonisering, maar alles word voor die voet verengels, asof Engels nie ’n koloniale taal is nie. Dit help beslis nie die massas wat in haglike omstandighede leef nie; inteendeel, hulle word verder benadeel.

Ek doen daarom ’n beroep op Panyaza Lesufi dat hy sy siening oor Afrikaans sal verander en eerder sal fokus op die mensepotensiaal wat Afrikaans en die ander gemarginaliseerde inheemse tale kan ontsluit – in belang van die opvoedkundige en ekonomiese voordele vir ons land. Die Afrikaanse taalgemeenskap en die ander taalgemeenskappe móét met Lesufi in gesprek tree. Ons kan nie langer toelaat dat die opvoedkundige, ekonomiese, sosiale, kulturele en geestelike waarde wat in die inheemse tale opgesluit lê, deur persoonlike politieke agendas ondermyn word nie.

The post Die gaping tussen ryk en arm word word vergroot deur ’n eentalige bestel op alle landsburgers af te dwing appeared first on LitNet.

Lacuna: an interview with Fiona Snyckers

$
0
0

Picture of Fiona Snyckers: provided

Lacuna
Fiona Snyckers

Picador Africa
ISBN: 9781770106406

Fiona Snyckers talks to Naomi Meyer about Fiona’s new book, Lacuna.

Fiona, congratulations on Lacuna. There are plenty of references to Disgrace: the author JM Coetzee, the dog on the cover, the references to rape. What is the story about?

It is about a woman by the name of Lucy Lurie (clearly inspired by Coetzee’s character of the same name), who is trying to recover from a gang rape. What makes her situation more unbearable is that a male writer, John Coetzee, has written a bestselling book about her experience. She feels as though it was her story to tell. She begins to fixate all her anger and resentment on him.

On the back of the book, I read: “Her rape is not a metaphor. This is her story.” Please elaborate.

In Disgrace, JM Coetzee uses the rape of Lucy Lurie as a kind of metaphor or allegory for the process whereby black people took South Africa back from white rule. I have two problems with this. On one hand, I believe that rape should only be used as a metaphor sparingly, if at all. And, on the other, the metaphor doesn’t work. White people in South Africa are not objects of pity. They are flourishing now, more than ever before. The transfer of power happened in the most gracious and forgiving way possible. It is not in any way analogous to a gang rape.

What inspired you to write the story?

Disgrace has bothered me for the last 20 years – ever since I first read it in 1999. I felt as though the portrayal of Lucy Lurie was more akin to a male fantasy than to a real woman. It seemed unlikely that any woman would be so acquiescent in the face of sexual assault – and so willing to take the sins of her forefathers upon her own flesh. She refuses to name her assailants. She decides to keep the child that has resulted from the rape. And she invites her attackers to come and live with her, so they can all farm the land together. It’s a neat fantasy, but one that bears little resemblance to reality.

Do you think the female perspective (versus the male perspective) is often perceived as angry, over-emotional and hysterical? And, if you agree, why do you think this is the case? Why is it macho and strong and in order for a man to be angry, but when a woman is angry, she is overreacting?

That’s a good way of putting it. This extends even further in the case of women who have suffered sexual assault. They are perceived as over-emotional and inherently unreliable. Their stories are automatically greeted with scepticism. I chose to push this perception to its limits, by portraying Lucy as the ultimate unreliable narrator. She revels in the power she has to make the reader uneasy, to disrupt their sense of certainty and “reality”. Lucy knows that she is the only access the reader has to the narrative, and she uses that power to force the reader to confront their own preconceptions.

Tell me about your main character.

I changed several details about JM Coetzee’s original character. My Lucy is in her late twenties. She is not gay, and she works as an academic. The only thing she has in common with the original Lucy Lurie is that they have both been gang-raped. The original Lucy is a calm, self-possessed person. My Lucy describes herself as a rage-filled harpy.

A woman who enjoys a glass of wine, the company of black men and also group sex. It all sounds quite compromising. Should it? Is your book about the double standards regarding young men and women in this country?

Your description comes from a scene in the book in which Lucy imagines herself having to testify in court against her rapists. She has heard about how the justice system relies on victim-blaming and stereotyping to discredit woman rape complainants. She imagines all the intrusive, prurient and insulting questions she might be asked if her matter ever went to court. It is not a pretty picture.

Who is your ideal reader?

Someone who is as open to the humour and satire in the book as they are to the weightier elements.

Do you have a writing routine?

My children are at school during the morning, so I use that time to be as productive as possible. Once they get home, my life becomes a blur of mom’s taxi, homework and cooking dinner.

Do you have writing advice for an aspiring author?

Read widely and frequently, both within your chosen genre and without. Take a writing course early on in your career, so you don’t waste time making the kind of beginner mistakes that I did as an aspiring writer.

Why do you write? 

I write because I have a compulsive need to tell stories. My mind is full of “What if?” questions. I can’t rest until I get them down on paper.

The post <em>Lacuna</em>: an interview with Fiona Snyckers appeared first on LitNet.

Viewing all 21657 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>