Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Paula (1907–1996)

$
0
0

Gebore en getoë

Johanna Margaretha Sauerman (later die bekende skrywer Paula) is op 6 November 1907 in die distrik Albertinia in die Suidwes-Kaap gebore. Hannah, soos Paula bekendgestaan het, het die grootste gedeelte van haar kinderjare op Albertinia deurgebring, en sy was ’n leerling aan die Hoërskool Albertinia. In 1922 het die gesin Albertinia verlaat.

Die natuurskoon van die Suid-Kaapse omgewing het ’n baie groot indruk op die jong Paula gemaak: "Dit was die mooi bakpypies, die kalkoentjies wat in rooi plate gestaan het, asook die vlamrooi aalwyntrosse wat my kindersiel só ontroer het dat ek soms met betraande oë dit alles aanskou het en ’n woordelose gebed opgestuur het dat ek iets van hierdie dinge mag weergee. Selfs as plaaskind was my grootste ideaal om ook eendag boeke te skryf!" (Die Huisvrou, 11 September 1945.)

Verdere studie en werk

As gevolg van swak gesondheid kon Hannah nie na skool universiteit toe te gaan nie, maar sy het nie toegelaat dat hierdie teleurstelling haar onderkry nie en sy het na matriek ’n korrespondensiekursus in joernalistiek gevolg.

In 1928 het sy haar vir ’n operasie in ’n hospitaal op Worcester bevind. Die pragtige natuurskoon van die berge van die Boland het aanleiding gegee tot die skryf van haar eerste gediggies, wat ’n jaar later in die tydskrifte Die Boervrou en Die Goeie Hoop verskyn het.

Sy het verder aan Die Huisvrou vertel: "Baie gediggies, artikels en kortverhale het gevolg ... soos ’n koors-epidemie het dit my beetgepak, die drang na selfuiting."

Aan die begin van 1929 was sy vir ’n kwartaal een van die personeellede van die Ark-huishoudskool op Riebeek-Wes. Weer was haar inspirasie die Bolandse berge en een van die kortverhale wat sy daar geskryf het, "Op die ou balkon", was haar eerste kortverhaal wat in Maart 1929 in Die Huisvrou gepubliseer is.

Paula se naelbyt-afwagting op die reaksie van die redakteur van die tydskrif op hierdie poging van haar is gevolg deur een van groot vreugde en trots toe dit nie net aanvaar is nie, maar die redakteur ook gevra het dat sy nog van daardie tipe verhale aan hulle moet voorlê.

Dit was ook op Riebeek-Wes dat Paula ’n liefdesteleurstelling gehad het – iets waaroor sy nie eintlik gepraat het nie: sy het ’n baie kortstondige verhouding gehad met ’n jong Afrikaanse ingenieur wat in Amerika gestudeer het. En al wat Paula na afloop van die verhouding wou sê, is dat dit as gevolg van ’n geloofsprobleem skipbreuk gely het. Haar skrywersnaam, wat sy afgelei het van die jong man se naam, is al wat van die verhouding oorgebly het.

In 1931 is Paula met Johannes Theron van Graaff-Reinet getroud en die egpaar het hulle op die Karoodorpie Loxton gaan vestig, waarvandaan die liefdesverhale in ’n konstante stroom uit haar pen verskyn het. Drie kinders is uit die huwelik gebore. In 1969 is Johannes oorlede en in 1970 is sy met PA Cloete getroud. Hy was ’n afgetrede boer van die plaas Rietfontein in Loxton se distrik. Sy was net drie en ’n half jaar met hom getroud toe hy ook oorlede is. Hierna het sy haar gaan vestig in ’n aftree-oord, Groene Weide, op Darling aan die Weskus, na ’n halfeeu van ononderbroke skryf.

Paula se eerste vervolgverhaal, “Skakels”, het kort na die bogenoemde kortverhaal, “Op die ou balkon”, ook in Die Huisvrou verskyn. Die lesers van hierdie vrouetydskrif was gaande oor die verhaal. “Skakels” is opgevolg deur “Na-oes”, “Louter goud”, “Haar geboortereg”, “Rooidag en aandgloor” en “Gedempte lig”.

“Skakels”, “Na-oes” en “Haar geboortereg” is as ’n trilogie in boekvorm gepubliseer en dit was só gewild dat al drie as verhoogaanbiedings verwerk is en met groot sukses deur Johan Fourie se destydse verhooggeselskap op die planke gebring is.

Sarel Marais, die destydse bestuurder van Afrikaanse Persboekhandel (APB), wat baie van Paula se boeke uitgegee het, het in Junie 1951 besluit dat hy 6 000 eksemplare van Paula se boek Heldersig op die mark wil bring met haar handtekening voorin.

Paula was heeltemal te vinde vir die voorstel, maar sy het sekerlik nie besef dat sy vir ongeveer 14 dae net hope en hope van haar boeke sou moes teken en dat sy saans met ’n lam hand die uitgewerskantore sou verlaat nie. Hierdie idee het ’n baie goeie afloop vir die uitgewers gehad deurdat duisende van haar lesers op die APB-boekwinkel in Joubertstraat in Johannesburg toegesak het. Binne ’n ommesientjie was al 6 000 eksemplare verkoop.

Van haar lesers was egter nie bewus van die feit dat Paula eintlik JM Theron is nie en wou die boeke teruggee omdat daar reeds JM Theron voor in die boek staan! (Die Vaderland, 30 Junie 1951.)

In 1963 het Paula Goud op die kruine onder die skuilnaam Lorraine de Jongh geskryf en is dit deur JP van der Walt Uitgewers uitgegee. Volgens haar kleindogter, Johrensa Theron, wou haar uitgewers vasstel of haar boeke ook so gewild sou wees as dit onder ’n ander naam verskyn.

Op 16 Maart 1954 het sy haar 25ste jaar as een van die gewildste skrywers van Afrikaanse liefdesverhale gevier. Sy het die geleentheid herdenk met die publikasie van Donker verskansing, haar 22ste werk in 25 jaar.

Een van die persone wat haar altyd aangespoor het om te bly skryf, was CM van den Heever, wie se aanmoediging en opheffende kritiek haar gehelp het om so lank aan te hou skryf, vertel sy aan Rooi Rose (12 September 1979).

"Wanneer ek miskien by tye aan my besondere styl getwyfel het, was sy wyse vermaning om nooit te begeer om na iemand anderse se patroon geknip te word nie."

Die sukses wat Paula as skrywer behaal het, kan nie aan een enkele en spesifieke bron toegeskryf word nie, maar die Engelse sêding “Around every corner there is a short story if only you can find it” was dalk vir haar geskryf. Dit was juis dit wat haar leuse in haar skrywersloopbaan geword het. Dan is daar natuurlik ook haar ondersoekende en diepe belangstelling in mense self. Uit die verskillende fasette van mense se lewens het sy altyd haar inspirasie gevind.

Baie van haar werke is op feite gegrond en daarvoor het sy baie na spesifieke plekke gereis, ’n sketsplan vir die verhaal opgestel en met verskeie mense op ’n spesifieke dorp gesels. Op hierdie manier kon sy dus haar karakters en hulle persoonlikhede vorm gee.

Só het sy ’n hele tydjie op Knysna gekuier om navorsing te doen vir die skryf van Die lang ompad; haar tyd verwyl langs die Weskus vir Witbaai se mense en besoek gaan aflê aan Stellenbosch by ’n kwekery daar naby vir die skryf van haar trilogie Heldersig, Die Rheeders van Heldersig en In die somerjare.

Paula het aan Lane Flint (Volksblad, 12 Januarie 1980) vertel dat sy verkies om boeke te skryf in plaas van om bydraes aan tydskrifte te lewer: "Vir my het dit destyds voorgekom as tydverspilling, want van daardie werk sien ek gewoonlik net die tjek aan die einde van die maand waarin dit verskyn het. Die geld word spandeer op nodige en soms onnodige dinge terwyl die werk aan die boek agterweë bly.

"Dis hoekom ek verkies om boeke te skryf. Al verg dit in mý geval maande se arbeid om ’n roman te voltooi, het ek aan die einde darem iets tasbaars om te toon. Dis iets wat ek in my hand kan vashou, iets wat ek kan byvoeg by die twee rye op die boekrakke."

In 1982 het JP van der Walt Uitgewers ’n prys vir die bydrae wat Paula 53 jaar lank aan die Afrikaanse romankuns gelewer het, aan haar oorhandig. Sy het ’n beeldhouwerk en ’n sertifikaat ontvang.

Sy het aan Elretha Moolman (Beeld, 17 November 1982) vertel dat as sy ’n resep het hoe om lesers 53 jaar lank met roman na roman te boei, sy dit nie met voorbedagte rade opgestel het nie. "Dit is ’n ding wat self aan my torring: wat kan die rede wees dat my boeke na al die jare nog in sulke aanvraag is?"

Paula het in haar leeftyd altyd ’n aktiewe rol gespeel in die plaaslike gemeenskap waar sy haar bevind het. Sy het in die bestuur van die ACVV en die VSB op Loxton gedien en was vroeër voorsitter van die Vroue-Landbouvereniging. Sy het ook in die bestuur gedien van die plaaslike biblioteekkomitee en die Rooikruisvereniging en was vir ’n klompie jare lid van die skoolraad.

Lane Flint het in Volksblad (12 Januarie 1980) as volg oor Paula se skryfwerk geskryf: "Elke roman is geskep met ’n ryke verbeelding, intrige, vindingryke woordkuns, romantiek en eg menslike karakterbeelding om die leser mee te voer. Paula het met haar besondere talent volgehou oor ’n tydperk van vyftig jaar en dit vasgevang in ’n totaal van sestig boeke, om nie te praat van haar kortverhale, rubrieke en ander skryfwerk nie."

Paula is op 23 Februarie 1996 oorlede.

Publikasies:

Publikasie

Skakels

Publikasiedatum

  • 1935
  • 1939
  • 1940
  • 1970

ISBN

(hb)

Uitgewers

Kaapstad: Samuel Griffiths

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Louter goud

Publikasiedatum

  • 1940
  • 1997 (grootdruk)

ISBN

0868129712 (sb)(hb)

Uitgewers

  • Kaapstad: Samuel Griffiths
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Na-oes

Publikasiedatum

  • 1941
  • 1997

ISBN

0868129763 (sb)

Uitgewers

  • Kaapstad: Samuel Griffiths
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verskuifde bakens

Publikasiedatum

  • 1942
  • 1943
  • 1944
  • 1947

ISBN

(hb)

Uitgewers

Kaapstad: Nasionale Pers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Geknakte riete

Publikasiedatum

  • 1944
  • 1970

ISBN

(hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Johannesburg: President Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Haar geboortereg

Publikasiedatum

1944

ISBN

(hb)

Uitgewers

Kaapstad: Samuel Griffiths

Literêre vorm

Romans

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Rooidag en aandgloor

Publikasiedatum

  • 1944
  • 1945

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Grille van die noodlot

Publikasiedatum

1945

ISBN

(sb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kronkelpaaie

Publikasiedatum

1945

ISBN

(sb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Ankertoue

Publikasiedatum

  • 1946
  • 1958

ISBN

(hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

As U oordeel en ander verhale

Publikasiedatum

  • 1946
  • 1995

ISBN

1868396517 (hb)

Uitgewers

  • Kaapstad: Samuel Griffiths
  • Pretoria: Kennis Onbeperk

Literêre vorm

Kortverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Versperde weë

Publikasiedatum

  • 1946
  • 1949
  • 1960
  • 1982

ISBN

0628024894 (hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Gedempte lig

Publikasiedatum

  • 1947
  • 1951
  • 1982
  • 1994 (grootdruk)

ISBN

  • 0868145750 (hb)
  • 0868125393 (hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Pretoria: Daan Retief
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verbode vrugte

Publikasiedatum

  • 1948
  • 1950
  • 1974

ISBN

0869690353 (hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Krugersdorp: President-uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die gewaagde spel

Publikasiedatum

1949

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Gesluierde beloftes

Publikasiedatum

1950

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Groen hange

Publikasiedatum

1950

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Heldersig

Publikasiedatum

  • 1951
  • 1962
  • 1983
  • 1995 (grootdruk)

ISBN

  • 0628025939 (hb)
  • 0868126144 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Johannesburg: Perskor
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Skaduwees oor Uitsig

Publikasiedatum

  • 1952
  • 1992 (grootdruk)

ISBN

0868123412 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Nuwe beloftes

Publikasiedatum

  • 1953
  • 1992 (grootdruk)

ISBN

0868123161 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Waterstraat se mense

Publikasiedatum

  • 1953
  • 1958

ISBN

(hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Donker verskansing

Publikasiedatum

  • 1954
  • 1968
  • 1996 (grootdruk; in twee dele)

ISBN

  • 0868128481 (sb) (deel 1)
  • 0868128635 (sb) (deel 2)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Johannesburg: President-uitgewers
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die Rheeders van Heldersig

Publikasiedatum

  • 1955
  • 1966
  • 1983
  • 1995 (grootdruk)

ISBN

  • 0628026137 (hb)
  • 0868126152 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel
  • Pretoria: Perskor
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Van skrywers gepraat ...

Publikasiedatum

1956

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Om hulle ontwil

Publikasiedatum

  • 1957
  • 1981 (grootdruk)

ISBN

0868142638 (hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Voortrekkerpers
  • Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Vir ’n handvol silwer

Publikasiedatum

  • 1957
  • 1967

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: Afrikaanse Persboekhandel

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die lang ompad

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1990 (grootdruk)

ISBN

0795922272 (hb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Voortrekkerpers
  • Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die stiller stroom

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1982
  • 1996 (grootdruk)

ISBN

  • 079930574X (hb)
  • 0868128503 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: Keurbiblioteek
  • Pretoria: JP van der Walt Uitgewers
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Dis nimmer of nou

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1994 (grootdruk)

ISBN

0868125385 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Mimosa
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Helende waters

Publikasiedatum

1959

ISBN

(hb)

Uitgewers

Pretoria: Mimosa

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verdeelde trou

Publikasiedatum

  • 1959
  • 1971
  • 1996 (grootdruk)

ISBN

0868128619 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: President Uitgewers
  • Johannesburg: Dagbreek-Boekkring
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die pad vorentoe

Publikasiedatum

1960

ISBN

(hb)

Uitgewers

Pretoria: Keurbiblioteek

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Meer as ’n erfenis

Publikasiedatum

  • 1960
  • 1982 (grootdruk)
  • 1996 (grootdruk)

ISBN

  • 0868144614 (hb)
  • 0868129593 (sb)

Uitgewers

  • Johannesburg: Dagbreek-Boekkring
  • Pretoria: Daan Retief
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die paasklokke van Wienersdal

Publikasiedatum

  • 1961
  • 1982

ISBN

0628023588 (hb)

Uitgewers

  • Kaapstad: Tafelberg
  • Johannesburg: Perskor

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Geleende naam

Publikasiedatum

1961

ISBN

(hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die hoekerf

Publikasiedatum

  • 1962
  • 1995 (grootdruk)

ISBN

0868126896 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: JP van der Walt Uitgewers
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die hoogste kruin

Publikasiedatum

  • 1963
  • 1995

ISBN

086812690X (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: JP van der Walt Uitgewers
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Tessa van Somerson

Publikasiedatum

1963

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: President Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Al die fasette

Publikasiedatum

  • 1964
  • 1984

ISBN

0799307572 (hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die wit dood

Publikasiedatum

1964

ISBN

(hb)

Uitgewers

Kaapstad: Simondium-uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Onbekende môre

Publikasiedatum

1964

ISBN

(hb)

Uitgewers

Kaapstad: Johan Malherbe

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Stryd om Grazia

Publikasiedatum

  • 1964
  • 1985 (grootdruk)

ISBN

0795903138 (hb)

Uitgewers

  • Pretoria: JP van der Walt Uitgewers
  • Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die pad lê terug

Publikasiedatum

  • 1965
  • 1987
  • 1994 (grootdruk)

ISBN

  • 0799311294 (hb)
  • 0868126322 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: JP van der Walt Uitgewers
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Liefde in die weegskaal

Publikasiedatum

  • 1965
  • 1975

ISBN

0869660993 (sb)

Uitgewers

Kaapstad: Pluim-boeke

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Nuwe daeraad

Publikasiedatum

  • 1965
  • 1987

ISBN

0799311642 (hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

In die somerjare

Publikasiedatum

1966

ISBN

(hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Soos korale

Publikasiedatum

1967

ISBN

(hb)

Uitgewers

Kaapstad: Driehoek-Boeke

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die behoue droom

Publikasiedatum

  • 1968
  • 1980

ISBN

0799304794 (hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Witbaai se mense

Publikasiedatum

  • 1968
  • 1983

ISBN

0799307246 (hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Môre bring die antwoord

Publikasiedatum

  • 1969
  • 1981

ISBN

0799305004 (hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Terug uit die skaduwees

Publikasiedatum

1971

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: President Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Wilde suidooster

Publikasiedatum

  • 1971
  • 1983

ISBN

079930655X (hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Lied van die Laeveld

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewers

Johannesburg: President Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Louter goud; Haar geboortereg; Rooidag en aandgloor

Publikasiedatum

1972

ISBN

(hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Melodie van verlange

Publikasiedatum

  • 1973
  • 1985
  • 1993 (grootdruk)

ISBN

  • 0799322853 (hb)
  • 0868123439 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: JP van der Walt Uitgewers
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

’n Erfgenaam vir Skietkuil

Publikasiedatum

  • 1973
  • 1986
  • 1996 (grootdruk)

ISBN

  • 0799301205 (hb)
  • 0799309818 (hb)
  • 086812849 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: JP van der Walt Uitgewers
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

My mooiste melodie

Publikasiedatum

1975

ISBN

0629000220 (hb)

Uitgewers

Randburg: Pronk-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Kosbaar soos korale

Publikasiedatum

1977

ISBN

0629000549 (hb)

Uitgewers

Randburg: Pronk-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Verre vlugte na geluk

Publikasiedatum

1978

ISBN

0629000670 (hb0

Uitgewers

Randburg: Pronk-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die einde van die pad

Publikasiedatum

1979

ISBN

06290007355 (hb)

Uitgewers

Randburg: Pronk-Boekklub

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die jare swyg oor gister

Publikasiedatum

  • 1963
  • 1979
  • 1996 (grootdruk)

ISBN

  • 0869691023 (hb)
  • 0868128511 (sb)

Uitgewers

  • Pretoria: JP van der Walt Uitgewers
  • Krugersdorp: President Uitgewers
  • Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die lang ompad

Publikasiedatum

1980

ISBN

0868141836 (hb)

Uitgewers

Pretoria: Daan Retief

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Die hoekerf; Die hoogste kruin

Publikasiedatum

1981

ISBN

0799305596 (hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

Publikasie

Delmarie

Publikasiedatum

1992 (grootdruk)

ISBN

0868123870 (sb)

Uitgewers

Pretoria: Makro

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

 

As Lorraine de Jongh

Publikasie

Goud op die kruine

Publikasiedatum

1963

ISBN

(hb)

Uitgewers

Pretoria: JP van der Walt Uitgewers

Literêre vorm

Liefdesverhale

Pryse toegeken

Geen

Vertalings

Geen

Resensies en besprekings beskikbaar op die internet

 

Bron:

  • Knipseldiens van die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum

• Erkenning word hiermee gegee aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein – NALN – vir die beskikbaarstelling van hul bronne en hulp van hul personeel vir doeleindes van die ATKV-Skrywersalbum.

The post Paula (1907–1996) appeared first on LitNet.


Plate by Marlene van der Westhuizen: a reader’s impression

$
0
0

Lesersindrukke is bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Plate
Marlene van der Westhuizen
Publisher: Struik Lifestyle, an imprint of Penguin Random House
ISBN: 9781432309374

Plate features a truly sublime collection of 86 appetising main courses with a continental influence. Divided into three chapters – on meat, poultry and seafood – the hand-picked recipes look every bit as scrumptious as they taste. The beautiful full-page coloured photos by talented photographer Robbert Koene do the food justice. The attractive hard-cover publication of 192 pages, which is dedicated to Van der Westhuisen’s sister, Maria, boasts a selection of fine recipes ranging from popular classics to contemporary dishes that will inspire readers to cook hearty and healthy meals for family and friends.

Van der Westhuizen set out to write “[t]hat one cookbook that you can take off the shelf every day of the year with the assurance that you will always be able to find a simple yet original recipe to point the way to a delectable experience around your table”. She aptly calls it “An everyday kind of love story on a plate” – that is, “A gentle cookbook featuring only main courses, covering a vast array of delectable recipes – from a scrumptious steak with Gorgonzola cream to a creamy mac and cheese. A book that points the way to a fiery chili con carne as well as a rich and soothing oxtail soup.”

Mouth-watering dishes that feature meat include tasty beef bourguignon, beef fillet with a Roquefort and port sauce, kidney and mushroom pot pies, osso buco, slow-cooked veal shank, venison carpaccio, leg of lamb with garlic and onions, pork and cannellini beans, pork belly with apple cider, Italian vegetable minestrone, and a truly awesome goat’s-milk cheese tart.

Some of the recipes that contain poultry include the best chicken curry, bastilla with shredded chicken, chicken pie, chicken with pancetta and sage, chicken with a sherry and cream sauce, oven-baked chicken with ginger, spicy poussin with couscous, roast chicken with saffron, hazelnuts and honey, duck with red wine, and deboned, stuffed quail.

The impressive assortment of recipes that feature seafood includes haddock gratin, hake with tomatoes and green olives, kingklip with capers, steamed trout with ginger, poached kabeljou with vegetables and anchovy cream, squid with red pepper, garlic and chilli, salmon with black tapenade and basil, and a squid salad with mozzarella and parsley mayonnaise.

My much treasured copy of Plate now lives happily on a shelf in my kitchen where I can easily reach it. I will often consult and cook from it because I believe in serving proper meals for my loved ones. Van der Westhuizen’s cooking tips and comments are very helpful and informative. For instance, her recipe for asparagus risotto with toasted prosciutto comes with the instruction, “I keep the flowers of the asparagus tips whole and apart. Right at the end, fry them quickly in a little butter and spoon them into the plates of risotto as a delicious garnish just before serving.” She also insists that “If you are looking for a recipe that can feed a crowd, this [a flavoursome mushroom chicken with port] is the one.” My personal favourite recipe in the book is the great-looking chicken pie on page 116. Served with a crispy green salad it will have no one leave your table unsatisfied. The oven temperature and conversion tables on page 192 are also quite handy.

More about the author: Marlene van der Westhuizen loves to cook for family and friends in both their family home in Green Point, Cape Town, and their second home in Charroux, France. With two food shows for television and several cookbooks under her belt, she is truly an inspiration for everyone who loves food and kitchens. Her motto for Plate is “Earthy, honest, hearty and seductive”. This is exactly what I experienced the main courses to be.

The post <i>Plate</i> by Marlene van der Westhuizen: a reader’s impression appeared first on LitNet.

Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s web of capture by Pieter-Louis Myburgh: a reader’s impression

$
0
0

Lesersindrukke is bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s web of capture
Pieter-Louis Myburgh
Publisher: Penguin Random House
ISBN: 9781776093748

Gangster State is a disturbing book, and this is really an understatement. I am not a supporter of any political party. I do, however, admire the ruling ANC (African National Congress) for their proud history of non-racialism and non-sexism, as the party that fought for the liberation of South Africa. Yet the ANC has been clouded in controversy ever since it came to power in 1994. By the admission of their own members, the party was not in any shape to be a governing party, as it had to make the painful shift from liberation movement to ruling political party, after having been disrupted for so many decades by the previous (minority) government and banned from the country. Having a keen interest in the history of the Free State and the ANC, and with the book’s launch having been disrupted, I was intrigued to find out more about Gangster State and why it was causing so much controversy.

Gangster State chronicles the life of Ace Magashule, former Free State premier and controversial secretary general of the ANC, who grew up in the Free State town of Parys. He is one of the most powerful people in South Africa, but his whole political career is known for controversies and media accusations. The book is not a biography, but it does delve into Magashule’s history and life.

The book is divided into eight parts. Myburgh starts off in part one by examining the struggle credentials of Ace Magashule. Myburgh questions some of the claims made by Magashule, such as his role in the establishment of the Congress of South African Students, and suggests that while Magashule did play a role in the struggle, he exaggerates his role. This may be so or it may not be, but what is quite useful from these early parts in the book is the realisation that in order to understand the contemporary politics in the Free State, one has to take the history of the struggle into consideration, as the battle lines for what was to follow after 1994 were already drawn during the 1980s, when the Free State was divided between a northern and a southern faction within the ANC, with Magashule being part of the northern faction.

According to Myburgh, struggle credentials play only so much of a part in ANC politics, with the real battle being fought in the branches. This, according to Myburgh, is something which Magashule realised well. The author also seems to suggest that while Magashule enjoyed a lot of support in the Free State, he was repeatedly sidelined by the national structures of the ANC. The first premier of the Free State after the 1994 elections was Mosiuoa Lekota, today known as the leader of the Congress of the People (Cope), a breakaway party formed after the ousting of former President Thabo Mbeki. Lekota, himself hailing from the northern Free State, having grown up in the town of Kroonstad, became aligned with the southern faction in the ANC. While Magashule served under Lekota, it would be almost 15 years before he was to become premier.

Once in power, Magashule’s administration become involved in numerous controversial activities, ranging from housing contracts and a dysfunctional dairy farm to a monopoly on the media by means of, among others, the Gupta-owned New Age newspaper. The book also investigates the deaths of two allies of Magashule, who died in unexplained circumstances, with records of the one case having disappeared from the courts. Apart from these, the book tells the tale of an administration sidestepping tender procedures and awarding contracts to connected individuals. For the purposes of the investigation, Myburgh not only obtained many relevant records, but also includes interviews with former allies of Magashule, some of whom were key role players. The book contains a detailed set of endnotes, suggesting that many primary sources were consulted in the research. In addition, there are also some colour photographs. The book ends with a short few chapters focusing on the election of Magashule as secretary general of the ANC in Johannesburg in 2018, which was also marred by controversy.

Gangster State reads more like a thriller than a book about contemporary politics. Especially for those readers with knowledge of the geography of the Free State, and Bloemfontein in particular, the book will come to life as they will be familiar with the places mentioned. While one cannot draw any final conclusions about the content of this book, the nature of the claims made should at least lead to some form of inquest. It is quite a bold move on the part of the author to make claims such as the ones he makes. The book more than raises the eyebrows, as false claims would certainly land the author in hot water. However if there is any truth to these claims, it would mean that the ruling ANC is in really deep trouble as a party – and not only the ANC, but the country as a whole.

Lees ook

Video: Launch of Gangster State by Pieter-Louis Myburgh

The post <i>Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s web of capture</i> by Pieter-Louis Myburgh: a reader’s impression appeared first on LitNet.

#politieklimeriek – Marieta McGrath is die wenner!

$
0
0

Meer as 400 limerieke en 10 weke later, en ons het ’n wenner! Marieta McGrath is deur ons beoordelaars aangewys as algehele wenner van LitNet se #politieklimeriek-kompetisie. Behalwe dat sy nou kan aanspraak maak op die titel van Grootkampioen van Limeriek, wen sy R10 000! Baie geluk aan haar en dankie aan almal wat so geesdriftig aan die kompetisie deelgeneem het.  

“’n Waardige algehele wenner. Alhoewel sy ook die tradisionele vorm ignoreer, is sy die enigste van die tien weekwenners wie se limeriekmetrum absoluut perfek is. Daarby is daar die kragtige ironiese laaste reël.” ~ Philip de Vos


 

Marieta is in Windhoek, Namibië gebore, waar sy ook skoolgegaan het. Sy het aan die universiteite van Kaapstad en Stellenbosch studeer, en het in 2016 ’n PhD in molekulêre biologie aan laasgenoemde universiteit verwerf.

Sy is getroud, woon in Somerset-Wes, en maak tans voltyds twee klein woelwaters groot. Tussendeur knyp sy kosbare tyd af om te skryf.

Kyk ook

#politieklimeriek – Video van Marieta McGrath se Week 3-wenlimeriek

The post #politieklimeriek – Marieta McGrath is die wenner! appeared first on LitNet.

Perspektief op /ɛ/-verlaging in Afrikaans

$
0
0

Perspektief op /ɛ/-verlaging in Afrikaans1

Daan Wissing, Sentrum vir Tekstegnologie (CTexT®), Noordwes-Universiteit (Potchefstroomkampus)

LitNet Akademies Jaargang 16(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die algemeen aanvaarde beskrywing van die bekende fonologiese verskynsel van /ɛ/-verlaging in Afrikaans is uitvoerig bestudeer. Die resultate van ’n reeks ondersoeke wat op ’n verskeidenheid metodes uitgevoer is, word in hierdie artikel gerapporteer. Volgens dié beskrywing word die /ɛ/-vokaal verlaag tot [æ] wanneer dit gevolg word deur die konsonante /k x r l/ in die standaardvariëteit van Afrikaans (SvA; tevore Standaardafrikaans genoem). Weinig aandag is tot dusver gegee aan die stand van sake in niestandaardvorme, met name in die Afrikaans van bruin sprekers. In die huidige ondersoek is ingegaan op die aard en voorkoms van dié fonologiese proses.

As eerste fase van die studie wat aan hierdie artikel ten grondslag lê, is gefokus op die kenmerkende trekke van /ɛ/-verlaging soos wat dit in die algemene spraak waargeneem word. Dit sluit in gewone gesprekke, preke, openbare lesings en weeklikse radioprogramme waaraan bekende persoonlikhede deelneem. Dit is opgevolg deur ’n nadere ondersoek van die uitspraak van Afrikaans soos wat dit in ’n meer formele styl gevind word in veral nuusuitsendings deur Radio Sonder Grense (RSG). Die waarskynlikheid van toepassing van die reël van /ɛ/-verlaging in toepaslike woorde is vasgestel vir die uitspraak van ’n twintigtal radioaanbieders se nuuslesings. Die gedrag van /ɛ/ in leenwoorde is ook ondersoek.

Hierdie fase is opgevolg deur ’n reeks empiriese studies van ’n meer gestruktureerde aard waarin die akoestiese eienskappe in terme van formantfrekwensies (spesifiek F1) van die betrokke vokale presies bepaal is. Hierdie resultate dien as basis vir vergelykings van die aard en omvang van /ɛ/-verlaging in die spraak van wit en bruin jong, vroulike sprekers van wisselende geografiese herkoms in Suid-Afrika en Namibië. Twee substudies fokus op die produksies van sprekers van verskillende ouderdomsgroepe, aan die hand waarvan ’n moontlike diachroniese ontwikkeling van /ɛ/-verlaging bepaal kon word.

Die hoofbevindinge van genoemde ondersoeke bevestig die bestaan van /ɛ/-verlaging oor ’n wye front in SvA. Dié verlaging geld egter nie eweseer in al vier die kontekste nie. Verlaging is ook nie heeltemal afwesig in die spraak van bruin sprekers nie. Ligte verlaging is meer aanwesig in die geval van /ɛ/ voor die velêre konsonante /k/ en /x/, ’n iets duideliker verlaging voor die alveolêre /r/. By [_l] is die teenwoordigheid van ’n spesifieke brekingsdiftong, soms gepalataliseerd, voor die laterale konsonant in die meeste subgroepe van die Afrikaans van bruin sprekers opvallend. Voorts is daar sterk aanduidings gevind van ’n meer prominente teenwoordigheid van /ɛ/-verlaging in die spraak van met name jong sprekers van die noordoostelike streke van die land. Dit is ook opvallend dat sprekers van die noordoostelike dele meer geneig is tot /ɛ/-verlaging as dié van die suidwestelike streke.

Trefwoorde: Afrikaans van wit en bruin sprekers; akoestiese fonetiek; klankverandering; variëteite; vokaalverlaging; vokaalstelsel

 

Abstract

Perspective on /ɛ/ lowering in Afrikaans

The most important conclusion reached in this study is that /ɛ/ lowering as a phonological process occurs over a wide front and is far more complicated than suggested by available descriptions. This is clear from the results of the current study, which was conducted on the basis of a diverse methodology and in which a substantial and diverse set of speech-data sources was the object of study. The sources vary from personal observations during conversations, to public performances, to RSG (Radio Sonder Grense) news broadcasts and formal recordings conducted under experimental conditions.

Personal observation of the phenomenon as it occurs – or does not occur – in formal or informal speech styles over a wide front supports, in broad terms, the existing formulations of this process, particularly with regard to the standard variety of Afrikaans i.e. that the mid-low, front vowel /ɛ/ is discernibly lowered when followed by one of the consonants spelled as <k, g, l, r>. This lowering is especially clear in the speech of white, local (i.e. studying at the NWU Potchefstroom) female students; and in varying degrees over Afrikaans radio on various programmes, again most clearly in the pronunciation of young, female continuity programme hosts, particularly on RSG. On the other hand, it is mostly absent in the speech of coloured speakers of Afrikaans, locally (i.e. Potchefstroom) as well as more broadly. An important exception in the latter case is lowering before the lateral consonant [l], where it often occurs simultaneously with the diphthongisation of the vowel; here there is also often substantial palatalisation. Even in SvA (Standard variety of Afrikaans) forms one finds a diphthongised vowel in this context, although of a reduced nature with no evidence of palatalisation. Such diphthongisation, accompanied by light palatalisation, is very occasionally, in isolated cases, heard in the speech of white radio personalities.

More structured observations than the above-mentioned, in which investigations were conducted into the speech of a group of RSG news broadcasters, but during which other radio programmes were also investigated, confirmed the suspicion that /ɛ/ lowering hardly constitutes a homogenous phenomenon, and that a variety of factors need to be taken into consideration when it comes to a more precise and nuanced description. The most important of these are linguistic, geographic, ethnic and chronological factors, as well as the sex/gender of speakers.

The results of this first phase of investigation also showed that /ɛ/ lowering does not occur on a predictable basis in all cases. In short, in some types of words, often depending on the nature of the relevant conditioning consonant, there is lesser or greater internal variation. In comparison with the other three consonants mentioned above, before [r] there is much greater stability and predictability with respect to lowering.

It was also found that /ɛ/ lowering is very constant in words with /ɛ/ before /l/. In (-)stel(-), for example, no case was found in SvA where there was no lowering to [æ]. It is clear that [l], especially in the Afrikaans of so-called coloured people, has a prominent breaking effect on preceding /ɛ/, something which is either not found in SvA or is not particularly observable. One needs, therefore, to be careful to not be misled into viewing averages of F1 measurements as the only metric for determining similarities or differences between the quality of /ɛ/ across different groups. While the F1 values of /ɛ/ in, for example, wel, shows lowering for both white and coloured speakers, there is a substantial difference to be perceived on an auditory level.

The environment /_k/, as in ek (the Afrikaans pronoun I), forms a very specific category, because so much variation is discoverable here. In general, it is very clear that the lowered [æ] before [k] is seldom heard in the speech of coloured individuals and definitely not in ek; a fact which actually applies to the majority of the Afrikaans speech community. With respect to white Afrikaans, the unlowered [ɛ] pronunciation is mostly indexical of the fact that the speaker comes from the south-western parts of the country, more specifically the Western Cape. Yet it is also observable in the pronunciation of some north-eastern speakers, more specifically radio announcers from Gauteng, who have, it appears, been under the influence of certain other prominent radio personalities and who aspire to a certain kind of prestigious speech. On the other hand, the pronunciation [ɑk], with extreme lowering and retraction, is relatively sharply indexical of the fact that the speaker is white, young, mostly female, and central-north in terms of geographic provenance. This, however, still requires further thorough research.

The above-mentioned phase of research was followed by a series of empirical studies of a more structured nature. Acoustic characteristics of the relevant vowel were determined, i.e. formant frequencies, and that of F1 in particular. The results serve as the basis for precise comparisons with respect to the nature and extent of /ɛ/ lowering in the speech of speakers from a broad geographic range in South Africa and Namibia, as well as both white and coloured speakers. Two sub-studies focused specifically on the pronunciation of speakers of different age cohorts, in accordance with which a possible diachronic development of /ɛ/ lowering was identified.

The main result of these empirical studies was the existence of /ɛ/ lowering across a wide front in SvA. This lowering does not occur equally, however, in all four of the mentioned phonetic contexts. Lowering is also not completely absent in the speech of coloured speakers. Light lowering is more common in the case of /ɛ/ before the velar consonants [k] and [x], with slightly more prominent lowering found before alveolar [r]. In the case of [l], there is, as already mentioned, the presence of breaking; i.e. a diphthong, sometimes palatalised, before the lateral consonant, is clearly apparent in the speech of most coloured sub-groups. In addition, there are strong indications of the more prominent presence of /ɛ/ lowering among young speakers from the north-eastern regions of the country. It is also clear that speakers from the north-eastern parts are more inclined towards /ɛ/ lowering than those from the south-westerns areas.

An important finding of these empirical studies, and which links with what has been said before, is that /ɛ/ lowering does not occur on a uniform basis before the four consonants concerned. This was noticed especially in the speech of coloured speakers from Genadendal, Malmesbury and Kakamas, where it occurs most prominently before the two alveolar consonants, [r] and [l] (classified as [-back, +high]). The contribution of [l] to this effect is clear enough, but needs more precise specification. It is noted, for example and by way of comparison, that in Canadian English, as reported by De Decker and Mackenzie (2000), [l] constitutes the strongest influence of all linguistic factors on /ɛ/ lowering.

In this research, two empirical studies showed the clearly strengthened degree of /ɛ/ lowering in the speech of young, female speakers in comparison with older speakers. This result clearly overlaps with research on the worldwide lowering of the equivalent short front vowel in English, as can be seen from the examples provided by Hickey (2017): yes [jæs], best [bæst], west [wæst]. Hickey (2017) speculates that in Ireland young female radio and TV presenters are at the forefront of the spread of this phenomenon. In the case of Afrikaans, a similar explanation for the expansion of low [æ], especially among white, young, female speakers, is less compelling, firstly because this tendency is not as obviously apparent and widespread in the pronunciation of Afrikaans radio presenters and secondly because, on the basis of a number of quick observations among a number of local students, it is clear that this sub-group of speakers hardly ever listens to Afrikaans radio programmes, including those of RSG.

The phenomenon of /ɛ/ lowering is a clear example of movement within the vowel space, but it does not clearly form part of a more systematic pattern of chain shifting, as its equivalent appears to do in some English cases. Hickey (2017) refers to a vowel rotation in contemporary Dublin English, which includes lowering, retraction, heightening (of low, back vowels) and fronting (of the rounded back vowels). It is well known that the Afrikaans /u/ is also centralising (Wissing 2010), and that the long /a/ vowel has not only undergone rounding but has, at the same time, undergone heightening towards /ɔ/. The extreme lowering of /ɛ/ to almost [ɑ], as found typically in the pronoun ek, could, of course, be seen as a form of retraction, as is the case with what is found in the vowel of English trap (TRAP: [træp] > [trap] (Hickey 2017)).

In conclusion, the following related remark is purely by way of a suggestion: There appears to be a parallel lowering of /ɛ/, on the one hand, and the first segment of the Afrikaans diphthong /əi/ to [ʌ], or even [ɑ], on the other hand. The question of vowel chain shifts in Afrikaans is, however, a topic that requires far more attention and is an important theme in itself. It is a topic that could, in addition, benefit from recent investigations into similar phenomena in South African English by Bekker and Eley (2007) and Chevalier (2016).

Keywords: acoustic phonetics; Afrikaans of white and coloured speakers of Afrikaans; sound chance; variation; vowel lowering; vowel system.

 

1. Inleiding

Die uitspraak van die kort, middellae voorvokaal /ɛ/ is interessant en belangwekkend vir die Afrikaanse fonologie. Dit is bekend dat hierdie vokaal in bepaalde fonetiese omgewings merkbaar verlaag tot die allofoon [æ].2 Soortgelyke sistematiese vokaalverskuiwings kom ook voor in ander tale. Hedendaagse Suid-Afrikaanse Engels is byvoorbeeld welbekend hiervoor in die spraak van jong, wit Engelssprekende Suid-Afrikaners (Bekker en Eley 2007; Bekker 2009; Mesthrie 2012; Chevalier 2016). Dit geld ook die Engels wat in Kanada, Kalifornië, Suidoos-Engeland, Dublin, Australië en Nieu-Seeland gepraat word (vgl. Kettig 2014 vir ’n oorsig hiervan). In ’n breër konteks kan bevindinge ten opsigte van die Afrikaanse /ɛ/-verlagingsproses ook van belang wees vir algemene teorie van taalverandering.

Die Afrikaanse uitspraak van die /ɛ/-foneem wyk duidelik af van dié van sy Nederlandse eweknie: enersyds is dit, artikulatories gesien, oor die algemeen merkbaar hoër is as dié van Nederlands, maar andersyds kom /ɛ/-verlaging as proses nie in Nederlands voor nie (persoonlike mededeling: Marc van Oostendorp). Le Roux en Pienaar (1927) het die uitspraak van /ɛ/ as [æ] 3 reeds byna ’n eeu gelede uitgewys, maar dan slegs wanneer dit voorafgegaan word deur aanvangskonsonant /l/ en /r/, en dan uitsluitlik in die twee woorde lekker /lɛkər/ as [lækər], en rekker /rɛkər/ as [rækər], opgeteken in die toenmalige Wes-Transvaal (tans Noordwes). Volgens hierdie skrywers is die verlaging toe te skryf aan die invloed van [l] en [r], omdat dié uitspraak nie gehoor word in woorde soos dekker en wekker nie. Dis is egter wel ’n vraag of dit ook nie destyds gehoor is in die voornaamwoord ek, wat geen beginkonsonant het nie. Laer af sal dit blyk dat voorvokaliese konsonante nie (meer) ’n faktor in Afrikaans is soos deur hulle vermoed nie.

De Villiers en Ponelis (1987) verskaf die mees omvattende inligting wat betref die geografiese verspreiding van /ɛ/-verlaging in Afrikaans. Hulle toon aan dat in Kaapse Vernakular-Afrikaans [ɛ] oral gehoor word behalwe voor [l]. Veral in die noordelike dele van Suid-Afrika (spesifiek die voormalige Transvaal en Oranje-Vrystaat) het volgens dié skrywers die oorgrote meerderheid sprekers ’n redelik lae [æ], maar meld dat ’n effens hoër variant ook voorkom. Sodanige artikulatoriese beskrywing is egter van beperkte waarde, en moet opgevolg word met ’n meer spesifieke en presieser akoestiese beskrywing, iets wat in hierdie artikel beoog word.

Sedert De Villiers (1976) se uitspraak aangaande vokaalverlaging: “Hierdie foneemvariant kom in talle woorde voor en is [...] ’n belangrike streekkenmerk [...] wat die geografiese verspreiding betref sowel as sy fonologiese omgewing [...] wat nog deeglik ondersoek (moet) word”, is daar inderdaad weinig vordering gemaak. Dit geld nie net die taalgebruik van die wit sprekers van die standaardvariëteit van Afrikaans (hierna SvA), tevore Standaardafrikaans4 genoem, nie. Hierdie onderwerp het die laaste aantal dekades kennelik ook ’n interessante diachroniese ontwikkeling ondergaan, iets wat nog nie tevore uitgewys is nie. Dit wil naamlik voorkom asof jong sprekers van die noordelike streke van die land se /ɛ/ baie duidelik laer uitgespreek word (naamlik as [æ]) as dié van ouer sprekers. Dit blyk nie net uit opnames nie, maar ook uit akoestiese metings, soos later in hierdie artikel duidelik gesien kan word.

Skrywers soos De Bruto (1976), Louw (1981), Van Wyk (1977), Coetzee (1981) en ek self (in Wissing 2018) gaan nie een verder as om die basiese verskynsel te beskryf nie. Coetzee (1989) meld wel dat dit prakties afwesig is in die uitspraak van Johannesburgse bruin gemeenskappe. Nieuwoudt (1990) gee ’n volledige oorsig oor die tipes fonologiese variasies soos dit opgeteken is betreffende ’n aantal variasies, soos gepraat word deur bruin sprekers binne Oranjerivier-Afrikaans. Dié oorsig dek onder meer Griekwa-Afrikaans, Riemvasmaakafrikaans, Rehoboth-Afrikaans (in Namibië) en die Afrikaans van die Richtersveld. Geen melding word egter van /ɛ/-verlaging as proses gemaak nie. Daarteenoor verskaf Van Schalkwyk (1983) in die geval van die Afrikaans van die Rehoboth-Basters enkele voorbeelde van /ɛ/ in die omgewings _k]5 (ek), [_l] (melk) en [_r] (werk). Hy meld hier egter slegs óf verhoging of palatalisering, sonder nadere spesifisering. Du Plessis (1987) meen dat /ɛ/-verlaging in Vandermerwe-Afrikaans6 sterk ooreenkomste vertoon met die Afrikaans wat Le Roux en Pienaar in 1927 beskryf het, maar sy voorbeelde klop nie heeltemal hiermee nie. Volgens hom word /ɛ/ slegs in geïsoleerde gevalle verlaag, soos in weg, perd, self en ek. Wissing (2017) se akoesties-fonetiese studie van die Afrikaans wat hedendaags in Genadendal, Wes-Kaap, gepraat word, gaan verder as ’n blote artikulatoriese beskrywing deur aan die hand van die meting van formantfrekwensies van die vokaal /ɛ/ in die woorde ek, eg, erdvark, asook in woorde soos bel en spel , uit te wys dat /ɛ/-verlaging as proses afwesig is in die geval van [_k _x _r], maar nie voor [l] nie, waar dit ’n sterk gepalataliseerde karakter aanneem.

Dit wil voorkom asof daar ’n basiese tweedeling gemaak kan word tussen die twee etniese groepe sprekers van Afrikaans, wit en bruin. Dit lyk asof /ɛ/-verlaging oor ’n groter front in die geval van wit sprekers voorkom, en ook asof ’n gepalataliseerde /ɛ/ ’n kenmerk kan wees van die Afrikaans van bruin sprekers. Dit is nog nie nagevors nie.

Voordat oorgegaan word tot die hoofsaak van hierdie artikel, moet die faktore wat ’n rol kan speel by die voorkoms van fonologiese prosesse, soos in hierdie geval /ɛ/-verlaging, bespreek word.

Afgesien van die fonetiese omgewing (die aard van die konsonant volgende op die vokaal) is daar ’n hele verskeidenheid oorhoofse faktore wat ter sprake kan wees by die fonologiese prosesse oor die algemeen. Van die bekendstes is spreekstyl (gemaklike omgangstyl tot formele styl), grammatiese kategorieë, sillabestruktuur, klemtoonposisie, bekendheid van leksikale items, gebruiksfrekwensie, geslag, ouderdom, opvoedingsvlak, geografiese herkoms en etniese groep waartoe sprekers behoort. Hier word gekonsentreer op enkeles hiervan wat betref /ɛ/-verlaging in Afrikaans. Die spesifiek fonologiese faktor van konsonanttipe wat volg op die /ɛ/-vokaal, asook die kenmerkkategorie waartoe dié konsonante behoort, word waar toepaslik betrek by die belangrikste lekte wat hier behandel word, naamlik idiolek, geolek, etnolek en chronolek.

Hier is dus in verskillende opsigte ’n groot leemte in die kennis van hierdie belangrike verskynsel. Dit is die oorhoofse doel van die huidige ondersoek om ’n begin te maak om hierdie leemte te vul.

 

2. Aanpak

Die studie word in twee hoofdele aangebied. Nadat ’n afdeling gewy is aan ’n reeks waarnemings van algemene aard betreffende die verskynsel van /ɛ/-verlaging, word oorgegaan tot ’n meer gestruktureerde ondersoek. Eersgenoemde betrek hoofsaaklik eie waarnemings van die uitspraak van diverse groepe sprekers. Dit sluit in persoonlike gesprekke, die luister na openbare optredes, radio- en televisieuitsendings, waaronder boekvoorlesings, geselsprogramme, aankondigings deur kontinuïteitspersone, en die lees van verkeersverslae, weervoorspellings en nuusbulletins deur radioaanbieders. Daarna word oorgegaan tot ’n reeks empiriese ondersoeke van minder en meer formele aard en ontwerp waarin die foneties-akoestiese eienskappe van die betrokke vokale ondersoek word wat noodsaaklik is vir ’n presiese ontleding, beskrywing en beoordeling van /ɛ/-verlaging as proses. In afdeling 4 (Empiriese studies) word gemotiveer waarom gekonsentreer word op die eerste vokaalfrekwensieformant in studies waar vokaalhoogte ter sake is.

 

3. Enkele waarnemings van algemene aard

’n Belangrike maatstaf van “Standaardafrikaans” wat tot onlangs nog gegeld het, is dat dit dié Afrikaans is wat oor nasionale radio gehoor is, met name die uitspraak van gevestigde uitsaaiers. Ek fokus hier op die uitspraak van die huidige geslag radioaanbieders van Radio Sonder Grense (RSG),7 met die wete dat daar tans ’n groter spektrum van variasie gehoor word. Dit kan breedweg gestel word dat die Afrikaans wat hedendaags in veral nuusbulletins gehoor word, getipeer kan word as formele Afrikaans, oftewel as prototipies van SvA.

In ’n afsonderlike afdeling laer af, waar ’n aantal empiriese studies gerapporteer word, word die produksie van /ɛ/ deur genoemde RSG-nuusaanbieders van nader bekyk ten opsigte van die akoestiese eienskappe van die afsonderlike allofone van hierdie vokaal (sien afdeling 5).

’n Nadeel om omroepers se spraakgebruik as ondersoeksdata te gebruik, kom na vore wanneer mens probeer om ’n spesifieke individu se uitspraak in ’n groter konteks te plaas en te interpreteer. Dit is by uitsondering bekend waar so ’n persoon oorspronklik vandaan kom. In enkele gevalle kon dit nagegaan word deur direkte navraag, maar dikwels wil individue nie op sodanige navrae reageer nie. Dus moet die verskaffing en bespreking van algemene waarnemings ten opsigte van radiopersoonlikhede met omsigtigheid in dié lig bejeën word. Hierdie opmerking geld te meer die spraak van inbellers na radio-geselsprogramme; soms vermeld hulle wel hulle tuisdorp, maar dit sê nogtans nie waar hulle grootgeword het nie – ’n faset wat by die vestiging van iemand se uitspraak veral van belang is. In baie gevalle kan daar nogtans met taamlike sekerheid afgelei word uit die algemene uitspraak van veral jonger RSG-sprekers dat hulle van huis uit veral noordelike sprekers is (blykbaar is die meeste jong, vroulike uitsaaiers in diens van die RSG ruweg van Gautengse afkoms). Merkers wat hierop dui, is veral dié van ’n prominente /a/-ronding, of juis ’n prominente verlaging van /ɛ/ tot [æ] in met name van die vokaal van ek – maar sien laer af hiervoor. Andersom is dit egter minder seker dat iemand van die suide afkomstig is selfs wanneer dié vokaal in ek duidelik onverlaagd geproduseer word, dus as [ɛ]. Op grond van veral intonasie kan mens ’n individu se uitspraak dikwels met vertroue plaas as dié van ’n bruin spreker. Dit geld ook tot ’n groot mate die spesifieke aard van die aan- of afwesigheid van die /ɛ/-verlagingsverskynsel as sodanig. Hierdie bewering kan egter eers op grond van die resultate van die studie waarvan hier verslag gedoen word, met vertroue gemaak word.

3.1 Gevalle van /ɛ/-verlaging in radio-uitsendings

Dit is ’n gegewe dat, soos wat die geval is met bykans alle fonologiese prosesse, /ɛ/-verlaging nie sonder uitsondering gebeur nie. Enkele voorbeelde van /ɛ/ – wat dikwels as [æ] gehoor word – in die betrokke omgewing (voor /k x r l/) kom voor in verkeersverslae, byvoorbeeld by name van roetes beginnende met R, en name van strate en plekke wat byvoorbeeld -weg of -berg as laaste komponent het; of in plekname in weervoorspellings (bv. Bela-Bela, Mbombela, Nelspruit, Ermelo, Klerksdorp en Welkom). Die telwoorde elf, elfde; derde, dertien en dertig word ook reëlmatig in temperatuurverslae en weervoorspellings gehoor; so ook plekke en sterk. Hoewel die meeste van die tersaaklike sillabes geslote is, en die struktuur van sillabes dus ’n kondisionerende faktor kon wees, kom /ɛ/ wel ook gereeld in oop sillabes voor, soos hier in Bela-Bela en Mbombela.

Die gebruik van opnames wat deur die SAUK se RSG-stasie beskikbaar gestel is, vergemaklik ’n uitgebreide waarneming van die verskynsel onder bespreking aansienlik. Die onttrekking van uitgesaaide programme word moontlik gemaak via die Potgooi-platform (vgl. http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp), wat ’n besonder ryk bron vir navorsing is wat betref gesproke Afrikaans. Sulke programme sluit in openbare optredes, onder meer dokumentêre en geselsprogramme, onderhoude, boekvoorlesings en dies meer. In enkele gevalle is dit moontlik om belangrike meta-inligting aangaande sprekers, soos ouderdom en herkoms, te kan bekom. Dit is voorts ook moontlik om sodanige spraakdata af te laai en in programmatuur soos Praat (praat.org) akoesties te ondersoek, iets wat laer af aan bod kom. Op hierdie stadium beteken “ondersoek” dat ’n meer deeglike oordeel gemaak kan word aangaande die verlaging of nie van ’n /ɛ/ in ’n betrokke woord deur by herhaling daarna te kan luister. ’n Voorbeeld is veral die woord ek, wat feitlik per definisie nie in nuusberigte gebruik word nie, maar wat wel dikwels in sodanige genoemde programme gehoor word.

In hierdie afdeling word verslag gedoen van enkele ondersoeke van die uitspraak van ’n aantal deelnemers aan programopnames op die Potgooi-platform. Hier is ’n uitgebreide en waardevolle spraakkorpus beskikbaar. In die program Monitor byvoorbeeld is onderhoude gevoer met persone wat dikwels op grond van agtergrondinligting ten opsigte van geslag, ouderdom, streek en etnisiteit geplaas kan word.

Enkele waarnemings ter demonstrasie word hier vlugtig uitgelig. Twee RSG-programme word bekyk, waaraan respektiewelik een wit en twee bruin sprekers gereeld deelneem, onderskeidelik Omgewingspraatjie (Saterdagoggende om 06:45) en Islam in Fokus, ’n besprekingsprogram vir die Moslemgemeenskap (Donderdagaande om 23:10).

3.1.1 Omgewingspraatjie

In ’n praatjie van 6 Oktober 2018 van Juaneé Cilliers is die volgende woorde aangeteken waarin /ɛ/-verlaging ongetwyfeld8 aanwesig is, en die betrokke vokaal foneties te klassifiseer is as [æ], byvoorbeeld voor [k]: ek, gesprek, plek, trek; voor [x]: belegger, regkry (3x); voor [r]: dertien, herleef, Klerksdorp, militêre, werk (en samestellings hiermee); en voor [l]: elkeen, geldig, gestel, self.

3.1.2 Islam in fokus

Sjeik Baqir Nadgalis, met wie die onderhoud (4 Oktober 2018) deur Shahieda Carlie gevoer is, se /ɛ/-produksie word gekenmerk deur onverlaagde [ɛ]-vokale in woorde soos ek, gesegde, heg, kerk, lekker, plek, reg, respek, versie.Voor [l] word feitlik deurgaans ’n gepalataliseerde vokaal gehoor, ongeveer as [jæ]. Voorbeelde hiervan is in help, helfte, (jou)self, pelgrim, skel, stel. In enkele gevalle gebeur dit wel nie by hom nie, soos een maal in dieselfde, asook in een keer in wel. Opvallend is dat die onderhoudvoerder se uitspraak van /ɛ/ hoofsaaklik op dié van die standaardvariëteit klink, dit wil sê /ɛ/ word in die konteks [_k _x _r _l] wel verlaag, in laasgenoemde geval ook sonder palatalisasie. Dit is moontlik toe te skryf aan haar opvoedingsvlak, en aan die invloed van ’n andersoortige taalomgewing waarin sy grootgeword het. Hierdie tendens word ook gevind by Jaqui January, ’n bekende bruin uitsaaier. Daarenteen word dit glad nie gevind nie in die uitspraak van Jean Esterhuizen, ook ’n RSG-aanbieder.

3.2 Konstantheid van verlaging

Verlaagde realisering van /ɛ/ as [æ] tree in wisselende mate op in die [_k _x _r _l]-konteks. Dit kom soms voor dat die uitspraak van dieselfde woord, of dieselfde konsonantkonteks wat betrokke is by verlaging, nie eenvormig by individuele sprekers aangetref word nie. Ook oor groepe sprekers heen is die uitspraak van /ɛ/ in enkele woorde en verwante vorme daarvan (soos afleidings) wisselend van aard. ’n Aantal verteenwoordigende gevalle uit die RSG-korpus wat hierdie bewering demonstreer, word hier belig. In elke geval word dié bevindinge vergelyk met die produksie van Martelize Brink,9 wat volgens ’n stel van haar opnames die drie vokale voor [x r l] wél verlaag, maar wel nie sonder meer voor hierdie drie konsonante nie. Dit kan in die volgende klankgreep gehoor word:

Dit is opvallend dat sy hier baie konsekwent is met die uitspraak van /ɛ/ as [ɛ] voor [k], ook in ander woorde as wat hier gehoor word (bv. in die ingeblokte woorde in 3.2.1 hier onder), maar, kennelik uitsonderlik, wel [æ] in lekker.

Hierteenoor verlaag Christelle Webb-Joubert die /ɛ/-vokaal in al vier moontlike omgewings, soos gehoor word in die volgende klankgreep. Die woord mes word as vergelykingsbasis toegevoeg.

Vervolgens word dieper ingegaan op die kwessie van konstantheid waartoe /ɛ/-verlaging in die vier konsonantkontekste opgeteken is. Die produksies van Martelize Brink word onderaan elkeen van die vier gevalle ingeboks.

3.2.1 [_k]

/ɛ/ word afwisselend as [æ] uitgespreek in woorde soos plek en trek en afleidings daarvan of samestellings daarmee. Dit word byvoorbeeld in die geval van Mariëtta Kruger waargeneem ten opsigte van dié vokaal as [ɛ] én as [æ] in plekke respektiewelik plek – soos in die volgende klankgreep gehoor kan word:

Hier word die aandag verder beperk tot voorkomste van soortgelyke gevalle, soos gevind in die RSG-korpus. Van die 163 voorkomste van (-)trek(-) (bv. trek, betrek, betrekking, gevolgtrekking, onttrek, vertrek) soos gelees deur 25 aanbieders, is 128 verlaag (RTP = 0,79)10. Opmerklik is dat twee lesers vir 16 van die 35 onverlaagde gevalle verantwoordelik is. Die twee, Magdaleen Kruger en Martelize Brink, is albei van oorsprong Wes-Kapenaars.11 Wanneer Amoré Bekker en Mariëtta Kruger tydens Tjailatyd-uitsendings in ligte luim met mekaar klets, hoor mens by beide nogal meerdere kere afwisselend [ɛk] en [æk].12 ’n Mate van inkonsekwente verlaging is by sommige van die ander sprekers gevind, spesifiek by plek, veral in die lees hiervan in weervoorspellings in frases soos ... op plekke ... Trouens, dit lyk asof spesifiek in die fonetiese konteks [_k] die afwesigheid van verlaging van /ɛ/ besig is om veld te wen, moontlik as ’n soort prestigemerker. Opvallend byvoorbeeld is dat Mariëtte Kruger in dieselfde sin die woord hek een maal met, en een maal sonder verlaging uitspreek. By haar is ook [ɛ] in plekke, maar [æ] in hooftrekke in dieselfde uitsending opgemerk. By Amoré Bekker kom /ɛ/ wisselend voor as [ɛ] of as [æ] in ek en lekker, maar net [ɛ] in spekboom en steggie.13

Martelize Brink: Benewens die onverlaagde /ɛ/ in ek, trek en bek bly dit ook onveranderd [ɛ] in betrekkinge, gesprek, getrek, hekke, hektaar, Mbeki, projekte, saamtrekke, seksoortreder, sektore, sitplek.

 

3.2.2 [_r] (-têr)

/ɛ/ is 44 keer gehoor, gelees deur 14 RSG-nuusaanbieders in woorde soos parlementêr(e); militêr(e) en sanitêre is slegs één keer nié verlaag nie (dit deur ’n bruin aanbieder), dit wil sê ’n RTP vir /ɛ/-verlaging van 0,98.

Martelize Brink se /ɛ/ in dissiplinêre, humanitêre, monetêre en sanitêre se /ɛ/ word ook verlaag tot [æ]; geen onverlaagde gevalle is opgemerk nie.

 

3.2.3 [_x])

/ɛ/ voor /x/ is ook baie stabiel in die RSG-korpus. Die realisering van die vokaal /ɛ/ van die woord hegtenis voor [x] is byvoorbeeld 172 uit ’n moontlike 181 wel verlaag tot [æ] (RTP = 0,95). Die nege onverlaagde gevalle kom voor by slegs twee van die 17 sprekers wat ondersoek is. ’n Soortgelyke bevinding is gemaak betreffende die /ɛ/-vokaal van die woord tegnies en afleidings daarvan; ’n RTP van 0,66 is by agt nuuslesers gevind. Agt uit 25 vokale is nie verlaag nie in woorde soos tegnici, tegniese, tegnikus en tegnologie. De Villiers en Ponelis (1987:99) tipeer [ɛ] in tegnies as deftig (ook in ander klankomgewings) en, aan die ander kant, [æ] in eggo as niestandaard; so ook gevalle voor konsonante anders as /x/ in flerrie, merrie, tjello, Wellington, Checkers, kollekte, lektor, perfek, rekord, TEK.14 Hierby kan ’n hele groep woorde wat begin met eks- gevoeg word – sien laer af. Let op dat /ɛ/ onverlaagd uitgespreek word in die eiename van swart persone, soos Seshego en Piyega. Lees hiermee saam die opmerkings oor die naam Mandela laer af in hierdie verband.

Martelize Brink verlaag ook /ɛ/ tot [æ] in egter, hoofweg, hooggeregshof, integriteit, menseregte, regsfirma, slegs. Dit is in ooreenstemming met Klankgreep 1.

 

3.2.4 [_l]

In hierdie omgewing word /ɛ/ konsekwent in die woord stel en afleidings daarvan, soos stelling en stelsel, asook in die meervoudsvorm stelle en ook in Stellenbosch, verlaag. Dit gebeur in al 82 moontlike gevalle soos gelees deur 21 nuuslesers, ook deur die drie bruin sprekers. Dieselfde geld grootliks vir byvoorbeeld woorde eindigend op -elm of -erm en afleidings daarvan (bv. (be)skerm). In 32 waargeneemde gevalle word [ɛ] slegs twee keer gehoor, beide daarvan (kennelik) deur bruin sprekers.

Minder konstant is die verlaging in die volgende geval: Vyf van agt RSG-sprekers produseer die /ɛ/ in die woord helikopter(s) wel as onverlaagde [ɛ]. Die RTP van 0,28 (sewe van 25 moontlike gevalle) vir /ɛ/-verlaging in hierdie geval is besonder laag. Dit kontrasteer sterk met ’n onlangse opname onder ’n groep wit studentesprekers. 21 uit 22 van hulle produksies van helikopter was wel met [æ] (RTP = 0,95). Bloot hierop geoordeel, is daar ’n tendens van meer frekwent voorkomende gevalle van verlaging te bespeur, iets wat ook in ander gevalle van /ɛ/-verlaging onder jong sprekers gesien word. Meer word in die afdeling oor chronolektiese faktore laer af oor dié neiging gesê.

Martelize Brink produseer ook, soos die ander RSG-lesers, die /ɛ/-vokaal as [æ] in bel, belegging, hotel, Mandela, snelweg, stel. Haar /ɛ/-vokaal word byna as [ɑ] in welkom gehoor.

 

3.3 /ɛ/ in leenwoorde

Verklarings wat dikwels aangebied word vir die uitspraak van /ɛ/ as [ɛ] in plaas van die verwagte [æ] in die fonetiese kontekste [_k _x _r _l] is dat dit ’n Engelse leenvokaal is. Ek self meld in Wissing (2017:157) voorbeelde soos affek, aspek, defek, effek, insek, korrek, perfek, projek, indeks, kompleks, konteks en korteks in hierdie verband. Sodanige verklaring gaan moontlik wel op vir sommige van die genoemde woorde, maar nie noodwendig nie (selfs onwaarskynlik) vir ’n naam soos Checkers, of die woord tjek, en ook nie vir baie woorde wat met eks- begin nie, soos die volgende: eksak, eksamen, ekseem, eksegese, eksekusie, eksemplaar, eksentriek, eksepsie, eksistensie, eksklusief, ekskresie, ekskursie, ekskuus, eksodus, eksogeen, eksoties, ekspedisie, eksperiment, eksplisiet, eksploitasie, eksplorasie, eksplosief, eksponent, ekspressie, ekstase, Eksteen, ekstensief, ekstra, ekstrak, ekstreem, ekstrinsiek, ekstrovert. Dit is egter nie ’n uitgemaakte saak dat sommige van hierdie woorde wat wel Engelse ekwivalente het, soos gesuggereer deur De Villiers en Ponelis 1987:98) uit Engels oorgeneem is nie. Die meeste hiervan, ook check (vir tjek) bestaan ook in Nederlands, sover nagegaan is, selfs reeds in Middelnederlands. Woorde soos examen, excellentie, executie, exemplaer, expeditie, expert, experiment, extract is reeds in die Middelnederlandsch Handwoordenboek opgeteken (Verdam 1911). Dit is dus ewe moontlik dat van hierdie woorde nie direk uit Engels geleen is nie, maar Nederlandse erfgoed kan wees.

Dit is moontlik dat sommige gevalle van die tipe affek, wat hier bo genoem is, aangepas het by die basiese Afrikaanse uitspraakpatroon, en gevolglik uitgespreek word met [æ] – iets wat moontlik in sommige kringe as nonstandaard beskou kon word. Hierdie verklaring gaan waarskynlik ook op in die geval van die voorkoms van [æ] in woorde soos Checkers, kompleks en effek in die diep platteland van die voormalige verre Wes-Transvaal (tans Noordwes).15

3.4 /ɛ/-verlaging in Afrikataalname

Die gedrag van /ɛ/ voor met name /l/ is voorts ook interessant in ander opsigte as dié wat tot dusver aangeraak is, naamlik die verafrikaansing van woorde oorspronklik uit die inheemse Afrikatale. Dit is interessant, omdat /ɛ/-verlaging nie in die Afrikatale van Suid-Afrika aangetref word nie. ’n Treffende voorbeeld hiervan is dié van Mandela; dis bowendien ’n baie geskikte geval vir sodanige ondersoek, eerstens natuurlik omdat dit beantwoord aan die konsonantkonteks [_l], en tweedens weens die hoë gebruiksfrekwensie van Mandela in nuusberigte, waarvan ’n groot datastel beskikbaar is vir ondersoek. Hier word nie ingegaan op die presiese akoestiese waarde van die vokaal /ɛ/ nie, maar word slegs gekyk na die mate waartoe dit wel op grond van die blote impressionistiese karakter daarvan onverlaagd as [ɛ] uitgespreek word.

Die naam Mandela is 70 keer aangetref in opgeneemde nuusberigte tydens die tydperke 2000–2006 en 2017, en wel in die lesings deur ses vroulike en vyf manlike nuusaanbieders. In totaal is dié naam 48 keer met onverlaagde [ɛ] as [mɑndɛlɑ] uitgespreek, en 22 keer mét verlaagde vokaal: [mɑndælɑ] ’n RTP van 0,46 is dus hier gevind. Die volgende klankgreep van die naam Nelson Mandela illustreer die aanwesigheid van /ɛ/-verlaging in die naam Nelson tot [nælsən], maar die afwesigheid van verlaging in Mandela, dus [mɑndɛlɑ]. Eersgenoemde is waarskynlik toe te skryf aan die Engelse oorsprong van die naam Nelson. Soos hoër op uitgewys is, is dit onwaarskynlik dat sillabestruktuur (geslote vs. oop in dié twee name) ’n hier ’n rol sou kon speel.

Dit is ongewoon dat daar geen verlaging in die woord Nelson by die vrouelesers waargeneem is nie (0/40 keer), maar tien keer uit ’n moontlike 30 keer by die manlike lesers. Dit laat die vermoede ontstaan dat die geslag van sprekers moontlik ’n rol sou kon speel. Dit is egter ’n onderwerp vir ’n aparte studie.

’n Volgende fase van ondersoek is om gestruktureerde ontledings van beskikbare spraakdatastelle te doen. Daaraan voorafgaande word as vergelykingsbasis ’n stel toepaslike akoestiese metings aangebied aangaande /ɛ/-verlaging soos wat dit myns insiens voorkom in ’n tipiese spreker van die huidige SvA.

 

4. Empiriese studies

Voordat oorgegaan word op die inhoud van die empiriese studies, word kortliks ingegaan op die wyse waarop F1 as hoofaanduider van vokaalhoogte bepaal is, wat natuurlik, soos hier bo uitgewys is, ook hier van kardinale belang is. Vokaalhoogte is akoesties meetbaar in terme van die gemiddelde frekwensie van die eerste formant (F1) van vokale, en wel uitgedruk in Hertz. Hier word gefokus op F1, omdat daar ’n indirekte verband bestaan tussen die eerste formant van ’n vokaal en die vokaalhoogte, artikulatories gesproke (Ladefoged 1975:173). Hoe hoër die vokaal dus is, hoe kleiner is die Hertzwaarde daarvan, en omgekeerd. Die hoë vokaal [i] het byvoorbeeld tipies ’n F1-meting van minder as 300 Hz, terwyl dié van die heel laagste vokaal, [a], selfs 1 000 Hz beloop. Wat /ɛ/-verlaging betref, kan as eerste riglyn gestel word dat die Afrikaanse [ɛ]-allofoon tipies ’n hoër F1-waarde het as 500 Hz, terwyl dié van die [æ]-allofoon se F1 selde laer is as 600 Hz, en in baie gevalle hoër lê as 700 Hz, en in uiterste gevalle selfs 900 Hz of selfs meer kan wees. In sommige gevalle is F2 ook ter sprake by vokaalverlaging; dit word ter plaatse spesiaal uitgewys.

Van belang is om in gedagte te hou dat alle ontledings voortaan beperk is tot die opnames van vroulike sprekers. Dit word om ’n aantal redes gedoen. Die vokaalformantpatrone van sprekers verskil weens verskillende gemiddelde grootte van die spraakholtes van vroulike en manlike sprekers (Peterson en Barney 1952). Tweedens is vrouesprekers, veral jonges, bekend daarvoor dat hulle voorlopers is by taalveranderingsprosesse, ’n aspek wat ook vir hierdie ondersoek van belang is (Labov 2001).

4.1 Ontledingsprosedures

Die ontledingsprosedures wat hier uiteengesit word, is afgestem op die vasstelling en onttrekking van die F1-waarde van die betrokke vokaal. Die basiese inligting aangaande die ontledingsprosesse wat hier gevolg is, is ook elders volledig gepubliseer, onder meer in Wissing e.a. (2015) en Wissing (2017) wat Afrikaans betref, sodat dit hier slegs samevattend gedoen word.

Ortografiese transkripsies van opnames word omgeskakel na hulle te verwagte fonetiese vorme deur gebruik te maak van grafeem-tot-foneem-omsettingsreëls; meer spesifiek is die Default&Refine-algoritmes van Davel en Barnard (2008) hier gebruik in kombinasie met ’n uitspraakwoordeboek (Davel en De Wet 2010). As tweede stap is statistiese modelle bepaal op grond van verwagte fonetiese opeenvolgings en die daarmee geassosieerde klankopnames, soos beskryf in Van Niekerk en Barnard (2009). Belynings tussen die foonsekwensies aan die een kant en die klankopnames aan die ander kant is dan gedoen, met as finale resultaat gesegmenteerde individuele klankeenhede,16 afgegrens tot op die naaste 5 ms. Tydens ’n annoteringsfase word hierdie klankeenhede in ’n aparte venster van Praat (Boersma en Weenink 2015) benoem, sodat hierdie gesegmenteerde en geannoteerde klanke ouditief en visueel geïnspekteer kan word, en indien nodig handmatig verstel kan word, omdat daar soms veral segmenteringsfoute, maar in enkele gevalle ook transkriberingsfoute, gemaak word tydens die genoemde outomatiese prosesse.

 

5. RSG-spraakdata

Voordat oorgegaan word na die ontleding van ander beskikbare spraakkorpusse van meer gestruktureerde aard, onder meer met die oog op die uitvoer van eksperimente, word hier ter oriëntering eers kortliks gekyk na spraakdata wat onttrek is uit RSG se nuusbulletinopnames, en wel met as agtergrond die bespreking van meer algemene aard wat hoër op aan die orde was. Tevore is byvoorbeeld slegs genoem in watter mate, uitgedruk in RTP-indekse, /ɛ/-verlaging in bepaalde strukture voorkom (bv. in die woord hegtenis). Hier word verder gegaan deur ook die betrokke akoestiese eienskappe van sulke vokale te onttrek, te ontleed en te evalueer.

In Tabel 1 word ’n vergelyking gemaak tussen die formantfrekwensies van die /ɛ/ soos deur Martelize Brink (MB) en ’n groep RSG-lesers. Wat laasgenoemde betref, was daar in totaal opnames van 22 vroulike lesers vir ondersoek beskikbaar, sommige redelik omvangryk, terwyl ander uit slegs enkele sinne bestaan. Uit die aard van die saak is min bekend van die presiese geolektiese agtergrond van die meeste sprekers, maar dit kan aangeneem word dat hulle in verskillende streke van die land grootgeword het. ’n Versigtige aanname is dat hulle in elk geval redelik verteenwoordigend is van die sprekers van sogenaamde SvA. Die meeste opnames is gedurende die periode van 2000 tot 2007 gemaak (dié van 16 lesers); die res (ses in totaal) se opnames meer onlangs (2017). Daar kan op grond van dié opnames ruweg nagegaan word of die verskynsel van /ɛ/-verlaging ’n groeiende tendens is, soos wat die geval is met /a/-ronding en /s/-palatalisering (lees hiervoor onderskeidelik Wissing 2006 en Wissing 2018). Meer oor die kwessie van ’n tendens word laer af in afdeling 10 gesê. Die vergelyking wat hier gemaak word, dien hoofsaaklik om aan te toon dat daar verskille maar ook ooreenkomste bestaan tussen diegene wat almal as sprekers van SvA geoordeel word.

Tabel 1. F1-metings van twee groepe RSG-nuuslesers. Sien teks vir besonderhede.

Hierby word apart genoem dat die gemiddelde F1-waarde van [ɛ] in die woord ses, soos gelees deur dieselfde RSG-groep, 378 Hz is (N=88), wat akoesties marginaal laer is, en dus hoër geartikuleer word as die ooreenstemmende waarde van Martelize Brink se vokaal in ek. Dit dien as vergelykingsbasis met die ander vokale in Tabel 1. Daar is groot verskille tussen die twee stelle lesers ten opsigte van die [_k]-konteks, dit is ek by MB, en trek en afleidings daarvan by die RSG-lesers. Dit is verder opvallend hoe naby aan mekaar die ander sewe vokale se metings aan mekaar lê (612–693 Hz). Die aantal geldige gevalle wat gemeet is, wissel van 22 (by slegs) tot 234 (by werk, gewerk). Soos later meer presies uitgewys word, dui hierdie metings op verlaging van die /ɛ/-vokaal in al die betrokke kontekste. Hieruit kan afgelei word dat slegs MB se vokaal in ek nié verlaagd geproduseer word nie; dit geld ook trek en bek, beide met [k] as koda. Dit kan ook vasgestel word deur na die volgende klankgreep te luister.

’n Nadere ondersoek van die produksies van RSG-aanbieders van wie hulle herkoms wel bekend is, onderstreep die gegewe dat /ɛ/-verlaging soms wel, soms nie by sommige van die sprekers voorkom nie. Twee RSG-nuuslesers, Martelize Brink en Magdaleen Kruger, beide van huis uit Wes-Kapenaars, verlaag die /ɛ/ voor [k] óf glad nie óf baie min, terwyl Mariëtta Kruger en Christelle van Tonder, beide van oorsprong noordelinge, redelik sterk /ɛ/-verlagers is. Presieser akoestiese gegewens word later in hierdie verband bespreek.

In die volgende afdelings word twee studies van die produksies van die bekende stuk “Die Noordewind en die Son”17 onder die soeklig geplaas.

 

6. Studie 1

VivA (Virtuele Instituut vir Afrikaans: https://viva-afrikaans.org) is tans besig om ’n spraakatlas van Afrikaans saam te stel waarin opnames geplaas word van “Die Noordewind en die Son”(hierna afgekort tot NS; teks in Bylaag A) deur sprekers van Afrikaans van regoor Suid-Afrika, maar ook enkeles van Namibië (sien https://viva-afrikaans.org/lees-luister/spraakatlas).

Die Afrikaanse vertaling wat deur deelnemers aan hierdie VivA-projek gelees is, is foneties gebalanseerd. Dit bevat alle Afrikaanse foneme, maar selfs ook sommige allofone, soos dié van die /ɛ/-vokaal; ongelukkig ontbreek ’n verteenwoordigende voorbeeld van die toepaslike vokaal voor [l]. Ten spyte van hierdie tekortkoming bied die opnames van dié teks nogtans ’n redelike indruk van die aard en omvang van hierdie verskynsel. Hierdie tekortkoming is in studie 2 ondervang.

Die toepaslike allofone van /ɛ/ wat in die lesings van NS ontleed is, kom in die volgende woorde voor: wat in die stuk in Bylaag A gekursiveer is, naamlik agtereenvolgens sterkste (3x), lekker, regkry, trek (2x), werd, erken (beide vokale) – altesame dus nege vokaalsegmente. Die /ɛ/ in –ken van erken dien as vergelykingsbasis; daar word op grond van bestaande kennis nie verwag dat daar enige verlaging van hierdie vokaal sal wees nie, sodat dit foneties as [ɛ] getranskribeer moet word. Die hoofsaak hier is om na te gaan deur watter groepe sprekers /ɛ/ as [æ] uitgespreek word in die betrokke klankomgewing, en indien wel, tot watter mate dit gebeur. Dit kan vasgestel word op grond van die akoestiese eienskappe van die vokaal, en wel uitgedruk in terme van die formantfrekwensies (F1) van die betrokke vokaal.

6.1 Die deelnemers

Vyf beskikbare groepe NS-lesers (drie van elke groep) is geïdentifiseer uit die 180 opnames in die VivA-datastel wat ten tye van die skrywe hiervan beskikbaar was. Die keuse is gedoen met die oog op ’n optimaal moontlike geografiese en etniese verspreiding en vergelyking, met as voorwaarde dat die lesers jonk (almal is 15–28 jaar oud) en vroulik, en natuurlik Afrikaanssprekend moet wees. Let daarop dat sommige van die Namibiese lesers hulleself tipeer as Kleurlinge18 of Rehoboth-Basters.

Die drie Reboboth-Basters is van Oranjemund, Rehoboth en Rundu. Die drie kleurlinge is afkomstig van Aranos, Okahandja en Swakopmund; die drie wit Namibiese lesers is van Stampriet, Tsumeb en Okahandja. Drie RSA-wit lesers is van Gauteng (Boksburg, Krugersdorp, Pretoria), en drie van die Wes-Kaap (Brackenfell, Riebeek-Kasteel, Strand). Ten tye van die huidige ondersoek was daar geen bruin sprekers in Gauteng in die VivA-opnames verteenwoordig nie. In die geval van Kaapstad en omgewing was ook geen bruin lesers beskikbaar nie, maar dié leemte word deels ondervang deurdat daar reeds bruin deelnemers uit hierdie geweste in van die ander ondersoeke ingesluit is (met name dié van Genadendal en Malmesbury – kyk laer af vir ’n verwysing na hierdie groepe).

6.2 Resultate

In die volgende subafdelings word die resultate per groep weergegee ten opsigte van die frekwensies van F1. In die tabelle word volledige besonderhede aangaande die akoestiese eienskappe van die betrokke vokale per ondersoeksgroep verskaf. In alle tabelle van hierdie aard word die gemiddelde formantfrekwensies in Hertz aangegee; so ook die standaardafwykings (s.a.). N dui die totale aantal geldige metings per vokaal aan. Standaardafwykings en die getal metings is nodig vir die bepaling van praktiese betekenisvolheid van verskille tussen gemiddelde metings. Hier is gebruik gemaak van effekgrootte-indekse, en wel uitgedruk in terme van d-waardes.19 Tabel 2 bevat die akoestiese inligting betreffende die vyf groepe lesers van die NS. [_K]20 beteken hierdie vokaal /ɛ/ voor [t] in die woord net. [_k] staan vir die vokaal in die twee woorde lekker en trek, [_x] vir die vokaal in reg(kry), en [_r] vir die drie vokale in sterkste, werd en erken.

Tabel 2. F1-metings van die produksies van die /ɛ/-vokaal in vier verskillende kontekste deur die vyf groepe lesers van Die Noordewind en die Son. A en B is bruin sprekers; die res is wit.

In die volgende grafiek word die vokaalproduksies van die /ɛ/-vokaal deur die bruin sprekers en dié van die wit sprekers weergegee (Figuur 1). Dit is gegrond op die F1-metings van Tabel 2.

Figuur 1. Lyngrafiek21 van die F1-waardes van die produksies van /ɛ/ in vier kontekste deur vyf groepe lesers van Die Noordewind en die Son.

Gelees saam met die inligting wat in Tabel 2 verskaf is, laat dié figuur die volgende duidelik sien:

Daar is ’n baie groot ooreenkoms tussen die wyse waarop dié twee hoofgroepe sprekers, wit (drie elk van Gauteng, Wes-Kaap en Namibië), en bruin (drie elk van die subgroepe Rehoboth-Basters en Kleurlinge22) die vokaal /ɛ/ in die [_t]-konteks (elders meer algemeen genoem [_K]) produseer. Dis te sien in die feit dat almal tussen 400 Hz en 500 Hz lê – binne die ovaal ring. Sodanige lae Hertzwaardes is tipies van ’n onverlaagde /ɛ/, dus foneties [ɛ]. Hierdie waardes kom sterk ooreen met dié van Martelize Brink s’n (405 Hz) in Tabel 1 hoër op.

Dit is opvallend dat die twee etniese Namibiese groepe sulke groot ooreenkomste vertoon met dié van die RSA. Dit suggereer ’n sterk historiese band tussen dié groepe.

Die bruin groep se /ɛ/ in die konteks [_k _x _r] word ook as [ɛ] geproduseer (binne dieselfde band as [ɛ])

Daarteenoor lê die [_k _x _r]-vokale van wit sprekers almal digby of oor 800 Hz, wat sonder twyfel dui op ’n sterk verlaging van /ɛ/ en dit dus as [æ] uitgespreek word; dit is selfs hoër as dié in Tabel 1, waar dit as [æ] geklassifiseer is.

In sodanige duidelike verskille en ooreenkomste is dit onnodig om in besonderhede in te gaan op die mate van praktiese beduidendheid van die verskille tussen al vyf die lede van dié twee groepe. Voldoende is dit om te meld dat byvoorbeeld die drie kontekste van die Rehoboth-Baster-sprekers (A in Tabel 2) vergeleke met dié van die wit Namibiese sprekers (C in Tabel 2) van ’n praktiese besonder groot beduidendheid is: d-waardes van 3,4 en groter is hier gevind.

As verdere demonstrasie van die aan- of afwesigheid van /ɛ/-verlaging kan geluister word na die volgende klankgrepe in die leesstuk Die Noordewind en die Son van onderskeidelik ’n bruin en ’n wit spreker van Namibië. Luister veral na die uitspraak van /ɛ/ in die woorde sterkste, lekker, regkry, trek, werd en erken.

Soos genoem, is die beeld van /ɛ/-verlaging wat hier geskets is, nie volledig nie weens die afwesigheid van ’n [_l]-voorbeeldwoord in die VivA-Spraakatlasopnames wat hier gebruik is. Hierdie onvolledigheid is hier onder in Studie 2 ondervang.

 

7. Studie 2

Die laaste sin van “Die Noordewind en die Son”: “En so moes Noordewind erken dat Son die sterkste van hulle twee was” is verander met die invoeging van wel: “En so moes Noordewind erken dat Son wel die sterkste van hulle twee was.”23 Sodoende is daar toepaslike voorbeeldwoorde vir elk van die kontekste [_k _x _r _l] in die teks wat gelees en ontleed is.

7.1 Die deelnemers en opnames24

Een-en-twintig derdejaar-Afrikaans en Nederlands-studente van die plaaslike universiteit van 2018 het as deel van hulle kursus Variasietaalkunde ingestem om aan die projek deel te neem. Omdat al die deelnemers in die ander studies van hierdie artikel vroulik is, is hier ook slegs op die 19 vroulike studente in hierdie groep gekonsentreer. Hulle metadatabesonderhede is ingesamel, wat, afgesien van persoonlike besonderhede soos naam, geslag, ouderdom en bevolkingsgroep, ook insluit geografiese inligting, soos woonplekke gedurende die eerste sewe jaar van hulle lewens, asook noemenswaardige ander woonplekke.25 Almal het skriftelike toestemming verleen dat hulle opnames vir die doeleindes van die huidige navorsing gebruik mag word.

Die voorlesings van die teks is digitaal opgeneem deur gebruik te maak van ’n kommersiële mikrofoon wat aan ’n skootrekenaar gekoppel is. Die klankkwaliteit is as ruim voldoende gevind vir die doel van dié ondersoek. Dieselfde ontledingsprosedures as wat hoër op beskryf is, is hier gevolg.

Die opnamegroep is in twee subgroepe verdeel, naamlik dié wat (a) van die noordoostelike en (b) van die suidwestelike streke van die land afkomstig is. (a) lê hoofsaaklik noord van die Gariep, en sluit die provinsies Gauteng, Limpopo, Mpumalanga, Noordwes, Vrystaat en KwaZulu-Natal in. Namibië is by hierdie groep ingesluit, hoofsaaklik omdat die Afrikaans wat in dié land gepraat word, ten minste volgens die bevindinge van Nieuwoudt (1990) as Oosgrens-Afrikaans geklassifiseer word, net soos in die geval van die Afrikaans van die ander streke wat in (a) genoem is. Die twee Kaapse provinsies (Noord- en Wes-Kaap) maak saam die ander groep uit. Ander sprekers van die noordoostelike groep is afkomstig van Benoni, Brakpan, Carolina, Kemptonpark, Klerksdorp, Pietermaritzburg, Pietersburg, Potchefstroom, Pretoria en Secunda, terwyl die sprekers van die suidwestelike groep afkomstig is van Daniëlskuil, George, Prieska en Worcester. Die enkele bruin spreker is in Upington gebore, maar woon van jongs af in George. Ses van die sprekers is afkomstig van die suidwestelike dele; die ander dertien is van die noordoostelike streek.

7.2 Resultate

In die volgende Tabel (Tabel 3) word die metings verstrek vir die uitspraak van /ɛ/ in die woord net in die sin “Net toe kom daar ’n reisiger verby ...”(dus [ɛ]), asook dié wat in een van die vier kondisionerende kontekste ([_k _x _r _l]) voorkom – hier rofweg aangegee as [æ]). Dit is nie absoluut korrek om al die vokale as [æ] te klassifiseer nie, ten minste omdat één van die 19 sprekers bruin is en geen [æ]-vokaal produseer nie. Hierdie kwessie word egter later verreken.

Tabel 3. F1-metings van die allofone [æ] en [ɛ] soos geproduseer deur 19 jong, vroulike sprekers (18 wit en 1 bruin).

Die absolute verskil tussen die F1-gemiddeldes is duidelik baie groot; dit word uitgedruk deur ’n d-waarde van 2,94, waarvan die praktiese beduidendheid buitengewoon groot is.

Die resultate van hierdie studie maak dit moontlik om ’n eerste indruk te ontwikkel van die aard van twee belangrike faktore wat dikwels betrek word in studies soos hierdie, naamlik geolektiese en etnolektiese faktore. Dit word in die volgende afdelings gedoen.

 

8. Geolektiese faktore

Die geografiese herkoms van sprekers is ’n belangrike faset ten opsigte van uitspraakvariasies; dit word ook dikwels onder die tema dialekte behandel.

8.1 Resultate

Tabel 4 bevat besonderhede van die formantfrekwensiemetings ten opsigte van die twee hooftaalstreke, soos vroeër in (a) en (b) uiteengesit, waarby die 19 lesers van NS ingedeel is. Figuur 2 stel die kern hiervan in die vorm van ’n lyngrafiek voor.

Tabel 4. F1-metings van die allofone [æ] en [ɛ] van die twee taalstreke, die noordoostelike en suidwestelike streke (hier afgekort tot NOORDOOS en SUIDWES), per konsonantkonteks. [n_t] verteenwoordig die [ɛ]-vokaal in die woord net; [_l] in die woord wel; die ander kontekste is soos tevore.

Figuur 2. Lyngrafiek van die F1-metings van die produksies van die /ɛ/-vokaal in vyf verskillende konsonantkontekste deur die deelnemers van die noordoostelike en suidwestelike taalstreke (hier afgekort tot Noordoos en Suidwes).

Die grootlikse oorvleueling van die gemiddeldes van die [ɛ]-vokaal in die konteks [n_t] van dié twee groepe is ’n weerspieëling van die feit dat daar geen statistiese verskil tussen die twee groepe is nie. Dit word ook uitgedruk deur ’n baie lae d-waarde van 0,11. Daarteenoor is daar in geen van die ander gevalle ’n oorvleueling teenwoordig nie. Die feit dat Suidwes laer F1-metings toon, beteken dat laasgenoemde die /ɛ/-vokaal merkbaar minder verlaag. Dit is veral die geval met [_k], wat klop met die bekende uitspraakmerker van Wes-Kaapse sprekers se verhoogde vokaal in ek (vgl. bv. De Villiers en Ponelis 1987:97).

d-waardes wat die verskille uitdruk wat daar tussen die gemiddelde waardes van die vokale van elk van die twee groepe sprekers in Figuur 2 vir [_k] en vir [_x] voorkom, is respektiewelik 1,05 en 0,88; beide prakties hoogs beduidend. Dié by [_ r] (d = 0,65) en [_ l] (d = 0,83) lê tussen prakties matig en hoogs beduidend. Hierdie bevinding aangaande die relatiewe teenwoordigheid van /ɛ/-verlaging in Afrikaans moet wel deegliker ondersoek word. Dié opmerking geld nog veel meer die waarnemings wat gemaak word in die volgende afdeling aangaande die karakter van /ɛ/-verlaging by die enkele bruin spreker in hierdie groep. Dit word slegs as vertrekpunt vir verdere navorsing aangebied.

 

9. Etnolektiese faktore

Blote impressionistiese vergelykings van die uitspraak in die volgende twee klankgrepe, onttrek uit Die Noordewind en die Son, wys reeds duidelik in die rigting van verskille in die produksie van /ɛ/ in die twee groepe waartoe dié groepe sprekers behoort (bruin in die eerste klankgreep, wit in die tweede).

9.1 Resultate

In Figuur 3 word die produksies van dié vokale skematies voorgestel. Dit is gegrond op die F1-metings van Tabel 5.

Tabel 5. F1-metings van die allofone [æ] soos geproduseer deur die een wit26 en een bruin leser van NS.

Figuur 3. Lyngrafiek van die F1-metings van die produksies van die /ɛ/-vokaal in vyf verskillende konsonantkontekste deur een wit en een bruin spreker.

Die baie klein verskil in die uitspraak van die /ɛ/-vokaal in die konteks [n_t] wat in die geval van die taalstreke (Figuur 2) gesien is, is ook hier teenwoordig, wat die indruk bevestig dat die [ɛ]-allofoon baie stabiel oor ’n groot taaldomein is. Geeneen van die ander allofone openbaar naastenby sodanige ooreenkoms nie, met dié in [_l] wat die digste kom aan mekaar, maar die d-waarde vir hierdie verskil (d = 1,05) is steeds van prakties hoë effekgrootte. Die ander drie pare verskil onderling dramaties (d > 4.55).

Hierdie bevindinge op grond van gemiddelde F1-waardes is egter misleidend, omdat die werklike aard van die karakter van [_l] nie tot sy volle reg kom nie. Daar is meer aan die hand by die [_l] van die bruin spreker. Voorlopig kan dit gestel word dat hierdie vokaal in die geval van die bruin spreker ’n opvallende brekingsdiftong,27 ook genoem gediftongeerde karakter, het, wat in uiterste gevalle selfs gepalataliseerd klink. Die akoestiese eienskappe daarvan onderstreep hierdie indruk, soos in die volgende afdeling uitgelig sal word.

 

10. Chronolektiese faktore

In die inleiding is daarop gewys dat vokaalverskuiwings ’n algemene verskynsel in tale is, daar met name Engels. As ’n spesifieke voorbeeld kan uitgelig word die Kanadese Vokaalverskuiwing (Canadian Vowel Shift), wat uitvoerig bestudeer is deur onder meer Boberg 2005, 2008, 2010; Clarke, Elms en Youssef 1995; Hoffman 2010; Labov, Ash en Boberg 2006; Roeder en Jarmasz 2010; Sadlier-Brown en Tamminga 2008, De Decker 2010 en Kettig 2014. Benewens ander vokaalverskuiwings kry juis die verlaging van /ɛ/ om as [æ] te realiseer baie aandag in van hierdie werke. In hierdie geval is dit egter nie verskuiwing wat gekondisioneer is deur ’n beperkte fonetiese omgewing, soos in Afrikaans, nie, maar ’n fonemiese omgewing. Die mees onlangse navorsing (De Decker 2010 en Kettig 2014) bevestig grootliks ’n vernuwende patroon van /ɛ/-verlaging in die spraak van die jongste groep sprekers. Hierdie verskynsel betreffende jong taalgebruikers word ook, soos in die resultate wat hier gerapporteer word, in die geval van Afrikaans gevind.

Inligting aangaande die uitspraak van sprekers van verskillende ouderdomsgroepe word dikwels in sogenaamde apparent-time-studies gebruik om vas te stel of ’n bepaalde verskynsel sistematiese verandering ondergaan (het), soos byvoorbeeld deur die meeste bogenoemde navorsers van die /ɛ/-verlaging in Kanadese Engels. Dit moet egter steeds in gedagte gehou word dat hierdie ’n indirekte metode van afleiding is. ’n Longitudinale studie oor tyd van die uitspraak van dieselfde groep (die sg. real-time-studies) is natuurlik ideaal. Hiervolgens sou duidelike verskille in die uitspraak van so ’n groep met verloop van tyd geïnterpreteer kon word as tekens van spraakverandering oor tyd. Hierdie tipe metode is egter uit die aard van die huidige ondersoek nie moontlik nie.

Ter ondersteuning van die aanname dat /ɛ/-verlaging wel in Afrikaans ’n duidelike historiese ontwikkeling ondergaan (het), word die uitspraak van /ɛ/ deur twee sprekersgroepe van verskillende ouderdomsgroepe hier bekyk.

10.1 Vergelyking

Bestaande opnames van hierdie vokaal soos gebruik deur die ou groep sprekers (Groep A), wat onttrek is uit ’n stel bestaande spraakdata, wat met die oog op ’n ander ondersoek versamel is (Wissing 2012), is hier gebruik. Groep A bestaan uit 20 bejaarde vroulike sprekers [vgl. opskrif van Tabel 6] (gem. 86 jaar), en Groep B uit 20 jong vroulike sprekers (gem. 21 jaar). Veertien van die 20 vroue in Groep A is in die ou Transvaal gebore en het ook daar grootgeword, drie in die Vrystaat, drie in die Kaapprovinsie en een in (KwaZulu-)Natal, dus oorwegend in die noordoostelike deel van die land. Agtien van die sprekers van Groep B is ook in voorgenoemde Studie 2 gebruik (die opname van die bruin spreker is weggelaat, en opnames van twee ander bruin sprekers is gemaak en hier bygevoeg).

Ten einde die vergelyking van /ɛ/-verlaging in hierdie afdeling so presies moontlik te maak, is die ontleding beperk tot die woord ek. Dié woord is beskikbaar in die woordelys wat deur Groep A gelees is in ’n studie oor die vokaalsisteem van dié groep bejaardes. Dit is ingebed in die sin “Ek bel wel elke dag lekker ver weg met my nuwe selfoon”, wat deur Groep B gelees is. Vokaalreduksie in woorde met ’n hoë gebruiksfrekwensie, soos ek, is baie algemeen. Vokaalreduksie word egter vermy deur van woordelyste gebruik te maak (in die geval van Groep A in ’n prominente sinsaksentposisie te plaas, soos wat in hierdie sin gedoen is (vir Groep B). Die lees van slegs dié enkele sinnetjie in isolasie bevorder verder ook die nadruklike uitspreek van elke woord.

10.1.1 Resultate

Tabel 6 bevat die nodige akoestiese inligting aangaande die vokaalformantfrekwensie per groep wat gebruik is in die konstruksie van Figuur 4.

Tabel 6. F1-metings van die vokaal in ek, soos geproduseer deur ’n groep bejaarde vroulike sprekers (Groep A) en ’n groep jong vroulike sprekers (Groep B).

Die verskil tussen dié twee groepe se F1-gemiddeldes is prakties buitengewoon groot (d = 1,8).

In ’n onverwante ondersoek (Wissing 2012) is ’n gemiddelde F1-meting van 481 Hz gevind van die /ɛ/-vokaal in mes deur dieselfde groep lesers as dié van Groep A. Op grond hiervan kan afgelei word dat die F1-waarde van 616 Hz aanduidend is van ’n verlaagde [æ]-allofoon in ek. 845 Hz van Groep B is sonder twyfel tekenend van ’n nog sterker verlaging tot [æ]. Statisties kom die verskil tussen 616 Hz en 845 Hz neer op prakties hoogs beduidend (d = 1,8). Daar kan dus afgelei word dat Afrikaans ’n ontwikkeling ondergaan het ten opsigte van ’n verandering in sy vokaalstelsel, en spesifiek wat betref ’n skuif van wat genoem kan word ’n matige na ’n drastiese verlaging van /ɛ/. Figuur 4 druk hierdie bevinding grafies duidelik uit.

Figuur 4. Verspreiding van ek se F1-metings van Groep A en Groep B.

Die verspreiding van die allofone van /ɛ/ is grootliks onderling uitsluitend sover dit /ɛ/-verlaging betref. Die allofone van Groep A lê hoofsaaklik onder die stippellyn. Die volgende waarnemings val op:

Slegs één van die 20 sprekers van Groep A (aangedui met die rooi pyltjie) se /ɛ/-vokaal val duidelik in die domein van Groep B; twee lê op die grens. Tekenend is dat die leser van Groep A (vgl. die groen pyltjie) wat die /ɛ/ die naaste aan [ɛ] geproduseer het, in die suidwestelike deel van die land (sy gee dit aan as “Kaapprovinsie”) grootgeword het. Soortgelyk hieraan is /ɛ/ wat die naaste aan [æ] kom by Groep B (aangedui deur die blou pyltjie) dié van ’n spreker wat afkomstig is van Worcester (Wes-Kaap), dus in die suidwestelike gedeelte van die land gebore is en grootgeword het. Vergelyk ook die afdeling “Geolektiese faktore” hoër op.

10.1.2 ’n Post hoc-studie

’n Ondersoek is uitgevoer na /ɛ/-produksie in die konteks /_k/, maar nou in die woord nekek is nie in dié datastelle teenwoordig nie – deur twee groepe Afrikaanssprekende vroue: sewe middeljarige vrouesprekers 50–67 jaar oud (Groep I), en sewe jong vrouesprekers, 18–23 jaar oud (Groep II). Almal is sprekers van SvA. ’n Soortgelyke verskil as by ek is ook hier gevind. Gemiddelde F1-waardes van 589 Hz vir dié vokaal is in 27 lesings by Groep I gemeet, teenoor van 723 Hz vir dié vokaal in 28 lesings in die geval van Groep II, wat neerkom op ’n statisties beduidende verskil van p = 0,006 in terme van ’n ANOVA-ontleding. Hierdie bevinding dien as onafhanklike ondersteuning vir ’n gevolgtrekking dat /ɛ/-verlaging ’n voortgaande proses is in die geval van Afrikaans.

10.2 Linguistiese faktore

Verskeie linguistiese faktore kan ’n rol speel by vokaalvariasie, soos klemtoonposisie en sillabestruktuur. Hier beperk ek my tot die invloed wat [l] het op die voorafgaande vokaal en die kenmerkkategorie [agter].

10.2.1 Die rol van [l] in /ɛ/-verlaging

Die feit dat wit en bruin se allofone van /ɛ/ in Figuur 3 so naby aan mekaar lê, is misleidend; dit impliseer dat dit ook baie dieselfde klink. Hulle gemiddelde waardes lê wel albei tussen 745 Hz en 760 Hz, en dus is beide wel duidelik [æ]-allofone. Die vokaal in die woord wel in die volgende twee klankgrepe (wit gevolg deur bruin) bring die ouditiewe verskil wel duidelik uit:

As gekyk word na die grafieke van Figuur 5 wat die onderskeie akoestiese formantverlope in die woord wel uitbeeld, val die verskil in patrone daarvan eerstens op, en tweedens ook die verskillende begin- en die eindposisies van sowel F1 as F2.

Figuur 5. Formantverlope van die /ɛ/-vokaal in die woord wel in “Die Noordewind en die Son”, soos geproduseer deur die wit en die bruin sprekers, soos gehoor in Klankgreep 10.

Hoewel daar nie in hierdie artikel gefokus word op F2 nie, moet dit genoem word dat dié van wit byna 1 000 Hz laer begin as bruin se F2. Saam geneem, is hierdie gegewens ’n weerspieëling van die sterk diftongiese karakter van die [æ] in die geval van die bruin spreker – iets wat ook duidelik in die klankgreep gehoor kan word. In uiterste gevalle hiervan word dit met die teenwoordigheid van die palatale [j] getranskribeer: [jæ], [ijæ] of selfs [ijɑ] (vgl. Wissing 2018). Let in hierdie verband op die hoë F2-aanset van 2 500 Hz, tipies van ’n [i]-vokaal. Die F1- en F2-spore van wit is tekenend van ’n ligte gediftongeerdheid, en nie horisontaal-lopend soos in die geval van dié van die vokale in die ander konsonantkontekste, [_k _x _r], nie. Hierteenoor toon Figuur 6 die monoftongiese karakter van die [ɛ]-allofoon van die bruin spreker in die woorde lekker, regkry, trek, werd, erken saam geneem.

Figuur 6. Gemiddelde formantverlope van die /ɛ/-vokaal in die woorde lekker, regkry, trek, werd, erken gesamentlik, soos gelees in “Die Noordewind en die Son” deur die bruin spreker.

Om op grond van ’n enkele bruin spreker se uitspraak van /ɛ/ te veralgemeen is natuurlik nie houdbaar nie. In die volgende afdeling word aangetoon dat ’n gebreekte, of selfs gepalataliseerde, [æ]-allofoon van /ɛ/ in die konteks [_l] wel oor ’n wye taalfront onder veral bruin sprekers gehoor word. Hierdie bewering word in die volgende gedeelte kortliks ondersteun deur te kyk na die uitspraak deur onder meer jong, vroulike sprekers van die Wes-Kaap (Genadendal, Malmesbury, Lutzville), die Noord-Kaap (Kakamas; Namakwaland: Kharkams), en Potchefstroom in Noordwes.

Luister eers na die volgende klankgrepe van die woorde bel (die eerste drie) en melk,28 soos tipies gevind is in die dorpe Genadendal, Kakamas, Lutzville en Malmesbury.

’n Uiterste vorm van palatalisasie sien mens duidelik in die volgende figuur.

Figuur 7. Ossilogram en spektrogram van die woord melk, soos geproduseer deur ’n bruin spreker.29

In hierdie spektrogram kan die produksie van die /ɛ/-vokaal as ’n opeenvolging van [i] + [j] + [ɑ] gesien word. Die teenwoordigheid van [j] is ’n aanduiding van die palatale karakter van dié vokaal – dit kan ook duidelik gehoor word in Klankgreep 12, waarop Figuur 6 gegrond is.

In bandopnames van sprekers van Griekwa-Afrikaans wat in die tagtigerjare van die vorige eeu gemaak is (Van Rensburg 1984), wil dit voorkom asof die /ɛ/-verlagingsproses ooreenstem met dié van SvA, daarin dat die /ɛ/-vokaal in /mɛlk/ wel as verlaagde [æ] uitgespreek word, maar nie gepalataliseer word nie, ook in die ander potensiële verlagingskontekste, byvoorbeeld in ek, weg en werk. Klankgreep 13 van die woorde ek, gewerk, weggestuur en melkerye, wat van genoemde bandopnames onttrek is, illustreer dié bewering:

Vergelyk byvoorbeeld die uitspraak van soortgelyke gevalle in Klankgreep 1 en 2 hoër op. Let veral op die afwesigheid van ’n sterk gepalataliseerde produksie van die vokaal in melk, watnie hier gehoor word nie.30

In die volgende klankgreep kan vier vroulike bruin studentesprekers wat in Potchefstroom opgeneem is, maar van wie die geografiese herkoms onbekend is, se uitspraak van die woord melk gehoor word:

’n Opvallende uitsondering is gevind in die Namakwalandse dorpie Kharkams, waar die /ɛ/-vokaal selfs voor /l/ monoftongies bly, soos hier gehoor kan word in elf in die woord elfuur:

In die uitspraak van ’n groep van 20 vroulike hoërskoolleerders van Kharkams (gemiddelde ouderdom 16 jaar) is F1 van die vokaal van elf en self gesamentlik 568 Hz, byna dieselfde as dié van ek, nl. 546 Hz. Dié vokale kan getranskribeer word met [ɛ]. ek se vokaal is prakties identies aan dié van die bruin spreker in Tabel 5 (532 Hz.) Maar let op dat die /ɛ/ van elf en self baie laer uitgespreek word as die [_l]-vokaal in daardie Tabel (716 Hz). Links (1989) behandel die vokale van hierdie streek, maar sê niks in verband met /ɛ/-verlaging oor die algemeen nie, en ook nie van dié vokaal in enige van die vier omgewings in die besonder nie. Dié waarneming moet mens laat waak teen ’n oorveralgemening dat alle bruin sprekers se Afrikaanse uitspraak deur die bank gekenmerk word deur hierdie allofoniese verskynsel.31

Die saamgestelde figuur, Figuur 8, toon die formantverlope van sprekers in vier van die gebiede wat hier bo genoem is, naamlik van die vokaal van die woord bel. Hoewel nie aanspraak gemaak word dat dit statisties verteenwoordigend is nie, kan dit op grond van noukeurige ouditiewe inspeksie met vertroue gestel word dat dit wel prototipies is van al vier hierdie gebiede.

Figuur 8. Formantverlope van die /ɛ/-vokaal in die woord bel (v.l.n.r. die eerste drie grafieke), soos geproduseer deur tipiese sprekers van die dorpe Genadendal, Malmesbury en Kakamas, asook in die woord melk (heel regs), van ’n Lutzville-spreker.32

Volledige formantmetings van verteenwoordigende woorde soos uitgespreek deur drie groepe jong, vroulike sprekers van eersgenoemde drie dorpe word in Tabel 7 hier onder gegee:

Tabel 7. F1-metings van die allofone van /ɛ/ (in die kontekste [_l _k _r _K _x] respektiewelik van bo na onder in kolom 2) soos geproduseer deur vyf jong, vroulike sprekers elk van Genadendal, Kakamas en Malmesbury.

Vergelyk Figuur 8 se grafieke met die formantspore in Figuur 9 van elf (soos gehoor in Klankgreep 15), waaruit die monoftongiese aard daarvan duidelik gesien word in die prakties horisontale verlope van al die formante:

Figuur 9. Formantverlope van die /ɛ/-vokaal in die woord elf soos geproduseer deur ’n tipiese jong, vroulike spreker van Kharkams.

10.2.2 Kenmerkkategorieë ([+agter]; [-agter])

In vrywel alle ondersoeke wat verwys na die proses van /ɛ/-verlaging in Afrikaans word slegs na die vier individuele konsonante /k x r l/ verwys, asof daar geen verskil is tussen die mate waarin hulle verlaging kan induseer of nie. ’n Uitsondering is /l/, soos blyk uit die verwysing van De Villiers en Ponelis (1987:97) dat [ɛ] nie voor /l/ voorkom in Kaapse Vernakulêr-Afrikaans nie. In die huidige resultate wat tot dusver in hierdie artikel ter sprake was, is dit nie anders gesteld nie. Tog blyk dit nie sonder meer die geval te wees nie. Hier word dieper op hierdie kwessie ingegaan, waar gefokus word op die distinktiewe kenmerk [agter]. In generatiewe terme word die alveolêre konsonante /l/ en /r/ getipeer as [-hoog, -agter], en die velêre konsonante /k/ en /x/ as [+hoog, +agter]. Die kenmerk [hoog] is hier nie verder van belang nie, sodat volstaan word met [agter]. Dit is teoreties moontlik dat /ɛ/-verlaging verskillend sal manifesteer in dié twee kategorieë, dit wil sê verskyn voor konsonante wat [+ agter] is (dus voor [k] en [g]) respektiewelik voor konsonante wat [-agter] waardes het (dus voor [l] en [r]).

Blyke hiervan is wel waargeneem in van die spraakdatastelle wat in die huidige ondersoeke gebruik is. Hierdie moontlikheid word hier van naderby ondersoek. Omdat dit ’n afsonderlike studie regverdig, en buite die skopus van die huidige gaan, word dié ondersoek hier beperk tot ’n eenvormige stel resultate, naamlik dié van die drie groepe bruin sprekers van Genadendal, Malmesbury en Kakamas, wat hier bo in Tabel 7 genoem word. Figuur 10 is ook hierop geskoei.

Tabel 8. Gemiddelde F1-waardes van die produksie van die /ε/-vokaal van jong, vroulike bruin sprekers van Genadendal, Kakamas en Malmesbury, soos bereken vir drie fonetiese kontekste.

Figuur 10. Lyngrafiek van gemiddelde F1-waardes van die produksie van die /ε/-vokaal van jong, vroulike bruin sprekers van Genadendal, Kakamas en Malmesbury in die fonetiese kontekste [+agter], [-agter] en in ander konsonantomgewings ([_K]).

Daar is verskille tussen die twee klasse klanke [+agter] en [-agter] in al drie die gevalle merkbaar, en wel in wisselende mate. Kakamas maak die grootste onderskeid tussen [+agter] en [-agter] (d = 0,99), wat prakties hoogs betekenisvol is. Dit word gevolg deur Malmesbury (d = 0,77), wat byna ook prakties hoogs betekenisvol is. Genadendal se verskil is slegs matig betekenisvol (d = 0,6). Belangrik is om daarop te let dat in al drie die gevalle /ɛ/ voor die konsonante /l/ en /r/, getipeer as [-agter], die meeste verlaging toon, wat beteken dat hoe meer na vore die konsonant gevorm word, hoe meer word die vokaal /ɛ/ verlaag. Baie breedweg sou dit nog dui op ’n soort vokaal-konsonant-koartikulasie33. Dit is nie hier die bedoeling om hierop in te gaan nie. Ultraklankondersoeke kan moontlik meer lig hierop werp. Wat nie hier uit die oog verloor moet word nie, is die pertinente laer /ɛ/-vokaal wat voor /l/ by al die bruin groepe gemerk word – kyk Tabel 7 hiervoor. Dit moet wel opgemerk word dat dieselfde neiging waargeneem word by al die ander ondersoeksgroepe van hierdie studie. In slegs een geval speel die /l/ nie ’n spesiale rol nie.

 

11. Samevatting en bespreking

Die belangrikste gevolgtrekking waartoe in hierdie studie gekom is, is dat /ɛ/-verlaging as fonologiese proses wel oor ’n wye front voorkom, maar veel meer gekompliseerd is as wat die gangbare beskrywings daarvan suggereer. Dit blyk duidelik uit die resultate van die huidige studie, wat op ’n verskeidenheid metodes uitgevoer is, en waarin ’n aantal spraakdatastelle van diverse aard bestudeer is. Dit wissel van RSG-nuusberigte tot formele opnames wat onder eksperimentele omstandighede gemaak is.

Eie waarneming van die verskynsel van /ɛ/-verlaging soos wat dit voorkom – of nie voorkom nie – in spraak in formele of informele spreekstyl van oor ’n wye front, ondersteun in breë trekke die bestaande formulering van hierdie proses soos wat dit veral in die SvA, oftewel standaardvariëteit van Afrikaans, voorkom, naamlik dat die middellae voorvokaal /ɛ/ merkbaar verlaag word wanneer dit gevolg word deur een van die konsonante [k x r l]. Hierdie verlaging word veral duidelik gehoor in die spraak van wit plaaslike vroulike studente, en in wisselende grade van volledigheid ook oor die radio in verskeie programme, kennelik die duidelikste in die uitspraak van veral jong vroulike kontinuïteitsaanbieders van met name RSG. Aan die ander kant is dit grootliks afwesig in die spraak van bruin sprekers, sowel plaaslik as in ’n groter taalgebied. ’n Opvallende uitsondering is die verlaging voor die laterale konsonant [l], waar dit dikwels gepaard gaan met die diftongering van die vokaal; hier is selfs sprake van palatalisering. Ook in SvA-vorme word ’n sodanige gediftongeerde vokaal gehoor, hoewel in ’n veel ligter graad, met die afwesigheid van palatalisering. Sodanige diftongering, gepaardgaande met ’n ligte palatalisering, word in enkele gevalle ook by wit radiopersoonlikhede gehoor, onder andere by Ian Wessels en Johan Rademan.

Meer gestruktureerde waarnemings as bogenoemde, waarin soektogte uitgevoer is op die uitspraak van ’n groep RSG-nuusaanbieders, maar ook gekyk is na ander radioprogramme, bevestig die vermoede dat mens hier nie te make het met ’n homogene verskynsel nie, en dat ’n verskeidenheid faktore in ag geneem moet word by ’n meer presiese en genuanseerde beskrywing van /ɛ/-verlaging. Die belangrikste hiervan is linguistiese, geo-, etno- en chronolektiese faktore, maar ook die geslag van sprekers is van belang.

Die resultate van hierdie eerste fase van ondersoek toon dat verlaging nie op eenvormige wyse in alle gevalle plaasvind nie. In sommige tipes woorde, dikwels afhangende van die aard van die betrokke kondisionerende konsonant, is daar groter interne variasie teenwoordig. Voor [r] is die verlaging baie meer stabiel as voor die ander drie betrokke konsonante.

Dit is gevind dat /ɛ/-verlaging baie konstant wel aanwesig is in woorde met /ɛ/ voor [l]. In (-)stel(-) byvoorbeeld is daar in SvA geen enkele geval opgeteken waar dit nie tot [æ] verlaag nie. Afgesien wat betref frekwensie van voorkoms van /ɛ/-verlaging, blyk dit duidelik dat [l] veral in bruin Afrikaans ’n prominente brekingseffek op voorafgaande /ɛ/ het, iets wat óf nie in SvA gevind word nie óf baie meer onopsigtelik die geval is. Mens moet dus bedag wees daarop om nié mislei te word deur gemiddeldes van F1-metings as enigste maatstaf te neem by die beoordeling van ooreenkomste of verskille tussen die kwaliteit van vokale in die geval van /ɛ/-verlaging nie. Hoewel die F1-waardes van /ɛ/ in byvoorbeeld wel vir ’n wit en ’n bruin spreker (sien Tabel 5) dui op /ɛ/-verlaging, is daar ouditief gesproke ’n baie groot verskil waar te neem (Klankgrepe 6 en 7).

[_k], en met name in ek, vorm ’n baie spesifieke kategorie, omdat hier soveel variasie waargeneem word. Oorhoofs is dit baie duidelik dat [æ] voor [k] uiters selde by bruin sprekers gehoor word, séker nie in ek nie; dit geld kennelik die grootste gedeelte van die Afrikaanse spraakgebied. Wat wit Afrikaans betref, is die [ɛ]-uitspraak meestal aanduidend daarvan dat die spreker waarskynlik uit die suidwestelike dele van die land afkomstig is, meer bepaald van die Wes-Kaap, soos gehoor kan word in Klankgreep 1. Tog word dit ook soms waargeneem in die uitspraak van sommige noordoostelike sprekers, meer bepaald Gautengse radioaanbieders, vermoedelik onder invloed van sommige prominente radiopersoonlikhede, en selfs ’n neiging tot ’n deftige spreekstyl openbaar. Aan die ander kant dui die uitspraakvorm [ɑk] taamlik sterk daarop dat die spreker wit, jonk, meestal vroulik, sentraal-noordeliks van herkoms sal wees. Dit moet wel nog deeglik ondersoek word.

Hierdie fase is opgevolg deur ’n reeks empiriese studies van ’n meer gestruktureerde aard. Akoestiese eienskappe van die betrokke vokale is hier in terme van formantfrekwensies (met name F1) bepaal. Die resultate dien as basis vir presiese vergelykings van die aard en omvang van /ɛ/-verlaging in die spraak van sprekers van verskillende geografiese verspreiding in Suid-Afrika en Namibië, asook dié van wit en bruin sprekers. Twee substudies fokus voorts op die produksies van sprekers van verskillende ouderdomsgroepe, aan die hand waarvan ’n moontlike diachroniese ontwikkeling van /ɛ/-verlaging bepaal kon word.

Die hoofbevindinge van genoemde ondersoeke bevestig die voorkoms van /ɛ/-verlaging oor ’n wye front in SvA. Dié verlaging geld egter nie eweseer in al vier die betrokke fonetiese kontekste nie. Verlaging is ook nie heeltemal afwesig in die spraak van bruin sprekers nie. Ligte verlaging is meer aanwesig in die geval van /ɛ/ voor die velêre konsonante [k] en [x], met ’n iets duideliker verlaging voor die alveolêre [r]. By [_l] is die teenwoordigheid van ’n spesifieke brekingsdiftong, soms gepalataliseerd, voor die laterale konsonant in die meeste subgroepe van bruin Afrikaans opvallend. Voorts is daar sterk aanduidings gevind van ’n meer prominente teenwoordigheid van /ɛ/-verlaging in die spraak van met name jong sprekers van die noordoostelike streke van die land. Dit is ook opvallend dat sprekers van die noordoostelike dele meer geneig is tot /ɛ/-verlaging as dié van die suidwestelike streke.

’n Belangrike bevinding wat aansluit by bogenoemde is dat /ɛ/-verlaging nie op eenvormige manier voorkom wanneer dit gevolg word deur die vier konsonante nie. Dit word veral in die spraak van die bruin sprekers van Genadendal, Malmesbury en Kakamas gesien, waar dit beduidend meer gebeur in die geval van die twee alveolêre konsonante, [r] en [l] (geklassifiseer as [-agter, +hoog]). Die bydrae van [l] tot sodanige effek is waarskynlik, maar moet nog presies uitgeklaar word. Ook in die geval van Kanadese Engels rapporteer De Decker en Mackenzie (2000) dat [l] die sterkste invloed uitoefen van die linguistiese faktore wat /ɛ/-verlaging veroorsaak.

In hierdie ondersoek is die duidelike versterkende effek van verlaging uitgewys in die produksie van die vokaal /ɛ/ by jong, vroulike sprekers in vergelyking met ouer sprekers, soos duidelik blyk uit twee studies (Studie 1 en Studie 2 hier bo). Hierdie bevinding sluit aan by dié wat ten opsigte van die verlaging van die kort voorvokaal in Engels wêreldwyd voorkom, soos gesien kan word in die voorbeelde wat deur Hickey (2017) aangehaal word: yes [jæs], best [bæst], west [wæst]. Hy spekuleer dat in Ierland jong vroulike radio- en TV-aanbieders sou kon bydra tot die verspreiding hiervan. In die geval van Afrikaans is dit ’n minder aanvaarbare verklaring van die lae [æ] by veral wit jong, vroulike taalgebruikers, eerstens omdat hierdie tendens nog nie so sterk te bespeur is in die uitspraak van aanbieders oor Afrikaanse radio nie, en tweedens omdat, volgens vlugtige opname, met name die plaaslike studentegroep waaronder Studie 2 gedoen is, selde na Afrikaanse uitsendings luister, inklusief dié van RSG.

Die klankverskynsel van /ɛ/-verlaging is wel ’n duidelike voorbeeld van verskuiwing binne die vokaalruimte, maar dit vorm nie ’n eenduidige patroon nie, soos in sommige Engelse vokaalsisteme die geval blyk te wees. Hickey (2017) praat van ’n vokaalrotasie in hedendaagse Dublinse Engels, wat verlaging, terugtrekking (“retraction”), verhoging (van lae agtervokale) en ’n skuif na vore (van die geronde agtervokale) inhou. Dit is wel bekend van Afrikaans dat die /u/ ook desentraliseer (Wissing 2010), en dat die lang /a/-vokaal nie net gerond word nie maar terselfdertyd ook verhoog word in die rigting van /ɔ/. Die ekstreme verlaging van /ɛ/ tot byna [ɑ], soos gerapporteer in die geval van Groep B hier bo se ek, kan wel gesien word as terugtrekking, soos by Engels trap: /træp/ > [trap]34 (Hickey 2017). Ten slotte dien die volgende opmerking as blote spekulasie: Dit lyk asof daar ’n parallelle verlaging van die eerste segment van die diftong /əi/ tot [ʌ], selfs [ɑ] aan die een kant, en die verlaging van /ɛ/ aan die ander kant aan die werk is. Die kwessie van vokaalruimteverskuiwing in Afrikaans is egter ’n onderwerp wat veel meer aandag verg, en ’n belangrike tema op sigself uitmaak. Die werk van Bekker en Eley (2007), asook dié van Chevalier (2016) kan met vrug hierby gelees word.

 

Bibliografie

Bekker, I. 2009. The vowels of South African English. DPhil-proefskrif. Noordwes-Universiteit (Potchefstroom).

Bekker, I. en G. Eley 2007. An acoustic analysis of White South African English (WSAfE) monophthongs. Southern African Linguistics and Applied Language Studies, 25(1):107–14

Boberg, C. 2005. The Canadian shift in Montreal. Language Variation and Change,17(2):133–54.

—. 2008. Regional phonetic differentiation in Standard Canadian English. Journal of English Linguistics,36:129–54.

—. 2010. The English language in Canada. Cambridge: Cambridge University Press.

Boersma, P. en D. Weenink. 2015. Praat: Doing phonetics by computer.

Carstens, W.A.M. en N. Bosman. 2017. Kontemporêre Afrikaanse taalkunde. Pretoria: Van Schaik.

Chevalier, A. 2016. Globalisation versus internal development: The reverse short front vowel shift in South African English. DPhil-proefskrif, Universiteit Kaapstad.

Clarke, S., F. Elms en A. Youssef. 1995. The third dialect of English: Some Canadian evidence. Language Variation and Change,7(2):209–28.

Coetzee, A. 1981. Fonetiek vir eerstejaars. Pretoria: Academica.

—. 1989. Uitspraakvariasie in die Afrikaans van die Johannesburgse Bruin gemeenskappe: ’n vergelykende studie. DLitt et Phil-proefskrif, Randse Afrikaanse Universiteit.

Cohen, J. 1988. Statistical power analysis for the behavioral sciences. 2de uitgawe. New Jersey: Lawrence Erlbaum Associates.

Davel, M. en E. Barnard. 2008. Pronunciation prediction with Default&Refine. Computer Speech and Language, 22(4):374–93.

Davel, M.H. en F. de Wet. 2010. Verifying pronunciation dictionaries using conflict analysis. Verrigtinge van die 11de jaarlikse kongres van die International Speech Communication Association (INTERSPEECH 2010), Makuhari, Japan, 26–30 September.

De Bruto, H.F. 1976. [æ se: ek] (sic) probleme rondom [æ]. In De Klerk en Ponelis (reds.) 1976.

De Decker, P. 2010. Sounds shifty: Gender and age differences in perceptual categorization during a phonetic change in progress. University of Pennsylvania Working Papers in Linguistics, Volume 15.

De Decker, P. en S. Mackenzie. 2000. Slept through the ice: A further look at lax vowel lowering in Canadian English. Toronto Working Papers in Linguistics,18.

De Klerk, W.J. en F.A. Ponelis (reds.). 1976. Gedenkbundel H.J.J.M. van der Merwe. Pretoria: Van Schaik.

De Villiers, M. 1976. Afrikaanse klankleer: fonetiek, fonologie en woordbou. Kaapstad: Balkema.

De Villiers, M. en F.A. Ponelis. 1987. Afrikaanse klankleer. Kaapstad: Tafelberg.

Du Plessis, Hans. 1987. Aspekte van Suidwes-Afrikaans met spesiale verwysing na die Afrikaans van die Van der Merwes. RGN-verslag.

Hickey, R. 2017: “Yes, that’s the best”: Short front vowel lowering in English today. English Today, 34(2):1–8.

Hoffman, M. 2010. The role of social factors in the Canadian Vowel Shift: Evidence from Toronto. American Speech,85(2):121–40.

Kettig, T. 2014. The Canadian Shift: Its acoustic trajectory and consequences for vowel categorization. LSA Annual Meeting, Minneapolis, Januarie 2–5.

Labov, W. 2001. Principles of linguistic change. Volume 2: Social factors. Oxford: Blackwell.

Labov, W., S. Ash en C. Boberg. 2006. Atlas of North American English: Phonology and phonetics. Berlyn: De Gruyter Mouton.

Le Roux, T.H. en P. de V. Pienaar. 1927. Afrikaanse fonetiek. Kaapstad: Juta.

Links, T. 1098. So praat ons Namakwalanders. Kaapstad: Tafelberg.

Louw, L.H. 1981. Uitspraakvariante in Afrikaans aan die Witwatersrand. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 21(4):261–74.

Mesthrie, R. 2012. Ethnicity, substrate and place: The dynamics of Coloured and Indian English in five South African cities in relation to the variable (t). Language Variation and Change, 24(3):371–97.

Nieuwoudt, H.P. 1990. Variasie binne Oranjerivier-Afrikaans. DLitt-proefskrif, Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys.

Peterson, G.E. en H.L. Barney. 1952. Control methods used in a study of the vowels. The Journal of the Acoustical Society of America, 24(2):175–84.

Roeder, R. en L.G. Jarmasz. 2010. The Canadian Shift in Toronto. The Canadian Journal of Linguistics,55(3):387–404.

Sadlier-Brown, E. en M. Tamminga. 2008. The Canadian Shift: Coast to coast. Proceedings of the 2008 Annual Conference of the Canadian Linguistic Association.

Van Niekerk, D. en E. Barnard. 2009. Phonetic alignment for speech synthesis in under-resourced languages. Verrigtinge van die 10de jaarlikse kongres van die International Speech Communication Association, Brighton, UK, 6–10 September.

Van Rensburg, M.C.J. (red.). 1984. Die Afrikaans van die Griekwas van die tagtigerjare. RGN-verslag.

Van Schalkwyk, D.J. 1983. Fonetiese variasie in die taal van die Rehoboth-basters. DLitt et Phil-proefskrif, Randse Afrikaanse Universiteit.

Van Wyk, E.B. 1977. Praktiese fonetiek vir taalstudente: ’n Inleiding. Durban: Butterworth.

Verdam, J. 1911. Middelnederlandsch Handwoordenboek. s-Gravenhage: Nijhoff.

VivA (Virtuele Instituut vir Afrikaans). https://viva-afrikaans.org (10 Maart 2018 geraadpleeg).

—. https://viva-afrikaans.org/lees-luister/spraakatlas (12 Maart 2018 geraadpleeg).

Wissing, D. 2006. Het jou mô en jou pô ’n strôndhuis by Hôrtenbos? Feit of fiksie? Southern African Linguistics and Applied Language Studies,24(1):87–100.

— 2010. Oor die status van die “oe” in Afrikaans: ’n akoestiese analise. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 50(1):31–49.

—. 2012. Akoestiese analise van die vokale van ’n groep bejaarde Afrikaanse vroue.

LitNet Akademies, 9(3):322–60. https://litnet.co.za/assets/pdf/Wissing_9_3_GW1.pdf.

—. 2017. Fonetiek. In Carstens en Bosman (reds.). 2017. Pretoria: Van Schaik.

—. 2018. Afrikaans. Journal of the International Phonetics Association, 26 Oktober.
https://doi.org/10.1017/S0025100318000269
.

Wissing, D., W. Pienaar en D. Van Niekerk. 2015. Palatalisation of /s/ in Afrikaans. Stellenbosch Papers in Linguistics Plus, 48:137–57.

 

BYLAAG A

Die Noordewind en die Son

Op ’n keer het Noordewind en Son stry gekry oor wie van hulle nou eintlik die sterkste was. Net toe kom daar ’n reisiger verby, toegehul in ’n lekker warm jas. Hulle besluit toe dat dié een wat dit kan regkry om die reisiger te dwing om sy jas uit te trek, die sterkste is. Toe blaas Noordewind ure lank vir al wat hy werd is. Maar hoe harder hy blaas, hoe stywer knoop die reisiger die baadjie om hom vas. Uiteindelik laat Noordewind al sy pogings vaar. Toe dit Son se beurt is, skyn hy gloeiend, en dadelik trek die reisiger sy jas uit. En so moes Noordewind erken dat Son die sterkste van hulle twee was.

 

Eindnotas

1 .Hierdie navorsing is gedeeltelik deur die Nasionale Navorsingstigting (NNS; Engels: NRF) van Suid-Afrika ondersteun. Opinies en gevolgtrekkings is die outeur s’n, en kan nie noodwendig aan die NRF toegeskryf word nie. Hierdie artikel is ook moontlik gemaak met die ondersteuning van die South African Centre for Digital Language Resources (SADiLaR). SADiLaR is ’n navorsingsinfrastruktuur wat deur die Departement van Wetenskap en Tegnologie van die Suid-Afrikaanse regering gestig is as deel van die South African Research Infrastructure Roadmap (SARIR).

2 Streng gesproke kan dié allofoon pas met vertroue as [æ] getranskribeer word nadat die nodige akoestiese ontledings daarvan gemaak is (soos in afdeling 4, “Empiriese studies”), maar ter wille van ’n meer elegante styl word dit reeds van hierdie punt af so gedoen. Dit word wel ook as [æ] in die bestaande literatuur aangetref – waar geen akoestiese regverdiging daarvoor gegee word nie.

3 Die konvensie dat foneme tussen skuins strepe getranskribeer word en allofone tussen kantige hakies word ook hier gevolg. Dit is egter nie altyd eenvoudig om te bepaal wanneer ’n klank foneem- of foonstatus het nie. In hierdie bydrae word [æ] gebruik, behalwe wanneer dit eksplisiet om die foneem /ɛ/ gaan. Dit geld ook die konsonante wat verantwoordelik is vir die verlaging van hierdie vokaal, gespel as <k, g, l, r>. Dit kan ook gesien word dat die verlaging van /ɛ/ voor die foneme /k x l r/ pas fisies in die produksiestadium plaasvind, en dus as [k, x, l, r] getranskribeer moet word. Ek hanteer dit verder so, behalwe wanneer dit eksplisiet om die onderliggende status as foneme gaan.

4 Tans word eerder van die “standaardvariëteit van Afrikaans” gepraat. Ek gaan nie hier op dié kwessie in nie; ek hou my by laasgenoemde benaming.

5 Afhangende van die konteks moet “[_k]” gelees word as “die vokaal [ɛ] wanneer dit gevolg word deur [k]”; ens.

6 Afrikaans is die moedertaal van ’n groep swart sprekers wat as geïsoleerde taalgemeenskap in die noorde van Kaokoland woon / gewoon het ten tye van die opnames wat daar gemaak is (ongeveer 1980+).

7 Toestemming om RSG-opnames van nuusbulletins, asook programme wat op Potgooi beskikbaar is, vir navorsingsdoeleindes te gebruik, is goedgunstiglik deur Magdaleen Kruger, die stasiebestuurder, verleen.

8 Die verlaging is akoesties sterk; vokaalformantfrekwensie, F1, die hoofaanduider van verlaging, is hier gemeet as 722 Hz of hoër. Lees laer af meer oor hierdie faset.

9 Sien ook volgende eindnota.

10 RTP – reëltoepassingspersentasie van die betrokke getal gevalle.

11 Magdaleen Kruger deel my mee dat sy in Vredendal, Wes-Kaap, gebore en “grootgeraak” het; Martelize Brink is van die Paarl. Ek het van beide toestemming verkry om hierdie besonderhede te mag publiseer en om hulle spraakopnames te mag gebruik.

12 Spesifiek tydens die uitsending van 28 November 2018.

13 Sy lees nie nuusbulletins nie; dié voorbeelde is gevind in die program Tjailatyd (spekboom en steggies in die uitsending van 25 Mei 2018). Sowel Derrich Gardner as die tuinboukundige, J.J. Janse van Rensburg, in Brêkfis met Derrich (26 Mei 2018) spreek die vokaal van spekboom egter as [æ] uit.

14 [æ] word tans in tegnologie-jargon onder plaaslike besigheidsmense deurgaans gehoor in spesifiek tegnikus en tegnikuste (sic!).

15 ’n Anekdote: Gerhard van Huyssteen, bekende taalkundige en tans voorsitter van die Taalkommissie van die SAWK, afkomstig van Schweizer-Reneke in daardie streek, vertel dat hy as vars Tukkies-student gespot is oor sy uitspraak van dié vokaal as [æ] in woorde soos Checkers. Hy hoor dit ook by sy ma wanneer sy vir ’n ruk lank in daardie geweste gekuier het.

16 Dié klankeenhede is grootliks gelyk aan ’n fonetiese weergawe, eerder as fonemies. So byvoorbeeld word die foneemvokaal /o/ as [uə] getranskribeer.

17 Hierdie fabel is geskryf deur die Griekse skrywer Aesopus (620–560 v.C.). Vertalings daarvan word internasionaal wyd in fonetiekondersoeke gebruik, byvoorbeeld in die Illustration-reeks van die Journal of the International Phonetic Association; ook in die geval van Afrikaans.

18 Die benaming kleurling is tans in baie kringe onaanvaarbaar. Ek gaan nie verder hierop in nie. Soms, afhangende van die konteks, word na kleurlinge en Rehoboth-Basters gesamentlik as één groep, bruin, verwys, soos in die geval van die deelnemers van die Republiek van Suid-Afrika.

19 Die gebruik van effekgroottes in terme van d-indekse maak dit moontlik om verskille tussen gemete gemiddeldes meer presies uit te druk. Dit word verder op waar toepaslik gedoen (vgl. Cohen 1988). ’n Effekgrootte van d = 0,20–0,50 word gewoonlik as klein gereken; 0,50–0,80 as middelmatig groot, en groter as 0,80 as groot.

20 Hoofletter-K verteenwoordig alle ander konsonante. Soms word dit nader gespesifiseer, byvoorbeeld in Figuur1, waar [_t] gebruik word in die geval van die woord net.

21 Gemiddelde metings word aangedui deur die simbole (sirkeltjies, boksies, driehoeke, ens.) in die vertikale lyne vir elke konteks; die vertikale lyne is verteenwoordigend van die gemiddelde  0,95 vertrouensinterval per meting.

22 Anders as die geval in die Republiek, waar die woord kleurling (ook woorde soos bruin, wit en swart mense) met ’n kleinletter geskryf word, word na ’n spesifieke bevolkingsgroep in Namibië as Kleurlinge verwys, wat in ooreenstemming is met die skryfwyse Reboboth-Basters, nie -basters nie.

23 Trouens, VivA gebruik sedertdien self hierdie aangepaste teks in hulle opnames.

24 Etiese klaring is by die Etiekkomitee van die Fakulteit Lettere en Wysbegeerte van die Noordwes-Universiteit verkry onder die hooftema “Afrikaans and Sesotho Vowel and Consonant Systems: Acoustic, Articulatory and Perceptual Investigations” (Etieknommer: NWU-00124-13-A7). Die nodige dokumente, waarin toestemming tot deelname aan die projek gegee word, is waar toepaslik deur elke deelnemer onderteken.

25 Vir besonderhede kan VivA se webtuiste https://viva-afrikaans.org/lees-luister/spraakatlas geraadpleeg word; dis dieselfde metadata as wat hier versamel is.

26 Willekeurig gekies uit die groep van 19 sprekers (sien 8.1).

27 Vir die term brekingsdiftong lees De Villiers en Ponelis (1987:93).

28 Die slotkonsonant [k] het ongelukkig weggeval.

29 Die simbool [a] moet eintlik dié van die kort [ɑ] wees.

30 Sedert die skryf van hierdie artikel het ek begin om ’n baie homogene spraak van ’n gemeenskap van Bergmanshoogte, digby Philippolis in die Vrystaat, wat Griekwa-Afrikaans praat, intensief te bestudeer. Die bevindinge sal meer lig op hierdie kwessie kan werp.

31 Sedert die skryf van hierdie artikel het ek ’n soortgelyke ongediftongeerde [ɛ] in RSG-voorlesings deur Johny Klein van Sandveldstories van Ferdinand Deist raak gehoor. Dit is nie heeltemal duidelik of hy sy eie uitspraak (hy is van Groblershoop in die Noord-Kaap) daarin inlees nie, maar dit verander nie aan die gegewe dat dié allofoon wel gehoor word nie.

32 Daar was nie ’n opname van bel beskikbaar in dié datastel nie.

33 Die vraag bly hier egter waarom die verlaging beperk bly tot dié twee konsonante, en nie ook by ander koronale konsonante gebeur nie.

34 Dié kort vokaal word tans in Afrikaans met [ɑ] getranskribeer.

The post Perspektief op /ɛ/-verlaging in Afrikaans appeared first on LitNet.

LitNet: Jou stem tel

PEN Afrikaans: perspektiewe op die Ghoemas, Afrikaans, borgskappe en sensuur

$
0
0

Die bestuur van PEN Afrikaans het die verwikkelinge rondom die Ghoemas gevolg en volg sedertdien die reaksies daarop. Dit is verblydend dat daar knap en helder-beredeneerde meningstukke daaroor verskyn het. Dié stukke is in teenstelling met sosialemedia-kommentaar wat plek-plek aanvallend en verwerplik is. Dit is duidelik dat ’n senuwee raakgeboor is deur die onttrekking van “Die Land” in die kategorie vir beste musiekvideo nadat MultiChoice, die hoofborg van die toekennings, gedreig het om as borg te onttrek. Die rede hiervoor is Steve Hofmeyr, met wie se politieke sienings hul nie wil assosieer nie, se betrokkenheid by die lied. Sedertdien het MultiChoice die verreikende besluit geneem om enige inhoud waarby Steve Hofmeyr betrokke is van hul platforms te verwyder.

Die onderwerpe wat in gesprekke hieroor aandag kry, is juis die sake waarvoor (en waarteen) PEN Afrikaans dikwels standpunt inneem: uitdrukkingsvryheid, sensuur, die kunste, Afrikaans. PEN Afrikaans ondersteun uitdrukkingsvryheid en is gekant teen sensuur. Ons fokus op die viering en die bevordering van die kunste, spesifiek die woordkuns, en van Afrikaans binne ’n meertalige verband.  Ons het egter tot dusver geen kommentaar gepubliseer nie. Ons wil hier ’n verskeidenheid stemme oor die aangeleentheid laat hoor – en hopelik die nuanses daarvan belig.

Ons het bydraers gevra om hul indrukke oor die insident en die gevolge daarvan neer te pen. Vrae waarop hulle kon ingaan, is:

  • Kom die onttrekking van “Die Land” van die Ghoema-toekennings op grond van een van die kunstenaars se politieke sienings neer op ’n inperking van uitdrukkingsvryheid of ’n vorm van sensuur?
  • Indien wel, is daar regverdiging daarvoor?
  • Onderlê ’n stryd vir Afrikaans die hewige teenkanting teen die onttrekking van die lied?
  • Word die kunste bedreig deur sodanige ingrype deur borge?

Hul bydraes is hier onder.

Kerneels Breytenbach
Skrywer, ouduitgewer en voormalige voorsitter van PEN Afrikaans

Die gedwonge onttrekking van “Die Land” uit die kortlyste vir die Ghoema-toekennings was sensuur, iets waarteen Afrikaanse skrywers sedert die jare sewentig geveg het. Ek glo nie hierdie sensuur het enigiets anders vermag as om Hofmeyr en sy geesgenote se harte te verhard nie. Mens bereik niks met sensuur nie. As jy in die vryheid van spraak glo, moet Hofmeyr en kie gehoor word – en is dit ook my plig as iemand wat nie met hom saamstem nie, om daarteen stemming te maak op ’n manier wat my pas.

Dit sou verkeerd wees om te dink dat die stryd vir Afrikaans hier ’n rol speel. MultiChoice, wat die dryfkrag agter die sensuur was, wil nie hê dat hul naam en bedingingsposisie besoedel word in die oë van die regerende party nie. Daar is groot gesprekke in raadsale en politieke enklaves aan die gang oor maniere waarop MultiChoice se monopolie op hul gebied opgebreek kan word. Dit is waarvoor hulle bang is – assosiasie met Hofmeyr via die bekroning van “Die Land” sou ’n nuttige stok gewees het waarmee hulle geslaan sal kan word wanneer die owerheid weer vir MultiChoice onder die vergrootglas plaas.

Bettina Wyngaard
Skrywer, kommentator en regsgeleerde

Daar is natuurlik heelwat wat alreeds oor die naam van die Ghoema-toekennings gesê kan word, en die kulturele toe-eiening wat daar problematies is. Oor die huidige brouhaha wil ek net vier punte maak:

  • Net soos wat dit gewone burgers se vrye reg is om hul geld van Spur weg te hou oor redes wat niks te doen het met die gehalte van hul steaks nie, net so is dit die reg van borge om hul fondse te weerhou van kunstenaars vir redes wat niks met hul kuns te make het nie. Elkeen kan mos met sy geld maak wat hy wil.
  • Elke reg gaan gepaard met ʼn verpligting. Daar is sekere regte in ons grondwet wat onbeperk is. Vryheid van spraak is nie een van hulle nie. Haatspraak word nie toegelaat nie. Maar dan wil ek dit dadelik beklemtoon. Hofmeyr se vryheid van spraak is nie hier aangetas nie. Hy kan sing wat hy wil en sê wat hy wil. Borge maak dit net duidelik dat dit nie met hulle geld en op hulle platforms sal gebeur nie, en dis hulle goeie reg. Dit staan Hofmeyr en sy ondersteuners vry om hul eie geld te gebruik om sy boodskap te versprei. Niemand keer hulle nie.
  • Hierdie is nie ʼn aanval op Afrikaans nie. Die borge wat weier om met Hofmeyr geassosieer te word, doen almal baie vir Afrikaans. Toyota is van 2020 die hoofborg vir Woordfees, wat sekerlik die grootste inklusiewe Afrikaanse fees in die land is. MultiChoice het verskeie kanale wat eksklusief aan Afrikaans gewy word. Afrikaans word nie aangeval nie, en dis ʼn fout om hierdie voorval so te probeer tipeer. Dit gaan hier om ʼn veel groter gesprek. Dit gaan oor watter nasie ons wil bou, en hoe ons in gesprek met mekaar gaan. Dit gaan oor ʼn keuse vir inklusiwiteit en teen rasseverdeeldheid. Al waarvan Hofmeyr ʼn ambassadeur is, is ʼn toenemend verregse onverdraagsame rassisme. Dis nie waarvoor die meeste Afrikaanssprekendes staan nie. Om die een met die ander te vergelyk, is ʼn vals ekwivalensie. Dis nie eens ʼn aanval op witheid nie, tensy witheid onverdraagsaamheid en rassisme beteken.
  • Na my mening behoort meer borge hul waardes bekend te maak en hulself te distansieer van enigiets en enigeen wat vrede en verdraagsaamheid in ons land bedreig.

Izak de Vries
Skrywer, bemarkingshoof en PEN Afrikaans-bestuurslid

Die herrie rondom die Ghoemas en Steve Hofmeyr laat die ou vraag weer ontstaan: Wanneer is borgskappe wat mense uitsluit sensuur? En: Wanneer is sensuur geregverdig, indien ooit?

Vir my is dit positief wanneer ’n sekere borg sê: Ons sit ons geld agter ’n sekere projek.

Kyk byvoorbeeld na Toyota wat besluit het om die naamborg te word van die Woordfees op Stellenbosch. Dit is lekker. Toyota sê hiermee hulle assosieer met Saartjie Botha en haar fantastiese span se visie. Ja, dit is grootliks Afrikaans, maar dit is ook inklusief en baie opsetlik so. Toyota sê: Daardie visie steun ons.

MultiChoice se kanaal kykNET is ook ’n groot borg van die Woordfees, en van ander inklusiewe feeste.
’n Borgskap plaas dus ’n soort stempel van goedkeuring op die span wat enige geleentheid reël.
Die vraag sou dan ontstaan: As jou huiswerk gedoen is en die span wat die geleentheid reël is reeds goedgekeur, mag hulle / moet hulle verder gepolisieer word?

Wat sou gebeur as Borg X vir die span by Geleentheid Y sê: Ons steun jou, maar ...

Sou enige borg vir Saartjie Botha en haar span durf voorskryf wie op die Woordfees se verhoë mag verskyn? ’n Mens sou nie so hoop nie.

Lê riglyne neer en volg dit

Kuns is ’n blikskottel. Kunstenaars is boonop mense en mense is blikskottels.

Borgskappe kan kunsgeleenthede maak of breek.

Indien ’n maatskappy vooraf sê dat hulle bereid is om, volgens sekere kriteria, borgskappe toe te ken, dan moet daardie kriteria deeglik uitgespel word.

’n Mens sou kon dink dat ’n erg konserwatiewe maatskappy sou kon sê: Ons borg geen pryse van enige kuns waarin kragwoorde gebruik word of enige vorm van kritiek op godsdiens voorkom nie. Dit is hulle keuse en dit is die keuse van die organiseerders om daardie kriteria te aanvaar, al dan nie. Sou die organiseerders dan iemand nomineer wat nie aan die kriteria voldoen nie, dan sou die borg die reg hê om die kontrak onder hulle aandag te bring en, les bes, te onttrek.

Sou die organiseerder egter wel die riglyne, of gebrek daaraan, volg en mense nomineer wat problematies is, sou dit waarskynlik beter wees om dit in ’n persvrystelling duidelik te maak dat Borg X uiters ongemaklik is om met die nominasie van Kunstenaar Y, maar dat sensuur nie toegepas sal word nie. Hulle mag so ver gaan om dit duidelik te maak dat hulle gekose ambassadeur by die geleentheid nie die prys sal oorhandig nie, sou die kunstenaar wen.

As kunstenaars hulleself in die openbaar uitspreek oor goed wat problematies is, sou borge die reg hê om hulself ook in die openbaar daaroor uit te spreek.

Om egter borgskappe toe staan en dan te onttrek, bloot omdat die borg nie saamstem met die kunstenaar nie, sou as sensuur gelees kan word.

Die vraag is: Wie word volgende gesensureer?

Steve en die wit nasionalisme

Steve Hofmeyr is baie opsetlik. Hy praat graag namens ’n baie klein aantal, verbitterde mense. Dit is sy keuse. Hy maak daarmee vir hom sekere deure oop en ander deure toe.
’n Mens sou kon verstaan as ’n groot maatskappy voel hulle wil nie ’n direkte borgskap toestaan aan Steve en sy span nie.

Deur nie vir Steve direk te borg nie, of deur wel vir hom geld te gee en daarmee jou logo op sy kitaar te sit, maak ’n stelling. Dit verstaan ’n mens.

Deur egter ’n organiseerder te dwing om op te tree teen iemand nadat jy reeds ’n borgskap aan die organiseerder, nie persoon nie, toegestaan het, dit verstaan ek moeiliker.

Wanneer word protes aanstootlik?

Luister gerus na Churchil Naudé se album Kroesifaaid. Naudé slaan met harde woorde daar. Ek het baie waardering daarvoor, maar as mense nie daarvan hou nie, sou ek dit kon verstaan. Sou ’n groot borg die reg hê om te onttrek aan ’n sekere geleentheid as Churchil sou optree? Dit sou hartseer wees.

Helen Zille het al ’n paar keer vreemde twiets die eter ingestuur. Gaan ons borge aandring dat sy van alle verhoë verban word waar hulle vlae wapper? Mmusi Maimane sal dalk bly wees as Zille nooit weer in die openbaar verskyn nie, maar is dit reg?

Zille is ’n politikus. Hofmeyr dink hy is ’n politikus. Malema is ’n politikus. Ons mag van hulle verskil, ons mag met hulle saamstem.

Steve Hofmeyr is egter ook ’n sanger en hy is baie beter as die meeste getjommel wat op RSG gehoor word. Dit is moontlik om sy kunstenaarskap te erken, maar ook om opsetlik sy politieke standpunte in die openbaar te kritiseer.

Ek vind dit jammer dat Steve homself en Afrikaans soveel skade aandoen deur ’n agenda te dryf waarmee ek nie kan saamstem nie. Ek kan nie en sal nie sy politiek steun nie.

Sou ek sensuur op sy kuns steun weens sy politieke sienings? Nee, ek is ongemaklik daarmee ook.
Ek vra weer: As Steve se kuns vandag gesensureer word, wie is volgende?

Colette Combrink
Student, rubriekskrywer en redakteur van die kampuskoerant Wapad

Die Ghoema-Steve-sage is ’n ingewikkelde een, en mense is selfs al besig om hulle skottels van hulle dakke af te gooi en dekodeerders te braai. Ek dink dis dalk bietjie melodramaties, en dat dit eenvoudiger is om net jou intekening te kanselleer, maar dis net ek. Ek dink dis baie duidelik dat hierdie beheer van die uitsaaier deur die borge vir seker sensuur is, en as mens kyk na hoe die Ghoemas uitgedraai het, het dit vir seker ’n effek op die kunste.

Steve is nie die begin en die einde van Afrikaans nie, nie eers van Afrikaanse musiek nie. Ek dink nie Afrikaans word werklik in gedrang gebring nie – die taal het baie erger al oorleef en dit sal ook weer. Dit sê egter nie ons moet hierdie aanslag op die kunste net gelate aanvaar nie, want dit kan ook die begin wees van ’n groter sensorskapkultuur wat besig is om in die land te groei.

Bernard Odendaal
Digter, bestuurslid van PEN Afrikaans en direkteur van die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit

My waarneming is dat MultiChoice se aandrang dat die nominasie van die “Die Land” op die “beste musiekvideo”-Ghoemakortlys onttrek moet word, op polities-ideologiese oorwegings berus het.

Raker probeer sê: Dit was ’n aandrang geïnspireer deur ’n afkeer aan die polities-ideologiese standpuntinname deur ’n bepaalde indiwidu wat ook ’n gesiene (dus: opvallende) vermaaklikheidskunstenaar is: Steve Hofmeyr. Hy wat daarvan hou om homself as ’n soort Afrikanerkapokhaan te profileer.

Na my wete is nêrens te kenne gegee dat ’n afkeuring van die strekking van die bepaalde lied die motief vir MultiChoice se aandrang was nie (hoewel ’n mens ongemak daarmee by dié instansie, soos by baie van ons, vermoed).

Die Ghoema Musiektoekennings het wesenlik NIE te doen met beskouings van polities-ideologiese aard nie. Dit gaan ook nie soseer oor persone/persoonlikhede nie, maar oor die estetiese en/of vermaakliksgehalte, dus ook die kulturele waarde, van nuutgeskepte Afrikaanse liedjies. Uiteraard staan so ’n geleentheid, en die vermaaklikheid-/kultuursektor waarbinne dit sy funksie het, nie los van ander samelewingsterreine nie (soos MultiChoice se optrede, en die openbare herrie wat daaroor losgebars het, weldeeglik getuig). Die Ghoema-trust se mandaat setel egter, PRIMÊR, nie elders as in die kulturele vermaaklikheidsektor nie.

’n Mens sou dus kon sê dat die borg se optrede gemotiveer was deur oorwegings wat uit ’n ander samelewingsterrein as dié van (kultuur-)vermaak spruit.

Indien die Ghoema-organiseerders die toekenningsgeleentheid ingerig het as ’n bevordering, selfs refleksie, van die polities-ideologiese beskouings waarteen die borg dit gehad het – ’n doelstelling wat buite die Ghoema-trust se mandaat val – sou dit nie misplaas gewees het as die borg sy afkeer by wyse van oorweging van borgskaponttrekking laat blyk het nie. Ek het nie die geleentheid bygewoon, ook nie na die TV-uitsending daarvan gekyk nie, maar na my wete kon so ’n oorweging (dat die Ghoema-trust, sê nou maar, Afrikanernasionalistiese sentimente in die kollig wil stel) nie ’n rol gespeel het nie.

Derhalwe kan MultiChoice se drukplasing op die Ghoema-bestuurspan as misplaas beskou word, reken ek.

Dit lyk vir my of die argument tot hier ook van toepassing is op die onttrekking van sekere borgskappe aan die “Afrikaans is Groot”-konserte. Sulke optredes deur borge is dus ’n aantasting (poging tot manipulasie) van die onafhanklik geagte bevoegdheid van die instansies wat ’n taalgedefinieerde sektor van die vermaaklikheidsbedryf bedien. Of ’n mens dit sensuur moet noem of nie, hang seker af van hoe dié begrip omskryf word. Beïnvloeding, op grond van oorwegings wat nie tot die kern van die doelstellings van, en met, die bepaalde bedieners van die bedryf behoort nie, is dit wel.

En daarteen kan (moet) ’n mens, juis ook ’n instelling soos PEN Afrikaans, eksepsie neem.

Veel sterker is egter die eksepsie wat ek (en my medebestuurslede van PEN Afrikaans) neem teen die dikwels rassehatige galbrakery, met name in die sosiale media, wat op MultiChoice (en op die borgskaponttrekkers aan Afrikaans is Groot) se optrede gevolg het. Sodanig dat ek hier sit en skaam kry dat ek die genoemde borgoptredes moet kritiseer. Daai soort bohaai snoer baie simpatiseerders die mond.         

En nou het MultiChoice gegaan en die gordyne van hulle kanaalverskeidenheid totaal oor Steve Hofmeyr as vermaaklikheidskunstenaar laat sak. Ja, hier raak die besluit MultiChoice se werksaamhede as instansie self (naas vir Hofmeyr). Mense wat Steve op TV gaan mis, voel natuurlik ook nie alte ingenome nie – maar hulle kan nie kla dat MultiChoice buite sy bevoegdheid optree nie. Steve is klaarblyklik nie goed, of langer so belangrik, vir hulle sake nie. So lyk dit.

Ek hoop net nie die gedoente rondom die gordynsakkery laat sien ’n mens later ’n stukkie onderrok uitsteek nie. Gaan selfs minder kapokhanerige belyers en vierders van hulle Afrikanerskap en -erfenis maar twee keer moet dink voordat hulle in die toekoms aanklop by die deur van MultiChoice se vermaaklikheidshuis?     

Mercy Kannemeyer
Nagraadse student en rubriekskrywer

As daar so ’n  magdom mense agter Steve en kie staan, kan álmal van hulle verkeerd wees? Waarvoor presies baklei Steve en wat sien sy volgelinge in hom raak?

Vir ’n ruk lank het ek doelbewus niks oor die Ghoema-saga en die onttrekking van “Die Land” gesê of geskryf nie. Nie dat ek nou dink mense wil vreeslik weet wat ek daaroor te sê het nie. Die gebeurtenis het net nogal dikwels in gesprekke opgeduik, en dan sou ek net my oë rol en dit duidelik maak dat ek nie my energie daarop wil mors nie. Daar is groter probleme in die wêreld. Politiekery en magsbeheptheid sorg vir groot kommer. ’n Klipgooi van Suid-Afrika af, in Mosambiek, was daar ’n verwoestende sikloon wat die lewe van duisende mense geëis het. Elders woed daar oorloë. Mense sterf van hongersnood. En ons is besig om die aarde te vernietig.

So, ’n handjievol mense wat ’n funksie boikot wat hulle voel teen hulle diskrimineer, was nou nie juis hoog op my prioriteitslys van dinge om my oor te kwel nie. Toe die stof nou eventueel gaan sak, is ek gelaat met vrae oor sensuur en of hier nou nóg ’n klad op Afrikaans se naam gaan kom.

Vryheid van spraak is elke landsburger se grondwetlike reg. Wanneer vryheid van spraak egter lei tot skade, en sodoende teen ander se menseregte indruis, is dit egter onverantwoordelik en moet daar ’n stokkie voor gesteek word.

Steve en sy span van “Die Land” het natuurlik alle reg om die musiek te maak wat hulle harte begeer. En dit sal skadelik wees as daar vir hulle gesê word “hokaai, julle musiek moet nou bietjie gesensor word”. Almal moet dit wat hulle glo, vrylik kan uitleef. Anders is ons mos nie ’n demokrasie nie.

In die geval van die Ghoemas dink ek nie dit het gegaan oor “Die Land” of om kunstenaars te sensor nie. Dit het gegaan oor ’n man wat skade aanrig met sy uitsprake. ’n Man wat vrees aanwakker in mense en op ongegronde terrein sê dat daar teen hom gediskrimineer word. 

Nog minder het dit gegaan oor Afrikaans. Afrikaans is besig om te floreer en die handjievol wat voel hulle taal word onderdruk, het nog nie wye omvang van die taal besef nie. Hulle is miskien ook nie vertroud met die diverse agtergrond van hierdie taal nie en dink dat dit aan ’n minderheid behoort. Afrikaans behoort aan almal wat dit praat. Ek voel al soos ’n plaat wat vashaak, maar een groep mense kan nie alleenreg op die taal hê nie.

As daar so ’n  magdom mense agter Steve en kie staan, kan álmal van hulle verkeerd wees? Waarvoor presies baklei Steve en wat sien sy volgelinge in hom raak?

Steve het byna ’n messias vir ’n sekere onderdrukte Afrikaner geword. En daardie mense moenie veroordeel word nie. Steve is vir hulle ’n simbool van hoop.  Ons moet onsself eerder afvra of ons demokrasie daardie mense gefaal het. Natuurlik is daar diegene wat net vassit in die verlede en nie wil sien hoe die land as ’n geheel vorentoe beweeg nie. Steve is ’n spreekbuis vir mense wat voel die land het op ’n manier haar rug op hulle gedraai. En dis hartseer. Niemand wil natuurlik iewers leef waar daar nie hoop is nie. Mag regs en links in die tye wat voorlê ’n bietjie meer verdraagsaamheid aan die orde van die dag plaas.  Iewers gaan ons mekaar halfpad moet ontmoet …

 

Lees ook

Steve Hofmeyr: Bannelingskap redux – stil is die windjie en skraal

The post PEN Afrikaans: perspektiewe op die Ghoemas, Afrikaans, borgskappe en sensuur appeared first on LitNet.

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2019

$
0
0

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Boeke24

Die volgende resensies en boekverwante artikels het gedurende April in die Afrikaanse dagblaaie verskyn – onder redaksie van Laetitia Pople, die nasionale kuns- en vermaakredakteur, en AJ Opperman, waarnemende nasionale boekeredakteur:

1 April
Boekeblad: Episodes skuur soos skuimende glase bier
Jean Meiring resenseer Die helaasheid van die dinge deur Dimitri Verhulst. Vertaal deur Daniel Hugo.

Boekeblad: Om jou jeug oor te hê
Joan Hambidge resenseer Legkaart van ’n jong lewe deur Dolf van Niekerk

Boekeblad: Dié boek dalk vonds van die jaar
JB Roux resenseer Die vrou van die klipsee deur Meg Vandermerwe

2 April
Kunsblad: Kyk: Benoemdes vir Andrew Murray-pryse
Die Andrew Murray-prysfonds het onlangs die benoemings vir Christelike en teologiese boeke aangekondig.

3 April
Kunsblad: ‘Roepman’-skrywer se roman in tragedie gebore
Jan van Tonder praat oor sy jongste roman.

Kunsblad: Skuilnaam en ontslape skrywer op kortlys vir UJ-pryse
Benoemings van die UJ-letterkundepryse

4 April
Kunsblad: ’n Manie vir Breyten op ’n Woensdag in Kaapstad
Ena Jansen het die bekendstelling van Breyten Breytenbach se jongste digbundel in Kaapstad bygewoon.

5 April
Kunsblad: Dana, Zorada vanjaar ook Andrew Murray-pryswenners
Wenners van die Andrew Murray-pryse

Artikel: Groot avonture en ure se geduld
Die fotograwe en natuurkenners Gerald Hinde en Will Taylor het ’n koffietafelboek saamgestel

6 April
Berig: Subrayan skryf, motiveer in ‘taal van onderdrukker’
Die Suid-Afrikaanse skrywer Myan Subrayan se motiversingboek vir onder meer rugbyspelers.

7 April
Kunsblad: Haar naam rol oor die tong – en kan die vrou skryf!
Indruk oor ’n boekgesprek tussen Deon Meyer en die Yslandse skrywer Yrsa Sigurdardóttir.

8 April
Boekeblad: Onverwagte juweel oortref
Jonathan Amid takseer Madelein Rust se Kanker schmanker!

Boekevat-rubriek (Jo Prins): Die vreemdheid van Yrsa Sigurdardóttir

10 April
Kunsblad: Skrywer met skuilnaam wen UJ-debuutprys
Wenners van die UJ-letterkundepryse.

12 April
Kunsblad: Kemp betree binnekamer van geweld in jongste roman
Theo Kemp se tweede roman het ontstaan weens ’n familielid van hom in die Pollsmoor-gevangenis.

Kunsblad: Kaapse kulturele baken belig in nuwe boek
’n Voormalige direkteur van die Nasionale Kunsmuseum in Kaapstad het ’n boek oor die geskiedenis van dié baken in Suid-Afrika se kulturele landskap geskryf.

14 April
Kunsblad: Slypskool in skryfterapie aangebied
Werkwinkel oor skryfterapie in Stellenbosch.

15 April
Boekeblad: Marais pak Afrikaans aan die skouers beet
Louise Viljoen resenseer Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais

Boekeblad: ’n Ondier wat dikwels en dawerend vir die leser brul
Jonathan Amid resenseer Ondier deur Jan Vermeulen

Boekeblad: Eerlik, roerend met ’n vonkel
JB Roux skryf oor Vivian Kleynhans se Wanneer water wyn word

16 April
Kunsblad: Loftus Marais se 3de bundel met ‘biegerige gedigte’
Die digter Loftus Marais praat oor sy derde digbundel

18 April
Kunsblad: Loots se karakters, spoke kry lewe
Francois Loots praat oor sy sewende roman

Kunsblad: 2 romans van Irma Venter nou oorsee uitgereik

Kunsblad: Meg haal meermin uit Weskus se storiesee
Onderhoud met Meg Vandermerwe oor haar Meerminboek.

19 April
Kunsblad: Kinderboek vol grappe, alliterasie en lewenslesse
Berig oor die geïllustreerde kinderboek Die skandalige susters Smit.

20 April
Kunsblad: Wat skryfterapie vir jou kan beteken
Lizette Rabe gesels oor haar boek oor skryfterapie

23 April
Kunsblad: Joubert se ‘Spertyd’ in Engels uitgegee
Die derde aflewering in Elsa Joubert se outobiografiese drieluik word in Engels uitgereik

Kunsblad: Karin Brynard help slyp aan onse skrywers
Karin Brynard bied vanjaar die Bloemfontein-skrywersvereniging (BSV) se slypskool aan

25 April
Kunsblad: Rooney die stem van ’n jong generasie
Op 28 en met twee romans word die Ierse Sally Rooney aangehang as iemand wat oortuigend skryf oor wat dit is om vandag jonk te wees.

29 April
Boekeblad: Wat woorde uit die anderplek kan bring
Jean Meiring resenseer Boodskapper van die gode deur Murray La Vita.

Boekeblad: Nie net vir koshuisbrakke
Susan van Rooyen resenseer Koshuis deur Erns Grundling (samest.)

Boekeblad: ‘Grondwater’ bundel die stropingsproses
Marius Crous resenseer Grondwater deur Marlise Joubert

Die Groot Ontbyt

Leonie van Rensburg het in April die volgende boeke op kykNET se ontbyt-TV-program bespreek:

2 April

Spanningsromans deur Peet Venter

  • Brand
  • Lem
  • Plasenta
  • Waar boosheid broei
  • Ou bloed
  • Dieper as die bloed

9 April

Boeke uit Christien Neser se pen

  • Die ELLE-reeks
  • Amper Einstein
  • Pienk is nie vir sissies nie

16 April

Boeke deur Madelein Rust

  • Die 13de kaart
  • Monstersaad
  • Bloedlyn
  • Moordhuis
  • Lam ter slagting
  • Kanker schmanker
  • Doodsengel

23 April

Romans deur François Loots

  • Jakkalsdans
  • Rooi Jan Alleman
  • In sneeu geskryf
  • Die diepblou see
  • ’n Spook in die huis

30 April

Boeke deur Cecilia Steyn

  • Die meisie op die dak
  • Hartklop
  • Hartbreker
  • Hartedief
  • Hartsnaar
  • Die #PresiesAnders-reeks
  • Stoppelbaardsoene in Santorini
  • Die eks-noodgeval
  • Leisels na liefde

 

LitNet

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op LitNet verskyn:

Berigte uit die skemerland deur Dolf van Niekerk: ’n lesersindruk

JC Pauw
Lesersindrukke

2019-04-26

"Hierdie baie voortreflike bundel stel die vraag: 'Sien ’n mens nie dalk beter in die skemer nie?'"

intussen deur Johan Rabie Murray: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2019-04-25

"Johan Rabie Murray se tweede digbundel het onlangs verskyn. Dit heet intussen."

Comrade Baron deur Jaap Scholten: ’n lesersindruk

Theuns du Buisson
Lesersindrukke

2019-04-25

"Toe Scholten hierdie boek vir my gegee het, het hy voorin geskryf dat hy glo dat ek baie ooreenkomste met Suid-Afrika sal kan raaksien. Ongelukkig is hy reg. Daar is groeiende haat teenoor dié wat grond besit. Om nie eers te praat van die superrykes nie."

Die dag toe die draak kom (vir seuns en vir meisies) deur Fanie Viljoen: ’n resensie van albei boeke

Anke Theron
Resensies

2019-04-25

"Hierdie boeke is broodnodig binne die Suid-Afrikaanse konteks, omdat seksuele misdade teen kinders aan die toeneem is."

Bloedlelie deur Jeanette Ferreira: ’n resensie

Elkarien Fourie
Resensies

2019-04-25

"Bloedlelie is ’n veelvlakkige, fyngesnaarde werk en Jeanette Ferreira se vyfde historiese roman. Hiermee steek sy weer eens haar kleim af as ’n belangrike en gesaghebbende skrywer op die gebied."

weer-lig deur Fransi Nieuwoudt: ’n resensie

Reinhardt Fourie
Resensies

2019-04-18

"Tematies handel die gedigte in weer-lig oor aspekte van die kuns en die natuur."

Doodmenslik deur WL van der Merwe: ’n resensie

Nini Bennett
Resensies

2019-04-16

"Doodmenslik is ’n bevredigende debuut wat heelwat bied vir die poësieliefhebber. Alledaagse, of doodgewone, verskynsels word digterlik verwerk tot ontroerende verse waarmee baie sal identifiseer."

Sondag deur Irma Venter: ’n FMR-resensie

Riette Rust
Resensies

2019-04-16

"Jy hoef nie voorheen ’n Venter-roman te gelees het nie; Sondag is ’n verhaal wat op sy eie sin maak. Dis trouens ’n boeiende blitsblaaier wat ek heelhartig aanbeveel."

Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita: ’n resensie

Riette Rust
Resensies

2019-04-12

"Sommige van die skrywer se ervaringe en waarnemings is so verstommend, dis asof die gode wél ingegryp het. Die bundeltitel verwys juis na Hermes, die boodskapper van die gode. Ook na ’n soort tikmasjien wat ’n skrywer soos Etienne Leroux gebruik het. En kyk net watter woorde het hý teweeggebring!"

Brugbouers deur Rudi Buys: ’n resensie

Liezl Dick
Resensies

2019-04-09

"Hoe meet mens in elk geval iets soos rasse-integrasie? Syfers en statistieke vertel nie die volle verhaal nie. Die Shimlapark-insident en die 2016-#Feesmustfall-protesoptog het dit duidelik gemaak dat ’n nuwe orde met nuwe uitdagings sigself aangemeld het."

Bos deur Jaco Wolmarans: ’n resensie

Maryke Roberts
Resensies

2019-04-09

"Hierdie is hopelik die begin van ’n lang lys suksesboeke in die spanningsgenre. Hy kan beslis kers vashou by ons land se voorste misdaadskrywers."

Sandveldstories deur Ferdinand Deist: ’n FMR-resensie

Danie Botha
Resensies

2019-04-09

"Die verhale is deurgaans geskryf soos die karakters in daardie landstreek die woorde uitspreek en inspan: rewirs, kestrolle, opkoenek, lantering, badskamer, bykenvelletjies, ens."

Oor grense deur Ton Vosloo: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe
Lesersindrukke

2019-04-08

"Nogtans is die boek die lees werd, veral omdat dit baie inligting dokumenteer oor Naspers se geskiedenis sedert die ontstaan van die internet, en ook omdat dit Vosloo se perspektief op van die gebeure uit sy lang loopbaan gee."

Oor grense deur Ton Vosloo – ’n resensie

Jan-Jan Joubert
Resensies

2019-04-08

"Dis ’n voorslagverhaal uit die pen van ’n meesterstorieverteller, en ’n verhaal vertel uit sy hoek."

Rookskerm deur Joubert Odendaal: ’n resensie

Heino du Plessis
Resensies

2019-04-01

"Joubert Odendaal het die talent om situasies haarfyn te beskryf sodat jy werklik in vervoering kan raak oor die kleiner besonderhede, maar in ’n spanningsroman kan dit ongelukkig soms die spoed van jou verhaal breek."

Video: Bekendstelling van Boodskapper van die gode deur Murray La Vita

LitNet
Skrywersonderhoude

2019-04-18

Boodskapper van die gode – Fabels en fantasieë van ’n vlieg teen die muur deur Murray La Vita is Dinsdag 9 April by The Book Lounge bekendgestel. Izak de Vries het met hom gesels.

Bloedlelie: ’n onderhoud met Jeanette Ferreira

Naomi Meyer, Jeanette Ferreira
Skrywersonderhoude

2019-04-04

"Vergifnis is ’n swaar ding, insig en berusting des te meer. Niks is soos dit vir ons lyk nie, nie eens die sterre nie."

Rapport

Die volgende resensies het gedurende April in Rapport, onder redaksie van Johan van Zyl, verskyn:

7 April

Onderhoud: Zirk van den Berg gesels met Johan van Zyl oor sy sprokiesnovelle Ek wens, ek wens

Resensie: Joan Hambidge resenseer Grondwater deur Marlise Joubert

Resensie: Jonathan Amid resenseer Doodsbleek deur Philip Kerr, vertaal deur Zirk van den Berg

14 April

Resensie: Johann Kriegler resenseer Gangster State: Unravelling Ace Magashule’s Web of Capture deur Pieter-Louis Myburgh

Resensie: Anna Kemp resenseer Wanneer bloekoms dans deur JM Gilfillan

Nuut op die rak: Protea Boekhuis publiseer vyf nuwe Afrikaanse dramatekste

  • Koningin Lear deur Tom Lanoye
  • Melk & vleis/Bloed & bodem deur Marina Albertyn
  • Bos deur Malan Steyn
  • Boetman is die bliksem in en Gert Garries deur Pieter Fourie

Nuut op die rak: Vier nuwe geestelike selfhelpboeke

  • Kanker schmanker! deur Madelein Rust
  • Ons raaiselpad met Alzheimersiekte deur Elise Nel
  • Vir mans deur Johan Ferreira
  • Suurlemoenseisoen deur Amanda de Lange

21 April

Resensie: Rebels and Rage: Reflecting on #Feesmustfall deur Adam Habib, geresenseer deur Jan-Jan Joubert

Resensie: Jean Meiring resenseer The First Safari: Searching for François Levaillant deur Ian Glenn

Resensie:Jaco Barnard-Naudé resenseer Who killed my father deur Édouard Louis (vertaal deur Lorin Stein)

Nuut op die rak: Vier plaaslike Engelse romans

  • Illumination en The Scent of Bliss deur Nthikeng Mohlele
  • The Accident deur Gail Schimmel
  • Yellowbone deur Ekow Duker

28 April 2019

Onderhoud: Johan van Zyl gesels met François Loots oor sy sewende roman, ’n Spook in die huis

Resensie: Jean Meiring resenseer ’n Spook in die huis deur François Loots

Nuut op die rak: 3 digbundels en 3 boeke vir jeugdiges

  • Stof en ster deur Pieter Fourie
  • Donkerwerk deur Nini Bennett
  • Die jaar toe pa… deur Hannes Visser
  • Vrae en feite vir nuuskierige agies #2 deur Riette Hugo
  • Sweepslag deur Annerle Barnard
  • Eben die Ellendige Eenhoring deur Koos Kombuis

Maroela Media

Die volgende resensies het gedurende April op Maroela Media, onder redaksie van Suné van Heerden, verskyn:

2 April
Krabbel tydens stiltetyd
Stiltetyd-dagboeke spesiaal vir kinders en meisies wat daarvan hou om te krabbel met “woordjies en prentjies in prettige kleure en verbeeldingryke letters”.
Lees die resensie

9 April
Oorsigresensie: Omnibusse vir kinders
Hoe gemaak wanneer jy graag jou vir jou leesgierige kinders hulle gunstelingskrywers se boeke wil aankoop, maar jou beursie is plat? Skaf ’n omnibus aan!
Lees die resensie

16 April
Kanker schmanker deur Madelein Rust
Madelein Rust deel intieme besonderhede van haar persoonlike belewenis met kanker. Haar eerlike vertellings laat die leser geensins onaangeraak nie – jy lag én huil.
Lees die resensie

24 April
Maaltye – maklike geregte vir elke geleentheid deur Christine Capendale
As jy nie baie tyd het om ure lank te staan en kook nie, maar tog verleidelike, gesonde en interessante geregte wil bedien, gaan hierdie boek jou sommer baie handig te pas kom.
Lees die resensie

30 April
Stiltetyd vir die jongspan
Dit kan nogal ’n uitdaging wees om in vandag se tyd die gewoonte by jou kind te kweek om stiltetyd te hou. Dave Strehler se My Eie Klein Belofte-Bybel en My Eie Klein Gebede-Boek is spesiaal geskryf om kinders tussen ses en tien jaar oud te help om sinvol tot God te nader.
Lees die resensie

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé
Die woordegevoeligheid en poëtiese inslag wat ʼn mens sou kon vermoed, is ruimskoots daar. Dis ʼn boek wat jou op verbeeldingsvlugte neem. Vasklou moet jy, want dié Pegasus is uitbundig.
Lees die resensie

Skrywers en boeke (RSG)

Potgooie van die volgende boekgesprekke, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=270

Woensdag 3 April

Ilse Salzwedel gesels met Jan van Tonder oor sy nuwe roman Die verevrou. Daar's 'n kykie na nuwe Afrikaanse boeke, en Johan Myburg deel interessanthede oor die internasionale letterkunde.

Woensdag 10 April

Ilse Salzwedel gesels met Jennifer Friedman oor haar nuwe bundel Vrystaat-vertellinge, The Messiah’s Dream Machine. Die wenners van die 2019 UJ-pryse word aangekondig, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde, onder meer nuus oor Milan Kundera.

Woensdag 17 April

Wyle Madeleine van Biljon word onthou as een van die beste rubriekskrywers wat Afrikaans nog opgelewer het. Luister na 'n onderhoud wat in 1992 met haar opgeneem is. Theo Kemp vertel ook waarna lesers kan uitsien tydens die Suidoosterfees, en Johan Myburg deel interessanthede uit die internasionale letterkunde.

Woensdag 24 April

Lizette Rabe gesels oor haar boek Om tot verhaal te kom, 'n boek oor skryf as terapie en ook 'n waardevolle gids vir voornemende skrywers. Fanie Viljoen gesels oor hoe sy boek Die dag toe die draak kom kan help om kinders, ouers en onderwysers te bemagtig mbt die seksuele misbruik van kinders. Johan Myburg is weer in die ateljee met wetenswaardighede uit die internasionale boekewêreld.

Vers en klank (RSG)

Potgooie van die poësievoorlesings, wat gedurende April op RSG uitgesaai is, kan afgelaai word by:
http://www.rsg.co.za/potgooi-soek.asp?ProgramID=102

Dinsdag 2 April
Die godsdiensfilosoof en digter WL van der Merwe woon in Amsterdam waar hy doseer aan die Vrije Universiteit. Sy debuutbundel Doodmenslik het in 2018 verskyn. Hy vertel van hierdie bundel en lees enkele gedigte daaruit.

Dinsdag 9 April
Margot Luyt lees gedigte oor herfs van Johann de Lange, Lina Spies, NP van Wyk Louw, Koos Kombuis, Clinton V. du Plessis, Martjie Bosman en Cas Vos.

Dinsdag 16 April
Jy word uitgenooi om die reis van die Paradiso, onder die klank van musiek en sang, te onderneem. Il Paradiso is die hoogtepunt van Dante Alighieri se drieledige werk. Hy gebruik van die aangrypendste metafore en vergelykings om sy reis te beskryf. Hy is sonder twyfel een van die briljantste digters ooit. Cas Vos se vertaling is die eerste vertaling daarvan in digvorm in Afrikaans. Hy wend verrassende en sprankelende metafore en vergelykings in sy vertaling aan, en hy vertaal al die Latynse himnes op ’n indrukwekkende wyse. Die meestervertolker Nic de Jager lees dele uit die beeldskone vertaling van Cas Vos voor.

Vrydag 19 April
Oordink en herdenk Goeie Vrydag saam met ons digters. Charlton George en Juanita Swanepoel is die voorlesers van gedigte van IL de Villiers, Lucas Malan, Ingrid Jonker, Cas Vos, Lina Spies, Linda Rousseau, Adam Small, WEG Louw, Sheila Cussons, ID du Plessis, NP van Wyk Louw en Eveleen Castelyn.

Dinsdag 23 April
Luister na gedigte wat gaan oor maskers in die vele vorme wat die mens dit dra. June van Merch is die voorleser van gedigte van Charles Fryer, Wilma Stockenström, Lina Spies, Juanita Louw, Ronelda S Kamfer, Loftus Marais, SJ Pretorius, Clinton V du Plessis en Charl-Pierre Naudé.

Dinsdag 30 April
Carel Nel en Ronél Geldenhuys lees gedigte wat handel oor Suid-Afrika, in die gees van Vryheidsdag wat gevier is. Daar is gedigte van Pieter Odendaal, Danie Marais, Johann L Marais, Louis Esterhuizen, Fanie Olivier, Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Marlene van Niekerk.

Woorde wat weeg

Joan Hambidge se blog, Woorde wat weeg, is ’n webtuiste waar dié digter-literator sowel gedigte as boekbesprekings, rubrieke en gedagtes rondom die letterkunde versamel en aanbied:
http://joanhambidge.blogspot.co.za/

In April het sy Strafjaart deur Theo Kemp vir Fine Music Radio geresenseer.

Versindaba

Op hierdie webblad wat gewy word aan die Afrikaanse digkuns en gesprek rondom die poësie, vind besoekers al die mees onlangse resensies en onderhoude in die regterkantste kiesbalk. In dié kiesbalk is ook skakels na nuwe gedigte en blogs oor die poësie.

Die volgende onderhoude en resensies is in April geplaas:

3 April
Dewald Koen resenseer Donkerwerk deur Nini Bennett

15 April
Bernard Odendaal resenseer op weg na kû deur Breyten Breytenbach

23 April
Marius Crous resenseer Jan, Piet, Koos en Jakob deur Loftus Marais

Voertaal

Die volgende Afrikaanse resensies en skrywersonderhoude het in April op Voertaal verskyn:

"Geskiedenis kan ons help om die demokrasie te versterk": ’n onderhoud met Thys VerLoren van Themaat

Willem de Vries, Thys VerLoren van Themaat
Interviews

"We gaan dan de discussie over de vaderlandse geschiedenis niet uit de weg, integendeel, die kan ons juist helpen om bewuster te worden en de democratie te versterken." Willem de Vries gesels met die hoof van die Verloren-uitgewery in Hilversum, Thys VerLoren van Themaat.

Vrouekeur

Willie Burger het gedurende April die volgende resensies en rubrieke gelewer: 

6 April
Ken jou storie: Romans en mites

14 April
Ken jou storie: Die krag van woorde

20 April
Ken jou storie: Herlees van romans

The post Afrikaanse resensies en boekgesprekke in April 2019 appeared first on LitNet.


Indeks: notas, toetse en vraestelle

$
0
0

 

graad-3b

Algemeen

 

graad-4b

Wiskunde

 

graad-5b

Wiskunde

 

graad-6b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Wiskunde

 

graad-7b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Wiskunde

Sosiale Wetenskappe

Tegnologie

 

graad-8b

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskappe

 

graad-9b

Algemeen

  • Departementele vraestelle: November 2016
    Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho, Skeppende Kunste, Lewensoriëntering, Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe, Natuurwetenskappe, Tegnologie, Sosiale Wetenskappe, Wiskunde

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Natuurwetenskappe

 

graad-10b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Wiskunde

Wiskunde Geletterdheid

Fisiese Wetenskappe

 

graad-11b

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Wiskundige Geletterdheid

Fisiese Wetenskappe

 

graad-12b

Algemeen

Afrikaans Huistaal

Afrikaans Eerste Addisionele Taal

Wiskunde

Inligtingstegnologie

Fisiese Wetenskappe

 

ander-materiaalb

Vir leerders

Vir ouers

Vir onderwysers

The post Indeks: notas, toetse en vraestelle appeared first on LitNet.

PEN VIDA-telling: ’n ondersoek na geslagsverteenwoordiging in die Afrikaanse boekjoernalistiek

$
0
0

Agtergrond

Tydens die 2018 PEN International-kongres, wat in September in Pune, Indië plaasgevind het, is die sogenaamde “PEN VIDA count” aan PEN-sentrums wêreldwyd bekendgestel en die onderskeie sentrums is aangemoedig om ’n eie PEN VIDA-telling van stapel te stuur.

VIDA – Women in Literary Arts is ’n Amerikaanse nie-regeringsorganisasie wat daarop gemik is om lig te werp op moontlike geslagsongelykhede in die boekjoernalistiek en uitgewersbedryf. Dit word gedoen deur vrywilligers wat versigtig alle gepubliseerde resensies in gevestigde koerante, tydskrifte of literêre bylae fynkam met ’n paar vrae voor oë: Hoeveel vroueskrywers se werk word geresenseer? Hoeveel resensente is vroue? Die groot vraag is: Is daar ’n billike balans?

Sedert 2011 publiseer VIDA jaarliks hul telling en ’n verslag wat hul resultate toelig. Hul verslag ken ’n persentasie toe aan vooraanstaande literêre publikasies wat weerspieël hoeveel bladruimte dié publikasies aan vroueskrywers en -resensente afstaan. Die publikasies waarop hul fokus, is dié wat tipies aansienlik tot die bevordering van ’n skrywer se loopbaan kan bydra.

Deur die jare het VIDA hierdeur groot geslagsongelykheid in die boekjoernalistiek aan die kaak gestel, met swaargewigte soos The New York Review of Books, The London Review of Books en The Paris Review wat minder as ’n kwart van hul boekeblad aan vroueskrywers en -resensente toegewy het. The Paris Review is ’n voorbeeld van ’n publikasie wat sedert hul bewuswording van dié wanbalans baie moeite gedoen het om meer vroueskrywers en -resensente te betrek.

Een van die beweegredes vir die ure en ure wat VIDA-vrywilligers aan dié telling afstaan, is die oortuiging dat ’n literêre gemeenskap voordeel daaruit trek as 'n verskeidenheid stemme gehoor word. PEN Afrikaans is dit dawerend hiermee eens en het daarom besluit om ons eie PEN VIDA-telling te doen om te probeer bepaal hoe dié saak in die Afrikaanse boekjoernalistiek daaruit sien.

Werkswyse

PEN Afrikaans publiseer sedert Januarie 2017 ’n oorsig van resensies en boekstories wat in Afrikaans verskyn het en digitaal beskikbaar is. Ons versprei ook ’n lys van nuwe Afrikaanse boeke wat elke maand verskyn. Hierdie twee bronne verskaf nuttige data vir ’n VIDA-telling vir 2017 en 2018.

Die publikasies waarop daar vir doeleindes van ons VIDA-telling gefokus is, is dié wat gereeld resensies publiseer: Boeke24 (die dagblaaie), Rapport se boekeblad en LitNet.

Hierdie publikasies wend ’n daadwerklike poging aan om ruimte te bied vir boekbesprekings en resensies, en ploeg finansiële en ander hulpbronne in om dié ruimte daar te stel.

Die fokus van ons VIDA-telling was diepgaande, langer stukke oor ’n boek of ’n skrywer. Vollengte resensies en skrywersprofiele is dus ingesluit. Oorsigresensies (wat meer as twee boeke dek) is nie in aanmerking geneem nie, ook nie nuusbrokkies of ander boekverwante aankondigings nie.

Die bespreking van boeke in koerante en ander publikasies bou skrywersloopbane en gee verkope ’n hupstoot. Die keuse van watter boeke geresenseer word en wie die resensies skryf, is bepalend. Die VIDA-telling werp lig op daardie aspek van seleksie, keuring of kuratorskap. LitNet se resensie-essays is daarom byvoorbeeld wel getel, maar nie lesersindrukke nie. Alhoewel lesersindrukke vir alle praktiese doeleindes wel resensies is, word dit nie deur LitNet gekeur of aangevra nie. Lesers skryf en stuur dit uit eie beweging na LitNet se redaksie vir plasing.

Verdere punte oor die werkswyse:

  • Omdat dit nie altyd moontlik is om te weet wanneer ’n boek onder ’n skrywersnaam verskyn het en, indien wel, wat die geslag van die ongeïdentifiseerde skrywer is nie, is die geslag van die skrywersnaam gevolg.
  • Alle nuwe Afrikaanse boeke is getel – ongeag die genre daarvan.

2017 se resultate

Wat blyk uit die resultate van die 2017-telling (onder beskikbaar), is dat daar deur die bank meer manlike skrywers as vroulike skrywers geresenseer is – deur meer mans as vroue (behalwe in die geval van LitNet wat in 2017 ’n eweredige balans tussen manlike en vroulike resensente gehandhaaf het.)

Hierdie resultate behoort gesien te word in die lig daarvan dat die oorgrote meerderheid Afrikaanse boeke wat in 2017 verskyn het, deur vroue geskryf is. Slegs 36% van die Afrikaanse boeke wat in 2017 verskyn het, het mans as skrywers of mede-skrywers.

(*Die kategorie “regspersoon” het betrekking op boeke waar ’n instansie soos ’n uitgewery of navorsingseenheid aangedui is as skrywer van die boek.)

Rapport

LitNet

Boeke24

2018 se resultate

40% van die Afrikaanse boeke wat in 2018 verskyn het, het ’n man as skrywer of mede-skrywer, terwyl 52% van die Afrikaanse boeke uit vroue se penne voortvloei. Die kategorie “regspersoon” het betrekking op boeke waar ’n instansie soos ’n uitgewery of navorsingseenheid aangedui is as skrywer van die boek.

Ten spyte van die groter uitsette, is vroueskrywers ook in 2018 minder geresenseer as hul manlike kollegas in al drie die publikasies wat deel van hierdie telling uitmaak. Die resultate is hier onder beskikbaar, gesorteer volgens publikasie.

In teenstelling met Boeke24 en Rapport, wat beide oorwegend van manlike resensente gebruik gemaak het, het LitNet in 2018 aansienlik meer vroulike as manlike resensente gepubliseer.  

Rapport

LitNet

Boeke24

Alhoewel die akkuraatheid van die resultate nie gewaarborg kan word nie, kan ons wel meld dat die telling met redelike sorg gedoen is en gegrond is op data wat PEN Afrikaans deurlopend insamel en moniteer.

Die resultate berus op ’n telling van die resensieoorsig wat PEN Afrikaans maandeliks in samewerking met die betrokke publikasies byeenbring en versprei, sowel as die maandelikse publikasielyste van die uitgewerye wat plaaslik Afrikaanse boeke uitgee, naamlik Jonathan Ball Uitgewers, LAPA Uitgewers, NB-Uitgewers, Naledi, Penguin Random House en Protea Boekhuis.

The post PEN VIDA-telling: ’n ondersoek na geslagsverteenwoordiging in die Afrikaanse boekjoernalistiek appeared first on LitNet.

Moederskap ondersoek in vyf tekste

$
0
0

Moederskap is ’n vreemde ding. LAPA Uitgewers het vandeesmaand vyf boeke wat handel oor moeders en moederskap. Twee is ernstig, twee is lig en een is ’n sprokie.


Smit Motors

Réney Warrington

Literêre fiksie

Druknaam: Wenkbrou

9780799394566

R285,00

Smit Motors is ’n moderne, plaaslike dorpsroman met intertekste in die wêreldliteratuur.

Petra Smit erf onverwags haar oupa se werkswinkel in ’n klein Vrystaatse dorpie. Daar is kopers wat tou staan vir die gebou, maar Petra gaan, heel nuuskierig, kyk na hierdie eiendom waarvan sy nie glad nie geweet het nie.

Daar aangekom, ontdek sy die erf vol motorwrakke wat aan die plaaslike slagter behoort. Die einste slagter is ook die buurman. Hy is ’n vroueslaner en skeep sy seun af, maar het kontant en staan gereed om Smit Motors te koop. Petra, wat baie lief was vir haar oupa, wil nie die erflating aan so iemand verkoop nie en ’n mini-oorlog breek uit.

Petra, eintlik ʼn stadsjapie, besef sy hoort nie in hierdie dorp nie. Sy mis haar mooi meisie en die roman wat sy wil skryf, bly tweede kom.

Dinge word nog moeiliker toe Arno, ’n reus van ’n man met die psige van ’n kind, aan haar deur kom klop. Arno word dan vriende met die slagter se seun, Monty.

Hierdie drie buitestaanders se diep menslike storie word vervleg met dié van Susan, ’n kunstenaar wat nie meer kuns maak nie en vasgevang voel in ’n luukse Sweedse kunstepark. Gaan sy kan vrede maak met die Afrikademone wat haar al veertig jaar lank jaag?

Vanuit die skaduwees hou Johanna, Monty se kinderlose oppasser, alles met wantroue dop.

Moederskap, die vrees vir moederskap, die gebrek aan kinders... Hierdie boek ondersoek al hierdie kwessies, soms op ’n ontstellende manier.

Smit Motors sluit by ’n internasionale tendens aan. Aan die einde van 2018 skryf Arthur van Amerongen in De Volkskrant ’n siniese stuk oor die moderne “dorpsroman” en “over de aantrekkingskracht van het Germaanse platteland op grootstedelijke Grünen-hipsters die op zoek gaan naar het verlorene – wat dat ook moge wezen”. Hy verwys ook na twee topverkopers: A Year in Provence (Peter Mayle) en Driving Over Lemons (Chris Stewart). Albei neem hy met ’n knippie sout.

Warrington skroom nie om die mooi én die lelik van ’n kleindorpse verblyf te wys nie. Sy laat nooit toe dat haar karakters net stereotipes word nie.

Die skrywer en regsgeleerde Bettina Wyngaard sê oor Smit Motors die volgende:

“Onthutsend, ontstellend, hartverwarmend: Smit Motors is ’n moetleesboek wat die leser nie sommer gou sal vergeet – of kan neersit – nie. Noem dit Afrikaanse fiksie se antwoord op Of Mice and Men, behalwe dat Warrington se skryfstyl uniek en uitsonderlik haar eie is. Hierdie eerste publikasie van Wenkbrou gaan meer doen as wenkbroue lig. Dit gaan harte vermurwe. Moenie loop nie. Hardloop. Gaan koop Smit Motors. Hierdie teks verdien ’n ereplek in elke boekrak.”

Johan Jack Smith, die uitgewer, sê: “So hoekom hoort die boek by Wenkbrou? Maklik. Die val buite genres. Die laat die leser vrae vra en dink as hulle die boek toemaak. Dit kyk anders na verhoudings. Dis oor randfigure.”


Lira

Chanette Paul

Druknaam: LAPA

Vrouefiksie

9780799394474

R340,00

Lira kan feitlik enige gebreekte ding mooi of bruikbaar maak, maar met liefdesverhoudings vaar sy minder goed, veral waar daar kinders betrokke is. Sy het geen benul hoe om ’n ma te wees nie. Tog het sy geglo sy sal iets kan uitwerk wat waarde toevoeg tot Frank en Debbie se lewe. Dit is immers wat sy vir ’n lewe doen: Sy neem ou goed en maak hulle nuut, nuttig en mooi.

Lira beland op Vywerbaai, waar sy ’n winkeltjie vir haar opsikleerprodukte wil oopmaak. Die finansiële risiko’s wat sy neem, is enorm en teenspoed bly nie uit nie, maar sy bly vasberade om ook haar eie lewe te kan opsikleer.

Daar is ’n legende wat almal op Vywerbaai ken: Ter wille van sy kinders sal ’n man sy taaibosspies deur ’n vywervrou se hart druk en haar visstert gaarmaak sodat die kinders kan eet. Lira neem die legende, opsikleer dit en maak dit die tema van haar winkel.

Deur harde werk wen sy die kosbare vriendskap van drie eiesoortige vroue en die respek van ’n vierde, maar dan verloor sy haar hart op die verkeerdste man denkbaar: Hy het ’n sterwende vrou en ’n kind wat Lira haat.

Gaan die waarskuwing in die legende Lira se hart aan flarde ruk? Nie as dit van haar en die sterk vroue om haar afhang nie! Soos haar vriendin Corali sê: “Ons vywervroue laat ons nie f*kken opvreet nie. Deur geen man, vrou of kind nie.”

Chanette Paul is self besig om legendaries te raak. Lira is die skrywer se 45ste boek en is die eerste van haar nuwe trilogie wat in 2019 sal verskyn. Soos Langenhoven van ouds skryf Chanette suiwer om te vermaak, maar daar is baie diepte in haar werk.

Lesers wat haar Maanschijnbaai-tweeluik verslind het, sal bly wees om te hoor dat die vroue van Vywerbaai dieselfde sterk eienskappe toon as die vier legendariese “Calitz-slette”.

Hierdie boek vra baie vrae oor die rol van ma-wees, pa-wees en ouma-wees. En wat doen ’n grootmaakma as daar nie geld is vir al die honger monde by die huis nie?


Betsie, Meneer Tier en die blou maan

Sally Gardner

Illustrasies: Nick Maland

Kinderfiksie

Ouderdom 7+

9780799391121

R180,00

Betsie se lewe is fantasties. Haar pa is ’n roomysmaker. Hy maak die lekkerste roomys op aarde in elke geur waaraan jy kan dink. Haar ma is ’n meermin wat in die see bly en gereeld kom kuier.

Betsie het twee drome: Sy wens dat Meneer Tier se sirkus haar eiland sal kom besoek, en sy droom oor roomys wat van towerbessies gemaak word sodat al haar drome waar kan word wanneer sy daarvan eet.

Dan daag Meneer Tier en sy Goebelgop-sirkusakrobate op. Dit is die begin van ’n enorme avontuur. Saam met ’n getoorde padda, ’n eensame reus en haar ma en pa vertrek Betsie om die maan te gaan blou kleur en om towerbessies te soek. As hulle dít kan regkry, kan hulle ’n baie belangrike wens laat waar word …

Betsie, Meneer Tier en die blou maan is ’n vernuwende, moderne feëverhaal met ’n sterk vroulike hoofkarakter.


Soet beloftes

Dina Botha

SuperRomanza

9780799394504

R240,00

Lezanne moet as rykmansdogter skielik, sonder geld en heenkome, as twee-en-twintigjarige op ’n vreemde dorp ’n nuwe bestaan maak as au pair.

Benjamin Streiger word onverwags die voog van sy oorlede broer se drie kinders. Hy het geen behoefte aan popspeel nie, en dis waar Lezanne betrek word.

Gou word sy lief vir die drie kinders in haar sorg, maar dis nie so maklik om dieselfde te doen met die ontoeganklike Benjamin nie.

Omdat Lezanne verstaan wat dit beteken om ’n ouer te verloor, tree sy uiters beskermend teenoor die kinders op – tot Benjamin se argwaan én heimlike vermaak.

Op hierdie manier wen Lezanne egter meer as net die kinders se harte. Saam met die leser sien sy hoe Benjamin geleidelik ontdooi teenoor die kinders en al hoe gemakliker raak in sy rol as kitspa.

Dan daag haar eksverloofde, Pieter Cronjé, op en hy lig haar in dat al haar finansiële probleme opgelos is. Sy kan terugkeer na haar lewe van gemak en rykdom. Sy vertel Benjamin; hy wend geen poging aan om haar te keer nie. Lezanne keer terug na Johannesburg, met Benjamin wat nie te lank neem om haar te volg nie.

Dina Botha se boeke is altyd vol humor. Hierdie teks vergelyk met oorsese boeke soos A Perfect Homecoming (Lisa Dyson) en Small-town Redemption (Beth Andrews).


Liefde vir ’n feëprinses

Didi Potgieter

9780799394382

R95,00

Inge se nuwe werk as die Jouberts se au pair beteken sy hoef nie meer slapelose nagte oor finansies te hê nie. Sy sal niks doen wat dié standvastigheid kan bedreig nie.

Omdat sy haar tweelingsibbe van kleins af grootgemaak het, wen Inge gou Robbie se vertroue en liefde, en raak John ook teen sy sin besonder geheg aan haar. Inge het nie tyd of plek in haar lewe vir verhoudings nie, maar aangetrokkenheid tot haar baas, die aantreklike John Joubert, volg nie dié klousule nie en hy is nie by die werkskontrak ingesluit nie.

Liefde vir ’n feëprinses gaan oor ’n ouer suster wat ma vir haar jonger boetie en sussie moet wees. Ouerlose gesinne is ’n algemene maatskaplike probleem wat in Suid-Afrika voorkom.

The post Moederskap ondersoek in vyf tekste appeared first on LitNet.

PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2019

$
0
0

Beste lede en vriende van PEN Afrikaans

Perspektiewe op die Ghoemas, Afrikaans, borgskappe en sensuur

 

Die bestuur van PEN Afrikaans het die verwikkelinge rondom die Ghoemas gevolg en volg sedertdien die reaksies daarop. Dit is verblydend dat daar knap en helder-beredeneerde meningstukke daaroor verskyn het. Dié stukke is in teenstelling met sosialemedia-kommentaar wat plek-plek aanvallend en verwerplik is. Dit is duidelik dat ’n senuwee raakgeboor is deur die onttrekking van “Die land” in die kategorie vir beste musiekvideo nadat MultiChoice, die hoofborg van die toekennings, gedreig het om as borg te onttrek. Die rede hiervoor is Steve Hofmeyr, met wie se politieke sienings hul nie wil assosieer nie, se betrokkenheid by die lied. Sedertdien het MultiChoice die verreikende besluit geneem om enige inhoud waarby Steve Hofmeyr betrokke is van hul platforms te verwyder.
 
Die onderwerpe wat in gesprekke hieroor aandag kry, is juis die sake waarvoor (en waarteen) PEN Afrikaans dikwels standpunt inneem: uitdrukkingsvryheid, sensuur, die kunste, Afrikaans. PEN Afrikaans ondersteun uitdrukkingsvryheid en is gekant teen sensuur. Ons fokus op die viering en die bevordering van die kunste, spesifiek die woordkuns, en van Afrikaans binne ’n meertalige verband.  Ons het egter tot dusver geen kommentaar gepubliseer nie. Ons wil as deel van hierdie nuusbrief ’n verskeidenheid stemme oor die aangeleentheid laat hoor – en hopelik die nuanses daarvan belig.   
 
Ons het bydraers gevra om hul indrukke oor die insident en die gevolge daarvan neer te pen. Vrae waarop hulle kon ingaan, is:

  • Kom die onttrekking van “Die land” van die Ghoema-toekennings op grond van een van die kunstenaars se politieke sienings neer op ’n inperking van uitdrukkingsvryheid of ’n vorm van sensuur?
  • Indien wel, is daar regverdiging daarvoor?
  • Onderlê ’n stryd vir Afrikaans die hewige teenkanting teen die onttrekking van die lied?
  • Word die kunste bedreig deur sodanige ingrype deur borge?

 Hul bydraes is hier beskikbaar.    
 
Suksesvolle aansoeke vir die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans se skrywersresidensie

Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans het onlangs met trots die suksesvolle aansoekers vir die skrywersresidensie wat dié twee organisasies vanjaar aanbied, aangekondig.
 
Die fokus van die residensieprogram is veral skrywers wat nuwe stories na die Afrikaanse letterkunde bring en leefwêrelde oopskryf wat nog nie voldoende in die letterkunde gehoor is nie.
 
Na deeglike oorweging van die aansoeke, wat van hoogstaande gehalte was, is die volgende ses skrywers as suksesvolle aansoekers aangewys:

  • Jeremy Vearey
  • Kirby van der Merwe
  • Lynthia Julius
  • Nathan Trantraal
  • Ronelda Kamfer
  • Ryan Pedro

Die skrywersverblyf sal die skrywers in staat stel om vir ’n maand aan ’n manuskrip te slyp in die rustige en prentjiemooi omgewing van die Paulethuis in Somerset-Oos. Die Jakes Gerwel Stigting en PEN Afrikaans dek die kostes van die skrywers se verblyf, insluitende internet, skoonmaakdienste, etes (drie maaltye per dag), retoerkaartjies na Port Elizabeth en vervoer van en na die lughawe. Vervoer in Somerset-Oos sal ook aangebied word.
 
“Dit was ’n plesier om deur soveel sterk aansoeke te werk,” vertel Theo Kemp, uitvoerende hoof van die Jakes Gerwel Stigting. “Daar is belangrike verhale wat wag om vertel te word en gedigte wat wag om geskryf te word. Ons wil met hierdie projek Jakes Gerwel se liefde vir Afrikaans vier en ons pas gerestoureerde skrywershuis benut om soveel as moontlik skrywers te ondersteun. Ons glo dat die skrywersresidensie die skrywers die nodige tyd en ruimte sal gee om goed met hulle skryfwerk te vorder. Dit is uiteindelik tot ons almal se voordeel.”
 
“As ’n skrywersvereniging is PEN Afrikaans onder meer daarop gemik om skrywersbelange te verteenwoordig en te bevorder. Die Skrywersresidensie is presies die tipe projek wat ons graag ondersteun en ons is dankbaar om dit in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting te kan doen,” sê Marga Stoffer, voorsitter van PEN Afrikaans. “Ons wens die skrywers ’n goeie en produktiewe verblyf in Somerset-Oos toe.”
 
Hierdie persverklaring is ook hier beskikbaar.
 
’n Bloemlesing ter viering van inheemse tale
 
Hartlik dankie aan almal wat gedigte ingestuur het vir moontlike insluiting by die bloemlesing ter viering van die Jaar vir Inheemse Tale. Die hooftema van die bloemlesing is taal self.
 
Ons sal individueel skakel met diegene wat gedigte voorgelê het. Baie dankie vir die deelname!
 
PEN Afrikaans Vertaalfonds: aansoeke ingewag

Die volgende sperdatum vir aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds is om die draai. Buitelandse uitgewers kan tot 15 Mei aansoek doen vir befondsing om ’n Afrikaanse boek in vertaling uit te gee. Volledige besonderhede en die aansoekvorm is hier beskikbaar.
 
Te danke aan die Trust vir Afrikaanse Onderwys se finansiële steun kan die PEN Afrikaans Vertaalfonds bydra tot die vertaling van Afrikaanse werke en die bevordering van die Afrikaanse letterkunde in die buiteland. Dit is opwindend om te sien hoe die vertalings wat uit vorige suksesvolle aansoeke voortvloei die rakke in die buiteland tref.  Ons deel graag hier van die omslae van Nederlandse uitgawes wat deur die Vertaalfonds befonds is.

 


 
PEN VIDA-telling: ’n ondersoek na geslagsverteenwoordiging in die Afrikaanse boekjoernalistiek 

Tydens die 2018 PEN International-kongres, wat in September in Pune, Indië plaasgevind het, is die sogenaamde “PEN VIDA count” aan PEN-sentrums wêreldwyd bekendgestel en die onderskeie sentrums is aangemoedig om ’n eie PEN VIDA-telling van stapel te stuur.

VIDA – Women in Literary Arts is ’n Amerikaanse nie-regeringsorganisasie wat daarop gemik is om lig te werp op moontlike geslagsongelykhede in die boekjoernalistiek en uitgewersbedryf. Dit word gedoen deur vrywilligers wat versigtig alle gepubliseerde resensies in gevestigde koerante, tydskrifte of literêre bylae fynkam met ’n paar vrae voor oë: Hoeveel vroueskrywers se werk word geresenseer? Hoeveel resensente is vroue?

Sedert 2011 publiseer VIDA jaarliks hul telling en ’n verslag wat hul resultate toelig. Hul verslag ken ’n persentasie toe aan vooraanstaande literêre publikasies wat weerspieël hoeveel bladruimte dié publikasies aan vroueskrywers en -resensente afstaan. Die publikasies waarop hul fokus, is dié wat tipies aansienlik tot die bevordering van ’n skrywer se loopbaan kan bydra.

Deur die jare het VIDA hierdeur groot geslagsongelykheid in die boekjoernalistiek aan die kaak gestel, met swaargewigte soos The New York Review of Books, The London Review of Books en The Paris Review wat minder as ’n kwart van hul boekeblad aan vroueskrywers en -resensente toegewy het. The Paris Review is ’n voorbeeld van ’n publikasie wat sedert hul bewuswording van dié wanbalans baie moeite gedoen het om meer vroueskrywers en -resensente te betrek.

Een van die beweegredes vir die ure en ure wat VIDA-vrywilligers aan die telling afstaan, is die oortuiging dat ’n literêre gemeenskap voordeel daaruit trek as ’n verskeidenheid stemme gehoor word. PEN Afrikaans is dit dawerend hiermee eens en het daarom besluit om ons eie PEN VIDA-telling te doen om te probeer bepaal hoe dié saak in die Afrikaanse boekjoernalistiek daaruit sien.

Meer inligting en resultate is hier beskikbaar.

Die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021

NB-Uitgewers het onlangs die Groot Afrikaanse Romanwedstryd 2021 aangekondig. Dié wedstryd is nie net die omvangrykste plaaslike romanwedstryd nie; dit bied ook die grootste beloning sowel as die geleentheid om by een van NB-Uitgewers se fiksiedrukname te publiseer.
 
Prysgeld van altesaam R350 000 is op die spel. Die wenner ontvang R200 000, terwyl die tweede en derde prys onderskeidelik R70 000 en R40 000 beloop. Daar is ook ’n debuutprys ter waarde van R40 000.
 
Deelnemers kan hulle manuskripte voorlê aan enigeen van NB-Uitgewers se fiksiedrukname, naamlik Tafelberg, Human & Rousseau, Queillerie of Kwela. NB-Uitgewers het die eerste opsie om alle romans wat ingeskryf word te publiseer. Die sluitingsdatum vir inskrywings is 1 Augustus 2020 en manuskripte word vanaf 1 Junie 2020 aanvaar.
 
Die wedstrydreëls en inskrywingsvorm is aflaaibaar by http://bit.ly/GrootAfrikaanseRomanwedstryd2021
 
Skrywers se navrae kan telefonies gerig word aan 021 406 3412 of per e-pos aan romanwedstryd@nb.co.za.
 
Maandelikse resensie-oorsig


Klik hier vir ons oorsig van Afrikaanse resensies wat in April 2019 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Hierdie oorsig sluit boekbesprekings, boekgesprekke en voorlesings in wat op die radio of TV uitgesaai is.
 
Indien jy weet van ander gerekende publikasies wat ook Afrikaanse resensies en boekgesprekke plaas en dit digitaal beskikbaar maak, laat weet asseblief na penafrikaans@gmail.com.
 
Ons wil graag elke maandelikse oorsig so volledig moontlik maak.

 

’n Groot gebeurtenis in die kuns- en boekjoernalistiek is die onlangse verskyning van die “anderse reünie-uitgawe” van die ikoniese tydskrif Insig.
 
Baie geluk aan redakteur Elmari Rautenbach en die span wat hierby betrokke was. Lees hier ’n onderhoud met Elmari, waarin sy die ideale Insig-leser as volg beskryf:
 
Sy ideale leser is Afrikaanssprekend, maar voel tuis in die wyer Suid-Afrika; dis iemand wat nuuskierig is oor wat om hom aangaan – nie net in Suid-Afrika nie, maar wêreldwyd; wat belangstel in mense en ander menings; vir wie dit belangrik is om oplossings te vind vir die land se probleme en aktief daaraan meedoen; wat belangstel in boeke en veral in lees, en plesier vind in die taal, sy kultuur en hebbelikhede; wat kreatiwiteit kan raaksien en waardeer; en wat ‘n gesonde sin vir humor én ironie het.
 

Gaan koop gerus hierdie spesiale uitgawe van Insig by jou naaste supermark of Exclusive Books, of bestel dit by Johan.terblanche@media24.com.
 
Nuwe Afrikaanse boeke in Mei 2019
 
Baie geluk aan al ons lede wat hierdie maand nuwe boeke op die rak het. Die publikasielyste kan hier in Excel-formaat afgelaai word.

Twee Naledi-publikasies wat by verlede maand se lys ingesluit is, staan oor na hierdie maand. Die April-lys sal dienooreenkomstig aangepas word.
 
Nuwe lede

Ten slotte is dit baie lekker om te noem dat die volgende nuwe lede onlangs by ons aangesluit het:    

  • Lynthia Julius
  • Ryan Pedro
  • Nathan Trantraal
  • Ronelda Kamfer

Ons is bly om julle in ons midde te hê. Baie welkom.
 
Vriendelike groete
Catrina Wessels
Bestuurder: PEN Afrikaans

The post PEN Afrikaans Nuusbrief: Mei 2019 appeared first on LitNet.

Caster Semenya

$
0
0

Ek stem saam dat die instansies betrokke by die besluit oor Caster Semenya ’n lat vir hulself gepluk het, maar nie om die simplistiese rede wat deur Jan Rap gegee word nie – veel eerder omdat gender-aktiviste als in hul vermoë sal doen om die besluit ongedaan te maak.

By enige en elke sportsoort waar daar kategorieë bestaan wat gegrond is op byvoorbeeld ouderdom, gewig of enige ander getal kan mens soortgelyke oppervlakkige argumente aanvoer waarom iemand wat sê nou maar 100 gram te swaar is of een week te oud is nie in ’n ander, mindere kategorie mag deelneem nie. Indien hierdie argumente ernstig opgeneem word kan mens dan maar geheel en al wegdoen met alle sodanige kategorieë.

Sulke argumente berus voorts ook op onkunde oor testosteroon. Soos die toeval dit wil hê is die afsnypunt in die betrokke atletieknommers vir die hoogste toelaatbare T-vlak in vroue 5 nm/l. Die vlakke van hierdie hormoon wissel egter geweldig tussen geslagte, binne geslagte en ook na gelang van ouderdom en tot ’n mindere mate na gelang van omgewing. Self so is ’n syfer van 5 nm/l besonder tegemoetkomend want T-vlakke by meeste vroue wissel van 0.5 tot 1.8 nm/l. Mans, daarenteen, se T-vlakke na puberteit wissel van 7,7 tot 35 nm/l. Sover dit T-vlakke betref is dit is dus hoegenaamd nie ’n kwessie van ’n “oorgang van petite na robuust” wat “geleidelik” is nie. Die afsnypunt van 5 nm/l is om goeie redes gekies en nie, soos Jan Rap skynbaar dink, omdat iemand van mening was dat 5 ’n oulike getal is nie.

Daar is verskeie toestande by vroulike atlete wat verhoogde T-vlakke tot gevolg het, interseks ingeslote, en waaroor ek nie wil uitbrei nie. Genoeg (hopelik) om te noem dat testosteroon ‘n anaboliese steroïed is waarvoor algemeen getoets word.

Om dus te vra wat Billy Jean King, Serena Williams en Navratilova se T-vlakke is/was is sinneloos omdat atlete almal vir hierdie substans getoets word en omdat hierdie toetse onderskeid kan tref tussen anaboliese steroïede wat ingeneem word en dié wat deur die liggaam self vervaardig word. Ek weet nie wat hierdie dames se T-vlakke is/was nie, want soos Semenya s'n is dit nie bekend gemaak nie. Maar indien dit verhoog was sou hulle beslis die gevolge daarvan moes dra.

Voordat allerhande uitsprake gemaak word behoort daar eers so bietjie navorsing oor ’n onderwerp gedoen te word. Onderstaande skakel is ’n goeie beginpunt:

https://quillette.com/2019/05/03/a-victory-for-female-athletes-everywhere/

 

The post Caster Semenya appeared first on LitNet.

Verknoeising 2019

$
0
0

Die verkiesing het gekom en die verkiesing het gegaan. Die opstokery en aanhitsing het hopelik tot 'n einde gekom. Uit die miljoene geregistreerde kiesers het die meerderheid 60 % plus gaan stem.

Die herverkoses is in ekstase. Nog 'n termyn van plunder, weelde en status lê voor. "The people have spoken. The peoples shall govern". Een persoon het die moed van sy oortuiging gehad, "the ANC was in power for 25 years and is going to be in power for the next 25 years".

Die slim ontleders en akademici kan ure sit en bespiegel oor die stempersentasies, neigings en strategieë van die onderskeie partye maar dit gaan geen hond haaraf maak nie. 'n Verkiesing in Afrika word gewen deur die bevryder van die onderdrukker en kolonialis. Die bevolking gee nie om vir 'n beleid of verkiesingsmanifes nie. Hy hoor net die populistiese slagspreuk en dis al wat hy kan verwerk. Breë politieke ekonomiese maatskaplike eise is 'n uitheemse terminologie. Die mening bestaan ook dat "apartheid" sal terugkom as die wittes weer wen. Daar is geen groter vrees onder die volk vir die woord nie.

Ek dink ons wittes moet tot die besef kom dat ons nooit weer 'n politieke seggenskap in die landjie gaan kry of hê nie. Ons moet uit hul politiek bly. Laat hulle onder mekaar die stryd aansê. Weens die etniese verskille gaan hulle tot in lengte van dae onvergenoegd en onrustig met mekaar bly. Dit gaan die wittes se redding in die land wees.

Reusedwerg

 

The post Verknoeising 2019 appeared first on LitNet.

Skemerson: ’n resensie

$
0
0

Die eerste min of meer 20 minute van Skemerson is uiters treffend. Die film vang jou vas in die kloustrofobie van Sella (Pietie Beyers) se gedagtegange. Hy stort, kyk in die spieël, trek gesigte, kyk weer, frons en trek dan aan. Dit is ’n heen en weer tussen die kyker, die spieël en Sella. Jy voel wat hy voel – weerloos, moedeloos en moeg. Ek was reg vir ’n filmbelewenis.

Die film verloop seepglad soos Sella sy tas pak en na ’n afgeleë strandhuis toe ry. Wanneer hy oor ’n massiewe kloof ry, wys ’n hommelskoot van die kar op die eindelose brug hoe weerloos hy moet voel. Die film is ongelooflik goed geskiet, en bevat, dank vader, geen stroperige klavier nie.

Die bus se wiele kom egter vinnig af. Sella loop vas in Emma en haar ma. Laasgenoemde gaan bungy-spring. Hulle vra Sella om ’n foto te neem. Tot hier is dit nog geloofwaardig. Wanneer hulle terugkom, is die antie duidelik moeg en help Sella hulle kar toe. Dan sê Emma se ma uit die bloute uit: “Julle moet maar ’n paartjie wees.” (En later: “Julle moet maar trou!”) Regtig? Jy sê dit vir ’n wildvreemde man en jou dogter in ’n parkeerarea? Dan nooi jy hom huis toe? Dan sê jy binne die eerste twee minute van die kuier: “Ek is al lank hier. Ek weet al ’n paar dinge. Waaraan dra jy so swaar?”

Hierdie ongeloofwaardigheid, die kortpaadjies om by ’n punt uit te kom, strek reg deur die film. [Bederfwaarskuwing] Emma bel Sella op die presiese moment wat hy by die brug wil afspring. Sella is boonop ’n dokter en Emma se ma is siek. Wanneer Ma ’n rowwe aand het, is dit Sella, nog steeds ’n relatiewe vreemdeling vir hulle, wat haar in die badkamer vashou en troos, en bloot vir Emma wegwaai. Hy sit skoon sy kop teen hare.

Later verloor Sella kop en sê oor en oor en met meer en meer manie: “Dit is nie my skuld nie.” Emma weet nie op hierdie stadium van sy sielkundige diagnose nie. Hy is ’n vreemdeling wat heel vreemd optree. Ek sou hom by die voordeur uitgestoot het en die deur gesluit het. Maar Emma gaan lê op die vloer saam met hom ...

Die film raak te kosbaar oor die boodskap – ’n belangrike boodskap, natuurlik. Die drama word dik aangewend. Sella wat die tuna uit ’n blikkie eet. Sella wat op die stoep, die grond, op Emma-hulle se bank en weer op die grond slaap. Die eerste keer wat Sella sy ma se hangertjie uithaal, weet jy sommer dit gaan kort-kort weer verskyn. Wanneer Sella ’n matras onder Emma-hulle se huis gaan haal, is jy nie verbaas as hy ’n kitaar vind en saambring nie. Die ma en dogter en vreemdeling wat in ’n sirkel staan en hande vashou, is een te veel.

Alhoewel die film maar 90 minute lank is, voel dit soos oor die twee ure. Die skote is te lank, die inhoud te min en die drama stroperig. Skemerson moes ’n kortfilm gewees het.

The post <em>Skemerson</em>: ’n resensie appeared first on LitNet.


Perspective on /ɛ/ lowering in Afrikaans

$
0
0

Abstract

The most important conclusion reached in this study is that /ɛ/ lowering as a phonological process occurs over a wide front and is far more complicated than suggested by available descriptions. This is clear from the results of the current study, which was conducted on the basis of a diverse methodology and in which a substantial and diverse set of speech-data sources was the object of study. The sources vary from personal observations during conversations, to public performances, to RSG (Radio Sonder Grense) news broadcasts and formal recordings conducted under experimental conditions.

Personal observation of the phenomenon as it occurs – or does not occur – in formal or informal speech styles over a wide front supports, in broad terms, the existing formulations of this process, particularly with regard to the standard variety of Afrikaans i.e. that the mid-low, front vowel /ɛ/ is discernibly lowered when followed by one of the consonants spelled as <k, g, l, r>. This lowering is especially clear in the speech of white, local (i.e. studying at the NWU Potchefstroom) female students; and in varying degrees over Afrikaans radio on various programmes, again most clearly in the pronunciation of young, female continuity programme hosts, particularly on RSG. On the other hand, it is mostly absent in the speech of coloured speakers of Afrikaans, locally (i.e. Potchefstroom) as well as more broadly. An important exception in the latter case is lowering before the lateral consonant [l], where it often occurs simultaneously with the diphthongisation of the vowel; here there is also often substantial palatalisation. Even in SvA (Standard variety of Afrikaans) forms one finds a diphthongised vowel in this context, although of a reduced nature with no evidence of palatalisation. Such diphthongisation, accompanied by light palatalisation, is very occasionally, in isolated cases, heard in the speech of white radio personalities.

More structured observations than the above-mentioned, in which investigations were conducted into the speech of a group of RSG news broadcasters, but during which other radio programmes were also investigated, confirmed the suspicion that /ɛ/ lowering hardly constitutes a homogenous phenomenon, and that a variety of factors need to be taken into consideration when it comes to a more precise and nuanced description. The most important of these are linguistic, geographic, ethnic and chronological factors, as well as the sex/gender of speakers.

The results of this first phase of investigation also showed that /ɛ/ lowering does not occur on a predictable basis in all cases. In short, in some types of words, often depending on the nature of the relevant conditioning consonant, there is lesser or greater internal variation. In comparison with the other three consonants mentioned above, before [r] there is much greater stability and predictability with respect to lowering.

It was also found that /ɛ/ lowering is very constant in words with /ɛ/ before /l/. In (-)stel(-), for example, no case was found in SvA where there was no lowering to [æ]. It is clear that [l], especially in the Afrikaans of so-called coloured people, has a prominent breaking effect on preceding /ɛ/, something which is either not found in SvA or is not particularly observable. One needs, therefore, to be careful to not be misled into viewing averages of F1 measurements as the only metric for determining similarities or differences between the quality of /ɛ/ across different groups. While the F1 values of /ɛ/ in, for example, wel, shows lowering for both white and coloured speakers, there is a substantial difference to be perceived on an auditory level.

The environment /_k/, as in ek (the Afrikaans pronoun I), forms a very specific category, because so much variation is discoverable here. In general, it is very clear that the lowered [æ] before [k] is seldom heard in the speech of coloured individuals and definitely not in ek; a fact which actually applies to the majority of the Afrikaans speech community. With respect to white Afrikaans, the unlowered [ɛ] pronunciation is mostly indexical of the fact that the speaker comes from the south-western parts of the country, more specifically the Western Cape. Yet it is also observable in the pronunciation of some north-eastern speakers, more specifically radio announcers from Gauteng, who have, it appears, been under the influence of certain other prominent radio personalities and who aspire to a certain kind of prestigious speech. On the other hand, the pronunciation [ɑk], with extreme lowering and retraction, is relatively sharply indexical of the fact that the speaker is white, young, mostly female, and central-north in terms of geographic provenance. This, however, still requires further thorough research.

The above-mentioned phase of research was followed by a series of empirical studies of a more structured nature. Acoustic characteristics of the relevant vowel were determined, i.e. formant frequencies, and that of F1 in particular. The results serve as the basis for precise comparisons with respect to the nature and extent of /ɛ/ lowering in the speech of speakers from a broad geographic range in South Africa and Namibia, as well as both white and coloured speakers. Two sub-studies focused specifically on the pronunciation of speakers of different age cohorts, in accordance with which a possible diachronic development of /ɛ/ lowering was identified.

The main result of these empirical studies was the existence of /ɛ/ lowering across a wide front in SvA. This lowering does not occur equally, however, in all four of the mentioned phonetic contexts. Lowering is also not completely absent in the speech of coloured speakers. Light lowering is more common in the case of /ɛ/ before the velar consonants [k] and [x], with slightly more prominent lowering found before alveolar [r]. In the case of [l], there is, as already mentioned, the presence of breaking; i.e. a diphthong, sometimes palatalised, before the lateral consonant, is clearly apparent in the speech of most coloured sub-groups. In addition, there are strong indications of the more prominent presence of /ɛ/ lowering among young speakers from the north-eastern regions of the country. It is also clear that speakers from the north-eastern parts are more inclined towards /ɛ/ lowering than those from the south-westerns areas.

An important finding of these empirical studies, and which links with what has been said before, is that /ɛ/ lowering does not occur on a uniform basis before the four consonants concerned. This was noticed especially in the speech of coloured speakers from Genadendal, Malmesbury and Kakamas, where it occurs most prominently before the two alveolar consonants, [r] and [l] (classified as [-back, +high]). The contribution of [l] to this effect is clear enough, but needs more precise specification. It is noted, for example and by way of comparison, that in Canadian English, as reported by De Decker and Mackenzie (2000), [l] constitutes the strongest influence of all linguistic factors on /ɛ/ lowering.

In this research, two empirical studies showed the clearly strengthened degree of /ɛ/ lowering in the speech of young, female speakers in comparison with older speakers. This result clearly overlaps with research on the worldwide lowering of the equivalent short front vowel in English, as can be seen from the examples provided by Hickey (2017): yes [jæs], best [bæst], west[wæst]. Hickey (2017) speculates that in Ireland young female radio and TV presenters are at the forefront of the spread of this phenomenon. In the case of Afrikaans, a similar explanation for the expansion of low [æ], especially among white, young, female speakers, is less compelling, firstly because this tendency is not as obviously apparent and widespread in the pronunciation of Afrikaans radio presenters and secondly because, on the basis of a number of quick observations among a number of local students, it is clear that this sub-group of speakers hardly ever listens to Afrikaans radio programmes, including those of RSG.

The phenomenon of /ɛ/ lowering is a clear example of movement within the vowel space, but it does not clearly form part of a more systematic pattern of chain shifting, as its equivalent appears to do in some English cases. Hickey (2017) refers to a vowel rotation in contemporary Dublin English, which includes lowering, retraction, heightening (of low, back vowels) and fronting (of the rounded back vowels). It is well known that the Afrikaans /u/ is also centralising (Wissing 2010), and that the long /a/ vowel has not only undergone rounding but has, at the same time, undergone heightening towards /ɔ/. The extreme lowering of /ɛ/ to almost [ɑ], as found typically in the pronoun ek, could, of course, be seen as a form of retraction, as is the case with what is found in the vowel of English trap (TRAP: [træp] > [trap] (Hickey 2017)).

In conclusion, the following related remark is purely by way of a suggestion: There appears to be a parallel lowering of /ɛ/, on the one hand, and the first segment of the Afrikaans diphthong /əi/ to [ʌ], or even [ɑ], on the other hand. The question of vowel chain shifts in Afrikaans is, however, a topic that requires far more attention and is an important theme in itself. It is a topic that could, in addition, benefit from recent investigations into similar phenomena in South African English by Bekker and Eley (2007) and Chevalier (2016).

Keywords: acoustic phonetics; Afrikaans of white and coloured speakers of Afrikaans; sound chance; variation; vowel lowering; vowel system.

Lees die volledige artikel in Afrikaans

Perspektief op /ɛ/-verlaging in Afrikaans

The post Perspective on /ɛ/ lowering in Afrikaans appeared first on LitNet.

Press release: Cape Town City Ballet's captivating Autumn/Winter Season

$
0
0

CTCB in a previous production of Sleeping Beauty which will be presented as part of their Autumn/Winter 2019 Season (Photo: Pat Bromilow-Downing)

Bookings are now open for Cape Town City Ballet’s captivating 2019 Autumn/Winter Season.

A combined celebration of modern classics and historical popular favourites, Cape Town City Ballet’s (CTCB) recently announced line up at the Artscape Opera House includes Amaranth from 22 June to 7 July and Sleeping Beauty from 17 to 31 August.

For Sleeping Beauty, CTCB will welcome leading international guest artists Vadim Muntagirov and Sarah Lamb (The Royal Ballet), Precious Adams (English National Ballet), Andile Ndlovu (Washington Ballet) and Siphe November (National Ballet of Canada).

The triple bill of Amaranth is an exciting programme of neo-classical and contemporary classical masterpieces with George Balanchine’s Serenade, Frank Staff's Transfigured Night and Christopher L Huggins’ Enemy Behind the Gates. The Set and Costume Design for Transfigured Night will be modernised and updated by the inimitable Peter Cazalet, and Lighting Design for the production is by award-winning designer, Wilhelm Disbergen who completes the creative team.

Set to Tchaikovsky’s Serenade for Strings in C, Op. 48. with four movements; SonatinaWaltzRussian Dance and Elegy, neo-classical Serenade is one of Balanchine’s most beautiful ballets and a milestone in the history of dance as the first original ballet he created in America. It remains a signature work of the New York City Ballet’s repertory and will be staged for CTCB by Rebecca Hirsch.

Honouring South African heritage as part of the programme, CTCB presents Frank Staff's Transfigured Night staged by doyenne Veronica Paeper. Set to a sweeping score by Schoenberg, Transfigured Night based on a true story, is intense and dramatic, telling a story of a brother and sister dominated by an older sister. Obsessed with keeping the family together, and unhappy with the arrival of a suiter for the younger sister, she senses that the solidarity of the family is threatened. The older sister weaves the story; an intense love story with intimate duets that are a hallmark of Staff’s choreography.

Following significant popularity, American choreographer Christopher L Huggins returns with his acclaimed Enemy Behind the Gates, a look into the minds of incendiaries - how they live quietly and patiently in the shadows before they strike. A breathtakingly athletic fusion of contemporary ballet and modern movement that is militaristic and percussive in style.

Warming up winter is popular favourite Sleeping Beauty staged by esteemed South African ballet legend Denise Schultze Godfrey. Performed to Tchaikovsky’s delightful music, this timeless story follows Princess Aurora’s 100 year sleep and magical awakening, as well as encounters with fairies and fairytale characters such as Little Red Riding Hood, Puss in Boots and the Bluebird and Princess Florine, that will enchant young and old audience members alike.

The 2019 Autumn/ Winter programme is a captivating celebration of classical ballet and modern classics," says Debbie Turner, CEO of Cape Town City Ballet. “The lineup is a marriage of work by international icons and South African legends, who are leading lights in the global dance arena. We are honoured to be welcoming our international guest artists, some of whom are returning home for the Season, as well as working alongside ballet masters who have been a pivotal part of CTCB’s journey.”

Dates for performances with the international guest artists are:

17 and 18 August 2019 - Andile Ndlovu (Washington Ballet), Precious Adams (English National Ballet), Siphe November (National Ballet of Canada)

28 and 31 August 2019 - Vadim Muntagirov and Sarah Lamb (Principals of the Royal Ballet)

Amaranth will be performed at the Artscape Opera House from 22 June until 7 July. Tickets cost from R150 to R495 with concessions for pensioners, scholars and block bookings of ten or more.

Sleeping Beauty will be performed at the Artscape Opera House from 17 to 31 August. Tickets cost from R180 to R695 with concessions for pensioners, scholars and block bookings of ten or more.

CTCB will be accompanied by the Cape Town Philharmonic Orchestra at selected performances.

Bookings can be made at Computicket on 0861 915 8000, online at www.computicket.com or at any Shoprite Checkers outlet.

The post Press release: Cape Town City Ballet's captivating Autumn/Winter Season appeared first on LitNet.

Kortlyste vir 2019 Media24 Boeke-pryse bekend

$
0
0

Media24 Boeke kondig met trots die kortlyste aan vir die Media24 Boeke Literêre Pryse vir 2019. Dié pryse word in ses kategorieë toegeken en het ’n gesamentlike prysgeld van R210 000.

Met hierdie pryse word jaarliks erkenning gegee aan die beste boeke wat in die voorafgaande jaar deur boekuitgewerye in die Media24-groep gepubliseer is. Dié uitgewerye sluit NB-Uitgewers (met drukname soos Human & Rousseau, Tafelberg, Kwela Boeke en Queillerie) sowel as Jonathan Ball Publishers in.

Onafhanklike keurpanele het die kortlyste saamgestel uit altesaam 80 titels wat voorgelê is. Die kortlyste bestaan uit drie titels elk, afgesien van die Elisabeth Eybersprys waar twee bundels vanjaar in aanmerking kom.

Die kortlyste, in alfabetiese volgorde volgens skrywer, is soos volg:

WA Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie (romans, kortverhale, drama)

  • Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G. du Plessis (Tafelberg)
  • Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé (Tafelberg)
  • Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach (Human & Rousseau)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

Herman Charles Bosmanprys vir Engelse fiksie (romans, kortverhale, drama)

  • The Ones with Purpose deur Nozizwe Cynthia Jele (Kwela Boeke)
  • Soweto, Under the Apricot Tree deur Niq Mhlongo (Kwela Boeke)
  • The Hum of the Sun deur Kirsten Miller (Kwela Boeke)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

Recht Malanprys vir niefiksie

  • The Last Words of Rowan du Preez deur Simone Haysom (Jonathan Ball Publishers)
  • Steinheist deur Rob Rose (Tafelberg)
  • Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal (Kwela Boeke)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

Elisabeth Eybersprys vir digbundels

  • The History of Intimacy deur Gabeba Baderoon (Kwela Boeke)
  • Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal (Tafelberg)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

MER-prys vir jeugverhale

  • The Reject deur Edyth Bulbring (Tafelberg) 
  • Kraak deur Rouxnette Meiring (Tafelberg)
  • Mine deur Sally Partridge (Human & Rousseau)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke

  • Stories vir pikkies en peuters deur Gertie Smit, geïllustreer deur Samantha van Riet, Tumi K. Steyn, Tasia Rosser en Melany Pietersen (Tafelberg)
  • Bennie Boekwurm se mooiste sprokies deur Louise Smit, geïllustreer deur Johann Strauss (Human & Rousseau)
  • Die legendariese Lua Verwey deur Dihanna Taute, geïllustreer deur Theodore Key (Human & Rousseau)

Klik hier vir resensies en onderhoude.

Die wenner in elke kategorie ontvang R35 000. By die M.E.R.-prys vir geïllustreerde kinderboeke word die prysgeld verdeel tussen die skrywer en illustreerder(s).

Die pryse word op Donderdag 13 Junie 2019 in Kaapstad toegeken.

WA Hofmeyrprys vir Afrikaanse fiksie: Resensies en onderhoude

Die dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G du Plessis: ’n resensie

Die dao van Daan van der Walt – en die dao van Lodewyk G du Plessis

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey deur Charl-Pierre Naudé: ’n resensie

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Die troebel tyd deur Ingrid Winterbach: ’n resensie

Groot Romanwedstryd 2018: Ingrid Winterbach

Herman Charles Bosmanprys: Resensies en onderhoude

Soweto, under the apricot tree deur Niq Mhlongo: ’n resensie

Recht Malanprys vir niefiksie: Resensies en onderhoude

Steinheist: Markus Jooste, Steinhoff and SA’s biggest corporate fraud by Rob Rose: book review

Wit issie ’n colour nie deur Nathan Trantraal: ’n resensie

Elisabeth Eybersprys vir digbundels: Resensies en onderhoude

The history of intimacy by Gabeba Baderoon: a review

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie deur Pieter Odendaal: ’n resensie

Asof geen berge ooit hier gewoon het nie: ’n onderhoud met Pieter Odendaal

MER-prys vir jeugverhale: : Resensies en onderhoude

Kraak deur Rouxnette Meiring: ’n resensie

MER-prys vir geïllustreerde kinderboeke: : Resensies en onderhoude

Jong lesers: Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute

Jong lesers: Nicole White resenseer Die legendariese Lua Verwey – Wilder as die wildtuin deur Dihanna Taute

The post Kortlyste vir 2019 Media24 Boeke-pryse bekend appeared first on LitNet.

Gerard Scholtz in gesprek oor sy nuwe reisboek

$
0
0

DATUM: 24 Mei 2019

TYD: 18:00

PLEK: Terraceweg 14, Mountain View, Houghton, Johannesburg

TOEGANG: Gratis

RSVP: Voor 17 Mei – helga@hermanus.co.za of 083 458 5498

 

’n Omvangryke en diepgaande reisboek wat nie maklik ’n gelyke in Afrikaans het nie

– Etienne Britz –

Dié reisindrukke word oordenkings oor menswees

– Madri Victor –

Elke eis is ’n ongewone ervaring wat nog nie só in Afrikaans verwoord is nie

– Ria Barnard –

 

WYN EN VERSNAPERINGS, JA!

The post Gerard Scholtz in gesprek oor sy nuwe reisboek appeared first on LitNet.

Press release: NELM rebrands as AMAZWI South African Museum of Literature

$
0
0

The principal custodian of literary heritage in South African, the National English Literature Museum (NELM) in Makhanda, has formally rebranded as the Amazwi South African Museum of Literature.

Established by renowned South African writer, poet and academic Guy Butler in 1972, NELM previously focused exclusively on collecting and conserving literary works produced in English.

However, the Museum recently embarked on an exciting new journey of linguistic and cultural inclusivity, which will see the organisation expand its extensive literature collections to also include important literary works in indigenous languages.

Amazwi – meaning voices or words – has been adopted as the new name to more accurately reflect this broader, multilinguistic focus.

The Amazwi South African Museum of Literature's new identity and vision was unveiled by the National Department of Arts and Culture in Makhanda, at a ceremony which also marked the official opening of its new custom-built, state-of-the-art museum complex.

Speaking at the launch event, Deputy Director-General: Institutional Governance in the Department of Art and Culture, Kelebogile Sethibelo, stressed the importance of literature in recording the evolution of society.

"The decision to broaden the scope and the mandate of this institution to include all South African official languages was the correct one and needs to be applauded. This is an important step in deepening the social transformation of our country."

The Amazwi rebranding initiative dovetails with the Museum's wider vision of promoting social cohesion and national identity by sharing its diverse collections through exemplary research, exhibitions and public programmes.

Pivotal to this new mandate has been the development a new, community-centric Museum complex which is fully culturally, socially and educationally inclusive.

"The key objectives (in the development of the new Museum complex) were cultural and educational significance, informative organisation and design, social upliftment and limited environmental impact," says Council member EKM Dido.

"The new building has sufficient collections' storage and exhibition space, as well as offices for additional staff – experts in the literatures of indigenous languages – to develop, curate and present exhibitions and educational programmes on an expanded mandate."

Credited as South Africa's very first "green" museum, the impressive, custom-built complex is the first of its kind in to be awarded a 5-Star Rating from the Green Building Council of South Africa, in recognition of its progressive energy- and water-saving innovations. (Read more about this impressive new facility at  http://bit.ly/2WvYnvY.)

While it is envisioned that Amazwiwill eventually incorporate literary works in all indigenous languages, the Museum will start by incorporating one language, IsiXhosa, as a pilot project.

"IsiXhosa has a long literary tradition linked to missionary education in the Eastern Cape and we are aware of collections of literary and documentary artefacts which can be purchased to form the nucleus of a new collection," Ms Dido noted.

For more on the Amazwi South African Museum of Literature's exhibitions, collections and community programmes, visit http://bit.ly/2PQHk5q

The post Press release: NELM rebrands as AMAZWI South African Museum of Literature appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live