Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21497 articles
Browse latest View live

Louis Botha: A man apart by Richard Steyn: a reader's impression

$
0
0

Lesersindrukke is bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Louis Botha: A Man Apart
Richard Steyn

Jonathan Ball Publishers
ISBN 9781868429226

Louis Botha (1862–1919) was the first head of government of a geographically united South Africa, which was, by a long stretch, not a politically united South Africa. As an object of historical study, Botha does not enjoy a lot of attention. One is only able to take stock of his life if one’s approach to the study of history has ventured past motives such as nation-building and patriotism. In A man apart, this is what happens, as author Richard Steyn makes it clear right from the start that his role is not to justify or condemn, but to explain the past. Botha, whose passing will have been exactly a century ago in the year 2019, is a figure of whom it is correctly noted that “little is known by a modern audience” (291). Much like his close friend and contemporary, Jan Smuts (1870–1950), Botha is not a figure who was revered, by either Afrikaner nationalism or African nationalists. It is for this reason that Botha became a largely forgotten figure of South African history.

To make the life of Louis Botha relevant to modern readers is, therefore, no easy task. While it makes sense to study a figure who led the first geographically united South Africa, it must always be borne in mind that it was the Union government that refused franchise for the majority of South Africans, and confined black South Africans to 8% of the country, by means of the dreaded 1913 Land Act. Botha himself was also a man of his times, who believed in the notion of white supremacy. Yet, it is precisely for all the aforementioned reasons that a study of his life is valuable. Richard Steyn has previously produced two history books about the life of Jan Smuts, one examining the friendship between Smuts and Winston Churchill (1874–1965), and both books are good companions to his latest book. However, with A man apart, I do feel that Steyn has reached new heights as a historian.

Having grown up under the British crown in what is today KwaZulu-Natal, Botha was exposed to English-speaking South Africans from a young age. While he rose to prominence as an Afrikaner nationalist fighting against British imperialism, he was never opposed to individuals, but rather to their ideas. Botha’s leadership skills were particularly revealed for the first time while he was fighting in the South African War (1899–1902). The war makes for a very large part of the book, and this could be said to be a bit tedious, considering the amount of literature already published on the war. However, it is critical to understand the South African War, as it would shape history in the rest of the 20th century. Botha died only 17 years after this war. He did not grow to be a very old man, passing on at the age of 57. The key moments in his life covered in this book, apart from the war, are his role in the colony of the Transvaal after the war, the negotiations for the establishment of the Union of South Africa, his serving as prime minister of the first Union government, and, at the ultimate end, his role in the First World War (1914–1918)[1], which included the repression of a short but tragic civil war in South Africa – known today as the Rebellion of 1914 – as well as the invasion of German-controlled South West Africa (today Namibia). Botha was also instrumental in the negotiations following the First World War, pleading together with Smuts for better terms for Germany, in order to avoid future conflict. As history would prove, their attempts were largely unsuccessful, to the detriment of all humankind.

The resentment that Botha experienced in later life towards himself, and the feeling of being rejected by his own countrymen, left a painful mark on the last years of his life. The rise of Hertzogism (support for the conservative general, JBM Hertzog[2]) destroyed Botha’s dream of a united South Africa, where British and Afrikaners would work together as one united nation. These divisions which remained between Hertzog and Botha, and also between former president MT Steyn and Botha, can, in fact, be traced back to the South African War, where the leaders of the two Boer republics, the Free State and the South African Republic (later the Transvaal), had had great difficulty in agreeing on whether to continue the war or not, with the Free State leaders earning the title of “bittereinders” (people fighting till the bitter end).

While A man apart cannot be said to be fresh, new, groundbreaking research, this is not the purpose of this book. The bulk of the research for this book is from secondary sources, in particular the many books which have been written about this era, in which Botha played a prominent role. In addition to the books used, there are also some academic articles, some newspaper articles, as well as some archival material which was used for the research. The book also provides colourless photographs, maps and cartoons, as well as an index. There are no footnotes, but a set of endnotes. The choice of endnotes over footnotes always has the advantage of improving the readability of a text, while still providing a layer of scholarship and credibility. Steyn succeeds in painting a nuanced picture of the former prime minister. The book is by no means a hero-worshipping publication, and the oppression of black South Africans by the Union government forms an important part of the book. It is a fresh appraisal of Botha, but even this bold attempt will, I believe, not stir any long-term interest in the former prime minister.

[1]At the time of the First World War, and for many years thereafter, it was known as The Great War.

[2]James Barry Munnik Hertzog (1866–1942) was a prominent lawyer, Boer general, nationalist politician, founding leader of the National Party and later prime minister of the Union of South Africa.

The post <i>Louis Botha: A man apart</i> by Richard Steyn: a reader's impression appeared first on LitNet.


Kennisgewing: Tweede oproep om referate vir ALV-simposium

$
0
0

 

Datum: 16 Augustus 2019
Plek: Noordwes-Universiteit, Vaaldriehoekkampus, Vanderbijlpark
Tema: Die skok van verrassing!

Met verlede jaar se ALV-kongres op Stellenbosch het die bestuur besluit dit is noodsaaklik dat die momentum van die vereniging se bedrywighede volgehou word deur die kongres met ʼn simposium af te wissel; dus met ʼn kort byeenkoms wat hoofsaaklik daarop toegespits is om aan nuwelinge ʼn forum te bied, veral nagraadse studente en jong akademici.

Ons wil hierdie simposium aanhaak by die kongres van die Letterkundeassosiasie van Suid-Afrika (Lasa, voorheen Saval) wat van 14 – 16 Augustus vanjaar op die NWU se Vaaldriehoekkampus gehou word. Die Lasa-kongres se tema is vernuwing in die letterkunde, en in aansluiting daarby het ons die wekroep vir die ALV-kongres gekry uit N.P. van Wyk Louw se 1961-publikasie Vernuwing in die prosa. Van Wyk Louw het hierin die vernuwing van Sestig geantisipeer deur gewag te maak van ʼn windstilte in die Afrikaanse prosa, oftewel ʼn lang tydperk waarin daar werke gepubliseer is wat kwalik sou sorg vir “die skok van verrassing”. Die ALV het geen rede om te dink dat ons tans so ʼn letterkundige windstilte beleef nie en daarom wil ons Van Wyk Louw se frase omswaai en juis gebruik as ʼn bewusmaking van verandering en vernuwing in die Afrikaanse boekbedryf.

Dit is dalk bloot tyd om ʼn slag stil te staan en te reflekteer op hoe ons letterkunde verander en hoe dit aanpas by, of weerstand bied teen ʼn vinnig veranderende wêreld. Om die gedagtes hieroor te stimuleer gee ons die volgende ondersoekmoontlikhede:

  • Taal en letterkunde – die verbeelding van nuwe idees en alternatiewe wêrelde deur middel van fiksie, drama en poësie, nuwe genres en mengvorme, nuwe of hernude benaderings tot literatuurstudie, die nuansering van die kanon, die Nuwe Materialisme.
  • Bewussyn – anderkant die subjek, intersubjektiwiteit, diskoers, die einde van individualisme.
  • Samelewing – seksuele diversiteit, nuwe lewensvorme, nuwe bestaansmoontlikhede, globalisering, stedelike vernuwing, herwaardering van die plaaslike.
  • Kultuur – moderniteit, postmoderniteit, inheemse kennis, die Nuwe Animisme, kulturele diversiteit.
  • Tegnologie – ontwrigtende tegnologieë, uitdagings in biotegnologie en inligtingstegnologie, groot data, bewaking/dophouding, digitale diktatorskap, posthumanisme en transhumanisme.
  • Politiek – die einde van nasiestate, nuwe regeringsvorme, postkolonialisme, dekolonialiteit.
  • Ekonomie – neoliberalisme, verbruikerskapitalisme en alternatiewe, die verbreding of oorbrugging van die gaping tussen ryk en arm, letterkunde as kommoditeit, groen ekonomie.
  • Ekologie – ekopoësie, petrofiksie, Cli-Fi, klimaatsverandering, klimaatsvlugtelinge, die antroposeen, chthuluseen, wildernisherstel.

Hierdie subtemas is geensins omvattend nie en studente en navorsers kan enige letterkundige onderwerp oorweeg wat verband hou met die oorkoepelende tema.

Sperdatum vir referaatvoorstelle:

Dien asseblief referaatvoorstelle van tussen 200 en 300 woorde teen 1 Junie 2019 in by Ilse de Korte (ilse.dekorte@nwu.ac.za) of Wemar Strydom (wemar.strydom@nwu.ac.za). Daar word voorsiening gemaak vir 30 minute per referaat – 20 minute vir die voordrag en 10 minute vraetyd. Besonderhede oor die simposiumtarief en die betaling daarvan sal aangekondig word.

The post Kennisgewing: Tweede oproep om referate vir ALV-simposium appeared first on LitNet.

Verkiesingsuitslae en kultuurbelange

$
0
0

“Afrikaans,” het die jong meisie in die gehoor gesê, “must be eradicated” en moet vervang word met Swahili. Dit was by die Polokwane Literêre Fees in November laasjaar. Daarna moet Engels uitgeroei word.

Die verkiesingsuitslae, en veral die geweldige groei van die Economic Freedom Fighters (EFF), het my weer aan hierdie voorval laat dink. Terwyl almal glasies klink op Cyril Ramaphosa en praat oor die ekonomie red noudat hy die ANC gered het, kan ’n mens dit nie miskyk nie: die agteruitgang van die enigste werklik veelrassige party, die DA, en die verkiesing se ander groot wenner, die VF+, wat sy aantal LP’s meer as verdubbel het. ’n Mens sal voel jy moet saamstem met Christopher Hope, wat in sy jongste boek, The Café de Move-on Blues skryf oor sy besoek aan Suid-Afrika na dekades in die buiteland: “Race, in the new democratic South Africa, far from being relegated to the past, is now more ubiquitous than it had been in the old days of apartheid.”

Maar is daar werklik ’n polarisering aan die gang? Per slot van rekening is dit duidelik dat die kiesers vir Ramaphosa gestem het in wat ’n mens eweseer ’n volwasse, strategiese besluit deur miljoene kan noem om die mag uit die hande van die staatskapers te hou. So ’n interpretasie word ondersteun deur die horisontale verdeling in die stemme, nadat baie mense nasionaal ANC en provinsiaal DA gestem het.

Daar is egter een syfer wat minder aandag kry: dat die ANC en die EFF gesamentlik 68,29% van die stemme gekry het, net ’n raps minder as die 68,5% van 2014.

Alle aanduidings is daar dat kiesers in hierdie verkiesing “wakker geword het”. Vir die eerste keer het township-bewoners, volgens berigte soos dié van Jonny Steinberg, werklik besef dat die ANC nie hul belange op die hart dra nie en aan die ondenkbare gepeusel: Wat sou gebeur as ons die ANC uitstem?

Verskeie opsies is druk bespreek in sjebeens, taxi’s, toue … en uiteindelik is twee van hulle deur waarskynlik meer as ’n miljoen kiesers gevolg: om hul stembriewe te bederf (235 472), of om nie te stem nie.

Hierdie protesstem word egter verswelg deur daardie gesamentlike 68,29%. ’n Mens moet mooi verstaan wat dit beteken: Na al die kommissies, boeke, onthullings en hofsake het die kiesers weer vir die status quo gestem, vir die twee partye wat betrek is by die ergste vergrype, staatskaping deur die Guptas en die rowery van munisipale fondse deur die VBS Bank.

’n Mens kan redeneer dat ’n stem vir die EFF ook ’n protesstem was, maar waarteen presies sou so ’n protes wees? Die EFF se veldtog was een van wilde beloftes wat niemand kon glo nie, behalwe een, of liewer, een reeks beloftes: om alles te nasionaliseer. Wat die kiesers eintlik gesê het, is dalk eerder iets soos: Staatskaping is nie genoeg nie, julle moes verder gegaan het en die staat omskep het in ’n instrument vir verdere kaping.

Patronaatskap is ’n kenmerk van alle politieke ekonomieë. Die probleem in Suid-Afrika is dat patronaatskap al is wat die oorgrote meerderheid van die bevolking het, en dat dit nou nie net in die vlees van die stelsel is nie, maar in sy murg en been. Onder Ramaphosa is twee uitkomste moontlik: dat die status quo maar net gaan voortduur, met die ineenstorting van die staat tot gevolg, of dat daar ’n werkslagting onder staatsamptenare gaan wees.

In albei gevalle beteken dit hordes meer mense op straat. Die arbeidsaristokrasie wat gaan oorbly, gaan aan hulle poste klou vir al wat hulle werd is, wat weer gaan beteken dat jongmense uitgeskop gaan word. Hulle gaan die reeds reuse-kohort werklose jongmense wat grootgeword het met die idee dat ’n aandeel in die ekonomie hul geboortereg is, verder aanvul.

In hierdie benarde situasie kan die aandrang op nasionalisering net groei. En diegene in die ANC wat nog daaroor twyfel, gaan dit aan die EFF oorlaat om die rol van revolusionêre avant-garde te speel, om die water te toets. Dit het natuurlik reeds gebeur met die veldtog om onteiening sonder vergoeding.

Dit is waar die voorval in Polokwane ter sprake kom. Die meisie het haar stelling teenoor my gemaak tydens ’n onderhoud met ’n radio-omroeper op die verhoog. Ek weet nie of die meisie ’n lid van die EFF is nie, en die gehoor het gunstig gereageer op my vraag aan haar oor watter van die drie dialekte van Swahili sy ingevoer wil hê.

Onderliggend aan al hierdie tendense is ’n groeiende identiteitspolitiek, maar ’n valse een. Verskeie EFF-“denkers” praat van ’n Afrikanistiese ideaal wat ver van realiseerbaar is en kan legitimiteit fabriseer net deur dit in kolonialistiese rasseverband te plaas. En die EFF het gewys hoe om hierdie fabrikasie ’n praktiese inkleding te gee wat swart mense oor alle partygrense heen mobiliseer.

Hierin speel die aversie teen Afrikaans wat so duidelik in sy bastion, Limpopo, blyk, ’n groot rol. EFF-leiers soos Mbuyiseni Ndlozi doen spesiaal ekstra moeite om die Afrika-wortels van Afrikaans te ontken en selfs die naam van Afrikaans as deel van ’n witheid-komplot te sien. Die EFF-resep is eenvoudig dog moorddadig doeltreffend: Gryp enige rasse- of taalvoorval aan vir ’n histeriese veldtog op sosiale media, hits die skares op en trek rasgedrewe politici van ander partye in.

In Schweizer-Reneke het hierdie resep eksieperfeksie gewerk, ’n veldtog wat die DA waarskynlik ’n groot klomp stemme aan die VF+ laat afstaan het weens sy onbeholpenheid om sy jeugleier in Noordwes te repudieer vir sy deelname aan die demonisering van die mooi, jong, weerlose vrou in die middel van alles.

Nasionalisering is nie haalbaar nie, maar die ANC sal moet kom met verdere pseudonasionaliserings, soos die staatsoorname van die Reserwebank, of enkele plase onteien as simboliese stappe om die massas gelukkig te hou. ’n Ander effektiewe pseudonasionalisering is om Afrikaanse skole te dwing om te verengels, en in hierdie opsig is die uitslag in Gauteng ’n terugslag. Panyza Lesufi het as’t ware ’n nuwe mandaat gekry om sy veldtog teen Afrikaans voort te sit.

Die VF+, AfriForum en hul aanhangsels soos Steve Hofmeyr speel natuurlik mooi saam deur ou kolonialistiese vlae rond te swaai, musiekvideo’s van die Gelofte te maak of net Afrikaans te praat in die parlement. Die koeël is deur die kerk – enige stryd om Afrikaans het nou sinoniem met ver-regse nostalgie vir die ou Suid-Afrika geword.

Dit sou egter ’n fout wees om van polarisasie te praat. Eerder van ’n swart mobilisering, ’n Afrikanasionalisme wat Afrikane definieer op grond van hul natuurlike uitsluiting uit ander groeperings, en viktimiserings uit die verlede, soos 16 Junie 1976. Ondersteuners van regse groepe, veral op die platteland, kan nie verkwalik word as hulle eenvoudig ter wille van hul veiligheid op hul beurt laer trek nie, hoe futiel en teenproduktief dit ook al mag wees.

Wat staan ons te doen? Dit is belangrik om daarop te let dat VF+-kiesers nog steeds nie die meerderheid onder wit Afrikaanssprekendes is nie; en nóg belangriker: om te werk aan die afbreek van die fabrikasie dat Afrikaans ’n witmanstaal is. Inisiatiewe soos DAK moet uitgebrei word, met as kardinale faset daarvan ’n fokus op die haglike ekonomiese omstandighede van die meerderheid Afrikaanssprekers. Dit gaan hier nie om Afrikaans nie, maar oor om die land se mens te red.

The post Verkiesingsuitslae en kultuurbelange appeared first on LitNet.

Meesters in aksie in Kunene and the King

$
0
0

Foto’s: Ellie Kurttz (RSC), Claude Barnardo (Fugard-teater)

Die veteraanakteur Jack Morris (Anthony Sher) word met terminale lewerkanker gediagnoseer en die versorgingsoord ken ’n senior verpleegsuster toe om na hom om te sien. Hy verwag ’n jong vroulike “suster Koen”, en met die intrapslag is die feit dat sy versorger nou suster Lunga Kunene (John Kani) manlik en boonop swart is, ’n groot struikelblok vir dié selfvoldane ouer wit man.

Hy erken wel dat die vrees vir kanker ’n krag is wat uit die middel van die aarde uitskeur – dat dit só groot en só oeroud is.

Jack leer die sinne van sy volgende vertoning as King Lear en so saam-saam werk hulle deur die teks. Deur Lunga se oë kry die teks nuwe betekenis vir Jack en ook vir Lunga, wat dit met groot waardering uit sy kinderjare onthou, maar vir wie dit ’n heeltemal ander betekenis gehad het omdat hy as onderdrukte in ’n apartheidsbestel grootgeword het.

Voor die aanvang van die produksie lees ek John Kani se nota in die program. Hy vertel dat sy eerste ontmoeting met Shakespeare in 1959 was toe sy onderwyser, mnr Budaza, in die klaskamer ingestap het en Julius Caesar (vertaal in Xhosa deur WB Mdledle) voorgestel het. Hy beskryf daardie oomblik “asof die kennis-rewolusie in ons lewens ingekom het”. En hoewel die destydse apartheidregering ander bedoelings as bemagtiging gehad deur dié werk in skole toe te laat, het hul onderwyser hulle oortuig dat Caeser sal val soos die Afrikaner-diktators wat apartheid dryf.

Hy vertel voorts dat hy 51 jaar oud was toe hy die eerste maal kon stem in 1994. Hy erken dat hy met 51 jaar se apartheidnagmerries saamleef, “altyd aan die weghardloop of vallende in die reuse gat. Wat my pyn draagliker maak, is die herinneringe aan daardie Shakespeare-sonnette wat ek in die 1950’s geleer het. Nou weet ek wat daardie sonnette beteken”.

Hy verduidelik dat Othello, Claudius in Hamlet, en Caliban in The Tempest van sy hoogtepunt-rolle was om as akteur te vertolk en met die skryf van Kunene and the King hy weer in sy ou vriend, Shakespeare, se geselskap is.

Janice Honeyman sê in haar regisseursnota dat die toneelstuk uit baie skaafwerk tot “ tot dit uiteindelik hergebore is as oorspronklike en outentieke storie van twee ou mans”.

Sy sê tydens repetisie het hulle baie fasette van moeilike verhoudings ontgin en John het ’n stuk geskep wat die “politiek, rassistiese vooroordele van mense met verskillende agtergrond, ons pynlike geskiedenis, die uitwerking van verslawing, vernedering, kulture kontras en menslike konflik reflekteer, maar dat die fyn draadjie wat alles verenig, Shakespeare is”.

Die toneelstuk se tydsberekening is puik: met die verkiesing vandeesweek is die geykte stereotipiese gesprekke langs die kleur- en kultuurlyn van “ons” en “hulle” weer in die voorgrond. Die aannames wat die verskillende rasgroepe in Suid-Afrika oor mekaar maak, lyk belaglik in die twee volwasse manskarakters se monde. Jy hoor die gehoor se proesslag gereeld en besef dan hoe skuldig ons almal aan daardie aannames of verwere is.

Dis 25 jaar sedert Suid-Afrika se eerste demokratiese verkiesing. ’n Kwarteeu waarin die wonde van baie dekades moet begin genees. Of só glo diegene dalk wat nie met wonde saamleef nie.

As iemand wat versot is op teater en die gesprekvonkies wat dit laat spat, wat soms groot brande veroorsaak wat die land suiwer, kan jy nie anders as om iewers tydens die vertoning net in absolute oorweldigende dankbaarheid te sit en besef dat jy in die teenwoordigheid van grootsheid is nie: om John Kani, akteur, aktivis en teksskrywer saam met Sir Anthony Sher (The Tempest, The Fugard Theatre se produksie van Broken Glass, die Royal Shakespeare Company (RSC) se produksie van King Lear (2016 & 2018) en Death of a Salesman op die verhoog te sien en in die regisseurstoel sit Janice Honeyman (The Tempest, …Missing, Nothing But The Truth, Hello and Goodbye, The Fugard Theatre se produksie van The Mother), is veteraan-teater op sy beste.

Hoe hulle met die teks omgaan, dat jy vir die duur van die produksie in hul wêreld en debatte verlore raak, kort-kort in jou kop wil deelneem aan die gesprek tussen hulle, is ware teater-vreugde. Behalwe dat John Kani Apartheid eerstehands e rvaar het en daarom met soveel insig daaroor kan skryf, is hy ’n uitstaande akteur en bring hy nie net jare se teaterervaring na die verhoog nie, maar ook lewensperspektief. Hy sê op een plek vir Jack dat “witmense vir Mandela gestem het om beskerming teen swartmense te verkry. Swartmense het vir Mandela gestem vir ’n beter lewe. Jy het jou beskerming gekry, maar ek het nie my beter lewe gekry nie”.

Sy verhaal is een van verlore geleenthede; sy drome om dokter te word, is destyds in die wiele gery deur die opstande en beperkinge van Apartheid. Jack se ervaring van dieselfde tydperk in ons geskiedenis was meer een van “goeie tye” en op daardie twee uiteenlopende, maar gedeelde geskiedenis, word hul aweregse vriendskap gebou.

Die stuk is beide teatergenot - om veterane met hul skerp instink en ondervinding te sien omgaan -  sowel as tyd vir oordenking en introspeksie. Die kruisie wat jy op 8 Mei getrek het kry nuwe betekenis en die besef van daardie kruisie se mag, word weer beklemtoon.

  • Die toneelstuk het sy wêreldpremiere by die Royal Shakespeare Company (RSC) se Swan-teater in Stratford-upon-Avon in Engeland gehad. Kunene and the King is ’n ko-produksie tussen RSC en die Fugard.

Kunene and the King

Met John Kani, Anthony Sher

Deur: John Kani

Regie: Janice Honeyman

Musikant op die verhoog: Lungiswa Plaatjies

Stel-ontwerp: Gerhard Morkel en Carl Gersbach

Die Fugardteater, Harringtonstraat, Kaapstad.

Tot 25 Mei 2019

Kaartjies aanlyn by www.thefugard.com of by die Fugardteater se kaartjieskantoor by 021 461 4554.

The post Meesters in aksie in <em>Kunene and the King</em> appeared first on LitNet.

The Goat, or Who is Sylvia? laat jou jou morele waardes bevraagteken

$
0
0

Jennifer Steyn, Sihle Mnqwazana en Lionel Newton (foto: Oscar O'Ryan)

 

Die dramaturg, Edward Albee, wat al drie maal die Pulitzerprys gewen het, se The Goat, or Who is Sylvia?, kry ’n Suid-Afrikaanse aanslag in dié Baxter-produksie.

Die teks lyk op die oog af eenvoudig: ’n middeljarige man met ’n vrou en tienerseun raak verlief op ’n bok. Hy deel dié nuus met sy beste vriend, wat dit op sy beurt in ’n brief aan dié vriend se vrou meedeel.

In die rolverdeling is Lionel Newton (Martin die argitek), Jennifer Steyn (Stevie die huisvrou), Paul Savage (Ross die vriend) en Sihle Mnqwazana (Billy die tienerseun).

Tot ek die program onder oë gehad het en toe die kennisgewing by die teaterdeur sien, wat waarsku dat die toneelstuk uitlokkend, uitdagend en skokkend is, het ek nie besef hoe diepliggend hierdie familiedrama is nie. Selfs aan die begin van die toneelstuk is daar vlymskerp humor, waarvoor die gehoor telkemale skaterlag en mens kan glo dat die hele gedoente met die liefde vir ’n bok, sommer ’n geskerts is en dat almal die volgende oggend gaan ontwaak en dit was alles net ’n droom.

Maar dit is nie.

’n Suksesvolle argitek met die wêreld aan sy voete, raak líéf vir ’n bok. Só verblind is hy deur sy liefde, dat hy deurgaans eers vir sy beste vriend en toe vir sy geliefde vrou met groot oortuiging vertel dat die bok net so lief is vir hom en dat dit wat hulle het, spesiaal is.

Die feit dat dit bestialiteit is wat hom nie alleen sy werk, aansien en vriende kan kos nie, maar ook boonop strafbaar is, blyk hom heeltemal te ontgaan in sy “edele” liefde vir die bok.

Die toneelstuk laat voel jou 90 minute later of jy deur ’n lang wasmasjiensiklus is. En nie op die delikate-stelling nie.

Eers is daar die pragtige verhouding tussen Martin en Stevie, wat jou met ’n vertroostende warmte laat. Hul humor en verstandhouding as egpaar is ’n uitstaande eienskap. Hul 17-jarige seun is gay en hulle omarm hierdie reis met hom.

Dan kom Martin se bekentenis dat hy ’n seksuele verhouding met Sylvia het en natuurlik dat sy ’n bok is. Vir ’n rukkie huiwer jy voor die afgrond in ongeloof: hy gaan nou enige oomblik erken dis sommer lawwigheid en dit gaan lekker ’n braaivleisstorie word.

Sy vrou se lang, stadige ineenstorting terwyl hy die volle verhaal van sy liefde aan haar blootlê, laat jou maag draai. Die vertedering op haar gesig van die stuk se eerste gedeelte, maak plek vir verslaentheid en afsku. Haar man het haar vernietig, haar vertroue geskend en ’n huwelik so volmaak as kan kom, vir die varke - of bokooi?- gegooi.

Die viermanskap staan onder regisseurskap van Fleur du Cap-wenner as beste nuwe regisseur, Mdu Kweyama wat ook Reza de Wet se Missing en Woza Albert! behartig het. Hy bedank die akteurs en kreatiewe span, wat hom meegehelp het om die storie “op hierdie oomblik, in Suid-Afrika, te vertel”, in die program.

Hy noem ook dat ryk teks en ongelooflike gebeure wat in die stuk ontvou, hom onmiddellik aangetrek het, want dit is boonop meesterlik deur een van Amerika se voorste dramaturge geskryf.

Lees jy op oor die skrywer én die toneelstuk sedert dit in 2002 op Broadway geopen het - en onder meer al ’n Tony-toekenning vir beste toneelstuk gewen het - staan die akteurs wat die rolle die afgelope bykans 20 jaar vertolk het, se ervaring en vaardigheid veral uit. In die rol van Martin was Bill Pullman, later Bill Irwin en Jonathan Pryce in die Broadway en West End speelvakke. Stevie is onder meer deur Mercedes Ruehl, Sally Field en Katy Fahy vertolk. Met 309 vertonings op Broadway in 2002 alleen, was dit een van dié vertonings wat jy moes sien.

Behalwe die Tony, het dit ook Drama Desk-toekenning vir uitstaande toneelstuk gewen en was dit ’n finalis vir die Pulitzerprys vir Drama in 2003.

En in Suid-Afrika spreek Lionel Newton en Jennifer Steyn se loopbane vir hulself. Behalwe jare se ondervinding, is hulle ook die ontvangers van verskeie teaterpryse.

Aan die einde van die toneelstuk is jy half deel van die tragedie wat op die verhoog afgespeel het en voel jou gemoed so deurmekaar soos die leefvertrek wat Stevie stadig maar seker aan flarde geskeur, geruk en gebreek het. Tussen die potskerwe, verflenterde kunswerke en hout kuns-installasie wat oral gestrooi lê, lê jou gedagtes en gevoelens.

Ek het iewers gelees dat Albee bekend was dat sy werke die Amerikaanse droom van 2.5 kinders, die wit heining en een hond, kritiseer, maar hierdie is kritiek op ’n heel ander vlak.

Dit het ons laat praat - in die motor, later oor ’n glas whisky, tot laat in die nag. Mens betwyfel en beredeneer jou morele standaarde, wát aan die toneelstuk jou die meeste ontstel óf onthuts óf omgekrap het. En eers met nabetragting kom soveel dinge by jou op: die feit dat sy vriend heel gewillig was om in sy geheim van ontrouheid te deel, terwyl hy geglo het Sylvia is ’n ander vrou, of Martin wat die familie aan flarde skeur met sy seksuele verhouding met ’n dier, maar in ’n oomblik van woede sy seun se gayleefstyl verneder.

Watter oortreding is groter as die ander?

Ek het weer in absolute verwondering na Jennifer Steyn se spel gekyk. Haar veelsydigheid as aktrise is verstommend. Haar spel in The Inconvenience of Wings en A Dolls House het my dae ná die vertoning nog met dele van haar dialoog in my kop laat worstel.

Hierdie toneelstuk is beslis nie vir sensitiewe kykers nie, maar soos die Baxter-bestuur in die program dit stel, “beslis ’n besoek aan die teater werd”.

Ek hou van teater wat my oortuiginge uitdaag, wat my regtig diepe introspeksie laat doen oor wat ek as reg en verkeerd beskou en hoekom ek dit só beskou. In daardie geval was hierdie dus beslis ’n besoek aan die teater werd.

My enigste ware kritiek jeens die toneelstuk is Mdu se keuse van Paul Savage en Sihle Mnqwazana in die rolle as onderskeidelik die beste vriend en jong seun. Paul was nie oortuigend nie en Sihle het die aandag te veel op hom gevestig deur amper groter as die rol te probeer speel, en soms effe lighartig oorgekom, wat my konsentrasie verbreek en my innerlike wroeging verwar het. So half asof hy ook gedink het dis eintlik ’n komedie dié.

The Goat, or Who is Sylvia?

Met: Lionel Newton, Jennifer Steyn, Paul Savage, Sihle Mnqwazana

Deur: Edward Albee

Regie: Mdu Kweyama

Musiek: Robert Jeffery

Kostuums: Marisa Steenkamp

Stel-ontwerp en beligting: Patrick Curtis

Ouderdomsbeperking: geen onder 16 en ouerleiding aanbeveel.

Die Baxter Golden Arrow-ateljee, Rondebosch, Kaapstad.

Tot 18 Mei 2019

Kaartjies deur Webtickets of uitgesoekte Pick n Pay-takke.

The post <em>The Goat, or Who is Sylvia?</em> laat jou jou morele waardes bevraagteken appeared first on LitNet.

Bekendstellings van Loftus Marais se derde digbundel

$
0
0

Pretoria

In gesprek met Bibi Slippers

PLEK: UPPERcase Boekwinkel, Central Square, Menlyn Maine, h/v Aramist- & Corobaylaan, Waterkloof Glen

DATUM: Donderdag, 30 Mei

TYD: 18:00 vir 18:30

RSVP: john@uppercasebooks.co.za of 012 348 1835

Johannesburg

In gesprek met Karen de Wet

PLEK: Dunkelder Onafhanklike Teater, Kentstraat 63, Dunkeld

DATUM: Vrydag, 31 Mei

TYD: 18:00 vir 18:30

RSVP: rsvp@nb.co.za

Kaapstad

In gesprek met Tertius Kapp

PLEK: The Book Lounge, Roelandstraat 71

DATUM: Donderdag, 6 Junie

TYD: 17:30 vir 18:00

RSVP: booklounge@gmail.com of 021 462 2425

 

 

 

 

The post Bekendstellings van Loftus Marais se derde digbundel appeared first on LitNet.

Press release: Hit musical, Ordinary Days, at the Baxter for one week only from 20 to 25 May

$
0
0

Josie Piers and Kirsten Murphy Rossiter (Photo: Daniel Rutland Manners)

Hot on the heels of its success when it premiered at the Baxter earlier this year, Adam Gwon’s hit musical Ordinary Days returns to the Baxter Flipside for limited one-week only season from 21 to 25 May at 8pm with a matinee on Saturday, 25 May at 4pm.

Presented by Square Pegged Productions, it is a funny, fresh and modern story, about two women and two men who navigate their relationships against the backdrop of vibrant New York City. The story will touch the hearts of audiences with its beautiful storytelling and they search for love, success and happiness. 

Byron Bure directs the ensemble of four comprising seasoned musical performers Kirsten Murphy Rossiter (West Side Story, Jersey Boys, Grease)as Claire, Kenneth Meyer (Matilda, Singing in The Rain, Jersey Boys)as Jason, Josie Piers as Debs (We Will Rock You, Hairspray)and Logan Timbre (Matilda, West Side Story, Priscilla Queen Of The Desert)as Warren. The musical is sung acoustically with piano accompaniment by Kevin Kim.

 Weekend Special described it as “A remarkably refreshing, poignantly honest contemporary musical. This production’s success lies in Byron Bure’s intelligent direction of the cast, as well as their intuitive characterisations.” 

"Ordinary Days has been one of my favourite musicals of all time,” says director Bure. “The music and lyrics speak so easily to me. The show takes us on an inspirational feel-good and emotional journey.”

 The young director has established his own Drama, Musical Theatre and Dance Academy, called Bure Academy of Theatre Arts, which is situated in Gardens. Before that he taught at the Waterfront Theatre School for two years, where he also obtained his Licentiate in both Drama and Musical Theatre, his Licentiate Teaching Diploma and a postgraduate course in Stage Directing. He won Best Musical Theatre Actor in his third year and was honoured with the Most Outstanding Student award in his final year.

Bure has performed in numerous productions which include Godspell, Hairspray, Preeoudly Seeouff Effriken, A Chorus Line, The Yellow Wood (at the National Arts Festival, Grahamstown), Footloose and Othello before co-writing and starring in the touring show, The Regulars

He made directing debut with Jason D. Martin’s Dying Light,at the Galloway Theatre in Cape Town and which toured to The National Arts Festival and it has since been performed in the Afrikaans translation, Donker Lig at The Klein Libertas Theatre and Die Pierneef Theatre. Other directorial works include Doctor Godenstein’s Manand the national tour of the musical, Rent,before taking on the role as assistant director for The Wizard of Ozat Artscape Theatre.

Square Pegged productions was established in November last year by Byron Bure, Kirsten Murphy Rossiter, and Josie Piers, all three graduates of The Waterfront Theatre School, with the vision of bringing bring new, fresh and perhaps little known shows to audiences, to celebrate the unusual and in a sense, the underdog. They hope to unfold many more exciting projects but firstly, they hope to capture hearts with Ordinary Days, their debut show.

Ordinary Days runs at the Baxter Flipside for one week only from 21 to 25 May, at 8pm nightly and a matinee on 25 May at 4pm. Ticket prices are R80 for the preview on Monday, 20 May, R120 (Tuesday, Wednesday and the matinee) and R150 (Thursday to Saturday).

Booking is now open at Webtickets on 086 111 0005, online at www.webtickets.co.za or from selected Pick n Pay stores. 

The post Press release: Hit musical, <i>Ordinary Days</i>, at the Baxter for one week only from 20 to 25 May appeared first on LitNet.

Stad vol ballonnen: burgemeestersvrouw over rouw en afscheid

$
0
0

In het voorjaar van 2017 brengt de burgemeester van Amsterdam, Eberhard van der Laan, het schokkende nieuws naar buiten dat hij ongeneeslijk ziek is. Zeker is dat hij zal overlijden, maar hij zet zijn werk voort tot het echt niet meer gaat.

Die zomer is de burgemeester te gast in het programma Zomergasten. Een indrukwekkende aflevering waarbij de kijker beseft dat dit het laatste grote televisieoptreden is van deze politicus.

Prachtige brief

Uiteindelijk legt hij in september zijn taken allemaal neer. Hij doet dit in een prachtige brief:

Het was een groot voorrecht burgemeester te zijn van de mooiste en liefste stad van de wereld. Ik dank u voor het in mij gestelde vertrouwen, voor uw betrokkenheid en voor alle steun en tegenspraak die ik de afgelopen zeven jaren van u heb gekregen.

Hij eindigt zijn brief met de wens goed voor de stad en voor elkaar te zorgen. Na de bekendmaking van de brief gaan veel Amsterdammers naar de ambtswoning aan de Herengracht en geven een applaus als dank en eer aan hun burgervader. Een maand na de brief overlijdt Eberhard van der Laan op 62-jarige leeftijd. Hij laat een vrouw en 5 kinderen achter.

Erehaag van bloemen en knuffels

De erehaag van bloemen en knuffels blijft lang bij huis. Dat schrijft zijn vrouw Femke na zijn overlijden in haar column. Wekelijks publiceert ze voor de Amsterdamse krant Het Parool over haar ervaringen na de dood van haar man.

Ze begint ermee op het moment dat het gezin de ambtswoning moet verlaten en verderop in de stad gaat wonen. Dat is 3 maanden na het overlijden van Eberhard van der Laan.

Het is een moeilijke periode waar Femke wekelijks verslag doet van haar ervaringen. Het gaat over rouw, herinneren en de angst ook om de herinneringen los te laten. Het jaar dat Femke deze column schrijft is nu gebundeld in het boekje Stad vol ballonnen, Een jaar van rouw. De 51 korte stukjes vormen samen het aangrijpende verhaal van een gezin in rouw.

Missen

Vooral het missen van Eberhard is heftig. Niet alleen haar man is overleden, er is ook stukje van haarzelf verdwenen constateert ze in een column.

Nu ben ik niet langer Eberhards vrouw en daarmee is het zoms net alsof ik iets kenmerkends van mezelf ben kwijtgeraakt. Alsof ik opeens geen blauwe ogen meer zou hebben. ALsof ik opeens niet meer eigenwijs zou zijn. Iets wat je altijd was - eigenwijs, blauwogig, iemands vrouw - is weg. Met het overlijden van Eberhard is er een stuk van Femke verdwenen. (21/22)

Femke schrijft over haarzelf en de 3 kinderen die ze samen met haar man heeft. De 2 oudere kinderen komen uit een eerder huwelijk van de burgemeester. Ze schrijft zonder gene over haar verdriet, maar ook over haar bijzondere relatie met haar man. Daarmee ontstaat het verhaal van rouw. Net als zoveel stadsgenoten dragen ze dit verdriet bij zich. Het is alsof iedereen ballon bij zich draagt aan een touwtje, schrijft ze.

Al die herinneringen die zo aanwezig zijn dat ze wel zichtbaar moeten zijn. Als een grote ballon die met een touwtje om mijn pols vastzit. Eentje die ik overal mee naartoe sleep. (111)

Het is de kracht van de korte stukjes die Femke schrijft. Ze schrijft heel beeldend en weet soms ijzersterke beelden op te roepen met haar bijdrages. Soms word je er als lezer helemaal stil van. Ze leggen de vinger dan precies op de zere plek. Datgene dat je als buitenstaander niet durft te benoemen en waar je juist niet naar durft te vragen. Het zijn wel de dingen die je zou willen weten.

Draad oppakken

Geleidelijk pakt het gezin Van der Laan de draad weer op. Met alle bijbehorende "ups and downs". Dat laat het boek met 51 bijdrages vooral zien. Is er eigenlijk wel een eindpunt van rouw? De verteller vergelijkt het in 1 van haar laatste bijdrages wel met het varen naar de overkant. Vanaf de overkant kun je ook goed de kant zien waar je vandaan komt.

Femke trekt mooie vergelijkingen, maar ze laat meteen ook zien dat rouw niet te sturen is. De ene column is meer beschouwend van aard, terwijl de andere de harde werkelijkheid presenteert. Die laatste soort columns zijn meteen de meest intense. Ze komen bij je binnen en raken je.

Daarmee is Stad vol ballonnen een mooi boek over rouw. Dat het hier om de vorige burgemeester van Amsterdam gaat, verbindt en raakt je daarom misschien nog meer.

Femke van der Laan: Stad vol ballonnen, Een jaar van rouw. Amsterdam: Uitgeverij Nieuw Amsterdam, 2019. ISBN 978 90 468 2570. Prijs: € 15,00.

The post <em>Stad vol ballonnen</em>: burgemeestersvrouw over rouw en afscheid appeared first on LitNet.


A person my colour – love, adoption and parenting while white by Martina Dahlmanns: a review

$
0
0

A person my colour – love, adoption and parenting while white
Martina Dahlmanns
Publisher: Modjaji Books
ISBN: 9781928215639

I found A person my colour to be a surprisingly enjoyable read. Anyone who has read and enjoyed Marianne Thamm’s delightful Hitler, Verwoerd, Mandela and me should consider reading this text by Martina Dahlmanns, as well.

I admit that I took to this book with some trepidation. I, too, have adopted black kids. Frankly, they are kids to me. Whiteness and blackness only become issues when we have to choose bedding and paint for their rooms. Both have an odd black and white preference in these matters.

Be warned: the book’s bumbling introduction increased my doubt. Skip it. Jump straight into the first chapter. That first story immediately grabbed me, and the joy lasted to the end.

Dahlmanns simply tells stories; she does not ever preach or try to convince the reader of anything.

Her first story starts under a table in a German camp during the Second World War. It is so vivid, the reader can observe the environment and the fear of the little boy hiding there. Dahlmanns mixes the stories of her past with those of her present. She describes her mother as a “magical storyteller from 1 001 nights”, but may pat herself on the shoulder: this book holds magic, as well; the reader is immediately absorbed. Narratives of sex with former boyfriends are brutally honest; the story of falling in love with the man she has settled down with, is understated and charming. Then, there are the stories of adopting, of holding the little bundles of joy for the first time. I think any parent would be able to relate, even more so if adoption has been part of their own story.

Yet, the truly fascinating part of this book actually starts when Dahlmanns joins a group trying to deal with culture, race and privilege in a country as divided as ours. There, she meets Tumi Jonas-Mpofu, a young, angry black woman from the “wrong” side of town. The two become friends. Their road to friendship is not an easy one, but the stories they tell are beautiful. Both tell their stories in the book. Jonas-Mpofu shares much less, but her sharp, insightful looks into the lives of her privileged friends are wonderful. It is a black and white book, after all. It is also a book about privilege that many of us are not even aware of. While close friends need to sell essential items for food, we worry about keeping our wines cool. This is South Africa, one of the most unequal countries in the world, and we need to understand what is happening a few kilometres down the road, where “the others” live.

Not all the stories are easy. Some stories are fun; some are sad. Many of these stories I could relate to, some I could not; but I could appreciate each of them. Take, for instance, the story of Jonas-Mpofu having to pass herself off as a domestic in order not to be harassed in the white suburbs. Black domestics are okay and understood, but black women wanting to visit white friends? Eish, no.

On the back cover, Pumla Gobodo-Madikizela has written: “If you are tired of hearing about ‘whiteness’, and if you think racism exists in the hearts of evil others, or if you believe that having a black friend unshackles you from racism’s hold, I dare you to read this book.”

I could not agree more.

Gobodo-Madikizela also points out that “Martina Dahlmanns’s deeply personal narrative” is the backbone of this book, and that the dialogue with Tumi Jonas-Mpofu “reveals so much of what’s possible”. Indeed.

I liked the stories and I loved this book. The stories challenged me. They made me want to reread the book for the gems hidden in between these pages.

A person my colour is by no means easy, but it is important. Apart from the ill-conceived introduction, which ought to have been a reflection at the end, the narrative is stylish and gripping.

Buy the book, skip the intro and challenge yourself. We need stories like this to be told. I highly recommend this joyful read.

The post <i>A person my colour – love, adoption and parenting while white</i> by Martina Dahlmanns: a review appeared first on LitNet.

Afrikaans: my boek sonder einde

$
0
0

......................

“Ek het nie geweet hoe divers die taal is nie en dat ek
deel van Afrikaans se diversiteit is nie.”

......................

Tien jaar gelede het ek nie kon droom ek sou Afrikaans studeer nie. Wat nog van ’n beroep in Afrikaans, of Afrikaans as beroep. Ek wou ’n dokter word, of ’n iets.

Maar Afrikaans was ’n passie wat stadig ontwikkel het, ’n liefde wat oor jare gegroei het en toe nie wou weg nie. Op ’n dag het ek net geweet dis vir keeps. Dis wie ek is, dis die taal wat my gevorm het, die taal waarin ek kon groei, die taal wat in my kom groei het en waarin die diepste van my herinneringe keer op keer ’n lewe kry.

Carlien Hendricks (bo links)

Ek het grootgeword in Bishop Lavis, in Afrikaans, met Afrikaans. Hiermee bedoel ek nie net dat ek dit praat of dat dit my huistaal is nie. Ek bedoel dat dit altyd deel van my was, deel van my lewe, van wie ek is. Dis so deel soos die tye toe ons nie kon wag vir M-Net nie, vir Egoli. Ek is te jonk om te weet of ek dit gekyk het, maar ek onthou die saamsit met my familie voor die televisiestel. Soos 7de laan nou. Ons familietyd.

Movies soos Fiela se kind. Biblioteek toe met my ma en antie. Afrikaans was daar in die stories langs die pad en in die winkel. My ervaring in Afrikaans loop diep.

......................

“Tien jaar gelede het ek nie kon droom ek sou Afrikaans studeer nie.
Wat nog van ’n beroep in Afrikaans, of Afrikaans as beroep.”
......................

In graad 7 word ek toe gekies om my laerskool in ’n leeskompetisie te verteenwoordig. Ek moes Engels lees en my klasmaat Afrikaans. Toe ek daar kom, slaan die verhoogvrees my vir ’n tien. Ek lees Afrikaans, het ek besluit. Dis waar ek tuis is, waar ek hoort. Stage fright in my tweede taal was die ergste ding wat my al oorgekom het. Ek en my klasmaat het uiteindelik albei in Afrikaans voorgelees.

Afrikaans was nie altyd vir my so belangrik soos nou nie. Ek het nie geweet hoe divers die taal is nie en dat ek deel van Afrikaans se diversiteit is nie. Ek besef nou eers dat dit is wie ek is. Toe ek op hoërskool was, het ons Sutherland besoek. Die mense was so gemaklik met ons, het so maklik op ons Afrikaans in hulle Afrikaans gereageer. Ek het onthou hoe lekker dit was om op ’n vreemde plek in my eie taal met ander mense te praat.

My ervaring met Afrikaans is soos ’n reis vol avonture, soos ’n storie wat al hoe meer ontvou, ’n boek sonder einde. Ek verwonder my aan al die nuwe woorde wat geskep word, aan mense wat hul stories op hulle manier vertel. Dit is vir my die merkwaardigste van ons taal. Hoe dit van sprekers storievertellers maak. Dít het ek hier op universiteit kom leer, die afgelope vier jaar wat ek Afrikaans studeer: die mense om my wat nie soos ek klink of praat nie, maar ek leer hul storie ken. Nooit in my vroeër jare, op skool of toe ek grootword, het ek geweet dat hier so baie mense in dieselfde land is wat een taal praat, maar op soveel verskillende maniere nie.

......................

“Ek sien en hoor hoe mense lééf in die Afrikaanse variëteite wat hulle praat.”

......................

Hoe kan ’n mens dan glo dat só ’n veelkleurige taal sommer so kan verdwyn? Vir my kan dit nooit waar wees dat Afrikaans aan die uitsterf is nie. Ek hoor en sien hoe mense dit al hoe meer gebruik, al hoe meer studeer. En dat hulle, soos ek, trots is op hul Afrikaans.

Ek was altyd ’n leser, maar op hoërskool het ek al minder begin lees. Die tegnologie het my lewe kom oorheers. Maar daar was altyd ’n koerant of ’n tydskrif in ons huis, Afrikaanse leesgoed. Hier om my maak mense hul kinders in Engels groot, al is hul huistaal Afrikaans. Ek verstaan dit nie, maar ek bewonder mense wat hul huistaal met trots praat. Vir my is Afrikaans deel van my herkoms, en ’n belangrike deel van my lewe.

As dit nie vir my graad 12-Arikaansonderwyser was nie, was dit seker maar vir my net nog ’n taal. ’n Taal wat ek kon praat en klaar. En nou, as ’n aspirantnavorser in Afrikaans, veral die Afrikaanse taalkunde, verwonder ek my aan hoe die taal en al sy verskillende vorme oor tyd heen verander. Die mooi wanneer ’n woord geskep word uit enigiets en betekenis kry. Soos ons doen in die gebied waar ek woon en grootgeword het en alles wat ons is in Kaaps uitdruk. Ek sien en hoor hoe mense lééf in die Afrikaanse variëteite wat hulle praat.

Carlien Hendricks is ’n honneursstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland

The post Afrikaans: my boek sonder einde appeared first on LitNet.

Totsiens, Naomi Bruwer!

$
0
0

Verteenwoordigers van die uitgebreide LitNet-familie het vandeesweek in die Stellenbosch Hotel afskeid geneem van Naomi Bruwer, wat by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal aansluit. Kloksgewys van links: Mégan Otto en Lize Vorster van Moore Stephens-rekenmeesters, LitNet Akademies-direksielid Jos Floor, Naomi Bruwer, Etienne van Heerden, Pieter de Villiers (Redakteur: LitNet Akademies Godsdienswetenskappe), Francis Galloway (Redakteur: LitNet Akademies Geesteswetenskappe), Chris Brunette (Redakteur: Spesiale Projekte), Naomi Meyer en Menán van Heerden (Inhoudsbestuurders) en Marli van Eeden (Assistent-inhoudsbestuurder).

The post Totsiens, Naomi Bruwer! appeared first on LitNet.

Koebaai allerbeste onvolprese Naomi

$
0
0

Ola senorita

Hierdie is jou laaste week by LitNet.

En hierdie is die laaste rubriek van my wat jy sal versorg. Ek skryf dit met ’n swaar hart. Al het ons mekaar by tye die harnas ingejaag, het ek altyd geweet ek kan jou vertrou om met absolute integriteit en profesionaliteit op te tree. Altyd.

Foto: Izak de Vries

Ek weet jy sou hierdie in privaat wou sien, eerder as iets wat vir publikasie aangebied word. Jou werk het feitlik altyd agter die skerms gebeur, en ek dink LitNet se lesers verdien om ten minste te weet wie jy is. Dis ook hoekom ek self die foto kies. Jy’s hopeloos te modest om daarmee vertrou te word.

Ek het probeer uitwerk waar en wanneer ons mekaar ontmoet het, en ek moet tot my skande erken ek kan nie onthou nie. PEN Afrikaans was jou beste raaiskoot toe ek jou vra – want jy is mos die institutional geheue. My eerste LitNet-skryfsel is in 2014 geplaas, so dis iewers voor dit. Vyf jaar dat ons saamwerk. Klompie sakke sout. Ek onthou geleenthede dat ek laataand rubrieke ingestuur het, veral na verkiesings en staatsredes, en jy was altyd gereed om laatnag te werk om seker te maak dit kom vars en keurig versorg by die leser uit. Ek twyfel of LitNet-lesers besef hoeveel bloed, sweet en trane jy ingesit het.

Ek kan nie een keer onthou dat jy my laat verstaan het jy werk eintlik kantoorure nie. Dit sou maklik wees om te praat van jou in terme van werksetiek en toegewydheid, deeglikheid en bowenal professionaliteit. Maklik, maar dit sal jou mensch-wees in al jou kompleksiteit misken.

Dis die einde van ’n era, jou weggaan. Vir my was jy nog altyd die hartklop by LitNet.

Die dag in Maart toe jy my laat weet het jy gaan weg, het ek jou gelukgewens en gesê hoe bly ek vir jou is.

Ek het gelieg.

Een slag toe ek baie klein was, wou ek met my broer en sy maats speel. Hulle was besig om karate-skoppe te oefen. Lang storie kort, ek was nie baie welkom nie, maar die dreigement dat ek my ma gaan sê hy los my alleen, het gemaak dat hulle my laat saamspeel. Toe skop een van die seuns my wind uit. Daai gevoel van snak na asem, met jou mond wyd oop maar daar kom nie genoeg suurstof in jou longe nie – dis bietjie hoe ek gevoel het toe ek hoor jy gaan weg.

Die meeste mense wat jou net van LitNet ken, sal jou ken as die rooikop met die kamera wat elke liewe boekbekendstelling en Woordfees-aanbieding en taalgeleentheid bywoon en foto’s plaas. Op jou stil manier doen jy waarskynlik meer om ’n liefde vir Afrikaans in al sy fasette te bevorder as al die ander wat skryf en sing en tekere gaan oor die taal.

Ek is gelukkig genoeg om ook die after hours Naomi te ken – die welbelese, sensitiewe, kunstige vrou met die vlymskerp sin vir humor, die dromer wat nie net hoop vir ’n beter toekoms nie maar aktief daaraan werk. Die vriendin wat lojaal is selfs wanneer dit ten koste van jouself is.

So, vandag kan ek net my waardering uitspreek. Jy is amazing. Plus ek kan met ’n rein gemoed jou alles van die beste toewens in jou nuwe loopbaan.

Lee Ann Womack het ’n klompie jare terug ’n liedjie gesing: “I hope you dance”.

Dit begin so:

I hope you never lose your sense of wonder,
you get your fill to eat but always keep that hunger,
may you never take one single breath for granted,
God forbid love ever leave you empty handed,
I hope you still feel small when you stand beside the ocean,
whenever one door closes I hope one more opens,
Promise me that you’ll give faith a fighting chance,
and when you get the choice to sit it out or dance,
I hope you dance.

Dis my wens vir jou. Mag jy altyd vreugde kies. En so elke nou en dan jouself eerste stel.

Met baie liefde

B

The post Koebaai allerbeste onvolprese Naomi appeared first on LitNet.

LitNet Akademies-resensie-essay: Bill Henderson se Afrikaanse vertaling van antieke Griekse poësie

$
0
0

Die geleerde digter: Antieke Griekse pastorale en epigrammatiese poësie
WJ Henderson
Imprimatur
ISBN: 978-0-633-99219-0-7, 978-0-6399219-1-4, 978-0-6399219-1-4, 978-0-6399219-2-1 978-0-6399219-2-1

Met sy driedelige vertaling en toeligting van onbekende en ongekende Griekse gedigte in Afrikaans voltooi WJ Henderson sy vertaalprojek wat ongeëwenaard is. Hierdie resensie beoog om lesers onder die indruk van hierdie indrukwekkende werke te bring. Hierdie werke sal mettertyd as Africana beskou word wat die skatte van die Klassieke kultuur, letterkunde en geskiedenis vir die Afrikaanssprekende leserspubliek ontsluit het.

1.Inligting op die vertaler en sy werk

WJ (Bill) Henderson is ’n klassikus van internasionale statuur wat al navorsingstoekennings van sowel nasionale as buitelandse instansies ontvang het. Hy het wyd in Suid-Afrikaanse en buitelandse navorsingstydskrifte gepubliseer. Ná sy aftrede as voltydse dosent in 2004 het hy steeds aktief op akademiese terrein gebly, deeltyds gedoseer en sy navorsing oor veral die Griekse klassieke letterkunde voortgesit. Die erkenning wat sy werk geniet, blyk uit die groot aantal sitasies van sy navorsingswerk deur plaaslike en buitelandse klassici. Dit is verblydend dat hy steeds akademiese artikels in Afrikaans ook publiseer en op dié wyse ’n waardevolle bydrae tot die uitbreiding en instandhouding van Afrikaans as wetenskapstaal lewer.

Bill Henderson ’n vertaler van formaat. Van die publikasies wat in hierdie verband genoem kan word, is Kalliope I: Griekse jambiese en elegiese poësie van Archilochos tot Theognis (1986) en Kalliope II: ’n bloemlesing van Griekse liriese poësie van Alkman tot Pindaros (1988) (albei in samewerking met JH Barkhuizen en CA van Rooy); Op Griekse lier: vroeë Griekse liriese poësie ( 2004); Vir Griekse fluite: vroeë Griekse elegiese poësie (2009); en Die berispende stem: vroeë Griekse jambiese poësie vertaal en toegelig (2011).

In 2018 word Die geleerde digter: Antieke Griekse pastorale en epigrammatiese poësie gepubliseer, wat ’n formidabele werk in drie bande is. Die drie dele voltooi die vertaling van antieke digters op ’n meesterlike wyse.

Die Griekse digkuns van twee en ’n half millennia gelede het ’n beduidende invloed op die Westerse letterkunde gehad, al het slegs fragmente oorgebly van die grootste gedeelte van die vroeë Griekse poësie. Die moderne liriek, in Engels en in Afrikaans, toon nog steeds karaktertrekke wat tot die vroegste Westerse letterkunde teruggevoer kan word.

Henderson is ’n digter uit eie reg. DJ Opperman se digterslaboratorium het ’n stempel op hom afgedruk. Hiervan getuig sy indrukwekkende Engelse gedigte. ’n Voorbeeld hiervan is die volgende gedig:

Poem in autumn

The autumn trees shake their black horns,
Toss the red sun, and blood rusts
On the sweaty back of flecked trembling leaves;
The wounded sun sinks low and rests
While a still crowd stands round and mourns,
And the last pageant-colour turns and leaves.
We mourn nature’s bare arena’s loss
Of every coloured, every scented thing.
Summer’s notices are not yet in the press –
Only in winter do we long for spring.

  1. Die afdruk van antieke gedigte op die Afrikaanse letterkunde

Die Griekse vertalings van Bill Henderson moet binne die konteks van die invloed van antieke gedigte uit die Hebreeuse, Griekse en Latynse digkuns op sekere Afrikaanse gedigte verstaan word. Henderson se vertalings kan ook, soos die voorbeelde wat aangestip word, die Afrikaanse poëtiese landskap verryk.

Oor die algemeen word aanvaar dat die Psalmbundel uit die vaardige hand van Dawid kom. Dit is egter nie waar nie. Die Psalms het ’n lang mondelinge tradisie gehad. Die mees roemryke periode in Israel se geskiedenis, wat ook die Psalms insluit, is as ’n goue eeu beskou. Dit sluit die glorieryke tyd van Dawid en Salomo, van ongeveer 1020 tot 926 vC, in. Samaria swig 722 vC voor die Assiriese aanslag. In dié tyd het daar ook Psalms ontstaan. Dit is ook die geval met die Babiloniese ballingskap in 587 vC In die Persiese periode (ongeveer 538 tot 333 vC is ’n groot deel van die Psalms gemaak en/of verwerk. Die Psalmbundel in sy eindvorm het in die Griekse periode tussen 250 en 150 vC ontstaan.

Daar kom sprinkels van die Psalms in die Afrikaanse poësie voor. Veral Psalm 23 kan in dié verband genoem word (“Die Here is nie my herder nie” en “My anima is my herder”).

Die boek Job bestaan uit ’n verhalende inleiding (Job 1:2:13) en slot (Job 42:7–17). Van hoofstuk 3 tot 42:1–6 is die boek vol sprankelende poësie. Dit bevat onder andere verrassende metafore, vergelykings en redenasietegnieke. Job se lyding het veral onder TT Cloete se digterlike aandag gekom (“job die tweede”; “Job se lyftaal”). Cloete dig ook oor Job se onskuld (”V Job 5:23; 6:6”). Ina Rousseau identifiseer haar met Job se lyding en gewaande vriende (“Job se klag”).

Die twee lang, verhalende gedigte, die Ilias en die Odusseia van Homeros, word dikwels beskryf as die begin van die Westerse literêre kanon, selfs as die beginpunt van die wêreldletterkunde, omdat dit so ’n groot invloed op die verhaalkuns en poësie uitgeoefen het in die eeue ná die ontstaan iewers in die 9de en 7de eeu vC. Die ontstaanstyd van Homeros se Ilias en Odusseia kan moontlik tussen die 9de en 7de eeu v. C. geplaas word. Heelwat antieke tekste het ’n lang mondelinge tradisie gehad. Die ontsag vir hierdie tradisie was groot. Die invloed van die Odusseia is vandag anders as op die meeste Grieke in die antieke wêreld, veral vóór Alexander die Grote teen die einde van die 4de eeu vC. Benewens ’n geletterde elite het die Grieke in die antieke wêreld skaars tekste van Homeros gelees. Hulle het egter van hulle kleintyd af gehoor van die poësie van die Trojaanse Oorlog en van die reis van Odusseus na Ithaka.

Homeros Foto: Wikipedia

Homeros staan aan die spits van ’n epiese tradisie wat oor vele eeue voor hom ontwikkel het. Die Ilias en Odusseia vorm die hoogtepunt van die tradisie van reisende digter-sangers (’aoidoi) wat in die reël in die koninklike howe en voor aristokrate gesing of gedreun-sing het. Die liedere is ook tydens feesmaaltye gesing. Hierdie gedigte is voorts tydens feesvieringe en die plaaslike atletiekfeeste of musiekkompetisies gesing. Die Panatheense fees van atletiek, musiek, poësie en offerande, was ’n viering van Athena se verjaardag. Slegs mans het aan die Olimpiese Spele deelgeneem en is as toeskouers toegelaat.

Die sangers van die volk se verhale het allerlei mnemoniese tegnieke gebruik om die mites en sages uit die kop te kan voordra, maar ook om die hoorders se aandag vas te vang. Die orale tradisie was ’n manier om die geskiedenis of kultuur van mense in stand te hou. As ’n vorm van storievertelling was dit ’n gewilde manier om verhale oor te dra.

Presies wanneer die Homeriese gedigte skriftelike status verkry het, is onseker. Die tradisionele antwoord op dié vraag is die sg transkripsionele hipotese, waarvolgens die ongeletterde “Homeros” sy gedigte aan ’n geletterde skrywer iewers tussen die 8ste en 6de eeu vC sou gedikteer het. Die Griekse alfabet is vroeg in die 8ste eeu gevestig. Dit is ook moontlik dat Homeros een van die eerste generasie skrywers was wat ook geletterd was. Gregory Nagy is egter van mening dat die Homeriese gedigte as “geskrewe tekste” nie voor die Hellenistiese periode (3de tot 1ste eeu vC) bestaan het nie. Selfs al is die begrip kanon in ons tyd omstrede en kan lyste boeke “wat gelees moet word” verskil, is die Homeriese eposse van hulle plek verseker.

Homeros weerklink ook in die Afrikaanse poësie. AG Visser se gedig “Lotus-land” is in die voorstelling van die fabelagtige land iets verskuldig aan Homeros (die negende boek van die Odusseia). In NP Van Wyk Louw se magistrale gedig “Groot ode” vibreer Homeros se Ilias en Odusseia. Antroposentriese begrippe soos pyn, liefde, dood / sterwe, bitterheid, vreugde, heiligheid en mooi/lieflik kom in “Groot Ode” voor. Al die begrippe is sentraal by Homeros. Die ek-figuur in “Groot ode” vaar in ’n “wit skip” – sy lewenskip – die toekoms en sy lot tegemoet. In die Odusseia vaar Odusseus ook in sy skip oor skuimkopbranders na sy tuisland, sy droomland, sy toekoms, sy Ithaka. Wat die toekoms inhou, is in “Groot ode” en die Odusseia onbekend.

Ook in ander gedigte kom die Homeriese afdruk voor. Sheila Cussons se “Die brons Poseidon” is ’n voorbeeld hiervan.

In DJ Opperman se manjifieke bundel Komas uit ’n bamboesstok resoneer die reismotief op talle plekke en vlakke. Die gedigte “Odysseus ruik moer”, “Penelope prewel by sy oor” en “Glaukus klim uit die water” is enkele voorbeelde van gedigte met ’n Homeriese verwantskap. Die boeiende is dat Opperman hierdie gedigte met hulle Homeriese stamboom in sy eietydse situasie laat bot.

Die Griekse digters het ’n stempel op verskeie Afrikaanse digters afgedruk. Hiervan is Adam Small se “Skottelgoed (sikloop)”, Breyten Breytenbach se liefdesvers “Ithaka”, Dolf van Niekerk se “Lang reis na Ithaka” en Marius Crous se “Ogugia” enkele voorbeelde.

Die wêreld van die Romeine het ’n sterk invloed op enkele van Van Wyk Louw se gedigte gehad (“Drie keiserportrette”). Sy drama Germanicus steun ook op Romeinse karakters. Die afdruk van oa Hadrianus kom in Johan Myburg se digwerk voor.

Hiermee is dit duidelik dat antieke tekste ’n afdruk op die Afrikaanse digkuns gehad het. Daar is egter ook nog ’n onbekende terrein van die Griekse digkuns wat Henderson meesterlik bekendstel.

  1. Fokus op WJ Henderson se Griekse vertalings

In die bundel Op Griekse lier (2004) vertaal en bespreek Henderson die liriek, in Vir Griekse fluite (2009) die elegie en in Die berispende stem (2011) die jambiese poësie.

Die vertaling en bespreking van fragmente en volledige gedigte word voorafgegaan deur ’n indringende bespreking van die betrokke genres. Die skrywer se diepgaande kennis van die klassieke kultuur met die oorgeblewe tekste as literêre uiting van hierdie kultuur blyk uit die historiese oorsig oor die oorsprong en ontwikkeling van die genre, die geleenthede waar die gedigte voorgedra is, soos die simposium of banket en die bespreking van die geleidelike oorgang van voordrag na geskrewe teks.

Vertaling kan verduistering wees, maar dit kan ook opluistering wees. Dit kan soos vars water uit die bron stroom om ’n nuwe landskap te versadig. Om te kan vertaal moet die bronteks gelees en verstaan word. (Soms word ’n vertaalde Griekse teks met die Griekse bronteks van Homeros verwar.) Dit is presies wat Bill Henderson doen. Hy vertaal uit die Griekse bronteks. Henderson se ontleding van die tematiek van die liriese digkuns, die elegie en die jambiese poësie toon sy uitgebreide kennis van hedendaagse literatuur oor die onderwerp en voeg sy eie insigte by dié van internasionale kenners van die klassieke literatuur. Henderson se eie Afrikaanse vertalings van die antieke poësie is self van hoogstaande gehalte en verdien om uit eie reg gelees te word. In baie gevalle gebruik hy nuutskeppinge in Afrikaans om die betekenis van die oorspronklike Grieks noukeuriger weer te gee. Danksy die toeligting word die relatiewe onbekendheid van die antieke verwysingswêreld gaandeweg toegankliker vir die leser sonder kennis van die klassieke.

Die geleerde digter (2018) handel oor die digkuns van die Hellenistiese periode. Ná Alexander die Grote se dood in 323 vC het die krag van die Griekse kultuur na Klein-Asië (vandag Turkye) en Noord-Afrika verskuif. Die stede wat ’n bloeitydperk beleef het, was Pergamon, Alexandrië, en later ook Antiogië. Hierdie nuwe kultuurwêreld en tydvak is “Hellenisties” genoem. Veral Alexandrië was die spitspunt van die literêre, wetenskaplike en filosofiese besinning en skepping.

Veral twee digvorme het in dié tydvak ontstaan: die pastorale (of bukoliese) gedig en die epigram. Die geleerde digter handel oor die pastorale gedig.

Theokritos Foto: Wikipedia

Theokritos van Sirakuse het tussen 300 en 260 vC geleef. Hy het veral erkenning gekry vir die ontginning van die literêre pastorale gedig. Ná hom het Moschos van Sirakuse en Bion van Smirna ook tot die digvorm bygedra. Henderson gee ’n sinryke en kundige oorsig oor die pastorale poësie. Nie net sy vertalings is voortreflik en verrassend nie; dit geld ook sy letterkundige toeligting wat elke vertaalde gedig belig.

Die gesofistikeerde literêre taal van die digters van hierdie periode stel hoë eise aan die vertaler. Henderson se magistrale vertalings is in keurige Afrikaans wat steeds aan die oorspronklike Grieks getrou is.

Band 1 handel oor die pastorale of herderspoësie. Die drie pastoraaldigters wat aan bod kom, is Theokritos van Sirakuse, Moschos van Sirakuse en Bion van Smirna.

Die pastorale gedig is op die hoorders ingestem. Hierdie soort gedig wek ook veral verbeelding by die hoorders. Die gedig roep ’n landelike omgewing op. Maar die gedig vra ook veewagters wat die gewone alledaagse verpligting van versorging en beskerming nakom. Die pastorale gedig bevat gemengde genres, met elemente van vertelling (verhale), drama (dialoog en liriek).

 In Theokritos se gedigte kom daar bees-, skaap- en bokwagters voor.

Die pastorale wêreld word deur konvensionele onderwerpe geteken: die beeswagter, trop, fontein, kudde, bokwagter, fluit en skape. Sang en fluitspel speel ’n belangrike rol in die herdersliedere. Nie net in die pastorale gedig nie, maar ook in die gehoor wat saamsing en meeleef.

Hierdie sang vind veral in ’n mededingende omgewing plaas, waar twee sangers om die beurt sing. Die term idille beteken “klein tipe gedig”. Die term word spesifiek aan Theokritos se gedigte gekoppel. Twee verskynsels speel ’n groot rol in die plattelandse lewe: die liefde en sang. ’n Voortreflike voorbeeld van ’n herderslied is “Komos (Serenade)”. Die hartklop van die herdersgedig is dat ’n naamlose bokwagter sy beminde Amarullis besoek. Hy sing dan buite die grot waar sy woon ’n serenade oor sy liefde. Die bokwagter skep in ’n kort proloog (1–5) die dramatiese situasie: hy gaan vir Amarullis sing. Intussen pas sy medeherder Tituros sy bokke op. Dan volg die serenade (6–36, 40–51). Twee onderbrekings kom voor waar die bokwagter met homself praat (37–9, 52–4).

Ag, hoe droewig is die slot tog nie. Onbeantwoorde liefde. Die bokwagter se liefdespleidooi val op Amarullis se dowe ore. Hy kry hoofpyn en staak sy sang. Hy sal maar buite die grot gaan lê waar wolwe hom kan opvreet. Sy wens is dat dit so soet soos heuning in haar keel sal wees.

Die bokwagter het ’n “stompneus”. Klaar ’n agterstand wanneer dit by liefde kom. Die bokwagter verwys na ’n “spiertrekking ” in sy oog. Hy wonder of dit hom gaan verhinder om sy geliefde te sien.

Henderson het hierdie herdersgedig uitmuntend vertaal. Daar is talle nuutskeppings in Afrikaans deur die vertaler.

Komos (Serenade)

Ek gaan om vir Amarullis te sing, en my bokke
wei op die heuwel, en Tituros pas hulle op.
Tituros, my dierbaarste vriend, laat wei my bokke,
en lei hul na die bron, Tituros. En die bokram,
5        die tanige Libiër, pasop dat hy jou nie stoot nie. 

[Voor Amarullis se grot]

O skone Amarullis, waarom loer jy nie meer by dié grot
uit en nooi jy my, jou liefling, nie? Haat jy my dan?
Lyk ek dan vir jou van naby te stompneus, my bruid,
en steek my baard uit? Jy sal maak dat ek my ophang.
10      Kyk, ek bring vir jou tien appels. Ek het hulle gepluk
waar jy gesê het ek moet. Môre sal ek ander vir jou bring.
Maar kyk: my pyn breek my hart. Ek wens ek kon
die gonsende by word en jou grot binnegaan,
deur die klimop en die varing wat jou wegsteek.
15      Nou ken ek Eros: ’n pynlike god. Hy’t sowaar gesuig
aan ’n leeuwyfie, en in ’n woud het sy ma hom grootgemaak.
Hy brand my met stadige vuur en skiet my tot op die been.
Meisie met die mooi blik, maar als van klip, donkerblou
meisie, omhels my, ’n bokwagter, sodat ek jou kan soen.
20      Selfs in leë soene is daar ’n soete plesier.
Jy sal maak dat ek die krans van klimop wat ek vir jou dra,
dierbare Amarullis, gevleg met rose en lekkerruikende
seldery, onmiddellik in klein stukkies opskeur.
Helaas, wat gaan word van my, ellendeling? Jy luister nie.
25      Ek gaan my klere uittrek en in die branders spring, dáár
waar die visser Olpis vir die tornyn sy oog oophou.
En as ek sterf, sal jou wens ten minste vervul wees.
Ek het dit onlangs uitgevind, toe ek gewonder het of jy
my liefhet, en die “liefde-van-ver” nie wou vassit toe ek
30      dit slaan nie, maar vergeefs op my gladde arm opgekrul het.
Ook Agroio, waarsêer met haar sif, het die waarheid vertel –
sy’t nou die dag langs my kruie gepluk – hoedat ek jou
gans en al bemin, maar jy glad nie vir my omgee nie.
En tóg bewaar ek vir jou ’n wit bokooi met twee bokkies
35      wat die donker diensmeisie van Mermnôn ook van my
wil hê. En ek gaan dit vir haar gee, want jy mors met my. 

[Hou op sing; vir homself]

Ek het ’n spiertrekking in my regteroog; gaan ek haar regtig
sien? Ek gaan na hierdie denneboom beweeg en dan sing,
en dalk sal sy na my kyk, want sy’s nie van yster gemaak nie. 

[Sing weer]

40      Toe Hippomenes met die meisie wou trou, het hy
appels in sy hand geneem en die wedloop gewen.
En toe Atalanta dit sien, het sy geyl en diep verlief geraak.
Die waarsêer Melampos van berg Othrus het ook die trop
na Pulos gebring; en in Bias se arms is gelê
45      die grasieuse moeder van wyse Alphesiboia.
Het Adonis, toe hy sy skape in die berge laat wei het,
nie vir skone Aphrodite tot sulke waansin gedryf,
dat sy hom selfs ná sy dood nie uit haar hart kan kry nie?
Gelukkig na my mening is Endumion wat die slaap slaap
50      wat nie verander nie. En gelukkig Iasion, dierbare vrou,
wat soveel ervaar het, wat julle onheiliges nooit sal weet nie. 

[Eindig lied]

My kop is seer, maar dit raak jou nie. Ek sing nie meer nie;
ek gaan lê waar ek geval het, en hier gaan wolwe my opvreet.
En mag dit so soet soos heuning in jou keel wees.

’n Gedig wat op intertekstualiteit met Homeros se Odusseia berus, is Theokritos se “Poluphemos, die Sikloop”. Intertekstualiteit is ooglopend, maar die poëtiese inkleding van Theokritos is oorspronklik en vindingryk.

Poluphemos die sikloop. Foto: The Web Gallery of Art

In die episode van Poluphemos, die eenoogmonster en mensvretende sikloop, verklap Homeros Odusseia se ontsnappingsplan langsaam en subtiel. Op meesterlike wyse onthul Homeros Odusseus se geslepenheid voordat hy Poluphemos met ’n skerp paal verblind. Odusseus se bekendmaking van sy naam is ’n daad van hubris. Nie alleen stel hy sy eie en sy kamerade se lewens in gevaar nie, maar hy wek ook Poseidon se woede teen hom op. Poseidon is woedend omdat Odusseus sy seun Poluphemos verblind het. Sy vermomming is sowel fisiek (verandering van gestalte) as verbaal, deur aan die sikloop Poluphemos te vertel dat sy naam Οὖτις, “Niemand”, is. Dan ontsnap hy uit die kloue van Poluphemos nadat hy hom verblind het. Toe die ander siklope hom vra waarom hy skreeu, antwoord hy dat “Niemand” hom leed aandoen. Nogtans gee Odusseus sy naam, sy identiteit aan Poluphemos prys.

Die mees sigbare fout is Odusseus se arrogansie, sy trots, sy hubris. Ná sy vertrek van die eiland van die siklope af roem hy dat niemand die “groot Odusseus” kan oorwin nie. Die sikloop gooi toe die boonste helfte van ’n berg na hom en sê biddend vir Poseidon dat Odusseus hom verblind het. Dit maak Poseidon so woedend dat hy Odusseus se tuiskoms vir ’n lang tyd vertraag.

Theokritos se Poluphemos het buie en word in sy selfbedrog voorgestel. Hy het ook gevoelens en kan seerkry. Verder het hy ook alledaagse take om te verrig . Hy wil bemin word en belangrik voel. By Theokritos kry die onaansienlike reus met sy een oog ’n eie persoonlikheid. Iemand wat die leser jammer kry.

Met digterlike krag gebruik Theokritos ironie en humor dwarsdeur die gedig. Daar is die gedrag van Poluphemos wat as minnaar reken dat vee, beeste, melk, kaas, herte, beertjies, ’n grot, bome, wingerd, koue water en blomme soos papawers die seenimf sal bekoor. Dan twyfel die arme kolos of sang en lied ’n geneesmiddel vir liefde se pyn is. Dis alles alte menslik.

Weer eens slaag Henderson se vertaling summa cum laude. Lees en kyk wat daar staan:

Geen ander balsem of salf of versoete medisyne
het ooit die liefde genees nie, Nikias, so lyk dit my,
behalwe die Muses; en dít is vir mense aangenaam
en soet, maar dit is nie maklik om te vind nie.
5        Ek vermoed jy weet dit al te goed, jy is ’n dokter
én deur die nege Muses buitengewoon bemin.
So, byvoorbeeld, het die Sikloop, daar by ons, maklik
herstel, Poluphemos vanouds wat sy Galateia bemin het,
toe hy pas baard om sy mond en slape begin kry het.
10      En hy’t nie met appels, of rose, of haarlokke gevry nie,
maar met regte waansin, en als as nietighede beskou.
Dikwels het sy skape vanself na die kraal teruggekom
van die groen weiding. Maar hyself het van Galateia
gesing en weggekwyn op die strand vol seewier,
15      van soggens af, met ’n bitter wond diep binne-in,
wat magtige Aphrodite se pyl in sy lewer geplant het.
Tog het hy die geneesmiddel gevind, op ’n hoë rots
gaan sit, oor die see heengekyk, en soos volg gesing:
“O spierwit Galateia, waarom verwerp jy jou minnaar –
20      jy, witter as roomkaas om te aanskou, sagter as ’n lam,
lewendiger as ’n kalf, glansender as ’n groen druif?
Waarom kom jy dan net wanneer soete slaap my vashou,
maar gaan spoedig weg wanneer soete slaap my los,
en vlug soos ’n ooi as sy ’n grys wolf sien?
25      Ek het jou begin bemin, meisie, toe jy eers
gekom het saam met jou moeder om hiasintblomme
op die berg te pluk. Ek het nog die pad gewys.
Na ek jou aanskou het, van toe tot nou, kan ek
nie ophou nie. Maar, by Zeus, jy gee niks om nie.
30      Ek weet, skone meisie, waarom jy wegvlug:
dis omdat ’n harige wenkbrou, net een grote,
oor my hele voorkop strek van oor tot oor,
en net een oog daaronder is, en ’n plat neusgat bo my lip.
Maar lelik soos ek is, ek pas ’n duisend beeste op,
35      en van hulle trek en drink ek die beste melk.
Aan kaas het ek geen tekort, nie in die somer, herfs
of einde winter nie: my rakke is altyd swaar gelaai.
Ek kan fluit speel soos geeneen van die Siklope hier,
as ek, my heuningsoet appel, van jou en my sing
40      dikwels diep in die nag. Vir jou maak ek elf jong herte
groot, almal met nekmerke, en vier beerwelpies.
Maar kom na my; jy sal nie slegter vaar nie.
Laat die groen see toe om op die strand te slaan;
jy sal die nag soeter in die grot by my deurbring.
45      Daar’s lourierbome daar, daar’s slanke sipresse,
daar’s donker klimop, daar’s ’n wingerd met soet vrugte,
daar’s koue water wat boomryke Etna vir my
uit die wit sneeu voortbring, soos ’n teug ambrosyn.
Wie sou tog bo dié dinge die see en branders kies?
50      Maar as ek self vir jou te harig blyk te wees,
het ek eikehout, en ’n vuur wat altyd onder die as brand;
en ek sou toelaat dat my siel deur jou verbrand word,
en my een oog, my dierbaarste besitting.
Helaas, dat my moeder my nie met kieue gebaar het nie,
55      sodat ek na jou kon afduik en jou hand kon soen,
indien dan nie jou mond nie; en ek sou jou ’n wit narsing
gebring het, en ’n sagte papawer met sy rooi kroonblare.
Maar die een groei in die somer, die ander in die winter,
dus sal ek mos nie vir jou albei tegelyk kan bring nie.
60      Nou, meisie, sommer nou dadelik gaan ek tog leer swem,
as een of ander vreemdeling per skip hierheen seil,
sodat ek julle plesier kan ken om in die dieptes te woon.
Kom uit, Galateia, en as jy uit is, vergeet dan,
soos ek wat nou hier sit, om weer huis toe te gaan.
65      Stem tog in om skape saam met my op te pas, en te melk,
en om kaas te stol deur skerp stremsel in te sit.
Net my moeder veronreg my, en ek verwyt haar;
want nog nooit het sy vir jou iets goeds van my gesê nie,
en sy sien dag na dag dat ek maerder word.
70      Ek gaan haar sê dat my kop en albei my voete
pynlik klop, sodat sy kan ly, aangesien ek ook ly.
O Sikloop, Sikloop, waarheen het jou verstand gedwaal?
As jy kaasmandjies gaan vleg en eerder groengoed
vir die lammers dra, sal jy gou baie meer verstandig wees.
75      Melk die ooi hier naby; hoekom jaag jy een wat vlug?
Jy sal dalk ’n ander en mooier Galateia vind.
Baie meisies vra my om die nag saam met hul te speel,
en almal giggel wanneer ek aan hulle gehoor gee.
Dis duidelik dat ek op die land ook iemand blyk te wees.”
80      So het Poluphemos sy liefde hokgeslaan met sang,
en makliker gevaar as sou hy goud betaal het.

Die geleerde digter, Band 2 en 3, handel oor epigrammatiese poësie van Simonides van Keos tot Meleagros van Gadara. Die begeerte om nuwe lewe aan die ou Griekse poësie te gee het veral tot die epigram gelei. Duisende epigramme is oor die tydperk van byna ’n millennium geskryf. Die meeste daarvan het egter verlore gegaan. ’n Eerste versameling epigramme is teen ongeveer 80 vC deur die digter Meleagros saamgestel. Hierop het ander versamelings gevolg en in ongeveer 900 nC het ’n Bisantynse monnik, Konstantinos Kephalas ’n bloemlesing, die Anthologia Graeca (Griekse bloemlesing) saamgestel.

In Die Griekse geleerde, Band 2 vertaal en bespreek Henderson epigramme uit ongeveer 550 vC tot 250 vC Die epigramme uit ongeveer 250 vC tot ongeveer 80 vC word in Die Griekse geleerde, Band 3 bespreek en toegelig. Net soos Dante het Henderson ’n byna bomenslike taak op hom geneem. Om die byna onbegonne taak te voltooi, is net ’n digter én kenner van die Griekse taal en letterkunde beskore. En dié persoon is: WJ Henderson.

Die epigram het ’n vaste, beknopte vorm: een of meer koeplette in die sogenaamde elegiese koeplet wat besondere eise aan die digter (en vertaler) gestel het. In die epigrammatiese gedigte is dit, in teenstelling met die pastorale poësie, die stad, en meer bepaald Alexandrië, wat die agtergrond skep. Die heersers in die paleis, die nuwe ekonomiese en politieke mag van Egipte in die Middellandse See, die mense van die verskillende rasse en kulture, die sake van die dag, die handelinge binne die Mouseion en die lesende publieke bied die grondstof vir hierdie soort gedig.

Die woord term epigram kom van die Griekse epigramma wat “inskripsie” beteken. Aanvanklik is die epigram of puntdig in prosa sowel as in poësie geskryf. Geleidelik het dit egter oorwegend ’n versvorm geword. Verskillende soorte epigrammatiese gedigte kan onderskei word. Hieroor skryf Henderson indringend en verhelderend. Die grafskrif is, om verskeie redes, ’n aangewese vorm. Aanvanklik is epigramme vir grafte of dankoffers geskryf. Later ontwikkel die digvorm ’n vryheid om enige persoon te loof of te kritiseer. Nog later het die Hellenistiese digters nuwe landskappe ontgin: die familie en huwelik, die sug na rykdom en goud, menslike emosies en kenmerke, insluitend gebreke, dwaashede en tekortkominge. Die oorheersende tema in die Hellenistiese epigram is die liefde in al sy ryk skakerings.

Enkele voorbeelde van die vertaling en bespreking van die digvorm word hier aangedui. Leonidas van Tarentum se epigram lui soos volg:

Gaan saggies verby die graf sodat jy nie die skerp
 perdeby wat lê en slaap, wakker maak nie.
Want so pas is die gees van Hipponax wat selfs
 op sy ouers geknor het, ter ruste gelê.
Maar wees versigtig! Want sy vuurwarm woorde
 Weet hoe om selfs in Hades te skaad.

Die bitsige en bitter aggressiewe jambiese digter Hipponax van Efese het twee en ’n half eeue voor Leonidas geleef. Leonidas roep deur die epigrammatiese gedig Hipponax in herinnering. Leonidas waarsku die verbyganger om sagvoets verby die graf te loop en nie die oorledene wakker te maak nie. Hy steek soos ’n perdeby en het selfs sy ouers nie ontsien nie. Sy tong is skerp en hy kan selfs die onderwêreld in beroering bring. Die speelsheid en ironiese toon in die gedig moet nie gering geag word nie.

Asklepiades van Samos se epigram oor die liefde is besonder treffend. Henderson het dit uitstekend vertaal. Dit lui soos volg:

Wyn is ’n bewys van liefde. Al die heildronke het Nikagoras,
 wat aan ons ontken het dat hy verlief was, verraai.
Hy het trane gestort, sy kop laat sak, en nogal mistroostig gelyk,
 en die krans, om sy kop gebind, wou nie bo bly nie.

Asklepiades noem wyn as ’n “bewys” van die liefde. Hierna gee hy ’n voorbeeld. ’n Sekere jongman, Nikagoras, drink te veel en toon tekens van verliefdheid. Hy ontken eers dat hy verlief is; dan drink hy heildronke – die gewones aan gode en vername persone. En miskien ook per ongeluk een aan sy geliefde. Daarna raak hy diep bedroef. Sy kop is onderstebo en die blommekrans wieg skeef op sy kop. Hierdie epigrammatiese gedig is vol humor en ironie.

 In Die geleerde digter, Band 3 kom die volgende treffende epigram van Antipatros van Sidon voor:

     Hier langs die dorsvloer het ek vir jou, swoegende mier,
      ’n grafheuwel van dorstige kluit opgerig,
     sodat jy, selfs dood, Demeter se koringvoedende voor
      kan geniet, waar jy in ’n saailandlêplek lê.

Die meeste lesers is vertroud met die wysheidspreuk:

     Gaan kyk na die mier, luiaard,
     kyk hoe hy werk, en leer by hom.

Hierdie “grafskrif” van Antipatros vir ’n mier is een van talle epigramme oor insekte, voëls en diere. Die digter dig oor die kleinste insek wat hy ken. Vir al sy ywer dwarsdeur sy lewe word die mier begrawe onder ’n hopie grond in ’n voor digby die dorsvloer. Daar is vir die mier nog hoop op lewe, selfs ná sy dood. Hy sal steeds van die graan kan geniet. Fyn humor en wysheid kom in die epigram voor.

Henderson verdien lof vir die knap vertalings en insigryke verklarings van die epigramme. Hy open vir lesers ’n nuwe wêreld. Die vertalings is met sensitiwiteit gemaak. Min vertalers is vir die taak opgewasse. Dit lees pragtig vloeiend en natuurlik. Redes hiervoor is dat Henderson self ’n bedrewe en knap digter en ’n uitmuntende kenner van die Griekse poësie en leefwêreld is. Hy beweeg op die grense van wat die Afrikaanse taal moontlik maak en verryk die taal met talle nuutskeppinge. Hierdie skitterende werke behoort voorgeskrewe materiaal vir elke (voornemende) literatuurwetenskaplike te wees, nie alleen wat betref die inhoud nie, maar veral wat die skrywer se metodologiese omgang met die tekste betref. Dié publikasies is ’n hoogs sonderlinge werk oor die Oudgriekse digkuns waarvoor die outeur en sy uitgewer geloof moet word. In enige taal sou dit ’n monumentale aanwins wees.

Ons behoort die wonder van die Griekse poësie te vier. Daarom word elke leser na ’n feesmaal uitgenooi. Hier klink ons ’n glasie op die uitgewer, Imprimatur, die keurige en noukeurige redigering en taalversorging deur Martjie Bosman en die pragtige ontwerpe deur Annemart Swanepoel. En voor ek vergeet: twee glasies op die maestro Bill Henderson. Hy het ’n skat van gedigte ontsluit deur meesterlik uit die bronteks te vertaal en insiggewende toeligting van die aard en geaardheid van die verskillende digvorme te gee. Dit is Bill Henderson wat namens die Griekse meesters hierdie ryk skat aan Afrikaans skenk.

Mag daar uit hierdie skitterende vertalings en verklarings metafore in Afrikaanse gedigte vonk.

The post LitNet Akademies-resensie-essay: Bill Henderson se Afrikaanse vertaling van antieke Griekse poësie appeared first on LitNet.

Philippolis deur Jens Friis: ’n resensie

$
0
0

Wanneer ’n ervare en deurwinterde joernalis ’n boek oor sy geboortedorp skryf, is dit altyd iets om na uit te sien.

Philippolis is ’n Vrystaatse dorp met ’n lang en ryk geskiedenis. Anders as wat dikwels gemeen word, het die dorp nie sy ontstaan aan Griekwas te danke nie, maar wel aan Boesmans.

In 1823 is ‘n sendingstasie ter opheffing van die Boesmans deur kaptein Stockenström en dominee Faure noord van die Oranjerivier in die teenswoordige Suid-Vrystaat gestig. Faure het ter ere van dr Philip, die superintendent van die Londense Sendinggenootskap in Suid-Afrika, die naam Philippolis aan die nuwe sendingstasie gegee. Philip self het die Uithaalder-Boesmans van Tooverberg, in die distrik Colesberg, daarheen geneem om onder die bearbeiding van die sendeling James Clarke te staan. 

Reeds in 1825 het hierdie bearbeiding van die Boesmans min vrug getoon, want in dié jaar toe Philip tydens ‘n reis Philippolis besoek het, het hy sake nie na wense gevind nie. Die ingebore swerwersdrang en rusteloosheid van die Boesmans het die onderneming tot mislukking gedoem en al Stockenström se pogings om met die opheffingswerk te volhard was tevergeefs.

Destyds was daar aan die oewers van die Modder- en Rietriviere ‘n groep Griekwas, bekend as die Bergenaars, wat saam met hulle hoof, Adam Kok, in die wêreld rondgeswerf het. Hierdie Bergenaars het van die hoofgroep van die Griekwas te Griekwastad en Campbell weggebreek as gevolg van wrywing oor die hoofmanskap. Adam Kok het toe sy oog op Philippolis as sy hoofkwartier gehad.  In Augustus 1825 ontmoet hy Philip tussen die Riet- en Modderriviere en versoek die superintendent van die Londense Sendinggenootskap om hom toe te laat om met sy volgelinge te Philippolis te gaan woon. Philip het nie onmiddellik sy toestemming verleen nie, maar het ‘n rukkie later eerwaarde Wright as sendeling onder die Bergenaars aangestel. Hy moes probeer om hulle te oorreed om na Griekwastad terug te keer, maar indien hulle weier, het dit hom vrygestaan om vir hulle ‘n sendingstasie te Philippolis te stig.  Adam Kok het Philippolis verkies en voor die einde van die jaar (1825) het hy en sy volgelinge daarheen verhuis. Op 10 Januarie 1826 is hy deur die toenmalige goewerneur van die Kaapkolonie, Richard Bourke, as hoof van die Philippolis-Griekwas erken. Op 22 Julie 1826 het Clarke die sendingstasie en die grond wat daartoe behoort het, skriftelik aan die Griekwas oorgedra. In 1861 verkoop die Griekwas Philippolis en die gebied suid van die Rietrivier aan die destydse Republiek van die Oranje-Vrystaat en trek toe na wat vandag bekend is as Kokstad in KwaZulu-Natal.

Dit is in kort die ontstaangeskiedenis van Philippolis. Jens se boek fokus hoofsaaklik op die 20ste-eeuse geskiedenis van hierdie prag-Vrystaatse dorp. Die taalgebruik en tegniese afwerking van die boek getuig van keurigheid en deeglikheid. Die foto’s en kaarte in die boek bied aan die leser ’n omvattende visuele toer deur Philippolis se ryk dorpsgeskiedenis. Die boek (hardeband) vertoon duursaam en is pragtig. Dit beslaan 250 bladsye en soos die dramaturg Pieter Fourie (’n boorling van Philippolis) tereg opmerk: “Hy (Jens Friss) gee ’n helder beeld van Philippolis met deernis, agting en prikkelende inligting. Dit is ’n moet vir die boekrak.” Die boek sal beslis eindelose plesier verskaf aan enige boorling van Philippolis.

Die boek het ongelukkig ook enkele tekortkominge. Die volgende tydsvakke in Philippolis se geskiedenis word nie na wense in die boek bespreek nie:

  • Philippolis se ontstaan en naamgeskiedenis.
  • Philippolis se Griekwa-geskiedenis.
  • Philippolis se inlywing by die Republiek van die Oranje-Vrystaat.
  • Philippolis se Anglo-Boereoorlog-geskiedenis.
  • Philippolis se ryk fossielvondste. (Dr Patrick Bender van die Raad vir Geowetenskappe se museum (nou Ditsong-museum) in Pretoria het een van die visse (fossiele) wat in die Philippolis-distrik ontdek is, na Philippolis vernoem. Die fossiel staan vandag bekend as Philippolicthyes loockie.
  • Die swart woonbuurt (Poding-Tse-Rolo) en die bruin woonbuurt (Bergmanshoogte) se ontstaan- en naamsgeskiedenis, asook Waterkloof (wat so vyf kilometer uit Philippolis geleë is) se geskiedenis. Die plaas Waterkloof het vroeër aan ene Strauss behoort totdat die Grobbelaar-broers die 4 000 morg in 1869 vir £2 384 (R4 768) aangeskaf en aan die kerk geskenk het. Die kerk moes net die hereregte van £97 (R194) betaal, maar dié het toe ‘n brief aan die regering geskryf en het toe ook nie nodig gehad om dié bedrag te betaal nie. In 1917 is Waterkloof as ‘n dorp geproklameer en belangstellendes kon toe erwe koop. In 1924 het die kerk die grond oorgegee aan die dorpsraad van Waterkloof, wat dit tot in die jare 90 beheer het.

Nieteenstaande die bogemelde tekortkominge bly Jens Friis se boek ’n besonderse leeservaring. Jy sal beslis van die boek hou as jy van die platteland en/of die Vrystaat hou.

The post <em>Philippolis</em> deur Jens Friis: ’n resensie appeared first on LitNet.

At the edge: The writings of Ronnie Govender by Rajendra Chetty: a review

$
0
0

At the edge: The writings of Ronnie Govender
Rajendra Chetty
Publisher: Peter Lang Inc.
ISBN: 9781433146411

Ronnie Govender (born 1934 in Cato Manor, Durban) is rightly described as one of South Africa’s “marginalised writers” on the opening page of this excellent study. Rajendra Chetty, in whom Govender has probably found an ideal literary biographer, explains that the book resulted from a strong desire to amend an injustice – referring to the fact that Govender and other “minority writers have still not received the recognition they deserve” (1). Written with commendable passion and scrupulous scholarliness, the text is an enriching contribution to the growing body of fine post-apartheid literary-critical work done by local scholars. Chetty stems (broadly speaking) from the same community in which Govender lived and to which he remains committed, namely South Africans of Indian heritage with shared histories of the degrading and exploitative British colonial indenture system, as well as of the forced removals to which this community was subjected prior to and following the institution of apartheid laws. Chetty is hence ideally placed to pay proper tribute – which does not mean mere praise, as the work is strongly analytical – to Govender’s life work and the communal commitment and inspiration from which it sprang. Despite the obligations of family life, and in between periods of working double professions (as a teacher and a journalist), Govender managed to produce work of enduring literary worth in several genres: plays, short stories, a novel and, eventually, an eloquent autobiography – wryly and amusingly titled In the manure (2008). In Chetty’s book, there is one endearing and small personal reference, deep into the text; Chetty notes there that he himself “wove [his] identity from [his mother’s] fragmented stories and black and white photographs of her youth in the sugar-fields of Natal” (140) – in which poor, indentured, (mainly) Indian workers of that era laboured. Even though Govender later moved to Cape Town (in his late sixties) with his wife, this relocation does not change the predominantly Natal/KwaZulu-Natal regional location of his writing – or the much broader reach of his socio-political and moral concerns.

The text is not conventionally (chronologically) ordered. It opens with a long and lucid contextualising introduction, in which biographical information and pertinent historical information are interwoven. Chetty includes comments providing characterisation and an evaluative overview of Govender’s work in this section, emphasising (for example) that this body of writing is ultimately informed by Govender’s desire to “celebrat[e]” life “in all its energy, myriad forms, colors and voices” (18). He wrote no dour political diatribes, even though he “told the uncomfortable truths about a racist dispensation and the unscrupulous politicians in his own community that collaborated with the oppressor” (25) for personal gain – and he did so in rollicking satires, rather than by means of solemn denunciation, or in his subtle exposure of meanness, greed and cruelty.

Rajendra Chetty (Photo: University of the Western Cape)

The works by Govender that are most fully analysed are an early play, short stories published in the collection At the edge and other Cato Manor stories (1996) and a text in two versions: the play, The lahnee’s pleasure (1976), and the novel (also titled The lahnee’s pleasure), published in 2008. I found the chapter on the early play (discussed only in chapter 4, although it was (it seems) the first text by Govender that put him on the stage as a writer to watch) extremely impressive. It exemplifies detailed literary analysis at its best – enlightening, probing and faithful to textual detail. Interestingly, this play (though the young man and woman who are its protagonists are both South African Indians) focuses on gender relations refracted through (here) opposed cultural-religious commitments. The anxiety and anguish, exacerbated by the sexual-emotional relationship of the two main players, are, in the end, brought to a head – tragically – but (as Chetty explains) without evincing any blindness on the author’s part to the weaknesses and profound flaws of character exposed on both sides by and in the play’s crisis. The play’s title is Beyond Calvary: I did it for my God (it was first staged in Durban in 1964, presumably to segregated audiences), referring to the young woman’s Christian/Roman Catholic commitment as contrasted with the Tamil/Hindu loyalty of the young man. Chetty skilfully shows (referring to the harrowing detail of the plot) how neither of the characters evinces sufficient compassion for the other, and how even-handed Govender is in not favouring either character or either of the cultures to which they (broadly or fanatically) adhere.

All the other Govender texts commented on in Chetty’s study link more closely to historical and political concerns, especially the colonial indenture system and its effects, and the Cato Manor community and its forced removal. About the former dispensation and Govender’s representation of it, Chetty writes with acerbic wit that the author “is performing precise surgery on the English patient [using his] eye for the pomposity, hypocrisy and deadness of colonialism”, since Govender “exposes the material barbarity of English [colonial and settler] ‘civilization’” (139), as Chetty bluntly puts it. There is a brief chapter on At the edge and other Cato Manor stories performing – for a South Africa in the immediate aftermath of apartheid’s fall (as was mentioned, the collection appeared in 1996) – what Chetty identifies as “transactional memory” (37). What Chetty strongly highlights is that the Cato Manor community of Indian South Africans was the first to be “removed”, but that its history is little known among the broader local society, in contrast with District Six and Sophiatown, where the apartheid government’s population clearances became icons of past injustice. He also makes clear that the apartheid government’s cruelty towards this community was (so to speak) prepared for and made possible by the Durban English community’s municipal governance and its unkindness towards and contempt for the “Coolie” community (137), on whose work in relentless, near-slavery conditions its wealthy prosperity and luxurious lifestyle depended. The collection is nevertheless titled for a story that centres on a different topic – an ageing, widowed woman’s profound Hindu spirituality. Despite political indignation – morally based – in this collection, Chetty sees it as rooted in the humane values of “tolerance and compassion” (41), and as inclusive in its acceptance and criticism of South Africans from all communities, embodying an anti-apartheid ethic and aesthetics.

The chapter with the main title, “Over my dead body”, deals with the principled but “passive” resistance stance of an elderly Cato Manor resident, movingly evoking how unbearable he finds the idea of being evicted from the home he so painstakingly built on pittances saved. It depicts how this ageing man eventually (fittingly) dies in his own garden before the brutal removal. Next, the chapter evoking a young “Dalit” girl, “Poobathie” (whose despised “outcaste” family, like many others, have adopted Christianity as protection against local discrimination), deals with the social context of the character, and shows how she both receives shelter and experiences caste discrimination when she seeks solace in the Hindu shrine from her fanatically Christian father’s “discipline”. It is the girl from the downtrodden community who emerges as spiritually greater at the end of the tale. This chapter is followed by one dealing with Govender’s story, “1949” – the date referencing the bloody and dreadful communal “riots” that occurred in that year, a bloody but one-sided “war” on “Indian” inhabitants by mostly Zulu attackers. In Govender’s fierce reading of the deeper causes of the bloodshed, he unequivocally exposes “English” employers and businessmen as the backers and even instigators of many of these horrifying events. Chetty cites the garage owner, Osborne (one of the “lahnees”, or rich whites, portrayed by Govender), inciting his Zulu workers to “tell [their] friends they can have all the paraffin they want free of charge” (103). Thus equipped with fuel, they “burned out” many “Indian” families in their homes or hacked them to death. This, Govender emphasised, demonstrated “the cunning on which empires have been built” (105). Chetty does not ignore Afrikaners’ contribution to the horrors – he quotes the previously uttered, legalised hate speech of DF Malan, the first Nationalist prime minister, in which the chilling term “solution” echoes from the most notorious ethnic-cleansing act of the twentieth century. The words cited are Malan’s reference to “The Indian” as “an alien element” in South Africa, and as creating a problem that could be “solved”, (Malan asserts) only if and when “a very considerable reduction” of this population group were achieved (as Chetty cites from another text; 95).

The next chapter deals poignantly with a degraded man who can only find employment as a “bucket carrier” of what used to be called “night soil” (human excrement). The broader background is, of course, the absence of sewage systems even in “townships”, where municipal rates were on par with those of the “white” areas. Ayandoo (the main character) is so broken down emotionally, and so desperate for respect, that he (pathetically) attempts to earn some from a group of young children by undertaking the foolishly dangerous task of getting combs of honey for shared consumption from a hive in a nearby tree. Of course, the angry swarm attacks him; he falls badly, and has to be taken to hospital for treatment of his various injuries. Chetty sees this tragic account of humiliation as (in a small but significant way) compensating – in a “posthumous” demonstration of at least Govender’s recognition – for the harrowing conditions of lives such as Ayandoo’s. He believes that the story’s author shows us some “smouldering anger [even] in this collapsed figure” (114). Hence, Ayandoo becomes (as Chetty suggests) a man who, in his “meek defiance” (111), somehow demonstrates a “stoic defence” (114) – thus embodying a Gandhian ethos.

It was mentioned above that Govender wrote both an early short story/play script and a later novel that centre on the vulgar insensitivity and bombastic social power misuse of a “lahnee” figure. He is named “Richard So-so” in the play and novel, and he is apparently a “thinly disguised [representation of] the son of Mr Cato, mayor of Durban and eponymous founder of Cato Manor” (126). Chetty cites Govender’s sly wit in the latter’s devastating reference to him as “an Englishman, born and brainwashed” (126). Chetty several times refers to the lower and working-class (British) origins of “English” Natalians, who in the colonies soon became extremely rich, “gentrified” landowners on the broken backs of poor black and Indian labourers – as Cato the elder(!) did. In both the play and the novel, the final words most clearly indicate Govender’s disdain for “the sloth and [unearned and undeserved] privilege of rulers” (134) in this context. Govender’s other target is the dismaying ease with which the “lahnee” figure manages to get the “Indian” worker to comply with persuasive requests to “perform for” or entertain him and his cohort. Hence, Chetty comments: “the enslavement of the will and mind is, again, more worrying than original indenture of the body” (120). Chetty links this with the contemporary “struggle to be recognised intellectually” (120) – a highly topical subject.

The following chapter addresses what Chetty regards as an important and overlooked text, the play Swami, published in Govender’s collection Interplay (2007). Chetty describes the work as “dynamically political” – emphasising that “the Hinduism which Govender defends and the spirituality he brings to life on stage are not a theology of removal from life” (153). Nevertheless, in Govender’s usual finely balanced evaluation, the culturally validated caste system and the sexism felt to be prevalent in this community are roundly criticised. The play’s broader context, writes Chetty, is the colonial-era indenture system, as exemplified and harshly practised in British-ruled Natal. Chetty implicitly castigates “Britain”, which “was touting itself as a moral leader for abolishing slavery in 1833, yet instituted indenture, or semi-slavery, at the same time as abolition” (140). Evidently, the biography strongly endorses Govender’s implicitly conveyed moral-political position, and here again insists on the “other [English] component” of white South African dominance and exploitation. Chetty also comments that “the tragedies of indenture, concentration camps in South Africa, the backlashes of partition and apartheid, all can be placed at the door of colonial appropriation and exploitation. The abuse of millions was engineered to pander to the whims and delights of the few: the lahnees’ pleasure” (148). Still, the main weight of the play’s endeavour works towards conveying “Govender’s appeal for a spiritual healing to carry society forward” (150) – in Chetty’s view, still a “cogent” ideal for all South Africans.

I highly recommend this valuable text, the worth and interest of which I hope the above review has given some indication. I conclude by firstly quoting a remark made by Govender in the interview (here, it forms the penultimate chapter) that Chetty conducted with the author in May 2000 (Chetty 2001): “if the pain of helpless people does not inform your writing, whether you are writing a love story or about an experience in Iceland, you are limiting your canvas” (165). Secondly, Chetty can be given the last word(s). He states in his conclusion that Govender’s “comedic skills integrate his passion for democracy, truth and reality”, and that Govender’s “way is to connect us … as a human community [to] enable us to travel to the space where the subaltern resides” (169).

The post <i>At the edge: The writings of Ronnie Govender</i> by Rajendra Chetty: a review appeared first on LitNet.


UJ-pryse 2019: Commendatio vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

$
0
0

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van  genres heen, toegeken. Die debuutprys is vanjaar deur Andries Buys (skrywersnaam Lodewyk G du Plessis) vir Die dao van Daan van der Walt ontvang en die UJ-prys deur Charl-Pierre Naudé vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey.

Hieronder deel Frederick J Botha die commendatio vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey.

Sedert sy debuut in 1995 met Die nomadiese oomblik het Charl-Pierre Naudé hom hoofsaaklik as bekroonde digter gevestig. Vir sy debuut ontvang hy in 1997 die Ingrid Jonkerprys, en sy tweede digbundel, In die geheim van die dag (2004), word in 2005 met die M-Net- sowel as die Protea-prys vir Afrikaanse poësie bekroon. In 2015 ontvang hy die Suid-Afrikaanse Letterkunde-toekenning vir sy derde digbundel, Al die lieflike dade (2014). As samesteller is Naudé verantwoordelik vir die versamelbundels My ousie is ’n blom in 2005, en Nuwe stemme 6 in 2017 met Bibi Slippers as medesamesteller. Benewens sy optredes by ’n menigte internasionale poësiefeeste het hy ook al aan verskeie skrywersresidensieprogramme deelgeneem, wat veral sy Europese status as gesogte Suid-Afrikaanse digter bevestig (SALA 2019).

Frederick J Botha

By hierdie lys van prestasies moet Naudé se aansien as vryskutjoernalis, rubriekskrywer en resensent ook natuurlik bygevoeg word. In 2018 sorg Naudé egter vir die grootste verrassing – en moontlik prestasie – van sy skrywersloopbaan tot op hede wanneer hy as prosaskrywer debuteer met ’n lywige roman wat hy as ’n “para-psigologiese mystery story” (Naudé en Meyer 2018) beskryf. Hierdie roman is in 2016 voorgelê vir Naudé se meestersgraad in skeppende skryfkuns aan die Universiteit van die Vrystaat onder leiding van Francois Smith (Opperman 2018).

Die UJ-prys onderskei homself van ander Afrikaanse literêre pryse deurdat dit jaarliks uitnemendheid oor die grense van genre heen beloon. Dat Naudé se debuutroman hierdie jaar met die UJ-prys bekroon word, is gepas, aangesien die roman self oor verskeie genres heen beweeg en, ten spyte van Naudé se bogenoemde definisie, nie maklik is om te tipeer nie. Elemente van die liefdes- en speurverhaal, magiese realisme, satire, geskiedskrywing, metafiksie en spekulatiewe wetenskap word alles saam en aan die hand van ewewêrelde as tema verken, met die eindproduk só vernuwend en verrassend in Afrikaans dat dit die bekroning met die UJ-prys regverdig.

Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey se aansluiting by metafiksie word reeds aan die begin van die roman aangekondig. In ’n kreatiewe en uiters belonende spel met die leser verklaar Naudé in die voorwoord dat hy nie die skrywer van hierdie boek is nie. Volgens Naudé het ’n joernalis, ene Hermanus Verdomp, die storie meer as dertig jaar gelede geskryf, maar dit nooit aan ’n uitgewer voorgelê nie. Deur ’n sameloop van omstandighede het die manuskrip by Naudé uitgekom, en nadat hy die nodige toestemming by ’n knorrige Verdomp via Skype gekry het, het Naudé dit aan sy uitgewer voorgelê wat onmiddellik belangstelling getoon het. Verdomp wil egter niks meer met sy manuskrip te doen hê nie, en daarom tree Naudé nou as annoteerder en samesteller op, wat bloot erkenning neem vir die voetnote asook die voor- en nawoord wat hy kwansuis geskryf het.

Hierdie “literêre blufspel”, om Naudé se eie woorde in ’n LitNet-onderhoud aan te haal (Naudé en Meyer 2018), lei reeds die hooftema van ewewêrelde in, met Naudé wat spot dat hy en Hermanus Verdomp ewewêreldweergawes van mekaar mag wees. As metaroman aktiveer Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey dus ’n spel tussen outeur en leser waar die leser die heeltyd wonder wat werklik of blote versinsels is. Die roman bied ook ’n kreatiewe besinning oor die skryfproses en die aard van fiksie, asook oor die ontstaan en belangrikheid van stories as manier om sin aan die menslike bestaan te gee.

Hermanus Verdomp se roman, via Charl-Pierre Naudé, vertel die verhaal van verskeie karakters wat meer as een lewensweergawe van hulself beleef gedurende die apartheidsjare van die vroeë sewentigs tot middel-tagtigs. Op die Lyksovlakte verskyn daar oornag ’n motelgebou, net om ’n paar weke later weer te verdwyn. Twee halfkaal jongmense word deur die koster betrap waar hulle in die kerkbanke liefkoos, maar nadat hulle in die konsistorie toegesluit word, word daar uitgevind dat hierdie twee jongmense beide tuis en in hulle beddens is. Daar is ook die storie van die “mis-voor-die-son-hoed” wat vroue onweerstaanbaar maak vir mans wanneer hulle dit dra, en dan is daar ook Dirkie wat glad nie op foto’s vertoon of getel kan word nie, en daarom ook nie opgeroep kan word vir diensplig nie. Hierdie wonderlike verbeeldingsvlugte waarop die leser geneem word, word egter deurgaans gekontrasteer met die byhaal van traumatiese gebeure gedurende hierdie skisofreniese tyd in Suid-Afrika se geskiedenis, byvoorbeeld magsmisbruik deur die polisie, moord, verkragting, en onwettige liefdesverhoudings oor die kleurgrens heen.

Wat dus voorkom as ’n magies-realistiese besinning oor apartheid, word uiteindelik soveel meer. Naudé gaan verder en daag alles uit wat die leser rondom die realiteit weet en as die werklikheid beskou. Aangesien drome in die roman as werklike lewens aangebied word, speel Naudé met die idee dat hierdie lewe ook net ’n droom kan wees. Hy bied swyes as geskiedskrywing aan, en daag die aard van menslike bestaan uit deur die moontlikheid te ondersoek dat ons gelyktydig op verskeie plekke in verskillende tye kan bestaan. Verder wys Naudé hoe vervleg ons lewens eintlik aan mekaar is, en dat daar nooit net een weergawe van dieselfde ervaring kan bestaan nie, want soos hy tereg aantoon, bestaan daar ook meer as een weergawe van ’n spesifieke lewe.

Vir Andries Oliphant, medebeoordelaar, staan hierdie roman in die teken van die satiriese fantasie waarin die rasionele verplaas word deur die absurde en onverklaarbare wat as doodgewoon en alledaags voorgestel word, terwyl daar terselfdertyd met die tradisionele konvensies van fiksie gespot word. Die roman sluit vir Oliphant ook aan by die werk van Herman Charles Bosman, waarin plattelandse insidente verbeeldingryk en sardonies met tong-in-die-kies-humor verhaal word, wat vir ’n uitbundige en vermaaklike karnavaleske roman sorg.

Johan Myburg, nog ’n medebeoordelaar, maak melding van die sterk verhaalmatigheid wat in Naudé se verse ingebou is, met die poëtiese inslag van sy roman wat dus nie die leser behoort te verras nie. Dis juis Naudé se poëtiese inslag (of is dit nou die digterlike talent van Hermanus Verdomp?) wat volgens medebeoordelaar en sameroeper van die UJ-prys, Karen de Wet, grotendeels bydra tot die leesplesier van die roman. Naudé se poëtiese vernuf wat vir uitsonderlike prosa sorg, maak die vertelling uiters filmies. Simboliek speel eweneens ’n groot rol in die roman, met Naudé wat tydens ’n onderhoud vir Beeld erken dat hy ’n metafoor vir die aard van Suid-Afrika wou vind as ’n land wat nie net een land is nie, maar ’n land binne lande, samelewings naas mekaar, soos herhalings (Opperman 2018). Boonop wemel die roman van treffende metafore, met ’n reisende biblioteekbus wat hier ook as bordeel funksioneer, want in hierdie wonderwêreld van ewelewens is kennis mag, maar ook jags.

Die parodiëring van die biblioteekbus as internasionale verskynsel wat in die roman binne die nasionalistiese opvoedings- en opheffingsideale van apartheid geplaas word, is, soos De Wet tereg uitwys, vlymskerp en tegelykertyd skreeusnaaks en tragies, met die intimiderende oordaad daarvan wat herinner aan Etienne Leroux se orgies. Ander tragiese en hartverskeurende tonele, byvoorbeeld waar Dirkie deur die bediendes in die stort betas en ontkrag word; die intense weergawe van hoe Dirkie en Maria onder ’n dekmantel hulle verhouding in die aseksuele waskamers van die geheime organisasie in die storte voltrek; en die dokumentering van Maria se verkragting as kind laat die leser nie alleen onverwags na asem snak nie, maar is kragtoere waarmee Naudé sy meesterskap as prosaïs bevestig.

Met hierdie roman, wat deur die keurpaneel as “voortreflik”, “verstommend”, “uitnemend” en “merkwaardig” beskryf word, maak Naudé die leser opnuut bewus van die krag van verbeelding. Trouens, die roman dien as oproep daarvoor. Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey is wat mens ’n groot-opgesette roman sou noem, waarvan die aanbod ongetwyfeld uitgebreide akademiese ondersoek gaan ontvang én verdien. Net soos die karakters in hierdie boek meer as een keer lewe, verdien hierdie roman om meer as een keer gelees te word. Die roman is dalk kompleks en uitdagend, maar nooit vermoeiend nie, want die uiteindelike beloning is só groot.

Dames en here, om al bogenoemde redes, asook diés wat in ’n ander werklikheid of ewelewe aangevoer kan word, is dit vir my ’n groot plesier om Charl-Pierre Naudé se Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey vir die 2019-UJ-prys aan te beveel.

Bibliografie

Naudé, Charl-Pierre en Naomi Meyer. 2018. Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey: ’n onderhoud met Charl-Pierre Naudé. [Web:] https://www.litnet.co.za/die-ongelooflike-onskuld-van-dirkie-verwey-n-onderhoud-met-charl-pierre-naude. (Toegang verkry op 24 April 2019.)

Opperman, AJ. 2018. Om ’n lewe (of twee) te verbeel. [Web:] https://www.netwerk24.com/Stemme/Profiele/charl-pierre-naude-om-n-lewe-of-twee-te-verbeel-20181128. (Toegang verkry op 24 April 2019.)

SALA. 2019. Charl-Pierre Naudé. [Web:] https://sala.org.za/charl-pierre-naude (Toegang verkry op 24 April 2019.)

Lees ook

UJ-pryse 2019: Repliek deur Charl-Pierre Naudé

UJ-pryse 2019: Commendatio vir Die dao van Daan van der Walt

UJ-pryse 2019: Repliek deur Andries Buys

Mediaverklaring: wenners van die 2019 UJ-pryse

The post UJ-pryse 2019: Commendatio vir <i>Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey</i> appeared first on LitNet.

UJ-pryse 2019: Repliek deur Charl-Pierre Naudé

$
0
0

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van  genres heen, toegeken. Die debuutprys is vanjaar deur Andries Buys (skrywersnaam Lodewyk G du Plessis) vir Die dao van Daan van der Walt ontvang en die UJ-prys deur Charl-Pierre Naudé vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey.

Hieronder deel Charl-Pierre Naudé sy repliek by die ontvangs van die UJ-prys.

My opregte dank aan die pryskomitee van die Universiteit Johannesburg, aan dr Karen de Wet, die sameroeper van die pryspaneel en die ander lede, vir die waardering van my boek wat hierdie toekenning vir my boek impliseer. Dit is vir my ’n sonderlinge eer om hierdie prys van u vir my eerste roman te ontvang.

Die UJ-Prys vir Letterkunde is sinoniem met die idee van ’n werk wat die potensiaal het om te verras, en daar is niks wat ek as skrywer graagter wil doen as dit nie. Ek het myself voorgeneem om hierdie rede kort te hou, omdat my roman self lank genoeg is. Ek skuld dit aan my lesers.

Ek wil heel eerste vir Nicky bedank, wat saam met my die maak van die boek beleef het, en dikwels moes opoffer omdat ek voortdurend uit hierdie wêreld in ander wêrelde ingeglip het.

Ek wil die geleentheid ook gebruik om spesifiek twee literêre stigtings bedank vir hul bydrae in die totstandkoming van my boek in die vorm van skrywersverblywe wat aan my gegun is: Die Sylt-Stigting onder leiding van Indra Wussow, en die Deutsche Akademischer Austauschdiens (Duitse Akademiese-uitruilingsdiens) oftewel DAAD se Berliner Künstlerprogramm, onder sy voormalige hoof, Katharina Narbotovic.

Laastens wil ek die Departement van Afrikaans en Nederlands, Duits en Frans aan die Universiteit van die Vrystaat bedank, waar hierdie roman in sy manuskripvorm as ’n MA-verhandeling gedien het.

Charl-Pierre Naudé

Nou, as iemand my sou vra: “Glo jy dat die ewewêrelde van die kwantumfisika bestaan?”, sou ek ondanks die fassinerende aard van die onderwerp antwoord: “Dit gaan my nie eintlik aan nie.” Of ek sou antwoord soos Stephen Hawking, dat ewewêrelde waar is, maar, in sy eie woorde: “Yes, it is trivially true.”

Ek het ’n boek met die ewewêrelde as leitmotief in geskryf omdat die idee my as metafoor aangryp, omdat ek aan min scenario’s kan dink wat my meer aan die verwikkeldheid en Janus-gesig-aard van Suid-Afrika herinner. Die ewewêrelde is ’n onontkombare logiese postulasie wat nie bewys kan word nie. Dis ook vir my wat hierdie land is: ’n onontkombare postulasie wat éweneens nie bewys kan word nie. In elk geval, nie bewys kan word in die terme van almal wat al probeer het nie.

En nou wil ek nie sê ek glo nie in die fisiese realiteit van die ewewêrelde nie. Ek wil ook nie sê ek glo nié daarin nie. Is dit nie vreemd dat die wetenskap in sy mees radikale vorm ’n kwessie van geloof geword het nie? Ek vind dit heel pikant. En ek dra hierdie pikantheid vanaand op aan alle feitvormers en konfyttrappers en konterfeitontdekkers, soos die eerbare Richard Dawkins en selfs Charles Darwin.

Nee, ek wil bloot sê ek glo veral in die radikale implikasies van die idee van die ewewêrelde vir hierdie ondermaanse lewe soos dit aan ons elke dag manifesteer. Ek glo dus in die ewewêrelde – en ek sê dit weer – as metafoor. Dit wat die ewewêrelde self is van homself: metafoor.

En dis metafoor wat vir mý die sentrale draer is van “waarheid”, wat dit ook al mag wees, nie aktualiteit nie. Vandaar my respek vir die digkuns wat dalk hier en daar saamsing in my boek se koor.

Ek het baie interessante mense leer ken tydens die skryf van hierdie boek, en ek wil hulle bedank daarvoor dat ek hulle mag afgeloer het deur hierdie sleutelgat wat ons die letterkunde noem. Hulle verskyn in my storie. Natuurlik het ek agter die skerms probeer slim raak hier en daar, met berekeninkies en sieninkies, maar danksy die ongekunsteldheid van die karakters, wat nooit enige kans sou hê om sulke sienings oor hulself te hê nie, het ek op die nougesette romanbaantjie kon bly: die een van wys en nie sê nie.

Ná die skryf van hierdie storie, dink ek, weet ek minder van die wêreld, maar het ek meer gesien daarvan, en het ek minder oortuigings, maar glo ek, soort van, in meer.

Ek wil hulle persoonlik bedank in volgorde soos hulle aan my verskyn het, die mense met wie ek vir sewe jaar saamgeleef het. En ek parafraseer nou uit die opdrag voor in my boek:

Diederik Hendrik (Dirkie) Verwey: gebore 1952. Vermis geraak in 1984.

Anna Bandjies: 1954–1985. Rus in vrede.

Hermanus Jakobus Frederik Verdomp: gebore 1944 – en steeds in die lewe.

Maria Hakskeen: gebore 1951 – gestorwe 1975. Rus in vrede.

Emmarentia Anna Melck: gebore 1946 – steeds in die lewe.

Julle was ’n rare spulletjie, hoor!

Lees ook

UJ-pryse 2019: Commendatio vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

UJ-pryse 2019: Commendatio vir Die dao van Daan van der Walt

UJ-pryse 2019: Repliek deur Andries Buys

Mediaverklaring: wenners van die 2019 UJ-pryse

The post UJ-pryse 2019: Repliek deur Charl-Pierre Naudé appeared first on LitNet.

UJ-pryse 2019: Commendatio vir Die dao van Daan van der Walt

$
0
0

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van  genres heen, toegeken. Die debuutprys is vanjaar deur Andries Buys (skrywersnaam Lodewyk G du Plessis) vir Die dao van Daan van der Walt ontvang en die UJ-prys deur Charl-Pierre Naudé vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey.

Hieronder deel Amanda Lourens die commendatio vir Die dao van Daan van der Walt.
 
Op bl 188 van Die dao van Daan van der Walt lees ons dat die enigmatiese meester Yang aan Da Ni Eu, oftewel Daan, die opdrag gee om die Dao De Jing van Laozi te bestudeer. Oor hierdie werk sê Daan: “Die boek gaan oor die onbeskryfbare aard van die Dao” (189).

Want die Dao wat so ’n integrale deel van Lodewyk G du Plessis, oftewel Andries Buys, se debuutwerk is, is inderdaad nie onder woorde te bring nie. Ek lees vir u enkele reëls uit die Dao De Jing (my vertaling uit die Engels):

Die Dao waaroor ons kan praat, is nie die ewige Dao nie;
Die naam wat genoem kan word, is nie die ewige naam nie;
Die Naamlose is die oorsprong van die Hemel en Aarde;
Die Benoemde is die moeder van alle dinge.
...
Iets ongedifferensieerd maar tog volledig het
Voor die Hemel en die Aarde bestaan.
Dit is geluidloos en vormloos; van niks afhanklik en onveranderlik.
Dit is oraloor werksaam en buite gevaar.
Dit kan geag word die moeder van die heelal.
Ek ken nie die naam daarvan nie; ek noem dit Dao.

Die Dao skyn dus die uiteindelike kreatiewe beginsel van die heelal te wees, maar dit is nie ’n skepper-god nie. Dit huisves wel die samekoms van die pole van jin en jang; die onderliggende harmonie van alles wat is. Hierdie betekenisonderskeiding van dao staan ook bekend as die kosmiese Dao (Stefon, s j).

Maar ook het die woord die betekenis van ’n weg, in die sin van ’n pad.

Amanda Lourens (Foto: Naomi Bruwer)

Die plesierige, soms skreeusnaakse, maar diep deurleefde verhaal van Daan van der Walt, ’n afgetrede boer en eertydse advokaat, neem die leser as reisgenoot saam op Daan se weg om homself te vind ná ’n veelbewoë lewe, maar ook een waarin hy nie die verskillende fasette van en ervarings in sy lewe tot integrasie kon bring nie. Die roman, as die medium waardeur hy sy eie geskiedenis (sy “Historia”) opteken, maar ook gesprekke met sy gestorwe vrou en hond voer, word egter die saamkomplek van jin en jang wat op verskillende vlakke uitspeel: Afrika en China, Calvinisme en daoïsme, sinnelikheid en askese, jeug en ouderdom, liggaam en gees, manlikheid en vroulikheid.

Du Plessis (want dít is sy skrywersnaam, ook in die toekoms, sê Buys onlangs aan die media) bring met hierdie roman iets wesenliks nuuts en verrassends in die verhaal van die ouer Daan van der Walt wat in ’n katartiese verblyf in China opnuut na sy eie lewe en die samelewing met sy gebaande weë kyk en insigte verwerf wat sy lewe daadwerklik verander. Daan reis na China om sy seun – ’n afgestudeerde predikant wat tot sy enorme teleurstelling die bediening gesystap het – te besoek, maar daar raak hy ongesteld wanneer hy agterkom dat Jan-Willem met ’n Chinese vrou getroud is. Sy seun besef dat sy pa se balans herstel moet word en neem hom na die Tempel van Ewige Vrede, waar hy onder die groot meester Yang se oog tài jí leer beoefen. Hy maak kennis met nuwe gebruike en lewensfilosofieë (wat vir heelwat vermaak sorg wanneer dit vanuit Daan se stoere perspektief as volksvreemde afgodediens beskryf word), en maak algaande vrede met sy eie lank-onderdrukte gaywees. (Ek vermoed wel baie lesers sou die lieflik verwoorde liefdestoneel teen die einde eintlik veel meer uitgebrei wou hê.) Maar die roman is ook ’n herbesoek aan die verlede, en Daan probeer die verlede – en sy skuld teenoor sy naaste familie – tot afsluiting bring in onder meer briewe aan sy oorlede vrou. Uiteindelik blyk sy nuutgevonde lewenswysheid wanneer hy onomwonde kan verklaar: “Ek dink, daarom is ek deurmekaar.” Die afstand wat hy met hierdie woorde tussen hom en die aanvaarde Westerse denke van cogito ergo sum plaas, wys op die enorme reis wat hy reeds afgelê het.

Ek haal my kollega Frederick Botha graag aan, wat in sy keurverslag skryf: “Die nuwe bedeling en algemene omstandighede in postapartheid Suid-Afrika, magonteiening, manlikheid, skuld en vergifnis, godsdiens, seksualiteit, taal en kommunikasie, en ’n besinning oor die letterkunde, is maar slegs ’n paar kwessies wat in die roman ondersoek word. ’n Skrywer wat op so ’n boeiende wyse dit kan regkry om ’n groot lesersgehoor te bereik en hul hartsnare te roer terwyl hulle uitgedaag en gekonfronteer word, is vir my een van die opwindendste kwaliteite waaroor ’n debuutwerk kan beskik.”

Wat merkwaardig is, is hoe die teks daarin slaag om aanknopingspunte met ’n hele paar aktuele kwessies in die eietydse Suid-Afrikaanse diskoers te vind.

In Daan se verlede op die plaas Ystervarkfontein is die verwantskap met die plaasroman, maar dan ook met vertrek, soos in ander voortreflike hedendaagse aansluitings by hierdie tradisie, soos in Eben Venter se Ek stamel ek sterwe en Marlene van Niekerk se Agaat.

Daar is distopiese elemente: die plaasaanval en die moorde wat Daan se wêreld onherroeplik verander en sy arrestasie kort daarna. Daar word verwys na die wegkwyn van Afrikaans in ’n nuwe despotiese orde, soos wat byvoorbeeld ook in Venter se Horrelpoot gesien word.

Die roman sluit aan by die groeiende korpus van gayliteratuur, bied boonop ’n besinning oor manlikheid – iets wat bitterlik nodig is in ’n tyd waarin identiteite voortdurend uitgedaag en herdefinieer word.

Die gesprekke met die gestorwe Kaspaas sluit natuurlik aan by die opwindende studieveld van diere, en spesifiek die rol van honde, in die Suid-Afrikaanse literatuur.

En dan bring Die Dao van Daan van der Walt nog ’n speler op die toneel wat die meer teoretiese gesprek oor sogenaamde laatwerk betref. Daar is die groeiende verskynsel in Afrikaans van debute deur ouer skrywers, en van langer skrywers- en digtersloopbane – baie wat eers na aftree-ouderdom behoorlik vlamvat. Indien hierdie roman wel ’n voorbeeld van laatwerk is, sal dit een wees wat spreek van integrasie en integriteit – waar laasgenoemde die teenpool van desperaatheid is, volgens Erickson se bekende uiteensetting van die konflikte in die verskillende lewensfases.

Die skrywer gee deur hierdie roman dan erkenning aan ’n soort menswees – dié van die ouer, wit, manlike Afrikaanssprekende – wat in die eietydse klimaat dikwels aan verguising onderwerp word, maar wat, as deel van die groter weefwerk van menslike ervaring, ’n ondersoek én ’n nuwe reis verdien.

Ek wil graag afsluit met ’n aanhaling van Daan van der Walt se woorde, wat ek glo genoeg rede is om te verduidelik waarom Lodewyk G du Plessis hierdie prys deur en deur verdien:

Ek dink aan Songtao se storie van keiser Shu en keiser Hu wat gereeld by hul vriend keiser Hundun gaan eet het. Eendag besluit hulle om gate in Hundun se kop te boor omdat hy nie oë, ore en ’n neus gehad het nie. Net toe Hundun kon sien, hoor en ruik, gaan hy dood. Songtao moes die storie aan my verduidelik: die Dao doen wei wu wei. Hy boor nie gate in mense se koppe om hulle te verander nie. Hy dink nie eers oor die probleem nie, want hy weet die regte pen vind die regte gat, soos dit vir hom bestem is. “The Dao is no big deal,” het hy afgesluit.

Bronne

Stefon, M. s j. Dao. Chinese philosophy. Encyclopaedia Brittannica [Aanlyn]. https://www.britannica.com/topic/dao (22 April 2019).

What is the Tao? 2009. Religions. BBC [Aanlyn]. http://www.bbc.co.uk/religion/religions/taoism (21 April 2019).

Lees ook

UJ-pryse 2019: Repliek deur Andries Buys

UJ-pryse 2019: Commendatio vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

UJ-pryse 2019: Repliek deur Charl-Pierre Naudé

Mediaverklaring: wenners van die 2019 UJ-pryse

 

The post UJ-pryse 2019: Commendatio vir <i>Die dao van Daan van der Walt</i> appeared first on LitNet.

UJ-pryse 2019: Repliek deur Andries Buys

$
0
0

Die UJ-pryse word jaarliks in twee kategorieë en oor die grense van  genres heen, toegeken. Die debuutprys is vanjaar deur Andries Buys (skrywersnaam Lodewyk G du Plessis) vir Die dao van Daan van der Walt ontvang en die UJ-prys deur Charl-Pierre Naudé vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey.

Hieronder deel Andries Buys (skrywersnaam Lodewyk G du Plessis) sy repliek by ontvangs van die debuutprys.

Geagte professor Pienaar, dames en here.

Dolf van Niekerk het twee dae voor Chris Barnard se dood met hom oor die lewe gepraat en hulle het besluit soos die einde nader, een woord in hul lewe voorop staan: verwondering.

In my 81ste lewensjaar staan ek vanaand hier voor u in verwondering. In verwondering oor die Afrikaanse taal, oor die onmeetbare hoogtes wat dié taal bereik het in die letterkunde, die digkuns, die akademie en die beroepswêreld. Ek het die voorreg gehad om in dié taal gebore en groot te word, skool en universiteit toe te gaan. In my praktyk as advokaat die taal te gebruik en uiteindelik as regter my uitsprake daarin te skryf en te lewer. Ek is in ’n staat van verwondering dat die keurpaneel in ’n jaar waarin daar uitsonderlike boeke in Afrikaans die lig gesien het, my boek met die gesaghebbende UJ-debuutprys bekroon het. Verwondering, onbegrip, dankbaarheid.

Wie is ek? Wie is ek, het ek as tweedejaarstudent op PUK luid gevra waar die eerstejaars in rye in die Totius-saal gestaan het gedurende die ontgroening. Nooit het ek kon droom dat ek 62 jaar later by ’n universiteit op ’n glansgeleentheid sal verduidelik wie ek is nie.

Die skuilnaam se tyd is verby. Dit sou oneerbiedig en ondankbaar teenoor die keurpaneel en die Universiteit van Johannesburg wees om nié vanaand hier te staan nie.

Hoe kan ek u bedank en u oortuig van my waardering vir hierdie aand, vir die eer wat u my aandoen? Ek spartel nog.

Voor ek met die skrywery begin het, het ek gereken dit gaan wees soos om met dolosse te speel of vir Sannie Coetsee te leer kleiosse maak. Toe ek agter my rekenaar sit, het die gestoei begin om woorde in sinne hok te slaan, en sinne soos ’n span langhoring-Afrikanerosse ingespan te kry. Toe het die gedagte nie eers vaagweg in my kop opgekom dat my span osse op die skou met ’n prys gaan wegstap en ek huis toe sal gaan met ’n roset op my bors nie.

Ná die aankondiging dat my boek met die UJ-debuutprys bekroon is, is die kalwers uit die hok, die bul het oor die heining gespring tussen die verse in en die osse staan verslae.

Die skuilnaam? My pa se voorname en my ma se van.

Die mediamense wou weet: Waarom die skuilnaam? Ek antwoord. Wat’s in ’n naam? Dis die vraag. Lodewyk G du Plessis alias Andries Buys en Daniël Jacobus van der Walt, ons twee … drie … dra swaar aan ons name: Daantjie, Danie, Daan, Advokaat van der Walt, Klei’baas, Ou Daan, die Vark van Ystervarkfontein.

U weet nou presies wie Daan is, of nie is nie. En as alles voorspoedig gaan, het Daan binnekort nog ’n naam: Oupa. Sy swartoog klein Danie is op pad, Oupa se aapstert.

Nou wie is die ander kêrel? Die Andries-ene.

Rilke sê ’n mens moet baie ondervinding in die lewe opdoen voor jy kan hoop om dalk eendag ’n goeie sin te kan skryf. Een van die dinge wat ek onthou wat hy noem, is jy moes by die dooies gesit het – in die kamer met die oop venster.

Hoe kom die gebruiker van woorde by die oop venster uit, indien ooit?

Ek noem vir u drie dinge wat ’n rol gespeel het by my bewuswording van die wonder van stories en die krag van die woord.

Ek was so 14, 15 jaar oud, in standerd 8 – dit was 1953 – toe my Latynonderwyser vir ons ’n kwartaal lank Afrikaans gegee het. Die voorgeskrewe boek was Die grenslose van WA de Klerk. Met dié boek het my Latynonderwyser in ’n enkele skoolkwartaal my oë oopgemaak vir die wye wêreld van die woord en die storie. Ek was nog baie jonk, maar ek het toe al van die liefde geweet. In graad 1 was ek smoorverlief op ’n swarthaarnooi. Nooit ’n woord met haar gepraat nie. Haar naam kan ek nie meer onthou nie; haar van was Schlossberg, die dogter van die Joodse meulenaar op ons dorp. Ja, almal het daardie jare nog na die Afrikaanse skool toe gegaan. Ek neig nog steeds die vreemde in, eers ’n Jood, en vir die laaste 20 jaar ’n Chinees.

Ek swem nog altyd stroomop, my geld nog altyd op die buiteperd.

Die goue reël by die skep van literêre fiksie, het ek geleer, is: Alle idees moet storie word. Geen idee word aangeplak nie. Wat doen ek? Ek probeer in my boek van stories ’n idee maak.

Om vanaand hier voor u te kan staan, moes ek ooglopend iets reg gedoen het met die stories.

Daan se verhaal is jare gelede gebore in my tandarts se wagkamer waar ek ’n ou oom se brief aan ’n tydskrif se troostante gelees het. Hy vertel dat hy ná ’n aandjie uit saam met sy vriendin by haar in haar woonstel gaan koffie drink het. Toe hy uit die latrine kom, sit sy nakend op die rusbank. Wat, vra hy die troostante, wat is fout met die vrou? Dieselfde aand by ’n geselligheid vertel ek dié storie vir die manne om die braaivleisvuur. Een van hulle sê: Hoe dan so? ’n Man is mos nie ’n klip nie.

Hoe langer ek daarna oor die komiese in die ou man se probleem gedink het, hoe meer het ek die tragiese kant daarvan begin insien. Was die ou man gay, en/of is daar dalk iets fundamenteels verkeerd met die samelewing se opvatting oor die seksdaad?

Die tweede ding wat my gehelp het met woorde, was die regspraktyk. Die groot Engelse regsgeleerde wat ek vroeg in my professie ontdek het, lord Denning, het ’n boek geskryf met die titel The discipline of law. Hoofstuk 1: “Command of language”. Paragraaf 1: “The tools of trade”. Hy val direk met die deur in die huis: “To succeed in the profession of law, you must seek to cultivate command of language. Words are the lawyer’s tools of trade. When you are called upon to address a judge, it is your words that count most. It is by them that you will hope to persuade the judge of the rightness of your cause.” Laer af op dieselfde bladsy waarsku hy teen opgeblase taal. Effektiwiteit vereis woorde wat eenvoudig en duidelik is. So maklik.

Ten slotte sê die Britse Law Lord jy moet aanhoudend jou taalgebruik oefen. Hy praat uit eie ondervinding: “I took infinite pains in the writing of an opinion. I crossed out sentence after sentence. I wrote them again and again.”

Ek het dié pad met Die Dao van Daan van der Walt geloop. Ek het ophou tel hoeveel maal ek die boek oorgeskryf het. Veral daardie eerste hoofstuk. Veral daardie eerste drie sinne en daardie laaste een aan die einde van die boek. Vra Laozi en hy sal sekerlik sê: maklik 10 000 keer.

Ná al die oorskrywery het ek, die debuutskrywer, myself afgevra: Is alles wat ons skryf nie maar net eggo’s van stories wat ons vroeër gehoor en oor gedroom het nie?

Die derde bewuswording was soos volg: In sy laaste brief aan Magrieta skryf Daan dat hoe ouer hy word, hoe makliker huil hy. ’n Goedgeskrewe sin beweeg hom tot trane. Oor ’n herfsblaar op die grond huil hy skaamteloos.

In die nabetragting agter in die boek skryf ek die verwysing na die herfsblaar is geïnspireer deur ’n gedig van PW Buys in sy bundel Van sigbare en onsigbare dinge. Die bundel was sy derde en is op sy 75ste verjaardag bekendgestel. ’n Jaar later is hy oorlede. TT Cloete het tydens ’n onderhoud gesê dat PW Buys nie die erkenning kry wat hy verdien nie. PW, Pieter Willem, my broer, se fyn aanvoeling vir en keurige gebruik van die korrekte woord was vir my van jongs af ’n inspirasie. Ek wil graag vir u die gediggie oor die herfsblaar voorlees:

Herfsblaar

’n Somer lank het hyt
een stormgeweld van wind en reën
vas aan die tak gebly.

Aprilmaand, in die najaar al,
het net ’n roering in die lug
hom saggies aarde toe laat val.

My dank en innige waardering gaan aan die keurpaneel wat my boek waardig geag het vir die gesaghebbende UJ-debuutprys waarmee dit bekroon is. Ek noem u by die naam: Frederick J Botha, dr Karen de Wet, dr Amanda Lourens, dr Johan Myburg, prof Andries W Oliphant, prof Marné Pienaar.

My dank gaan ook aan Marlene van Niekerk en Willem Anker wat my geduldig begelei en inspireer het by die skryf van die boek; Frederik de Jager vir sy raad en bystand by die finale afronding van die manuskrip voor publikasie; prof Jan Botha, sy vrou Louise en hul seun Ferdinand vir hul betrokkenheid by die boek; my medestudente, Andries Bezuidenhout, Harry Kalmer en Piet Oosthuizen vir hul kommentaar. By Tafelberg was dit ’n plesier om met Solette Swanepoel, Etienne Bloemhof en die hele span by NB-Uitgewers saam te werk. Baie dankie, dr Karen de Wet, Annamarie van Tonder en Tara Kok vir die reëlings om my en Twan vanaand hier te kry. Aan my gaste: Dankie dat julle hierdie heuglike geleentheid saam met my vier. Vir hom wat vir my boeke bring om te lees: Thank you Twan, that you always cheerfully and patiently listened to my gripes and frustrations, for all your good suggestions and your unfailing support and assurance that if I write what I like, there will be readers who will enjoy what I have written; and when I wavered or was discouraged you always insisted that the book must be published. Thanks to you, Twan, it was; and it bears a crown.

Ek was 42 jaar in die regsberoep. In 2003 het ek afgetree. Sedertdien het ek gereis, gelees en Die Dao van Daan van der Walt geskryf.

Die bekroning van my boek met die UJ-debuutprys het dit vir my dubbel en dwars die moeite werd gemaak om ná 16 jaar vanaand vir die eerste maal weer in die openbaar op te tree.

Baie dankie.

Andries Buys (Skrywersnaam Lodewyk G du Plessis)

3 Mei 2019

Lees ook

UJ-pryse 2019: Commendatio vir Die dao van Daan van der Walt

UJ-pryse 2019: Commendatio vir Die ongelooflike onskuld van Dirkie Verwey

UJ-pryse 2019: Repliek deur Charl-Pierre Naudé

Mediaverklaring: wenners van die 2019 UJ-pryse

The post UJ-pryse 2019: Repliek deur Andries Buys appeared first on LitNet.

Die rol van ’n Afrika-bewussyn in universiteite in ’n nie-Westerse konteks

$
0
0

Die rol van ’n Afrika-bewussyn in universiteite in ’n nie-Westerse konteks

Attie van Niekerk, Departement Religie, Universiteit van Pretoria

LitNet Akademies Jaargang 16(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

Die sake wat in die #mustfall-bewegings tydens die studente-onrus in 2015–2016 na vore gekom het, is nie nuut nie. Sake wat handel oor onder andere die rol van universiteite in ’n nie-Westerse konteks binne die groter debat oor die gevolge van Westerse kulture op ander kulture in die tyd van kolonialisme, het reeds in die stryd teen apartheid na vore gekom en word al vir dekades lank deur Afrika-skrywers bespreek. Hulle kla meermale dat hulle argumente hieroor grootliks geïgnoreer word. Baie Westerlinge het die een deel van die stryd teen apartheid, naamlik die aandrang op menswaardige behandeling en vryheid, begryp en hulle daarmee vereenselwig. Die diskoers oor politieke bevryding het egter tóé al veel breër gestrek, naamlik oor die hele erfenis van die koloniale tyd, insluitende die implikasies daarvan vir die moderne wetenskap en universiteite. Verskillende sieninge in hierdie diskoers word kortliks in hierdie artikel bespreek, maar dan met ’n fokus op die rol van ’n Afrika-bewussyn in universiteite en in die wetenskap. Daar is eerstens ’n poging om die moderne wetenskap en tegnologie oor te neem sonder om die tradisionele Afrika-bewussyn prys te gee. Die twee word dan parallel langs mekaar geplaas. Dié benadering is egter problematies, omdat wetenskap en moderne bestuurspraktyke ’n sekere bewussyn – denkpatrone, uitgangspunte, doeleindes, begrippe, veronderstellings, waardes en ervaringe van dinge – vereis. ’n Tweede benadering is om inheemse kennisstelsels wat mense ontwikkel het om in sekere plaaslike omstandighede te kan leef, verder binne die konteks van ’n universiteit te ontwikkel. ’n Derde siening is dat Afrika ’n moderne Afrika-identiteit moet vorm as deel van die groter wêreld deur ’n eiesoortige Renaissance, soos wat in die Europese Renaissance en Japan se Meiji-revolusie gebeur het. Vierdens is daar die siening dat die tradisionele harmonie en identiteit van die Afrika-bewussyn wat deur die moderne wêreld vernietig is, herstel moet word. ’n Nuwe harmonie moet gevind word: vooruitgang vind plaas deur die sirkel groter te maak sonder om die eie identiteit te verander. ’n Vyfde siening is dat drome van ’n suiwer tradisionele wêreld onrealisties is. Daar moet gesprek kom met die oorblyfsels daarvan in gemarginaliseerde groepe. ’n Sesde benadering is om die idee van ’n universiteit prys te gee aan elemente van ’n Afrika-bewussyn, of selfs deur die gewelddadige vernietiging van universiteitsinstellings. Ten slotte word daarop gewys dat die moderne wetenskap in ’n Westerse konteks vanuit die Christendom ontstaan het, maar mettertyd van die Christelike geloof losgeraak het. As gevolg hiervan het die wêreldwye moderne magskonstellasie ’n gebrek aan sterk etiese waardes ontwikkel wat ’n gevaar vir die lewe van mens, plant en dier inhou. ’n Rigtinggewende breë bewussyn moet uit ons verskillende tradisies ontwikkel word, insluitende die Afrika-tradisies, wat, soos alle ander tradisies, moet verander en aanpas terwyl elkeen sy positiewe bydrae lewer en sy regmatige plek kry.

Trefwoorde: Afrika-bewussyn; Awoonor; dekolonisering; fallist-bewegings; Harari; Mbiti; moderniteit; Soyinka; universiteit

 

Abstract

The role of an African consciousness in universities in a non-Western context

In South Africa, the debate about an African consciousness in universities in a non-Western context had been going on for decades among African and other writers until it burst into the open in 2015 and 2016 with student protests known as the Fallist or #mustfall” movement (#Rhodesmustfall, #feesmustfall, #sciencemustfall, etc.). The debate about an African consciousness and the struggle against apartheid often formed part of the same movement, but many people engaged only in the struggle against apartheid, which was directed against oppression and injustice. It fought for human dignity, freedom, human rights, equality and democracy. These are all precious values in Western culture and tradition as well. The struggle for decolonisation, however, questions Western civilisation itself and the whole legacy of Western colonialism, and emphasises an awareness of an own and unique African consciousness. Consciousness here refers to what is on one’s mind, to one’s ideas, to one’s view of the world, to the way one experience things and to one’s values.

African thinkers have complained that the existence of an African consciousness is ignored by scholars who research Africa from their own perspectives and preconceptions. This is evident in the way Soyinka (1976:ix-x) responded when such preconceived positions came to the fore as a result of his criticism of the notion of Negritude. Soyinka noted that a tiger does not need to proclaim its “tigritude”. Later on he wrote:

From a well-published position as an anti-Negritudinist (if only one knew in advance what would make one statement more memorable than the next!) it has been with an increasing sense of alarm and betrayal that we have watched our position distorted and exploited to embrace a “sophisticated” school of thought which (for ideological reasons) actually repudiates the existence of an African world! ... We Africans have been encountering a concerted assault, decked in ideological respectability, on every attempt to re-state the authentic world of the African peoples … In vain we conjure with the names of Mbiti, Bolaji Idowu.

This article aims to analyse the discourse about an African consciousness, with particular attention to its role within universities in a non-Western context. Various ways in which the role of such a consciousness functions within universities will be investigated.

The first approach to this issue is to take over Western science and technology, but at the same time also to retain a traditional African consciousness. This approach is not without complications, because science and technology require a certain mindset to prosper. These complications are illustrated, firstly, by the notion of time that is relevant within African contexts. Mbiti (1969:17, 28) argued that in Africa

time is a two-dimensional phenomenon, with a long past, a present and virtually no future ... The traditional concept of time is bound up with the entire life of the people ... The change from the structure built around this traditional concept of time to one which should accommodate this new discovery of the future dimension, is not a smooth one and may well be at the root of, among other things, the political instability of our nations.

Another complication can be illuminated by the way in which cause and effect is understood within an African context. The philosopher Anyanwu (1984:91-2) wrote, for example, that magic raises the question of causality. “The West seeks rational causality in all things. What happens if nature is alive, if spirit permeates the whole universe, if consciousness cannot grasp the factors of causality? Effects would then be interpreted as magical.” He concludes (1984:93), “So the whole truth about cause is that it is magical, that is it belongs to the non-material world.”

Yet another complication in the effort to retain both modern science and African consciousness relates to individualism and communal thinking. This is illustrated in the struggle against apartheid in the seventies in which cultural factors played a major role when students at the University of the North rejected individualism as Western. They protested the failing of students in examinations with slogans such as “Pass one, pass all!” and “An injury to one is an injury to all” because failure of an examination was experienced as an injury inflicted on an individual. Their protest reflects a questionable aspect of communal thinking. Some elements of the traditional African thought patterns in such communal thinking can, however, make a valuable contribution to the modern world, for example the concept of limited goods in a world where progress is pursued as if the planet has unlimited resources.

A second approach to African consciousness within a university context is to develop indigenous knowledge systems, that is, the complex system of knowledge, skills, beliefs, habits and understanding that a local or indigenous group of people has developed over a period of time that enables them to live in a particular place. Ntuli (1999:184-5), for example, referred to “the need for decolonizing our minds” when he argued for “a strategic retreat to pre-colonial Africa to extricate some of the knowledge systems relevant to our needs in the next millennium. Central to the counter-hegemonic discourse is a return to first principles – to guidance from pre-colonial Africa.” Later on the student protest movement of #sciencemustfall would represent an extreme expression of this approach.

A third approach is for universities to reflect on an African consciousness within a global context. Former South African president Thabo Mbeki propagated an African Renaissance which would emulate the European Renaissance of the 15th and 16th centuries and the Japanese Meiji-revolution of the 19th century, but this time developed within an African context. In this regard Leopold Senghor, former president of Senegal, emphasised the contribution that Africa must make to a future world civilisation that must grow out of the combination of the existing cultures.

The fourth approach does not focus on the place of an African consciousness in a modern global context, but argues that the modern world must be assimilated into the African context by making the circle bigger. This implies that an African consciousness can restore and reinvigorate its identity by ssimilating the new into the old. Mavhunga (2011:352–3), for example, argues that there is nothing wrong in using Western thinking as a weapon to strengthen “an authentically African standpoint”.

The fifth approach to an indigenous consciousness within universities rejects what Grosfoguel (2011:25, 29, 30) describes as a Third World fundamentalism with its “rhetoric of an essentialist pure outside space or absolute exteriority to modernity”. He rather looks for interaction with the “subalterns”, the spaces on the periphery of the present colonial power structures, that have not been subdued completely by these power structures (2011:27–8). Grosfoguel wrote from a Latin-American context, but an African university would focus on interacting with an African consciousness which is not found only in marginalised spaces.

Lastly, some may promote an African consciousness through giving up the idea of a university or even through radical and violent rejection of existing university systems. An example in case would be the burning and vandalising of “colonial” art works, libraries and buildings during the student protests in 2015–2016.

Finally, these reflections should be regarded within a larger framework because the challenges that are mooted by student protests are not limited to Africa and other colonised places. This is evident when one considers religious aspects that play a role in Western contexts and are relevant for reflecting on an African consciousness and its relationship with the science discourse. Science and technology developed in the West over centuries as the fruit of, among others, the Christian faith, and yet, during these centuries, faith and science have become separated from each other with certain negative outcomes. It is noteworthy how Harari (2014) describes the lack of a guiding consciousness in the modern world at the end of his book Sapiens:

Self-made gods with only the laws of physics to keep us company, we are accountable to no one. We are consequently wreaking havoc on our fellow animals and on the surrounding ecosystem. Seeking little more than our own comfort and amusement, yet never finding satisfaction. Is there anything more dangerous than dissatisfied and irresponsible gods who do not know what they want?

To address this, a broad consciousness is needed to give direction to science and technology. Such a consciousness must be developed from our various traditions, including the African traditions, which, like all other traditions, will have to change and adapt while each one makes its positive contribution and finds its place.

Keywords: Africa; Awoonor; consciousness; decolonisation; fallist movements; Harari; Mbiti; modernity; Soyinka; university

 

1. Inleiding

Die debat oor hoe ’n universiteit in ’n nie-Westerse konteks lyk, het in onlangse tye besondere aandag geniet. Die gesprek vind plaas in die groter konteks van ’n lang tradisie van besinning oor die verhouding van die Westerse kultuur tot ander kulture, ook tot Afrika-kulture, en die rol van ’n Afrika-bewussyn in die kulture aan universiteite. Hallen(2009:135–7) bespreek byvoorbeeld die onbedoelde negatiewe gevolge van Westerse pogings om die kwaliteit van lewe in Afrika te verbeter. Hy kritiseer die begripsraamwerke wat uit die Westerse kultuur gebruik word om die samelewing in Afrika in terme van sake soos gemeenskap, familie en gender te verstaan. Hy bespreek onder andere as voorbeeld hiervan hoe vroulike geleerdes in Afrika soos Oyewumi, Amadiume1 en Nzegwu die feminisme in die sterkste taal afwys as ’n Westers-gebaseerde en Westers-georiënteerde beweging. Hy meen die Afrika-tradisie maak dit moontlik om die samelewing nie in terme van gender te orden nie (“makes it possible not to gender society”). Die rede hiervoor is volgens hom dat die feminisme ’n Westerse beweging is wat individualistiese idees propageer wat ondermynend inwerk op die Afrika-tradisie wat van die gemeenskap uitgaan en aan die geslagte gelyke en interafhanklike rolle gee.

In hierdie verband is dit nuttig om te let op hoe ander navorsers spesifiek oor ’n Afrika-bewussyn nagedink het. Sono (1994) byvoorbeeld stem saam met diegene wat oor dekades die Afrika-denke en die onderliggende bewussyn daarvan beskryf het met terme soos kommunalisme, kontinuïteit, ubuntu, mitologie, vitalisme, deelname, gerigtheid op die verlede, harmonie en balans. Waar ander skrywers so ’n bewussyn voorhou as ’n unieke African personality,kritiseer hy dit egter skerp: “The role of the group in African consciousness is overwhelming, totalistic, even totalitarian” (Sono 1994:7). Hy protesteer in die naam van ’n ander Afrika-tradisie, dié van die individuele denker wat waarde heg aan empiriese waarneming, die ondersoek van oorsaak en gevolg, kreatiewe en vernuwende denke en nonkonformisme. Hy protesteer teen emosionele groeps- of gemeenskapsdenke wat in die naam van ’n Afrika-tradisie regverdig word (Sono 1994:11–6). Volgens hom het hierdie gemeenskapsdenke, wat beheers is deur emosie en drif en wat in verset teen die dissipline van die denke is, oor die eeue daarin geslaag om die intellektuele individu stil te maak. Die feit dat sulke individue nie hulle gedagtes op skrif kon plaas nie, het hulle weerloos gemaak teen die massa (Sono 1994:17–8). Hedendaagse intellektuele wat hulle steun aan politieke ideologieë gee en die tydsgees napraat, sit die tradisie voort en laat die ware intellektueel weer eens in die steek (Sono 1994:55).

Dit is nuttig om hier kortliks te let op enkele historiese insigte oor die destruktiewe gevolge van ’n koloniale bewussyn. In 1958 het N.P. Van Wyk Louw (Louw 1986:411–4) gereageer op generaal J.C. Smuts se verwysing na Suid-Afrika as “this far-off corner of the world”, ’n opmerking wat volgens Louw ’n koloniale mentaliteit verraai. As Suid-Afrika ’n verre uithoek is, impliseer dit daar is êrens anders ’n middelpunt of sentrum – of dit nou New York, Washington, Parys, Moskou of Rome is. As alternatief tot hierdie standpunt van Smuts stel van Wyk Louw ’n wêreldkultuur voor waaraan elke plaaslike kultuur, wat self ’n sentrum is, onmiddellik kan deel hê, deur die wêreldkultuur op ’n eiesoortige wyse te vergestalt. “Die pot kook oral; orals kom daar strale op – nie net in ’n ‘sentrum’ nie.” Die enigste voorwaarde wat hy stel is “wye kennismaking met ander denkwyses, ’n oop houding teenoor eie probleme”. Die beloning is dat mense sal ontsnap aan die “muf klein wêreld” van ’n koloniale bewussyn wat die lewe se rykheid wil verskraal na sekere mense se eie siening en denkwyse. Reeds in hierdie vroeë stadium word dus op die negatiewe aard van koloniale denke en bewussyn gewys as iets wat destruktiewe, verskralende gevolge het.

’n Voorbeeld van so ’n destruktiewe kolonialisme met sy verskraling van die lewe se rykheid is wanneer Afrika-woordvoerders se aansprake op ’n eie Afrika-bewussyn en -wêreld misken word. In hierdie artikel word so ’n koloniale mentaliteit van miskenning bevraagteken deur te luister na enkele sake wat in die verset teen kolonialisme na vore kom. ’n Fenomenologiese benadering sal in die bespreking gevolg word. Dit word gedoen met die wete dat fenomenologie as filosofiese rigting by die filosoof Edmund Husserl (1859–1938) begin het. Hy was oortuig dat die Europese wetenskap en kultuur in ’n krisis was omdat dit vervreemd geraak het van sy eie oorsprong en wortels: “Een terugkeer na de oorsprong, welke volgens Husserl gelegen is in de Lebenswelt, is meer as gewenst.” Vandaar die oproep “zurück zu den Sachen selbst”. Die terugkeer gebeur nie op ’n positivistiese wyse nie, want dit gaan oor die sake of fenomene soos dit aan die bewussyn verskyn (Aydin 2007:22–3).

Dit is egter nodig om so ’n soort fenomenologie te kwalifiseer, veral in die lig van Levinas, een van die vele gesigte van die fenomenologie, se beswaar oor die moontlike negatiewe gevolge daarvan. Hy

bekritiseert, in navolging van Heidegger, de prioriteit die Husserl verleent aan het voorstellende of theoretische … Levinas ontmaskert de tendentie van het Europese denken om alles tot fenomeen te reduceren als een gewelddadigheid jegens datgene wat altijd al ontsnapt aan de voorstelling, namelijk de ander mens” (Aydin 2007:9). Die Ander “is uit en voor zichzelf gebiedend”.

Ons moet dit wat buite onsself en groter en anders as onsself is, respekteer. Die Ander mag nie gesien word as ’n fenomeen tussen ander fenomene nie, as iets wat aan die bewussyn verskyn nie. ’n Mens mag nie die Ander probeer inpas in sy eie denkkonstruksie of horison nie. “Zelfs het woord ‘ervaring’ (expérience) roept zijn kritiek op, doordat hij er een te grote identificatie van het Andere met het ervarende ik in beluistert” (Peperzak 2007:101–2). Levinas kritiseer hiermee die “egologie” van die moderne wetenskapsideaal: ’n ek wat alles begryp, ’n menslike selfbewussyn vir wie die heelal nie te groot is nie, “zodat het ik nooit wordt geconfronteerd met iets dat te machtig is” (Peperzak 2007:100–5).

’n Spesifieke voorbeeld in dié verband is die sogenaamde “othering” (andersmaking, ver-andering, andering). Dit is ter sake in verband met die houding van vele navorsers teenoor ’n Afrika-bewussyn. Andersmaking of andering vind plaas wanneer ’n groep wat mag het, ’n ander groep beskryf as minderwaardig deur sekere eienskappe aan hulle toe te skryf. So ’n optrede bied in werklikheid eerder regverdiging vir eie mag en dwing die ondergeskikte groep om hulle identiteit binne dié konteks te definieer, hetsy deur die eienskappe te ontken of die eienskappe aan hulleself toe te skryf op ’n manier waaruit hulle voordeel kan trek. ’n Voorbeeld hiervan is hoe ’n swart jong man in Denemarke gespog het dat hy so gewild is onder vroue omdat hy gevaarlik lyk. Hierdeur benut die man eienskappe van byvoorbeeld misdadigheid en hiperseksualiteit wat in die Deense diskoerse gereeld aan jong mans van etniese minderhede toegeskryf word om vir homself ’n sekere aansien te verwerf (Jensen 2011:65, 69).

Dit is moeilik om die regte benadering tot die kwessie te vind weens die verskillende sieninge oor ’n Afrika-bewussyn. ’n Benadering wat blykbaar probeer om die gevaar van andersmaking te vermy, kritiseer pogings om ’n Afrika-bewussyn te beskryf of te regverdig. Wole Soyinka, ’n latere Nobelpryswenner, het die Franse Afrikanistiese beweging bekend as “Negritude" gekritiseer. Hy het geredeneer dat ’n tier (“tiger”) nie nodig het om sy “tiersheid” (“tigritude”) te proklameer nie – hy ís dit net. Hy was egter erg ontsteld oor die wyse waarop ideologies-gedrewe pogings sy standpunt aangegryp het om die bestaan van Afrikaniteit en ’n Afrikaanse identiteit te ontken.

From a well-published position as an anti-Negritudinist (if only one knew in advance what would make one statement more memorable than the next!) it has been with an increasing sense of alarm and betrayal that we have watched our position distorted and exploited to embrace a “sophisticated” school of thought which (for ideological reasons) actually repudiates the existence of an African world! We Africans have been encountering a concerted assault, decked in ideological respectability, on every attempt to re-state the authentic world of the African peoples … In vain we conjure with the names of Mbiti, Bolaji Idowu ... (Soyinka 1976:ix–x)

Te veel stemme het opgegaan om die werklikheid van Afrikaniteit as ’n eie, legitieme wêreld te ignoreer. Hierdie Afrika-wêreld is wel nie enkelvoudig nie, want die gedagte van ’n “Afrika” kom op talle wyses na vore, maar dit is reeds vanaf die einde van die 19de eeu en meermale daarna ’n onomstootlike gegewe vir nakomelinge van slawe in Amerika asook vir skrywers, kunstenaars, teoloë en politici in Afrika, insluitend Suid-Afrika. In die Uhuru-tydperk kom dit sterk na vore in Afrika, en in die sewentigerjare in Suid-Afrika se Swartbewussynsbeweging.

Die keersy van hierdie werklikheid en van die bevestiging van ’n eie wêreld en bewussyn is ’n kernvraag: Wat moet Afrika en ander nie-Westerse groepe doen met die magsposisie van die Westerse kultuur, veral met die wetenskap/tegnologie wat die Weste oor die afgelope eeue ontwikkel het? Op hierdie vraag word eweneens uiteenlopende antwoorde gegee. In die stryd teen apartheid het hierdie vraag duidelik na vore gekom. In dié tyd verwys die Suid-Afrikaner Ezekiel (Es’kia) Mphahlele (1974:74) byvoorbeeld na poësie in Ghana wat gaan oor vrae soos “Who am I? Where did I come from? WHAT AM I TO DO WITH THIS EUROPEAN THING?” (sic). Die verskynsel is in kringe buite dié van die Afrika-denkers grootliks geïgnoreer. Dit was vir sommige makliker om die stryd teen apartheid te sien as slegs ’n stryd teen onreg en onvryheid, want dit is ’n stryd waarmee Westerse demokrate hulle kon vereenselwig, terwyl die stryd teen die koloniale erfenis dikwels ’n stryd is teen dinge wat vir mense met ’n Westerse kultuuragtergrond baie kosbaar is. Dekolonialisering is daarom vir baie van hulle veel meer bedreigend en onverstaanbaar as die stryd teen apartheid, want dit konfronteer mens met die moeilike vraag watter rol Mphahlele se “European Thing” in die Afrika-konteks moet en kan speel. Hierdie artikel ondersoek die kwessie met die doel om te verstaan wat in die debat na vore kom, en wil die aanspraak op ’n nie-Westerse identiteit benader as iets wat gerespekteer moet word as “uit en voor zichzelf gebiedend” (Peperzak 2007:100–5). Dit vermy die lokval om Afrikaniteit of ’n Afrika-bewussyn te ondersoek as iets wat ’n nie-Afrikaan goedsmoeds vanuit sy of haar eie verwysingsraamwerk kan verklaar (Van Niekerk 2017).

Hierdie ondersoek sal veral fokus op die rol van ’n Afrika-bewussyn in universiteite. In die diskoers oor die eie wêreld van Afrikaniteit is universiteite self ’n aktuele kwessie, veral omdat universiteite as gespreksruimtes vele debatte oor Afrikaniteit oplewer. Soms word in dié verband na die wese van die universiteit verwys, en meestal is dit ’n moderne, Westerse universiteit wat dan beskryf word. Dit lei tot die vraag of die universiteit anders as Westers vergestalt kan word of nie. In hierdie artikel word die saak verder ondersoek aan die hand van verskillende maniere waarop die verhouding tussen bewussyn en wetenskap/tegnologie met mekaar in verband gebring word, veral in die Afrika-konteks. Die volgende moontlikhede word bespreek, maar weens die beperkte ruimte sal dit slegs oorsigtelik gedoen kan word.

 

2. Neem die Westerse wetenskap en tegnologie oor met behoud van die tradisionele Afrika-bewussyn

’n Pertinente voorbeeld van ’n benadering wat ’n tradisionele nie-Westerse bewussyn in wetenskap en tegnologie wil behou, is te vind in die siening van die Al Jazeera-televisiesender wat ter sprake was op ’n konferensie oor universiteite wat in 2011 in Penang, Maleisië, gehou is. Mohamed Idris (2012) sien Al Jazeera as ’n voorbeeld van ’n postkoloniale instansie. Die sender “introduced a wholly different, more attractive and more truthful way of looking at social events”. Idris (2012) het blykbaar geen probleem daarmee dat die sender van hoogs moderne tegnologie gebruik maak nie. Dekolonisasie het vir hom niks te doen met moderne tegnologie en wetenskap nie. Dit gaan eerder oor dinge soos bewussyn en waardigheid: hy betoog dat universiteite in sy wêrelddeel met die Westerse imperialistiese wêreldbeeld en ideologie smous en so die Westerse hegemonie voortsit. Dit gebeur “through their education models that are so destructive to our culture, language, way of life, knowledge systems and dignity ... To achieve true liberation and recover our authentic selves, we need to purge the West that is within us.” Idris se beswaar is dus nie teen moderne tegnologie nie, maar teen dinge wat in die bewussyn van mense leef. Sy protes is teen ’n Westerse diskoers wat vernietigend inwerk op die bewussynsverskynsels van mense soos dit in hul kultuur, taal, lewenswyse en kennisstelsels na vore kom.

Die siening veronderstel dat die tradisionele bewussyn behoue kan bly wanneer moderne tegnologie oorgeneem word. Die vraag is of die wetenskap en tegnologie in ’n bepaalde konteks en bewussyn gewortel is of nie. Moet die moderne wetenskap en tegnologie as Westers beskou word of nie?

Hierdie vraag het reeds vroeër na vore gekom. In 1961, net mooi 50 jaar voor Idris se konferensie in Penang, skryf Leslie Newbigin, ’n Engelse sendeling in Indië, dat dit algemeen is in die Ooste om die tegnies-wetenskaplike kultuur wat in die Weste ontwikkel is te aanvaar as iets wat nie spesifiek Westers is nie, maar universeel, as deel van die beskawing van ons tyd, wat in groot hoeveelhede deur die Ooste ingeneem kan word: “that the East can take it on its own terms and use it in their own way ... one can take Western science and technology in the biggest available doses without the risk of damaging one’s Eastern digestion” (1961:13–4, 16). Idris sit hierdie tradisie klaarblyklik voort, maar soos hier onder sal blyk, het Newbigin geoordeel dat dit nie so maklik gedoen kan word nie. Meer plaaslik bespreek Makhene (1996) op soortgelyke wyse as Idris die moontlikheid van “a modern African culture”, wat inhou dat Afrika kan moderniseer sonder om te verwesters en die positiewe aspekte van hulle kultuur prys te gee. Maar op 12 August 1944 vra A.P. Mda van die ANC se Jeugliga in The Bantu World of so iets wel moontlik is:

[T]hat a “standard civilization” has been attained today is an evident fact. The question therefore, is not whether the Bantu should develop a new civilization. The question is whether or not the Bantu are capable of assimilating Western civilization upon the background of their historic past. (Gerhart 1978:66).

Die vraag of die wetenskap en tegnologie in ’n bepaalde konteks en bewussyn gewortel is of nie, kan aan die hand van ’n ander voorbeeld verder belig word. In sy boek Sapiens vra Harari (2014:314–5, 324–5) waarom Duitsland en Frankryk in so ’n kort tydjie Engeland se nywerheidsrevolusie hulle eie kon maak. Waarom het China en Persië dit nie gedoen nie – hulle het immers geen tekort aan tegnologie en kundigheid gehad nie? Tussen 1405 en 1433 het Zheng He van die Chinese Ming-dinastie reeds met sewe groot, tegnologies indrukwekkende armadas die Indiese Oseaan bevaar en van Indonesië tot Oos-Afrika aangedoen. Die grootste armada het bestaan uit 300 skepe met byna 30 000 mense. Hierteenoor is Columbus se drie skepies met 120 mense bitter klein – een van die skepies was omtrent so lank as wat Zheng se vlagskip breed was. Nogtans het Westerse lande die Britte se voorbeeld vinnig oorgeneem, maar China en Persië kon dit nie vinnig hul eie maak nie, omdat hulle nie die waardes, mites, regsprosesse en sosiopolitieke strukture gehad wat oor eeue in die Weste ontwikkel is nie.

Waar Idris die inheemse kulture, tale, lewenswyses, kennis en waardigheid wil behou en teen Westerse hegemonie wil beskerm, maar die moderne wetenskaplik-tegniese wêreld terselfdertyd wil benut, redeneer Harari dat die moderne wetenskaplik-tegniese wêreld verband hou met sekere waardes, mites, regsprosesse en sosiopolitieke strukture wat in die Weste ontwikkel het.

Hier het ons dus twee teenoorstaande antwoorde op die vraag of die wetenskap en tegnologie in ’n bepaalde konteks en bewussyn gewortel is of nie. Verdere vrae kan gevra word: Watter verhouding of verbinding tussen wetenskap/tegnologie en bewussyn is die beste? Sou dit moontlik wees om terug te gaan na Zheng He se gebruik van tegnologie, wat nie op kolonialisme uitgeloop het nie, en van daar af die bewussyn en tegnologie te ontwikkel wat nodig is om die probleme van hierdie eeu mee op te los? Nader aan die Afrika-konteks is die vraag of die moderne wetenskap/tegnologie met die Afrika-bewussyn versoen kan word, soos Mda gevra het, en hoe ’n universiteit sou lyk waar dit gedoen sou word. Hierdie vraag van Mda kan kortliks aan die hand van drie aspekte van die Afrika-bewussyn soos deur Afrika-skrywers verwoord, getoets word. Daaruit blyk dat die moderne wetenskaplik-tegniese wêreld nie sonder meer met tradisionele denkwyses versoen kan word nie.

2.1 Tydsbegrip

Tydsbegrip is ’n aspek van bewussyn wat ’n rol speel in die verhouding met tegnologie en die wêreld. Newbigin (1961:18–20) het daarna verwys om te illustreer dat die tegnies-wetenskaplike kultuur wat in die Weste ontwikkel is, nie sonder meer in ’n nie-Westerse konteks opgeneem kan word nie. Hy noem as voorbeeld dat tyd in die Tamil-gebied van Indië waar hy gewoon het, ervaar is as herhalende siklusse. Jare is in siklusse van 60 getel. Elkeen van die 60 jaarsiklusse het ’n naam, en hulle volg mekaar in ’n vaste volgorde op. Dit beteken byvoorbeeld dat die jare 1800, 1860 en 1920 dieselfde naam het, met die gevolg dat daar geen manier is om tussen hulle te onderskei nie. Teenoor hierdie sikliese tydsbegrip staan ’n liniêre verstaan van tyd in moderne Westerse kontekste. Dié verstaan van tyd gaan gepaard met langtermynbeplanning en die oortuiging dat die werklikheid oor tyd verander kan word, wat meebring dat daar doelwitte gestel word en dat vooruitgang nagestreef word. Enige verandering in tydsbegrip impliseer ’n fundamentele verandering in die bewussyn en die verhouding met die werklikheid. Dit word bevestig deur die gebeure in Indië, waar modernisering en langtermynbeplanning veroorsaak het dat die land noodgedwonge dieselfde jaartelling as dié van die Weste moes volg. In Afrika is daar eweneens ’n verandering in tydsbegrip aan die gang.

Mbiti, ’n bekende teoloog uit Oos-Afrika, wys daarop (1969:17, 28) dat tyd in Afrika tradisioneel gekoppel is aan dinge wat reeds gebeur het, tans besig is om te gebeur, of op die punt staan om te gebeur: “[T]ime is a two-dimensional phenomenon, with a long past, a present and virtually no future ... The traditional concept of time is bound up with the entire life of the people.” Die ontdekking van ’n toekoms bring gevolglik ’n hele nuwe dinamika in die hele lewe. Die oorgang na hierdie nuwe soort lewe is nie maklik nie en is volgens hom waarskynlik een van die oorsake van politieke onstabiliteit.

Tydsbegrip het belangrike implikasies vir die funksionering van ’n universiteit. Harari skryf ’n hele hoofstuk oor die wyse waarop die moderne wetenskap en die moderne samelewing oor die laaste 500 jaar saam ontwikkel het en mekaar versterk en bepaal het (2011:307–40). Goudzwaard (1978:2–5, 58–61) het eweneens geredeneer dat elke samelewingsorde en produksietegniek onder andere ’n bypassende kulturele voedingsbodem en geestelike basis nodig het om te ontstaan en om in stand gehou te word. So is ’n wetenskaplik-ondersteunde tegnologie die onmisbare, praktiese bondgenoot van die geloof in vooruitgang, die geloof dat ons vorder op die pad na ’n beter toekoms deur beheersing van die natuur. Hierdie geloof in vooruitgang is wesenlik verbonde aan die moderne tydsbegrip. Die universiteit en al die ander entiteite in ons moderne lewensorde moet, kortliks gestel, dus bydra tot vooruitgang en help om ons geloof in ’n beter toekoms te verwesenlik. Om ’n moderne universiteit suksesvol op te neem in Afrika, waar die geloof in vooruitgang tradisioneel nie prominent is nie, moet die universiteit daaroor besin hoe dit in só ’n konteks moet funksioneer waar ander waardes as vooruitgang en beheer oor die natuur, potensieel goeie waardes, belangrik mag wees.

2.2 Kousaliteit

Die siening van kousaliteit is voorts ter sake wanneer oor die rol van wetenskap en tegnologie in ’n nie-Westerse universiteit besin word. In Westerse kontekste het die modernisme ’n sekere siening van oorsaak en gevolg ontwikkel. Die filosoof Anyanwu (1984:92) beskryf dit as volg: “[T]he West seeks rational causality in all things.” Hy bevraagteken hierdie soeke vanuit die tradisionele Afrika-siening:

Die filosoof Anyanwu (1984:91-2) beskryf dit as volg: “The West seeks rational causality in all things. What happens if nature is alive, if spirit permeates the whole universe, if consciousness cannot grasp the factors of causality? Effects would then be interpreted as magical.” Hy kom tot die gevolgtrekking (1984:93), “So the whole truth about cause is that it is magical, that is it belongs to the non-material world.”

Die gewilde skryfster Ayn Rand (1957:246) verwoord ’n moderne, Westerse siening van die verhouding tussen tegnologie en bewussyn in die beskrywing van ’n toneel waarin ’n vrou kyk na ’n trein wat om ’n draai jaag. Die vrou wonder wat dit moontlik maak om 7 000 ton staal en vrag teen ’n spoed om ’n draai te stuur. Sy skryf dit toe aan die beheer wat die menslike bewussyn oor die materie uitoefen: “the power of a living mind – the power of thought and choice and purpose.” Deur sy of haar rede kan die moderne mens natuurlike oorsaak en gevolg verstaan en deur die tegniek beheer oor die natuur verkry, en so vooruitgang bewerkstellig.

Drie jaar voor Rand beskryf Camara Laye van Frans-Guinee ’n ander verhouding tussen bewussyn en tegnologie wat aansluit by Anyanwu se siening dat daar meer dinge as rasionele oorsaak en gevolg betrokke is. Laye se pa was ’n ystersmid. In die muur van sy smidswinkel was ’n gat waarin ’n swart slangetjie gewoon het wat dikwels uitgekom het dat die smid sy koppie kon vryf. Die slangetjie het die versorgende gees van die familie verteenwoordig, en die gees het die smid voorberei vir elke dag se werk:

Everything is transmitted to me in the course of the night, together with all the work I shall have to perform, so that from the start, without having to cast about in my mind, I know how to repair whatever is brought to me; and it is these things that have established my renown as a craftsman ... I owe it to the guiding spirit of our race. (Laye 1954:19)

Om ’n moderne universiteit suksesvol in ’n Afrika-konteks te bedryf moet daar erns met die hele kwessie van kousaliteit of oorsaaklikheid gemaak word. Anyanwu beskryf twee pole: oorsaak en gevolg, wat deur die rede begryp kan word, teenoor magiese oorsaaklikheid, wat nie vir die rede toeganklik is nie. Daar is egter meer sieninge van oorsaak en gevolg. In die Weste self word alles nie vanuit ’n eenvoudige of reglynige oorsaak-en-gevolg-benadering verklaar nie – asof alles wat gebeur reglynig verklaar sou kon word uit oorsake wat in die verlede is. In kompleksiteitsteorieë soos chaosteorie is daar ’n element van onvoorspelbaarheid, van openheid jeens die toekoms. Daar moet empiries-wetenskaplik vasgestel word watter sienings van oorsaak en gevolg wel ’n rol speel in die Afrika-universiteite se funksionering, en indien wel, hoe dit manifesteer. Daar moet dan saam met betrokkenes gesoek word na sinvolle maniere om dit te hanteer. Sodanige sinvolle maniere moet help om die voordele wat die moderne wetenskap en tegnologie meebring in diens te stel van ’n respekvolle en volhoubare omgang met en sorg vir nie-Westerse kulture en die natuur.

2.3 Individu en gemeenskap

Individualisme is ’n verdere moderne konstruk wat aandag verdien in die ondersoek van ’n Afrika-bewussyn in nie-Westerse kontekste. In die jare rondom 1990 het studente aan die universiteit waar ek toe gewerk het, beswaar gemaak teen Westerse opleiding, veral Westerse akademiese standaarde en Westerse denkpatrone soos individuele verantwoordelikheid en die siening van oorsaak en gevolg. Die slagspreuk “Pass one, pass all!” was algemeen en het studente deur baie stakings en brande aangevuur. So ook “An injury to one is an injury to all!” – waar “injury” gewoonlik daarop gedui het dat ’n student gedruip het. Dit was opmerklik hoe dit as ’n diepe belediging en onreg ervaar is dat iemand druip. Die beswaar was meer as verset teen apartheid; dit was verset teen Westerse denkpatrone. Aspekte van die Afrika-bewussyn wat vermoedelik ’n rol gespeel het in hierdie verset, sluit in die tradisionele gemeenskapgevoel, soos blyk uit die slagspreuk wat die een met die almal verbind. Studente het soms in vergaderings geweier om hulle name te noem, want, het hulle aangevoer, ek bestaan nie, ons is almal een.

En die siening dat dit ’n onreg is as ’n persoon druip, dui daarop dat die individue nie voel dat hulle self verantwoordelik is vir hulle prestasie in ’n toets nie. ’n Student het op ’n keer opgemerk: “As jy druip sê jy nie ek is dom of ek is lui nie, jy sê iemand haat my, en dit kan jou beste vriend wees.” Hier is sprake van ’n magiese siening van oorsaak en gevolg. Maimela (1985:67), ’n Suid-Afrikaanse teoloog, het dit as volg verduidelik:

Africans have had to postulate external hostile powers and agencies more powerful than human beings, with which to account for the misfortunes that confront them ... One is apt to look for the reason in a context outside that of physical cause and effect. Naturally, no questions are raised with regard to one’s inability to fulfil one’s ambitions, because causes are always externalised and personalised.

Hier moet in gedagte gehou word dat ’n Afrika-universiteit elemente van die tradisionele bewussyn behoort te behou om die universiteit ’n plek te maak waar mense vanuit ’n Afrika-tradisie kan tuis voel. Soms sal aspekte van die tradisionele bewussyn moet verander as daar nog van ’n universiteit gepraat moet word. En soms sal die universiteit moet verander. In dié verband is ’n waardevolle aspek van die Afrika-bewussyn die siening van beperkte universele goedere waaraan ’n hele gemeenskap, of selfs alle mense, deel het. Dit is inderdaad die geval dat die siening van beperkte goedere wat ’n gemeenskap deel, dikwels tot stagnasie lei. As ’n individu byvoorbeeld deur inisiatief en ywer sy of haar posisie verbeter het, is so ’n persoon se voorspoed dikwels gesien as diefstal, want as daar beperkte goedere is het elkeen aanspraak op slegs ’n beperkte deel daarvan. Voorspoed deur eie inisiatief kom hiervolgens daarop neer dat jy meer as jou deel vir jouself toe-eien. Stappe word dan gedoen om die versteuring van die orde reg te stel – ten koste van vooruitgang en van die persoon wat wil vooruitgaan. Aan die ander kant kan die insig van beperkte goedere wel ’n rol speel in nadenke oor tegnologie. In ’n moderne ekonomie waar onbeperkte en toenemende verbruik as doelwit nagejaag word, is dit immers lewensnoodsaaklik om ’n besef te ontwikkel dat die planeet en haar hulpbronne beperk is. ’n Mens moet ubuntu nie idealiseer nie, maar ’n groter mate van gemeenskaplikheid kan ’n waardevolle korrektief aanbring op die obsessie met individuele prestasie en vooruitgang. Hierdie aspek van ’n Afrika-bewussyn kan ’n nuttige funksie vervul in nadenke oor wetenskap en tegnologie.

Die houding hieroor is nie altyd eenvoudig nie. Gyekye (1996:174, soos aangehaal deur Lassiter 2000:10) het byvoorbeeld in sy African cultural values betoog dat die wetenskap, ter wille van vooruitgang op wetenskaplike en tegnologiese gebied, "should be rescued from the morass of (traditional) African religious and mystical beliefs". Nogtans, vervolg Lassiter, het Gyekye volgehou dat daar baie positiewe elemente van tradisionele Afrika is wat, met die nodige aanpassing en verfyning, ’n nuttige deel kan word van ’n moderne Afrika-kultuur. Gyekye bespreek byvoorbeeld waardes soos menslikheid en broederskap, die verhouding tussen groep en individu, moraliteit, familie, ekonomie, kapteinskap en politiek, menseregte, kennis en wysheid, en estetika.

Die bespreking van die bogenoemde drie aspekte van die Afrika-bewussyn – tydsbegrip, kousaliteit en gemeenskapsgevoel – dui daarop dat die moderne wetenskap en tegnologie nie net so oorgeneem kan word terwyl die Afrika-bewussyn net so behou word nie. ’n Nie-Westerse universiteit sou nie probeer om Westerse kennis, en die bewussyn waarvan dit deel is, net so na die Afrika-konteks oor te dra nie, maar kan die kennis ook nie net prysgee nie. Daar sou respekvolle aandag nodig wees vir die interaksies tussen die verskillende bestaande vorme van bewussyn en tegnologie, en ook vir die hele netwerk van magte en invloede waarbinne dit bestaan, en daar sou met moontlike sinvolle verhoudings en verbindings geëksperimenteer moet word. Sekere aspekte uit die Afrika-konteks bied nuttige moontlikhede vir so ’n eksperiment.

 

3. Ontwikkel inheemse kennisstelsels

Die vorige afdeling handel oor die vraag of die tradisionele bewussyn behoue kan bly as moderne tegnologie oorgeneem word. In hierdie afdeling word die siening ontleed dat die ontwikkeling van wetenskaplike ondersoek met inheemse kennis en kultuur verbind moet word. Inheemse kennisstelsels verwys breedweg na die kompleks van kennis, gelowe, insigte, vaardighede, gebruike en gewoontes wat ’n inheemse of plaaslike groep mense oor ’n sekere tyd ontwikkel het ten opsigte van hulle spesifieke omgewing, soos watter plante bruikbaar is vir sekere doeleindes en hoe om aan te pas.

In die diskoers hieroor word meermale verwys na die tradisionele kennis wat vóór die koloniale era bestaan het. Soyinka (1976:viii) het beswaar gemaak teen akademici in Afrika wat gebruik maak van die ingevoerde uitgangspunte van koloniale denkers eerder as hulle eie kulture: “To the truly self-apprehending entity within the African world reality, this amounts to intellectual bondage and self-betrayal” (sien ook Hallen 2009:61–2). In ’n lesing oor The missing link between culture and education: are we still chasing gods that are not our own? verwys Ntuli (1999:184–5), na “the need for decolonizing our minds”. Hy betoog dat juis die verset teen die oorheersing van die Weste, en die blote gebruik van terme soos Afrosentries, Eurosentries, postkoloniaal en postapartheid, hierdie faktore medebepalend van die Afrika-identiteit maak. In die plek hiervan bepleit hy aandag vir inheemse kennis: nodig is “a strategic retreat to pre-colonial Africa to extricate some of the knowledge systems relevant to our needs in the next millennium … Central to the counter-hegemonic discourse is a return to first principles – to guidance from pre-colonial Africa.”

Sommige voorstelle oor die rol van inheemse kennis in universiteite is ooglopend nie haalbaar nie. Gedurende ’n #ScienceMustFall-gesprek by die Universiteit van Kaapstad het ’n student byvoorbeeld gesê dat wetenskap ’n produk is van Westerse moderniteit, “and the whole thing must be scratched out ... We have to restart science from the African perspective ...” (https://www.youtube.com/watch?v=C9SiRNibD14). Dis moeilik voorstelbaar hoe ’n universiteit dit sou kon doen.

Huishoudings en gemeenskappe in Afrika het hulle inheemse kennis en eie persepsies oor die lewe – oor gesondheid en siekte, politiek, plante en diere, oor God en die geeste. Baie hiervan is sake wat wel op universiteit bestudeer word. Soms kan die moderne wetenskap by hierdie persepsies en inheemse kennis leer, byvoorbeeld oor genesende stowwe wat in tradisionele medisynes voorkom. Soms is die persepsies onversoenbaar met die moderne wetenskap. Maar pogings om die lewensgehalte van sulke gemeenskappe te verbeter sal kwalik slaag indien die kennis, persepsies, gewoontes, praktyke en uitgangspunte van daardie gemeenskappe nie goed begryp word nie. ’n Afrika-universiteit sal daardie wêreld en sy kennis en sy bewussyn bestudeer en daarmee in gesprek gaan om ’n pad te vind waarop sinvol met mense in daardie konteks saamgewerk kan word. In verskillende wetenskappe, soos die geesteswetenskappe, die natuurwetenskappe, die gesondheidswetenskappe, die regswetenskappe en die teologie sal dit waarskynlik telkens op verskillende wyses gebeur.

 

4. Ontwikkel ’n moderne Afrika-kultuur as deel van die wêreldkultuur

Daar is navorsers wat die verhouding van ’n Afrika-kultuur tot die wêreldkultuur ondersoek omdat hulle waarde daarin sien dat Afrika deel moet word van die moderne wêreld, sonder dat Afrika vervreemd van homself raak. ’n Spesifieke voorbeeld van hierdie benadering is dié van Leopold Senghor, wat die eerste president van Senegal was (1960–1980), en wat klem gelê het op Afrika se eie tradisie én op Afrika as deel van die moderne wêreld. In 1948 het hy ’n bundel gedigte gepubliseer waarin geïmpliseer word dat ’n meer universele beskawing uit die kombinasie van kulture met verskillende eienskappe gevorm moet word. Die Afrika-bewussyn was vir Senghor “the ultimate truth which alone will save a world gone mad through the overwhelming impact of science and technology” (Awoonor 1976:155). Hier word die moderne wetenskap en tegnologie gesien as die probleem, en die Afrika-bewussyn as die oplossing. Wat reeds meer as 40 jaar gelede só geopper is, word vandag ’n sterker neiging: dreigende krisisse soos klimaatsverandering laat sommige dink dat die moderne Weste wat die spoor byster geraak het, weer by nie-Westerse samelewings rigting kan vind. Geen kultuur het al die wysheid in pag nie, ook nie die moderne kultuur nie. Dit kan inderdaad waardevol wees om by ander kulture te gaan leer. ’n Afrika-universiteit sou dus voluit aan die moderne wêreld kon deelneem en ’n eie bydrae vanuit sekere bewussynsvorme van Afrika lewer.

In so ’n geval word Afrika ’n rolspeler in die groter wêreldkultuur. Dit is die motivering vir die poging om ’n Afrika-Renaissance te bevorder soos byvoorbeeld met die Europese Renaissance van die 15de en 16de eeue gebeur het, en met Japan se Meiji-revolusie in die 19de eeu (Mbeki 1998:241–2), hoewel op Afrika se eie wyse. Die strewe word veral verbind met die persoon van oudpresident Thabo Mbeki. Na die helde van bevryding moes hiervolgens die helde van wetenskap, kuns, tegnologie, handel, staatsmanskap en denke na vore tree. Dit gebeur egter nie altyd konsekwent nie. In sy voorstelling van so ’n Renaissance sit Mbeki se eie heldegalery (1998:289) vol politici wat nie juis helde is wat ander aspekte van ’n Afrika-Renaissance verteenwoordig of uitwerk nie. Die lys sluit name in soos Abdul Gamal Nasser van Egipte, Ben Belta van Algerië, Kwame Nkrumah van Ghana, Robert Mugabe en Joshua Nkomo van Zimbabwe, Sam Nujoma van Namibië, Seretse Khama van Botswana en Nelson Mandela van Suid-Afrika.

 

5. Kontekstualiseer die moderne wetenskap en tegnologie

’n Ander benadering is om moderne wetenskap en tegnologie in die raamwerk van ’n Afrika-bewussyn en -wêreld te kontekstualiseer. In so ’n benadering is die klem nie soseer daarop dat Afrika ’n bydrae lewer tot die groot wêreldbeskawing nie, maar dat die moderne wêreld opgeneem word en ingepas word in die Afrika-wêreld. Vir Kofi Awoonor is die probleem dat die Weste die fundamentele eenheid en harmonie van die Afrika-wêreld vernietig het. In sy kommentaar op Chinua Achebe se boek Things fall apart skryf hy:

To Achebe, the African world before the arrival of Europe was a well-integrated one, with dignity and honour ... As a story of the tragic encounter between Africa and Europe, it is an attempt to capture and restate the pristine integrity which has been so traumatically shattered by that confrontation ... Order and coherence are followed by that slow, imperceptible and disguised process of destruction and decay ... When the Christians come ... the seeds of havoc are planted. (1976:252-4).

Hierdie probleem lei logies tot die volgende oplossing: “[T]he widening of the circle ... ultimately will constitute the only human progress ... the reunification of all things in a primary universal construct” (Awoonor 1976b:167). Hierdie benadering behels nie soseer ’n vermenging of samevloei van kulture (Bhabha 1994) nie, maar behels eerder ’n poging om Afrika se mag te vergroot deur ’n ander kultuur in haar raamwerk op te neem en te benut, maar terselfdertyd haar eie identiteit te behou. Mavhunga (2011:352, 353) redeneer dat dit nie verkeerd is om Westerse denke of produkte te gebruik as wapens om kolonialisme mee te beveg nie. Die voorgeslagte het immers dieselfde wapens wat gebruik is om hulle te koloniseer, gebruik om vir vryheid te veg; hulle het dieselfde opleiding in sendingskole wat gebruik is om hulle tradisies te vernietig, gebruik vir die bevryding van daardie tradisies. Maar in die strewe na “an authentically African standpoint” moet die gevaar van so ’n strategie duidelik in gedagte gehou word: Dit kan maklik gebeur dat die wapens wat jy gebruik, jou intrek in hulle magsfeer en jy jouself koloniseer.

Awoonor se sirkel waarin alle teenstellinge opgeneem word, kan ’n ruimte bied waarin ’n Afrika-universiteit kan funksioneer, mits die universiteit voldoende ruimte gegun word sodat die sirkel nie op die universiteit kultuurwaardes afdwing wat onversoenbaar is met die werking van ’n universiteit nie. Só ’n universiteit sal aandag gee aan alle magte en bewussynsvorme in die sirkel wat die gang van sake beïnvloed. Die universiteit self leef dalk nie vanuit sommige van hierdie bewussynsvorme nie, maar oorweeg hierdie dinge as ’n belangrike deel van sy konteks.

 

6. Begin op die periferie van die koloniale magsblok

Uit Latyns-Amerika kom ’n benadering in die nadenke oor die verhouding van inheemse bewussyn en wetenskap wat fokus op die magstrukture waarin gemarginaliseerde groepe hulle bevind. Dit behels om realisties te wees ten opsigte van bestaande magstrukture, maar dit heg waarde aan die reste van drome oor die verlede wat by onderdruktes en gemarginaliseerdes op die periferie van magsblokke leef. Hierdie drome kan deel van die groter stryd om politieke en ekonomiese vryheid word. Volgens Grosfoguel (2011:21) is kolonialiteit en moderniteit/postmoderniteit twee kante van dieselfde munt. Kolonialiteit is deur die huidige wêreldwye kapitalistiese stelsel die voortsetting van die ou koloniale regerings. Die stelsel behels ’n totale magsblok wat periferieë skep waar kulturele, politieke, geslagtelike, ekonomiese, etniese en rassegroepe wat uitgesluit is van mag en van al die voordele wat die stelsel meebring, hulle bevind en wat daarom as groepe onderdruk en uitgebuit word.

Grosfoguel (2011:25, 29, 30) kritiseer Derde Wêreldse fundamentalistiese benaderings met hulle “rhetoric of an essentialist ‘pure outside space’ or ‘absolute exteriority’” waarmee hulle dink hulle ’n vastrapplek buite moderniteit kan kry. Hy beskou hierdie fundamentalisme as produkte van Europese moderniteit. Daarteenoor vind hy ’n “radical potential in those relatively exterior spaces not fully colonized by the European modernity”. Hierdie “subalterns” (ruimtes op die periferie van die koloniale magsblok) is nie suiwer of absoluut nie. Hulle is beïnvloed en selfs voortgebring deur Europese moderniteit, maar nooit heeltemal onderwerp of diensbaar gemaak aan die stelsel nie. Hy betoog dat ’n epistemiese perspektief vanuit die oogpunt van die subalterngroepe baie kan bydra tot die debat oor kolonialiteit.

Grosfoguel se bydrae tot die besinning oor universiteite sluit aan by ’n bestaande situasie, naamlik die subalterne soos hulle vandag is. Dit veronderstel dat die akademiese diskoers deel vorm van groter ekonomiese en politieke magsblokke, en dat tradisionele bewussyn na die periferie verdring word. In ons konteks leef die Afrika-bewussyn steeds in groepe aan die rand van die magsblokke, maar die tradisie laat dit al hoe sterker binne die magsblokke geld.

’n Postkoloniale Afrika-universiteit sou ’n ruimte word waar die personeel van die universiteit bewus is van, en mekaar bewus maak van, hierdie magsnetwerke waarvan hulle deel is en waarin hulle verstrik is en dan daarna strewe om hierdie mag te begryp en die impak daarvan op die universiteit sinvol te bestuur. Só ’n universiteit sou ook ’n ruimte moet wees waar diegene wat gemarginaliseer word, op ’n sinvolle wyse hulle stem kan laat hoor en aan ’n sinvolle interaksie met die universiteit kan deelneem. Daardeur word ’n bewussyn gekweek van die magstrukture waarvan universiteite deel is en van diegene wat daardeur vergeet en benadeel word.

 

7. Laat vaar die idee van ’n universiteit

Die idee van ’n universiteit, daardie moeilik definieerbare ietswat maak dat dit ’n universiteit is, het te doen met dinge soos die soeke na “waarheid” deur redelike en kritiese, ook selfkritiese, navorsing en denke en oop gesprekke. Hierdie idee word dikwels bedreig deur een of ander heersende ideologie wat dit diensbaar wil maak aan ander doelwitte. Dit gebeur eweneens in Afrika as elemente van ’n Afrika-bewussyn die werking van die universiteit ondermyn. ’n Etniese groep kan die universiteit opeis en ander uitstoot selfs as die nodige kundigheid in eie geledere ontbreek. Die belangrikste probleem is waarskynlik as die idee van wetenskaplike kennis self prysgegee word.

Die afskaffing van die idee van ’n universiteit gebeur verder as die siening posvat dat alles wat die Weste in die kolonies ingebring het of in die kolonies gedoen het, insluitende moderne kennis, ongedaan gemaak moet word. Dit kan op geweld en brandstigting by universiteitsinstellings uitloop of op ander maniere na vore kom.

Prince Mashele (2016) skryf:

African leaders don't like the idea of an educated populace, for clever people are difficult to govern. Mandela and Mbeki were themselves corrupted by Western education. (Admission: this columnist is also corrupted by such education.) … Zuma remains African. His mentality is in line with Boko Haram. He is suspicious of educated people, what he calls “clever blacks”. Remember that Boko Haram means “Against Western Education”.

Na die onafhanklikheidswording van sekere lande het daar sporadies van die staat se kant af geweld teen geleerdes in Afrika uitgebars: in Zanzibar onder Abeid Karume, in Uganda onder Idi Amin, in Ekwatoriaal-Guinee onder Francisco Nguema en in Ethiopië onder Mengistu Mariam (Meredith 2006:223, 237, 240, 246). In die Kongo het Pierre Mulele, ’n voormalige minister van onderwys, ’n opstand begin, en almal wat kon leesof skryf, of wat ’n das dra, is om die lewe gebring (Naipaul 1981:187–8). Hier in Suid-Afrika was daar #ScienceMustFall, en ook, in die sewentigerjare, swart protesbewegings wat geweier het om hulle protes te publiseer omdat publikasie in sigself Westers is. Hulle het hulle protes in tradisionele ritmiese orale vorme voorgedra, waarmee hulle hulle eie tradisie opgeroep het: “an African anthropomorphic universe wherein all relationships – from God to the ancestral spirits, through man to the animals and plants – are mutually co-existent” (Michael Chapman in 1984, aangehaal deur Brown 1998:193-4).

 

8. Die rol van die godsdiens aan die universiteit

Hierdie artikel het die verhouding tussen wetenskap/tegnologie en ’n Afrika-bewussyn ondersoek. In dié verband is enkele opmerkings oor die rol van godsdiens in die verhouding nodig, omdat godsdiens ’n wesenlike rol in die vorming van bewussyn kan speel – in die Weste net soveel as in nie-Westerse kontekste en instellinge. Whitehead het religie en wetenskap beskryf as “the two strongest general forces (apart from the mere impulses of the various senses) which influence men” (soos aangehaal in Abrecht 1979:11). Whitehead was oortuig dat die moderne wetenskap in Europa in die Middeleeue ontstaan het deur die kombinasie van “the faith in the personal energy of the Biblical God with the rationality of a Greek philosopher” (Prigogine en Stengers 1984:47).

In sy uitstekende besinning oor die verhouding tussen geloof en wetenskap kom Nürnberger (2011) egter tot dié gevolgtrekking: “Ever since the Enlightenment faith and science have been drifting apart ... Science has become a loose canon; faith has become a private pastime. The consequences are catastrophic.” In die moderne kultuur het die geloof inderdaad al hoe meer tot die private wêreld beperk gebly en dikwels tot ’n groot mate selfs daaruit verdwyn. Die gevolg van die verlies aan geloof op wêreldwye skaal word goed beskryf deur Harari (2014) aan die slot van sy boek met die titel Sapiens:

Self-made gods with only the laws of physics to keep us company, we are accountable to no one. We are consequently wreaking havoc on our fellow animals and on the surrounding ecosystem. Seeking little more than our own comfort and amusement, yet never finding satisfaction. Is there anything more dangerous than dissatisfied and irresponsible gods who do not know what they want?

Dit laat die vraag ontstaan watter bewussyn tans die koers en rigting van universiteite bepaal. Die universiteit kan nie funksioneer sonder bewussyn nie, en bewussyn word onder andere deur dinge soos kultuur en religie gevorm. Uiteindelik moet die gesprek oor sieninge en waardes gaan, en oor die probleem wat Harari aantoon: As universiteite net die wette van die fisika het wat rigting gee, en aan niemand verantwoordelik is nie, dan word hulle ’n gevaar vir mens en dier, en kennis vererger die vermoë om skade aan te rig. Wetenskap en geloof moet mekaar weer vind om die mensdom te lei na ’n visie van omvattende en optimale wel-syn. Nürnberger (2011) betoog tereg: Die wetenskap het die beste teologie nodig om verantwoordelik te wees, en geloof het die beste wetenskap nodig om geloofwaardig te wees. Die “beste teologie”, in Nürnberger se terminologie, kan ’n sinvolle bydrae lewer tot hierdie gesprek by en in die universiteit, en kan die godsdiens bystaan om die soort bewussyn te help vorm wat vir ons tyd nodig is. In die Afrika van die 21ste eeu moet die moderne wetenskap en tegnologie, die Christelike geloof en die Afrika-tradisies, saam met ander rigtings en ideologieë, ’n interaksie en kombinasie bewerkstellig waaruit ’n rigtinggewende breë bewussyn kan ontwikkel. Die Afrika-tradisies en -bewussyn moet, soos alle ander tradisies, verander en aanpas terwyl elkeen sy positiewe bydrae lewer en sy plek kry.

 

9. Slotsom

’n Universiteit kan ’n ruimte wees waar daar, onder andere, gewerk word aan kombinasies van bewussyn en wetenskap/tegnologie wat sinvol is vir daardie spesifieke konteks; ’n ruimte waar op ’n sinvolle wyse omgegaan word met die plaaslike inheemse “culture, language, way of life, knowledge systems and dignity” (Idris 2011); waar tradisies se Wirkungsgeschichte in die hede bestudeer word; waar tegnologie gekontekstualiseer word; waar gemarginaliseerde groepe raakgesien en gehoor word; waar die globale uit die oogpunt van die lokale benader word en die ontmoeting tussen die lokale en globale kan plaasvind. Dit kan ’n ruimte wees waar al die plaaslike nuanses van die lewe se rykheid na vore kom en saam met die insigte van elders in die wêreld ’n bydrae lewer tot die ontwikkeling van ’n waardige en volhoubare lewe vir almal.

 

Bibliografie

Abrecht, P. (red.). 1979. Faith, science and the future. Genève: Wêreldraad van Kerke.

Anyanwu, K.C. 1984. The African world-view and theory of knowledge. In Ruch en Anyanwu (reds.) 1984.

Awoonor, K. 1976a. The breast of the earth. New York: Anchor Press, Doubleday.

—. 1976b. Tradition and continuity in Africa literature. In Smith (red.) 1976.

Aydin, C. (red.). 2007. De vele gezichten van de fenomenologie. Kampen: Klement, Pelckmans.

Beukman, B. 2017. Blade Nzimande erken toe die keiser is kaal. Beeld, 28 Januarie, bl. 12.

Bhabha, H.K. 1994. The location of culture. Londen en New York: Routledge.

Brown, D. 1998. Voicing the text: South African oral poetry and performance. Kaapstad: Oxford University Press.

Gerhart, G.M. 1978. Black power in South Africa. The evolution of an ideology. Berkeley, Los Angeles, Londen: University of California Press.

Grosfoguel, R. 2011. Decolonizing post-colonial studies and paradigms of political-economy: Transmodernity, decolonial thinking, and global coloniality. Transmodernity: Journal of Peripheral Cultural Production of the Luso-Hispanic World, 1(1):10–38.

Hallen, B. 2009. A short history of African philosophy. Bloomington: Indiana University Press.

Harari, Y.N. 2014. Sapiens. A brief history of humankind. Londen: Vintage.

Idris, S.M. Mohamed. 2012. Our universities are the purveyors of an imperialist worldview. Third World Resurgence 266/267, Oktober/November 2012, ble 14–5.

Jensen, S.Q. 2011. Othering, identity formation and agency. Qualitative Studies, 2(2):63–78.

Lassiter, J.E. 2000. African culture and personality: Bad social science, effective social activism, or a call to reinvent ethnology?African Studies Quarterly, 3(3):1–21.

Laye, C. 1954. The African child. Memories of a West African childhood. Londen: Fontana Books.

Louw, N.P. Van Wyk. 1986. Versamelde prosa 1. Kaapstad: Tafelberg

Makgoba, M.W. 1999. African Renaissance. The new struggle. Kaapstad: Mafube Publishing en Tafelberg.

Maimela, S.S. 1985. Salvation in African Traditional Religion. Missionalia, 13(2):63-77.

Makhanya, M. en J. Malala. 2000. Mugabe thugs target black professionals. Sunday Times, 21 Mei, bl. 1.

Makhene, M.M. 1996. The morning after Uhuru. In Steyn en Motshabi (reds.) 1996.

Mashele, P. 2016. South Africa finally African, all thanks to Zuma. Sowetan Live. http://www.sowetanlive.co.za/news/2016/05/09/sa-finally-african-all-thanks-to-zuma (9 Mei 2016 geraadpleeg).

Mavhunga, C. 2011. The colony in us, the colony as us. In Ndlovu-Gatsheni en Muzondidja (reds.) 2011.

Mbeki, T. 1998. Africa. The time has come. Kaapstad: Tafelberg.

Mbiti, J.S. 1969. African religions and philosophy. Londen, Ibadan, Nairobi: Heinemann.

Meredith, M. 2006. The state of Africa. A history of fifty years of independence. Londen, New York, Sydney, Toronto: Free Press.

Mphahlele, E. 1974. The African image. Londen: Faber & Faber.

Naipaul, V.S. 1981. The return of Eva Perón, with the killings in Trinidad. New York: Vintage Books.

Ndlovu-Gatsheni, S.J. en J. Muzondidja (reds.). 2011. Redemptive or grotesque nationalism? Rethinking contemporary politics in Zimbabwe. Bern: Peter Lang.

Newbigin, L. 1961. A faith for this one world? Londen: SCM.

Ntuli, P.P. 1999. The missing link between culture and education: are we still chasing gods that are not our own? InMakgoba (red.) 1999.

Nürnberger, K. 2011. Regaining sanity for the earth. Londen: Xlibris Corporation en Pietermaritzburg: Cluster Publications.

Peperzak, A. 2007. Emmanuel Levinas. Van fenomeen naar aanspraak. In Aydin (red.) 2007.

Prigogine, I. en I. Stengers. 1984. Order out of chaos. Man’s new dialogue with nature, Londen: Heinemann.

Rand, A. 1957. Atlas shrugged. New York: Random House.

Ruch E.A. en K.C. Anyanwu (reds.). 1984. African philosophy. Rome: Catholic Book Agency.

Smith, R. (red.). 1976. Exile and tradition. Studies in African and Caribbean literature. Londen: Longman & Dalhousie University Press.

Sono, T. 1994. Dilemmas of African intellectuals in South Africa. Political and cultural constraints. Pretoria: UNISA.

Soyinka, W. 1976: Myth, literature and the African world. Cambridge: Cambridge University Press.

Steyn, M.E. en K.B. Motshabi (reds.). 1996. Cultural synergy in South Africa. Randburg: Knowledge Resources.

Tuck, E. en K.W. Yang 2012. Decolonization is not a metaphor. Decolonization: Indigeneity, Education & Society, 1(1):1-40.

Van Niekerk, Attie. 2017. Verstaan ons studente se verset? 2017-02-02. https://www.litnet.co.za/verstaan-ons-studente-se-verset (13 Oktober 2018 geraadpleeg).

Eindnota

1 Amadiume blameer Westerse feministe dat die sisteme wat hulle op Afrika afdruk, groot skade aanrig, “leaving us impoverished, naked to abuse, and objects of pity to Western aid rescue missions” (aangehaal in Hallen 2009:136).

The post Die rol van ’n Afrika-bewussyn in universiteite in ’n nie-Westerse konteks appeared first on LitNet.

Viewing all 21497 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>