Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21535 articles
Browse latest View live

Om tot verhaal te kom – Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie deur Lizette Rabe: ’n resensie

$
0
0

Om tot verhaal te kom – Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie
Skrywer: Lizette Rabe
Uitgewer: LAPA Uitgewers
ISBN: 9780799393248

Egskeiding, werksverlies, misdaad, die dood. Almal ervaar die een of ander tyd trauma. Dit laat ’n mens met die vraag: Hoe sit ek my lewe voort? Skryfterapie is ’n groot hulpmiddel.

Volgens Lizette Rabe, die skrywer van hierdie boek, hoef jy nie eens besonder goed te kan skryf of publikasie te oorweeg nie. Jy kan bloot jou emosies en gedagtes vir jouself neerpen, of deur middel van e-posse, dagboekhou, briewe, ’n blog, Facebook, of selfs ’n gekrabbel aan jou gevoelens uiting gee.

Om tot verhaal te kom is ’n praktiese skryfgids, ook vir diegene wat wel publikasie in gedagte het. Dis egter nie maklik om jou verhaal van verdriet te vertel nie. Jy is waarskynlik bang vir die donkerte wat dié ervaring kan bring. Terry Pratchett, die bekende Britse skrywer, meen egter: “As jy nie jou lewe in ’n storie verander nie, word jy net deel van iemand anders se storie.”

Hierdie skryfgids beantwoord vrae soos: Hoekom skryf? Kan jy jouself “gesond” skryf? Die 21 hoofstukke bevat basiese skryfwenke (soos “vermy byvoeglike naamwoorde en clichés”). Jy lees ook hoe belangrik dit is om net te begin.

Waar jy sit en skryf, die ruimte rondom jou, moet sorgvuldig gekies word. Dit kan trouens “die verskil [beteken] tussen gedagtes wat hul eie loop neem of gedagtes wat stol”. Daar is ook raad oor hoe om die regte “plek” in jou kop te vind voor jy tot skryf kan kom.  

Dalk wil jy jouself tot dagboekskryf (journalling is die moderne woord) wend. “Dis ’n uitlaatklep vir elke emosie en gedagte; amper soos ’n letterlike stoom-afblaas om te verhinder dat die stoom opbou en jy op ’n dag alle beheer verloor,” skryf Rabe.

Om ’n blog te begin, is ook nie so moeilik soos jy dalk gedink het nie. Die boek bied ’n paar blog-webwerwe waar jy gratis template vir jou eie nuwe blog kan kry.

E-pos-skryf kan eweneens terapeuties wees. Só kan jy boonop na ander getraumatiseerde mense uitreik. Rabe, wat in 2009 ’n seun aan depressie afgestaan het, vertel dat sy met haar gesin se “onbeskryflike verdriet” e-posse gekry het selfs van mense wat aan haar onbekend is. Elke boodskap was “’n hele tenk suurstof”. Hierdie handleiding bied voorbeelde van soortgelyke boodskappe.            

Wat van ’n brief vol emosie aan jou oorlede geliefde skryf? Of as jy afgedank is, dalk een (wat jy nie pos nie) aan byvoorbeeld die hoof van menslike hulpbronne van die maatskappy wat jou afgelê het, skryf Rabe. Sê dit wat jy nie toe kon sê nie.

Met Facebook word jy maklik deel van ’n skrywende gemeenskap, maar benader dié uitlaatklep versigtig, maan die skrywer. So nie, kan jou gedagtes in die kategorie “onbedoelde gevolge” beland. Maak ook seker dat jou Facebook-stellings jou privaatheid beskerm.

Gedigte skryf kan eweneens terapeuties wees, selfs al is jy nie ’n Breyten Breytenbach of Antjie Krog nie. Dit kan as ’n soort meditasie gesien word, “want jou gedagtes vloei letterlik op die eb en vloed van woorde en emosies”. Jy kan selfs andere se werk vertaal. Om die regte woorde, ritme, nuanses en gevoel vir die oorspronklike gedig tydens die vertaling daarvan te kry, is op sigself ’n uitdaging en dié kreatiewe proses kan net so terapeuties wees. Rabe se vertaling van Hermann Hesse se “Stufen” uit Duits dien as voorbeeld.          

Een van die insiggewendste hoofstukke handel oor memoires-skryf. Volgens die skrywer is dit “seker die moeder van alle skryfwerk”. Of jy jou lewensverhaal as herinneringe net oor jou trauma of verlies wil doen, en of jy dit meer omvattend en dalk selfs outobiografies wil doen, hang van jou af. Die psigoanalis Sigmund Freud rig egter ’n belangrike waarskuwing, wys Rabe uit: Moenie jou behoefte om die seer uit jou uit te skryf, laat ontaard in banale ekshibisionisme nie.

Die lewe ís bitter, maar onthou tog ook die klontjies suiker (humor) in jou memoires, voeg sy by.

Krabbels, daardie geskribbel in jou aantekeningboek gedurende ’n vergadering, telefoongesprek, of terwyl jy bloot in die niet staar, het ook waarde. “Want onwillekeurig teken jou hand vorms en lyne waardeur emosies kan ontsnap.” “Krabbels” is ’n fassinerende hoofstuk.

Verskillende maniere om jou skryfsels te omvorm tot ’n voorwerp wat jy in jou hand kan vashou, en/of aan ander kan gee, word uitgestippel. En dis nie net boekmaak nie.

Die moontlikhede van ’n uitgewer nader of (keurige) selfpublikasie word wel ook bespreek.

In die hoofstuk “Lees as inspirasie vir skryf” verskaf skrywers soos Stephen King en Margaret Atwood wyshede oor die skryfproses. Die Chileens-Amerikaanse skrywer Isabel Allende deel dié raad: “Daag op, daag op, daag op, en ná ’n rukkie sal die muse ook opdaag.”

“Om te lees”, die slothoofstuk, bevat ’n onontbeerlike lys boeke wat as skryfinspirasie of -hulpmiddel kan dien.   

Dit verg moed om jou trauma te herbesoek. Dink egter só daaraan: Indien jy eerder sou vasval in onverwerkte verdriet, kan dit tot psigologiese komplikasies lei. Om tot verhaal te kom gee jou die moed om déúr die oog van die storm te beweeg. Daar is eenvoudig nie ’n ompad nie.

Maar jy sal dapper moet wees.  

  • Alle opbrengste van Om tot verhaal te kom gaan aan die Ithemba-stigting wat twee doelstellings het: die bewusmaking van depressie as biologiese siekte en om navorsing oor depressie te ondersteun.
  • Lizette Rabe, professor en hoof van joernalistiek aan die Universiteit Stellenbosch en stigter van die Ithemba-stigting, bied op Saterdag 4 Mei van 11:00 tot 12:30 ’n slypskool in skryfterapie aan. Dit word in die Adam Small-teaterkompleks op Stellenbosch gehou. Registrasie begin om 10:30. Bespreek by https://www.quicket.co.za/events/70250-kom-skryf-j-storie. Koste: R225.

The post <i>Om tot verhaal te kom – Verwerk trauma en verlies deur skryfterapie</i> deur Lizette Rabe: ’n resensie appeared first on LitNet.


Pos beskikbaar by LitNet: Assistent-inhoudsbestuurder

$
0
0

LitNet, LitNet Akademies  en Voertaal.nu benodig ’n geesdriftige, verantwoordelike assistent-inhoudsbestuurder om saam aan ons netwerk te bou. Ons soek ’n energieke spanspeler met ’n fyn oog vir besonderhede en ontwerp.

Verantwoordelikhede

  • Werf en bestuur van inhoud
  • Daaglikse bywerking van inhoud – insluitend die ontwerp en laai van nuwe artikels en bywerking van bestaande webblaaie
  • Basiese ontwerp en laai van grafika
  • Administratiewe take
  • Enige ander LitNet-, LitNet Akademies- en Voertaal-take
  • Hulp met sosiale netwerke, bv Facebook, Twitter, Pinterest, ens.

Persoonlike eienskappe

  • Volledig tweetalig (Afrikaans en Engels), met ’n skerp oog vir spel- en taalfoute
  • Vermoë om binne ’n kreatiewe omgewing vinnig te leer en stylriglyne te volg
  • Vermoë om vinnig en akkuraat onder druk te werk
  • Goeie kommunikasievaardighede
  • Vriendelike, oop kollegialiteit
  • Betroubaar en trots op eie werk
  • Goeie tydsbestuur en die vermoë om te prioritiseer
  • Die vermoë om gefokus binne ’n kantooromgewing te werk en daaglikse take noukeurig af te handel
  • Die bereidwilligheid tot daaglikse roetinewerk
  • ’n Sintuig vir aktuele debatte
  • Tuis op en geesdriftig oor die potensiaal van sosiale netwerke.

Voordelig

  • Kennis van WordPress
  • Vaardigheid in HTML (Adobe Dreamweaver)
  • Vaardigheid in grafiese ontwerp (Adobe Photoshop)
  • Kennis van LitNet en Voertaal en ’n belangstelling in LitNet-, LitNet Akademies- en Voertaal-inhoud
  • Belangstelling in grafiese ontwerp en goeie kennis van die internet
  • Kennis van en passie vir Suid-Afrikaanse boeke, musiek, kuns en kultuur
  • Geesdrif oor tegnologiese vernuwing en sosiale media.

Posbeskrywing

  • Tipe aanstelling: Kontrak (12 maande)
  • Vergoeding: Onderhandelbaar
  • Plek: Die LitNet-kantoor in Stellenbosch se historiese kern.

Aansoek 

Motiveer jou aansoek deeglik in Afrikaans. Sluit getuigskrifte en voorbeelde van jou werk in, of verstrek kontaknommers van persone wat jou werk ken en jou waardeer. Heg ’n volledige Afrikaanse curriculum vitae aan jou aansoek. 

Stuur jou aansoek aan beide Naomi Meyer (naomimeyer@litnet.co.za) en Etienne van Heerden (profetiennevh@gmail.com).
Sluitingsdatum: 17 Mei 2019

LitNet behou die reg voor om nie ’n aanstelling te maak nie.

The post Pos beskikbaar by LitNet: Assistent-inhoudsbestuurder appeared first on LitNet.

The Fishy Smiths: A biography of JLB and Margaret Smith, geskryf deur Mike Bruton – ’n FMR-resensie

$
0
0

The Fishy Smiths: A biography of JLB and Margaret Smith, geskryf deur Mike Bruton; uitgegee deur Penguin 

Daar is altyd geglo dat die selakant ’n eggo uit die oertyd is; hul mees onlangse fossiele ’n herinnering aan die evolusionêre oomblik toe visse ter wille van oorlewing uit die see begin gestap het. Soos Dawkins ons op ’n ietwat grillerige manier herinner: As ’n tydsmasjien jou 200 miljoenste grootjie kon opdis, sou aan jou ’n selakant met tartaarse sous voorgesit word!

Omdat die laaste selakant glo ongeveer 65 miljoen jaar gelede saam met die dinosourusse uitgesterf het, is gerugte dat die ware Jakob van tyd tot tyd deur tradisionele vissermanne aan die kus van Oos-Afrika gevang word, dus as ’n, wel, visstorie afgemaak. Maar op ’n goeie dag in Desember 1938 stap die selakant sowaar metafories uit die see naby die kus van Oos-Londen.

Nuus loop teen ’n slakkepas en dit is eers sowat drie maande later dat die volle omvang van hierdie vangs verwerk en wêreldkundig word. Ten spyte van hoe groot hierdie oomblik was, is die sagte weefsel van die vangs nie optimaal bewaar nie en kon die sluier oor hierdie misterieuse oerwese vir eers nie volledig gelig word nie. Dit sou moes wag tot 1952, toe ’n tweede selakant uiteindelik, na ’n lang soektog, in die Comoro-eilande gevang is.

Dit is redelik bekend dat die dryfkrag agter die soektog na die tweede selakant die egpaar JLB en Margaret Smith was en dat die wetenskaplike vernoeming van die selakant ’n erkenning is aan Margaret Courtenay-Latimer, wie se wakker oë die belang van die 1938-vangs gesnap het. Danksy JLB se wêreldwye blitsverkoper, Old Four Legs / Ou Vierpoot, het die selakant ’n legende geword. Die drama van die voormalige Suid-Afrikaanse eerste minister DF Malan wat deur JLB oorreed is om oor Kersfees 1952 ’n Dakota op te kommandeer om die tweede selakant in die Comore te gaan haal, is voorheen goed gedokumenteer.

Die vangs van die eerste en tweede selakant en die waarde daarvan as ’n lewende fossiel word weer in hierdie boek met die nodige drama herroep, en selfs vir dié wat bekend is met hierdie geskiedenis, sal dit soos ’n opwindende speurverhaal lees.

Die boek gaan egter baie verder.

Die noukeurige beskrywing van die samestelling deur beide Smiths, die een as skrywer, die ander as die hoofillustreerder van die epogmakende boek wat later as Smiths’ Sea Fishes bekend sou staan, asook die verduideliking van die Smiths se rol in die stigting in Grahamstad wat vandag as die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit bekend staan, lees eerder soos ’n stukkie polsende wetenskapfiksie as die goedgedokumenteerde en belangrike geskiedenis oor viskunde in Suid-Afrika wat dit werklik is.

Alhoewel die selakant die glanslig wil-wil steel, gaan hierdie boek nie in die eerste plek oor ’n bepaalde vis, of visse in die algemeen, nie, maar oor die mense wat sentraal tot hierdie herontdekking staan. Natuurlik is JLB en Margaret Smith die hoofkarakters, maar belangrike rolspelers – sonder wie die volle drama nooit so kon ontknoop het nie – word met sorg ondersoek: JLB se eerste vrou en ’n duidelik onbevredigende huwelik; die kinders uit sy eerste en tweede huwelik; Flora, die suster van Margaret, en haar vormende rol laat in Margaret se lewe; en natuurlik Margaret Courteney-Latimer, wat die belangrikheid van die 1938-vangs gesnap het en ten spyte van gebrekkige kommunikasiekanale en teenstand, volgehou het om die selakant so goed moontlik te bewaar terwyl sy op nuus van JLB gewag het.

En dan is daar die verhaal van JLB en Margaret, Suid-Afrika se weergawe van die Curies: JLB het sy akademiese loopbaan as organiese chemikus begin, maar gou het ’n stokperdjie ’n akademiese passie geword en word hy steeds vandag wêreldwyd as ’n groot viskundige erken. Die kombinasie van stokperdjie en akademiese nuuskierigheid, die medewerking van gewone hengelaars aan die akademiese projek, en JLB se insig oor die waarde van, maar ook behoefte aan, media-aandag, het van hom ’n vroeë voorloper van die hedendaagse openbare intellektueel gemaak. Sy energie en werkywer was ongelooflik, maar hy was eksentriek, sosiaal ontoeganglik en in baie opsigte ’n knorpot. Om hierdie rede het sake nie altyd glad tussen hom en sy akademiese kollegas verloop nie.

Dit is nie moeilik om te verstaan waarom visse JLB se passie geword het nie, maar in Margaret se geval was dit ’n noodwendige gevolg van haar huwelik met JLB – sonder visse sou daar nie ’n verhouding met hom kon wees nie. Alhoewel alle aanduidings daar is dat hulle ’n hoogs bevredigende huwelik en opwindende vennootskap gehad het – hy as die navorser en sy as projekbestuurder – is dit ook duidelik dat die huwelik ’n produk van ’n era en ’n bepaalde hiërargie was.

Margaret was tot aan die einde van haar lewe uiters lojaal teenoor JLB, en na sy dood het sy haar onverpoos beywer vir die erkenning van sy werk, maar die groot verrassing is die mate waarin Margaret ontpop na die dood van JLB. Nie net word sy ’n gesiene viskundige uit eie reg nie, maar met haar suster Flora op die toneel, verander haar kleredrag, haarstyl en dieet dramaties en begin sy, lag, sing en sjokolade eet, dinge wat JLB glo nie kon verdra nie. Dit is waarskynlik weens hierdie transformasie en haar vermoë om igtiologie meer holisties en geïntegreerd te benader dat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Biodiversiteit, wat voorheen JLB se naam gedra het, ten spyte van ’n skaflike afstand van die see, sulke hoë aansien kon bereik.

Natuurlik was daar ook omstredenheid: Die skrywer gooi wel ’n skoot koue water op fluisteringe dat JLB se betrokkenheid by die identifisering van die eerste selakant deur die geskiedenis oordryf word, maar bevraagteken die nodigheid van die aantal visse wat die Smiths gevang het. En dit, eerder as die twyfelagtige politiek en rassesiening, is miskien die werklike swart kol. Anders as wat ek myself voorgestel het, was dit nie ’n kwessie van ’n hengelaar wat geduldig sit en wag vir ’n nuwe spesie om te byt nie. Visse is letterlik by hul duisende uit die water geskiet of, in ’n vooruitwysing na JLB se fynbeplande selfdood in 1968, vergiftig.

Mike Bruton, die skrywer van The Fishy Smiths, is self ’n befaamde viskundige. Hy het beide Smiths geken en is duidelik gemaklik met die biografiese genre; dit tesame met die vermoë om die vakkundige aspekte toeganglik te maak, deurtrek van interessante insigte oor die evolusie van die akademie en net genoeg staaltjies oor die hoofkarakters, is die suksesresep van hierdie boek.

Die plasing van verwysings in die hoofteks en die gebruik van langerige aanhalings is ietwat steurend, maar beslis nie rede om hierdie opwindende hersiening van ’n grootse oomblik in die geskiedenis van die wetenskap en eerlike evaluering van die Smiths mis te loop nie. Jy hoef beslis niks van visse te weet om die boek te kan geniet nie; nooit weer sal jy so opgewonde raak oor ’n dooie vis en ’n gejaag teen tyd om dit te bewaar nie – dit is immers jóú oorlewing wat op die spel was.

The post <em>The Fishy Smiths: A biography of JLB and Margaret Smith</em>, geskryf deur Mike Bruton – ’n FMR-resensie appeared first on LitNet.

Karaktermoord deur Carina Diedericks-Hugo: ’n resensie

$
0
0

Titel: Karaktermoord
Skrywer: Carina Diedericks-Hugo
Uitgewer: Penguin Random House
ISBN: 978-1-1452-1017-8

Die skrywer debuteer met haar misdaadriller nadat sy haar merk met jeugboeke gemaak het en doen dit met sukses in ’n patroon wat effens afwyk van die gewone aanslag.

Anders as om karakters te skep by wie die leser aanklank vind – soos Lisbeth Salmander en speurders soos Harry Hole en Kurt Wallander van Skandinawië, die Amerikaanse reisende probleemoplosser Jack Reacher en Suid-Afrika se Renata Malan en Bennie Griesel – is Diedericks-Hugo se karakters die een afstootliker as die ander:

  • Die verleidster Anna Neethling, ’n nimfomaan wat verhoudings met mans aanknoop, hulle verslaaf kry en dan hul koppe figuurlik afbyt soos ’n knopiespinnekop met haar vryer maak.
  • Die gesette boekuitgewer Malan Sinclair, wat in die direksie dien danksy die invloed van sy skoonpa. Sy vrou is ’n dwelmverslaafde en sy seun en dogter is ware probleemkinders aan wie hy net so min aandag as aan sy vrou gee.
  • Wynand du Toit, die media se gunstelingskrywer, ’n man wat oorloop van pretensies en verkies om "Du Twa" genoem te word.
  • Dawid Briers, wat hom voordoen as ’n wynboer, op sy pa se naam ry en sy druiwe inkoop, waarna sy keldermeester die werk doen en hy die lof kry.
  • Anna Neethling se pa, Conradie Neethling, op sy beurt ’n skynheilige en sadistiese predikant.

Daar is twee uitsonderings:

  • Sebastiaan Barnard, wat taamlik aantreklik is en wie se misdaadboeke in aanvraag is.
  • Sy vriendin Christina, wat vir ’n skindertydskrif skryf en skynbaar ’n skoon lewe lei.

Hulle leef almal in ’n wêreld van dronkpartytjies waar die naywer tussen die karakters plek maak vir ’n samesyn vol afstootlike onguurhede. Die kru dialoog – ook in gedagtegange – is getrou aan die karakters, hoewel die grense straks later oorgesteek word.

Dis nie duidelik waar Sebastiaan inpas nie. Hy is ’n soort eenkantkarakter en al een wat nie in Anna se web spartel nie. Die speurder Stefaans Slabbert maak net kameeverskynings.

Anna word vroeg in die boek vermoor en in Malan Sinclair se kattebak aangetref. Dit was nadat sy ontsteld by sy kantoor uitgestorm het toe sy gehoor het dat haar jongste manuskrip afgekeur is. In haar laaste woorde dreig sy dat sy as wraak haar dagboeke aan Christina se skindertydskrif beskikbaar gaan stel. Sinclair raak maklik en effens onoortuigend van haar lyk ontslae, maar iemand slaan die hele petalje van agter ’n pilaar gade in wat ’n gelaaide leidraad vir die ontknoping is.

Afskrifte van Anna se dagboek van 15 jaar gelede beland dan in die hande van die mense wat aandadig was aan ’n aand wat op Du Toit se wynplaas in ’n wilde orgie en seks en verkragting ontaard het. Almal wat betrokke was, word dan na Du Toit se wynplaas ontbied. Hulle moet voltallig wees, want "hier is kak. Dit spat op ons, op jou ook, my tjom."

Daar word nie veel na die moordenaar gesoek nie en lesers moet tot aan die einde wag om te sien wie die skuldige is en ook wie die pa is van Neethling se seun, Adam. Dis goeie tegniek en die skrywer slaag goed daarin om haar lesers tot aan die einde op sleeptou te neem.

Die dagboek wat dan gedeel word, beskryf die gebeure van vyftien jaar gelede in grafiese besonderhede. Die sekstonele word eksplisiet beskryf, soos waarskynlik nog nooit tevore in Afrikaanse literatuur nie. Dit is dalk hier waar mense wat in Pieter-Dirk Uys se vertoning op die KKNK uitgestap het, sal voel genoeg is genoeg ...

Om die kroon te span, bly daar nog ’n karakter in ’n pas bloed lê.

Die einde is knap en oortuigend gehanteer, hoewel dit vir lesers wat baie oplettend is, dalk meer ’n bevestiging en motivering van hul vermoedens as ’n verrassing sal wees.

In haar bedankings vertel Diedericks-Hugo dat die saadjie vir Karaktermoord reeds in 2011 geplant is en dat sy onlangs aangemoedig is om die eerste twee hoofstukke af te stof en die riller te voltooi. Dit was goeie raad aan ’n skrywer wat nou getoon het dat sy ook ’n ander genre kan baasraak.

The post <em>Karaktermoord</em> deur Carina Diedericks-Hugo: ’n resensie appeared first on LitNet.

Yellowbone by Ekow Duker: a review

$
0
0

Book title: Yellowbone
Author: Ekow Duker
Publisher: Kwela
ISBN: 9780795708855

“Yellowbone” is a term that is used to refer to black women who have very fair skin. This is according to urbandictionary.com, and there is consensus in southern Africa and the United States in this regard. Fair skin is valued higher than dark skin, as a result of white supremacy, and this has caused a lot of friction in families, and has resulted in mixed fortunes for women who are given this label. When men catcall or taxi drivers flirt with women, they give extra (mostly unwanted) attention to the yellowbone. Indeed, even Fikile Mbalula, when he was minister of police, placed a focus on Karabo Mokoena – who was murdered by her boyfriend – by referring to her as a beautiful yellowbone. Light skin “privilege” is not unique to people of African descent. It is also a big deal in India. The skin-lightening industry is big money, as a result of women being willing to risk their health in order to pursue a Eurocentric aesthetic, which – informed by colonialism, slavery and apartheid – promotes the idea that when it comes to beauty, the more one can approximate whiteness, the “better” and “more beautiful” one is.

Enter Karabo Bentil – the fictional character of Ekow Duker’s fourth novel, Yellowbone. Daughter of a Ghanaian-teacher father and Xhosa-Tswana mother, she is an incredibly pale-skinned girl, much to her paternal grandmother’s distaste; she questions Karabo’s paternity. Her father is called Teacher (not his real name, but borne due to the respect that he has earned in the community), and his intimate relationship with his daughter is a source of discomfort – leading to outright jealousy – on the part of his wife and her mother, Precious. Precious is a religious woman who double-deals in consulting with traditional healers, while raising her hands in praise and worship on Sundays. The father-daughter theme is a powerful one in Yellowbone, and, throughout the novel, this relationship is put through several difficult tests across three countries. These tests include an interracial relationship, an antique violin, family and societal expectations, and the law.

Karabo has a happy childhood in the town of Mthatha in the Eastern Cape. She is smart, which wins extra favour from her father and more resentment from her mother. Precious was Teacher’s student before they got married, but his efforts to get her lights to come on proved to be in vain. This became another area in which Precious felt excluded from Teacher’s relationship with Karabo. The two shared a secret game, and Teacher was a great sounding board and cheerleader. As we witness Karabo growing up, a parallel story develops, in which the very awkward André Potgieter unsuccessfully teaches a tone-deaf farmer’s wife how to play the violin, while he struggles with his own psychosocial and sexual development. When he can no longer cope with life in this province, he moves to London, where he goes to teach at a music school. Mrs Harrison, the farmer’s wife, almost absent-mindedly gives her violin to Karabo. The latter’s fate combines with that of Andre, when they meet in London, where Karabo has coincidentally earned a scholarship. It is also where Karabo has her first “serious” relationship – with a talented violin player, who also happens to be a student of Andre’s and the heir to an antique violin.

From London, the tale moves to Ghana, where Karabo faces her toughest test, both as a character and in terms of her relationship with her father. The three locations where Yellowbone is set serve to highlight the important role of place in a story. The arrival of Teacher and his Ghanaian cohort is based on historical events: a wave of Ghanaians arrived in the Bantustans to provide skilled labour in the 1980s, and indeed, today, there is a significant presence of Ghanaian South Africans whose parents are from Teacher’s generation. The events that lead up to Karabo’s time in Ghana take place rapidly. Once in London, Karabo discovers freedom and that racism isn’t unique to South Africa. She also begins her lesson on the truly fragile nature of love in its different forms. Although her fate is determined by an old violin, she doesn’t learn to play the instrument (much to this classical music-loving reader’s disappointment).

Incredibly, Ekow Duker manages to give voice to a significant variety of themes in Yellowbone. Identity is explored racially, sexually, physically, culturally and linguistically. The reader observes how the major characters navigate these issues, as they respond to the events that challenge them and bring these issues to light. Sexual abuse by the clergy and within other areas of society (families, workplaces and public spaces) receives a proper dose of attention, and leaves the reader reeling from what takes place. Family conflicts and the secrets that accompany them make up the main themes, and, although Duker has a lightness of touch in his writing, this does not take away from the serious issues. He treats mental illness with the same sensitive dexterity, and he weaves in enough mentions of classical music compositions for the novel to almost have its own soundtrack.

Karabo Bentil is a winning character, but one could be forgiven for wishing she had more of an even head on her shoulders. She is young, and tends to swing between low self-esteem and petulance, with a dangerous amount of recklessness. As the story progresses, she becomes more complex, along with the rest of the cast. Her mother is pitiful, but forgivable. Teacher is heartbreaking. Andre elicits mixed emotions, then sympathy, then mixed emotions again, and the same goes for Karabo’s English boyfriend (this is not much of a spoiler alert, promise!). The ending comes after a satisfying climax, with an acceptable amount of unfinished business, so that the story lingers for a while after the last page.

Despite its somewhat distracting title, Yellowbone is an effort worthy of attention, because it is about so much more than just skin-tone politics. Ekow Duker’s writing has become more layered since his debut, Dying in New York, and one hopes to read many more riveting stories from this cosmopolitan writing talent.

The post <i>Yellowbone</i> by Ekow Duker: a review appeared first on LitNet.

Between rock & a hard place by Carsten Rasch: a review

$
0
0

Between rock & a hard place
Carsten Rasch
MFBooks Joburg, 2019
ISBN: 978-1-928420-36-1

This is a vital, tumbling, scrambling, breathless, profane, sweat-stained, music-infused, whisky-soaked, acid-tinged, dagga-scented, sometimes poignant, often side-splitting, speed-freak roller coaster ride through early 1980s South Africa. It is a fresh addition to the growing archive of the country’s white counterculture, a strange, anti-authoritarian sickness that was first caught in mainly English-speaking circles towards the very end of the seventies. Notoriously, the virus would later jump hosts, infecting Afrikaans-speakers in the middle of the decade, with the height of the epidemic – which, simultaneously, burnt it out – being the Voëlvry tour of 1989, “an orgy of Afrikaner anarchy”, as the Cape Times put it. But, let’s begin at the beginning.

A shifting political consciousness – triggered partly by the aftermath of the Soweto Uprising, with other factors including the misplaced optimism that the PW Botha government would be somehow gentler than its predecessor, JB Vorster’s – collided with the eventual arrival of punk rock in South Africa to form the nascent counterculture. British punk was an alien beast in the local landscape, and was forced to adapt. South African punk music – starting with Durban’s 4th Reich (later Wild Youth), Johannesburg’s National Waste, Radio Rats and Corporal Punishment from Springs, and later many more – combined all sorts of musical elements, including the archetypal thrash-and-bellow of British groups, such as the Ruts or Stiff Little Fingers, and reggae, Afro-beat and much else besides. Listening to it now, it seems strange that some of it would ever be considered punk – but, the haircuts, the drainpipe jeans and the eye-liner certainly were, as was the attitude. Of course, this attitude, this sensibility, was a response to very local issues, not those of working-class Brits. “We’re white kids living comfortably in a white suburban society,” Terry Armstrong, bassist of Joburg band Dog Detachment, told Sunday Times journalist Gus Silber in 1983, “and we wouldn’t know a dole queue if it fell on our heads.”

But, what need is there for a punk sensibility if you are living comfortably? The answer, of course, is that such comfort comes at a price – the need to conform to an oppressive society’s norms.

And, the closer you are to the cold, hard heart of that society, the more you are required to believe in the central tenets that underpin it – the Calvinist notion that Afrikaners are God’s chosen people and that South Africa is the land that He has given them. Everything else – all the apartheid laws, the censorship, the education system, the religious precepts, the military adventures to keep communists at bay, even the FAK – everything flows from this. And, if you’re Carsten Rasch, brought up in a conservative Afrikaans environment in the East Rand mining town of Springs, and then Bellville in Cape Town’s northern suburbs, these are beliefs that you must hold with unwavering conviction. To reject them is to reject the covenant made with Jehovah at Blood River. It is not a mark of rebellion, but attempted revolution. It is more than mere betrayal; it is treason.

We first meet Rasch in a breathless, disoriented and disorienting real-time ride through an LSD trip at a wild party in Sandton (when it was still in the veld), which all goes south when the SAP arrives in force. That 1984 party, Rasch writes, closed a chapter in his life. To get to the start of that chapter, he then takes us through his youthful misadventures, up to the point where he is ready to be “a participant in the battle against the ‘system’”.

His traitor’s heart started developing early, as he first kicked back against his stepfather, a “close-fisted and dour insurance type”, and then against pretty much anything he could find, driven along by a soundtrack of underground rock – the writings of Camus, Orwell and the Sestigers. He left home when he left school, and, by the age of 22, had flunked university in Pretoria, done two years as a Permanent Force member of the navy – to escape national service on the Angolan border – and fallen head over heels for the punk rock of the Sex Pistols, Clash, Ramones et al. Moving to Stellenbosch, he took up the bongos, met a cluster of musicians, flunked university again, smoked a lot of dagga and hung out at the Sigma folk club, a rare oasis of live music in the otherwise ossified Afrikaans town. And then, it was time for the next phase.

It’s 1980, and Rasch switches from the past tense he has used so far to describe his early years, to the urgent present tense, which previously dragged us through the acid daze of the busted Sandton bacchanal. From this point on, everything happens in the now. We are swept into the Cape Town club scene of 1886 and Scratch. We smoke bottlenecks and gulp Obex diet pills to stay awake, while grooving to new wave and reggae. We get a little too close to a Bo Kaap gang, the Hol Boys, but somehow survive, and we manage to hold down a job as a trainee camera operator at the SABC, at least for a few months. We get called back to navy camp for a refresher, and vow that it’ll be the last one, deciding to disappear as much as possible, so the next batch of call-up papers won’t find us. All this time, we’re living in a Kombi Fleetline that used to be an ambulance and contains everything we own, from clothes to bongos to records – being “something of a hippie punk, if such a thing exists”.

The historical, or narrative, present can be tricky to pull off well, especially at length, but Cas – as he becomes, since Carsten is too hectic a name for others to tune – succeeds in holding it together for over 250 pages of madness, the reader skating along beside him as he evolves from being a dedicated joller into the guy who organises the jol, a promoter undertaking a series of ever-more-ambitious projects. Some of these succeed, some of them – most impressively, a planned reggae festival in Port St Johns – fail, and some of them do a bit of both, such as the Juluka-headlined jol, which everyone loves but which loses a ton of money. In a parallel career, he moves from bongos, via congas, to a full drum kit, and plays with bands himself. The music scene switches from punk to mbaqanga-tinged “crossover”, with black musicians playing a more central role, and increasingly integrated audiences – which mostly means black bodies entering conventionally white spaces, rather than the reverse. Along the way, Cas passes through a selection of self-immolating Kombis and a succession of pozzies, mostly with his partner, Di, and his main okes, Hoffie and Lew – and maybe Dax – along for the ride, always ready to share a bong or pop a cap, and helping to keep an eye out for the Boere, who take a dim view of all these extralegal gatherings.

Much of the insanity happens from a Cape Town base, with detours to Stellenbosch and an inevitable stint in Yeoville’s Rockey Street, when it was the jol capital of the country, with the Cherry Faced Lurchers’s James Phillips holding court as King of the Jol downtown at the infamous cellar bar, Jameson’s, on Commissioner Street. There is even an attempt to bring the counterculture to the platteland, which goes about as well as can be expected, which is to say, not at all. All of this is fuelled by whisky, cigarettes, Superman acid caps, and truly Herculean quantities of dagga. My goodness, but a lot of dagga gets smoked in this book. While a true getting-wasted aficionado, Cas never really comes across as the sort of lumpen hippie who’s too stoned to function. He works too damned hard, for a start, sometimes so hard that he even has to defer getting wasted. And then the booze, dagga, acid and music that fuse to deliver the jol provide both a way of temporarily escaping the strictures of apartheid society through a tactical use of oblivion, and a way of subverting it. How better to give the middle finger to a repressive Calvinist system than smoothing off the acid trip you’re sharing with your live-in girlfriend by lighting a big, fat zol?

It’s a world where speaking Afrikaans to anyone but your grandparents (or the cops) is uncool. So, this stream of altered consciousness is mostly (except when speaking to family or cops) delivered in the English of the place and the time. It is a world of lefties and whiteys and darkies, of okes and chicks, of jol and zol, of pozzies and tjommies, and where the Boere are the bad guys. There’s a diaristic quality to this writing, as if nothing’s been left out. While a number of the scenes do little to drive the main narrative thread forward (“PW – My part in his downfall”), and a firmer-handed editor may have easily cut 50 pages, like the use of the language of the time, they help the book put you there and then. And Rasch really is good at doing that. Very good, indeed.

He’s almost good enough at doing it to hide the book’s weaker elements.

The most surprising thing I realised, after my first, highly enjoyable gallop through Between rock & a hard place, was – like many actual diaries – how strangely unpeopled it is. Working through it again confirms that Rasch’s kaleidoscopic, amphetamine prose delivers a blizzard of names, of people, of bands, of venues, but the narrative focuses so hard on what happened – the events, the activity – that we don’t really engage with any personalities involved (with the exception of his deeply conservative, yet all-forgiving, oupa and ouma, who, while somewhat peripheral to the main narrative, are presented in a deeply touching pen portrait). Even the persistent characters lack, well, all that much character. Hoffie is fearless and a Lothario, Di is pretty, Dax is a kindred soul and Lew is, um, Lew. Even Cas himself remains a somewhat shadowy presence. I know that he doesn’t like authority, heroin or cover bands. I know he got extremely fit in the navy, and that he’s a natural drummer. I assume he’s quite charismatic or, if not exactly that, extremely persuasive. But, I’m really in the dark about the inner workings of the man himself. I know what he’s done, often in exquisite detail, but not often why, or how he felt about it.

Also, by placing us right in the early 1980s, Rasch leaves it to the reader to contextualise the past in terms of the present. There is no reflexivity in the book, no sense of how its events seem from a 21st century perspective. For example, it’s become clear that the PW Botha regime’s policy was not to suppress dissent, but, in a much more subtle and effective approach, to marginalise it. Why, say, ban a record – potentially giving it the oxygen of greater publicity – when the SABC could simply arrange never to play it? With the SABC having a near monopoly on the radio airwaves, that’s a pretty effective way of minimising its likely audience. And, if a few hundred copies are sold – and maybe a few hundred more distributed by samizdat cassette – what’s the real harm? Especially if most end up in the hands of English-speaking liberals, who probably hate the government anyway.

It’s also worth asking whether pockets of mostly English-speaking society were consciously used as – rather than permitted to be – a sort of steam valve by the authorities. Rian Malan has written of his amazement at returning in the mid-1980s, after several years in the States, to find a Cape Times that was more critical of the Botha government than the Los Angeles Times; and, after meeting a “black – or coloured, to split hairs” woman in Cape Town, finding that the two of them could lead a perfectly normal, entirely public life as a couple. Equally, Ivan Kady of multiracial punk band National Wake has spoken in an interview about how easy it was for the band to stay under the radar, touring the Cape Peninsula, and playing in both Yeoville and Sharpeville with equal ease. It was only when the band achieved a level of success that the iron vice of the system clamped shut, and the musicians found heavy-booted cops stomping through their shared Parktown home. How might Rasch’s understanding of working in this somewhat ill-defined, grey zone differ now from at the time? The Cas of 1984 clearly believes he’s battling the system; does the Carsten Rasch of today see it in the same light? (It needn’t be definitive: Koos Kombuis deftly handles this in A short drive to freedom, by describing his “struggle” in a mock-heroic voice that can be taken at face value or not.)

Nevertheless, he’s written a hugely enjoyable and, dare I say, important book. The jolling of a bunch of “whiteys” may seem like a fairly minor part of the greater struggle against the Nationalist government and its greatest crime, apartheid. However, any government ultimately needs the support of its people to govern, and, over the eighties, that support began to crumble among PW Botha’s core constituency, especially among the young. The events that Rasch so fluently describes were the beginning of the groundswell that would eventually produce the End Conscription Campaign, and that would see musicians banding together as the South African Musicians’ Alliance to provide an important bridge to the burgeoning UDF. Flitting between Jameson’s and Wits, James Phillips would code-switch to produce Vie is Bernoldus Niemand, inspiring André Letoit and then Johannes Kerkorrel, in turn. This spawned the biting satire of Piekniek by Dingaan at the Grahamstown festival – and later at the Baxter in Cape Town (before CAPAB, in a flurry of self-censorship, buried it) – then Die Eerste Alternatiewe Afrikaans Rock Concert and, ultimately, Voëlvry.

For some years, there was little interest in looking back at this period. It was all too easy to see any apartheid-era jolling as fiddling while Rome burned, much as Jacob Dlamini was attacked for suggesting that he may have had a more-or-less happy childhood, despite the oppression, in Native nostalgia. Around the turn of the millennium, the collapse of the rainbow nation imaginarium perhaps triggered some introspection over the period that preceded it, and the reminiscences started to emerge. One day, an oral historian may address South Africa’s eighties’ counterculture comprehensively, as Jonathon Green’s Days in the life did with the London scene of a generation before, or McNeil and McCain’s Please kill me, with New York punk. Meanwhile, records have been re-released and obscurities uploaded to YouTube: documentaries such as Punk in Africa; Jiving and dying – the Radio Rats story; and The fun’s not over – the James Phillips story have joined formally published writings by the likes of Koos Kombuis and a host of bloggers. There’s a whole mini-industry centred on the Voëlvry phenomenon, from an excellent book by Pat Hopkins, to Christiaan Olwagen’s feature film drama, Johnny is nie dood nie.

Carsten Rasch’s Between rock & a hard place is a worthy and immensely readable addition to the canon.

The post <em>Between rock & a hard place</em> by Carsten Rasch: a review appeared first on LitNet.

Nataniël ’n hoogtepunt by Suidoosterfees

$
0
0

Nataniël

Die verhoog is donker, slegs subtiele blou beligting wat op die verskeie instrumente val. Daar is die klavier, klawerbord, kitare en trommestel, om net ’n paar te noem. Voor op die verhoog flikker kerse in ’n halfmaan. Die afwagting is groot, want binne oomblikke gaan Nataniël op die verhoog verskyn – en die gehoor kan nie wag nie.

Die Kunstekaap se operahuis is volgepak; selfs op die galery is daar nie ’n enkele oop sitplek nie. "A full house" noem hulle dit mos. En die gehoor is duidelik opgewonde, te oordeel aan die gedruis van stemme. Basta met die idee dat jy tjoepstil moet sit in die teater – vanaand kan niks die atmosfeer demp van geesdriftige Suidoosterfeesgangers nie.

Soos een man word die gehoor egter stil toe Nataniël sy verskyning maak.

Hy het geen bekendstelling nodig nie.

Hy betree dramaties die verhoog. Onder luide applous gaan staan hy tussen die flikkerende kerse – geklee in ’n goue gewaad en hoë polvye.

Nataniël is natuurlik onder meer bekend vir sy skreeusnaakse staaltjies, maar sing kan hy óók. Dié optrede is juis ’n kombinasie van stories vertel en liedere sing. In Engels en Afrikaans. Dit is die tweede keer dat hy by die Suidoosterfees te sien is, dié keer met sy nuwe vertoning, Anthem. Want, sê hy, daar is nie ’n Afrikaanse woord vir "anthem" nie – Afrikaanse mense praat verkeerdelik van "volkslied", maar dit verwys na ’n "national anthem". Sy vertoning Anthem is geïnspireer deur ikoniese liedere, oftewel "anthems", uit die geskiedenis van film, teater, oorlog, geloof, sport, jazz, blues en pop.

Dit is gou duidelik waarom die woorde "inspirerend, nostalgies en waansinnig” gebruik word om die vertoning te beskryf. Die vertoning het geheel en al my stoutste verwagtinge oortref. Ek is oor die algemeen ’n groot aanhanger van Nataniël se staaltjies en stories, veral die manier waarop hy dit voordra, maar om hom te hoor sing is sowaar ’n voorreg. Tesame met die ervare musikante wat hom begelei, is die vertoning sowaar ’n belewenis. Nataniël glo immers nie daarin om met ’n "backtrack" te sing nie, vertel hy spottend toe hy sy "band" aan die gehoor voorstel. Juan Oosthuizen op kitaar, Matthys Maree op die klavier, Brendan Ross op die klawerbord, Danny Lalouette op baskitaar en Peter Auret op perkussie. Musikante van formaat, spog hy, en hy is in die kol. Die musikante kén hulle storie.

Gepraat van sy staaltjies en stories: daarmee stel hy ook nie teleur nie. Dit is veral sy raad oor troues wat die gehoor gaande het. Jongmense trou deesdae te vroeg, meen hy; hulle ly al te vroeg aan trouekoors. En dit omdat almal tog net ’n troue wil hou.

"Troues is soos ’n aartappelslaai – hoe meer jy joune verskillend probeer maak hoe meer is dit soos al die ander," laat hy hoor.

Om te trou lei immers tot vyf dinge, volgens sy ouma, en net één daarvan is geluk – meestal lei ’n troue net tot spyt.

Dié en ander lewenswyshede deel Nataniël met die gehoor.

’n Ander hoogtepunt is Nataniël se flambojante uitrustings, deur Floris Louw, wat die vertoning net daai ekstra tikkie Nataniël-flair gee. Dié vertoning is sowaar ’n skouspel en ek is geensins verbaas dat dit met ’n staande toejuiging van die gehoor afgesluit is nie. Dit was werklikwaar puik. Ek kyk dit enige dag sommer weer!

Lees ook

Suidoosterfees 2019: Die gangsters na jare stééds relevant

Suidoosterfees, Gangsters en kuns

Suidoosterfees 2019-video: Hoe soomloos is die kunste werklik?

Suidoosterfees 2019-video: Afrikaans – ’n taal vir almal?

Suidoosterfees 2019-video: Die volle storie van Afrikaans

Suidoosterfees 2019-video: Wie is ons en maak dit saak?

The post Nataniël ’n hoogtepunt by Suidoosterfees appeared first on LitNet.

Suidoosterfees 2019: Die gangsters na jare stééds relevant

$
0
0

Die gangsters

Die gangsters is gewaagd, gevaarlik en nie op hulle mond geval nie. Hulle tonge is vlymskerp. Hulle glo nie in idealistiese idees rondom ’n reënboognasie nie; ook nie in Jesus nie – en hulle is ook glad nie bang om dit te sê nie. Hulle is moeg daarvoor om aan die kortste ent te trek, moeg vir die onregverdige sosiale strukture – en dis tyd dat hulle gehóór word.

Die bekroonde produksie Die gangsters (oorspronklik geskryf deur Benoni Dehaeck), wat die afgelope week op die Kunstekaap-verhoog as deel van die Suidoosterfees gespeel het, het weer eens bewys dat die rol van teater om sosiale kommentaar te lewer nie onderskat moet word nie. Dié produksie spreek immers maatskaplike en sosiale kwessies aan wat na jare steeds aan die orde van die dag is.

Die produksie handel oor ’n groep gangsters wat ’n gedenkdiens hou vir een van hul lede, die gangster heilige Joe Jesus wie vermoor is. Vier rolspelers uit die samelewing is genooi om die gedenkdiens by te woon. Hulle verteenwoordig verskillende groepe in die samelewing. Daar is die swart biskop, wat aan Desmond Tutu herinner, die wit polisiekommissaris, die Moslem-vrou en die bruin minister van welsyn – hulle verteenwoordig as't ware die reënboognasie. Die gangsters het die gesagsdraers saamgeroep met een doel voor oë: om hulle te konfronteer met die alledaagse realiteit van die gangsters. Dit is nou tyd dat daar vertel word van hulle verdrukking, pyn en seer, want elke gangster, of dit nou die gevaarlike leier, drag queen, prostituut of moederfiguur is, het ’n storie om te vertel.

Die toneelstuk is oorspronklik in 1993 voltooi en in dieselfde jaar, sowel as in 1997, by die Breughel-teater in Cloetesville opgevoer, waarna dit in België getoer het. Die produksie is in 2016 weer op die planke gebring by die Woordfees, waar Marthinus Basson die regie behartig het. Vanjaar was dit ook te sien by die Woordfees, waar dit onder meer die toekenning vir beste produksie gewen het, en nou uiteindelik ook by die Suidoosterfees. Steeds onder leiding van Marthinus Basson, met sommige van die oorspronklike geselskap sowel as nuwe gesigte.

Die produksie ondersoek onder meer magsbeheptheid in die samelewing, Suid-Afrika as demokrasie, ongelykheid en die verhouding tussen goed en kwaad. Hierdie kwessies hou nou verband met die politieke klimaat wat Suid-Afrika tans ervaar en maak die stuk steeds so relevant soos toe dit oorspronklik geskryf is. Die gehoor word geneem op ’n verbeeldingsvlug soos die gangsters vir Joe Jesus uit die dood laat verrys om sy storie te vertel, sowel as hul eie stories. Hulle is die agtergeblewenes, dié wat kwesbaar gelaat is deur die vorige regime, dié wat deur hulle ouers weggegooi is en verwerp is deur die samelewing. Hulle het snags gehoor hoe klap die geweerskote buite hulle deure in die straat.

Hulle stel nie meer belang in die leë beloftes en vals hoop wat die idee van ’n reënboognasie waar almal gelyk is, bring nie. Nog minder stel hulle belang in die trooswoorde van die biskop, want, voel hulle, die Here het hulle lankal verlaat. ’n Bybelversie het nog nooit hulle probleme opgelos nie …

Een ding is so seker soos daglig: daar is ’n rede waarom Marthinus Basson ’n bekroonde regisseur is. Sy unieke aanslag tot die verskeie produksies wat hy aanpak, is merkwaardig, en dit is geensins anders met Die gangsters nie. Die produksie word op so ’n kreatiewe manier op die planke gebring dat die gehoor deurentyd geïnteresseerd bly. Die narratief word byna abstrak eerder as realisties uitgebeeld, die produksie ’n kleurvolle spektakel. Die beelde, wat op ’n verfrissende wyse deur middel van rekwisiete geskep word, dra by tot die sukses van die produksie en sorg vir ’n visueel stimulerende ervaring. Tesame daarmee dra die stel by tot die onheilspellende atmosfeer, met die kis van Joe Jesus sentraal op die verhoog, die spilpunt waarom die aksie afspeel.

Uitspattige kostuums, glinsterende grimering, helder beligting en dies meer verseker dat die gehoor op die punt van hul stoele bly. Tong-in-die-kies grappies en humor gee die toneelstuk lewe en verlig die gespanne atmosfeer. Maar tog, midde die lagbui kan mens nie verstaan hoekom jy ongemaklik voel nie. Later besef jy dit: "All that glitters is not gold." Agter die kleurvolle spektakel, agter die bravade van die gangsters, en agter die grappies skuil daar waarheid – en dis daarmee dat die gangsters jou konfronteer. Die gangsters is immers ook maar net mense.

Dit is die eerlike betekenisvolle spel van die akteurs wat juis die karakters daardie menslikheid gee en maak dat jy by hulle aanklank vind, ten spyte van die negatiewe konnotasie wat daar aan die woord "gangsters" geheg word. Die karakters word met soveel deernis vertolk, en dit is opmerklik. Dit is lekker om die jonger akteurs dop te hou tussen die gesoute veterane, en hulle kwyt hul goed van hul taak.

Die somtotaal van die verskillende elemente in die produksie sorg in hierdie geval vir ’n uitsonderlike geheelbeeld. Die produksie laat jou opnuut nadink oor "ou" kwessies wat steeds jare lank samelewings in die land teister. Dalk is dit tyd dat ons na die "gangsters" luister. Die gangsters se verhale is immers die verhale van soveel mense in die samelewing.

Lees ook

Suidoosterfees, Gangsters en kuns

Nataniël ’n hoogtepunt by Suidoosterfees

Suidoosterfees 2019-video: Hoe soomloos is die kunste werklik?

Suidoosterfees 2019-video: Afrikaans – ’n taal vir almal?

Suidoosterfees 2019-video: Die volle storie van Afrikaans

Suidoosterfees 2019-video: Wie is ons en maak dit saak?

The post Suidoosterfees 2019: <i>Die gangsters</i> na jare stééds relevant appeared first on LitNet.


Skemerson-rolprent in rolprentteaters te sien

$
0
0

Pietie Beyers as Sella in die rolprent Skemerson

’n Afrikaanse rolprent wat geestesgesondheid aanspreek, met akteurs soos Pietie Beyers, Anneke Weidemann en Elize Cawood in die rolverdeling, begin 3 Mei landwyd in rolprentteaters draai.

Skemerson vertel die verhaal van Sella, wat besluit om sy eie lewe te neem. Hy is ’n dokter wat met sy geestestoestand sukkel nadat hy sy ma verloor het terwyl hy haar vir ’n tyd lank versorg het. Dit is nie net sy verdriet wat hom oorweldig nie, maar ook die feit dat hy verantwoordelik voel vir sy ma se dood en homself daarvoor blameer.

Toe hy op die punt is om ’n einde aan alles te maak, ontmoet hy egter vir Emma wat haar brose ma verpleeg wat nie meer lank het om te lewe nie. Hulle ontmoeting is die begin van ’n naweek wat hulle almal se lewens vir altyd sal verander.

Pietie Beyers, wat die hoofrol in die rolprent vertolk, en ook die draaiboekskrywer en medevervaardiger is, vertel meer.

Anneke Weidemann en Pietie Beyers

Pietie, nie net speel jy in die rolprent nie, maar jy is ook die draaiboekskrywer en medevervaardiger. Waarom het jy besluit om die tema van geestestoestande aan te spreek?

Die film is geïnspireer deur ware gebeure. Dis nie volledig my verhaal nie, maar soortgelyk aan die manlike hoofkarakter in Skemerson het ek al besonder intense angs ervaar. Ek glo eerlike gesprek skep ’n platform vir genesing. Die skrywe en maak hiervan was vir my terapeuties en ek hoop die film kan empatie kweek asook mense wat met uitdagings onder die oppervlak sukkel, vertroosting bied dat daar wel hulp en hoop is.

Elize Cawood

Die tema van geestestoestande is ’n sensitiewe tema om aan te roer. Hoe het julle te werk gegaan om die tema betekenisvol uit te beeld?

Dis inderdaad ’n baie sensitiewe tema. My eie ervaringe, sowel as dié van mense na aan my, kon aanvul by die geloofwaardigheid van die verhaal. Ek het verdere navorsing gedoen waar nodig. Die film eindig met ’n beeld waarop Sadag (South African Depression and Anxiety Group) se foonnommers op die skerm verskyn – dit gee kykers wat self met sielkundige of emosionele uitdagings sukkel, die geleentheid om uit te reik sou hulle wou. Sadag doen ongelooflike werk. Hulle dienste is gratis.

In die rolprent vertolk jy die rol van Stella, wat aan ’n geestestoestand ly en oorweeg om sy eie lewe te neem. Dit is definitief nie ’n maklike karakter om te vertolk nie. Hoe het jy voorberei vir die rol?

My lewe wás my voorbereiding! Ek het self (touch wood!) nooit op ’n brug gestaan nie, maar ek was al in ’n taai stryd met angs. Ek het verder 14 kg vir die rol verloor om egtheid verder te vestig. Angs het verskillende effekte op mense – onder andere kan dit mense se verhouding met kos verander.

’n Toneel uit die rolprent

Dit is jou eerste vollengte-rolprent wat jy aanpak – hoe was die ervaring vir jou?

Baie spesiaal. Die span was ongelooflik. Daar was ’n strewe na waarheid, menslikheid, respek en eerlikheid op die stel. Dit het gevoel asof almal in elke oomblik belê en glo in wat ons aanpak. Dit was verder besonders om my meisie, Anneke Weidemann (wat die rol van Emma vertolk), uit haar toneelspeel-aftrede te nooi en haar as deel te hê van die film. Sy is ’n mediese dokter en het sewe jaar laas toneel gespeel! Haar laaste toneelspel was in Die Wonderwerker en Die ongelooflike avonture van Hanna Hoekom en ons het die film só skeduleer dat ons al haar tonele in haar doktersverlof kon inpas!

Anneke Weidemann

Wat maak hierdie rolprent anders as ander Suid-Afrikaanse rolprente, en watter boodskap hoop jy om oor te dra met hierdie rolprent?

Daar wás nog nie so iets in Afrikaans nie. Korreksie, daar wás nog nie so iets nie. Dikwels is ’n kamera soos ’n vlieg teen die muur – dit neem waar. In Skemerson is jy as kyker nie soos ’n vlieg op die muur wat inkyk nie. Jy is binne-in die drama. Die nabyskote en atmosferiese musiek sorg vir – soos Elize Cawood (wat Mamma vertolk) dit noem – ’n sensuele ontploffing. Dis asof jy die karakter se polsslag kan voel. Dis nie net ’n storie wat verwyderd voor jou afspeel nie. Dis ’n intieme ervaring. ’n Suiwer menslike belewenis.

Jy het al bekend gemaak dat jy self ’n pad met ’n geestestoestand geloop het. Wat is jou raad vir mense wat ook met ’n geestestoestand worstel?

Ek is geen kenner nie, maar ek kan uit ervaring getuig: eerlikheid voel bevrydend. Praat met iemand wat jy vertrou. En as jy te skaam voel, gaan sien iemand professioneel. As dit nie vir jou finansieel moontlik is nie, kontak Sadag. Jy kan hulle WhatsApp en hulle sal jou terugbel. Gratis. Die slagspreuk van die film is “Dis oukei om nie oukei te wees nie.” Skemerson wil gerusstelling en vertroosting bied. Selfs in donker, onsekere tye is daar altyd en hulp en altyd hoop.

 

........................................

Sadag se nommer:
0800 456 789

........................................

  • Foto's verskaf

The post <i>Skemerson</i>-rolprent in rolprentteaters te sien appeared first on LitNet.

Like writer father, like poet daughter

$
0
0

(for Dutch poet Joop Bersee)

A kitchen is never dead. It is a living thing. A
Jerusalem. There were no waves. No distant

shoreline. Only a greenness passing through the
climate. Swimmers’ heads cut off from the rest

of their bodies in the school swimming pool,
and I wonder if you still remember me. Skinny

legs. Serious face. Nose stuck in a book. Seriously
curly hair. Books under my arm. Nabokov.

Gillian Slovo. I never promised you a rose garden.
Now you pass through me as if you’re passing

through a reflection. Take your medication.
Make dad breakfast. And then there is this struggle

of loving men who prefer the company of other
men. You’re things that make me happy and

things that make me sad. You’re like a ray of
light, my darling, my sweetheart, my love. I

love you until all my insides are raw, until my spirit
has withered away into nothingness and nausea.

Until the house that I reside in, my ice house,
turns winter into summer. The kitchen sink is

my mother’s wasteland. It is her politics, her flesh,
her prize. She rolls deep in her garden. That’s

her bliss. That’s being honest, and after the rain
she’s Jean Rhys, and during the rain she edits me

away, censors me, declares me Mrs Rochester.
Her hands smell like spaghetti. These same hands

that tear me apart. Ripping me apart until I’m
raw. Raw! And everything after that tastes

metallic. I brush my teeth, but it’s as if I’m doing
laundry or something. I can’t get the stain out.

And there’s a feast of winter in my hair while
I think of Harlem and the African Renaissance.

Also read:

Letter to a brother in rehab

The healing room

Swimming towards emptiness on a bright summer day

 

The post Like writer father, like poet daughter appeared first on LitNet.

Die vlinder in Du Toit-straat

$
0
0

Die wit vlinder in Du Toit-straat
Het hier en daar
Spelerig op die dwarrelwind
Teen my wang gestreel
Toe weg
Verder en verder
Gefladder.

En my gedagtes
Het met die vlinder
Op die fris lug
Gelangarm.

Lees ook:

Morning stage

 

The post Die vlinder in Du Toit-straat appeared first on LitNet.

Drie gedigte deur Hanta Henning

$
0
0

voet(slaan)pad

weer eens
keer hy terug
na ʼn week weg
van die voetslaanpad

sand en stink
en sweet

stewels en sokkies
neergesmyt
in die slaapkamer

en in die donker
papierbesaaide
boeknes
mufreuk
stofrak
studeerkamer
sonder staanofsitofstapplek
land as ʼn nagedagte
die onuitgepakte
vuilblou rugsak

maande later
een saterdagaand
werk hy aandskof
met sy sagsteak
salmsmeer
sodawater
kosblik

ek en ma
eet pap en toppers
tuis

dan besluit sy
dis tyd
om sy stapspens
uit te pak

geswole blikke gerookte oesters
groen rogbroodsnye
blouer bloukaas
met grys drade
en swetende salami
vet karbonkels suiker
ʼn klein gissende boks wyn
verkrummelde koekies
en ʼn plak bruin
wat ons later vasstel
was eens sjokolade

later
langs die asblik
kou ons stil saam
aan vergete koekiereste
en ʼn versteende cadbury whole nut
terwyl ons een vir een
in die donker
vrot fermenterende eiers
teen die prefabmuur laat spat

 

limbo - vir w

kindersondes
pruimedantpers-pyn
perskeboomlat se hale

geblikte weense worsies
die smaak van jou tong

beeste aanjaag
uit die meent
en innuendo

bloed forseer op bloed
in donker skemerkamers
agter geriffelde ruite
en onder die bougainvillea

bitterblik reuk
van jou mens

***

vergeef
vergete
verduister

***

gapende wonde
soos die donker kwyn
tussen lusernbale

elektriese breinskokke
bloed op jou tong

beeste bulk
by garingbome
loeiende crescendo

bloed sypel oor bloed
en in die sand
oor geskerfde ruite
die rooi van clivia

die wrak die blik gebeend’re
van ʼn wens

 

met my neef se begrafnis

die klein seuntjie
met die blou ballon
het jou oë
jou mond
jou vel gekus deur die son

hy speel eenkant,
ballon helder in die lug;
sy ma kyk toe
haar ronde romp
bultend
met jou
jou vrug

die son bak warm
op die donker klei
en jou seun word stil
soos die motor nader ry

hy glip sy hand in hare
blou ballon vergete
sy arm omsirkel haar maag
en
heesfluisterend vra hy
met jou stem:

“mamma
hoe het hul pappa in die kis gekry?”

Lees ook:

met apologie

by klavieruitvoering deur lukáš vondráček

flagellaat – ’n ope brief aan die akademie

 

The post Drie gedigte deur Hanta Henning appeared first on LitNet.

Suidoosterfees 2019-video: Die volle storie van Afrikaans

$
0
0

Tydens die Suidoosterfees 2019 (25 April – 1 Mei, Kaapstad) het vier Jakes Gerwel-diskoersgesprekke plaasgevind.

Die vierde en laaste gesprek het op Maandag 29 April by Kunstekaap plaasgevind, met Anastasia de Vries, Wannie Carstens, Willa Boezak en Michael le Cordeur (gespreksleier).

Anastasia de Vries, Michael le Cordeur, Willa Boezak (bo van links) en Wannie Carstens (onder)

Hoe inklusief is Afrikaans se storie werklik? Wat is die rol wat die bruin gemeenskap moet speel in die opteken van Afrikaans? Wat kan ons doen om dit beter te maak?​

Hierdie vrae kom aan bod in die boek Die storie van Afrikaans: uit Europa en van Afrika (deel 2) deur Wannie Carstens en Edith Raidt. Daar was oor hierdie en ook ander vrae gepraat.

Kyk na video’s van die ander gesprekke:

Suidoosterfees 2019-video: Hoe soomloos is die kunste werklik?

Suidoosterfees 2019-video: Wie is ons en maak dit saak?

Suidoosterfees 2019-video: Afrikaans – ’n taal vir almal?

The post Suidoosterfees 2019-video: Die volle storie van Afrikaans appeared first on LitNet.

Göbekli Tepe – die Wieg van die Geloof?

$
0
0

Interessant is die bevindings van wetenskaplikes wat navorsing doen op die argeologiese terrein – Göbekli Tepe in Turkye – waar opgrawings tekens van die oudste beskawing nog gevind, blootlê.

Bewyse dui daarop dat die terrein terugdateer tot 13 000 vC.  Dis ouer as die Sumeriese kleitablette wat die eerste skrif bevat en wat dateer uit 3 300 vC, is ouer as die piramides in Egipte en ook 7 000 jaar ouer as Stonehenge.

Alles dui daarop dat die terrein slegs gebruik is as ’n plek van aanbidding (duisende  stukke en gefragmenteerde bene van wilde diere, meestal wildsbokke, getuig hiervan) en dat niemand op die terrein gewoon het nie, maar daarheen gegaan het vir rituele – die eerste mensgemaakte “heilige plek” dus. Verder is daar tekens dat daar begin is om nader aan die “heilige plek” gevestig te raak en sodoende is gemeenskappies gevorm waarby ander aangesluit het, soos aangedui word deur eenderse potskerwe wat sover as 150 km daarvandaan in opgrawingsterreine waar mense gewoon het, gevind is.

Dan is daar die ontdekking dat oorledenes se koppe (waar die onsterflike siel gesetel is) van die liggaam (wat vergaan) geskei en apart saam met ander se koppe in ’n soort klipkluis bewaar is. Dit dui op die skeiding van siel en liggaam en ’n geloof in die lewe na die dood – en ’n terugkeer na die lewe.

Die gemeenskapsvorming het aanleiding gegee tot landbou om noodsaaklike lewensmiddele byderhand te hê – geloof het dus landbou te voorskyn gebring!

Hoekom is daar sedert die vroegste tye by die mens ’n versugting tot geloof? Alle gelowe getuig van ’n Opperwese.

Raed-na-Gael

The post Göbekli Tepe – die Wieg van die Geloof? appeared first on LitNet.

Suidoosterfees 2019-video: Afrikaans – ’n taal vir almal?

$
0
0

Tydens die Suidoosterfees 2019 (25 April – 1 Mei, Kaapstad) het vier Jakes Gerwel-diskoersgesprekke plaasgevind.

Die derde gesprek, aangebied deur die Afrikaanse Taalraad, het op Saterdag 27 April by Kunstekaap plaasgevind, met SZ Minnaar, Carla Barnard, Esra Plaatjies en Tracey Lange (gespreksleier).​

Links bo: Tracy Lange; Regs bo: Tracey Lange, SZ Minnaar, Carla Barnard en Esra Plaatjies

Baie jongmense wat van huis uit Afrikaans is, sê dat hulle meer geneë voel tot Engels as Afrikaans. Wat is die struikelblokke wat verhoed dat jongmense Afrikaans wil vier en koester?

Wat is nodig om te verseker dat jongmense met vrymoedigheid en selfvertroue tot Afrikaans se feestafel toetree en daar hul regmatige plek inneem?

Is daar ’n spesifieke uitrusting wat jongmense vir die Afrikaanse feestafel moet aantrek?

Verder: Wat kan gedoen word om studente wat die posisie van Afrikaans wil versterk, te ondersteun?

Die gesprek het ’n geleentheid gebied om kennis te neem van die jeug se menings en houdings oor Afrikaans, ’n kwessie wat Afrikaans se toekoms as leef- en leertaal ten nouste raak.

Kyk na video’s van die ander gesprekke:

Suidoosterfees 2019-video: Hoe soomloos is die kunste werklik?

Suidoosterfees 2019-video: Wie is ons en maak dit saak?

Suidoosterfees 2019-video: Die volle storie van Afrikaans

The post Suidoosterfees 2019-video: Afrikaans – ’n taal vir almal? appeared first on LitNet.


Suidoosterfees 2019-video: Wie is ons en maak dit saak?

$
0
0

Tydens die Suidoosterfees 2019 (25 April – 1 Mei, Kaapstad) het vier Jakes Gerwel-diskoersgesprekke plaasgevind.

Die tweede gesprek het op Vrydag 26 April by Kunstekaap plaasgevind, met Haji Dawjee, Wilhelm Verwoerd en Heindrich Wyngaard (gespreksleier).

Heindrich Wyngaard (links bo) en Wilhelm Verwoerd (regs onder)

Ons voel tuis met verskillende, getransendeerde identiteite, al druk ons mekaar maklik in boksies. Of is ons werklik so bevry van identiteit?

Wat is die invloed van geskiedenis op wie ons is, en hoe leef ons vorentoe in die Suid-Afrikaanse droom van ’n reënboognasie?

Kyk na video’s van die ander gesprekke:

Suidoosterfees 2019-video: Hoe soomloos is die kunste werklik?

Suidoosterfees 2019-video: Afrikaans – ’n taal vir almal?

Suidoosterfees 2019-video: Die volle storie van Afrikaans

The post Suidoosterfees 2019-video: Wie is ons en maak dit saak? appeared first on LitNet.

Suidoosterfees 2019-video: Hoe soomloos is die kunste werklik?

$
0
0

Tydens die Suidoosterfees 2019 (25 April – 1 Mei, Kaapstad) het vier Jakes Gerwel-diskoersgesprekke plaasgevind.

Die eerste gesprek het op Donderdag 25 April by Kunstekaap plaasgevind, met Mercy Kannemeyer, Saartjie Botha, Basil Appollis, Cintaine Schutte en Kabous Meiring (gespreksleier).

Basil Appollis, Mercy Kannemeyer, Saartjie Botha (bo van links) en Kabous Meiring (onder)

​Hoe lyk die uitvoerende kunste in postapartheid Suid-Afrika?

Spreek die kunste werklik tot ’n diverse en verteenwoordigende gehoor en weerspieël dit ’n getransformeerde samelewing?

Wat is die uitdagings van die bedryf en hoe kan ons dit aanspreek? 

Kyk na video’s van die ander gesprekke:

Suidoosterfees 2019-video: Wie is ons en maak dit saak?

Suidoosterfees 2019-video: Afrikaans – ’n taal vir almal?

Suidoosterfees 2019-video: Die volle storie van Afrikaans

The post Suidoosterfees 2019-video: Hoe soomloos is die kunste werklik? appeared first on LitNet.

Op soek na "Die piramiede" van Hennie Aucamp

$
0
0

Ek herinner my dat ek jare gelede (1969–70) 'n boek met 'n versameling kortverhale besit het waarin daar, onder andere, een van Hennie Aucamp was met die titel "Die piramiede".

Ons het die bundel gedurende my onderwys-opleiding behandel. Dis egter lank gelede, en my geheue kan my dalk in die steek laat.

Indien korrek, weet iemand waar kan ek die kortverhaal opspoor?

Baie dankie en groete

Henoch Schoeman

The post Op soek na "Die piramiede" van Hennie Aucamp appeared first on LitNet.

Caster Semenya

$
0
0

Indien Caster ’n vrou is staan dit haar vry om aan enigiets deel te neem, of in enige sportitem te kompeteer as vrou, ongeag die vlak van testosteroon in haar liggaam. Die instansies wat nou bepaal het dat haar testosteroonvlak te hoog is het net ’n lat vir hulle kollektiewe agterent gepluk, want dit moet tog baseer wees op ’n gegewe afsnypunt en waar sou dié nou wees?

Gestel, argumentsonthalwe, die afsnypunt is op, sê, syfer 5 om nou net sommer ’n getal te kies.  Hoe verskil dit van ’n vrou wat op syfer 4,9 lê?  Nie veel nie sou ek sê. Wat is byvoorbeeld ander robuuste dames soos Billy Jean King, Martina Navratilova en Serena Williams se vlakke? 

Kan dames wat teen fris meisies verloor nou gaan aandring dat einstes se testosteroonvlakke eers getoets moet word om te bepaal of hulle werklike wenners is?  Natuurlik nie.

Die oorgang van petite na robuust is geleidelik en in sport is dit nou maar so dat materiële voordeel seëvier. Dis maar in manssport dieselfde; ’n rugby-voorry van gemiddeld 70kg gaan sleg tweede kom teen ‘n voorry van gemiddeld 110kg – die ligter voorry kan nie gaan kla dat die swaarder ene geneties bevoordeel is en dus nie mag speel nie.

Jan Rap

 

 

The post Caster Semenya appeared first on LitNet.

Invitation to the Cape Town launch of Christo Wiese – Risk & Riches by TJ Strydom

Viewing all 21535 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>