Quantcast
Channel: LitNet
Viewing all 21592 articles
Browse latest View live

Hanru Niemand: "Ek sing nou bietjie oor ander goed"

$
0
0

Die sanger en liedskrywer Hanru Niemand se nuwe EP, Kreeftegang, is binnekort op die rakke - ongeveer 10 jaar ná sy debuutalbum, Tot Stilte, uitgereik is. Hy beantwoord ’n paar vrae.

Goeiedag, Hanru. Hoe's dinge deesdae?

Gaan goed, dankie!

hanrugrootweb

Geluk met jou nuwe EP, Kreeftegang, wat binnekort vrygestel word. As ek reg tel, is dit al 10 jaar sedert jou debuutalbum, Tot Stilte, vrygestel is. Hoe sou jy sê het jou benadering tot hoe ’n album of EP saamgestel en opgeneem moet word, verander sedertdien? Spesifiek: Hoe het jou liedskryfproses gegroei en verander oor die jare, en hoe het jou benadering verander in terme van wat jy wil "bereik" met ’n nuwe vrystelling?

Ja, dis rofweg 10 jaar. Ek dink wat mens met opnames wou bereik, het nogal baie verander in die afgelope dekade. Mense koop al hoe minder CD’s, musiek raak toenemend soos water: mens kan eintlik maar net jou internet oopdraai en die gratis musiek stroom in. Ek doen dit self ook. So waar mens miskien nog 10 jaar terug gedink het aan jou CD’s as merchandise, is dit amper nou meer ’n manier om jouself te brand en shows te bemark. Vir my is die opnameproses nou primêr ’n boekstawing, ’n dokumentering van waarmee ek besig was.

Wat die skryfproses betref, dink ek ek het sê maar 20 jaar terug meer geskryf en meer weggegooi. Ek dink die vernaamste verandering in my songs is tematies. As jong man het ek uiteraard meer love songs gepleeg, nou sing ek bietjie oor ander goed. Wat die musiek self betref, was ek nog nooit voorskriftelik nie – die wysies kom uit soos hulle uitkom. Ek sal dalk net mooi dink oor watter liedjies ek saamgroepeer, maar verder as dit worry ek nie te veel oor my styl nie.

Kreeftegang bestaan uit vyf snitte, waarvan die meeste reeds bekend sal wees aan mense wat onlangs ’n Hanru-show of twee bygewoon het – vernaam "Pelonomi" en "Gert Vlok Nel". Waarom die relatief lang wag om die EP te skep, in ag genome dat heelwat van die tunes al lank in jou repertoire is? Was daar ’n element van liedjies "toets" by optredes vir jou vir verdere skaafwerk, of is dit maar net ’n geval van die tyd wat nie reg was nie? Hoe voel jy in die algemeen oor die "marinering" wat liedere moet deurgaan voor hulle uiteindelik in finale vorm op die wêreld losgelaat word?

Wel, ja, die “marinering” speel beslis ’n rol. Ek sou sê ek doen dit meestal so – toets eers uit, kyk wat werk, kyk wat moet geskaaf word en waar. Sommige songs, soos “Piper’s Tavern”, werk nie lekker as dit net ek en ’n kitaar is nie, so ek het hom ook nie so dikwels opgevoer nie. Ek is, terloops, baie bly oor hoe dit met die band op die EP klink. So af en toe sal ek ’n song opneem wat nog nie getoets is nie, veral wanneer ek glo ek het iets beet met hom.

Met die lirieke op Kreeftegang voel dit deurlopend of jou werkservaring as kliniese sielkundige ’n rol speel in die temas en stories wat jy skep en/of oorvertel – veral op "Verslaggewer" en "Pelonomi" slaan dit sterk deur. Dit was natuurlik ook die geval op jou vorige albums, met snitte soos "Sielkundige se gebed". Dit moet ’n interessante proses wees. Gebeur dit soms dat ’n spesifieke storie wat jy teëkom, só aangrypend is dat dit jou noop om ’n lied daaroor te skryf, of hoe werk dit? Voel jy dat jy in so ’n geval so eg as moontlik moet bly aan die weergawe(s) wat aan jou vertel is, of behou jy kreatiewe vryheid soos nodig? Moes jy al ooit ’n soort toestemming by ’n kliënt kry om sy/haar storie te gebruik? Is jy soms in die versoeking om dan ’n soort "oplossing" of "les" in te werk by die storie?

Dis nogal ’n interessante kwessie. Ek kan om vertroulikheidsredes nie ’n storie net so oorvertel nie. So, die uitdaging is eintlik om dit so algemeen as moontlik te hou, sodat enigeen hom in daardie storie kan identifiseer. Ek skep dus eintlik fiksie, maar die poging is as’t ware om die dieper waarheid te verwoord, sodat die verdigsel eintlik meer waar as die brute feite is. Terloops, dieselfde geld vir “Die Kreeftegang Wals” en “Piper’s Tavern”: ek sing nie oor ’n enkele mens nie, eerder ’n klomp grepe uit verskillende stories.

Die titelsnit is geweldig lekker – ’n hartseer wals wat ook nie heeltemal hartseer voel nie. Wat veral lekker is vir my, is die blykbaar homage-agtige agtergrondwerk aan tradisionele plaaslike walsmusiek, kompleet met die huiwerige orreltjie en die subtiele mannekoor. Is dit iets wat jy graag wou verken op Kreeftegang? Watter ander uitdagings het jy musikaal gesproke vir jouself gestel met die EP? Wat sou jy graag wóú verken op die album, maar moes jy agterlaat weens tydsdruk of watter druk ook al, en hoe sal jy dit graag wel voorts wil benader?

Dankie! Ek hou ook baie van hoe daardie een op die ou end uitgekom het. Die retrogevoel was beslis waarvoor ek gemik het. "Verken" is miskien ’n te sterk woord. Ek het, soos ek die wysie ontwikkel het, geweet die song moet so ’n tekstuur hê. Die ding met opnames is altyd maar dat daar méér moontlikhede is. Ek kon byvoorbeeld die wals ’n meer boeremusiek-vibe gegee het. Of "Gert Vlok Nel" meer gestroop gehou het (byvoorbeeld net ek en kitaar, soos op shows).

Daar is maar altyd moontlikhede wat mens moet agterlaat, wat nogal moeilik is.

Wat uitdagings betref: ek dink ek het op hierdie album meer duidelikheid gehad oor wat ek wou hê van die bykomende instrumente, soos die klavier en viool. Ek sou dit dus "komponeer" met my geradbraakte spel, maar het die talente van ander nodig om dit na actual musiek te laat klink. Ek dink nie dis iets wat ek noodwendig wil aanhou doen nie – ek sal op ander songs weer musikante vrye teuels gee. Dis maar net hoe dit hier gebeur het. Vir volgende opnames het ek ’n paar ander songs wat ek nog bietjie moet skaaf. Met hulle sal ek graag bietjie wil eksperimenteer met ander tipes kitaarspel en -klanke.

Die naam van die EP is natuurlik ook interessant – soos ek die term/woord "kreeftegang" verstaan, verwys dit na ’n soort retrogressie, of agteruitgang, of terugwaartse groei (dit laat my bietjie dink aan die naam van Brixton Moord en Roof Orkes se album Terug in Skubbe). Hoe hou dit verband met die EP, die snitte daarop en waar jy jou nou bevind in jou loopbaan? Of is dit bloot die soort tong-in-die-kies-verwysing wat natuurlik glad nie vir jou onbekend is nie?

Ek sou nie sê dit hou verband met my loopbaan nie, wel met min of meer alles anders! Die idee van ’n aftakeling is iets wat my na aan die hart lê – ek sien dit uiteraard in my beroep, maar ek sien dit ook in my persoonlike lewe, waar so baie dinge waaraan ek geheg was en/of wat vir my mooi en belangrik is, afgetakel word of maar net stadig verdwyn. Dis beslis vir my ’n tema wat deur al die songs loop. Dat dit eindig met die titelsnit wat dan amper grappig klink, is iets wat ek graag doen, anders huil mens net jou oë uit.

Daar is twee bykomende snitte wat nie op die EP verskyn nie, maar wat jy tesame met die EP se uitreiking aanlyn gaan plaas: "Banting en chips" en ’n bygewerkte weergawe van "Ek het ’n Afrikaanse liedjie geskryf". Waarom die besluit om nie dié twee humoristiese liedjies op die EP in te sluit nie? Dink jy aanlyn verspreiding werk beter vir sekere soort liedjies en aanslae, en hardeformaat-verspreiding beter vir andere? Of wat is die situasie hier?

Ek het laasjaar, toe ek die ingewing kry om “Banting en chips” te skryf en op te neem, gedink kom ek doen ’n slag die medley weer. Die vorige weergawe van "Ek het ’n Afrikaanse liedjie geskryf" dateer uit 2006 en ek doen hom nou al ’n geruime tyd anders. So beide van hulle is op die ingewing van die oomblik gedoen. Ek het nie gedink dit pas lekker in by die algemene gevoel van die EP nie, en dit pas natuurlik ook nie tematies nie. Dit sou dalk finansieel slimmer gewees het om hulle in te sluit, ek gee toe. Mense sou dalk die EP koop net omdat hulle van die grappies hou. Maar die samehang van ’n album is maar nog steeds vir my baie belangrik. Ek dink beide die grapliedjies kan op hul eie staan, en ek beplan om hulle as ’n kortspeler van hul eie te laat druk. Hardeformaat-verspreiding het steeds sy plek, hoewel beperk. Veral by shows wil mense maar nog iets fisies in die hand hê. Ek stel hulle solank aanlyn vry, want ek dink die grappe maak nóú sin – smee die yster en al daai.

Laas toe ons gepraat het, het jy gesê dit raak al moeiliker om die voltyds werk as sielkundige en die musikantlewe volhou te balanseer. Tog is die nuwe EP binnekort uit, en is jy nou die pa van ’n eersteling (geluk!) en werk jy steeds as kliniese sielkundige. Het jy geleer om ’n soort goue balans te skep wat hierdie uitdaging betref? Wat ís die moeilikste elemente verbonde aan hierdie uitdaging en hoe oorwin jy dit? Hoe sal jy dit graag verder voorts nog wil verskerp en plek vir alles oophou en oopmaak?

Dankie! Jong, ek dink dit gaan maar oor beplanning, waarmee ek nie juis so goed is nie. Ek probeer dit heeltyd verbeter. My werkskedule is gelukkig darem redelik buigsaam, buigsamer as ’n tipiese 9–5-werk, so dit help darem. Optree is miskien die moeilikste met ’n jong baba, want dit is maar tipies saans, en saans is ’n moeilike tyd by die huis.

Benewens dit, wat hou die nabye en verre toekoms in vir Hanru Niemand? Watter soort musiek kan ons verder af in die pad van jou verwag? Enigiemand saam met wie jy nog sal wil saamwerk (gerekende musikante soos onder meer Schalk van der Merwe en Tim Rankin het saamgespeel op Kreeftegang, sien ek)?

Ja, daar is heelwat in die pyplyn! Mens het min tyd om te sit met die baba, maar daar is nogal ironies genoeg baie tyd vir dinge uitdink (terwyl mens met haar loop om haar aan die slaap te kry). So, daar is baie idees, maar min om daarvoor te wys! Daar is ’n projek waaraan ek nou al ’n geruime tyd werk, ’n lang gedig  wat getoonset word as ’n kombinasie van spoken word en songs. Ek is baie opgewonde daaroor en raak meer so namate ek skaaf daaraan. Ek hoop om dit iewers vanjaar op te neem. Dan is daar nog heelwat ander songs ook wat ek wil opneem en bietjie meer eksperimenteer.

Wat is die sin van die lewe?

Jou vorige vrae was alreeds blerrie moeilik en nou dié een? Wel, as ek mag raaiselagtig wees: ek dink as mens ophou dink aan die vraag asof daar ’n enkele antwoord moet wees, raak dit makliker om van een oomblik na die volgende uit te pluis wat jou te doen staan.

hanrucoverweb

The post Hanru Niemand: "Ek sing nou bietjie oor ander goed" appeared first on LitNet.


Haal af die Bosch se maskers, vra Maties

$
0
0

“Ons moet die maskers afhaal en ophou om die verfoeilike Suid-Afrikaanse kuns van dubbelpraat en dubbeldink te beoefen. As ons nie ’n helderheid bevorder omtrent wie ons is en waarnatoe ons wil beweeg nie, word ons gedwing tot onaanvaarbare en beskamende kompromieë wat almal onbevredig laat.”

Dit was die digter en skrywer Breyten Breytenbach se boodskap Dinsdagaand aan byna 2 000 lede van die Universiteit Stellenbosch se konvokasie.

bb

Hy was een van die sprekers tydens die grootste konvokasievergadering wat die universiteit in meer as twee dekades gehad het.

Alumni het in hulle honderde opgedaag om na die sprekers te luister. ’n Paar honderd lede van die konvokasie het voor die tyd aangedui hulle sou die vergadering bywoon. Uiteindelik moes die vergadering vir bykans ’n uur uitgestel word terwyl byna  2 000 stemgeregtigde oud-Maties hulle opwagting gemaak en tougestaan het om geregistreer te word.

Nie een van die sprekers het teleurgestel of doekies omgedraai nie.

_MG_2414

Teenoor Breytenbach wat die pro-Afrikaanse stem laat hoor het, was daar die ewe uitgesproke en welsprekende Lovelyn Nwadeyi, oudstudenteleier aan die US. Sy het as Nigeriese meisie by Maties geland en moes op die harde manier leer hoe moeilik en ingewikkeld transformasie is. Die titel van haar toespraak was “Courage, Compassion and Complexity: Reflections on the new Matieland and South Africa”.

Ook sý het nie doekies omgedraai nie. Sy het die gehoor verras deur groot dele van haar toespraak in suiwer Afrikaans te hou. Baie dinge in Stellenbosch het verander sedert sy as Nigeriese meisie aan dié tradisioneel Afrikaanse universiteit begin studeer het. Maar baie vooroordele het dieselfde gebly, sê sy. Tydens haar voordrag moes sy by geleentheid haar emosies van hartseer beteuel.

Die nuwe geslag Suid-Afrikaners verlang ’n eerlike rassedialoog, het sy aan konvokasielede gesê. Die idee van ’n reënboognasie is besig om al hoe meer te vervaag namate mense besef ons is nie ’n reënboognasie nie. “Stellenbosch is nie ’n klein Europa nie, maar deel van die demokratiese Suid-Afrika,” sê sy.

“Die land is in groot moeilikheid. Swart Suid-Afrikaners het dinge in die land deurgemaak wat wit Suid-Afrikaners nooit sal begryp nie. In 2016 sal wit Suid-Afrikaners ’n slag die 'back seat' moet neem en vir ’n verandering moet luister na dit wat ander Suid-Afrikaners te sê het.”

“Ek is baie lief vir Afrikaans,” het sy die gehoor in suiwer Afrikaans meegedeel, maar die taak van ’n universiteit is volgens haar nie om ’n taal te beskerm nie maar om hoër onderwys te voorsien. “Afrikaans sal nie sterf as dit nie die hooftaal van onderrig aan die universiteit is nie.” Sy sê Afrikaans was nog nooit gebruik om niewit bevoorregting te beskerm nie.

Die sekretaris van die konvokasie, Nadia Marais, sê Nwadeyi het die konvokasie gehelp om dinge te verwoord waarvoor hulle nie woorde het nie, naamlik hoe om met die donker kant van ons verlede te handel.

Breytenbach se voordrag was rustig maar eweneens op die man af. Hy verwelkom oop en robuuste gesprek, maar nie ten koste van Afrikaans nie. Sy tema was: "Die koei in die Bosch: die raamwerk waarbinne oor taal besin word."

“Dit is belangrik dat ons dit hard en duidelik sê: Niedeelname in nasionale debatte kan nie voorgeskryf word as die prys wat betaal moet word deur minderhede vir voorwaardelike aanvaarding as medelandsburgers nie. Daardie onsin is die dooie koei wat taks uit die sloot gegrawe word deur vroom wittes om gemelk te word vir die gif van verdeling en morele afpersing.”

Hy het veral ’n “skimmelappeltjie” te skil gehad met Stellenbosch-universiteit as “versinnebeelding van parogiale Afrikaanse eienskappe – hardvogtigheid en skynheiligheid”.

Vir hom was dít nog altyd die teelaarde vir allerlei gewasse van gedienstigheid teenoor die heersers van die oomblik. “En dan nogal dikwels, uit hoofde van ’n selfbelangrike geleerdheid waar daar in feite net omgesien word na eie aansien en status, arrogant ook met ’n moralistiese opgeblasenheid. So asof politieke korrektheid hier as wiel ontwerp is.”

Die rektor en visekanselier van die US, Wim de Villiers, het aandagtig in die voorste ry na Breytenbach met sy bloedrooi hemp, swart broek en rooi skoene gesit en luister terwyl Breytenbach sy houe berekend uitgedeel het.

“Tog opvallend,” het Breytenbach die ysterkoei laat sweet, “hoeveel van hierdie beleidsbesluite as‘t ware in donker agterkamers aanmekaargetimmer en dan as onvermydelik en weldeurdag aan die groter gemeenskap voorgehou word.”

“Mens vra jou af watter klug hier opgevoer word, watter swartvoetjiesoekerigheid dit is.

“Ek wil ook glo die koeël is nie reeds deur die spreekwoordelike strooidakkerk nie, dat koerante moedswillig rapporteer die visekanseliere en die registrateurs het reeds met die Ministerie van Hoër Onderwys gekonkel dat Engels voortaan die onderrigtaal en gebruikstaal aan alle universiteite gaan wees, wat daarop neerkom dat die verenging tot ’n 'one-size-fits-all' hiervandaan die uitsluitingsmeganisme van tussenwoordigheid word.”

Breytenbach het sy voordrag opgedra aan Jan Rabie, Neville Alexander, Ingrid Jonker, Sheila Cussons en Piet Philander, “om uiteenlopende redes, maar met ewe veel erkentlikheid”.

Breytenbach sê hy het nie antwoorde vir die probleme wat die universiteit moes sien kom het nie. Wel die oortuiging dat bestaan in hierdie land tans weer ’n verskerpte soeke is en dat hy praat onder korreksie van groot en skerpsoekende geeste wat net soveel met die universiteit geassosieer word – Dirk Opperman, Johan Degenaar, Van Zyl Slabbert, om slegs enkeles te noem. 

“Hoe het dit gebeur dat opgeleide mense kon buig voor die Orwelliaanse newspeak om ’n woord en ’n begrip soos transformasie, met ’n eerbare geskiedenis en verwysingsveld, uit te hol tot die sjibbolet of die slogan van 'om wit met swart te vervang'?” wou hy weet.

Sy pleidooi is dat die debat gesuiwer word van valse voorwendsels, verskuilde skuiwe en demagogiese gebaremakery.

Die “gesanik oor taal” is volgens hom net die oortjies van die seekoei. Hy meen hierdie gesprek is simptomaties van ’n veel ernstiger situasie: dat daar nie duidelikheid is oor die vitale interaksie tussen almal van die Suid-Afrikaanse samelewing in hierdie land waar almal behoort, en almal saam verantwoordelik is vir ’n toekoms wat gedeel moet word nie.

Soos alle Afrikaanssprekendes het hy wél ’n hond in hierdie fight, sê Breytenbach. “Dit gaan op die keper oor die moontlikheid van die onderlinge aanvaarding van ’n volwaardige burgerskap wat maak dat jy veilig en bruikbaar en verantwoordelik voel as méns.”

Maar, sê Breytenbach, dis nooit te laat om te leer nie, ook nie in Stellenbosch nie.

Hy meen die hik in die bottel is die onbevraagtekende aanvaarding dat Engels dié taal van rekord sal wees. “Sodoende word die meerderheid Suid-Afrikaners van alle agtergronde op soortgelyke manier vervreem van die gebruik en ontwikkeling van hulle geboortetale as onderrigmedium. Is ons dan nie almal gelyk hier nie?” wou hy weet.

“Yes, but some are more equal than others.” Hieroor het die Open Stellenbossers wat die vergadering bygewoon het, gegrinnik.

Wat ons volgens hom kortkom, is die vreesloosheid van ’n morele verbeelding.

Hy het na Jan Rabie se graf verwys waarop staan: “Sonder Afrikaans is ek niks”, en vervolg:  “Ek wil beweer, en ek wéét dit, dat 'mét Afrikaans' geen waarborg kan bied dat ek iets sal wees nie. Maar indien my basterhart uit die Boland moet verdor en genegeer word, as ek nie meer ’n Afrikaner-Suid-Afrikaner-Afrikaan kan wees nie, dan sal ek wéét my vermoë tot deelname aan die groter welsyn van ons almal, aan die droom van mens te wees tussen mense, is afgestomp en klakkeloos.”

_MG_2402

Christo Viljoen het die aand in sy hoedanigheid as uittredende president van die  konvokasie opgesom met ’n pleidooi vir ’n Kodesa-tipe taalberaad waarin alle belangegroepe verteenwoordig sal wees, om praktiese uiting te gee aan die beginsels van gelyke taalregte.

“Ek wil die hoop uitspreek dat daar van nou af gestreef sal word na ’n wen-wen-benadering waarin almal as wenners uit die gesprekke kan uittree: dat die universiteit sal wen, dat sy studente sal wen, en dat die tale waarin onderrig word, almal sal wen. Dat ons mekaar bestaansreg sal gun en nie ’n 'winner takes all'-beheptheid nastreef nie,” het Viljoen sy termyn as president van die konvokasie afgesluit.

Sy voorstel is dat  die universiteitsraad binnekort  ’n verteenwoordigende paneel van onafhanklike deskundiges, insluitende taalsosioloë, sal aanstel om die hele situasie, na wye oorleg met alle partye, te ondersoek. “Persoonlik glo ek dat dit ’n Kodesa-tipe taalberaad moet insluit waarin alle belangegroepe verteenwoordig  sal wees, om praktiese uiting te gee aan die beginsels van gelyke taalregte.”

Hy het gesê  onderhandelinge moet met die Departement van Hoër Onderwys gevoer word nadat die Minister reeds in die openbaar erken het dat meertaligheid ’n addisionele finansiële las op universiteite plaas, en addisioneel deur die staat gesubsidieer behoort te word – iets wat die akademiese ontwikkeling van die inheemse tale sal fasiliteer.

Viljoen word as president van die konvokasie opgevolg deur Jan Heunis wat met ’n groot meerderheid verkies is.

Heunis, wat ’n sterk voorstander daarvan is dat Afrikaans gelyke behandeling as Engels aan die US moet geniet, se boodskap aan die visekanselier, Wim de Villiers, was kort en kragtig: Stellenbosch is meer as gewillig om te transformeer maar hy deel nie die siening dat dit  ten koste van Afrikaans moet wees nie.

Die nuwe uitvoerende komitee van die konvokasie is: Jan Heunis as president met Jacques du Preez as visepresident. Nadia Marais is herkies as sekretaris en Sonja Loots en Michael le Cordeur is die nuwe addisionele lede.

Die Open Stellenbosch-groep wat telkens iemand vir die bestuur genomineer het, kon nie daarin slaag om regtig hulle stempel op die konvokasie se bestuur af te druk nie.

Tog het ’n potensieel plofbare vergadering uiteindelik in ’n ooglopend goeie gees geskied. Dalk was Breytenbach reg toe hy in sy voordrag opgemerk het “Vooruitsigte is dalk nie so somber as wat ek dit hier geskets het nie. Alles kan nog regkom, dié wat skaamkwaad en verlam deur die sonde nou kopsku is, of koes agter ’n gedissiplineerde fatalisme, kan nog uit hulle gemaksones gerook word; die brand van ’n meer eerbare en verdraagsame en wedersyds onderskragende saambestaan sou weer kon opvlam as elkeen net sy of haar plig wil doen.”


Lees hier Breyten Breytenbach se volledige toespraak.

The post Haal af die Bosch se maskers, vra Maties appeared first on LitNet.

Verlore woestyn

$
0
0
Diegene wat van oordeel is dat hulle vervolg word as hulle nie alleen gehoor word nie, kan gerus regsbeginsels aanleer.
 
CM

The post Verlore woestyn appeared first on LitNet.

Besparing van twiskoste

Milan Murray: Fiësta-benoeming 'n welkome pluimpie

$
0
0

milanmurray650

Milan Murray (foto: kykNET)

Amper, Vrystaat, wat in 2015 sy debuut by die Vrystaat Kunstefees gemaak het, is vir vyf Fiësta-pryse benoem: Nico Scheepers is as beste regisseur benoem, asook vir sy teaterontwerp van die stuk, en die stuk is as beste aanbieding benoem. Die skrywers van die stuk, Scheepers, Milan Murray, Antoinette Louw en Cintaine Schutte, het 'n benoeming gekry vir beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie en Murray is as beste aktrise saam met Anna-Mart van der Merwe (Skuldeiser), Sandra Prinsloo (Die Dag is Bros) en Tinarie van Wyk Loots (Hemelruim en In Glas) benoem.

Lees ook:
Teateronderhoud: Amper, Vrystaat
Wen saam met kykNET se Die Boekklub

Murray vertel meer oor die stuk en haar ander groot projekte …

Jy is benoem as beste aktrise vir jou spel in Amper, Vrystaat. Wat was jou reaksie toe jy gehoor het jy is benoem?

Hierdie is my eerste benoeming vir teaterwerk en die vreugde was groot. Die gehalte van Suid-Afrikaanse teater is hoog. As jou werk erken word, is dit 'n welkome pluimpie. Ek is 'n groot aanhanger van Tinarie, Sandra en Anna-Mart. Om saam met hulle gegroepeer te word, maak my hart warm.

Wat beteken 'n benoeming vir 'n aktrise?

Dis 'n moeilike vraag om te beantwoord. Seker deels omdat dit 'n persoonlike vraag is. Vir elke individu beteken dit sekers iets anders. Dalk is die beter vraag: “Wat beteken 'n benoeming vir 'n Suid-Afrikaanse aktrise?” en ongelukkig beteken dit nie meer geld nie. Dit beteken wel dat jou werk goed genoeg geag word deur besluitnemers soos vervaardigers, teatereienaars en kunstefeeskomitees. Die vooruitsig van werk in die toekoms is dus beter.

Jy is ook saam met Nico Scheepers, Antoinette Louw en Cintaine Schutte benoem vir die beste nuutgeskepte Afrikaanse produksie. Waar het julle aan die idee vir Amper, Vrystaat gekom?

Ek en Antoinette soek al 'n geruime tyd 'n teks oor vroue wat ek en sy saam kon aanpak. Toe ons soektog niks oplewer nie, het ons besluit om self iets te skep. Nico Scheepers se werk het ons albei beïndruk en ons het hom genader om 'n nuwe stuk oor vroue saam met ons te skryf.

Daar is talle verhoudings waarin 'n vrou staan wat ons as vertrekpunt kon gebruik het, maar die verhouding tussen susters het ons almal gefassineer. Cintaine was die gepaste “jonger sussie” om te gebruik.

Die skryfproses was 'n interessante kombinasie van persoonlike ervarings deel en nuutgeskepte situasies ontwikkel.

Nico het vir ons elkeen die buitelyne van ons karakters gegee en die basiese storielyn voorgestel. En toe speel ons! Letterlik. Daar was baie improvisasie en vele moontlikhede is ondersoek tydens daardie eerste week van skryf. Ons sou byvoorbeeld elkeen huis toe gaan en 'n monoloog vir ons karakter skryf en dit dan die volgende dag in repetisie gebruik as vertrekpunt vir 'n toneel.

Hoe lyk die toekoms vir Amper, Vrystaat?

Ons speel by die US Woordfees en by KKNK vanjaar en hopelik sal nog feeste volg. Ons wag om te hoor.

As 'n teaterganger, wat soek jy in 'n teaterstuk?

Dis die “vierde muur” wat my fassineer. Daardie gevoel dat ek inkyk in iemand anders se wêreld. Wanneer 'n stuk daardie konvensie breek, pla dit my. Ongelukkig is daar baie stukke wat spesifiek vir feesgangers geskryf word. Die gehoor en die reaksie van die gehoor vorm amper deel van die stuk. 'n Regte teater bly vir my 'n magiese plek. Waar jy inloop en uitloop en jy wonder of die spelers weet dat jy daar was.

Jy het ook onlangs 'n kinderboek, Pieter Kokkewieter, geskryf. Wat is die reaksie op die boek?

Die eerste druk van my kinderboek is uitverkoop en ek bly verstom oor die positiewe reaksie. Wanneer mens self publiseer, het jy nie noodwendig die kanale van boekwinkels om die verkope te dryf nie. Dit was moeilik om te bepaal hoe die boek op sy eie sou vaar. Daar is groot lof vir die illustreerder, Marisa du Toit, en kindersielkundiges prys die emosionele inhoud van die storie. Die tweede druk sal einde Januarie beskikbaar wees en die tweede boek in die reeks teen Augustus.

Jy het, soos jy genoem het, die boek self gepubliseer. Wat het jy uit die proses geleer?

Ek moet erken dat my vennoot in die maatskappy Murray&Me, Charmaine Nolte, eintlik die een is wat die titel “uitgewer” mag dra. Om 'n boek uit te gee is baie administrasie en ek sou bitterlik daarin gefaal het. Die groot uitdaging is seker verspreiding. Dis maklik om 'n manuskrip by 'n drukker te gaan aflaai, maar daardie gedrukte boek beteken niks as dit nie by die leser uitkom nie.

Baie boekwinkels is skepties oor selfgepubliseerde werke en jy moet vooraf besluit watter ander kanale jy kan gebruik om jou boek sigbaar te maak. Daarom het ons eers die aanlyn mark geteiken.

Die ander tameletjie was dat ons geen aanvangskapitaal gehad het nie. 'n Uitgewer dek die koste van die illustreerder asook die drukwerk en ons moes aan kreatiewe maniere dink om daardie kostes te dek. Dit neem 'n hele ruk vir boekverkope om enige wins te toon en ek sal volgende keer meer werk maak daarvan om borge en vennote te soek.

Wat ek wel geleer het, is dat selfpublikasie suksesvol kan wees, mits jy bereid is om baie hard te werk.

Jy en jou man en twee kinders het 'n paar jaar gelede Johannesburg vir die Kaap verruil. Wat is die positiewe en die negatiewe van die besluit?

Die positiewe van die skuif is voor die hand liggend: 'n gesonde lewenstyl, genoeg gesinstyd in die buitelug en 'n fokusverskuiwing na kwaliteit eerder as kwantiteit.

Die negatiewe is dat ek ná vier jaar se hard probeer besef het ek is nie 'n kleindorpiemens nie. Ek mis die anonimiteit van die stad.

Wat is jou planne vir die res van die jaar?

Behalwe Amper, Vrystaat doen ek nog 'n verhoogproduksie hierdie jaar. Pa is 'n Franse stuk wat in Afrikaans vertaal is en sy debuut by die KKNK maak. Ek speel onder meer teenoor Chris van Niekerk. Die regisseur is Hennie van Greunen.

Dan is die tweede Pieter Kokkewieter-boek, wat 'n reeks gaan word oor idiome, in wording. Ons beplan om dit in Augustus bekend te stel. Ek is ook gevra om 'n vollengte-rolprent te skryf wat in Julie verfilm sal word, maar ek wonder of dit nie te veel hooi op my vurk is nie. Tyd sal leer.


 

Amper, Vrystaat is op 3 Februarie op Die Boer se verhoog (telefoonnommer: 021 9791911).

Amper, Vrystaat is ook op 9, 12 en 13 Maart 2016 by die US Woordfees 2016 te sien. Koop hier kaartjies. 

Die Fiësta-toekennings word op 18 Februarie tydens 'n glansgeleentheid by die Staatsteater in Pretoria oorhandig. Daar sal 'n lewende uitsending om 20h00 op kykNET (kanaal 144) wees. Die seremoniemeesters vir die aand is Pierre Breytenbach en June van Merch.

The post Milan Murray: Fiësta-benoeming 'n welkome pluimpie appeared first on LitNet.

US-konvokasie 2016: Universiteit Stellenbosch: Vorentoe!

$
0
0

Hierdie video is 'n uittreksel uit die toespraak wat hieronder volledig verskyn.

Thank you, prof Viljoen, baie dankie. Evening, everyone. It’s good to be here with all of you. Goeienaand, dames en here. Belangrike sake is toegelig deur my medesprekers. Lovelyn [Nwadeyi] and Breyten [Breytenbach] have raised important issues, some of which I will also be touching on. In reporting to Convocation, I want to do three things:

  • Highlight our major successes;
  • Address our main challenges; and
  • Most importantly, outline the way forward.

Ek gaan dit nie noodwendig in hierdie volgorde doen nie, maar dis breedweg die areas wat ek wil dek.

Now, there are indeed important issues to address at our institution, but I am confident that we have solid foundations in place. (1) We are doing well in the pursuit of excellence, (2) we are making good progress towards becoming more inclusive, and (3) we are addressing societal challenges. 

Let me briefly expand on these three areas:

(1) Wat betref uitnemendheid, is daar verlede maand bekendgemaak Stellenbosch het weer opgeskuif in die Times Higher Education-ranglys van universiteite in die BRICS-lande en ander ontluikende ekonomieë2. Ons beklee nou die 11de plek uit 200 universiteite in 48 lande. Toegegee, ranglyste is nie die alfa en omega nie, maar dit is verblydend om gesaghebbende internasionale erkenning te kry.

You might also have seen a survey2 late last year showing that Stellenbosch University graduates earn the highest average starting salaries of all South African universities. This confirms that our qualifications are held in high esteem by employers.

Gepraat van kwalifikasies, ons het in Desember meer as 5000 grade en diplomas toegeken. Hiervan was 128 doktorsgrade, en saam met Maart vanjaar se getal sal ons na verwagting na aan 250 vir 2015 kom, wat ’n nuwe rekord sal wees. Hierop kan alumni trots wees. 

(2) The second example of our solid foundations is the progress we are making towards becoming more inclusive by broadening access to our institution. From 2008 to 2015 our intake of black, coloured and Indian students increased from 31% to 38%. Our target for 2020 is 50% first-years from these groups. Already nearly 50% of our more than 10 000 postgraduate students are black, coloured or Indian. 

Ons beskou diversiteit as ’n voorvereiste vir uitnemendheid, want blootstelling aan ’n groter verskeidenheid mense en idees verruim die denke en verryk ons uitsette. Hierdie punt is bevestig deur ’n Stellenbosch-alumnus, dr Japie van Zyl van NASA se Jet Propulsion Laboratory, aan wie ons in Desember ’n eredoktorsgraad toegeken het. Hy het vertel hoe fantasties dit is om met ’n span wetenskaplikes en tegnici uit 67 lande te werk, want – sê hy – “diversiteit is ’n sterk katalisator wat die beste in almal na vore bring.”

In pursuit of greater inclusivity, we last year allocated an additional R70 million to diversify our staff body, especially at senior academic level. Stellenbosch University is on a journey of becoming ever more non-racial and multilingual – a national asset proudly serving the South African and global society as a whole.

(3) The third area is that we are contributing to a better future for all by making a positive impact on society. A striking example is the successful application by our Legal Aid Clinic last year to have garnishee orders obtained by micro-lenders against farmworkers, cleaners and security guards set aside. This has national implications for low-income earners.

Ladies and gentlemen, this institution – your University – aims to grow these strengths (excellence, inclusivity, social impact) as we tackle the challenges that face our sector head on. Higher education is undergoing rapid change, and all universities are having to innovate and adapt to new circumstances, or else we will stagnate. 

John F Kennedy said, “Change is the law of life. And those who look only to the past or the present are certain to miss the future.”

Student finances, and thus the financial sustainability of the University, is set to still be an issue this year. The central idea emerging from the protests of 2015 is affordable higher education for all. We support this national call – and free, subsidised studies for academically deserving students who struggle financially – but for the moment, all universities still rely on student fees. We welcome the allocation of significant additional funds by the state, as well as the appointment of a Presidential Commission of Inquiry, and look forward to satisfactory outcomes.

Our language policy gets a lot of attention. Some fear that our use of Afrikaans may exclude those who prefer to study in English, others fear our use of English is putting Afrikaans at a disadvantage. I want to tell you the University is committed to multilingualism without any exclusion. Language should never be an obstacle to any student. That is why we are expanding parallel-medium tuition (separate Afrikaans and English classes for the same module).

Deur Engels as onderrigtaal te gebruik, sorg ons dat ons toeganklik is vir meer mense. Maar daar is steeds ’n groot behoefte aan en vraag na Afrikaans, daarom duur ons aanbod daarin voort. 

Dit is ook belangrik om te let op taal-demografiese neigings. Ons het nou meer as 30 000 studente. Verlede jaar het ons die eerste keer ooit in totaal meer Engelse as Afrikaanse studente gehad op Stellenbosch. Dit is ’n tendens wat sekerlik gaan voortduur.

Now, in terms of our challenges, various interest groups have different positions on a variety of issues – that’s a given. The important thing is that we should keep on talking and listening to each other in the search for common ground. That is the principle behind the idea of the open discussion – of die “oop gesprek” wat deur wyle prof Johan Degenaar voorgestaan is. Universities are places of ideas, around which there should be contestation in the search for answers.

Everyone has a right to lawful and peaceful protest under the Constitution. But there should not be any disruption, and everyone’s rights should be respected. We condemn all acts of violence and intimidation. We have a responsibility to protect our institution and all its people, property and activities.

Stellenbosch University is a national asset providing a crucial service to the country as a whole. That is why we strive to provide an inclusive, welcoming home to all. Everyone is entitled to be treated with respect and dignity – regardless of colour, belief, gender or sexual orientation.

Dit is egter nie al ons studente en personeellede se belewenis nie. So hartseer soos dit my ook al maak, moet ek toegee dat daar lede van ons Universiteitsgemeenskap is wat onaangename ervarings het. Met die “Luister”-video verlede jaar het ek gesê ek gaan nie die onverdigbare verdedig nie: diskriminasie en marginalisering – of dit nou bewustelik of onbewustelik is – bly verkeerd.

Die Universiteit tree wel doelgerig teen vergrype op, maar wat dikwels aangeroer word, strek veel verder as individuele gevalle. Dit spreek tot strukturele kwessies, ons institusionele kultuur, of almal voel hulle hoort hier, dat dit ook húlle plek is.

Wat hierop inspeel, is dat Maties eens beskou is as ’n “volksuniversiteit”. Hierdie idee was duidelik te eng. Dit was ’n uitsluitende blik na binne, in plaas van ’n inklusiewe uitreik na buite.

We need to understand that times have changed. We need to think inclusively. Stellenbosch cannot and will not be an island. In fact, the successes that we have achieved can be directly traced back to us opening up, becoming part of the broader context – nationally and globally.

Our inclusion in the global rankings of the world’s top universities is no accident. It comes after years of sustained investment in research excellence and building international networks. 

Uit eie ondervinding kan ek bevestig Stellenbosch is nou ’n veel beter universiteit en Mediese Skool as toe ek in 1983 MBChB afgestudeer het. En die redes is duidelik: groter diversiteit, beter navorsing, meer internasionalisering.

Stellenbosch University now has almost 150 partner institutions in 44 countries across six continents, with agreements signed at departmental, faculty and institutional level. Just more than 15% of our total student population are international students – from more than 100 countries.

We should continue along this path – to be locally relevant and globally competitive. Now is not the time for squabbling and navel gazing. 

What we need to avoid at all costs, is the danger of polarisation. As different sides demonise one another, it becomes increasingly difficult to find common ground and compromise. We need to reach out to each other in the search for communalities, rather than retreating into “us” and “them” camps. 

We realise our journey is incomplete and imperfect, but we remain steadfast in our determination to go forward. Because that is the only way to create a community of “social justice and equal opportunities” for all – as our University mission states very clearly. 

Yes, we are facing challenges at the moment, but there also are many exciting opportunities. We need to fix what is wrong and celebrate what is right. I was in the United States recently when Martin Luther King Jr Day was commemorated, and I was again struck by this quote of his: “The time is always right to do what is right”.

Wat is die idee waarvoor die Universiteit Stellenbosch vandag staan? Inklusiwiteit, innovasie en toekomsgerigtheid. This is what Stellenbosch stands for: to be inclusive, innovative and future focused. Let us go forward together.

Thank you. Baie dankie.

The post US-konvokasie 2016: Universiteit Stellenbosch: Vorentoe! appeared first on LitNet.

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

$
0
0

Lovelyn Nwadeyi

Most South Africans are raised to refer to someone older than them with some sort of a prefix. In Xhosa you would usually refer to an older woman as uMama and an older man as uTata. USisi and uBhuti would be used to address a younger woman and a younger man. These words respectively would mean mother, father, sister and brother. With my English friends, I always referred to their moms and dads as Aunty So and So and Uncle So and So if we had a close relationship. In the event that I wasn’t as informal with their parents I would call them Mrs and Mr So and So.

Also read:
Achille Mbembe on the new politics of the South African student
Monolingualism, not Afrikaans, must fall

When I started learning Afrikaans, I was taught that someone older than you, or not related to you was then referred to as Meneer (in the case of a man) and Oom could be used in the event that you had a less formal relationship with the person in question. Mevrou and Mejuffrou correspond to the English terms Mrs and Miss that we use for women; and again, for less formal relationships one could refer to an older woman as Tannie. What you never did in Afrikaans, however, was to use “jy” (the informal term that corresponds to “you” in English) for an elder, a stranger or your parents. Using “jy” in Afrikaans for an elderly person, or someone whom you didn’t know quite well was considered disrespectful. “Jy” was used only among equals, among friends, family and colleagues that had a special understanding with each other.

“U” was the adequate term – to indicate respect mostly used in formal settings and when referring to God; otherwise Mamma, Pappa, Mevrou en Meneer would suffice. And so, you can imagine the predicament that I found myself in when I started to visit the homes of some of my friends during school and even at university. The set-up was as follows: the domestic worker in the house was old enough to be my mother, or even my grandmother, and I would walk into the house and greet her with a “Molo Mama” (because that was how I was raised) and my friend would greet her with a “Hello Florence/Priscilla/Cynthia” - on first-name basis, it seemed they were. In requests for said domestic worker to bring something or make lunch it was always the pronoun “jy”.

It became awkward at a stage for me to see someone who looked like me and was three or four times my senior not being referred to with the same respect that my friends and their families would otherwise have afforded another individual of that age group if she were not a maid and not a person of colour. It began to dawn on me that I was taught to speak a language foreign to me with respect for its speakers, but that respect was not to be extended to people that looked like me. We could only ever be “jy”.

And so you see, members of this Convocation, that although this is a small example, it is in such ways that we are able to subtly use language to exercise power over other people. Dat ons nie vir ander mense die respek gee wat ons eie taal vir ons leer om te doen nie, wys vir my dat waar ons die geleentheid het, sal ons taal gebruik om mag oor ander mense uit te oefen.

Dames en Here, Lede van die US-konvokasie, goeienaand.

Toe ek verlede jaar die uitnodiging ontvang het om ‘n toespraak te lewer, was ek redelik onseker oor wat ek moet sê. Die waarheid is die Stellenbosch van 2010–2012; my eerste tydperk hier is baie anders as vandag se Stellenbosch. Dit voel vir my dat so baie het verander, maar ook dat so baie het dieselfde gebly. And so for this reason, I have decided to keep this address within the bounds of honest reflection, painful truths and hopeful outlook.

I do not take for granted the fact that I am the first woman, the first black person, the youngest person to address some of the most powerful white people in South Africa at this Convocation today.

When I look back on 2015 and the last 26 days of 2016, I am reminded again that it has been an incredible time in South Africa in which our social consciousness has been stretched, awakened, challenged, and perhaps even tampered with. Who of us would have thought, while we were making our resolutions in January 2015, that, somehow, Rhodes would have been given the time-out signal at the University of Cape Town? Who among us saw it coming that Stellenbosch would be subpoenaed by its very own students, demanding that the ancient doors of education here truly be made open to all South African citizens? Which of us can say that we foresaw the eruptions of unapologetic black consciousness at what is currently known as Rhodes University and Wits University while we were planning to start Banting and lose 20 kg last year? Did any of us think that we would all serve as witnesses to the brutal murder of Emmanuel Sithole, the Mozambican man whose only crime was perhaps to have lost in the lottery of citizenship and made his way over the border into an unwelcoming Johannesburg? How could we have known that in supposed attempts to manage the situation some members of our police force would laugh and giggle while foreigners sizzled in rubber rings on the streets of Durban? I’m quite sure that none of us saw #FeesMustFall coming, or the macabre images of students being shot at and teargassed at Parliament, the supposed home of our democracy.

Indeed, almost 22 years into democracy, in the 60th year since the Freedom Charter’s adoption and just six months before the 40th year anniversary of the June 16, 1976 Soweto uprisings, South Africans are now faced with the task of looking into the mirror and asking themselves, “What is this that is happening all around us?” and “Why does it feel as it does?” The problem however, is that there are perhaps 60 million different versions of this question being asked, in more than 11 languages. It may seem as though only some of these voices are being heard, but it is becoming clear that the rainbow nation ideal promised in 1994 is becoming an ever-distant one. Perhaps we are starting to realise that there was no rainbow to begin with.

Ladies and gentlemen, something is brewing in South Africa. I do not know the name of that something, but I know that it is irreversible and will continue to brew and boil over, whether we give it permission to do so or not. Without sounding like a prophet of doom, I bring your attention to the title of my speech, as it stands in the programme: “Courage, Compassion and Complexity: Reflections on the new Matieland and South Africa”.

Tonight, however, it is difficult for me to talk courage or compassion. I am painfully reflecting on the new Stellenbosch and the new South Africa; I am cautiously and ashamedly questioning what is significantly new about both establishments. I have struggled through a number of personal conflicts over the last year and I can only speak from the point of the thought processes I am undergoing as a South African youth.

I will say, firstly, that we owe it to ourselves as South Africans to be honest and vulnerable with one another. In her October 2015 article titled “Conservative Backlash comes from Unexpected Quarters” Sisonke Msimang wrote:

There should be nothing we cannot discuss in a democracy that so many people died to produce. Indeed, the primary contribution of this new generation of activists to the future must involve raucous debates about the Constitution and the utility of some of its clauses in a still-unequal society. Instead of adopting a sneering tone, those who fought for freedom ought to be grateful that “post-apartheid” citizens are insisting on honest racial dialogue. Those who claim to be committed to democracy must be pleased that new voices are questioning the faulty economic approaches the country has taken thus far.

In the wake of the ugly racial, political and economic debates happening in South Africa, I can tell you as a young person that there is a new generation of South Africans, especially those of colour, who are proud and have no interest in or tolerance for the things their parents let slide as we entered the democratic dispensation. In essence this means that as we define and redefine our identities, and as we define the new South Africa that we want our identities to manifest in, we have created no room for capitalists without conscience, no room for racists, patriarchs, misogynists, homophobes, ageists or ableists. The inappropriately labelled “born-frees” are saying that we will employ an intersectional feminism that squarely confronts the systems of oppression that neither the TRC nor the current South African Constitution has been able to sufficiently address. The kinds of young South Africans I have encountered in the last while are unapologetic and no longer interested in molly-coddling fragile egos or “catching feelings”.

What our schools and universities refused to teach us and include in our curriculums we have gone out and taught ourselves. This means that in our conceptualisations of new and old; in our understanding that our ancestors were in fact not savages, that they did in fact write their own philosophies about life and society; and that our fathers and forefathers did in fact have a religion of love and justice and mercy captured in the holiest and purest form of Ubuntu before Europeans arrived Bibles in one hand and guns in the other hand; in our understanding that our ancestors were not only good enough for slavery, we are becoming clearer and clearer in our intent that that which came with the old system must be dismantled in order to truly say we are living in, or at least building towards, a more equitable and humane society.

The real issue is that in this democratic moment in South Africa, each of us with our diverse interests, agendas and privileges has a very clear decision to make. Do we want to be part of a new South Africa? Do we even think that Stellenbosch is part of South Africa? Because in as much as we want to insulate ourselves in this little Europe, we must be very clear that Stellenbosch is not exempt from the winds of change that are blowing through the country. Stellenbosch is in fact part of the Republic of South Africa and is largely responsible for many of the inequalities in that same republic today. Sometimes I think that when we talk about our institution, we forget that the actual academic thesis for apartheid was casually written in black and white just down the road in the Sociology Department of this university.

Today I am standing in the DF Malan Sentrum where I graduated with beautiful results in 2012, and when I walked across this stage, I had never been so happy to have a white man tap me on the head. But the reality is that DF Malan, the man after whom this building was named, would have never wanted me here. To DF Malan, I would have been only good enough to be a slave, yet here I stand with a master’s in peace and conflict studies cum laude. When the Verwoerd plaque in Dagbreek came down last year, I couldn’t believe the outrage some people expressed at its removal, as though there was any good to his thoughts about humanity?

The truth is that white South Africans will never understand what the experience of racism really means. It’s not just about being called a monkey by a Sparrow. It’s not just about being told you are a “messed-up race that opens its legs just to get a child grant” as Marie van Rensburg brazenly claimed a few days ago; it is a daily psychological violence that manifests in every single area of one’s life. It infiltrates religion and one’s perception of self; it infiltrates the economy; it infiltrates politics; and it infiltrates education. White people will never understand what it is like to be taught a false history of your own people, but not in your language, and yet in a building named after a man who thought you were intellectually and scientifically inferior to him.

To be studying at a school or have a degree from an institution literally built on the labour, the suffering and the land of your own people and then be confronted with that every single day is a distasteful experience. This is not something that we were simply supposed to get over after 1994.

The reality is that a system that was racist, patriarchal and unconscionable in its capitalism on Tuesday, 26 April 1994 did not magically change on Thursday, 28 April 1994. And this is why we are still having the same conversations. A recent tweet from Khaya Dlanga captured this perfectly.

While I deeply respect and honour the legacy of Nelson Mandela, one of the greatest mistakes I believe he and his comrades made was to tell their people to “forgive before an apology was offered”. In South Africa, contrary to other normal peace processes, “forgiveness was given before the crime was acknowledged by the perpetrators.” The TRC was supposed to deal with our issues of forgiveness and reconciliation, but the evidence of the last few months is to the contrary and people are not interested in having their anger policed or curated.

The problem, I think, in South Africa is that we are not all 100% convinced that our past was unjust. Unlike the Germans, who are genuinely sorry (barring the right-wing neo-Nazis); as a country, Germany is so embarrassed by its history that Nazism and public glorifications of Adolf Hitler are criminalised. There is no in-between that some aspects of Nazi Germany were good or some parts of it were bad. Germans have outright written that part of their history off as unequivocally bad. In South Africa, there is no consensus that approximately 400 years of colonialism and 52 years of apartheid amounted to an affirmative action for white people at its best. Today we still debate the legacy of Rhodes and not all of us agree that our history was in no way pretty by any measure, because you still hear people talk about “die goeie ou dae”.

Ons land is in groot moeilikheid en Stellenbosch is in groot moeilikheid, maar nie as gevolg van die tradisionele “swart gevaar” of as gevolg van “die kanker van Engels” nie. Ons is in die moeilikheid want ons het komplekse probleme wat ons moet oplos en dit benodig ‘n heel ander vlak van moedigheid en dapperheid om die spoke van ons lelike geskiedenis aan te spreek.

I realise that at the moment many of my white friends are struggling to find, and even articulate, what their place and role in the new South Africa is or should be. And I realise for sure that our government has not been faithful to its commitments after 1994. We definitely have a crisis of leadership and good governance in South Africa, and it will take a concerted effort by individual South Africans to hold our politicians accountable.

However, nothing that we are experiencing and feeling is happening in isolation from what we see manifesting on a national level.

We as a nation are the sum total of our experiences.

We are a mess and we must acknowledge that mess. We cannot attempt to erase that from our social consciousness. When we choose not to listen and extend practical compassion to the most marginalised among us, we do our own narrative as a nation a great disservice.

Without compassion in this country we will not survive the current tumultuous times we are in.

Practically this means that 2016 is the year in which white South Africans must listen and take the back seat in conversations about race, power and privilege. Black South Africans had to give forgiveness in 1994 simply to get a vote. In 2016, if black South Africans are to continue giving with that mantra, it must be reciprocated with compassion and active forms of retribution. No matter what our individual sentiments, South African women of colour got the shortest end of the stick in the negotiated settlement and it is evident that their children are coming back for a refund.

Soos ek voor hierdie konvokasie staan, besef ek daar is mense wat sal voel ek is antiwit, ek is rassisties en dat ek myself aanmeld asof ek al die antwoorde het vir Suid-Afrika se probleme. Maar ek wil graag hê dat u mooi sal luister na dit wat ek sê. Vir dié van ons wat vas glo dat my gedagtes en perspektiewe ‘n aanval teen Afrikaans en teen wit Suid-Afrikaners is, wil ek dit baie duidelik maak dat ek geen belangstelling het om teen enige rasgroep of taalgroep te staan nie.

Wat ek wel glo, is dat ons altyd eerlik met mekaar moet wees in sulke gesprekke oor ons land, ons universiteite en die toekoms waarheen ons gaan. Die “koei in die bos”, wat ek sien prof Breytenbach nog gaan aansny, is hierdie kwessie van taal. Die ding met taal en hoe ons dit gebruik is dat dit nooit neutraal is nie. Veral in die konteks van Suid-Afrika en Stellenbosch – taal is net so persoonlik soos wat dit polities is.

Vir my is dit baie belangrik om te erken dat die US ‘n Suid-Afrikaanse universiteit is. Dit behoort aan alle Suid-Afrikaners en nie aan een groep nie. To be part of this country, the underlying thesis that we have all implicitly accepted, is that South Africa belongs to all who live in it. And unless we want to have another CODESA we cannot now start to delineate and decide who gets to study where on the basis of language.

Tweedens wil ek gou praat oor hierdie kwessie van die beskerming van ‘n taal. Soos u kan hoor, praat ek baie mooi Afrikaans. Ek is nie ‘n Afrikaner nie en ek het nie Afrikaans op Stellenbosch geleer nie, maar ek is baie lief vir die taal. Vir my is daar woorde en gevoelens wat ek nie beter kan beskryf in ‘n ander taal nie. Maar, ek dink die primêre funksie van ‘n universiteit is nie noodwendig om ‘n taal of ‘n kultuur te beskerm nie, maar om hoër onderwys te voorsien vir die dogters en seuns van ons land. Waar hierdie toegang tot opvoeding vir alle Suid-Afrikaanse studente beperk word deur middel van taal moet ons dan herevalueer of die universiteit eintlik sy werk doen of nie.

Afrikaans gaan nie sommer sterf as dit nie meer die hooftaal van onderrig is nie. Vra net vir ander mense wat nog steeds hulle taal praat sonder ‘n universiteit.

Laastens wil ek praat oor die taal self. Die groot vraag hier is “Aan wie behoort Afrikaans?” Die eenvoudige antwoord is dat dit behoort aan Afrikaners.

But who owns Afrikaans? The Kaapse Klopse with their Ghoema-musiek should rightfully own Afrikaans. The people of District Six and the Bo-Kaap should rightfully own Afrikaans. The face of Afrikaans at Stellenbosch University should not only be the face of a white man, but also the face of coloured Afrikaans women and black Afrikaans women. Because they do exist, no matter how much we deny them access to our university. We must stop this thing of using coloured and black Afrikaans people who are currently dispossessed as our farmworkers and cleaners as an excuse for exclusionary policies and practices. The very act is exploitative in nature because we know that their children will never make it to Stellenbosch University as it is. But even if their children do make it to Stellenbosch, they will arrive here and see an Afrikaans language and culture defended in their name that is foreign to them and in which they have no part.

Die groter waarheid is: Afrikaans is baie tale, dit is baie verskillende kulture. Ons moet erken dat Afrikaans in ons eie geskiedenis (en selfs vandag) baie keer gebruik is teen mense wat nie wit is nie. As ons vir ‘n Afrikaanse universiteit wil verdedig, dan moet ons aanvaar dit behels onder andere ‘n verdediging van: Afrikaaps, Swartlandse Afrikaans, Bolandse Afrikaans, Overbergse Afrikaans, Weskus-Sandveldse Afrikaans, Karoo-Afrikaans, Oos-Kaapse Afrikaans, Oranjerivier- en Gariep-Afrikaans, Boesmanslands, Griekwa-Afrikaans, Namakwalands en Richtersveld-Afrikaans. En dan moet ons erken dat die gesig daarvan meestal nie die gesig van ‘n wit Afrikanerman is nie. Ons moet erken dat baie min mense verbind is tot die beskerming van alle vorme en alle gesigte van Afrikaans in die nuwe Suid-Afrika.

Ons moet erken dat die ontwikkeling en onderhoud van Afrikaans as ‘n akademiese taal, as ‘n kultuur en as ‘n magtige ekonomiese en sosiale instrument nooit bedoel of bestem was om ‘n niewit bevolking te beskerm nie. Dus kan die teenwoordigheid van ‘n Afrikaanssprekende kleurlingpopulasie nie gebruik word as ‘n rede om US te behou soos wat dit nou is net omdat dit gemaklik is in hierdie gesprek nie. Dit wys dat ons net belangstelling in kleurlingstudente en -mense het wanneer dit die doeleindes van ‘n wit Afrikaanse agenda pas, en dit is baie oneerlik.

On this note I want to end my speech by saying that we have a choice as South Africans to reclaim our humanity. Both apartheid and colonisation dehumanised us all by giving white people a superiority complex and giving black people an inferiority complex (albeit with different consequences). We must dismantle this inhumanity that we are all products of by reclaiming our collective humanity. We must reclaim our histories so that our children grow up knowing the truth about themselves. We must reclaim our languages so that those who choose to learn and speak them do so out of pure love for our languages and not out of obligation.

I look forward to the day when I do not have to talk to my children about racism or sexism. That is really my dream for South Africa and Africa as a whole. But to get to this point we have to have some difficult conversations. When these conversations happen, we must know the roles we are to play. Those who must listen must listen; those who need the chance to cry must cry. Those who need to be angry must be angry. Those who need to talk must talk. But none of us gets to claim an easy victory. Because there is no victory in our collective pain, there is only closure. And South Africa desperately needs closure.

Lees ook:

The post US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa appeared first on LitNet.

US-konvokasie 2016: Foto's en videos

$
0
0

Die grootste konvokasievergadering in twee dekades is Dinsdagaand in die Coetzenburg-stadion op Stellenbosch gehou.

Amper 2 000 mense het vanjaar se konvokasievergadering bygewoon.

Wim de Villiers en Nico Koopman

_MG_2392

_MG_2362

Breyten Breytenbach sou gisteraand by 'n poësiefees in Keulen wees, maar hy het na Suid-Afrika gekom om sy besinning oor taal met die konvokasie te deel.

'n Groep gaste het die konvokasie bygewoon ter ondersteuning van Breyten Breytenbach.

_MG_2350

Kerneels Breytenbach en Francis Galloway

_MG_2348

Christo en Iris Bester

_MG_2347

Wium en Dorothea van Zyl

_MG_2346

Abraham de Vries gesels met Sonja Loots.

_MG_2344

John Miles en Ampie Coetzee

_MG_2380

Breyten Breytenbach

_MG_2372

Sonja Loots gesels met Danie Marais.

_MG_2369

Marietha Channel

_MG_2366

Lina Spies

_MG_2376

Dominique Botha

_MG_2364

Dawie van Velden

_MG_2356

Lovelyn Nwadeyi gesels met Wim de Villiers.

_MG_2359

Piet le Roux lewer 'n nominasie vir die uitvoerende komitee.

Ubanesia Adams-Jack lewer 'n nominasie vir die uitvoerende komitee.

Hermann Giliomee

_MG_2402

Christo Viljoen het by die geleentheid uitgetree as president van die konvokasie.

_MG_2414

Lovelyn Nwadeyi. Klik hier om haar volledige toespraak te lees.

Excerpt: "My thoughts on complexity and the intersectionality of change at Stellenbosch University"

Nadia Marais is herverkies as sekretaris van die konvokasie.

Jan Heunis is verkies tot president van die konvokasie.

bb

Breyten Breytenbach. Lees sy volledige toespraak hier.

Sonja Loots het Breytenbach bedank vir sy toespraak. Sonja is tydens die vergadering as addisionele lid van die konvokasie se uitvoerende komitee verkies.

Rektor en visekanselier Wim de Villiers. Lees hier sy volledige toespraak.

Video: Uittreksel uit Wim de Villiers se toespraak.

 Jan Heunis

Lees ook:

The post US-konvokasie 2016: Foto's en videos appeared first on LitNet.


Graad 5-getalbegrip: werkkaart en memorandum

Book review: The seed thief by Jacqui L'Ange

$
0
0

The seed thief
Jacqui L'Ange
Umuzi Random House Struik
ISBN: 9781415207567

There are writers and then there are writers. Most of us can only dream of becoming the kind of writer Jacqui L’Ange already is, and the stunning The Seed Thief is only her debut novel. Her prose is luminous. It feels as if her words are caressing the pages they are printed on. Enthralled from the beginning, I was reading with bated breath, afraid that the author could not sustain such excellence through an entire novel, that she would take a false step, get lost along the way, and lose me as a reader. But The Seed Thief is one of those rare books which deliver on all fronts and leave you completely satisfied.

The novel tells the story of Maddy Bellani, a South African botanist with migratory roots. She works for one of the world’s seed banks in Cape Town, specialising in fynbos and dedicated to preserving the floral diversity of our planet for future generations. Brazilian by birth, Maddy is sent on a mission to Salvador, Bahia, to locate and secure the seed of the Newbouldia mundii, an African tree extinct on its continent of origin, but rumoured to have survived in Brazil, where it had been taken to by Africans during the slave trade. The plant is desired not only for preservation, but specifically for its medicinal properties. And some people are prepared to do anything to get their hands on it.

Maddy embarks on the mission after the break-up of her relationship with Nico: “Only now that it was finally ending, could I admit how much I’d wished we could have turned the mutual vulnerabilities that brought us together into something less fragile.” She is haunted by a family tragedy from the past and the relationship with her estranged father who finds out about her visit to their home country and attempts to get in touch: “Just knowing that he knew I was here made my emotional barometer plunge.”

Keen on redefining herself in Brazil, Maddy flies to the other side of the world in pursuit of the elusive Newbouldia mundii. The seed is protected by the practitioners of Candomblé, an Afro-Brazilian religious community worshipping gods and goddesses called orixás. Negotiating their different customs and loyalties is not easy and, as Maddy discovers, sometimes what you get in the end is not exactly what you set out to find.

Seeds are like love, unpredictable in the paths they travel. They take root in the most unlikely places, often against all odds. In order to gain access to the treasure she seeks, Maddy has to gain the trust of the Candomblé terreiro (the house of worship) and Zé, the mysterious man who guards their garden: "The rhythm of our interaction became a gentle ebb and flow. He would open up and play, then retreat and observe. Whenever he retreated, I found myself wanting to follow, to draw him back out and close to me. When he came in too close, I pulled back just enough for him to gather himself like the tide.”

Plants and seeds are as much characters in the novel as humans. L’Ange shows how vital their preservation is for all the inhabitants of the planet and what scary consequences our recklessness with our precious resources might have for the future. The politics behind preservation and the pharmaceutical applications of plants is just as terrifying. In this respect, The Seed Thief is clearly a green novel, but its global themes are carefully interwoven with the plot, so that the book is never preachy.

Moreover, The Seed Thief is laced with illuminating literary and historical references, enriching the texture of the first-person narrative. Its portrayal of Candomblé spirituality, Brazilian landscapes, legends, architecture, culture, cuisine and the people who inhabit it all opens up new worlds to the reader. L’Ange’s descriptions are very sensual. One experiences Maddy’s journey with all the senses, in particular smell, as she has a very fine nose. The characters are subtly drawn; their relationships authentic and fascinating. The tension of the plot is perfectly taut throughout. Stylistically, the novel is flawless.

In Polish, we have tęsknota: a longing which can range from intimate to national proportions. Portuguese has saudades: “That’s what Brazilians call this affliction. Sow – daa – jeez. The stretched middle vowel hangs like a hammock, weighing down the word. A longing for something that may not exist outside of sentimental imagination. The very concept requires a sleight of mind.”

If there is such a thing as a prose of saudades, L’Ange’s lush storytelling is it.

The post Book review: The seed thief by Jacqui L'Ange appeared first on LitNet.

Dan Patlansky skud Londen se Borderline

$
0
0

Dan Patlansky het in Desember verlede jaar in Londen opgetree. Stephan Fourie,'n fotojoernalis van Kaapstad wat tans in Londen werk, was daar.

Robert Johnson, een van die mees prominente bluessangers en -kitaarspelers van alle tye, het sy siel aan die duiwel verkoop. In ruil daarvoor het die duiwel sy kitaar ingestel en hom ‘n stem gegee om mee te sing. Die legende gaan verder as dit; die inwoners van Rosedale, Mississippi sweer dit het gebeur naby hulle op die kruispad tussen Highway 1 en 8.

Ek het met my eie oë gesien hoe Dan daardie Saterdagmiddag sy Fender Strat instem met die gebruiklike klanktoets voor ‘n optrede. Daar was geen duiwel nie. Máár: om presies 20h30 dieselfde aand was die duiwel behoorlik los. Dan Patlansky se blues-rock-trio, met Dan (kitaar en stem), Clint Falconer (baskitaar) en Andy Maritz (tromme en tweede stem) het behoorlik die Londen Borderline se fondasies geskud. 

 

Dan het ‘n draai in die Verenigde Koninkryk kom maak vir ‘n optrede by Planet Rockstock Festival, en ook ‘n eenmalige optrede by die Borderline, om sy opkomende album, Intro-Vertigo (geskeduleer vir April 2016) aan te kondig. Pas terug van ‘n Europese toer met Joe Satriani, en die Borderline is moeiteloos uitverkoop.

Londen en die Verenigde Koninkryk bied ‘n tweede tuiste vir Dan. Dit is baie goeie nuus vir hom. Planet Rock, die grootste klassieke-rock-radiostasie in Brittanje, speel gereeld van sy liedjies en dit gee vir hom ‘n breër ondersteunersbasis.

Met die openingsklanke van “Bring the world to its knees” kon mens sien die gehoor steier effens. Dit word gevolg deur die swaar “Run” van die opkomende album. Dis rou, hard en in-jou-gesig blues-rock, genoeg om die stopsels in jou kiestande te laat ratel. Patlansky neem egter sy gehoor deur verskeie buie sonder om te ver van sy blueswortels beweeg. Daar’s die opwindende “Fetch your spade”, die pragtige “Madison Lane” en die briljante groove van “Backbite”.

Voordat Dan die verhoog verlaat, ruk hy sy kitaarband af en vernietig byna sy Fender in ‘n poging om met die mees gekompliseerde tegnieke elke druppel klank uit sy kitaar te wurg. Die gehoor staar oopmond in ontsag.

Wat hou die toekoms vir Patlansky in? Hopelik internasionale sukses. Hy’s ‘n ongelooflik begaafde musikant en kitaarspeler. Dalk die beste wat Suid-Afrika tot dusver opgelewer het. En miskien, nes met Robert Johnson, staan die duiwel iewers op ‘n kruispad en wink vir Dan – dis die vloek van die kitaar ...

Setlys: Drone; Bring the world to its knees; Run; Hold on; Stop the messing; Taking chances; Your war; Fetch your spade; Madison Lane; Backbite; My chana; Luca (encore); Daddy’s old gun (encore)

Teks en foto’s: Stephen Fourie

 

 

 

The post Dan Patlansky skud Londen se Borderline appeared first on LitNet.

Hotnotsgot: Federalisme

$
0
0

Federalisme word in baie wêrelddele as ʼn goeie vorm van staatsorganisasie gereken, omdat dit die regering en noodsaaklike dienste nader aan die mense bring, maar federalisme was nog altyd ʼn kwessie van omstredenheid hier in Suid-Afrika.

Die Wes-Kaapse ANC se voorstel dat provinsies afgeskaf moet word, is nie iets nuuts nie. Ten einde die omvang van dié probleem te verstaan, moet jy die kontemporêre geskiedenis sedert 1990 weer in oënskou neem. ʼn Sin vir geskiedenis is dus krities vir volle begrip.

Nadat FW de Klerk die ANC en ander bevrydingsbewegings op 2 Februarie 1990 ontban het, het die ANC uit sy ballingskap ʼn verklaring in Lusaka uitgereik. Dit het gelui dat daar niks is om oor te onderhandel nie, behalwe oor hoe die mag aan die onderdruktes oorhandig gaan word.

Die ANC was gekant teen federalisme en het ʼn unitêre staat met ʼn sterk sentrale regering en plaaslike owerhede voorgestaan. Daarteenoor het die NP en verskeie kleiner partye wat minderhede verteenwoordig het, hulle beywer vir ʼn geografiese federasie van state. Met ander woorde drie vlakke van regering wat bestaan uit die sentrale regering, provinsiale regerings en plaaslike owerhede.

Gaan lees die toesprake van politieke leiers op die eerste sitting van die Konvensie vir ʼn Demokratiese Suid-Afrika (Kodesa) in Kempton Park op 20 en 21 Desember 1991. Baie van dié leiers het federalisme ondersteun.

Dié beweegrede vir die NP, IVP en kleiner partye was om minderheidsbelange te beskerm deur middel van die desentralisasie van die sentrale regering se mag na provinsies en plaaslike owerhede.

Daar is geglo federalisme kan van minderhede geografiese meerderhede maak.

Groot moondhede soos Amerika en Duitsland het sekerlik die beste federale model. Hul federale of bondsregerings fokus net op verdediging, buitelandse sake en die begroting, terwyl die deelstate of provinsies en plaaslike owerhede hulle op noodsaaklike dienste nader aan die mense toespits.

Vir minderheidspartye is federalisme nie net ʼn goeie vorm van staatsorganisasie nie, maar ook ʼn geleentheid om streeksregerings vir minderhede moontlik te maak.

Dit is dus by minderheidsregte en wie provinsies regeer waar die knoop lê. Reeds daarom het die ANC nog altyd ʼn (gesonde of ongesonde?) sinisme jeens federalisme gekoester.

Die ANC se vertrekpunt was nog altyd dat Suid-Afrika met sy rassistiese verlede en talle etniese en kultuurgroepe die beste deur ʼn sterk sentrale regering gedien kan word. ʼn Unitêre staat sou die land dus beter in sy verskeidend byeen kan hou.

Ons het wel verskeie elemente van federalisme in ons grondwet, soos die nege provinsies, maar ons is geen federasie nie.

Flip Smit, ʼn demograaf en ʼn voormalige rektor van die Universiteit van Pretoria, wat op die Afbakeningskommissie in 1993 gedien het, het tereg uitgewys dat die samestelling van die drie regeringsvlakke nie reg deurdink nie. Daar is te min sinergie tussen die sentrale, provinsiale en plaaslike owerhede.

Dit bemoeilik integrale beplanning en implementering van projekte. Dit lei ook tot die duplisering van take en verantwoordelikhede.

Dit maak provinsiale regerings dus ʼn onnodige staatsorganisasie en finansiële las. Die ANC het dus ʼn punt beet. Skaf provinsies af en versterk plaaslike owerhede. Ook moet lomp distriksmunisipaliteite, wie se rol en funksies nie altyd duidelik is nie, plek maak vir sterk plaaslike owerhede.

Hoe word plaaslike owerhede versterk?

Die samevoeging van die 1 100 munisipaliteite voor 1994 tot 278 tans was bedoel om dienslewering te verbeter. Die onbedoelde gevolge is dat klein dorpies hul plaaslike regering en administratiewe kapasiteit verloor het.

Dit vererger die agteruitgang van dié dorpies.

So, skaf provinsies en distriksmunisipaliteite af en gee vir elke dorpie sy eie munisipaliteit en plaas sodoende die regering terug in die hande van ons gemeenskappe.

The post Hotnotsgot: Federalisme appeared first on LitNet.

Vonani Bila

$
0
0

Nothing can mend my heart.
Not string and I can’t glue
It back together again.
Only do this I tell myself.
Write a poem for yourself.
That narrative is interspersed
With both despair and hope.
The meat of this country
And the fat and thirst of this land.
The silence that follows the ground
I walk on and me everywhere I go.
It is the natural habitat of poetry.
They think your voice has departed
From this world. Like the
Contours of a memoir. Providing
Me an escape from reality.
All I can say is this: once I knew
What love was and my world
Was bright and lit up like gold.
Now it is just mud season.

The post Vonani Bila appeared first on LitNet.

Kwaad oor die verlede

$
0
0

Om kwaad te bly
Oor dinge wat verby is
Is kwaadaardig.

Dis dalk so kwaadwillig
Soos die gewilligheid
Om vas te klou
Aan haat.

Is die tyd om los te laat
nou?

Vou dan oop die grimmige geskiedenis,
Laat die gewonde duif vry.

Sommige dinge is verby.

 

The post Kwaad oor die verlede appeared first on LitNet.

Het meertaligheid die boot gemis?

$
0
0

wanniecarstens300Die onlangse ontbinding van die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad (PanSAT) het die vrees laat ontstaan dat die strewe na meertaligheid in Suid-Afrika ’n doodgebore ideaal was. PanSAT was verantwoordelik vir die bevordering en ontwikkeling van die land se amptelike landstale, insluitend gebaretaal. Jean Oosthuizen wou by een van PanSAT se afgedankte raadslede, Wannie Carstens, weet of die doodsklokke vir meertaligheid in die land inderdaad besig is om te beier noudat die raad deur die Minister van Kuns en Kultuur ontbind is.

En daar duik PanSAT toe ook in die pomp toe dit deur Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, ontbind is. ’n Gatslag vir meertaligheid in Suid-Afrika of nie?

Ja, dit is inderdaad ’n gatslag, omdat dié liggaam die enigste is wat hom werklik vir meertaligheid beywer (het) in Suid-Afrika. Die instelling PanSAT dobber al jare op ’n onrustige oseaan rond en gaan telkens by elke hawe verby. Die matrose is wel op die dek, maar hulle weet nie juis wat om te maak as die storm opsteek nie, behalwe om weg te kruip onder die dek.

Wat sou die rede hiervoor wees?

Die rede is duidelik: die mandaat (meertaligheid) word nie gedien nie en van die werklikheid word van die taalbepalings in die Grondwet kom min in die praktyk tereg. PanSAT bestaan al jare in wese net in naam, met hier en daar ’n opflikkering as een of ander woordeboekproduk gepubliseer word.

Hoekom?

Want die organisasie is gedryf deur mense wat dikwels nie ’n idee gehad het wat hulle moet doen nie. Hulle was wel daar, maar aan inisiatief en energie het dit in die meerderheid gevalle skromelik ontbreek. En as jy nie die wese van taal en die waarde van taal vir mense kan begryp nie, kan jy min doen om dit waar te maak. In hierdie proses is die simbool van ons vryheid, die elftaalbedeling, op die agtergrond geskuif en het meertaligheid al hoe meer ’n saak geword waaraan lippediens bewys word.

Wat sit régtig agter die ontbinding van die raad? Was dit omdat die raad swak bestuur is of is daar dalk ’n politieke agenda daaragter?

Die kort antwoord hierop is: ja, die instelling is swak bestuur deur opeenvolgende rade en uitvoerende hoofde, en ja, daar is ’n stewige dosis politiek hieraan verbonde. Vir ’n meer volledige antwoorde op die fyner punte kan jy gerus die artikel lees wat ek verlede maand vir Maroelamedia geskryf het. Hier verduidelik ek puntsgewys die agtergrond oor die afgelope twee jaar se proses.

Tydens sy bestaan is die raad ook gekenmerk deur tientalle onreëlmatige aanstellings en finansiële wanbestuur, soos wat jy self al uitgewys het. Was PanSAT nie maar verantwoordelik vir sy eie ondergang omdat hy self oor jare heen so rondgefladder het van een krisis na die ander nie?

Ja, daar was talle foutiewe aanstellings (die rede hiervoor, asook die omvang hiervan, sal hopelik in ’n komende ondersoek deur die kantoor van die openbare beskermer ontbloot word); en ja, daar was swak uitvoerende hoofde – die een het na die ander gekom en ook kort voor lank met ’n gerieflike pakket gegaan. Ja, hierdeur is of was PanSAT vir sy eie ondergang verantwoordelik.

Maar wat het dan van al die mooi planne geword om meertaligheid uit te bou?

Dit is ’n klassieke geval van ’n plan wat mooi gelyk het, geïmplementeer is, maar toe langs die pad in duie gestort het. Van die mooi planne het min gekom, omdat die uitrol van die plan gebrekkig was, en dit is aangehelp deur die verkeerde mense by die uitvoer van die plan te betrek.

En toe ontaard dit maar in net nóg ’n soustrein met ’n klompie mense wat vet salarisse kry sonder dat daar iets konstruktiefs gebeur?

Ja, dit was beslis die geval. Om ’n enkele voorbeeld te noem: in die kantoor van die hoof uitvoerende beampte is vyf senior bestuurders (wat elkeen ’n groot salaris verdien het) aangestel. Wat dié mense moes doen, was vaag. Uit eie ervaring weet ek ’n effektiewe hoof uitvoerende beampte het nie ’n aantal bestuurders in sy of haar kantoor nodig nie, omdat al die instelling se bestuurders reeds vir hom of haar werk. Waarom hierdie oormatige poste skep? Dit klink inderdaad soos ’n soustreinstorie.

Wie moet uiteindelik die skuld kry vir die feit dat die raad nou in sy peetjie is? Kon die huidige raad nie die probleme wat tot sy ontbinding sou lei, voorsien het nie?

Die Departement Kuns en Kultuur het oor jare toegelaat dat PanSAT op hierdie destruktiewe pad voortgaan: swak aanstellings, en die aanvul van fondse as daar te min was. Die prop moes al jare gelede uitgetrek gewees het.

Ek het tydens die onderhoud wat met my gevoer is as potensiële raadslid, gesê dat PanSAT net op een manier gered kan word: ontbind die organisasie, herontwerp dit en begin dan ses maande later van voor af. En dan moet elkeen weer vir sy pos aansoek doen.

PanSAT kan werk as die volgende gebeur: die regte en kundige personeel aangestel word; die fondse voldoende is om die mandaat uit te voer; die instelling onafhanklik funksioneer (sonder inmenging); die instelling kans het om regsoptredes oor taaloortredings af te dwing. Maar in die praktyk van wat ek hier bo beskryf het, is dit ’n droom.

En ja, die raad het besef dat die departement en die Minister ons onafhanklikheid aantas en dat daar daarom die potensiaal vir konflik vorentoe was. Ons moes wel doen wat ons geoordeel het die regte dinge is om op die regte maniere te doen.

Is daar voorbeelde wat jy kan noem waar die raad tydens sy bestaan werklik iets beteken het vir die land se inheemse tale behalwe Afrikaans?

My gevoel was dat daar maar min hiervan tereg gekom het. Want 20 jaar later moes die Afrikatale in ’n baie beter posisie gewees het as wat vandag die geval is. Van grondige taalontwikkeling het daar min gekom – altans waarvan ek weet – en van die werk wat deur van die nasionale taalliggame van hierdie tale gedoen is, was nie altyd op ’n hoë vlak nie. Dit was die terugvoer wat ek van kundiges gekry het.

Dit is ’n skreiende skande dat ons 22 jaar ná die aanbreek van demokrasie nog op die punt is dat steeds gepraat word oor “die ontwikkeling van Afrikatale”. Dit moet voor die deur van die staat, in die besonder die Departement Kuns en Kultuur, gelê word.

Jy is ongelukkig omdat die raad ontbind is, maar wat van die groot aantal werknemers wat deur die raad self afgedank is? Kry die raad nie nou maar net van sy eie medisyne terug nie?

’n Mens sal dit natuurlik so kan interpreteer – dat ons ons “eie medisyne” terugkry. By nabaat kon seker ’n ander metode gevolg gewees het, maar die raad se oordeel was dat slegs ’n drastiese ingryping PanSAT op die herstelpad kon plaas. En daarom ’n uiters moeilike besluit.

En wat nou van meertaligheid? Wie se verantwoordelikheid is dit nou om toe te sien dat meertaligheid, soos wat dit in die Grondwet verskans word, toegepas word as daar nie meer ’n waghond is om daarna om te sien nie?

Ek wens ek het ’n goeie antwoord hierop gehad! Moontlik word die artikel 185-kommissie (die kommissie vir die bevordering van die regte van linguistiese, religieuse en kulturele gemeenskappe) die instrument wat hiervoor gebruik kan word. Ek betwyfel dit egter sterk, omdat hierdie kommissie se take te omvangryk is om hierdie besondere taak reg uit te voer.

Die ontbinde raad wil wel probeer om seker te maak dat die PanSAT-wet herskryf word om seker te maak dat die oorspronklike mandaat van PanSAT wel tot sy reg kom. Ek is egter nie baie positief hieroor nie.

Wie moet die leiding neem dat die oorspronklike mandaat van PanSAT wel tot sy reg kom as die raad self ontbind is?

Taalingestelde organisasies sal hier die leiding moet neem. Dit gaan hofsake en kostes verg om dit reg te kry. Ek hoop iemand kom hier na vore om dit te doen.

Dit is wel belangrik dat PanSAT weer opstaan met taalaktiviste aan die beheer daarvan – want as dit nie gebeur nie, is die gevolge te aaklig om aan te dink. Die land se taalgemeenskap moet deur politieke druk toesien dat PanSAT herleef.

Is die ontbinding van die raad nie maar die dun end van die wig wat uiteindelik daartoe sal lei dat Engels maar de facto die enigste amptelike taal in Suid-Afrika word nie - indien dit nie reeds die geval is nie?

Die enkele grootste rede hoekom ek my beskikbaar gestel het vir die raad, was juis om te help om die gebreke van die instelling te help regstel ten einde die implementering en bestuur van meertaligheid moontlik te maak. Juis ook omdat ek goed weet dat as PanSAT vou, daar geen skans meer teen Engelse eentaligheid sal wees nie. Ons moet dit teenstaan met alles wat ons het.

Wie is die “ons” wat dit moet teenstaan?

Die teenstand hieroor durf nie net uit die geledere van Afrikaans kom nie, maar veral uit die Afrikatale self. Die Afrikatale moet deur aktivisme hier die leiding neem en politieke steun kry hiervoor. Die ou “lobby”-beginsel is hier van kernbelang. Afrikaans moet saamwerk om die belofte van ons Grondwet te laat realiseer – dat ons vry kan wees in ons onderskeie tale.

Is Afrikaanse mense, en spesifiek wit Afrikaners, nie dalk net oorgevoelig oor hulle taal nie? Kyk hoe sterk staan die Afrikaanse boekbedryf en musiekbedryf teenoor ander inheemse tale s’n. Waarom dink ons die taal word bedreig net omdat Afrikaners die politieke mag verloor het?

Die druk op Afrikaans neem toe, hoe ons ook al daarna kyk. Enige persoon wat selfs net af en toe ’n koerant lees of van die sosiale media gebruik maak, sal dit goed weet. Ek hoef hier maar net verlede jaar se taaldebatte by US, die UV en die NWU te noem.

En  wat van die ander inheemse tale? Mens hoor selde daarvan dat die ander nege inheemsetaalsprekers so besorgd is dat hulle taal sal ondergaan.

In die kringe waar ek as taalmens beweeg het, is daar ’n groot behoefte aan dat die onderskeie Afrikatale hulle volwaardige plek in die land inneem. En nie net as praattale nie, maar as volwaardige standaardtale met al die funksies wat met ’n standaardtaal gepaard gaan. Dit moes PanSAT bewerkstellig het, maar die mislukking van PanSAT werk dit ongelukkig teen. Daar is dus baie werk wat vorentoe wag.

Ek merk wel op verskeie plekke dat daar deesdae al hoe meer stemme uit die geledere van die Afrikatale na vore om hulle tale se regte op te eis. Dit gee vir my hoop dat ons dalk wel die eentaalmodel kan vermy. Politieke steun kan makliker vir hierdie tale verkry word as vir Afrikaans, en die mense sal dom wees as hulle dit nie benut nie.

En dan is daar die regses wat altyd saam in die koor sing oor Afrikaans en dikwels met ’n rassistiese ondertoon. Is hulle nie miskien die grootste doring in die vlees nie en hoe hanteer mens dit?

In gesprekke sê ek dat die manier waarop ons met Afrikaans omgaan, die toekoms van ons taal in hierdie land sal bepaal. Afrikaans was lank ’n taal wat mense vervreem het, en ons durf nie toelaat dat dit weer gebeur nie. En hier is die negatiewe taalgebruik van persone uit regse geledere, waar Afrikaans soms nog as die eksklusiewe besit van wit sprekers beskou word, tot groot nadeel van die beeld van Afrikaans. Ons moet die aggressie uit Afrikaans haal.

Waarom sien ons nie dieselfde besorgdheid oor Afrikaans by ons bruin Afrikaanse taalgenote as onder die wit deel van die bevolking nie? Hoe voel húlle oor die taal?

Afrikaans is wat die houding van die bruin mense betref op die mespunt. Statistiek dui daarop dat bykans die helfte van die bruin gemeenskap Engels as die taal van die toekoms sien. As daar verdere aanleiding kom wat die bruin mense van Afrikaans vervreem, begin die spreekwoordelike rooi ligte vir Afrikaans flikker.

Uit gesprekke met vriende in die bruin gemeenskap is dit duidelik dat daar ’n groot verskil is hoe wit en bruin sprekers van Afrikaans oor die taal oordeel. Vir baie wit sprekers is Afrikaans deel van die unieke identiteit, maar vir baie bruin mense is Afrikaans bloot ’n instrument om kos op die tafel te sit. Hoe die totale Afrikaanse taalgemeenskap dit hanteer, is van kernbelang vir Afrikaans se toekoms.

So wat nou? Is daar ander maniere waarop meertaligheid in die land bevorder kan word en is daar enigiets wat nog gedoen kan word om die raad se ontbinding om te draai?

Ek wens ek het hier ’n goeie antwoord gehad. Die onderskeie taalgemeenskappe in Suid-Afrika sal wel moet aandring op hulle taalregte, op watter wyse ook al. Dalk moet ons saam begin toi-toi oor taal? Wat van ’n veldtog #MonolingualismMustFall?

Enige ander praktiese stappe wat oorweeg word om PanSAT te red?

Die ontbinde raad oorweeg tans verskeie opsies om PanSAT weer van ’n raad te voorsien. Een is deur die Minister se optrede op hersiening te neem (daar is regsopinies wat daarop dui dat die Minister buite sy magte opgetree deur die raad te ontbind – dit sal in die komende weke verder ontgin word).

Die doel hiervan is om seker te maak dat PanSAT weer ’n onafhanklike raad kry en dat die wetgewing rakende PanSAT hersien word sodat PanSAT sy regmatige plek in die Suid-Afrikaanse taallandskap kan inneem – hierdie keer egter met beter en kundiger personeel en sterker bestuur deur ’n bekwame hoof uitvoerende beampte en ’n onafhanklike sterk raad.

’n Tweede opsie is om die saak aan die kantoor van die openbare beskermer te oorhandig vir grondige ondersoek. Ons is van oordeel dat die forensiese verslag reeds dui op ernstige finansiële oortredings en dit moet beslis deur die OB ondersoek word. Die land verdien om hieroor duidelikheid te kry.

Hoe raak dit alles jou eie posisie?

Wat myself betref: ek is deur Afrikaanse organisasies versoek om my beskikbaar te stel vir die raad. Ek het via die raad PanSAT na die beste van my vermoë probeer dien, juis omdat taal so ’n kardinale deel van ons land is.

My kundigheid as akademikus en my netwerke is ingespan om PanSAT te probeer red. Daarom het ek my in ’n bykans onmoontlike situasie begewe. Die opoffering om dit in ’n polities onvriendelike omgewing te doen, was besonder groot. My en die ander raadslede se pogings was skynbaar nie genoeg nie.

Ek sal nie beskikbaar wees vir ’n nuwe raad nie, maar ek weet ek en die lede van die ontbinde raad het die regte dinge reg gedoen, juis om PanSAT te laat herleef. As ek (ons) daarvoor afgedank word, dan is dit goed so. Ons kon nie vrot bestuur en politiekery met ons tale kondoneer nie. En die uitkoms van die forensiese verslag sal uiteindelik wys dat ons reg was.

The post Het meertaligheid die boot gemis? appeared first on LitNet.


Briewe aan ’n diva: die verswyging van gay-identiteit in Gordon Jephtas se briewe aan May Abrahamse

$
0
0

Briewe aan ’n diva: die verswyging van gay-identiteit in Gordon Jephtas se briewe aan May Abrahamse

Hilde Roos, nadoktorale genoot, Universiteit van Suid-Afrika

LitNet Akademies Jaargang 13(1)
ISSN 1995-5928

Die artikel sal binnekort in PDF-formaat beskikbaar wees.

 

Opsomming

As gevolg van die gebrek aan professionele geleenthede tydens die apartheidsjare vir bruin kunstenaars in die plaaslike operabedryf het Gordon Jephtas in 1965 na die buiteland vertrek, op soek na ’n loopbaan as répétiteur, koormeester en stemafrigter. Teen die middel van die 1980’s was hy een van New York se mees gesogte répétiteurs, waar hy met operasterre soos Luciano Pavarotti, Joan Sutherland, Leontyne Price en Marilyn Horne gewerk het. Die ontdekking van sy briewe wat hy oor ’n periode van byna 30 jaar aan sy vertroueling in Suid-Afrika, die Eoan-sangeres May Abrahamse, geskryf het, bied vrugbare stof vir ’n ondersoek na die geskiedenis van opera in die Suid-Afrikaanse konteks. Die briewe raak ’n skakering van onderwerpe aan wat wissel van opera tot ballingskap tot bruin identiteit. Vir hierdie artikel het ek twee temas gekies wat aan die oppervlak van Jephtas se briewe lê en in gayliteratuur dikwels met mekaar verbind word: die verswyging van gay-identiteit teenoor die oorvloedige teenwoordigheid van divaverering. Ek voer aan dat Jephtas sy gay-identiteit met groot omsigtigheid vir bekendes in sy tuisland (Abrahamse inkluis) probeer verberg het, maar dat sy obsessie met vroulike operasterre, van wie Maria Callas en May Abrahamse die meeste aandag geniet het, ’n aanduiding, hetsy direk of indirek, van sy gay-identiteit was. Hierdie artikel ondersoek die konsepte van die geheimhouding van gay-identiteit, divaverering en die operaqueen. Laasgenoemde was gedurende die 1970’s en 1980’s in operakringe, veral in die VSA, ’n bekende verskynsel en ’n ontleding daarvan funksioneer as ’n insiggewende lens waardeur Jephtas se lewe waargeneem kan word. Die artikel illustreer verder hoe hierdie konsepte in Jephtas se briewe gestalte gekry het en betoog dat ten spyte van die feit dat Jephtas en Abrahamse die skyn van sy heteroseksualiteit gehandhaaf het, haar vriendskap van groot betekenis vir hom was. Jephtas is in 1992 aan vigs in New York oorlede.

Trefwoorde: divaverering; Eoan Groep; gay-identiteit; Gordon Jephtas; in die kas; Maria Callas; May Abrahamse; operaqueen; uit die kas; vigs

 

Abstract

Letters to a diva: the concealment of gay identity in Gordon Jephtas's letters to May Abrahamse

Due to the lack of professional opportunities during the apartheid era for so-called coloured musicians in the local opera industry, Gordon Jephtas (1943–1992) left the country in 1965 in search of a career as répétiteur, vocal coach and choir master abroad. By the mid-1980s he was one of New York’s most sought-after répétiteurs and worked with opera stars such as Luciano Pavarotti, Joan Sutherland, Leontyne Price and Marilyn Horne. More than 20 years after his death the discovery of his letters to his lifelong confidant back home, Eoan soprano May Abrahamse, constitutes an archival find that has much to offer towards the historiography of Western art music in South Africa. The letters encapsulate the aspirations, successes and failures of an exiled, gay and coloured classical music artist during the apartheid era. Apart from his work with a string of international operatic stars, many aspects of Jephtas’s letters comment on salient issues of the human condition that go beyond the disciplinary boundaries of opera as a format in and for itself, or what may be deemed a “successful career” or a musician who “made it” abroad. Jephtas’s letters reveal his obsession with opera and the soprano voice, his penchant for diva worship, the loneliness of his nomadic existence and the ups and downs of life behind the scenes of many an opera performance. They speak to the exile’s never-ending longing for home, his racial identity as a “coloured” person and the way this played out in his profession in South African as well as abroad. Yet his letters also reveal a number of significant issues that remained resolutely undiscussed; the politics of apartheid and the way it influenced his life are never directly mentioned, and, central to this article, his gay identity and his illness that led to his death surface nowhere in the 30-year correspondence.

For this article I chose to explore two themes that lie on the surface of the correspondence and are often connected other in gay literature. I posit the question whether the overt presence of diva worship in his letters can be read as an expression of his gay identity which, as an issue in itself, is never alluded to. If so, could this be regarded as a veiled and therefore conscious expression of his sexuality, or should it rather be read as an unconscious manifestation? The article draws on the concepts of the closet, the opera queen and diva worship and uses these as interpretative tools to explore how these issues constellated in Jephtas’s letters.

The notion of the closet has become a metaphor for consciously concealing one’s sexual identity or behaviour in an environment where its nature is experienced as deviant from the norm. Diverging from accepted norms in a predominantly heterosexual society proves to be culturally and politically highly charged, and disguising the issue has become a way to escape retribution by society at large. In Eve Kosofsky Sedgwick’s seminal work Epistemology of the closet (1990:3, 71) it is argued that the closet became the defining structure for gay oppression in the 20th century; a claustrophobic, secretive and imprisoned space that restrains and silences gay identity and opposes self-manifestation. In contrast to the silence on his gay identity, opera as a format and female opera singers take centre stage in Jephtas’s letters. Apart from detailed and frequent discussions on the quality of voice and performativity of the various famous sopranos of his time (many of whom he also coached), Jephtas’s infatuation with Maria Callas and May Abrahamse is overtly present in the correspondence.

I interpret this as a manifestation of diva worship, which refers to the veneration female entertainers enjoy from gay, lesbian, bisexual and transgender (GLBT) groups. Diva worship as a phenomenon with its characteristics and distinctive parlance has been written on by a number of academics, including Mitchell Morris (1995), Brett Farmer (2005, 2007), Wayne Koestenbaum (1994), Daniel Harris (1996), Vito Russo (1987) and Edward O’Neill (2007). Closely connected to diva worship is the concept of the opera queen. The Routledge international encyclopedia of queer culture states that being an opera queen signifies a gay person’s “obsession with the world of opera and a passionate devotion to the idealized figure of the prima donna” (Gerstner 2006:441). Morris (1993:188), too, argues that “central to the true opera queen’s aesthetic is the cult of the singer – specifically the female singer”. The above-mentioned encyclopaedia furthermore states that in a time when gay culture was still heavily closeted in the West, “immersion in opera served both as a retreat from a hostile environment and a discreet signifier of sexual preference” and cites Queen-singer Freddie Mercury’s collaboration with Montserrat Caballé as an example of this. A wider reading of the literature, however, indicates that divas are admired for a variety of reasons, of which escapism from societal retribution is only one.

Jephtas’s diva worship of Callas and Abrahamse can be read in the frequency with which they appear in his letters, but it also finds expression in the tone in which he described them. Morris (1993:190) argues that the way in which opera queens discuss divas is characterised by ambiguity – “what seems like an insult may be a compliment, and more than likely it is both”, adding that its tone is “somewhere between histrionics and hysteria”. During his first visit to Europe from December 1963 to March 1964, Jephtas attended two performances of the now famous Franco Zeffirelli production of Puccini’s Tosca at Covent Garden with Callas in the title role. The performances are described in extraordinary detail in the letters dated 31 January and 5 February 1964, bearing testimony to his in-depth understanding of the voice, the format of opera, his focus on how vocal sound is enacted on stage and his ability to unflinchingly critique while at the same time adore Callas as an opera singer. In the years leading up to her death in 1977, Callas would remain his idol, always referred to by him as “La Callas”, and few letters do not in some or other way report on her singing (or lack thereof), the details of her love life or any aspect of her personal life that he picked up in the press. The letter of 31 January 1964 also signifies the projection of this admiration on to Abrahamse when he concludes by writing, “We’ll make a Callas of you yet!!” (Jephtas 1964a).

Jephtas’s admiration for Abrahamse can be traced in many aspects of the correspondence. Even the way he addressed her on the envelopes provides a tantalising glimpse of how deeply diva worship was part of his projection on to Abrahamse: from 1969 onwards he usually adorned her name with formal and elaborate adjectives, as seen, for example in “Alla Gentile Signora” (To the gentle Lady), “Pregiatissima Signora” (Precious Lady), “Esimia Signora” (Magnificent Lady), “Gentilissima” (The most gentle), “Distinto” (Distinguished) or “Distinta Artista” (Distinguished Artist). For him she was a singer who never gave up on her quest to excel as an artist in the most difficult of circumstances, but he never compromised on critiquing her singing. Yet, even after having worked with some of the world’s foremost sopranos, such as Renata Tebaldi, Montserrat Caballé, Elena Suliotis, Leontyne Price, Marilyn Horne and Joan Sutherland, in 1990 he wrote to Abrahamse (who was 60 years old at the time), “Now I can hardly wait to walk out on stage with you, and sing our songs” (Jephtas 1990).

The article concludes by reconsidering the role the diva is said to play in gay culture. In the light of accounts written on diva worship, it seems that diva fixation in gay culture runs parallel with self-identification of being gay and that coming out does not diminish its intensity. The question, therefore, whether Jephtas’s diva worship was a concealed and conscious way of communicating the unsayable to Abrahamse or an unconscious manifestation becomes irrelevant. The more productive question may be to probe the reasons for Jephtas’s silence on the issue, as this points to the kind of space the social and professional circles in South Africa were for Jephtas at the time. Apart from the fact that a discussion of subjects such as alternative sexual preferences was not necessarily accepted social practice, Jephtas would most probably have avoided any information that could compromise his reputation back home, and being coloured, gay and HIV positive during apartheid was probably the least desirable combination of positions to be in.

Keywords: aids; coming out; diva worship; Eoan Group; gay identity; Gordon Jephtas; Maria Callas; May Abrahamse; opera queen; the closet

 

1. Inleiding: ’n Loopbaan in die buiteland

Op 5 Julie 1992 is Gordon Jephtas, voormalige répétiteur, koormeester en stemafrigter van die Eoan Groep in die Goldwater-gedenkhospitaal in New York oorlede (Botha 1992). Hy was 49 jaar oud. Die Eoan Groep was ’n kultuurorganisasie van Distrik Ses in Kaapstad waar die bruin gemeenskap die geleentheid gehad het om aan opera-, ballet- en dramaproduksies deel te neem. Die groep het in 1956 met Verdi se La Traviata in die Kaapstadse Stadsaal gedebuteer en in die volgende twee dekades 11 operaseisoene aan Kaapse gehore aangebied. Jephtas was een van die weinige musici van die groep wat daarin geslaag het om in die buiteland as professionele musikus te werk. ’n Jaar voor sy dood het hy, ná ’n loopbaan van 20 jaar in Europa en die VSA, waar hy in van die wêreld se mees vooraanstaande operahuise met talle operasterre gewerk het, na Suid-Afrika teruggekeer om sangers van die Kaapse Raad vir Uitvoerende Kunste (Kruik) af te rig (Hartman 2015). Teen die einde van 1991, sonder om kennis te gee en op eie inisiatief, het Jephtas egter na New York teruggekeer en volgens voormalige kollegas en vriende het hy “net verdwyn”. ’n Klompie maande later het hulle berig ontvang dat hy oorlede is (Hartman 2015; Du Plessis 2015).

Twee maande voor sy dood het ’n joernalis van Die Burger, Aubrey Hardine, Jephtas per telefoon in sy hospitaalbed in New York opgespoor en hom direk uitgevra oor die gissinge dat hy aan vigs ly. Jephtas het op kenmerkende wyse die vraag omseil en geantwoord dat mense by die huis hom nie voortydig dood moet verklaar nie en dat hy binnekort weer na die Kaap sou terugkeer om Verdi se La Traviata nog een keer met sy eertydse kollegas van die Eoan Groep op te voer. ’n Woordelikse verslag van hierdie oproep is die dag ná sy dood in ’n artikel in Die Burger gepubliseer onder 'n nuusopskrif wat sonder omhaal gestel het: “Klaviermeester van Suid-Afrika sterf aan vigs in Amerika” (Hardine 1992).

Meer as 20 jaar ná sy dood is die ontdekking van die briewe wat Jephtas oor ’n periode van byna 30 jaar aan sy vertroueling in Suid-Afrika, die Eoan-sopraan May Abrahamse,1 geskrywe het, ’n argivale vonds wat veel bied vir die vakgebied van musiekhistoriografie.2 Sy briewe gee ’n unieke blik op die ambisies, suksesse en mislukkings van ’n bruin gay klassieke kunstenaar wat tydens die apartheidsjare na die buiteland moes gaan om sy talente en drome te realiseer.3 Buiten blyke van sy obsessie met opera en die rits internasionale operasterre met wie hy gewerk het, verskaf sy briewe treffende perspektiewe op aspekte van menswees wat die dissiplinêre grense van opera as ’n kunsvorm oorskry. Hoewel Jephtas baie sukses geken het, bly die tema van ’n geslaagde loopbaan in klassieke musiek of buitelandse suksesse egter op die agtergrond. Binne die vertrouensverhouding van twee mense wat vir dekades ’n unieke band gehad het, staan sy geleefde ervaring op die voorgrond. Weens hul gedeelde herkoms en passie, voer gesprekke oor opera as kunsvorm dikwels die botoon, maar ander dominante temas sluit in sy obsessie met gevierde operasangeresse (oftewel divas), van wie hy vele persoonlik afgerig het, die eensaamheid van sy nomadiese bestaan as professionele répétiteur en afrigter en die wisselende wedervaringe van ’n lewe agter die skerms van die operaproduksies waaraan hy deelgeneem het. Sy briewe vertel ook van die ewigdurende verlange van die banneling “huis toe”, sy komplekse verhouding met die lede en bestuur van die Eoan Groep, die manier waarop sy bruin identiteit ’n rol gespeel het in die vorming van sy loopbaan (in Suid-Afrika tydens apartheid en in die buiteland), en die veranderende kwaliteit wat sy bruin identiteit vir hom ingehou het soos sy loopbaan ontwikkel het. Daar is egter ook beduidende aspekte van Jephtas se lewe wat glad nie in die korrespondensie bespreek word nie: apartheid as politieke bestel en die manier waarop dit sy lewe beïnvloed het, word nêrens direk genoem nie (die term apartheid kom nie in die briewe voor nie), en sy gay-identiteit en die siekte wat tot sy voortydige dood gelei het, word ook nie aangeroer nie.

Die lees van Jephtas se briewe bring ’n breë skakering temas na vore wat die gesprek oor opera in die Suid-Afrikaanse konteks potensieel kan verryk. Vir hierdie artikel het ek op twee aspekte besluit wat aan die oppervlak van sy briewe lê en wat in gayliteratuur dikwels gekoppel word: die verswyging van gay-identiteit en die obsessie met operasangeresse, oftewel divaverering. Gesprekke oor divaverering, in die akademie en ook in die openbare ruimte soos blogs, behandel dikwels die vraag waarom divas soveel gay aanhangers het en vra watter eienskappe divas verteenwoordig waarmee gays hulle identifiseer. Daar word uiteenlopend op hierdie vrae gereageer (en hierdie aspekte word later in die artikel meer breedvoerig bespreek), maar die kwessie van die geheimhouding van ’n seksuele voorkeur in ’n omgewing waar dit nie die norm is nie, staan op die voorgrond. Ek stel dus die vraag of die oorvloedige aanwesigheid van divaverering gelees kan word as ’n uitdrukking van Jephtas se verswygde gay-identiteit en, indien wel, of dit geïnterpreteer kan word as ’n bewuste kodering van die onsegbare of ’n onbewuste uiting daarvan. Hierdie artikel sal die konsepte van die geheimhouding van gay-identiteit, divaverering en die operaqueen bespreek en illustreer hoe dit in die korrespondensie tot uiting kom.

Maar eers, ter wille van konteks, ’n kort biografiese skets van Gordon Jephtas (8 Maart 1943 – 5 Julie 1992) (Tribute 1992). Net voor sy 16de verjaarsdag, op 28 Februarie 1959, verskyn Jephtas vir die eerste keer in ’n foto in The Cape Argus. Die leier van die Eoan Groep, die Suid-Afrikaans-gebore Italianer Joseph Manca, leun oor sy skouer en wys na die bladmusiek; Jephtas se vingers rus op die klawerbord, sy oë op die bladmusiek voor hom. Die foto is geplaas op die vooraand van Eoan se derde operaseisoen, waartydens die groep Verdi se Rigoletto en La Traviata en Mascagni se Cavalliera Rusticana in die Kaapstadse Stadsaal sou opvoer. In die bygaande artikel oor die groep en hul aktiwiteite verwys Manca reeds na Jephtas as “sy toekomstige opvolger” (De Villiers 1959). In hierdie geposeerde foto lê veel van Jephtas se professionele lewe opgesluit: dit is voor die klavier met die musiek van operawerke op die staander waar hy sy passie uitgeleef het, waar hy suksesse en krisisse beleef het en waar hy altyd weer gevind het wat vir hom die moeite werd was. Die persoon van Manca figureer as simbool van aspekte waarmee hy sy lewe lank sou stoei: wit gesag wat oor hom leun en hom voorsê hoe hy moet lewe, en die gesaghebbende figuur van die dirigent wat bepaal waar hy inpas in die hiërargie kenmerkend van die bedryf van Westerse klassieke musiek.

Fig-1-Manca-en-Jephtas 

Figuur 1. Gordon Jephtas en Joseph Manca by die klavier. Foto gepubliseer in The Cape Argus, 28 Februarie 1959. Gebruik met toestemming van die Eoan Groep-argief, DOMUS, Universiteit Stellenbosch.

Na die voltooiing van sy hoërskoolopleiding aan die Harold Cressy-skool in Distrik Ses het Jephtas van 1961 tot 1963 aan die Suid-Afrikaanse Kollege vir Musiek van die Universiteit van Kaapstad vir ’n diploma in musiek studeer. Die Eoan Groep het sy studie gesubsidieer en hy was tot Augustus 1965 répétiteur vir die groep (Voges 2015). ’n Besoek aan Europa tussen Desember 1963 en Maart 1964, waartydens hy Maria Callas in ’n opvoering van Puccini se Tosca in Covent Garden in Londen gesien het, het hom egter laat besef dat hy in Europa (en verkieslik in Italië) moes wees om oor opera te leer (Jephtas 1964b). Ná sy vertrek na Europa in Oktober 1965 het hy Suid-Afrika gereeld besoek om met die Eoan Groep, of later by die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (Truk) of Kruik te werk, maar sy lewe het vanaf 1965 tot sy dood ’n nomadiese karakter aangeneem en hy was selde permanent in enige plek gevestig. Vir die Eoan Groep was hy egter altyd die enigste kandidaat wat Manca sou kon opvolg en die hoopvolle verwagting dat Jephtas blywend na die groep sou terugkeer en die gloriedae van die 1950’s en vroeë 1960’s weer sou kon laat herlewe, het gelei tot die komplekse verhouding wat hy later met die groep en sy bestuur gehad het. Toe Jephtas uiteindelik in 1979 die leisels as artistieke direkteur op kontrakbasis oorgeneem het, het dit gou duidelik geword dat daar ’n groot gaping tussen hom en die groep ontwikkel het en Jephtas het die inisiatief voortydig gekanselleer (Roos 2010:142).

Jephtas het van 1965 tot 1971 hoofsaaklik in Engeland en Italië vertoef, ’n periode waartydens hy homself altyd as student beskryf het wat meer oor opera moes leer. Hy was egter slegs twee keer vir kort periodes formeel as student by instansies ingeskryf: van Junie tot Augustus 1966 het hy Italiaans gestudeer by die Universiteit van Perugia in Italië (Jephtas 1966a) en van September 1966 tot Mei 1967 het hy by die London Opera Centre gestudeer (Jephtas 1966b).4 Milaan was sy gunstelingstad, waar hy die grootste deel van hierdie tydperk deurgebring het. Hier het hy dirigeerkuns by Franco Ferraris gestudeer (Jephtas 1970a) en buiten besoeke aan Suid-Afrika, die VSA en verskeie ander lande in Europa waar hy aan kleiner produksies deelgeneem het of meesterklasse bygewoon het, het hy elke moontlike operaproduksie wat hy kon bekostig, bygewoon. Om die pot aan die kook te hou het hy studente in sangklasse begelei en Engels gegee by die Shenker-instituut in Milaan (Jephtas 1970b). Dit was finansieel ’n uiters wisselvallige tyd vir Jephtas en sy briewe toon dat hy van die hand na die mond gelewe het (hy het dikwels stemafrigting gedoen in ruil vir ’n bord spaghetti), maar as hy geld verdien het, het hy dit sonder skroom uitgegee (Jephtas 1972b). Eers in Februarie 1972 het hy sy eerste formele kontrak as répétiteur by die operahuis in Mantua, Italië, gekry en het hy met sangers soos Placido Domingo en Elena Souliotis begin werk (Jepthas 1972a). Tot 1978 het hy, buiten vele kontrakte elders op die kontinent, tussen Milaan, Zürich en Lissabon gependel, waar hy gereelde kontrakte by operahuise gehad het. ’n Hoogtepunt uit hierdie periode is twee konserte in Oktober 1973, in Londen en Wene, waar hy as begeleier vir die sopraan Renata Tebaldi en die tenoor Franco Corelli opgetree het (Jephtas 1973a). Hierdie konserte is vandag die enigste optredes van Jephtas waarvan klankopnames kommersieel beskikbaar is.5

Sedert sy eerste besoek aan die VSA in Oktober 1970, toe hy uitgenooi was om aan meesterklasse met die dirigent Boris Goldovsky deel te neem, het hy ’n voorkeur ontwikkel om daar te werk (Jephtas 1970c). Tydens daardie besoek is hy ook ’n kontrak by die New York City Opera aangebied, maar vanweë administratiewe rompslomp en die langdurige gesukkel om ’n werksvergunning te kry, het hierdie droom eers in 1978 bewaarheid geword toe hy vir ’n seisoen by die Lyric Opera in Chicago gewerk het (Luethi 2015). Van toe af tot sy dood was die VSA sy tuiste, hoewel hy in 1979, 1986 en weer in 1990 ernstige pogings aangewend het om op meer permanente basis in Suid-Afrika te werk. In Amerika het hy gereelde kontrakte gehad by die San Francisco-operahuis, die Lyric Opera in Chicago, die Metropolitan-operahuis in New York, die New York City Opera en ook by die Utah Opera in Salt Lake City (Jephtas 1981, 1987a). Dit is in hierdie jare dat hy ’n reputasie ontwikkel het as voorste répétiteur en dat hy stemafrigting gedoen het vir onder andere Luciano Pavarotti, Beverly Sills, Maria Chiara, Frederica von Stade, Luigi Alva, Montserrat Caballé, Leontyne Price, Marilyne Horne, Neil Schicoff, Placido Domingo, Teresa Berganza en Joan Sutherland. Hy was ook betrokke by produksies met regisseurs soos Pier Luigi Pizzi, Tito Gobbi, Kurt Herbert Adler, Richard Bonynge en die omstrede Jean-Pierre Ponnelle (Jephtas 1981).

Die Suid-Afrikaanse sopraan Emma Renzi, wat jare lank in Europa en die VSA gesing het, het in ’n onderhoud soos volg oor Jephtas uitgebrei:

Gordon was extremely gifted, he was absolutely top-class. And he was like a sponge, it just went in. It was, really, he had this absolute instinct for it. He was a good pianist. But he was [also] a good coach. And that is a very different thing from being a good pianist, or even a good accompanist. You have to know the languages, you have to know the style, you have to be able to give everybody their cues, and that kind of thing. It is a completely different cup of tea to just playing the piano very well. And he did have [the passion for it], he was really extremely talented. Then he moved from Europe to New York. Lots of singers, well-known ones like Marilyn Horne, did go and coach with him. You know, if you [had] a role you’ve sung hundreds of times but you haven’t sung it for a year or so, and you want to sing it in, you want a pianist who knows it. So you go to the one who is recommended, and he was one of the best ones in New York. He was known for that (Eoan History Project 2013:102).

 Fig-2-Caballe-and-Jephtas

Figuur 2. Gordon Jephtas en Montserrat Caballé tydens ’n konsert in San Francisco in 1981. Gebruik met toestemming van die Abrahamse-familie.

 

2. In die kas en uit die kas

Die kas (Engels the closet) het ’n metafoor geword vir die bewuste geheimhouding van ’n seksuele identiteit in ’n omgewing waar die aard daarvan beskou word as afwykend van die norm. Heteroseksualiteit word in baie samelewings steeds as normatief beskou en verdraagsaamheid ten opsigte van alternatiewe seksuele voorkeure is eers gedurende die afgelope dekades in dele van die internasionale gemeenskap beding. Sedert die 1990’s word die afkorting LGBT (wat staan vir “lesbies, gay, biseksueel en transgender”) algemeen aanvaar as ’n term wat verwys na mense wat alternatiewe seksuele identiteite verkies. In tye en plekke waar daar min of geen ruimte vir LGBT-groeperinge is nie, word dit as “abnormale” gedrag beskou en dra dit kultureel en polities ’n hoogs plofbare lading. In sulke omstandighede het die verswyging daarvan ’n manier geword om vergelding deur die samelewing te voorkom.

Beskouinge oor gay-identiteit deur filosowe en ander teoretici het begin met die Franse filosoof Michel Foucault6 se ondersoek na die onderlinge verhoudinge tussen seks, gender en begeerte. Sy werk oor seksualiteit en die samelewing, met name The history of sexuality (Volume I), in 1978 gepubliseer, het queerteorie as ’n invloedryke denkwyse van stapel gestuur. Dit was egter die literêre kritikus Eve Kosofsky Sedgwick wat die konsep van die kas as ’n bepalende sosiale ruimte waarin gays hulle bevind, meer breedvoerig geteoretiseer het. In haar boek Epistemology of the closet, in 1990 gepubliseer en vandag beskou as een van die grondliggende tekste van queerteorie, beskryf sy (1990:3; 71) die geheimhouding van gay-identiteit as “a performance initiated as such by the speech act of a silence” en voer aan dat die kas die bepalende struktuur van gay-onderdrukking in die 20ste eeu was.

Georgia Johnston (2002:171) beskryf die kas as “a claustrophobic, secretive and imprisoned space that restrains and silences gay identity and opposes self-manifestation”. Skrywers is dit eens dat selferkenning van gay-identiteit, oftewel uit die kas klim, nou verweef is met die geheimhouding daarvan en dat gays dikwels heen en weer beweeg tussen in die kas wees en uit die kas klim, afhangende van die spesifieke omgewing waarin hulle hul bevind. Sedgwick meen dat die selferkenning van gay-identiteit, net soos die geheimhouding daarvan, ’n proses is wat gelaai is met gevaar en nooit voltooi is nie. Sy voer aan dat selfs die mees openlik gay persoon nooit vry is van die inperking van die kas nie, omdat vooroordeel gedurig weer kop uitsteek en gay persone ondervind dat “new walls have sprung up around them” (1990:68). Die kas bly in elke nuwe sosiale omgewing of situasie steeds ’n vormende teenwoordigheid.

Die sosiale en politieke konteks van apartheid-Suid-Afrika was nie net kloustrofobies nie, maar ook skisofrenies. Onder apartheid is ’n samelewing gekonstrueer wat andersheid wat afwyk van ras-witheid en seksuele heteronormaliteit as teennormatief beskou het. Wetgewing is ingestel om sulke andersheid te beheer en (verkieslik) uit die samelewing te verdryf. Onder apartheidswetgewing is homoseksualiteit gekriminaliseer as ’n strafbare oortreding wat vervolg kon word vir sodomie of onnatuurlike misdrywe ingevolge die Wet op Onsedelikheid (Wet 23 van 1957). In Defiant desire beskryf Mark Gevisser (1994:18) die geskiedenis van gay- en lesbiese identiteite in Suid-Afrika as “a different fight for freedom”, maar noem dat gays reeds sedert die 1940’s in stedelike gebiede van Johannesburg, Kaapstad en Durban gevestig was en in relatiewe vryheid gelewe het. Kaapstad het indertyd ’n ontluikende “Moffie Drag”-kultuur onder die bruin gemeenskap geken waaroor uitgebreid in publikasies soos Drum en Golden City Post verslag gedoen is (Chetty 1994:117).

In 1956, die jaar waartydens die Eoan Groep in die plaaslike operagemeenskap opslae gemaak het met hul eerste opvoering van Verdi se La Traviata, het die Suid-Afrikaanse polisie 30 gay mans op Durban se Esplanade in hegtenis geneem. Hulle is tussen ses en 15 jaar gevangenisstraf opgelê en in sy uitspraak het die regter aangevoer dat “your type is a menace to society and likely to corrupt and bring about degradation to innocent and unsuspecting, decent-living young men and so spell ruin to their future” (Gevisser 1994:18).

Gevisser (1994:27) noem dat Hanoverstraat in Distrik Ses, waar die Eoan Groep by nr. 302 sy hoofkwartier gehad het, ’n florerende gaykultuur geken het wat ná die gedwonge ontruiming van die gebied na die Kaapse Vlakte steeds bly voortbestaan het. Die aanwesigheid van ’n gaykultuur in die omgewing waarin lede van die Eoan Groep gewoon en gewerk het, was dus nie ongewoon nie en kompliseer die vraag waarom Jephtas dit in sy briewe aan Abrahamse oor ’n tydperk van byna 30 jaar heeltemal verswyg het. Die openlike uitleef daarvan binne die Eoan Groep was egter nie noodwendig aanvaarde praktyk nie en in onderhoude met voormalige kollegas en vriende van Jephtas is uiteenlopend gereageer op die vraag of hulle bewus was van sy gay-identiteit; sommige was verbaas, ander het laat blyk dat hulle dit altyd geweet het. Hulle was dit egter almal eens dat Jephtas as persoon baie privaat was en nie sy persoonlike lewe met Jan en alleman gedeel het nie, ’n indruk wat ook in die briewe na vore kom.

Fig-3-Gordon-Jephtas

Figuur 3. Gordon Jephtas in ’n ongedateerde foto. Gebruik met toestemming van Amanda Botha.

Hoewel gay-identiteit in dele van die Weste ten tye van Jephtas se afsterwe met ’n groter mate van aanvaarding bejeën is, was die 1980’s en vroeë 1990’s ook die era toe vigs aan gay-identiteit gekoppel is. Die kombinasie hiervan met die stereotipering van die gaygemeenskap as seksueel losbandig het tot groot persoonlike skade vir vigslyers en hulle families gelei. Vigs was gedompel in kollektiewe veroordeling en dit was niks ongewoon vir persone wat MIV-positief was, om hul werk te verloor nie (gay of nie), nie net in Suid-Afrika nie maar veral ook in die VSA.

Jephtas is in Julie 1987 as koormeester en stemafrigter by die Utah-operahuis in Salt Lake City aangestel, ’n vaste pos wat in koerantberigte in Utah met groot fanfare aangekondig is (Birch 1987),7 maar twee jaar later het hy hom weer in New York bevind. Of hy hierdie betrekking verloor het as gevolg van vigs, of dalk self besluit het om weer te vertrek, is iets waaroor ’n mens net kan spekuleer.

In die vroeë 1990’s is ’n paar wêreldbekende kunstenaars aan vigs oorlede en die bekendmaking van die oorsaak van hul dood het internasionaal hoofnuus gehaal. Onder hulle tel die Queen-sanger Freddie Mercury, wat in November 1991 in Londen oorlede is en die balletdanser Rudolph Nureyev, wat in Januarie 1993 in Parys oorlede is. In beide gevalle is die publiek tot op die laaste oomblik in die duister gelaat oor hul siekte en in beide gevalle is vigs geassosieer met gay-identiteit en seksuele losbandigheid.

In Mei 1989 is die Suid-Afrikaanse pianis Steven De Groote aan longontsteking wat deur vigs veroorsaak is oorlede, alhoewel hy vigs blykbaar as gevolg van ’n bloedoortapping na ’n vliegongeluk opgedoen het. Met sy dood is die feit geheel onder die doeke gehou,8 en selfs onlangse studies oor hom9 laat die feit ongenoem. Met Jephtas se laaste besoek aan Suid-Afrika in 1991 het hy hom dus sosiaal en polities in ’n uiters kwesbare posisie bevind: bruin en gay, en siek as gevolg van vigs.

Dit is duidelik uit die briewe aan Abrahamse en ook uit onderhoude met voormalige vriende en kollegas dat Jephtas in die jare wat hy in die buiteland gewoon en gewerk het, met groot omsigtigheid sy gay-identiteit en later sy siekte vir bekendes in Suid-Afrika weggesteek het. Alhoewel sommige vriende, soos Peter Voges en Abrahamse se dogters, sy gay-identiteit as 'n “oop geheim” beskou het (Voges 2015; Abrahams 2015; Rushin 2015), het hy gekies om nooit hieroor in sy briewe te skryf nie, en dit wil voorkom of Jephtas en Abrahamse in hierdie verband wedersyds die skyn van sy heteroseksualiteit voorgehou het. Abrahamse se dogters meen egter dat sy altyd geweet het dat Jephtas gay is, maar gekies het om dit nie te bespreek nie, en toe hy duidelik siek geword het as gevolg van vigs, wou sy dit nie sien nie (Abrahams 2015; Rushin 2015). In sy briewe het Jephtas enige leidrade wat in daardie rigting kon dui, weggelaat en aspekte soos wie sy vriende was, of besonderhede oor sy sosiale lewe, is nooit genoem nie. Ek vermoed dat hy selfs so ver gegaan het om voor te gee dat hy heteroseksueel is. In 1982 het hy byvoorbeeld verwys na die vrou in sy lewe (Jephtas 1982) en volgens Abrahamse se dogters het hy ’n foto van homself en ’n heelwat ouer Afro-Amerikaanse vrou vir hulle gestuur. By nadere ondersoek blyk dit dat hy inderdaad in 1980 met ’n Afro-Amerikaner getrou het, maar dat hy dit gedoen het om ’n werksvergunning in die VSA te kry (Hartman 2015; Abrahams 2015; Rushin 2015). Dit is egter nooit so in sy briewe gestel nie, en gegewe die gebrek aan duidelike bewyse van sy homoseksualiteit, sou lesers van sy briewe weinig aansporing hê om verdere ondersoek in te stel. Gerugte van sy huwelik is ook bevestig in ’n kopie van ’n brief deur die Eoan Groep se voorsitter Ismail Sydow aan Jephtas wat in die Eoan Groep-argief gevind is. In die brief word Jephtas geluk gewens met sy huwelik en ’n lang, gelukkige en voorspoedige getroude lewe toegewens (Sydow 1980), ’n teks wat sy gewaande heteronormaliteit bevestig.

Onderhoude met voormalige kollegas en vriende in Europa en die VSA het egter laat blyk dat Jephtas in die buiteland wel uit die kas geklim het. Wanneer dit gebeur het en hoe hy daaraan vorm gegee het, is op hierdie stadium moeilik om vas te stel, maar e-pos-kommunikasie met kennisse en kollegas uit sy tyd by die Zürich-operahuis (waar hy tussen 1973 en 1978 jaarliks kontrakte gehad het), het laat blyk dat hy sy gay-identiteit nooit verberg het nie (Luethi 2015; Jung 2015; Okazaki 2015). Volgens die Suid-Afrikaanse tenoor Sidwell Hartman (ook ’n voormalige lid van die Eoan Groep), wat in 1984 en 1985 by die Juilliard Skool vir Musiek in New York gestudeer het en vir wie hy by geleentheid begelei het, het Jephtas ’n openlike gay lewe geleef met ’n groot vriendekring bestaande uit gays. Hy het in hierdie tyd ’n huurwoning in die Ansonia Hotel in New York gehad en dit met ’n vriend gedeel (Hartman 2015).

Hartman het ook die indruk gekry dat Jephtas in die VSA polities meer uitgesproke was as in Suid-Afrika en vertel dat Jephtas uit hoofde van sy politieke oortuigings nou betrokke was by die Afro-Amerikaanse operagroep Opera Ebony. In sy briewe aan Abrahamse van die laaste paar jaar voor sy dood is dit ook duidelik dat hy homself meer vry uitgespreek het ten opsigte van politiek, maar sy angs dat hy Abrahamse as gevolg van sy uitgesprokenheid as vertroueling sou verloor, is ewe duidelik uit die korrespondensie (Jephtas 1988). Bekendes en kollegas tuis het hom steeds as stil en privaat ervaar. Dit is duidelik dat hierdie eienskap van sy persoonlikheid in sy jare in die buiteland, veral in die VSA, verander het, en volgens Hartman was Jephtas in New York uitgesproke, “larger than life” en professioneel suksesvol (Hartman 2015). Dit is duidelik dat sy verhouding met Suid-Afrika een van ’n dubbele lewe was; openlik gay en professioneel suksesvol in die buiteland, in die kas en met vele professionele teleurstellings in apartheid-Suid-Afrika.

 

3. Divas en operaqueens

In teenstelling met die afwesigheid van enige verwysing na sy gay-identiteit in sy briewe, staan opera, sangeresse, die kwaliteit van hul stemme en vertolking op die voorgrond. Buiten vele gedetailleerde besprekings van die stemkwaliteit, toon en performatiwiteit van die soprane wat hy in produksies beleef het of met wie hy gewerk het, toon sy briewe ’n buitengewone fokus op twee sangeresse: Maria Callas en May Abrahamse. Ek interpreteer hierdie fokus as ’n manifestasie van divaverering – die obsessiewe bewondering en aandag wat vroulike sangers (van ’n verskeidenheid musikale formate, wat opera, musiekblyspele, country-, pop- en rockmusiek insluit) uit die LGBT-gemeenskap ontvang. Hoewel skrywers oor die onderwerp aantoon dat sulke verering nie beperk is tot LGBT-georiënteerde groepe nie en dat nie almal wat hulself as deel van die LGBT-groepering beskou, noodwendig omgee vir divas nie, kom die bespreking van divaverering byna uitsluitlik in gayliteratuur voor.10

Divaverering as ’n verskynsel met spesifieke eienskappe en ’n unieke omgangstaal is reeds deur verskeie akademici ondersoek. Hieronder tel Mitchell Morris (1995), Brett Farmer (2005, 2007), Wayne Koestenbaum (1994), Daniel Harris (1996), Vito Russo (1987) en Edward O’Neill (2007), van wie slegs Morris ’n musikoloog is; die ander is literêre kritici, antropoloë en filmkundiges.11 Divas wat die onderwerp van sulke verering is, word dikwels gekarakteriseer as vrouens met sterk persoonlikhede, wat ’n openlike vroulike seksualiteit uitstraal, glansryk, flambojant en onafhanklik is en die vermoë besit om sukses te behaal ten spyte van persoonlike teenspoed en moeilike omstandighede. Dit is duidelik dat beide Callas en Abrahamse veel hiervan vir Jephtas verteenwoordig het. Die manier waarop dit in sy briewe na vore kom, sal in die volgende deel van hierdie artikel in meer besonderhede geïllustreer word.

Die rol wat die diva in gaykultuur speel, word heel uiteenlopend deur skrywers beskryf en illustreer die veelkantige en hoogs persoonlike aard van divaverering. Farmer, O’Neill en Harris vertel byvoorbeeld hoe die gewaarwording van hulle gay-identiteit gepaard gegaan het met die ontdekking van die belangrike rol wat vroulike glanspersoonlikhede soos Julie Andrews, Marlene Dietrich of ander Hollywood-sterre in hul lewens gespeel het. Farmer beskryf hoe sy keuse van Andrews as heldin vir ’n klasopdrag hom reeds as tienjarige kind deur ander kinders as gay laat kenmerk het. Dit was sy voorliefde vir haar wat sy skoolmaats die leidraad gegee het dat hy gay is en nie die uitleef van die aangetrokkenheid tot ’n ander seun nie (Farmer 2005:165). In sy artikel “Julie Andrews made me gay” fokus Farmer op die diva se sterk persoonlikheid as gevolg waarvan sy te midde van moeilike omstandighede sukses kan behaal. Hy skryf: “[She] was in abundant possession of one vital element that might be claimed as a foundational imperative of diva worship: transformational empowerment” (Farmer 2007:145) en meen dat die diva se aanspraak op sukses in die vermaaklikheidswêreld en haar vermoë om die status quo van die patriargale sisteem te ondermyn, by baie gays bewondering afdwing. “It is for this reason that the diva remains, even today, a profoundly provocative figure — the (post)feminist era may be decades advanced but the woman who dares to lay public claim to expressive entitlement has lost little of her capacity to ruffle sociopolitical feathers. It is also why she has been such a stalwart focus of queer attention” (Farmer 2007:146).

Wayne Koestenbaum se boek The queen’s throat word in sy geheel aan divaverering gewy en hy sluit ’n aparte hoofstuk oor die “Callas Cult” in. Hy voer aan dat haar vroeë dood haar reeds legendariese status verder versterk het en haar verbind met eienskappe kenmerkend van die donker kant van gaykultuur, temas wat ook resoneer met die verhaal van Jephtas se lewe: voortydige afsterwe, alleenheid en die kortstondigheid van hul aardse bestaan (Koestenbaum 1994:134).

Daniel Harris (1996:168) bevind dat die buitengewone en eksotiese wêrelde wat divas verteenwoordig, dien as “a protective enclave that promised immunity from shame, beckoning me with the broadmindedness and indulgence of sexual eccentricities”. In hierdie opsig bied divaverering ’n ruimte waar gays kan ontsnap aan die gevreesde vergelding wat hulle in heteronormatiewe samelewings dikwels ervaar en ’n wêreld (al is dit net verbeel) waar alternatiewe seksuele keuses moontlik is. ’n Ander eienskap van divaverering wat in Jephtas se bewondering vir Callas van spesifieke belang is, is wat O’Neill beskryf as die fisieke performatiwiteit van die solis. Hy skryf: “I would not deny for a moment that I, as a gay man, receive one of the key props and supports for my very being from the diva. Gay men and divas, fags and femmes fatales: we are bound together by a logic we yet dimly understand. But it is not the diva’s image that supports my being as a gay man; it is a real historical woman’s performance, her labor, to be specific” (O’Neill 2007:14).

Morris (1993:188) stem hiermee saam en noem dat die sangeres se musikaliteit en toneelspel deurslaggewend is vir haar status as diva in die gaygemeenskap en dat hierdie eienskappe deel word van haar persoonlikheid en mistieke aantrekkingskrag.

Divaverering word nou verbind met die konsep van die operaqueen. Die Routledge international encyclopedia of queer culture (Gerstner 2006:441) beskryf die operaqueen as ’n gay persoon wat ’n obsessie het met die wêreld van opera wat die geïdealiseerde figuur van die prima donna passievolle toewyding gee. In ’n tyd toe gaykultuur in die Weste nog as taboe beskou is, is sulke indompeling in die wêreld van opera, soos Harris hier bo argumenteer, gesien as die terugtrek uit ’n vyandige omgewing, maar ook as ’n diskrete aanduiding van alternatiewe seksuele voorkeure. Die Queen-sanger Freddie Mercury se samewerking met die operaster Montserrat Caballé word as voorbeeld hiervan genoem.

In sy artikel “Reading as an opera queen” (1993) belig Morris, wat homself as gay identifiseer, maar spesifiek noem dat hy nie ’n operaqueen is nie, drie eienskappe van belang in die wêreld van die operaqueen wat in meerdere of mindere mate in Jephtas se briewe herkenbaar is; die aspekte van opera wat vir die operaqueen belangrik is, die manier waarop daaroor gepraat word en die rol wat opera in die lewens van operaqueens speel.12 Morris (1993:187) voer aan dat die kultus van die sangeres die middelpunt van die estetika van die operaqueen is en stel dit dat “all else pales beside the figure of the prima donna, who is from the opera queen’s point of view the dominant figure in every opera of any importance.”

Die gewildheid van operasangers by gehore oor die algemeen is natuurlik ’n ou verskynsel, waar manlike sangers net soveel opgehemel word as vroulike sangers, maar Morris meen dat operaqueens tenore en basse nooit met dieselfde intensiteit bejeën as vroulike sangers nie. In die geval van Jephtas is hierdie eienskap inderdaad opvallend. In 1973 het hy byvoorbeeld met die wêreldbekende Bulgaarse bas Boris Christoff gewerk en al wat hy aan Abrahamse oor hom te sê gehad het, was dat die sanger ’n trae 58-jarige gryskop was wat so ingenome met homself was dat dit geen plesier was om met hom te werk nie (Jephtas 1973b). Oor Placido Domingo het hy in 1972 opgemerk dat die sanger vriendelik teenoor hom was, maar het nie ’n woord gerep oor die kwaliteit van sy sang of sy stem nie (Jephtas 1972a). Dieselfde geld vir die tenoor Franco Corelli, met wie hy oor ’n aantal jare in die vroeg 1970’s gewerk het en oor wie hy slegs in een brief uitbrei (Jephtas 1973c).

Luciano Pavarotti, met wie Jephtas in die 1980’s gewerk het toe Pavarotti reeds ’n superster was, kry selfs minder aandag. Buiten die foto van hulle saam (figuur 4), is Pavarotti in Jephtas se briewe slegs ’n naam op die lang lys van sangers vir wie Jephtas indertyd stemafrigting gegee het (Jephtas 1981).

In teenstelling hiermee verskaf Jephtas gedetailleerde rapportering oor sy eerste ontmoeting met Renata Tebaldi in 1973 toe hy gekontrakteer is om haar en Corelli in twee konserte te begelei (Jephtas 1973a). Ná die konserte het hy weer ’n solokonsert van Tebaldi bygewoon sodat hy as toeskouer haar tegniek, die toonkleur van haar stem, haar repertorium, liggaamshouding en gesigsuitdrukkinge en die manier waarop sy die gehoor se applous hanteer, kon gadeslaan en aan Abrahamse daarvan kon vertel (Jephtas 1974).

Fig-4-Pavarotti-and-Jephtas

Figuur 4. Gordon Jephtas en Luciano Pavarotti. Gebruik met toestemming van die Abrahamse-familie.

Volgens Morris (1993:190) word die omgangstaal wat operaqueens gebruik om oor opera te praat, gekenmerk deur ’n dubbelsinnigheid waar kritiek en kompliment tegelykertyd aanwesig is en ’n toon “somewhere between histrionics and hysteria”. Hoewel hierdie karakterisering ongemaklik naby aan stereotipering kom, is Jephtas se beskrywinge van Callas en vele ander soprane inderdaad behoorlik krities, maar stel hy dit op so ’n manier dat dit nie afbreuk doen aan sy bewondering vir hulle nie. Jephtas se beskrywing van Joan Sutherland in 1966 weerspieël dit goed:

I saw Sutherland in concert – she is monstrously huge and wore a wide black flowing coat over a white gown which made her look 6 feet broad compared to her husband who is lean and looked more in character with the music than she. But my God, when she opens her mouth one really has an object lesson in bel canto – a smooth legato, full blooded tone, firm sound from bottom to top (with the exception of E[flat] and above which change their colour). And it’s not a white voice but round and wonderfully full. But she has no sense for words, and quite frankly her recitatives would have been fearfully boring if it weren’t that one was enchanted by the sounds. In the more passionate moments her gestures consisted of raising her left hand and stretching her five fat little fingers. She does evoke great excitement in scales and those famous trills are very down to earth. I got the impression with her curtain calls [that] well, if you didn’t like it, tough luck, but I had a whale of a time. (Jephtas 1966c)

Die trant en fokuspunte van hierdie aanhaling kom deurgaans in sy briewe voor. Buiten die teatrale formulering, is Jephtas se beskrywings van die sangeresse waarna hy geluister het, Abrahamse inkluis, buitengewoon gedetailleerd en bevat uitgebreide beskrywings oor besonderhede soos stemtegniese aspekte, interpretasie, toonkleur, suiwerheid van intonasie, diksie, dramatiese vermoëns en verhoogpersoonlikheid. Verder het Jephtas waarskynlik absolute gehoor gehad en oor diepgaande kennis van operarolle beskik, want hy gee telkens die presiese toonhoogtes aan van een of ander aspek van ’n melodiese lyn wat hy in ’n uitvoering raak gehoor het.

Morris se bespreking van die redes waarom opera so ’n sterk fassinasie vir die gaygemeenskap inhou, stem in vele opsigte ooreen met die argumente van Farmer, Brett en O’Neill soos hier bo reeds uiteengesit, maar hy fokus veral op opera as uitlaatklep van onderdrukte gevoelens. Hy meen dat dit geen wonder is dat operaqueens soveel tyd en energie in opera belê nie. Opera as formaat blyk ’n katartiese middel te wees vir die emosionele intensiteit wat sentraal staan in die geleefde ervarings van gays in onderdrukkende sosiale en politieke omgewings. Hy haal die skrywer Evan Martinson aan:

Gays, even the most liberated, have each lived part of their lives in a vise, a tension between what society urged and what their own needs demanded. In each of us [...] was born a tendency, perhaps, to hold back on certain types of self-expression, at least in general company. Few of us, I put it to you, entirely outgrow that. Hence much gay creativity, bubbling up, inspired by the long repression, and hence our thrill at opera’s explosions of bare feeling, the sublime musical metaphor for passion. (Martinson in Morris 1993:193)

Dit is belangrik om Morris se redevoering teen die agtergrond van gay-onderdrukking in die dekades voor die 1990’s te kontekstualiseer. Sy artikel het in 1993 verskyn en is geskryf vanuit ’n ervaringswêreld waarin gay-identiteit net begin het om in sommige dele van die wêreld met groter verdraagsaamheid aanvaar te word. Sy verwysingsraamwerk is histories, polities en sosiaal verteenwoordigend van die wêreld waarin Jephtas geleef en gewerk het.

 

4. Die divas: Maria Callas en May Abrahamse

Maria Callas (1923–1977) het gedurende die 1950’s en 1960’s die operawêreld aan haar voete gehad en kan beskou word as een van die mees gevierde sangeresse van haar generasie. Die verering wat sy van gay volgelinge ontvang het, kan aan verskeie faktore toegeskryf word, waarvan haar persoonlike transformasie ’n belangrike aspek was: van ’n lomp en oorgewig tiener met groot stemtegniese probleme het sy haarself deur harde werk en buitengewone dissipline omskep tot ’n glansryke operaster met ’n gesofistikeerde openbare persona. Sy het haar stem aan geweldige eise onderwerp en in ’n era toe sangers hulle min aan toneelspel gesteur het, het sy dit gebruik om die dramatiese inhoud van elke rol tot in die fynste besonderhede na vore te bring (Cowgill 2006:118). Jephtas het Callas vir die eerste keer op die verhoog ervaar toe haar stem, waarskynlik as gevolg van te veel en te hoë eise, reeds probleme begin toon het, maar volgens Jephtas het selfs dít bygedra tot die dramatiese effek van haar vertolking.

Tydens sy heel eerste besoek aan Europa vroeg in 1964 het hy twee opvoerings van die nou bekende Franco Zeffirelli-produksie van Puccini se Tosca in Covent Garden bygewoon met Callas in die titelrol, Tito Gobbi as Scarpia en Renato Cioni as Cavaradossi. Dit was liefde by die eerste aanblik en die woorde “she was everything I desire and wish for in a singer” (Jephtas 1964a) is iets wat hy nooit weer oor enige ander sangeres sou skryf nie. Hy beskryf hierdie uitvoerings in buitengewone besonderhede en illustreer sy omvattende begrip van die stem, die formaat van opera, sy verstaan van hoe vokale klank op die verhoog gedramatiseer word en sy vermoë om die foute van ’n sanger soos Callas in fokus te bring sonder om afbreuk te doen aan die eindelose bewondering wat hy vir haar gehad het. Die vergestalting van die performatiwiteit van die stem en ’n sanger se toneelspel (soos beskryf deur O’Neill vroeër in hierdie artikel) vind mens terug in Jephtas se beskrywings van Callas se uitvoering van “Vissi d’arte” tydens albei opvoerings. Oor die opvoering van 30 Januarie skryf hy:

“Vis[s]i d[‘]arte” was for most part sung standing up. […] She sings it with practically no over-emotionalism and only during the latter half when she sits on the chair does she make is [it] desperate. The high B[flat] is sung sitting down – a very embarrassing wobble. The A[flat] wobbled went out of tune and consequently the G wobbled and moved further from the required pitch. [And] no attempt to make a diminuendo from A[flat] to G. […] Well [that] makes two people who have difficulty with this damned aria – May Abrahamse and Callas. (Jephtas 1964a)

Op 5 Februarie vertel hy van die tweede opvoering wat hy bygewoon het:

Her “Vis[s]i d[‘]arte” was as bad as last time if not worse – she had to cut her high B[flat] short because it became unmanageable, but her body was working hard so one didn’t mind. She tried a diminuendo at the end – it didn’t come off. I could write a book about her vocal faults and difficulties but they don’t matter because she has the knack of incorporating her faults to inflict the drama. If she were any other singer singing as badly […] she would in all probability have been booed. (Jepthas 1964b)

In later jare is soortgelyke waarnemings oor Callas se vokale probleme deur kenners gepubliseer, maar as ’n mens in gedagte hou dat hierdie opvoering Jephtas se eerste kennismaking met operaproduksie op die Europese verhoog was, is sy waarneming buitengewoon skerp. In die jare tot haar dood sou Callas sy lieflingsangeres bly en byna geen brief het nie op een of ander manier na haar verwys nie. Jephtas het haar altyd “La Callas” genoem, haar opnames en uitvoerings (of gebrek daaraan) bespreek, besonderhede van haar persoonlike lewe wat hy in die koerante gelees het, aan Abrahamse gerapporteer of knipsels oor haar aangestuur. Hy het Abrahamse ook gedurig aangemoedig om Callas se opnames in die hande te probeer kry en uit haar vertolkings te leer.

Hoewel Jephtas met heelwat van Callas se tydgenote (soos Tebaldi, Souliotis en later Sutherland) gewerk het, was die naaste wat hy ooit aan haar gekom het, deur die vertellinge van sangers of regisseurs met wie Callas gewerk het. In Maart 1973 het Jephtas byvoorbeeld ’n kontrak gehad by die Lissabon-operahuis, waar die regisseur Nicola Rescigno, saam met wie Callas ’n paar jaar tevore Puccini se Madama Butterfly by die Chicago Lyric Opera uitgevoer het, ook vir die seisoen aangestel was. Tydens ’n ete ná een van die repetisies is daar uitgebreid oor Callas gesels, waarna Jephtas die gesprek in die fynste besonderhede per brief aan Abrahamse beskryf het. Die effek wat sy bewondering vir haar op hom gehad het, word duidelik uit hierdie aanhaling: “Knowing my admiration for [Callas], you can imagine how I sat open mouthed, taking everything in from somebody sitting across me at dinner table who is as friendly artistically with the great diva as you and I are” (Jephtas 1973c).

Fig-5-Callas-Tosca-1964

Figuur 5. Maria Callas as Tosca in die 1964-produksie van Puccini se gelyknamige opera.

Jephtas se brief van 31 Januarie 1964 illustreer die projeksie van hierdie bewondering op Abrahamse wanneer hy afsluit met die woorde: “We’ll make a Callas of you yet!!” (Jephtas 1964a).

Die divakwaliteite wat Abrahamse vir Jephtas ingehou het, is egter anders as dié van Callas. Terwyl Callas soos ’n godin in sy daaglikse bestaan gefunksioneer het, was Abrahamse ’n vertroueling wat sy kulturele herkoms en passie vir opera gedeel het en een van die weinige konstante persone in sy lewe. Selde het ’n brief nie sy vreugde verwoord oor die briewe wat hy van haar ontvang het nie. Alhoewel hul vriendskap sy eie kompleksiteite geken het, was Abrahamse ook die naelstring met Suid-Afrika. Sy was ook een van die min mense wat sy ambivalensie teenoor sy geboorteland, waar sy verlange om daar te werk moes opweeg teen sy onwilligheid om homself aan ander se agendas te onderwerp, verstaan het.

Abrahamse was 13 jaar ouer as Jephtas en sy eerste ervaring van haar op die verhoog was toe hy in 1956 as dertienjarige die Eoan Groep se opvoering van La Traviata met Abrahamse in die rol van Violetta in die Kaapstadse stadsaal bygewoon het (Birch 1987). Sy bewondering vir haar staan reeds in sy heel eerste brief aan haar na ’n konsert in 1962 op die voorgrond: “Your performance undoubtedly was one of the highlights of the evening. Your singing – pianissimos soaring through the restaurant; the dramatic qualities and the voice was very impressive; and certainly most enjoyable and pleasant – my congratulations!” (Jephtas 1962).

Hierdie bewondering vir haar bly tot sy dood oorvloedig in sy briewe aanwesig. Selfs die adressering op koeverte gee met eerste oogopslag ’n idee van hoe diepgesetel divaverering deel van sy persoonlikheid was. Vanaf 1969 het hy altyd haar naam op die koeverte met beskrywende Italiaanse titels opgetooi wat formuleringe insluit soos “Alla Gentile Signora”’ (Aan die Sagmoedige Dame), “Pregiatissima Signora” (Edele Dame), “Esimia Signora” (Voortreflike Dame), “Gentilissima” (Mees Sagmoedige), “Distinto” (Vername) en “Distinta Artista” (Uitnemende Kunstenares).

Vanweë die politieke, sosiale en artistieke isolasie waarin Eoan-sangers hulle tydens die apartheidsjare bevind het, was dit moeilik vir iemand soos Abrahamse om by goeie sangonderrig uit te kom. In haar jong jare het sy by Billie Jones les geneem en later by Olga Magnoni, maar sy het nooit by enige van die sangonderwysers by die Operaskool van die Universiteit van Kaapstad, soos Gregorio Fiasconaro of Désirée Talbot, les gehad nie. Sy het ook vanaf 1968 tot 1972 met haar gesin na Durban verhuis toe haar man, Jonathan Rushin, daar gewerk het. In Durban was daar vir ’n bruin operasangeres nog minder moontlikhede om professioneel op te tree as in die Kaap en het sy slegs enkele solokonserte gegee.

In Oktober 1971 het sy op kontrakbasis vir Eoan tydens hul negende operaseisoen die rol van Nedda in Leoncavallo se I Pagliacci gesing. Die gebrek aan goeie onderwysers was dikwels ’n onderwerp van bespreking in hulle briefwisseling en Jephtas het reeds vanaf 1964 die rol van stemafrigter en onderwyser vir haar oorgeneem. Sy het kassetopnames van haar sang vir hom aangestuur en hy het per brief of kasset geantwoord. Op hierdie manier het hulle vir langer as ’n dekade gewerk en het Jephtas haar vir verskeie konserte en operarolle voorberei.

Dit is in sy terugvoer aan haar dat sy divaverering en die eienskappe kenmerkend van ’n operaqueen, soos beskryf deur Morris vroeër in hierdie artikel, steeds herkenbaar is. In die eerste van vele sulke briewe skryf hy byvoorbeeld: “I shall raise the Union Jack when you are able to execute the trill in ‘D’amore’ starting with 3 notes, a trill and then a turn of four notes instead of the painful wobble we have to contend with. Admittedly it is infinitely better than Tebaldi who simply does not bother to trill, but however, it is still objectionable” (Jephtas 1964c). As hoogtepunte van hulle samewerking tel die twee uitvoerings wat Abrahamse met Jephtas as begeleier op 7 Augustus 1971 in die Indian Cane Grower’s Saal by Sultan College in Durban, en weer op 3 Maart 1979 in die destydse Nico Malan Skouburg (nou Kunstekaap) in Kaapstad, gegee het.13

Alhoewel Jephtas selde negatiewe kommentaar oor Eoan-sangers uitgespreek het, was hy van mening dat Abrahamse die enigste een was wat werklik ’n kunstenaar was en verstaan het wat dit beteken het om ’n operasanger te wees (Jephtas 1968). Die briewe dui aan dat sy deurentyd na hoër en meer uitnemende standaarde in haar sangloopbaan gestreef het en nie tevrede was met “flattering newspaper critics” nie (Jephtas 1967), dít ten spyte van die omstandighede wat haar afgesny het van professionele opleiding en van geleenthede om in die openbaar op te tree.14 In 1990, na jare van ondervinding met wêreldbekende soprane soos Renata Tebaldi, Montserrat Caballé, Elena Souliotis, Leontyne Price, Marilyn Horne en Joan Sutherland, skryf hy aan Abrahamse (sy was teen hierdie tyd 60 jaar oud):

One thing I am so thrilled about is that you are still singing. […] The only time to begin thinking about quitting would be when the audience no longer applauds you – and applause is something you always got and knew how to get. During our glorious years in the 60s […] I used to be in absolute mouth-wide-open awe of that ability of yours – and, later I saw that only the BIG singers have that knack also. Now I can hardly wait to walk out on stage with you, and sing our songs. (Jephtas 1990a)

Fig-6-Jephtas-and-Abrahamse

Figuur 6. May Abrahamse en Gordon Jephtas tydens hul optrede op 3 Maart 1979 in die Nico Malan Skouburg (destyds slegs vir blankes) in Kaapstad. Gebruik met toestemming van Amanda Botha.

Alhoewel Callas en Abrahamse verskillende posisies in Jephtas se lewe ingeneem het, is daar duidelike ooreenkomste tussen die twee sangeresse ten opsigte van die kenmerke van divaverering. Beide sangeresse het ten spyte van besonder moeilike omstandighede as kunstenaars gefunksioneer, altyd hoër artistieke ideale nagestreef, die toneelspelaspekte van operarolle ernstig opgeneem, en sterk verhoogpersoonlikhede gehad. Vanweë die skaarste aan klankopnames van Abrahamse se sang is dit moeilik om in te skat hoe sy werklik gesing het, maar vir die rol wat sy in Jephtas se lewe gespeel het, is dit nie werklik belangrik nie. Vir hom was sy ’n diva en van groot betekenis vir sy menswees.

 

5. Ten slotte

Om terug te keer na die aanvanklike vraag wat hierdie artikel wil beantwoord, naamlik of divaverering gesien kan word as ’n uitdrukking van Jephtas se verswygde gay-identiteit en, indien wel, of dit geïnterpreteer kan word as ’n bewuste of onbewuste uiting daarvan, wil ek eers weer na die rol van divaverering in gaykultuur verwys. In die lig van bestaande literatuur is dit duidelik dat ’n diva om ’n verskeidenheid redes bewonder word. Vir sommige is sy flambojant en vroulik, vir ander is sy die toonbeeld van emansipasie en selftransformasie, vir die volgende daag sy die patriargale status quo uit, en vir nog ander verteenwoordig sy sukses ten spyte van moeilike omstandighede. Haar beeld dra ook donker aspekte van die gay-ervaring: alleenheid, marginalisering, siekte en vroeë dood. Hoe dit ook al sy, die literatuur dui aan dat divaverering parallel loop met die prosesse van verswyging en erkenning van gay-identiteit. Uit die kas klim verander nie noodwendig die aard of intensiteit daarvan nie. Vandag geniet gayregte in dele van die wêreld, veral in die Weste, heelwat meer erkenning as in die tyd toe Jephtas geleef het, maar die verskynsel van die operaqueen en divaverering bly voortbestaan. Vroulike vermaaklikheidspersoonlikhede geniet steeds groot aanhang in die gay-gemeenskap en verteenwoordig kwaliteite wat gays nie by manlike kunstenaars vind nie. Van Jephtas kan gesê word dat sy intense bewondering vir Callas en Abrahamse nie verminder het nadat hy uit die kas geklim het nie. Aspekte van hul lewens waarmee hy waarskynlik geïdentifiseer het, sluit in isolasie, moeilike lewensomstandighede, die oorkoming daarvan deur uithouvermoë en harde werk, en bowenal, ’n groot passie vir die stem en opera. Of Jephtas sy gay-identiteit op ’n direkte of eerder onbewuste manier aan Abrahamse wou kommunikeer, is dus eintlik arbitrêr.

Die vraag of Jephtas se divaverering ’n aanduiding van sy gay-identiteit was, kan met meer oortuiging beantwoord word. Tipiese eienskappe van die operaqueen, soos uiteengesit deur Morris, is duidelik en volop in Jephtas se briewe teenwoordig. Die fyn balans tussen bewondering en kritiek vind in ’n teatrale skryfstyl deurgaans ’n plek in sy briewe. ’n Paar jaar voor sy dood reageer hy byvoorbeeld op ’n foto van Abrahamse wat sy aan hom gestuur het en illustreer hierdie eienskappe weer eens goed:

Shit, May, you look radiant, fabulous, poised, calm, sure of yourself and very sure of your skills & your profession. The smile is magnificent, professional and oh so theatrical. And [...], you are photogenic. And the hands (those big, ugly hands stately reposed and making a photographic statement – you are brilliant – you give the impression that you love your art. My respects & admiration to you!!!!!!!). (Jephtas 1987b)

Die vraag wat hieruit voortspruit, is waarom Jephtas dit tot aan die einde van sy lewe nodig geag het om alle leidrade wat die vermoede oor sy seksuele oriëntasie sou kon bevestig, van Abrahamse en ander weggehou het. Die manier waarop Jephtas sy gay-identiteit ervaar en uitgeleef het, is ’n aspek waaroor dit gevaarlik is om aannames te maak, en navorsers (veral historici wat gaygeskiedenisse dokumenteer, soos in die geval met hierdie artikel) kom dikwels onder skoot vanweë ’n te maklike stereotipering. Wat egter wel uit Jephtas se volgehoue verswyging afgelei kan word, is dat dit iets sê oor die aard van die vriendskap en die sosiale en professionele ruimte wat Suid-Afrika indertyd vir Jephtas was. Suid-Afrika was gedurende die apartheidsjare, veral in die professionele domein, ’n uiters onwelkome plek vir ’n bruin gay man wat boonop vigs opgedoen het. Jephtas sou na alle verwagting moeite gedoen het om die kollektiewe veroordeling oor vigs te vermy, en enige inligting wat hom sou kon kompromitteer, het hy moontlik uitgelaat. Die heersende sosiale klimaat van daardie era had ook ’n invloed op wat openlik bespreekbaar was, en potensieel gelaaide onderwerpe soos politiek en seksuele oriëntasie was waarskynlik nie deel daarvan nie. Navorsing wat vir hierdie artikel gedoen is, bied ook insigte oor die aard van die vriendskap en karaktereienskappe van Jephtas en Abrahamse waaruit afgelei kan word dat Abrahamse gesprekke rondom politiek en gay-identiteit gesensureer het (Rushin 2015; Abrahams 2015; Voges 2015). Dit is duidelik dat hulle vriendskap gebaseer was op hul gedeelde liefde vir opera, hul gemeenskaplike geskiedenisse en die betekenis wat elk vir die ander gedra het.

Alhoewel Abrahamse se briewe aan Jephtas nie behoue gebly het nie, is dit duidelik dat hy ewe veel vir haar beteken het. In ’n tyd toe sy in geweldige artistieke afsondering geleef het, het sy briewe haar deurentyd gestimuleer om aan te hou sing (Rushin 2015). Ten spyte van haar onwilligheid (of miskien onvermoë) om oor gelaaide onderwerpe te praat, is die feit dat sy elkeen van die 141 briewe en poskaarte en vele kassetopnames wat sy van hom ontvang het, bewaar het, ’n aanduiding van die waarde wat hy vir haar ingehou het. In 2009, 17 jaar na sy dood, het sy die volgende oor hom gesê: “Oh, I loved him to bits. I mean he’s still alive. [...] He passed away, but to me he’s still alive” (Eoan History Project 2013:104).

 

Bibliografie

Abrahams, W. 2015. Onderhoud deur skrywer met Wendy Abrahams, Crawford, Kaapstad, 11 Mei. Eie versameling.

Birch, L. 1987. Utah Opera names music director. The Salt Lake City Tribune, 19 Julie.

Blanckenberg, E. 2009. The music activities of the Cape Performing Arts Board. Ongepubliseerde MA-verhandeling, Universiteit Stellenbosch.

Botha, A. 1992. Ons groet Gordon Jephtas met hartseer. Rapport Metro, 12 Julie.

Chetty, D.R. 1994. A drag at Madame Costello’s: Cape moffie life and the popular press in the 1950s and 1960s. In Gevisser en Cameron (reds.). 1994.

Cowgill, R. 2006. Callas, Maria. In Gerstner (red.) 2006.

De Villiers, D. 1959. His pupils want Presley – not Verdi. The Cape Argus, 28 Februarie.

Du Plessis, W. 2015. Onderhoud deur skrywer met Winifred du Plessis, Athlone, Kaapstad, 15 April. Eie versameling.

Eoan History Project. 2013. Eoan – our story. Johannesburg: Fourthwall books.

Farmer, B. 2005. The fabulous sublimity of gay diva worship. Camera Obscura, 20(2):164–95.

—. 2007. Julie Andrews made me gay. Camera Obscura, 22(2):144–53.

Gerstner, D.A (red.). 2006. Routledge encyclopedia of queer culture. Londen en New York: Routledge.

Gevisser, M. 1994. A different fight for freedom: a history of South African lesbian and gay organizations from the 1950s to 1990. In Gevisser en Cameron (reds.) 1994.

Gevisser, M. en E. Cameron (reds.). 1994. Defiant desire. Johannesburg: Ravan Press.

Hardine, A. 1992. Klaviermeester van SA sterf aan vigs in Amerika. Die Burger, 6 Julie.

Harris, D. 1996. The death of camp: gay men and Hollywood diva worship, from reverence to ridicule. Salmagundi, 112:166–91.

Hartman, S. 2015. Onderhoud met skrywer. Rondebosch, Kaapstad, 11 Mei. Eie versameling.

Jephtas, G. 1962. Brief aan May Abrahamse, 24 September.

—. 1964a. Brief aan May Abrahamse, 31 Januarie.

—. 1964b. Brief aan May Abrahamse, 5 Februarie.

—. 1964c. Brief aan May Abrahamse, 17 Januarie.

—. 1966a. Brief aan May Abrahamse, 10 Junie.

—. 1966b. Brief aan May Abrahamse, 11 Desember.

—. 1966c. Brief aan May Abrahamse, 27 Maart.

—. 1967. Brief aan May Abrahamse, 1 Oktober.

—. 1968. Brief aan May Abrahamse, 6 Maart.

—. 1970a. Brief aan May Abrahamse, 23 Februarie.

—. 1970b. Brief aan May Abrahamse, 5 Desember.

—. 1970c. Brief aan May Abrahamse, 6 September.

—. 1972a. Brief aan May Abrahamse, 7 Februarie.

—. 1972b. Brief aan May Abrahamse, 6 Junie.

—. 1973a. Brief aan May Abrahamse, 14 September.

—. 1973b. Brief aan May Abrahamse, 31 Maart.

—. 1973c. Brief aan May Abrahamse, 9 Maart.

—. 1974. Brief aan May Abrahamse, 11 Mei.

—. 1981. Brief aan May Abrahamse, 22 Oktober.

—. 1982. Brief aan May Abrahamse, 11 Julie.

—. 1987a. Brief aan May Abrahamse, 26 Mei.

—. 1987b. Brief aan May Abrahamse, 12 November.

—. 1988. Brief aan May Abrahamse, 8 Februarie.

—. 1990. Brief aan May Abrahamse, 31 Augustus.

Johnston, G. 2002. Geographies of the closet: the lives of Paul Monette. Biography, 25(1):171–79.

Jung, R. 2015. E-pos-onderhoud met skrywer. Zürich, 13 April. Eie versameling.

Koestenbaum, W. 1993. The queen’s throat: opera, homosexuality, and the mystery of desire. New York en Londen: Poseidon Press.

Kosofsky Sedgwick, E. 1990. Epistemology of the closet. Berkeley en Los Angeles: University of California Press.

Luethi, J. 2015. E-pos-onderhoud met skrywer. Zürich, 7 Mei. Eie versameling.

Morris, M. 1995. Reading as an opera queen. In Solie (red.) 1995.

Okazaki, K. 2015. E-pos onderhoud met skrywer. Honolulu, 30 Mei. Eie versameling.

O’Neill, E.R. 2007. The M-m-mama of us all: divas and the cultural logic of late ca(m)pitalism. Camera Obscura, 22(2):9–37.

Roos, H. 2010. Opera in the Western Cape: strategies toward indigenization. Ongepubliseerde PhD-proefskrif, Universiteit Stellenbosch.

Rushin, T. 2015. Onderhoud met skrywer. Heathfield, Kaapstad, 11 Mei. Eie versameling.

Solie, R.A. (red.). 1993. Musicology and difference. Berkeley, Los Angeles en Londen: University of California Press.

Sydow, I. 1980. Brief aan Gordon Jephtas, 16 Februarie. Ruth Fourie-plakboek, Eoan Groep-argief.

Tribute to the maestro Gordon Jephtas. 1992. Eoan Groep-argief, boks 55, lêer 451.

Voges, P. 2015. Onderhoud met skrywer. Vishoek, Kaapstad, 24 Februarie. Eie versameling.

 

Eindnotas

1 Abrahamse woon tans by haar dogter Wendy Abrahams in Crawford, Kaapstad. Met die aanvang van die navorsingsprojek oor Jephtas was Abrahamse reeds geruime tyd met Alzheimersiekte gediagnoseer. (Om verwarring te voorkom in verband met die korrekte spelling van vanne in hierdie artikel moet genoem word dat Wendy se getroude van Abrahams is, wat ten opsigte van spelling effens verskil van haar ma se van, Abrahamse.)

2 Die korrespondensie strek van 1962 tot 1990 en word tans voorberei vir publikasie in boekformaat. Kopieë van die briewe is in die Eoan Groep-argief by die Dokumentasiesentrum vir Musiek by die Universiteit Stellenbosch (DOMUS) opgeneem. Alle onderhandelinge in verband met die beskikbaarstelling van Jephtas se briewe vir navorsing is in oorleg met Abrahamse se dogters, Wendy Abrahams en Trudy Rushin, gevoer. Afsprake in verband met die beskerming van vertroulike of sensitiewe inligting, die publikasie van die briewe en die medewerking van Abrahams en Rushin is kontraktueel vasgelê.

3 Die noodwendigheid van opleiding en verblyf in die buiteland vir Suid-Afrikaanse musici wat ’n loopbaan in klassieke musiek wil volg, is nie uniek tot Jephtas nie. Tot vandag toe is daar steeds vele Suid-Afrikaanse musici wat in die buiteland werk vanweë die gebrek aan blootstelling of professionele moontlikhede in hul geboorteland, ongeag velkleur. Gedurende die apartheidsjare was dit vir bruin klassieke kunstenaars egter baie moeilik om dieselfde professionele opleiding as wit musici in Suid-Afrika te kry en professionele werksgeleenthede by die kunsterade of universiteite was net vir blankes beskore. Die enigste bruin kunstenaar wat in die 1960’s ’n professionele loopbaan in Suid-Afrika gehad het, was die balletdanser David Poole, wat dit reggekry het om homself tydens sy jare as danser by die Royal Ballet in Londen deur die Suid-Afrikaanse owerhede tot blank te laat verklaar (Eoan History Project 2013:36–7). Poole was vanaf 1960 tot 1990 by die balletskool van die Universiteit van Kaapstad betrokke en was later hoof van Kruik se balletafdeling. Hoewel die kunsterade, soos Kruik en Truk, in die 1980’s vir alle rasse oopgestel is, was die rassespanning in die land hoog en werksgeleenthede vir mense soos Jephtas gelaai met ’n geskiedenis van ongelyke opleiding en moontlikhede.

4 Hierdie en ander data oor Jephtas se lewe is uit sy briewe oorgeneem en nie onafhanklik nagegaan om die betroubaarheid daarvan te bevestig nie. In beginsel is dit wel belangrik om feitelike korrektheid te kontroleer, veral in die lig van die soort sangers met wie Jephtas gewerk het en die aanspraak wat ek as navorser maak oor die belang van Jephtas binne die konteks van die geskiedenis van opera in Suid-Afrika. Waar moontlik is eksterne bronne (soos foto’s, koerantberigte en onderhoude met derde partye) hiervoor aangewend. Die nagaan van basiese feitelike inligting bly egter ’n metodologiese gaping in die projek, maar ook een met groot logistieke uitdaginge. Die toon van die korrespondensie in die geheel moet egter ook in ag geneem word in die beoordeling van die betroubaarheid van die feitelike inligting wat Jephtas aan Abrahamse verskaf. Dit is duidelik uit sy briewe dat Jephtas deurgaans uiters beskeie was en nooit grootdoenerig oor homself geskryf het nie.

5 Renata Tebaldi and Franco Corelli in Vienna. Wenen 1973, Myto Records Italy, ASIN: B00005090M.

6 Foucault was openlik gay en is in 1984 aan vigs oorlede.

7 Jephtas het ’n paar koerantberigte uit die plaaslike pers gekopieer en in ’n brief in Februarie 1988 vir Abrahamse aangestuur. Dit is moeilik om die volledige besonderhede van hierdie knipsels na te gaan, omdat hy die berigte op so ’n manier uitgeknip het dat dit slegs gedeeltelike inligting verskaf oor die oorsprong van die artikels, datum van publikasie en bladsynommers. Die brief in sy geheel gee egter wel die aanduiding dat daar heelwat beriggewing was.

8 Sien byvoorbeeld beriggewing in die New York Times en The Guardian van 24 Mei 1989 en ook in plaaslike koerante, soos Die Transvaler, Die Burger, Die Volksblad en The Argus, van dieselfde datum. As student aan die Departement Musiek van die Universiteit Stellenbosch was ek indertyd wel bewus van die gerugte hieroor.

9 Sien byvoorbeeld “Steven DeGroote (1953–1989): die loopbaan van ’n Suid-Afrikaanse konsertpianis”, ongepubliseerde MMus-verhandeling van Cara Kleynhans. Universiteit Stellenbosch. En ook haar artikel “Die Suid-Afrikaanse konsertpianis Steven DeGroote, die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die Koue Oorlog”. LitNet Akademies, 11(3), Desember 2014. Sien http://www.litnet.co.za/assets/pdf/joernaaluitgawe_11_3/GW_7_Suid-Afrikaanse_konsertpianis_Steven_DeGroote_Van_Cliburn%20_Klavierkompetisie_en_Koue_Oorlog_Kleynhans.pdf. Verskeie webtuistes vermeld egter wel die feit, sien byvoorbeeld die voormalige SAUK radio-omroeper Judith Krummeck se inskrywing op http://www.wbjc.com/2013/host-blogs/remembering-two-great-pianists en ook die Wikipedia-inskrywing oor DeGroote.

10 Hoewel bestaande literatuur operaqueens meestal as amateurmusiekliefhebbers beskryf (sien veral Koestenbaum in hierdie verband), is die gevolgtrekking dat operaqueens slegs amateurs sou wees en dat die woord nie van toepassing is op professionele musici nie, nie oortuigend nie. Morris se uiteensetting van die eienskappe van divaverering en die manier waarop operaqueens daarmee omgaan, is oortuigend van toepassing op Jephtas se korrespondensie (Morris 1993:190). Ek kon egter nog geen literatuur vind wat hierdie onderskeid spesifiek bespreek nie.

11 Die dissipline musiekwetenskap in Suid-Afrika, veral met betrekking tot Westerse klassieke musiek, is in vergelyking met ander dissiplines, soos antropologie, sosiologie en letterkunde, steeds betreklik sku vir studies wat alternatiewe seksuele oriëntasie, begeerte en seks direk bespreek. ’n Aantal belangrike publikasies het in die vroeë 1990’s in die VSA verskyn (onder andere Feminine endings; Musicology and difference; En Travesti: Women, gender subversion, opera en Queering the pitch). In Suid-Afrika het Heinrich van der Mescht in 2002 ’n artikel oor die komponis Hubert du Plessis se sangsiklus Vreemde liefde in die Tydskrif vir Geesteswetenskappe gepubliseer (42(3):156–65) en in 2005 het Gender and sexuality in South African music onder redakteurskap van Chris Walton en Stephanus Muller verskyn. Buiten bogenoemde publikasies en Muller se 2014-biografie oor Arnold van Wyk (Nagmusiek), wat dissiplinêr die tradisionele grense van musiekstudie uitdaag, is daar egter weinig werk op hierdie gebied.

12 Morris erken dat sy bespreking hom aan ’n mate van stereotipering skuldig maak, maar meen dat dit belangrik is om die operaqueen te omskryf omdat “the truth contained in the stereotype tends to suggest a coherent aesthetic stance which is at least partially opposed to that of the majority of the audience (especially those who are musicologists or critics), gay or straight” (Morris 1993:185).

13 Volgens verskeie voormalige Eoan-lede is Abrahamse en Jephtas se uitvoering van 3 Maart 1979 die eerste konsert waar ’n bruin sangeres in die destydse “slegs vir blankes”-Nico Malan Skouburg opgetree het. (Sien byvoorbeeld Eoan History Project 2013:104.) Volgens Elizabeth Blanckenberg was Pieter Abel, ’n bruin (manlike) sanger uit Stellenbosch, die eerste bruin sanger wat in November 1977 ’n solo-uitvoering daar gegee het (Blanckenberg 2009:42–3). Abrahamse was egter ook die eerste en enigste Eoan-sanger wat ooit ’n solo-uitvoering in die Nico Malan Skouburg gegee het.

14 Daar is ongelukkig baie min opnames van Abrahamse beskikbaar wat met professionele apparatuur en in professionele omstandighede gemaak is. Uit Lisba Vosloo se 2012 dokumentêre film oor die Eoan Groep, Eoan 80: Ode aan die opera-era, blyk dit dat daar ’n filmopname bestaan van die groep se opvoering van La Traviata in 1956 waarin Abrahamse Violetta sing, maar toegang tot hierdie materiaal is nog nie beding nie. Die enigste kommersiële CD van die Eoan Groep is hul 1960-opvoering van Rigoletto wat in 2000 deur Donald Graham uitgegee is. Abrahamse het egter nie aan daardie produksie deelgeneem nie. Abrahamse het wel in 1974 saam met die destydse SAUK-orkes onder leiding van Anton Hartman opnames gemaak wat tans by die SAUK-klankargief onder band nommer 19760810 beskikbaar is. In hierdie opname sing sy uittreksels uit operas van Puccini en Verdi en die lied “Heimwee” deur S. le Roux Marais.

The post Briewe aan ’n diva: die verswyging van gay-identiteit in Gordon Jephtas se briewe aan May Abrahamse appeared first on LitNet.

US-konvokasie 2016: Afskeidstoespraak deur Christo Viljoen, uittredende president

$
0
0

christoviljoen650

U sal my verskoon as ek my "mededelings" op ’n persoonlike noot begin.

In 1955 arriveer ek as eerstejaarstudent in die ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch. Dit beteken dat ek so pas ’n 60-jaar-verbintenis met die universiteit voltooi het. Dit is daarom ook die gepaste tyd om afskeid te neem as president van die konvokasie.

Die dag na die opening van die universiteit in my tweede jaar van studie verskyn Die Burger met dié hoofopskrif op die voorblad: “Die US bars uit sy nate met 3 000 ingeskrewe studente”.

Na 60 jaar het die US radikaal verander. Dosente dikteer nie meer nie en studente neem nie meer notas met die hand tydens lesingperiodes af nie. Vakke is nie meer jaarvakke nie en promovering na die volgende jaar is nie meer outomaties op grond van predikate alleen nie. Ingenieurstudente gebruik nie meer skuifliniale vir berekeninge en rekeningkundestudente meganiese optelmasjiene nie, maar draagbare skootrekenaars met kragtige programme. Die maroengestreepte Matiebaadjie word nie meer gedra nie. Jool en die jaarlikse sangfees en "sing-songs" vir intervarsity het verdwyn. Studente loop nie gedas en gebaadjie klas toe nie. Doop is afgeskaf en studente ry nie meer per fiets klas toe nie. Tokkelokbos bestaan nie meer nie. "Internasionale studente" is nie net afkomstig vanaf die destydse Suidwes-Afrika of Rhodesië (vandag onderskeidelik Namibië en Zimbabwe) nie. Die US trek vandag meer as 4 000 internasionale studente uit meer as 100 lande.

Interessant genoeg is ons lesings ook nie, soos sommiges glo, eksklusief in Afrikaans aangebied nie. Vakansiewerkverslae van ingenieurstudente moes byvoorbeeld in Engels geskryf word om ons skryfvaardighede in dié taal op te knap. Een van ons finalejaarvakke was verpligtend in Engels gedoseer.

Vandag se Matieland het tien maal meer studente as die een wat ek destyds geken het. Die grootliks statiese universiteitsomgewing van destyds het verander in ’n snelveranderende dinamiese omgewing.

Nuwe fakulteite en departemente en studierigtings het bygekom. Die US is besig om sy reputasie as 'n wêreldklas instelling en navorsinguitnemendheidsinrigting te bevestig. Die demografie van sy studentekorps het gediversifiseerd geraak.

Dit help nie meer om nostalgies te raak oor die Matieland wat baie van ons geken het nie. Daardie Matieland bestaan nie meer nie. Vandag se studente gesels met mekaar op slimfone, gebruik Google vir toegang tot die internet as bron van inligting, en is aktief op die sosiale media. Vandag se Maties is die vrygebore geslag wat anders dink as destyds se studente. Hulle is burgers van ’n geïnternasionaliseerde wêreld en hul prioriteite is anders. Hulle kom uit diverse omgewings en kulture. Hulle berei hul voor vir ’n internasionale en mededingende werkswêreld.

En as ons vorentoe kyk, gaan die Matieland van môre óók anders wees as die een van vandag.

Die universiteit wat in hierdie 21ste-eeuse snelveranderende wêreld met sy kennisgebaseerde ekonomie sal floreer (sommige sê oorleef), is die een wat as ondernemende en aanpasbare hoëronderwysinstelling na vore tree.

Dit was nie altyd so nie. Universiteite was vir eeue staties, aanvanklik slegs as inrigtings vir leer en onderrig - tot die aanbreek van die 20ste eeu en die besef dat universiteite meer as net oordraers van bestaande kennis moet wees, maar ook nuwe kennis moet skep. Die leuse was: “Geen goeie onderrig sonder goeie navorsing”.

Teen die tweede helfte van die 20ste eeu het 'n derde universiteitsplig bygekom: die universiteit in diens van die gemeenskap.

Hierdie drievoudige plig van onderrig, navorsing en gemeenskapsdiens word duidelik uitgespel in die US se “Strategiese raamwerk vir die eeuwisseling en daarna”wat in 2000 deur die Universiteitsraad aanvaar is.

En steeds is die speelveld besig om teen 'n versnellende tempo te verander.

Universiteite wêreldwyd moet ’n kompromie vind tussen wat prof HW Rossouw, ’n voormalige viserektor, in sy artikel “Opmerkings rondom die idee van die universiteit” (1991) noem “polêre spanningsverhoudinge tussen uiteenlopende aansprake”. Volgens hom gaan dit “in ’n sekere sin om die stryd tussen aan die een kant die aansprake wat voortvloei uit die erflikheidselemente van die universiteit, aan die ander kant die aansprake wat uitgeoefen word deur die kontemporêre omgewing van die universiteit”.

Rossouw bespreek enkele van hierdie konseptuele kragvelde wat polêrespanningsverhoudinge ("dichotomies") tot gevolg het: identiteit versus relevansie, universaliteit versus partikulariteit, elitisme versus egalitarisme, outonomie (akademiese vryheid) versus beperking, en gemeenskap versus korporasie. Vandag, ’n kwarteeu later, bestaan hierdie spanningsvelde steeds, maar het hulle toegeneem en feller geword. Ek sou ’n spanningsveld kon byvoeg wat in die afgelope jaar of twee sterk na vore getree het: finansiële volhoubaarheid versus toeganklikheid (en bepaald gratis onderrig). Dit is ’n toenemend moeiliker uitdaging vir universiteitsbesture om die regte balans tussen hierdie teenstrydige aansprake te vind te midde van ’n snelveranderende en dinamiese omgewing.

Die strategiese dokumente van die US erken almal die belang van voortdurende vernuwing en aanpassing (ek haal aan uit die “Strategiese raamwerk”-dokument): "Die inhoud van 'n raamwerk soos hierdie sal aangepas en verryk moet word aan die hand van die ondervinding wat die Universiteit opdoen namate die raamwerk geïmplementeer word en aan die hand van toepaslike nuwe insigte uit ander oorde."

In hierdie omgewing is persoonlike kommunikasie aan die verander, met slimfone en breëbandnetwerke wat kommunikasie en inligtingsvoorsiening fasiliteer. Al meer en meer is die neiging dat die student nie na die kampus toe gaan nie, maar om die kampus deur middel van breëbandkommunikasie na die student te neem (waar hy hom ook al bevind).

Die kern van hierdie veranderinge gaan oor:

  • Veranderinge in kennisskepping: Interdissiplinêre en transdissiplinêre benaderinge is nodig; niewetenskaplike vorme van kennis moet ontgin word.
  • Veranderinge in die onderrigmodel: Nuwe leer-/onderrigbenaderings vir die ontwikkeling van kritiese en skeppende denke moet geïntegreer word. Leer het 'n lewenslange, voortgesette aktiwiteit om oorlewing in die internasionale beroepswêreld geword.
  • Veranderinge gerig op die ontginning van die potensiaal van inligting- en kommunikasietegnologieë vir die skep en verspreiding van kennis – wat as kuberwysheid beskryf kan word.
  • Veranderinge met die oog op maatskaplike verantwoordelikheid en kennisoordrag. Die werk van hoëronderwysinstellings moet nie net relevant wees nie. Dit moet as gemeenskapsdiens beskou word; navorsing moet sosiale behoeftes antisipeer; en navorsingsuitsette moet met die gemeenskap, wat die sakewêreld en die nywerheid insluit, gedeel en daarna oorgedra word, vir die uiteindelike skep van maatskaplike welvaart vir almal, en werksgeleenthede.

Al hierdie balle moet die universiteitsbestuur van vandag tegelyk in die lug hou.

Terselfdertyd is daar, in die geval van die US, wat Rossouw noem die "erflikheidselement”, wat reeds ’n eeu gelede die onderwerp van intense debat op Stellenbosch was. Dit het naamlik gegaan oor die vraag of die destydse Victoria Kollege by die voorgestelde Engels-eentalige SA Kollege (SACS) in Kaapstad ingelyf moes word om die Universiteit van Kaapstad te vorm. Dit was Jan Henoch Marais, weldoener van die universiteit en wie se dood ’n eeu gelede pas verlede jaar herdenk is, wat met sy reuseskenking van £100 000 verseker het dat die US as universiteit in 1918 tot stand kon kom, waar Nederlands/Afrikaans "geen mindere plaats" sou inneem nie. Na ’n eeu moet hierdie uitgangspunt steeds verreken word.

Let wel, die US van destyds was nie eksklusief Afrikaans/Nederlands nie. ’n Baie groot deel van die professorekorps was afkomstig uit Engeland en veral Skotland.

En tog is daar geen ander aspek van die US waaroor meer gedebatteer is sedert die begin van hierdie eeu as oor die taalkwessie nie. Dit oorheers die koerante se rubrieke en briewekolomme. Elke keer as mens dink die debat kom tot ruste, vlam dit weer op, dikwels as gevolg van konfrontasionele uitsprake of optrede deur een of ander party. Ek vind dat die debat dikwels persoonlik neig, en die akademiese vlak van debattering soms benede die peil daal van wat ek sou verwag van ’n akademiese debat. En elke keer as ek dink dat ons nou asem kan skep, kry ek ’n oproep van ’n joernalis wat reaksie vra oor een of ander artikel of rubriek of uitspraak of verwarrende aankondiging.

Diegene wat debatte voer oor die hipotetiese bestaan van ’n eksklusief Afrikaanse universiteit, bestorm soos Don Quichot ’n windmeul. Daar bestaan nie ’n eksklusief Afrikaanse US nie, en ek is nie bewus van enige beduidende stemme om dit te bepleit nie. Dieselfde geld kwasi-akademiese skrywes oor onderwerpe soos "Afrikaans verdien nie spesiale behandeling nie", terwyl daar nie gevra word vir "spesiale behandeling” nie.

Soos die kanselier, dr Johan Rupert, in Desember by die gradedagdinee gesê het: "Hou op om te baklei oor die taalkwessie; daar is veel belangriker dinge wat ons aandag vereis."

Dus: dit is haas tyd om halt te roep vir die taaldebat. Ek kry die indruk dat ons meestal by mekaar verby praat; dat daar meer dinge is waaroor ons saamstem as waaroor ons verskil. Waarom die debat met ’n groot mate van moedswil voortsleep is vir my dikwels onduidelik.

Ek wil die hoop uitspreek dat daar van nou af gestreef sal word na ’n wen-wen-benadering waarin almal as wenners uit die gesprekke kan uittree: dat die universiteit sal wen, dat sy studente sal wen, en dat die tale waarin onderrig word, almal sal wen. Dat ons mekaar bestaansreg sal gun en nie ’n "winner takes all"-beheptheid nastreef nie.

Ek wil voorstel dat die universiteitsraad binnekort ’n verteenwoordigende paneel van onafhanklike deskundiges, insluitende taalsosioloë, sal aanstel om die hele situasie, na wye oorleg met alle partye, te ondersoek. Ek glo dat dit ’n Kodesa-tipe taalberaad moet insluit waarin alle belanggroepe verteenwoordig sal wees, om praktiese uiting te gee aan die beginsels van gelyke taalregte. Onderhandelinge moet met die Departement van Hoër Onderwys gevoer word nadat die Minister reeds in die openbaar erken het dat meertaligheid ’n addisionele finansiële las op universiteite plaas, en addisioneel deur die staat gesubsidieer behoort te word – iets wat die akademiese ontwikkeling van die inheemse tale sal fasiliteer.

Laat ons met mekaar práát, soos wat prof Amanda Gouws onlangs in haar rubriek skryf: "Dit is beter as ons saamwerk, eerder as om aan verskillende kante van die draad te staan en skreeu." Laat ons maksimum konsensus bereik; waarvoor dit nodig sal wees dat elke party toegewings sal moet maak.

Ons moet konsensus bereik oor wat "gelyke status" in die praktyk beteken (en nie, soos so dikwels gebeur met ’n bespreking oor grondwetlike taalregte, fokus op dit wat die regte nié beteken nie).

Gelyke status beteken eenvoudig dit: gelyke status. Enige bepaling in die Taalbeleid ten opsigte van een taal sal mutatis mutandis ook vir die ander taal moet geld. Gelyke status impliseer ook dat daar nie ’n verstek- of voorkeurtaal kan wees nie, geen "mindere plaats" nie.

Daar is één belangrike caveat: gelyke status beteken nié dat alle lesings in Engels voorgedra word, met tolking na Afrikaans nie. Sonder ’n nagenoeg identiese omvang van tolking van Afrikaans na Engels is dit oneerlik en nie in die gees van "gelyke status" nie; trouens, dit kom neer op boereverneukery.

Laat ons nié fokus op wat "gelyke status" nié is nie, eerder as op wat dit wel is.

Terselfdertyd bepaal die taalbeleid dat taal nie gebruik mag word as uitsluitingsmeganisme nie; en dit geld vir sowel Afrikaans as Engels.

Die gelyke-status-beginsel geld reeds in die Taalbeleid en word algemeen aanvaar. Minister Blade Nzimande, die minister van hoër onderwys, het volgens Die Burger van 16 Oktober 2015 gesê:

Soms, wanneer ons die taalkwessies opper, voel sommige dit is ’n aanval op die Afrikaanse taal of die Afrikaanse kultuur. Niemand baklei teen Afrikaans of teen die Afrikanerkultuur nie.

Maar dan moet tale gelyk wees – Afrikaans én Engels. Dit moet gelyk wees.

Die Minister se woordvoerder, Khaye Nkwanyana, het volgens Die Burger van 5 Desember 2015 gesê:

Die Minister glo juis dat Afrikaans as ’n onderrigtaal gered moet word. Dr Nzimande het nog altyd aangevoer dat ’n balans gehandhaaf moet word waar die status van Afrikaans en Engels werklik ewe belangrik is – en nie net oppervlakkig nie. Die heersende toestande by die US in dié stadium is nie verwelkomend vir diegene wat nie Afrikaans praat nie, en die universiteit moet na dié studente uitreik.

Ek sou kon byvoeg: ’n Engels-eentalige benadering is óók nie verwelkomend vir studente vir wie akademiese Engels tot ’n hoë mate ontoeganklik is nie. Laat die wyse komitee wat ek voorstel, planne aan die hand doen om dit op te los.

Verlede jaar ontmoet ek ’n student uit dié bevolkingsdeel met die laagste deelnamekoers aan universiteitstudie, en wat afkomstig is van die Noord-Kaap. Hy kla teenoor my dat wat hy "akademiese Engels" noem, in die Engelstalige helfte van T-opsie-vakmodules vir hom onverstaanbaar is. Feit is: daar bestaan géén lingua franca in Suid-Afrika nie. Volgens PanSAT word geen enkele van die 11 amptelike tale in Suid-Afrika deur selfs 50% van die volwasse bevolking (wat vir universiteitstudie kwalifiseer) voldoende verstaan word om suksesvol daarin op universiteitsvlak te studeer nie.

Die rektor en visekanselier, prof Wim de Villiers, het tydens in sy inhuldigingsrede gesê:

Stellenbosch is nie ’n Afrikaanse universiteit nie; Stellenbosch is nie ’n Engelse universiteit nie; Stellenbosch is nie ’n Xhosa-universiteit nie; Stellenbosch is ’n wêreldklas meertalige Suid-Afrikaanse universiteit – een van min in dié kategorie, wat bitter nodig in ’n land met 11 amptelike tale is. Laat ons dit aanvaar as ’n realiteit.

In die jongste Matieland verklaar hy verder:

Die Universiteit Stellenbosch het nog altyd in Afrikaans en Engels gedoseer en vraestelle beantwoord. Tans wil ons ’n beleid van gelyke status implementeer en finansier op ’n manier wat niemand uitsluit nie en geen negatiewe impak sal hê nie.

Met dit die geval, vra mens andermaal: Is dit nodig dat die debat en gedurige konfrontasie voortsleep? Waaroor gaan dit dan nog? As alle redelike partye, van die Minister tot die universiteitsraad tot die universiteitsbestuur die beginsel van Afrikaans en Engels as onderrig- en kommunikasietale met gelyke status ondersteun, dan kom dit voor asof ons by mekaar verby praat. Dus hoop ek werklik dat die aanwys van ’n onafhanklike paneel van kundiges en ’n Kodesa-tipe beraad vroeg vanjaar nog gerealiseer kan word.

Ons gaan nie almal tevrede stel nie; toegewings en wedersydse respek is nodig. ’n Goeie vriend het destyds, toe ek as voorsitter van die SAUK-raad alle politieke partye moes tevrede stel met lugtyd oor die nasionale uitsaaidiens, gesê dat ek nooit daarin sal slaag om álmal tevrede te stel nie; waarna gestreef moet word, is om almal op dieselfde vlak van ongelukkigheid te probeer kry.

Kan ek as slotwoord die volgende uitgangspunte vir die beraad voorstel, waaroor, so glo ek (miskien naïewelik?) die meeste redelike belanghebbendes (met die uitsluiting van ekstremistiese stemme aan beide kante) kan saamstem? Dit spruit voort uit ’n dinkskrum wat die UK van die konvokasie drie jaar gelede gehou het, verteenwoordigend van elke ouderdom, geslag, ras en fakulteit van herkoms, en wat eenparig aanvaar is:

  1. Die US is ’n meertalige, inklusiewe universiteit, wat
  2. uitnemendheid nastreef; waarvan ons
  3. sy ontstaansdoel nie buite rekening laat nie, maar dit
  4. verreken met die vereiste van die huidige tydsgewrig;
  5. wat Afrikaans en Engels gebruik as onderrig- en kommunikasietale, met
  6. gelyke status,
  7. wat taal nie gebruik as uitsluitingsmeganisme nie; en
  8. met spesiale aandag aan isiXhosa.

Vir ’n ingewikkelde saak soos die onderrig- en kommunikasietaalrealiteite is daar nie simplistiese oplossings nie. Maar dít is juis die uitdaging aan die universiteitsraad, wat die beleid moet maak, en -bestuur wat die beleid moet uitvoer, om praktiese uitvoering te gee aan die beginsels hier bo en om die polêrespanningsverhouding tussen die grondwetlik-verskanste aanspraak op moedertaalonderrig aan die een kant en toeganklikheid aan die ander kant op pragmatiese wyse op te los. Daar moet bestaansruimte vir albei geskep word.

Is ’n meertalige beleid volhoubaar en bekostigbaar, sou u vra?

Ek het aan die begin genoem dat toe ek 60 jaar gelede ’n eerstejaarstudent aan die US was, het die universiteit 3 000 studente gehad. Dit was ’n volhoubare en bekostigbare universiteit. Vandag het die US vier maal soveel studente (12 754 in 2015) wat aangedui het dat hulle Afrikaans as huistaal het. Ek sou dink dat dit viervoudig volhoubaar is om aan hulle die keuse van onderrig van wêreldgehalte in hul voorkeurtaal te voorsien.

Ek is bemoedig deur die raad se besluit van 30 November 2015, wat die volgende sê:

Die Raad beskou die groeiende diversiteit in die studente-demografie aan die US as ’n groot bate vir sowel die akademiese as persoonlike vorming van die studente wat kies om aan die US te studeer. Die Raad sal daarom saam met Bestuur kreatief wil bly dink hoe onderlinge begrip en waardering vir almal verbonde aan die US bevorder kan word, en die verrykingspotensiaal van die diversiteit maksimaal ontsluit kan word.

Hopelik sal 2016 die nuwe begin wees van ’n reis na ’n beter bestemming vir Matieland – ’n universiteit waar diversiteit in al sy kleur- en taalskakerings kan gedy sonder om enige groep weg te transformeer.

Stellenbosch dien Suid-Afrika al vir 150 jaar. Hy wil voortgaan om dit deur sy gehalte en deur ’n inklusiewe kultuur en taalgebruik te doen. Daarvoor het hy selfstandigheid en ruimte en ons almal se samewerking nodig. Dan kan Stellenbosch wéér sê hy staan vir ’n idee.

H Christo Viljoen

Stellenbosch
26 Januarie 2016

US-konvokasie 2016

US-konvokasietoespraak: Die koei in die bos

Breyten Breytenbach

"Indien Afrikaans as omgangstaal, administratiewe taal, onderrigtaal hier sou verketter word en krimp, gaan dit uiteindelik tot ’n onvermydelike tot niet maak van ’n kosbare en geskakeerde instrument van bewuswording lei."

US-konvokasie 2016: Courage, Compassion and Complexity - Reflections on the new Matieland and South Africa

Lovelyn Chidinma Nwadeyi

"Ladies and gentlemen, something is brewing in South Africa. I do not know the name of that something, but I know that it is irreversible and will continue to brew and boil over, whether we give it permission to do so or not."

US-konvokasie 2016: Afskeidstoespraak deur Christo Viljoen, uittredende president

Christo Viljoen

"Stellenbosch dien Suid-Afrika al vir 150 jaar. Hy wil voortgaan om dit deur sy gehalte en deur ’n inklusiewe kultuur en taalgebruik te doen. Daarvoor het hy selfstandigheid en ruimte en ons almal se samewerking nodig. Dan kan Stellenbosch wéér sê hy staan vir ’n idee."

US-konvokasie 2016: Universiteit Stellenbosch: Vorentoe!

Wim de Villiers

"Deur Engels as onderrigtaal te gebruik, sorg ons dat ons toeganklik is vir meer mense. Maar daar is steeds ’n groot behoefte aan en vraag na Afrikaans, daarom duur ons aanbod daarin voort." Rektor en visekanselier Wim de Villiers se mededelings aan die US-konvokasie.

Haal af die Bosch se maskers, vra Maties

Jean Oosthuizen

Byna 2 000 stemgeregtigde oud-Maties het Dinsdagaand hulle opwagting gemaak by die US-konvokasievergadering. Jean Oosthuizen lewer verslag.

US-konvokasie 2016: Foto's en videos

Naomi Bruwer

Die grootste konvokasievergadering in twee dekades is Dinsdagaand in die Coetzenburg-stadion op Stellenbosch gehou. Kyk na foto's en videos.

The post US-konvokasie 2016: Afskeidstoespraak deur Christo Viljoen, uittredende president appeared first on LitNet.

Letters to a diva: the concealment of gay identity in Gordon Jephtas's letters to May Abrahamse

$
0
0

Abstract

Due to the lack of professional opportunities during the apartheid era for so-called coloured musicians in the local opera industry, Gordon Jephtas (1943–1992) left the country in 1965 in search of a career as répétiteur, vocal coach and choir master abroad. By the mid-1980s he was one of New York’s most sought-after répétiteurs and worked with opera stars such as Luciano Pavarotti, Joan Sutherland, Leontyne Price and Marilyn Horne. More than 20 years after his death the discovery of his letters to his lifelong confidant back home, Eoan soprano May Abrahamse, constitutes an archival find that has much to offer towards the historiography of Western art music in South Africa. The letters encapsulate the aspirations, successes and failures of an exiled, gay and coloured classical music artist during the apartheid era. Apart from his work with a string of international operatic stars, many aspects of Jephtas’s letters comment on salient issues of the human condition that go beyond the disciplinary boundaries of opera as a format in and for itself, or what may be deemed a “successful career” or a musician who “made it” abroad. Jephtas’s letters reveal his obsession with opera and the soprano voice, his penchant for diva worship, the loneliness of his nomadic existence and the ups and downs of life behind the scenes of many an opera performance. They speak to the exile’s never-ending longing for home, his racial identity as a “coloured” person and the way this played out in his profession in South African as well as abroad. Yet his letters also reveal a number of significant issues that remained resolutely undiscussed; the politics of apartheid and the way it influenced his life are never directly mentioned, and, central to this article, his gay identity and his illness that led to his death surface nowhere in the 30-year correspondence.

For this article I chose to explore two themes that lie on the surface of the correspondence and are often connected other in gay literature. I posit the question whether the overt presence of diva worship in his letters can be read as an expression of his gay identity which, as an issue in itself, is never alluded to. If so, could this be regarded as a veiled and therefore conscious expression of his sexuality, or should it rather be read as an unconscious manifestation? The article draws on the concepts of the closet, the opera queen and diva worship and uses these as interpretative tools to explore how these issues constellated in Jephtas’s letters.

The notion of the closet has become a metaphor for consciously concealing one’s sexual identity or behaviour in an environment where its nature is experienced as deviant from the norm. Diverging from accepted norms in a predominantly heterosexual society proves to be culturally and politically highly charged, and disguising the issue has become a way to escape retribution by society at large. In Eve Kosofsky Sedgwick’s seminal work Epistemology of the closet (1990:3, 71) it is argued that the closet became the defining structure for gay oppression in the 20th century; a claustrophobic, secretive and imprisoned space that restrains and silences gay identity and opposes self-manifestation. In contrast to the silence on his gay identity, opera as a format and female opera singers take centre stage in Jephtas’s letters. Apart from detailed and frequent discussions on the quality of voice and performativity of the various famous sopranos of his time (many of whom he also coached), Jephtas’s infatuation with Maria Callas and May Abrahamse is overtly present in the correspondence.

I interpret this as a manifestation of diva worship, which refers to the veneration female entertainers enjoy from gay, lesbian, bisexual and transgender (GLBT) groups. Diva worship as a phenomenon with its characteristics and distinctive parlance has been written on by a number of academics, including Mitchell Morris (1995), Brett Farmer (2005, 2007), Wayne Koestenbaum (1994), Daniel Harris (1996), Vito Russo (1987) and Edward O’Neill (2007). Closely connected to diva worship is the concept of the opera queen. The Routledge international encyclopedia of queer culture states that being an opera queen signifies a gay person’s “obsession with the world of opera and a passionate devotion to the idealized figure of the prima donna” (Gerstner 2006:441). Morris (1993:188), too, argues that “central to the true opera queen’s aesthetic is the cult of the singer – specifically the female singer”. The above-mentioned encyclopaedia furthermore states that in a time when gay culture was still heavily closeted in the West, “immersion in opera served both as a retreat from a hostile environment and a discreet signifier of sexual preference” and cites Queen-singer Freddie Mercury’s collaboration with Montserrat Caballé as an example of this. A wider reading of the literature, however, indicates that divas are admired for a variety of reasons, of which escapism from societal retribution is only one.

Jephtas’s diva worship of Callas and Abrahamse can be read in the frequency with which they appear in his letters, but it also finds expression in the tone in which he described them. Morris (1993:190) argues that the way in which opera queens discuss divas is characterised by ambiguity – “what seems like an insult may be a compliment, and more than likely it is both”, adding that its tone is “somewhere between histrionics and hysteria”. During his first visit to Europe from December 1963 to March 1964, Jephtas attended two performances of the now famous Franco Zeffirelli production of Puccini’s Tosca at Covent Garden with Callas in the title role. The performances are described in extraordinary detail in the letters dated 31 January and 5 February 1964, bearing testimony to his in-depth understanding of the voice, the format of opera, his focus on how vocal sound is enacted on stage and his ability to unflinchingly critique while at the same time adore Callas as an opera singer. In the years leading up to her death in 1977, Callas would remain his idol, always referred to by him as “La Callas”, and few letters do not in some or other way report on her singing (or lack thereof), the details of her love life or any aspect of her personal life that he picked up in the press. The letter of 31 January 1964 also signifies the projection of this admiration on to Abrahamse when he concludes by writing, “We’ll make a Callas of you yet!!” (Jephtas 1964a).

Jephtas’s admiration for Abrahamse can be traced in many aspects of the correspondence. Even the way he addressed her on the envelopes provides a tantalising glimpse of how deeply diva worship was part of his projection on to Abrahamse: from 1969 onwards he usually adorned her name with formal and elaborate adjectives, as seen, for example in “Alla Gentile Signora” (To the gentle Lady), “Pregiatissima Signora” (Precious Lady), “Esimia Signora” (Magnificent Lady), “Gentilissima” (The most gentle), “Distinto” (Distinguished) or “Distinta Artista” (Distinguished Artist). For him she was a singer who never gave up on her quest to excel as an artist in the most difficult of circumstances, but he never compromised on critiquing her singing. Yet, even after having worked with some of the world’s foremost sopranos, such as Renata Tebaldi, Montserrat Caballé, Elena Suliotis, Leontyne Price, Marilyn Horne and Joan Sutherland, in 1990 he wrote to Abrahamse (who was 60 years old at the time), “Now I can hardly wait to walk out on stage with you, and sing our songs” (Jephtas 1990).

The article concludes by reconsidering the role the diva is said to play in gay culture. In the light of accounts written on diva worship, it seems that diva fixation in gay culture runs parallel with self-identification of being gay and that coming out does not diminish its intensity. The question, therefore, whether Jephtas’s diva worship was a concealed and conscious way of communicating the unsayable to Abrahamse or an unconscious manifestation becomes irrelevant. The more productive question may be to probe the reasons for Jephtas’s silence on the issue, as this points to the kind of space the social and professional circles in South Africa were for Jephtas at the time. Apart from the fact that a discussion of subjects such as alternative sexual preferences was not necessarily accepted social practice, Jephtas would most probably have avoided any information that could compromise his reputation back home, and being coloured, gay and HIV positive during apartheid was probably the least desirable combination of positions to be in.

Keywords: aids; coming out; diva worship; Eoan Group; gay identity; Gordon Jephtas; Maria Callas; May Abrahamse; opera queen; the closet

Lees die volledige artikel in Afrikaans: Briewe aan ’n diva: die verswyging van gay-identiteit in Gordon Jephtas se briewe aan May Abrahamse

The post Letters to a diva: the concealment of gay identity in Gordon Jephtas's letters to May Abrahamse appeared first on LitNet.

Greg Sherwood by die Hemel-en-Aarde Pinot Noir-viering

$
0
0

 

Daar is mense regoor die wêreld wie se passie vir Suid-Afrikaanse wyn ooglopend is binne die eerste vyf minute nadat julle blad geskud het. Greg Sherwood is een van hulle, vertel Maryke Roberts.

En hoewel hy die afgelope 16 jaar in Londen woon, is Suid-Afrika sy geboorteland. Sy oorsese proeë en praatjies laat doem die sonskyn en terroir van Suid-Afrika by kliënte op en as hy jou eenmaal oortuig het van hoe goed Suid-Afrikaanse wyn is, is daar geen omdraaislag nie.

Greg kuier in Suid-Afrika en is die naweek die gasspreker by die Hemel-en-Aarde Pinot Noir-viering. Hy beskou die uitnodiging as ’n reuse-eer en gaan gesels oor die potensiaal van Suid-Afrikaanse Pinot Noir, mits dit in die regte terroir en streke groei. “Vanuit ’n kwaliteitoogpunt is dit beslis meer suksesvol in Suid-Afrika as druifsoorte soos Merlot – een van die rooi variëteite wat die meeste aangeplant word.”

Hy reis so drie, vier maal per jaar na Suid-Afrika, omdat hy heelwat vriende en familie hier het. Hy gryp dan ook die geleentheid aan om nuwe wyne te proe, op hoogte te bly van nuwe verwikkelinge in die wynbedryf of as spreker op te tree. “Dit wil my voorkom of inligting oor die binnewerkinge van wyn koop en verkoop – wat al vir my tweede natuur is – baie interessant is vir wynmakers en produsente.”

Hy sê hy weet bekende wynjoernaliste beskryf Suid-Afrika tans as die opwindendste wynstreek in die wêreld, “maar ek sê dit al vir meer as tien jaar. Nou is daar net nog meer goeie wyn en nog meer opwindende jong produsente.

“Die toekoms kan nog meer rooskleurig wees as produsente ’n intelligente strategie volg en aandag aan die fynere besonderhede gee,” glo hy.

Die Suid-Afrikaans wynbedryf besit 10% van die totale wynmark in die VK, waarvan slegs 4% bó die £6/bottel-vlak is. Kundiges glo die bedryf se doelwit moet £9 en hoër wees. Volgens ’n onlangse Nielsen-verslag is die gemiddelde prys waarteen Suid-Afrikaanse wyne in die VK verkoop,  £4,78 pond. Chili klop ons met £5,31 as gemiddelde.

Maar met die voortgesette toewyding van mense soos Greg word persepsies – en prysmarges – verander.

Hy sê: “Suid-Afrika het nie juis ’n toekoms om goedkoop wyne te verkoop nie. Ons toekoms lê noord van die £10/bottel-pryspunt. Die £18–22/bottel-kategorie is ’n baie winsgewende een as jy jou kwaliteit, verpakking en storie reg het!”

Hy sê goeie etikette is noodsaaklik en hy kyk altyd na die klassieke Italiaanse etikette, want hulle kry dit reg. “Wyn is meestal ’n luukse produk en ek glo die etiket moet die nastreefwaarde van goeie wyn weerspieël.

“Jy moet met jou wynverkoper kommunikeer. Bly by die klassieke ontwerp, maar sluit so ’n bietjie geskiedenis en karakter in. Maar dit moet goed vertoon en kwaliteit uitbasuin.”

Greg sê die dae toe mense sekere goeie variëteite aan sekere lande toegeskryf het, is iets van die verlede. Die gonswoord is nou “streekseienskappe”. “Ons klante weet dat sekere variëteite beter in sekere streke aard en hulle vra daarvoor.” Hy glo die aanplantings op enige plek om enigiets te kweek, is verby. “Dit gaan al hoe meer produsente se hooffokus wees met die herbeplanting van wingerde of nuwe aanplantings.”

Hy vertel dat sy vroegste herinneringe aan wyn die dae is toe sy diplomaat-pa belangrike gaste van regoor die wêreld onthaal het met Meerlust Rubicon 82, KWV Roodeberg en Nederburg-veilingwyne van 1974! “Regte ikone destyds en steeds vandag,” vertel hy.

Hy het nog nooit tevore enige gunstelingwyne uitgesonder nie, maar vertel dat hy nou, soos hy ouer word en sy smaak verander, verlei word deur die Ouwêreldse klassieke wyne: Boergondië, Bordeaux en Piedmont, en veral Barolo. “Ek is mal oor die elegansie, selfbeheersing, geskiedenis en ouderdomswaardigheid van die ou landgoedere. Dit fassineer my.”

Handford Wines, waar Greg die senior aankoper is, hou gereeld SA-proeë, maar ook gereelde, spontane proe-aande, veral wanneer hulle hoor daar is ’n Suid-Afrikaanse wynmaker in Londen.

“Die begeleide proeë neem baie langer om te reël, want dis tydrowend om al die oesjare en raar wyne bymekaar te kry. Ek wag vir die 2014 MR de Compostella-vrystelling aanstaande jaar, sodat Bruwer Raats kan kom en vir my top-privaatklante ’n 10-jaar retrospektiewe proe tot 2004 kan doen. Dit sal ’n epiese gebeurtenis wees.”

Hy lag en sê hy beplan ook ’n Eben Sadie-meesterklas met van sy oudste wyne, maar om Eben in Londen te kry is ’n ander storie – veral as die branders mooi is en “Eben” roep, vertel hy met ’n knipoog.

Hy glo die grootste fout wat Suid-Afrikaanse produsente maak, is om uit te gaan en wyn te maak voor hulle weet wie die mark is. “Jy moet wyn maak en verpak met ’n spesifieke verbruiker in gedagte.”

En voor ons moet groet, wonder ek watter wyn Suid-Afrika se grootste suksesstorie in die VK is.

“Wit versnitte! Ook vars witwyne; die diversiteit van terroirs; diversiteit van druifvariëteite en die groot persentasie ou wingerde in Suid-Afrika. Hulle is mal oor die Boergondië-styl chardonnay, en hoe kan mens nie lief wees vir die Old Vine chenin blanc nie!”

Greg se loopbaan

Gregory Sherwood is op 1 November 1971 in Pretoria gebore. Hy is die seun van ’n diplomaat en het die eerste 21 jaar van sy lewe die wêreld saam met sy ouers platgereis. Dis met al die sosiale verpligtinge wat die loopbaan meebring dat hy sy liefde vir wyn ontdek het.

Hy behaal sy graad in besigheidsbestuur en bemarking aan die Webster-universiteit, St Louis, Missouri in die VSA en werk vir sakgeld as kelner by ambassadepartytjies. Hier kry hy gereeld met baie interessante wyne te doen. Hy begin sy loopbaan as kommoditeithandelaar in Sandton.  Hier herontdek hy sy passie vir wyn en behaal in 2000 sy wyndiploma by die Kaapse Wynakademie in Johannesburg. Greg vertel dat die passie vir wyn weer opgetel is om van ’n stresvolle dag by die kantoor te vergeet!

Hy verhuis in 2000 terug Europa toe en besluit om ’n loopbaan in wyn te ontgin. Hy glo Londen is die middelpunt van die gesogte wyne van die wêreld en hier kry hy die geleentheid om saam met die grootste wynpersoonlikhede van die moderne era te werk.

Hy werk van 2000 tot 2006 as bemarkingsbestuurder vir Fine Wines en daarna as die senior wynkoper vir Handford Wines in South Kensington, Londen. Saam met Handford Wines se eienaar, James Handford, ook ’n wynmeester, kry hy die geleentheid om van die wêreld se gesogte wyne te proe, te koop en te verkoop.

Hy slaag sy wynmeester-proedokumente in sy eerste probeerslag in 2004; voltooi sy teoretiese eksamen in 2006 en die wynmeesterdissertasieproses in 2007 met die titel “Method Cap Classique Production in Constantia, South Africa”. Hy word Suid-Afrika se vierde wynmeester.

Hy probeer die hoeveelheid beoordeling van wyne beperk, maar is trots dat hy al vyf jaar van die Top 100 SA Wines-beoordeel het, vanjaar vir die vierde jaar die keuring en beoordeling van die Nederburg-veilingwyne sal behartig, en verlede jaar die spreker by die White Blends Conference en Kingdom of Cabernet by Cape Wine 2015 was.

Sy stokperdjies (wat nie aan wyn verwant is nie) sluit onder meer perdry, skiet, gholf, swem en rugbykyk in. Hy is mal oor ’n lekker braai as die Britse weer dit toelaat en hy versamel boeke oor Afrika se koloniale ontdekking en geskiedenis.

Hy en sy broer en goeie vriend, Mike Berriman, het ook al wyn gemaak: die Sherwood Berriman, ’n klassieke rooi van ’n koeler klimaat by High Constantia. Hulle het drie oesjare gemaak en toe ’n ruskans geneem. Hulle is baie trots op die 2004 cabernet sauvignon / cabernet franc wat 91/100 in Wine & Spirits Magazine in die VK behaal het. “Selfs Eben Sadie het op rekord gesê dis die beste Bordeaux-versnit wat hy al van Constantia geproe het. Ek koester steeds daardie e-pos!”

Die driemanskap het ook onlangs drie vate Sherwood Swartland-shiraz 2013 van druiwe uit die Malmesbury-distrik gemaak.

Greg is getroud met ’n Engelse roos, Nicky, en is mal oor hul twee seuns, Sam en Louis.

Saterdag word 10 verskillende dagfunksies op Ataraxia, La Vierge, Storm Wines, Creation, Bouchard Finlayson,  Hamilton Russel Vineyards, Newton Johnson, Domaine des Dieux, Sumaridge en Whalehaven gehou en die fees word Saterdagaand by Spookfontein se ELL met ’n PiNot partytjie – enige wyne behalwe Pinot Noir – afgesluit.

Volgende jaar se Pinot Noir is op 27 en 28 Januarie 2017.

Teks: Maryke Roberts

Foto’s: Clifford Roberts

The post Greg Sherwood by die Hemel-en-Aarde Pinot Noir-viering appeared first on LitNet.

LitNet: Jou konvokasie

Viewing all 21592 articles
Browse latest View live


<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>